Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21643 articles
Browse latest View live

Krieket in Pretoria-Oos

$
0
0
Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

Groot krieket in Pretoria-Oos as eerstespanne mekaar aandurf. Ons kom by die netjiese velde van een van die privaatskole aan en daar is groot opwinding.

Mense op die pawiljoen in baadjies, want dit is koud. Ons span se ouers is nog nie daar nie en ek soek eenkant ‘n plekkie in die son. Ek sit naby aan van die teenstanders se ouers en daar kry ek ‘n pragtige glimlag. Ma, saam met Pa en die kleiner boeties, se glimlag. Ons groet beleefd en dan kyk ek bietjie verder. Pragtige mamma - seker so 45 met ‘n blonde kop en ‘n amazing glimlag.

Sy is goed gebou en haar juwele wys sy is ‘n waardeerde mamma. Pa sit eenkant erg besig op die laptop en ons maak ‘n hele paar keer oogkontak. ‘n Paar keer is daar ‘n oomblik wat ons oë mekaar vind en dan is daar ‘n glimlag en “kom ons kyk weg”. Haar man is heelwat ouer as sy en dan loop hy om die veld met sy selfoon teen sy oor en beduie heen-en-weer. Sy stap na die winkeltjie toe en ek besluit dit is tyd vir koffie. Sy praat op die selfoon en ek bestel eerste. Sy ruik fantasties en dan sien ek die super stywe bloesie wat om 'n paar parmantige borste span. ‘n Netjiese baadjie en tights of ski pants verdwyn in twee boots. Alles lekker duur, as jy my vra. Dan vang sy weer my oog as ek kyk hoe parmantig hard twee stywe "mommy nipples" staan ... die soort wat perfek vir borsvoed is! Die eerste keer kyk en vinnig weg en die tweede keer besluit ek, ek gaan nie wegkyk nie. Ek kyk lank en hard ooglopend na die harde nipples en dan stadig op in haar oe. Sy glimlag breed en staan ander.

 "Jy moet beslis deelneem aan ons lucky draw. Vir R20 kan jy ‘n goeie prys wen!"

Ek haal my geld uit ... raai een of ander getal en vul my details in.

Ek kry my koffie en kaartjie en gaan sit. Tien minute later spring daar ‘n boodskap op whatsapp in. "Hi ... ek is *E." Ek antwoord en gou word dit ‘n lekker gesprek. Wie ons seuns is teen wie hulle al gespeel het en so aan.

Haar man loop verder weg en klim dan in ‘n lekker duur motor. Die jongspan speel krieket so 'n hele ent weg. Nou kan ons gesels al is ons net sowat 10-15 meter van mekaar af. "Lekker gekyk ... het jy dit geniet?" vra sy. "Jip, hulle is so lekker styf ek kon nie anders nie." Antwoord ek ... so gesels ons en die gesprek raak seksueel van aard. "Hoe lank getroud?" Ek antwoord en sy ook. "Gelukkig?" vra ek. "Hang af wat gelukkig is," sê sy.

"Is die seks ten minste goed?" vra ek. "Goed of gereeld vra sy!"

"Goed aan my kant, maar nie gereeld genoeg nie," antwoord ek. "Ook goed as dit gebeur, maar ook nie genoeg nie - so wat maak jy dan?" vra sy. "Wel, ek speel maar self ..." My antwoord. "Speel self ... ek ook ... hoe gereeld dan?" vra sy. "Ekke doen dit ten minste een keer ‘n dag," antwoord ek.

"Ek ook, maar dalk nie elke dag nie. Sodra die kinders en almal uit die huis is. Waar speel jy?" vra sy. "Sommer in die stort ... lekker warm en ek spoel al die bewsye weg!" So hou ons aan oor posisies, fantasieë en ons beide kyk ook stoute video's.

"Het jy al jou vrou verneuk?" vra sy. "Hang af wat jy as verneuk sien, waar sal jy die streep trek?" vra ek. "Weet nie, dink nie hy sal hiervan hou nie, maar dan sal hy nie uitvind nie." "Nou waar dink jy trek mens die streep?" vra ek. "Seks is uit, ek bedoel penetrasie, maar ook oral sex is uit, dink ek," antwoord sy. "So as mens saam speel of met die hand sal dit ok wees vir jou?" vra ek. Lang stilte. "Ek weet nie, wat dink jy?" vra sy. "Ek is ok met ‘n speel vir mekaar of met mekaar, en jy?" "Onseker, ek weet regtig nie, jy nie bang jy word uit gevang nie?" "Ons is mos mooi groot en nie stupid nie?" "My man is oor 30 minute terug so dit is nou of nooit!" sê sy. "Waar dink jy?" "Ek het ‘n sleutel vir die media, ek help party middae daar. Ek sal loop en dan volg jy, ok ... of sien jy nie kans nie?" vra sy. Ek is so kliphard ek sukkel om reg te loop. "Sien jou in 5."

Ek staan op en neem 'n oproep en loop so 'n wye draai om te sien waarheen sy loop.

Dan stap sy om die hoek en ek volg. Vier minute later is daar niemand nie en ek klop aan die deur en sy maak oop. Toe ek inloop sluit sy die deur en vra "Is jy seker hieroor?" "Definitief."

Ek sit so skuins op 'n bankie en trek haar nader en sy sit op my skoot met haar rug na my toe. Sy kan onmiddellik voel hoe hard ek is en sy wikkel op en af op my en ek voel hoe my hardheid in haar gleuf van haar skipants ingly. Sy is sopnat en warm en my hand gly om haar lyf en binne-in haar klere in. Haar nipples is kliphard en as ek hulle vat en trek en rol gooi sy haar kop agtertoe en ek soen ‘n warm soekende mond en haar tong gly diep in my mond in. My hand gly tussen haar bene in en ek vryf haar nat warm skipants. Dan druk sy my hand voor in haar skipants in en my vinger gly al die pad in die natste, sagste warmste getroude poesie in wat ek ook ooit gevoel het! Sy draai om en nou kan ek twee vingers diep ingly terwyl my duim haar verskriklike harde klit vryf. My kortbroek word weggetrek en ek kan voel dat haar linkerhand my op en af begin vryf. Ek kan die koue metaal van haar trouring voel en ek weet dit gaan nie lank hou nie! Ek stoot haar terug en ons tonge vleg inmekaar en sy gaan sit op die bankie.

"Wil jy my nie assbelief naai nie!" Ek trek vererg die skipants af en dan die koue vraag. "Het jy n kondoom?" "Ag fok tog ... waar sal ek, ‘n getroude man in my 40’s, 'n kondoom hê?"  dink ek. Geen ander opsie as om op my knieë te gaan en die poesie te lek en te suig nie. Binne sekondes kom sy in sulke groot sarsies.

Trek my kop diep in haar in en sy kom en kom en kom ...!!!!! Ek voel nog of sy ok is toe sak sy voor my neer en suig my diep in haar mond in. "Fok, nee, ek gaan in jou mond kom," waarsku ek, maar sy suig en vryf my op en af ...!!! Ek ontplof en spuit strome se frustrasie in haar mond in! Sy kyk my in die oë en ek sien weer die trouring op en af stoot en ek dink ek kom weer en weer. Ons sit en kyk mekaar en dan lag ons. Ons tel mekaar se klere op en ons trek aan. Ons drink saam water uit ‘n waterbottel en dan groet ons mekaar. Sy kyk of alles veilig is en dan glip ek eers uit en stap ‘n wye draai ... sy loop heeltemal ander kant toe.

Vyf minute later ‘n boodskap. "Dankie, jy het my krieketdag gemaak, groete E*."

The post Krieket in Pretoria-Oos appeared first on LitNet.


A moth, quivering

$
0
0

Desperately 
He distorted his vision
And read between edges
His eyes began to bleed
A moth was pulsating
In his periphery 

Defiantly 
He dismantled himself 
With crafted crimson characters
But he could not see them
The moth was flickering
Within his fancy 

Deathly 
Silence ensued
The moth trembled
The web stuck
As it strangled
Him in words
And the venom
Of his verse
Seeped as smoke
Into its nerves
He quivered
It stopped

More poems by Chris Taljaard

The post A moth, quivering appeared first on LitNet.

Slawe en die ontwikkeling van Afrikaans

$
0
0

Hierdie bydrae het deel gevorm van die Boekwurm-leeskring in Stellenbosch se onlangse daglange gesprek oor slawe en die Suid-Afrikaanse letterkunde.

kaap650

Het Caabse Vlek, F Riedel, 1779. (Bron: http://www.chavonnesbattery.co.za/blog/)

Wanneer daar gepraat word van die invloed wat die slawe en die proses van kreolisering in die Kaap op die vorming van Afrikaans gehad het, moet ons nie net dink aan spesifieke woorde wat inslag gevind het nie, maar ook en veral aan die grammatiese struktuur van die taal. Ook wat betref die uitspraak van die taal: Afrikaans klink immers baie anders as Nederlands – selfs as Vlaams. As ’n mens in Nederland die Nederlandse uitspraak van Indonesiërs hoor, klink dit vir my altyd na ’n soort Afrikaanse manier van Nederlandse woorde uitspreek. Hulle uitspraak van Nederlands is “platter”, minder nasaal – en volgens my eie teorie het die slawe dus ook ’n invloed op ons uitspraak gehad.

Van die bronne wat ek gebruik het, is Marthinus Valkhoff  se Studies in Creole and Portuguese with special reference to South Africa en Achmat Davids se The Afrikaans of the Cape Muslims. Dit het weer gelei tot ander bronne, waarvan veral die boek van JLM Franken uit 1953, Taalhistoriese bydraes, vir my baie interessant was. Hoewel hy in ontsettend outydse Afrikaans skryf, het hy baie moeite gedoen om in die Kaapse argiewe oorspronklike bronne te raadpleeg, naamlik die “Crimineele en Civiele Processtukken” uit die jare 1672–1772. Hy steun ook op talle ou geskrifte van buitelandse reisigers wat deur die land gereis het in die vroeë jare en wat voorbeelde van die taalgebruik opgeteken het, asook briewe van boere van voor en rondom 1800. Franken sluit betekenisvolle lyste met talle woorde in wat deur die Sweed Wikar (rondom 1779) opgeteken is tydens sy verblyf aan die Kaap. Daar is selfs uittreksels uit ’n ou dagboekie van ene Johanna Duminy-Nöthling uit 1797 wat belangrike inligting bied. Ek kan Franken se boek beslis aanbeveel: daarin is kostelike storietjies en voorbeelde opgeneem.

In sy boek maak Valkhoff ook uitvoerig gebruik van die bevindings van taalkundiges soos Hesseling wat in die laat 19de eeu in die Staatsargief in Leiden 30 volumes van die “Brieven en Papieren geckomen van Cabo de Bonne Esperance” deurgewerk het, te wete dié uit die jare 1663–1684, 1693–1695, 1701, 1716, 1722, 1747, 1760 en 1782 en daarna nog 10 volumes uit 1658–1662 en 1685–1691.

Valkhoff was emeritus professor in Portugees by Wits toe hy genoemde boek geskryf het. Die rede: baie slawe het Maleis en gebroke Portugees as lingua franca gebruik om mekaar te kan verstaan en om met die VOC-beamptes te kommunikeer; die slawe was komende uit die Indonesiese argipel, Bengale, Suid-Indiese Kus en Ceylon, en uit Maleisië, asook Madagaskar en die Oos-Afrikaanse kus, oral gebiede waar die Portugese vantevore nedersettings gehad en handel gedryf het (sien kaart in Achmat Davids, bl 39).

slawekaart

Die argiewe toon ook dat Malajoe of Maleis (wat op Arabiese skrif gebaseer is), asook Sunda, Bugis en Macassar (dialekte uit die Suidoos-Asiese argipel) aan die Kaap die Goeie Hoop geskryf en gepraat is. Hierdie tale het eenvoudige strukture en het invloed gehad op die kreolisering van die Hollands in die Kaap. (Voorbeeld: tronk = tarunka in Buganees en Sunda, wat dialekte uit Bali is.)

Ek was taamlik skepties oor Valkhoff se bewerings aangaande die gebruik van Maleis-Portugees as lingua franca, maar nadat ek Franken se boek onder oë gehad het, het ek genoeg bewyse daarvan gesien. Valkhoff beweer naamlik dat daar heelwat meer invloed van (Maleis-)Portugees was op Afrikaans as wat in die dae van die linguistiese nasionalisme (of nasionalistiese linguistiek) erken wou word (in die 1950’s en 1960’s). Dit het uiteraard betrekking op die struktuur van die taal. Hy wys ook daarop dat die Franse Hugenote, wat vroeg gekom het, maar baie min was (een-agtste van die wit bevolking, oftewel 175 in getal), en die Duitsers, wat eers later in groter getalle begin kom het, nie so ’n groot invloed op die vorming van Afrikaans kon gehad het as wat in ons kinderjare beweer is nie. Die Franse is trouens gedwing om Hollands te praat.

Die Hollanders wat in diens van die VOC was, het almal hulle eie dialekte gepraat. Geeneen van hulle was opgeleide linguiste nie; trouens, min van hulle kon selfs lees of skryf. In die Kaapse argiewe word byvoorbeeld melding gemaak van boere (in die omgewing van die Gouritsrivier) wat ’n soort harem gehad het wat Maleis-Portugees as taal van kommunikasie gebruik het. Franken bewys ook uit die hofstukke in die argiewe dat daar voor 1700 min tolking nodig was in die howe. Hy lys talle voorbeelde van getuienis wat in Portugees, Maleis of Hollands gelewer is, of wat deurspek was met woorde uit hierdie verskillende tale. Geen vertalings is bygevoeg nie, waaruit die afleiding gemaak kan word dat almal gemaklik al hierdie tale verstaan het.

*

Op hierdie punt wil ek eers net ’n paar definisies gee:

Pidgin: ’n Skielike noue kontak tussen vreemde volke wat nie mekaar se taal verstaan nie, lei tot ’n vereenvoudigde vorm van ’n taal waarmee hulle met mekaar kan kommunikeer. Dit gebeur veral in situasies waar handel plaasvind. Die vorm wat ontwikkel, is niemand se moedertaal nie, maar word deur almal aangewend of aangeleer ter wille van kommunikasie. ’n Pidgin kan bestaan uit woorde, klanke, liggaamsgebare of enige ander maniere van kommunikeer uit verskeie tale en kulture. Soms kom die woordeskat uit een taal en die struktuur kom uit ’n ander taal. Gewoonlik verdwyn ’n pidgin na ’n paar dekades (gewoonlik na een geslag), maar daar is uitsonderings, byvoorbeeld Sjinese Pidgin-Engels (of Chinglish) wat al drie eeue lank gebruik word. Fanakalo is ook so ’n pidgin.

Kreools: Kreools is die taalvorm wat gevorm word uit wat aanvanklik ’n pidgin is en genaturaliseer is, met ander woorde wat as ’n moedertaal deur mense gepraat word. Voorbeelde van lande waar dit gebeur (het): Jamaika, Haïti, Mauritius en Reunion. Kreools is die taal wat gepraat word deur die kinders van die mense wat pidgin gebruik het. Soos wat die kinders grootword, brei hulle die woordeskat, uitspraak en grammatika uit, sodat hulle dit as ’n moedertaal kan gebruik. Waar pidgin dalk net ongeveer 300 woorde het, sal ‘n kreoolse taal tipies 1 000 tot 3 000 woorde bevat. ’n Voorbeeld van ’n taal wat pidgin was weens handelsbetrekkinge, en wat ontwikkel het via die kreoolfase tot ’n volwaardige taal, is Swahili. Wat Afrikaans betref, glo Valkhoff   dat die Khoikhoi en die slawe verskillende vorme van pidginisering en kreolisering ontwikkel het wat uiteindelik meegehelp het tot die latere vorming van die volwaardige taal Afrikaans.

Kreools hoef egter nie noodwendig deur ’n pidgin voorafgegaan te word nie. Volgens Salikoko Mufwene, ’n professor in linguistiek aan die Universiteit van Chicago, is daar ook kreole wat ontwikkel het in kolonies waar sprekers van ’n Europese taal, wat dikwels ingeboekte arbeiders of kontrakwerkers was – soos die VOC-werkers – en wie se taal uit die staanspoor al klaar alles behalwe standaardtaal was (maw hulle het almal hulle eie dialekte gepraat), uitvoerige interaksie met nie-Europese slawe gehad het. Sekere woorde en eienskappe van die slawe se moedertaal is dan in hulle taalgebruik opgeneem, wat ’n hewig “gebasilektaliseerde” weergawe van die oorspronklike taal tot gevolg gehad het (dit beteken: die taal wat ontstaan het, was ’n minder gesaghebbende of minder “algemeen-beskaafde” weergawe van die oorspronklike taal, of beskou as op ’n “laer vlak”). Myns insiens is dit wat tydens die ontwikkeling van Afrikaans gebeur het.

In ’n later stadium van ’n taal vind standaardisering dan plaas, wat uit die volgende stappe bestaan:

  1. Kodifikasie: die taalstruktuur ontwikkel (dws fonologie, grammatika, leksikon en ortografie).
  2. Uitbreiding vind plaas (wydverspreide gebruik kom voor).
  3. Algemene aanvaarding deur die gemeenskap kom voor.
  4. Standaardisering (vir Afrikaans in die laat 19de en vroeë 20ste eeu).

Hier volg ’n paar algemene eienskappe van pidgintale, wat ek hier aan die hand van Afrikaanse voorbeelde verduidelik:

  1. Eenvoudiger grammatika, byvoorbeeld:
  • ongekompliseerde sinstrukture, nie bysinne of ingebedde sinne nie
  • aanduiders vir geslag is afwesig (bv die vrou, die kind, die perd). In die Kaapse spreektaal is daar al gou geen onderskeid meer tussen “de” en “het” nie en selfs in die geskrewe taal maak die mense dikwels foute; selfs by verkleinwoorde word “de” gebruik (sien bv Franken bl 153, hoewel die voorbeelde daar eers later, rondom 1779, deur Wikar aangeteken is). Een voorbeeld van foute in die sogenaamde Nederlands is deur De Wet, wat Wikar se aantekeninge redigeer – sien Franken
  • gebrek aan onderskeid tussen naamvalle (“ons” vir alle naamvalle in plaas van “wij” – so vroeg as 1706 kom dit reeds voor, netnou meer daaroor)
  • getalsaanduiding en verbuigings ontbreek by werkwoorde (enkelvoud en meervoud dieselfde – “ek eet” en “ons eet”).
  • vereenvoudiging van tydsaanduiding (het ge-)
  • sterk werkwoorde word swak (bv het gekom, het geval)
  • plusquamperfectum verval (“ek het gekom” in plaas van “ik was gekomen”)
  1. Duplikasie kom dikwels voor, bv nou-nou, lag-lag.
  2. Vereniging van funksie of vereenvoudigde konstruksies, soos “sy skuld my baie”, teenoor “zij is me veel verschuldigd”, “die skaap dood”, “hy het die berg ge-oor”, “ek kon die rivier deur” – laasgenoemde van Langenhoven.
  3. Fonetiese assimilasie (kinders – kinners, perde – pêre, sonde – sonne).
  4. Wegval van klanke, bv skof (schoft), stip (stipt), naak (naakt), kuns (kunst), mag (macht), asook die Hollandse “–t” by die 3de persoon enkelvoud (vroeg reeds vind ons “loop”, “zoek”, “vertel”, “maak”, ens).
  5. Ook klankverandering, bv by die verkleinwoorde en meervoude: bossies, stukkie, lappie, takkie, ens (hoewel hierdie verskynsel ook by sekere Nederlandse dialekte voorkom) en meervoude: kinders (in plaas van Nederlands “kinderen”), hoenders, vrouens, ribbes, mans.

’n Paar voorbeelde van Khoi-invloed op Afrikaans:

  1. Woorde wat te doen het met alledaagse (kinder)sorg en algemene kommunikasie (die kinders word grootgemaak deur Khoi-vroue, en hulle vertel stories en gebruik “words of affection”): aitsa, eina, “e” (vir “ja”), “e-e” (vir “nee”), hoeka, abba, karos, ougat (meer hieroor later).
  2. Tendens vir verkleinwoordjies.
  3. Klankoornames: hartebeeshuisie (“harub” is ’n mat van riete).
  4. Klankvervorming: bietjie (beetje), kiesieblaar (keesjesblad) – hierdie verskynsel kom ook in sommige Nederlandse dialekte voor, soos ek reeds genoem het.
  5. Lê, sê (uit die vroeëre “leg” en “seg”).
  6. “Se” – ma se kind, nou se dae, uit die Nederlands wat “zijn” en “haar/d’r” was, maar slegs die manlike vorm bly behoue.
  7. Vorme soos “pa-goed”, “baas-goed” in die Boland en Namakwaland, en wat in Standaardafrikaans “pa-hulle” en “baas-hulle” geword het.
  8. Die “en”-konstruksie soos in “sit en slaap”, wat in Nederlands “te” is – “hij zit te slapen” – aan die hand van Nama. Ook “sit-sit”, “staan-staan”, “lê-lê”.

Hesseling gee (algemene) verskynsels in kreolisasie, en gee dan voorbeelde daarvan wat gelei het tot Afrikaans, soos die gebrek aan verandering aan klinkers:

  1. tussen enkelvoud en meervoud by selfstandige naamwoorde. Bv in Nederlands: rad – raderen, Engels: goose – geese. Afrikaans is half tussenin, met sommige voorbeelde waar dit wel plaasvind en ander waar dit nie gebeur nie: gat – gate (of gat – gatte; weliswaar met ’n ander betekenis!), en dak – dakke, maar vat – vate en skot – skote.
  2. by wisseling tussen teenwoordige en verlede tyd, bv “ik kom, ik kwam” (Eng I find, I found). Sulke werkwoorde het feitlik verdwyn in Afrikaans; daar is slegs ongeveer ’n halfdosyn oor: kan – kon, moet – moes, sal – sou, wil – wou, is – was.

Voorbeelde van woorde wat deur slawe in die taal ingebring is, is:

kabaai (nagkabaai), soebat (Maleis), baie = bannyak in Maleis, maar ook “banni” in die plat Duits van Franken. Dit het glo vervorm deur “banja”, “banjang”, “banyang” en “baiing”. Hierdie vorme word almal in 18de-eeuse Hollandse dokumente uit die Kaap gevind. Ander voorbeelde uit Maleis-Portugees: pondok, kapok, katjiepiering, piering, ghomma, blatjang, nonna, baklei, krabbetjie, tjap, tjommel, tamaai, baadjie, atjar, piekanien.

In die Afrikaans van die Kaapse Moslems is daar vandag nog baie meer woorde wat die kreoolse aard van Afrikaans beklemtoon as wat daar in die huidige Standaardafrikaans te vinde is. Bv ghielap = van Maleis “kilat”: weerlig; ghoentoen = van Maleis “guntur”: donderweer; mannie-kamer (van Maleis kammar-mandi: badkamer; slambie-er (van Maleisiese werkwoord “slamblee”: slag; djamang – toilet, kasa = gelofte; memme = pleegmoeder. (Dink ook aan voorbeelde uit ID du Plessis en uit Hubert du Plessis se musiekwerk Slamse Beelde: “Abassi het gelambaar met Fatima ...”).

Die kwessie van die dubbele ontkenning in Afrikaans is interessant. Op skool is ons geleer dat dit van die Franse “ne ... pas” afkomstig is. Maar as ’n mens in die Nederlandse geskrifte van die 17de eeu kyk (soos bv in die Kaapse argiewe en ook in die argiewe in Den Haag), sien jy die Middelnederlandse konstruksie “niet ... en”, en in Kreoolse Portugees kom die konstruksie “na ... fa” voor, wat dus beteken dat albei laasgenoemde konstruksies maklik onder Khoi- en slawe-invloed in “nie ... nie” kon verander het.

Wikar (in Franken bl 154) kry ook voorbeelde waar daar “wat” gebruik word in plaas van die Hollandse “dat” (de grasvlakte wat ik gezien het, het wild wat zy schieten, al zyn vee wat hy heeft), asook “een mens” in plaas van “men”. Die oorgang van “v” na “w” (sien Franken bl 158.), bv in woorde soos “bowe”, “tewens”. Sien ook die lang lys van veranderde woorde by Franken (bl 159).

Valkhoff skryf ’n paar verskynsels aan Engelse invloed toe, maar Franken gee voorbeelde van hierdie verskynsels wat reeds deur Wikar opgeteken is in 1779:

  1. Diep dam (in plaas van “diepe” in Nederlands) of “groot boom” in plaas van “grote” by Nederlandse woorde met die lidwoord “de”.
  2. Die “ge-” by sekere werkwoorde wat verdwyn: het probeer.
  3. Die “-s” by die meervoud, bv spreeus, neefs (ek het dit reeds hier bo genoem).
  4. Sametrekking (kondensasie), weglating, bv by moenie (moet het niet), hoekom (hoe komt het dat), glo (ik geloof), weglating van “dat” – ek dink hy het dit gedoen. Of “onderkant Eersterivier” in plaas van “onderkant van die Eersterivier”, of sonop, sononder.

*

Volgens Valkhoff is dit moontlik dat die Europeërs ’n aangepaste taal gebruik het in hulle omgang met hulle werkers en slawe. Reeds in 1685 as baron Van Rheede in die Kaap aankom, merk hy al ’n verskil in die taal van die mense hier. Omdat die Khoi-vroue die Europeërs se kinders oppas, hulle grotendeels grootmaak en vir hulle stories vertel in hulle gebrekkige Hollands, na-aap die kindertjies dit. Ook die volwassenes (wat in die eerste plek in ’n groot mate ongeskool was, dikwels ongeletterde arbeiders van die VOC met hulle onderskeie dialekte) praat ’n vereenvoudigde Hollands omdat hulle reken hulle beter verstaanbaar sal wees vir die bediendes en die slawe.

Bowendien was daar in daardie tyd in elk geval nog nie ’n “Algemeen-Beschaafd Nederlands” of amptelike spelreëls in Nederland nie. Daar was dus baie dialektiese verskille onder die werknemers van die VOC. As die taalgebruik in die Kaap Van Rheede dus so opgeval het dat hy dit nodig gevind het om iets daaroor te skryf, moes dit duidelik merkbaar gewees het. Valkhoff meen dus dat ’n wesenlike verskil in taalgebruik dus alreeds teen 1685 teenwoordig was. Franken ondersteun hierdie siening op grond van sy eie navorsing in die argiewe.

Die laaste deel van Valkhoff se boek bevat ’n opstel wat in 1938 deur J Hoge van die Universiteit Stellenbosch geskryf is, en wat oor die Vryburgers handel. Hoge beweer dat daar in 1667 slegs 19 blanke vrouens in die Kaap was teenoor 100 mans. Rondom 1682 was daar slegs 25 blanke vrouens. Die meeste blanke mans in die Kaap was soldate en matrose, maar selfs die Vryburgers was volgens Zacharias Wagenaar (Jan van Riebeeck se opvolger) se opinie, “versopene, luije, lompe vlegels”. Die goewerneurs wat Wagenaar opgevolg het, het dieselfde klagte gehad. Daar kan dus aangeneem word dat baie van die Europeërs hulle seksuele behoeftes by die Khoi-vroue en slavinne bevredig het. Die slawelosies was vol buite-egtelike kinders. Aanvanklik het die Kompanjie nie omgegee dat die slawegetalle op hierdie manier uitbrei nie. Wit vaders het egter dikwels hulle buite-egtelike kinders losgekoop, wat beteken die Kompanjie het hulle verloor. In 1678 is ’n wet uitgevaardig wat buite-egtelike verhoudings verbied, maar natuurlik sonder welslae. Daar is toe ook bordele geopen, en strenger reëls en klopjagte het gevolg.

In 1685 vaardig Simon van der Stel ’n wet uit (hy self was van gemengde bloed – sy ma was ’n vrygekoopte slavin): as iemand in die slawelosie betrap word, moet hy saam met die slawe werk. As hy ’n kind verwek, moet hy onderhoud betaal. As hy dit nie kan bekostig nie, moet hy as ’n slaaf werk totdat die kind self kan begin werk.

Geen van die talle ingestelde maatreëls het enige effek gehad nie. Dikwels het sulke pare getrou, as gevolg van die gebrek aan wit vrouens. Veral as die inheemse of nieblanke vroue gekersten was, was hulle op gelyke voet met blankes. Die huweliksregister van die Gereformeerde Kerk in Kaapstad lewer bewys daarvan.

In die 18de eeu het hierdie soort huwelike selfs nog meer dikwels voorgekom. Maar hierdie vrygemaakte slavinne of meisies van gemengde bloed se vanne was meestal Westers, bv die vanne van hulle vorige baas, sodat die feit dat hulle van gemengde bloed was, dikwels nie in die huweliksregister weerspieël is nie. Daar is selfs ’n paar gevalle van wit vroue wat met slawe of nieblankes trou. Hans Heese gee in sy boek Groep sonder grense talle gevalle aan waar gekerstende nieblankes tot aan die einde van die 18de eeu in die blanke gemeenskap aanvaar en opgeneem is.

Franken gee in sy boek ’n voorbeeld van ’n gesprek van slawe rondom die jaar 1706. Dit is opgeteken deur ’n Hollander genaamd Van der Heiden, wat saam met die ontsnapte slaaf Ari van Bengale in die kasteel se kerker opgesluit was. Ari is as kind deur die Hollanders opgepik toe hy saam met maatjies op die strand gespeel het wes van die Indiese dorp Surat. Hy is telkens aan ander base verkoop, en ten slotte kon hy dit nie uithou by sy laaste baas, Jan Lourens van Rostock nie, weens erge mishandeling. Daarom het hy gevlug. Hy kom dan ander slawe teë wat ook gevlug het, en hulle gesels as volg met hom: “Ons soek kost hier, ons al gedaan weglope, ons denk jou ook so.” Hulle stel voor dat hulle die plaashuis wil afbrand in ’n poging om kos in die hande te kry. Ari antwoord egter dat hy niks by hom het om mee vuur te maak nie, waarop hulle antwoord: “Ons het vuur genoeg.”

Kenners stem saam dat Afrikaans as ’n onafhanklike taal reeds teen 1750 bestaan het, dus binne slegs honderd jaar ontwikkel het. Valkhoff stem nie saam met taalkundiges wat beweer dat die meer gegoede mense in die Kaap slegs Hooghollands gepraat het nie. Hy noem sulke taalkundiges se sienings “kompartementalisme” of “taalkundige apartheid”, en ook “albosentrisme”, wanneer hulle al die verskynsels vanuit Nederlands, Vlaams en die Platduitse dialekte wil verklaar. Dit is natuurlik waar dat aangesien Afrikaans teen 1750 nog nie eintlik geskrewe was nie, dit altyd spekulatief sal bly in hoe ‘n groot mate dit in gebruik was, en wat die presiese vorm daarvan was. Valkhoff verwys ook na Swaving, wat in ’n boek getiteld Swaving’s zonderlinge ontmoetingen en wonderbaarlijke lotswisselingen na zijne vlugt uit Delft (1830) oor sy waarnemings vanaf 1827 skryf dat die “bastaard Hollandsch” deur die boere, slawe, Bantoe, Khoikhoi en “kleurlinge” gepraat is. Dit is duidelik dat Swaving niks noem van gegoede mense wat steeds Hooghollands praat nie. Op hierdie stadium was dit dus eintlik net mense wat in Nederland gebore en opgevoed was wat nog sogenaamde “suiwer” Nederlands gepraat het. Valkhoff lei ook af dat ware of egte Afrikaans onder die kleurlinge gepraat was lank voordat dit geskryf is. Die boere het dus wel Afrikaans gepraat, maar tevergeefs voortgegaan om Nederlands te probeer skryf (hoewel dit meer van ’n mengsel was, ’n onwerklike kompromis tussen Nederlands en Afrikaans). Merwe Scholtz stem met Valkhoff saam dat daar nie ’n wesenlike verskil was tussen die Afrikaans van die wit boere en dié van die kleurlingbevolking nie. Hy vermoed dat by meer formele geleenthede die meer “opgevoede” mense na Nederlands geneig het, maar dat in die meer informele situasies meer soos die “laer” bevolkingsgroepe gepraat is.

Achmat Davids skryf dat Moslemgetalle veral teen die einde van die 18de eeu baie gegroei het. Teen 1842 was een derde van die bevolking in Kaapstad Moslems. Daar was madrasas, ook vir die slawe: daar het hulle ook geleer om te lees en te skryf, met behulp van Arabiese letters. Die eerste madrasa is in 1793 in Dorpstraat in Kaapstad oopgemaak. Die lesse in die madrasas was in Kaaps-Hollands (oftewel Afrikaans), maar die handboeke is neergeskryf in Arabiese skrif. Daar is min inligting beskikbaar oor die mate van geletterdheid onder die slawe, maar die kulture voor Islam, bv die Hindoeïsme, het ’n literêre tradisie gehad. Die Londen Missionary Society het dit as ’n bedreiging beskou en in die 1830’s skole oopgemaak vir “slawe”-kinders – van wie baie Moslem-kinders was – om in Engels onderrig te word, maar alles moes in Kaaps-Hollands verduidelik word. In die loop van die 19de eeu kon byna niemand meer Maleisies (Malajoe) praat nie – almal het Kaaps-Hollands gepraat – hoewel Franken nog verwys na ’n paar oumense wat tot in die vroeë 20ste eeu hier en daar nog Maleisiese sinsnedes geken het.

In die argiewe in Leiden kan gesien word dat die Koran by Macassar gelees is en dat Sjeik  Yusuf wat daar gebly het, traktate geskryf het. Die radja van Tambora, sultan Abd-al-Basir, was ’n politieke banneling in die tweede helfte van die 17de eeu en hy het die Koran uit sy kop neergeskryf. Francois Valentyn het dit in 1705 by Vergelegen gesien tydens sy besoek daar. Uit ’n brief wat die slaaf Gedult geskryf het, kan ook gesien word dat van die slawe wel kon lees en skryf. Ook die slaaf September kon skryf. Frans van Bengale (hy was die leier van die Javaanse korps by die slag van Blaauwberg in 1806) het in 1800 ’n brief in Arabiese skrif maar in Kaaps-Hollandse taal geskryf. ’n Bewys daarvan is in die Kaapse Argief.

Jan van Bugies, wat van Batavia was, het onderrig gegee by die Dorpstraat-madrasa. Hy het in 1786 as slaaf gekom en is gekoop deur die vrye slavin Salia van Macassar wat toe met hom getrou het en hom op dié manier vrygestel het. Hy het verskeie tale geken en hy het in 1836 ’n brief geskryf aan die South African Commercial Advertiser met gekreoliseerde Hollandse woorde in (sien Achmat Davids, bl 55).

slaweskrif1

Later het hy sy eie moskee in Langstraat begin wat vandag bekendstaan as die Palmboom-moskee. Die brief is ’n huldiging aan sir Benjamin D’Urban, by dié se dood. Dit is geskryf in Maleisies (Malajoe) en in Jawi-skrif, maar met talle Afrikaanse woorde tussenin, bv “die dienst”, “priester”, “kaptein”, “ghanaraal”, ens.

Teen die tyd dat die slawe in 1836 vrygestel is, was Arabiese skrif vry algemeen onder hulle gebruik om Kaaps-Hollands mee te skryf. ’n Eerste boek is in 1856 in Arabiese Afrikaans gedruk, maar dit bestaan nie meer nie. Abubkr Effendi het in 1869 ’n boek in Konstantinopel, Turkye uitgegee (sien Achmat Daivds, bl 221). ’n Transkripsie daarvan het in 1881 verskyn in die Nederlandsche Spectator in ’n artikel met die titel “Mohammedaansche Propaganda”. 

slaweskrif2

Teen die begin van die 19de eeu is Afrikaans gepraat, en hoewel daar moontlik ’n verskil was tussen die taal van die slawe en dié van die algemene publiek, was daar volgens Valkhoff nie vyf verskillende lae van spraak soos wat HJJM van der Merwe te kenne gee nie. Valkhoff interpreteer dit direk uit die geskrifte van Burchell (’n skilder wat in 1810 deur die land gereis het), asook Lichtenstein, wat van 1803 tot 1806 in die Kaap was. Dié twee skrywers noem ook die invloed van Maleis en Portugees op die gekreoliseerde Nederlands. Daar was later nog ander buitelandse waarnemers, onder wie Teenstra en Boniface, maar daar is nie tyd om nog in meer besonderhede in te gaan nie, want ek beperk my tot die jaar 1836, met die vrystelling van die slawe.

In die loop van die 19de eeu het die taal as gesproke taal meer gevestig geraak. Amptelik was die moedertaal van die Kapenaars steeds “Hollandsch” en die opgevoede mense het steeds voorgegee dat hulle dit besig, veral in geskrewe vorm. Maar die dagboekie van Johanna Duminy-Neethling wys ’n taalgebruik wat baie na aan die spreektaal is. Dit is hierdie gesproke taal wat die taalvaders later doelbewus begin skryf het om van Afrikaans ’n erkende, amptelike taal te maak.

The post Slawe en die ontwikkeling van Afrikaans appeared first on LitNet.

SA op die praatbank: Godsdiens op die rusbank

$
0
0

praatbank

In 2010 het LitNet die volgende vraag aan LitNet Akademies-geledere gestel:

As Suid-Afrika op sy/haar rug op die praatbank sou lê en sy/haar vreugdes en/of pyne sou uitspreek, wat sou jy aanhoor? Dalk prewel die land geheimenisse teenoor jou. Dalk is hy/sy bekommerd oor misdaad. Of droogte. Dalk ly hy/sy aan depressie. Dalk is hy/sy op haar einde. Of ’n uitbundige puber. Wat pla ons komplekse land?

Cas Vos het geantwoord: 

Van die begin af het God en die mens vasgesit. Al het alles edel en skoon begin. Twis het gou uitgebreek. God en die mens is van mekaar vervreem. Vervreemding is in die mens se bloed. Maar daar het nóg ellende gewag. Die een broer het die ander doodgeslaan. En dit was die begin van die een moordslag na die ander. Die geskiedenisboeke is met bloed geskryf. Van 1652 af tot vandag toe.
         
Verskillende gode het deur die eeue om die besit van mense se harte gebie. Soos op ’n vendusie, was daar talle winskope. Mense het agter gode aangedrentel. Hulle het ook self gode gemaak. Papiergode, geldgode, modegode, seksgode en noem maar op.
         
In ons land met sy vele godsdienste is daar ’n gewedywer om mense te wen. Die een sweep die emosie op, die ander koel die kop af en nog ander vra geld en goed.
         
Wat doen godsdienstige mense aan en met mekaar? Destyds was die Samaritane die verstotelinge. Hulle was van ’n nie-aanvaarbare afkoms en die tempeldeure was vir hulle gesluit. Al ís ons nie almal só nie, máák ons vandag dikwels ook nog só. Die verstoteling lê bloedbelope langs die pad. Hy/sy haal skaars asem. En ons gee hom/haar nog ’n klip of ’n skop. Die ellende van ander raak ons skaars. Daar is die hoog-bloei van misdaad, die aakligheid en vernedering van verkragting, korrupsie, die vasmaak van die tong.
         
Watter rol behoort godsdienste in hierdie land te speel, al verskil hulle in leer van mekaar?

Elke godsdiens het die reg om sy God op sy manier te dien en te aanbid. Ons moet nie op mekaar neersien en mekaar minag nie, al dink en lees ons ons Brontekste anders. Daar is sekere waardes wat ons soos snytjies brood met mekaar moet deel. Liefde is so ’n grondwaarde. Dit is die hartklop van die lewe. Sonder die liefde is alles niks. Dis juis liefde wat ons leer om vir mekaar om te gee. Die ander is iemand op my pad, iemand wat ek kan ontmoet (Buber). Ook lyflik kan ontmoet. Die ander is iemand by wie ek lewenswysheid kan leer.

Ons moet mekaar kan vertrou. Wantroue en agterdog is nogal eie aan ons samelewing. Natuurlik het ons dikwels rede om die ander te wantrou. Die een wat my oopoog bedrieg en belieg het. Ons gee hoog op oor ons eie menswaardigheid, maar sien dikwels neer op ander s’n. As ek nie respek vir ’n ander se menswees het nie, kan ek ook nie respek vir my eie hê nie. Godsdiens behoort ons meer wysheid te leer. Dis nie om dowe neute dat daar soveel wysheidsboeke in die Bybel is nie. Dink maar aan die Psalms, Spreuke, Prediker en Job.

Godsdiens behoort ons meer oor onsself te leer. Hoe bedrieglik en selfsugtig ons eintlik is. Ons het die ander, in die woorde van Emmanuel Levinas, nodig om krities na onsself te kyk. Dit sal ons nogal help om in hierdie land dan anders met ander om te gaan.

Orhan Pamuk skryf insiggewend oor verkeer en godsdiens. In Teheran was die verkeerswette onverbiddelik afgedwing. Net so is die wette van die Heilige Boek genadeloos op mense se lewens afgedruk. Pamuk het gou geleer om sy pa se motor in die verlate strate te bestuur waar hy die wette na hartelus kon ontduik.

Natuurlik moet daar wette wees, ook godsdienstige grondreëls, maar dan moet daar ook vryheid wees. Vryheid om te dink, te praat, te leef en te droom. Juis in vryheid kan ons eie en ook die ander se andersheid gevier word.

Staan van die rusbank af op. Gaan straat toe. In die woorde van Breyten Breytenbach moet ons leer om mekaar “sonder skaamte/ in die oë te kyk — / want die lewe is ’n asem lank”.


praatbank_cas240

 

The post SA op die praatbank: Godsdiens op die rusbank appeared first on LitNet.

SA op die praatbank: My land se mond praat pront

$
0
0

praatbank

In 2010 het LitNet die volgende vraag aan LitNet Akademies-geledere gestel:

As Suid-Afrika op sy/haar rug op die praatbank sou lê en sy/haar vreugdes en/of pyne sou uitspreek, wat sou jy aanhoor? Dalk prewel die land geheimenisse teenoor jou. Dalk is hy/sy bekommerd oor misdaad. Of droogte. Dalk ly hy/sy aan depressie. Dalk is hy/sy op haar einde. Of ’n uitbundige puber. Wat pla ons komplekse land?

Zandra Bezuidenhout het geantwoord: 

Suid-Afrika lê op die pynbank en sy braak. Ek hoor haar aan terwyl sy stik aan die viesigheid wat by haar strot, neus en ore uitkom; aan alles wat sy altyd teruggesluk het ter wille van skynordentlikheid – en behendig ook, want dis hoe sy gepekel is, oor geslagte heen, as pure biltongland.

Luister na haar stotterspraak uit haar diepste gedermte: “Ek is op van maak of dit oukei is met my en my vodderige volk. Want ek is tot kotsens toe naar van die soort mense wat ons is: kuddes wat ons eie skaapagtigheid nie ken nie, omdat ons nooit geleer is om te dink en te delf nie. Ons is ’n banale nasie van napraters, gerieflik lui en tevrede met ons kleinburgerlike bestaan, waar ons soos parasiete aan hierdie suidhoek vassit. Weet van niks. Stel belang in niks. Veilig verskans in sepies, vetetjies, praatjies, gedoentetjies. ’n Wêreld gaan aan ons verby terwyl ons aanslof in ons crocs, volgevreet aan middelmatigheid, reisende na Sun City of Mauritius … die einders van ons bestaan.

“My binneste brul oor my mense wat die verskil tussen 7de Laan en snert nie ken nie; wat geen ander verwysingspunt as Idols, snoekbraai of die balle van die Blou Bulle het nie. So bang vir ’n boek en ’n boekwinkel soos ’n non vir ’n bakkapel. Wat koerante as ’n luukse beskou, en skryf gelykstel aan die pons van ’n SMS. Wat geen ingeligte gesprek of stewige argument kan voer nie. Waar selfs ‘geleerdes’ se wêreld eindig tussen die diefwering en die vibracrete-muur. Eendimensioneel tot in hul ingroeitoonnaels, al pryk die gradefoto’s op die kaggelrak.

“Hoe het my land so versadig geraak van spookasem, in die waan dat kreatiwiteit begin en eindig by laslappies, en desnoods ’n pragstuk van ’n kwilt vir die basaar. Ons tooi ons tieners in walglike kokarre vir die matriekafskeid, huur lang motors om die japsnoete in stoete aan te ry; stuur hulle universiteit toe vir fuifpartye en beloof hulle ’n bruilof in oranje organza met stringe feetjieliggies. Ons kook uit glansboeke, dek tafels volgens temas, kuier voor Kersfees by kamers vol geskenke. Ons bou bomas, binnebraaie en jacuzzi’s. En ons tjank oor die lewenskoste. Tog gaan die honger van die armes ons nie aan nie. Hulle nood is nie ons nood nie. Ons vra wat soek hulle hier – maar wat ons hier soek, kom in ons harte nie op nie.

“O my mense, julle breine blaas borrels. Julle verdien om te vergaan, want aan volledige menswees het julle niks. Kennis is vir julle ’n vermoeienis; gedigte ’n onbegryplike gruwel. Die domeine van die gees interesseer julle nie, en julle skedels ratel. Julle verdien om te verstik aan julle brandewyn en Coke; om te verskroei soos sosaties wat in rookkolomme opgaan.

“My braking sal bedaar die dag as julle behae skep in die verwondering aan alles wat werklik van waarde is, van ver en van naby; en wanneer julle daaroor begin nadink, skryf en sing – so spontaan as wat julle bring en braai. Die dag as julle jul grense versit, jul ontdekkings met mekaar deel in boeke en briewe, in verf en klip, in die vlerkgeruis van viole. Want julle moet die vlug van die denke leer ken om in die groot heelmaak te groei.

“Daardie dag sal my klaaglied stil word; wanneer my land se oë van wysheid straal, en alles begin heg deur die blink antenna van die verbeelding.”

Toe het haar mond ontspan, die laaste bitter uitgespuug, en ek het haar lippe met ’n gehekelde jammerlappie afgespons.


 

 

The post SA op die praatbank: My land se mond praat pront appeared first on LitNet.

SA op die praatbank: Sonder luister – die geesteswetenskappe in Suid-Afrika

$
0
0

praatbank

In 2010 het LitNet die volgende vraag aan LitNet Akademies-geledere gestel:

As Suid-Afrika op sy/haar rug op die praatbank sou lê en sy/haar vreugdes en/of pyne sou uitspreek, wat sou jy aanhoor? Dalk prewel die land geheimenisse teenoor jou. Dalk is hy/sy bekommerd oor misdaad. Of droogte. Dalk ly hy/sy aan depressie. Dalk is hy/sy op haar einde. Of ’n uitbundige puber. Wat pla ons komplekse land?

Desmond Painter het geantwoord: 

In ’n opstel wat nou reeds kanonieke status in die geesteswetenskappe verkry het, vra Gayatri Spivak (1993) hierdie steeds dwingend relevante vraag: “Can the subaltern speak?” Die “subaltern”-verwysing hier is na die stilgemaakte en andersins stemlose subjekte van die (veral koloniale) geskiedenis; na hulle wat die produkte is van imperialistiese projekte van subjektivering en wat voortdurend onderhewig bly – wanneer hulle wel objekte van kennis word; wanneer daar, met ander (se) woorde, wel óór hulle gepraat word – aan wat Spivak tereg “epistemiese geweld” noem (p 104). Die “subalterns” is die ondergeskiktes, die onderhoriges, die onderdruktes. Hulle na wie Frantz Fanon (1961) verwys het as “die verdoemdes van die aarde”.

Die onderhoriges is dus hulle wat uitgesluit word van sisteme van representasie; hulle wat stemloos is; hulle wat letterlik nie ’n sê het nie, wat nie in die posisie is om by te dra tot amptelike diskoers nie (p 104). Maar nie net uitsluiting is ter sprake nie – die onderhoriges word ook verteken en wanvoorgestel binne heersende sisteme van representasie, hetsy histories, polities, wetenskaplik, artisitiek of literêr.

Daar word verder van die onderhoriges verwag (oftewel: hulle word hiertoe gedwing ter wille van ekonomiese en maatskaplike oorlewing) om hulleself te “vertaal” – hulle word sigbaar en stemhebbend in die mate waarin hulle koloniale sisteme van representasie aanneem en hulleself in koloniale terme voorstel: ’n koloniale naam; ’n koloniale godsdiens; ’n koloniale regsisteem; ’n landskap wat koloniaal gekarteer, benoem en begrens is; ’n koloniale taal. Op hierdie manier word die moontlikheidsvoorwaardes vir identiteit, verlossing, geregtigheid, mobiliteit en selfs betekenis en kommunikasie effektief gekolonialiseer.

Koloniale wanvoorstelling en blatante negering van die onderhoriges kan ook nie sommer reggestel word deur bloot stem te verleen aan “die ander” nie (en terloops, die alomteenwoordige verwysings na “die ander” in die geesteswetenskappe, dikwels eerbiedig in hoofletters geskryf, loop immer die gevaar om koloniale verhoudinge op allerlei maniere te depolitiseer, ten gunste van ’n ahistoriese, kwasimetafisiese diskoers oor self en ander): die sosiale wetenskappe ontkom nie so maklik aan hulle gedeelde geskiedenis van koloniale meewerking en gepaardgaande epistemiese geweld nie; en die romantisering van die (onvervreemde en onvervreemdende) “stem” van die onderhoriges hou dikwels nie rekening met presies hoe onagterhaalbaar enige idee van ’n “oorspronklike kultuur/identiteit” of “prekoloniale leefwyses” eintlik is nie.

Waarmee ons gelaat word, is dus die buikspraak van die koloniale geskiedenis. Spivak se vraag bly beslis relevant: Kan die onderhoriges praat? Maar miskien is die eintlike vraag (vir ons, in elk geval) nie soseer of die onderhoriges kan praat nie, maar veel eerder of die geesteswetenskappe kan hoor. Want natuurlik is daar ook veel meer as bloot koloniale buikspraak ter sprake: geen proses van kolonisering is volledig nie; daar is altyd oorblyfsels, hibridisering, mutasies en allerlei herwinningspogings. Die onderhoriges het eintlik nooit opgehou om te praat nie.

Maar hoe kan die geesteswetenskappe in Suid-Afrika voorgee om te luister en te hoor wanneer taal, en spesifiek die Afrikatale, so laag op die akademiese agenda is? Pogings om die Afrikale as akademiese tale te bemagtig word dikwels met agterdog en hovaardigheid bejeën. Weinig navorsing word in die geesteswetenskappe in Suid-Afrika (en ek verwys nie na taaldissiplines soos die sosiolinguistiek nie) oor die maatskaplike en politieke dimensies van taal, taaldiversiteit en ons spesifieke “taalgeskiedenis” gedoen. Selfs in plaaslike publikasies oor kwalitatiewe navorsingsmetodes, oor etnografie en orale geskiedenis, aktiwiteite wat fundamenteel afhanklik is van taal en vertaling, word daar weinig sistematiese energie bestee aan die implikasie van taalverskeidenheid en vertaling.

Ek probeer nie hiermee voorgee dat die geesteswetenskappe in Suid-Afrika van hulle koloniale bagasie ontslae kan raak bloot deur inheemse tale aan te leer, of deur middel van inheemse tale te werk nie. So eenvoudig is dit ook nie. Die inheemse tale is in ’n sekere sin ook koloniale produkte, nie ongeskonde prekoloniale gegewens nie. Inheemse spraakvorme is immers koloniaal toegeëien en gereduseer en gestandaardiseer tot “tale” in die Europese sin van die woord, waarop verskillende en meestal heel arbitrêre etnonasionalistiese konstruksies boonop staangemaak is ...

Maar hierdie historiese kompleksiteit is nogtans geen verskoning vir die negering van die Afrikatale in die geesteswetenskappe nie – want miljoene mense praat dit, hoe arbitrêr die grense tussen verskillende “tale” dan ook somtyds is. Die negering van die Afrikatale in die geesteswetenskappe bly ’n vorm van sistemiese geweld. Dit laat die meeste Suid-Afrikaners sprakeloos binne die diskoerse en voorstellings van die geesteswetenskappe. Hulle bly ongehoord en onderhorig. En dit laat ons, diegene wat die geesteswetenskappe bedryf, horende doof. En ons dissiplines sonder luister.

Wat hoor ek dus wanneer Suid-Afrika op die spraakbank gaan lê? ’n Roesemoes van stemme, ja, maar weinig sin. Soos so baie van my kollegas is ek gewoon nie toegerus om na hierdie land se mense te luister nie, om hulle te hóór nie ...

Verwysings

Fanon, F. 1961. Les damnés de la terre. Paris: Francois Maspéro. [In Engels vertaal deur Constance Farrington as The wretched of the earth, Penguin Books, 1990.]

Spivak, G. 1993. Can the subaltern speak? In P Williams & L Chrisman (reds), Colonial discourse and post-colonial theory (pp 66–111). New York: Harvester Wheatsheaf.


praatbank_desmond240

 

 

The post SA op die praatbank: Sonder luister – die geesteswetenskappe in Suid-Afrika appeared first on LitNet.

Uitslae: ATKV-Tienertoneelfinaal 2015

$
0
0

ATKVtienertoneel_logoDie ATKV-Tienertoneelfinaal 2015 het van 6 tot 10 Oktober plaasgevind. Hier volg die uitslae. 

15tienertoneeljpg (1)

Hoër Meisieskool Bloemhof van Stellenbosch is die nasionale wenner van die
51ste ATKV-Tienertoneelkompetisie met vyf: ’n dokumentêr.

Dié toneelgroep ontvang R30 000 en die ATKV-Tienertoneelwisseltrofee. vyf: ’n dokumentêr is ’n werkswinkelproduksie, saamgestel deur die hele geselskap. Dit is verbatimteater, ’n vorm van dokumentêre teater, wat ondersoek instel na die psige van ’n eietydse tienermeisie. Vir die eerste keer word die deure van ’n meisieskool met ’n skrefie oopgestoot vir die publiek.

15tienertoneeljpg (2)

Daar is 704 leerders met 704 stories, alles is gedistilleer om beide die banale en die grootse ervarings van ’n tienermeisie te ontbloot: die neurose, vrese, angs, paniek en vreugde van vyf jaar se groeipyne waar “maanskyn en rose” ’n gedig is wat jy in graad 10 behandel. ’n Privaat blik in ’n wêreld waar jou matriekafskeidrok ’n staatsgeheim is, waar “bad hair days” jou laaste kommer is en waar ’n A-gemiddeld die standaard is. ’n Wêreld van die matriarg.

Elke woord is verbatim gebruik.

15tienertoneeljpg (3)

Die regisseur is André Gerber en die hulpregisseur is Elizabeth Munro.
Hier is hulle saam met Sandra Prinsloo (links) en Japie Gouws (regs).

Die produksie ontvang ook die toekenning vir beste ensemblewerk.

Hoër Meisieskool Bloemhof het ook in 2012 met Spektakel en in 2013 met
Sneeuwitjie en die Sewe Zombies dié gesogte titel verower.

15tienertoneeljpg (4)

Randfontein High School is die naaswenner en ontvang R20 000 prysgeld vir Die Einde. Dit is die heel eerste keer dat hierdie skool aan ATKV-Tienertoneel deelneem. Die Einde is ’n oorspronklike, kragtige drama wat die wrede bendekultuur in ons jeugstrafstelsel uitbeeld. Dit is ’n eerlike en dikwels uitdagende uitbeelding van ’n skynbaar vergete samelewing.

15tienertoneeljpg (5)

Twee spelers van Randfontein High School het ook individueel geskitter met hulle rolle in Die Einde. Cantona James (links) as General X in Randfontein is aangewys as die beste manlike akteur in ’n hoofrol en Antonio Martin (regs), wat die rol van Cupcakes vertolk het, is as die mees belowende speler tydens die finaal aangewys.

15tienertoneeljpg (6)

Die toekenning vir beste regisseur(s) is oorhandig aan Stephen Kotze en Amanda Jankowitz
vir Die Einde.

15tienertoneeljpg (7)

Hoërskool Zwartkop se Hospitaner, geskryf deur Johann Smith, is in die derde plek aangewys.
Die toneelgroep ontvang R10 000 prysgeld.

15tienertoneeljpg (8)

Linda van der Walt van Hoërskool Zwartkop is die beste vroulike speler in ’n ondersteunende rol.

15tienertoneeljpg (9)

Ben Blignaut, ook van Hoërskool Zwartkop, en Loyame Mlawuli van Randfontein High School deel die toekenning vir beste manlike speler in ’n ondersteunende rol.

15tienertoneeljpg (10)

Hier is Loyame Mlawuli van Randfontein High School saam met Sandra Prinsloo.

15tienertoneeljpg (11)

Potchefstroom Gimnasium se As die trein kom het vierde geëindig en Hoërskool Noordheuwel se DubbelDrie vyfde. Potchefstroom Gimnasium het die toekenning ontvang vir beste hantering van tegniese aspekte, asook vir die beste aktrise in ’n hoofrol vir Charlize Barnard se rol as Nine (regs op die foto).

15tienertoneeljpg (12)

Hier is Charlize Barnard met haar prys by Sandra Prinsloo.

15tienertoneeljpg (13)

Vanjaar het die ATKV drie nuwe toekennings bekendgestel by die finaal om die tegniese leerders wat net so hard agter die skerms werk te beloon: die beste verhoogbestuurder, die beste klankoperateur en die beste beligtingsoperateur.

15tienertoneeljpg (14)

Die heel eerste ontvangers van hierdie toekennings is Zander Brits van Port Natal Skool se
Vergeet om te vergeet as beste verhoogbestuurder.

15tienertoneeljpg (15)

Inge Heins van Hoër Meisieskool Bloemhof was die beste klankoperateur vir haar aandeel aan vyf: ’n dokumentêr.

15tienertoneeljpg (16)

Mokgadi Mabitsela van Randfontein High School was die beste beligtingsoperateur vir sy bydrae in Die Einde.

15tienertoneeljpg (17)

So lyk die wisseltrofee.

Altesaam 180 toneelstukke het vanjaar aan die 51ste ATKV-Tienertoneelkompetisie deelgeneem, met ongeveer 3 000 hoërskoolleerders wat die verhoë warm gespeel het. Tien streeksfeeste het gedurende Augustus plaasgevind, waarna die tien beste produksies na die finaal uitgenooi is. Die doel van hierdie projek, die ATKV se oudste projek, is om ’n liefde vir Afrikaanse toneelspel en -kyk by hoërskoolleerders te kweek sodat leerders hulle kreatiwiteit en talente daardeur kan ontgin en ontwikkel.

Die nasionale wenner van die 51ste ATKV-Tienertoneelkompetisie in 2015 is Hoërskool Meisieskool Bloemhof met vyf: ’n dokumentêr.

Die naaswenner is Randfontein High School met Die Einde.

Hoërskool Zwartkop, met Hospitaner, was derde.

Potchefstroom Gimnasium, met As die trein kom, was vierde.

Hoërskool Noordheuwel, met DubbelDrie, was vyfde. 

Die ander finaliste was Hoërskool Eldoraigne met Vriendin, Hoërskool Wilgerivier Frankfort met Mallewales, Hoërskool Jan van Riebeeck met Jaarblad, Hoërskool Upington met Kaplyn en Port Natal Skool met Vergeet om te vergeet.

Die beoordelaars was Elma Postma, Hennie van Greunen, Ilse Oppelt, Ira Blanckenberg, Marí Borstlap, Pedro Kruger en Wilhelm van der Walt.

15tienertoneeljpg (18)

Die ATKV moedig die skep van nuwe tekste aan wat gehore kan aanspoor om weer én meer die teater te besoek, asook die daarstelling van goeie, opvoerbare, nuwe eenbedrywe vir skole. Al die nuutgeskrewe tekste wat ingeskryf word vir ATKV-Tienertoneel kom ook in aanmerking vir die prys vir die beste nuutgeskrewe Tienertoneelteks van die volgende jaar.

Altesaam 88 nuutgeskrewe Tienertoneeltekste van 2014 is deur die loop van die jaar deur Wim Vorster, Ilne Fourie en Ilse Oppelt beoordeel om die beste nuutgeskrewe Tienertoneeltekste te bepaal. In die derde plek is Brink Nelson vir Klonkie. Hy ontvang ’n brons-ATKV-erepenning en R1 000 prysgeld. Die naaswenner is Marí Borstlap vir haar teks WolkKop. Sy ontvang ’n silwer-ATKV-erepenning en R3 000 prysgeld. WolkKop het verlede jaar die ATKV-Tienertoneelkompetisie gewen en ook ’n speelvak tydens vanjaar se Absa KKNK gehad. Die prys vir die beste nuutgeskrewe Tienertoneelteks is toegeken aan Nico Scheepers vir Na ’n ander aarde. Hy ontvang R5 000 en ’n goue ATKV-erepenning.

15tienertoneeljpg (19)

Hier volg die volledige lys van nominasies en wenners van die individuele pryse:

Die nominasies vir beste verhoogbestuurder is:

  • Stacey-Ann Phillips van Randfontein High School se Die Einde
  • Tamen Slabbert van Hoërskool Eldoraigne se Vriendin
  • Zander Brits van Port Natal Skool se Vergeet om te vergeet.

Die wenner is Zander Brits.

Die nominasies vir beste klankoperateur is:

  • Franco Rossouw vir Hoërskool Jan van Riebeeck se Jaarblad
  • Inge Heins vir Hoër Meisieskool Bloemhof se vyf: ’n dokumentêr
  • Ruan van der Merwe vir Hoërskool Noordheuwel se DubbelDrie.

Die wenner is Inge Heins.

Die nominasies vir beste beligtingsoperateur is:

  • Carel du Plessis vir Hoërskool Noordheuwel se DubbelDrie
  • Lisa Zondagh vir Hoërskool Eldoraigne se Vriendin
  • Miranda Joubert vir Hoër Meisieskool Bloemhof se vyf: ’n dokumentêr
  • Mokgadi Mabitsela vir Randfontein High School se Die Einde.

Die wenner is Mokgadi Mabitsela..

Die nominasies vir die beste hantering van tegniese aspekte:

  • As die trein kom van Potchefstroom Gimnasium
  • Die Einde van Randfontein High School
  • vyf: ’n dokumentêr van Hoër Meisieskool Bloemhof

Die wenner is Potchefstroom Gimnasium vir As die trein kom.

Die nominasies vir die beste ensemblewerk is:

  • Die Einde van Randfontein High School
  • Hospitaner van Hoërskool Zwartkop
  • vyf: ’n dokumentêr van Hoër Meisieskool Bloemhof.

Die wenner is Hoër Meisieskool Bloemhof.

Die nominasies vir die mees belowende spel in ’n rol gedurende die ATKV-Tienertoneelfinaal 2015 is:

  • Antonio Martin as Cupcakes in Randfontein High School se Die Einde
  • Ben Blignaut vir verskeie rolle in Hoërskool Zwartkop se Hospitaner
  • Juliana van der Merwe in Hoër Meisieskool Bloemhof se vyf: ’n dokumentêr
  • Linda van der Walt vir verskeie rolle in Hoërskool Zwartkop se Hospitaner
  • Martinette Muller as Malie in Hoërskool Wilgerivier Frankfort se Mallewales.

Die wenner is Antonio Martin van Randfontein High School.

Die nominasies vir beste vroulike speler in ’n ondersteunende rol is:

  • Jeani Heyns in Hoër Meisieskool Bloemhof se vyf: 'n dokumentêr
  • Juliana van der Merwe in Hoër Meisieskool Bloemhof se vyf: 'n dokumentêr
  • Linda van der Walt vir verskeie rolle in Hoërskool Zwartkop se Hospitaner
  • Mieke van Schoor in Hoër Meisieskool Bloemhof se vyf: 'n dokumentêr
  • Saretti MzaLimbo vir verskeie rolle in Hoërskool Zwartkop se Hospitaner.

Die wenner is Linda van der Walt van Hoërskool Zwartkop.

Die nominasies vir beste manlike speler in ’n ondersteunende rol is:

  • Antonio Martin as Cupcakes in Randfontein High School se Die Einde
  • Ben Blignaut vir verskeie rolle in Hoërskool Zwartkop se Hospitaner
  • Loyame Mlawuli as Einstein in Randfontein High School se Die Einde.

Hierdie toekenning word hierdie jaar gedeel deur: Ben Blignaut van Hoërskool Zwartkop en Loyame Mlawuli van Randfontein High School.

Die nominasies vir die beste aktrise in ’n hoofrol is:

  • Ané Cloete in Hoërskool Jan van Riebeeck se Jaarblad
  • Charlize Barnard as Nine in Potchefstroom Gimnasium se As die trein kom
  • Janhé Goussard as Esmé la Grange in Hoërskool Upington se Kaplyn
  • Liza du Plessis as Alicia in Hoërskool Eldoraigne se Vriendin.

Die wenner is Charlize Barnard van Potchefstroom Gimnasium.

Die nominasies vir die beste akteur in ’n hoofrol is:

  • Cantona James as General X in Randfontein High School se Die Einde
  • Erick Lourens as Frikkie in Hoërskool Wilgerivier Frankfort se Mallewales
  • Werner Tolmay as Joshua in Hoërskool Noordheuwel se DubbelDrie.

Die wenner is Cantona James van Randfontein High School.

Die nominasies vir beste regisseur is:

  • André Gerber en Elizabeth Munro vir Hoër Meisieskool Bloemhof se vyf: ’n dokumentêr
  • Johann Smith en Pieter Alberts vir Hoërskool Zwartkop se Hospitaner
  • Pierre-André Viviers en Heilet Zaaiman vir Potchefstroom Gimnasium se As die trein kom
  • Stephen Kotze en Amanda Jankowitz vir Randfontein High School se Die Einde.

Die wenner is Stephen Kotze en Amanda Jankowitz vir Die Eindes.

Teks: Lizanne Basson

Foto's: Izak de Vries

atkv_portaal1

  • LitNet KlasKamer is ’n ruimte vir almal wat belangstel in die onderrig van Afrikaans op hoërskool. 

The post Uitslae: ATKV-Tienertoneelfinaal 2015 appeared first on LitNet.

Daar is 'n olifant in die kerk

$
0
0

Ná die NG Kerk se onlangse sinodale besluit, skryf Jean Oosthuizen oor netelige kwessies in die kerk. 

Daar was ʼn olifant in die vertrek tydens die NG Kerk se afgelope algemene sinode toe hulle ja gesê het vir gay-troues. Die olifant se naam is Skrifgesag.

Totdat hierdie olifant raakgesien word en lidmate verstaan hoe mens die Bybel moet lees, sal die eindelose debatte oor homoseksualiteit, saamwoon voor die huwelik, die bestaan van die duiwel, evolusie, maagdelike geboorte en vele ander sake soos ʼn neet op die kerk se agenda bly vasklou sonder om die olifant op die naam te noem.

Die diep verdelingslyne oor die gesag van die Bybel strek wêreldwyd tot in die hoogste vergadersale van kerke.

Te veel mense glo nog alles wat in die Bybel staan is onaantasbaar terwyl hulle self ook maar na willekeur kies en keur watter dele van die Bybel hulle pas.

Selfdegeslagverhoudings is maar net die seekoei se oortjies wat uitsteek. Dit is slegs één van talle morele impasses waarin kerke hulle vandag bevind.

"Daar moet 'n brawe dag kom waar die Kerk bloot erken: die Bybel is hieroor verkeerd. Dit help nie ons probeer met breingimnastiek Bybeltekste so verduidelik dat die ‘konteks’ vandag anders gelees moet word nie,” sê Ronell Bezuidenhout van die NG gemeente Fontainebleau in Gauteng.

“Slawerny? Die Bybel is daaroor verkeerd. Dis net so eenvoudig. Daar was dalk 'n tyd dat mense gedink het dit is reg. Maar dit is verkeerd! So is dit dieselfde met die siening dat die man die hoof van die vrou is. Dit is seksisties. Dit is verkeerd. Ons moet dit nie ‘reg’ probeer praat nie. Dit is verkeerd. Dieselfde dat vroue nie predikante kon wees nie. Dit is verkeerd. Dieselfde oor uitsprake van gays in die Bybel. Die Bybel is uitgesproke homofobies. Dit is verkeerd. Ons moet braaf genoeg wees om dit te sê. Paulus was dalk homofobies – dan was hy verkeerd,” sê Bezuidenhout.

Sulke helder uitsprake is nie oral in die kerk gewild nie.

In Amerika word daar gepraat van “The Battle of the Bible”. ʼn Oorlog om oorlewing  tussen twee uiteenlopende sienings van die Bybel.

Teen hierdie agtergrond het 200 afgevaardigdes (oorwegend ouer heteroseksuele mans) van ʼn diep verdeelde kerk vroeër die maand in Pretoria teen alle verwagting ʼn waterskeidingbesluit oor homoseksuele verhoudings geneem. Die rimpeleffek daarvan is besig om landwyd uit te kring in kerkraadsvergaderings en gesprekke onder lidmate.

Die debat oor Skrifgesag strek egter baie wyer as net homoseksualiteit. Die wyse waarop mense die Bybel lees, raak byna elke lewensterrein. Dit strek as’t ware van die regbank tot die vermaaklikheidswêreld. Dit bepaal hoe Christene voel oor sake soos saamwoon, homoseksualiteit, aborsie, dobbelary, egskeiding en andere sake.

Bybelse antwoorde op dié kwessies is nie meer so glashelder soos voorheen nie.

Die eksklusiwiteit van die kerkorde sal nog verder uitgedaag moet word as die kerk ʼn manier wil vind om die enorme diversiteit binne die kerk te akkommodeer en as ‘n geleentheid te benader pleks van ʼn bedreiging.

Die beleidsdokument “Kerk en Samelewing” is in Oktober 1986, 29 jaar gelede, deur die algemene sinode van die NG Kerk aanvaar. Daarmee het die NG Kerk finaal afskeid geneem van apartheid. Die aanvaarding van hierdie dokument het tot grootskaalse reaksie in die kerk, en uiteindelik tot die ontstaan van die Afrikaanse Protestantse Kerk (APK) in 1987, gelei.

Ongelukkig weeg die vrees vir kerkskeuring meermale swaarder as die profetiese stem waarop die kerk graag roem.

Destyds het byna 8 000 lidmate die NG Kerk verlaat om die APK te stig. Dit het die NG Kerk in die grootste storm van sy geskiedenis gedompel.

Vanjaar het die NG Kerk se algemene sinode, soos 29 jaar gelede met die aanvaarding van “Kerk en Samelewing”, weer die regte ding gedoen en ʼn dapper besluit geneem.

Terugskouend was die wins wat saam met “Kerk en Samelewing” gekom het, groter as die verlies, sê Johan van der Merwe van die Universiteit van Pretoria in ʼn akademiese artikel wat hy vier jaar gelede geskryf het.

“As die aanvaarding van ‘Kerk en Samelewing’ die NG Kerk byna 8 000 lidmate gekos het, moet die vraag gevra word of die kool die sous werd was. Was dit inderdaad die worsteling en die pyn van 'n kerkskeuring werd?”

Byna 30 jaar later vertel die geskiedenis dat dit inderdaad ʼn tydige koerswysiging was wat die kerk in ʼn posisie gestel het om die reis op pad na ʼn postapartheid Suid-Afrika mee te maak, sê Van der Merwe.

Net soos met “Kerk en Samelewing” kan die reaksie van predikante en lidmate oor die kerk se gay-besluit basies in vier groepe verdeel word. Eerstens is daar ʼn stille meerderheid wat dit bloot aanvaar het. Tweedens is daar ʼn groep wat van mening is dat dit “too little too late” is. ʼn Derde groep het gejuig oor die besluit wat geneem is, terwyl ʼn laaste en luidrugtige groep sê: “Ons is verraai.”

Dalk is daar nog te veel ouer wordende mans wat die kerk wil beheer en bestuur. Daardie nuwe geslag ooms wat met verbysterende vaardigheid gesout geraak het in die beplanning en uitspeel van strategieë. Maar hulle is besig om vinnig uit te sterf, soos wat die NG Kerk se afgelope sinode bewys het.

Ongeveer 33% van die NG Kerk se lidmate is tussen 60 en 80 jaar oud. Slegs 27 van die 200 afgevaardigdes na vanjaar se algemene sinode was vroue – en wat predikante betref, was slegs ses van die 100 afgevaardigdes vroue.  

Nie almal in die kerk is blind vir die kerk se impasses nie. Dink net hoeveel beter kan dit nog wees as meer jongmense en vroue van Bezuidenhout se kaliber in die kerk se leiersposisies dien.

Baie progressiewe teoloë en lidmate wil graag uit die netelige posisie kom waarin die kerk hom bevind. Daarvan getuig talle weldeurdagte studiestukke – soos die taakgroep se verslag oor selfdegeslagverhoudings – wat sinode na sinode met groot moeite en erns deur kundiges aan sinodegangers voorgelê word vir oorweging maar dekades neem voordat dit aanvaar word.

Oop gesprekke op sosiale media word dikwels verdwerg deur die luidrugtige rumoer van fundamentaliste wat teen enige verandering gekant is en hardkoppig bly vassteek by uitgediende dogmas wat nie die toets van die tyd kan deurstaan nie. Dit skrik kerkleiers maklik af en laat hulle laer trek.

Hoeveel studiestukke is nóg nodig om vas te stel of die duiwel ʼn persoon is of nie? Hoeveel keer moet gay lidmate nóg die vernederende onderwerp van kerke se verdere studie wees? Dit terwyl sielkundiges en beraders moedeloos met hulle hande in die hare sit omdat die meeste kerke steeds nie hulle woord wil aanvaar dat kernhomoseksualiteit nie kan verander nie.

Die gesag of “heiligheid” van die Bybel skep baie verwarring onder lidmate. Predikante het ʼn groot verantwoordelikheid om mense oor die onderwerp te begelei.

Totdat kerke werklik ʼn oop gesprek voer oor Skrifgesag en al die ander netelige kwessies, sal die olifant in die vertrek al hoe groter word en kerke al hoe leër. Dan mag die dag dalk net aanbreek wanneer die kerk besef dit was inderdaad “too little too late” en self ʼn wit olifant word. 

 

Hierdie LitNet Akademies-webseminaar sluit ook in:

Sinode se gay-besluit: keuse vir verantwoordelike gebruik van die Bybel

André Bartlett
Seminare en essays 

Homoseksuele predikante: ’n Regs- en morele dilemma

Helena van Coller
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

Homoseksualiteit en sewe klassieke Bybelse tekste: Antigay of misverstaan?

Ernest van Eck, Ralph Barnard
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

 

The post Daar is 'n olifant in die kerk appeared first on LitNet.


Taalgenoot, luistergenoot

$
0
0

Donnay Torr, kookwaterredakteur van die ATKV se Taalgenoot, gesels met Naomi Meyer. 

donnaytorr300 Donnay, geluk aan jou as Taalgenoot se redakteur met die onlangse pryse. Vertel asseblief watter toekennings julle ontvang het? 

Baie dankie; ons is geweldig trots! Die SA Publication Forum fokus onder andere daarop om die gehalte van korporatiewe, interne en B2B-publikasies te verbeter – daar is ongelooflik baie niekommersiële titels beskikbaar wat mens nie op die rak sien nie, en die werk wat hulle doen is dikwels besonder inspirerend. Taalgenoot is met die volgende toekennings beloon: tweede plek vir die beste interne tydskrif (kategorie A), tweede plek vir uitnemendheid in kommunikasie, finalis in redakteur van die jaar, finalis in beste algehele korporatiewe publikasie vir die jaar, toekennings vir uitnemendheid in skryf, ontwerp en kommunikasie (meer as 75% vir elke afdeling). 

TG_lien1En geen wonder nie. Jul tydskrif verruim en dit daag uit, dit lig in en dit laat mense lees oor dinge waarin hul belangstel. Maar hoe kry jy dit reg – wat aan die begin van die kwartaal aandag trek, is dalk al verouderd oor ‘n maand of twee? 

Sjoe ... Ja, dit kan dikwels 'n uitdaging wees. Een truuk is dat ons juis vermy om te veel op "trends" te fokus – die gesig wat nou orals op voorblaaie is, die drama waaroor almal op die oomblik praat, wat mense aan die gons het. Dit klink dalk teenintuïtief, maar Taalgenoot mik juis daarop om inhoud te skep wat tydloos is: mense moet die tydskrif oor maande kan optel en lees en steeds voel dat hulle iets van waarde ingeneem het. Ons probeer aweregs dink oor invalshoeke en gaan soek vir idees/karakters wat mik om te ontkiem – maar dalk eers oor 'n rukkie. En mens beplan maar mooi vooruit: die tydskrif is tegnies vir drie maande na druk "relevant" – so wat gebeur in daardie drie maande wat dalk interessante materiaal kan bied? 

TG_taal2Gepraat van verruim. Dis waaroor jou redakteursbrief hierdie maand handel: om vet en vooroordele te verloor. Wat is die beste manier om te luister? 

Ek dink om werklik te luister is die moeilikste ding op aarde. Erken eerstens die persoon voor jou se menswees. Die man of vrou wat voor jou sit, kom met hulle eie storie – net so belangrik en persoonlik as jou eie. En haal diep asem: vir 'n rukkie moet jy jou eie herkoms en vooroordele en menings opsy skuif en jouself bloot net oopmaak vir wat die ander persoon sê. Sonder om vyandig of verdedigend te word – want natuurlik gaan ons warm onder die kraag raak as ons denkwyses uitgedaag word. But just breathe. En dan: bly eers stil en dink oor wat jy gehoor het voordat jy jou eie mond oopmaak – soos Stephen Covey dit stel: “Most people do not listen with the intent to understand; they listen with the intent to reply.” Jong, ek weet nie – as iemand die perfekte resep uitdink, laat weet my!  

TG_zolani2Dink jy nie daar’s ook ‘n paar mense wat nodig het om hul vooroordele jeens Afrikaans te verloor nie? 

Natuurlik: vooroordele is nie uniek tot een geslag of ras of kultuur nie. En dink egter mens kan nie 'n "tit for tat"-benadering volg as dit kom by luister nie – "As sy nie gaan luister nie gaan ek nie luister nie"; of: "Ek sal luister as jy luister" – dan gaan ons nêrens kom nie. Want mense is opstropolis op daai manier. As die idee van luister egter sneeubal, sal daar stelselmatig al hoe meer mense wees wat bereid is om dit te doen – van alle kante af. 

Waarna kan lesers uitsien in die volgende uitgawe van Taalgenoot

Drama! Donderweer! Metamorfose! :-) Ons beloer 'n paar veranderlike dinge en mense. Ek is nou aspris vaag!

The post Taalgenoot, luistergenoot appeared first on LitNet.

Sinode se gay-besluit: keuse vir verantwoordelike gebruik van die Bybel

$
0
0

André Bartlett skryf oor hoe hy die Bybel ten opsigte van gaywees verstaan.

By die pas afgelope algemene sinode van die NG Kerk het dié kerk met sy besluite oor die status van vaste selfdegeslag-verhoudings die spreekwoordelike Rubicon oorgesteek.

Die sinode het nie net erkenning gegee aan sulke verhoudings en dit moontlik gemaak vir NG predikante om die bevestiging van  burgerlike verbintenisse van persone van dieselfde geslag te hanteer nie, maar ook die selibaatsvereiste wat tot nou toe gegeld het vir gay en lesbiese predikante, opgehef. Dit alles as uitvloeisel van ʼn verbintenis tot die gelykwaardige en menswaardige behandeling van alle lidmate van die kerk, ongeag hulle seksuele oriëntasie.

Wat opvallend was in die debat wat tot hierdie besluit gelei het, is dat daar ten opsigte van Bybelgebruik en Bybelverstaan twee baie duidelike lyne gevolg is.

Aan die een kant was daar die benadering om van ʼn paar “proeftekste” gebruik te maak om aan te dui dat die Bybel gekant is teen enige vorm van homoseksuele gedrag en dat die kerk dus in gehoorsaamheid aan hierdie tekste nie anders kan as om te volstaan met ʼn verbod op verhoudings tussen mense van dieselfde geslag nie. Van die mense wat hierdie lyn gevolg het, het wel die voorstel dat daar eers weer verdere studie gedoen moet word voor ʼn volgende algemene sinode ʼn besluit neem, gesteun, maar met die veronderstelde verwagting dat hierdie tekste dan steeds die deurslag sal gee.

Aan die ander kant was daar die benadering om nie vanuit enkele tekste ʼn saak op te bou nie, maar om eerder die breë lyne van die Bybel te probeer volg, en dan veral vanuit die perspektief van die Jesusverhaal soos wat dit in die Nuwe Testament uitdrukking vind. Daar is wel ook na die sogenaamde proeftekste gekyk, maar daar is bevind dat hierdie tekste te doen het met seksuele uitwasse tussen mense van dieselfde geslag en dus nie bruikbaar is in die beoordeling van selfdegeslagverhoudings van wedersydse liefde en trou nie.

In die lig van die Jesusverhaal is daar op veral twee aspekte gefokus: Jesus se radikale insluiting van mense wat om een ander rede deur die samelewing gemarginaliseer is, en die wyse waarop Jesus die wet as maatstaf vir menslike gedrag hanteer het.

Uit Jesus se optrede teenoor gemarginaliseerdes is dit baie duidelik aangedui dat hy uitgebeeld word as iemand wat baie doelbewus mense wat deur samelewingsnorme en -strukture uitgesluit is, in te sluit by die gemeenskap wat hy rondom hom vergader het. Dit het ook mense ingesluit wat op grond van Ou-Testamentiese rituele en reinheidsreëlings uitgesluit is van volle deelname aan die lewe van die geloofsgemeenskap.

Ten opsigte van die tweede aspek (Jesus se hantering van die wet) is sy samevatting van die wet in die dubbele liefdesgebod as uitgangspunt geneem. In die lig hiervan word die liefde as maatstaf gebruik om te bepaal of menslike gedrag (ook seksuele gedrag) reg of verkeerd is. Die vraag hoe hierdie norm konkreet hanteer moet word, kan op twee maniere beantwoord word: enersyds op negatiewe wyse deur te verwys na Paulus se uitspraak in Romeine 13:10 dat “die liefde die naaste geen kwaad aandoen nie”, en andersyds op positiewe wyse deur te verwys na Jesus se woorde in Johannes 10:10: “Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.”

Die klassieke voorbeeld in hierdie verband is die antwoord van Jesus aan diegene wat hom gekritiseer het oor sy dissipels se oortreding van die Sabbatsgebod toe hy gesê het: “Die Sabbatdag is vir die mens gemaak en nie die mens vir die Sabbatdag nie” (Markus 2:27). Hieruit is dit duidelik dat die “lewe in oorvloed” waardeur die naaste nie kwaad aangedoen word nie, belangriker is as die strakke nakoming van een of ander bepaling van die wet.

Indien die lens van die liefdesgebod (in positiewe én negatiewe sin) oor die sogenaamde proeftekste geplaas word, sou daar bevind kon word dat die gedrag wat daarin beskryf word, wel afkeurenswaardig is – nie omdat dit ʼn algemene oordeel oor homoseksuele gedrag uitspreek nie, maar omdat dit verwys na spesifieke gedrag wat die medemens kwaad aandoen. Dit gaan immers in hierdie tekste oor sake soos groepsverkragting (die verhaal van Sodom), tempelprostitusie (die Levitikus-tekste), uitspattige seksorgies (Romeine 1) en die seksuele uitbuiting van ondergeskiktes en minderjariges (1 Korintiërs 6 en 1 Timoteus 1). Sulke gedrag doen nie net die medemens kwaad aan nie, maar dra ook nie by tot die verwesenliking van ʼn “lewe in oorvloed” nie, en word om dié rede  steeds as onaanvaarbare en sondige gedrag beskou.

Indien die liefdesgebod as norm hanteer word om menslike verhoudinge te beoordeel, dan behoort daar wat sowel heteroseksuele as homoseksuele verhoudings betref, die dubbele vraag gevra te word: Doen dit die medemens kwaad aan, en staan dit in diens van ʼn lewe in oorvloed?

Indien twee persone in ʼn verhouding van liefde en trou staan waar hulle mekaar nie kwaad aandoen nie en mekaar se lewens verryk, is dit ʼn verhouding wat die toets van die liefdesgebod deurstaan en as eties aanvaarbaar beskou kan word. Dan maak dit ook nie saak of dit ʼn verhouding tussen persone van dieselfde geslag of tussen persone van teenoorgestelde geslagte is nie.

ʼn Mens sou verder kon gaan deur te sê dat dit téén die bedoeling van die liefdesgebod is om van enigiemand op grond van sy/haar seksuele oriëntasie te verwag om te kies vir ʼn lewe van eensaamheid en onvervuldheid. Volgens die tweede skeppingsverhaal in die Bybel het God self aan die begin gesê dat “dit nie goed is dat die mens alleen is nie” en toe vir die mens ʼn medemens gemaak “wat by hom pas”.

Met die besluit om te kies vir die erkenning van selfdegeslagverhoudings het die algemene sinode nie net ʼn bepaalde etiese beslissing gemaak nie, maar ten diepste gekies vir ʼn meer verantwoordelike wyse om met die Bybel om te gaan in die soeke na antwoorde op lewensvrae.

 

Hierdie LitNet Akademies-webseminaar sluit ook in:

Daar is 'n olifant in die kerk

Jean Oosthuizen
Seminare en essays 

Homoseksuele predikante: ’n Regs- en morele dilemma

Helena van Coller
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

Homoseksualiteit en sewe klassieke Bybelse tekste: Antigay of misverstaan?

Ernest van Eck, Ralph Barnard
LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

 

The post Sinode se gay-besluit: keuse vir verantwoordelike gebruik van die Bybel appeared first on LitNet.

Ena Jansen oor Elisabeth Eybers, die literêre dubbelburger

$
0
0

By geleentheid van die 100ste verjaardag van Elisabeth Eybers en die oorplasing van Eybers-boeke en persoonlike besittings van Amsterdam na Bloemfontein 

Toespraak by NALN in Bloemfontein 13 Oktober 2015 

jansen1

Ena Jansen: NALN-uitstalling. Eybers se bril. (Foto: Mudboots Creative Art)

Baie lank het ek en Otto Liebenberg na hierdie dag uitgesien. Op die valreep het hy dit reggekry om vandag se gebeure saam met NALN se personeel te organiseer, ondanks die feit dat hy self onlangs uitgetree het as direkteur. My groot dank en gelukwense, mede namens die Zuid-Afrika Huis in Amsterdam, dat ons hier saam is ná ‘n lang en ingewikkelde pad van onderhandelinge voordat alles kon materialiseer.

Dat my stem te midde van ’n verkoue skielik op Sondag heeltemal weggeraak het en nog nie herstel het nie, is een ding wat ons glad nie kon voorsien nie. ’n Akute inflammasie van my stembande maak dit vir my onmoontlik om te praat – ek is regtig baie jammer om stemloos hier aanwesig te wees. Ek sal nou maar net die prentjies wys en is baie dank verskuldig aan my voorleser Melinda Bekker wat op die laaste oomblik inval!

Ek was van plan om uit die vuis te praat en wou veral heelwat sê oor die klinkklaarheid, die helder klank van Eybers se poësie – iets wat ek bo alles hoog ag. Dit is ook die rede waarom ek Klinkklaar gekies het as titel vir die bloemlesing gedigte wat sy self twee jaar voor haar dood nog voor ‘n mikrofoon voorgelees het en wat ek en haar dogter Marita in 2009 gebundel het. Maandag het ek besef dat ek nie vanaand sal kan praat nie en daarom tog woorde op papier moet sit om te laat voorlees. Ironies genoeg is ek self dus alles behalwe klinkklaar, slegs ‘n Eybers-whisperer.

jansen2

Ena Jansen teken Soos familie, boekbespreking in Ketelkelder, NALN se Boekemark. (Foto: Mudboots Creative Art)

Bloemfontein

Dit is baie gepas dat ’n gedeelte van Eybers se boekery na NALN kom. Nie net omdat dit die nasionale letterkundige museum en bewaarplek van baie Afrikaanse skrywers en digters se boeke, manuskripte en persoonlike besittings is nie, maar omdat Elisabeth Eybers ’n besondere band met Bloemfontein gehad het; dikwels vertel het hoe baie Bloemfontein vir haar beteken het.

Dis immers hier waar haar moeder die eerste skoolhoof was wat deur president Steyn by Oranje aangestel is. Haar pa het ’n tyd hier studeer, haar man Albert Wessels en haar seun Bert het by Grey College skoolgegaan. In my boek Afstand en verbintenis is ’n pragtige foto van dr John en mev Lily Eybers, afgeneem deur hulle skoonseun Albert Wessels by die aftree-oord Siësta in Bloemfontein. In die boek is ook ’n foto van Eybers se ouers se graf in Schweizer-Reneke. Daarop word Elisabeth Susanna Eybers (gebore Le Roux, 1879–1968) pertinent omskryf as “Eerste prinsipale Meisieskool Oranje Bloemfontein”. Die gesin se verbintenis met Bloemfontein was altyd een waarvan Eybers met trots gepraat het.

Persoonlike noot

Die foto van Eybers wat NALN gekies het om op hulle Facebook-bladsy te sit, het ek in Januarie 1975 geneem toe ek haar vir die eerste keer ontmoet het. Met die Pentax Spotmatic wat ek kort vantevore by ‘n Burger-fotograaf gekoop het voor ek in Nederland gaan studeer het. Eybers was toe byna 60 jaar oud en ek byna 24. Ons was albei dogters van plaasseuns wat predikante geword het en hulle Bolandse vroue wat self professioneel geskool was, en volgens meer mense as hulle dogters, besonder slim was. Ek het in 1975 toe so pas van Stellenbosch in Amsterdam aangekom; Eybers het dieselfde paadjie van Johannesburg Amsterdam toe reeds op 46-jarige leeftyd in 1961 afgelê. Ondanks ons leeftydsverskil het ons onmiddellik aanklank by mekaar gevind.

jansen3

Ena Jansen teken op skrywersmuur, Ketelkelder, NALN Boekemark. (Foto: Annelien Diedericks)

Die vrouetydskrif Sarie Marais het die artikel wat ek op versoek van Fritz Joubert oor hierdie ontmoeting geskryf het, in Februarie 1975 geplaas. Daarin het ek weggeskram van persoonlike goed wat Eybers vertel het en gekonsentreer op haar leefomgewing: die pragtige sober verdieping van haar huis in Amsterdam se Van Breestraat waar ons sit en Earl Grey-tee drink het. Dit was die basis van ons vriendskap. En dis waarskynlik ook die rede waarom ek waarskynlik nié die een sal wees wat haar biografie sal skryf nie. Ek sien dat NALN in die vertoonkas wat spesiaal vir vanaand ingerig is, ook hierdie ou Sarie ten toon stel.

In totaal het ek Elisabeth Eybers 32 jaar lank geken: honderde koppies tee en koffie en glase wyn saam met haar gedrink, baie van haar stories goed leer ken, baie van haar rustige wysheid geleer en baie gelag. Ontmoetings met haar het nie tot ‘n einde gekom met haar dood nie. Sy bly vir my en baie ander lesers ’n soort lyfdigter. Haar werk kan jy in alle omstandighede lees. Sy het immers pragtige gedigte geskryf oor emosies wat ons almal meemaak: oor verliefdheid, oor moeilike verhoudings, oor ouers en kinders, oor verdriet, verlange, die lewe tussen twee lande, oor doktersbesoeke en die naderende dood, en veral oor die ambag en proses om dit alles in woorde vorm te gee. Sy blý boeiend, sy blý klink – in twee taalwêrelde: Suid-Afrika én Nederland. En altyd in Afrikaans. Sy is inderwaarheid, soos NALN dit op hulle banier so mooi noem, ’n literêre dubbelburger.

jansen4

Ena Jansen teken Soos familie vir Johannes van Niekerk in Ketelkelder, NALN se Boekemark. (Foto: Annelien Diedericks)

Dubbele poëtisiteit van die literêre dubbelburger

Die argument wat ek in my proefskrif en boek oor haar, Afstand en verbintenis. Elisabeth Eybers in Amsterdam, uitgewerk het, was dat haar Amsterdamse bundels wat ná 1961 verskyn het, ‘n fassinerende uitdaging aan twee stelle lesers bied. Bo en behalwe beeldspraak en rym wat poëtiese taal dikwels van “gewone” taalgebruik onderskei, is daar sedert Eybers in Amsterdam woon, ’n ekstra vervreemdende laag wat verband hou met haar ruimte en die konsekwensies wat dit vir twee stelle lesers het:

    • Suid-Afrikaanse lesers moet ekstra moeite doen omdat sommige Nederlandse woorde en omstandighede waarna sy verwys vreemd is
    • Nederlandse lesers moet ekstra moeite doen omdat haar Afrikaanse taal en Suid-Afrikaanse wêreld vir húlle vreemd is.

jansen5

Ena Jansen teken Soos familie vir Tony en Gisela Ullyatt in Ketelkelder, NALN se Boekemark. (Foto: Annelien Diedericks)

    En dís waaroor poësie gaan: die spesiale moeite wat skynbaar spontane, maar wel hipergeorganiseerde taal van jou vra. Sulke poësie vra van jou om in die digter se woordwêreld te verwyl met áándag. Die “dubbele poëtisiteit” van die literêre dubbelburger Eybers se poësie sorg daarvoor dat jy, soos die strukturalis Jonathan Culler dit gestel het, nie te gou die “unseemly rush from word to world” kan of wil maak nie.

Eybers is maar één van ‘n baie indrukwekkende groep gróót digters in Afrikaans. Elkeen is uniek op sy en haar eie manier: NP Van Wyk Louw, DJ Opperman, Olga Kirsch, Sheila Cussons, TT Cloete, MM Walters, Adam Small, Wilma Stockenström, Breyten Breytenbach, Antjie Krog en Marlene van Niekerk. Groot verseboek en NALN is onderskeidelik ’n fantastiese bron en plek om hierdie en baie ander digters se werk te leer ken.

Ek ken egter min digters met wie lesers so intiem saamleef as met Elisabeth Eybers. Sy is ’n digter wie se Versamelde gedigte op jou bedkassie lê, wat jy present gee aan jou dogter as sy haar eerste baba verwag, wat jy aan kinders in die buiteland stuur, wat jy lees wanneer jy wakker lê en nadink oor die naderende dood.

In haar 100ste geboortejaar is Eybers steeds aktueel.

Eybers “die stewige loopplank”

Aan die wieg van die noue kontak tussen Afrikaanse skrywers en die Nederlandse literêre wêreld deesdae staan die digteres Elisabeth Eybers. Tydens talle dekades van kulturele boikot-aksies gedurende die tweede helfte van die 20ste eeu was Eybers se hoë profiel in Nederland en Vlaandere immers ’n anachronisme en is niemand se Afrikaanse gedigte behalwe hare en Breytenbach s’n deur Nederlanders gelees nie.

jansen6

ZeBros 75 sing Eybers-toonsettings, Werner Schmidt en Seleke Botsime in NALN Ouditorium. (Foto: Annelien Diedericks)

2015 is dus ’n gepaste moment om stil te staan by die “stewige loopplank” wat Eybers tydens haar 46 jaar in Amsterdam tot stand gebring het om ’n plek vir ook ander Afrikaanse digters in die Nederlandse literêre wêreld voor te berei. Breyten Breytenbach het sy eie hoë profiel gehad, mede as gevolg van sy politieke betrokkenheid. Ingrid Jonker het bekend geword mede danksy VPRO-dokumentêremaker Saskia van Schaik se pragtige film Korreltjie sand. Gerrit Komrij se groot bloemlesing Afrikaanse gedigte het verder ‘n enorme rol gespeel om Afrikaanse poësie bekend te stel. Wilma Stockenström, Antjie Krog en daarna Peter Snyders, Charl-Pierre Naudé, Ronelda Kamfer en Marlene van Niekerk is na geleenthede soos Poetry International en Winternachten uitgenooi. Deesdae is álle Afrikaanse digters in die Lae Lande welkom, ook as sangers. Mense soos Gert Vlok Nel, Amanda Strydom, Chris Chameleon, Jannie du Toit, Laurinda Hofmeyr, Luna Page, Andries Bezuidenhout, Jack Parow.

En dit is maar ’n paar van die woordmense wat deesdae gereeld in Nederland optree en gelees word. Op ’n manier kyk Elisabeth Eybers altyd oor hulle skouer mee; is háár werk ’n toetssteen; word die jonger generasies aan haar gemeet. Hierdie ander digters se werk word in Nederlands vertaal; net Eybers s’n staan as die onvertaalde paal bo water – omdat Nederlandse lesers op ’n byna misterieuse manier die spesiale moeite doen waarvan ek gepraat het.

jansen7

Ena Jansen, Eybers-uitstalling, NALN Ouditorium. Eybers se stoel, kunswerke, lamp. (Foto: Mudboots Creative Arts)

Oorlede op 92

Op LitNet is ’n foto wat ek op Sondagoggend 22 Februarie 2015 van haar graf geneem het, enkele dae voor Elisabeth Eybers se 100ste verjaardag op 26 Februarie 2015. Sien http://www.litnet.co.za/die-100ste-geboorteherdenking-van-elisabeth-eybers. Vir diegene wat die stukkie nie gelees het of onthou nie, verwys ek vandag graag kortliks na wat ek toe geskryf het:

Elke jaar sedert sy op 92-jarige leeftyd in Amsterdam oorlede is op 1 Desember 2007, fiets ek en ’n ander ou vriendin van haar, Annemarie Balkema, saam na die begraafplaas Zorgvlied ten suide van Amsterdam en laat ’n bos tulpe op haar graf agter. Party jare is dit guur en reën dit, soos die dag waarop sy begrawe is, maar soms is die lente in die lug, soos die dag vanjaar toe dit pragtige voorjaarsweer was.

Elisabeth Eybers was nie bang vir die dood nie, dit het vir haar geen skrikbeeld ingehou nie. Voortdurend het sy – byvoorbeeld in “Swymelrym” – gewonder “hoe sal ons eendag doodgaan/ hoe haal ons daardie paal?” Haar begeerte was al lank “om leeg genoeg te loop om vol te loop met wat vanuit hierbuite binnevloei”. Sy wou “grondig vergaan”, “die stilte betrek”, haar blywend toespin in ‘n droom.

Jaar ná jaar, terwyl ons by Elisabeth Eybers se sober grafsteen staan, ervaar ons hierdie stilte. “Laat ons loof wat ons nie kan verstaan.”

jansen8

Ena Jansen, Eybers-uitstalling, NALN Ouditorium. Eybers se stoel, hoederak, jas, hoed, kunsversameling. (Foto: Mudboots Creative Arts)

Eybers se boekery onderdak in Amsterdam én Bloemfontein

Maar nou eers terug na Bloemfontein. In NALN se pragtige ou Raadsaalgebou is dit vanaf vanaand moontlik om op ’n baie konkrete manier kontak te behou met Elisabeth Eybers. ’n Deel van haar boekery is nou hier. Oor die algemeen is dit gewone boeke wat baie van u ook besit. Hierdie honderde boeke is egter spesiaal omdat hulle jare lank in Eybers se huise en boekrakke in Johannesburg en Amsterdam gestaan het, omdat háár handtekening in baie van die boeke staan. Ook ’n klompie van haar persoonlike besittings is nou hier by NALN in Bloemfontein. ‘n Klompie ander boeke is steeds in die Zuid-Afrika Huis in Amsterdam en sal ná die heropening van die verboude pand weer daar besigtig kan word.

jansen9

Stoeltjie ... (Foto: Ena Jansen)

Op die webwerf van die Zuid-Afrika Huis kan u nalees wat die geskiedenis van die boekery is. Sien http://www.zuidafrikahuis.nl/content/eybers, waar ek kortliks dokumenteer wat die gang van sake was: hoe die boeke deur haar erfgename geskenk is aan die Zuid-Afrika Huis en van haar woonstel op die Amsterdamse Stadionkade na die Zuid-Afrika Huis op die Keizersgracht vervoer is totdat ‘n gedeelte daarvan vandag in Bloemfontein feestelik deur NALN in ontvangs geneem word.

Ek laat verder ook vanaand ‘n klompie foto’s sien van die inpakkery. Verder ‘n foto van ’n papiertjie met twee getikte gedigte wat in ’n boek gevind is en nié in dié vorm in haar Versamelde gedigte gepubliseer is nie. Danksy die tikmasjien van Eybers wat nou in NALN se besit is en vanaand hier uitgestal staan, sou u kon vasstel of hierdie gedigte inderdaad getik is op die tikmasjien hier voor ons.

Hierdie papiertjie is maar een van ‘n skoendoos vol wat uit haar boeke verwyder is toe ons in 2014 besef het dat die verbouing van die Zuid-Afrika Huis dit nie moontlik sou maak om ‘n volledige Eybers-kamer te handhaaf nie. Die boeke moes verdeel word, die papiertjies moes opsy gesit word en gered word met die oog op verdere navorsing. Sommige papiertjies is net inkopielysies, ‘n mooi ou Suid-Afrikaanse posseël of ‘n koerantknipsel. Maar wie weet vertel dit dalk ´n storie oor haar, help dit ‘n gedig ontsluit.

jansen10

… en kapstok met hoed en jas van Eybers in die Zuid-Afrika Huis voor die verskeping Bloemfontein toe (Foto: Ena Jansen)

‘n Groot gedeelte van Eybers se boeke bly in Amsterdam agter, veral dié met strepies en aantekeninge. Ander met min spesifieke bibliofiele waarde kon op ‘n sogenaamde “meeneem”-dag deur gereelde besoekers van die biblioteek op die Keizersgracht saamgevat word huis toe teen ‘n geringe donasie. ‘n Belangrike deel van veral haar Afrikaanse boeke is na NALN gebring. Haar boekery is dus nie meer ‘n fisiese eenheid nie, maar ons weet ook dat Eybers tog al heelwat boeke weggegee of selfs weggegooi het toe sy begin opruim het. Haar kinders het ook ná haar dood saamgeneem wat hulle graag wou behou.

‘n Volledige boekstawing van haar boeke bestaan gelukkig wel in die vorm van ‘n katalogus wat deur twee Leidse studente gemaak is van al die boeke wat oorspronklik in Januarie 2008 in die besit van die Zuid-Afrika Huis gekom het. Hierin staan elke inskripsie, potloodstrepie en stukkie papiertjie aangeteken wat daarin gevind is. ‘n Verkorte aanlyn katalogus is op 13 Oktober 2013, vanaand presies twee jaar gelede, tydens ‘n simposium in Amsterdam geaktiveer. Sien http://www.litnet.co.za/titels-van-elisabeth-eybers-1915-2007-se-boekery-aanlyn-beskikbaar en http://www.litnet.co.za/eybers-kamer-in-amsterdamse-zuid-afrikahuis-oopgestel.

jansen11

'n Handgeskrewe resep (waarskynlik Eybers se moeder s'n) gevind in 'n ou kookboekie van mevrou Smuts – 'n voorbeeld van “gevonde voorwerpe” in Eybers se boeke. (Foto: Ena Jansen)

Otto Liebenberg sal verder aan u vertel hoe die ontvangs van die boeke hier in Bloemfontein en die inrig van ’n Eybers-kamer hier by NALN verloop het. Ek wil hom baie hartlik bedank vir sy en Nola Doré, Gerda Stroebel, Annelien Diedericks en ander personeel van NALN se enorme inset om dit moontlik te maak. Dat dit in Elisabeth Eybers se 100ste geboortejaar gebeur, is ’n besondere prestasie.

Ek hoop dat ek vanuit die kant van die Amsterdamse Zuid-Afrika Huis ’n indruk aan u kon gee van hoe die boeke nog in Amsterdam in Eybers se boekrakke gestaan het en hoe ons dit destyds nog op die Stadionkade ná haar dood saam met haar dogter Jeanne Wessels ingepak het. Mag die boekery van Eybers, sowel dít wat in Amsterdam agtergebly het as dít wat nou in Bloemfontein is, ’n nuwe stimulans in Suid-Afrika bied tot volgehoue liefde vir én ondersoek na Elisabeth Eybers en haar werk.

The post Ena Jansen oor Elisabeth Eybers, die literêre dubbelburger appeared first on LitNet.

Oom Paul se stap

$
0
0

As leerlinge van die Hoërskool Adelaide het ek en my neef Tollie ons vanmelewe se dae as juniors deeglik teenoor seniors laat geld deur noulettend kennis van hulle swak- of kwesbaarhede soos byname en eienaardighede te neem en dan op veilige afstand die "menere" daarmee te terg of te treiter.

So byvoorbeeld was Ezra, ons frisgeboude buurmanseun, se bynaam op skool "Donkie" en as ek en my genoemde boesemvriend-neef vanuit die klein hekkie na skool in Thompsonstraat huis toe stap en "Donkie" nog waaksaam buite op hulle stoep vertoef, het Tollie op veilige afstand luid soos 'n donkie begin balk ...

Totdat "Donkie" vir Tollie een fatale middag teen polisie-sersant Smuts se heining vasgekeer het en hy met 'n hele paar blou letsels op die lyf losgelaat is om tuis oor sy gedrag te gaan nabetragting hou.

Dit was ook die geval met ons streng en voorbeeldige prefek wat in dieselfde straat te Adelaide gewoon het en wie se naam "toevallig" ook Paul Kruger en dus die genant van president Paul Kruger was.

Ons het Paul se manier van loop as voldoende on- of buitengewoon beskou om dit op oordrewe manier vanaf 'n veilige afstand na te boots wanneer ons Thompsonstraat vanaf Greystraat binneloop en Paul ewe rustig en waardig op die stoep van hulle hoekhuis gesit en peins het.

Terwyl hy loop, het Paul sy gewig naamlik met elke voorwaartse tree op die hak van die agterste voet geplaas en dit met 'n opwaartse rol- en wipbeweging na die punt van die skoen verplaas ter voorbereiding van die volgende tree.

Ek het hierdie indrukwekkende loopstyl van die latere suksesvolle sakeleier in PE soms vir my eie familielede vir die aardigheid gedemonstreer!

Dit sou bloot 'n kwajongstreek in my geheue gebly het as ek nie heelwat later in Johannes Meintjes se fassinerende biografie oor President Paul Kruger (Cassell, London) die volgende verrassende beskrywing van die identiese loopstyl van die president deur Olive Schreiner se eggenoot opgemerk het nie.

Meintjes skryf: "Her (Olive Schreiner's) husband Cronwright recorded that Kruger even in old age impressed them with his massive frame, ‘his powerful bone, the quick step and the hold his foot took of the ground as he walked, the way it seemed to grip the ground and lift him along, and the look of alertness and energy' which still indicated a man 'as outstanding physically as he was in character and in certain mental qualities' ". (Verw. 821op pp. 214/215).

My slotsom? Waar bloed nie kan loop nie, kruip dit!

The post Oom Paul se stap appeared first on LitNet.

Begripstoets

$
0
0
As geleerdes na jare se studie nie woorde gelees kan kry nie, kan hulle hul wend tot feite, of vir ewig twis en die toorn behou.
 
CM

The post Begripstoets appeared first on LitNet.

Volmaanpiekniek by die Taalmonument

$
0
0

volmaan_taalmonument
Glo jy aan die man in die maan of dat die maan van kaas gemaak is? Kom beskou die volmaan van nader vanaf die Afrikaanse Taalmonument op Paarlberg – by die eerste Volmaanpiekniek van die seisoen op Saterdag 24 Oktober 2015.
 
Dié pieknieks is baie gewild onder plaaslike inwoners én oorsese besoekers, wat veral die sonsondergang en naguitsig van die vallei geniet. Maanopkoms is om 15:49 en sonsondergang is om 19:07. ‘n Begeleide toer van die monument sal om 18:30 aangebied word, en die monument sal tot om 22:00 oop wees.
 
Besoekers is welkom om hul eie piekniekmandjies saam te bring of een by Volksmond Koffiewinkel te bestel (tel. 021 863 2800). Volksmond sal oop wees vir koffie en ligte verversings. Besoekers moet onthou om flitse en warm klere saam te bring. Geen honde en vure word toegelaat nie. Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer.
 
Kaartjies kos R25 vir volwassenes, R10 vir SA studente en R5 vir kinders (gratis onder ses jaar) en is by Computicket en by die hek beskikbaar. Geen besprekings is nodig nie. Jaarpermitte is by die Taalmonument beskikbaar teen R120 vir individue of R220 per gesin, wat toegang tot Volmaanpieknieks insluit.
 
Vir meer inligting oor geleenthede by die Taalmonument, skakel 021 863 0543/4809 of besoek www.taalmonument.co.za.   
 
Die piekniekreeks word aangebied ten bate van Laat ons Lees!, die Taalmuseum se voorleesprojek vir kinders. Piekniekgangers word aangemoedig om ‘n nuwe of tweedehandse kinderboek saam te bring ter ondersteuning van dié projek.
 
Trots ondersteun deur KykNET en Kie

The post Volmaanpiekniek by die Taalmonument appeared first on LitNet.

Uit 'n klaskamer op die Kaapse Vlakte 6 | Diary of a teacher 6

$
0
0
 Wat is hierdie rubriek? Lees Ms January se brief[1] onderaan ter wille van agtergrond.

 

Ek moet uit my klaskamer trek om plek te maak vir ‘n nuwe onderwyser. Die klaskamer wat ek kry, val uitmekaar. Dit was ‘n ou laboratorium vir die vorige wetenskaponderwyser en nou staan dit leeg. Dit is die enigste beskikbare klaskamer. Daar is meer skrif op die mure en banke as in my leerlinge se boeke. Elke keer wanneer ek en die leerlinge by die klas instap, is daar ‘n eienaardige reuk as gevolg van ou eksperimente wat in die verlede in die klaskamer gedoen is. Die kaste is oud en stukkend, wat beteken dat ek nie veel plek het om boeke, papiere en vraestelle te bêre nie. Die meeste van my goed moet ek huis toe vat om te stoor. Met stukkende vensters, banke vol kougom en kinders sonder lus vir leer vind ek my pad deur elke skooldag. Ek moet myself af en toe afvra wat ek hier maak tussen al die stukkies bordkryt wat die vloer vol lê.

Mense stap daagliks by ‘n kantoor in, begin werk, en aan die einde van die dag word die lêers en boeke toegemaak en daar word huis toe gegaan. Maar ‘n kind is nie soos ‘n lêer wat ‘n  mens kan toemaak nie. Die onderwyser se werk is nooit werklik afgehandel nie, want die leerproses hou nooit op nie. Elke dag is vir my ‘n nuwe uitdaging om lesse interessant te maak, om deur te dring na daardie een leerling wat met dieselfde oefening sukkel of om leerlinge aan te moedig om te leer, en bowenal om kennis oor te dra. Dis ‘n veeleisende taak wat moeiliker gemaak word as daar nie basiese hulpmiddele beskikbaar is vir leerlinge sowel as onderwysers nie. Die eenvoudigste dinge, soos skoon drinkwater, is nie beskikbaar nie. Die een of twee krane wat op die skoolgrond staan, is vuil en die water wat daaruit loop, ruik aaklig, en tog is die leerlinge desperaat genoeg om daarvan te drink. Ons leerlinge bly siek, maar wat anders kan hulle doen as om vuil water op ‘n leë maag te drink?

Nodeloos om te sê ly hul skoolwerk daaronder. Een van die moeilikste dinge wat ek tot dusver ervaar het by ‘n skool soos hierdie is tydens die aanbied van lesse. Met meer as 40 leerlinge in ‘n klas en beperkte hulpmiddels (veral ‘n tekort aan handboeke) word die eenvoudigste taak in die klaskamer bemoeilik.  

Dit is baie laat in die skooljaar en steeds sit die meerderheid onderwysers in ons skool met net ‘n beperkte aantal handboeke. Ek is een van die onderwysers wat gelukkig genoeg was om agt handboeke aan die begin van die jaar te ontvang. Ses van die handboeke het deur die loop van die jaar verdwyn.

Daarby besef ek dat my leerders nie ‘n liefde vir boeke het nie en dit beïnvloed verder die terugvoering en interaksie wat in die klaskamer plaasvind. Leerders sukkel om die nut daarin te sien om te lees en dalk is dit omdat baie van hulle min blootstelling daaraan het. Ek het eendag geskrik toe ek ‘n graad 9-leerling vra om ‘n gedig hardop in die klas te lees. Dit was ‘n eenvoudige gedig (die taalgebruik sou geskik wees vir ‘n graad 5-leerling), maar tot my verbasing kon die leerling slegs ‘n paar woorde ontsyfer. Na ‘n paar leesoefeninge in die klas besef ek dat hy nie die enigste leerling is wat sukkel om te lees nie.

Dit is nie net handboeke wat skaars is nie, maar die meerderheid leerlinge kan nie skryfbehoeftes bekostig nie en die skool is nie daartoe in staat om dit vir hulle te gee nie. Diefstal is ook ‘n algemene probleem in die skool. Daar is nie veel plek vir leerders en onderwysers om ons goed veilig te hou nie. Ek onthou hoe een leerling in my klas ‘n ander met ‘n liniaal deur die gesig geslaan het omdat sy sonder toestemming ‘n pen van sy tafel gevat het.

Nog iets wat ek dikwels sien, is dat leerlinge sonder toestemming boeke van ander leerlinge vat om werk wat hulle gemis het, af te skryf. Ek het al so baie take en oefeninge gemerk waar al die antwoorde presies dieselfde is. Vir die meeste leerders gaan dit lankal nie meer oor oorspronklikheid of eerlikheid nie, net oor blote oorlewing. Die “vat wat ek kan kry”-houding is algemeen.

Tot my verbasing sien ek vir die eerste keer vandag ‘n leerling wat tydens pouse op haar eie sit en lees. Nie van ‘n selfoon of iPad of een of ander kontrepsie nie, maar uit ‘n boek. Ek het onmiddellik besef hoe belangrik dit is om te soek vir daardie geleenthede om die leerproses net ‘n klein bietjie makliker vir ‘n kind te maak. Die onus rus immers op ons. Ek besluit om boeke bymekaar te maak – enigiets waarop ek my hande kan kry beland op die rak in my klaskamer. Ek dink by myself, laat hulle dit maar vat, laat hulle dit lees, sorg net dat hulle leer!

msjanuary650

A letter by Ms January[1]

Dear reader

It has been an eventful few months for me as a teacher at a public school. I have had trouble putting into words the many (at times scary) experiences I have had teaching learners who find themselves in very challenging social and economic circumstances.

There were too many instances when I asked myself why I didn’t rather choose to teach at a model C school. I often thought that it was the learners at township schools who really suffered, but I can assure you that my experience with learners from places such as Manenberg, Mitchells Plain and the rest of the Cape Flats has been an eye-opening and possibly life-changing experience.

I therefore decided to write down some of the things I’ve seen and experienced as a teacher in the classroom. At times I scribbled it on a piece of paper whenever I witnessed something that made me catch my breath or made me rethink life as I know it.

Teaching these learners has proved to be a challenge. Most of them have given up on education – and they despise those people who try to give it to them, such as their parents and teachers. School is a burden to them and so they make teaching a burdensome experience altogether. To a great extent issues like gangsterism, abuse, extreme bullying and poverty do play a role in their poor performances at school. However, for the teachers the frustration of teaching these learners begins to outweigh the sympathy felt for them. At some point you stop making excuses for the learners that you teach.

Each day feels like a battle. It is almost too great a challenge trying to help learners overcome their own mindset – they believe they are destined to fail. They laugh at success.   

“Uit 'n klaskamer op die Kaapse Vlakte” (“Diary of a teacher”) forms part a personal teaching diary I’ve been keeping to give the reader an idea of some of my experiences at school as well as those of the learners that I teach. At times I write in English, at other times in Afrikaans. It is not my intention to discredit anyone that forms part of this experience.

Ms January

Lees "Diary of a teacher 1".

Lees "Diary of a teacher 2".

Lees "Diary of a teacher 3".

Lees "Diary of a teacher 4".

Lees "Diary of a teacher 5".

The post Uit 'n klaskamer op die Kaapse Vlakte 6 | Diary of a teacher 6 appeared first on LitNet.


Nelle Dreyer: 'n Ster verskiet

$
0
0

nelledreyer_ster1Nelle Dreyer, 1950–2015

“Cut!” Ashley Lazarus pluk die pet van sy kop af. Hy waai daarmee oor sy gesig. Dis warm en bedompig in die swartgeverfde ateljee. Die kameraman kom orent en gluur na ons. Nelle gee die glas appelwyn vir die meisie van die agentskap aan. Dié gooi dit dadelik in ‘n amper vol plastiekemmer uit en poets die soveelste glas sodat dit soos die aandster skitter. Ek vat ‘n sluk van die louwarm bottel Woodpecker cider wat ek in my hand hou. Niel Diamond se stem drentel deur ‘n oopgemaakte dubbeldeur. “Song sung blue”. Die benoude ruimte ruik na poeier en parfuum en haarsproei. Die skerp kolligte doof uit. ‘n Haarkapper met afgesnyde jeans en ‘n lang pinkienael vroetel met Nelle se hare en ons gesigte word behendig gepoeier en geontblink. Sy knipoog donkeroog vir my. Ek knipoog blouoog terug. Dié keer gaan ons die ingewikkelde prosedure voor die zoemende kamer regkry: ‘n yskoue bottel drank word agter my rug aangegee; ek moet dit dan, met die etiket perfek regop, tot neffens die glas in Nelle se hand bring – als in een soomlose beweging ... Ons knipoog vir ‘n denkbeeldige persoon in die kamera se lens en ek skink dat die skuim net so drie sentimeter van die rand van haar glas triomfantlik borrel. Dit alles gebeur terwyl ons oortuigend en gemaklik glimlag vir die skare wat die advertensie in die bioskoop gaan gadeslaan. 
nelledreyer_ster3
“Action!” Sy pet is ‘n rooi sinjaal op sy kop. 

Ons – ek en Nelle – is studente aan die Universiteit Stellenbosch en ons behoort aan dieselfde modelagentskap in Kaapstad. Sy is reeds ‘n legendariese skoonheid op Matieland. Wie kan die gelaaide oomblik en uitspattige gejuig vergeet toe sy as Sjampanjenooi voor die skare op Coetzenburg uitstap. Dit was nie slegs die hoop op oorwinning wat die skare laat jubel het nie. Dit was ook ‘n kollektiewe, onderbewuste herkenning van skoonheid. Daardie onpeilbare element – je ne sais quoi. Die x-faktor. Óf jy het dit, óf jy het dit nie. Nelle het dit. In oorvloed.

Murray la Vita skryf in 2011 in Die Burger na aanleiding van ‘n onderhoud met Nelle Dreyer:

Benewens haar natuurlike skoonheid – die oë, die mond, die lenige figuur – is Nelle ook iemand met ‘n sonderlinge styl en uitstraling.

Ek kan sien mense kyk vir die vrou in die swart broek en rooi leerespadrilles. Sy dra ‘n lieflike groot sonbril. Voor in die middel van haar rooi kopband is iets soos ‘n goue blom. Dit kan ook ‘n son wees wat daar vasgesteek is.

Die woord feline beskryf haar goed. Wanneer ons op die hotelstoep sit, is hierdie kat- agtige grasie veral te bespeur in hoe sy ‘n arm uitstrek of haar bene kruis.

Baie jare later is ons weer voor die kameras. Vir ‘n ander rede. Dis Donderdag 5 Oktober 15 jaar gelede. Ons is in ons vyftigs en die geleentheid is die voorskou van my tweede solotentoonstelling in Parys. Ek trek ‘n lawwe gesig vir die kamera. Nelle is mooier as ooit. Sy is geklee in ‘n eenvoudige middernagblou ensemble met ‘n ligter skakering omslaanmoue. Haar hare is in ‘n poniestert opgebind. Om haar nek is ‘n helderkleurige halssnoer wat herinner aan die Suidsee-eilande. Sy dra amper geen grimering nie. Die galery word stil toe sy deur die glasdeure op Rue de Seine stap. Ek sit my arm om haar skouer soos in die sewentigerjare in Kaapstad. Die kamera flits. 

nelledreyer_ster2
Johan Liebenberg ken Nelle sedert hul kinderjare, maar dis met die publiseer van haar boek dat hulle vriendskap verdiep. Hy skep ‘n vinjet uit hulle samesyn oor die jare:

Na Nelle haar permanent in Frankryk gevestig het, het ek haar af en toe gesien. Daar was iets onwerklik omtrent hierdie ontmoetings, wat ‘n paar maal by Meerlust plaasgevind het. Hannes Myburgh was die gasheer, sjarmant, besonder aantreklik, lenig; en tog teruggetrokke: die eienaar van die mees bekende wynlandgoed in Suid-Afrika. Eenmaal, op Chateaux Rothschild, so vertel hy, het hy by die venster uitgekyk, en gesien hoe Greta Garbo tussen die wingerde aangestap kom. Ek onthou die pieknieks op die uitgestrekte grasperk, met die komberse uitgesprei, die gaste onberispelik geklee in wit flenniebroeke.  

nelledreyer1

Tennisfoto geneem deur Gavin Furlonger

Dit is ‘n loom somersdag met die geluid van die bal wat die snare van die raket met eentonige reëlmaat tref, die trae applous na ‘n goeie rughandhou. En tussen die bome kom Giorgio Dalla Cia aangestap, Meerlust se wynmaker. ‘n Gawe man, effe ingetoë, soos Hannes self. Hy kyk self hoe Nelle Dreyer atleties oor die baan beweeg en ‘n uitstekende terughou speel.  

Nelle, wat ek van kleins af al ken. Van Sub A af … In die geestesoog vloei herinneringe inmekaar, sonder om hulle te steur aan die ordelike kronologie … die langbeen meisie in haar swart baaikostuum wat my nuuskierig aankyk in Langstraat Turkse Baddens & Swembad. Die mis wat oor die water opstyg. “Pasop vir kieme, my kind,” waarsku my ma. Daar was iets ongesonds omtrent die plek. Die gebreekte teëls … die lig wat flou deur die dakvensters val. Die ou opsigter in die hoek, op die stoeltjie, sy oë wat al verflou. En Nelle, stralend. Die lewe lê voor haar, die wêreld is so te sê reeds aan haar voete.  

*  

Dan roep Hannes ons om te kom eet. Hy staan gebukkend oor die braaiskottel, die rook verberg vir ‘n oomblik sy gelaatstrekke en hierna is sy gesig rosig. Giorgio staan hom by. Nelle proe aan die sampioene wat wild op die plaas groei: “Boletus edulis,” kondig sy aan. “In Parys betaal jy ‘n fortuin hiervoor.” Nelle, die uitstaande meisie; die Stellenbosse Sjampanjenooientjie, die topmodel wat deur David Bailey gefotografeer is … en sou ook met Helmut Newton gewerk het as dit nie was dat hy siek geword het nie. 

Later, in Hannes se huisie, wat verdwerg word deur die statige Meerlust-herehuis, sit ons en drink nog wyn – nou klein glasies, Meerlust Laatoes – ‘n pryswenner op wynskoue. Die wyn is soet met besonderse diepte. Dan word almal stil. ‘n Figuur het in die deur verskyn. Die ligval op haar gesig gee dit die deursigtige voorkoms van delikate glas. Sy staan skamerig daar, met iets treurig omtrent haar, hierdie beeldskone jong meisie. Dan verdwyn sy stilweg. “Dis Hannes se jonger sussie,” fluister Nelle. Later verneem ek daar was dalk sprake van ‘n probleem met haar.

Ek moet op my beurt verduidelik: op skool het Nelle met Rauch van Reenen uitgegaan. Hy het mens aan ‘n Griekse god herinner. Sy vol lippe was so duidelik gedefinieer, sy oë seeblou. Hy was die modelskoolseun, uit die boereadel, het vir Jan van Riebeeck se eerste span gespeel. As jy vir die onder 19’s se eerste span gespeel het, het jy nie gewone truie gedra nie – jy het ‘n wit broekie en ‘n wit trui gedra met ‘n wit krawat as jy formeel geklee was. Hulle, die onder 19’s, was die uitverkorenes, en dit was vanselfsprekend dat Rauch, die uitverkorene, Nelle, toe nog in standerd ses, sou keis. Keis? Of is dit “case”? Ja, ek onthou nog die woord. Dit beteken dat Nelle sy meisie was. Want selfs op dertien was sy reeds beeldskoon. Ek en my mede-standerd-sessers was benede haar. Ons was onvolwasse. Haar oë was gerig op groter dinge. Vergete was die dae toe ons beide so ses of sewe jaar oud was, by Langstraat se Turkse Baddens & Swembad toe sy my “gebom” het, toe ons saam geswem en gespeel het. 

Die atmosfeer op Meerlust is onwerklik, die figurante is onwerklik mooi, Rauch van Reenen wat met Nicky getrou het, die pragtige Christel Malan wat met Hannes sou getrou het. Die foto’s op voorblaaie … die “skande” daarna, veroorsaak ten dele deur Barry Dunne, Nelle Dreyer se minnaar wat, soos Nelle self vertel, op 13 soos Tadzio in die filmweergawe van Death in Venice gelyk het. Saam het hulle nagte deurgewerk in Koningin Victoriastraat, sy voor die kamera, vol idees … en Barry Dunne wat sy blonde hare terugveeg, sy oë blink van opwinding. Natuurlik het hulle die vloeiende wit klere van Harvey Rothschild gedra. Soos uitverkorenes het hulle deur die stad beweeg, in hul vloeiende linnekleredrag, en dis asof hulle die stad besit het. Mense het gaan stilstaan en hulle agterna gestaar. 

Barry Dunne sterf in Parys, eensaam. Twee dae lank lê hy daar, in ‘n kamertjie. Hy wou nooit hê dat Nelle hom moes kom sien nie. Hy het ‘n ou man geword. Sy hare het uitgeval en hy het nie meer tande oorgehad nie – die prys wat jy betaal as jy heroïne as jou minnares aanvaar.

nelledreyer2

Voorblad van Nelle se boek deur Protea Uitgewers

Toe ontvang ek eendag ‘n e-pos van haar. Sou ek bereid wees om te loer na haar manuskrip? Die titel is: ‘n Afrikaanse Meisie. Die opvolg sou wees: Toe ek klein was. Pragtig. Maar Protea Boekhuis het Voorbladnooi verkies – omdat sy die eerste Suid-Afrikaanse model was wat op Vogue se voorblad verskyn het. ‘n Model wat ‘n boek skryf? “Ja, stuur maar aan,” het ek traag geantwoord. (Ek het myself lankal nie meer as ‘n model beskou nie.) Die manuskrip kom by my aan. Ek begin te lees en hou aan met lees. Hierna stuur ek dit vir nog ‘n oud-Jan van Riebeecker, Annari van der Merwe (destyds by Tafelberg) en ook sy lees, en hou aan met lees.

Die boek verskyn. Sy is my miskien ewig dankbaar (hoe beskeie my bydrae ook al was). Sy word soos my suster. Ons skryf twee, drie maal per week vir mekaar. Sy lees alles wat ek skryf. Sy ondersteun my.

Maar op 15 Oktober 2015 gaan staan die horlosie. Nelle se kalender verstar. Daar sal nie ‘n Novembermaand wees nie. Dis alles, alles verby. 

*

nelledreyer3

Tulband-foto geneem deur Johan Liebenberg vir BY

Ons eet saam met Nelle en Louise Hennigs in Groenpunt. Dis ‘n vrolike geleentheid. Nelle is op haar stukke. ‘n Pragtige pers tulband sit soos ‘n Oosterse kroon op haar kop. Ons lag en spot oor die ou dae, raak dan weer ernstig oor die genadeloosheid van oud word. Dan skater ons weer oor die oënskynlike voordele van Botox en ander kosmetiese hulpmiddels. Ons maak planne om in Frankryk bymekaar te kom.

 Louise vertel van haar eerste ontmoeting met Nelle:

Ek sal die dag dat ek haar ontmoet, nie vergeet nie. Dit gebeur op die Place des Voges in Parys. Ek is saam met Hannes Myburgh. Ons ontmoet Nelle vir middagete en gaan na die tyd die Picasso Museum besoek. My eerste indruk van Nelle is oorweldigend. Dié beeldskone vrou is in swart geklee. Daar is ‘n bloedrooi lap om haar skouers gedrapeer. Sy sit by ‘n tafel onder die arkade, ‘n lang sigaret in haar hand met ‘n glas rooiwyn voor haar. Ek is aanvanklik totaal geïntimideer en voel soos ‘n plaasjapie!

Toe word Nelle my vriendin. Sy is dierbaar, vrygewig, snaaks, eerlik en lojaal. Nelle is soos ‘n suster vir my en ons kon oor enigiets en alles gesels. En lag. 

Louise kuier verlede naweek by ons op die Franse platteland. Sy het kom help met ‘n kunskursus wat ek hier aanbied. Dis haar voorlaaste dag – ons is in die tuin besig om die reëlings vir haar vertrek af te handel. 

“Ek gaan gou vir Nelle kontak om seker te maak watter tyd sy in Parys aankom.” 

Louise kom tussen die herfswordende kastaiingbome aangestap. Sy skud haar kop. 

“Sy antwoord nie haar telefoon nie. Ek probeer later weer.”

 

The post Nelle Dreyer: 'n Ster verskiet appeared first on LitNet.

Onderhoud met Walkie Talkie oor "United for Bafana (with LT)"

$
0
0
"Infamous (read un-famous) ZA spoken word groep Walkie Talkie het vandag 'n nuwe snit vrygestel, in samewerking met Pretoriaanse electro musikant LT, wat hier gratis aflaaibaar is: https://walkietalkie3.bandcamp.com/track/united-for-bafana-with-lt."

 

Maar wie is Walkie Talkie?

hemelbesem250
Hemelbesem

Toast Coetzer is the frontman of spoken word band The Buckfever Underground. He works as a travel writer and photographer at Weg/Go, and is also involved in radio as co-host of The Unhappy Hour on Cape Town-based Bush Radio 89.5 FM. Other side projects include the band Simply Dead, and he’s also co-editor of the alternative culture zine Ons Klyntji.

Jaco van der Merwe het verskeie musiek- en skryfprojekte oor die laaste 17 jaar aangepak, party seker meer noemenswaardig as ander. Om deel te wees van Bittereinder en Walkie Talkie is tans vir hom diep bevredigend. Hy het in 2014 ‘n geïllustreerde digbundel To form trees when they are young saam met Gerhard van Wyk vrygestel en in 2015 Wêreld Records geformuleer.

HemelBesem is 'n Afrikaansvatter, hip-hopper, woordkunstenaar ens met ‘n kroes-goatee en ‘n bleskop. Somtyds op jou TV, soms in jou CD-speler, soms in jou koerant, soms oor jou radio, maar meestal in jou kop ... soos ‘n “doef” in die nag ...

henrycloete250
Henry Cloete

Hunter Kennedy is deurmekaar en skryf elke nou en dan goed neer. Hy wil eintlik net op 'n hangmat lê, maar speel gereeld in bands en stuff.

Henry Cloete het nou die dag 'n storieboek – Draalnoot vir 'n janfiskaal (Queillerie, 2014) – gemaak. Hy het al onder 'n paar vaandels musiek en gepaardgaande woorde gepleeg – mees onlangs Die Skynmaagde, Henry & The Wolf (saam met Riku Lätti), en nou, met groot trots, Walkie Talkie. Hy werk ook in en aan mediadinge. 

Mouth/Of/Wolf is a sound/visual artist focused on subjects including existentialism and social justice. During the past decade he has fronted stoner/hardcore/electronica/folk projects in Cape Town, London, Hanoi and Beijing. He remains at large. 

jacovandermerwe250
Jaco van der Merwe

Naomi Meyer het per tweerigtingradio kontak probeer maak.

Is hierdie tweerigtingradio-lied ene waarop julle graag reaksie wil hê, en wie sou julle wil hê moet reageer? Zuma, die pous, Charlize Theron, of iemand anders?

Hemelbesem: Mense reageer op alle musiek en skrywes op verskillende maniere, so dis basies 'n "given" dat daar wel gereageer gaan word. Dis hoekom mens kuns doen in essensie, seker. Heyneke Meyer moet reageer ... want hy is lekker animated as hy oor sy walkie talkie praat haha.

Jaco van der Merwe: Dis darem sesrigting op die oomblik. Ons chat maar met mekaar en elke nou en dan met iemand wat per ongeluk op die verkeerde frequency is. Soos nou – welkom Naomi. Meer ernstige antwoord: om dinge in spoken word te omskep gee luisteraars 'n kans om gebeurtenisse en idees in 'n nuwe konteks te oorweeg, en ek dink in al ses van ons se ander projekte is ons altyd bewus dat ons maar net stemme in 'n baie groter dialoog is.

Henry Cloete: Aan die een kant pleeg mens nie kuns (wat dit ook al mag wees) om reaksie te bekook nie, maar aan die ander kant wil jy ook nie hê jy moet daardie alleensamige mimiekkunstenaar wees op wie die boom in die woud val nie (met apologie aan Gary Larson). Persoonlik sal ek graag wil hoor wat Rodney Seale en Gretha Wiid dink ... nee OK ernstig, dit sal nogal 'n ideale mindfuck wees om die lied te bespreek met van die mense – lewend of afgestorwe – wat in die lirieke genoem word ... Thuli Madonsela, Cecil Rhodes, Emmanuel Sithole ...

Mouth/Of/Wolf: In my opinie is n kollektiewe gewaarwording van meer belang. Een wat lyne vergruisel. Wat ons bewus maak dat die boot waarin ons reis, dieselfde is. Al roei ons telkens in verskillende rigtings. Verder, wat ons laat optree. In ons eie gemeenskappe. Vir mekaar. 

walkietalkie15.1Waarom het julle hierdie lied geskryf en skryf julle nog (saam)?

Hemelbesem: Ons pak randomly projekte saam aan en hierdie was een van dit. En ja, ons het dit gedoen omdat dit seker belangrik is om gereeldelik uiting te gee aan vrae of gevoelens, veral wat ons as Suid Afrikaners betref.

Jaco van der Merwe: Die plan is inderdaad om nog baie tracks saam te doen, en ons current hit rate van 1,5 liedjies per jaar bietjie op te stoot. Ek kan nou nie vir almal praat nie, maar om te skryf en te rap en dit uit te saai het nou maar min of meer geword wat ek doen, dis die werk van my hande. Hierdie lied spesifiek is vir my 'n beduidende samekoms van ses stemme wat saam klets oor iets wat vir hulle almal belangrik is, dis 'n merker en 'n vraagteken. Dalk sal ons elke jaar so 'n "stand van die nasie" track aanmekaar sit ... kan cool wees ...

Henry Cloete: Ek self is onlangs eers gedoop in die kultus van Walkie Talkie, so in hierdie stadium kan ek net hoop ons gaan nog sulke goed doen. Almal van ons het (heelwat) ander projekte, maar niks heeltemal soos dié nie. Dit was nogal 'n adrenalienervaring om te hoor wat al die ander ouens met die "opdrag" gedoen het.

Mouth/Of/Wolf: Die idee is om oor tyd ‘n soliede liggaam van werk saam te stel. 

Hoe het die lied ontstaan (jou gedeelte daarvan)?

Hemelbesem: Ek’t probeer om binne konteks anders oor te kom as die konvensionele styl. Ek probeer altyd die kultuur van rymklets op een of ander manier in te bring en ek dink ek het dit weer hier reggekry sonder om afbreuk te maak aan die projek in geheel. Ek deel ook alte graag wat in my hart is en op daai oomblik toe ek skryf was dit die gevoelens en vrae wat daar was.

Jaco van der Merwe: Omdat Walkie Talkie so min liedjies in 'n jaar doen het hierdie een amper soos 'n "stand van die nasie vir 2015" geword – ons het gesamentlik van die grootste en kakste gebeurtenisse van die jaar aangepak.

Henry Cloete: As ek reg onthou het die spertyd al verby gewhoosh (of dit was naby daaraan). By Fireman's Arms het ek die draft gekrap oor 'n whiskey of twee terwyl ek gewag het vir die wederhelf ... 'n Groot deel van my daaglikse werk behels betrokkenheid by nuus en aktualiteit, so dit was nie te moeilik om 'n soort bewussynsparalise te verbeel wat betref die ooraanbod van stommighede en afgryslikhede nie.

Mouth/Of/Wolf: As bloot ‘n persoonlike reaksie op huidige gebeurtenisse. So objektief as moontlik. En uit meer as een oog gesien. 

walkietalkie15.2

Gaan julle nog sulke projekte aanpak (is “projek” die regte woord)?

Hemelbesem: Altyd.

Jaco van der Merwe: Jip. Behalwe vir Walkie Talkie se toekomstige planne is ons ander projekte – HemelBesem, Buckfever Underground, Mouth/Of/Wolf, Die Skynmaagde, Henry and the Wolf, Bittereinder en Die Heuwels Fantasties – eintlik altyd besig met "sulke projekte": lirieke en musiek wat uitdagend betrokke is met die Suid-Afrikaanse samelewing. Ons is tans ook besig met 'n reeks visual poems in samewerking met Open Window Film Arts wat by Woordfees gaan wys in 2016.

Henry Cloete: Allerbeslis.

Mouth/Of/Wolf: Game on. 

Foto's: https://walkietalkie3.bandcamp.com/

 

The post Onderhoud met Walkie Talkie oor "United for Bafana (with LT)" appeared first on LitNet.

Riglyne vir maatskaplike werkers wat peuters forensies assesseer

$
0
0

Riglyne vir maatskaplike werkers wat peuters forensies assesseer

Minette Jacobs, maatskaplike werker, Bloemfontein en Carel van Wyk, Departement Maatskaplike Werk, Universiteit van die Vrystaat.

LitNet Akademies Jaargang 12(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Die forensiese assessering van peuters is ingewikkeld, tydrowend en gewoonlik nie maklik uitvoerbaar nie. Die peuter se vlak van sosio-emosionele kognitiewe ontwikkeling bied die grootste uitdaging aan die maatskaplike werker wat die forensiese assessering doen. Die doel van hierdie studie is ʼn ondersoek na die betekenis wat deskundiges heg aan die assesseringsprotokolle wat gevolg word wanneer hulle peuters forensies assesseer. Op grond daarvan is met riglyne vorendag gekom wat maatskaplike werkers kan volg wanneer peuters forensies geassesseer word. Hierdie riglyne dien dus as ʼn raamwerk waarbinne die bestaande forensiese protokolle toegepas kan word. ʼn Kwalitatiewe-navorsing-denkmodel het gegeld. ʼn Algemene proses van kwalitatiewe-inligting-ontleding is aangewend om die inligting, wat deur middel van ʼn onderhoudsgids tydens ʼn groepbespreking ingesamel is, te verwerk. Deelnemers aan die onderhoud is deur middel van ʼn doelbewuste nie-ewekansige steekproef gekies op grond van hul geografiese beskikbaarheid (Vrystaat), registrasie by die Suid-Afrikaanse Raad vir Maatskaplike Diensberoepe, aantal jare ervaring (minstens vyf), en opleiding (nagraadse kwalifikasie en/of kursusse in forensiese assessering). Daar is gepoog om vyf deelnemers te kies, maar slegs vier deelnemers het aan genoemde insluitingsmaatstawwe voldoen. Die volgende kernbevindinge is na die inligtingsontleding gemaak: die kognitiewe en taalontwikkelingsvlak eie aan die peuterontwikkelingsfase maak forensiese assessering van die peuter ingewikkeld en dikwels selfs onmoontlik, en peuters kan nie ʼn onderskeid tussen fantasie en realiteit tref nie; ʼn andersoortige benadering tot die forensiese assessering met die peuter behoort gevolg te word, waar die fokus op die versameling van agtergrondinligting val; die forensiese assessering van peuters is tydrowend; ʼn parallelle terapeut behoort betrek te word; aangesien seksuele mishandeling dikwels nie by die peuter bevestig kan word nie, is die beveiliging van die peuter noodsaaklik; en duidelike riglyne vir maatskaplike werkers wat peuters assesseer, is nie beskikbaar nie. Riglyne vir maatskaplike werkers wat peuters assesseer, is gevolglik ontwikkel.

Trefwoorde: forensiese maatskaplike werk; peuter; riglyne vir forensiese assessering; seksuele kindermishandeling


Abstract

Guidelines for social workers who forensically assess toddlers

Unfortunately it is a fact that the sexual abuse of children is not abating, and that the younger the child, the higher the risk of sexual abuse. Also, the younger the child, the more challenging it is to do a forensic assessment. The attributes of the phase of development in which a child finds him-/herself offer various challenges to the social worker who has to assess the toddler forensically. Literature indicates that it is extremely important to consult collateral sources to assess a toddler forensically. These collateral sources may include the parents, other family members, relatives and day-carers. The social worker who is doing the forensic assessment has to integrate the information gained from the various sources to create a holistic picture of the psycho-social functioning of the toddler. Standardised measuring instruments, such as the “Child Sexual Behaviour Inventory”, the “Child Behaviour Checklist” and the “Child Development Inventory”, may also be used to collect information regarding the toddler’s sexual behaviour and development. When the toddler is assessed forensically it will take between three and six hours, which have to be spread over several sessions. It is emphasised that alternative hypotheses and explanations for the toddler’s sexual behaviour should be investigated and that his/her sexual behaviour should not be blamed on sexual abuse without further investigation. If an unambiguous conclusion about sexual abuse cannot be reached, the social worker who is responsible for the forensic assessment will focus on the continued protection of the toddler.

To be able to conduct an effective forensic assessment the social worker must have profound knowledge of the development phase of the toddler. The toddler may, for example, be in the pre-operational phase of cognitive development. This means, inter alia, that the toddler cannot relate a logical course of events, and that ego-centredness, finalism, non-realism, concrete thinking, juxtaposition and syncretism are prevalent. Perceptual development is in process. The toddler’s spatial orientation has not, therefore, developed fully, and he/she cannot distinguish between different parts of the body. Toddlers cannot think in metaphors or in a symbolic way. They also cannot necessarily recall occurrences correctly; therefore, one cannot rely on the toddler’s memory. In the final analysis toddlers are more susceptible to suggestion. The aim of this study is, therefore, to analyse the meaning social workers who are doing forensic assessments of toddlers attach to the forensic protocols utilised by them. Based on this, broad guidelines were formulated that social workers may follow when doing forensic assessments of toddlers. The aim therefore did not include an analysis and/or expansion of existing forensic assessment techniques and methods which may be used when toddlers are assessed forensically.

The qualitative research paradigm was used in the study and the principles of purposeful, non-random sampling were applied to select the participants, who had to comply with certain criteria to participate in the study. The inclusion criteria were: registration with the professional council for social workers; a minimum of five years’ experience in the field of forensic assessment of children; and specific training in forensic social work. Four participants complied with these criteria. A literature study was done, and information was then collected by means of a previously compiled interview schedule which was used during an in-depth group discussion. The collected, unprocessed information was analysed according to the following steps of a generic qualitative data analysis process: developing categories and codifying the data; testing the unfolding understanding of the data and investigating alternatives; and, finally, interpreting the data and developing themes. The data emerging from the literature study and the data collected during the empirical study were then integrated to arrive at a deeper understanding of forensic social work assessment of the toddler.

The first shortcoming was the small size of the sample. Another was that information collected from a single profession was used in the study. The participants were also all working in a limited geographical area.

It was found that the participants regarded the forensic assessment of toddlers as a challenge due to their phase of development. These challenges included, inter alia, poor language skills of toddlers, their level of cognitive ability, limited spatial abilities and perceptual skills, limitations regarding memory processes, the inability to provide context and detailed information, and lack of ability to distinguish between fantasy and reality. According to the participants the forensic assessment of toddlers is hampered by the lack of overarching procedural guidelines. It was also evident that the protection of the toddler took preference over the confirmation of sexual abuse. The services of a supporting parallel therapist were often mentioned in this regard, the purpose of a parallel therapist being to monitor the behaviour of the toddler over a longer period, and also to provide therapy. The services of a supporting parallel therapist may also be employed when a clear-cut declaration/confirmation of the possibility of sexual abuse cannot be obtained from the toddler, but the toddler runs a high risk of maltreatment or abuse.

The unique attributes of the stage of development of the toddler should be kept in mind throughout the assessment process. Due to the attributes of the stage of development of the toddler it is absolutely essential to gather collateral information when doing the forensic assessment. As far as possible no blind assessments should be conducted. More time must be allowed for the assessment.

Finally, the following steps are recommended for the forensic assessment of the toddler: 1. Interview with the primary carer(s); 2. development assessment of the toddler; 3. reference to the parallel therapist; 4. socio-emotional assessment; 5. tactile surveying technique; 6. exploring alternative hypotheses; and 7. recommendations regarding the toddler’s protection and the possibility of the prosecution of the alleged transgressor.

Keywords: forensic social work; guidelines for forensic assessment; sexual abuse of the child; toddler


1. Inleiding

Die effektiewe forensiese assessering deur onder andere maatskaplike werkers van slagoffers van seksuele mishandeling verdien hernude aandag. Seksuele mishandeling van kinders kom steeds wêreldwyd voor en ten spyte van vele veldtogte blyk daar geen permanente deurbraak in dié verband te wees nie (Barth, Bermetz, Heim, Trelle en Tonia 2013:477). Die effektiewe holistiese hantering van hierdie verskynsel vereis gevolglik voortgesette aandag en werk (Crosson-Tower 2015, par. 280). In hierdie studie word daar dus gefokus op die uitdagings van die maatskaplike werker wat peuters forensies moet assesseer om as deskundige in ʼn geregshof oor die bevindinge rakende die voorval te getuig.

Poole en Lamb (1998:17) het bevind dat die forensiese assessering van peuters wat moontlik seksueel mishandel word, die volgende uitdagings vir die maatskaplike werker inhou: eerstens moet die vraagstuk aangaande die kind se geloofwaardigheid en die bevoegdheid van die kind om as getuie op te tree, bewys word; tweedens moet die dilemma rondom die jong kind se vatbaarheid vir suggesties verreken word; en laastens moet die moontlikheid van negatiewe beïnvloeding van inligting wanneer meer as een onderhoud met die kind gevoer word, in ag geneem word. Hierdie kwessies stel hoë intellektuele en assesseringseise aan die maatskaplike werker wat die peuter forensies moet assesseer. Die noodsaak vir riglyne vir assessering kom hier na vore, aangesien die bevindinge van die assessering benodig word om ingeligte besluite rakende die aannames van seksuele mishandeling, asook die toekomstige veiligheid van die peuter te maak.

ʼn Leemte bestaan dus ten opsigte van die effektiewe forensiese assessering van peuters wat moontlik aan seksuele mishandeling blootgestel is/word (Potgieter 2002:3; Meyers 1997:77). Die doel van die studie is ʼn verkennende en beskrywende ondersoek na die betekenis wat deskundiges op die gebied van maatskaplikewerk forensiese assesserings heg aan die inhoudelike van die assesseringsprotokolle wat gevolg word wanneer peuters forensies deur hulle geassesseer word. Op grond daarvan is met riglyne vorendag gekom wat maatskaplike werkers kan volg. Hierdie riglyne dien dus as ʼn raamwerk waarbinne die bestaande protokolle toegepas kan word.

Die ontwikkelingsprofiel van die peuter en bestaande assesseringsprotokolle word in die literatuuroorsig beskryf. Daarna word die wetenskaplike ondersoek beskryf en die resultate bespreek.

2. Ontwikkelingsprofiel van die peuter

ʼn Kind in die ontwikkelingstydperk wat strek van 18 tot 36 maande word as ʼn “peuter” (Engels toddler) gedefinieer (Cambridge Dictionary Online 2006). Die uitdagings wat forensiese assessering van ʼn peuter inhou, word in die bespreking van die biopsigososiale ontwikkelingsaspekte van hierdie ontwikkelingsfase uitgelig.

2.1 Piaget se kognitiewe-ontwikkeling-teorie

Die peuter is in die preoperasionele fase van kognitiewe ontwikkeling wat deur sekere unieke eienskappe gekenmerk word (Louw en Louw 2007:155–9; Rapha 2007:10–2). Dit sluit onder andere die volgende eienskappe in:

  • egosentrisme: selfgesentreerdheid waarmee peuters na die wêreld kyk vanuit hul eie perspektief en nie ander se siening kan insien nie
  • finalisme: oorsaak en gevolg word verwar
  • sinkretisme: die geneigdheid om verskillende nieverwante idees saam in ʼn verwarrende geheel te groepeer
  • jukstaposisie: feite wat werklik met mekaar verband hou, word nie met mekaar in verband gebring nie
  • transduktiewe denke: onlogiese volgorde van gebeure en verwarrende inligting word verskaf
  • animistiese denke: lewende eienskappe word aan lewelose voorwerpe toegeken
  • realisme: die onvermoë om tussen werklikheid en fantasie te onderskei
  • konkrete denke: letterlike denke in die onmiddellike tydsdimensie
  • sentrering: fokus op die onmiddellikheid van gebeure en voorwerpe met die gevolglike onvermoë om aan meer as een aspek op ʼn slag aandag te gee (Hewitt 1999:25, 26; De Witt en Booysen 2007:17; Rapha 2007:10–2; Louw en Louw 2007:155–9).

Bogenoemde kenmerke, eie aan die preoperasionele kognitiewe ontwikkeling van peuters, het tot gevolg dat hul vertellinge van gebeure dikwels onlogies en onrealisties voorkom. Dit bemoeilik die interpretasie van die peuter se vertelling in die raamwerk van die maatskaplike werker se forensiese assessering. Vir peuters om ʼn insident logies en ordelik te verhaal, moet hulle vaardighede ten opsigte van bogenoemde aspekte bemeester het. Eers dan is hulle in staat om kontekstuele inligting wat nodig is vir die akkurate, feitelike weergawe van gebeure oor te dra. Volgens die Suid-Afrikaanse reg word kinders as bevoeg beskou wanneer hulle volgens die mening van die hof tussen waarheid en leuen en tussen fantasie en realiteit kan onderskei. Kinders ontwikkel hierdie vaardighede meestal eers vanaf die ouderdom van drie jaar (Rapha 2007:12).

2.2 Perseptuele ontwikkeling

Persepsie word omskryf as die kontak wat die brein met die buitewêreld maak deur middel van gegewens wat deur die sintuie na die brein gevoer word (Rapha 2007:9). Perseptuele ontwikkeling vind van jongs af plaas en die volgende ontwikkelingsaspekte gaan daarmee gepaard:

  • Begripsvorming: sluit in visuele diskriminasie, vormwaarneming en vormkonstantheid en visuele geheue. Dit vereis van die peuter om tussen kleur, vorm en grootte te onderskei en om dit wat met die oë waargeneem word, te onthou en te herroep.
  • Waarneming van ruimtelike verhoudings: die verhouding van voorwerpe tot mekaar, byvoorbeeld die potlood is “agter”, “voor”, “bo”, “onder” of “langs” die boek.
  • Posisie in die ruimte: die bewustheid van die peuter met betrekking tot sy/haar eie liggaam se posisie in verhouding tot voorwerpe in die omgewing; byvoorbeeld: “Ek staan agter/voor/langs my maatjie.”
  • Persepsie van tyd: tydsbegrip speel ’n belangrike rol, aangesien gebeure in tyd afspeel. Die peuter toon ʼn onvermoë om gebeure chronologies te verhaal en spesifieke tyd aan gebeure te koppel (Rapha 2007:10, 85; De Witt en Booysen 2007:92).

Hieruit blyk dit dat die perseptuele vaardighede van die peuter ʼn bepalende uitwerking op die uitkoms van die forensiese assessering deur die maatskaplike werker kan hê. As die peuter byvoorbeeld nie sy/haar vertelling in volgorde kan weergee nie, kan die verdediging in ʼn strafsaak aanvoer dat die getuie nie betroubaar is nie en ʼn beroep op die hof doen om die getuienis van die peuter ten gunste van die beweerde oortreder te verwerp. Die onderstaande perseptuele vaardighede speel ʼn verdere rol in assessering:

a. Visuele diskriminasie – die vermoë om tussen kleur, vorm en grootte te onderskei. By die peuter is hierdie vermoë meestal onderontwikkel. Begripsvorming, klassifikasie en differensiëring is aspekte wat hiermee verband hou. Vir die peuter is baie van hierdie vaardighede ’n uitdaging (Rapha 2007:9). Gedurende die forensiese assessering word van die kind verwag om inligting in die fynste besonderhede aangaande die beweerde voorval van seksuele mishandeling te verskaf, en dit vereis dikwels omskrywings van kleur, grootte en vorm. Indien hierdie perseptuele vaardighede nie ontwikkel is nie, kan ʼn forensiese assessering nie effektief gedoen word nie.

b. Visuele begripsvorming en persepsie word deur De Witt en Booysen (2007:92) beskryf as die vermoë van die brein om konsepte te vorm nadat die oë dit gesien het. Dit verwys na die vermoë van die brein om deur visie kontak met die wêreld te maak. Visuele geheue is belangrik wanneer die brein moet onthou wat die oë gesien het. Hierdie vermoë hou verband met die kind se ontwikkelingsvlak en verwysingsraamwerk en kan in die peuterjare beperk wees. Visuele geheue is die vermoë van die brein om te onthou wat die oë gesien het (Rapha 2007:10). Hierdie vaardigheid begin reeds op vier maande ontwikkel (De Witt en Booysen 2007:84). Dit speel ʼn rol in die aard en omvang van die peuter se weergawe van die beweerde seksuele mishandeling. Alhoewel die peuter gebeure wat afgespeel het, kan stoor, is hy nie noodwendig in staat om dit bewustelik te herroep en op ʼn logiese en samehangende wyse te verhaal nie.

c. Visuele geheue sluit aan by visuele volgorde-geheue-herroeping, wat deur Rapha (2007:12) omskryf word as die vermoë om dit wat met die oog waargeneem is, vir ’n geruime tyd te onthou. Die kind moet dit dus kan inneem, die inligting berg en later weer in korrekte volgorde kan herroep. Hierdie vermoë van die peuter om insidente in volgorde te onthou, blyk beperk te wees, omdat inligting nie in logiese volgorde deurgegee word nie. Dit lei tot ʼn verwarrende, onlogiese beeld van gebeure wat die geloofwaardigheid van die verklaring, in gedrang bring, tot voordeel van die verdediging.

d. Ruimtelike oriëntering of bewustheid is die vermoë om die posisie van die liggaam in verhouding tot voorwerpe in die omgewing, asook die verhouding van die voorwerpe tot mekaar, waar te neem. Die woorde “agter”, “voor”, “bo”, “onder” en “kante” is aspekte wat die peuter moet kan bemeester. Afhangende van die omgewingsblootstelling, ervaring, kultuur en ander omgewingsinvloede is dit vir die peuter moeilik om tussen hierdie ruimtelike oriënterings te onderskei (Rapha 2007:12). Aangesien die peuter hierdie aspekte van perseptuele ontwikkeling eers vanaf drie jaar begin bemeester, is die peuter wat jonger as twee en ’n half jaar oud is, nog nie in staat om verskillende vorme, verskillende getalle, verskillende kleure en verskillende groottes te onderskei nie. Visuele geheue, ruimtelike oriëntasie en volgorde het ook nog nie ten volle ontwikkel nie.

e. Liggaamsbewustheid dui op die peuter se vermoë om tussen die verskillende liggaamsdele en hul funksies te onderskei (De Witt en Booysen 2007:92). Afhangende van die spesifieke ontwikkelingstadium waarin die kind haar/hom bevind, blyk dit dat die peuter basiese liggaamsdele kan identifiseer en op sy/haar eie liggaam kan aandui. Die funksie van hierdie dele is egter dikwels nog onbekend aan die peuter (De Witt en Booysen 2007:92).

2.3 Taalontwikkeling

Die omgewing waarbinne peuters ontwikkel, speel ʼn bepalende rol in hul ontwikkeling van taalvaardigheid. Kultuur, sosio-ekonomiese status, opvoedingsmetodes, intelligensievlak, ervaring, geslag, geboorteorde, persoonlikheid en rolmodelle is volgens De Witt en Booysen (2007:103) faktore wat die peuter se taalvaardigheid beïnvloed. Hierdie skrywers beklemtoon dat tweewoordsinne eers teen ouderdom twee jaar ontwikkel. Oor die algemeen is peuters se woordeskat beperk en gee hulle inligting onlogies, dubbelsinnig en inkonsekwent deur. Abstrakte konsepte soos seksualiteit en verwante konsepte is vir die peuter problematies. Die gevolg hiervan is dat peuters geneig is om tydens die forensiese assessering inligting uit te laat. Inligting soos plek, ligging, evaluerende en beskrywende kommentaar, en die vermoë om spesifiek te wees, ontbreek dikwels by peuters.

Peuters vind dit moeilik om in metafore te dink en simboliese funksies aan situasies te koppel (Meadows 1993:75). Dit het noodwendig ʼn invloed op die assesseringsproses, deurdat die kind nie persone simbolies kan voorstel nie. Die implikasie hiervan is dat die assesseerder konkreet moet verwys na persone en situasies en dat anatomies-korrekte poppe ook nie benut kan word nie.

2.4 Geheue

Geheue en om aandag te skenk word as kern kognitiewe prosesse geag, want dit is bepalend vir die kind om op ʼn situasie te kan fokus, dit as ʼn herinnering te stoor en dit dan by ʼn latere geleentheid te herroep (Bukatko en Daehler 2004:313; Gouws, Louw, Meyer en Plug 1979:96). Vir die doel van die forensiese assessering is dit noodsaaklik dat die peuter se vermoë om te kan onthou verken word om vas te stel watter assesseringstegnieke moontlik benut kan word om die geheue te prikkel.

Volgens Bukatko en Daehler (2004:54) kan tussen sensoriese, korttermyn- en langtermyngeheue van die peuter onderskei word. Peuters se herkenningsvermoë is uitstekend, maar die herroepingsgeheue is swakker en hulle onthou oor die algemeen swakker as ouer kinders. Dit is kritiek vir die assesseringsproses dat die peuter se langtermyn- en outobiografiese geheue goed moet wees. Peuters beskik oor die vermoë om gebeure uit die geheue te herroep en deur spel weer te gee, eerder as om dit te vertel (Hewitt 1999:45; Olafson 2007:13). Nelson (1989:5) en Louw (2005:4) voer aan dat peuters se outobiografiese geheue selde voor driejarige ouderdom ontwikkel. Dit blyk dus dat peuters se vermoë om te onthou goed is, maar dat hulle nie in staat is om die gebeure mondeling weer te gee nie. Nelson (1989:5) bevestig dat kinders goed vaar in die kognitiewe take wat aan hul bekend is, maar swak in die take waarvan hulle beperkte kennis het of waarvan die konteks onverstaanbaar is. Volgens Hewitt (1999:45) blyk dit dat jong kinders oor implisiete geheuevaardighede beskik en sowel traumatiese as nietraumatiese gebeure kan uitspeel lank voordat hulle dit mondeling kan verskaf. Die implikasie hiervan vir die forensiese assesseerder is dat die peuter gebeure kan herroep en deur spel kan weergee, eerder as om dit te verbaliseer.

Nelson (1996:174) verduidelik dat jong peuters van ongeveer twee jaar se geheue gekenmerk word deur die vorming van tekste (“scripts”; algemene roetines wat vasgelê is). Alledaagse roetineaktiwiteite word dus beter onthou, want dit is bekend aan die kind. Dit voorspel vir hulle die toekoms, help hulle om sin te maak van hul omgewing en stel hulle in staat om die omgewing te beheer. Dus kan aangeneem word dat eenmalige nietraumatiese gebeure nie noodwendig goed onthou sal word nie, aangesien dit onbekend is vir die kind – ’n persoon wat haar een maal gebad het, sal byvoorbeeld nie noodwendig onthou word nie.

Die peuter se vermoë om op lang termyn te onthou, is kritiek in die assesseringsproses en sluit aan by die vermoë om outobiografiese geheue te toon. Outobiografiese geheue dui, volgens Bukatko en Daehler (2004:55), op die spesifieke gebeure wat ’n persoon omtrent sy/haar eie lewe bewustelik onthou. Volgens Nelson (1989:5) ontstaan kinders se outobiografiese geheue selde voor driejarige ouderdom. Feite word dikwels vergeet, maar gebeurtenisse wat ’n spesifieke indruk gemaak het, kan moontlik onthou word.

Dit wil voorkom of peuters se geheue soms onvolledig of onakkuraat is. Studies van traumatiese ervaringe, waaronder dié van Faller (2007:145), dui daarop dat peuters se geheue van trauma gefragmenteer is. In die navorsing wat gedoen is, kom dit duidelik na vore dat die assessering van kinders van hierdie jong ouderdom in ʼn groter mate staatmaak op inligting bekom vanaf versorgers, die gebruikmaking van gestandaardiseerde meetinstrumente en gebruikmaking van steierwerk tydens geheueherroeping (Hewitt 1999:5; Faller 2007:149). Steierwerk behels die begeleiding van die jong kind om vrae te beantwoord deur eenvoudige vrae met ingewikkelder vrae op te volg, byvoorbeeld: “Het jy ʼn pappa?” “Het jou pappa ʼn ander naam?” “Wat is jou pappa se ander naam?” “Doen jou pappa dinge met jou waarvan jy nie hou nie?” (vgl. Faller 2007:150). Alhoewel die kind begelei word om vrae te beantwoord, mag die kind nie gelei word om die vrae op ʼn sekere wyse te antwoord nie. ʼn Voorbeeld van ʼn leidende vraag sou kon wees: “Jou pappa het mos aan jou tussen jou bene gevat, nè?”

Bogenoemde eienskappe van die peuter se geheue dra daartoe by dat dit moeilik is om binne ʼn forensiese opset spesifieke feite aangaande ʼn situasie in te samel, vanweë die volgende uitdagings rakende die peuter se geheue: gefragmenteerde geheue, vorming van teksgeheue en onvermoë om gebeure te verwoord. Dit is verder moeilik om kontekstuele inligting ten opsigte van ʼn insident vas te stel, aangesien peuters antwoorde met min inhoud gee omdat hulle slegs sentrale komponente van ʼn betekenisvolle gebeurtenis kan onthou. 

2.5 Suggesties en bronmonitering

Olafson (2007:13) wys daarop dat jong kinders wat van volwassenes afhanklik is, meer vatbaar is vir suggesties en misleiding. Dit kan dus afgelei word dat die tegniek wat dikwels deur assesseerders benut word, naamlik om leidrade te gee, tot vals geheue kan lei indien dit nie omsigtig en met kundigheid toegepas word nie. Hy noem ook dat dit maklik is om die jong kind se oorspronklike persepsie, en dus haar herinnering (geheue) van ʼn gebeurtenis, te beïnvloed. Gebrek aan bronmonitering (persoon se bewustheid van die bron van die herinnering) kan by kinders van hierdie jong ouderdom voorkom. Dus kan peuters van onder drie jaar dit wat aan hul vertel word, makliker met die ware gebeurtenis verwar. Bronmonitering verbeter egter drasties tussen die ouderdomme van drie en vyf jaar (Faller 2007:20).

2.6 Emosionele aspekte

Die maatskaplike werker wat die forensiese assessering doen, moet kennis dra van die peuter se emosionele ontwikkelingsfase ten einde ’n begrip te vorm van ʼn peuter se “normale” emosionele reaksies en “abnormale” reaktiewe emosies wat ook in gedrag kan manifesteer. Indien die peuter emosioneel ontoepaslik reageer – dit wil sê, buite die verwagte emosionele reaksies – kan dit die gevolg wees van omstandighede wat die verwagte emosionele funksionering beïnvloed. Emosie en kognisie is ineengevleg en daar is geen gedragspatroon wat voorkom wat nie emosies as motief het nie. Gedragsprobleme dui dus op emosionele probleme.

Erikson het die emosionele ontwikkeling van die peuter in die volgende fases gekategoriseer (De Witt en Booysen 2007:22):

  • babajare (0–1 jaar): die ontwikkeling van vertroue teenoor wantroue
  • jong kinderjare (2–3 jaar): die ontwikkeling van outonomie teenoor twyfel en skuheid.

Tydens die peuterontwikkelingsfase is heftige emosionele optrede tipiese gedrag. Peuters beskik nog nie oor voldoende taalgebruik nie, daarom word vrees, skrik, woede, verdriet, vreugde en nuuskierigheid deur lag-, huil- of woede-uitbarstings uitgedruk (Engelbrecht, Kok en Van Biljon 1982:49). Hierdie reaksies kan dus as normaal geag word, die konteks in ag genome. Rapha (2007:50) toon aan dat peuters se begeertes hul emosies lei. Die peuter openbaar ’n spontane uiting van emosie en derhalwe is selfregulering van emosie moeilik in die peuterontwikkelingsfase. Hierdie aspek van die kleuter se ontwikkelingsfase hou noodwendig ook gevolge in vir die forensiese assesseringsproses deurdat die peuter nie by magte is om emosies weg te steek of misleidend op te tree nie. Die peuter kan dus nie opsetlik vals of misleidende emosies tydens ’n ondersoek openbaar nie. Tydens die holistiese proses van die forensiese assessering is die waarneming van die peuter se emosies belangrik om die betroubaarheid van weergawes te verseker.

Hewitt (1999:105) noem dat ouers se emosies die peuter kan beïnvloed. Dit het dus ʼn invloed op die maatskaplikewerk forensiese assesseringsproses, aangesien die peuter ouerlike emosies wat moontlik nie met die peuter se eie emosies verband hou nie, kan naboots of projekteer. Hewitt (1999:29) voer ook aan dat emosionele groei en ontwikkeling by die kind oor skeiding en individualisering gaan. Die vermoë van die peuter om vir kort tye van die versorger geskei te wees, sy/haar reaksie op skeiding van die ouer en die vermoë om in die teenwoordigheid van die ouer sy/haar omgewing te verken, verskaf belangrike inligting aangaande die gesinsisteem, ouerbinding en die gesinsdinamika. Hewitt (1999:22) verwys na disgeorganiseerde binding as versorgers wat vanweë onopgeloste trauma in die verlede nie in die kind se emosionele behoeftes kan voorsien nie. Dit is belangrike inligting vir die maatskaplike werker wat die forensiese assessering doen, aangesien sodanige ouers oorbeskermend of bedreig voel as gevolg van hul eie onopgeloste trauma van die verlede. Sulke ouers kan dan hul eie vrese of gevoel van bedreiging op die kind projekteer. Dit is dus belangrike inligting, aangesien daar tydens die maatskaplikewerk forensiese assessering bepaal moet word of die peuter seksueel mishandel is en of die emosies en gedrag van die peuter eerder ʼn projeksie van die ouer se onopgeloste emosionele probleme is.

3. Die forensiese assessering van peuters

ʼn Vergelyking van die definisies van die begrip forensiese maatskaplike werk soos deur Barker en Branson (1993) en Brownell en Roberts (2002) uiteengesit, dui daarop dat daar van die maatskaplike werker in ʼn forensiese rol verwag word om onafhanklike ondersoeke vir die hof deur middel van die insameling van feitelike gegewens rondom slagoffers of vermeende oortreders te doen. Hieruit kan aanbevelings vanuit ʼn sistemiese raamwerk vir die hof gemaak word. Green, Thorpe en Traupmann (2005) bevestig dat die maatskaplikewerk-professie gemoeid is met die bestudering van die persoon binne ʼn sistemiese, gesins- en omgewingsverband. Die holistiese wyse waarop hierdie beroep tendense en verskynsels verken en verklaar, onderskei die beroep van ander beroepe. Die maatskaplike werker wat ʼn persoon forensies assesseer, doen dit dus vanuit ʼn holistiese, sistemiese raamwerk, wat behels dat alle aspekte van die peuter geassesseer word – emosie, kognisie, gedrag, en gesinsomstandighede ingesluit.

Crosson-Tower (2015, par. 5392) skryf dat die “[d]ynamics of child sexual abuse are complex and call for careful intervention and assessment”. Soos bo verduidelik, is die dinamika van die peuter wat vermoedelik seksueel mishandel is, nog meer kompleks as gevolg van die biopsigososiale eienskappe van die ontwikkelingsfase waarin die peuter is. Daar bestaan verder relatief min bronne insake protokolle vir die assessering van kinders tussen 18 maande en drie jaar oud wat seksueel mishandel word (Friedrich en Hewitt in Patton 1991:58). Dit kom voor asof daar eerder ʼn fokus op tegnieke is wat benut kan word om die peuter te assesseer. Hierdie assesseringstegnieke word egter nie altyd in die konteks van breër riglyne wat gevolg kan word, verduidelik nie.

Die literatuurbronne van navorsers wat geraadpleeg is vir die doel van hierdie navorsing, maak spesifiek melding van forensiese assessering van peuters tussen 18 maande en drie jaar.

  1. Kathleen C. Faller is ’n professor in maatskaplike werk en die direkteur van die gesinsassesseringskliniek aan die Universiteit van Michigan.
  2. Sandra K. Hewitt is ’n kindersielkundige in privaatpraktyk in Minnesota. Sy beskik oor ’n PhD en het ook ’n spesialis-kindermishandelingsentrum gestig.
  3. Connie C. is ʼn kliniese sielkundige. Sy het aan die Lamar Universiteit in Beaumont gegradueer en is die voormalige direkteur van die National Children’s Advocacy Center.

Hewitt (1999:98), Carnes (2001:305) en Faller (2007:142, 146) stem saam dat assesseringstegnieke met die peuter onder andere die volgende behels:

  • insameling van inligting vanaf verskeie aanvullende bronne, insluitende die peuter se primêre versorger(s)
  • toepassing van gestandaardiseerde meetinstrumente om gedrag te monitor, byvoorbeeld die “Child Sexual Abuse Inventory” (CSBI) en die “Child Behaviour Checklist” (CBC)
  • die kliniese waarneming van die peuter se gedrag
  • kontak met die peuter om hom/haar direk waar te neem om sodoende onder andere sy/haar algemene bevoegdheid te bepaal
  • gebruikmaking van ander soorte media as wat met die ouer kind benut word, byvoorbeeld minder sketse en meer konkrete hulpmiddels, soos poppe
  • toepassing van verskillende vraagstellingstrategieë, byvoorbeeld deur middel van steierwerk en die vermyding van “hoekom?”- en “wanneer?”-vrae
  • integrering van alle aanvullende bronne in die besluitnemingsproses
  • alternatiewe–hipotese-toetsing.

3.1 Aanvullende bronne

Aanvullende bronne is alle bronne (betekenisvolle persone in die kind se leefwêreld) wat geraadpleeg word om algemene inligting aangaande die peuter te verkry. Aanvullende inligting kan byvoorbeeld deur kliniese waarneming van die peuter, die versorgers en die interaksionele patroonontleding, asook die voltooiing van vraelyste bekom word. Ouervraelyste oor die algemene gedrag en ontwikkelingsgeskiedenis van die peuter verskaf byvoorbeeld waardevolle agtergrondinligting aan die maatskaplike werker wat die forensiese assessering doen.

Sowel Hewitt (1999:98) as Carnes (2001:5), beklemtoon die waarde van ’n aanvanklike sessie met die kind se primêre versorgers. Hierdie sessie is hoofsaaklik daarop gemik om die versorgers se angsvlakke te verminder, om ’n goeie werkverhouding te ontwikkel en om agtergrondinligting oor die peuter en die konteks van die gebeure te kry. Wanneer assessering van moontlike seksuele misbruik by peuters verken word, word daar nie slegs op die peuter se verklaring staatgemaak nie. Dit behels ook dat sosio-emosionele aspekte verken word en dat alles soos ʼn legkaart bymekaar gesit word (Hewitt 1999:99; Faller 2007:145). Faller (2007:145) en Carnes (2001:5) ondersteun Hewitt (1999:99) se siening, en bespreek die belangrikheid van die onderhoud met primêre versorgers om agtergrondinligting oor die gesinsisteem in te win en die ontwikkeling van die kind te assesseer. Die kind se algemene ontwikkelingsmylpale word deur middel van ʼn ouervraelys bepaal, aangesien noemenswaardige agterstande in ontwikkeling ’n aanduiding van moontlike trauma kan wees (Hewitt 1999:99). Gedurende die insameling van agtergrondinligting oor die kind se vroeë kinderjare word daar ook ondersoek ingestel na die moontlikheid van vorige trauma van enige aard, soos byvoorbeeld gesinsgeweld. Moontlike gedragsprobleme wat deur middel van die ouervraelys geïdentifiseer word, word in die groter konteks geplaas om sodoende alternatiewe verklarings vir abnormale gedrag te ondersoek, aangesien sogenaamde emosionele en gedragsprobleme by peuters nie altyd die gevolg van seksuele misbruik is nie.

Hewitt (1999:100) stel voor dat sekere aspekte van die psigososiale omstandighede van die versorgers ook deeglik ondersoek behoort te word. Sy noem dat lede van die gesin en uitgebreide gesin, die ouers se huwelikstatus, roetines wat bestaan, asook die aard en omvang van die kontak van versorgers met die kind verken moet word. Sy stel dit dat die kwaliteit van die verhouding tussen die peuter en versorger(s) as ’n buffer teen moontlike seksuele mishandeling kan dien. Sy verwys verder na moederlike sensitiwiteit en meelewendheid, vaste roetine, gesonde verhoudings en kommunikasiepatrone wat as teenvoeter vir moontlike seksuele mishandeling bevorder moet word (Hewitt 1999:100). Die maatskaplike werker wat die forensiese assessering doen, moet dus soveel as moontlik inligting oor hierdie aspekte van die peuter se omstandighede bekom, omdat dit ’n noodsaaklike hulpmiddel in hierdie assessering is. Inligting aangaande die agtergrondgeskiedenis van die peuter binne sy/haar sisteem dra by om alternatiewe verklarings vir die kind se gedrag te vind en die konteks van gedrag te bepaal.

Die algemene versorgingspraktyke van die kind behoort ook verken te word, byvoorbeeld deur wie hy/sy gebad word, wie met toiletroetine help en hoe die roetine behartig word. Hierdie inligting kan volgens Hewitt (1999:101) ʼn geskiedenis van moontlike seksuele mishandeling of subtiele seksueel-indringende praktyke, aan die hand van die moederfiguur, wat nie tydens algemene sifting of vraelysopnames opgemerk word nie, uitwys. Inligting oor die moontlike blootstelling van die kind aan inligting van ʼn seksuele aard, soos pornografie en seksuele omgang tussen ouers, asook blootstelling aan vorige mishandeling van enige aard – hetsy fisiek, emosioneel of seksueel – is belangrik vir die assesseerder ten einde risikofaktore vir seksuele mishandeling te identifiseer. Aspekte soos vae gesinsgrense, die seksuele mishandeling van ouers tydens hul kinderjare, substansafhanklikheid, kriminele rekord van versorgers, die aard van die ouers se seksuele verhouding en die moederlike verbintenis, byvoorbeeld ʼn swak verhouding tussen die moeder en haar moeder, dra by tot die verhoogde risiko vir die kind van moontlike seksuele mishandeling en moet verken word om sodoende ’n geheelbeeld van alle risikofaktore te verkry. Dit blyk duidelik dat ’n gesinsistemiese ontleding van die gesinsdinamika en betekenisvolle persone in die kind se leefwêreld gedoen moet word. Sodoende word die rolle, grense, roetines en gewoontes van die hele gesinsisteem geëvalueer en nie slegs die gedrag van die kind nie. Tydens die assesseringsproses word gesin-van-oorsprong-inligting ook as waardevol beskou, aangesien trauma, gebruike, gewoontes en persepsies van geslag tot geslag oorgedra word. Só kan die peuter se gedrag in die groter konteks verstaan word.

Hewitt (1999:105) wys op die belangrikheid van inligting oor die kind se gedrag. Kinders openbaar spontane gedrag en maak mettertyd spontaan in sekere snellersituasies uitlatings oor seksuele aspekte. Aanvanklik druk die peuter gedrag vrylik en ongeïnhibeerd uit. Die meeste vermoedens oor mishandeling spruit uit ’n spesifieke insident, alhoewel daar meestal kommerwekkende aanduidings van vroeëre insidente mag bestaan. Die maatskaplike werker wat die forensiese assessering doen, moet dus begin by die oorsprong van die kind se gedrag wat die aanvanklike patrone van moontlike seksuele mishandeling kan verklaar. Hewitt (1999:105) ag dit derhalwe belangrik om eers te bepaal wanneer die kommerwekkende gedrag die eerste keer voorgekom het. Die versorger beskryf aan die maatskaplike werker wat die forensiese assessering doen wat aanleiding gegee het tot die gedrag, waar dit voorgekom het en wat dit voorafgegaan het, met ander woorde wat die sneller daarvoor was. Die kind se emosies op daardie tydstip en hoe die voorval deur die versorger gehanteer is, word ook vasgestel.

Hewitt (1999:105) wys daarop dat die jong kind nie self ’n emosie soos skaamte of verleentheid oor seksuele mishandeling vorm nie, maar eerder die versorger se reaksie volg of naboots. Dit beïnvloed weer die kind se reaksie wanneer die gebeure deur die maatskaplike werker wat die forensiese assessering doen, opgevolg word. Dit is belangrik om hierdie aspek tydens die maatskaplikewerk forensiese assessering te verreken, aangesien die peuter se antwoorde maklik deur ander persone of ondervraging beïnvloed kon word. Die versorger moet so min as moontlik vrae van ʼn emosionele aard aan die kind stel, aangesien dit tot misverstande en misleiding kan lei indien die korrekte wyse van vraagstelling nie gevolg word nie. Die mening word gehuldig dat inligting wat van die versorger(s) verkry is, slegs in ondersteunende hoedanigheid benut moet word en dat gevolgtrekkings rondom seksuele mishandeling nie bloot op grond van hierdie inligting gemaak kan word nie.

3.2 Gestandaardiseerde meetinstrumente

Die drie gestandaardiseerde meetinstrumente wat tydens die forensiese assessering van die peuter benut kan word, is die “Child Sexual Behaviour Inventory”, die “Child Behaviour Checklist” en die “Child Development Inventory”. Hierdie vraelyste word deur die ouer/ouerfiguur van die peuter voltooi. Eersgenoemde vraelys word gebruik om die kind se geseksualiseerde gedrag sistematies aan te toon en te vergelyk met gedrag van kinders wat nie seksueel mishandel is nie. Geseksualiseerde gedrag verwys na byvoorbeeld selfbevrediging totdat beserings voorkom, ontbloting, betasting van ander kinders en volwassenes, gesprekke met seksuele ondertone en die soek van seksuele toenadering by ander kinders en/of volwassenes (Hardwick 2005:37). Die kind se gedrag word dus deur die seksuele oorheers. Sowel Hewitt (1999:110) as Faller (2007:146) toon aan dat die benutting van gestandaardiseerde meetinstrumente veral van waarde is by die peuter, aangesien assessering met hierdie kinders op interaksie en gedragspatrone fokus.

Die tweede vraelys word benut om die kind se gedrag te vergelyk met dié van ander kinders van dieselfde ouderdom. Problematiese gedrag soos sosiale onttrekking, depressie, slaapversteurings, somatiese toestande en aggressiewe en destruktiewe gedrag word verken.

Die derde gestandaardiseerde vraelys verskaf inligting oor die kind se ontwikkelingsareas, soos sosiale gedrag, selfhelpvaardighede, groot- en fynmotoriese vaardighede, vermoë om inligting oor te dra, taalvaardighede, en ander algemene ontwikkelingsareas (Hewitt 1999:111). Volgens Hewitt (1999:111) is hierdie vraelys krities belangrik om hoërisiko-faktore uit te wys. Hewitt (1999:111) beveel aan dat hierdie inligting geïntegreer word met ander inligting wat deur middel van waarneming, geskiedkundige agtergrond en aanvullende bronne verkry is. Inligting vanuit die gestandaardiseerde vraelyste verkry dien dus as ondersteuning van ander ingesamelde inligting in die forensiese assesseringsproses.

3.3 Kontak met die peuter

Hewitt en Friedrich (1991b in Faller 2007:147) stel voor dat kontak met die peuter drie tot ses ure lank moet wees. Everson (1991 in Faller 2007:148) suggereer dat daar minstens ses kort sessies met die peuter moet plaasvind alvorens ’n ingeligte mening rakende moontlike mishandeling gevorm kan word.

Carnes (2001:4) sluit hierby aan deur tussen vier en ses assesseringsessies met sodanige jong kinders voor te stel. Sy beskryf die bekendmaking van mishandeling as ’n proses, en nie ’n eenmalige gebeurtenis nie. ʼn Formele forensiese onderhoud is nie moontlik met peuters nie, maar tydens hierdie kontaksessies word die peuter se gedrag en spel waargeneem en die peuter kry die geleentheid om in ʼn veilige, niebedreigende omgewing verklarings te doen.

Volgens Hewitt (1999:115) moet daar tydens die aanvanklike kennismaking met die peuter in die teenwoordigheid van die versorger kontak gemaak word op die peuter se vlak en ’n verhouding gevestig word. Waardevolle inligting oor die peuter se taalontwikkeling kan ingesamel word en sy/haar begrip van konsepte soos “wie?”, “wat?”, “waar?” moet verken word. Tydens die eerste sessie kan die maatskaplike werker deur ʼn algemene verkenning van die peuter se bevoegdhede ’n mening vorm of verdere sessies met die peuter van enige waarde sal wees al dan nie.

Hewitt (1999:117) verduidelik dat die assessering in een van twee rigtings kan beweeg, afhangende van die graad van bevoegdheid waaroor die peuter beskik. Rigting 1: Indien ’n peuter nie daartoe in staat is om in verstaanbare sinne te kommunikeer en eenvoudige antwoorde te verskaf nie, behoort die maatskaplike werker wat die forensiese assessering doen, oor ’n tydperk verder op die waarneming van die peuter se gedrag en spontane uitsprake, asook inligting van aanvullende bronne, te fokus. Hewitt (1999:18) voer aan dat die assesseerder se kennis aangaande normale/abnormale gedrag en seksuele gedrag van kritieke belang is. Kennis van kinders se algehele ontwikkelingstadiums is ook belangrik tydens die waarneming van die peuter. Die peuter se fisieke voorkoms, versorging en interaksie met die versorger word waargeneem tydens interaksie met die peuter. So word inligting oor binding waargeneem, en bevestiging van inligting wat reeds deur die ouer in die vraelyste voorsien is, word verkry. Verdere aspekte wat tydens kontak met die peuter waargeneem word, is die peuter se speelgedrag en of die peuter in staat is om van die versorger te skei. Peuters se spontane speelgedrag kan aanvullende inligting rakende die moontlikheid van seksuele mishandeling aan die maatskaplike werker gee.

Hewitt (1999:107) noem dat spesifieke gedrag van die peuter verken moet word, naamlik slaapprobleme, seksuele spel, verandering in toilet- en badgewoontes, kompulsiewegedragspatrone, verandering in sosiale gedrag, en skielike angstigheid of fobies. Om die peuter se interaksie en binding met verskillende versorgers, en selfs die vermeende oortreder, waar te neem, kan ’n interaksieontleding (gesamentlike waarneming van peuter en ouer se interaksiepatrone) gedoen word. Aspekte van binding met die primêre versorger word verken, aangesien stabiele, konsekwente, sensitiewe en deelnemende versorging ’n aanduiding van geborge binding met die versorger is wat die risiko van mishandeling verminder (Hewitt 1999:100).

Rigting 2: Indien die peuter wel in staat is om verstaanbare sinne te gebruik, konsepte soos “wat?”, “waar?” en “wie?” begryp en in staat is tot selfverteenwoordiging, kan ’n eenvoudige onderhoud met die peuter gevoer word. Hierdie onderhoud bestaan hoofsaaklik uit die volgende komponente:

  • Verken die peuter se begrip van algemene liggaamsdele, soos hande, voete, neus, en so meer. Kan hy/sy dit benoem en daarna wys? Verwys ook na die geslagsdele en let op die peuter se benaming daarvan. Hewitt (1999:119) stel voor dat die assesseerder vra of iemand die peuter daar kielie of seermaak. Die betekenis wat die peuter aan die term “kielie” of “seermaak” heg, moet egter deeglik deur die maatskaplike werker wat die forensiese assessering doen, begryp word. Dit is belangrik om konkreet na liggaamsdele en vorme van liggaamlike aanraking te verwys.
  • Opvolgvrae, soos “Wys my wat hy/sy doen?”, word gevra na aanleiding van die peuter se antwoorde op bogenoemde vrae. Soos reeds vermeld, kan die peuter nie op hierdie stadium begrippe soos “hoe?”, “wanneer?” en hoeveelhede aandui nie. Indien die peuter nie presies kan aandui wat gebeur het nie, maar wel ’n spesifieke naam kan koppel aan wie hom/haar aan hul privaatdele kielie of seermaak, kan aanvullende spelwaarnemings tydens die forensiese assessering van nut wees (Hewitt 1999:120). Dit behels dat die peuter slegs drie poppe kies om hom-/haarself, sy/haar versorger en die vermeende oortreder uit te beeld. Die maatskaplike werker wat die forensiese assessering doen, voer dan verskillende scenario’s uit, byvoorbeeld badtyd, slaaptyd of wanneer ’n skoon doek aangesit word, en vra die peuter om te wys wat gebeur. Hier moet die maatskaplike werker wat die assessering doen, veral let op gedrag soos aggressie, vrees en vermyding van sekere roetinetake.
  • Volgens Faller (2007:149) is dit nodig om tydens kontak met die peuter leidrade te benut. Dit is belangrik om die vrae aan die peuter in ’n konteks te plaas, aangesien die jong kind geneig is om tussen onderwerpe rond te spring. Sy noem hierdie vorm van leidrade “steierwerk”. Die gebruik van reflekterende luistertegnieke is belangrik en oormatige positiewe versterking moet tydens die assesseringsproses vermy word. Sien 2.4 vir ʼn verduideliking van die begrip steierwerk.
  • Verder word ondersoek ingestel na die peuter se vermoë om persone en liggaamsdele te benoem, aangesien die peuter op hierdie jong ouderdom dikwels verkorte, nieherkenbare woorde vir mense en objekte gebruik. Dit is nodig dat die maatskaplike werker wat die assessering doen, van hierdie inligting kennis neem tydens kontak met die peuter, sodat verwarring en misverstande uitgeskakel kan word (Hewitt 1999:101). Carnes (2001:10–1) beklemtoon dat afhangende van die peuter se ontwikkelingsvlak, besluit kan word of ’n forensiese onderhoud met die peuter beplan kan word al dan nie. Volgens hierdie skrywer is ’n forensiese onderhoud met die peuter onder die ouderdom van drie jaar moeilik (Carnes 2001:10). Sy noem egter dat ’n vereenvoudigde toepassing van die aanraakopnametegniek wel met peuters onder drie jaar gebruik kan word. Die aanraakopnametegniek is die sistematiese sifting ten opsigte van die moontlikheid van fisieke mishandeling, seksuele mishandeling, emosionele mishandeling en/of verwaarlosing deur middel van die gebruik van sketse wat die self (moontlike slagoffer) verteenwoordig (vgl. Hewitt 1999:226).

3.4 Alternatiewe hipoteses

Daar word deurgaans alternatiewe hipoteses vir die aannames van seksuele mishandeling ondersoek. Die maatskaplike werker moet in ag neem dat die assessering ʼn holistiese proses is om tot ’n gevolgtrekking van moontlike seksuele mishandeling te kom. Hewitt (1999:109) meld die belangrikheid daarvan om ander moontlikhede wat aanleiding tot die aannames van mishandeling kan gee, te evalueer. Hiervoor gebruik sy die uitsluitingshipotesetegniek wat ook deur Carnes (2001:7) onderskryf word. Dit behels dat alternatiewe hipoteses vir die peuter se bekendmaking van seksuele mishandeling of geseksualiseerde gedrag ondersoek en uitgesluit moet word.

Die volgende alternatiewe hipoteses kan volgens Hewitt (1999:109, 132) en Faller (2007:249) ondersoek word:

  • Is die peuter se reaksie die gevolg van blootstelling aan ʼn konflikbelaaide toesig- en beheersaak?
  • Is die peuter se angstigheid te wyte aan blootstelling aan fisieke geweld eerder as seksuele misbruik?
  • Toon die peuter sekere gedrag as gevolg van waarneming van seksuele omgang?
  • Toon die peuter tekens van fantasie rakende seksuele aspekte?
  • Blyk daar seksuele kennis vanuit ’n ander oorsprong te wees?
  • Is die peuter dalk blootgestel aan seksuele kontak met ʼn ander persoon?
  • Is daar tekens van leuens deur die peuter? (Die skrywers is egter van mening dat peuters, as gevolg van die ontwikkelingsfase waarin hulle is, nie leuens met opset kan vertel met die doel om ander bewustelik te mislei nie.)
  • Is daar tekens dat die peuter aandag soek?

Faller (2007:249) voer aan dat dit net so belangrik is om alternatiewe oorsake vir die peuter se gedrag te evalueer as wat dit belangrik is om te bewys dat seksuele mishandeling wel plaasgevind het. Die maatskaplike werker wat die forensiese assessering uitvoer, maak hipoteses wat tydens die assesseringsproses deur herhaalde toetsing van die verskillende moontlikhede vir die peuter se problematiese emosies en gedrag uitgesluit moet word.

4. Navorsingsmetodologie

ʼn Kwalitatiewe-navorsing-denkmodel is gevolg, aangesien dit volgens Creswell (2013, par. 1089) onder andere die betekenis wat mense aan ʼn probleem heg, deur middel van sekere verklarende of teoretiese raamwerke benader. In hierdie studie is ondersoek ingestel na die betekenis wat deskundiges op die gebied van die maatskaplikewerk forensiese assessering heg aan die inhoudelike van die assesseringsprotokol wat gevolg word wanneer peuters forensies deur maatskaplike werkers geassesseer word. Hierdie betekenisse is in die vorm van temas verken en beskryf. Daarna is riglyne daargestel wat maatskaplike werkers kan volg wanneer hulle bestaande protokolle benut om peuters forensies te assesseer.

Deelnemers is deur middel van ʼn doelbewuste nie-ewekansige steekproef (vgl. Strydom en Delport 2011:392) gekies. Die insluitingsmaatstawwe vir die kies van deelnemers was: (1) registrasie as maatskaplike werker by die Suid-Afrikaanse Raad vir Maatskaplike Diensberoepe (South African Council for Social Service Professions); (2) minstens vyf jaar ervaring in die forensiese assessering van peuters; (3) spesifieke opleiding in forensiese assessering in die veld van maatskaplike werk; en (4) woonagtig in die Vrystaat, om praktiese redes. Daar is aanvanklik beoog om vyf deelnemers by die studie te betrek. Kvale (2007:1123) verduidelik dat meer deelnemers nie noodwendig meer wetenskaplik is nie en dat die “meer-deelnemers-idee” aan die kwantitatiewe-navorsing-denkmodel toegeskryf kan word. Die vraag ontstaan dus hoeveel deelnemers vir ʼn kwalitatiewe studie voldoende is. Saldaña (2011, par. 358) dui aan dat daar verskillende menings is ten opsigte van die aantal deelnemers wat vir ʼn kwalitatiewe studie gekies behoort te word. Die aanbevelings ten opsigte van die kies van die deelnemers vir ʼn kwalitatiewe studie wissel van een deelnemer tot letterlik honderde deelnemers vir studies waarby verskeie navorsers betrokke is en wat oor jare strek. So byvoorbeeld word drie tot ses deelnemers as redelik in die interpretatiewe verskynselleernavorsingsontwerp geag (Finlay 2011, par. 3353). Saldaña (2011, par. 358) noem dat ʼn klein groepie van drie tot ses deelnemers ʼn breër spektrum vir die ontleding van inligting kan bied. Seidman (2013:58) voer verder aan dat die aantal deelnemers ook bepaal word deur praktiese noodsaaklikhede soos tyd, finansies en die beskikbaarheid van ander hulpbronne, bo en behalwe die beginsels van ‘n voldoende aantal deelnemers om die verskynsel genoegsaam te reflekteer en die versadiging van inligting te bekom. Slegs vier deelnemers wat aan bogenoemde insluitingsmaatstawwe voldoen het, is egter geïdentifiseer.

Inligting is deur middel van ʼn onderhoudsgids wat tydens ʼn groepbespreking benut is, ingesamel. ʼn Onderhoudsgids lys die hooftrekke van die kwessies wat die navorser onder die loep wil neem. Die bewoording en die volgorde van die vrae kan egter tydens die onderhoud deur die navorser aangepas word (Rubin en Babbie 2011:464). Die onderhoudsgids wat tydens die groepbespreking gebruik is om die bespreking te rig, het uit verskillende vlakke of afdelings bestaan. In die eerste vlak is inleidende vrae en vrae van ʼn biografiese aard gevra, soos byvoorbeeld elke deelnemer se jare ervaring ten opsigte van die forensiese assessering van peuters. Daarna het vrae gevolg oor hoe die deelnemers peuters forensies assesseer en watter uitdagings hulle in hierdie proses ervaar. Vervolgens is vrae gestel oor hoe die deelnemers sekere bekende forensiese-assesseringsprosedures, soos byvoorbeeld die aanraakopnametegniek, gebruik en toepas wanneer hulle kleuters assesseer. Die onderhoudsgids is met ʼn oop vraag afgesluit waar deelnemers gevra is om enige aanbeveling rakende die assessering van peuters te maak.

Soos bo genoem, is die inligting vir die studie tydens ʼn groepbespreking verkry. Tydens ʼn groepbespreking vind die mondelinge wisselwerking veral tussen die navorser en die groeplede plaas; in teenstelling daarmee vind die mondelinge wisselwerking in ʼn fokusgroep veral onderling tussen die groeplede met mekaar plaas (Kumar 2014, parr. 9322–9339). Tydens groepbesprekings neem die navorser dus ʼn leidende rol in, terwyl die navorser tydens ʼn fokusgroep ʼn lydelike rol inneem, sodat die groeplede met mekaar in gesprek tree en nie met die navorser nie. Omdat daar in hierdie geval van ʼn onderhoudsgids gebruik gemaak is om spesifieke inligting te bekom, het die mondelinge wisselwerking meer tussen die navorser en die groeplede plaasgevind, alhoewel hulle ook die ruimte gegun is om kwessies onderling te bespreek. Saldaña (2011, par. 423) beveel aan dat ʼn digitale video-opname van sowel kleingroep-onderhoude as fokusgroepe gemaak behoort te word. ’n Video-opname is derhalwe van die groepbespreking in hierdie studie gemaak.

Die mondelinge inligting is oorgeskryf en volgens die beginsels van ʼn algemene kwalitatiewe-inligting-ontledingsproses soos onder uiteengesit, ontleed. Die data is aanvanklik in die raamwerk van die begrondingsteorie ontleed. Met hersiening van die inligting het dit geblyk dat dit ook in die raamwerk van ʼn algemene kwalitatiewe-navorsing-denkmodel gedoen kan word. Saldaña (2011, par. 727) sê juis dat dit die beste is om kwalitatiewe-navorsing-denkmodelle as voorlopig tydens die navorsingsproses te beskou. Dit kan dus tydens die navorsingsontwerpe aangepas en verander word. Die onverwerkte inligting is volgens die stappe van ʼn algemene kwalitatiewe-inligting-ontledingsproses volgens Schurink, Fouché en De Vos (2011:403–4) ontleed en verduidelik. Hierdie stappe is:

A. Voorbereiding en organisering van inligting 
Beplanning vir verkryging van inligting 

i. Inligtingsinsameling en voorlopige ontledings van die inligting
ii. Bestuur en organisering van die inligting
iii. Skryf en lees van notas  

B. Vermindering van die inligting  

iv. Ontwikkeling van kategorieë en kodifisering van die inligting
v. Toets van die ontluikende begrip van die inligting en ondersoek van alternatiewe
vi. Interpretering van die inligting en ontwikkeling van temas 

C. Weergee van die inligting 

vii. Aanbieding van inligting

Alhoewel die bogenoemde algemene kwalitatiewe-inligting-ontledingsproses lynvormig weergegee is, is dit in werklikheid ʼn kringvormige proses Dit veronderstel dus onder andere dat sekere stappe gelyktydig uitgevoer is en dat van die stappe oorvleuel (Saldaña 2011, par. 727).

Etiese kwessies is soos volg in die studie hanteer (Strydom 2011:115–21). Die algemene beginsel van die vermyding van skade vir die deelnemers is gehandhaaf. Aangesien die studie in wese bloot deelname aan ʼn groepbespreking behels het, was die moontlikheid van fisieke skade gering. Omdat ʼn teoretiese konstruk onder die loep geneem is, is emosionele skade ook nie voorsien nie. Deelname was algeheel vrywillig en persone wat nie wou of nie kon deelneem nie, is op geen wyse benadeel nie. Moontlike deelnemers is deur middel van e-posse, telefoongesprekke en ook ʼn geskrewe brief uitgenooi om aan die studie deel te neem. Die aard en omvang van die studie is aan hulle verduidelik sodat hulle ʼn ingeligte besluit kon neem of hulle aan die studie wou deelneem al dan nie. Geen vorm van misleiding het dus voorgekom nie. Vertroulikheid as ʼn etiese beginsel is nagevolg in die weergee van die inligting. Naamloosheid was egter ʼn kwessie, aangesien inligting tydens ʼn groepbespreking ingesamel is en die deelnemers mekaar uiteraard gesien en gehoor het. Die deelnemers het geen vergoeding ontvang nie en borge was ook nie betrokke in die studie nie. (Ten tye van die voorbereiding van die studie het die instansie nie oor ʼn amptelike etiekkomitee vir die sosiale en geesteswetenskappe beskik nie.)

Vanweë die feit dat in hierdie studie ʼn kwalitatiewe-navorsing-denkmodel gevolg is, is die rol van die navorser ʼn veranderlike wat noodwendig verreken moet word. Derhalwe is dit nodig om ʼn aantal faktore uit te lig. Aangesien een van die navorsers self forensiese assesserings met peuters doen, moes deurgaans in berekening gebring word dat eie belewenisse en ervaringe die bespreking kon beïnvloed. Sy het al ʼn gaslesing in dié verband aangebied en word uitgenooi om as spreker aangaande seksuele mishandeling van kinders op te tree. Tydens die groepbespreking is ag geslaan op die menings van die groeplede en die navorser het nie die lede deur eie belewenisse en ervaringe gelei nie. Die ander navorser het oor ʼn tydperk van jare verskeie kinders van albei geslagte en uit verskillende ouderdomsgroepe forensies geassesseer en hy het ook in howe aangaande sy bevindinge getuig. Hy het egter mettertyd uit die veld van forensiese maatskaplike werk beweeg en doen nou meer kliniese maatskaplike werk waar foto’s en perde as terapeutiese hulpmiddels aangewend word. Die mening word gehuldig dat die onderskeie velde van die navorsers ʼn meer gebalanseerde blik op die studie tot gevolg gehad het.

5. Tekortkominge van die studie

Die feit dat deelnemers vanuit slegs een professie (maatskaplike werk) by die studie betrek is, kan as ʼn beperking geag word, aangesien inligting gevolglik slegs vanuit ʼn sekere konteks verkry is. In opvolgstudies kan arbeidsterapeute, kriminoloë en sielkundiges betrek word om ʼn interdissiplinêre konteks te verseker. Dit kan bydra tot die verkryging van ryker en omvangryker inligting. ʼn Verdere beperking van die studie is die betreklik klein steekproef van potensiële deelnemers. In die toekoms behoort ʼn steekproef nasionaal getrek te word en nie net in een geografiese gebied nie.

6. Resultate en bespreking

Die volgende temas is met die ontleding van die inligting geïdentifiseer. In die besprekings word aanhalings uit antwoorde tussen hakies gegee.

Tema 1: Uitdagings

Deelnemers het ʼn aantal kognitiewe, sosiale en emosionele uitdagings aangaande die peuter se ontwikkelingsfase wat noodwendig ʼn invloed op die forensiese-assesseringsproses het, geïdentifiseer. Die volgende uitdagings ten opsigte van die peuter se ontwikkelingstadium is in die praktyk deur die deelnemers geïdentifiseer:

  • gebrekkige taalvaardigheid
  • inkonsekwente inligting
  • vlak van kognitiewe vermoë / ruimtelike vermoëns en perseptuele vaardighede
  • beperking ten opsigte van geheueprosesse
  • betroubaarheid van inligting
  • onvermoë om getuienis af te lê
  • beveiliging van kind
  • bronmonitering
  • vatbaarheid vir suggestie
  • verifiëring van inligting
  • begripsvermoëns
  • onvermoë om konteks en besonderheidsinligting te verskaf.

Deelnemers is van mening dat dit as gevolg van die peuter se kognitiewe beperkinge bykans onmoontlik is om gedetailleerde inligting aangaande mishandeling te kry (“detail inligting ontbreek binne peuters se narratiewe”). Taalvermoë, uitspraak, bronmonitering, vatbaarheid vir suggestie en algemene kognitiewe eienskappe van die kind in hierdie ontwikkelingsfase bemoeilik dus die verkryging van spesifieke inligting aangaande die beweerde insidente van seksuele mishandeling.

Tema 2: Taalontwikkeling

Deelnemers onderskryf Louw (2005:19) se bevinding dat jong kinders geneig is om sekere tipes inligting uit te laat as gevolg van tekortkominge in hul taalvermoë (“Taalvaardigheid en die uitspraak van die peuter bemoeilik duidelike begrip van gebeure”; “Inligting soos plek of ligging, die vermoë om gebeurtenisse met mekaar te verbind, evaluerende en beskrywende kommentaar en die vermoë om spesifiek te wees, ontbreek dikwels by die klein kind.”).

Die peuters se vlak van taalontwikkeling lei daartoe dat hul swak narratiewe vermoëns vertoon; gevolglik kan afgelei word dat die taalontwikkeling en die aard van die peuters se denkprosesse hul narratiewe vermoë in die forensiese-assesseringsproses nadelig beïnvloed. Die forensiese-assesseringsproses is dus nie gepas as die taalontwikkeling van die kind in ag geneem word nie, want dit kan lei tot onakkurate beantwoording van vrae deur die jong kind (“Kinders probeer die assesseerder tevrede stel deur iets te probeer verduidelik wat hulle self nie verstaan nie.”). Dit lei tot dubbelsinnigheid en inkonsekwente inligting. Die deelnemers het sekere aspekte wat tydens kommunikasie met die peuter toegepas behoort te word, beklemtoon. Hierdie aspekte word ook deur Louw (2005:4) en Rapha (2007:13) beklemtoon. Dit impliseer dat eenvoudige, alledaagse woorde benut moet word tydens vraagstelling, soos “wys my” en “vertel vir my”, en abstrakte terme soos “waarheid” en “leuen” vermy moet word.

Tema 3: Beperkinge as gevolg van die ontwikkelingsvlak van die peuter se denkprosesse

Deelnemers het pertinent daarop gewys dat die peuters se vlak van kognitiewe ontwikkeling die forensiese-assesseringsproses bemoeilik. Daar is veral verwys na geheuespan, preoperasionele ontwikkelingseienskappe (soos aangedui in Piaget se ontwikkelingsteorie in Louw en Louw 2007:155), tydsbegrip en ruimtelike vermoëns. Eienskappe soos egosentrisme, sentrering, sinkretisme en jukstaposisie bemoeilik die verkryging van akkurate kontekstuele inligting aangaande vermeende molestering (“juksta-posisie en sinkretisme lei daartoe dat inligting verwarrend deurgegee word en dikwels inkonsekwent deurgegee word”; “... nou sit jy met tydsverloop: Sê maar die kind maak nou ʼn verklaring, weet jy dat oor ʼn jaar die kind niks hiervan kan onthou nie. Kwessie van geheue is nog ʼn uitdaging. Mens kan nie nou ʼn assessering doen en oor ses maande weer nie, inligting gaan verlore.”).

Die bevindinge in die literatuurstudie sluit aan by bostaande aanhaling uit die antwoorde/bespreking van die deelnemers wat verwys na konkrete denke in die preoperasionele ontwikkelingsfase van die peuter. Hulle fokus op die onmiddellike voorkoms van die voorwerp. Dus sal die kind byvoorbeeld beskryf dat die persoon op haar “gepiepie” het, in plaas daarvan om die woord “ejakulasie” te gebruik, aangesien die kind ʼn bekende term/konstruk binne sy/haar eie verwysingsraamwerk gebruik. Problematies by peuters is dat hulle nie die betekenis van sekere abstrakte konsepte soos “seks” en “ejakulasie” begryp nie. Terme wat daarmee geassosieer word, is dus nie aan die peuter bekend nie en kan ook nie benoem word nie. Dit kan tot misverstande lei (Louw 2005:22).

Deelnemers identifiseer vatbaarheid vir suggestie en bronmonitering as ʼn uitdaging in die forensiese proses met die peuter. Deelnemers se menings sluit aan by die bevindinge van skrywers soos Olafson (2007:13) en Faller (2007:20), deurdat hulle noem dat jong kinders besonder vatbaar is vir invloede van ander persone wanneer inligting aangaande insidente geberg en herroep word (“Nog ʼn groot uitdaging van die peuter is die kind se bronmonitering, want hoe weet jy waar die kind kom aan wat hy sê?”; “Suggereerbaarheid is ʼn werklikheid en ʼn groot uitdaging”; “Jy kan nie vir die kind vra ‘hoe weet jy dit?’ nie, want hy kan nie die vraag verstaan nie”; “Sommiges kan selfrepresentering doen, ander kan glad nie ...”).

Die mening word gehuldig dat vals geheue nie bestaan nie, maar dat algemene vraagstelling tot vals herroeping van inligting in die geheue aanleiding kan gee. Vraagstelling moet gevolglik tydens forensiese assessering met uiterse omsigtigheid gehanteer word. Ook die invloed van volwasse persone se hantering van of reaksie op moontlike trauma kan die peuter mislei en verwar. Hieruit kan afgelei word dat taalbegrip en die aard van vrae wat aan die peuter gestel word, ʼn groot rol speel in die verkryging van akkurate inligting rakende die spesifieke insident van molestering.

Tema 4: Beveiliging van die peuter

Deelnemers se terugvoering dui daarop dat seksuele mishandeling van die peuter selde bevestig kan word, maar dat die risiko van moontlike seksuele mishandeling wel tydens die omvattende forensiese-assesseringsproses bepaal kan word. Dit wil dus voorkom asof die proses van die forensiese assessering wat met die peuter gevolg word, eerder kan lei tot die beveiliging van die kind as tot strafregtelike vervolging (“Die assesseerder moet bepaal of die kind kan getuig of nie – wat bitter min realiseer. Hy kan ʼn verklaring gee, maar nie in die hof getuig nie”; “Assessering is gerig daarop om die kind te beskerm, dit hoef nie noodwendig te lei tot getuienis in die hof nie”; “… die hofpotensiaal van die sake is nie so groot nie. Ek wil weet wat aangaan om die kind te beskerm, so my fokus is nie soveel om hierdie kind in die hof te kry nie, eerder om haar te beskerm”).

Tema 5: Onderskeid tussen fantasie en realiteit

Vanweë peuters se kognitiewe-ontwikkelingsfase en die gepaardgaande eienskappe daarvan is dit moeilik vir peuters om tussen fantasie en realiteit te onderskei. Hulle fokus op konkrete aspekte en kan nie denkbeeldige voorstellings maak nie. Deelnemers noem dat dit soms gebeur dat peuters se fantasie en realiteit tydens hul narratiewe weergawes van gebeure verstrengel is (“… peuters sukkel om te onderskei tussen fantasie en realiteit. Alle kinders van die ouderdom fantaseer.”).

Tema 6: Bestaande assesseringstegnieke vir forensiese assessering van peuters

Die genoemde kognitiewe uitdagings ten opsigte van peuters impliseer dat ʼn andersoortige benadering tot forensiese assessering met hulle gevolg behoort te word, byvoorbeeld deur ʼn meer eenvoudige vorm van kommunikasie te benut. Die peuter se kognitiewe en emosionele vermoëns het dus ʼn betekenisvolle impak op die forensiese-assesseringsproses.

Tydsgewys is die maatskaplikewerk forensiese assessering van die peuter ʼn langer proses wat oor meer sessies plaasvind (“Ek stem saam met Cahns dat dit vele sessies neem – tot ses sessies met die kind, dat die assessering tydrowend is en rustig en deeglik uitgevoer moet word”; “Die tyd wat mens spandeer om met die kind verhouding te bou is belangrik, want baie keer lyk die kind aanvanklik ‘incompetent’, maar as jy eers verhouding gebou het, dan verstaan jy die kind se narratiewe beter.”). Meer tyd moet dus bestee word aan die beplanning om die peuter forensies te assesseer.

Nadat vir die assesseringsproses beplan is, word agtergrondinligting verkry. Deelnemers was dit eens dat dit belangrik is om agtergrondinligting aangaande die peuter se ontwikkeling en ook algemene gedrag te verkry voordat daar met die peuter kontak gemaak word (“Ek doen ʼn vooraf-onderhoud met die ouers, maar wil bysê dat ek voel sterk om nie te veel of ʼn lang onderhoud met die ouers te hê nie; ek voel om net basiese agtergrond te kry oor hoekom is ouers bekommerd. Dit behels slegs ʼn vinnige onderhoud – kan selfs telefonies wees, om te weet waarmee ek hier te doen het en hoekom ouers bekommerd is”; “Ek hou van ʼn onderhoud vooraf met die ouers om die betekenisvolle persone in die kind se wêreld te verken, want baie keer praat die kind onduidelik en het jy groot klomp tyd gespaar wanneer jy weet van wie die kind praat”; “Ek doen soos ʼn genogram met die ouers om gesinsagtergrond te kry en spaar meer tyd daarmee.”). Deelnemers beklemtoon verder die belangrikheid daarvan om ʼn tydlyn aan die kind se gedrag te koppel (“Dis belangrik om ʼn tydlyn aan die kind se gedrag te koppel, om te sien wanneer gedrag verander het”.). Die tydlyn van die peuter se basislyngedrag en wanneer dit begin verander het, word ook met behulp van die ouers/voogde van die peuter opgestel.

Vervolgens word inligting oor die omstandighede waaronder die beweerde oortreding plaasgevind het, van die nie-oortredende voog/ouer verkry om sodoende die assesseerder voor te berei op die forensiese assessering van die peuter. Dit word gedoen deur middel van ʼn ouervraelys oor die algemene gedrag van die peuter wat deur die nieverdinkte ouer/voog ingevul word. Agtergrond aangaande die gesinsopset en relevante sosiale kwessies en trauma binne gesinsverband word ook deur middel van aanvullende inligtingsbronne verkry. Die deelnemers benut vraelyste oor die algemene en seksuele gedrag van die peuter hiervoor. Dié vraelyste is gebaseer is op gestandaardiseerde meetinstrumente soos die “Child Sexual Behaviour Inventory” en die “Child Behaviour Checklist”. (“Ek het ʼn forensiese vraelys wat die ouers invul waarin gedrag van die kind aangedui moet word. Dit het baie dieselfde vrae as die CSBI en die CBC”; “Ek het ʼn lysie waarvan af ek werk wat aandui wat toepaslike seksuele gedrag is en wat nie is nie, ook die aard van die gedrag en of dit seksueel ontoepaslike gedrag is”; “Verkenning van die peuter se gedrag is belangrik, omdat die peuter se gedrag ʼn groot indikator is van moontlike seksuele misbruik. Die peuter sal eers gedrag toon voordat hy verbale verklarings maak”; “Kind se gedrag moet in alle sisteme ondersoek word, nie slegs binne een sisteem nie”.).

Wanneer die maatskaplike werker oor voldoende agtergrondinligting en inligting aangaande die omstandighede van die beweerde seksuele mishandeling beskik, word direkte kontak met die peuter gemaak. Tydens kontak met die peuter word sy/haar ontwikkelingsvlak en algemene vaardighede en bevoegdhede eers geëvalueer, waarna sy/haar gedrag gedurende ongestruktureerde spel waargeneem word. ʼn Holistiese benadering word gevolg deurdat die kind se kognitiewe, emosionele en sosiale funksionering verken word ten einde te besluit of daar met ʼn forensiese proses voortgegaan kan word (“Die onderhoudvoerder kan na die kognitiewe ‘screening’ besluit of dit moontlik is om voort te gaan met die assessering”; “Die ‘screening’ is ook verhoudingsbou en jy kan vir die ouer aandui of dit moontlik is om aan te gaan met die hele proses”; “As jy bogenoemde kan ‘af tick’ en weet die kind kan dit doen, kan jy voortgaan met ʼn eenvoudige forensiese proses”). Tydens kontak met ‘n peuter word ander soorte media benut as wat met ’n ouer kind benut word. Daar word byvoorbeeld minder sketse en meer konkrete hulpmiddels soos poppe benut. ʼn Vereenvoudigde vorm van die aanraakopnametegniek word aanbeveel wanneer daar met ʼn forensiese onderhoud met die peuter voortgegaan word (“Ek gebruik beide die kind se eie lyf en ʼn poppie by die ‘Touch Survey’. Die kind moet op haarself en op die poppie wys waar verskillende tipes aanraking plaasvind”; “Ek doen die tegniek op papier, maar die kind wys op sy eie lyfie en dan teken ek dit aan op die papier”; “Peuters wys spontaan op hul eie lyf aan waar tipes aanraking plaasgevind het”).

Alhoewel daar nie van ʼn gestruktureerde onderhoud tydens die forensiese assessering van die peuter gebruik gemaak word nie, kan die assesseerder andersoortige assesseringstegnieke in ʼn eenvoudige vorm benut om inligting van die kind te bekom (“Sensoriese stimulasie werk vir my, ek het al in my praktyk gesien dat dit werk om geheue te prikkel. Ek gebruik dit by die kleintjies vir ʼn nuwe metode”; “Die Gestalt-tegniek met die kasteel, robot-tegniek en eier-tegniek kan ook behulpsaam wees in eksplorering van die kind se leefwêreld”; “Die wêreldkaart waar bedreiging geëksploreer word, het groot waarde by peuters”; “By die kleiner kinders het ek die kasteel aangepas om bedreiging te verken”). Dus word afgelei dat tegnieke wat met die peuter benut word, deurlopend by sy/haar ontwikkelingsfase aangepas moet word.

Deelnemers beskou dit as van uiterste belang dat die inligting wat van die verskillende bronne verkry is, geïntegreer moet word ten einde die risiko van moontlike seksuele mishandeling te bepaal en om alternatiewe hipoteses te toets. Alternatiewe-hipotese-toetsing vind deurlopend plaas deur aanvullende bronne te raadpleeg en die totale omvang van gesinsfunksionering te assesseer. Dit blyk dat sekere skrywers, soos Hewitt (1999) en Faller (2007), alternatiewe hipoteses aangaande beweerde oortredings reeds voor die aanvang van die forensiese assessering met die peuter stel. Van die deelnemers is dit eens dat dit moontlik die assesseerder se objektiwiteit kan beïnvloed (“Dit is vir my verkeerd om die hipotese eerste te stel, want ek voel die hipotese kom meer aan die einde wanneer jy meer inligting het”; “Met ʼn vooraf-hipotese het jy ʼn opinie wat jou assessering kan beïnvloed”; “Jy kan jou hipotese eers maak as jy al die inligting het”).

Tema 7: Parallelle terapeut

ʼn Bevinding wat uit die wetenskaplike navorsing voortspruit, is dat die deelnemers in hulle hoedanigheid as maatskaplike werkers wat forensiese ondersoeke doen, dikwels gebruik maak van parallelle terapeute wat ten doel het om die peuter se gedrag oor ʼn langer tydperk dop te hou en selfs terapie te doen. Hierdie proses vind as deel van die forensiese ondersoek plaas in gevalle waar daar ʼn hoë risiko van seksuele mishandeling bestaan, maar ʼn volledige verklaring nie van die peuter verkry kon word nie (“Ek benut ook ʼn ondersteunende parallelle terapeut, wat ʼn onafhanklike persoon is, wanneer die kind verwarrende inligting deurgee en daar nie met sekerheid feitelike gegewens gekry word nie”; “Dis goed om die kind dan eers na ʼn ander professionele persoon te stuur om die kind te monitor oor ʼn tydperk heen”). Dit blyk raadsaam te wees om die peuter vir spelterapie na ʼn parallelle terapeut te verwys. Die parallelle terapeut vul die oorkoepelende forensiese proses gevolglik aan. Die doel van die parallelle terapeut is nie om ʼn forensiese assessering te doen nie, maar staan neutraal ten opsigte van die forensiese assessering. Die parallelle terapeut kan egter aanvullende inligting oor die peuter se sosio-emosionele welsyn aan die forensiese assesseerder verskaf en die peuter se maatskaplike welsyn oor ʼn tydperk monitor.

Tema 8: Riglyne

Die buigsaamheid en aanpasbaarheid van riglyne soos deur Hewitt (1999), Faller (2007) en Carnes (2001) uiteengesit, word as sterk punte geag (“Faller, Hewitt en Carnes is aanpasbaar binne die forensiese proses met peuters.”). Deelnemers is dit egter eens dat die gebrek aan ʼn duidelike riglyn vir die forensiese assessering van peuters die forensiese assessering bemoeilik (“Daar is min terapeute wat kinders van hierdie ouderdom forensies assesseer as gevolg van die gebrek aan ʼn protokol.”). Om hierdie tekortkoming reg te stel, word basiese riglyne wat maatskaplike werkers kan volg wanneer hulle peuters forensies moet assesseer, in tabel 1 hier onder voorgestel.

7. Voorgestelde riglyne

Gebaseer op die literatuurstudie en die wetenskaplike ondersoek word aanbeveel dat die volgende as basiese riglyne vir die forensiese assessering van peuters deur maatskaplike werkers verreken kan word. Hierdie riglyne behoort wetenskaplik verder in die Suid-Afrikaanse multikulturele samelewing verken en beskryf te word.

Blinde assesserings met peuters moet, vanweë die eienskappe van die ontwikkelingsfase waarin hulle hul bevind, vermy word. Gedetailleerde inligting oor die ontwikkeling van die peuter, gedrag van die peuter, en die konteks waarbinne seksuele mishandeling vermoed word, kan met behulp van ʼn ouervraelys, asook ʼn volledige kliniese onderhoud met die ouers/ouerfigure, verkry word. Inligting aangaande die algemene gesinsfunksionering behoort ingesamel te word om ʼn holistiese beeld van die konteks waarin die peuter haar/hom bevind, te verkry. Dit impliseer onder andere dat die maatskaplike werker wat die forensiese assessering doen, goed onderlê moet wees in die gesinsistemiese teorie en gesinsistemiese tegnieke soos sirkulêre vraagstelling (Thomlison 2010:74), die gesinsgenogram (Thomlison 2010:76), die ekokaart (Thomlison 2010:79) en die gesin se sosiale netwerk en netwerkruit (Thomlison 2010:80).

Om suksesvol in te gryp moet die verskynsel in sy totale kompleksiteit verstaan word – die slagoffer, die oortreder en die interaksie tussen die betrokke sisteme (Crosson-Tower 2015, par. 812). Die peuter as individuele subsisteem van ʼn gesin, die gesinsisteem, asook die interaksionele patrone tussen die verskillende gesinsubsisteme behoort gevolglik voortdurend tydens die forensiese-assesseringsproses waargeneem te word. Sodoende kan ʼn interaksionele patroonontleding saamgestel word (vgl. Vorster 2003:100–1 en Vorster 2011:95). Ouers behoort begelei te word om deurlopend dagboek te hou van die peuter se gedrag ten einde abnormale gedrag binne konteks te identifiseer. Die gesinsisteemteorie word gevolglik benut om die verskynsel, in hierdie geval die moontlike seksuele mishandeling van die peuter, te verken, te beskryf en te verklaar.

Die eienskappe (veral taalvermoë) van die ontwikkelingsfase (preoperasioneel) waarin die peuter is, moet deurgaans tydens die maatskaplikewerk forensiese assesseringsproses in ag geneem word. Eenvoudige vraagstelling en tegnieke soos leidraadgewing en steierwerk kan die verkryging van inligting ondersteun. Hierdie tegnieke moet egter met omsigtigheid en kundigheid hanteer word.

Dit moet in ag geneem word dat die maatskaplikewerk forensiese assessering van peuters langer duur as dié van ouer kinders en volwassenes. Behalwe bogenoemde faktore, speel die volgende aspekte ook ʼn rol in die langer tydsduur: slegs een aspek van ’n kwessie kan op ’n bepaalde tydstip geassesseer word; die geheuespan van die peuter is relatief kort en die assessering kan nie ononderbroke oor lang periodes plaasvind nie, en daarom sal die assessering oor verskeie sessies plaasvind; die maatskaplike werker moet ’n verskeidenheid aktiwiteite asook aanvullende inligting gebruik om inligting te bekom en ook om die inligting te bevestig.

Om al bogenoemde faktore in ag te neem, maak die maatskaplikewerk forensiese assessering van die kleuter meer gekompliseerd as die assessering van ouer kinders en volwassenes. Gevalle van vermoedelike seksuele mishandeling van peuters lei selde tot kriminele vervolging weens die uitdagings van hul ontwikkelingsfase. Die doel van die maatskaplikewerk forensiese assessering met peuters behoort dus eerder op beveiliging as op strafregtelike vervolging te fokus. As gevolg van die eienskappe van die ontwikkelingsfase van die peuter, moet die assessering met groot omsigtigheid deur maatskaplike werkers, wat goed in die toepaslike teorie onderlê is en oor die nodige vaardighede beskik, uitgevoer word.

Die volgende oorkoepelende riglyne (tabel 1) word aan maatskaplike werkers voorgehou wat hulle kan volg wanneer hulle peuters forensies assesseer:

Tabel 1: Maatskaplikewerk forensiese riglyne vir die assessering van peuters

Stap

Aksie

Beskrywing van aksie

1.

Onderhoud met primêre versorger(s)

  • Verkry ontwikkelingsgeskiedenis van peuter.
  • Voltooiing van gedragsvraelys deur primêre versorger(s).
  • Hierdie stap kan oor een of twee sessies strek.
  • Kliniese waarneming van die verskillende sisteme word deurentyd gedoen.
  • Beweeg na stap 2.

2.

Ontwikkelingsassessering van die peuter

  • Verhoudingsbou met peuter begin tydens hierdie stap.
  • Verkenning van basiese bevoegdhede van die peuter, soos taalontwikkeling en vermoë tot selfverteenwoordiging en benutting van simbole.
  • Dit geskied deur middel van waarneming van spel en eenvoudige gesprekvoering met die peuter.
  • Gaan na stap 3 indien die peuter nie ʼn geskikte kandidaat vir ʼn forensiese assessering is nie.
  • Gaan na stap 4 indien daar bevind word dat die peuter wel ʼn geskikte kandidaat vir ʼn maatskaplikewerk forensiese assessering is.

3.

Verwysing na parallelle terapeut

  • Verwys peuter na parallelle terapeut vir monitering en die verkryging van bykomende inligting rondom moontlike risiko's waaraan die peuter blootgestel kan wees.

4.

Sosio-emosionele assessering

  • Verken deur middel van ongestruktureerde spel.
  • Dit behels die verkenning van die kind se leefwêreld, verhoudings, bindings en moontlike bedreiginge.
  • Aantal sessies word deur inligtingversadiging bepaal.
  • Gaan na stap 5 sodra die sosio-emosionele assessering afgehandel is.

5.

Aanraakopnametegniek

  • ʼn Vereenvoudigde vorm van die aanraakopnametegniek kan benut word om moontlike mishandeling te verken.
  • ʼn Bevinding van seksuele mishandeling kan nie op grond van die uitslag wat met die aanraakopnametegniek alleen verkry is, gemaak word nie.
  • Dit is noodsaaklik dat ʼn verskeidenheid tegnieke en aanvullende inligting benut word om die verkreë inligting te bevestig.
  • Beweeg terug na stap 3 indien daar nie duidelike aanwysers van mishandeling gevind kon word nie.
  • Beweeg na stap 6 indien duidelike aanwysers van mishandeling verkry is.

6.

Verkenning van alternatiewe hipoteses

  • Verskillende alternatiewe verklarings vir die peuter se gedrag en die bevindinge van mishandeling moet ondersoek word om dit uit te skakel indien nodig.
  • Indien ʼn alternatiewe verklaring vir die mishandeling nie uitgeskakel is nie, beweeg terug na stap 3.
  • Indien ʼn alternatiewe verklaring vir die mishandeling uitgeskakel is, beweeg na stap 7.

7.

Aanbevelings

  • Skryf forensiese maatskaplikewerkverslag
  • Doen aanbevelings ten opsigte van die beveiliging van die peuter.
  • Doen aanbevelings ten opsigte van die vervolging van die vermeende oortreder.
  • Beweeg na stap 3 indien nodig en beëindig die maatskaplikewerk forensiese assesseringsproses.

 

Bibliografie

Barker, R.L. en M.D. Branson. 1993. Forensic social work: Legal aspects of professional practice. New York: Haworth.

Barth, J., L. Bermetz, E. Heim, S. Trelle en T. Tonia. 2013. The current prevalence of child sexual abuse worldwide: A systematic review and meta-analysis. International Journal of Public Health, 58(3):469–83.

Brownell, P. en A.R. Roberts. 2002. A century of social work in criminal justice and correctional settings. Journal of Offender Rehabilitation, 35(2):1–17.

Bukatko, D. en M.W. Daehler. 2004. Child development: A thematic approach. New York: Houghton Mifflin Company.

Cambridge Dictionary Online. 2006. Toddler. dictionaryonline.com/toddler (15 Maart 2010 geraadpleeg).

Carnes, C.N. 2001. Child sexual abuse investigations: Multidisciplinary collaborations. http://childabuse.georgiacenter.uga.edu/both/carnes/carnes_print.html (26 Oktober 2006 geraadpleeg).

Creswell, J.W. 2013. Qualitative inquiry and research design: Choosing among five approaches. 3de uitgawe. Thousand Oaks: Sage. Kindle-uitgawe. Beskikbaar: http://www.amazon.com.

Crosson-Tower, C. 2015. Confronting child and adolescent sexual abuse. Thousand Oaks: Sage. Kindle-uitgawe. Beskikbaar: http://www.amazon.com.

De Vos, A.S., H. Strydom, C.B. Fouché en C.S.L. Delport (reds.). 2011. Research at grass roots: For the social sciences and human service professions. 4de uitgawe. Pretoria: Van Schaik.

De Witt, M.W. en M.I. Booysen. 2007. Die klein kind in fokus: ʼn Sielkundig-opvoedkundige perspektief. Pretoria: Van Schaik Uitgewers.

Engelbrecht, C.S., J.C. Kok en S.S. van Biljon. 1982. Volwassewording. Durban: Butterworth.

Faller, K.C. 2007. Interviewing children about sexual abuse: Controversies and best practice. New York: Oxford University Press.

Finlay, L. 2011. Phenomenology for therapists. Reaching the lived world. Chichester: Wiley-Blackwell. Kindle-uitgawe. Beskikbaar: http://www.amazon.com.

Gouws, L.A., D.A. Louw, W.F. Meyer en C. Plug. 1979. Psigologiewoordeboek. Johannesburg: McGraw-Hill Boekmaatskappy.

Green, G., J. Thorpe en M. Traupmann. 2005. The sprawling thicket: Knowledge and specialisation in forensic social work. Australian Social Work, 58(2):142–53.

Hardwick, L. 2005. Fostering children with sexualised behaviour. Adoption & Fostering, (29)2:33–43.

Hewitt, S.K. 1999. Assessing allegations of sexual abuse in preschool children: Understanding small voices. Londen: Sage.

Kavale, S. 2007. Doing interviews. The Sage qualitative research kit. Flick, U. (red.). Los Angeles: Sage. Kindle-uitgawe. Beskikbaar: http://www.amazon.com.

Kumar, R. 2014. Research methodology. A step-by-step guide for beginners. 4de uitgawe. London: Sage. Kindle-uitgawe. Beskikbaar: http://www.amazon.com.

Louw, A.E. 2005. Die bevoegdheid van kinders as getuies 1: Die rol van ouderdom en ontwikkelingsvlak in geheue. Child Abuse Research in South Africa, 5(2):30–15.

Louw, D. en A. Louw. 2007. Child and adolescent development. Bloemfontein: Universiteit van die Vrystaat.

Meadows, S. 1993. The child as thinker: The development and acquisition of cognition in childhood. Londen: Routledge.

Meyers, J.E.B. 1997. A mother’s nightmare – incest: A practical legal guide for parents and professionals. Thousand Oaks: Sage.

Nelson, K. 1989. Remembering: A functional developmental perspective. In Solomon e.a. (reds.) 1989.

Nelson, L. 1996. Language in cognitive development: The emergence of the mediate mind. New York: Cambridge University Press.

Olafson, E. 2007. Children’s memory and suggestibility. In Faller (red.) 2007.

Patton, M.G. 1991. Family sexual abuse: Frontline research and evaluation. Newbury Park: Sage.

Poole, D.A. en M.E. Lamb. 1998. Investigative interviews of children: A guide for helping professionals. Washington, DC: American Psychological Association.

Potgieter, R. 2002. A model for the assessment of sexually abused children. Child Abuse Research in South Africa, 3(2):9–19.

Rapha Therapy & Training Institute. 2007. Algemene kinderassessering. Studiegids. Pretoria: Rapha.

Rubin, A. en E. Babbie. 2011. Research methods for social workers. 7de uitgawe. Internasionale uitgawe. Belmont: Brooks/Cole.

Saldaña, J. 2011. Fundamentals of qualitative research. Understanding qualitative research. New York: Oxford University Press. Kindle-uitgawe. Beskikbaar: http://www.amazon.com.

Schurink, W., C.B. Fouché en A.S. de Vos. 2011. Qualitative data analysis and interpretation. In De Vos e.a. (reds.) 2011.

Seidman, I. 2013. Interviewing as qualitative research. A guide for researchers in education and the social sciences. 4de uitgawe. New York: Teachers College, Columbia University. Kindle-uitgawe. Beskikbaar: http://www.amazon.com.

Solomon, R.P., G.R. Goethals, C.M. Kelley en B.R. Stephens (reds.). 1989. Memory: An interdisciplinary approach. New York: Springer.

Strydom, H. 2011. Ethical aspects of research in the social sciences and the human service professions. In De Vos e.a. (reds.) 2011.

Strydom, H. en C.S.L. Delport. 2011. Sampling and pilot study in qualitative research. In De Vos e.a. (reds.) 2011.

Thomlison, B. 2010. Family assessment handbook: An introduction and practical guide to family assessment. 3de uitgawe. Internasionale uitgawe. Belmont: Brooks/Cole, Cengage Learning.

Vorster, C. 2003. General systems theory and psychotherapy: Beyond post-modernism. Pretoria: Satori.

—. 2011. Impact: The story of interactional therapy. Pretoria: Satori.

 

The post Riglyne vir maatskaplike werkers wat peuters forensies assesseer appeared first on LitNet.

Guidelines for social workers who forensically assess toddlers

$
0
0

Abstract

Unfortunately it is a fact that the sexual abuse of children is not abating, and that the younger the child, the higher the risk of sexual abuse. Also, the younger the child, the more challenging it is to do a forensic assessment. The attributes of the phase of development in which a child finds him-/herself offer various challenges to the social worker who has to assess the toddler forensically. Literature indicates that it is extremely important to consult collateral sources to assess a toddler forensically. These collateral sources may include the parents, other family members, relatives and day-carers. The social worker who is doing the forensic assessment has to integrate the information gained from the various sources to create a holistic picture of the psycho-social functioning of the toddler. Standardised measuring instruments, such as the “Child Sexual Behaviour Inventory”, the “Child Behaviour Checklist” and the “Child Development Inventory”, may also be used to collect information regarding the toddler’s sexual behaviour and development. When the toddler is assessed forensically it will take between three and six hours, which have to be spread over several sessions. It is emphasised that alternative hypotheses and explanations for the toddler’s sexual behaviour should be investigated and that his/her sexual behaviour should not be blamed on sexual abuse without further investigation. If an unambiguous conclusion about sexual abuse cannot be reached, the social worker who is responsible for the forensic assessment will focus on the continued protection of the toddler.

To be able to conduct an effective forensic assessment the social worker must have profound knowledge of the development phase of the toddler. The toddler may, for example, be in the pre-operational phase of cognitive development. This means, inter alia, that the toddler cannot relate a logical course of events, and that ego-centredness, finalism, non-realism, concrete thinking, juxtaposition and syncretism are prevalent. Perceptual development is in process. The toddler’s spatial orientation has not, therefore, developed fully, and he/she cannot distinguish between different parts of the body. Toddlers cannot think in metaphors or in a symbolic way. They also cannot necessarily recall occurrences correctly; therefore, one cannot rely on the toddler’s memory. In the final analysis toddlers are more susceptible to suggestion. The aim of this study is, therefore, to analyse the meaning social workers who are doing forensic assessments of toddlers attach to the forensic protocols utilised by them. Based on this, broad guidelines were formulated that social workers may follow when doing forensic assessments of toddlers. The aim therefore did not include an analysis and/or expansion of existing forensic assessment techniques and methods which may be used when toddlers are assessed forensically.

The qualitative research paradigm was used in the study and the principles of purposeful, non-random sampling were applied to select the participants, who had to comply with certain criteria to participate in the study. The inclusion criteria were: registration with the professional council for social workers; a minimum of five years’ experience in the field of forensic assessment of children; and specific training in forensic social work. Four participants complied with these criteria. A literature study was done, and information was then collected by means of a previously compiled interview schedule which was used during an in-depth group discussion. The collected, unprocessed information was analysed according to the following steps of a generic qualitative data analysis process: developing categories and codifying the data; testing the unfolding understanding of the data and investigating alternatives; and, finally, interpreting the data and developing themes. The data emerging from the literature study and the data collected during the empirical study were then integrated to arrive at a deeper understanding of forensic social work assessment of the toddler.

The first shortcoming was the small size of the sample. Another was that information collected from a single profession was used in the study. The participants were also all working in a limited geographical area.

It was found that the participants regarded the forensic assessment of toddlers as a challenge due to their phase of development. These challenges included, inter alia, poor language skills of toddlers, their level of cognitive ability, limited spatial abilities and perceptual skills, limitations regarding memory processes, the inability to provide context and detailed information, and lack of ability to distinguish between fantasy and reality. According to the participants the forensic assessment of toddlers is hampered by the lack of overarching procedural guidelines. It was also evident that the protection of the toddler took preference over the confirmation of sexual abuse. The services of a supporting parallel therapist were often mentioned in this regard, the purpose of a parallel therapist being to monitor the behaviour of the toddler over a longer period, and also to provide therapy. The services of a supporting parallel therapist may also be employed when a clear-cut declaration/confirmation of the possibility of sexual abuse cannot be obtained from the toddler, but the toddler runs a high risk of maltreatment or abuse.

The unique attributes of the stage of development of the toddler should be kept in mind throughout the assessment process. Due to the attributes of the stage of development of the toddler it is absolutely essential to gather collateral information when doing the forensic assessment. As far as possible no blind assessments should be conducted. More time must be allowed for the assessment.

Finally, the following steps are recommended for the forensic assessment of the toddler: 1. Interview with the primary carer(s); 2. development assessment of the toddler; 3. reference to the parallel therapist; 4. socio-emotional assessment; 5. tactile surveying technique; 6. exploring alternative hypotheses; and 7. recommendations regarding the toddler’s protection and the possibility of the prosecution of the alleged transgressor.

Keywords: forensic social work; guidelines for forensic assessment; sexual abuse of the child; toddler

Lees die volledige artikel in Afrikaans: Riglyne vir maatskaplike werkers wat peuters forensies assesseer

The post Guidelines for social workers who forensically assess toddlers appeared first on LitNet.

Book review: The Fetch by Finuala Dowling

$
0
0

thefetch250

The Fetch
Finuala Dowling
Kwela, Cape Town
ISBN: 9780795707179

“Transformation” is a word that at present is being tossed about in the political and social air, kept afloat by accusations and defensive appeals, among other pronouncements. Novels like The Fetch suggest a way of opening up the word to apply it – along with its meanings of change and progress – to literature. This entails going back to 1984, to a keynote address by Njabulo Ndebele.

Ndebele, a writer who is also one of our most perceptive and prescient cultural critics, titled this address “The Rediscovery of the Ordinary”. It has since been published in a collection of essays (1991). In this collection, referring predominantly to black protest writers, Ndebele says that in South Africa literature had “located itself in the field of politics” and that “it has done so without discovering and defining the basis of its integrity as an art form” (1991:85). One of the results of this failure was, he says, its reliance on a “highly dramatic, highly demonstrative form of literary representation”, devoted to “the highly organized spectacle of the political wrestling match of the South African social formation” (1991:31).

Even today, more than 20 years after the abolition of formal apartheid, biographies and other non-fictional forms that often recall the violence of the apartheid period remain popular in our country. But what is happening in the field of fiction? Fortunately for the development of the art form we have writers like Dowling and novels like The Fetch, for in The Fetch Dowling asserts precisely the central value of “the ordinary”, doing so through plot, character and style.

Her style is plain – neither “highly dramatic”, nor “highly demonstrative”. It does not draw attention to itself:

A couple sat at a window table, eating, but otherwise the restaurant side of things was empty. Sharon was at work in the shop section. She directed Nina outside. On the deck, her husband Neville was moving three tables together in preparation for the meeting. (15)

There is no exhibition of cleverness, though the tale is peppered with Dowling’s characteristically subtle (and clever), sly wit and humour. Worms in a worm farm are described as leaving “no apricot stone unturned” (14). There is also no strenuously figurative or descriptive language, though there are controlling motifs, such as the “fetch” of the title which attracts metaphorical meaning. As defined in the front of the book, it may mean “the distance that a wave travels without impediment before reaching the nearest coast”, but for some in this coastal community it is a reminder of the stretch of time that encompasses a life or a period in a life. Chas dies prematurely, of Aids. For Nina and William, after years of emotional toing and froing, the “coast” they fetch up on is each other.

Dowling’s metaphors do not merely adorn, they earn their keep, as in “transforming her mousy words into dapper footmen in shiny livery”, where the imagery is part of a sustained, but not insistent, critique of Nina’s approach to her emotional and sexual life – one of naive idealisation fed by fairy tales and popular romance.

A particular source of pleasure in this novel is the finely observed, exact descriptions of place. Place is the small settlement of Slangkop, near the lighthouse close to Kommetjie, and the ridges behind Slangkop. Such exactness signals not merely the importance of place to author and character, but also, as the plot reveals, that one is more likely to achieve happiness if one sees as clearly as possible, if one engages with experience to the full extent of the senses, with attention, clarity of mind:

Although the Slangkop sign was clear – bold black writing on a white background – there was no immediate evidence of human settlement. You had to look closely to see where the untarred access road began its plunge through the reeds and milkwoods to the sea.

To allow [the van] to pass they had to step backward into the fynbos. Their action disturbed a sunbird in a sugarbush: he ceased his tseep-tseep and flew away. The women stood for a moment among the sea roses and fragrant buchu, watching the bakery van making its perilous way down to the plateau. (3)

We’re on the first page and, located in Nina’s consciousness, we are invited to note her imaginative sympathy with those who built the road – they were probably convicts – as she “touches the stone of the cutting”; meanwhile her other senses – visual, aural, and nasal – are all responding to her surroundings, making the reader’s experience felt, immersive. Dowling’s style bears the influence of values central to the narrative, such as attempting to perceive and care for / take care of what and who are materially real and close by, rather than what one may desire and so fantasise about. This is the lesson Nina learns as she transfers her affection from Chas to William.

The tale, then, follows a conventional trajectory: girl meets boy, but he, though glamorous, wealthy, a Prince Charming, is the wrong boy; as she shucks off the blindness of enchantment, the girl grows to appreciate the qualities of the more homely boy (who has always wanted her) and they marry, tidy up his messy house, and she falls pregnant. So far, so conventional. It is the South Africanness of this version, even its Western Capeness (the fynbos, for instance), as well as its mood – gently wry, humorous, stingingly satirical at times, but also with a tragic element that lends depth – that gives The Fetch freshness, originality and particularity.

Dowling – who began her writing career as a poet, for which she has won the Ingrid Jonker Prize, the Sanlam Prize for Poetry, and the Olive Schreiner Prize – won the 2012 M-Net Literary Award for her first novel. The Fetch is her fourth. In The Fetch, a group of neighbours interact with one another in a small community over a period of years, as the novel’s sections move elliptically through time: the “politics” is that of the “ordinary”, of the necessity for kindness, taking care of one another, especially in times of need, individually and collectively. Through the hedonistic Chas Fawkes and his patrician mother, Dowling suggests the alienness and decline of ways of life reaching back to Britain as “home’. The name of the Fawkes’s house, The Midden, is ironic.

Chas’s is not the only death. Four among the small group of characters die, only one of them, Chas’s mother, having lived to what could be called a ripe old age. It is the death of Emmanuel, servant to Chas and his mother, that deepens the element of tragedy in the novel and makes it more than a comedy of manners. Emmanuel, when free to sit in his room, which is outside Chas’s large house, endeavours to extend his constricted world through knowledge. Nina, who is a librarian, brings him books and a radio on which he can listen to the BBC. Of his language proficiency, Nina thinks that it marks a heroic struggle to survive:

Emmanuel’s language was not really broken Afrikaans or broken anything. It was an idiolect made up of words garnered from his travels across southern Africa, all held together with mime. And something else: sheer will, Emmanuel’s determination that his interlocutor would understand him. (81)

When Chas, to whose service he has been devoted, says he suspects him of stealing, William is devastated by the realisation that he has failed to be understood by the most significant person in his life, and the old man’s will to live collapses. Chas, in effect, kills him. And Dowling captures in this sad tragedy, of an ordinary, ageing servant and his pampered, thoughtless master, a glimpse of the callous brutality that inhered in the apartheid system, and that endures. Though the period is not specified (the narrative covers a stretch of eight years), the sanctioned intermingling of “black” and “white” in domestic and public spaces indicates the post-apartheid period.

William, by contrast with Chas (who is a lifelong friend), instead of throwing alcohol-fuelled parties, is attuned to nature, is loyal and tender towards his friends. No elegant prince, he is instead an eccentric, almost clown-like, suitor, badly dressed and capable only of very clumsy addresses to Nina. He frequently bores his companions with too much information about flora and fauna; his home has a random collection of creatures and is stuffed with a chaotic mix of bits and pieces that may come in handy. But we are meant to see that this kind man, like the proverbial “boer”, does frequently have a plan. As a result, he often comes to the rescue, even taking in an abandoned baby, and he does, with the help of Nina once she moves in, impose order in his home.

The most authoritative character in The Fetch is Fundiswa. She lives in the same block of flats as Nina. A nurse, she has been educated and once (as she constantly reminds her neighbours) worked for the WHO. Independent, she owns a flat and is having an enjoyable affair with a bishop. She is the source of wise advice (often ignored) about how the much younger Nina should conduct her emotional life.

There is much to charm and delight — not least some very funny dialogue — in this story about a motley ("mixed") group of South Africans living their "ordinary" lives and learning to express love for each other in practical ways.

Here it was, then, [Nina] thought, a marriage proposal. She wished William would stop swivelling in Chas’s chair and look a bit more capable of love. Not that she needed proof of that: it still shamed her to think how much the better friend he had been to Chas through his illness and death. The whole of Slangkop had relied on William during that time. And it didn’t end there. She depended on him … He would make a good husband, she knew: faithful, compassionate, practical. (306)

I suggest that Ndebele would approve of the aesthetic and community values promoted by this novel, and that such values are compatible with the change and progress required of transformation.

The post Book review: The Fetch by Finuala Dowling appeared first on LitNet.

Viewing all 21643 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>