Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21598 articles
Browse latest View live

Eerste lentereën (in die Hoëveld)

$
0
0

Foto: Canva.com

Eerste lentereën (in die Hoëveld)

ek hou van September in die Hoëveld 
die belofte van die eerste lentereëns 
na Augustus se winde stofverwaai 
pandemonium in die natuur kon saai

’n soete vooruitsig na die vars reuk 
van reën wat jou neusvleuels kielie 
die lug wat langer aan skemer hou 
grys getint in vroegoggend se grou

hoendervleis wat tart oor jou vel 
in ’n rilling van genoegdoening 
as reëndruppels die grond natgooi 
en jy droom van tuinstewels in rooi

sou in jou swerwe deur die wêreld 
jy dan nie ook soos Van den Heever 
weer terugverlang na die grys in blou 
belofte wat die oop Hoëveld lug inhou

The post Eerste lentereën (in die Hoëveld) appeared first on LitNet.


Vroegdag in Augustus

$
0
0

Foto: Canva.com

Vroegdag in Augustus

Dit is vroegdag in Augustus;
die donker sleep nog saam.
Hier waar jou arms my omsirkel,
skryf die nuwe dag sy naam.

Kierang my mosaïekgedagtes,
met jou lentelag so sag,
en pamper my gemoed,
met jou kyke vol van prag.

Spoel jou kabbelende liefde
deur my hart se dorre akker.
Neem my smagting aan die hand;
maak die vrou in my weer wakker.

Kyk hoe breek die son papajagoud
oor Magaliesberg se kruin.
Aalwyne staan kelkies in die lug,
en teug aan dagbreek se rein witwyn.

Dit is vroegdag in Augustus;
die donker het gekwyn.
Hier waar jou arms my omsirkel,
het nag se skimme stilweg verdwyn.

The post Vroegdag in Augustus appeared first on LitNet.

Tao van wakker word deur Abel Pienaar: ’n Persoonlike indruk en huldeblyk

$
0
0

Tao van wakker word
Abel Pienaar
Naledi
ISBN: ISBN 978 1 928530 37 4

  1.  Inleiding

Hierdie stuk is nie ’n resensie nie, maar ’n essay met my gewaarwordinge van wakker word rondom die boek en my eie ervaring van ’n spirituele reis saam met Abel Pienaar terwyl ons per e-pos die gesprek vir LitNet[1] beplan het. Verder wil ek meld dat ek voortdurend eerder van “Abel” as van “Pienaar” sal praat (anders as die wyse waarop gewoonlik na skrywers verwys word). Ek bied in hierdie huldeblyk ’n (langasem) oorsig oor die inhoud van hierdie boek en verwys telkens na enkele verbandhoudende tekste.

Dit voel vir my of Tao van wakker word Abel se testament is aan sy volgelinge – ’n samevatting van alles wat hy in sy lewe self ondersoek en ontdek het, deur ervaring geleer en geleef het, gepreek en geskryf het – daarom gebruik ek ook graag sy eie woorde in my bespreking. Ook gebruik ek soms van my eie ervaring en “menswense” om – na aanleiding van Abel se aanmoediging in ons Zoom-gesprek[2] – te antwoord wanneer my innerlike self met enige van sy gemelde wyshede resoneer (meeklink en vibreer soos ’n snaarinstrument wat gestem word).

Die uitgewer se bekendstelling van die boek lui soos volg:

Daar is gelukkig ’n weg (tao) uit die doolhof van hierdie skyn-lewe, en dit is: word wakker. Dan hoef jy nie eens te wonder hoe om die droomstorie te probeer oplos of hoe om die karakters te benader nie; nee, jy word eenvoudig wakker en jou hele droomwêreld tuimel ineen. Presies wat Abel Pienaar in hierdie boek met jou wil deel. ’n Gids na wakker word, innerlike vryheid en lewensgeluk.

In hierdie essay bied ek ’n oorsig van Tao van wakker word en verwys terselfdertyd na ander geskrifte wat daarmee verband hou, soos wat ek dit deur Abel se oë, ons e-pos-gesprek en sy boeke leer ken het.

  1. Agtergrond

In my soektog na geskrifte oor en deur Abel Pienaar op LitNet, het dit geblyk dat die eerste een sy mening oor die Jesus Seminaar is (2011), waarin hy op Sakkie Spangenberg se artikel in LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) reageer.[3] Hierin gee Abel sy waardering vir die aanvoorwerk van ’n paar Bybelwetenskaplikes – onder andere Spangenberg – wat sedert ongeveer 2002 begin het om Suid-Afrikaners bekend te stel aan oop gesprekke oor ’n nuwe hervorming binne die Christendom en by te dra tot die ontwikkeling van godsdiensgeletterdheid met hulle Jesus Seminaar. Spangenberg se artikel het vir Abel hoop gegee en hom opgewonde gemaak om te sien hoe die openbare religieuse gesprek momentum gekry het. Hierin merk ek dat hierdie seminaar een van die voorlopers was vir die stigting van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit in 2009, waarvan Abel die leier was.[4]

Vir my is die Jesus Seminaar betekenisvol – al was ek nie daar nie en het ek nie voorheen daarvan geweet nie. My agtergrond was eintlik baie Calvinisties en fundamentalisties. Saam met die mense van hierdie nuwe hervorming wil ek ook afskeid neem van die Augustiniaanse paradigma van die teologie wat as die “sondeval-verlossing-eindoordeel”-paradigma getipeer word (Spangenberg 2011). Verder kan ek ook sien wat Abel bedoel het in ons LitNet-onderhoud, naamlik dat ons nie die kroon van die skepping is nie, maar wel begaan is oor die ekologiese krisis. Ek sou nie hiervan geweet het as ek nie hierdie boek van Abel gelees het nie. Verder gee dit vir my ook nuwe motivering waarom ek nie meer kan glo dat Jesus van Nasaret as “waarlik God en waarlik mens” beskou kan word nie.

Jean Oosthuizen maak my in sy artikel[5] oor wie God geskep het, verder bewus daarvan dat ek – soos Abel – nie glo aan ’n hiernamaals nie, ook “nie aan ’n hemel of hel nie”.

Nog iets wat ek in my oplees van tekste waarin Abel genoem word, ontdek het en waarmee ek wil saamstem, is dat Sandra Troskie in haar artikel (2012)[6] meld dat Abel by herhaling die volgende beklemtoon: “Indien die individu se ervaring van die werklikheid nie meer ooreenstem met die modelle van sy geërfde tradisie nie, gaan hy/sy begin soek na ander wyses van spreke/modelle daaroor.” Dit beskryf my afskeid van dualiteit en fundamentalisme soos wat ek in Tao van wakker word en ander boeke van Abel leer ken het. Met die lees van Troskie se artikel was dit vir my interessant om agter te kom dat ek in dieselfde geselskap is as Antjie Krog en Breyten Breytenbach (wat albei deel van die ontwikkeling van my eie literêre geletterdheid is).

  1. Die skrywer

Dit is nie vir my nodig om baie oor Abel Pienaar die leier van Renaissance te skryf nie, want daar is elders reeds baie oor sy lewe en werk deur Jean Oosthuizen geskryf.[7]

Waaroor ek wel verslag doen, is wat ek van hom leer ken het terwyl ons besig was om te beplan vir bogenoemde onderhoud en Zoom-gesprek op LitNet.

Omdat ek nie ’n teoloog of filosoof is nie, was dit vir my nodig om net eers dele van my eie lewenspad en behoefte aan ’n nuwe spiritualiteit met Abel te deel, sodat hy kon agterkom waar ek is en wat ons het om met die LitNet-lesers te deel, sodat ons “soos ou vriende” kon gesels. Wat vir my uitgestaan het, was sy geduld en wysheid met betrekking tot dit wat ek vir hom per e-pos geskryf het. Met begrip het hy geskryf: “Dankie vir jou deel, Estelle ... jou verhaal is ongelukkig nie 'n unieke een nie, ek wens dit was ... Dit klink so bekend, jy som egter die hart van die probleem op met: ’Hy studeer en sy studies is heiliger as myne.’ En nie net heiliger nie, ook met goddelike gesag. God se wil en God se reëls. En wie wil teen God se gesag gaan? ... Dit gaan alles oor mag.” Daarmee het ek dadelik gewéét ek is vry om myself te wees, my ware self.

Telkens in ons Zoom-gesprek en die LitNet-onderhoud het ek onder die indruk gekom daarvan dat Abel nie wil roem hê oor sy boeke nie, maar dat hy ’n begeerte gehad het dat sy boeke gelees word. Ek dink dit was vir hom bemoedigend om te weet sy boeke word wel gelees, veral ook toe ek vir hom geskryf het na aanleiding van Die dans met God:

Dit is nou ’n boek
waarna ek lankal soek
vir saamdink oor al die vrae
wat ek het, hier in my hoek
van die heelal.

Wat vir my duidelik geblyk het uit die lees van Tao van wakker word en Abel se ander boeke, is dat hy nie net teologies en filosofies praat oor die wyshede nie, en dat hy nie net baie indringend daaroor gelees het nie, maar dit intens beleef het terwyl hy die wysgere ontmoet en by hulle geleer het. In my LitNet-onderhoud met Abel noem hy voorbeelde van spirituele reuse op wie se skouers hy nederig staan, onder andere Afrikaanssprekendes soos Kobus Krüger, Cornel du Toit, Piet Müller en Sakkie Spangenberg, wat plaaslik ’n ongelooflik groot invloed op die vorming van my godsdiensgeletterdheid uitgeoefen het.

Vanuit die Ooste is daar Abel se Zen-leermeester, Thich Nhat Hanh, en die huidige Dalai Lama, by wie hy wonderlike tye spandeer het en wat hom gehelp het om vry te wees uit die tronk in sy kop, wat meeklink met die gedig waarmee hy hoofstuk 6 inlei met die volgende woorde (38):

hierdie liggaam is nie my tronk nie
ek is lewe onbegrens
geboorte en dood net deurgange
oomblikke tussen hier en daar.

Soveel ander vanuit ander vele tradisies het sy reisgenote geword – in ons LitNet-onderhoud noem hy Lao Tzu (Taoïsme), Rumi en Hafiz (Sufi’s), Alan Watts en Shunryū Suzuki (Boeddhisme), Camus, Kant en Heidegger (filosowe), Karen Armstrong en biskop John Shelby Spong (Christen-tradisie), Sam Harris (neurowetenskaplike en ateïs), Jon Kabat-Zinn (“mindfulness”), Rupert Spira (“awareness”) en Mooji (nondualiteit) – die lys hou nie op nie.

  1. Tao Te Ching (direkte betekenis: Die Weg)

Toe Abel my in ons e-gesprek vertel het van sy vertaling van die Tao Te Ching, het ek gevra hoekom hy dit wou vertaal terwyl dit reeds in so baie ander tale verskyn het. Sy antwoord was gewoon dat taal dalk meer is as net 'n medium tot inligting uitruil. “Dit is deel van hoe ons onsself beleef en sien, en hoe ons uitdrukking gee aan ons verstaan van die wêreld. (Daarom dat nuwe denke, in my geval rakende spiritualiteit, so moeilik is om te kan verteer deur ons mede-Afrikaanssprekende burgers.) Ek dink daarom dat die taal wat ons praat, veel dieper lê in ons identiteit as wat ons ooit sal erken ... En juis daarom wil ek in Afrikaans dink, herbesin, vernuwend dink en wonder. Ek wil stry, baklei, saamstem, saamgesels en droom in Afrikaans. Want Afrikaans is die taal van my hart en my kop en my soeke.”

Ek het gehou van die Tao Te Ching (wat hy vir my in die vorm van ’n pdf-dokument per e-pos aangestuur het) – se estetiese aanbieding met ’n pragtige font wat ek nog nooit gesien het nie, en die hoofletter van elke vers wat so voel of dit verdwyn. Verder ook sy poëtiese inslag. In sy voorwoord het hy woordryk geantwoord wat my vorige vraag oor Afrikaans was, naamlik sy rede waarom hy spesifiek hierdie boek wou vertaal. Wat vir my insiggewend was, was dat Abel in ons LitNet-onderhoud gemeld het dat die Bybel nie ’n boek is wat uit die hemel geval het nie, “maar wat deur mense van hulle tyd en (beperkte) verstaan geskryf is. Dis ook nie eens een van die oudste geskrifte nie, daar is veel ouer geskrifte”, soos onder andere Tao Te Ching, wat reeds 500 jaar voor die finalisering van die Bybel as kanon bestaan het.

Uiteindelik het ek die boekie ervaar soos baie jare gelede (toe ek in matriek was en Abel gebore is – 1969) se lees van Die profeet van Kahlil Gibran – dit was asof dit te veel was om in te neem. My eie kreatiwiteit het weer vlerke gekry en ek het dadelik daaraan gedink dat ’n mens dit in kaarte sou kon aanbied – amper soos Tarot-, Engele- of Soul-kaarte – waar ’n mens elke nou en dan ene trek en oor die inhoud mediteer of kontempleer, selfs soos party mense maak wanneer hulle die Bybel iewers lukraak oopmaak en hulle vinger op ’n versie sit ... ook soos wat ek Lindt Chilli-sjokolade eet, sodat ek dit régtig en bewustelik kan proe, geniet en waardeer: stukkie vir stukkie.

In hierdie tyd het hy ook my literêre en filosofiese horisonne uitgebrei deur te vertel van Benjamin Hoff se boekie The Tao of Pooh[8] – wat ek besit het sedert my eie kinders klein was, maar waarvan ek glad nie die betekenis kon verstaan nie. Terwyl ek dit nou met nuwe oë gelees het, het ’n nuwe wêreld vir my oopgegaan – naamlik om gewoon te “wees”, bewus te wees. En dit het my soos ’n kind laat voel, waarskynlik wat Jesus bedoel het in Matt. 18 vers 3 toe hy gesê het ons moet soos kindertjies word – onskuldig, spontaan en vry. Skielik het ek begin begryp waaroor “mindfulness” gaan – hierdie begrip wat so baie gebruik word deesdae in allerlei meditatiewe en kontemplatiewe kringe. Later meer hieroor.

  1. Tao van wakker word – Spirituele gids tot innerlike ontwaking

Die boek begin met hierdie woorde in hoofstuk 1 (Inleiding):

Jare se gewoontes, die verlede se stories en herhalende emosionele patrone bring mee dat die meeste van ons vasgevang sit binne ons eie droomwêreld. Hier beleef en herleef ons dieselfde storie oor en oor, alhoewel die karakters en dekor soms verander. ’n Ewigdurende sirkel-storie. Binne hierdie droomstorie, of dikwels eerder nagmerrie, is ons vasgevang. Dit is lyding, dit is hel. (7).

Wat Abel met hierdie boek doen, is om vir die leser ’n padkaart vir wakker word te bied, ’n “Padteken na die Nou” (hoofstuk 2, bl 13) en later die “Reis na binne” (hoofstuk 5, bl 33). Hierop wil ek antwoord in ’n menswens:

Mag hierdie boek jou begelei
om jou innerlike kompas te kry
as jy voel jou lewe is verby
dat jy koers verloor het
in jou reis as pelgrim
dat die bestemming
’n misterie bly
wat – so lyk dit vir jou –
opgehou het om te wink.

Nog ’n kenmerk van hierdie boek van Abel is dat hy – soos in sy ander boeke – die leser bekendstel aan ander wysgere wat hom gelei het op sy eie pad van wysheid. Voorbeelde hiervan is die grotes, soos Boeddha, Lao Tzu, Jesus en dan die veel jonger Mohammed, Rumi, Hafiz, Dogen, die Thomas Evangelie, Thomas Merton (Trappiste-monnik), Anthony de Mello (Jesuïete-priester), Carl Gustav Jung. In ons e-pos-gesprek noem Abel dat hy vermoed almal sou mekaar herken as leermeesters en soekers en dat hulle dus vriende sou wees eerder as vyande.

In hoofstuk 3 (“Wakker word vir jou ego/self”) wys Abel hoe die meeste van bogenoemde “heiliges” verwys na die egokompleks en valsheid wat (onbewustelik, onwetend) kan lei tot begeerte, spanning, angs, verbittering, aggressie, en alles wat lyding veroorsaak. Abel se antwoord is wat hy aanhaal uit sy vertaling van die Tao Te Ching (vers 1):

Die Ewige is onnoembaar.
Name en etikette is die begin
van tallose uiterlike vorme.
Vry van begeerte, besef jy die misterie.
Vasgevang in begeerte,
sien jy net uiterlike vorme.
Die waarheid ander kant die waarheid,
die raaisel binne die raaisel,
is die poort na alle insig.

As antwoord op hoofstuk 4 (“Die Nou se Kompleksiteit en Eenvoud”) sluit Abel dit af met die Tao Te Ching (vers 14):

Jy kan dit nie begryp nie, want daar is geen begin nie,
jy kan dit nie ken nie, maar jy kan dit wees.
Tevrede en in harmonie met jouself
kan jy kennis verwerf van jou oerbegin,
dit is om werklik wys te wees.

In hoofstuk 6 (“Die Weg na Selfondersoek”) begelei Abel die leser om deur middel van die Sokratiese metode van vraag- en hipotesestelling op die pad terug na jou Ware Self te “leer luister – regtig diep en oop te luister” (39).

Hoofstukke 7 en 8 (“Meer as woorde” en “Ook verby Dualiteit”) behels Abel se verduidelikings daarvan dat die ontdekkingstog terug na die Ware Self ’n plek is waar dualiteit verdwyn en waar ego-identiteit oplos. Hy gebruik water, vuur, wind en aarde as simbole wat waardevol is vir die ontginning van ’n mens se onsienbare binnewêreld, maar hy waarsku (44):

Ons is gefassineer
met die simbool
maar dit is die stilte
daar agter
waar ons ontmoet.

Abel meen dat ’n mens “eers wanneer jy jou binnewêreld kan kalmeer, stil maak en vrede beleef, sal jy dit ook in jou buitewêreld kan doen. Liefde en harmonie is altyd eers ’n innerlike werklikheid wat dan die uiterlike werklikheid vorm – nooit andersom nie” (49).

In die verkenningstog na dualiteit (51) verwys Abel na Albert Einstein se bekende woorde:

Imagination is more important than knowledge.
Knowledge is limited.
Imagination encircles the world.
Logic will get you from A to Z
imagination will get you everywhere.

Om met jou innerlike oë te kyk, sien ’n mens raak dat mooi en lelik eintlik dieselfde is, en dat hard bestaan as gevolg van sag, ook dat donker en lig ’n tweeling is (52) – die spreekwoordelike twee kante van ’n muntstukke dus.

In hoofstuk 9 (“Leegheid”) gebruik Abel verse uit die Bybel wat resoneer met woorde uit Tao Te Ching en wys hoe ’n mens bewustelik leeg kan word van jou eie egostorie:

– Liefde soos dit beskryf word in I Korinthiërs 13 vers 5, toon duidelik aan dat daar ’n innerlike leegheid aan begeerte, dualiteit, selfsug en verwagtings is:

Dit handel nie onwelvoeglik nie,
soek nie sy eie belang nie,
is nie liggeraak nie,
hou nie boek
van die kwaad nie.

– Ook Spreuke 15 vers 1 verwys na hierdie innerlike leegheid:

’n Sagte antwoord laat woede bedaar
’n krenkende woord laat woede ontvlam.

Hierdie leegheid kan tog – in die poging om stil te word – volgens Abel ook aanvanklik eers die modder en geraas in ’n mens se innerlike werklikheid na vore laat kom. Dit wat jy daar vind en aanvaar, kan egter getransformeer word.

In hierdie verband stem Abel in ons e-gesprek saam met Tara Brach (sielkundige, skrywer en voorstander van Boeddhistiese meditasie) se akroniem RAIN, wat kan help met innerlike vryheid, vrede en verligting wanneer ’n mens bewus word van die geraas in jou innerlike werklikheid, jou gebroke agtergrond en emosionele skade:

Recognize what is happening;
Allow the experience to be there, just as it is
Investigate with interest and care;
Nurture with self-compassion.

In hierdie gesprek meld hy dat hy ook hou van Brach en veral haar praktiese aanslag met RAIN, ook dat hy die “Mindfulness”-ouens al ontmoet het, onder wie Jon Kabat-Zinn (“You can't stop the waves, but you can learn to surf") en Sharon Salzberg.

Abel bied in hoofstuk 10 (“Nader aan die Stilpunt”) aan die begin vir die leser ’n bekendstelling van die skrywer en digter TS Eliot (1888–1965) waar hy teen die agtergrond van die Tweede Wêreldoorlog skryf oor die Ware Self. Spesifiek Eliot se woorde “only a flicker” verwoord gevoelens oor die weerloosheid en tydelikheid van menslikheid. Abel verwys ook na Eliot se woorde in sy bekende gedig wat hy die stilpunt of beweginglose noem, wat tegelykertyd die opskrif van hierdie hoofstuk en inspirasie vir Die dans met God is:

At the still point of the turning world,
neither flesh nor fleshless
neither from nor towards
at the stillpoint,
there the dance is ...

Verder teken Abel aan dat Eliot hier bewustelik Oosterse spiritualiteite se beelde en metafore gebruik (meer spesifiek die Bhagavad-Gita uit die Mahabharata):

neither movement from nor towards,
neither ascent nor decline.
Except for the point,
the still point,
there would be no dance
and there is only the dance ...

Vir Abel is hierdie dans, of reis, die Ware Self-bewussyn – onaangeraak deur die ego se spronge na gister en môre, van vrees en haat, van geweeg en te lig bevind word. Vir hom is hierdie plek van stilte die plek waar jy ontdek wie jy reeds is en dat jy net moet wakker word (69).

Vir my bied hoofstuk 11 (“Die Ooste en Weste kan help”) die kern van Abel se vernuwende denke, wat ook gelei het tot die inspirasie vir hierdie (sy laaste) boek as rigtingwyser om wakker te word.

Hierin noem Abel eerstens die Westerse vingerwysings en hy verwys daarna dat die vroeë Gnostiese Christene nie die verhale van Jesus as historiese feite gelees het nie, maar eerder as mitologie[9] – dus woorde en verhale met simboliese waarde. Hulle het in die eerste en tweede eeu geglo dat elke mens die goddelike kan beleef sonder die noodwendige begeleiding van priesters, biskoppe en die kerk. Om die goddelike by laasgenoemde (en dus buite jouself) te soek, veroorsaak dat ’n mens maklik by ander se leringe en waarhede in ’n doolhof van menslike denke en selfs bygelowe verdwaal.

Tweedens noem Abel in hierdie hoofstuk hoe Oosterse vingerwysings, spesifiek Lau Tzu – skrywer van die Tao Te Ching – se leringe oor ’n lewe vanuit jou kern, die Ware Self wat ’n lewe van harmonie, balans en innerlike ook vir Westerlinge vrede beteken.

Verder verwys Abel hier ook na die Chinese uitdrukking Wu Wei wat direk vertaal kan word as “inspanninglose aksie”, dus dat ’n mens vloeibaar en buigsaam moet wees en ont-span eerder as inpan. Ligweg kan dit genoem word “the flow”. Uit my eie ervaring van insig in verband met kreatiwiteit het ek agtergekom dat daar in positiewe sielkunde die vloeitoestand is – ook in die volksmond bekend as “in the zone” – dit is die geestestoestand waarin 'n persoon wat 'n aktiwiteit verrig, ten volle gedompel kan wees in 'n gevoel van energieke fokus, volle betrokkenheid en genot in die proses van die aktiwiteit. In wese word vloei gekenmerk deur die volledige opname in wat 'n mens doen, en 'n gevolglike transformasie in jou gevoel van tyd. ’n Mens konsentreer dus net op 'n taak, een aspek van vloei. Hierdie konsep is in 1975 deur die sielkundige Mihály Csíkszentmihályi genoem.[10]

Dit is vir my duidelik dat hierdie hoofstuk reeds vooruit wys na die konsep “mindfulness” wat volgens Abel (102) die beste gedefinieer word deur Jon Kabat-Zinn: “Mindfulness is the capacity of being aware of what is going on in the present moment, and it means paying attention in a particular way; on purpose, in the present moment, and non-judgementally.”

’n Bekende voorbeeld van “mindfulness” waarna Abel dikwels verwys het, ook in sy video’s, is om wanneer jy ’n lemoen eet, die lemoen te eet.

Abel sluit hierdie hoofstuk af deur kortliks te verwys na die Jin en Jang, ’n beginsel wat handel oor die aanvaarding van die werklikheid, naamlik dat alles in die lewe ’n komplementerende teenoorgestelde het – die simbool wat daaraan herinner dat die lewe bestaan uit ’n konstante siklus van geboorte en sterwe. Die twee kante van dieselfde muntstuk wat in hoofstuk 8 (“Ook verby Dualiteit”) bespreek is (52).

Hoofstuk 12 (“Wildevy en Braambos”): Dikwels in sy boeke en video’s beklemtoon Abel die volgende Zen-spreuk deur DT Suzuki (hier op bl 81) om te bevestig dat die vinger wat na die maan wys, nie die maan is nie, dit wys net na die maan:

Zen teaches nothing;
it merely enables us to wake up
and become aware.
It does not teach, it points.

Vir Abel geld hierdie spreuk ook vir die onderrig van byvoorbeeld Jesus en Boeddha – waarskynlik dan ook Mohammed en ander profete (my invoeging) – maar ongelukkig het hulle woorde en lewens die hooffokus van godsdienste geword. Daarom is dit hartseer hoe die dogma en leer waarmee verskillende godsdienste hulleself besig hou, eintlik volgens Abel op ’n verkeerde lees van antieke mitologiese tekste gebou is (83). Hy gebruik Joseph Campbell (2004)[11] se definisie om te verduidelik dat die wesentlike betekenis van mitologie is om die gedagtes en harte van mense oop te maak vir die wonder van alles in die heelal.

Om die vinger wat wys, of die stem wat die wind vir jou waai (soos die braambos vir Moses en die wildevy vir Siddharta/Boeddha) – “the still, small voice” (I Konings 19:12) – is om die stem naby, in ons en om ons te hoor, soos wat Paulus in die brief aan die Kolossense 1:16 na Christus (as God) verwys met: “Uit hom en deur hom en tot hom is alle dinge.” Dit is vir Abel om “ja” te sê vir wat is – goed of sleg, die hier en die nou (76).

Verder vat dit moed om hierdie stem van ’n mens se innerlike te hoor, omdat jy die tussen-in plek van jou gebroke verlede (jou egostorie) moet trotseer en dit kan voel soos dwaasheid om jou veilige ruimtes (“comfort zone” of dan gemaksone – my invoeging) te verlaat en die woestyn (soos Moses en Siddharta) aan te durf waar jy jou Ware Self se stem kan hoor. Volgens Abel kan dit enige tyd gebeur: “as jy ’n baba se lag hoor, of iewers in die natuur [is] ... en die voëltjies hoor, of iemand sien wat vir jou glimlag, of na die geweld oor die agtuur nuus luister, of ’n donderstorm” (84–5). Hier sal jy wakker word, liefde en vrede ontdek, en dit sal jou bevry van die ego se begrenste en geïsoleerde vrese van ouds.

Hoofstuk 13 (“Spiritualiteit van Teenwoordigheid”) bring vir Abel en die leser by die “hoe?”. ’n Voorwaarde vir wakker word is om die Self anderkant die persona-identiteit (vgl Jung) te ontmoet, om bewustelik te leef, om met aandag en fokus elke hier en nou te betree – die misterie van dit-wat-is. Albert Camus word aangehaal waar hy sê: “Eternity is here and I was hoping for it. What I wish for now is no longer to be happy, but only to be aware.” Volgens Abel is daar nie ’n “eendag” nie, net die bewuste self in die ewige Nou. Hy sluit die hoofstuk af met die volgende woorde: “In die teenwoordigheid van jou eie lewe, met sy klein groot, nuut en oud en vinnige en stadige pas, vind jy die wonderwerk – die polsslag van lewe. Wie is dus nie reeds heilig nie? Wat is nie gevul met die goddelike nie ... slegs dié wat wakker is daarvoor en kyk, sal sien wat nog altyd daar was” (87).

Abel begin hoofstuk 14 (“Wysheid en Dwaasheid”) met ’n kort gedig:

die dwaas
sien ’n venster
die wyse
’n spieël.

In ooreenstemming met wat Carl Jung gesê het oor die “persona” en wat Freud die “ego” genoem het, is daar die Ware Self. “Om te besef jy sien jouself in alles raak, is om jou ware beeld in die spieël van die lewe te sien. Ontbloot van voorgee, masker en leuens” (91). Dit val saam met wat Jung gesê het, dat elke ding wat jou irriteer van ander, daartoe kan lei dat jy ’n beter begrip van jouself kan kry. Die spieël in die raaisel ...

Ook haal Abel die Thomas Evangelie (vers 24) aan wat hierby pas:

Daar is lig
in die binneste
van ’n verligte mens
en dit verlig
die hele wêreld.

Die hoofstuk word afgesluit met Abel se oortuiging dat die enigste kans op vrede en vreugde in hierdie stukkende wêreld om weer heel te word, is as mense hulle ware self ontdek en hul lig laat skyn – net dít sal die donkerte kan verdryf (94).

In hoofstuk 15 (“Deel van Alles”) verwys Abel daarna dat wysheid is om te besef dat jy nie los van die skepping staan nie, maar inherent deel daarvan is – alles is onlosmaaklik verbonde. Niemand is ’n eiland nie, maar deel van die stroom, soos ’n rivier.

Om nie te aanvaar wat in die oomblik in en rondom jou ontvou nie, is om heeltyd te dink aan wat ’n mens nie is nie, en aan dít wat jy nie nou het nie – dit is volgens Abel ’n resep vir lyding. Die hier en nou bring jou direk in die stroom van die lewe, jou eie heiligheid – waar ’n mens alles aanvaar sonder veroordeling. Dít is “mindfulness” (99).

Hoofstuk 16 (“Genesing”) en hoofstuk 17 (“Aanvaarding”) volg die vorige hoofstuk op en begelei die leser om te verstaan dat woede en haat die ego se beste wapens is en eintlik gevolge van vrees is – dit is soos dodelike innerlike virusse. Om hierdie siektetoestand te beveg, is “mindfulness” vir Abel die beste manier. In hierdie hoofstukke maak hy dit duidelik met ’n gedig:

Aanvaarding
is om vrede te maak
met wat is.
Of dit pyn of plesier is.
Om die realiteit in die oë te kyk
sonder om weg te vlug.
Om nie pyn te probeer vermy
of plesier na te jaag nie ...
Want slegs dan kan jy dit
wat jy voor jou vind transformeer.

Letterlik is die dans van die lewe vir Abel tussen gesond en siek, plesier en pyn, sukses en mislukking, verlies, vrede en oorlog – die realiteit van die lewe. Hy haal in hierdie verband die woorde van die Prediker (hoofstuk 3 verse 1–8) aan: “Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd ... ’n tyd om te huil, ’n tyd om te lag, ’n tyd om te treur, ’n tyd om van blydskap te dans ...”

Die Tao Te Ching (vers 29) sluit vir Abel hierby aan, en hy sluit dit hiermee af (sy eie vertaling):

Die Ware Wyse sien dinge soos wat dit is,
sonder om dit te probeer verander of beheer.
Sy laat dinge soos dit is,
terwyl sy in die middel van die sirkel rus.

Hierdie gedagtes sluit aan by William Blake (1802, in Abel se Dans met God, bl 40) se woorde:

To see a world in a grain of sand
and a heaven in a wild flower
hold infinity in the palm of your hand
and eternity in an hour.

Aanvaarding is dus vir Abel die eerste stap na ’n lewe vanuit die Ware Self, ’n eerlike, dapper en wakker lewe – sonder om weg te kyk (108).

Hoofstuk 18 (“Skerp is die Son”) handel oor die rou werklikheid van die lewe, die plek waar ons egokonstruk ontstaan – enige trauma waaraan ’n mens blootgestel is en word: onvolmaakte ouers, onderwysers, eggenote – alles oorsake van pyn wat erge skade aanrig of aangerig het. Dit dryf ’n mens om te probeer om jouself te handhaaf, te probeer beter voel, te kan doen wat nodig is om te doen – kortom: om te oorleef.

Hoofstuk 19 (“Die koninkryk van God is binne jou”) word ingelei met Abel se mening dat “die Koninkryk” ’n wonderlike metafoor is om die mens se innerlike werklikheid te verduidelik. Omdat mense geneig is om vasgevang te wees en om in terme van dualiteit te dink, lei dit daartoe dat “godsdienstige mense eerder iets buite die natuurlike soek, as binne die alledaagse lewe” (117).

Omdat dit nie die enigste verstaan is nie, kan dit help as ons die kloof tussen mens en God oorbrug deur die Oosterse vingerwysings te volg, veral soos wat dit in die Taoïsme voorkom – hierin word God beskryf “as ’n tipe lewensenergie, ’n weg wat jou ontwyk sodra jy dit ’n naam probeer gee”. Om hierdie konsep te verduidelik – dat Die Weg ’n innerlike weg is – verwys Abel na dit wat in die Thomas-evangelie verwoord word:

Die koninkryk van God
is oor die hele aarde uitgesprei
en tog sien mense dit nie.

Hieruit lei Abel af dat die goddelike te vinde is in die hier en nou, in elke dag se lewe, omdat God nie deur dualistiese denke vasgevang kan word nie. Hy verwys na Christen-teoloë soos Paul Tillich en ander filosowe (Schopenhauer en Hegel) wat meen dat God dalk “eerder in die mens se elke dag se doen en late gevind word as in iets bonatuurliks of werklikheidsvreemd” (118).

God binne ons, die Ware Self, is ons oorspronklike identiteit. Wat tot my spreek, is dat dit indruis teen die gewone Gereformeerde siening dat ons “in sonde ontvang en gebore is”, soos dit in die doopsformulier en die Nederlandse Geloofsbelydenis, artikel 15 lui. Dit help my om vry te word van hierdie kettings van sonde en skuld wat soos ’n ewige, voorafbestemde bedreiging en verdoemenis oor alle mense hang.

Wat my verder hierin getref het, is Abel se verwysing na Kahlil Gibran (1923): “Jou daaglikse lewe is jou tempel en jou geloof. Wanneer jy dit betree, doen dit met jou hele wese” (Dans met God, bl 40). My eie toepassing daarvan is dat ek my kerk, my tempel, my heiligheid heeltemal ervaar wanneer ek in die kombuis van my eenslaapkamerwoonstel in die aftree-oord met kruie- en speserye-gegeurde groentesop en gemmerlimonade maak (soos wat ek by my twee naturalistiese dogter geleer het); wanneer ek sien hoe die kwikkies op my balkon my broodkrummels oppik; wanneer die prisma wat deur my glaskubusse op my balkonmuur skyn, in my sitkamer in skyn en teen my muur beweeg; wanneer ek hoor (en sien) hoe die vleiloerie hier in Sedgefield hartstogtelik ululeer en dit my uitnooi om alles binne my wat vibreer, te kommunikeer. Ook wanneer ek na die strandmeer toe loop en telkens ’n bossie veldblommetjies pluk vir een van die tannies wat invalides is of die heeldag eensaam sit en TV kyk.

In hoofstuk 20 (“Begeleide Meditasie”) moedig Abel die leser aan om saam met hom te mediteer – ’n rustige plek te vind waar ’n mens ongehinderd stil kan word en net wéés terwyl jy op jou asemhaling konsentreer. Tydens hierdie sessie maak jy as deelnemer ’n bestekopname – sonder om te abstraheer – van wie jy is, wie die vrae vra, wie die een is wat jou liggaam waarneem en wie bewus is van jou egostorie.

Abel gebruik ’n treffende metafoor wat elke persoon wat in die buitelug stap sal onthou as ’n mens boontoe kyk: “Soos blou lug met wolke wat vorm en verdwyn, maar hierdie bewustheid kom nie en gaan nie ... dit is die Ware ... [Self], bewustheid, dit-wat-is soos die blou lug. Iets wat nie verander nie, iets wat nie kom en gaan nie” (122).

Emosies, sensasies, persepsies, probleme, suksesse kom soos wolke wat verander en gaan dan weer. Soos Ramana Maharshi sê: “Thoughts come and go. Find out what [it] is that remains.”

Die leser word hiermee uitgedaag om self verder te lees hoe Abel jou sal begelei om by ruimte en vrede te kom, by jou ware identiteit wat nie soos die res aangeleer is nie (124).

Hoofstuk 21 (“Dieper delf teks”) is die laaste hoofstuk, waarin Abel ’n oorsig gee van die oorsprong van die Tao Te Ching en sy vertaling daarvan (gepubliseer deur Malan Media), waarin die begin van sy eie verligting was. Dit word dan die leser se reisgenoot wat Abel graag deel om te oordink, en dit te vind as ’n lig op die pad (129).

Hierdie hoofstuk word dan opgevolg deur Abel se vertaalde verse van Tao Te Ching: Boek van die Weg. (132–74).

Abel sluit Tao van wakker word af met die volgende woorde (176):

ek glo dat vrede
voortvloei
vanuit ’n aanvaarding
van wat jy is
en dit bepaal
die misterie
van wie jy is.

  1. Slotopmerkings

Ek onthou dat ek lank gelede – in die negentigerjare van die vorige eeu – John van der Berg se boekie Ook die klein dingetjies (1959) gelees het, en dit was vir my “oe! mooi!”, maar ek was so besig om my kinders as enkelouer groot te maak dat dit my nie dieper getref het nie – dit was asof my brein dit diep weggebêre het in ’n kompartement waartoe ek nie later weer toegang gehad het nie. Ek vermoed ek was nog nie reg daarvoor nie en sou dit graag weer onder oë wou kry.

Maar nou was ek reg om Abel se boeke te lees, en dit was die regte tyd – dit het my ongelooflik geseën en bevry, my laat wakker word vir my eie heiligheid.

Toe ek onderwysstudente (onder andere van die Grondslagfase) onderrig het, het ek hulle aangemoedig om sensitief te wees vir die gesprek tussen verbale en visuele tekste. Daarom het ek met aandag gekyk na die omslag en aanvanklik gewonder waarom daar so baie swart is. Uiteindelik meen ek dat die omslagontwerper (saam met Abel) dalk daarmee wou aandui hoe die donkerte (van ’n eie lewe) oorweldigend kan wees as ’n mens nie wakker is nie. Ook dat die twee foto’s van Abel en die helderwit letters kan dui op die proses van wakker word. Miskien is daar ander (simboliese) interpretasies ...

Ek hoop daar is baie lesers wat Tao van Wakker Word in die hande sal kry om te lees wanneer hulle reg is daarvoor, want “elke ding het sy tyd.” Saam met Spangenberg (2011) wil ek hoop dat lesers uit hierdie boek – soos met die Jesus Seminaar en my reis saam met Abel – nuwe besinnings en insig mag kry oor die proses van wakker word.

Eindnotas en bronne

[1] https://www.litnet.co.za/spiritualiteit-n-gesprek-tussen-abel-pienaar-en-estelle-kruger

[2] https://www.youtube.com/watch?v=nXlvkcPzp6c

[3] https://www.litnet.co.za/die-jesus-seminaar-vier-sy-eerste-kwarteeu-nabetragtings-van-n-buitestander

[4] https://www.spiritualiteit.co.za

[5] https://www.litnet.co.za/wie-het-god-geskep

[6] https://www.litnet.co.za/litnet-akademies-resensie-essay-god-bestudeer-godsdiens-vs-wetenskap

[7] https://www.litnet.co.za/in-memoriam-abel-pienaar

[8] Hoff, B. 1982. The Tao of Pooh. Illustrasies deur EH Shepard. Londen: Methuen Children’s Books Ltd.

[9] In die LitNet-onderhoud met Abel verduidelik hy ook wat die betekenis van mites in mense lewens is en hoe dit die godsdiens(te) waarmee ons grootgeword het, beïnvloed het. Ook tref hy duidelike onderskeid tussen godsdiens, spiritualiteit en geloof.

[10] https://en.wikipedia.org/wiki/Flow_(psychology)

[11] Campbell, J. 2004. Pathways to bliss: Mythology and personal transformation. Eerste uitgawe. Novato, CA: New World Library.

The post <em>Tao van wakker word</em> deur Abel Pienaar: ’n Persoonlike indruk en huldeblyk appeared first on LitNet.

Wat Werner doen met sy drie miljoen deur Tertius Janse van Rensburg, ’n resensie

$
0
0

Titel: Wat Werner doen met sy drie miljoen
Skrywer: Tertius Janse van Rensburg
ISBN:  978 0 6396 0218 9
Uitgewer: LAPA

Jeugromankompetisie 2019: Beste debuut

Wat sal jy doen as jy die Lotto wen?

Dit is die vraag wat Werner, TC en Einstein hulle een pouse afvra. Soos die meeste graad 9-seuns droom hulle oor sportmotors en privaat vliegtuie. Vir die grap besluit die drie seuns om regtig elkeen ’n Lotto-kaartjie te koop. Hulle vat vir oupa Ig (Werner se oupa wat Alzheimers het) om “roomys” te koop, en sonder dat hy besef wat aangaan, speel hulle die Lotto.

Dan gebeur die onverwagte: Hulle wen wraggies meer as R3 miljoen! Werner voel baie skuldig oor hoe hulle sy siek oupa misbruik het, en hulle besluit om nie die geld te eis nie ... maar dan verloor Werner se ma haar werk. Oupa Ig se gesondheid begin agteruitgaan, en Werner is baie bang sy ma trou met die nare oom Daan. Nou begin die groot uitdaging: Sy ma glo dobbel is doodsonde, so hoe op aarde gaan hulle die geld by haar uitkry?

Inleiding

As leser en resensent van Wat Werner doen met sy drie miljoen as debuutroman in 2019 wil ek meld dat hierdie lees- en evalueringsproses vir my ’n groot voorreg en uitdaging was, buiten die feit dat dit pure leesgenot is. ’n Voorreg omdat dit uitstekend is en ek baie min kritiek het en ook omdat hierdie jeugroman gemaklik aan die ekstrinsieke kriteria vir jeugliteratuur voldoen. Ek is seker dat die leser deur die lees van hierdie novelle ’n liefde vir die boek en lees kan aankweek en dat die skrywer ’n (aktiewe) aandeel daaraan het. Dit was ook ’n uitdaging omdat die boek definitiewe literêre waarde het en selfs voorgeskryf sou kon word; en uiteraard het ek genoop gevoel om hieroor meer te kommunikeer. Omdat die novelle my baie slim geskryf is, skoon en sonder skandes of skades, wil ek die skrywer salueer deur dit so deeglik as moontlik te bespreek.

Die skrywer

Tertius Janse van Rensburg is ’n siviele ingenieur wie se linker- en regterbrein al sy hele lewe in oorlog verkeer. Vir dekades het sy linkerbrein die oorhand terwyl hy eers vir Transnet geboue bou en later ’n wiskunde-onderwyser en -dosent is. Na sy aftrede begin sy regterbrein ’n paar veldslae wen, en hy begin skryf. Hy publiseer ’n paar novelles en kortverhale in tydskrifte, maar sy groot deurbraak kom toe hy as die beste debuutskrywer in die LAPA Jeugromankompetisie 2019 bekroon word.

Jeugliteratuur

Die werk is ’n tipiese novelle, spesifiek jeugliteratuur, wat ook bekend is as oorgangsliteratuur. My eie analitiese denke is by die lees daarvan geoefen omdat so ’n ongewone teks my gestimuleer het om te soek na die samehang of logiese opeenvolging van gebeurtenisse – lewe, siekte en dood, die optrede van verskillende karakters (Werner, sy vriende en ander tieners, asook die volwassenes in sy lewe).

Die verhaal is toepaslik vir ouderdomsgroep 15, veral seuns. Dat meisies van hierdie ouderdom hierin sou belangstel, is wel moontlik – ek dink hulle sal kan identifiseer met die interessante intrige en ontwikkelende romantiese verhoudings.

Lesers se verbeelding kan aangewakker word deur die proses waarin hulle hulself kon inleef in die lewens van ander, asook die erkenning van motiewe en temas, die bekende en die onbekende omgewing en gebeure. Verder kan die leser opnuut bewus raak van die kreatiewe krag van taal, veral die karakters se talle vergelykings wat vars is en nie clichés nie. Voorbeelde hiervan is dat Werner so deurmekaar soos ’n albaster in ’n tuimeldroër voel (176) en oupa Ig wat só verswak het dat sy gesig soos gekreukelde koerantpapier lyk (181).

Tekstuele aanbieding

Ek wil die skrywer gelukwens met die visuele wyse waarop die vertelling aangebied is. Op die buiteblad speel die illustreerder van die jeugroman (Zinelda McDonald) met kleure van ligblou, liggroen en effens donker groen. Die titel is in skerp kontras, met rooi, meestal hoofletters. Verder laat dit die leser vermoed dat hier sprake gaan wees van nommers, skaakstukke, ’n reistas, ’n kompas (dalk horlosie), gedraaide en stokkieroomys, ’n bloedrooi Ferrari, ’n rooi tekkie, ’n stuk pizza en geldnote. Die stukkie pizza moes dalk eerder die pasteitjies gewees het wat Einstein eet ... Hierdie prentjies word om die beurt herhaal binne-in die verhaal by onderskeie hoofstukke. Waaroor ek gewonder het, was waarom daar op die buiteblad ses nommers is (soos in die Lotto) en in die binneblad net vyf ... Ek was nie seker of dit ’n “fout” is en of daaragter dalk simboliese betekenis skuil wat ek nie raaksien nie.

Nog prentjies is wit wolkies (wat dalk verwys na drome), ’n drieverdiepinghuis, ook ’n spoetnik en ’n seilskip. Laasgenoemde twee prentjies het my laat wonder of die storie te make het met die uitdrukking “as my skip kom ...” wat gewoonlik verwys na geld, en die spoetnik wys dat iemand in die verhaal na die sterre reik. Hierdie paratekste maak die leser klaar gereed vir ’n leesavontuur, omdat die prente en woorde elk in die eie medium dieselfde verhaal vertel.

In Wat Werner doen met sy drie miljoen is daar ’n duidelike ouditiewe intertekstuele verwysing as metateks – ’n teks-binne-’n-fiksieteks: Hier is dit ’n werklikheidsteks binne ’n fiktiewe teks. Dit is naamlik waar TC in die klas die liedjie van Lukas Maree (“Ek sou kon doen met ’n miljoen”) neurie, tot Werner se ontsteltenis. Deur die liedjieteks vestig die verteller-skrywer-karakter ook aandag op die aanbiedingswyse as sodanig; so ook verlewendig die karakter en ʼn fiktiewe wêreld word gesuggereer wat omvattender as die betrokke teks is. Die karakters bestaan as’t ware ook buite die teks. Iets waaroor ek onseker is (selfs twyfel), is of hierdie liedjie dieselfde assosiasie by tieners sal opwek as wat by my en die skrywer se generasie gebeur. Ek het die liedjie duidelik “gehoor” toe ek die titel van die verhaal sien.

Karakterbeelding

Die hoofkarakter, Werner Auret, en sy vriende TC, Einstein (Albert) – die driemanskap – is in graad 9. Annika en Abigail is in dieselfde graad en hulle is almal in Hoërskool Algoa. Verder woon almal in Port Elizabeth. Werner en oupa Ig (Ignatius) – en later ook TC – gaan visvang by Koningstrand. Die seuns huur ’n posbus by Newtonpark. TC se pa is direkteur by ’n farmaseutiese maatskappy (DJP), en is volgens TC ’n werkholis en meestal ’n fisies en emosioneel afwesige pa.

Die leser word voorgestel aan heelwat volwassenes in Werner se lewe – sy ma (Dalene), Stina wat by hulle werk, oom Daan (’n antagonis), dr Nell (skoolhoof), mnr Pretorius (tegnologie-onderwyser), die wetenskap- en wiskunde-onderwysers, die taaalonderwysers, die tweeling (Albert en Annika) se ma (Erna), oupa Ignatius en sy oorlede vrou, Susan, wat doof was en met wie hulle gebaretaal gepraat het (wat Werner steeds kan praat), en ook TC se ouers in ’n mindere mate.

Die feit dat oupa Ig aan Alzheimers ly en dalk besig is om te sterf, is iets wat die leser se ervaringshorison kan uitbrei – meer inligting hieroor en deernis daarvoor word in die verhaal gebied, veral omdat Werner saam met sy oupa die verskeie fases van sy siekte intens beleef. In ’n ander trant is daar interessante inligting wat verweef is in die prosesse wat die seuns moet volg om aan die Lotto deel te neem. Sommer net so terloops – dit is oulik hoe die getalle 81 (Oupa se ouderdom) en 18 (die ouderdom wat ’n mens moet wees om aan die Lotto te kan deelneem – omgeruil word.

Die karakters se belangstellings word meestal genoem – visvang (oupa Ig, Werner en later ook TC); skilder met waterverf (Werner se ma Dalene); Annika se musieklesse; skaak (Werner, TC en Annika); judo en gholf (TC leer dit by sy pa); en rugby (Einstein). En in omtrent alle situasies is dit duidelik dat TC “slim verby” is (bl 88).

Konflik en spanning

Die hooftema is die oplossing van hulle finansiële probleme, daarmee saam ook Werner se verhouding met homself (om aan homself te glo en of hy daartoe in staat sal wees om die skaakkompetisie te wen). Werner se verhouding met sy vriende, Annika, ma, oupa en oom Daan is ’n belangrike tema. Daarbenewens speel TC se verhouding met sy ouers – en hulle afwesigheid of gebrek aan belangstelling, met dié dat hy ’n laatlammetjie is – ook ’n rol.

Elemente van emosionele spanning vind plaas wanneer gebeure veroorsaak dat Werner nie seker is of hy TC se oordeel kan vertrou nie – dikwels wil Werner tou opgooi, omdat die uitdagings verbonde aan beleggings koop en verkoop op die aandelemark te veel is vir hom. Hy sê dikwels dat hy nie verder kan aangaan met die plan nie. Wanneer Werner hoor Annika gaan saam met Roelof sokkie toe, brand sy oë “van die son en die vernedering” (118).

In die seuns se verhoudings leer ons die basiese konflik van die verhaal ken, wat geïntensiveer word deur die feit dat beide te make het met tipiese onderonsies tussen seuns (agter die busstoor) en rugby- en skaakwedstryde op hoërskoolvlak. Hierdie gebeure veroorsaak dat Werner leer om sy eie oordeel te vertrou. Verder volg hy toenemend sy intuïsie (om sy ma en ander mense te wil help) en streef sy eie waarheid na wat lei tot die ontdekking van sy eie identiteit wanneer TC hom help om sy drie miljoen te wen en te gebruik.

Gebeure en intrige

Die verhaal begin met die begin en loop na die einde, terwyl daar wel enkele kort terugflitse in karakters se gedagtes is. Die dialoog (sowel as die interne gedagtegang van Werner) word benut om die konflik te beklemtoon. Daar is verskeie intriges soos wat dit deur verhoudings tussen karakters gemanifesteer word. Die leser se kennismaking gebeur soos wat die leser vir Werner, sy ma en oupa en sy vriende leer ken. Hier maak ons veral kennis met die protagoniste (Werner, en saam met hom ook TC – die twee planmakers), wie se antagoniste Bradley die boelie, en later Roelof Louw die hoofprefek en skaakspeler vir Oostelike Provinsie is.

Dit gaan hoofsaaklik in die verhaal oor die oplossing van finansiële probleme. Wat daarmee saamhang, is Werner se twyfel aan homself, sy nagmerries en vrese dat hulle ontmasker gaan word, en ook dat hy sy oupa misbruik en sy ma belieg. Ook vind daar versoening tussen TC en sy pa plaas, waardeur TC se innerlike konflik opgelos word. Werner en sy vriende keer dat oom Daan die stiefpa van Werner word; Werner help dat daar ’n verhouding tussen mnr Pretorius en ma Dalene ontstaan en ontwikkel.

Die klimaks vind plaas tydens Werner se deelname aan die skaakkompetisie, wanneer hy weer aan homself twyfel wanneer TC hom nie voldoende kan voorberei op die laaste fase met Roelof nie – ’n voorval wat nogal baie spanning veroorsaak. Die skaakkompetisie neem die meeste van die verteltyd in die novelle in beslag. Hierdie verhaalmoment is terselfdertyd ook die krisis, wanneer die leser wonder of dit ’n keerpunt en die begin van oplossings sal wees: Gaan die problematiese finansiële situasie oor Werner se skoolfonds wat sy ma nie kan betaal nie, regkom? Wat van Werner se ma se werk en Stina se toekoms? Wat van die DRE-aandele wat erg daal? Hoe gaan hulle vir Oupa help wat toenemend verswak? Gedurig is dit ’n uitnodiging vir die leser se verbeelding om in te vul wat sou kon gebeur. Daarom is Werner en TC se vernuwende planne telkens so verrassend.

Ruimtebeelding

Daar is goeie wêreldbou in die boek. Melding word gemaak van winkels in Port Elizabeth (Wimpy, McDonald’s, Spar, Spur, The Coffee Shoppe), die Algoa Busdiens en die hoërskool. Bradley (een van die antagoniste en die boelie by die skool) dra Bronx-skoene. Verder is daar talle verwysings na werklike plekke in Port Elizabeth en internasionale gebeure, persone, films en ander items (Lotto, Ithuba, Idols, Superstars, Smarties, Monopoly, Bill Gates, Egoli, Chuck Norris, Liewe Heksie, Leon Schuster) wat met die karakters en gebeure te make het. Dit kom ook voor in verband met visvang saam met oupa Ig (Penn-katrolle, tjokka vir aas, die winkel Hook, Line & Sinker, ’n Snell-knoop). In die skaakkompetisie het die karakters te make met die Reversed Sicilian Defense en ’n Engelse opening, ’n en passant-skuif, Stonewall Attack en Queen’s Indian. Verder is daar verskeie elektroniese en internetverbindings (TC se iPhone lyk soos die Starship Enterprise se instrumentpaneel; die vriende stuur vir mekaar WhatsApps; hulle skep ’n gmail-adres vir oupa Ig).

Die verhaal bevat intieme ruimtes, soos huise (Werner, die tweeling en TC s’n). Die skool en ander genoemde plekke in PE dien as konkrete ruimte, terwyl sosiale ruimte die spanning tussen individue en die skoolgemeenskap belig.

In die verhaal is daar oop en geslote ruimtes wat naas mekaar gestel word. Oop ruimtes is die paviljoen waar die karakters dikwels tydens pouses sit. “Inkluistering” (“entrapment”) dui op fisiese of morele gevangenskap – soos wat dit in die tronksel in Werner se droom verbeeld word; so ook oupa Ig wat aan sy hospitaalbed gekluister is tot sy dood. Belangrik in verband met Werner se belangstelling om met mense te werk is die Ons Tuiste Tehuis vir Alzheimer-pasiënte wat afbrand. Dit alles beperk fisieke, psigiese of sosiale beweegruimte en skep spanning.

Vertelperspektief

Die eerstepersoonsverteller se fokus is nie staties is nie, omdat dit (deur Werner se fokus) beweeg tussen gepolariseerde groepe (Werner, sy ma en oupa en vriende teenoor oom Daan en party van die onderwysers) en dinamies verskuif van buite (gebeure) na binne (sy innerlike monoloog). Wanneer die fasette van fokalisering in ag geneem word, is dit duidelik dat die perseptuele (sintuiglike) faset veral aan die orde kom wanneer die ruimte of atmosfeer uitgebeeld word. Ruimtelike fokalisering versterk dikwels die fokalisering van die gemoedstoestand of situasie van Werner, terwyl die ruimte dien as beklemtoning van sy verwarring en konflik oor watter waardes hy in homself kan integreer om sodoende sy identiteit te bevestig.

Die perspektief van die verteller (Werner) is betroubaar en sy innerlike monoloog en dialoog verstaanbaar. Werner se posisie en wedervaringe help die leser om te identifiseer deurdat hy die gebreke en onvolkomenheid in sy ma, oupa en vriende aanvaar en die beste bied wat hy as karakter kan bied. Laasgenoemde behels emosionele ondersteuning wanneer Bradley vir TC agter die busstoor bykom omdat TC vir hom Dalene Matthee se verhaal gestuur het en hy deur die onderwyseres verneder is. Werner is die een wat die oplossing uitdink om met Oupa gebaretaal te praat wanneer hulle namens hom die Lotto-kaartjies koop en vir hom ’n posadres en bankrekening oopmaak, en ook wanneer hy aktief deelneem aan die skaaktoernooi en TC se planne volg.

Kultuuroordrag

Deur die lees van die novelle maak die leser kennis met die samelewing se vooroordele, gedragspatrone, waardes en norme, veral in terme van diversiteit van geslagte, beroepe, kulture, ryk en arm. Deur Werner se lewe word die leser bygestaan in die proses van aanpassing en leer die leser watter rolle hy in die samelewing kan speel – spesifiek kan in die boek verwys word na moontlike bedrog, oom Daan wat dalk Werner se stiefpa word, en ontluikende tienerseksualiteit in die vorm van verliefdheid (tussen Werner en Annika, TC en Abigail). Só vind kultuuroordrag plaas en leer ken hy sy vryheid, regte en verpligtings.

Kultuuroordrag word ook gevind in humor en kreatiewe taaluitings – veral Albert veroorsaak telkens humor wanneer hy dinge nie goed verstaan of hoor nie – hy verwar ’n “anonieme skenker” met ’n “intieme skenker” (100), en hy hou nie daarvan as Werner “bedoelloos” is nie (62). Selfs dat sy bynaam Einstein is, is in ironiese kontras hiermee. Ook die seuns se byname vir onderwysers is humoristies: Spyker vir mnr Pretorius, Proefbuis vir die wetenskaponderwyser en Pythagoras vir die wiskunde-onderwyser. Selfs die verwarring rondom die gebruik van gebaretaal veroorsaak humor. Daar is ook selfspot as Einstein sê TC praat sulke “grand Afrikaans” en TC vra of dit “soos ’n whitey” is. As Einstein sê TC praat Afrikaans soos ’n professor, spot TC: “Cool my broe. Thanks virrie komplemint” en Werner dink hy probeer klink soos Nathan Trantraal skryf (57). Ook lees ons Werner se gedagtes oor sy ontmoeting met TC: “Die ander bruin seuns het almal saam agter in die klas gesit, so dit was vir my snaaks dat hy nie by hulle gaan sit het nie” (15).

Na my oordeel is hier in die novelle ’n gebalanseerde uitbeelding van interkulturele verhoudings sonder dat enige kultuur eensydig gestereotipeer word.

Universele temas

Daar word in Wat Werner doen met sy drie miljoen universele temas uitgebeeld, naamlik samewerking, oplossing van probleme, die karakters se soeke na eie identiteit (Werner wat nie eintlik baie van homself dink nie en tog uiteindelik aan die skaakkompetisie deelneem en planne maak om sy ma uit haar finansiële verknorsing te red) en hulle groei na volwassenheid (veral TC wat kontak met sy pa maak en help dat hulle verhouding ontwikkel).

Die godsdienstige tema in die verhaal is iets waarmee menige Afrikaanssprekende jongmens kan identifiseer – Werner se ma gaan Bybelstudie toe en kerk toe, en dikwels word gemeld dat Werner bid. Sy ma noem dat geld van die Here af kom. Ook Stina wat by hulle werk en later afgedank moet word wanneer Dalene haar werk verloor, is godsdienstig – sy bid dat daar uitkoms sal kom.

Dit is duidelik dat veral die momente van spanning en konflik in die verhaal intens emosioneel en ideologies gelaai is (aangaande die Lotto en aandelemarkbeleggings). Hoewel die teks morele waardes en etiese beginsels uitlig, kom dit nie as sedelesse of preke na vore nie.

Slotopmerkings

Vir my as leser was die kreatiewe vergelykings en metafore, ook die outentieke taalgebruik, die gebruik van Werner se innerlike monoloog en dialoog, ook die digverweefdheid van karakters en gebeure, uitsonderlik en verfrissend. Dit is vir my asof Werner se twyfel, onsekerheid en bekommernisse oor finansies deur die kreatiewe en humoristiese (soms ironiese of spottende) taalgebruik gebalanseer word.

Hartlike gelukwense aan die skrywer en voorspoed vir sy toekoms as fiksieskrywer. Die lees van hierdie novelle was voorwaar verfrissend en uitdagend.

Lees ook:

Bethel se berg deur Maretha Maartens, ’n resensie

LitNet Akademies-resensie-essay: Baster deur Jan Vermeulen

LitNet Akademies-resensie-essay: Offers vir die vlieë deur Fanie Viljoen 

The post <em>Wat Werner doen met sy drie miljoen</em> deur Tertius Janse van Rensburg, ’n resensie appeared first on LitNet.

Wildekus deur Morné Malan, ’n lesersindruk

$
0
0

Wildekus
Morné Malan
LAPA Uitgewers
9780639607474

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging geskryf en aan LitNet gestuur.

Die begrip kultus is skielik in die nuus. Dink maar aan die briljante reeks Devilsdorp en Erika Bornman se dapper boek Mission of malice.

Ek het dus Wildekus begin lees juis om te sien wat Morné Malan met die idee van ’n kultus doen. My opsomming? Dis ’n nodige boek, en een wat lekker lees.

Hoekom nodig?

Om te sê ’n boek is “nodig” maak nogal ’n sterk stelling, maar ek sal dit probeer regverdig.

So, kom ons sleep Plato by.

Plato het oor die tragedie die volgende gesê:

  • Die held moet iemand wees na wie die teaterganger kan opsien, anders gaan niemand spyt wees as hy tot ’n val kom nie.
  • Die held se swak punt moet egter ook duidelik wees, anders gaan niemand dink sy val is geloofwaardig nie.

Ander, slim mense sou ook kon praat van die jing en die jang wat albei teenwoordig moet wees in ’n goeie storie, en dit is wat Wildekus regkry. Die lede van die kultus word nie net as sleg beskryf nie. Die sogenaamde held in die storie is ’n bietjie van arrogante blikskottel wat self tot ’n val moet kom.

Binne ’n baie eenvoudige storielyn, wat ook lekker lees, kry Malan dit reg om ’n balans te hou.

Die storie

Adam is ’n beleggingsghoeroe en is stinkryk. Goue Porsche, enorme huis, alles. Maar sy dogter, Lea, wil nie met hom praat nie.

Lea bly by haar ma, wat baie godsdienstig is en glad nie glo in luukshede nie.

Adam en Lea het dus, hoe ouer Lea word, geen verhouding meer nie.

Dan sterf die ma en Adam probeer vir oulaas. Hy wil Lea op ’n vakansie neem. Lea stem in op een voorwaarde: Geen luukses nie; sy wil in die Oos-Kaap gaan kampeer.

Adam koop ’n tent vir Lea – wat haar woedend maak – en die twee van hulle ry al die pad uit Gauteng na die klein, armoedige vakansieplekkie wat sy gekies het.

Hulle slaan tent op in die verste hoek – ver van almal.

Die volgende oggend is daar ’n laer stokou karavane om hulle.

Die inwoners hou kerk, sing, speel trompet en doop mense in die see.

Adam is natuurlik briesend, maar Lea wil glad nie dat hy kla nie.

Die dag daarna is die karavane weg, maar Lea ook.

Nou sit Adam alleen in sy huis, met al sy geld, en sy dogter is skoonveld.

Sy gemoedstoestand verswak tot hy besluit om sy werk te los en voltyds te gaan soek.

In die Oos-Kaap tel hy weer die groep se spore op en hy wat Adam is, besluit om by Die Lewende Vlees aan te sluit. Hy wil weet wat werklik daar aangaan; ook wil hy weet of y dogter daar is. Meer nog: As Lea daar is, kan hy haar uit die kloue van hierdie mense red?

Lees self. Ek gaan niks meer verklap nie. Die verhaal is spannend en interessant.

Arrogante vertellersoog, simpatieke kurator van perspektiewe

Adam is ’n arrogante bliksem. Langs die braaivleisvuur sou hy vergelyk word met dinge wat onder broeke weggesteek word.

In sy arrogansie sien hy net die sleg in die arm gelowiges wat met hulle flenterkaravane deur die land reis. Die leser ervaar hulle dus as agterlik en sukkelend.

Arm is hulle wel. Dis nie ’n kultus waar die leiers lenings van groot geld aan ’n gesinstrust kan gee en dit dan per ongeluk afskryf nie – lees Bornman as jy meer daaroor wil hoor.

Nee, hierdie ouens is almal arm.

Maar wat van die leier in die hoofhuis – daar waar niemand behalwe die binnekring mag ingaan nie?

Malan, wat spog met ’n PhD in Engelse letterkunde, balanseer egter die erg kritiese oog van Adam deur ook vertellers van binne Die Lewende Vlees aan die woord te stel. Wat meer is, soos Adam al hoe meer betrokke raak by die groep, sien hy ook die mooi raak onder die armoede en die leuens, en juis omdat hy die mooi sien, maak dit die geheelbeeld soveel meer geloofwaardig.

Wanneer is ’n kultus ’n kultus, of nie?

’n Mens moet versigtig met die woord kultus omgaan.

In breë trekke sou ek egter dié twee goed noem:

  • Mense wat hulself sonder vrae deur ander laat lei
  • En die voortdurende vrees dat die wêreld buite die groep jou in die steek sal laat.

Die tweede punt is belangrik, want kultusleiers maak gewoonlik seker dat vrees ’n belangrike deel van elke dag se boodskap is.

Kultusse kan groot of klein wees. Daar word soms na Noord-Korea as ’n kultus, in plaas van ’n land, verwys. Nazi-Duitsland was ongetwyfeld een enorme kultus en apartheid natuurlik ook.

Apartheid was ’n uiters effektiewe kultus. Ons is deur die skool en die kerk geleer om swart mense en kommunisme te vrees. Ons moes maagdelik wees en binne die stelsel trou en kinders kry wat ons moet opfoeter om binne die stelsel te bly. Hoekom? Slegte mense gaan hel toe. Vrees. Kommuniste gaan ons land oorneem. Vrees. Swartes is kommuniste. Vrees.

Ons was daar. Enige afwyking, enige vrae, en jy word die koue lewe buite die laer as alternatief voorgehou.

Talle mense sê enige vorm van godsdiens is gelyk aan ’n kultus. Daar stem ek nie mee saam nie.

Die liberale, ekumeniese godsdiensbouings negeer die hemel en die hel, neem so die vrees heeltemal weg en vra aktief vrae oor hoe om die wêreld ’n beter plek te maak.

Talle meer konserwatiewe godsdienste wat nog ’n skakeling met ’n onsigbare wese het, maak dikwels plek vir die sorg van minder bevoorregtes, en sal mense toelaat om buite die geloofsgemeenskap te dink en te sosialiseer.

Sulke groepe kan ek glad nie met kultusse vergelyk nie.

Dat godsdienste egter deeglik vir kultusvorming gebruik kán word, dit is ongelukkig ook waar.

Morné Malan kry dit reg om vrae te vra oor Die Lewende Vlees, maar toon ook aan hoe hulle sorg vir mense wat andersins nooit iewers sou kon tuis wees nie. Is Die Lewende Vlees goed of sleg? Lees gerus self.

Reëls

“Jy moet staan in jou ry! Jy moet jou hare kort sny!”

Oukei, jongmense sal nie die interteks ken nie, maar Johannes Kerkorrel was ’n salwing vir dié van ons wat die sotlike reëls op skool verpes het.

Ek is tans besig om meer te lees oor die Trappiste, ’n Katolieke orde wat aan die einde van die 19de eeu baie noodsaaklike ontwikkelingswerk in KwaZulu-Natal gedoen het. Die belangrikste deel van ’n Trappis se lewe was stilte. En reëls. Elke uur van elke dag is georden. In daardie sekere wete dat jy nooit hoef te dink oor wat jy volgende moes doen nie, kon jy nader aan God kom.

Dit het vir baie mense gewerk. Toe begin die monnike sendingstasies bou, plase aanlê, melkboederye en koringmeulens bedryf, skole stig ... En skielik is die wonderlike werk wat hulle vir die gemeenskap wou doen, in stryd met die reëls.

Fassinerende probleme het toe ontstaan.

Die Trappis-gemeenskap in KwaZulu-Natal het ontsettend baie geld gehad, al het hulle self in totale armoede geleef.

Die Lewende Vlees in Morné Malan se Wildekus is egter gewoon brandarm, maar hulle motto is: “Vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.” Niemand wat daar opdaag, word weggewys nie.

Ter opsomming

Morné Malan se Wildekus gaan dalk nie die kortlyste van ons groot pryse haal nie, maar dit sal jammer wees as die boek gewoon wegraak.

Ek het dit gelees weens my eie belangstelling in godsdienstige ordes en was aangenaam verras. Die roman lees lekker. Dit is ’n oulike storie.

’n Mens sou kon vra of die name, soos Adam en Lea, nie dalk effens te goed gekies is nie, maar die arrogante manier waarop Adam, met al sy intertekstuele bagasie, neersien op die sukkelaars, maak sy eie insig in hulle ware doen en late soveel meer geloofwaardig.

Ek het Wildekus geniet en wil mooi vra: Moenie die fout maak om die einde te lees voor jy begin nie. Jy wil die einde as einde beleef. Dit is wonderlik en gepas.

Lees die boek. Veral as jy van karavane hou. Ek is bly ek het.

The post <em>Wildekus</em> deur Morné Malan, ’n lesersindruk appeared first on LitNet.

Press release: Celebrating the art of African animation on a global stage at Cape Town International Animation Festival

$
0
0

https://www.ctiaf.com/

Proudly presented by Animation SA, the ninth Cape Town International Animation Festival (CTIAF) takes place from 1 to 3 October online and in-person at the Old Biscuit Mill in Woodstock.

CTIAF is the largest dedicated African animation festival on the continent.  With an exciting hybrid programme of talks, workshop, screenings, producer meetings, business-to-business sessions and more, CTIAF provides an opportunity to engage with global industry leaders, shine a spotlight on African talent and create a platform for connections and sharing of knowledge between local animators and their international counterparts.

This year CTIAF will also be presented with the Comic Con Cape Town Pop-up event, in partnership with the City of Cape Town. On Saturday 2 October, enjoy activities such as Cosplay competitions, the popular Comic Art Drink & Draw & Sketch-off competitions and Pop Culture Quiz Sessions. 

CTIAF and the Comic Con Cape Town Pop-up will be compliant with all government and Covid-19 regulations as the health and safety of fans and participants remain of paramount importance.

"We've searched the globe to bring you the best of the animation industry and are proud to present the best of Africa to the world," says CTIAF Festival Director Dianne Makings. "We were unable to host our annual event last year, but the South African industry has continued to thrive on the international stage.

"CTIAF showcases Africa's animation talent under one roof and understands the challenges, needs and opportunities of the African animation industry. We also want to help explore how we bring undiscovered African stories alive through colourful narratives.

"We can't wait to gather, online and in person, our stellar line up of international and South African delegates to share their knowledge, engage in workshops, provide opportunities to have your portfolio reviewed, and so much more."

Visitors can also enjoy the unique chance to watch screenings such as the Annency award winner Petit Vampire, directed by Joann Sfar, a story of friendship between a 10-year old never aging vampire and an orphan schoolboy, and look out for a selection of short films and the Best of Annecy. Screenings will take place at GoDrivein and tickets can be purchased at Webtickets. A full, three-day Professional CTIAF pass will also get you in!

The mouthwatering speaker line-up includes Anna Berthold from United Talent Agents and Aoife Lennon Ritchie, owner of Lennon-Ritchie Agency (LRA) & co-owner of Torchwood, a literary agency representing screenwriters, directors, and producers worldwide. Join them to find out more about the global animation industry when they will host an in-depth Q&A session on representation, studios and how to stand out in the crowd.

Berthold also oversees the Animation department at UTA, with a client list that includes Brad Bird, Chris Nee, Phil Lord & Chris Miller, Andrew Stanton, Rich Moore and The Jim Henson Company, among others. Lennon-Ritchie provides scouting services for the BBC in-house animation team and LRA is a literary agency representing a select group of international writers and selling International and film rights for publishing houses.

Producer and Founder of Reel Stories, Esther Pearl and Yasaman Ford will discuss why representation matters both behind the scenes and on the screen. Pearl spent the majority of her film career at Pixar Animation Studios where her feature film credits include Academy Award winning films The Incredibles, Wall-e, and Monsters, Inc. She is committed to closing the gender gap in the film and media industry and Reel Stories is the first filmmaking and training program for young women and female identified people led by industry professionals. Yasaman Ford is a Program Coordinator and Instructor at Reel Stories and works with guest teachers from the film industry to translate their knowledge into curriculum for Reel Stories's Master Classes.

Ford will be also presenting a session on Script-writing and Story Structure - How to take an idea from ideation to screenplay.

Nathan Stanton presents Tales from the Story Trenches. A presentation on Story Structure, Storyboarding, Staging and Composition and Visual Storytelling. Stanton began his career at Pixar in June 1996 as a story artist for Pixar's second feature film, A Bug's Life.  He has worked on many of the studio's successes and Academy Award winning films since then.  Most recently Stanton has moved on from Pixar and is currently running a 12 week Story Lab program for local talent in Africa for Triggerfish Animation and Netflix in Cape Town.

Esther Pearl will take part in a second event about the Ins and outs of starting a studio with South African cultural activist and writer, director and producer at Na Aap Productions Deidre Jantijies as well as Emmy Award-winner Kia Simon.  Na Aap Productions is an integrated, broad based production company, screening untold stories of Southern Africa. In 2020, the company partnered with an Indian storyteller and produced Love Thy Neighbour, an animation short film that won international awards.

Kia Simon is the founder of Sneaky Little Sister, a motion graphics company that works on independent films, documentaries, and videos for clients such as T-Mobile, LinkedIn and eBay.  She has won multiple Emmys for her editorial and mograph work on the YouTube series Deep Look.

Mary Glasser interviews Mounia Aram about upcoming distribution opportunities for African animation on the continent and across the world. Aram is the Founder and President of Mounia Aram Company,  which specialises in presenting African animation.

Another incredible opportunity is to hear Ariane Suveg of WARNERMEDIA share her experience on the Cartoon Network Creative Lab, the next steps and the ambitions they have for African animation. Suveg is Kids Content Director for WARNERMEDIA and manages kids content for Cartoon Network, Boomerang and Boing in France, Africa and Israel.

Annemarie March, Loyiso Kwize, Jaco Smit and Clyde Beech are The Kwezi Team and were the winners of CTIAF's Road to Annecy Pitching Competition.  They talk about their experiences in bringing SA's most loved comic to screen.

In The Path to A Series Greenlight, South Africans Lucy Heavens and Nic Smal join Emmy Award-winner Kent Osborne to talk about the career journeys that have led to the series production for their new Disney Channel show, Kiff. Osborne has worked for animated shows such as SpongeBob SquarePants, Camp Lazlo, Phineas and Ferb, The Amazing World of Gumball and Summer Camp Island, among others.

Brian Nitzkin is Senior Vice President, Business Affairs for Myriad Pictures and Photon Films.  Myriad is a leading independent entertainment company with recent credits that include the Academy Award nominated Margin CallNever Too LateIron Sky – The Coming RaceFatima and Deadly Cuts.  Nitzkin will be giving a workshop How to package your idea.  What a sales agent needs to see.

Nitzkin will also be joining Pete O'Donoghue, Nick Cloete and Rob van Vuuren, to talk about Electric Juju: the start of making a one man stageplay an animated feature film.

Cape Town International Animation Festival's Women Transforming Animation Programme is a series of lectures, discussions, masterclasses, and networking events all aimed at helping women connect and create new networks with industry veterans and leaders. WTA throws a spotlight on women changing the landscape of the animation industry. In partnership with Reel Stories / BAVC Media, WTA provides training and upskilling resources and opportunities during the Festival and throughout the year. 

A few of the other highlights include IFAS sharing training opportunities in France for South African animators; The Making of Troll Girl with director Kay Carmichael (Troll Girl will also be screened as part of CTIAF's programme) and a workshop with Triggerfish Academy's CEO, Colin Payne to learn about remote working best practices.

The CTIAF is proudly presented by Animation SA and is made possible thanks to generous support from sponsors the Department of Arts and Culture, the City of Cape Town, Wacom, Wesgro, Film Cape Town, the French Institute of South Africa, Cardiff Animation Festival, Modena Media and Entertainment, the Gauteng Film Commission, Autodesk, Lenovo , The Deutsche Gesellschaft für Internationale Zusammenarbeit GmbH and Tshimologong. 

Visit www.ctiaf.com for the full programme details. The Cape Town International Animation Festival takes place from 1 to 3 October online and in-person at Old Biscuit Mill, 375 Albert Road, Woodstock, Cape Town 7915.  Parking is available at the College opposite the Old Biscuit Mill.

The range of full three-day Festival passes are: (All events require a ticket for access and seats are based on a first-come first-serve basis. A Festival ticket includes access to Comic Con Cape Town events)

*PROFESSIONAL PASS - R900.00  - access to all talks, workshops, films and meetings in person and online. Ideally suited for the animation professional
* VIRTUAL PASS - R750.00  - virtual access to all talks, films and meetings from the comfort of your lounge (does not include access to workshops)
*GENERAL PASS - R600.00  - access to the talks and films
* STUDENT PASS - R350.00 – access to talks and films – as a student we're saving you money while you chill and learn!

Bookings can be made at Howler: https://comiccon.howler.co.za/events/cape-town-international-animation-festival-2021-f9ae

Join the CTIAF on social media:

Facebook: www.facebook.com/CTInternationalAnimationFest

Twitter @CTanimationfest

Instagram@CTIAF

#CTIAF2021

The post Press release: Celebrating the art of African animation on a global stage at Cape Town International Animation Festival appeared first on LitNet.

Reguit met Robinson: A Zoom interview with Bonang Mohale

$
0
0

Bonang Mohale is the president of Business Unity South Africa (BUSA). Freek Robinson interviews him about his plans to get our country's economy back on track.

Mohale is not afraid to criticise the government. Listen to his views on land reform, cadre deployment, state capture and wages.

The post Reguit met Robinson: A Zoom interview with Bonang Mohale appeared first on LitNet.

’n Dialogue met Faheem Jackson: Silat, calligraphy en all things Malay-Indonesian

$
0
0

Die lyn tussen Cape Malay culture in Suid-Afrika en Indonesian culture oppie Asian continent is baie din – met slavery en colonialism vanaf die 1600’s die major defining global event wat responsible is virrie “niewe breed” van Indonesians in Suid-Afrika wie nou identify as Cape Malay. Daa is ’n groot need vi identity reconciliation in Malay Muslims – ancestry is ’n baie spiritual ding, en om jouself of jou origins nie te ken nie, bedoel dat jy nie jouself ken nie. En although is daa ’n rising awareness oo ôse Indonesian origins tussen die Cape Malay community, is daa nog baie om te leer oo ôse histories. Obviously herrit sin gemaak om saam’t Faheem Jackson, ’n expert in silat en calligraphy innie Kaap, hieroor te praat tydens Heritage Month 2021. Lees leqqa hieronner!

Djy is baie faam innie field van silat. Ôs het jou silat performance gesien byrie boek launch van From the Spice Islands to Cape Town: The life and times of Tuan Guru deur Shafiq Morton in 2019. Ve’tel ôs mee oo waa’t djy jou training in silat gekry ennie silatklasse wat djy gie (voor Covid) byrie Goodwood Masjid?

In 1995 het ek in Gauteng ’n boarding school attend, Darul Uloom Zakariya, waa ek baie exposed was aan silat virrie eerste keer. My vrinne het my vertel van hierie “secret” martial art wat die Malays leer. Dit was vi my soe interessant dat ek gevow het om dit te leer. Ek het begin leer met ’n vriend van Kokoc Island in die Philippines. My vriend was oek ’n student byrie selfde institute. In 1998 het ek terug narrie Kaap toe gekom en uitgevind dat die heel ee’ste official silatskool het in Kaapstad oepgemaak en my broer het hierie skool gejoin, en ek het oek hierie skool gejoin onner die leiding van Cikgu Gielmie Hartley. Ek het my training continue daar vi ’n paa jare tot ek graded was onder die Malaysian guru, Tuan Haji Moktar, in 2001 as assistant instructor, en weer in 2012 in Melaka Malaysia as senior instructor. Ôs het klasse gehou in various locations om ôse nommers te groei innie skool en om silat mee popular te maak innie local Muslim community. Baie van ôse klasse het in madrassahs of skole plaasgevind, maa oek in masiete (moskees) in Kaapstad: Goodwood-masiet, Stegman Road-masiet in Claremont en Rondevlei-masiet in Mitchells Plain. Ôse klasse is nou op hold tydens die COVID-19 pandemic. 

Sê vi ôs mee oorie history vannie silat tradition, ennie benefits van silat oppie body en mind. Wôdit net in Indonesia beoefen?

Ommie origin van silat te pinpoint is moeilik want silat is ’n collective term virrie martial arts vannie Malay mense wat in Nusantara (Javanese vi “buite-eilande”) woon; Malaysia, Indonesia, Southern Thailand, Brunei, Cambodia en Southern Philippines. Dit is safe om daai te sê, want silat het baie varieties en complexities, en elke region vannie Malay wêreld sal sy eie version vannie history het. Silat het honderde aliran (Indonesian vi “styles”) met origins wat trek aanie observation van wild animals in combat. Som styles claim geen affiliation aan animal movements nie – proof dat silat styles ’n baie diverse nature het. Daa was baie aliran wat anner lande in Europe ennie American continents gereach het om silat alive te hou. Silat training is oek nou available in Suid-Afrika.

Silat worldwide is based op vier aspects: (1) Isi (mental en spiritual), (2) Bela-Diri (self-defence), (3) Olah raga silat (silat sport) en (4) Seni (kuns en kultuur). Die main objective van silat practitioners, volgens die Ikrar Pesilat (Indonesian vi “silatbelofte”) is om noble mind en character te uphold, eer, vreugde, friendship, positivity, creativity, waarheid, eerlikheid, justice en resilience in the face of adversity, en om mindful te wees van hulle woorde en actions. Die Ikrar Pesilat moet gefollow wôd at all times, maa especially tydens combat en dangerous situations. Lees meer oo die Ikrar Pesilat hier. Moet dit in gedagte, spirituality gaan hand in hand mettie mental state required vi ’n balanced martial artist. Baie silatskole het die morals en ethics van Islamic spirituality incorporate binne innie skole se silat training methods. Dit bedoel nie dat mense wat nie Muslim is, kannie in silat participate nie. Baie mense van anner religions het begin Islam sien in ’n new light deur silat as opposed to die consistent Islamophobic tone innie West en media. Die regte mindset en spirit sal peace en harmony weer in bring narrie pesilat (iemand wat silat beoefen) en oek in society.  

Soes met enige martial art, die pesilat moet self-defence master om hulself en anners te defend in the face of adversity. Silat sal jou leer effective ways om close-range attacks te avoid deur pola langkah (Indonesian vir “voetwerk”) te gebruik en empty-handed techniques against hand to hand attacks of weapons. Humility, volgens die silat pledge, moet te alle tye beoefen wôd – silat moet nooit gebruik wôd om af te show nie. Die agricultural philosophy, genoem ilmu padi (Indonesian vir “ryswetenskap”), moet altyd innie pesilat se kop en hart wees; die way vannie rice stalk. Wanner die rice plant jonk is ennit dra geen rys nie, dit staan regop. Maa wanner die plant vol rys is, buig dit. In hierie manier, die pesilat lee hoe om hulself te humble en nog meer as hulle baie silat knowledge en skill acquire.

Competitions en intense training hou die pesilat se skills sharp deur form demonstrations vi single, double of teamed combat – hierie incorporate die concept van sound mind en sound body. En dan is seni – om die “art” van silat te perform – baie important. Traditional costumes en music wat mettie stylised moves en artistic techniques vannie martial art saam gaan, herrit ’n internationally recognised form of choreography gemaak. Silat is oek gebruik in baie events as part vannie Malay custom, soes weddings en royal occasions.

Jou online Arabiese calligraphy klasse is in full swing! Ve’tel ôs meer oorie Naskh script en hoekom Islamic penmanship belangrik is. Waa kannie public jou art view?

Ek het die basics vannie Riq’ah script geleer byrie Abu Nour University in Damaskus van 2002 tot 2003; since daai tyd het ek Arabic calligraphy gedoen. In 2009 het ’n familievriend, dr Sulaiman Nordien, vi my die Naskh script geleer. Ek het verlief geraak mettie beauty en elegance vannie script, want ek’t gewiet dat dit is die chosen script virrie skrywery en printing vannie Qur’an. Ôse Prophet Muhammad (SAW) konnie geskryf’t of gelees’tie. Wanner die Qur’an revealed was deur die Engel Jibreel (Gabriël), het Prophet Muhammad (SAW) ’n paa calligraphers appoint van sy sahaabah (Arabies vir “heilige metgeselle”) ommie verses vannie Qur’an deur hom te transcribe. Prophet Muhammad (SAW) se niggie, Sayyidina Ali (RA), en sy seuns was brilliant calligraphers and hulle het hard gewêk om oek die Qur’an te transcribe en copies vannie Qur’an te maak (in daai tyd was daa nie ’n photocopy machine nie!). Hy (SAW) het vi ôs encourage om ôse kinners calligraphy te leer. Hy (SAW) het gesê: “Honour your children with the knowledge of script/writing, as it is of the most important matters, and brings the greatest joy.”

Die Qur’an het ’n hele chapter genoem Al-Qalam (Arabies vi “Die pen”), en innie ee’ste chapter vannie Heilige Qur’an, Al-Alaq, Allah sê vi ôs dat Hy is “The One who taught by the pen” (Qur’an, 96:4). In ’n Hadith (direk woorde deur Prophet Muhammad (SAW)), dit is oek stated dat die heel ee’ste ding created deur Allah is die pen, en dat Prophet Idrees (AS) (Enoch) wassie ee’ste persoon wat kon skryf.

Calligraphy was oek developed oo die centuries van ’n Qur’anic script in verskillende anner scripts. ’n 10th-century Abbasid Vizier, genoem Ibn Muqlah, was responsible vi die compilation van die ses styles van Arabies calligraphy, bekend as die Aqlaam assittah, en oek as die proportionate scripts, Khatt Al-Mansub. Die ses styles is: Naskh en Thuluth, Muhaqqaq en Rayhaani, en Tawqi’ en Riq’ah. Ibn Muqlah het innie moeilikheid beland mettie government en het innie tronk beland en was later ve’moo. Sy wêk was revived deur sy dogter, sy anner studente en later deur Ibn Al-Bawwaab en Yagut Al-musta’simi. Hierie drie mense issie key figures innie development vannie Arabic script soes ôs dit vandag ken.

Sien die latest van Faheem se calligraphy klasse op sy YouTube en Instagram platforms!

Ek leer nou introductory calligraphy workshops en courses vanaf 2017 want ek wou Dr Sulaiman en sy calligraphy circle van 30 jare se groundwork continue. Om meer te leer oo my en wat ek doen, djy kan vi my op social media follow.

Calligraphy deur Faheem Jackson

Jou Arabiese skryfklasse include oek hoe om soes Tuan Guru te skryf. Hoekom is Tuan Guru, en sy handskrif, belangrik in Islamic geskiedenis in Suid-Afrika?

Ek het ’n Zoom-klas begin tydens die pandemic. Oppie oomblik leer ek nie die Tuan Guru script nie, maa ek wêk op ’n method om dit te leer en vi anners te leer, Inshallah. Tuan Guru se handskrif was unique, en soes ôs wiet, was hy ’n Indonesian political prisoner innie 18de century op Robben Island. Wanner hy innie tronk was, het hy vyf copies vannie Qur’an heeltemal van memory geskryf – een van hierie Qur’ans is op display byrie Auwal Masiet in Dorpstraat, Bo-Kaap, waa Tuan Guru die ees’te imam in 1794 gewies’t. ’n Boek is geskryf deur Shafiq Morton, From the Spice Islands to Cape Town: The life and times of Tuan Guru, en is available by verskillende boekwinkels.

Arabic Calligraphers South Africa (ACSA) was in 2018 gevorm deur calligraphy enthusiasts om die preservation van Arabic calligraphy te spread. Een van ôse objectives is om te develop ’n unique Suid-Afrikaanse Arabic script en illumination designs based op ôse history en culture. Tuan Guru se calligraphic style was chosen as ’n standing point waa hierrie objectives kan vêder developed kan wôd. Ek is ’n founding member van ACSA en ek speel ’n leading role met hierie objectives saam’t ’n senior member, Mahmudah Begum Jaffer, die creator van Islamic Line Design (ILD). Die ACSA website is nog under construction, maa jy kan nog altyd die website visit vi basic information.

Djy is oek ’n member van South African Malay/Muslim Ancestors op Facebook, ’n private groep waar kennis versprei wôd oorie origins van Malay Muslims in Malaysia en Indonesia. Hoekom issit belangrik om jou geskiedenis te ken tydens die post-colonial Suid-Afrika?

Ek het altyd ’n keen interest gehad in history en culture. History sê vi ôs vannie happenings of the past soerat ôs kan leer uit die foute van anners, en om ôse eie conditions te improve. As djy nie jou history en roots kennie, djy sal ve’loo raak! Jou culture en religion is dinge wat jou help om jou chosen path innie liewe te vind. Wanner ôs oorie history van marginalised communities rondommie wêreld lees, ennie after-effects wat slavery, colonialism en apartheid op hulle gehad’t, dit gie my ’n sense of determination as iemand wat sy freedom het ommit nooit met my familie of community te lat gebeur’ie. Ek het silat geleer want ek wil geleer’t meer oo Malay language en culture en om te help revive dit wat ve’loor geraak’t innie Cape Malay community oorie jare. Daa is soeveel wat iemand kan lee net van silat, want djy leer die Adat Melayu (Indonesian vir “Malay customs”) ennie Malay terminology. My interest in silat het gelei tot my interest in Jawi; part van ôse skool logo was geskryf mettie Jawi script. Dan het ek uitgevind dat baie manuscripts deur Tuan Guru, of sy predecessors en contemporaries, geskryf was – in albei Arabies en in Jawi. Jawi is die written form van Bahasa Melayu of Indonesian, met ’n Arabies script maar met additional karakters om te compensate virrie various sounds wat djy nie in Arabic kan vind nie.

Ôs het oek die messangs (Indonesian vir “boodskappe”) byrie ee’ste cemetery in Bo-Kaap – die Tana Baru Cemetery – gesien met Jawi inscriptions. Dit provide ’n window into the past en wys vi ôs dat die slaves, wat hier gebring was, was ’n well-educated community en het ôs gelos met ’n groot legacy. Die enigste way hoe ôs justice kan doen aan hierie legacy is om te continue te pursue die path of knowledge om ôse hidden treasures te unearth. Om Arabiese calligraphy te doen was ’n similar storie. Dit was nie ’n common practice in Kaapstad nie en ek’t gevoel dat as ek iets vir anners leer wat ek baie goed ken, dit sal help om awareness te skep oorie great traditions van Islamic arts en culture wat die community kan uplift. Die groot Islamic empires het tot ’n einde gekom, maarie beauty vannie Deen (Arabies vi “religion”) hettie ve’dwyn nie. Daai gebeur want daa was altyd knowledgeable en sincere mense wat willing was om hulle tyd en liewens te sacrifice virrie onthalwe van hierie sacred trust te uphold. Ôs moet strive om te loep in hulle footsteps en nooit ôse heritage, religion en culture ve’loor nie.

Sê vir ôs jou favourite Cape Malay / Indonesian uitdrukking, en jou favourite Kaapse Muslim of Malay custom.

My favourite Malay/Indonesian uitdrukking is “Lambat tapi selamat” wat bedoel “slowly but surely”. Ôs moet enige task, skill en knowledge approach in bite-sized chunks en ôs moet nooit rush nie net om moeg te raak, en uiteindelik op te gie. Hierie reminder tie in met ’n anner Hadith deur Prophet Muhammad (SAW): “Take up good deeds only as much as you are able, for the best deeds are those done regularly even if they are few.” My favourite Cape custom is Moulud, die birthday celebration van Prophet Muhammad (SAW). Die beautiful decorations innie masiet, die fragrant aroma vannie rampies (suurlemoenblare) ennie melodies vannie salawaat (Arabies vi “groete”) – alles maak vi my ’n proud Cape Muslim.

  • Photo cred: Faheem Jackson

Lees ook:

Barakat – ’n film review van ’n Cape-Malay perspective

Tuan Guru en die aartappelboer – oor Afrikaans en versoening

Gewone lesers aan die Kaap, c. 1680 tot 1850

Persvrystelling: Taalmonument vereer skrywers van nuwe Arabies-Afrikaanse werke | Taalmonument honours writers of new Arabic-Afrikaans works

Wenners van die Arabies-Afrikaans-kompetisie bekend

The post ’n Dialogue met Faheem Jackson: Silat, calligraphy en all things Malay-Indonesian appeared first on LitNet.


Wiskunde met LitNet-video: Graad 9, gelykvormigheid

Fresh off the press: Black consciousness by Hlumelo Biko

$
0
0

Black consciousness
Hlumelo Biko

Publisher: Jonathan Ball
ISBN: 9781776190447

In 1968, two young medical students, Steve Biko and Mamphela Ramphele, fell in love while dreaming of a life free from oppression and racial discrimination. Their love story is also the story of the founding of the Black Consciousness Movement (BCM) by a group of 15 principled and ambitious students at the University of Natal in Durban in the early 1970s.

In this deeply personal book, Hlumelo Biko, who was born of Steve and Mamphela’s union, movingly recounts his parents’ love story and how the BCM’s message of black self-love and self-reliance helped to change the course of South African history.

Based on interviews with some of the BCM’s founding members, Black consciousness describes the early years of the movement in vivid detail and sets out its guiding principles around a positive black identity, black theology and the practice of Ubuntu through community-based programmes.

In spiritual conversation with his father, Hlumelo re-examines what it takes to live a Black Consciousness life in today’s South Africa. He also explains why he believes his father – who was brutally murdered by the apartheid police in 1977 – would have supported true radical economic transformation if he were alive today.

The post Fresh off the press: <i>Black consciousness</i> by Hlumelo Biko appeared first on LitNet.

Pharos Woordeboeke en alle Suid-Afrikaanse tale as nasionale bate: ’n onderhoud

$
0
0

Annemie Stoman en Delana Fourie (foto’s: verskaf)

Kort voor Erfenisdag praat Annemie Stoman, Hoof: Pharos woordeboeke, en Delana Fourie, Senior leksikograaf, met Naomi Meyer oor die nege afsonderlike gedrukte woordeboeke wat Pharos in nege van die Suid-Afrikaanse landstale publiseer.

Annemie en Delana, Pharos is bekend vir sy tweetalige Afrikaans-Engels-woordeboeke.  Ek sien dat Pharos onlangs woordeboeke vir nog Suid- Afrikaanse tale begin publiseer het. Sal julle asseblief iets hiervan vertel? Watter faktore beïnvloed watter woordeboeke uitgegee word?

Pharos Woordeboeke het sedert ons ontstaan in 1996 etlike ouer woordeboeke in sommige van die Afrikatale by ander uitgewers oorgeneem. Hierdie woordeboeke is destyds deur verskeie toegewyde akademici saamgestel. Ons wou altyd graag méér tweetalige woordeboeke in al nege Afrikatale uitgee, veral in die sogenaamde kleiner tale, soos Ndebele, Venda, Swazi en Tsonga.

.........

In 2015 het ons ’n baanbrekende veeltalige woordeboek, die South African Multilingual Dictionary, uitgegee. Dit is die eerste woordeboek waarin interaktiewe vertalings vir al elf amptelike tale van Suid-Afrika in een volume verskaf word. Dit beteken dat gebruikers vertalings na en van enige van die elf tale kan naslaan – Engels is die alfabetiese brontaal, en wanneer die Engelse woord nageslaan word, verskyn al tien vertalings by dié inskrywing.

...........

In 2015 het ons ’n baanbrekende veeltalige woordeboek, die South African Multilingual Dictionary, uitgegee. Dit is die eerste woordeboek waarin interaktiewe vertalings vir al elf amptelike tale van Suid-Afrika in een volume verskaf word. Dit beteken dat gebruikers vertalings na en van enige van die elf tale kan naslaan – Engels is die alfabetiese brontaal, en wanneer die Engelse woord nageslaan word, verskyn al tien vertalings by dié inskrywing.

Deur marknavorsing het ons tot die gevolgtrekking gekom dat daar ʼn behoefte by sprekers van al ons tale is vir tweetalige woordeboeke in Engels en die Afrikatale, en die produk is uiteindelik hierdie unieke tweetalige Pharos-reeks van Afrikataal-woordeboeke op intreevlak.

Ons het elke taal uit die South African Multilingual Dictionary naas Engels geïsoleer in nege afsonderlike gedrukte woordeboeke, en daarom bied elkeen van die nege nuwe tweetalige woordeboeke dieselfde inligting. Die vier “kleiner tale” dra dus ewe veel gewig as die ander vyf, met dieselfde getal mees frekwente woorde en vertalings in elkeen van die woordeboeke.

Waarom is dit vir julle belangrik om woordeboeke vir al die amptelike tale in ons land uit te gee? Wat is julle visie met hierdie woordeboeke?

Pharos ondersteun die regering se standpunt ingevolge die nuwe Grondwet dat Suid-Afrika se kulturele diversiteit ’n waardevolle nasionale bate is en daarom onder meer die taak het om meertaligheid, die ontwikkeling van die amptelike tale en respek vir alle tale wat in die land gebruik word te bevorder. Hierdie benadering strook met die feit dat sowel sosiale as individuele meertaligheid vandag die wêreldwye norm is, veral op die vasteland van Afrika. As sodanig veronderstel dit dat die aanleer van meer as een taal algemene praktyk en ‘n beginsel in ons samelewing moet wees.

........

Pharos ondersteun die regering se standpunt ingevolge die nuwe Grondwet dat Suid-Afrika se kulturele diversiteit ’n waardevolle nasionale bate is en daarom onder meer die taak het om meertaligheid, die ontwikkeling van die amptelike tale en respek vir alle tale wat in die land gebruik word te bevorder.

.........

Ons visie met hierdie nuwe reeks tweetalige woordeboeke is verder die ondersteuning van die Departement van Basiese Onderwys se Taal-in-Onderwys-beleid om al elf amptelike tale te ontwikkel, meertaligheid in Suid-Afrika te bevorder en die onderrig en aanleer van al ons tale te vergemaklik. Die onderliggende beginsel is om taalgebruikers se huistaal te handhaaf terwyl toegang tot en effektiewe aanleer van addisionele tale gebied word.

Wie is die teikenmark vir hierdie unieke reeks tweetalige woordeboeke?

Hierdie nege woordeboeke is ons intreevlakreeks vir tweetalige woordeboeke vir Engels en ons nege amptelike Afrikatale. Die woordeboeke is geskik vir beide moedertaalsprekers en tweedetaalsprekers wat ’n addisionele taal wil aanleer:

  • Engels- of Afrikaanssprekers wat een van die nege Afrikatale wil aanleer
  • Moedertaalsprekers en aanleerders van ’n Afrikataal op soek na die regte vertaling in Engels.

Die reeks is ideaal vir gebruik in skole in verskillende grade in die Intermediêre Fase, Senior Fase of VOO-fase, en selfs op tersiêre vlak vir studente wat ‘n bepaalde Afrikataal vir die eerste keer aanleer.

Die woordeboeke kan ook in die werkplek, deur toeriste of enigiemand wat graag ʼn Afrikataal wil aanleer, gebruik word.

Hoe het julle die omvangryke navorsing vir elkeen van die nuwe woordeboeke gedoen? Hoe word die woorde wat opgeneem word, gekies en hoe verloop die proses om die woordeboeke te skep?

Leksikografie (die skryf van woordeboeke) is ’n baie gespesialiseerde praktyk in taalkunde en vertaling wat spesialiskundigheid en -vaardighede verg, asook die gebruik van spesiale woordeboeksagteware. Daar is min leksikograwe in die land, en baie min wat in die Afrikatale spesialiseer.

Woordeboekskrywers werk met ’n korpus, dit wil sê ’n groot databasis van tekste en woorde wat deur die teikengroep gebruik word. Eerstens is ’n frekwensielys van die mees gebruikte woorde asook hedendaagse tegniese terme in Engels saamgestel. Om te bepaal watter woorde in die woordeboek opgeneem gaan word, word daar dus na die gebruiksvoorkoms (of frekwensie) van elke woord gekyk. Vir hierdie projek is die woorde in Engels in spesiale woordeboeksagteware ingevoer en alfabeties georden. Eenvoudige definisies en beskrywings is vir elke Engelse trefwoord geskryf om leiding aan die gebruiker te gee.

Die navorsing en skryfwerk in die Afrikatale is deur ’n uitgebreide span taalkundiges en taalpraktisyns gedoen. Die ontwikkeling van elkeen van die projekte is deur ’n kundige projekleier gekoördineer sodat dieselfde inligting uiteindelik in elkeen van die nege woordeboeke weerspieël kon word. Die vertalings in die nege Afrikatale is deur moedertaalsprekers van elke taal verskaf. Die kwaliteit en betroubaarheid daarvan is deur ’n span proeflesers, wat self elkeen ’n moedertaalspreker van een van die amptelike Suid-Afrikaanse tale is, bevestig.

Daar word so baie tale in Suid-Afrika gepraat en elke taal se sprekers het streeksdialekte. Hoe word bepaal wat byvoorbeeld Standaardxhosa is? En wat van leenwoorde uit Afrikaans en Engels – word dit in die woordeboeke opgeneem?

Dit is weliswaar ʼn tameletjie wat betref die Afrikatale. Die proses van standaardisering en normering van enige taal is ʼn uitgerekte proses.

.......

In Afrikaans het ons byvoorbeeld ʼn standaardiseringsproses wat oor sowat 150 jaar strek, die Afrikaanse woordelys en spelreëls, wat dié normeringsbron vir Afrikaans is, en ʼn Taalkommissie wat onvermoeid daaraan werk om Standaardafrikaans te bereël en die taal- en spelreëls by te werk. Nuwe woorde in die niestandaardvariëteite word ook opgeteken en by die woordelysgedeelte bygewerk.

.........

In Afrikaans het ons byvoorbeeld ʼn standaardiseringsproses wat oor sowat 150 jaar strek, die Afrikaanse woordelys en spelreëls, wat dié normeringsbron vir Afrikaans is, en ʼn Taalkommissie wat onvermoeid daaraan werk om Standaardafrikaans te bereël en die taal- en spelreëls by te werk. Nuwe woorde in die niestandaardvariëteite word ook opgeteken en by die woordelysgedeelte bygewerk.

Dit is nie die geval met die nege Afrikatale nie. Daar bestaan taalrade vir elke taal, en daar moet deur ʼn lang proses besluit word watter woorde die norm in elke taal weerspieël. Verder bestaan duisende woorde nie in die Afrikatale nie, en moet daar woorde of terme geskep word om nuwe konsepte te benoem. Talle woorde word uit Afrikaans en Engels as leenwoorde oorgeneem en moet dan in elke spesifieke Afrikataal se ortografie binne hul woordklankstelsel getranskribeer word. In die stede vind baie meer taalbeïnvloeding tussen die Afrikatale asook met Afrikaans en Engels plaas, terwyl daar in die landelike dele weer meer suiwer gepraat word. Terselfdertyd word sommige terme nie juis in meer landelike dele gebruik nie, en daarom skep stedelinge vinnig nuwe woorde of leen soos nodig.

Vir hierdie reeks woordeboeke is baie moeite gedoen om vertalings te gee wat die suiwer Afrikataal weergee, maar soms word die leenwoord in sy aanvaarde Afrikataal-spelvorm ook gegee. In die English-Sesotho-woordeboek kry ons byvoorbeeld setlankana én resiti as vertalings vir receipt, en aan die Sotho-kant is byvoorbeeld resiti ya ho reka (letterlik “strokie/bewys van om te koop”) opgeneem:

Hier is nog voorbeelde waar die spelling aangepas is.

Xhosa ontleen aan Afrikaans vir baadjie en komkommer:

Venda ontleen aan Engels vir computer en kombineer Venda en Engels vir community centre:

Ndebele gee die suiwer vertaling sowel as die Engelse leenwoord vir biography, en Noord-Sotho (Sepedi) vir project:

Wat kan gebruikers verwag om te sien wanneer hulle woorde naslaan?

Elke woordeboek bevat ongeveer 4 000 woorde wat gereeld gebruik word en die vertalings daarvan, die woordsoorte asook definisies van elke trefwoord in Engels aan albei kante van die woordeboek. Die woordeboeke is eenvoudig en gebruikersvriendelik uitgelê en dra by tot woordeskatuitbreiding en korrekte taalgebruik.  

In die eerste deel van elk van die nege woordeboeke is Engels die alfabetiese brontaal, en die vertalings is in die Afrikataal. In die tweede deel van die woordeboek is die Afrikataal die alfabetiese brontaal met die vertalings in Engels. Hier is ʼn voorbeeld uit English-Setswana en Xitsonga-English:

Agterin elke woordeboek word ’n nuttige gedeelte met alledaagse frases in Engels gegee – hier kry die gebruiker uitdrukkings en vrae wat in daaglikse omgang gebruik word, byvoorbeeld vir kommunikasie ten opsigte van groetvorme, aanwysings, verblyfplek of noodsituasies. Hier is enkele voorbeelde uit English-IsiZulu:

en English-SiSwati:

Is die gedrukte woordeboeke geredelik beskikbaar vir skole, onderwysers, studente, ouers, tuisleerders en ander belangstellendes?

Die reeks woordeboeke is by alle goeie boekhandelaars beskikbaar. Indien taalgebruikers ʼn spesifieke woordeboek nie in hul omgewing te koop kry nie, kan die handelaar dit vir hulle bestel.

Is hierdie reeks Afrikataal-woordeboeke ook digitaal op PharosAanlyn beskikbaar?

Pharos bied die vertalings van al nege Afrikataal-woordeboeke soos hulle in die afsonderlike gedrukte boeke verskyn as een inskrywing op PharosAanlyn aan. Enige woord in enige van die nege woordeboeke wat op PharosAanlyn nageslaan word, sal dus in al elf tale (Afrikaans ingesluit) as resultaat weergegee word. Die definisie of omskrywing word in Engels gegee.

Hier is ʼn voorbeeld van wat aanlyn verskyn as die gebruiker die woord kultuur of culture op PharosAanlyn intik – die Engelse woord en omskrywing gevolg deur die ander 10 tale se vertalings:

culture customs of a group
Afrikaans: kultuur
isiNdebele: isiko
isiXhosa: inkcubeko
isiZulu: amasiko
Sepedi: setšo
Sesotho: setso
Setswana: setso
SiSwati: lisiko
Tshivenḓa: mvelele
Xitsonga: mfuwo

Is daar verskillende intekenopsies op PharosAanlyn?

PharosAanlyn is teen ’n jaarlikse intekenfooi beskikbaar. Daar is verskeie intekenopsies, byvoorbeeld vir ’n enkelgebruiker, vir maatskappye wat hul werknemers toegang tot woordeboeke wil gee, en ’n spesiale pakket vir skole.

Die baie bekostigbare skolepakket bied vir onderwysers en leerders toegang tot 13 algemene en skoolwoordeboeke in al elf tale, waaronder die Pharos Tweetalige skoolwoordeboek – Afrikaans/Engels, die South African Multilingual Dictionary, Popular Northern Sotho (Kriel, Prinsloo en Sathekge), Pharos English-Xhosa en Pharos Afrikaans-Xhosa.

Meer inligting kan direk op die PharosAanlyn-webwerf verkry word by  www.pharosaanlyn.co.za/produkte, of skryf aan sales@pharosonline.co.za.

Al die PharosAanlyn-woordeboeke kan vir 14 dae gratis op die proef gestel word . Meld hiervoor aan by www.pharosaanlyn.co.za/proefloop.

Ons PharosAanlyn-verkopespan staan altyd gereed met hulp aan intekenaars om die meeste nut uit die elektroniese woordeboeke te kry.

Lees ook:

Die aap is uit die mou: Pharos se skoolwoordeboeke sal iets vir elke kind beteken

"Reken op ons woord": ’n onderhoud oor Pharos-woordeboeke

Pharos Afrikaansgids deur Nicol Faasen: ’n resensie

 

 

 

 

The post Pharos Woordeboeke en alle Suid-Afrikaanse tale as nasionale bate: ’n onderhoud appeared first on LitNet.

LitNet: Die taal wat ons erf

Die Cape Muslim Heritage Art Exhibition is ’n must-see vi alle Suid-Afrikaners

$
0
0
.....
Waa kuns en history opportunities present vi cultural awareness en employment
.....

Die Cape Muslim Heritage Art Exhibition byrie Castle of Good Hope in Kaapstad is ’n sensory experience of note vi history lovers en celebrators wat ’n trip down memory lane wil gaan tydens Heritage Month 2021, of as hulle ’n window wil kry narrie areas of heritage wat voo baie van ôse tyd gebeur’t. In ’n series van kamers is daai artworks, photographs, boeke en displays, besit deur Igshaan Higgins, wat vi jou op ’n journey vat van past tot present. Daa’s even ’n hele kamer specially put aside vi photo collages van District Six, mosques vannie Bo-Kaap en Walmer Estate, en highlights vannie Klopse en Malay choir traditions.

Ek was gelukkig om ’n hele paa dae byrie exhibition te spend, en het toevallig vi Igshaan ontmoet, ’n lawyer in Kaapstad wat baie passionate is oo kuns, history en people. (Ek het eintlik vi hom ee’ste in Mekka ontmoet met my ouers in 2014!) Hy’t baie gepraat oorie importance van history wat nie net in academia moet gelee wôd nie, en ek stem heeltemal saam! Ôs ve’staanie hoe ôs contribute tot ’n classist society en onnorige exclusivity wanner ôs history hou net tussen’ie boundaries van ’n boek of ’n thesis nie of ’n university klaskamer – ve’staan ôs dattie educated population consist nie vannie hele Suid-Afrika nie? En in ’n wêreld waa inequality al klaa exist, issit ’n groot injustice om nie ôse cultural history te deel met mense oppie grond nie. Kuns is ’n beter manie om hierie goal te achieve want kuns vra nie vi academic requirements voo’dat djyrie kuns kan engage nie – dis as simple as using your five senses to engage with the story. Ek wil baie slamat en tramakassie vir Igshaan Higgins sê dat hy hierie concept baie goed ve’staan en ’n twiede step gevat’t en die art collections bymekaar oorie jare gesirrit en mettie res van ôs kan deel.

Ek wil graag hê dat hierie exhibition moet ’n call-out wies vi visual artists wat employment kan vind in government en heritage sectors dee hulle kuns skills te gebruik virrie purpose van cultural preservation. Die City of Cape Town is ’n avid supporter en funder of the arts. In Junie 2021 het hulle business workshops vi visual artists gehou, en hulle het oek die “How to make a musical masterclass” met David Kramer ennie Baxter Theatre gefund, die course wat ek in 2019 gedoen’t, soewel as baie anner arts programmes soes die Young Cape Muslim Cultural Showcase met Voice of the Cape radio station waarop ek nou ’n judge en mentor is virrie poetry / spoken word category. Die entertainment industry issie die enigste way hoe artists visible kan wies nie. Dis oek belangrik om in service te wees, en as daa government-based establishments is om hierie path te support, dan moet ôse visual artists advantage daa’van vat.

All in all hettie exhibition vi my heeltemal ingevat. Ek wil simply die hele ding oo en oo gesien’t – vannie photo van Sheikh Yusuf van Macassar tot Saartjie Van De Kaap se jewellery box. Oppie twiede of derde dag het Igshaan vi my innie laaste kamer gevind, die ene mettie artworks vannie anti-apartheid activists soes Ahmed Kathrada, en vi my gesê: “Djy kyk diep!” My response was: “The only way I know how!” Die paintings in particular, die enes vannie mosques ennie aunties en boeyas mettie midowrahs en rooi kufias op hulle koppe (daai’s hoe ôse elders aangetrek’t wanner hulle t’rug van Makkah gekom’t) het baie met my gepraat. Daa was oek mannequins, Klopse outfits, Malay choir attire en instruments op display – ek het die silk outfits vannie Klopse dee my vingers ge’run ommie memories en rhythm vannie hierie musical traditions in te vat.

Die Cape Muslim Heritage Art Exhibition is available vi viewing byrie Castle of Good Hope in Darling- en Buitenkantstraat, Kaapstad. Ek encourage Suid-Afrikaners van alle backgrounds en cultures om hierie display te gaan visit vir Heritage Month.

The post Die Cape Muslim Heritage Art Exhibition is ’n must-see vi alle Suid-Afrikaners appeared first on LitNet.

Franz Marx: Hoeveel mense het jou “mentor” genoem?

$
0
0

Foto: Izak de Vries

Ek was 23 jaar oud toe Franz Marx my toekoms heeltemal verander het. Hy kon baie verder as ek sien. In 1979 was ek vars uit die universiteit en pas deur Pieter Fourie by Kruik se hooftoneelgeselskap aangestel. ’n Stewige kontrak het my die sekuriteit van ’n vaste werk vir ’n hele paar jaar verseker; ek was in die wolke oor die aanstelling. Ons het in daardie dae twee toneelstukke in repertoire opgevoer vir die eerste ses maande van die jaar, dan kry ons ’n kort vakansie en keer terug vir die volgende twee toneelstukke vir die res van die jaar.

Die eerste helfte van daardie jaar het vinnig gevlieg en na die vakansie het ons in aller yl begin repeteer aan Anastasia vir die tweede helfte van die jaar. Ek was skaars ’n week daar toe Pieter my wou spreek. Hy het ’n oproep van Franz Marx ontvang. Franz het my die hoofrol in ’n film aangebied en Pieter het sonder om twee keer te dink, kontrak of te not, vir my gesê: “Gaan, vlieg, die wêreld wag vir jou.”

Ek het jare later vir Franz gevra hoe hy dit kon regkry om my uit daardie kontrak te bevry. Sy antwoord was: “Ek het vir Pieter gesê ek kan baie meer vir jou doen as hy.” En Franz het.

So beland ek in Johannesburg, ’n groentjie van 23, in die hoofrol van Franz se film Pasgetroud. Hy het my touwys en gerus gemaak as ek onbeholpe gevoel het voor die kameras, hy was só vol grappe en só slim. Franz was geniaal. Vlymskerp. Gulhartig.

Eendag, toe ons vir middagete breek, roep hy my eenkant. Hy het vir my ’n oudisie vir ’n musiekblyspel gereël, sê hy. By die Stadskouburg. Dis ’n groot produksie vir Truk en hy sal my vat. Ek het heftig geprotesteer – ek is ’n aktrise, ek het geen sangopleiding nie, sê ek – ek sal mos nooit werk in so ’n ding nie, my stem sal dit nie hou nie. “Basta,” sê Franz, “jy sal nooit weet as jy nie probeer nie.”

Om alles te kroon neem hy my die volgende week na ’n boetiek en koop vir my klere vir die oudisie. Leggings en ’n toppie wat jy op die heup knoop, rooi  stewels en oorbelle.

Franz het my vir die oudisie kom haal. Onderweg het hy my die leviete voorgelees – dat ek moet glo in myself, dat my toekoms blink voor my lê en dat ek my eie grootste vyand is met al die gemoun en “ek kan nie”.

Hy het nooit doekies omgedraai nie. Hy het my ook oortuig (baie wyslik) dat ek te jonk was om verloof te wees – daar was te veel dinge wat voorlê, al kon ek nie op daardie oomblik dink aan wat dit nou eintlik kon wees nie.

Jy kon baie verder as ek sien, liewe Franz.

Dit was Franz wat my gebel het om te sê ek het nié die hoofrol in die Truk-produksie gekry nie, maar Nick Taylor was in die teater tydens my oudisie en wil my graag die hoofrol in sy musiekblyspel Christian aanbied.

Die res is geskiedenis. Franz, jy het die deur vir my oopgemaak, jy het die weg berei.

Ons het mekaar vir jare nie gesien nie, maar ek het gesien hoe jy skep en skryf en vreugde bring met Agter elke man, Egoli en soveel meer.

Hoeveel mense in die bedryf het jou “mentor” genoem? Jy het die deur vir ontelbare mense in ons bedryf oopgemaak. Akteurs, regisseurs, noem maar op.

Tog was jy uiters privaat en het met die jare al hoe meer kluisenaar geword. Die eerste keer wat jy in die gehoor was tydens een van my optredes, was in Mei 2014, Stellenbosch, by Aan de Braak met ’n Vuur gevang in Glas.

Dit was wonderlik om jou weer te sien, jou te hoor sê: “Jy is briljant; Hennie kan met reg trots wees op jou.” Komende van jou, was dit ’n groot kompliment.

Nou is jy én Hennie weg – maar die spore wat julle in my lewe gelaat het, kan geen wind wegwaai nie.

Rus in vrede, liewe Franz. “Ek weet nie hoekom ek so moet suffer nie,” aldus tannie Stienie in Agter elke man.

Nooit, nooit vergete.

The post Franz Marx: Hoeveel mense het jou “mentor” genoem? appeared first on LitNet.

Bait – to catch a killer by Janine Lazarus: a book review

$
0
0

Bait – to catch a killer
Janine Lazarus
NB Publishers
ISBN: 9781990973345

  • Captain Ben Booysen was the senior investigating officer in the Krugersdorp murders on which the Showmax documentary Devilsdorp was based.

First of all I want to mention that the submissions as far as the investigation of the Norwood Killer is concerned are based on what I read in the book as I was not privy to the dockets in this regard.

......

Upon reading the book and throughout reading the book the one issue that I sought substance for is the title of the book.

........

Upon reading the book and throughout reading the book the one issue that I sought substance for is the title of the book. The title is based on one night that the author was used as “bait” and the fact that the Murder and Robbery Squad was using her apartment (flat) as some JOCC (joint operations command centre) during a period of their investigation. Unfortunately it is my submission that the author was just used by this squad and that nothing they were doing there ultimately led to the arrest of Geldenhuys. This is supported by the fact that the very morning after the author’s night on the street the squad moved out and nothing else transpired. If this had indeed been done to lure the suspect based on the modus operandi they would have stayed on to see if the suspect came to the flat after he noticed her on the street. Unfortunately the author did not recognise this for what it was.

It is also my view after reading this book that a more suitable title for the book would rather have been Queen of sleaze, my years as crime reporter. I could not find any positive indication in the book that whatever the author did with or without the Murder and Robbery Squad during 1992 actually contributed to the arrest of Geldenhuys. The story line of the book jumps in between the Norwood killer’s three scenes that took place in Norwood precinct and then randomly the career of the author during, before and after, and only at the end of the book the chapters which I would have thought should have covered the contents of the whole book appeared.

I am also not convinced that the author had an obsession with Geldenhuys. From the first chapter of the book it was clear that whatever the author did pertaining to the Norwood killer had been initiated and sparked by her conversation with her editor accusing her of dropping the ball on a serial killer case and that the author, being the dedicated journalist, had not taken kindly to this criticism and that is what drove her to do what she did. Thereafter each and every career decision she made was clearly based on her financial need because of her savings being depleted. If she was indeed infatuated and obsessed with Geldenhuys she would have followed his term in prison and kept tabs on him as I have seen in my career with many journalists. But instead, the only times her path ever crossed again with that of Geldenhuys was when she was called by someone informing her of his parole applications, and if this did not take place she would have proceeded on her path uninterrupted. A person with an obsession would have pursued his family (not turned away when she had the opportunity to meet with the mother of a serial killer), his colleagues (being a police official it would not have been difficult), his initial fiancé (especially taking into account that his demeanour was identified as that of a person who had difficulties in relationships), and so forth. Only in the end, when the author is given the task of researching Geldenhuys because of her previous interaction with him and the series they were working on, did she dig deeper into what made him what he was.

To compare her first meeting with Geldenhuys in the cells of the Supreme Court to the scene from Silence of the lambs is like comparing an episode of Big Fat Gypsy Weddings to the live broadcast of a royal wedding. It simply does not compare. I got the impression that the author was trying to augment her experience instead of just portraying what had happened there, for purposes unknown to me.

The image the author portrayed of herself in the book reminded me of a young careless individual who was having a lot of fun and was not at all prepared for the world of crime and what it held. She was not equipped to deal with the consequences of her actions participating in following the SAPS doing their work, and viewed it as an adventure similar to the BBC’s girl police programme which ultimately destroyed her life and manifested each time she came into contact with Geldenhuys. She was like the proverbial moth flying too close to the flame once too many times and got burned. I do not know if she realised that during the BBC programme the careers of a few very dedicated cops were destroyed when the management saw the unauthorised footage taken and it was aired on the BBC. This I know because my wife, being a police official, was personally involved in departmental hearings of those members, and their defence was that the female recorder had promised them that the camera would be off and she would report on what they had experienced only in writing, without any footage, not knowing the camera was never turned off. This I realised only when I was reading the book. Being a retired police officer after 42 years of service I can vouch for the fact that police work is very exciting and not one day is the same as the day before and not one crime scene is the same as the one before, even if it was committed by the same perpetrator, but it comes at a price which not many could afford.

........

Being a retired police officer after 42 years of service I can vouch for the fact that police work is very exciting and not one day is the same as the day before and not one crime scene is the same as the one before, even if it was committed by the same perpetrator, but it comes at a price which not many could afford.

.........

As to the investigation conducted by the Murder and Robbery Squad, very little of which is mentioned in the book, my approach would have been to start with a process of elimination after it was realised that the suspect was possibly a police employee. For instance, each and every member who stayed in the barracks would have been working on a duty roster called the SAPS 15. If you take all the SAPS 15s of the dates of the incidents and compare them with who was on/off duty at the time of the incidents you would have narrowed them down to a specific relief or unit of which its member should have resided in the barracks. The stake-out at the author’s flat did not make sense to me, as what they did there firstly limited their point of view as to the area, and secondly, I did not read that there was any information that the suspect followed his victims into their flats and overpowered them soon after their arrival, and thus the bait they threw out also did not make sense. If the suspect was indeed staying in the barracks, surveillance of the windows of the barracks facing the street would have been more productive, especially during night times when whoever is at the barracks would have their lights on, or whoever is supposed to be home, being off duty, is not home because they are prowling the streets outside. A schematic of the barracks rooms would have told you exactly who is staying at which window, and then comparing it with the duty rosters would have given the investigating officer another picture and maybe then the methodology followed during the investigation would have been different. In addition to this, if the suspect was staying in the barracks and the crime scenes got so much attention in the newspaper as they mentioned, he would have realised they are on to him. By monitoring the comings and goings of the barracks and then all of a sudden this one police official moves out of the barracks after the third incident, if I was the investigating officer, my surveillance would have moved to the place this person is moving to and then maybe the last victim would not have died.

In another process of elimination the description of the height and build of the suspect incorrectly portrayed in the sketch might have also helped if the investigating officer had got all these particulars of the employees from HRM he had identified if he had done the on/off duty elimination process and this would also have narrowed the pool of possible suspects.

.......

Please note that no investigating officer follows the same route as another one, and my approach I have mentioned does not mean the investigators therefore did something wrong. It is rather that my methodology in identifying the suspect would have been different.

........

Please note that no investigating officer follows the same route as another one, and my approach I have mentioned does not mean the investigators therefore did something wrong. It is rather that my methodology in identifying the suspect would have been different.

Overall the book might be exciting for a person not having the background I have, but unfortunately I was not impressed and my expectations were perhaps too high.

Also read:

Devilsdorp: ’n resensie

In gesprek met Jana Marx oor rekordslaner Devilsdorp

Devilsdorp: Mystery and suspense cleverly maintained

The post <em>Bait – to catch a killer</em> by Janine Lazarus: a book review appeared first on LitNet.


Ubuntu en tegniekfilosofiese risikobepaling: plaaslike kernkragvoorsiening as diskursiewe geleier

$
0
0

Ubuntu en tegniekfilosofiese risikobepaling: plaaslike kernkragvoorsiening as diskursiewe geleier

Kristy Claassen, Departement Filosofie, Fakulteit BMS (Behavioural, Management and Social Sciences), Universiteit Twente, Nederland

LitNet Akademies Jaargang 18(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Hierdie artikel vertrek vanuit die gegewe dat Suid-Afrika se kernkragprogram oor die afgelope ses dekades tot hewige politieke en etiese debatvoering gelei het. Ten spyte van voortslepende verdeeldheid oor die risiko’s verbonde aan kernkragopwekking, blyk tegniekfilosofiese ontledings van die maatskaplike aanvaarding en etiese aanvaarbaarheid van hierdie tegnologiese ontwikkeling egter grootliks afwesig in die tersaaklike plaaslike literatuur te wees. Teen hierdie agtergrond is die oogmerk van die artikel om ’n tegniekfilosofiese ontleding te verskaf van die maatskaplike aanvaarding van en etiese aanvaarbaarheid ten opsigte van risikobepalings in plaaslike tegnologiese kontekste, met kernkragvoorsiening binne die Suid-Afrikaanse konteks as diskursiewe geleier. Hierdie ontleding lewer ’n unieke bydrae tot risikobepaling in tegnologiese kontekste deur die begrip ubuntu uit die Afrika-filosofie te gebruik om die diskursiewe vermoë van tegniekfilosofie te substansieer, met Suid-Afrikaanse kernkragopwekking as kontekstuele voorbeeldstelling. ’n Oorsig van die ontwikkeling van die kernkragdebat in Suid-Afrika word aangebied, gevolg deur ’n evaluering van die maatskaplike aanvaarding van kerntegnologie, soos tot uitdrukking gebring in die betrokke Suid-Afrikaanse literatuur. Die Nederlandse tegniekfilosoof Behnam Taebi se sesdelige definisie van en voorbehoude oor maatskaplike aanvaarding en etiese aanvaarbaarheid, asook die gebreke in gangbare risikobepalings in plaaslike tegnologiese kontekste, word gebruik om ’n unieke Suid-Afrikaanse risikobepaling aan te bied. Hierdie aanbod kontekstualiseer ubuntu as ’n outentieke partikulier-filosofiese aanspraak vanuit die Afrika-konteks om risiko’s verbonde aan plaaslike tegnologiese ontwikkelinge te ontleed.

Trefwoorde: B. Stiegler; B. Taebi; etiese aanvaarbaarheid van tegnologiese ontwikkeling; intergenerasiegeregtigheid; kernkragtegnologie in Suid-Afrika; Koeberg-kernkragsentrale; maatskaplike aanvaarding van tegnologiese ontwikkeling; L. Praeg; M. Foucault; M.B. Ramose; risikofilosofie; risikobepaling in tegnologiese kontekste; tegniekfilosofie; T. Metz; ubuntu; umuntu

 

Abstract

Ubuntu and risk evaluation in philosophy of technology: local nuclear power provision as discursive conductor

Humanity has, in our age, clearly departed from the Eden-like geographical epoch known as the Holocene. Human activity has now become a geological force in itself that threatens the existence of all life on earth. For the past two decades the notion of the Anthropocene has served as a conceptual tool within a myriad of disciplines as we grapple with humanity’s new situatedness in a world of its own brave yet destructive making. A major consideration within this epoch is how humanity’s ever-increasing need for energy can be met. While the Anthropocene is a planetary crisis, the importance of localised spheres of resistance is becoming apparent. South Africa’s nuclear energy programme falls within this scope of finding ways in which to meet the energy needs of communities while remaining cognisant of the impact that these technologies may have on the earth. While localised responses to the crises of the Anthropocene are crucial to sustaining life in this epoch, the question now turns to how these innovations can be responsibly employed in localised contexts. One such global innovation that is now being employed in the localised South African context is that of nuclear power.

The South African nuclear power programme has spanned decades of contentious political and ethical debate. One of the ways in which this contentious issue can be framed is through the interdisciplinary lens of the philosophy of risk. In this particular context there is a probability that undesirable events can transpire as a result of the implementation of the technology. On the other hand, undesirable events such as the increased reliance on unsustainable fossil energy sources could occur should the risk of implementing nuclear power not be taken. The introduction of new nuclear power plants and the infrastructure needed to support it necessitates that the South African public evaluate whether the benefits of implementing these technologies outweigh the risks. The malfunctioning of nuclear power plants remains a central part of the discursive landscape as the impact of such malfunctions or meltdowns is enormous, even though such occurrences are rare in terms of the significant number of operational nuclear facilities globally. The severity of incidents such as the ones at Chernobyl and Fukushima influences, and perhaps skews, the public perception of risk. Studies on risk perception associated with nuclear power in South Africa have shown that while malfunction remains a central concern, environmental risks are also seen as central.

The positioning of possible future nuclear plants also poses economic risks to communities that are dependent on tourism. Risk assessment occurs on a variety of levels that include questions about the underlying values employed when accepting or rejecting risk, the public or private stakeholders that determine whether the risk should be taken, as well as the required evidence on which assessments are based.

To stimulate a more nuanced debate about risk acceptance within the context of nuclear energy, traditional approaches to risk can be supplemented by gauging the ethical and social acceptability of risk in the particular communities that might be affected by the proposed implementation of technologies. While the discourse surrounding nuclear power in South Africa has been controversial, the relation between the complementary notions of social and ethical acceptance of risk as understood in this context remains absent.

Delft philosopher of technology Behnam Taebi (2017) describes social acceptance as the acceptance, or often only tolerance, of new technologies in local communities whereas ethical acceptability has to do with reflection about the new technology which weighs up different moral issues that may result from the implementation of the technology in a particular community. He argues that there is an acceptance-acceptability gap that occurs when the focus is exclusively on either social acceptance or ethical acceptability without taking into account how these two modes of risk assessment interact. In order to examine how social acceptance and ethical acceptability relate to each another Taebi suggests the method of Rawlsian Wide Reflective Equilibrium. In approaching questions of risk acceptance from a position that bridges the acceptance-acceptability gap, ethical issues that may otherwise have been overlooked come to the fore. In this article the relation between social acceptance and ethical acceptability is reconsidered through the inclusion of local systems of moral thought, in this case, that of ubuntu. As will be described in this article, ubuntu is an ontological orientation that underlies the acceptance-acceptability gap within specific South African communities. An approach to risk assessment that includes this particular localised theory of morality sensitises the discourse particularly to the values of communality and intergenerational justice. While the ubuntu values presented here are exemplary of the type of values that become central in ethical decision-making when considering ubuntu thinking, they are by no means exhaustive or even representative of the range of moral questions that arise. Rather, by focusing on these specific values this paper endeavours to illustrate that there is a further gap in risk assessment that is often underrepresented, namely that of local moral systems that guide both social acceptance and ethical acceptability.

Keywords: B. Stiegler; B. Taebi; ethical acceptability of technological development; intergenerational justice; Koeberg nuclear power plant; L. Praeg; M.B. Ramose; M. Foucault; nuclear technology in South Africa; philosophy of risk; philosophy of technology; risk assessment in technological contexts; social acceptance of technological development; technological-ethical acceptability; T. Metz; ubuntu; umuntu

 

1. Inleiding: die Antroposeen en die tegniekfilosofiese “voorrang van die partikuliere”

Die skrywer van hierdie artikel1 staan in Michel Foucault (1926–1984) en Bernard Stiegler (1952–2020) se spore diep agterdogtig teenoor enige vorm van tegnologiese ontwikkeling waarin (volgens Foucault onafwendbare) “anonieme magsuitoefening en versweë maatskaplike bedreiging opgesluit is” (Beukes 2020:4). In aansluiting by juis hierdie “versweë maatskaplike bedreiging” na Foucault vind ek by Stiegler ’n hernude dringendheid in die soeke na ’n tegniekverstaan wat die eietydse (Westerse, en in besonder Eurosentriese) hegemoniese of monotegnologiese milieu teenstaan. Vir Stiegler en Ross (2020:73) lei hierdie hegemoniese greep tot ’n rasionalisering van bates wat natuurlike hulpbronne vervreem ten gunste van kulturele (uitdruklik Westerse2) belange. Dít het kenmerkend geword van verbruikersgedrewe laat kapitalisme en ontmasker die mens as patologiese agent in die epog van die Antroposeen, synde ’n kankeragtige teenwoordigheid in die biologiese lewe van die planeet self. Antroposeen verwys terminologies na die atmosferiese chemikus Paul Crutzen (2000:23) se beskrywing van die eietydse geologiese epog, waarin tegnologiese oorwegings ’n sentrale rol in die afswakking van die natuur speel. Meer direk gestel, in die geologiese en ekologiese verwoesting van die planeet speel die mens die sentrale en mees aanwysbare rol.

’n Dringende besinning oor die aftakelende praktyke van die mensheid in die eietydse Antroposeniese epog is een van die mees uitstaande kenmerke en oogmerke van eietydse tegniekfilosofie. Stiegler (2018:37) dui aan dat hierdie epog ’n vernietigende uitwerking op vele ander vorme van “ekonomiese verarming” het, onder meer psigologies, libidinaal en huishoudelik. Stiegler (2020:74) se mees onlangse werke verwys ook na die “simboliese ellende” wat op grond van die “monotegniese stelsel” ontstaan (sien Rossouw 2005:16–21). Hy bied uitdruklike voorstelle aan waarvolgens die internasionale gemeenskap vorme van “plaaslike teenstand” kan ontwikkel teen ’n laat-kapitalistiese sisteem wat onafwendbaar entropies (of natuurverswakkend) te werk gaan. Daarby wil Stiegler die impasse wat gelaat word deur die strukture van vernietiging wat met die Antroposeen geassosieer kan word, te bowe kom.

Stiegler se werk het die weg voorberei vir opkomende en opwindende tegniekfilosowe soos Yuk Hui (2017) om “tegniek” radikaal te herinterpreteer vanuit die voorrang van die plaaslike. Ook ’n uitstaande kontinentale denker soos Peter Sloterdijk herlei, in sy Sfere-trilogie (2011), posisies van weerstand konsekwent na die plaaslike, in stede van na “groot weerstandige intellektuele posisies” (sien Lemmens en Hui 2017, par. 32). Tegnologiese ontwikkelinge behoort gevolglik ver-“plasend” of lokaliserend vanuit die Europese konteks verwerk en ontleed te word eerder as om voetstoots of slegs op grond van globaliserende impakstudies wat aan juis nie-plaaslike kriteria konformeer, aanvaar te word.

Tegnologie is natuurlik en per definisie altyd rééds plaaslik of “voorhande” – of andersins wegdoenbaar. Daarom behoort die kritiese maatskaplike en etiese ontleding van tegnologiese ontwikkelinge, tot uitdrukking gebring in die dissipline tegniekfilosofie,3 na Stiegler, Foucault, Sloterdijk en die eietydse oproep na plaaslike verset, ontleed te word binne die geleefde leefwêreld (en nie ’n universele abstraksie daarvan nie). So ’n “plaaslike” verset word in hierdie artikel deur middel van die Afrikaïese begrip ubuntu tot gestalte in die verrekening daarvan binne tegniekfilosofiese konteks gebring. Die oogmerk van die artikel4 is om vanuit hierdie teen-veruniverselende (en juis teen-globaliserende) oorweging ’n unieke tegniekfilosofiese ontleding van maatskaplike en etiese risikobepalings in plaaslike tegnologiese kontekste te verskaf. Hiervoor word die aansprake van die uitdruklik plaaslike Afrika-filosofiese term ubuntu gebruik, met plaaslike kernkragvoorsiening as diskursiewe geleier.5

’n Oorsig van die ontwikkeling van die kernkragdebat in Suid-Afrika word vervolgens aangebied, gevolg deur ’n evaluering van die plaaslike maatskaplike aanvaarding van kerntegnologie, soos aangetoon in die Suid-Afrikaanse literatuur. Die Delftse tegniekfilosoof Behnam Taebi se definisie van en voorbehoude oor maatskaplike en etiese risiko’s, asook die gebreke in tipiese risikobepalings in tegnologiese kontekste, word opvolgend gebruik om ’n unieke Suid-Afrikaanse risikobepaling aan te bied. Vervolgens word ubuntu as ’n deurgronde plaaslik-kritiese bydrae vanuit die Afrika-konteks gebruik om risiko’s verbonde aan ’n plaaslike tegnologiese ontwikkeling – kernkragvoorsiening – tegniekfilosofies te ontleed.

 

2. Risiko en kernkragontwikkeling in Suid-Afrika

Sedert die bekendstelling van kernkragsentrales en die infrastruktuur wat dit in stand hou (gedurende die middel-1960’s in Suid-Afrika) is ’n kritiese forum toenemend benodig van waar die Suid-Afrikaanse samelewing in staat gestel sou kon word om die voordele en risiko’s verbonde aan hierdie en soortgelyke tegnologiese ontwikkelinge te evalueer. Min het tot dusver van sodanige forum gerealiseer: Suid-Afrikaners blyk effektief uitgelewer te wees aan ’n tegnologiese ontwikkeling waarin hulle weinig inspraak het. Die konstante moontlikheid van reaktorsmelting en ander vorme van onklaarheidstellinge in kernkragsentrales staan in hierdie uitgelewerdheid sentraal. Die impak van sodanige onklaarheidstellinge in onder meer die kernrampe van Three Mile Island (28 Maart 1979), Tsjernobil (26 April 1986) en Fukushima Daiichi (11 Maart 2011) was enorm (hoewel toegegee kan word dat sodanige tragedies werklik min voorkom, gegewe die aantal operasionele kernkragsentrales wêreldwyd). Die paniek van plaaslike gemeenskappe in die omgewing van die Koeberg-kernkragsentrale (sien Isaacs 2020) nadat ’n aardbewing (6,2 op die Richterskaal) die suidelike Kaap op Saterdag 26 September 2020 getref het (gevolg deur ’n aantal kleiner skuddings), bevestig dat die vrese vir kernkragontwikkeling diep in die plaaslike kollektiewe psige gevestig is – en dat daar skynbaar weinig is wat Suid-Afrikaners self kan doen om hierdie risiko’s af te weer en hulle vrese te besweer. Of hierdie vrese wel geregverdig is, hoort tot ’n breër diskoers, maar benadruk die belangrikheid van die heroorweging van hoe so ’n diskoers gevoer kan word. Dit is juis die enorme potensiaal van kernenergie vir ’n volhoubare omgewingsbestuur wat hierdie diskoers op die spits dryf. Suid-Afrika het ’n toonaangewende rol gespeel in die ontwikkeling van veel veiliger en goedkoper korrelbedreaktortegnologie (sien Kadak 2005:330–45) en die verwagting sou dus ook wees dat Suid-Afrika verder ook ’n kritiese stem in die internasionale debat sou laat hoor. Nietemin is die rol wat die plaaslike gemeenskap speel in die aanvaarding van hierdie tegnologie, ook van wesenlike belang vir die vooruitgang van die wetenskaplike diskoers, omdat dit bepalend is vir hoeveel steun hierdie tegnologie in die betrokke samelewing geniet.6

Naas die risiko verbonde aan reaktorsmelting staan omgewings- en ekonomiese risiko’s ten opsigte van die impak van kernkragontwikkeling op die toerismebedryf sentraal in die oorwegend negatiewe persepsie van kerntegnologie in Suid-Afrika. Hierby voeg Nkosi en Dikgang (2018:11) die vervoer en verwydering van kernafvalstowwe as ’n konstante risiko (waarvan Suid-Afrikaners grootliks onbewus gehou word). Rennkamp en Bhuyan (2016:11) dui ook ander plaaslike risikofaktore aan, onder meer wisselvallige infrastruktuur en voortdurende stakings deur ’n vakbondgedrewe arbeidsmag. Hierdie risiko’s het daartoe meegewerk dat die kernkragdiskoers met verwysing na risikobepaling in Suid-Afrika diep verpolitiseerd geraak het: Politici alleen neem die besluite, en selfs binne ’n demokratiese bestel bly die burgerlike samelewing self sonder inspraak.

Hierdie verpolitiseerde debat in Suid-Afrika is verdiep sedert dit in 2008 duidelik geword het dat die nasionale kragnetwerk besig is om in duie te stort. Suid-Afrika se enigste7 operasionele en kommersiële kernkragsentrale, Koeberg naby Kaapstad, is in 1976 op sterkte van die niefossielafhanklike vermoë van kernkragontwikkeling as een van die primêre taakstellings van die destydse apartheidsregering opgerig. Later sou die laaste president van daardie regering, F.W. de Klerk, opmerk dat Koeberg “net nog ’n groot uitgawe was wat ons nooit sou onderneem het as dit nie vir die toenemende isolasie en konfrontasie met die internasionale gemeenskap was nie” (Marquard 2006:196). Kernkrag het tussen 1970 en 1998 ongeveer 4% tot die nasionale kragnetwerk bygedra. Die koste van hierdie uitset van (slegs) 4% was besonder hoog: Evkom/Eskom8 het R31 miljard in die aanvanklike ontwikkeling belê, terwyl infrastruktuur ontwikkel en globale samewerking (ten duurste midde-in kernsanksies) gevestig moes word, veral met die oog op uraanverryking. Die algehele kapitaaluitleg vir die periode 1970–1998 was egter soveel as R302 miljard rand (Marquard 2006:196). Gedurende ’n fase van bestendiger ekonomiese groei, die opskorting van internasionale isolasie en gevolglik minder gedrewe elektrisiteitsvoorsieningsdoelwitte na 1994 het Eskom geen nuwe kragsentrales opgerig nie en talle bestaande sentrales gesluit of tydelik gesluit. Reeds in 1998 het Eskom egter aangedui dat die nasionale aanvraag die voorsiener se opwekkingsvermoë teen 2007 sou oortref. Ten spyte van hierdie duidelike waarskuwing het die ANC-regering onder die presidentskap van Thabo Mbeki (1999–2008) ’n moratorium op die oprigting van nuwe sentrales geplaas, aangesien die regering ondersoek wou doen na die haalbaarheid van onafhanklike kragvoorsiening (’n politieke oorweging waarvoor Mbeki later uitdruklik verskoning aangebied het; sien Hofstatter 2018:118).

In 2010 het Eskom ’n aantal persele (in kontraktuele samewerking met Russiese en Amerikaanse beleggers en verskaffers) vir die oprigting van nuwe kernkragsentrales geoormerk, in besonder by Bantamsklip, Duinefontein en Thyspunt. Laasgenoemde is uiteindelik na die afhandeling van omgewingsimpakstudies as voorkeurperseel aangewys. Wydgaande kritiek is deur nieregeringsorganisasies (Earthlife Africa en Koeberg Alert in die besonder) uitgespreek teen sowel Eskom se voorgenome kontraktering met buitelandse agente as die geldigheid van die betrokke impakstudies. Dit is opgevolg deur ’n reeks hofaansoeke wat ’n hoogtepunt bereik het in die uitspraak van die Wes-Kaapse afdeling van die Hooggeregshof op 26 April 2017: Die hof het bevind dat die regering se kernaanvraagtenders prosedureel onwettig was en het daarom die kontrakte met die Russiese en Amerikaanse belanghebbendes ongeldig verklaar. Die toenmalige minister van finansies, Pravin Gordhan, was ’n uitgesproke teenstander van hierdie kernkraginisiatiewe en is in Maart 2017 op ’n kontroversiële wyse vervang met Malusi Gigaba (Ensor 2017). Alhoewel Gordhan aanvanklik ten gunste van kernkragontwikkeling was, het hy later op grond van koste-oorwegings teen die inisiatief gemaan: Vir ’n nuwe kernkragsentrale sou naamlik ongeveer een triljoen rand begroot moes word. Ten spyte van hewige interne verdeling binne regeringskringe en tussen die regering en nieregeringsorganisasies het die Departement van Minerale Hulpbronne en Ontwikkeling (Department of Mineral Resources and Energy; sien Government of the Republic of South Africa 2020) in 2020 ’n inligtingsadvies uitgereik met die oogmerk om teen 2030 naas Koeberg ’n tweede kommersiële kernkragsentrale in werking te stel.

Hierdie komplekse en spanningsvolle historiese ontwikkeling van kernkragvoorsiening in Suid-Afrika is tans gebed in die voortslepende ondersoek na staatskaping onder die presidentskap van Jacob Zuma (2009–2018). Sowel die interne verdeling binne regeringskringe (en tussen die regering en nieregeringsorganisasies) as die ondersoek na staatskaping beïnvloed besluitneming binne die energievoorsieningsektor en die politieke strukture wat die voortgaande kernkragonderhandelinge grootliks gaan bepaal. Die wesenlike inspraak van die burgerlike samelewing ten opsigte van die verhouding tussen risikobepaling, maatskaplike aanvaarding en etiese aanvaarbaarheid is en word steeds in hierdie dubbele-probleem-konteks deur die eensydige hantering daarvan deur die Suid-Afrikaanse regering verbygegaan.

 

3. Risikobepaling, maatskaplike aanvaarding en etiese aanvaarbaarheid

Die verhouding en onderskeid tussen maatskaplike aanvaarding en etiese aanvaarbaarheid moet duidelik aangetoon word. Die gerekende tegniekfilosoof Behnam Taebi (2017:1818) van TU Delft dui maatskaplike aanvaarding breedweg en korrek aan as “die feit dat ’n nuwe tegnologie deur ’n bepaalde gemeenskap aanvaar of verduur word” (my vertaling hier en elders). Maatskaplike-aanvaardingstudies, in kombinasie met navorsing in samelewings- of kollektiewe psigologie, het insgelyks die wesenlike oogmerk om vlakke of grade van risiko-aanvaarding in bepaalde gemeenskappe te bepaal en te ontleed. Die plaaslike navorsingsuitsette van Struwig, Roberts, Ngungu en Gordon (2014), Rennkamp en Bhuyan (2016) en Nkosi en Dikgang (2018) voldoen metodologies en inhoudelik aan hierdie oogmerk. Hoewel hierdie (soort) studies op maatskaplike aanvaarding fokus, is die vervlegtheid daarvan met “etiese aanvaarbaarheid” skynbaar onafwendbaar. Taebi (2017:1818) definieer etiese aanvaarbaarheid (uitdruklik vanuit ’n tegniekfilosofiese perspektief) as die (sowel sistematiese as niesistematiese, of “spontane”) “besinning in ’n bepaalde gemeenskap oor ’n nuwe tegnologie wat die morele gevolge van die inwerkingstelling daarvan met erns opneem”. Die onderskeid tussen aanvaarding en aanvaarbaarheid gaan dus terug op die begrip moreel: Waar ’n tegnologiese aanbod of ontwikkeling op grond van verskeie ander oorwegings (byvoorbeeld demografies en ekonomies) aanvaar of verduur word, al dan nie, vestig die aanvaarbaarheid van die betrokke aanbod of ontwikkeling in die besinning daaroor en neem dit etiese kategorieë (waaronder geregtigheid) in hierdie besinning in ag. Taebi (2017:1818) tref tesame met ander Nederlandse tegniekfilosowe soos Nicole Huijts, Ilse Oosterlaken en Ibo van de Poel daarom ’n uitdruklike onderskeid tussen aanvaarding en aanvaarbaarheid, met inbegrip van die vervlegtheid daarvan. Daardie onderskeid word ook hier onder gehandhaaf.

Studies oor die maatskaplike aanvaarding van risiko’s inherent aan kernkragtegnologie in Suid-Afrika is skaars. Nietemin is daar ná die regering se Thyspunt-inisiatief in 2010 en ruim voor die inligtingsadvies van 2020 ’n aantal studies gepubliseer wat lig werp op die omvang van die aanvaarding al dan nie van sodanige risiko’s. Die mees omvangryke hiervan was die deeglike studie van Struwig e.a. (2014), “Public perceptions of nuclear science in South Africa”, waarin die ondersoekers beklemtoon het dat ’n buitengewoon lae persentasie (5,4%) van hulle respondente kernkragvoorsiening as ’n positiewe en konstruktiewe ontwikkeling aangedui het – terwyl ’n selfs laer persentasie (4,6%) hulleself as ingelig ten opsigte van die betrokke tegnologie beskou het. Rennkamp en Bhuyan (2016) kom in hulle “The social shaping of nuclear energy technology in South Africa” met ’n ander metodologiese ondersoek tot dieselfde gevolgtrekking. Deur vanuit ’n ontleding van die “sosiale formering” van die plaaslike diskoers oor kernkrag te vertrek, dui die twee ondersoekers aan dat die gebrek aan deursigtigheid, swak kommunikasie (waarskynlik bedoeld) en die waarneming, of ten minste vermoede, van knaende korrupsie binne die kernkragprogram (reeds vanaf die 1970’s) tot uitdruklik negatiewe plaaslik-maatskaplike perspektiewe op kernkragvoorsiening lei.

Nkosi en Dikgang (2018) se “South African attitudes about nuclear power: The case of the nuclear energy expansion” fokus skerper op ekonomiese oorwegings wat die aanvaarding al dan nie van kerntegnologie beïnvloed. Die studie oorweeg kategorieë soos die “bereidwilligheid tot betaling” (“willingness to pay” of WTP) deur tersaaklike energieverbruikers en dui beduidende verskille aan in terme van ligging met betrekking tot die opwekkingsperseel: Respondente nader aan die voorgestelde sentrale was beduidend meer onwillig om die tegnologie te aanvaar, terwyl diegene wat verder weg geleë was, meer geneë daartoe was. Daarby speel sosio-ekonomiese verskille duidelik ’n deurslaggewende rol in die aanvaarding al dan nie van die betrokke tegnologie. Waar industriële en voorstedelike verbruikers dieper afhanklik is van stabiele kragvoorsiening en bereid is om die risiko’s daaraan te aanvaar (ongeag hoe naby aan of hoe ver van die kragperseel hulle geleë is), plaas niestedelike en stedelik armer verbruikers eweneens sonder ruimtelike oorweging ’n laer premie daarop – en is hulle minder bereid tot risiko-aanvaarding. Hierdie drie en enkele ander soortgelyke studies oor die plaaslik-maatskaplike aanvaarding van die risiko’s verbonde aan kernkragtegnologie vertrek vanuit daadwerklik verskillende metodologiese oorwegings – maar hulle sleutelbevindinge ten opsigte van die oorweldigende negatiewe perspektiewe op kernkragvoorsiening, swak kommunikasie en gevolglik gebrekkige kennis daaroor kom gelykmatig ooreen.

Taebi (2017:1819) opper ses kritiese en inderdaad belangrike voorbehoude in sy tegniekfilosofiese besinning oor die aanspraak van die plaaslike konteks. Hierdie voorbehoude is duidelik ook van toepassing op die Suid-Afrikaanse situasie.

Eerstens is die maatskaplike aanvaarding al dan nie van tegnologiese ontwikkelinge wêreldwyd gebaseer op dikwels onvolledige en selfs vals inligting. Soos vermeld, kon slegs 4,6% van Struwig e.a. (2014:3) se respondente hulleself as “behoorlik ingelig” (“very knowledgeable”) ten opsigte van kernkragvoorsiening beskryf, terwyl slegs 32,6% daarvan bewus was dat daar reeds ’n kommersiële kernkragsentrale in Suid-Afrika bedryf word (Struwig e.a. 2014:3).

Tweedens hang Taebi (2017:1820) se kommer saam met die “heterogeniteit van die plaaslike” – presies wie en wat is die publiek in verskillende kontekste wat hierdie tegnologie aanvaar of nie aanvaar nie? Hierdie voorbehoud is duidelik ook van toepassing op die uitermate uiteenlopende Suid-Afrikaanse samelewing, soos weerspieël in Nkosi en Dikgang (2018) se bevindinge ten opsigte van die belang van sowel ruimtelike situering as sosio-ekonomiese verskille tussen plaaslike verbruikers.

Taebi (2017:1819) se derde voorbehoud oor maatskaplike aanvaarding begin reeds na die morele inhoude van etiese aanvaarbaarheid oorbeweeg. Dit is by implikasie die Rawlsiaanse vraag na die “verspreiding van geregtigheid”, met besondere verwysing na impak op die omgewing. Wie baat by die uitbuiting en manipulasie van die landskap en wie dra die (nie alleen finansiële nie) koste daaraan verbonde (onder meer in gesondheidsblootstelling, estetiese verwoesting en grondonteiening sonder keuse of inspraak)? Thyspunt, die vermelde voorkeurperseel in die huidige kernkraginisiatief, is byvoorbeeld besonder naby aan Jeffreysbaai geleë, ’n uitsoek-toeristebestemming onder branderryers wêreldwyd. Nkosi en Dikgang (2018:11) dui aan dat die beoogde oprigting van ’n kernkragsentrale by Thyspunt die golwestruktuur by Jeffreysbaai dramaties sal beïnvloed en hierdie gemeenskap, wat sterk op brandertoerisme aangewese is, waarskynlik op die lang duur sal vernietig. Juis met inagname van sodanige langtermyngevolge opper Taebi (2017:1819) die komplekse vraag na “intergenerasie”-gevolge (wat juis binne Afrika-filosofiese konteks deurslaggewend belangrik is, soos hier onder aangedui sal word). Wat is die gevolge van die oprigting van kernkragsentrales vir toekomstige geslagte? En wie gaan uiteindelik vir die vergrype van die huidige geslag betaal?

Taebi (2017:1820) fokus vierdens volledig op etiese aanvaarbaarheid: Hy betoog naamlik dat riskante tegnologieë dikwels aanvaar word hoewel dit moreel aanvegbaar mag wees. Die voortgaande ondersoek van die Zondo-kommissie9 ten opsigte van staatskaping het reeds op grond van voorleggings deur nieregeringsorganisasies (onder meer SAFCEI – South African Faith Communities’ Environmental Institute – en Earthlife Africa) bevind dat Eskom se kernkragonderhandelinge die afgelope dekade korrup en onwettig is. Daarby het die hoëprofielverslag van die Carnegie Endowment for International Peace (sien Weiss en Rumer 2019) met teenspraakvrye presisie aangedui hoe Rusland bande met die korrupte Zuma-presidensie gesmee het om ’n kernprogram te ontwikkel wat Rusland ook elders in Afrika sou baat. Volgens Weiss en Rumer (2019:2) was dit net Suid-Afrika se “merkwaardig robuuste stelsel van institusionele wigte en teenwigte”, insluitende die Zondo-kommissie, wat tot die nietigverklaring van die onlangse kernkragooreenkomste gelei het. Die voorlopige bevindinge van die Zondo-kommissie alleen dui op ’n diepgesetelde morele problematiek rakende Suid-Afrika se voorgestelde kernprogram en dui trouens op onoorbrugbare morele probleme vir die afsienbare toekoms.

Hierdie morele problematiek sluit aan by Taebi (2017:1820) se vyfde voorbehoud, naamlik dat wanneer op ’n morele teenstrydigheid in maatskaplike-aanvaardingstudies gewys word, daar dikwels toevlug geneem word na pogings om dit met verwysing na “prosedurele probleme” te verantwoord. Met ander woorde, die “prosedure” moet die blaam vir die morele problematiek dra – terwyl prosedures immers nie moreel aanspreeklik gehou kan word nie, maar slegs die opstellers daarvan. Die “prosedure” word dan bolangs gewysig om die morele probleem te omseil en geen verdere morele afwysing word dan as verder vatbaar vir die aanvaarbaarheid van die betrokke inisiatief geag nie.

Taebi (2017:1820) se sesde en laaste voorbehoud is gerig op internasionale risiko’s opgesluit in die aanvaarding van ’n bepaalde tegnologiese ontwikkeling in ’n bepaalde gemeenskap; met ander woorde, dat die aanvaarding van ’n tegnologiese ontwikkeling in een gemeenskap verreikende gevolge vir die res of ten minste vir ’n ander deel van die wêreld mag inhou. Ook hierdie voorbehoud is van toepassing in die Suid-Afrikaanse konteks. Die uitsluitende beïnvloedingspraktyke van moondhede soos Rusland en China binne die Suid-Afrikaanse kernkragkonteks het nie alleen prosesse wat met openbare deelname binne Suid-Afrika geassosieer kan word, drasties ondermyn nie, maar tot ’n algemene streeksdestabilisering gelei wat buurlande soos Zimbabwe en Mosambiek, wat ook deur die Suid-Afrikaanse kragnetwerk gediens word, negatief raak.

Elkeen van Taebi se ses tegniekfilosofiese voorbehoude is geskryf asof vir ’n draaiboek vir die Suid-Afrikaanse kernkonteks: inligtingsgebreke, verskeidenheid of heterogeniteit binne die plaaslike, die “verspreiding van geregtigheid” ten opsigte van omgewingsimpak, die aanvaarding van riskante en moreel aanvegbare tegnologieë, die beroep op “prosedurele” probleme ten einde morele uitdagings te omseil, en internasionale risiko’s vanuit plaaslike aanvaarding of besluitneming. Maatskaplike aanvaarding word plaaslik deur teenspraakvrye en hardnekkige etiese vrae vanuit die historiese en politieke ontwikkeling van die kernprogram, geknel.10 Die vraag is of hierdie voorbehoude binne die plaaslike kernkonteks met oorspronklikheid heraangespreek kan word. Indien wel, sou so ’n heraanspreke na Foucault en Stiegler se aandrang (per inleiding), plaaslik moes wees. Die verhouding tussen ubuntu en etiese verantwoording binne tegnologiese risikokontekste open so ’n plaaslike deur.

 

4. Ubuntu en etiese verantwoording binne tegnologiese risikokontekste

4.1 Ubuntu as lewensoriëntasie en filosofiese stelsel

Ubuntu lê as lewensoriëntasie en filosofiese teorie ten grondslag van die etiese raamwerke van die meerderheid inheemse (Bantu-11) gemeenskappe in suidelike en die groter sub-Sahara-Afrika (Metz 2007:321). Opmerklik is ’n drastiese vaartversnelling in Afrika-filosofie op grond van die voortgaande ontwikkeling en nuansering van die begrip ubuntu sedert die 1980’s (vir ’n literatuuroorsig, sien Ewuoso en Hall 2019:93–103): Dit sou deels as gevolg van die retoriese gebruik daarvan in die laaste dekades van die 20ste eeu deur hoogs invloedryke openbare figure soos voormalige president Nelson Mandela en aartsbiskop Desmond Tutu beskryf kon word, maar meer deurslaggewend omdat die begrip toenemend verfyn is in die filosofiese deeldissipline Afrika-filosofie self. Gegewe die eeue oue herkoms van ubuntu as ’n filosofies-etiese stellinginname, is die sistematiese navorsingsverkenning en verruiming van die oriëntasie sedert die 1980’s dus nog betreklik jonk. Mogobe Ramose, wat as die sleutelfiguur in die eerstegeslag- moderne ubuntunavorsing geag kan word, het ’n unieke ontologiese benadering tot die begrip gehandhaaf. Ubuntu is volgens Ramose (2003:380) ten diepste ’n ontologiese begrip, met die voorvoegsel ubu- en die stam -ntu wat beide sterk bindinge met die opvatting van syn verteenwoordig. Ramose (2003:380) verfyn hierdie dubbele ontologiese lading in ubu-ntu deur te betoog dat die voorvoegsel ubu- na ’n algemene opvatting van syn verwys wat gerig is op die voortgaande ontvouing van syn (“word”), terwyl -ntu dui op ontvoude of gerealiseerde syn (“is”). Die ontologiese skakeling tussen die twee ontologiese momente bemoontlik ’n medebegronding van die eenheid en heelheid van die subjek, gemeenskap en omgewing. Op grond van hierdie tweedelige ontologiese posisie is dit byvoorbeeld onmoontlik om die subjek in streng verindividualiseerde, die gemeenskap bloot in filosofies-geabstraheerde en die omgewing in onderwerpende instrumentele terme te oordink: Subjek, gemeenskap en omgewing hang in die oorgang van wordende syn na gerealiseerde syn onteenseglik saam. In daardie sin geld die stelling: “Ek is, daarom is ons” (Ramose 1999:49).

Ubuntu is stilisties en kommunikatief betreklik soortgenootlik tot ander oriëntasies in Afrika-filosofie omdat elkeen van hierdie oriëntasies op bepaalde wesenlike uitgangspunte (soos die tweedelige ontologie in ubu-ntu) berus. Hierdie uitgangspunte is opgeneem in en oorgedra deur wysheidspreuke en ander mondelinge tradisies. Ubuntu moet juis op grond van die unieke stilistiese aard en kommunikatiewe vermoë daarvan onderskei word van Westerse filosofiese stelsels wat reeds sedert die pre-Sokratici op skriftelike oordrag aangewese was. Die komplekse geskiedenisse van die kolonialisering en gedwonge verplasings van ubuntupraktiserende gemeenskappe het egter tot ’n versteuring in hierdie tradisionele oordragvorm gelei. Die poëtiese verfyndheid van die voorkoloniale wysheidspreuke is toenemend minder verfynd in enkelvoudige stellings of matrikse (wat makliker mondeling oorgedra kon word) opgeneem. Een voorbeeld van ’n ubuntumatriks is juis bogenoemde “Ek is, daarom is ons” (Ramose 1999:49) wat Ramose in teenstelling met die Cartesiaanse “Ek dink, daarom is ek” bring. Hoewel die matriks nie onakkuraat is nie, gaan die genuanseerdheid van die oorspronklike poëtiese spreuk verlore in die poging om die wesenlike daaraan enkelvoudig in die matriks byeen te bring. Trouens, sodanige matrikse is reduksionisties omdat samehangende dele van die oorspronklike spreuk met die matrikskondensering in die slag bly. “Ek is, daarom is ons” sluit die oorspronklike spreuk in die verfynde tweedelige ontologie van ubu-ntu in, op grond waarvan nie net die samehang tussen subjek en gemeenskap beklemtoon word nie, maar onder meer ook die klem op die eenheid en heelheid van gemeenskap en omgewing, konsensus in besluitneming en die voorrang van die beskerming en behoud van alle lewe bo materiële welvaart. So geldig as wat die matriks “Ek is, daarom is ons” is om een faset van ubuntu te ondervang, is die oriëntasie veel meer wydgaande. Die mees problematiese gevolg van postkoloniale matriksvorming in Afrika-filosofie was egter dat filosofiese stelsels soos ubuntu toenemend as vaag en filosofies bedenklik geag is.

Die tweedegeslag-ubuntunavorsing (eietyds) se wesenlike oogmerk is juis om hierdie veronderstelde vaagheid in en arbitrêre kwaliteit van ubuntu teen te gaan. ’n Beduidende aantal ubuntunavorsers het hulle daarom op die daarstelling van ’n normatiewe etiese raamwerk vir hierdie filosofiese stelsel begin rig. Thaddeus Metz (2007:321–41), ’n prominente navorser vanuit hierdie eietydse nis, identifiseer gevolglik ’n aantal begrondingsoordele in die wyer ubuntufilosofie om ’n standhoudende definisie van die stelsel te kan aanbied wat aan die eise en aansprake van hierdie oordele kan voldoen. Hy kom tot die gevolgtrekking (Metz 2007:340) dat die mees verantwoorde normatiewe teorie van ubuntu die volgende oorweging uitdruklik behoort in te sluit: [Ubuntu is (gerig op)] die bevordering van harmonie en die vermindering van verskille, in soverre harmonie te make het met identiteit en solidariteit.” Hiermee het Metz ’n geldige en werkbare definisie van ubuntu voorsien wat ook as vertrekpunt kan dien in die identifisering en toepassing van die etiese implikasies van die teorie.

Die tweedegeslag-ubuntunavorsing word ook gekenmerk deur ’n veel meer kritiese (en selfkritiese) ingesteldheid teenoor die rol wat ubuntu in die Suid Afrikaanse samelewing kan en behoort te speel. Leonhard Praeg (2014:128) het onlangs ’n betekenisvolle en bevraagtekenende blik gewerp op die historiese en epistemiese beperkinge wat die ubuntudiskoers vorm. Hy kenmerk ubuntu-aansprake as “perlokusionêr” (Praeg 2014:113), wat die politieke oorsake en gevolge van die uitsprake benadruk, eerder as “lokasionêr”, wat slegs poog om die uitsprake binne ’n bepaalde konteks te beskryf. Ubuntu bied hiervolgens dus ’n etiese en “perlokusionêre” oriëntasiepunt in die vraag na watter etiese aansprake na vore tree in die oorweging van ’n tegniekfilosofiese risikobepaling met betrekking tot maatskaplike aanvaarding en etiese aanvaarbaarheid in plaaslike kernkragvoorsiening.

4.2 Maatskaplike waardestelling vanuit ubuntu

Die eerste en mees direkte etiese aanspraak van ubuntu in tegniekfilosofiese risikobepalings is dat handelinge en inisiatiewe vanuit ’n bepaalde gemeenskap eties verantwoord kan word slegs wanneer dit tot voordeel van die hele gemeenskap strek. Die Afrika-filosoof John Mbiti (in Pellegrini-Masini, Corvino en Löfquist 2020:260) kenmerk ubuntu gevolglik in terme van ’n uitdruklike maatskaplike waardestelling: Ubuntu “ondersteun ’n maatskaplike holisme waar die aansprake van individue getemper word in die belang van die groep”. ’n Handeling of inisiatief wat oor ubuntu beskik, bevorder (in samehang met Metz se definisie) harmonie en welsyn in ’n bepaalde gemeenskap. Die waardes in ’n bepaalde gemeenskap moet dus wesenlik na die ubuntu-kernwaardes van harmonie en welsynskepping (nie welvaartskepping nie) herlei kan word. Indien die risikobepalende vraag na die maatskaplike aanvaarding en etiese aanvaarbaarheid van kernkragvoorsiening in gemeenskappe geopper sou word wat deur ubuntu gerig word, is dit duidelik dat die antwoord op die vraag of hierdie risiko’s eties aanvaarbaar is, volstrek “nee” sal wees.

’n Bykomende element in hierdie interskakelende en kommunale wêreldbeeld is dat besluite finaal geneem kan word eers wanneer konsensus oor die wesenlike inhoud daarvan bereik is – en nie bloot wanneer die meerderheid die voorgestelde besluit steun nie. Ubuntu gee nie voor om verskille afdoenbaar op te los of die werklikheid van meningsverskil te onderspeel nie, maar om ’n minimum konsensus na te streef. Waar byvoorbeeld 74% van die respondente in Nkosi en Dikgang (2018:15) se ondersoek die voorstel van ’n tweede nasionale kragsentrale ten minste voorwaardelik ondersteun het, is konsensus by verre uitstaande. Vanuit ’n ubuntu-oriëntasie is bloot die feit dat die voorgestelde oprigting van hierdie strukture soveel wrywing en disharmonie in die gemeenskap veroorsaak, genoegsame rede om dit af te wys. Die normatiewe raamwerk van ubuntu, soos deur Metz gedefinieer, maak nie voorsiening vir die etiese verantwoording van ’n inisiatief wat die solidariteit binne ’n bepaalde gemeenskap sodanig ondermyn dat konsensusstigting voorlopig nie moontlik is nie. Konsensusstigting behoort éérs bevorder te word en wel langs die onbevooroordeelde, feitegebaseerde onderrig van individue. Die enigste wyse waarop konsensus oor kernkragvoorsiening in ’n ubuntugedrewe gemeenskap bereik sou kon word, sou wees wanneer betroubare en verifieerbare inligting verskaf is op grond waarvan die gevolge, risiko’s en voordele van kernkragvoorsiening helder en duidelik deur sowel individue as die gemeenskap as ’n kollektief verreken kan word. Soveel as 40% van respondente in Struwig e.a. (2019) se ondersoek het aangedui dat hulle nie net swak ingelig is oor sowel die risiko’s as die voordele van kernkragvoorsiening nie, maar dat hulle dit eenvoudig nie verstaan nie. Solank as wat deursigtige kommunikasie en die onbevooroordeelde beskikbaarstelling van inligting uitstaande is, sal sodanige 40% selfs nie in ’n minimumkonsensus ingesluit kon word nie. Die aanwysing vanuit ubuntu is duidelik: Die maatskaplike aanvaarding van kernkragvoorsiening hang ten diepste met die verspreiding van inligting daaromtrent saam. Wanneer inligting opsetlik weerhou of wanvoorstellinge opsetlik plaasvind, of wanneer pedanties namens gemeenskappe besluit word met weerhouding van die redes vir besluite, sal daardie gemeenskappe ’n tegnologiese ontwikkeling soos kernkragvoorsiening nié aanvaar nie.

Ubuntu is nie slegs op konsensus binne die bepaalde gemeenskap gerig nie, maar ook tussen gemeenskappe onderling. In sowel maatskaplike-aanvaardingstudies as ubuntunavorsing kom die vraag na watter gemeenskappe deur ’n tegnologiese ontwikkeling soos kernkragvoorsiening geraak word na vore. Vanuit die tegniekfilosofiese konteks benadruk Taebi (2017:1818) dat openbare menings oor ’n tegnologiese ontwikkeling kan verskil op grond van die “onbillike en selfs onregmatige verspreiding van risiko’s en voordele tussen ’n plaaslike gemeenskap (wat blootgestel word aan meerdere risiko’s) en gemeenskappe in ’n groter streek of selfs hele bevolking (wat oorwegend slegs die voordele van die ontwikkeling geniet)”. Hoe hierdie gemeenskappe onderskei en aangedui word, hoe aangedui word watter gemeenskappe meer direk nadelig beïnvloed word deur kernkragvoorsiening en of swaarder klem op die mening van juis sodanige gemeenskappe geplaas behoort te word, val binne die oogmerkstelling van ubuntu.

Hoewel die opvatting van gemeenskap in ubuntu betreklik soepel en in rigiede terme selfs ongedefinieerd is, word gemeenskap in ubuntu met “tuiste” geassosieer, waarin opvattinge rondom onder meer identiteit, herkoms, familie, bestaande verhoudinge en ruimtelikheid diep gebed is (Metz 2007:341). Gemeenskap is na ubuntu dus soveel ’n plek as ’n identiteit. Wanneer die “plek” versteur word, word mense ten diepste versteur – en wanneer een gemeenskap versteur word, hou dit gevolge vir ander gemeenskappe in. Werkloosheid binne een gemeenskap hou daarom gevolge vir ander en volgende gemeenskappe in. ’n Verlies van 75 000 werksgeleenthede word reeds op grond van die oprigting van ’n tweede, derde en vierde kernkragsentrale in die vooruitsig gestel. Hierdie ondersoeksbevinding deur die Energy Research Centre aan die Universiteit van Kaapstad in 2018 (sien Fig 2018:318), gebaseer op beide die astronomiese koste van die oprigting van kernkragsentrales en die feit dat beleggings in ander skoon-energie-projekte daarmee opgeskort word, dui daarop dat nie net die gemeenskappe in die nabye ligging van die voorgestelde kernkragsentrale nie, maar ’n veelheid van gemeenskappe blootgestel word. Die indruk wat ubuntu wil laat, is dat nie net een gemeenskap blootgestel is of ly nie, maar meerdere gemeenskappe – per matriks: “Ek is, daarom is ons.”

Hierby moet ubuntu se verstaan van arbeid gevoeg word (Metz 2007:325). Dit is na maatskaplike waardestelling vanuit ubuntu pro tanto immoreel om welvaart vir enkelinge op grond van die arbeid en opofferinge van die meerderheid te skep. Die indruk dat die voorgestelde kernkragsentrale slegs enkele bedenklike politici en opportunistiese kernmagnate materieel bevoordeel terwyl ’n veelheid van gemeenskappe die arbeid daarvoor moet verskaf – en die risiko’s daarvoor moet dra – is nie met ubuntu-waardegewing te versoen nie. Arbeid moet primêr die ontwikkeling van die gemeenskap dien en nie hoofsaaklik individuele (of korporatiewe) welvaart skep nie. Volgens ubuntu moet welvaart deur samewerking geskep word en nie op ’n kompeterende en uitsluitende basis nie.

Die voorgestelde uitbreiding van Suid-Afrika se kernkragprogram is onder die huidige omstandighede en binne die huidige formaat duidelik nie te versoen met maatskaplike waardestelling vanuit ’n ubuntu-perspektief nie. Die swak verspreiding van inligting, die feit dat ’n veelheid van gemeenskappe deur hierdie tegnologiese ontwikkeling geraak word en dat die vorm van welvaartskepping vanuit hierdie program duidelik korporatief van aard is, skep die indruk van risiko’s wat (volgens ubuntu) plaaslik nie maatskaplik aanvaar kan word of eties aanvaarbaar is nie. Indien (1) gemeenskappe onbevooroordeeld in ’n grondige verstaan van die risiko’s en voordele aan die betrokke tegnologiese ontwikkeling opgevoed sou word; (2) die indruk van die algemene en algehele versteuring van ’n veelheid van gemeenskappe aangespreek kan word; en (3) uitdruklik aangedui kan word dat die program nie bloot individuele en korporatiewe welvaartskepping dien nie, maar tot gemeenskapsontwikkeling sou bydra, sou die risiko’s verbonde aan hierdie tegnologiese ontwikkeling geïnterpreteer kon word as nie noodwendig in stryd met ubuntu nie.

4.3 Onreg vanuit ubuntu se perspektiewe op toekomstige geslagte en die aarde

Naas maatskaplike waardestelling vanuit ’n ubuntu-perspektief behoort hierdie plaaslike tradisie se tweedelige ontologiese struktuur binne die risikokonteks van kernkragvoorsiening verreken te word, naamlik dat die werklikheid sowel “is” as “word”. Hierdie ontologiese samehang lei onder meer tot die verstaan van ’n spontane wisselwerking tussen geslagte, of generasies, met uitdruklik etiese gevolge: Individue word naamlik moreel aanspreeklik gehou vir hulle optrede met verwysing na die belange van beide die lewende dooies (voorgeslagte) en die ongeborenes (toekomstige geslagte). ’n Mens handel volgens ubuntu dus in belang van hulle wat vóór die handelende subjek was en ter wille van hulle wat ná die handelende subjek kom. Gemeenskapsbesit sluit insgelyks die besittings van vorige geslagte in en word vir komende geslagte bewaar. Die persoonlike gestalte of “persoonheid” van die individu staan in die verlengstuk van vergange individue en in voorbereiding van toekomstige individue. Die kritieke ubuntuvraag is dus wat die verhouding is tussen dit wat aan die handelende subjek toevertrou is en dit wat daardie subjek nalaat.

In ontologiese terme word ubu- as algemene, wordende syn wat in die konkrete, gerealiseerde syn van -ntu ontvou, verleng – om alle ander generasies in te sluit, histories en toekomstig. Ramose (2002:5) verwys na hierdie intergenerasie-perspektief vanuit ubuntu as “ontotriadies”: Dit sluit die lewendes, die lewende nielewendes en die nog-nie-lewendes in. Die lewensdringende krag wat hierdie ontotriadiese ontvouing van syn bemoontlik, is umuntu, of “dit wat kan”. Umuntu is altyd reeds gerealiseerd en aanwesig (Ogbonnaya 2014:115) en bemoontlik die “verskyning van homo loquens (“sprekende mens”) as terselfdertyd homo sapiens (“kennende mens”). Umuntu bemoontlik spraak en denke en daarom die kollektiewe funksies van spraak en denke soos vergestalt in godsdiens, politiek en die objektiewe reg. “Dit wat kan” is syn wat oor die vermoë beskik om in die teenswoordige in die wêreld te handel. In die ontologiese dinamika tussen ubuntu en umuntu ontstaan ’n gedeelde identiteitsverhouding tussen die bestaande gemeenskap en die toekomstige gemeenskap. Tog moet hierdie gedeelde identiteit tussen die teenswoordige geslag en toekomstige geslagte onderskei word in terme van die vermoë van die teenswoordige geslag om ten goede te verander en self ten goede verandering aan te bring: In hierdie opsig is daar ’n “radikale ongelykheid tussen generasies met betrekking tot mag” (Pellegrini-Masini e.a. 2020:260). Die huidige, teenswoordige generasie beskik naamlik oor die vermoë om verandering te bewerkstellig, terwyl toekomstige generasies se vermoë voorlopig geag word beperk te wees tot slegs die aanprysing of blamering van vorige geslagte.

Geregtigheid voltrek vanuit ubuntu se intergenerasie-perspektief wanneer umuntu op ’n konstruktiewe wyse deur die huidige geslag gebruik word om die wêreld ten goede te verander sodat toekomstige geslagte aanprysend daarop kan voortborduur. Onreg, daarenteen, word verstaan as die verwaarlosing van umuntu in die teenswoordige op grond waarvan toekomstige geslagte met niks anders gelaat word as skadebeheer en skadeherstel nie. Wanneer ’n tegnologiese ontwikkeling in die teenswoordige as risikogelade verstaan word en desnieteenstaande aanvaar word, het dit na die wisselwerking tussen ubuntu en umuntu uitdruklike ontologiese implikasies. Die toekomstige geslagte sal anders “word” indien die huidige geslag met onreg handel. Die vraag na die maatskaplike aanvaarding en etiese aanvaarbaarheid van tegnologiese ontwikkeling gaan na ubuntu terug op die enkele vraag: Wat word nagelaat? Dit sluit juis die impak van die teenswoordige op die omgewing in.

Ubuntu benadruk gevolglik teenswoordige gemeenskappe se verhouding met die aarde (nsaiy), wat in ’n tipiese ubuntu-beskrywing voorgestel word as “uiters bindend, tot die mate dat die aarde nie ligtelik gesny mag word nie” (Tangwa 1996:190, volgens die Nso-volk in Kameroen se ubuntubegrip). Die bande tussen nsaiy en diegene wat dit verbou, word as intiem voorgestel, terwyl misbruik van nsaiy as buitengewoon strafwaardig beskou word (as sou dit byvoorbeeld tot onvrugbaarheid kon lei). Gode en voorvadergeeste word verstaan as diep in die aarde ingebed en kan enige vorm in die natuurlewe aanneem. Die aarde is die gode se domein en moet uitermate goed bewaar word. Die “wet van die aarde” (nsĕr nsaiy) is “die hoogste wet en mag onder geen omstandighede oortree word nie, aangesien die gevolge van die oortreding van hierdie wet metafisies en onafwendbaar is” (Tangwa 1996:190). Die hoogste onreg is die vergryp aan die aarde as ’n heiligdom. Die radikale inmenging in die natuur waarvolgens kernkrag opgewek word, maar veral kernafval verwyder en gestoor word, is vanuit die ubuntu-perspektief op die aarde buitengewoon problematies. Dit word geag inderdaad metafisiese gevolge in te hou.

By Koeberg word laegraadkernafval tans onder Necsa se toesig vervoer na ’n ondergrondse stortingsperseel in die Vaalputs-omgewing, ongeveer 480 km noord van Koeberg, terwyl hoëgraadafval digby die reaktors wat dit opgewek het, geberg word. Die perseel by Vaalputs voldoen aan al die vereistes wat deur internasionale regulerende liggame soos die IAEA (International Atomic Energy Agency) en plaaslike wetgewing gestel word. Nietemin is daar geen klaarheid oor die toekomstige onderhoud van juis die hoëgraadafvalperseel by Koeberg self nie (Matyaba, Keche en Tandlich 2018:1009–12). Eskom het aangedui dat hierdie fasiliteite reeds teen 2020 maksimum bergingskapasiteit sou bereik het en is tans besig met beplanning vir die oprigting van nuwe bergingsfasiliteite (Roelf 2019). Afgesien van die ingrepe op die aarde self, word gemeenskappe ernstig hierdeur bedreig. Suid-Afrika se kernafvalstrategie, wat die prosesse vir die berging van radioaktiewe afval vanuit die goud- en uraanbedryf in die land probeer bestuur, hou slegs wisselvallig rekening met ongeveer 1,7 miljoen Suid-Afrikaners wat in die direkte nabyheid van hierdie afvalpersele leef (Fig 2018:318).

Daar bestaan geen twyfel dat ubuntu se perspektiewe op toekomstige geslagte en die wyse waarop kernkragopwekking die aarde beskadig, tot ’n uitdruklike afwysing van die risiko’s aanwesig in kernkragvoorsiening deur ubuntu-gedrewe gemeenskappe lei nie. Hierdie gemeenskappe het vanuit ’n ubuntu-raamwerk trouens weinig ander keuse as om die risiko’s aanwesig in kernkragvoorsiening as daadwerklike onreg te beleef en daarom maatskaplik en eties af te wys. Die onafwendbare vraag binne die konteks van risikostudies is hoe hierdie perspektiewe, wat die Afrikaïese wêreldbeeld grootliks ondervang, die wyse waarop risiko’s bepaal word, beïnvloed. Indien ’n mens se sleuteloortuigings inhou dat die tegnologiese impak op die direkte omgewing tot direkte en persoonlike skade lei, hetsy dit metafisies deur die woede van die gode of voorvaders of fisies deur die aarde self kan wees, sal tegnologiese risikobepaling ten diepste daardeur geraak word. Risikoverdraagsaamheid in ubuntu-gedrewe Afrika-gemeenskappe is daarom spontaan laer as in die globale Noorde of in Westerse gemeenskappe in die globale Suide.

 

5. Samevatting en gevolgtrekking

In die Antroposeen word die mensheid gekonfronteer met toenemende uitdagings ten opsigte van energievoorsiening en die wyse waarop die voorsiening in energie-aanvraag besig is om die aarde ten gronde te rig. Kernkragvoorsiening bied teenoor modern-industriële vorme van energievoorsiening (in besonder fossielbrandstowwe) duidelik ’n meer volhoubare oplossing ten opsigte van die hantering van hierdie vraagstuk. Die implementering van kernenergie hou egter inherente risiko’s in vir sowel die mensheid as die natuur en dit moet altyd weer eietyds moreel verantwoord word. In die diskoers rondom die etiese verantwoording van kernkragvoorsiening neem plaaslike gemeenskappe ’n sentrale plek in op grond van die onbetwisbare feit, enersyds, dat hulle voordeel trek uit die betrokke tegnologie en andersyds omdat hierdie gemeenskappe in die eerste linie geraak word deur die moontlike negatiewe gevolge van die besondere tegnologie. Die verwikkelde en komplekse historiese ontwikkeling van kernkragvoorsiening in Suid-Afrika, politieke vergrype wat reeds oor ses dekades heen strek, inligtingsgebreke aangaande die risiko’s van plaaslike kernkragvoorsiening, en die populêre media se bevooroordeeldheid ten opsigte van die gevare van kernkrag problematiseer risiko-evaluering in hierdie plaaslike konteks aansienlik.

Een moontlike wyse waarop hierdie evaluering gestalte kan vind, is om tegnologiese risiko’s te beoordeel vanuit die tegniekfilosofiese perspektief op die onderskeid tussen sosiale aanvaarding en etiese aanvaarbaarheid. In sy uiteensetting van die wisselwerking en onderskeid tussen sosiale aanvaarding en etiese aanvaarbaarheid werp Behnam Taebi lig op die gaping tussen hierdie twee vorme van risikobepaling. ’n Sentrale vraag wat in hierdie artikel aangespreek is, is egter presies watter etiese oriëntasies hierdie proses behoort te onderlê. Wat steeds ontbreek, is empiries-demografiese studies wat ’n meer omvattende verstaan kan bied oor plaaslike gemeenskappe se eie en unieke morele oriëntasies in hierdie verband. Daarom, juis in die partikuliere uniekheid van die Suider-Afrikaanse konteks, werp die nie-Westerse etiese risikobepaling vanuit ubuntu ’n meer genuanseerde en verantwoorde blik op die plaaslike kernkragdiskoers. Hoewel ubuntu hier as ’n filosofiese-begrippe-apparaat ingespan is om die wyse waarop die verplaasliking van tegnologiese vraagstukke aangespreek kan word te illustreer, is dit nie die enigste sodanige moontlikheid nie. Alle plaaslike gemeenskappe wat met die verhouding tussen tegnologiese ontwikkeling en risikobepaling worstel, maak immers nie van slegs een sodanige begrippe-apparaat gebruik nie. Ubuntu verskaf wel ’n geldige en ideaal-tipiese voorbeeld van sodanige verplaaslikte verantwoording van die vraag na die verhouding tussen tegniek en plaaslike risikobepaling. Ubuntu as ’n outentieke filosofiese aanbod uit Afrika roep die noodsaaklikheid van eie en unieke risikobepalings vanuit die plaaslike geografiese en demografiese konteks op, met inbegrip van die aanspraak van heterogeniteit binne die plaaslike konteks. Eksklusief Westerse – uitdruklik Eurosentriese – platforms van tegniekfilosofiese risikobepaling kan nie langer die laaste woord spreek oor dit wat buite die demografiese, sosiohistoriese en ekonomies-konsentriese sirkels van Eurotegniese kapitalisme staan en wil bestaan nie.

 

Bibliografie

Beukes, J. 2020. Foucault in Iran, 1978–1979. Kaapstad: AOSIS. https://doi.org/10.4102/aosis.2020.BK203 (9 Februarie 2021 geraadpleeg).

Bombaerts, G., K. Jenkins, Y.A. Sanusi en W. Guoyu (reds.). 2020. Energy justice across borders. Dordrecht: Springer.

Brunnengräber, A., M.R. Di Nucci, A.M.I. Losada, L. Mez en M. Schreurs (reds.). 2018. Challenges of nuclear waste governance: An international comparison. Volume II, Energy policy and climate protection. Dordrecht: Springer.

Conradie, S.R. en L.J.M. Messerschmidt. 2000. A symphony of power: The Eskom story. Johannesburg: C. van Rensburg Publications.

Crutzen, P.J. 2002. Geology of mankind. Nature, 415(1):23. https://www.nature.com/articles/415023a (9 Februarie 2021 geraadpleeg).

Duvenage, P. 2016. Afrikaanse filosofie: Perspektiewe en dialoë. Bloemfontein: Sun Media.

Energy Research Centre (ERC). 2015. South Africa’s proposed nuclear build plan: An analysis of the socio-economic risks. Kaapstad: ERC, Universiteit van Kaapstad.

Ensor, L. 2017. Power utility Eskom will seek waivers on nuclear rules. Business Day, 21 April. https://www.businesslive.co.za/bd/companies/energy/2017-04-21-power-utility-eskom-will-seek-waivers-on-nuclear-rules (9 Februarie 2021 geraadpleeg).

Ewuoso, C. en S. Hall. 2019. Core aspects of ubuntu: A systematic review. The South African Journal of Bioethics and Law, 12(2):93–103. https://doi.org/10.7196/SAJBL.2019.v12i2.679 (9 Februarie 2021 geraadpleeg).

Fig, D. 2006. Political fission: South Africa’s nuclear programme. Energy & Environment, 17(3):457–67. https://doi.org/10.1260/095830506778119470 (9 Februarie 2021 geraadpleeg).

—. 2018. Disposal and contamination: Nuclear waste governance in South Africa. In Brunnengräber e.a. (reds.) 2018:295–328.

Government of the Republic of South Africa. 2020. Department of Mineral Resources and Energy. Request for information in respect of the Nuclear New Build Power Procurement Programme. http://www.energy.gov.za/files/tenders/2020/nuclear-rfi/RFI-Nuclear-New-Build-Power-Procurement-Programme.pdf (9 Februarie 2021 geraadpleeg).

Hofstatter, S. 2018. License to loot: How the plunder of Eskom and other parastatals almost sank South Africa. Johannesburg: Penguin Random House South Africa.

Hui, Y. 2017. The question concerning technology in China: An essay in cosmotechnics. Volume 3 of Urbanomic / Mono. Massachusetts: MIT Press.

Isaacs, L. 2020. Seismic events don’t pose risk to Koeberg nuclear power station. https://www.iol.co.za/capetimes/news/seismic-events-dont-pose-risk-to-koeberg-nuclear-power-station-88bff8ab-d35a-4648-96ef-3f34bd81b3ec (9 Februarie 2021 geraadpleeg).

Kadak, A.C. 2005. A future for nuclear energy: Pebble Bed Reactors. International Journal for Critical Infrastructures, 1(4):330–45.

Kallel, A., M. Ksibi, H. Ben Dhia en N. Khélifi (reds.). 2018. Recent advances in environmental science from the Euro-Mediterranean and surrounding regions. EMCEI 2017, Advances in science, technology & innovation (IEREK Interdisciplinary Series for Sustainable Development). Dordrecht: Springer, Cham.

Lemmens, P. en Y. Hui. 2017. Apocalypse, Now! Peter Sloterdijk and Bernard Stiegler on the Anthropocene. b2o (the online community of the boundary 2 editorial). 16 Januarie. https://www.boundary2.org/2017/01/pieter-lemmens-and-yuk-hui-apocalypse-now-peter-sloterdijk-and-bernard-stiegler-on-the-anthropocene (9 Februarie 2021 geraadpleeg).

Marquard, A. 2006. The origins and development of South African energy policy. PhD-proefskrif, Universiteit van Kaapstad.

Matyaba, T., P. Keche en R. Tandlich 2018. Radioactive waste management in South Africa. In Kallel e.a. (reds.) 2018:1009–12. https://doi.org/10.1007/978-3-319-70548-4_291 (9 Februarie 2021 geraadpleeg).

Metz, T. 2007. Toward an African moral theory. The Journal of Political Philosophy, 15(3):321–41. https://doi.org/10.1111/j.1467-9760.2007.00280.x (9 Februarie 2021 geraadpleeg).

Nkosi, N.P. en J. Dikgang. 2018. South African attitudes about nuclear power: The case of the nuclear energy expansion. Economic Research Southern Africa (ERSA), Working Paper 726. Johannesburg: School of Economics, Universiteit van Johannesburg. https://www.econrsa.org/system/files/publications/working_papers/working_paper_726.pdf (9 Februarie 2021 geraadpleeg).

Ogbonnaya, L.U. 2014. The question of “being” in African philosophy. Filosofia Theoretica: Journal of African Philosophy, Culture and Religions, 3(1):108–26. https://www.ajol.info/index.php/ft/article/view/109950 (9 Februarie 2021 geraadpleeg).

Pellegrini-Masini, G., F. Corvino en L. Löfquist. 2020. Energy justice and intergenerational ethics: Theoretical perspectives and institutional designs. In Bombaerts e.a. (reds.) 2020:253–72. https://doi.org/10.1007/978-3-030-24021-9_13 (9 Februarie 2021 geraadpleeg).

Praeg, L. 2014. A report on ubuntu. Durban: University of KwaZulu-Natal Press.

Ramose, M.B. 1999. African philosophy through ubuntu. Harare: Mond Books.

—. 2003. I doubt, therefore African philosophy exists. South African Journal of Philosophy, 22(2):113–27. https://www.tandfonline.com/doi/abs/10.4314/sajpem.v22i2.31364 (9 Februarie 2021 geraadpleeg).

Rennkamp, B. en R. Bhuyan. 2016. The social shaping of nuclear energy technology in South Africa. WIDER Working Paper 2016/19. Helsinki: UNU-WIDER. https://www.wider.unu.edu/sites/default/files/wp2016-19.pdf (9 Februarie 2021 geraadpleeg).

Roelf, W. 2019. Radioactive waste storage at Koeberg very close to full. Business Day, 25 November. https://www.businesslive.co.za/bd/national/2019-11-25-radioactive-waste-storage-at-koeberg-very-close-to-full (9 Februarie 2021 geraadpleeg).

Rossouw, J. 2005. Bernard Stiegler: The global symbolic war. Diskoers/Discourse, 33(2):16-21. https://journals.co.za/doi/pdf/10.10520/AJA0000004_13 (9 Februarie 2021 geraadpleeg).

Sloterdijk, P. 2011. Spheres. Volume 1. W. Hoban (vert.). New York: Semiotext(e).

Stiegler, B. 2018. The Neganthropocene. D. Ross (vert.). Directory of Open Access Books. https://directory.doabooks.org/handle/20.500.12854/33631 (9 Februarie 2021 geraadpleeg).

Stiegler, B. en D. Ross. 2020. Noodiversity, technodiversity: Elements of a new economic foundation based on a new foundation for theoretical computer science. Angelaki, 25(4):67–80. https://doi.org/10.1080/0969725X.2020.1790836 (9 Februarie 2021 geraadpleeg).

Struwig, J., B. Roberts, M. Ngungu en S. Gordon. 2014. Public perceptions of nuclear science in South Africa, 2013: tabulation report. Pretoria: Human Sciences Research Council. http://www.hsrc.ac.za/en/research-outputs/view/6891 (9 Februarie 2021 geraadpleeg).

Taebi, B. 2017. Bridging the gap between social acceptance and ethical acceptability. Risk Analysis, 37(10):1817–27. https://doi.org/10.1111/risa.12734 (9 Februarie 2021 geraadpleeg).

Tangwa, G.B. 1996. Bioethics: an African perspective. Bioethics, 10(3):183–200. https://doi.org/10.1111/j.1467-8519.1996.tb00118.x (9 Februarie 2021 geraadpleeg).

Weiss, A.S. en E. Rumer. 2019. Nuclear enrichment: Russia’s ill-fated influence campaign in South Africa. Washington: Carnegie Endowment for International Peace. https://carnegieendowment.org/files/Weiss_Rumer_SouthAfrica_v2.pdf (9 Februarie 2021 geraadpleeg).

 

Eindnotas

1 Ek is in die “Afrikaanse filosofiese tradisie” ingebed (Duvenage 2016:1–3), waarvan die uitstaande kenmerk die beoefening van beide die kontinentale en die analitiese trajekte in Europese filosofie in die Afrikaanse taal en die verrekening van daardie trajekte binne die Suid-Afrikaanse konteks is. Nietemin het “Afrikaanse filosofie” nog slegs wisselvallig daarin geslaag om sinteties bo die Europese bronne uit te styg. Daarom behoort in “Afrikaanse filosofie” meer gedoen te word om die daadwerklik plaaslike uitsette in Afrika-filosofie in kontekstualiserings van Europese filosofie te verreken. Dit beteken nie dat die Europese bronne agtergelaat word nie, maar juis met lesings vanuit Afrika-filosofie hermeneuties ver-“plaas”, verdiep en verruim word. Die koppeling van ubuntu, as ’n outentieke sleutelbegrip in Afrika-filosofie, met tegniekfilosofiese ontwikkelinge in Europa, kan as ’n voorbeeld van so ’n ver-plasing dien. Kernkragvoorsiening word in hierdie artikel gebruik om die filosofiese potensiaal van die byeenbring van Afrika-filosofie en Europese tegniekfilosofie te illustreer. Twee anonieme keurders se kritiese en inderdaad opbouende opmerkings in die eweknie-evaluering van die manuskrip wat tot die publikasie van hierdie artikel gelei het, word met dank erken.

2 Sien Rossouw (2005:16–21) vir ’n kritiese oorsig oor die rol van tegniek in Suid Afrika, met besondere verwysing na Afrikanernasionaliste en Afronasionaliste, in die globale “simboliese oorlog”, soos deur Stiegler (2018) beskryf.

3 Ek verstaan tegniekfilosofie as die eietydse filosofiese deeldissipline wat sowel (i) tegnologie (dit is, die manipulering van die natuurlike en kulturele werklikheid deur mensgemaakte meganismes) as (ii) die maatskaplike en etiese gevolge daarvan ontleed, om (iii) mee te werk tot ’n bepaalde samelewing se selfverstaan binne ’n bepaalde tydsgewrig en kulturele konteks. Tegniekfilosofie bestaan uit ’n beduidende aantal deeldissiplines, waaronder risikofilosofie, wat uitsluitlik die risiko’s verbonde aan die inwerkstelling van ’n bepaalde tegnologie binne ’n bepaalde tydsgewrig en maatskaplike konteks ondersoek.

4 Erkenning word verleen aan doktore Philip Nickel en Sven Nyholm vir positiewe terugvoer en aanmoediging om my voordrag by die Filosofie van Risiko-kongres te Eindhoven Universiteit in Nederland, in samewerking met die Nederlandse Onderzoeksschool Wijsbegeerte en die 4TU Ethiek-program (26–30 Oktober 2020), as ’n manuskrip met die oog op portuurevaluering en moontlike publikasie voor te lê, juis by ’n plaaslike vaktydskrif en in ’n plaaslike taal.

5 Met diskursiewe geleier word ’n praktiese en materiële voorbeeldkonteks bedoel waarop teoretiese uitgangspunte van toepassing gemaak kan word. Kernkragvoorsiening bied dus hier ’n konteks aan waarop tegniekfilosofiese uitgangspunte ten opsigte van risikobepalings in tegnologiese kontekste van toepassing gemaak kan word.

6 Hoewel ek kennelik skepties oor kernkrag as ’n vorm van energievoorsiening is, ontken ek dus nie dat daar ’n groeiende korpus literatuur is wat kernkrag wel positief beoordeel as dié vorm van energievoorsiening wat groen oorwegings, etiese oorwegings en ekonomiese oorwegings byeen sou kon bring nie. Daarby is ek daarvan bewus dat postapartheid Suid-Afrika aan die voorpunt gestaan het van die ontwikkeling van korrelbedreaktortegnologie, wat inderdaad minder riskant en in terme van bedryfskoste meer volhoubaar as klassieke kernkragsentrales is. Nietemin is ook hierdie opvolgende kerntegnologiese ontwikkelinge steeds met onvoorspelbaarhede en risiko’s gelaai – en plaas dit steeds die gemeenskappe waarin dit ontplooi word, telkens onder eiesoortige ekologiese en etiese druk.

7 Suid-Afrika beskik oor twee kernkragsentrales. Pelindaba naby Hartebeespoort is in 1965 opgerig met kernwapenontwikkeling as aanvanklike oogmerk. Die fasiliteit word bestuur deur Necsa (South African Nuclear Energy Corporation) en is tans ’n kernnavorsingsentrum. In hierdie artikel word die kernkragopwekking by die ander sentrale, Koeberg, as diskursiewe geleier gebruik, hoewel Necsa se maatskaplike-aanvaardingstudies vir die kommersiële gebruik van kernkrag ook hier verreken word.

8 Eskom is die Suid-Afrikaanse nasionale kragvoorsiener. Dit het voorheen in Engels as Electricity Supply Commission, afgekort as Escom, bekend gestaan, en in Afrikaans as Elektrisiteitsvoorsieningskommissie, of Evkom.

9 Verwysend na die Judicial Commission of Inquiry into Allegations of State Capture.

10 Dit is wel betekenisvol dat kritiese en bevraagtekenende studies soos dié van Struwig e.a. (2014) deur die staatsbeheerde Necsa gepubliseer word – al staan die bevindinge reglynig teenoor staatsbelange.

11 Alhoewel die term Bantu gangbaar en neutraal in die tersaaklike literatuur (in Engels en die inheemse tale self; vgl. Metz 2007:321) gebruik word om na inheemse gemeenskappe in sub-Sahara-Afrika te verwys, is die term, veral in sy vroeër-gebruikte Afrikaanse vorm, bantoe, nie te ontkom aan ’n diep pejoratiewe lading nie. Die gebruik van die term word dus verder vermy.

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Ubuntu en tegniekfilosofiese risikobepaling: plaaslike kernkragvoorsiening as diskursiewe geleier appeared first on LitNet.

Ubuntu and risk evaluation in philosophy of technology: local nuclear power provision as discursive conductor

$
0
0

Abstract

Humanity has, in our age, clearly departed from the Eden-like geographical epoch known as the Holocene. Human activity has now become a geological force in itself that threatens the existence of all life on earth. For the past two decades the notion of the Anthropocene has served as a conceptual tool within a myriad of disciplines as we grapple with humanity’s new situatedness in a world of its own brave yet destructive making. A major consideration within this epoch is how humanity’s ever-increasing need for energy can be met. While the Anthropocene is a planetary crisis, the importance of localised spheres of resistance is becoming apparent. South Africa’s nuclear energy programme falls within this scope of finding ways in which to meet the energy needs of communities while remaining cognisant of the impact that these technologies may have on the earth. While localised responses to the crises of the Anthropocene are crucial to sustaining life in this epoch, the question now turns to how these innovations can be responsibly employed in localised contexts. One such global innovation that is now being employed in the localised South African context is that of nuclear power.

The South African nuclear power programme has spanned decades of contentious political and ethical debate. One of the ways in which this contentious issue can be framed is through the interdisciplinary lens of the philosophy of risk. In this particular context there is a probability that undesirable events can transpire as a result of the implementation of the technology. On the other hand, undesirable events such as the increased reliance on unsustainable fossil energy sources could occur should the risk of implementing nuclear power not be taken. The introduction of new nuclear power plants and the infrastructure needed to support it necessitates that the South African public evaluate whether the benefits of implementing these technologies outweigh the risks. The malfunctioning of nuclear power plants remains a central part of the discursive landscape as the impact of such malfunctions or meltdowns is enormous, even though such occurrences are rare in terms of the significant number of operational nuclear facilities globally. The severity of incidents such as the ones at Chernobyl and Fukushima influences, and perhaps skews, the public perception of risk. Studies on risk perception associated with nuclear power in South Africa have shown that while malfunction remains a central concern, environmental risks are also seen as central.

The positioning of possible future nuclear plants also poses economic risks to communities that are dependent on tourism. Risk assessment occurs on a variety of levels that include questions about the underlying values employed when accepting or rejecting risk, the public or private stakeholders that determine whether the risk should be taken, as well as the required evidence on which assessments are based.

To stimulate a more nuanced debate about risk acceptance within the context of nuclear energy, traditional approaches to risk can be supplemented by gauging the ethical and social acceptability of risk in the particular communities that might be affected by the proposed implementation of technologies. While the discourse surrounding nuclear power in South Africa has been controversial, the relation between the complementary notions of social and ethical acceptance of risk as understood in this context remains absent.

Delft philosopher of technology Behnam Taebi (2017) describes social acceptance as the acceptance, or often only tolerance, of new technologies in local communities whereas ethical acceptability has to do with reflection about the new technology which weighs up different moral issues that may result from the implementation of the technology in a particular community. He argues that there is an acceptance-acceptability gap that occurs when the focus is exclusively on either social acceptance or ethical acceptability without taking into account how these two modes of risk assessment interact. In order to examine how social acceptance and ethical acceptability relate to each another Taebi suggests the method of Rawlsian Wide Reflective Equilibrium. In approaching questions of risk acceptance from a position that bridges the acceptance-acceptability gap, ethical issues that may otherwise have been overlooked come to the fore. In this article the relation between social acceptance and ethical acceptability is reconsidered through the inclusion of local systems of moral thought, in this case, that of ubuntu. As will be described in this article, ubuntu is an ontological orientation that underlies the acceptance-acceptability gap within specific South African communities. An approach to risk assessment that includes this particular localised theory of morality sensitises the discourse particularly to the values of communality and intergenerational justice. While the ubuntu values presented here are exemplary of the type of values that become central in ethical decision-making when considering ubuntu thinking, they are by no means exhaustive or even representative of the range of moral questions that arise. Rather, by focusing on these specific values this paper endeavours to illustrate that there is a further gap in risk assessment that is often underrepresented, namely that of local moral systems that guide both social acceptance and ethical acceptability.

Keywords: B. Stiegler; B. Taebi; ethical acceptability of technological development; intergenerational justice; Koeberg nuclear power plant; L. Praeg; M.B. Ramose; M. Foucault; nuclear technology in South Africa; philosophy of risk; philosophy of technology; risk assessment in technological contexts; social acceptance of technological development; technological-ethical acceptability; T. Metz; ubuntu; umuntu

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans

Ubuntu en tegniekfilosofiese risikobepaling: plaaslike kernkragvoorsiening as diskursiewe geleier

The post Ubuntu and risk evaluation in philosophy of technology: local nuclear power provision as discursive conductor appeared first on LitNet.

Kennisgewing: US is gasheer vir taalkollokwium vir openbare universiteite

$
0
0

Die Universiteit Stellenbosch (US) is vandeesweek die gasheer vir ’n aanlyn taalkollokwium wat gerig is op hoëronderwysinstellings. Die kollokwium, wat van 28 tot 29 September 2021 onder die vaandel van Universiteite Suid-Afrika (USAf) aangebied word, is ’n gesamentlike projek van die Community of Practice for the Teaching and Learning of African Languages (CoPAL), ’n afdeling van USAf, en die US as gasheer.

Sprekers sluit in regter Albie Sachs, afgetrede regter van die Konstitusionele Hof, en rektore en visekanseliers van onder meer die Universiteite van Stellenbosch, Kaapstad en die Vrystaat, sowel as Rhodes-universiteit.

Hierdie kollokwium is die eerste in ’n reeks geleenthede wat universiteite gaan aanbied oor die nuwe taalbeleid vir hoëronderwysinstellings. Rektore en viserektore sal samesprekings voer met kundiges en belanghebbendes oor die toepassing van die nasionale Taalbeleidsraamwerk vir Openbare Hoëronderwysinstellings wat in Oktober 2020 in die Staatskoerant afgekondig is.

Volgens USAf het die Taalbeleidsraamwerk die vraagstuk oor taal skerp na die voorgrond gebring: "Hoëronderwysinstellings het taalbeleide vir hul onderskeie universiteite ontwikkel, maar daar is ’n beduidende behoefte vir kernrolspelers in die bedryf om hulle begrip van die Taalbeleidsraamwerk te verdiep sowel as van die toepassing daarvan."

Sizwe Mabizela, visekanselier van Rhodes-universiteit en voorsitter van USAf se Onderrig-en-leer-strategiegroep, het gesê: "Ons moet die taalbeleid wegskuif van die kantlynposisie wat dit tans by instellings beklee en dit reg in die middel plaas van visekanseliers se strategiese beplanning. Dit staan sentraal tot die erkenning van die diversiteit van studente. Ons moet ook trots wees op ons eie tale en ’n boodskap aan ons kinders oordra dat Engels belangrik is, maar dat ander tale tot dieselfde vlak gelig moet word as ’n belangrike kommunikasiemedium vir ons gedagtes en idees. Ons mense moet dit geniet om te kan sien dat hulle tale gerespekteer word. Taal bou ook ’n nasie."

Wim de Villiers, rektor van die US, verwelkom die geleentheid om met ander universiteite saam te werk.

"Ons sien uit daarna om deel te neem aan hierdie belangrike gesprek en om insigte te verkry van kollegas en kundiges by ander instellings. By die US is ons bewus van die uitdagings en geleenthede wat gepaardgaan met die toepassing van ’n taalbeleid, hoe dit belyn met die Taalbeleidsraamwerk en die sterk debatte wat dit tot gevolg het. Ons verwelkom egter hierdie debat. Samewerking is belangrik, en ons eerlike gesprekke hieroor kan tot oplossings lei. Deur aksies soos hierdie kan ons ook ’n dieper begrip ontwikkel van die waarde van meertaligheid," het hy gesê.

Die US se Taalbeleid bevorder meertaligheid en hou rekening met "die diversiteit van ons samelewing, sowel as die intellektuele rykdom wat in daardie diversiteit opgesluit lê".

Onderwerpe tydens die kollokwium sluit in: die Taalbeleidsraamwerk vir Openbare Hoëronderwysinstellings in die konteks van die Suid-Afrikaanse Grondwet; die rol van taal om hoëronderwysinstellings te transformeer; die nuwe Taalbeleidsraamwerk as meganisme tot studentetoegang en -sukses; die geleenthede wat die nuwe Taalbeleidsraamwerk bied ten opsigte van die idee van ’n universiteit in Afrika; en die transformasie van die akademie deur die gebruik van Afrikatale.

Taaldag

Ter viering van die geleenthede en moontlikhede wat meertaligheid inhou, bied die US se Afdeling vir Leer- en Onderrigverryking weer vanjaar ’n Taaldag, op 30 September, vir personeel en studente aan.

Die tema vanjaar is "Taal, leer, leef! Die implementering van meertaligheid by die US in akademiese en sosiale ruimtes". Taaldag handel nie oor die Taalbeleid self nie, maar fokus op hoe taal aan die US benader word.

Die twee subtemas wat vanjaar belig word, is meertaligheid in (aangevulde afstands-) leer, onderrig en assessering en meertaligheid in administratiewe, sosiale en leefruimtes.

"Ons sal maniere bespreek om ’n meertalige ingesteldheid by onderrig, leer en assessering sowel as by die sosiale lewe buite die klas te integreer. Die twee paneelbesprekings met daaropvolgende wegbreekgroepbesprekings sal US-personeel en -studente die geleentheid gee om hulle stemme te laat hoor, beste praktyk te deel en saam oplossings vir uitdagings te probeer vind," verduidelik Antoinette van der Merwe, senior direkteur van die Afdeling Leer- en Onderrigverryking, wat Taaldag reël.

"Ons glo dat meertaligheid oor meer gaan as bloot die vermoë om verskeie tale te gebruik. Dit gaan daaroor om aan mense ’n stem te gee, ongeag die taal of tale wat hulle gebruik."

The post Kennisgewing: US is gasheer vir taalkollokwium vir openbare universiteite appeared first on LitNet.

Verkiesingskoors of electile dysfunction?

$
0
0

Bettina Wyngaard (foto: Naomi Bruwer)

Memes en spotprente is meesal ’n meer akkurate weergawe van sosiale kommentaar as enigiets wat deur professionele kommentators opgedroom kan word. Juis daarom het ’n meme oor die komende verkiesing my aandag getrek.

“Electile dysfunction: the inability to be aroused by any of the parties standing for election.” Hierdie woorde, geskryf op ’n swartbord, word sedert die hof beslis het oor die ANC se aansoek dat die kieslyste heropen word, op sosiale media gesirkuleer.

Verkiesingseisoen is op ons, en soos gewoonlik word geen baba ongesoen gelaat en bly geen leë belofte onuitgesproke nie. Dis nog bietjie vroeg, maar hier teen middel Oktober gaan ons komberse, koshampers en KFC-hoender onder voornemende kiesers sien sirkuleer.

.......

Verkiesingseisoen is op ons, en soos gewoonlik word geen baba ongesoen gelaat en bly geen leë belofte onuitgesproke nie. Dis nog bietjie vroeg, maar hier teen middel Oktober gaan ons komberse, koshampers en KFC-hoender onder voornemende kiesers sien sirkuleer.

.......

Vat hulle omkoopgeskenke en stem nog steeds vir wie jy wil, is met elke verkiesing my advies. Maar vir wie om te stem?

Die DA reken Madiba sou met hierdie verkiesing vir hulle stem. Toe ek dít sien, het ek gelag tot die trane loop. Nee, John Steenhuisen, ek dink Madiba sou eerder ’n bedorwe stem uitbring of op verkiesingsdag laat slaap as om die tweede mees disfunksionele party in die land te ondersteun.

Wenner vir mees disfunksionele party? Die party wat in beheer van die land is, wat besluit oor wanneer en hoe die verkiesing sal plaasvind en nog steeds nie in staat is om hul eie kandidaatlyste betyds uit te bring nie. Die party wat midde-in ’n pandemie die fondse wat bedoel is om die mense te help, loop steel sonder dat daar regtig daadwerklik teen die skuldige partye opgetree word. Daai party. Selfs terwyl ek hierdie woorde tik, weet ek dat daar iewers alreeds weer iemand met hul vingers in die geldkas sit. En dan verwag hulle, sonder enige teken van ironie of skaamte, van ons om hulle in beheer van ons plaaslike regerings te plaas? Miskien moet hulle die politiek los en stand-up komedie probeer.

.........

Daai party. Selfs terwyl ek hierdie woorde tik, weet ek dat daar iewers alreeds weer iemand met hul vingers in die geldkas sit. En dan verwag hulle, sonder enige teken van ironie of skaamte, van ons om hulle in beheer van ons plaaslike regerings te plaas? Miskien moet hulle die politiek los en stand-up komedie probeer.

........

Wie bly oor? Die VBS-stropers? Die Good-party, wat regtig nie enigiets goeds gedoen het sedert hulle tot stand gekom het nie? Toegegee, hulle het sover ek kan agterkom niks slegs gedoen nie, maar vermoedelik ook maar net omdat hulle te oneffektief is daarvoor. Die Vryheidsfront Plus, wie se kandidate almal lyk asof hulle met die TARDIS uit die tagtigs getransporteer is?

Die ennui tree reeds in. Die politici is al wat opgewonde oor die komende verkiesing is.

Daar is regtig niks om die een party van die ander te onderskei nie. Almal se politieke beleid lyk identies, en word ewe min toegepas. Mens kan netsowel “eeny, meeny, miny, moe” sê en op daai manier besluit wie jou stem moet kry.

In my tuisdorp het van die politici nou begin wakker skrik uit hul sluimering sedert die vorige verkiesing. Eskom, gebrekkige en afwesige straatligte, en eiendomsmisdade gaan groot wees hierdie jaar, as die WhatsApp-boodskappe en ander sosiale media enige aanduiding is.

My wyksraadslid, of altans haar foto, het ek laas op ’n lamppaal gesien. Of sy in die afgelope paar jaar enigiets gedoen het, is ’n ope vraag. Dalk werk sy kliphard agter die skerms, maar ek is seker ons sal haar foto binne die volgende paar weke weer op die lamppale sien pryk. Tot volgende keer.

........

My wyksraadslid, of altans haar foto, het ek laas op ’n lamppaal gesien. Of sy in die afgelope paar jaar enigiets gedoen het, is ’n ope vraag. Dalk werk sy kliphard agter die skerms, maar ek is seker ons sal haar foto binne die volgende paar weke weer op die lamppale sien pryk. Tot volgende keer.

........

As daar enigiets in my wyk verkeerd gaan, nader ons maar die raadslid vir een van ons buurdorpe, want ten minste doen sy iets.

Trek jou kruisie, abrakadabra verdwyn jou raadslid net om met die volgende verkiesing uit die dode te herrys. Rinse. Repeat. Dis soos ’n wasmasjien se siklus, behalwe niks kom ooit skoon nie.

Dalk moet ek ’n groep stig vir ED Anonymous. Hi, ek is Bettina Wyngaard en ek lei aan electile dysfunction.

The post Verkiesingskoors of electile dysfunction? appeared first on LitNet.

Elders gesien: Michiel Botha het hom hart en siel aan ’n boekontwerp oorgegee

$
0
0

Frederik de Jager skryf of Facebook:

Een van die lekkerste dele van boekmaak is die ontwerp van die omslag. Ek was lank genoeg in die besigheid om modes te sien kom en gaan. In my beginjare, by J.L. van Schaik en toe Tafelberg-Uitgewers, was boekontwerp in ’n trog. Daar was ’n eenselwigheid en ’n stoerheid aan, met uitskieters hier en daar.

By Queillerie het mense soos Piet Grobler interessante werk vir ons gedoen. Heelwat later, en na ’n goeie ruk uit die bedryf uit, beland ek by Umuzi, wat deel was van Random House. Dit was vir my die opwindendste nuwe era met voorbladontwerp, wat sedertdien groot spronge vorentoe gemaak het. Een van die groot sterre onder die vryskutontwerpers, was Michiel Botha.

Hy is gister oorlede.

Michiel het hom hart en siel aan ’n boekontwerp oorgegee. Elke nuwe boek met hom was ’n gebeurtenis. Hy het aangedring op ’n deeglike opdraggewing (briefing). As hy nie genoeg besonderhede gekry het nie, het hy gevra. Hy het die manuskrip gelees – iets wat verbasend genoeg nie deur die bank onder ontwerpers gebeur nie.

Dan het Michiel ’n afspraak met jou gemaak. Nie ’n paar voorstelle haastig ge-e-pos en oor die foon gepraat nie. Hy het ’n skoon tafel nodig gehad, want hy het ontwerpe, soms op groot velle, daarop uitgelê. Dis nie net dat hy verskillende variante voorgelê het nie, hy het geheel verskillende benaderings uitgehaal. Hy het oor die geskrewe werk nagedink en konseptuele eweknieë daarvan op papier voorgelê, en sy gedagtegang op intelligente wyse uitgedruk

Hy was eiesinnig, selfs hardkoppig. Dit het selde uitgewerk om hom in besonderhede voor te skryf. Hy sou nie luister nie en jy sou hom ongeduldig vind met jou aandrange. Soms was dit gepas hom die manuskrip sonder ’n woord te gee en dan te wag en sien waarmee hy vorendag kom. Hy sou die skrywer se werk ken, hy sou op die toonaard ingeskakel wees, en hy sou jou verras met ’n verbeelding van die boek waaraan jy nie kon gedink het nie.

En hy was doodernstig oor wat hy doen. Hy het die grootste agting gehad vir die waarde van die skrywer en sy of haar werk. Hy sou homself nie toelaat om ’n minderwaardige antwoord daarop te gee nie. Meesal het hy daarop aangedring om die teksontwerp ook te doen. Hy was ’n goeie tipograaf. Hy wou dat die hele visuele aanbod van die boek ’n geïntegreerde geheel maak.

Van die beste ontwerpe waarvoor ek in my jare opdrag gegee het, was Michiel Botha s’n. Hy het nie modes nagejaag, nie goedkoop uitlokking geduld nie. Sy ontwerpe was nie vir die massas nie – maar sulke boeke het jy ook nie vir Michiel gegee nie. Sy werk was soos die ouverture van ’n opera: ’n eerste smaak, volledig in die styl van wat volg, en so naby aan ’n sinopsis van die werk as wat jy binne die bestek van ’n A5-grootte vlak kon kry.

Die drie voorbeelde hierby is kennelik die werk van een man, hoe verskillend hulle ook al is. Hierdie drie was almal sonder voorskrif. Net die manuskrip, en wat hy daarmee gedoen het.

Deur die gestalte wat hierdie man aan boeke gegee het, het hy ’n bydrae tot die boekbedryf in Suid-Afrika gemaak wat nie bereken kan word nie.

Die “voorblad” van Michiel se webwerf is net ’n foto van ’n wit boek, sonder enige merk daarop. So sal voortaan elke boek lyk wat hy nie meer kan ontwerp nie.

The post Elders gesien: Michiel Botha het hom hart en siel aan ’n boekontwerp oorgegee appeared first on LitNet.

Viewing all 21598 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>