Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 22035 articles
Browse latest View live

Die erwe van die vaders: ’n Blik op HF Schoon en sy kleinseun, Marius Schoon

$
0
0

’n Foto van moderne Rotterdam (erkenning: https://pixabay.com/photos/skyline-rotterdam-architecture-1601187/)

.............
In Elizabeth Conradie (1903–39) se ondergewaardeerde akademiese werk oor vroeë Nederlandse skrywers in Suid-Afrika, Hollandse skrywers uit Suid-Afrika. Deel 2 (1875–1905) (1949), lees ’n mens vir Herman Frederik Schoon raak, wat in 1851 in die Nederlandse hawestad Rotterdam gebore is.
..............

In Elizabeth Conradie (1903–39) se ondergewaardeerde akademiese werk oor vroeë Nederlandse skrywers in Suid-Afrika, Hollandse skrywers uit Suid-Afrika. Deel 2 (1875–1905) (1949), lees ’n mens vir Herman Frederik Schoon raak, wat in 1851 in die Nederlandse hawestad Rotterdam gebore is. As negejarige trek hy saam met sy ouers en baie sibbes na die eertydse Natal.

Conradie sê hy sou “’n rotsvaste Afrikaner” word, “wat vir die Afrikanersaak selfs gevangenskap veil gehad het” (bl 204).

Die tronkstorie vertel sy in ’n ligte trant. In 1900, tydens die Suid-Afrikaanse Oorlog (voorheen die Anglo-Boereoorlog genoem), drink hy maande lank in Pietermaritzburg ryswater “omdat hy onder verdenking gestaan het dat hy informasie aan die Republikeine verskaf het …”. Tog kom daar uit “die brandkas van die verwoede roker geen geheime papiere of goud maar slegs ’n rol tabak … tot die teleurstelling van die Engelse offisier” (bl 218).

Van kleins af was daar vir hom min maneskyn en rose. Toe hy nog maar vyftien was, was beide sy ouers reeds oorlede. Terwyl hy later in Natal onderwys gee – self met min opvoeding onder die knie – debuteer hy as digter met Stichtelijke gedichtjes (1873), wat in Pietermaritzburg die lig gesien het.

Conradie spreek haar egter nie vleiend oor hierdie verse uit nie. In ’n trant wat dalk ’n voorbeeld is vir die alte gloeiende resensies van vandag, laat sy haar só uit oor ’n afdeling in die bundel: “[D]it is onbeholpe rymelary van ’n twintigjarige wat nog geen selfkritiek besit nie, met die gevolg dat die verse soos parodieë klink wat ons lagspiere sou prikkel as dit nie al te profaan sou wees nie en ons nie weet dat die digter in dodelike erns was toe hulle ontstaan het [nie]” (bl 207).

Vir haar is ’n uitsondering “De Sterrenhemel”, wat sy as die bundel se beste gedig beskou (bl 208):

De Zevenster met niet min stralen
Blijft steeds mijn hart bij zich bepalen
Zij trekt mijn hart naar Nederland:
Den grond waarop ik ben geboren.

Het Zuiderkruis doet mij gedenken,
Dat God zijn waarheid nooit zal krenken
Hij schonk de zeeg’ ons door het Kruis:
Dat kruis moet steeds mijn oog bepalen
Tot eens mijn zon ter kim zal dalen.

Op die Stellenbosse Gimnasium, die voorganger van die Universiteit, haal hy met brawe skrede sy agterstand in. Hy matrikuleer en word op die Kweekskool dominee. Vir ’n jaar lank is hy op Nieu-Bethesda herder van siele – waar Helen Martins (1897–1976), van Die Uilhuis-faam, se ouers sekerlik tóé op die kerkbanke gesit het.

Kort ná hy ’n beroep na Ladysmith aanvaar, verskyn sy tweede digbundel, Uitstorting des harten (1884). Daarin is hierdie kwatryn, wat Conradie as ’n “welluidende” refrein beskryf (bl 212):

Bemind te zijn is zoet;
Nog Zaal’ger is het, te beminnen;
Maar ’t allerhoogste goed
Is, én bemind te zijn, én te beminnen.

Later verskuif sy aandag na die geskiedskrywing. In 1897 verskyn Dagboek van eerw. Erasmus Smit en in 1898 Geschiedkundige overzicht der Ned. Geref. Kerk van Natal. Tydens die oorlog pen hy ’n dagboek wat nog nie uitgegee is nie. Conradie spreek toekomstige uitgewers uitlokkend aan: “Die lywige manuskrip, in ’n keurige, maklik leesbare handskrif, die mees waardevolle bron vir ons kennis van die oorlog op die oostelike front, wag nog steeds op ’n uitgewer” (bl 219).

**

Draai ’n mens die horlosie vorentoe, kom jy Louis Marius Schoon teë, wat in 1937 – sewe jaar ná sy oupa se afsterwe – in Johannesburg gebore is. In 1954 matrikuleer hy aan die Hoër Seunskool Jeppe in daardie stad, waar sy pa onderhoof was. Hy studeer aan Maties; daarna Wits.

In die laat-1950’s en vroeg-1960’s is hy – self ’n digter, maar in Engels – in die Kaap ’n lid van die dampkring van Jan Rabie en Marjorie Wallace; ’n satelliet van die nou bekende Cheviot Place nommer 6, volgens Abraham H de Vries “die bymekaarkomplek van almal wat ’n kwas of ’n pen kon hanteer” (“Aan Erik. Ter herinnering”, LitNet, 2013-06-12, 15 November 2022 geraadpleeg). Hy en Breyten Breytenbach is in Langstraat woonstelmaats.

In die vroeë jare sestig is hy onder meer by die St Martin’s-skool in Johannesburg Afrikaans-onderwyser. In Februarie 2020, skryf die skool soos volg in ’n nuusbrief wat aanlyn beskikbaar is:

White South Africans who challenged the apartheid government in the 1960s, at the risk of everything most precious to them, were very few.

The number of white dissenters whose first language was Afrikaans – the language of the regime that had institutionalised racism in every nook and cranny of social and personal life – was even less. A certain Marius Schoon was one of that tiny handful. He loathed the ideology of racism but loved the richness of the Afrikaans language, especially its poetry. Marius Schoon was an Afrikaans teacher at St Martin’s in the early 1960s.

In 1964 plant hy en ander ’n bom by ’n Johannesburgse polisiestasie. Hy word vir 12 jaar tronk toe gestuur. Terwyl hy daar is, beswyk sy vrou, Diana, aan selfdood. Hy kan sy dogter slegs enkele kere per jaar sien.

In Martin Welz se boek Breyten en die bewaarder (1977), word tronkkorrespondensie tussen Breytenbach en onder meer Schoon opgeneem.

...........
In Martin Welz se boek Breyten en die bewaarder (1977), word tronkkorrespondensie tussen Breytenbach en onder meer Schoon opgeneem.
............

In 1984, terwyl hy en sy tweede vrou, Jeanette, in Lubango in Angola Engels doseer, maak sy sesjarige dogter Katryn ’n koevert oop wat vir Marius bedoel was. Dit ontplof. Sy en haar ma sterf. Hul tweejarige seuntjie, Fritz, word gevind, dolend op straat.

Schoon en sy seun sou later Ierland toe uitwyk, waar hy ’n belangrike rol in die anti-apartheid-beweging in daardie land speel. Hy tree met Sherry McLean in die huwelik.

In 1987, terwyl hy in ballingskap is, skryf hy in ’n gedig getiteld “Amsterdam memories” só oor daardie stad des vaders:

An Amsterdam December
Is foreign to our bones
Yet here we are at home
surrounded by our own …

Die ironie lê laag op laag.

By die WVK weier Schoon om vir Craig Williamson en Willem Schoon (die bronne sê: “geen verwantskap nie”), die outeurs van die teregstelling, te vergewe. “Ek’t na Williamson se pleidooi geluister en vir my het dit merkbaar baie geklink soos die neerplons van krokodiltrane.”

Een van die bekendste foto’s van Marius Schoon is Jillian Edelstein s’n, wat tydens die WVK-verrigtinge geneem is en waar sy een arm beskermend om sy bolyf gevou is, in die ander hand ’n gloeiende sigaret.

Schoon is in 1999 oorlede.

Toe die skrywer Harry Kalmer in 2019 sterf, was hy Marius Schoon se lewe aan’t opskrywe.

Lees ook:

Aan Erik. Ter herinnering.

The post Die erwe van die vaders: ’n Blik op HF Schoon en sy kleinseun, Marius Schoon appeared first on LitNet.


Verset teen ’n fallosentriese wêreld: ’n psigokritiese interpretasie van P.P. Fourie se ’n Hart is so groot soos ’n vuis as bildungsroman

$
0
0

Verset teen ’n fallosentriese wêreld: ’n psigokritiese interpretasie van P.P. Fourie se ’n Hart is so groot soos ’n vuis as bildungsroman

Gerda Taljaard-Gilson, Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap, Unisa

LitNet Akademies Jaargang 19(3)
ISSN 1995-5928
https://doi.org/10.56273/1995-5928/2022/j19n3b7

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

P.P. Fourie se debuutroman, ’n Hart is so groot soos ’n vuis (2021), besit verskeie eienskappe wat dié teks as bildungsroman kenmerk. Die bildungsroman se bemoeienis met die sentrale figuur se inisiasie tot volwassenheid, sy konstruksie van die eie “ek”, asook die trauma wat met identiteitsvorming gepaard gaan, maak hierdie romansoort ideaal vir psigoanalitiese ontleding. In hierdie artikel gaan ’n Hart is so groot soos ’n vuis psigokrities geïnterpreteer word deur gebruik te maak van beide Freudiaanse en Lacaniaanse psigoanalitiese teorieë. Die ek-verteller in Fourie se teks verset hom op Oedipale wyse nie slegs teen sy “kastrerende” pa wat hom en sy ma mishandel nie, maar ook teen verskeie ander patriargale instellings. Hy besef dat sy persoonlike ervaring van huishoudelike geweld uitkring na die groter sosiaal-politieke agtergrond waarteen sy lewensverhaal afspeel. Derhalwe kom hy in opstand teen die gesinspatriargie, teen die patriargie van geweld teenoor vroue en kinders, die apartheidspatriargie, die heteroseksuele patriargie, en die patriargie van die kerk. Wanneer die verskeie subtekste volgens die Lacaniaanse psigokritiek as die “onbewuste” van die teks nagespeur word, word dit duidelik dat die verteller hom ook verset teen die samehangende “manlike” teks, die taal van Lacan se Wet van die Vader, en die patriargie van die pa-as-skrywer. Die doel van hierdie artikel is dus om ’n Hart is so groot soos ’n vuis te interpreteer aan die hand van die psigoanalise, veral betreffende die skrywer se ondermyning van dit wat Klages (2006:118) “phallogocentric Western discourse” noem. Die volgende werkswyse sal in dié artikel gevolg word: Eers word ’n teoretiese oorsig van die psigokritiek gegee; dan word die Freudiaanse en Lacaniaanse psigokritiek se onderskeie opvattings oor die rol van die fallus met mekaar vergelyk; waarna daar na die bildungsroman gekyk word. Ten slotte word Fourie se teks psigokrities geïnterpreteer, en word afleidings daaruit gemaak.

Trefwoorde: bildungsroman; fallosentries; Freudiaanse psigoanalise; kastrasiekompleks; Lacaniaanse psigoanalise; literatuurpsigologie; maternale taal; Oedipuskompleks; onbewuste; patriargale strukture; psigokritiek; reële orde; semiotiese taal; simboliese orde; spieëlfase; subteks; traumabelewenis; Wet van die Vader

 

Abstract

Resistance against a phallocentric world: a psychoanalytical interpretation of ’n Hart is so groot soos ’n vuis as a bildungsroman

P.P. Fourie’s debut novel, ’n Hart is so groot soos ’n vuis (2021), originally published in English as The heart is the size of a fist, possesses various characteristics which are typical of the bildungsroman. The bildungsroman’s preoccupation with the main character’s initiation into adulthood, his construction of an identity, as well as his experience of trauma during this process, makes this genre highly appropriate for psychoanalytical interpretation. In this article Fourie’s novel is interpreted by using both Freudian and Lacanian psychoanalytical theories. The narrator in the novel does not revolt only against his “castrating” father who physically and emotionally abuses both him and his mother, but also against a variety of other patriarchal institutions. The narrator realises that his personal experience of domestic violence extends to the wider socio-political milieu in which his life story takes place. He therefore rebels against familial patriarchy, patriarchal violence against women and children, the heterosexual patriarchy, the patriarchy of apartheid, and the patriarchy of the church. When the various subtexts are explored according to Lacanian psychoanalysis as the “unconscious” of the text, it becomes apparent that the narrator also revolts against the “male” text’s chronological structure, against Lacan’s Law of the Father, as well as against the patriarchy of the narrator’s “predecessor” – his father, the writer.

The psychoanalytical interpretation of the novel was accomplished by focusing mainly on the text itself and not on the author or reader. Using Freudian psychoanalysis, various “classical” psychoanalytic concepts were scrutinised within the text, for example phallic symbols, the Oedipus complex, the talking cure, trauma, dissociation and projection. By means of Lacanian psychoanalysis it was established how and why the novel came into existence – the text is a reaction against patriarchy in its various guises, particularly, as mentioned above, against the patriarchal language of the Law of the Father, the power of the literary patriarchy, and the structure of the traditional “male” text. Instead of being chronologically structured like the conventional bildungsroman, Fourie’s novel is fragmented, repetitive and circular. It is, however, also possible that this deviation can be attributed to the trauma the narrator experienced as a child, as trauma victims can often not provide a coherent account of traumatic events.

Fourie’s text challenges what Klages (2006:118) refers to as “phallogocentric Western discourse”. This encompasses all patriarchal institutions and stances which are “centred around the phallus”, whether it is the government, Western culture, the concept of “God the Father” or Lacan’s Name of the Father. The phallus is central to both Freud’s and Lacan’s theories pertaining to the child’s early development. According to Freud’s Oedipus complex the young boy wants to commit incest with his mother to make up for the lack (of a penis) she experiences. The Oedipus phase is ended when the father becomes aware of this “incestuous” bond between mother and son and threatens to “castrate” his son. According to Lacan, however, it is not the father who poses the threat of castration, but rather the idea that lack induces the use of language. The “father” therefore represents linguistic structure as well as the child’s entry into the symbolic order where he becomes a talking subject. Lacan, in other words, replaces Freud’s “castrating” father figure with the Law/Name of the Father – linguistic rules to which the child has to adhere in order to become a cultured, normative individual. When Derrida’s theories are considered, language is at the centre of the system. Lacan also refers to this centre as “the phallus” to emphasise the patriarchal nature of the Symbolic.

The narrator in ’n Hart is so groot soos ’n vuis undermines the patriarchy of the Law of the Father by using “semiotic” (Kristeva 1980:157) language to express his trauma. The semiotic is a lyrical, rhythmic (maternal) register which overthrows the patriarchy of unemotional logic and clear-cut meaning. The semiotic is an instinctive language which utilises the deviations of poetic language, rather than the irrefutable meaning of acquired language. The narrator of ’n Hart is so groot soos ’n vuis uses the semiotic to resist the patriarchy of the symbolic order, as well as the traditional structure of “male” texts. According to Punday (2003:viii), textual structure is influenced by an author’s “corporeality”, and the traditional, chronological narrative is based on the idealised male body. This conventional structure of “beginning, middle and end” is therefore seen as phallocentric and is often challenged by feminist and queer writers through the creation of a more “female” textual structure which is repetitive, circular and contains more than one climax (De Lauretis 1984:118–9).

This article does not only link up with previous studies regarding the application of psychoanalytical theory to Afrikaans literature, but also expands on the use of literary psychoanalysis to examine Afrikaans texts, especially concerning the analysis of the bildungsroman. Bakhtin (1986:21) refers to the bildungsroman as “the novel of human emergence” and to the bildungsroman’s protagonist as “[the] image of man in the process of becoming”. It is therefore obvious why the bildungsroman lends itself to psychoanalysis: It is about the gradual development of the central character’s identity, his conquering of life’s challenges, the impact of the environment on his development, and his Oedipal resistance against “castrating” figures of authority.

The main character in ’n Hart is so groot soos ’n vuis, Paul, develops into an individual with his own identity who seeks answers to life’s issues. Owing to the complexity of the issues that come into play in this novel, there are, however, no obvious answers to all these questions. No conclusion is provided concerning the main character’s ability to successfully engage in romantic relationships by the end of the novel. Furthermore, no reconciliation takes place between father and son; on the contrary, the son can have a balanced life only by not having a relationship with his father. The narrator also realises that he is incapable of constructing an “ideal ego”, and that he can only claim an “authentic image” of himself – no ideal worldview is achieved, as is often the case with the main character in the traditional bildungsroman.Because this study applies both Lacanian and Freudian psychoanalytical models to a relevant text, this article can serve as a practical example to students of how psychoanalytical theory can be implemented within literature studies.

The following findings were established by applying psychoanalytical theory to Fourie’s text:

•  Due to the narrator’s experience of trauma, the “abject” (Kristeva 1982:9–10) enters into his life as “the dark man” – a monstrous entity which becomes a psychic embodiment of his abusive father. The ineffable is given a name and brought to words by the narrative about the dark man, which represents the mother and son’s shared trauma.

•  By means of “scriptotherapy” (therapeutic writing) the author was able to transform his trauma into word art in order to be relieved from his childhood anxieties, as it is no longer suppressed in the unconscious, but brought to the surface by the use of language.

•  Because the narrator becomes a writer himself, he overthrows the “castrating” power of his literary predecessor – his father, the playwright.

•  Although it was confirmed within this article that ’n Hart is so groot soos ’n vuis is a bildungsroman, it is also important to consider how this novel deviates from the traditional bildungsroman’s structure, as it is fragmented and has an open ending.

•  In this novel the patriarchal language of the Law of the Father is frequently undermined by the use of poetic, “semiotic” language.

•  By originally writing this text in English and not in Afrikaans, the author did not resist only the language of the oppressor, but also the patriarchy of the Afrikaans literary system.

•  With this novel the author eradicates preconceived ideas and established boundaries between concepts such as normal/abnormal; man/woman; heterosexual/homosexual. He therefore challenges the reader’s conceptions of what is considered “male” and “female”.

By applying psychoanalysis to ’n Hart is so groot soos ’n vuis, the author (re)confirmed the significance of psychoanalytic theory as a means of text interpretation. This article also confirms the value of P.P. Fourie’s novel within the Afrikaans literary system, as it confronts current issues concerning gender and violence against women and children, as well as the experience and processing of trauma, in an authentic, unsentimental way. It is, however, important to note that in terms of Lacanian theory this article is only one interpretive option, as Lacan’s psychoanalysis opens up various interpretive possibilities, not only one single meaning of a text.

The article is structured as follows: First, a theoretical overview is provided; secondly, Freudian and Lacanian theories concerning the phallus are compared; thirdly, the bildungsroman is discussed. In conclusion, Fourie’s text is interpreted by applying psychoanalytic criticism.

Keywords: bildungsroman; castration complex; Freudian psychoanalysis; Lacanian psychoanalysis; Law of the Father; maternal language; mirror phase; Oedipus complex; patriarchal structures; phallocentric; psychoanalytic literary criticism; Real; semiotic language; subtext; Symbolic; trauma; unconscious

 

1. Inleiding

Die terme psigoanalitiese kritiek, psigokritiek, literatuurpsigologie en psigoanalitiese literatuurstudie verwys na ’n onderafdeling van literêre teorie wat sekere uitgangspunte wat binne die studieveld van die sielkunde gebruik word, van toepassing maak op literêre tekste (Barry 2009:96). Cuddon (2013:568) beskryf dit as “a body of criticism which seeks to explain the significance of literary texts in terms of psychological development and conflict”. Omdat die literatuur vanuit die psigologie benader word, word daar interdissiplinêr te werk gegaan, sodat psigoanalitiese terme soos Oedipuskompleks, Id en fallus ook letterkundig aangewend word.

Eagleton (2008:155) wys egter daarop dat die psigokritiek veel meer kan bereik as die oppervlakkige identifikasie van psigoanalitiese begrippe binne ’n teks: “Psychoanalytical criticism […] can do more than hunt for phallic symbols: it can tell us something about how literary texts are actually formed, and reveal something of the meaning of that formation.”

Psigokritiek is dus nie ’n eensydige teorie binne die literatuurwetenskap wat bloot psigoanalitiese simptome aan die skrywer of karakters toedig nie, maar kan heelwat onthul oor die totstandkoming van tekste, en oor subtekste1 as die “onbewuste” van die teks – dit wat die (ideale) leser raaksien, selfs al staan dit nie eksplisiet daar geskryf nie.

In hierdie artikel sal daar aandag gegee word aan psigoanalitiese begrippe wat ooglopend in ’n Hart is so groot soos ’n vuis aan bod kom, asook aan psigokritiese elemente wat ingebed lê in die teks, wat indirek gekommunikeer word, onder andere die skrywer se pennestryd teen Jacques Lacan (1901–1981) se Wet van die Vader. Daar sal ook gekyk word hoe Fourie fallosentriese romanstrukture in die roman uitdaag en ondermyn. In plaas daarvan dat ’n chronologiese verhaallyn tot by die klimaks gevolg word, is die struktuur van Fourie se teks eerder fragmentaries en herhalend. Die moontlikheid bestaan ook dat die niechronologiese, herhalende, sirkulêre teksstruktuur toegeskryf kan word aan trauma, aangesien traumatiese omstandighede aanleiding kan gee tot ’n meer “onsamehangende” vertelling, hetsy tydens ’n psigoanalitiese sessie, of tydens die skryfproses. Volgens Caruth (1996:4) lei trauma onder andere tot “repetitive actions”, wat dikwels as herhalende frases in die subjek se narratief neerslag vind.

Alhoewel ’n hele aantal klassiek-Freudiaanse begrippe soos fallus, kastrasieangs en oordrag in Fourie se teks verken sal word, word hierdie elemente slegs as vertrekpunt gebruik om by ander tersaaklike kwessies uit te kom, soos die verteller wat sy pa, ’n dramaturg, wil “ontwapen” deur self ’n skrywer te word.

Binne die literatuurpsigologie kan die studieonderwerp uit verskeie oogpunte benader word. Die psigokritikus se fokus kan op die skrywer wees, of op die leser, of op die teks self, of op ’n kombinasie van al drie (Van Gorp, Delabastita en Ghesquiere 2007:274–5). Wanneer die ondersoek op die skrywer gerig is, word daar gekyk na die skrywer se moontlike psigologiese motiewe om die teks te skryf, of na dit wat “tussen die reëls” oor hom/haar gelees kan word – wat opsetlik of onbewustelik verswyg word; of daar word klassieke psigoanalitiese verskynsels soos moederfiksasie of repressie op hom/haar van toepassing gemaak.

Indien die ondersoek se fokus na die leser verskuif word, word daar gekyk na die leser se resepsie en (psigiese) reaksie op die literêre werk; word die leser se onbewuste response op ’n teks ondersoek om te sien hoe die leser sy/haar identiteit aanpas tydens die interpretasieproses; of word daar ondersoek ingestel na die prosesse wat plaasvind tydens die verwerking van tekste, sodat daar tot ’n gevolgtrekking gekom kan word oor watter veranderlikes van belang is by die keuse, beoordeling en interpretasie van ’n teks (Holland 1975:63).

As die psigokritikus se fokus op die teks is, word daar gewoonlik gekyk na die inhoud en/of die formele konstruksie daarvan. Volgens Van Gorp e.a. (2007:275) is die hoofdoel egter gewoonlik die interpretasie van die teks, hetsy dit ’n ontleding van die karakter se onbewuste aksies en uitinge is, of ’n ondersoek na die tydsgees/kollektiewe bewussyn wat in die boek uitgebeeld word, of ’n ontleding van die werk se onderliggende betekenisse.

Volgens Cuddon (2013:568) was Sigmund Freud (1856–1939), wat dikwels self literêre tekste ontleed het, nie konsekwent oor waarop die fokus van psigoanalitiese teksontleding moet wees nie:

Freud is not consistent as to what the object of these literary studies is or should be. Sometimes they constitute studies of “character-types”, which presumably would prove instructive in the treatment of real people. In other instances […] they seem to explain anxieties a reader may bring to his reading of a text […] Often, a literary work is understood as symptomatic of its author’s unresolved traumas and conflicts.

In die psigoanalitiese interpretasie van ’n Hart is so groot soos ’n vuis (hierna verkort tot Hart) sal daar hoofsaaklik op die teks gekonsentreer word deur van beide die Freudiaanse en Lacaniaanse ondersoekmodel gebruik te maak. Carl Jung (1875–1961) se teorie oor argetipes word egter nie gebruik nie, aangesien hierdie artikel nie gemoeid is met die kollektiewe onbewuste, of met argetipes nie.

Gräbe (2013a) identifiseer verdere benaderings binne die psigokritiek, naamlik die analogiese, spesifiserende, mediese en hermeneutiese benaderings. Die analogiese benadering gaan vergelykend te werk deur byvoorbeeld te kyk hoe die skrywer se psigiese versteurings in sy of haar teks manifesteer as “(literêr-)psigiese afwykinge” (Gräbe 2013a). Die spesifiserende benadering wend weer psigoanalitiese begrippe aan om spesifieke tekskenmerke te verhelder, sodat “’n [n]etwerk van psigoanalitiese simptome, wat terselfdertyd literêr van aard is” (Gräbe 2013a), ondersoek word. Wanneer die mediese benadering gebruik word, word die literêre teks gebruik as ’n dokument vir psigoanaliste deur aan te toon dat “’n bepaalde skrywer, karakter of selfs teks bepaalde psigiese afwykinge” (Gräbe 2013a) openbaar. Die hermeneutiese benadering, in teenstelling met die voorgaande benaderings, gebruik nie die psigoanalise as ’n instrument om die skrywer, karakters of teks se psigiese simptome te bepaal nie, maar wend dit eerder aan as ’n sleutel tot teksinterpretasie. As gevolg van dié laasgenoemde gegewe sal Hart meestal hermeneuties ontleed word, want hierdie artikel het hoofsaaklik die psigokritiese interpretasie en verheldering van dié bildungsroman ten doel.

Deur Fourie se roman psigoanalities te interpreteer, sluit hierdie artikel aan by, én brei dit uit op verskeie ander psigokritiese studies wat oor Afrikaanse literêre werke onderneem is, byvoorbeeld die navorsingsartikels, verhandelings en proefskrifte van Marius Crous, Louise Viljoen, Carla Vorster, Joan Hambidge, Anke Theron, Cilliers van den Berg, Teneal Apollis en Joni van Heerden. ’n Psigokritiese interpretasie van hierdie roman is nog nie gedoen nie, daarom lewer hierdie artikel ’n unieke bydrae tot die Afrikaanse psigokritiek, asook tot die psigokritiese ontleding van bildungsromans.

Bakhtin (1986:21) verwys na die bildungsroman as “the novel of human emergence” en na die “bildungsheld” as “[the] image of man in the process of becoming”. Die bildungsroman leen hom dus tot psigokritiese ontleding, want hier het ons te doen met die hoofkarakter se geleidelike ontwikkeling tot volwassenheid; met hoe die hoofpersonasie struikelblokke oorkom en trauma verwerk; hoe hy gevorm word deur sy omgewing; en hoe hy dikwels (Oedipaal) in opstand kom teen “kastrerende” gesagsfigure.

In Victoria Gordon se proefskrif, wat handel oor identiteitskonstruksie in die bildungsroman, demonstreer sy hoe die psigokritiek ingespan kan word om beide hierdie romantipe én die bildungsheld psigoanalities te ontleed:

The Bildungsroman emphasizes the importance of self-cultivation and self-directed education in the subject’s development. The Bildungsroman’s protagonist takes on these tasks with the hopes of forming, from the chaotic and fragmented world of childhood, a clear sense of his self and purpose. If the protagonist is to be “successful” in his development and self-cultivation […], he is able to establish unity with society and within his own mind. He emerges as a mature, enlightened adult with an understanding of who he is and an appreciation for his intersubjective position. (Gordon 2016:2)

Ook Carla Vorster ontleed bildungsromans aan die hand van die psigoanalise, veral die “vroulike” bildungsroman, wat sy beskryf as ’n roman “wat die literêre grense van die tradisionele Bildungsroman ondermyn” (Vorster 2013:ii); asook die “fallogosentriese diskoers omverwerp deur die ‘andersheid’ en veelvuldigheid van die vrou” (Vorster 2013:115).

Hierdie artikel sluit dus aan by bogenoemde studies deurdat die hoofkarakter in Hart se “wording” tot volwassenheid psigoanalities ontleed word, asook sy hantering van trauma; en hoe sy trauma én opstand teen die patriargie die struktuur van hierdie teks beïnvloed. Die bildungsroman sal verder onder punt 4 en 5.8.1 bespreek word.

Aangesien dié artikel ook ’n vergelyking tref tussen Freudiaanse en Lacaniaanse psigokritiek, en albei hierdie ondersoekmetodes op ’n tersaaklike teks van toepassing gemaak word, sal hierdie artikel ook van nut wees vir diegene wat nog nie heeltemal vertroud is met die aanwending van literatuurpsigologie nie.

Alhoewel daar in Lacan se latere werk (Eyers 2012:1–2) ’n klemverskuiwing is vanaf die Simboliese2 na die Reële, is die hooffokus van hierdie artikel nie die reële orde nie, maar wel die Wet van die Vader wat grondliggend is aan die simboliese orde. Die Wet van die Vader word op verskeie maniere in Hart ondermyn, veral deur dit wat Kristeva (1980:136) “semiotiese taal” noem. Semiotiese taal hou egter wel verband met die Reële, want in die reële fase is die kind onafskeibaar van sy of haar moeder se liggaam. Hierdie onderwerp word later meer breedvoerig onder 5.8.2 bespreek.

In die volgende afdeling word daar gekyk hoe die psigokritiek ontstaan het en hoe dit aangewend kan word.

 

2. Die oorsprong van psigoanalitiese kritiek

Sedert Freud vir die eerste keer die term Psychoanalyse in die voorwoord tot sy boek Vorlesungen zur Einführung in die Psychoanalyse (1917:I),3 gebruik het, het hy ook psigoanalitiese beginsels op die letterkunde begin toepas (Gräbe 2013a), onder andere op Shakespeare se Hamlet (1603). Boonop baseer Freud sy teorieë oor die Oedipuskompleks op Sofokles se tragedie Oedipus Rex (429 vC). Daar is dus uit die staanspoor ’n wisselwerking tussen psigologie en letterkunde. Vorster verduidelik hierdie wisselwerking in terme van die verhouding tussen psigoanalis en pasiënt/leser en teks:

Die verhouding tussen psigoanalis en pasiënt kan tot ’n sekere mate vergelyk word met die verhouding tussen leser en teks. Psigoanalise het gevolglik nie net binne die spreekkamers van sielkundiges gebly nie. Vanweë die belangrike rol wat taal en narratief in die psigoanalise speel, het dit bruikbaar geblyk by die lees en analise van literatuur. (Vorster 2013:44)

Tydens ’n psigoanalitiese sessie word die pasiënt aangemoedig om oor sy of haar probleme te praat – ’n proses bekend as “praatterapie” – waartydens onderdrukte vrese, trauma en begeertes binne die onbewuste deur middel van taal na die bewussyn gebring word. Psigoanalitiese kritiek het ontstaan juis omdat psigoanaliste én letterkundiges ’n hele aantal ooreenkomste tussen die letterkunde en die onbewuste raakgesien het. Die letterkunde kommunikeer, in ooreenstemming met die onbewuste, indirek deur middel van suggestie, dubbelsinnigheid, beeldspraak, woordspel, metaforiese taal en simboliek:

[T]he unconscious, like the poem, or novel, or play, cannot speak directly and explicitly but does so through images, symbols, emblems, and metaphors. Literature, too, is not involved with making explicit statements about life, but with showing and expressing experience through imagery, symbolism, metaphor and so on. (Barry 2009:105)

Boonop word daar binne die (konvensionele) Freudiaanse psigokritiek van die standpunt uitgegaan dat die kreatiewe skryfproses dikwels ’n intuïtiewe, onbewuste aksie is, en dat die letterkunde derhalwe ’n produk van die onbewuste is (Cuddon 2013:568). Freud self het in sy Creative writers and day-dreaming (1995:143–4)4 geredeneer dat die skrywer, soos ’n kind, tydens die skryfproses betrokke raak by ’n tipe “spel”, waar hy/sy ’n fantasiewêreld skep waarin sy/haar wense en begeertes, in ooreenstemming met ’n droom, op vermomde wyse vervul kan word

Hierteenoor redeneer Eagleton (2008:156), soos meeste eietydse teoretici, dat die skryfproses, in teenstelling met drome, eerder “conscious labour” behels. Hy vergelyk die ontstaan van literêre tekste met wat Freud in The interpretation of dreams (1991:165–6)5 dreamwork (oorspronklik Traumarbeit, “droomarbeid”) noem – wanneer die droom se rou (onverstaanbare) materiaal of latente inhoud getransformeer word tot die sinvolle essensie van die droom; dit wat ons later van die droom onthou en verbaal kan weergee. Tussen die onbewuste en die droom is daar dus ’n bewuste produksieproses wat bekendstaan as “sekondêre hersiening”. Sekondêre hersiening herstruktureer die chaotiese droomelemente tot ’n meer verstaanbare narratief (Freud 1991:165–6). Hierdie hersieningsproses kan vergelyk word met die psigokritiek (en ander vorme van literêre teorie) se ingesteldheid om die teks makliker verteerbaar te maak deur teenstrydighede uit die weg te ruim en kompleksiteite namens die leser te ontrafel.

Gräbe (2013a) bevestig hierdie siening: “Dit is […] die bemoeienis met die prosesse van interpretasie wat die psigoanalise relevant maak vir ’n bestudering van die literatuur.” Die psigokritikus poog om die teks se karakters, gebeure, milieu, simboliek, tema, boodskap en verhaallyn (of juis ’n gebrek daaraan) op ’n psigoanalitiese wyse te interpreteer, net soos wat die psigoterapeut probeer sin maak van die pasiënt se uitlatings en drome.

Psigokritici sien dus die psigoanalise, hetsy Freudiaans of Lacaniaans, as ’n sleutel om die betekenis van literêre tekste te ontsluit. In die volgende twee afdelings word daar gekyk hoe Freudiaanse en Lacaniaanse psigoanalise op die letterkunde toegepas word.

2.1 Freudiaanse psigokritiek

Freudiaanse psigoanalitiese kritici, soos Ernest Jones, Sebastiano Timpanaro en Marie Bonaparte, se hooffokus tydens literêre ontleding is onbewuste motiewe en emosies, hetsy die onbewuste aksies en gevoelens van die teks se skrywer, of van die fiktiewe karakters wat in die werk uitgebeeld word, of van dié van die leser. Hierdie psigokritici wys op die aanwesigheid van klassieke psigoanalitiese simptome, toestande en die psigoseksuele ontwikkelingsfases binne die literêre werk, byvoorbeeld die orale, anale en falliese fase van die hoofkarakter se ontwikkeling. Die psigokritiek gee veral aandag aan die falliese fase van die verteller/karakter se ontwikkeling, wanneer die geslagsorgane die fokus van sy of haar seksualiteit word, want dit is tydens dié fase dat die Oedipuskompleks ter sprake kom – ’n sentrale element in Freud se werk:

[The Oedipus] myth realizes […] the two extreme wishes which grow out of the situation of the son to kill his father and take his mother to wife […] It is a customary and very important factor in the psychic life of the child; and one tends rather to underestimate than to overestimate its influence and the developments which may follow from it. (Freud 1920:174)

Die Oedipuskompleks6 omvat al die verwikkelde emosies wat die jong kind ervaar tydens sy of haar onbewuste “bloedskandelike” seksuele obsessie met sy of haar moeder of vader (Freud 1920:174). Dit vorm die basis van die mens se ontwikkeling, van dit wat ons uiteindelik word. Derhalwe is die Oedipuskompleks ’n betekenisvolle gegewe binne die psigokritiek, veral wanneer karakters se inisiëringsproses tot volwassenheid in die bildungsroman ontleed word.

Freudiaanse psigokritici kyk ook na die voorkoms van onderdrukking – wanneer onopgeloste konflik, onuitgesproke begeertes en onverwerkte traumatiese gebeure “vergeet” of (soms opsetlik) geïgnoreer of onderdruk word (Freud 1920:248). Volgens Vorster (2013:45) gee onderdrukking dikwels aanleiding tot kreatiewe uitinge: “Menslike aktiwiteite, [soos] kuns en letterkunde word almal as simptome van onderdrukking of repressie beskou […]”

Nog ’n verskynsel wat onder die loep kom tydens Freudiaanse psigoanalise, is “sublimering”, ’n psigiese proses waartydens onderdrukte begeertes, veral seksuele drifte, verhef word tot iets meer bruikbaar en produktief (Freud 1920:8), of vergroot word tot iets meer “edel” – soms selfs tot die religieuse of bonatuurlike (Barry 2009:98).

Sublimering is ook deel van die skryfproses, want die skrywer kan sy of haar drange en begeertes omskep in iets meer blywend en waardevol, naamlik in gedigte, dramas of prosatekste.

By die Freudiaanse psigokritiek word die skrywer en/of die fiktiewe karakters as gevallestudies beskou in ’n poging om die werking van Freudiaanse begrippe soos die Id (onbewuste), Ego7 (bewuste) en Superego (morele gewete) te demonstreer; asook om aan te toon hoe verskeie psigiese meganismes die gedrag en denke van veral die hoofkarakter/verteller beïnvloed. Een van hierdie psigiese meganismes is projeksie, ’n verskynsel waar ’n persoon negatiewe gevoelens jeens hom- of haarself na iemand anders kanaliseer (Freud 1920:218). ’n Persoon kan ook antagonisme teenoor byvoorbeeld ’n vaderfiguur na ’n ander persoon oordra – ’n meganisme bekend as oordrag (Freud 1920:372). Beide projeksie en oordrag is selfbeskermingsmeganismes waardeur pynlike insigte oor die self vermy word.

Binne die letterkunde vind daar ook projeksie en oordrag plaas, hetsy dit die skrywer is wat sy vrese en probleme projekteer en oordra op fiktiewe scenario’s of persone, of die fiksionalisering van die werklikheid, soos in die geval van outofiksie, of die oordrag van ’n psigologiese verskynsel op ’n simbool of leitmotief binne die roman/gedig/kortverhaal.

Wanneer die skrywer deur middel van fiksie uiting gee aan sy of haar sielkundige kwessies, kan dit dien as ’n vorm van skriptoterapie, oftewel skryfterapie, net soos wat die pasiënt verligting kan kry deur middel van praatterapie tydens ’n psigoanalitiese sessie. Daar bestaan egter ook skeptisisme oor die waarde van skryfterapie, omdat daar nie genoeg bewyse is of dit werklik ’n doeltreffende ontladingsmetode vir die traumalyer is nie, want dit wil voorkom asof die eintlike trauma nie noodwendig veroorsaak word deur die direkte ervaring daarvan nie, maar deur dit wat Caruth (1996:7) “the ongoing experience of [surviving] it” noem.

Vanuit ’n klassiek-Freudiaanse psigoanalitiese oogpunt sal daar ook gepoog word om beide die skrywer en die karakters se psigologiese kondisie te bepaal, byvoorbeeld die toestand van neurose, obsessie, histerie, depressie, narsisme, angs, fiksasie, paranoia, dissosiasie of skisofrenie. Al hierdie sielkundige afwykings sal dan herlei word tot die skrywer of personasie se vroeë ontwikkeling, oftewel na die “Oedipale oomblik”. So ’n analogies-mediese interpretasie kan egter lukraak en oppervlakkig raak, aldus Gräbe (2013a):

Die hoofbeswaar teen hierdie model is dat ’n samehangende mediese gevallestudie op ’n arbitrêre manier opgebou word uit uiteenlopende en gedetailleerde kenmerke sonder om hulle relevansie in die oorkoepelende literêre studieobjek te bepaal. (Gräbe 2013a)

Dit is dus belangrik om konvensionele Freudiaanse psigoanalitiese metodes te sien as ’n vertrekpunt, nie as die hooffokus van psigokritiese teksinterpretasie nie. Freudiaanse beginsels moet eerder as “deskriptiewe begrippe” (Gräbe 2013a) beskou word wat met vele ander (historiese, sosiale en talige) faktore gekombineer word.

Psigokritiek kan ook meer sinvol ingespan word wanneer dit gebruik word om die literêre teks se formele samestelling te ondersoek. Dit behels die ontginning van die prosesse wat betrokke was by die skep van die literêre teks, asook ’n ondersoek na die tekstuele voorkoms van verdraaiings, meerduidigheid en opsetlike verswygings. Aangesien die psigoanalise ’n “hermeneutiek van wantroue” (Van den Berg 2021) is, is dit nie slegs met die lees van tekste gemoeid nie, maar ook met ’n diepgaande ondersoek na die verskuilde betekenisse wat soos ’n onderdrukte begeerte in die “onbewuste” van die teks lê. Die psigokritiek kan met ander woorde nie net bepaal wat die teks sê nie, maar ook hoe die teks werk.

Freudiaanse psigokritici bemoei hulle ook met sogenaamde Freudiaanse versprekinge/glipse, waar onderdrukte materiaal binne die onbewuste impulsief te voorskyn kom deur onwillekeurige aksies en uitinge (Freud 1920:13), of tydens die skryfproses, wat iets onthul van wat ’n persoon (byvoorbeeld die skrywer) nie opsetlik openbaar wou maak nie.

’n Verdere aspek wat ter sprake kom by Freudiaanse psigoanalise, is trauma – hoe dit in die pasiënt se lewe manifesteer (gewoonlik as neurose of histerie), en hoe dit lei tot fiksasie, veral op traumatiese belewenisse in die verlede:

The traumatic experience is one which, in a very short space of time, is able to increase the strength of a given stimulus so enormously that its assimilation, or rather its elaboration, can no longer be effected by normal means.

This analogy tempts us to classify as traumatic those experiences as well upon which our neurotics appear to be fixated. (Freud 1920:238)

Trauma veroorsaak dat die pasiënt nie behoorlik in kontak met die hede óf die toekoms is nie (Freud 1920:236). In die letterkunde word die teksstruktuur dikwels ’n weerspieëling van dié toestand, want die getraumatiseerde subjek/verteller kan nie ’n samehangende (chronologiese) geheelbeeld van die traumatiese gebeure weergee nie, daarom bestaan die teks dikwels uit kort, onvoltooide sinne, paragrawe wat nie logies bymekaar aansluit nie, en loop dit meestal op ’n “oop einde” uit (Caruth 1996:43).

Droominterpretasie is ook ’n belangrike onderwerp binne Freudiaanse psigoanalise. Drome sit vrese, trauma en begeertes om in beelde deur middel van verplasing (verskuiwing) en verdigting. Verplasing vind plaas wanneer ’n sekere werklike gebeurtenis of persoon in die droom vervang word deur ’n fiktiewe gebeurtenis of persoon wat op ’n manier met die situasie/persoon verband hou, of wat dieselfde assosiasie daarmee het en derhalwe ’n tipe simboliese plaasvervanger daarvoor word (Freud 1920:122). Verdigting behels weer die versmelting van verskeie mense en gebeure tot een enkele beeld in ’n droom. Barry (2009:98) kom tot die volgende gevolgtrekking oor hoe verplasing en verdigting met die letterkunde verband hou:

Thus, characters, motivation, and events are represented in dreams in a very “literary” way, involving the translation, by the dream work, of abstract ideas or feelings into concrete images. Dreams, just like literature, do not usually make explicit statements. Both tend to communicate obliquely or indirectly, avoiding direct or open statement, and representing meanings through concrete embodiments of time, place, or person. (Barry 2009:98)

Verdigting en verplasing in drome korrespondeer met dit wat Roman Jakobson (1896–1982) beskou het as twee primêre taalverskynsels, naamlik metafore (die verdigting van twee of meer betekenisse), en metonimia (assosiatiewe betekenis) – twee aspekte wat ook sentraal staan binne die letterkunde.

Drome, soos die letterkunde, “vertel” nie wat in die onbewuste aangaan nie, maar “wys” latente begeertes en vrese deur middel van beelde, ’n verdere rede vir literatore se belangstelling in psigoanalitiese metodes. Soortgelyk aan die letterkunde is drome simboliese tekste wat ontsyfer moet word.

2.2 Lacaniaanse psigokritiek

Lacaniaanse psigokritici,8 se fokus is, ooreenkomstig met Freudiaanse psigokritici, op die onbewuste, maar in plaas daarvan om die onderdrukte emosies en motiewe van die skrywer of die karakter(s) te ontleed, pas hierdie literatore die psigokritiek op die teks self toe deur die onderliggende en dikwels teenstrydige betekenisse van die teks bloot te lê, wat soos ’n “onbewuste” verskuil is binne die “bewuste” van die teks (Barry 2009:115). Hierdeur word geensins geïmpliseer dat daar tot ’n finale betekenisinterpretasie gekom kan word nie; inteendeel, Lacan se interpretasie van Ferdinand de Saussure (1857–1913) se betekenaar en betekende impliseer juis die teenoorgestelde: “[D]ie lukrake en onvoldoende betekenaar wat betekenis aanbied, alleenlik in terme van kombinasie en seleksie (van ander betekenaars), skiet ver tekort om die gewaande oorvloed van ’n gegewe betekende te verreken” (Van den Berg 2021).

Volgens Van den Berg (2018:48) is dit veral Lacan se teorieë oor die reële fase wat ’n teenstrydige en “oop” interpretasie van ’n enkele werk moontlik maak, want die Reële bied ’n sleutel om “’n weg na betekenis te ontsluit sonder om die eindbestemming van finale interpretasies te bereik”. Op hierdie wyse word die roman, kortverhaal of gedig so reg in die aard van Roland Barthes (1915–1980) en Jacques Derrida (1913–2004) se poststrukturalisme “gedekonstrueer”. Daar word met ander woorde teen die grein van die teks gelees om die “tekstuele onbewuste” – ’n verskeidenheid verborge betekenislae – te ontgin wat nie altyd met die eerste lees sigbaar is, en beslis nie die finale betekenisinterpretasie is nie: “[D]ie leser kan [nie] lees vir betekenis soos vergestalt in ’n betekenaar nie, maar [moet] eerder lees vir die afwesigheid van betekenis” (Van den Berg 2021).

Die Reële is egter slegs ’n klein onderdeel van Lacan se teorie oor die subjek se verhouding met die “beleefde werklikheid” (Van den Berg 2021), want Lacan onderskei ook twee ander registers, naamlik die simboliese en die imaginêre ordes. Die imaginêre register word met die kind se spieëlfase geassosieer, wanneer hy of sy ’n geheelbeeld van hom of haar tydens identiteitsontwikkeling vorm:

It suffices to understand the mirror stage […] as an identification, in the full sense analysis gives to the term: namely, the transformation that takes place in the subject when he assumes [assume] an image – an image that is seemingly predestined to have an effect at this phase, as witnessed by the use in analytic theory of antiquity’s term, “imago.” (Lacan 2006:95)

Lacaniaanse psigokritici sien die spieëlfase as ’n poort tot die subjek (of romankarakter) se volwassewording, daarom is dit ’n belangrike gegewe tydens teksinterpretasie, veral wat die karakterontleding van die bildungsheld in die bildungsroman betref. Verder sien Lacaniaanse psigoanaliste die teks as ’n demonstrasie van Lacan se teorieë oor taal en die onbewuste; dat die onbewuste, wat alle faktore van die menslike bestaan beheer, soos ’n taal gestruktureer is: “This is […] why the unconscious, which tells the truth about truth, is structured like a language, and why I, in so teaching, tell the truth about Freud who knew how to let the truth – going by the name of the unconscious – speak” (Lacan 2006:868).

Dikwels kom dit daarop neer dat die meer abstrakte, eksperimentele of gefragmenteerde teks – wat konvensionele representasies binne die letterkunde uitdaag – voorkeur geniet onder Lacaniaanse psigokritici.

Die Lacaniaanse psigokritiek verwerp konvensionele perspektiewe op karakterisering in die letterkunde, want Lacan dekonstrueer die idee van die “ek” of “self” as ’n stabiele entiteit; daarom sien die Lacaniaans-georiënteerde leser romankarakters nie noodwendig as individue nie, maar as ’n sameflansing van betekenaars “clustering round a proper name” (Barry 2009:115). Sodoende kan ’n dominante vaderfiguur in ’n teks byvoorbeeld verteenwoordigend wees van verskeie patriargale instellings.

Psigoanalitiese kritiek kan dus nuttige idees genereer ten opsigte van die literêre werk se simboliek, motiewe, karakterisering, milieu, teksstruktuur en betekenisinterpretasie. Dit is egter belangrik om daarop te let dat die psigokritiek ook beperkinge het, net soos die psigoanalise as terapeutiese hulpmiddel beperkend is.

Wanneer literêre tekste psigoanalities ontleed word, word dit dikwels ten koste van byvoorbeeld ’n historiese of sosiale konteks gedoen (Barry 2009:115). Verder veroordeel sommige feministiese psigokritici Freudiaanse metodes as die primêre bron van patriargale houdings teenoor vroue (Hekman 2013:100), daarom wend heelparty queer en feministiese psigokritici9 hulle eerder tot Lacan se poststrukturalistiese begrip van die self as ’n gekonstrueerde idee. Dit impliseer onder andere dat die mens se identiteit deur taal gevorm word; dat die “self” inderwaarheid ’n taalsubjek is. Die skuif van “self” na “subjek” beteken dat subjekte die produkte van tekens, signifikasie en van betekenaars en betekendes is. Subjekte word gekonstrueer en is daarom veranderlik en vloeibaar en gevolglik herdefinieerbaar (Klages 2006:88).

Alhoewel dit dus uit bogenoemde gegewes wil voorkom asof eietydse psigokritici eerder Lacan se weergawe van die psigoanalise bo dié van Freud sal verkies, is dit nie altyd die geval nie, want sommige teoretici, onder andere Luce Irigaray, kritiseer die ahistoriese aard van Lacaniaanse psigoanalise, omdat dit die “historiese fondasies” van die psigologie ontken (Evans 1996:35).

Aangesien die Lacaniaanse psigokritiek uit die Freudiaanse psigokritiek ontwikkel het en daar derhalwe heelparty ooreenkomste én verskille tussen dié twee ondersoekmodelle is, is dit belangrik om op hierdie teenstrydighede en raakpunte te wys voordat dit op Hart toegepas word. In die volgende afdeling word daar vergelykend na dié twee psigoanalitiese metodes gekyk.

 

3. Lacaniaanse teorie versus Freudiaanse teorie

Lacan word oorspronklik in die Freudiaanse psigiatrie opgelei, maar in die 1950’s ontwikkel hy sy eie weergawe daarvan deurdat hy dit in sy Écrits (2006)10 vermeng met die strukturalistiese en veral poststrukturalistiese idees van Ferdinand de Saussure, Claude Lévi-Strauss (1908–2009) en Jacques Derrida (Cuddon 2013:569).

Lacan word ook sterk beïnvloed deur die beginsels van die surrealistiesekunsbeweging soos beoefen deur André Breton (1896–1966) en Salvador Dali (1904–1989). Dié surrealistiese skilders se klem op “psigiese outomatisme” (om iets te skep sonder bewuste denke) en die droomlandskap in hulle kunswerke het vir Lacan groot aantrekkingskrag, want vir hom, soos vir Freud, vorm die onbewuste die basis van alle menslike ervarings – die skryfkuns hierby ingesluit (Barry 2009:108).

Lacan (2006:868) se bevindinge oor die verband tussen die onbewuste en taal het ’n blywende impak op literêre teorie gehad, veral wat sy volgende gevolgtrekkings betref:

(a) Die psigoanalise is in wese ’n verbale wetenskap.

(b) Tydens die psigoterapeut se ondersoek van die onbewuste gebrúik hy of sy nie net taal nie, maar ontleed hy of sy ook die pasiënt se taal.

(c) Die onbewuste is net so kompleks soos die struktuur van taal.

(d) Woorde en hulle betekenis het ’n “lewe van hul eie” wat die veronderstelde eenvoud en helderheid van die realiteit omverwerp.

(e) Die onbewuste is die kern van ons bestaan, nie die bewussyn nie.

Gräbe (2013b) wys ook op die vernuwende invloed wat Lacan se herinterpretasie van Freudiaanse psigoanalise op die psigokritiek het:

Die werking van die teks word vooropgestel, omdat Lacan Freud se ontdekking van die verband tussen versprekings en die blootlegging van waarheid op ’n bepaalde manier interpreteer […] Vir die analise van literêre tekste beteken dit dat kritici moet let op die styl en die struktuur van ’n literêre werk en nie slegs die teks moet lees vir “inhoud” of idees nie. (Gräbe 2013b)

Alhoewel Freud reeds die Westers-humanistiese idee van die mens as rasionele, stabiele en selfreflektiewe subjek uitgedaag het met sy fokus op die onbewuste, bevraagteken Lacan hierdie humanistiese ideaal van die stabiele “self” nog meer intensief as wat dit met Freud die geval was. Freud wou die pasiënt se repressie en neurose verlig deur die onbewuste (Id) se trauma na die bewussyn (Ego) te bring. Deur middel van sy bekende uitspraak: “Wo Es war, soll Ich werden” in sy “Vorlesung XXXI: Die Zerlegung der psychischen Persönlichkeit” (1932),11 wou Freud die “Es” (Id of onbewuste) vervang met die “Ich” (Ego of bewuste). Freud se doel was om die ego/ek tot so ’n mate te versterk dat dit kragtiger en meer dominant as die onbewuste sou wees. Vir Lacan (2006:93) is dit egter ’n onmoontlike taak – die ego kan nooit die onbewuste vervang of beheer nie, want die ego of die “ek” is ’n blote illusie, op sigself ’n produk van die onbewuste, en daarom ook “buite” die subjek.

Waar Freud ondersoek instel na hoe die kind tot ’n beskaafde, produktiewe en “normale” heteroseksuele volwassene ontwikkel, is Lacan (2006:95) eerder geïnteresseerd in hoe die kind die illusie van die “self” tydens die sogenaamde spieëlfase ontwikkel. Lacan beskryf hoe die kleuter ’n illusie van die ego vorm, hoe die verenigde, bewuste “self” gestalte kry deur middel van die woord “ek”. Wat dus hier sentraal staan, is nie net die veronderstelling dat die onbewuste soos ’n taal gestruktureer is nie, maar dat die onbewuste ’n produk van taal is:

[I]t is through the pathway of a specific gap in his imaginary relationship with his semblable that he has been able to enter into this order as a subject. But he has only been able to make this entrance by passing through the radical defile of speech […] (Lacan 2006:40)

Lacan let daarop dat Freud se droomontleding, asook sy ondersoek na die taal wat sy pasiënte gebruik om uitdrukking aan hulle onderdrukte vrese te gee, berus op woordspel, metaforiese taal en betekenisassosiasies (Barry 2009:110).

Soos reeds vermeld, kom Lacan tot die gevolgtrekking dat die onbewuste gestruktureer is soos ’n taal. Hier bepaal hy hom by De Saussure se idees rondom die semiotiek, alhoewel hy dit aanpas. Terwyl De Saussure hom bemoei met die verhouding tussen betekenaar (signifiant) en betekende (signifié), fokus Lacan (2006:7–14) slegs op die betekenaar. Indien die betekenaar na ’n betekende verwys het, sou die betekenis van enige spesifieke betekenaar taamlik stabiel gewees het. Daar sou, in De Saussure se terme, ’n betekenisverhouding wees tussen betekenaar en betekende, en dit sou ’n vaste betekeniswaarde gewaarborg het. Volgens Lacan bestaan hierdie betekenisverhoudings egter nie binne die onbewuste nie, daarom is daar ’n konstante skommeling, beweging en verskuiwing van die betekenaars in die “signifying chain” (Lacan 2006:6).

Daar is geen anker nie, niks wat uiteindelik vaste betekenis of stabiliteit aan die hele sisteem verleen nie. Die een betekenaar lei inderwaarheid net na die volgende betekenaar, maar nooit na ’n betekende nie. Lacan (2006:419) beskryf hierdie verskynsel as “[the] notion of an incessant sliding of the signified under the signifier”.

Lacan “vertaal” dus Freud se voorstelling van die onbewuste op linguistiese wyse tot ’n chaotiese dimensie waar daar geen stabiele betekenis bestaan nie: “[It] is easy to see that [within the unconscious] only signifier-to-signifier correlations provide the standard for any and every search for signification” (Lacan 2006:419). Hy wys egter daarop dat daar tog oomblikke is wanneer die betekenaar en die betekende “aansluitingspunte” vorm. Lacan (2006:681) verwys hierna as die point de capiton “[…] by which the signifier stops the otherwise indefinite sliding of signification”. ’n Sekere aantal van hierdie aansluitingspunte word benodig vir ’n subjek om as “normaal” geklassifiseer te word, aldus Lacan.

Die onbewuste kan met ander woorde gesien word as ’n eindelose stroom van betekenaars waarvan die betekendes meestal onbereikbaar is, met die gevolg dat daar ’n aanhoudende vervaging en verandering van betekenis is. Die implikasie wat hierdie siening vir die letterkunde inhou, is dat teksinterpretasie (asook die waardebepaling van die literatuur) nie net subjektief is nie, maar ook wisselvallig – daar is nie net een vaste, stabiele betekenis of opinie nie, maar verskeie betekenis- en beoordelingsmoontlikhede.

Volgens Freud gaan die kind, soos reeds genoem, deur drie fases: die orale, anale en falliese fase. Lacan skep ander begrippe om die kind se progressie tot volwassenheid te kategoriseer, naamlik drang, begeerte en behoefte (Eyers 2012:30), wat korrespondeer met sy drie ordes van ontwikkeling, naamlik die reële, imaginêre en simboliese ordes (Lacan 2006:310). Die simboliese orde is die volwasse stadium se eweknie; of meer spesifiek, die stadium waarin ons die struktuur van taal baasraak. Ons moet die simboliese orde bereik, die taalstruktuur onder die knie kry, sodat ons pratende subjekte kan word wat “ek” kan sê, waar ek na ’n min of meer stabiele begrip verwys:

Indeed, what Freud’s discovery brings us back to is the enormity of the order into which we have entered – into which we are, as it were, born a second time, in leaving behind the state which is rightly known as the infans state, for it is without speech – namely, the symbolic order constituted by language, and the moment of the concrete universal discourse and of all the furrows opened up by it at this time – in which we had to find lodging. (Lacan 2006:371)

In ooreenstemming met Freud begin Lacan se suigeling as ’n wese wat onafskeidelik van sy moeder is, want die kind kan geen onderskeid tussen “self” en “ander”, of tussen hom en sy moeder tref nie. Hierdie natuurlike, primitiewe staat moet uiteindelik “afgebreek” word en deur kultuur vervang word. Dié idee is van toepassing op beide Freud én Lacan se psigoanalise: Die kind moet homself van sy moeder kan (onder)skei om sodoende ’n aparte identiteit te vorm en gevolglik ’n “staat van beskaafdheid” binne te gaan. Die skeiding gaan egter gepaard met ’n gemis – wanneer die kind kan onderskei tussen homself en sy moeder en ’n individu word, verloor hy die gevoel van eenheid, veiligheid en sekuriteit wat hy oorspronklik gehad het:

But what he thus fills is not the lack [faille] he encounters in the Other, but rather, first of all, the lack that results from the constitutive loss of one of his parts, by which he turns out to be made of two parts. Therein lies the twist whereby separation represents the return of alienation. For the subject operates with his own loss, which brings him back to his point of departure. (Lacan 2006:716)

Daar is dus tragiek aan psigoanalitiese teorie verbonde, hetsy Freudiaans of Lacaniaans: Om ’n volwassene te word, hou altyd verlies van die oorspronklike eenheid (met die moeder) in.

Die suigeling wat nog nie in staat is om ’n onderskeid tussen hom en sy moeder te tref nie, wat slegs behoeftes het wat bevredigbaar is, en wat geen onderskeid tussen homself en die objekte van bevrediging tref nie, bestaan in die reële orde. Die Reële is ’n komplekse begrip wat nie maklik definieerbaar is nie, nie eens deur Lacan self nie:

The notion of being, as soon as we try to grasp it, proves itself to be as ungraspable as that of speech. Because being, the very verb itself, only exists in the register of speech. Speech introduces the hollow of being into the texture of the real, the one and the other holding on to and balancing each other, exactly correlative. (Lacan 1988:229)

Boonop kan die Reële nie vasgepen word in een enkele ontwikkelingstadium nie, want dit maak deel uit van sowel die imaginêre as die simboliese fase (Lacan 2006:320). Een manier om die reële orde te sien, is as ’n psigiese plek waar die oorspronklike (moeder)eenheid bestaan. Die reële orde is daarom ’n staat van volmaakte volheid en volledigheid – daar is geen behoefte waarin daar nie voorsien kan word nie. Omdat daar geen gebrek, leemte of tekort is nie, is daar geen taal in die reële orde nie, want daar is geen nodigheid vir taal om uitdrukking aan behoeftes te gee nie (Lacan 2006:708).

Lacan sluit aan by Freud se idees oor verlies, wat laasgenoemde in ’n gevallestudie met sy kleinseun (18 maande oud) demonstreer.12 Die kleinkind speel met ’n garetol waaraan ’n stuk winkeltou vasgebind is. Elke keer wanneer die kind die garetol aan sy toutjie wegslinger, sê hy “fort”. Sodra hy dit weer terugtrek, sê hy “da”. Volgens Freud het hierdie speletjie simboliese waarde vir die kind, en is dit ’n manier om die angs wat deur sy moeder se afwesigheid veroorsaak word, te verwerk. Wanneer hy die tol gooi en “fort” sê, herspeel hy die ervaring van verlies van sy gunstelingobjek; wanneer hy dit terugtrek en “da” sê, kry hy plesier uit die terugkeer daarvan:

The departure of the mother cannot possibly have been pleasant for the child, nor merely a matter of indifference. How then does it accord with the pleasure-principle that he repeats this painful experience as a game? The answer will perhaps be forthcoming that the departure must be played as the necessary prelude to the joyful return, and that in this latter lay the true purpose of the game. As against this, however, there is the observation that the first act, the going away, was played by itself as a game and far more frequently than the whole drama with its joyful conclusion. (Freud 2015:11)

Lacan herwin hierdie proefneming deur sy fokus na die taalaspek daarvan te verskuif. Volgens hom is die fort-da-speletjie die aanvang van die kind se simboliese fase, oftewel die fase waarin taal allesoorheersend word:

This game […] manifests in its radical traits the determination that the human animal receives from the symbolic order. Man literally devotes his time to deploying the structural alternative in which presence and absence each find their jumping-off point […] It is at the moment of their essential conjunction and, so to speak, at the zero point of desire that the human object comes under the sway of the grip which, canceling out its natural property, submits it henceforth to the symbol’s conditions. In fact, we have here nothing more than an illuminating insight into the entrance of the individual into an order whose mass supports him and welcomes him in the form of language, and superimposes determination by the signifier onto determination by the signified in both diachrony and synchrony. (Lacan 2006:34–35, my beklemtoning)

Soos reeds genoem, is Lacan van mening dat taalgebruik altyd met verlies of afwesigheid gepaard gaan – ’n mens benodig woorde om uitdrukking te gee aan ’n gemis alleenlik wanneer die objek wat jy begeer, nie daar is nie. Eagleton (2008:160) vergelyk hierdie proses van verloor (en vervulling) met hoe die letterkunde te werk gaan:

Fort-da is perhaps the shortest story we can imagine: an object is lost, and then recovered. But even the most complex narratives can be read as variants on this model: the pattern of classical narrative is that an original settlement is disrupted and ultimately restored […] In Lacanian theory, it is an original lost object – the mother’s body – which drives forward the narrative of our lives, impelling us to pursue substitutes for this lost paradise in the endless metonymic movement of desire […] Something must be lost or absent in any narrative for it to unfold: if everything stayed in place there would be no story to tell. (Eagleton 2008:160)

Die bewuswording van skeiding, of die idee van die “ander”, veroorsaak ’n gemis wat tot angs aanleiding gee. Die kind dring dan aan op ’n hereniging met sy moeder, ’n terugkeer na ’n staat van volheid en eenheid. Omdat die kind reeds ’n wete van die “ander” op ’n onbewustelike vlak het, is dit egter onmoontlik om hierdie drang te bevredig; en boonop is die gevoel van gemis en afwesigheid, asook die gevoel van “andersheid”, deel van die proses om ’n funksionerende kulturele subjek of “self” (volwassene) te word.

Lacan (1988:229) bring die kind se angs in verband met die onpeilbaarheid en onkenbaarheid van die reële orde wat lei tot die kind se bewuswording van sy/haar eie onkenbaarheid, met die gevolg dat dit trauma tot gevolg het.

Binne die spieëlfase kan die kind egter begin om homself voor te stel as ’n koherente geheel, want hy kan ander mense sien en hulle as ’n geheelvormende eenheid ervaar. Tydens hierdie stadium sal die kind homself heel moontlik in ’n spieël te siene kry. Hy sal na sy eie weerkaatsing kyk en dan terugkyk na ’n werklike persoon (waarskynlik sy moeder), en dan weer terugkyk na sy spieëlbeeld. Binne hierdie aksie beweeg die kind van ongenoegsaamheid na die vooruitsig dat hy ook ’n geïntegreerde entiteit kan wees, ’n volledige persoon (Lacan 2006:40; 70). Daar is dus progressie vanaf die kind se liggaam as iets gefragmenteerd, na ’n (vals) beeld van homself as volledig en geïntegreerd, wat die kind help om die status van psigiese heelheid te bereik:

[T]he subject caught up in the lure of spatial identification, turns out fantasies that proceed from a fragmented image of the body to what I will call an “orthopedic” form of its totality – and to the finally donned armor of an alienating identity that will mark his entire mental development with its rigid structure. (Lacan 2006:78)

Vir die kind is daar dus die vooruitsig om ’n sin van “self” te vorm, ’n aparte eenheid wat soos ander mense lyk. Dit wat die kind in die spieël sien, daardie geheelbeeld wat hy in sy weerkaatsing waarneem, sal uiteindelik die “self” word, ’n entiteit wat “ek” genoem word. In werklikheid is dié identifisering ’n miseiening van die “self”, want die kind dink die spieëlbeeld is “ek”, terwyl dit inderwaarheid slegs ’n illusie van die “self” is (Eyers 2012:30; Žižek 1989:116; Lacan 2006:56). Die spieëlfase skep ’n self/ander-dualiteit, terwyl die kind oorspronklik net die “ander” geken het en nie die “self” nie. Volgens Lacan is die identifisering met die “self” altyd verbonde aan die “ander”, maar nie as binêre opposisies nie.

Ander verwys na verskillende begrippe. In die eerste plek is daar die self/ander, waar die “ander” die weerkaatsing in die spieël is waarmee die kind identifiseer wat uiteindelik “ek” word. Tweedens gebruik Lacan “Ander” (met ’n hoofletter) om na ander mense te verwys. Die kind raak dus nie net van die “ander” in die spieël bewus nie, maar ook van die “Ander” – werklik-bestaande mense om hom wat nie deel is van homself nie. Wanneer die kind die idee van die “Ander” vorm, asook van die “ander” in die spieël, betree die kind die simboliese orde:

[T]he solution must be sought elsewhere, that is, in the Other with a capital O, by which I designate a place that is essential to the structure of the symbolic. This Other is required in order to situate the question of the unconscious in truth […] (Lacan 2006:379)

In teenstelling met Freud, wat duidelike afbakenings maak tussen sy ontwikkelingsfases, oorvleuel die Simboliese vir Lacan met die Imaginêre (wat by die spieëlfase aansluit). Lacan (2006:320) verwys hierna as “a sort of intersection” tussen die onderskeie ordes. Daar word nie ’n duidelike onderskeid tussen die twee getref nie, en soms bestaan dié twee ordes gelyktydig, kan die kind beide ordes terselfdertyd betree, of steeds binne die een orde verkeer terwyl hy reeds die volgende binnegaan (Lacan 2006:255).

Volgens Lacan is Freud se fort-da-speletjie, soos reeds genoem, die eerste tree na die simboliese orde, want die kind gebruik taal om uitdrukking te gee aan die idee van verlies en afwesigheid, asook aan die idee van die “Ander”. Die garetol met die toutjie daaraan vasgemaak dien as die “objet petit a(utre)” – die onbereikbare klein objek van begeerte wat die “Ander” verteenwoordig (Eyers 2012:35). Hierdie “klein objek a” is ’n objek waarmee ons die leemte, verlies en afwesigheid moet vul, ’n (taal)objek wat ’n vergeefse plaasvervanger vir die moederfiguur is (Lacan 2006:570). “Objek a” illustreer dus verlies, dat iets ontbreek, dat die kind onvolledig is, maar verteenwoordig ook ’n poort na die simboliese (linguistiese) fase, omdat taal juis die produk van verlies en afwesigheid is.

Volgens Lacan word hierdie idees van “ander” en “Ander”, van verlies en afwesigheid, asook die (mis)identifikasie van die self met die “ander” in die spieël, deur elke kind op ’n individuele vlak verwerk. Die “Ander” verteenwoordig nie net ander mense nie, maar ook ’n strukturele posisie binne die simboliese fase (Lacan 2006:366). In Derrida se terme is die posisie van die “Ander” in die sentrum van die sisteem, in die kern van die simboliese orde, en in die nukleus van taal self. Alle elemente binne die sisteem word deur die sentrum bepaal en staan in verhouding daarmee, maar die “Ander” (wat nou ’n posisie verteenwoordig, nie ’n werklike persoon nie) kan nie bereik word nie (Žižek 2005:178).

Die “Ander”, wat ook die fallus is, kan nie die sentrale posisie met enigiets anders deel nie en kan met niks of niemand verenig word nie, gevolglik skep dit ’n nimmereindigende gemis, ’n eindelose leemte wat Lacan desire noem – die begeerte om die “Ander” te wees: “To be the phallus […] – isn’t that the final identification with the signifier of desire?” (Lacan 2006: 523).

Binne die Lacaniaanse teorie verteenwoordig die sentrum dus verskeie faktore: taal, die “Ander”, normatiwiteit en die fallus, wat ooreenstem met Freud se ontwikkelingsteorieë. Vir beide Freud en Lacan is die belangrikste “Ander” in die kind se lewe sy ma, met wie hy herenig wil word. Volgens Lacan glo die kind dat dit moontlik is alleen as hy aan sy moeder se vereistes kan voldoen en haar begeertes kan vervul. Die begeerte van die ma, as ’n volwassene wat reeds die simboliese orde betree het, is om geen gemis te voel, of enige leemte te ervaar nie. Hierdie teorie van Lacan klop met Freud se Oedipuskompleks, waar die kind met die moeder wil verenig deur seksueel met haar te verkeer:

If the mother’s desire is for the phallus, the child wants to be the phallus in order to satisfy her desire. Thus the division immanent in desire already makes itself felt by virtue of being experienced in the Other’s desire, in that this division already stands in the way of the subject being satisfied with presenting to the Other the real [organ] he may have that corresponds to the phallus; for what he has is no better than what he does not have, from the point of view of his demand for love, which would like him to be the phallus. (Lacan 2006:582)

Volgens Freud kry die moeder se gevoel van gemis en afwesigheid gestalte in die afwesigheid van ’n penis, derhalwe wil die jong seun hierdie leemte met sy penis vul. Deur die toetrede van ’n vaderfiguur word die Oedipusfase beëindig, want die vader se teenwoordigheid hou die bedreiging van kastrasie in, aldus Freud:

When the boy first discovers the primary sexual structure of the female, he tries at first to deny the evidence of his senses, for he cannot conceive a human being who lacks the part of his body that is of such importance to him. Later he is terrified at the possibility revealed to him and he feels the influence of all the former threats, occasioned by his intensive preoccupation with his little organ. He becomes subject to the domination of the castration complex, the formation of which plays an important part in the development of his character […] (Freud 1920:274)

Die vader se aanwesigheid hou met ander woorde vir Freud die bedreiging van verlies (van die seun se penis) in, terwyl die bedreiging van kastrasie eerder vir Lacan ’n metafoor word vir verlies as ’n strukturele begrip: “Wanneer die kind […] as ’n sprekende subjek toetree tot die simboliese orde, ondergaan hy simboliese kastrasie van die verbeelde fallus onder die druk van die wette van die vader” (Gräbe 2013b).

Volgens Lacan is dit dus nie die werklike vader wat die bedreiging van kastrasie inhou nie, maar eerder die idee dat verlies en gebrek aanleiding tot taalgebruik gee, sodat die “vader”, op figuurlike vlak, ’n funksie van die linguistiese struktuur én die strukturele basis van die simboliese orde (volwassenheid) word: “[T]he appeal to the Name-of-the-Father is not the absence of the real father, for this absence is more than compatible with the presence of the signifier, but the lack of the signifier itself” (Lacan 2006:465).

Lacan vervang dus Freud se “kastrerende” vaderfiguur met die “Naam van die Vader”, oftewel die “Wet van die Vader” – taalreëls waaraan gehoor gegee moet word om sodoende die simboliese orde en, daarmee saam, normatiwiteit te betree: “[T]he Name-of-the-Father redoubles in the Other’s place the very signifier of the symbolic ternary, insofar as it constitutes the law of the signifier” (Lacan 2006:481).

Lacan (2006:723) sien die struktuur van taal, asook taalreëls, as paternaal, sodat die toetrede tot die simboliese orde en die baasraak van taal met Freud se Oedipus- en kastrasiekompleks verband hou. Die Wet van die Vader, oftewel taalreëls, is dus nog ’n idee waarvoor die “Ander” staan, want taal vorm die sentrum van die sisteem – die kern wat die hele struktuur beheer. Soos reeds genoem, word die sentrum ook die fallus genoem, om nogmaals die patriargale aard van Lacan se simboliese orde te beklemtoon.

Alhoewel daar raakpunte tussen die Reële en die fallus is, soos dat albei onbereikbaar is, is daar egter ook belangrike kontraste: die reële orde is primordiaal van aard – dit is die basis waaruit ons ontspring, die natuurlike staat waarvan ons moet skei om uiteindelik beskaafde, kulturele subjekte te word. Daarteenoor is die fallus die “vader”; die patriargale orde van die gemeenskap; die hoogtepunt van beskawing; en die posisie van waar alles in die wêreld beheer word.

Kristeva (1980:239) beskryf, in ooreenstemming met Lacan, die simboliese orde as die fase waartydens taalontwikkeling plaasvind, sodat die kind ’n “pratende subjek” word wat ’n onafhanklike identiteit vorm, apart van die moeder. Die kind moet wegbeweeg van die moeder om sodoende die Wet van die Vader (taal, kultuur en ’n sosiale orde) te betree. Kristeva dring egter daarop aan dat vroue (en by implikasie ook homoseksuele mans) selfs in die simboliese fase tot ’n sekere mate steeds met die moeder identifiseer, derhalwe is hulle geneig om ’n noue band met die reële orde te behou. Hierdie voortgesette identifisering met die moeder gee aanleiding tot wat sy semiotiese taal noem – taal wat die patriargie van samehang, onemosionele logika en eenduidige betekenis omverwerp.

Onder 5.8.2 sal daar ondersoek ingestel word na hoe semiotiese taal in Hart neerslag vind, en hoe hierdie maternaal-poëtiese taal ingespan word om die Wet van die Vader te ondermyn.

In die volgende afdeling word daar gekyk hoe Fourie se teks tegelyk aansluit by én afwyk van die tradisionele bildungsroman, omdat hy inskryf teen die fallosentriese struktuur van tradisionele bildungsromans.

 

4. ’n Hart is so groot soos ’n vuis as bildungsroman

Fourie se roman bevat vele eienskappe wat met die bildungsroman geassosieer word. Die bildungsroman se karakteristiek oorvleuel grootliks met dié van ander soorte ontwikkelingsromantipes, byvoorbeeld die grootwordroman, leerjareroman, kunstenaarsroman (Künstlerroman), opvoedingsroman (Erziehungsroman) en psigologiese roman (Van Gorp e.a. 2007:329).

Boonop wys Vorster (2013:27) daarop dat die bildungsroman deur die eeue vele “evolusies” ondergaan het wat die omskrywing van hierdie genre bemoeilik:

Hedendaagse herskrywings van die Bildungsroman en nuwe teoretiese ondersoeke sorg enersyds vir die voortbestaan daarvan, maar andersyds bied bykans elke studie van die Bildungsroman ’n nuwe definisie van die genre, brei dit uit of verwys na vorige definisies, sodat die web van definisies rondom hierdie genre steeds vergroot. Wanneer met ’n vergrootglas na die term “Bildungsroman” gekyk word, raak ’n wêreld van nuanses en teenstrydighede gevolglik sigbaar. Weens die evolusie van die term en die tendens van herskrywing het dit polemies geword en wil dit voorkom asof hierdie veranderende genre teoretiese omskrywing of definisies ontglip. (Vorster 2013:27)

Aangesien Hart hoofsaaklik handel oor die hoofpersonasie se psigiese groei tot volwassenheid, die sosiaal-kulturele omgewing se invloed op sy emosionele ontwikkeling, sy vorming van ’n eie identiteit, asook sy gepaardgaande stryd teen die patriargie, gaan dit as bildungsroman ontleed word. Die ander ontwikkelingsromantipes gaan nie hierby betrek word nie.

Hart bou voort op ’n reeds bestaande tradisie van Afrikaanse bildungsromans, byvoorbeeld Skakels van die ketting (1929) deur Pierre de Villiers Pienaar, Jochem van Bruggen se Ampie-trilogie (1924–1942) en Etienne Leroux se Die eerste lewe van Colet (1955).13 Meer onlangse bildungsromans waarby Fourie se teks ook aansluit, is Jeanne Goosen se o.a. Daantjie Dromer (1993), Mark Behr se Die reuk van appels (1993); S.P. Benjamin se Die reuk van steenkool (1997), Anoeschka von Meck se Annerkant die longdrop (1998), Siegfried (2007) van Willem Anker, Dominique Botha se Valsrivier (2013), Ronelda Kamfer se Kompoun (2021) en Hoerkind (2022) van Herman Lategan.

Soos reeds genoem, het die bildungsroman al vele transformasies ondergaan, maar dit is veral die kenmerke van die postmoderne weergawe van dié romansoort wat in hierdie artikel sal aandag kry. In die postmoderne bildungsroman is die hoofkarakter meestal ’n “onvaste, veranderende of wordende subjek” (Vorster 2013:27), wat die “bildungsheld” die ideale gevallestudiesubjek binne veral die Lacaniaanse psigoanalise maak. Aangesien die postmoderne bildungsroman ’n oop einde het “wat gerig is op die toekoms” (Vorster 2013:27), is hierdie einde eintlik ’n nuwe begin, sodat die hoofkarakter meestal “in die proses van wording bly voortbestaan”.

Bubíková (2011:11) merk op dat die woord Bild semanties verbind kan word met Lacan se imago wat aansluit by sy spieëlfase, waartydens die kind ’n geheelbeeld van hom- of haarself kan vorm – ’n kerngegewe binne die psigokritiek.

In die bildungsroman word daar terugskouend na die hoofkarakter se jeug gekyk, daarom word hede en verlede vervleg. Aangesien dit meestal outobiografies is, word die eerstepersoonsverteller gebruik. Die hoofkarakter in die bildungsroman moet hom of haar dikwels distansieer van die ouerhuis om ’n onafhanklike, gebalanseerde volwassene met ’n eie identiteit te word (Jeffers 2005:52). Die hoofpersonasie se lewensverhaal speel af teen die groter sosiaal-kulturele raamwerk van sy of haar era, en dikwels kom die sentrale protagonis teen die politieke ideologieë van hierdie spesifieke tydperk in opstand.

Die gebeure in Hart sentreer rondom die verteller, Paul, se psigologiese groei tot volwassewording én heelwording. Alhoewel dit lyk asof die roman outobiografies is – die skrywer en hoofkarakter se name stem ooreen, en daar verskyn ’n kinderfoto van die skrywer op die omslag – kan daar nie sonder meer aangeneem word dat die verteller in Hart en die biografiese skrywer, P.P. Fourie, een en dieselfde persoon is nie.

Bubíková (2011:21) beskryf die bildungsroman as “a powerful means for discussing a panoply of challenging and unsettling issues of the contemporary world”. Die bildungsroman gaan met ander woorde oor meer as net die individu se lewe; dit gaan oor die dokumentering van ’n sekere tydperk, in hierdie geval die politieke stryd van die 1980’s. Die verteller, Paul, kom in opstand teen patriargale strukture, en sodoende ook teen die apartheidspatriargie.

In Hart is daar, kenmerkend van die bildungsroman, ’n “geleidelike verwerwing van selfinsig en begrip van die lewe, van eiewaarde, van ’n eie identiteit en die moontlikheid om uiteindelik ook sinvolle verhoudings met ander mense te kan aanknoop” (Burger 2021).

Alhoewel Hart dus oorwegend as ’n bildungsroman geklassifiseer kan word, word hierdie romanvorm ook in vele opsigte in Fourie se teks ondermyn. Die hoofkarakter ontwikkel, soos reeds genoem, tot ’n individu met 'n eie persoonlikheid wat antwoorde soek op lewenskwessies. Weens die kompleksiteit van die kwessies wat in die roman ter sprake kom, is daar egter nie klinkklare antwoorde op al hierdie vraagstukke nie. Daar word nie uitsluitsel gegee oor die hoofkarakter se vermoë om teen die einde van die roman geslaagde liefdesverhoudings te kan aanknoop nie. Verder vind daar geen versoening tussen pa en seun plaas nie; inteendeel, die seun kan ’n gebalanseerde lewensuitkyk hê slegs deur geen verhouding met sy pa te hê nie. Die verteller in Hart besef ook dat daar geen “ideale ek” (144) bestaan nie, dat hy maar net kan aanspraak maak op ’n “outentieke beeld” (148) van homself – geen ideale lewenshouding word, soos dikwels die geval by tradisionele bildungsromans, bereik nie. Boonop wyk dié roman af van die tradisionele bildungsroman se samehangende struktuur deurdat die vertelling gefragmenteerd en niechronologies aangebied word.

Volgens Punday (2003:viii) beïnvloed ’n skrywer se liggaamlikheid die narratiewe struktuur van sy of haar tekste en word konvensionele, samehangende narratiewe op die geïdealiseerde manlike liggaam gebaseer. Hierdie tradisionele struktuur word daarom deur heelparty feministe en queerteoretici, byvoorbeeld Teresa de Lauretis en Jonathan Dollimore, as fallosentries gesien, en derhalwe word hierdie patriargale tradisies van samehang, chronologie en die onafwendbare afstuur op ’n enkele klimaks, uitgedaag deur ’n meer “vroulike” teksstruktuur. Die “vroulike” teks word met ander woorde deur vroulike liggaamlikheid bepaal: “Deur ‘vanuit die liggaam’ oor die vroulike liggaam te skryf en die vroulike liggaam as positiewe metafoor vir onder andere tekste te gebruik, word die fallogosentriese diskoers ondermyn” (Vorster 2013:65).

De Lauretis (1984:118–9) beskou die “vroulike” narratief as ’n teks wat meer as een klimaks bevat; wat herhalend is; en wat gevolglik ’n sirkulêre struktuur het. Hierdie “afwykende” struktuur is dan ook in Hart te sien. Net soos wat die verteller nie volgens sy seksuele oriëntasie geklassifiseer wil word nie,14 so kan sy teks ook nie maklik gekategoriseer word nie. Dié gegewe sal verder onder 5.8.1 bespreek word.

In die volgende afdeling word die psigokritiese teorieë wat in die voorgaande afdelings ondersoek is, van toepassing op Fourie se teks gemaak.

 

5. ’n Psigokritiese interpretasie van ’n Hart is so groot soos ’n vuis

Wanneer die romantitel ontleed word met betrekking tot die temas wat in die roman ter sprake kom, naamlik die temas van patriargale geweld, moederfiksasie en geslagtelikheid, roep die titel verskeie kontrasterende faktore op wat moontlik met “hart” en “vuis” vereenselwig kan word: liefde teenoor geweld; vroulik teenoor manlik; goed teenoor boos; en moeder teenoor vader. Hierdie teenoorgesteldes word egter, so reg in die (poststrukturalistiese) aard van die Lacaniaanse psigoanalise, nie as binêre opposisies aangebied nie, maar eerder as dualiteite wat mekaar aanvul. Die hart word immers hier met ’n vuis vergelyk; sodoende word die skeidslyn tussen die verskillende teenpole wat binne die roman aan bod kom, tegelyk uitgewys én uitgewis. Die verteller in Hart vra hom af of “vaderlik” en “moederlik” as beskrywings “fundamenteel en vir altyd teenoorgesteldes” (150) sal wees; terwyl hy op Vadersdag sy ma bedank, omdat sy, in die afwesigheid van ’n vaderfiguur, ’n “dubbel-ouer” (24) is. Nougesette binêre opposisies word dus in hierdie teks gedekonstrueer, want die skrywer skryf in teen die tradisie van onbuigsame afbakenings, vasgestelde (manlike en vroulike) rolle en onveranderlike identiteite. Op hierdie onderwerp word daar onder 5.8.1 en 5.8.2 uitgebrei.

Die maternale assosiasie met die “hart” in die titel word bevestig wanneer die verteller as kind ’n geheime wegsteekplek in sy ma se hangkas ontdek: “Die kompartement is so groot soos ’n menslike hart, wat ook so groot is soos ’n vuis” (99). Die geheime plek bevat onder andere die verteller se melktande wat hy vind net voor hy sy laaste melktand wissel – geensins ’n toevallige gegewe nie, want dit is dieselfde ouderdom (omtrent ses jaar) waarop ’n kind die Oedipuskompleks of simboliese orde binne sy of haar psigoseksuele ontwikkeling aanpak. Die geheime bergplek wat onder ’n “vals bodem” versteek en “basies onsigbaar” (97) is, roep ook assosiasies op met die onbewuste, waartoe die kind slegs deur middel van taal toegang kan kry, wanneer hy sy (onderdrukte) trauma kan verwoord.

Omdat die hoofkarakter eerder met sy ma identifiseer as met sy pa, kan die geheime wegsteekplek ook simbolies wees van die vroulike ruimte, van sy ma se geslag waartoe hy op Oedipale wyse toegang wil verkry. Die feit dat hierdie ruimte in sy ma se hangkas is, kan ook daarop dui dat die verteller nog, by wyse van spreke, “in die kas” is – sy (homo)seksualiteit is nog nie openbaar gemaak nie en word onderdruk.

5.1 Psigokritiese interpretasiemoontlikhede

Die teenoorgesteldes hart teenoor vuis, moeder teenoor vader, en vroulik teenoor manlik hou ’n hele paar psigokritiese interpretasiemoontlikhede vir die roman in. In Hart word daar nie net teen die kastrerende vaderfiguur van die Oedipusfase in opstand gekom nie, maar ook teen verskeie ander vorme van patriargale onderdrukking. Daar word in opstand gekom teen die patriargie van geweld teenoor vroue en kinders; die apartheidspatriargie; die patriargie van God die Vader; die patriargie van die samehangende “manlike” teks; die taal van Lacan se Wet van die Vader; en die patriargie van die pa-as-skrywer.

’n Psigoanalitiese benadering tot ’n roman hoef nie ten koste van ’n sosiaal-kulturele ondersoek te geskied nie. ’n Romankarakter se swak verhouding met sy pa kan in beide ’n Oedipale én sosiale konteks geplaas word. ’n Kind se ontwikkeling tot ’n volwaardige kulturele subjek (wanneer hy Lacan se simboliese orde betree) word immers nie net deur die gesinsopset waarin hy hom bevind, bepaal nie, maar ook deur sy sosiale interaksie met die wyer gemeenskap:

[D]ie simboliese orde bestaan uit die ideologieë van die samelewing: dié se oortuigings, waardes en vooroordele, die stelsel van die regering, wette, opvoedkundige praktyke, godsdienstige beginsels, ensovoorts. En dit is ons reaksies op ons samelewing se ideologieë wat ons maak wat en wie ons is. (Apollis 2020:42)

5.2 Die Oedipuskompleks

Die verteller, Paul, wat onomwonde erken dat hy “daddy issues” (199) het, wil hom nie net wreek op sy gewelddadige pa wat hy letterlik én op Oedipale wyse om die lewe wil bring nie, maar ook op ’n gemeenskap (die kerk, regering, skoolsisteem, apartheidsideologie) wat die ondermynende patriargie ondersteun:

Ek wil elke liewe vroueslaner, rokjagter en gewelddadige man in die wêreld vermorsel […] Ek wil die skool afbrand waar my ma gewerk het, waar hulle geweier het om haar permanent aan te stel as gevolg van haar ineenstorting. Ek wil die skoolhoof kastreer wat geweier het om haar dieselfde as haar manskollegas te betaal omdat sy as vrou “nie die broodwinner is nie”. (201–2, my beklemtoning)

Die woord “kastreer” in die bostaande uittreksel word geensins lukraak gebruik nie, dit word (bewustelik of onbewustelik) Oedipaal aangewend. Die verteller wil die patriargie “kastreer” en die mag wat hulle oor hom en sy ma gehad het, terugneem. Hy wil hulle van hul gesag ontneem, net soos wat hy deur ’n “kastrerende” patriargie tot onderwerping gedwing is. Paul se woede is ook gerig op die (Afrikaner-)gemeenskap wat bewus was van sy ma se mishandeling, maar niks daaraan gedoen het nie. Hy sien hulle as medepligtig, as selfs nog meer aanspreeklik as sy gewelddadige pa. Deur hulle passiwiteit word húlle die geweldenaars:

Meneer en Mevrou Regter was medepligtig. Hulle was erger as die gewelddadige monster […] Hierdie mense het geweet, en hulle het niks gedoen nie […] Hulle medepligtigheid het oor drie jaar gestrek […] Die prins van die gereg en die bewaker van kinders het geweet en hulle het niks gedoen nie: weer en weer en weer […] Daar was ander ook wat medepligtig was: my ouers se kollegas, my pa se ouers, my onderwysers, die dominee – selfs Liewe Jesus. (84)

Reeds as kind wil Paul hom op Oedipale wyse wreek op al hierdie magshebbers wat hom met hulle “kastrerende” optrede wou dwing om ’n sogenaamd normale heteroseksuele volwasse subjek te word deur die toetrede tot die simboliese orde, waarvan die fallus die sentrum vorm. Hy “vermoor” hulle in sy kinderlike fantasieë: “Ek het wraakfantasieë oor hulle almal gekoester. Later het ek geoefen om hulle met messe te steek, gemaak asof die tuingereedskap waarmee ek op die voorste gras gespeel het, dolke was waarmee ek hulle in hulle slaap deurboor” (84).

5.3 Falliese simbole in ’n fallosentriese wêreld

Die verteller se magteloosheid teen die patriargie word omgesit in die nabootsing van die geweld wat hy ervaar – in psigoanalitiese terme bekend as “uithandeling”.15 Vanuit ’n Freudiaanse oogpunt word die “dolk” in sy fantasie ’n fallus waarmee hy die patriargie wil “doodmaak”. ’n Hele aantal objekte wat in dié teks ter sprake kom, kan as falliese simbole gesien word, objekte wat tradisioneel met manlikheid geassosieer word, byvoorbeeld motors, ’n modelvliegtuigie, ’n rubberkettie en ’n rewolwer. Hierdie falliese simbole gaan egter nie bloot oppervlakkig verken word nie, maar in verband gebring word met Lacan se Wet van die Vader; met die fallosentriese teksstruktuur van konvensionele bildungsromans; met die verteller se opstand teen die patriargie van die kerk; met sy verset teen die apartheidspatriargie; en uiteindelik met sy “ontwapening” van die “pa-as-skrywer”.

As kind steek Paul sy pa se rewolwer – as verlengstuk van die pa se seksualiteit en brutaliteit – weg, maar die pa rand hom aan en beveel hom om “dit onmiddellik te gaan haal, anders sal [hy] spyt wees” (26). Paul versteek die rewolwer om sy ma te beskerm teen sy pa se geweld en teen sy eie simboliese kastrasie. Hy wil sy pa met die rewolwer skiet, maar sy hande is te klein (26) om die rewolwer oor te haal en bewe te veel om “die ding” vas te hou. As jong kind is hy bowendien “fisiek te swak om [sy] pa dood te maak” (26). Wanneer hierdie poging misluk, wend hy hom tot God om sy pa se lewe te beëindig (19; 82), maar wanneer Paul (en sy ma) se gebede nie verhoor word nie, wreek hy hom op die hoogste (patriargale) gesag, naamlik op God die Vader: “Ek wil spoeg in die gesig van die God tot wie my ma gebid het, want Hy het dit alles toegelaat” (202).

Volgens Crous (2008:2) is ’n pa inderwaarheid die “aardse verteenwoordiger van die Christelike Vader”, wat weer verteenwoordigend is van die Naam/Wet van die Vader. Vir die verteller voel dit asof God hom nie raaksien nie, asof hy deur Hom verwerp word, net soos wat hy deur sy meestal afwesige pa verstoot word. Hy spreek sy begeerte uit om eerder deur sy pa verkrag te word as om misgekyk te word – hy wil die leemte wat hy voel, met sy pa se “fallus” vul. Die Oedipuskompleks word dus hier omgekeer:

Ek wil hê hy moet my seermaak, my slaan, my verkrag, maar hy doen dit nooit nie. Vir hom bestaan ek nie; al wanneer hy in my rigting mik, is as hy my intrek as rekwisiet […] Ek wil voel, ek wil enige iets voel, ek wil ingesluit word […] Ek is nie betrokkenheid werd nie, nie slae nie, nie aandag nie, nie verkragting nie. (74, my beklemtoning)

Die Oedipuskompleks, wat nie net vervleg is met Paul se verhouding met sy ouers nie, maar ook met sy kwynende verhouding met God, word in ’n gesprek met sy pa bevestig: “Ek weet nie of God bestaan nie, sê ek vir hom. Maak nie saak nie, sê hy, opreg. Jy moet Hom in elk geval doodmaak, voeg hy by” (251).

Die houtvliegtuigie wat Paul en sy pa saam maak, kan ook as falliese simbool gesien word. Nadat die pa, teen die ma se wil, in sy dronkenskap aandring om die speelgoedvliegtuig in ’n sterk windvlaag te lanseer, word dit deur die wind geskep en stort dit neer. Die vliegtuig wat val en nooit weer gesien word nie, word ’n figuurlike kastrasie. Wanneer Paul daaroor wil huil, berispe sy pa hom. Die houtvliegtuigie as fallus word bevestig wanneer dit ’n paar bladsye later direk met die seksuele verbind word. As die verteller tydens orale seks ’n klimaks bereik, vergelyk hy die ervaring met ’n vliegtuig: “Ek […] maak my oë toe, en ek vlieg soos ’n vliegtuig, lig, gewigloos. Ek is gemaak van balsahout” (22). Dit is dan ook op hierdie oomblik dat die verteller besluit om sy verhouding met sy minnaar te beëindig. Paul se mislukte verhouding met sy pa lei tot ’n apatie binne sy eie liefdesverhoudings, hetsy met mans of met vroue:

[E]k was seksueel aangetrokke tot seuns, al het ek min behoefte gehad om hulle te leer ken. Vir meisies was ek lief, en ek wou hulle leer ken; seuns was nie juis vir my interessant wat diepgaande gesprekke betref nie. Dit sou later ontwikkel tot ’n vae aseksualiteit ten opsigte van beide geslagte. (113)

Die rubberkettie wat Paul tydens ’n Desembervakansie gebruik om albasters teen die skool se ruite te skiet, ontwikkel ook tot ’n fallus. Hy dra sy woede jeens die patriargie oor op ’n leë skoolgebou – ’n plek waar hy deur beide onderwysers én skoolkinders onderdruk word: “[G]rootmense was minder openlik barbaars as kinders” (64). Die gefantaseerde geweldsdaad word nou ’n werklikheid. Weer eens is hierdie aksie ’n poging om die mag wat hom ontneem is, terug te kry, om beheer te neem oor sy magteloosheid teenoor sy pa en teenoor ’n “kastrerende” patriargie in die algemeen. Hy verlekker hom in die volwassenes se gebrek aan beheer in hierdie situasie, veral wanneer ’n polisieman – as verteenwoordiger van die apartheidspatriargie – die skool besoek:

Die gloed terwyl ek […] op die eerste skooldag op ’n plastiekstoel in die saal sit en die skoolhoof ’n polisieman in uniform se teenwoordigheid gebruik om almal die skrik op die lyf te jaag, en ek die beeld van ’n stil, beleefde seun voorhou. Hoe heerlik om te weet wat ek weet terwyl die grootmense hulle ou dansie dans om normaliteit, die gevoel dat hulle in beheer is […], te herbevestig. (68)

In 1994 beëindig Paul finaal sy verhouding met sy pa, die jaar waarin apartheid amptelik ten einde kom. Daar word dus raakpunte tussen die verteller se persoonlike stryd teen sy pa as magsmisbruiker en die stryd teen die apartheidsregime se magsvergrype getrek:

Dit was die dae van ons nasionale Noodtoestand, in die laat 1980’s, so op Dinsdae moes al die seuns in die skool uniforms aantrek, fascisme aanleer en soldaat-soldaat speel deur langs die rugbyveld op en af te marsjeer. Ek kon die ergste daarvan systap deur trompet te speel in die klein kadetorkes […]. (119)

Nog ’n falliese simbool wat in verskeie gedaantes ter sprake kom, is motors. Wanneer Paul by sy neefs gaan kuier, bespreek hulle verskillende motorfabrikate deur gebruik te maak van “patriargale” woordeskat wat buite die verteller se verwysingsraamwerk val, want hy en sy neefs se “ritmes en registers” (48) is anders. Sy neefs neem aanstoot omdat Paul nie geïnisieer kan word tot hulle manlike wêreld nie. Die neefs gee gehoor aan die Wet van die Vader waarin die fallus sentraal staan, terwyl Paul (as ’n sensitiewe, kunssinnige kind) ’n “ander” register gebruik – die semiotiese taal wat geassosieer word met die vroulike. Semiotiese taal ondermyn die Simboliese en keer die vasgestelde betekenis van “gewone taal” om (Žižek 1989:74), net soos wat die abstrakte ekspressionisme van Rothko, wat tot Paul spreek, tradisionele uitbeelding uitdaag en omverwerp. Om dieselfde rede vind Paul aanklank by die estetika van Arvo Pärt se abstrak-minimalistiese musiek wat ’n “gebrek [het] aan wysie en ritme” (131), wat die “patriargale” samehang van tradisionele klassieke musiek omverwerp en verwring. Die semiotiese kan gevolglik gesien word as ’n tipe onbewuste opstand teen die patriargie wat op ’n diep emosionele vlak geskied, op ’n vlak sonder logika en “buite taal of tipologie” (131). Die patriargale konvensies van taal, musiek en beeldende kuns word dus gedekonstrueer. Die verteller verwys na hierdie skoonheid van vervreemding as “lieflike gebreke” (48) – die titel van die hoofstuk wat handel oor sy obsessie met versteurde skoonheid in onder andere die vorm van motorwrakke, omdat hy iets van homself in daardie beskadigde objekte herken.

Paul verwerp die “volmaaktheid van sportmotors” (49) en stel eerder belang “in die verwronge vorms van motors wat in botsings was”. Hy is gefassineer deur skrootwerwe en “ongelukstonele langs die pad” (49). Die fallus wat deur die motor versinlik word, word dus verwring; heteroseksuele manlikheid word op sy kop gekeer. Dit is dan ook geensins toevallig nie dat die speelgoedkarretjie wat die verteller as kind met sy eie geld koop, deur sy “kastrerende” ouma afgevat word en in haar vertoonkas (nogmaals ’n metafoor vir onderdrukte seksualiteit)16 uitgestal word. Hy word toegelaat om slegs een maal per dag daarna te kyk en kon nooit weer “daaraan vat of daarmee speel nie” (52). Dit is dus nie net patriargale mans wat kastrerend optree nie, maar ook die sogenaamde volksmoeders – in hierdie geval verbeeld deur Paul se kil, onsimpatieke ouma wat genot uit ander se leed put:

Toe [my pa] ’n tiener was, het hy gesien hoe ’n motor ’n swart voetganger voor hulle huis tref. Die voetganger was dronk en die insittendes was ’n wit gesin op pad huis toe ná kerk. My pa was ontsteld, hy het sy ma vertel wat hy gesien het, en my ouma het gevra of die voetganger dood is. Toe my pa dit bevestig, het my ouma gesê: “Lekkerrrrr …” (53)

Die ouma is nie net van die apartheidsmoeder verteenwoordigend nie, maar ook van ’n generasie vroue wat vir geslagte lank die patriargie se geweld aangeblaas, ontken en bowenal ondersteun het. Hierdie gegewe blyk duidelik wanneer die ouma die twee vroue met wie haar seun getroud was, verantwoordelik hou vir sy mislukkings: “Hy is nie alleen aanspreeklik vir sy lewe nie, hoor. As jou ma en Ben se ma beter na hom gekyk het in hulle huwelike, sou dit met hom ook beter gegaan het” (87).

Kenmerkend van die Lacaniaanse ondersoekmodel word die ouma dus nie noodwendig as ’n individu gesien nie, maar as ’n sameflansing van betekenaars wat aan ’n eienaam gekoppel word. Die ouma word met ander woorde ’n prototipe van die wrede, hardvogtige moederfiguur.

Paul se ouma en oupa het sy pa liggaamlik en emosioneel mishandel, met die gevolg dat die pa uiteindelik self as volwassene die mishandelaar word in ’n oneindige sirkelgang van geweld. Psigoanalities gesien, kan gesê word dat die pa se eie Oedipusfase skeefgeloop het – sy ma se kilheid en geweld lei tot sy woede teenoor vroue en tot die drang om sy eie vrou te verneder. Hy dra sy aggressie teenoor sy ma oor op sy vrou: “My ouma […] bring die ergste in almal uit. ’n Dementor, ’n slang, sy het die vreugde uit ons almal gesuig, en my pa probeer die gat vul op die enigste manier wat hy ken” (20).

Die verteller verbreek egter hierdie “kastrerende” erfenis deur sy ouma se aanbod van die hand te wys om vir hom ’n studentemotor – nogmaals as simbool van die fallus – te koop. Paul se opstand teen ’n fallosentriese wêreld bereik ’n hoogtepunt wanneer hy sy pa se motor vandaliseer en geen berou daaroor toon nie. As kind is hy te swak om op fisieke wyse terug te baklei teen sy pa, daarom projekteer hy sy innerlike aggressie en kastrasieangs op die pa se motor: “Toe die eerste hou geen sigbare effek het nie, het ek die klip weer gelig, en hierdie keer harder geslaan. Die glas het steeds nie gebreek nie; daar was wel ’n groot aantal lieflike krake […] Ek was nie spyt oor wat ek gedoen het nie” (50–1).

Die verteller kry as kind nie die geleentheid om die trauma te verwerk wat deur sy pa se geweld veroorsaak word nie, daarom gebruik hy self geweld deur middel van vandalisme – dit wat hy sien, boots hy na. Omdat die huishoudelike geweld doodgeswyg word, word die abnormale die nuwe normale:

Die ding is, as jy sewe jaar oud is en heeltemal geïsoleer is van jou familie, sonder enige vriende of kennisse, ’n enigste kind, dan het jy geen ander persoon of ander konteks waarteen jy kan bepaal wat normaal is nie […] Daarom, wanneer alles om jou in hel verander, en dan hel bly, is daar geen manier om te weet dis abnormaal nie […] Dit sal die norm raak om alle interaksie met die buitewêreld te vermy omdat niemand ooit sal verstaan wat binne-in die huis gebeur nie, en omdat hierdie “huisdinge” ook nie iets is waaroor daar ooit uitgepraat mag word nie. (72)

5.4 Die abjekte

Aangesien openlike gesprekke oor Paul se huishoudelike omstandighede taboe is, word sy trauma onderdruk. Gevolglik ontwikkel hy ’n hele aantal psigiese stoornisse en wend hy hom tot verskeie uitlaatkleppe en hanteringsmeganismes. Hy ontwikkel ’n tremor “wat so erg is dat [hy] by die skool sukkel om te skryf” (72). Sy blootstelling aan herhaaldelike geweld laat hom dissosieer,17 laat hom ontkoppel van homself – van sy gevoelens, optredes, gedagtes, herinneringe en selfs sy eie liggaam: “My ou vriend – dissosiasie – omvou my en ek staan doodstil en kyk, heel onemosioneel, na myself wat na my pa staan en kyk” (76).18 As kind kan Paul met ander woorde nie ’n samehangende beeld – as deel van die spieëlfase – van homself vorm nie. Hy ervaar homself as verdeeld – hy kan nie ’n geheelbeeld van sy ego, van die “ek” vorm nie; vandaar hierdie roman se gefragmenteerde aard. Die teksstruktuur weerspieël die getraumatiseerde, “stukkende” toestand waarin Paul tydens sy kinderjare verkeer.

Tipies van kinders wat aan erge trauma blootgestel word, ontwikkel hy ’n vrees vir die donker: “Ek kan nie die donkerte verduur nie, dus bly my kamerlig deur die nag aan” (56). Sy niktofobie eskaleer tot die verskyning van die “donkerman” – ’n psigiese vergestalting van die gewelddadige vaderfiguur wat gewoonlik eers ná donker weens drank- en dwelmmisbruik in ’n “monster” (72, 84, 95, 234) verander:

Oppas vir die donkerman […] Ons kan hom nie sien nie, maar hy is altyd daar, hy woon in die hoekies en onder die vloer se houtblokkies […] Ons loop nooit in die donker rond nie. Die donkerman hou nie van die lig nie, ons jaag hom daarmee weg. (59)

Paul se vrees vir sy pa word na die donkerman gekanaliseer. Beide Paul en sy ma is bewus van die donkerman, daarom kan hierdie skadufiguur ook gesien word as die manifestasie van hulle gedeelde trauma, wat Van den Berg (2018:47) beskryf as “die ingewikkelde interafhanklike dinamika van trauma” of die “interafhanklike simbiose van traumabelewenis”. Die hele huisgesin ly onder die vernietigende mag van onverwerkte trauma.

Die verteller stel sy pa nie net aan die donkerman gelyk nie, maar ook herhaaldelik aan die duiwel, ’n demoon en ’n monster. Hy verwys na sy pa as “[d]ie ding wat my pa is” (78); as “dit” (63); as iets met “dooie glimmende haai-oë” (76); as “die duiwel” (88); en as “die monster” wat met pille en alkohol “gevoer” (234) moet word. Paul kan nie sy gewelddadige pa op ’n realistiese vlak hanteer nie, daarom word die pa gesublimeer tot ’n bonatuurlike figuur, tot die duiwel wat hulle “hel” veroorsaak: “Die hel sal op ons neerdaal as ons nie eet nie. Die hel gaan in elk geval neerdaal. Ons is klaar in die hel” (18).

Vir die ma en seun is dit onmoontlik om die pa se geweld op realistiese wyse te verbeeld. Geen sin is daaruit te maak op ’n logiese vlak nie, daarom word daar uitgereik na die sinvolheid van ’n narratief – die storie van die donkerman. In kontras met sy pa wat met ’n duiwel en ’n demoon vergelyk word, stel die verteller sy ma gelyk aan ’n engel. Hy besef egter dat daar ook ’n verwantskap tussen “engel” en “duiwel” is, want die ma is die persoon wat dikwels haar man se geweld afmaak as “nie so erg nie”; wat eerder vir mense sal vertel dat sy in ’n “rotspoel gegly” (233) het as om met die waarheid oor haar beserings vorendag te kom. Hier is dus ’n duidelike teenstrydigheid teenwoordig: Die ma is die versorgende “engel”, maar sy is ook die een wat aanvanklik haar man, die “duiwel”, beskerm deur haar stilswye: “Ek het daardie aand ’n demoon gesien, maar hier is sy nou, ’n engel met lig agter haar, skitterend, en ek kan met my eie oë sien dat demone en engele in hulle ysingwekkende aard sibbe is” (81, my beklemtoning).

Hierdie teenstrydigheid word versterk wanneer die verteller wys op sy pa se komplekse karakter waarin goed en sleg vervleg is, waar die skeidslyn tussen goed en boos, hemel en hel, engel en duiwel, en liefdevol en gewelddadig opgehef word:

Daar was oomblikke van ongelooflike teerheid, van grasie, en van bittersoet vreugde, en dit het des te meer beteken omdat dit so ’n kontras met sy vernietigende gedrag was. Pa het vir my die hel gewys, maar hier en daar ook die hemel. (228)

In Kristeva se Powers of horror: an essay on abjection (1982:9–10) verwys sy na die voorkoms van die skadufiguur in gruwelfilms en -boeke as die “abjekte”. Die abjekte is nie objek of subjek nie, dit is die plek waar betekenis inplof, wanneer daar regressie19 (na die Reële) plaasvind, en omdat ons reeds die kennis van die (normatiewe) simboliese orde in pag het, vind ons die abjekte ontstemmend en grotesk.

Die abjekte verteenwoordig daardie oomblik wanneer ons van ons moeder geskei word, wanneer die Reële ons lewe binnedring weens die ervaring van trauma en geweld. Die donkerman kan dus gesien word as die abjekte, die weersinwekkende abnormale, die versinliking van Paul se trauma: Die vader wat as beskermer die geweld van sy gesin moet afweer, word self die geweldenaar.

Die verskyning van die donkerman kan ook verband hou met ’n mislukte of onvoltooide Oedipusfase. Paul en sy ma se hegte verhouding word bedreig deur die afwesige, maar aggressiewe vaderfiguur wat transformeer tot ’n monster wat die “bloedskandelike” band (uit ’n Freudiaanse oogpunt gesien) tussen ma en seun wil verbreek. Die donkerman word die versinnebeelding van die geweld wat hierdie proses inhou (Van den Berg 2018:47).

5.5 Moederfiksasie

Die pa se geweld lei tot die verteller se verwronge identifikasie met die vaderfiguur, sodat hy eerder met sy ma identifiseer en op haar fikseer. Paul se “seksuele” beheptheid met sy ma, in terme van die Oedipuskompleks, word gesuggereer deur die tekstuele verwysing op bl. 27 na Gustave Flaubert (1821–1880) se roman L’Éducation sentimentale (1869), waarin die hoofkarakter obsessief verlief raak op ’n getroude vrou wat aansienlik ouer is as hy. Hulle liefde word nooit voltrek nie, maar tydens hulle laaste ontmoeting maak sy haar hare los en sny een van die haarlokke af om aan hom te gee. Tradisioneel gesien, het die losmaak van hare ’n seksuele konnotasie, veral binne die 19de-eeuse letterkundetradisie waarin daar eerder metafories na die seksuele verwys word as om ’n eksplisiete beskrywing daarvan te gee. Die Oedipale verhouding tussen ma en seun word verder bevestig deur die gegewe dat Paul van jongs af moet optree as sy ma se beskermer, eers teen sy pa se mishandeling en later teen slegte herinneringe wat selfs deur die mees onskuldige stimulus, soos musiek, opgeroep kan word. Die rolle van ouer en kind word dus omgeruil, sodat Paul reeds as kind die vaderfiguur in die huis word: “Die kind word die grootmens – vroeg reeds – vir albei van hulle. Vir haar: beskerm haar teen slegte nuus, bronne van angs; hou haar gelykmatig, rustig” (214).

Paul is die persoon wat reeds as kind sy ma van sy pa se ontrouheid inlig; wat die rewolwer wegsteek; wat sy ma teen haar skoonma moet beskerm; wat moet verseker dat sy ma fisiek en emosioneel veilig is, al word sy eie veiligheid bedreig. In vele opsigte neem Paul dus die plek van haar man in, wat tot die Oedipus- en kastrasiekompleks lei, want hy wil die leemte en gemis wat sy ma voel, op figuurlike wyse met sy fallus vul. Deur die toetrede van ’n vaderfiguur word die Oedipusfase beëindig, want die vader se teenwoordigheid hou die bedreiging van “kastrasie” in. Waar die vader se aanwesigheid vir Freud die bedreiging van verlies van die seun se penis inhou, word die bedreiging van kastrasie eerder vir Lacan ’n metafoor vir verlies wat aanleiding gee tot taalgebruik, sodat die “vader” ’n funksie van die taalstruktuur word; vandaar die idee van “die Wet van die Vader”.

Deur middel van taal word onderdrukte trauma van die onbewuste na die bewuste gebring – hetsy dit Lacan se paternale taal van logika en vasgestelde betekenis is, of Kristeva se maternaal-semiotiese taal wat vrese en begeertes op ’n poëtiese en instinktiewe wyse verbeeld.

5.6 Praatterapie

Dit is betekenisvol dat Paul as tiener “byna heeltemal ophou praat” (239), want sy trauma word onderdruk en doodgeswyg – dit word tot die onbewuste verban: “Ons het nooit gepraat oor wat in die huis aangaan nie” (105). Caruth (1996:7) verwys na onderdrukte trauma as “the unknown” en as “the unclaimed experience” – ’n kerngegewe wat trauma onderlê: “What returns to haunt the victim, […] is not only the reality of the violent event but also the reality of the way that its violence has not yet been fully known.”

Deur middel van praatterapie, met ander woorde, deur die gebruik van taal, word die verteller se onderdrukte trauma egter na die oppervlak gebring en kan hy begin om dit te verwerk: “Ek het stadig begin onthou, begin voel, begin benoem, begin vertel” (144). Op hierdie wyse kan hy sy eie “ek” begin konstrueer, selfs rekonstrueer tot die “ideale ego”, sodat hy nie meer ’n blote “buitelyn” is wat “ver weg van die regte ek” (142) af is nie. Hy ontwikkel van ’n kind wat smag om raakgesien te word, wat ’n verwronge beeld van homself gereflekteer sien in sy beskadigde ouers (die “Ander” as deel van die spieëlfase), tot ’n volwassene wat die fragmente van ’n “stukkende” lewe weer bymekaar kan sit: “Nou, amper drie dekades later, het ek ’n outentieke beeld van myself, en die vaardighede om die oorblyfsels van die verlede te sif en bestuur. Ek het opgehou weerstand bied teen die slegte goed” (148).

Die verteller besef met ander woorde dat dit nie net die positiewe elemente in sy lewe is wat hom gevorm het nie, maar ook die negatiewe elemente wat verantwoordelik was vir die konstruksie van die “ek” – ’n kulturele subjek wat sy plek in die samelewing kan inneem.

5.7 Skriptoterapie

As kind het die verteller ’n denkbeeldige maat, “’n praktiese skepping” (102) waarop hy sy vrees en trauma kan verplaas. As volwassene wend hy hom tot skryfterapie, gebruik hy die geskrewe woord as ’n middel tot besinning, derhalwe kan hy sy lewe se “skerwe […] herrangskik” (157) deur dit in woorde om te sit. Hy ontwikkel van ’n kind wat nie die “woordeskat” (239) het om uiting aan sy verskrikking te gee nie, tot ’n volwassene wat “ver genoeg van [sy pa] af [is] om van hom kuns te maak” (156, my beklemtoning) – dus ’n skrywer wat sy trauma tot skryfkuns kan transformeer. Deur middel van taal kry Paul verligting en bevryding; om sy “psigiese verwonding” te verwoord, bring heling:

[E]k weet nou hoeveel krag daarin lê om iets ’n naam te gee, dit hardop te sê, dit uit te spreek. Ek weet hoe geweldig boos dit kan wees om boosheid nie uit te wys en dit pertinent “boos” te noem nie. Ek sal nie weer stilgemaak word nie. Ek weier om medepligtig te wees aan my eie verskrikking deur dit nie op die naam te noem nie. Ek sal dit uitspreek, ek sal dit beskryf, ek sal dit uitgil, ek sal dit uitskree. (240)

Net soos wat die pasiënt verligting kan kry deur middel van praatterapie tydens ’n psigoanalitiese sessie, kan die skrywer verligting kry deur middel van skriptoterapie. Eagleton (2008:139) vergelyk trouens die pasiënt se ontwikkeling ná afloop van die “talking cure” met iemand wat nou ’n vollediger “narratief” oor hom- of haarself kan skryf:

[T]he patient becomes able to recollect portions of her life which she has repressed: she is able to recount a new, more complete narrative about herself, one which will interpret and make sense of the disturbances from which she suffers. (Eagleton 2008:139)

Paul se pa tree verskeie kere “kastrerend” teenoor hom op. Dit lei tot Paul se inskiklikheid teenoor sy pa, sodat sy uiterlike bedeesdheid “[die storms] in [sy] binneste verberg” (21). Ter wille van oorlewing speel hy die rol van die inkennige, gehoorsame seun wat gehoor gee aan sy pa se “wette”. Die toppunt van die kastrasiekompleks word bereik wanneer die pa seksueel met Paul se meisie verkeer en hom dan daaroor inlig. Hierdie keer kry die verteller, met behulp van sy sielkundige, egter beheer oor die situasie; neem hy die mag terug wat hom ontneem is. Ná sy pa se bekentenis gaan koop hy vir sy pa drank en gee vir hom sy rewolwer terug, oorhandig hy die “fallus” – die wapen waarmee Paul verskeie kere tot “kastrasie” gedwing is. Wanneer hy ’n paar uur daarna sy kommer teenoor sy sielkundige uitspreek oor die moontlikheid dat die pa homself kan skiet, antwoord sy: “Dan respekteer jy sy keuse” (155).

5.8 Ondermyning van die Wet van die Vader

Soos reeds genoem, vervang Lacan Freud se “kastrerende” vaderfiguur met die “Wet van die Vader” – taalreëls waaraan gehoor gegee moet word om sodoende die simboliese orde (volwassenheid) te betree. Lacan sien die struktuur van taal, asook taalreëls, as paternaal, sodat die toetrede tot die simboliese orde en die baasraak van taal verband hou met Freud se Oedipuskompleks. Die Wet van die Vader, oftewel normatiwiteit, vorm die sentrum van die simboliese orde – die kern wat die hele struktuur beheer.

Die skrywer-verteller in Hart ondermyn Lacan se patriargale taal, oftewel die Wet van die Vader20, op verskeie maniere:

  • Hy skryf in teen die konvensies van die bildungsroman as ’n chronologiese teks geskoei op die patriargale tradisie van realisme en samehang.
  • Hy maak gebruik van maternale, poëties-semiotiese taal wat konvensionele “paternale taal” omverwerp.
  • Hy kom in opstand teen sy pa-die-skrywer deur self ’n skrywer te word.
  • Hy skryf die roman oorspronklik in Engels as ’n soort opstand teen die taal van die onderdrukker, asook die patriargie van die Afrikaanse letterkunde.

Die bostaande stellings word in die volgende afdelings bespreek.

5.8.1 Ondermyning van die tradisionele, fallosentriese teksstruktuur

Alhoewel die hede en verlede binne die tradisionele bildungsroman vervleg word, omdat daar meestal terugskouend na die skrywer-verteller se lewe gekyk word, het dit steeds ’n samehangende, chronologiese struktuur waar begin, middel en (’n klimaksale) einde lineêr op mekaar volg. In Hart wyk Fourie egter van hierdie konvensionele patroon af deur sy verhaal weer te gee in “teksfragmente van wisselende lengte en in geen spesifieke volgorde nie”, sodat die effek “’n mosaïekagtige suggestie [is] wat die gefragmenteerde aard van herinneringe naboots” (Van Dyk 2021:193). Soms word daar selfs ’n puntsgewyse opsomming van gebeure gegee, asof daar notas geneem word. Verder word die romanhoofstukke as kortverhale aangebied, of het dit die struktuur van poësie. Die grense tussen die verskillende soorte genres word dus opgehef. Boonop is daar geen vaste verhaallyn of bepalende slot waarin daar oplossings vir die verteller se probleme gegee word nie.

Fourie se teks klop dus met De Lauretis (1984:118–9) se siening van die “vroulike” teksstruktuur wat herhalend, gefragmenteerd, niechronologies en sirkulêr van aard is. Alhoewel dit dus lyk asof die fallosentriese teksstruktuur opsetlik ondermyn word, is dit ook moontlik dat die fragmentariese, onsamehangende struktuur van Fourie se teks toegeskryf kan word aan trauma, en dat die “afwyking” van die tradisionele bildungsromanvorm ’n onwillekeurige vergestalting van onverwerkte trauma is:

’n [T]raumatiese narratief [is] ’n vorm van getuienis wat verslag kan doen van die oorspronklike traumatiese ervaring wat slegs uit grepies herinnering bestaan, totaal oorheers deur ervarings wat nie ten volle verstaan of onthou kan word nie, en dade wat nie as kennis gekonstrueer of ten volle in die bewussyn opgeneem kan word nie. Om hiervan te kan getuig, moet só ’n narratief ruimte laat vir taal wat temporele ontwrigting, fragmentasie, geweld, en die verlies van seggingskap [sic] en eenheid toelaat. (Van der Merwe 2019)

Dit beteken egter nie dat Fourie se teks onder traumaliteratuur geklassifiseer moet word nie. Hart is eerder ’n bildungsroman waarin die “wordende subjek” se trauma verwoord word.

5.8.2 Semiotiese taal

Die skrywer-verteller van Hart beskryf hierdie roman as ’n teks wat nie op navorsing berus nie, maar op herinneringe in die vorm van “poësie” (249):

Die afwesigheid van empiriese bewyse beteken dat ek harder moes werk om te onthou, te verwerk, te verryk, by te voeg en te verwyder – nie om te bedrieg nie, maar om die waarheid eerder as feite vas te vang. Poësie, hoop ek, eerder as joernalistiek. (249, my beklemtoning)

Die implikasie is dat daar in hierdie roman nie alleen ’n wisselwerking tussen werklikheid en fiksie is nie, maar ook ’n interaksie én konflik tussen poëties-semiotiese (maternale) taal en die Wet van die Vader.

Omdat die Wet van die Vader paternaal van aard is, is dit vanselfsprekend dat feministe en queerteoretici na ’n meer maternale register sou strewe. In Revolution in poetic language (1984)21 verwys Kristeva na hierdie taal as die “semiotiese” – ’n pre-Oedipale (reële) soort “taal” wat die simboliese orde ondermyn. Omdat semiotiese taal prelinguisties en pre-Simbolies is, hou dit verband met die kind se kontak met sy/haar moeder se liggaam. Die semiotiese word dus geassosieer met die vroulike, maar behoort nie eksklusief aan vroue nie, want in die pre-Oedipale (reële) fase kom gender nog nie ter sprake nie. Volgens Kristeva (1980:157) omvat die semiotiese, in teenstelling met die Wet van die Vader, die maternale aspek van taal wat die spreker/verteller se innerlike begeertes, vrese en impulse verwoord.

Die semiotiese is ’n emosionele, instinktiewe register wat eerder te doen het met die “afwykings” van poëtiese taal as met die onweerlegbare betekenis van verworwe (Wet van die Vader-) taalgebruik. Verder word die semiotiese geassosieer met die musikale, liriese en ritmiese – dit wat ontbreek aan struktuur en vaste betekenis.

Lacan noem hierdie “ander taal” lalangue, ’n taal wat uit die Reële ontspruit, wat veral met taaleksperimentering binne die letterkunde na vore tree wanneer die Reële die Simboliese taal beïnvloed en vervorm. Vir Lacan verteenwoordig lalangue byna ’n utopiese oomblik, ’n genot wat hy met die term jouissance tipeer (Van den Berg 2021). Jouissance is die bewuste viering van die Reële in die literêre teks. Daar is dus ’n wisselwerking en interafhanklikheid tussen die Reële en Simboliese, asook die Imaginêre. Hierdie wisselwerking tussen die onderskeie registers word moontlik gemaak deur die bemiddeling van die sinthome – “die subjek se skakel met die Reële, wat funksioneel, maar ook kreatief in die literêre teks tot uitdrukking kan kom” (Van den Berg 2021).

Beide semiotiese taal en lalangue word dus beskou as die “ander taal” wat die vasgestelde betekenis van “gewone taal” omverwerp, verwring en omkeer. Binne die letterkunde manifesteer dit as teenstrydigheid, meerduidigheid, gefragmenteerdheid, weglating en vervreemding:

The semiotic is fluid and plural, a kind of pleasurable creative excess over precise meaning, and it takes sadistic delight in destroying or negating such signs. It is opposed to all fixed, transcendental significations; and since the ideologies of modern male-dominated class-society rely on such fixed signs for their power (God, father, state, order, property and so on), such literature becomes a kind of equivalent in the realm of language to revolution in the sphere of politics. (Eagleton 2008:164, my beklemtoning)

Eagleton (2008:164) verwys verder na hierdie semiotiese tekste as “polimorf” – veelvormige tekste wat die leser ontwrig en “desentriseer”, sodat die leser nie tot ’n maklike slotsom kan kom oor wat die teks se betekenis is nie.

Behalwe dat semiotiese taal die realisme, naturalisme en ander tradisionele teksvorme uitdaag en ondermyn, laat dit ook die grense tussen manlik en vroulik vervaag, sodat dit as ’n “biseksuele” (Eagleton 2008:164) manier van skryf beskou word; ’n teks waarin nougesette binêre opposisies gedekonstrueer word, sodat die onderskeid tussen norm en afwyking, man en vrou, normaal en abnormaal, heteroseksueel en homoseksueel verval.

Hierdie “afwykende” manier van skryf is inderwaarheid ’n pennestryd teen die simboliese orde, teen ’n fallosentriese (Klages 2006:102) wêreld, ’n domein wat oorheers word deur klinkklare waarhede, rigiede afbakenings, vasgestelde rolle en toegewysde identiteite. In die letterkunde kom dit neer op niechronologiese, abstrakte, dubbelsinnige, gefragmenteerde, poëtiese, eksperimentele of surrealistiese tekste wat die konvensionele struktuur en vorm van die samehangende “manlike teks” uitdaag.

In ’n Hart is so groot soos ’n vuis daag Fourie die fallosentriese literêre konvensies van samehang en chronologie uit deur gebruik te maak van sketsmatige, fragmentariese geheuegrepe (Steinmair 2021); asook van poëties-maternale (semiotiese) taal:

 - Die binêre sterrestelsel Capella, selfomwentelend, ’n tweesang, soos minnaars.
 - Die einde van die wêreld, ’n son word heuning en bloed, ’n omhelsende paar.
 - ’n Snikhete dag op ’n sypaadjie, ’n gegrimeerde gesig, ’n seun wat wag vir die regte oomblik om voor aankomende verkeer oor die pad te hardloop […] (13)

Deur hierdie “taaleksperiment”, waar die grense tussen poësie en prosa verval, oorskry Fourie die vooropgestelde konvensies van die Wet van die Vader en van die “manlike” teks, want hy ondermyn die idee van eenduidige betekenis – dit wat Kristeva (1989:266) die “objective truth” van tradisionele literêre interpretasie noem. Deur die ondermyning van vasgestelde, sogenaamd objektiewe betekenis en deur die gebruik van uiteenlopende registers, verset Fourie hom teen ’n patriargale literêre tradisie waartoe hy nie wil konformeer nie, wat aanleiding gee tot Hart se meerduidigheid en veelvormigheid, tot ’n teks wat nie maklik klassifiseerbaar is nie.

5.8.3 Ondermyning van die pa-as-skrywer

Daar word nie ’n logiese geheel gevorm deur die verskillende fragmente in Hart nie, want die narratief spring rond tussen die verteller se volwasse lewe, sy lewe as kind, sy geboorte en selfs die tyd vóór sy geboorte. Deur middel van sy aweregse skryfstyl voer hy ’n “pennestryd” teen sy pa en teen die literêre patriargie. Sy geheue word ’n “arsenaal” waaruit hy “ammunisie” put om hom uiteindelik in sy skryfwerk op sy pa-die-skrywer te wreek: “Ek wil woorde in wapens verander. Ek wil die waarheid vertel. Ek wil die woorde op papier druk en vir [my pa] stuur. Netjies gebind in een band. Ek sal ’n tou saamstuur” (215).

Volgens Harold Bloom, wat die literatuurgeskiedenis beskryf in terme van Freud se Oedipuskompleks, leef ’n skrywer altyd in die skadu van ’n ander skrywer wat hom of haar voorafgegaan het, net soos wat ’n seun in sy vader se skadu leef. Die nuwe skrywer kom in opstand teen sy “kastrerende” voorganger deur af te wyk van die “groot gees” se skryftradisies. Die aspirantskrywer wil sy voorganger(s) ontwapen deur self te skryf, op ’n manier wat die gevestigde skrywer se werk sal manipuleer en herformuleer (Bloom 1973:78–80). Alle literêre tekste kan dus gesien word as die “herskryf” van vorige tekste, as die ondermyning van gekanoniseerde werke in ’n poging om hulle oorweldigende krag af te weer en sodoende ’n plek oop te skryf binne dié rigiede patriargale sisteem waarin daar min ruimte gelaat word vir unieke kreatiwiteit.

Die verteller in Hart se pa is ’n skrywer wie se skryfwerk “wyd aangeprys” word en ’n “kommersiële sukses” (41) is, maar weens sy pa se brutaliteit wantrou Paul die wêreld van boeke, distansieer hy hom aanvanklik daarvan:

Ek onthou hoe ek as tiener en later as universiteitstudent, totdat [ek en my pa se] verhouding verbreek is, gemaak het asof ek niks voel vir die wêreld van woorde en boeke en literatuur nie. Dit was my pa se wêreld, dit was die ding wat vir hom die heel kosbaarste was, so tussen dit en my moes ’n muur van ys kom. (194)

Wanneer Paul sy poësie vir sy pa gee om te lees, gee die pa negatiewe terugvoer oor die meeste van die gedigte, maar hy noem wel dat Paul die potensiaal het om ’n skrywer te word. Laasgenoemde opmerking laat die muur van ys wat in die bostaande paragraaf genoem word, “versag wat [Paul] gewoonlik staande gehou het tussen [homself en sy pa se] wêreld, die wêreld van woorde en boeke” (145). Dan sê die pa dat sy opinie oor die gedigte nie werklik van belang is nie, want “uiteindelik moet alle kinders hul ouers doodmaak” (145). Hierdie opmerking is nie net in die lig van die Oedipuskompleks uiters ironies nie, maar ook in die lig van Bloom (1973:78–80) se teorie oor die aspirantskrywer wat sy “kastrerende” voorganger van sy mag moet ontneem deur die voorganger se werk te ondermyn, te manipuleer en te herformuleer.

Die pa – as voorganger – skryf ’n drama getiteld The plot, terwyl die skrywer-verteller ’n plotlose, gefragmenteerde roman skryf. Hy daag dus sy pa-as-skrywer uit, sê hom die stryd aan, want hy skryf homself “los” van sy vader se “wette” en bevry homself uit die houvas van sy pa se skryftradisies, asook uit die benepenheid van heteroseksuele manlikheid wat daarmee geassosieer word.

5.8.4 Ondermyning van die taal van die onderdrukker

Hart is oorspronklik in Engels geskryf, nie in Afrikaans, die taal van die skrywer se traumatiese grootwordjare en die taal van die (ondermynende) vader nie. Dié gegewe is om meer as een rede betekenisvol. Die skrywer kom, soos reeds genoem, in opstand teen die apartheidspatriargie, en daarmee saam teen die taal van die onderdrukker. Deur die boek in Engels te skryf, distansieer die skrywer hom van sy pa, die Afrikaanse dramaturg, en terselfdertyd van die Afrikaanse literêre patriargie. Die skrywer skep egter nie net tussen hom en die patriargie van die Afrikaanse letterkunde ’n afstand deur die medium van Engels nie, maar ook ’n veilige afstand tussen hom en sy traumatiese verlede – die onderdrukte trauma wat juis deur middel van taal na die bewussyn kom, sodat genesing kan plaasvind.

 

6. Ten slotte

In hierdie artikel is daar van beide die Freudiaanse én Lacaniaanse ondersoekmodel gebruik gemaak om ’n Hart is so groot soos ’n vuis psigokrities te interpreteer. Hierdie doel is bereik deur hoofsaaklik op die teks te fokus. Deur middel van die Freudiaanse psigoanalise is (ooglopende) psigoanalitiese begrippe soos falliese simbole, die Oedipuskompleks, praatterapie, trauma, dissosiasie en projeksie in Fourie se teks nagespeur. Op grond van die Lacaniaanse psigoanalise is daar ook ondersoek ingestel na psigoanalitiese elemente wat indirek gekommunikeer word, wat as die “tekstuele onbewuste” ingebed lê in die teks. Daardeur het dit aan die lig gekom hoe en waarom die teks tot stand gekom het – die roman is ’n reaksie teen die patriargie, veral die patriargie van Lacan se Wet van die Vader, asook die patriargie van die “vader-as-skrywer”. Uit ’n Lacaniaanse oogpunt is dit egter nie moontlik om ’n eindbestemming van finale interpretasie te bereik nie, daarom is hierdie artikel en die gevolgtrekkings wat gemaak word, slegs een interpretasiemoontlikheid; daar kan vele ander moontlikhede wees.

Deur ’n Hart is so groot soos ’n vuis op Lacaniaanse wyse te ontleed, kon gesien word hoe die teksstruktuur afwyk van die tradisionele “manlike” teks. Verder is daar tot die volgende gevolgtrekkings gekom:

  • Die verteller verset hom op Oedipale wyse teen sy “kastrerende” pa wat hom en sy ma mishandel, en terselfdertyd teen verskeie ander “kastrerende” patriargale konstruksies.
  • Die hoofkarakter kom in opstand teen die patriargie van apartheid; die heteroseksuele patriargie; en die patriargie van God die Vader.
  • Deur middel van dié roman se herhalende, gefragmenteerde en sirkulêre struktuur ondermyn die skrywer die tradisionele, “fallosentriese” teksstruktuur van samehang en chronologie.
  • Die moontlikheid bestaan ook dat die herhalende, fragmentariese struktuur die resultaat van trauma is, omdat trauma dikwels veroorsaak dat die subjek nie ’n samehangende weergawe van die traumatiese gebeure kan gee nie.
  • Op verskeie plekke in die teks gee die ek-verteller uiting aan sy trauma deur die gebruik van poëties-semiotiese taal, en sodoende daag hy Lacan se Wet van die Vader uit.
  • Die hoofkarakter reik uit na die abjekte – die narratief oor die “donkerman” – om sy gewelddadige pa en sy trauma te versinnebeeld en ’n naam daarvoor te gee.
  • Deur middel van skriptoterapie kan die verteller sy trauma transformeer tot (woord)kuns en kan hy daardeur verligting kry, want die trauma word onder woorde gebring en nie meer onderdruk nie.
  • Kenmerkend van die bildungsroman gaan dit in hierdie roman ook oor ’n “wordende” subjek en oor die konstruksie van ’n identiteit, wat hierdie teks uiters gepas maak vir psigokritiese ontleding.
  • Deur die roman oorspronklik in Engels te skryf, verset die skrywer hom nie net teen die taal van die onderdrukker nie, maar ook teen die patriargie van die Afrikaanse letterkunde.
  • Aangesien Fourie afwyk van sy pa, die dramaturg, se skryftradisies, “ontwapen” hy sy “voorganger”, naamlik die pa-as-skrywer, en word die pa se literêre magsposisie omvergewerp.
  • Met hierdie roman laat die skrywer vasgestelde skeidslyne tussen normaal en abnormaal, man en vrou, en heteroseksueel en homoseksueel verval. Op hierdie wyse daag Fourie die leser se opvattings uit oor wat as “manlik” of as “vroulik” beskou word.

Deur ’n Hart is so groot soos ’n vuis psigokrities te ontleed, is die waarde van die literatuurpsigologie as ’n sleutel tot teksinterpretasie (her)bevestig, veral wat die psigoanalitiese ontleding van bildungsromans betref. Dié artikel bevestig ook die waarde van P.P. Fourie se roman binne die Afrikaanse literêre sisteem, omdat “elke enkele gebeurtenis wat so maklik cliché kon gewees het, ’n bydrae [lewer] tot ’n ingewikkelde groter patroon wat die menslike psige van verskeie kante ondersoek” (Burger 2021). Die aktuele kwessies rondom gender, geweld teenoor vroue en kinders, asook traumahantering, word nie met patos of maklike sentimentaliteit aangebied nie, maar eerder deur middel van “die fyn verwewing van herhalende beelde, met deurlopende idees wat telkens uit ander hoeke bedink word” (Burger 2021).

 

Bibliografie

Anker, W. 2007. Siegfried. Kaapstad: Kwela.

Apollis, T. 2020. ’n Analise van die moeder-dogter-verhouding in geselekteerde werke van swart Afrikaanse vrouedigters. MA-verhandeling, Universiteit van Wes-Kaapland.

Bakhtin, M.M. 1986. Speech genres and other late essays. Austin: University of Texas Press.

Barry, P. 2009. Beginning theory: An introduction to literary and cultural theory. Manchester: Manchester University Press.

Behr, M. 1993. Die reuk van appels. Kaapstad: Queillerie.

Benjamin, S.P. 1997. Die reuk van steenkool. Kaapstad: Queillerie.

Bloom, H. 1973. The anxiety of influence: a theory of poetry. Oxford: Oxford University Press.

Botha, D. 2013. Valsrivier. Kaapstad: Umuzi.

Botha, E. 1998. Etienne Leroux (1922–1989). In Van Coller (red.) 1998.

Bubíková, S. 2011. The literary image of man in the process of becoming: variations of the Bildungsroman genre in English and American literature. American & British Studies Annual, 22(4):9–23.

Burger, W. 2021. ’n Hart is so groot soos ’n vuis deur P.P. Fourie: ’n resensie. LitNet, 27 Mei. https://www.litnet.co.za/n-hart-is-so-groot-soos-n-vuis-deur-pp-fourie-n-resensie (15 Maart 2022 geraadpleeg).

Caruth, C. 1996. Unclaimed experience: trauma, narrative and history. Baltimore: The Johns Hopkins University Press.

Cloete, T.T. en H. Viljoen (reds.). 2013. Literêre terme en teorieë. https://www.literaryterminology.com/index.php (1 Mei 2022 geraadpleeg).

Crous, M. 2008. Portrette van en gesprekke met vaders: die vader-dogter-verhouding in die werk van enkele vrouedigters. LitNet Akademies, 5(3):1–16. https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2021/01/LA_5_3_crous.pdf.

—. 2017. “Kleng jaa tjeng tjang” – Julia Kristeva and the transformation of everyday language. Journal of Literary Studies, 33(3):116–32.

Cuddon, J.A. 2013. A dictionary of literary terms and literary theory. Sussex: Wiley-Blackwell.

De Lauretis, T. 1984. Alice doesn’t. Feminism semiotics cinema. Bloomington: Indiana University Press.

De Villiers Pienaar, P. 1929. Skakels van die ketting. Johannesburg: De Bussy.

Eagleton, T. 2008. Literary theory: an introduction. Minneapolis: University of Minnesota Press.

Evans, D. 1996. Historicism and Lacanian theory. Radical Philosophy, 79(9):35–40.

Eyers, T. 2012. Lacan and the concept of the “Real”. Hampshire: Palgrave Macmillan.

Flaubert, G. 1869. L’Éducation sentimentale. Parys: Michel Lévy frères.

Fourie, P.P. 2021. ’n Hart is so groot soos ’n vuis. Vertaal deur M. Swart. Kaapstad: Kwela Boeke.

Freud, S. 1899. Die Traumdeutung. Leipzig: Franz Deuticke.

—. 1917. Vorlesungen zur Einführung in die Psychoanalyse. Wien: H. Heller.

—. 1920. A general introduction to psycho-analysis: A course of twenty-eight lectures delivered at the University of Vienna. New York: Boni & Liveright.

—. 1991. The interpretation of dreams. Londen: Penguin.

—. 1995. On Freud’s “Creative writers and day-dreaming”. In Person, Fonagy en Figueira (reds.) 1995.

—. 2015. Beyond the pleasure principle. In Waldrep en Miller (reds.) 2015.

—. 2021. Analyse der Phobie eines fünfjährigen Knaben. Engelse vertaling. Projekt Gutenberg. https://www.projekt-gutenberg.org/freud/vorles2/chap003.html (16 April 2022 geraadpleeg).

Goosen, J. 1993. o.a. Daantjie Dromer. Kaapstad: Queillerie.

Gordon, V. 2016. Identity-construction and development in the modernist Bildungsroman. DLitt-proefskrif, Lesley University.

Gräbe, I. 2013a. Freudiaanse psigoanalise en literatuur. In Cloete en Viljoen (reds.) 2013. https://literaryterminology.com/index.php/component/content/article/13-f/48-freudiaanse-psigoanalise-en-literatuur (1 Mei 2022 geraadpleeg).

 —. 2013b. Post-Freudiaanse psigoanalise en literatuur. In Cloete en Viljoen (reds.) 2013. https://www.litterm.co.za/index.php/p/178-post-freudiaanse-psigoanalise-en-literatuur (1 Mei 2022 geraadpleeg).

Hambidge, J. 1989. Psigoanalise en lees. Tydskryf vir Letterkunde, 27(2):93–98.

Hekman, S. 2006. Feminism. In Malpas en Wake (reds.) 2006.

Holland, N.N. 1975. Five readers reading. Connecticut: Yale University Press.

Jeffers, T.L. 2005. Apprenticeships: The Bildungsroman from Goethe to Santayana. New York: Palgrave McMillan.

Kamfer, R. 2021. Kompoun. Kaapstad: Kwela.

Klages, M. 2006. Literary theory: A guide for the perplexed. New York: Continuum.

Kristeva, J. 1974. La Revolution du langage poetique: l’avant-garde à la fin du XIXe siècle, Lautréamont et Mallarmé. Parys: Éditions du Seuil.

—. 1980. Desire in language. Oxford: Oxford University Press.

—. 1982. Powers of horror: An essay on abjection. New York: Columbia University Press.

—. 1984. Revolution in poetic language. New York: Columbia University Press.

—. 1989. Language: the unknown: an initiation into linguistics. New York: Columbia University Press.

Lacan, J. 1957. Écrits: L’instance de la lettre dans l’inconscient ou la raison depuis Freud. Parys: Presses Universitaires de France.

—. 1988. The seminar of Jacques Lacan. Book II: The ego in Freud’s theory and in the technique of psychoanalysis 1954–1955. New York: W.W. Norton & Company.

—. 2006. Écrits: The first complete edition in English. New York: W.W. Norton & Company.

Lategan, H. 2022. Hoerkind. Kaapstad: Penquin Random House.

Leroux, E. 1955. Die eerste lewe van Colet. Kaapstad: Uitgewerij Culemborg.

—. 1962. Sewe dae by die Silbersteins. Kaapstad: Human & Rousseau.

—. 1964. Een vir Azazel. Kaapstad: Human & Rousseau.

—. 1966. Die derde oog. Kaapstad: Human & Rousseau.

Malpas, S. en P. Wake (reds.). 2006. The Routledge companion to critical theory. New York: Routledge.

Person, E.S., P. Fonagy en S.A. Figueira (reds.). 1995. On Freud’s “Creative writers and day-dreaming”. Oxfordshire: Routledge.

Plug, C., W.F. Meyer, D.A. Louw en L.A. Gouws. 1993. Psigologiewoordeboek. Pretoria: Sigma-Pers.

Punday, D. 2003. Narrative bodies: Toward a corporeal narratology. New York: Palgrave Macmillan.

Shakespeare, W. 1603. Hamlet. Londen: Nicholas Ling & John Trundell.

Steinmair, D. 2021. ’n Hart is so groot soos ’n vuis – ’n opstopper in die midrif. Vrye Weekblad, 19 Maart. https://www.vryeweekblad.com/mense-en-kultuur/2021-03-18-n-hart-is-so-groot-soos-n-vuis--n-opstopper-in-die-midrif (1 Mei 2022 geraadpleeg).

Theron, A. 2017. ’n Ondersoek na die rol van die “verwonde” kind in die werk van enkele kinder- en jeugverhaalskrywers in navolging van Alice Miller. MA-verhandeling, Universiteit van Kaapstad.

Van Bruggen, J. 1942. Ampie; die trilogie. Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel.

Van Coller, H.P. (red.). 1998. Perspektief en profiel: ’n Afrikaanse literatuurgeskiedenis. Pretoria: J.L. van Schaik.

Van den Berg, C. 2018. Die Lacaniaanse Reële en grufilms: Jeniffer Kent se The Babadook (2014). LitNet Akademies, 15(1):30–68. https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2018/06/LitNet_Akademies_15-1_VandenBerg_30-68.pdf.

—. 2021. Post-Freudiaanse psigoanalise en literatuur. In Cloete en Viljoen (reds.) 2013. https://www.literaryterminology.com/index.php/p/1592-post-freudiaanse-psigoanalise-en-literatuur-2 (17 September 2022 geraadpleeg).

Van der Merwe, J. 2019. Traumateorie. In Cloete en Viljoen (reds.) 2013. https://www.litterm.co.za/index.php/t/1584-traumateorie (18 September 2022 geraadpleeg).

Van Dyk, A. 2021. ’n Hart is so groot soos ’n vuis: resensie. Tydskrif vir Letterkunde, 58(1):192–4.

Van Gorp, H., D. Delabastita en R. Ghesquiere. 2007. Lexicon van literaire termen. Groningen: Wolters-Noordhoff.

Van Heerden, J. 2013. ’n Psigoanalitiese perspektief op geselekteerde Afrikaanse dramatekste van Reza de Wet. MA-verhandeling, Fort Hare Universiteit.

Viljoen, L. 2007. Antjie Krog en haar literêre moeders: die werking van ’n vroulike tradisie in die Afrikaanse poësie. Tydskrif vir Letterkunde, 44(2):5–28.

Von Meck, A. 1998. Annerkant die longdrop. ‎Kaapstad: Queillerie.

Vorster, C. 2013. “Hoe vertel jy op papier wie jy was en wie jy nou is?” Die konstruksie van die vroulike subjek in twee Bildungsromans: Annerkant die longdrop van Anoeschka von Meck en De vriendschap van Connie Palmen. MA-verhandeling, Universiteit Stellenbosch.

Waldrep, M.C. en J. Miller (reds.). 2015. Beyond the pleasure principle. Dover: Dover Publications.

Žižek, S. 1989. The sublime object of ideology. Londen: Verso.

—. 2005. Interrogating the Real. Londen: Bloomsbury.

 

Eindnotas

1 Onderliggende betekenisse binne ’n teks wat die leser ontgin deur latente betekenislae bloot te lê (Cuddon 2013:693); betekenis wat nie eksplisiet genoem of gewys word nie.

2 Wanneer daar na Lacan se ontwikkelingsfases verwys word sonder om “orde” of “fase” daarna te gebruik, word dit met ’n hoofletter geskryf, andersins met ’n kleinletter: “simboliese orde”, maar “die Simboliese”; “reële orde”, maar “die Reële”.

3 In 1920 in Engels gepubliseer as A general introduction to psycho-analysis: a course of twenty-eight lectures delivered at the University of Vienna.

4 Oorspronklik deel van ’n referaat getitel “Der Dichter und das Phantasieren” (1908).

5 Oorspronklik in Duits uitgegee as Die Traumdeutung (1899).

6 In die geval van meisies is dit die “Elektrakompleks”.

7 Slegs wanneer “Ego” in verband gebring word met Freud se ander psigiese dele, naamlik “Id” en “Superego”, word dit met ’n hoofletter geskryf, andersins met ’n kleinletter.

8 Byvoorbeeld Santanu Biswas, Dylan Evens en Shoshana Felman.

9 Byvoorbeeld Tim Dean en Sheila Cavanagh.

10 Oorspronklik in Frans uitgegee as Écrits: L’instance de la lettre dans l’inconscient ou la raison depuis Freud (1957).

11 Aanlyn in Engels beskikbaar op https://www.projekt-gutenberg.org/freud/vorles2/chap003.html.

12 Opgeteken in Freud se opstel “Beyond the pleasure principle”, wat oorspronklik in 1920 gepubliseer is. In hierdie artikel word daar egter van die 2015-uitgawe gebruik gemaak.

13 Botha (1998:227) wys daarop dat Leroux se Sewe dae by die Silbersteins (1962), Een vir Azazel (1964) en Die derde oog (1966) as Künstlerromans gesien kan word, en dat die Künstlerroman as “een van die verskyningsvorme” van die Bildungsroman beskou word.

14 “Biseksueel is ek beslis nie, nie in ewe of onewe mate van begeerte of optrede nie; vir my is die term basies nutteloos. As ek ’n klassifikasie móét gee, sou queer seker die woord wees wat die naaste aan die waarheid kom.” (Fourie 2021:113).

15 Volgens Plug, Meyer, Louw en Gouws (1993:375) is dit die proses “waardeur ’n persoon spanning verlig deur handelinge te verrig wat op die een of ander (simboliese) wyse met die verdronge wens of belewenis” verband hou.

16 Vergelyk die “kas” wat onder punt 5 bespreek word.

17 Plug e.a. (1993:69) beskryf dissosiasie as “’n toestand waarin ’n groep psigologiese prosesse van die res van die persoonlikheid skei en dan onafhanklik funksioneer.”

18 Kyk ook op bladsye 142, 154 en 161 waar die verteller uitbrei op sy dissosiasie.

19 Die “terugkeer na gedragswyses wat met vroeëre ontwikkelingstadia geassosieer [word]” (Plug e.a. 1993:304), gewoonlik as gevolg van trauma.

20 Dat Lacan se Wet van die Vader “patriargaal” of “fallo(go)sentries” van aard is, is slegs een van die vele opvattings oor Lacaniaanse psigoanalise, want “Lacan en sy werk [neem], na gelang van die teoretiese invalshoek van sy navolgers […], verskillende gestaltes aan, met die gevolg dat meer as een Lacan na vore tree en sy werk moeilik tot enkele duidelik omlynde motiewe gereduseer kan word.” (Van den Berg 2021).

21 Oorspronklik in Frans gepubliseer as La Revolution du langage poetique (1974).

 

  • Die fokusprent by hierdie artikel word gebruik met die vriendelike toestemming van Pieter P. Fourie.

LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Verset teen ’n fallosentriese wêreld: ’n psigokritiese interpretasie van P.P. Fourie se <i>’n Hart is so groot soos ’n vuis</i> as bildungsroman appeared first on LitNet.

Resistance against a phallocentric world: a psychoanalytical interpretation of ’n Hart is so groot soos ’n vuis as a bildungsroman

$
0
0

Abstract

P.P. Fourie’s debut novel, ’n Hart is so groot soos ’n vuis (2021), originally published in English as The heart is the size of a fist, possesses various characteristics which are typical of the bildungsroman. The bildungsroman’s preoccupation with the main character’s initiation into adulthood, his construction of an identity, as well as his experience of trauma during this process, makes this genre highly appropriate for psychoanalytical interpretation. In this article Fourie’s novel is interpreted by using both Freudian and Lacanian psychoanalytical theories. The narrator in the novel does not revolt only against his “castrating” father who physically and emotionally abuses both him and his mother, but also against a variety of other patriarchal institutions. The narrator realises that his personal experience of domestic violence extends to the wider socio-political milieu in which his life story takes place. He therefore rebels against familial patriarchy, patriarchal violence against women and children, the heterosexual patriarchy, the patriarchy of apartheid, and the patriarchy of the church. When the various subtexts are explored according to Lacanian psychoanalysis as the “unconscious” of the text, it becomes apparent that the narrator also revolts against the “male” text’s chronological structure, against Lacan’s Law of the Father, as well as against the patriarchy of the narrator’s “predecessor” – his father, the writer.

The psychoanalytical interpretation of the novel was accomplished by focusing mainly on the text itself and not on the author or reader. Using Freudian psychoanalysis, various “classical” psychoanalytic concepts were scrutinised within the text, for example phallic symbols, the Oedipus complex, the talking cure, trauma, dissociation and projection. By means of Lacanian psychoanalysis it was established how and why the novel came into existence – the text is a reaction against patriarchy in its various guises, particularly, as mentioned above, against the patriarchal language of the Law of the Father, the power of the literary patriarchy, and the structure of the traditional “male” text. Instead of being chronologically structured like the conventional bildungsroman, Fourie’s novel is fragmented, repetitive and circular. It is, however, also possible that this deviation can be attributed to the trauma the narrator experienced as a child, as trauma victims can often not provide a coherent account of traumatic events.

Fourie’s text challenges what Klages (2006:118) refers to as “phallogocentric Western discourse”. This encompasses all patriarchal institutions and stances which are “centred around the phallus”, whether it is the government, Western culture, the concept of “God the Father” or Lacan’s Name of the Father. The phallus is central to both Freud’s and Lacan’s theories pertaining to the child’s early development. According to Freud’s Oedipus complex the young boy wants to commit incest with his mother to make up for the lack (of a penis) she experiences. The Oedipus phase is ended when the father becomes aware of this “incestuous” bond between mother and son and threatens to “castrate” his son. According to Lacan, however, it is not the father who poses the threat of castration, but rather the idea that lack induces the use of language. The “father” therefore represents linguistic structure as well as the child’s entry into the symbolic order where he becomes a talking subject. Lacan, in other words, replaces Freud’s “castrating” father figure with the Law/Name of the Father – linguistic rules to which the child has to adhere in order to become a cultured, normative individual. When Derrida’s theories are considered, language is at the centre of the system. Lacan also refers to this centre as “the phallus” to emphasise the patriarchal nature of the Symbolic.

The narrator in ’n Hart is so groot soos ’n vuis undermines the patriarchy of the Law of the Father by using “semiotic” (Kristeva 1980:157) language to express his trauma. The semiotic is a lyrical, rhythmic (maternal) register which overthrows the patriarchy of unemotional logic and clear-cut meaning. The semiotic is an instinctive language which utilises the deviations of poetic language, rather than the irrefutable meaning of acquired language. The narrator of ’n Hart is so groot soos ’n vuis uses the semiotic to resist the patriarchy of the symbolic order, as well as the traditional structure of “male” texts. According to Punday (2003:viii), textual structure is influenced by an author’s “corporeality”, and the traditional, chronological narrative is based on the idealised male body. This conventional structure of “beginning, middle and end” is therefore seen as phallocentric and is often challenged by feminist and queer writers through the creation of a more “female” textual structure which is repetitive, circular and contains more than one climax (De Lauretis 1984:118–9).

This article does not only link up with previous studies regarding the application of psychoanalytical theory to Afrikaans literature, but also expands on the use of literary psychoanalysis to examine Afrikaans texts, especially concerning the analysis of the bildungsroman. Bakhtin (1986:21) refers to the bildungsroman as “the novel of human emergence” and to the bildungsroman’s protagonist as “[the] image of man in the process of becoming”. It is therefore obvious why the bildungsroman lends itself to psychoanalysis: It is about the gradual development of the central character’s identity, his conquering of life’s challenges, the impact of the environment on his development, and his Oedipal resistance against “castrating” figures of authority.

The main character in ’n Hart is so groot soos ’n vuis, Paul, develops into an individual with his own identity who seeks answers to life’s issues. Owing to the complexity of the issues that come into play in this novel, there are, however, no obvious answers to all these questions. No conclusion is provided concerning the main character’s ability to successfully engage in romantic relationships by the end of the novel. Furthermore, no reconciliation takes place between father and son; on the contrary, the son can have a balanced life only by not having a relationship with his father. The narrator also realises that he is incapable of constructing an “ideal ego”, and that he can only claim an “authentic image” of himself – no ideal worldview is achieved, as is often the case with the main character in the traditional bildungsroman.Because this study applies both Lacanian and Freudian psychoanalytical models to a relevant text, this article can serve as a practical example to students of how psychoanalytical theory can be implemented within literature studies.

The following findings were established by applying psychoanalytical theory to Fourie’s text:

•  Due to the narrator’s experience of trauma, the “abject” (Kristeva 1982:9–10) enters into his life as “the dark man” – a monstrous entity which becomes a psychic embodiment of his abusive father. The ineffable is given a name and brought to words by the narrative about the dark man, which represents the mother and son’s shared trauma.

•  By means of “scriptotherapy” (therapeutic writing) the author was able to transform his trauma into word art in order to be relieved from his childhood anxieties, as it is no longer suppressed in the unconscious, but brought to the surface by the use of language.

•  Because the narrator becomes a writer himself, he overthrows the “castrating” power of his literary predecessor – his father, the playwright.

•  Although it was confirmed within this article that ’n Hart is so groot soos ’n vuis is a bildungsroman, it is also important to consider how this novel deviates from the traditional bildungsroman’s structure, as it is fragmented and has an open ending.

•  In this novel the patriarchal language of the Law of the Father is frequently undermined by the use of poetic, “semiotic” language.

•  By originally writing this text in English and not in Afrikaans, the author did not resist only the language of the oppressor, but also the patriarchy of the Afrikaans literary system.

•  With this novel the author eradicates preconceived ideas and established boundaries between concepts such as normal/abnormal; man/woman; heterosexual/homosexual. He therefore challenges the reader’s conceptions of what is considered “male” and “female”.

By applying psychoanalysis to ’n Hart is so groot soos ’n vuis, the author (re)confirmed the significance of psychoanalytic theory as a means of text interpretation. This article also confirms the value of P.P. Fourie’s novel within the Afrikaans literary system, as it confronts current issues concerning gender and violence against women and children, as well as the experience and processing of trauma, in an authentic, unsentimental way. It is, however, important to note that in terms of Lacanian theory this article is only one interpretive option, as Lacan’s psychoanalysis opens up various interpretive possibilities, not only one single meaning of a text.

The article is structured as follows: First, a theoretical overview is provided; secondly, Freudian and Lacanian theories concerning the phallus are compared; thirdly, the bildungsroman is discussed. In conclusion, Fourie’s text is interpreted by applying psychoanalytic criticism.

Keywords: bildungsroman; castration complex; Freudian psychoanalysis; Lacanian psychoanalysis; Law of the Father; maternal language; mirror phase; Oedipus complex; patriarchal structures; phallocentric; psychoanalytic literary criticism; Real; semiotic language; subtext; Symbolic; trauma; unconscious

  • The featured image of this article is used with the kind permission of Pieter P. Fourie.

Lees die volledige artikel in Afrikaans

Verset teen ’n fallosentriese wêreld: ’n psigokritiese interpretasie van P.P. Fourie se ’n Hart is so groot soos ’n vuis as bildungsroman

The post Resistance against a phallocentric world: a psychoanalytical interpretation of <i>’n Hart is so groot soos ’n vuis</i> as a bildungsroman appeared first on LitNet.

Afrikaans Huistaal-onderwysers se selfgerigte voorbereiding van jeugverhale

$
0
0

Afrikaans Huistaal-onderwysers se selfgerigte voorbereiding van jeugverhale

Elize Vos en Ronel van Oort, Fakulteit Opvoedkunde, Skool vir Taalonderwys, Afrikaans vir Onderwys, Noordwes-Universiteit

LitNet Akademies Jaargang 19(3)
ISSN 1995-5928
https://doi.org/10.56273/1995-5928/2022/j19n3d3

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Leerders wat literêre tekste lees, is taalvaardiger as die leerders wat dit nie lees nie (Pretorius 2002:170). Die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) verwag in samehang met hierdie stelling dat die literêre, estetiese en verbeeldingryke dimensies van Afrikaans Huistaal-leerders bevorder moet word (DBO 2011a:8; DBO 2011b:8). Hierdie verwagting beklemtoon die belang van betekenisvolle en deeglike voorbereiding en fasilitering van literêre tekste, aangesien dit tot leerders se leesmotivering kan bydra, want ondanks die waarde wat lees vir leerders inhou (soos onder andere akademiese prestasie), lees leerders steeds minder (Salzwedel 2017). Die selfgerigte voorbereidingsproses van die onderwyser speel ’n belangrike rol daarin om leerders by jeugverhale te betrek. Hierdie proses behels die ontwikkeling en versterking van onderwysers se selfgerigte vaardighede om jeugverhale te ontleed, te vertolk, te evalueer en te onderrig en sodoende minder op kommersiële hulpbronne (soos skyfiereekse op Facebook en YouTube, vraag-en-antwoord-gidse asook handleidings wat deur onderwysers saamgestel en te koop aangebied word) staat te maak. Volgens Petersen (2018:1123) word daar in die opvoedkundige sfeer selfgerigtheid van onderwysers vereis, soos hoër kognitiewe vaardighede (probleemoplossing, kritiese en kreatiewe denke) asook die neem van eienaarskap van hulle eie leer na analogie van Knowles (1975). Daarom is dit van belang dat taalonderwysers hul kennis rakende die waarde van letterkunde, letterkundeonderrigbenaderings en literêre teorieë uitbrei. Hierdie uitgebreide kennis moet in die klas toegepas kan word wanneer ’n literêre voorgeskrewe teks aangebied word sodat daar op méér as net die vrae en antwoorde in meegaande onderwysersgidse gefokus word.

In hierdie oorsigartikel word verskillende data-insamelingsmetodes betrek, naamlik ’n uitgebreide literatuurondersoek, en dokumentontledings van die KABV’s vir Afrikaans Huistaal, Senior (DBO 2011a) en Verdere Onderwys- en Opleidingsfase (VOO-fase) (DBO 2011b).

Die doelstelling van hierdie artikel is om uitvoerbare en praktiese aanbevelings aan Afrikaans Huistaal-onderwysers te verskaf wat hulle kan bemagtig om jeugverhale selfgerig voor te berei. Die aanbevelings kan ook tydens die opleiding van voorgraadse onderwysstudente gebruik word en onderwysindiensopleiers en kurrikulumbeplanners kan daarvan kennis neem. Hierdie aanbevelings sluit onder andere die volgende in: hoe die selfgerigtheid van onderwysers ten opsigte van die lees, ontleding, vertolking en evaluering van en besinning oor voorgeskrewe jeugtekste ontwikkel kan word; hoe onderwysers die leesmotivering van leerders in die taalklaskamer kan verhoog; asook hoe onderwysers gepaste konstruktivistiese letterkundeonderrigbenaderings en literêre teorieë in die voorbereidingsfase kan identifiseer om uiteindelik in die onderrig-en-leer-proses toe te pas.

Trefwoorde: Afrikaans Huistaal; geïntegreerde taal- en letterkundeonderrig; jeuglesers; jeugverhale; konstruktivisme; leesmotivering; literatuurteorieë; onderrigbenaderings; selfgerigtheid

 

Abstract

Afrikaans Home Language teachers’ self-directed preparation of youth literature

Storytelling has been a common practice throughout the ages. This oral tradition has been replaced with books and nowadays with electronic screens (Lawrence, Le Cordeur, Van der Merwe, Van der Vyver and Van Oort 2019:225). From the literature it becomes clear that these stories offer readers and listeners enjoyment, entertainment, relaxation, escape, broadening of knowledge and experience, stimulation of imagination and creativity, as well as the development of emotional and aesthetic perceptions. These functions of stories contribute to also the awareness of universality and cultivate respect for humanity, cultures and language (Van Coillie 2007:16–22; Lawrence et al. 2019:222, 226). Burger (2017:1–3) emphasises that readers of literary works can imagine other people’s experiences, empathise with certain circumstances, and therefore become more empathetic people, as sensitive registers of human experience are woven into literary works. From this it can be deduced that learners are so much poorer without stories, precisely because of their formative nature.

Learners who read literary texts are more proficient in language than learners who do not read them (Pretorius 2002:170). The National Curriculum and Assessment Policy Statement (CAPS) furthermore expects that the literary, aesthetic and imaginative dimensions of Afrikaans Home Language learners must be developed (DBO 2011a:8; DBO 2011b:8). Despite these benefits that reading brings to learners (such as, among other things, academic performance), they still read less (Salzwedel 2017).

This situation highlights the inestimable value of teachers’ self-directed and meaningful preparation of prescribed youth literature. When youth literature is eventually taught successfully, it can contribute to learners’ reading motivation. This process involves the development and strengthening of teachers’ self-directed skills to analyse, interpret, evaluate and reflect on youth literature. In this regard, according to Petersen (2018:1123), self-directedness, such as higher cognitive skills (problem solving, critical and creative thinking) as well as taking ownership of their own learning, is required from teachers in the educational sphere, by analogy with Knowles (1975).

Obstacles in the teaching and learning reality of youth literature include a lack of teaching time, an overloaded curriculum (Van Oort 2018:256–84), the stress that comes with exam results, and too little funds for purchasing a variety of youth literature. Furthermore, learners are unable to identify with the content of prescribed literature (Lawrence et al. 2019:225). This situation leads to frustration among teachers and drives them to use commercial resources. The general attitude is that these resources will provide them with model analyses, interpretations, evaluations and answers, and teachers and learners accept that the youth literature analyses, answers to questions, motifs, theme and message are provided ready-made. Therefore, teachers are unmotivated to self-directedly prepare and teach youth literature effectively.

In this review article, two different data collection methods are involved, namely an extensive literature review, as well as document analyses of the CAPS for Afrikaans Home Language, Senior (DBO 2011a) and Further Education and Training (FET) Phase (DBO 2011b).

From the document analysis of the CAPS (DBO 2011a; DBO 2011b) it is apparent that prescribed prose is important for Afrikaans Home Language learners in the Senior and FET phases, yet teachers experience many problems with aspects of teaching the prescribed literature (Du Toit 2006:53). In the first place, teachers find self-directed preparation (analysis, interpretation and evaluation) of such literature challenging. This problem leads to teachers lacking self-confidence and self-directedness and turning to commercial resources for model analysis and answers of, among other things, prescribed youth literature. Le Cordeur (2010:77–89) is of the opinion that these teaching practices hamper the self-directedness of Afrikaans Home Language teachers regarding text analyses. Moreover, in our own teaching experience, it is not only teachers who turn to teachers’ guides, workbooks and manuals, but also learners, as they are widely advertised and freely available in print or electronic format. Du Toit (2012:221) further indicates in this regard that teachers must be trained to develop teaching support material themselves. Secondly, teachers experience problems in motivating learners to read, which explains the current problematic reading situation of South African learners (Howie, Combrinck, Roux, Tshele, Mokoena and McLeod Palane 2017). A third problem is that teachers do not always consider the value of reading youth literature in the preparation process and may not apply appropriate literary teaching approaches and theories. A fourth problem is that in their preparation, teachers pay attention to literature elements (characters, time, space, events, narrator and focalisation) and for example do not consider their interaction and connection with the universal theme(s) and message(s) of youth literature.

As a result, teachers do not consider the application of integrated constructivist literary teaching approaches (such as reception aesthetics approaches and theories) in the preparation phase of youth literature. The challenging curriculum, which must be followed in a limited time frame, gives rise to teachers never developing their self-directedness regarding the analysis, interpretation and evaluation of youth literature. Youth readers are thus never afforded the opportunity for own reception and reflection on youth literature. This situation can be improved if Afrikaans Home Language teachers’ self-directed preparation skills of youth literature is improved and honed to empower them to prepare youth literature independently in order to enhance their confidence.

The aim of this article is to provide practicable, practical and constructivist recommendations to Afrikaans Home Language teachers, which can empower them to prepare youth literature in a self-directed manner. The recommendations can be used also during the training of undergraduate teachers and in-service teaching trainers, and curriculum planners can also take note of them. These recommendations include, among others, the following aspects: how the self-directedness of teachers with regard to the reading, analysis, interpretation and evaluation of and reflection on prescribed youth texts can be developed; how teachers can improve the reading motivation of learners in the language classroom; as well as how teachers can identify appropriate constructivist literary teaching approaches and theories in their preparation phase so as to finally apply them in the teaching and learning process.

Keywords: Afrikaans Home Language; constructivism; integrated language and literature education; literary theories; reading motivation; self-directedness; teaching approaches; youth readers; youth literature

 

1. Inleiding, kontekstualisering en probleemstelling

Storievertelling is reeds eeue lank ’n algemene gebruik in menslike samelewings. Hierdie orale tradisie is gedeeltelik met boeke en meer onlangs met elektroniese skerms vervang (Lawrence, Le Cordeur, Van der Merwe, Van der Vyver en Van Oort 2019:225). Uit die literatuur word dit duidelik dat hierdie stories aan lesers en luisteraars genot, vermaak, ontspanning, ontvlugting, kennis- en ervaringsverbreding, stimulering van verbeeldingskrag en kreatiwiteit, asook die ontwikkeling van emosionele en estetiese gewaarwordings bied. Hierdie genoemde funksies van stories dra voorts by tot die bewuswording van universaliteit en kweek respek vir die mensdom, kulture en taal (Van Coillie 2007:16–22; Lawrence e.a. 2019:222, 226). Leerders is daarom soveel armer sonder stories en die deeglike voorbereiding daarvan is van onskatbare waarde, juis vanweë die vormende aard daarvan. Burger (2017:1–3) beklemtoon dat lesers van literêre werke ander mense se ervarings kan verbeel, hulle in bepaalde omstandighede kan inleef en daarom meer empatiese mense kan word, aangesien sensitiewe registers van menslike ervarings in literêre werke ingeweef word.

Uit die dokumentontleding van die KABV (DBO 2011a; DBO 2011b) is daar afgelei dat voorgeskrewe verhale vir Afrikaans Huistaal-leerders in die Senior en VOO-fases belangrik is, maar tog ervaar onderwysers heelwat probleme met fasette van die onderrig van die voorgeskrewe letterkunde (Du Toit 2006:53). In die eerste plek vind onderwysers selfgerigte voorbereiding (ontleding, vertolking en evaluering) van sulke verhale uitdagend. Hierdie probleem lei daartoe dat onderwysers selfvertroue en selfgerigtheid ontbreek en hulle na kommersiële hulpbronne wend vir modelontledings en -antwoorde van onder andere voorgeskrewe jeugverhale. Du Toit (2012:221) dui voorts in hierdie verband aan dat onderwysers sodanig opgelei moet word om onderrigondersteuningsmateriaal self te ontwikkel. In die tweede plek ondervind onderwysers probleme daarmee om leerders te motiveer om te lees en verklaar dusdoende die huidige benarde leessituasie van Suid-Afrikaanse leerders (Howie, Combrinck, Roux, Tshele, Mokoena en McLeod Palane 2017). ’n Derde probleem is dat onderwysers nie altyd die waarde van die lees van jeugverhale in die voorbereidingsproses verreken nie en moontlik nie gepaste letterkundeonderrigbenaderings en literêre teorieë toepas nie. ’n Vierde probleem is dat onderwysers in die voorbereiding aan verhaalelemente (karakters, tyd, ruimte, gebeure, verteller en fokalisator) aandag verleen, maar nie byvoorbeeld die wisselwerking en verband daarvan met die universele tema(s) en boodskap(pe) van jeugverhale in ag neem nie.

Le Cordeur (2010:77–89) reken dat bestaande onderrigpraktyke die selfgerigtheid van die Afrikaans Huistaal-onderwyser ten opsigte van teksontledings strem. Daarom het hierdie oorsigartikel ten doel om werkbare konstruktivistiese aanbevelings vir Afrikaans Huistaal-onderwysers voor te stel om jeugverhale selfgerig vir die Senior- en VOO-fases voor te berei. Alhoewel die bedoelde leser van hierdie artikel die Afrikaans Huistaal-onderwyser behels, sal die artikel waardevol wees vir ook opleiers van voorgraadse onderwysstudente, onderwysindiensopleiers en kurrikulumbeplanners.

 

2. Metodologiese verantwoording

In hierdie oorsigartikel het ons data uit ’n literatuurondersoek en dokumentontledings bekom met die doel om aanbevelings vir konstruktivistiese letterkundeonderrigbenaderings vir Afrikaans Huistaal-onderwysers te maak om jeugverhale selfgerig vir die Senior en VOO-fases voor te berei. Hierdie voorbereiding behels selfgerigte teksontleding, vertolking, evaluering en die skep van gepaste leerervarings vir leerders. Ons het ’n uitgebreide literatuurondersoek geloods aangaande teenswoordige neigings ten opsigte van die ontleding (Burger 2017) van jeugverhale. Voorts het ons die onderskeie KABV’s vir Afrikaans Huistaal vir die Senior (DBOa 2011:4, 5, 9) en VOO-fase (DBOb 2011:4, 9, 12) as dokumente ontleed om die algemene en spesifieke doelwitte en beginsels, asook voorgestelde onderrigbenaderings ten opsigte van letterkunde, te bepaal.

 

3. Literatuurondersoek

Vir die doel van hierdie artikel het ons ondersoek ingestel na die selfgerigtheid van onderwysers wat ontbreek ten opsigte van teksontledings, die leesmotivering van leerders, die waarde van die lees van jeugverhale, letterkundeonderrigbenaderings en literêre teorieë, asook verhaalelemente, tema en boodskap.

3.1 Selfgerigtheid van onderwysers

Selfgerigtheid by onderwysers is volgens Du Toit-Brits (2018:377) “ononderhandelbaar”. Volgens die Longman Dictionary of Contemporary English (2020) beteken selfgerigtheid dat individue selfstandig verantwoordelikheid neem daarvoor om hul eie leeruitkomste te organiseer en evalueer sonder om opdragte van ander individue en instansies te ontvang. Daarom word selfgerigtheid volgens Garrison (1997:31) as ’n noodsaaklike aspek vir die verwerwing van onderriguitkomste beskou.

Selfgerigtheid behels die volgende belangrike prosesse: die ontleding van leerbehoeftes; die formulering van leerdoelwitte; die identifisering van hulpbronne; die keuse en implementering van leerstrategieë; en die evaluering van en besinning oor leeruitkomste (Knowles 1975:18–9). Wanneer hierdie prosesse op Afrikaans Huistaal-onderwysers (volwasse leerders) van toepassing gemaak word, behels dit selfgerigte vaardighede van hierdie onderwysers, naamlik om hulle eie onderrig-en-leer-vaardighede te ontleed. Hulle moet met ander woorde weet wat hulle sterk en swak punte met betrekking tot hul onderrigvaardighede is, veral ten opsigte van hulle selfgerigtheid wanneer hulle jeugverhale voorberei. Afrikaans Huistaal-onderwysers moet hulle eie onderrig-en-leer-doelwitte ten opsigte van die voorbereiding van jeugverhale duidelik kan formuleer. Hulle moet tydens die voorbereidingsproses hulpbronne, asook letterkundeonderrigbenaderings en literêre teorieë wat van waarde kan wees, identifiseer en kan toepas. Afrikaans Huistaal-onderwysers moet verder besin oor die doeltreffendheid van gekose letterkundeonderrigbenaderings en literêre teorieë vir ’n bepaalde jeugverhaal.

Sysa, Sobinova en Prokhorets (2018:201) beklemtoon dat onderwysers eers self oor selfgerigte vaardighede moet beskik alvorens dit by leerders ontwikkel kan word. Daarom dra die gebruik van kommersiële hulpbronne, wat vrylik aan onderwysers en leerders beskikbaar is, nie by tot die vermoëns van onderwysers om jeugverhale selfgerig voor te berei nie.

In hierdie verband is Van Oort (2018) van mening dat onderwysers se professionaliteit hulle behoort te bemagtig om as (selfgerigte) kurrikuleerders op te tree.

3.2 Die leesmotivering van leerders

Soos reeds beskryf, hou lees vele voordele vir leerders in, onder andere genot, vermaak, ontspanning, ontvlugting, kennis- en ervaringsverbreding, stimulering van verbeeldingskrag en kreatiwiteit, ontwikkeling van emosionele en estetiese gewaarwordings, asook akademiese prestasie. Hierdie voordele dra by tot die bewuswording van universaliteit en die kweek van respek vir die mensdom, kulture asook taal (Van Coillie 2007:16–22; Lawrence e.a.2019:222, 225, 226). Desondanks het Vos (2014:226) bevind dat leerders neutraal is oor leesaktiwiteite en leesmotivering sodoende ’n uitdaging bly. Onderwysers moet volgens Snyman (2006) weet dat lees die sleutelvaardigheid is vir leerders se verdere en naskoolse prestasies. Vos (2014:237) het in hierdie verband ook bevind dat onderwysers die rolspelers met die heel grootste impak op leerders se leesmotivering (intrinsiek sowel as ekstrinsiek) is en daarom (reeds in die voorbereidingsfase van jeugverhale) bewus moet wees van hulle leerders se leesbehoeftes en -gedrag.

Vos (2014:226–7) noem voorts dat onderwysers in gedagte moet hou dat sosiale media die skermgenerasie se gunstelingtydverdryf is en dat lees nie vir hierdie leerders noodwendig ontspanningswaarde inhou nie. Daarom moet onderwysers besef dat leerders deesdae Engelse tekste bo Afrikaanse tekste verkies, dat ekstrinsieke beloning (onder andere goeie punte vir leestake) vir hulle belangrik is en dat hulle nie noodwendig met hulle ouers of vriende oor hulle leesmateriaal gesels nie. Hedendaagse jeuglesers hou van avontuur-, liefdes- en spioenasieverhale, jeugverhale waarin daar van tegnologie (onder andere QR-kodes en internetskakels) gebruik gemaak word en reeksboeke, en hulle gee nie om om met omstrede kwessies gekonfronteer te word nie. Alhoewel onderwysers as gevolg van die KABV se voorskriftelikheid nie noodwendig oor die vryheid beskik om self jeugverhaalkeuses uit te oefen nie, behoort hulle voortdurend jeuglesers aan soortgelyke verhale bekend te stel (onder andere deur die lees van resensies of beskikbaarstelling van jeugverhale op ’n boekrak) in ’n poging om hulle leesmotivering te verhoog.

3.3 Aspekte om tydens die voorbereiding van jeugverhale in gedagte te hou

Onderwysers moet tydens hul voorbereiding van jeugverhale van die waarde van lees bewus wees. Sodoende kan hulle byvoorbeeld kennis neem van die ontwikkeling van leerders se verskillende ontwikkelingsdimensies tydens ’n leesproses. Die verskeidenheid jeugverhale wat in hierdie afdeling genoem word, kan tydens die voorbereidingsfase en samestelling van leeraktiwiteite as voorbeelde dien om leerders se verskillende dimensies te ontwikkel.

Vervolgens is dit belangrik dat onderwysers in hulle voorbereiding ook seker maak hulle identifiseer die geskikte letterkundeonderrigbenaderings en literêre teorieë vir bepaalde jeugverhale.

3.3.1 Waarde van die lees van jeugverhale

Volgens Lawrence e.a. (2019:219–25) behels die waarde van die lees van literêre tekste (binne die konteks van hierdie artikel jeugverhale) ’n opvoedingsproses wat tot leerders se kognitiewe, emosionele, estetiese, sosiale, psigologiese, kulturele en morele dimensies van ontwikkeling bydra. Burger (2018:107–58) voeg by dat die literêre leesproses betrokkenheid by en nadenke oor (jeug)verhale behels wat kreatiewe, kritiese, empatiese en selfgerigte denke tot gevolg het.

Om jeugverhale selfgerig voor te berei, moet onderwysers kennis dra van leerders se verskillende ontwikkelingsdimensies.1 Die verskillende dimensies van leerders wat in hierdie opvoedingsproses danksy die lees van (jeug)verhale tot stand kan kom en aanleiding kan gee tot leerders se ontwikkeling in die geheel, word vervolgens van nader beskou.

3.3.1.1 Ontwikkeling van jeuglesers se kognitiewe en inligtingsdimensie

Belangrike voordele van die lees van jeugverhale is die inligting en kennis wat dit aan lesers verskaf, asook die bevordering van hulle kognitiewe ontwikkeling. Deur die lees en onderrig van jeugverhale verbeter leerders se kognitiewe vlakke, maar ook hul literêre vaardighede (soos verbandlegging, betekenisskepping en assosiasie) en word hulle in die proses vaardiger lesers én skrywers. Leerders wat literêre tekste lees, vaar daarom op akademiese gebied beter as leerders wat nie lees nie, aangesien hulle beter kan lees om te leer.

Jeugverhale kan op ander kontinente en in ’n ander historiese milieu as waarin die leser verkeer, geskryf word. Die lees van hierdie verhale word deur die leser as hier en nou beleef. Lesers wat byvoorbeeld die jeugverhaal Elf dae in Parys (Wasserman 2016) lees, gaan saam met Emma, die hoofkarakter, hierdie wêreldstad se bekende besienswaardighede, soos die Musée d’Orsay, leer ken en terselfdertyd kennis neem van Parys se mistieke katakombes. Die jeugverhaal Die pad na Skuilhoek (Du Plessis 2011) handel oor twee jong Voortrekkers se lewenspad nadat ’n tragedie plaasgevind het. (Jeug)lesers bevind hulle tydens die lees van die verhaal in ’n era van meer as 180 jaar gelede, maar beleef die gebeure as hier en nou.

Deur te lees word jeugdige lesers se ontledingsvermoëns geoefen en stimuleer dit begrip vir logiese opeenvolging en samehang. In die jeugverhaal Baster (Vermeulen 2020) leer Karel (die hoofkarakter) om sy eie optrede en die gevolge daarvan te verstaan. Jeuglesers se verbeelding word in die proses aangewakker, want hulle leef hulle in die verhaal, karakters en gebeure in. In Die pad na Skuilhoek (Du Plessis 2011) verbeel jeuglesers hulle onder andere die gevaarlike omstandighede wat Petronel en Lourens moet trotseer, asook die liefde en hartstog wat tussen die hoofkarakters ontstaan.

Voorts leer jeuglesers om motiewe en simbole in jeugverhale te herken. In die verhaal Elf dae in Parys (Wasserman 2016) kan die jong leser byvoorbeeld die skoolstudiereis wat Emma as verjaardaggeskenk ontvang, herken as onder andere ’n simbool van ontvlugting.

Die lees en onderrig van jeugverhale dra verder by tot die ontwikkeling en verbetering van leerders se literêre leesbegripvaardighede, wat hul kommunikasievaardighede en kritiese, kreatiewe en onafhanklike denke insluit. Die rede hiervoor is onder andere die bewuswording dat literêre tekste se outentieke kontekste meer gevarieerd en ryker as informatiewe tekste is. Die verhaal Baster (Vermeulen 2020) bewys die stelling deur die klankryke beeldspraak wat daarin voorkom: “... weemoed vibreer soos ’n basviool …” (bl. 11) en “piesangtros-hande” (bl. 86).

In die letterkundeklas word jeuglesers se analitiese en interpretatiewe vermoëns aan die hand van die onderwyser se begeleiding en/of selfgerigtheid ontwikkel. Die fokus op en toepassing van jeuglesers se leesbegripstrategieë en kritiese taalbewustheid kan hulle sodoende progressief toerus om motiewe, temas en boodskappe in jeugverhale te herken. Kritiese taalbewustheid sluit betekenisskepping en -ontleding in.

Leerders se algemene kennis word deur die lees van jeugverhale uitgebrei. Hier kan die jeugverhaal Swemlesse vir ’n meermin deur Marita van der Vyver (2015) as ’n voorbeeld dien. In die verhaal stel Hanna vir haar kleinsus ’n lewensgids saam om haar onder andere te leer hoe om haar ouers in die toekoms te hanteer.

Leerders wat (jeug)verhale lees se kontekstuele woordeskat en idiomatiese taalgebruik word uitgebrei, aangesien goeie voorbeelde van woordeskat, oorspronklike jeugomgangstaal, grammatikale strukture en sinskonstruksies daarin voorkom. Die luister na en lees van jeugverhale brei voorts leerders se reseptiewe woordeskat uit. Dit gee aanleiding tot meer aktiewe en produktiewe vorme van taal. Jeugverhale se temas en intriges kan daarom leerders aanmoedig om deel te neem aan klasbesprekings en -leeraktiwiteite, wat op die beurt hulle linguistiese en kommunikatiewe vaardighede en literêre bedrewenheid ontwikkel. Aangesien die gebruik van geïntegreerde taalonderrig (luister, praat, lees, kyk en skryf) binne verskillende kontekste moontlik is, kan verskeie leeraktiwiteite (kognitief, pedagogies, psigolinguisties) na aanleiding van ’n literêre teks aan leerders gegee word om hulle taalvaardighede te slyp. Taalverryking is in hierdie proses belangrik vir persoonlike groei en vir ’n gebalanseerde wêreldbeskouing.

Die uitbreiding van jeuglesers se linguistiese en literêre kennis en vaardighede kan byvoorbeeld aan die hand van Carin Krahtz (2017) se jeugverhaal Blou is nie ’n kleur nie geskied, aangesien leerders van leidrade en kontekstuele merkers soos die epigraaf, karakternaamgewing, afwyking van ’n lineêre vertelling en intertekstuele inspeling gebruik moet maak om die verhaal se oop plekke in te vul ten einde die verhaal te interpreteer. Leerders wat baie lees, sal moontlik die verband raaksien tussen die epigraaf van die verhaal (’n uittreksel uit ’n bekende gedig wat oor Odusseus se seereis na Ithaka handel) en die situasie op die huisboot waarin die verhaalgesin hulle aan die einde van die verhaal bevind.

Die lees van jeugverhale kan leerders se kennis van ook geskiedkundige feite uitbrei. Hiervan is Marita van der Vyver se Die dinge van ’n kind (1994) en ’n Baie lang brief aan my dogter (2021) voorbeelde, aangesien die skrywer dele van Suid-Afrika se geskiedenis (wat fokus op die sestiger- en sewentigerjare) dokumenteer. Soortgelyke verhale is van belang vir jeuglesers, aangesien daar nie na die toekoms beweeg kan word sonder om die verlede te ken en te verstaan nie. Hierdie jeugverhale verskaf inligting oor sosiopolitieke, geskiedkundige en kulturele gebeure en omstandighede (ook van ander lande, nasies en groepe). Die lees daarvan stel leerders in staat om sosiokulturele ideologieë te verstaan en verskaf insig ten opsigte van oorsake en gevolge.

Die lees van byvoorbeeld Rouxnette Meiring (2018) se wetenskapsfiksie-jeugverhaal Kraak, wat ongeveer 300 jaar in die toekoms op die Afrika-kontinent afspeel, gee aan jeuglesers blootstelling aan ’n wetenskapsfiksieteks met elemente wat hulle wetenskaplike kennis kan uitbrei.

3.3.1.2 Ontwikkeling van jeuglesers se emosionele dimensie

Jeuglesers se emosionele dimensie word deur die lees van jeugverhale gestimuleer, aangesien hulle byvoorbeeld hulle in verhaalkarakters se lewens kan inleef. ’n Voorbeeld is Lien se lankstaanskoene (Van der Walt 2008) waarin ouers die hoofkarakter tot die ondenkbare dryf, naamlik om op straat te bedel om na haar en haar broer om te sien. Jeugdige lesers van hierdie menslike én geloofwaardige jeugverhaal kan deur die lees van die verhaal hulself in die hoofkarakter se skoene plaas en afvra wat hulle in so ’n geval sou doen. Dit dra daartoe by dat die lesers nie bevooroordeeld teenoor die hoofkarakter is nie, in ag genome die situasie waarin sy haar bevind.

Voorts bied die lees van dergelike jeugverhale aan leerders wat moontlik nie oor ’n breë ervaringsveld beskik nie voorbeelde van werklike gevalle, gebeure en emotiewe intriges wat hulle persoonlik kan raak. Jeugverhale soos die bogenoemde voorbeeld spreek tot sommige leerders en hulle kan goed daarmee assosieer. Dit is juis jeugverhale waarmee leerders kan assosieer en wat hulle emosies aanraak wat hulle kan motiveer om (selfgerig) te lees.

3.3.1.3 Ontwikkeling van jeuglesers se estetiese dimensie

Jeugverhale waarin beeldende taal, woord- en klankspel, ritme, die algemene omgangstaal van die leser en ander Afrikaanse variëteite voorkom, stel leerders bloot aan die rykheid en gevarieerdheid van taal. Die leser reageer skeppend op die skrywer en word in die proses meer taalsensitief. In hierdie verband kan jeugverhale soos Jaco Jacobs se Suurlemoen! (2007) en Perfek (2009) se kreatiewe krag van taal, verbeeldingryke woordspel, illustrasies en lirieke as voorbeeld gebruik word. Alhoewel die skrywer van ’n jeugverhaal die primêre sender in die literêre kommunikasieproses is, is illustreerders die sekondêre senders, wat ook tot jeuglesers se interpretasie en refleksie van jeugverhale bydra.

3.3.1.4 Ontwikkeling van jeuglesers se sosiale dimensie

Jeugverhale kan leerders help sosialiseer, want hulle maak in die verhale kennis met samelewings gedrag, -waardes en -norme asook -vooroordele. Op dié wyse vind kultuuroordrag deur die jeugverhaal plaas en word kritiese sosialiseringsprosesse bevorder. Bowendien toon navorsing dat die lees van literêre tekste leerders se kommunikatiewe vaardighede verbeter en sodoende hulle sosiale dimensie verder ontwikkel.

Derick van der Walt se verhaal Willem Poprok (2010) en Eleanor Lombard se Jy handle dit net (2022), waarin die verhale se hoofkarakters nie kan rugby speel en nie vriende het nie, lig die waarde van onwaarskynlike maar hegte vriendskappe in die diverse Suid-Afrika toe. Die jeugverhaal Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom deur Marita van der Vyver (2014) skets ’n hedendaagse gesinsamestelling en vele jeuglesers in soortgelyke gesinne sal met die verhaalkarakters en
-gebeure kan assosieer.

3.3.1.5 Ontwikkeling van jeuglesers se psigologiese dimensie

Die psigologiese dimensie hou verband met die proses waardeur die jeuglesers insig verkry in hulle eie gevoels- en ervaringswêreld. Jeuglesers ervaar ’n soeke na hulself, neig na selfkritiek en strewe na selfuiting. Hulle ontwikkel geslagtelik en dink na oor die lewe en die dood. Een van die eienskappe van jeugverhale is die romantiese elemente daarin, soos Emma en Jac se romantiese verbinding in Elf dae in Parys (Wasserman 2016) en Petronel en Lourens se liefdesverhouding in
Die pad na Skuilhoek
(Du Plessis 2011).

Deur die leesproses ontwikkel lesers sensitiwiteit vir onderlinge menslike verskille. Lesers leer derhalwe om hulle eie gedrag en die gevolge daarvan te ontleed en is minder veroordelend. In die jeugverhaal Baster (Vermeulen 2020) ontwikkel die jeugdige leser, deur Karel se fokalisasie en ervaring, sensitiwiteit vir onderlinge en sosiokulturele verskille. Die verhaal Die vlerke van naaldekokers deur Cecilia Steyn (2020), waarin die hoofkarakter haar hand en ’n deel van haar voorarm in ’n motorongeluk verloor en swaar aan ’n geheim dra, kan daartoe aanleiding gee dat leerders se psigologiese dimensie ontwikkel, aangesien die verhaal lesers op die onvolkomendheid van die werklikheid wys.

Jeugverhale soos Constant van Graan (2020a; 2020b; 2021) se Jungu Josh-trilogie stel lesers weer bloot aan (magiese) avonture en (gevaarlike) aktiwiteite sonder dat hulle fisies daaraan deelneem. Voorts neem dit die leser op verbeeldingsvlugte om interessante plekke te besoek en vreemde diere en kreature te ontmoet. Soortgelyke jeugverhale dra verder daartoe by dat lesers hulself met karakters, ouderdomsgroepe en omstandighede kan vergelyk asook om die wêreld deur ander se oë te sien en te ervaar.

Aangesien jeugverhale dinamies van aard is, bring lesers met die lees daarvan sekere aspekte vanuit hulle psigologiese dimensie na die teks. Jeugverhale is ingewikkelder en nie tot net een betekenis beperk nie. Die jeugverhaal Blou is nie ’n kleur nie (Krahtz 2017) is ’n voorbeeld van ’n veelvlakkige jeugverhaal wat van jeuglesers ingewikkelder interpretasies vereis. Elke leser is uniek en daarom verskil hulle individuele en kreatiewe ontledings en besinnende betekenisskeppingsprosesse.

Deur die lees van jeugverhale verkry leerders onbewustelik insig in hulle eie probleme, verstaan hulle hul eie gedrag en die gevolge daarvan beter, tree hulle minder veroordelend op, kan hulle eensaamheid en verveling teëwerk en hul spanningsvlakke laat afneem, en kan hulle tydens die leesproses ontspan en ontvlug (Ghesquiere 1993:113–21).

3.3.1.6 Ontwikkeling van jeuglesers se kulturele dimensie

Die onderrig van kulturele geletterdheid het ten doel om leerders voor te berei daarvoor om self kultuurskeppers te wees. Die huidige skoolkurrikulum bepaal dat leerders op etiese, emosionele, kulturele en sosiale waardes van tekste reageer. Verder moet leerders se vermoë om kulturele en etiese sensitiwiteit in verskillende kontekste te openbaar, ontwikkel word. Sodoende word multikulturalisme gebou en verdraagsaamheid binne die konteks van eenheid en verskeidenheid geskep. Wedersydse kulturele begrip behels dat leerders aanpasbaar moet wees sodat daar nie uitsluiting en stereotipering plaasvind nie. In die jeugverhaal Toring van Jasmyn (Van der Walt 2019) maak jeuglesers byvoorbeeld kennis met ’n kulturele konteks en feite wat ver buite hulle ervaringsveld geleë is, naamlik die lewenswyse in Istanbul, Turkye. Die ervarings verryk die karakters (én lesers) se kulturele dimensie en laat vooroordele verdwyn. Voorts prikkel nuwe temas en ruimtes jeugdige lesers se belangstelling en bied dit ’n werklikheidservaring van ondervindings en sosiale verhoudings. Dit kan dan moontlik in die leser se eie lewe en ervaring van die wêreld toegepas word.

Kulturele jeugverhaalinhoude wat onder andere die klem op faktore soos sosiomaatskaplike omstandighede (Lien se lankstaanskoene deur Van der Walt 2008); geskiedenis (Die pad na Skuilhoek deur Du Plessis 2011); kuns (Elf dae in Parys deur Wasserman 2016); multikulturaliteit (Baster deur Vermeulen 2020) en politiek (’n Baie lang brief aan my dogter deur Van der Vyver 2021) uitbeeld, kan leerders help om verskillende kulture en ideologieë te verstaan. Dit is belangrik vir jeuglesers se kultuurbewuswording, -oordrag en -verryking, sosio-politieke bewusmaking en ’n besef van ’n eie kulturele en literêre identiteit.

3.3.1.7 Ontwikkeling van jeuglesers se morele dimensie

Die lees van (jeug)verhale dra tot leerders se etiese en morele ontwikkeling by, aangesien hulle deur verhaalinhoude kennis neem van verskillende waardestelsels, vooropgestelde menings, stereotipering en universele probleme. Dit help leerders om na te dink oor hulle eie waardes en norme asook om te bepaal watter rolle hulle in die samelewing behoort te vervul. As jeugverhaal kan Baster (Vermeulen 2020) as voorbeeld dien, aangesien Karel, ’n hondefluisteraar en -liefhebber, in die verhaal daartoe bydra dat wreedaardige hondegevegte in Gauteng tot ’n einde kom. Hierdie en dergelike jeugverhale kan insig aan leerders bied aangaande die universaliteit van die mens en verder empatie en begrip vir die mens se omstandighede verdiep.

’n Jeugverhaal soos Blou is nie ’n kleur nie deur Carin Krahtz (2017) handel oor die verbrokkeling van ’n wanfunksionele gesin en konfronteer jeuglesers onder andere met omstrede temas soos drank- en seksuele misbruik (euwels waaraan baie huisgesinne en leerders onderworpe is en mee kan assosieer) en die dood. Die universele aard van hierdie verhaal kan tot lesers se empatie vir diegene in dergelike omstandighede bydra.

Die ontwikkeling van leerders se morele dimensie behels persoonlike groei, ontwikkeling en verryking. Die lees van jeugverhale met verskillende temas maak leerders bewus van ander kulture se norme en waardes, bied aan leerders ’n ander blik op die lewe en werklikheid (wat van hul eie lewens verskil) en verbreed die werklikheid van die wêreld waarin hulle hul bevind. Leerders kan oor hierdie morele inhoude besin (Rothman 2016:49–50).

3.3.2 Letterkundeonderrigbenaderings

Die doel van letterkundeonderrigbenaderings is volgens Lawrence e.a. (2019:225, 232, 245) om sensitiwiteit vir taal te wek, verbeeldingryke taal raak te sien, en leerders tot selfontdekking te lei en in staat te stel om as medeskepper van die verhaal op te tree. In die KABV (DBO 2011a:9–11; 2011b:11–2) word ’n aantal letterkundeonderrigbenaderings voorgestel wat geïntegreerd in die letterkundeklas aangewend kan word.

3.3.2.1 Die kommunikatiewe benadering tot letterkundeonderrig

Die kommunikatiewe letterkundeonderrigbenaderings wat in die KABV (DBO 2011b:10) voorgeskryf word, impliseer die tradisionele kommunikasiemodel van Roman Jakobson (1960:350–77), wat die interafhanklike kommunikasieproses tussen die skrywer (sender) van die literêre teks (boodskap) en leser (ontvanger) se reaksie daarop behels. Hierdie benadering tot letterkundeonderrig het ten doel om leerders te laat kommunikeer, hulself samehangend uit te druk en boodskappe tydens sosiale interaksies betekenisvol oor te dra. In die kommunikasieproses beoefen leerders al die taalvaardighede: lees en kyk, luister en praat, skryf en aanbied, asook taalstrukture en -konvensies in konteks (Du Toit 2012:169–70).

Kommunikatiewe onderrigbenaderings is konstruktief van aard en aanvaar nie die strukturalistiese evaluering van literêre tekste as die enigste en korrekte vertolking daarvan nie. Dit veronderstel dat nie alleenlik die letterkundeonderwyser, literêre teoretici en kritici korrekte vertolkings kan aanbied nie. Combrink (1990a:194–5; 1990b:222–3) en Lawrence e.a. (2019:233–4) stem saam dat ’n literêre teks ’n ervaring of belewenis aan die leser kommunikeer wat tot hulle insig kan bydra.

3.3.2.2 Die geïntegreerde benadering tot letterkundeonderrig

In die KABV (DBO 2011b:10) word ’n geïntegreerde letterkundeonderrigbenadering aanbeveel. ’n Verskeidenheid geïntegreerde leeraktiwiteite wat op ’n literêre teks van toepassing is, is kenmerkend van geïntegreerde onderrigbenaderings. Dit veronderstel leeraktiwiteite wat die taalvaardighede (lees en kyk, luister en praat, skryf en aanbied, asook taalstrukture en -konvensies in konteks) integreer. Die doel daarvan is om leerders se verbeelding en kreatiwiteit te stimuleer en onafhanklike denke te bevorder. Sodoende kan leerders hulle emosies, leeservarings, begrip en resepsies deur onder andere skeppende skryfwerk weergee (DBO 2011b:10).

3.3.2.3 Die resepsie-estetika-benadering tot letterkundeonderrig

Die resepsie op literêre tekste dui volgens Lawrence e.a. (2019:246) op die betekenis wat jeuglesers danksy die (literêre) kommunikasieproses uit die jeugverhaal verkry. Hierdie skrywers (2019:247) merk ten eerste op dat die navolging van die resepsie-estetika-onderrigbenadering – volgens Iser (1978:27) se teorie – aktiewe en kreatiewe teksgebonde én teksvrye vertolkings moontlik maak. Ten tweede erken dié onderrigbenaderings lesers se verskillende literêre, kulturele en etiese verwagtings en horisonne (Jauss 1970:12, 1982:23; Iser 1978:228–9, 274). Ten derde verskil skrywers en lesers se verwagtingshorisonne op bewustelike of onbewustelike wyse en dit oefen ’n invloed op vertolkings van literêre tekste uit (Ghesquiere 1993:103). Ten vierde beskik elke leser oor ’n realistiese primêre en unieke verbeeldingryke sekondêre wêreld (Tolkien 1965:37) wat lesers se vertolkings beïnvloed. Ten vyfde is Lawrence e.a. (2019:247) van mening dat verskillende lesertipes, persoonlikhede, verwysingsraamwerke en verwagtingshorisonne, en meervoudige intelligensie verder tot unieke vertolkings aanleiding gee.

3.3.2.4 Die prosesbenadering tot letterkundeonderrig

Die prosesbenadering (DBO 2011b:14–6) tot letterkundeonderrig behels dat daar eerstens na die literêre teks geluister word, of dat dit gelees word. Die volgende stap behoort ’n klasbespreking (praat) – wat die literêre kommunikasieproses insluit – te wees. Tydens die leesproses pas leerders gepaste leesbegripstrategieë toe (Van Oort 2022:378–435) en in die beantwoording van vrae oor ’n literêre teks word van die skryfproses (Le Cordeur 1991:39) gebruik gemaak. Taakgebaseerde onderrigbenaderings vorm ’n onderdeel van kommunikatiewe onderrigbenaderings en sluit by die prosesbenadering aan, want dit bestaan volgens Du Toit (2012:171) uit voortake, hooftake en posttake, soos die prelees-, tydens-lees- en postleesfases volgens die skoolkurrikulum. Hierdie take/fases is gerig op die behoeftes van ’n bepaalde leerdergroep en geskied van maklik na moeilik (steierwerk).

3.3.2.5 Die tematiese benadering tot letterkundeonderrig

Die tematiese letterkundeonderrigbenadering dra volgens die KABV (DBO 2011b:10) by tot lesers se persoonlike ontwikkeling en algemene kennis en volgens Rothman (2016:101) ook tot die bewuswording van lewenswerklikhede. ’n Tematiese letterkundeonderrigbenadering behels die herkenning van (’n) onderliggende tema(s) en boodskap(pe) in literêre tekste. Jeugverhaalskrywers gebruik temas en boodskappe wat byvoorbeeld by jeuglesers se lewenswerklikhede aansluit, hulle interesseer en betrekking het op hulle verwysingsraamwerke, verwagtingshorisonne en lewenservarings. Daarom word die aanwending van tersaaklike, aktuele en universele temas in jeugverhaaltekste gesien (Rothman 2016:41, 87).

3.3.2.6 Die teksbenadering tot letterkundeonderrig

Teksonderrigbenaderings sluit literêre tekservaring en -ontleding in en daar word gewoonlik van tekservaring na -ontleding beweeg. In die onderrigproses bedink die onderwyser ’n gepaste metodologie om die taalvaardighede (lees en kyk, luister en praat, skryf en aanbied, asook taalstrukture en -konvensies in konteks) sodanig te integreer om jeuglesers se response op kognitiewe en akademiese vlak uit te bou sodat hulle tot skeppende en selfstandige denkers ontwikkel. Jeuglesers se verbale vermoëns en skryfvaardighede ontwikkel volgens Burger (2018:104–58) as hulle hul gevoelens, ervarings en gedagtes mondeling en skriftelik kan formuleer.

Tekservaring en teksbestudering in die letterkundeklas behels die ontwikkeling van leerders se affektiewe belewing van literêre tekste. Dit bevorder verder leerders se inlewing in karakters se gevoelens, gedagtes en handelinge asook verplasing van milieu, tyd en omstandighede. In die proses word leerders se literêre vaardighede ontwikkel en hul horisonne en ervaringswêrelde uitgebrei (Luther 2018). Probst (1988:28) stem saam dat tekservaring tydens ’n literêre onderrigprogram die uitbreiding van leerders se selfkennis, kennis van ander, kennis van ander tekste, kennis van konteks en kennis van metakognitiewe prosesse behels. Tekservaring leer lesers ook om verbande tussen die teks en hulle leefwêrelde te lê of onderskeid tussen die betrokke literêre teks en ander literêre tekste waaraan hulle reeds blootgestel is, te tref. Kühn (1989:88–91) reken ook dat tekservaring daartoe bydra dat leerders onafhanklik lees om inligting selfstandig uit literêre tekste te verkry, asook om die inligting te verwerk en te evalueer.

Voordele wat teksbestudering vir leerders inhou, is volgens Kühn (1989:92) ten eerste die bemeestering van die feitekennis aangaande letterkunde. Ten tweede word leerders se verwagtingshorisonne uitgebrei, aangesien die toepassing van literêre elemente plaasvind. Ten derde ontwikkel leerders se vertolkingsvaardighede progressief. Uiteindelik behoort leerders ten vierde in staat te wees om verworwe kennis in nuwe omstandighede toe te pas danksy die insigte wat deur die lees van literêre tekste verkry is. Sodoende dra dit ten vyfde daartoe by dat leerders se literêre smaak en estetiese waardering ontwikkel.

In die verlede is daar in die onderrig van letterkunde hoofsaaklik op teksontleding gekonsentreer, maar dit het intussen duidelik geword dat leerders se response op literêre tekste van belang is. Dit lei tot leerders se literêre ontwikkeling, terwyl taal- en kommunikasievaardighede steeds betrek word. Dit word gedoen deur op ’n ingeligte wyse gepaste en tersaaklike leeraktiwiteite wat op ’n betrokke jeugverhaal van toepassing is, saam te stel, wat ’n balans tussen teksbelewing en -ontleding handhaaf (Le Cordeur 1991:39).

Teksgebaseerde onderrigbenaderings aanvaar die gebruik van verskillende tekste asook die aanwending van al die taalvaardighede. Hierdie onderrigbenaderings staan ook as genre-gebaseerde benaderings bekend, aangesien teksgebaseerde onderrigbenaderings leerders se kommunikasievaardighede as die bemeestering van verskillende tipes tekste beskou (Du Toit 2012:170–8). In die geval van letterkunde behels dit verskillende genres, soos romans, kortverhale en dramas. Teksgebaseerde en kommunikatiewe onderrigbenaderings is verder afhanklik van die deurlopende lees van (literêre) tekste asook die skep van tekste. Kommunikasievaardighede behels in hierdie verband die interpretasie van verskillende gesproke en geskrewe tekste/genres. Dit kan sinvol onderrig word deur leerders aan outentieke (literêre) tekste bloot te stel. Teksgebaseerde onderrigbenaderings betrek ook die gebruik van gepaste onderrigstrategieë om die teksstruktuur te bepaal, die (kulturele) konteks vir leerders te skep en leerders daaraan bekend te stel asook die register wat in die (literêre) teks gebruik word (Du Toit 2012:178–9).

3.3.2.7 Die chronologiese en skrywersbenaderings tot letterkundeonderrig

’n Chronologiese onderrigbenadering beteken dat geskiedkundige gebeure met ’n literêre periode in verband gebring word. ’n Skrywersonderrigbenadering behels ’n diepgaande ondersoek van die skrywer se lewe en werk wat met ’n bepaalde geskiedkundige tydperk verbind word (DBO 2011b:10).

Tabel 1 dui op ’n kriptiese wyse aan hoe letterkundeonderrigbenaderings verander en ontwikkel het om die leerder uiteindelik sentraal in die literêre kommunikasieproses te plaas (Kruger 2008:180–210; Du Toit 2012:17–52; Lawrence e.a. 2019:246).

Tabel 1. Letterkundeonderrigbenaderings voor 1960 en na 1980

Letterkundeonderrigbenaderings

Voor 1960

Na 1980

Hoofsaaklik strukturalistiese letterkundeonderrigbenaderings

Hoofsaaklik konstruktivistiese letterkundeonderrigbenaderings

Geen literêre kommunikasieproses toegepas nie

Vrye interpretasies, reaksies en refleksie op literêre tekste deur leerders word ontmoedig, aangesien modelinterpretasies deur kundiges bestaan

Literêre kommunikasieproses toegepas

Leerders se vrye interpretasies, individuele reaksie en refleksie, wat deur motiverings en bewyse ondersteun word, word aangemoedig

Onderwysergesentreerd, behavioristies en aan die hand van streng wetmatighede

Tradisionele inhoudsgebaseerde onderrig

Leerdergesentreerd en aan die hand van konstruktivistiese steierwerk

Konstruktivistiese uitkomsgebaseerde onderrig

Teksbestuderende onderrigbenadering

Tekservarende onderrigbenadering

Leerders luister passief, stel nie vrae nie

Leerders is aktief betrokke by leergebeure en neem deel aan leerervaring

Ongekontekstualiseerde letterkundeonderrig

Gekontekstualiseerde letterkundeonderrig

Onderwyser dra bloot kennis oor en leerders is passiewe ontvangers daarvan

Onderwyser ondersteun en begelei, en leerders is aktiewe deelnemers om kennis te ontdek

Leeraktiwiteite bestaan uit lang lyste vrae met slegs een modelantwoord wat deur die onderwyser bepaal word

Onderwyser beplan verskeidenheid ervaringgerigte leeraktiwiteite waardeur leerders deur verbeelding en selfontdekking kreatief kan reageer, maar handhaaf balans tussen vrye tekservaring en teksdissipline

Leerders dra gememoriseerde kennis in eksamen oor

Leerders pas kennis tydens assesseringsgeleenthede toe

Leerders memoriseer reëls, terminologie en modelantwoorde en herroep dit in die eksamen

Leerders ontdek, pas kennis toe, vra kritiese vrae, evalueer en besin

Kreatiewe, kritiese en probleemoplossende denke kry nie aandag nie

Kreatiewe, kritiese en probleemoplossende denke word aangemoedig en gestimuleer

Leerders aanvaar vertolking van onderwyser as enigste vertolking en besin nie oor hul eie vertolking nie

Leerders word aangemoedig tot eie vertolking, betekenisskepping en besinning

Slegs een korrekte vertolking bestaan

Meer as een interpretasie volgens die resepsie-estetika-teorie word aanvaar

Swartbord

Tegnologie

 

3.3.3 Literêre teorieë

Du Plooy (1989:2–14) is van mening dat die groot aantal en uiteenlopende aard van literêre teorieë problematies vir die taaldosent (ook taalonderwyser) kan wees wanneer daar op ’n teorie besluit moet word vir gebruik tydens teksontleding. Enkelvoudige betekenis kan nie op tekste afgedwing word nie. Volgens hierdie kenner is dit belangrik dat ’n redelike mate van konsensus moet bestaan oor wat onder sekere begrippe en terme verstaan word, want sonder teoretiese begronding kan literatuur nie ontwikkel nie. Volgens haar is die probleem waarmee ons tydens die ontleding van Afrikaanse tekste te kampe het, dat die teorieë hulle oorsprong in Europa het. Taalonderwysers behoort opgelei te word om ’n literêre teorie (of twee vir vergelykende doeleindes) te kies wat vir die Afrikaanse jeugverhaal en milieu geskik is. Die integrering van taalonderwysers se literêre teoretiese kennis met hulle leeservaring kan dan meer sinvol met hulle leerders gedeel word.

Miller (1986) se oplossing is dat een teorie nie noodwendig verabsoluteer moet word nie. Tydens die lees en onderrig van die literatuur (jeugverhale) gaan dit veral om etiese kwessies, naamlik die aard van die onderrig, die keuse van studiemateriaal en die keuse van die metodologie. Volgens hierdie navorser moet die teks gelees word en aangebied word soos wat dit is, met ander woorde die literêre teorie kan nie die leesproses finaal bepaal nie. Ten tweede moet reg aan die taalmatige aard van die teks en die literatuurstudie in die algemeen geskied. Ten derde stel hy ’n vergelykende benadering voor.

Literêre teorieë waaroor taalonderwysers kennis moet beskik om die voorgestelde vergelykende teksontleding aan te pak, is onder meer die volgende:

  • Teorie wat klem op die sender/skrywer plaas (19de eeu): positivisme
  • Teorieë wat klem op die boodskap en teks plaas (sedert 20ste eeu): Russiese formalisme, New Criticism, Tsjeggiese/Praagse strukturalisme, Franse strukturalisme, semiotiek, sisteemteorie
  • Teorieë wat klem op die ontvanger/leser plaas (sedert laat-sestigerjare tot die 20ste eeu): resepsie-estetika-benadering, psigo-ontleding en literatuurpsigologie, feminisme, literatuursosiologie, ekokritiek, ideologiekritiek, dekonstruksie en postmodernisme, chaosteorie, kompleksiteitsteorie, nuwe historisme, postkolonialisme, konstruktivisme en die kognitiewe wetenskappe.

3.4 Voorbereiding vir die onderrig van verhaalelemente, tema en boodskap in jeugverhale

Die KABV-riglyne is volgens Ras, ’n onderwyskenner (2015:3), belangrik aangesien verskillende genres se literêre kenmerke en die konstruksie daarvan onderrig word. Dit is eweneens belangrik dat leerders verstaan watter impak die verhaalelemente en tema op die boodskap wat die skrywer wil oordra, uitoefen. Ras voer voorts aan dat die tema(s) en boodskap(pe) in afsondering onderrig moet word, aangesien die onderskeid tussen tema en boodskap nie vir onderwysers (en uiteindelik nie vir leerders) baie duidelik na vore kom nie. Die onderwyser moet weet die tema(s) omvat die wyse waarop die skrywer idees, gewaarwordings en gevoelens met lesers deel. Daarom is dit belangrik dat onderwysers eers ’n literêre teks selfgerig lees om die tema(s) en boodskap(pe) daarvan te bepaal. Die tema(s) kan direk of indirek aan lesers gekommunikeer word. Temas in jeugverhale hou gewoonlik verband met liefde, dood, oorlog, vrede, jaloesie, bedrog, ras, godsdiens, volwassewording, identiteit en geboorte. Temas het ’n universele aard en is nie ruimte-, tyd-, karakter- of omstandigheidsgebonde nie. Die boodskap daarenteen behels ’n praktiese lewensles en hou sterk verband met ’n moraliteitsbesef. Lesers kan hierdie lewensles op hulle eie lewens toepas om in staat te wees om vrae oor vereenselwiging, aktualiteit en universaliteit te beantwoord. Voorbeelde van teksboodskappe in jeugverhale is onder andere om positief te bly in moeilike omstandighede, om te weet daar is altyd hoop, om respek te betoon teenoor alle mense en om jou drome na te volg.

Van der Westhuizen (2016:378) noem dat die ontwikkeling van Afrikaanse jeugverhale veranderings- en vernuwingspatrone toon wat soortgelyk is aan die ontwikkelingsfases van internasionale jeugverhale wat temas (die natuur), motiewe (individualisme en buitestanderskap), inhoud en taalbewustheid betref.

 

4. Aanbevelings vir Afrikaans Huistaal-onderwysers om jeugverhale selfgerig voor te berei

Soos reeds vermeld, kan onderwysers leerders eers tot selfgerigtheid lei as hulle self selfgerigte leerders is. Gevolglik moet onderwysers gewillig wees om die eienskappe van ’n selfgerigte leerder aan te neem, byvoorbeeld die aanvaarding van persoonlike verantwoordelikheid vir voorbereiding, onderrig en leer; die daarstelling en evaluering van betekenisvolle leerdoelwitte; die vermoë om gepaste onderrig-en-leer-strategieë en leerhulpbronne te identifiseer en te implementeer; asook leeraktiwiteite saam te stel wat leerders laat groei en ontwikkel. Dit behels voorts selfmotivering, om inisiatief te toon en om deeglik voorbereid te wees vir elke leergeleentheid (Du Toit-Brits 2018:378, 382–4).

Onderwysers behoort in die voorbereidingsfase2 in gedagte te hou dat die lees van jeugverhale leerders se kommunikasie-, taal-, denk- en probleemoplossingsvaardighede asook hulle ontwikkelingsdimensies moet uitbrei. Aanbevelings om onderwysers se selfgerigte teksontledingsvermoëns3 van jeugverhale te verbeter word in die onderstaande paragrawe bespreek.

4.1 Hoe om die selfgerigtheid van Afrikaans Huistaal-onderwysers te verbeter

Taalonderwysers kan die volgende aktiwiteite tydens die voorbereidingsproses van jeugverhale gebruik om hulle selfgerigtheid te verbeter en kan terselfdertyd hulle verskillende rolle as onderwysers sodoende uitvoer.

4.1.1 Oefen die gepaste literêre tekskeuses uit

Wanneer die letterkundeonderwyser in die voorbereiding, onderrig en leer van Afrikaanse jeugverhale die verhale self kies, moet die keuse daarvan noukeurig en diskreet geskied. Ten opsigte van gekose en voorgeskrewe jeugverhale moet die onderwyser in die rolle van leier, begeleier en bemiddelaar ten eerste bewus wees van die verskillende behoeftes van leerders en in dié verband ’n gepaste leeromgewing skep wat hulle inspireer tot kommunikatiewe en kreatiewe deelname (DBO 2007). Ten tweede moet die letterkundeonderwyser die sosiokulturele konteks van die klasgroep ken om moontlike onsensitiwiteit uit te skakel. Die onderwyser kommunikeer in hierdie konteks, as leerbemiddelaar, doelmatig en toon in die rolle van gemeenskapslid, landsburger en pastor erkenning en respek vir die Suid-Afrikaanse verskeidenheid (DBO 2007). Dit behels voorts die keuse van gepaste onderrigstrategieë en hulpbronne. Om ’n positiewe klasatmosfeer te skep, kan die onderwyser ten derde jeugverhale kies waarin humor voorkom, want dit kan onderrig en leer positief beïnvloed. Voorts kan humor in jeugverhale leerders se kreatiwiteit aanwakker. In ’n positiewe onderrig-en-leer-omgewing kan leerders se kommunikasie- en taalvaardighede ontwikkel word terwyl die onderwyser bewus raak van die leerders se behoeftes en gevoelens. Ten vierde moet die jeugverhaal aansluit by die leerdergroep se kognitiewe, emosionele en sosiokulturele ontwikkelingsvlakke, aangesien leerders belewenisgewys gereed moet wees om in ’n samelewing waarin ’n wye verskeidenheid groepe mense en strydende oortuigings voorkom dit te kan verstaan, verwerk, respekteer en daarby aan te pas. Jeugverhale moet ook duidelik met die lewenswerklikheid van die leerders verband hou, inligting oor die wêreld bied, ’n respons en refleksie by leerders uitlok en tot die totale ontwikkeling van leerders bydra.

4.1.2 Wees ’n professionele vakkenner

Om jeugverhale suksesvol voor te berei, behels die grondige kennis (vakkenner) van Afrikaanse jeugverhale asook om op hoogte van die jongste publikasies en resensies te wees (navorser en lewenslange leerder). ’n Literatuur- en/internetsoektog na goedgebalanseerde resensies4 soos dié van Loubser (2018) oor Blou is nie ’n kleur nie(Krahtz 2017) en dié van Kruger (2020) oor Baster (Vermeulen 2020) kan geloods word en aan leerders voorgelees word met die doel om hulle leesbelangstelling te prikkel. In laasgenoemde resensie word daar deur Kruger (2020) onder andere gedemonstreer hoe hierdie jeugverhaal die ontwikkelingsproses van jeugdiges kan ondersteun ten opsigte van die psigologies-emosionele, informatiewe (intellektuele en estetiese) en maatskaplik-sosiale funksies. Indien onderwysers vakkenners, navorsers en lewenslange leerders is, kan hulle kwaliteitsjeugverhale vir leerders kies en gekose en voorgeskrewe jeugverhale suksesvol onderrig. Onderwysers kan aan die hand van hulle kennis van Afrikaanse jeugverhale entoesiasties met leerders daaroor gesels om hulle tot ’n positiewe ingesteldheid oor jeugverhale te inspireer. Die onderwyser, as vakkenner, interpreteerder en ontwerper, moet voorts oor goeie ontledings- en interpretasievaardighede beskik om as begeleier en bemiddelaar leerders deur die jeugverhaalinhoud te begelei (DBO 2007). Onderwysers moet ook die toepaslike geïntegreerde letterkundeonderrigbenaderings en betekenisvolle onderrigmetodes en -strategieë vir die bepaalde leerinhoud in die onderrig-en-leer-proses aanwend.

4.1.3 Neem aktief aan die literêre kommunikasieproses deel

Onderwysers, as interpreteerders, is veronderstel om (soos leerders), na aanleiding van Jakobson (1960:350–77) se model, tydens die voorbereiding van jeugverhale aan die literêre kommunikasieproses deel te neem. Dit behels interaksie met die jeugverhaal en om ’n medeskepper daarvan te word. Hierdie deelname behels verder dat onderwysers in die interpretasieproses gepaste leerprogramme en hulpbronne vir die onderrig van die betrokke jeugverhaal in die vooruitsig stel.

Onderwysers wat die literêre kommunikasieproses aanmoedig, sal leerders se verwysingsraamwerke en verwagtingshorisonne herken en erken. Daarom sal hulle ’n leerdergesentreerde benadering ten opsigte van die onderrig en leer van jeugverhale toepas, aangesien leerders se agtergrondkennis ’n betekenisvolle rol in hulle interpretasieproses speel.

4.1.4 Lees jeugverhale meer as een keer

Dit is nodig dat onderwysers in die voorbereidingsfase (in die rolle van navorser, lewenslange leerder, fasiliteerder en assessor) ’n jeugverhaal meer as een keer lees. Lees voorgeskrewe jeugverhale ’n eerste keer, aangesien die eerste lees ’n verkenning van en kennismaking met die jeugverhaal is en ’n onmiddellike, eerlike en emosionele reaksie op die teks behels. Die eerste lees sluit die spontane, instinktiewe en teksbelewende reaksies op die jeugverhaal in.

’n Tweede lees van ’n jeugverhaal behoort ’n meer intellektuele betrokkenheid asook besinnende ervaring vir die onderwyser te wees, aangesien dit die uitgebreide storie, verhaalinhoud en teksontleding behels. Onderwysers besin tydens die tweede lees van die jeugverhaal hoe die verhaal tot hulle eie kognitiewe stimulasie, persoonlike, sosiale, emosionele, kulturele en morele dimensies en ontwikkeling bydra, hoe dit hulle ervaring uitbrei, hoe dit tot die universaliteit van menslike gevoelens bydra en hoe die indirekte inlewing in die verhaal tot ontspanning, spanning of frustrasie aanleiding gee. Laastens behoort onderwysers verhaalinhoude wat nie ooglopend in die verhaal na vore kom nie te ontdek. Afgesien daarvan om verhaalelemente, beeldspraak en stylfigure te ontleed, is dit van belang dat onderwysers in die teksontledingsproses ook temas en boodskappe in jeugverhale herken en leerders tot die ontdekking daarvan begelei.

4.1.5 Maak gebruik van leesjoernaalinskrywings

Onderwysers kan tydens die eerste en tweede lees van jeugverhale van leesjoernaalinskrywings gebruik maak. Daarin kan byvoorbeeld die fases waaruit ’n jeugverhaal bestaan, aangeteken word, naamlik ’n inleiding of in medias res (die verhaal begin midde-in bepaalde gebeure of ’n handeling, soos in Blou in nie ’n kleur nie van Carin Krahtz (2017)), ’n motoriese moment, klimaks (hoogtepunt van die verhaal of onvermydelike krisis, inkeer of veranderde insig waartoe karakters(s) kom), ontknoping en afloop. Verder kan leesjoernaalinskrywings gebruik word om voorspellings te maak, persoonlike eerste reaksies aan te dui, assosiasies (met verhaalkarakters, die milieu, gebeure, perspektief) op te roep, verbande te lê, afleidings en gevolgtrekkings te maak, emosionele response aan te teken, en terugskouings en sinteses neer te skryf. Onderwysers kan ook op visuele wyse byvoorbeeld kaarte van die verhaalmilieu teken, stambome van verhaalkarakters saamstel, die tydlyn van verhaalgebeure in chronologiese volgorde aandui en kolomopsommings maak.

4.1.6 Stel ’n denkraamwerk saam

Dit kan tot onderwysers se voordeel strek om ’n jeugverhaal selfgerig voor te berei. ’n Denkraamwerk van die jeugverhaal se verhaalelemente, temas, boodskap en beeldende taal kan byvoorbeeld saamgestel word. Teken ook leidrade aan wat op karakterisering, vertellers- en fokaliseringsperspektief, tyd- en ruimtebeelding, gebeure, en uiterlike en innerlike konflikhantering dui. Onderwysers moet onthou om voortdurend die funksionaliteit van die wyse waarop bogenoemde aspekte in die verhaal aangewend word, te bepaal.

4.1.7 Maak gebruik van kleure

Onderwysers kan van kleure in die teks gebruik maak. So kan beeldspraak (vergelykings, metafore en personifikasie) en stylfigure byvoorbeeld in verskillende kleure aangedui word. Dit kan onderwysers tydens die voorlesing van die (jeug)verhaal help om leerders bewus te maak van die kreatiewe spel met woorde en die skoonheid van die taal.

4.1.8 Vul die oop plekke in

Onderwysers vul die oop plekke in ’n jeugverhaal in, in ag genome dat teksontleding nie objektief of rigied kan geskied nie.

4.1.9 Ontwerp geïntegreerde leerervarings

In die voorbereidingsfase moet onderwysers ten eerste as ontwerpers gepaste literêre onderrigstrategieë kies om leerders tot deelname aan die literêre kommunikasieproses te begelei. Ten tweede moet onderwysers as vakkenners en ontwerpers betekenisvolle leeraktiwiteite ontwerp en hulpbronne identifiseer wat die meervoudige intelligensie van ’n bepaalde klasgroep in ag neem en aan die gestelde leerervaringsuitkoms, konteks en leerderbehoeftes voldoen.

In tabel 2 word meervoudige intelligensie verduidelik. Van den Berg (2004:150–63) beskryf Howard Gardner se teorie (1983) van meervoudige intelligensie, waarvolgens intelligensie beskou word as die meervoudige vermoëns van leerders (met ander woorde leerders kan oor unieke kombinasies van intelligensie beskik).

Tabel 2. Meervoudige intelligensie en gepaste leeraktiwiteite

Soort intelligensie en die aard daarvan

Gepaste leeraktiwiteite

Leeraktiwiteite om jeugverhale vir leerders toeganklik te maak

Linguistiese intelligensie:
taalkundige vaardigheid

Speel woordspeletjies Onderneem verskillende mondelinge take
Gee blok- en woordraaisels
Verskaf skryfaktiwiteite soos dagboekinskrywings, briewe en verhale

Verbind bepaalde karaktertrekke met karakters; berei ’n toespraak voor oor ’n omstrede kwessie in die jeugverhaal; vul ’n blokraaisel in om verhaalelemente van die jeugverhaal baas te raak; skryf ’n brief aan die hoofkarakter

Logies-wiskundige intelligensie:
kan getalle doeltreffend gebruik en beskik oor ’n fyn aanvoeling vir logiese patrone en verbande

Maak lyste
Beskryf hooftrekke
Kategoriseer inligting
Doen beplanning
Ontwikkel ’n speletjie
Los raaisels en probleme op

Som elke karakter op; ontwikkel ’n speletjie om vertroud te raak met die verhaalelemente; los een of ander probleem op wat die hoofkarakter ervaar

Ruimtelike intelligensie:
visuele en ruimtelike aanvoeling en is gefokus op visuele kunste; gevoelig vir kleure, lyne, diepte, tekstuur, vorms en ruimtes

Kyk na films en ontleed dit
Onderneem kunsaktiwiteite
Teken breinkaarte
Maak plakkate
Gee aanwysings

Kyk na die film wat op die jeugverhaal gegrond is; verfilm ’n bepaalde gebeurtenis in die jeugverhaal; teken ’n breinkaart om die verskillende verhaalelemente op te som; gee aanwysings hoe om by die huis van die hoofkarakter te kom

Musikale intelligensie:
is sensitief vir ritme en klanke; hou van agtergrondmusiek; gewoonlik ook logies-wiskundig as gevolg van aanvoeling vir patrone

Gebruik limeriek, ritmiese bewegings (kletsrym) om konsep of boodskap oor te dra
Speel agtergrondmusiek gedurende lees van jeugverhaal
Skryf ’n liedjie
Soek gepaste klanke om iets uit te beeld

Skep ’n kletsrympie om die boodskap van die jeugverhaal vas te lê; kies enige gepaste musiek om die atmosfeer van ’n bepaalde hoofstuk vas te vang; skryf ’n liedjie wat by die hoofkarakter pas

Liggaamlik-kinestetiese intelligensie:
blink uit in fisiese aktiwiteite soos sport, toneelspel, dans en mimiek; leer deur aanraking, wil rondbeweeg, wil graag praat en lyftaal gebruik

Dramatisering; ontwerp en bou;
gebruik lyftaal of mimiek; dans; rolspel

Rolspel, voer gedeelte van verhaal op

Dramatiseer bepaalde gebeure; bou dekor vir ’n bepaalde toneel; gebruik lyftaal of mimiek om begrippe te verduidelik; beoefen ’n dansvorm om die verhaalboodskap te illustreer

Naturalistiese intelligensie:
ingestel op die identifisering van patrone in die natuur en op die natuurwette; bewus van die invloed wat die omgewing op hulle het; beskik oor klassifiserings-, organiserings- en kategoriseringsvermoë

Stel leerders aan ruimte buite die klaskamer bekend deur uitstappies in die veld te onderneem
Versamel inligting oor die ruimte (plante, diere, sterre ...)
Neem video’s wat in die klas gebruik kan word

Reël ’n uitstappie, waartydens leerders video’s en foto’s neem, na die ruimte waar die verhaalgebeure afspeel, byvoorbeeld Drakensberge in Onderwêreld deur Fanie Viljoen (2008)

Interpersoonlike intelligensie: kan goed in groepe werk en konfliksituasies oplos; beskik oor wye vriendekring en gesels graag; kan ’n saak uit verskillende perspektiewe beskou

Doen ’n groepopdrag
Luister na ander se vertellings
Neem deel aan ’n debat of gesprek
Help ander om probleme op te los

Debatteer oor ’n omstrede kwessie in die jeugverhaal; verduidelik hoe jy die probleem sou oplos as jy in die skoene van die hoofkarakter was

Intrapersoonlike intelligensie:
dit raak alle ander intelligensie; behels toegang tot ’n mens se eie gedagtes en emosies en motiveer menslike optrede

Voer individuele take uit
Besin oor eie werk
Hou persoonlike dagboek
Bespreek en verstaan eie/ander se gevoelens
Stel portefeulje saam

Verbeel jou jy is die hoofkarakter en maak dan ’n dagboekinskrywing van ’n bepaalde gebeurtenis; stel ’n multimodale reflektiewe leerdersportefeulje van die jeugverhaal saam

 

Onderwysers moet in gedagte hou dat die bogenoemde leeraktiwiteite vir die skermgenerasie ontwerp moet word. Die leeraktiwiteite behoort daarom met inligting wat op die internet gevind kan word en met multidimensionele en ryk visuele beelde (soos rekenaar- en selfoonspeletjies), waaraan leerders daagliks blootgestel word, te kompeteer.

In die rol van ontwerpers en interpreteerders moet onderwysers ’n assesseringsprogram vir bepaalde leeraktiwiteite kan ontwerp waarin gepaste assesseringsdoelwitte en -kriteria vir leerders gestel word. Onderwysers, as assessors, berei ’n verskeidenheid assesseringsmetodes voor wat die onderrig-en-leer-prosesse ondersteun (DBO 2007).

4.2 Hoe om die leesmotivering van leerders te verhoog

Alhoewel leesmotivering ’n heelskoolverantwoordelikheid is, het Vos (2014:237–55) bevind dat Afrikaans Huistaal-onderwysers die rolspelers is met die grootste impak op jeuglesers se leesmotivering. Hierdie onderwysers kan eerstens ’n gunstige klaskameromgewing in die vooruitsig stel waarbinne leerders veilig voel om hulle menings te lug. Volgens Van Vuuren (2007:24–5) is ’n positiewe klaskameromgewing noodsaaklik om leerders gemotiveerd te kry en in selfgerigte leerders te ontwikkel. Vos (2014:237–55) stel voor dat die waarde van lees (veral in Afrikaans) aan leerders voorgehou moet word (vergelyk 4.3.1). Onderwysers, in die rol van lewenslange leerders en navorsers, behoort verder voor te berei om entoesiasties met leerders te gesels oor die nuutste jeugpublikasies, die skrywers daarvan en resensies daaroor.

Om uiteindelik gemotiveerde lesers te kweek, kan onderwysers beplan om ’n jeugverhaal tot op ’n bepaalde kritieke punt te lees, sodat die leerders se nuuskierigheid sodanig geprikkel kan word dat hulle self verder sal wil lees. Onderwysers behoort ook tydens hulle voorbereiding die verskillende leesvoorkeure van seuns en meisies in gedagte te hou: Meisies is meer gemotiveerd om te lees, terwyl seuns meer geneë sal wees om te lees wanneer ’n kompetisie-element aan die leesaktiwiteit gekoppel word. Beplan om multimedia by leesaktiwiteite in te sluit om leerders tot lees te motiveer.

4.3 Hoe om onderwysers se kennis te verbreed om jeugverhale selfgerig voor te berei

Die KABV (DBO 2011a, 2011b) se volume leerinhoud en die voorskriftelike kalender dra daartoe by dat onderwysers die kurrikulum as beperkend kan ervaar. Die gevolg hiervan is dat onderwysers se kreatiwiteit kwyn en professionaliteit ingeperk word in plaas daarvan om verrykende leerervarings voor te berei (Van Oort 2018:277). Die gebruik van kommersiële letterkundehulpbronne wat vrylik en in verskeie vorme beskikbaar is, is ’n verdere faktor wat onderwysers se selfgerigtheid laat kwyn.

Die onderstaande aanbevelings kan in die selfgerigte voorbereidingsproses5 deur onderwysers oorweeg word.

4.3.1 Stel die waarde van die lees van jeugverhale vas

Onderwysers moet tydens die voorbereidingsfase in gedagte hou dat lees nie net ontspanning en vermaak aan leerders bied nie, maar hulle kennis kan uitbrei, hulle kan motiveer, hulle tot insig kan bring en dat die jeugverhaalinhoud gevolglik terapeuties kan wees en hulle ervaringswêrelde kan uitbrei. Die lees van jeugverhale is die geheime sleutel wat wêrelde oopsluit. Grense van tyd en ruimte kan in jeugverhale oorbrug word. Die leser kan betrokke raak by die lotgevalle van mense en hulle ervarings en sodoende besin oor die verskillende aspekte van menswees.

4.3.2 Toon professionaliteit

Die kurrikulum vir Afrikaans Huistaal bied aan onderwysers ruimte om as kurrikuleerders op te tree. Daarom is dit belangrik dat onderwysers die skoolkurrikuluminhoude en die Afrikaanse jeugverhaalskat goed ken om as kurrikuleerders op te tree. Dit impliseer dat onderwysers in die voorbereiding van jeugverhale geskikte letterkundeonderrigbenaderings moet bepaal en tersaaklike en verantwoordbare leerinhoude moet ontwerp wat ’n leerdergroep se opvoeding en totale ontwikkeling tot voordeel strek. Onderwysers moet verder bekwaam wees om leerdergesentreerde en geïntegreerde aktiwiteite vir ’n bepaalde leerdergroep te kan saamstel.

4.3.3 Skep ’n ondersteunende konstruktivistiese leerruimte

Wanneer onderwysers die jeugverhaal wat onderrig word selfgerig en deeglik voorberei het, sal hulle meer toeganklik wees vir die leerders en met gemak ’n leerruimte kan skep om responsbenaderings met selfvertroue te gebruik. Dit gee weer aan leerders die geleenthede om sonder skroom literêre interpretasies te waag en hulle eie resepsies weer te gee, wat weer tot positiewe gevoelens teenoor lees aanleiding gee.

Alhoewel genoegsame tyd in die letterkundeklas altyd ’n kwessie is, kan onderwysers poog om tyd te maak om die jeugverhaal hardop voor te lees, aangesien die voorlees daarvan ’n gunstige uitwerking ten opsigte van lees vir leerders inhou.

Professionele onderwysers maak nie net van lyste kontekstuele kortvrae gebruik nie, maar skep in die ontwerp, in die rol van ontwerpers van ’n leerprogram rondom die betrokke jeugverhaal, ruimte vir wyer interpretasie. Daarom word die letterkundeonderwyser aangeraai om van ’n ondersteunende konstruktivistiese leerruimte, in die rolle van leerbemiddelaars en begeleiers van ondersoekende en ontdekkende onderrig, gebruik te maak. Voorts behels die onderrig van jeugverhale dat leerders in die proses literêre vaardighede (onder andere gemotiveerde konteks-, betekenis- en beeldskepping, verbandlegging, interpretasie en evaluering) leer, oefen en toepas.

Geïntegreerde leerdergesentreerde leeraktiwiteite (individuele en groepsaktiwiteite) kan beplan word met inagneming van leerders se meervoudige intelligensie (vergelyk tabel 2), verskillende leerstyle en voorkeure, wat op Bloom of Barrett se taksonomieë berus. Hierdie leeraktiwiteite kan tot ondersoekende, ontdekkende en probleemoplossende denke by leerders lei.

Dit is belangrik dat onderwysers leerders nie na die ontdekking en identifisering van net verhaalelemente, beeldspraak en stylfigure begelei nie. Hulle moet beplan om leerders na ook die funksionaliteit van byvoorbeeld karakterbeskrywing, onder andere deur naamgewing en beskrywing, en ’n bepaalde tydsaanwending in ’n jeugverhaal te begelei. Die karakters in die jeugverhaal Blou is nie ’n kleur nie (Krahtz 2017) kan as voorbeeld dien van karakterisering deur middel van naamgewing, terwyl Baster (Vermeulen 2020) goeie voorbeelde van ’n bepaalde ruimtebeelding, konflikhantering, simboliek, kontras en ironie bevat.

In die voorbereiding van jeugverhale kan onderwysers beplan om van beskikbare tegnologie gebruik te maak. Dit laat leerders gedy en dra tot hulle multimediageletterdheid by. Die jeugverhaal Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom (Van der Vyver 2014) is onder andere ’n voorbeeld hiervan, aangesien die verhaal in boek- en filmformaat beskikbaar is.

4.3.4 Verreken leerders se verskillende ontwikkelingsdimensies in die voorbereidingsproses

’n Belangrike uitkoms waarna onderwysers behoort te streef, is om deur middel van die onderrig van jeugverhale tot die ontwikkeling van leerders se kognitiewe, emosionele, estetiese, sosiale, psigologiese, kulturele en morele dimensies by te dra. Derhalwe is die keuses van jeugverhale en jeugverhaalinhoude vir bepaalde leerdergroepe met meervoudige intelligensie ’n belangrike deel daarvan om dit betekenisvol te onderrig.

4.3.4.1 Leerders se kognitiewe dimensie

Onderwysers kan, wanneer hulle die gekose of voorgeskrewe jeugverhaal die eerste keer verkennend lees, en die tweede keer besinnend herlees, seker maak die verhaal beskik oor die nodige inligting om die klasgroep se algemene, linguistiese (soos figuurlike en beeldende taal asook woordeskatuitbreiding) en literêre kennis (oor byvoorbeeld die verhaalelemente en stylfigure) uit te brei en die leerders se ervaringswêrelde te vergroot. Die karakters se uitbeelding, die dialoog wat hulle gebruik, die voorstelling van karakters se innerlike gedagtes asook verhaalgebeure, ruimtebeelding, tydsaanwending en hantering van innerlike en uiterlike konflik moet geloofwaardig wees en verband hou met leerders se lewenswerklikheid. Lien se lankstaanskoene (Van der Walt 2008) is ’n sterk voorbeeld van geloofwaardige verhaalgebeure, die hoofkarakter se innerlike konflik en toon (danksy die gebruik van ’n proloog en epiloog) en interessante aanwending van tyd in die verhaal.

4.3.4.2 Leerders se emosionele dimensie

Voorts is dit belangrik dat onderwysers bepaal of die gekose jeugverhaal onder andere aan leerders geleenthede bied om hulself in die verhaal in te leef en met karakters en verhaalintriges te identifiseer, en of dit leerders se gevoelens aanraak, aangesien dit leerders se emosionele dimensie kan stimuleer. Soek daarom na uitstekende voorbeelde van die voorstelling van werklike gevalle en emosionele intriges in die jeugverhaal waarin onderwysers (en tydens die onderrig ook leerders) hulself kan plaas, wat hul persoonlik kan raak en waaroor hulle empaties kan voel. Leerders sal byvoorbeeld met die hoofkarakter in die jeugverhaal Willem Poprok (Van der Walt 2010) kan assosieer, aangesien Willem spot by die huis en by die skool moet verduur, nie wiskunde kan doen nie en van kuns hou, maar uiteindelik weet wie hy wil wees.

4.3.4.3 Leerders se estetiese dimensie

Die gekose en voorgeskrewe verhaal moet ook onder andere oor sterk voorbeelde van skeppende taal, soos beeldspraak en stylfigure, en illustrasies beskik wat leerders ten opsigte van hulle etiese dimensie kan verryk. Daarom kan goeie voorbeelde van taalrykheid (soos treffende beeldende en beskrywende taal) gesoek en gevind word om die waarde (funksionaliteit) daarvan vir die verhaal te bepaal. Suurlemoen! (Jacobs 2007) bevat onder andere lirieke wat goeie voorbeelde van beeldspraak insluit.

4.3.4.4 Leerders se sosiokulturele dimensie

In die Suid-Afrikaanse konteks is dit noodsaaklik dat onderwysers die voorkoms van multikulturaliteit in ag neem sodat uitsluiting en stereotipering van sekere leerders nie voorkom nie. Bepaal voorts watter aspekte in die jeugverhaal tot leerders se kultuurbewusmaking en -verryking kan bydra en leerders kan help om sosiokulturele ideologieë beter te verstaan. In hierdie verband is Baster (Vermeulen 2020) ’n baie goeie voorbeeld.

4.3.4.5 Leerders se etiese dimensie

’n Jeugverhaal se inhoud kan tot die ontwikkeling van leerders se etiese dimensie bydra. Onderwysers moet vasstel hoe die gekose of voorgeskrewe jeugverhaalinhoud leerders se waardestelsels tot voordeel kan strek. Stereotipering in jeugverhale vereis sensitiewe hantering daarvan. In die jeugverhaal Blou is nie ’n kleur nie (Krahtz 2017) kom omstrede gebeure na vore. Onderwysers moet as leerbemiddelaars en pastors leerders daardeur begelei sodat hulle self kan bepaal en evalueer wat oneties is, waarom dit oneties is en watter gevoelens dit by hulle opwek.

4.3.5 Vermy slegs een modelinterpretasie

Ten opsigte van jeugverhaalinterpretasies word onderwysers aangeraai om die resepsie-estetika-onderrigbenadering na te volg. Dit beteken onderwysers aanvaar ’n verskeidenheid gemotiveerde interpretasies. Alhoewel daar in die praktyk altyd te min tyd vir die lees en interpretasies van jeugverhale is, kan onderwysers in die beplanningsfase probeer om genoegsame geleenthede aan leerders te bied om hulle verbeelding te gebruik en spontane en kreatiewe interpretasies vir die onderwysers aan te bied. Dit kan moontlik tydens klasbesprekings en -debatte plaasvind en/of hulle kan hulle voorspellings, assosiasies, afleidings, reaksies en refleksies op die jeugverhaal in denkraamwerke uiteensit aan die hand van skriftelike leeraktiwiteite of op kreatiewe wyse uitvoer.

4.3.6 Stimuleer leerders se probleemoplossingsvaardighede

Dit is belangrik dat onderwysers tydens die beplanning van jeugverhale kreatiewe wyses bedink om aan leerders gepaste kontekstuele probleme te stel om die betrokke jeugverhaal te interpreteer en te evalueer. Beplan om as leerbemiddelaars leerders na selfontdekking van byvoorbeeld oop plekke, simboliek, ironie en funksionele naamgewing te begelei. Identifiseer onderwerpe en temas in die jeugverhaal wat tot funksionele klasbesprekings en sinvolle debatte aanleiding kan gee en leerders daaroor te kan laat besin.

4.3.7 Bemagtig leerders met leidrade en konteksmerkers

Die toepassing van leesstrategieë is ’n ononderhandelbare faktor wat tydens die voorbereidingsproses in ag geneem moet word. ’n Wenk vir onderwysers is om gepaste leesstrategieë te identifiseer waardeur leerders betekenis kan skep, asook om temas en die boodskap van die verhaal mee te kan aflei. Ten tweede moet onderwysers na leidrade soos die titel en subtitel, moontlike epigrawe, proloë, opening- en slotsinne van verhale, hoofstukke, paragrawe, karakteriseringstegnieke en die strukturering van jeugverhale soek wat gebruik kan word vir betekenisskepping.

4.3.8 Volg leerdergesentreerde konstruktivistiese en kommunikatiewe letterkundeonderrigbenaderings

Leerdergesentreerde konstruktivistiese en kommunikatiewe letterkundeonderrigbenaderings is aanbevole onderrigbenaderings. Hierdie letterkundeonderrigbenaderings lei tot opbouende interaksie tussen leerders en jeugverhale. Deur die voorbereiding van hierdie onderrigbenaderings kan onderwysers leerders deur middel van ’n klasgesprek, -bespreking, -diskoers, begeleidende vraagstelling en gepaste (mondelinge en/of skriftelike) leeraktiwiteite tot selfontdekking, probleemoplossing, afleidings en gevolgtrekkings begelei tot onder andere die identifisering en interpretasie van die betekenis/boodskap, tema(s), belangrike simbole asook beeldende taal en ryk beskrywings.

Die aanwending van hierdie onderrigbenaderings beteken ook dat onderwysers uitdagings aan leerders stel om onder andere aktief, kreatief en krities by leergeleenthede in die letterkundeklas betrokke te raak. Ook bied dit aktiewe leerderdeelname aan leergebeure, volgehoue ondersteuning aan leerders in ’n veilige leerruimte waarin hulle kan interpreteer, evalueer en besin, inligting kan ontdek en probleme met kreatiewe en kritiese denke te kan oplos. Dit behels dat nie slegs reëls, feite en terme onderrig word nie, maar dat hierdie konstruktivistiese onderrig die leesproses aanmoedig.

4.3.8.1 Volg die kommunikatiewe benadering tot letterkundeonderrig

Tydens die voorbereiding van jeugverhale kan onderwysers geleenthede vir leerders beplan om aan die dinamiese literêre kommunikasieproses tussen sender en ontvanger deel te neem. Daarom moet onderwysers dit in die vooruitsig stel dat leerders se tekservarings van mekaar sal verskil en dat hulle daarom die verskille sensitief moet hanteer. Dit beteken dat onderwysers nie alleenlik korrekte vertolkings kan aanbied nie, aangesien leerders se agtergrondkennis, verwagtingshorisonne en verbeeldingswêrelde verskil.

4.3.8.2 Volg die geïntegreerde benadering tot letterkundeonderrig

In die onderwysersrolle van vakkenners, navorsers en lewenslange leerders is die identifisering van gepaste en funksionele letterkundeonderrigbenaderings van belang. Daarom is die aangewese weg dat onderwysers in hulle beplanning, aan die hand van die geïntegreerde literêre benadering, ruimte laat om aanpassings te maak na gelang van leerderbehoeftes en veranderde leeromstandighede. Die samestelling van geïntegreerde, progressiewe en kreatiewe leeraktiwiteite rondom die jeugverhaal, wat al die taalvaardighede (lees en kyk, luister en praat, skryf en aanbied, asook taalstrukture en
-konvensies in konteks) betrek, is ’n belangrike deel van onderwysers se voorbereiding.

4.3.8.3 Volg die resepsie-estetika-benadering tot letterkundeonderrig

Deur die navolging van die resepsie-estetika-onderrigmodel laat onderwysers leerders toe om (op individuele, unieke wyses) te visualiseer, beelde en betekenis te skep en oop plekke in te vul. Neem in die voorbereiding in ag dat elke leerder sentraal staan en oor ’n realistiese primêre en unieke verbeeldingryke wêreld beskik wat hulle interpretasies en refleksies op jeugverhale beïnvloed. Aan die hand van die resepsie-estetika-onderrigbenadering behoort daar ook ruimte aan leerders gegee te word om onder andere simpatiek en empaties op ’n karakter of gebeure te reageer en hulle gevoelens daaroor te kan motiveer. Dit is belangrik om in die proses ook leerders se verskillende literêre, kulturele en etiese verwagtings en verwagtingshorisonne te erken.

4.3.8.4 Volg die prosesbenadering tot letterkundeonderrig

Deur fyn beplanning kan onderwysers tyd inruim vir die gebruikmaking van die leesproses, die hardop voorlesing van die verhaal (of dele van die verhaal), die afneem van luisteraantekeninge deur die leerders, asook vir ’n klasgesprek oor die inhoud. Die modellering van geskikte leesbegripstrategieë kan tot betekenisskepping van jeugverhale bydra. Die leeraktiwiteite wat die onderwyser saamstel, moet geïntegreerde taal in konteks insluit. Leerders kan in hierdie verband onder meer idiomatiese taal en figuurlike taal uit die jeugverhaal verduidelik en die funksionaliteit daarvan vir die jeugverhaal bepaal.

4.3.8.5 Volg die tematiese benadering tot letterkundeonderrig

Deur ’n jeugverhaal aan die hand van tematiese letterkundeonderrigbenaderings voor te berei, kan tot die identifisering van die verhaal se sosiopolitieke, kulturele en geskiedkundige konteks, asook die oorkoepelende tema(s) om uiteindelik die boodskap van die verhaal te herken, bydra.

4.3.8.6 Volg die teksbenadering (tekservaring en -bestudering) tot letterkundeonderrig

Die voorbereiding van jeugverhale vereis die handhawing van ’n balans tussen tekservaring en
-bestudering, en daar moet nie net op teksontleding gekonsentreer word nie. Wat tekservaring en
-belewing betref, kan onderwysers probeer om leerders se kognitiewe dimensie met feitekennis van die jeugverhaal, kontekstuele kennis, algemene kennis, verwagtingshorison en literêre vaardighede uit te brei. Leerders se emosionele dimensie kan ontwikkel word deur hulle tot inlewing in die verhaal te motiveer. Die estetiese dimensie kan deur hulle literêre vaardighede uitgebou word. Voorts kan leerders bewus gemaak word van diversiteit ten opsigte van groep, taal en kultuur om hulle sosiokulturele dimensie te ontwikkel. Ook leerders se etiese dimensie kan ontwikkel wanneer hulle op waardes en norme in ’n jeugverhaal gewys word.

4.3.8.7 Volg die genre-gebaseerde benadering tot letterkundeonderrig

Onderwysers kan in die beplanningsfase oorweeg om leerders aan ’n verskeidenheid literêre genres bloot te stel en in die proses hulle byvoorbeeld die verskille ten opsigte van kinder- en jeugverhale (inhouds-, struktuur- en registerverskille) self te laat ontdek en die doel van die verskille te laat bepaal.

4.3.8.8 Volg die chronologiese en skrywersbenadering tot letterkundeonderrig

Wat ’n chronologiese onderrigbenadering betref, moet onderwysers dat leerders geskiedkundige gebeure met ’n literêre periode in verband bring. Beplan ’n diepgaande ondersoek van ’n jeugskrywer se lewe en werk waar leerders van tegnologie gebruik moet maak. Bekroonde jeugverhaalskrywers soos Jaco Jacobs, Fanie Viljoen, Jan Vermeulen, Marita van der Vyver, Derick van der Walt, Anzil Kulsen en Eldridge Jason se lewe en werk kan vir leerders ’n interessante internetsoektog inhou.

4.3.9 Bied gepaste leiding en ondersteuning aan leerders

Aan die hand van geïntegreerde letterkundeonderrigbenaderings kan onderwysers op alle domeine gepaste leiding en ondersteuning aan leerders bied. Onderwysers moet voorts voorberei om leerders na die inhoud, betekenis en boodskap in die rol van fasiliteerder te begelei om eindelik tot selfontdekking en selfinsig te kom. Dit veronderstel dat onderwysers as vakkenners goed belese moet wees en as kurrikuluminterpreteerders die kurrikulumvereistes moet ken.

4.3.10 Kies ’n geskikte literêre teorie volgens die leerders se konteks

Dit bly die verantwoordelikheid van onderwysers om hulle te vergewis van die verskillende literêre teorieë waarmee ’n jeugverhaal belig kan word. Onderwysers moet hiermee saam voortdurend die benaderings tot die onderrig van letterkunde, soos dit in die KABV (DBO 2011:12) gestipuleer word, in gedagte hou: “Die belangrikste rede vir die lees van letterkunde in die klaskamer is om by leerders ’n sensitiwiteit te wek vir taal wat meer verfynd, letterkundig, figuurlik, simbolies en betekenisvol gebruik word.”

Onderwysers en leerders moet saamstem wat betref die literêre terme en die teoretiese begronding, want daarsonder is die ontleding van jeugverhale nie moontlik nie. Onderwysers kan byvoorbeeld vanuit hulle akademiese en professionele opleiding sekere aspekte van die ekokritiese teorie gebruik om ’n jeugverhaal soos ’n Goeie dag vir boomklim van Jaco Jacobs (2015) te belig, maar ’n enkelvoudige betekenis kan egter nie op die teks afgedwing word nie. Onderwysers moet ruimte skep vir die persoonlike en eerlike vertolking en kommentaar van die jeuglesers. Onderwysers moet daarom daarteen waak dat ’n gekose literêre teorie belangriker raak as die leesproses en jeuglesers se reaksie op jeugverhale.

4.4 Hoe om vir die integrering van verhaalelemente, tema en boodskap voor te berei

Die onderskeid tussen die tema en boodskap van jeugverhale word eers ten volle duidelik as die verhaalelemente se invloed daarop verstaan word. Vrae wat onderwysers tydens die voorbereidingsfase in die leesjoernaal (vergelyk 4.1.5) aan hulself kan stel en beantwoord om ’n tema en boodskap van ’n jeugverhaal te identifiseer, voordat hulle leerders daartoe kan begelei, word vervolgens bespreek.

4.4.1 Vrae oor titel

Tydens die voorbereidingsfase van jeugverhale is dit nuttig wanneer die onderwyser die funksionaliteit van die titel (en subtitel), motto en aanhalings wat gebruik word, bepaal en vervolgens voorspel wat dit kan beteken of suggereer en of dit enigsins openbarend is ten opsigte van moontlike temas en boodskappe. Tydens die tweede lees van die jeugverhaal moet onderwysers kernwoorde, sinne en frases wat betrekking op die titel het, vasstel, dit in die leesjoernaal aandui en dit in die teks omkring of met kleure aandui.

4.4.2 Vrae oor verteller en fokalisasie

Om uit te vind wie die verteller in die (jeug)verhaal is, vra die onderwyser wie in die verhaal aan die woord is. Onderskeid moet getref word tussen ’n alomteenwoordige, karaktergebonde, eerste- of derdepersoonsverteller. Dit mag nie met die skrywer van die verhaal verwar word nie. Om uit te vind wie die fokalisator van die verhaal is, behoort die onderwyser te vra wie kyk na gebeure of wie se siening word op ’n bepaalde plek en tyd in die verhaal weergegee. Dit kan ’n eksterne (kyk van buite die verhaal en weet alles van karakters en gebeure) of interne fokalisator (word herken aan die gebruik van “ek”, “hy” en “sy” en is karaktergebonde, kan nie oral wees en alles weet nie) wees. Onderwysers moet kennis neem dat fokalisasie van plek tot plek in die verhaal kan wissel.

4.4.3 Vrae oor karakterisering

Onderwysers moet ten eerste die hoofkarakter(s) en newekarakters identifiseer asook die wyses van karakterbeelding en karakteriseringstegnieke en die funksionaliteit daarvan bepaal. Onderwysers behoort vas te stel hoe jeugverhaalskrywers karakters se voorkoms, optrede, dialoog, innerlike gedagtes, verhoudings met ander karakters en konflikhantering uitbeeld.

Ten tweede kan onderwysers bepaal hoe hierdie karakteriseringstegnieke van die verhaalkarakters tot die hooftema van die verhaal bydra. Vervolgens kan onderwysers hulself afvra wat tot die geloofwaardige karakterbeelding in die jeugverhaal bydra, al dan nie. Onderwysers kan ook vasstel watter gevoel(ens) sekere karakters en hulle optredes by die leser opwek en waarom dit die geval is. Onderwysers moet vra of enige temas en boodskappe deur die handelinge, dramatiese aankondigings of persoonlikhede van die karakters openbaar gemaak word. Dit is belangrik dat die verhaal se konteks voortdurend in die vraagstellingsproses in berekening gebring word. Daar kan voorts uitgevind word hoe die lesers sou optree indien hulle in die karakters se skoene gestaan het en binne die bepaalde milieu aan die bepaalde gebeure onderwerp was.

4.4.4 Vrae oor ruimtebeelding

Onderwysers moet uitvind waar die jeugverhaal afspeel en hoe die ruimte deur karakters beleef word. Voorts kan onderwysers bepaal hoe naamgewing, natuurbeskrywings, simboliese assosiasies met die ruimte asook sintuiglike belewing van die verhaal tot die interpretasie van die jeugverhaal, asook tot die temas en boodskap, bydra.

4.4.5 Vrae oor verhaalgebeure

Ten opsigte van die gebeure in ’n verhaal kan onderwysers vrae stel oor watter interessante, humoristiese, ironiese, spannende en hartseer gebeure in die verhaal na vore tree. Die onderwysers behoort te vra of die gebeure realisties vir die leser uitgebeeld word. Die onderwysers kan aanteken watter gebeure die leser kan bly, bang, opgewonde, gefrustreerd of gespanne laat voel. Onderwysers kan ondersoek instel na of die gebeure in die jeugverhaal aangrypend, dramaties, paradoksaal, hiperbolies, vervelig of spannend aangebied word. ’n Volgende vraag wat gestel kan word, is wat in die verhaal aanleiding gee tot die innerlike en uiterlike konflik in die verhaal. Onderwysers kan onder andere ondersoek instel na die oorsaak van die konflik, die gevolg van die konflik en watter karakter sentraal in die konflik van die verhaal staan. Onderwysers moet bepaal of die konflik deur ’n omstrede kwessie veroorsaak is, want sodoende kan temas en ’n uiteindelike boodskap makliker geïdentifiseer word.

4.4.6 Vrae oor tyd

Onderwysers moet uitvind hoe die verteltyd (tydsduur van verhaal), vertelde tyd (tydsduur in die geskiedenis) en die onvertelde tyd (byvoorbeeld tydspronge, die gebruik van ellips, oop plekke) in die jeugverhaal aangewend word om verhaalgebeure te rekonstrueer. Indien die verhaalgebeure achronologies geskied, kan die onderwysers hulself byvoorbeeld afvra hoe vooruitskouings en terugskouings die verhaalbetekenis beïnvloed.

 

5. Gevolgtrekkings

Struikelblokke in die onderrigwerklikheid is eksamengerigtheid, tekort aan onderrigtyd, oorbelaaide kurrikuluminhoude (Van Oort 2018:256–84), die spanning wat met eksamenuitslae gepaard gaan en ’n gebrek aan fondse vir die aankoop van ’n verskeidenheid jeugverhale. Voorts kan leerders hulle nie met die inhoud van voorgeskrewe letterkunde vereenselwig nie (Lawrence e.a. 2019:225). Hierdie toedrag van sake lei tot frustrasie by onderwysers en dryf hulle tot die gebruik van kommersiële hulpbronne. Hierdie bestaande letterkundeonderrigpraktyke strem onderwysers in hulle beplanning en voorbereiding ten opsigte van teksbelewing en -ontleding, vertolking en evaluering van voorgeskrewe jeugverhale. Die aanbevelings wat in hierdie artikel vir Afrikaans Huistaal-onderwysers voorgestel word (vergelyk afdeling 4), kan die selfgerigtheid van onderwysers verbeter en hulle bemagtig om jeugverhale onafhanklik te kan voorberei.

Volgens die skrywers se eie onderwyservaring is dit nie net onderwysers wat hulle na onderwysersgidse, werkboeke en handleidings wend nie, maar ook leerders, aangesien dit wyd geadverteer word en vrylik in gedrukte of elektroniese formaat beskikbaar is. Hierdie toedrag van sake beïnvloed die selfgerigtheid van onderwysers én leerders negatief, aangesien onderwysers en leerders nie in interaksie met die teks tree soos in die KABV (DBO 2011), asook in letterkundeonderrigbenaderings en die literêre kommunikasieproses (Combrink 1992), voorgestel word nie. Die algemene houding bestaan dat kommersiële publikasies, internetwebwerwe, Facebook-groepe, YouTube-video’s en individuele onderwysers, wat leermateriaal van voorgeskrewe jeugverhale ontwikkel, hulle van modelontledings, -vertolkings, -evaluerings en -antwoorde sal voorsien.

Onderwysers en leerders aanvaar gelate die jeugverhaalontledings, antwoorde op gestelde vrae, motiewe, tema en boodskap wat pasklaar verskaf word. Die gevolg hiervan is dat die veronderstelde resepsie-estetika-benadering, soos in die KABV (DBO 2011) aanbeveel, nie in die voorbereidingsfase van jeugverhale in berekening gebring word nie. Onderwysers plaas meer klem op eksamenafrigting en minder op die voorgestelde letterkundeonderrigbenaderings van die KABV, en kyk ook nie wyer na ander moontlikhede nie. Boonop word daar weggeskram van die integrering van ’n literêre teorie in die voorbereiding van ’n jeugverhaal.

 

6. Samevatting

In die klaskamerpraktyk is die toepassing van geïntegreerde konstruktivistiese literêre onderrigbenaderings ten opsigte van jeugverhale soms moeilik. Dit kan moontlik aan die uitdagende kurrikula en tydsbestuur toegeskryf word. Die gevolg hiervan is dat onderwysers nooit hulle selfgerigtheid ten opsigte van die ontleding, vertolking en evaluering van jeugverhale ontwikkel nie. Dit lei ongelukkig tot die gebruik van beskikbare kommersiële hulpbronne met modelvrae en -antwoorde, aangesien eksamenafrigting van leerders ’n prioriteit is. Hierdie toedrag van sake veroorsaak dat jeuglesers nooit tyd het vir hulle eie resepsie van en besinning oor jeugverhale nie. Hierdie situasie kan verbeter word indien Afrikaans Huistaal-onderwysers se selfgerigte voorbereidingsvaardighede van jeugverhale geslyp word soos uiteengesit in die aanbevelings in afdeling 4. Hierdie aanbevelings kan tydens die opleiding van voorgraadse onderwysstudente gebruik word. Verder kan die aanbevelings deur onderwysindiensopleiers en kurrikulumbeplanners in ag geneem word.

 

Bibliografie

Adam, B. 2006. Senior niemoedertaalleerders se ingesteldheid teenoor die voorgeskrewe gedigte en onderrigmetodes vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal in die hoërskool. MA-verhandeling, Universiteit van Pretoria.

Barkhuizen, M. en H.J. Steyn. 2011. Die moontlike verandering van Uitkomsgebaseerde Onderwys in die grondslagfase-klaskamer. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 51(1):36–52.

Burger, W. 2017. Letterkunde as selfverbetering? Vrouekeur, 20 Februarie. https://www.vrouekeur.co.za/nuus-vermaak/letterkunde-as-selfverbetering (24 Maart 2022 geraadpleeg).

—. 2018. Die wêreld van die storie. Pretoria: Van Schaik.

Combrink, L. 1990a. Die rol van die leser in die literêre kommunikasiesituasie. Die Unie, 86(7):194–5.

—. 1990b. Die rol van die leser in die literêre kommunikasiesituasie. Die Unie, 86(8):222–3.

—. 1992. Die literêre teks as vertrekpunt vir temagerigte en integrerende literatuuronderrig. Tydskrif vir Taalonderrig, 26(3):17–37.

Cloete, T.T. en H. Viljoen (reds.). 2013. Literêre terme en teorieë. https://www.literaryterminology.com (15 Augustus 2022 geraadpleeg).

De Klerk-Luttig, J. 2017. Ons en die onderwys. Radio-onderhoud, RSG. 25 Junie, Aucklandpark. https://omny.fm/shows/ons-en-die-onderwys/25-jun (15 Augustus 2022 geraadpleeg).

Departement van Basiese Onderwys (DBO). 2007. National policy framework for teacher education and development in South Africa. Pretoria: Staatsdrukker.

—. 2011a. Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring. Afrikaans Huistaal. Senior Fase: graad 7 tot 9. Pretoria: Staatsdrukker.

—. 2011b. Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring. Afrikaans Huistaal. Verdere Onderwys- en Opleidingsfase: graad 10 tot 12. Pretoria: Staatsdrukker.

Du Plessis, H. 2011. Die pad na Skuilhoek. Pretoria: LAPA Uitgewers.

Du Plooy, H. 1989. Kontemporêre literatuurteorie en die studie en onderrig van die Afrikaanse letterkunde. Literator, 10(1):1–15.

Du Toit, C. 2006. Die identifisering van faktore wat die onderrig en leer van Afrikaans Addisionele Taal beïnvloed. MEd-verhandeling, Noordwes-Universiteit.

—. 2012. Die ontwikkeling van ’n onderrigleerprogramraamwerk vir Afrikaans Addisionele Taal. PhD-proefskrif, Noordwes-Universiteit.

Du Toit-Brits, C. 2018. Die onderwyser as beoefenaar en bemiddelaar van selfgerigte leer. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 58(2):377–85.

Filchenko, A. en Z. Anikina (reds.). 2018. Linguistic and cultural studies: Traditions and innovations. Cham: Springer.

Gardner, H. 1983. Frames of mind: The theory of multiple intelligences. New York: Basic Books.

Garrison, D.R. 1997. Self-directed learning: Toward a comprehensive model. Journal of Adult Education Quarterly, 48(1):18–33.

Ghesquiere, R. 1993. Het verschijnsel jeugdliteratuur. Amersfoort: Acco Leuven.

Grové, A.P. 2013. Epigram. In Cloete en Viljoen (reds.) 2013.

Grussendorff, S., C. Booysen en E. Burroughs. 2014. What’s in the CAPS package? Overview. https://www.umalusi.org.za/docs/reports/2014/overview_comparitive_analysis.pdf (21 November 2022 geraadpleeg).

Hoadley, E. en J. Jansen. 2009. Curriculum: Organizing knowledge in the classroom. 2de uitgawe. Kaapstad: Oxford University Press.

Howie, S.J., C. Combrinck, K. Roux, M. Tshele, G.M. Mokoena en N. McLeod Palane. 2017. PIRLS 2016: Progress in International Reading Literacy Study 2016 – South African children’s reading literacy achievement. Pretoria: Centre for Evaluation and Assessment.

Iser, W. 1978. The act of reading: A theory of aesthetic response. Londen: Routledge & Kegan Paul.

Jacobs, J. 2007. Suurlemoen! Pretoria: LAPA Uitgewers.

—. 2009. Perfek. Pretoria: LAPA Uitgewers.

—. 2015. ’n Goeie dag vir boomklim. Pretoria: LAPA Uitgewers.

Jakobson, R. 1960. Linguistics and poetics. In Sebeok (red.) 1960.

Jauss, H.R. 1970. Literary history as a challenge to literary theory. New Literary History, 2(1):7–37.

—. 1982. Literacy history as challenge to literacy theory. Toward an aesthetics of reception. Vertaal uit Duits deur Timothy Bahti. Minneapolis, MN: University of Minnesota Press.

Kleyn, L., M. Snyman en J.J. Geldenhuys. 2013. “Ek is lief vir lees maar vind nie ’n passie daarin nie” – Leesgewoontes van ’n proefgroep Afrikaanssprekende eerstejaarstudente. Mousaion, 31(3):74–96.

Knowles, M.S. 1975. Self-directed learning: A guide for learners and teachers. Chicago: Association Press.

Krahtz, C. 2017. Blou is nie ’n kleur nie. Pretoria: NB-Uitgewers.

Kruger, E. 2006. Die gebruik van humormateriaal in die onderrig van Afrikaans. PhD-proefskrif, Universiteit Stellenbosch.

—. 2008. Konstruktivistiese beginsels en taalonderrig: Ontwikkeling van ’n navorser se eie epistemologie. Acta Academia, 41(1):180–210.

—. 2020. LitNet Akademies-resensie-essay: Baster deur Jan Vermeulen. https://www.litnet.co.za/litnet-akademies-resensie-essay-baster-deur-jan-vermeulen (22 Augustus 2022 geraadpleeg).

Kühn, T. 1989. Literêre teorie en letterkundeonderwys. DLitt-proefskrif, Universiteit van Pretoria.

Lawrence, D., M. le Cordeur, L. van der Merwe, C. van der Vyver en R. van Oort. 2019. Afrikaansmetodiek deur ’n nuwe bril. Kaapstad: Oxford University Press.

Le Cordeur, M.L.A. 1991. Die integrasie van stelwerk en letterkundeonderrig met toespitsing op die media. MEd-verhandeling, Universiteit Stellenbosch.

—. 2010. The struggling reader: Identifying and addressing reading problems successfully at an early stage. Per Linguam, 26(2):77–89.

Lombard, E. 2022. Jy handle dit net. Pretoria: LAPA Uitgewers.

Longman Dictionary of Contemporary English. 2020. Self-directed. https://www.ldoceonline.com/dictionary/self-directed (27 Junie 2022 geraadpleeg).

Loubser, H. 2018. Blou is nie ’n kleur nie deur Carin Krahtz: ’n resensie. https://www.litnet.co.za/blou-nie-n-kleur-nie-deur-carin-krahtz-n-resensie (22 Augustus 2022 geraadpleeg).

Luther, J. 2018. Die bevordering van lees en literêre vaardighede prikkel leerders om lesers te word en lesers te bly. VivA-blogs. https://viva-afrikaans.org/lees-luister/blog/item/438-opdrag-lees (17 Junie 2022 geraadpleeg).

McKay, S. 1982. Literature in the ESL classroom. Tesol Quarterly, 16(4):529–36.

Meiring, R. 2018. Kraak. Kaapstad: Tafelberg.

Miller, J.H. 1986. The ethics of reading: Kant, De Man, Eliot, Trollope, James, and Benjamin. New York: Columbia University Press.

Pardede, P. 2011. Using short stories to teach language skills. Journal of English Teaching,
1(1):14–27.

Petersen, N. 2018. Selfgerigte leer: Die ervarings en menings van lewenswetenskappe-onderwysstudente tydens die gebruik van werkkaarte in ’n koöperatiewe onderrig-leer-omgewing. LitNet Akademies, 15(3):1119–42.

Pretorius, E.J. 2002. Reading ability and academic performance in South Africa: Are we fiddling while Rome is burning? Language Matters: Studies in the Languages of Southern Africa, 33(1):169–96.

Probst, R.E. 1988. Dialogue with a text. The English Journal, 77(1):32–8.

Ras, W.A.P. 2015. Formele letterkundeonderrig van Afrikaans Huistaal: Die impak van literêre kenmerke van die drama, roman en poësie op die boodskap, graad 10 tot 12. Universiteit van Pretoria, Groenkloofkampus: Lenteseminaar vir Afrikaans-onderwysers, 18 September.

Rothman, A. 2016. Die gebruik van letterkunde vir die onderrig en leer van Afrikaans as eerste addisionele taal op skool binne ’n taakgebaseerde benadering. MA-verhandeling, Universiteit Stellenbosch.

Salzwedel, I. 2017. Jy kan jou kinders aan die lees kry. https://www.rooirose.co.za/jy-kan-jou-kinders-aan-die-lees-kry (28 Julie 2022 geraadpleeg).

Sebeok, T. (red.). 1960. Style in language. Cambridge, MA: M.I.T. Press.

Snyman, M. 2006. Die leesvoorkeure en leesgedrag van Afrikaanse kinders. Mousaion, 24(1):145–73.

Steyn, C. 2020. Vlerke van naaldekokers. Pretoria: NB-Uitgewers.

Sysa, E.A., L.A. Sobinova en E.K. Prokhorets. 2018. Teaching tasks in self-directed reading as a part of foreign language course. In Filchenko en Anikina (reds.) 2018.

Tolkien, J.R.R. 1965. Tree and leaf. Boston, MA: Houghton Mifflin.

Van Coillie, J. 2007. Leesbeesten en boekenfeesten: Hoe werken (met) kinder- en jeugdboeken? Leuven: Dawidsfonds.

Van Coller, H.P. (red.). 2016. Perspektief en profiel. 2de uitgawe. Deel 2. Pretoria: Van Schaik.

Van den Berg, G. 2004. Die geleentheid wat uitkomsgebaseerde taalhandboeke bied vir die ontwikkeling van leerders se meervoudige intelligensies. PhD-proefskrif, Universiteit van Suid-Afrika.

Van der Vyver, M. 1994. Die dinge van ’n kind. Kaapstad: Tafelberg.

—. 2014. Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom. Kaapstad: Tafelberg.

—. 2015. Swemlesse vir ’n meermin. Kaapstad: Tafelberg.

—. 2021. ’n Baie lang brief aan my dogter. Kaapstad: Tafelberg.

Van der Walt, D. 2008. Lien se lankstaanskoene. Pretoria: NB-Uitgewers.

—. 2010. Willem Poprok. Pretoria: NB-Uitgewers.

—. 2019. Toring van Jasmyn. Pretoria: NB-Uitgewers.

Van der Westhuizen, B. 2016. Perspektief op kinder- en jeugliteratuur. In Van Coller (red.) 2016.

Van Graan, C. 2020a. Jungu Josh 1: Die goue kalbas. Pretoria: NB-Uitgewers.

—. 2020b. Jungu Josh 2: Die kryger van Aboemondja. Pretoria: NB-Uitgewers.

—. 2021. Jungu Josh 3: Die waters van Wafu. Pretoria: NB-Uitgewers.

Van Oort, R. 2018. Kurrikulumontwerpbenaderings van Suid-Afrikaanse skoolkurrikula: ’n Kritiese perspektief op die kurrikula vir Afrikaans (Huistaal). LitNet Akademies, 15(1):256–84.

—. 2022. Samestelling van multimodale reflektiewe leerdersportefeuljes in Intermediêre en Senior Fases ter bevordering van selfgerigte leesprosesse. LitNet Akademies, 19(1):378–435.

Van Vuuren, D. 2007. Wie beïnvloed jou kinders? Vrouekeur, 16 November, 24–5.

Van Wyk, M. en L. le Grange. 2017. Performatiwiteit as verskynsel in die onderwys. LitNet Akademies, 4(2):540–64.

Vermeulen, J. 2020. Baster. Pretoria: LAPA Uitgewers.

Viljoen, F. 2008. Onderwêreld. Kaapstad: Tafelberg.

Vos, J.E. 2014. ’n Leesmotiveringsprofiel van en ’n -raamwerk vir Afrikaanssprekende adolessentelesers. PhD-proefskrif, Noordwes-Universiteit.

Vos, E., J. de Jong-Slagman en R. van Oort. 2020. Riglyne vir die mediëring van omstrede kwessies in Nederlandse en Afrikaanse jeugverhale. LitNet Akademies, 17(2):603–650.

Wasserman, E. 2016. Elf dae in Parys. Kaapstad: Tafelberg.

 

Eindnotas

1 Die verskillende ontwikkelingsdimensies van leerders word deur McKay (1982:531), Ghesquiere (1993:113–21), Pretorius (2002:113–21, 170), Kruger (2006:77–8, 124), Adam (2006), Pardede (2011:57–60), Rothman (2016:60–70), Burger (2017), Le Cordeur (2019:232–3), (Lawrence e.a. 2019:132) en Van Oort (2022) bespreek.

2 Onderwysers wat in die voorbereidingsfase in gedagte moet hou dat leerders se kommunikasie-, taal-, denk- en probleemoplossingsvaardighede uitgebrei moet word, word deur Kleyn, Snyman en Geldenhuys (2013:88) ondersteun.

3 Kühn (1989:92), Combrink (1990a:194–5, 1990b:222–3), Le Cordeur (1991:39), Ghesquiere (1993:113–21), Kruger (2006:124), Du Toit (2012:170–8), Lawrence e.a. (2019:219, 223, 225–9, 230, 233, 246, 390–6) en Van Oort (2022:402–10, 417–20) verduidelik hoe onderwysers hulle selfgerigte teksontledingsvermoëns van jeugverhale kan verbeter.

4 Resensies wat tydens die fasiliteringsproses aan leerders voorgelees kan word met die doel om hulle leesbelangstelling te prikkel, is onder andere dié van Blou is nie ’n kleur nie deur Krahtz (Loubser 2018, https://www.litnet.co.za/blou-nie-n-kleur-nie-deur-carin-krahtz-n-resensie) en Baster deur Vermeulen (Kruger 2020, https://www.litnet.co.za/litnet-akademies-resensie-essay-baster-deur-jan-vermeulen).

5 Onderwysers kan die volgende navorsers se aanbevelings vir die selfgerigte voorbereidingsproses van jeugverhale oorweeg: Jauss (1970:12; 1982:23), Iser (1978:228–9, 274), Kühn (1989:88–92), Combrink (1990a:194–5; 1990b:222–3), Le Cordeur (1991:39), Ghesquiere (1993:103), Hoadley en Jansen (2009:29, 44), Barkhuizen en Steyn (2011:36–52), DBO (2011b:14–6), Du Toit (2012:171), Grussendorff, Booyse en Burroughs (2014:17), Rothman (2016:41, 87, 101), De Klerk-Luttig (2017), Van Wyk en Le Grange (2017), Burger (2018), Du Toit-Brits (2018:377), Van Oort (2018:261, 277), Lawrence e.a. (2019:70, 73, 75, 219, 226, 233–4, 246), Vos, De Jong-Slagman en Van Oort (2020) en Van Oort (2022:378–435).

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Afrikaans Huistaal-onderwysers se selfgerigte voorbereiding van jeugverhale appeared first on LitNet.

Afrikaans Home Language teachers’ self-directed preparation of youth literature

$
0
0

Abstract

Storytelling has been a common practice throughout the ages. This oral tradition has been replaced with books and nowadays with electronic screens (Lawrence, Le Cordeur, Van der Merwe, Van der Vyver and Van Oort 2019:225). From the literature it becomes clear that these stories offer readers and listeners enjoyment, entertainment, relaxation, escape, broadening of knowledge and experience, stimulation of imagination and creativity, as well as the development of emotional and aesthetic perceptions. These functions of stories contribute to also the awareness of universality and cultivate respect for humanity, cultures and language (Van Coillie 2007:16–22; Lawrence et al. 2019:222, 226). Burger (2017:1–3) emphasises that readers of literary works can imagine other people’s experiences, empathise with certain circumstances, and therefore become more empathetic people, as sensitive registers of human experience are woven into literary works. From this it can be deduced that learners are so much poorer without stories, precisely because of their formative nature.

Learners who read literary texts are more proficient in language than learners who do not read them (Pretorius 2002:170). The National Curriculum and Assessment Policy Statement (CAPS) furthermore expects that the literary, aesthetic and imaginative dimensions of Afrikaans Home Language learners must be developed (DBO 2011a:8; DBO 2011b:8). Despite these benefits that reading brings to learners (such as, among other things, academic performance), they still read less (Salzwedel 2017).

This situation highlights the inestimable value of teachers’ self-directed and meaningful preparation of prescribed youth literature. When youth literature is eventually taught successfully, it can contribute to learners’ reading motivation. This process involves the development and strengthening of teachers’ self-directed skills to analyse, interpret, evaluate and reflect on youth literature. In this regard, according to Petersen (2018:1123), self-directedness, such as higher cognitive skills (problem solving, critical and creative thinking) as well as taking ownership of their own learning, is required from teachers in the educational sphere, by analogy with Knowles (1975).

Obstacles in the teaching and learning reality of youth literature include a lack of teaching time, an overloaded curriculum (Van Oort 2018:256–84), the stress that comes with exam results, and too little funds for purchasing a variety of youth literature. Furthermore, learners are unable to identify with the content of prescribed literature (Lawrence et al. 2019:225). This situation leads to frustration among teachers and drives them to use commercial resources. The general attitude is that these resources will provide them with model analyses, interpretations, evaluations and answers, and teachers and learners accept that the youth literature analyses, answers to questions, motifs, theme and message are provided ready-made. Therefore, teachers are unmotivated to self-directedly prepare and teach youth literature effectively.

In this review article, two different data collection methods are involved, namely an extensive literature review, as well as document analyses of the CAPS for Afrikaans Home Language, Senior (DBO 2011a) and Further Education and Training (FET) Phase (DBO 2011b).

From the document analysis of the CAPS (DBO 2011a; DBO 2011b) it is apparent that prescribed prose is important for Afrikaans Home Language learners in the Senior and FET phases, yet teachers experience many problems with aspects of teaching the prescribed literature (Du Toit 2006:53). In the first place, teachers find self-directed preparation (analysis, interpretation and evaluation) of such literature challenging. This problem leads to teachers lacking self-confidence and self-directedness and turning to commercial resources for model analysis and answers of, among other things, prescribed youth literature. Le Cordeur (2010:77–89) is of the opinion that these teaching practices hamper the self-directedness of Afrikaans Home Language teachers regarding text analyses. Moreover, in our own teaching experience, it is not only teachers who turn to teachers’ guides, workbooks and manuals, but also learners, as they are widely advertised and freely available in print or electronic format. Du Toit (2012:221) further indicates in this regard that teachers must be trained to develop teaching support material themselves. Secondly, teachers experience problems in motivating learners to read, which explains the current problematic reading situation of South African learners (Howie, Combrinck, Roux, Tshele, Mokoena and McLeod Palane 2017). A third problem is that teachers do not always consider the value of reading youth literature in the preparation process and may not apply appropriate literary teaching approaches and theories. A fourth problem is that in their preparation, teachers pay attention to literature elements (characters, time, space, events, narrator and focalisation) and for example do not consider their interaction and connection with the universal theme(s) and message(s) of youth literature.

As a result, teachers do not consider the application of integrated constructivist literary teaching approaches (such as reception aesthetics approaches and theories) in the preparation phase of youth literature. The challenging curriculum, which must be followed in a limited time frame, gives rise to teachers never developing their self-directedness regarding the analysis, interpretation and evaluation of youth literature. Youth readers are thus never afforded the opportunity for own reception and reflection on youth literature. This situation can be improved if Afrikaans Home Language teachers’ self-directed preparation skills of youth literature is improved and honed to empower them to prepare youth literature independently in order to enhance their confidence.

The aim of this article is to provide practicable, practical and constructivist recommendations to Afrikaans Home Language teachers, which can empower them to prepare youth literature in a self-directed manner. The recommendations can be used also during the training of undergraduate teachers and in-service teaching trainers, and curriculum planners can also take note of them. These recommendations include, among others, the following aspects: how the self-directedness of teachers with regard to the reading, analysis, interpretation and evaluation of and reflection on prescribed youth texts can be developed; how teachers can improve the reading motivation of learners in the language classroom; as well as how teachers can identify appropriate constructivist literary teaching approaches and theories in their preparation phase so as to finally apply them in the teaching and learning process.

Keywords: Afrikaans Home Language; constructivism; integrated language and literature education; literary theories; reading motivation; self-directedness; teaching approaches; youth readers; youth literature

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans

Afrikaans Huistaal-onderwysers se selfgerigte voorbereiding van jeugverhale

The post Afrikaans Home Language teachers’ self-directed preparation of youth literature appeared first on LitNet.

Boeke wat vir Koos Kombuis lekker is

$
0
0

 Is Koos Kombuis ’n "Pietjansnotjie"?

The post Boeke wat vir Koos Kombuis lekker is appeared first on LitNet.

Die reuk van sop: ’n huldeblyk aan my ma

$
0
0

https://pixabay.com/photos/lentils-lentils-green-cooking-4160228/

Ek sal op hierdie grou, reëngevulde wintermôre my oogtande gee vir ’n bord van my ma se lensiesop. Ek dink altyd aan haar wanneer dit reën. Miskien omdat sy in die dorre binneland grootgeword het en as deel van ’n boerderygemeenskap kon sy altyd met groot genoegdoening en genot by die ruit uitstaar na die reën wat val, en dan vir my pa sê: “Ag Pappa, kyk hoe lékker reën dit nou!”

Noudat sy nie meer daar is nie verlang ek die heel meeste na haar op reënerige, koue, nat dae. Ek mis haar geweldig baie; die warm, gemoedelike samesyn. En ek mis veral ook haar lensiesop op sulke dae. Die herinnering aan haar lensiesop, aan die reuk daarvan, laat steeds my mond water.

Sy het altyd gesê dat sy die resep daarvoor by my Ouma Anna, my ouma aan vaderskant, geleer het. Ouma Anna was ’n kind van die depressie; sy was gevolglik ’n bietjie aan die suinige kant. Sy het ’n pennie gedruk totdat sy oë traan. My ma het my eenkeer vertel, so met ’n effense glimlag, dat sy die oorspronklike resep so ’n bietjie moes aanpas “om hom lyf te gee”. Dit het eintlik in praktyk net beteken dat sy meer vleis, meer lensies en meer groente by die sop gevoeg het. Die effek daarvan was dat dit ma se lensiesop ryker en meer vullend gemaak het.

Toe ek in Engeland was, het ek by my Engelse vriende die woord “wholesome” geleer. Dit bly vir my ’n baie mooi en beskrywende woord. Dit is gewoonlik gebruik om ’n persoon (en snaaks genoeg nie kos nie) te beskryf. Een persoon sou dus ’n ander persoon in ’n bepaalde konteks as “wholesome” beskryf. Ek hoop vir jou onthalwe dat jy iemand in jou eie kring het wat heilsaam, die ewe mooi Afrikaanse ekwivalent, is. As jy het, sal jy wéét wie die persoon is. Jy sien, die ding met heilsaamheid is dat jy hom dadelik en duidelik herken wanneer jy hom teëkom. Dis soos om verlief te wees of om waterpokkies te hê.

As ek aan Ma se lensiesop dink, is “heilsaam” die eerste woord wat by my opkom om dit te beskryf. Haar sop was bykans die vergestalting en definisie van heilsaamheid.

Ek verstaan van my Joodse vriende dat hulle tydens die Sabbatsmaal of ter viering van die ander Joodse feesdae dikwels tradisionele hoendersop bedien. Hulle verwys daarna as “Joodse Penisillien” – want, so word daar vertel, dit is bykans soos medisyne vir velerlei geringe kwale en skete. Ek kan volledig hiermee vereenselwig, want my ma se lensiesop het ’n soortgelyke medisinale waarde gehad. Dit het teleurstelling, hartseer, verkoues, die lewe se stampe en stote, snye en kneusplekke en selfs ’n gebreekte hart bykans oombliklik beter laat voel. Dit was “comfort food” in die ware sin van die woord. Koesterkos. Miskien selfs nog meer so omdat dit met die bekendheid net meer bemind geraak het. En omdat dit op ’n gemaklike, gemoedelike en gerusstellende wyse bedien is. Ek onthou dat wanneer ek haar lensiesop geëet het, ek altyd gevoel het dat, ongeag hoe dinge nou lyk, alles op die ou end reg en goed sal uitwerk. Dat alles oukei sal wees. Daar was ’n goeie skeut Romeine 8:28 deurstrengel in Ma se lensiesop.

Ma se lensiesop was “soul food” (soos hulle daarna verwys in die diep suide van Amerika). Sielskos. Hartskos. Wat my altyd welkom laat voel het, tuis laat voel het. Tuis laat kom het na ’n warm, veilige, vriendelike plek. ’n Plek waar ek my hare kon laat hang en waar my onrustige hart ’n bietjie tot bedaring kon kom en rus vind. Ontvang soos ’n eregas; met hartlikheid oorlaai.

Soos seker vir almal is sop vir my ook by uitstek ’n winterkos. Daar is iets in die koue, nat Kaapse winters wat werk saam met sop soos een van die bekende smaakkombinasies – sout en asyn, vye en bloukaas of varkvleis en appelsous.

Ek het duidelike herinneringe dat ek as hoërskoolseun op nat wintersmiddae ná skool by die huis sou kom ná ’n rugbyoefening op die C-veld. Die C-veld se dreinering was altyd problematies en dit was daarom dwarsdeur die winter, elke winter, eintlik net ’n modderbad met kalklyne en pale. Ek het gelyk soos een van die 1981-Springbokvoorspelers tydens hulle toer in Nieu-Seeland – met modder besmeer van kop tot tone en deurnat tot op die vel. Ma het dan altyd laggend vir my gekyk en gesê dat wanneer ek eers ’n warm stort gevat het en skoon is, daar ’n lekker bord lensiesop vir my wag. Dit was asof daardie lensiesop in staat was om ’n mens van binne af warm te maak en die koue vanuit jou kern te verdryf.

Die ander aangename herinnering aan ma se lensiesop was die gemoedelikheid, die samesyn, die lag en die gesels wat plaasgevind het in hoop se helder kring wat geskyn het om die tafel waarop die sop bedien is. Ek wonder nou, by nabetragting, of dié gesellige samesyn bygedra het tot die smaak, genot en heilsaamheid van haar lensiesop. Heel waarskynlik.

............
Ek het as kind goed kon verstaan hoekom Esau sy eersgeboortereg in die Bybel aan Jakob verkoop het vir ’n pot lensiesop. Die transaksie het op die oog af baie redelik vir my gelyk. Dis nou natuurlik op die aanname dat dit ’n pot lensiesop soortgelyk was aan my ma s’n.
.............

Ek het as kind goed kon verstaan hoekom Esau sy eersgeboortereg in die Bybel aan Jakob verkoop het vir ’n pot lensiesop. Die transaksie het op die oog af baie redelik vir my gelyk. Dis nou natuurlik op die aanname dat dit ’n pot lensiesop soortgelyk was aan my ma s’n.

Ek het dikwels goedig die draak met haar gesteek en gesê dat eendag wanneer ek bekend is en daar vir my as deel van ’n onderhoud gevra word wat my gunstelingkos is, sal ek antwoord: “Lensiesop soos my ma dit gemaak het.” Sy het baie daarvan gehou as ek dit sê; sy het dan behoorlik gestraal van vreugde.

Ek het sedert haar afsterwe nog nooit weer die voorreg gehad om sop soos hare te proe nie. Miskien maak my herinneringe die sop selfs nog beter as wat dit in der waarheid was (en dit was werklik goed om mee te begin). Miskien sal ek nooit weer sop soos hare proe nie. Gelukkig het my liefde vir haar lensiesop, sterk aangevuur deur die nat Kaapse winters, my van sop oor die algemeen laat hou en wanneer dit koud is, eet ek graag ’n bord sop. Ek het ook gevind dat sop ’n baie goeie middagete is as ’n mens in die hof is, aangesien dit vullend is sonder om ’n mens oorvol te laat voel. Een van my goeie vriende op die dorp deel my liefde vir sop en wanneer ons smiddae saam gaan eet, eet ons dikwels sop. Miskien het sy ma ook so ’n wonderlike sopresep gehad.

So van sopresepte gepraat, my susters sê vir my dat hulle al hóéveel keer probeer het om Ma se lensiesop te maak, maar hulle probeerslae proe net nie dieselfde nie. Ek dink dis omdat my ma so by benadering gekook het. Sy het nooit ’n resep nougeset gevolg nie. Haar resepte was altyd net so naastenby. As ’n mens haar sou vra hoe om die lensiesop te maak, sou sy seker antwoord met iets soos: “So ’n bietjie van dit en ’n bietjie van dat, ag my kind, jy sal sommer sien.”

Ek het die ander dag Kung Fu Panda saam met my dogtertjie gekyk. Die hoofkarakter (Po, die panda) glo dat sy pa (wat ’n noedelrestaurant bedryf) se legendariese noedeldis ’n spesiale, geheime bestanddeel bevat. Dit blyk later in die film dat daar geen sodanige spesiale, geheime bestanddeel bestaan nie. Dit is op hierdie punt waar my storie van Po s’n verskil.

Ek weet, al het ek dit eers heelwat later besef, dat my ma se lensiesop verskeie geheime bestanddele bevat het. Sy het saam met die water twee koppies liefde ingemeng. Saam met die groente het sy ’n eetlepel lag bygevoeg. Die lensies, die lag en die liefde is dan saam verhit en sopbene is bygegooi. Dan het sy ’n eetlepel vrede en ’n knippie hoop bygeroer en die pot stadig laat prut op ’n stoofplaat van geduld. Op ’n kol sou sy sout en peper byvoeg en die lensiesop besprinkel met kruie van haar eie – geloof, blymoedigheid, versorging, warmte en beskerming. Sy het die wese van wie sy was verstrengel in die pot, dit deurgemeng, dit “infuse” met wie sy was.

Kahlil Gibran skryf in verband met “werk” dat dit onder meer moet wees “[...] to charge all things you fashion with a breath of your own spirit”. Dit is dalk wat ek die heel beste van my ma se lensiesop onthou – dat dit háár sop was. Dit was belaai met die asem van haar eie gees. Die smaak sal my altyd bybly; die geur sal saam met my bly reis tot aan die einde.

Ek sal altyd terugkeer, wanneer die reën sag neersif oor die Kaap en ek kyk of ek ’n sifsel sneeu op die Stellenboschberg kan sien, na die hout voordeur, die vuil toks, die winter wat hang in die lug, die heerlike geur, die warm stort en die gesellige ete saam met my ma, aan haar liefdevolle lensiesop wat trou aan haar aard was.

Aan die einde wanneer ons deur die dal van doodskaduwee moet gaan, dink ek ’n mens behou slegs jou herinneringe en jou geloof. Wanneer dit my beurt is en ek daar kom, sal die geloof om haar en my pa weer te sien nie beskaam nie en ek sal Goddank die herinnering hê van die smaak van haar lensiesop; die reuk van haar omgee. Die veilige, verwelkomende, gerusstellende, vertroostende reuk van haar lensiesop.

Ma, jy het altyd gesê dat wanneer jy die dag jou skoene vir die laaste keer uitskop en in die ewige lewe finaal tot ruste kom, jy lekker wil rus en tog net nie daar Bo ook vir almal wil bontstaan nie. Daarom het jy altyd gesê dat wanneer jy daar by die Hemelpoorte aankom, jy vir Petrus sal vra om jou tog net nie by die kos- of kinderafdeling te plaas nie. Ek weet nie of jy al ’n kans gekry het om met hom daaroor te praat nie, maar as jy wel by die kosafdeling geplaas is, sal jy asseblief ’n bakkie lensiesop vir my hou vir wanneer ek kom?

The post Die reuk van sop: ’n huldeblyk aan my ma appeared first on LitNet.

Teen Helderberg, ’n onderhoud met Louis du Plessis


Die toekoms van teenkorrupsiestrategieë in Suid-Afrika: die Nasionale Ontwikkelingsplan 2030

$
0
0

Die toekoms van teenkorrupsiestrategieë in Suid-Afrika: die Nasionale Ontwikkelingsplan 2030

Lize-Mari de Lange en Jacqui-Lyn McIntyre, Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Noordwes-Universiteit

LitNet Akademies Jaargang 19(3)
ISSN 1995-5928
https://doi.org/10.56273/1995-5928/2022/j19n3a2

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Een van die Nasionale Ontwikkelingsplan 2030 (NOP) se doelwitte is om ’n veerkragtige teenkorrupsiestelsel daar te stel deur die huidige multi-agentskapbenadering te versterk. Die doel van hierdie artikel is om te bepaal of hierdie doelwit teen 2030 bereik sal word en of om bloot die huidige benadering te versterk bevredigend is om die doelwit teen 2030 te bereik. Hierdie dokumentanalise sal bydra tot die bestaande literatuur aangesien min inligting rakende die haalbaarheid van die NOP se teikens met betrekking tot teenkorrupsiestrategieë gevind kon word. Die NOP weerspieël die toekoms van teenkorrupsiestrategieë en moet noukeurig oorweeg word, en teikens om dit te bereik moet voortdurend hersien word. Die ontleding van die onderliggende teikens om die hoofdoelwit te bereik, is van kardinale belang in die proses om ’n veerkragtige teenkorrupsiestrategie te vestig. Hierdie literatuurstudie ondersoek vier sekondêre doelwitte om die huidige benadering te versterk. Hierdie dokumentanalise het bevind dat die enigste aangeleentheid wat vordering toon, die bewusmaking van die publiek oor korrupsie en die daarstel van korrupsie-aanmeldkanale is. Ironies genoeg is hierdie funksie doeltreffend bestuur deur ’n nieregeringsorganisasie, Corruption Watch. Daar is ook bevind dat slegs minimale vordering gemaak is en dat die blote versterking van die multi-agentskapbenadering nie daartoe sal bydra om die NOP se teikens teen 2030 te bereik nie. Daarom moet Suid-Afrika eerder alternatiewe, soos die daarstel van ’n gesentraliseerde eenheid, oorweeg in plaas van volgehoue pogings om ’n gebrekkige teenkorrupsiestelsel te versterk. Die Zondo-kommissie kan moontlik as ’n nuttige voorbeeld dien om hierdie doelwitte te bereik en korrupsie doeltreffend teen te staan.

Trefwoorde: enkelagentskapbenadering; kundigheid; multi-agentskapbenadering; onafhanklikheid; openbare bewusmaking; politieke wil; teenkorrupsiestrategieë

 

Abstract

The future of anti-corruption strategies in South Africa: the National Development Plan 2030

“Our vision for 2030 is a South Africa that has zero tolerance for corruption.” This quote emanates from the National Development Plan 2030 (NDP), introduced by the National Planning Commission (NPC) in 2012. With eight years left to reach the objectives for 2030, as set out in the NDP, it is doubtful whether this vision will become a reality.

The review of the NDP indicated that corruption had ruined the trust on which social cohesion and national involvement are built. Without trust and social cohesion, the NDP cannot be implemented, and nation-building cannot take place. Consequently, the continued high levels of corruption may ruin the anti-corruption plan and the entire NDP.

However, one of the four recommendations from the NDP to build a resilient anti-corruption structure is to strengthen the current multi-agency approach. This article aims to determine whether this objective will be achieved by 2030 and whether only strengthening the current approach is satisfactory to fulfil the plan by 2030. This analysis will contribute to the existing literature as very little information on reaching the NDP’s targets relating to anti-corruption strategies could be found. The NDP is a reflection of the future of anti-corruption strategies and it should therefore consider and continually revise its targets to ensure that South Africa has a resilient anti-corruption structure.

Analysing the underlying targets of strengthening the current multi-agency approach is critical in the process of building a resilient anti-corruption strategy. Chapter 14 of the NDP deals specifically with fighting corruption. One of the four singled-out areas of this chapter is to build a resilient anti-corruption system by strengthening the multi-agency anti-corruption system. In order to achieve the aforementioned, the NDP proposes that four matters should be considered: 1) the multi-agency versus the single-agency approach; 2) increasing the specialist resources of the current anti-corruption agencies; 3) public education and reporting on corruption in the country; and 4) political will together with sufficient support. This article analyses these four objectives in order to address the research question: Can the objectives be met only by strengthening the multi-agency approach?

Previous research conducted explored four different anti-corruption strategies exercised in Hong Kong, Singapore, New South Wales and the United States of America with a view to lay the foundation of a national anti-corruption model for serious consideration that might improve the effectiveness of anti-corruption strategies in South Africa. This was followed by an analysis of South Africa’s ten predominant anti-corruption units and it was determined that it is worth considering establishing a centralised unit due to its effectiveness proven abroad as well as to address the weaknesses in the current policies. This article attempts to analyse the future plan for anti-corruption strategies in South Africa and whether it will be accomplished. This will be determined on the basis that previous research conducted indicated that anti-corruption strategies are ineffective and malfunctional which emphasise the urgent need for intervention and development.

The NDP offers a long-term perspective for South Africa through 15 different chapters with an overarching aim to eliminate poverty and reduce inequality. A review of the plan was formulated in 2020, which examined the progress made towards the NDP’s critical targets established in 2012. However, the review only repeated what was already established about corruption in the NDP and did not elaborate on the time left to reach the targets and these targets not being reached. However, throughout the review document, corruption is labelled as part of the main impediments that hinder the country’s progress towards the outcomes of the plan. Miriam Altman, an economist and commissioner of the NDP, supported the plan’s review document and concluded that corruption is one of the reasons why there is no significant improvement in implementing the NDP’s targets. With most of the critical objectives of the overarching plan not being prioritised, the country suffers from damage that could have been avoided. Therefore, based on crucial targets that have not been met, the idyllic picture conveyed through the plan may not be realised on time.

Ironically, since the establishment of this plan, corruption has intensified, with state capture estimated at R1,5 trillion, which is essentially a third of South Africa’s gross domestic product of R4,9 trillion. Essentially, it is equal to destroying four months’ worth of labour and productivity of all South Africans. The Corruption Perceptions Index, a leading global indicator of public sector corruption, indicated that South Africa improved by one point from a score of 43/100 in 2012 to 44/100 in 2020. It clearly shows no significant improvement or decline in South Africa’s score in the past eight years. This ranking also suggests a failure of government efforts to reduce the root causes of corruption, indicating the ineffectiveness of the anti-corruption strategy.

This research found that the plan’s vision towards strengthening the multi-agency approach is not yet a reality. If South Africa continues to manage the anti-corruption function as it is currently doing, this vision and other anti-corruption strategies will not manifest. This paper argues that strengthening the multi-agency model to build a resilient anti-corruption strategy will not be enough to reach the NDP’s objectives by 2030. It became evident that South Africa has the most astonishing plans and strategies on paper for an effective anti-corruption model but struggles to demonstrate its implementation. It is suggested that a new approach, combining already existing agencies with a centralised unit, must be considered instead of attempting to strengthen dysfunctional anti-corruption policies.

Furthermore, this research found that of the four strategies for strengthening the multi-agency approach in order to build a resilient anti-corruption structure, the only one with some progression to reach the objective was strengthening public education and reporting lines. Ironically, this has been done by an NGO, Corruption Watch, as the National Anti-Corruption Hotline is restricted due to a lack of resources and funding. Furthermore, the controversial debate over the multi- or single-agency approach is still ongoing. Due to the ineffectiveness of the current approach and similar to the medium-term anti-corruption framework and the NDP review, it is suggested that an overarching single-agency unit is established. Its primary mandate should be to fight corruption and coordinate the entire anti-corruption function. However, the lack of skills, expertise and political will is still noticeable as it is described as the most significant impediment of the failing anti-corruption structure.

The article concludes that only strengthening the current approach will not be enough to reach the objectives because from the start, South Africa did not effectively implement the multi-agency approach. Also, despite not achieving these objectives of strengthening the multi-agency approach, not much progress has been made to reach them by 2030. Consequently, with a dysfunctional anti-corruption system and little or no progress towards the objectives of the plan, the targets will not be reached by 2030.

The article proposes that South Africa needs to fight corruption from a new perspective: a single-agency perspective. The Zondo Commission has shown what successes can be achieved by pooling the necessary skills into the commission together with a strong political will to give effect to the commission’s mandate in an attempt to start a good fight against corruption.

Keywords: anti-corruption strategies; expertise; independence; multi-agency approach; political will; public education; single-agency approach

 

1. Inleiding

“Ons visie vir 2030 is ’n Suid-Afrika wat geen verdraagsaamheid vir korrupsie het nie.” Hierdie aanhaling kom uit die Nasionale Ontwikkelingsplan 2030 (NOP), wat in 2012 deur die Nasionale Beplanningskommissie (NBK) ingestel is (NBK 2012:447; Anelle Venter). Met agt jaar oor om die doelwitte wat in die NOP uiteengesit is te bereik, is dit te betwyfel of hierdie visie teen 2030 ’n werklikheid sal word. Die hersiening van die NOP het aangedui dat korrupsie die vertroue waarop sosiale samehorigheid en nasionale betrokkenheid gebou word, vernietig het. Sonder vertroue en sosiale kohesie kan die NOP nie geïmplementeer word nie, en kan nasiebou nie plaasvind nie (NBK 2020:57). Gevolglik het die voortgesette hoë vlakke van korrupsie die potensiaal van die teenkorrupsieplan en die hele NOP verwoes.

Een van die vier aanbevelings van die NOP om ’n veerkragtige teenkorrupsiestruktuur op te rig, is om die huidige multi-agentskapbenadering te versterk (NBK 2012:447). Die doel van hierdie artikel is om te bepaal of hierdie doelwit teen 2030 bereik sal word en of om bloot die huidige benadering te versterk bevredigend is om die plan teen 2030 te verwesenlik. Hierdie ontleding sal bydra tot die bestaande literatuur, aangesien min inligting rakende die haalbaarheid van die NOP se teikens met betrekking tot teenkorrupsiestrategieë gevind kon word. Die NOP weerspieël die toekoms van teenkorrupsiestrategieë; daarom moet dit noukeurig oorweeg word en teikens om dit te bereik moet voortdurend hersien word om sodoende te verseker dat Suid-Afrika ’n veerkragtige teenkorrupsiestruktuur het.

Die ontleding van die onderliggende teikens om die huidige multi-agentskapbenadering te versterk, is van kardinale belang in die proses om ’n veerkragtige teenkoprrupsiestrategie te vestig. Hierdie ontleding ondersoek vier sekondêre doelwitte om die huidige benadering te versterk. Die navorsingsvraag wat ons in hierdie artikel wil beantwoord, is: Kan die doelwitte bereik word deur slegs die multi-agentskapbenadering te versterk? Die NOP voorsien die riglyne vir Suid-Afrika se teenkorrupsiestrategieë, maar hierdie plan is sinloos indien hierdie teikens nie behaal word nie.

Vorige navorsing het vier verskillende teenkorrupsiestrategieë ondersoek wat in Hongkong, Singapoer, Nieu-Suid-Wallis (NSW) en die Verenigde State van Amerika (VSA) uitgeoefen is met die doel om die grondslag van ’n nasionale teenkorrupsiemodel te lê wat ernstig oorweeg moet word en wat moontlik die doeltreffendheid van teenkorrupsiestrategieë in Suid-Afrika kan verbeter (De Lange 2021:16). Daarna is ’n ontleding van Suid-Afrika se tien vernaamste teenkorrupsie-eenhede gedoen en daar is vasgestel dat dit die moeite werd is om dit te oorweeg om ’n gesentraliseerde eenheid te stig, vanweë die doeltreffendheid daarvan wat in die buiteland bewys is, asook om die swakhede in die bestaande struktuur te spesifiseer (De Lange 2021:53). Deel 1 het dus ’n effektiewe teenkorrupsiestrategie vir implementering deur Suid-Afrika bepaal. Deel 2 het die swakhede in Suid-Afrika se stelsel teen korrupsie geïdentifiseer en die model (wat in deel 1 daargestel is) is gebruik om hierdie tekortkominge aan te spreek. Hierdie artikel (deel 3) sal poog om die toekomsplan vir teenkorrupsiestrategieë in Suid-Afrika te ontleed en te bepaal of dit behaal sal kan word. Dit sal bepaal word op grond van vorige navorsing wat aangedui het dat teenkorrupsiestrategieë ondoeltreffend en gebrekkig is, wat die dringende behoefte aan ingryping en die ontwikkeling van strategieë beklemtoon.

 

2. Agtergrond

Die NOP bied ’n langtermynbenadering vir Suid-Afrika in 15 verskillende hoofstukke met ’n oorkoepelende doel om armoede uit te skakel en ongelykheid te verminder. Die gewenste eindbestemming is gedefinieer, en dit erken ook die rol wat verskillende sektore van die samelewing moet speel om daardie doel te bereik (CoGTA 2018).

’n Hersiening van die plan is in 2020 geformuleer om die vordering met betrekking tot die NOP se kritieke teikens, wat in 2012 vasgestel is, te ondersoek (NBK 2020:4). Die hersiening van die plan herhaal bloot wat reeds in die NOP oor korrupsie vasgestel is en brei nie uit oor die feit dat daar min tyd oor is en dat baie van die teenkorrupsieteikens nie bereik is nie (NBK 2020:57). Korrupsie word egter regdeur die hersieningsdokument bestempel as een van die vernaamste struikelblokke wat die land se vordering na die uitkomste van die plan belemmer (NBK 2020).

Miriam Altman, ’n ekonoom en kommissaris van die NOP het die plan se hersieningsdokument ondersteun en te kenne gegee dat korrupsie een van die redes is waarom daar geen noemenswaardige verbetering, in die implementering om die NOP se teikens te behaal nie, is nie (Sibanyoni 2021). Omdat die meeste van die kritieke doelwitte van die oorkoepelende plan nie geprioritiseer word nie, ly die land skade wat vermy kon word (Rupiah 2020). Gegrond op deurslaggewende teikens wat nie bereik is nie, kan die idilliese prentjie wat deur die plan daargestel is moontlik nie betyds realiseer nie.

Ironies genoeg het korrupsie sedert die totstandkoming van hierdie plan toegeneem (NBK 2020:57), met staatskaping wat op R1,5 biljoen beraam is (Merten 2019), wat in wese ’n derde van Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP) van R4,9 biljoen uitmaak. Merten (2019) beskryf dit as gelykstaande aan die vernietiging van vier maande se arbeid en produktiwiteit van alle Suid-Afrikaners, van smouse wat lekkers buite skole verkoop tot raadsaaljoggies.

Die korrupsie-persepsie-indeks (KPI), ’n toonaangewende wêreldwye aanwyser van korrupsie in die openbare sektor, het aangedui dat Suid-Afrika met slegs een punt verbeter het van ’n telling van 43/100 in 2012 tot 44/100 in 2020 (Transparency International (TI) 2020). Dit toon duidelik geen noemenswaardige verbetering of afname in Suid-Afrika se telling oor die afgelope agt jaar nie. Hierdie rangorde dui ook op die mislukking van regeringspogings om die kernoorsake van korrupsie uit te wis (Corruption Watch 2020a:11), wat die ondoeltreffendheid van die teenkorrupsiestrategie illustreer.

Hoofstuk 14 van die NOP handel spesifiek oor die bekamping van korrupsie (NBK 2012:445). Een van die vier uitgesonderde areas van hierdie hoofstuk is om ’n veerkragtige teenkorrupsiestelsel op te rig deur die multi-agentskap-teenkorrupsiestelsel te versterk (NBK 2012:447). Die NOP stel voor dat vier aangeleenthede oorweeg moet word, naamlik: 1) die multi-agentskap- teenoor die enkelagentskapbenadering; 2) die kundigheid in die huidige teenkorrupsiestrategie; 3) die openbare bewusmaking en aanmelding van korrupsie in die land; en 4) die politieke wil tesame met voldoende ondersteuning (NBK 2012:447). Hierdie vier kwessies sal in die volgende afdelings ontleed word.

 

3. Multi-agentskap- teenoor enkelagentskapbenadering

Die NOP bespreek die omstrede debat oor of Suid-Afrika ’n enkelagentskap- of multi-agentskapbenadering moet aanvaar (NBK 2012:448). Die multi-agentskapbenadering word gedefinieer as ’n teenkorrupsiestrategie, vry van politieke inmenging, wat gewoonlik reeds bestaande regeringsagentskappe kombineer met een of twee gespesialiseerde eenhede, met goed gedefinieerde funksies en stelsels op grond van die uitruil van inligting, koördinasie en samewerking op alle vlakke (Meagher en Voland 2006:15; Pillay 2017:3). Aan die ander kant verskuif ’n enkelagentskapbenadering verskeie teenkorrupsie-agentskappe (TKA’s) na ’n gesentraliseerde eenheid, wat sodoende ’n oorkoepelende liggaam, met ferm leierskap om korrupsie te beveg, skep (Lekubu 2019:84; Pereira, Lehmann, Roth en Attisso 2012:20). Die plan voorsien verskeie argumente vir en teen die multi- en enkelagentskapbenaderings, wat gevolglik bespreek word (NBK 2012:448).

3.1 Die argument vir ’n multi-agentskapbenadering

Die Nasionale Teenkorrupsieforum (NTKF), wat lede van die regering, sakeondernemings en die burgerlike samelewing betrek om die staat te adviseer oor teenkorrupsiestrategieë en inligting oor die beste praktyke te voorsien, het in 2001 baanbrekerswerk gedoen met die multi-agentskapmodel, wat steeds tans in gebruik is. Die forum kon nie operasioneel voortgaan nie weens ’n gebrek aan toewyding, kontinuïteit en befondsing van die verskillende sektore en het gevolglik in 2012 onaktief geraak (DBME 2020b:46).

Volgens die NOP moes pogings aangewend gewees het om die NTKF met die nodige hulpbronne te versterk (NBK 2012:448), maar hierdie doelwit kon nie bereik word nie, omdat die forum onaktief was. Alhoewel ander maatreëls ingestel is, soos die Teenkorrupsietaakspan (TKTS), wat in 2010 aangestel is om die stryd teen witboordjiemisdaad te lei (Presidentskap 2015), is dit nie die gewenste beginpunt nie. Dit is toeskryfbaar aan die feit dat die forum, wat aanvanklik die multi-agentskapmodel geïnisieer het, nie aktief bygedra het tot die verbetering, ontwikkeling en bestuur van die teenkorrupsiestrategie nie (DBME 2020b:46).

Die multi-agentskapbenadering verdeel hulpbronne en lei tot ’n ongekoördineerde benadering wat veroorsaak dat mandate oorvleuel en daar swak koördinasie tussen agentskappe is, wat duidelik sigbaar is in die Suid-Afrikaanse teenkorrupsiestelsel (NBK 2012:448). Bruce (2019:2) bevestig hierdie stelling aan die hand van die duplisering van take as gevolg van die geïmplementeerde strategie. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) verwys byvoorbeeld sake wat deur die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) ondersoek is en waaroor hulle verslag gedoen het terug na die Direktoraat vir Prioriteitsmisdaadondersoek (DPMO), wat dit dan ook weer van voor af ondersoek (Bruce 2019:2).

Uit die bogenoemde bespreking is dit duidelik dat die multi-agentskapargument, veral in Suid-Afrika, kommerwekkende nagevolge toon, maar die NOP is nie ten gunste van die aanvaarding van ’n enkelagentskapbenadering nie (NBK 2012:448).

3.2 Die argumente vir ’n enkelagentskapbenadering

Volgens die NOP sluit die negatiewe gevolge van die enkelagentskapbenadering in dat Suid-Afrika nie die institusionele grondslag het om dit ’n lewensvatbare opsie te maak, soos in die geval van Hongkong se Independent Commission Against Corruption (ICAC) nie (NBK 2012:448). Daar word aangevoer dat dit onbillik is om op Hongkong se ICAC te fokus bloot omdat hul benadering in ’n bepaalde konteks funksioneer (Pereira e.a. 2012:21; Wathne 2021:38), en dat die daarstel van ’n gesentraliseerde agentskap eerder oorweeg moet word. Die gesentraliseerde eenheid se doel sal wees om onafhanklik op te tree as die oorkoepelende TKA, met die nodige wetstoepassingsmagte, wat die teenkorrupsiefunksie in die land koördineer, bestuur en organiseer (De Lange 2021:75).

Verder het die NOP ’n gesentraliseerde eenheid beskryf as minder veerkragtig as die multi-agentskapbenadering met betrekking tot die agentskap se onafhanklikheid, op grond daarvan dat indien die enkelagentskap-teenkorrupsieliggaam politieke kaping in die gesig staar, die onafhanklikheid van die hele stelsel in gedrang gebring word (NBK 2012:448). Alhoewel dit ’n belangrike stelling is, kon Suid-Afrika se multi-agentskapbenadering nie vir Jacob Zuma, voormalige president van Suid-Afrika, en die Guptas, drie Indiese broers en sakelui, verhoed om byna R58 miljard uit die land te buit nie (Holden 2021). Dit bewys dat die gesentraliseerde benadering nie noodwendig minder veerkragtig is nie, aangesien multi-agentskappe ook politieke kaping kan ervaar en van onafhanklikheid gestroop word.

Daarbenewens is die institusionele onafhanklikheid van enkelteenkorrupsie-agentskappe omstrede, aangesien hulle almal aan die uitvoerende gesag (die President) verantwoordbaar is, wat veroorsaak dat hulle geneig is tot politieke druk en inmenging (NBK 2012:448). Daarom word aanbeveel dat maatreëls ingestel word om die onafhanklikheid en integriteit van die TKA te verseker (Wathne 2021:17). Daar is bewyse dat Suid-Afrika se teenkorrupsie-eenhede voldoende onafhanklikheid kan verleen. Hierdie bewyse is bevestig deur die Wêreldbank wat onlangs die Ouditeur-generaal van Suid-Afrika (OGSA) aangewys het as een van twee nasionale ouditkantore wat volkome onafhanklikheid het om hul mandate sonder onnodige inmenging uit te voer (Wêreldbank 2021:18).

Dit is dus duidelik dat dit meer sinvol is om ’n oorkoepelende, gesentraliseerde teenkorrupsie-eenheid te vestig wat ’n sterker hulpmiddel in die bekamping van korrupsie kan bied in plaas daarvan om te debatteer of ’n multi- of enkelagentskapbenadering aanvaar moet word.

 

4. Vaardigheid en kundigheid

Om die teenkorrupsiestelsel te versterk, benodig die agentskappe meer kundiges. Meer kapasiteit en befondsing is nodig om kundige personeel in diens te neem en hoogs ontwikkelde ondersoektegnieke te gebruik (NBK 2012:448). Op grond van bewyse van verskeie belanghebbendes, soos die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), die Ouditeur-generaal van Suid-Afrika (OGSA), die Finansiële Intelligensiesentrum (FIS) en die Ondersoekdirektoraat (OD) in die teenkorrupsieregime, bly die gebrek aan befondsing, vaardighede en kundigheid die vernaamste struikelblokke in die poging om korrupsie doeltreffend hok te slaan (OGSA 2020:93; FIS 2020:10; NVG 2020:15; NVG 2021:30).

Die TKTS bestaan uit 15 staatsagentskappe en is in 2010 gestig om ondersoeke en vervolging te bevorder (Presidentskap 2015). Tydens ’n vergadering met die TKTS oor hangende korrupsiesake van verskillende departemente en entiteite, was slegs 4 van die 15 agentskappe teenwoordig, wat ironies genoeg die afwesigheid van vaardighede en kundigheid in die teenkorrupsiestruktuur illustreer. Die TKTS het ook beklemtoon dat daar ’n gebrek aan vaardighede en kundigheid (veral in forensiese, ondersoekende en vervolgingsvaardighede) regoor die waardeketting bestaan, wat beperkte kapasiteit bied en die spoed van korrupsiesake vertraag (SKOOR 2020).

Verder het die voorsitter van die NVG, advokaat Shamila Batohi, aangedui dat om TKA’s met die nodige vaardighede en kundigheid toe te rus, ’n reusetaak is, maar dat daar baie werk agter die skerms gedoen word (SKOOR 2020). Die NVG het byvoorbeeld ’n vaardigheidsoudit ontwerp om die nodige vaardighede en die vlak van bedrewenheid te verstaan en om maniere te vestig om personeel op te lei om hierdie vaardighede te verwerf (Lancaster, Roberts en Mbanyele, 2019).

Ten spyte van noemenswaardige vordering in die rigting van voldoende vaardigheid en kundigheid, is die gebrek daaraan egter steeds duidelik in die teenkorrupsiestruktuur (Corruption Watch 2021; Merten 2020). Die FIS illustreer die gebrek aan kundiges aan die hand van die feit dat die eenheid byvoorbeeld net twee forensiese rekenmeesters gehad het om 2 000 vervolgbare intelligensieverslae, wat deur hulle opgestel is, te verwerk. Forensiese rekenmeesters is nodig om die inligting wat daagliks gegenereer word, te verwerk om sodoende waardevolle kennis te omskep in intelligensie wat misdaad kan bekamp (Corruption Watch 2021).

Dit is duidelik dat die teenkorrupsierolspelers, insluitend die FIS, NVG en die DPMO, forensiese rekenmeesters benodig, en die kwessie rondom gebrekkige kapasiteit kan nie as die norm aanvaar word nie (Corruption Watch 2021). Batohi het beklemtoon dat ’n belegging in die bekamping van korrupsie ’n belegging in die land is (Merten 2020; SKOOR 2020). Die TKA’s is oorlaai met werk as gevolg van korrupsie wat so algemeen in die openbare sektor voorkom. Gevolglik is hierdie agentskappe uiters beperk met ’n enorme werkslading en min hulpbronne; hulle moet uiters selektief wees rakende watter sake vervolg word om dit ’n goeie belegging van die beperkte hulpbronne te maak (Merten 2020; SKOOR 2020).

Volgens die NOP moet meer kapasiteit vir korrupsie-ondersoeke geskep word – meer befondsing word benodig om kundige personeel aan te stel en gespesialiseerde ondersoektegnieke aan te wend (NBK 2012:448). Uit die bespreking hier bo is dit egter duidelik dat hoewel daar min vordering deur die NVG se vaardigheidsoudit gemaak is, daar steeds ’n enorme vraag na vaardighede en kundigheid is om korrupsie te bekamp.

 

5. Openbare bewusmaking en die aanmelding van korrupsie

Dit is belangrik dat die publiek bewus gemaak word van en onderrig word oor korrupsie om te verseker dat hulle ingelig is oor die uitwerking daarvan en korrupsie deur die regte kanale kan aanmeld wanneer dit plaasvind. Agentskappe moet verplig word om openbare bewusmakingsveldtogte te voer (DBME 2020a:213; NBK 2012:448). Daarvoor is voldoende hulpbronne en vennootskappe met nieregeringsorganisasies nodig (NBK 2012:448). Korrupsie kan deur die blitslyne van beide die Staatsdienskommissie (SDK) en Corruption Watch aangemeld word.

Die SDK is verantwoordelik vir die bestuur van die Nasionale Teenkorrupsieblitslyn (NTKB), wat openbare en staatsamptenare in staat stel om vermeende korrupte aktiwiteite aan te meld (SDK 2021:14). In die 2020/21- finansiële jaar het die NTKB 61 490 inkomende oproepe ontvang, waarvan 872 verslae opgestel is en na die relevante departemente verwys is (SDK 2021:81). Slegs 0,01% van beweerde korrupte aktiwiteite wat aangemeld word, word in wese ondersoek. Verder, as gevolg van ’n gebrek aan befondsing, is hierdie enkele aangewese blitslyn slegs vyf dae per week, agt uur per dag in werking, wat ernstige uitdagings skep met lede van die publiek wat na-ure skakel en daar geen agente is om te help nie (SDK 2021:82). Hierdie syfers dui aan dat die aanmeld-van-korrupsie-funksie nie toegerus is met voldoende hulpbronne om die NTKB effektief te bestuur nie.

Openbare bewusmaking is een van die belangrike instrumente om korrupsie te beveg; die publiek moet in staat wees om korrupsie te identifiseer wanneer dit voorkom en bewus wees van die korrekte aanmeldkanale vir die betrokke agentskap om korrupte praktyke te ondersoek en te ontbloot (Suid-Afrikaanse Regering 2021). Weens die hoë vlakke van korrupsie is Corruption Watch in Januarie 2012 as ’n nieregeringsorganisasie (NRO) gestig (Corruption Watch 2021).

Corruption Watch maak staat op die publiek om korrupsie aan te meld. Daarom bestaan ’n beduidende deel van die organisasie se werksaamhede uit die bewusmaking van die publiek rondom korrupsie en om ’n aanmeldingsplatform te voorsien waar individue enige korrupsie waarvan hulle bewus is, kan aanmeld (Corruption Watch 2021). Hierdie platforms sluit hul webwerf, ’n WhatsApp-nommer, sosiale media, e-pos en pos in, en voor die COVID-19-pandemie het hulle ook ’n inloop-aanmelddiens by hul kantore gehad. Verslae met hierdie inligting word deur die NRO gebruik om die tipes korrupsie en die gebiede waar dit voorkom vas te stel en te ontleed. Hierdie verslae laat Corruption Watch toe om korrupsiebrandpunte te identifiseer, wat waardevolle inligting is in die opsporing van korrupsie en implementering van maatreëls om korrupsie te voorkom (Corruption Watch 2021:21).

Corruption Watch het ook verskeie innoverende korrupsie-opvoedings- of bewusmakingsveldtogte begin en doen ook navorsing, byvoorbeeld:

  • Volgens die Global Corruption Barometer en Corruption Watch se Youth Perception-opname is die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) die mees korrupte instelling in Suid-Afrika (Pring en Vrushi 2019:53; Corruption Watch 2020b:15). Hierdie siening word ook in Corruption Watch se jaarverslag weerspieël, aangesien die meeste van hul verslae (442) na polisiekorrupsie verwys het (Corruption Watch 2020a:28). Daarom het dié NRO grootskaalse opleidingsveldtogte op gemeenskapsradiostasies gedoen, insae gelewer oor die SAPD-wysigingswetsontwerp rakende die aanstelling van beamptes wat nie die vereiste vaardighede en kundigheid het nie, en ’n openbare data-instrument ontwikkel (Corruption Watch 2020a:28).
  • Die bekendstelling van die openbare data-instrument, naamlik die Veza-tool, sal deursigtigheid en aanspreeklikheid in die SAPD verbeter (Corruption Watch 2020a:27). Dit bevat interaktiewe kaarte van polisiekorrupsietendense en -brandpunte en stel die publiek in staat om verskeie polisiestasies op grond van persoonlike ervarings te bepunt en te beoordeel (Ntsaluba 2021). Die Veza- instrument stel ook die publiek in staat om toegang tot inligting oor al 1 100 polisiestasies in Suid-Afrika te verkry (Corruption Watch 2020a:28).
  • Ten einde die publiek en veral die jeug op te voed, het Corruption Watch ’n reeks kortverhale vir jongmense deur jong skrywers oor verskeie teenkorrupsietemas in e-boekvorm vrygestel. Dit het ook die jeug geteiken deur bewustheid oor korrupsie te kweek deur middel van grootskaalse opleidingsveldtogte op gemeenskapsradiostasies (Corruption Watch 2020a:39).
  • Aangesien korrupsie ’n teiken daarstel wat konstant beweeg, doen Corruption Watch voortdurend navorsing om deurlopend meer kennis te bekom (Corruption Watch 2021:21). Die navorsing sluit onder andere in om die NRO te help om vas te stel waar kwesbaarheid in die mynbousektor bestaan, wat gebruik kan word om aanbevelings daaroor te maak (Corruption Watch 2020a:41) en om die deursigtigheid (d.m.v “oop kontrakte”) van gesondheidsprojekte te ondersteun deur te bepaal watter inligting gepubliseer moet word, hoe toegang daartoe verkry kan word, en wat as wetlik en kommersieel sensitief beskou word (Corruption Watch 2020a:31).
  • Die jaarverslag van Corruption Watch voorsien waardevolle inligting op grond van hul verslae, soos die nuutste korrupsieneigings en -brandpunte (Corruption Watch 2020a:14).

Die jaarverslag van Corruption Watch het aangedui dat hullein 2020 4 780 verslae oor beweerde korrupsie ontvang het (Corruption Watch 2020a:14). Hierdie syfer het gestyg van 3 223 sedert sy ontstaan in 2012 tot 4 780 in 2020, wat daarop dui dat Corruption Watch se veldtogte en bewusmakingsprojekte doeltreffend is omdat meer mense korrupsie aanmeld, en gevolglik is meer mense daarvan bewus en gebruik hulle die platform om korrupsie aan te meld (Corruption Watch 2020a:14).

Corruption Watch se doelwit is om die publiek op te voed oor korrupsie en hulle bewus te maak van aanmeldkanale deur vennootskappe met NRO’s, en daarom is Corruption Watch ’n uitstekende voorbeeld van ’n vennootskap met regeringsagentskappe en van hoe om die publiek bewus te maak om korrupte gedrag te identifiseer wanneer dit gebeur. Daar is egter nog ’n groot taak wat voorlê rakende teenkorrupsie-eenhede wat verplig word om bewusmakingsveldtogte te voer, maar Corruption Watch illustreer die sukses wat behaal kan word (Corruption Watch 2020a:1–60).

 

6. Politieke wil en voldoende ondersteuning

Daar word baie klem geplaas op politieke wil1 en voldoende ondersteuning sodat teenkorrupsiestrategieë doeltreffend kan wees en ’n verskil kan maak (NBK 2012:448). Talle navorsers het beklemtoon dat politieke wil deurslaggewend is vir hervorming (Heeks 2011; Wathne 2021). Ondanks die feit dat dit in 2012 een van die hoofdoelwitte van die NOP was om die multi-agentskapbenadering te versterk, is die afwesigheid van politieke wil in Suid-Afrika egter duidelik (Lekubu 2019:85). Dit word veral geïllustreer deur die beperkings wat op die TKTS se bevriesingsbevele2, wat verhoed dat oortreders opbrengste van korrupte aktiwiteite bestee, geplaas is. In die 2014/15- finansiële jaar is daar byvoorbeeld bevriesingsbevele ter waarde van R2,25 miljard toegestaan, terwyl daar in 2018/19 bevriesingsbevele ter waarde van slegs R15,8 miljoen toegestaan is (TKTS 2021).

Die Afrobarometer, ’n onpartydige pan-Afrikaanse navorsingsinstelling wat openbare opnames oor onder andere bestuur en demokrasie doen (Afrobarometer 2021), het onlangs verklaar dat die publiek glo dat korrupsie eintlik vererger het tydens president Ramaphosa se ampstermyn (Patel en Govindasamy 2021). Volgens Mubangizi (2020) is die meeste korrupsie in Suid-Afrika van ’n politieke aard. Talle korrupsieskandale, insluitend Travelgate, Jackie Selebi en Glen Agliotti, Nkandla, Guptagate, Transnet en Eskom, spruit uit die gebrek aan politieke wil (Haffajee 2021a). Die volgende voorbeelde bied ook ’n goeie illustrasie van die gebrek aan politieke wil.

6.1 Digital Vibes-korrupsiesaak

Op 26 Mei 2021 het dr. Zweli Mkhize, Minister van Gesondheid en lid van die ANC, aangekondig dat die kommunikasiekontrak ten bedrae van R150 miljoen wat aan Digital Vibes toegeken is, onreëlmatig was (Myburgh 2021a). Na maande se ondersoek het die SOE se verslag oor die Digital Vibes-kontrak, vir die voorsiening van kommunikasiedienste aan die Departement van Gesondheid se ontluikende Nasionale Gesondheidsversekering (NGV), verskeie verbintenisse met Mkhize, direkte familielede en voormalige medewerkers van Mkhize (SOE 2021:viii) aan die lig gebring. Daar is bevind dat Mkhize se voormalige persoonlike assistent, Naadhira Mitha, en jare lange en voormalige persoonlike woordvoerder, Tahera Mather, die hoofpersone van hierdie grootskaalse beweerde plundering was (Myburgh 2021b). Die SOE-verslag het ook onthul dat Mkhize deur herhaalde WhatsApp-boodskappe druk op die amptenare uitgeoefen het om die tender aan Digital Vibes toe te ken (SOE 2021:4).

Kortom, die SOE se ontleding van Digital Vibes se Nedbank-bankrekening het aangedui dat verdagte betalings van ongeveer R90 miljoen geïdentifiseer is (SOE 2021:77). Die ondersoek het ook bevind dat Digital Vibes se bankrekening beheer is deur Mkhize se medewerkers, Mitha en Mather, en nie die maatskappy se veronderstelde besturende direkteur, Radha Hariram, nie (SOE 2021:76). Volgens die SOE se verslag (2021:73) het Hariram gedurende 2020 as bestuurder by ’n vulstasie in KwaZulu-Natal gewerk toe Mitha en Mather die kontrak vanuit ’n gehuurde kantoor in Gauteng bedryf het.

Die fondse is aan verskeie individue en maatskappye betaal, insluitend Composite Trade (Mather se maatskappy) en Strategeewhizz (Mitha se maatskappy) (SOE 2021:77). Na bewering is hierdie betalings ook gebruik om ’n nuwe haarsalon en luukse naelsalon (Tammy Taylor Nails) vir Mkhize se skoondogter te koop (Myburgh 2021c). Verder is hierdie betalings bestee op luukse klere, oorsese vakansies, huisverbeterings, kontant vanaf OTM’e en ander verdagte derdepartytransaksies, insluitend Mokokwana Events (Myburgh 2021b). Gevolglik het Mkhize sy bedanking op 5 Augustus 2021 ingedien en alhoewel sy brief die wettigheid van die SOE se ondersoekproses bevraagteken het en, as daar aangevoer word dat hy onbewus van sy voormalige medewerkers se aksies was, het dit alles onder sy leiding plaasgevind (Ellis 2021; Myburgh 2021b).

6.2 Vrystaatse asbes-korrupsiesaak

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die African National Congress (ANC), staan tereg op meer as 70 aanklagte, insluitend korrupsie, bedrog en geldwassery met betrekking tot slegs een saak (Mthethwa 2021). Magashule en 15 ander medebeskuldigde staatsamptenare was na bewering betrokke by die asbessaak ten bedrae van ’n R225 miljoen-kontrak. Daar word beweer dat die verkrygingsproses van die kontrak om in 2015 asbesdakke in die Vrystaat te identifiseer en te verwyder, op ’n korrupte en bedrieglike wyse gedoen is (Etheridge 2021).

Na bewering is die kontrak van R255 miljoen aan twee maatskappye toegeken, wat die kontrak aan ’n ander maatskappy gesubkontrakteer het wat die werk vir R21 miljoen gedoen het, en die res is deur die beskuldigdes geplunder. Die asbesdakke is egter steeds nie verwyder nie (Etheridge 2021). Hierdie saak sloer vanaf 2015 en die mees onlangse sitting was op 11 Augustus 2021. Ondanks oortuigende getuienis van die NVG en meer as 40 staatsgetuies, beweer Magashule hy het niks verkeerd gedoen nie (Du Plessis 2021).

Daar is ook die Estina-suiwelplaasskandaal van R280,2 miljoen (SWI 2019:7). Nadat die kontrak gekanselleer is, het Magashule nie daarin geslaag om die betaling van R130 miljoen aan die Guptas te stop nie (Cowan 2020). Volgens Cowan (2020) was hierdie transaksie moontlik slegs met die politieke steun van Magashule en Mosebenzi Zwane, voormalige Vrystaatse landboulid van die uitvoerende raad. Vervolgens sal hy sy rol aan die owerhede moet verduidelik.

6.3 SOE-verslag oor COVID-19-korrupsie

Die SOE-verslag oor die verkryging van of kontraktering vir goedere en dienste wat verband hou met die COVID-19-pandemie het ontstellende statistieke oor korrupsie op alle regeringsvlakke aan die lig gebring. Die waarde van kontrakte wat ondersoek is na aanleiding van aantygings wat ontvang is, het R13,3 miljard beloop (SOE 2021:18). Beperkings op die SOE se ondersoek sluit in beperkte oorspronklike dokumentasie wat deur die regeringsinstellings gehou is rakende die aanstelling van diensverskaffers vir die verkryging van persoonlike beskermende toerusting (PBT), en die vernietiging van bewyse (dokumentasie, toestelle soos selfone en rekenaars). Verskeie amptenare het ook geweier om saam te werk, veral in die aanbodkettingbestuur- (AKB) en finansiële departement, hoofsaaklik omdat hulle deel was van die korrupte gedrag. Plaaslike politici wat betrokke is by die administrasie van munisipaliteite het ook die SOE se ondersoeke belemmer (SOE 2021:11).

Waarnemings wat tydens die ondersoek gemaak is, het inligting bevat wat aangedui het dat hoewel die nasionale ramptoestand eers op 15 Maart 2020 verklaar is, nadat die verkryging van PBT daadwerklik begin het, sommige van hierdie verskaffers eers gedurende Februarie en Maart by die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) geregistreer is. Dit beteken dat daar geen bewysbare rekords was nie; maatskappye waaraan kontrakte toegeken is, is nie op die Sentrale Verskafferdatabasis (SVD) geregistreer nie. Verder was basiese kennis van ’n toepaslike verskaffer nie duidelik nie. Die tipe goedere stem byvoorbeeld nie ooreen met die aard van die besigheid wat op die CIPC geregistreer is nie, produkspesifikasies is geïgnoreer, en produkte wat nie geskik was vir hul beoogde doel nie, is aangekoop (SOE 2021:12–13).

Dit blyk ook dat die name van die diensverskaffers vasgestel is voordat die aanbodkettingbestuurproses begin het. Politieke druk het ’n rol gespeel in die verkryging van PBT, en daar is bevind dat staatsamptenare en verskaffers aan bodknoeiery aandadig was. Die feit dat daar te veel betaal is vir goedere het in die ondersoek duidelik geword, en daar was geen poging om met verskaffers te onderhandel om pryse binne die drempels te bring wat deur die Tesourie voorgestel is nie. Die ondersoek het ook ’n ernstige gebrek aan beheermaatreëls om korrekte produklewering te verseker en maatreëls om verskaffers se registrasiebesonderhede te verifieer, uitgelig (SOE 2021:12–13).

Hierdie drie gevalle illustreer die voortgesette gebrek aan politieke wil deur openbare amptenare op verskillende regeringsvlakke omdat hierdie leiers steeds aandadig aan en deel van die korrupte gedrag is. Die doelwit om die teenkorrupsiefunksie te versterk deur politieke wil en voldoende ondersteuning is dus nog nie bereik nie, en ernstige ingryping is nodig om dit te verander.

 

7. ’n Voorbeeld van ’n gesentraliseerde eenheid: die kommissie van ondersoek na staatskaping (Zondo-kommissie)

Ingevolge artikel 84(2)(f) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (1996) het oudpresident Jacob Zuma die Regterlike Dienskommissie3 van Ondersoek na Staatskaping4, Korrupsie en Bedrog in die Openbare Sektor, insluitend Staatsorgane (kommissie), oftewel die Zondo-kommissie, aangestel. Onder voorsitterskap van die adjunkhoofregter Raymond Zondo is die kommissie 25 Januarie 2018 deur proklamasie in die Staatskoerant gestig (Republiek van Suid-Afrika 2018).

Die Zondo-kommissie se doelwit was om enige en alle bewerings van staatskaping, korrupsie en bedrog in die openbare sektor na te vors, te ondersoek en aanbevelings te maak (Du Toit 2018). Die Zondo-kommissie se verslag bestaan uit ses verslae wat in vier dele bekendgestel is (Corruption Watch 2022; Pillay 2022). Die eerste deel van die verslag is op 5 Januarie 2022 bekendgestel en die laaste deel op 22 Junie 2022 (Corruption Watch 2022). Die Zondo-kommissie het in totaal 430 verhore gehad en 161 070 (sommige hangende) verklarings en beëdigde verklarings bekom (Kommissie van Ondersoek na Staatskaping 2022). Die Zondo-kommissie se verslag het beraam dat ongeveer R57,3 miljard se publieke fondse bestee is aan kontrakte wat met staatskaping verband hou (Pillay 2022).

Hierdie kommissie kan om die volgende redes beskou word as ’n voorbeeld van ’n kleinskaalse enkelagentskap wat korrupsie beveg:

  • Struktuur: Die kommissie van ondersoek na staatskaping word gelei deur die adjunkhoofregter, Raymond Zondo. Zondo is die hoof van hierdie kommissie, en sy rol behels onder meer die aanstelling van die regspan en die sekretaris, asook om die kommissie se reëls van tyd tot tyd te wysig (Republiek van Suid-Afrika 2018). Die span het bestaan uit die uitvoerende komitee en die regspan wat oor die wetstoepassingsmagte en ’n wetlike raamwerk beskik: Die Zondo-kommissie word ingevolge die Kommissiewet saamgestel en handel oor voldoende wetstoepassingsmagte, soos om enige perseel te deursoek en daarop beslag te lê, enige persoon te verplig om te getuig, en te eis dat dokumente aan hom oorhandig word (Du Toit 2018). Vervolgens het die kommissie die magtiging om enige inligting te bekom wat hulle saak mag/kan ondersteun. Die proklamasie van die kommissie stel hom in staat om enige aangeleentheid na die betrokke wetstoepassingsagentskap vir vervolging of verdere ondersoek te verwys (Du Toit 2018).
  • Spesifieke mandaat: Die reëls en regulasies van hierdie kommissie sluit spesifieke bewerings van staatskaping in. Advokaat Thuli Madonsela, die voormalige Openbare Beskermer, het ’n minimum van 11 kwessies uitgelig wat die mandaat dek (Du Toit 2018). Die kommissie het duidelike grense gestel waarbinne hulle werk.
  • Tydsduur van die ondersoek na staatskaping: Die Zondo-kommissie is aanvanklik vir 180 dae aangestel; hul bevindinge het egter so wyd gestrek dat die aanstelling herhaaldelik verleng is en die laaste deel van die verslag eers op 22 Junie 2022 bekendgestel is (Daily Maverick, 2022).’n Ondersoek na staatskaping wat aanvanklik ses maande sou duur, het uiteindelik vier en ’n half jaar geduur.
  • Begroting: Die koste van die langdurige ondersoek na staatskaping beloop byna R1 miljard (Haffajee 2021b). Zondo is egter van mening dat dit Suid-Afrika in wese miljarde meer gespaar het; hierdie bedrag is byvoorbeeld byna gelyk aan die R864 miljoen wat McKinsey aan Eskom en die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) terugbetaal het na onderhandelinge met die kommissie (Haffajee 2021b). Om byna R1 miljard vir die Zondo-kommissie te voorsien, dui aan dat Suid-Afrika die nodige fondse het om die teenkorrupsiefunksie voldoende te ondersteun.
  • Vaardighede en kundiges: Die uitvoerende komitee bestaan uit Raymond Zondo (adjunkhoofregter), Terence Nombembe (geoktrooieerde rekenmeester en hoof van die ondersoek), Paul Joseph Pretorius (toegelate advokaat en hoof van die regspan), en professor Itumeleng Mosala (hoof van die sekretarisskap). Die regspan bestaan uit tien bewysleiers met ’n magdom ervaring en kundigheid, soos advokate by name Vincent Maleka, Leah Gcabashe en Thandi Norman, regters en prokureurs (Kommissie van Ondersoek na Staatskaping 2021). Dit is duidelik dat hierdie kommissie toegerus is met voldoende kennis en kundigheid om doeltreffende ondersoeke uit te voer.

Alhoewel daar kommer geopper is as gevolg van die tyd en fondse wat die kommissie verbruik (Haffajee 2021b), is dit van kardinale belang om staatskaping te bekamp (Mkhatshwa 2018). Verder het die kommissie getuienis aangehoor oor die Bosasa-saak, die Vrystaatse asbessaak, die Estina-suiwelprojek en baie ander korrupsiesake waarby openbare amptenare betrokke is. Die werk van die Zondo-kommissie het getoon hoe rampspoedig die NVG en die DPMO versuim het om misdaad op die topvlak van ons land te ondersoek (Grootes 2020). Dit het ook uitgewys hoe die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, nie behoorlike ondersoeke na belangrike politieke rolspelers gedoen het nie (Grootes 2020). Sy het byvoorbeeld nie daarin geslaag om voldoende bewyse teen Ace Magashule in te win oor die Estina-suiwelskandaal nie (Grootes 2020). Die feit dat sy haar appèl in die Hoogste Hof van Appèl teen Magashule verloor het, is ’n bevestiging van haar swak ondersoeke (Grootes 2020).

Volgens Sibanda (2020) het die Zondo-kommissie verander hoe Suid-Afrika korrupsie hanteer, en hierdie verandering, hetsy normatief of institusioneel, sal waarde toevoeg tot ons strafregstelsel as dit nie deur die korruptes belemmer word nie. Hierdie verslag van die Zondo-kommissie bevat ook aanbevelings wat aandui wat gedoen moet word om te verhoed dat omstandighede wat toelaat dat ernstige korrupsie ongestraf laat floreer, soos tydens die Zuma-jare, uitgewis word (Hoffman 2021). Die Zondo-kommissie se finale verslag het sterk beklemtoon dat Suid-Afrika ’n teenkorrupsieliggaam wat vry van politieke invloed is, en ’n strategie wat korrupsie met ’n nuwe en deursigtige energie beveg nodig het (Philip 2022).

Die Zondo-kommissie bewys tans dat met hul enkelagentskap, voldoende vaardighede en kundigheid, voldoende bewusmaking en politieke wil dit tog moontlik is om staatsamptenare aanspreeklik te hou vir hul korrupte aktiwiteite. Daarmee saam het die Zondo-kommissie ook die belangrikheid van ’n nuwe teenkorrupsiestrategie vir Suid-Afrika uitgelig.

 

8. Beperkings van hierdie studie

Hierdie artikel is gegrond op ’n literatuurstudie en het die inherente beperking dat dit op voorheen gepubliseerde navorsing en sekondêre hulpbronne geskoei is. Data wat vir hierdie studie gebruik is, het onder andere mediaberigte, jaarverslae, koerantartikels, organisatoriese webwerwe en institusionele webwerwe ingesluit. Waar moontlik, is die betroubaarheid van bevindings deur middel van kruisverwysings bevestig.

 

9. Gevolgtrekking

Die praktiese voorbeelde in hierdie artikel dui aan dat die NOP se visie om die multi-agentskapbenadering te versterk nog nie ’n werklikheid is nie. As Suid-Afrika voortgaan om die teenkorrupsiefunksie te bestuur soos dit tans gedoen word, sal hierdie visie en ander teenkorrupsiestrategieë nie realiseer nie. Op grond van die inligting hier bo, voer ons aan dat slegs die versterking van die multi-agentskapmodel om ’n veerkragtige teenkorrupsiestrategie daar te stel, nie genoegsaam sal wees om die NOP se doelwitte teen 2030 te bereik nie. Hierdie plan is reeds in 2012 van stapel gestuur, maar nege jaar later is dit steeds nie prakties geïmplementeer nie.

Dit het duidelik geword dat Suid-Afrika op papier die wonderlikste planne en strategieë vir ’n effektiewe teenkorrupsiemodel het, maar dat hulle sukkel met die daadwerklike implementering daarvan. Daar word voorgestel dat ’n nuwe benadering, wat reeds bestaande agentskappe met ’n gesentraliseerde eenheid kombineer, oorweeg moet word in plaas daarvan om te probeer om wanfunksionele teenkorrupsiebeleide te versterk.

Hierdie artikel het die vier aspekte om die multi-agentskapbenadering te versterk ten einde ’n veerkragtige teenkorrupsiestruktuur daar te stel, bespreek. Die enigste aspek wat ’n mate van vordering toon om hierdie doelwit te bereik, is die versterking van openbare bewusmaking en aanmeldkanale. Ironies genoeg is dit gedoen deur ’n nieregeringsorganisasie, Corruption Watch, aangesien die NTKB beperk is weens ’n gebrek aan hulpbronne en befondsing.

Die omstrede debat oor die multi- of enkelagentskapbenadering duur egter steeds voort. Weens die ondoeltreffendheid van die huidige benadering en soortgelyk aan die mediumtermyn-teenkorrupsieraamwerk en die hersiene NOP, word daar voorgestel dat ’n oorkoepelende enkelagentskapseenheid gestig word. Sy primêre mandaat moet wees om korrupsie te beveg en die hele teenkorrupsiefunksie te koördineer. Die gebrek aan vaardighede, kundigheid en politieke wil is egter steeds merkbaar, aangesien dit as die grootste struikelblok van die teenkorrupsiestruktuur beskryf word.

Die antwoord op die navorsingsvraag van hierdie artikel, is dat deur slegs die huidige benadering te versterk nie genoegsaam sal wees om die doelwitte teen 2030 te bereik nie, omdat Suid-Afrika nie die multi-agentskapbenadering van die begin af effektief geïmplementeer het nie. Benewens die feit dat hierdie doelwitte nog nie bereik is nie, is daar ook nie veel vordering gemaak om dit teen 2030 te bereik nie. Met ’n gebrekkige teenkorrupsiestelsel en min of geen vordering met die doelwitte van die plan nie, sal die teikens gevolglik nie teen 2030 bereik word nie.

Daar word dus voorgestel dat Suid-Afrika korrupsie vanuit ’n nuwe perspektief moet teenwerk, naamlik ’n enkelagentskapperspektief. Die Zondo-kommissie het gewys watter sukses behaal kan word deur die nodige vaardighede in die kommissie saam te voeg, tesame met ’n sterk politieke wil om uitvoering te gee aan die kommissie se mandaat in ’n poging om die goeie stryd teen korrupsie te begin.

 

Bibliografie

Afrobarometer. 2021. About Afrobarometer. https://afrobarometer.org/about (19 Oktober 2019 geraadpleeg).

Brinkerhoff. D.W. 2000. Assessing Political Will for Anti-Corruption Efforts: An Analytical Framework. Public Administration and Development, 20(3): 239-252.

Bruce, D. 2019. Accountability for corruption: The role of the Special Investigating Unit. Institute for Security Studies – Southern Africa. Verslag 28. https://issafrica.s3.amazonaws.com/site/uploads/sar-28.pdf (6 Mei 2021 geraadpleeg).

Corruption Watch. 2020a. From crisis to action. https://www.corruptionwatch.org.za/wp-content/uploads/2021/05/Corruption-Watch-AR-2020-DBL-PG-20210324.pdf (20 Julie 2021 geraadpleeg).

—. 2020b. Our future is not for sale. https://www.corruptionwatch.org.za/wp-content/uploads/2020/12/Our_Future_Is_Not_4_Sale-V2D_FINAL_8Dec2020.pdf (27 Augustus 2021 geraadpleeg).

—. 2021. Anti-corruption agencies bemoan skills shortage, lack of capacity. https://www.corruptionwatch.org.za/anti-corruption-agencies-bemoan-skills-shortage-and-lack-of-capacity/ (1 Augustus 2021 geraadpleeg).

—. 2022. Zondo report: A summary of the first four parts, and who it implicated. https://www.corruptionwatch.org.za/zondo-report-a-summary-of-the-first-four-parts-and-who-it-implicated/ (19 Oktober 2022 geraadpleeg)

Cowan, K. 2020. The case against Ace Magashule in the R280 Gupta Estina dairy farm scandal. News24, 2 Oktober. https://www.news24.com/news24/southafrica/investigations/the-case-against-ace-magashule-in-the-r280m-gupta-estina-dairy-farm-scandal-20201001 (27 Julie 2021 geraadpleeg).

Daily Maverick. 2022. Here you go: The final State Capture reports recommendations – at last. Daily Maverick, 22 Junie. https://www.dailymaverick.co.za/article/2022-06-22-here-you-go-the-final-state-capture-report-recommendations-at-last/ (geraadpleeg 6 Oktober 2022)

De Lange, L. 2021. Anti-corruption systems in South Africa: Towards an effective model. MCom verhandeling, Noordwes-Universiteit.

DPME (Departement van Beplanning, Monitering en Evaluering). 2020a. Medium term strategic framework 2019–2024. https://www.dpme.gov.za/keyfocusareas/outcomesSite/MTSF_2019_2024/2019-2024%20MTSF%20Comprehensive%20Document.pdf (3 Augustus 2021 geraadpleeg).

—. 2020b. National anti-corruption strategy 2020–2030. https://www.gov.za/sites/default/files/gcis_document/202105/national-anti-corruption-strategy-2020-2030.pdf (19 Julie 2021 geraadpleeg).

Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (CoGTA). 2018. The National Development Plan unpacked. https://www.cogta.gov.za/index.php/2018/07/24/national-development-plan-unpacked/ (14 Julie 2021 geraadpleeg).

Du Plessis, C. 2021. As it happened – ‘I’ve done nothing wrong’ – Magashule as asbestos corruption case is transferred, postponed. News24, 19 Februarie. https://www.news24.com/news24/southafrica/news/live-ace-magashule-corruption-co-accused-in-free-state-asbestos-case-back-in-court-20210219 (30 Julie 2021 geraadpleeg).

Du Toit, P. 2018. The state capture inquiry: What you need to know. News24, 20 Augustus. https://www.news24.com/news24/Analysis/the-state-capture-inquiry-what-you-need-to-know-20180819 (16 Julie 2021 geraadpleeg).

Ellis, E. 2021. Exposed and tarnished by the Digital Vibes scandal, Zweli Mkhize goes down fighting. Daily Maverick, 6 Augustus. https://www.dailymaverick.co.za/article/2021-08-06-exposed-and-tarnished-by-the-digital-vibes-scandal-zweli-mkhize-goes-down-fighting/ (20 Augustus 2021 geraadpleeg).

Etheridge, J. 2021. 3 senior government officials arrested over R255m asbestos project. News24, 18 Februarie. https://www.news24.com/news24/southafrica/news/just-in-3-senior-government-officials-arrested-over-r255m-asbestos-project-20210218 (26 Julie 2021 geraadpleeg).

Ferreira, A. 2021. High court grants Zondo commission a three-month extension. Mail & Guardian, 29 September. https://mg.co.za/news/2021-09-29-zondo-fifth-extension/ (6 Oktober 2022 geraadpleeg).

FIS (Finansiële Intelligensiesentrum). 2020. Annual report 2019/2020. https://www.fic.gov.za/Documents/FIC%20annual%20report_2019-20.pdf (11 Mei 2021 geraadpleeg).

Grootes, S. 2020. How I learnt to stop worrying and love the Zondo Commission. Daily Maverick, 20 Oktober. https://www.dailymaverick.co.za/article/2020-10-20-how-i-learnt-to-stop-worrying-and-love-the-zondo-commission/ (6 Augustus 2021 geraadpleeg).

Haffajee, F. 2021a. ANC fails to stop the corruption train – 32 major scandals, four in 2021 alone. Daily Maverick, 7 Oktober. https://www.dailymaverick.co.za/article/2021-10-07-anc-fails-to-stop-the-corruption-train-32-major-scandals-four-in-2021-alone/ (19 Oktober 2021 geraadpleeg).

—. 2021b. State capture inquiry cost almost R1bn, but it saved billions more – Judge Zondo. Daily Maverick, 30 Junie. https://www.dailymaverick.co.za/article/2021-06-30-state-capture-inquiry-cost-almost-r1bn-but-it-saved-billions-more-judge-zondo/ (19 Julie 2021 geraadpleeg).

Heeks, R. 2011. Understanding the success and failure of anti-corruption initiatives. https://www.cmi.no/publications/file/3978-understanding-success-and-failure-of-anti.pdf (1 Augustus 2021 geraadpleeg).

Hoffman, P. 2021. Game-changer: Zondo Commission report bound to change the future trajectory of South Africa. Daily Maverick, 29 Augustus. https://www.dailymaverick.co.za/opinionista/2021-08-29-game-changer-zondo-commission-report-bound-to-change-the-future-trajectory-of-south-africa/ (12 Oktober 2021 geraadpleeg).

Holden, P. 2021. Part one: What Gupta enterprise corruption cost South Africa. Daily Maverick, 27 Junie. https://www.dailymaverick.co.za/article/2021-06-27-part-one-what-gupta-enterprise-corruption-cost-south-africa/ (6 September 2021 geraadpleeg).

Hooggeregshof van Suid-Afrika. 2021. Extension. https://www.statecapture.org.za/site/files/judgments/15/Extension_6_-_Application_(01_Oct_2021_to_31_Dec_2021)_dd_16_Sep_2021.pdf (12 Oktober 2021 geraadpleeg).

Kommissie van Ondersoek na Staatskaping. 2022. Interesting statistics. https://www.statecapture.org.za/site/information/stats (19 Oktober 2022 geraadpleeg).

Lancaster, L., M. Roberts en S. Mbanyele. 2019. NPA staff survey: Report. https://www.npa.gov.za/sites/default/files/u41/NPA%20Staff%20Survey-Report%202019.pdf (2 Augustus 2021 geraadpleeg).

Lekubu, B.K. 2019. Improving the effectiveness of the South African anti-corruption agencies and the strategies: Lessons from Botswana, Hong Kong, and Singapore. Acta Criminologica: African Journal of Criminology & Victimology, 32(2):74–90.

Meagher, P. en C. Voland. 2006. Anticorruption Agencies (ACAs). USAID Office of Democracy and Governance. https://pdf.usaid.gov/pdf_docs/Pnadm208.pdf (23 Mei 2021 geraadpleeg).

Merten, M. 2019. State Capture wipes out third of SA’s R4.9-trillion GDP – Never mind lost trust, confidence, opportunity. Daily Maverick, 1 Maart. https://www.dailymaverick.co.za/article/2019-03-01-state-capture-wipes-out-third-of-sas-r4-9-trillion-gdp-never-mind-lost-trust-confidence-opportunity/ (20 Julie 2021 geraadpleeg).

—. 2020. Anti-Corruption Task Team is making headway, but the lack of resources will be a handicap. Daily Maverick, 11 November. https://www.dailymaverick.co.za/article/2020-11-11-anti-corruption-task-team-is-making-headway-but-the-lack-of-resources-will-be-a-handicap/ (3 Augustus 2021 geraadpleeg).

Mkhatshwa, S. 2018. State capture: Here’s why the Zondo Commission is important. City Press, 24 Augustus. https://www.news24.com/citypress/voices/state-capture-heres-why-the-zondo-commission-is-important-20180824 (24 Julie 2021 geraadpleeg).

Mthethwa, A. 2021. The NPA states its case against Ace Magashule. Daily Maverick, 21 Februarie. https://www.dailymaverick.co.za/article/2021-02-21-the-npa-states-its-case-against-ace-magashule/ (30 Julie 2021 geraadpleeg).

Mubangizi, J.C. 2020. South Africa’s oldest tradition, corruption – The politics, the law and the shenanigans in between. Daily Maverick, 7 Oktober. https://www.dailymaverick.co.za/article/2020-10-08-south-africas-oldest-tradition-corruption-the-politics-the-law-and-the-shenanigans-in-between/ (4 Januarie 2021 geraadpleeg).

Myburgh, P.L. 2021a. Department of Health’s irregular R150m Digital Vibes deal: Daily Maverick’s investigative work so far in one bundle. Daily Maverick, 26 Mei. https://www.dailymaverick.co.za/article/2021-05-26-department-of-healths-irregular-r150m-digital-vibes-deal-daily-mavericks-investigative-work-so-far-in-one-bundle/ (5 Augustus 2021 geraadpleeg).

—. 2021b. Exposed: DoH’s R150m Digital Vibes scandal – Zweli Mkhize associates charged millions for Covid-19 media briefings. Daily Maverick, 23 Mei. https://www.dailymaverick.co.za/article/2021-05-23-exposed-dohs-r150m-digital-vibes-scandal-zweli-mkhize-associates-charged-millions-for-covid-19-media-briefings/?_ga=2.201696020.460244016.1628145675-314030783.1628145673 (5 Augustus 2021 geraadpleeg).

—. 2021c. R1m from Digital Vibes deal bankrolled hair salon, nail boutique for Minister Zweli Mkhize’s son, daughter-in-law. Daily Maverick, 3 Augustus. https://www.dailymaverick.co.za/article/2021-08-03-r1m-from-digital-vibes-deal-bankrolled-hair-salon-nail-boutique-for-minister-zweli-mkhizes-son-daughter-in-law/?utm_term=Autofeed&utm_medium=Social&utm_source=Twitter&&__twitter_impression=true (5 Augustus 2021 geraadpleeg).

NBK (Nasionale Beplanningskommissie). 2012. National Development Plan 2030: Our future – make it work. https://www.gov.za/sites/default/files/gcis_document/201409/ndp-2030-our-future-make-it-workr.pdf (13 Julie 2021 geraadpleeg).

—. 2020. A review of the National Development Plan 2030 – Advancing implementation towards a more capable nation. https://www.nationalplanningcommission.org.za/assets/Documents/NDP%20REVIEW.pdf (22 Julie 2021 geraadpleeg).

NVG (Nasionale Vervolgingsgesag). 2020. Annual report 2019/20. Pretoria: NPA. https://www.npa.gov.za/sites/default/files/media-releases/NPA_Annual_Report_2019-2020.pdf (5 Mei 2021 geraadpleeg).

—. 2021. Annual Report 2020/2021. Pretoria: NPA. https://www.npa.gov.za/sites/default/files/annual-reports/NPA%20Annual%20Report%202020_2021.pdf (17 Junie 2021 geraadpleeg).

Ntsaluba, G. 2021. Corruption Watch launches Veza tool to improve transparency in the police service. City Press, 17 Februarie. https://www.news24.com/citypress/news/corruption-watch-launches-veza-tool-to-improve-transparency-in-the-police-service-20210217 (20 Augustus 2021 geraadpleeg).

OGSA (Ouditeur-generaal van Suid Afrika). 2020. Integrated annual report twenty-twenty. https://www.agsa.co.za/Reporting/AnnualReport.aspx (11 Mei 2021 geraadpleeg).

Patel, J. en P. Govindasamy. 2021. South African see corruption as worsening during President Ramaphosa’s tenure. Afrobarometer Dispatch AD476. https://afrobarometer.org/sites/default/files/publications/Dispatches/ad476-south_africans_see_corruption_as_worsening_under_ramaphosa-afrobarometer_dispatch-15sept21.pdf (19 Oktober 2021 geraadpleeg).

Pereira, P.G., S. Lehmann, A. Roth en K. Attisso. 2012. South Africa anti-corruption architecture. International Centre for Asset Recovery (ICAR), Basel Institute on Governance. https://baselgovernance.org/sites/default/files/2019-01/south_africa_anti-corruption_architecture.pdf (1 Augustus 2021 geraadpleeg).

Philip, X. 2022. South Africa: 10 facts to know about the Zondo Commission reports. The Africa Report, 27 Mei. https://www.theafricareport.com/207302/south-africa-10-facts-to-know-about-the-zondo-commission-reports/ (19 Oktober 2022 geraadpleeg).

Pillay, K. 2017. Anti-corruption agencies in South Africa and Brazil: Trends and challenges. African Journal of Public Affairs, 9(8):1–14. doi: 10.10520/EJC-ab4f8b4ab.

Pillay, Devi. 2022. The Zondo Commission: A bite-sized summary. Public Affairs Research Institute (PARI). https://www.google.co.za/url?sa=t&rct=j&q=&esrc=s&source=web&cd=&ved=2ahUKEwjXm6PBk-76AhWknVwKHdVyDrgQFnoECBgQAQ&url=https%3A%2F%2F47zhcvti0ul2ftip9rxo9fj9-wpengine.netdna-ssl.com%2Fwp-content%2Fuploads%2F2022%2F09%2FPARI-Summary-The-Zondo-Commission-A-bite-sized-summary-v360.pdf&usg=AOvVaw19-3iSIrko7rxQmIwbnmgs (19 Oktober 2022 geraadpleeg).

Presidentskap. 2015. The anti-corruption task team is fully operational. http://www.thepresidency.gov.za/content/anti-corruption-task-team-fully-operational (1 Augustus 2021 geraadpleeg).

Pring, C. en J. Vrushi. 2019. Global corruption barometer Africa 2019 – Citizens’ views and experiences of corruption. https://www.corruptionwatch.org.za/wp-content/uploads/2019/07/GCB-Africa-2019-Full-report-WEB.pdf (27 Augustus 2021 geraadpleeg).

Republiek van Suid-Afrika (RSA). 1996. Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika.
Wet 108 van 1996. Staatskoerant 378 (17678). Pretoria: Staatsdrukker.

—. 2018. Rules governing proceedings of the Judicial Commission of Inquiry into allegations of state capture, corruption and fraud in the public sector including organs of state: Notice 397 of 2018. Staatskoerant 41774, 16 Julie, bl. 1–13. https://www.justice.gov.za/legislation/notices/2018/20180716-gg41774_gen397-SCAPcomms-Rules.pdf (13 Julie 2021 geraadpleeg).

Rupiah, K. 2020. Let’s go back to the NDP. Mail & Guardian, 13 Januarie https://mg.co.za/article/2020-01-13-lets-go-back-to-the-ndp/ (13 Julie 2021 geraadpleeg).

Shadow World Investigations (SWI). 2019. First submission to the Commission of Inquiry into Allegations of State Capture [Zondo Commission] regarding the Estina/Vrede Integrated Dairy Project. https://shadowworldinvestigations.org/wp-content/uploads/2019/12/SWI-Submission-to-the-Zondo-Commission-Estina-and-the-Gupta-Enterprise.pdf (9 September 2021 geraadpleeg).

Sibanda, O.S. 2020. Is the Zondo Commission report destined for the dustbin, or for the annals of history? Daily Maverick, 27 Oktober. https://www.dailymaverick.co.za/opinionista/2020-10-27-is-the-zondo-commission-report-destined-for-the-dustbin-or-for-the-annals-of-history/ (15 Augustus 2021 geraadpleeg).

Sibanyoni, M. 2021. NDP 2030 targets: SA’s targets vs reality. SABC News, 8 Februarie. https://www.sabcnews.com/sabcnews/ndp-2030-targets-sas-targets-vs-reality/ (13 Julie 2021 geraadpleeg).

SOE (Spesiale Ondersoekeenheid). 2021. Report to the President of the Republic of South Africa his Excellency, President MC Ramaphosa regarding the investigation of the National Department of Health / Digital Vibes (Pty) Ltd contracts: Proclamation no R. 23 of 2020. http://www.thepresidency.gov.za/download/file/fid/2261 (11 Oktober 2021 geraadpleeg).

SKOOR (Staande Komitee oor Openbare Rekeninge). 2020. Anti-corruption Task Team (ACTT) on pending corruption cases from various departments and entities. https://pmg.org.za/committee-meeting/31456/ (30 Julie 2021 geraadpleeg).

SDK (Staatsdienskommissie). 2021. Annual report 2020/21. http://www.psc.gov.za/documents/reports/2020/Annual%20Report%202020-2021.pdf (11 Oktober 2021 geraadpleeg).

Suid-Afrikaanse Regering. 2021. I know – I act – I stop (fighting corruption is everyone’s business). https://www.gov.za/anti-corruption/campaign (6 Augustus 2021 geraadpleeg).

TKTS (Teenkorrupsietaakspan). 2021. Value of freezing orders – ACTT 2009–2020.

Transparency International (TI). 2020. Our work in South Africa. https://www.transparency.org/en/countries/south-africa (21 Julie 2021 geraadpleeg).

Wathne, C. 2021. Understanding corruption and how to curb it – A synthesis of latest thinking. https://www.u4.no/publications/understanding-corruption-and-how-to-curb-it.pdf (26 Julie 2021 geraadpleeg).

Wêrelbank. 2013. Step-by-step guide for asset recovery South Africa. https://star.worldbank.org/sites/default/files/g20-asset_recovery_guide_2013_south_africa.pdf (21 Julie 2021 geraadpleeg)

—. 2021. Supreme Audit Institutions Independence Index: 2021 global synthesis report. https://openknowledge.worldbank.org/handle/10986/36001 (4 Augustus 2021 geraadpleeg).

 

Eindnotas

1 Politieke wil word gedefinieer as “die vasberadenheid van ’n individuele politieke akteur om op ’n manier op te tree en te praat wat ’n gewenste uitkoms tot gevolg sal hê” (Brinkerhoff, 2000:242).

2 Bevriesingsbevel: “Om te verseker dat die realiseerbare eiendom nie vervreem word nie, kan die staat ’n beperking- of bevriesingsbevel oor enige sodanige eiendom verkry totdat die saak afgehandel is. Dit sluit skoon of onaangetaste eiendom in, wat aan persone of entiteite behoort wat geskenke ter waarde van die geskenke ontvang het” (Wêreldbank, 2013).

3 Regterlike Dienskommissie: Ingevolge artikel 178 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika (1996) is die Regterlike Dienskommissie (RDK) se funksie om geskikte en gepaste persone te kies vir aanstelling as regters en om klagtes oor regterlike beamptes te ondersoek.

4 Kommissie van Ondersoek na Staatskaping: ’n deskundige paneel wat deur die President ingestel is om ’n spesifieke kwessie te ondersoek.

  • Fokusprent: Izak de Vries

LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Die toekoms van teenkorrupsiestrategieë in Suid-Afrika: die Nasionale Ontwikkelingsplan 2030 appeared first on LitNet.

The future of anti-corruption strategies in South Africa: the National Development Plan 2030

$
0
0

Abstract

“Our vision for 2030 is a South Africa that has zero tolerance for corruption.” This quote emanates from the National Development Plan 2030 (NDP), introduced by the National Planning Commission (NPC) in 2012. With eight years left to reach the objectives for 2030, as set out in the NDP, it is doubtful whether this vision will become a reality.

The review of the NDP indicated that corruption had ruined the trust on which social cohesion and national involvement are built. Without trust and social cohesion, the NDP cannot be implemented, and nation-building cannot take place. Consequently, the continued high levels of corruption may ruin the anti-corruption plan and the entire NDP.

However, one of the four recommendations from the NDP to build a resilient anti-corruption structure is to strengthen the current multi-agency approach. This article aims to determine whether this objective will be achieved by 2030 and whether only strengthening the current approach is satisfactory to fulfil the plan by 2030. This analysis will contribute to the existing literature as very little information on reaching the NDP’s targets relating to anti-corruption strategies could be found. The NDP is a reflection of the future of anti-corruption strategies and it should therefore consider and continually revise its targets to ensure that South Africa has a resilient anti-corruption structure.

Analysing the underlying targets of strengthening the current multi-agency approach is critical in the process of building a resilient anti-corruption strategy. Chapter 14 of the NDP deals specifically with fighting corruption. One of the four singled-out areas of this chapter is to build a resilient anti-corruption system by strengthening the multi-agency anti-corruption system. In order to achieve the aforementioned, the NDP proposes that four matters should be considered: 1) the multi-agency versus the single-agency approach; 2) increasing the specialist resources of the current anti-corruption agencies; 3) public education and reporting on corruption in the country; and 4) political will together with sufficient support. This article analyses these four objectives in order to address the research question: Can the objectives be met only by strengthening the multi-agency approach?

Previous research conducted explored four different anti-corruption strategies exercised in Hong Kong, Singapore, New South Wales and the United States of America with a view to lay the foundation of a national anti-corruption model for serious consideration that might improve the effectiveness of anti-corruption strategies in South Africa. This was followed by an analysis of South Africa’s ten predominant anti-corruption units and it was determined that it is worth considering establishing a centralised unit due to its effectiveness proven abroad as well as to address the weaknesses in the current policies. This article attempts to analyse the future plan for anti-corruption strategies in South Africa and whether it will be accomplished. This will be determined on the basis that previous research conducted indicated that anti-corruption strategies are ineffective and malfunctional which emphasise the urgent need for intervention and development.

The NDP offers a long-term perspective for South Africa through 15 different chapters with an overarching aim to eliminate poverty and reduce inequality. A review of the plan was formulated in 2020, which examined the progress made towards the NDP’s critical targets established in 2012. However, the review only repeated what was already established about corruption in the NDP and did not elaborate on the time left to reach the targets and these targets not being reached. However, throughout the review document, corruption is labelled as part of the main impediments that hinder the country’s progress towards the outcomes of the plan. Miriam Altman, an economist and commissioner of the NDP, supported the plan’s review document and concluded that corruption is one of the reasons why there is no significant improvement in implementing the NDP’s targets. With most of the critical objectives of the overarching plan not being prioritised, the country suffers from damage that could have been avoided. Therefore, based on crucial targets that have not been met, the idyllic picture conveyed through the plan may not be realised on time.

Ironically, since the establishment of this plan, corruption has intensified, with state capture estimated at R1,5 trillion, which is essentially a third of South Africa’s gross domestic product of R4,9 trillion. Essentially, it is equal to destroying four months’ worth of labour and productivity of all South Africans. The Corruption Perceptions Index, a leading global indicator of public sector corruption, indicated that South Africa improved by one point from a score of 43/100 in 2012 to 44/100 in 2020. It clearly shows no significant improvement or decline in South Africa’s score in the past eight years. This ranking also suggests a failure of government efforts to reduce the root causes of corruption, indicating the ineffectiveness of the anti-corruption strategy.

This research found that the plan’s vision towards strengthening the multi-agency approach is not yet a reality. If South Africa continues to manage the anti-corruption function as it is currently doing, this vision and other anti-corruption strategies will not manifest. This paper argues that strengthening the multi-agency model to build a resilient anti-corruption strategy will not be enough to reach the NDP’s objectives by 2030. It became evident that South Africa has the most astonishing plans and strategies on paper for an effective anti-corruption model but struggles to demonstrate its implementation. It is suggested that a new approach, combining already existing agencies with a centralised unit, must be considered instead of attempting to strengthen dysfunctional anti-corruption policies.

Furthermore, this research found that of the four strategies for strengthening the multi-agency approach in order to build a resilient anti-corruption structure, the only one with some progression to reach the objective was strengthening public education and reporting lines. Ironically, this has been done by an NGO, Corruption Watch, as the National Anti-Corruption Hotline is restricted due to a lack of resources and funding. Furthermore, the controversial debate over the multi- or single-agency approach is still ongoing. Due to the ineffectiveness of the current approach and similar to the medium-term anti-corruption framework and the NDP review, it is suggested that an overarching single-agency unit is established. Its primary mandate should be to fight corruption and coordinate the entire anti-corruption function. However, the lack of skills, expertise and political will is still noticeable as it is described as the most significant impediment of the failing anti-corruption structure.

The article concludes that only strengthening the current approach will not be enough to reach the objectives because from the start, South Africa did not effectively implement the multi-agency approach. Also, despite not achieving these objectives of strengthening the multi-agency approach, not much progress has been made to reach them by 2030. Consequently, with a dysfunctional anti-corruption system and little or no progress towards the objectives of the plan, the targets will not be reached by 2030.

The article proposes that South Africa needs to fight corruption from a new perspective: a single-agency perspective. The Zondo Commission has shown what successes can be achieved by pooling the necessary skills into the commission together with a strong political will to give effect to the commission’s mandate in an attempt to start a good fight against corruption.

Keywords: anti-corruption strategies; expertise; independence; multi-agency approach; political will; public education; single-agency approach

  • Featured image: Izak de Vries

Lees die volledige artikel in Afrikaans

Die toekoms van teenkorrupsiestrategieë in Suid-Afrika: die Nasionale Ontwikkelingsplan 2030

The post The future of anti-corruption strategies in South Africa: the National Development Plan 2030 appeared first on LitNet.

We cannot go back: my reactions to the Race and Transformation in Higher Education Conference at Stellenbosch University

$
0
0

Joy Petersen (picture: provided)


Read the Khampepe Report here.


.............
The recent spate of human dignity violations on the Stellenbosch University (SU) campus has made me question the sincerity of our actions and the affordances we granted our students in our response to the COVID-19 pandemic.
..................

The recent spate of human dignity violations on the Stellenbosch University (SU) campus has made me question the sincerity of our actions and the affordances we granted our students in our response to the COVID-19 pandemic. The level of compassion SU espoused through a pedagogy of care and action, signalled a concrete enactment to repair, restore and transform as a university. The race and transformation conference provided me with a conceptual understanding of how transformation operates, affirming that change is happening, reassuring us that we are not going back.

I did not come on my own accord! I was called!

Of course, the majestic mountains, how the oak trees signal with nature’s precision each season, and the energy and essence of youth make the calling even more enticing, inviting, even seductive. Not to say I don’t notice the subtle ways in which I am steered to think and act in a particular way, or how the students’ anguish is belittled. Finding a language for these daily, tiny transgressions is difficult when your own default setting hovers on sincerity, the good, innocence – you become ignorant of the arrogance.

I have been at Stellenbosch University for five years. This year, 2022, surpasses the turbulence and turmoil of the COVID-19 pandemic. The incidents of human dignity violations (three separate cases of young white men urinating on the educational lives of black students) and the death of Siphokazi and Ky throw me out of kilter. I come to the Race and Transformation Conference looking for expert, substantive ways of understanding race and transformation globally, and at Stellenbosch University. I crave an ethical and empirical sense-making, gatvol of the patriarchal, anecdotal tales I am fed, before being silenced.

...........
I come to the Race and Transformation Conference looking for expert, substantive ways of understanding race and transformation globally, and at Stellenbosch University. I crave an ethical and empirical sense-making, gatvol of the patriarchal, anecdotal tales I am fed, before being silenced.
...............

Professor Nico Koopman kicks the proceedings off by bringing our attention to words. Logos in its etymology means “word, discourse, or reason – an eternal and unchanging truth present from the time of creation, available to the individual who seeks it”. This is my quest.

In this article, I highlight my main takeaways that made me ponder the truths of our own peace laureate and elder, Bishop Desmond Tutu.

Don’t raise your voice – improve your argument

There are two paradigms of equality, proffers human rights law expert Professor Sandra Liebenberg. A formal equality approach is one founded on racial inclusion and assimilation. Another approach is substantive equality. Substantive equality seeks to address the underlying systems, institutional practices and cultures and economic disadvantages that create patterns of privilege for some groups and subordination for others. Substantive equality has been endorsed by the Constitutional Court as the interpretation that should apply to the right to equality and non-discrimination in section 9 of the Bill of Rights. In her professional summation of the Khampepe Report, Professor Liebenberg states that Stellenbosch University has been on a formal equality trajectory. She provides the language to recognise that our efforts at transformation and addressing inequality have been narrow and superficial. A substantive equality approach for deeper, more enduring change must be pursued.

We need to stop just pulling people out of the river, we need to go upstream and find out why they’re falling in

The conference is organised to expose us to the university’s role in the community and its obligations to the public. We exit the university greenbelt to arrive at Cloetesville, parched, on the outskirts. Mr Meyer, the school principal, welcomes us warmly and leads us to the scantily resourced school library. Here we learn that at Cloetesville High, despite its proximity to the university campus, the community has not been left unscathed from the scourge of gangsterism, drugs and teenage pregnancies that has besieged the so-called coloured communities on the Cape Flats. Only 55% of the scholar intake, progress to grade 12, and annually fewer than 10 students make SU their university of choice and are accepted for studies. The desire to achieve and succeed is grim. Why? The next speaker, Mr April, provides us with substantive reasons for this, based on his lived experience. Cloetesville, he said, is a broken community, battling the plague that is called poverty. Poverty brought on by their forced removal from the centre of Stellenbosch town and sections that the university now occupy – the families are still living with that trauma!

............
The desire to achieve and succeed is grim. Why? The next speaker, Mr April, provides us with substantive reasons for this, based on his lived experience. Cloetesville, he said, is a broken community, battling the plague that is called poverty. Poverty brought on by their forced removal from the centre of Stellenbosch town and sections that the university now occupy – the families are still living with that trauma!
................

Mr April does not hide his anger and rage. The tears shine in the corners of his eyes and his voice falters as he rebukes apartheid. Even so, he is neither embittered nor defeated. Mr April, resilient and pained, is still hopeful and lives the school motto: Always your best. He implores the university to do research that matters, to take up projects that can better the community – we owe them that.

If you are neutral in situations of injustice, you have chosen the side of the oppressor

Professor Dennis Francis alludes to a plague of a different kind that is manifesting in institutions of higher education and our SU residences – the fear and hatred of students identifying as LBGTQIA+ – queerphobia. At Stellenbosch University, the nexus of gender and Christianity is proving particularly pernicious, They/them state. They/them presented a case study of queerphobia at a residence where the doors of queer and trans students were anointed with crosses in an effort to convert them – violating their human right. Cisheteronormativity reigns supreme, is not troubled enough, states Professor Francis. When this particular case was reported, the incident was trivialised, the victims were told to lock their doors, and the perpetrators’ behaviour went unaddressed. The failure to disrupt queerphobia substantively allows for cisheteronormativity to persist in SU spaces, endorsing the belief that “some are more equal than others”. Professor Francis’s critical analysis of this incident is that “we don’t need more learning on the issues, we need to do more unlearning”. Transformation is unlearning!

...........
Transformation is unlearning!
..............

There was consensus among the stellar cast of academics in attendance, that racism and attacks of otherness are attempts to throw the transformation project off course, to divert our attention. There’s a fear, an anticipated loss of dominance, that is palpable. They echoed that change work is hard work, and the pace of change is slow and oft unacknowledged. As academic agents and activists of change, they agreed that we must continue being rigorously reflexive in our praxis for efficacious, substantive and enduring transformation.

We were cautioned against dichotomous thinking of us-and-them. And it reminds me of my own epiphany, following Ky’s and Siphokazi’s passing. The social constructs of race, gender and socio-economic status that separate, have no real standing. In blood and bone, we are all the same. Our approach must unify. The conference also highlighted the generative ability of the arts, sports and music as a vehicle to unite – we should consider exploring and endorsing a curriculum based on the aesthetic.

Hope is being able to see there is light despite all the darkness

At Stellenbosch University, there is a myriad of initiatives, programmes and courses – what Professor Koopman refers to as pockets of excellence sprinkled across campus. Our hope in the darkness.

............
At Stellenbosch University, there is a myriad of initiatives, programmes and courses – what Professor Koopman refers to as pockets of excellence sprinkled across campus. Our hope in the darkness.
..............

At a recent performance of the Stellenbosch University choir, I was gifted this hope, transported to a utopian Stellenbosch University. In 90 minutes, the distress and disgrace of the first semester had evaporated, and I was elevated to a place beyond divinity. Their exuberance and vitality breathed new life into me. The choir succeeded in hushing my confusions and birthing new longings.

Andre van der Merwe epitomises transformation. Together, the choir and conductor make our values come alive by being excellent at equality, at compassion, at accountability, at respect! They are the salve of SU’s soul.

Transformation is soul work, hard and arduous, and fulfilling and rewarding. We have all been called to do this work, the conference reminds me, by virtue of being a Matie.

Also read:

Hoop in die donker: ’n onderhoud met André van der Merwe

Pandemic tales: Making an educational life in a Stellenbosch University residence during the COVID-19 pandemic

Internasionale konferensie: Slow intimacy (Langsame intimiteit)

Some notes from the workshop on "slow violence"

Universiteitseminaar: Die US, rassisme en die toekoms

Universiteitseminaar: Jan Heunis SC beskou die Khampepe-verslag

Aan wie behoort die woorde?

Reclaiming Multilingualism

Monolingualism, not Afrikaans, must fall

Om te twyfel

Gelyke Kanse: Afrikaans, die sondebok

Konstitusionele Hof, Gelyke Kanse en Universiteit Stellenbosch

Gelyke Kanse-inisiatief bou momentum: Breyten Breytenbach rig ope brief aan US-rektor

US-taaldebat 2021: Kinkel in die kabel

US-taaldebat 2021: Afrikaans is sterkgesig

US-taaldebat 2021: Ek is Afrikaaps

US-taaldebat 2021: Hou op om in Afrikaans te droom

US-taaldebat 2021: Die oortjies van die seekoei

Wat verdedig ons? Die Afrikaanse kampus as fabriek

Stellenbosch language debate: Speech by David Jantjies at the DAK meeting with the SAHRC

Is Afrikaans aan die US ’n spyker ryker in haar doodskis?

DAK Netwerk language submission: A petition to the Minister of Higher Education

Afrikaans oorleef by US solank dit "redelikerwys doenlik" is

US-konvokasietoespraak: Die koei in die bos

US-taalbeleid: Breyten Breytenbach reageer op Anton van Niekerk se brief

US-konvokasie 2016: Courage, Compassion and Complexity - Reflections on the new Matieland and South Africa

Baqonde-meertaligheidsprojek: "Laat hulle verstaan" (en laat die tegnologie help)

BAQONDE and multilingual education in South Africa: An interview with Lorna Carson

A response to Marlene van Niekerk’s contribution to the Stellenbosch University language debate

Persverklaring: Universiteit Stellenbosch is verbind tot meertaligheid

Persverklaring: StudentePlein oorweeg appèlopsies ná hofuitspraak in US-taalsaak

Kan die akademie uitnemendheid oorleef?

Reaksie op Andrew Nash: "Kan die Akademie uitnemendheid oorleef?"

BAQONDE, boosting the use of African language in education: an interview with Bassey Antia

https://www.litnet.co.za/universiteits

The post We cannot go back: my reactions to the Race and Transformation in Higher Education Conference at Stellenbosch University appeared first on LitNet.

’n Bespreking van sekere teïsties-mistieke kenmerke na aanleiding van uitgesoekte gedigte uit Jerusalem tot Johannesburg deur I.L. de Villiers

$
0
0

’n Bespreking van sekere teïsties-mistieke kenmerke na aanleiding van uitgesoekte gedigte uit Jerusalem tot Johannesburg deur I.L. de Villiers

Elizabeth van der Berg, onafhanklike navorser

LitNet Akademies Jaargang 19(3)
ISSN 1995-5928
https://doi.org/10.56273/1995-5928/2022/j19n3b8

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Die doel van hierdie artikel is om mistieke aspekte in vyf gedigte uit Jerusalem tot Johannesburg te identifiseer en breedvoerig te bespreek. Die artikel beperk sigself bewustelik en berekend slegs tot ’n teïstiese denkruimte met die besef dat daar ruimer sienings van die mistieke is.

Eerstens word daar lig gewerp op die teïstiese mistieke, wat oor die algemeen as onbevatlik en moeilik definieerbaar beskou word. Daar word ook aandag gegee aan enkele kundiges se omskrywings van dié begrip. Daar word dan vlugtig gekyk na die aard van mistieke poësie en mistieke taal. Omdat die mistieke belewenis as onuitspreeklik ervaar word, is dit geen maklike taak vir die digter om dit te verwoord nie, en hy moet van sekere literêre strategieë gebruik maak om uitdrukking daaraan te gee. Hierdie tegnieke en stylfigure word onder die loep geneem.

Hierna word die stand van die Afrikaanse mistieke poëtiese tradisie oorsigtelik bekyk en daarop gewys dat hoewel daar ’n betreklik skaars oes gedigte bestaan wat as misties beskryf kan word, daar van die vroegste tye af in die Afrikaanse skryfwerk wel bewyse van mistieke bewustheid is. Die akademiese korpus oor hierdie genre is ook gering, en hierdie artikel beoog om dit aan te vul.

Die fokus val vervolgens op De Villiers wat, volgens Daniel Hugo, naas Sheila Cussons ons beste mistieke digter is. Daar word tot die slotsom gekom dat De Villiers ’n onprotestantse aanvoeling vir die mistieke gehad het, en eie aan mistici ’n afkeer van dogma ervaar het.

Die gedigte word laastens ontleed en geïnterpreteer en die verskeie mistieke aspekte wat hieruit na vore kom, word bespreek en in die raamwerk van die algemene mistieke teorie geplaas.

Trefwoorde: Afrikaanse poësie; I.L. de Villiers; Jerusalem tot Johannesburg; mistiek; mistieke poësie

 

Abstract

A discussion of certain theistic mystical characteristics with reference to selected poems from Jerusalem tot Johannesburg by I.L. de Villiers

The objective of this article is to highlight and discuss certain characteristic theistic mystical aspects with reference to five poems from De Villiers’s anthology, Jerusalem tot Johannesburg. De Villiers was a minister in the Dutch Reformed Church, consequently the study is restricted to theistic mysticism.

Within the scope of this article, it is possible to focus only briefly on the concept of mysticism. The word mysticism is etymologically derived from the Greek word mustérion, which is related to mystes. As a noun, mustérion was used to refer to an initiate of a secret cult or mystery religion.

According to William James (2014:413), a 20th-century psychologist who did pioneering work on mysticism:

There is a verge of the mind which these things haunt; and whispers therefrom mingle with the operations of our understanding, even as the waters of the infinite ocean send their waves to break among the pebbles that lie upon our shores.

The consensus is that the concept mysticism is largely incomprehensible and escapes rigid categorisation and definitions. The mystical experience may be merely an awareness of God’s presence, or an intense ecstatic sense of being one with the divine.

Notwithstanding, a few of these definitions are quoted, for instance, the following by Carmody and Carmody (1996:10): “a direct experience of ultimate reality”.

Mystical poetry, as well as the particular poetic language utilised by authors to articulate their mystical experiences, is then examined. It is important to note that other than religious poetry, mystical poetry does not merely “talk” about religion and is not a medium for dogmatic expression. On the contrary, it is about the poet’s own personal perceptions and experiences, and the greatest challenge the mystic / poet faces, is to have to rely on language with its inadequacies to express the divine domain.

However, according to a great number of studies, a special affinity exists between mysticism and poetry, and poetry enables poets to express their transcendental experiences to a certain extent. As in poetry, mysticism requires innovative speech to reveal hidden aspects of the experience, which creates a challenge for the poet. Various literary strategies such as apophatic discourse, paradoxes, metaphors, hyperbole, and other tropes are used in order to convey something of the ineffable.

In the following section the mystical tradition in Afrikaans poetry is briefly discussed. Although there is no shortage of religious poetry in Afrikaans, this is not the case regarding mystical poetry. It can be attributed to the fact that the mystical phenomenon has not traditionally been part of the Protestant Calvinistic faith with which most Afrikaans-speaking people identify.

Having said that, the first Afrikaans example of mystical pietism can be found as early as the 1800s in diaries and journals of Trek Boer farmers’ wives who apparently practised mystical contemplation.

Academic works on Afrikaans mystical poetry comprise mainly Olivier’s D.Litt. dissertation of 1985 which deals with mystical poetry as far back as the 1920s, and Van der Berg’s Ph.D. dissertation of 2019 which covers the more contemporary mystical poetry. One of the conclusions of the last-mentioned study was that the mystical tendency in Afrikaans poetry is being continued. Furthermore, it is clear that poets have developed an interest in mystical traditions beyond the Protestant Calvinist religion, as for example the Roman Catholic and Eastern Orthodox religions and Shamanism. Besides this, certain poems demonstrate a distinctive view of and approach to the divine, detached from any church affiliation. This article hopefully contributes to the academic corpus on mystical Afrikaans poetry.

Biographical details of the poet, I.L. de Villiers (1936–2009), are subsequently presented. He was a Dutch Reformed minister but also held secular positions. He was editor of the women’s magazine Sarie, and afterwards, even more controversial for a clergyman, chief editor of the Sunday newspaper Rapport. Moreover, he was the author of numerous articles and essays in various newspapers, journals and prose anthologies, but is remembered especially for his poetry.

Although faith is the central theme of his work, according to De Villiers himself, he is not a conventional religious poet, and he describes himself as cynical, and having an alternative kind of faith.

Jerusalem tot Johannesburg from which the analysed poems were selected, was his 35th publication and appeared in 2005, 27 years after his previous collection of poetry. This was awarded with the MNet Prize for Poetry in 2006.

Joan Hambidge describes the anthology as excellent; and Henning Snyman regards these ironic, mystical, matured, and pure verses as a culmination of De Villiers’s works. On the Protea Bookshop web page this poetry is described as mystical, expressing an interwovenness between man and God throughout the poems.

Hugo describes this poetry as a fresh breeze during a stifling time of dogma in the Dutch Reformed Church. He also points out that De Villiers had a non-protestant sense for that which is mystical as well as for Roman Catholic liturgy. Alongside Sheila Cussons, Hugo regards De Villiers as the best mystical Afrikaans poet.

The title, Jerusalem tot Johannesburg, expresses the Platonic idea of a dualistic world, as is also contained in John 17:14: “[…] and the world hated them, because they do not belong to the world, just as I do not belong to the world”. The paradoxical is one of the main characteristics of mysticism and mystical texts with “Jerusalem” being symbol of the sacred domain, and “Johannesburg” symbolizing worldly existence. In “Pa se stad” from this anthology, the poet for instance refers to himself as a stranger in Johannesburg.

The five poems are subsequently analysed and discussed with a focus on the mystical aspects. The various strategies which were employed in order to express the perceptions and experiences of the divine are highlighted. The conclusion is reached that although no ecstatic mystical encounter is described, these poems deal with man’s intense awareness of God, his effort to comprehend the divine, and his realisation of the brokenness of this worldly existence. Importantly, it is exactly this that allows him to experience God’s blessings. These verses indeed demonstrate that De Villiers had a sense and an awareness of God’s mystical presence in this life on earth.

Keywords: Afrikaans poetry; I.L. de Villiers; Jerusalem tot Johannesburg; mystical poetry; mysticism

 

1. Inleiding

Hierdie artikel het ten doel om ’n aantal kenmerkende mistieke aspekte aan die lig te bring en te bespreek, na aanleiding van vyf gedigte uit Jerusalem tot Johannesburg. Aangesien dit hier oor die teïstiese mistieke gaan, beperk die artikel sigself slegs daartoe. Wat die mistieke is, en hoe digters te werk gaan om hul mistieke belewenisse te verwoord, wat soos algemeen aanvaar word, onbevatlik is, word kortliks bekyk. Daarna volg ’n beknopte oorsig oor die mistieke tradisie in die Afrikaanse poësie. Biografiese besonderhede oor De Villiers wat, volgens Daniel Hugo, naas Sheila Cussons ons beste mistieke digter is, word bekyk, waarna die gedigte ontleed en geïnterpreteer word. Verskeie mistieke aspekte wat na vore kom, word bespreek en in die raamwerk van die algemene mistieke kenmerke geplaas.

 

2. Die mistieke

Binne die bestek van hierdie artikel is dit nie moontlik om dié begrip omvattend te bespreek nie, en sal daar volstaan moet word met enkele inleidende gedagtes. In die ontledings hier onder word daar egter meer breedvoerig hieraan aandag gegee namate mistieke aspekte soos in die gedigte vervat, na vore kom.

Die begrip mistieke is etimologies afgelei van die Griekse woord mustérion, wat verwant is aan mystes. As ’n naamwoord is mustérion gebruik om te verwys na ’n ingewyde van ’n geheime kultus of misterie-godsdiens (Greer en Moberg 2000:100).

Die mistieke wat grotendeels ’n onbevatlike begrip is, is volgens Hayes (1997:574) nie ’n volledig uitgebreide, filosofiese stelsel nie:

It is, instead, a loosely organized collection of premises, held to be self-evident. The evidence comes from experience; which is to say, the foundation of all categorical concepts is believed to be simple, unsophisticated experience.

Sy sê verder dat dit om hierdie rede is dat die mistieke altyd, in sy mees basiese vorm, oor direkte belewing gaan.

In sy twee-volume-verhandeling, De mystica theologia, I.28.4–7 beklemtoon die laat-Middeleeuse teoloog, Jean de Gerson (1958:72), ook die ervaringsaspek in sy klassieke definisie:

Mistieke teologie is ’n ervaringskennis van God wat bekom word deur verenigde liefde te omhels (theologia mystica est cognitio experimentalis habita de Deo per amoris unitive complexum). (my vertaling)

Olivier (2013) in sy bespreking oor die mistieke binne die Afrikaanse tradisie meen dat die begrip uiteenlopende definisies het, maar wesenlik omskryf kan word as die herkenning van en die ontmoeting en vereniging met die goddelike.

Kannemeyer (1973:166) omskryf die mistiek as “gemeenskap met God waardeur hy die aardse dinge sien as simbole in ’n bo-wêreldse glans”; en Inge (1921:237) meen: “Mysticism is the habit of the mind which discerns the spiritual in common things”.

Andrew Murray (1828–1917), NG predikant wat oor ses dekades van die bekendste gemeentes in Suid-Afrika bedien het, het in Skotland studeer waar hy in ’n mistieke spiritualiteit gevorm is. Vir hom is goddelike teenwoordigheid ’n kernaspek van die mistiek (Murray 1893:xxv–xxvi).

Volgens William James (2014:413), ’n 20ste-eeuse sielkundige wat baanbrekerswerk oor die mistiek gedoen het, kan mistici se belewenisse en insigte nie maklik geklassifiseer of gedefinieer word nie. Sy siening daarvan is soos volg:

There is a verge of the mind which these things haunt; and whispers therefrom mingle with the operations of our understanding, even as the waters of the infinite ocean send their waves to break among the pebbles that lie upon our shores.

Uit bostaande definisies en sienings is dit dus duidelik dat mistieke ervarings rigiede kategorisering en definisies ontglip en oor ’n wye spektrum kan plaasvind – van slegs ’n bewuswording van God se teenwoordigheid, tot ’n intense eenwordingsbelewing wat Carmody en Carmody (1996:10) só definieer: “a direct experience of ultimate reality”.

2.1 Mistieke poësie en taalgebruik

Soos in die vorige onderafdeling, word daar eweneens hier vlugtig gekyk na wat as mistieke poësie beskou kan word. In die ontledings hier onder, word die mistieke aspekte wat aan die lig kom, bespreek.

Basies handel mistieke poësie oor die deel van oomblikke, gevoelens en idees op ’n manier wat die heilige of misterieuse en alledaagse, wêreldse aspekte van ons lewens en verbeelding in ’n paradoksale geheel saamweef.

Talle studies toon aan dat ’n besondere verwantskap tussen die mistieke en poësie bestaan en dat poësie dit vir die mistikus moontlik maak om sy transendente ervaring uit te druk. Vir Olivier (1985:9) is die ooreenkomste tussen die poësie en die mistiek onder andere die uitstyg van die intuïsie of aanvoeling bo die rede, die groter insig in die verband of samehang tussen die dinge, die uitreik na tydloosheid en die losmaak van plekgebondenheid in ’n soort onttrekkingsimptoom.

Mistieke bewustheid word volgens Embler (1974:274) meer grafies en roerend in poësie as in prosa voorgestel, omdat poësie doelbewus metafore benut om ’n beeld te skep wat onskeibaar van die emosie is.

Aalders (1928:318) wys daarop dat mistici dikwels digters is,

dat mystiek en esthetica samengaan, dat de mystiek zo dikwijls beelden gebruikt, hetzij dat aan de sfeer der natuur of der kunst ontleend, om haar stemmingen en voorstellingen uit te drukken.

Volgens Shelley (1962:228):

the poet […] beholds the future in the present and participates
in the eternal, the infinite and the one; as far as relates
to his conception, time and place and number are not.

Anders as “godsdienstige poësie”, práát mistieke poësie nie bloot oor godsdiens nie, en is nie ’n medium vir dogmatiese stellings nie. Inteendeel, dit gaan oor die mistikus / digter se eie, persoonlike gewaarwordings en ervarings.

Op grond van sy navorsing oor mistieke gedigte uit die Westerse Christelike tradisie, kom Olivier (1985:278) tot die gevolgtrekking dat die belangrikste element van mistieke taal, of wat hy die kode van die mistieke noem, die teenstelling van die twee werklikhede is – die fisiese empiriese domein en die domein van die goddelike, die “Ander”. Die grootste uitdaging vir die mistikusdigter is om die domein van die goddelike uit te druk deur middel van taal wat met die beperkinge daarvan, deel van die aardse werklikheid is.

Op grond van die ontoereikendheid van mistieke taal, noem Hatab (1982:62) dit “sacrificial language” en voer aan dat dit hierdie selfopofferende, beperkende eienskap van mistieke taal is wat die opoffering van ego-bewustheid in die mistieke belewenis weerspieël. Vergelyk in hierdie opsig die Soefi-opvatting van die ego wat afgelê moet word ten einde goddelike vereniging te bereik. In hierdie sin stem mistieke taal met die mistieke belewenis ooreen.

Die buitengewone, sonderlinge taalvorme van mistieke diskoers om sonderlinge belewenisse voor te stel, word deur Hatab (1982:63) beklemtoon. Hy voer aan dat in die mistieke, nie slegs belewenis nie, maar ook taal verdiep word, en die gevolg is ’n konflik met wat hy die “surfaces” van gewone alledaagse taal noem. Met betrekking tot alledaagse familiariteit, benodig die mistieke vernuwende spraak om die tot-hier-toe verborge aspekte van die ervaring te onthul, en dit skep ’n kreatiewe uitdaging.

Taal moet vernietig en herskep word ten einde die goddelike te kan uitbeeld. Allerlei literêre tegnieke soos apofatiese diskoers, paradokse, metafore, hiperbool en ander stylfigure word benut ten einde iets van die onbeskryflike te probeer oordra.

Volgens Nelson (1976:26) is mistieke literatuur ontsaglik verhewe, ontroerend en

is also a way of art that is able to gather the forms and concerns of a particular time or place or individual, and express itself in them even as it lends them profound substance.

Daar blyk konsensus te wees oor die volgende drie beginsels wat kardinaal is om die onuitspreeklike via taal te benader: negatiewe teologie, die gebruik van paradokse, en deur middel van analogie en metaforiek (Minnaar 2000:264).

2.2. Mistieke tradisie in Afrikaanse poësie

Hoewel daar nie ’n tekort aan godsdienstige gedigte in Afrikaans is nie, is dit nie die geval met betrekking tot mistieke poësie nie. Die rede daarvoor is dat die mistieke nie wesenlik deel vorm nie van die Protestantse Calvinistiese Christelike geloof waarby die groot meerderheid godsdienstige Afrikaanssprekendes hulle tradisioneel skaar. Hoewel daar dus ’n betreklik beskeie oes mistieke poësie in Afrikaans is, is daar van vroeg af tekens daarvan in die Afrikaanse poësie (Van der Berg 2019:278).

Olivier (1985) wys daarop dat die eerste Afrikaanse voorbeeld van mistieke piëtisme reeds in die vroeë 1800’s in dagboeke en gedenkbundels van trekboervroue soos Catharina van Lier te bespeur is. Dit blyk dat hulle mistieke kontemplasie beoefen het en ekstatiese belewenisse ervaar het.

Wat Afrikaanse mistieke poësie betref, identifiseer Olivier in sy D.Litt.-proefskrif van 1985, “Mistiek in die Afrikaanse poësie”, gedigte met mistieke elemente, waarvan sommige voorbeelde so ver terug as die 1920’s dateer. Hy toon mistieke trekke in die Afrikaanse digkuns aan deur middel van ontledings en interpretasies van werke van Jan F.E. Celliers, Totius, C. Louis Leipoldt, C.M. van den Heever, W.E.G. Louw, N.P. Van Wyk Louw, D.J. Opperman, Ernst van Heerden, Pirow Bekker, Breyten Breytenbach en Sheila Cussons.

Van der Berg behandel meer eietydse Afrikaanse mistieke poësie in haar Ph.D.-proefskrif van 2019, “Performatiwiteit van taalgebruik en verstegniek in die mistieke digkuns van Jalāl al-Dīn Muhammad Rūmī, asook in die werk van geselekteerde Afrikaanse digters: ’n vergelykende studie”. Die volgende digters (uit die periode 1978 tot 2017) se werk word ontleed en geïnterpreteer: Sheila Cussons, T.T. Cloete, M.M. Walters, I.L. de Villiers, Cas Vos, C.A. Anthonissen, Antjie Krog, Marlene van Niekerk, Joan Hambidge, Johann de Lange, Jacobus van der Riet en Tom Gouws. Deel van die gevolgtrekking van daardie studie is dat die mistieke tendens in die Afrikaanse poësie voortgesit word. Bowendien is dit duidelik dat digters ’n belangstelling ontwikkel het vir mistieke tradisies buite die Protestants-Calvinistiese religie, soos byvoorbeeld die Rooms-Katolieke en Oos-Ortodokse godsdienste, die Sjamanisme en Rumi se Soefistiese filosofie. Ook toon sommige gedigte ’n eiesoortige siening en benadering tot God wat los staan van enige kerkverband.

Hierdie artikel wil dan ’n bydrae lewer tot die akademiese korpus oor die mistieke digkuns.

 

3. I.L. de Villiers (1936–2009)

De Villiers was NG Kerk-predikant, maar het ook sekulêre poste beklee – hy was redakteur van die vrouetydskrif Sarie en daarna, nog meer kontroversieel, hoofredakteur van die Sondagkoerant Rapport. Uit sy pen het tallose rubriekartikels en essays in verskillende koerante en tydskrifte en verskeie bundels prosa verskyn, maar sy blywendste bydrae was as skepper van verskeie digbundels.

Hoewel geloof tematies sentraal staan in sy werk, sien hy homself nie as ’n konvensionele godsdienstige digter nie. Terblanche (2017) haal De Villiers aan wat vir Marthinus Beukes in Die Burger van 28 Julie 2008 sê: “Ek is een wat met geloof gebore is. Ek is begenadig. Maar dis ’n aweregse geloof. Ek is sinies en bevraagteken dit wat in die wêreld in die naam van geloof gedoen word.”

In sy resensie van De Villiers se Strooidak en toring onderskei Kerneels Breytenbach (2009) tussen De Villiers se godsdienstige en spirituele kant en verduidelik dat hy met laasgenoemde belewenis van die sielelewe, buite die dogma van die godsdiens, bedoel. Die hoofstuk in hierdie werk oor sy vriendskap met die mistieke digter Sheila Cussons is aangrypend, en daarom word sy gedig oor haar gedenkdiens hier onder ingesluit.

Jerusalem tot Johannesburg wat in 2005, 27 jaar ná sy vorige bundel, verskyn het en sy 35ste publikasie was, word in 2006 met die MNet-prys vir Poësie bekroon. Joan Hambidge beskryf dit op LitNet as ’n “puik bundel waarin die lewe in al sy fasette helder en oortuigend verwoord word”; in Rapport van 15 Januarie 2006 noem Henning Snyman hierdie ironiese, mistieke, gerypte en suiwere verse ’n hoogtepunt in De Villiers se oeuvre (soos na verwys in Terblanche 2017).

In sy resensie oor Jerusalem tot Johannesburg verwys Hugo (2006), soos Breytenbach hier bo, ook indirek na die dogmatiese en beskryf De Villiers se poësie as “’n vars bries” in ’n tyd “toe NG predikante nog togas gedra het, geordende gesagsfigure was en in hulle dogma moeilik kon onderskei tussen John Vorster en Jesus Christus”. Hugo (2006) skryf verder:

Die nugter styl, pretensieloosheid oor die leraarsamp en afwesigheid van swaarwigtige vroomheid het ons letterkunde én die plaaslike Calvinisme aan integriteit laat wen. Hier was ’n gelowige stem wat geloofwaardig geklink het in ’n bedompige omgewing waar digters, dominees en politici hulle almal skuldig gemaak het aan ’n woordgeswymel. Terselfdertyd het hy ’n onprotestantse aanvoeling gehad vir die mistieke en die Rooms-Katolieke liturgie.

Reeds in die titel, Jerusalem tot Johannesburg, word die paradoksale, een van die hoofkenmerke van die mistieke en mistieke tekste, uitgedruk: “Jerusalem”, simbool van die heilige domein, en “Johannesburg”, simbool van die aardse bestaan. In “Pa se stad” uit hierdie bundel, noem hy homself “’n vreemdeling hier aan die Rand” (De Villiers 2005:9). Hierdie Platoniese idee van ’n dualistiese wêreld word in Joh. 17:14 uitgedruk: “[…] maar die wêreld het hulle gehaat, omdat hulle nie van die wêreld is nie, net soos Ek nie van die wêreld is nie.”

Op Protea Boekwinkel se webblad waar Jerusalem tot Johannesburg aangekondig word, staan die volgende:

Die loutere aardsheid van De Villiers se gedigte bied ’n stewige basis waarbinne die mistiek pragtig tot sy reg kom. Regdeur die bundel loop die verwewing tussen mens en God, en tussen mens en sy/Sy aarde. Suiwer nostalgie is telkens hier ’n subtiele bindmiddel.

Vir De Villiers kan die mistieke teenwoordigheid van God reeds op aarde ervaar word soos uit die behandelde gedigte hier onder blyk. Hugo (2006) noem hom tereg naas Sheila Cussons “sekerlik ons beste mistieke digter”, en meen dat hy naas Sheila Cussons ons mees erkende mistieke digter is. De Villiers het ’n eiesoortige, aweregse siening en benadering tot God, maar bevind hom deurgaans – in hierdie poësie – in die dimensie van die heilige.

 

4. Gedigontledings

Vyf gedigte uit die bundel Jerusalem tot Johannesburg word vervolgens ontleed en geïnterpreteer ten einde die mistieke daarin te belig en te bespreek.

4.1 “Gedenkdiens Sheila Cussons”

1
2
3
4
’n Vet vlieg loop net voor die hoogaltaar
op die blink mosaïek van groen en blou;
natuurlik het jyself hom ook gewaar:
hy lóóp onder die lof aan God oor jou.
5
6
7
8
Ek het gewag: hy sou êrens gaan sit
en handjies joods vryf (so het jy gedig),
maar toe ons die Magnificat saam bid,
het hy kom bodder rondom my gesig.
9
10
11
12
Was dit verbeelding dat jy iewers lag:
“Hoe anders? Gun die vlieg sy kerkbesoek!”
Maar dis die viering van jou nuwe dag
‒ en toe ek preek: daar sit hy op my boek.
13
14
Sheila, tussen gebede bly ons bieg:
oor al ons heiligheid loop daar ’n vlieg.

 

Hierdie Shakespeariaanse sonnet handel oor die mistieke Rooms-Katolieke digter, Sheila Cussons, se gedenkdiens waaraan De Villiers op 29 November 2004 in die kapel van Nazareth House in Kaapstad deelgeneem het. Kenmerkend van mistieke skryf, word die paradoksale – hier die twee domeine, die heilige en die aardse waaraan die mens nie in hierdie wêreldse bestaan kan ontsnap nie – aangrypend uitgebeeld.

Die digter druk uit dat die mens as spirituele wese altyd deel sal bly van die onvolmaakte wêreld uitgelewer aan vlieë wat oor alles loop. ’n Paradoks is geleë in die byna skokkende aanvangswoorde van die gedig – “’n Vet vlieg”, vuil en veragtelik – gestel teenoor dit wat heilig is – die “hoogaltaar” (reël 1) en die altaarmotto wat “lof aan God” (reël 4) uitspreek.

In sy samevatting van die sogenaamde dialektiese teologie skryf MacQuarrie (1967:320) soos volg oor die paradoks:

[…] one cannot characterize God in some simple formula, but may have to speak of him paradoxically […] in order to do justice to a God who so infinitely transcends our finite creaturely being.

Deur paradokse word taal oopgebreek en word die goddelike vir die sensitiewe leser verwesenlik. Soos Brooks en Warren (1950:438) aanvoer, die paradoks “startles us out of an accustomed attitude” en “tends to provoke a certain mental alertness” (Brooks en Warren 1950:387). Grim (1990:310) het ’n soortgelyke beskouing:

Paradoxes in mysticism are conundrums that cannot be resolved by reason, and aim to force the mind to jump beyond its natural habits into apprehending a wholly nonrational truth.

Anders gestel, deur die onlogika van paradokse word die leser buite die referente van die betekenare gedwing na ’n domein wat die linguistiese oorskry. Nelson (1976:17) beskryf die paradoks as ’n “[…] use of speech to make rather than reflect reality”. Dit is waarin die mag van mistieke poësie geleë is. In plaas van die paradoks met rede te probeer begryp, moet dit aangegryp word en deur middel van wat Corbin (1972:5) die verbeelding (die “imaginary” teenoor “imaginative”) noem, benader word.

Die prentjie van ’n vlieg binne ’n heilige milieu, en die byna abjekte beeld van: “ook veral natuurlik het jyself hom ook gewaar”, en “hy lóóp […] oor jou”, dra by tot die “ongemaklikheid” van mistieke paradokse.

Maar, soos Olivier (1985:5) daarop wys, staan gewaagde taalgebruik – gewaagd in dié opsig dat dit sterk van die normale taalgebruik afwyk – sentraal in mistieke tekste. Vergelyk ook Nelson (1976:18):

the mystic is terribly uncomfortable with his imagery. He wants some naked language to express his experience of Reality, but is left attempting to drive the frustratingly familiar images beyond their usual connotative power.

Volgens Mazzoni (2007:106) word die grootste probleem wat die leser in die gesig staar, veroorsaak deur die mistikus se medeprotagonis, God. Die aanwesigheid van transendente realiteit binne die mistikus se teks het ’n gekompliseerde linguistiese realiteit tot gevolg, en

[…] the mystic’s language becomes self-conscious, awkward, it dips into apophasis and paradox, forsakes logic in favor of contradiction and repetition, plays with ineffability, and not infrequently dabbles in heresy. God does unspeakable things with and to the mystic, and if her task is to tell these unspeakable things, the reader’s is to listen – across the mystic’s silence and contradiction, and, oftentimes, across the reader’s own unbelief.

Vanuit die leser se perspektief, wys Nelson (1976:26) daarop dat die taal van die mistieke teks soms skokkend is en die gewillige toewyding van die leser asook die onderdrukking van sy verstandelike oordeelsmetodiek vereis. Hy voer aan dat dit ’n uiters frustrerende en ergerlike soort leesproses kan wees, maar “for those, however, who can make the necessary act of intuitive sympathy, who will perform the necessary literary labours, its rewards are incomparably great” (Nelson 1976:26).

Ook in die tweede strofe is die ironiese disharmonie paradoksaal daarin geleë dat tydens die heilige rite, die predikant se aandag (“Ek het gewag: hy sou êrens gaan sit” in reël 5) by die vlieg is. So ook is die beskrywing van die lastige vlieg tydens die gewyde lofgebed, die Magnificat (reël 7–8). Die platvloerse woord “bodder” dra by om die aardsheid van die mens met die heilige milieu te kontrasteer.

In reël 6 is daar ’n intertekstuele verwysing na Cussons se gedig “Die vlieë” uit Verf en vlam (1978) waarin die kruisiging vanuit die perspektief van vlieë gesien word. Ook in daardie gedig word die teenstrydighede tussen die aardse en verhewene belig. Vergelyk die eerste en laaste strofes:

Die vlieë vryf hul handjies joods
kletserig in hul skik
tussen die pasga-reste
van my wyn en brood

Die vlieë was hulle handjies joods
volgens die voorskrif van Moses
wat Hy die Haastige met slegs drie jaar
om ’n wêreld te reinig, geïgnoreer het.

In die derde kwatryn, reëls 9–10, is daar weer eens ’n teenstrydigheid – dié keer humor wat skerp kontrasteer met die hartseer van die geleentheid. In reëls 11–12 word die verhewe (“Maar dis die viering van jou nuwe dag, – en toe ek preek:”) ook weer teenoor die banaliteit, en oneerbiedigheid sou mens kon sê, van die vlieg gestel (“daar sit hy op my boek”).

Eie aan die tradisionele struktuur van die sonnet, lui die oktaaf die “probleem” in met die fokus op die aardse – die weersinwekkende vlieg, die ritueel van die roudiens, Sheila Cussons as lyk in die kis.

Met die sekstet, word die aandag gewend na Sheila as persoon met ’n humorsin en as diep gelowige, soos die digter haar onthou.

Met die eindkoeplet word die “afstand” tussen die twee wêrelde van die aarde en die spirituele as’t ware oorbrug. Die persoonlik-intieme aanspreekvorm vir die gestorwene, “Sheila”, waar die digter uitreik na haar wat nou in die spirituele domein is, bewerkstellig dit. Die spanning tussen die wêrelde wat deur die paradokse teweeggebring is, word daardeur skrynend opgelos.

Daar is ’n soort epifaniese moment met die gelate aanvaarding dat ten spyte daarvan dat ons spirituele wesens is, voortdurend bid en bieg, die aardse, dit wat “onheilig” is, altyd tydens ons tydelike bestaan met ons sal wees, en ons weerloos laat. Dit strook met wat Hambidge (2009) in haar beskrywing van De Villiers se digkuns beskryf as “daardie oomblik waar iets oopgaan of ’n moment verhelderend voor die waarnemer staan”.

Die mistieke van die sonnet is daarin geleë dat dit die mens se soeke na God weerspieël, dat God se transendensie en verhewenheid uitgebeeld word deur Hom te kontrasteer met die aardse domein. Interessant is dat die woord “God” slegs een keer gebruik word deur nie direk nie, maar deur middel van die altaarmotto (“lof aan God”) na Hom te verwys. Dit is apofatiese teologie. Tog is die leser deurentyd bewus van die heilige as onderliggend aan die gedig.

Apofatiese teologie is een van die oudste vorme wat mistici benut om aan die mistieke ervaring uitdrukking te gee, en word in verskeie wêreldgodsdienste aangetref. In sy Mystical languages of unsaying sit Sells (1994:2–3) die wyse waarop mistieke diskoers funksioneer, uiteen en verduidelik dat die Griekse woord apophasis etimologies afgelei is van apo phasis wat dui op “onsegging” of “wegpraat”, wat ’n meer presiese beskrywing van mistieke diskoers is as “negatiewe teologie”. Die oorsprong van apofatiese teologie kan tot by Plato herlei word, maar ontstaan en ontwikkel eintlik by die Neoplatoniste met hul teorie van die Een as absoluut transendent, en dus onbeskryflik.

Die alternatiewe manier waarop God beskryf kan word, is deur middel van katafatiese teologie, waar God of die goddelike deur positiewe stellings oor sy goedheid, skoonheid, liefde, wysheid, en so meer, beskryf word en emosionele taal benut word om oor die liefdesverhouding met die goddelike te praat. Katafase is ryk, diepgaande en ’n verlustiging in die skoonheid van God se skepping en die strewe om volmaaktheid te behaal.

Carabine (2015:4–5) wys daarop dat daar in die Weste nog altyd ’n tendens was om aan katafatiese teologie voorkeur te gee. Met die sterk klem op die geloofsformules van die ekumeniese rade van die vroeë kerk, wat wel ’n konseptuele vorm verskaf waarmee iets van die waarheid gekommunikeer kan word, word daar soms vergeet dat dit nooit die hele waarheid oor God kan bevat nie. So ’n benadering word deur negatiewe teoloë beskou as menslike hoogmoed en ’n poging om die goddelike in ’n rigiede stel idees te omsluit.

Daar word oor die algemeen aanvaar dat die Oosterse teologiese tradisie in ’n groter mate oop is vir apofatiese teologie. Volgens Carabine (2015:5) is die verband wat daar bestaan tussen apofatiese/negatiewe teologie en die mistiek, ’n moontlike rede vir die byna oorweldigende steun van die katafatiese teologie in die Weste. Dit is dikwels die ervaring van dié wat die negatiewe weg tot sy uiterste perke volg, dat die tradisionele grense van teologie as intellektuele dissipline oorskry word tot by die domein van mistieke eenwording. Sy meen dat omdat die mistieke nie onderwerp kan word aan die bestudering van intellektuele beredenering nie, die mistikus en die radikale negatiewe teologie nooit baie gewild by kerklike owerhede was nie.

In ooreenstemming met een van die strategieë wat digters benut om die mistieke uit te druk, gebruik De Villiers in hierdie gedig die banale om die onvolmaaktheid van hierdie wêreld, wat skerp kontrasteer met die goddelike, uit te beeld.

4.2 “Wolk van getuies”

Daarom dan, terwyl ons so ’n groot wolk van getuies rondom ons het … (Heb. 12:1)

1
2
3
4
Die wolke pak ’n boog rondom Johannesburg
in deurskyn-grys bo dit beskermend is die son,
’n heilige krans, ’n benediksie van die lug:
’n sagte reën gaan met diep somerdonder kom.
5
6
7
8
So bly die woord van groot getuies om ons hang,
dit wat ervaar, gehoor is, oorgelewer in skrif,
gedien, geglo, maar min geken; daar bly die drang
na nóg ’n wolk agter dié wolk, ’n heilige drif
9
10
11
12
na skaars-verstaan, na die misterie, na die vraag
oor dit wat net voor weerlig binne wolk gebeur:
hoe God gebeur, hoe mens gebeur, hoe laag op laag
gestapel vreemde wolkpatrone bou en skeur.
13
14
Die nie-begryp-nie buig ’n reënboog in die lug –
die wéét bly bloot die wolk oor Johannesburg.

 

Die titel van die gedig is soos die digter aandui, afkomstig uit Heb. 12:1: “Daarom, terwyl ons ook so ’n groot wolk geloofsgetuies rondom ons het, laat ons van elke las ontslae raak, van die sonde wat ons so maklik omring, en die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop” (Die Bybel 2020).

Daar word in hierdie Shakespeariaanse sonnet met sy mistieke ondertone soveel keer na “wolk” verwys dat daar eers by hierdie metafoor stilgestaan word.

The cloud of unknowing, ’n mistieke werk deur ’n anonieme 14de-eeuse skrywer, word opgeroep. Die woord “cloud” in die titel is ’n gevestigde mistieke metafoor vir dit wat die goddelike verberg, en God vir die mens versluier. Die boek gaan daaroor dat God in ’n peillose misterie gehul is, en nie met die intellek begryp kan word nie, maar slegs deur liefde ervaar kan word.

Een strategie waarvan mistici gebruik maak om hul belewenisse uit te druk, berus op apofatiese teologie, of die term, soos in bovermelde titel, “unknowing” wat dikwels met die mistiek in verband gebring word. Apofatiese of negatiewe teologie is die beskouing dat God beter geken word deur “unknowing” omdat al ons kennis gebaseer is op kategorieë wat van aardse skepsels geneem word. Alhoewel Merton (1978:xiii) daarop wys dat God dikwels in die Bybel as byna menslik met menslike emosies uitgebeeld word, doen die apofatiese ’n beroep op die misterie van God wat ook in die Bybel uitgedruk word.

Voorbeelde van die apofatiese in die Bybel is die teofanieë van Elia en Moses, waar laasgenoemde op die Sinaiberg in ’n digte wolk omhul word waar hy God nie sien nie, en God se verborgenheid soos volg uitgedruk word in Jesaja 45:15: “Waarlik U is God, die een wat Uself verberg” (Die Bybel 2020).

Tyler (2012:33) wys daarop hoe die apofatiese teorie die uiterste onuitspreeklikheid van die transendente bevestig. Merton (1978:ix) voer aan: “[…] the ‘knowing’ of God in ‘unknowing’, far from being unreal and uncertain, possesses the highest reality and certainty of any experience accessible to man”.

Sy verborgenheid dui op die apofatiese mistieke, “a way of unknowing” wat Kourie (2008:71) beskou as bevrydend in dié opsig dat dit ’n vryheid bied van die invloed van idees, begrippe, woorde, filosofieë en godsdienstige tradisies en van formulering. Volgens haar is “failure of words […] itself a powerful ‘linguistic’ tool”, en

[…] mysticism as a way of unknowing as seen in the apophatic wisdom traditions of East and West leads to the silence of nothingness which is the root of sound, and intensifies, rather than attenuates authentic communication. (Kourie 2008:71)

Kourie (2008:71) voer verder aan dat ware dialoog gevolglik deur diverse godsdienstige tradisies kan plaasvind, en dogmatiese onbuigsaamheid kan vervang word met ’n diep nederigheid in die aangesig van die oneindige misterie en “unknowingness” van die Almagtige.

Apofatiese diskoers is ’n afstroopproses of ’n askese van houdings en konsepte en beelde, wat gevolglik die gebruik van paradokse, dekonstruksie en ontkenning van name tot gevolg het ten einde tot die leemte van “the blinding brilliance of the divine darkness” te lei (Kourie 2008:62).

Die “wolk van getuies” verwys na die Ou Testamentiese gelowiges wat as inspirasie vir die geestelike wedloop dien. Die metaforiese beeld van reëls 2–3 is dié van heiliges wat die goddelike “in deurskyn-grys” versluier en ook die metaforiese sluier tussen die mens en God oproep. Agter die wolke is die son, tradisionele metafoor vir die goddelike, en ten spyte van die verborgenheid van God, kan die mens dus die sekerheid hê dat hy geseën word. Vergelyk “[…] beskermend is die son, ’n heilige krans, ’n benediksie van die lug” (reëls 2–3).

In reël 4 word “sagte reën” as geestelike voeding van bo met konnotasies van heilige sereniteit gejukstaponeer met “diep somerdonder” wat ouditief kontrasterend is en vrees en misterie oproep. Die atmosfeer soos in hierdie strofe geskets, word versterk deur ’n vloeiende sangerige klankpatroon en metrum.

In reëls 5–6 word die “wolk” van reël 1 nou “die woord van groot getuies” genoem en word deur die verwysing na die Ou Testamentiese figure gepersonifieer as diegene wie se ervarings in die Woord vasgelê is. Die paradoksale tussen dien en glo aan die een kant, maar onvolledige kennis (“maar min geken”) word benadruk; ware begrip, of anders gestel, noëtiese kennis – gnosis – ontbreek. Dit is daardie onbegrip wat by die mistikus die passievolle “drang” en “heilige drif” (reëls 7–8) skep om die sluiers te verwyder ten einde die goddelike beter te ken. Die swaarder, meer gedrae ritme van hierdie strofe, bewerkstellig deur ’n afgemete klem op elke tweede lettergreep by die hardop lees daarvan, dra erns en gewigtigheid oor wat by die semantiese inhoud van Ou Testamentiese vaders pas. Ook beklemtoon dit die erns van die mistikus se soeke.

Die soeke kan egter slegs “skaars-verstaan” tot gevolg hê en die misterie van die goddelike wat metafories uitgedruk word as die verloop van ’n donderstorm verskuil binne ’n wolk, bly ’n onbeantwoorde vraag. Reëls 11–12 is ’n dinamiese uitbreiding van hierdie ewige mistieke vraagstuk oor die goddelike. Die herhaling van “na”, “hoe” en “gebeur” in reëls 9 en 11 versterk die omvang van die mistikus se gevoel van onbegrip en soeke.

Die koeplet dra ’n soort berusting oor. Die “reënboog” in reël 13 dui op hoop en belofte wat direk inspeel op die goddelike belofte aan Noag. Die liriese spreker besef, al ontbreek intellektuele begrip, is daar ten minste hoop. Die naaste aan “wéét” in reël 14 is die verborge God; en dit is júís die verborgenheid – die wolk – wat aandui dat God aanwesig is. Deur “unknowing” is daar sekerheid.

Daar is duidelik progressie van die eerste strofe na die laaste koeplet van hierdie sonnet. Stelselmatig verdiep die digter se begrip vanaf die bewus wees van God se benediksie, dan die begeerte om beter te verstaan, daarna ’n besef van die goddelike misterie tot by die slotkoeplet waar hy tot ’n noëtiese insig kom dat Hy wat ons nie ten volle kan begryp nie, Homself manifesteer in die merkwaardige skep van die reënboog en in die skoonheid daarvan gesien kan word en al wat die mens kan wéét, slegs die wolk of sluier is. Hierdie uitbeelding stem ooreen met die Soefi-opvatting van God wat nie in sy essensie nie, maar slegs in sy hoedanighede ervaar kan word.

Wat die mistieke karakter van die gedig betref, is dit ’n illustrasie van ’n soort via mystica in die sin dat daar op die weg na groter insig gevorder word. Die wolk-motief wat by herhaling benut word, bewerkstellig apofase. Hoewel daar by die digter ’n “drang” en “heilige drif” aanwesig is, blyk dit ’n begeerte na ’n rasionele verstaan eerder as passievolle eenwording te wees.

Die gedig, gegrond op ’n Bybelvers, druk die besef van die digter uit, dat in plaas van ’n rasionele begrip, daar slegs ’n “min-geken” (reël 7), “skaars-verstaan”, “die vraag” (reël 11), en die “nie-begryp-nie” (reël 13) kan wees.

Die erkenning en frustrasie met die besef van hoe onbegryplik God is, word hier uitgedruk. Die gedig sluit egter af met die noëtiese “wéét” (reël 14), al is dit dan slegs die wete dat agter die sluier, die wolk, die goddelike teenwoordigheid lê.

4.3 “Een”

1
2
3
Wat U skep, moet aanhoudend slyt en ondergaan
en weer herstel word soos ’n skeur, ’n naat wat bars;
óf U moet vorm wat volmaak sal voortbestaan,
4
5
6
wat vlekloos ook sal god wees, vry soos U, en meer:
ontelbare atome-gode, elk in sigself koning en koninkryk –
planete, berge, sonne – wat tydloos saam met U regeer.
7
8
9
Het U met Lucifer byna volmaak probeer, u diamant van lig?
Het U met hom gewaag eone terug, lank voor u skeppingstuin?
Maar in die helder rye van gevlerkte engele voor u gesig
10
11
12
wou hierdie skitterprins, u ster, U uitdaag om u Troon.
U het hom met die swaard van u gedagtes uitgeban
na waar hy nou u skadu is, die donkerte bewoon.
13
14
15
U, Skepper, moet gebrokenheid soos wolk voor son aanvaar.
U maak gedurig heel, al bly ’n ewigheid oop en onklaar:
Één volmaakte God kan slegs wat broos is, vorm en bewaar.

 

Die titel “Een” sluit aan by die laaste reël “Één volmaakte God”, benadruk die uniekheid en almag van God en skep ’n kontras tussen die goddelike volmaaktheid en die aardse gevallendheid wat onderliggend is aan die hele gedig.

Reeds in die eerste reël word die leser bewus gemaak van die twee domeine – die goddelike skeppingsdomein teenoor die aardse domein waar alles uiteindelik vergaan. Vergelyk wat in die gedeelte hier bo oor die mistieke in hierdie verband genoem is. Die eerste twee reëls druk die gevallendheid en wesenlike sondigheid van die mens uit, en God se voortdurende betrokkenheid by sy skepping en die proses van heel-maak.

Dit sluit aan by die beginsel van transendensie / immanensie. Aan die een kant is daar ’n duidelike onderskeid tussen God, sy essensie wat vir die mens verborge is – transendensie – en aan die ander kant, die gedagte dat God binne ons is – immanensie.

Ten grondslag van alle mistieke ervarings, verduidelik Underhill (1930:103), is daar ’n noodwendige dualisme: (a) die Transendente / Absolute waarna die begeerte is, en (b) die Immanente, of Meister Eckhart se “vonk van die siel” wat Ruusbroec ’n goddelike essensie noem, aanwesig in die mens se siel.

In sy bespreking van The cloud of the unknowing, hier bo genoem, haal Johnston (1978:222) die 14de-eeuse anonieme skrywer van dié mistieke werk so aan om hierdie dualisme te verduidelik: “All things be in him by cause and by being, and he be in all things their cause and their being, yet in himself only he is his own cause and his own being.”

God is afsonderlik van skepsels, want Hy “is uncaused for […] whereas they are caused by Him”. Hy verduidelik verder dat “causality […] while demanding a distinction between cause and effect, […] also demands an extremely intimate union”.

Johnston (1978:222) voer verder aan dat God se kousaliteit nie net skepping is nie, maar ook bewaring. ’n Skepsel is in so ’n mate afhanklik van God vir sy bestaan dat hy sonder Hom, sy Oorsaak (oorsaaklikheid), onmiddellik in niks sal verval. Met ander woorde “the causality of God is a continuous inflow of existence itself into the being”.

Volgens die leerstelling van Thomas Aquino (1225–1274), ’n Italiaanse Dominikaanse monnik, invloedryke filosoof en teoloog, is God se bewaring nie deur middel van enige nuwe optrede nie, maar dit is ’n voortsetting van daardie einste skeppingsdaad waardeur Hy bestaan skenk. Die afhanklikheid van die skepsel van God is soos die afhanklikheid van lig van die son.

Dit herinner aan die Neoplatoniese son en Plotinus, een van die diepsinnigste en invloedrykste mistici van alle tye, se emanasieteorie. Hierdie proses word só deur Minnaar (2000:31) uiteengesit:

Soos die lig van die son moeiteloos en sonder om iets van die substansie van die son weg te neem, onophoudelik uitstroom, […] so kom uit die Een die Intelligensie (νος), hieruit die Wêreldsiel, en hieruit op sy beurt weer die oerstof en stoflike heelal voort […]. Dus is alles van God, en God is in alles, maar tog op so ’n wyse dat sy absolute transendensie nie aangetas word nie.

Vergelyk ook die benoeming van God as die “Een” in die titel, en weer in die heel laaste reël. Bewaring behels intieme vereniging met God, wat dan ’n voortgesette invloei van bestaan in die menslike wese bewerkstellig. Met ander woorde, deur begeerte na vereniging met die goddelike, word die mens bewaar, heelgemaak, heilig gemaak. Dit is die mistieke ervaring, en dit is die wyse waarop die mens nie vergaan nie.

In teenstelling hiermee word die moontlike skepping van die natuur en kosmos as onbevlek en tydloos in reëls 3–6 uitgebeeld en met “saam met U regeer” selfs tot op dieselfde vlak as God verhef. Hierdie opvatting is soortgelyk aan ’n panteïstiese siening van die goddelike wat orals in die natuur as “vry soos U” uitgebeeld word en ervaar kan word. Die adjektief “ontelbare” in reël 5 beklemtoon die feit dat dit behoort tot ’n domein wat ander sonnestelsels insluit, buite die mens se rede val; en “tydloos” in reël 6 versterk die gedagte van ’n transendente domein waar tyd opgehef is en wat dus buite die menslike ervaringswêreld lê.

In reël 7 word daar na Lucifer verwys wat volgens die legende met Satan geïdentifiseer word, maar ook met die planeet Venus – “die diamant van lig” – wat as die oggendster verskyn. Die gedagte wat die digter oordra, is dat selfs voor die sondeval, die wese wat God geskep het, nie volmaak was nie en dat Lucifer deur die “swaard” verban is. Volgens die Protas (2001) simboliseer die swaard (vergelyk “swaard van u gedagtes”) onder meer metafisies die indringende mag van die intellek (van God). In Gen. 3:24 staan:

Hy het die mens uitgedryf en aan die oostekant van die tuin van Eden gerubs laat woon, met ’n flikkerende swaard wat heen en weer beweeg, om die pad na die boom van die lewe te bewaak. (Die Bybel 2020)

Die byna oneerbiedige toon wat uitgedruk word met God wat “probeer” en “gewaag” het, maar slegs “byna volmaak” reggekry het, asook die half-spottende toon van “u diamant van lig”, “hierdie skitterprins” en “u ster” word, soos by die vorige gedig verduidelik, dikwels in mistieke tekste benut.

Die uitbeelding van Lucifer as glansend en skitterend (“hierdie skitterprins” en “u ster” in reël 10) staan in skerp kontras met die duisternis (“skadu” en “donkerte” in reël 12) wat as metafoor vir die bose, die woonplek van Lucifer, die Satan, uitgebeeld word. Dit benadruk die teenstelling tussen die domein van Lig, van goddelikheid aan die een kant, en dié van Duisternis, van boosheid. Weer eens word die refrein wat die gedig onderlê beklemtoon.

In die laaste tersine kom die besef dat die “wolk voor son”, “gebrokenheid” (reël 13) of “broos” (reël 15) die voorwaarde is vir goddelike herstel en heling. Soos in die vorige gedig, dui die wolk-motief op die apofatiese gedagte dat God verborge bly.

Laastens, ’n opmerking oor die funksie van die hulpwerkwoord “moet”:

“Wat U skep, moet aanhoudend slyt en ondergaan” (reël 1) en

“U, Skepper, moet gebrokenheid soos wolk voor son aanvaar.” (reël 13)

Hierdie begrip van die onvolmaaktheid, gebrokenheid in hierdie wêreld en die misties-metaforiese wolk wat God van die mens verberg, word op ’n interessante manier deur Soefistiese leerstellings verduidelik. Die uitbeelding van Lucifer wat vir God “uitdaag” in reël 10, resoneer met die Soefi-opvatting van Satan se aandeel in die gevalle mens se skeiding van God en die booshede wat die gevolg is. Die positiewe gevolg is egter dat in die afwesigheid van hierdie geneigdheid van die mens tot wêreldse begeertes, sou die heelal nie vir ’n oomblik byeen gebly het nie; ook sou geen geskape wese bestaan nie, want hierdie geneigdheid is self een van die samestellende elemente van bestaan. Dit is juis skeiding van God wat die wêreld laat voortbestaan. Hierdie toestand van gebrokenheid en geneigdheid tot gevallendheid is die voorvereiste sodat God kan “vorm en bewaar” (reël 15).

Dit sluit ook aan by die verwysing na die stelling in Johannes 1:18: “Niemand het God ooit gesien nie”, om ’n negatiewe mistiek te bevestig (Kourie 2008:64). Die siel strewe na ’n visie van die Een, ’n proses wat ’n gawe van die Godheid is en wat Philo omskryf as “seeing and being seen”, as “drawing near to God who has drawn the mind to himself” (Kourie 2008:64). Omdat die Een egter transendent is, is sy aangesig verblindend vir die siel.

Hierdie gedig, wat Neoplatonies genoem kan word, wys enersyds op die onvolmaakte, die gebrokenheid, maar andersyds op die goddelike heling wat voortdurend plaasvind.

4.4 “Heilige reuk”

Sint Mattias-kerk, Boedapest, 1993.

1
2
By Sarie het dit soms Chanel geruik,
by die koerant na sigaret en sweet.
3
4
My ouma het Eau de Cologne gebruik,
En boegoe vir die bors en elke skeet.
5
6
7
8
Ek snuif soms aan ’n stukkie Lifebuoy-seep,
belééf my huis se breë geelhoutvloer,
die potte rose vranksoet in ’n greep
van “iets soos paraffien” ‒ Bokpolitoer.
9
10
11
12
Geboue, oud, muur asemdwelms vas,
wat “Boland” fluister oor geslagte heen:
die soet, die stank van dié wat eenmaal was
maar nou vergeet, vermuf in mis en reën.
13
14
In hierdie ou kapel sweet mure tyd
en altaarkerse damp Teenwoordigheid.

 

Die digter herroep sy lewensherinneringe in terme van reukassosiasies in die eerste kwatryn van hierdie sonnet. Reëls 5–8 illustreer sy nostalgiese bepeinsinge oor sy huis wat hy deur die daadwerklike handeling van ruik aan ’n “stukkie Lifebuoy-seep”, “belééf” en dus beliggaamd ervaar.

Die gedig verkry ’n numineuse kwaliteit deur die leser se meelewing van en deelname aan die beeld van die ou Kaaps-Hollandse huis waarin mense se lief en leed oor geslagte heen afgespeel het en iets daarvan tussen die mure vasgelê en behou is, al is hulle fisies in die poëtiese woorde van die digter “vermuf in mis en reën”. Soos Van Schalkwyk (2003:137) dit stel, is die

“numinosum” iets aangrypend, dit het ’n magnetiese aantrekkingskrag en word beleef as ’n beslissende betekenis wat byna voorhande is, iets wat net-net nie volledig openbaar word nie, wat nie benoem kan word nie, maar aarsel op die punt van die tong.

In reël 13 word die ou kapel verpersoonlik deur dit met die menslike funksie van sweet uit te beeld. Enige een wat ’n eeue-oue katedraal of kapel besoek het, ken daardie kenmerkende reuk wat moeilik is om in woorde om te sit. De Villiers ervaar dit as ’n bewustheid van die geslagte mense wat daar aanbid het en dit sluit dan ook aan by sy herinnering aan sy Bolandse huis.

In die laaste treffende reël van die koeplet gaan die numineuse oor na die mistieke en bereik ’n klimaks wanneer die altaarkerse met hul kenmerkende reuk uitgebeeld word as dit wat die goddelike na vore bring.

Cockayne (2019:1–2) wys daarop dat die benutting van sowel simboliese as letterlike olfaktoriese taal, om godsdienstige ervarings te verduidelik, ’n ryk geskiedenis het. In die Hebreeuse Bybel word reukverwante taal byvoorbeeld dikwels gebruik om rituele van die Joodse tradisie te beskryf. Ook vroeë Christene het deur middel van sekere liturgiese praktyke olfaktoriese ervarings beskryf as ’n manier om ’n soort kennis van God te voorsien. Vergelyk ook die ritueel van wierook brand in Katolieke en Ortodokse kerke.

Cockayne (2019:6) praat verder oor die efemeriese, misterieuse kwaliteit wat sekere olfaktoriese ervarings kenmerk. Hierdie belewenisse wat hoogs assosiatief, subjektief en persoonlik is, sluit aan by wat as misties beskou word.

Olfaktoriese ervarings is uiteraard beliggaamde ervarings. Ook vir die sensitiewe leser kan dit nie anders nie, as om hierdie soort evokatiewe beskrywings inbeeldend self te ruik. Anderson (2001:2) stel dit so:

Relaying human experience from the inside out and entwining in words our senses with the senses of the world, embodied writing affirms human life as embedded in the sensual world in which we live our lives.

Die paradoksale, geleë in die beeld van dit wat tydloos en Teenwoordig, dus goddelik is, gejukstaponeer met die sekulêre beelde van die eerste en tweede kwatryne, dien om die skerp kontras tussen die twee wêrelde te beklemtoon.

In dié Shakespeariaanse sonnet met sy kenmerkende rymskema van abab, cdcd, efef, gg word die reuksintuig, wat bekend is daarvoor dat sterk assosiasies daarmee opgeroep kan word wat die mens tydruimtelik na vorige ervarings kan terugvoer, op unieke wyse benut om die funksie van die imaginêre en beliggaamde belewing te illustreer. Die verskillende reuke wat in hierdie gedig opgenoem word, wek spesiale herinnerings by die digter op. As sulks verkry die verskillende items, elk met hul eie spesifieke reuk, ’n byna numineuse, performatiewe krag wat nie slegs die reuk wek nie, maar ook dit waarmee dit geassosieer word. Anders gestel, die performatiewe krag is daarin geleë dat genoemde assosiasies deur die digter asook die leser beleef kan word.

Insiggewend is dat dit met ’n nieprotestantse beeld, naamlik ’n eeue-oue kerk en altaarkerse, is waarin die mistieke in die treffende laaste koeplet van ’n Protestantse digter neerslag vind. Die kerk waarna in die motto verwys word, is inderdaad ’n Rooms-Katolieke kerk.

Die sensitiwiteit van sowel die skrywer as die leser is van kardinale belang in hierdie gewysigde dimensies van taal. Netzer (2015:130) wys op die leser se rol en haal Hillman aan: “We can amplify an image from within itself, simply by attending to it more sensitively [sensing rather than analyzing].” Beeldspraak lok ’n deelnemende en medekreatiewe houding uit wat ’n integrasie van alle menslike dimensies behels: die liggaam en sintuie; gevoelens en intuïsie; rasionele kognisie; en spirituele verbintenis – ’n werkende verhouding tussen die sigbare en die onsigbare, bekende en onbekende, die beliggaamde en die mistieke.

4.5 “Jesus-afdruk”

1
2
3
4
El Greco-Jesus, jy kom jare met my saam,
jou losval-hemp ’n lig magenta, jou kleed blou,
jou oë soos ’n gondelier wat oorkant gaan
dié kant kyk, verstaan, oorweeg of bloot beskou.
5
6
7
8
Ek het jou eendag in Toledo raakgeloop –
jou regterhand het my geseën, gegroet.
Jou vingers kruis mistiek – jou skepper se simbool.
Jou Vader het Homself geteken in jou bloed.
9
10
11
12
Jy’t saam getrek van stad tot stad, kantoor, my huis,
en ek het wat jý nie kan antwoord nie, gevra:
dat Jesus ágter jou, dié een ágter die kruis,
God ágter God, God vérder agter, mý verdra,
13
14
méér, my sal liefhê soos jou Vader jou,
soos jy nou na my kyk uit jou verbleikte blou.

 

Die volgende verskyn onderaan die sonnet:

“Nota: Die oorspronklike Jesus van El Greco, in olieverf (vroeg sewentiende eeu en waarskynlik een van dié kunstenaar se laaste werke), hang in ryk kleure in Toledo as deel van ’n reeks met die apostels, in die El Greco-museum waar olie-afdrukke verkoop is wat ongelukkig nie kleurvas was nie, maar merkwaardig oor dekades die mistieke krag van die meester bly spieël.”

Die insiggewende van die beskrywing van die afdruk in die eerste kwatryn, is die uitbeelding van Jesus as gondelier in terme daarvan dat Hy die mens op sy lewensweg (“oorkant gaan” in reël 3) as gids vergesel. Soos ’n bootsman met sy rug gekeer op die rigting waarheen hy stuur en dus na die passasiers se kant toe kyk, so is Jesus se oë op ons gerig.

Op die afdruk, “Die Verlosser”, wat die digter in Toledo gekoop het, word Jesus uitgebeeld met ’n handgebaar wat tipies is van die Oos-Ortodokse Christelike tradisie. Die posisie van die vingers spel die “IC XC” ’n algemeen vierletterafkorting van die Grieks vir Jesus Christus, en bevestig die Drie-eenheid van God: Vader, Seun en Heilige Gees. Die simboliek daarvan is ’n seëngroet (“jou regterhand het my geseën, gegroet” in reël 6). Die kruis wat deur die posisie van die twee vingers gevorm word, simboliseer Christus se soendood wat die digter as misties ervaar.

Die misterie van die kruisiging van Christus, die oorgawe van sy siel aan God, kan as mistieke ervaring beskou word. Die skeuring van die voorhangsel in die tempel dui simbolies op die moontlikheid dat die mens via die mistieke weg kontak kan maak met die Godheid; en die duisternis wat neergedaal het, resoneer met Juan de la Cruz se “donker nag van die siel” en Philo se beeld van die duisternis as die primêre metafoor van die goddelike (Van der Berg 2019:60–1).

Oor die kleure van die kleding, soos in reël 2 beskryf, verduidelik die Bowers Museum (s.j.) dat rooi (die “magenta”) Christus se passie verteenwoordig, en die blou sy rede.

El Greco (1541–1614), wat deur sommige as ’n mistikus beskou word, het dikwels deur die wyse waarop hy Bybelfigure se gebare geskilder het, mistieke ekstase uitgedruk. Maré (2008:109) voer aan dat sulke uitbeeldings “should also ‘move’ the viewer of the work on a transcendent artistic plane”.

In reël 8 is die gebruik van “geteken” meerduidig. God het Homself as’t ware in sy geïnkarneerde aardse Self geteken waardeur die eenheid van Vader en Seun bevestig word; ook was Jesus se bloed en soendood aan die kruis God se teken. In hierdie reël, veral, is dit asof die digter Jesus self aanspreek.

Die Rooms-Katolieke gebruik om God deur middel van ikone te aanbid, word in die derde kwatryn aangetref. Die digter beskryf dat die afdruk, as simbool van die goddelike, hom orals vergesel het met die implikasie dat dit besonder betekenisvol vir hom was.

Oor die algemeen is Protestante se opvatting dat Rooms-Katolieke en Oos-Ortodokse Katolieke se gebruik om beelde en ander kunsobjekte te vereer, afgodediens is. Daar moet egter onderskei word tussen afgode en ikone.

Smith (2000:74) voer aan dat in die geval van ’n afgod, die voorwerp as ’n doel op sigself geniet word, dit vervang God en stel ’n soort semiotiese sonde voor wat versuim om die (on)voltooidheid van die teken te erken. In die geval van ’n ikoon word daar anderkant / buite die voorwerp verwys en gewys na dit wat transendent is, en is dit ’n uitnodiging om die teken met ervaring van die “ding” self (God) te voltooi. Die afgod is ’n voorstelling daarvan dat transendensie vergeet word en tot immanensie gereduseer word, terwyl die ikoon respek vir transendensie het en die ruptuur van immanensie voorstel.

Hierdie beskouing kom ooreen met Augustinus se inkarnasieteorie wat behels dat God wat in die vlees verskyn, as immanente teken van transendensie beskou word. Met die inkarnasie het die transendente God afgedaal na die domein van immanensie maar sonder om sy transendensie te ontken of op te offer. “Divinity, while it cannot be reduced to this body, is nevertheless in-fleshed in it and signalling beyond itself” (Smith 2000:68–75).

Die Jesus-afdruk word dus deur die digter as immanente teken, ’n ikoon vir die Christus-figuur, die geïnkarneerde God, en die transendente God beskou. Reëls 11 en 12 bevestig die digter se besef van die ikonisiteit van die afdruk en die transendensie van God. Hy besef dat die afdruk slegs ’n rigtingaanwyser is wat na God rig (“wat jý nie kan antwoord nie” in reël 10).

Vanaf reël 9, die aanvang van die sekstet, word die digter se persoonlike verhouding met die afdruk beskryf. Die mistieke is daarin geleë dat die digter die dringende begeerte koester om met die essensie van God verenig te word. Dit blyk uit die versoek en iteratiewe gebruik van die geaksentueerde “ágter”, asook “vérder” in reëls 11–12.

Die slotkoeplet druk die verlange van die digter uit om die liefde van God te ontvang, soos God Christus lief het, en soos die Jesus-figuur wat in die afdruk voorgestel word, na hom kyk. Dié verwysing sluit aan by die eerste strofe waar die digter ook na die Jesus-figuur se oë verwys en stem ooreen met die nosie van visie met die innerlike oog – met die hart. Die gedagte dat die afdruk slegs ’n ikoon is, en dus onderworpe is aan die dimensie van tyd van ons temporele wêreld, word uitgedruk deur die beskrywing van die kleed as “blou” in reël 2 te vervang met “verbleikte blou” in die laaste reël.

Wat opval, is dat dit juis die Rooms-Katolieke element is, die uitbeelding van die kunsafdruk as ikoon, wat as estetiese objek die mistieke kwaliteit aan hierdie gedig verleen. Die digter bied aan die leser hierdie visueel-estetiese afdruk wat ook op die voorblad van die bundel verskyn, en laat sodoende die fokus op die visuele in plaas van die rasionele val.

Hierdie gedig druk, op kenmerkend mistieke manier, die verlange en begeerte na die goddelike ágter die afdruk, na die liefde van God uit.

 

5. Ten slotte

Deur bostaande ontledings is heelwat aspekte eie aan die mistieke aangetoon. Ook is die verskillende strategieë wat die digter benut om sy gewaarwordinge en belewenisse van die goddelike teenwoordigheid uit te druk, uitgelig. Al is daar nie in hierdie gedigte sprake van ’n ekstaties-mistieke belewenis soos in byvoorbeeld ’n Cussons-gedig nie, handel hierdie gedigte oor die mens se intense bewustheid van God; sy soeke na begrip; sy besef van die gebrokenheid van hierdie aardse bestaan, maar ook dat juis dít toelaat dat hy God se seëninge kan ervaar.

 

Bibliografie

Aalders, W.J. 1928. Mystiek, haar vormen, wezen, waarde. Groningen: J.B. Wolters.

Bowers Museum. s.j. El Greco’s “The Savior” and cochineal red. https://bowers.org/index.php/collection/collection-blog/el-greco-s-the-savior-and-cochineal-red (1 Julie 2022 geraadpleeg).

Breytenbach, K. 2009. Teenstrydige gesigte van ’n nukkerige voetsoldaat – I.L. de Villiers se Strooidak en toring. https://www.litnet.co.za/teenstrydige-gesigte-van-nukkerige-voetsoldaat-il-de-villiers-s/ (30 Junie 2022 geraadpleeg).

Brooks, C. en R.P. Warren. 1950. Understanding poetry. New York: Holt.

Carabine, D. 2015. The unknown God: Negative theology in the Platonic tradition: Plato to Eriugena. Eugene: Wipf and Stock.

Carmody, D.L. en J.T. Carmody. 1996. Mysticism. Holiness East and West. New York: Oxford University Press.

Cockayne, J.L. 2019. Smelling God: Olfaction as religious experience. https://research-repository.standrews.ac.uk/bitstream/handle/10023/21552/Cockayne_2019_Smelling_God_AAM.pdf?sequence=1&isAllowed=y (6 April 2022 geraadpleeg).

Corbin, H. 1972. Mundus Imaginalis, or, The imaginary and the imaginal. Ipswich: Golgonooza Press.

Cussons, S. 1978. Verf en vlam. Kaapstad: Tafelberg.

De Villiers, I.L. 2005. Jerusalem tot Johannesburg. Kaapstad: Tafelberg.

Die Bybel. 2020. Die 2020-vertaling. Kaapstad: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

Embler, W. 1974. The metaphors of mysticism. ETC: A Review of General Semantics, (31)3:272–87.

Enright, D.J. en E. De Chickera (reds.). 1962. English critical texts: 16th century to 20th century. Londen: Oxford University Press.

Gerson, J. 1958. De Mystica Theologia. Onder redakteurskap van A. Combes. Lugano: Thesaurus Mundi.

Greer, J.M. en D.O. Moberg (reds.). 2000. Research in the social scientific study of religion, 11. Stamford, Connecticut: JAI Press.

Grim, P. 1990. Philosophy of science and the occult. Albany, N.Y.: State University of New York.

Hambidge, J. 2009. Huldeblyk I.L. de Villiers. http://versindaba.co.za/2009/09/28/huldeblyk-il-de-villiers/ (16 April 2022 geraadpleeg).

Hatab, L.J. 1982. Mysticism and language. International Philosophical Quarterly, 22(1):51–64.

Hayes, L.J. 1997. Understanding mysticism. The Psychological Record, 47:573–96.

Hugo. D. 2006. Naas Sheila Cussons is I.L. de Villiers sekerlik ons beste mistieke digter. LitNet Seminaarkamer. https://oulitnet.co.za/seminaar/jerusalem_johannesburg_hugo.asp (2 Mei 2022

geraadpleeg).

Inge, R. 1921. Studies of English mystics. Londen: John Murray.

James, W. 1917. The varieties of religious experience: A study in human nature, being the Gifford Lectures on Natural Religion, delivered at Edinburgh in 1901‒1902. New York: Longmans, Green. https://www.gutenberg.org/files/621/621-pdf.pdf (4 Januarie 2022 geraadpleeg).

Johnston, W. 1978. The mysticism of The cloud of unknowing. Wheathampstead: A. Clarke.

Kannemeyer, J.C. 1973. Nederduitse digkuns: ’n Inleiding met tekste en aantekeninge tot die sewentiende-eeuse Nederlandse poësie. Pretoria: Academica.

Kourie, C.E.T. 2008. Mysticism: A way of unknowing. Acta Theologica Supplementum, 11:60–75.

Macquarrie, J. 1967. God-talk: An examination of the language and logic of theology. Landen: SCM Press.

Maré, E.A. 2008. El Greco’s representation of mystical ecstasy. Acta Theologica, 28, suppl.1:108‒127.

Mazzoni, C. 2007. Mystical and literary texts: Meeting the other, and each other, at the borders of language. Annali d’Italianistica, 25: Literature, Religion, and the Sacred. https://www.jstor.org/stable/24016158 (14 April 2022 geraadpleeg).

Merton, T. 1978. Foreword. In Johnston 1978.

Minnaar, C.L.J. 2000. ’n Filosofiese verantwoording van mistiek. MA-verhandeling, Universiteit van Pretoria.

Murray, A. (red.) 1893. Wholly for God. The true Christian life. A series of extracts from the writings of William Law. New York: Anson D.F. Randolph.

Nelson, R. 1976. Mysticism and the problems of mystical literature. Rocky Mountain Review of Language and Literature, (30)1:1–26.

Netzer, D. 2015. Mystical poetry and imagination: Inspiring transpersonal awareness of spiritual freedom. International Journal of Transpersonal Studies, 34(1/2):128–43.

Olivier, S.P. 1985. Mistiek in die Afrikaanse poësie. D.Litt-proefskrif, Universiteit Potchefstroom.

—. 2013. Literêre terme en teorieë: Mistiek. https://www.literaryterminology.com/index.php/m/131-mistiek (5 Februarie 2022 geraadpleeg).

Protas, A. 2001. Dictionary of symbolism. http://websites.umich.edu/~umfandsf/symbolismproject/symbolism.html/S/sword.html (18 Maart 2022 geraadpleeg).

Protea Boekwinkel. s.j. Jerusalem tot Johannesburg. https://proteabooks.com/index.php/jerusalem-tot-johannesburg.html (1 Junie 2022 geraadpleeg).

Shelley, P. 1962. A defence of poetry. In Enright en De Chickera (reds.) 1962.

Smith, J.K.A. 2000. Between predication and silence: Augustine on how (not) to speak of God. The Heythrop Journal, 41:66–86.

Terblanche, E. 2017. I.L.de Villiers (1936–2009). ATKV/LitNet-Skrywersalbum. https://www.litnet.co.za/il-de-villiers-1936-2009/ (23 Maart 2022 geraadpleeg).

Underhill, E. 1930. Mysticism: A study in nature and development of spiritual consciousness. Grand Rapids, MI: Christian Classics Ethereal Library.

Van der Berg, E.J. 2019. Performatiwiteit van taalgebruik en verstegniek in die mistieke digkuns van Jalāl al-Dīn Muhammad Rūmī, asook in die werk van geselekteerde Afrikaanse digters: ’n Vergelykende studie. PhD-proefskrif, Noordwes-Universiteit.

Van Schalkwyk, P.L. 2003. Horisonne: mites oor die moontlike in kontemporêre verhalende tekste van Suid-Afrika en die Nederlandse taalgebied. PhD-proefskrif, Potchefstroomse Universiteit.

  • Die fokusprent by hierdie artikel is saamgestel uit die voorblad-detail van Jerusalem tot Johannesburg (Tafelberg, NB-Uitgewers).

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post ’n Bespreking van sekere teïsties-mistieke kenmerke na aanleiding van uitgesoekte gedigte uit <i>Jerusalem tot Johannesburg</i> deur I.L. de Villiers appeared first on LitNet.

A discussion of certain theistic mystical characteristics with reference to selected poems from Jerusalem tot Johannesburg by I.L. de Villiers

$
0
0

Abstract

The objective of this article is to highlight and discuss certain characteristic theistic mystical aspects with reference to five poems from De Villiers’s anthology, Jerusalem tot Johannesburg. De Villiers was a minister in the Dutch Reformed Church, consequently the study is restricted to theistic mysticism.

Within the scope of this article, it is possible to focus only briefly on the concept of mysticism. The word mysticism is etymologically derived from the Greek word mustérion, which is related to mystes. As a noun, mustérion was used to refer to an initiate of a secret cult or mystery religion.

According to William James (2014:413), a 20th-century psychologist who did pioneering work on mysticism:

There is a verge of the mind which these things haunt; and whispers therefrom mingle with the operations of our understanding, even as the waters of the infinite ocean send their waves to break among the pebbles that lie upon our shores.

The consensus is that the concept mysticism is largely incomprehensible and escapes rigid categorisation and definitions. The mystical experience may be merely an awareness of God’s presence, or an intense ecstatic sense of being one with the divine.

Notwithstanding, a few of these definitions are quoted, for instance, the following by Carmody and Carmody (1996:10): “a direct experience of ultimate reality”.

Mystical poetry, as well as the particular poetic language utilised by authors to articulate their mystical experiences, is then examined. It is important to note that other than religious poetry, mystical poetry does not merely “talk” about religion and is not a medium for dogmatic expression. On the contrary, it is about the poet’s own personal perceptions and experiences, and the greatest challenge the mystic / poet faces, is to have to rely on language with its inadequacies to express the divine domain.

However, according to a great number of studies, a special affinity exists between mysticism and poetry, and poetry enables poets to express their transcendental experiences to a certain extent. As in poetry, mysticism requires innovative speech to reveal hidden aspects of the experience, which creates a challenge for the poet. Various literary strategies such as apophatic discourse, paradoxes, metaphors, hyperbole, and other tropes are used in order to convey something of the ineffable.

In the following section the mystical tradition in Afrikaans poetry is briefly discussed. Although there is no shortage of religious poetry in Afrikaans, this is not the case regarding mystical poetry. It can be attributed to the fact that the mystical phenomenon has not traditionally been part of the Protestant Calvinistic faith with which most Afrikaans-speaking people identify.

Having said that, the first Afrikaans example of mystical pietism can be found as early as the 1800s in diaries and journals of Trek Boer farmers’ wives who apparently practised mystical contemplation.

Academic works on Afrikaans mystical poetry comprise mainly Olivier’s D.Litt. dissertation of 1985 which deals with mystical poetry as far back as the 1920s, and Van der Berg’s Ph.D. dissertation of 2019 which covers the more contemporary mystical poetry. One of the conclusions of the last-mentioned study was that the mystical tendency in Afrikaans poetry is being continued. Furthermore, it is clear that poets have developed an interest in mystical traditions beyond the Protestant Calvinist religion, as for example the Roman Catholic and Eastern Orthodox religions and Shamanism. Besides this, certain poems demonstrate a distinctive view of and approach to the divine, detached from any church affiliation. This article hopefully contributes to the academic corpus on mystical Afrikaans poetry.

Biographical details of the poet, I.L. de Villiers (1936–2009), are subsequently presented. He was a Dutch Reformed minister but also held secular positions. He was editor of the women’s magazine Sarie, and afterwards, even more controversial for a clergyman, chief editor of the Sunday newspaper Rapport. Moreover, he was the author of numerous articles and essays in various newspapers, journals and prose anthologies, but is remembered especially for his poetry.

Although faith is the central theme of his work, according to De Villiers himself, he is not a conventional religious poet, and he describes himself as cynical, and having an alternative kind of faith.

Jerusalem tot Johannesburg from which the analysed poems were selected, was his 35th publication and appeared in 2005, 27 years after his previous collection of poetry. This was awarded with the MNet Prize for Poetry in 2006.

Joan Hambidge describes the anthology as excellent; and Henning Snyman regards these ironic, mystical, matured, and pure verses as a culmination of De Villiers’s works. On the Protea Bookshop web page this poetry is described as mystical, expressing an interwovenness between man and God throughout the poems.

Hugo describes this poetry as a fresh breeze during a stifling time of dogma in the Dutch Reformed Church. He also points out that De Villiers had a non-protestant sense for that which is mystical as well as for Roman Catholic liturgy. Alongside Sheila Cussons, Hugo regards De Villiers as the best mystical Afrikaans poet.

The title, Jerusalem tot Johannesburg, expresses the Platonic idea of a dualistic world, as is also contained in John 17:14: “[…] and the world hated them, because they do not belong to the world, just as I do not belong to the world”. The paradoxical is one of the main characteristics of mysticism and mystical texts with “Jerusalem” being symbol of the sacred domain, and “Johannesburg” symbolizing worldly existence. In “Pa se stad” from this anthology, the poet for instance refers to himself as a stranger in Johannesburg.

The five poems are subsequently analysed and discussed with a focus on the mystical aspects. The various strategies which were employed in order to express the perceptions and experiences of the divine are highlighted. The conclusion is reached that although no ecstatic mystical encounter is described, these poems deal with man’s intense awareness of God, his effort to comprehend the divine, and his realisation of the brokenness of this worldly existence. Importantly, it is exactly this that allows him to experience God’s blessings. These verses indeed demonstrate that De Villiers had a sense and an awareness of God’s mystical presence in this life on earth.

Keywords: Afrikaans poetry; I.L. de Villiers; Jerusalem tot Johannesburg; mystical poetry; mysticism

  • The featured image of this article is a combination details from the cover of Jerusalem tot Johannesburg (Tafelberg, NB Publishers).

Lees die volledige artikel in Afrikaans

’n Bespreking van sekere teïsties-mistieke kenmerke na aanleiding van uitgesoekte gedigte uit Jerusalem tot Johannesburg deur I.L. de Villiers

The post A discussion of certain theistic mystical characteristics with reference to selected poems from <i>Jerusalem tot Johannesburg</i> by I.L. de Villiers appeared first on LitNet.

Triomfantlike troos

$
0
0

Triomfantlike troos

Foto: Canva

Jy stap met grootheidswaan 
deur die melkweg
(hemelstraat)
ek ruik harpuis 
ander triomfeer 
waar die lekeprediker
die heilige sakramente preek 
by jou oop graf
en verby ons huis 
weerklink dwarsfluitklanke
waar die skepping juig 
in tortelgesang 
van voëls en ’n duif.

The post Triomfantlike troos appeared first on LitNet.

Ons land verdrink in bloed

$
0
0

Ons land verdrink in bloed

Foto: Canva


Die kombuis se teëls
is gevlek met bloed
want ’n vrou
het haar lewe verloor.

Die kindergesiggies
is vol spatsels bloed
want hul ma
se lewe is gesteel.

Die man se hande
is besmeer met bloed
want hy het
’n vrou vermoor.

Ons land verdrink in bloed
want ons laat haat
soos onkruid
in ons harte aanteel.

The post Ons land verdrink in bloed appeared first on LitNet.


Winter

$
0
0

winter 

Foto: Canva

ons was heuwels
inmekaargesmelt
in grasveld met
botterblomspatsels 
ons was somerson 

jy was sinkdak
ek was storms
sinkdakdruppels 
bedaar
skarrelende storms
toe ek wakker word 
was dit
winter

The post Winter appeared first on LitNet.

Press release: Three free #ReadingAfrica events from around the world!

$
0
0

🎶 It's the most wonderful time of the year! 🎶

It’s time for #ReadingAfrica Week! #ReadingAfrica is our week-long celebration of all things African writing. All things? You may be asking. And to that, we say: yes! All things. Poetry? Yes. Fiction? Yes. Memoir? Yes. Journalism? Yes. Picture Books? Yes. When we say all things, we mean it.

Joining in is simple: all you have to do is use the hashtag #ReadingAfrica or #ReadingAfricaWeek on social media posts that spotlight writing from the continent. You can choose to highlight a single author or work, or you could make a booklist with all of your favourites. We can’t wait to see all of the ways you'll be #ReadingAfrica this year!

Please be sure to use the correct hashtags to participate, #ReadingAfrica or #ReadingAfricaWeek, otherwise we will not be able to read your entries. And, please, do add something about and in your own language to the event! You can also tag #OokInAfrikaans, #siyafundaisiZulu, #siyafundaisiXhosa, and more – as long as you tag #ReadingAfrica as well! We would love to hear from you in as many languages as possible!

You can also help us celebrate by joining us at these three great events we’ve planned! You can register for one or all of these panels here.

And visit Bookshop.org to check out our two curated lists – one featuring some of our favorite history/historical fiction reads, and another with the work of some of our panelists.

Three free #ReadingAfrica events from around the world!

All these events start 1PM in New York, 6PM in London and 8pm in South Africa.

  • 4 December 2023: Who is African: Place, identity and belonging in literature. This event is co-hosted by LitNet.
  • 6 December 2023: Behind the scenes: African filmmakers and writers on interplay and adaptation. This event is co-hosted by the James Currey Society.
  • 10 December 2023: The young reader: African children’s literature. This event is co-hosted by World kid lit blog.

The post Press release: Three free #ReadingAfrica events from around the world! appeared first on LitNet.

Universiteitseminaar: Yale onttrek van 'n ranglys

$
0
0

Agtergrond: https://pixabay.com/photos/columns-building-massachusetts-5135499/; foto van Johann Rossouw: verskaf

Skaars ’n week ná die opstel wat ek in aansluiting by Andrew Nash en Anton van Niekerk se besinning oor die verwording van die uitnemendheidsideaal en die universiteitsranglyste op LitNet gepubliseer het, word op 16 November bekendgemaak dat die regsfakulteite van twee van die mees gesiene Amerikaanse universiteite, Harvard en Yale, hulle aan die oorspronklike opsteller van universiteitsranglyste, die US News and World Report, onttrek het.

Dat die nuus oor die twee regsfakulteite op dieselfde dag bekend geword het, is nie toevallig nie, aangesien die een ook na die ander se besluit verwys en hul opgaaf van redes vir hul onderskeie besluite so eenders is – meer daaroor hier onder. Dit is eweneens interessant dat die aankondiging in albei gevalle nie deur die rektore van die universiteite gemaak is nie, maar deur die twee fakulteite se dekane. Ondanks die feit dat ’n mens kan redeneer dat dit ’n dekaan se taak is om so ’n aankondiging oor sy of haar fakulteit te maak, laat dit tog die vraag ontstaan of die twee fakulteite se besluite téén die voorkeure van die twee universiteite se rektorate geneem is. Dit is egter blote bespiegeling.

Dit is sekerlik ook belangrik om die twee fakulteite se besluit nie vir meer aan te sien as wat dit is nie – hulle het nie aan álle universiteitsranglyste onttrek nie, maar bloot aan dié van die US News and World Report. Trouens, die dekaan van Harvard se regsfakulteit is in sy aankondiging van die besluit oor die algemeen positief oor die myns insiens bedenklike ranglyste:

Indien dit goed gedoen word, weerspieël sodanige ranglyste akkurate, relevante inligting oor universiteite, kolleges, en nagraadse en beroepskole wat studente en gesinne mag help om ingeligte keuses te maak oor watter skole die beste in hulle behoeftes voorsien. Dog ranglyste kan ook kenmerke beklemtoon wat diegene wat op hulle staat maak, potensieel mislei en perverse intensiewe kan skep wat skole se besluite beïnvloed op wyses wat studentekeuse ondergrawe en die belange van potensiële studente skaad.

Die taal wat die betrokke dekaan hier bo gebruik – die klem op individuele keuse en belange – is tekenend van die liberale verbruikeristiese siening van die universiteit wat Nash so deurtastend ontleed het en waarvan die ranglyste ’n kenmerk is, maar ten minste word erken dat die metodes wat die opstellers van die ranglyste gebruik, ook hoëronderwysinstellings kan aanmoedig om in dinge te belê wat nie noodwendig goed vir opvoedingsideale of vir die studente is nie.

Dit is in hierdie verband dan interessant wat die redes is wat Harvard en Yale vir hul onttrekking aan die US News and World Report verskaf. Lesers kan self die twee verklarings lees, maar die kern van die saak is dat albei dekane die betrokke ranglys daarvan beskuldig dat dit nie behoorlik rekenskap gee van die twee fakulteite se pogings om arm en middelklasstudente met beurse en ander vorme van finansiële steun te help nie, asook om studente te ondersteun wat verkies om eerder in die openbare sektor te werk waar daar minder geld as in die privaat sektor te make is.

Met ander woorde, die twee fakulteite is van oordeel dat die betrokke ranglys nie in hul gradering van die twee fakulteite nie genoeg erkenning gee aan stappe wat die twee doen om tot maatskaplike gelykheid en die algemene welsyn (common good) by te dra nie. Deur hulle op hierdie ideale te beroep, plaas die twee fakulteite hulleself egter in ’n spanningsveld tussen twee onversoenbare pole – enersyds dié van openbare ideale, waar die winsmotief per definisie van minder belang is en andersyds dié van die winsmotief, waar openbare ideale hoogstens instrumenteel ingespan word vir privaat belange – presies soos die ideaal van uitnemendheid verword het, soos deur Nash ontleed.

............
Dat Yale en Harvard spesifiek binne hul eie konteks universiteite van naam geword het, staan soos ’n paal bo water, maar dit moet ook gesê word dat hulle vandag deel vorm van die oorgrote meerderheid liberale Amerikaanse universiteite waar hipermoralistiese onverdraagsaamheid in die naam van inklusiwiteit – oftewel die woke beweging – besig is om akademiese vryheid en die oop gesprek sienderoë te vernietig.
..............

Dat Yale en Harvard spesifiek binne hul eie konteks universiteite van naam geword het, staan soos ’n paal bo water, maar dit moet ook gesê word dat hulle vandag deel vorm van die oorgrote meerderheid liberale Amerikaanse universiteite waar hipermoralistiese onverdraagsaamheid in die naam van inklusiwiteit – oftewel die woke beweging – besig is om akademiese vryheid en die oop gesprek sienderoë te vernietig, tot op die punt waar daar min verskil is tussen die moellahs van Afganistan en hierdie liberale kampusse wat betref ontvanklikheid vir ander standpunte en wêreldbeskouings as jou eie.

In hierdie verband berig ’n konserwatiewe Amerikaanse juris, Sarah Isgur, wat aan Harvard gegradueer het en woordvoerder van die Amerikaanse Departement van Justisie tydens die Trump-administrasie was, hoe ’n konserwatiewe student haar tydens ’n lesing by Yale aangeval het omdat die student haar vroeër die middag Yale se liberale adjunkstudentedekaan met ’n omhelsing sien groet het. Die omhelsing was om Isgur geluk te wens met die onlangse geboorte van ’n baba, maar wat die konserwatiewe student skynbaar nie kon verwerk nie, was die feit dat die konserwatiewe Isgur die liberale adjunkstudentedekaan so hartlik kon groet, al het die twee vroue mekaar sedert hulle studentedae geken en ondanks hulle politieke verskille ’n hartlike persoonlike verhouding gehad het.

..............
Wat die staaltjie interessant maak, is dat dit wys dat terwyl liberale gewoonlik van woke onverdraagsaamheid beskuldig word, dit in hierdie geval ’n konserwatiewe student was wat sig daaraan skuldig gemaak het; weliswaar ’n student van Yale, ’n woke bastion, wat die vraag laat ontstaan in hoe ’n mate die woke houding aan sulke universiteite genormaliseer word, sodat of jy nou liberaal of konserwatief is, jy jou maar so kan gedra.
.................

Wat die staaltjie interessant maak, is dat dit wys dat terwyl liberale gewoonlik van woke onverdraagsaamheid beskuldig word, dit in hierdie geval ’n konserwatiewe student was wat sig daaraan skuldig gemaak het; weliswaar ’n student van Yale, ’n woke bastion, wat die vraag laat ontstaan in hoe ’n mate die woke houding aan sulke universiteite genormaliseer word, sodat of jy nou liberaal of konserwatief is, jy jou maar so kan gedra.

Dit laat ook die vraag ontstaan hoe op dees aarde die ranglyste van hierdie wêreld die woke wegkalwing van akademiese vryheid en die oop gesprek se onvermydelike negatiewe effek op akademiese voortreflikheid van universiteite gaan verreken. Sal die ranglyste miskien ekstra punte begin toeken aan al hoe absurder vorme van inklusiwiteit, sodat inklusiwiteit verword, nes uitnemendheid?

Dit is eweneens interessant om kennis te neem van hoe ’n gesiene akademikus van Rhodes-universiteit, Sioux McKenna, self onlangs uitgevaar het teen die ranglyste in reaksie op Harvard en Yale se besluit. Terwyl ek in my eie bogenoemde opstel aansluiting gevind het by Anton van Niekerk se uitspraak dat geen universiteitsrektor vandag die moed sal hê om aan die ranglyste te onttrek nie, moes ek tot my blymoedige verleentheid erken dat ek nie wis dat Rhodes volgens McKenna “konsekwent geweier het om aan die ranglyste deel te neem weens die swak wetenskap waarop dit berus” nie. Volpunte aan McKenna en Rhodes, wat na my beste wete eweneens twee ander kritieke besluite ná 1994 geneem het wat wesenlik is vir ware akademiese uitnemendheid, naamlik om doelbewus hulle getal studente te beperk, en om nie fakulteite in skole op te breek nie – hoewel laasgenoemde ’n ander gesprek is.

Ek deel nie McKenna se aanhang van die ideaal van sogenaamde transformasie nie, wat omtrent net in die geval van Rassie Erasmus se Springbokke iets van gehalte opgelewer het, maar ek volg haar sentiment as sy verklaar dat universiteite groot bedrae geld uitgee op die najaag van ’n beter plek op die ranglyste ten koste van  “transformasie”. Genadiglik lig sy die begrip transformasie toe met inhoude waarmee die meeste regdenkende mense sekerlik nie kan verskil nie wanneer sy uiteensit presies wat die negatiewe gevolge van die najaag van ’n beter ranglysplek is:

– Ranglyste kombineer maatstawwe wat totaal uiteenlopend is om ’n saamgestelde ranglystelling te bereken.

– Ranglyste ken dikwels ’n hoë waarde aan ’n instelling se reputasie toe, terwyl die reputasie gewoonlik ’n weerspieëling van inkomste en bemarking eerder as opvoedkundige gehalte is. (Praat van oorgeërfde bevoordeling wat in dié geval ingespan word deur sommige Suid-Afrikaanse universiteite met ’n mond waarin gedekolonialiseerde botter nie sal smelt nie, vir ‘n nog hoër ranglysplekkie.)

– Elke ranglys het een stel beoordelingskriteria vir alle instellings, ongeag hulle unieke geskiedenis, plek of akademiese oogmerke.

– Die maatstawwe is ’n getalsgewyse kwantifisering van ingewikkelde, onkwantifiseerbare werklikhede. As ek byvoorbeeld in hierdie opstel skryf Suid-Afrikaanse universiteite se najaag van ranglysplekke is selfkolonialisering van ’n spesiale soort, word die stelling meer waar as hierdie opstel meer aangehaal word, volgens, sê, Google Scholar of academia.edu? Wat was nou weer die storie van dat ’n leuen wat genoeg herhaal word, ’n waarheid word?

............
Dit bring ons dan by die Suid-Afrikaanse universiteitsgonswoord van die oomblik: dekolonialisering.
...............

Dit bring ons dan by die Suid-Afrikaanse universiteitsgonswoord van die oomblik: dekolonialisering. Ofskoon geslagte intellektuele al sedert Kwame Nkrumah in die laat 1950’s tot vandag toe in Afrika sowel as Suid-Afrika geskryf het oor die noodsaak om die koloniale nalatenskap te verwerk en agter te laat, het hierdie ideaal ’n ongekende prominensie verwerf onder die term dekolonialisering tydens die Fallist-studentebeweging van 2015 en 2016. Afgesien van die veldtog teen e-tol, was Suid-Afrikaanse studente se protes teen die onhoudbare verhoging van studiegelde in Oktober 2016 miskien die belangrikste voorbeeld van suksesvolle burgerlike verset teen die mislukkende ANC-regering. Die skouspelagtige wyse waarop die Zuma-administrasie op daardie dag einde Oktober 2016 as’t ware beleër is deur honderde duisende studente by die Uniegebou en met die rektore van die openbare universiteite vergader het, en sonder veel ag op korrekte prosesse en tersaaklike wetgewing toegegee het aan die eis om ’n 0%-studiegeldverhoging vir 2017, was geskiedkundig in die postapartheid bedeling waar die burgery die regering tot verantwoording geroep het – ongeag watter ander dinge oor daardie dag gesê kan word.

Die diepere belang vir daardie oomblik van verset in die naam van dekolonialisering is dat dit skokgolwe deur die geledere van die ANC-regering gestuur het, want dit was per slot van rekening jong kiesers wie se steun nie bloot op grond van stokou struggle-sentimente aanvaar kan word nie. Dit was dus eweneens voorspelbaar dat dekolonialisasie in ’n ommesientjie deur die Pretoriase hoëronderwysburokrate tot waarde verhef sou word, sodat universiteite nou moet wys wat hulle alles doen om te dekolonialiseer. Onvermydelik word dekolonialisasie dan ook ’n program met kwantifiseerbare doelwitte, oftewel word dit volgens die ou koloniale logika beoordeel.

............
Die gevolg hiervan is dat universiteite wat verkies om aan die ranglyste deel te neem – ’n spesiale soort selfkolonialisering – en direktiewe oor dekolonialisasie moet nakom, twee totaal onversoenbare agendas najaag.
.............

Die gevolg hiervan is dat universiteite wat verkies om aan die ranglyste deel te neem – ’n spesiale soort selfkolonialisering – en direktiewe oor dekolonialisasie moet nakom, twee totaal onversoenbare agendas najaag. Met die verdere gevolg dat die sofisme aan ons universiteite al hoe meer word namate die jaarverslae, bemarking en ander beeldpoetsoefeninge van die universiteite ons almal daarvan probeer oortuig dat albei hierdie agendas nie net nagejaag kan word nie, maar boonop nog met welslae.

Is dit enige wonder dat kognitiewe dissonansie toenemend in openbare Suid-Afrikaanse universiteite aan die orde van die dag is?  

Lees ook:

Kan die akademie uitnemendheid oorleef?

Reaksie op Andrew Nash: "Kan die Akademie uitnemendheid oorleef?"

Universiteitseminaar: Guerrillas en die universiteit wat moet kom

BAQONDE, boosting the use of African language in education: an interview with Bassey Antia

Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika deur Herman Giliomee, Bernard Mbenga, en Bill Nasson (redakteurs): ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Pandemic tales: Making an educational life in a Stellenbosch University residence during the COVID-19 pandemic

Internasionale konferensie: Slow intimacy (Langsame intimiteit)

Some notes from the workshop on "slow violence"

Universiteitseminaar: Die US, rassisme en die toekoms

Universiteitseminaar: Jan Heunis SC beskou die Khampepe-verslag

Aan wie behoort die woorde?

Reclaiming Multilingualism

Monolingualism, not Afrikaans, must fall

Om te twyfel

Gelyke Kanse: Afrikaans, die sondebok

Konstitusionele Hof, Gelyke Kanse en Universiteit Stellenbosch

Gelyke Kanse-inisiatief bou momentum: Breyten Breytenbach rig ope brief aan US-rektor

US-taaldebat 2021: Kinkel in die kabel

US-taaldebat 2021: Afrikaans is sterkgesig

US-taaldebat 2021: Ek is Afrikaaps

US-taaldebat 2021: Hou op om in Afrikaans te droom

US-taaldebat 2021: Die oortjies van die seekoei

Wat verdedig ons? Die Afrikaanse kampus as fabriek

Stellenbosch language debate: Speech by David Jantjies at the DAK meeting with the SAHRC

Is Afrikaans aan die US ’n spyker ryker in haar doodskis?

DAK Netwerk language submission: A petition to the Minister of Higher Education

Afrikaans oorleef by US solank dit "redelikerwys doenlik" is

US-konvokasietoespraak: Die koei in die bos

US-taalbeleid: Breyten Breytenbach reageer op Anton van Niekerk se brief

US-konvokasie 2016: Courage, Compassion and Complexity - Reflections on the new Matieland and South Africa

Baqonde-meertaligheidsprojek: "Laat hulle verstaan" (en laat die tegnologie help)

BAQONDE and multilingual education in South Africa: An interview with Lorna Carson

A response to Marlene van Niekerk’s contribution to the Stellenbosch University language debate

Persverklaring: Universiteit Stellenbosch is verbind tot meertaligheid

Persverklaring: StudentePlein oorweeg appèlopsies ná hofuitspraak in US-taalsaak

 

The post Universiteitseminaar: Yale onttrek van 'n ranglys appeared first on LitNet.

The ambiguity of the name Luckhoff: my thoughts at the Race and Transformation in Higher Education Conference at Stellenbosch University

$
0
0

Picture of Moegammad Tahier Kara: provided

My name is Moegammad Tahier Kara. I was born and raised in Stellenbosch and am currently living in the suburb called Ida’s Valley. I’ve spent most of my life living in Ida’s Valley. I matriculated from Luckhoff High School, which is in Ida’s Valley, in 1987. I also studied at Stellenbosch University in the early ’90s.

Recently, I attended a conference on race and transformation in higher education institutions in South Africa. The context of the conference was Stellenbosch University’s attempt at grappling with the imperative to transform in conformity with human rights, equity and redress. The plenary sessions in the morning were complemented by visits in the afternoon to the campus and the broader Stellenbosch community to drop the theory into a developmental praxis.

While I was sitting in one of the conference sessions, I recalled a discussion we’d had in school 35 years before. It was about the name of the school which I matriculated from. The issue was, who is this person whom Luckhoff, our school, was named after?

..............
Luckhoff High School was the first coloured high school outside the Cape Town metropolitan area in the Cape Province during apartheid times. At that time, the Cape Province included the current Western Cape province and the Eastern Cape province. Children would come from all over the Cape Province to do their high school studies at Luckhoff. It was a school for coloured people in the Cape.
................

Luckhoff High School was the first coloured high school outside the Cape Town metropolitan area in the Cape Province during apartheid times. At that time, the Cape Province included the current Western Cape province and the Eastern Cape province. Children would come from all over the Cape Province to do their high school studies at Luckhoff. It was a school for coloured people in the Cape.

At the advent of apartheid, the place where the school was situated was declared a white area. This necessitated that everyone living in the vicinity of the school had to be removed. Therefore, the school could not be used as a school for coloured people anymore. A new school was built in Ida’s Valley, a coloured area, to accommodate the children from the school where they were removed from.

The Luckhoff school remained standing, although all trace of a community living there was destroyed by the apartheid government. Every remnant of a community living in the area of the Luckhoff school was systematically demolished. The buildings that were not demolished in that area were buildings belonging to white people. The area in the vicinity of the school was known as “Die Vlakte” by the people who lived there. The Luckhoff school building became a symbol of the community that lived there. The building has been venerated for many generations until now. It was the symbol that we would return to one day after apartheid was defeated.

The building had significance to the people who went to school there or who lived near the school. I don’t think the veneration of the building and the name of Luckhoff ever conjured the question of the name of Reverend Paul Luckhoff and who he was.

Since that day 35 years ago, when I had that brief discussion with some fellow students at my school, I cannot recall that I had any discussion on who Paul Luckhoff was until I had that recollection while sitting in one of the sessions at the race conference. While I was sitting in the session of the conference, I did a Google search on Paul Luckhoff.

Reverend Paul Luckhoff was a missionary who came to South Africa in 1830. The role of Paul Luckhoff could not have been much different from other missionaries. Missionaries did not only reinforce colonialism, but also became an instrument which was used by Europeans to destroy the people’s cultural values. Their main aim was to convert “heathens” to Christianity and introduce them to the skills of reading the Bible. The most important duty of missionaries is to teach people about Jesus Christ, and His great commandment to love God and to love others.

According to SA History Online, the reason why the school was named after Luckhoff was that he was good to coloured people. Luckhoff died in 1890, and at that time there was no categorisation of coloured people. It seems that the reason why the name Luckhoff was given was built on myths and untruths.

...............
There is a parallel process of the university looking at redress regarding symbols and names of buildings and other forms of visual redress on the campus of the university. Numerous names of buildings have been changed in the last while because of the process of visual redress. The Luckhoff school is under the ownership of Stellenbosch University, which hosted the conference.
................

There is a parallel process of the university looking at redress regarding symbols and names of buildings and other forms of visual redress on the campus of the university. Numerous names of buildings have been changed in the last while because of the process of visual redress. The Luckhoff school is under the ownership of Stellenbosch University, which hosted the conference. The ownership of the building was transferred to Stellenbosch University by the South African government. In 2018, the rector of the university, Professor Russel Botman, symbolically handed over the school to the community, but it stayed under the ownership of the university.

The question that was asked by Professor Melissa Steyn at the conference that spiked my interest was why certain symbols and names are being changed and others not. There are no easy answers to these types of questions. South Africa is a country full of contradictions and complexities. Every layer of complexity makes it difficult to transform from apartheid to modern society. In the case of Luckhoff, it is a name that is venerated by many people in the community, and it would be difficult to convince people that it should be changed.

............
South Africa is a country full of contradictions and complexities. Every layer of complexity makes it difficult to transform from apartheid to modern society. In the case of Luckhoff, it is a name that is venerated by many people in the community, and it would be difficult to convince people that it should be changed.
.................

The name Luckhoff brings forth a symbol of resistance because it played a huge role in the memories of people of evictions and removals. But on the other side, the name Luckhoff is associated with a colonial history that was not kind to the people of the Luckhoff community.

Should we now start questioning the name of Luckhoff on the building? This is most probably the best time to raise the issue of changing the name of the building.

Also read:

We cannot go back: my reactions to the Race and Transformation in Higher Education Conference at Stellenbosch University

Universiteitseminaar: Yale onttrek van 'n ranglys

Hoop in die donker: ’n onderhoud met André van der Merwe

Pandemic tales: Making an educational life in a Stellenbosch University residence during the COVID-19 pandemic

Internasionale konferensie: Slow intimacy (Langsame intimiteit)

Some notes from the workshop on "slow violence"

Universiteitseminaar: Die US, rassisme en die toekoms

Universiteitseminaar: Jan Heunis SC beskou die Khampepe-verslag

Aan wie behoort die woorde?

Reclaiming Multilingualism

Monolingualism, not Afrikaans, must fall

Om te twyfel

Gelyke Kanse: Afrikaans, die sondebok

Konstitusionele Hof, Gelyke Kanse en Universiteit Stellenbosch

Gelyke Kanse-inisiatief bou momentum: Breyten Breytenbach rig ope brief aan US-rektor

US-taaldebat 2021: Kinkel in die kabel

US-taaldebat 2021: Afrikaans is sterkgesig

US-taaldebat 2021: Ek is Afrikaaps

US-taaldebat 2021: Hou op om in Afrikaans te droom

US-taaldebat 2021: Die oortjies van die seekoei

Wat verdedig ons? Die Afrikaanse kampus as fabriek

Stellenbosch language debate: Speech by David Jantjies at the DAK meeting with the SAHRC

Is Afrikaans aan die US ’n spyker ryker in haar doodskis?

DAK Netwerk language submission: A petition to the Minister of Higher Education

Afrikaans oorleef by US solank dit "redelikerwys doenlik" is

US-konvokasietoespraak: Die koei in die bos

US-taalbeleid: Breyten Breytenbach reageer op Anton van Niekerk se brief

US-konvokasie 2016: Courage, Compassion and Complexity - Reflections on the new Matieland and South Africa

Baqonde-meertaligheidsprojek: "Laat hulle verstaan" (en laat die tegnologie help)

BAQONDE and multilingual education in South Africa: An interview with Lorna Carson

A response to Marlene van Niekerk’s contribution to the Stellenbosch University language debate

Persverklaring: Universiteit Stellenbosch is verbind tot meertaligheid

Persverklaring: StudentePlein oorweeg appèlopsies ná hofuitspraak in US-taalsaak

Kan die akademie uitnemendheid oorleef?

Reaksie op Andrew Nash: "Kan die Akademie uitnemendheid oorleef?"

BAQONDE, boosting the use of African language in education: an interview with Bassey Antia

The post The ambiguity of the name Luckhoff: my thoughts at the Race and Transformation in Higher Education Conference at Stellenbosch University appeared first on LitNet.

SteedsDink met LitNet Akademies: Reghard Brits

$
0
0
In LitNet Akademies se SteedsDink-video’s vertel jong Afrikaanse akademici wat opgang maak van die interessante navorsing waarmee hulle besig is. Nadat Reghard Brits op 26 sy doktorsgraad in die Regte behaal het, was hy senior lektor en medeprofessor by die Universiteit van Pretoria, en die boek Real Security Law het uit sy pen verskyn. Hier vertel hy van sy navorsing oor Sakereg en Saaklike Sekerheidsreg.

Ook in LitNet Akademies se SteedsDink-reeks:

SteedsDink met LitNet Akademies: Johan Fourie

SteedsDink met LitNet Akademies: Earl Basson

Uit LitNet se argief:

Einstein-kompetisie: Reghard Brits

The post SteedsDink met LitNet Akademies: Reghard Brits appeared first on LitNet.

Viewing all 22035 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>