Die dinamika van die taalstryd op die US kan met ’n paar tabelle vertel word.
1. Daar is eerstens die vlug van Engelse studente, van wie die groot meerderheid wit is, na die US. Tabel 1 beeld dit uit.
Tabel 1. Taalprofiel van US-studente
|
Afr |
Eng |
Totaal |
1995 |
10 985 (74%) |
3 039 (20%) |
14 946 |
2005 |
11 338 (59%) |
7 364 (32%) |
22 569 |
2015 |
12 754 (44%) |
13 316 (44%) |
30 150 |
Daar kan gesien word dat die getal Engelssprekendes aan die US die afgelope tien jaar amper verdubbel het. Hulle is oorweldigend wit.
2. Tabel 2 beeld die krimping van wit getalle uit aan die Universiteit van Kaapstad. Dit het met ’n duisend verminder tussen 2010 en 2014. Dit was waarskynlik grootliks ’n vlug weg van transformasie.
Tabel 2. Universiteit Kaapstad (bevolkingsgroep van studente)
3. Is die stygende persentasie swart studente verantwoordelik vir die druk op Afrikaans aan die US?
Die antwoord is dat die proporsie swart studente afgeneem het.
Tabel 3. Opname van bruin en swart studente
|
2001 |
2015 |
Bruin studente |
10,2% |
15,5% |
Swart studente |
15,4% |
14.6% |
4. Watter wetenskaplike ondersoek deur ’n onafhanklike instansie is al oor die US oor voertaalvoorkeure gedoen?
Sover bekend is die enigste een die Markdata-ondersoek van 2007 wat deur die US-Raad aangestel is.
Tabel 4. Voorkeure uit ’n reeks opsies vir ’n taalbeleid: persentasies wat die keuse sou verwelkom, aanvaar of neutraal sou staan TEENOOR persentasies wat dit onaanvaarbaar sou vind
Taalbeleid-opsies en % wat die opsie verwelkom, aanvaar of neutraal staan |
Afrikaans sprekend % |
Engels sprekend % |
Beide % |
Alle tale % |
Hoofsaaklik en konsekwent Afrikaans |
Aanvaarbaar/Neutraal |
Onaanvaarbaar |
|
|
|
|
|
Hoofsaaklik Afrikaans met herhaling van belangrike inhoud in Engels |
Aanvaarbaar/Neutraal |
Onaanvaarbaar |
|
|
|
|
|
Hoofsaaklik Afrikaans met addisionele lesings in Engels |
Aanvaarbaar/Neutraal |
Onaanvaarbaar |
|
|
|
|
|
Eweredige parallelmedium |
Aanvaarbaar/Neutraal |
Onaanvaarbaar |
|
|
|
|
|
Eweredige T-opsie |
Aanvaarbaar/Neutraal |
Onaanvaarbaar |
|
|
|
|
|
Sommige vakke in Afrikaans en ander in Engels |
Aanvaarbaar/Neutraal |
Onaanvaarbaar |
|
|
|
|
|
Hoofsaaklik Engels, maar met herhaling van inhoud in Afrikaans |
Aanvaarbaar/Neutraal |
Onaanvaarbaar |
|
|
|
|
|
Hoofsaaklik en konsekwent Engels |
Aanvaarbaar/Neutraal |
Onaanvaarbaar |
|
|
|
|
|
Kommentaar: In die resultate in tabel 4 kan gesien word dat die gewildste keuse onder Afrikaanssprekende studente ’n basies Afrikaanse voertaal sou wees, maar met bykomende blootstelling aan Engels. Suiwer Afrikaanse onderrig sou egter ook deur oor die 80% verwelkom word. Daarna is parallelmedium die keuse, gevolg deur ’n eweredige T-opsie. Aparte vakke in aparte tale is redelik ongewild, en so ook opsies wat op basies Engelse onderrig neerkom.
Soos verwag kon word, het die Engelssprekende wit studente al meer daarop aangedring dat hulle hul lesings in Engels wil ontvang namate hul getalle toegeneem het. Informeel stel kenners van die universiteite die kantelpunt op 30%.
5. Hoe word die taalbeleid tans bepaal?
Volgens ’n voorlegging van die rektor, Wim de Villiers, aan die parlementêre portefeuljekomitee in 2015 moet die US sy taalbeleid aanpas namate die "taaldemografie en -voorkeure" van die studente en personeel verander.
Hy het die volgende getalle aangehaal vir die huistaal van studente aan die US in 2015:
Huistaal
45% Engels
42% Afrikaans
3% Xhosa.
6. Watter vraag stel die US tans by toelating om taalbeleid te bepaal?
Volgens ’n amptenaar van die US word die volgende vrae gestel:
Huistaal
Die vraag aan voorgraadse studente oor hul huistaal vorm deel van die aansoekvorm en word soos volg geformuleer: “Watter taal praat jy meestal by die huis?” Die opvolgvraag is: “As jy gereeld ’n tweede taal by die huis praat, dui dit asseblief hier aan.”
Die enigste ander taalvraag wat op die aansoekvorm gevra word, het betrekking op taal van kommunikasie (“In watter taal wil jy belangrike inligting ontvang?”). Hierdie inligting word dan gebruik om inligting in hulle voorkeurtaal met aansoekers te kommunikeer.
Onderrigtaal
Wat die onderrigtaal betref, word die vraag by registrasie aan die student gevra in watter taal hy/sy haar onderrig verkies. Hierdie aanduiding word dan gebruik om klasindeling te doen waar ’n parallelle onderrigaanbod beskikbaar is. Dit is dan so dat heelwat Afrikaans-huistaalstudente Engels as hul onderrigtaal aandui, aangesien heelwat van ons Afrikaanse studente in Engelse skole is en hul akademiese taal dus Engels is.
Sover bekend het die US nie onlangs die soort vraag oor voertaal gestel wat in die meningsopname van 2007 gestel is nie.
Dit is te betwyfel of die US sy voertaalbeleid professioneel kan bepaal op data rondom wat die rektor "taaldemografie en -voorkeure" noem.
7. Wat is die wetenskaplike waarde van “bewyse” wat dosente veral uit die Lettere en Sosiale Wetenskappe gee vir studente se voertaalvoorkeur?
Nie veel nie.
Die kernvereistesvan enige meningspeiling is dat die respondent oortuig moet wees dat die vraesteller geen persoonlike belang het by die saak nie en dat hy of sy as respondent niks het om met ’n eerlike antwoord te verloor nie. Watter student sal ’n eerlike antwoord gee as hy of sy weet die dosent se grootste begeerte is om parallelmediumklasse te vermy?
Enige universiteit wat sy sout werd is, sal dosente verbied om in ’n klas ’n vraag aan studente te stel oor die voertaalkwessie wat so omstrede geraak het. Dit plaas die studente in 'n onbenydenswaardige posisie.
The post US-taalbeleid: Die syfers vertel ’n storie appeared first on LitNet.