Ek kyk nou die dag die laaste stukkie raak van ’n onderhoud wat Johnré voer met ’n vroulike atletiekafrigter (mooi meisie). Sy slotvraag aan haar was of sy nie jammer is dat sy destyds, weens apartheid, nie aan internasionale atletiek kon deelneem nie.
Wat kon die arme meisie nou sê? Dis nasionale TV en natuurlik sê sy ja sy’s spyt sy was daarvan weerhou om internasionaal te kompeteer.
Onregverdige en simpel vraag; wat sou Johnré gedoen het as die meisie anders geantwoord het? As sy byvoorbeeld gesê het: “Ja wel daardie tyd was ek teleurgesteld, wie sou nie wees nie maar as mens die koste vir deelname aan internasionale sport in aanmerking neem – die wegholmisdaad, die slaggate in die paaie, die agteruitgang van die dorpe, die daaglikse opstande, die rou riool in die riviere, die val van die rand, die chaos in hospitale, die munisipaliteite en die staatsdiens, die emigreer van honderdduisende van ons beste mense, die verdwyning, eintlik vernietiging, van ons Afrikaanse universiteite, die agteruitgang van onderwys en die heksejag en agteruitgang van Afrikaans besef ek daardie destydse teleurstelling is niks in vergelyking met die teleurstelling in wat ons vandag beleef nie.”
Hè? Wat sou hy gesê het?
Jan Rap
The post Johnré se amper blaps appeared first on LitNet.