Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Wit Afrikaan. Trots seg hy.

$
0
0

Waarom mens deesdae jouself bevind in situasies waar arbeid nie net meer duur is nie maar moer skaars raak is iets waaroor ek my nie veel meer oor wil uitlaat nie want die politici, die denkers en profete het mos beduie dat ons moet gee en gee en toegee en, wel, die magiese Wette sê mos so ...

Daarom sit ons met amper 17 MILJOEN mense waarvoor net 'n paar wat nog hulself verwerdig om in hierdie droewige droomland BELASTING te betaal moet verantwoording doen wat darem nog 'n aalmoes kry. Vir sy stem. Verwerf deur groot profete en denkers en digters en filosowe en bendeleiers. En dergelikes. Die roem loop dik en die toue by Sassa se kantore al langer en toe begin ek die nuwe gesigte sien, want as jy besig is om geld te maak is nuwe gesigte jou lot. Honger gesigte ook.

"Pakkie van die R10 sigarette asseblief, meneer."

Vroeg in die oggend is jy nie lus vir 'n vuil Wit Afrikaan wat dieselle klere aanhet as 'n week terug nie so jy sug dit uit: "Watter ene? Bastille, Savannah, JFK (nogal met einste se profiel op) of wat wil jy hê?" (wel wetende dat die BELASTING op sigarette nou reeds R15 per pakkie is, en noudat ons syfers praat: As die regime net die TAX op sigarette reg aangewend het sedert 1994 [en toe het Mandela nog kitaar geslaan] kon elke mens tans met 'n betaalde huis gesit het). En ons dwaal af ...

Wit Afrikaan het nie genoeg nie en as jy nie genoeg het nie gaan jy maar beleef hoe die beker by jou verbygaan. Presies soos by Pick en Pay en dergelikes. Loop uit en vloek die werkers wat nie opgedaag het nie (teen R300 per dag, plus oortyd) en ek sien Wit Afrikaan wie se naam toe in werklikheid Piet is (I shit you not!) sit op 'n stomp hout en Piet is bleek. Van honger. Hy vra my toe ek uitkyk of hy nie maar kan werk vir die dag vir kos nie?
"Jirre tog, wat kan jy doen?"
"Ek kan werk oom."
"Ek is nie jou fokken oom nie. Ek bedoel: Wat is jou ambag? Kan jy sweis, bestuur, draadtrek?"
"Hoe bedoel oom ... ek bedoel meneer ... draadtrek?"
"Toemaar, los daai ene eerder ... Val maar in.” (Hoe de hel gaan ek hierdie nuwe werker aan my bankbestuurder beduie?)

Piet werk soos 'n esel. Letterlik. Werk sy gat af. Betaal hom sy dag se loon en hier’s 'n moerse klomp goeters wat short date is want deesdae se werfetter-mense is mos meer begaan oor die datum op die produk as die produk self so hulle belasting finansier ruim 30% van alle produkte wat bruikbaar is en tog WEGGEGOOI moet word. En Piet kry 'n spul kos want anders moet ek dit vir die bliksems wat stem se varke gee en dit sal 'n donnerse dag wees ...

Staan vandag en ons werk soos Wit Afrikane veronderstel is om te werk en Piet lyk nie lekker nie. Ek vra hom of hy oukei is en hy beduie hy voel nie lekker nie. Vra hom oor sy lunch en of hy kos oor sy lippe had en hy beduie:
"Nee, my oom ek’t noggie geëet nie."
"Ja maar ek’t jou dan gisteraand R400 gegee?"
"Ja, my oom, maar ek moes dit neersit anders het hulle my uitgesit en moes ek op straat sit. Ek is honger oom ..."

Ek sit en dink aan hoe ons filosowe en slimmes en rykes hulself uitwoed en tot gode verhef word en ek sit hier en ek wens ek kan net een van hulle aan hul gorrels gryp en vat tot in enige plek waar die meerderheid van ons mense moet sit en probeer warm bly. Ek sit en wroeg nagte om oor my belastingopgawe en dan sit ek en wonder hoeveel die deursnee ikoon betaal an die wit Afrikaan wat fokkall het, tien teen een NAFI is en wat in elk geval MY probleem is, of hy my pad direk kruis of nie ...

Ek is nie trots om deel van die sg Afrikaner(s) te wees nie. Veral nie vandag nie. Ek lees hoe mense stry en kerm en betoog (en ek wonder of daar dalk 'n publikasie op pad is, want dit volg mos maar altoos) oor tale en ek sien die leed en lyding elke dag en ek kan dit regtig nie meer bekostig om vir elkeen van die slimmes, die ikone, die politieke helde, die agitators en die helde Pa te staan nie.

Want my bankbestuurder is nie meer geduldig nie. En as hy nie geduldig is nie verloor ek alles. Presies soos Piet, die Eks trotse Wit Afrikaan wat nou danksy die helde en ikone op my aangewese is vir heenkome.

oester

The post Wit Afrikaan. Trots seg hy. appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>