Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.
Lees die eerste aflewering van hierdie storie.
Die volgende halfuur het ons gesels en gelag, nog wyn gedrink, verhale verwissel van ons grootword jare, ons suksesse/teleurstellings in ons lewens, ons gewese getroude lewensmaats ens ... haar armbande het elke slag geklingel as sy geanimeerd iets vertel …
Ek het my verskoon om gou ‘n draai te loop (sommer agter ‘n bossie langs die bakkie) en toe ek terug inklim sien ek sy’t die glase, bottel en bordjie sommer agter ons koppe neergesit. Sy lê op haar sy met een arm bo haar kop en die ander op haar heup. Haar kop rus op haar arm en haar oë is toe.
"Slaap jy?" vra ek saggies terwyl ek op my sy gaan lè en vir haar kyk.
"Ek het nog nooit sedert my man se dood, so ontspanne gevoel nie … so … so amper ligter asof ‘n swaar las van my skouers af is … so gemaklik en naby aan iemand gevoel nie … soen my asseblief."
Ek sit my hand op haar skouer, beweeg my liggaam nader en as ek haar om haar hals vat bring ek my lippe af na haar toe. Ons lippe ontmoet vir ‘n vlietende oomblik half soek-soek, maar dan omvou ons monde mekaar en ons tonge dartel oor mekaar s’n en ons suig en drink mekaar in asof ons bang is die oomblik gaan breek. Die honger na iemand wat weer daar is om jou binneste mee te deel, oorheers alles en dis asof ons nie genoeg kan kry van mekaar nie.
My vry hand skuif amper outomaties die chiffonbloes af oor haar een skouer en ek voel hoe sy die ritssluiter van my sweetpakbaadjie aftrek.
Ons skep asem en breek weg van mekaar en ons oë ontmoet vir ‘n sekonde voor sy haar bloes oor haar kop uit trek en ek van my baadjie ontslae raak.
Ek staar na haar volmaakte, stywe borste met die donker tepels wat dik en orent staan in die maanskyn wat die enigste lig is by ons.
Dan klap ons lywe weer teen mekaar. Ek streel met my lippe en my tong op na haar nek en knibbel aan haar oor terwyl my hand haar een bors vol vasvat en dan met my palm oor haar tepel heen-en-weer gaan. "Sjoeee … dis lekker," prewel sy in my oor en ek voel hoe haar naels strepe op en af maak oor my kaal rug. Sy gooi een been oor my heupe en ek voel hoe my vol ereksie teen haar maag en broek platdruk.
Sy stoot my skielik weg en ek skrik ("wat nou?") ... sy gee ‘n laggie, neem my gesig in albei haar hande ... klingel-klingel … en as sy my dan weer teer soen, vol op die mond, sê sy: "Ons is nie meer jagse tieners in ‘n 'drive-in' nie, help my met my denim." Soos ek die koperknoop losmaak en die zip aftrek, stoot haar vingers weerskante van haar lyf die broek af tot op haar kniëe en dan woel sy dit verder af oor haar enkels met haar voete dat dit agter van die bakkie se flap afval met haar plakkies.
Sy het die kleinste, deurskynende, pers panty nog aan, met ‘n rooi hartjie geborduur oor die klofie, wat die bult van haar koekie skaars bedek. Dit maak my nog meer opgewerk en ek voel my ereksie meer groei en strem teen die sweetpakbroek. "Jou beurt," sê sy en haar hande glip agter in my broek in en druk my 2 boude in albei hande vas … "hmmmmm ..." sê sy, soos sy die broek aftrek en my voël soos ‘n veer uitspring. Soos sy die broek afstoot oor my kniëe gaan haar mond oop en neem my penis in haar mond. My asem jaag as ek die broek van my probeer afskop en dan neem sy my voël in albei haar hande en kyk in die half-donker op na my. "Hy’s baie groot en onbesnyd soos ek soms in my erotiese drome gehad het na my man se dood, waar hy net die teenoorgestelde was, klein en kaalkop … skuus, wat praat ek ..." Ek kan in die donker haar amper sien bloos en om die verleentheid te oorbrug sê ek: "Dis die feeling daaragter wat tel, nie die ‘looks’ nie," sy gee ‘n laggie as sy die voorhuid afstoot oor die groot ligpers kop wat nat is van pre-cum en dan omvou haar vol lippe hom met haar tong wat dartel in sy slootjie en haar wange wat suig en los, suig en los. Haar hand streel hom op en af, op en af saam met die ritme van die suig/los en die ander hand vryf my balletjies dat ek voel hulle swel. My een hand is in haar sysagte swart hare en ek druk op haar kop asof ek haar aanpor tot meer en my ander hand streel oor haar rug. Ek voel ‘n sweetdruppel oor my voorkop rol soos ek met toe oë elke goddelike oomblik voel vibreer deur my lyf.
Ek besef skielik die jare van onthouding het my uithouvermoë laat verswak en ek trek haar aan haar skouer vinnig op dat haar gesig by myne is.
Ek sê: "A-Amanda, jy’s unreal! Maar soos jy netnou gesê het, nou’s dit jou beurt!" Ek soen haar en druk haar skouers terug op die kussings. Dan spring ek uit die bakkie en gaan staan tussen haar bene terwyl ek een voet na my mond bring en elke toontjie soen en aflek: "W-w-wat doen jy, dis w-wonderlik," sê sy. Ek gooi haar 2 bene, een oor elke skouer van my en buk af na haar naeltjie. Ek los ‘n druppel spoeg daarin en trek dan ‘n nat streep met my tong af na haar koekie toe. Ek ruik haar vroulike muskus en ‘n rilling gaan deur my liggaam. My twee hande het weerskante van haar lyf haar rooi-hart-panty begin aftrek oor haar boude en sy lig ‘n knie op en trek haar een been uit die broekie. Ek soen haar koekie waar die spleet oopgetrek het en haar liggaam ruk, haar vingernaels slaan in my skouers in … maar dan sleep ek my tong op teen haar binne dy tot by haar knie en dan weer af tot in haar lies.
Ek tong-tippie weer haar klit wat nou ontbloot het en gaan weer op teen haar ander been tot by haar knie, en weer terug … toe ek die derde keer heen en weer gegaan het, bewe haar bene op my skouers en sy druk my gesig in haar poesie in en sy sê, hees en stotterend: "E-E-et ha-a-rrr n-ou, ek word MAL!"
My arms gaan op na haar borste toe en ek knyp en vroetel haar hemelse tepels terwyl ek met my tong en lippe van haar holletjie af opgaan deur haar koekie, ‘n paar keer en dan neem ek skielik haar klit in my mond en knibbel en suig. Haar hele onderlyf beur meteens ritmies en vinnig teen my gesig en sy skree: "O vader tog … ek kom-m-mmmmm!!" Ek proe haar kom-sappe meng met my spu en ek suig nog harder en vinniger. "Uhhhhhh ... uhhhh ... uhhhh ..." kreun sy en haar bene gaan toe en knyp my gesig vas … soos sy begin bedaar sê sy: "Sit hom asseblief nou in ek wil oor en oor weer kom saam met jou, seblief."
Ek beur stadig orent terwyl my hande fladder oor haar hals en arms … oor haar borste en af oor haar magie waar ek sirkels maak met my handpalms.
My 2 duime masseer haar net binne haar bekkenbene met fyn drukkies, terwyl my ander vingers opwaarts vryf oor haar koekie en die lippies oop en toe trek. Dan steek ek 2 vingers in haar in en draai hulle al in die rondte so diep as wat ek kan. Toe ek voel haar binnespiere begin saamtrek, trek ek my vingers uit en buk dan af en sper haar lippies oop dat ek selfs die binne-pienk daarvan in die halfdonker kan sien Ek blaas my warm asem daaroor aanhoudend terwyl my vingers die lippies masseer en ek hoor haar asem weer versnel en sy trek my half–op met haar hande. Ek neem my kloppende voël in my hand en met ‘n paar plukke is hy weer stokstyf en ek druk hom net ‘n bietjie in by die opening van haar dosie. Ek sien hoe haar lippies hom omhul en amper vassuig … dan stoot ek hom met een groot beur in so diep as wat ek kan. "Oooooooo," skree sy hard en haar onderlyf slaan soos suiers teen baie vinnige revolusies aanhoudend teen my vas … ek volg haar ritme onmiddellik en ons klappende liggame teenmekaar is soos ‘n video wat teen ‘n te vinnige spoed afspeel.
Ek hoor haar armbande aanmekaar klingel soos sy al vinniger beweeg ... en dan voel ek my saad opsnel in my voël. "Ek komm," skree ek. "Ek ooook," antwoord sy gillend.
Dan ontplof ons teenmekaar, inmekaar en ons geslagsdele is warm soos vuur.
Ons pas begin stadig verslap maar ons beweeg nog steeds in-uit,in-uit,in-uit … asof ons die ekstase wil rek en rek en rek ...
Ek neem haar een hand in albei myne en vou dit toe in ‘n vuis en soen elke kneukel saggies. Dan maak ek haar hand oop en soen haar palm en vou die hand weer toe: "Jy’s wonderlik," sê ek. Ek kyk op in haar oë en sy streel met haar een hand se rugkant oor my wang. Sy staar na my en ‘n klein druppel rol uit by haar een oog as sy sê: "Jy het my weer mèns laat voel, my vrou-wees vir my terugegee … dankie."
As ek my penis wat nou slap is uit haar trek, vee haar hande oor my skouers en arms af soos ek terug beweeg en die armbande klingel, klingel, klingel.
The post Hygliteratuur: Buurtwag II appeared first on LitNet.