Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21502 articles
Browse latest View live

Die skadukant van fotografie

$
0
0

Prent: https://pixabay.com/vectors/camera-vintage-camera-analog-camera-7258817/

 

............
Ons is almal bekend met Victoriaanse foto’s. Daardie befoeterde en stroewe gesigte van voorvaders wat vanuit ovaalrame na jou gluur. Dit is haas ongelooflik om te dink dat die mens, wat vandag so maklik en mildelik foto’s met slimfone kan neem, eenmaal net daarvan gedroom het om beelde met ’n toestel te verewig.
...............

Ons is almal bekend met Victoriaanse foto’s. Daardie befoeterde en stroewe gesigte van voorvaders wat vanuit ovaalrame na jou gluur. Dit is haas ongelooflik om te dink dat die mens, wat vandag so maklik en mildelik foto’s met slimfone kan neem, eenmaal net daarvan gedroom het om beelde met ’n toestel te verewig.

Die eerste foto wat ooit geneem is, genaamd “View from the window at Le Gras”, word as ’n wonderwerk beskou. In 1826 het Nicéphore Niépce met sy dinosourus van ’n houtbokskamera in ’n donkerkamer geëksperimenteer deur asfalt oor die piouterplaat te smeer  en ná agt ure met laventelwater af te spoel. Die geboorte van die eerste foto is niks besonders nie – bloot ’n paar dakke wat Niépce lukraak vanuit sy ateljee afgeneem het. Maar dit was ’n groot deurbraak in die gebruik van camera obscura (donkerkamerfotografie) en liggevoelige chemikalieë. Niépce het sy foto ’n “sontekening” of ’n vorm van “heliografie” genoem. Kyk ’n mens vandag na daardie foto, herinner dit eerder aan ’n prent wat ’n morbiede Goth in sy kamer sou opplak.

Nou ja – dit sou nie lank duur voor iemand besluit het om kaal mense en naaktonele te fotografeer nie. Ook maar mens, ook maar lus. Of – nuuskierig. Alhoewel die uitbeelding van naaktheid en erotika al sedert prehistoriese tye teen grotmure of op artefakte aangebring is, het die kamera – uiteraard – nuwe moontlikhede in die vaslegging van hierdie beelde ontsluit. Dit is interessant om te noem dat stomende erotiek aanvanklik as eksplisiete tonele geteken of geskets is deur kunstenaars wat hierdie kunswerke ten duurste aan rykes – meesal adellikes – verkoop het. ’n Florerende sluikhandel. Dit was nog lank voor die woord “pornografie” beslag gekry het of voordat pornografie gekriminaliseer was. En wie anders as juis ’n Fransman sou hierdie eerste naakfoto’s neem? In 1839 het Louis Daguerre, ’n groot gees in fotokuns, dan inderdaad sy nuwe tegnologie ingespan om sy naaktonele, die sg daguerreo-tipes, die lig te laat sien. Om hierdie foto’s te kon neem, moes hy spesiale toestemming van die Franse Akademie vir die Wetenskappe bekom. Die neem van die foto’s as “praktiese proses” is deur die Universiteit én die Franse regering gekondoneer (en lees maar my onsigbare smiley-emoji hiernaas). Dit was nog lank voor die herrie en hofsake rondom Larry Flynt se Hustler … Daguerre se praktikafotokursus was baie gewild en die akademie se naakfoto’s is as studiehulp aan skilders verskaf. Maar die naakte realisme van die foto’s vs die idealisme, om naakstudies te skilder, het begin kompeteer – en die foto’s het gewen. In Nude Photography 1840–1920 beweer Peter Marshall dat hierdie naakfoto’s, wat deel uitmaak van die kuns van daardie tyd, se erotiese aard alreeds die grens tussen kunserotiek en … nou ja ... pornografie begin oorskry het.

.............
So wonderlik as wat die geboorte en evolusie van fotografie was, só was die skadukant daarvan van die begin af teenwoordig. Die mens voel immers tegelyk aangetrokke tot en gewalg deur die abjekte, en daar was nie grense of beperkings op dít wat gefotografeer mog word nie.
...............

So wonderlik as wat die geboorte en evolusie van fotografie was, só was die skadukant daarvan van die begin af teenwoordig. Die mens voel immers tegelyk aangetrokke tot en gewalg deur die abjekte, en daar was nie grense of beperkings op dít wat gefotografeer mog word nie. Op ’n somber noot: Fotograwe het ook die liggame van hulle kliënte se onlangs oorlede geliefdes afgeneem – lyke, of dan kadawers, as jy wil. Alhoewel die fotografering van geliefdes se stoflike oorskot al sedert die 1860’s ’n gebruik was, het dit ’n opbloei aan die einde van die 19de eeu en die eerste paar dekades van die 20ste eeu beleef. Vandag bestaan nadoodse fotografie hoofsaaklik binne die forensiese wetenskappe soos patologie.

...............
Om die makabere en donker aard van nadoodse, of Victoriaanse nadoodse, fotografie te verstaan, moet mens iets van die konteks van daardie zeitgeist begryp. In die 1800’s het mense vinnig en dikwels gesterf aan siektes soos cholera, skarlakenkoors, tifus, tifuskoors, tuberkulose, ens – mediese kondisies wat vandag voorkombaar en hoogs behandelbaar is. Jou kans om 40 of ouer te word, was nie juis rooskleurig nie.
..............

Om die makabere en donker aard van nadoodse, of Victoriaanse nadoodse, fotografie te verstaan, moet mens iets van die konteks van daardie zeitgeist begryp. In die 1800’s het mense vinnig en dikwels gesterf aan siektes soos cholera, skarlakenkoors, tifus, tifuskoors, tuberkulose, ens – mediese kondisies wat vandag voorkombaar en hoogs behandelbaar is. Jou kans om 40 of ouer te word, was nie juis rooskleurig nie. Veral jong kinders was kwesbaar; en uit ’n gesin met vyf kinders het twee, of selfs drie van die jongelinge vroeg gesterf. Die moeder, vader, oupa of ouma kon ook die treurende familie ontval het – en die oorledene is tussen die lewendes afgeneem met die skyn dat hy/sy nog lewend is. Victoriaanse nadoodse fotografie beweeg wég van die memento mori-sentiment en dui juis op ’n poging om die oorledene “ontsterflik” te maak. Met die neem van die foto word die oorledene figuurlik vir ewig gebalsem. Nadoodse fotografie verklap iets van ’n tragiese poging tot beheer deur die ander geliefdes.

Hierdie fotografie is inderdaad hartverskeurend. Daar was verskillende scenario’s: In die skyn, om die illusie van lewe te bewaar, is blomme en speelgoed soos teddiebere as props in die dekor gevoeg. Die oorledene is sitgemaak tussen die lewende gesinslede. ’n Kenmerk van Victoriaanse fotografie is die feit dat mense baie stil moes sit of staan vir ’n foto, sodat die beeld nie vervloei (blur) nie. Die sluiterspoed van doerie tyd se kameras was pynlik stadig (vandaar die stroewe of verveelde gesigsuitdrukkings: een kameraskoot was ’n láng proses). Die ironie is egter dat die oorlede subjek nie kon beweeg, of rondgewoel het, soos kinders graag doen nie. Vandag is dit moeilik om met die eerste oogopslag vas te stel of daar dooies tussen die lewendes op ’n Victoriaanse foto is. Wat is daardie vreemde kyk in die dogtertjie se oë? Waarom lê die seuntjie so onheilspellend stil in sy ma se arms – slaap hy? Waarom leun die moeder, ondersteun deur haar man, so mankoliek teen ’n staanpaal?

Weer eens: ’n Mens moet insig hê om hierdie argaïese fotopraktyk en die roukultuur van die Victoriane te begryp. Die treurfoto’s was die laaste – of enigste – artefak van die oorledene, júis daarom die pynlike en dwingende noodsaak om die persoon as “lewend” voor te stel. Nadoodse fotografie bevestig die intimiteit wat daar tussen lewende en dooie mense bestaan het, en hierdie laaste memento’s is gewoonlik op ’n kaggelrak uitgestal. Wat vandag skokkend (of taboe) is en ons met afgryse vervul, was minder as twee eeue gelede die hantering van die rou, verlies en die doodsrites van die dag. ’n Mens moet ook in gedagte hou dat die smagting na relieke of artefakte van gestorwe geliefdes so oud soos die mensdom self is; dink byvoorbeeld aan die maak van dodemaskers (uit gips of was) sedert die antieke tye, of die Victoriaanse gebruik om ’n oorledene se haarlokke af te knip en ’n krans daarvan te maak.

Die fotograaf het ook die rol van begrafnisondernemer vervul … Hy kon die oorledene se oë “inverf” nadat die foto ontwikkel is, of die wange in gesonde pienk tint. Dalk slaap die seuntjie op die foto inderdaad net – en dood en slaap, as ’n tweeling, het ’n lang geskiedenis as dit by letterkunde en filosofie kom. Tanatos en sy saggeaarde broer, Hipnos – iemand wat só slaap op ’n foto, kan weer ontwaak en deel in die drome van die lewendes – die finaliteit van die dood word verwerp. Daar is na die “slapendes” op die foto’s verwys as the last sleep of the good death: eufemisme om die pyn van geliefdes se afsterwe te verdoof. Toe die digter Elizabeth Barrett Browning vir die eerste maal ’n nadoodse foto gesien het, het sy uitgeroep: “It is not just the image that is wonderful, but the connection and the sensation of closeness involved in the image … the actual silhouette of the person laying there fixed eternally!”

In Victoriaanse nadoodse fotografie word die dood nie ’n uitstalkas van ekshibisionisme nie, eerder die mimese van lewe tydens ’n laaste sosiale teenwoordigheid. Om ’n foto te neem daardie dae was omtrént ’n okkasie. Wanneer die reisende fotograaf verbykom, het die gesin hulle mooiste kisklere aangetrek en vir die foto geposeer – en só die illusie van ’n voltallige en gelukkige gesin bewaar. Met die talle sterftes was die ratio van nadoodse foto’s versus troufoto’s op ’n stadium 3:1 – fotograwe het met ander woorde meer dooie as lewende subjekte gefotografeer. Met verbeterde fototegnologie het die cartes de visite sy opwagting gemaak. ’n Foto op dun papier is op dik karton gemonteer. En daar was ook die vooruitsig van ’n negatief waarvan daar kopieë gemaak kon word om sodoende die nadoodse foto’s ook aan ander familie en vriende te stuur.

Vandag is Victoriaanse nadoodse fotografie ’n praktyk wat haas uitgesterf het – alhoewel dit in privaatheid op ’n klein skaal voortbestaan. ’n Mens kan die vraag vra of die moderne mens meer gesensitiseer geraak het as dit kom by die aanskoue van lyke – daardie ongenaakbare, finale visuele aanbod van die dood. Dit klink inderdaad so, ook as mens byvoorbeeld dink die hewige debat oor etiek nadat die reeksmoordenaar Ted Bundy tereggestel is met die elektriese stoel en koerante in Amerika voorbladfoto’s van Bundy se lyk oral uitgeblaker het. Natuurlik was die wêreld verlig toe ’n man wat na bewering meer as honderd vroue vermoor het, uiteindelik uit die samelewing verwyder is – maar steeds. Om ’n kadawer te aanskou, voel soos ’n gewisse vuishou op die maag. Vandag word Victoriaanse nadoodse fotografie binne die studieveld van kuns geëer en bestudeer en selfs in sekere kunsuitstallings gebruik. Die (wrang) estetiese waarde van hierdie doodsfotografie is nooit genegeer nie.

Die derde aspek van die skadukant van fotografie waarop ek wil wys, is dié van opportunistiese fotograwe wat inbeweeg het om menslike “fratse” af te neem.

............
Die derde aspek van die skadukant van fotografie waarop ek wil wys, is dié van opportunistiese fotograwe wat inbeweeg het om menslike “fratse” af te neem.
............

Die mediese wetenskap was nog in sy kinderskoene en mense met allerlei kongenitale, metaboliese, chromosoom- of hormoonaberrasies was die sensasionele subjekte van die dag. Die demonisering van hierdie arme mense was wreed – hulle was gedoem tot ’n lewe in Victoriaanse sirkusse om te oorleef. Charles Eisenmann was ’n New Yorkse fotograaf wat mense met hierdie aangebore mutasies sy spesialiteit gemaak het. Hy was in die 1880’s werksaam in die Bowery-distrik, ’n klein, eklektiese gemeenskappie bestaande uit verlooptes, kunstenaars en “freaks”, soos Eisenmann na sy subjekte verwys het. Alhoewel hierdie gewilde fotograaf homself verryk het deur sy foto’s as cabinet cards en versamelstukke aan die middelklas te verkoop, is hy ook van swendelary beskuldig. Sy voorliefde vir die makabere het geen perke geken nie, en by tye het hy gebruik gemaak van humbugs (trieksters) wat vir sy foto’s geposeer het, vergesel van fantastiese verhale en aangrypende fabrikasies. Só het hy byvoorbeeld vroue (“Circassian beauties”) se hare in bier gewas en uitgepof om ’n dramatiese effek te skep, want dié vroue het glo uit ’n Turkse harem ontsnap …

Ook die bekende olifantman Joseph Merrick het onder Eisenmann se lens gekom. En alhoewel ’n mens die fotograaf kan beskuldig van sensasionalisme, het hy, ironies genoeg, ’n belangrike bydrae tot die mediese wetenskap gelewer. Die menslike fratse wat hy so meedoënloos gefotografeer het, het ’n rekord vir latere mediese navorsers geskep om genetiese abnormaliteite te bestudeer. In 1986 het dokters vasgestel dat die olifantman aan die Proteus-sindroom gely het. Danksy Eisenmann se fotografie is daar later jare films oor hierdie mense gemaak, byvoorbeeld The elephant man (1980), en van die hierdie genetiese defekte het deel gevorm van episodes in die televisiereeks The X-files.

’n 1979-monografie, Monsters of the Gilded Age, toon foto’s van Eisenmann se werk, byvoorbeeld Jojo the dog-faced boy; Myrtle Corbin, die meisie met vier bene; die Siamese tweelinge Chang en Eng en Millie en Christine, asook dwerge, vroue met lang baarde en mense met reusagtige voete of reptielvingers. Volgens die filosoof Julia Kristeva se beskouing van abjeksie voel die mens tegelyk aangetrokke tot én gewalg deur gruwels. Of, laat ek binne die hernude gees van wokeness herformuleer: Die mens voel tegelyk aangetrokke tot én gewalg deur die makabere. Mens sien iets hiervan in die skadukant van fotografie, ’n ambivalensie wat resoneer met John Berger se woorde: “The camera relieves us of the burden of memory ... records in order to forget.”  

The post Die skadukant van fotografie appeared first on LitNet.


Miniseminaar: Antjie Somers, ons oudste gender-bender

$
0
0

Onthou jy nog die eerste keer toe jou ma gesê het jy mag nie na sonsondergang buite speel nie? Hoe jou pa bygelas het dat Antjie Somers jou gaan vang? Of was dit jou oupa wat by ’n kampvuur vir jou vertel het van Antjie Somers, die man in vroueklere wat jou in ’n groot sak gaan stop en wegdra? Kom sit hier langs my, dan steek ons weer daai vuurtjie aan en gesels.

Chan Croeser (Foto verskaf)

Die gender-nonkonformistiese volkskarakter Antjie Somers spook al vir eeue in die stowwerige hoeke van Afrikaanse mense se geheues. Daarby vertel elke gesin dié volksverhaal op ’n unieke wyse (Coetzee 1994:68). In die verlede was hulle1 al beskryf as die dorpspook, ’n berg- of riviergees, en selfs ’n laksman wat kwaaddoeners gemartel het en later selfdood gepleeg het (Coetzee 1953:56; 1994:68). Nes hul verhaal neem hul gedaante ’n ander vorm aan na gelang van die verteller. Deesdae staan Antjie Somers landswyd bekend as ’n paaiboelie, spook en heksagtige figuur en word altyd met beide manlike en vroulike eienskappe of gelaatstrekke uitgebeeld. Tog lig min mense ’n wenkbrou hieroor. Antjie Somers se gendernonkonformisme word, nes hul dierlikheid en heksery, juis gebesig om hulle meer duister en dus meer monsteragtig te laat voorkom. Dié soort verteenwoording van gendernonkonformisme hou egter skadelike implikasies in. Vanweë die prominensie van genderkwessies in die kontemporêre openbare diskoers is dit hoog tyd dat ons nadink oor die wyse waarop een van die min welbekende gendernonkonformistiese figure in Afrikaans uitgebeeld word. Verder kan die figuur van Antjie Somers en hul verhaal ’n unieke geleentheid bied om gendernonkonformisme te normaliseer.

Die oorsprong van die Antjie Somers-verhaal is so onbeslis soos hul gender en gedaante. Die eerste bekende gepubliseerde verwysing na Antjie Somers verskyn in 1850 in die Cape Town Mail, waarin daar vermeld word dat ’n soldaat ’n bohaai opgeskop het omdat hy in vroueklere in die strate van Kaapstad verskyn het (Gorelik 2021:13). Later, in 1866, word daar in The Friend vermeld dat Antjie Somers ’n berugte manlike struikrower is wat vroueklere dra (Barnard 2007:68–9).

Illustrasie van Antjie Somers (Beskikbaar in die openbare domein op OpenStax, vir gratis gebruik vir opvoedkundige doeleindes)

Tog bestaan vele ander weergawes van die verhaal en kan daar dus aangeneem word dat die legende al moontlik voor 1850 in omgang was. Sommige vertellers meen dat Antjie Somers vlerke aan hul voete het, en dat hulle onsigbaar kan word (Grobbelaar, Hudson en Van der Merwe 1977:64). Ander vertellers meen weer dat hulle akkedisoë en ’n haaslip het en blitsvinnig van plek tot plek kan spring. In die verlede het sommige selfs hul naam gebruik om neerhalend te verwys na vroue wat broeke of geskeurde klere dra (Grobbelaar ea 1977:74).

Antjie se verhaal word egter hoofsaaklik deur grootmense gebruik om kinders skrik te maak, en Antjie word ook duidelik met gewelddadige misdaad geassosieer. Al word hulle deur die eeue met verskillende gedaantes uitgebeeld, word hul deurgaans uitgebeeld op ’n wyse wat genderkategorieë verdoesel. In sommige weergawes van die verhaal waar Antjie as ’n struikrower figureer, dra hulle vroueklere om voor te gee asof hulle ’n hulpelose ou vrou is en hul slagoffers só te flous (Gorelik 2021:7). In ander weergawes is Antjie weer ’n soort helleveeg, ’n managtige vrou met ’n krom neus en oë wat vuur kan skiet (Coetzee 1951:5,10; Grobbelaar 1981:835). Antjie se gendernonkonformisme blyk dus ’n opmerklik belangrike element van dié bangmaakstories te wees en hul gendernonkonformisme word trouens aan hul uitbeelding as krimineel, monsteragtig en boosaardig gekoppel.

Dié soort uitbeelding van trans- en gendernonkonformistiese mense is ongelukkig ’n redelik algemene verskynsel, omdat heteronormatiewe ideale rondom gender maklik só afgedwing kan word. Flieks soos The silence of the lambs (1991) en Psycho (1960) beeld byvoorbeeld gendernonkonformistiese mense as reeksmoordenaars of geestesongesteld uit. Ook Wes-Europese sprokies wat terugdateer na die eerste helfte van die 19de eeu sluit kriminele fopdosserkarakters in (Gorelik 2021:9). In In a queer time and place ondersoek Jack Halberstam (2005:70) ook ander uitbeeldings van gendernonkonformistiese mense en identifiseer hy hoe hulle gereeld as eksentriek, misleidend, vreemd en bedrieglik getipeer word.

Ongelukkig sluit die mees onlangse vertolking van Antjie Somers se verhaal, Tertius Kapp se minireeks Die spreeus (2019), aan by die bogenoemde uitbeelding. Hierin word Antjie Somers uitgebeeld as ’n waansinnige fopdosser met bonatuurlike kragte wat kinders betower en in ’n ritueel opoffer. Soortgelyk aan vroeëre uitbeeldings van Antjie Somers skep Kapp se uitbeelding van Antjie die indruk dat gendernonkonformistiese mense gevaarlik is en dat gendernonkonformisme bloot ’n goëltoertjie is om mense mee te fop.

Volgens William R Bascom (1954) het volksverhale vier funksies, waarvan die volgende drie vir dié bespreking ter sake is: 1) Volksverhale regverdig die rituele en instellings van ’n gegewe kultuur. 2) Volksverhale word gebruik as ’n pedagogiese instrument om bepaalde waardes en sedes vas te lê. 3) Volksverhale word gebruik om sosiale beheer uit te oefen deur sosiale druk op die kulturele groep op te lê. Gevolglik kan daar aangevoer word dat Antjie Somers se volksverhaal (bewustelik of onbewustelik) gebruik word om die verstoting van gendernonkonformistiese mense te regverdig en genderbinariteit te verskans, en dat vrees daardeur gebruik word om vanaf ’n jong ouderdom gehoorsaamheid aan heteronormatiewe ideale af te dwing (Croeser 2020:33).

Antjie Somers figureer al eeue lank in ’n menigte Afrikaanse huishoudings en oral waar Antjie se stories reis, lyk dié gender-bender anders. Hier as ’n heks, daar as ’n dief, word Antjie deur grootmense te voorskyn geroep om kinders bang te maak sodat hulle gehoorsaam sal wees. Maak nie saak hoe baie male Antjie Somers van gedaante verwissel nie, Antjie word deurgaans as ’n gender-bending paaiboelie uitgebeeld. Dus blyk dit dat dié bangmaakstorie nie net gebruik word om kinders oor vreemdelinge te waarsku nie, maar ook om gendernonkonformisme as boosaardig uit te beeld en sodoende afsku daarvoor aan te moedig.

Illustrasie van Antjie Somers (Beskikbaar in die openbare domein op OpenStax, vir gratis gebruik vir opvoedkundige doeleindes)

Hiermee insinueer ek allermins dat ons vir Antjie moet uitgooi met die badwater. Dit sal eintlik tot ons nadeel wees om ons oudste gender-bender van kant te maak, juis omdat hulle so ’n belangrike figuur is. Trouens, Antjie Somers is een van die invloedrykste en gewildste volkskarakters in Afrikaans. Hoewel verteenwoordiging van gendernonkonformisme toeneem in die media, bly Antjie een van min genderonvaste2 volkskarakters in die wêreld (Gorelik 2021:1).

Antjie Somers bied dus ’n gulde geleentheid om gendernonkonformisme te vier, mits hulle van hul status as paaiboelie losgemaak word. Tog bly staan die vraag of dit wel moontlik is. Dit dien geen doel meer om Antjie as ’n paaiboelie uit te beeld nie. Bo en behalwe hoe skadelik dit is om gendernonkonformistiese mense só uit te beeld, stel ek voor dat Antjie nou as mities en magies eerder as boosaardig en vreesaanjaend gesien word. Gorelik (2021:17) voer aan dat hulle nie meer ’n belangrike funksie as ’n paaiboelie vervul nie, aangesien hul nie meer uitdrukking gee aan die samelewing se vrese nie. Verder voer hy aan dat daar om dié rede nie meer in die moderne wêreld vir Antjie ’n plek is nie. Hy meen dat ander figure soos Pinky Pinky vir Antjie vervang het.

Na my mening maak dít dit juis moontlik om Antjie te herinterpreteer en kan veral queermense dié gender-bender vir hulle toe-eien. Pieter W Grobbelaar (1981:355) beskryf Antjie Somers inderdaad as “die veelsydigste karakter in ons volksoorlewerings”. Ook hul storie is veelsydig, aangesien dit met elke oordrag ’n stertjie by kry of verander. Soos ek elders toelig (Croeser 2020), is dit juis hul gendernonkonformisme wat hulle en hul storie so veelsydig maak. Die onvastheid, vloeibaarheid en veranderlikheid van hul gender, gestalte en verhaal leen sigself tot herinterpretasie.

Verder is daar deesdae ’n menigte voorbeelde van queermense wat karakters wat die rol van die skurk speel, vir hulle toe-eien (Burger 2022). Disney-skurke soos Ursula van The little mermaid en Cruella De Vil van A hundred and one Dalmatians wat as queer gekodeer word, word nou byvoorbeeld herinterpreteer (Griffin 2000:73; Mostert 2022). Juis as gevolg van Antjie Somers se veelsydigheid as volkskarakter bied dié verhaal kreatiewe moontlikhede om Antjie Somers te herinterpreteer. As sulks is dit moontlik vir Antjie om weer van gedaante te verwissel. Soos ander figure wat deur queermense toegeëien word, kan Antjie Somers herbedink word en kan hul verhaal (weer eens) ’n ander, meer positiewe vorm aanneem.

As sulks bied Antjie Somers ’n gulde geleentheid om gender-nonkonformisme te vier terwyl ’n vernuwe weergawe van hul verhaal gebesig kan word om Afrikaanse lesers, klein en groot, bloot te stel aan gendernonkonformisme op ’n wyse wat aanvaarding eerder as afsku aanmoedig.

 

Bibliografie

Barnard, M. 2007. Cape Town stories. Kaapstad: Struik.

Bascom, WR. 1954. Four functions of folklore. The Journal of American Folklore, 67(266):333–49. DOI: 10.2307/536411.

Burger, B. 2022. Korrespondensie. 19 Augustus, Kaapstad.

Coetzee, A. 1951. Kinderskrik en funksionalisme. Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal, 8(1):1–10.

—. 1953. Die Afrikaanse volkskultuur: Inleiding tot die studie van volkskunde, Kaapstad: AA Balkema.

Coetzee, A en PW Grobbelaar (reds). 1994. Abel Coetzee en sy rubriek “Waar die volk skep”: Vroeë Afrikaanse volkskultuur. Stellenbosch: Genootskap vir Afrikaanse volkskunde.

Croeser, C. 2020. A wilting whisper of Antjie Somers: A meditation on the witchery and gender-nonconformance of Afrikaans folklore figure Antjie Somers. Scrutiny 2, 25(2):23–39. DOI: 10.1080/18125441.2020.1859605.

Demme, J (red). 1991. The silence of the lambs [film]. Orion Pictures.

Griffin, SP. 2000. Tinker Belles and evil queens: The Walt Disney company from the inside out. New York: New York University Press.

Grobbelaar, PW. 1981. Die volksvertelling as kultuuruiting met besondere verwysing na Afrikaans. PhD-proefskrif, Universiteit Stellenbosch

Grobbelaar, PW, CW Hudson en H van der Merwe. 1977. Die Afrikaner en sy kultuur, Deel IV: Boerewysheid. Kaapstad: Tafelberg.

Halberstam, J. 2005. In a queer time and place. New York: New York University Press.

Hitchcock, A (regisseur). 1960. Psycho [film]. Universal Studios.

Mostert, J. 2022. Korrespondensie. 20 Augustus, Kaapstad.

Net die stoute kinders. 2019. Die spreeus. Reeks 1, Episode 12. KykNet, 25 Junie 2019.

 

Eindnotas

1 Aangesien Antjie gendernonkonformisties is, sal ek deurgaans die gender-neutrale voornaamwoord “hulle”/“hul” gebruik om na hulle te verwys.

2 “Genderonvas” word gebruik deur queermense wie se genderidentiteit of -uitdrukking vloeibaar is. Genderonvaste mense se genderidentiteit of -uitdrukking verander oor tyd of van dag tot dag.

 

Die bydraes vir LitNet se miniseminaar, “Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era”, is hier beskikbaar:

Miniseminaar: Kinder- en jeugboeke vir ’n nuwe era

Lees ook:

Omstredenheid en kleuter-, kinder- en jeugliteratuur

Wydlopende kommentaar deur akademici op Van Coller-debat

Persverklaring: Hennie van Coller bedank as voorsitter van die SA Akademie se Letterkundekommissie

Gendertemas in Topsy Smith se Trompie-boeke

Trompie ’n chauvinis?

SJ Naudé se toespraak by ontvangs van die Hertzogprys

Dit sou inderdaad skokkend wees: ’n analise van Hennie van Coller se ope brief aan SJ Naudé

Jeugboeke se storm en drang: Onstuimige gesprekke en versugtings na tienerreekse wat die ouers onthou

The post Miniseminaar: Antjie Somers, ons oudste gender-bender appeared first on LitNet.

Persverklaring: Karatara by die Baxter

$
0
0

Foto: Hans van der Veen

The Baxter Theatre Centre, in samewerking met KKNK, Suidoosterfees, TOYTA US Woordfees, NATI, City of CT en die Wes- Kaapse Regering, bied aan: Karatara, geskryf deur Shaun Oelf en Wilken Calitz.

Foto: Hans van der Veen

Grant van Ster, Shaun Oelf and Dean Balie is te sien in hierdie veelbesproke nuwe dansdrama. Na ’n tweejaarlange vertraging, weens die pandemie, debuteer Karatara by KKNK 2022 met ’n uitverkoopte speelvak. Die produksie word hiertydens bekroon met ’n Kanna-toekenning vir Beste Debut Produksie. Ander nominasies sluit in: Beste Teaterproduksie, Beste Regisseur, Beste Teaterontwerp.

Karatara vertel die verhaal van die verwoestende Knysna-brande in 2018. Op die 29ste Oktober van daardie jaar word ’n klein dorpie verswelg in ’n vlammehel. Die inwoners het bykans al hulle besittings verloor, sommige hul lewens. Die roerende dansdrama handel oor die verlies van familie, tuiste, gemeenskap en grondgebied. Dit ondersoek verder die komplekse ras- en sosiale geskiedenis tussen gemeenskappe van die area, en die wyse waarop politieke magte en sommige media-instellings die tragedie uitgebuit het.

“Die Karatararivier, boetie. The deep dark place.
Hy sluk alles in. Al die neighbourhoods langs hierdie swart slang in die Outeniqua – húlle sluk al alles vir jare en jare en jare”.

“Karatara is sintuiglike ervaring waar rou talent geslyp is tot professionaliteit,” Anroux Marais, minsiter vir Sport en Kultuur in die Wes-Kaap.

“Boeiend. Kartara sal nooit weer dieselfde betekenis het, Karatara drives you to action. Impossible to forget,” Shihaam Domingo, The Domingo Effect.

“’n Moet-kyk, absoluut ongelooflik!” Marion Holm, Aktrise.

  • Vervaardiger & produksiebestuurder: Marié Vogts
  • Regisseur en klankontwerp: Gideon Lombard
  • Akteurs: Dean Balie, Grant van Ster, Shaun Oelf
  • Choreografie: Ontwikkel deur die gesleskap
  • Verhoogbestuurder: Andi Colombo

TYDSDUUR: 50min
TAAL: Afrikaans, English, and Dance
KONTAKPERSOON: Marie Vogts: 071 965 2870, info@marievogts.com
KAARTJIES: Webtickets: https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1515226033

20 – 24 September om 19h00
21 – 22 September om 11h00
24 September om 15h00

R180 / R100 Pensioentrekkers

The post Persverklaring: <i>Karatara</i> by die Baxter appeared first on LitNet.

Persverklaring: Die Vrystaat Kunstefees is terug

$
0
0

Die Vrystaat Kunstefees bied in Julie vanjaar vir die eerste keer die hoogs suksesvolle Mini-MARK aan, op die Bloemfontein kampus van die Universiteit van die Vrystaat (UV). Die feesspan maak nou gereed vir ’n aansienlike groter fees, wat vanaf 2-8 Oktober 2022 ook op die UV-kampus, sal plaasvind.

Die Vrystaat-gesetelde fees is ’n Afrikaanse taalfees, wat ook kreatiewe verbintenisse met Sesotho en Engelse kulture asook nasionale en internasionale kreatiewe skeppendes smee. Die fees bied jaarliks ’n enorme artistieke aanbod, van vlagskip-teater-dans-en-musiekproduksies in Afrikaans, Engels en Sesotho tot literatuur, kunsvlyt, klankkuns, en visuele en eksperimentele kuns.

Die Vrystaat Kunstefees is deesdae een van die belangrikste kunstefees op die Afrika-vasteland en bied ’n groot verskeidenheid nasionale en internasionale produksies en projekte aan.

Hans steek die Rubicon oor bied aan teatergangers hoogs komiese drama oor oudword. Hierdie komedie, gebaseer op Rudie van Rensburg se gelyknamige roman en met Charlie Bouguenon in die hoofrol, beloof om pret vir alle ouderdomme te wees.

Elzabé Zietsman vertolk ’n sleutelrol in die sielkundige riller, Tom gaan plaas toe, waarin ’n familie se disfunksionele verhoudings, en ‘n nalatenskap van leuens en traumas, ondersoek word. Hans steek die Rubicon oor en Tom gaan plaas toe word beide goedgunstiglik ondersteun deur die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi).

Die Vlaamse regering in Suider-Afrika ondersteun die vertoning And still the rain kept falling softly .... ruimhartig. Die stuk vloei uit die pen van die Vlaamse skrywer, toneelspeler en teatermaker, Peter de Graef, terwyl Stef De Paepe, Vlaamse dramaturg en draaiboekskrywer, as die regisseur optree. Gerben Kamper en Peter Taljaard is verantwoordelik vir die vertaling van die teks, met John Paka en Boitumelo Mohutsioa in die rolverdeling.

Bekende Bloemfonteinse teatermaker, skrywer en regisseur, Nico Luwes, bring vanjaar twee produksies na die Vrystaat Kunstefees. Die ernstige Aku vang 'n ster is 'n spanningsdrama wat afspeel in die onherbergsame Noord-Kaap. Daarteenoor vertel Waaihoek se Vinkel en Koljander – ‘n musikale klug die verhaal van tweelingbroers Koljander en Vinkel, wat as sesjariges per ongeluk in die Kaap geskei word. Waaihoek se Vinkel en Koljander beloof familiepret uit die boonste rakke.

In samewerking met die Universiteit van Johannesburg, bied die kunstefees The Paper Double-Bill aan. Twee nuwe Suid-Afrikaanse tekste, en dus twee nuwe toneelstukke, met twee akteurs, een stel en een regisseur sluit in Papercuts, wat temas van liefde, eensaamheid, en vrouwees ondersoek, asook Waiting for Lift-Off wat handel oor twee susters wat probeer om oor oseane heen met mekaar kontak te maak.

Verskeie interdissiplinêre kunsprojekte ondersoek op genuanseere wyse geslagsgebaseerde geweld. Die multimedia kunsinstallasie She had a name, is ‘n huldeblyk aan en erkenning van elke vrxu wat haar lewe verloor as gevolg van geslagsgebaseerde geweld. Till Death Do Us Part betrek ’n multimedia vertoningskuns optrede waar intieme verhoudingsgeweld ondersoek word, terwyl Yekabani le Panty (Wie se panty is dit) ’n plekspesifieke, uitvoeringskuns aanbieding is, wat die patriargale strukture, wat veral in ‘n Suid-Afrikaanse konteks op vrxue afgedwing word, ondersoek.

’n Absolute hoogtepunt op die musiekprogram is DROOMLAND – Solo-KlavierKonsert. DuPreez Strauss tree reeds vir twaalf jaar op as medemusiekregisseur en orkesdirigent vir Disney se The Lion King musiekblyspel. Beleef in DROOMLAND jou gunstelingkinderherinneringe, nuutgemaak met klavierinterpretasies en Afrikaanse storievertellings. Hierdie kontemporêre musiekblyspel is familievermaak vir alle ouderdomme.

’n Volgende hoogtepunt is ‘n opvoering deur Dan Patlansky, wat terugkeer om Suid-Afrikaanse gehore met ’n elektriese volorkes te vermaak. In hierdie aanbieding bied Patlansky ’n moderne kinkel op dit waarvoor hy die liefste is: blues-musiek.

Vanjaar bied die Vrystaat Kunstefees ’n nuutgeskepte Blêrkas aan, op die rooi baksteen parkeerterrein agter die Odeion-teater. Die Blêrkas speel vanjaar die gasheer vir ’n wye verskeidenheid opwindende plaaslike en nasionale musikante, insluitend The mojo hands, Liv Die, Safety First, Belinda van Zee & Amy Aldeia, Rise in Red, Black cat bones, Van Pletzen, Francois van Coke, Angie Oeh, en Bouwer Bosch.

Twee treffende, dog uiteenlopende visuele kunsuitstallings, is Pitika Ntuli se baanbreker-solo-uitstalling Azibuyele Emasisweni (Return to the Source) en Taalgenoot en André Badenhorst se foto-uitstalling. In Azibuyele Emasisweni, wat by Oliewenhuis Kunsmuseum te besigtig is, maak Ntuli gebruik van 45 beeldhouwerke van been om “die toestand van die nasie in ’n seisoen van wetteloosheid te voorspel”.

Daarteenoor stel die Taalgenoot en André Badenhorst se foto-uitstalling ’n verskeidenheid gedrukte voorbladfoto’s, asook foto’s uit fotoverhale, in die foyer van die ATKV-Boeke-oase ten toon. Hierdie foto’s verskyn sedert 2016 in die bekroonde tydskrif en sluit in werke van onder meer Bibi Slippers, Gerald Rudolf en Rayton Rodeo.

Die jaarlikse flimfees word soos oudergewoonte aangebied by die Filmstudio van die Visuele Media Hub op die UV-kampus. Film hoogtepunte sluit in die Duitse drama Breathing (2012), die Spaans-Boliviaans film Even the rain (2011) met Gael García Bernal in die hoofrol, die Italiaanse fantasie-drama Happy as Lazzaro (2018), die Franse periode-drama Portrait of a lady on fire (2019), en die Spaanse regisseur Pedro Almodôvar se 2019 treffer Pain and glory met Antonio Banders en Penelope Cruz in die rolverdeling.

Die Vrystaat Kunstefees bied verjaar in samewerking met die Sustaining Theatre and Dance (STAND) Stigting, die Theatre and Dance Alliance (TADA) en NATi die Pen to Paper-projek aan. Pen to Paper betrek ’n soektog na tekste deur Suid-Afrikaanse toneelskrwyers wat nog nie voorheen opgevoer is of as volledige produksies op die verhoog te sien was nie. Die projek beoog om nuwe en kontemporêre tekste aan gehore en potensiële regisseurs bekend te stel, om die tekste te help ontwikkel, asook om ‘n nasionale toerprogram van stapel te stuur.

Vanjaar se Vrynge sluit veelseggende, betekenisvolle werke in wat komplekse onderwerpe soos selfdood, diskriminasie en geestesgesondheid aanspreek. Produksies ondersoek identiteit, konflik, geslag en politiek op genuanseerde wyses. A Broken Sarafina (An Ongoing Discourse) vertel ‘n relevante en kontemporêre verhaal, aangebied deur studente vanaf verskillende fakulteite van die Universiteit van die Vrystaat (Bloemfontein-kampus).

In Mothers' Grimm is Gouelokkies, Aspoestertjie, Slapende Skone, Bose Koningin, Raponsie en Anansi almal deel van ‘n verhaal oor grootword. Daarteenoor vertel T!kam ‘n verhaal wat afspeel ná die moord op ‘n transgender man in ‘n Namakwalandse gemeenskap. T!kam is ‘n versdrama wat LGBTQIA+ geweld oopvlek met Esme Marthinus en leerders van Hoërskool O’kiep in die rolverdeling.

Die Vrystaat Literatuurfees bars weer vanjaar uit sy nate met van die voorste Bloemfonteinse en Suid-Afrikaanse skrywers en digters op die program. Skrywers om na uit te sien, sluit in Dianne du Toit Albertze, Annerle Barnard, Hannes Barnard, Zelda Bezuidenhout, Susan Coetzer, Pieter Fourie, Herman Lategan, Maretha Maartens, SJ Naudé, Elias P Nel, Zarine Roodt, Madelein Rust, Lindie Stander, Zirk van der Berg, Amos van der Westhuizen, Irma Venter, Fanie Viljoen, Adele Vorster, en Chris Vorster.

Verskeie paneelgesprekke vorm deel van die program, insluitend die UV se jaarlikse Denkleier-gesprek wat vanjaar deur Pieter du Toit gefasiliteer word. Turksvy Publikasies (Hannes Visser, Marlene Malan en Daniel Hugo) bied ‘n interaktiewe werkswinkel oor twee dae aan, genaamd die Turksvy skryfskool vir skrywersontwikkeling.

Die Hulde-aan-Helde-reeks word weer by die Nasionale Afrikaanse Letterkunde Museum en Navorsingsentrum (NALN) aangebied en huldig vanjaar vir Jaap Steyn, Anna M. Louw en Elsa Joubert. Die altyd gewilde Ruda-om-11-reeks, met bekroonde joernalis, Ruda Landman is ook terug. Landman gesels met onder meer Max du Preez, Charne Kemp, en Julian Jansen.

Die De Schrijverswerf-projek beoog om ’n gemeenskap van skrywers, digters en teatermakers te vestig wat deur hul taal verbonde is aan die Nederlandstalige gemeenskap. Hierdie taalgemeenskaplikheid sluit deelnemers in vanaf Nedeland, Vlaandere, Suriname, en Suid-Afrika. Vier opwindende projekuitsette, naamlik ‘n Briefwisseling/Letter Exchange, ’n musikale intervensie genaamd Wiegeliedjies, Volksverhale, Kinderliedjies en Kleuterversies, ‘n visuele kunsuitstalling Tussen media, over talen heen wat ‘n treffende aanbieding van poësie op skilderdoek betrek, en laastens ’n weeklange skrywerslaboratorium, Schrijvers-Zwervers, met die finale produk wat op die laaste dag van die fees voorgedra sal word.

Projekvennote van De Schrijverswerf sluit in Die Nederlandse Taalunie in Nederland, Vlaandere en Suriname, en die Vlaamse Regering in Suider-Afrika.

Besoek die Vrystaat Kunstefees se webblad by www.vrystaatkunstefees.co.za om die feesprogram te besigting. Toegangskaartjies tot die feesterrein en teateraanbiedinge is reeds te koop by: https://www.webtickets.co.za/.

Vir meer inligting oor vanjaar se Vrystaat Kunstefees epos gerus vir mark@vrystaatkunstefees.co.za.

The post Persverklaring: Die Vrystaat Kunstefees is terug appeared first on LitNet.

Skoenlapperstories (1)

$
0
0

 Proloog

Tydens die skryf
van my skoenlapperstories,
het ek gevoel
soos ’n bricoleur[1]
’n ma en ouma
besig om
sonder ’n plan
’n huis te bou

Ek het gebou soos ek my bakstene kry –
foto’s, versinde dialoë,[2] gedigte –
dan het ek dit toegesmeer met klei.[3]

Eers later sien ek toe
’n groter prentjie ontvou
soos ek die stories
uitdink en onthou.

Soms wanneer ek dink
die dinge wat ek weet
het ek lankal vergeet
kry ek dit tog dan weer
as ek sien
hoe die nageslag
se vlerkies
vlugtig, dalk skaam
saggies oopmaak
en bewe
keer-op-keer
op-en-neer fladder
dan boontoe
dartel
en sierlik
in die lug
swaai en sweef
op soek na die blom
met die meeste nektar

Dan weet ek dat ek weet:
daar is ’n groter mosaïek
wat ek in my wese weef
ek is deel van ’n
misterieuse
groot geheel

My kinders

Toe my kinders in hul hoërskooljare was, het ek saam met hulle in Hoërskool Voortrekker se koshuis in Pietermaritzburg gewoon – hulle was in die skool, ek het Afrikaans onderrig vir Zoeloesprekende-onderwysstudente by ’n onderwyskollege in Imbali, en ek was inwonende personeellid in die genoemde koshuis. Dit het my gehelp om finansieel te oorleef ná my egskeiding.

Ek het nie eintlik ’n vreeslike moederinstink (soos ander mense daarvan praat) gevoel nadat hulle gebore is nie. Op ’n stadium hier in die koshuis het ek nie iemand gehad wat gehelp het om my woonstel skoon te maak en wasgoed te was en te stryk nie, en ek het dit self gedoen. Terwyl ek so die kinders se skoolklere gestryk het, was ek skielik oorweldig deur ’n gevoel van liefde vir hulle. Ek het bewus geword van die trane wat in my opwel en hoe my hart swel.

’n Haikoe

Met vlindervlerke
duik julle diep in my hart
sterliewelinge

Die storie van die skoenlapper wat besig was om uit sy kokon te kom en nie gehelp moet word deur die gat groter te maak nie – omdat skoenlappers self moet sukkel om uit te kom, want so ontwikkel hulle spiere[4] – het my aangeraak.

Ek het besef dat ek drie skoenlapperkinders die wêreld ingebring het en hul lewens bietjie moeilik laat word het as gevolg van my egskeiding. Die storie van die skoenlapper wat self spiere moet ontwikkel om uit die kokon te kom, sodat sy/hy kan vlieg en vir die wêreld vreugde kan bring met haar/sy kleure (sien hieronder), het my hoop gegee dat my kinders se spiere om heel mense te wees en word, wel sal ontwikkel. Uiteindelik het dit ook vir my duidelik geword dat ék weer die skoenlapper van my voorsate is.

-o0o-

Drie skoenlapperkinders uit my skoot wat so van mekaar verskil. Ek onthou ’n uitvoering van die Noord-Transvaalse Jeugkoor toe ons nog in Louis Trichardt gewoon het. Ian (toe ongeveer 7 jaar oud) het pas ’n elektroniese horlosie gekry en hy het die hele aand gesit en druk aan knoppies – totaal ongepla met wat op die verhoog aangaan. Marijke (5 jaar oud) het kriewelrig rondgeskuif op haar stoel en geïrriteerd met my geraas omdat ek gesê het dit gaan ’n konsert wees – sy het meer aksie verwag. En liewe, klein kleuter Anika wat nog leer om te praat, sit voor op haar stoel, vasgevang deur die musiek en stemme en sê: “Mamma, dit my mooi, dit my baie mooi.”

*

In ’n sandspel-en-kreatiewe-skryfsessie (2014) wat ek saam met my vriendin Martie Rottier georganiseer en aangebied het, het ek die volgende (eie) sandbak gebou – terwyl die deelnemers elkeen hulle bakke gebou het met miniatuur-items – om uit te beeld watter skoenlappers elkeen van my kinders (en my lewenswerklikheid en drome) uitbeeld.

Ian is die silwer skoenlapper wat ’n pienk skoenlappervrou huis toe gebring het, Marthie, wat nou ook my dierbare meisiekind geword het. By hulle is daar hul kinders wat, saam met die Switserliewelinge, in aparte lande help om my hart te steel, so asof hulle saamgesweer het. Vier hier te lande en twee daar ver in die doerte.

-o0o-

Ian – my geliefde seun in wie ek ’n welbehae het

Ian, die stil, goedgeaarde seuntjie wat heeldag homself kon besig hou met sy Lego’s en karretjies. Hy het op 2-jarige ouderdom ál die karre op die pad kon benoem wanneer ons iewers ry in die Johannesburgse gemeente. Ek moes soms eers tot vlak by ’n kar kom om self te lees watter soort dit is, maar klein Ian het dit geken.

Ian, die populêrste seun in die hoërskoolkoshuis in Pietermaritzburg – aldus een van die manlike inwonende personeellede – juis as gevolg van sy droë of soms skerp humor. In my woonstel is hy die lang slungel van ’n rankplant wat hom smiddae oor my bank drapeer om TV te kyk.

Ian, die een wat nie daarvan hou dat juis hy die asblikke moet skoonmaak nie, en die kok wat die heerlikste pizzas kan bou en ons laat smul aan die bief-en-kaas-burgers dat die sop so spat oor naweke wanneer daar nie kos in die gemeenskaplike eetkamer voorsien word nie.

Ian, wat voorstel dat ons soggens saam ontbyt eet in plaas daarvan om dit onder in die eetkamer van die koshuis te gaan nuttig.

Ian, die slim seun wat dikwels rekenaarspeletjies van ander seuns af kry en op my rekenaar laai, wat die virusse afhaal wat dit soms veroorsaak, en my geduldig help om te formateer wanneer ek met my meestersverhandeling besig is.

Ian, die een wat by my geld leen om afgeleefde motors te restoureer en telkens te verkoop teen ’n redelike wins, waarmee hy my terugbetaal (met rente) as vergoeding.

Ian, die een wat nog ’n dogter byvoeg by my bestaan – sy het een geword met Ian en is daarom ook een met my, liefste Marthie.

Ian, die een met ’n teer en jammer hart, wat ná sy ouma (Mooi Annie) se begrafnis (in 2001) vertel dat hy nog net twee maal in sy volwasse lewe gehuil het – die ander keer was toe sy tweede kind (Nathan) drie weke te vroeg gebore moes word en in die hoësorgeenheid vir kinders by Unitas-hospitaal gehou is. Daar het hy sy vinger uitgesteek na die baba en die klein dingetjie het sy vingers om sy pa se vinger gekrul.

Ek is baie trots op Ian en Marthie wat so dapper hul lewens ná groot finansiële nederlae, asof van voor af, weer begin het en met liefde vir mekaar en vertroue op hul Skepper vorentoe loop. Ek weet goed dat hulle swaarkry hulle nader aan mekaar getrek het.

Ek onthou ’n elektroniese gesprek met Marthie waar ek vir haar geskryf het dat ek regtig my hoed vir haar afhaal. My woorde: “Ek bewonder jou vir wat ek nie kon regkry nie: eers het jy van my seun ’n mens gemaak, en nou skep jy so ’n ‘happy family’”.

Marthie se reaksie:

“Mmm. As Ma maar net weet hoe Ma se seun ons bymekaar hou. Soms is ek die gom en soms is hy. En die tyd wat ek die afgelope ruk saam met Anika gespandeer het, laat my wonder … dan dink ek Ma het fantasties gedoen. Ek en Ian het gisteraand gepraat dat dit net genade is. Dat ek en hy die afgelope 2 jaar veral deur ’n bakoond is en nog saamstaan as ’n gesin, dis genade. Een ding wat Ma se seun by Ma geleer het, en daar is baie ander dinge ook, is die woord ‘tenacity’. En sonder dit weet ek darem nie of al die gelukkige oomblikke sou gebeur het nie. So ja … dankie vir die vroeë vormingsjare. Al het Ma dit dalk meestal op Ma se knieë deurgebring …”

Marthie se lappieskombers

Ek het met die blou begin en dit voel so sag soos die plekkie wat jy in my hart ingeneem het.

Hierdie kleure maak dat ek my opnuut verwonder oor jou vermoë om jou gesin met al die skakerings van menswees in ’n pragtige patroon te verweef.

Lila-pers: Ek ken nie jou gedagtes nie, maar vir my is jy rein van hart.

Met die turkoois inspireer jy my met jou (skynbaar) onuitputlike energie vir jou gesin, tesame met jou groot en warm hart waarmee jy my altyd begroet en so my siel voed.

Die “45 shades of pink” laat my dink aan jou as ma, minnares en vrou – volpunte vir jou! Ook bonuspunte vir jou deernis en passie vir lewe.

Die poeierblou, ligte-grys en wit nooi my uit om jou brose menslikheid raak te sien en te respekteer. Ook om te weet dat ek jou nooit wil seermaak nie.

Die sagte wit maak my opnuut bewus van jou betroubaarheid en ek het waardering vir jou vermoë om (ten spyte van en te midde van) wisselende omstandighede en uitdagings ’n omgewing van stabiliteit te skep waar jou gesin altyd weet hulle kan staatmaak op jou liefde, omgee en hulp.

Bravo Marthie!

-o0o-

Marijke – my lewenslustige Mamma-meisiekind

Die oranje skoenlapper in die sandbak is Marijke wat saam met haar Suid-Afrikaanse-Duitse man en twee dierbare kinders in Switserland woon. Oranje is Marijke se kleur. Dalk pas die oranje spesifiek by haar omdat sy vir ’n jaar lank as au pair gewerk het by ’n Nederlandse gesin in Den Haag. Dis ’n uitbundige kleur, vrolik en vol lewe. Ek is bly dat Marijke se oë nie meer lyk soos iemand wat ’n “survival addict” is nie. Sy het deesdae so ’n sprankel in haar oë – asof sy iets weet wat ander mense nie weet nie. En die een na die ander kreatiewe projek en produk verskyn uit haar hande en hart.

My ode aan haar:

Liefste Marijke:

i) Hoe kon jy weet – toe jou babasussie dertig jaar gelede jou ander naam nie kon uitspreek nie en jou “Malaika” (Swahili vir “engel”) noem – dat engele ook

– stres,
– menstrueer,
– moeg word,
– wil slaap as alles te veel word,
– nie kan wegvlieg nie?

ii) Wie het kon raai

–      dat jy die beste mamma ooit sou word,
–      dat die stories, gediggies en liedjies wat jy as kleuter tot vervelens toe oor en oor wou hoor, sê en sing, jou sou voorberei en toerus om eendag jou eie kinders kultureel-ryk te laat aanpas in Switserland – sodat hulle Afrikaans, Duits, Engels en Swiss kon leer praat/verstaan voordat hulle 4 jaar oud sou word,
–      dat jy ’n storie of liedjie oor bykans alles sou kon onthou of uitdink om stres te verlig of konflik te ontlont in enige gespanne situasie met jou kinders?

iii) Het jy ooit kon dink tydens jou liefdesteleurstellings as tiener

–      dat die beste man iewers ’n sleutelhouer met ’n “M” daarop by die strand opgetel het, gewag het om jou sy prinses te maak, jou drome op ’n vreemde en spanningsvolle manier waar laat word het toe hy jou weggevoer het op ’n avontuur in ’n vreemde en verre land,
–      dat hy jou en julle kinders met dierbaarheid sou versorg, help en liefderyk ondersteun,
–      dat hy selfs met deernis jou afgetrede ma sal herberg gee in sy koninkryk en finansieel sal versorg?

*

Marijke-lief, my hartedief:

Ek wou graag vir jou wys
hoe die son die wolke beïndruk
as hy stralend ondergaan
en hoe die maan haar oog knip as sy
skelm agter die berg opkom
Ek wou ook vir jou
kos gee uit my hand

*

Maar ai!
die wind het my moed weggewaai
die branders het my asem gebreek
die sand het al die hare op my tande gesteel
my laat voel
en onthou
van swoeg
en sweet

*

Gelukkig was die sandman daar
om jou te help
om ’n prent te bou

’n Swerm woorde kom in my op
wat ek nie vir jou
kon vlieg nie

*

Marijke, die woudnimf wat kaalvoet trou (in 2001) en later ’n woudspeelgroepie het (in 2014).

Pragtig hoe sy ’n doring uittrek en Rolf wat haar geniet

Marijke en haar woudspeelgroepie

*

Daar is twee situasies van ons twee in die koshuis, wat my te binne skiet: die eerste een was dat sy op ’n keer vir my gesê het toe sy by my kom kuier het: ”Mamma, ek hou nie daarvan dat jy skottelgoed was of iets anders doen as ek by jou kom kuier nie, ek wil hê jy moet in my oë kyk.” Dit het my nogal bewus gemaak van haar menswees en my (moontlike) afsydigheid – dalk wat hulle noem “multi-tasking”. Die ander situasie(s) was dat ek en sy in haar matriekjaar gereeld elke Woensdag gaan koffie drink het by die (nuwe) koffiewinkel in die Tatham-kunsgalery. Dit was ’n diep leer ken van mekaar.

Toe sy in die volgende jaar Nederland toe is om daar te au pair, het ek haar erg gemis, veral omdat ons so na aan mekaar gegroei het.

As die son in die môre
oor my vloer kom loer
Dan weet ek ...
jy is nie meer
hier nie

As ek soms verbyloop
en na die kunsgalery staar
Dan weet ek ...
ons was daar

Hier en daar
vleg deurmekaar
en verdwaal in die doolhof
van my verlange
na jou

Eenkeer het ek vir Marijke gevra wat sy by my geleer het. Haar antwoord was onomwonde:

“Ek het geleer dat daar altyd uitkoms is. So baie kere was daar kampe en geleenthede wat ons as jong mense wou bywoon en jy het altyd eers ‘nee’ gesê, dat daar nie geld is nie. En tog kon ons altyd gaan. Ek is nie seker waar die geld vandaan gekom het nie. Ek wonder vandag nog hoe jy met R3000 per maand uitgekom het, want dit was jou salaris. Wat ek wel weet, is dat jy drie werke gedoen het op een slag. Die feit dat ons gratis in die koshuis gewoon het en jy ook ’n klein toelaag gekry het vir die toesig wat jy oor die meisies hou, was een. Verder was jy Saterdae ’n tutor vir Unisa wat ook ’n geldjie ingebring het. En dan was daar natuurlik jou werk as dosent by die Indumiso-onderwyskollege waar jy vir Zoeloesprekende studente Afrikaans geleer het. Jy het ook by Lifeline gewerk as ’n berader, maar ek dink dit was vrywillige werk.”

’n Ode aan Marijke (op die wysie van ’n pantoen)

avontuurlustig bou jy saam met Rolf sy koninkryk in Swiss
liefdevolle en moedige mamma van Katja en Florian
dierbare dogter van Estelle met gene van Mooi Annie
jy kon nie wag om gebore te word nie: hier’s ek, wêreld!

liefdevolle en moedige mamma van Katja en Florian
vlytige hande en allerlei planne vir jou woudspeelgroep
jy kon nie wag om gebore te word nie: hier’s ek, wêreld!
geheimsinnig jou glimlag – ons eie (sierlike) Mona Marijke

vlytige hande en allerlei planne vir jou woudspeelgroep
dapper bosnimf wat kaalvoet trou in ’n tuin met dorings
geheimsinnig jou glimlag – ons eie (sierlike) Mona Marijke
ondeund en kreatief skep jy betekenis met jou hande, jou gees

dapper bosnimf wat kaalvoet trou in ’n tuin met dorings
avontuurlustig bou jy saam met Rolf sy koninkryk in Swiss
ondeund en kreatief skep jy betekenis met jou hande, jou gees
dierbare dogter van Estelle met gene van Mooi Annie

Marijke se gehekelde laslappiekombers

Hieronder sien ek die ooreenkoms tussen my, Marijke en die Mona Lisa-portret:

Da Vinci (1503–1506) | Estelle (1972) | Marijke (2013)

*

My drie kinders se pa is oorlede een jaar terwyl ek in Switserland gekuier het. Ian en Anika wou versoening hê met hulle pa omdat elkeen van hulle twee nog – om verskillende redes – ’n sterk wrok in hulle harte gekoester teen hom en hulle het albei teruggekom met vrede in hulle harte.

Marijke het nie gegaan nie – dalk omdat ek daar gekuier het en sy reeds vroeër die jaar by hom gekuier het toe hy verjaar het. Toe ek en die dogters Pietermaritzburg toe verhuis het, het ek dikwels die gevoel gekry dat sy met haar grootmoedige hart my wou beskerm ná die egskeiding.

Tydens hierdie tyd het sy wel haar hart teenoor my oopgemaak. My gesprek met haar:

“Toe ek hoor dat ek saam met Mamma moes weggaan toe Ma en Pa geskei het, was ek baie omgekrap.”

“Hoe so?” vra ek, omdat ek sien sy begin vertel hoe sy eintlik gevoel het oor die egskeiding, tot dusver het sy nie eintlik daaroor gepraat nie.

“Ek het eintlik nie van Mamma gehou nie en ons het nie ’n goeie verhouding gehad nie. Pa was eintlik die een met wie ek lekker dinge gedoen het, Mamma was altyd amper-kwaai en baie afstandelik. Ek het verstaan dat julle ooreengekom het dat Ian by Pa gaan bly en ons meisies by jou, maar…“ Ek sien die trane in Marijke se oë en wil instinktief my hand op hare sit, maar dan is dit Rolf wat sy arm teer om haar skouers sit.

“Maar mettertyd het ek jou op ’n nuwe manier leer ken, Moeks. Jy het regtig probeer om vir ons lekker en interessante toebroodjies te maak. Kook kon jy regtig nie, miskien omdat Ouma Annie so lank by ons gebly het en altyd kos gemaak het. En ons twee het begin om koffie te gaan drink in ’n kunsgalery in die dorp, net ek en jy. Dit was goed vir ons albei en ek het so baie in daardie jare by jou geleer wat my voorberei het vir my eie getroude lewe. Jy het ook baie planne uitgedink en gehelp om my te laat studeer, al het ek altyd geweet daar is nie geld nie.”

Om tog wel hulde te bring aan haar ontslape pa, het Marijke ’n ode geskep om te pas by ’n foto wat sy in haar album gehou het, om gelees te word by haar pa se begrafnis.

n Ode aan my pa

Saam met jou het ek gevlieg ná jy jou Cessna-lisensie gekry het.
Gekyk hoe alles klein word soos ons bo dit uitstyg
Tyd gemeet. Afstand bereken.

By jou het ek geleer vuurmaak. Braai.

Soggens het jy ons
met dawerende klassieke musiek gewek.
Warm ontbytpap gemaak,
maar tog net nie Maltabella nie.

Later het ek nadat ons twee
in die oggend gedraf het
saam met jou koffie gedrink.

Kanse het jy gewaag.
Lorrie gekoop.
Oorvloed aartappels gekoop
en gebring aan dié in nood.

Saam het ons boom geklim
om avo’s en mango’s te smous
’n huis en swembad gebou en geverf.

Jy het my geleer om met agteroor-flippe
in die swembad in te duik.

Na jou toe wou ek
so baie busse, treine,
selfs vliegtuie neem.
Na jou en jou geliefde
Soetwater-Venda.

Saans het jy my die sterre gewys,
hulle name en stories vertel.
Saam het ons gekamp.

Ten spyte van hoë druk
het jy jou mening gehuldig,
teen dié sterker as jy,
en swaar het jy betaal.

Dinamies.
Begaafd.
Vasberade.
Vol moed.

Ek was vir jou lief, Pa.
Ek sal vir jou ’n foto wys
sodat jy kan sien
hoe ek gelukkig-tevrede
en knus by jou sit.
Kamerade.

-o0o-

Anika – my sterogieskind

Die skoenlapper in die sandbak met die kitaar by die Switserse huis is Anika. Sy was ’n sangeres van folk-cum-blues musiek voor sy Switserland toe is om te au pair en het toe getrou met die aantreklike Switserse “bergman” wat 14 jaar ouer as sy is en haar in Suid-Afrika kom haal het.

By haar in die sandbak is ook nuwe takkies aan die groei. Sy is ’n kweker en groeier van onder andere basiliekruid. En sy kan kos maak soos min, haar hande staan regtig vir niks verkeerd nie – gasvrou par excellence het sy haar eie B&B in Adelboden bestuur, wat spesifiek wanneer daar ski-vakansies is, populêr en in aanvraag was. Sy is nie net gasvry met haar kos nie, haar hart is ook groot vir haar familie en vriende.

Die huis het dooie takkies in plaas van stereotipiese (Switserse) rooi blommetjies, want dit lyk of haar siel besig is om te verdroog – haar gees word nie meer soos voorheen gevoed deur haar kreatiwiteit en haar musiek nie. Sy komponeer nie meer liedere nie, sy skep nie meer lirieke nie, sy sing nie meer uit haar hart nie. En haar hart het leeg geword, want die huwelik werk nie uit nie.

Anika is die een wat sorg vir my finansiële voorsiening (tuis in Stellenbosch en later in Strand nadat ek afgetree het), terwyl sy getroud is met Röbi in Adelboden, Switserland. Na haar toe kan ek vlug as dit te intens word by Marijke se gesin, en ons speel saam gholf bo in die berg.

Toe ek eenkeer by haar kuier in Switserland, koop sy vir my gholfklere, want, het sy gesê, sy doen dit omdat sy as volwassene nou voel of sy vir my kan teruggee wat ek vir haar gegee het.

“Hoe bedoel jy?” wou ek nuuskierig weet. Ek het besef Anika is ook besig om iets van haarself te openbaar.

“In Stellenbosch het jy vir my duur klere gekoop, onder andere R400 betaal vir Levi-jeans, terwyl ek geweet het jy het nie soveel geld nie. Toe ek dit onlangs vir jou vertel, kon jy nie eers onthou nie. Jy was so totaal vrygewig en het altyd my behoeftes raakgesien, al het ons op ’n stadium nie goed klaargekom toe ek ’n moeilike tiener was nie.”

“Vertel meer,” wou ek weet.

“Ek onthou wel die blou kitaar wat ek so begeer het in Pietermaritzburg nadat ek die kitaar wat iemand by die kerk vir my geleen het, moes teruggee. Ek het dag vir dag daarmee gaan sit en speel in die musiekwinkel, en op ’n dag het die winkeleienaar vir my gesê dit is sowaar myne, want jy het dit vir my gekoop. Ek kon uit my vel spring van opgewondenheid. Mamma, jy het regtig my so aangemoedig in my musiekloopbaan. Ongelukkig is die kitaar toe gesteel in Pretoria toe ek dit vir iemand leen – ek het gedink ek leen dit vir iemand soos wat ’n ander persoon ook sy kitaar vir my geleen het.

“Die ontwikkeling van my musiektalent het eintlik al begin toe ek drie jaar oud was en jy my langs Ouma Annie laat staan het toe ons een Kersfees by familie gekuier het en Kersfees-liedere gesing het. Jy het agtergekom dat ek intuïtief harmonieer en dis iets wat jy nie kon doen nie – ek het dit dus by my ouma geleer deur langs haar te staan as ons sing.

“Jy het ook vir my vertel dat ek sku was vir ’n kamera en geweier het om te glimlag, totdat jy my gevra het om iets te sing, dan was ek tuis.

“Later het jy in die kerk waar jy die orrelis was, altyd wanneer die dominee gepreek het, my besig gehou deur die klank af te sit en dan kon ek op die klawers speel soos wat ek wou. Ek het nogal myself verbeel ek kan so goed soos jy speel.

“Mamma, jy het finansieel swaargekry om ons groot te kry,” sê Anika, amper bewoë.

Terwyl ek nog in Strand gewoon het en ’n poësiedag in Stellenbosch bygewoon het, is Randall Wicomb ons gas en later in die jaar is hy oorlede. Voor sy afsterwe, het hy hierdie (sy laaste) CD met ’n boodskap aan Anika gestuur:

*

Toe ek verhuis het (in 2017) om by Anika te gaan woon in Sedgefield, het ek opnuut bewus geraak van haar engelestem en persoonlikheid:

’n Tanka

So ongelooflik
om agter te kom hoe min
’n mens nodig het
vir my: komper, internet,
’n bril, ’n kar, ’n engel

Anika se gehekelde lappieskombers: ’n Pantoen

Blou is die poele waarin ek kan afkoel as jy met deernis na my kyk
Groen wys jou vingers in jou plante waarmee jy die wêreld gesond maak
Pienk is jou dierbare hart waarmee jy sorg vir my
Pers dui op jou spiritualiteit en die diepte in jou

Groen wys jou vingers in jou plante waarmee jy die wêreld gesond maak
Grys wys jou brose menslikheid
Pers dui op jou spiritualiteit en die diepte in jou
Swart is jou pyn wat jy oorwin het

Grys wys jou brose menslikheid
Geel is die humor wat ons soms deel
Swart is jou pyn wat jy oorwin het
Purper en maroen is jou passie en vindingrykheid wat jou drome vlerke gee

Geel is die humor wat ons soms deel
Pienk is jou dierbare hart waarmee jy sorg vir my
Purper en maroen is jou passie en vindingrykheid wat jou drome vlerke gee
Blou is die poele waarin ek kan afkoel as jy met deernis na my kyk

*

Anika, wat my twee keer help om te trek terwyl ek in Strand woon. Ons telefoonoproepe is min maar kosbaar en telkens ’n kuur vir een van ons twee se hardlywigheid! Ons neem ’n road trip van Strand na Tongaat om my kar by Ian te los toe ons dink ek gaan Switserland toe trek. Sy wys vir my die Slapende Skoonheid by Riversdale en ek wonder soms of ek ook sal wakker word uit my eie slaap. Baie spesiaal is ons besoek aan die St Beatus-grotte in Spiez (in 2013) in die mooiste maand van Leipoldt, waar ek afskeid wil neem van my grotbehoefte. Dit is egter so mooi dat ek besluit grotte kan maar deel van my bly.

Grot

uitsig groot en wyd
dartelende en skimmige torings terg
stippeltjies groen
van veraf lok en wink
valleie
mirages van lafenis
warm oranje gryns
kartelende klip kraak en kners
vergroei oor leeftye heen
kyk en sien

-o0o-

Uiteindelik is my hart vol van vervulling en genoegdoening as ek al drie my kinders met my 65ste verjaarsdag sien, beleef en ervaar.

Geseënd is ons wat ons kinders kan aanskou en beleef.

-o0o-

Eindnotas en verwysingsbronne:

[1] Kincheloe, J.L. 2004. Introduction: The power of the bricolage: Expanding research methods.

In: Kincheloe, J.L. en K.S. Berry (reds.). Rigour and complexity in educational research: Conceptualizing the bricolage. New York: Open University Press, ble 1–22.

[2] Die volgende aanhaling verduidelik waarom ek dink dit is in orde dat ek dialoog kan fiksionaliseer en nie verbatim hoef weer te gee nie – laasgenoemde is onmoontlik omdat ek die situasies en konteks kan onthou, maar nie die spesifieke woorde nie:

“Man’s mind possesses a magic by which it can extract the soul of the actual thing or event, and confer it on any medium which is convenient to him, the wall of a cave, or a plate of gold, or a scrap of paper.”

(Bosanquet, E. 2013. Three Lectures on Aesthetic. In: Cloete, T.T. (red.). Die ander een is ek. Kaapstad: Pooka, bl 42).

[3] Die “klei”, klippe en stene in my storie is ek – my waarnemings, herinneringe, gedigte, ensovoorts.

[4] The Lesson of the Butterfly:

December 10, 2007 (by Paulo Coelho)

The Lesson of the Butterfly

The post Skoenlapperstories (1) appeared first on LitNet.

Kleur en Karamel: ’n Onderhoud

$
0
0

In Februarie 2022 verskyn wat beskryf word as die eerste lesbiese romantiese werk in Afrikaans, Kleur en Karamel deur Analize Viljoen, by LAPA Romanza. Nie net het dit al gelei tot ’n akademiese artikel (De Korte en Sutton 2022) wat in Stilet se Populêre Fiksie in Afrikaans verskyn het nie, maar Ilse de Korte het besluit om met hierdie besonderse skrywer te gesels om meer te wete te kom oor haar boek.

Titel: Kleur en karamel
Skrywer: Analize Viljoen
ISBN: 9780639607252
Uitgewer: Romanza

Analize, baie geluk met jou twee onlangse publikasies! Nie net sien jou en Trisa Hugo se boek Oor en weer die lig nie, maar dan skryf jy wat beskryf word as die eerste lesbiese romanse in Afrikaans! Hoe het dit gekom dat jy Kleur en Karamel geskryf het?

LAPA Uitgewers het my genader en gevra of ek so ’n boek sal wil skryf, na aanleiding van die selfdegeslagverhouding in my en Trisa Hugo se boek, Oor en weer. Ek het toe dadelik ja gesê, want ek het gedink dit is ’n lekker uitdaging. Oor die volgende dag of twee het idees losweg in my kop gekom, maar al wat ek van daardie aanvanklike idees gebruik het, was dat die storie in Swellendam afspeel. Dit was asof Swellendam die hele tyd in my kop opgepop het as ek aan die storie dink, en toe besluit ek, oukei, duidelik wil die meisies in hierdie storie in Swellendam bly. Die boek begin waar Hanri, wat huise verf, pas klaar is met ’n verfprojek. Toe ek die bladsy geskryf het, het ek nog nie geweet waar die storie heen gaan nie, maar dit het stadigaan alles vanself in plek geval en begin ontwikkel.

Is Kleur en Karamel jou eerste romanse en is dit jou gekose genre?

Dit is my eerste romanse, maar ek dink vrouefiksie is die genre wat vir my natuurlik kom. Ek sal egter baie graag ook ander genres wil probeer skryf.

Het LAPA as uitgewer enige voorskrifte gehad waarby jy moes hou vir hierdie boek (bo en behalwe nou die gewone voorskrifte vir Romanza)? 

LAPA het geen voorskrifte gehad nie. Lisa Immelman het my gekontak en gevra of ek ’n lesbiese Romanza wil skryf, en dit was eintlik maar die hele opdrag! Ek kon self besluit oor die storie, die karakters, hulle beroepe en al die res. Lisa het net vir my die vereistes vir ’n Romanza gestuur. Sy het gesê ek kan ook self besluit hoe warm ek die liefdestonele wil maak.

Was daar enigiets wat jy liefs moes vermy of dalk selfs bywerk? 

Nee, glad nie. Hulle het gehou van die storie soos dit was, en van die karakters ook.

Ná die eerste weergawe het hulle gevra dat ek die backstory van die twee karakters net meer inkleur. Ek moes so bietjie dieper ingaan op Lily se redes vir waarom sy aanvanklik nie vir Hanri wou val nie.

Ek moes ook daarop let dat ek die woord “mos” te veel gebruik! Ek het toe ’n klomp mosse gaan uithaal! 

Het jy gevoel jy moes die boek sanatize wanneer dit kom by die verhouding tussen Lily en Hanri? 

Nee, nie juis nie. Ek het wel van die begin af gedink ek maak dit maar nie te wild nie, maar meer omdat ek wou fokus op die emosionele sy van hulle verhouding, en vir mense wou wys dat dit maar net ’n liefdesverhouding is soos enige ander. Ek dink ek sal graag in ander boeke bietjie meer seks inskryf waar dit ’n doel dien, maar ek wou niemand afskrik met die eerste een nie. Ek het soort van gedink die storie is vir my die belangrikste. Enige iemand wat sex for sex’s sake wil lees, kan dit op die internet gaan soek! Interessant genoeg, in Oor en weer, die boek wat ek saam met Trisa Hugo geskryf het, is daar ook ’n lesbiese verhouding, en die sekstonele is aansienlik meer stomend, maar ons het minder negatiewe kommentaar gekry. Inteendeel, ons het niks gekry nie! Almal het gesê die seks in die boek (Oor en weer) is smaakvol en maak hulle nie ongemaklik nie. Maar dis ’n liefdesroman (so sê hulle – ek dink dis ’n verhoudingsroman) en het ’n heel ander teikenleser as Romanza. Die negatiewe kommentaar op Kleur en karamel was ook uitsluitlik van mense wat nie die boek gelees het nie en dit wou duidelik maak dat hulle nie wil of sal nie. LAPA het selfs ’n e-pos gekry van iemand wat haar kommer en teleurstelling uitgespreek het!

Het jy geskryf met ’n straight leserskap in gedagte? Om hulle so half op te voed of was jou gedagte om vir lesbiese lesers te skryf?

Bietjie van al twee! My eerste gedagte was om vir lesbian lesers te skryf, maar ek moes in gedagte hou dat Romanza ’n gevestigde handelsnaam is en dat daar ook ’n Romanzaklub is en dat lede elke maand vier boeke kry. Myne was die 5de een vir Februarie. Dit sou beteken dat alle Romanzalesers daarvan sou kennis neem, en dat dit vir lesbian lesers eintlik heel nuut sou wees. Ek wou vir seker vir lesbians sommer net ’n lekker ligte liefdesverhaal gee, maar ook vir straight lesers wys daar is niks om voor bang te wees nie. Ek wou hê hulle moet sien wat Alta Cloete gesien het toe sy oor die boek gesels het op Boekemakranka – liefde is liefde, en dis net ’n liefdesverhaal. Die ander kant was natuurlik ook dat ons geen maatstaf gehad het van hoe so ’n boek sou verkoop onder Afrikaanse lesers nie. Die marknavorsing het gewys die lesers is reg daarvoor, en dat lesbians sowel as straight lesers van liefdesverhale dit sal lees, maar ek weet eintlik te min daaroor. Ek glo Lisa (wat intussen weg is by LAPA) sou meer inligting kon gee oor hoe hulle die besluit daaroor geneem het. 

Wat was die reaksie op Kleur en Karamel? Was daar enige uitermatig-negatiewe terugvoer of was die reaksie grotendeels positief? Was daar enige kommentaar wat jou regtig geskok het?

Daar was ’n paar negatiewe kommentare, maar uitsluitlik van mense wat nie die boek gelees het nie, en ’n probleem gehad het met die tema. Een persoon het gesê dit vergiftig haar siel. ’n Ander een het gesê sy is straight en sy wil nie ’n lesbiese verhaal lees nie. Dit was vir my vreeslik ironies, want in al die dekades wat liefdesverhale al beskikbaar is, moes gay vrouens wat van liefdesverhale hou maar lees oor straight paartjies se verhoudings, want dit was al wat beskikbaar was. Dit blyk dat die persoon steeds vasklou aan die uitgediende idee dat slegs haar eie heteroseksuele oriëntasie oukei en aanvaarbaar is. Al wat ek kan sê, is dis heeltemal oukei. Jy hoef niks te lees wat jy nie wil lees nie, maar as jy dit sou lees, sou jy dalk ’n bietjie insig kry. Ek kan ook nie help om te wonder of sy ook nie moordverhale lees nie, omdat sy nie ’n moordenaar is nie. Uit ’n morele oogpunt is moord vir my baie verkeerd, en liefde tussen twee vroue is maar net wat dit is. Dalk is dit net ek...

Is Kleur en Karamel die einde van Hanri en Lily se storie of kan lesers uitsien na nog van hul storie?

Dit is die einde van Hanri en Lily se storie as sodanig, maar hulle het ’n vriendin wat nog enkellopend is. Ek het Maryke se storie begin skryf, en Hanri en Lily is ook in die storie, maar LAPA het reeds laat weet dat hulle nie verdere lesbiese Romanzas gaan publiseer nie. Dit lyk vir my asof die boekwinkels nie juis die boek wil aanhou nie, want ek kry baie navrae van mense wat sê hulle kry nie die boek te koop nie. Van die winkels sê hulle sal dit op aanvraag bestel, maar mens het nie ’n graad in bemarking nodig om te weet dat dit nie die beste manier is om iets te verkoop nie. Nou sal ons maar moet sien wat verder gebeur.

Vertel ons ook ’n bietjie meer van Oor en weer.

Oor en weer is ’n roman wat ek saam met Trisa Hugo geskryf het. Dit gaan oor ’n onwaarskynlike vriendskap tussen twee buurvroue wat soos dag en nag verskil. Ten spyte daarvan raak hulle lewens verstrengel en hulle leer hoe kosbaar vriendskap is en eintlik maar hoe mens jou sielfamilie kies. Ons het dit uit die twee hoofkarakters se perspektiewe geskryf, Trisa uit Manda s’n en ek uit Billie s’n.

Manda is ’n kluisenaar wat ingehaal word deur trauma uit haar verlede, en Billie is pas geskei en in ’n komplekse verhouding met ’n Irakese vrou. Hulle begin op mekaar steun en hul vriendskap help al twee om sin te maak van hul onderskeie situasies.

Oor en weer was in 2021 een van die drie finaliste vir ’n ATKV Woordveertjie in die liefdesromankategorie. Lees gerus meer oor Oor en weer hier.

Lees ook:

’n Skeppie Kleur en karamel vir jou vrugteslaai

The post <i>Kleur en Karamel</i>: ’n Onderhoud appeared first on LitNet.

Is my waarheid dié waarheid? ’n Lesersindruk van Toe als groen was

$
0
0

Titel: Toe als groen was
Skrywer: An-Mari do Carmo
Uitgewer: 
LUCA
ISBN: 9781776357574

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer daarvan aan LitNet gestuur.

Vandat ek ouer is, wonder ek al meer oor die ding van reg en verkeerd. As ek dit reg het, is die grootste deel van ons land se mense Christene. Die meeste van ons is grootgemaak met die kerk en die Bybel as riglyn vir jou lewe.

Ek wil hierdie konsep of siening uitdaag. Is my waarheid dié waarheid? Hoe seker is ek, ek is nie besig om teen die verkeerde muur uit te klim nie, net om bo te kom, en te besef dit was die verkeerde leer?

Die pandemie het ’n groot impak gemaak op ons tradisionele manier van godsdiensuitoefening. Ek kon nie na ’n gebou toe gaan om meer van God te leer nie. Die alternatief was om deur middel van sosiale media na predikers en kerkdienste te kyk en te luister; mense van regoor die wêreld en van verskillende kerke. Ek het ook met ’n hengse ontnugtering besef dat my verhouding met die Here niks te doen het met die sogenaamde kerk nie, die gebou, instansie, in baie gevalle, die onderneming. Ek wil my verstout deur te sê meer mense as ooit het begin bid en na God gesoek as voor die pandemie. Ek glo dat daar ’n verdieping in die meeste mense se verhouding met God plaasgevind het. Als sonder die “kerk”.

Ek as Christen glo dat ek die waarheid ken. Daar is geen ander waarheid nie. Of is ek dalk net verkeerd? Wat van al die ander gelowiges van ander gelowe? Is hulle op pad hel toe omdat hulle nie Christene is nie?

***

Teen hierdie tyd is jy al seker goed moerig vir my, of jy het ’n duisend redes waarom jy my dringend moet kontak. Byt asseblief net nog so ’n bietjie vas.

An-Mari het grootgeword op ’n plaas naby KwaSizabantu in KwaZulu-Natal. Haar ouers was lede van die sending, en sy het vir drie jaar by haar ouma op die sending gewoon. Ek self was al by hierdie sendingstasie. Baie goeie goed word daar gedoen, maar dit is op die oppervlak. Wat gebeur onder die oppervlak?

In Suid-Afrika het ons al meer as een keer beleef dat korrupsie hand aan hand gaan met mag en beheer. Dit is asof die duiwel sit en wag vir iemand om op die troon te sit. Dis volgens berigte ongelukkig ook die waarheid van KwaSizabantu.

Die Bybel word gebruik om mense te beheer. Kontak tussen mans en vroue is geheel en al verbode, en sou jy hierdie reël oortree, is daar drakonies teen jou opgetree. Dit het volgens berigte onvermydelik gelei tot ’n vrugbare teelaarde vir geslagsgeweld, molestering en mishandeling; dit te midde van ons stryd teen geweld teenoor vroue en kinders in Suid-Afrika.

Ek weet dat ek spesifiek gevra het waarom mans en vroue van mekaar geskei word. Die antwoord was dat die Zulu-kultuur voorhuwelikse seks en losbandigheid ondersteun, en dit is teenstrydig met die lering in die Bybel.

Uit my beperkte verwysingsraamwerk van ’n laerskooldogtertjie was dit nie ’n antwoord nie, eerder ’n verskoning. Vandag maak daardie ongemak vir my sin, of eerder onsin. As jy ’n kind, wat ’n diabeet is, nooit blootstel aan die bestaan van suiker nie, gaan dit hom of haar keer om te weet wat suiker is? Dit is belaglik! Dit is niks anders as beheervergrype nie.

***

Hoe werk plekke wat ander met godsdiens beheer?

Daar is “councillors” vir elke persoon op die sending, wat jou geestelike mentor is en ’n leier by wie jy gereeld jou sondes moet gaan bely. (Dit is reeds teenstrydig met die Woord: “As Ek jou vry gemaak het, is jy waarlik vry…”)

Word niks dan uit liefde gedoen nie? Is alles vreesgedrewe en met straf afgedwing? Omdat dit daardie mense se opvoeding is, is dit hulle waarheid:

  • Ek mag nie wêreldse flieks kyk nie,
  • ek mag nie romans lees nie,
  • ek mag nie na popmusiek luister nie,
  • ek mag nie verleidelike klere dra nie,
  • ek mag nie romantiese gedagtes kry nie,
  • ek mag nie nié gaan bely nie,
  • ek mag nie wees wie God my as mens geskape het nie,
  • ek moet doen wat daar vir my voorgeskryf word.

Met ander woorde: Dink en doen wat daar vir jou gesê word. Moet om Vadersnaam net nie vir jouself dink nie, en behoede jou as jy iets verkeerds doen. Dan is die gort gaar!

Hoe ontwikkel jy as mens in sulke omstandighede?

  • Wie is ek?
  • Waar pas ek in?
  • Waarvan hou ek?
  • Hoe kry hierdie instansies dit reg om van die see ’n visdam te maak?

In hierdie vreeslike, kunsmatige perfeksie skuil daar skynbaar altyd een of meer monster wat net wag om toe te slaan. Dit is gewoonweg die slagoffer se skuld as daar molestering, verkragting of mishandeling plaasvind. Dit word ’n inwendige besering wat later jou hele wese besmet met skuldgevoelens en oordeel.

Hierdie siek dade word klaarblyklik by kultusgroepe deur die leiers gepleeg en dit word nooit ontbloot nie. Kriminele en kindermolesteerders is skynbaar in beheer van onskuldige slagoffers, en hulle behou hierdie posisies omdat dit geregverdig word met ontkenning deur die beheerliggaam.

Waarom daar nie krimineel teen sulke mense opgetree word nie, weet ek nie.

Ons het verseker die beste grondwet met die minste trefkrag in die wêreld.

Is dit hoe Suid-Afrika is? Hoe vrotter jou psige, hoe groter is jou huis, jou pens en hoe blinker jou motor?

Dit neem jare en hope van ons belastingbetalers se geld om ’n krimineel agter tralies te kry. En as, ’n baie groot “as”, die betrokke persoon daar kom, word dié kwansuis beter behandel as die meeste van ons bejaardes en haweloses in ons land.

***

An-Mari vertel die verhaal van Marné wat wegloop en by haar tannie gaan bly om weg te kom van die sending. Sy word gekonfronteer met normaliteit wat nie deel is van haar verwysingsveld nie. Die klere wat ander mense dra, veroorsaak dat sy mense met die eerste oogopslag veroordeel. Sy leer ook ’n God van liefde ken, wat met genade na haar kyk en vergifnis gee sonder oordeel en verdoeming.

Sodra sy die onderskeid kan maak tussen dogma, mensgemaakte wette en die waarheid, vind sy haar menswees en vryheid in God.

***

Hoe weet jy, jy ken die waarheid?

Die antwoord is binne-in jou. Jy weet. ’n God van liefde dwing niks op mense af nie. Hy lei jou, en Hy sal altyd vir jou wag as jy nou en dan van die pad af dwaal agter ’n sappige appel aan. Hy is altyd dieselfde, dis mense wat verander, en dit is soos dit hoort.

Wat is jou maatstaf? Liefde of straf? Soos ek reeds gesê het, dis nog altyd daar, dit gaan altyd daar wees, dieselfde gister, vandag en môre; al is daar iets of iemand wat hierdie mistieke, ongelooflike waarheid misbruik en probeer aanpas tot voordeel van hul eie boosheid en gierigheid. Die waarheid sal altyd seëvier.

***

An-Mari do Carmo, baie dankie vir hierdie boek. Ek vermoed ek het meer emosies beleef terwyl ek Toe als groen was gelees het, as wat ek dalk in my hele lewe moes konfronteer. Ek meet ’n boek aan die tipe vrae wat dit oor my eie sienings ontketen. Gaan dit van my ’n beter weergawe van myself maak? Beslis!

Lees ook:

Toe als groen was deur An-Mari do Carmo – resensie en onderhoud

The post Is my waarheid dié waarheid? ’n Lesersindruk van <i>Toe als groen was</i> appeared first on LitNet.

Reguit met Robinson: Sal Liz Truss ’n haas uit die hoed kan pluk?

$
0
0

Liz Truss, die nuwe premier van Brittanje, neem die leisels by die gediskrediteerde Boris Johnson oor te midde van baie ontwrigtende wêreldgebeure, met Brittanje wat dit ernstig beleef.

Freek Robinson vind meer uit by politieke ontleder Theo Venter en Roland Henwood, dosent in politieke wetenskap aan die Universiteit van Pretoria.

Lees en kyk ook:

Boris: Hero to zero in three years

Reguit met Robinson: A conversation with John Simpson from BBC News

The post Reguit met Robinson: Sal Liz Truss ’n haas uit die hoed kan pluk? appeared first on LitNet.


Graad 8: Afrikaans Eerste Addisionele Taal – toets en memo, derde kwartaal

$
0
0

Prent: https://pixabay.com/photos/farm-market-potatoes-spuds-healthy-3901428/

Is jy in graad 8 en wonder jy wat het hierdie Afrikaans Eerste Addisionele Taal-toets deur Dewald Koen met die prys van eiers te doen? Nogal baie! Dit kan jou gedurende die toetsreeks help met jou voorbereiding. (Dit het ook met die prys van aartappels te doen, maar jy gaan die toets gratis hier moet aflaai om te sien waarom dit so is.)

Klik hier om die toets gratis in PDF-formaat af te laai.

Klik hier om die memo gratis in PDF-formaat af te laai.

Lees ook:

Graad 8: Natuurwetenskappe, November-vraestel en -memorandum

Wiskundevraestel en memorandum (November, graad 8, seniorfase)

Graad 8 Eerste Addisionele Taal – Taaloefening en memo met Best Books

Indeks: notas, toetse en vraestelle

 

The post Graad 8: Afrikaans Eerste Addisionele Taal – toets en memo, derde kwartaal appeared first on LitNet.

Persverklaring: Ons wil onnies in die Oos-Kaap help om leerders aan die skryf te kry!

$
0
0
25 November 2022 in Gqeberha
26 November 2022 in Somerset-Oos

Vrydag 25 November 2022
Die Hoër Seunskool Grey, Gqeberha
Bespreek nou! Klik hier.
Tyd: 13:00–15:00

Saterdag 26 November 2022
Gill College, Somerset-Oos
Bespreek nou! Klik hier.
Tyd: 09:00–11:00

Magic om AL jou leerders aan die skryf te kry!

Kom laat Thérèse Hulme se narratiewe benadering jou inspireer om uit niks uit ’n skryfkultuur in jou klas te vestig met haar nuwe boek vol kopoopmaak-vrae en praktiese oefeninge vir leerders, herkouvrae vir onderwysers en besprekings wat nuwe insigte bring na KABV-taaldoelwitte.

In dié boek bring Thérèse haarself as digter, terapeut en gemeenskapswerker byeen in die hoop dat meer leerders, deur hul verhouding met hul onderwyser, hul stemme kan ontdek en laat hoor. 'n Bespreking van die nuwe HT-gedigte aangebied deur Marieta Nel en EAT-gedigte deur Rika Boucher sal ook deel wees van die program!

Die eerste 300 inskrywings ontvang ’n gratis kopie van Thérèse Hulme se boek en gratis verversings sal voorsien word. Die slypskole vind onderskeidelik in Gqeberha en Somerset-Oos plaas. Vir meer inligting, kontak gerus vir Marieta Nel by mnel@penguinrandomhouse.co.za.

Lees ook:

Press release: We want to assist teachers in the Eastern Cape to get their learners excited about writing!

The post Persverklaring: Ons wil onnies in die Oos-Kaap help om leerders aan die skryf te kry! appeared first on LitNet.

Press release: We want to assist teachers in the Eastern Cape to get their learners excited about writing!

$
0
0
Friday 25 November 2022 in Gqeberha 
Saturday 26 November 2022 in Somerset East

Friday 25 November 2022
Grey High School, Gqeberha
Book now! Click here.
Time: 13:00–15:30

 

Saturday 26 November 2022
Gill Gollege, Somerset East
Book now! Click here.
Time: 09:00–11:30

Get your learners excited to write!

My Word! tells the stories of Thérèse Hulme and the young people that she’s worked with during the last seventeen years.

Thérèse has taught many learners in some of the most marginalised communities in the Western Cape how to write and how to find their voices. Her narrative approach will, in turn, inspire teachers to shape a writing culture in their classroom.

To assist teachers, the book contains many questions meant to help teachers critically examine existing practices and beliefs.

The book also has practical exercises for learners, questions for teachers to ponder and discussions meant to bring new insights to the CAPS goals. It is especially the stories, poems, drama texts and spoken word pieces by the young writers that will capture readers’ imagination.

Book now!

The first 300 entries will receive a free copy of Thérèse Hulme’s book and free refreshments will be provided. The workshops take place in Gqeberha and Somerset East respectively.

For more information, please contact Marieta Nel at mnel@penguinrandomhouse.co.za.

See also: 

Press release: We want to assist teachers in the Eastern Cape to get their learners excited about writing!

The post Press release: We want to assist teachers in the Eastern Cape to get their learners excited about writing! appeared first on LitNet.

Press release: Sifiso Mzobe Nominated for Hurston/Wright Legacy Award (and there is more)

$
0
0

This has been an incredible year for us and so many of our authors.

  • Idza Luhumyo was awarded the Caine Prize for her story, "Five Years Next Sunday”.
  • Mbozi Haimbre was shortlisted for a Nommo Award for her story, “Shelter.”

Both of these appeared in our release, Disruption: New Short Fiction from Africa.

  • Bridget Krone was awarded a Skipping Stones award for her book, Small Mercies.
  • Siphiwe Gloria Ndlovu won a Windham-Campbell Prize.

Whew! It has been an exciting time.

We have one more thing to get excited about – Young Blood, the gripping coming-of-age novel by Sifiso Mzobe has been nominated for a 2022 Hurston/Wright Legacy Award!

The award honours books by black authors in the categories of debut fiction, fiction, nonfiction, and poetry.

Young Blood joins fellow nominees This Life by Quntos KunQuest (Agate Bolden), The Final Revival of Opal and Nev by Dawnie Walton (37 Ink) in the Debut Fiction category.

The winners will be announced on October 27, 2022.

Learn more about the event, the nominees, and the Hurston/Wright Foundation. And a huge congratulations to Sifiso!

Bridget Krone had a wildly successful book launch earlier this month when her middle-grade novel The Cedarville Shop and the Wheelbarrow Swap was released in South Africa. Over 100 (!!) people gathered at the La Popote Cafe in Hilton to celebrate. Bridget was also interviewed on South African literature website, LitNet, which you can watch here. Bridget's book, about the power of friendship and community, is out now in South Africa, and releases this fall in the US.

More congratulations are in order! This time, direct them toward Dada Khanyisa, one of the many talented artists who worked on All Rise: Resistance and Rebellion in South Africa. Dada was awarded the 2022 FNB Art Joburg Art Prize! Dada is a multidisciplinary artist working in paint, sculpture and installation, with a focus on the contemporary Black experience. "Winning the FNB Art prize feels like a recognition of one's creative efforts. It feels like recognition and celebration of the efforts I have invested into my practice." 

For our South African friends, Siphiwe Gloria Ndlovu (The History of Man) and Yewande Omotoso (Bom Boy) both spoke at the Open Book Festival in Cape Town. Siphiwe was on a panel on along with Andrew Brown and Margie Orford on power and justice in their novels. And Yewande was on a panel along with Pumla Dineo Gqola and Sihle-isipho Nontshokweni on feminist connections. The whole festival was fantastic!

Luke W. Molver, the talented comic creator behind Shaka Rising and King Shaka, was interviewed by South Africa's Berea Mail about his work and his experiences at ComicCon Africa. "What makes the medium of comics truly unique are the unseen events, actions and conversations that take place in the gutters between the panels. This is where the story germinates and grows, fertile in the readers’ imagination."

Caroline Kurtz has an essay at Women Writers about the process of writing memoir using her experiences writing A Road Called Down on Both Sides and her newest, Today is Tomorrow, as inspiration. "I found that my hard-earned emotional arc had become a solid thing. I had to cut it, as though with tin snips, and bend it into two new arcs, a process almost as hard as writing the book in the first place."

See also:

An interview with Siphiwe Gloria Ndlovu, winner of a Windham-Campbell Prize for 2022

Yewande Omotoso, author of Bom Boy, in conversation with Janet van Eeden

Why is Ethiopia at war? A Zoom interview with Caroline Kurtz

True magic amongst grinding poverty, no fairies: Bridget Krone on her latest book

International honour for graphic novel on Shaka

#ReadingAfrica | The children’s literature panel

The post Press release: Sifiso Mzobe Nominated for Hurston/Wright Legacy Award (and there is more) appeared first on LitNet.

First sip: Across the border by Norman McFarlane

$
0
0

Like a good beverage, a good book holds promise from the first sip. This extract is used with the permission of NB Publishers.


About the author

Picture of Norman MacFarlane: provided

Norman McFarlane worked in human resources in the retail motor industry and ran a software company before becoming a full-time journalist in 2007. He has written for a number of publications over the years, including Wine Magazine, Classic Wine, Farmer’s Weekly and Bolander Lifestyle. He has won numerous journalism awards, including the 2008 Sanlam Business News Award.


Title: Across the border
Author: Norman MacFarlane
Publisher: Tafelberg
ISBN: 9780624093046 

Norman McFarlane was a teenager just out of high school when he was conscripted for national service and sent to Angola. Like so many other ordinary troopies, he was thrown into the horror, deprivation and banality of war during Operation Savannah (1975–1976), the apartheid regime’s secret campaign to influence the outcome of Angolan independence.

McFarlane recounts his loss of innocence in Angola, the subsequent "camps" and his journey towards finally confronting his post-traumatic stress disorder. Told with disarming honesty and humour, he gives voice to a generation of white South African men forced into a grisly, life-defining experience.


First Sip

Grootfontein

We flew to Grootfontein from Mpacha on Sunday 23 November, arriving mid-morning. I was on the first flight and the balance of the battery followed a day or so later. One of our first tasks was signing all the paperwork before heading north. We were briefed around a multi-page, poorly duplicated document that served two purposes: binding us to the Official Secrets Act, which essentially meant we had to keep our mouths zipped about everything that occurred up there, almost, but not quite, on pain of death, and extracting an acknowledgement that we were little other than mercenaries, which exonerated the SADF and the apartheid government from culpability, no matter what happened.

Stupidly, most of us signed with excited, even feverish, anticipation. We were going to war, and we were going to kick the enemy’s collective arse. We’d been fed an undiluted diet of Swart Gevaar and Rooi Gevaar propaganda over the last few days and we were, we believed, invincible. Much like the Cuban high command in the initial stages of the conflict, our high command believed that we’d be done and home, victorious, within weeks, so the chances of clearing out when we were originally supposed to – end December – seemed likely.

Savannah ended in March 1976, but we could not have guessed then that the conflict would endure for fourteen years, finally coming to an end when the Brazzaville Protocol was signed on 13 December 1988, with hostilities officially ending on 1 April 1989. As part of the agreement, South West Africa gained independence on 21 March 1990 and became Namibia.

Admin out of the way, we set about disguising the fact that we were South Africans. First order of business was to dispense with our SADF browns, which were replaced by green fatigues that looked very much like the combat gear issued to US Marines, although the quality of the kit we got wasn’t nearly as good as our browns. We were issued with two pairs of trousers, two shirts, and a cap that had a folded flap at the back secured with two press studs, which, when deployed, shaded the neck. Our vehicles, new-ancient Bedford gun tractors, recently spraycamouflaged, had been manufactured decades before and had stood largely unused in some or other vehicle park. All identifying marks had been removed to disguise their origins.

We were issued with new-ancient British QF Mk IV 25-pounder guns, manufactured in 1943, according to the legend on the brass plate affixed to the trail of our gun. They, too, had presumably slumbered in a gun park somewhere, no doubt smothered in grease to inhibit corrosion, and had been hastily hauled out and spray-camouflaged for Operation Savannah. Even the ammunition we were to use was specially manufactured by Armscor without any identifying marks, and that included the 7.62 mm ball ammunition, the latter manufactured by Pretoria Metal Pressings, which carried the legend "7.62 mm" on the base but with no sign of the characteristic "PMP" we were accustomed to seeing. Ammunition for our belt-fed 7.62 mm LMGs was, however, standard US military issue, complete with smart green steel case with acid-yellow lettering, which could be flapped open and attached to the side of the US M60 general-purpose machine gun.

Instead of the British Mills bomb "pineapple" hand grenades with which we’d been issued in 2 Sub-Area, we were given US M26 grenades. We were also issued with one M72 LAWS – light anti-armour weapons system – per gun. The M72, a one-shot 66 mm unguided anti-tank weapon, was the US military’s primary individual infantry anti-tank weapon, further confirmation of US involvement.

Later, while in Angola, we encountered many US .30 calibre M1 carbines, no doubt part of the arms package funded by the Vorster government in July to arm Unita and FNLA troops. Our rat packs, too, were purpose designed to be untraceable. Each contained the usual collection of small tins of food, but without labels. Instead, each tin had a paint spot, with various colours indicating the contents, noted on a handwritten, photocopied slip included in each rat pack.

The colours were not intuitive: cream/white did not indicate condensed milk, nor did red indicate bully beef. Inevitably, mistakes were made by the poor sods who had to dab each tin with a blob of paint, so on occasion, when you were expecting a tin of condensed milk, you’d find bully beef or perhaps peas. Each rat pack also contained a pack of three Esbit solid-fuel cubes, tea, coffee and sugar – each tied off in the corner of a flimsy plastic bag – and a pack of biscuits. Not the monogrammed rock-hard dog biscuits to which we’d become accustomed, presumably because they were identifiable as originating from SA.

Instead, we got a packet of delicious sweet-crunchy biscuits that, to me, were like a cross between shortbread and Tennis biscuits. They softened easily to make the most delicious, sweet breakfast porridge, which, unlike the traditional army dog biscuits, did not need the addition of sugar or condensed milk. The flimsy plastic bag containing the rat pack did not travel well, nor was it particularly waterproof. By the time we were resupplied while in action, the packs had travelled a great distance on the back of a truck, been tossed about unmercifully, and been rained on. In most instances, the sugar and coffee were congealed masses, and the tea soggy and unusable. To make a cup of coffee, you had to dissolve a teaspoon-worth, more or less, in hot water, then carefully rewrap the remainder of the coffee blob in plastic.

These elaborate preparations to keep our origins a secret came, however, to naught. The only countries in sub-Saharan Africa with Bedford gun tractors and British QF Mk IV 25-pounder guns were SA and Rhodesia, so we were likely to be from one or other country. Even more revealing were our brown combat boots, with the well-known tread pattern, and the SA coat of arms stamped prominently onto the side of our R1 rifles telegraphed to the world who we were and from whence we came. Some troops in other battle groups were apparently issued with canvas ankleheight takkies, hardly suitable for use in a combat zone, and others apparently had to "modify" the tread pattern on their boots to disguise them.

All these elaborate deceptions notwithstanding, the fact that we were all, well, white made it pretty obvious where we were from.  As it turned out, the rest of the world knew pretty damn quickly that the South Africans were causing mayhem in Angola, but the government managed to keep ordinary citizens – and Parliament for that matter – completely in the dark well into December, by which time there were about 3 000 troops engaged in combat in the various Ops Savannah battle groups. Since we were a flying column with a brief to engage the enemy in the eastern theatre of operations, we had to be self-contained, which meant we had to carry all our own fuel, ammunition, food and water, which required an ammo Bedford per gun, water carriers, ration trucks and fuel trucks. And that was just for India and Juliet troops of Tango battery, under the command of Maj. Thinus Brown. Battle Group X-Ray included a squadron of Eland-90 and Eland-60 armoured cars with all their necessary logistical support, and an SA Infantry mortar platoon.

It numbered, I estimate, around 300 combat personnel. That Operation Savannah was seen to be an ideal opportunity to test the SADF in combat conditions, the first time since World War II, emerged only much later. But having made the commitment to enter the war, we did so with gusto.

The post First sip: <em>Across the border</em> by Norman McFarlane appeared first on LitNet.

Is ’n Bybelvertaling in Kaaps dalk tog nie vêrgesog nie? ’n Perspektief op taalontwikkeling binne die Afrikaanse variëteitebundel

$
0
0

Is ’n Bybelvertaling in Kaaps dalk tog nie vêrgesog nie? ’n Perspektief op taalontwikkeling binne die Afrikaanse variëteitebundel1

Sebastiaan J. Floor, Wycliffe Bible Translation / Seed Company

LitNet Akademies Jaargang 19(2)
ISSN 1995-5928
http://doi.org/10.17159/1995-5928/2022/j19n3c1

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Die wêreldwye globaliseringsproses het in die afgelope paar dekades ’n nuwe verskynsel aan die lig gebring, naamlik lokalisering. Die herontdekking en ontwaking van plaaslike waardes, plaaslike kultuur, plaaslike identiteite, en dan ook plaaslike taalverskynsels, is aan die toeneem. Dit is daarom dan ook nie verrassend nie om die nuwe selfbewustheid van Kaaps en Gariepafrikaans (waaronder Namakwa en Griekwa) as niestandaardpraatvariante van Groter Afrikaans waar te neem in byvoorbeeld publikasies soos Kaaps in fokus (2016) en Ons kom van vêr (2016).

Dit gee egter aanleiding tot die volgende vraag: Wat is die spesifieke verhouding tussen Standaardafrikaans en sy sogenaamde niestandaardpraatdialekte? Is hulle regtig dialekte? Indien nie, wat is hulle dan? Wat bedoel ons as ons praat van variante? In hierdie artikel gaan ek kyk na dialektologie en veral na die teorie van taalekologie, om die gesprek oor die aard en wese van die Afrikaanse variëteitebundel verder te voer en om veral te kyk na die onderlinge verhouding tussen die verskillende variante met betrekking tot taalontwikkeling.

Vanuit die benadering van taalekologie probeer ek aantoon dat standaardisering nie noodwendig die uitsluitlike reg en voorreg van één variant hoef te wees nie, maar dat ruimte geskep kan word vir die ontwikkeling van die ander variante binne die taalbundel vir sovêr hulle sprekers dit wil neem. Daar is verskeie maniere om hierdie taalontwikkeling aan te pak. Een moontlikheid is om een of twee van die groter variante te ontwikkel en ’n status van sy eie te laat kry náás Standaardafrikaans. Dit is hier waar ’n moontlike Bybelvertaling in Kaaps dan dalk tog nie vêrgesog sal wees nie. Ek bespreek dan spesifiek die voordele en meganismes van ’n voorlopige orale Bybelvertaling in ’n aanvangsprojek wat ’n direkte aansluiting kan vind by die praattale binne die variëteitebundel.

Trefwoorde: Afrikaans; Bybelvertaling; ekolinguistiek; Kaaps; sosiolinguistiek; taalkunde; taalontwikkeling; taalstandaardisering; taalvariëteite

 

Abstract

Is a Bible translation in Kaaps possibly not far-fetched after all?

In the wider context of globalisation, and in reaction to it, an opposing trend has been observed towards localisation. The rediscovery of local culture, local values and local identities has led to an emergence of local speech varieties as well, and previously ignored or suppressed dialects or variants are increasingly finding their voice. This is the case with Kaaps, or Afrikaaps, around Cape Town, South Africa. Recent publications like Kaaps in fokus (2016), Ons kom van vêr (2016) and Hans du Plessis’s publication of Griekwa-psalms, Innie skylte vannie Jirre: Griekwapsalms en ander gedigte (2008) are examples. This article will describe the sociolinguistic situation of Kaaps from the perspective of the ecology of language, also called ecolinguistics, with the objective of analysing favourable conditions for the development of Kaaps and, as part of that development, a Bible translation.

The study of the ecology of language, or ecolinguistics, focuses on the study of language as a speech variety in its natural environment without making value statements about any of the variants. Ecolinguistics values any speech form for its own sake without setting boundaries, and desires to study its place in a wider socioeconomic and sociopolitical context, and its relationship with other speech forms.

The analysis of the language ecology of Kaaps points to a historical bias against Kaaps in favour of colloquial and standard Afrikaans. Afrikaans was seen as a properly standardised “language” versus Kaaps as only an inferior “dialect” within the Afrikaans macrolanguage cluster. Influences like language hierarchies, standardisation, first and second language approaches in education, etc., led to Kaaps increasingly becoming a “hidden” language – a language still vital in certain domains like the home and in subcultures, but seen as inferior in the domains of religion, media and education. The complex urban environment around Cape Town involves intense language contact, code switching and even translanguaging (in which multiple speech variants are used in a single utterance). Kaaps is often very much mixed with English words.

The varieties of Kaaps can be placed on a continuum. Muslim Kaaps seems to be the more original variation with more Malay and Khoi lexical items, moving to Cape Afrikaans, colloquial spoken Afrikaans, and then to standard Afrikaans. The distinctive features of each variant of Kaaps are not altogether clear yet and merit further study.

The preferred designation of the speech form by its users seems to be Kaaps, and not Afrikaaps or Kaapse Afrikaans (Cape Afrikaans).

There are several issues in relation to the ecolinguistic situation of Kaaps that are relevant to language development. There is an increased interest in and use of Kaaps in media and entertainment, dictionary making, and calls for the use of Kaaps in education and religion. Initial attempts at Bible translation are seeing the light. However, both external and internal resistance to these developments remain strong: Kaaps is still often perceived as unfit for domains like education and religious publications.

Moving from language development to Bible translation is a logical next step. Communication in a preferred speech form leads to a “feel good” factor because identity needs are being met, but it also leads to more effective communication because speakers of preferred speech forms have more vocabulary and semantic ranges of those vocabulary items at their disposal. Hence there exists a growing interest in language development and scripture translation even for speech variants perceived to be less ideal for such developments.

Bible translation in variants within macrolanguages in Europe casts an interesting perspective on the translation of the Bible in Kaaps. In Spain, translations of the Bible in Galician and Asturian, next to standard Castilian, have seen the light, not to mention publications in Catalan and Basque, which are outside the Spanish macrolinguistic cluster. Similarly, in France, the first Bible in western Europe was translated in Franco-Provençal in south-eastern France by Peter Waldo, founder of the Waldensians, in 1160. A new translation in Occitan was published in 2016. In Switzerland, high German remains the language of government, education and religion, but a translation in Swiss German was published in 1984. In the Netherlands, publications in the Low Saxon variants Tweants and Gronings have come to light, in addition to Frisian, which is significantly distant from Dutch and the other Low Saxon variants in north-eastern Netherlands. In Norway, there are two developed “official languages”, Bokmål and Nynorsk, both with Scriptures published, existing side by side.

In terms of some practical recommendations for Bible translations in Kaaps, it is important to recognise the need for local ownership and local initiative. That has already been observed in the Bible translation work of Elsa Coetzee, the publication of Die Pesalms vi ôse mense by Boezak (2019), and in a recent unpublished draft of the Gospel of Mark. There needs to be sufficient language pride to face the external and internal resistance to any language development in Kaaps. A translation in Kaaps cannot really take root unless religious communities, through their leaders, conferences and synods, endorse such a product. One recommendation is to launch pilot projects in both oral and written translation to experiment, bring awareness and create a need for something more substantial in terms of volume. Oral translations will be able to take advantage of the rich and artistic power of expression in Kaaps and could form a bridge to a printed version.

A Bible translation in Kaaps does not automatically entail the full development of standard Kaaps in all aspects. It also does not mean that a Bible in Kaaps will prevent Kaaps speakers from continuing to use the Bible in Afrikaans and English. Multilingualism is here to stay.

Keywords: Afrikaans; Bible translation; ecolinguistics; Kaaps; sociolinguistics; linguistics; language development; language standardisation; language variants

 

1. Inleiding en probleemstelling

Globalisering het in die afgelope paar dekades ’n nuwe verskynsel meegebring, naamlik lokalisering. Die herontdekking en ontwaking van plaaslike waardes, die plaaslike kultuur, plaaslike identiteite én plaaslike taalverskynsels is aan die toeneem. Dit is daarom geensins verrassend nie om die nuwe selfbewustheid van Kaaps-Afrikaans en Gariepafrikaans (waaronder Namakwa en Griekwa) as sogenaamde niestandaardpraatvariëteite van Afrikaans waar te neem, byvoorbeeld in onlangse publikasies soos Kaaps in fokus (2016), Ons kom van vêr (2016) en in verskeie uitgawes van Hans du Plessis se Griekwapsalms.2 Verder het Bybelgedeeltes in Kaaps al in ’n paar publikasies en in manuskripvorm begin verskyn, soos Willa Boezak se Die Pesalms vi ôse mense (2019), Etienne Pieterse se ongepubliseerde manuskrip van die Evangelie volgens Markus (2022), en natuurlik LitNet se Bybel in Kaaps-kompetisie (LitNet 2018). Verder is daar verskeie artikels, plasings en debatte oor Kaaps op LitNet, onder andere Olivia Coetzee (2020), Carolyn Meads (2020), Tom McLachlan (2020), Gerhard van Huyssteen (2020) en andere.

Teen hierdie agtergrond kom ’n aantal vrae na vore: Waarheen is die taalontwikkeling van Afrikaans op pad met variëteite in die Afrikaanse variëteitebundel? Gaan die variëteite selfstandig ontwikkel naas Standaardafrikaans? Indien dit sou gebeur, in watter rigting gaan hulle ontwikkel? Hoe ver gaan die ontwikkeling plaasvind? Hoe gaan al die ontwikkelinge aaneenskakel en gaan hulle oorvleuel met Standaardafrikaans en selfs met Omgangsafrikaans? As daar in ag geneem word dat daar selfs van ’n herstandaardisering van Afrikaans sprake is (Hendricks 2016:29–30), in watter mate gaan die niestandaardvariëteite ingesluit word in die herstandaardisering? Indien taalontwikkeling van die variëteite as ’n gegewe aanvaar word, is die volgende logiese stap om te ondersoek wát ontwikkel gaan word. Die doel van hierdie artikel is om vas te stel of die ontwikkeling van Kaaps sodanig is dat ’n volledige Bybelvertaling in Kaaps ernstig oorweeg kan word.

Die artikel is soos volg saamgestel: Eerstens word nuwe ontwikkelinge op die gebied van die sosiolinguistiek en dialektologie ondersoek, veral die ekologiese benadering tot taalbestudering. Dit is ’n nuwe en opwindende benadering wat probeer sin maak van intense kompleksiteite in taalgebruik, soos dié van Kaaps op die Kaapse Vlakte. Uit ’n taalekologiese oogpunt sal ek probeer vasstel waar Kaaps vandag staan, in die besonder wat die verband van Kaaps met die Afrikaanse variëteitebundel in sy geheel is en tot watter mate taalontwikkeling in Kaaps geïdentifiseer kan word. Die kwessie van die standaardisering van Kaaps word tweedens onder die vergrootglas geplaas. Die noodsaak om uitsluitsel te kry of Kaaps parallel aan Standaardafrikaans moontlik sy eie Skryfkaapsstandaard kan ontwikkel, word aan die orde gebring. Dat Bybelvertaling as ’n produk van taalontwikkeling beskou word, benadruk hoe belangrik dit is dat daar aan die taalontwikkeling van Kaaps aandag gegee word. Gaan ’n Bybelvertaling in Kaaps vir Kaapssprekendes gewens wees, of gaan die aanvaarbaarheid van so ’n produk net eenvoudig te veel in gedrang kom? Wie moet die werklike meningsvormers en besluitnemers wees? Hierdie sake word almal vanuit ’n taalekologiese of ekolinguistiese perspektief bespreek en geëvalueer. Daarna word, in die derde plek, aandag gegee aan parallelle ontwikkelings in variëteitebundels in Wes-Europa en Noord-Afrika, asook aan die Bybelvertalings wat daaruit voortgevloei het. Ten slotte, as ’n vertaling van die Bybel in Kaaps wenslik en uitvoerbaar is, moet die voorbereidende stappe en die moontlikheid van ’n aanvangsprojek ondersoek word.

In hierdie artikel konsentreer ek op Kaaps omdat Kaaps al ver op die taalontwikkelingspad gevorder het, maar my vrae en stellings oor Kaaps is in ’n groot mate ook van toepassing op Gariepafrikaans (Namakwa-Afrikaans en Griekwa-Afrikaans).

 

2. Nuwe sosiolinguistiese benaderings, onder andere die ekologiese benadering van taal

Wat is die spesifieke verhouding tussen Standaardafrikaans en sy sogenaamde niestandaardpraatdialekte? Is hulle werklik dialekte? Indien nie, wat is hulle? Wat word bedoel met variëteite? Wat is die onderlinge verhouding tussen die verskillende variëteite in die variëteitebundel in taalontwikkeling? En wat is ’n variëteitebundel? In hierdie afdeling ondersoek ek die teorie van taalekologie om te probeer vasstel of die ekologiese benadering van taal antwoorde op hierdie vrae kan bied.

Hierdie taalbenadering is ’n perspektief wat nuwe en nuttige insigte in die onderwerp van die artikel kan bied. Ekologie handel oor die verhouding van spesies tot hulle omgewing, asook die balans in hierdie verhouding. Taalekologie beskryf dus die verhouding van ’n taalvorm tot sy omgewing, asook die verhouding tussen verskillende kompeterende taalvorme in dieselfde omgewing.

Die taalomgewing verander gedurig en baie vinnig. Taalkontak, veeltaligheid, gemengde taalgebruik en ’n vervlegte, grenslose taalsamelewing, veral in stedelike omgewings, is vandag algemeen. Soos wat Charlyn Dyers (2016:59–69) in die sosiolinguistiek en dialektologie aangetoon het, kom konsepomwentelinge ook in die taalomgewing voor. Sekere terme het aanvegbaar geword, byvoorbeeld standaardtaal, taal-dialek-teëstelling, moedertaal, eerste entweede taal, tweetaligheid en taalhiërargie. Terme wat nou eerder aanvaar word, is taaldomeine, diglossia, geheeltale, variëteitebundels, praatvariëteite, taalkontak, veeltaligheid en “translanguaging”.3

In teenstelling met die studie van taal as teoretiese tipologieë, word daar in die taalekologie erkenning gegee aan tale, taalkeuses, taalvoorkeure, taalgebruik, taallewensvatbaarheid en taalkontak as praktiese funksies in gekompliseerde netwerke en omgewings. Elke unieke taalsituasie is die gevolg van baie faktore in ’n spesifieke omgewing. Die taalekologie erken nie net die uniekheid van ’n taalvorm nie, maar ook die onderlinge verhoudings tot ander taalvorme en -omgewings (Bouwer 2017). Einar Haugen (1972:325) stel dit soos volg: “The true environment of a language is the society that uses it as one of its codes.” Hierdie omgewing is dinamies, soos wat deur die konsepomwentelinge hierbo aangetoon is.

Haugen, die vader van taalekologie, ook genoem ekolinguistiek, is ’n Noorse Amerikaner wat in 1972 met sy publikasie The ecology of language dié subdissipline van sosiolinguistiek van stapel gestuur het. Sonder om waardebepalings daaraan te heg, maak Haugen gebruik van tien “ekologiese vrae” gebaseer op onder andere taalklassifikasie, taalvariasie, domeine van taalgebruik, glyskale van interne variasie, kontak met ander tale, taalverlies en taalvermenging. Die klem val daarop dat taalekologie die “natuurlike omgewing” van ’n taalvorm en al die taalvorms waarmee dit in aanraking kom, bestudeer. Dit is versigtig om veral beïnvloeding in al sy subtiele vorms vanuit ’n magsposisie te vermy. Beïnvloeding kan tot uiting kom in taalbegrensing (die beskouing van taal as ’n volledig begrensde, atomistiese eenheid teenoor taal as ’n meer oop, aanpasbare en dinamiese eenheid in aanraking en samevloeiing met ander eenhede), in die waardebepaling van taalvorms en uitinge, in standaardiseringsdwang, in hegemoniseringsdwang4 en taalverdringing, in die hiërargie van tale, van die variëteite van ’n taal of van geheeltale en in negatiewe taalgesindhede.

Haugen (1968:922), wat onder andere aan Harvard Universiteit verbonde was, skryf reeds vóór die publikasie van The ecology of language oor die taal-en-dialek-onderskeid en sê dat definisies en verhoudingbeskrywings basies onmoontlik is. Wat ongelukkig in die praktyk gebeur, is dat wanneer ’n spesifieke taalvorm (of “dialek”) as ’n skryftaal gestandaardiseer word, met ander woorde as ’n dialek ontwikkel, wórd dit ’n “taal”. Dit sou beteken dat Afrikaans ’n “taal” is en Kaaps net ’n minderwaardige “dialek” van Afrikaans. Haugen het hom sterk hierteen uitgespreek in sy 1968-artikel. Dié praktyk kom neer op magstaal en taalhegemonie wat die ongeskrewe taalvorms en onontwikkelde variëteite ’n onreg aandoen. In taalekologie kry minderheidstale, veral skuiltale5 (tale wat deur hulle gebruikers sosiaal geïsoleer word ter wille daarvan om hul taal te laat oorleef), gevolglik heelwat aandag in die vorm van teoretiese beskerming, en word hulle aangemoedig om verder te ontwikkel.

In die konteks van die taalekologiese uitgangspunte hier bo is ook die konsep van ’n variëteitebundel problematies. Op grond waarvan word taalvariëteite saamgebundel en wat is hulle verhouding tot mekaar? Die rede daarvoor is dat die komplekse vraagstuk van taal teenoor dialek hier ter sprake kom, en daarmee saam die problematiek van taalhiërargie (d.w.s. dat een variëteit belangriker as die ander geag word, en dus voorkeur geniet). Die probleem is dat ’n waardebeoordeling en begrensing moontlik aan ’n variëteit toegeken kan word, bewustelik of onbewustelik. ’n Verdere vraag is wat van ’n variëteitebundel ’n variëteitebundel maak. Bied ’n variëteitebundel bloot ’n historiese perspektief op ’n genetiese verwantskap? Is dit ’n perspektief van buite af waarmee die gebruikers aan die binnekant nie werklik kan identifiseer nie? Is dit ’n perspektief wat van bo af afgedwing word deur die sogenaamde mees “gesiene” variëteit as die verteenwoordiger van mag en invloed? Is dit ’n konsep wat vanselfsprekend, onderliggend en niewetenskaplik deur al die gebruikers aanvaar word? Omdat die verhouding tussen Kaaps en Afrikaans, en veral Standaardafrikaans, só sensitief vir bogenoemde nuanses is, sal daar versigtig met die konsep van ’n variëteitebundel gewerk moet word.

In hierdie opsig is die taalekologie waardevol. Dit probeer om afstand te doen van dié soort taalwaardebeoordeling en taalafgrensing. Die doel van ’n taalekologiese benadering is om slegs die verhouding van ’n taalvorm tot sy omgewing te beskryf. Die konsep van ’n variëteitebundel as deel van ’n taalekologiese model het sy plek, solank daar net nie verval word in eensydige waardetoekenning of in grensafbakening vir een of meer van die variëteite nie. Daar word dus gevra: Wat sê ál die eindgebruikers van ál die variëteite oor hulle onderskeie verhoudings tot ál die ander variëteite van dieselfde bundel? Die geskiedenis leer ons dat hierdie gesprek redelik eensydig kan wees, omdat daar perspektiewe van buite en van bo is, maar dat hierdie sienings nie noodwendig die perspektiewe van almal insluit nie.

Dit gebeur dikwels dat dit lyk asof die sogenaamde gemarginaliseerde of “niestandaard-” of “laer-” spraakvormsprekers die benamings en menings van buitestaanders of van dié in sterker posisies aanvaar en vir hulself toe-eien asof dit hulle standpunt is. Dit is egter nie noodwendig die korrekte weergawe van die stand van sake nie. Gelyksoortigheid kan wat taal betref van buite af afgedwing word. Baiekeer word gelyksoortigheid en verstaanbaarheid bloot as ’n historiese aanname vir politieke redes aanvaar, sonder dat die gebruikers van ál die variëteite hulle hieroor uitgespreek het. ’n Voorbeeld is Malgassies in Madagaskar (Bouwer 2005a. 2005b, 2010). Al die tale in Madagaskar is histories in ’n makro-Malgassiese variëteitebundel ingesluit, maar die Merina-variëteit op die hooglande rondom die hoofstad is voorkeur gegee ten koste van ander variëteite as die enigste en beste variëteit in die taalontwikkeling van die land en is dus vir Bybelvertaling gekies. Afgesien van die Ge‘ez in Etiopië, is die Malgassiese Bybel (1835) in die Merina-variëteit die eerste volledige Bybel in Afrika suid van die Sahara. Dit het ’n groot rol in die taalhegemoniseringsproses in Madagaskar gespeel. In die afgelope 15 jaar het dit egter duidelik geword dat die hegemonie van Merina ’n taalvorm op die Malgassiese sprekers afgedwing het wat glad nie in almal se behoeftes voorsien het nie. Dit het daarop uitgeloop dat daar nou taalontwikkelingsprogramme in meer as twaalf variëteite van die Malgassiese geheeltaal is.

In taalekologie kan die volgende taalfunksies in die omgewing van die taalgebruik onderskei word: 1) godsdiensfunksie, 2) huistaalfunksie, 3) onderwysmediumfunksie, 4) mark- en handelmediumfunksie, 5) subgroepfunksie, soos ’n bendetaalfunksie in die misdaadwêreld, en 5) kultuur- en vermaaktaalfunksie. Binne hierdie domeinfunksies is daar ook die behoefte aan dieper kommunikasiefunksies, om dieper en meer effektief te kan kommunikeer. Twee faktore is belangrik hier vir hoër kommunikasiefunksies:

  1. Die “voel goed”-faktor – die taalkodegebruik bring persoonlike en kollektiewe emosionele bevrediging teweeg. Die identiteitsfaktor hang hiermee saam. Sekere taalkodes kry voorkeur as uitdrukkings van die groepsidentiteit van ’n spesifieke groep. Dit is nie noodwendig dieselfde taalkode as die huistaalkode of die onderwyskode nie.
  2. Die “dieper kennis”-faktor – dieper vlakke van kennis word behaal deur ’n effektiewer kommunikatiewe bereik. Dit word verkry deur taalkodes wat hoër vlakke van kennis oordra as die ander kodes wat deur die gebruiker bemeester word. Dit is die gevolg van ’n groter woordeskat en ’n beter begrip van die semantiese velde van woorde, sinne, idiome, ens. wat eie is aan die spesifieke kode van die gebruiker se voorkeurkode vir die spesifieke funksie.

Gewoonlik, maar nie uitsluitend nie, loop hierdie twee faktore hand aan hand. Die godsdiensfunksie kan as voorbeeld gebruik word. Godsdienstige en kunstige literêre taal, veral godsdienspoësie, het vir gebruikers gewoonlik ’n sterk opheffende krag. Twee van die funksies van poësie wat sterk funksioneer, is impak en estetika. Albei speel in op die voel-goed-faktor en die dieper-kennis-faktor.

Godsdiens word nie deur almal in hulle huistaal of in hulle onderwystaal beoefen nie. Die taalekologie leer ons dat taalgebruikers in verskillende domeine verskillende taalkodes kan kies, dat hierdie kodes nie uitsluitend is nie en dat taalkodes gemeng kan word. Daar is geen eenduidige verhouding nie, met ander woorde die voorkeurgodsdienskode kan enigeen van die beskikbare taalkodes wees.

Daar is gewoonlik verskeie godsdiensfunksies waarvoor taal gebruik word, soos byvoorbeeld gemanifesteer word in preke, lofsang en poësie, kleingroepbyeenkomste, evangelisering/uitreike, teologiese opleiding, individuele toewyding en die lees van literatuur, onder andere van die Bybel. Dit is nie noodwendig ’n vereiste dat al die funksies in dieselfde kode deur ’n spesifieke groep vervul word nie. Die veeltalige werklikheid in die taalomgewing skets ’n ander prentjie.

Met hierdie sosiolinguistiese en sosiopsigologiese perspektiewe wat uit die ekolinguistiek verkry is, word daar nou aandag gegee aan Kaaps as ’n variëteit in die Afrikaanse variëteitebundel.

 

3. Geskiedenis van Kaaps as ’n variëteit binne die Afrikaanse variëteitebundel

Verskeie kenners het oor die geskiedenis van Afrikaans en Kaaps gepubliseer: Fritz Ponelis (1994, 1998, 1999),Christo van Rensburg (2012), Hans den Besten (1989), Ernst Kotzé (1983), Achmat Davids (2011) en Frank Hendricks (2012). Christo van Rensburg sien Kaaps as “Vroeë Afrikaans” wat al gepraat is voordat Jan van Riebeeck aan die Kaap geland het (Hendricks en Dyers 2016:ii). Hendricks (2012:97) skryf dat Kaaps een van die oudste omgangsvariëteite van Afrikaans is en dat Kaapse Moesliemafrikaans uitgewys kan word as die mees prominente subvariëteit van Kaaps. Hy (Hendricks 2016:5) beweer verder dat die Bo-Kaap die historiese bakermat van Kaaps is. Kotzé (Hendricks en Dyers 2016:ii) beaam die stelling. Elders sê Kotzé (2016:37–8, 44–5) dat Kaaps as een van die ontstaansvariëteite van Afrikaans as die matriek van Afrikaans beskou kan word. Hendricks (2016:4) skryf dat Pasar-Maleis en Kreools-Portugees Kaaps beïnvloed het en dat “die invloed van Maleis en Laag-Portugees (as dominante verkeerstale van die slawe) die omvorming van Hollands tot Afrikaans-Hollands in die hand gewerk het, en wel deur die werking van taalbeïnvloeding (ontleding) en taalversteuring”.

Kotzé (2016:43) haal Den Besten (1989:226) aan in sy bespreking van die ontwikkelingspad van Kaaps vanaf die kontak tussen Nederlands, Khoi en die aanleertaal van die slawe (ca. 1660) tot by ’n Nederlandse kreool wat hy Proto-Afrikaans I noem (ca. 1700–40). Teen ongeveer 1850 het daar volgens hom ’n nivellering van Proto-Afrikaans I en Proto-Afrikaans II (wat vanuit Kaapse Nederlands ontwikkel het) plaasgevind. Die resultaat was ’n Afrikaanse koine met dialekvariasie. Onder die invloed van die Eerste Taalbeweging het daar ’n dinamiese taalontwikkeling uit hierdie Afrikaanse koine plaasgevind. Dit het gelei tot Standaardafrikaans, wat saam met sy niestandaarddialekte voortgeleef het. Die historiese ontwikkelingslyn van Den Besten roep geen weerstand op nie (ek is nie ’n kenner daarvan nie), maar vanuit ’n ekolinguistiese oogpunt is die finale gevolgtrekking van ’n enkele standaard omring met ’n paar niestandaarddialekte ongelukkig ’n waardebepaling van Kaaps wat nie noodwendig deur almal voetstoots aanvaar sal word nie. Kotzé (2016:45–7) stip drie verdere punte aan wat hier belangrik is. Eerstens is Kaaps as ’n taalvorm sowel histories behoudend as progressief modern. Kaaps het hoegenaamd nie gestagneer nie; inteendeel, Kaaps was in die tweede plek belangrik in die Moslem-godsdiensbeoefening in die 19de en 20ste eeu. Derdens, Kaaps is geen homogene variëteit nie.

Die historiese oorsig van die ontwikkeling van Kaaps en die waarnemings van Kotzé beklemtoon dat Kaaps ’n ontwikkelende taal in die variëteitebundel van Afrikaans is.

 

4. Taalekologie van Kaaps

In taalekologie is die fokus op die gebruiker, in hierdie geval die gebruiker van Kaaps. Variasie kom voor in die gebruik van Kaaps as huistaal tot straattaal tot godsdienstaal (meesal in die geval van Moslemgebruikers), en onlangs ook in die gebruik daarvan as kultuurtaal en selfs as literêre taal, hoewel baie beperk. Taalgebruikers het voorkeurtale in verskillende taalsituasies en dus is hulle voortdurend besig om ’n taalkeuse tussen die verskillende variëteite te maak.

Carstens (soos aangehaal deur Hendricks 2016:3) meen dat Kaaps die taal van die werkers is: “Dis moeilik om ‘Kaapse Afrikaans’ presies te omskryf. Dit is hoofsaaklik geografies beperk tot die Kaapse omgewing (dus ’n geolek), maar dit vertoon ook kenmerke van sosiale stratifikasie (dus ’n sosiolek).” Hendricks (2016:3, 5) sê dat Kaaps hoofsaaklik ’n werkersklastaalvorm van die Kaapse Skiereiland is; ’n werkersklaskode.

4.1 Benaming en klassifikasie van Kaaps

Die benaming van ’n taalvorm in sy taalomgewing is dadelik ’n aanduiding van sy identiteit, selfbewustheid en relatiewe isoleerbaarheid. Kaaps het verskeie benamings: Kaaps, Kaapse Afrikaans, Afrikaaps, Moesliemafrikaans en ook ’n reeks neerhalende benamings soos Kombuisafrikaans, Kitchen Dutch, Capey en Gammattaal.

Taalbenamings is weergawes van beskouinge van waar ’n taalvorm inpas in die variëteitebundel of in ’n geheeltaal as daar een is. ’n Voorbeeld hiervan is Griekwa. Daar is verskeie metodes waarop hierdie variëteit geïdentifiseer kan word. Een metode neem die vorm aan van ’n glyskaal van taalgesindhede, van die mees negatiewe tot die mees positiewe gesindheid. Die variëteit word gesien as 1) ’n niestandaarddialek van Afrikaans, 2) as Griekwa-Afrikaans en 3) as Griekwa op sigself, dit wil sê as ’n gelykwaardige lid van ’n geheeltaal. Dieselfde glyskaal geld vir Kaaps: van die siening van Kaaps as ’n niestandaarddialek van Afrikaans, tot Kaapse Afrikaans (of Kaaps-Afrikaans), tot Kaaps.

Kotzé (2016:37) skryf oor die benaming Kaaps dat die “benaming deur die sprekers self toegeëien word”. Dit is kort en kragtig en vat die belangrikste identifikasie-eienskap vas. Hendricks (2016:2–3) voer aan dat die benaming Kaaps al van Adam Small af kom en ingeburger is. Kaapse Vernakulêre Afrikaans is ’n ander benaming, ook Kaapse Afrikaans. Hendricks (2016:3) maak ’n belangrike stelling, naamlik dat die benaming Kaapse Afrikaans as wisselbenaming verwarring skep omdat dit in die literatuur as ’n sinoniem vir Suidwestelike Afrikaans gebruik word. Kaaps en Kaapse Afrikaans is waarskynlik nie heeltemal dieselfde nie; hulle lê op verskillende punte op die variasieglyskaal. Oor klassifikasie sê Hendricks (2016:6) die volgende:

Opsommenderwys is Kaaps dus variasietaalkundig te bestempel as ’n variëteit van die dialekbundel Suidwestelike Afrikaans wat as vorm van Omgangsafrikaans histories teruggryp na die sewentiende-eeuse invloed van slawe op die vorming van Afrikaans, wat tans grootliks manifesteer as ’n sosiolek wat met die werkersklas van die Kaapse Skiereiland geassosieer word en wat in terme van sy sprekerskorps as Afrikaanse kleurvariëteit getipeer kan word.

4.2 Kaaps in sy geografies-fisiese omgewing

In taalekologie speel die gebruikers se taalkeuse of taalvoorkeur ’n groot rol. In die veeltalige omgewing van die Kaap is die gebruikers wat voorkeur aan Kaaps gee omtrent 700 000 sterk; ’n skatting gebaseer op die 2011-sensusdata. Dit is egter die onderste grens. Ander skrywers plaas die getal baie hoër, soos Earl Ray Basson (2018) se 2,4 miljoen leerders. Michael le Cordeur noem ’n getal van 3,3 miljoen sprekers (aangehaal in Van Huyssteen 2020). Dit wil sê, dat die oorgrote meerderheid van die bruin bevolking Kaaps of Khoi Afrikaans (Gariepafrikaans) gebruik. Van Huyssteen (2020) skryf egter die volgende: “Ek vermoed Christo van der Rheede hou hom ook by hierdie definisie van Hendricks (wat Kaapssprekers beperk tot die Groter Kaapstad area – SJ Floor), want in sy bydrae in Kaaps in Fokus (2016) skat hy die grootte van die taalgemeenskap van Kaaps op ongeveer 700 000, met die grootste konsentrasie van sprekers van Kaaps in Mitchells Plain en Blue Downs.”

Maar dit beteken nie dat hulle almal Kaaps noodwendig voorkeur gee nie. Dit is onbekend presies hoeveel mense Kaaps as huistaal gebruik. Min of meer 280 000 mense het in die 2011-sensus aangedui dat hulle Kaapse Maleiers is, wat beteken dat hulle ten minste met Moesliemafrikaans bekend moet wees. Die vraag is egter hoeveel meer daar tans is. Volgens die 2011-sensus het die Mitchells Plain-bevolking ’n skuif na Engels gemaak; die helfte van die bewoners dui in die sensus aan dat Engels hulle taal is. Hendricks (2016:27) verwoord die situasie soos volg:

Kaaps word deur sommige van sy sprekers as primêre taalkode gebruik, dus as moedertaal in nagenoeg alle omstandighede. Vir ander (en waarskynlik vir die meeste) is Kaaps tans ’n sekondêre oftewel geleentheidskode, d.w.s. ’n kommunikasievorm gereserveer vir informele verkeer. Bygesê: Kaaps is nie vaspenbaar binne ’n geografies-afgebakende ruimte nie en die gebruikers daarvan is meestal nie eenvariëteitsprekers nie.6

Die aantal gebruikers van Kaaps sal ’n belangrike oorweging wees in die besluit of die Bybel in Kaaps vertaal moet word.

4.3 Verhouding van Kaaps tot die res van die variëteitebundel

Taalekologies gesien is taalvorms en -variëteite nie begrensbare en selfstandige entiteite nie. Hulle is vloeibaar, mengbaar en beweeg op glyskale. Wat taalstatus betref, is Kaaps volgens Hendricks (2016:4) “’n variëteit van Afrikaans – nie ’n taalvorm náás Afrikaans nie”. Dit is ’n vorm van Praatafrikaans en gekoppel aan en in wisselwerking met Standaardafrikaans. Dit is ’n “subvariëteit van die dialekbundel Suidwestelike Afrikaans”. Hierdie posisie is moontlik omstrede. Is Kaaps maar net ’n variëteit van die Afrikaanse geheeltaal, of het dit meer status?7Wat word bedoel met “Afrikaans” en met “geheeltaal”?

Verwysende na Christo van Rensburg (2012), Van Huyssteen (2020), Elvis Saal (2019), ’n SARIE-artikel (SARIE-promosiespan 2018), en die publikasie Kaaps in fokus (2016) se variëteitbenamings, volg hier onder ’n poging om die hoofvariëteitebundel en subvariëteitebundels in ’n tabel uiteen te sit:

Tabel 1: Klassifisering van variëteite (nie ’n volledige lys nie)

Afrikaans / Groter Afrikaans / Algemene Afrikaans / Makroafrikaans / Kaaps-Hollandse Kreool / Kaapse Kreool
Suidwestelike Afrikaans /
Kaapse Afrikaans /
Afrikaaps /
Kaaps
Oranjerivierafrikaans /
Gariepafrikaans /
Afrigariep /
Gariep
Oosgrensafrikaans /
Oostelike Afrikaans /
Standaardafrikaans /
Afrikaans
1. Moesliemkaaps
2. Kaapsevlaktekaaps
3. Weskuskaaps
4. Bolandkaaps
5. Karookaaps
6. Overbergkaaps
1. Griekwa
2. Namakwalands
3. Riemvasmaak
4. Richtersveld
1. Gautengse Afrikaans
2. Vrystaatse Afrikaans
3. KwaZulu-Natal-Afrikaans
4. Oos-Kaapse Afrikaans

 

Die groot vraag is: Wat is die naam van die geheeltaal wat Kaaps sowel as Standaardafrikaans insluit? Is dit Afrikaans, of is dit dalk die oorspronklike Kaapse Kreool? As die geheeltaal Afrikaans is, is die vraag dan: Wat ís Afrikaans? Is Afrikaans dan meer as net Standaardafrikaans en sy omgangspraatvariëteite? Of is Standaardafrikaans en sy praatdialekte dalk saam met Kaaps en Gariep-Afrikaans (Christo van Rensburg se Oranjerivierafrikaans) deel van ’n geheeltaal wat dalk nie Afrikaans genoem behoort te word nie omdat Afrikaans nou ’n nuwe betekenis gekry het in die volksmond as Standaardafrikaans? Wat is dan die beste benaming van die geheeltaal? Algemene Afrikaans (Van Huyssteen se benaming), Makroafrikaans, Groter Afrikaans, Kaapse Kreool of Kaaps-Hollandse Koine? Dit is hier waar die onsekerheid oor die verhouding tussen Kaaps en Standaardafrikaans aan die een kant, en alternatiewe gebruike van die woord Afrikaans aan die ander kant, maklik verwarring en teenstrydigheid kan veroorsaak. Met ander woorde, dui Afrikaans op die geheeltaal, of net op Van Rensburg se Oosgrensafrikaans en vandag se Standaardafrikaans met sy praatdialekte?

’n Verdere onsekerheid behels die presiese betekenis van Kaapse Afrikaans. Dit kan een van drie dinge beteken: 1) dis Kaaps soos gepraat in Groter Kaapstad en veral op die Kaapse Vlakte, 2) dit sluit al die variëteite van Suidwestelike Afrikaans (Van Rensburg se definisie) in, of 3) dit is ’n geografiese dialek van Standaardafrikaans soos dit in die Wes-Kaap gepraat word, meesal beperk tot fonetiese variasies soos /ik/ in plaas van /ek/.

Kundiges, soos hier bo aangehaal, aanvaar grotendeels dat Afrikaans na die geheeltaal verwys, waarvan Standaardafrikaans en Kaaps (en Gariepafrikaans) dan albei gelykstaande variëteite is, en dat ’n herstandaardisering van Afrikaans nodig is om die opkomende niestandaardvariëteite soos Kaaps en Griekwa of ander Gariepafrikaansvariëteite beter te akkommodeer. Die ekolinguistieke probleem met die woord niestandaardvariëteite is alreeds aangeteken. Dit is egter volgens McLachlan (2020) en andere nie so duidelik hóé hierdie herstandaardisering moet plaasvind nie. ’n Alternatiewe benadering is om weg te beweeg van die konsep van herstandaardisering en eerder te kyk na ’n herklassifikasie van die geheeltaal en sy variëteite, wat Suidwestelike Afrikaans of Kaaps, en Oranjerivierafrikaans of Gariep, as meer selfstandig sien en aanmoedig om taalontwikkeling in sy eie reg na te volg, net soos Afrikaans dit met Nederlands gedoen het meer as 100 jaar gelede. Afrikaans het nooit sy verbintenis met Nederlands verbreek nie; dit was nooit nodig nie. Maar albei word vandag erken as twee verskillende tale ten spyte van hulle genetiese geskiedenis en die relatiewe wederkerige verstaanbaarheid.

4.4 Verhouding van gebruikers van Kaaps met Afrikaans en Engels

Hendricks (2012:100) verwys na Small wat hom distansieer van die suggestie dat Kaaps “periferale Afrikaans” of “dalk onafrikaans sou wees”. Elders sê hy (Hendricks 2016:31): “Kaaps is onlosmaaklik deel van Afrikaans.” Hy verduidelik verder:

In samehang met die verspreidheid, mobiliteit, geletterdheidsvlakke en sosialevlakverskille van sy gebruikers figureer Kaaps binne die meertalige opset van die Kaapse Skiereiland in wisselwerking met ander taalkodes, en word talige aspekte daagliks in allerlei lokale en sosiale ruimtes aangesny in ’n uitgebreide kodewisselingpraktyk. Vir sy gebruikers is Kaaps dus ’n taalkode wat weggesit kan word as dit moet, en uitgehaal word as dit moet, en wel ooreenkomstig die norm van situasionele gepastheid. (Hendricks 2016:27)

McCormick (2002:97–103, 107) rapporteer taalgesindhede in Distrik Ses en noem dat hoewel die gesindheid teenoor Afrikaans gedurende die apartheidsjare baie negatief was, dit ná 1994 baie meer gematig geword het. Engels word wel gesien as die taal van opwaartse mobiliteit en in baie gevalle het Engels, afgesien daarvan dat dit die onderwystaal en professionele taal is, ook toenemend die huistaal begin word. Sy sê ook dat hoewel Kaaps (Kombuisafrikaans, soos sy dit noem) deurspek is met Engels (sodanig dat die meeste woorde Engels is), die sprekers hulself steeds as sprekers van Afrikaans sien. Kombuisafrikaans het honderde leenwoorde uit Engels. Sommige Engelse woorde het die Afrikaanse ekwivalente woorde vervang, ander bestaan sáám met die Afrikaanse woorde (McCormick 2002:95).

Taalvermenging en taalkodewisseling is aan die orde van die dag (McCormick 2002:96). Sprekers beweeg van Engels in handelsituasies en die onderwys na Kombuisafrikaans (Kaaps) by die huis en in hul vriendekring, na Omgangsafrikaans in die kerk en moskee, en in aanraking met wit Afrikaanssprekendes – somtyds binne die bestek van ’n enkele sin.

In taalekologie kom die begrippe taalverdringing en taaloorweldiging voor. Aan die Kaap het die invloed van Engels en in ’n mate ook Standaardafrikaans ’n verdringingsrol vervul; desnieteenstaande is Kaaps tot vandag toe nie deur Engels en Standaardafrikaans verdring en oorweldig nie. Kaaps het 200 jaar van potensiële taalverdringing nie net oorleef nie, maar sterk bly staan. Dat daar wel letsels gelaat is, is te bespeur in die sterk populêre gevoel van die ontoereikendheid van Kaaps om meer as net ’n praattaal in ’n spesifieke omgewing te wees.

Taalverdringing is algemeen. Dit het skuiltale tot gevolg. Sekere tale het uitgesterf, maar ander het hulle verskuil om te oorleef. Nie almal is noodwendig soos Tsotsitaal ’n ietwat geheime taal nie, maar in die ekonomiese en politieke omgewing het Kaaps byvoorbeeld al hoe meer op die agtergrond geraak en op hoër vlakke van die samelewing amper vergete geraak. Voorbeelde van ander skuiltale soortgelyk aan Kaaps is Griekwa-/Oranjerivierafrikaans (of Gariepafrikaans), Dihungu in Angola, isiBhaca in die Oos-Kaap, Síphùthi in Lesotho/Oos-Kaap en Noordelike Ndebele en KheLobedu van die Modjadji in Limpopo. Selfs SA Gebaretaal was tot redelik onlangs ’n relatief onbekende skuiltaal. ’n Fassinerende ontwikkeling in Suid-Afrika is die ontwaking van die Oos-Sotho-taalvorme in Mpumalanga en Limpopo. Die opvatting was dat taalvorms Nhlangano, Sepulana, en ook KheLobedu, onder andere, gesien is as tipiese en atipiese variëteite van Noord-Sotho (Kotzé 1995:25–48, wat o.a. verwys van E.B. van Wijk se klassifikasie). Sepedi was byvoorbeeld wel ’n tipiese variëteit van Noord Sotho, maar die eersgenoemde drie atipiese variëteite. Nou is daar Bybelvertalings aan die gang in al drie.

Grondwetlike erkenning van minderheidstale is natuurlik baie belangrik. Die Grondwet van 1996 gee nie net ampteliketaalstatus aan 11 tale in Suid-Afrika nie, maar gee ook erkenning aan ’n verdere 10 tale, waaronder Khoi, isiBhaca, KheLobedu, Síphùthi, Nama, en so aan. Die vraag is nou of daar spesiale erkenning aan Kaaps en ander Afrikaanse variëteite gegee moet word en of dit eerder binne die Afrikaans-variëteitebundel verreken moet word.

4.5 Variasiepatrone in Kaaps

Hendricks (2016:26–7) meen dat Kaaps nie ’n variëteit is wat eenvormig gebruik word nie. Daar is byvoorbeeld registerverskille, soos blyk uit die Kaaps van die Moslems, die Kaaps van Christene en die Kaaps van die skaduwêreld. Hy verduidelik verder: “Kaaps is onderhewig aan die bepalende invloed van veranderlikes soos religieuse oriëntasie, ouderdom, blootstelling aan Standaardafrikaans, en die graad van geletterdheid” (Hendricks 2016:27).

Die variasie in Kaaps kan op ’n glyskaal aangedui word. Die kerndialek blyk Moesliemafrikaans te wees. Van Rensburg sien en hanteer Kaaps as ’n veelsoortige taalvorm met Gariepafrikaans en Kaapse Moesliemafrikaans as die belangrikste “subvariëteite” (Hendricks en Dyers 2016:ii). Die grootste groep, wat Moesliemafrikaans insluit, is Kaaps. Die volgende variëteit wat ingesluit word, is Kaapse Afrikaans, wat al baie meer na Omgangsafrikaans en Standaardafrikaans lyk. Daar is dialektebundels binne dialektebundels, wat inhou dat Kaaps ook sy variëteite het. Die vraag is net hoe vêr Kaaps of Afrikaaps se reikwydte is. Is dit net Groter Kaapstad, of sluit dit die Weskus en Boland in, of dalk die hele Wes-Kaap, of selfs nog verder?

Kenmerkverskille tussen die eenhede op die glyskaal is moeilik bepaalbaar. Nie net is daar dialekvariasie in Kaaps nie, maar Kaaps is talig onstabiel as gevolg van die niestandaardstatus van die taalvorm. Gevolglik is die praattaalvorm van Kaaps – Praatkaaps – aan voortdurende variasie onderworpe. Verder is daar die kwessie van benaming: Kaaps word dikwels met Kaapse Afrikaans vereenselwig as een en dieselfde ding. Die vraag is of hulle een punt of twee verskillende punte op die glyskaal is. Verdere navorsing hieroor sal interessant wees. Hierdie situasie sal uit die aard van die saak in ’n vertaalproses in ag geneem moet word, byvoorbeeld as daar besluit moet word aan watter taalvorm voorkeur as die doeltaal gegee moet word.

4.6 Identiteit en status van Kaaps

“Kombuistaal” het volgens McCormick (2002) “overt low status, but covert high status”. Met ander woorde, in verhouding met buitestaanders dink gebruikers van Kaaps dat hulle taal in vergelyking met Engels en Standaardafrikaans ’n laer status het, maar onderliggend koester hulle ’n diep taaltrots wat aan hul unieke identiteit verbind is.

Kaaps was, en is nog steeds, ’n identiteitsdraer. As gevolg van stigmatisering het Kaapssprekendes hul taal egter toenemend in isolasie begin gebruik. Hierdie selfisolasie van Kaaps is ’n taalekologiese verskynsel. Dikwels wanneer Kaapssprekendes met buitestaanders in aanraking kom, vind kodewisseling na Kaapse Omgangsafrikaans of Engels plaas. En verder, wanneer Kaapssprekendes en Afrikaanssprekendes met mekaar in aanraking kom, vind beïnvloeding hoofsaaklik in een rigting plaas: Afrikaans (dit wil sê Standaardafrikaans) werk op Kaaps in, maar Kaaps werk minimaal op Afrikaans in. Kaapssprekendes kan almal Omgangsafrikaans praat, maar die omgekeerde is nie noodwendig waar nie. Ten spyte van hierdie situasie is dit merkwaardig dat daar ’n toename in die gebruik van Kaaps in die media is, wat bemoedigend vir die onderneming van Bybelvertaling in Kaaps is.

Die verhouding tussen Kaaps en Afrikaans-as-Standaardafrikaans bly egter problematies. Daar is twee moontlikhede wat elk ’n groot impak op die identiteit en status van Kaaps kan hê: Die een is dat Kaaps onder Afrikaans as geheeltaal bly, maar die onsekerheid oor die presiese betekenis van Afrikaans dalk daartoe kan lei dat Kaaps in die skaduwee van Standaardafrikaans bly en as sodanig taalverdringing en hegemoniseringsdwang kan ervaar ten spyte van pogings van ’n insluitende herstandaardisering. Die ander moontlikheid is dat die geheeltaal geherklassifiseer word, Kaaps haarself losmaak van Standaardafrikaans, Kaaps parallel ontwikkel (net soos Standaardafrikaans dit gedoen het langs Nederlands), en Kaaps so langsaan Standaardafrikaans deel is van ’n geheeltaal met ’n effens anderse benaming. Dat hier ’n probleem is, is duidelik. Dit lyk tans of die eersgenoemde opsie vóór hardloop, maar as Kaaps die laasgenoemde pad sou kies, beteken dit ’n parallelle maar alternatiewe taalontwikkeling wat gaan uitloop op ’n standaardisering van Kaaps langs Afrikaans-as-Standaardafrikaans, terwyl albei saam deel is van ’n groter geheeltaal. (Sien onder 5.2 ’n verdere bespreking van hierdie kwessie.)

4.7 Wins van die taalekologiese benadering van Kaaps

Vanuit ’n taalekologiese perspektief is die taalvariëteite van ’n taal met ’n nuwe gesindheid ondersoek. Die waarde van ’n minderheidstaal word beklemtoon en vrywaring van taalhegemonie word bepleit. Daar word aangetoon hoe belangrik dit is dat die taalfunksies in die voorkeurtaalkode van ’n spreker uitgeoefen moet word.

Uit die taalekologiese ondersoek van Kaaps met die oog op ’n moontlike Bybelvertaling blyk dit dat die benaming Kaaps eie aan die taalgebruikers is, dat dit één van die variëteite in ’n variëteitebundel is, dat dit genoeg sprekers het om as ’n voorkeurtaal of ’n gelykekeusetaal te oorleef, dat dit nie wat status betref as ’n taalvorm naas Standaardafrikaans binne ’n geheeltaal beskou word nie, dat dit nie deur Afrikaans of Engels verdring of oorweldig is nie, dat dit ’n lang geskiedenis het en dat dit deur al die jare ’n gebruikerstaal van die werkersklas was.

 

5. Taalontwikkeling in Kaaps

Die doel in hierdie afdeling is om vas te stel watter aspekte van die taalontwikkeling van Kaaps ’n Bybelvertaling sal bevorder en wat nog ontwikkel kan word om so ’n onderneming te vergemaklik.

5.1 Die huidige stand van sake

Kaaps is al lank, en primêr, ’n spreektaalvariëteit, maar mettertyd is dit ook benut as ’n skryfmedium in wat Kotzé (2016:28) die “literêre Kaapse Vernakulêr” noem. Die werk van Adam Small is beduidend in hierdie geval, soos wat deur Hendricks (2012) aangetoon word. Elders meld Hendricks (2016:31) ook dat Kaapse en Khoi-Afrikaanse woorde in die HAT neerslag gevind het en dat Kaapse woorde opgeneem is in die Afrikaanse woordelys en spelreëls. Vir hom is die volgende stap die totstandbrenging van ’n Afrikaanse grammatikamodel, wat ook die “ryke talige sistematiek van Kaaps” gaan weerspieël. Sodanige ontwikkeling is waar as Kaaps as deel van die Afrikaanse geheeltaal gesien word en ’n herstandaardiseringsproses nagejaag word. Hendricks (2016:27) sê verder oor die gebruik van Kaaps:

Kaaps is ’n funksioneel-toereikende taalkode. Dit figureer reeds lank as godsdienskode onder ’n beduidende aantal Kaapse Moesliems en Christene, as sangkode in moppies en ghommaliedere as genres van Kaaps-Maleise volksang, in musiekuitvoerings soos District Six, The Musical, en Kat and the Kings, in Hip Hop-produksies asook in die sang- en kletsrymproduksies van musiekgroepe soos Brasse vannie Kaap.

Anastasia de Vries (2016:123–36) beskryf die toenemende en suksesvolle gebruik van Kaaps in koerante en tydskrifte soos Son, Son op Sondag en Kuier. Ook in die sakewêreld word Kaaps toenemend as ’n advertensiemedium benut. Le Cordeur (2016:83–100) se pleidooi vir die herstandaardisering van Kaaps en die insluiting van die taal in die skool skets nie net die lang geskiedenis van marginalisering nie, maar ook die ontwaking van ’n nuwe wil om iets heel prakties daaromtrent te doen. Die bestaan van radioprogramme in Kaaps (byvoorbeeld op RKP – Radio Kaap se Punt) is moontlik die mees aanvaarbare vorm van Praatkaaps en kan die grondslag van ’n meer omvattende geskrewe Standaardkaaps vorm. Verder het daar Bybelgedeeltes in Kaaps verskyn, soos aan die begin genoem.

5.2 Verdere taalontwikkeling in Kaaps

Standaardisering is nie noodwendig die uitsluitlike reg en voorreg van één variëteit nie, maar ruimte kan geskep word vir die ontwikkeling van die ander variëteite in die taalbundel so ver as wat hulle sprekers dit wil neem. Daar is verskeie maniere om hierdie taalontwikkeling aan te pak.

Hendricks (2012:29–30) stel ’n keuse tussen twee moontlikhede voor: om die regiolekte (Suidwestelike Afrikaans en Oranjerivier-Afrikaans) as die nuwe standaard daar te stel, of “die huidige standaardvariëteit evolusionêr te hervorm […] gestut deur vernuwende inklusiewe sosio-politieke stukragte”. ’n Derde keuse is om Kaaps apart in die groter makroafrikaanse variëteitebundel te ontwikkel, met ander woorde dit moet in die dialektebundel bly en daardeur beïnvloed word, maar tegelykertyd ’n standaardiseringsbestaan van sy eie begin kry. Dit is hier waar ’n wisselwerking tussen die vertaling van die Bybel in Kaaps (en Gariepafrikaans) en die standaardisering van Kaaps tot stand kan kom. So beskou is Bybelvertaling in Kaaps en Gariepafrikaans moontlik nie so vêrgesog nie, soos uit verskeie voorbeelde van soortgelyke situasies in Wes-Europa blyk (sien hieronder). Om dit egter moontlik te maak, moet Kaaps as ’n “volwaardige kommunikasiekode naas Standaardafrikaans gedy” (Hendricks 2012:30). ’n Kopskuif sal gemaak moet word om Kaaps van ’n minderwaardige variëteit op te hef tot ’n “gelykevlak-perspektief”, en om Kaaps te ondersteun in domeine waar die standaardvariëteit tradisioneel die botoon voer, soos in kerke en moskees, geregshowe en die media, met “erkenning van gebruiksgeldigheid” (Hendricks 2012:30). Van Rensburg (2012:138) skryf in dieselfde trant: “Taalidentiteit het te make met ruimte vir die ontwikkeling van die eie. En selfvertroue om die eie te gebruik waar dit nodig is.” En verder nog in dieselfde trant pos Johann Basson op LitNet: “Hiermee ’n uitdaging aan u en mede-Kaapssprekers om Kaaps verder te ontwikkel tot ’n volwaardige taal in eie reg, onafhanklik van standaard Afrikaans. ‘Just do it.’”8

Waar Oosgrensafrikaans 150 jaar gelede was, is Kaaps nou. Die grootste struikelblok is waarskynlik interne weerstand. Dit is ’n kwessie van selftoestemming, selftoelating en taaltrots. Hein Willemse (2012:iii) soek “die bevordering van die waardigheid van Kaaps en die sprekers daarvan – ’n waardigheid wat histories in gedrang gekom het onder druk van Standaardafrikaans en die magskonstruksie wat daaromheen gebou is.” Hy ondersteun die idee van “sprekers wat die vermoë ontwikkel om ’n verskeidenheid registers te beheers”, en wil sien dat Kaapse gebruikers ”eerder […] put uit ’n wyer letterkundige en retoriese strategie tot beskikking van skrywers, waaronder kenmerkende spraakritmes, idiomatiese taalgebruik, en gepaste beelding”.

Hoe die verhouding tussen twee “ontwikkelde” taalvorme binne één variëteitebundel daar gaan uitsien, is hoogs onvoorspelbaar.

5.3 Standaardiseringsgrense

Afrikaans is net soos Kaaps ’n oorlewingstaal. Sy sterkte kom nie van 1948 of selfs van 1925 af nie, maar reeds van vóór 1875 af. Toe, in die ongunstige posisie waarin dit was, het dit die lang pad van standaardisering aangepak en geslaag.

Is Kaaps tans ’n taal, of net ’n variëteit? Het dit genoegsame taligheid om op sy eie te staan? Die data wys dat dit inderdaad kan, en dit alreeds doen. Die vraag is nie of Kaaps náás Standaardafrikaans hom as ’n ontwikkelde taal kan vestig nie; dit beteken nie dat Kaaps die nuwe Standaardafrikaans kan of gaan word nie (Hendricks 2016:29–30).9 Die vraag is of taalontwikkeling vir sy eie mense ’n funksie het. Wil hulle dit hê? Voel hulle dat dit nodig is? As daardie interne drang vir taalontwikkeling ’n werklikheid is, sal nóg politieke of ekonomiese druk, nóg die sogenaamde lae status dit enigsins kan keer.

Die lae status is van buite af oor twee eeue afgedwing en intern as sodanig aanvaar. Die vraag is egter of daar nou genoeg momentum is vir eietaalontwikkeling. Verskeie tekens dui daarop dat dit beslis ’n werklikheid is. Die onsekerheid het betrekking op die hóé. Moet dit in die groter Afrikaans as ’n verryking van Standaardafrikaans geskied, of parallel met Standaardafrikaans?

Taalontwikkeling vir ’n taal beteken nie noodwendig volle ontwikkeling op die kort of lang termyn nie. Beperkte taalontwikkeling kan ook oorweeg word in soverre die sprekers dit wil aanvaar.

 

6. ’n Bybelvertaling in Kaaps: Is dit tog nie vêrgesog nie?

Taalontwikkeling en Bybelvertaling kan nie voorgeskryf of ingeperk word nie. As daar ’n behoefte daaraan ontstaan, word Bybelvertalings in die niestandaardvariëteite van die geheeltale of variëteitebundels aangepak.

6.1 Voorbeelde van Bybelvertalings in variëteitebundels in ander lande

Wes-Europa is die bakermat van bekende en algemeen gebruikte Bybelvertalings, soos die Engelse King James Version (1611), die Franse Louis Segond (1910) en die Nederlandse Statenbijbel (1637). Hierdie vertalings was die direkte gevolg van die uitvinding van die drukpers en van die Hervorming wat kort daarna plaasgevind het. Dit is te wagte dat daar in Wes-Europa heelwat voorbeelde van Bybelvertalings in niestandaardvariëteite sal wees. Voorbeelde uit Spanje, Frankryk, Switserland, Nederland en Noorweë word hier onder genoem, asook ’n voorbeeld van ’n Arabiese vertaling.

Die variëteitebundel en taalsituasie in Spanje is kompleks. Kastiliaanse Spaans is die grootste taalgroep10 en word algemeen aanvaar as Standaardspaans, maar daar is nou vertalings beskikbaar in Asturies (gepubliseer in 202111) en Galicies (1989), albei variëteite van die geheeltaal Spaans, en albei nou ook amptelike erkende tale. Katalaans (met Bybels wat in 1478, 1993, 2000 en 2009 gepubliseer is) is nie ’n Iberies-Romaanse taal nie; dit is ’n Gallo-Romaanse taal, dus nader verwant aan Occitaans in die suide van Frankryk. Baskies is weer heeltemal verskillend. Daar bestaan nou Bybelvertalings in al hierdie tale wat nie werklik variëteite van die geheeltaal Spaans is nie.

In Switserland bevind die gebruikers van Switserse Duits hulle in ’n diglossiese situasie, met ander woorde Switserse Duits is die praattaal en Standaardduits of Hoogduits is sowel die skryftaal as die praattaal wat gebruik word. Switserse Duits verskil só van Standaardduits dat dit wedersyds feitlik onverstaanbaar is. ’n Vertaling van die Nuwe Testament in Switserse Duits is wel beskikbaar (gepubliseer in 1984).

Ook in Arabies bestaan daar meer as een vertaling. Daar is die vertaling in Klassieke Arabies teenoor die vertalings in meer geografies beperkte Omgangsarabies (soos in Maghreb-Arabies, Tsjadiese Arabies, Soedanse Arabies en Egiptiese Arabies). Arabiessprekendes is (soos die Switserse Duitssprekendes) ook in ’n diglossiese situasie waar die klassieke geskrewe vorm van die Qur’aan in die algemeen gelees kan word, maar waar die behoefte aan vertalings in die streekvorms van Omgangsarabies al hoe groter geword het.

Die situasie in Nederland is ook insiggewend. Hollands is die variëteit van die westelike provinsies van Nederland en het die Standaardnederlands vir die hele land geword, naas die Nedersaksiese variëteite wat tot vandag toe die omgangsvariëteite in die oostelike provinsies is. In die variëteite van laasgenoemde provinsies is daar vandag Bybelvertalings in Gronings en Twents. Daar is ook ’n vertaling in Fries, wat van sowel Hollands as Nedersaksies verskil. In die oostelike en noordoostelike provinsies is daar dus ’n diglossiese situasie: Standaardnederlands is die taal van die onderwys, media, literatuur en kerk, maar die huistaal en die taal vir informele gebruik is soms nog die plaaslike omgangsvariëteite.

In Noorweë kom ’n variasie op die tema voor. Daar is basies twee standaardtale en twee standaardbybelvertalings wat albei algemeen gebruik word. In die suidooste en die noorde is die taal die Deens-gebaseerde Bokmål, wat aanvanklik die enigste standaardtaal was. Die rede hiervoor is dat Noorweë baie lank onder beheer van Denemarke was en eers op 17 Mei 1814 onafhanklik geword het. Bokmål word in die grootste deel van die land gepraat en het gevolglik ’n langer vertalings- en gebruikersgeskiedenis. Daar is egter ook die hedendaagse Nynorsk-standaard wat meer in die suidweste gepraat word.

In Frankryk is daar ook taalvariëteite wat hulle eie Bybelvertalings het. Peter Waldo, die stigter van die Waldensers, het die Bybel in Frans-Provensaals vertaal. Frans-Provensaals word in die suidooste van die land vanaf Lyon in die suide en vanaf die Rhônevallei tot by die Alpe, en in die weste van Switserland gepraat. Dit is die oudste volledige Bybelvertaling in ’n Europese taal en is in 1160 voltooi, meer as 200 jaar vóór John Wycliffe en sy Lombardiërs se vertaling in Engels in 1383. Dit was die Bybel van die Waldensers, die voorlopers van die Hervorming. Occitaans is die groot omgangsvariëteit in die suide van Frankryk, ’n streek wat strek vanaf die Atlantiese kus tot by die Alpe. 12 In Suid-Frankryk het verskeie uitgawes van die Bybel in Occitaans13 verskyn.14

Dan is daar die geval van Portugees. Oor ’n paar honderd jaar het Brasiliaanse Portugees weggeskuif van Kontinentale (Europese) Portugees, op sy eie begin ontwikkel en sy eie literatuur en Bybelvertalings begin kry. As gevolg van getalleoorwig begin Brasiliaanse Portugees die sterker variëteit te word, in toenemende konflik met Kontinentale Portugees, soos dit duidelik geword het met die onlangse debatte rondom die nuwe ortografie. Brasiliaans het langsaan Kontinentale Portugees binne die Portugees-Galiciese geheeltaal sterk ontwikkel. Intussen is Portugees selfs in Afrika aan die verander, met as uitdrukking daarvan die onlangse loodsing van ’n Bybelvertaling in Mosambiekse Portugees.

Die talle voorbeelde van Bybelvertalings in variëteitebundels hier bo versterk die aanname dat ’n Bybelvertaling in Kaaps en Khoi-Afrikaans nie vêrgesog is nie.

6.2 Wat van die Bybel of Bybelgedeeltes in Kaaps?

Vir ’n vertaling in Kaaps is die tafel basies gedek. Daar is ’n oplewing in die gebruik van die taalvorm, ’n geskrewe standaard is stadig maar seker besig om vorm aan te neem en die verskille tussen Standaardafrikaans en Kaaps word toenemend gedokumenteer, van fonologiese en morfosintaktiese tot leksikale en idioomverskille. Die kritieke vraag wat nog beantwoord moet word, is of daar op grondvlak genoegsame belangstelling vir so ’n projek is, en of dit maar net ’n nuwigheid vir ’n handjie vol geïnteresseerdes is. Verder, as daar besluit sou word om so ’n grootskaalse en verteenwoordigende projek in Kaaps aan te pak, gaan dit nodig wees om die keuse van die taalvariëteit vas te pen, wat die (waarskynlik gedeeltelike) standaardisering van daardie variëteitekeuse inhou. Gaan dit Kaaps wees, of Moesliemkaaps, of gaan daar verder op die glyskaal in die rigting van Kaapse Omgangsafrikaans beweeg word? As dit Kaaps gaan wees, sal daar gekies moet word tussen die orale variëteit Praatkaaps en ’n gestandaardiseerde geskrewe Kaaps. Dit is alles kwessies wat wye oorleg en navorsing gaan verg. ’n Bybelvertaling in Kaaps, mondelings of skriftelik, of albei, beteken nie noodwendig dat volle taalontwikkeling vir Kaaps vereis word nie. Daar is baie tale met vertalings wêreldwyd wat maar net ’n gedeeltelike taalontwikkeling ondergaan het.

Daar is egter wel ’n probleem. Bybelvertalings in variëteitebundels of geheeltale naas vertalings in standaardvariëteite is dikwels nie ’n kollektiewe inisiatief nie. Baiekeer is daar ’n vakpersoon wat die taal goed bemeester en dan basies alleen werk. Finansiële beperkings is dikwels ook ’n onderliggende faktor en so ’n projek kan baie lank neem.

Daar is ook verskillende motiverings vir ’n Bybelvertaling wat grondig van mekaar verskil:

  1. Eerstens is daar die vertaling wat iemand doen vanuit ’n persoonlike belangstelling en as ’n vorm van selfuitdrukking. Die vertaler produseer ’n literêre uitdrukking van die Bybel se universele boodskap en die inhoud en taal is van ’n hoë literêre gehalte. So ’n vertaling word nie noodwendig algemeen gebruik nie, hoewel dit soms die geval kan wees.
  2. Tweedens is daar die motivering van ’n kulturele erfenis. Taalgemeenskappe sien graag ’n vertaling in hulle eie taalvorm om hulle taal teen verval en verdwyning te vrywaar. Dit gaan dus oor die begeerte van taalhandhawing, maar so ’n vertaling het nie juis ’n groot godsdienswaarde nie.
  3. Derdens is daar die sterk godsdiensmotivering om die dieper kommunikasiewaarde in die vorm van ’n eie godsdienskode te kan benut. In sulke gevalle is die vertalingsproses gewoonlik ’n kollektiewe proses wat algemeen aanvaar word.

Die waarde van ’n Bybelvertaling in Kaaps lê daarin dat ’n diepbeleefde taalkode ’n dieper en hoër godsdienskommunikasie tot gevolg het, wat kennisverwerwing sowel as kennisuitdrukking betref. Dit sal ’n dieper verstaan van die Bybelse boodskap bevorder. ’n Dieper indringing van spesiale godsdienskennis is in ’n mindere of meerdere mate die gevolg, maar dit kan ’n dieper aanneemlikheid, ’n dieper geestelike belewing en ’n groter genieting en bevrediging van godsdienswaarhede vir die Bybelleser meebring.

 

7. Moontlike pad vorentoe

Vanuit ’n ekolinguistiese verwysingsraamwerk met sy negatiewe standpunt teenoor taalhegemoniese en taalverdringende invloed, kan gesê word dat die eindgebruikers vry is om te kies of so ’n Bybelvertalingsproses wyer gaan uitkring of by ’n kleiner belangegroep gaan bly. Van uiterste belang in die lig van die huidige sosiopolitieke en sosiopsigologiese konteks, sal die inisiatief van Kaapssprekendes moet uitgaan, van binne aangespoor moet word en ’n hoë vlak van eienaarskap aanvaar moet word.

7.1 Watter voorbereidings is nodig?

In die lig van die heersende interne en eksterne vooroordele, wat oor meer as 300 jaar gevorm is, is dit heel waarskynlik dat so ’n inisiatief weerstand gaan ervaar, net soos in die geval van Afrikaans in die tweede helfte van die 19de eeu. Die vraag is hoekom Adam Small se baanbrekerswerk van 50 jaar gelede nog nie werklik posgevat het nie, aangesien geskrewe Kaaps al ’n lang geskiedenis het. Dit is sekerlik weens onderdrukking en negatiewe persepsies, maar desondanks is dit verbasend dat daar nie meer literêre produksies was nie. ’n Proses van selfbemagtiging is dus nodig van Kaaps as ’n godsdienskode in sy omgewing. Drie faktore kan weerstand oproep:

  1. Die vulgêre gebruik van Kaaps kan mense negatief stem wanneer dit by Bybelvertaling kom. Die siening van Kaaps as ’n skeltaal, vloektaal of kragtaal kan baie mense teen die bors stuit. Taalgebruikers kan die siening hê dat Kaaps die beleefdheidsgrense te gereeld oorskry en daarom as Bybeltaal onaanvaarbaar is. Beskouinge van sogenaamde onbeleefde taligheid van Kaaps kan die Bybeltaalontwikkeling van Kaaps belemmer en selfs in die wiele ry.
  2. As so ’n produk deur sommiges, veral buitestaanders, as “oulik” gesien word, maar nie werklik ernstig opgeneem word nie, kan hierdie vermaaklikheidsfaktor die vertalingsinisiatief kniehalter.
  3. Die sogenaamde onsuiwerheid (’n ongewenste waardestelling in die lig van ekolinguistiek!) van Kaaps kan ook ’n struikelblok wees. Die vermenging met Engels werk teen die ongeskrewe verwagting in dat godsdienstaal suiwer moet wees. Suiwer taalgebruik as ’n voorvereiste vir ’n Bybel is ’n teologiese siening dat die Opperwese in suiwer, maar dikwels ontoeganklike en selfs hoogdrawende, amptelike taal benader moet word. Vir diesulkes is die gesproke omgangstaal dus ongeskik vir godsdienstaal. Hierdie stryd woed al sedert die sestigerjare met die verskyning van Eugene Nida (1964; 1969) se dinamiese-ekwivalente vertaalmetode. Dit is dus eerder ’n teologiese en nie meer ’n taalkwessie per se

Die ekologie van taal speel ’n belangrike rol hier. Individuele sprekers maak individuele taalkeuses en groepe taalgebruikers maak kollektiewe taalkeuses. Dit is onvermydelik dat ’n taalkeuse gemaak sal moet word. Bybelvertaling is ’n logiese gevolg van al die aanvanklike tendense. Die volgende gunstige faktore kan reeds geïdentifiseer word:

  1. Kaaps het ’n sterk maar onderliggende en interne identiteit. Daar is tekens van ’n oplewing van taaltrots, ’n belangrike bestanddeel vir suksesvolle taalontwikkeling.
  2. Dit het ’n algemene omgangstaalgebruik, ten spyte van intense taalvermenging en taalkontak.
  3. Daar is ’n onderskeibare taalontwikkelingstrajek: in literêre gebruik, in die media (soos die radio en koerant) en in ander kulturele gebeurtenisse.

Verdere voorbereidende stappe is waarskynlik nodig. Vir enige langtermynproduk soos ’n Bybelvertaling is daar ’n sekere onderbou nodig, baie soos die geskiedenis van die Bybelvertaling in Afrikaans. In 1865 was die omstandighede nog nie reg om die amptelike erkenning van Afrikaans en ’n Bybelvertaling aan te pak nie. Dit moes meer as 50 jaar wag terwyl die Eerste Taalbeweging en die politieke geskiedenis hulle pad geloop het.

Voorbereidende stappe kan die volgende insluit:

  1. ’n Proses van selftoestemming moet geïnisieer word dat so ’n produk gewens en uitvoerbaar is ten spyte van die geskiedenis en ten spyte van negatiewe taalgesindhede.
  2. ’n Talige onderbou moet daargestel word deur ’n woordeboek in Kaaps en ’n Kaapse grammatika saam te stel.
  3. Pedagogiese materiaal vir onderwys moet ontwikkel word.
  4. Kerklike streeksleiers en moontlike sinodebesluite sal die deurslag moet gee. Dit gaan baie belangrik wees dat die kerke sowel uitspraak as inspraak lewer oor die geskiktheid van Kaaps as godsdienstaal. As die Kaapse vertaling uiteindelik nie in die kerke toegelaat gaan word nie, sal die projek uitrafel en eenkant toe geskuif word.
  5. Eksperimentering met aanvangsprojekte in Bybelvertaling en ander taalprojekte moet onderneem word.

In hierdie stadium is dit belangrik dat die Bybelvertalingsagentskappe soos die Bybelgenootskap van Suid-Afrika, Wycliffe Bible Translation, Seed Company en andere hulle rolle verstaan teenoor die eindverbruikers van so ’n vertaling. Eienaarskap deur die eindverbruikers is die sleutel tot enige suksesvolle projek. Met die geskiedenis van Kaaps en die mense wat Kaaps gebruik, is die risiko des te meer akuut. Dit beteken nie dat die Bybelvertalingsagentskappe niks kán of mág doen nie; hulle kan sekerlik die proses van die kantlyn af aanmoedig, maar hulle kan nie op hierdie sensitiewe stadium met die bal hardloop nie.

Opsommenderwys word aanbeveel dat wanneer die behoefte vir kollektiewe aksie vir ’n Bybelvertaling in Kaaps ontstaan, daar ’n gesprek aangeknoop word tussen die potensiële eindverbruikers en hulle godsdienstige en kerklike besluitnemingsmeganismes soos sinodes en kerklike konferensies; ook dat wanneer die gebruikers gereed is, hulle die Bybelvertalingsagentskappe nader vir koördinering en tegniese bystand. ’n Tweede aanbeveling is om as deel van die aanvanklike besluitnemingsproses met ’n aanvangsprojek af te skop wat met moontlike eindprodukte eksperimenteer.

7.2 Moontlike Bybelprodukte

Daar is heelwat pasklaar moontlikhede vir die Bybel. Die vier kernprodukte is 1) die gedrukte Skrif, 2) oudio-opnames gebaseer op die gedrukte Skrif, 3) opnames van orale Skrifvertaling, en 4) dinamiese orale Bybelverhaalvertelling. Veral die laaste twee produkte is ’n nuwe ontwikkeling wat gepaard gegaan het met die herontdekking van oraliteit en orale tradisies in teenstelling met literêre, geskrewe werk. Daar is dus nou ’n nuwe uitdrukkingsmoontlikheid vir die Bybel: oraal-mondeling teenoor literêr-skriftelik. Orale weergawes is nie dieselfde as oudio-opnames nie. Oudio-opnames is basies skryftaal in hoorbare formaat, terwyl orale benaderings die rykdom van praattaal benut. Die gedrukte Bybel is dus nie noodwendig die enigste moontlikheid vir ’n vertaling nie.

’n Orale aanvangsprojek sou baie aktueel wees. Kaaps is tans hoofsaaklik en ten diepste ’n gesproke taal in die vorm van Praatkaaps of Omgangskaaps. Skryfkaaps is nog jonk en ’n groot mate nog ongestandaardiseerd met ’n gebrek aan ’n eie woordeboek, spelreëls en ’n grammatika in eie reg, soos reeds aangetoon is. Terwyl hierdie eie taalontwikkeling tyd nodig het om tot volle uitdrukking te kom, kan ’n orale vertaling intussen op media soos die internet of radio, MP4-opnames, op selfone en ander klankmedia versprei word. ’n Orale vertaling van die Bybel in Kaaps, in Praatkaaps in teenstelling met Skryfkaaps, kan ’n goeie voorloper van ’n Bybel in Skryfkaaps wees. ’n Produk wat op ’n ryk orale tradisie gebaseer is, kan so op ’n Bybel in Skryfkaaps inspeel. ’n Orale produk hoef nie noodwendig ’n geskrewe produk vooruit te loop nie. Dit is net ’n alternatiewe moontlikheid om die rykdom van Praatkaaps te benut.

Niemand is gebind aan ’n volledige geskrewe Bybel vanaf die eerste dag nie. Daar kan verskeie fases wees, elkeen met ’n omvattende evalueringsproses voordat die volgende fase aangepak word. Daar kan, byvoorbeeld, aanvanklik ’n aanvangsprojek wees wat met 50 Bybelverhale en een volledige Bybelboek eksperimenteer. As dit positief geëvalueer word, kan daar ’n paar volledige Bybelboeke volg. As dít ook positief blyk te wees, kan volledige testamente en uiteindelik ’n volle Bybel vertaal word – almal ook oraal-mondeling, of skriftelik, of die een na die ander, of albei tegelykertyd.

Daar is al Kaaps vertalings wat hier en daar verskyn het. Hier onder is vier voorbeelde:

Olivia Coetzee (s.j.a.) se Jesaja 26:20:

Gat huis toe, my mense, gat in julle kames en sluit die deure agte julle. Stiek julleself weg vir ’n kôt rukkie, tot Got se kwaad veby is.

Etienne Pieterse (2022) se eerste konsep van Markus 1:7–8:

7 Hy’t gepriek en gesê “Die Een wat na my kom, is baie kwaier as ek. Ek issie ees wed om te sak en sy skoene se vieters vas te makie. 8 Hy sê toe vi hulle, “Kykie ek gan julle met water doep né, ma Hy ga julle met die Heilige Gees doep”.

Derdens, Psalm 1:1–2 van Willa Boezak uit Die Pesalms vi ôse mense (2019):

1 Hêppie is daais wattie lyste na gangsters íe,
Oekie moet merts vrinne maak’ie of moet skinnebekke saam whietie nie,

2 maa wat hulle geluk vang innie Woord vannie Djirre
en ammekaa daa’oo dink, vannie oggend torrie aand.

Die wenner van LitNet se Bybel in Kaaps-kompetisie (LitNet 2018) was Kyle Deon Manuel van Bonteheuwel op die Kaapse Vlakte met sy vertaling van Genesis 1:1–3:

Aanie begin het God die hiemele enie aarde gemaak. Har’was niks, die aarde was helemal onbewoenbaar. ‘It was donker oppie waters, maar’ie Giees van God het oorie water geswief. Toe’et God gesê: "Lat die lig uitstiek!" En skielik toe wa’sa lig.

God het gesien’ie lig was kwai, en hy’t die lig en die donker va’mekaar geseparate. God het toe’rie lig "dag" genoem ennie donker het hy "nag" genoem. Dit het nag geword en’it het dag geword. Nou soe wassie eerste dag gemaak.

Toe’it God gesê: "Laat daar separation wies tussen’ie waters, om’ie waters van mekaar te skei." Soe herrit gebeur. God het’ie separation gemaak enn’ie waters, bo en onne en alles in die omtes, het liewendig geword. God het’ie boenste omte "hiemel" genoem. Dit het nag geword en’it het dag geword. Dai was’ie twiede dag.

 

8. Ten slotte: voordele en risiko’s van so ’n taalontwikkeling

Die benadering hier bo kan besliste voordele meebring: eerstens, groter erkenning van Kaaps; tweedens, ’n sterker identiteitsmerker vir Kaapse sprekers; en derdens, effektiewer kommunikasie in ’n godsdienskode wat dieper indring. In die taalekologie van die veeltaligheid in die Kaap gaan die behoefte aan die funksie van effektiewe kommunikasie in die domein van godsdiens moontlik die oortuigendste rede vir ’n Bybel in Kaaps wees. Dalk gaan dit daar bly, soos in baie gevalle wêreldwyd. Die vereiste van die standaardisering van Kaaps as ’n godsdienskode (d.w.s. ’n Bybelvertaling, onder andere) om die funksie van effektiewe kommunikasie te bereik, hoef nie te beteken dat nét grootskaalse standaardisering van Kaaps ’n moet is nie.

Risiko’s is die volhoudende negatiewe gesindhede van die kant van nie-Kaapssprekers, ’n swak taaltrots en ’n trae omhelsing van die konsep van taalontwikkeling van Kaaps deur die eindgebruikers self. Die ongewenste spanning tussen die variëteite kan die implementering van ’n Kaapse oraal-mondelinge of geskrewe Bybel teen ’n klipmuur van interne weerstand laat stuit. Wanneer gebruikers van binne en toeskouers van buite die ontwikkeling van Skryfkaaps en die ontwikkeling van Kaaps as godsdienskode as ’n bedreiging van die status quo beskou, kan hulle die vertaalproses in die wiele ry. ’n Vertaling van die Bybel in Kaaps beteken egter nie dat Kaapse eindgebruikers gaan ophou om die Bybel in Engels of Standaardafrikaans te lees nie. Die taalekologiese omgewing van Kaaps sluit hierdie moontlikheid uit. Veeltaligheid het gekom om te bly.

 

Bibliografie

Basson, E.R. 2018. ’n Kritiese ondersoek na die plek van Kaapse Afrikaanse taalkunde en kallitidentiteit in die Afrikaans Huistaalklaskamer aan die hand van Kaapse Afrikaanse idiomatiese uitdrukkings. MA-verhandeling, Universiteit Stellenbosch.

Boezak, W. 2019. Die Pesalms vi ôse mense. Kaapstad: DAK-Netwerk.

Bouwer, L.E. 2005a. Language ecologies in Madagascar: An ongoing study. Referaat gelewer by die International Language Assessment Conference, Chiang Mai, Thailand, 7–14 September.

―. 2005b. Ecology of language and language assessment: A case study. Referaat gelewer by die International Language Assessment Conference, Chiang Mai, Thailand, 7–14 September.

―. 2010. Language ecology: An introduction. Referaat gelewer by die International Language Assessment Conference, Penang, Maleisië, 3–10 November.

―. 2017. E-pos aan die skrywer.

Carstens, W.A.M. en M. le Cordeur (reds.). 2016. Ons kom van vêr: Bydraes oor bruin Afrikaanssprekendes se rol in die ontwikkeling van Afrikaans. Kaapstad: Naledi.

Chen, S. 2016. Language and ecology: A content analysis of ecolinguistics as an emerging research field. Ampersand, 3(2016):108–16.

Coetzee. O.M. 2017. Waarom die Bybel in Kaaps?  https://www.litnet.co.za/waarom-die-bybel-kaaps (26 Augustus 2022 geraadpleeg).

_ . s.j.a. Olivia M Coetzee. https://www.litnet.co.za/author/olivia-m-coetzee (26 Augustus 2022 geraadpleeg).

―. s.j.b. Bybel in Kaaps. https://www.litnet.co.za/category/nuwe-skryfwerk-new-writing/bybelinkaaps (26 Augustus 2022 geraadpleeg).

Davids, A. 2011. The Afrikaans of the Cape Muslims from 1815 to 1915. Menlo Park: Protea Boekhuis.

De Vries, A. 2016. Kaaps in koerante. In Hendricks en Dyers (reds.) 2016.

Den Besten, H. 1989. From Khoekhoe foreigner talk via Hottentot Dutch to Afrikaans: The creation of a novel grammar. In Püts en Dirven (reds.) 1989.

Du Plessis, H. 2008. Innie skylte vannie Jirre: Griekwapsalms en ander gedigte. Midrand: LAPA Uitgewers.

Dyers, C. 2016. Konsepomwenteling in die taalwetenskap: Implikasies vir die studie van Kaaps. In Hendricks en Dyers (reds.) 2016.

February, V.A. (red.). 1994. Taal en identiteit: Afrikaans en Nederlands: Voordragte gehou in die Pieterskerk, Leiden, 23–24 Junie 1992, onder beskerming van die Afrika Studiecentrum. Kaapstad: Tafelberg.

Fransman Jr, W. 2019. Kaapse Afrikaans: ’n Uitdaging, maar ook ’n wonderlike vooruitsig! Referaat gelewer tydens Lenteseminaar, Universiteit van Pretoria, 13 September.

Haugen, E. 1968. Dialect, language, nation. The American Anthropologist, 68(4):922–35.

―. 1972. The ecology of language: Essays selected and introduced by A.S. Dill. Stanford: Stanford University Press.

Hendricks, F. 2012. Om die miskende te laat ken: ’n Blik op Adam Small se literêre verrekening van Kaaps. Tydskrif vir Letterkunde, 49(1):95–114.

Hendricks, F. 2016. Die aard en konteks van Kaaps: ’n Hedendaagse, verledetydse, en toekomsperspektief. In Hendricks en Dyers (reds.) 2016.

Hendricks, F. en C. Dyers (reds.). 2016. Kaaps in fokus. Stellenbosch: SunMEDIA.

Hendricks, F. en C. Dyers. 2016. Inleiding. In Hendricks en Dyers (reds.) 2016.

Jantjies, C. 2017. Kaaps: deel van die standaard?  https://www.litnet.co.za/kaaps-deel-van-die-standaard (26 Augustus 2022 geraadpleeg).

Kotzé, A.E. 1995. ’n Fonologiese en morfologiese beskrywing van Lobedu. Doktorale proefskrif, UNISA.

Kotzé, E.F. 1983. Variasiepatrone in Maleier-Afrikaans. Doktorale proefskrif, Universiteit van die Witwatersrand.

―. 2016. Die historiese dinamika van Kaaps: Toe en nou. In Hendricks en Dyers (reds.) 2016.

McCormick, K. 2002. Language in Cape Town’s District Six. New York: Oxford University Press.

McLachlan, T. 2020. Oor Kaaps en herstandaardisering: ’n mening.  https://www.litnet.co.za/oor-kaaps-en-herstandaardisering-n-mening (26 Augustus 2022 geraadpleeg).

Meads, C. 2020 Afrikaans gestandaardiseer, Kaaps misken.  https://www.litnet.co.za/pen-afrikaans-om-boeke-in-kaaps-te-publiseer (26 Augustus 2022 geraadpleeg).

Le Cordeur, M. 2016. Kaaps: Tyd dat die taal van die Kaapse Vlakte in die formele skool verreken Word. In Hendricks en Dyers (reds.) 2016.

LitNet. 2018. Bybel in Kaaps-kompetisie: wenners aangekondig. https://www.litnet.co.za/bybel-kaaps-kompetisie-wenners-aangekondig (26 Augustus 2022 geraadpleeg).

Pieterse, E. 2022. Die Evangelie volgens Markus (manuskrip van ’n ongepubliseerde eerste konsep).

Ponelis, F.A. 1994. Standaardafrikaans in oorgang. In February (red.) 1994.

―. 1998. Standaardafrikaans en die Afrikaanse taalfamilie. Stellenbosch: Universiteit Stellenbosch.

―. 1999. Die oorspronge van Afrikaans. http://www.archive.org/stream/rosettaproject_afr_detail-6/rosettaproject_aft-detail_djvu.txt (8 April 2022 geraadpleeg).

Püts, M. en R. Dirven (reds.). 1989. Wheels within wheels: Papers of the Duisberg Symposium on pidgin and creole languages. Frankfurt am Main: Peter Lang.

Saal, E. 2019. Van “brokwa” tot “broodgoed” – op reis met Oranjerivierafrikaans (Gariep-Afrikaans). ATR-komvandaan-seminaar. https://www.litnet.co.za/atr-komvandaan-seminaar-2019-van-brokwa-tot-broodgoed-op-reis-met-oranjerivierafrikaans-gariep-afrikaans (26 Augustus 2022 geraadpleeg).

SARIE-promosiespan. 2018. Watter Afrikaans praat jy? Loer hier en gesels saam. https://www.netwerk24.com/sarie/myself/ons-lewe/hieroor-praat-mense/ken-jy-afrikaans-se-onmisbare-varieteite-20180803 (26 Augustus 2022 geraadpleeg).

Van Huyssteen, G. 2020. Sake voortspruitend: ’n Reaksie op Michael le Cordeur se hervormingstrategie vir die Afrikaans-skoolkurrikulum.  https://www.litnet.co.za/sake-voortspruitend-n-reaksie-op-michael-le-cordeur-se-hervormingstrategie-vir-die-afrikaans-skoolkurrikulum (26 Augustus 2022 geraadpleeg).

Van Rensburg, C. 2012. So kry ons Afrikaans. Pretoria: LAPA Uitgewers.

Willemse, H. 2012. Soppangheid vir Kaaps: Mag, kreolisering, en Kaapse Afrikaans. In Hendricks en Dyers (reds.) 2016.

 

Eindnotas

1 Hierdie artikel is oorspronklik as ’n referaat aangebied tydens die 2017-sessie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Arcadia, Pretoria.

2 ’n Voorbeeld is Innie skylte vannie Jirre: Griekwapsalms en ander gedigte (2008).

3 Translanguaging is ’n sosiolinguistiese konsep wat verwys na die gelyktydige gebruik van meer as een taalkode in een taaluiting.

4 Sibo Chen (2016:113) skryf oor die “ecolinguist’s anti-hegemonic commitment”.

5 Die term skuiltaal is deur Pieter Engelbrecht gemunt (mondelinge mededeling).

6 Sien ook Hendricks (2012:97) na aanleiding van die opmerking hier bo oor geleentheidskode.

7 Daar kan byvoorbeeld gevra word wat die status van Kaaps in vergelyking met die ander niestandaardvariëteite van Afrikaans is. Is daar ’n universele Gariepafrikaans? Is daar ’n variëteit wat uitstaan? Wat van Griekwa-Afrikaans (of dalk beter, net Griekwa)? Ongelukkig laat die ruimte dit nie toe om verder op hierdie vrae in te gaan nie.

8 https://www.litnet.co.za/kaaps-is-the-future-of-afrikaans/ (2 September 2022 geraadpleeg).

9 Sien Hendricks se eerste opsie vroeër.

10 https://bilingualkidspot.com/2020/09/10/languages-spoken-in-spain-official-language-more (23 Maart 2022 geraadpleeg).

11 Vir meer inligting oor die Asturiese Bybel, sien https://evangelicalfocus.com/culture/11186/first-complete-bible-in-asturian-language-published (23 Maart 2022 geraadpleeg).

12 https://geopoliticalfutures.com/french-languages-dialects (23 Maart 2022 geraadpleeg).

13 Sants Evangèlis, die Evangelies in Occitaans deur Juli Cubaines (Toloza: Societat d'Estudis Occitans, 1931), gevolg deur die nuwe La Bíblia: Ancian Testament, die Ou Testament vertaal in Occitaans deur Fr. Joan Larzac (Toulouse: Letras d'òc, 2013), op sy beurt weer gevolg deur die La Bíblia, Nouveau Testament, die Nuwe Testament in Occitaans, ook deur Fr. Joan Larzac (Toulouse: Letras d'òc, 2016).

14 Daar is selfs verdere subvariëteite in Frankryk met vertalings, naamlik in die Gaskonse en Aranese variëteit. Evangèli segon sant Matèu (Pau: Per Noste, 1995), vertaal in Gaskons deur Miquèu Grosclaude; Nau testament (Val d'Aran: Archiprestat d'Aran-Avescat Urgelh, 2010), vertaling in die Aranese subvariëteit.

 

• Die fokusprent deur Joel Muniz by hierdie artikel is geneem van Unsplash.

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Is ’n Bybelvertaling in Kaaps dalk tog nie vêrgesog nie? ’n Perspektief op taalontwikkeling binne die Afrikaanse variëteitebundel appeared first on LitNet.

Is a Bible translation in Kaaps possibly not far-fetched after all?

$
0
0

Abstract

In the wider context of globalisation, and in reaction to it, an opposing trend has been observed towards localisation. The rediscovery of local culture, local values and local identities has led to an emergence of local speech varieties as well, and previously ignored or suppressed dialects or variants are increasingly finding their voice. This is the case with Kaaps, or Afrikaaps, around Cape Town, South Africa. Recent publications like Kaaps in fokus (2016), Ons kom van vêr (2016) and Hans du Plessis’s publication of Griekwa-psalms, Innie skylte vannie Jirre: Griekwapsalms en ander gedigte (2008) are examples. This article will describe the sociolinguistic situation of Kaaps from the perspective of the ecology of language, also called ecolinguistics, with the objective of analysing favourable conditions for the development of Kaaps and, as part of that development, a Bible translation.

The study of the ecology of language, or ecolinguistics, focuses on the study of language as a speech variety in its natural environment without making value statements about any of the variants. Ecolinguistics values any speech form for its own sake without setting boundaries, and desires to study its place in a wider socioeconomic and sociopolitical context, and its relationship with other speech forms.

The analysis of the language ecology of Kaaps points to a historical bias against Kaaps in favour of colloquial and standard Afrikaans. Afrikaans was seen as a properly standardised “language” versus Kaaps as only an inferior “dialect” within the Afrikaans macrolanguage cluster. Influences like language hierarchies, standardisation, first and second language approaches in education, etc., led to Kaaps increasingly becoming a “hidden” language – a language still vital in certain domains like the home and in subcultures, but seen as inferior in the domains of religion, media and education. The complex urban environment around Cape Town involves intense language contact, code switching and even translanguaging (in which multiple speech variants are used in a single utterance). Kaaps is often very much mixed with English words.

The varieties of Kaaps can be placed on a continuum. Muslim Kaaps seems to be the more original variation with more Malay and Khoi lexical items, moving to Cape Afrikaans, colloquial spoken Afrikaans, and then to standard Afrikaans. The distinctive features of each variant of Kaaps are not altogether clear yet and merit further study.

The preferred designation of the speech form by its users seems to be Kaaps, and not Afrikaaps or Kaapse Afrikaans (Cape Afrikaans).

There are several issues in relation to the ecolinguistic situation of Kaaps that are relevant to language development. There is an increased interest in and use of Kaaps in media and entertainment, dictionary making, and calls for the use of Kaaps in education and religion. Initial attempts at Bible translation are seeing the light. However, both external and internal resistance to these developments remain strong: Kaaps is still often perceived as unfit for domains like education and religious publications.

Moving from language development to Bible translation is a logical next step. Communication in a preferred speech form leads to a “feel good” factor because identity needs are being met, but it also leads to more effective communication because speakers of preferred speech forms have more vocabulary and semantic ranges of those vocabulary items at their disposal. Hence there exists a growing interest in language development and scripture translation even for speech variants perceived to be less ideal for such developments.

Bible translation in variants within macrolanguages in Europe casts an interesting perspective on the translation of the Bible in Kaaps. In Spain, translations of the Bible in Galician and Asturian, next to standard Castilian, have seen the light, not to mention publications in Catalan and Basque, which are outside the Spanish macrolinguistic cluster. Similarly, in France, the first Bible in western Europe was translated in Franco-Provençal in south-eastern France by Peter Waldo, founder of the Waldensians, in 1160. A new translation in Occitan was published in 2016. In Switzerland, high German remains the language of government, education and religion, but a translation in Swiss German was published in 1984. In the Netherlands, publications in the Low Saxon variants Tweants and Gronings have come to light, in addition to Frisian, which is significantly distant from Dutch and the other Low Saxon variants in north-eastern Netherlands. In Norway, there are two developed “official languages”, Bokmål and Nynorsk, both with Scriptures published, existing side by side.

In terms of some practical recommendations for Bible translations in Kaaps, it is important to recognise the need for local ownership and local initiative. That has already been observed in the Bible translation work of Elsa Coetzee, the publication of Die Pesalms vi ôse mense by Boezak (2019), and in a recent unpublished draft of the Gospel of Mark. There needs to be sufficient language pride to face the external and internal resistance to any language development in Kaaps. A translation in Kaaps cannot really take root unless religious communities, through their leaders, conferences and synods, endorse such a product. One recommendation is to launch pilot projects in both oral and written translation to experiment, bring awareness and create a need for something more substantial in terms of volume. Oral translations will be able to take advantage of the rich and artistic power of expression in Kaaps and could form a bridge to a printed version.

A Bible translation in Kaaps does not automatically entail the full development of standard Kaaps in all aspects. It also does not mean that a Bible in Kaaps will prevent Kaaps speakers from continuing to use the Bible in Afrikaans and English. Multilingualism is here to stay.

Keywords: Afrikaans; Bible translation; ecolinguistics; Kaaps; sociolinguistics; linguistics; language development; language standardisation; language variants

 

• This article’s featured image by Joel Muniz was obtained from Unsplash.

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans

Is ’n Bybelvertaling in Kaaps dalk tog nie vêrgesog nie? ’n Perspektief op taalontwikkeling binne die Afrikaanse variëteitebundel

The post Is a Bible translation in Kaaps possibly not far-fetched after all? appeared first on LitNet.


Musiekvideo: Corné Pretorius sing "Ek Wil Glo"

$
0
0

Corné Pretorius het pas ’n video vir sy enkelsnit “Ek wil glo” uitgereik.

Damiane van Reenen het die video verfilm by Pencil en Oak in die Drakenstein Mall.

Jan Bloukaas het aanvanklik die musiek vir “Ek wil glo” geskryf en dit is later verder verwerk deur Johnny de Ridder. Hunter Kennedy het ook saam aan die lirieke geskryf.

“Ek wil glo” is ’n snit op Pretorius se debuutalbum Halfvol wat in September 2021 uitgereik is.

Die album bestaan uit 10 liedjies wat in samewerking met ’n span gedugte plaaslike kunstenaars en musiekvervaardigers opgeneem is.

Sy grootste treffer tot dusver, die titelsnit van die album “Halfvol”, het reeds ’n gesamentlike luisteraarstelling van 80 miljoen op nasionale radiostasies. Dié gewilde liedjie het in 2020 verskeie eerste plekke bereik, ook op Jacarandafm en Radio Helderberg.

“Liefde is ’n  werkwoord”, die liedjie wat Pretorius saam met Hunter Kennedy in 2021 opgeneem het, het die top posisie op Bok radio se Top 30 gehaal. Oor Bok radio se nommer een sê Pretorius: “In my wildste drome as ’n jong seun het ek nooit gedink ek sal eendag ABBA verbysteek vir ‘n nommer 1-posisie op ’n treffersparade nie!”

“Liefde is ’n werkwoord” is by Pretoria fm se Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings benoem in die kategorieë “Nuweling van die Jaar” en “Alternatiewe/Rockliedjie van die Jaar.”

Sosiale Media:

The post Musiekvideo: Corné Pretorius sing "Ek Wil Glo" appeared first on LitNet.

Program: Elfde Tuin van Digters op 7 en 8 Oktober 2022 by die Breytenbach Sentrum in Wellington

$
0
0

Laai die elfde Tuin van Digters se volledige program hier af!

Die huldiging van die digter Antjie Krog, die oorhandiging van die Ingrid Jonker-prys vir ’n debuutbundel, ’n optrede deur die Nederlandse digter, skrywer en teatermaker Babs Gons, die amptelike bekendstelling van Ons Klyntji, besprekings van nuwe bundels van onder andere Antjie Krog, Adam Small, Philip de Vos en Loit Sôls en uitsonderlike musiektoonsettings van gedigte...

Dit is van die hoogtepunte by vanjaar se Tuin van Digters wat op Vrydag 7 en Saterdag 8 Oktober 2022 by die Breytenbach Sentrum in Wellington plaasvind.

Die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) klink ook op 7 Oktober ’n glasie op 25 jaar van SASNEV en op die Breytenbach Sentrum se ondersteuning van die Nederlandse taal in Suid-Afrika.

Tuin van Digters, wat oor die jare gevestig is as die tuiste van die Afrikaanse digkuns, word in samewerking met NB-Uitgewers weer moontlik gemaak danksy ’n ruim bydrae van die Dagbreek Trust. Die Akkoordent word vanjaar geborg deur die ATKV en die Woordtent in die digterstuin deur Boland Cellars.

Antjie Krog, gevierde Afrikaanse digter, skrywer, joernalis en akademikus wie se werk in verskeie ander tale vertaal is, vier in Oktober ook haar 70ste verjaardag. Verskeie gespreks- en musiekitems om haar, haar skryfwerk en prestasies te vier, is op vanjaar se program. Sy sal ook self aan van die gesprekke deelneem.

Die tema van vanjaar se Tuin van Digters is *ek-is-jy-is. (’n Individu se menswees is geanker in ’n netwerk van menseverhoudinge: ek is omdat jy is; ons is omdat julle is.) Die groepkunsuitstalling, eensaam tesame, sluit hierby aan.

Deur Willem Samuel, lees meer hier.

 Ander hoogtepunte sluit in:

  • ’n Spesiale viering van Antjie Krog in ’n program oor vertaling deur PEN Afrikaans wat insluit Jolyn Phillips, Pieter Odendaal, Shirmoney Rhode, Mbongeni Nomkonwana, Frazer Barry, Deniel Barry en Jerzy Koch.
  • Antjie Krog gesels met van haar vertalers oor onder meer wat maklik en wat moeilik van vertaling is.
  • ’n Gesprek deur Louise Viljoen met die digter en Hertzogpryswenner Johan Myburgh oor sy bundel, Narreskip.
  • Gesprekke deur Daniel Hugo met die bekende Poolse akademikus Jerzy Koch oor Koch se tweede bundel in Afrikaans, Polkadraai, en met die sielkundige en visuele kunstenaar Gerhard Barkhuizen oor sy debuutbundel Smee, wat onder meer handel oor die wisselwerking tussen woord en beeld.
  • Diana Ferrus se Mengelmoesdigters gaan liefhebbers van die digkuns op ’n dinamiese en kleurryke reis neem van die lewe self en jou noop om jou eie identiteit te ondersoek.
  • Die digter Grant Jefthas praat saam met leerlinge van die Weltevrede Sekondêre Skool in Wellington oor sy moeilike lewenspaadjie tot waar hy uiteindelik sy roerende debuutbundel AfvlerkMens die lig kon laat sien.
  • Dr. Thérèse Hulme, ’n bekende narratiewe terapeut, gesels oor haar boek Praat jy!

Idees vir die skep van ’n skryfkultuur in die klas en oor die jongmense wat sy oor ’n tydperk van sewentien jaar aan die skryf gekry het in van die mees gemarginaliseerde gemeenskappe in die Wes-Kaap.

  • Daar is in die Cloete-gemeenskapsgalery animasies uit Antjie Krog se Mankepank deur kunstenaar Willem Samuel, vergesel deur ’n keuse uit sy comics en fantasie-kuns.
  • Wat musiek en gedigte betref, vertel Catherine du Toit en José Dias in woord en musiek oor onder meer ongehoorde liefdes en gapings tussen woord en wording.
  • Dan is daar Universum: ’n interaktiewe luisterervaring van die Afrikaanse mis Die Nuwe Verbond, ’n toonsetting van Antjie Krog se o Brose Aarde, ’n misorde vir Nuwe Verbond deur komponis Antoni Schonken.
  • Protea Boekwinkel het weer ’n boeketafel met die jongste bundels en boeke en ’n besoek aan The Book Traders, die boekwinkel in die Breytenbach Sentrum, is ’n verrassing vir elke boekliefhebber.
  • Frazer en Deniel Barry bring hulde aan Antjie Krog met nuwe toonsettings van haar gedigte, en Momo, al die pad uit die woestyn, sorg vir diep dink met haar stem en ukulele.
  • Die afsluitingskonsert deur Riku Lätti en bekende en onbekende en verrassende musikante en digters gaan spesiaal wees.

Kaartjies kos R150 per persoon vir Vrydag se program, R250 per persoon vir al Saterdag se aanbiedings en R350 per persoon vir ’n tweedagpakket met Vrydag sowel as Saterdag se aanbiedings. Studente met ’n geldige studentekaart betaal R100 per dag en opbetaalde lede van PEN Afrikaans kry gratis toegang.

Laai die elfde Tuin van Digters se volledige program hier af!

Die volledige program is ook op die webwerf beskikbaar by www.breytenbachsentrum.co.za. Besoek ook die Breytenbach Sentrum se Facebookblad en Instragram vir inligting.

Besprekings

Jeannine du Frene: 061 156 5386

H/v Burger- en Malherbestraat, Wellington

Navrae

Francois Lötter, hooforganiseerder: francois@breytenbachsentrum.co.za

The post Program: Elfde Tuin van Digters op 7 en 8 Oktober 2022 by die Breytenbach Sentrum in Wellington appeared first on LitNet.

Pasverskyn: Praat jy! Idees vir die skep van ’n skryfkultuur in die klas deur Thérèse Hulme

$
0
0

Praat jy! Idees vir die skep van ’n skryfkultuur in die klas
Thérèse Hulme

Uitgewer: LAPA
ISBN: 9781776354559

Praat jy! vertel die stories van Thérèse Hulme en die jongmense wat sy oor ’n tydperk van 17 jaar aan die skryf gekry het in van die mees gemarginaliseeerde gemeenskappe in die Wes-Kaap. Laat haar narratiewe benadering jou inspireer om ook uit niks uit ’n skryfkultuur in jou klas te vestig. Om jou daarmee te help is die boek vol kopoopmaak-vrae en praktiese oefeninge vir leerders, herkouvrae vir onderwysers en besprekings wat nuwe insigte bring in KABV-taaldoelwitte. Maar dis veral die stories, gedigte, dramateks en rymkletse van die jong skrywers van haar Piemp- en Yoh!-skryfgroepe wat jou verbeelding én die van leerders in jou klas sal aangryp!

The post Pasverskyn: <i>Praat jy! Idees vir die skep van ’n skryfkultuur in die klas</i> deur Thérèse Hulme appeared first on LitNet.

Nuut by Kwela: Moerstaāl deur Loit Sōls

$
0
0

In Moerstaāl skryf Loit Sōls skryf oor sy voorsate, die Eerste Inheemse mense aan die suidpunt van Afrika. Nie net die inhoud van sy gedigte nie, maar ook sy woordeskat en skryfwyse, word deur die erfenis van sy mense verryk. Die lewegewende moederfiguur staan sentraal in dié bundel. Sý wat onderdruk en misken is, en wie se bydrae, soos dié van die taal, deur die gedigte herstel word. Sōls se “skryf-stills” klink op in ’n betreuring van verlies, maar ook in ’n strewe na behoud.

Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.

The post Nuut by Kwela: <i>Moerstaāl</i> deur Loit Sōls appeared first on LitNet.

Nuut by Protea: Ongekende ellende: Rampe wat Suid-Afrika geruk het deur Chris Schoeman

Viewing all 21502 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>