Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.
Voor Magdaleen sit die vrou. Sy skat haar in haar vroeë dertigs. Mooi gevormde bene en plat magie. Vol lippe. Groot, blou oë. Dik blonde hare.
In kort: iemand soos wie enige vrou haar oogtande voor sou gee om te kan lyk.
Sy is hier vir haar onderhoud.
Magdaleen rol haar oë en werk verder aan die debiteure-state van Terblans en Troskie Prokureurs Ing, waar sy as ontvangsdame en algemene hier-jy werk.
Tien minute later kyk sy op na die muurhorlosie: dit is tyd.
Sy skakel Meneer Maurits Terblans, een van die vennote van die firma. Soos gewoonlik is hy nors en kort-af: “Ja?”
“Meneer, Meneer se onderhoud is hier,” kondig Magdaleen aan.
“Goed, stuur haar deur,” beveel-sê Maurits en sit die telefoon neer.
Magdaleen kyk oor die toonbank en sê aan die vrou: “Meneer Terblans sê hy is reg vir u.”
Sy staan op en volg Magdaleen na Maurits se kantoor.
Magdaleen klop aan die toe deur. “Binne!” bulder die man.
Magdaleen maak die deur oop en staan eenkant sodat die dame binne kan gaan en dan maak sy die deur stewig toe.
***
Maurits tik met sy vingers op sy lessenaar, terwyl hy na die dame voor hom se curriculum vitae kyk.
“So, Monica,” sê hy, “dit lyk nie as jy die nodige ervaring vir die posisie het nie.”
Monica byt op haar lip. “Meneer, ek het die werk regtig nodig. Asseblief, ek sal enigiets doen vir die werk,” pleit sy.
Maurits glimlag skeef en staan van agter die lessenaar op. Hy gaan sit voor haar met sy een boud op die tafel en sy een been op die grond.
Sy kyk hom op en af.
“As jy die werk so graag wil hê dan sal jy my moet wys ...” Hy vryf oor sy kruis.
Monica maak sy broek sy ritsluiter oop en Maurits maak sommer by voorbaat sy oë toe. Sy lang lid val uit sy gulp uit en sy sit dit in haar mond.
Haar mond vou om sy voël soos ‘n ringspier. Sy begin haar kop stadig op en af beweeg. Uit Maurits se maag beur ‘n sagte kreun.
Sy beweeg effens vinniger en Maurits kreun harder.
Dan haal sy sy dikgeswelde lid uit haar mond en speel met haar tong rondom die kop, totdat dit blink van die speeksel is. Elke aar bult van plesier.
Sy glip hom weer in haar mond, maar hierdie keer beweeg sy stadiger. Dan laat hy sy hom tot diep in haar keel af gly. Sy hou ‘n oomblik sy kop daar voordat sy dit weer uithaal.
Volgende trek sy sy broek se ritsluiter verder af om sy eiers uit te haal. Maurits s’n is kaal geskeer en die vel is glad en sag. Sy laat sy een bal in haar mond glip en suig sagkens daaraan. Uit die hoek van haar oog kan sy sien hoe sy oë omdop.
Sy fokus weer op sy voëlkop, wat nou pers van afwagting is. Haar warm mond vou om die kop en sy stimuleer hom weer. Hierdie keer beweeg sy haar kop vinniger op en af in ‘n ritme wat sy asem wegslaan. Soos sy orgasme opbou, begin sy asem saam te jaag.
Monica beweeg haar kop vinniger en vinniger.
Maurits kreun meer en meer.
Sy voel die rukbewegings van sy orgasme en en sy druk sy voël tot diep agter haar keel in sodat hy diep in haar kom.
Sy orgasme gee sy laaste doodstrekke en sy haal dit weer uit haar mond. Vir oulaas lek sy om die kop om die laaste bietjie kom skoon te maak.
Beide hy en sy lid is nou uitgeput. Maurits is rooi in die gesig.
“Sjoe, maar jy het darem gekom!” sê Monica en maak haar handsak oop. Sy haal ‘n sneesdoekie uit en vee haar mond daarmee af. Daarna haal sy ‘n lipstiffie uit en smeer dit om haar pruilende mond.
Maurits rits homself weer toe en leun vooroor om haar mond te soen, maar sy draai haar wang.
“Ek suig jou voël vir geld en nie omdat ek vir jou lief is nie,” sê sy koud en maak haar mascara weer reg. “Speaking of which ...”
Maurits sug sag. Hy voel verworpe.
Uit die boonste rak van sy lessenaar haal hy ‘n bruin koevert uit en gee dit vir haar. Sy vat dit en maak dit oop om die geld te tel. Toe sy tevrede is, steek sy haar hand uit en hulle skud blad.
Op pad uit sê sy: “Sien jou volgende week weer.”
***
Magdaleen skrik haarself boeglam toe Monica verbystap en haar groet: “Sien jou volgende week weer.”
“Sien jou dan,” groet sy terug en probeer dat haar walging vir Monica nie in haar stem resoneer nie.
Net voordat Monica by die deur uitgaan val iets met ‘n klingel op die grond. Monica blyk dit nie te gehoor het nie, want sy loop by die deur uit.
Magdaleen staan op en loop na die blink voorwerp wat op die grond lê.
‘n Silwer oorbel.
Eintlik is nie lus om agter die tert aan te hardloop nie, maar as ‘n vrou weet sy hoe frustrerend dit is om een van ‘n paar oorbelle te verloor. Sy raap die ding op en storm by die deur uit om die vrou te keer voor sy na wie weet waarheen verdwyn.
Hul kantoor loop uit op ‘n groot foyer.
Daar is niemand in sig nie.
Langs die firma se kantore is die openbare toilette. Sonder om te aarsel gaan sy by die damestoilette in en roep:
“Hello, jy het jou oorbel laat val!”
Geen antwoord nie. Sy loer onder elke individuele toilet om te sien of sy nie die vrou kan sien nie. Daar is eenvoudig niemand in die vertrek nie.
Sy trek haar skouers op en stap weer na die kantoor.
Die moment wat sy by die badkamer uitstap, stap ‘n persoon by die manstoilette uit.
Monica!
Spraakloos kyk die twee mekaar aan. Bewerig wys Magdaleen vir hom die oorring.
“Jy het dit laat val.”
“Dankie,” sê hy en neem dit by haar, “dit is baie gaaf van jou.”
Hy sit die oorring terug in sy oor en groet: “Sien jou weer.”
Daar is ‘n sagte glimlag om sy mond terwyl hy aanstap. Van nader sien sy die fyn-fyn swart stoppels.
Magdaleen kan nie ‘n woord uitkry nie.
Die res van die dag kry sy nie op haar werk gekonsentreer nie. Die gedagte aan Meneer Terblans en Monica (of wat ook al sy regte naam is) laat haar broekie klam word.
The post Hygliteratuur: Die onderhoud appeared first on LitNet.