Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21496 articles
Browse latest View live

Nuut by Protea: Die troebadoer deur Marié Heese

$
0
0

Die ou koning van die eilandkoninkryk het gesterf en Theodorus, die seun van ’n jonger broer van die koning, het ná ’n jare lange burgeroorlog die troon gegryp. Estrella, die wettige troonopvolger, en haar seun, Edrik, het gevlug. Hoewel die oorlog verby is, regeer die nuwe koning deur middel van die swaard. Oral is soldate en padblokkades waar tolgeld betaal moet word. Die godsdiens van die Moederheer word verbied en alle kloosters is gesluit. Die helfte van boere se oeste word opgeëis. Terwyl die volk in die maerte in belas word, is die koning en sy gunstelinge spekvet ...

Die troebadoer word in ’n siekeboeg wakker. Sy een oog en ’n paar vingers aan sy regterhand makeer. So ook sy geheue. Hy word versorg deur ’n sproetgesignon van die Moederheer se kaalvoetorde. Toe hy sterker is, stop sy hom ’n luit in die hand en raai hom aan om in die pad te val, want as hy teen koning Theodorus geveg het, is sy lewe min werd. Hy besef dat hy die luit selfs met sy ontbrekende vingers uitstekend kan bespeel en probeer as rondreisende troebadoer ’n dagloon verdien. Dan sluit ’n gehawende hond by hom aan en op sy pad na die ooste van die eiland word die geselskap algaande groter. Maar wat lewer die troebadoer se terugkerende geheue op en wat vind hulle op pad? En wat is die noodlot waarheen hulle almal reis?

Dis nie soseer fantasie nie, eerder allegorie. Universeel en tydloos, menslike hartstogte is herkenbaar, vergrype oorbekend en die karakters kry lewe. Hier is by uitstek ’n storieverteller aan die woord. – Deborah Steinmair

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

The post Nuut by Protea: <i>Die troebadoer</i> deur Marié Heese appeared first on LitNet.


Kommadagga-kortverhaal: "As Daddy maar net kon weet"

$
0
0

Eksamen se voet. Amber sit al vir drie uur en die trigonometrie maak steeds nie sin nie. Sy trap die wiskundeboek van die bed af en tel Permanente ink van Carina Diedericks-Hugo op. Gaan Amir en sy vriende die Romeo-en-Juliet-moordenaar vang?

Sy sien deur die venster hoe haar stiefma om die hoek agter die huis verdwyn. Vreemd, dis ’n ding wat sy gereeld na etes en na kerk doen. Wat sy daar maak, weet net die Vader. Sy ruik altyd na Smoothies Supa, die mint-een, wanneer sy terugkom. Laas week kon die speuder in haar dit nie meer hou oor dié ding met Maria nie – net om na tien minute weer terug te kom.

Haar pa loer om die slaapkamerdeur. Hy word nou lekker oud. “Maria vra of jy nie vanaand saam kerk toe kom nie.” Hy soen haar op die wang.

Hoeveel keer per dag moet mens kerk loop? Hulle was in die oggenddiens en nou weer? Sy weet in elk geval wat die dominee gaan sê: “Jongmense, julle moet nader aan God beweeg.”

“Ek moet study, so ek kan nie.”

“Maar jy sit met ’n storieboek?” Hy neem die boek uit haar hande. “Nou leer klaar laat ons kan saam kerk toe gaan.”

Amber kan haarself verwurg. Sy moet skerper kyk. Soos Amir. Nou moet sy eers kerk toe voor sy verder kan lees.

Sin, cos en tan versmoor haar. Sy moet uitkom.

In die kombuis skil haar pa aartappels voor die wasbak. Sy vat ’n lemoen.

“Hoekom lees jy boeke terwyl jy moet leer?”

Hier kom dit. Sy sny die lemoen middeldeur. As iemand haar net só kan sny, sal sy vir ewig weg wees.

“Amber?” Hy draai na haar.

Sy gee hom haar rug.

“Ek kan ook mos nie net wil study study heeltyd nie.”

“Deesdae het jy nogal ’n houding.” Hy spoel sy hande af. “En moetie eers van die ander storie praat nie.”

“Ek het nie ’n attitude nie. En by the way die dagga was nie myne nie!” Sy kap die mes in die een lemoenhelfte.

“Met wie dink jy praat jy, meisiekind?” Hy gooi die vadoek in die wasbak. “Wie s’n was dit dan? Myne? Maria s’n? Maria het dit in jóú kamer gekry. Ek kon deal met die eerste keer, maar twee keer? En dit op dieselfde plek?”

Amber prop die lemoen in haar mond. Hoeveel keer moet sy dit nog sê. Sy wil nie oor en oor hieroor baklei nie.

“Next time stuur ek jou gemeenskapsaal toe dat jy by die verslaafdes kan loop bly.”

Nou gaan hy te ver. Sy het nog nóóit dagga gerook nie.

“Dis nogals weird dat dit elke keer Maria is wat my vang.” Sy kyk na haar pa.

“Wat probeer jy sê?”

“Click Daddy nie?”

“Sy gee regtig om, Amber. En sy is lief vir jou.”

“Yeah right.”

Amber gaan hang haar skoolhemp op die wasgoeddraad, voor die son ondergaan. Sy hoor iets agter die huis. Dit kan net Maria wees. Stilletjies, soos Amir dit sou doen, volg sy die sandpaadjie.

Wat maak sy daar? Sy skuif teen die muur en probeer om die hoek loer. Sy sien net Maria se skaduwee.

Amber tree effens nader, maar haar voet haak. En Maria sien haar. Sy werk die sigaret met haar skoen in die grond. Sy kyk haar in die oë, maar Amber kyk na Maria se voet wat op een plek bly draai en trap.

“Jy rook?” sê Amber. “Wag tot my pa van dit hoor.”

Maria druk haar teen die muur vas. “Gaan sê jou liewe Daddy, Amber. Gaan maak ’n fool van jouself. Dan kyk ons vir wie glo hy.”

Amber storm terug kamer toe. Sy tel die wiskundeboek van die vloer af op en gaan sit op die bed. Sy moet by vraag 1, sonder ’n sakrekenaar, die waarde van cos 150° bereken. Maar sy kan nie. Maria is reg. Haar pa sal die skynheilige kerksuster bo haar kies. Sy wat kamma kla oor die bure wat hulle toppertjies oor die heining gooi.

Sy moet by Bella uitkom. Bella is haar bestie en sy het altyd raad.

Net toe sy by die tuinhekkie wil uitglip, roep Maria haar terug. Sy kan haar ignoreer, maar dan klik sy weer by haar pa.

“Moet jy nie leer nie?” Sy staan met haar hande in haar heupe.

Die vuur binne Amber skiet van haar maag tot op haar tong.

“Vir wat kan jy my nie uitlos nie! Jy issie my ma nie!”

“Wat gaan hier aan? En waantoe dink jy gaan jy, meisiekind?”

Haar pa se kakebeen is gebal. Maria staan verleë eenkant.

“Daddy kan tog sien.” Amber maak die hekkie weer toe.

“Wat sien?” Hy trek haar tot voor Maria. “Dis nou jou ma en jy gaan haar respekteer. Sê sorry.”

Hoe kan hy? Sy gaan vanaand wanneer almal slaap, deur die venster klim. Al weet sy dis nie wat haar ma sou wou hê sy moet doen nie, maar hier kan sy nie ’n dag langer bly nie.

“Sorry.”

“Ag, my kind. Dis sommer niks.” Maria gee haar ’n drukkie.

Sy’t ’n Smoothie Supa in haar mond, en gee uit haar sak vir Amber ook een, maar Amber gaan haar nie laat bribe nie. “Ek gaan na Bella toe,” sê sy en loop by die hek uit.

Sy skuil agter die boom en loer oor die heining. Daar is niemand. Sy koes-koes verby die kombuisvenster. Binne lag hulle oor die aartappels wat verbrand het.

Amber sluip tot agter die huis. Agter die huis is ’n baksteen netjies in ’n hoekie gesit. Sy lig dit op. In die holte hieronder lê ’n pakkie Internationals, ’n lighter en ’n banksakkie zolle.

Dié keer het Amber amper al bewyse. Sy moet Maria net kom kamera vang. Sy sal nie ’n kans staan nie.

“Wat maak jy?” Haar pa gryp die sakkie.

Maria staan in die agterdeur. Sy lyk soos ’n kat wat room gekry het.

Sonder om Amber ’n kans te gee om te verduidelik, loop haar pa Maria amper onderstebo, met die sakkie zolle in sy hand.

“Daddy, dit is nie myne nie!” skreeu sy agterna.

“Ek is klaar met jou! Loop, jou daggakop. Loop!”

“Luister na my! Dit was nie ek nie, Daddy.”

“Bokkie, moenie dit doen nie,” probeer Maria keer. “Gee haar ’n tweede kans.”

“Tweede kanse se gat! Ek moes in die eerste plek na jou geluister het,” sê hy vir Maria. Hy gooi Amber se leesboek by die deur uit, op die sand. “Voetsek!”

 

“Hy’t my weggejaag, Bella. Ek kan nie meerie!” Sy vee haar neus af. “Dis sy wat die dagga in my kamer geplantit.”

Sy druk haar styf vas. Bella neem die leesboek by haar vriendin.

“Kom in, tjommie. Daai teef gaan hard val, los haar.”

 

Daylen Tobias het vanjaar LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool in Somerset-Oos bygewoon. Sy het aan hierdie verhaal by die slypskool gewerk.

 

The post Kommadagga-kortverhaal: "As Daddy maar net kon weet" appeared first on LitNet.

Media release: How to position your freelance business in a world unusual

$
0
0
Business strategist Michael Jackson shares tips for freelance success

“COVID-19 was the catalyst that kick-started the new world. It has brought about ten years’ change in one month.  Now with the end of Covid in sight, we are all different. The most important strategic question we should ask is: In a post-pandemic world, do you think that your customers will want to engage with you in the same manner as before?”

 This was the question posed to a group of freelance business people by globally sought-after conference presenter on the subject of change, Michael Jackson, at a Safrea (Southern African Freelancers’ Association) webinar.  “With 1.2 billion freelancers worldwide, nearly a third of the global workforce, we have to avoid being ordinary in a world of sameness. Competition is fierce.”

Constantly reinventing

“We should package our offering in a new way for ‘business as unusual’ – refocusing, thinking differently and constantly reinventing our approach,” Jackson said. “We have to be one step ahead, quicker, non-anonymous, pushing ourselves.  No one is holding you back, but you. I have relaunched myself – I am repurposing events and conferences worldwide, speaking less as people engage differently.”

“We live in an era of peak attention where people don’t want to read. We need to get our point across quickly and effectively. LinkedIn and YouTube are effective platforms for short messages and soundbites no longer than 1 to 3 minutes,” he said. 

A three-pronged approach

Although you cannot find this Michael Jackson on the first page of Google, for obvious reasons, this has not held him back from effectively branding himself. Known as the Other Michael Jackson, he is a firm believer in a three-pronged approach, using his own name in positioning himself. This approach focuses on managing your image, branding and positioning – all being simple and consistent, crisp and clear, and smart and approachable.  “My name is my brand. Use your name as your brand and be proud of it – and add an impactful by-line of three powerful words.”

Jackson believes that freelancers should create deeper meaning by following this three-pronged approach – ultimately achieving professionalism. “Professionalism with sincerity has allowed me to blend in anywhere - enabling me to engage with people at all levels globally. Professionalism makes you belong in the room.”

Freelancers in the communication and media sphere are encouraged to join Safrea. It is a membership organisation professionally managed with five regions in South Africa – Gauteng North, Gauteng South, KwaZulu-Natal, Western Cape and the Eastern Cape/Free State.  More information is available at www.safrea.co.za.

The other Michael Jackson

More about Michael Jackson

Over the last two decades, he has addressed well over 2 700 conferences in 46 countries to audiences ranging from factory workers to heads of state. Former South African President Nelson Mandela called him “a national treasure” having worked with him on four occasions. Michael has developed marketing strategies for Bill Gates and worked for years with Richard Branson, and shared the stage with many other leading personalities and companies around the world.

More about Safrea

 Safrea is a non-profit membership organisation that aims to promote the interests of freelance media and communications professionals in the published written, visual, information technology, broadcast and creative media spheres, and which aspires to be the freelance organisation of choice in these industries. www.safrea.co.za.

The post Media release: How to position your freelance business in a world unusual appeared first on LitNet.

Madibaland World Literary Festival 2021: Full programme

$
0
0

This programme was submitted to LitNet by Darryl David, organiser.

Madibaland World Literary Festival – Day 1

ZOOM registration link for Day 1: https://bit.ly/31vQAFT

DAY 1: THURSDAY, 18 NOVEMBER 2021

*All times are CAT = Central African Time

TIME

AUTHOR

BOOK

10:00 – 10:30

REFILOE MOAHLOLI

HOW MANY WAYS CAN YOU SAY HELLO?

10:30 – 11:00

DOMINIQUE MALHERBE

SARAH GOLDBLATT

11:00 – 11:30

ALFRED SCHAFFER

ADISA BASIC

PC HOOFT PRIZE

POETRY

11:30 – 12:00 TEA BREAK

12:00 – 12:30

LOUIS JANSEN VAN VUUREN

FESTIVE FRANCE

12:30 – 13:00

BEVAN POGGENPOEL

SELWYN MILLBORROW

MADIBA’S QUOTES

BREAK 13:00 – 14:00

14:00 – 14:30

JOANNE JOSEPH

CHILDREN OF SUGARCANE

14:30 – 15:00

JOHAN MYBURG

UITTOGBOEK: POETRY

15:00 – 15:30

BETTY GOVINDEN

POSTHUMANISM AND LITERATURE

15:30 – 16:00

KAREN JENNINGS

THE ISLAND

MADIBALAND FESTIVAL OFFICIAL OPENING

18:30 – 19.15

BEN OKRI

BOOKER PRIZE WINNER IN CONVERSATION WITH ROSEMARY GRAY

19.15 – 19.45

FLORA VEIT-WILD

THEY CALLED YOU DAMBUDZO

IN CONVERSATION WITH JANE BRYCE

19:45 – 20.30

DAMON GALGUT

 

THE PROMISE (WINNER OF BOOKER PRIZE)

IN CONVERSATION WITH DARRYL DAVID

NEXT SESSION STARTS TOMORROW AT 10:00

Madibaland World Literary Festival – Day 2

ZOOM registration link for Day 2: https://bit.ly/3BWJnLx

 DAY 2: FRIDAY, 19 NOVEMBER 2021

*All times are CAT = Central African Time

TIME

AUTHOR

BOOK

10:00 – 10:30

               MARK ALEXANDER

MADIBA ARTWORKS

10:30 – 11:00

VASU REDDY / HEATHER THUYNSMA

PUBLIC INTELLECTUALS

11:00 – 11:30

CARINA STANDER

DIE BERGENGEL

11:30 – 12:00

KATHY MUNRO

KALLENBACH & GANDHI

12:00 – 12:30

IMRAAN COOVADIA

THE POISONERS

12:30 – 13:00

ASHRAF KAGEE

BY THE FADING LIGHT

BREAK 13:00 – 14:00

14:00 – 14:30

JUSTIN FOX

THE CAPE RAIDER

14:30 – 15:00

JANINE LAZARUS

BAIT: TO CATCH A KILLER

15:00 – 15:30

ARJA SALAFRANCA

FOOL’S GOLD

15:30 – 16:00

LAURIE WALLMARK

NON-FICTION FOR CHILDREN

NEXT SESSION STARTS TOMORROW AT 10:00

Madibaland World Literary Festival – Day 3

ZOOM registration link for Day 3:  https://bit.ly/3ofEOaC

DAY 3: SATURDAY, 20 NOVEMBER 2021

*All times are CAT = Central African Time

TIME

AUTHOR

BOOK

10:00 – 10:30

JOLYN PHILIPS

BIENTANG

10:30 – 11:00

ERIKA BORNMAN

MISSION OF MALICE

11:00 – 11:30

MAX / SUE HOPPE

THE SECRET LIFE OF WINDMILLS

11:30 – 12:00

GRAHAM MORT

LIKE FADO

12:00 – 12:30

JAMES HENDRY

REGGIE AND ME

12:30 – 13:00

PAT KRAMER

HIDDEN KAROO

BREAK 13:00 – 14:00

14:00 – 14:30

FIONA SAMPSON

MARY SHELLEY: A BIOGRAPHY

14:30 – 15:00

PIETER FOURIE

THE HEART IS THE SIZE OF A FIST

15:00 – 15:30

MARK ROWLANDS

THE PHILOSOPHER AND THE WOLF

15:30 – 16:00

SHANA FIFE

OUGAT

NEXT SESSION STARTS TOMORROW AT 10:00

Madibaland World Literary Festival – Day 4

ZOOM registration link for Day 4: https://bit.ly/3H2cjFN

 DAY 4: MONDAY, 22 NOVEMBER 2021

*All times are CAT = Central African Time

TIME

AUTHOR

BOOK

10:00 – 10:30

                IGNO VAN NIEKERK

  DIE GERAAS VAN VISSE

10:30 – 11:00

ADORN KEKETSO

SOFINA IS NOT THE END

11:00 – 11:30

MARK DE WET

TWO BLACK SHOES

11:30 – 12:00 TEA BREAK

12:00 – 12:30

JOHN COSTELLO

THE WILD COAST

12:30 – 13:00

SHILOH NOONE

RHYTHM OF YESTERYEAR

BREAK 13:00 – 14:00

14:00 – 14:30

                  EBEN VENTER

        SELFVERTALING

14:30 – 15:00

TRACEY FARREN

THE BOOK OF MALACHI

15:00 – 15:30

ROBERT MUPONDE

THE SCANDALOUS TIMES OF A BOOK LOUSE

15:30 – 16:00

TIM JENKIN

       ESCAPE FROM         

          PRETORIA

NEXT SESSION STARTS TOMORROW AT 10:00

Madibaland World Literary Festival – Day 5

ZOOM registration link for Day 5: https://bit.ly/3qeHRSV

 DAY 5: TUESDAY, 23 NOVEMBER 2021

*All times are CAT = Central African Time

TIME

AUTHOR

BOOK

10:00 – 10:30

NEIL DE BEER

UNDERCOVER WITH MANDELA’S SPIES

10:30 – 11:00

BARBARA ADAIR

IN TANGIER WE KILLED THE BLUE PARROT

11:00 – 11:30

ANSJA FERREIRA

LA – ‘N REIS NA DIE LIG

11:30 – 12:00 TEA BREAK

12:00 – 12:30

ZELDA BEZUIDENHOUT

DIE WAARDE VAN STIL BURE

12:30 – 13:00

TERRY-ANN ADAMS

THOSE WHO LIVE IN CAGES

BREAK 13:00 – 14:00

14:00 – 14:30

TJ BENSON

THE MADHOUSE

14:30 – 15:00

NANCY RICHARDS

 THE SKIPPER’S DAUGHTER

15:00 – 15:30

ENA JANSEN

IMMIGRANT

15:30 – 16:00

MARCIA BUTLER

SKIN ABOVE MY KNEE

NEXT SESSION STARTS TOMORROW AT 10:00

Madibaland World Literary Festival – Day 6

ZOOM registration link for Day 6: https://bit.ly/3mXM0IJ

DAY 6: WEDNESDAY, 24 NOVEMBER 2021

*All times are CAT = Central African Time

TIME

AUTHOR

BOOK

10:00 – 10:30

JACKIE KALLEY

HOUSES OF OLD PIETERMARITZBURG

10:30 – 11:00

PETROVNA METELERKAMP

JEANNE GOOSEN

11:00 – 11:30

FUTHI NTSHINGILA

THEY GOT TO YOU TOO

11:30 – 12:00

MILTON SCHORR

STRANGE FISH

12:00 – 12:30

GERDA TALJAARD

VIER SUSTERS

12:30 – 13:00

JONATHAN ANCER

APARTHEID SPIES

BREAK 13:00 – 14:00

14:00 – 14:30

DEON WIGGETT

THE HUNT FOR A SERIAL PAEDOPHILE

14:30 – 15:00

SATVINDER JUSS

THE EXECUTION OF BHAGAT SINGH

15:00 – 15:30

ANDREW HARDING

THESE ARE NOT GENTLE PEOPLE

15:30 – 16:00

ALICIA SEWDASS RAMDHAREE

ORPHANED BY SUICIDE

NEXT SESSION STARTS TOMORROW AT 10:00

Madibaland World Literary Festival – Day 7

ZOOM registration link for Day 7:  https://bit.ly/3F0ldSv

DAY 7: THURSDAY, 25 NOVEMBER 2021

*All times are CAT = Central African Time 

TIME

AUTHOR

BOOK

10:00 – 10:30

RENATO TOMEI

ALAN PATON ON SCREEN

10:30 – 11:00

FLORENCE NDIYAH / NAOMI NKEALAH

CAMEROONIAN WOMEN’S LIT ON THE MOVE

11:00 – 11:30

NINI BAIRNSFATHER-CLOETE

REMARKABLE GARDENS

11:30 – 12:00

CHRIS MANN TRIBUTE

PALIMPSESTS

12:00 – 12:30

MARCO BOTHA

DIE SPORE VAN GERT SAGGIESTRAP

12:30 – 13:00

MAX WELLS / DEVON ATTAEI

TEMPORARY FOREVER

BREAK 13:00 – 14:00

14:00 – 14:30

PAUL WESTON

RUNNING IN THE RAIN

14:30 – 15:00

SHILOH NOONE

A BICYCLE, A CHESS SET, AN AFRICAN RIVER

15:00 – 15:30

MICHELLE GRIERSON

BECOMING LEIDAH

15:30 – 16:00

TANIA SMIT

HEELWORD

NEXT SESSION STARTS TOMORROW AT 10:00

Madibaland World Literary Festival – Day 8

ZOOM registration link for Day 8:  https://bit.ly/300lg1h

DAY 8: FRIDAY, 26 NOVEMBER 2021

*All times are CAT = Central African Time

TIME

AUTHOR

BOOK

10:00 – 10:30

GLYNIS HORNING

WATERBOY

10:30 – 11:00

IMRAAN COOVADIA

A SPY IN TIME

11:00 – 11:30

HUGH BLAND

NEW BEGINNINGS

11:30 – 12:00

SABYN JAVERI

HIJABISTAN /  NOBODY KILLED HER

12:00 – 12:30

KOBUS MOOLMAN /

TARIRO NDORO

POETRY

12:30 – 13:00

ALISA GANIEVA

THE MOUNTAIN AND THE WALL

BREAK 13:00 – 14:00

14:00 – 14:30

JONATHAN ANCER /

CHRIS WHITFIELD

PRAVIN GORDHAN BIOGRAPHY

14:30 – 15:00

JENNIFER ARTLEY

TRAVELS WITH MY MOTHER / HARD SLEEPER

15:00 – 15:30

CAL FLYN

ISLANDS OF ABANDONMENT

15:30 – 16:00

FIONA SAMPSON

LIMESTONE COUNTRY

The post Madibaland World Literary Festival 2021: Full programme appeared first on LitNet.

A comment on Peter Kallaway’s book titled The changing face of colonial education in Africa

$
0
0

Picture of Africa: Pixabay; book cover: https://africansunmedia.store.it.si/za/book/the-changing-face-of-colonial-education-in-africa-education-science-and-development/1160939

The changing face of colonial education in Africa
Peter Kallaway
African SUN Media
eISBN: 9781928314929

The necessity of historical understanding for making sense of education policy: A comment on Peter Kallaway’s book titled The changing face of colonial education in Africa (African Sun Media, Stellenbosch, 2021)

These comments were offered at the webinar launch of the book.

......

I offer these comments in honour of a book and of a life. The idea of this book has a profound social provenance.

.......

I offer these comments in honour of a book and of a life. The idea of this book has a profound social provenance. My first interaction with Peter Kallaway’s work was when I was a youth activist during the 1980s, primarily via two texts: 1) his seminal book, Education and apartheid: The education of black South Africans, published by Ravan Press in 1984, and 2) his History alive school textbook series, published by Shuter & Shooter in 1987 and to which I was exposed as a history teacher.

We experienced these texts as exhilarating and galvanising. Their materialist analysis of the social reproductive functioning of education gave us powerful language to match our anti-apartheid political commitments. Peter’s books and his larger published corpus on the politics and policy of education gave us educational sense-making language, the architecture to organise our thinking as progressive anti-apartheid actors.

At UWC, where we became colleagues in the mid-1990s, I was exposed to Peter as a gentle person who lived a life of horizontal or flat commitment to his friends and colleagues. We learnt from his lecturing pedagogy in his famous BEd honours module called “Education in South Africa” and co-edited a text called Education after apartheid. We established the journal Southern African Review of Education in 1996 as the official journal of the Southern African Comparative and History of Education Society (Saches). Peter was a founding member and a president of Saches.

Peter nurtured staff and students. He drew us into his friendship circle. Peter seamlessly provided us access to epistemic networks, and we developed their own academic trajectories.

We live in a moment of fast/instant education policymaking. This is perhaps a moment of anti-history. In other words, policymaking is proceeding without a sense of historical context and a much-diminished notion of democratic politics and policymaking. Education policymaking has taken on extra-education logics that are discursively assembled in complex ways parallel to and inside the state. The result is that we are now experiencing education policy incoherence and fragmentation.

.......

We live in a moment of fast/instant education policymaking. This is perhaps a moment of anti-history. In other words, policymaking is proceeding without a sense of historical context and a much-diminished notion of democratic politics and policymaking. Education policymaking has taken on extra-education logics that are discursively assembled in complex ways parallel to and inside the state. The result is that we are now experiencing education policy incoherence and fragmentation.

.......

Peter’s book offers us a nuanced account of such policymaking a century ago. He takes us into the policymaking processes of colonial education in Africa during the first half of the 20th century. The book is based on a range of archival sources about education under colonial rule during the “Development Era”.

Peter explores the significance of historical research for understanding “the rhetoric and reality of policy production”. His book is an account of the networks, exchanges and relations among a range of private, public and voluntary organisations that produced the regulative policy discourses of colonial education.

Much can be learnt from his historical methodology. There is no direct relationship between educational ideas produced by specific policy assemblages, as these intersect the colonial state’s ambitions. Peter’s book shows how colonial policy logics are made up of various processes that operate inside and outside the colonial state. He shows how these intersected with the colonial state’s interests and where there were openings for resistance of the dominant colonial imaginaries – small openings for radically different educational imaginaries.

The period under review is given fascinating multidimensionality: the early 20th century is the period when the colonial state moves closer to its colonial ending. It is also the period when the “imperial mind” shifts to incorporate the latest science of the period and comes under the influences of social welfarism, and when scientific advisors make an appearance to influence policy discourse about the education of the “African minds”.

Educational conferences organised in collaboration with the Colonial Office in London became a major conduit for transferring educational ideas to the colonies. And so did policy borrowings from colonial educational experiments in India and the American South.

......

Educational conferences organised in collaboration with the Colonial Office in London became a major conduit for transferring educational ideas to the colonies. And so did policy borrowings from colonial educational experiments in India and the American South.

.......

The role of philanthropic organisations, missions, scientists such as Malinowski, and educationists such as Thomas Loram, Fred Clarke and Victor Murray are carefully unpacked in the book’s various chapters. I found very fascinating Peter’s discussion of a key education networker, an education entrepreneur by the name of Oldham, who had strong links to the Colonial Office and played a particularly formative role in shaping colonial policy. Oldham was able to bring together various interests – philanthropy, various church constituencies, German missionary organisations, French scientists, and journal editors – to promote debate on African colonial education.

Peter offers a chapter each on the educational trajectories of educationists Donald Mtimkulu and Samuel Mqhayi. This is Peter’s attempt to demonstrate how representatives of the colonised were positioned to engage with the worlds that the “colonial mind” attempted to make. Peter discusses how these persons were shaped by colonial education, their student years and educational roles as teachers and leaders of teacher organisations, and their careers as school headmasters. Mtimkulu became a significant critic of apartheid education, and Mqhayi became a praise poet, journalist and novelist who was critical of colonial education and committed to a lifelong battle to preserve Xhosa culture, language and tradition.

Peter’s text succeeds in placing educational thinking and doing in the context of their times, as he explains: “muddying the waters … to allow the complexity of educational proposals and reforms to be appreciated in relation to specific times, places and events”.

This book allows one to understand how the arbitrary discourses of colonial subjugation and racial repression changed and took on new grammars of human degradation and regression. I suggest that such a historical account is fundamental to a contemporary decolonial educational imaginary that has yet to emerge with intellectual fecundity as part of our educational discourses.

  • Aslam Fataar, Department of Education Policy Studies, Stellenbosch University; currently a research professor in transformation at the university

The post A comment on Peter Kallaway’s book titled <em>The changing face of colonial education in Africa</em> appeared first on LitNet.

’n Boekresensie oor Die omstrede God uit LitNet se argief: Ons het twyfel nodig om te groei en te glo

$
0
0

 

Die omstrede God – Bestaan God of nie?
Saamgestel deur Etienne van Heerden, Erns Grundling en Thomas Mollett
Sagteband, 545 bladsye, ISBN 1 919985 05 0
Prys: R230 (BTW ing.)
Rapid Access Publishers, Stellenbosch, 2004
www.sun-e-shop.co.za / www.africansunmedia.co.za

Die omstrede God is ’n bundel kuberruimgesprekke wat deur Thomas Mollett, Erns Grundling en Etienne Van Heerden saamgestel is. Dit is grass roots-teologie op sy beste. In Wilhelm Jordaan se woorde: "God is in die Afrikaanse wêreld gedemokratiseer."

My aanvanklike gevoel oor die boek was die tipiese Jesus-junk-gevoel. God is nog altyd die slagoffer van kommersialisering waar jou rand gou sterk kan word. Daar is genoeg Jesus-yskasmagnete, Jabes-muise en -rugsakke, Passion-pette en T-hemde, waarvoor enige bankbestuurder dankie sê.

Die voordeel van my twyfel het gou getaan. Vir enige predikant wat omgee en passievol moeite doen om mense onvoorwaardelik lief te hê, is hierdie boek ’n moet.

Die kwantumsprong van BC (before computers) na AC (after computers) het ’n nuwe outoriteitskrisis meegebring. Waar informasie in die verlede sterk beheer is deur die bourgeoisie en smulpape het die internet dit moontlik gemaak dat die gewone man op straat ingelig kan wees. Hierdie kuberboek vier die bevryding van die mens wat mondig geword het. Die rappers, ravers en rokers, pommies, nerds, cyberpunks, geleerdes, verlorenes, celebrities, twyfelaars, gelowiges en liggelowiges, profete, digters, egovrate en gebrokenes, verwondes, en ander, maak kop en hart oop om eerlik en ook oneerlik oor ’n omstrede God te praat.

Dit is ’n bul-bundel. Die bundel is blou. Die donkerkant van ontnugtering en God se onbedagsame agente hier op aarde staan in die spervuur. Debatteerders wroeg deur die kennisbanke van die filosofie, wetenskap, teologie, sosiologie, antropologie en elke moontlike bril om die misterie van ’n omstrede God te verstaan. Die aanvanklike berg van 545 bladsye word ’n ritmiese skoppelmaaireis, met kruisverwysings wat jou soms nie kan laat wag om die volgende argumente te volg nie.

......

Debatteerders wroeg deur die kennisbanke van die filosofie, wetenskap, teologie, sosiologie, antropologie en elke moontlike bril om die misterie van ’n omstrede God te verstaan. Die aanvanklike berg van 545 bladsye word ’n ritmiese skoppelmaaireis, met kruisverwysings wat jou soms nie kan laat wag om die volgende argumente te volg nie.

........

As jy die boek los, los die boek jou nie. Kuberruimwesens soos Voltie, Witrenoster, Realis, Thomas, Maryna, Steve, Godzilla, Hendrik, Sakkie en ander kom woon in jou kop en prikkel oortuigings en vrese. Soms verkrummel argumente en slaan kaalgestroopte ego's kaalvuis met karakterskending, clichés, herhalings en paradoksale stellings. Soms verdwyn die dualisme van twyfelaars en gelowiges. Gelowiges het ook vrae en twyfel. Soms is die twyfelaars weer absolute oortuigdes en maak van geloof ’n oorbodige term.

Hendrik Venter kom met ’n uitstekende opsomming (bl 482) om die verwysingsraamwerk en aannames van die deelnemers te gee. Om oor God te praat is nie ’n bestemming nie, maar ’n reis. Die integrasiereis tussen die bewustelike en onbewustelike hantering van data is onontbeerlik om die bekende (materialisme) en die onbekende (spirituele) te versoen. Die waarde van so ’n model is dat dit die klem verskuif van wat ons glo na hoe ons glo.

Na vele resensies en gesprekke oor die boek het ek gevoel dat die terme "ontbondeling", "verburgerliking" of "demokratisering" van die Afrikaner oorspeel word. Dit is ’n rede vir die debat, maar beslis nie die rede nie. Die krisis in Die omstrede God is veel groter as dié van die ontnugterde Afrikaner. Die post-Boetman-generasie is ook al keelvol daarvan om te luister na die verontskuldigings van ’n verontregte Afrikaner. Hierdie boek is ook ’n refleksie van globale realiteite van ’n postmoderne generasie wat mondig geword het, wat uit die kake van die modernisme probeer ontsnap. Die omstredenheid woed nie net binne die teologie nie, maar binne elke moontlike vakgebied.

......

Die kuberruimdebat leen hom tot die uitruil van opinies en die wedersydse dissektering van koue begrippe, sinne en woorde. Die rasionele oorheers ten koste van die relasionele.

.......

Die kuberruimdebat leen hom tot die uitruil van opinies en die wedersydse dissektering van koue begrippe, sinne en woorde. Die rasionele oorheers ten koste van die relasionele. Hierdie komkommerkoel benadering laat my dink aan ’n kat wat gedissekteer word waar die longe, hart, hare en ingewande die objektiewe bewys word van die realiteit van ’n kat. Tog wil ’n mens soms ook weet hoe oud die kat is, hoeveel kinders die kat gehad het, of hoeveel keer die kat deur die hond gebyt is. Ek mis die mens in die tegnologie. Dalk net: "Hoe gaan dit met jou?" Of "Ek hoor jy was siek", in plaas van die koue dominee-groete ... Dalk is die kuberruim net te koud vir die warm God van die Bybel.

Die meerderheid beroep hulle op rasionaliteit en logika. Daar word egter baie min gepraat oor die sagteware van logika wat geloof is. Indien geloof die verowering van die mistieke is, is geloof oorbodig. Die pogings om rasionaliteit te bevraagteken is vaag. Die werke van Saussure, Lyotard, Baudrillard, Derrida, Eco, Foucault, Wittgenstein, Bauman, Jameson en andere kon ander leemtes in hierdie debat nuanseer, en ook die gevare indien die drakrag van rasionaliteit oorskat word. Die rol van voorveronderstellings, persoonlikheidstipes, sosiale identiteit en taal behoort deel te wees van die epistemologie wat ontrafel word. Die debat kan geen wenner oplewer nie, aangesien sowel Ateïs as Gelowige geloof moet beoefen om oor God te praat. Geloof eindig in misterie. Dit beteken nie dat God nie anti-intellektueel is nie, maar Hy is dalk postintellektueel.

Die boek lewer ’n groot bydra daartoe om twyfel die regmatige plek in geloof te gee. Ons het twyfel nodig om te groei en te glo. (Sou diegene wat in Apartheid getwyfel het, nie beter Christene gewees het as dié wat dit nie betwyfel het nie?) Die Christen en nie-Christen wat twyfel besweer, trap in die ou narsistiese strik van voorspelbaarheid en stagnasie. Die lewe word dan ’n bedompige bestemming waar ek alle mistiek verwyder en slegs oorgelaat word aan die subjek van die self en die beperktheid van my eie versekerde opinie. Dalk ’n nuwe vorm van narsisme? Dalk sal hierdie boek uitstekende katkisasiemateriaal wees om ons kinders nie gekloneerde kerkistiese napraters te maak nie, maar eerder eerlike soekers na God wat ons nooit laat ophou soek nie. Jy kan slegs begin soek as jy verdwaal het.

.......

Die omstredenheid van God lê ook in die omstredenheid van die mens.

.......

Die omstredenheid van God lê ook in die omstredenheid van die mens. Dit sou eerlik wees om oor "die alles-uitwissende slagveld ... in die bose skoonheid van geweld" te debatteer (DJ Opperman). Die gebrek aan ekoteologie onderstreep hierdie omstredenheid. Dalk is daar alreeds te min om iets oor die ekologie te sê. Die ekologie bloei sy laaste trane terwyl Hansie Slim munt slaan uit sy trotse rede waarmee die wêreld verower word. Ek hoop die ekologie het nog genoeg genade dat ons wel weer kan praat oor Die omstrede God ...

* Theo Geyser is pastoor by die Stellenbosch Gemeente. Hy is ook ’n lid van die gewilde sanggroep Prophet.

LitNet: 4 Oktober 2004

 

The post ’n Boekresensie oor <em>Die omstrede God</em> uit LitNet se argief: Ons het twyfel nodig om te groei en te glo appeared first on LitNet.

In memoriam: Thomas Mollett

$
0
0

Foto van Thomas Mollett: LitNet; foto's van boeke: https://thomasmollett.com/

  • Thomas Mollett was veral bekend vir privaatondersoeke rondom hoëprofielsake, soos dié van Inge Lotz, Shrien Dewani en Oscar Pistorius. Hy was ook betrokke by die LitNet-debat rondom Die omstrede God en, in samewerking met Erns Grundling en Etienne van Heerden, by die publikasie van 'n boek met die gelyknamige titel. 

Thomas Mollett, die forensiese konsultant en skrywer wat verlede Vrydag op 50-jarige ouderdom dood is, was by uitstek ’n soeker na die immer ontwykende waarheid.

Dit was egter ook die soeke na waarheid in sy eie lewe wat hom soos baie ander waarhede telkens ontwyk het.

Ek het hom net na die draai van die eeu leer ken as ’n selfstandige denker wat nie skroom om die water te roer en omstrede sake aan die orde te stel nie. Hy was een van die samestellers van die boek Die omstrede God: Bestaan God of nie?. Die mederedakteurs was Erns Grundling en Etienne van Heerden.

.......

Ek het hom net na die draai van die eeu leer ken as ’n selfstandige denker wat nie skroom om die water te roer en omstrede sake aan die orde te stel nie. Hy was een van die samestellers van die boek Die omstrede God: Bestaan God of nie?. Die mederedakteurs was Erns Grundling en Etienne van Heerden.

........

Die boek, wat uit 400 briewe uit die debat op LitNet saamgestel is, was die resultaat van ’n onstuimige gesprek wat maande lank op LitNet gewoed het. Hierdie diskoers in Afrikaans oor God se bestaan al dan nie het Thomas se verbeelding aangegryp terwyl hy in Taipei gewoon het.

Etienne van Heerden vertel in die voorwoord: “[T]erwyl die LitNet-redaksie nog oor die moontlikhede van ’n boek oor die God-debat bespiegel het, het ’n jong Afrikaanse expat, Thomas Mollett, vanuit Taiwan laat weet dat sy diensplig as trekswael tot ’n einde kom en dat hy met LitNet wil gesels oor die moontlikhede van ’n boek oor die gespek oor geestelike sake op LitNet. Van meet af aan was hy die dryfkrag agter hierdie boek, en het hy ook die grootste inset gelewer.”

Dit was die eerste keer dat ’n debat oor God op hierdie skaal in die openbaar in Afrikaans gevoer is. Dit is vandag nog steeds een van die grootste gesprekke daaroor in Afrikaans.

Thomas se persoonlike lewe het net soos die onstuimige God-debat op LitNet dikwels wipplank gery. Slegs sy naby vriende en naasbestaandes was bewus van die moeilike stryd wat hy jare lank teen depressie gevoer het.

Tussen al die opwinding, intellektuele diskoerse en vasberade soeke na die waarheid deur was daar ook gesellige luimige tye met ’n koue Black Label in die hand of ’n pizza saam met sy vriende. Maar altyd was daar die soeke na antwoorde op moeilike vrae en onopgeloste raaisels wat hom gedryf het.

Van 1997 tot 2003 het hy grotendeels in Londen en Taipei gewoon. In Londen het hy sy eerste boek, London made simple, gepubliseer.

Die laaste klompie jare van sy lewe is gekenmerk deur  ’n ongekende entoesiasme en vasberadenheid om groter lig te werp op hoëprofielmoordsake in die land. Twee sulke gevalle is die moorde op Inge Lotz en Reeva Steenkamp.

Albei hierdie moorde het Thomas en sy broer Calvin, as amateur-forensiese kundiges, aangespoor om dieper te delf en na antwoorde te soek.

In hulle soeke na geregtigheid het dié twee broers onder andere ’n boek die lig laat sien waarin hulle gehoop het om antwoorde te gee op van die tergende vrae en bespiegelings toe Oscar Pistorius sy meisie Reeva Steenkamp op Valentynsnag 14 Februarie 2013 in sy huis doodgeskiet het. Die boek se titel is Oscar vs The Truth.

Die twee Mollett-broers was ook die skrywers van die boeke Bloody lies en Bloody lies too wat oor die Lotz-moord handel.

Hulle het onlangs ook ’n e-boek die lig laat sien oor Shrien Dewani wat na bewering sy vrou vermoor het maar skotvry losgekom het. Die titel van hierdie boek is The bloodied bride – did Shrien Dewani get away with murder?.

Ten tye van sy dood was Thomas besig met sy meestersgraad in biomediese forensiese wetenskap aan die Universiteit van Kaapstad (UK). 

In ’n onderhoud wat ek vir LitNet met hom gevoer het, beskryf hy hom en sy broer as  van nature nuuskierige en weetgierige siele. Dit het nie noodwendig vir hom gegaan oor ’n buitengewone belangstelling in moordsake as sodanig nie.

“Dit bevredig ons op ’n dieper vlak om aan sulke sake te werk. Die feit dat dit moordsake is, is nie noodwendig ’n bepalende dryfveer nie. Ons voel wel gemotiveer deur die bydrae wat dit moontlik tot die samelewing en geregtigheid kan lewer,” het hy aan my vertel.

Tydens sy jare in die uitgewersbedryf by Griffel Media was dit reeds deel van sy werk om sin te maak van inligting en ’n fyn oog te hê vir konteks. “In baie gevalle is die ontleding van moordsake nie veel anders nie,” het hy verduidelik. “Dit gaan oor sin maak van inligting, verslae van getuienis, ens.”

Bloody lies, wat gehandel het oor die moord op Inge Lotz wat in Stellenbosch in haar woonstel vermoor is, het wye reaksie uitgelok. Sommige het dit geprys en ander het dit afgemaak as prul.

Vir Thomas en sy broer het dit in die eerste plek daarom gegaan om ’n einde te probeer maak aan wat hy genoem het “waansinnig swak ondersoekwerk” en die hantering van bewyse. Deur daaroor te skryf wou hy die swak plekke uitwys sodat dit in die toekoms dalk voorkom kan word en prosesse verbeter kan word

Die skrywer en digter Fanie de Villiers, ook bekend as Kleinboer, vertel hy het Thomas ongeveer 15 jaar gelede ontmoet toe Thomas hom gekontak en gevra het om hom by ’n restaurant in Melville te ontmoet. “Ek het ingestem, en die pyprokende Hendrik Venter was saam met hom. Hulle was kollegas, en Thomas het gevra of ek maandeliks ’n rubriek vir hulle webwerf sou skryf. Ek het dit dan ook vir sowat ses maande gedoen, en Thomas nog ’n paar keer in Melville ontmoet. Hy was ruimhartig en het altyd aangedring om te betaal.”

Thomas het in 1989 aan die Hoërskool Victoria-Wes matrikuleer. Daarna het hy sy militêre diens by 1 Spesiale Diensbataljon, Tempe, Bloemfontein verrig. Na 'n keuringsproses is hy oorgeplaas na die Pantserskool in Tempe, waar hy  'n jaar lange Junior Leierskapkursus ondergaan het om 'n troepleier vir die Eland 90-pantservoertuig-gevegsregime te word.

Hy voltooi sy studie in 1993 aan die Universiteit Stellenbosch en verwerf ’n BSc-graad. In 1997 ondergaan hy opleiding as sekuriteitsbeampte in Londen, waar hy vir groot kleinhandelwinkels soos Woolworths en Mark & ​​Spencer gewerk het.

In 2005 het hy betrokke geraak  by die uitgewersbedryf, as skrywer, maar hoofsaaklik as ontwerper en redakteur. Dit is daar waar sy waardering vir besonderhede en ontwerpvaardighede geslyp is en wat hy later ook in sy  forensiese werk toegepas het.

In 2017 het hy gehelp om honderde grafte uit te grawe in 'n begraafplaas wat eeue terug dateer, onder die toesig van die forensiese antropoloog Victoria Gibbon en osteoloog Jacqui Friedling, albei van die UK se Departement Menslike Anatomie. Dit het die verwydering en skoonmaak van oorblyfsels ingesluit, en om oorblyfsels saam te voeg om 'n soort identiteit te bepaal.

Fotobron: https://thomasmollett.com/books-web/

Die afgelope klompie jare het hy, behalwe die hoëprofielmoordsake, ook 'n paar minder bekende en private sake op 'n genooide konsultasiebasis ondersoek. Dit het sake ingesluit van brandstigting tot beweerde verkragting, en 'n verdagte seeverdrinkingsvoorval.

Tydens hierdie ondersoeke het hy onder meer deur Europa getoer om meer forensiese insigte te verkry en verskeie forensiese leiers ontmoet, onder meer  Cristophe Champod van die Skool vir Strafregspleging aan die Universiteit van Lausanne en verskeie ander.

Sy ondersoek aan die Oscar Pistorius-saak (soos gedokumenteer in Oscar vs the Truth), het wêreldwyd nuus gemaak.  

Ten spyte van sy groot belangstelling in forensiese ondersoek het hy homself nie beskou as  “forensiese deskundige” nie. Hy wou ook nie hê ander moet hom so sien nie.

“Want wat presies is 'n forensiese deskundige? Forensika is 'n wye veld, en presies hoeveel kwalifikasies en ondervinding moet jy hê voordat jy as 'n 'forensiese deskundige' geag word?” wou hy weet as hy daaroor gepols is.

Vir mense wat hulself as kenners uitgee sonder om resultate te kon toon, het hy min agting gehad. Daarvoor was daar volgens hom te veel “forensiese deskundiges” wat  oor die laaste jare skokkende getuienisse in ons howe gelewer het.

Dit het vir hom in die eerste plek daaroor gegaan om nuuskierig te wees, om 'n oog en respek te hê vir besonderhede, om gretig te wees om te leer, om aan te hou leer, om saam met die tyd te beweeg, om jou dissipline te respekteer, om die literatuur te respekteer, om 'n robuuste benadering te volg en bo alles om eerlik te wees.

Een van sy gunstelingaanhalings oor forensiese ondersoeke was van Shunryu Suzuki: “In die beginner se gedagtes is daar baie moontlikhede; in die kundige se gedagtes is daar min.”

Thomas word oorleef deur sy dogter, Alta (14), sy ma Margaret, sy broers Aidan en Calvin en sy suster Catherine Rossouw.

Lees ook:

’n Boekresensie oor Die omstrede God uit LitNet se argief: Ons het twyfel nodig om te groei en te glo

Daggaseminaar: forensiese en regsimplikasies van die dekriminalisering van die besit en kweek van dagga

Bird Eiland: die skoot in die anus – feit of stadslegende?

Die effek van alkohol op die liggaam

Covid-19 en die skaakbord

The post In memoriam: Thomas Mollett appeared first on LitNet.

 FW – die einde van ’n era

$
0
0

Bettina Wyngaard (foto: Naomi Bruwer) en FW de Klerk (foto: Wikipedia)

...
Hy het gekies om die hele land te help bou, eerder as om ’n minderheid se belange te probeer beskerm. Hy het teen ’n groot persoonlike prys die regte keuse gemaak. Dis hoe ek vandag verkies om hom te onthou.
...

“FW was ’n volksverraaier.”

“Nee, hy was ’n visionary.”

“Snert man, hy het net die skrif aan die muur gesien en soos ’n goeie rot ’n sinkende skip verlaat.”

Daar is vele sieninge oor FW de Klerk, en noudat hy dood is, gaan heelparty ou koeie uit die sloot gegrawe word. Wat niemand kan betwis nie, is dat hy op ’n kritieke stadium in ons geskiedenis ’n besluit bestuur het wat ons land en ons mense in ’n nuwe rigting gestuur het. Natuurlik het hy dit onder dwang gedoen. Niemand gee mag prys sonder dat hulle voor ’n erger alternatief gestel word nie. Hy het gekies om wit politieke heerskappy se graf te help grawe eerder as om die land in ’n bloedbad in te bestuur.

Dit was dapper. Hy moes geweet het hy gaan ongewild wees onder sy eie mense.

Het hy die Nasionale Party (NP) se graf gegrawe? Dalk, maar Marthinus “Kortbroek” van Schalkwyk het dit uitgemessel. Dit was in elk geval ’n genadedood vir ’n pasiënt wie se uitgerekte lyding almal geraak het.

Die NP moes sterf. Wit minderheidsregering was besig om sy doodsnikke te gee. En daar was FW, intelligent genoeg om te besef dat hy die geskiedenis kan verander.

Die meeste beelde van sy latere politieke lewe was van hom aan Madiba se sy. Hulle het saam die politieke landskap in Suid-Afrika verander. Hulle het saam die Nobel-prys vir vrede ontvang. Hulle is saam, en afsonderlik, gekritiseer en blameer vir die rigting waarin die land gegaan het. Hulle albei se huwelike het gesneuwel. Hulle albei se reputasies is deur die modder gesleep. Oor albei se vaderskapsvaardighede is daar veel gesê.

Maar albei het groter verantwoordelikhede as net ’n gesin of  ’n party gehad. En albei het uiteindelik gekies om daardie groter verantwoordelikheid teenoor volk en vaderland na te kom, eerder as om eng lojaliteit teenoor ’n party of gesin te toon.

Maak dit hulle verraaiers? Maak dit vir FW ’n verraaier?

Ek dink nie so nie.

...
Die NP moes sterf. Wit minderheidsregering was besig om sy doodsnikke te gee. En daar was FW, intelligent genoeg om te besef dat hy die geskiedenis kan verander.
...

Dit beteken nie ek dink elke politieke besluit wat hy geneem het, was fantasties en moreel aanvaarbaar nie. Inteendeel, sy beeld is juis geskaad omdat hy moreel aanvegbare besluite geneem het. Maar dit neem niks weg van die feit dat hy vrede gekies het op ’n stadium toe oorlog, selfs ’n oorlog wat onvermydelik verloor sou word, ’n opsie was nie.

Ek het eenkeer in my studentejare ’n vergadering bygewoon waar hy op Stellenbosch-kampus gepraat het. Hy was ’n dinamiese spreker, een van daais wat jou laat voel hy praat net met jou. Baie van my medestudente het aan sy lippe gehang asof hy ’n rockster is. Vir my het dit gevoel asof daar ’n paar leemtes in sy toespraak  was wat aangespreek moes word. Maar hy het nie. En niemand het hom ook daaroor gevra nie.

Die tweede keer was toe ek as vredesmonitor voor die 1994-verkiesing opgetree het. Hy was joviaal, maar mens kon tog die spanning sien wat op hom gelaat was. Hy het moeg gelyk. Dit was nie net die moeg van ’n uitgebreide verkiesingsveldtog nie. Vir my het dit eerder gelyk soos die moeg van ’n persoon wat te veel veldslae aan te veel fronte probeer veg.

Na sy uittrede uit formele politiek was hy in meer omstredenhede betrokke. Meer as een keer het ek in afgryse gelees oor stellings wat hy gemaak het. Is dit demensie, of is dit net hoe hy nog altyd geglo het? het ek gewonder. Maar ander ontleders kan daaroor skryf.

My ma se eerste woorde toe ek haar meedeel dat hy gesterf het, was: “O, ek dag hy is lankal oorlede.”

Dalk gaan dit sy uiteindelike legacy wees – vergete lank voor hy gesterf het. Ontvanger van ’n prys vir vrede wat baie meen hy nie verdien het nie.

Maar, ongeag hoe hy onthou word, hy het aan ’n vry, demokratiese Suid-Afrika help bou. Hy het gekies om die hele land te help bou, eerder as om ’n minderheid se belange te probeer beskerm. Hy het teen ’n groot persoonlike prys die regte keuse gemaak.

Dis hoe ek vandag verkies om hom te onthou.

The post  FW – die einde van ’n era appeared first on LitNet.


Die prag in jou kleure

$
0
0

Foto: Canva.com

Die prag in jou kleure 
Ek staar na die prag in jou kleure 
jou buitelyne van krag 
jou hart is in jou water 
jou siel in jou berg 
dit is jou ontstaan

die mens het jou gevat 
mak gemaak vir homself 
tog het God jou gemaak 
jou gevorm deur die eeue

die winde en die weer 
die water op die rotse 
jou prag en geheime
onder jou duine

baie het gedink 
jy is hulle eiendom 
vandag is hulle dood 
jy lewe nog

baie het gekom 
baie het gegaan 
terwyl jy Elandsbaai 
vas met jou voete 
in die water bly staan.

The post Die prag in jou kleure appeared first on LitNet.

Wegkruip-vers

$
0
0

Foto: Canva.com

Wegkruip-vers 
Wanneer jy jouself 
weer in ’n vers 
op vrye voet stel 
vat my saam 
sodat ek ook in woorde kan wegkruip 
lettergreep-landskappe leefbaar maak 
klanke in die wind los 
of stil kan raak 
in die skoonheid 
van ’n vormlose 
kwatryn.

The post Wegkruip-vers appeared first on LitNet.

adieu

$
0
0

Foto: Canva.com

adieu 
toe ek wil teruggaan op my spoor 
jou menswees herontdek en weer bemin 
het ek jou reeds verloor 
jy het bome geplant waar ek wou reis 
bakens verskuif om my te fnuik 
jou finale wegraak van my 
was argeloos terloops 
en ek moes toekyk hoe jy 
onvermoeid en sonder terugblik 
ligvoets kortpad vat 
dwarsoor die puin van elke brug 
wat ek onwetend verbrand het

The post adieu appeared first on LitNet.

Sala-toekennings 2021: ’n Onderhoud met André Trantraal

$
0
0

Foto van André Trantraal: verskaf

Keegan & Samier: Die sokker-fiasko
André Trantraal
LAPA
ISBN: 9780799397697

André Trantraal praat met Naomi Meyer oor sy Sala-kinderboektoekenning waarmee sy boek Keegan & Samier: die sokkerfiasko pas bekroon is.

André, jy het pas ’n Sala-toekenning gekry vir jou kinderboek Keegan & Samier: die sokkerfiasko. Wie is Keegan en Samier? Is hulle gebaseer op kinders wat jy ken?

Keegan en Samier is beste vriende, koptjommies. My susters het seuns wat ek sien grootword. So ek veronderstel party van die houdings en maniertjies van Keegan en Samier kom van hulle af. Die meisiekinders in ons familie is maar almal baie eiewys, wat gehelp het om Samia se persoonlikheid aan te vul.

Dis nie Keegan en Samier se eerste storie nie. Jy het al ander boeke ook in die reeks geskryf. Vertel my ’n bietjie hiervan, asseblief. Watter ander stories is beskikbaar?

Daar is vier boeke in die reeks. Die stories kan op hulle eie gelees word, maar as jy dit van boek 1 na boek 4 lees, dan sien jy hoe die karakters geleidelik ontwikkel. Ek hou van ’n goeie plot, al dink ek dat hulle nogal swaar kan wees om in die hande te kry. Die vierde boek bevat selfs effe van ’n plot twist. Die boek het recurring karakters, maar my gunsteling is beslis ouma Mienie. Ons het almal iemand soos sy nodig, iemand wys wat jou ook deur dik en dun bystaan. LAPA het die boeke baie bekostigbaar gemaak juis sodat jy al vier kan koop.

Jy skryf ook gedigte en graphic novels. Hoe is dit vir jou om ook vir kinders te skryf? En hoe weet jy wat werk vir 'n kinderstorie?

......

Ek stem saam met die legendariese skrywer en illustreerder Maurice Sendak wat geglo het dat daar nie iets soos kinderboeke bestaan nie, slegs goeie boeke en slegte boeke.

......

Ek stem saam met die legendariese skrywer en illustreerder Maurice Sendak wat geglo het dat daar nie iets soos kinderboeke bestaan nie, slegs goeie boeke en slegte boeke. Sendak het geglo dat ’n boek wat jy ontgroei soos ’n ou paar skoene, ’n slegte boek is. Ek lees net so graag Elena Ferrante as wat ek byvoorbeeld Tove Jansson lees. Ek hou van eenvoud en vind die stadig ontvouende spectacle van die alledaagse fassinerend. Dit is waar die grootste avonture maar tog gebeur.  

.......

Ek hou van eenvoud en vind die stadig ontvouende spectacle van die alledaagse fassinerend. Dit is waar die grootste avonture maar tog gebeur.  

.......

Watter storie wil jy vir Suid-Afrikaanse kinders vertel deur hulle stories te skryf? Iets vir die lekker, vir ontvlugting, of om vir hulle iets te skryf wat hulle sal herken, waar hulle hulself sal sien?

Ek skryf stories vir elke kind, maar ek verkies om karakters te skep wat nou lank wag vir hul beurt om in ’n kinderboek te verskyn.

Wat beteken ’n toekenning soos hierdie een vir jou?

........

Dit is wonderlik om erkenning te kry, maar my groot hoop is dat dit dalk ander bruin en swart skrywers sal inspireer om ook die kinderboekwêreld te betree. Dit is lankal tyd.   

.......

Keegan & Samier: die sokker-fiasko het twee pryse vanjaar gewen: ’n ATKV-Woordveertjie, waarvoor kinders self stem, en nou die Sala. Dit is wonderlik om erkenning te kry, maar my groot hoop is dat dit dalk ander bruin en swart skrywers sal inspireer om ook die kinderboekwêreld te betree. Dit is lankal tyd.   

Lees ook:

Press release: 16th South African Literary Awards, the 2021 winners

The post Sala-toekennings 2021: ’n Onderhoud met André Trantraal appeared first on LitNet.

’n Daad het geskied: FW de Klerk se nalatenskap

$
0
0

Foto van De Klerk in die openbare domein

...
Wat my betref – met respek aan Madiba – was dít die werklike vreugdevolle dag in ons oorgang en was dít die dag toe die nuwe Suid-Afrika gebore is. Ons behoort Frederik Wilhelm de Klerk altyd daarvoor te huldig, hy wat nou die einde van sý laaste trek bereik het.
...

“Dit was ’n vreugdevolle dag,” skryf oudpresident FW de Klerk in sy outobiografie, Die laaste trek – ’n nuwe begin. “Dit was ook ’n dag van bevryding – nie net vir swart Suid-Afrikaners nie, maar ook vir ons wit Suid-Afrikaners.”

“Ons wit Suid-Afrikaners” was nou ontslae van die juk wat hulle vir 350 jaar lank op hul skouers gedra het, het hy geglo. Hulle kon nou vir die eerste keer al hul landgenote sonder skuldgevoelens of vrees en as gelykes en mede-Suid-Afrikaners groet.

Of soos die digter-filosoof Adam Small vroeër oor “my verlore broer, FW de Klerk” gesê het, “ons wit Suid-Afrikaners” het nou ook “huis toe gekom”.

Dit was weliswaar nie oor 2 Februarie 1990 dat De Klerk, wat vanmiddag op 85 gesterf het, dit in sy verwysing na ’n “vreugdevolle” dag gehad het nie. Op daardie dag, 2 Februarie 1990, skaars ses maande nadat hy as president by PW Botha oorgeneem het, het hy vernaamlik die ANC en ander bevrydingsbewegings ontban, die doodstraf afgeskaf en aangekondig dat Nelson Mandela en ander politieke gevangenes binnekort vrygelaat sou word.

Die dag waaroor hy so verheug was, was ook nie 11 Februarie 1990 toe Mandela in die Bolandse son uit Victor Verster-gevangenis in die Paarl na vryheid gestap het nie. Hierna was De Klerk en Madiba wel gesamentlike ontvangers van 1993 se Nobel-prys vir vrede, maar dit het nie beteken De Klerk het Mandela se “skerp en ongegronde aanvalle op my” vergeet nie; en Mandela kon weer nie ontslae raak van sy “diepe agterdog” oor De Klerk se “rol en oogmerke” nie.

Toe De Klerk die oggend van die dag waarna hy in die inleiding verwys, wakker word, was hy steeds die president gewees. Toe hy die aand gaan slaap, skryf hy in Die laaste trek, het daardie mantel van hom na Mandela oorgegaan.

“Die Nuwe Suid-Afrika is op 10 Mei 1994 gebore, die dag toe Nelson Mandela as president van Suid-Afrika ingehuldig is,” skryf De Klerk. Nou, vir die eerste keer in die geskiedenis, “het ons ’n regering gehad wat werklik verteenwoordigend van al sy mense was”.

Die inhuldigingseremonie vir Madiba was vir De Klerk die “magtige skoonheid” in Van Wyk Louw se gedig “O wye en droewe land”; dit was die oomblik toe hy gevoel het die “daad” in die gedig het geskied. ’n Welverdiende klop gee hy homself dan op die skouer: “Min staatshoofde kon hul hoë amp met groter voldoening afgelê het as ek (...).”

Maar De Klerk se heengaan sou altyd uiteenlopende menings oor sy nalatenskap ontlok. Selfs hý sou dit tog te wagte gewees het. “Ek wil nie my eie grafskrif skryf nie,” sê hy in ’n onlangse dokumentêr wat Kabous Meiring vir kykNET vervaardig het.

Mense vra hom dikwels hoe hy onthou wil word, vertel hy aan die onderhoudvoerder. Hoe antwoord hy daarop? “Hopelik as iemand wat ’n wesentlike verskil gemaak het om ’n beter lewe vir almal ... om ’n ramp af te weer, om ’n verskil te maak, maar ek laat dit aan historici oor om my rol in die geskiedenis van Suid-Afrika te definieer en te beoordeel.”

Toe ek vir die doel van dieselfde dokumentêr gevra is hoe ek De Klerk sal onthou, het ek gesê: “Hoe hy onthou sal word, is tot ’n mate deur homself bepaal.”

Wat ek daarmee bedoel het, was dat dit sy meer onlangse uitsprake was oor, sê maar, apartheid, wat vir talle swart landsburgers aanstoot gegee het; en daarteenoor sou ’n mens nog gereeld in koerante se briewekolomme lees en op radio-inbelprogramme hoor hoeveel Afrikaners hom nog nie vergewe het omdat hy kwansuis in 1994 sou boedel oorgegee het nie.

In sy “Versoeningsgebed vir FW de Klerk” spreek Small ook die oudstaatshoof oor sy standpunt aangaande apartheid aan: “Ek het jou tog / reg verstaan, glo ek / dat jy sover gekom het om / te dink apartheid / is ’n troostelose verkeerdheid. / Maar jy het nooit uitdruklik so wou sê. / Iets in dier voege / het jy / geprewel, ja (...).”

Wat waar is oor De Klerk se eerste vrou, Marike, se uitsprake oor bruin mense, is ook waar in De Klerk se geval wat betref sy “kwalifisering” van apartheid. Jy kan jouself net eenvoudig nooit behoorlik daaruit losdraai nie. Dit sal jou altyd agtervolg.

Nie te lank gelede nie het die oudpresident homself weer in omstredenheid bevind toe hy hom uitgelaat het oor die vervolging van oortreders van menseregtevergrype in die voor-1994 bedeling. Wat die ANC-regering nie uit die oog moet verloor nie, het hy toe gesê, is dat daar ’n ooreenkoms met die oorgangsonderhandelings aangegaan is wat as’t ware alle oortreders sou vrywaar teen vervolgings – of indien daar dan wel vervolgings plaasvind, moes dit na albei kante toe sny: die apartheidstaat sowel as die bevrydingsbewegings se oortreders.

...
Wie ook al nie daarvan hou nie, wil ek nou byvoeg, sal hom kan kritiseer so lank en heftig soos hulle wil, maar sal nooit die feit van 2 Februarie 1990 in ons gedeelde, dog betwiste, geskiedenis kan uitskryf of uitwis nie.
...

Nou ’n bekentenis, waaroor ek my so ver terug as 1993 reeds in ’n gesprek by die Suidoosterfees uitgelaat het en ook iewers agterna daaroor geskryf het: In 1994 het ek my stem vir FW de Klerk gegee. My redenasie was eenvoudig: Selfs al was ek ook op skool deel van die bevrydingstryd, wou ek help verseker dat ons land nie van ’n (wit) Nasionale Party-oorheersing na ’n (swart) ANC-oorheersing oorgaan nie.

Dit het uiteraard nie veel gehelp nie, maar ten minste beweeg ons vandag skynbaar weer nader aan die regering van nasionale eenheid wat van 1994 tot 1996 onder Mandela se leierskap regeer het. In die verre Denemarke kon ek die jaar daarna nie besluit of ek meer huis toe verlang het oor De Klerk se uittrede uit die politiek of oor die dood in dieselfde tyd van prinses Diana nie.

Maar hoe ook al, dit tref my nou dat my laaste interaksie met De Klerk ’n besoek by die stigting se kantore in die noordelike voorstede was. Ek het oor sy verhouding met en indrukke van Small gaan praat – en ek het Small se laaste bundel, Klawerjas, saamgeneem sodat De Klerk die gedig oor hom kon lees; en hy was beleefd genoeg om heelwat tyd vir my af te staan. Wat my bybly, as ’n kind van die platteland, is dat hy my ook altyd formeel as “meneer” aangespreek het.

’n Ander keer, heelwat vroeër as daardie besoek, dalk hier in 2012 rond, het hy sonder aarseling ingestem om ’n spesiale brief aan die Worcester-skrywer Abraham Phillips te skryf om hom geluk te wens met die twintigjarige herdenking van sy roman Die verdwaalde land, waarin hy De Klerk prys vir sy Februarie 1990-stap. Dié brief het ek laat raam met ’n afskrif van die boek se voorblad daarby, en by die herdenkingsfunksie in wat nou bekend is as die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere het André P Brink dit aan Phillips oorhandig. Die waardering wat Brink vir Phillips se boek gehad het, het herinner aan sy waardering vir spesifiek Small se drama Kanna, hy kô hystoe.

...
Wat my bybly, as ’n kind van die platteland, is dat hy my ook altyd formeel as “meneer” aangespreek het.
...

Om dan terug te keer na De Klerk se nalatenskap, noudat ek my belange verklaar het en hy ons ontval het: Ek dink nie daar moet enigsins twyfel daaroor wees nie, soos ek ook in die Meiring-dokumentêr gesê het, dat sy nalatenskap altyd gerespekteer moet word deur dié van ons wat weet wat Suid-Afrika vóór sy 2 Februarie 1990-toespraak was. Wie ook al nie daarvan hou nie, wil ek nou byvoeg, sal hom kan kritiseer so lank en heftig soos hulle wil, maar sal nooit die feit van 2 Februarie 1990 in ons gedeelde, dog betwiste, geskiedenis kan uitskryf of uitwis nie.

Wat my betref – met respek aan Madiba – was dít die werklike vreugdevolle dag in ons oorgang en was dít die dag toe die nuwe Suid-Afrika gebore is. Ons behoort Frederik Wilhelm de Klerk altyd daarvoor te huldig, hy wat nou die einde van sý laaste trek bereik het.

The post ’n Daad het geskied: FW de Klerk se nalatenskap appeared first on LitNet.

FW de Klerk vra vir oulaas verskoning vir die pyn van apartheid

$
0
0

Suid-Afrika se laaste wit staatspresident onder apartheid, FW de Klerk, het in sy heel laaste boodskap aan die mense van Suid-Afrika opnuut onvoorwaardelik verskoning gevra vir die pyn wat apartheid veroorsaak het.

In ’n boodskap wat kort voor sy dood opgeneem is, sê De Klerk hy wil in sy laaste boodskap aan Suid-Afrikaners herhaal dat hy sonder enige kwalifikasie jammer sê vir die skade wat apartheid aan swart, bruin en Indiër-Suid-Afrikaners aangerig het.

De Klerk se boodskap is kort na sy afsterwe deur die FW de Klerk-stigting op hulle webwerf geplaas. Daarin sê De Klerk hy doen dit nie net as voormalige staatspresident nie, maar ook as individu.

In dieselfde boodskap doen hy ook ’n ernstige beroep op die land se mense om die Grondwet te beskerm en in stand te hou.

De Klerk is Donderdag in die ouderdom van 85 jaar by sy huis in Fresnaye, ’n voorstad van Kaapstad, oorlede nadat hy vroeër met kanker gediagnoseer is.

Hy het die wêreld op 2 Februarie 1990 verras toe hy die ANC en verskeie ander verbode organisasies ontban het tydens ’n toespraak in die parlement. Hy het  terselfdertyd aangekondig dat Nelson Mandela onvoorwaardelik vrygelaat gaan word.

Dit was die begin van ingrypende hervormings na ’n onderhandelde oorgang van apartheid na ’n grondwetlike demokrasie. Die hervormings het die ontbanning van die African National Congress (ANC), die Pan Africanist Congress (PAC), die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en ander anti-apartheidsorganisasies, en die vrylating van politieke gevangenes – insluitend Nelson Mandela – ingesluit.

De Klerk en Mandela is in 1993 gesamentlik met die Nobel-vredesprys vereer vir hulle aandeel in die vreedsame beëindiging van apartheid. 

In April 1994 is die eerste veelrassige verkiesing gehou waartydens alle Suid-Afrikaners vir die eerste keer op dieselfde kieserslys kon stem. De Klerk het vir twee jaar as    mede- uitvoerende adjunkpresident in Mandela se regering gedien, maar onttrek hom in Junie 1996 aan die regering van nasionale eenheid omdat sy rol volgens hom uitgespeel was.

De Klerk was lid van ’n prominente Afrikanerfamilie wat apartheid heftig verdedig het. Tydens sy politieke loopbaan het hy bekend gestaan as ’n gematigde konserwatiewe Nasionalis wat sterk gekant was teen swart meerderheidsregering.

Nadat hy in 1989 as president van PW Botha oorgeneem het, het hy die land en die res van die wêreld verstom met die vinnige pas waarteen hy apartheid finaal afgetakel het. Hy is deur sy ondersteuners geloof vir sy moed, maar word tot vandag toe deur sy vyande in blanke geledere as  ’n uitverkoper van die land uitgekryt.

Aan die ander kant van die politieke spektrum word hy steeds deur partye soos die EFF vir die pyn van apartheid blameer.

De Klerk se afsterwe is Donderdag in ’n verklaring deur die FW de Klerk-stigting aangekondig. “Dit is met die diepste hartseer dat die FW de Klerk-stigting moet aankondig dat oudpresident FW de Klerk vroeër vanoggend vreedsaam by sy huis in Fresnaye gesterf het ná sy stryd teen mesothelioomkanker. Hy word oorleef deur sy vrou Elita, sy kinders Jan en Susan en sy kleinkinders.”

Politieke leiers, partye en individue van regoor die wêreld het hulde aan De Klerk gebring. Boris Johnson van Brittanje was een van die eerste buitelandse staatshoofde wat hulde aan De Klerk gebring het.

President Cyril Ramaphosa het ook sy meegevoel aan De Klerk se familie betuig. Hy het gesê die beleid wat die apartheidsregime geïmplementeer het, het verwoesting onder miljoene Suid-Afrikaners gesaai wat baie van die land se mense nooit sal vergeet nie, maar as mens is dit belangrik om medelye te betoon.

Ramaphosa sê in ’n verklaring De Klerk het ’n belangrike rol gespeel in Suid-Afrika se oorgang na demokrasie in die 1990's wat ontstaan ​​het uit sy eerste ontmoeting in 1989 met Nelson Mandela, wat in daardie stadium ’n politieke gevangene was.

“Hy het die moedige besluit geneem om politieke partye te ontban, politieke gevangenes vry te laat en met die bevrydingsbeweging in onderhandeling te tree te midde van erge druk en teenkanting van baie in sy party.”

Ramaphosa sê De Klerk se heengaan, weke voor die 25ste herdenking van die aanvaarding van die land se demokratiese Grondwet, behoort almal te inspireer om na te dink oor die geboorte van Suid-Afrika se demokrasie en oor almal in die land se gedeelde plig om getrou te bly aan die waardes van die Grondwet.

Desmond Tutu, wat, net soos De Klerk en Mandela, ’n ontvanger van die Nobel-vredesprys was, se Desmond & Leah Tutu Legacy Foundation het in hulle reaksie gesê dit is egter hartseer dat De Klerk die vele kanse wat hy gehad het om ten volle met alle Suid-Afrikaners te versoen, nie waargeneem het deur die volle omvang van die skade wat apartheid veroorsaak het, te erken nie. Daardie skade is vandag met ons, sê die stigting.

Die stigting se hoof- uitvoerende beampte, Piyushi Kotecha, sê De Klerk kon in die geskiedenis opgetree het as ’n werklik groot Suid-Afrikaanse staatsman, maar hy het sy statuur geërodeer en ’n klein man geword, sonder grootmoedigheid en vrygewigheid van gees.

Sy sê niemand kan egter ooit die deurslaggewende rol wat hy gespeel het om die verloop van die geskiedenis op 2 Februarie 1990, en in die dae en jare daarna, van hom wegneem nie. “Dit was ’n noodsaaklike bydrae tot die relatief vreedsame transformasie van Suid-Afrika van onderdrukking na vryheid, en dit word erken deur die wyer wêreld en in die uitnodiging aan hom om saam met Nelson Mandela die Nobel-vredesprys te ontvang,” sê Kotecha.

“Die derde fase van De Klerk se loopbaan was egter ’n teleurstelling, ’n terugkeer na vorm waarin hy onoortuigende ontkenning van apartheidsera-gruwels by die Waarheid-en-versoeningskommissie, onder voorsitterskap van aartsbiskop Tutu, gemaak het. Hy het ook geweier om apartheid as ’n gruwelike misdaad teen die mensdom te erken. Hy het voortgegaan om iets van ’n apologeet vir apartheid in die globale kring te word. Dit is ongelukkig ’n deel van die geskiedenis wat eerder vergeet moet word.”

Die Nelson Mandela-stigting het in hulle reaksie gesê die stigting is hartseer om van die afsterwe van FW de Klerk te verneem. “Ons betuig ons meegevoel aan sy vrou Elita en hul familie.”

Die stigting sê in ’n verklaring De Klerk sal vir altyd aan Nelson Mandela verbind word in die annale van die Suid-Afrikaanse geskiedenis. “As staatshoof het hy toesig gehou oor die vrylating van Madiba uit die tronk op 11 Februarie 1990. In 1993 het hulle gesamentlik die Nobel-vredesprys ontvang vir die inlui van ’n onderhandelde skikking wat daartoe gelei het dat Suid-Afrika sy eerste demokratiese verkiesing in 1994 gehou het. De Klerk het ook as adjunkpresident van Suid-Afrika in Madiba se regering van nasionale eenheid gedien totdat hy in 1996 bedank het.”

Die stigting se hoof- uitvoerende beampte, Sello Hatang, sê De Klerk se nalatenskap is groot. “Dit is ook ’n ongelyke een, iets waarmee Suid-Afrikaners in hierdie oomblik rekening moet hou.”

Die DA-leier, John Steenhuisen, het in ’n verklaring gesê die DA neem met hartseer kennis van De Klerk se afsterwe.

Hy sê De Klerk se bydrae tot Suid-Afrika se oorgang na demokrasie kan nie oorbeklemtoon word nie. “Sy besluit, binne ’n jaar nadat hy die presidentskap by PW Botha in 1989 oorgeneem het, om bevrydingsbewegings te ontban, Nelson Mandela uit die tronk vry te laat, die verbod op politieke optogte op te hef en die vier jaar lange onderhandelingsproses na ons eerste demokratiese verkiesing te begin, was ’n waterskeidingsoomblik in ons land se geskiedenis.

“De Klerk het ook die besluit geneem om die land se kernwapenprogram af te breek. Hierdie dinge is nie moontlik geag onder enige van sy voorgangers nie.”

Steenhuisen sê dit was belangrik dat De Klerk ook die meerderheid wit kiesers met hom kon saamneem. Hy sê dit het ’n kritieke rol gespeel om te verseker dat die oorgang vreedsaam geskied en dat die 1994-verkiesing, sowel as die grondwetlike onderhandelinge, deur alle Suid-Afrikaners omarm is.

“Hierdie proses het kalm koppe en verantwoordelike leierskap aan beide kante van die tafel geverg, en dit was gepas dat beide hy en Nelson Mandela in 1993 met die gedeelde Nobel-vredesprys vereer is.”

Steenhuisen sê eerder as om die land te verdeel, hoop hy De Klerk se heengaan en sy nagedagtenis sal Suid-Afrikaners nog meer vasbeslote maak om aan ’n verenigde Suid-Afrika te werk.

The post FW de Klerk vra vir oulaas verskoning vir die pyn van apartheid appeared first on LitNet.

FW hét ’n keuse gehad

$
0
0
...
My kinders verstaan nie die hel van apartheid nie. En dít is ’n voorreg. Die dice het uiteindelik beter geval, oom Adam. My kinders is geseënd.
...

Magies – dit is steeds hoe ek aan 2 Februarie 1990 dink.

Daar was geen waarskuwing nie.

Om die waarheid te sê: Ek, en baie ander vriende, het daardie dag ons radio’s aangeskakel met ’n vae hoop dat hierdie kaalkop wit omie genaamd FW nie nog méér konserwatief sou wees as die bedonnerde kaalkop wit omie genaamd PW nie.

Ek bedoel: Regtig? PW, FW?

Ons het vae aanduidings gehad dat Pik, ook ’n Botha, se hand in die as geslaan is ten tye van die Nasionale Party (NP) se leierskapstryd toe PW se beroerte té sigbaar geword het. Pik het ten minste die diplomatieke korps agter hom gehad. Hy het die naam Namibië lank voor die ander ministers gebruik.

Maar FW? Griet.

Dis hoekom ek geluister het. Ons hoop was dat hierdie nuwe oom met die F nie die land nog verder gaan op-f nie.

Ongelukkig was daar op die oog af nie veel hoop nie.

Tydens die 1989-verkiesing het die Konserwatiewe Party (KP), onder Andries Treurnicht, se steun gegroei.

’n Paar dae voor daardie verkiesing was ek die maître d’ by ’n swartdasgedoente vir die KP. Hulle was uitbundig.

Ek, ook in ’n swart manel en met ’n strikdas, was daar toe Ferdi Hartzenberg en Andries Treurnicht opdaag. (Een ding wil ek noem: Dié twee manne wat gehoop het om die land oor te neem, het sonder ligte, sonder motorfietse, en selfs sonder lyfwagte in Hartzenberg se ligblou Volkswagen opgedaag. Ek dink dit was ’n Jetta. Hartzenberg het bestuur.)

Ek het dus geloer, gemik en die deur vir Treurnicht gaan oopmaak. Hy was sy normale, sjarmante, warm self. Daarna het ek omgestap, gewag dat Hartzenberg sluit en hom toe die hand gegee. Die oubaas se handdruk was ferm, maar daar was min warmte in sy oë.

Die KP se boodskap daardie aand was duidelik: Die mense is moeg vir die NP. Hou die land wit.

...
FW kon dus, soos Israel, aan die wêreld ’n middelvinger gewys het.
...

Hoe sou FW op 2 Februarie reageer?

Sy party het nou wel nie die 1989-verkiesing verloor nie, maar die NP kon slegs 48% van die stemme trek.

So, op 2 Februarie 1990 het daar in die groen banke oorkant die kaalkop oom FW ’n opposisie gesit wat met 19 setels gegroei en ’n allemintige 31,5% van die stemme getrek het.

Sou hy bang word en hulle kiesers probeer paai?

Of sou hy elders kyk, na Zach de Beer van die Demokratiese Party (DP)?

Onder De Beer het die DP ook gegroei. In die 1989-verkiesing het hulle 15 nuwe setels gewen en 20% van die stemme getrek.

Vir ons, voor die radio, was die somme maklik: 68% van die mense het die KP se regse rammelinge verwerp, maar ons het ook geweet: FW se party het 21 setels in die 1989-verkiesing verloor ...

Wat sou dié man doen?

Dit is nou mode om te sê De Klerk had geen keuse nie. Ons ekonomie was in sy moer.

Tog ... kyk na Israel. Daar gaan die fascisme steeds voort, sonder brieke.

FW sou byvoorbeeld, soos sy voorganger, nog ’n Rubikon-oomblik kon skep deur ’n vierde kamer aan te kondig waar Lucas Mangope, Bantu Holomisa en die ander tuislandhoofde sou kon hande vat met die sogenaamde uithouers soos Mangosuthu Buthelezi. So iets sou Buthelezi se openlike vrees vir die ANC kon misbruik. Hy sou steeds elke jaar eindelose toesprake kon afsteek.

Onthou ook: Die oorlog in Namibië was verby; al daardie gebreinspoelde troepe sou maklik in die townships ontplooi kon word.

FW kon dus, soos Israel, aan die wêreld ’n middelvinger gewys het.

FW hét ’n keuse gehad.

Een voorbeeld, waaraan ek myself moes herinner, is dat die noodtoestand nie op 2 Februarie verdwyn het nie. Dit was eers toe Mandela genoeg geraas gemaak het in Parys dat De Klerk op 7 Junie 1990 daartoe ingestem het.

So, wat sou FW daardie dag doen?

Sy eerste paar woorde op 2 Februarie 1990 was taamlik pedanties, maar toe, sonder enige waarskuwing, kom die aardskuddende woorde: Alle politieke partye sal ontban word. Politieke gevangenes gaan vrygelaat word ...

Pienk Frikkie, soos die KP graag na FW verwys het, was toe tóg radikaal.

Daar voor my radio was die oomblik enorm: 2 Februarie 1990 was ’n groter dag as wat baie woke kinders vandag dink.

Gister het FW gesterf.

In my eie huis is die jongmense glad nie gebodder oor die ou wit man wat gister uiteindelik gesterf het nie. Ek? Ek kyk na die bontspul in my huis en ek weet: Op 2 Februarie 1990 sou hulle nie as gelykes in my huis kon gewees het nie. Al sou hulle wou, sou my kinders nie daardie dag saam met my na die radio kon geluister het nie. My kinders verstaan nie die hel van apartheid nie. Ek wil dit amper herhaal: My kinders verstaan nie die hel van apartheid nie. En dít is ’n voorreg. Die dice het uiteindelik beter geval, oom Adam. My kinders is geseënd.

FW was nie sonder foute nie.

Maar vir my is 2 Februarie 1990 steeds een van die grootste dae in my lewe.

Daarvoor sê ek vir die kaalkop wit oom met die naam FW, opvolger van die kaalkop wit oom met die naam PW, baie dankie.

The post FW hét ’n keuse gehad appeared first on LitNet.


FW de Klerk, die mens

$
0
0

Fotobron: Library Am Guisanplatz (de), Collection Rutishauser, CC BY-SA 4.0, https://commons.wikimedia.org/w/index.php?curid=74185686

“Just listen. Respect your adversaries.” Elita de Klerk aan FW de Klerk

........

In 1993 het Time vir FW de Klerk, Nelson Mandela, Yitzak Rabin van Israel en Jasser Arafat van Palestina as die manne van die jaar gekies.

.........

In 1993 het Time vir FW de Klerk, Nelson Mandela, Yitzak Rabin van Israel en Jasser Arafat van Palestina as die manne van die jaar gekies.

Vreemde geselskap, maar tekenend van die tyd van onderhandeling. Teen daardie tyd het FW de Klerk en Nelson Mandela ook die Nobel-vredesprys gewen. Onderhandeling, selfs moontlik versoening, was wêreldnuus.

Suid-Afrika, reeds in hoogty van verandering, was amper beleërd deur eielandse ondersteuning, kritiek, dreigemente, argwaan, bespotting. Hoe op aarde versoen enigeen, of hoe wil enigeen, hierdie kwasterige verdeelde, etiese lappieskombers van ’n land versoen of verenig? Te veel kulture, te veel eiebelang; te veel wapens, dalk ook assegaaie, versteek; te veel onkunde. Hoe kon ’n “sagte” De Klerk en ’n keiharde vegter soos Mandela ooit gemene grond vind?

In  die Uniegebou het die president, Frederik Willem de Klerk, gesit. Verslae het ingestroom. Raad van dese en gene was volop. FW was wel ’n luisteraar, maar nie soseer ’n instemmer nie. Sy heersende  irritasie en probleem was die verhouding met Nelson Mandela, sy primêre strydgenoot en ook die man met wie hy die wa deur die drif moes stoot. Hy het geweet dat Mandela die meester was om ’n skare te begogel. Mandela self moes fyntrap tussen die veeleisende terugkerende  ANC-“exiles” en die reeds uiters moeë ANC-binnelanders (“insiles” – amper soos hy self). Tot groot hoogte is hierdie mense nie in getalle in kaderontplooiing opgeneem nie.

........

Die vreemde agterdrama in hierdie tyd is nooit aan die groot klok gehang nie. Beide  Mandela en De Klerk se persoonlike huislike lewens was in flarde.

........

Die vreemde agterdrama in hierdie tyd is nooit aan die groot klok gehang nie. Beide  Mandela en De Klerk se persoonlike huislike lewens was in flarde. Skunnighede oor (veral) FW se gebroke huwelik en moontlike nuwe liefde sou wel in skindergroepe gedy.

FW was nie ’n rasieleier nie. Dat hy wel kontra reëls kon “knoei” was egter al duidelik toe hy as studentevoorsitter op Potchefstroom ’n vergadering met Albert Luthuli “onwettig” in ’n gehuurde saal langs die Mooirivier gehou het sodat die PUK-owerheid geen seggenskap sou hê nie.

Prokureur, gesalfde uit voorsate wat diep in die politiek betrokke was (sy slawevoormoeder was Susanna van Bengale), het hy vroeg in sy politieke loopbaan gou ministeriële vlak bereik. Sy huwelik met die uiters slim, maar soms uiters gespanne  Marike Willemse, en latere drie kinders was korrek en voorbeeldig.      

FW was nie ’n filosoof nie, het nie artikels geskryf nie, het nie hardop radikale toekomsideale bespreek nie. Hy was ’n pragmatis. ’n Dopper, het hy homself skertsend verduidelik oor hierdie vraag. Wat dit ook mag beteken. Maar hy het ’n besonder reglynige sin vir orde, het hy meewarig ingestem. Daarvoor het hy nie verskoning gemaak nie.

Sy broer, allerweë bekend as Wimpie, het die verbeelding aangegryp met sy “verligte teenoor verkrampte”-stelling oor Afrikaners. FW het nooit kant gekies nie.

Tot groot hoogte sou hy as konserwatief, eerder as verkramp, beskou word.

Sy begrip en pleidooi vir die sg driekamerparlement in 1983 het nie allerweë byval gevind onder die Nasionale Party-ondersteuners nie, en die wegkalwery van die party het begin. FW het aan die beswaardes probeer verduidelik dat die “vierde kamer”, waar swart Suid-Afrikaners verteenwoordig sou wees, nog sal kom, maar dit kos stapsgewyse optrede.

Die gespanne PW Botha-FW de Klerk-verhouding was in die binnekring bekend. Botha, sterk militaristies ingestel, en bedag op die opbou van sterk sosialistiese (lees oa Russiese en later Kubaanse) magte op die grens, het die bombasme van die hoofleier uitgeleef. De Klerk, ’n prosesman, was ’n tafelonderhandelaar.

Die geskiedenis kan dalk vir FW as PW se nemesis beskryf. PW het al in 1987 ’n beroerte gehad. Sy vurige temperament het vuriger geword. FW as Transvaal-NP-leier moes uiteindelik ’n verswakte PW vra om as president te bedank. Woedend, amper vernederend, het PW Botha bedank. Op 11 Augustus het FW president geword. Hy het ANC-gevangenes vrygelaat, Mandela ontmoet, die nou-of-nooit opwindende plan gemaak om apartheid van die tafel te vee.

Op 2 Februarie 1990 breek FW die spreekwoordelike toue wat wit en swart skei. Sy groot vriend en vetroueling, Gerrit Viljoen, kon weens kwynende gesondheid nie die rol as regeringspleitbesorger by die drie jaar lange vredeskonferensie, Kodesa, onderneem nie. ’n Jonger man, Roelf  Meyer, word ingespan. ’n Verhouding tussen die tafelonderhandelaars Meyer en Cyril Ramaphosa van die ANC ontwikkel in ’n vriendskapsverhouding vir die geskiedenisboeke.

........

Op 2 Februarie 1990 breek FW die spreekwoordelike toue wat wit en swart skei. Sy groot vriend en vetroueling, Gerrit Viljoen, kon weens kwynende gesondheid nie die rol as regeringspleitbesorger by die drie jaar lange vredeskonferensie, Kodesa, onderneem nie. ’n Jonger man, Roelf  Meyer, word ingespan. ’n Verhouding tussen die tafelonderhandelaars Meyer en Cyril Ramaphosa van die ANC ontwikkel in ’n vriendskapsverhouding vir die geskiedenisboeke.

.........

Die proses verloop met stampe en stote. Dramas ontvou. Uitjouery, selfs optogte, en veral die optog deur die Afrikaner Weerstandsbeweging wat ’n pantservoertuig deur die onderhandelingsgebou bestuur, dreig-dreig die delikate proses.

Later sou FW de Klerk vertel dat “dit alles” nie sou kon gebeur het as PW nie al destyds begin het om apartheid te probeer aftakel nie. Was dit dalk die rede waarom Andries Treurnicht in 1982 die NP versaak het om die Konserwatiewe Party te stig? Hy sou nie geweet het nie, het FW gesê. Maar die gedagte was gesaai.

En hy? In daardie jare? Daar was ’n ooreenkoms dat hy en sy geliefde, Elita Georgiardis, mekaar vir twee jaar nie sou sien nie en dat die twee se families die saak goed bespreek het. Hy het haar gemis. Sy was “so lost”, maar steeds prakties. Sy het (voor Kodesa) gesê: “Just listen. Respect your adversaries.”

Hoewel die werk van die regering van nasionale eenheid hom nie enduit laat hou het nie, het FW hom “verloor” in die genot van die onderhandeling en voorbereiding vir die nuwe grondwet. Dit sou sy toekomswerk word.

Die grondwet word aanvaar. Marike en FW skei; Tony en Elita het reeds geskei. FW en Elita trou in 1998. Marike en Elita maak ’n jaar later vrede. Marike word op 2 Desember 2001 tragies vermoor.   

In 1999 stig FW ’n stigting om hoofsaaklik grondwetlikheid te bevorder.

FW en Elita vlieg wyd oor die wêreld. Hulle ontmoet wêreldleiers en FW bevind hom aan baie tafels waar die kwessie van versoening en onderhandeling bespreek word.

In Suid-Afrika koop Elita graag Suid-Afrikaanse kuns. Haar Afrikaans sukkel. Sy leer egter die word “hedaan” vir “gedaan” en lag daaroor. Uiteindelik verdiep sy haar in die stigting en raak uiters entoesiasties oor grondwetlike sake.

Toe FW met longkanker gediagnoseer word, het sy hom verseker, asook later haar wye vriendekring (van kunstenaars tot handelaars tot ontwerpers tot akademici, toenemend ook baie jong en ouer swart en bruin Suid-Afrikaners op alle vlakke, en, natuurlik, ook Europese adel) dat sy haar tot Suid-Afrika verbind.

Met my laaste besoek aan hulle, terwyl Elita geesdriftig vertel van planne vir die stigting vorentoe, het ’n reeds brose FW ’n wye, bewonderende glimlag haar kant toe gerig. Sy kop geknik. Sy het teruggeglimlag. Amper cheeky.

Lees ook:

’n Daad het geskied: FW de Klerk se nalatenskap

FW de Klerk vra vir oulaas verskoning vir die pyn van apartheid

FW hét ’n keuse gehad

’n Daad het geskied: FW de Klerk se nalatenskap

The post FW de Klerk, die mens appeared first on LitNet.

LitNet: FW se keuse

FW de Klerk en die twee video’s

$
0
0

Skermgrepe uit die twee video's

 

Anne-Marie Mischke skryf op Facebook

Dit het gister al begin en vandat ek vroeg vanoggend die radio aangeskakel het, was dit steeds aan die gang, sekerlik tot ten minste slapenstyd, voordat dit geleidelik oor die volgende dae gaan afneem: die debat oor FW de Klerk, oor of hy boos was, of goed, of albei.

Ek wil dus nie ook nog ’n eier daaroor lê nie, behalwe dat ek deel in die ambivalensie daarvan, die skeeftrekkings en feitefoute daar gelaat (soos dat hy hoof was van die veiligheidsraad tydens die moord op die Cradock Vier).

Ek eer hom vir 2 Februarie 1990, ek het bedenkinge oor sy politiek voor en ná dié dag.

Maar die groot ontsagwekkende kwessie van lewe en dood, die grootsheid en die tragedie daarvan, het nietemin gisteraand by my opgekom tydens – van alle dinge – Christiane Amanpour se program op CNN.

Dis sy wat amper tien jaar gelede ’n vernietigende onderhoud met FW de Klerk gevoer het waarin hy feitlik apartheid verdedig het. Haar aanbod gister was goed en gebalanseer, maar hier’s die ding: Sy verwys tussen twee onderhoude met Suid-Afrikaners deur na daardie onderhoud van haar en speel ’n stukkie daaruit. De Klerk, toe tien jaar jonger en nog gesond het amper arrogant oorgekom. Sy verwys toe na die video wat hy ’n paar dae voor sy dood laat maak het, duidelik ’n sterwende man, amper onherkenbaar verouder, met die naaste wat hy ooit aan ’n opregte apologie gekom het en speel ’n greep daaruit.

Die verskriklike kontras het haar opsigtelik geraak. Sy het gesê sy het die sterfbed-een nie voor die tyd gesien nie.

Die twee video’s het my lank bygebly en ek het die hele aand nog loop en respekte betoon aan die groot kringloop van lewe en dood en hoe ons almal onafwendbaar daardeur beweeg.

Lees ook:

FW de Klerk vra vir oulaas verskoning vir die pyn van apartheid

FW de Klerk, die mens

FW hét ’n keuse gehad

’n Daad het geskied: FW de Klerk se nalatenskap

 FW – die einde van ’n era

The post FW de Klerk en die twee video’s appeared first on LitNet.

FW se sjef: De Klerk het nou en dan van ’n ietsie soet gehou

$
0
0

Foto: François Ferreira (François Ferreira Academy)

...
Daar was dae wat hy vir my gevra het om net vir hom rys en maalvleis te maak, want veral na internasionale besoeke was hy uitgeëet aan formele kos.
...

My eerste ontmoeting met mnr FW en mev Marike de Klerk was op die vooraand van die onafhanklikheid van Namibië. Hul was aan huis by die voormalige administrateur-generaal van SWA/Namibië, adv en mev Louis Pienaar.

Na ontbyt het hul my gevra om hul in hul suite te kom sien. Hulle was baie beïndruk met my croissants wat ek vir ontbyt gebak het, en het gevra of ek by my terugkeer na Suid-Afrika deel van hul huishouding wil word.

Ek het die pos aanvaar en in Kaapstad eers by Westbrooke (nou Genadendal) en later by Groote Schuur deel van die presidensiële huishouding geword.

Baie mense is onder die wanindruk dat die President en sy gade altyd haute cuisine geniet, maar ek het die teendeel ervaar. Ek het gou agtergekom ghrênd kos is vir besoekers en formele onthale; hul elke-dag-kos was verbasend onopgesmuk.

Die Engelse het ’n goeie woord, “frugal” – dit beskryf die alledaagse eetstyl van die presidentspaar. Beide was baie gesondheidsbewus en het baie gesonde kos geniet.

Mnr De Klerk het nou en dan van ’n ietsie soet gehou, miskien ’n lekker koekie of sjokolade. Dit was soms vir my moeilik om kos voor te berei, want ek moes sonder uie, knoffel, groenpeper en sterk speserye kook. Dit is nogal verstaanbaar, want die President kon nie ’n knoffelasem hê wanneer hy diplomate en ander gaste ontmoet nie.

Mnr De Klerk was lief om te jag, so ons het baie wildsvleis in die huis gehad – biltong, droëwors, en verskeie wildsnitte. Hy het nogal van my wildsosaties vir ’n braai gehou. Wanneer ons by Lekkerwater was, en hy ’n bietjie gaan visvang het, was die vars vis op die kole of in die oond altyd ’n voorkeur.

Daar was dae wat hy vir my gevra het om net vir hom rys en maalvleis te maak, want veral na internasionale besoeke was hy uitgeëet aan formele kos. Daar moes altyd varsvrugte byderhand wees ingeval hy iets op ’n drafstap wou eet.

Dit was vir my ’n eer en ’n voorreg om deel van die presidensiële huishouding gedurende die oorgangstydperk in Suid-Afrika te wees. Mnr De Klerk het ’n groot invloed op my gehad, veral as bestuurder. Raad wat hy destyds vir my gegee het, pas ek elke dag by my skool toe. Sy humorsin kon enige situasie ontlont en met ’n kwinkslag of twee het hy almal laat ontspan, en dus wou almal altyd hul beste vir hom en sy familie lewer.

Lees ook:

FW de Klerk en die twee video’s

FW de Klerk, die mens

FW de Klerk vra vir oulaas verskoning vir die pyn van apartheid

FW hét ’n keuse gehad

’n Daad het geskied: FW de Klerk se nalatenskap

 FW – die einde van ’n era

The post FW se sjef: De Klerk het nou en dan van ’n ietsie soet gehou appeared first on LitNet.

NALN gedenk Wilbur Smith

$
0
0

Foto deur Smith se webruimte vrygestel: https://wilbursmithbooks.com/

Annelien Diedericks het hierdie berig saamgestel* vir die Vriende van NALN pas ná Smith se dood in die middernagtelike ure bekend gemaak is. LitNet plaas dit met haar toestemming.

R.I.V. Wilbur Smith (9 Januarie 1933 - 13 November 2021). Ons dink met liefde aan Wilbur Smith (88) se familie en vriende.

Smith het bykans 49 topverkoper-romans geskryf en altesaam meer as 140 miljoen kopieë is wêreldwyd verkoop. Sy romans is in vele tale vertaal.

Wilbur Addison Smith, ’n Zambies-Suid-Afrikaanse romanskrywer, het gespesialiseer in historiese fiksie oor Suider-Afrika, gesien vanuit die gesigspunte van verskeie bevolkingsgroepe.

Nadat hy by Rhodes Universiteit studeer het, het hy as rekenmeester gewerk. Hy wou eintlik ’n joernalis word.

Na die verskyning van sy eerste roman het hy voltyds begin skryf. When the lion feeds (1964) was ’n  wêreldwye treffer en is ook verfilm. Aangesien die Engelse publikasie in Suid-Afrika verbied is, is die Afrikaanse vertaling, Iets moet sterf (Nasionale Boekhandel, 1965), se inhoud ietwat aangepas.

Ter viering van die vyftigste jaar van When the lion feeds is nog ’n Afrikaanse vertaling van Smith se debuutroman as Witwatersrand (Adamastor, NB-Uitgewers) in 2014 gepubliseer. Verskeie Afrikaanse vertalings het later die biblioteekrakke gevul.

Zirek van den Berg het die volgende boeke vir Afrikaanse lesers toeganklik gemaak: Donderslag (2015) = The Sound of Thunder (1966); Wildernis (2017) = A Sparrow Falls (1977); Goudmyn (2017) = Gold Mine (1970).

Ons salueer Wilbur Smith vir sy kosbare nalatenskap. Dink net hoeveel lesers is aangeraak deur die miljoene Wilbur Smith-boeke wat wêreldwyd in vele tale hul weg na soveel harte gevind het.

Dalk vind jy 'n boek van Wilbur Smith in die Vriende van NALN se unieke Boekemark in die pragtige ou Ketelkelder van die Ou Goewermentsgebou in President Brandstraat, Bloemfontein.

* Kontak die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN): naln@sacr.fs.gov.za sou daar feitelike gegewens wees wat bygevoeg kan word – betroubare voorstelle word verwelkom.

#NALN #AfrikaanseLetterkunde

The post NALN gedenk Wilbur Smith appeared first on LitNet.

Viewing all 21496 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>