Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21909 articles
Browse latest View live

Die komende Israel-Iran-oorlog?

$
0
0

Inleiding

Vrese oor die moontlikheid van ’n volskaalse oorlog tussen Israel en Iran kring uit. Sodanige vrese spruit voort uit ’n ongekende direkte Iranse lugaanval op 13 April 2024 op Israel in weerwraak op ’n Israeliese lugaanval op 1 April 2024 op Iran se konsulaatgebou in Damaskus, Sirië, én Israel se vergeldingsaanval op 19 April 2024, waartydens ’n aantal missiele (waarskynlik drie) ’n Irannese militêre basis in die Isfahan-provisie getref het. ’n Kettingreaksie, waarin die omvang, intensiteit en geweld van so ’n oorlog met elke aanval en teenaanval onkeerbaar uitkring, word onder beide Jan Publiek en waarnemers van die internasionale politiek voorgehou as ’n uiters realistiese gebeurlikheid. Die uitkring van ’n Israel-Iran-oorlog tot ’n streekoorlog of, soos sommige waarnemers vrees, ’n derde wêreldoorlog word dus nie buite rekening gelaat nie. In ieder geval sal die Verenigde State van Amerika (en waarskynlik een of ’n paar Westerse liberale demokrasieë) aan die kant van Israel veg, onderwyl ’n groot groepering van lande en groepe hul by Iran sal skaar. In hierdie skrywe sal ek graag etlike aspekte rondom die vraag na ’n Israel-Iran-oorlog wil aanroer, sowel as hoe en in welke mate die moontlikheid van ’n streekoorlog of wêreldoorlog op hande is. Die beskrywing “’n volskaalse, direkte Israel-Iran oorlog” suggereer iets meer as die huidige aanval-teenaanval kettingreaksie wat Israel-Iran betrekkinge tipeer – in die besonder, die beskrywing dui op die gebruik van georganiseerde en, belangrik, voortgesette geweld (as die primêre instrument van dwang) deur beide lande ten tyde van ’n situasie van verklaarde oorlog, één waarin ten minste 1000 soldate per jaar sterf. Dit is hierdie beskrywing van oorlog (met inbegrip van die beskrywings “’n Israel-Iran oorlog”, “’n streekoorlog”, en “’n derde wêreldoorlog”), wat onder die vergrootglas geplaas sal word. Dit is egter vanselfsprekend, dog noemenswaardig, dat ek hier géén voorspelling oor die “waar” en “wanneer” van ’n toekomstige oorlog of oorloë maak nie. Nogtans kan ons aan die hand van bepaalde tendense, historiese kragte en teoretiese uitgangspunte bepaalde gebeurlikhede uitwys en sinvol daaroor dink.

Waaroor gaan die Israel-Iran-stryd nou eintlik?

Die gebeure van onderskeidelik 1 April en 13 April, soos hierbo uiteengesit, skets ’n ietwat misleidende prentjie. Enersyds is dit weliswaar so dat hierdie kettingreaksie, en die moontlikheid van ’n volskaalse Israel-Iran-oorlog, in direkte verband tot die Hamas-terreuraanval op 7 Oktober 2023 op Israel staan. Laasgenoemde aanval bied die onmiddellike konteks vir enige begrip van die Israeliese lugaanval op die Iranse konsulaatgebou – vir Israel is hierdie aanval bloot in weerwraak op die onbetwisbare rol van Iran se Revolusionêre Wagkorps (en die betrokke Wagkorps-generaals in die konsulaatgebou) in die Hamas-terreuraanval. Op sy beurt beroep Iran sigself op die internasionale reg in sy weerwraak op Israel, in die besonder sy reg tot selfverdediging. Tegelykertyd, in sy aanval op Iran se Isfahan-provinsie op 19 April 2024, voer Israel eweneens aan dat dié aanval bloot in weerwraak vir die Irannese lugaanval (13 April 2024) was, en dat Israel binne die bestek van die reëls van die internasionale reg (in die besonder, die reg tot selfverdediging) optree. Dit is egter uiters belangrik om te verstaan dat die Hamas-terreuraanval van 7 Oktober 2024 en die voortspruitende kettingreaksie van aanval en teenaanval in ’n veel breër konteks geplaas en beskou moet word.

Israel se aanval op 1 April 2024 was in vele opsigte uiters voordelig vir Iran. Waarom dít die geval is en om die breër konteks van die huidige Israel-Iran-konflik te verstaan, vereis ’n diepgaande begrip oor die visie en aspirasies van Iran. Allereers moet ons verstaan dat Iranse strydkrete soos “death to Israel” wél letterlik verstaan moet word (dit is ’n diepgaande begeerte om Israel van die landkaart te verwyder), desnieteenstaande besware deur Iranse leiers dat Iranse animus jeens Israel teen die Netanyahu-regering en nié Israel as nasiestaat gemik is nie. Hiernaas moet ’n ander werklikheid verreken word, een wat in wese die primêre dryfkrag van Iran se buitelandse beleid is. Sedert Iran se Islamitiese Revolusie van 1979, het Iran ten doel gehad om soortgelyke revolusies in die Midde-Ooste te inspireer. Soos Suzanne Maloney onlangs in Foreign Affairs vermeld, reeds sedert 1979 het Iran “uitbreidende aspirasies” gehad, te wete, om die opperste mag in die streek te wees. Aanvanklik het Ayatollah Ruhollah Khomeini, die stigter van die Islamitiese Republiek van Iran, gehoop dat ’n revolusionêre golf deur die Midde-Ooste sal spoel met die Islamitiese Revolusie as baken en besieling vir ander lande in die streek.

Dié grootskaalse revolusie het egter nooit tot sy volle reg gekom nie. Nietemin, Iran het wel, soos Maloney voorts uitwys, groot inspirasie geput deur die verskyning van eendersdenkende militante groepe wat Iranse ondersteuning (op allerlei wyses) begeer en eindelik verkry het. ’n Militante teenkantingspil (“axis of resistance”), waartydens ’n betreklik ongebonde netwerk van militante groepe in die streek ten diepste deur Iranse veiligheids- en godsdienstige instellings ondersteun word, het eindelik die hoeksteen van Iran se strategie in die gebied gevorm. Wat uiters belangrik is, is dat sodanige strategie, beskou vanuit die Iranse perspektief, gedy in toestande van chaos en ongestadigheid, toestande wat Iran met groot sukses uitbuit en poog om aan te wakker. Iranse ondersteuning van Hezbollah en ’n groot aantal ander groepe het dikwels groot vrugte afgewerp en dié groepe se dodelikheid met rasse skrede vergroot. Dit is geen groot geheim dat Iran die wêreld se voorste ondersteuner van terreurgroepe is nie. Dit is insiggewend om te noem dat Iran jaarliks ongeveer $700 miljoen tot $1 biljoen aan Hezbollah voorsien, bykomend tot diepgaande militêre ondersteuning van dié groep. Hetsy in die gevalle van Hamas in Israel (op 7 Oktober), Hezbollah, die Palestynse Islamitiese Djihad en ander soortgelyke groepe, het Iranse ondersteuning eindelik ten doel om sy invloed in die gebied te vergroot en om uit die stryd te tree as die oorheersende land in die streek. Vandag, soos vantevore in die geskiedenis, blyk die strewe na mag ’n besondere sterk dryfveer van lande se optrede te wees, maar in hierdie konteks word die prentjie weliswaar verder ingekleur deur Iranse animus jeens Israel.

Die komende Israel-Iran-oorlog? ’n Streek- of wêreldoorlog?

Israel en Iran is reeds vir etlike jare, veral seder die Islamitiese Revolusie van 1979, in ’n oorlog gewikkel, hoewel dié gewapende stryd uitsluitlik ’n lae-intensiteit een was. Die ongekende direkte aanval op Israel op 13 April het die dekades-oue Iranse gebruik van ’n strategie van ’n militante teenkantingspil verbreek en die moontlikheid van ’n direkte en volskaalse oorlog vergroot. Wat is die moontlikheid dat die kettingreaksie van aanval-teenaanval wat tans voor ons oë uitspeel, tot ’n volskaalse oorlog (soos hierbo omskryf) sal eskaleer? Wat van ’n streek- of wêreldoorlog, met ’n Israeliese of Iranse aanval of teenaanval as die kruitvat? Myns insiens is die moontlikheid van enige van hierdie gebeurlikhede betreklik laag. Waarom dan? Hoewel ek van mening is dat ons meer konflik in die streek sal sien (in die besonder meer konflikte waar Iran en sy netwerk van terreurgroepe saamwerk om Israel, sowel as Amerikaanse soldate in die streek aan te val), is daar etlike redes om te glo dat die konflikte (veral dié met betrekking tot Israel) nie die drempel van grootskaalse konvensionele oorlog sal oorskry nie. Mits ek verkeerd verstaan word: Ons sal waarskynlik meer konflikte in die streek sien, maar veral konflikte wat onder die drempel van grootskaalse konvensionele oorlog geskied. Dus, meer Iran-geïnspireerde aanvalle deur Hezbollah, Hamas, die Houthi-rebelle en verskeie groepe in Sirië sal myns insiens aan die orde van die dag wees, met meer lande (veral Rusland) wat toenemend indirek betrokke sal raak.

Waarom verwag ek nie ’n volskaalse konvensionele oorlog tussen Iran en Israel of ’n streek- of wêreldoorlog nie? Ek moet bieg dat ek hoegenaamd nie ’n pasifis is nie en voorts verstaan ek dat oorlog onlosmaaklik deel van die mens se geskiedenis is. Soos die titel van ’n artikel deur die Kanadese historikus, Margaret MacMillan, treffend aandui: “It would be stupid to think we have moved on from war. Look around.” Maar daar is veral twee redes wat aangevoer kan word wat die moontlikheid van bogenoemde oorloë teenwerk. Een: Israel is ’n kernwapenstaat, ’n werklikheid wat beide Iran en alle ander state in die streek goed verstaan. Vandag, soos vantevore in die geskiedenis van die kernera, is daar geldige redes om te glo dat lande met groter omsigtigheid optree wanneer die moontlikheid van die gebruik van kernwapens ter sprake is. Hiér moet ek noem dat kernwapens nie noodwendig ’n konvensionele oorlog sal keer nie, maar dat dit die koste van enige optrede wat Israel se oorlewing bedreig, met rasse skrede sal verhoog. Lae-intensiteitoorloë en ’n beperkte konvensionele oorlog (dit is ’n konvensionele oorlog met beduidende grense) teen Israel is miskien moontlik; enige optrede wat Israel se oorlewing en voortbestaan as nasiestaat bedreig, is myns insiens onwaarskynlik. Die tweede rede sluit aan by die eerste: Ongeag strydlustige Iranse openbare uitsprake (onder andere “death to Israel”) en die regime se streekaspirasies, blyk die Iranse regime uiters koste-sensitief te wees – kortliks, Iran is uiters strategies in sy optrede, weet waar en wanneer om aanvalle te loods en verstaan die grense wat nie oorgesteek moet word nie. Hoewel Iran groter streekaspirasies koester, blyk Iran ’n rasionele en koste-sensitiewe staat te wees. Met verwysing na pogings om die territoriale landskap van die Midde-Ooste te verander, blyk Iran eerder ’n status quo- as ’n revisionistiese staat te wees. Bowendien, om ’n kerngewapende land (te wete, Israel) tot op die drempel van uitwissing te druk, is nasionale selfmoord, ’n feit wat Iran terdeë verstaan. Hierdie redes besweer tegelykertyd ook die moontlikheid van ’n streek- of wêreldoorlog.

Ten slotte

Daar is vandag opnuut kommer oor die moontlikheid van oorlog in die Midde-Ooste, veral een waarin die Iranse en Israeliese aanvalle en teenaanvalle as kruitvat kan dien. Dat daar rede tot kommer is, is verstaanbaar. Tog is daar verskeie redes wat aangevoer kan word wat optimisme inboesem dat enige verdere verwikkelinge in die Midde-Ooste, veral dié tussen Israel en Iran, waarskynlik nie die drempel van ’n grootskaalse vernietigende oorlog jeens Israel sal oorskry nie. Dis die goeie nuus. Die slegte nuus is dat ek voorsien dat ons meer oorlog (buiten ’n grootskaalse vernietigende oorlog jeens Israel) sal sien – meer staatsondersteunde (lees: Iranse) geweld deur groepe in die Midde-Ooste, met ’n groeiende aantal lande wat indirek betrokke raak in die politiek van die streek.

Ten laaste kan ek dalk net noem, op ’n diep, persoonlike vlak, dat ek as medegelowige – as iemand “wat net so ’n kosbare geloof as ons verkry het” (2 Petrus 1:1) – weliswaar bewus is dat daar gebeure in die Heilige Skrif van die Christendom (te wete, die Bybel) uiteengesit word wat myns insiens van toepassing is op sommige van die vrae wat ek hier aangeroer het. Ek het egter gepoog om hier vir die leser ’n akademiese eerder as ’n persoonlike (of skriftuurlike) toekomsblik te gee, met die uitgangspunt dat die toekoms van die Midde-Ooste nou verweef is met kragte, magte en faktore wat veel wyer en dieper as die omvang van my analise strek. Laat ons, ongeag die hoedanigheid (akademies, al dan nie) waarin ons skryf en dink, “waak en bid”.

The post Die komende Israel-Iran-oorlog? first appeared on LitNet.

The post Die komende Israel-Iran-oorlog? appeared first on LitNet.


The hidden by Fiona Snyckers: an inter-review

$
0
0

The hidden
Fiona Snyckers

Publisher: Pan Macmillan South Africa (February, 2024)
ISBN: 9781770108660

........
In The hidden Snyckers tackles another contentious subject: a right-wing, survivalist cult living in a forest on the fringes of a city in the Pacific Northwest of the USA.
........

The hidden is a taut thriller written by one of my favourite South African authors, Fiona Snyckers. Snyckers has delved into serious subject matter before in her work, most notably with her novel Lacuna, which won the Sala Novel Award and the Humanities and Social Sciences Award. Lacuna told the story of Lucy Lurie, the victim in JM Coetzee’s most lauded work, Disgrace. Lucy talks about how her experience of being raped was the driving force behind the novel, yet she as a person was obliterated and ignored in his narrative. The clever conceit of an unfilled space (the lacuna allusion in the title) made for a powerful novel.

The hidden by Fiona Snyckers (Publisher: Pan Macmillan South Africa, 2024)

In The hidden Snyckers tackles another contentious subject: a right-wing, survivalist cult living in a forest on the fringes of a city in the Pacific Northwest of the USA. Their story is told from the point of view of two of the characters, a mother in the cult, Rebekkah, and her son, Meshach. Then there is the story of Becca, a suburban mother, wife and digital cartoonist living in Monterey with her husband Michael, teenage children Rachel, Felix, and a severely disabled son, Petey. Her point of view and (sometimes) Michael’s are the driving force behind this plot line. The third plot line is told from the viewpoint of Special Agent in Charge, Aalia Knox, a no-nonsense FBI agent. When a right-wing militia group attacks the Cascade Valley Business Park in Anderson, Oregon, killing hundreds of people, her job is to track down the perpetrators as quickly as possible, no matter what it takes. The attack is blamed on a right-wing military cult which calls itself the Patriot Fathers.   

........
Snyckers writes with an engaging facility, taking you into the hearts and minds of each character. From the first few pages the reader becomes engrossed in the narrative and eager to know where it is going. This is a page-turning thriller, one where plot twists aren’t easy to spot.
........

Snyckers writes with an engaging facility, taking you into the hearts and minds of each character. From the first few pages the reader becomes engrossed in the narrative and eager to know where it is going. This is a page-turning thriller, one where plot twists aren’t easy to spot. It’s difficult to say more without spoilers, but even though I’m usually very good at pre-empting storylines, there was one surprise in particular which took my breath away.

Snyckers is one of South Africa’s most accomplished authors and this new book in her oeuvre is yet another landmark novel in her already illustrious body of work.



Janet van Eeden spoke to Fiona Snyckers about The hidden, her new thriller novel.

Fiona Snyckers (Photo: provided)

This is your first novel which isn’t set in South Africa, am I right? What made you decide to set it in the USA?

Yes, this is my first traditionally published novel set outside of South Africa. This is a story that could only be set in the USA. The combination of survivalist cult, ultra-right-wing white supremacists and federal authorities could only take place there. That was the story I felt compelled to tell, and that dictated the setting.

The novel is a taut thriller which I think is a new venture for you if I’m not mistaken. You have written a page-turner which is intriguing and complex. Your subject matter is quite different from work you have done before. What inspired you to take this new angle in your writing?

I enjoy reading thrillers that are full of plot twists and turns, so I wanted to try my hand at writing one. In my previous novels, Now following you and Spire, I ventured into suspense/thriller territory, but this was the first procedural-type narrative told partly from the point of view of law enforcement officers that I have written. I had read about survivalist communities in the Pacific Northwest of the USA. I wanted a rural and remote setting, which the Oregon Basin certainly is. Then I also needed a suburban setting fairly nearby, so I settled on Monterey. Because I was writing the bulk of the book during lockdown, I used such online resources as Google Maps, Google Street View and Google Earth to get a sense of the terrain and the distances involved.

Hidden is full of detail about the workings of the FBI and also of a particular cult. You cite a particular source for your information on the FBI, but how did you come to grips with the world of an isolated cult? What research was the most rewarding for you?

........
The most rewarding research for me was reading first-person accounts by women who have escaped from cult-like situations. This includes memoirs, blogs, and social media posts. Some were written by brave South African women who risked a lot to tell their stories.
........

The most rewarding research for me was reading first-person accounts by women who have escaped from cult-like situations. This includes memoirs, blogs, and social media posts. Some were written by brave South African women who risked a lot to tell their stories.

There are a number of very specific medical details relating to one character in particular. Again, you must have done a lot of research to nail down the specifics of the condition and its complications. Can you talk a bit more about it?

I thought my research into the medical aspects of my character’s condition was both thorough and accurate, but fortunately my publisher asked her husband, who is a medical doctor, to fact-check it for me, and there were a number of errors that needed to be corrected. I was very grateful for his intervention.

You’ve written a serious and hard-hitting novel before in Lacuna. Did you enjoy venturing into this new genre which also deals with the darker side of humanity but not in the same way as Lacuna did?

........
I felt compelled to write both novels due to a deep-seated conviction about certain social justice issues. In the case of The hidden it was my concern about the threat posed to society by the ultra-right that pushed me to write it.
........

It is interesting that you compare this novel with Lacuna. I felt compelled to write both novels due to a deep-seated conviction about certain social justice issues. In the case of The hidden it was my concern about the threat posed to society by the ultra-right that pushed me to write it.

There are a number of plot twists which I don’t want to mention in case they are spoilers. I saw one of them coming just before it happened, but the final one caught me off guard. Well done for that! How do you ensure there are no clues along the way? Do you and your editor scour the text to make sure you’ve given nothing away, or is it just down to being a good writer?

I was trying to surprise the readers rather than trick them. I hope that readers will look back at the plot twists and see that the clues were there all along. I wanted to write in good faith, rather than resort to a parlour trick.

You mentioned in one of your early podcast that you are now writing a film script. Is it based on this book? Has it been optioned yet and will it go into production? (I hope the answers to the last questions are yes and yes! Well done if this is the case. It’s the hardest thing to get a film made.)

A South African production company bought the screen rights to both Lacuna and The hidden. I have been working on a screenplay version of Lacuna for them. It has been a steep learning curve for me. Your book on writing for the screen, Cut to the chase, was incredibly helpful in this regard! But I remain unconvinced that I am the best person for the job.

Work on The hidden hasn’t begun yet. As you know, no film can be made until the money is in place, so it is all up in the air at the moment.

The inevitable question: What are you working on now, or can’t you bear to think of your next project yet?

I am writing a sequel to The hidden. It ended on a surprising note, and the sequel will take those plot points further. Because I like to work on more than one project at a time, I am also writing a more literary book that is set in South Africa.

Thank you, Fiona, for your answers and for the excellent novel.



Also read:

Inter-review with Fiona Snyckers, author of The school gates – light with a bite

Book review: Lacuna by Fiona Snyckers

Lacuna: an interview with Fiona Snyckers

Student protests and books to protest by

Review like nobody's watching

The post The hidden by Fiona Snyckers: an inter-review first appeared on LitNet.

The post <em>The hidden</em> by Fiona Snyckers: an inter-review appeared first on LitNet.

Suidoosterfees 2024: Cintaine Schutte oor Onder ’n bloedrooi hemel op die planke

$
0
0

Cintaine Schutte (foto: Suidoosterfees)

Die 21ste Suidoosterfees – van 26 April tot 1 Mei in Kaapstad – se NATi Teaterfeesprogram sorg vir ’n groot bederf vir dramaliefhebbers. Onder ’n bloedrooi hemel, gebaseer op Annemarié van Niekerk se aangrypende memoir oor liefde en geweld in Suid-Afrika, is die fees se vlagskip-dramaproduksie.

Naomi Meyer het Cintaine oor haar hoofrolvertolking in die produksie gevra.

Cintaine, jy vertolk een van die rolle in Annemarié van Niekerk se Onder ’n bloedrooi hemel (die toneelstuk) by die Suidoosterfees.

  • Het jy die boek gelees?
  • Hoe ervaar jy dit om die hoofkarakter te wees?
  • Het jy met Annemarié oor die boek gesels?
  • Wie speel saam met jou in die toneelstuk?
  • Waarom moet mense Onder ’n bloedrooi hemel by die Suidoosterfees kom kyk?

Cintaine reageer per stemboodskap: "Ek het die boek gelees en my eerste indruk was dat ... elke mens in Suid-Afrika hierdie boek moet lees."

Luister hier onder na die volledige stemboodskap en Cintaine se antwoorde op die vrae.

Die verhoogproduksie van Onder ’n bloedrooi hemel word moontlik gemaak deur die Nasionale Afrikaanse Teaterinisiatief (NATi) en Het Jan Marais Nationale Fonds. Dit is by die Suidoosterfees op die planke op 29 April 14:30, 30 April 18:30 en 1 Mei 10:00. Kaartjies kos R130 en kan deur Webtickets bespreek word.

Lees ook:

Suidoosterfees 2024: Speed politics for bewildered South Africans – an interview with Marianne Thamm

Suidoosterfees 2024: Burger King Konsert van Hoop – ’n onderhoud met Anna Davel

Persverklaring: Annemarié van Niekerk wen enorme Nederlandse prys

Persverklaring: Suidoosterfees se Onder ’n bloedrooi hemel ’n "kragveld van kreatiwiteit"

Om het hart terug te brengen door Annemarié van Niekerk: Het hart op de goede plaats

Onder ’n bloedrooi hemel deur Annemarié van Niekerk: ’n boekbespreking

Onder ’n bloedrooi hemel deur Annemarié van Niekerk: ’n LitNet-Akademies-resensie-essay

The post Suidoosterfees 2024: Cintaine Schutte oor Onder ’n bloedrooi hemel op die planke first appeared on LitNet.

The post Suidoosterfees 2024: Cintaine Schutte oor <em>Onder ’n bloedrooi hemel</em> op die planke appeared first on LitNet.

Persverklaring: SA Akademiepryswenners vir 2024

$
0
0

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns kondig met groot genoeë die gesogte Akademiepryse vir 2024 aan.

Die pryse sal by ’n bekroningsplegtigheid in September in Pretoria aan die wennersoorhandig word.

Hertzogprys vir drama

Die Hertzogprys is die vernaamste prestigeprys in die Afrikaanse letterkundige wêreld en word jaarliks om die beurt vir poësie, drama en verhalende prosa, in dié volgorde, toegeken.

Die prys word toegeken op aanbeveling van die Akademie se Letterkundekommissie.

Die Hertzogprys vir Drama gaan vanjaar aan Nicola Hanekom vir Mirre en aalwyn.

Nicola Hanekom

Die kortlys vanjaar is soos volg:

  • Mirre en aalwyn deur Nicola Hanekom (Protea Boekhuis)
  • Droomwerk deur Pieter Odendaal (Protea Boekhuis)
  • Opdrifsel deur Philip Rademeyer (Protea Boekhuis)
NP Van Wyk Louwmedalje

Die prys is een van die toppryse van die Akademie en kan daarom slegs een maal aan ’n persoon toegeken word. Dit word toegeken vir ‘n betekenisvolle bydrae in die geesteswetenskappe, maar kan ook toegeken word aan persone wat werk van die hoogste gehalte gelewer het ter bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur.

Die prys word vanjaar toegeken aan Heinrich van der Mescht, emeritusprofessor, Universiteit van Pretoria.

Heinrich van der Mescht

Erkenning word aan Heinrich van der Mescht gegee vir sy uitsonderlike bydrae tot die ontginning, organisasie en uitbouing van kunsmusiek in Suid-Afrika. Hy is ‘n voortreflike kandidaat vir hierdie eer, omdat sy leeftyd van toewyding en harde werk kunsmusiek en ook Afrikaans en geesteswetenskappe in die breë binne Suid-Afrika bevorder het. Hy is een van min Suid-Afrikaanse musiekdosente wat volhoudend navorsing geskryf en gepubliseer het.

MT Steynprys vir natuurwetenskaplike en tegnologiese prestasie

Die prys word toegeken aan ’n persoon vir sy/haar skeppende bydraes tot die ontginning, organisasie en volgehoue uitbouing van die natuurwetenskappe en/of die tegnologie (of ’n vertakking of vertakkings daarvan) en die suksesvolle toepassing daarvan in breër verband soos in landsbelang. Die prys word gesien as ’n kroon op ’n lewenstaak en kan daarom net een maal aan ’n persoon toegeken word.

Die prys word vanjaar toegeken aan Ian Dubery, Direkteur van die Navorsingsentrum vir Plantmetabolomika, Universiteit van Johannesburg.

Ian Dubery

Ian Dubery het al verskeie toekennings ontvang as ’n uitnemende navorser. Sy navorsingsfokus behels die biochemie van stres-metabolisme in plante. As biochemikus bring hy nuwe benaderings en insigte na die interdissiplinêre veld van plantmikrobe-interaksies. Dubery het ’n beduidende bydrae gemaak tot die bou van navorsingskapasiteit om aan die behoeftes van die Suid-Afrikaanse navorsingsektor te voldoen deur die opleiding van ’n nuwe generasie wetenskaplikes, gefokus op die toekomstige behoeftes van die land.

SA Akademieprys vir visuele kunste

Die SA Akademieprys vir visuele kunste is een van die toppryse van die Akademie en word toegeken vir ’n lewenslange bydrae tot die visuele kunste en kan daarom slegs een maal aan ’n persoon toegeken word.

Die prys word vanjaar toegeken aan Carin Smuts.

Carin Smuts

Carin Smuts is ’n professionele argitek en deeltydse dosent aan die Universiteit van Kaapstad. Sedert 1989 bedryf sy CS Studio Argitekte en is internasionaal bekend vir haar baanbrekerswerk in argitektoniese gemeenskapsontwikkeling. Carin se gemeenskapsargitektuur is bekend vir die manier waarop dit in besonders uitdagende plekke, en gekonfronteer met karige begrotings, lewenslustige omgewings skep.

Eugène Maraisprys vir poësie

Die prys word toegeken vir ’n skrywer se eerste of tweede bellettristiese werk in Afrikaans.

Sedert 2023 word die prys jaarliks om die beurt toegeken vir prosa die een jaar en vir poësie en drama die volgende jaar.

Die Eugène Maraisprys vir Poësie word toegeken aan Pieter Odendaal vir Ontaard.

Pieter Odendaal

Die kortlys is soos volg:

  • Wanneer woorde asemhaal deur Maritha Broschk (Turksvy)
  • Ontaard deur Pieter Odendaal (Tafelberg)
  • Opdrifsel deur Philip Rademeyer (Protea Boekhuis)
CL Engelbrechtprys vir taalkunde

Die prys word om die beurt vir letterkunde en vir taalkunde toegeken. Elke afdeling kom elke vyfde jaar aan die beurt.

Die prys word toegeken aan Eleanor Cornelius vir Gewone taal: ’n Oorsig.

Eleanor Cornelius

Gewone taal: ’n Oorsig kan as pionierswerk beskou word en bevorder dus nie net die veld van gewonetaalstudies nie, maar verteenwoordig ook ’n belangrike mylpaal in die ontwikkeling en verryking van die Afrikaanse taallandskap. Nie net is hierdie boek van onskatbare waarde vir die Afrikaanse taalkunde landskap nie, die relevansie daarvan is ook onmiskenbaar in die internasionale veld van gewone taal.

Hugenote-Vereniging-en-DF-du Toit-Malherbeprys vir genealogiese navorsing

Die prys word toegeken vir ’n hoogstaande publikasie of ’n reeks van hoogstaande publikasies in Afrikaans op die gebied van die genealogie. Die publikasie(s) moet duidelike bewys lewer van oorspronklike navorsing.

Hierdie prys word vanjaar toegeken aan die werk van Katja Rossouw, naamlik die Rousseau/Rossouw Familieregister.

Katja Rossouw

Genealogiese navorsing soos dié van Katja Rossouw spreek van jarelange toewyding en navorsing. In hierdie register maak die leser nie net kennis met bekende Rossouws wat uitgeblink het op die rugby- en krieketveld nie, maar ook met die wat naam gemaak het op die verhoog en in die akademiese wêreld. Hierdie register maak ’n reusebydrae tot die navorsing oor die groot Hugenote-families en hul nalatenskap.

Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur

Dit is vir die doel van die prys geoorloof om uit enige taal werke in Afrikaans te vertaal. Hierdie werke moet gemik wees op die lesers in die ouderdomsgroep 5 – 12 (kinderliteratuur) en tieners en jong volwassenes (jeugliteratuur).

Die prys word vanjaar toegeken aan Zandra Bezuidenhout vir Lampie.

Zandra Bezuidenhout

Die kortlys is soos volg:

  • Lampie vertaal deur Zandra Bezuidenhout (Protea Boekhuis) (Uit Nederlands vertaal. Skrywer: Annet Schaap)
  • Skerwe vertaal deur Zelda Bezuidenhout (LAPA) (Uit Engels vertaal. Skrywer: Sally Partridge)
  • Die brief vir die koning vertaal deur Daniel Hugo (Protea Boekhuis) (Uit Nederlands vertaal. Skrywer: Tonke Dragt)
  • My eerste Afrika-avontuur vertaal deur Nandi Lessing-Venter (LAPA) (Uit Engels vertaal. Skrywer: Riaan Manser met Murray Williams en Chantal Tarling)
  • Hotel Ietermagô vertaal deur Elsa Silke (Tafelberg) (Uit Engels vertaal. Skrywer: Dianne Hofmeyr)
Tienie Hollowaymedalje vir kleuterliteratuur

Die toekenning van hierdie prys word driejaarliks oorweeg vir ’n Afrikaanse kleuterboek in alle genres, onder meer kleuterversies, verhale of drama.

Die prys word toegeken aan Antjie Krog en Ingrid de Kok (skrywers) en Fiona Moodie (illustreerder) vir Vetplantfeetjies.

Antjie Krog Ingrid de Kok   Fiona Moodie

 

Die kortlys is soos volg:

  • Daar’s ’n towerponie in my bed deur Martelize Faber (Illustrasies: Elsabé Ebersöhn) (LAPA)
  • Die hond met die stert sonder swaai deur Paula Fourie (Illustrasies: Emily House) (Tafelberg)
  • Net nie ’n hond nie! deur Jaco Jacobs (Illustrasies: Patrick Latimer) (Pan Macmillan) ▪
  • Vetplantfeetjies deur Antjie Krog en Ingrid de Kok (Illustrasies: Fiona Moodie) (Penquin Random House SA)
  • Saartjie, die spinnekop met sewe bene deur Riana Scheepers (Illustrasies: Elsabé Ebersöhn) (LAPA)
Protea Boekhuistoekenning

Die prys kan jaarliks toegeken word en roteer tussen ’n gepubliseerde werk, die beste magisterverhandeling, en die beste doktorale proefskrif in geskiedenis of kultuurgeskiedenis in Afrikaans.

Karina Sevenhuysen, verbonde aan die Universiteit van Pretoria, ontvang vanjaar die prys vir haar PhD-proefskrif met die titel: “Model native townships” in Suid-Afrika: “The pinnacle of perfection”? ’n Historiese evaluering, ca. 1900’s – 1940’s”.

Karina Sevenhuysen

Karina Sevenhuysen is ’n gerekende jong Afrikaanse historikus op die terrein van verstedeliking, en in die besonder swart verstedeliking in Suid-Afrika. Beide as student en later ook dosent in die Departement Geskiedenis van UP, het sy reeds vroeg met navorsing begin op die problematiese terrein van swart verstedeliking en stedelike owerheidsbestuur in Suid-Afrika. Vanaf haar magisterstudies het sy veral gefokus op die segregasie era (1905–1948), ’n tydvak wat dikwels afgeskeep word weens ’n dominante en dikwels misplaaste aksent op die geskiedenis van apartheid.

Erepenning van die SA Akademie se fakulteit natuurwetenskap en tegnologie

Die erepenning word toegeken vir ’n persoon se skeppende bydrae tot die ontginning, organisasie en volgehoue uitbouing van die natuurwetenskappe en/of die tegnologie (of ’n vertakking of vertakkings) en die suksesvolle toepassing daarvan in breër verband, soos in landsbelang.

Hierdie erepenning word vanjaar toegeken aan Michelle van der Bank, professor in plantsistematiek in die departement Plantkunde en Plantbiotegnologie aan die Universiteit van Johannesburg.

Michelle van der Bank

Van der Bank is ’n wêreldleier op die gebied van plantsistematiek en haar internasionale bande en aktiwiteite het daartoe bygedra om Suid-Afrika as ’n belangrike rolspeler in die veld te vestig. Haar navorsing (wat fokus op ses van die 17 volhoubare ontwikkelingsdoelwitte),

persoonlike visie en lewenslange toewyding dra betekenisvol by tot toenemende kennis en oplossings in haar veld, asook die opleiding van ’n nuwe generasie van wetenskaplikes.

Erepenning vir geesteswetenskappe

Die erepenning vir geesteswetenskappe word toegeken vir ’n persoon se skeppende bydrae tot die ontginning, organisasie en volgehoue uitbouing van die geesteswetenskappe en die suksesvolle toepassing daarvan in breër verband, soos in landsbelang.

Die erepenning word vanjaar toegeken aan Mariëtta Alberts, terminoloog en navorser van Pretoria.

Mariëtta Alberts

Mariëtta Alberts word wyd in Suid-Afrika erken as die doyenne oftewel “Mevrou Terminologie”, as die een wat ná die aanvanklike vestiging van terminologie in die 1960’s gehelp het om die vakgebied sigbaar te maak deur haar talle publikasies (artikels, boeke, tegniese woordeboeke), haar optredes by vakkongresse en ook haar direkte betrokkenheid as opleier van die volgende geslagte terminoloë (aan universiteite, staatsdepartemente, semi-staatsinstellings en private instansies). Haar voortgesette werk (in die besonder standaardboeke oor terminologie as dissipline) maak haar ’n kernrolspeler in die ontwikkeling en vestiging van terminologie en vaktaal in Suid-Afrika.

Erepenning vir kuns

Die erepenning word toegeken vir ’n persoon se skeppende bydrae tot die ontginning, organisasie en volgehoue uitbouing van die kunste (visuele kunste wat argitektuur insluit of die uitvoerende kunste wat die kunslied insluit) en die suksesvolle toepassing daarvan in breër verband.

Vanjaar word die prys toegeken aan Jaco Meyer komponis en navorser van Johannesburg.

Jaco Meyer

Jaco Meyer is ’n Suid-Afrikaanse komponis en navorser wat hom bekwaam met die komponering van konseptuele musiek en navorsing oor musiekanalise. Meyer se werk is bedoel vir beide die algemene publiek en gehore wat hulle begrip van musiekelemente wil uitdaag, maar ook vir akademici wat belangstel in die maniere hoe hy te werk gaan om sekere konvensionele grense te verbuig.

Jacques van der Elstprys

Die prys word jaarliks toegeken vir die beste artikel wat in ’n bepaalde jaar in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe (TGW) verskyn het.

Die prys is vanjaar toegeken aan Johann Beukes vir sy artikel “Die diskoers oor armoede in die sentrale en latere Middeleeue” wat verskyn het in die TGW, Jg. 62(2), Junie 2022.

Johan Beukes

Hierdie artikel is ’n voortsetting van die outeur se reeds meermale bekroonde navorsing oor die Middeleeue in Afrikaans. Johann Beukes ontvang die gesogte Jacques van der Elstprys vir internasionaal erkende navorsing, aangebied in aanskoulike, verhelderende Afrikaans vir die fynproewer.

Douw Greeffprys

Die prys word toegeken vir ’n navorsings- of oorsigartikel van hoogstaande wetenskaplike gehalte wat gedurende die jaar wat die prys voorafgaan, in die SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie gepubliseer is.

Die prys word vanjaar toegeken aan Soané Ludick, Jacques M Berner, Roelof D Coertze en Sarel S Cilliers vir hulle artikel: “Gesondheidsevaluasie van stedelike eike (Quercus robur L.) met behulp van fisiologiese parameters: ’n Suid-Afrikaanse gevallestudie”, wat verskyn het in SATNT, Jg. 42(1), 2023.

Junior Kaptein Scott-Gedenkmedalje (dierkundige wetenskappe)

Die medalje kan jaarliks toegeken word vir die beste verhandeling wat by ’n Suid-Afrikaanse universiteit vir die M.Sc.-graad ingedien is (om die beurt in die dierkundige en plantkundige wetenskappe).

Die prys word vanjaar toegeken aan Runé van der Merwe van die Universiteit van die Vrystaat vir haar verhandeling The role of body size as a life-history trait influencing within-population niche variation in mammals.

Runé van der Merwe

Poortprys

Die Poortpryse word jaarliks toegeken vir die twee beste skeppende bydraes (poësie, prosa, drama) deur leerders in grade 10, 11 en 12 wat aan die Poort-kompetisie deelgeneem het.

Die pryse word vanjaar toegeken aan:

  • Poësie: Mila van Niekerk van die Hoërskool Outeniqua vir haar gedig “Sonskerm”.
  • Prosa: Aletta Smit van Afrikaans Hoër Meisieskool vir “Racheltjie de Beer”.
Lees ook:

Mirre en aalwyn deur Nicola Hanekom: twee resensies en steeds ’n soeke

The post Persverklaring: SA Akademiepryswenners vir 2024 first appeared on LitNet.

The post Persverklaring: SA Akademiepryswenners vir 2024 appeared first on LitNet.

Tinnitus: my near north (on The near north by Ivan Vladislavic)

$
0
0

(To the memory of Helen Fernand-Ntabeni, 1970–2024)

The thing I appreciate most about Ivan Vladislavić’s latest book, The near north, is that it is not a whinny book. Superficially it is a book about walking, mostly, in the northern suburbs of Johannesburg. Comprehensively and by depth it is much more. Reading it provides an opportunity to tour the makings of one of South Africa’s great minds, getting to know how he ticks, his outlook on the world and more. The book’s landscape, life experiences and all, is distinctively South African. But the mind that forged it is clearly globally cosmopolitan.

Vladislavić makes us understand that to write well you have to speak with your whole life. He quotes from the memoir of Georgi Gospodinov, The story smuggler: “Well, we’re all emigrants from the homeland of our childhoods.”

Upon reading this quote on my social media page, my friend and fellow scribe, Eben Venter, reminds us of the popular lines from the American poet, Louise Glück: “We look at the world once, in childhood / The rest is memory.”

Writers are in the business of making sense of the world. Stories they tell (fictive or historical, putting narrative to our experiences) are a means by which, through memory (echoes of experience), they accomplish this. Nowhere is this more clear and made more pertinent to our national psyche than in The near north.

A book that sparked an essay.

There are tools writers employ to situate us into the atmosphere of the place they’re writing about. The most common is the use of a vernacular of the place you’re telling stories about. The other, which Vladislavić employs fantastically, is landscape descriptions and narrative demonstrations of what English lazily calls a worldview, but is better defined in German as Weltanschauung. Xhosa does even better by calling it ingqiqo, a word that encompasses not only your intellectual capacity, but also traditional/cultural wisdom that you inherit from your family/clan/national line, those who birthed you in more ways than one to be the person you are. This, in a strict sense, forms aspects of what we refer to as ubuntu bakho, what makes you human because of others.

The near north, though sharing similarities with other flaneur books, like Lauren Elkin’s Flâneuse: Women walk the city in Paris, New York, Tokyo, Venice, and London, is also characteristically distinct from them. For one, it zooms in on the history of one city, its northern suburbs in particular. Another thing is that books of flaneurs almost always betray a sense of uneasiness with their surroundings.

They remind one also of what Vladislavić calls “visceral sensations” we get from walking. He quotes Michael Sorkin who is of the opinion that walking provides a “natural armature” for sequential thought. The unease is clearly demonstrated in the 2003 movie which Sofia Coppola directed, Lost in translation, where “... Scarlett Johansson plays a familiar figure in American literature. She is the culture-shocked American abroad, trying to connect with the local culture but unable to. Like me, Charlotte has come to Tokyo with her partner, and is left to her own devices while he goes off to work.” Left alone in a hotel she comes to a slow realisation of her crumbling marriage as she walks the mega streets of Tokyo: “He was extremely concerned about the way we stood out. The way I stood out. In the winter my nose is always running. He got embarrassed whenever I pulled out a tissue. Either you’re not supposed to blow your nose in public, or you’re supposed to excuse yourself before you do, I never learned the exact protocol, but sometimes I couldn’t wait or there was no one to apologise to. I dabbed at my nose as delicately and unobtrusively as I could. Dirty gaijin, he called me.”

Vladislavić, despite grave experiences like being a crime victim, like many of us who dwell in the city, speaks about it with deeper love and ease of being home, particularly in Johannesburg. His favourite flaneur author is the Scottish naturalist philosopher Robert Macfarlane.

Excuse my necessary digression a bit to explain my deeper association with Macfarlane. This will also explain why I have included the phrase “my near north” in the title of this essay.

I first met my late wife, Helen, who was Scottish, at a friend’s birthday party in Green Point. From there we proceeded to spend almost the whole night together, club-hopping and getting to know each other better. We went to sleep in the early hours of the morning, at about two, and only because she was going hiking at Lion’s Head with her friends at six. She managed to drag me into it. I was then staying in Gardens. She felt it her duty to kidnap me out of my sleep to meet up with her friends even though I had indicated to her I would probably be too babalazed to hike a mountain that morning. I am forever grateful to her stubborn heart that earned me a wife two years later because of that day.

After the hike we went for lunch at Chapman’s Peak Hotel in Hout Bay. The peri-peri prawns we had did not agree with me. We traversed the beach walk through the harbour to her house at Harbour Heights. This is where the inkab (umbilical chord) of our first daughter, Umtha, who was home-birthed on that house, is still buried.

Vladislavić recalls a time when Bulgaria was part of the Soviet Bloc, when long-distance lorry drivers smuggled back “forbidden goods, like denim jeans and books, from other European countries into Bulgaria. They smuggled things out too, notably children’s ‘belly-buttons’, the scab left when the umbilical cord has shrivelled up. Some Bulgarians believe that a child’s future lies where the cord is ‘cast’ and everyone then wanted to be ‘abroad’.”

The Xhosas believe a person’s home is where their umbilical cord is buried.

When we reached the house, Helen fixed us a drink. While I waited, I surveyed her bookshelf, something I always do to get an insight into ingqiqo of other people when I visit their homes. Then she brought the drinks, gin and tonic – her g&t was the best, sumptuous, with added drops of Owl’s rose geranium cordial. As we drank, she took a book titled Landmarks, by Robert Macfarlane, from her bookshelf. I eventually thought it fitted perfectly the happenings of the day and my architectural field of interest. She was always brilliant in such things, making quick connections, thinking on her feet and all. As we parted later on she lend me the book, and never asked for it back. I even thought she had forgotten about it until when we were merging our libraries for our married life, she commented that we needed to frame that book. The book, indeed, had everything to do with our ending up together after the weekend I met that girl from the North who had come to South Africa four years earlier on an academic whim – a story for another day which I would probably title “A girl from the North, Bob Dylan style”.

That story would most certainly involve her bravery in birthing our daughter herself as I froze, stunned before her, remembering only to boil water to start the process of home birth the midwife had drilled us in. When I told the story to others, making myself into a know-all heroic husband who knew what to do and kept calm all the time, My Girl From the North maintained a knowing silence, or even augmented my version sometimes to boost my ego even though she knew better.

Robert Macfarlane, whose book The old ways Vladislavić quotes most from, believed words to be ingrained into the landscapes. And landscapes are grained with words. Vladislavić proves this time and again in The near north. Macfarlane’s and Vladislavić’s writings are about how the power of language shapes our perception, our sense of place and permanent association with it. Their books are a field guide into literature of perception and passion that entwines with history and memory.  From Macfarlane you get a glossary of nature’s eloquence and humanity’s strife to know the planet we call home though we sometimes feel, somehow, stranded on it. The two write with elegance, working through and with our vital senses to show us the transcendental power of language into giving meaning to our experiences. In a Paris Review interview the Irish novelist and short story writer said, “The world is not real to me until it is pushes through the mesh of language.”

The near north begins with a now familiar thing by a South African privileged class member when loadshedding hits, that of going out to a restaurant for not only food, but power of normalcy and lights. There’s no doubt in all non-fanatic individuals that whatever the gains it brought us, the ANC has also, in less than 30 years, destroyed the political trust fund we gave it post-94. In a way this has helped us to disabuse ourselves of the mentality of African exceptionalism we carried ourselves by. In The near north Vladislavić goes further. He compels us to acquire humility as a nation without excusing the ANC government’s failures. He tries to move us beyond the politics of alterity. He talks about our national problems without the boring “othering” tone. It is as if he’s saying we rise or fall together here. Without being too presumptuous I explain this as the genic Slav spirit in him; the resigned wisdom learned through the fire of harsh history. This point is very difficult to explain to people who are raised on ingqiqo of the West. Because their spirit is carved by the rage against the nature of whatever oppression comes their way. In history they’ve also been triumphant from as far back as when Rome defeated the external threats of Carthage, or Christianity that of Islam in the Crusades, or the working class in the French Revolution against the oppressive feudal system of aristocrats and kings. The modern Slavic and African history is that of defeat from the Cold War and colonialism respectively. We sometimes feel there’s no way out of the oppressive nature of things. Even the specious triumph over colonialism is fast proving to be a Pyrrhic victory for Africans; the more the hegemony of Late Capitalism reigns, and the continent falls into post-colonial traps Frantz Fanon warned our African states in vain about. This doesn’t mean The near north is a propaganda book for the politics or government of the ANC. Far from it. Vladislavić does not shy away from constructive criticism. He criticises when merited and with respect and greater understanding of the challenges with face because of our messy past within this faltering interregnum. And albeit with subdued anger, when merited as he recalls his feelings of anger passing through the Guptas’ Sanxonwold shebeen: “This blind-looking suburban house is where the cancer of corruption took root before it metastasized into every organ of state.”

At the Books on the Bay Book Festival in Simon’s Town, where The near north was launched, I shared my unease with Vladislavić about walking in most city suburbs of South Africa as a black man, especially the posh suburbs with their gated streets. In them I mostly find myself racially profiled as a potential crime suspect. In the Pretoria suburb of Waterkloof, for instance, I once found myself being escorted by two security vans until I walked out of the gated street boundaries. I shared this with him only to raise his awareness of our different experiences even on simple things like the love for walking the streets. And to point out that, in this country, even simple pleasures like those, for a white man still has certain privileges I am not allowed because of the colour of my skin. Naturally, his deep sense of empathic justice was shocked and horrified that this was still happening in 2024 of our so-called Rainbow Nation.

Most of us associate walking with what we call clearing one’s mind. Writers in particular walk to get over the writer’s block slumps. But Vladislavić takes it further, as always, when he says, “There is a deep congruence between walking and other aspects of our humanity, including story and song, history and prophecy, remembering and hoping.”

In 2021, that horrible culling year when my mother died, walking saved my life. My family had spent the terrible months of lockdown under the shadow of our mother’s last months before she succumbed to breast cancer. I took to hiking the Wild Coast of the former Transkei as a means to get rid of the ringing tinnitus on my life’s ear. The pretence was that I was doing research along the river mouths, the sacred grounds of the Xhosa. The whistling along the Gxarha River mouth in the 19th century led Xhosas into fomenting their greatest historical national disaster, The Great Cattle Killing. This became the last nail in the coffin of defeat by the British colonialism they had resisted for over a hundred years. In the Ngqabarha River mouth, along the banks where the British killed and decapitated the Xhosa king, Hintsa, I, like Nongqawuse, also heard the rustlings of the storm still headed my way. Suffice to say, its yawning eye gave me sufficient prescience to understand that within a short period the insatiable Reaper would visit again. In late 2023 he came for my brother, and my wife in early 2024. The point I am trying to make is that do I not think it far-fetched when Vladislavić tells you about the “deep congruence between walking and other aspects of our humanity, including story and song, history and prophecy, remembering and hoping”.

The near north is a book about life and death, joy and sadness, spatial geography and the thinking and not thinking behind human settlements. The foundation of cities as vast and various as Rome with its settled ways and Johannesburg and her fluid still evolving ways. It is about living side by side with the so-called Cradle of Humanity in the Sterkfontein Caves. And it is about books, books that have marked our life’s way. About our unsung heroes and heroines that make it possible for us writers to indulge our fantasies of observing and reporting on and to the world. In this book Minky, Ivan’s life partner, stands as a quiet force and backbone that makes everything in his life balance: turning the soil of their gardens, preserving and planting the seeds, quarrelling with those who scar our environment. And, of course, this is a book about yawning and blowing our noses to get rid of the tinnitus ringing that life deposits on our ears sometimes:

Tinnitus

I learned
For a loved one,
Waiting
For the loved one
To depart,
Is a deep injury.
Is like hearing
The gunshot before
The gun goes off.
It leaves you
With tinnitus,
A memory
You can’t locate
On the chambers
Of your eardrum.

(This poem is for Nosipho Brenda Ngcukayitobi and her family, with my deepest condolences on the recent loss of their mother and matriarch of the family.)

Title: The near north
Author: Ivan Vladislavić

ISBN: 9781770109025
Publisher: Picador Africa

See also:

Still beating: reflecting on heart attacks and writing in the City of Gold

Inexplicable Present: Post-Apartheid Subjectivity in Vladislavic?’s City

Hidden Johannesburg by Paul Duncan and Alain Proust, a review

The spatial dynamics of poverty in South Africa: Assessing poverty using satellite technology and poverty maps

Never going back

The post Tinnitus: my near north (on The near north by Ivan Vladislavic) first appeared on LitNet.

The post Tinnitus: my near north (on <i>The near north</i> by Ivan Vladislavic) appeared first on LitNet.

Labarang innie Boland

$
0
0

Die maankykers announcie sighting vannie maan orie Voice of the Cape-radiostasie ennie familiejolyt in Takbeer kliphard. “Allahu akbar! Allahu akbar! Allah is great!” Mjangstokkies wôd gelight ennie radio blaas in full volume allie soote versions vannie Takbeer, soes it innie loop speel, so much so, jou hart sink weg virre moment ennie loss van Ramadaan tref jou immediately. “Al widaa Ramadaan, farewell. Tot next jaa,” dink djy.

Elke Kaapse tietie wat vannie nuus kennis dra, organise die res vannie aand immediately. Labarang outfits wôd oppie henges voorie kaste gehang en allie metedjalis wat daaby gepaat gan, tot even oppie underwear, wôd reggesit.

Innie kitchen wôtie suurdiegbrood heel eeste geknie. Daaisie gebak wat vi môre se brekfis met soutvleis gerasper wat al in anticipation klaa gaar innie yskas in ’n Tupperware wag, en na masiet die next dag bedien sal wôd. Die savouries wattie brekfistafel accompany, sallie oggend van Labarang na fajr afgebak wôd.

Nou fire die kitchen op all cylindars. Die biespootjies en pens wattie presto vamirrag al klaa gekoekit, need nou innie renowned tamatiepootjies wattie kinnes especially voo ytsien in transform – daais paat vannie entertainment, want almal se vinges en lippe sit vas vannie gluten daa’in. Die penskerrie wat soes vuil nappies lyk, soesie jongspan dit describe, wôd in squares gesny, while die twie potte oppie gasplaat se vlamme uiwe smoor. Die hys vul met flavours en spice combinations wat pure skrie festivities.

Dié wat nog innie ou method van gheena oppie naels apply delf, gan kry hulle toiletpapie en cellotape, ennie gheenapoeier wôd met koekwate aangemaak en opgesit. Kot voo lank sittie kleinspan met cellotape-vingehoedjies wat ees môreoggend, of terwyl hulle slaap, gan afval. Dan kan hulle virre while brêk met burnt orange gecolourde naels torrarit mettetyd self ytgroei.

Trug innie kombuis wôtie biscuit dough ytgerol en gebak. Die trifle wôd aanmekaageslat ennie Kentucky-hoene ennie breyanivleis wôd met hulle respective spices ingelê. Daai sal oek môreoggend na fajr gaargemaak wôd. Daa’s baie hanne innie kitchen wat moet help en amal concentrate net annie taak at hand en hulle eie work station.

Vannie agterkame interruptie ruik vannie hairdryers wat oo rollers op baie koppe blaas, maarie foodie fragrances mix happily, cos saam vorm it unique Labarang odours wat jou heeltyd remind djy’s in vir ’n fantastic celebratory experience die next dag.

Die Labarang prep draw tot ’n close rondom midnight en amal wattie daa ooslaapie gan hys toe ennie hysmense kan finally ytclock enne kot slapie tot fajr inkry. Fajr is amal op ennie kids is alte happy om hulle Labarang outfits aan te trek – maa nierie skoene nie. Hulle gan met hulle worn plakkies en sliders, want op Labarang wiet djy die vriemde ouens mettie lang vinges slyp sometimes innie masiet while ie salaah in progress is, om self hulle Labarang boks unlawfully te kry en dan gan daa ’n boetachie of ’n uncle op sy sokkies hys toe. Die pa se masiet-tawwetjie is mooi wit en crisp gestryk en wôd wonderfully met sy onnebaachie se blinkechies en embroidery gesny. Die laaities met hulle toppe en koefiyas se spirits skyn op hulle gesigte en djy erken die effect van Ramadaan as djy hulle oë sien. Hulle lyk lig en geknie van geloef en dra it amal proudly oppie mou.

Die masiet is stampvol en daa’s skaas plek vir ’n rooimier om sy draai te kry. Soesie boetas enter soundie Takbeer soese invitation na Allah se hys bold, ennie Imam klim oppie miembar en beginnerie official paat vannie Labarang celebrations. Eit’ul fitr salaah wôd gecomplete in congregation; daa’s ’n ghoetbah talk in Arabic en dana oek ’n boodskap innie taal wattie locals in daai omgiewing praat. Narietyd embrace amal mekaa en hulle wange wôd ees regs, dan links en dan wee regs an mekaa net liggies getouch –’n soenat practice van ôse geliefste Nabie Moegammat (vriede op hom) wat ôs met groot enthusiasm oek gereeld practice. ’n Act wat liefde en broederskap kweek, algamdulillaah.

Baie vannie mans sal dan hulle way narie koebus maak en hulle deceased family gan ziyaarat en by hulle kabrs gan duah maak en lies either ytie Quraan of yt memory by hulle geliefstes se grafte. Dan keer hulle trug na hulle hyse en vind hulle familie in hulle Labarang mondering geklee, wagtend om hulle slamat te gie en te ontvang. Dis oekie tyd dat hulle ’n gebed vi mekaa sal maak, of maaf vra en verskoning vi gedrag vannie past en mooi wense tienoo mekaa yter. Die moment is intiem en soms baie emotional, ve’al as daa ’n geliefde kot voo dit afgesterfit. Dan wôtie netting oorie brekfistafel met al daai savouries en gebakte goodies afgehaal ennie familie enjoy ’n meal saam, dikwels oek met boeber wat as ’n icon virrie 15de pwasa se celebration usually gebryk wôd.

Die’s oekie tyd wattie kinnes sal Labarang geldchies kry ennie kinnes innie neighbourhood die strate ingan om slamat te gan sê mettie hoep daa’s nog geldchies gained met allie slamats wat hulle mettie neighbours gan share. Traditionally hourie tieties soema in ’n suikepotchie change vi dié purpose ennie boetas loep met ’n banksakkie in hulle pockets ready virrie incentives wat gepaard gan met kinnes wat slamat sê. Amal voel en is welkom by amal en daa’s ’n sense of community wat vibrant klop onne een en elk.

Families ry lang distances om mekaa te sien en mekaa te wish vi Labarang. Hulle sit en kuier ommie brekfis; lunch en teatime tafels wat soet, sout en salf vi mekaa se siele en senses bedien. Ramadaan se introspection ennie in-depth-delf in jóú level van geloef lê vlak in jou memory ennie voo’ytsigte virrie jaa ahead, cos it’s not promised for all again, bring blydskap innie harte van familie, terwyl hulle nog kan met mekaa gesels en saam celebrate. Die hyse se vriende en familie relay mekaa in visits ennie tafels bly innie geselskap van liefde, broederskap en familie. Labarang innie Boland is soesie geographical built van ’n valley describe wôd, soes ’n bakkie. Die berge twie hanne in fatigha biddend wat al daai sense of community opvang om virrie dae ahead soes confetti oo dié klein community wee trug te strooi.

Lees ook:

Ramadaan on Dorp Street

The post Labarang innie Boland first appeared on LitNet.

The post Labarang innie Boland appeared first on LitNet.

Persverklaring: Visuele kuns tydens die Suidoosterfees

$
0
0
Visuele kuns: Een-en-twintig

Kunstenaars Louis Jansen van Vuuren, Marieke Prinsloo, Michele Nigrini, Alisa Farr, Estelle Marais, Paula van Coller, Anton Brink, Kobus Coetzee, Shui-Lyn White, Susan Grundling, Gustav Bester, Sandra Hanekom en ander

Kurator Anne-Ghrett Erasmus Coetzee

Tydens die Suidoosterfees se 21ste verjaarsdag deel 21 kunstenaars hulle “rykdom en skoonhede” (Uys Krige) met ons. As inspirasie word stip gekyk na Jan Rabie se kortverhaalbundel 21, wat in 1956 die Afrikaanse literêre landskap onherroeplik verander het. In Jan Rabie se woorde word feesgangers uitgenooi om hierdie uitstalling van hul gevoelens te laat besitneem “soos ’n huwelik vol vreemde, gefluisterde betekenis.”

Gedurende die fees in Artscape-foyers

Onafhanklikheid: uitstalling

Visuele kunstenaars Zainab Davids, Willie Bester, Kobus la Grange en Liam van der Heever

Kurator Carin Bester

’n Multimedia-uitstalling wat visuele en vertoonkuns kombineer. Die kunstenaars gee uitdrukking aan hul siening en ondervinding van die begrip onafhanklikheid. Wat is onafhanklikheid? Vryheid van beheer, invloed, ondersteuning of hulp van ander? Onafhanklikheid is ’n mensereg. Tog is die vraag: is ons werklik onafhanklik en geniet ons volwaardige menseregte in Suid-Afrika en in die wêreld?

Gedurende die fees in Artscape-foyers

Onafhanklikheid: optreekuns

The people should govern

Met Qondiswa James

In hierdie vertoonkuns-aanbieding verteenwoordig die tragiese hanswors die skimme van mense wat deur die stelsel onsigbaar gelaat is. Dié onsigbaarheid word nou ’n mantel waarmee die hanswors dwaal, op soek na bevryde ruimtes binne ’n landskap waar die staat jou oral dophou – daar waar dit dalk moontlik is om mekaar raak te sien. Deur poëtiese gebare van solidariteit probeer die bekroonde kunstenaar en aktivis Qondiswa James ’n manier vind waarop ons met mekaar kan praat, oor ons.

26 April 19:00, 28 April 15:30, 30 April 16:00 | Piazza | Durational | Gratis

Blinkers

Met Eddie Newman

Belemmer deur die oogklappe wat hy gedwing word om te dra.

Eddie Newman se ondervindinge as ruiter in die perdebedryf het dié vertoonkuns-aanbieding geïnspireer om die magswanbalans tussen werkgewer en werknemer te verken. Die krag van fisieke uitdrukking word ingespan om te besin oor onderdrukking, klasongelykheid en die individu se stryd om deur ingeperkte horisonne te breek. Newman vier diversiteit en kultuur terwyl weerstand in sy aanbieding opklink.

28 April 13:00, 29 April 20:30, 1 Mei 19:00 | Piazza | 20 min | Gratis

Livestock

Met Carin Bester

Mensehandel is die wêreld se snelgroeiendste bedryf, met jaarlikse profyt van ongeveer R2,8 triljoen. Dit maak geen onderskeid tussen geslag, ouderdom of ras nie, en dit raak sowat 40 miljoen slagoffers in elke land. Met hierdie optredekunsinstallasie laat Carin Bester die kollig val op dié wêreldwye humanitêre krisis.

27 April 17:30, 29 April 21:30, 1 Mei 13:30 | Piazza | 40 min | Gratis

Paul Alberts: In die skeppende oomblik

Saamgestel deur Charmainé Alberts

Aangebied in medewerking met Melvyn Minnaar

Gallery F-verteenwoordiger Gavin Furlonger

Paul Alberts (Foto: David Goldblatt)

Die fotograaf Paul Alberts wat in 2010 oorlede is, het hom in die sewentiger- en tagtigerjare daaraan toegewy om die groot geeste van Suid-Afrikaanse kuns in hul skeppende oomblikke te dokumenteer. Hierdie tentoonstelling, ’n tydige herbesoek aan sy kuns, gee ’n dinamiese oorsig van die kultuurbedryf destyds. Talle foto’s het in sy 1979-boek In Kamera verskyn. Kom waardeer die klassieke self-opdrag van ’n groot fotograaf wat ’n unieke klomp kunstenaars voor sy lens vasgevang het.

Gedurende die fees in Artscape-foyers

Still moving

Kunstenaars Annehette Troost, Gys Loubser, Lindsey Appolis, Terence Visagie en ander

Kurator Marie Vogts

Suidoosterfees se jaarlikse foto- en kunsuitstalling wat dansmomente visueel vasvang. Saam met hierdie uitstalling waarin beweging in tyd gevries word, kom deel dansorganisasies, skole en geselskappe hul wêrelde met feesgangers. Kom meer te wete oor die dansbedryf of, as jou voete vir niks verkeerd staan nie, sluit selfs aan!

Gedurende die fees in Artscape-foyers

David se skepe

Aangebied deur die Suidoosterfees, ondersteun deur BASA

Met David Gara en studente van Dance for All

David Gara is ’n Zimbabwiese migrant wie se pragtige modelskepe, volledig geskep uit herwinningsmateriaal en sy verbeelding, skoonheid verleen aan Johannesburg se strate. Sy kunswerke is die vertrekpunt vir ’n meditatiewe vertoning van lig en beweging saans op die Piazza. David se skepe plaas die klem op Kaapstad se immigante-geskiedenis en die teenwoordigheid van immigrant-kunstenaars in Suid-Afrika vandag.

Saans op die Piazza

The post Persverklaring: Visuele kuns tydens die Suidoosterfees first appeared on LitNet.

The post Persverklaring: Visuele kuns tydens die Suidoosterfees appeared first on LitNet.

Suidoosterfees 2024: Theo Kemp oor die Jakes Gerwel Stigting by die fees

$
0
0

Foto van Theo Kemp: verskaf

Theo Kemp, uitvoerende direkteur van die Jakes Gerwel Stigting, praat met Naomi Meyer oor die Jakes Gerwel Stigting se betrokkenheid by die Suidoosterfees.

Theo, jy is die uitvoerende direkteur van die Jakes Gerwel Stigting. Op watter wyses is die Jakes Gerwel Stigting by vanjaar se Suidoosterfees betrokke – en waarom is die fees juis vir die JGS belangrik?

Die JGS se vennootskap met die Suidoosterfees is om verskeie redes belangrik. Op een vlak, omdat die fees die breinkind van Jakes Gerwel was, maar dan ook omdat die twee organisasies tot ’n groot mate dieselfde visie het, naamlik om jong talent te ontwikkel van individue wat voorheen nie die geleenthede gehad het nie en om stem te gee aan diegene wat vir te lank stemloos was. Van stemloos na soomloos – dis wat ek glo ons in slaag. Om oor verskillende grense heen mense ’n verhoog te bied. En gepraat van verhoog: Paulet Huis is tot ’n groot mate ’n soort broeikas – of dalk dan eerder ’n kweekhuis (jammer vir die clichés) – waar ons dan die mooi talent in die Kaap kan kom wys. So maak ons met die skrywers en met die jong dramaturge wat deel is van ons gesamentlike projek met die Suidoosterfees, NATi en Artscape.

........
Van stemloos na soomloos – dis wat ek glo ons in slaag. Om oor verskillende grense heen mense ’n verhoog te bied.
........

Verder bied die fees vir die stigting ’n baie belangrike platform waar ons dialoog, die ope gesprek, kan fasiliteer. Dis nie ’n seepkis waar mense vir mekaar gil nie. Daar word hopeloos te veel geskree. Ons wil – in die gees van die intellektuele Gerwel – denkers en skrywers en meningvormers byeen bring om saam te gesels. Wat vir my belangrik is, is dat die Jakes Gerwel-gesprekke nie net as ’n bemarkingsoefening vir uitgewers en hul skrywers moet dien nie. Dit moet ’n plek wees waar gesprek gestimuleer word; waar die stem van die gehoorlid net so belangrik is as dié van die persoon met die mikrofoon op die verhoog. Ons moet leer dat ons mekaar mag aanvat, en behoort te verskil, want ons bly in so ’n ingewikkelde land, maar dit beteken nie ons haat mekaar nie. Inteendeel. Na ’n vurige sessie stop ons jou ’n koffie in die hand; dan praat ons verder.

Ek het oor die fees gevra, en nou vra ek oor Jakes Gerwel. Vertel my asseblief wat jy oor die jare wat jy al by die stigting betrokke is, omtrent hom en sy vrou, Phoebe, geleer of uitgevind het? Enige interessante brokkies: van liefde vir skilpaaie, tot aktivistiese én versoeningswerk?

Ek het nooit die voorreg gehad om Jakes Gerwel te ontmoet nie. Maar na al die jare wat ek vir die stigting werk, was daar nog nooit iemand wat iets sleg oor sy menswees gesê het nie. Regtig niemand nie. Skinderstories oor dit en dat ja, maar daar is nie ’n mens wat onaangeraak was deur sy diepe intellek en sy raaksien nie. Eendag vra ek vir Hein Gerwel hoe dit moontlik is dat sy pa soveel vriende kon hê! Want oral waar ek kom, vertel mense my staaltjies van hul vriendskap met die man. Toe kyk Hein my so en sê: “My pa het almal laat voel hy is daai een se beste pel.”

........
’n Hele huis vir skrywers, net so op ’n skinkbord.
........

Ek is dankbaar om Phoebe oor die jare heen beter te kon leer ken. Die dag met die opening van Paulet Huis sal my altyd bybly, want daai dag besef ek iets van Phoebe. Sy is in haar en Jakes se huis, en sy dwaal rond. Die meubels is anders; dis mooier as toe hulle hier gewoon het, prys sy my later. Ons neem ’n foto van haar by die goue bordjie by die voordeur om vir haar dankie te sê vir die reuse skenking. ’n Hele huis vir skrywers, net so op ’n skinkbord. Dan nog met Jakes se bakkie ook in die pakkie. Sy maak haarself mooi vir die gaste; dis hare en grimering. Maar met die mooimaak soos net sy kan, besef ek later Phoebe se weerloosheid, die skaamheid, die amperse soort senuagtigheid. Die gaste is hier, en waar is Jakes dan? En so moet sy al vir jare lank ma staan. Vrou uit eie reg. En daarom was ek so begeesterd toe Phoebe my eendag bel om te sê dis tyd om haar storie te vertel, en sy kort hulp. En daar om die kombuistafel in haar en Jakes se huis vertel sy haar lewensverhaal aan Rachelle Greeff. En is dit nie ’n storie om te hoor nie. Phoebe se storie gaan nie net oor ’n lewe met Jakes Gerwel en die politieke verskrikkinge en onstuimighede van die verlede nie, dit gaan ook oor haar stryd met gemoedstoornisse. ’n Mens vergeet hoe erg onderdrukkend daai tye was, nie net oor jou velkleur nie, maar ook die diskriminasie oor mense wat sukkel met iets soos bipolêre depressie. Maar dis ook nie net ’n tranedal van ’n boek nie, want Phoebe vertel ’n storie daar in die kombuis dat jy lê van die lag. Sy is skerp en snaaks, en as sy eers begin vertel van al die paarties wat in die huis gehou is ...

Die Jakes Gerwel-gesprekke is elke jaar op die Suidoosterfees se program (en kaartjies is gratis). Waaroor word vanjaar gepraat? Een van die Jakes Gerwel Stigting se projekte is om skrywers in Paulet Huis in KwaNojoli (Somerset-Oos) te laat tuisgaan om vir ’n maand lank daar te skryf. In hierdie huis is daar al soveel boeke gebore. Is die Suidoosterfees ’n uitstalruimte vir sommige van hierdie skeppings? Is dit ook waaroor sommige van die gesprekke sal handel?

Dis verkiesingsjaar, so daar is ’n hele paar gesprekke oor hoe die politieke landskap na 29 Mei daar gaan uitsien; oor hoe ons die land herbou; oor wat wel in die afgelope 30 jaar van demokrasie goed was ... en so meer. Dan is daar gesprekke oor die opkoms van KI en hoe ’n mens jou vrees daarvoor moet omskep in iets wat jy tot jou voordeel kan inspan. Ons praat oor die oorlog wat woed aan die anderkant van die mooie Tafelberg – ek meen, daar is dan nou al sprake van koeëlvaste speelparke vir kinders. Hoekom is mans so gewelddadig? vra ons in ’n ander gesprek. En dan is dit altyd ’n groot trots om die skrywers wat by Paulet Huis was, te betrek. Vanjaar is Gaireyah Fredericks daar om te gesels oor haar boek Een voet innie kabr. Sy was verlede jaar een van die JGS / PEN Afrikaans-residente. Nathan Trantraal – ook ’n voormalige inwoonskrywer – kom gesels oor sy grafiese roman Die man wattie kinnes vang, wat handel oor die grusame kindermoorde deur die destydse treinspoormoordenaar (Railway Ripper). Crystal-Donna Roberts het ’n paar jaar gelede as deel van ons mentorskapsprogram vir opkomende skrywers (in vennootskap met NB) haar eerste speurverhaal vir jong lesers, Speurder Sammi, geskryf. Nou kom praat sy al oor haar tweede boek in die reeks! So praat Lebo Mazibuko – ook deel gewees van ons mentorskapsprogram – met medeskrywers Wisani Mushwana, Megan Choritz en Alistair Mackay oor hulle uitbeelding van ruimte en veral stede in hul onderskeie romans.

En natuurlik word Phoebe. ’n Lewe saam met Jakes Gerwel hier bekendgestel. Alhoewel Phoebe ongelukkig nie self daar sal wees nie, praat Haidee Muller-Isaacs met Rachelle Greeff oor die boek.

Alhoewel die gesprekke gratis is, moet mense asseblief bespreek. Van die sessies, soos Caster Semenya s’n, is reeds volbespreek. Dis maklik – jy doen dit op Webtickets. Die boeke sal by die venue te koop wees. Enige vrae kan aan my gerig word – theo@jgf.org.za.

Lees ook:

Pasverskyn: Een voet innie kabr deur Gaireyah Fredericks

Speurder Sammi: die blou steen – ’n onderhoud met Crystal-Donna Roberts

Jakes Gerwel se soet nalatenskap vir Afrikaans

Jakes Gerwel (1946–2012)

Suidoosterfees 2024: Cintaine Schutte oor Onder ’n bloedrooi hemel op die planke

Persverklaring: Visuele kuns tydens die Suidoosterfees

 

 

The post Suidoosterfees 2024: Theo Kemp oor die Jakes Gerwel Stigting by die fees first appeared on LitNet.

The post Suidoosterfees 2024: Theo Kemp oor die Jakes Gerwel Stigting by die fees appeared first on LitNet.


Wêreldtrekklavierdag: ’n onderhoud met Leon Albert Oosthuizen

$
0
0

Foto’s van Leon Albert Oosthuizen: verskaf

Leon Oosthuizen praat met Naomi Meyer oor alles wat Suid-Afrikaners nie van die trekklavier weet nie – en oor Wêreldtrekklavierdag op 6 Mei.

Leon, ek hoor dis amper Wêreldtrekklavierdag. So. Is dit die soort musiek wat op 'n Saterdagmiddag op sekere radiostasies speel?

Dit ook! Snaaks hoe baie nasies oor die wêreld heen die trekklavier met hul volkseie musiek assosieer, en plaaslik kan ons met trots na boeremusiek verwys.

Wêreldtrekklavierdag vind jaarliks plaas onder die vaandel van die Internasionale Konfederasie van Trekklavierspelers (CIA). Dis interessant om te sien hoe ander lande dit ook vier. As hulle maar boeremusiek kon speel!

Die akkordeon is eintlik ’n familie van instrumente wat ons trekklavier insluit, en dan is daar chromatiese en diatoniese knopakkordeons met verskeie variasies, soos die Russiese bajan en garmon, Switserse orrel, Stiermarkse harmonika, Baskiese Trikiti, Sloweense, Ierse en Cajun-modelle. Die konsertina en bandoneon behoort ook tot die vryrietinstrumentfamilie. Al die akoestiese variante is uniek in voorkoms en klank – geen wonder soveel volkere omarm die akkordeon nie.

...........
Die akkordeon is eintlik ’n familie van instrumente wat ons trekklavier insluit, en dan is daar chromatiese en diatoniese knopakkordeons met verskeie variasies, soos die Russiese bajan en garmon, Switserse orrel, Stiermarkse harmonika, Baskiese Trikiti, Sloweense, Ierse en Cajun-modelle. Die konsertina en bandoneon behoort ook tot die vryrietinstrumentfamilie. Al die akoestiese variante is uniek in voorkoms en klank – geen wonder soveel volkere omarm die akkordeon nie.
..............

Deesdae is daar ook elektroniese modelle.

So om jou vraag te beantwoord, die trekklavier het nie perke nie en speel enigiets van klassiek tot jazz tot verskeie volksmusiekstyle, soos:

  • Latyns – norteño in Mexiko, vallenato in Colombia, gaucho, forró en sertanejo in Brasilië
  • Alpyns – Oostenryk, Switserland, Slowenië
  • Balkan – Serbië, Bosnië, Kroasië en Noord-Masedonië
  • Noord-Europa – Finland, Pole
  • Louisiana, VSA – zydeco en cajun
  • Lesotho – famo
  • Kelties – Skotse kontreidanse en ceilidhs
  • Franse kafee
  • Duitse Oktoberfest
  • Oos-Europa – Belarus, Oekraïne en Rusland, insluitend klezmer en sigeunermusiek
  • Argentinië – chamamé.

Voeg die bandoneon by en die tangowêreld van Argentinië en Uruguay ontvou. Voeg die konsertina by en Engelse en Ierse tradisionele musiek kom na vore.

Nou hoe weet jy dan so baie van die akkordeon – vertel asseblief 'n bietjie van jou eie agtergrond.

Ek het in Stellenbosch grootgeword met die klavier, koor en kadetorkes.

Dit was eers tydens ’n tweejaarverblyf in Engeland dat ’n trekklavier by ’n verjaardagpartytjie in my hande gestop is met die versoek: Speel asseblief “Happy birthday”! Ek moes uiteraard die versoek van die hand wys, want dit was op daardie stadium ’n wildvreemde instrument.

Op besoek aan Parys en Brussel is ek deur die lewendige klanke van die trekklavier oorreed om self die instrument te leer speel.

Terug in Suid-Afrika het ek begin les neem, die een graadeksamen na die ander deur Trinity College London voltooi, begin optree, en alteljee-opnames maak.

Deur die jare het die trekklavier my geneem na ’n Nederlandse jazzseminaar en die Skotse kontreidanssomerskool in St Andrews. Ek was bevoorreg om in 2019 ’n spesiale internasionale toekenning te verwerf by die PIF Akkordeon-prysgeleentheid in Italië. ’n Hoogtepunt was om as internasionale akkordeonkunstenaar op te tree by die Fifa-wêreldbekertoernooi in Katar in 2022. In 2023 het ek geruime tyd in die VSA deurgebring by die World of Accordions Museum in Superior, Wisconsin met sy meer as 2 500 instrumente.

Tegniese vraag: Hoe lees mens die trekklavier se musiek? Is dit soos om klavier te speel ... maar net op mens se bors? Hoe werk dit prakties?

Trekklavierbladmusiek bestaan! Dit lyk op die oog af soortgelyk aan klaviermusiek, aangesien daar ook ’n regterhand en linkerhand betrokke is met note in die deskant en bassleutels.

’n Noot in die bassleutel kan óf ’n enkelnoot wees óf ’n akkoord, afhangende van die rigting van die nootstam en die akkoordbeskrywing. Die trekklavier het ook eiesoortige dinamiese moontlikhede met die blaasbalk en klankregisters, so van die notasie is uniek aan die instrument.

Dit is belangrik om jou instrument te ken ten einde te weet watter knop om te druk, want daar bestaan verskeie bassisteme en meer as 30 verskillende diatoniese akkordeonknopsisteme.

Wat is vir jou die interessantste aspekte van akkordeonspeel of van die instrument? 

Enigiets is moontlik met die trekklavier – dit is veelsydig, karaktervol, kleurvol en aanskoulik.

.............
Enigiets is moontlik met die trekklavier – dit is veelsydig, karaktervol, kleurvol en aanskoulik.
..............

Dit wek verskillende assosiasies by mense op afhangend van hoe dit gespeel word. Vir party mense is die trekklavier besonder romanties; vir ander is dit ’n ontvlugting na ’n ander land of laat dit hul juis tuis voel met eie volksmusiek.

Dit laat mense glimlag; dit is gesellig.

Mense van verskillende agtergronde herken dikwels die akkordeon as deel van hul kultuurerfenis, en daarom is die akkordeon ’n ideale instrument om ’n mengsel van mense mee te vermaak.

Ek moes hier bo ook gevra het: Dink jy nie 'n trekklavier het 'n sekere “beeld” nie, en 'n akkordeon ook? Die akkordeon klink dalk soos 'n Franse straatkafee, en atmosferiese deuntjies wat hier gespeel word. Watter kleur en klank en atmosfeer kan die akkordeon alles skilder?

Stereotipes rondom die trekklavier mag dalk oor tyd ontstaan omdat die instrument herhaaldelik in ’n bepaalde konteks beleef word. Die woord “trekklavier” herinner onwillekeurig aan boeremusiek, maar “akkordeon” span die net wyer in die konteks van al die ander lande en genres waar die trekklavier en variante daarvan aangewend word.

Die trekklavier kan die wysie speel, hy kan begelei, hy kan soos ’n orkes klink, hy kan verskillende soorte klanke voortbring, hy kan ritme gee, hy kan unieke karakter verleen. Die akkordeon kan vrolik wees, dramaties wees, onheilspellend wees. Hy kan woema gee. Hy kan jou herinner. Hy kan jou waarsku. Hy kan jou laat droom. Hy kan jou terugbring aarde toe. Hy kan jou laat swewe.

............
Die trekklavier kan die wysie speel, hy kan begelei, hy kan soos ’n orkes klink, hy kan verskillende soorte klanke voortbring, hy kan ritme gee, hy kan unieke karakter verleen. Die akkordeon kan vrolik wees, dramaties wees, onheilspellend wees. Hy kan woema gee. Hy kan jou herinner. Hy kan jou waarsku. Hy kan jou laat droom. Hy kan jou terugbring aarde toe. Hy kan jou laat swewe.
............

Hoekom moet daar iets soos Wêreldakkordeondag wees? Wat moet mense op hierdie dag uitvind?

So ’n dag bied ’n geleentheid vir rolspelers en ondersteuners om saam te kom en die trekklavier te vier en te geniet. Die trekklavier is uniek omdat dat daar soveel geleer kan word van ander kulture en musiekstyle wêreldwyd deur middel van die instrument. Wêreldakkordeondag skep ook ’n geleentheid om inligting te deel oor die instrument wat gewoonlik nie alledaags bekombaar is nie. Dit spoor mense aan om te eksperimenteer met die trekklavier, nuwe komposisies aan die lig te sien en iets nuuts met die akkordeon te ervaar.

Daar is baie om te vertel oor die trekklavier in Suid-Afrika. ’n BMus-graad kan byvoorbeeld deesdae behaal word by die met die trekklavier as gekose instrument. Die Kaapstad Eisteddfod sluit ook hierdie jaar vir die eerste keer die trekklavier in sy program in.

Die kersie op die koek is dat ’n Duitse akkordeonorkes, LJAO, Suid-Afrika in Oktober gaan besoek. Kapenaars het baie om na uit te sien!

Vertel asseblief ook van die ander konsert – die Rainbow Box-konsert. Lyk my die akkordeon is toe al die tyd 'n instrument wat oor demografiese grense kan musiek maak ...!

Dit is min dat ons breë Suid-Afrikaanse trekklaviererfenis belig word. Paul Simon het met sy Graceland-album in 1986 sommige aspekte van die Sotho’s se famo-trekklavierstyl vasgevang. Johnny Clegg het ook dikwels die konsertina in ’n tradisionele Zoeloe-styl gespeel tydens sy optredes. Boeremusiek en klassieke musiek word ook nooit by dieselfde geleentheid gehoor nie.

Met Rainbow Box op 3 Mei by die Alma Café, Mowbray kan die gehoor op een verhoog sien hoe Suid-Afrikaanse trekklavierspelers van verskillende agtergronde hul instrument speel. Ek gaan die verhoog deel met Ralikoriana koete Masholu (Sotho), wat famomusiek speel, Mahamba, oftewel Mr Dreams (Xhosa), wat tradisionele musiek van die landelike Oos-Kaap speel, en Loren Ehlers, die eerste tersiêre akkordeonstudent in 30 jaar in Suid-Afrika.

Kaartjies (R200) is per e-pos beskikbaar by bookings@almacafe.co.za.

Julle hou binnekort konsert by die Drostdy-teater in Stellenbosch – wie tree daar op, wat kos die kaartjies en wat gebeur daar?

Op 5 Mei 2024 word die amptelike Suid-Afrikaanse Wêreldtrekklavierdag in Stellenbosch gehou. Die kaartjies (R310) is beskikbaar deur Webtickets en verskaf toegang tot die hele dag se verrigtinge:

Dit begin om 13:00, wanneer ’n heerlike Sondag-maaltyd geniet kan word met Avec Mari van Marilou Marais Ferreira as spysenier. Kroegfasiliteite is ook beskikbaar.

Terselfdertyd gaan daar ’n ekspo wees met uitstallings en stalletjies – van ’n kwasiakkordeonmuseum en instrumente en onderdele te koop, tot skaars trekklaviermusiekalbums, inligting oor die restourasie, herstel en stem van trekklavierinstrumente, akkordeononderrig, trekklavierkunstenaars, pottebakkery, wyne, en  gratis Skotse-dans- en tangolesse.

Om 15:00 vind die konsert plaas waar 10 top trekklavierspelers saamspan om ’n verskeidenheid kwaliteitakkordeonmusiek op te tower. Die gehoor kan uitsien na ’n unieke musiekervaring met Suid-Afrikaanse volksmusiek, Argentynse/Uruguayaanse tango, Skotse kontreidans, Alpynse musiek, Franse kafee, woordmusiek, langarm, kabaret en klassieke musiek. Daar gaan ook vir die eerste keer ’n plaaslike akkordeonorkes optree.

Die gehoor kan uitsien na optredes van Monika Stuchlik van Zamar en kinders, Loren Ehlers, André van Vuuren, Babette en Olga, MJ Brooks en vriende, Neil Paulse, Mr Dreams, Ralikoriana koete Masholu en Louis Verwey. Ek tree ook op. En dis nie al nie.

Nicole Holm gaan as seremoniemeesteres die leisels vashou.

Teatergangers kry ook ’n volledige programboekie met kosbare akkordeoninligting.

The post Wêreldtrekklavierdag: ’n onderhoud met Leon Albert Oosthuizen first appeared on LitNet.

The post Wêreldtrekklavierdag: ’n onderhoud met Leon Albert Oosthuizen appeared first on LitNet.

Oor die "Afrikaner-deklarasie": Ons hou van partytjies

$
0
0

Foto: Christine Schmidt | Pixabay

...
Wat wil die 15 mense wat hierdie verklaring opgestel en geteken het, juis in hierdie stadium daarmee bereik?
...

“Ons Afrikaners wil hier bou, bly” lui die kop van die geredigeerde weergawe van die “Afrikaner-deklarasie” in Rapport Weekliks van 21 April 2024; “Afrikaners: We are here to stay,” basuin die voorblad van City Press van dieselfde dag dit uit.

Voordat ’n mens na die inhoud van hierdie verklaring, uitgereik deur “Afrikaner-organisasies en -individue”, kyk, wil ek darem net sê dat die uitreiking op ’n besonder ongeleë, ontydige politieke tydstip plaasvind.

Dit kom in die aanloop tot ’n verkiesing wat deur sekere waarnemers as ’n waterskeiding beskou word, en takties sou ’n mens verwag dat jy redelik versigtig sou omgaan met dinge wat vervreemdend kan uitwerk.

Die aanvanklike uitsprake van John Steenhuisen rondom die verskrikking van die verwoesting van Gaza gaan waarskynlik meer as net ’n nagmerrie vir sy party word. En dalk selfs vir die Wes-Kaap self. Hoe kan jy so ’n beduidende gedeelte van jou kiesers van jou vervreem?

Net so val die herbevestiging van die “Afrikaner” as “’n kultuurgemeenskap – ’n volk – en nie bloot ’n taalgroep of ’n rassegroepering [...) nie” op die vooraand van die verkiesing besonder vreemd op.

Wat wil die 15 mense wat hierdie verklaring opgestel en geteken het, juis in hierdie stadium daarmee bereik?1 Gaan dit mense aanmoedig om te gaan stem? En vir wie? In hoeverre gaan dit tot verdere polarisasie lei, meer mense daaroor laat dink dat hulle in die lig hiervan juis nié hier wil bly nie?

*

Die Afrikaners oor wie die deklarasie dit het, ’n “permanente minderheid [...) demokraties uitgesluit en sonder toegang tot die owerheid”, word nooit behoorlik omskryf nie.

Dat jy ’n permanente minderheid is, maak jou nog nie ’n volk nie, en daar is geen sprake daarvan dat so ’n groep demokraties uitgesluit word nie.

Oor die wese en die voortbestaan van ’n volk het NP Van Wyk Louw omvattend geskryf, onder andere in vyf stukke rondom “Kultuur en krisis” iewers in 1952, as deel van sy reeks “Die oop gesprek” in Die Huisgenoot. (Wat lees ons, die volk, vandag in Huisgenoot, sou mens sinies kon vra ...?) Die skrywer bespreek daarin die verskillende krisisse wat ’n volk se voortbestaan bedreig.2

...
Dat jy ’n permanente minderheid is, maak jou nog nie ’n volk nie, en daar is geen sprake daarvan dat so ’n groep demokraties uitgesluit word nie.
...

“Wat is ’n volk?” het die ou vrou, die verteller, in Van Wyk Louw se omstrede drama Die pluimsaad waai ver later, in 1966, weer gevra. Daardie vraag en sy antwoorde het aanleiding gegee tot skerp verwyte wat aan die skrywer gerig is, onder andere deur die destydse eerste minister, HF Verwoerd.

Die volk waarmee hierdie verklaring werk, is “Afrikaners”. Wie en wat hulle is en hoe hulle lyk, moet lesers van die verklaring maar vir hulleself uitmaak, want hoe dié “kultuurgemeenskap” geïdentifiseer word, bly onduidelik.

Máár: Die opvallendste en benouendste ding wat my opval rondom hierdie verklaring (die keuse van die minder gangbare woord “deklarasie” is moeilik verstaanbaar, gegewe die konteks) is dat die woord “Afrikaner” baie duidelik uitsluitend gebruik word. Dit sluit nie almal in wat Afrikaans as moedertaal gebruik of daarmee identifiseer nie; daar is gewoon net sprake van ’n “taalverbintenis”.

Daar is duidelik geen ruimte vir die ongemakliker maar makliker begrip “Afrikaanses” nie, en in ieder geval geen plek vir bruin mense in hierdie volksbegrip nie.

Ek wonder hoe die Kaapse wynboer Schalk Burger sy weg kon oopsien om hom met so ’n uitgangspunt te vereenselwig.

Ek maak hierdie opmerking juis ook omdat al 14 die ander opstellers in die destydse Transvaal gebore is, hulle studies daar voltooi het en daar werksaam is. En binne daardie konteks stel die groep hulle dan ook af teen “swart mense” en “hulle ervaring van die verlede”, hoewel laasgenoemde “met erns” “bejeën” word.

(En dan weer wonder mens wat dan geword het van die ander niewit mense en hulle “ervaring van die verlede”, want dit word nêrens in hierdie geredigeerde manifes in Rapport genoem nie.)

Hierdie verklaring plaas ons dus vierkantig terug in die rasmentaliteit wat die politieke program vanaf die 1950’s oorheers en bepaal het. En juis dit vorm die grondslag vir die besluit om “te bou op die goeie verhoudinge en samewerking wat in die verlede tussen verskillende groepe bestaan het”.

In my nou al dowe oor hoor ek nog hoe ministers en hoë “kultuurleiers” destyds hierdie selfde frases gebruik terwyl Suid-Afrika juis op die vlak van medemenslikheid in duie stort.

*

Of die deklarasie meer gaan bevat as die verkorte en geredigeerde weergawe wat in die koerant verskyn het, weet mens nie, maar voorlopig is dit al waarop ’n mens kan reageer.

...
Die eerste konkrete uitspraak rondom kulturele aktiwiteit kom hier ter sprake: dat “ons moedertaal, Afrikaans” as ’n “volle funksionele taal” moet voortbestaan.
...

Die uitgangspunt is dat die opstellers ’n pad vorentoe wil uitstippel vir ’n beter toekoms en dat daarvoor “normaliteit” nodig is, ’n “normale samelewing”. Ek neem aan dat dit beteken een waarin die groep voel dat die “volk” nie langer demokraties uitgesluit is nie.

Twaalf riglyne hiervoor word uitgelig waarna daar gekyk moet word. Die eerste is dat die Afrikaners ’n “inheemse kultuurgemeenskap” is, maar nêrens word die aard of wese van hierdie gemeenskap omskryf nie, behalwe dat die kultuur en die taal “inheems aan Afrika” is. Watter aspekte van die kultuur inheems sou wees, is onduidelik (kan iemand help?), maar dit lyk of Afrikaans dalk as een bindende inheemse faktor beskou kan word. Tog is daar hieroor redelik ondemokratiese voorbehoud en uitsluiting, waarna daar hier bo verwys is, sodat daar net een faktor is wat duidelik onderskeidend en kenmerkend van hierdie volk is: ras.

Interessant genoeg is die feit dat daar rondom die kultuurbegrip in die hele dokument geen verwysing na godsdiens of geloof is nie, miskien ook omdat die grondwetlike geloofsvryheid redelik goed beskerm word.

’n Tweede uitgangspunt is die oortuiging dat daar ’n toekoms vir hierdie groep in Suid-Afrika is en dat almal daarby sal baat. Hiermee saam kom daar ’n derde punt na vore: samewerking met ander gemeenskappe vir ’n “werkende land” en ’n “gesonde samelewing”.

Die vierde riglyn, “Ons bou om te bly”, sit egter ’n voorwaarde uiteen waarsonder hierdie bostaande twee nie moontlik sou wees nie: die kulturele infrastruktuur wat die voortbestaan van die kultuurgemeenskap sal verseker. Ek neem aan dat die opstellers hier veral verwys na opvoedkundige inrigtings, maar miskien ook na ander aangeleenthede. Omdat die kultuurkenmerke nooit uiteengesit word nie, is dit natuurlik onmoontlik om te verstaan hoe daar aan so ’n infrastruktuur gebou moet word.

Hierdie vaagheid kry effens duideliker gestalte rondom die stelling dat meerderheidsoorheersing “ten koste van minderhede” nie demokraties is nie: Kulturele vryheid is nie onderhandelbaar nie.

Die eerste konkrete uitspraak rondom kulturele aktiwiteit kom hier ter sprake: dat “ons moedertaal, Afrikaans” as ’n “volle funksionele taal” moet voortbestaan. Die kulturele instellings, “tuislike ruimtes”, wat in hierdie verband genoem word, is skole en universiteite, maar ook vakbonde, onder andere. Interessant genoeg word daar glad nie na die omstrede Bela-wetgewing verwys nie, terwyl dit juis dié ruimtes aanval.

Rondom die hoof “Ons onderskryf die gelykwaardigheid van alle gemeenskappe” steek die politieke onderrok wel uit wanneer daar verklaar word dat die opstellers die voortsetting verwerp van “rassewette wat Afrikaners tot tweedeklasburgers aftakel”.

Hiermee word die rasbasis van die deklarasie dan ook volledig duidelik en moet ook die oorblywende riglyne in hierdie lig beskou word. Dit is daarom ook nie vreemd dat een van hulle spesifiek gewy word aan die bespreking van ’n “betekenisvolle groep” se aanspraak op eie grondgebied as integrale deel van kulturele vryheid nie.

*

Die opstellers wys daarop dat Afrikaners, dus as volk, “uitgesluit” word van strukture en instellings van tradisionele gemeenskappe en dus nie inspraak het op sake wat hulle gemeenskap as “permanente minderheid” raak nie.

Die deklarasie sluit af met die slotsom dat dit noodsaaklik is vir die Afrikaners om ’n “kultuurverdrag” met die owerhede te sluit “om knelpunte betyds te takel, ooreenkomste daaroor te bemiddel, en vertroue te herstel en op te bou”.

*

Hoe so ’n verdrag tot stand sou kom, is onduidelik en moeilik verstaanbaar wanneer die een party sigself met ’n verklaring van hierdie aard as basies rassisties beskryf. Waarom sou die owerhede onder sulke omstandighede enige rede sien om hoegenaamd met verteenwoordigers daarvan in gesprek te tree? Wat nog daarvan om ’n kultuurverdrag te sluit?

As gewone kiesers nog hierdie soort dinge lees, is dit net moontlik dat so ’n verklaring voor die verkiesing kontraproduktief binne die breër verband kan werk. En stereotipering word so maklik ...

Dit was in ieder geval nie nou die regte tyd vir enige verklaring van hierdie aard nie.

*

Rondom Afrikaans het daar die afgelope 30, 40 jaar ’n nuwe kulturele gemeenskap ontstaan, sukkel-sukkel weliswaar, maar een waarin ras nie meer bepalend is nie. Dat klas nog ’n beduidende faktor is, sal niemand ontken nie, maar juis dit sou die belangrikste ding wees waarop iemand wat oor menswaardigheid praat, hom of haar sou toespits.

Dis ’n uiteenlopende groep waarin daar werk gemaak is daarvan om die verlede se skandes en skades opsy te skuif en in Afrikaans (in sy baie skakerings) hande te vat en dalk, miskien, moontlik, ’n groter en ryk kultuurgemeenskap landwyd aan die groei te kry. ’n Moderne, dinamiese volk-in-wording wat soek na ’n “Afrikaner-deklarasie” wat dááraan erkenning en gestalte gee. Wat kan gatskop en sê: Afrikaners is plesierig, maar nou lyk hulle só, hier en oor die wye wêreld van Kitty en kie.

Eindnotas
  1. Die name verskyn alfabeties, met die verbintenis of betrokkenheid tussen hakies: Carel Boshoff (Vryheidstigting); Jan Bosman (Afrikanerbond); Schalk Burger (wynboer); Flip Buys (Solidariteit Beweging); Heleen Coetzee (Akademia); Theo de Jager (Saai); Theuns Eloff (fasiliteerder); Danie Goosen (Akademia/FAK); Oppel Greeff (Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns); Dirk Hermann (Solidariteit); Werner Human (Solidariteit Beweging); Alida Kok (Akademia); Kallie Kriel (AfriForum); Danie Langer (Voortrekkermonument/FAK) en Koos Malan (konstitusionele juris).
  2. Lees gerus Jaap Steyn se uitstekende artikel hieroor, “‘Kultuur en krisis’ vandag”, by die volgende skakel: https://journals.co.za/doi/pdf/10.10520/EJC165985.

The post Oor die "Afrikaner-deklarasie": Ons hou van partytjies first appeared on LitNet.

The post Oor die "Afrikaner-deklarasie": Ons hou van partytjies appeared first on LitNet.

A luta continua: fifty years since the Portuguese revolution fundamentally changed Africa

$
0
0

Grafika: Portugal, Angola en Mosambiek deur Gordon Johnson op Pixabay verkry 

.........
Tens of thousands of civilians flooded into the streets – no one slept that night. Carnations were the flowers in season, and many of the soldiers “planted” the long-stemmed flowers in their gun barrels – an image broadcast across the world.
........

Grândola, dark village
Land of brotherhood
The people are the ones who order the most

           Grândola, vila morena – Jose Afonso

Fifty years is a long time, but to those of us who were around, it still seems like yesterday.

The Carnation Revolution of 24 April 1974, ushering in the return of democracy in Portugal after decades of dictatorship, not only transformed the country’s political, social and economic landscape, but profoundly altered the balance of power in southern Africa as Lisbon withdrew from her colonies in Angola, Mozambique and elsewhere.

Led by the Armed Forces Movement (MFA), the revolution overthrew the authoritarian Estado Novo regime that had ruled Portugal for nearly half a century under António de Oliveira Salazar and Marcelo Caetano.

The sequence of events was triggered when the Portuguese dictator, Caetano, removed General Antonio de Spinola, who had written a book openly disagreeing with the direction of Portuguese colonial policy from command of Portuguese forces in Guinea. Officers supporting Spinola decided to foment a coup and overthrow the government.

The coup was launched with music, in the form of two supposedly “secret” signals, although the intentions of the plotters had become widely known by then.

The songs were Paulo de Carvalho’s “E depois do adeus” and “Grândola, vila Morena”, by influential folk singer Jose Afonso.

........
The first song, “E depois do adeus”, alerted the rebel officers to begin the coup. It was broadcast at 22h55 on 24 April.
........

The first song, “E depois do adeus”, alerted the rebel officers to begin the coup. It was broadcast at 22h55 on 24 April. A few hours later, shortly after midnight, “Grândola, vila morena” was broadcast; both broadcasts were done by small radio stations.

There was no hesitation on the part of the army. It swept into action, bloodlessly taking over strategic points of power in Lisbon and elsewhere in Portugal. Tens of thousands of civilians flooded into the streets – no one slept that night. Carnations were the flowers in season, and many of the soldiers “planted” the long-stemmed flowers in their gun barrels – an image broadcast across the world.

Six hours after the moving strains of the Grândola wafted across the ether, the Caetano government relented and the years of dictatorship were over. As it turned out, Caetano knew what was about to happen, and had simply decided to stand back and let events take their course as the easiest non-violent option. Caetano had tired of playing the dictator; he was not cut out to be another Salazar, and he knew Portugal was being bankrupted by its African adventures.

........
Six hours after the moving strains of the Grândola wafted across the ether, the Caetano government relented and the years of dictatorship were over.
........

One of the immediate consequences of the revolution was the establishment of democracy in Portugal. The overthrow of the Estado Novo dictatorship led to the formation of a provisional government and paved the way for free and fair elections. Portugal transitioned from an authoritarian regime to a democratic system, marked by political pluralism, freedom of speech, and the rule of law.

The revolution also had significant social consequences. It unleashed pent-up demands for social justice, equality and individual freedoms. Moreover, the revolution brought about a cultural renaissance, fostering artistic expression, intellectual freedom and a renewed sense of national identity.

Economically, the aftermath of the revolution presented challenges and opportunities for Portugal. The country faced economic instability and uncertainty in the immediate aftermath of the overthrow of the dictatorship. However, the transition to democracy also opened up new avenues for economic development and modernisation. Portugal sought closer ties with the European Economic Community (EEC), paving the way for its eventual accession in 1986. Economic reforms aimed at liberalising markets and attracting foreign investment were implemented to stimulate growth and integration into the global economy.

The colonies

Internationally, and especially for South Africa, the consequences of the April 1974 revolution were profound. Portugal’s decolonisation process accelerated with blinding speed following the revolution, leading to the independence of its African colonies, including Angola, Mozambique, Cape Verde, Guinea-Bissau and São Tomé and Príncipe. The new Portuguese military leaders couldn’t wait to recall the conscripts who had been despatched to shore up the empire in such large numbers.

........
By coincidence I found myself cast in a ringside seat a year later, 1975, having accepted a job in Luanda, capital of Angola, a country on the brink of civil war, and the largest of Portugal’s African possessions.
........

From one month to the next, effectively, the old order gave way to the new, with dramatically destabilising consequences in the colonies.

By coincidence I found myself cast in a ringside seat a year later, 1975, having accepted a job in Luanda, capital of Angola, a country on the brink of civil war, and the largest of Portugal’s African possessions.

My drive north from South Africa, through Namibia, had taken several days. I’d bribed my way through roadblocks with cigarettes, scrounged petrol where I could, slept in some dire flea-ridden lodgings, and eventually found myself in Luanda, that glittering, beautiful, pink-painted city on the sea.

The famous marginal roadway curved around the bay, which glittered in the morning sun. Luanda was a true jewel in the crown of the Portuguese empire as it was.

“What’s happening to the city?” I enquired somewhat apprehensively on my first day at the office. Within the confines of what I had supposed to be the relatively safe harbour of the Tropico Hotel, the biggest and most luxurious and supposedly safest in town, my car was broken into, and all my precious tapes stolen, together with my white Panama hat (a relief, according to those who had seen me wear it).

One of my colleagues shrugged. “It’s like watching Luanda die,” he said, “and watching Luanda die is like watching a woman one has once loved take to drink. Be careful where you go.”

I needed little warning. The previous night, gunfire had kept me awake. And I had already discovered that the air and sea ports were crammed with Portuguese descendants of settlers who had been in the country for 500 years. They were desperate to get out, so rapid had been Portugual’s withdrawal from its colonies in Africa.

.........
The expatriates left behind to man the outposts of Western businesses were a cynical bunch of old Africa hands. They were the epitome of a certain kind of fellow in the tropics, characters out of a Somerset Maugham novel, perhaps.
.........

The expatriates left behind to man the outposts of Western businesses were a cynical bunch of old Africa hands. They were the epitome of a certain kind of fellow in the tropics, characters out of a Somerset Maugham novel, perhaps. Adventurers of the old school, like Thessiger or Burton. But as I was to swiftly find out they, too, were preparing to leave Angola, responding to the colour-coded evacuation signals being flown by their respective embassies.

A month before, when I first arrived, Luanda had had at least an appearance of normality: milk was delivered, garbage collected, the street lights worked. Now fighting had flared up and soon all the basic services which sustain organised urban existence had collapsed. Even the water supply could not be relied upon and bathtubs were filled every night “just in case”. As rubbish piled up, rats and ever more flies made their appearance. The smell of decay permeated everything. Casualties mounted, and bodies delivered to the over-full city morgue were left on the pavement in full view. Rumours of cholera outbreaks were rife.

South Africa gets involved

As Portuguese colony after Portuguese colony raced to independence, Pretoria found itself struggling to contain the repercussions for southern Africa. Frelimo-dominated Mozambique was already a threat, while the collapse of the Angolan coalition comprising the three main liberation movements, which hadn’t lasted more than a year, came as little surprise to observers. In late 1975, little more than a year after the Carnation Revolution in Lisbon, the Angolan civil war was in full swing, with Jonas Savimbi’s Unita movement in the south enjoying support from the South African Defence Force, while Agostinho Neto’s MPLA accepted Russian and Cuban backing.

........
A mere 15 years after “Depois” and “Grândola vila morena” had triggered the Lisbon coup, Nelson Mandela’s ANC was unbanned, and Mandela was released from prison to become president of South Africa.
........

In the years that followed, the MPLA emerged victorious, and Pretoria eventually withdrew not only from Angola, but also from Namibia, and the writing was on the wall for Pretoria. A mere 15 years after “Depois” and “Grândola vila morena” had triggered the Lisbon coup, Nelson Mandela’s ANC was unbanned, and Mandela was released from prison to become president of South Africa.

The moral of the tale is, don’t underestimate the potential of a good song to upend history!

Fifty years on, the Carnation Revolution is an anniversary worth commemorating. In Angola and Mozambique they have never ceased saying “A luta continua” (The struggle continues), only now the struggle isn’t against the colonists, but against poverty and joblessness.

Also read:

African Library: Luuanda – Short Stories of Angola by Josè Luandino Vieira

Countdown to socialism by Anthea Jeffery: The ANC’s road to Karl Marx

South African writing on Angola: The forgotten war

Kruger’s earring

Hero in hiding: Jeff Morphew, forgotten South African in the fight for democracy

The post A luta continua: fifty years since the Portuguese revolution fundamentally changed Africa first appeared on LitNet.

The post A luta continua: fifty years since the Portuguese revolution fundamentally changed Africa appeared first on LitNet.

Is die literêre toekennings te wit?

$
0
0

Grafika: Canva

Sedert die Letterkundekommissie Vrydag die wenners van hierdie jaar se pryse bekendgemaak het, is ek oorval met WhatsApps, kommentaar op sosiale media en ander boodskappe. Die strekking van die boodskappe is min of meer dieselfde, om verskillende redes: Die kommentators is nie gelukkig met die uitslae nie.

Een groep kommentators het gereken ander persone, wat by die naam genoem is, moes eerder gewen het. Dis in hierdie gevalle maklik om te antwoord: Die persone het gewoon nie gekwalifiseer vir die spesifieke prys nie. Daar is vir elke prys ’n stel reglemente wat duidelik maak watter werke vir watter pryse kwalifiseer. Hierdie reglemente is op die webwerf van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Kuns en Wetenskap.

’n Ander groep kommentators het kritiek gelewer op die feit dat al die pryswenners wit is. Die Oscars gaan gebuk onder dieselfde kritiek, en so ook ander instellings. Hierdie kritiek verdien om in meer diepte ondersoek te word.

........
Sou dit regverdig wees om ’n inskrywing te bekroon wat swakker is, bloot omdat die woordsmid swart is? Natuurlik nie, en ek glo ook nie die persone wat kritiek gelewer het, wil hierdie uitkoms hê nie.
........

Daar is nie ’n eenvoudige antwoord nie. Vir sommige van die pryse was daar geen skrywers/vertalers van kleur wat ingeskryf het nie. Vir ander pryse het die uiteindelike wenner kop en skouers bo al die ander inskrywings, wit en swart, uitgestaan.

Sou dit regverdig wees om ’n inskrywing te bekroon wat swakker is, bloot omdat die woordsmid swart is? Natuurlik nie, en ek glo ook nie die persone wat kritiek gelewer het, wil hierdie uitkoms hê nie.

Bekronings word nie lukraak gemaak nie. Al nege lede van die Letterkundekommissie lees elke enkele teks wat ingeskryf word. Vir elke prys word een lid van die kommissie aangestel as ’n verkenner wat ’n verslag opstel oor al die tekste wat vir daardie prys ingeskryf is en oorweeg word. Dan word die tekste bespreek. Van daar word ’n kortlys opgestel. Hierdie jaar is die kortlyste vir die eerste keer vooraf bekendgemaak.

Hierna word daar weer in diepte gesprek gevoer oor watter teks behoort te wen. Menings vir en teen tekste word opgeweeg en elke lid van die kommissie word geleentheid gegee om argumente te voer vir of teen spesifieke tekste. Die gesprekke was oor ’n tydperk van drie dae versprei. Voor hierdie gesprekke het elke lid van die kommissie maande spandeer aan die lees van die tekste wat ingeskryf is.

Ek herhaal: Geen bekroning word ligtelik gemaak nie. Daar gaan ongelooflik baie tyd en werk en besinning in.

Die vraag bly egter steeds staan: Hoekom word nie méér swart skrywers bekroon nie? Een deel van die antwoord is dat daar baie min tekste dwarsoor die reeks pryse is wat deur swart skrywers gepen word. Wanneer daardie skrywer die beste werk lewer, word dit bekroon, nie omdat die skrywer swart is nie, maar omdat dit die beste werk is. Dit het al in die verlede gebeur. Hierdie jaar het dit nie gebeur nie.

Ek kan nie namens enige van die ander lede van die kommissie praat nie, maar vir my is dit belangrik dat elke skrywer op meriete wen, ongeag hulle velkleur. Dit verseker dat wanneer ’n swart skrywer wen, geen aantyging gemaak kan word dat dit ’n “affirmative” bekroning was nie.

Natuurlik lê daar nog baie werk voor om te verseker dat alle skrywers gehaltewerk lewer. Ek het al vantevore geskryf oor die yl oes van werke deur swart skrywers wat gepubliseer word. Daar is definitief die afgelope paar jaar ’n groter aantal publikasies deur swart skrywers, maar dis steeds disproporsioneel min in vergelyking met die aanbod deur wit skrywers.

Uitgewers sal enige werk uitgee waarvoor daar ’n mark is. Al is dit die grootste snert, solank kopers koop, sal uitgewers dit uitgee. Aanbod en aanvraag, dis tog ’n eenvoudige ekonomiese konsep. My vraag en uitdaging aan die persone wat kla dat daar nie genoeg swart pryswenners is nie, is dus: Ondersteun julle swart skrywers wat wel publiseer? Koop julle die boeke, woon julle die boekbekendstellings by, adverteer julle die skrywers se werk? Uitgewers sal meer swart skrywers publiseer as hulle weet daar is ’n sterk kopersmark. Koop die skrywers se boeke as julle ’n groter aanbod wil sien.

........
Elke suksesvolle swart skrywer van wie ek weet, het met suiwer deursettingsvermoë gekom waar hulle is.
........

Daar moet ook sterker ondersteuningsnetwerke vir swart skrywers wees. Baie wit skrywers ondersteun mekaar, of hulle is in staat om in kreatiewe skryfkuns te studeer, of hulle kan bekostig om manuskripontwikkelaars te betaal. Enkeles het die finansiële ondersteuning van familie of vriende. Die meeste swart skrywers het nie daai ekonomiese of emosionele netwerke nie. Elke suksesvolle swart skrywer van wie ek weet, het met suiwer deursettingsvermoë gekom waar hulle is.

Is die letterkundepryse nog baie wit? Ja, maar nie omdat daar op die vlak van inskrywings ontvang en beoordeel vooroordele is nie. Daar is ’n hele ekosisteem wat verander moet word lank voordat tekste by bekroning oorweeg word. Die Letterkundekommissie kan net werk met dit wat aan hulle voorgelê word.

Uit hierdie jaar se beoordelingsproses kan ek net dit sê: Daar is nie een enkele teks bekroon waaroor ek meen dat daar ’n skreiende onreg gepleeg is en dat ’n ander teks bekroon moes word nie. Die beste tekste is bekroon.

Lees ook:

Persverklaring: SA Akademiepryswenners vir 2024

The post Is die literêre toekennings te wit? first appeared on LitNet.

The post Is die literêre toekennings te wit? appeared first on LitNet.

Persverklaring: Die Afrikaner Verklaring

$
0
0

Foto: Lynn Greyling | Pixabay

Afrikaners is ’n inheemse kultuurgemeenskap in Afrika. Ons mense en ons geskiedenis is hier en daarom wil ons ook werk vir ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms vir ons nageslag hier aan die suidpunt van Afrika. Ons wil in ’n gees van wedersydse erkenning en respek met ander gemeenskappe in Suid-Afrika praat en werk om oplossings te kry vir die veelvuldige krisisse wat ons almal se toekoms bedreig. Ons wil ook graag ’n bydrae lewer tot die sosio-ekonomiese ontwikkeling van Afrika.

Ons besef dat hierdie land ’n komplekse verlede het. Daar was in die geskiedenis ernstige konflikte tussen gemeenskappe, en Afrikaners bejeën swart mense se ervaring van die verlede met erns. Die krisis in die land is só ernstig dat ons visie vir die toekoms sterker sal moet wees as ons geheue van die verlede. Ons moet steeds van tyd tot tyd in die truspieël terugkyk, maar ter wille van vooruitgang sal ons die reis na die toekoms net suksesvol kan aandurf as ons vorentoe deur die voorruit kyk. Ons mag nie toelaat dat ons in die hede só heftig oor die verlede twis dat ons die toekoms vernietig nie. Daarom moet ons bou op die voorbeelde van goeie verhoudinge en samewerking wat in die verlede tussen verskillende groepe bestaan het.

Daar word gevra wat Afrikaners benodig om blywend vry, veilig en voorspoedig saam met ander gemeenskappe in Suid-Afrika te kan leef sodat ons ook ’n volhoubare bydrae tot die welstand van ander gemeenskappe hier aan die suidpunt van Afrika kan lewer.

Die bondige antwoord hierop is dat ons normaliteit benodig, dit wil sê ’n normale samelewing waardeur ons ’n voorspoedige toekoms vir almal kan help verseker. Ons wil graag ons basiese uitgangspunte om so ’n normale samelewing te vestig, kortliks uitstippel.

**

Besoek die webwerf https://afrikanerverklaring.co.za/ vir meer inligting, ook om die verklaring te onderteken.

Om die volledige verklaring in Afrikaans te lees, laai dit hier af.

To read the entire declaration in English, download it here.

Laai die volledige persverklaring hier af.

Lees ook:

Oor die "Afrikaner-deklarasie": Ons hou van partytjies

The post Persverklaring: Die Afrikaner Verklaring first appeared on LitNet.

The post Persverklaring: Die Afrikaner Verklaring appeared first on LitNet.

Ons is nie almal so nie – ’n reaksie op die sogenaamde "Afrikaner Verklaring"

$
0
0

So, ’n klompie mense wat hulleself “Afrikaners” noem, ruk op na die Voortrekkermonument om ’n verklaring uit te reik.

Suid-Afrika is ’n demokratiese land en mense het die reg om hulle standpunt te stel, maar juis daarom is dit noodsaaklik om in die openbaar te verklaar dat ek nie deel is van hierdie groep nie. Hulle praat beslis nie namens my nie.

Is Afrikaners skielik wit?

Afrikaans is nie deur wit mense geskep nie.

Christo van Rensburg het baie jare lank navorsing gedoen oor Afrikaans se komvandaan. Dit het gelê in die monde van die inheemse bevolkings wat ’n taal ontwikkel het om met die Europeërs handel te dryf, en later in die monde van die slawe wat ook die taal van hulle base moes aanleer. Lees gerus sy goed nagevorste, maar baie toeganklike Van Afrikaans gepraat.

Afrikaans is ook nie vir die eerste keer deur wit omies geskryf nie. Achmat Davids se navorsing het getoon dat dit Moslems was wat Afrikaans geskryf het in Arabiese skrif lank voor daar onder die wit elite moeite gedoen is om in Afrikaans te skryf. The Arabic-Afrikaans writing tradition, 1815–1915, wat deur Hein Willemse en Silemane E Dangor geredigeer is, is ’n goeie boek om meer hiervan te leer.

Nou wil hierdie klein groepie wit mense by die Voortrekkermonument skynbaar Afrikaans terugeis vir wit mense.

Die eerste aanduiding in hulle verklaring dat ons in groot moeilikheid is, kom uit die aanhef van die dokument:

Daar was in die geskiedenis ernstige konflikte tussen gemeenskappe, en Afrikaners bejeën swart mense se ervaring van die verlede met erns.

Is swart mense dus nie Afrikaners nie? Wat van die swart sprekers van Afrikaans?

Dit word egter erger.

Onder die hofie “Afrikaners is ’n inheemse kultuurgemeenskap verbind aan Afrika” staan daar die volgende:

Afrikaners is ’n self-gedefinieerde kultuurgemeenskap – ’n volk – en nie bloot ’n taalgroep of ’n rassegroepering is nie.

Volgens wie? Wie het hierdie “self-gedefinieerde” status van volk toegeken aan mense wat Afrikaans praat?

Nie ek nie.

Want dit raak nóg erger; die verklaring lui:

Ons beklemtoon dat ons deur Afrikaans ook ’n taalverbintenis het met die meerderheid bruin Suid-Afrikaners, asook met ’n beduidende aantal mense uit ander Suid-Afrikaanse gemeenskappe.

“Ons” is dus nie “bruin” nie? En wie is die “beduidende aantal mense uit ander Suid-Afrikaanse gemeenskappe” met wie ons skielik ’n taalverbintenis het? Is dit nou daardie “swart mense”? Beteken dit dat ons voorouers wat ons taal in Afrika gevorm en begin skryf het, uitgesluit is?

Dit raak nóg erger. Hierdie “ons” wat so lustig almal wil bevolk, sê:

Ons respekteer hierdie ander Afrikaanse kulturele gemeenskappe en werk graag in alle toepaslike gevalle en sake met hulle saam.

Wanneer “ons” frases soos “hierdie ander” en “hulle” oor land- en taalgenote begin gebruik, dan is ons in die moeilikheid.

Wie se God gaan die arbiter van hier lukrake “volk” wees?

Die Moslemgemeenskap, wat die eerste tekste in Afrikaans geskryf het, is outomaties uitgesluit. Kyk hier:

Ons kom uit ’n Christelik-Westerse tradisie en vertrou op God se beloftes van hoop vir die toekoms, veral in tye van nood. Die republikeinse ideaal het nog altyd sterk steun onder Afrikaners geniet, wat in die praktyk beteken het dat ons ons eie besluite oor onsself wil neem en uitvoer.

Wie bepaal wat “Christelik” beteken? Sal gay mense “Christelik” genoeg wees? Sal trans vroue en mans gelyke regte hê in hierdie “republikeinse ideaal”?

Waar pas die agnostici en die diegene sonder enige godsbegrip in?

Sal Afrikaanssprekende Rooms-Katolieke darem deel mag wees van hierdie “republikeinse ideaal”, of sal hulle, soos die Moslems en Boeddhiste, buite moet bly? Gaan “ons” die Jode ook verjaag in die naam van Afrikaans?

’n Gesprek oor die “republikeinse ideaal”

Die verskrikking van hierdie soort verklarings, waar ’n klein groepie hulleself aanmatig om namens Afrikaanses te praat, is dat alle Afrikaanse ruimtes en inisiatiewe skielik verdag word.

Die MOS-inisiatief is onlangs van stapel gestuur (lees meer hier). MOS se doel is om R100 m in te samel vir die stig van Afrikaanse privaatskole. Daar is geen aanduiding dat MOS eksklusief wit wil wees nie, en die direksie is inderdaad veelrassig. Hulle bemarking op hulle tuisblad is redelik wit, maar daar is foto’s van diegene wat deur die “volk” beskou sou word as “ander Afrikaanse kulturele gemeenskappe”.

Die probleem is dat die Voortrekkermonumentgroepie verklaar:

Daarom bou ons aan ’n kulturele infrastruktuur, leefruimtes, tuistes en instellings om hier in Suid-Afrika te kan bly. Die doel van hierdie kulturele huishouding is nie om onsself te isoleer nie, maar juis om dit moontlik te maak om saam met ander in suidelike Afrika te bly.

Die vraag is: Gaan die “ander” mag deel wees van die “kulturele infrastruktuur” wat deur die “volk” geskep gaan word?

Sal die skynbaar wit “volk” tevrede wees as MOS alle Afrikaanssprekendes sou verwelkom, of gaan die “volk” nou afstig en eie skole bou waar die “ander” nie welkom is nie? Of gaan die “volk” stilletjies inisiatiewe soos MOS en ander kaap om seker te maak die “volk” se kinders hoef nie met “ander” te meng nie?

Dit is interessant om die verklaring van 22 April 2024 te vergelyk met ’n dokument van 16 Septemner 2022, wat skynbaar aan die Afrikanerbond voorgelê is vir bespreking.

Die 2022-dokument, waarvan ek nie die status kon verifieer nie, toon ooreenkomste met die verklaring wat op 22 April 2024 uitgereik is. Die 2024-verklaring is duidelik hersien, maar ’n mens sou wens dat dit op 1 April uitgereik sou gewees het, met ’n skadeloosstelling dat dit eintlik ’n siek grap was.

Die hartseer realiteit is dat alle inklusiewe Afrikaanse inisiatiewe nou nie anders sal kan nie as om duidelik en openlik te verklaar dat ons beslis nie hierdie “volk” toestemming gegee het om namens ons te praat nie, en dat ons dus nie deel van hulle verklaring wil wees nie.

Ek is betrokke by talle Afrikaanse inisiatiewe en ek is trots daarop. Ek is ook trots daarop dat dié waarby ek betrokke is, radikaal inklusief is.

Kry die feite

Daar is ’n aantal boeke wat ’n belangstellende sal help om die geskiedenis van Afrikaans te verstaan.

Die veelrassige verhaal van Afrikaans

Christo van Rensburg was ’n geleerde wat sy lewe spandeer het om die leuen te ontmasker dat Afrikaans ’n wit taal is. Lees gerus:

  • Van Rensburg, Christo. 2012. So kry ons Afrikaans. Pretoria: LAPA
  • Van Rensburg, Christo. 2018. Van Afrikaans gepraat. Pretoria: LAPA
  • Van Rensburg, Christo. 2018. Finding Afrikaans. Pretoria: LAPA.

’n Deeglike “biografie” van Afrikaans

Halala Afrikaans deur Daniel Hugo begin by die begin – toe die Khoi begin handel dryf het in die taal wat later tot Afrikaans sou groei. Dit neem die leser ook deur jare van Nasionale Party-onderdrukking en die opposisie teen apartheid vanuit die Afrikaanssprekende gemeenskap, ook diegene wat deur apartheid as “ander” beskou is.

  • Hugo, Daniel. 2009. Halala Afrikaans. Pretoria: Protea.

Die Moslem-oorsprong van Afrikaanse skryfwerk

’n Akademiese studie oor die eerste Afrikaanse tekste is deur Achmat Davids onderneem. Sy proefskrif is deur Hein Willemse en Silemane E Dangor geredigeer en is gepubliseer.

  • Davids, Achmat. 2011. The Afrikaans of the Cape Muslims. Pretoria: Protea.

Hierdie boek het moeilik geword om te vind, dus is die teks herverpak en onder ’n ander titel uitgegee.

  • Davids, Achmat. 2023. The Arabic-Afrikaans writing tradition, 1815–1915. Jacana Media: Pretoria.

Davids (1939–1998) is postuum met die Nasionale Orde van Ikhamanga in Silwer in 2019 deur president Cyril Ramaphosa vereer vir sy werk oor vroeë Afrikaanse skryfwerk.

Hein Willemse, ’n swart, Afrikaanssprekende akademikus oor die marges

Om Hein Willemse, ’n swart, Afrikaanssprekende akademikus, oor sy eie navorsing te hoor praat oor Afrikaanssprekendes op die rande, beveel ek hierdie video aan.

Om van skaam te wees

Dit is nodig om te verklaar dat hierdie klein Voortrekkermonumentgroepie nie namens my praat nie.

Ek is skaam oor sulke gekke uitsprake in die naam van Afrikaans.

Ons is nie almal so nie.

 

Hierdie dokument is uit eie beweging deur die skrywer voorgelê. Dit verteenwoordig nie noodwendig die siening van enige instansie waarby hy betrokke is nie.

Lees ook:

Dink óók swart op pad stembus toe

Oor die "Afrikaner-deklarasie": Ons hou van partytjies

Persverklaring: Die Afrikaner Verklaring

The post Ons is nie almal so nie – ’n reaksie op die sogenaamde "Afrikaner Verklaring" first appeared on LitNet.

The post Ons is nie almal so nie – ’n reaksie op die sogenaamde "Afrikaner Verklaring" appeared first on LitNet.

CJ Langenhoven (1873–1932)

$
0
0
Foto met toestemming geplaas: Die Brümmer-argief

Sêgoed van CJ Langenhoven

“In Afrikaans ... het ek gevind my pêrel van groot waarde waarvoor dit ’n goedkoop prys sou gewees het as ek tot die betaling geroepe was, om al my ander besittings af te staan.” (Die Bondgenoot, September 1969)

“Baie wat sit en skryf, verplaas hulself plotseling in ’n atmosfeer van gekunsteldheid, onwesenlikheid, verbeelde maar vals deftigheid – soos ’n leeu in ’n donkievel. So ’n persoon hou dus op om homself te wees.” (Kakkerlak, Herfs 2005)

“Skryf moenie ’n vreemde medium wees waarin jou gedagtestroom in ’n sloot opdam en die water nie meer loop nie.” (Kakkerlak, Herfs 2005)

“Skrywers wat meer as bloot meganiese werk lewer, neem die klein dingetjies waar, waarvoor geen grammatikale of stylreëls geformuleer kan word nie.” (Kakkerlak, Herfs 2005)

“’n Land sonder skrywers en lesers is ’n beskaafde nasie sonder ’n eie literatuur.” (Kakkerlak, Herfs 2005)

“Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan ’n baas wat minder kennis daar van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.” (Kakkerlak, Herfs 2005)

“Om jou een taal tot nut te gebruik, is ’n groter kuns as om sewe vreemdes by te leer.” (Kakkerlak, Herfs 2005)

“Moenie ’n valse ambisie nastreef nie, giet maar net jou gevoel uit sonder dwang of gekunsteldheid.” (Kakkerlak, Herfs 2005)

“Soos ’n skeermes in die hand van ’n aap, so is geleerdheid in die kop van ’n dwaas.” (Sarie, 8 April 1998)

“Ploeg self op die klipland en gee vir jou kneg die safte grond. Dan sal jy jou kneg behou en jou ploeg ook.” (Sarie, 8 April 1998)

“Daar het al beter mense geleef as ek en jy, en toe hulle dood is, het die wêreld darem sonder hulle aangesukkel.” (Sarie, 8 April 1998)

“Die Here het die wêreld nes ’n mes gemaak en dit aan jou en my oorgelaat om hom by die hef te vat of by die lem.” (Sarie, 8 April 1998)

“Waardeer die gewoontes en gebruike wat van jou voorouers af kom. Dis nie die boom wat in een jaar uitgroei waar jy sterk hout kan afsaag nie.” (CJ Langenhoven: Ons weg deur die wêreld, 1913)

“Waardeer jou vrou soos die appel van jou oog. Dis nie ’n geringe saak dat daar iemand is wat onderneem het om haar lewe met jou te verslyt nie.” (Die Burger: Kultuurkroniek, 24 Augustus 2002)

Gebore en getoë

Cornelis Jacob Langenhoven is rondom middernag van 12 tot 13 Augustus 1873 (daar is ietwat onsekerheid of dit op 12 of 13 Augustus was) op die plaas Hoeko in die distrik Ladismith in Suidwes-Kaap gebore.

Sy oorgrootvader was Pierre Guillaume Langenhooven met die o’s in die ope lettergreep, skryf Langenhoven in U dienswillige dienaar (Tafelberg, 1973). Die “Guillaume” is daarna in die familievoorname bewaar, somtyds in die vorm van “Gulhelmus”. Die “Pierre” het “Piet” of “Pieter” geword. Sy grootvader, Philip Hendrik Morkel Langenhooven, is in Hottentots-Holland, naby vandag se Somerset-Wes, in 1812 gebore. Hy was getroud met Margarita van Koppen van Mosselbaai van die plaas Hamelkop.

Langenhoven se vader, Cornelis Jakob Zetuin Langenhoven, is in 1842 op Hamelkop gebore. Langenhoven heet na hom, maar by sy doop het die derde naam op een of ander manier agterweë gebly.

Langenhoven het in U dienswillige dienaar oor sy pa geskryf: “Wat ek van hom sal sê, sal nie veel wees nie. Van die allerbegin af het ons paaie uitmekaar geloop. Hy was my vader maar ek het hom altyd genoem ‘Anderpa’. Sy ouer broer was my Pappie en oorlede Rachel se suster my Mammie.

“Tot my agtste jaar het ‘Anderpa’, intussen weer getroud, darem op dieselfde plaas waar ek gebore is en groot geword het, aan die oorkant van die rivier gewoon, en ek het heen en weer daar gekom, kan ek goed onthou, en hy by ons, maar hy was maar nie vir my anders as een van die bure-‘ooms’ van die plaas nie. Toe het hy weggetrek, terug na die ou plaas Hamelkop toe, en daar het hy bly woon tot sy dood (...). Daar het ek hom verskeie maal gaan besoek, in my jonger jare met Pappie saam met die kar of met die ossewa, later alleen.”

“Pappie” was Pieter Guillaume Langenhoven en is op 10 April 1836 op Hamelkop gebore. Hy het ook daar grootgeword. Hy is op 2 Julie 1919 oorlede. Hy is later met ’n weduwee, Margaritha Susanna Petronella Blignault (gebore 1826), getroud. Sy was van Ladismith en ’n mooi vrou; sy is op 85-jarige ouderdom oorlede. Haar huwelik met Pieter was kinderloos en hulle het, buiten Langenhoven, nog vier aangenome kinders gehad. Die kinders se paaie het egter vroeg geskei.

Toe Pappie met Mammie getroud is, het haar jonger suster Rachel by haar in die huis gebly. Anderpa het van Hamelkop af by hulle op Hoeko kom kuier, soms maande lank wanneer hy met die boerdery
gehelp het. Hy het op Rachel verlief geraak en sy op hom. So is hulle getroud. Hulle oudste kind, Philip, is op Hamelkop gebore.

Na ’n brand op Hamelkop is Anderpa en Rachel met die klein Philip terug na Hoeko, waar hulle op ’n stuk plaas wat Pappie intussen bygekoop het, gaan boer het. Anderpa en Rachel het op Hoeko nog twee kinders bygekry, naamlik ’n dogter en ’n seun. In nog ’n brand-treurspel is hierdie seuntjie oorlede. Rachel, Langenhoven se moeder, was ten tyde van die voorval swanger, maar sy is na die brand ook oorlede – vyf dae nadat sy geboorte geskenk het aan Cornelis Jacob Langenhoven.

In sy biografie van Langenhoven, Langenhoven: ’n lewe, skryf JC Kannemeyer dat die ware feite rondom Langenhoven se geboorte en sy moeder se afsterwe redelik duister is. Nêrens kon vasgestel word presies waar Langenhoven gebore is en waar Rachel oorlede is nie. Langenhoven self het egter geglo dat hy op Hoeko, in die huis waar Anderpa gewoon het, gebore is. Volgens Kannemeyer kan ’n mens dit dus as feitelik korrek aanvaar.

Langenhoven was ’n klein en tenger baba by geboorte en volgens hom moes hy “nooit kon lewe nie, maar het tog geleef”. Hy het by sy pa se broer en dié se vrou gaan woon.

In 1881 het Anderpa as gevolg van ’n langdurige droogte in die Ladismithse distrik teruggetrek na Hamelkop. Langenhoven het vertel (U dienswillige dienaar) dat Anderpa nie skoolopleiding gehad het nie, maar hy was vlug van verstand en “kon die essensiële grondslae (van) ... een of ander vraagstuk” onmiddellik raakvat “en tot hulle logiese konsekwensies uitredeneer”. Anderpa is op 31 Mei 1923 oorlede en is op Hamelkop begrawe.

Kannemeyer skryf dat dit eintlik ’n geluk by die ongeluk was dat Langenhoven by sy pleegouers beland het. “Sy pleegvader was reeds besig om ’n vermoënde man te word en die bodemgesteldheid van Hoeko het die moontlikheid vir verdere ontwikkeling gebied wat op Hamelkop nie moontlik was nie.”

Die kinders uit die buurt kon ook na ’n klein skooltjie op Hoeko gaan. “Langenhoven was dus veel beter daaraan toe as sy broer en halfbroers en -susters van Anderpa en sy tweede vrou op Hamelkop.”

As gevolg van sy tenger bou en omdat hy by geboorte so swak was, het Langenhoven die bynaam Petiet by sy pleegvader gekry.

Sy eerste onderrig het hy tuis ontvang van ’n paar “goewernantes” deur middel van Engels. Oor hierdie onderrig het Langenhoven gemeen dat vir hom “minder werd as glad niks nie” was. “Die heel eerste een, maar toe was ek nog ’n skone babetjie byna, onthou ek met liefde. Sy had my lief en ek vir haar. Die drie of vier opvolgers het hulle neus opgetrek vir die boere-omgewing wat goed genoeg was vir hulle gasie, maar nie vir hulle smaak nie, en opgelei was hulle self nie.” (Versamelde werke XII, p 263)

Die omgewing waar Langenhoven grootgeword het, was totaal Afrikaans. Sy “ouers” kon geen Engelse woord praat nie en die bure ook nie. Maar van die begin af was die hele onderwys van A tot Z in Engels. “Ek onthou ek het ’n grammar gehad en geleer dat sy doel was om my te leer van Etymology, Orthography, Syntax en Prosody. Ek het selfs geparse. Elke noun was third person, singular number, masculine gender, nominal case. By rekenkunde het ek lang somme gekry, ’n lei vol, en slae as daar ’n foutjie is – maar enige probleem om my te leer dink, nooit. Die leesboeke en leerboeke was bokant my begrip. Toe ek nog nie twee woorde uit die drie kon verstaan nie, moes ek die Tien Gebooie en die Geloofsbelydenis in Engels uit die hoof leer.” (U dienswillige dienaar)

Meester Bloemkolk het egter hoof van die goewermentskool (derde klas) op Hoeko geword en daarmee was die bewind van die goewernantes op ’n end. Die mense het self die skoolgebou opgerig en toe dit klaar was, was dit klaar betaal. Marthinus Paulus Bloemkolk was ’n Nederlander van geboorte wat in 1880 op ’n middeljarige leeftyd na Suid-Afrika verhuis het, en, skryf Langenhoven in U dienswillige dienaar, al het hy so oud geword soos Metusalem, sou hy nooit ’n Afrikaner van spraak of uitsig of maniere geword het nie. Hy het eers onderwys op Anysberg in die distrik Montagu gegee voordat hy in 1883 na Hoeko is.

“Aanvanklik het die kinders van Hoeko probleme ondervind om meester Bloemkolk se Nederlandse uitspraak te volg, maar hulle het gaandeweg daaraan gewoond geraak. Sy onderrig was deur medium Engels al was sy aksent afgryslik. Hy het gekonsentreer op Arithmetic, Geography, Cape and English History, English Grammar en Nederlandse Grammatika. Na skool het hy ook die katkisante onderrig en sommige van die meisies musiek op ’n huisorreltjie leer speel.

“Wat meester Bloemkolk se onderwysmetodes betref, was dit, pedagogies beskou, ‘metodes sonder metode’. Hy het hom aan die sillabus van die onderwysdepartement nie veel gesteur nie, totdat hy besef het dat daar ‘opklimmende standerds was met bepaalde vereistes’. Sy rapporte was egter altyd uitstekend.”

Dit was egter die ekstra dinge wat meester Bloemkolk buite die sillabus gedoen het, waarvoor Langenhoven baie dank aan hom verskuldig is. Elke Woensdagoggend is daar een algemene klas vir die hele skool gehou. Elke leerling moes ’n brief of ’n opstel bring, een slag Nederlands, ander slag Engels. Dan het Meester een vir een hardop gelees en dit reggemaak soos hulle gelees het. “My skooldae van AB tot BA was vir my ’n tronkstraf omrede van die dwang daarvan,” skryf Langenhoven. “Waar ander mense op daardie tyd van hulle lewe as ’n besonder gelukkige terugsien, beny ek hulle. Maar daardie Woensdagoggende met letterkundige voortbrengsels en letterkundige kritiek van so ’n al-omvattende gehalte, was ’n sirkus. As ek Woensdag siek was, het ek my gesond gehou soos ek my ander dae nou en dan siek gehou het toe ek gesond was.” (U dienswillige dienaar)

Daar was nog ’n vorm van taaloefening waarvoor Langenhoven vir meester Bloemkolk ewig dankbaar sal wees. En weer was dit ’n stuk skoolwerk waarmee die departement niks te doen gehad het nie. Dit was gedurige vertalings, mondeling en skriftelik, van Engels in Nederlands en van Nederlands in Engels. Dit was dalk nie die regte manier om die vreemde Engels of die minder vreemde maar meer moeilike Nederlands aan te leer nie, maar dit het aan Langenhoven op doeltreffende wyse taal geleer.

“Ek dink nie daar was ’n ander moontlike metode wat my dieselfde insig sou verskaf het in die saamstelling van ons taalpatroon, die waarde van woorde en die kuns van woordverbindings as gereedskap om aan gedagtes uitdrukking te gee nie.” (U dienswillige dienaar)

Thys Kleynhans van Ladismith het in 1959 aan Die Burger vertel dat hy en Langenhoven saam op Hoeko skoolgegaan het. Hulle juffrou was mejuffrou Sinclair en die eerste dag toe Langenhoven uit die skool uit gekom het en hulle huis toe geloop het, kon hy die hele ABC agterstevoor-om opsê.

En hoe ouer Langenhoven geword het, hoe meer het hy die Bybelonderrig wat hy van Bloemkolk ontvang het, waardeer. Die gesin het gereeld die oggend- en aanddienste in die kerk bygewoon en hy het ook van kleins af die Bybelverhale aan “Mammie se knieë geleer”. (Sy het geen fairy tales gehad om te vertel nie, maar hy weet van geen sprokies wat mooier sou gewees het as die Bybelverhale nie.) By Bloemkolk in die skool is hierdie onderrig voortgesit.

Daardie kennismaking met die Nederlandse Bybel wat hy aan Bloemkolk te danke gehad het, het aan Langenhoven op sy ontvanklikste trap van ouderdom ’n letterkundige besitting besorg wat van meer waarde was vir die vorming van sy smaak en uitdrukkingsvermoë as al die kunsklassieke, van watter taal ook al, van die ou tyd of die nuwe tyd, waarmee hy ooit in sy latere lewe kennis gemaak het.

Aan die begin van 1888, op sy vyftienjarige ouderdom, is Langenhoven na die dorpskool op Ladismith. Hy is elke naweek huis toe, al moes hy soms huis toe loop. Die hoof van die skool was meneer JR Frylinck. Hy was nie gematrikuleerd nie, maar ’n “uitstekend-deeglike” onderwyser. Ten opsigte van metode was hy presies die teenoorgestelde van Bloemkolk. Frylinck se skool het soos ’n goed-geoliede masjien geloop en hy het nie ontsien om te slaan nie.

Langenhoven het omtrent geen maats op Ladismith gehad nie. Met sy intree daar het die dorp se skoolkinders hom gespot oor sy plaas-gesnyde klere, sy boeremaniertjies en -houdinkies en sy ellendige Engelse uitspraak, “hoewel ek selfs toe,” skryf Langenhoven in U dienswillige dienaar, “dank sy Bloemkolk, beter Engels kon skryf as wie ook van hulle uit hulle Engelse huise, om nie van Hollands eens te praat nie. Snaakse meerderwaardigheid. In hulle eie skool het ek hulle in elke vak uitgeklop. My vader kon hulle ouers een vir een uitkoop, en hy had meer grond as ’n Engelse Duke. Ons eie natuurlik Afrikaner-kultuur van die plaas was oneindig hoër as hulle nageaapte Engelse van die dorp. Maar in daardie dae het die bluf geslaag. In alle geval, so het hulle my ontvang, en ek was te hoogmoedig om in te dring, met die gevolg dat ek myself meer eenkant toe vreemd gehou het as waar húlle op die lange duur my sou geplaas het. Ná ses maande het ek hulle almal by die Elementary Examination uitgestof en twee jaar later was ek nommer een op die lys by die School Higher.”

By Frylinck het Langenhoven geleer om probleme in wiskunde op te los deur te dink. Hulle het nog Euklides in sy oorspronklike vorm gebruik, waar elke probleem met streng en formeel logiese stappe van gegewens tot gevolgtrekkings uitgeredeneer is. “Die bygaande oefeninge by Euclides was die lus van my lewe. Toe ek die honderde almal gedoen het wat daar in my teksboek was, en nog ’n teksboek wat meneer Frylinck my gegee het, was dit vir my ’n verdriet dat hulle op was – ’n leemte wat ek opgevul het deur self oefeninge op te stel vir denkbeeldige leerlinge.

“Verder skuld ek Frylinck my eerste bewuste begrip van taal – nie dié taal of daardie taal nie, maar enige taal – as ’n logies inmekaar-gepaste masjien. Met sy perfekte onderrig in die vakke van woordontleding en sinsontleding het hy my laat insien dat dit nodig is om net so sekuur te wees met die samestelling van ’n sin as wat hy was met die metodiese handhawing van sy roosters aan die muur.

“Vernaamlik het die teorie van die sintaksis praktiese toepassing gevind by die grondslag wat hy by my gelê het met die studie van Latyn – daardie ideaal by uitnemendheid van ’n byna matematies-logiese taal.”

Langenhoven het so ’n liefde vir Latyn ontwikkel dat hy behalwe die vier voorgeskrewe “lewens”, die hele Nepos vir sy plesier deurgewerk het totdat hy naderhand paragrawe kon lees sonder ’n werkwoord en sonder om die werkwoord eers op die end te gaan soek en daarvandaan terug te snuffel na die onderwerp en voorwerp en uitbreidings.

In 1890 is Langenhoven na die destydse eersteklasskool op Riversdal onder CFW Rosenow wat, volgens Langenhoven, ’n grondige kennis van die klassieke tale, twee, drie moderne tale, matesis en verskeie natuurkundige vakke gehad het. “Wat ek aan hom verskuldig is, kan ek byna nie vertel sonder dat dit na oordrywing sal lyk nie. Wat my verdere verstandsontwikkeling betref kon ek net so goed daar by sy skool, toe ek in 1892 gematrikuleer het, omgedraai het en my verdere opvoeding self voortgesit het – soos ek trouens omtrent maar gedoen het ook. (En dis geen refleksie op die destydse hoogleraars van Stellenbosch nie.)” (U dienswillige dienaar)

Meneer Rosenow het voortgegaan om Langenhoven se liefde vir Latyn te bevorder en meer en meer het hy Latyn vir die jong man ’n lewende taal gemaak. Maar ongelukkig was selfs Rosenow se invloed nie sterk genoeg om Langenhoven met ywer en volharding te laat leer soos hy op Ladismith geleer het nie. Dit was ’n ongeluk vir sy toekomstige lewe dat hy homself gewoond gemaak het om vakke en dele van vakke te kies waarvan hy gehou het en wat hy sonder inspanning kon leer. En hy het botweg geweier om aandag aan die studies te bestee waarvan hy nie gehou het nie. “Hierdie tugtelose gewoonte om te leer soos ek lekker kry en verder nie, het my volharding en selfbeheersing ondermyn en in later jare moes ek my swaar teësit om ’n deel daarvan terug te verwerf. Daar kan nie ’n skadeliker ding vir ’n jongeling wees nie as so ’n gebrek aan beide dissipline en selfdissipline.

“Maar dan, ek het twee vaste ankers makeer (...). Die een was my nooit voorsien nie: die bewuste drang van Die Vaderlandsliefde en besef van die adel van burgerplig deur lidmaatskap van ’n nasionale organisme. Die ander anker was los deur geloofstwyfel en godsdiensstryd.” (U dienswillige dienaar)

En so het Langenhoven hom vir matriek voorberei net maar om deur te kom.

Terwyl hy op Riversdal op skool was, was hy die stigter van ’n skooldebatsvereniging waar hy ’n prominente plek ingeneem het. Daardeur het hy natuurlik spreekoefening ontvang en nie skryfoefening nie, maar die twee vul mekaar aan. Daardie oefening het hom nuttig te staan gekom in sy latere lewe as openbare spreker. Die skool het ook ’n weeklikse skoolblad gehad wat in manuskripvorm aan die muur gehang het. Langenhoven was ’n gereelde bydraer en ook redakteur. “Dáár was my roeping, sou ek toe reeds besef het – as my taal daar was. Die medium vir beide vereniging en joernaal was Engels.”

Verdere studie en werk

Na skool is Langenhoven in 1893 na die destydse Victoriakollege op Stellenbosch (vandag die Universiteit Stellenbosch). Hy het op Riversdal besluit om hom as predikant te bekwaam, aangesien dit die droom van sy ouers was, maar hy kon dit nie met sy gewetensoortuigings, of gebrek aan oortuigings, versoen nie en het teen die teologie besluit en ten gunste van die regte. Daarvoor moes hy eers ’n BA-graad verwerf voordat hy tot die LLB toegelaat kon word. Aangesien Stellenbosch destyds nie oor ’n regsfakulteit beskik het nie, sou hy ná die BA by die South African College in Kaapstad moes inskryf of hom verder met selfstandige studie as prokureursklerk moes bekwaam.

Hy is in 1893 ingeskryf vir Engels, Nederlands, Latyn, Grieks, logika en sielkunde. Met die uitsondering van Grieks en sielkunde, waarin hy geen eksamen afgelê het nie, was sy uitslae in die meeste van dié vakke “moderately good”. (JC Kannemeyer: Langenhoven: ’n lewe, p 129)

Kannemeyer skryf: “Die afwesigheid van enige eie dryfkrag en van stimulerende leermeesters soos hy op skool gehad het, was daarvoor verantwoordelik dat Langenhoven ná sy eerste jaar glad nie terug is Stellenbosch toe nie. Indertyd kon ’n student, as hy wou, net inskryf vir die eksamen wat deur die University of the Cape of Good Hope afgeneem is; bywoning van klasse was nie noodsaaklik nie. In 1894 het Langenhoven besluit om nie terug te gaan Stellenbosch toe nie en het hy vir ’n ‘jaar op die plaas rondgelê om dáár te leer of te maak nes iemand wat leer’. Só kon hy wel op ’n manier met Nederlands en Engels voortgaan, maar die Griekse vraestel het hom nie net gewys dat hy dáár sou druip nie, maar sy moed vir die res gebreek.”

Hy is dus in 1895 weer terug na Stellenbosch, al het hy steeds volstrek geweier om die voorgeskrewe kurrikula te volg en het hom liewer op die meer aangename dele van sy vakke toegespits.

Om die probleem met Grieks te bowe te kom, het hy vir hom ’n Griekse Nuwe Testament aangeskaf en begin lees, iets wat vir hom maklik was omdat hy die Nederlandse Nuwe Testament feitlik woordeliks geken het. Só het hy ook, deur gebruik te maak van ’n “key”, eers Homeros begin lees, asook Xenophon en Plato. Die Griekse letterkunde het Langenhoven heeltemal meegevoer – tot so ’n mate dat hy onvoorbereide gedeeltes van die eksamen maklik kon beantwoord.

Hy moes egter ’n plan maak met die voorgeskrewe prosa en poësie en Kannemeyer skryf as volg: “Hy het net voor die eksamen ‘’n nooientjie wat hom baie goedgesind was’ gevra om die ooreenkomstige Engelse vertalings in haar tuin onder ’n vyeboom te lees terwyl hy die oorspronklike volg. Saans het hy dan die annotasies en inleidings bestudeer, met die gevolg dat hy in die eksamens niks te vrese gehad het nie.”

Langenhoven het iewers in 1892, of dalk in 1893, een aand by ’n Jongeliede-debatsvereniging op Ladismith vir Helena de Vries ontmoet. Hulle het onmiddellik op mekaar verlief geraak. Sy was net vir een jaar op Stellenbosch en dit is waarskynlik as gevolg van sy verhouding met Helena, bespiegel Kannemeyer, dat Langenhoven nie in 1894 terug is Stellenbosch toe nie. Hulle het rondom die middel van 1894 verloof geraak.

Hy het sy BA-graad in 1895 behaal, en was daarna onderwyser, vanaf 8 Julie 1895 tot Maart 1896, by ’n eenmanskooltjie op die plaas Langlaagte in die distrik Heidelberg in die destydse Transvaal wat in 1889 geopen is. Langenhoven was egter nie ’n sukses as hoof van hierdie skool nie en in Maart 1896 is hy terug op Hoeko. Hy het by geleentheid nog vir Helena opgesoek, maar hulle verlowing is kort na sy terugkeer in 1896 beëindig. Die rede vir die beëindiging van hierdie verhouding was moontlik as gevolg van die feit dat Langenhoven en Helena se pa, Abram de Vries, nie baie goed oor die weg gekom het nie. (Beeld, 7 November 1992)

Kannemeyer skryf egter in Langenhoven: ’n lewe (p 145) dat Helena teenoor haar stiefdogter, mev JH Albertyn, erken het dat die rede vir die breuk met Langenhoven weens sy drankgebruik was.

Nadat Langenhoven in Maart 1896 vanaf Langlaagte na Hoeko teruggekeer het, het hy op Ladismith gaan bly. Daar het hy privaat onderwys gegee en as ’n klerk by Th CW Johnson, prokureur en notaris op Ladismith, begin werk. Die idee was dat hy, terwyl hy as klerk gewerk het, tot kandidaatprokureur kon vorder en dan om die graad LLB deur selfstudie te verwerf.

Na sy terugkeer na Hoeko het Langenhoven aanvanklik vir Anna, dogter van die weduwee Lenie van Velden, gaan kuier, maar baie gou het daar ’n vurige liefdesverhouding tussen hom en Lenie, wat tien jaar ouer as hy was, ontstaan.

Lenie, gebore as Magdalena Maria Hugo, is op 12 Mei 1863 naby Victoria-Wes gebore. Sy het ’n baie deeglike en fyn opvoeding ontvang, onder meer in naaldwerk, sang, klavier en orrel. Kannemeyer skryf: “Sy het ’n baie keurige Engels gepraat en ’n groot liefde vir die Engelse literatuur ontwikkel terwyl sy ook Frans en ’n bietjie Duits geleer het. (...) Na voltooiing van haar skoolloopbaan het sy gaan onderwys gee in die skooltjie op haar vader se plaas en daar het sy verloof geraak aan ’n kêrel van die Murraysburg-omgewing.”

In Port Elizabeth het sy vir Anthonie van Velden, ’n jong prokureur, ontmoet, met die gevolg dat sy haar verlowing aan ’n boer van die Murraysburg-omgewing verbreek en met Anthonie getrou het. Hulle het hulle op Ladismith gaan vestig en vyf kinders is uit die huwelik gebore, van wie een oorlede is. Anthonie is elf jaar na hulle huwelik oorlede.

Die verhouding tussen Langenhoven en Lenie het vinnig gevorder en op 23 Februarie 1897 is die twee in die pastorie op Ladismith deur ds JW Louw in die huwelik bevestig. Hy het haar later as Madeline aangespreek. Sy is in 1950 oorlede.

Toe hulle getroud is, was Langenhoven nog ’n brandarm prokureursklerk. En al het sy vader genoeg geld gehad, het hy nie daarin geglo om jongmense finansieel te help nie. Ná hulle huwelik het die jong Langenhoven-egpaar dus in Madeline se huis op Ladismith gaan woon. Madeline se vier kinders uit haar vorige huwelik het by hulle gaan bly. Die verhouding tussen Langenhoven en sy stiefkinders was nie baie goed nie, maar ten spyte daarvan was sy en Madeline (later Vroutjie) se huwelik aanvanklik baie gelukkig.

Gedurende hierdie tyd het Langenhoven weens druk op kantoor en sy selfstudie, nie veel tyd aan sy eie skryfwerk bestee nie.

Kannemeyer skryf in Langenhoven: ’n lewe: “Van die oorgelewerde manuskripte is daar net twee waarvan met sekerheid gesê kan word dat dit op Ladismith geskryf is. In 1899 het hy ’n ongetitelde onvoltooide handleiding in Engels geskryf oor die regte van die individu en die relevante regsbepalings, in die besonder regte in verband met eienaarskap, besit, vervreemding, gebruik en gevangehouding.

“Die tweede manuskrip was getiteld The life history of an ostrich, wat die verhaal van ’n volstruis vertel vandat hy uit die eierdop loskom tot by volwassenheid en vereplukstadium, alles in die trant van die diereverhaal gesien vanuit sy belewing van dinge. Dit is in 1953 in ’n klein boekie by Standard Press in Kaapstad deur Langenhoven se stiefskoonseun, Allan Pocock, gepubliseer.”

In Junie 1899 het Langenhoven die LLB-eksamen by die ou University of the Cape of Good Hope geslaag en kon hy as prokureur én advokaat gaan werk het, maar hy het verkies om eerder in die sybalie as prokureur te gaan werk as om ’n advokaat te word. Dit sou hom help om só ondervinding in ’n breër verskeidenheid van gebiede op te doen.

In die prokureurspraktyk op Ladismith waar Langenhoven gewerk het, was daar nie plek vir ’n derde prokureur nie; dus het hy begin rondkyk vir ’n ander firma waar hy as vennoot kon aansluit. Soos die geluk dit wou hê, was daar juis toe ’n opening by ’n prokureurskantoor op Oudtshoorn. Hy is aangestel en het in Augustus 1899 as prokureur in die kantoor van JA Foster begin werk.

Hy is aanvanklik alleen na Oudtshoorn, maar met die uitbreking van die Anglo-Boereoorlog op 18 Oktober 1899 het Madeline en haar kinders saam met hom in ’n huis in Hoopstraat op Oudtshoorn gaan bly.

Kannemeyer skryf dat Langenhoven ook in Oudtshoorn, soos op Ladismith, weer skeppend begin skryf het. In 1900 het J & H Pocock The Resident Magistrates of the Cape Colony in their capacity as judges, sy eerste publikasie in boekvorm, gepubliseer. In 1901 het hy begin met Reminiscences of Clifton Brown, wat ’n vervolgreeks vir ’n Engelse tydskrif sou wees. Die hoofkarakter is ’n skrander prokureur wat soos ’n Sherlock Holmes sy teenstanders met sy intellek en redenasievermoëns probeer fnuik. Hy het dit in 1902 voltooi en laat tik, maar kon dit nie aan oorsese tydskrifte verkoop kry nie.

Langenhoven het besluit om sy vennootskap met Foster te beëindig, skryf Kannemeyer, “en om, sonder die nodige aanvoorwerk, sy hoër graad in die regte te benut en in die hooggeregshof in Kaapstad as advokaat te gaan praktiseer. Dit was nogal ’n drastiese besluit, aangesien Madeline reeds vyf maande swanger was en besluit het om in Oudtshoorn agter te bly. Op 15 Augustus 1901 is Langenhoven as advokaat in Kaapstad toegelaat.”

Langenhoven het haas geen werk gehad sedert hy in Augustus 1901 in die Kaap geland het nie en in Oktober 1901 was hy terug op Oudtshoorn by Vonkies, soos hy sy vroutjie genoem het. Hy het besluit om daar aan te bly tot die geboorte van hulle enigste dogter, Margarita Rachel Engela, wat op 22 Desember 1901 gebore is.

Engela, soos hy hulle dogter van vroeg af genoem het en haar ook as karakter in sy romans en verhale gebruik het, was van die begin af haar pa se oogappel. Kort na haar geboorte het hy sy bekende wiegeliedjie “Liefdesonsin” vir haar geskryf, die Afrikaanse gedig by uitstek waarin die taal se moontlikhede tot verkleinwoorde geïllustreer word en die eerste gedig van Langenhoven wat in Versamelde werke opgeneem is. Die eerste strofe lui as volg:

Lamtietie, damtietie, doedoe my liefstetjie!
Moederhartrowertjie, dierbaarste diefstetjie!
Luister hoe fluister die wind deur die boompietjie:
Heen en weer wieg hy hom al oor die stroompietjie.
       “Doedoe bladertjies,
       Slapenstyd nadertjies;
       Doedoe blommetjies,
       Nag is aan ’t kommetjies:”
So sing die windjie vir blaartjies en blommetjies.

Engela is later met Niko Brümmer, ’n tandarts, getroud en hulle het een seun, Guillaume, gehad. Engela is op 20 Julie 1975 in die hospitaal op Ladismith oorlede. Guillaume, wat in 1971 ’n PhD in wiskunde aan die Universiteit van Kaapstad behaal het, is getroud met Leatitia Conradie en hulle het drie seuns en ’n dogter.

Langenhoven is aan die einde van Januarie 1902 terug na Kaapstad, maar dit het hierdie tweede maal ook nie beter gegaan met sy praktyk nie en teen die helfte van Junie 1902 is hy weer terug by Vroutjie op Oudtshoorn, waar hy een saak behartig het, en teen Augustus was hy weer terug in die Kaap.

“Benewens die swak geldelike verknorsing waarin Langenhoven hom bevind het, het daar nog ’n probleem na vore gekom wat blyk uit briewe wat Vroutjie aan hom geskryf het, naamlik sy oormatige inname van alkohol. Hy kon egter nie die drank laat staan nie, met die gevolg dat sy verhouding met Vroutjie ’n laagtepunt in Oktober 1902 bereik het – soveel so dat hy in ’n brief aan Vroutjie regsadvies gegee het, sou hulle huwelik op ’n egskeiding uitloop.” (JC Kannemeyer: Langenhoven: ’n lewe, p 191)

Daaropvolgend het Langenhoven op 13 November 1902 die Kaapse Hooggeregshof gevra om sy naam van die advokaterol te skrap en hom as prokureur te herstel, en in die tweede helfte van November is hy weer terug op Oudtshoorn as prokureur, weer saam met Foster. Hy het die titel “advokaat” in die omgang behou, al was hy nooit in werklikheid weer advokaat nie.

Hierdie skuif Oudtshoorn toe was net die regte ding om te doen, want met Vroutjie se “ewewigtigheid en praktiese ingesteldheid was sy vir hom die anker” wat hom gehelp het om sy drankprobleem te beheer.

Gedurende dié tyd (November 1902 tot Maart 1912), toe Langenhoven vir die tweede keer as regsgeleerde op Oudtshoorn gepraktiseer het, het hy algemene sake wat gewoonlik op ’n plattelandse prokureur se pad gekom het, hanteer. Dit het sake soos testamente en erfenisse, boedelprobleme, koop- en huurkontrakte, invorderings van agterstallige skuld, dagvaardings en enkele gevalle van diefstal, bedrog, egskeiding en naamskending ingesluit.

Selfs nadat hy in Maart 1912 nie meer voltyds in die praktyk was nie, het hy nog sporadies sake behartig, tot ongeveer 1918 nog. Anna van Velden, sy stiefdogter, het hom bygestaan in sy kantoor in Kerkstraat en later het Allan Pocock, wat met sy stiefdogter, Bessie, getrou het, as kandidaatprokureur by hom en Foster ingeskryf. Langenhoven was tot 1928 as prokureur geregistreer toe hy die Wetsgenootskap van die Kaap die Goeie Hoop versoek het dat sy lidmaatskap beëindig word.

Langenhoven het gedurende hierdie tyd veral naam gemaak met sy betrokkenheid by ’n aantal groot watersake in die omgewing. Kannemeyer skryf: “In hierdie sake het sy pleitstukke getuig van ’n beredeneerdheid en ’n welsprekendheid wat in enige hof indrukwekkend sou wees. Dit het die indruk van baie van sy tydgenote bevestig, naamlik dat hy sy betoog ongelooflik briljant, met ’n presisie in woordkeuse en met ingeboude gevathede as ruspunte, kon opbou, dikwels deur sy illustrasiemateriaal uit die bekende boerewêreld van die Klein Karoo te haal. (...) CGS de Villiers het Langenhoven onthou as ’n redenaar wat oor ’n ‘volmaakte segging’ beskik het, met ’n mimiek wat lewendig en net mooi reg was. Alhoewel hy logies kon betoog en sy gehoor kon meevoer, was hy ook ’n ‘meester-improviseerder’ wat dikwels ’n sypad ingeslaan het.” (Langenhoven: ’n lewe, p 199)

Hoewel Langenhoven groot sukses met sy watersake gehad het, was hy steeds nie gelukkig in sy vennootskap met Foster nie. Tydens een van die watersake het hy lank op Ladismith gebly en het hy dit op ’n stadium ernstig oorweeg om weer by Johnson se firma aan te sluit. Uiteindelik het hy egter besluit om op Oudtshoorn te bly en ’n mens kan aanneem, soos Kannemeyer skryf, dat Vroutjie besluit het dat dit in almal se beste belang sou wees om dit te doen, veral aangesien die kinders al in die skool was; en dan het Vroutjie ook in 1903 ’n huis vir die gesin gekoop. Hierdie huis, wat aanvanklik Woodbine geheet het, is later tot Arbeidsgenot herdoop en sou vir die res van Langenhoven se lewe sy tuiste wees.

Kannemeyer spekuleer in sy biografie dat Arbeidsgenot gekoop is met die hulp van sy pleegpa, Piet Langenhoven, aangesien dit haas onmoontlik vir Langenhoven sou gewees het om ’n huis van daardie omvang op sy eie te koop.

Op Oudtshoorn het Langenhoven weer sy pen gewend tot werke van regskundige aard, sowel as skeppende werk. En hoewel hy op daardie stadium nog geen toekoms vir Afrikaans kon sien nie, het hy aktief aan debatsaande deelgeneem. Hy was ook gemoeid met die organisasie van die debatsverenigings en het reeds gedurende hierdie tyd Afrikaanse bydraes gelewer. In Stukkies en brokkies (1911) en Ons weg deur die wêreld (1914) het hy samesprake opgeneem wat later verval het, soos die samespraak tussen ’n boer, Engelsman en Duitser wat hy onder die titel “’n Weergalmpie van Babel” gepubliseer het. In bogenoemde twee boeke het hy ook “’n Modelletjie vir ’n debat” opgeneem met voorbeelde van toesprake, debatsonderwerpe en ’n eenvoudige modelletjie van reëls vir ’n debatsvereniging.

Vanaf 16 Januarie 1905 het Die trouwbelofte as vervolgstuk in Het Zuid-Westen verskyn en is dit in 1910 in boekvorm gepubliseer. Voor 1910 het hy ook “Ons almaal se erfenis” geskryf wat in die manuskrip die titel “Rein geluk” gehad het, asook “Die grijsaards jeug”. Een van Langenhoven se vroegste geskrifte in Afrikaans was “Die tweetalige vonnis” wat sir Henry Juta in sy Reminiscences (1912) opgeneem het. Hierdie samespraak het uit 1906 gedateer en is later in verwerkte vorm in Ons weg deur die wêreld opgeneem.

In 1906 het hy by die Zuid-Westelijke Drukpers en Uitgevers op Oudtshoorn Iets over arbiters en arbitraties uitgegee, ’n kort pamflet wat hy op versoek saamgestel het. Daarin het hy die tipe geskille wat ’n arbiter kan besleg, uiteengesit, asook wie as arbiters aangestel kan word, wie hulle aangestel het, watter mag hulle het en hoe ’n arbiter sy plig moes doen. Volgens Kannemeyer was die stelwyse en pittige sêgoed reeds tipies Langenhoven.

Nog voordat Langenhoven bewustelik tot die taalstryd toegetree het, het hy reeds in Afrikaans geskryf. In 1909 is De waterzaak gepubliseer en in 1912 ’n verwerking daarvan as Die wêreld die draai. Dit was duidelik dat hy van die konsep van hierdie toneelstuk gehou het, aangesien hy dit telkens in verwerkings heruitgegee het. In 1926 het hy weer daaraan gewerk en het dit as Die laaste van die takhare verskyn.

Kannemeyer skryf (p 240–1): “Met die sonde-met-die-bure, die stryd tussen die tale en die verandering in die maatskaplike patroon werk die drama (Die laaste van die takhare) met motiewe wat later bekende konstantes in Langenhoven se werk sou wees.”

In 1910 het Langenhoven tot die taalstryd toegetree. Dit was ietwat onverwags, aangesien hy in sy studentejare ’n hartstogtelike bewonderaar van Engels was en verklaar het dat Engels die toekomstige taal van Suid-Afrika sou wees. In 1893 het hy geskryf: “For intellectual training Africander Dutch offers no scope, for it has no literature, and a very poor vocabulary.”

In Maart 1910 het die “tydelike tydskrif” The State ’n artikel van Langenhoven getiteld “The problem of dual language in South Africa” gepubliseer en oor die artikel was die Engels in hulle “knoppies” soos hy dit gestel het, aangesien hulle geglo het dat hy hulle standpunt, die besware teen staatsgedwonge tweetaligheid, beter verdedig het as wat hulle dit self ooit gedoen het. (Langenhoven: ’n lewe, p 230)

Langenhoven het egter in U dienswillige dienaar geskryf: “[V]an die begin af dat ek my aandag aan die saak gegee het, het ek met volkome helderheid ingesien dat die stryd in die eerste plaas nie teen Engels was nie, maar teen die onbruikbare, onleerbare, in Suid-Afrika morsdooie Hooghollands wat juis in die Engelse voordeel was omdat hy met sy plaaslik lompe magteloosheid self nie teen Engels kon stry nie en net in die pad gestaan het van die regte aanval wat sou slaag. En daarvandaan, as ’n onverbiddelike logiese noodsaaklikheid, (...) was ’n groot deel van my stryd vir Afrikaans nie soseer ’n stryd teen Engels nie as ’n stryd teen Nederlands.”

Soos die Engelse blaaie die stuk opgehemel het, so het die Nederlandse blaaie Langenhoven aangeval. Hy was die “Jingo-renegaat” wat teen ons “moedertaal” te velde getrek het om die Engelse welbehaaglik te wees – terwyl hy in die werklikheid “ons moedertaal” glad nie bespreek het nie. “En,” skryf hy verder in U dienswillige dienaar, “van daardie aanval af dateer my besieling om vir Afrikaans te stry. Dit het die mokerhoue van my partygenote en kant-genote gekos om my warm te maak. En die geveg wat gevolg het, het self gesorg dat die warmte nooit weer afgekoel het nie.

“Had die Engelse minder gejuig en die Dietsers minder gevloek oor my stuk in ‘The State’, dan heel moontlik was Langenhoven vandag nog in die geregshof besig met die besteding van sy kunstelose skryftalent aan die opstel van Engelse en Hooghollandse testamente en kontrakte. En sy boeke sou nie daar gewees het vir die gebruik van die volk en tot gruwel vir die kunsgesag nie.”

Langenhoven het dus met sy “bekering” tot Afrikaans (in April of Mei 1910) sy eintlike doel in die lewe gevind, naamlik om te baklei vir die regte van Afrikaans en om literatuur te skep sodat die gebruik van Afrikaans respek sou afdwing.

In Mei 1910 gee hy ’n boekie van 28 bladsye uit by De Zuid-Westelijke Drukpers en Uitgevers Maatschappij. Dit was getiteld Padlangers en zonder doekies: ’n Afrikaansch boodschap van ’n Afrikaander aan Afrikaanders. Oor die boekie skryf Kannemeyer: “Die kort verhandeling is die eerste voorbeeld van Langenhoven se betogende prosa in Afrikaans. Vir kenners van sy latere werk illustreer dit treffend hoe hy in die bestek van twee dekades daarin geslaag het om sy eie rudimentêre skryftaal tot ’n fyn instrument te slyp.”

Een van die eerste take wat Langenhoven na 1910 in belang van Afrikaans gedoen het, was die publikasie van The royal road to Cape Dutch. Gedurende hierdie tyd was daar baie Engelstaliges en Jode in Oudtshoorn wat nie Afrikaans kon verstaan nie. Om hierdie mense in sy eie vriendekring, asook die algemene Engelstalige bevolking van Suid-Afrika, te help, het hy hierdie handleiding in drie “stages” opgestel: deel I is ’n “grammar”, terwyl deel II bedoel is as “a reading primer being the farce Die trouwbelofte with notes and exercises and vocabulary”. Die eerste twee dele het ook by Pocock verskyn, maar die derde deel is nooit gepubliseer nie.

In 1911 het J & H Pocock Die familie zaak gepubliseer, ’n geestige klug verwant aan Die wêreld die draai.

In September 1912 is Langenhoven se Afrikaanse verjaardagboekie in Oudtshoorn uitgegee en dit is in 1924 grootliks gewysig en opnuut as Ons geliefde verjaarsdagboekie uitgegee. Hy het in 1922 die 366 spreuke in hierdie boekie met kritiese opmerkings aangevul en die aantal spreuke verder uitgebrei vir opname in Ons weg deur die wêreld.

In 1912 het Langenhoven in die joernalistiek beland. Destyds was daar op Oudtshoorn ’n tweemaal-weeklikse tweetalige nuusblad, Het Zuid-Westen, wat tydens of net voor die Anglo-Boereoorlog tot stand gekom het onder die redakteurskap van Nico Hofmeyr. Die berigte was almal in Nederlands, maar die mense het nie vir hulle plesier die koerant gelees nie. En daar het omtrent nooit ’n Afrikaanse woord in Het Zuid-Westen voorgekom nie.

Na Hofmeyr se bedanking was daar verwisselings van redakteurs. By een so ’n verwisseling het Langenhoven aansoek om die redakteurskap gedoen. Daar was twee hoofbesware teen sy aanstelling, naamlik dat hy daarop sou staan om te skryf wat hy wou en nie wat hom voorgesê word nie (wat, volgens Langenhoven self, heeltemal gegrond was); die ander een was dat hy te slim was, “en hierdie beswaar was ’n onregverdige, ongegronde en valse en snode laster. Hemel. Daar is nie ’n skrywer of ’n spreker wat my in eenvoud en helderheid oortref nie; teen alle vorms van subtiliteit en kasuïstery en sofistery het ek ’n ewige renons. Ekself vind dit onmoontlik om te beslis met watter klas mense ek nog die meeste sonde in my lewe gehad het, die dommes of die slimmes.”

Intussen het Langenhoven gereeld bydraes aan veral De Volkstem, wat in Pretoria gesetel was, gestuur. Dit was ook as gevolg van die berugte artikel in The StateDe Volkstem het Langenhoven, na sy mening, met meer eerlikheid behandel as ander Nederlandstalige blaaie en hy het die redaksie in ’n persoonlike brief bedank. Hulle het hom genooi om bydraes te stuur, waarop hy geantwoord het dat hy hom voorgeneem het om nooit weer Nederlands te skryf as dit nie Afrikaans kon wees nie. Maar hy het nie besef dat Afrikaans in die noorde al baie verder gevorder was as in die suide nie. Hy het dus gereeld bydraes gestuur, asook aan Die Brandwag.

Op daardie tydstip het die redakteur van Het Zuid-Westen, JH Malan, vir ’n maand met verlof gegaan het en is Langenhoven gevra om in sy afwesigheid hoofartikels te skryf. Hierdie artikels was uit die aard van die saak in Afrikaans – die eerste Afrikaanse artikels wat ooit in die redaksiekolomme van Het Zuid-Westen verskyn het. En die mense het gelees en die lees was vir hulle ’n openbaring. Selfs die direkteure het tot ontnugtering gekom, skryf Langenhoven. Toe Malan vroeg in 1912 as redakteur bedank het, het die direkteure “my aansoek met volhartige gewilligheid aangeneem”.

“En van toe af het die land gedreun – want die nuutherbore Zuid-Westen was spoedig wyd en syd bekend as ’n blad met ’n lewende persoonlike siel daarin – van toe af het die land weergalm van Afrikaans-propagandakrete soos nooit tevore gehoor is nie,” het Langenhoven in U dienswillige dienaar geskryf. “Die nuwe redakteur wis waar hy wou heen; hy had die logiese aanvalpunt raakgesien en daarop het hy gekonsentreer met ’n vuurspuwende geesdrif, somtyds met ’n woeste geweld van onbeteuelde taal, wat vir geen gesag of tradisie of rang of stand teruggedeins het nie. Moenie glo dat ek destyds die sagte, nederige, bedaarde skrywer was, sleg van goeiigheid, wat ek in later jare geword het en tot vandag toe gebly het nie. (...)

“Met Het Zuid-Westen had ek my wapen in die hande gekry, en my hart en siel was in die stryd. Nooit tevore en nooit daarná het ek op die lang aanhou so hard gewerk dag en nag aanmekaar nie.”

Gou moes Langenhoven assistente aanstel om hom te help. Die eerste, O Felix Prins, was ’n “vars-ingevoerde Hollander; en buiten dat hy, nes ’n vak-unionis, sy eie werkure wou kies”, het hy ook niks van Afrikaans geweet of van geken nie. Die tweede assistent was Sarah Goldblatt, ’n Joodse dame, wat gou Afrikaans geleer het en ’n huisvriendin geword het. Sy het later sy vertroueling, sy klankbord en waarskynlik ook sy minnares geword, en as kuratrise van sy literêre nalatenskap het sy die Langenhoven-mite tot met haar eie dood in 1975 met drif en toewyding aan die gang gehou.

“Die politiek in die koerant was bysaak; nuusberigte, rampe en geboortes en sterfgevalle, huwelike en egskeidings was maar aanvulling; die hele Zuid-Westen was nommer vir nommer een aanhoudende dawerende geskal van Afrikaans-propaganda, met teorie en praktyk, met voorskrif en voorbeeld,” het Langenhoven in U dienswillige dienaar geskryf.

Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog en die ineenstorting van Oudtshoorn se volstruisbedryf het Het Zuid-Westen wat van sy ontstaan af ’n skuldlas gehad het, nog enige maande voortgesukkel en is toe, op 9 Januarie 1915, gestaak. “En daarmee het een van die gelukkigste tydperke van my lewe op ’n end geloop,” het hy geskryf.

Tydens sy redakteurskap van Het Zuid-Westen het hy in 1913 ’n opdrag van die Oudtshoornse vieringskomitee ontvang om ’n toneelstuk te skryf wat geskik sou wees om op Dingaansdag opgevoer te word. Hy het Die hoop van Suid-Afrika binne twee middae en twee aande geskryf. Binne drie weke nadat hy daaraan begin werk het, op 8 November, is dit as ’n spesiale bylae tot Het Zuid-Westen gepubliseer. Die eerste produksie was onder Langenhoven se spelleiding in die Oudtshoornse Teatersaal. Hy het self die rol van Retief vertolk, terwyl sy stiefdogter Antoinette Lilienfeld die rol van Hoop en Allan Pocock die rol van goewerneur Stockenström gespeel het.

Op 24 Oktober 1913 het Tobie Muller, ’n predikant en sterk voorstander van Afrikaans, ’n lesing voor die Afrikaanse Taalvereniging op Stellenbosch gelewer getiteld “Die geloofsbelydenis van ’n Nasionalist”. In hierdie lesing het hy onder andere voorgestel dat die Afrikaanse kind tot by die tweede of derde standerd Afrikaans moet leer lees en skryf en daarna Nederlands leer lees. Hierdie uitspraak was vir Langenhoven die dryfveer om langs die politieke weg die posisie van Afrikaans te bevorder en het dit sy daadwerklike optrede vroeg in 1914 verhaas.

In ’n brief aan Het Zuid-Westen van 19 Januarie 1914 het Langenhoven ’n sterk pleidooi gelewer dat daar ’n nuwe lid vir Oudtshoorn in die komende Provinsiale Raadsverkiesing verkies moet word. Hy het gemeld dat hy heelwat name kon voorlê wat bekwaam sou wees, maar “daar is ’n laaste naam wat in mij gedagte kom en dié is mij eie. Ik sal nie die ou eleksie-storie van weersinnige opoffering herhaal nie. Vir mij sou dit geen opoffering wees om aan die wétgewing van mij land deel te neem nie maar ’n voorreg. En als dit ’n opoffering was dan sou ik dit van harte gun en nie daaroor kla nie, of anders dit glad nie maak nie. Ik sien daar geen roem in om die altaar van mij land te ontheilig met ’n ongegunde brandsiekbok nie. Ik gee vrijwillig, of ik gee in ruil, of ik gee glad nie.” (Langenhoven: ’n lewe, p 287)

Hoe Langenhoven hom as ’n kandidaat vir die Provinsiale Raad verkiesbaar gestel het, was buitengewoon en ook heel uniek in die Suid-Afrikaanse politieke geskiedenis. Daar was sekere dinge wat wel in sy guns getel het: Die kiesers was ontevrede met die sittende lid en die outokratiese optrede van die administrateur, sir Frederic de Waal, het hulle nie aangestaan nie.

Op 2 Maart 1914, nominasiedag, is Langenhoven deur Atties Fourie voorgestel as kandidaat vir die Provinsiale Raad as lid van die Suid-Afrikaanse Party. Daar was geen verdere nominasies nie; dus is hy onbestrede as verkose lid verklaar.

Aan die begin van April 1914 het Langenhoven per trein na Kaapstad vertrek vir die eerste sitting van die Provinsiale Raad. Hy het in Kaapstad in die Royal Hotel tuis gegaan.

Sommer dadelik het hy besluit om sy “pogingkie” vir Afrikaans te doen en op 23 April 1914 het hy die volgende mosie ingedien:

“De heer Langenhoven stelde voor, gesekondeerd door de heer van Rooy: Dat deze Raad goedkeuring hecht aan de toenemende handhaving door het Onderwijs Departement van deze Provincie van het gezonde beginsel van onderwijs door medium van de moedertaal der leerlingen, zoals neergelegd in de Onderwijs Ordonantie, en verder aanbeveelt dat dat beginsel verder uitgebreid worde door het gebruik van het Afrikaans-Hollands als medium op onze lagere scholen tot en met de Vierde Standaard waar het Hollands volgens wet de voertaal is: Mits dat geen leesboeken, in het Afrikaans geschreven, voorlopig worden toegelaten tenzij dezelve voorzien zijn van een getuigschrift van goedkeuring door een of meer personen van erkende bevoegdheid, daartoe benoemd door hetzij Superintendent van Onderwijs, hetzij, ‘de Zuid-Afrikaanse Akademie voor Taal, Letteren en Kunst’: en mits het gebruik van zodanige leesboeken niet toegelaten worde waar het betrokke schoolkomitee er bezwaar tegen heeft.”

Hierdie mosie is sonder een enkele teëstem aanvaar. In 1917 is Afrikaans in die hele laerskool ingevoer en vanaf 1920 ook in die hoërskool.

In ’n brief gedateer 23 April 1914 skryf Langenhoven aan Vroutjie: “(...) Ik voel so gelukkig (dat die mosie deurgegaan het) dat ik kan huil, maar so kapot dat ik kan neerslaan. Ik het dag en nag gewerk met vriend en vijand. Hier het ik nie eens nodig gehad om te praat bijna nie – ik het die saak gewin gehad voor dat ek agtermiddag hierin gekom het. (...) En mij eie mense hier – die voorstanders van Afrikaans in die Kaap – het mij soos gewoonlik in die steek gelaat totdat ik vir hulle geseg het: Gaat nou julle naar die bliksem, ik is gewénd om alleen te staan. En ik het alleen gestaan en die ding deurgeverg.” (Langenhoven: ’n lewe, p 297)

Langenhoven het Oudtshoorn ses jaar lank in die Provinsiale Raad verteenwoordig. Nadat hy aanvanklik onbestrede verkies was as lid van die Suid-Afrikaanse Party, het hy in 1915, nadat Smuts en Louis Botha Duits-Suidwes-Afrika binnegeval het, die “vloer gekruis” in die Provinsiale Raad en aan die begin as enigste Nasionalis die politieke rigting van genl Hertzog gesteun. Hy was die enigste lid wat teen ’n voorstel gestem het wat waardering uitgespreek het vir Botha se inval in Duitswes. Toe daar ’n voorstel ingedien is dat die name van onderwysers wat aan die Rebellie deelgeneem het, van die rol geskrap word, het hy weer daarteen gestem. Sy kiesers uit De Rust het hom in sy besluite gesteun. SP le Roux, wat in daardie dae ’n jong advokaat met boerderybelange in De Rust was, het aan hom ’n brief van gelukwensing gestuur. Dié twee het baie gou politieke maats en hegte vriende geword. Toe Le Roux se seun Stephen (later Etienne Leroux) gebore is, is Langenhoven as sy peetvader aangewys. (Langenhoven: ’n lewe, p 299)

Langenhoven se verbintenis met die Nasionale Pers, die uitgewershuis wat met die stigting van Die Burger tot stand gekom het, dateer ook uit sy jare as politikus. Sy eerste publikasie by Nasionale Pers was ’n pamflet van 24 bladsye, onder die skuilnaam Paddastoel, wat ’n Vriendelike woord aan die Zappe geheet het.

In 1919, ten tye van die vredesonderhandelinge van Versailles na die Eerste Wêreldoorlog, het Langenhoven ’n stuk vir genl Hertzog geskryf oor die posisie van die klein nasies teenoor ’n verswelgende imperialisme. Hierdie stuk, “’n Paar algemene oorweginge omtrent geskiedenis-studie”, is saam met ’n stuk van GS Preller gepubliseer onder die titel Twee geskiedkundige opstelle.

In 1919 het Langenhoven ook twee werke in Engels geskryf – albei met die oog op die vredesonderhandelings. Op 18 Januarie 1919 het hy ’n telegram van dr Malan ontvang met ’n opdrag vir die boek Republicans and sinners. Op 1 Februarie 1919 het die boek onder die skuilnaam A Loyalist verskyn – ’n illustrasie van hoe vinnig hy ’n boek kon afhandel. Dit is opgedra aan pres Woodrow Wilson van die VSA, en daarin het Langenhoven dít wat hy as die kenmerkende eienskappe en ideale van die twee blanke bevolkingsgroepe in Suid-Afrika beskou het, weergegee.

Later in 1919 het Langenhoven The everlasting annexation geskryf wat hy half ironies opgedra het aan JC Smuts. Dit is aangebied as ’n toekomsfantasie waarin die wêreld, uitgesonderd Suid-Afrika en die res van Afrika, deur ’n ontploffende ster weggeskeur word. Die Britse Ryk is daarmee heen, dus is dit die einde van die Britse oorheersing en kom die Nasionale Party aan die bewind, onder meer met die herstel van taalregte van die Afrikaners en met die behoud van taalregte van die Engelse.

Vanaf 2 tot 4 Julie 1914 het die Zuid-Afrikaansche Akademie voor Taal, Letteren en Kunst hulle vyfde jaarvergadering in Bloemfontein gehou. Langenhoven, wat in 1913 tot lid van die Akademie verkies is saam met mense soos DF Malherbe, TH le Roux en J Kamp, het hierdie vergadering bygewoon. En daarby die geleentheid gesien om sy saak vir Afrikaans te bevorder en sy ideale te verwesenlik. Hy het ’n drieledige voorstel voor die Akademie ingedien:

“I. (Die Akademie) neemt met belangstelling kennis van die besluite wat daar gepasseer werd door die Provinsiale Rade van die Kaap, Vrijstaat en Transvaal met betrekking tot die aanwending van Afrikaans als voertaal bij die lagere onderwijs, en heg sijn goedkeuring aan die Redes wat die Provinsiale Rade gelei het tot gemelde besluite ... II. Die Akademie besluit om met die oog op die resolusies, insonderheid van die Kaapse en Transvaalse Provinsiale Rade, waarvoor sijn medewerking ingeroep word, uit sijn midde ’n kommissie te benoem om die departement van onderwijs behulpsaam te wees insake leermiddele in Afrikaans ... III. Die Akademie besluit als ’n voorlopige maatregel om eenvormigheid van spelling te verkrij, om die regels wat hier bijgaan en onderteken is deur dr TH le Roux en andere, aan te beveel aan skrijwers van skoolboeke in Afrikaans; en benoem ’n Kommissie om die regels te redigeer en te formuleer, latende die inhoud en grondslag daarvan onveranderd.”

Hierdie voorstel is na bespreking, veral oor die eerste punt, met 19 stemme teenoor 2 aanvaar.

Op die laaste dag van hierdie vergadering van die Akademie het Langenhoven sy rede “Afrikaans als voertaal” gelewer. Hierdie lesing is later opgeneem (met spellingverskille) in die derde deel van Ons weg deur die wêreld. Kannemeyer skryf dat wat ’n mens in hierdie rede veral opgeval het, is weer Langenhoven se “afwisseling van stelling en illustrasie of betoog en beeld, alles gerugsteun deur kragtige logika wat die hele lang rede van 57 bladsye stewig bind”.

Hierdie rede het ’n geweldige impak gehad. Nie alleen het lede van die Akademie wat aanvanklik nog getwyfel het, hulle nou heeltemal ten gunste van Afrikaans uitgespreek nie, maar ook lede wat met hulle aankoms in Bloemfontein nog baie sterk ten gunste van Nederlands as landstaal was, is deur dié rede oorgehaal om ten gunste van Afrikaans te stem.

Gedurende hierdie tydperk in sy lewe het Langenhoven ernstige gesondheidsprobleme ondervind. Dit kon toegeskryf word aan sy harde en ongereelde arbeid wat gelei het tot hoofpyne en senuweeprobleme. Ook kon sy oormatige drankgebruik dalk tot sy swak gesondheidstoestand bygedra het. Hoe dit ook al sy, dit het nie inbreuk gemaak op sy werkvermoë nie. Hierdie indrukwekkende werkvermoë van Langenhoven het nóú saamgehang met sy gemoedstoestand wat gewissel het van depressie tot opwinding – iets wat tekenend is van iemand wat bipolêr is.

In 1918 is Langenhoven se eerste werk (uitgesonderd politieke pamflette) in drie jaar gepubliseer, naamlik Die vrou (in die eerste uitgawe vrouw) van Suid-Afrika. Hy was gedurende daardie paar jaar baie besig met die taalstryd en politieke sake, maar vanaf die twintigerjare het daar jaarliks ’n stroom publikasies uit sy pen verskyn, partykeer soms twee per jaar en soms tot vier.

Die vrouw van Suid-Afrika is aangedui as ’n vervolg op Die hoop van Suid-Afrika, en as ’n “dramatiese fantasie”, en met “treurende liefde opgedra aan die nagedagtenis van my ontslape pleegmoeder, Maragrita Susanna Petronella Langenhoven, geb Blignault, ’n vrou van Suid-Afrika”. Terwyl Die hoop van Suid-Afrika die geskiedenis van Suid-Afrika van 1650 tot en met 1838 met die Slag van Bloedrivier vertel, handel Die vrou van Suid-Afrika oor die periode van 1842 tot 1902, die einde van die Tweede Vryheidsoorlog. (Langenhoven: ’n lewe, p 299)

In ’n resensie in Die Huisgenoot van November 1918 het HA Fagan, wat ’n vriend van Langenhoven was, Die vrou ernstig gekritiseer. Hy het gemeen dat die politieke karakters en twisgesprekke die poëtiese kwaliteit van die stuk skaad. Die drama lyk volgens Fagan asof dit oorhaastig geskryf is, ook wat die taalgebruik betref. Hy het egter gemeen dat dit by ’n opvoering indruk sou maak.

Langenhoven was baie heftig in sy kommentaar op hierdie kritiek en het die redaksie van Die Huisgenoot versoek om voortaan alle vermelding van sy werk te staak. In die 1920’s het sy gevoel teen kritiek só opgelaai dat hy die woorde “Geen resensie word gevra nie” voorin sy publikasies geplaas het.

In Die onmoontlike tweeling, ’n drama wat in 1920 gepubliseer is, het hy aangesluit by Die wêreld die draai. Daar is egter ook iets van sy sonde-met-die-bure-motief aanwesig. Die stuk werk basies met ’n reeks verwarrings. Met Vrouetrou (ook ’n drama) het Langenhoven weer aangesluit by ’n vroeëre werk van hom, naamlik Die verlore soon, wat in voltooide vorm slegs in Het Zuid-Westen verskyn het en een van sy mislukkings was. In Die Brandwag het Eugène Marais dit gehad teen die “onberijmde versmaat” en die feit dat die skrywer nalaat om sy gehoor te verras. In ’n brief aan Sarah Goldblatt het Langenhoven geskryf dat hy meen Vrouetrou is van die beste werk wat hy ooit gedoen het, hoewel hy sy eie oordeel al meer begin wantrou.

Die eensame hoop (1922) is weer ’n soort vervolg op Die hoop van Suid-Afrika en Die vrou van Suid-Afrika, met dieselfde allegoriese karakters. Dit is op kinders gemik en beskryf die geskiedenis van die vroeë skeepsvaarders om die Kaap tot en met die aankoms van Jan van Riebeeck. Dit is ’n eenvoudige vertelling wat geskryf is in ’n tyd toe klein geskiedenisse van dié aard nog nie in Afrikaans beskikbaar was nie. Dit toon weer Langenhoven se meelewing met sy eie mense. En Langenhoven as opvoeder en didaktikus.

Langenhoven het reeds in 1915, kort na die stigting van die Nasionale Party, ’n tak op Oudtshoorn gestig. Hy het die eerste voorsitter geword en redelik gou is hy in die hoofbestuur van die Kaaplandse Nasionale Party en van 1929 tot sy dood voorsitter, terwyl hy van die begin af lid was van die Federale Raad. In 1915 het hy hom verkiesbaar gestel vir die Volksraad, waar hy Oudtshoorn sou verteenwoordig. Hy is aangewys as die Nasionale Party se kandidaat, maar het in die verkiesing van Oktober 1915 met 281 stemme teen die Suid-Afrikaanse Party se kandidaat verloor.

Dit was egter ’n ander saak met die Volksraadsverkiesing van 1920. Langenhoven het die setel met ’n meerderheid van 225 teen die Suid-Afrikaanse Party se AH Mulder verower. SP le Roux, sy vriend, was egter bang dat Langenhoven ongelukkig en gefrustreerd in die Volksraad gaan wees wanneer hy nie sy doelstellings vinnig genoeg sou bereik nie. En dit was dan ook só. Nie lank na die verkiesing nie het hy aan Le Roux genoem dat hy wil terugkeer na die Provinsiale Raad en dat Le Roux in sy plek hom verkiesbaar moet stel as Volksraadslid. Maar Le Roux het geweier.

Maar al het Langenhoven voorbehoude gehad oor die Volksraad en sy verrigtinge, het hy baie gou uitgeblink as een van die mees indrukwekkende sprekers van die Nasionale Party. Hy het feitlik nooit met ’n uitgewerkte toespraak of selfs notas voor hom gepraat nie. As hy begin praat, “was dit of jy ’n sterk sydraad uit ’n gesponne kokon sien afrol,” het MER gesê. Weens hierdie redenaarsvermoë en sy insig in sake het Langenhoven ’n gewilde spreker by allerlei geleenthede geword. ’n Klein aantal van sy toesprake is in Versamelde werke opgeneem en daaruit kan ’n mens duidelik sy wye belangstellingsveld en kundigheid sien. Die onderwerpe wat hy aangeraak het, het oor ’n groot spektrum gestrek – van letterkundige styl tot probleme soos inkomste en uitgawe en die vooruitsigte van die Britse Ryk.

Vroeg in Februarie 1921 was daar weer ’n Volksraadsverkiesing en hierdie keer moes Langenhoven Oudtshoorn se setel aan die Suid-Afrikaanse Party afstaan nadat hulle dit met ’n meerderheid van 115 stemme gewen het. En hoewel hy vooraf besef het hy staan eintlik nie ’n kans nie, was die uitslag tog vir hom ’n pynlike ervaring.

Na Langenhoven se toetrede tot die politiek was sy salaris as politikus sy enigste vaste inkomste. Sy uittrede uit die politiek het beteken dat hy hierdie inkomste verloor het. Hy het dus probeer om ander werksgeleenthede te soek, aangesien die politiek ook maar wisselvallig was. In 1921 het hy sy oog op die professoraat in die regte aan die Universiteit Stellenbosch gehad, maar dit het nie gerealiseer nie.

Intussen het SP le Roux met ander jong Nasionaliste gepraat oor die moontlikheid om Langenhoven as senator verkies te kry. Aanvanklik wou Hertzog en Malan nie byt aan die idee nie, veral omdat Langenhoven bekend was as ’n individualis en sy sporadiese drinksessies en die probleme wat dit meebring, daarby ook welbekend. Uiteindelik het Hertzog tog ingestem en in 1921 is Langenhoven tot senator verkies – ’n posisie wat hy, met ’n herverkiesing in 1929 – tot sy dood beklee het.

Langenhoven het hierdie “opgang” van die laerhuis na die hoërhuis van die politiek geniet, want as senator was hy nie só betrokke by die politieke sleurwerk nie en kon hy meer aandag aan sy skrywery gee. Hierdie verhoogde status het by geleentheid aan Langenhoven heelwat vermaak verskaf. In sy “Parlementaire bydraag” vir die Nuwejaarsnommer van Die Burger in 1922 het die volgende limeriek verskyn.

Die bontspan het kwaai Langenhowe
Van sy vorige bakleiplek berowe; 
Toe word hy senater,
En kwater en kwater
Oor sy val van benede na bowe. 

In sy hoedanigheid as senator het hy ’n belangrike rol gespeel in die erkenning van Afrikaans as amptelike landstaal in 1925. Aan die begin van 1925 het almal in die Parlement, op enkele uitsonderings na, óf Engels óf Afrikaans gepraat, terwyl die wetgewing self in Engels en Nederlands opgestel moes word. 1909 se grondwet het bepaal dat Engels en Hollands die twee amptelike tale is. Maar met die Nasionale Party se oorwinning in die verkiesing van 1924 was die tyd ryp vir ’n verandering.

Op 18 Februarie 1925 het dr DF Malan, die nuwe minister van onderwys en binnelandse sake in die Paktregering in die Volksraad, voorgestel dat ’n gesamentlike komitee van die Volksraad en Senaat benoem word “om de kwestie te overwegen, of, en indien wel, in hoeverre, de Afrikaanse vorm van de Hollandse taal in plaats van die Nederlandse taal-vorm van Hollands gebruikt zal worden ten aanzien van Wetsontwerpen en Wetten van het Parlement, asook ten aanzien van officiële dokumenten van beide Huizen”. (Langenhoven: ’n lewe, p 432)

Hierdie mosie is deur beide huise aanvaar en ’n gesamentlike komitee van die twee huise is benoem om die mosie te ondersoek. Uit die Senaat is Langenhoven saam met Reitz en Schweizer benoem en uit die Volksraad dr Malan en CJ Krige en AG Barlow.

Na die ondersoek afgehandel is en al die nodige getuies ondervra is, het die komitee ’n aanbeveling aan die twee huise gemaak waarvolgens Afrikaans een van die amptelike landstale van Suid-Afrika sou word. Die konsepwetgewing is op ’n gesamentlike sitting van die Senaat en die Volksraad goedgekeur en op 27 Mei 1925 is Afrikaans amptelik as ’n landstaal erken. Dít waarvoor Langenhoven in 1914 tot die politiek toegetree het, is na meer as tien jaar uiteindelik verwesenlik.

Wanneer Langenhoven in Kaapstad was vir die Parlementsittings of Kaapstad om ander redes moes besoek, het hy gewoonlik by Sarah Goldblatt (eers in die Tuine en later in Mowbray) tuisgegaan. Sy moes hom telkens, met eindelose geduld en teerheid, fisiek uit die ellendes van sy drankverslawing red, soms deur hom letterlik in die huis in te dra en te verpleeg.

Hoekom sy haar hele lewe feitlik aan Langenhoven gewy het, het altyd ’n ope vraag gebly. Dit kon gewees het dat sy die soort mens was wat só ’n groot bewondering vir Langenhoven se skryftalent gehad, asook vir die mens wanneer hy nugter was, dat sy bereid was om alles vir hom te doen. Die skrywer wat met woorde kon toor, en sy ywer vir sy taal en sy stryd in belang van Afrikaans, het haar ook aangevuur en betekenis aan haar lewe gegee. Op hierdie wyse het ’n dissipelskap ontstaan wat ’n hele lewe lank sou duur.

In Sarah het Langenhoven ook ’n geestelike maat gevind wat ’n mens selde in ’n leeftyd kry. Sy was die persoon buite sy huislike kring wat sy hartstog vir sy ideale verstaan het, wat sy kunstenaarsiel begryp het en vertroetel het en vir wie hy ten volle met sy werk kon vertrou.

Die twee het deur die jare ’n drukke korrespondensie gevoer en uit die korrespondensie is dit duidelik dat daar ’n baie hegte en diep vriendskap tussen hulle was. Sarah kon die geweldige eise wat Langenhoven aan haar gestel het, asook sy wispelturigheid, hanteer en die vriendskap kon dus deur al die jare behoue bly. Maar almal, ook na albei se afsterwes, het altyd gewonder of hierdie vriendskap meer intiem was. Vriende van Sarah, soos Audrey Blignault en Alba Bouwer, was verstom oor die oorgawe waarmee Sarah haar pligte as letterkundige administratrise nagekom het. Elsa Joubert, wat ook ’n vriendin van Sarah was, was oortuig daarvan dat hierdie ywer en oorgawe, wat aan fanaties gegrens het, voortgespruit het uit seksuele frustrasie, skryf Kannemeyer.

Die praatjies het voortgevloei uit die feit dat Langenhoven so gereeld by Sarah in Kaapstad tuisgegaan het. Na Sarah se dood was daar gerugte van ’n seksuele verhouding tussen die twee, maar Jan Scannell het hierdie gerugte as onwaar afgemaak. Kannemeyer meen egter dat Scannell die kodes wat daar in die korrespondensie tussen Langenhoven en Sarah was, kon misgekyk het. In ’n brief van 11 Januarie 1926 het Sarah geskryf dat sy alle briewe van hom noukeurig nagegaan het. Alle briewe te make met sy manuskripte, politiek en die pers het sy gehou en die ander tot niet gemaak. Terwyl sy hiermee besig was, het sy “seergekry”, want elke brief “hou ’n intieme skakel uit die verlede voor my oë, en dit vind dadelik weerklank in my geheue en hart”. (Langenhoven: ’n lewe, p 650)

Daar is vir seker kodes wat gereeld in briewe tussen hulle na vore kom wat nie begryp kan word as dit nie op ’n intieme verhouding tussen hulle dui nie. Telkens in die briewe is daar ’n soort refrein wat daardeur loop: “Alles is beuselagtig op die een ding ná wat ek nie kan skryf nie” (7 Julie 1924); “Daar is nie ’n ding wat ek sou kan sê nie of ek moet stilbly daarvan” (13 November 1924); “Jy weet, Sub, daar is niks hiervandaan te skryf nie, of ek moet skryf wat ek nie kan skryf nie” (7 Januarie 1925); “Maar ek kan nie vir jou skryf nie want oor die een ding waar my hart vol van is moet ek nie skryf nie” (16 Junie 1925).

Benewens die los praatjies en gerugte was daar ander inligting wat meer lig op die hele saak werp. Die Pococks was doodseker dat daar ’n verhouding was. Die rede waarom hulle nie van Langenhoven gehou het nie, was volgens Joyce Pocock (in 1991) “because he was always drunk ... and then, that terrible business with Sarah Goldblatt”. Vroutjie se kleindogter, Marjorie Pocock, het haar opinie oor Langenhoven se “seksuele onversadigbaarheid en onstuimighede” duidelik laat hoor. (Langenhoven: ’n lewe, p 652)

Dan het Guillaume Brümmer, Engela se seun, sy ouma en moeder een aand hoor gesels. Hy onthou sy ouma uit sy kinderdae as ’n baie wyse en liefdevolle vrou wat haar in die donker dae van Engela se eie drankprobleme baie oor haar dogter bekommer het en haar op alle moontlike wyses probeer help het. Toe hy ongeveer elf of twaalf jaar oud was, het Vroutjie by hulle op Beaufort-Wes gekuier. Hy het by sy ouma in die kamer geslaap en wakker geword tydens die gesprek sonder dat die twee vrouens dit geweet het. Langenhoven se verhouding met Sarah het ter sprake gekom. Op Engela se vraag hoekom haar ma dit alles verduur het, het Vroutjie geantwoord: “Ek het hom liefgehad.” Sy het ook aangedui dat ook dít nie genoeg was om ’n breuk tussen hulle te bring nie, selfs nie die keer toe sy haar man en Saartjie in Arbeidsgenot op heterdaad in ’n bed betrap het nie. Langenhoven het vir Vroutjie baie liefgehad en in Arbeidsgenot, met Vroutjie wat die huislikheid verskaf het, kon hy sy skeppingsdrang uitleef. Sy kon met haar waardigheid, liefde, helende kalmte, wysheid en bestuursvernuf aan hom ’n vervullende huwelik en gelukkige tuiste bied, terwyl Sarah vir hom ’n intellektuele stimulus was. Hy sou nooit vir Vroutjie gelos het nie, al het hy Sarah se geselskap ook hoe geniet en al het hy haar ook op ’n ander manier bemin. (Willemien Brümmer: Het Langenhoven ’n “liefdeskind” gehad? Netwerk24, 17 Mei 2021)

Toe Langenhoven aan die einde van Mei 1918 op Oudtshoorn aangekom het ná die sitting van die Provinsiale Raad, was hy ontsteld oor die manier waarop die amptenary van die provinsie die besluit oor moedertaalonderwys van 1914 in die praktyk toegepas het. Op Maandagaand 30 Mei 1918 het hy oudergewoonte by die tafel in die eetkamer gaan sit en werk en só het die eerste drie strofes van “Die Stem van Suid-Afrika” ontstaan. Die vroegste weergawe, so ver Kannemeyer kon vasstel, lui as volg:

Deur die blouw van onse hemel, in die diepte van ons see,
Oor ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee,
Deur ons vér verlate vlaktes met die kreun van ossewa –
Ruis die stem van ons geliefde, van ons land Suid-Afrika.

Koor
Ons sal antwoord op jou roepstem, ons sal offer wat jy vra:
Ons sal lewe ons sal sterwe – ons vir jou Suid-Afrika.

In die merg van ons gebeente, in ons bloed en in ons vlees,
In die diepte van ons siel en in die hoogte van ons gees,
In ons wil en werk en wandel, van ons wieg tot aan ons graf –
Deel geen ander land ons liefde, trek geen ander trouw ons af.

Die Vaderland! ons sal onthou met eer en trouw ons naam te dra:
Ons s’n joue-Afrikaners, kinders van Suid-Afrika.

In die songloed van ons somer, in ons winternag se kou,
In die lente van ons liefde, in die lanfer van ons rouw,
Bij die klink van huweliksklokkies, bij die kluitklap op die kis –
Streel jou stem ons nooit virniet nie, weet jij waar jou kinders is.

Koor
Op jou roep seg ons nooit nee nie, seg ons altijd altijd ja –
Om te lewe en te sterwe – ja, ons kom Suid-Afrika!

Langenhoven het hierdie gedig aan Sarah Goldblatt gestuur met die opdrag om ’n ooreenkoms met die oog op uitgawe met De Burger of HAUM aan te gaan sonder om kopiereg af te staan. Hy sou self bereid wees om £25 in te betaal sodat die verkoopprys laag kon bly. Sy moes ook die gedig aan Fagan, op daardie stadium assistentredakteur van De Burger, wys.

Langenhoven het self musiek daarby geskryf, maar Fagan, wat wel van die gedig gehou het, was nie ingenome met die musiek nie. Toe Langenhoven weer in die Kaap kom, het hy Fagan ontmoet en met Langenhoven se toestemming het hy die gedig in De Burger afgedruk met die outeursnaam KRN (vir Kerneels) daarby. Drie weke later het die teks en musiek by HAUM verskyn.

Die lesers van De Burger was baie ingenome met die teks, maar die musiek het nie inslag gevind nie. Een briefskrywer het vir KRN gevra of hy nie nog ’n strofe kon bysit waarin die godsdienssin van die Afrikaner tot uiting kom nie. Dieselfde aand het Langenhoven by Goldblatt aan huis die vierde vers geskryf:

Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag, o Here, om te handhaaf en te hou –
Dat die erwe van ons vaad’re vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry.

Koor
Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer:
Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.

Langenhoven het hierna self komponiste genooi om nuwe musiek te skryf. Die Vlaming EL Hullebroeck het ’n melodie geskryf, asook Victor Potgieter, Gideon Fagan en Stephen Eyssen. Potgieter s’n is ’n tyd lank in die Vrystaat gesing, terwyl Fagan s’n deur Betsie de la Porte op ’n plaat gesing is.

Reeds in Mei 1919 het ML de Villiers ’n toonsetting op die vleuelklavier in die Koffiehuis in Kaapstad vir Langenhoven gespeel, maar dit was aan die begin nie suksesvol nie. Hy het egter aanhou verbeter en sy pogings aan deskundiges soos Charles Weich, musiekkritikus van De Burger, voorgelê. Uiteindelik was Langenhoven tevrede en het hy aan De Villiers verlof verleen om die melodie te laat druk. Met die eerste amptelike vlaghysing op 31 Mei 1928 het ds De Villiers die lied gedirigeer. Dit is uitgevoer deur ’n koor van 500 kinders van skole in Kaapstad en ’n blaasorkes op die oop terrein voor die Senaat in Kaapstad.

In Januarie 1938 het die eerste minister, JBM Hertzog, “die Stem” vir gebruik by alle staatsaangeleenthede ingestel. En hoewel die lied reeds deur die meeste mense as volkslied aanvaar is, was “The king” nog steeds die amptelike staatslied. Op 2 Mei 1957 het die destydse eerste minister, JG Strijdom, in die Volksraad aangekondig dat Suid-Afrika net een volkslied sou hê en dat dit “Die stem van Suid-Afrika” sou wees. (Vista, 21 Mei 1966)

Dit is baie paslik dat dit Langenhoven was wat aan Suid-Afrika sy volkslied gegee het: “Die Stem van Suid-Afrika” het in 1957 die amptelike volkslied geword.

In Desember 1920, terwyl Langenhoven met die trein op pad was van Oudtshoorn na Kaapstad, het hy begin werk aan Die pad van Suid-Afrika, of Eerste skoffies op die pad van Suid-Afrika soos dit in boekvorm getiteld was. Op 12 Januarie 1921 was dit voltooi en Maart en April 1921 het dit in Die Huisgenoot verskyn.

In sy biografie van Langenhoven skryf JC Kannemeyer oor Die pad van Suid-Afrika: “Dit sluit met die verwerking van historiese boustof en met die aksent op die wording van ’n nuwe nasie regstreeks aan by Die hoop en Die vrou van Suid-Afrika. (...) Dit was egter nie ’n drama nie, maar ’n epos in meestal onberymde versmaat, ’n tipe poësie wat met weinig bindmiddele na die prosavorm neig.” (p 467–8)

Weer eens was dit Eugène Marais wat dit gehad teen “die breë, onberijmde verse waarin Langenhoven hier sing”, terwyl EC Pienaar meen dat Langenhoven se hartstogtelike gevoel hom dikwels verlei “tot ’n oordaad van klanke wat soms ontaard in bombas”. (Langenhoven: ’n lewe, p 468)

Langenhoven self het dit as een van sy belangrikste werke beskou. Hy het in 1923 ’n dramatisering van Die pad van Suid-Afrika klaargemaak en aan Goldblatt geskryf: “Met die lees van gister af was die hele ding vir my nuut, en tussen ons – ek het my verbaas dat dit ek is wat dit geskryf het. En die eerste uitgaaf uitverkoop – en dít vir poësie!”

Terwyl Langenhoven nog by Het Zuid-Westen redakteur was, is enkele gesange wat hy in Afrikaans vertaal het, in die koerant gepubliseer. Hy het daarna ’n stuk of dertig van die gesange vertaal, waarvan die meeste in sy Aan stille waters-rubriek in Die Burger verskyn het. Saam met enkele ander godsdienstige liedere is dit in September 1922 as Gesange in Afrikaans uitgegee.

GBA Gerdener was nie baie vleiend oor Langenhoven se pogings om die gesange te vertaal nie, en ook in kerklike kringe was die kommentaar redelik afwysend.

Langenhoven se vertalingsvernuf was nie net beperk tot die gesange nie. Hy was nog altyd ’n bewonderaar van Edward FitzGerald se verwerking van Omar Khayyám se Rubáiyát, ’n digbundel wat sedert sy eerste publikasie in 1859 in Brittanje ’n soort kultusteks geword het en deur veel meer mense as net gewone liefhebbers van die digkuns gelees en waardeer is.

Die spoed waarmee Langenhoven ’n stuk werk kon afhandel, was verbluffend, veral as hy begeesterd oor iets was. Op Kersdag 1923 het hy ál 75 kwatryne van FitzGerald se eerste oorsetting vertaal. In die weke daarna het hy nog ’n paar keer verbeteringe aan Goldblatt gestuur en haar laat weet dat hy dit oorweeg het om die kwatryne in Die Burger te publiseer indien Nasionale Pers dit nie in boekvorm wil publiseer nie. Maar Nasionale Pers was baie opgewonde en die Afrikaanse Rubáiyát is in Maart 1924 as die eerste van ’n reeks sitkamerboekies uitgegee.

Langenhoven het ook Thomas Gray se “Elegy written in a country churchyard” vertaal. Hierdie gedig was lank die gewildste gedig in Engels en hoewel Langenhoven nie altyd 100 persent reg was in sy keuse van Afrikaanse woorde nie, was sy vertaling merendeels in die kol.

Sy geliefkoosde vorm van die poësie was beslis die limeriek. Hierdie versvorm het uitstekend by Langenhoven se geestigheid en spel met woorde aangesluit. En elke geleentheid en feesviering was vir hom ’n kans om ’n limeriek te skryf. So het hy met sy politieke vriende Jaap Hugo en AJ Stals oesters gaan eet en was die volgende limeriek die resultaat:

’n Sekere Hugo van Worcester
was siek van ’n galsterige oester.
Sy vriend, dr Stals.
gee hom ’n dop wilde-als,
en toe gaan dit woester op Worcester.

Dit was egter met sy romans wat hy in die 1920’s geskryf het dat Langenhoven die Nasionale Pers en die Afrikaanse letterkunde se gewildste skrywer geword het. Sy boeke is telkens herdruk en duisende eksemplare van elkeen is verkoop. Hierdie werke het in 1921 begin met Sonde met die bure. Binne ses jaar het hy nog sewe soortgelyke romans geskryf: Doppers en Filistyne (1922), Loeloeraai (1923), Die lig van verre dae (1924), Herrie op die óú tremspóór (1925), Mof en sy mense (1926), Donker spore (1926) en Die wagtende wêreld (1927). Twee bundels spookverhale, Geeste op aarde (1924) en Die wandelende geraamte (1930), is uitgegee, asook boeke vir kinders, soos Brolloks en Bittergal (1925), Die Krismiskinders (1926), Die boekie sonder naam (1928) en Jantjie Muis en Jakob Slang (1931). Dramas wat in hierdie tyd uit sy pen verskyn het, was Die laaste van die takhare (1926) en Petronella (1931), terwyl hy sy Ou-liedjies, ’n verwerking van bekende volksverse, in 1928 gepubliseer het.

Die romans waarna hier bo verwys word, het Langenhoven in sy briewe aan Goldblatt “schnipes” genoem. Hierdie verhale speel almal af in die bekende wêreld van die Klein Karoo en, behalwe Vroutjie en Engela, is hy self meestal die ek-verteller in die verhale. Só het hy die kans gebruik om sy stempel op die verhale af te druk en die vertelling te stuur waar hy wou gehad het dit moet heengaan.

Soos vroeër in die stuk genoem, is die “sonde-met-die-bure”-motief een van die konstantste, deurlopendste en oudste motiewe in sy werk en vind dit gestalte in van sy vermaaklikste en geslaagdste verhale.

Loeloeraai is die eerste voorbeeld van die tipe wetenskapfiksie wat Langenhoven leer ken het uit Jules Verne se Die reis na die maan en HG Wells se The first men in the moon. In sy aantekeninge het Langenhoven gemeld dat hy in Loeloeraai twee dinge uit Wells se werk oorgeneem het, naamlik “die kwessie van sfeer en swaartekrag en die holligheid van die maan”. Loeloeraai, die man van Venus, land met sy ruimteskip in Oudtshoorn en bly ’n tyd lank by Kerneels, Vroutjie en Engela. En Loeloeraai raak liries oor die gemaklike hantering van Afrikaans, wat hy in rekordtyd aangeleer het: “Laat ons liewers Afrikaans praat,” sê Loeloeraai. “Dis ’n doeltreffender en verstandiger geleimiddel om jou gedagtes uit te druk. Ek is van plan om hom op Venus te gaan invoer vir internasionale omgangs gebruik.”

In Loeloeraai gebruik Langenhoven weer die bekende huislike karakters en die landskap van die Klein Karoo, maar voer hy Loeloeraai in soos hy ook vir Herrie die olifant ingevoer het. Hy het self hieroor geskryf: “Die skrywer bring kastig homself en sy vrou en dogter in as deelnemers aan die gebeurtenisse wat hy beskryf. Dit is natuurlik bloot om kleur en geloofbaarheid aan die verhaal te gee. Wanneer ’n mens ’n onmoontlike, ongelooflike storie het om te vertel, is die aangewese weg om met gewone dinge te begin en soveel alledaagse dingetjies, toneeltjies en voorvalletjies in te vleg as moontlik. Skrywers soos Poe en Verne en Swift was meesters by die aanwending van hierdie plan.” (Langenhoven: ’n lewe, p 501)

Loeloeraai het heelwat herdrukke beleef – tot in 2008 toe dit deur Protea Boekhuis heruitgegee is. In 2023 met die 100ste herdenking van die eerste uitgawe in 1923 was die bespreking daarvan ook deel van die Langenhoven-gedenklesing wat tydens die KKNK gelewer is.

Langenhoven se eerste verhaal vir kinders, Brolloks en Bittergal, het sy ontstaan gehad na ’n briefie wat hy van die agtjarige Jacques Kriel van Maclear ontvang het. Kriel het Langenhoven vertel dat sy vader vir hom Sonde met die bure gelees het, asook Aan stille waters wat in Die Burger verskyn het. Dit het Langenhoven laat besef dat daar nie kinderstories in Afrikaans is nie. Op 3 Maart 1924 het hy in Aan stille waters Jacques se brief afgedruk en daarna het sy storie gevolg: “Die eensame huisie: Kosie en Rosie was ’n tweeling, en hulle was nog baie klein ...”

Brolloks en Bittergal het ook in Langenhoven se bekende wêreld afgespeel: die Grasveld, die gebied tussen die berge en die see met sy klowe, houtbosse en spelonke; en die Groot Karoo anderkant die Groot-Swartberge met sy vlaktes en klipkoppies en kort vaal bossies. Omdat hy vir kinders geskryf het, was sy styl eksplisiet, vraagstellend en vertellend, met beeldspraak uit die kind se ervaringswêreld, skryf Kannemeyer.

Langenhoven se verhouding met die Suid-Afrikaanse Akademie voor Taal, Lettere en Kuns was redelik omstrede. Hy het gesê dat die Akademie hoofsaaklik uit “Akademiese Fariseërs” met buitelandse doktorsgrade bestaan het, maar ten spyte hiervan het hy tog in 1913 lid van die Akademie geword.

Hy het egter nooit ’n baie aktiewe rol daarin gespeel nie. Vir die jaarvergadering van 1922 het hy gevra dat die Akademie die wenslikheid moet bespreek dat skrywers nie (soos tot in daardie stadium die geval was) hulle werk vir bekroning met die Hertzogprys voorlê nie, maar dat ’n keuse gemaak word uit al die werk wat in die betrokke jaar verskyn het. Langenhoven het nie die vergadering in Pretoria bygewoon nie en Gustav Preller het die besprekingspunt gelei. Die voorstel is aangeneem en genl Hertzog is versoek om toestemming te gee dat “alle letterkundige werke wat in ’n bepaalde jaar in Afrikaans verskyn het, vir die prys in aanmerking sal kom”.

Langenhoven het onverwags op 15 April 1925 uit die Akademie bedank. Die rede daarvoor is onbekend. Kort ná sy bedanking het hy ’n heftige aanval op die Akademie gedoen insake Nederlands as leestaal. Op die Akademie se jaarvergadering van 9 Oktober 1925 het hulle besluit dat Nederlands by die onderwys erken moet word, daar dit in belang sou wees van die gesonde ontwikkeling van ons Afrikaanse taal. Langenhoven het in Aan stille waters van 18 Januarie 1926 skerp te velde getrek teen hierdie besluit van die Akademie. As sy lewenslange teenstand teen Nederlands in ag geneem word, asook sy stryd om die erkenning van Afrikaans op skool, is sy heftigheid oor dié besluit te verstane.

Sy tweede botsing met die Akademie het gekom met die toekenning van die Hertzogprys in 1926. In die verslag van die beoordelingskommissie vir die Hertzogprys 1925–1926 is aanbeveel dat Die meulenaar van DF Malherbe, Gedigte van AG Visser en JFW Grosskopf se As die tuig skawe en Drie eenbedrywe bekroon word. “Onder ander werke wat meegeding het, verdien veral die volgende eervolle vermelding: Chrissie en Joey (Hettie Cillié), Mof en sy mense (CJ Langenhoven), Patrys-hulle (EB Grosskopf) en Jannie (Oom Sarel).”

Langenhoven was glad nie gediend met die “eervolle vermelding” van Mof en sy mense nie en in Aan stille waters van 4 Januarie 1927 het hy ’n skerp aanval op die Akademie se “Beoordelingskommissie vir die Hertzogprys” gedoen. “Met dié verslag het die kommissie ’n verder en oorbodige bewys verskaf van sy bevoegdheid om as regter oor die skryfkuns op te tree deur die gehalte van redenering en uitdrukking waarvolgens hierdie skryfproduk van sy eie, ’n bloot formele klein dingetjie, opgestel is ...” Volgens die kommissie se verklaring was daar so baie werk om te beoordeel dat die kommissie oorspan is. Die Akademieraad het die lede versoek om tog nog ’n jaar aan te bly, en ’n vergoeding vir hulle vasgestel “van £10 ieder vir die jaar se beoordeling ... Ek veronderstel dat die bestaande lede sal aanbly.”

Hy het voortgegaan: “Waar kry die kommissie die reg vandaan om my nie net te beledig nie, maar te belaster? Ek het nie my werk aan hulle ingestuur om mee te ding nie, hierdie nie, en geen ander nie, nou nie en nog nooit nie. As ek, uit eie beweging, oordeel soek, dan soek ek nie die oordeel van my minderes nie. Ek bedank hartlik vir die smaad van eervolle vermelding deur so ’n kommissie en ek neem sterk eksepsie teen die voorstelling van my werk, wat deur al die jare heen nog te hoog was om hulle uitlandsverknoeide smaak te bevredig, nou besig is om tot daardie peil te verval.” (Langenhoven: ’n lewe, p 599)

Prof EC Pienaar was die sameroeper van die Letterkundige Kommissie, en só omgekrap was hy oor Langenhoven se uitlatings dat hy op 18 Januarie 1927 aan die sekretaris van die Akademie geskryf het: “Met referte tot my brief van 30 Okt laaslede versoek ek die Akademieraad nou definitief om my voorlopig te onthef van diens op die Prysvraag-kommissie. Na adv Langenhoven se uitbarsting (Die Burger, 4 deser) en veral die veragtelike insinuasie dat bestaande lede sal aanbly terwille van die £10 vergoeding, sien ek nie kans om die werk vanjaar te doen nie.”

In 1927 het Langenhoven weer ’n hou teen die Akademie ingekry. Sy Skaduwees van Nasaret, Jochem van Bruggen se Ampie II en Diamantkoors en Twee fortuinsoekers van Sangiro is gesamentlik met die Hertzogprys bekroon. In die brief skryf die Akademieraad: “Namens die Raad wil ek u van harte gelukwens met die welverdiende onderskeiding. Ek sluit hierby in ’n tjek van £25, synde eenderde gedeelte van die Hertzogprys van £75. Sal u so vriendelik wees om die ontvangs te erken?”

Langenhoven het op 24 Desember 1927 as volg ontvangs van die brief erken: “Met vriendelik dank erken ek die ontvangs van u skrywe van 20 deser met aankondiging van toekenning van die Hertzog-prys en tjek vir £25. Daar ek egter die prys nie kan aanvaar nie, stuur ek u tjek hierby ingesluit terug, natuurlik sonder bedoeling van onbeleefdheid.” (Langenhoven: ’n lewe, p 603)

Die Akademie het egter nooit sy naam van die lys van bekroondes verwyder nie. Langenhoven het dus geweier om die prys te aanvaar, terwyl die Akademie op sy beurt geweier het om Langenhoven se afwysing van die prys te aanvaar.

Maar Langenhoven was nog nie klaar met die Akademie nie. Arthur van der Lingen de Villiers het in sy testament duisend versekeringsaandele aan die Akademie bemaak, met die opdrag dat die Akademie vyf jaar na sy afsterwe die vyf beste letterkundige werke in Afrikaans aanwys, en die aandele as prysgeld aan die skrywers toeken volgens verdienstelikheid.

Die Akademie het ’n komitee benoem om die vyf beste letterkundige werke uit te soek. Hulle kon dit nie doen nie en het ’n groslys saamgestel. Deskundige advies is buite die geledere van die komitee gesoek en die vyf werke in die volgorde van verdienstelikheid gerangskik: Ampie I en II deur Jochem van Bruggen; Uit oerwoud en vlakte van Sangiro; Oom Gert vertel en ander gedigte deur C Louis Leipoldt; Die vlakte en ander gedigte van Jan FE Celliers en Ons weg deur die wêreld deur Langenhoven.

Soos dit toe moes gebeur het, het Langenhoven se boek heel laaste op die ranglys verskyn. Hy was duidelik omgekrap en van versoening met die Akademie was daar nie sprake nie. Op 21 Oktober 1929 het hy aan die hoofbestuurder van die betrokke lewensversekeringsmaatskappy geskryf: “Ek hoop dit maar net as my oortuiging aan te meld dat as die Akademie regstreeks as prysregter opgetree had, hy my die eer sou gelaat het om volgens sy standaard, of gebrek aan standaard, geen werk van my onder die eerste 50 te plaas nie ... Met die meeste hoflikheid moet ek dus die aangebooie oordrag van aandele van die hand wys en stuur dit onverwyld terug.” (Langenhoven: ’n lewe, p 603–4)

In die twintigerjare het Langenhoven se drankmisbruik en alkoholisme weer sterk inbreuk op sy lewe gemaak. Hy het hom op ’n stadium kragtens artikel 93 van die Drankwet deur die magistraat tot dronkaard laat verklaar sodat alle drankwinkels in die distrik Oudshoorn verbied is om enige alkoholiese drank aan hom te verkoop. Dit was veral op sy gereelde besoeke aan Kaapstad dat hy hom so aan die drank oorgegee het.

Teen April 1927 was Langenhoven se gesondheid haglik en het Vroutjie hom so ver gekry om weer na die magistraat te gaan. Na hy nie wou instem tot onthouding van meer as drie maande nie, het Vroutjie haar humeur verloor en het hy tot ses maande ingestem. En al het Langenhoven hom in sy leeftyd gereeld teen die oormatige gebruik van drank uitgespreek, het hy tot aan die einde van sy lewe met die probleem gesit.

In 1931 het sy alma mater, die Universiteit Stellenbosch, hom met die graad Doctor Litterarum honoris causa vereer. Langenhoven was kinderlik ingenome met hierdie toekenning, veral omdat dit van sy geliefde Stellenbosch gekom het. In die commendatio het EC Pienaar in sy aanbeveling gesê dat Langenhoven “’n algemene bekendheid verwerf het soos geen ander Afrikaanse skrywer vandag besit nie ... Want Senator Langenhoven skryf nie, maar hy praat, ook waar hy die pen hanteer. Sodat met waarheid van hom gesê kan word dat hy sy volk leer lees het.” (Langenhoven: ’n lewe, p 619)

CJ Langenhoven is op Vrydag 15 Julie 1932 in sy slaapkamer in Arbeidsgenot op Oudtshoorn oorlede. Hy het vier dae vroeër teruggekeer vanaf Colesberg in die Noord-Kaap, waar hy moes help om ’n tussenverkiesing vir die Nasionale Party te veg. Hy is op 30 Junie eers per trein na Kaapstad en vandaar, op 3 Julie, na Colesberg. Op Beaufort-Wes het sy dogter Engela en haar man Niko Brümmer hom kom groet.

Hy is heel moontlik op 7 Julie weg uit Colesberg en in snerpende koue moes hy lank op De Aar se stasie wag. Daar het hy ’n geoloog, WP de Kock, raakgeloop en is hy gereeld na die hotel oorkant die pad om “verversings” vir die koue te geniet. Toe hy op die Kaapse stasie aankom, was hy baie siek, waarskynlik aan longontsteking, maar hy het geweier om dokter toe te gaan.

Op Maandag 11 Julie het sy gereelde rubriek Aan stille waters in Die Burger verskyn – ’n bydrae wat hy van 24 April 1922 elke Maandag, met slegs enkele uitsonderings, soos klokslag gelewer het. Toe hy die middag vieruur op Oudtshoorn se stasie afklim, het hy aan Vroutjie gesê dat hy glad nie lekker voel nie. Hy het dieselfde Maandagaand begin werk aan sy rubriek Aan stille waters vir die volgende Maandag.

Gedurende daardie week, sy laaste, het hy nog gewerk aan sy roman Die mantel van Elia, wat later in faksimilee uitgegee is. Die huismense moes die Vrydagoggend halfdrie die dokter laat kom, en toe hy teen ongeveer tienuur weer kom kyk hoe dit gaan, is Langenhoven omtrent tien minute later oorlede.

Die eerste ding wat Vroutjie gedoen het, was om ’n telegram vir Sarah Goldblatt te stuur. Sarah se “verwoestende smart” was ontstellend om te aanskou.

Daarna moes die reëlings vir die begrafnis getref word. Die begrafnis het op Sondag 17 Julie om drie-uur die middag uit die NG Kerk Oudtshoorn plaasgevind. Sedert sy dood die Vrydag het Langenhoven in staatsie gelê.

As ’n mens die koerantberigte van daardie tyd nagaan, is dit duidelik watter impak Langenhoven se skielike dood op Suid-Afrika gehad het. Onder die telegramme was daar dié van JBM Hertzog, die premier en sy vrou, DF Malan, Kaaplandse leier van die Nasionale Party, mevrou president Steyn, genl en mevrou Smuts, en die Studenteraad van Stellenbosch.

Dit was nie net in Die Burger waar daar huldeblyke en artikels van eerbetoon verskyn het nie. Ook Die Die Vaderland het geskryf dat Langenhoven meer as enigiemand anders gedoen het om ons publiek hul eie taal te leer lees en waardeer. In Die Volksblad se hoofartikel is geskryf dat daar “in ons leeftyd nog nooit so ’n spontane opwelling van volksgevoel oor die dood van ’n skrywer plaasgevind (het) as by die volksliefling Langenhoven nie”.

Die kerk was stampvol en meer as 1 500 mense het buite gestaan. Ds JG Lochner van Oudtshoorn het in gebed voorgegaan en toe Gesang 67:1 in Langenhoven se eie vertaling laat sing. Hy het ook gepraat uit Prediker en Filippense. Ds CV Nel van Robertson, ’n vriend, het uit Sefanja gepreek. Daarna is die stoet na die begraafplaas en meer as 3 000 mense het die teraardebestelling bygewoon. (Die Burger, 17 Julie 1932)

Tien dae na sy dood is Langenhoven se testament in ’n berig in Die Burger bekend gemaak. Daarin is bepaal dat hy in ’n “oumode se swart kis” begrawe moes word en dat dit eers op die derde dag nadat hy medies dood verklaar is, moes gebeur. Hy het ’n vrees vir ’n skyndood gehad en dat hy lewend begrawe sou word.

Hy het sy “hoofskedel” aan die Universiteit Stellenbosch bemaak “om dertig jaar na my dood opgegrawe te word” – iets wat in Langenhoven se eeufeesjaar in 1973 vir heelwat vermaak in die pers gesorg het, aangesien dit toe reeds tien jaar ná die gestipuleerde datum was en Stellenbosch nog geen aanstaltes gemaak het om die kopbeen op te grawe nie!

Die opbrengs van die grootste deel van sy letterkundige produkte het hy aan Vroutjie bemaak, en Sarah Goldblatt is benoem tot “administratrise” van sy boeke en geskrifte en dat dit aan “haar goedgesinde diskresie” oorgelaat is om in oorleg met Vroutjie en Engela in dié verband op te tree. Ná die afsterwe van Sarah Goldblatt in 1975 is JP Scannell, direkteur van Nasionale Pers, aangewys as die eksekuteur van CJ Langenhoven se letterkundige nalatenskap. Terselfdertyd is sy kleinseun GCL Brümmer aangewys om Langenhoven se boeke en geskrifte te administreer.

Huldeblyke

  • JBM Hertzog: “Die verlies aan die Afrikanervolk is onherstelbaar. Ek sal steeds aan hom dink in innige liefde en vriendskap.” (Die Burger, 17 Julie 1932)
  • DF Malan: “Die opbouende werk, die inspirasie en die liefde van een van sy getrouste en begaafdste seuns sal die Afrikanervolk nooit vergeet nie.” (Die Burger, 17 Julie 1932)
  • Mev president Steyn: “Gelukkig hy wat, wanneer hy sterf, onsterflike vreugde verwerf.” (Die Burger, 17 Julie 1932)
  • JC Smuts en sy vrou: “Diepste deelneming in u verlies, waarin ons saam met alle Afrikaners deel.” (Die Burger, 17 Julie 1932)
  • Studenteraad van Stellenbosch: “Hy was een van Suid-Afrika se grootste seuns – die inspirasie van ons jeug.” (Die Burger, 17 Julie 1932)
  • FEJ Malherbe: “Suid-Afrika beween sy liefste seun, die skitterendste ster aan die hemeltrans van die Dietse letterkunde. (...) Op die pad van Suid-Afrika sien ek weer ’n kruis verrys ... Maar Langenhoven leef. Lank lewe Langenhoven.” (FEJ Malherbe: Lewensvorme. Kaapstad, 1945)
  • Oud-minister FW Beyers: “Langenhoven se heengaan is ’n onherstelbare verlies vir ons. Sy persoon en sy werke sal in ons gedagte lewe. Hy had die hoedanigheid en eienaardighede van ’n genie, wat hy by uitstek was. Hy was verbasend veelsydig, hy had die hart van ’n kind, was onverdrote in al sy ondernemings en ’n toonbeeld van onselfsugtigheid op stoflike en alle ander gebiede.” (Die Burger, 15 Junie 1932)
  • John Vorster in 1973: Langenhoven is inderdaad Oudtshoorn se geskenk aan Suid-Afrika, en deur hom aan Suid-Afrika te gee, het Oudtshoorn meer aan Suid-Afrika gegee as die meeste ander dorpe van die land. Dis hier waar hy gewerk het, immers hier het hy ook die fondamente van sy stryd gelê. (...) Ons sal sê hy is ’n man wat in wese in opstand gekom het teen die onreg van oorheersing en die onbetwisbare gawes van sy talent gewy het om reg vir sy kinders te verkry, en hy het dit ook gedoen. Hy was ’n man wat saam met sy mense geleef het en hul deugde en ondeugde geken het.
  • Die Burger, 16 Julie 1932: “Ons meegevoel gaan uit tot die ganse Afrikanervolk, wat vandag voelbaar armer is, en in besonder tot sy treurende weduwee en dogter wat hom moes afgee. Met beskeidenheid lê ons hierdie kransie op die graf van iemand wat vir ons almal ’n besieling was, en met geboë hoof wil ons hom hierdie laaste boodskap toevoeg: ‘Rus in vrede, Afrikanerseun, jy het jou volk nie alleen innig liefgehad nie, maar hom ook trou gedien. Wat jy besit het, het jy vryelik uitgedeel aan ryk en arm; en al kan ons jou stem nie langer hoor nie, jou werke sal voortleef onder ’n dankbare nasie tot lank nadat jou oorskot tot stof vergaan is. Solank daar ’n Afrikanervolk bestaan, sal die naam Langenhoven voortleef.’”
  • Die Vaderland, 20 Julie 1932: “Die onverwagte, skielike dood aan hartverlamming van senator dr CJ Langenhoven, maak ons armer aan ’n man van buitengewoon talente, wat taal en volk in hierdie tydsgewrig baie beswaarlik kan mis. En hy sal gemis word in ons openbare lewe, in die politieke arena, sowel as op die gebied van ons aankomende Afrikaanse lettere. Hy het hom in die een sowel as die ander laat ken as ’n verskyning wat ver bokant die alledaags uitgeplanneer het. Hy is iemand gewees van wie daar besieling uitgegaan het; en hy met kwistige hande en hart gegee wat daar in hom was, sonder agterhouding aan volk en taal wat daar in hom was, sonder om te dink aan sy vergoeding of beloning.”
  • MER: “Vir een wat Langenhoven goed geken het, is die herinnering van sy omgang met vroue, oud en jonk, een wat dadelik ’n glimlag oproep, wat verkwikkend en opbeurend op die gemoed werk soos die gesig van ’n windjie oor ’n volle graanland. (...) Maar sy agting en erkentlikheid vir vroue, die plesier waarmee hy hulle gehelp en gedien het waar hy kon, die vrolikheid en geluk van sy omgang met hulle – dit is iets om te onthou.” (“Sy omgang met vroue”, Huisgenoot, 2 Desember 1932)
  • DB Bosman: “Langenhoven se dood is ’n persoonlike verlies vir elke lesende Afrikaner en ’n nasionale verlies vir die hele Dietse stam. Daar is skrywers, soos Scott en Conscience, van wie gesê word dat hulle hul volk leer lees het. Hierdie groot hulde kan met eweveel reg aan Langenhoven gebring word. Maar meer nog: Langenhoven was nie alleen skrywer vir sy volk nie; hy was ook stilis en terselfdertyd die mees Afrikaanse van al ons prosaskrywers. Deur sy styl meer nog as deur sy inhoud sal hy in lengte van dae ’n man en ’n invloed ten goede in ons Afrikaanse letterkunde bly.” (Die Burger, 16 Junie 1932)
  • Frederik Rompel: “Daar is mense wat ons eers na hul dood waardeer as die regverdige regter, die tyd, die skerp kantjies van ons samewees afgeslyt het, as ons dinge wat in die lewe gehinder het, vergeet het, omdat hulle per slot van sake kleinighede was, om ons alleen die goeie eienskappe as die hoogste goed wat hul lewe ons gegee het, te herinner. By Langenhoven was dit anders. Wie die geluk gehad het om hom persoonlik te ken, het hom altyd meer leer waardeer, want Langenhoven het hom in al die volheid van sy vriendehart gegee en steeds meer gegee, en die mens Langenhoven wat hy vir andere weggesteek het, getoon. Daardie mens Langenhoven was die ridder sonder vrees of blaam, die mens met die blanke siel en die warme altruïstiese hart, wat altyd aan andere gedink het en vir andere steeds vriendelikhede en hartlikhede gehad het.” (Tikskrif oor veral Langenhoven se bydrae tot “Aan stille waters” in Die Burger)

Langenhoven se afsterwe was egter nie die einde van sy pad in die Afrikaanse letterkunde nie. ’n Bietjie meer as ’n maand na sy dood het die Nasionale Pers, Vroutjie en Goldblatt briewe begin ontvang om sy werke in ’n eenvormige band en formaat beskikbaar te stel. Op die eerste uitgawe van twaalf boekdele het 3 000 mense ingeteken en was die uitgewers verplig om die lys te sluit. In sy testament was gestipuleer dat slegs 2 000 eksemplare per oplaag gedruk mag word, dus is twee oplaes gedruk. Die eerste twee drukke is in 1933 tot 1935 gepubliseer en in 1936 en 1937 het twee verdere dele verskyn wat onderskeidelik sy drie Engelse werke en sy nagelate werke bevat het.

Die publikasie van Versamelde werke was die grootste enkele produk waartoe Sarah Goldblatt se toewyding as administratrise van Langenhoven se nalatenskap gelei het. In die laat 1940’s en 1950’s, en weer in die eeufeesjaar, 1973, is dit herdruk en betreklik gou uitverkoop. In 1955 is Aan stille waters II as deel XV herdruk en in 1958 is deel XIV bygevoeg wat bestaan het uit dokumentasie oor “Die Stem van Suid-Afrika”, “Ons eie vlaglied”, Langenhoven se ontwerp vir ’n sonwyser, vroeë stukke in Nederlands, Engels en Afrikaans, die reeks Ou-liedjies en verspreide gedigte wat nie in een van sy vroeëre bundels opgeneem is nie.

Langenhoven se afsterwe was egter nie die einde van sy pad in die Afrikaanse letterkunde nie. ’n Bietjie meer as ’n maand na sy dood het die Nasionale Pers, Vroutjie en Goldblatt briewe begin ontvang om sy werke in ’n eenvormige band en formaat beskikbaar te stel. Op die eerste uitgawe van twaalf boekdele het 3 000 mense ingeteken en was die uitgewers verplig om die lys te sluit. In sy testament was gestipuleer dat slegs 2 000 eksemplare per oplaag gedruk mag word, dus is twee oplaes gedruk. Die eerste twee drukke is in 1933 tot 1935 gepubliseer en in 1936 en 1937 het twee verdere dele verskyn wat onderskeidelik sy drie Engelse werke en sy nagelate werke bevat het.

Die publikasie van Versamelde werke was die grootste enkele produk waartoe Sarah Goldblatt se toewyding as administratrise van Langenhoven se nalatenskap gelei het. In die laat 1940’s en 1950’s, en weer in die eeufeesjaar, 1973, is dit herdruk en betreklik gou uitverkoop. In 1955 is Aan stille waters II as deel XV herdruk en in 1958 is deel XIV bygevoeg wat bestaan het uit dokumentasie oor “Die Stem van Suid-Afrika”, “Ons eie vlaglied”, Langenhoven se ontwerp vir ’n sonwyser, vroeë stukke in Nederlands, Engels en Afrikaans, die reeks Ou-liedjies en verspreide gedigte wat nie in een van sy vroeëre bundels opgeneem is nie.

Langenhoven se belangrikheid vir Afrikaans en Suid-Afrika

  • Die Volksblad-hoofartikel, 11 Augustus 1973: “Die grootheid van enigiemand word getoets aan sy dade en woorde. Soms is dit net die daad wat spreek, want dade kan so groot wees dat hulle selfs bokant woorde uitstyg. CJ Langenhoven (...) was een van daardie besonder begenadigde mense van wie nie net sy dade nie, maar ook sy woorde tot sy volk, die Afrikaners, spreek. (...) Tereg is al gesê dat Langenhoven op sigself ’n hele taalbeweging was. Hier ook weer in die daad sowel as die woord. Dit is nou eenmaal so dat selfs die allergrootste dade, gesien in hul historiese perspektief, dikwels in die geheue van ’n volk vervaag, selfs in die vergetelheid raak, veral as die stryd reeds lank verby is. In Langenhoven en ander taalstryders se geval word gelykberegtiging sowel as erkenning en bestaan van Afrikaans vandag so vanselfsprekend as ons bloue hemel, diepe see, ewige gebergtes en verlate vlaktes aanvaar. En of sy dade nie genoeg was om hom vir altyd aan die vergetelheid te ontruk nie, sou Langenhoven nog sy woorde oor ’n tydperk van slegs twintig jaar in bykans veertig werke nalaat. Dit was strydig met Langenhoven se hele wese dat hy sy mede-Afrikaner deur woorde tot dade sou oproep terwyl hy self nie in die daad handel nie, maar toevallig was dit so dat Langenhoven se dade ook woorde was.

“Woorde, ’n stortvloed van woorde, het hy uit sy pen laat vloei, nie om homself te verryk nie, trouens nie eers altyd om aan sy kunstenaarstalent uiting te gee nie, maar woorde gedra deur ‘humor wat in liefde kasty’ en satire ‘met ’n traan van simpatie’ om sy mense in hulle eie taal te laat lees. Mens kan die Afrikaner se volkskarakter van die jare twintig en dertig nie sonder sy invloed peil nie.”

  • Die Burger-hoofartikel, 11 Augustus 1973: “In sy wese was Langenhoven ’n baanbreker, en baanbrekers is beeldebestormers, in lewe minder gelief as in hul dood. Is sy aard was hy eenling, in volslae verset teen modedenke. Om hierteen op te werp dat hy volkskrywer was, is geen weerlegging van die feit dat hy opstandeling teen die geldende orde en apart in sy benaderinge was nie. Dit beklemtoon alleen maar dat hulle wat namens ‘die volk’ gepraat het, in belangrike opsigte buite voeling met die volk was, en dat Langenhoven teen daardie opset ’n rebellie gelei het wat hom naderhand eers volksheld gemaak het.”
  • DF Malan: “Langenhoven was sonder teenspraak een van Suid-Afrika se oorspronklikste en ryk-begaafdste seuns. Hy was ’n gebore genie op elke gebied waarop hy hom begeef het – as denker, as redenaar, as politikus en as skrywer het hy uitgeblink. Maar Langenhoven sal leef omdat daar by hom nog iets basies groters, nog iets oneindig diepers was as die vermoë om te skitter. Hy het ’n lewensdoel gehad om na te streef. Hy het ’n taak gehad om te vervul. Hy het ’n volk gehad om lief te hê en te dien. Hy het daarvoor geleef om die Afrikanervolk van sy minderwaardigheidsgevoel te verlos. Hy het vir hom selfrespek ingeboesem en geïnspireer. Hy het sy taal uit die ashoop gehaal en in die plek van eer gesit. Hy het hom geleer om nie skaam te wees vir sy eie land nie en om nie kruiperig te wees vir enigeen nie. Hy kon lei en besiel, omdat hy in die volkshart die beste en diepste ontdek en vertolk het. Langenhoven het geveg, maar bowenal gebou.” (Die Burger, 15 Julie 1932)
  • MSB Kritzinger: “Ten spyte van alles wat geskryf sal word, sal die leser in Langenhoven se werk sy beste lewensbeskrywing aantref. In byna alles was hy outobiografies. Hy het self gesê: ‘My werke is dáar; nader as dit aan die wesentlike Langenhoven sal geen biografie ooit kom nie.’

“’n Onuitspreeklike weemoed vervul ’n mens by die nadink van dit alles, maar gelukkig ’n skrywer is nie iemand wat vir een dag leef nie. Langenhoven se gereelde werk sal gemis word, meer as ons nou besef, maar ons het sy baie boeke. Dié is gelukkig daar en hulle sal met graagte herlees word en dis te hope dat toekomstige geslagte party met soveel genot sal lees as wat ons gedoen het. Sy styl sal altyd bekoor en dié word deur bevoegde beoordelaars hoog aangeslaan. Langenhoven het sy eie monument opgerig, en elkeen, dit maak nie saak wáár hy is of onder watter omstandighede nie, sal, solank hy maar ’n boek van hierdie skrywer het, dit sien en dit sal skoonheidsontroering by hom wek. ’n Beter monument kan daar nie wees nie, want dis ’n geestelike monument wat nie deur mensehande ontwy kan word nie. Maar by dit alles sou die passendste blywende herinnering wees ’n eenvoudige standbeeld met die onderskrif: Hy het sy volk leer lees.” (Die Volkstem, 16 Julie 1932)

  • EC Pienaar: “Langenhoven het sy volk leer lees soos geen ander voor hom nie. Dit beteken dat hy ons voormalige kombuistaal verhef het tot die verhoogde status van sitkamertafel en tot die hoogste status van Universiteitstaal. Dit beteken dat hy ’n minderwaardigheidskompleks by die volksmassas omgeskep het in ’n meerderwaardigheidskompleks, en nasionale lamlendigheid in nasionale trots; dit beteken in één woord dat hy die Afrikanervolk gehelp het om sy grootste besitting op aarde, naamlik sy verlore en verloregaande siel, terug te vind.” (In: DJC Gildenhuys: “CJ Langenhoven”. Die Bondgenoot, September 1969)
  • Elsa Nolte in Hoofstad: Langenhoven is die kunstenaar wat die taal tot lewe gewek het. Deur sy boeiende verteltrant, geestigheid, humor en spot, sy pittige taalgebruik en veral sy woordspelings, was hy by uitnemendheid ’n kunstenaar wat die soepelheid en die ratsheid van Afrikaans geïllustreer of in aksie getoon het. Daarom dat een van sy aforismes byna ’n profetiese klank kry: “Onsterflikheid kan maar na die dood kom. Onthou dit, o kunstenaar en wees getroos.”
  • André P Brink: “Hoewel Langenhoven telkens na stille waters van rus verlang het, was daar in sy werke byna altyd ’n duiwel onderkant die stille waters. Hy eksperimenteer met vertellers en vertelsituasies om iets totaal ongerymds in reliëf te stel teenoor die gewone of die ernstige. Hy wil met ander woorde die leser tot nadenke skok deur die verrassende te omraam met die alledaagse, of – omgekeerd – die gewone met die heeltemal onverwagte. Langenhoven was ver voor sy tyd as ’n benoude, Calvinistiese, Christelike samelewing in ag geneem word. Die manier waarop Langenhoven skryf, is basies postmodernisties. Hy doen dit anders – op die teenoorgestelde manier eerder as die konvensionele manier – en dit wys dat hy by die gewone kon verbykyk en die onverwagte kon sien. Langenhoven het baie oor kwantumteorie van daardie era gelees en dat dit ook bewyse is van sy moderne uitkyk op die lewe. Ek sou graag wou gehad het dat hy saam met Steven Spielberg gewerk het. Dit sou baie interessante dinge opgelewer het.” (Rapport Boeke, 1 Mei 2011)
  • Pieter Fourie, dramaturg: “Langenhoven is die Johann Strauss van die Afrikaanse woordwêreld. Toeganklik, gewild en bemind vanaf professor tot pleb. Sy humor is uniek en tydloos en sy kwinkslae, dié slaan. Vandag en vorentoe.” (Sarie, 8 April 1998)
  • Audrey Blignault: “Wat Langenhoven ons gee in sy essays (wat veral in ‘Aan stille waters’ verskyn het) is homself, die mens Langenhoven, soos Montaigne homself aan ons gee in sy essays en Charles Lamb in syne. Ons leer hom ken in sy onvolmaakte menslikheid, sy gulhartige omgang met sy medemens, maar ook sy eerlikheid, en bowenal sy onblusbare drif om sy ervaring van die lewe te verwoord. Deur sy geniale beheer van die woord kon Langenhoven van sy lewenservaring letterkunde maak.” (Insig, April 1998)

Na sy dood het die publiek voortgegaan om Langenhoven se boeke te lees en het sy boeke menige herdrukke beleef – selfs tot in die 21ste eeu. In 1935 is al beplan om ’n sonwyser volgens Langenhoven se plan op Stellenbosch op te rig, maar die ideaal is eers in 1973, die Langenhoven-eeufeesjaar, verwesenlik toe dit op die Jan Marais-plein opgerig is. In 1931 het hy in Aan stille waters geskryf: “Ek wens ek had die tyd, en die uitnodiging, om so ’n datumwyser by my ou universiteit op te sit.” ’n Langenhoven-Studentesentrum is ook in die 1970’s op Stellenbosch gebou ter nagedagtenis aan Langenhoven. In 1983 is feitlik al sy dokumente deur die Langenhoven-trust aan die Universiteit Stellenbosch oorhandig.

In 1973 is ’n landwye Langenhoven-fees gehou om sy 100-jarige verjaardag te vier. Die feesvieringe was hoofsaaklik rondom Oudtshoorn gesentreer, waar 6 000 skoolkinders van Kaapland aktief aan die fees deelgeneem het. Beide Kruik en Truk het verskeie van sy werke gedramatiseer en op die planke gebring. Die SAUK het van sy dramas aangebied en voorlesings uit sy werk uitgesaai. Daar is ook ’n nuwe uitgawe van Langenhoven se Versamelde werke deur Tafelberg uitgegee, asook nuwe uitgawes van verskeie van sy vroeëre werke.

In 1983 het die Langenhoven-Trust feitlik al die dokumente van en oor CJ Langenhoven aan die Universiteit Stellenbosch oorhandig. Onder die dokumente is onder andere 24 finale manuskripte soos hulle gepubliseer is, onder meer die manuskrip van Mof en sy mense, tesame met die voorlopige kladskrif. (Die Burger, 29 April 1983)

Arbeidsgenot, Langenhoven en Vroutjie se woonhuis op Oudtshoorn, is op 24 Julie 1987 tot ’n nasionale gedenkwaardigheid verklaar en daar is dadelik begin met fondsinsameling om dit te restoureer. Daar is ook ’n Vriende van Arbeidsgenot gestig om met die poging behulpsaam te wees. Vandag is Arbeidsgenot ’n gewilde besoekplek vir toeriste aan Oudtshoorn.

In Julie 1992 verskyn daar ’n samestelling van Langenhoven se spookstories. Die stories is deur Danie Botha saamgestel en deur Tafelberg uitgegee onder die titel Die beste spookstories van CJ Langenhoven. Dit is saamgestel uit Geeste op aarde, Aan stille waters I en Die wandelende geraamte. Die illustrasies is deur Angus McBride gedoen wat ook verantwoordelik is vir die illustrasies in Langenhoven in volkleur.

In 1995 het Eric Nobbs in ’n meesterlike solovertoning die ergernis van die dorpslewe uitgebeeld soos gesien deur die oë van ou Stoffel Gieljam, ’n gesoute Sap. Die solostuk Doppers en Filistyne is deur ou Stoffel geskryf en hy spog dat dit “net hier en daar” deur sy neef Sagmoedige Neelsie, die skrywer CJ Langenhoven, “in die haak gesit is”. Ou Stoffel word deur sy rustelose jong vrou, Soetlief, gedwing om na die dorp te trek en Stoffel moes maar sy “voorvaderlike eenvoud” op die plaas agterlaat.

Ou Stoffel (Nobbs) vertel die gehoor van al die sake wat so swaar op sy hart druk. Nobbs se karakterisering van die kyfagtige vrou, die vertelling van politieke sensitiwiteit en die beterweterigheid van ou Stoffel was uitstekend. Die vertellings van sy interaksie met mense van ander kulturele agtergronde word met groot deernis gedoen. Ou Stoffel openbaar deur sy vertellings ’n soort onopgesmukte, aardse wysheid en 'n verlange na die eenvoud van menswees. Nobbs se toneelspel getuig van lewenskragtigheid en oortuiging. Hy slaag uitstekend daarin om die lagspiere te prikkel in sy unieke 
voordrag van die tradisionele Afrikaanse humor. (Beeld, 10 Oktober 1995)

In 1998 is Langenhoven se Die laaste van die takhare op RSG uitgesaai as deel van RSG se drama-seisoen. Dit is weer in 2013 afgestof en heruitgesaai. Dit was ook in 1979 op die televisie waar dit op SABC3 gebeeldsend is.

In 1998 het Cobus Rossouw Langenhoven in ’n stuk getiteld Die laaste strooi op die KKNK gespeel. Ilse van Hemert het hierdie stuk saamgestel vir die gedenkjaar vir Oudtshoorn.

Langenhoven het op die een of ander wyse altyd sentraal gestaan in Cobus Rossouw se loopbaan, vertel Rossouw aan Paul Boekkooi (Beeld, 31 Maart 1998). Die verbintenis of geestesverwantskap met die skrywer het ontstaan in 1959 “toe mense soos ek en Jannie Gildenhuys begin skoolwerk doen het, toe die voorgeskrewe werke soms so ’n bietjie bleek en oninteressant was. Ons het Langenhoven ingesleep omdat hy iemand was wat toe eintlik nie baie bekend was onder dáárdie geslag nie en om die program te lig en dit meer humoristies te maak. Dit is daar waar my bekendheid met Langenhoven begin het. Op skool het ek maar min met hom te doen gehad. 

“In 1964 het ons vir Truk ’n program saamgestel waarin ek ou Neelsie gespeel het: Modes van voor, skuld van agter. Toe, in 1973, met die honderdjarige herdenking van Langenhoven se geboorte, het ons in die Johannesburgse Stadskouburg Sagmoedige Neelsie aangebied met ’n teks wat saamgestel is deur Bartho Smit. In dieselfde jaar het ek ook ’n eenmanprogram vir Sukovs onder regie van Robert Mohr gedoen. 

“En toe volg in 1983 ’n reeks van twaalf episodes oor Langenhoven op TV in samewerking met oorlede Manie van Rensburg. Johan van Jaarsveld het die teks saam met Van Rensburg geskryf.”

Cobus Roussouw moes van voor af weer navorsing doen oor Langenhoven se karakter, veral ná die verskyning van JC Kannemeyer se Langenhoven: ’n lewe.

“My belangstelling van destyds het nooit getaan nie. En nadat ek Kannemeyer se boek gelees het, het dit weer as’t ware ’n inspuiting gekry,” vertel Rossouw (Beeld, 31 Maart 1998). “Daarom sou ek, en ons het almal lank hieroor gepraat, graag ’n biografiese verhoogwerk oor Langenhoven wou sien: die verhoudings met sy vroue en sy werk, die persoon wat hy was teen die agtergrond van ’n baie wonderlike tyd.

“Dit is Langenhoven se betrokkenheid by Afrikaans wat hom uniek maak. Hy was aanvanklik anti-Afrikaans, maar het ’n intense passie vir die taal ontwikkel. Vir, soos die skrywer dit genoem het, ons pêrel van groot waarde.”

Ook by die KKNK in 1998 is ’n pantomime van Brolloks en Bittergal op die planke gebring. Dit is geskryf en geregisseer deur Lizz Meiring en Hannes Müller. 

Op 30 Maart 2003 is Langenhoven en Vroutjie, presies 100 jaar nadat die Langenhoven-egpaar by Arbeidsgenot (of Woodbine, soos dit eers geheet het) ingetrek het, weer huis toe gebring en in Arbeidsgenot se huismuseumtuin herbegrawe. ’n Diens in die NG Kerk Oudtshoorn gelei deur ds Solly Ozrovech het die herbegrafnis vooruitgegaan. Daar is op hierdie herbegrafnis besluit nadat daar skendings van grafte in Oudtshoorn se ou munisipale begraafplaas was.

Publikasies

Publikasie

Iets over arbiters en arbitraties: een haastig opstelletjie op verzoek geschreven

Publikasiedatum

1906

ISBN

(sb)

Uitgewer

Oudtshoorn: Zuid-Westelijke Drukpers en Uitgevers Maatschappij

Literêre vorm

Regspublikasie

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Die famielie saak / Die familie saak: ’n ongeskikte maar tog geskikte perses: Afrikaanse blyspel

Publikasiedatum

  • 1909
  • 1911
  • 1917

ISBN

(sb)

Uitgewer

Oudtshoorn: J & H Pocock

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Die water zaak, of, Engelsch versus Hollandsch: Afrikaansche blyspel

Publikasiedatum

1909

ISBN

(sb)

Uitgewer

Oudtshoorn: J & H Pocock

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

The Royal road to Cape Dutch. First stage: short but sufficient grammar, intended for the use of English students whose time is valuable

Publikasiedatum

1910

ISBN

(sb)

Uitgewer

Oudtshoorn: J & H Pocock

Literêre vorm

Taalboek

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

The Royal road to Cape Dutch. Second stage: a reading primer, being the farce: Die trouwbelofte, with notes, exercises and vocabulary

Publikasiedatum

  • 1910
  • 1920

ISBN

(sb)

Uitgewer

Oudtshoorn: J & H Pocock

Literêre vorm

Taalboek

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Eenvoudige stukkies en brokkies: om in die huis te lees en om in debatsverenigings te gebruik v’r resitasies, voorlesingkies, voordraggies, opvoeringkies

Publikasiedatum

1911

ISBN

(sb)

Uitgewer

Oudtshoorn: De ZW Drukpers

Literêre vorm

Bloemlesing

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • JC: Stukkies en brokkies. Brandwag, 15 Oktober 1911

 

Publikasie

Afrikaanse verjaardagboekie / Ons geliefde verjaarsdagboekie

Publikasiedatum

  • 1912
  • 1924

ISBN

(sb)

Uitgewer

Oudtshoorn: Gebroeders Bowles

Literêre vorm

Dagboek

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • Waardevolle werkie van Langenhoven. Volksblad, 30 Mei 1972

 

Publikasie

Die wêreld die draai: eenvoudige komedie

Publikasiedatum

1912

ISBN

(sb)

Uitgewer

Oudtshoorn: J & H Pocock

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Die hoop van Suid-Afrika (geskryf op versoek van die plaaslike vieringskomitee vir opvoering te Oudtshoorn op Dingaansdag 1913)

Publikasiedatum

  • 1913
  • 1917
  • 1926
  • 1936
  • 1937
  • 1960

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Oudtshoorn: J & H Pocock
  • Kaapstad: Nasionale Pers

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Ons weg deur die wêreld en ander stukkies en brokkies, oue en nieuwe

Publikasiedatum

  • 1914
  • 1918
  • 1919

ISBN

(hb)

Uitgewer

  • Potchefstroom: Het Westen
  • Pretoria: De Bussy
  • Kaapstad: HAUM

Literêre vorm

Prosa

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • Werda, 15 Maart 1914
  • Heyns, TJ: Studies in letterkunde. Ons eie Boeke, datum onbekend
  • Jurgens, ML: Ons weg deur die wêreld. Ons Eie Boek, datum onbekend
  • Leipoldt, C Louis: Oor boeke. Huisgenoot, September 1919

 

Publikasie

Die vrouw van Suid-Afrika = Die vrou van Suid-Afrika: dramatiese fantasie

Publikasiedatum

  • 1918
  • 1921

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: HAUM
  • Kaapstad: De Nationale Pers Beperkt

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Die stem van Suid-Afrika [gedig]

Publikasiedatum

[1918]

ISBN

(sb)

Uitgewer

Kaapstad: Burger Boekhandel

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Die onmoontlike tweeling: ’n klugspelletjie

Publikasiedatum

  • 1919
  • 1920
  • 1923
  • 1931
  • 1941
  • 1965

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: HAUM
  • Kaapstad: De Nasionale Pers Beperkt
  • Kaapstad: Nasionale Boekhandel Beperk

Literêre vorm

Klug

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

The everlasting annexation: a false prophecy. By A Loyalist

Publikasiedatum

1919

ISBN

(sb)

Uitgewer

Kaapstad: De Nationale Pers Beperkt

Literêre vorm

Geskiedenis

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Twee geskiedkundige opstelle. Saam met Gustav S Preller

Publikasiedatum

1919

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: De Nationale Pers Beperkt

Literêre vorm

Geskiedenis

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Sonde met die bure: ’n verhaaltjie uit ons weelde-dae.Deur Sagmoedige Neelsie

Publikasiedatum

  • 1921
  • 1922
  • 1926
  • 1928
  • 1930
  • 1936
  • 1943
  • 1945
  • 1950
  • 1959
  • 1960
  • 1961
  • 1962
  • 1964
  • 1972 (39ste uitgawe)
  • 1983
  • 1991
  • 2009

ISBN

  • 0624020150 (hb)
  • 9781869193232 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Nasionale Pers
  • Kaapstad: Nasionale Boekhandel Beperk
  • Kaapstad: Tafelberg
  • Pretoria: Protea Boekhuis

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • Die Boerevrou se boekrak. Die Boerevrou, September 1921
  • DM: Elephant and some trouble for Neelsie. Pretoria News, 24 Oktober 1972
  • Ebersohn, Karen: Langenhoven se satire tref steeds die kol. Volksblad, 8 Maart 2010
  • JH: Langenhoven leef weer. Die Vaderland, 20 Oktober 1972
  • Sagmoedige deun: Sonde met die bure. Huisgenoot, September 1921
  • Voorgeskrewe werke vir matriek. Patrys, Mei 1962

 

Publikasie

Eerste skoffies op die pad van Suid-Afrika

Publikasiedatum

  • 1921
  • 1947

ISBN

(sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: De Nationale Pers Beperkt
  • Kaapstad: Nasionale Pers

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Vrouetrou: toneelstukkie

Publikasiedatum

1921

ISBN

(sb)

Uitgewer

Kaapstad: De Nationale Pers Beperkt

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • Marais, Eugène: Vrouetrou. Brandwag, Oktober 1921

 

Publikasie

Doppers en Filistyne. Deur Stoffel Gieljam (nagesien, gekorrigeer en persklaar gemaak deur Sagmoedige Neelsie)

Publikasiedatum

  • 1922
  • 1924
  • 1926
  • 1938
  • 1952
  • 2010

ISBN

  • (hb)
  • 9781869193768 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Nasionale Pers
  • Pretoria: Protea Boekhuis

Literêre vorm

Prosa

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

 

Publikasie

Die eensame hoop

Publikasiedatum

  • 1922
  • 1934

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Pers

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Gesange in Afrikaans

Publikasiedatum

1922

ISBN

(sb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Pers

Literêre vorm

Gesangebundel

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Ons weg deur die wêreld. Deel III

Publikasiedatum

  • 1923
  • 1934
  • 1938
  • 1949

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Pers

Literêre vorm

Essays

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

 Geen

 

Publikasie

Loeloeraai

Publikasiedatum

  • 1923
  • 1924
  • 1926
  • 1932
  • 1939
  • 1941
  • 1954
  • 1960
  • 1961
  • 1972
  • 1992
  • 2008

ISBN

  • (hb)
  • 0624031349 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Nasionale Pers
  • Kaapstad: Nasionale Boekhandel Beperk
  • Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Wetenskapfiksie

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

 

Publikasie

Die opdraende pad

Publikasiedatum

  • 1923
  • 1934

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Pers

Literêre vorm

Prosa

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Die Rubáiyát van Omar Khayyam. Vertaal deur CJ Langenhoven

Publikasiedatum

1923

ISBN

(sb)

Uitgewer

Oudtshoorn: CJ Langenhoven

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Die lig van verre dae 1752

Publikasiedatum

  • 1924
  • 1927
  • 1928
  • 1929
  • 1931
  • 1934
  • 1937
  • 1944
  • 1949
  • 1961
  • 1972

ISBN

0624002942 (hb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Nasionale Pers
  • Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Prosa

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • Die Boerevrou se boekrak. Die Boerevrou, Junie 1924
  • JJS: Oor boeke. Huisgenoot, 11 April 1924
  • Van ons boeketafel. Die Unie, 1 Mei 1924

 

Publikasie

Ons weg deur die wêreld. Deel I

Publikasiedatum

  • 1924
  • 1929
  • 1933
  • 1935
  • 1936
  • 1937
  • 1938
  • 1939
  • 1952
  • 1955
  • 1957

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Pers

Literêre vorm

Bloemlesing

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Geeste op aarde: merkwaardige verhale uit die versameling van Gideon HH Koertzen

Publikasiedatum

  • 1924
  • 1925
  • 1927
  • 1928
  • 1930
  • 1936
  • 1943
  • 1954
  • 1964

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Pers

Literêre vorm

Bonatuurlike verhale

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Herrie op die óú tremspóór. Deur Sagmoedige Neelsie

Publikasiedatum

  • 1925
  • 1932
  • 1937
  • 1938
  • 1940
  • 1943
  • 1951
  • 1953
  • 1957
  • 1963
  • 1972
  • 1973
  • 1976
  • 1990
  • 2009

ISBN

  • 0624003930 (hb)
  • 0624029816 (sb)
  • 9781869193270 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Nasionale Pers
  • Kaapstad: Tafelberg
  • Pretoria: Protea Boekhuis

Literêre vorm

Prosa

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • Ebersohn, Karen: Langenhoven se satire tref steeds die kol. Volksblad, 8 Maart 2010
  • Herrie op die óú tremspoor en Mof en sy mense. Klasgids, Oktober 1992
  • Nolte, Elsa: Kyk gerus met nuwe oë na Langenhoven. Die Burger, 8 Junie 1972
  • Wÿbenga, Gretel: Was Langenhoven se Neelsie ’n depressielyer? Beeld, 19 Augustus 1991

 

Publikasie

Die Krismiskinders

Publikasiedatum

  • 1926
  • 1938
  • 1946
  • 1957
  • 1969
  • 1978

ISBN

0624011674 (hb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Nasionale Pers
  • Kaapstad: Nasionale Boekhandel Beperk
  • Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • Oosterlig, 19 Desember 1978
  • Kersgeskenke vir die kleingoed. Volksblad, 30 November 1978
  • Lekker lees, lekker huil! Rapport, 17 Desember 1978

 

Publikasie

Die laaste van die takhare. Verwerking van Die wêreld die draai

Publikasiedatum

  • 1926
  • 1927
  • 1929
  • 1931
  • 1937

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Pers

Literêre vorm

Klug

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • Blom, André: ’n Heldin is terug in die drama waar sy hoort [radio-drama]. Volksblad, 15 Mei 1998
  • Langenhoven se “Takhare” opgediep uit argief [radio-drama]. Beeld, 3 Oktober 2013
  • Reid, Ian: Langenhoven play on the box [televisieverwerking]. Rand Daily Mail, 15 November 1979

 

Publikasie

A first guide to Afrikaans

Publikasiedatum

  • 1926
  • 1938

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Pers

Literêre vorm

Taalboek

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Donker spore: ’n verhaal uit Ladismith

Publikasiedatum

  • 1926
  • 1928
  • 1929
  • 1930
  • 1931
  • 1935
  • 1937
  • 1941
  • 1953
  • 1955
  • 1957
  • 1959
  • 1961
  • 1973

ISBN

0624003507 (hb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Nasionale Pers
  • Kaapstad: Nasionale Boekhandel Beperk
  • Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • JH: Langenhoven se vier “nuwes” ’n moet vir die boekrak. Die Vaderland, 18 Februarie 1972
  • Nolte, Elsa: Kyk gerus met nuwe oë na Langenhoven. Die Burger, 8 Junie 1972

 

Publikasie

Die kinderparlement: klugvoorstelling van ’n Volksraadsitting vir opvoering deur die jongspan

Publikasiedatum

1927

ISBN

(sb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Pers

Literêre vorm

Klug

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Van die aarde na die sterre. Deel 1 en 2

Publikasiedatum

1927

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Pers

Literêre vorm

Sterrekunde

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Skaduwees van Nasaret. (In 1972 heruitgegee ter herdenking van Langenhoven se 100ste verjaardag)

Publikasiedatum

  • 1927
  • 1928
  • 1930
  • 1931
  • 1939
  • 1972

ISBN

0624003248 (hb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Nasionale Pers
  • Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Godsdiens

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Brolloks en Bittergal: wonderstories vir die kindertjies

Publikasiedatum

  • 1927
  • 1931
  • 1935
  • 1938
  • 1963
  • 1965
  • 1977
  • 2008

ISBN

9780798149983 (sb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Nasionale Pers
  • Kaapstad: Nasionale Boekhandel Beperk
  • Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Kinderverhale

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • AL: Langenhoven se verhale bly bo. Oggendblad, 26 Januarie 1978
  • AP: Brolloks leef nog sterk. Die Burger, 12 Januarie 1978
  • Bosman, N: Ruimte as intertekstuele belewenis: Dalene Matthee en CJ Langenhoven. Tydskrif vir Letterkunde, November 1992
  • Botma, Gabriël: Bittergal en maters gee vakansie ’n soet smaak [Pantomime deur Lizz Meiring en Hannes Müller]. Die Burger, 22 Desember 1998
  • Langenhoven se Brolloks en Bittergal laat Afrikaans herleef; goed ontvang op fees [Pantomime]. Volksblad, 4 April 1998
  • LVA: Brolloks wek nostalgie. Hoofstad, 16 Februarie 1978
  • PCT: Langenhoven tales for all age-groups. The Friend, 3 Mei 1978
  • Samuel, Susan: Moet ou boeke nuwe baadjie kry? Boeke-Insig, Januarie 2009
  • Van Zyl, Anna: Langenhoven bly boeiend. Volksblad, 26 Januarie 1978

 

Publikasie

Ou-liedjies

Publikasiedatum

1928

ISBN

(sb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Pers

Literêre vorm

Liedere

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Die boekie sonder naam met Tant Effie se wonderstories vir die kinders

Publikasiedatum

1928

ISBN

(sb)

Uitgewer

Kaapstad:Nasionale Pers

Literêre vorm

Kinderverhale

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Water en sy aard: eerste geselsie met skoolleerlinge

Publikasiedatum

  • 1928
  • 1943

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Pers

Literêre vorm

Wetenskap

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Die goeie burger: eerste lessies in die vak Burgerplig

Publikasiedatum

  • 1928
  • 1939

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Pers

Literêre vorm

Sosiale wetenskappe

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Die witman se pand: die naturelle-vraagstuk en die kieser se verantwoordelikheid. Mede-outeur: JH Conradie

Publikasiedatum

1929

ISBN

(sb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Pers

Literêre vorm

Rassevraagstukke

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Die badwater van Bethesda: ’n verhaal van Mof en sy mense

Publikasiedatum

  • [19-?]
  • 1935

ISBN

(hb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Nasionale Pers
  • Kaapstad: Nasionale Boekhandel Beperk

Literêre vorm

Prosa

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • Wÿbenga, Gretel: Was Langenhoven se Neelsie ’n depressielyer? Beeld, 19 Augustus 1991

 

Publikasie

ABC hondjie gaan mee: tel hulle op, speel daarmee pop. Deur Elspet

Publikasiedatum

1930

ISBN

(sb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Pers

Literêre vorm

Kinderboek

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Die wandelende geraamte en ander verskynings

Publikasiedatum

  • 1930
  • 1932
  • 1934

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Pers

Literêre vorm

Spookstories

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Aan stille waters: ’n boek vir ledige half-uurtjies

Publikasiedatum

  • 1930
  • 1931
  • 1932
  • 1934
  • 1941
  • 1951
  • 1955

ISBN

(hb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Nasionale Pers
  • Kaapstad: Nasionale Boekhandel Beperk

Literêre vorm

Essays

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • Koch, Retief: Arbeidsgenot was Neelsie se “Aan stille waters”. Die Burger, 28 Oktober 2000
  • Kritzinger, MSB: Langenhoven op sy beste. Die Burger, 7 Februarie 1931

 

Publikasie

U dienswillige dienaar: twee stukkies rekenskap

Publikasiedatum

  • 1931
  • 1932
  • 1935
  • 1973

ISBN

0624004104 (hb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Nasionale Pers
  • Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Skrywerskap en taalstryd

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • Cobus Rossouw in aanbieding van Langenhoven-werk. Die Vaderland, 6 Desember 1973

 

Publikasie

Petronella: ’n tragedie van verarming

Publikasiedatum

  • 1931
  • 1933

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Pers

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Goud of papier? Eenvoudige kort begrip vir die gewone kieser

Publikasiedatum

1932

ISBN

(sb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Pers

Literêre vorm

Ekonomie

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Hoe om te skrywe: hulpboekie by die studie van stelkuns. Mede-outeur EC Pienaar

Publikasiedatum

  • 1932
  • 1938

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Pers

Literêre vorm

Skryfkuns

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • Van Rijn, CJ: Mnr Langenhoven se uitbarsting. Volkstem, 20 April 1932

 

Publikasie

Die mantel van Elia

Publikasiedatum

1933 (Faksimilee-uitgawe)

ISBN

(sb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Pers

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

My aandeel aan die taalstryd. (Uitgegee vir die Senior sertifikaat-eksamen 1937)

Publikasiedatum

1935

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Pers

Literêre vorm

Taalstryd

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

The life history of an ostrich

Publikasiedatum

1953

ISBN

(sb)

Uitgewer

Oudtshoorn: Allan Pocock

Literêre vorm

Dierkunde

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Essays uit Versamelde werke

Publikasiedatum

  • 1955
  • 1959
  • 1960

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Nasionale Boekhandel Beperk

Literêre vorm

Essays

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Die laaste van die takhare en ander verhoogstukke (bevat ook Die onmoontlike tweeling)

Publikasiedatum

1971

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • Brink, André P: Nog geen Neelsie Superstar, maar dankie tog vir Kerneels! Rapport, 27 Maart 1972
  • JK: ’n Besliste moet vir verhoogkunstenaars. Die Vaderland, 24 Maart 1972
  • Nolte, Elsa: Kyk gerus met nuwe oë na Langenhoven. Die Burger, 8 Junie 1972

 

Publikasie

Twee novelles (Mof en sy mense en Donker spore)

Publikasiedatum

1972

ISBN

0624002012 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Romans

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • Herrie op die óú tremspoor en Mof en sy mense. Klasgids, Oktober 1992
  • JH: Nog ’n gewilde Langenhoven. Die Vaderland, 3 Augustus 1972
  • Nolte, Elsa: Kyk gerus met nuwe oë na Langenhoven. Die Burger, 8 Junie 1972

 

Publikasie

Al skrywend. Saamgestel deur Sarah Goldblatt

Publikasiedatum

  • 1972
  • 1973

ISBN

0624001970 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Essays

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • JK: Vlaag van boeke. Die Vaderland, 17 November 1972
  • Langenhoven-uittreksels. Oosterlig, 24 Oktober 1972
  • NvO: Langenhoven. Weekend Post, 25 November 1972
  • Wollheim, OD: Centenary. The Argus, 6 Desember 1972

 

Publikasie

Jantjie Muis en Jakob Slang en ander verhaaltjies (Inhoud: Kootjie Totjie en die twee oorlosies; My sewe maters; Dirkie Mens en Snytjie Brood. Dit het oorspronklik in drie afsonderlike boeke verskyn.)

Publikasiedatum

  • 1976
  • 1982

ISBN

0624009416 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • ... En nog een oor ’n muis! Hoofstad, 19 Januarie 1977
  • Joubert, Maureen: Oom Kerneels. Die Burger, 15 Oktober 1976
  • Kühne, WO: Neelsie se kinders dink muise laat. Volksblad, 24 November 1976
  • Pretorius, Rykie: They’re cut out to be classics. The Argus, 23 Februarie 1977

 

Publikasie

Die vrolike vlam: ’n versameling van stukke vir lekker lees uit die werke van CJ Langenhoven. Saamgestel deur JP Scannell en GCL Brümmer

Publikasiedatum

1979

ISBN

062401245X (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Prosa

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • AD: Langenhoven bly pure lekkerte. Die Vaderland, 24 April 1980
  • Breytenbach, Kerneels: Kort begrip van Langenhoven. Die Burger, 22 November 1979
  • Breytenbach, Kerneels: Langenhoven gee kleur aan die lewe. Beeld, 10 Desember 1979
  • Brink, André P: ’n Immergroen Langenhoven. Rapport, 9 Maart 1980
  • CV: Langenhoven se Herrie stap nog aan. Volksblad, 21 November 1979
  • Die vrolike vlam [hoofartikel]. Die Burger, 27 Oktober 1979
  • Die vrolike vlam. Sarie, 12 Desember 1979Grobler, Hilda: Langenhoven se Vrolike vlam is lekkerlees-stukke. Hoofstad, 26 Januarie 1980
  • Grütter, Wilhelm: For sampling. The Argus, 23 Januarie 1980
  • Oor helde. Die Burger, 20 Oktober 1979
  • Voorwaarts. Rapport, 30 Desember 1979

 

Publikasie

Die beste spookstories: ’n keuse. Saamgestel deur Danie Botha

Publikasiedatum

  • 1992
  • 2008

ISBN

  • 062403139X (hb)
  • 9780624039624 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Spookstories

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • De Bruin, Philip: Spookstories, ook vir klein oortjies. Beeld, 22 Augustus 1992
  • Langenhoven se spoke loop weer in nuwe boek. Beeld, 2 Julie 1992
  • Steytler, Klaas: Heelwat spook vir jou geld. Volksblad, 21 September 1992
  • Steytler, Klaas: Spoke sterf nie uit nie – word volksbesit in twee plesierige versamelings. Die Burger, 15 September 1992

 

Publikasie

Spreuke van Langenhoven: ’n keuse. Saamgestel deur Jan Scannell

Publikasiedatum

  • 1988
  • 2008

ISBN

  • 0624026817 (sb)
  • 97890624039617 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Spreuke

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

... die erwe van ons vaad’re..., 1873-1932: ’n bloemlesing uit die Versamelde werke van CJ Langenhoven

Publikasiedatum

  • 1971
  • 1972
  • 1973
  • 1974
  • 1975

ISBN

0624001865 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Prosa

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • AMM: die erwe van ons vaad’re. Kerkbode, 27 Oktober 1971
  • Bloemlesing trap in Langenhoven-strik. Die Vaderland, 4 Oktober 1971
  • DM: Author’s humour does not date. The Friend, 18 Mei 1972
  • Langenhoven se werke. Nataller, 24 September 1971
  • Puik boek oor Langenhoven. Oosterlig, 27 September 1971

 

Publikasie

Van mens tot mens: ’n keur van gesegdes uit die Versamelde Werke. Saamgestel deur JP Scannell

Publikasiedatum

1979

ISBN

0624013391 (hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Spreuke

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • Krom vore. Rapport, 11 November 1979
  • Langenhoven. Hoofstad, 16 Februarie 1980
  • Langenhoven se wysheid. Buurman, Desember 1979–Februarie 1980
  • Van Wyk, Annamarie: Langenhoven-logika. Beeld, 10 Maart 1980

 

Publikasie

Pittige sêgoed en raak antwoorde van Sagmoedige Neelsie

Publikasiedatum

2000

ISBN

(sb)

Uitgewer

Oudtshoorn: Herrie Advertensie en Nuusblad

Literêre vorm

Spreuke

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Sagmoedige Neelsie praat padlangs: keur uit artikels wat sedert 2005 in die Oudtshoorn Courant verskyn het

Publikasiedatum

2006

ISBN

(sb)

Uitgewer

Oudtshoorn: J Olivier

Literêre vorm

Artikels

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

Geen

 

Publikasie

Kootjie Totjie

Publikasiedatum

2009

ISBN

9781869193133 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Protea Boekhuis

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken en kortlysbenoemings

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings

  • Greeff, Rachelle: Boeke vir Kersfees se kabouters. Rapport, 6 Desember 2009
  • Roux, Jaybee: Want kinders is mal oor stories. Volksblad, 7 Desember 2009
  • Scheepers, Riana: Nuut op die rak. Die Burger, 18 Januarie 2010

 

Artikels oor CJ Langenhoven:

  • Bateman, Philip C: Afrikanerreus is steeds gewild. Volksblad, 22 Desember 1982
  • Blignault, Audrey: Langenhoven se essays leef voort. Insig, April 1998
  • Boekkooi, Paul: Langenhoven “sal tot gehore vandag spreek”. Beeld, 31 Maart 1998
  • Borsbeeld van Langenhoven [foto]. Volksblad, 18 Desember 1968
  • Botha, Elize: Langenhoven word van vele kante af belig. Die Burger, 19 November 1998
  • Brink, André P:
    • André P Brink kyk by Kunstefees na Langenhoven se Spookstories. Die Burger, 4 April 1998
    • Donker spore, duister woorde [Langenhoven gedenklesing, 2011]. Rapport, 5 Mei 2011
  • Neelsie, Madiba en ek. Beeld, 16 Julie 2004
  • Brits, Elsabé: Langenhoven: Méér as net die ander vrou. Netwerk24, 8 Mei 2021
  • Britz, Etienne: Vurige Neelsie. Keur, 11 Augustus 1995
  • Brümmer, Willemien: Het Langenhoven ’n “liefdeskind” gehad. Netwerk24, 17 Mei 2021
  • Bruwer, LC: Huldigingswoord by die Langenhovengraf, Oudtshoorn, Dinsdag, 28 Junie 1960. Die Unie, 1 Augustus 1960
  • Calitz, Felix: Afrikaans is ons eige. Hoofstad, 5 Februarie 1970
  • Cillié, Petra:
  • Herrie ná 52 j weer terug by Arbeidsgenot. Die Burger, 19 Februarie 2000
  • Vergete besittings van Langenhoven in ou stal gevind. Die Burger, 2 Julie 1999
  • CJ Langenhoven
  • CJ Langenhoven
  • CJ Langenhoven se Aan stille waters. Die Burger, 31 Januarie 1998
  • CJ Langenhoven se sterfdag by sy graf gedenk. Netwerk24, 18 Julie 2021
  • Clark, John: “Langenhoven’s contribution to music often ignored”. Evening Post, 14 September 1984
  • Coetzee, Nita: Langenhoven geboorteplek in die Hoeko besoek werd. Die Burger, 5 Julie 1997
  • Cornelis Jacobus Langenhoven
  • Cornelis Jakob Langenhoven (1873-1932). Lantern, September 1982
  • Cornelissen, Irene: Dienswillig die uwe. Rooi Rose, April 2005
  • Dankbare hulde [hoofartikel]. Die Burger, 23 April 1964
  • Dedekind, Nonnie: Langenhoven se verlore liefde in ’n minnebrief gevind. Beeld, 7 November 1992
  • De Villiers, IL: Agter sý wolk was geen stralekrans. Saffier, Junie 1995
  • De Vries, Fred: Method in the madness: [interview with Willemien Brümmer]. The Weekender, 15 November 2008
  • Die grootheid van Langenhoven [hoofartikel]. Volksblad, 11 Augustus 1973
  • Die Langenhoven-gedenkteken: Universiteit Stellenbosch se ontwerp voltooi. Die Burger, 13 Julie 1935
  • Die Stem. Bondgenoot, November 1983
  • Dommisse, Ebbe: “Die Neelsie” by Arbeidsgenot. Die Burger, 25 Augustus 2007
  • Gee ons “Stem van SA” as volkslied. Die Burger, 12 Oktober 1932
  • Geldenhuys, DJC: Die verhaal van ons taal: CJ Langenhoven. Die Bondgenoot, September 1969
  • Goldblatt, Sarah:
    • Langenhoven was teen vertaling [oor Die Stem van Suid-Afrika]. Die Burger, 14 Augustus 1957
    • Stryd oor erkenning en vertaling [oor Die Stem van Suid-Afrika]. Die Burger, 15 Augustus 1957
    • Sy naam is geheim gehou [oor Die Stem van Suid-Afrika]. Die Burger, 13 Augustus 1957
  • Grové, Niek: “As ons mense se tale steel, steel ons ook hul toekoms”. Beeld, 2 Mei 2006
  • Horn, Andreij: Langenhoven glo deur politici op sleeptou geneem. Die Burger, 25 Maart 1998
  • Hugo, Daniel: Die begeerte na boeke ontgroei jy bitter moeilik. Die Burger, 23 Junie 2003
  • Kannemeyer, JC:
    • JC Kannemeyer begeef hom op die ou tremspoor. Boekewêreld, 19 April 1995
    • Kerneels Langenhoven was met “schnipes” tyd vooruit. Die Burger, 5 Mei 2001
    • Langenhoven en Helena verloof en só uiteen [brief]. Beeld, 18 November 1992
    • Neelsie pak kroonprins. Die Burger, 1 November 2003
    • Op die spoor van Langenhoven deur die Klein Karoo. Die Burger, 28 April 2001
    • Op die voetspoor van CJ Langenhoven: Oudtshoorn. Die Burger, 9 Julie 1994
    • Op die voetspoor van Langenhoven: Meiringspoort. Die Burger, 16 Julie 1994
    • Op die voetspoor van Langenhoven: Riversdal, Ladismith. Die Burger, 2 Julie 1994
    • Staaltjies oor Neelsie dui op skerpsinnigheid. Volksblad, 19 Augustus 2000
    • Staaltjies rondom die skerpsinnigheid van CJ Langenhoven. Die Burger, 1 Julie 2000
    • Toer volg Langenhoven se spoor. Volksblad, 28 April 2001
    • Volg Langenhoven op literêre toer na Klein Karoo. Die Burger, 21 Junie 1997
  • Kaptein, Aat: Bedevaart na Oudtshoorn. Insig, April 1998
  • Kempen, W: Langenhoven het sienersblik openbaar. Die Burger, 1 Mei 1964
  • Koch, Retief:
    • Aangrypende gedigte van Langenhoven getoonset. Die Burger, 11 November 2000
    • Arbeidsgenot in rou op 15 Julie 1932, môre 68 jaar gelede. Die Burger, 15 Julie 2000
    • CJ Langenhoven bly steeds immergroen. Die Burger, 16 September 2000
    • CJ Langenhoven was lief vir tradisionele kos. Die Burger, 31 Augustus 2002
    • CJ Langenhoven was vir Afrikaans ’n voorvegter. Die Burger, 19 Augustus 2000
    • Cornelius Jakob Langenhoven (1873-1932). Die Burger, 10 Augustus 2002
    • Gedagtes by Langenhoven se herbegrafnis. Die Burger, 5 April 2003
    • Langenhoven beïndruk deur HG Wells. Die Burger, 27 Julie 2002
    • Langenhoven het veral snags geskryf, gedig. Die Burger, 21 Oktober 2000
    • Langenhoven, Meester Bloemkolk en Hoeko se plaasskool. Die Burger, 14 Augustus 1999
    • Langenhoven ontmoet latere pres CR Swart. Die Burger, 18 November 2000
    • Langenhoven se geeste, kultuurgoed wat verdwyn. Die Burger, 5 Oktober 2002
    • Langenhoven se pensketse. Die Burger, 12 April 2003
    • Langenhoven se regterhand: “Wonderbaar!” Die Burger, 15 Maart 2008
    • Langenhoven se watersake laat skaterlag. Die Burger, 2 Desember 2000
    • Langenhoven verstom met spreuke en humor. Die Burger, 16 Desember 2000
    • Langenhoven verwoord bewondering vir vroue. Die Burger, 24 Augustus 2002
    • Langenhoven was ook sterrekundige, futuris. Die Burger, 14 Oktober 2000
    • Langenhoven was vir Afrikaans ’n voorvegter. Die Burger, 18 Augustus 2000
    • Met Herrie se trem na Arbeidsgenot. Die Burger, 13 April 2000
    • Neelsie reik Afrikaanse hand na Engelse. Die Burger, 27 April 2002
    • Neelsie se geboorte en huise in sy lewe. Die Burger, 12 Augustus 2000
    • Neelsie veg vir moedertaal-onderwys. Die Burger, 22 Junie 2002
    • Vyftig jaar gelede: SA verloor Langenhoven. Volksblad, 10 Julie 1982
  • Kosbaarhede by Langenhoven-huis ontdek. Beeld, 25 Junie 1999
  • Kotze, Nico: Neelsie was ook briljante regsman. Hoofstad, 7 Oktober 1976
  • Kritzinger, MSB:
  • CJ Langenhoven (1873-1932). Die Volkstem, 16 Julie 1932
  • Die betekenis van Langenhoven vir sy tyd. In: Studies en kritieke. Pretoria: Van Schaik, 1934
  • Kruger, Peter: The stubborn crusade of CJ Langenhoven. Reader’s Digest, Augustus 1973
  • Kühne, WO: Groei daar regtig moelas in die houtbosse? [Van alle kante]. Die Burger, 15 Oktober 1971
  • Langenhoven bust for Parliament. Cape Times, 25 Mei 1968
  • Langenhoven op erepenning. Oosterlig, 14 Oktober 1971
  • Langenhoven se dogter sterf. Volksblad, 21 Julie 1975
  • Langenhoven se laaste paar dae op aarde. Die Burger, 29 Julie 1932
  • Langenhoven se “Sub” ná eeu gehuldig. Die Burger, 8 Januarie 1990
  • Langenhoven-huis piekfyn na restourasie. Die Burger, 12 Maart 1990
  • Langenhoven toor humor uit Arbeidsgenot se bamboesbos. Die Burger, 2 September 2000
  • Langenhoven verwelkom die nuweling. Finansies & Tegniek, 20 Julie 1990
  • Le Roux, Hanlie: Langenhoven se Arbeidsgenot op Oudtshoorn vonkel. Die Burger, 7 Augustus 1993
  • Le Roux, Liesel: Vrou onthou Langenhoven. Die Burger, 21 Oktober 2005
  • Magtige skare bring eer aan Langenhoven. Die Burger, 1973 [dag en maand is nie bekend nie]
  • Malan, Lucas: Sagmoedig, nogmaals. Lantern, Herfs 1995
  • Muller, Braam: Nou sê Eric Nobbs dankie aan Langenhoven én paai die vroue. Volksblad, 22 Februarie 1997
  • “Neelsie” se huis in al sy glorie herstel. Die Burger, 14 Maart 1990
  • Neelsie se kleinkind nou Doktor. Die Burger, 8 Desember 1971
  • Nel, Carryn-Ann: Taalreus se museum op sy tuisdorp geopen. Beeld, 25 Maart 2008
  • Nel, PG: Langenhoven: “U dienswillige dienaar.” Deel twee. Die Patriot, 11 November 1994
  • Nel, Thijs: CJ Langenhoven as kunstenaar. LitNet, 13 Junie 2007
  • Nel, Woody: Langenhoven knap “huisarts”, windmaker-prokureur. Die Burger, 23 Desember 2000
  • Nieman, At: Duiwe losgelaat by Langenhoven se graf. Die Burger, 29 Maart 2003
  • Nieuwoudt, Stephanie: Langenhoven-nuus maak opslae op Punt (Radio). Beeld, 12 Augustus 1998
  • Olivier, Johan:
    • Graf van CJ Langenhoven en die SAOU. Die Burger, 29 Junie 2002
    • Langenhoven die politikus, voorstryder vir Afrikaans. Die Burger, 4 November 2000
    • Langenhoven en die ABO. Die Burger, 1 Julie 2000
    • Langenhoven en sy geldsake wat net nie wou vlot. Die Burger, 25 November 2000
  • Rademeyer, Alet: Langenhoven en ander sê ook nee vir letterkunde-prys. Beeld, 6 April 2005
  • Sak vol kosbaarhede van Neelsie en Vroutjie. Die Burger, 13 Februarie 1989
  • Sluier gelig oor Goldblatt, Langenhoven. Hoofstad, 23 Mei 1975
  • Smith, Elsa [opsteller]: ’n Beknopte samevatting van CJ Langenhoven. Kakkerlak, Herfs 2005
  • Só is “Die stem van Suid-Afrika” gebore. Vista, 21 Mei 1966
  • Suster van Neelsie 92 jaar jonk! Die Burger, 13 Maart 1972
  • Swart, Marius J: Weer eens die wonder van Afrikaans. Eikestad Nuus, 17 April 1964
  • Thom, HB: Langenhoven: tydlose, praktiese wysgeer. Die Burger, 13 Augustus 1982
  • US kry Neelsie se geskrifte. Die Burger, 29 April 1983
  • Van Bart, Martiens:
    • Langenhoven se sonhorlosie deur GO Neser gebou. Die Burger, 2 November 2002
    • Langenhoven staaltjies en sy vroulike kritici. Die Burger, 8 Julie 2000
    • Langenhoven word straks herbegrawe. Die Burger, 14 September 2002
    • Sagmoedige Neelsie by geboorte van “apostel”. Die Burger, 5 Augustus 2000
    • Sagmoedige Neelsie reeds by met die “apostel se geboorte”. Volksblad, 12 Augustus 2000
    • Sentrum vir Neelsie. Die Burger, 2 September 2006
    • SJ du Toit, Neelsie swaai om oor ABO. Die Burger, 24 Junie 2000
    • Vroutjie was tot die einde sy kritikus. Volksblad, 28 Oktober 2000
  • Van der Merwe, Romi: Langenhoven se kleinseun doen wat sy oupa nie wou gehad het nie. Rooi Rose, 23 Augustus 1995
  • Van Rensburg, Chrisna: Ons museums: ’n Voëlvlug deur Arbeidsgenot. Kakkerlak, Herfs 2005
  • Van Vuuren, Carin: Eric Nobbs doen goeie werk met Langenhoven [Stille waters-toneelstuk]. Volksblad, 26 Februarie 1997
  • Van Zyl, Pieter: Neelsie-hulle rus nou by Arbeidsgenot. Die Burger, 31 Maart 2003
  • Van Zyl, Wium:
    • ABO verskaf vonk tot Langenhoven se taalstryd. Volksblad, 20 November 1999
    • CJ Langenhoven en die Kaapse rebelle. Die Burger, 29 Mei 1999
  • Verhage, JA: LLB is nie aan US behaal nie [brief]. Die Burger, 8 Augustus 1972
  • Vosloo, Ton: Tot lof van Langenhoven [toespraak by heropening van Arbeidsgenot]. Rapport, 23 Maart 2008
  • Waar LGS-saal aan US kom. Die Burger, 28 Oktober 1968

Artikels oor CJ Langenhoven se siekte en afsterwe:

  • Author has new executor. Eastern Province Herald, 24 Mei 1975
  • Bosman, DB: Het volk leer lees. Die Burger, 16 Junie 1932
  • Grootse volkseun ter ruste gelê. Die Burger, 18 Julie 1932
  • Die Transvaler, 6 Desember 1975
  • Langenhoven interests. Weekend Post, 24 Mei 1975
  • Latham, PR: Langenhoven oorlede. Die Vaderland, 20 Julie 1932
  • Letterkundige eksekuteur. Daily Dispatch, 31 Mei 1975
  • Marnitz, Henri: By die graf van Langenhoven. Brandwag, 24 Augustus 1945
  • Scannel nou eksekuteur. Die Burger, 24 Mei 1975
  • Sen Langenhoven skielik oorlede. Die Burger, 15 Julie 1932
  • Steyn, JC: Langenhoven se laaste dae. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis, Januarie 1992
  • Ter gedagtenis aan Langenhoven: treffende hulde aan ’n volksman. Die Burger, 17 Julie 1935
  • ’n Volksman heengegaan. Die Burger, 10 Julie 1932
  • Weber, Phil: Só is hy heen. Insig, April 1998

Artikels oor Versamelde werke van CJ Langenhoven:

  • Dankie aan Sarah Goldblatt. Volksblad, 6 Junie 1974
  • Du Preez, PH: Sestien bundels van werke van Langenhoven [brief]. Die Burger, 22 Februarie 1994
  • Esterhuyse, Frans: Versamelde werke by CJ Langenhoven. The Argus, 6 Desember 1972
  • Gewilde reeks herdruk. Volksblad, 8 November 1973
  • Koch, Retief: CJ Langenhoven die kindervriend: Versamelde werke is steeds ’n treffer vir oud en jonk. Die Burger, 30 Maart 2002
  • Volksblad, 18 November 1978
  • Langenhoven herdruk. Die Burger, 6 Junie 1974
  • Langenhoven se trefferstel in nuwe baadjie. Volksblad, 1 November 1972
  • Langenhoven se Versamelde werke [foto]. Volksblad, 27 Oktober 1973
  • Langenhoven se Versamelde werke. Huisgenoot, 10 Mei 1935
  • Langenhoven se werke gewild. Die Burger, 8 November 1973
  • Langenhoven se werke word weer herdruk. Hoofstad, 5(143) (datum onduidelik)
  • Langenhoven vir nageslag gekoop. Oosterlig, 1 Februarie 1974
  • Langenhoven volumes presented. Cape Times, 27 Oktober 1972
  • Leergebonde stel van Versamelde werke ... [foto]. Die Burger, 5 Maart 1974
  • Pienaar, Schalk: By die herlees van Langenhoven. Die Burger, 4 Desember 1972
  • Stukkies uit lewe gegryp. Die Vaderland, 8 Desember 1972
  • Van der Walt, PD: Neelsie se mooi 100e. Die Transvaler, 4 Desember 1973
  • Versamelde werke: eerste bande aan mej Goldblatt. Die Burger, 27 Oktober 1972
  • Volumes pay simple tribute. Eastern Province Herald, 29 November 1972

Artikels deur CJ Langenhoven: 

  • Die drie reseppies [laaste artikel vir “Stille waters”]. Die Burger, 1 Augustus 1932
  • Die Nederlandse taalbeweging [bydrae vir “Aan stille waters”]. Die Burger, 18 Januarie 1926
  • Die Noors Meule. Cape Times, 21 Augustus 1929
  • Die siel van die Afrikaanse taal. Die Burger, 12 Augustus 1998
  • Roekeloos, 4 September 2009
  • Het liefde ’n prys vir sy liefde? Die Burger, 30 Mei 1998
  • Hier en daar ’n raak woord wat tref tot in die diepste. Die Burger, 11 Augustus 1998
  • Laaste lesing oor Langenhoven [bydrae tot “Aan stille waters”]. Die Burger, 19 Augustus 1929
  • Ladismith se “kys abaut die forro”. Die Burger, 28 Maart 1998
  • Langenhoven se moenies vir alle briefskrywers. Die Burger, 1 Augustus 1998
  • Langenhoven skryf oor ’n hartstog wat geen tyd vir luiheid toelaat. Die Burger, 27 Junie 1998
  • Nee, nie niks nie, nul. Die Burger, 28 Februarie 1998
  • Neelsie en Vroutjie pak mekaar in ’n tweegeveg. Die Burger, 9 Mei 1998
  • Opgegraafde farao kry ’n skok met sy ontwaking. Die Burger, 3 Augustus 1998
  • Spreuke van Langenhoven
  • Vrou van die kunstenaar is sy moeder en engel [Aan Stille Waters]. Die Burger, 25 Julie 1998

Bronne

  • Du Plessis, Bertie: Konfrontasie in eie tyd sou pas. Beeld, 12 Junie 1995
  • Langenhoven, CJ. 1973. U dienswillige dienaar: twee stukkies rekenskap. Kaapstad: Tafelberg
  • Kannemeyer, JC. 1995. Langenhoven: ’n lewe. Kaapstad: Tafelberg
  • Nienaber, PJ. Desember 1972. Langenhoven en die Akademie. Tydskrif vir Geesteswetenskappe

CJ Langenhoven se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is oorspronklik op 23-04-2024 gepubliseer en is volledig bygewerk.

Bron:

  • Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum

Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

The post CJ Langenhoven (1873–1932) first appeared on LitNet.

The post CJ Langenhoven (1873–1932) appeared first on LitNet.


Persverklaring: Wêreldboekedag – maak van lees ’n fees

$
0
0

Foto’s van Chareldine van der Merwe en Zerelda Esterhuizen: verskaf. Artikel geskryf deur Zerelda Esterhuizen

Ons vier Wêreldboekedag op 23 April. Hoekom is sulke dae belangrik? Die Vriende van Afrikaans sê waarom en vertel hoe hulle lees bevorder.

Daar is vanjaar nie ’n beter dag as Wêreldboekedag op 23 April om jou liefde vir lees met ander te deel of selfs jou eie aan te wakker nie. Dis die dag om ’n boek te koop, een te leen of uit te leen, dalk een vir iemand te skenk, of iemand van ’n boek te vertel. Dié belangrike dag word sedert 1995 jaarliks gevier om lees, die uitgewersbedryf en kopiereg te bevorder.

Hoekom is so ’n dag nodig? Wel, die belangrikheid van lees en boeke kan in vandag se wêreld nie genoeg benadruk word nie, sê Chareldine van der Merwe, projekbestuurder van die Vriende van Afrikaans (VVA), ’n afdeling van die ATKV.

So ’n dag is belangrik om net meer klem op die waarde van boeke en lees te plaas omdat ons weet dat kinders wat nie kan lees nie, nie optimaal kan presteer nie,” sê Chareldine.

Sy vertel opnames het getoon dat slegs 14% van Suid-Afrikaners aktief lees, terwyl daar 58% van huishoudings is wat nie ’n enkele boek het nie. “Daar is bevind dat 50% van Suid-Afrikaanse ouers nooit vir hul kinders ’n boek voorlees nie, en ons weet dat byna 80% van graad 4-leerders nie met begrip kan lees nie. Voorts toon ’n studie in 27 lande dat kinders ’n veel groter kans op sukses in die lewe het as hulle in ’n huis grootword waar so min as 20 boeke is.”

Dit is daarom so belangrik om lewenslange lesers te skep, en die VVA woeker onverpoosd voort om ’n liefde vir lees by kinders te kweek.

Wie is die VVA?

Die VVA is vanjaar 30 jaar oud en het klein begin, gesels Chareldine. “Die eerste akkertjie is geplant toe ’n groep Stellenbossers bekommerd was dat Engels Afrikaans as saketaal op hul dorp verdring. ’n Klein groepie het toe op 8 Februarie 1994 hierdie vereniging gestig onder die leiding van Willem Dempsey (voormalige dosent, senator, burgemeester en ambassadeur) en Johan Combrink, ’n bekende taalkundige en kampvegter vir Afrikaans.

“Die VVA is sedert Oktober 2014 deel van die ATKV en dit verseker dat ons voetspoor groter word en ons landwyd en selfs internasionaal kan werk,” sê sy.

........
Die VVA het verskeie projekte om ’n leeskultuur te skep met die oog daarop om kinders in woordryke omgewings te laat grootword.
........

Die VVA het verskeie projekte om ’n leeskultuur te skep met die oog daarop om kinders in woordryke omgewings te laat grootword.

Die VVA se vlagskipprojek is hul boektrommelprojek. Volgens Chareldine behels die projek trommels vol boeke (ongeveer 100 per trommel) wat aan verdienstelike skole en kleuterskole geskenk word.

Die projek bestaan uit hierdie boekverspreidingsbeen, maar ook uit boekopvoeding en storievoorlesings vir kinders sodat die kleinstes ook kan besef wat die waarde van boeke is en ’n liefde vir lees kan ontwikkel.

“Ons het ook voorleeswerkswinkels vir ouers, ander belangstellendes en opvoeders, en leeskonferensies. Die VVA glo lees is aangeleerde gedrag en dat kinders die voorbeeld van volwassenes volg. Net soos wat ’n goeie sportvrou of -man moet oefen om die beste in hul sport te word, só moet ’n mens ook elke dag lees om ’n goeie leser te word. Lees moet deel van ’n roetine word. Ons het ook op digitale vlak projekte om ouers, opvoeders en leerders aan te moedig deur middel van opleiding, konferensies, storievoorlesings, gespreksreekse, woordbouspeletjies en blokkiesraaisels,” sê sy.

Maak lesertjies groot

Chareldine glo ouers moet vir hul kinders van kleins af voorlees en hulle aan die regte boeke en stories blootstel. “Daar is soveel voordele aan lees. Geletterdheid en ’n liefde vir lees kan lei tot kinders wat onafhanklik dink, empatiese wesens is, wat vir hulself kan sorg en weet wat hul regte is.

“Lees lê die grondslag van alle leer. As ’n mens in ag neem dat kinders die heel meeste van die ouderdomme 0 tot 6 jaar leer, kan daar nooit te vroeg met voorlees en lees begin word nie.”

.......
“Geletterdheid en ’n liefde vir lees kan lei tot kinders wat onafhanklik dink, empatiese wesens is, wat vir hulself kan sorg en weet wat hul regte is.”
.......

Chareldine sê mense moet besef dat boeke nie ’n luukse is nie. “Dit is ’n noodsaaklikheid vir ons kinders se toekoms. Dis waar dat baie mense en skole nie boeke kan bekostig nie en daarom is ons boektrommelprojek so belangrik, want dit stel kinders vroeg al aan die wêreld van woorde en stories bekend. Ons hoop om van kinders lewenslange lesers te maak.”

The post Persverklaring: Wêreldboekedag – maak van lees ’n fees first appeared on LitNet.

The post Persverklaring: Wêreldboekedag – maak van lees ’n fees appeared first on LitNet.

Wêreldboekedag 2024: Trek aan soos ’n Suid-Afrikaanse kinderboekkarakter!

$
0
0

 

Babalela (Penguin Randomhouse LAPA); Oupa Zombie (Pan Macmillan South Africa); Liewe Heksie (NB-Uitgewers); Asterix (Protea Boekhuis)

Wil jy Niki Daley se Jamela of Jaco Jacobs se zombie uit Oupa Zombie wees – of dalk ’n Storiemuis uit die luisterboeke? Wat van Liewe Heksie? Die Babalela? Of Asterix?

Elke jaar tydens Wêreldboekedag sien mens bekende karakters uit Engelstalige kinderboeke hul opwagting by skole maak, wanneer laerskoolkinders uitgenooi word om die dag te vier en soos ’n gunstelingkinderboekkarakter aan te trek. Waar is ons Afrikaanse en eg Suid-Afrikaanse kinderboekkarakters om saam te speel? 

Naomi Meyer het by uitgewers en bemarkers van uitgewers wat almal met kinderboeke te doen het, gaan aanklop om te hoor of hulle voorstelle het van kinderboekkarakters soos wie Suid-Afrikaanse kinders sou kan aantrek as hulle skole dalk gedurende hierdie week die aandag vestig op Wêreldboekedag en hoe belangrik dit is om te lees.

Hier is ’n paar prettige voorstelle. Sommige van die boekkarakters wat voorgestel word, is karakters uit vertaalde boeke. Die boeke is wel almal beskikbaar in Afrikaans.

Lesers word ook uitgenooi om onderaan die artikel kommentaar te lewer en hulle idees te deel.


Simone Hough van NB-Uitgewers:

  • Pippie Langkous (tegnies nie oorspronklik Afrikaans nie, maar Sweeds – maar ek dink die Afrikaans is hier meer bekend as die Engels)
  • Liewe Heksie
  • Blommie Kabouter
  • Koning Rosekrans
  • Karel Kat
  • Kwaaitjie Kabouter
  • Kwaaibabatjie
  • Bennie Boekwurm
  • Karel Kraai
  • Sarel Seemonster
  • Haas Das
  • Piet Muis (van Haas Das)
  • Speurhond Willem
  • Speurder Kwaaikofski (ook 'n vertaling, uit Duits; die Engels is nie hier bekend nie)
  • Lotta (Lotta se lewe – ook 'n vertaling, uit Duits; die Engels is nie hier bekend nie)
  • Saartjie
  • Trompie
  • Moomin (ook 'n vertaling, uit Sweeds; die Engels is nie hier bekend nie)
  • Jakkals en Wolf
  • Jamela (van Niki Daly)
  • Brolloks en Bittergal (nie seker of kinders van vandag dit nog ken nie)
  • Die Storieman-kabouter.

Miemie du Plessis van Pan Macmillan South Africa:

  • Zandi se lied (Zandile Ndhlovu) = meermin
  • Jy is wonderlik (Tshwanelo Serumola) = soos superhelddogtertjie op die omslag
  • Die meisie met vlerke (Jaco Jacobs) = groot vlerke op rug
  • Oupa Zombie – Jaco Jacobs (soos 'n zombie!)
  • Krok en Dil – kinders het dit reeds verlede jaar begin probeer; kan op verskeie vernuwende maniere soos hulle lyk
  • Waldo en die weerwolf met die rooi tekkies (trek aan soos weerwolf)
  • Waldo en die draak met die groen tong (trek aan soos draak)
  • Waldo en die meermin met die blou stert (trek aan soos meermin)
  • Waldo en die vampier met die geel reënjas (trek aan soos vampier)
  • Dis my naam (Refiloe Moahloli)  (trek aan soos karakters op die boek se omslag)
  • Die baie, baie snaakse boek (Jaco Jacobs) – soos enige van die diere in die boek.

Nadine Petrick van LAPA Penguin Random House South Africa:

Trek aan soos die karakters in:

  • Die Stalmaats-reeks (Ilze Roux)
  • Die Ouma Mollie-boeke (Fanie Viljoen)
  • ’n Kas vol monsters-reeks (Jaco Jacobs)
  • Die Zackie Mostert-reeks (Jaco Jacobs)
  • Die Babalela (Martie Preller)

Nicol Stassen van Protea Boekhuis:

  • Julia Donaldson & Axel Scheffler: Die Goorgomgaai, Die Goorgomgaaitjie, Zok, Die lelike vyf
  • David Walliams: Die seun met die rok, Ouma is 'n kroek, Die tandeterroris
  • Cressida Cowell: Hoe om jou draak te tem
  • Karakters soos Kuifie, Kaptein Sardijn, Spokie, Asterix, Obelix

Lees ook:

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Henriëtte Loubser se kortverhaal rondom ekologie en natuurbewaring

Waar jakkalse huil deur Elrien Scheepers: ’n resensie

Onderwyshulp en leesbegripstrategieë 7: Die maak van afleidings

Oorsig: ’n hartverwarmende derde Suid-Afrikaanse kinderliteratuurfees

Jeugboeke se storm en drang: Onstuimige gesprekke en versugtings na tienerreekse wat die ouers onthou

Miniseminaar: Boeke vir alle kinders in Suid-Afrika

Die klein boek van-reeks deur Fanie Viljoen: ’n resensie

Die Groot Sagmoedige Reus (GSR) is onder sensuur

Die sleutel tot die vreugde en plesier van kinderboeke

Leesbegrip? ’n Kinderboek kan jou kind se wêreld oopbreek

Oupa Zombie deur Jaco Jacobs: ’n resensie

Die Babalela-storieboek deur Martie Preller: ’n lesersindruk

Hoe ’n digter jou hele dag kan bederf

LitNet Akademies-resensie-essay: Alice Miller - Saartjie Baumann en Thomas

Pippie Langkous: "Superheld" uit eie reg

Seeperde deur Naomi Meyer: ’n resensie

The post Wêreldboekedag 2024: Trek aan soos ’n Suid-Afrikaanse kinderboekkarakter! first appeared on LitNet.

The post Wêreldboekedag 2024: Trek aan soos ’n Suid-Afrikaanse kinderboekkarakter! appeared first on LitNet.

SOF Junior: 1500 kinders per dag kry kuns en kos

$
0
0

Die mooiste mooi. (Foto: Ena Stegman)

Vanjaar, ter viering van die Suidoosterfees (SOF) se 21-jarige bestaan, is SOF Junior, ’n mini-kunstefees vir skoliere, onderwysers en ouers, van stapel gestuur. Dit het op 22 April afgeskop en gaan aan tot en met 26 April 2024 by die Artscape-teatersentrum in Kaapstad.

Op 22 April, die eerste dag, het 1500 piepklein kindertjies uit die armer dele van Kaapstad die fees bygewoon.

Marieta Nel, ’n inhoudspesialis by Penguin Random House SA en oudonderwyser, sê dit was die mooiste gesig om die operasaal stampvol klein kindertjies te sien. Jana Hatting, die hoof van die Suidoosterfees, het glo by geleentheid na Marieta oorgeleun en gefluister: “Verbeel ek my, of is dit werklik?”

Nana, ’n reusemarionet op ’n driewiel (Foto: Ena Stegman)

Die storie agter hierdie storie

Vanaf Maandag 22 April tot Donderdag 25 April besoek 6000 leerders van die Kaapse Vlakte die Suidoosterfees. Hulle word daagliks bederf met drie skrywers, ’n gratis vertoning en ’n kospakkie.

Om elke dag 1 500 kinders te vervoer, kos baie geld en logistieke steun. Golden Arrow borg hierdie deel van die program.

Maar daar is meer: Hierdie jongmense kom uit skole waar daar danksy voedingskemas elke dag aan hulle kos voorsien word – vir baie is dit die enigste maaltyd van die dag.

Marieta Nel het besef dat, hoe groot die geleentheid ook al vir die kinders en jongmense is om na die teater te gaan, dit onverantwoordelik sou wees om hulle sonder kos huis toe te stuur.

Toe begin sy bel.

Iets soos daardie mooi verhaal oor die brood en die vissies het gebeur:

  • Capespan, ’n internasionale verspreider van sagtevrugte, het appels geskenk aan elke leerder.
  • Vyf verskillende gegoede skole spring en sê hulle help.
  • Curro, die privaatskoolgroep, het vrugtesap geborg vir elke leerder wat SOF Junior bywoon.
  • Verder het ouers en onderwysers van vier gegoede skole ingespring om self toebroodjies te maak en kospakkies te pak: Laerskool Jan van Riebeeck, Hoërskool The Settlers, Laerskool Eversdal en Laerskool Welgemoed het elkeen aangebied dat hulle sou sorg dat nie ’n enkele kind sou honger ly nie.

’n Mens wil hieroor ook vra: “Verbeel ek my, of is dit werklik?”

Die kantoor van Hoërskool The Settlers se skoolhoof op 22 April (Foto verskaf)

Meer oor SOF Junior

Die SOF Junior-program is beskikbaar op suidoosterfees.com en bestaan uit drie afdelings: Klein Suidoosterfees, met teaterproduksies vir leerders in verskeie grade; Storierak, aangebied deur NB-Uitgewers; en Dis duidelik!, aangebied deur LAPA/Penguin Random House en die AON.

In LAPA/Penguin Random House se Dis duidelik!-afdeling kom 20 skrywers van Afrikaanse en Engelse kinder- en jeugboeke op 23 April op die verhoog byeen vir ’n heerlike bederfsessie vir bibliotekarisse van laerskole, hoërskole en openbare biblioteke. Van die skrywers wat in Biblioteekdag optree, is Antjie Krog, Zuléka Smith, Felicia Snyman-Du Toit, Makhosazana De Wette Dludla, Wendy Maartens, Anzil Kulsen, Eldridge Jason en André Trantraal.

In Toegerus vir lees gaan Wilna van Rooyen, die AON se vakspesialis, onderwysers en ouers van graad R- tot graad 6-leerders touwys maak oor hoe om kinders te help om nie net gemaklik te kan lees nie, maar ook om sommer verlief te raak op lees!

Graad 7- tot graad 12-Afrikaans-onderwysers sal juig oor Alles visueel, vindingryk en vernuftig vir vraestelle. In dié opleidingsessie verduidelik die legendariese onderwyskenners Marieta Nel, Karin Tomlinson en Kathie Viljoen hoe vraestelletyd vir onnies van ’n nagmerrie na ’n plesier kan verander.

Ouers, drama-onderwysers en leerders van graad 10 tot 12 kan uitsien na Drama en stories in NB-Uitgewers se Storierak-afdeling. In dié sessie gesels Tanya Viviers oor Om teen treine te skree, ’n bundel met dramatekste vir skole. Deidre Jantjies, skrywer van Stories in die wind, gesels ook oor volksverhale van die Nama-mense en die belangrike rol wat orale storievertelling speel.

Gewilde kinder- en jeugboekskrywers van beide uitgewershuise kom gesels oor hul boeke waarvan baie vir skoliere voorgeskryf is.

Uit die NB-stal kom praat Francois Bloemhof, Leon-Ben Lamprecht en Heléne de Clercq oor avontuurverhale, terwyl William Oosthuizen en Troula Goosen gesels oor hul boeke, Wim Vermaak maak ’n plan en Die Sproetebessies en die skedel in die spookmis. Katherine Graham, Joha van Dyk, Elrien Scheepers en Fiona van Kerwel is ook op die program. Vir die heel kleintjies is Paula Fourie teenwoordig met Die hond met die stert sonder swaai.

LAPA bring vir Zuléka Smith, Felicia Snyman-Du Toit en Makhosazana De Wette Dludla om oor hulle boeke vir jong lesers van graad RR tot graad 3 te gesels. In Stories vir almal! kan graad 4- en 5-leerders saam met hul ouers en onderwysers kennis maak met Anzil Kulsen, Wendy Maartens, André Trantraal en Verushka Louw.

Lees ook:

Suidoosterfees 2024: Speed politics for bewildered South Africans – an interview with Marianne Thamm

Suidoosterfees 2024: Cintaine Schutte oor Onder ’n bloedrooi hemel op die planke

Persverklaring: Suidoosterfees se Onder ’n bloedrooi hemel ’n "kragveld van kreatiwiteit"

Suidoosterfees 2024: Theo Kemp oor die Jakes Gerwel Stigting by die fees

The post SOF Junior: 1500 kinders per dag kry kuns en kos first appeared on LitNet.

The post SOF Junior: 1500 kinders per dag kry kuns en kos appeared first on LitNet.

Graad 12: Wiskundevraestel 2 en memo, tweede kwartaal

$
0
0

Is jy in graad 12 en wens jy dat ’n "reeks" maar net die Afrikaanse woord was van ’n "series" wat jy stroom? In hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann West leer jy hoe om ’n konvergerende meetkundige reeks binne ’n japtrap onder die knie te kry. Klik hier om die vraestel en memorandum af te laai. Nadat jy voorberei het, kan jy met ’n skoon gewete die ander reeks verder gaan vraatkyk!

Klik hier om die vraestel gratis in PDF-formaat af te laai.

Klik hier om die memorandum gratis in PDF-formaat af te laai.

Lees ook:

Indeks: notas, toetse en vraestelle

Graad 12: Wiskundevraestel 1 en memo, tweede kwartaal

The post Graad 12: Wiskundevraestel 2 en memo, tweede kwartaal first appeared on LitNet.

The post Graad 12: Wiskundevraestel 2 en memo, tweede kwartaal appeared first on LitNet.

Graad 12: Wiskundevraestel 3 en memo, tweede kwartaal

$
0
0

Καταλαβαίνετε Ελληνικά? Wiskunde hoef nie meer vir jou soos Grieks te voel as jy in graad 12 is en nodig het om vir jou eksamen voor te berei nie. Hierdie oefenvraestel deur Lee-Ann West gaan jou in duidelike Afrikaans met jou trigonometrie help. Klik hier om die vraestel en memorandum gratis in PDF-formaat af te laai.

Klik hier om die vraestel gratis in PDF-formaat af te laai.

Klik hier om die memorandum gratis in PDF-formaat af te laai.

Lees ook:

Indeks: notas, toetse en vraestelle

Graad 12: Wiskundevraestel 2 en memo, tweede kwartaal

Graad 12: Wiskundevraestel 1 en memo, tweede kwartaal

The post Graad 12: Wiskundevraestel 3 en memo, tweede kwartaal first appeared on LitNet.

The post Graad 12: Wiskundevraestel 3 en memo, tweede kwartaal appeared first on LitNet.

Viewing all 21909 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>