
Foto: Canva.com
Geblus
omdat my môre soek is
sal voëls nie weer vir my klink
soos in my laaste goeie uur
wat gelowig gegroet het nie
wyl harsings en werwels
die volgende sonopkoms
pragmaties sou kon gryp
het ek liefs stil ondergronds stagneer
donker het om my geword
toe my oë se weerlig nie meer
wou slaan waar water wemel nie
te diep; te alles; te nie
hier strek droogte
so ver oor kaal vlees
dat my blote bestaan
seer skrik – ’n gebluste gees