Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 22145 articles
Browse latest View live

Oor plek, inheemsheid en mag

$
0
0

’n Aangepaste weergawe van ’n voordrag gelewer as die derde Danny Titus-gedenklesing van DAK Netwerk op Saterdag 21 Mei 2022 in die New National Hotel, Parow, Kaapstad. My dank aan Danie van Wyk en die DAK Netwerk-direksie vir hul vriendelike uitnodiging.

I

Jare gelede vlieg ek vanaf New York na Mexikostad. Die vlug is volgepak met terugkerende Mexikane en toeriste. Ek onthou daardie vlug vir ’n voorval wat begin met ’n man wat onbedaarlik huil en niemand, nie die vlugpersoneel of enige iemand anders, kon hom onder bedwang bring nie. Langs my sê my medepassasier in my rigting, "Solo puede ser la muerte" – "Dit kan slegs die dood wees."

Ek het net genoeg Spaans om my oor die ergste hekkies by die doeane in en uit te kry, en al wat ek kan antwoord, "Si." Maar hy is lus vir gesels.

"Eres Cubano," vra hy. Is jy ’n Kubaan?

"No." Nee, ek is nie ’n Kubaan nie.

"¿Eres brasileño?" Is jy ’n Brasiliaan?

"No soy brasileño?" Ek is nie ’n Brasiliaan nie. "Soy sudafricano." Ek is ’n Suid-Afrikaner.

"No," sê hy laggend, beslis."No pareces sudafricano." Jy lyk nie soos ’n Suid-Afrikaner nie.

Ek trek my skouers op en verseker hom in ploeterende Spaans dat ek inderdaad ’n Suid-Afrikaner is. "No, de hecho soy sudafricano."

’n Tweede soortgelyke voorval vind plaas by die doeanepunt op die lughawe in Nieu-Delhi, Indië. Ek stoot my paspoort oor die toonbank vir die stempel. Die doeaneman kyk op en vra nie soos andere dikwels: "Het jy jou besoek geniet"? of iets dergeliks nie, maar "From where in Kerala are you?" Kerala is ’n deelstaat aan die suidwestelike kus van Indië.

"I'm not from Kerala," sê ek.

"No, you are from Kerala. There are people who look exactly like you in Kerala."

Hy is nie verkeerd nie. Een van my grootvoorvaders aan my ma se kant kom inderdaad van Tamil Nadu, die oostelike buurstaat van Kerala, waarvan Chennai, vroeër Madras, die hoofstad is. Toentertyd het my ma se mense in die Kaap en omstreke as Madras More bekend gestaan.

Hein Willemse (Foto: Herman Meulemans) en Danny Titus (Foto: Naomi Bruwer)

Daar is ook ’n derde voorval wat ek met Danny gedeel het. Met ons oorgang na demokrasie word ek by ’n span ANC-gesinde taalkenners betrek. Ons is gevra om ’n voorlegging oor ’n toekomstige talebestel aan die bevrydingsbeweging se onderhandelingspan te maak. Ons hou verskeie vergaderings. Na weke en na veel druk kom ons uiteindelik na vore met die kompromie van die 11-tale-bedeling. Tydens ons werk het ons – mense uit verskillende uithoeke – goed saamgewerk. Aanvanklik het ons mekaar nie geken nie, maar ons as kamerade gerig op die vooruitsig van ’n gedeelde gemeenskaplikheid waar ons agtergronde van minder belang sou wees. Toe ons uiteindelik oppak en ek ’n man wat ’n goeie makker geword het, groet, was sy afskeidswoorde "Man, as a coloured ..." Die res van die groet kan ek nie meer onthou nie. Wat ek wel onthou, is my reaksie. Na die maande van saamwerk, debatteer en kompromieë was sy blywendste herinnering aan my "... as a coloured .."

Ek is seker dat u almal soortgelyke staaltjies kan vertel. Vir Danny was dit altyd interessant dat hy in Nederland as ’n Antilliaan, ’n Surinamer of ’n Italianer aangesien is. "Je naam Tie-tús vertelt me dat je Italiaans of Grieks bent," het hy eenkeer van so ’n ervaring vertel.

"Nee, mijn achternaam vertelt je dat een van mijn voorvaderen een slaaf was," was sy antwoord. "Ik ben Zuid-Afrikaans."

Baie dankie vir u uitnodiging om die derde Danny Titus-gedenklesing te lewer. Dit is vir my ’n besondere voorreg.

II

Die sin van selfdefinisie en assosiasie – die vrae: Wie is ek en waar pas ek in? – word gevorm deur die anekdotes, die stories, die metafore, die dade, die kulturele belewings, en ervarings van ons lewens. Selfs die grappe wat ons vir mekaar vertel, en wat ons toelaat om vir mekaar te vertel, vorm daardie identiteit, ook hoe andere jou beskou. Hoe hulle na jou kyk en waar hulle jou in hulle boksies plaas. Net so word daardie identiteit en plek gevorm deur dit wat nié gesê word nie, of die erkenning wat van jou weerhou word.

"Ek is ’n Suid-Afrikaner" of "Ik ben Zuid-Afrikaans" of "Soy sudafricano" is uitings wat veel méér sê as net die sinne self. Net soos "Man, as a coloured …" Dié uitings is pregnant met betekenisse, affirmasies en ontkennings, en diep sosiale en persoonlike geskiedenisse. Sulke geskiedenisse is nooit net eenduidig nie, maar altyd uiteenlopend en in die smeltkroes van ons samelewing gevorm.

Die afgelope tyd het daar van owerheidsweë verskeie aksies uitgegaan wat my laat wonder het oor die vrae "Wie is ek?", "Wie is ons?" en "Hoe is ons Suid-Afrikaans?" Veral die status van Afrikaans en Afrikaans as ’n inheemse taal waarvoor DAK Netwerk hulle beywer, het op my agenda beland. Hierdie vrae hou verband met die vraag: "Wie is die nasie?" Dit is enersyds ’n maklike vraag, maar terselfdertyd ook een met soveel aannames, versteekte vooropstellings en subtiele en minder subtiele uitsluitings. Die vraag na inheemsheid is een daarvan. Ek wil hierdie woord en sy onderliggende assosiasies ’n bietjie lostorring en kyk of ek by die vraag oor die nasie kan uitkom.

III

Ek en Danny kom uit wat die sosioloë "dieselfde sosiale formasie" sou noem. Ons is in apartheid gebore en het met apartheid rondom ons grootgeword. Ons kom uit dieselfde agtergrond, dieselfde buurt en dieselfde skool. Trouens, van standerd 6 tot matriek was ons in dieselfde klas aan Esselenpark Hoër in Worcester. Ons het saam in 1976 as regstudente aan die Universiteit van Wes-Kaapland begin studeer. Ek is op ’n dag na vier maande jonger as Danny, en soos die toeval dit wil hê, sterf hy op my verjaarsdag. Oor die loop van ons vriendskap van meer as 50 jaar het geskilpunte oor identiteit, plek, die aard van Suid-Afrikanerskap en ons sosiale formasie dikwels in ons gesprekke opgeduik.

Vir jongmense wat hul weg deur die lewe moes baan, was Worcester ’n interessante plek om op te groei. Dit was die toonbeeld van ’n apartheidsdorp. Durbanstraat, Leipoldtlaan en die R60, die Worcester-Robertson-pad, was die groot skeidslyne. Noord van Durbanstraat en dele van Leipoldtlaan was die wit bodorp; suid was die bruin onderdorp; en oos, oorkant die R60, die lokasie, Zwelethemba. Ek onthou nog die beroeringe toe, in die laat 1960's, die sittende volksraadlid vir Worcester besluit het dat sy party, die Nasionale Party, te links is en weggebreek het om die Herstigte Nasionale Party te vorm.

In Worcester het mense fiets gery of geloop van huis na werk. Hulle het gearbei, meesal as werknemers by die munisipaliteit, in fabrieke, in die openbare en private dienssektore. Vir die werkloses was daar die seisoenale uitkoms van stukarbeid op plase. Talle was bediendes, tuinjongens en handearbeiders. Daar was diegene wat as bou-aannemers, winkeliers, koekverkopers, skoenmakers, kleremakers of haarkappers hul eie potjie gekrap het.

Worcester het besonder ryk sport- en kultuurtradisies wat tot ons vorming bygedra het. Sommige van daardie tradisies is standhoudend en mense keer jaar na jaar terug om dit te vier, want die meeste Worcesteriete ken net één dorp. Hulle is uit hierdie stuk Afrika-grond. Hulle kom van nêrens elders nie. Hier is hulle en hulle voorouers se naelstringe begrawe. Hulle is deur bloed en deur die geskiedenis geanker aan hierdie plek.

Hulle ken net hierdie dorp van berge. "Worcester is surrounded by mountains," het ons in die Engels-klas in die laerskool geleer. Oos, die Keeromberge; noord, die Hexrivierberge; noordwes, die Limiet-, Elandskloof-, Klein Drakenstein- en Slanghoekberge; en wes, die Du Toitskloof-bergreeks. Trouens, van my durende herinneringe aan Danny is ons matriekafskeid in die Brandwachtberge en hoe ons in die wintermaande op ons fietse gereeld na die oorstroming van die Breederivier gaan kyk het.

Worcester was ’n dorp met toonaangewende opvoedkundige inrigtings en ’n onderwyskorps wat die kern van ’n relatief beduidende middelklas gevorm het. Die onderdorp was ’n plek met teenstrydige politieke onderstrominge wat gestrek het van uiters links tot uiters regs met leidende gemeenskapsleiers op talle gebiede. Daar was godsdiensgenootskappe met doelbewuste anti-apartheidsingesteldhede.

Vir meelewende jongmense was daar veel om te leer en te beleef. Alhoewel dit seker nie met alle jongmense die geval is nie, was dit hier waar ons geleer het om bewustelik anti-apartheid te probeer leef. Uit die uitsprake en optredes van onderwysers of gemeenskapsleiers wat bande met die Non-European Unity Movement gehad het, het ons geleer dat alle mense gelykwaardig is en dat die praktyk van rasklassifikasie bestry moes word. By die Federale Party het ons gehoor dat die stelsel tot ons voordeel is. Uit die monde van die leiers van die Arbeidersparty het ons gehoor dat jy teen apartheid kan wees, maar steeds aan die stelsel kan deelneem. In die Black Consciousness-era het ons ’n ingesteldheid van trotse selfdefinisie en selfhandhawing geleer, terwyl die enkele ondergeduikte lede van die African National Congress ’n gewapende militantheid probeer aanwakker het. In Worcester het ons ook die beperkings van ons omgewing besef, en uitgereik – nie sonder risiko nie – om gemene saak te maak met die mense aan die ander kant van die Worcester-Robertson-pad.

Uit al hierdie dinge, die belewinge en invloede het ons geleer. Sommige het ons aangeneem en omarm, maar van andere afstand gedoen. Wie en wat ons in ons latere lewens sou word, is regstreeks terug te voer na hierdie sosiale formasie, die plek, die streek en die ervarings wat ons gevorm het. Worcester was en is oor al die geledinge van sy bevolking grootliks Afrikaans. Is dit enige verrassing dat beide ek en Danny ons in ons latere lewens met Afrikaans sou bemoei? Dit is ons wêreld. Ons spruit uit daardie rooibruin, klipperige aarde met sy Afrikaanse mense. Dit is uit hierdie stukkie aarde dat Danny kon sê: "Ik ben Zuid-Afrikaans."

IV

Vandag word algemeen aanvaar dat dit wat ons "ras" noem, nie biologies verantwoordbaar is nie, ’n insig wat die Unity Movement-voorstanders reeds in die jare vyftig en vroeër wyd verkondig het. Maar rassisme bestaan inderdaad. Dit is ingebed in die ordening van ons samelewing, in die beelde, woorde en begrippe wat ons vir onsself het en wat ons in ons verhoudings met andere waarneem of verkondig. In ons teenstand teen rassisme en apartheid moes ons leer om ánder beelde en begrippe te vorm.

Carl Linneaus het die mensdom geleer om die natuurlike wêreld te klassifiseer. Om te klassifiseer is om te orden. Dit is eers wanneer ons geklassifiseer het dat ons betekenis kan genereer. Klassifikasie gee aanleiding tot verdere aksie – "’n hele klomp goed vind hulle plek," sê die kultuurteoretikus Stuart Hall.i Daar is egter ’n tweede belangrike punt, naamlik die uitoefening van mag. Die stelsel van klassifikasie word die objek van mag. Die een groep word beklee met meer positiewe waarde as die ander. Verskille en ooreenkomste word gebruik om te klassifiseer en so een groep op ’n voordelige manier te behandel en andere uit te sluit of daardie middele te ontsê. Ons almal het bittere ervarings van koloniale en apartheidsgeskiedenisse van klassifikasie.

Dit bring my by die huidige gesprek oor die inheemsheid van Afrikaans. Volgens die Departement van Hoër Onderwys en opleiding se taalraamwerk wil hulle "Bantoetale" as akademiese tale bevorder. In ’n omslagtige beskrywing word inheemse tale beskou as "tale wat hul erfeniswortels in Afrika het en waarna in die literatuur en sommige beleidsdokumente verwys word as Afrikatale en (wat) behoort aan die Suid-Bantoe-taalfamilie met 'Bantoe' wat bloot as ’n linguistiese begrip gebruik word." Dan gaan die omskrywing voort: "’n Inheemse taal is ’n taal wat inheems is aan ’n streek of land en deur inheemse mense gepraat word."

Volgens mediaberigte is die verantwoordelike minister intussen geadviseer dat Afrikaans en Khoitale inderdaad inheems is. Ons moet egter nie dink dat sodanige advies die probleem van gelykberegtiging vir Suid-Afrikaanse tale gaan oplos nie, want die klassifikasie van "inheems" en "nie-inheems" is ’n manifestasie van iets dieperliggends. Die laaste sin van die omskrywing is sprekend: "’n Inheemse taal is ’n taal wat inheems is aan ’n streek of land en deur inheemse mense gepraat word." Hier gaan dit dan nie nou net meer oor taal as sodanig nie, maar word die waarde van inheemsheid uitgebrei na die bevolking, die mense. "Inheemsheid" kry nou ’n dubbele buffer: nie net die taal nie, maar ook die mense.

Die stelsel van klassifikasie word die objek van mag, sê Hall. Die taalraamwerk as ideologiese instrument skep die eenvoudige tweedeling: die inheemses teenoor die nie-inheemses. In die uitoefening van staatsmag word die eerste kategorie met positiewer waardes beklee as die ander. Wat oënskynlik ’n eenvoudige begrip is, omvat soveel bybetekenisse en ondertone. "Inheems" is om ’n inlander, ’n inboorling te wees; om te behoort tot ’n besondere streek; om geheel en al aan, in hierdie geval, tot die kern van ’n taal te behoort. Maar betekenis word nie net gevorm deur dit wat uitgesê of opvallend teenwoordig is nie, maar ook dit wat nié gesê word nie. Dit wat afwesig is. Dit is die betekenisse van "nie-inheems", naamlik om uitlands of ’n uitlander te wees, om ’n indringer te wees, om nie te behoort nie, om nie suiwer te wees nie, om nie tot die kern te behoort nie.

Die Departement van Hoër Onderwys reken dat die metafoor "inheems" se betekenisinhoud stabiel is. Dit is egter nie stabiel nie. Gewoon die assosiasie "inboorling" roep kolonialisme en apartheid in sy volle geskiedenis en omgang op. Dink aan die konsepte wat oor die jare daarmee geassosieer is: woorde en name soos "onbeskaaf", "barbaars", "Hêrrie", "Doman", "Eva", "Hottentot", "Bosjesman", "kaffer", "native", "Bantoe". Betekenisse vergly en verander. Die woord is nie eenduidig nie. Dis reg. Ons kan nie een betekenis saniteer en dink dat die res van die betekenisse, in dié geval, betekenisse van verdrukking, nie oombliklik as skimme saampraat nie. Ons moet dit verreken, en waar nodig bestry, maar dit ignoreer of onderdruk kan ons nie.

Die departement wil hê dat "inheems" assosiasies soos "outentiekheid", "suiwerheid" en "smetteloosheid" moet oproep, maar daar is min suiwer aan die inheemse. ’n Mens het slegs nodig om op die oppervlak te krap om te weet dat inheemsheid net ’n rofie diep lê. Dink maar net aan woorde soos "pen" of "potlood" wat uit Europese tale oorgeneem en in "die Suid-Bantoe-taalfamilie" omvorm is. In die Sothotale heet ’n pen onder meer pene; in Tshivenda peni; in Xitsonga phene. Na aanleiding van die Engelse pencil heet ’n potlood in die Ngunitale ipensela of ipensile; in die Sothotale phentsele of phensele; in Tshivenda penisela en Xitsonga
pensele. Uit Middelnederlands via Afrikaans en Engels het hierdie tale die woord boec oorgeneem en omvorm. In die Sothotale heet "boek" puku of buka; in Tshivenda bugu; in Xitsonga buku. Die meeste tale in die "Suid-Bantoe-taalfamilie" het hul woorde vir "tafel" oorspronklik uit Afrikaans omvorm. Die klanke verraai telkens daardie herkoms: itafula (Ndebele), itafile (Xhosa), itafula (Zoeloe), tafola (Sepedi), tafole (Sesotho), tafole (Setswana), litafula (Siswati) en tafula (Tshivenda en Xitsonga).

In al hierdie gevalle dra inheemsheid die spore – die besoedeling – van die nie-inheemse. Die inheemse het verword, en is nie suiwer of outentiek nie. Die inboorling en die indringer staan penregop langs mekaar in dieselfde sin. Die indringer het trouens aangepas tot ’n inboorling. Het nie-inheemsheid inheems geword? Waar lê die grense van inheemsheid dan, want suiwer is nie meer suiwer nie?

Geld wat vir tale geld, ook vir mense? Kan die mense van Worcester hulle naelstringe uit die klipperige, rooi grond opgrawe en elders verplant? Kan Suid-Afrikaners van gedeeltelike nie-Suider-Afrikaanse herkomste hulle lang geskiedenisse ophef en verplaas?

Die bevordering en intellektualisering van plaaslike tale is nastrewenswaardig en noodsaaklik. In die gewone gang van sake kan "inheemsheid" bloot ’n klassifikasie wees, omdat dit ’n toestand of ’n stand kan aandui. In die hande van die regering het dit egter ’n uitsluitende magsinstrument geword. Die kategorie "inheemsheid" het ’n poort tot staatshulpbronne en bevoordeling en ’n maatstaf vir uitsluiting geword.

V

Daar bly nog die dieperliggende vraag, naamlik: Hoe is ons Suid-Afrikaans? Is inheemsheid ’n voorwaarde vir Suid-Afrikanerskap? Hoe lyk die nasie dan? Wie word ingesluit en wie word uitgesluit? Die fundamentele vertrekpunt van ons Suid-Afrikanerskap is die Grondwet wat gelykwaardigheid vir alle burgers waarborg. Talle mense uit die rooibruin grond van Worcester oor al sy geledinge heen het, soos miljoene ander, konstant ’n eerbare stryd om gelykwaardigheid, geregtigheid en regverdigheid in hierdie land gevoer. Hoekom is dit dat ons toenemend daarop moet aandring dat die edele beginsels van gelyke burgerskap behou en
uitgebou moet word?

Die soeke na ’n uitsluitende "inheemsheid" is teen die wese van ons Grondwet. Niemand van ons kon ons oorspronge kies nie. Hoe mense wil identifiseer en met wie hulle vir assosieer is ’n fundamentele reg. Ja, die regering het die dure plig om reg te maak, te herstel en uit te bou. Ons kan en moet ons verbintenis tot ’n gemeenskaplike toekoms werklik nastreef. Dit beteken egter nie die aktiewe ondermyning, verwaarlosing en demonisering van wat individue en kulturele groeperings as waardevol en dierbaar beskou nie. Hoe ons ons as Suid-Afrikaners uitdruk, sal nooit stabiel wees nie, maar ons gemeenskaplikheid berus in respek vir ons diverse geskiedenisse.

Dit is onrusbarend dat ons toenemend die kruipende tentakels van ’n eng etnonasionalisme sien posvat. Eers in enkele opmerkings, dan in beleidsfluisteringe, dan in klein en groterwordende aksies, dan in staatsadministrasie totdat dit as die natuurlike gang van sake gesien en beleef word. Etnonasionalisme is ’n bron van vervreemding, uitsluiting en helaas, vreemdelingehaat. Om ’n Suid-Afrikaner te wees, beteken nie eenselwigheid nie.

In die suide van Afrika het ’n slaaf uit die hartland van Tamilsprekende Indië ’n heenkome gevind en ’n nageslag nagelaat, net soos Danny Titus wat in sy naam die geskiedenis van verdrukking dra. Ons kan op uiteenlopende maniere Suid-Afrikaans wees, en daarvoor is inheemsheid nie ’n voorwaarde nie. Suid-Afrika behoort aan ons almal. Dit is waarvoor ons ons moet beywer.

Eindnota:

i Daar is egter ’n tweede belangrike punt, naamlik die uitoefening van mag. Die stelsel van klassifikasie word die objek van mag. Die een groep word beklee met meer positiewe waarde as die ander. Verskille en ooreenkomste word gebruik om te klassifiseer en so een groep op ’n voordelige manier te behandel en andere uit te sluit of daardie middele te ontsê. Ons almal het bittere ervarings van koloniale en apartheidsgeskiedenisse van klassifikasie.

Lees ook:

Danny Titus (19 Mei 1957 – 18 September 2020)

The post Oor plek, inheemsheid en mag appeared first on LitNet.


Kommadagga 2022: Koos Kombuis onthou hoe Huisgenoot hom aan die lewe gehou het

$
0
0

Aansoeke vir deelname aan 2022 se Kommadagga-slypskool vir tydskrifverhaalskrywers, aangebied deur LitNet, Huisgenoot en die Jakes Gerwel Stigting, sluit op Vrydag 10 Junie. Met dié sperdatum om die draai vertel Koos Kombuis van die dae toe tydskrifverhale hom aan die lewe gehou het. Koos se eerste stories het in die destydse Die Huisgenoot (vandag bekend as net Huisgenoot sonder die Die) verskyn.

Koos Kombuis se Help! My dorp hou ’n kunstefees! het verlede jaar by Naledi verskyn. (Foto: Koos Kombuis)

“Tydskrifverhale as genre is my default mode, my fondament, en die dag as ek begin neersien daarop, is die dag wanneer ek as skrywer die kluts gaan begin kwytraak.” – Koos Kombuis

Ter wille van oorlewing

Ek was down en out en het in ’n dakkamertjie in ’n Langstraatse bordeel gewoon toe ek tydskrifverhale begin skryf het in ’n desperate poging om geld te kry om te oorleef. Ek dink ek kan tereg sê Die Huisgenoot het my lewe gered!

Eerste stories ...

Dis moontlik dat ek ’n paar stories ingestuur het wat aanvanklik nie aanvaar is nie, maar ek kan hulle nie meer onthou nie. Die eerste een wat aanvaar is, was ’n nogal ernstige storie oor ’n verdrinking by ’n strandoord, en sy titel was “My pa se huis”. Toe ek dit kort daarna opvolg met ’n komiese verhaal, “Dominee met verlof”, was my kop deur. Ek het ongelukkig nie meer kopieë van daardie korrespondensie tussen my en Die Huisgenoot nie.

’n Boemelaar en sy tikmasjien

O, ek het vreeslik baie op mense se rusbanke geslaap in daardie jare. Die meeste van die tyd het ek wel my eie tikmasjien besit, maar dit was omtrent al wat ek gehad het. Ek was bitter arm en ek onthou ek het soms so min as twee rand op ’n slag by mense geleen net om ’n koppie koffie te kon bekostig, want ek het dikwels my eerste draft van ’n storie met die hand sit en skryf in restaurante.

Bennie Fritz, verhaleredakteur van Die Huisgenoot

Bennie Fritz was ’n absolute engel uit die hemel. Daar was ’n spesiale band tussen ons. Hy het geglo in my skryftalent en hy het ook baie empatie gehad met my omstandighede. Eienaardig genoeg het ons mekaar nooit goed leer ken as vriende nie, ek was nog baie jonk en baie skaam en bang vir mense, veral gesagsfigure.

Vandag is Huisgenoot ’n bietjie meer open-minded met hulle verhale, en hulle laat meer diverse en moderne onderwerpe toe.

Skryflesse wat Koos by Die Huisgenoot geleer het

Vandag is ek regtig bly dat ek my skryfloopbaan by gesinstydskrifte begin het voordat ek my later gewend het na meer eksperimentele en alternatiewe werk. Dit het my die basiese beginsels van fiksie geleer: hoe om ’n storie te skep, hoe om ’n spanningslyn te bou, en hoe om waarlik kontak te maak met jou lesers.

Mens kan nie afwyk van ’n werkswyse voor jy nie die werkswyse ken nie. Ek vermoed dit geld vir alle kunsvorme en genres. Die beste en bekendste abstrakte kunstenaars het almal begin met landskappe en realistiese onderwerpe. Selfs al werk ek deesdae aan die mees groteske distopiese tekste vol geweld, seks en grusame tonele, hou ek die lesse in gedagte wat ek by Die Huisgenoot geleer het.

Tydskrifverhale as genre is my default mode, my fondament, en die dag as ek begin neersien daarop, is die dag wanneer ek as skrywer die kluts gaan begin kwytraak.

Die derde Kommadagga-slypskool vind vanjaar van 10 tot 31 Oktober 2022 by die Jakes Gerwel Stigting se Paulet-skrywershuis op Somerset-Oos plaas. Rachelle Greeff en Niq Mhlongo is die aanbieders tydens die residensie van drie weke, en die fokus val op die ontwikkeling van tydskrifverhale in Afrikaans en Engels. Inligting is hier in Engels beskikbaar.

Voornemende deelnemers aan die slypskool moet teen 10 Junie 2022 aansoek doen by Theo Kemp: theo@jgf.org.za. Klik op die foto bo om te sien wat alles die aansoeke moet vergesel.

  • LitNet se deelname aan die Kommadagga-projek word moontlik gemaak deur die ondersteuning van die LW Hiemstra Trust

The post Kommadagga 2022: Koos Kombuis onthou hoe <i>Huisgenoot</i> hom aan die lewe gehou het appeared first on LitNet.

Meer bek as binnegoed het baie om die lyf: ’n onderhoud oor die ATKV se idiome-bordspeletjie

$
0
0

https://atkv.org.za/nuus/posts/2022/may/speel-en-leer-met-prettige-idiome-bordspel/

’n Bordspeletjie oor idiome is net die oortjies van die seekoei van ATKV-projekte wat Afrikaans bevorder. As jy ’n Afrikaans-onderwyseres is, onthou dat Afrikaanse idiome nie vir die kinders bokant hulle vuurmaakplek hoef te wees nie. En wat gesinne betref, sal almal hier hulle ’n papie kan lag as gevolg van die pret wat die speletjie bied.

Esmé du Toit, Takvoog van die ATKV-jeugtak Prieska en van Hoërskool Prieska, en Mercia Eksteen, hoofbestuurder: kommunikasie, ATKV, praat met Naomi Meyer oor die bordspeletjie “Meer bek as binnegoed”.

Esmé en Mercia, ek sien die ATKV is betrokke by ’n Afrikaanse bordspeletjie met die naam “Meer bek as binnegoed”. Nogal ironies, want die speletjie lyk vir my of dit nogal heelwat om die lyf het! Afrikaanse idiome is besig om al meer in onbruik te raak. Of is dit nie so nie? Vertel my asseblief van die bordspeletjie. Waar het die idee hiervoor vandaan gekom?

...........
Dit is juis omdat ons nie meer hoor dat mense idiome in alledaagse gesprekke gebruik nie dat ek begin dink het aan ʼn manier – ’n bordspeletjie –  om dit weer terug te bring. Toe besef ek die kinders se opstelle is net so "vaal", want hulle ken nie die Afrikaanse idiome nie, daarom gebruik hulle dit nie.
.............

Dit is juis omdat ons nie meer hoor dat mense idiome in alledaagse gesprekke gebruik nie dat ek begin dink het aan ʼn manier – ’n bordspeletjie – om dit weer terug te bring. Toe besef ek die kinders se opstelle is net so "vaal", want hulle ken nie die Afrikaanse idiome nie, daarom gebruik hulle dit nie. In die ou dae het ons lyste en lyste idiome in die skool geleer. Die kurrikulum laat dit nie meer toe nie en die onderrigmetode het heeltemal verander. Dit is daar waar die idee vir die speletjie gebore is.

Bordspeletjies is groot pret. Vertel asseblief hoe dié speletjie se reëls werk?

Die speletjie kan deur enige aantal spelers gespeel word en spelers kan ook in spanne deelneem. Die spelers trek ’n kaartjie en moet dan die idioom raai deur na die leidraad te kyk. Die antwoord en betekenis van die idioom verskyn agterop die kaartjie. Vir elke korrekte antwoord skuif spelers een blokkie op die bord aan. Indien die speler die betekenis van die idioom ook ken, kan hy/sy nog ’n blokkie aanskuif. Daar is ook kniehalterblokkies op die bord wat sake vir spelers kan bemoeilik.

Watter idiome het julle vir die speletjie gebruik?

Hier is voorbeelde van sommige van die kaartjies.

In my vorige vraag vra ek oor "nuwe idiome". Afrikaans is dinamies en aan die ontwikkel. Dink jy dat alle sprekers van Afrikaans hierdie speletjie sal kan geniet? Wie was die samestellers van hierdie spel en al sy idiome?

Ek het dit met die leerders van ons ATKV-Jeugtak bespreek en ons het aan die werk gespring. Ons het maar gesit en dink hoe ons die idioom kan uitbeeld. Ons kon natuurlik net idiome gebruik wat `ʼn mens lekker kan uitbeeld. Ek (as takvoog en Afrikaans-onnie) moes maar inspring en leiding gee. Covid-regulasies het ook gemaak dat ons nie bymekaar kon kom nie. (Ons lede is nie net van Prieska nie – omliggende dorpe se kinders woon ook ons skool by.) Ek het die finale redigering gedoen en die kans gevat om dit aan ons ATKV-streeksbestuurder, Gertjan, voor te lê en te kyk wat gebeur.

Bordspeletjies beteken samesyn. Gesinne kan dit saam speel, en as ek na hierdie een kyk, lyk dit vir my soos iets waarvan Afrikaans-onderwysers kennis behoort te neem. Waar kan die speletjie bestel word?

Alle kinders, van graad 4 tot 12, sal dit kan speel. Dit lyk vir my of die grootmense nog méér opgewonde is. Ek dink ook dat dit beter sal werk as kinders saam met volwassenes speel. Op dié manier sal hulle gouer idiome aanleer.

Bestel "Meer bek as binnegoed" hier.

 

The post <em>Meer bek as binnegoed</em> het baie om die lyf: ’n onderhoud oor die ATKV se idiome-bordspeletjie appeared first on LitNet.

Misplaced benefaction and grievances of the "Liquorice Allsorts family": A law and literature investigation of Zelda Bezuidenhout’s Die waarde van stil bure

$
0
0

Abstract

The law and literature field of study, which is still being developed in South Africa, is an interdisciplinary field of study that offers readers of fiction an opportunity to reflect critically on the role and function of law in a broader context, including the possibility to evaluate, within a defined scope, complex social and legal issues such as lawlessness, discrimination and injustice. This field of study furthermore creates the ideal lens for a critical review of social, legal and cultural practices influenced by the law.

Zelda Bezuidenhout’s 2021 novel Die waarde van stil bure portrays unconventional conduct that confronts the legal order. Despite the characters’ unlawful behaviour, the reader sympathises with transgressors because of their equally justifiable and legitimate motives that inform their conduct. Stem cell research is a novel and yet unexplored topic in Afrikaans literature. Fiction is a very effective medium to promote social awareness regarding this topic, ultimately encouraging social interest and participation regarding the regulation of new biomedical technologies, such as stem cell research and therapy, genomic research and gene editing.

The plot of the novel revolves around the lives of three girls who grew up together –white identical twins, Magdaleen and Misha, and Puleng, the daughter of the twins’ domestic worker. The domestic worker, Evalyn, and the mother of the twins, Alida, were close to each other, almost like sisters. When Misha dies unexpectedly, the grieving Magdaleen remains behind alone. She rents a semi house in Melville and meets her unconventional neighbour, Darius, who conducts stem cell research in his home. Magdaleen, whose best friend’s son is unable to walk due to an accident, asks the neighbour whether he could perform a stem cell transplant on the boy in the hope that the boy may be able to walk again. With the assistance of Darius, she gets the right medical team together, who all agree to keep their participation in the illegal operation confidential. Magdaleen’s king pin in this group is the domestic worker’s daughter, Puleng, who has since become a medical doctor. The stem cell transplant that is subsequently performed, is a huge success. However, shortly thereafter, Darius is murdered. She suspects that a big pharmaceutical company who opposes stem cell research is responsible for his death. Before he died, Darius had explained to her that some pharmaceutical companies do not support stem cell research, as stem cell transplants would undermine the profit that they would make from ordinary conventional medicines for the treatment of cancer. The novel’s turning point is when Magdaleen discovers that Puleng is responsible for the neighbour’s murder as a result of deeply hidden grudges that she has been carrying for many years. Puleng explains she was never happy with the unequal relationship between black and white people during apartheid. When it became clear that the stem cell transplant was a success, Puleng felt that this success should be hers alone.

The novel touches on the legality and the ethical justification of unauthorised stem cell research and transplant, and also refers to the social milieu during apartheid that shaped the girls’ behaviour over time. Darius appears to be involved with unlawful human stem cell research. His explanation that the research ethics committee of the Medical Research Council is aware of his research, is factually flawed and is either a blatant lie or ignorance on the side of Darius, or may point to the author’s own ignorance as to the legal requirements in terms of the National Health Act. As an agricultural economist, Darius is completely unqualified to conduct research or experimentation using human stem cells. The National Health Act contains strict requirements and conditions for the removal, use and processing of human tissue, blood and gametes (required for stem cell research), which may be performed only by authorised persons in legally authorised or prescribed institutions (sections 54, 55 and 56 of the Act). The regulations relating to the use of human biological material, published in terms of Government Notice R177 in the Government Gazette of 2 March 2012), promulgated in accordance with section 68 of the National Health Act, describe in regulation 1(g) and 1(h) a “competent person” who may remove foetal tissue and umbilical cord blood as a medical practitioner registered in terms of the Health Professions Act 56 of 1974 with the Health Professions Council of South Africa, or a “competent person” conducting health research as a person registered as a medical technologist or scientist in terms of the Health Professions Act with the Health Professions Council of South Africa. The same regulations stipulate that no person, except a competent person, may remove human biological material for genetic testing, health research or for therapeutic purposes (reg. 2). Human biological material may be removed in an authorised or prescribed institution only and with the relevant written informed consent of the person whose material is removed (reg. 3). This requirement applies also to the use of adult, embryonic, umbilical cord and foetal stem cells for the purpose of stem cell therapy (reg. 9).

In contrast to the National Health Act, which requires ministerial consent for the removal and use of stem cells (sects. 56(2)(a)(iv), 57(3) and 57(4) of the act), the regulations relating to the use of human biological material require only the informed consent of the person whose stem cells or tissue are removed (reg. 9). The regulations also provide for stricter penalties following a contravention of any of the regulations than those laid down in the National Health Act in chapter 8 for similar contraventions, notably ten years’ imprisonment or a fine or both, in contrast with the Health Act’s reference to five years’ imprisonment or a fine or both (sect. 57(5) of the Health Act).

The unlawfulness of Darius’s stem cell research is the result of multiple transgressions: His research lacks the necessary ethical oversight, and he is unqualified to pursue stem cell research, let alone participate in the therapeutic stem cell transplant that is performed on the young boy. The importance of research ethics committees in the context of stem cell research cannot be emphasised enough. Ethics committees ensure compliance with relevant ethical standards and norms for health research and protect research participants during this process, also where participants may have religious, cultural or social objections to the use of their tissue, stem cells, embryos and foetuses in research. The actual stem cell transplant that is performed in the novel could arguably also be considered a stem cell-based therapy that may need to comply with the requirements and guidelines on good manufacturing practice for biological medicines, monitored by the Biological Medicines Evaluation and Research Unit of the South African Health Products Regulatory Authority (SAHPRA). To date, an effective legal framework for the regulation of stem cell therapies has not been put in place in South Africa. The lack of oversight over these procedures, including the negative consequences that may result from this, are clearly depicted in Die waarde van stil bure.

In the final instance, the novel’s juxtapositioning of apartheid as a crime against humanity (authorised and institutionalised by law and religion at the time), whose forces have shaped the characters in this novel in different ways, as well as the illegality yet morally justifiability of the stem cell research and transplant in the novel, conveys a strong message to the reader that the distinction between right and wrong is not always a clear binary one. Whilst everything on the surface appeared happy and well with the “Liquorice Allsorts family”, the opposite was in fact true.

Keywords: apartheid; apartheid wrongs; law and literature; law and morality; stem cell research; stem cell transplant

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans

Misplaaste weldade en griewe van die "Liquorice Allsorts-gesinnetjie": ’n Regsletterkundige verkenning van Zelda Bezuidenhout se Die waarde van stil bure

The post Misplaced benefaction and grievances of the "Liquorice Allsorts family": A law and literature investigation of Zelda Bezuidenhout’s Die waarde van stil bure appeared first on LitNet.

Misplaaste weldade en griewe van die "Liquorice Allsorts-gesinnetjie": ’n Regsletterkundige verkenning van Zelda Bezuidenhout se Die waarde van stil bure

$
0
0

Misplaaste weldade en griewe van die “Liquorice Allsorts-gesinnetjie”: ’n Regsletterkundige verkenning van Zelda Bezuidenhout se Die waarde van stil bure

Magda Slabbert en Melodie Labuschaigne, Departement Jurisprudensie, Universiteit van Suid-Afrika

LitNet Akademies Jaargang 19(1)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Die reg-en-letterkunde-vakterrein, in Suid-Afrika nog in ’n ontwikkelende fase, is ’n interdissiplinêre studieveld wat onder andere gemoeid is met die vertolking van regsaspekte in fiksie. Lesers word in staat gestel om krities te besin oor die rol en funksie van die reg in ’n breër konteks, asook om komplekse maatskaplike en regskwessies soos wetteloosheid, diskriminasie en ongeregtigheid binne ’n bepaalde konteks te evalueer. Die sentrale tema in Zelda Bezuidenhout se 2021-roman Die waarde van stil bure is ongeoorloofde stamselnavorsing en ’n stamselbehandeling, wat die konteks stel en die leser uitdaag om self krities te besin oor die etiese, regs- en morele geldigheid van die betrokke karakters se optrede. Stamselnavorsing is ’n nuwe en onverkende onderwerp in die Afrikaanse letterkunde. Fiksie is by uitstek geskik om sosiale bewusmaking van dié onderwerp te bevorder, wat uiteindelik sosiale belangstelling en betrokkenheid by die regulering van nuwe biomediese tegnologie, soos stamselnavorsing en -terapie, genoomnavorsing en genoomkartering, kan motiveer. Aan die hand van die gebeure wat sentreer rondom drie dogters – ’n wit tweeling en hul swart huiswerker se dogter – verken die roman die wetlikheid en etiese regverdigbaarheid van ongeoorloofde stamselnavorsing en -oorplanting, en belig vlugtig ook die onderliggende sosiale milieu van apartheid wat oor die jare heen die dogters se gedrag gevorm het. Die jukstaposisie van apartheid as ’n misdaad teen die mensdom (gemagtig en geïnstitusionaliseer deur wetgewing en godsdiens) en die onwettigheid, dóg morele regverdigbaarheid, van die stamselnavorsing in die roman laat die leser met ’n kragtige boodskap dat dít wat reg en verkeerd is, nie altyd ooglopend ’n duidelike binêre keuse is nie. Net soos alles op die oppervlak goed en gelukkig gelyk het in die “Liquorice Allsorts-gesinnetjie”, was die realiteit die teenoorgestelde.

Trefwoorde: apartheid; apartheidsonregte; reg en letterkunde; reg en moraliteit; stamselnavorsing; stamseloorplanting

 

Abstract

Misplaced benefaction and grievances of the “Liquorice Allsorts family”: A law and literature investigation of Zelda Bezuidenhout’s Die waarde van stil bure

The law and literature field of study, which is still being developed in South Africa, is an interdisciplinary field of study that offers readers of fiction an opportunity to reflect critically on the role and function of law in a broader context, including the possibility to evaluate, within a defined scope, complex social and legal issues such as lawlessness, discrimination and injustice. This field of study furthermore creates the ideal lens for a critical review of social, legal and cultural practices influenced by the law.

Zelda Bezuidenhout’s 2021 novel Die waarde van stil bure portrays unconventional conduct that confronts the legal order. Despite the characters’ unlawful behaviour, the reader sympathises with transgressors because of their equally justifiable and legitimate motives that inform their conduct. Stem cell research is a novel and yet unexplored topic in Afrikaans literature. Fiction is a very effective medium to promote social awareness regarding this topic, ultimately encouraging social interest and participation regarding the regulation of new biomedical technologies, such as stem cell research and therapy, genomic research and gene editing.

The plot of the novel revolves around the lives of three girls who grew up together –white identical twins, Magdaleen and Misha, and Puleng, the daughter of the twins’ domestic worker. The domestic worker, Evalyn, and the mother of the twins, Alida, were close to each other, almost like sisters. When Misha dies unexpectedly, the grieving Magdaleen remains behind alone. She rents a semi house in Melville and meets her unconventional neighbour, Darius, who conducts stem cell research in his home. Magdaleen, whose best friend’s son is unable to walk due to an accident, asks the neighbour whether he could perform a stem cell transplant on the boy in the hope that the boy may be able to walk again. With the assistance of Darius, she gets the right medical team together, who all agree to keep their participation in the illegal operation confidential. Magdaleen’s king pin in this group is the domestic worker’s daughter, Puleng, who has since become a medical doctor. The stem cell transplant that is subsequently performed, is a huge success. However, shortly thereafter, Darius is murdered. She suspects that a big pharmaceutical company who opposes stem cell research is responsible for his death. Before he died, Darius had explained to her that some pharmaceutical companies do not support stem cell research, as stem cell transplants would undermine the profit that they would make from ordinary conventional medicines for the treatment of cancer. The novel’s turning point is when Magdaleen discovers that Puleng is responsible for the neighbour’s murder as a result of deeply hidden grudges that she has been carrying for many years. Puleng explains she was never happy with the unequal relationship between black and white people during apartheid. When it became clear that the stem cell transplant was a success, Puleng felt that this success should be hers alone.

The novel touches on the legality and the ethical justification of unauthorised stem cell research and transplant, and also refers to the social milieu during apartheid that shaped the girls’ behaviour over time. Darius appears to be involved with unlawful human stem cell research. His explanation that the research ethics committee of the Medical Research Council is aware of his research, is factually flawed and is either a blatant lie or ignorance on the side of Darius, or may point to the author’s own ignorance as to the legal requirements in terms of the National Health Act. As an agricultural economist, Darius is completely unqualified to conduct research or experimentation using human stem cells. The National Health Act contains strict requirements and conditions for the removal, use and processing of human tissue, blood and gametes (required for stem cell research), which may be performed only by authorised persons in legally authorised or prescribed institutions (sections 54, 55 and 56 of the Act). The regulations relating to the use of human biological material, published in terms of Government Notice R177 in the Government Gazette of 2 March 2012), promulgated in accordance with section 68 of the National Health Act, describe in regulation 1(g) and 1(h) a “competent person” who may remove foetal tissue and umbilical cord blood as a medical practitioner registered in terms of the Health Professions Act 56 of 1974 with the Health Professions Council of South Africa, or a “competent person” conducting health research as a person registered as a medical technologist or scientist in terms of the Health Professions Act with the Health Professions Council of South Africa. The same regulations stipulate that no person, except a competent person, may remove human biological material for genetic testing, health research or for therapeutic purposes (reg. 2). Human biological material may be removed in an authorised or prescribed institution only and with the relevant written informed consent of the person whose material is removed (reg. 3). This requirement applies also to the use of adult, embryonic, umbilical cord and foetal stem cells for the purpose of stem cell therapy (reg. 9).

In contrast to the National Health Act, which requires ministerial consent for the removal and use of stem cells (sects. 56(2)(a)(iv), 57(3) and 57(4) of the act), the regulations relating to the use of human biological material require only the informed consent of the person whose stem cells or tissue are removed (reg. 9). The regulations also provide for stricter penalties following a contravention of any of the regulations than those laid down in the National Health Act in chapter 8 for similar contraventions, notably ten years’ imprisonment or a fine or both, in contrast with the Health Act’s reference to five years’ imprisonment or a fine or both (sect. 57(5) of the Health Act).

The unlawfulness of Darius’s stem cell research is the result of multiple transgressions: His research lacks the necessary ethical oversight, and he is unqualified to pursue stem cell research, let alone participate in the therapeutic stem cell transplant that is performed on the young boy. The importance of research ethics committees in the context of stem cell research cannot be emphasised enough. Ethics committees ensure compliance with relevant ethical standards and norms for health research and protect research participants during this process, also where participants may have religious, cultural or social objections to the use of their tissue, stem cells, embryos and foetuses in research. The actual stem cell transplant that is performed in the novel could arguably also be considered a stem cell-based therapy that may need to comply with the requirements and guidelines on good manufacturing practice for biological medicines, monitored by the Biological Medicines Evaluation and Research Unit of the South African Health Products Regulatory Authority (SAHPRA). To date, an effective legal framework for the regulation of stem cell therapies has not been put in place in South Africa. The lack of oversight over these procedures, including the negative consequences that may result from this, are clearly depicted in Die waarde van stil bure.

In the final instance, the novel’s juxtapositioning of apartheid as a crime against humanity (authorised and institutionalised by law and religion at the time), whose forces have shaped the characters in this novel in different ways, as well as the illegality yet morally justifiability of the stem cell research and transplant in the novel, conveys a strong message to the reader that the distinction between right and wrong is not always a clear binary one. Whilst everything on the surface appeared happy and well with the “Liquorice Allsorts family”, the opposite was in fact true.

Keywords: apartheid; apartheid wrongs; law and literature; law and morality; stem cell research; stem cell transplant

 

1. Reg en letterkunde

’n Onlangse artikel waarin die regsletterkundige bydrae van Anoeschka von Meck se Die heelal op my tong ondersoek word,1 beweer dat die reg-en-letterkunde-vakterrein in Suid-Afrika nog in sy kinderskoene staan. Reg en letterkunde is ’n interdissiplinêre vakterrein wat onder meer die leser aanmoedig om krities te besin oor die uitbeelding van regsaspekte in fiksie, maar om in ’n breër konteks ook maatskaplike kwessies, soos diskriminasie, ongeregtigheid en regverdiging binne die roman se verhaalkonteks te evalueer.2 Labuschaigne3 beskryf dit soos volg: “Die toepassingswaarde van die studie van die reg en letterkunde is omvattend en uiteenlopend, aangesien dit ’n ideale lens skep vir die kritiese beskouing van sosiale, regs- en kulturele praktyke wat direk of indirek deur die reg beïnvloed word.” De Villiers4 en Van Marle5 gaan ’n stap verder en redeneer dat letterkunde in staat is om die (gesag van die) reg te ondermyn en te destabiliseer, en alternatiewe etiese gedrag aan te moedig, wat dikwels buite regsgrense verwesenliking vind, soos gesuggereer word in Die waarde van stil bure, waar regsregulering vaag is.

Zelda Bezuidenhout se 2021-roman, Die waarde van stil bure, is eweneens, soos Von Meck se Die heelal op my tong, fiksie wat ongewone gedrag wat teen die regsorde indruis, uitbeeld. Alhoewel beide die reg en letterkunde as metafore van die menslike toestand (“human condition”) beskou kan word, en ongeag of fiksie ’n regstema bevat of nie, bly fiksie gesetel in ’n regs-sosiale orde waarin vooroordele, miskenning van regte en diskriminasie aan die orde van die dag is en derhalwe die leser in staat stel om alternatiewe oplossings tussen die reëls raak te lees.6 In Bezuidenhout se Die waarde van stil bure is die leser, die wederregtelike optrede van die hoofkarakters ten spyt, genoop om simpatiek jeens die oortreders te staan weens begrip vir die regverdigbare en geldige motiewe wat hul gedrag aanspoor. Letterkunde is by uitstek geskik om klakkelose regsgehoorsaamheid uit te daag deur lesers se evaluering van verhaalkarakters se optrede. Robin West maak tereg ’n gepaste opmerking hieroor in haar ondersoek na die temas van gesag en outonomie in die werk van Franz Kafka en Richard Posner: “Obedience to legal rules to which we would have consented relieves us from the task of evaluating the morality and prudence of our actions.”7

Om saam te vat: Die waarde van reg-en-letterkunde-studie is dus geleë in die bydrae wat die letterkunde kan maak in die vorm van regskritiek; dit kan dien as ’n platform vir regshervorming, maar ook as rigtinggewer vir regsmoraliteit en -etiek. Die gemeenskaplike strewe van beide die reg en letterkunde is dus om die mens se bestaan beter te verstaan en/of te reguleer.8 ’n Vroeëre regsletterkundige bydrae brei meer uit oor die waarde van Afrikaanse letterkunde vir ’n regsletterkundige ontleding;9 gevolglik word volstaan met die bostaande kort verduideliking vir die doeleindes van die onderhawige artikel.

 

2. Verhaalkonteks

Die verhaal begin op ’n “onbeduidende Dinsdag” (10) in November, maar die leser lei af uit Magdaleen se opmerking omtrent die dag “[...] hoe skynbaar doodgewone dae gekamoefleerde kantelpunte in ’n mens se lewe mag wees” (7) dat die mees gewone dae soms die grootste verrassings mag inhou. Hierdie proloog sluit aan by die tweede deel van die verhaal waar dié betrokke Dinsdag se gebeure in perspektief geplaas word.

Die eerste deel van die roman beskryf hoe Magdaleen ná die dood van haar sussie na Melville verhuis, wat vir haar “nie soos ’n voorstad van Johannesburg” voel nie, maar eerder “soos ’n oulike klein dorpie” (13). Sy is opgewonde, want vir die eerste keer gaan sy alleen in haar eie huis woon: “In trendy Melville, dink sy in die taal van die eiendomsagent wat dit aan haar verhuur het. Hier kan niemand eensaam wees nie. Hier is jy omring van skeppende, cool nie-konformeerders. Niemand verwag iets van jou nie” (15). Een van hierdie non-konformiste is Magdaleen se buurman wat stamselnavorsing in sy huis se buitekamer doen. Vir Magdaleen is hierdie navorsing ’n geleentheid om haar vriend Zack, wie se seuntjie verlam is, te probeer help, maar indirek ’n poging om haar sussie se onverwagte dood vir haarself te versag. Die huiswerker wat sy van kindsbeen af ken se dogter, Puleng, is ’n mediese dokter, en dié betrek sy by haar plan om met die hulp van die buurman Zack se verlamde seun te help. Die stamseloorplanting wat uiteindelik (onwettig) op die seun uitgevoer word, is ’n sukses, maar kom teen ’n prys. Haar stamselnavorser-buurman sterf uit die bloute en later verneem sy wie vir sy dood verantwoordelik was. Hierdie skoknuus lei tot verdere onthullings, asook hartseer herinneringe uit die verlede.

Ten einde verdere nuanses in die verhaallyn beter te begryp, asook die skakel tussen die verhaalgebeure en die regsterrein uit te wys, is dit nodig om die sleutelkarakters kortliks te beskryf.

2.1 Die twee ma’s: Alida Verster en mme Evalyn Manthoro

Alida Verster, Magdaleen se ma, is die stereotipiese voorstedelike wit vrou van die 1980’s en die 1990’s. As ’n persoon wat haarself van jongs af as ’n buitestander beskou, deel Magdaleen nie haar planne met haar ma nie. Alida se grootmaakstyl is tiperend van dié van Afrikaanse gesinne gedurende apartheid. Magdaleen herroep sekere rituele van haar ma wat haar aan die gang hou en sin aan die lewe gee: “Klein vangnette wat haar veiliger laat voel. Die koeldrankproppie in die koekie seep sodat dit nie smetterig raak op die wasbak se rand nie. Die doppie bleikmiddel wat by die blomwater gevoeg word om dit langer vars te hou” (13). Alida verwys na huishoudelike items in die persoonlike vorm: “my suiker”; “my meel”; “my droë goed”. Magdaleen vermoed dis iets wat sekere vroue van haar ma se ouderdom maar doen. Vir tipiese tuisteskeppers was hul huise hul territoriale domein; gevolglik strook Alida se verwysing na “haar” meel hiermee. Magdaleen verstaan dit dan ook so:

The last of the homemakers. Trotse tuisteskeppers wat dalk jare lank teësinnig skoolgegee of ’n maatskappy se boeke gedoen het, terwyl hulle eerder tuis sou wou bly en ’n huishouding bestuur met die fokus en tydsberekening van ’n lugverkeerkontroleerder. Miskien is huishoudelike goed so belangrik vir vroue soos Alida Verster omdat hulle niks anders het wat regtig hul eie is nie. (13–14)

Vroue se rol oor die algemeen gedurende die apartheidsjare was baie beperk. Sosiale strukture het vroue tuis en op hul plek gehou as “tuisteskeppers”, dikwels met die ondersteuning van ’n bruin of swart huiswerker. Die oorgang van apartheid na ’n volwaardige demokrasie het die rol van vroue in die samelewing en in die arbeidsmark ingrypend verander en vroue het geleidelik hul regmatige plek in die samelewing begin inneem. Magdaleen se ma, ten spyte van haar meer bevoorregte posisie, verskil van Evalyn, die huiswerker. Evalyn is Magdaleen se “ander” ma en ’n beter rolmodel vir ’n jong meisie. Anders as Alida, wat haar dogter geleer het dat ’n skoon huis en ’n man ’n vrou se lewe definieer (175), het Evalyn haar eie dogter, Puleng, geleer “om sterk, hardwerkend en ambisieus te wees”, en dat sy moet glo “sy kan eendag die wêreld regeer as sy wil” (175).

Die twee moeders, Alida en Evalyn, boesemvriendinne en amper-susters, het saam televisiesepies gekyk, maar as dit laatmiddag huistoegaantyd was, is Evalyn aan haar eie lot oorgelaat. Alida het gewoonlik voor die televisie bly sit, al het ’n storm buite gewoed terwyl Evalyn haar pad huis toe moes aanpak. Hierdie optrede, wat ’n blywende indruk op Puleng gemaak en haar met wraak vervul het, was ’n algemene patroon in wit voorstede. Van huiswerkers is verwag om stiptelik op te daag vir werk, maar daar was weinig begrip vir die uitdagings wat hulle moes trotseer weens apartheid se segregasiebeleid om betyds by hul werkgewers se huise op te daag. Die indruk dat hulle deur die dag amper as “gelykes” gefunksioneer het, was net skyn, want sodra die son gesak het, het die wreedheid van segregasie ingetree. Apartheid se genadelose rasseongelykheid het met ook sosiale ongelykheid gepaardgegaan. Huiswerkers soos Evalyn se lot was beseël. Lesers het empatie met Puleng se woede oor die onreg en die jare lange diskriminasie en menseregteskending.

Magdaleen se ma se woorde, “Stil bure is goud werd” (46), sinspeel nie net op die romantitel, Die waarde van stil bure, nie, maar suggereer ook apartheid se stilswye oor die lot van die slagoffers, soos Evalyn en Puleng (metaforiese “bure”).

2.2 Magdaleen Verster: die hoofkarakter

Magdaleen se tweelingsuster, Misha, sterf sewe maande voor die verhaal ’n aanvang neem as gevolg van ’n hartaanval, aangebring deur ’n verdikte hartspier. Die tweeling se pa is aan dieselfde toestand oorlede. Magdaleen sukkel om te verstaan waarom Misha hierdie toestand geërf het en sy nie (50), en waarom sy nou moet “leer om sonder haar ander helfte aan te gaan” (16). Sy sien haarself as “[d]ie een wat [nie] in die internasionale model [haar oorlede tweelingsuster] se skadu kon gedy soos mos aan die koel kant van ’n klip nie. Dit was vir haar lekker om die ietwat swaarder, snaakser en minder bekende een van hulle twee te wees” (19; outeurs se invoeging). Selfs die keuse van hul name dui die verskil tussen hulle aan: “Misha klink volksvreemd, misterieus, broos. Magdaleen het ’n boerse, sterk klank, asof iemand met dié naam weet hoe om vetkoekdeeg te knie” (48).

Magdaleen doen vryskutwerk as illustreerder vir kinderboeke van haar skakelhuis in Melville af (27). ’n Donker kant van Magdaleen se persoonlikheid is haar kompulsiewe behoefte om vreemdelinge elders in obskure plekke vir onbeskermde seks te ontmoet, wat vir haar ’n tipe reinigingsritueel is (62). Sy vind troos en opwinding in hierdie roekelose en klandestiene ontmoetings, want dit laat haar vir ’n kort wyle vergeet dat sy “haar ander helfte, haar tweelingsuster, vir ewig verloor het” (25).

Haar beste vriend is Zack, wie se vel ’n “ryklik getatoeëerde landskap” (19) is. Hy is “die soort ou wat geen ouer vir ’n skoonseun wil hê nie” en wie se “wilde bos donker krulle [...] nie heeltemal die lang, diep letsel op sy voorkop” (19) verbloem nie. Zack is geskei en het ’n klein vyfjarige seuntjie, Ben, wat weens ’n ongeluk verlam geraak het. Soos die maande na die ongeluk verbygegaan het, het sy lyf meer en meer uit proporsie geraak; sy bolyf het groter word en sy onderlyf swakker gedefinieer (34). Magdaleen is baie lief vir Ben en haar oogmerk om Ben gesond te kry, oorheers haar gedrag. Deur hom te help, glo sy dat sy dalk Misha se verlies beter sal verwerk: “Dis onmoontlik om Misha terug te bring. Maar om Ben weer aan die loop te kry?” (77). Só skryf Magdaleen vir Misha in haar virtuele joernaal: “Soms dink ek dat ek heeltemal buite beheer is. En dis alles jou skuld. Dis wat gebeur as jy boggerof en jou suster alleen agterlaat” (106).

2.3 Die buurman: Darius Achenbach

Darius Achenbach is Magdaleen se “stil” buurman. Sy is bewus van hom, maar sien hom selde, aangesien hy bykans nooit sy erf verlaat en niemand vir hom kom kuier nie. Darius het ’n grys kat, Ruby. Ruby is lief daarvoor om by Magdaleen te kuier. Een dag merk sy op dat die kat seer het en besluit om haar buurman daarvan te verwittig, maar toe hy nie ag slaan op haar geroep by die muur wat hul erwe skei nie, spring sy oor (29) en ontmoet só vir doktor Darius Achenbach. Haar waarneming van hom is dat hy nie meer jonk is nie en ’n dik bril dra wat “soos ’n vergrootglas werk en sy blou oë soos dié van ’n karakter in ’n Tim Burton-fliek laat lyk” (17). Daarbenewens het hy “donsige grys hare wat soos ’n elektrostatiese stralekrans om sy kop uitpof [...] in al sy onversorgde glorie” (29). Sy skat hom diep in die sestigs (51).

Magdaleen wys vir hom die plek waar sy dink die kat seer het en “[s]y merk dadelik die teerheid waarmee hy sy kat ondersoek. Stadig, deeglik. Metodies soos ’n dokter” (30). Noudat die ys gebreek is tussen hulle, kan Magdaleen steeds nie dink watter tipe werk Darius doen nie, aangesien hy snaakse tye slaap en nooit die erf verlaat nie. Hulle vriendskap groei en op ’n goeie dag vertel hy haar van sy werk in die buitekamer:

Hy stoot die buitekamer se deur oop. Amper terselfdertyd val haar mond ook oop. In skrille teenstelling met sy beknopte, donker huisie, is dit ’n skoon, wit vertrek met ’n werkstafel waarop ’n mikroskoop staan, twee tipiese kantoorkaste teen die muur en ’n verskeidenheid toerusting wat sy glad nie verstaan nie. Dit is nie gewone kantoorgoed nie. (53)

Daar is ’n mikroskoop met ’n mikromanipuleerder daarop gemonteer, asook ’n sentrifugeerder en ’n laminêre vloeikas. Sy vra hom waarvoor hy dit gebruik, en hy antwoord dat hy stamselnavorsing doen (54). Wanneer sy vra waarom stamselnavorsing, antwoord hy:

“Ek is eintlik ’n boer sonder ’n plaas. ’n Landbou-ekonoom. Maar my werk met die kloning van diere het my nou ’n heel ander koers laat inslaan: ek het menslike stamselle begin kloon.” [...]

“Menslike stamselle?” [...]

“Ja, om toestande soos verlamming, Alzheimer se siekte, Parkinsons, hartdefekte en so aan te genees. [...] Het jy geweet ons kan al vir pasiënte met rugmurgbeserings ’n nuwe spinaalkoord uit hulle eie stamselle groei?” (55)

Op ’n vraag of hy nie in ’n behoorlike laboratorium of ’n navorsingshospitaal moet werk nie, antwoord hy: “Daar is te veel aasvoëls. Elke wetenskaplike wil die een wees wat die groot deurbraak maak” (55). Hy verduidelik verder dat daar ’n multitriljoendollar-bedryf is wat baie geld uit siek mense maak, soos onder andere farmakologiese maatskappye wat medisyne vir onkologiebehandeling vervaardig: “Daai maatskappye is minder opgewonde oor stamselterapie as ek en jy” (71).

Magdaleen wil by Darius weet of dít wat hy doen wettig is (56). Hy antwoord dat SAMAREC (South African Medical Association Research Ethics Committee) bewus is van sy navorsing, maar hulle is ’n “etiese waghond” en nie ’n befondser van navorsing nie (56–7). Aangesien die stamselnavorsing per se nie ongeoorloof is nie (mits dit voldoen aan die wetsvereistes), verander die situasie wanneer die navorsing op mense getoets of toegepas word. In sodanige geval moet ’n etiese oorsigkomitee toestemming gee, aangesien dit óf deel van goedgekeurde kliniese proefnemings gedoen moet word, óf goedgekeur moet word as eksperimentele behandeling of terapie ingevolge die regulering van gesondheidsnavorsing in die Suid-Afrikaanse reg. Die wetsaspekte word in meer besonderhede hier onder bespreek.

Op haar vraag of stamselle ’n paraplegiese kind met ’n rugmurgbesering sal kan help (74), verduidelik hy dat dit moontlik is, hoewel nie ’n eenvoudige proses nie. Hy kan stamselle oes en kweek en seker maak dat dit presies in die regte stadium van ontwikkeling ingeplant word en differensieer in ’n pasiënt, maar daarvoor benodig hy ook ’n sjirurg, ’n narkotiseur, teatersuster, ’n hoësorgeenheid en ’n fisioterapeut om te help. Diegene wat met só ’n ongeoorloofde prosedure (weens die gebrek aan etiese klaring, ensovoorts) wil help, sal ongetwyfeld hul loopbane in gevaar stel (100). Magdaleen raak opgewonde en begin planne beraam om hierdie tipe gesondheidswerkers bymekaar te kry. Darius vermaan haar egter dat hierdie tipe stamseloorplanting nié wettig is nie, aangesien rugmurgsjirurgie, gekombineer met stamselterapie, nie ’n beproefde, wettige prosedure in Suid-Afrika of elders in die wêreld is nie (100).

Magdaleen besluit vervolgens om eerste vir Puleng, nou ’n mediese dokter, te nader vir hulp. Sy worstel met haarself oor waarom sy so ’n dwingende begeerte het dat die projek móét gebeur. Is dit haar manier om vir Misha te sê sy is jammer sy kon haar nie kon help nie (102)? Toevallig sien sy op ’n pamfletjie onder die gemorspos in haar posbus wat vir ondersteuning van ’n plaaslike voedingskema pleit, die volgende boodskap: “Be the change you want to see in the world” (59). Magdaleen is nou meer as ooit tevore oortuig dat sy haar plan met die stamseloorplanting moet deursien.

Sy vertel vir Darius wat sy beplan en verseker hom dat hy vir Puleng kan vertrou:

Jy kan haar eenhonderd present vertrou. Ons is vriende vandat sy drie en ek agt was. (103)

Sy is nog al die jare vir my soos ’n suster. En nadat Misha begin modelwerk doen het, het ek en sy nog nader aan mekaar beweeg. Ek skat dis vir my lekker om iemand se ousus te wees. [...] Ons ma’s is ook soos susters [...] (174–5)

“Die storie van Afrika,” merk hy op. (175)

2.3.1 Stamselnavorsing in die Suid-Afrikaanse reg

’n Sentrale tema in die roman is die kwessies van stamselnavorsing en ’n stamseloorplanting. Stamselnavorsing is kontroversieel om verskeie redes, onder meer weens etiese besware en die gevare van onbeproefde, onbewese en lewensgevaarlike stamseloorplantings in lande waar die regs- en etiese regulering van hierdie tipe navorsing ontbreek of ontoereikend is.10 Hoewel stamselnavorsing nog hoofsaaklik as eksperimentele navorsing beskou word, word beenmurgoorplantings (’n tipe stamseloorplanting) vir dekades al as ’n standaardterapie suksesvol en veilig uitgevoer in die behandeling van bloedsiektes.11

Die roman se verkenning van aspekte van stamselnavorsing prikkel die leser se belangstelling oor die onderwerp, vernaamlik oor die wetlike aspekte van hierdie navorsing wat soveel potensiaal vir die behandeling van vele siektetoestande inhou. Stamselle word beskryf as die bron- of moederselle in die menslike liggaam, aangesien hierdie selle oorsprong gee aan die embrio in die baarmoeder. Uit hierdie stamselle word die ander selle van die liggaam gevorm, soos die bloed-, spier-, been-, vel- en senuweeselle.12 Omdat stamselle oor die vermoë beskik om ander beskadigde selle in die liggaam op te bou of te herstel, is daar potensieel tot en met sewentig verskillende siektes wat met die hulp van stamselle behandel kan word, onder meer leukemie, bloedarmoede en limfome (kwaadaardige limfgewasse). Navorsing toon die sterk potensiaal van stamselle in die behandeling van Alzheimer se siekte, diabetes, hartsiektes, veelvuldige sklerose, brein- en rugmurgbeserings, spierdistrofie en Parkinson se siekte, danksy stamselle se vermoë om te vermeerder en te differensieer in die tipe sel wat benodig word. Dit is dan ook hierdie kenmerk van stamselle wat dit van gewone liggaamselle onderskei.

Twee tipes stamselle wat bestaan is embrionale stamselle (afkomstig van ’n embrio of ’n naelstring) en volwasse stamselle, afkomstig van onder meer die lewer of wandbloed. Hoewel die verwydering van embrionale stamselle uit die naelstring ná die geboorteproses eties aanvaarbaar is aangesien die naelstring roetinegewys vernietig word in hospitale, geld dieselfde nie vir die verwydering van embrionale stamselle direk vanaf embrio’s nie. Ten einde embrionale stamselle te bekom, is ’n lewende embrio, gewoonlik in ’n laboratorium geskep, nodig. Embrionale selle word dan van die vyf tot sewe dae oue embrio se kernselwand geoes.13 Hierdie proses lei onvermydelik tot die vernietiging van die embrio, wat gepaardgaan met wesenlike etiese, godsdienstige en morele besware, hoofsaaklik omdat dit gesien word as die vernietiging van ’n menslike lewe.

Stamselbehandelings wat nie deur die normale kliniese proefnemingsproses goedgekeur word nie, hou groot mediese risiko’s in, soos onvoorspelbare tumorgroei en onbekende langtermyngevolge. Dit verklaar deels waarom alle voorgenome stamselterapie of -behandelings deur relevante gesondheidsnavorsing-etiekkomitees goedgekeur moet word sodat die veiligheid en effektiwiteit van die behandeling sorgvuldig gemonitor kan word.14 In Suid-Afrika word gesondheidsnavorsing gereguleer deur hoofstukke 8 en 9 van die National Health Act.15 Die Raad op Nasionale Gesondheidsnavorsingsetiek (National Health Research Ethics Council) is ’n statutêre instelling wat onder andere verantwoordelik is vir die opstel van etiese riglyne oor die funksionering van etiekkomitees of etiese oorsigkomitees, asook norme en standaarde vir gesondheidsnavorsing met mense en diere, insluitende kliniese proefnemings. Kliniese proefnemings vereis voorafgaande onafhanklike etiese klaring ten einde te verseker dat navorsers gebonde bly aan die relevante wetlike en normatiewe standaarde wat betrekking het op gesondheidsnavorsing in Suid-Afrika. Aangesien stamseloorplantings of stamselgebaseerde mediese ingrepe baie potensiële mediese gevare en risiko’s inhou, soos hier bo genoem, word vereis dat die kliniese proefnemings voorafgegaan word deur toepaslike prekliniese studies met diere of met menslike navorsingsdeelnemers onder streng gekontroleerde omstandighede. Op hierdie wyse kan die veiligheid en effektiwiteit van die voorgenome behandeling (terapie) of produk beter bepaal word. Enige versuim om met menslike navorsingsdeelnemers te eksperimenteer sonder die vereiste etiese klaring deur ’n toepaslike etiese oorsigkomitee, is strydig met die Gesondheidswet16 en die Nasionale Gesondheidsdepartement se 2015- etiese riglyne vir gesondheidsnavorsing.17

Hoewel stamselnavorsing ingevolge die Gesondheidswet18 toelaatbaar is, mag navorsing met ’n 14 dae oue menslike embrio of sigoot slegs plaasvind met die skriftelike toestemming van die minister van gesondheid; en mits die aansoeker (navorser) onderneem om die navorsing vir rekorddoeleindes te dokumenteer; én die voorafverkrygde toestemming van die skenker van sodanige stamselle of sigote bekom is. Die manipulering van enige menslike genetiese materiaal, insluitend genetiese materiaal afkomstig van gamete (vroulike eiersel of manlike sperm) in ’n poging om ’n mens te kloon, is ingevolge artikel 57(1)(a) verbode. Die minister van gesondheid mag aan die hand van vasgestelde kriteria terapeutiese kloning met volwasse stamselle of embrionale naelstringstamselle toelaat.19 Versuim om aan enige van bogenoemde vereistes, gestel in artikel 57, te voldoen, is ’n oortreding ingevolge die wet wat kan lei tot ’n boete of gevangenisstraf van vyf jaar of minder, of beide ’n boete en sodanige gevangenisstraf.20 Dieselfde wetsbepaling omskryf terapeutiese kloning (die tipe navorsing wat Darius doen) as die manipulering van genetiese materiaal afkomstig van volwasse selle, sigote of embrionale selle met die oogmerk om die funksie van laasgenoemde selle of weefsel vir terapeutiese doeleindes te verander.21

Om terug te keer na Die waarde van stil bure: Darius se navorsing het oënskynlik met menslike stamselle te make. Sy verduideliking aan Magdaleen dat die etiekkomitee van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging bewus is van sy navorsing, is óf ’n blatante leuen, óf ’n geval van onkunde deur Darius óf die outeur self. Darius vertel vir Magdaleen dat hy oorspronklik ’n landbou-ekonoom was, maar nou navorsing met menslike stamselle uitvoer. Vanuit ’n wetlike oogpunt is Darius glad nie bevoeg en gekwalifiseer om met menslike stamselle te eksperimenteer nie. Die Gesondheidswet bevat streng vereistes en voorskrifte oor die verwydering en gebruik van menslike weefsel, bloed of gamete wat nodig is om stamselnavorsing uit te voer en onder andere slegs deur bevoegde (“competent”) persone in gemagtigde (“authorized”) instellings uitgevoer mag word.22 Die regulasies rakende die gebruik van menslike biologiese materiaal23 omskryf in regulasie 1(g) en 1(h) ’n “bevoegde persoon” wat onder andere fetale weefsel en embrionale naelstringbloed verwyder en gebruik as ’n mediese praktisyn geregistreer ingevolge die Wet op Gesondheidsberoepe 56 van 1974 by die Raad op Gesondheidsberoepe, en ’n bevoegde persoon wat gesondheidsnavorsing doen as ’n persoon wat as mediese tegnoloog of wetenskaplike geregistreer is ingevolge die Wet op Gesondheidsberoepe by die Raad op Gesondheidsberoepe. Dieselfde regulasies bepaal dat geen persoon, buiten ’n bevoegde persoon, biologiese materiaal vir genetiese toetsing, gesondheidsnavorsing of terapeutiese oogmerke mag verwyder nie.24 Voorts mag sodanige materiaal verwyder word slegs in ’n gemagtigde instelling of voorgeskrewe instelling én met die nodige ingeligte en skriftelike toestemming van die persoon van wie die materiaal verwyder word.25 Laasgenoemde vereiste geld vir die gebruik van volwasse , embrionale, naelstring- en fetale stamselle ook.26

Anders as wat in die Gesondheidswet bepaal word, vereis die regulasies rakende die gebruik van menslike biologiese material die ingeligte toestemming van slegs die persoon wie se stamselle of weefsel verwyder word,27 terwyl die Gesondheidswet ’n hoër vereiste stel, naamlik ministeriële toestemming.28 Die regulasies, aan die ander kant, hef ’n strenger sanksie vir ’n oortreding van enige van hierdie voorskrifte as dié opgelê vir soortgelyke oortredings van die bepalings in die Gesondheidswet in hoofstuk 8, naamlik 10 jaar gevangenisstraf en ’n boete of beide, in teenstelling met die Gesondheidswet, wat na vyf jaar en ’n boete of beide in artikel 57(5) verwys.

Darius se navorsing is geheel en al onwettig om verskeie redes, soos hier bo uitgelig, buiten vir die feit dat geen etiese oorsigkomitee sy navorsing sou goedkeur nie; nóg minder die etiese oorsigkomitee van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging. Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging se etiese oorsigkomitee se Standaardbedryfsprosedures en Riglyne vir die Etiese Oorsig van Kliniese Proefnemings met Mense van 2015 is van toepassing slegs op gekwalifiseerde mediese praktisyns (geregistreer by die Raad op Gesondheidsberoepe).29 Benewens die feit dat Darius nie gemagtig is om met menslike stamselle te eksperimenteer nie, is hy eweneens regtens onbevoeg om aan die stamseloorplanting self deel te neem. Die feit dat bevoegde gesondheidsorgwerkers (sjirurg, narkotiseur, fisioterapeut en suster) aan die oorplanting in die roman deelneem en dat dit plaasvind in ’n hospitaal (as ’n gemagtigde instelling) herstel nie die onregmatigheid van die prosedure nie.

Dit is belangrik om die rol van etiese oorsigkomitees in hierdie konteks te begryp. Navorsingsetiekkomitees moet vasstel of ingeligte toestemming van betrokke navorsingsdeelnemers of pasiënte voldoen aan die nodige wetlike en etiese vereistes. Soos vlugtig hier bo genoem, het etiese en morele besware wat met stamselnavorsing verband hou, betrekking op die feit dat die bron van stamselle in sommige gevalle menslike fetusse of embrio’s is. Die vernietiging van die embrio of fetus ten einde embrionale stamselle te bekom, is vir sommige navorsingsdeelnemers of pasiënte weens geloofsoortuigings onaanvaarbaar. Heelwat jurisdiksies, insluitend Suid-Afrika, verbied in vitro-navorsing met ’n menslike embrio ná 14 dae se ontwikkeling – die tydstip waarop die sogenaamde “primitiewe groef” ontwikkel.30 Laasgenoemde is ’n merkbare dowwe lyn wat die ontwikkeling van die sentrale senuweestelsel aandui.

Voorts sou die stamselgebaseerde “terapie” wat die jong seun in die roman in sy rugmurg ontvang moontlik ook aan die vereistes van die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (South African Health Products Regulatory Authority) se riglyndokument oor Goeie Vervaardigingspraktyk vir Biologiese Medisyne moet voldoen.31 Stamselgebaseerde terapie in Suid-Afrika, hoewel onbevredigend gereguleer in die Suid-Afrikaanse reg, val ook breedweg in die kategorie van biologiese medisyne, waarvan die aktiewe bestanddeel afkomstig is van lewende organismes of weefsel en wat deur middel van ’n biologiese proses geskep is. Die Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte se Biologiese Medisyne-evaluering- en Navorsingseenheid (Biological Medicines Evaluation and Research Unit) is verantwoordelik vir die ontwikkeling van ’n regsraamwerk vir die regulering van selgebaseerde terapie. Tot op hede is hierdie raamwerk nog nie in plek gestel nie en hou die regsvakuum ernstige probleme vir die effektiewe regulering van hierdie tipe terapie in Suid-Afrika in, presies soos wat Bezuidenhout in Die waarde van stil bure skets.

2.4 Dr Puleng Manthoro

Puleng se ma, Evalyn Manthoro, was in die 1980’s en 1990’s die Versters se huiswerker (38). Buiten die gewone huiswerk het sy ook gereeld vir Magdaleen en Misha opgepas. Puleng is amper vyf jaar jonger as Magdaleen en het dikwels saam met haar ma na die Versters se huis gegaan om saam met die tweeling te speel (38). Wanneer Magdaleen vir Puleng nader met haar plan, is eersgenoemde reeds met haar huisdoktersjaar besig. Puleng se werk is uitputtend en sy beskryf dit soos volg: “Work is like ointment for emotional pain. For me anyway” (39). Net soos Magdaleen, besef die leser dat Puleng onder emosionele pyn gebuk gaan; ’n gevolgtrekking wat aan die einde van die verhaal bevestig word. Magdaleen ken niemand wat so hard soos Puleng werk nie, en ook niemand wat so ambisieus en gedrewe soos sy is nie. En dis nie omdat sy besig is met haar huisdoktersjaar nie – vir Magdaleen was Puleng was nog altyd só (39): slim en hipergefokus op sukses van kleins af al (85). “Puleng is ’n perfeksionis. Puleng wil altyd wen. En Puleng het ambisie. Hope en hope daarvan” (84).

Puleng is boonop die sleutelfiguur by die pro bono-kliniek, met die regte kontakte vir die uitvoer van die stamseloorplanting (86). Puleng se kêrel, ’n aantreklike bruin man, werk by Vantage Health, waar sy pa die hoof van die kliniek is. Puleng werk ook soms daar. Magdaleen sien Puleng en Ricardo as “hip”, snaaks en met die regte velkleur:

Dis al vir dekades nie cool om wit te wees in Suid-Afrika nie. Dalk was dit eintlik nooit nie. Sy sal dit nooit hardop sê nie, maar dit is wat sy dink. Niks van haar is Suid-Afrika-vriendelik nie. Nie haar herkoms of haar Germaanse naam wat haar klink soos iemand wat van ’n Voortrekker-ossewa afgebliksem het nie. Nie haar status as middelklas-whitey wat in die 1980’s en 1990’s grootgeword het met ’n swart nanny wat haar bed opgemaak en haar skoolskoene gepoets het nie. En allermins haar melkwit vel wat maar sukkel in die fel somerson en die droë Hoëveld-winters. (141)

Magdaleen verduidelik vir Puleng wat Darius beplan: “Hy gaan ’n sort proppie maak van ... die een of ander bio-identiese jel waarin hy die gesonde stamselle sit. Hy sny dan ’n stukkie van die beskadigde rugmurg uit en vervang dit met hierdie jel-invoegsel. Die embrionale stamselle sal begin differensieer en neuroselle word om hopelik die rugmurg heeltemal te herstel” (83). Puleng is genoeë met Magdaleen se voorstel en die proses om al die nodige rolspelers by mekaar te kry om die operasie op Ben uit te voer, begin. Soos die spanning in verhaallyn ontwikkel, besef die leser dat Magdaleen Puleng se ambisie heeltemal onderskat het.

 

3. Die rol van apartheid in die ontknoping van die verhaal

Magdaleen, haar buurman, Puleng en dié se kêrel, Ricardo, kry uiteindelik ’n span bymekaar om die onwettige operasie op Ben uit te voer. Die narkotiseur is Ryan Walters, ’n dwelmverslaafde en ’n vriend van Darius; die neurosjirurg is Anna Peerman, ’n lesbiese vrou op wie Darius eens verlief was. Anna is getroud met die persoon wat die fisioterapeut gaan wees se suster. Hierdie mediese span gaan die operasieteater by Ricardo se pa se kliniek in sy afwesigheid gebruik. Die operasie word met Zack en sy vervreemde vrou se toestemming uitgevoer nadat Darius hulle gerusstel dat “die kans dat Ben slegter daaraan toe sal wees na die operasie, omtrent nul [is]” (79; outeurs se invoeging).

Die hele prosedure, asook die voorbereidingswerk in die laboratorium, is onwettig, en Darius herinner almal gedurig daaraan dat stilswye die enigste waarborg teen vervolging is. Almal in die span moet besef dat hulle hul loopbane op die spel plaas en dat niemand ’n woord mog rep oor wat gaan gebeur nie. Die onwettige operasie word dan uitgevoer en is ’n reusesukses, soos Anna dit stel: “Dit beteken daai stamselle vermeerder teen rasse skrede en die rugmurg is besig om te herstel, nes ons gehoop het dit sou” (169). Zack beaam ook later: “Ben kon vanoggend sy tone ’n klein bietjie beweeg” (200).

Magdaleen is in ekstase omdat sy voel sy het uiteindelik vergoed vir haar sussie se dood. In ’n e-pos aan Puleng skryf sy: “Deur Ben te help, het dit vir my gevoel ek kan terugwerkend iets vir my suster doen” (218).

Dan breek die gewraakte Dinsdag aan waar die verhaal begin. Magdaleen se buurman sterf. Volgens die polisie het hy weens ’n hartaanval gesterf, maar Magdaleen is oortuig hy is vermoor. Haar afleiding is gebaseer op die vreemde omstandighede rondom die operasie. Eers is Darius se kat vermoor, met ’n waarskuwende nota daarby wat lui “Curiosity killed the cat” (156). Magdaleen sukkel om te begryp waarom persone wat Darius se navorsing wil “steel” sy kat sou aanval in plaas daarvan om hulle tot die media te wend. Puleng se verduideliking is:

Because they don’t want the breakthrough to be made public. Dink daaroor: hulle het dalk self jare se navorsing gedoen en voel húlle het die reg om eerste oor die wenstreep te wees. They feel that they deserve the limelight and all benefits that come with it. (157–8)

Magdaleen is gebroke en voel sy is verantwoordelik vir alles: “Dis haar skuld dat hy [Darius] dood is. [...] Sy huil vir Darius en vir Ruby en vir Misha” (186; outeurs se invoeging). By Darius se huis vind sy dat sy laboratorium se deur wawyd oop staan en dat alles weg is – die inkubators, die sentrifugeerder, die bottels met differensiasiemedium, die mikroskoop, al sy bruin oefeningboekies met sy aantekeninge in (186). Sy tel ’n blou koekie seep in die tuin by Darius se toiletvenster op. Aan die onderkant van die koekie seep is ’n enkele woord slordig maar duidelik uitgekerf: “suster” (204). Magdaleen vermoed nou dat ook haar eie lewe in gevaar is en dat een van die teatersusters moontlik uitgepraat het oor die operasie. Sy raai dat dit dalk ’n farmaseutiese maatskappy is waarvan Darius gepraat het, wat nie wil hê stamselnavorsing moet plaasvind nie, wat vir sy dood verantwoordelik is, en dat sy moontlik volgende op hulle lys is. Met die hulp van Zack vlug sy Seychelles toe waar sy as ’n “skroppie” werk – skropwerk soos huiswerkers in die “ou Suid-Afrika” gedoen het.

Vir Puleng, wat as kind van ’n huiswerker moes raap en skraap om te oorleef, was dit ’n geval van “[i]f you grew up the way I did, as a black kid in the real world, your mother would have had several skroppie jobs just to keep you alive” (209). Magdaleen verstaan wat sy bedoel: “[E]k weet ook wat ’n skroppie is, al het ek as ’n privileged white brat in die apartheidsjare grootgeword” (218).

Die kontras tussen hoe Magdaleen en Puleng onderskeidelik grootgeword het gedurende die apartheidsjare, is belangrik in die ontknoping van die verhaal. In teenstelling met Magdaleen, wat voel hulle het alles in hul vermoë vir Puleng, wat sy as haar eie suster beskou, gedoen, is Puleng se belewenis van dieselfde gebeure heeltemal anders, en onderstreep dit hoe apartheid die ware beleefde ervarings (“lived experiences”) van die gemarginaliseerdes negeer het. In ’n brief aan Magdaleen skryf sy dat hulle nié “een happy Liquorice Allsorts-gesinnetjie” was nie (252–3):

Ja, sure, ek het nooit honger gely nie. Ek het na die beste skole gegaan omdat my ma by “goeie” mense gewerk het. Ek het jou en Misha se ou Adidas-tekkies gekry wanneer hulle eintlik nog splinternuut was. [...] Daar was honderde hand-me-downs waarvoor ek die hele tyd diep dankbaar moes wees. Daarvoor het my ma gesorg. “Onthou om dankie te sê, Puleng.” [...] Dit was die tema van my grootwordjare [...] Ek moes die heeltyd so donners dankbaar wees. [...] Die tweedehandse selfone, die iPod, die beurs by julle skool. En eintlik wou ek net een keer my eie tekkies in ’n winkel gaan uitsoek. [...] Maar toe ek verstand begin kry, het ek ander goed ook begin raaksien. Hoe jou ma saam met my ma sou sit en soaps kyk en lag soos boesemvriendinne. [...] En net daarna, as dit huistoegaantyd vir ons was, op haar gat voor die TV sou bly sit as ’n moerse donderstorm uitbars. Met twee karre wat in die garage staan, Magdaleen. Dan moes ek en my ma in daai downpour na die taxi rank toe sukkel. [...] Ek dink dis die ding wat my die meeste van Alida Verster afgepis het. Was sy maar openlik rassisties soos baie van die ander wit mense in julle straat. Dit kan ek handle. Maar om te maak asof jy ’n vriendin is van die persoon wat die pubic hair van jou stortvloer moet afspuit en jou en jou dogters se onderklere moet was – daai is nie aan nie. In ’n parallel universe kon ek en jy en Misha seker susters gewees het. Maar nie in die 1990’s se Suid-Afrika nie. [...] Waarmee dink jy was ek besig terwyl jy en Misha by tennisafrigting of balletklasse was? Dink jy ek het met julle blonde Barbies gespeel? Nee, ek was besig om julle boeke te lees. [...] Maar toe ek ’n grootmens word, was ek moeg daarvoor. Ek was veral moeg vir die ongelykheid van alles.

Puleng was verbitterd oor sy weens apartheid nie al die geleenthede in die lewe gehad het nie. Sy was ook moeg vir die vertoon dat alles oukei is. Sy gebruik ’n vriend van haar, Craig Marais, om Darius te vermoor, maar eers nadat hy (Craig) aan hom verduidelik het hóékom Puleng dit doen. Na die sukses van die stamseloorplanting het sy gevoel die roem en eer kom háár toe. Evalyn voel verantwoordelik vir haar dogter se optrede:

Sy het ’n mens laat doodmaak [...] Omdat sy daardie mens se werk wou steel. Omdat sy wou seker maak sy is die beste en dat sy nooit in iemand anders se oë sal hoef te kyk nie. Want ek, haar ma, het haar so geleer. (242–3)

Hoewel Magdaleen geglo het sy en Puleng is susters, was dit nie Puleng se belewenis nie. Die hartseer van swaarkry as jong swart kind was allesoorheersend. Sy was aangespoor deur verbitterdheid oor haar verlede toe swart mense genadebrood moes eet en dankbaar wees teenoor wit mense vir die klein aalmoese wat hul ontvang het. Sy het die gevoel van ongeregtigheid in haar hart vertroetel en soos haar sukses begin groei het, het sy gevoel dit kom haar toe omdat wit mense in die verlede al die geleenthede gehad het om te presteer. Haar kans om sukses te smaak was nóú en sy was bereid om tot die uiterste te gaan om hierdie kans aan te gryp. In haar verbitterde ontboesemingsbrief aan Magdaleen blyk ’n belangrike en miskende waarheid in die Suid-Afrikaanse geskiedenis: die selfingenomenheid waarmee baie wit mense in apartheid “goed gedoen” het vir huiswerkers in hul diens, was nie altyd ’n positiewe ervaring vir die swart werkers wie se daaglikse realiteit ’n stryd teen omvattende en sistemiese ongeregtigheid en diskriminasie was nie.

Die verrassende einde van die roman laat die leser met gemengde gevoelens; deels ontnugtering oor die verreikende gevolge van jare lange verbittering en miskenning van regte, asook ’n stadiggroeiende begrip vir dít wat Puleng gedoen het.

 

4. Gevolgtrekking

Daar is nie ’n beter manier waarop die boodskap van apartheid se leed en verlies gestel kan word as deur fiksie nie, en Bezuidenhout se roman as deel van postapartheidliteratuur dra by tot ’n ryker regsletterkundige verkenning van die impak van apartheid. Bowenal is die roman gemoeid met kontemporêre biomediese navorsing wat die grense van moraliteit en wetlikheid uitdaag. Die waarde van stil bure wys nie alleen hoe mense se verlede en hul belewenis van hul sosiokulturele konteks hul gedrag kan vorm nie, maar verskaf ook ’n verruimende insig in die motief vir hul optrede, wat lesers se blindelingse waarde-oordele summier ophef, in hierdie geval met betrekking tot Magdaleen se promiskuïteit en haar orkestrasie van ’n onwettige operasie. Terselfdertyd verskaf die roman ’n alternatiewe invalshoek en lens vir ’n meer genuanseerde besinning oor die komplekse wêreld van stamselnavorsing en -oorplanting, met die sterk boodskap dat die skeidslyn tussen reg en verkeerd nie altyd duidelik is nie en dat dit soms beter is om onverantwoordelik en reg te wees as verantwoordelik en verkeerd.

 

Bibliografie

De Villiers, J. 2019. Prolegomenon on the role of the polyphonic novel for (animal) law: J.M. Coetzee’s The lives of animals, the voice of refusal, and the subversive performativity of the novel. Law and Literature, 31(3):1–26.

Labuschaigne, M. 2021. “The good, the bad and the ugly”: ’n Regsletterkundige besinning van Von Meck se Die heelal op my tong. LitNet Akademies, 18(2):654–83.

Mahomed, S. en M.N. Slabbert. 2012. Stem cell tourism in South Africa: The legal position. Journal of Bioethics and Law, 5(2):69–73.

Minister van Gesondheid. 2012. Regulations relating to the use of human biological material. Regeringskennisgewing 177, Staatskoerant, 35099. Pretoria: Staatsdrukker.

National Department of Health. 2015. Ethics in health research: Principles, processes and structures. https://www.ru.ac.za/media/rhodesuniversity/content/ethics/documents/nationalguidelines/DOH_(2015)_Ethics_in_health_research_Principles,_processes_and_structures.pdf (26 Mei 2022 geraadpleeg).

Pepper, M. en M. Slabbert. 2015. Human tissue legislation in South Africa: Focus on stem cell research and therapy. South African Journal of Bioethics and Law, 8(2):4–11.

Pepper, M.S., C. Gouveia en M.N. Slabbert. 2015. Legislation governing pluripotent stem cells in South Africa. South African Journal of Bioethics and Law, 8(2):23–31.

Slabbert, M.N. en M.S. Pepper. 2015. A global comparative overview of the legal regulation of stem cell research and therapy: Lessons for South Africa. South African Journal of Bioethics and Law, 8(2):12–22.

South African Health Products Regulatory Authority (SAHPRA). 2019. SA guide to good manufacturing practice for medicines. https://www.sahpra.org.za/good-manufacturing-practices-guidelines (9 Maart 2022 geraadpleeg).

South African Medical Association Research Ethics Committee (SAMAREC). 2015. Standard operating procedures and guidelines for the ethics evaluation of clinical trials in humans. https://www.samedical.org/images/our-people/SAMAREC%20SOP%20updated%20Feb%202015.pdf (8 Maart 2022 geraadpleeg).

Thompson, N. 2012. Follow the reader: Literature’s influence on law and legal actors. Honneursverhandeling, Universiteit van Otago.

University of Nebraska Medical Center. 2022. Types of stem cells. https://www.unmc.edu/stemcells/educational-resources/types.html (7 Maart 2022 geraadpleeg).

Van Marle, K. 2018. Modernities and the making of worlds. Law and Literature, 30(1):11–28.

West, R. 1993. Narrative, authority and the law. Ann Arbor, MI: University of Michigan Press.

 

Eindnotas

1 Labuschaigne (2021 658–60).

2 Thompson (2012:13–46).

3 Labuschaigne (2021:659).

4 De Villiers (2019:1–3).

5 Van Marle (2018:19–21).

6 Labuschaigne (2021:659–60).

7 West (1985:424).

8 Labuschaigne (2021:660).

9 Labuschaigne (2021:658–62).

10 Pepper en Slabbert (2015:5).

11 Mahomed en Slabbert (2012:70).

12 University of Nebraska Medical Center (2022).

13 Pepper, Gouveia en Slabbert (2015:25).

14 Mahomed en Slabbert (2012:70).

15 Die Engelse weergawe van die wet is die amptelike weergawe; hierna verwys ons daarna as die Gesondheidswet of Wet 61 van 2003.

16 Art. 72(1)) en 73.

17 National Department of Health (2015: par. 1.6).

18 Art. 57(4).

19 Art. 57(2).

20 Art. 57(5).

21 Art. 57(6)(b).

22 Art. 54, 55 en 56.

23 Gepubliseer onder Regeringskennisgewing R177 in die SK van 2 Maart 2012, en uitgevaardig ingevolge art. 68 van die Gesondheidswet.

24 Reg. 2.

25 Reg. 3.

26 Reg. 9.

27 Ibid.

28 Art. 56(2)(a)(iv), 57(3) en 57(4).

29 SAMAREC (2015).

30 Slabbert en Pepper (2015:13).

31 SAHPRA (2019).

 

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Misplaaste weldade en griewe van die "Liquorice Allsorts-gesinnetjie": ’n Regsletterkundige verkenning van Zelda Bezuidenhout se <i>Die waarde van stil bure</i> appeared first on LitNet.

’n Drieduisendjaaroue papirusargief in die woestyn van Egipte ontdek

$
0
0

Erkenning: geralt, https://cdn.pixabay.com/photo/2015/08/08/11/10/parchment-880314_960_720.jpg

In die tweede hoofstuk van my Inleiding tot die studie van Nuwe Testamentiese Grieks, bl 28-51 (T Wever, Stellenbosch, 1975, gedruk deur Giethoorn-Huisman van MePel in Nederland) het ek geskryf oor die lig wat die papiri werp op die Grieks van die Nuwe Testament (NT).

Dit was Gustav Adolf Deissmann (1866-1937) van Berlyn en James Hope Moulton (1863-1917) van King’s College op Cambridge wat aan die einde van die 19de eeu en die begin van die 20ste eeu ’n radikale revolusie in, veral op die gebied van die semantiek, van NT Grieks teweeggebring het. Teen hierdie agtergrond wil ek tans die ongelooflike en wonderbaarlike verhaal vertel van die ontdekking van papiri rondom die wending van die 19de en 20ste eeu vC, by OxyrhynChus, die moderne el Bahasa aan die eertydse Bhar [“rivier”, “kanaal”] Yussef, Wes van die Nylrivier, in Middel Egipte, ongeveer 100 kilometer suidwes van Kaïro.

Die Griekse NT het ’n vocalabrium van 5 436 woorde (Robert Morgenthaler, Statistik des Neuentestamenlichen Wortschatzes, Gotthelf-Verlag, Zürich/Frankfurt am Main, 1958) wat ons hier met die vondse vergelyk met dié vondse wat by el-Bahasa gemaak is. Sedert die semantiese studie van die NT Griekse woordeskat wat per se, na eie aard, vis-à-vis Klassieke Grieks, aan die begin van die 17de eeu ernstig opgeneem is (Georg Pasor, Lexicon Graeco-Latinum in Novum Domini Nostri Jesu Christi Testamentum, Herborn, 1619), is daar vir amper 400 jaar lank druk filologies gedebatteer oor die werklike betekenis en herkoms van ’n groot deel van die NT woordeskat. Uiteindelik is, deur die eeue heen, minstens tien verskillende definisies aan die inherente betekenis van die woordeskat en woordgebruik in die NT gegee, naamlik:

(1) Dat dit in wese tóg maar oud-Attiese Grieks volgens die eertydse Protestantse Puriste as felle verdedigers van die inspiratio verbalis, waar die woordegebruik in die NT net so volmaak moet wees soos die Boodskap self wat dit bring, want Cicero het eens gesê dat as God aarde toe sou kom, sal Hy Hom sekerlik van die ou Atheense idioom en dialek bedien het – “The finest instrument human thought has ever played upon”, volgens die Ierse historikus JB Bury;

(2) Dat dit Hebreeuse Grieks, waar die LXX (Sepuaginta) uit Egipte, van vóór 170 vC, die enigste model was vir die NT skrywers, waar tegniese Hebreeuse begrippe en woorde hier vir die eerste keer ver-Grieks is;

(3) Dat dit alleen ’n spesiale openbaringstaal is, geskep vir NT gebruik, só volgens Richard Rothe in sy Zur Dogmatik (Gotha, 1863, p238): “Eine Sprache des heiligen Geistes”;

(4) Dat dit sondermeer net alleen Bybelse Grieks (Graecismus Biblicus) genoem moet word, soos by JH Böcler, De lingua Novi Testamenti (Straatsburg, 1642, p138);

(5) Dat dit bloot net as die Grieks van die Christelik Kerk getipeer moet word, want in die eerste eeu AD van sy bestaan was Grieks alleen die voertaal van die Christelike Kerk in sy prediking én in sy liturgie soos by Kúrie eléêson, “Here, wees genadig!”, óók in Rome self; (5) Dat daar eerder gepraat moet word van ’n dialectus ecclesiastica, d.i. die Kerk-Grieks van die Nuwe Bedeling teenoor die Hebreeus van die Ou Bedeling;

(6) Dat daar geheel eerder gepraat moet word van ’n dialectus hellenistica, d.w.s. histories gesien as die produk van die Hellenistiese tydvak in die ses fases van die ontwikkeling van die Griekse taal (sien my Die verhaal van die Griekse taal oor 25 eeue heen, Sun Media, Stellenbosch, 2017, p. 51 vervolgens);

(7) Dat ons van die grammaties-vereenvoudigde Grieks van die NT eerder moet praat as ’n Graecismus Fatiscens, d.w.s. Grieks wat oud en moeg geword het, soos CFD Moule van Cambridge (An Idiom-Book of New Testament Greek, CUP, 1953) dit by geleentheid gestel het;

(8) Dat dit maar na alles net die Standaard Grieks van die dag is, soos Lars Rydbeck dit neutraal pleit in sy The Language of the New Testament (Lund University, 2007);

(9) Dat dit maar net gewone spreektaal (lingua cotidiana) van die dag uitmaak, oftewel hê koinê diálektos, vir die heel eerste keer só gedefinieer deur Gustav Adof Deissman in ’n hele reeks publikasies: Bibelstudien. Beiträge, zumeist aus den Papyri und Inschriften, zur Geschichte der Sprache, des Schrifttums und der Religion des hellenistische Judentums und des Urchristentums (Marburg, 1895), en Neue Bibelstudien. Sprachgeschichtliche Beiträge, zumeist aus den Papyri und Inschriften, zu Erklärung des Neuen Testaments (Marburg, 1897); asook The philology of the Greek bible: its present and its future (trans. LRM Strachen, London, 1908), en Licht from Osten. Das Neuen Testament und die neuentdeckten Texte der hellenistisch-römischen Welt (Tübingen, 1908);

(10) Dat ons hier die klassieke geval het van die die spreektaal naas die boektaal, en dat die Griekse NT eerder opgestel is die spreektaal, m.a.w. in die dêmotikê [< dêmos, “(ordinêre) volksafdeling”] eerder as die kathareúousa [< katharós, “suiwer”, “rein”], wat eintlik adjektiewe is waarby ons die selfstandige naamwoord glôssa/phônê (“taal”) moet byverstaan.

Eers in 1896 het Barend P Grenfell en Arthur S Hunt van Queen’s College op Oxford besluit om die enorme groot ruïnehoop (tell in Arabies) of eerder vullishoop van die eertydse OxyrhynChus, tans el-/al-Banasa, soos reeds hierbo aangegee, te gaan oopgrawe op soek na enige waardevolle realia wat sou kon inpas en bydra tot die sosiaal-historiese interpretasie van die belang hierdie ou stad in die geskiedenis van Egipte vóór die totale verval daarvan teen die 4de eeu AD.

............
Eers in 1896 het Barend P Grenfell en Arthur S Hunt van Queen’s College op Oxford besluit om die enorme groot ruïnehoop (tell in Arabies) of eerder vullishoop van die eertydse OxyrhynChus, tans el-/al-Banasa, soos reeds hierbo aangegee, te gaan oopgrawe op soek na enige waardevolle realia wat sou kon inpas en bydra tot die sosiaal-historiese interpretasie van die belang hierdie ou stad in die geskiedenis van Egipte vóór die totale verval daarvan teen die 4de eeu AD.
...........

Die Latyn-Romeinse naam van hierdie ou stad as “OxyrhynChus” is afgelei van die Grieks-Hellenistiese naam daarvan in die periode 323 vC (die dood van Oxyrynthus is afgelei uit sy oorspronklike Griekse naam, Oxú-rungchos [pólis], dit is“die stad van die rúngchos”, naamlik van die “Skerpneus Vis” wat daar aanbid was. Hierdie vreemde vissoort het voorgekom in die kanaal wat die stad, op ’n kort afstand, Oos verbind het met die Nyl [met die oorspronklike betekenis van “die River”, an-/en-Nil in Arabies, Nāhār in Hebreeus, Nilus in Latyn, en Neîlos in Grieks), wat op 6 650-kilometer die langste rivier in die wêreld is.

Net soos by die Eufraat (-rivier) in die Ooste, het die seisoenale vloede daarvan in die somer gesorg vir die water wat dit uit die verre Suide gebring het vir die bedryf van landbou langs hierdie rivier, nadat dit oor ’n baie lang afstand deur die Noordelike Săhāră (ewe-eens Arabies vir “woestyn”) gevloei het na die historiese uiters belangrike Nyl-Delta (< die Grieks hoofletter Δ vir délta) wat in die ou Griekse Egeïese/Middellandse See uitmond. 

Die heel eerste inheemse Egiptiese naam vir OxyrhynChus was P[e]r Medjet, “die huis/dorp Medjed” (> Pemdje in Latyn), hier vernoem na ’n olifantsoort. Die rúngthos (“snawel/ neus/snoet/”, sou mitologies verwys het na die penis van Osiris volgens die biografie-skrywer Ploutarchos in sy De Iside et Osiride. Hierdie Egiptiese god van vrugbaarheid, lewe en dood, was een van die personae in Egipte se eie Trinitas saam met Isis en hul seun Horus.  

In die Hellenistiese tydvak [vanaf die regering van die Egipties Ptolemeërs, beginnende by PtoIemaios (Sôtêr, die “Redder”) in 304 vC tot met die koms van die Romeine teen die einde van die 1ste eeu vC en die dood in 30 vC van die vroulike Ptolemaia Kleopátra toe die ou Medjed deur die Grieke herdoop is tot Oxúrhun[g]chos soos hierbo reeds aangedui. Die dorp het gou floreer tot ’n welaf streekshoofstad. Onder die papiri wat daar gevind is, vertel nie minder nie as drie daarvan vir ons dat die stad groot skenkings van goud aan die Romeinse keiser gemaak het. Dit het (selfs) sy eie amfiteater, amfigimnasium, hiPódromos (renbaan vir perde – en ook vir mense) gehad. 

Met die Islamities-Arabiese inname van al die beskawings rondom die Oostelike Middellandse seegebied, met insluiting van die Griekse moederland self én sy eilande in die Middellandse See, wat vir amper 500 jaar sou duur tot met die Griekse Vryheidsoorlog van 1821- 1829/31, het Egipte ook ten volle onder Arabiese besetting gekom in die jare 639-646 AD (vanwaar hulle oor die Middellandse See ook Spanje ingeneem het, en eers by die poorte van Oostenryk deur Duitssprekendes tot ’n halt geroep is). Die Arabiese Ryk onder bestuur van die Ottoman Turke het die ganse destydse beskawing rondom die Middelandse See ingesluk, dit grootliks verwoes, en in ’n eindelose eeuelange agteruitgang en stagnasie onder Islam laat beland.

Met die koms van die Arabiese Islamiete, ’n ekspansie onder die druk van eie oorbevolking, eerder as hul bekeringsdrang (waar die Ongelowiges, met uitsluiting van “die mense van die Boek”, dit is die Jode en die Christene, moes kies tussen bekering tot Islam of die dood) het die onkeerbare dinamiek van Lebensraum ontstaan wat ook die eertydse groot Egiptiese beskawing tot ’n inname en ’n jammerlike val gebring het, ná die uiters florerende Grieks-Macedoniese verowering daarvan. Inteendeel, met die driehonderdjarige regime Ptolemeërs het die ou Egiptiese beskawing so geweldig welvarend, en verfynd daarby, geword onder die bekoring van die oud-Griekse gees en genie, dat weinig van die ware antieke Egipte oorgebly het. Dink maar net aan die ontstaan van die groot Alexandrynse Biblioteek, waar daar haas geen plek vir Egipte se eiegoed was nie. Toe die Arabiere daar geland het, het die vinnige verval van OxyrhynChus ook ingetree, en is hierdie klein ou stadjie ook mettertyd toegewaai onder die woestynsand van die Suidelike Sahara, ’n woestyn van meer as 9,200 000 vierkante kilometer – wat juis sou verhoed dat daardie beskawing nie verder Suidwaarts sou uitbrei na die suidpunt van ons kontinent nie.

OxyrhynChus het uiteindelik vir meer as 1 000 jaar (10 eeue lank) verlate gelê, ’n ruïne toegewaai in die woestyn. Toe die moderne opgrawings in Egipte begin het (soos ook dié later deur Flinders Petrie, onder andere), is die groot afvalhoop by OxyrhynChus aanvanklik nie gesien as die moeite werd om argeologies ondersoek te word nie, totdat Grenfell en Hunt van Oxford, half teensinniglik, besluit het om dit te gaan oopgrawe. En uiteindelik het dit toe tot een van die grootste en belangrikste argeologiese opgrawings van alle tyd gelei – te vergelyk met dié by Karnak in Bo-Egipte, Arthur Evans in Kreta, en Heinrich Schliemann by Troje en Mukene (om geloofwaardigheid aan die Homeriese epos te gee).

Toe OxyrhynChus ’n bewoonde stadjie in die Romeins-Hellenistiese era was, het dit net buite die stad ’n vaste afvalhoop gehad waar alles wat ook deur die jare heen oorbodig geword het, gestort is. Hierdie sonderlinge bewoonde oord het egter na die intog van die Arabiere teen die middel van die 7de eeu AD stadigaan verval, en uiteindelik het net die ruïnes oorgebly. Eeue later, in die moderne era, het die buurt egter weer herleef, en daar is toe ook deels bo-oor die ou afvalterrrein gebou, en die eertydse stene van die stadjie wat daar rondgelê het, is sommer weer as boumateriaal vir die nuwe gebruik (soos elders in die antieke wêreld ook die gebruik was). So is daar in Homerus se Troje, geleë in die eertydse Troas aan die Noord-Westelike oewer van die Propontís op pad na die Swartsee, nou deel van Turkye, wat Schliemann aan die einde van die 19de eeu blootgelê het, tot 47 argeologiese strata in die tell (ruïne-afvalhoop) onderskei het, waaruit uiteindelik weer 10 afsonderlike besettings van die stad gerekonstrueer kon word.

Met behulp (later) van ’n hele span plaaslike fellahim (d.i bedoeïnes) het Grenfell en Hunt in die somer van 1896 begin met die oopgrawing van die tell van OxyrhynChys se vullishoop. Die verwagting dat hulle iets waardevol daar sou ontdek wat van enige kultuur-historiese waarde en belang kon wees, was glad nie groot nie. Maar nee, sommer reg van die eerste dag af was hulle verbaas en stomgeslaan oor alles wat daar vir duisende jare begrawe sou lê, naamlik massas der massas van papirus-dokumente wat daar buite die stadjie op hul afvalhoop weggegooi is, van amptelike tot private dokumente. Sien hier ook Peter J Parson se redelik onlangse City of the Sharp-Nosed Fish: Greek Lives in Roman Egypt (Orion, 2012).

..............
Letterlik duisende der duisende papirus-dokumente is reeds gedurende die eerste tien jaar van opgrawing daar (in die somers van 1896-1906, wanneer die troostelose, vaal, en ysige winters van die Britse Eilande hulle op hok gehou het) gevind. Hulle helpers het feitlik dag na dag mandjies vol daarvan uit OxyrhynChus se “ashoop” opgediep. Hierdie papiri was egter merendeels eg fragmentaries van aard, en was dikwels selfs deur motte in die woestyn bygekom waar dit vir al die eue lank bewaar gebly het, dig onder woestynsand bedek.
..............

Letterlik duisende der duisende papirus-dokumente is reeds gedurende die eerste tien jaar van opgrawing daar (in die somers van 1896-1906, wanneer die troostelose, vaal, en ysige winters van die Britse Eilande hulle op hok gehou het) gevind. Hulle helpers het feitlik dag na dag mandjies vol daarvan uit OxyrhynChus se “ashoop” opgediep. Hierdie papiri was egter merendeels eg fragmentaries van aard, en was dikwels selfs deur motte in die woestyn bygekom waar dit vir al die eue lank bewaar gebly het, dig onder woestynsand bedek. Die rede waarom hierdie brose papirusblaaie hoegenaamd die tand van die tyd kon weerstaan, is omdat dit bo die watertafel van die Nyl geberg was, en dit ook in daardie deel van die Egiptiese Săhā-ră (Arabies vir “woestyn”) gelê waar dit feitlik nooit reën nie. In hierdie absoluut droë klimaat, kon dit vir 10 eeue lank ongestoord lê en nie vermurwe nie.

Die enorme vonds van papiri wat by OxyrhynChus opgediep is, weerspiëel die hele lewe van hierdie stadjie tydens die Hellenisties-Romeinse periode. Daaronder was die amptelike dokumentasie van die owerheid, persoonlike briewe en dokumentasie van die inwoners, asook vele ekserpte uit die klassieke en selfs enkele grepe uit die Latynse letterkunde. Veral was daar ook vele raPortages van die Christelike godsdiens, wat toe al gevestig was.

Onder die papirusdokumente van OxyrhynChus het getel, rekeninge en kwitansies, fakture en boodskappe, sertifikate en lisensies, testamente en edikte, petisies en hofverslae, voorskrifte en belastingopgawes. Onder die administratiewe papiri het dokumente wat betrekking gehad het op militêre vlak, ekonomiese vlak, politiese vlak, en godsdienstige vlak getel.

..............
Onder die papirusdokumente van OxyrhynChus het getel, rekeninge en kwitansies, fakture en boodskappe, sertifikate en lisensies, testamente en edikte, petisies en hofverslae, voorskrifte en belastingopgawes. Onder die administratiewe papiri het dokumente wat betrekking gehad het op militêre vlak, ekonomiese vlak, politiese vlak, en godsdienstige vlak getel.
.............

Teen die 4de eeu AD was daar reeds ’n sterk Christelike gemeenskap waarvan baie blaaie van die Griekse NT, veral die Evangelies, ook geberg, soos los blaaie uit Matthéüs, Markus, Johannes (ook uit ’n Johannes-Sendbrief), Openbaring, Paulus se Brief aan die Romeine, Lógia (“uitsprake”) van Jesus, die OT (apokriewe) Baruch, en selfs werke van die latere kerkskrywer Irenaeus van Lyon in Frankryk (p 405). Uniek was die ontdekking van nog ’n (apokriewe) euagéllion, oftewel Evangelie, van/volgens die Hebreërs, en die Herder (ho Poimên) van Hermas.

Die Evangelie van die Hebreërs is uiters fragmentaries. Dit het tog duidelik ’n tradisie van sy eie, en gee Lógia van Jesus aan wat by die kanonieke Evangelie van Matthéüs wat ons ken, geheel ontbreek, soos byvoorbeeld, “Hy wat aanhou soek sal uiteindelik die koninkryk (van God) vind, en tot rus kom”. Sien hier MJ Lagrange (Ordo Praedicatorum), “L’ Évangile selon des Hébreux” (in ReveuHH Biblique 31, P. 131- 81 en 16 - 81). Clemens van Alexandrië haal hierdie Evangelie aan in sy Stromata (II.9.45), en die groot kerkhistorikus Eusebius van Caesarea verwys ook hierna (Historia Ecclesiastica IV.22.8). Ook die groot teksgeleerde, later ook van Caesarea, opsteller van die veeltalige Hexapla, verwys ook dikwels na hierdie Evangelie van die Hebreërs. Dit was ook reeds bekend by HegesiPos, ’n baie vroeë skrywer oor die kerkgeskiedenis, vertel Hieronymus (skePer van die LXX, oftewel Septguaginta) ons ook. En nou lewer die afvalhoop van Oxyrhychus in Egipte dit vir ons op, nadat dit soveel eeue lank daar vir ons verborge gelê het! Paulus kon, kronologies gesien, hierdie Evangelie nog vóór sy Briewe geskryf het. Intern wil dit egter voorkom as sou Paulus hierdie werk geskryf het wat hy saam met sy Briewe kon laat gaan het. Dat Paulus die skrywer daarvan kon gewees het, word aangetoon deur die feit dat hy sy oortuiging van die lering van die OT (aan die voete van Gamaliël vasgelê), so direk wil knoop aan die offer van Jesus aan die kruis. Hy is hier daarop uit om in die Nuwe Bedeling die parousía (die koms na die aarde) van Jesus as die vervulling van beloftes van die OT sien. Dit was heel waarskynklik net Paulus wat destyds onderleg genoeg was in die Skriftuur van die OT (as student aan die voete van Gamaliël) om die dogma van die NT daaraan te knoop soos vasgelê in die vier kanonieke Evangelies. Van Paulus se vroegste Briewe (soos aan die Thessalonisense) predateer die kanonieke Evangelie van Markus (die vroegste Evangelie van 50 AD). En hy haal ook nêrens een van die vier kanonieke Evangelies aan nie. Waarom nie? Dit vorm dan die historiese grondslag van die verhaal van Jesus. Wel gee die Evangelies (Lukas by uitstek) volledig verslag van Paulus se doen en late. Sou Paulus dan wel sélf hier deel aan die Evangelieskrywing (as aparte genre) gehad het, en dit onnodig geag het om daardie Evangelies by name by te haal? Die instelling van die Nagmaal by I Korithiërs 11 wys na ’n ritueel waarvan die Evangelies egter geen melding maak nie.

Paulus was ’n ewige Priester (vgl nou by 4.14 -16 en 20 van hierdie Evangelie), a fortiorti groter as die Levitiese priesters van die OT. Met die groot en belangrike Konsilie van Trente in 1516 was dit met die 4de sitting in April van daardie jaar dat hierdie Evangelie volgens (katá) die Hebreërs aanvaar is as komende uit die hand van die “Apostel” Paulus. Dit was ook by hierdie einste Konsilie dat die Latynse Vulgaat van Hieronymus van 404 ontydig as authentica verklaar is as teenvoeter vir die publikasie van Erasmus Rotterdamus se eerste Griekse NT, wat op 1 Maart 1516 by Johann Froben in Basel gedruk is.

’n Tweede hoogs belangrike NT geskrif wat uit die afvalhoop van OxyrhynChus opgegrawe is, is die “Herder [ho Poimên] van Hermas” wat nog deel was van die die heel oudste vellum-Bybel wat ons vandag besit, geskryf in Unsiale (geronde Griekse hoofletters), naamlik Codex Sinaïticus uit die vroeg 4de eeu. Hierdie Christelike geskrif dateer inderdaad baie vroeg uit die begin van die 2de eeu, en behoort sekerlik uit die vroeë tyd van die Apostoliese Vaders. Wie hierdie Hermas was, weet ons nie, behalwe dat hy ’n Christen slaaf (doûlos) was wat in Rome verkoop is aan ’n vrou met die naam van Rhoda wat hom onmiddellik weer sy vryheid teruggegee het. Die “Herder van Hermas” behels ’n reeks goddelike insigte wat die skrywer ervaar het, en wat hy toe te boek moes stel, naamlik ’n reeks hóraseis, “visioene” as sulks (5 in getal); ’n reeks entolaí, “verordeninge” (12 in getal), en ’n reeks parabolaí, “gelykenisse” (10 in getal). In die visioene verskyn ’n volwasse vrou (di die Kerk, voorgestel met sy spitstoring na bo) aan hom. In die 5de visioen verskyn die Engel van Boetedoening weer aan hom in die gestalte van ’n veeherder [vandaar die naam ho Poimên]. En in die verordeninge toon Hermas die Christelike deugde aan, soos ’n vaste geloof in God, die najaag en pleeg van die waarheid, reinheid, ens. In sy gelykenisse bring hy die verskillende basiese beginsels van ’n Christelike lewensweg na vore, gegiet in kragdadige beelde. Oor presies wie die Hermas ermas as skrywer van hierdie traktaat was, is al baie bespiegel. Hy noem homself net ’n tydgenoot van Clemens Romanus (biskop van Rome in die eerste eeu AD). Die Muratoriese kanon, as die heel oudste lys van “kanoniese” boeke van die NT (deur Ludovico Antonio Muratori) wat eers met die keer van die 17de en 18de eeu in die biblioteek van die Kerkvader Ambrosius van Milaan ontdek is), bevat dit reeds as kanonieke boek, en skryf dit toe as die skepping van pous Pius uit die middel van die 2de eeu. Die Bybelgeleerde Origenes met die keer van die 2de/3de eeu meen dat ons hier met die Hermas van Paulus by Romeine 16:14 te doen het. Kerkvaders soos Irenaeus en Clemens Alexandrinus het dit as inderdaad deel van die kanonieke Skriftuur van die Nuwe Bedeling beskou. Athanasius, biskop van Alexandrië in Noord-Afrika, het dit in sy kategismes gebruik. Hoe dit ook al sy, ons het hier met die sublieme etiek van die NT te doen wat Oosters van oorsprong is (in samehang met die Griekse agápê van die Boeddhisme, en ver verwyderd van die torâh (die nómos in die LXX-vertaling) van die Hebreeus van die OT.

Onder die literêre papari wat by OxyrhynChus ontdek is, is daar ’n paar manuskripte wat uitstaan, hoewel soms hoogs fragmentaries. Dit sluit eerstens die Dúskolos (die “Kwaai Oubaas”) van Menándros in, die enigste (bykans) volmaakte eksemplaar van ’n Nuwe Komedie wat ons vandag besit. Ek het die aard en omvang daarvan volledig bespreek in my Rondom die antieke Griekse boek (UUB, Stellenbosch, 1977), p114 vervolgens.

’n Stukkie kosbare manuskrip uit Eikleídês se Stoicheîa [“Eerste Beginsels”] is ook by OxyrhynChus ontdek waarby ons die vroegste diagram by ’n Griekse planimetriese teks afgeteken kry. Hierdie aftekening dateer, binne sy konteks, paleografies tussen 75 en 120 AD. Eukleídês was ’n wiskundige teen 300 vC in Alexandrië, Noord-Afrika, wat tot in die Middeleeue gedien het as die skrywer vir dié handleiding oor die geometrie. Eers in 1879 het Charles Lutwidge Dodgson die moderne era ingelei met sy Euclid and his modern Rivals. Hierdie Dodgson was ook die skrywer van die twee ikoniese kinderboeke Alice’s Adventures in Wonderland (1865), en Through the Looking Glass (1871). Eukleídês was ook bekend vir sy getalleteorie (naas Puthagóras). Dit was Eukleídês wat vir Ptolemaios I Sôtêr gesê het dat daar geen koninklike weg bestaan om sy vak geometrie te bemeester nie (vgl. Proclus se kommentaar op Eukleídês, Prol G 20). ’n Fragment uit Sophóklês se Ichneutaí (’n lank verlore satiriese spel as die derde deel van ’n eertydse trilogie is ook by OxrhynChus ontdek. (Vgl. hier by Powell & Bauber, New Chapters III. p 93 vervolgens). Die Ichneutaí, oftewel “Jagters”, het gehandel oor die baba Hêraklês wat vanuit sy kinderwiegie vyftig beeste van Apollô[n] gaan steel het, en toe hulle hoewe omgedraai het sodat daar in die teenoorgestelde rigting na hulle gesoek sou word. Die enigste ander derde deel van ’n trilogie by die Atheense tragici wat ons vandag besit is by die Oresteîa van Aischulos

Ook van SaPho van Lesbos uit die 8ste eeu vC is nog ’n gedig ontdek. Nog een van die letterlik honderde sensueel-erotiese gedigte van haar wat die Christelike Kerk, ruim agt eeue na die digting daarvan, roekeloos gesensureer het asof dit nie ook deel van die ewige menslike natuur is wat vir eie bestaan verantwoordelik was nie. Martin West het dit die eerste uit SaPho se Eoliese Grieks in Engels vertaal en op 21 Junie 2005 in die Literary SuPlement van die Londense Sunday Times gepubliseer.

Daar was ook duidelik spore van Euripídês se Hupsípulê wat die stof gebied het vir ’n ideale dubbeltragedie. Hupsípulê was in die oud-Griekse mitologie die dogter van Thoas, die seun van Dionúsos, en legendariese koning van Lemnos in die Noord-Oostelike Egeïese See. Dit is op hierdie eiland dat Héphaistos geland het nadat sy moeder Hêra hom vanaf die kruin van die Berg Ólumpos [die Griekse Hemel] af aarde toe geskop het omdat sy skaam was dat hy so gebreklik gebore was. Dit is ook die eiland waarheen Pelasgers van die Griekse Balkan sou geïmmigreer het. Die vroue van hierdie eiland het egter uit pure jaloesie op ’n goeie dag besluit om al die mans van hierdie eiland dood te maak. Hupsípulê het egter besluit om haar vader te spaar, en het hom help ontsnap van die eiland af. Toe die Argonaute later gekom het op reis om die magiese goue vag van ’n stier aan die verste einder van die Swartsee daar te gaan haal, het hulle eers ’n jaar op Lemnos vertoef. Hulle leier Jasôn het toe ’n tweeling by Hupsípulê verwek. Hupsípulê se oortreding het egter bekend geword, en sy is van die eiland af verdryf. Seerowers het haar toe gaan verkoop aan Lukoúrgos, koning van Nemea. Toe die Sewe teen Thebe (vgl Aischúlos) opgeruk het, het hul leër digby Nemea eers gestop. Hupsípulê het daar die jong seuntjie Ophéltês opgepas. Sy het dié toe eenkant laat lê om ’n waterfontein vir hulle te gaan uitwys. In haar afwesigheid het ’n draak toe vir Ophéltês doodgemaak. Die Sewe het toe ’n luisterryke begrafnis vir die seuntjie gereël en daarmee saam die (bekende) Nemeïese Spele ingestel. Hupsípulê is toe ook van die wraak van koning Lukoûrgos verlos deur die leër van Argonaute, en is daarna ook deur haar eie seuns herken wat daar aangedoen het (anagnôrisis) en haar weer huis toe geneem het. ’n Mens wonder wat Euripídês uit hierdie stofgegewe sou geskep het. Die Latynse skrywer Statius van Napels het uit hierdie verhaal ’n hele epos, die Thebaïs, geskep.uuHu

Daar is ook vele fragmente ontdek uit Homerus se Iliás, soos van 11.93-828, en 11.745-764; uit Apollonius Rhodius se Argonautica (’n Hellenistiese nabootser van die Homeriese epiek); uit Aristpohánes se komedieskrywing; uit Euripídês se treurspeldigting; uit Demosthénês se redevoeringe; uit Simonídês se elegieë.

Die name van oud-Griekse gode en godinne en hul tempels kom ook nog voor, minder soos miskien verwag was, met o.a. Dionúsos (Bákchos), Dêmêtêr, Hermês, en Apollo, en die Romeinse Jupitêr Capitolinis en Mars. Net een Latynse dokument van waarde is in OxyrhynChus se afvalhoop gevind, en wel ’n deel van Titus Livius se Historiae, oorsponklik ’n werk van 142 boekdele.

Vele fragmente van die Griekse NT is ook daar ontdek. In die 4de AD was Oxyhrhychus ’n belangrike Christelike bastion met sy eie biskopaa, kerke en kloosters. Vandag nog bestaaan daar ’n Christelik-Koptiese gemeente met hul Bybel in oud-Kopties vertaal, ’n taal wat in sy oervorm nie meer gepraat word nie.

............
Vele fragmente van die Griekse NT is ook daar ontdek. In die 4de AD was Oxyhrhychus ’n belangrike Christelike bastion met sy eie biskopaa, kerke en kloosters. Vandag nog bestaaan daar ’n Christelik-Koptiese gemeente met hul Bybel in oud-Kopties vertaal, ’n taal wat in sy oervorm nie meer gepraat word nie.
............

In my Inleiding tot die studie van Nuwe-Testamentiese Grieks (T Wever, Stellenbosch, 1977) behandel ek in hoofstuk II (p 28-52) die lig wat hierdie nie-literêre papiri uit OxyrynChus werp op die idioom en, veral die woordskat, wat dit op die Grieks van die NT werp, redelik uitvoerig. Ek gee daarby ook volledig aandag aan die enorme rol wat Gustav Adolf Deissmann van Berlyn en James Hope Moulton van Cambridge, en hulle epigone, gespeel het in die semasiologie van NT Grieks. Dit was inderdaad ’n reuse revolusionêre sprong wat gegee is, en dit het ’n gans nuwe betekenis aan NT eksegese gegee. Dink maar aan JH Moulton en George Milligan se Vocabulary of the Greek Testament Illustrated from the Papyri and other Non-Literary Sources (London, 1914 -1929, one vol edn, 1930) wat alleenlik daardie woorde opgeneem het waarop die papiri nuwe lig werp. Alle NT Griekse eksika moes sedert hierdie ernorme corpus woorde weer uit die dode opgestaan het, en nou slegs in die nie-literêre papiri vir die eerste keer in Grieks voorkom, bywerk. Walter Bauer, Wörterbuch zum Neuen Testament (Verlag Alfred Töpelmann, Berlin, 1958) het dit dan ook oor 1 727 paginae gedoen. Onder die kategorie van nie-literêre papiri tel daar ’n magdom nuwe NT teksgetuienisse, hoewel fragmentaries van aard, en wat soms net uit ’n enkel bladsy bestaan, maar wat op paleografiese gronde tog belangrik is omdat dit opgestel is in tekslesings wat veel ouer is as dié waarop tans gesteun word. Daarbenewens word ook manuskripte genoteer waarvan die titels aan ons welbekend is, maar waarvan die inhoud totaal verlore gegaan het. In my Inleiding tot die studie van Nuwe-Testamentiese Grieks (T Wever, Stellenbosch, 1975) behandel ek, in die lig wat hierdie nie-literêre papiri, die eie-aard van die Grieks van die NT redelik uitvoerig in die 2de hoofstuk (p 28-52). In my genoemde Inleiding, p 51 gee ek ’n omvattede indeks aan van bloemlesings uit die talle papiri wat by OxyrhynChus opgegrawe is. Ek het selfs ’n reeks uiters persoonlike briewe hieruit, wat sekerlik nie vir die openbare oog bedoel was nie, geredigeer, en in Afrikaans vertaal – iets wat tog, na soveel eeue, geen kwaad meer kan doen nie. Tog voel ’n mens hier steeds dat jy die “heilige” grond van iemand anders betree het in die naam van die studie van die Grieks van die NT, en wonder jy ook in die stilligheid wat toe die afloop van hierdie saak was. Selfs na soveel eeue kan jy nog die seer van iemand ervaar, en biggel ’n stille traan van empatie onverhoeds.

Ruim negentig persent van die OxyrhyhnChus papiri is nie-literêr van aard. Die ontsyfering, redigering, katalogisering, en vertaling van hierdie papirusvondse duur, ná meer as ’n honderd jaar, nog steeds voort op Oxford. Die 80ste volume van OyrhynChus-papiri is pas eers teen Desember 2003 gepubliseer. Uit die na-klassieke volks-Grieks is hier reeds by die 4 700 neologismes aangeteken, die hápax legoména van die NT ingesluit.

  • Einde van die eerste aflewering. Die volgende aflewering verskyn binnekort.

Lees ook:

Zeús, Oppergod van die antieke Griekse panteon, en die rare boodskap wat hy vir ons vandag nog inhou: deel 4

Wie was Homerus, en wanneer het hy geleef en geskryf?

JPJ van Rensburg, professor in Grieks op Stellenbosch, die man wat eerste was om die ou Grieke rêrig Afrikaans te laat praat

The post ’n Drieduisendjaaroue papirusargief in die woestyn van Egipte ontdek appeared first on LitNet.

Elders gesien: ’n Gedig vir Hemelvaartdag

$
0
0

Foto verskaf

Hans du Plessis skryf op Facebook:

Sou ek?

Wat as ’n engel die berig sou bring
van ’n Kripkind onder ’n wildesering;
as straatkinders verskrik en verstom,
van ’n engel in ’n soeklig sou vertel;
geleerdes glo wat agter ’n ster aan kom?

En as die kruis op Klapperkop was,
sou ek ook op Hom wou spoeg en skel,
saam met die skare “Hang Hom” skree
en vir Jesus asyn in plaas van water gee?

Sou ek glo die Heer het opgestaan,
as ek sien Hy ry hier op die grond
tussen ons in minibussies rond?

Sê nou Hy het van die Vaal af opgevaar,
sou ek dan kon glo die ou Berig is waar?

© Hans du Plessis

The post Elders gesien: ’n Gedig vir Hemelvaartdag appeared first on LitNet.

Kaap in die Kaap! Uitnodiging na Protea-bekendstelling van Kaap deur Hans Pienaar


Real fiction: The revival of the Franschhoek Literary Festival

$
0
0

Jeffrey Archer and John Maytham (photo: Karina Sczcurek)

...........
The mystery remains unsolved. Even after 300 million books sold, when he is writing the next one, Jeffrey Archer, at the age of 82, still works eight hours a day and reworks his novels with up to 14 drafts until he is content to have hit the sweet spot that will satisfy his readers. The sales numbers don’t lie. He seems to get it right every time. He could have already rested on his laurels after the seven-digit advance he received for Kane and Abel in the late 1970s. The earnings from this title alone could have kept him going comfortably for the rest of his life. But he did not stop. What drives him?
.............

The mystery remains unsolved. Even after 300 million books sold, when he is writing the next one, Jeffrey Archer, at the age of 82, still works eight hours a day and reworks his novels with up to 14 drafts until he is content to have hit the sweet spot that will satisfy his readers. The sales numbers don’t lie. He seems to get it right every time. He could have already rested on his laurels after the seven-digit advance he received for Kane and Abel in the late 1970s. The earnings from this title alone could have kept him going comfortably for the rest of his life. But he did not stop. What drives him?

Archer’s was one of many famous names featuring on the star-studded programme of the revived Franschhoek Literary Festival (FLF) which took place last weekend – the first one since 2019. Archer still appeared virtually, streaming live from his Majorcan villa called Writer’s Block. But most of the festival’s events were in-person – masks, vaccination certificates, negative PCR tests, limited capacity and all. “How wonderful it is not to be on Zoom,” Deon Meyer said in one of his sessions. Everyone present agreed! Other international guests who joined virtually included Charlie Mackesy, author of the beloved sensation The boy, the mole, the fox and the horse, one of the most cherished books published in this century, and the award-winning British-Turkish novelist Elif Shafak, whose work has been translated into more than 50 languages. But Zimbabwean novelist, playwright and filmmaker Tsitsi Dangarembga, whose most recent novel, This mournable body, was shortlisted for the Booker Prize in 2020, and the American author and journalist of We need to talk about Kevin fame, Lionel Shriver, made it to Franschhoek (albeit not without difficulties – because of a passport technicality, Shriver had to be rescued from airport detention).

A home-grown literary festival would be nothing without our own stars illuminating the Franschhoek firmament, and the programme also delivered in this respect. Benny Griessel fans can rest assured that Deon Meyer is not thinking of any fatal exits for South Africa’s most cherished fictional detective: “My readers are now in control,” he said. “Their attachment to Benny influences what happens to him in the story. However,” the author warned, “we are all in the service of The Story.” (It sounded as if the words were spoken in capitals.) Meyer was interviewed by local activist and publishing powerhouse Jackie Phamotse (her Bare novels are selling like hotcakes) and crime-writing colleague Andrew Brown, whose most recent The heist men was delayed by the lockdown, but is now finally out for readers to enjoy.

Our long-time favourites – among them Zakes Mda, Marita van der Vyver, Damon Galgut, Fred Khumalo, Finuala Dowling, Sindiwe Magona and Mandla Langa – returned to the valley to talk about their incredible achievements. They were accompanied by stars in the making – Mohale Mashigo, Qarnita Loxton, Karen Jennings, Bongani Kona, Mia Arderne, Sue Nyathi and Yewande Omotoso, to name only a few – who all allowed us to wallow in the vibrancy and future promise of the contemporary local literary scene.

Mohale Mashigo, Qarnita Loxton, Mia Arderne and Alistair Mackay (photo: Karina Szczurek)

In one of the first sessions of the festival, Máire Fisher was interviewing Daisy Jones and Lucinda Hooley about their delightful epistolary novel, Love you madly. Opening the conversation, Fisher asked for applause just to congratulate everyone for having somehow made it back to the FLF. I saw Jones and Hooley after their event, and they glowed with joy in the late morning sunshine. Most of us strolled around Franschhoek in a state of relieved wonder. I had visited a few times during the lockdown, when the touristy place had turned into a ghost town, so it was simply wonderful to see it thriving with visitors again – world-class cuisine and wines, views and tourist attractions to live for.

..........
Other people do not walk around with fictional characters and stories occupying the majority of their headspace. Writers do. Tuned into alternative realities, often the most intimate relationships they have are with their Muses. As readers, we are fascinated by them and the beauty, perception, solace and entertainment they can offer through their stories. We attend literary festivals to rub shoulders with these strange creatures and to discover what inspires them, what makes them tick.
.............

Other people do not walk around with fictional characters and stories occupying the majority of their headspace. Writers do. Tuned into alternative realities, often the most intimate relationships they have are with their Muses. As readers, we are fascinated by them and the beauty, perception, solace and entertainment they can offer through their stories. We attend literary festivals to rub shoulders with these strange creatures and to discover what inspires them, what makes them tick. Through them and the stories we have in common, we find ourselves. As someone in the audience said to Finuala Dowling: “Thank you for sharing the story of the creation of this book.” The man was talking about her latest novel, The man who loved crocodile tamers.

Interviewing Dowling, John Maytham proclaimed her work his “best read of the year”. While writing the story based on her father’s life, Dowling saw herself as a chef “with only a few ingredients in her kitchen: memory, research, imagination”, making “a meal with them and the pantry staples”. Her pantry staples include some of the most beautiful prose ever written in South Africa, and a sensitivity and insight into the writing process that few can match. Her fiction and poetry are delicious literary feasts. “When fiction comes to you and it comes fully, it is so real,” she said. Apart from being a brilliant story, her novel is a remarkable meditation not only on biographical fiction, but writing in general. And often, the occupation can be relentless. “I wanted to show my readers how hard it is to be a writer,” Dowling said of her fictional alter ego in The man who loved crocodile tamers. “A sense of failure looms at every moment” – a sentiment that even Jeffrey Archer can relate to: “I don’t think any writer is ever confident about their latest book until it is published.” So, why write? “I wouldn’t be writing at 82, if I didn’t love every moment of it. … The day I no longer enjoy it, I will stop.” (Or when his novels no longer average 4,5 stars in readers’ reviews, he said.)

Karina Szczurek, left and Karen Jennings, Karina Szczurek and Bongani Kona, right (pictures provided by Karina Sczcurek)

I humbly admit that I have never read any of Archer’s bestsellers, but after listening to him talk about his creative life, I might. What convinced me most was the generosity with which he spoke about other writers and his passion for words.

Listening to SJ Naudé – who described himself as “an activist for short fiction” – talk to Michiel Heyns about his craft and latest collection, Mad honey, I felt at home. Heyns referred to Naudé’s work as “visionary realism”, a kind of expansion of the consciousness of the story – not realism, not magic realism, but a form in its own right. The two writers made us reflect and they made us laugh, and it was impossible not to feel encouraged by the respect they showed for each other’s work.

..........
It was the kind of appreciation that was heartening to observe among authors throughout the festival. (The good ones are always great readers!)
...........

It was the kind of appreciation that was heartening to observe among authors throughout the festival. (The good ones are always great readers!) Whether it was Jeffrey Archer talking about Graham Greene, Iris Murdoch and Stefan Zweig; Deon Meyer about Michael Connelly and Dan Sleigh (“one of my heroes”, he said); Fred Khumalo about Mandla Langa; Lionel Shriver about Lawrence Osborne; or Mohale Mashigo about Alistair Mackay (“you will become an eco-warrior when you read his It doesn’t have to be this way”) – the admiration was palpable.

“As the autumn light filters through the stained glass window of the church, Malika Ndlovu begins to sing: Take your time, take your time …. At first, I shift a bit in the pew. Oh, God, I don’t feel ready for a performance. But as she continues to intone the words, Take your time, take your time, something happens to my body. My shoulders relax, I sigh,” wrote Cathy Park Kelly, an author who attended the festival purely as a reader, on her Instagram feed after an event. She continued: “As Bongani Kona (my new writer crush) begins the conversation about the beautiful anthology on loss and grieving that he edited, Our ghosts were once people, and Karin Schimke and Malika Ndlovu share their pieces, something happens in the room. In between the fancy houses, in the cracks between bricks, past all the branded shoes and fancy cars, and in among the autumn leaves, spirit comes tiptoeing in. I wipe away tears and feel my heart expanding. This is why I come to the Franschhoek Literary Festival. For moments like this.”

..........
A sense of community, a tribe, is created when writers and readers come together. It is not only readers wanting to look behind the creative curtain, but writers themselves attempting to understand what they are doing – it is a mystery even to us ourselves. For writers, festivals are a time of seldom-experienced togetherness. A mostly solitary profession, writing leaves many feeling lonely and lost. The process of creation can be torture.
............

A sense of community, a tribe, is created when writers and readers come together. It is not only readers wanting to look behind the creative curtain, but writers themselves attempting to understand what they are doing – it is a mystery even to us ourselves. For writers, festivals are a time of seldom-experienced togetherness. A mostly solitary profession, writing leaves many feeling lonely and lost. The process of creation can be torture.

During his interview with Karen Jennings, Bongani Kona read an excerpt from a Rolling Stones article about a dedicated musician who for years continued to perform for audiences, no matter how small, believing that you could never know who one of the three people listening to you might turn out to be and what your music might mean to them. A few other writers sat in the audience, and I could feel our solidarity growing while Kona was reading about the plight of the unacknowledged musician. He asked Jennings whether she could relate. Her latest, An island, was longlisted for the Booker last year. Before the recognition, only a handful of readers knew her work in South Africa. When one of them told Jennings in another session how much she could relate to her writing, how quintessentially South African it was, Jennings was moved to tears by the comment. Published mainly abroad before An island, Jennings says that she belongs here and all she ever wanted was to be read at home and to give back to the African literary community, which she continues to nurture as a writer, an editor and now the initiator of the Island Prize for African debut fiction.

For her, writing is like going to hell with a lunchbox every single day, Jennings told Finuala Dowling and Joanne Joseph in their discussion about the art of creating morally complex characters. Asked by an audience member what pushes her to write when it is so painful, “It’s something diabolical inside,” Jennings told her. The authors recalled Tsitsi Dangarembga’s comment in a previous session about her own work: “There is no joy,” she said, when asked where she finds joy in writing. “I do have moments of joy while writing,” Dowling confessed, but she still marvelled: “How do we do this, have a life, while writing – and keep sane?” How, indeed?

Being an international bestseller does not seem to alleviate the emotional plight. In one of the first sessions of the festival, “The nerve toucher”, Lionel Shriver, now living in the UK, discussed her knack for exploring social and cultural fault lines and her latest offering, Should we stay or should we go, a topical meditation on ageing and dying. The novel tells the story of a married couple, Kay and Cyril, who both work for the NHS and at the age of 50 enter a suicide pact to be executed three decades later. In twelve scenarios that she referred to as “arboreal”, Shriver explores different outcomes of the couple’s decision. Given Shriver’s contrarian and controversial reputation, it was remarkable to witness how vulnerable she was prepared to make herself when speaking about her own mortality and creativity. Talking about her love of art, her marriage, the pains of being stuck in an ageing body and still feeling like a ten-year-old inside, she became a heart toucher.

Even though she knew from an early age that she wanted to write, disheartened by lack of recognition, Shriver nearly gave up after several books, but then her “make or break” novel, We need to talk about Kevin, won the Orange Prize for Fiction, and the rest is history. Or the future: a collection of her essays, Abominations: Selected essays from a career of courting self–destruction, will be published later this year. She does not like to talk about her work in progress, but she did share that the novel she is writing is called Mania. Shriver is outspokenly anti-woke, so it is not difficult to imagine what the book is going to be about. And, judging by her other fiction, it will be nuanced, thought-provoking and unputdownable. But first, the essays. Should they be anything like her “Advance directive”, first published in The Times and included at the end of Should we stay or should we go, we are in for a ride: “If diagnosed with a terminal illness, I wish to decline intrusive, torturous treatments sure to fail. Skip radiation, chemo and bone marrow transplants (ugh). Just keep me comfortable, which for me entails a paid-up Netflix subscription and a regular dosage of red wine. Only insert an IV in order to inject a good-quality Australian cabernet straight into the vein.” After Franschhoek, we hope she will change her mind about the wine’s country of origin.

...........
The last two and a half years have been – if not always creatively, then certainly financially – hell for most artists. And, with the idea of a giant 22 million rand steel flag rising on the horizon while many of us still do not know how to pay our bills after the lockdown, it was reassuring to see how strong our voices still project, no matter what the challenges. Personally, I would rather have 50 books exploring the human condition in all its facets than a flagpole. Nothing creates empathy and cohesion like the stories we share.
.............

The last two and a half years have been – if not always creatively, then certainly financially – hell for most artists. And, with the idea of a giant 22 million rand steel flag rising on the horizon while many of us still do not know how to pay our bills after the lockdown, it was reassuring to see how strong our voices still project, no matter what the challenges. Personally, I would rather have 50 books exploring the human condition in all its facets than a flagpole. Nothing creates empathy and cohesion like the stories we share. Our need for understanding ourselves and what goes on around us, especially in a world that is as turbulent as ours – locally and globally – never ceases. “There is no end to the bizarre stories coming out of our lovely country,” Andrew Brown reminded us in his interview with Deon Meyer. “Our crime fiction is steeped in the sociopolitical landscape of our time.”

Discussing Meyer’s latest, The dark flood, Brown asked, “Do you want to throw Markus Jooste down the stairs?” and continued, “I’m so disgruntled whenever a South African stabs our country through the heart.” Fiction can certainly provide a sense of justice where reality fails. (For those yet unfamiliar with The dark flood, look out for some divinely macabre freezer justice!) We turn to storytellers to make sense of it all and to show us the way when all seems precariously fragile or lost. And so it is not surprising, after everything we have been through, that readers returned to the festival in droves not only to listen, question, meet their literary heroes and get their favourite books signed, but also for a good dose of reality check. A literary festival caters perfectly for these needs, not only in fiction, but also in non-fiction and journalism, specifically when the event is sponsored by News24. Many of the talks focused on the state of the nation, with state capture a constant buzz phrase. Dennis Davis spoke to Bulelani Ngcuka about his book, Bulelani Ngcuka: The sting in the tale, and his reflections on the Zuma era and its legacies. Ferial Haffajee and Mark Gevisser discussed Mbeki – a brand new edition of Gevisser’s Thabo Mbeki: A dream deferred has just been released; it includes a detailed epilogue exploring Mbeki’s legacy since he fell from power. Adriaan Basson probed the ANC’s possible future with political trainspotters Ralph Mathekga (The ANC’s last decade) and Qaanitah Hunter (author of Balance of power: Ramaphosa and the future of South Africa, and co-author of Eight days in July: Inside the Zuma unrest that set South Africa alight, with Kaveel Singh and Jeff Wicks), and imagined potentially brighter possibilities with Tony Leon (Future tense – reflections on my troubled land).

Andrew Harding (Sunday Times/CNA Non-Fiction Award winner for These are not gentle people) told Shaun de Waal about his foreign correspondent experience of South Africa. Harding had just returned from Ukraine, the invaded and devastated country on everyone’s lips during the festival. I did not attend the event, but Tony Leon’s virtual interview with Bill Browder, author of Freezing order: A true story of money laundering, murder and surviving Vladimir Putin’s wrath, was much talked about among the attendees. Although I also did not hear them speak about it at the festival, I was grateful for the opportunity to thank Karyn Maughan and Kirsten Pearson for writing Nuclear: Inside South Africa’s secret deal when I encountered them in the writers’ Green Room at the stunningly refurbished La Fontaine Boutique Hotel.

Pumla Gqola and Kopano Ratele (picture: Karina Sczcurek)

The session that simultaneously inspired and chilled me the most was a discussion between two astute thought-leaders: Pumla Dineo Gqola and Kopano Ratele. We all live with fear – “a shared collective emotion”, in the words of Gqola – and violence in South Africa. Going into the discussion, I remembered the apprehension I had felt the night before when returning to Mont d’Or, the beautiful guesthouse that was my home for the duration of the FLF, after the festival’s opening bash – I was alone and it was well after dark, and a sign in the town hall had warned us all: “Please do not walk alone at night.” I relaxed only when I saw a night guard patrolling the street.

Gqola, author of the award-winning Rape: A South African nightmare and Female fear factory (among others), and Ratele, whose forthcoming book, Why men hurt women and other reflections on love, violence and masculinity, will be published in September by Wits University Press, made it clear how vital it is for our survival to understand the dynamics of the all-pervading fear and violence in South Africa and beyond, specifically when you are a woman or perceived as feminine. “Fear regulates how we act in public spaces, where we may or may not go,” Gqola said, and gave a simple but terrifying example: when you text the route you are about to run alone to a friend, one of the reasons you are doing it as a woman is that you “want someone to find your body”. She reminded us that, looking at the numbers, we can all assume that we are among survivors wherever we go. Violence is not “out there”; it is part of our everyday life, and perpetrators are not strangers: we all know and maybe even love a rapist, Gqola said.

“All writing is courageous,” Ratele quoted Dangarembga when introducing Gqola, “and one of the most courageous thinkers I know is Pumla.” Gqola aims to show what it means to think about these global topics “unapologetically, from here” – to make sense of the world starting from South Africa, not the other way around. She is a scholar who is not afraid to look at nightmares, to see evil for what it is in all its complexity, and she still manages to empower and give hope. It is a rare gift. “What could we do if we were completely unafraid?” she asked us to imagine at the end of the session. The thought feels too liberating to contain in words.

The discussion that gave me most literary pleasure was chaired by Mohale Mashigo, one of the best in the business not only as an interviewer, but also as a writer. She spoke to Mia Arderne (Mermaid fillet), Qarnita Loxton (Being Dianne) and Alistair Mackay (It doesn’t have to be this way) about Cape Town as a setting and a character in their novels. Mackay summarised it best: “Nothing can give us the emotional depth of a novel. I hope people will continue finding their way to books.” The comment was met with a resounding yes from the audience.

When John Maytham asked Lionel Shriver what the difference is between Lionel Shriver the novelist, and Lionel Shriver the “opinion journalist” (her term), she said that “one of them is a pseudonym” and explained: “I like the subtlety and dimension of fiction.” Maytham returned to the FLF with two new scripts written for him by Finuala Dowling: one about love, the other about death. Performing the texts in the Congregational Church, he reminded us about the power of literature to capture the most elusive of human experiences – even when Eskom turned off the lights during one of the events. In the words of Dylan Thomas: “Rage, rage, against the dying of the light.”

We all have crocodiles to tame. Writing – and living, ageing, dying – does take courage. One day, we will all end up in “the big library in the sky”, to quote Deon Meyer. But before we do, we will continue raging in the service of The Story. Thank you to the FLF, News24, Exclusive Books, Porcupine Ridge, the publishers, Franschhoek, the authors and, most of all, the readers, for reviving the possibility.

The post Real fiction: The revival of the Franschhoek Literary Festival appeared first on LitNet.

Roe v Wade: Wat beteken dit vir Suid-Afrikaanse vroue?

$
0
0

Liné Loff gesels met Magda Slabbert, ’n kenner op die gebied van mediese reg, oor Roe v Wade, die 1973-uitspraak oor aborsie wat onlangs die internasionale nuus gehaal het, en hoe Suid-Afrikaanse vroue se aborsieregte vandag lyk.

Magda, die Roe v Wade-beslissing het onlangs die internasionale nuus gehaal. Kan jy asseblief kortliks verduidelik wat dié uitspraak van 1973 behels het en hoekom dit belangrik is?

Die Amerikaanse regstelsel is interessant, maar verskillend van Suid-Afrika s’n, aangesien hulle wetgewing op federale vlak het wat op alle Amerikaners van toepassing is, maar dan ook wetgewing wat in die afsonderlike Amerikaanse deelstate geld.

“Jane Roe” was die skuilnaam wat Norma McCorvey gebruik het. Sy het in die staat Texas gewoon en in 1969 swanger geraak met haar derde kind. Sy wou haar swangerskap beëindig, maar in Texas was aborsies onwettig en kon dit gedoen word slegs as die moeder se lewe in gevaar was. Sy en haar regspan het ’n saak aanhangig gemaak in Amerika se hoogste hof (Supreme Court), waar sy aangevoer het dat Texas se aborsiewetgewing onkonstitusioneel is. Die saak is gemaak teen mnr Wade, Texas se distriksprokureur – vandaar die verwysing Roe v Wade.

..........
Die 1973-uitspraak het dus regserkenning gegee aan die reg van ’n vrou om self oor haar liggaam te besluit, wat die beëindiging van ’n swangerskap ingesluit het.
..........

In 1973 het die hof uitspraak gelewer in me McCorvey se guns en bepaal dat Texas se wetgewing oor aborsie die reg op privaatheid wat in die Veertiende Wysiging van die Amerikaanse Grondwet verskans is, geskend het. Na hierdie uitspraak het aborsies wettig geword in die hele VSA, aangesien die 1973-uitspraak deur die hoogste hof in die VSA gemaak is. Die 1973-uitspraak het dus regserkenning gegee aan die reg van ’n vrou om self oor haar liggaam te besluit, wat die beëindiging van ’n swangerskap ingesluit het. Die hoogste hof het wel aangedui dat die vrou se reg in hierdie geval nie absoluut is nie, en dat dit gebalanseer word met die regering se belang in die beskerming van voorgeboortelike lewe, asook die gesondheid van die swanger vrou.

Waarom word daar nou weer aandag aan dié saak gegee en waarom is dit in die nuus?

In Mei vanjaar, dus vroeër dié maand, het ’n meerderheidskonsepuitspraak in ’n ander hofsaak (Dobbs v Jackson Women’s Health Organisation) in die media uitgelek. Hierdie voorlopige uitspraak het daarop gedui dat die hoogste hof van die VSA gereed was om die 1973-uitspraak in Roe v Wade om te keer, met ander woorde, om dus weer terug te keer na wetgewing voor die Roe v Wade-uitspraak en die tyd toe aborsies onwettig was. Hierdie moontlikheid dat aborsies weer verbied gaan word, het soos ’n veldbrand deur Amerika versprei en vroue in Amerika en elders het in opstand gekom.

Hoe lyk vroue se regte rakende aborsie op die oomblik in Suid-Afrika?

In Suid-Afrika word aborsies wetlik gereguleer deur die Wet op die Keuse van die Beëindiging van Swangerskap 92 van 1996. Hierdie Wet bied aan elke vrou die reg om ’n keuse uit te oefen aangaande ’n vroeë, veilige en wettige beëindiging van ’n swangerskap ooreenkomstig haar individuele oortuigings.

..........
Hierdie Wet bied aan elke vrou die reg om ’n keuse uit te oefen aangaande ’n vroeë, veilige en wettige beëindiging van ’n swangerskap ooreenkomstig haar individuele oortuigings.
..........

’n Meisie van enige ouderdom kan ’n swangerskap op aanvraag beëindig binne die eerste 12 weke daarvan. Bo en behalwe die eerste kategorie kan ’n vrou ook tot, en insluitende, die 20ste week, die swangerskap beëindig as daar ’n wesenlike risiko vir die moeder is of ’n wesenlike risiko dat die kind abnormaal gaan wees. Hierdie toedrag van sake hoef net deur ’n algemene praktisyn bevestig te word. Swangerskappe wat die gevolg is van verkragting of bloedskande val ook in hierdie kategorie.

Na die 20ste week van swangerskap moet twee mediese praktisyns of ’n dokter en ’n geregistreerde vroedvrou dit eens wees dat die voortgesette swangerskap die vrou se lewe in gevaar stel of ’n oormaat misvorming of skending van die fetus tot gevolg sal hê.

Ek glo ons wetgewing oor aborsies is van die mees liberale in die wêreld, spesifiek omdat ’n meisie van enige ouderdom sonder die toestemming van haar ouers of voog ’n vroeë aborsie kan versoek. Dit is ook interessant om daarop te let dat geen mediese praktisyn ’n meisie wat ’n aborsie aanvra, weens sy eie godsdienstige oortuigings kan oorreed om dit nie te doen nie, aangesien dit ’n kriminele oortreding is om iemand wat wettig ’n aborsie aanvra, te verhoed om dit te kry. Lesers mag dalk onthou dat in Desember 2016 ’n dr De Vos, destyds verbonde aan 2 Militêre Hospitaal, ’n swanger vrou probeer oorreed het om nie haar swangerskap te laat beëindig nie, en toe van onprofessionele gedrag ingevolge die beroepskodes van die Raad op die Gesondheidsberoepe daarvan aangekla is. Die Raad het ook beweer dat hy die swanger vrou se reg op selfbeskikking/outonomie geskend het. Ongelukkig is sy saak nooit verder gevoer of aangehoor nie.

Wetgewing is een ding, maar praktiese uitvoering en toegang tot geriewe is ’n ander. Is aborsies in Suid-Afrika toeganklik en is daar goeie/veilige en bekostigbare geriewe beskikbaar vir alle vroue (ongeag sosio-ekonomiese status)?

Dit is ’n moeilike vraag, maar omdat aborsies wettig is in Suid-Afrika, mag ’n dokter nie weier om dit op aanvraag te doen nie. Indien die dokter weens sy/haar eie oortuigings, soos godsdienstige besware, sou weier, is hy/sy verplig om die swanger vrou na iemand te verwys wat dit wel sal doen. Dit behoort dus vryelik beskikbaar te wees. Daar is ook nieregeringsorganisasies waar swanger vroue kan aanklop en so gehelp kan word. Dit is dus teoreties nie nodig om ’n “agterstraat”-aborsie te ondergaan nie, veral omdat dit gratis gedoen word in die publieke hospitale. Die Suid-Afrikaanse Grondwet verskans heelwat regte, waaronder die reg op liggaamlike integriteit, wat ook die reg op besluite rakende voortplanting insluit. Aan die ander kant erken die Grondwet ook die reg op vryheid van geloof. Geeneen van hierdie regte is absoluut nie, met ander woorde, troef die ander regte nie. Dit is belangrik om te onthou dat die reg op lewe in die Grondwet nie van toepassing is op ongebore persone nie, want ons reg erken regsubjektiwiteit (om ’n draer van regte en verpligtinge te wees) slegs met (lewende) geboorte.

..........
Dit is dus teoreties nie nodig om ’n “agterstraat”-aborsie te ondergaan nie, veral omdat dit gratis gedoen word in die publieke hospitale.
..........

Watter uitwerking sou die omverwerping van Roe v Wade vir Amerikaanse vroue beteken, en is daar ’n kans dat dit ’n effek op aborsieregte wêreldwyd sal hê?

Dit sal myns insiens ’n baie hartseer dag vir die meeste vroue wees as Roe v Wade omgekeer word. Dit sal vroueregte en die reg om self oor jou liggaam te besluit baie benadeel en in werklikheid ’n stap terug na konserwatisme wees. Mens sal hoop dit gebeur nie en dat indien dit wel gebeur, ander lande nie hulle voorbeeld sal volg nie. Ek twyfel of ons in Suid-Afrika ooit weer sal teruggaan na die vorige bedeling toe aborsies op aanvraag nog onwettig was. Ons Grondwet is glashelder oor die reg op selfbeskikking, waarby aanvaar word dat dit die reg van vroue insluit om self besluite rakende hulle eie liggame te neem. Ek glo dat Suid-Afrika in hierdie verband ’n wêreldleier geword het, want ons regsraamwerk oor aborsie tref ’n baie goeie balans tussen die beskerming van ongebore lewe asook erkenning van die reg van vroue oor hulle eie liggame.

Bettina Wyngaard skryf in ’n artikel op LitNet: “Dit gaan hier nie net om ’n vrou se reg om keuses omtrent haar eie liggaam te maak nie. Om beëindiging van swangerskappe te verbied, gaan veel verder. Dis die begin van vele inperkinge op ’n vrou se regte […] Dis net ’n baie kort logiese sprong van daar tot ’n besluit dat voorbehoed ook neerkom op moord op ’n potensiële lewe. En ’n selfs nog korter sprong om te besluit dat dit neerkom op kindermishandeling indien die ma werk en nie by die huis bly om na die kind se belange om te sien nie.” Stem jy hiermee saam?

Ek stem saam met Bettina en kon dit nie beter stel nie. Ek wil selfs verder gaan en byvoeg dat mans moet ophou om te glo hulle weet hoe dit voel om ’n vrou te wees. Miskien moet hulle meer dink oor hulle eie seksuele gedrag en meer verantwoordelik optree wanneer hulle seksueel aktief is. Natuurlik geld dieselfde vir vroue ook, maar ongelukkig is die realiteit van ’n ongewenste swangerskap baie meer werklik vir die swanger vrou as haar kêrel of man.

Die debat oor die ontstaan van lewe is nog lank nie klaar nie, maar Bettina is reg deur te voorspel dat konserwatisme kort voor lank voorbehoedmiddels sal kan sien as “moord” op potensiële lewe, en waar trek mens dán die streep – hoe op aarde gaan mens seksuele gedrag verander? Voorbehoedmiddels is baie meer vrylik beskikbaar en bekostigbaar as voorheen. Meer effektiewe seksonderrig is nodig. Om kondome by skole of kampusse uit te deel is reeds ’n positiewe stap, maar die boodskap oor onbeskermde seks moet meer kragtig in ouerhuise oorgedra word. Ongelukkig het baie jong meisies nie die vrymoedigheid om met hul ouers oor voorbehoedmiddels te gesels nie, uit vrees dat hulle as promisku gesien sal word.

Ek is nie proaborsie nie, maar definitief prokeuse. Elke vrou móét die geleentheid gegun word om te besluit of sy ’n kind in die wêreld wil bring of nie, binne haar eie unieke omstandighede. Geen vrou moet ooit verplig word om ’n kind in haar liggaam te dra wat sy nie wil hê nie.

Lees ook:

Is dit die laaste sien van die blikkantien vir Roe vs Wade?

 

The post <i>Roe v Wade</i>: Wat beteken dit vir Suid-Afrikaanse vroue? appeared first on LitNet.

Koos sê: “Dis beter om iets in ’n storievorm te lees ...”

$
0
0

Koos Kombuis neem ons op ’n kort, baie unieke reis deur ’n aantal boeke wat oor sy pad gekom het.

Hy vertel boonop van ’n kitaar op die groot trek en verduidelik dat hy Gauloises verkies het om teen apartheid te baklei.

Gee agt minute van jou lewe om saam te kuier – mits jy nie bang is vir sterk taal nie.

Boeke van Karavan Press, Umuzi, Protea en ’n selfpublikasie word opgedis.

The post Koos sê: “Dis beter om iets in ’n storievorm te lees ...” appeared first on LitNet.

’n Huldeblyk aan Marilyn Martin

$
0
0

Foto van Marilyn Martin: https://www.litnet.co.za/author/marilyn-martin/; foto van agtergrondprent: 8926, https://pixabay.com/illustrations/texture-abstract-structure-colorful-1909992/

Toe die boewe van die AWB een Januarie-oggend in 1992 die Lieberman-lokaal van die Suid-Afrikaans Nasionale Kunsmuseum instorm en met hamers die jong keramiek-kunstenaar Gael Neke se omstrede werk Eugène Terre’Blanche and his two sidekicks in stukke slaan, het sy nie in haar kantoor skuiling gesoek nie, maar die kêrels trompop gekonfronteer.

Onthou, dit was ’n era van politieke spanning. Maar Marilyn Martin was vreesloos, ongenaakbaar. En dié insident – die skuldiges sou later boet – kan staan vir haar standvastigheid, maar ook vir die sosiale, kultureel-politieke visie wat sy twee jaar vantevore as direkteur na dié statige kunsmuseum gebring het.

...........
Marilyn Martin was vreesloos, ongenaakbaar. En dié insident – die skuldiges sou later boet – kan staan vir haar standvastigheid, maar ook vir die sosiale, kultureel-politieke visie wat sy twee jaar vantevore as direkteur na dié statige kunsmuseum gebring het.
............

Kuns wat reaksie uitlok was maar een van haar leitmotiewe oor die 11 jaar wat sy die pos beklee het. (Na die totstandkoming van die nuwe Iziko-vlagskipstelsel van Kaapstadse museums in 2001 het sy hoof van die Iziko-kunsversamelings geword. Sy het in 2008 afgetree. Sy het voortgegaan om te skryf.)

Suid-Afrika se kunsgeskiedenis sal Marilyn Martin huldig vir ’n merkwaardige, selfs revolusionêre, loopbaan wat die bestaande kuns-kulturele hegemonie op sy kop gedraai het. Sy had die persoonlikheid (stylvol en innemend), die kennis (akademies priemend en ondersoekend) en die onverskrokke deursettingsvermoë om politici, ou wit manne, opposisie en toegewyde burokrate te hanteer.

Haar loopbaan daar het parallel geloop met die ontwaking en bewuswording van Suid-Afrika se ryk en opwindende skat van swart kuns en die herwaardering van ’n erfenis wat voorheen afgeskeep is en deur die heersende kulturele ortodoksie misken is. Sy was die kulturele maalkolk terwyl dramatiese politieke verandering plaasgevind het.

Toe die Franse haar in 2002 tot offisier in die gesogte Nasionale Orde van die Erelegioen toegelaat het, was dit erkenning vir haar bydrae tot die wêreldwye bekendstelling van Suid-Afrikaanse kuns in sy wydste verteenwoordiging. Nie dat sy ooit die roem gesoek het nie. Sy was ’n vrou met ’n doel.

Terwyl kanker haar die afgelope maande geknaag het, was haar doel om die eerste monografie van die aktivis-kunstenaar Kevin Atkinson af te rond. Dit verskyn eersdaags as belangrike kunsdokument.

Sy was bekend vir haar skryfwerk en navorsing deur historiese nuuskierigheid.

............
Suid-Afrika se kunsgeskiedenis sal Marilyn Martin huldig vir ’n merkwaardige, selfs revolusionêre, loopbaan wat die bestaande kuns-kulturele hegemonie op sy kop gedraai het. Sy had die persoonlikheid (stylvol en innemend), die kennis (akademies priemend en ondersoekend) en die onverskrokke deursettingsvermoë om politici, ou wit manne, opposisie en toegewyde burokrate te hanteer.
............

In 2019 het sy die merkwaardige geskiedenis van die Suid-Afrikaans Nasionale Kunsmuseum (SANK) die lig laat sien. Between dreams and realities is, soos die titel aandui, ’n presiese, maar ook gelade vertelling van die geskiedenis van die land se voorste kunsmuseum sedert 1871. Ook die afloop van die museum-vlagskipprojek, Iziko, waarin sy aanvanklik ’n vername rol gespeel het, en die negatiewe effek daarvan op die oorspronklike museum, het sy onomwonde vertel.

Hierdie geskiedenis van die Iziko SANK was ook tipies Martin: deeglik nagevors, akkuraat en met priemende kommentaar. Between dreams and realities is ook merkwaardig leesbaar. Haar skryfwerk was nie hoogdrawende akademiese verhandelinge nie en die talle essays wat sy oor die jare vir tentoonstelling en verslae geskryf het, was so direk soos haar op-die-man-af-manier van kommunikasie.

Sy was met haar dood ook besig om vir die Hermanus FynArts-kunsfees ’n groeptentoonstelling saam te stel om dié se tiende bestaansjaar te vier. Haar ondersteuning aan kunsprojekte soos dié het oor die dekades nooit gewankel nie. (Die tentoonstelling gaan as huldeblyk voort.)

Sy het deeglikheid van almal verwag, en dit het, met diplomasie, by mense en personeel rondom haar weerklank gevind. Die kurators van die kunsmuseum was hoogs gemotiveerd, die skoonmakers deel van die groot gesin, die haweloses langs die gebou mense aan wie sy kos aangedra het. Wat reg was, was vir haar reg. En sy was hardekop daaroor. Ons kon lekker stry.

.........
Sy het deeglikheid van almal verwag, en dit het, met diplomasie, by mense en personeel rondom haar weerklank gevind. Die kurators van die kunsmuseum was hoogs gemotiveerd, die skoonmakers deel van die groot gesin, die haweloses langs die gebou mense aan wie sy kos aangedra het. Wat reg was, was vir haar reg. En sy was hardekop daaroor. Ons kon lekker stry.
...........

Vroeg in haar SANK-loopbaan was daar ’n ophef toe sy die borgskap van die destydse Kaapstadse Triennale opgesê het omdat sy geglo het dié wou inmeng in die keuringsproses. Die SANK-raad het vasgesit. Sy het nie bes gegee nie.

Sedert haar dae as argitek-lektor in Johannesburg het sy navorsing gedoen en geskryf oor die gebruik van die sogenaamde broekiekant-versiering in plaaslike Victoriaanse huise en geboue. Dié werk is nooit afgehandel nie, maar intussen het sy wyd geskryf aan alles van akademiese kunsopstelle, omvattende katalogusse, resensies tot, en nie die minste nie, proteswoorde oor kulturele en kunskwessies wat na haar mening verkeerd was.

Erfenis en bewaring, herwaardering van die verlede, oop oë oor tendense – dit was alles deel van haar wêreldvisie. In Johannesburg was sy deel van die bakleiers om die Art Deco Colosseum te bewaar. In Kaapstad het sy die panele van die gesloopte Adelphi-teater in Seepunt vir die museum bekom.

Kunswerke wat jare gelede om onbekende of politieke redes uit die versameling verkoop of weggemaak is, het sy opgespoor en weer aangekoop. Sy het kunstenaars soos die hermetiese Ernest Mancoba, Henry Jordaan, Amos Letsoalo en Gerard Sekoto soos helde by die galery en in ons gedagtes ontvang. Sy het die Vriende van die SANK se versameling direk in die vaste versameling opgeneem omdat sy geglo het daar is nie rangorde onder goeie kunstenaars nie.

Avonturier-kunstenaars soos André Botha, Tracey Rose en Peet Pienaar het haar nie afgeskrik nie. Maar immer was haar oog op die waarde en die egtheid van hul kunstenaarskap binne die veranderende Suid-Afrika.

In die wêreld van die kunste is ego, kleinsieligheid, status en deesdae veral geld toenemend die bakens wat erkenning aandui. Klassieke kundigheid en filosofies-gedrewe kuratorskap is aan die taan. Marilyn Martin was die eerlike kunsbewonderaar, die avontuurlustige raaksiener, die ontvanklike bestuurder.

Ironies sluit die Iziko SA Nasionale Kunsmuseum nou, ten tye van haar dood, vir vier maande om “woke”-redes wat nie heeltemal duidelik is nie. Ironies genoeg het die Iziko-vlagskipprojek, wat sy met soveel geesdrif help begin het, homself in sy eie burokratiese web vasgespin.

Marilyn Martin se bydrae sal iewers in die toekoms na behore waardeer word. Intussen vier ons ’n merkwaardige kunspersoonlikheid wat daardie landskap dramaties verander het.

Lees ook:

The removal of art at UCT: Marilyn Martin's response

The post ’n Huldeblyk aan Marilyn Martin appeared first on LitNet.

Graad 6: Wiskundevraestel en -memo, tweede kwartaal

$
0
0

Erkenning: Wokandapix, https://pixabay.com/photos/calculator-math-mathematics-988017/

Is jy in graad 6 en kry jy koue rillings as jy die woord "Wiskunde" hoor? Met die vraestel en memo wat Wilhelm du Toit vir LitNet opgestel het, gaan jy die werk maklik onder die knie kry! Dit is gratis hier beskikbaar.

Klik op die skakel om die vraestel gratis in PDF-formaat af te laai.

Klik op die skakel om die memo gratis in PDF-formaat af te laai.

Lees ook:

Indeks: notas, toetse en vraestelle

Graad 6-wiskundevraestel: kwartaal 1 en 2

 

 

The post Graad 6: Wiskundevraestel en -memo, tweede kwartaal appeared first on LitNet.

Persverklaring: ATKV glo ATM-naamsverandering is onnodig

$
0
0

Die Afrikaanse Taalmonument en -museum (ATM) slaag daarin om die diverse samestelling van Afrikaans – ’n taal wat hier in Suid-Afrika ontstaan het – te omarm, en daarom is ’n naamsverandering onnodig.

Só sê Sonél Brits, besturende direkteur van die ATKV-MSW, in reaksie op berigte dat Nathi Mthethwa, die minister van sport, kuns en kultuur, versoek het dat dié monument se naam moet verander.

Die ATKV en die ATM loop reeds vir dekades lank saam ’n pad as strategiese vennote. Die Afrikaanse Taal- en Kultuurbond (ATKB) – wat in 1991 in die ATKV opgeneem is – was vanaf 1963 intensief by die werksaamhede van die ATM betrokke en het mettertyd op eie koste al die administratiewe en sekretariële pligte oorgeneem. Die organisasie het ’n groot rol gespeel in fondsinsameling en het self ook ’n bedrag geskenk vir die ATM se werksaamhede.

Die ATM het deur die jare ’n bekende baken en tuiste vir ATKV-projekte, soos die ATKV-Rieldans, #OnseFees en verskeie gesprekke oor taal, geword. “Hierdie geleenthede skep groter begrip vir mekaar se eiegoed en kulture, en sal noodwendig lei tot ’n beter Suid-Afrika vir almal. Dis immers lankal bewys dat kultuur broodnodige brûe kan bou. Om ’n naam te verander is bloot net dit: die verandering van ’n naam,” sê Sonél.

Dit was vir die ATKV nog altyd belangrik om die Afrikaanse taal, kultuur, kennis en kreatiwiteit onmisbaar deel te maak van nasiebou, versoening en ’n suksesvolle Suid-Afrika. “Die ATKV glo dat daar gefokus moet word op die toekoms sonder om die verlede in te boet. Afrikaans as taal het ’n ryk en diverse geskiedenis, en om te weet wie jy is en waar jy vandaan kom, is kernbelangrik om die toekoms met selfvertroue te kan tegemoet stap.”

’n Openbare vergadering waarop die kwessie bespreek sal word, word beplan vir eerskomende Saterdag 28 Mei. “Die ATKV was nog altyd van mening dat konstruktiewe gesprek die weg baan vir versoening, en ons gaan ’n afgevaardigde na die vergadering stuur om ons organisasie se standpunt te gaan stel,” sê Sonél.

Alle lede van die ATKV word aangemoedig om óf die openbare vergadering op 28 Mei in die Paarl by te woon óf ’n e-pos met konstruktiewe kommentaar te stuur na admin@taalmuseum.co.za.

The post Persverklaring: ATKV glo ATM-naamsverandering is onnodig appeared first on LitNet.

Promotion: The murders of Fleat House by Lucinda Riley

$
0
0

The sudden death of a pupil in Fleat House at St Stephen’s – a small private boarding school in deepest Norfolk – is a shocking event that the headmaster is very keen to call a tragic accident.

But the local police cannot rule out foul play and the case prompts the return of high-flying Detective Inspector Jazmine ‘Jazz’ Hunter to the force. Jazz has her own private reasons for stepping away from her police career in London, and reluctantly agrees to front the investigation as a favour to her old boss.

Reunited with her loyal sergeant Alastair Miles, she enters the closed world of the school, and as Jazz begins to probe the circumstances surrounding Charlie Cavendish’s tragic death, events are soon to take another troubling turn.

***

The Murders at Fleat House is a suspenseful and utterly compelling crime novel from the author of the multimillion-selling The Seven Sisters series, Lucinda Riley.

Find a Bargains Books store near you.

If you do not see the book, please ask the staff to order it.

See also:

In memoriam: Lucinda Riley

Aspoester se paleis, die prinses se titel en die huwelik

The post Promotion: <em>The murders of Fleat House</em> by Lucinda Riley appeared first on LitNet.


LitNet: Inheemsheid en mag

Wit en bruin staan saam oor Afrikaans by ATM (Afrikaanse Taalmonument- en museum)

$
0
0

Die Afrikaanse Taalmonument (Foto: Menán van Heerden)

As die minister van sport, kuns en kultuur, Nathi Mthethwa, een ding reggekry het met sy voorneme om die woord “Afrikaanse” moontlik uit die Afrikaanse Taalmonument- en museum (ATM) se naam te probeer verwyder, dan was dit om Afrikaanssprekende mense van uiteenlopende oortuigings en agtergronde saam te snoer oor hul taal soos selde tevore.

Politieke partye wat mekaar gereeld in die hare vlieg, nieregeringsorganisasies, belangegroepe uit wit en bruin geledere, kunstenaars en individue wat sterk voel oor Afrikaans het Saterdag net een boodskap in die Paarl gehad vir die minister: Los Afrikaans uit.

Die ATM se raad het die afgelope week twee dae lank vir die eerste keer in die Paarl vergader nadat berigte van ’n voorgestelde naamsverandering vir die instelling die lig gesien het.

Die publiek het Saterdag, 29 Mei, in die gees van Internasionale Museumdag, wat jaarliks op 18 Mei gevier word, die geleentheid gehad om self hul stemme te laat hoor en insae te lewer rakende ’n moontlike naamverandering vir die ATM en die pad vorentoe.

Anders as op 14 Augustus 1875, toe net ’n klein groepie wit Afrikaanse mans die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) in die hartjie van die Paarl gestig het in dieselfde huis waar die Afrikaanse Taalmuseum vandag gehuisves word, was daar Saterdag ’n kaleidoskoop van kleure, geslagte en ouderdomme in die Paarl se Strooidakkerk se saal teenwoordig om vir Afrikaans in die bres te tree.

Gryskop wit Afrikanermans wat eenmaal gedink het feitlik net die Broederbond en die Nasionale Party praat namens Afrikaans, het Saterdag skouer aan skouer met bruin Afrikaanse aktiviste uit die destydse UDF-dampkring hul stemme dik gemaak teen Mthethwa se skynbare planne om die ATM se naam moontlik te verander.

Van die partye en organisasies wat in die Strooidakkerk se saal byeengekom het, sluit in: die DA, Vryheidsfront Plus, DAK Netwerk, FAK, Afrikanerbond, AfriForum, die onlangs gestigte Kaapse Forum en talle individue en kleiner organisasies.

Nog nooit tevore was daar soveel belangstelling tydens ’n byeenkoms van Internasionale Museumdag nie, het die ATM se direkteur, Michael Jonas, tydens sy verwelkoming aan die gehoor gesê.

Die ATM se direkteur, Michael Jonas (Foto: Menán van Heerden)

Die hoofrede is gelewer deur Beverley Thomas, die direkteur van die Amazwi Suid-Afrikaanse Letterkundemuseum in Makhanda in die Oos-Kaap, wat self ’n naamsverandering ondergaan het. Amazwi (wat “stemme” beteken) is die nuwe naam van die Nasionale Engelse Letterkundige Museum. Die museum het nou ’n mandaat om literêre artefakte van “die inheemse tale” van Suid-Afrika te versamel.

Beverley Thomas, die direkteur van die Amazwi Suid-Afrikaanse Letterkundemuseum (Foto: Menán van Heerden)

Sy het gepraat oor die mag van museums en haar eie museum se transformasieproses. Die gehoor was egter daar om self te praat, nie soseer om te luister nie. Die raadslede van die ATM het langs mekaar op die verhoog gesit en luister terwyl spreker na spreker onomwonde gesê het hulle is nie te vinde vir die minister se “ononderhandelbare” plan met die Taalmonument se naam nie.

DAK Netwerk se uitvoerende voorsitter, Danie van Wyk, het die monument tydens sy spreekbeurt bestempel het as ’n monument wat in sonde ontvang en gebore is. Van Wyk en sy organisasie het die afgelope tyd al hoe meer op die voorgrond getree as vegters vir Afrikaans. Hy het egter geen geheim gemaak van die Taalmonument se omstrede verlede nie. In die 1980’s en 1990’s was hy deel van verskeie protesaksies teen die destydse apartheidsbedeling. 

Die kultuurorganisasie DAK Netwerk se uitvoerende voorsitter, Danie van Wyk (Foto: Menán van Heerden)

DAK Netwerk se naam verwys na drie taalvaardige Khoi-leiers wat simbolies is van bruin mense se herkoms en erfenis: Doman-Nomoa, Autshumao en Krotoa. Die “Netwerk”-element in die naam gee erkenning aan breë Afrikaansheid en verbintenisse tussen alle Suid-Afrikaners en Afrikaansgebruikers.

“Ek is nie ’n Afrikaner nie, maar ek is onbeskaamd Afrikaans,” het Van Wyk gesê. Hy het geen doekies omgedraai dat die Taalmonument ’n inisiatief van die apartheidsregering was nie. Mense soos hy was heeltemal uitgesluit daarvan. Bruin Afrikaanssprekers is nie eers uitgenooi na die inwyding van die monument in 1975 nie, en hulle kon die monument ook nie besoek nie.

Iéts moes gebeur met hierdie monument wat in sonde ontvang en gebore is, en dit het reeds gebeur, het Van Wyk gesê. Vandag is die ATM ’n baken van inklusiwiteit en meertaligheid. Afrikaans is lankal nie meer die taal van die onderdrukker nie; dit is ook die taal van bevryding, het hy gesê.

Van Wyk was een van verskeie sprekers wat wou weet of die minister al ooit die Taalmonument besoek het en of hy bewus is van die inklusiewe aard daarvan. “Afrikaans is ook ons erfenis en ons is ernstig oor ons erfenis,” het Van Wyk gesê.

Corné Mulder van die Vryheidsfront Plus het gesê politiek hoort eintlik nie eers by ’n saak soos dié nie, maar daar word nie oop kaarte met die publiek gespeel nie. Iemand jok, volgens Mulder. Terwyl die ATM in ’n verklaring gesê het die minister beskou dit as “ononderhandelbaar” dat die ATM sy naam moet verander om meer inklusief te wees, ontken die betrokke staatsdepartement se direkteur-generaal, vermoedelik, dat die monument se naam in gedrang is, “Iemand jok vir ons en ek dink ek weet wie dit is, want ek glo nie dit is die ATM se raad nie,” het Mulder gesê.

Hy sê die minister het geen benul waarvan hy praat wanneer hy sê die ATM moet meer inklusief word nie. “Daar is altesaam 22 tale wat op die ATM se webwerf erkenning geniet, waaronder al 11 amptelike tale in Suid-Afrika, plus nog 11 ander tale van regoor die wêreld. Dit sluit in tale soos Duits, Frans Spaans, Portugees, Maleis, Arabies, Chinees en Grieks.

Mulder sê ingevolge wet het die minister geen bevoegdheid om die ATM se naam self te verander nie. Die onus rus by die ATM se raad om so ’n aanbeveling te maak indien hulle sou wou. “Daar is niks meer bevrydend as om nee te kan sê nie, en ons sê hard en duidelik nee vir die minister se voorstel,” het Mulder sy betoog afgesluit.

Selfs Ferdinand Rabe, wat veral bekend is daarvoor dat hy in 2001 die eerste wenner van die TV-realiteitsprogram Big Brother in Suid-Afrika was, en die dikwels omstrede bruin politikus uit die dae van Driekamerparlement en voormalige burgemeester van Kaapstad, Pieter Marais, was daar om hul stemme te laat hoor.

Marais, wat deesdae lid is van die Vryheidsfront Plus, het uitgevaar teen wat hy beskou as ’n tendens om alles te wil “ver-Xhosa”. Hy sê as iets nie ’n Xhosa-naam het nie, dan is dit deesdae nie van toepassing nie. “Ons leef in ’n tyd waar die tirannie van die meerderheid aan die orde van die dag is en sommige dink hulle kan maak wat hulle wil solank jy pikswart is.”

’n Hele paar lede van die DA het ook hulle liefde vir Afrikaans verklaar. Die DA-parlementslid Kobus Marais het die gehoor daarop gewys dat Afrikaans een van die mees gesproke tale in die land is en dat dit nie net die taal van wit mense is nie.

Heel links (bo): Pieter Marais; heel links (onder): Ferdinand Rabe; middel: Catherine Snel (International Council of Museums South Africa [ICOM organiseer die jaarlikse Internasionale Museumdag]) en Hybré van Niekerk (kultuur-toergids [Paarl Historical Walk and Tours]); heel regs (bo): Danie van Wyk en Kobus Marais; heel regs (onder): Corné Mulder (Foto’s: Menán van Heerden)

’n Vryheidsfront Plus-stadsraadlid van Drakenstein-munisipaliteit, waarin die ATM geleë is, André Fourie, sê hy was geskok toe hy as raadslid in die DA-beheerde stadsraad waar verreweg die meerderheid mense Afrikaans is, van die DA moes hoor die spreektaal in die stadsraad is slegs Engels tydens vergaderings. Hy vind dit onverstaanbaar dat daar in ’n munisipaliteit soos Drakenstein, waaronder die Paarl val en waar 75% van die mense Afrikaanssprekend is, slegs Engels gebruik word tydens raadsvergaderings.

Die DA en die VF het in Paarl, net voor, en tydens, die Internasionale Museumdag-gesprek, teen die moontlike naamsverandering betoog.

Die enigste stem in die gehoor wat die deur op ’n effense skrefie oopgelaat het vir ’n moontlike nuwe naam vir die ATM, was Heindrich Wyngaard van Kaapse Forum. Hy wou by die ATM se raad weet hoe hulle die minister verstaan wanneer hy sê “Afrikaanse” moenie deel van die monument se naam wees nie. Wyngaard sê hoewel hy ook gekant is teen enige plan om die naam te wil verander, moet daar ook onder Afrikaanse mense gedink word wat hulle dit sou wou noem as daar dan wel ’n ander naam moet wees.

Volgens hom is Afrikaanse mense kreatief genoeg om iets anders uit te dink as dit dan moet gebeur.

Heindrich Wyngaard, die uitvoerende voorsitter van die nuwe Kaapse burgerregteorganisasie Kaapse Forum (Foto: Menán van Heerden)

Die raad van die ATM het dit deurgaans duidelik gemaak dat hulle gekom het om na die mense te luister en sê hulle sal die saak van hier af verder voer.

Van links: Heidi Erdmann (raadslid: ATM), Gerrie Lemmer (die ATKV se uitvoerende hoof van kultuur), Michael Jonas, Lionel Adendorf (raadslid: ATM), Anne-Marie Beukes (uitvoerende hoof van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en ATM-raadslid) en Eureka Barnard (direkteur van SASNEV [Suid-Afrikaanse Sentrum Vir Nederland en Vlaandere]) (Foto: Menán van Heerden)

Die raad se voorsitter, Jean Meiring, het gesê hulle bly gefokus op die bevordering van maatskaplike samehorigheid, Afrikaans en ander inheemse tale asook veeltaligheid, en die rol wat hulle in die groter dekolonialiseringsproses speel.

Die ATM-raad se voorsitter, Jean Meiring (Foto: Menán van Heerden)

Die raad se vergadering van die afgelope week is volgens hom in ’n gees van wedersydse respek en met ’n positiewe gesindheid gehou. Geen besluite is geneem nie, en daar sal verdere skakeling met die departement wees. Meiring sê die Taalmonument neem kennis van die openbare sentimente wat die afgelope week en tydens Saterdag se byeenkoms uitgespreek is.

  • Foto’s en video: Menán van Heerden

The post Wit en bruin staan saam oor Afrikaans by ATM (Afrikaanse Taalmonument- en museum) appeared first on LitNet.

"’n Nar aan tafel is ’n aanwins": satire en samehang in Johan Myburg se Narreskip

$
0
0

Omslag: Protea Boekhuis

Narreskip
Johan Myburg
Protea Boekhuis
ISBN: 978-1-4853-1345-8

Die Hertzogprys vir poësie is in 1916 vir die eerste maal toegeken – aan Totius, vir Trekkerswee. Deur die loop van 120 jaar van Afrikaanse poësie (dankie Eugène Marais vir “Winternag” in 1902, as mens só tel) en 104 jaar van Hertzogpryse, is 30 pryse aan die poësie toegeken.[1] Johan Myburg is die twintigste digter vir wie hierdie eer te beurt geval het – in 2020 vir sy bundel Uittogboek (2017). In Mei 2022 verskyn Narreskip by Protea, die vyfde digbundel in Myburg se oeuvre.

..............
Die leser van sy poësie sal goed vaar om nie Myburg die klassikus uit die oog te verloor nie. Aan die woord is ’n wyd belese digter, gereelde resensent van boeke, kuns en klassieke musiek, ’n student van klassieke tale en lettere, vertroud met die geskiedenis en onderlê in filosofie en teologie. Dit is uit die staanspoor duidelik dat die gedigte in Narreskip fassinerende moontlikhede vir ’n intertekstuele lees bied.
................

Die leser van sy poësie sal goed vaar om nie Myburg die klassikus uit die oog te verloor nie. Aan die woord is ’n wyd belese digter, gereelde resensent van boeke, kuns en klassieke musiek, ’n student van klassieke tale en lettere, vertroud met die geskiedenis en onderlê in filosofie en teologie. Dit is uit die staanspoor duidelik dat die gedigte in Narreskip fassinerende moontlikhede vir ’n intertekstuele lees bied. Die toespeling van die titel op Ship of fools (Plato, Sebastiaan Brant) en die bandontwerp met ’n detail uit Bosch se Die tuin van aardse luste, plaas die bundel onmiddellik binne ’n raam van gesprek met tekste – politieke satire, allegorie, kuns. Die uitwys hiervan, dat netwerke inspelings en toespelings op ’n verskeidenheid tekste, sienings en kunswerke deur die boek vibreer, moet egter ook dadelik gekwalifiseer word, want dit beteken nie dat die bundel moeisaam, of sogenaamd intellektueel, lees of die gedigte swaarwigtig is nie. Juis nie. Die gedigte is helder en kommunikeer direk. Tekste uit vorige samelewings word opgestel om teen in te speel. Kunswerke (lettere, beeldende kuns, musiek) en kunstenaars uit verskillende tradisies, tye en tale (Oosters, Westers, Europees, Middeleeus, Renaissance, eietyds, Nederlands, Spaans, Afrikaans) word telkens betrek in die gesprek oor hoe en waar ons nou leef. Dit is daarom ook nie ’n boek oor die verlede nie, maar spesifiek in die hede gesitueer. “Die digter gee ... vir ons die kaart en transport van die klassieke wêreld waarteen hy die hier-en-nou afspeel,” sê Hambidge (2022) tereg.

“Ek dink die digter se uitgangspunt by die skryf van ’n gedig is: ‘Ek het iets te sê.’ Maar dit kan ook geformuleer word as: ‘Het ek iets te sê?’” sê Johan Myburg ná die bekroning van Uittogboek in ’n onderhoud (Schoombie ca. 2020). ’n Mens sou dié vraag ook aan die digter van Narreskip kon vra: Waarom skryf? Waarom nog skryf? Waarom skryf in Afrikaans? Die gedigte in die bundel roep meer as een antwoord hierop uit, maar in die eerste gedig van die titelreeks, “Narreskip” (7), klink dit só:

Dalk omdat ek ink het en ’n vel oop papier
skryf ek op wat gebeur, hou ek as onverkose
skriba boek van dié tog, van wat ek dínk gebeur
aan boord van dié skuit sonder bevare matrose
of kaptein. ...

Hiermee word ’n grondtoon van die bundel ingelei: die nou verband tussen digterskap, gedigte en samelewing. Kuns (gedigte) ontstaan in ’n samelewing; die kunstenaar (digter) is lid van ’n samelewing – hoe hierdie samelewings ook al lyk en wat die aard van die verhouding tussen samelewing, kunstenaars en kuns ook al is. Die digter in “Narreskip I” (7) wat homself verontskuldig dat hy nie aangestel is nie, dat hy maar net ’n, sý, weergawe opteken (“wat ek dínk gebeur”), dat hy op die periferie leef en nie aansien geniet nie, ’n buitestander is (in die “agterstewe” van die skip en met ’n “boggel” sit hy afgesonder van die “spul passasiers” en “blog”, 7), daardie digter vaar saam op die skip van die samelewing, en deur tyd. En die gedigte wat hy dan in Narreskip skryf, besin oor hierdie vaart: oor die lewe, oor kuns (gedigte, geskrifte, skilderye, beelde, musiek), oor beskawings, Suid-Afrika, onsself. Dit dan ten spyte daarvan dat die res van die titelgedig dit duidelik maak dat hierdie digter, wat nie aangestel is nie, ook nie verantwoordelikheid wil hê nie en aanspraak daarop maak dat hy onbetrokke en ongeraak is:

... Boggel gekeer op die spul passasiers
aan’t slampamper, blog ek van die agterstewe,
g’n duit begaan oor waarheid of oor bog, of oor
die log en donker, bot verdriet van hierdie lewe.

Hoe die digter homself egter ook al opstel as lukrake, eenkant skribent van die narreskip (die waargenome, gesatiriseerde samelewing), die blote woordkeuse en die formulering van die insig waarmee die gedig eindig verraai ’n diepgaande gemoeidheid en meelewing [vergelyk: “die bot verdriet van hierdie lewe”, (7)].

............
Die gedigte in Narreskip hou deur die beskrywings van dit waaroor berig en besin word, ’n spieël voor die leser op. Van politieke stommiteite en sosiale vergrype tot gruwels en geweld. En dit is tot die digter se krediet dat ’n digte teks waar geredelik van sinspeling en intertekste gebruik gemaak word, die weerspieëlings wat teruggekaats word direk, of instinktief, en duidelik kommunikeer.
.............

Die gedigte in Narreskip hou deur die beskrywings van dit waaroor berig en besin word, ’n spieël voor die leser op. Van politieke stommiteite en sosiale vergrype tot gruwels en geweld. En dit is tot die digter se krediet dat ’n digte teks waar geredelik van sinspeling en intertekste gebruik gemaak word, die weerspieëlings wat teruggekaats word direk, of instinktief, en duidelik kommunikeer. Die gedigte ly nie aan duisterheid en swaarwigtigheid nie. Waar die skryf van satire, allegorie en parodie, alles vorme wat in Narreskip bedryf word, allerweë gerespekteer word vir die hoë eise wat dit aan digter en leser stel, flits die satire in hierdie bundel oënskynlik moeiteloos die tande. Die leser mag uitgedaag word, maar die gedigte laat die leser nie agter nie. ’n Mens sien dit telkens in toespelings wat nie duister is nie en suggesties wat oop en bloot lê, soos in die gedig na aanleiding van die bekende diere-epos: “Reinaard” (12).

...
dat die jagse ou jakkals van weleer

wat so skaamteloos knoei en konkel,
die bestaan van korrupsie selfs negeer
en oor sy eie boosheid nie kan bloos
nie, dagvaardings een na die ander ignoreer
...

juis nou weer vorstelik as vos na vore
tree, homself as leidsman presenteer

’n Tematiese nalees van die motiewe in die digbundel maak dit duidelik dat Narreskip nie vir of teen politieke beskouings uitsprake maak nie en ook nie antwoorde bied nie. Dit is nie ’n politieke manifes of ’n partytrek via teks en ’n skaar by ’n groep of siening nie. Inteendeel. Die samelewing word sonder wegskram uitgebeeld, soos wat daar ook nie tru gestaan word vir die erkenning van ontnugtering nie.

In die eerste plek bly die bundel ’n boek gedigte waarin dit wat waargeneem word met onthutsende satiriese insig en dikwels selfironiserend aangebied word in vers.

As doktor het ek meer as kalot
’n mus nodig sodat tussen grys
my eselsore tog net nie wys.

(“Twee ryme in die trant van Sebastian Brant II”, 91)

Dat ’n digter in die derde dekade van die derde millennium en in ’n tyd van groot kulturele en politieke omwenteling (nog) in staat is, bereid is, om ’n boek soos Narreskip te skryf waarin samelewing en teks toegelaat word om te resoneer teen maniere waarop mense en beskawings in vorige oorgangstye gedink, is prysenswaardig. So beskou kan die bundel gelees word as ’n manifestasie van sosiopolities bewuste kritiek. ’n Littérature engagée vir ons tyd – met satire en onderbetoning.

.............
Dat ’n digter in die derde dekade van die derde millennium en in ’n tyd van groot kulturele en politieke omwenteling (nog) in staat is, bereid is, om ’n boek soos Narreskip te skryf waarin samelewing en teks toegelaat word om te resoneer teen maniere waarop mense en beskawings in vorige oorgangstye gedink, is prysenswaardig. So beskou kan die bundel gelees word as ’n manifestasie van sosiopolities bewuste kritiek. ’n Littérature engagée vir ons tyd – met satire en onderbetoning.
.................

Die bark van die bundel word aanvanklik aangebied in kalm waters (7) – maar dit sê nie dat daar nie maalkolke is wat onderaan die gedigte en die sienings draai nie (eksplisiet gemaak in die verslag, beriggewing en bulletins van afdeling IV). Dit sluit ook nie uitgelewerdheid, soos aan windstilstande (“dae lank traag en roerloos dalk, die oseaan / ’n see van glas”, 7), diefstal en geweld, uit nie. Die tweede deel van die ontluisterende ironieë in “Wederkoms” (71) is ’n illustrasie hiervan:

Hy het toe opgedaag
soos ’n dief in die nag
...
Met my eie oë het ek
hom gesien waar hy
afsluip teen die trap
met my wolkaros, my
laptop en ’n paar sandale ...

Die gebruik van eenvoudige woorde en versstrukture (kwatryne vir die “Bulletins”, 60–61), juis in gedigte wat oor van die grootste verskrikkings handel, is wat die leser maklik onverhoeds vang en daar tref waar die onbereikbare van nerf en innerste hang. In veral afdeling IV, in die 14 gedigte van die reeks “Verslag” (45–62), is dit ’n joernalistieke direktheid en die gebruik van gestroopte, selfs skoon gebrande taal wat die omvang en impak van geweld (moetiemoorde, hekseverbranding, plaasmoorde, oa) in die sogenaamd alledaagse leefwerklikheid van die samelewing die sterkste tuisbring.

Dit het ek gesien: Hoe stringe binddraad gestoor
vir hakies maak, vir vet biltonge op ’n ry
nou blou polse boei, hoe blind draad
dieper in die keelvet van ’n ou vrou sny.

(Eerste kwatryn van “XIII”, “Bulletins”, 60)

Die verskrikking staan hier blou in die blom en dit word in dubbele mate by die leser tuisgebring: ja, deur die ontstellende inhoud wat direk en visueel konfronterend verwoord word, maar dan ook deur die verstegniese. Een illustrasie hiervan is die ontsenuende manier waarop die rym in die kwatryne van “Bulletins” (60–61) die leser telkens dwing om te hoor wat ’n mens gehoop het nié gesê sal word nie, nié so gebeur het nie. ’n Ander voorbeeld, met soortgelyke impak, is hoe’n illusie van vredigheid en veiligheid geskep word deur die gerusstellende herhaling in “Verslag III” (47). Die rustige hale van huislikheid waarmee die vrou vee, en vee, dagin, daguit, word die doek waarteen die ander stelle alliterasies in die gedig, dié van aanhoudende sinlose geweld, intensiverend grusaam tuisgebring word.

Vroegoggend, net voor vyf, toe sak
hulle op haar toe, dié vrou wat vee
en vee, wat besem in die hand dagin
daguit skoon strate skoner vee.
Vroegoggend, net voor vyf, toe sak
hulle op haar toe, dié vrou wat slaap
en slapend haar dalk verbeel alles
is weer heel, heler soos net in slaap.
Vroegoggend, net voor vyf, toe sak
hulle op haar toe: Getakel met stene
en bottels, hale geslaan met gordels
en gespes lê sy kaal gekatel op stene.
Vroegoggend, net voor vyf, toe sak
hulle op haar toe, dié vrou wat vee
en vee, wat besem in die hand dagin
daguit skoon strate skoner vee.
Vroegoggend, net voor vyf, toe sak
hulle op haar toe, op dié ou vrou
wat seniel haar dae verwyl met haar
besem, die ou, skadelose vrou.

Dieselfde waarneming oor hoe die verstegniek die impak van die gedig laat voortstu, kan ook gemaak word oor die ononderbroke sinne, reëlmatig, in ’n verhalende trant, sonder heffings en dalinge, waardeur die plaasmoord (“Verslag XI”, 56–57) in egalige kwashale, en asof in ’n onderhoud op einste “RSG (wat) sulke oggendmusiek gespeel” het, aangebied word. Hierdeur word die herhaling en ook die gelykmatige, meedelende trant ’n strategie van onderbetoning en daarom uitheffing in die vers.

.............
Dit sal egter, soos wanneer die bundel net maar gelees word vir die waarde van die intertekstuele spel en die netwerke wat dit span, ook ’n verskralende lees meebring om Narreskip te lees net vir die sosiale kommentaar daarin. Die boek vra om vir die geheel van die uiteenlopende sake wat dit ophaal, uitwys en oor kommentaar lewer (inderdaad ’n “ark”, 7) gelees te word en verg daarom nie net ’n intellektuele, polities bewuste of emosionele lees nie.
...............

Dit sal egter, soos wanneer die bundel net maar gelees word vir die waarde van die intertekstuele spel en die netwerke wat dit span, ook ’n verskralende lees meebring om Narreskip te lees net vir die sosiale kommentaar daarin. Die boek vra om vir die geheel van die uiteenlopende sake wat dit ophaal, uitwys en oor kommentaar lewer (inderdaad ’n “ark”, 7) gelees te word en verg daarom nie net ’n intellektuele, polities bewuste of emosionele lees nie. Met die lees van hierdie gedigte is dit nie alleen die sinapse in die brein wat kennisnetwerke herken (of google vir verwysings) en insig bewerk nie, nie net lagspiere (en dalk selfs schadenfreude) wat geprikkel word deur die satire nie, nie net meelewing en die beskermende reflekse van afsku teen die uitbeelding van geweld wat geaktiveer word nie. Dit is nie net die maagwand wat soms onwillekeurig ruk nie, maar ook, en dalk veral, die dun vliese tussen die kamers van die hart. Wie bereid is om die interaksie te ondersoek wat bewerk word tussen intertekstuele verwysings en sosiale kommentaar, en ook die emosionele impak beleef, terwyl die aandag gerig word deur ars poëtikale uitgangspunte en die leesplesier gevoed word deur die temas en perspektiewe, die poëtiese aanbod en die verstegniese afronding, só ’n ideale leser is dalk met die lees van die gedigte op pad na die bundel se Kokanje (7).

Inderdaad is dit so dat dwarsdeur die bundel die gedigte besonder streng en vaardig, kompak afgewerk is en dikwels onderbetoning en terughouding aanwend. Die verstegniese aanbod is ryk aan koeplette (en ’n distigon), kwatryne (en oktawe). Daar is ’n duidelike voorkeur vir korter vorme, vir verhulde en eksplisiete ryme, en die aanwend van herhaling wat ritmies en beklemtonend funksioneer. Tog bly dit gedigte sonder uitroeptekens en vetdruk hierdie; gedigte wat waarneem en teenoor mekaar stel, nie gedigte wat slagspreuke formuleer nie. Openinge (vir asemhaal, vir invul en sodat illusies nie mislei nie) word voorgestaan, en daarmee saam word die “veilige”, “heel” finaliteit van onomstootlike feite en onaanvegbare uitsprake afgewys.

In die ars poëtikale “Note to self” (22) word die idee voorgestaan dat sagter sê, en selfs swye, die prysgee van sekerhede en feite, die erkenning en verwoording van ontnugtering (en later in die bundel ook van verskeie ander verskrikkinge), ’n benadering tot skryf en skryfwyse moet word.

... skryf
geperforeerde verse, vol sesure,
vol hiate, gate sodat die nié-weet
kan asemhaal, opdat die waan
jou nie inhaal nie. Praat sagter
sodat ander s’n jou sinne kan bly
volg. Hou die geskal eers terug, swyg,
al vreet die vrees, al dreig dit alom.

Die slotreël, met die verwysing na durende, verterende vrees en die gebruik van die rymklank in “alom”, laat die refreinmatige herhaling van angs in “Ballade van die grysland” hier resoneer: “O die vrees! as die rekenmeester kom / hoe sal ek kan verantwoord / en verslag gee van sy eiendom? ... // O as die rekenmeester kom! / wat sal ek van sy wêreld / nog kan wys aan hom?” (Opperman 1947:14–15). Alhoewel die opgawe in “Note to self” is om minder te skryf – minder wetend, minder presies (gateriger, of met meer spasie vir ander sienings, moontlikhede of interpretasie), selfs in die aangesig van die vrees (vrees oor die hede, vrees vir verganklikheid en verlies, en moontlik, via Opperman, ook vrees dat rekenskap gegee moet word), bly die enigste verweer op die narreskip om gedigte in weerloosheid en verweer aan te bied.

Die beeldgedigte in Narreskip lewer ’n beduidende bydrae tot die bundel. Myburg se beeldgedigte bied besonder insigryke, sensitiewe interpretasies en beskrywings en verruim ook die bestaande korpus Afrikaanse beeldgedigte met gedigte oor kunswerke van buite die Westerse kanon: uit Mesopotamië, Sirië, Persië, Mapungubwe. “Miniatuur in ink en verf” (28), met die poëtiese uitspel van die Arabiese teks waarby uiteraard ook die illustrasie self betrek word, en “Landskap” (84), na aanleiding van Leonardo da Vinci se Annunciazione, is klein woordwonderwerkies.

Miniatuur in ink en verf
1627, Muhammad Qasim, Louvre

Wat meer wil jy hê om van te drink as
die lippe van jou liewerd, die plas
van blink water iewers in ’n rivier
met klippe, en wyn uit ’n helder glas.

Die gedigte in Narreskip, uiteenlopend soos die aanbod daarvan mag wees, met satire, intertekste en beeldgedigte, besinnings oor beskawings, kuns, vernietiging en geweld, met insigte oor beperkte sig en die beperkings van sê, heg tot ’n netjiese geheel. Terugkerende motiewe van terughou en weerhou (die weerhou van oordele, die weerhouding van ’n oorgawe aan ontluistering), waarby die selfopgelegde ars poëtikale tug gevoeg word, naamlik om meer te luister en stiller te sê, word ingespan saam met perspektiewe (bewerk deur die beskrywings en verwysings in die gedigte) op hoe ons lyk, en ook op wat met en rondom ons gebeur. Die geheel hiervan maak van die bundel ’n boeiende, en eintlik ook onontbeerlike, leeservaring vir ons tyd. In gesprek met Edward Said se memoir, en sekerlik met ’n kopknik na expats, erken “Out of place” (104):

Sonder om willens of wetens ’n skuif
te beplan óf te maak, sonder om voet
uit die land te sit, met ’n laaste wuif

te groet, het ek reeds verkas, as
kopskuif ’n grens oorgesteek na vistas
waar niks ooit onbekender was.

Narreskip is ’n boek wat getuig van ’n ruimte waarin daar oor digter en gedig, samelewing en leef, siening en sein besin word – binne die omvangrykheid van kennis van die klassieke en ’n lewe gewy aan die skone kunste en lees. Sonder moralisering, sonder beloftes:

... Onttrek
vir een seisoen jou hand

aan tuin en tuinerye en verval
slaan deur, begin te wys.
Ek is geen tuinier en, dit weet
ek nou, daar is geen paradys.

(“Handleiding II”, 86)

Immers word die poësie en die digter van die tyd satiries en allegories as kluitjiebakkende sinmaker aangebied. “’n Nar / aan tafel (is) ’n aanwins”, lui dit in “Simposium” (21),

een wat oppervlakkig
’n gesprek kan heg met kwink en kluitjie
of minstens samehang deur al die onsin kan vleg.

’n Mens kan Myburg, ná die lees van hierdie bundel, net bedank vir die vleg, vir die vaart.

Bibliografie

Hambidge, J. 2022. Resensie: Narreskip (Johan Myburg). Versindaba, 9 Mei. https://versindaba.co.za/2022/05/09/resensie-narreskip-johan-myburg/ (22 Mei 2022 geraadpleeg).

Myburg, J. 2022. Narreskip. Pretoria: Protea. 106p.

Opperman, D.J. 1947. Negester oor Nineve. Kaapstad: Nasionale Pers. 64p.

Schoombie, S. ca. 2020. Renaissanceman. Onderhoud met Johan Myburg. Skrop. https://skrop.co.za/voorstoep/ (22 Mei 2022 geraadpleeg).

Eindnota

[1] Gegrond op die inligting oor Hertzogpryswenners by https://af.wikipedia.org/wiki/Hertzogprys (22 Mei 2022 geraadpleeg).

Lees ook:

Johan Myburg (1957–)

Uittogboek deur Johan Myburg: ’n resensie

 

 

 

 

 

 

 

 

The post "’n Nar aan tafel is ’n aanwins": satire en samehang in Johan Myburg se <em>Narreskip</em> appeared first on LitNet.

Elders gesien: RIV Abraham Viljoen

$
0
0

Foto verskaf

28 Oktober 1933 – 11 Mei 2022

...
Saam met sy broer het Abraham Viljoen ’n burgeroorlog voorkom. Gaan vra maar vir Nelson Mandela en Mac Maharaj en Albie Sachs. Gaan vra vir die bure en die werkers van die wêreld waar hy vandaan kom.
...

Breyten Breytenbach skryf op Filosofiekafee:

Beste Lamé Ebersöhn

Die nuus van Abraham se afsterwe het my werklik geruk ook al was dit, gesien sy hoë ouderdom, seker nie heeltemal onverwags nie. Mens se hart gaan uit na sy familie en sy naasbestaandes, en dan ook na vriende soos u. Ek weet hoe dierbaar hy vir u was. Ons taal wat, indien die regdenkendes hulle vernietiging daarvan kan voltrek, binne die afsienbare toekoms nie meer sal bestaan nie, het mooi en eerbiedige en sagte uitdrukkings om die onsêbare te probeer verwoord: heengaan byvoorbeeld. En ontslaap.

Baie jare gelede het ek ’n roman van W.F. Hermans met die titel Nooit meer slapen gelees. Die storie het my lankal ontgaan, maar die implikasies van die titel het my bygebly. Beteken om oorlede te wees dat mens dan nooit weer sal slaap nie? Is ‘om te slaap’ dan so eie aan ons oorlewing?

Abraham het nou die grens na die ewigheid van stilte oorgesteek. Dis soos ek hom verbeel en onthou. Vir diegene wat nog kan hoor, selfs al wil hulle nie luister nie, was Abraham Viljoen se stilte egter nie die uiting van verslaentheid of opgee of berou of selfs berusting nie. Sekerlik ook nié van “stilbly is ook ’n antwoord” nie. Inteendeel, dit was ’n gelouterde, sterk en diepe stilte. Miskien selfs ’n vertroosting. Die stilte van iemand wat gedoen het wat hy kón vir solank dit moontlik was, en gewéét het hoe dit is om getrou te bly aan jou ideale gevoed deur oortuiging en empatie. En aan die suiwerheid van eenvoud.

Ek kan nie voorgee dat ek die voorreg gehad het om hom te ken nie. Maar wat in my verweef lê is daardie één dag wat ons, danksy u bemiddeling, saam deurgebring het. ’n Dag sonder begin of einde met veel lig. Die plaas se naam was Betlehem. Of dalk Jerusalem. Al die Bybelse verwysings. Met Helderberg om ons te laat vergeet van die nabye nes van slinkses wat voorgee hulle is links: die Fariseërs en Sadduseërs wat ons enigste eersgeboortereg langs die Eersterivier verkwansel vir ’n bietjie aansien terwyl die taal nooit hulle s’n was om te verkoop vir ’n vuil skottel lensiesop nie. Hulle ganse lewe was seker een van selfveragting, en dit sal heimlik ook so bly.

Het ons enigiets spesifieks vir mekaar te vertel gehad daardie dag? Ek glo nie. Dit was nie nodig nie. En dit is ongevraagd om nou so ’n vals noot van verbittering te wil uiter. Ek wil glo Abraham luister nog iewers. Hy oordeel nie. Miskien voel hy net dis nie die stilte werd om te wil redeneer met ’n praatsieke vervreemde nie! Buitendien, die Boland is mooi in die herfs, met die skoonheid van verbranding.

Laat ek liewers in alle ootmoed vir hom sê ek treur ook in stilte, ek huil ook oor wat kon gewees het – ek is ook van ’n familie vol teenstrydighede en synvuur met wie ek nie om dieselfde vuur kon sit nie, maar op wie ek trots is. Mense vir wie ek deur die vuur sal loop. Want hulle is eerbare mense met, uiteindelik, net die verantwoordelikheid vir ’n lewe bevolk deur ander en met dieselfde verknogting aan ’n gedeelde geboortegrond, daardie onbevraagtekende lojaliteit teenoor die medemens as aardling, die ander wat beskerm moet word. Wie sal oordeel? Niemand is onskuldig nie.

Saam met sy broer het Abraham Viljoen ’n burgeroorlog voorkom. Gaan vra maar vir Nelson Mandela en Mac Maharaj en Albie Sachs. Gaan vra vir die bure en die werkers van die wêreld waar hy vandaan kom. Moenie vir Carl Niehaus vra nie – hy kan nie help om te lieg en te huigel nie… en dalk ook, wanneer niemand dit sien, ’n bietjie te huil nie. Moet ook nie vir Roelf Meyer vra nie: hy sal nie weet nie.

En wat het ons nou? ’n Volk wat nie ’n volk is nie en, vir dié van hulle wat oorbly, probeer oorlewe in ’n partystaat van plunderaars wat heers oor die gemors van woede en armoede, die haat en die vrees, die ongebreidelde vraatsug en die vernedering.

Was ons onbesonne om te droom dat dit anders kon wees? Is dit dan so eie aan die mense-natuur dat ons net lewe om mekaar dood te maak? Néé! Ek wil my verwerdig om te glo ons sou nog steeds dieselfde stryd gestry het, elk op eie manier. Miskien met minder selfverblinding (ek praat nou van myself) en meer geduld en begrip en wedersydse aanvaarding. Miskien met meer bereidwilligheid om te wil leer en verstaan.

Abraham sou, dink ek, wéér ’n stigterslid van IDASA wou wees, wéér saam met Van Zyl Slabbert na Dakar en Gorée reis op soek na erkenning van en geregtigheid vir ons almal. Wat anders kon hy doen? Hy was ’n man van geloof al het die haatdraendes in sy kerk hom verdryf en verguis. Hy was van daardie uitsonderlike voorbeelde wat wérklik omgee vir die swakkeres, die weduwees en die wese. Hy was een van dié wat dit tog die moeite werd maak om mens te wil wees.

Sy dood sal stil verbygaan. Tog, daar sal altyd mense wees, hoe onvolmaak dan ook, om sy lewe te gedenk. Sy stilte was dalk dié van ontnugtering en ontmagtiging – maar dit was ook die stilte van wysheid. Van iemand wat in geloof en oortuiging verder kon sien as die huidige gespartel om oorlewing. Die Vrystaat, in alle implikasies van stryd en van ruimte en van één-wees met die mensdom se noodlot, was eenvoudig te diep in hom verankerd om ooit op te wil gee. Hy vergestalt, en so sal dit bly, die oerkennis wat oor eeue van ons nietigheid strek:

die hart fatsoeneer géé
en kan nie anders nie

Ons wil vir hom hamba kahle, mfowethu, sê. Soos vir Madiba en Chief Van Zyl en Betsie du Toit en Beyers Naudé en Neville Alexander en Naamgenoot Fischer en Alex Borraine en Oom Tao Versfeld en Johann Degenaar en Dulcie September en Jan Rabie ... ons oermoeders en ons abbavaders.

En persoonlik, beste Lamé, wil ek dit kan doen in wat ons neem-en- eet se deel was in stilte en saamwees: ons voëlvrytaal in sonde en stryd ontvang en gebore, en die beliggaming kon wees deur vele lywe en met baie tonge van ons saam-mekaar-andersmaak, van ’n vry oopheid wat ons “Suid-Afrikaan” sou kon noem sonder om anderpad te hoef kyk, van die aardse en die sublieme, die banale en die ekstase, die skone en die skoonmaak, die behoudenheid én die omvorming… Miskien sou ook dit soos die lewe self net ’n handomkeer duur. ’n Mooi illusie. ’n Tutudroom. Maar dit sal ook ’n soeke na sin bly selfs al ontken ons die grammatika van menswees.

om diep en stip sonder wegkyk
In jou oë op te gaan
asof dit die laaste sien sou wees
van wat jy nog wou déél

om saam te neem na waar sien
en sien-nie nie meer bestaan

tot aan die donker flikkering
van die innigste woord
van kaalgestroop te word in ons taal:
ontslaap

Mag Braam rustig rus – Breyten Breytenbach

 

The post Elders gesien: RIV Abraham Viljoen appeared first on LitNet.

“O moenie huil nie, o moenie treur nie”: Nostalgie in tydskrifadvertensies

$
0
0

Liné Loff gesels met Angelique van Niekerk oor nostalgie in Suid-Afrikaanse tydskrifadvertensies na aanleiding van haar artikels wat in LitNet Akademies verskyn het:

Nostalgie is ’n woord wat ons almal ken en dikwels gebruik, maar dit is uitdagend om so ’n abstrakte begrip in woorde te omskryf. Kan jy asseblief kortliks verduidelik wat dit beteken?

Op ’n tekenvlak of beeldvlak het nostalgiese advertensies ’n ouwêreldse aard. Dit gaan om ’n verlange en ’n verromantisering van die dinge (mense, dinge, tye ens) wat was. Iets uit die verlede wat bekend is aan die bedoelde teikenmark word gebruik om hul te verlei en dan ’n behoefte na ’n bepaalde handelsmerk te wek. In haar boek The future of nostalgia (2001) verwoord Svetlana Boym dit soos volg: “One could speak about ‘inculcation of nostalgia’ into merchandise as a marketing strategy that tricks consumers into missing what they haven’t lost” (38). 

Hoe word nostalgie in die advertensiewese gebruik en is dit ’n goeie strategie wat suksesvolle bemarking teweegbring?

Teikenmarklede word as’t ware “sag” gemaak om aandag te gee aan die handelsmerk en dus ontvanklik te wees vir die boodskap van die adverteerder. Hierdie tekens van nostalgiese opwekking sluit mense (ikone), artefakte, tydsgewriguitbeeldings, kulturele uitdrukkings (kos, musiek) ens in. Die aandag van die teikenmark is die eerste prys vir die adverteerder.

Sukses is moeilik te meet. Gaan dit om advertensietoekennings of verhoogde markaandeel van die handelsmerk? Nostalgie is na my gevoel wel ’n goeie strategie om aandag vir ’n advertensie te help trek. As iets in die advertensie jou emosioneel tref, terugneem na iets in jou (of die) verlede, het die advertensie dus reeds jou aandag om dan verder met jou te kommunikeer oor hoe ’n bepaalde handelsmerk tot jou voordeel gaan wees.

Omdat nostalgie so persoonlik is, is dit ’n uitdaging om dieselfde advertensie tot baie uiteenlopende mense te laat spreek? Is daar sekere onderwerpe of temas wat gebruik kan word om groot teikenmarkte tegelyk te bereik, en hoe weet adverteerders watter elemente die gewenste reaksie sal uitlok?

Daar word onder andere tussen persoonlike en historiese nostalgie onderskei, met ander woorde dinge waaroor jy as individu persoonlik nostalgies voel weens jou unieke verlede en dinge waaroor ’n groep mense nostalgies kan voel weens ’n gedeelde geskiedenis (bv teikenmarklede wat in ’n sekere tydgees grootgeword het met sekere lekkergoed of televisiekarakters). Alhoewel ’n produk of diens potensieel deur almal gebruik of gekoop kan word, is ’n advertensie altyd gerig op ’n baie spesifieke teikenmark en dus nie op almal nie. Elke teikenmark word om verskillende redes oorreed om oor te gaan tot ’n koopaksie. Dit wat ’n jong werkende ma oortuig dat sy sekere graankos moet koop en dit wat ’n enkellopende jong werkende persoon gaan oorreed om dieselfde graankos te koop, gaan totaal verskillend wees. Dit waaroor verskillende teikenmarklede potensieel nostalgies sal voel, sal noodwendig ook verskillend wees. Ouderdom is ’n belangrike veranderlike, maar dit gaan om meer as dit. Motorentoesiaste se aandag sal byvoorbeeld met beelde van eertydse renjaers, enjins en veteraanmotors getrek kon word, terwyl modebewuste mense se aandag met beelde van klere en kostuumitems uit ’n spesifieke (nostalgiese) era getrek kan word.

Kan jy miskien een voorbeeld gee van ’n advertensie waarin nostalgie suksesvol ingespan is om die boodskap oor te dra, en kortliks verduidelik wat die uitwerking daarvan is?

Die eerste prys van ’n advertensie is altyd die aandag van teikenmark.

Die 2012-advertensie van ’n dekortydskrif val op weens die herkenning van die artefakte uit die huise in die sewentiger- en tagtigerjare in Suid-Afrika. As jy die items herken as byvoorbeeld iets uit jou ouma of ma se huis en ’n bepaalde gevoel (positief of negatief) word by jou geaktiveer, het die adverteerder jou aandag om verder met jou te kommunikeer. In dié geval kommunikeer die dekortydskrif dat as die dekor nie jou smaak verteenwoordig nie, hulle die antwoord/oplossing kan bied.

Die bostaande advertensie van Zonnebloem-wyne het ook ’n nostalgiese aard, in die sin dat tradisie oor generasies heen (’n groot tydverloop) die fokus is, want daardeur word hier geïmpliseer dat ’n lang tradisie oor letterlik dekades die rede vir die sukses van Zonnebloem-wyne is. Die kleurgebruik (fotografie) en die kleredrag van die karakters in die advertensie is maar enkele van die tekens wat gebruik word om op sigwaarde ook visueel die boodskap oor te dra.

Die volgende advertensie van Lip Ice verromantiseer die impak van die Argentynse politieke ikoon Evita Perón se verhouding met Juan in die laat veertigerjare. Hul liefde en impak word nostalgies geraam. Dieselfde geld ook vir figure soos die Amerikaanse bankrowers van die dertigerjare, Bonnie en Clyde, en die inspirasie vir films oor die verwoesting wat dié twee “duifies” gesaai het.

Jy het in jou navorsing spesifiek gekyk na tydskrifadvertensies. Dink jy dit is ’n bedryf wat besig is om te kwyn soos wat elektroniese media groei? Kan jou navorsing lig werp op hoe nostalgie in ander domeine ook gebruik word?

Tydskrifte verskyn nie net in gedrukte formaat nie, en ook in ’n elektroniese formaat is die visuele elemente belangrik om aandag te trek. Mense meld dikwels: “Daar is niks nuuts onder die son nie.” Die gebruik van nostalgiese elemente in advertensies en ook in ander sfere van die lewe is tekenend van eerstens die relevansie van nostalgie as “aanknopingspunt” en die nuwe verpakking van ou dinge in ook byvoorbeeld die modebedryf, kunsfotografie en meubelontwerp.

Lees ook:

Nostalgie as sosiale konstruk in advertensies in die Suid-Afrikaanse tydskrifmark

’n Ontleding van nostalgiegedrewe advertensies in Suid-Afrikaanse tydskrifte

The post “O moenie huil nie, o moenie treur nie”: Nostalgie in tydskrifadvertensies appeared first on LitNet.

Viewing all 22145 articles
Browse latest View live
<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>