Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21496 articles
Browse latest View live

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in November 2023

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in November 2023 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende November in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

1 November

Boeke: Nuwe baadjie vir ou Sanctuary-boekefees in Klerksdorp

2 November

Boeke: Boekfees vir Kaapse Vlakte is gereed vir 4de uitgawe

5 November

Onderhoud: Vorster benader Marius Weyers as ’n biografie oor ’n volksheld

6 November

Resensie: ’n Ragfyn roman wat die leser oorrompel
Francois Bekker resenseer Die melkweg en die miskruier deur Jeanette Ferreira

Resensie: ’n Roos met ’n ander naam
Anschen Conradie resenseer Duiwelsroos deur Leon van Nierop

Resensie: ‘Kompleks’ voer leser weg
Ilza Roggeband resenseer Kompleks deur Louis Pretorius

Boeke: Amira met prys op Klerksdorp-boekefees vereer

9 November

Boeke: Groot feesnaweek sluit Naln se halfeeu-viering af

Onderhoud: ‘Fiksie vertel ons wie ons is’ – Joan Hambidge

Boeke: Hulle wen Sala-pryse

Kyk: Leon van Nierop gesels oor sy nuwe boek, Duiwelsroos

10 November

Sterfteberig: Skrywer Mariël le Roux (76) ná kort siekte dood

13 November

Resensie: ’n Meesleurende biografie
Anschen Conradie resenseer Marius Weyers deur Chris Vorster

Resensie: Fassinerende roman oor melkweg se diefstal
Charl-Pierre Naudé resenseer Gebeente deur Etienne van Heerden

Resensie: ‘Manon’ perfek vir vakansie
Trisa Hugo resenseer Die loutering van Manon Viljoen deur Chris Marnewick

Boekevat: Lees is meer as wat dit sê; dis ’n wérkwoord
’n Rubriek deur Daneel Jantjies

16 November

Kyk: Boekgesprek oor ware storie oor Liefling van Loftus

20 November

Resensie: ‘Hans’ kielie weer lagspiere
Francois Bekker resenseer Hans kry troukoors deur Rudie van Rensburg

Resensie: ‘Jukebox’ ’n heerlike debuut
Jonathan Amid resenseer The Last Jukebox Heroes deur Stefan Schutte

Resensie: Met ‘Leo’ tref Meyer opnuut sekuur die kol
Marni Bonthuys resenseer Leo deur Deon Meyer

Boeke: Van Nierop stel ‘Duiwelsroos’ in Rosestad bekend

Boekevat: Wat sê ‘BookBedonnerd’ oor die toekoms?
’n Rubriek deur Charl-Pierre Naudé

Kyk: Madelein Rust gesels oor intriges, familiesages en moord in nuwe boek

21 November

Boeke: Rousseau skep met oeuvre lushof in die vaal alledaagse bestaan

22 November

Boeke: Romans was van kindsbeen af op skrywer se horison
Elretha Britz in gesprek met Irna van Zyl

24 November

Profielonderhoud: ‘Wanneer boeke skuiling moet bied teen bomme’
Murray la Vita in gesprek met Andrew Pettegree

Boeke: Rhys gaan Kaaps laat opklink by NY se Columbia-universiteit

25 November

Onderhoud: Ná vele sukses voel Deon Meyer soms steeds hy droom net

27 November

Resensie: ’n Menslike, intieme verhaal
Jonathan Amid resenseer The Inheritors deur Eve Fairbanks

Resensie: Vir leerlinge én onderwysers
Joan Hambidge resenseer Pharos se Senior tweetalige skoolwoordeboek

Resensie: Fynproewer-poësie gebou op oeroue drifte
Louise Viljoen resenseer Soekenjin deur Bibi Slippers

Boekevat: Met 20’s op ‘life support’ kom herinneringe
’n Rubriek deur Lynthia Julius

Boeke: Roman wat verval in politieke ekstremisme verken wen Bookerprys

28 November

Boeke: Skrywer wil kinders uitdaag om anders oor Kersfees te dink

30 November

Boeke: Fox skryf ’n liefdesbrief aan Suid-Afrika
Justin Fox in gesprek met AJ Opperman

 Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in November op LitNet verskyn:

Wanneer skaduwees kantel deur Elize Parker: ’n lesersindruk

Kammawaarwêreld deur Estelle Kruger, ’n lesersindruk

Die laaste kanariegeel notaboek deur Anchien Troskie: ’n resensie

Die Feetjie-Polisiediens deur Leon-Ben Lamprecht: ’n lesersindruk

’n Lesersindruk van Deur die tonnel van twyfel, Koos Kombuis se jongste boek

Openbarend: ’n resensie van Minder as water deur Morné Malan

Leeskringresensie: I am Ella: a remarkable story of survival, from Auschwitz to Africa deur Joanne Jowell

Joernaal deur Clinton V du Plessis: ’n lesersindruk

Voorblad deur Hannes Visser: ’n lesersindruk

Die kerkseun deur WA Janse van Rensburg: ’n lesersindruk

Leo deur Deon Meyer: ’n lesersindruk

Siembamba deur Madelein Rust: ’n lesersindruk

Eve deur Cat Bohannon: ’n resensie

Ouma Mollie gaan terug skool toe deur Fanie Viljoen: ’n resensie

Toegepaste taalkunde in Afrikaans met redakteurs WAM Carstens en TJ van Dyk: ’n lesersindruk

Die grondgeitjie roep deur Emmie Bedeker: ’n lesersindruk

kammawaarwêreld: ’n onderhoud met Estelle Kruger

Deur die tonnel van twyfel: Waarom Kombuis hom nie as Christen beskou nie

Die hond met die stert sonder swaai | The dog with the broken wag: ’n onderhoud met Paula Fourie

Die laaste kanariegeel notaboek | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

Stefaans Coetzee gesels met Hestelle van Staden oor bloed en outopsies

Onderhoud met Sophia Kapp oor die Wen!-reeks

Die volgende resensies en rubrieke het gedurende November in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn: 

5 November

Resensie: Soekenjin deur Bibi Slippers (resensent: Azille Coetzee)

Resensie: Leo deur Deon Meyer (resensent: Jonathan Amid)

Resensie: Kultusse in Suid-Afrika deur Jana Marx (resensent: Stefaans Coetzee)

12 November

Resensie: Coloured: How classification became culture deur Tessa Dooms en Lynsey Ebony Chutel (resensent: Ronelda Kamfer)

Resensie: Breaking the Bombers: How the hunt for Pagad created a crack police unit deur Mark Shaw (resensent: Stefaans Coetzee)

Resensie: Kwaaiwater deur Irna van Zyl (resensent: Analize Viljoen)

Resensie: Die Feetjiepolisiediens deur Leon-Ben Lamprecht (resensent: Magdel Vorster)

19 November

Resensie: Help, help deur Nataniël (resensent: Annelise Erasmus)

Resensie: Drie deur Hans Pienaar (resensent: Francois Bekker)

Resensie: Sirkelgang deur Johann Lodewyk Marais (resensent: Nini Bennett-Moll)

26 November

Resensie: Prophet Song deur Paul Lynch en The Bee Sting deur Paul Murray (resensent: Loftus Marais)

Resensie: Die melkweg en die miskruier deur Jeanette Ferreiraa (resensent: Trisa Hugo)

Die volgende resensies het gedurende Oktober op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

24 November

Boek van die maand: ‘Deelfontein’ deur Nicole Jaekel Strauss

Lees die resensie deur Johan Myburg.

Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van François Lion-Cachet.

7 November

Indrukke van die Woordfees Skrywersfees 2023

Wat Deidré Jantjies se Stories in die wind so nxa maak
’n Bespreking deur Miché van Wyk

17 November

’n Reaksie op Diensplig: Hoekom stotter ons pa’s so?
Deur Mart-Mari van der Merwe

19 November

Hoe doen ’n mens dié Wilma Stockenström gestand?
Deur Natasha Harmse

DJ Opperman gelees teen die agtergrond van die ‘nuwe’
’n Lesing deur Louise Viljoen

 

Vrye Weekblad is ’n progressiewe Suid-Afrikaanse webkoerant in Afrikaans. Dit word elke Vrydag uitgegee deur die Nuwe Vrye Weekblad Media Groep. Deborah Steinmair is die boekeredakteur.

3 November

Mercia S. Burger: Patti Smith, rocker en woordsmid (vryeweekblad.com)
Gerda Taljaard: Ouma is heimlik ’n kranige loodgieter (vryeweekblad.com)
Deborah Steinmair: Bloed en derms tussen die blaaie (vryeweekblad.com)
Kerneels Breytenbach: Kan jy leer hoe om te rou of hoe om suksesvol te wees? (vryeweekblad.com)
Juliana Coetzer: Boeke en wysies vir die langpad (vryeweekblad.com)

10 November

Deborah Steinmair: Vier blink vensters op die wêreld (vryeweekblad.com)
Linza de Jager: Hans versus die semenryke skurk (vryeweekblad.com)
Ihette Senekal: Dis net vel, silly! (vryeweekblad.com)
Joan Hambidge: ’n Loflied aan woordeboekmakers (vryeweekblad.com)

17 November

Deborah Steinmair: Vroegtydige Kerskousvoorstelle (vryeweekblad.com)
Nathan Trantraal: Veelvuldige raaisels verweef (vryeweekblad.com)
Linza de Jager: ’n Goedvoel- en goeddoen-boek vir ’n honger leserskare (vryeweekblad.com)
Pieter van der Lugt: My FOMO-leeslys haal my in (vryeweekblad.com)
Kerneels Breytenbach: Bedorwe brok, liefde en ’n wrang glimlag (vryeweekblad.com)

24 November

Deborah Steinmair: Afrikaanse skrywers in die alfabet (vryeweekblad.com)
Gerda Taljaard: Appelmanie spook in Amerikaanse gotiek (vryeweekblad.com)
Kerneels Breytenbach: Speurders, wetenskaplikes en ’n kok (vryeweekblad.com)
Joan Hambidge: Komiekstrips – twee kante van dieselfde munt? (vryeweekblad.com)
Nadine Petrick: Holden Caulfield met ’n hart (vryeweekblad.com)

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Oktober op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke

Woensdag 1 November

Sussie Kotze het onlangs haar 90e verjaarsdag gevier. Sy vertel vir Ilse Salzwedel van die inspirasie agter haar roman wat vroeër vanjaar verskyn het, en gesels oor haar lewe en werk. Joan Hambidge gesels oor vier Afrikaanse boeke wat haar vanjaar beïndruk het. Johan Myburg het nuus oor twee goed wat hoofopskrifte gehaal het tydens die onlangse Frankfurtse boekeskou: ’n toekenning aan Salman Rushdie, en ’n toespraak deur die Sloweense skrywer en intellektueel Slavoj Zizek. Johan vertel ook waarna lesers kan uitsien in Hilary Mantel se outobiografie, A Memoir of My Former Self. Mantel is verlede jaar oorlede, en hierdie is die laaste boek uit haar pen.

Woensdag 8 November

Ilse Salzwedel gesels met dr. Hestelle van Staden oor haar boek, Outopsie: Bloed vertel ’n storie. Hestelle is ’n forensiese patoloog, en lig in die boek die sluier oor haar baie uitdagende, maar baie interessante werk. Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, het ’n klompie voorstelle oor boeke wat oulike Kersgeskenke sal maak. In Johan Myburg se internasionale bydrae gesels hy oor nuwe misdaadromans, en hy vertel meer oor die Chinese skrywer Xan Chue, wat vanjaar genoem is as ’n aanspraakmaker op die Nobelprys vir letterkunde. Johan stel ons ook voor aan CA Davids. Haar boek, How To Be A Revolutionary, is onlangs aangewys as die wenner van die Sunday Times-fiksieprys.

Woensdag 15 November

Chris Vorster gesels oor sy biografie van die akteur Marius Weyers, bloot getiteld Marius Weyers. Morné Malan, skrywer van Minder as water, praat oor sy jongste boek en sy benadering tot skryfwerk. Johan Myburg het nuus oor ’n kinderboek wat oorlog vir kinders verduidelik, asook die Festival voor Het Afrikaans in Den Haag. Hy kyk ook na die werk van WB Yeats, wat ’n eeu gelede met die Nobelprys vir Letterkunde bekroon is.

Woensdag 22 November

Digter, skrywer en resensent Daniel Hugo gesels oor sy boek, Vers en kapittel 2, en ook oor ’n paar boeke wat hy kan aanbeveel. Deborah Steinmair, Vrye Weekblad se boekeredakteur, het ook ’n paar aanbevelings. In sy internasionale bydrae gesels Johan Myburg oor die belang van oudioboeke, ‘n Franse letterkundeprys vir die Suid-Koreaanse skrywer Han Kang, en nuwe boeke uit die pen van Sigrid Nunez en Michael Cunningham.

Woensdag 29 November

Wium van Zyl gesels met Ilse Salzwedel oor sy vertaling van die klassieke werk 1001 Nagte. Alita Steenkamp, ’n joernalis, vertel van die jeugroman, Deur die vuur. In Johan Myburg se internasionale bydrae het hy nuus oor ’n bekroning vir komediant Bob Mortimer se roman The Satsuma Complex, en die finaliste van die nuwe Nero-romanpryse. Johan vertel ook meer oor die baie bekende Britse skrywer, AS Byatt, wat onlangs oorlede is.

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende November op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi

Dinsdag 7 November
Ter viering van die Bokke se Wêreldbekeroorwinning, luister ons na gedigte oor sport. Die voorleser is Waldemar Schultz.

Dinsdag 14 November
Sophia van Taak gesels met die digter, Bibi Slippers, oor haar jongste bundel, Soekenjin. Slippers lees ook van die nuwe verse voor.

Dinsdag 21 November
Nicole Holm lees gedigte oor tuine.

Dinsdag 28 November
Wonder jy ooit oor God? Oor die bestaan van ’n godheid? Ons digters het heelwat oor dié tema te sê gehad. Die voorleser Daneel van der Walt.

Boekkeuse, Fine Music Radio

Elke maand gesels Amanda Botha in hierdie boekeprogram met ’n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ’n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde. Daar word twee episodes per maand vrygestel. ’n Podsending is hier beskikbaar: https://www.fmr.co.za/podcasts/boekkeuse/

21 November

Riette Rust voer ’n onderhoud met Stefaans Coetzee oor sy boek Onbeskryflike genade.

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied: http://joanhambidge.blogspot.co.za/

6 November

Resensie | Michel Houellebecq – vernietig (uit die Frans vertaal deur Johann Rossouw) | Naledi, 2023

19 November

Gesprek | Louise Viljoen gesels met Joan Hambidge

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

8 November

Resensie: Mellet Moll resenseer Soekenjin deur Bibi Slippers

13 November

Resensie:
Neil Cochrane resenseer Moerasperd deur die nag deur Louis Jansen van Vuuren

21 November

Resensie:
Marlies Taljard resenseer In die rede geval deur Charl-Pierre Naudé

Die volgende resensies en skrywersonderhoude het in Oktober verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Deon Meyer oor Leo

Resensie: Liani Jansen van Rensburg resenseer Nights of Plague deur Orhan Pamuk

Twee krimis:

  • Irma Steffens resenseer Duiwelsroos deur Leon van Nierop
  • Alida Vos resenseer Doolhof deur Rudie van Rensburg

Resensie: Phyllis Green resenseer Remembering Leopards deur Wildlife Photographers United

Resensie: Sarel van der Walt resenseer The Plot to Save South Africa deur Justice Malala

6 Boeke waarin apartheid ’n rol speel:

  • Antoinique van Staden resenseer Hou jou oë oop deur Brian Fredericks
  • Linda Volschenk resenseer Too white to be coloured, too black to be coloured deur Ismail Lagardien en For the people deur Anelia Schutte
  • Marguerite van Wyk resenseer Ghost Limb deur Almini van der Merwe
  • Gert Venter resenseer When they came for me deur John R Schlapobersky
  • Ilze Crous resenseer Shelter Rock deur MP Miles

4 boeke wat ’n kykie agter die gewilde nuusstories gee:

  • Susan Puren resenseer The Thabo Bester Story deur Marecia Damons en Daniel Steyn, en Killer Cop deur Naledi Shange
  • Gert Venter resenseer Elke dag ’n mooi nooi en ’n moord deur Hennie van Deventer, en The Breach deur Denver Riggleman

Uittreksel: Gedaantes en Gedoentes deur Daniël Lötter

Uittreksel: Diensplig deur Anelia Heese

The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in November 2023 first appeared on LitNet.

The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in November 2023 appeared first on LitNet.


Goeie genade, maar dit was ’n moeilike jaar!

$
0
0

Freek Robinson sê dat 2023 as ’n moeilike jaar onthou sal word. Ondanks Cyril Ramaphosa se vele beloftes, het sy regering weinig vermag.

Robinson se gas is Theo Venter, ’n politieke ontleder en toekomskunde aan die Universiteit van Johannesburg. Saam neem hulle bestek op. Hoe het Ramaphosa gevaar? Wat van sy kabinet?

Lees ook:

SteedsDink in die Karoo met LitNet Akademies: Theo Venter

Is daar hoop vir die land? Hoe lyk die toekoms? | Etienne van Heerden Veldsoirée 2023

The post Goeie genade, maar dit was ’n moeilike jaar! first appeared on LitNet.

The post Goeie genade, maar dit was ’n moeilike jaar! appeared first on LitNet.

Beginnerskrywer gebruik resensies as "bomme" teen haar mededingers

$
0
0

Midde-in die Suid-Afrikaanse debat oor aanlyn resensies het daar in die VSA iets gebeur wat ’n mens verbyster laat. ’n Beginnerskrywer het nie bloot haar eie boek probeer bemark nie, sy het na bewering ook slegte resensies op Goodreads geplaas om ander skrywers se boeke te saboteer.

Verskeie koerante en nuusmedia in die VSA, waaronder NBC, Washington Post, Los Angeles Times en AP News, het berig dat Cait Corrain, van wie ’n wetenskapfiksieboek in 2024 sou verskyn, na bewering resensies gebruik het om ander skrywers in die genre se boeke af te kraak.

Haar werkswyse was, na bewering, om onder talle vals name slegte resensies oor ander skrywers se boeke op Goodreads te plaas. Die bewering is ook gemaak dat Corrain veral jonger skrywers geteiken het wat in dieselfde genre skryf as die roman Crown of starlight, wat in Mei 2024 onder haar eie naam by Del Rey sou verskyn.

Del Rey is ’n druknaam van Penguin Random House wat in wetenskapfiksie en fantasie spesialiseer. Corrain se roman is intussen van hulle publikasielys onttrek. Ten tye van hierdie skrywe (13 Desember 2023) is Corrain egter steeds as ’n skrywer op Penguin Random House se VSA-tuisblad gelys.

Crown of starlight word op Goodreads soos volg beskryf:

Greek mythology takes to the stars in this steamy, sci-fi reimagining of the tale of Ariadne and Dionysus – the first book in a snarky, queer, lushly romantic duology set in a galaxy of monstrous mortals, bloodthirsty gods, and love fierce enough to shatter the cosmos.

Corrain se agent, Rebecca Podos, het op X aangekondig dat sy ook bande met Corrain verbreek het.

Corrain het intussen op X ’n apologie geplaas. Daarin verduidelik sy dat sy betrokke was in ’n “losing battle” teen depressie, alkohol en “substance abuse”, maar dat sy ten spyte hiervan verantwoordelikheid vir haar dade aanvaar.

Voorafbemarking werk anders in die VSA

Crown of starlight sou, soos reeds gemeld, eers in Mei 2024 by Del Rey verskyn, maar ten tye van hierdie skrywe is dit reeds 152 keer op Goodreads beoordeel, en het daar reeds meer as 118 resensies verskyn.

In Suid-Afrika mag dit vir ons vreemd voorkom, want ons tradisionele uitgewerye verskaf betreklik min bemarkingskopieë voor ’n werk verskyn. In die VSA word honderde bemarkingskopieë egter reeds ses maande voor die verskyningsdatum weggegee.

Die reaksie wat ’n teks in dié tyd uitlok, bepaal die finale oplaag.

Die aantal negatiewe (of positiewe) resensies sal dus die oplaag en die aantal boeke wat deur winkels opgeneem word, beïnvloed.

Lees ook:

Ope gesprek oor boekresensies (Desember, 2023)

Bekgeveg oor resensies: Aardbewing in ’n miershoop of tydige waarskuwing?

Wie mag resensies/lesersindrukke skryf?

’n Snotjantietie met ’n pan in die hand

Oor boekresensies, lesersindrukke, uitgewers en skrywers

Om te flerts, te jodel of te paradeer

Op hol met Nini Bennett-Moll se heerlike artikel op Versindaba

Hoe om ’n boekresensie te skryf

The post Beginnerskrywer gebruik resensies as "bomme" teen haar mededingers first appeared on LitNet.

The post Beginnerskrywer gebruik resensies as "bomme" teen haar mededingers appeared first on LitNet.

Elders gesien: ’n Jaar gelede is ek uit Suid-Afrika uit

$
0
0

Zalman S Davis skryf op Facebook:

Vandag, ’n jaar gelede, is ek sonder ’n plan uit Suid-Afrika uit. Ek is oor tydsones, seisoene en kontinente heen met net my paspoort en ’n rooi rugsak.

Dinsdag, 13 Desember 2022 om 13:40 vertrek ek vanuit Kaapstad op Kenya Airways, vlug KQ783 na Nairobi, Kenia. Hoekom Kenia? Ek weet nie, maar wat ek wel weet, is dat dié Afrikaland en haar mense my totaal en al verander het. Afrika is magies. Kenia word my “tuiste” vir 30 dae. Hiér dans ek met die Maasai, word ingelyf en ontvang die naam, Lemayan, wat vryheid beteken.

Ná Kenia, is ek Indië toe. Hier word ek ietwat heel in die Himalajas tussen Sadhguru-volgelinge en bewonderaars in Ashrams terwyl die wêreld buite dik onder die sneeu bedek lê. Nóg 30 dae verby.

Ná Indië, is ek Viëtnam toe. Hier word ek nie net op my tweede dag desmoers van ’n scooter afgestamp nie, maar ek word deur verskeie mense in hul huise verwelkom. Eet saam met kinders, drink bier met die ouers, vind vrede in tempels en word tevrede met die ontdekkingsreis waarop ek maande vantevore gegaan het.

Vele ander lande sou volg: Indonesië, Laos, Maleisië en Singapoer.

In Indonesië ervaar ek vriendelikheid en wat dit beteken om te kan gee.

In Laos teug ek aan ’n sigaret langs die Delta-rivier en probeer om van ’n lover te vergeet.

In Maleisië leer ek geduld.

In Singapoer ontvang ek ’n doodstyding en sterf amper van die honger (no pun intended), want dié land is fokken duur.

Volgende stop? Thailand. Daarna? Pakistan en Afghanistan.

Ek weet nie vir hoe lank hierdie reis nog gaan voortduur nie, maar kom saam.

Én mag 2024 minder traumaties wees.

Lees ook:

Swerfjaar: Korsika – liewers laat as nooit

Swerfjaar vir seniors, aflewering sewe: Oor ons ver verlate vlaktes

Swerfjaar vir seniors, aflewering vyf: ’n Road trip is nie dieselfde as ’n motortoer nie

The post Elders gesien: ’n Jaar gelede is ek uit Suid-Afrika uit first appeared on LitNet.

The post Elders gesien: ’n Jaar gelede is ek uit Suid-Afrika uit appeared first on LitNet.

Shirmoney Rhode (1991–)

$
0
0

Gebore en getoë

Shirmoney Rhode is in 1991 in Elsiesrivier gebore. Haar ma was 25 toe Shirmoney gebore is, vertel sy aan Marlene Malan (Rapport, 13 Augustus 2017) en “ek het van geboorte af by my ouma Frances gewoon. My ma was Oupa en Ouma se jongste dogter en het nie ’n eie huis gehad nie.”

Shirmoney se ouma Frances het haar eie dramatekste geskryf vir die seniorburgerklub waaraan sy behoort het: “Ek en my niggies en neefs was altyd so beïndruk met haar werk dat ons dit vir al die ander kinders in die straat geleer het,” vertel sy aan Malan. “Ons het hard geoefen aan Ouma se werk, want ons wou dit in die gemeenskapsaal opvoer. Dit het nooit gebeur nie, maar om te sien hoe Ouma se tekste, wat sy met die hand geskryf het, lewe kry, het mý geïnspireer om te skryf.”

In 2009 op hoërskool aan die Range Hoërskool was Shirmoney kaptein van die o/17-meisies-atletiekspan wat die trofee as beste span verower het.

Sy doen al van 13 jaar oud af poetry, vertel Shirmoney aan Naomi Meyer op LitNet. “Die eerste keer wat ek ’n poem voor mense gedoen het, was toe ek gevra was om ’n speech te maak by my laerskool se prysuitdeling.”

Op skool het die ander kinders haar gespot oor haar skryfwerk, dus het sy nie te koop geloop daarmee nie: “By die huis het ek net gepraat van my ‘poetry-goed’. Eers onlangs (2017) het ek Ouma saamgenooi as ek gedigte voordra. Ek was baie pessimisties oor naskoolse studie, oor ek geweet het ons kan dit nie bekostig nie. Eers ná ek matriek geslaag het, het ons moeite gemaak hiermee. Toe ek eers met tale begin, was daar geen keer nie. Ouma veral was baie trots op my, want ek was die eerste een in die familie wat gaan studeer het.”

Ouma was ook haar versorger: “Sy was altyd daar. Sy’t my leer aantrek en hare kam, aangemoedig om nuwe dinge te probeer. Haar grootste invloed op my is haar standvastige geloof. Haar gebede dra my tot vandag. En wanneer ons vandag saam kuier, luister ons klassieke musiek en eet skelmpies saam lekkers. Sy het my die vrou gemaak wat ek vandag is. Ek skuld haar baie,” sê Shirmoney aan Marlene Malan.

Shirmoney het twee broers gehad. Sy was ’n jeugdige 15 jaar oud toe sy haar oudste broer, Clayon, se lyk die oggend van 26 September 2006 op ’n verlate skoolveld moes gaan uitken, vertel sy aan Kuier (7 Maart 2018). Clayon was voor sy dood vir twee jaar in die Pollsmoor-gevangenis weens aanklagte van gewapende moord en poging tot moord.

“Dié poging tot moordsaak het ontstaan as gevolg van sy inisiasie tot ’n bekende bendegroep. My oupa, wat eintlik die rol van Clayon se pa gespeel het, het gesterf toe Clayon 14 jaar oud was en daarna het dit vir hom gevoel asof sy hele lewe inmekaar tuimel.”

’n Paar dae ná Clayon se dood het Shirmoney se ma uit haar ouma se huis getrek en, vertel sy verder, “as 15-jarige het ek haar gehaat. Maar as ek nou terugkyk, besef ek dat my ma, veral daardie tyd, so stukkend was. ’n Jaar voor Clayon se dood het haar kêrel (Clayon se pa), Tommy, ook gesterf. Ek kon nie veel doen om haar pyn minder te maak nie.”

Ná Clayon se dood het Shirmoney haarself belowe om seker te maak dat haar jonger boetie Clayton nie ook die bendepad sal stap nie: “En hy het nie. Hy het van kleins af afgryse vir bendegeweld getoon, want hy is as kleuter reeds blootgestel aan die wreedheid daarvan.”

Die twee van hulle was van Clayton se geboorte af baie na aan mekaar. Daar was ’n verskil van 10 jaar in hulle ouderdomme en sy was baie ernstig dat sy as ouer suster amper die rol van sy ma moet vul. Ná haar ma se vertrek het sy vir Clayton gehelp met sy huiswerk, saam saans voor slapenstyd op hulle knieë gebid en was sy ook die een wat hom moes dissiplineer. En hoewel hulle by hul ouma gebly en dié mooi na hulle gekyk het, het Clayton elke naweek na sy ma gegaan en sy het ook ná werk na hulle toe gegaan.

Shirmoney het intussen matriek geslaag en vir vyf jaar gaan studeer. In haar tweede jaar het sy by ’n vriendin van haar ma ingetrek en in 2014 het sy en ’n mede-student saam ’n plekkie gehuur.

Maar in die middel van Clayton se graad 7-jaar het sy probleme begin en weens dissiplinêre probleme het hy nie graad 7 voltooi nie. In 2015 het sy en Clayton en hul ma weer saam gewoon – die eerste maal in nege jaar. Clayton het graad 7 oor begin. Maar hy het vandat hy in graad 5 was, besluit hy wil ’n DJ word.

Sy ma het vir hom ’n laptop gekoop en daarna het dinge afdraand begin gaan. Hy het uit die skool  begin bly en praat het nie gehelp nie. Shirmoney het hom gevra om te loop en hoewel dit vir haar baie erg was, het sy gemeen dat dit vir die beste was. Hy is terug na sy ouma waar die bendes hom begin dreig het. Hy is na sy oom in die Strand en later na sy tannie. In Desember 2015 is hy na sy tannie op Calvinia waar hy uiteindelik sy graad 7 in 2016 voltooi het. Clayton is in 2017 na ’n kosskool net buite Kaapstad om met sy hoërskoolloopbaan te begin, maar op 27 November 2017 het hy weens bloeding op sy brein gesterf.

Shirmoney vertel verder aan Kuier: “Die jare 2016 en 2017 het met baie uitdagings gekom, maar Clayton se dood om aan te hou ongeag hoe moeilik dinge geword het, sal my altyd inspireer om self voort te stu. Ek is vandag ’n suster wat kaal gestroop is, maar wat in die proses geleer het wat dit kos om regtig lief te wees vir my broer, wat geleer het hoe en wanneer om hard te wees, maar ook wanneer om saggies te werk met die mense wie God aan my toevertrou het.”

Oor Nomme 20 Delphistraat: “Nomme 20 Delphistraat is my ouma se fisiese adres waar ek grootgeword het. Dis ’n muisenet-huis en dis waar ek gebly het vir 21 jaar. Dis nie ’n groot huis nie en ons was op ’n stadium seker so 10 mense wat in die huis gewoon het. Dit was beknop, maar ek het  baie goeie memories van my kinderjare. Ons het ook nog altyd familie wat agter in die jaart woon. Die huis het ’n voorkamer, ’n kombuis, ’n badkamer en twee kamers. So daar is altyd mense wat op ’n vloer of ’n bank slaap. Die boek se titel het niks met die eintlike huis te doen nie, dit het meer te doen met die waardes wat ek opgedoen het by die huis. Ook staan die ‘Nomme 20’ voor in plaas van agter, en hier is dit baie opsetlik gedoen, juis om die tema van bendegeweld in die titel reeds uit te lig.” (LitNet, 23 September 2016)

Verdere studie en werk

 Nadat sy matriek gemaak het, is Shirmoney na die Universiteit van Wes-Kaapland waar sy haar BA-graad met Afrikaans en linguistiek, haar BA-Honneurs in Afrikaans en ’n nagraadse onderwysdiploma in Afrikaans verwerf het. In 2020 verwerf sy ook haar MA-graad aan bogenoemde universiteit.

Ná haar studies gaan gee sy onderwys aan die Hoërskool Claremont in die suidelike voorstede van Kaapstad. Sy is tans ’n spesialis in Afrikaans aan die aanlyn skool KOA Akademie.

In 2016 koop Shirmoney vir haar en haar hondjie Rio ’n huis in Muizenberg. Vanaf haar slaapkamer sien sy die see en hier het sy vir die eerste keer haar eie slaapkamer, skryf sy op LitNet (24 Mei 2016): “Vanaand het ek en my hondjie, Rio, gaan stap na ’n baie lange merksessie. Dit het my laat terugdink aan en hoe en waar ek grootgeword het: Eureka Estate in Elsiesrivier. En ek hoor hoe my destydse vriende my uitlag oor ek my hond op die see stap op ’n sondig agtermiddag, soos ’n wit mens. Hoe dikwels het ons dan nie juis gepraat oor witmensgoed nie. En om ’n hond vir ’n stappie op die see te vat was beslis op daardie lysie. Ons honde was ‘jaart’-honde. Jy hou hulle aan, voer hulle en was hulle so een keer elke ses maande.”

Sy sluit haar skryfstuk op LitNet af: “Al wat ek weet, is: die lewe is regtig wat jy daarvan maak. Dit was die een reël wat my aan die gang gehou het toe ek eintlik tou moes opgooi. God, hierdie reël en my ouma se biddende knieë. Vir hoe lank ek ook al hier gaan woon, gaan ek hiér woon. Sonder skuldgevoel. Sonder angs. Sonder vrees oor wie wat van my gaan sê. Wat regtig saak maak is my hart. En Elsiesrivier sal altyd deel van my bly. Al vat die lewe my ook hoe ver daarvandaan. Ek sal terug gaan en doen wat ek kan. So dikwels as wat ek kan. Maar vir nou sal ek op die balkon van my slaapkamer staan en die vars seelug geniet.”

Sy is getroud met Isaac John de Lange.

Voor die verskyning van haar eerste bundel het haar gedigte al in 7de Reënboog verskyn en as performance poet het sy al voordrag op verskillende platforms soos Open Book Festival, Inzync Poetry, Grounding Session, Badilisha Poetry, Poetica, KKNK, Artsemble en meer gedoen. In haar werk vertel sy graag die stories van die mense uit haar gemeenskap. 

Shirmoney se debuutdigbundel, Nomme 20 Delphistraat, word in 2016 deur Modjaji Books uitgegee. Die uitgewers beskryf die digbundel as volg: “Dit weerspieël die digters se ervarings in en gedagtes aan haar tienerjare en haar tyd as ’n eerstegenerasie-student. Dit speel af in Elsiesrivier. Die titel verwys na die huis en straat waarin sy grootgeword het, maar sinspeel ook die tema van bendegeweld. Die gedigte is ook die stories van die mense van Elsiesrivier.” (Die Burger, 21 Maart 2017)

Die gedigte in hierdie bundel is gedigte wat sy in die vyf tot ses jaar voor die bundel verskyn het, geskryf het, vertel sy aan Naomi Meyer op LitNet: “Ek doen performance poetry en baie van dit het eers op stage gelewe.”

Clinton V du Plessis haal in sy resensie in Die Burger (20 Februarie 2017) uit William S Burroughs se A review of the reviewers aan: “‘Write about what you know. More writers fail because they try to write about things they don’t know than for any other reason.’”

En, skryf hy, dit was met hierdie woorde in sy agterkop dat hy aan Shirmoney Rhode se eerste digbundel begin lees het. Hy beskryf Nomme 20 Delphistraat as ’n “dun, pretensielose bundel met 25 gedigte – oorwegend in Kaaps”.

In die gedigte word daar, volgens Du Plessis, gedig oor mense met drank- en dwelmprobleme, maar ook die bittereinders wat uitstyg en Shirmoney neem ook standpunt in teenoor die taal en die taaldebat, veral wanneer sy só skryf:

Ek kan oek mooi skryf.
Al sê ek dit skief en krom,
en al is’it nou nie juis geclassify
as deel van die kanon nie,
kan ek oek mooi woorde skryf.

Fok die kanon.

En dan ook:

Ek praat soes ek praat want ek is wie ek is –
’n Cape Flats girl. Ek wil’ie soes Kanna wies’ie,
Kanna wat’ie hys toe gekom hettie.
Wat vi’ hom anneste gehou het
vanaf hy geleerentheid gekry’it.

“Alhoewel ek dink dat baie van Rhode se gedigte werklik tot reg sal kom tydens voorlesing, slaag sy tog daarin om die Afrikaanse leef- en leeswêreld met hierdie publikasie ruimer te maak en kan die leser en resensent die oordeel vel dat die digter wéét waarván en waaróór sy skryf. Hierdie digter hou haar nie op met aangeplakte digterlike fieterjasies en vals vertoon nie.

“Die Afrikaanse dig-akker is yl en dun gesaai met vars nuwe jong vrouestemme uit die skadu- en niestandaardkant van die taal. Rhode is nie so angry soos byvoorbeeld Ronelda S Kamfer nie, maar Afrikaans kan doen met hierdie ryke versmelting en verbastering van tonge as hy tot al sy sprekers wil begin en bly spreek.

“Shirmoney Rhode, of jy nou daarvan hou of nie, welkom in die kanon van Afrikaans en Kaaps.”

Gunther Pakendorf bespreek Nomme 20 Delphistraat vir LitNet (28 Maart 2017): “Hierdie beskeie bundel met sy 25-tal gedigte dra die goeie nuus van ’n nuwe stem uit die Kaapse Vlakte. Shirmoney Rhode behoort tot die sogenaamde millenniërgenerasie en haar gedigte praat ’n annerste soort taal.

“Die bundel adem die gees van haar tuiste wat reeds metonimies in die titel verskyn: haar woonadres, met ’n skets deur Kobie Nieuwoudt, sodat lesers kan weet hoe dit lyk. Die ‘nomme’ in die titel verwys egter nie net na die huisnommer nie, maar ook na die alomteenwoordige bendes en hulle houvas op bykans elke faset van die lewe op die Vlakte, nes ’n mens se bestaan in jou huis jou soos in ’n gevangenis vashou en jou lewe bepaal … (…)

“Die bundel is opgedra aan haar ouma, Francis Rhode, en haar broer, Clayon, wat op ’n straathoek doodgeskiet is. Sy neem haar lesers op ’n minitoer deur die buurt waar sy onder benouende omstandighede grootgeword het en waar sy onder andere geleer het om te hardloop wanneer die bendegeweld handuit ruk… (…)

“Shirmoney Rhode se verse is nie strydpoësie soos van ouds nie; sy kla nie en kla ook nie aan nie. Sy praat padlangs oor die dikwels moeilike lewe en uitdagings vir die armstes van die armes, meestal met die gelatenheid en lakoniese humor van die oorlewendes, byvoorbeeld oor die lot van enkelma’s, wat dikwels kinders van meer as een man moet grootmaak: ‘al is ôs buite die eg/ ken ek my pa/ oftewel/ sy naam atleast/ soe is sieke ma’ nie soe badtie’ (‘buite die eg’, 15).

“Sy weier om haar lot sonder meer te aanvaar of om ondergedompel te word. Dít is haar vorm van weerstand:

Soe ek kies om te kies wat ek sê.
Ek kies om te abstain van woorde
wat soes ’n vuil lap
’n anne’ man se gedagtes besmeer
met stereotypical lies van’ie Vlaktes.
Ek bly op’ie Vlaktes ja,
ma’ ek weier
dat my mond vasgevang wôd met vlakheid. (‘jy kan kies’, 29–31)

“Daar is ’n verdere tema wat soos ’n goue draad deur die bundel loop, en dit is die taal as teken van herkoms en identiteit. (…) Sy distansieer haar met trots van die platvloersheid en vulgariteit wat die taal van die Vlaktes se mense so maklik en dikwels besmet (dalk ook met ’n bedekte klap in die rigting van sekere digters): ‘djy vloek/ hulle dink klaa’ niks van ôs/ en djy vloek om hulle te entertain’, want ‘dit gan oo’ my taal, my tong, my Kaaps/ wat in stukkies geskeur word/ en gedefine word deur ’n ma se p, ’n pa se n’ (‘djy vloek’, 16–7).

“Die bundel maak dan ook kreatief gebruik van die Kaapse variëteit – al is daar enkele verse in Standaardafrikaans – en slaan plek-plek oor na die loslit ritmes van ‘rap’ waar die rymwoorde wat skielik tussendeur opduik, die leser dwing om anders te skandeer – eintlik om die gedig ritmies hardop te lees.

“Rhode se blomtuin is vir eers effe dun besaai, maar die potensiaal is daar. Mag sy voortgaan en vervolgens ’n hele bos bont en geurige blomme lewer.”

Oor haar optredes op die verhoog en haar boek sê sy aan Meyer: “Ná my speech wat ek op laerskool gedoen het, het ek elke liewe stage wat vir my geoffer was, gevat. En oor die jare het die skaam uit my uit gedig. Die boek is ’n groot wen vir my. En dit voel goed om finally my goed op blaaie te sien. Maar niks sal die gevoel van die spoken word vir my top nie. Daai moment wat jy voor ’n audience staan en jou hart met hulle deel, in jou eie stem. Daai is iets wat die bladsye van my boek dalk nie vir mense gaan gee nie, want hulle gaan dit lees in hulle eie stemme.”

Tydens die Suidoosterfees van 2017 is ’n uitvoering van die riel as deel van die fees op die planke gebring en ná hierdie vertoning skryf Shirmoney as volg op Instagram:

“Ek het’ie woorde om te beskryf hoe gevaa’lik die show gister was nie. Ek’s op ’n creative wave soes die besagheid my inspire het om net meer te wies wat ek is. Om te loep soes ek loep en praat soes ek praat. Dit was soe ’n positive message dat ek heeltyd trane moes afvee. En dit was op die plek waa’ dit hoort man. Ons stemme tel nie net wanne’ ons besig is om te skarrel en smous’ie. Nie net op’ie straat’ie. Maa in teaters. En op papier. En op’ie TV en op’ie radio. En ons MAG exist hie soes wat ons doen. Ek is soe bly vir die jong mense wat in die crowd was. Daa word mos baie gesê bruinmense het’ie kultuur nie. Maa vandag wiet hulle watste krag loep in hulle are.” (LitNet, 5 Mei 2017)

In 2021 was Shirmoney een van die deelnemers aan die derde Ontlaering-kongres wat aanlyn aangebied is. Ontlaering is ’n projek wat ten doel het om platforms te skep vir moontlike herverbeeldings van die pedagogiek van die Afrikaanse letterkunde, maar dit strek ook verder deurdat die plek en breër rol van Afrikaans in die wêreld ondersoek word. Die eerste Ontlaering is in 2018 in Potchefstroom (NWU) en in Pretoria (UP) gehou. Die tweede, in 2020, het by die Qwaqwa-kampus van die UV plaasgevind.

In 2022 was Shirmoney saam met Kerneels Breytenbach ’n beoordelaar van LitNet se poësiewedstryd waarin lesers genooi is om gedigte oor kos, of die tekort daaraan, te skryf.

Shirmoney dien ook op die Adviesraad van die Sentrum vir Navorsing in Meertaligheid en Diversiteit saam met persone soos Michael le Cordeur, Hein Willemse, die Trantraal-broers, Ronelda S Kamfer, Wannie Carstens en andere.

Publikasies:

Publikasie

Nomme 20 Delphistraat

Publikasiedatum

2016

ISBN

9781928215196 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Modjaji Books

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings


Artikels oor Shirmoney Rhode:

Artikels deur Shirmoney Rhode:

Shirmoney Rhode se ATKV-Skrywersalbum is oorspronklik op 2023-12-14 gepubliseer.

Bron:

  • Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN)

 

Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir die doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

The post Shirmoney Rhode (1991–) first appeared on LitNet.

The post Shirmoney Rhode (1991–) appeared first on LitNet.

LitNet Akademies: Volledige joernaaluitgawes

$
0
0

Jaargang 20, Nommer 3 – 2023

Afdeling: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

Fokus: Ontwikkeling van jong en nuwe navorsers (in samewerking met Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Stellenbosch)

Taalkunde

Letterkunde

Opvoedkunde

 

Jaargang 20, Nommer 2 – 2023

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 20, Nommer 1 – 2023

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 19, Nommer 3 – 2022

Afdeling: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 19, Nommer 2 – 2022

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 19, Nommer 1 – 2022

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

Jaargang 18, Nommer 3 – 2021

Afdeling: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 18, Nommer 2 – 2021

Afdeling: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 18, Nommer 1 – 2021

Afdeling: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 17, Nommer 3 – 2020

Afdeling: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 17, Nommer 2 – 2020

Afdeling: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 17, Nommer 1 – 2020

Afdeling: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 16, Nommer 3 – 2019

Afdeling: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 16, Nommer 2 – 2019

Afdeling: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 16, Nommer 1 – 2019

Afdeling: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 15, Nommer 3 – 2018

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

Jaargang 15, Nommer 2 – 2018

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 15, Nommer 1 – 2018

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 14, Nommer 3 – 2017

Afdeling: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 14, Nommer 2 – 2017

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 14, Nommer 1 – 2017

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 13, Nommer 3 – 2016

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 13, Nommer 2 – 2016

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 13, Nommer 1 – Mei 2016

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 12, Nommer 3 – Desember 2015

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 12, Nommer 2 – Augustus 2015

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

Afdeling: Natuurwetenskappe                                 

 

Jaargang 12, Nommer 1 – April 2015

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 11, Nommer 3 – Desember 2014

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Regte

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opoedkunde

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 11, Nommer 2 – Augustus 2014

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Regte

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 11, Nommer 1 – Maart 2014

Afdeling: Regte

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

 

Jaargang 10, Nommer 3 – Desember 2013

Afdeling: Regte

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

 

Jaargang 10, Nommer 2 – Augustus 2013

Afdeling: Regte

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

 

Jaargang 10, Nommer 1 – Maart 2013

Afdeling: Regte

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

 

Jaargang 9, Nommer 3 – Desember 2012

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Regte

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

 

Jaargang 9, Nommer 2 – Augustus 2012

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Regte

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 9, Nommer 1 – Maart 2012

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Regte

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 8, Nommer 3 – Desember 2011

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 8, Nommer 2 – Augustus 2011

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 8, Nommer 1 – Maart 2011

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 7, Nommer 3 – Desember 2010

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 7, Nommer 2 – Augustus 2010

 

Jaargang 7, Nommer 1 – Maart 2010

 

Jaargang 6, Nommer 3 – Desember 2009

 

Jaargang 6, Nommer 2 – Augustus 2009

 

Jaargang 6, Nommer 1 – Maart 2009

 

Jaargang 5, Nommer 3 – Desember 2008

 

Jaargang 5, Nommer 2 – Oktober 2008

 

Jaargang 5, Nommer 1 – Augustus 2008

The post LitNet Akademies: Volledige joernaaluitgawes first appeared on LitNet.

The post <i>LitNet Akademies</i>: Volledige joernaaluitgawes appeared first on LitNet.

Ongetiteld

$
0
0

Foto: Canva

Ongetiteld

my kind,
weet jy hoe groot jy is?
vergeet van die res,
doen jou ding,
probeer jou bes.

my kind,
wees wakker en leer –
jy is een uit ’n duisend.

moenie skrik vir afbrekende
geeste
of bang wees vir boelies nie,
want hulle fool niemand nie.

my kind,
laat jou stem hoor –
jy is meer as net 
jou liggaam.

 

The post Ongetiteld first appeared on LitNet.

The post Ongetiteld appeared first on LitNet.

Huisgodsdiens

$
0
0

Foto: Canva

Huisgodsdiens

as die son se warm lig
in die aand 
voor die donker van die nag 
uit ons karoo-huis vlug

word alles stil

en as die nag se swart
triomfantlik
oor die velde kom
ons huis se kamers vul

skitter die suiderkruis 

skroei die olielamp
se dowwe vlam
flikkerend
op die blink gepoleerde 
tafel van hout, 
in die warm kombuis

en soos donker 
geeste
troon ons skadu’s
teen die spierwit muur
stille luisteraars
wat nog
gekersten moet word

in die koolstoof
helder brand
vir ewig
’n uitgebrande
verkoolde vuur

en ons kinders
ons sit soos olyfboompies
om die ronde tafel
wonder hoe lank
die ewigheid sal duur

moeder vroom

afgesloof en moeg
sit onder die gebed
handegevou en droom

vooroorgeboë
by die dowwe lamp
terwyl 
sy vinger die woorde wys 
slaan pa die bybel oop

lees van ’n Man
wat hulploos hang

aan ’n ruwe kruis.

 

The post Huisgodsdiens first appeared on LitNet.

The post Huisgodsdiens appeared first on LitNet.


Leemte

$
0
0

Foto: Canva

Leemte

Ek hoor die vloede kom
Die golwe groei
Die glas breek om my

Jy roep die lente in my

Ek klim die trappe
Tralies, berge
Soek die hoogste piek

Jy sien die lente in my

Deur drome en denke
Wolwe en webbe
Al dieper in die woud

Die koue kleef nog
Die winter sny
Ek strek na stilte

Jy vou die lente om my

The post Leemte first appeared on LitNet.

The post Leemte appeared first on LitNet.

Volpunte

$
0
0

Foto: Canva

Volpunte

Manie voel hoe sy gesig rooi word van ergenis. Hy kyk af na die toets wat voor hom op sy lessenaar lê en waarop daar ses kruisies en net vier regmerkies is. Eers wil hy die papier opfrommel en agter in sy tas wegsteek, maar dan staan hy op en stap na juffrou Van Wyk se tafel. Sy bene bewe, maar hy steur hom nie daaraan nie.

“Juffrou?” vra hy en gaan staan langs haar stoel.

“Ja?”

 Dit lyk vir Manie of juffrou Van Wyk wil lag, maar mens weet nooit met ’n onderwyser nie.

“Wat is dit, Manie?”

“Juffrou het hierdie vraag verkeerd gemerk en my antwoord is … is reg,” fluister hy.

Juffrou Van Wyk kyk hom stip aan bo-oor haar bril, vat die toetsbladsy uit sy hand en lees hardop. “Hoeveel weeksdae is daar?” sy kyk op. “Jou antwoord is vier, Manie.”

“Ja, Juffrou,” hy knik, vasbeslote.

“Manie, daar is vyf dae in die week. Nie vier nie! Maar, Manie, moet jou nou nie so ontstel nie. Dit was net ’n klastoets.”

Hy staar verbaas in haar koel, blou oë wat hom altyd aan swem in die somer herinner. “So, ek druip, Juffrou,” sê hy.

“Manie, dis nie so erg nie. Jy was amper reg. Jou ander antwoorde was nie so ver verkeerd nie.” Sy kyk weer na sy antwoorde. “Watter rivier loop deur die middel van die Kruger Wildtuin? Jou antwoord is die Krokodilrivier. Dis ook amper reg, maar dis die Olifantsrivier.” Sy kyk op. “Baie naby, Manie, baie naby. En hier het jy geantwoord, laat ek sien ... Ja, jy het geantwoord dat ons tans lewe in die negentiende eeu, maar jy is een eeu uit, want,” sy tik met haar pen op die datum bo-aan sy toets, “dis 1978, so ons is reeds in die twintigste eeu, sien jy?”

Manie skuif nader aan haar stoel. “Wat is nog amper reg?”

“Laat ek sien. As ’n perd ’n baba kry, noem mens dit ’n …? Weer baie naby, Manie, maar dis ’n vul, nie ’n kalf nie.”

“So, ek druip?”

“Kyk, Manie. Ek sê jou wat,” sê sy sag. “Ek gaan jou ’n halfpunt gee vir jou amper reg antwoorde. Dan is jy deur. Hoe klink dit?”

Manie voel in sy knieë dat half reg ver van reg is. Tog, ’n halfpunt is darem beter as niks. Hy knik instemmend. Juffrou Van Wyk vat haar rooipen, swaai dit soos ’n fee se towerstaf voor sy neus en maak dan halwe regmerke by vier van die kruisies. Hy stap amper tevrede terug na sy lessenaar.

Juffrou Van Wyk staan op, stap deur die klas en merk al die toetse weer vir halfpunte. Manie is bly sy is nie soos meneer Wasserman, die wiskundeonderwyser, wat hom beslis ’n hou sou wou gee vir amper regte antwoorde nie.

Die res van die klas is verheug oor Manie se moed. Selfs Bert, die boelie, klop hom op die skouer. Toe hulle pouse uit die klas hardloop, glimlag juffrou Van Wyk vir hom. Sy haal een van haar geliefde fotoverhale uit haar lessenaar se laai.

Manie se gunsteling-fotoverhaal is Ruiter in swart, maar sy ma koop meestal Dr Conrad Brand. Juffrou Van Wyk se seun, wat al werk, hou ook van Ruiter in swart. Manie en juffrou Van Wyk ruil soms fotoverhale uit. Sy het al genoem dat die hoof nie beïndruk is met hierdie soort leesstof by die skool nie. Sy lees so half onder haar lessenaar ingeval die gevreesde meneer Van der Merwe onverwags instap. “Hy spioeneer op my, Manie,” sê sy en haar gesig trek op ’n plooi wat hom bang maak dat sy dalk gaan huil.

Die middag stap hy huis toe en probeer vir homself uitmaak wat die verskil is tussen vier en vyf weeksdae. Hy het nooit besef hoe lank ’n week is nie. Hy onthou ook dat sy ma gesê het sy Ouma Annie kom kuier by hulle. Sy ouma gaan na hom kyk in die middae, want sy ma is hospitaal toe om ’n baba te gaan haal. Hy ken sy ouma nie goed nie, want sy bly ver – in die Kaap. En sy ma het ook baie streng gesê dat hy nie met Rossina, die huishulp, mag stry terwyl sy weg is nie.

Rossina staan en stryk toe hy met hangskouers sy tas sommer onder die kombuistafel inskuif. Sy sê niks daaroor nie, al weet hy sy wil graag.

Sy ouma het groot hande. Sy hele kop pas in een hand toe sy bewerig daaroor vryf. Hulle sit oorkant mekaar aan die kombuistafel vir middagete. Sy ouma kyk stip na hom, maar sodra hy vir haar kyk, kyk sy gou weg.

Later vra sy: “En hoe was jou dag by die skool? Het julle lekker gespeel?”

“Nee, Ouma, ek het nie so lekker gespeel vandag nie.” Hy wag ’n oomblik voor hy saggies sê: “Ek het my toets gedruip. Juffrou het my halfpunte gegee. Sy sê dis nie so erg nie. Nou is ek darem deur.”

Hy buk en trek sy tas nader en haal die gefrommelde toets uit. “Kyk,” hy vou die papier oop voor hulle op die kombuistafel. “Sien?”

Sy ouma staar vir ’n lang ruk na die toets.

“Nou, wat is jou antwoorde?” vra sy met groot oë.

“Met hierdie vraag,” Manie druk ’n vinger op vraag vier, “met hierdie vraag het ek gesê daar is vier weeksdae. En daar is vyf. So ek kry net ’n halfpunt vir amper reg.”

Sy ouma skud haar kop.

“Jy weet, Manie, ek is nou al baie oud,” sê sy.

“Ja, Ouma, maar my juffrou is ouer.”

“Regtig? Hoe oud is jou juffrou?”

“88!” Manie glimlag breed. Hy voel altyd skoon opgewonde van verbasing dat iemand so oud kan word.

“88?!” Sy ouma lag. “Ja-nee, ek is darem nog nie so oud nie. Maar ek is amper so oud. En jy weet … Ek dink vier weeksdae sou beter wees as vyf. As jou juffrou al 88 is meen sy seker ook so.”

Manie se oë rek. Dis nes hy ook gedink het!

“En hierdie een is ook verkeerd.” Hy druk met sy vinger op vraag nommer vyf.

“Ek het gesê die Krokodilrivier loop deur die Wildtuin, maar dis die Olifants,” hy laat sy kop sak.

Sy begin die tafel afdek en dra die borde na die wasbak. Dan kom sy weer sit. “Ja. Dit laat my nou dink aan waar ek op die plaas grootgeword het. Ons het in die rivier geswem. En weet jy wat? Die rivier se naam was nie so belangrik nie. Al wat jy moes weet, was – waar is die seekoeie? Hoe naby is die seekoeie? Die seekoeie het glad nie omgegee wat die rivier se naam is nie. Dit sou jou veel help om die rivier se naam te ken en nie te weet hoe boos ’n seekoei kan word nie.”

“Ja-nee,” beaam Rossina van die strykplank se kant af. “Ja-nee, krokodil-se-kind gee ook minder om vir name.”

“Nou, wat is jou volgende vraag?” wil sy ouma weet.

“’n Perd se baba is nie ’n kalf nie, Ouma.”

“Ja, dis seker waar.” Sy ouma dink lank oor die vraag na terwyl sy by die kombuisvenster uitstaar. “Ja, wat kan mens nou sê oor so iets? Nee, daar het jy my, Manie. En sy gee jou toe darem ’n halfpunt?”

“Ja, Ouma,” Manie druk sy toets terug in sy tas.

“Ek dink, Manie... Ek dink tog jy moet net een ding onthou.”

“Wat is dit, Ouma?”

“’n Perd gee nie om wat jy haar kind noem nie. ’n Vul of ’n kalf. ’n Perd gee net om dat jy goed sorg vir haar kind.” Sy sit ’n vinger onder sy ken. “Ek hoop die nuwe baba het ook sulke sagte bruin oë soos joune, Manie,” sê sy.

Die middag dink Manie diep na oor al sy ouma se antwoorde terwyl hy op sy bed lê en fotoverhale lees en bly is meneer Van der Merwe is nie daar om op hom te spioeneer nie.

Die aand voor die televisie bars sy ouma twee keer in trane uit. Hy is verbaas dat sy nie weet dis net stories nie. Skynbaar het sy nog altyd gedink die goed gebeur alles regtig. Hy skakel die televisie af en gaan haal van sy fotoverhale vir haar om te lees. Sy sê hy moet lees. Manie sit langs haar op die bank en verduidelik met ’n vinger op elke foto wat aangaan. Sy lag en streel met haar bewerige hand oor sy kop.

Toe sy ouma weer teruggaan huis toe, verlang Manie na haar groot hande wat so bewerig en sag oor sy kop kon streel. Hy vertel vir sy ma dat sy ouma baie slim is en dat sy en Rossina meer weet van diere en riviere en weeksdae as die mense by die skool.

“Ja, Manie,” sê sy, terwyl sy die nuwe baba aan die slaap sus op haar skouer. “Jou ouma kan baie dinge doen wat ek nie kan doen nie.”

“Soos wat, Ma?”

“Jou ouma kan perdry. Sy kan ’n hoender slag, skoene maak en medisyne maak uit bossies wat sy in die veld gaan pluk het. Sy kan ook help met siek diere en ’n bok skiet.”

“Sjoe!” sê Manie. Hy is veral beïndruk dat sy ouma diere kan dokter.

“Maar daar is goed wat sy nie kan doen nie. Sy was te arm om lank skool toe te gaan en te leer. Toe sy klein was, moes dogters werk op die plaas.”

Manie spring op van die mat waar hy op sy rug gelê en luister het. “Wat kan Ouma nie doen nie?” vra hy. Hy is seker hy sal haar kan leer.

“Wel, ouma kan nie lees en skryf nie,” sê sy, asof dit die gewoonste ding is om te sê.

“Ek mis daardie ouma, nevermind van lees en skryf,” sê Rossina in die verbystap met ’n arm vol gestrykte klere. “Vir haar kan mens sommer vinnig lief raak.”

Manie het al vergeet dat lees en skryf iets is wat mens moet leer. Sy ouma sou geen punte gekry het vir die toets nie. Sy ouma sou heeltemal gedruip het.

Hy gaan uit en skop sy sokkerbal teen die muur. Hy dink aan die perd wat nie omgee wat jy haar baba noem nie. Hy dink hy gee nie om dat sy ouma die toets sou gedruip het nie. Hy dink aan haar bewerige groot hand wat oor sy kop streel. Hy dink haar hande kan ’n dier regdokter al kan daardie hande nie skryf nie. En haar oë is sag en vriendelik al kan hulle nie lees nie.

Die volgende dag sê Manie vir juffrou Van Wyk: “Ek gaan ’n veearts word.”

“Wat het jou so laat besluit, Manie?” wil sy weet.

“Ek hou van diere,” sê hy. “Hulle kan nie lees of skryf nie en hulle hou van jou al druip jy al jou toetse.”

Juffrou Van Wyk lag. “Vir daardie antwoord gee ek jou volpunte, Manie."

The post Volpunte first appeared on LitNet.

The post Volpunte appeared first on LitNet.

’n Ander land | Wetenskapfiksiekompetisie

$
0
0

CJ Langenhoven het in 1923 Loeloeraai geskryf. Die eerste wetenskapfiksieroman in Afrikaans het dus ’n eeu gelede verskyn. Op 12 Augustus 2023 is die 150ste herdenking van CJ Langenhoven se geboortedag gevier. Om hierdie dubbele herdenking te vier, daag LitNet en die Langenhoven Gedenkfonds alle skrywers uit om ’n wetenskapfiksiekortverhaal voor te lê vir publikasie. Hier is meer inligting.

***

Hy was op die plaas toe die eerste bomme val. Dit was laataand. Die werkers het reeds na hul blyplek gegaan. Hy het op die stoep gesit. ’n Blikbeker swartkoffie in sy hand. Sy pypsteel wat aan sy mondhoek hang. Bliksem, die boerboel, het dit eerste aangevoel. Die hond het vanaf sy lêplek langs sy rottangstoel opgespring en half beneuk, half nog deur die slaap na die rant van die wye, rooi sementvloer gedrentel. Die hond blaf vir die donker buitelyne van die versameling sipresse teen die verste kliprantjie. Grom effe. Plof in ’n versameling losserige velle en uitgestrekte pote neer en bring dan ’n jammerlike klank na vore. “Wat is dit, seun?” het hy gevra. Bliksem bly na die horison staar. Fyn dotjies lig speel in sy donker, bekommerde kykers. Hy hys homself vanuit sy stoel. Plaas die blikbeker op die stoepreling. Trap tot op die grasperk en bak sy hand voor sy oë. Soos ’n misreën van vuurvliegies verskyn flikkerende ligpunte teen die duister. Nader en nader kom dit. Naby genoeg om te kan sien. Te ver om die oorsprong daarvan te kan plaas. Hy suig aan sy pyp. Verskuif sy regterhand na sy oor. Luister of hy die tweerigtingradio in die voorportaal van die sandsteenhuis hoor kraak. Meteens let hy die afwesigheid op: Die krieke wat ophou sing. Die tjier-tjier van die windpomp by die plaasdam nou verstil. Die silhoeëtte van die sipresbome wieg teen die sterrelig, maar hy voel geen wind teen sy vel nie. Stadigaan sak die gloeiende kooltjies neer. Hy tiep sy ken na bo. Geen reuk van verskroeide gras vul sy neusholte nie. Hy hoor geen veraf geblêr van lammers wat na ooie soek nie. Die oorverdowende stilte en die gevoel dat daar iets fout kan wees, is al wat oorbly. Toe: ’n Verblindende lig bo die koppies. Die wind kom aangeruis asof God self sy asem oor die Vrystaatse vlaktes uitblaas. Die skielike rukwind pluk die hoed van sy kop af en gooi die tuinstoele om. Sy pyp vlieg uit sy hand. ’n Geweldige druk van bo dwing hom tot op sy knieë. Toe die sipresse uit hul ankerplek skeur en soos tandestokkies saam met die plaasimplemente en verkoolde karkasse deur die lug aangevlieg kom, dwing hy homself regop. Hy gryp na sy pyp. Hardloop na die huis. Kry die hond se leerhalsband beet, trek hom saam en klap die voordeur agter hom toe.

Die staaldeur van die inloopkluis waarin hy en Bliksem skuil het van die hitte met die kosyn versmelt. Dit neem hom ure om deur die driedubbele-baksteenmuur na buite te breek. Die tabak vir sy pyp is lankal daarmee heen. Net die dosie vuurhoutjies in sy gatsak bly oor. Sy hande bebloed en opgeswel soos hy die kolf van die .306 teen die muur moes kap-kap-kap. Toe hy die laaste baksteen loswikkel en die sonlig ’n flou straal oor hom en die hond kaats, besef hy dat daar niks oor is nie. Die lug ruik pure swael. Die uitsig is helder, maar verlate. Alles grafstil. Ingedagte suig hy aan die pyp al weet hy dat daar niks van sal kom nie.

Later is die gat groot genoeg sodat hy en die hond kan uit. Verdwaas staan hulle tussen die mure wat staande gebly het. Die fondasie van die huis is pikswart. Die halwe mure ook. Die veld. Die stompies waar bome eens gestaan het. Die beendere, verwronge stukke metaal, geknakte stutpale en die oorblyfsels van die stoor wat rondom die werf gestrooi is, ook naby aan steenkool. Die son brand op ’n maanlandskap neer. Geen wolke is in die kobaltblou lug te bespeur nie. Hy staan in die middel van ’n asland. ’n Ander land.

Snuffelend draf Bliksem tot waar die plaasdam eens gestaan het. Fyn, grys wolkies swiep van sy pote af op soos hy wegdraf. Dit sif weer neer om die kaal grond te bedek. Die hond is dors, besef hy. Hy ook. En honger.

“Kom, my honne,” gee hy opdrag en haak sy pyp by die hoek van sy mond in. “Die rivier is hierdie kant toe.”

Hy probeer om nie te veel daaraan te dink nie, maar hy besef dit instinktief toe hy die fondasies van die werkers se behuising verby: Hulle is ook almal weg. Sover as wat hy teen die plaaspad afstap watse roesbruin klippe nou wit vertoon, sink die gewaarwording by hom in dat die wêreld vir altyd verander het. Die omgewing is nou ’n vreemdeling. Net die val en styg van die valleie en waar die uitgestrekte landskap teen die klipkranse bots, is vir hom bekend. Die res is swart-verskroeide, lewelose aarde. Hy volg die naaf van die ravine om die smal rivierbed te vind. En daar sak hy vir die tweede keer in soveel dae tot op sy knieë. Dolleeg. Kurkdroog. Die fyn riviersand is in glasplate verander. In die verwronge spieëls vol borrels sien hy sy eie gesig. Dit lyk asof hy oornag ’n duisend jaar oud geword het.

Moedeloos wink hy vir die hond om hom te volg. Tussen die skeurtandrotse vind hy ’n ingang wat hy laas as kind gebruik het. ’n Wegkruipplek van soorte. ’n Speelplek waarin hy kon skuil om op duikertjies met sy .22 aan te lê. Dié spelonk gaan dieper die krans in, dít weet hy. En daarbinne was dit altyd koel en klam.

Sy oordeel was reg. Die spleet teen die naakte rotswand lyk anders as wat hy dit onthou, maar sy voete vind die roete gou. Van onder uit die ongenaakbare son wat hy homself wil verbeel feller as voorheen skyn, vlug hy. Bliksem volg hom gedwee. Daarbinne die koel grot vind hulle ’n poeletjie bergwater wat drup-drup. Al smaak dit vrank, is die lafenis genoeg.

Of dit skok was en of dit verslaentheid was, begin sy ooglede te knikker nes hy die laaste handvol water gulsig inslurp. Hy fatsoeneer ’n kopkussing vanuit klippe. Die hond maak homself teen hom tuis. Die pyp lê hy op sy borskas neer. Sy hande beskermend daarom gevou. En dan is hy vir die wêreld dood.

Dit is al laataand toe hy weer ontwaak. Dit gebeur teen sy wil. In sy koorsagtige droom voel-voel hy vir die boerboel se warm lyf wat teen hom du. Sy hand vind nie vir Bliksem langs hom nie. Hy vlieg orent. Strompel tot by die ingang van die grot.

“Bliksem! Kom hier! Kom in!” skree hy op die boerboel wat al blaffend en histeries voor die ingang van die grot na die lug hap.

Dieselfde klein, blink vuurvliegies van die vorige aand het weer verskyn. Hierdie keer syg hulle nie vanuit die hemelruim neer nie. Nou beweeg hulle berekend tussen die koppies en klowe deur. Spoed oor die verflensde veld om bo die oorblyfsels van die opstal te sirkel. Daar hang hulle vir ’n wyle voordat hulle wegskiet om in die sterrelose nag in te verdwyn.

Hulle moet eet en daarom is hy bly toe hy die molslang die volgende oggend gewaar. Dit het nie veel gevat om die slang teen die muur van die grot vas te keer nie. Daar is niks om mee vuur te maak nie en die laaste vuurhoutjies is wat hy gebruik om die vel effe van die vlees af te skroei. Dit pla Bliksem klaarblyklik nie veel nie en sy toegewysde stukke vleis verdwyn in twee groot happe.

Dit is met ’n mengsel van afgryse en ontnugtering dat hy dit vroegdag buite die grot waag. Hier kan hulle nie bly nie en buitekant is daar niks nie, sover as wat die oog kan sien. Hy en die hond sal vrek. Hy moet ten minste probeer om die bure se opstal te bereik voordat die son weer sak. Al knaag dit aan hom dat daar van hulle ook sekerlik min tot nil sou oorbly, is dit al wat hy nou kan doen.

Hy trek sy hemp uit, week dit in die poel water en por vir Bliksem aan dat hy ook daarvan moet drink. Dan eers vertrek hulle.

Dit is ongenadiglik warm vir September en die hemp skuur styf en droog teen sy vel teen die tyd dat hulle sy gronde verlaat. Dit is sewe kilometer van sy huis tot waar die grondpad met die grootpad kruis. Hy is verbaas om te sien dat daar geen snelweg oor is om van te praat nie. Asof die verblindende blits die teer laat verdamp het, is daar ook nou net ’n vae herinnering van ’n grondpad oor. Die asvaal landskap blyk nimmereindigend te wees. Dit ruk aan sy hart om die oorblyfsels van sy plaashek te sien: Twee stafies staal onder bleekwit klippies versteek.

Die son sit loodreg bo hom en Bliksem teen die tyd dat hulle die bure se opstal bereik. Op pad na hier het hy gesoek en gesoek. Gekyk en gekyk. Hy kon geen fondasie, geen oorblyfsels van mure, geen teken van die Breda’s sien nie. Selfs die heinings van die buurman se vele skaapkampe is weg asof hier nooit tweeduisend koppe skaap gewei het nie. Dit lyk kompleet of niemand ooit hier geleef het nie en waar die huis gestaan het, lyk nes die grootpad. ’n Verlate lap grond. Gekraakte klippe. Bakstene wat tot gruishopies en erts vermurwe het.

Ontsenu stap hy terug tot waar die Breda’s se afdraai die snelweg van ouds ontmoet. Morbied kyk hy toe hoe Bliksem hom vraend aankyk toe hy in die rigting van Fouresmith begin stap. Daar vorm al rooi blase op die arme hond se sagte pote. Iewers moet daar tog iemand oor wees, dink hy mismoedig terwyl sweetpêrels hom aftap.

So ingedagte, honger en dors is hy dat hy nie die silwer vorming op die gesigseinder raaksien nie. Bliksem grom. Maar dan laat sak hy net weer sy kop om langs sy baas aan te foeter. Oorwonne beweeg die boer en sy boerboel digterby die silwer etsing wat soos ’n soliede paneel die landskap raam. Dit is eers wanneer hy hom trompop daarin vasloop dat die grysbebaarde man in die flenterige klere met die verslete pyp tussen sy tande geklem teen die glinsterende, plat, glasagtige muur opkyk.

Hy het nog nooit so iets gesien of beleef nie. Dit is asof daar ’n muur uit niks gemaak voor hom opdoem. Hy kan dit nie sien nie. Maar hy kan ook nie verder stap as wat hy en Bliksem gekom het nie. Hierdie “muur” keer hom. Aanvanklik dink hy dat dit sy eie brein is wat ’n truuk op hom trek. Hulle stap al lank. Dit is warm. Hulle het nie water by hulle nie. Goël sy gedagtes dan, wonder hy toe hy sy plathande uitstrek om daaraan te vat. Die oppervlak waaraan hy raak is koel. Dit reageer met sy teenwoordigheid. Aanvanklik dink hy dat dit maar die son se refleksie is wat ’n spieëling van grys, silwer, oranje en blou weerkaats. Maar nou resoneer sirkels van allerhande kleure in fyn, vloeiende golwe van sy hande af weg. Dit kring uit om hoër en hoër te reik. Bo-oor sy kop strek dit. Ver, ver bo sy kop. Dit is nie ’n muur nie. Dit is ’n koepel van soorte. Hoe ver strek dit? Hy móét weet. Hy en sy hond moet die dorp bereik of hulle is bokveld toe. Hy moet deur, verby of oor hierdie ding kom.

Hy hap-hap met sy oogtande aan die pypsteel. Tree terug. Storm op die muur af en hamer met sy vuiste teen die koel oppervlak wat hy nie as glas, rubber of staal kan beskryf nie. Bliksem begin terstond vir die mirage te blaf. Soos voorheen, kring daar wye, kleurvolle sirkels vanuit die kontakpunte waar sy vuiste land. Saam hiermee: ’n Lae frekwensie wat hy net kan beskryf as die gedempte roep van een of ander buiteaardse loerie of spreeu. Aldeurdringend vul dit die landskap om en in hulle. As hy nie so ooreis was nie, was dit vir hom mooi. Vir wat na kilometers ver lyk, kring die vibrasies in silwer, goud en rooi van hulle af weg.

Hy bring sy vuiste tot stilstand. Verstel aan die pyp wat dreig om van sy lippe te glip. Dis tóé dat hy ’n stem waarneem. Hy kan dit nie hoor nie. Eerder “praat” iemand van binne sy gedagtes met hom. ’n Skielike teenwoordigheid manifesteer tussen sy ore sonder dat hy daarvoor gevra het.

“Waar kom jy vandaan?” vra die rustige stemtoon.

“Ek boer hier buitekant Fouresmith…” antwoord hy ietwat oorbluf terwyl Bliksem teen die versperring opspring. Ook die aanraking van die boerboel se pote het kringe kleur en klankvibrasies tot gevolg. “Ons is aangeval. Ek probeer by die dorp uitkom.”

“Wat is dit daardie?”

“Wat is wat?”

“Die ander?”

“Ek verstaan nie die vraag nie? Watter ander?”

“Die ander wese. Die een langsaan jou.”

Hy kyk af om te sien hoe Bliksem nou verbete ’n gat onderdeur die muur van lig en klank probeer grawe. Sover as wat sy naels in die klipperige grond grou, ontvou daar fyn sirkels van klank en kleur wat soos golfies van hom af wegspoel.

“Dit is my hond.”

“Hond?”

“Ja. Bliksem, die boerboel. Hy woon ook op die plaas.”

“Een oomblik, asseblief.”

Die teenwoordigheid tussen sy slape verdwyn. Ná wat soos ’n leeftyd voel, pols die vreemde dog gerusstellende stem weer in sy gedagtegang.

“Onmoontlik. Canis lupus familiaris het in die jaar 2023 uitgesterf.”

“Kan-nie-wie-se-watse-goed?”

“Honde. Honde het in die jaar 2023 uitgesterf,” antwoord die stem hom saaklik.

Verdwaas kyk hy na waar Bliksem nou ewe op sy agterstewe sit met ’n sotlike uitdrukking wat oor sy bakkies span. Dit lyk asof hy na iemand of iets luister. Sou hy ook die stem kon hoor?

“Wel. Hier sit Bliksem voor jou. Hy bestáán.”

“Hoe het jy in die aarddomein beland. Het jy vanuit jou bêreplek verdwaal?”

“Aarddomein? Verdwaal? Bêreplek! Waarvan praat jy? Ek boer al my lewe lank buite Fouresmith. Dit is ’n familieplaas. Ek het dit geërf. Vra enige iemand op die dorp. Almal ken my.”

“Een oomblik, asseblief.”

Hierdie slag neem dit die stem slegs ’n paar sekondes om terug te keer.

“Antwoord die volgende vrae wat ek aan jou gaan stel tot die beste van jou vermoë.”

“Goed…” antwoord hy huiwerig.

“Jy is onbewus van die inval wat gestrek het van aardjaar 2023 tot 2031?”

“Daarvan weet ek niks. Ons is wel aangeval, ja.”

“Jy is onbewus van Verdelging Bevel 1242 van sterjaar 4564B tesame met Bewaringsbevel 412 van sterjaar 4568A van wat jou planeet stelsel Proxima Centauri genoem het?”

“Ek is nie goed met getalle nie. Nog minder met astrologie. Ek weet nie waarvan jy praat nie.”
“Jy is onbewus daarvan dat jy jou tans in sterjaar 5553C bevind?”

 Hy knik slegs sonder om die implikasie volkome te besef.

“Wat was jou spesifieke sub-spesie identifikasie?”

“My wat?”

’n Paar sekondes tik verby voordat die stem hom antwoord.

“Jou noemnaam en van?”

“Rynhardt Ignatius Phillipus van Winkle. Maar almal noem my sommer maar oom Rip.”

“En die ander wese?”

Hy kyk af na waar die hond homself op die warm sandgrond neergevly het. Hygend en uittong wag hy.

“Bliksem, die boerboel.”

Skielik bulder die stem in plaas van praat. Amper motories klink die monotone stemtoon nou op. Vervaard kom Bliksem orent om homself teen sy linkerbeen vas te druk.

“Rip van Winkle en Bliksem die Boerboel. Hiermee sanksioneer ek julle beide namens die intergalaktiese beheerraad tot herkondisionering, assimilasie en durende bewaring in lyn met Bewaringsbevel 412 van sterjaar 4568A insake lewende wesens gevind op planeet Aarde in die aardjaar 2023. Maak asseblief gereed vir transportasie.”

Lees die ander inskrywings hier:

The post ’n Ander land | Wetenskapfiksiekompetisie first appeared on LitNet.

The post ’n Ander land | Wetenskapfiksiekompetisie appeared first on LitNet.

Nuut by Naledi: Faust deur Goethe, vertaal deur Robert Schall

$
0
0

Johann Wolfgang von Goethe (17491832) is stellig die grootste Duitse digter; Goethe se drama Faust is sy bekendste werk en een van die grootste literêre werke in die Westerse kanon.

Die hoofkarakter, Faust, begeer onbeperkte kennis, mag en aardse genot, en in sy strewe daarna verkoop hy sy siel aan die duiwel. Die gevolge is ontstellend en bring groot ongeluk oor dié wat hom die naaste aan die hart lê. Faust is die beliggaming van elke individu wat morele waardes verruil vir eie gewin.

Hierdie nuwe vertaling van Faust is getrou aan die groot verskeidenheid rym-, metrum- en versboupatrone van die oorspronklike teks.

Sowel die “verhewe” taal van die aanvangstonele en van Faust se alleensprake, asook die “boerse”, soms vulgêre taal van ander tonele (“Voor die poort”, “Auerbach se kelder in Leipzig”, “Heksekombuis”, “Walpurgisnag”) vind ʼn tuiste in Afrikaans.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

The post Nuut by Naledi: Faust deur Goethe, vertaal deur Robert Schall first appeared on LitNet.

The post Nuut by Naledi: <em>Faust</em> deur Goethe, vertaal deur Robert Schall appeared first on LitNet.

New from Naledi: Moscow by Gerrit Olivier

$
0
0

The fall of two evil systems, Bolshevik communism in the Soviet Union and apartheid in South Africa occurred almost simultaneously in the early 1990s holding deep and uncertain implications for international politics. For South Africa, it paved the way towards ending a longstanding hostile international isolation and brought normalisation of diplomatic relations. For Russia it meant the end of communism but the rise of Putinism. Gerrit Olivier, South Africa’s first ambassador in the new Russian Federation (1991-1996), tells the story of the enriching events in Moscow as he experienced firsthand during his term: the fall of the once powerful Soviet Union; of Soviet communism; President Mikhael Gorbachev; but also of the Cold War and the resurrection of Russia under Putin.

Click here for more information about this publication.

 

The post New from Naledi: Moscow by Gerrit Olivier first appeared on LitNet.

The post New from Naledi: <em>Moscow</em> by Gerrit Olivier appeared first on LitNet.

LitNet: Jou 1 093 bladsye nuwe Afrikaanse akademiese navorsing

Inge Engelbrecht se PhD in Afrikaans, Engels en Kaaps: ’n onderhoud

$
0
0

Foto, links: Inge Engelbrecht (foto: verskaf); foto, regs: Clker-Free-Vector-Images op Pixabay

Willemien Froneman en Inge Engelbrecht praat met Naomi Meyer oor Inge se PhD wat pas by die Universiteit Stellenbosch toegeken is. Inge se PhD is in musiek, en is voltooi onder Willemien se studieleiding met ’n affiliasie aan die Africa Open Instituut, waar Willemien ook werksaam is as die hoof van Nagraadse Studies.

Willemien en Inge, kan julle my die agtergrond van hierdie PhD-proefskrif vertel? Die onderwerp waaroor en die tale waarin die studie gedoen is?

W: In die eindfases van haar MMus-projek, wat gehandel het oor drie komponiste van Genadendal, destyds onderneem onder die leiding van Stephanus Muller, het Inge voor ’n probleem te staan gekom: Sy kon nie langer die formele register van haar Afrikaanse skryfstyl met haar ontluikende politieke bewussyn versoen nie. Ek het toe voorgestel dat sy die laaste hoofstuk van haar verhandeling – ’n soort besinning oor die studie – in Engels skryf. Dit het haar deur die “skrywersblok” gekry! Die verhandeling is so geëksamineer en goedgekeur, met die hoofdeel in Afrikaans en ’n Engelse addendum.

Inge het van die begin af ’n tesis oor die koortjie en oor colouredness in gedagte gehad. Ná haar ervaring met die MMus het sy aanvanklik beplan om die studie in Engels aan te pak, en ons het met hierdie veronderstelling daaraan begin werk. Dit het egter gou geblyk dat dit ook nie regtig werk nie – die Afrikaans wat sy raakgeloop het, was té mooi om te ignoreer, en die meer teoretiese Engelse begrondings té uit pas met die inhoud van haar onderhoude en veldwerk. Ons het toe begin dink aan ’n alternatief. Ek het Inge aangemoedig om net te skryf – in hoe die taal hom ook al aan Inge sou voordoen. En daar gebeur dit, en sy vind – saam met Mariana, Philip en Marthenus – daardie ongelooflike skrywerstem! Paula Fourie se Mr Entertainment en Margriet de Waal se naam moet ook bygevoeg word as bronne van inspirasie of leiding.

Só ’n studie ontstaan nie in ’n vakuum nie; dit is ook die resultaat van die Africa Open Instituut (AOI) se investering in die aanlyn tydskrif herri en die goeie oog van die kurator en ontwerperspan. En dan is daar natuurlik die intellektuele omgewing by AOI, die gesprekke oor musiek en atmosfeer, my eie navorsingsbelangstelling en agtergrond en die presedent van ’n boek soos Stephanus Muller se Nagmusiek.

I: Die PhD-proefskrif stem uit my master’s research oor drie coloured composers van Genadendal, die eerste mission station en Moravian mission station in Suid-Afrika. Omdat ek self in die kerk grootgeword het, was my interest spesifiek gepique deur een komponis se kerkmusiek wat my aan die rhythmic traits en syncopation van die koortjie remind het. Subsequently het ek begin research doen oor wat alreeds oor die onderwerp geskryf is en het baie min inligting gevind. Die lack van inligting in hierdie musiekgenre het my gelei tot die begin van hierdie tesis.

Dit klink vir my of hier geleefde ervaring ter sprake was. Is ek reg? Wat was die inspirasie om juis ’n PhD hiervan te maak?

W: Want die koortjie – nes maskanda, jazz, opera, boeremusiek en kwaito – verdién ’n PhD! En Inge ook, omdat sy ’n akademiese agtergrond het en in ’n akademiese ruimte werk. Maar dit is so dat die vertellings in hierdie tesis die produk is van geleefde en deurleefde ervaring – Inge s’n self en dié van die mense met wie sy gepraat het. Ek en Inge werk albei met ’n sterk etnografiese begronding, waarin die grense tussen die “self” en die “ander” nie altyd so duidelik is nie. Vir Inge was haar eie godsdienstigheid altyd baie belangrik. Dit het haar inderdaad in staat gestel om hierdie studie met insig vanuit die beliggaming van die kwessies te benader. En ek het dit probeer respekteer, en dit het my geïnspireer, al deel ons nie dieselfde uitgangspunte oor godsdiens en kerklikheid nie.

I: Die tesis is inderdaad gefokus op lived experiences, en dit is hoe die tesis en die storie van die koortjie ook gradually unfold. Die koortjie word nie net deur die ervaringe en stories van die respondente vertel nie, maar ook deur my eie oë. Soos ek genoem het, het ek in die kerk grootgeword, maar die koortjie was maar ’n peripheral encounter wat ons in die VGK slegs tydens die Pinksterseisoen experience het. En dan slegs as ’n allowance vir die mees extreme worshipers wat hande wou klap. Dit was nie beskou as deel van die mainstream Sondag-erediens-gesanglys nie. Dus was ek familiar met die sound van die koortjie, maar ook die feit dat dit nie regtig ’n legitimately accepted form of respectable worship was nie. So die tesis is actually dan ’n confluence van die respondente se lived experience intertwined tot ’n lesser extent met myne.

Die inspirasie daaragter om dit op akademiese vlak te doen was juis omdat dit so peripheral is: nie net in die mainstream kerkmilieus nie, maar veral in Suid-Afrikaanse music studies. Die tesis demonstrate dat die koortjie ’n valuable kerkmusiekgenre worth studying binne die broader landscape van Suid-Afrikaanse kerkmusiekstudies is, en dat dit ’n plek in higher education kurrikulum het.

...........
Die inspirasie daaragter om dit op akademiese vlak te doen was juis omdat dit so peripheral is: nie net in die mainstream kerkmilieus nie, maar veral in Suid-Afrikaanse music studies. Die tesis demonstrate dat die koortjie ’n valuable kerkmusiekgenre worth studying binne die broader landscape van Suid-Afrikaanse kerkmusiekstudies is, en dat dit ’n plek in higher education kurrikulum het.
...............

Waarom die studie benader in die tale waarin dit geskryf is? (Hierby sluit ek in nie net die geskrewe tale waarin die navorsing neergeskryf is nie, maar ook die taal van musiek.)

W: Ek poog altyd vir ’n soort realisme in akademiese werk, sodat die onderwerp onder bespreking en die tale waarin dit geskryf word, mekaar komplementeer. Inge sal meer oor haar eie taalkeuses kan sê, en oor die gebruik van taal in die woorde en wêreld van die koortjies.

Die kwessie van die verhouding tussen musiek en taal is een wat my baie interesseer. In my boek The groovology of white affect wat volgende jaar verskyn, teoretiseer ek breedvoerig oor die verhouding tussen taal, musiek, affek en rasvorming met verwysing na sekere uitgangspunte in die linguistiese antropologie. In kort kan mens ’n paar goed daaroor sê: dat musiek nie ’n taal is nie; dat daar ’n groot korpus van beskrywende en evaluerende taal óór musiek bestaan (’n metataal in die woorde van Michael Silverstein); dat hierdie taal primêr indeksikaal en pragmaties ontgin moet word eerder as dat dit net op semantiese betekenisse dui; en dat die (rassige) lyf en die ore ’n soort tussenganger tussen die taal en die musiek word.

...........
In my boek The groovology of white affect wat volgende jaar verskyn, teoretiseer ek breedvoerig oor die verhouding tussen taal, musiek, affek en rasvorming met verwysing na sekere uitgangspunte in die linguistiese antropologie. In kort kan mens ’n paar goed daaroor sê: dat musiek nie ’n taal is nie; dat daar ’n groot korpus van beskrywende en evaluerende taal óór musiek bestaan (’n metataal in die woorde van Michael Silverstein); dat hierdie taal primêr indeksikaal en pragmaties ontgin moet word eerder as dat dit net op semantiese betekenisse dui; en dat die (rassige) lyf en die ore ’n soort tussenganger tussen die taal en die musiek word.
..............

I: Dit het actually begin as ’n eksperiment wat my studieleier suggest het. Ek het die interview transcriptions van die respondente getranscribe presies soos hulle gepraat het en het ’n pattern agtergekom, een van ’n mengsel van Afrikaans, Engels en soms Kaaps. Daar is ’n interessante ritme wat mens hoor en voel wanneer hierdie tale gemix word en dit was vir my asof dit die taal equivalent van die koortjie was. Die code-switching het ook vir my ’n realness tot die tesis gebring, aangesien al my respondente coloured is en dit ’n linguistic trait van ons alledaagse lewens is.

Wat was die bevindinge van hierdie PhD?

W: Hierdie soort studie het nie regtig “bevindinge” nie. Of eerder: Dit is een groot bevinding en ontdekking van ’n baie spesiale musiekuiting en haar mense. Kom ons noem dit eerder ’n lees-en-luister-ervaring. Die vernuwings lê ook in die multimediaformaat, die aanbieding, en die taal.

I: Daar is ’n hele paar baie interessante en belangrike bevindinge, maar dit is natuurlik op ’n unconventional manier gedocument (vir meer duidelikheid hieroor moet jy die tesis lees). Een van die mees enlightening bevindinge was die existing culture surrounding die koortjie, dat die koortjie sy eie “taal” het, sy eie dress code, sy eie musical en spiritual practices. En dat die koortjie met sy diminutive naming actually ’n baie groter presence het as wat mens dink.

..............
Daar is ’n hele paar baie interessante en belangrike bevindinge, maar dit is natuurlik op ’n unconventional manier gedocument (vir meer duidelikheid hieroor moet jy die tesis lees). Een van die mees enlightening bevindinge was die existing culture surrounding die koortjie, dat die koortjie sy eie “taal” het, sy eie dress code, sy eie musical en spiritual practices. En dat die koortjie met sy diminutive naming actually ’n baie groter presence het as wat mens dink.
..................

Nog ’n fascinating realisation vir my was die ondergrondse presence van die koortjie oral om my in die musiekdepartement. Dit was nog altyd daar, maar net nie raakgesien nie. Dit is ook waar ek Harney en Moten se concept van die “undercommons” kon harness as die backdrop waarteen ek hierdie storie kon skets.

Waarom is dit belangrik om studies hieromtrent te doen en ook in die betrokke tale?

W: ’n Studie soos Inge s’n bring die wêreld buite en binne die akademie bymekaar. Dit skort eintlik daardie onderskeid totaal op. Dit is vir my een van die mooiste dinge van Inge se tesis. Dit gee ’n middelvinger (nie dat Inge dit ooit sal doen nie!) aan die verstoktheid van die akademie. En dit laat mens voel daar is hoop.

I: Ek dink dit is belangrik op verskeie vlakke. Alhoewel daar baie geskryf is op die gebied van coloured identity en colouredness, is daar maar min geskryf oor wat as coloured musiek geconstitute kan word. Daar is wel nou ’n influx van postgraduate studies waarvan ek bewus is wat al hoe meer hierdie topic begin probe. Hierdie tipe research endeavours bewys dat daar nie net ’n leemte is wat desperately gevul moet word nie, maar dat daar actually ’n groot aanvraag vir sulke studies exist en dat daar individue is wat die navorsing wíl doen. En dit maak my baie excited. Maar wat my nog meer excited maak, is die application van ’n taal waarmee die alledaagse mense wat daardie tipe taal praat en leef, kan mee relate. Historically fokus ons as akademici generally op ’n baie exclusive readership wat die mense oor wie ons skryf, exclude. Wat is dan die punt van research? Is dit nie juis om die centre van ouds te shift nie? Ek voel dat my tesis definitief ’n centre shift en inclusivity engender, en dus ’n space vir soortgelyke toekomstige studies cultivate.

...............
Wat is dan die punt van research? Is dit nie juis om die centre van ouds te shift nie? Ek voel dat my tesis definitief ’n centre shift en inclusivity engender, en dus ’n space vir soortgelyke toekomstige studies cultivate.
.................

Hoe vind mens die aangewese eksaminatore om die tale en onderwerpe te eksamineer? Want begrip en kennis van die onderwerpe en tale wat ekstern beoordeel word, is sekerlik belangrik?

W: Dit was nogal ’n moeilike ding! Ek moes uiteraard by die eksamineringsreëls van die universiteit bly: een intern, een ekstern plaaslik en een ekstern internasionaal. Gelukkig het ek ’n wonderlike kollega in Alfred Schaffer, wat die perfekte leser was vir hierdie soort studie. Die internasionale eksaminator was ’n Afrikaanse letter- en kultuurgeskiedkundige, en die derde persoon ’n kenner op die gebied van die koortjie wat, gelukkig, ook Afrikaans goed genoeg magtig is.

Wat hoop jy sal in die toekoms met jou navorsing kan gebeur, of wat sal hierdeur bewerkstellig word?

W: Soveel dinge! ’n Hele nuwe pad gaan oop vir studies in hedendaagse Afrikaans in allerhande nuwe multimediaformate. Vir die mense wat die koortjie beoefen en die bewandelaars van die universiteit se undercommons is daar – uiteindelik – ’n soort bevestiging. Die universiteit sal moet aanpas by die nuwe realiteite wat hierdie tesis op die tafel plaas. En vir Inge sien ek ’n boekkontrak (komaan Afrikaanse uitgewers!), en ’n blink toekoms as skrywer, populêre akademikus en sosiale kommentator. 

I: My grootste hoop is dat dit op tersiêre vlak ’n plek in die kurrikulum vind. As deeltydse dosent by die musiekdepartement van die US kan ek die need daarvoor onder studente sien, waar hulle nou begin besef dat die musiek wat hulle in hul communities practise, ’n valuable en legitimate plek in die conventional education oor Suid-Afrikaanse musiek het. En ek hoop dat my tesis as ’n example kan serve van die tipe navorsing wat gedoen kan word in en deur veral scholars uit die general coloured gemeenskap wat oor ons cultural music practices kan en wil skryf.

Vanuit die oogpunt van die professor wat haar toespits op wit musikale estetika: Wat het jy self uit hierdie PhD wysgeword? Wat is die belang hiervan by ’n Suid-Afrikaanse universiteit, of wêreldwyd?

W: Ek het dit ontsettend geniet om saam met Inge te werk. Die mooiste vir my was om na die wonderlike koortjies te luister: Inge het dit amper reggekry om my te bekeer!

Lees ook:

Die eerste Kaaps-woordeboek: ’n onderhoud met Quentin Williams

Kaaps in die klaskamer – ’n onderhoud met Earl Ray Basson

Seks, ras en boeremusiek: agter die retoriek van gebrekkige sanglus by die 1938-Voortrekkereeufees

Genadendal: ’n erfenisjuweel

Musiekindaba het lang bene

The post Inge Engelbrecht se PhD in Afrikaans, Engels en Kaaps: ’n onderhoud first appeared on LitNet.

The post Inge Engelbrecht se PhD in Afrikaans, Engels en Kaaps: ’n onderhoud appeared first on LitNet.


Press release: Liewe Heksie vang vis at The Baxter

$
0
0

Margit Meyer-Rödenbeck en Deon van Zyl (foto: Jaco Marais)

This festive season, the award-winning children’s classic Liewe Heksie vang vis, performed in Afrikaans by Margit Meyer-Rödenbeck, flies into The Baxter Golden Arrow Studio for a limited season from 13 to 21 December 2023 at 10:00 and 12:00 daily from Mondays to Saturdays.

Based on the stories by the well-known writer and radio and television personality Verna Vels, the production won the Best Children’s Production Kanna award at the 2023 KKNK Festival in Oudtshoorn and is perfect entertainment for the whole family. The judges praised it for the way the cast engages with young audiences while telling the story. It was nominated for a Fleur du Cap award.

Everyone’s beloved character, Liewe Heksie, uses her broom as a fishing rod, but the fish just won’t bite. The nasty Yellow Witch offers to help and gets Levinia (Heksie) into trouble with King Rosekrans. She urgently solicits the help of her Blommeland friends. This South African classic children’s tale comes to life with lots of audience participation and fast action. Described as the ultimate Heksie, Meyer-Rödenbeck is joined on stage by the exceptionally talented Deon van Zyl, who plays the multiple roles of Karel Kat, the Geelheks (Yellow Witch) and Koning Rosekrans.

Author Verna Vels was responsible for programmes concerning youth and art. She was closely involved in the planning of programming for the establishment of the Afrikaans television service. Her most famous work, Liewe Heksie, was originally written for radio and was later published and edited for television.

Meyer-Rödenbeck, who wrote the text and directs the show, has created a faithful following amongst child audiences over the years. By bringing the production to The Baxter, the popular actress has come full circle at the theatre.

“My first professional role was when, as a third-year student at university in 1990, I played the role of Gretel in Story Spinning Theatre’s Hansel and Gretel at The Baxter Theatre,” says Meyer-Rödenbeck. “After that came roles such as Baby Bear in Goldilocks and the Three Bears and the Doormouse in Alice in Xmas Wonderland. Now, 30 years later, I am excited to be back on The Baxter stage.”

The production performed to great success at, amongst others, the Klein Karoo National Arts Festival, the Suidoosterfees, Die Boer Theatre in Durbanville and the 2023 Kalfiefees. Audiences have raved, with comments such as, “I think I laughed more than all the children in the hall … absolutely brilliant … your improvisation skills and ability to draw the audience into participation deserves extra mention!” One audience member wrote, “The two of you are unbelievable. The way you make the children part of the story was special.” Another said, “Liewe Heksie, masterly performed by Margit Meyer-Rödenbeck, opens a door to world of wonderment. A world of stories and imagination where children and adults can learn and remember to dream and play. Pure magic.”

Liewe Heksie vang vis runs at The Baxter Golden Arrow Studio for a limited season, from 13 to 21 December at 10:00 and 12:00. Ticket prices are R120 and booking is now open at Webtickets online (www.webtickets.co.za) or at Pick n Pay stores. Block bookings of 10 or more are R100 or book for the 10:00 performance on Wednesday 13 December and pay just R80.

The post Press release: Liewe Heksie vang vis at The Baxter first appeared on LitNet.

The post Press release: <em>Liewe Heksie vang vis</em> at The Baxter appeared first on LitNet.

Slawevrystelling aan die Kaap op 1 Desember 1834: Moet dit gevier of herdenk word?

$
0
0

Danie van Wyk (foto: verskaf)

Die vrystelling van die slawe aan die Kaap de Goede Hoop op 1 Desember 1834 is ’n gebeurtenis wat ’n onuitwisbare nalatenskap op die Suid-Afrikaanse samelewing gehad het, sê Danie van Wyk, uitvoerende voorsitter van die DAK Netwerk.

Die onlangse besoek van die Nederlandse koning Willem-Alexander en koningin Maxima aan Suid-Afrika, maar veral hul besoek aan Kaapstad, het die kwessie van slawerny aan die Kaap weer eens op die voorgrond geplaas. Oproepe tot die koning en die Nederlandse regering is gedoen om ’n onvoorwaardelike, amptelike en openbare verskoning aan te bied vir kolonialisme en veral slawerny wat daarmee gepaard gegaan het. Dit sou niks minder as reg wees as die koning sou erken dat die onmenslike behandeling van slawe aan die Kaap beskou kan word as ’n misdaad teen die mensdom nie. ’n Verskoning van die koning sou ’n historiese geleentheid kon wees en sou waarde toevoeg tot sy ontevredenheid oor die wandade van kolonialisme. Sy verskoning sou spreek tot die hart van die slagoffers.

Die verdere vraag wat ontstaan, is of daar reparasie aangebied moet word aan historiese afstammelinge van die slawe en op watter wyse so iets moet geskied. Dit is duidelik dat die oorgrote meerderheid van afstammelinge bruin mense en mense van die eerstenasie is. Slawerny was nie van toepassing slegs op ingevoerde slawe vanaf die Ooste en Afrika nie, maar ook op die plaaslike Khoi- en San-mense wat van hul vee en grond onteien en gestroop is. Dit is ’n feit dat die afskaffing van slawerny ook tot groot ontevredenheid gelei het onder die Afrikaners van die tyd en dat dit een van die direkte oorsake was van die Groot Trek, omdat vergoeding aan slawe-eienaars tot hul ontevredenheid en afkeer van die Britse regering gelei het wat op daardie stadium die koloniale moondheid was.

........
Die verdere vraag wat ontstaan, is of daar reparasie aangebied moet word aan historiese afstammelinge van die slawe en op watter wyse so iets moet geskied.
........

Die invloed van slawe op die lewe en kultuur van mense aan die Kaap kan nie onderskat word nie. Dit spreek tot ons deur tradisionele resepte en kookkuns, sang, musiek, vakmanskap soos skrynwerk, boumetodes, kleremakery en vele ander. Een van die grootste nalatenskappe van die slawe aan die Kaap is die Afrikaanse taal. Dit was ’n manier van kommunikasie onder die slawe wat vanaf verskillende wêrelddele gekom en verskillende tale gebesig het. Die ontwikkeling van ’n taal om met mekaar te skakel op die landerye, op wasklippe of in die slawelosies het gelei tot die aanpassing van die koloniale taal, Nederlands, om dit verstaanbaar onder hulleself te maak. Vandag is hierdie oorspronklike “kombuistaal”, Afrikaans, een van die amptelike tale van Suid-Afrika. Hiervoor kry die slawe geen of weinig erkenning.

Daar was op ’n stadium meer slawe aan die Kaap as koloniste. Enige teken van opstand of ontevredenheid is meedoënloos onderdruk deur teregstellings of swaar en onmenslike tronkstrawwe. Sprake van menseregte was daar nie, nog minder van begenadiging. Dit alles in ag genome kan die vrystelling van die slawe nie gevier word nie. Dit was nie ’n oorwinning van hulle kant nie, maar ’n edik wat deur die Britse regering uitgevaardig is waarin hulle vrystelling gewaarborg is, alhoewel die werklike vrystelling in 1838 vir alle praktiese redes plaasgevind het. ’n Herdenking van die vrystelling van die slawe sal meer gepas wees. Dit kan geskied deur gewyde byeenkomste en musiekuitvoerings. In Amerika is die vrystelling van die slawe aldaar tot ’n vakansiedag verklaar. Die gebeurtenis staan bekend as Juneteenth National Independence Day. “Juneteenth” is kort vir “June Nineteenth”, omdat die slawe op 19 Junie 1865 vrygestel is. Aanvanklik is dit slegs in die staat Texas gevier, maar dit het geleidelik uitgebrei tot waar dit vandag in alle state gevier word. Op 17 Junie 2021 is die dag tot ’n amptelike vakansiedag verklaar en vorm dit nou deel van die Verenigde State van Amerika se amptelike vakansiedae. Die dag gaan gepaard met groot feesvieringe en optogte.

........
Dit alles in ag genome kan die vrystelling van die slawe nie gevier word nie. Dit was nie ’n oorwinning van hulle kant nie, maar ’n edik wat deur die Britse regering uitgevaardig is waarin hulle vrystelling gewaarborg is ... ’n Herdenking van die vrystelling van die slawe sal meer gepas wees.
........

In Suid-Afrika, waar die slawevrystelling byna 30 jaar voor die vrystelling van slawe in Amerika plaasgevind het, is dit ’n ongesiene gebeurtenis. Dit is opvallend dat daar geen nuusberigte in die media of enige aankondigings van die kant van die regering kom nie. Dit is opvallend watter lae profiel slawerny in die geskiedenisboeke en leerplanne in Suid-Afrikaanse skole het. Daar is wel ’n verwysing na slawerny, maar nie ’n in-diepte-bespreking of -behandeling nie. Dit word hanteer as ’n bysaak wat nie veel belang het nie. Dit sou van groter belang wees sou die regering dit oorweeg om erkenning te gee aan hierdie historiese geleentheid. Dit kan ten minste deur die Wes-Kaapse regering oorweeg word om 1 Desember as ’n nie-amptelike vakansiedag te verklaar en op hierdie wyse waardigheid aan die lewens van gestorwe slawe terug te gee. Die moontlikheid kan ook oorweeg word om ’n gedenkteken tot eer van die bydraes wat slawe gelewer het tot die ontwikkeling van Suid-Afrika in geheel, op te rig. Dit sal ook die dag beklemtoon as ’n dag van herdenking aan hulle wat ons voorafgegaan het.

Die aanvanklike arbeidsprobleem aan die Kaap het ontwikkel tot deel van die internasionale slawehandel. Die koms van die Amersfoort op 28 Maart 1658, met slawe aan boord, het die handel in slawe aan die Kaap gevestig. Later het meer skepe gevolg waarvan die Hassalt die belangrikste was. Die Kaapkolonie het vanaf ’n setlaarsgemeenskap tot ’n kolonie van slawerny gegroei. Slawe is name gegee wat by die uitspraak en taal van die koloniste gepas het. Jong mans en vroue was duurder, omdat hulle sterk was om handearbeid te verrig.

........
Die doel van hierdie skrywe is nie om slawerny aan die Kaap te beskryf nie, maar bloot ’n argument op te bou waarom reparasie só ’n ernstige oproep en beroep is om te oorweeg, veral in hierdie geval deur die Nederlandse koningshuis en die Nederlandse regering.
........

Die doel van hierdie skrywe is nie om slawerny aan die Kaap te beskryf nie, maar bloot ’n argument op te bou waarom reparasie só ’n ernstige oproep en beroep is om te oorweeg, veral in hierdie geval deur die Nederlandse koningshuis en die Nederlandse regering. Voorstelle van reparasie wissel van ’n ontwikkelingsfonds tot die daarstelling of stigting van ’n Afrikaanse universiteit in die Wes-Kaap om veral bruin mense wat direkte afstammelinge van slawe is, opvoedkundig te bemagtig. Afrikaans as onderrigtaal is feitlik deur alle universiteite in Suid-Afrika afgeskaf, wat toegang vir bruin, Afrikaanssprekende leerders feitlik onmoontlik maak om in hul moedertaal onderrig te ontvang. Geen wonder dat slegs 4,6% van bruin studente aan tersiêre inrigtings studeer nie, wat die laagste persentasie van alle bevolkingsgroepe is.

Die koning van Nederland het ’n goue geleentheid deur sy hande laat glip om reparasie in alle erns aan te pak. Dit sal nie slegs ’n bydrae lewer tot versoening nie, maar ook om die verlede se onreg op ’n tasbare wyse te hanteer. Dit bly steeds ons wens dat daar wel op ’n dag aandag aan hierdie pleidooi gegee sal word.

Die vrystelling van die slawe móét herdenk word in die nabye toekoms.

Ten slotte: Net soos daar reparasie en verskoning van die Nederlandse koningshuis en die Nederlandse regering geëis word, net so kan in dieselfde asem dieselfde van die Britse koningshuis en die Britse regering geëis word vir die onreg gepleeg aan Boere-vroue en -kinders in konsentrasiekampe gedurende die Anglo-Boereoorlog.

Lees ook:

Die vrystelling van slawe: 1 Desember 1834

Die vrystelling van die slawe

Die vrystelling van slawe, uit die argief: My naam is Februarie

The post Slawevrystelling aan die Kaap op 1 Desember 1834: Moet dit gevier of herdenk word? first appeared on LitNet.

The post Slawevrystelling aan die Kaap op 1 Desember 1834: Moet dit gevier of herdenk word? appeared first on LitNet.

Persverklaring: Nog vier suksesvolle aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds

$
0
0

PEN Afrikaans maak met trots bekend dat die volgende vier vertalings na afloop van die jongste ronde aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds gefinansier sal word: 

  • ’n Albanese vertaling van Laaste kans deur Marita van der Vyver (Ombra GVG)
  • ’n Albanese vertaling van Sewe dae by die Silbersteins deur Etienne Leroux (Shkupi Uitgewery)
  • ’n Nederlandse vertaling van Kompoun deur Ronelda Kamfer (Podium)
  • ’n Nederlandse vertaling van Spertyd deur Elsa Joubert (Noordboek)

Ombra GVG, ’n voorste uitgewery in Albanië wat al meermale suksesvol aansoek gedoen het om befondsing en dus ’n groeiende lys vertaalde literatuur uit Afrikaans het, sal ’n Albanese vertaling van Laaste kans deur Marita van der Vyver uitgee. Die vertaler is Sidita Dano. Laaste kans is een van die mees gewilde boekvrystellings van 2023, en die langverwagte opvolg op Van der Vyver se geliefde roman Wegkomkans wat in 1999 verskyn het.

Albanese lesers kan ook uitsien na die lees van ’n klassieke werk van die Afrikaanse letterkunde: Shkupi Uitgewery sal ’n Albanese vertaling van Sewe dae by die Silbersteins deur Etienne Leroux uitgee, met die vertaling wat deur Irma Kurti behartig sal word. Shkupi is in 1994 gestig. Hulle fokus op die bevordering en bekendstelling van buitelandse literatuur aan Albanese lesers in Noord-Masedonië en regoor die Wes-Balkan-streek, insluitend Kosovo en Albanië.

Kompoun, die debuutroman van die bekroonde digter Ronelda Kamfer, sal in Nederlandse vertaling by Uitgeverij Podium verskyn. Podium is ’n gevestigde en gerekende literêre uitgewery in Nederland. Hul is die uitgewer van verskeie Afrikaanse skrywers en digters in Nederlandse vertaling, onder andere Breytenbach, Krog en Kamfer self. Soos met haar digbundels, sal Alfred Schaffer die roman vertaal. Die beoogde publikasiedatum is Mei 2024. Kompoun het in 2021 by Kwela Boeke verskyn en het in 2022 die Jan Rabie-Rapportprys verower.

Uitgeverij Noordboek, ’n dinamiese uitgewer van niefiksie, sal ’n vertaalsubsidie ontvang vir die Nederlandse vertaling van Spertyd deur Elsa Joubert. In sy resensie van dié laaste boek van wyle Joubert, skryf Chris van der Merwe: “Spertyd is ’n wonderlike boek, ryk aan insigte en met ’n verskeidenheid van emosies. Dis ’n boek wat ontstel maar ook inspireer; wat die leser ontroer en laat glimlag; wat die skok van die mens se verganklikheid balanseer met die troos van dinge wat standhoudend is.” Die bekende vertaler Rob van der Veer sal vir die Nederlandse vertaling verantwoordelik wees. Hy het al verskeie Afrikaanse werke vertaal, onder meer titels van Karel Schoeman, Wilma Stockenström, Harry Kalmer en ook Elsa Joubert.

Die PEN Afrikaans Vertaalfonds se sentrale doelstelling is om die Afrikaanse letterkunde internasionaal te bevorder deur meer vertalings en publikasies van verdienstelike Afrikaanse werke moontlik te maak, naamlik deur die toekenning van vertaalsubsidies aan buitelandse uitgewers wat suksesvol daarvoor aansoek doen. Die fonds bestaan te danke aan die ruim ondersteuning van die Trust vir Afrikaanse Onderwys.

Die twee sperdatums vir aansoeke is 15 Mei en 15 November van elke kalenderjaar.

Die reglement met volledige riglyne en bepalings is beskikbaar by: https://penafrikaans.org.za/pen-afrikaans-vertaalfonds/.

The post Persverklaring: Nog vier suksesvolle aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds first appeared on LitNet.

The post Persverklaring: Nog vier suksesvolle aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds appeared first on LitNet.

The Ecca group of poets launches The salt of being

$
0
0

The Ecca group of poets was founded at the University of Fort Hare.

The group writes poetry, publishes an anthology and uses the money raised to fund their next anthology.

Brian Walter, a founder member, explains:

We have never sought funding: The model we have developed over the years is to write a book, then sell enough copies so the next year can see its book. No one makes money, but we try to get the poetry out. It’s so simple that I have often wondered why more folk don’t do this.

Of being a member of the group, Jacques Coetzee, the 2022 winner of the Ingrid Jonker Prize, says:

I value being in conversation with other poets, resonating off each other’s work. I look forward each year to the time when the poems for a new collection start arriving. There’s that sense of community, the space to grow, a reason to keep writing.

The name

The name of the group is derived from the Ecca Pass, just north of Makhanda (Grahamstown), on the R75, which links Makhanda with Fort Beaufort.

Since the Ecca group started at Fort Hare, which is not too far from Fort Beaufort, the poets would often travel on that road.

Andrew Geddes Bain built the pass. He named it after the Ecca River, a tributary of the Fish River. Ecca apparently is of Khoi origin; it means “brackish” or “salty”.

The salt of being

The title of this year’s collection echoes the origin of the word ecca. It comes from a poem, “The way” by Silke Heiss.

The poem is about finding water under challenging conditions, and about finding the inspiration to write poetry at the same time. From it comes this stanza, and the title of the collection:

yes, in spite of bitter pollution,
tasting the salt,
of being.

The salt of being is the 26th collection released by the group.

A reading

On 5 December 2023 the group read poems from the new collection at the South End Museum in Gqeberha. South End is to Gqeberha what District 6 is to Cape Town.

Six of the seven contributors were present.

Brian Walter

Olwethu Mxoli

Ed Burle

Silke Heiss

Alvené Appolis-Du Plessis

Jacques Coetzee

Lara Kirsten was unable to attend. Silke Heis read two of her poems.

The anthology opens with “We have lost it” by Mzi Mahola. Mahola used to be a member of the group. He passed away recently.

For more information, or to order one of their collections, go to https://eccapoets.blogspot.com.

See also:

An illuminated darkness: Presentation to Jacques Coetzee

An illuminated darkness by Jacques Coetzee: a review

Die elfde Tuin van Digters deur Izak se lens

The post The Ecca group of poets launches The salt of being first appeared on LitNet.

The post The Ecca group of poets launches <i>The salt of being</i> appeared first on LitNet.

The sound of music in die Kunstekaap: ’n "favourite thing"

$
0
0

Kinderakteurs as Liesl, Friedrich, Louisa, Marta, Kurt, Brigitta en Gretl. Brittany Smith as Maria (foto verskaf en erkenning aan die fotograaf: Nardus Engelbrecht)

Soos ’n geliefde troeteldier wat ’n paar dae lank weg was en nou weer eensklaps in jou voordeur staan, daag The sound of music in die Kunstekaap op.

Die musiek, die verhaal en die karakters is welbekend.

Die regisseur, Steven Stead, skryf voor in die programboek: “... I have never really considered the show in any depth. Not until I was invited to direct this production for the wonderful synergy of Cape Town Opera and Pieter Toerien Productions. And what a discovery it has been.”

Ek kom kyk die produksie, soos sekerlik baie ander in die stampvol teater, met agtergrondkennis daarvan en met herhaaldelike blootstelling aan die film en die teaterproduksie.

Geen bederfwaarskuwings is nodig wanneer die verhaal opgesom word nie, hetsy vir die ouer teatergangers wat die film van kindsbeen af ken, tot die nuwe generasie wat vertroud is met Ariana Grande se verwerking van “My favourite things”. En tog is hierdie teaterproduksie nuut en vars.

............
Geen bederfwaarskuwings is nodig wanneer die verhaal opgesom word nie, hetsy vir die ouer teatergangers wat die film van kindsbeen af ken, tot die nuwe generasie wat vertroud is met Ariana Grande se verwerking van “My favourite things”. En tog is hierdie teaterproduksie nuut en vars.
.............

Maria, ’n jong non (borrelend, ondeund en onskuldig vertolk deur Brittany Smith), bevind haar in ’n klooster, maar sy’s so ontuis soos ’n vis op droë grond. Musiek borrel by haar mond uit wanneer sy moet stil wees. Sy wil so graag spiritueel na binne reis, maar die Oostenrykse berge wink daar buite. Moeder Owerste (Janelle Visagie, wie se “Climb every mountain” een van die mees gevoelvolle musikale hoogtepunte is) het oë van agter en van voor. Sy is oplettend genoeg om raak te sien dat Maria die wye wêreld ingestuur moet word. Maria gaan pas dus die rigiede kaptein Von Trapp (Craig Urbani, wat meer bekend is vir sy rolle in Suid-Afrikaanse sepies, maar beslis tuis is op die verhoog) se kinders op. In die proses leer sy die kinders musiek deur vir hulle die “Do-Re-Mi”-lied te leer. Die kinders is almal natuurlike akteurs en baie oulik. Gretl (Abigail Chitsike die aand toe ek gekyk het) is bekoorlik en steel die hart. Die musiek, eens ’n blok aan haar been, ontsluit nou die wêrelde van die mense met wie sy in aanraking kom. Ook kaptein Von Trapp se hart smelt as hy sy kinders hoor sing. En iewers binne hom skuil daar ook ’n sanger. Maria en die kaptein raak op mekaar verlief. Die Tweede Wêreldoorlog werp ’n skaduwee oor die vrolikheid. Uiteindelik moet die gesin vlug, omdat hulle nie saamstem met die Nazi-regime nie.

.........
Dit is asof die akteurs die karakters hulle eie gemaak het. Elkeen van die akteurs vertolk sy of haar rol met oorgawe, of dit nou dié van ’n rand- of ’n hoofkarakter is.  
............

Hoe is hierdie bekende verhaal dan nuut en vars? Die geheim is opgesluit in die feit dat die akteurs in die velle van die karakters inklim en daarin rondloop. Dit is asof die akteurs die karakters hulle eie gemaak het. Elkeen van die akteurs vertolk sy of haar rol met oorgawe, of dit nou dié van ’n rand- of ’n hoofkarakter is.  

Die nonne in die klooster sing glashelder en suiwer, en elkeen van daardie sangers is kennelik ook akteurs. Die singende akteurs in die ander rolle is besig met danspassies terwyl hulle sing, en dit moet sekerlik uitdagings van sy eie bied. Dit lyk egter of dit sommer net so spontaan gebeur. Juis daarom besef ek dat hier baie ure se werk en afronding plaasgevind het.

Die voorafskaduwing in die verhaal en musiek val my op.

“Climb every mountain” is eers ’n lied van bevryding, en verkry dan later ’n gans ander betekenis as die gesin daarmee aangespoor word om oor die berge na Switserland te vlug. Mens wil-wil nog méér in hierdie lied inlees. ’n Lied wat aanspoor om op te staan vir reg en geregtigheid. Al beteken dit om gevaarlike roetes te volg om weg te kom van die onreg.

Die liedjie waarmee die kinders by die huiskonsert die gaste vermaak (“So long, farewell”) is ook die lied waarmee die volledige gesin die verhoog kan verlaat en effektief weg kan vlug wanneer hulle deur Nazi-soldate – wat die teatergangers in die Kunstekaap omsingel – dopgehou word.

Die soete jeugliefde van Liesl (Ashley Scott) en Rolf (Ché-Jean Jupp), wat suur word wanneer Rolf hom tot die Nazi’s wend, is so integraal belangrik in die verhaal. As dit nie was dat die jonge Rolf iets vir Liesl gevoel het nie, sou hy nie haar hele gesin beskerm het deur hulle teenwoordigheid te verswyg wanneer hy hulle ten slotte sien wegkruip nie. Die toneel waar hy die gesin ontdek, word uitstekend uitgebeeld.

Het ek genoem dat die hele teater gewip het van die skrik vir die oorverdowende donderstorm? Groot en klein was gereed om in Maria se kamer in te hardloop en saam met die kleinspan deur haar liedjie gesus te word. Oortuigende blitse daarby!

As mens krities moet wees, sing kaptein Von Trapp op een plek ’n vals noot. Dit maak nie juis saak nie. Hy roer ook enige moederhart wanneer sy hart uiteindelik begin sag word en hy sy kinders soos ’n regte pappa teen hom vasdruk. Of die kleine Gretl opraap en sy haar arms om sy nek slaan.

Elke noot is ook nie trefseker nie wanneer die kinders tydens een enkele geleentheid heeltemal op hulle eie sing. (Dalk is laasgenoemde doelbewus: om aan te toon dat dit net doodgewone kinders is wat hier informeel sing.)

Dis net as mens uiters krities is dat dit uitgewys moet word. Die musiek van die produksie is die res van die tyd van ’n uiters hoë gehalte.

Ek besef ook die beperkinge van die teater. Soos met ’n gedig, moet mens baie ekonomies omgaan met wat vertoon word. Daar is nie tyd vir onnodige tonele nie. Miskien moet daar dan staatgemaak word op die gehoor se vooraf kennis en verwagtinge. Anders is dit dalk onrealisties dat kaptein Von Trapp een oomblik nog met die een vrou wil trou en dan, wanneer sy besluit dat sy nie met hom gaan trou nie, onmiddellik en binne twee minute, weer sy liefde aan Maria bekend maak. Mens vergewe die produksie enige Disneyagtigheid of oorhaastige liefdesverklarings. Dit is immers presies een van die dinge wat die gehoor gekom het om te sien.

Ek lig die hoed vir die artistieke interpretasie en integrasie van die verskillende aspekte van die produksie.

Een van die bekende liedjies in die produksie is nie verniet “My favourite things” nie. Ons almal het ons gunstelinge, of dit nou weens gene is, of weens blootstelling aan dinge.

Om terug te keer na die lieflingdier in die deur: Mens wil in hierdie produksie die bekendheid van die liedjies optel en vashou, soos daardie kat of hond wat lank weg was. Agterna is die enigste frustrasie dat mens dit nie weer en weer kan terugdraai en soos ’n YouTube-video herhaaldelik kan kyk nie.

...........
Om terug te keer na die lieflingdier in die deur: Mens wil in hierdie produksie die bekendheid van die liedjies optel en vashou, soos daardie kat of hond wat lank weg was. Agterna is die enigste frustrasie dat mens dit nie weer en weer kan terugdraai en soos ’n YouTube-video herhaaldelik kan kyk nie.
.............

Die regisseur skryf ten slotte in die programboekie dat hy hoop dat mense wat die produksie kom kyk, nuwe vreugdes in hul gunstelingdinge kan ontdek.

Hy kan gerus wees. Hy het dit inderdaad met hierdie produksie bewerkstellig.

 

The post The sound of music in die Kunstekaap: ’n "favourite thing" first appeared on LitNet.

The post <em>The sound of music</em> in die Kunstekaap: ’n "favourite thing" appeared first on LitNet.

Viewing all 21496 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>