Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21582 articles
Browse latest View live

Nuut by Human & Rousseau: Simoelégri deur Jaco Fouché

$
0
0

Lady Die het huisvesting gevind in die ruïne van ’n kerk, in ‘n stadsbuurt genaamd Simoelégri. Baie vlugtelinge het hier opgeëindig, ná eers die virus en toe nog rampe tot sosiale onrus gelei het. In ander dele van die land is daar nog ’n mate van orde, maar nie in Simoelégri nie. In Simoelégri is jou beste vriend die straat se dwelmhandelaar, en jou enigste bron van hitte ’n konkavuur. Oral loop die gerugte van groter onrus en geweld. Aangrypend. 'n Hoogpunt in Fouché se oeuvre.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

The post Nuut by Human & Rousseau: <em>Simoelégri</em> deur Jaco Fouché appeared first on LitNet.


Nuut by Protea Boekhuis: Dingeth deur David Walliams

$
0
0

Klara Klein het alles wat sy moontlik kan begeer. Maar alles is nie genoeg nie. Sy wil nog en nog en nóg goed hê! Op ’n dag besluit Klara sy wil ’n DINGETH hê, maar daar is net een probleem. Wat is ’n DINGETH?

Mnr. en mev. Klein sal enigiets doen om hul dierbare doggie gelukkig te hou, selfs al beteken dit hulle moet by die kelder onder die biblioteek ingaan om ’n antwoord in die geheimsinnige Monsterklopedie te kry. Hul desperate soektog lei na die donker dieptes van die oerwoudagtigste oerwoud waar die vreemdste vreemde dierasies lewe.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

The post Nuut by Protea Boekhuis: <em>Dingeth</em> deur David Walliams appeared first on LitNet.

Nuut by Human & Rousseau: Roofdier deur Marie Lotz

$
0
0

Vyf vooraanstaande sakemanne van Pretoria word koelbloedig met hul eie jagwapens vermoor.

Kaptein Alek Strauss, lid van die Fiskale se Spesiale Ondersoekeenheid, het nog nooit iets so gewetenloos teëgekom nie. Waar gaan die Woestynroos volgende toeslaan? Die Fiskale se forensiese speurwerk lewer geen leidrade op nie, en met elke grumoord word die moordenaar slinkser.

’n Senutergende krimi-debuut deur Marie Lotz – ’n skrywer wat die bloederige donker onder ’n blink oppervlak blootlê.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

The post Nuut by Human & Rousseau: <em>Roofdier</em> deur Marie Lotz appeared first on LitNet.

Nuut by Protea Boekhuis: #kouekoffie deur Carla Lang

$
0
0

As slaap en alleen piepie vir die voëls is, jy weke laas beenhare kon skeer, jy sukkel om in jou broeke te pas en push-up bra’s moet dra – o ja, en jy gewoond is aan koue koffie – dan is hierdie rubriekbundel vir jou!

’n Humoristiese blik op die vreugdes en uitdagings van moederskap en vrouwees.

Carla Lang se blog, #kouekoffie, het reeds oor die 15 000 aanhangers (followers). Van die rubrieke het oorspronklik op Netwerk24 verskyn.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

The post Nuut by Protea Boekhuis: <em>#kouekoffie</em> deur Carla Lang appeared first on LitNet.

New from Tafelberg: The new apartheid by Sizwe Mpofu-Walsh

$
0
0

South Africa’s story is often presented as a triumph of new over old, but while formal apartheid was abolished decades ago, stark and distressing similarities persist. Sizwe Mpofu-Walsh explores the edifice of systemic racial oppression — the new apartheid — that continues to thrive, despite or even because of our democratic system.

Click here for more information about this publication.

The post New from Tafelberg: <em>The new apartheid</em> by Sizwe Mpofu-Walsh appeared first on LitNet.

Carina Diedericks (1977–)

$
0
0

Gebore en getoë

Carina Diedericks is op 11 Maart 1977 in Johannesburg gebore. Sy is die jongste van drie kinders (amper ’n laatlammetjie, beskryf sy haarself) na twee broers, Christiaan en Gerhard. Haar pa was in die bankwese en haar ma ’n onderwyseres.  

Sy begin haar skoolloopbaan aan die Laerskool Horison in Roodepoort aan die Wes-Rand Sy onthou ook dat hulle huis “dig gestaan het van die boeke”. “Ek kan nie veel onthou van graad een nie behalwe dat ek steeds deur my ma gedwing was om ballet te neem, ek regtig nie vinnig kon hardloop nie, daar elke pouse oliebolle vir 50c verkoop is en ons skoolklere ’n baie lelike bruin was,” vertel sy in ’n biografiese skets aan NALN.

Hierna verhuis die gesin na Pretoria, waar hulle vir vier jaar gewoon het. Vir Carina was dit heerlike jare en is sy steeds van mening dat Pretoria ’n baie lekker plek was om groot te word. Sy het daar die Laerskool Anton van Wouw bygewoon en vertel dat sy “woes geswem en koor gesing het, nou en dan klavierles geneem, was ’n baie goeie Voortrekker (ek kan steeds vinniger ’n vlag hys en stryk as enigiemand wat ek ken, vertel sy in 2004) en het nogal van ons skooluniforms (vir ’n slag) gehou. Ek was veral in my noppies dat ek kaalvoet kon skool toe gaan.

“Ek onthou Pretoria veral as die plek waar ek regtig ernstig begin lees het. Ons het aan die groot biblioteek in die stad behoort waar ek deur al die boeke gedraf het en ek was lid van die Daan Retief Boekklub. Elke maand het ’n pakkie gekom met ’n boek, ’n Japsnoetboekie (’n tipe niefiksieboekie) en ’n aktiwiteitsboekie. My broers het ook al die jare aan die klub behoort wat beteken het dat ek eintlik drie keer soveel boeke gekry het as enige van my ander maats! My gunstelingboeke was die Swart Kat-reeks van Chris Sassner. Ander gunstelinge was die Maasdorpreeks en Nancy Drew. Ek het ’n Swart Kat-uniform gehad en het met my BMX deur die strate gery en avontuur gesoek (wat ek natuurlik nie gekry het nie) en toe maar bly lees en perdry.”

Carina onthou baie goed hoe sy en haar ma op haar negende verjaardag na die biblioteek in Pretoria is sodat sy, nes haar ma en haar ouma voor haar, kon begin lees aan Stella Blakemore se Maasdorp-reeks: “My coming af age het begin. Sedertdien sien ek uit na elke Desember vir ’n jaarlikse kuier met Kobie en die girls.”

Sy vertel in Beeld van 25 Julie 2011: “Vandag weet ek drie dinge: As dit nie vir Maasdorp was nie, het ek nie self ’n reeksboekskrywer geword nie; daar is nog ongeveer 90 dae voordat ek weer Maasdorp besoek; en ek is baie bitter dat my ouers my nie in die koshuis wou sit nie.”

Aan die begin van haar hoërskoolloopbaan trek Carina saam met haar gesin Kaapstad toe. Sy was aanvanklik nie baie gelukkig daar nie. In die Laerskool Groote Schuur het almal gedink sy is baie vreemd omdat sy van haar “mô” en haar “pô” gepraat het. Sy het dit egter baie geniet om so naby aan die see te wees en nou meer perd te ry as in Pretoria. Later het hulle na Constantia verhuis, waar al die bure perde gehad het: “Maar dit was wonderlik, want ons huis was so naby aan Duiwelspiek dat ek soms vir Van Hunks moes gil om maar stadig te gaan met sy pyp.”

Carina beskryf haarself as ’n “vreeslik soet en voorbeeldige tiener” en dat as sy haar lewe kon oorhê, sy as tiener sou begin het omdat haar lewe toe só vervelig was. “My onderwysers by Herschel School (’n private meisieskool in Claremont) sê nou nog ek bly hulle gunsteling. Ek was nooit ’n rebel nie – ek het altyd my huiswerk gedoen, was onderhoofmeisie, het nie te laat uitgebly nie en het selfs hokkie gespeel (selfs al het ek nie daarvan gehou nie). Ek was wel mal oor waterpolo. In graad elf is ek gekies as uitruilstudent na Amerika waar ek by Brooks School in Boston skoolgegaan het.

“Ek en die meisie wat saam met my was, het daarna vir ses weke deur Amerika ge-backpack wat wonderlik was. Ons het van Boston via Cape Cod, Washington, Atlanta en Orlando tot in Miami gereis, oor die breedte van die land na die Grand Canyon, Dallas en Las Vegas, gaan sterre kyk in Los Angeles, gesurf in San Francisco en weer die pad noord gevat na Seattle. Dit het hopeloos te veel daar gereën en ons het weer oos beweeg, vinnig gaan kyk na die Niagara Falls en uiteindelik ’n ruk in New York gebly.”

Carina matrikuleer aan Herschel School.

Verdere studie en werk

Carina is na skool na die Universiteit Stellenbosch, waar sy ingeskryf het vir ’n BA-graad (internasionale studies). Sy verwerf haar honneursgraad Afrikaans en Nederlands (cum laude) en in 2005 voltooi sy haar MPhil in joernalistiek met lof. Sy vertel aan NALN dat daar vyf dinge met haar op Stellenbosch gebeur het: “Ek het fantastiese vriende gemaak, ek het uitgevind ek wil skryf, ek het die wondere van witwyn ontdek, ek het my droomman ontmoet en ek het ’n BA-graad en my honneursgraad gekry.”

Carina se droomman was Daniel Hugo, omroeper by RSG, digter en vertaler met wie sy in 2001 getroud is.

Carina vertel aan Nanette van Rooyen op LitNet (Absa Ketting) oor die wisselwerking tussen haar en Daniel op skryfgebied: “Dit werk wonderlik vir my. Daniel staan bekend as iemand wat onselfsugtig leiding en hulp aan veral ontluikende skrywers en digters gee. Hy het 25 jaar se ondervinding as keurder, skrywer, vertaler, redigeerder en resensent. Hy het ’n magdom kennis en ondervinding waaruit ek natuurlik na hartelus kan put! Hy gee my die ruimte om te skryf wanneer ek wil en ek verstaan die ruimte wat hy nodig het om te kan dig of vertaal.

“Ons lees altyd mekaar se werk voor publikasie. Die feit dat ons belangstel in verskillende genres, beteken dat ons albei met vars perspektiewe na mekaar se werk kan kyk en kommentaar kan lewer. Maar natuurlik bly kritiek nie iets wat ’n skrywer graag wil hoor nie! En ja, daar is soms oorverdowende stiltes ná ’n terugvoersessie. Ons weet egter dat die kritiek wat ons op mekaar se werk het, sonder ’n verskuilde agenda is en dis selde dat ons nie mekaar se kommentaar en voorstelle inwerk nie.”

Sy en Daniel is in 2011 geskei.

Sy gaan werk in Maart 2003 by Human & Rousseau as kinderboekeredakteur: massamark, koproduksies en leesinisiatiewe. “Ek hou van my werk omdat ek die hele dag met my neus in ’n boek kan sit sonder dat iemand dink ek is besig om lyf weg te steek. Ek tree baie by skole op wat die gunstelingdeel van my werk is, want ek dink kinders is wonderlik. Verder werk ek hoofsaaklik met buitelandse uitgewers, waarvoor ek dankbaar is, want skrywers kan maar moeilik wees” (aan NALN).

In Maart 2008 sluit Carina haar aan by Protea Boekhuis se personeel as ’n redakteur tot Augustus 2010. In 2004 begin sy haar tydperk as ondervoorsitter van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans en in 2005 is sy aangewys as voorsitter van die uitvoerende komitee van sie Suid-Afrikaanse Kinderboekforum.

Daarna is sy skrywer, resensent en onafhanklike uitgewerskonsultant, waar sy onder andere reisartikels vir Great Guide skryf. In 2015 is sy vir ’n ruk assistentbestuurder van Bartinney Wine and Champagne Bar, waarna sy optree as kommunikasiebestuurder van Longridge Wine Estate. Sy was ook handelsmerkbestuurder by Eikendal-wynplaas voordat sy bemarkingsbestuurder by Hazendal-wynplaas geword het. In April 2020 is sy aangestel as digitale handelsmerkbestuurder by die KWV op Stellenbosch, waar sy in beheer is van die digitale bemarking (sosiale media, webblad, advertensies, TV, ens) vir die spiritus-handelsmerke. 

Voordat Carina se eerste boek gepubliseer is, het sy al haar stem as skrywer laat hoor. In 2000 is sy die wenner van die Insig/MTN Woordfees-skrywerskompetisie en ook in 2000 stap sy weg as die wenner in die jaarlikse skryfkompetisie van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging.

In 2001 verskyn Oogkontak op Contentlot. Dit is ’n trilogie wat sy as ’n student by Marlene van Niekerk geskryf het.

In 2001 verskyn haar eerste jeugboek in die Thomas@-reeks by LAPA Uitgewers en dit is dadelik ’n sukses. Die hoofkarakter in die reeks is Thomas, ’n seun in graad 8 wat saam met sy pa en stiefma in ’n ou Victoriaanse huis in Kaapstad intrek. In die eerste titel in hierdie reeks, Thomas@moord.net, begin daar vreemde dinge in die huis gebeur – Thomas se drukker begin boodskappe druk terwyl die rekenaar af is, stemme roep sy naam en hy hoor voetstappe in die huis. Hy vind toe uit dat ’n jong meisie honderd jaar tevore in die huis vermoor is en saam met sy vriende probeer Thomas agter die kap van die byl kom.

Oor die ontstaan van die reeks vertel Carina aan Adriaan Basson in Rapport (26 Mei 2002) dat sy en Daniel in so ’n ou huis ingetrek het. Die wonderlike atmosfeer van die huis het haar ingetrek en soms het dit gevoel asof hulle nie alleen is nie.

Sy onthou ook baie goed wat die impetus was vir die begin van die skryf van Thomas@ (LitNet, 2015): “Die jaar was 2001 en ons het die middag by vriende gebraai. Hulle twee jong tienerseuns en hulle makkers het in en uit die huis, swembad en die bure se avokadoboom gehardloop, gespring en geklouter. Ek het op daardie stadium begin speel met die idee om ’n tienerboek te skryf en het orals waar ek gaan, tieners skaamteloos dopgehou en afgeluister. Ja, ek besef dit het verdag gelyk en ’n ma in Mugg & Bean het my eenkeer smerig aangekyk toe ek baie openlik die ma-dogter-bekgeveg gesit en geniet het.

“Terug by die braai. Die seuns het al hoe meer rumoerig geraak. Op ’n stadium staan die seuns elk met ’n rugsak oor die skouer. Hulle gaan kuier. Waar? By daai ander ouens. Watter ouens? Pa weet mos. Daai ander ouens. Ken ek hulle? Moenie so wees nie, dis embarrassing. Almal gaan daar wees. Almal. En dis net hier om die draai – stapafstand. Pa sit sy voet dwars. Almal gaan huis toe en sy telge moet nou kom sit en tot bedaring kom. Nee, daar sal nie om die draai gekuier word nie en gaan bêre die twee biere in julle sakke weer in die yskas. Die oudste, Hannes, gooi ergerlik sy sak in die gang neer. Ag flippit, man! mor hy, trek sy vingers deur sy deurmekaar hare, gaan sak dramaties in ’n stoel neer en begin verwoed op sy selfoon te tik.

“Daardie aand het ek gaan sit en die eerste woorde geskryf wat die begin sou word van die Thomas@-reeks: ‘“Flippit, man!” Thomas gooi die boks in die gang neer. Vies storm hy by die voordeur uit en gaan sit op die stoep.’”

Carina verduidelik verder op LitNet oor haar gebruik van tegnologie in die Thomas@-boeke: “Om tegnologie as die leitmotief in my werk te gebruik was nie ’n doelbewuste besluit nie. Dit was ’n natuurlike, onvermydelike element wat ek sou moes inwerk as ek regtig so sterk daaroor gevoel het om verhale te skryf wat die ware werklikheidsverstaan van ’n tiener vasvang en tot ’n moderne, jong leser sou kon spreek. Meer nog, ek wou ’n realistiese, moderne milieu skep waarin ’n verhaal hom kan afspeel. Punt. Tegnologie is ’n onlosmaaklike deel van ons bestaan en verstaan van die wêreld om ons. Dit is nie beperk tot ’n ouderdomsgroep of demografiese gebied nie.

“Die grootste uitdaging deur die jare was om tegnologie aan te wend sodat dit realisties is, maar sonder om die tegnologie so sterk en spesifiek ’n rol te laat speel dat die verhaal sneuwel as gevolg van onvermydelike tegnologiese veroudering. Die uitweg wat ek gekies het, is om nooit te spesifiek te verwys na ’n rekenaar- of selfoonmodel nie; die rekenaarspeletjies is fiktief; en handelsmerke word vermy. Die gevolg was baie interessant. Soos die tegnologie teen ’n duiselingwekkende tempo verander en verbeter, so vang die thomas@-reeks ’n tegnologiese tydsgees vas. Die eerste boek het in 2002 verskyn. Nie elke tiener het ’n slimfoon gehad of geWhatsApp nie, want toe het dit nog nie bestaan nie. Wat hulle wel doen, is om verwoed rekenaarspeletjies te speel, en e-posse en Ims te stuur (thomas@moord.net). Toe kom rekenaarvirusse en soekenjins (thomas@skerpioen.net). Later kry elkeen sy eie foon en die sms’e begin vlieg (thomas@sms.net). Tien jaar later en hulle Facebook, WhatsApp, boer op Mxit-kanale en speel aanlyn RPG’s (Die verdrinking van Josua van Edenthomas@vrees.net).” 

Carina beskryf Thomas aan Jaco Jacobs (Volksblad, 27 Januarie 2003): “Thomas is in graad agt en woon in Kaapstad. Hy is ’n doodnormale ou wat hou van pizza, sport, sy rekenaar en ook van sy goeie vriendin, Alex. Hy dink die skoolhoof is walglik, hy is ’n vrekgoeie losskakel, hy bekommer hom oor sy beste vriend, Hannes, wat soms ’n bietjie snaaks is ná ’n kaping en uiteindelik lyk sy stiefma, Louise, nie so sleg nie.

“Karakters in jeugboeke val telkens net in twee kategorieë: óf hulle is hierdie ‘superkids’ wat alles onder die son en sonder moeite kan doen, óf hulle is totale verloorders. Ek hoop Thomas is iemand met wie ’n mens kan assosieer omdat hy ’n bietjie meer realisties is.”

Oor hoe dit gebeur het dat sy begin skryf het, vertel Carina verder aan Jacobs: “Ek was in ’n Engelse meisieskool en vinnig besig om te verengels, maar in matriek het ons ’n fantastiese Afrikaans-juffrou  gekry wat my oorreed het om weer Afrikaanse boeke te lees. Dit was ’n ongelooflike ervaring – eintlik ontdekking.

“Soos die meeste jongmense wat in woorde belangstel, het ek daarná deur ’n ultra ‘diep’ fase gegaan en verwoed begin dig, maar dit was verskriklik sleg. Absoluut onleesbaar. Ek het op universiteit kortverhale geskryf en ’n gedeelte van my honneurskursus in kreatiewe skryf by Marlene van Niekerk gedoen.

“Die persoon wat my egter aan die skryf gekry het, was my huidige uitgewer, Miemie du Plessis, van Lapa-Uitgewers. Ons paaie het gekruis en Miemie het geduldig aangemoedig, geïnspireer, raad gegee en uiteindelik was Thomas@moord.net die produk. Ek sal altyd diep dankbaar wees vir Miemie dat sy my by kinder- en jeugboeke uitgebring het. Ek kan nie aan iets anders dink wat ek eerder sou wou doen nie.”

Carina vertel aan Adriaan Basson meer oor die Thomas@-reeks: “Die reeks gaan basies op dieselfde grondslag werk as die ou reekse soos Uile, Maasdorp, Keurboslaan en Fritz Deelman. Die verskil is egter dat namate Thomas ouer word, sal vriende kom en gaan, hulle sal kwessies in die gesig moet staar soos verliefdheid, dwelms, egskeiding, drankmisbruik, konflik met hul ouers – alles waarmee tieners vandag in aanraking kom. Dit is vir my baie belangrik dat die reeks sterk, driedimensionele karakters uitbeeld en dat die stories iets aan ’n wye verskeidenheid lesers sal bied.”

Carina meen dat sy as skrywer van jeugboeke baie by haar medeskrywers kan leer, vertel sy aan Basson: “Ek bewonder François Bloemhof se guts om prontuit kwessies aan te raak waarmee tieners sukkel, soos seks en dwelms. Barrie Hough is seker een van die vlotste skrywers wat ek gelees het en iemand wat met wonderlike, innoverende stories vorendag kom, is Jaco Jacobs. Natuurlik is daar JK Rowling wat dit regkry om boeke te bied wat in die smaak val van feitlik almal wat haar boeke lees. My gunstelingskrywer is Stella Blakemore (skrywer van die Maasdorp- en Keurboslaan­-reekse). Om te dink boeke wat in die 1930’s geskryf is, lesers vandag nog boei – dit is inspirerend!”

Die kritici is dit almal eens oor die Thomas@-reeks (tot 2021 is daar tien titels in die reeks):

  • Maritha Snyman: “Aangesien hierdie reeks (deur ’n jong en byderwetse outeur) die enigste ware reeks is wat tans in Afrikaans uitgegee word, word dit met ope arms verwelkom. Dit is lank reeds bewys dat baie kinders se liefde vir lees by reeksboeke Net enkele literêre snobs glo nog dat reeksboeke sleg vir kinders is. Dus, welkom aan Thomas, Hannes en Alex. Ja, in die gees van die tyd is een van die ‘driemanskap’ in hierdie reeks ’n meisie. Hulle is egter nie ’n tradisionele bende nie, maar slegs drie maats wat deur omstandighede saamgegooi word. (…)

“Die outeur hou verskillende kante van die karakters aan die leser voor. Veral Thomas groei deur die insig wat die leser verkry tot ’n oortuigende tienerkarakter. (…) Die kommentaar van die meeste wat die boeke op my versoek gelees het, was kort en bondig ‘Cool’. Die kritiek wat daar was, het oor die karakters gehandel, naamlik dat ’n mens te min oor hulle lees en dat die storie te gou verby is. (…)

“Soos die reekstitel, Thomas@ aandui, speel moderne tegnologie ’n groot rol. Die rekenaar is nie net die plek waar die intrige sy oorsprong het nie, maar is deels ’n instrument waardeur die verhaal (moord.net) ontknoop en die leser aan die einde steeds met afwagting laat. (…)

“Die boek is die regte medisyne vir ’n geslag kinders wat al hoe meer ongeletterd raak. Ek hoop dat Thomas, soos Trompie, ’n vertroude naam sal word.” (Beeld, 6 Mei 2002)

  • George Weideman: “Diedericks-Hugo toon fyn insig in die gemoed van die jong adolessent. Thomas en sy portuurs is almal rekenaarwys, maar hulle is nie bleeksiele nie. Die knaap haak soms ’n bietjie uit en toon die tipiese bravade van ’n jong seun.” (Taalgenoot, Oktober 2002)
  • Adéle Dempers: “Die Thomas@-reeks is ’n wegholsukses en meer as 130 000 kopieë (in 2011) van die reeks is al verkoop. As jy kyk na eietydse storielyne, die stewige spanningslyn en die karakters met wie enige tiener kan identifiseer, dan verbaas die verkoopsyfer nie. Dit was my eerste kennismaking met Thomas en ek het vasgenael gesit. Ek het die skrywer se taalgebruik baie geniet en tieners sal ook daarvan hou. Wat ek interessant gevind het, was die balans wat sy geskep het. Hannes huiwer nie om sy taal te mix nie, maar dan is daar Alex wat altyd daarop aandring om korrekte Afrikaans te praat. Thabo praat weer net Engels, wat ook karaktergetrou is. Daarby bly humor en romanse nie uit nie ... (Volksblad, 26 Maart 2011)
  • Joan Hambidge: “Carina Diedericks-Hugo verteenwoordig die nuwe geslag jong lesers se Topsy Smith / Bettie Naudé. Die jongste uit haar woordverwerker (nie pen nie!) is Thomas@rockster.net, wat beskryf word as ’n radikale boek wat rock. Naas die boek word die jong lesers gelei na: ’n klankgreep, video en foto; ’n spesiale Mxit-kanaal net vir Thomas en vriende; ’n gunstelingspeletjie, Fangs; en ’n Radikale Rockfees webblad waar jy ’n rockster kan word en jou eie musiek meng.

“Die skrywer begryp die nuwe geslag se behoeftes. Hulle wil nie lees van Alie of Malie wat blommetjies pluk of gekunstelde Afrikaans (of Afrikôns) met mekaar praat nie. Daarom word daar in die Thomas-boeke verwys na ‘losers’ of ‘pel’. Die woord ‘sure’ en uitdrukking ‘soos in glad nie’ word gebruik. En die lewe ‘suig’.

“Die idilliese bestaan wat in ouer kinderverhale aangebied word (en waaraan grootmense dalk plesier mag hê), word in dié tekste geproblematiseer. (…) Die verwysings in die roman is eietyds. (…) Die verhaalgang is snel en Diedericks-Hugo kán vertel. (...)

“Kyk byvoorbeeld hoe word die gesagsfigure in die Thomas-boek uitgebeeld. Of die komplekse binnelewe van die jong mens, die pyn en frustrasies rondom ‘crushes’ en skoolwerk. Vals beskuldigings, ’n aanval op ’n onderwyser, word teen ’n snelle tempo vertel. (…) Carina Diedericks-Hugo: You go, girl!” (Rapport, 28 Augustus 2011)

  • Jaco Jacobs (oor Thomas@skerpioen.net): “Thomas is in vele opsigte ’n moderne Trompie. Hy is ’n bietjie rebels, lief vir avontuur en geneig om in die moeilikheid te beland. Maar hierbenewens is hy ook verslaaf aan pizza, die internet, rekenaarspeletjies, en hy word gekonfronteer met hedendaagse probleme soos hoe om gewoond te raak aan ’n stiefma en ’n nuwe baba in die huis. (…)

“Die spanning word slim opgebou rondom ’n storie wat seuns én meisies behoort te geniet. Die boek is, soos sy voorganger, toeganklik geskryf, en die tienertaal word meestal oortuigend gebruik. Diedericks-Hugo het haar deeglik vergewis van die eise wat ’n jeugboekreeks stel. Dieselfde karakters kom in die eerste twee boeke voor en die herhalende elemente is juis dít wat reeksboeke vir jonger lesers aantreklik maak. Hopelik is Thomas se avonture nog nie op ’n einde nie – dit kan dalk net wees dat Trompie ’n waardige opvolger gevind het.” (Volksblad, 13 Januarie 2003)

Ander feite rondom Thomas@:

  • Drie van die Thomas-boeke is bekroon met die ATKV-kinderboekprys – sms.net in 2006, nagmerrie.net in 2007 en aksie.net in 2008.
  • Einde 2010 is die Thomas-boeke se omslagontwerp verander. Lapa en Huisgenoot het ’n kompetisie uitgeskryf waarin eweknieë van die Thomas@-karakters gekies is. Die wenner was Righardt Stoop van Newcastle in KwaZulu-Natal en die ander wenners se gesigte is op die agterplat aangebring. (Volksblad, 26 Maart 2011)
  • In 2013 is die Pretoriase agentskap Etiket met ’n silwer Pendoring bekroon vir sy werk met Thomas@rockster.net in die kategorie “virale” bemarking en geïntegreerde veldtogte. Meer as 150 000 eksemplare van net is verkoop. Die storie bevat QR-kodes waarmee lesers data kan aflaai en wat hulle na video’s, foto’s en klankgrepe lei. Die tweede toekenning vir geïntegreerde veldtogte is vir hoe die elektroniese media deel uitmaak van die harde kopie en daarom as pakket ’n advertensieveldtog kan word. (Die Burger, 16 September 2011)
  • In 2012 is Thomas@ verwerk vir die televisie tot ’n reeks van 26 episodes wat in 2013 uitgesaai is. Die televisiereeks is op die karakters en die konsep gebaseer, maar nie op die boeke nie. Die tweede reeks is in 2015 gebeeldsend. (Volksblad, 21 Junie 2012)

Oor die televisiereeks vertel Carina aan Books LIVE dat dit ongelooflik was om aan die televisiereeks te werk. “Ek was deel van die skryfspan en dit was heeltemal iets anders gewees om vir TV te skryf as wat jy ’n boek skryf. Skielik het jy die visuele waarmee jy kan speel, maar aan die ander kant moet jy goed soos uitvoerbaarheid van storielyne en tonele, asook kostes in gedagte hou. As jy skryf, is daar geen begroting wat jou kreatiwiteit aan bande lê nie. So het ek byvoorbeeld gedink ’n toneel waarin Thomas aan ’n rotslys op Tafelberg hang, sal verskriklik cool wees. Maar toe blyk dit dit is nogal duur om helikopters te huur, kameramanne by helikopters te laat uithang, permitte om op die berg te skiet te kry en waaghalse te gebruik vir ’n toneel van hoogstens 10 minute! Who knew?”

Die rol van Thomas is deur Johan Anker vertolk, en onder die ander akteurs in die reeks is Paul Loots (van Roepman-faam), Morné Visser, Christel van den Bergh, Eric Nobbs, Joanie Combrink en Albert Maritz.

Carina het tydens die bekendstelling van die televisiereeks gesê dat dit vir haar onwerklik gevoel het toe sy die eerste maal op die TV-stel gaan kuier het en dat sy baie uit die ervaring geleer het. Sy was betrokke by die skryf van sommige episodes, maar Henriëtta Gryffenberg was die eerste reeks se hoofskrywer. Carina het saam met Kobus Geldenhuys as hoofskrywers van reeks twee ingetree. Jozua Malherbe het die eerste reeks se regie behartig en reeks nommer twee het Jaco Smit aan die stuur.

In 2021 vertel Carina dat die Thomas-reeks vir eers klaar is: “Ek het altyd gesê ek sal ophou as ek voel Thomas het sy pad gestap en gaan nie die reeks forseer nie. Die knaap het nou die pad gestap.”

Carina is egter nie net bekend vir haar Thomas-reeks nie. In 2003 publiseer Tafelberg Koning Henry, wat ook ’n ATKV-kinderboekprys in 2005 losslaan. In hierdie roman vir tieners word daar gekyk na sensitiewe temas soos oorgewig, disfunksionele gesinne en die gevare van internetkletskamers.

Koning Henry was op die kortlys van beide die MER-prys vir jeuglektuur vir 2004 en die Sanlamprys vir jeuglektuur vir 2002. Dit palm die ATKV-kinderboekprys vir 2005 in.

Carina vertel aan Jaco Jacobs (Volksblad, 28 April 2003) dat Afrikaanse stories vir die jeug na haar mening nog heeltemal te preuts is: “Ek voel daar is baie ruimte om meer gewaagde temas aan te pak, maar as ’n mens kyk na die reaksie op werke van skrywers soos Barrie Hough en François Bloemhof sien ons die ouer garde raak vreeslik ontsteld as jeugboeke na hulle mening te rof raak.

“Ironies genoeg sê baie tieners Afrikaanse jeugboeke is te flou. Ek het die waters getoets met Koning Henry en ek sal graag ander gewaagde aspekte in volgende boeke wil ondersoek. In daardie opsig is ek baie opgewonde oor die potensiaal wat in Afrikaanse kinder- en jeugboek verskuil lê.”

Sy meen tog dat Koning Henry ’n meer “ernstige” boek is as die Thomas-boeke, maar dit was nie juis ’n doelbewuste keuse om ’n boek met ’n meer gewaagde tema te skryf nie. “Ek het die eerste twee Thomas-boeke kort na mekaar geskryf en was bang dat as ek te lank aan die reeks werk sonder om ook ’n ander soort boek te skryf, ek dit later veel moeiliker sou kon doen. Dit was toe geweldig moeilik om my van Thomas-hulle los te maak en in ’n karakter soos Henry se kop in te klim.

“Ek skryf makliker oor seunskarakters as oor meisies, dalk omdat ek as laatlammetjie altyd moes sit en kyk hoe my ouer broers en hul maats speel.

“Henry is die soort karakter wie se storie ek graag wou vertel. Hy is die mens wat ons almal ken – enersyds omdat ons aspekte van hom in onsself sien en andersyds omdat ons mense soos hy ken. Hy presteer nie volgens die norme van sy familie of sy skoolomgewing nie, maar is eintlik iemand met soveel potensiaal. Sy omstandighede maak sy pad na self-aktualisering moeilik, maar tog interessant.”

In Volksblad (29 September 2003) skryf Theo Cronjé dat Carina met Koning Henry wegbeweeg van die stories waar die hoofkarakters uitgaande persoonlikhede het. Henry is sonder vriende en is ’n teruggetrokke seun. Sy grootste vriend is sy rekenaar: “Dit is sy enigste wegkruipplek van sy pa se snedige aanmerkings en Ouboet se prestasies. Dis hier waar Henry vir Riaan in ’n kletskamer ontmoet. Maar soos gewoonlik lyk party dinge beter op e-posse as in die werklikheid.

“In Koning Henry wys die storie dat rekenaarghoeroes eintlik ’n lewe het. Die karakters in die boek is die soort wat in elke skool gevind word. Dis juis dit wat die storie so realisties maak. (…)

“Carina Diedericks-Hugo se manier van skryf is baie direk. Sy sê presies hoe die situasie is en gebruik woorde baie goed. Deel daarvan is dat sy skryf presies hoe tieners kommunikeer. Haar navorsing het vrugte afgewerp en die eindproduk is ’n groot sukses, naamlik Koning Henry.”

Thomas van der Walt (Beeld, 22 September 2003) skryf dat Koning Henry op ’n ouer lesersgroep as die Thomas-reeks gemik is: “Die karakters is nie net ouer nie, daar is ook sterker karakterontwikkeling en meer intrige. (…)

“Lesers sal die rekenaaragtergrond geniet en die rekenaartaal bekend vind. Die skrywer se dialoog is byderwets en oortuigend en ná die herrie oor die taalgebruik in Daar’s vis in die punch moet dadelik genoem word dat hier ook baie tienersleng voorkom. Diedericks-Hugo gebruik dit egter berekend, nie bloot omdat sy lui is om na korrekte of alternatiewe woorde te soek wat net so effektief en geloofbaar sou oorkom nie. (…) Diedericks-Hugo se boeke lees lekker en dis duidelik dat sy tieners ken.”

Jaco Jacobs (Volksblad, 23 Junie 2003) beskryf Henry se grootwordreis as ’n “selfontdekking, en ook ’n kans om die ander belangrike mense in sy lewe beter te leer ken. Voordat Henry homself kan leer ken, moet hy egter eers ’n paar waardevolle lesse leer oor vriendskap en die gevare van ’n virtuele samelewing, waar alles nie altyd is soos dit lyk nie.

“In Koning Henry skroom Diedericks-Hugo nie om tradisionele taboe-temas soos molestering en liefde oor die kleurgrens aan te pak nie. Soms wil ’n mens net hê dat die onderwerpe in ’n groter mate geproblematiseer word.

“Haar skryfstyl is vlot en haar dialoog soos gewoonlik lewendig met pittige sêgoed. Die karakters kruip vinnig in jou hart. ’n Mens kry egter die gevoel dat die verhaal kon baat vind by ietwat strenger redigering. Dit is asof die storie op twee aparte bene staan – aan die een kant neig dit na die ontspanningsverhaal en aan die ander kant pak dit ernstige wroegkwessies.

“Natuurlik verteenwoordig hierdie twee dinge nie noodwendig ’n dichotomie nie, maar ’n mens sou ietwat meer integrasie tussen die ernstiger en vermaakliker dele wou hê. (…)

“Ondanks sekere gebreke is Koning Henry een van die opwindendste jeugboeke wat in ’n hele ruk in Afrikaans verskyn het. Dit is eerlik, pretensieloos en bowenal groot pret. Die tienerleser behoort die aangrypende manier te geniet waarop Henry de Vries uiteindelik sy spotnaam uitleef. Van Koning Henry die ‘loser’ tot Koning Henry die ‘koning’ wat trots voor die hele skool kan sê: ‘Die meeste van julle ken my as Koning Henry.’”

In 2004 is Stella Blakemore se Maasdorp-reeks wat oorspronklik in die 1930’s uitgegee is, afgestof en deur Tafelberg-Uitgewers heruitgegee. Carina was die redakteur vir die heruitgawe van die reeks en sy het met Stephanie Nieuwoudt in Beeld (30 April 2004) oor onder meer die “skoonmaak” van die ou tekste gesels: “Ons het relatief min verander. Die ooglopendste woorde soos ‘baas’ en ander argaïsmes is verander, maar ek en Suzette Kotze-Myburgh het probeer om nie te veel aan die teks te karring nie om juis Blakemore se ongelooflike styl en tydloosheid behoue te laat bly.”

Hulle het deeglik navorsing gedoen om seker te maak dat jonger lesers nie die destydse tekste as outyds sal ervaar nie: “In die meeste biblioteke – skool, streek en stad – is die boeke nog van dié wat die meeste uitgeneem word. Hulle is letterlik voos gelees. Ek het dit ook by ’n klompie jonger lesers getoets wat gaande was oor die boeke. En onthou, dit was nog die ou, minder aansienlike uitgawes van die 1970’s wat ons vir hulle gegee het!”

Oor die sukses van die Maasdorp-boeke verduidelik Carina dat dit gesetel is in die gehalte van Blakemore se tekste (Beeld, 25 Julie 2011): “Sy skep ’n idille wat sy filmies beskryf. Dit is ’n wêreld van bekendes, gerusstelling en ontsnapping. Sy vang die essensie van permanensie, versekering vas. Die karakters is volrond, driedimensioneel. In die omgewing wat sy skets, gedy avontuur, skoolsages en familieverhale. Dit is ontvlugtingsverhale van die heel hoogste gehalte wat bóéi!”

In 2005 verskyn Operasie MIAAU en word dit bekroon met die ATKV-kinderboekprys vir 2005. Hierdie storie is geskik vir jonger lesers en vertel die verhaal van die elfjarige Felix wat op ‘n koue wintersoggend moet opstaan vir skool. “Maar dis nie sy pa wat hom wakker maak nie, dis meneer Haasbroek, Felix se suster Madelein, se kat. En meneer Haasbroek praat met hom! Meneer Haasbroek wil hê Felix moet die Magtige Internasionale Anti-Aapskeloerdersunie (MIAAU) help om bullebakke vas te trek. Felix se lewe sal nooit weer dieselfde wees nie, want binne oomblikke word hy ingetrek in ’n netwerk van agterdog, gemene spel en korrupsie. En die ander rolspelers? Meneer Rippenaar, pikswart met enorme groen oë, mevrou Bangani, lank en maer en uiters fynbesnaard, meneer Ching en mevrou Cho, belangrik en Siamees, die onbeholpe Jannie – en vele ander. ’n Aksiebelaaide, humoristiese storie met interessante karakters wat jou sal noop om ná dese met ander oë na katte te kyk.” (Roekeloos

Carina se volgende jeugboek, Die verdrinking van Josua van Eden, verskyn in 2008 by Umuzi-uitgewers. Carina vertel aan Klerksdorp News dat dit vir haar die lekkerste boek was om te skryf, omdat dit iets anders was – “Op daai stadium was dit net Thomas all the way, so die proses was vir my lekker.”

Vir Danie du Toit (Die Burger, 22 Desember 2008) is dit nie sommer net ’n tienerverhaal nie, maar ook ’n speurverhaal, liefdesverhaal, grootwordverhaal en ’n soektog: “Dít alles (en meer) is die verhaal waarin die tieners Josua en Titania die fraai getekende hoofkarakters is.”

Veral die inleiding is treffend: Toe die 17-jarige Josua van Eden een middag tuiskom, tref die weerlig hom by die swembad. Toe hy sy oë oopmaak, lê hy plat op sy rug en sien hy ’n engel. “’n Engel met ’n laptop onder haar arm.” Die engel is die 16-jarige blonde Titania wat by Josua en sy ouers intrek terwyl haar ouers Dubai toe is.

Du Toit gaan voort: “Josua voel hom verwyder van die tienergroep met hul intriges, die vraag na wie nou eintlik cool is. Hy het ’n misnoeë met die skoolkultuur waarin konformiteit eerder as verbeelding en egtheid beloon word. Maar iets nuuts begin wanneer die weerligstraal hom tref waarvan hy ’n letsel oorhou. Hy ontmoet Titania, ’n andersoortige engel. Sy het die voorkoms van ’n engel, maar nie die engele-onskuld nie. Soos ’n engel begelei sy, maar waarheen neem sy Josua en die leser?

“Juis hierin lê die boek se bekoring: Dis nie beperk tot die beskrywing van ’n avontuur nie, maar delf diep in die karakters se emosionele lewe – ook donker gevoelens in die tienergemoed; dinge waarmee tieners (én volwassenes) hulle kan vereenselwig. (…)

“Sentraal tot die intrige is ’n spel waarby Josua betrek word. Die lesers begin gou wonder of dit nie gevaarliker is as wat die karakters vermoed nie. Die ‘live action’-rollespel vind plaas in en deur die hedendaagse tegnologie wat vir tieners vanselfsprekend geword het … Deur al dié dinge word die spel ook ’n soektog (‘quest’) waarin die leser (op voetspoor van die karakters) van die een ontdekking na die ander gelei word.

“Daarmee resoneer ’n ander ontdekkingstog – om uit tienerskap te ontwikkel tot groter volwassenheid. Ook dít bevat risiko’s. Dit vra meet en pas. (…)

“Die vertelling word gekenmerk deur sprankelende dialoog, ’n eietydse segging en verwysings na TV-programme, rolprente, boeke, lirieke uit Afrikaanse liedjies en vele ander tekste – van Etienne Leroux en Shakespeare tot Sartre en Topsy Smith. Die skrywer se vermoë om met dié styl vol te hou, is asemrowend en sorg vir ’n ligte, komiese trant te midde van toenemende onrus en spanning rondom die spel en die soektog. Dít alles sorg vir ’n heerlike, gedagte-prikkelende leeservaring.”

Ook Stoffel Cilliers (Volksblad, 22 Desember 2008) is beïndruk met Die verdrinking van Josua van Eden. Nadat hy op sekere taal- en proefleesfoute gewys het, vervolg hy: “Die roman het egter baie meer pluspunte as leemtes. Dit is inderdaad nie slegs ’n knap spanningsverhaal vir tieners nie, maar ook ’n goedgeskrewe sielkundige roman vir volwassenes. Dit is uiters geskik om deur tieners en hul ouers sáám gelees te word. Al sal die realistiese tienerdialoog ouers dalk ’n bietjie skok!”

Met Permanente ink (2011), Carina se volgende roman vir die jeug, verwerf sy nog ’n ATKV-Woordveertjie vir 2012 (graad 10–12) en is sy ook die naaswenner in die Lapa-jeugromankompetisie in 2011.

In Permanente ink leer die leser vier jongmense – Werner, Zelda, Robert en Amir – ken. Hulle persoonlikhede is wyd uiteenlopend, maar hulle is al vier baie talentvol. Hulle is egter gereelde besoekers aan die hoof se kantoor – om verskeie redes.

“As behoorlike straf,” skryf Aldu Duminy (Volksblad, 16 Januarie 2012), “met die hoop om kwaaddoen die nekslag toe te dien, moet hulle die ou, onbewoonde koshuis op die skoolterrein regmaak. Dit is dan hiér waar elkeen se storie ontvou, want die teenwoordigheid van die Romeo en Juliet-reeksmoordenaar vertroebel die liefde van talle paartjies. Is daar ’n verskuilde rede waarom die tieners juis in dié tyd van onrustigheid aan ’n vervalle, afgeleë gebou moet werk? (…)

“Vir my staan Permanente ink bo-aan Diedericks-Hugo se trefferlys van boeke. Die 191 bladsye is gevul met avontuur, romanse, spanning en onsekerheid. Sy kry dit reg om die leser te laat kopkrap en die taalgebruik skep die atmosfeer uitstekend. Dis boonop nie nodig om die HAT nader te trek nie.

“Treffende vergelykings sal tienerlesers se mondhoeke laat opkrul en hulle laat betrokke voel by die boek, omdat dié verwysings deel is van hul leefwêreld. Die grafiese ontwerp van die boek maak dit boonop ekstra kreatief.”

Carina is nie net skrywer nie, maar ook vertaler uit eie reg. In 2012 begin sy om die gewilde Amerikaanse blitsverkoperreeks Diary of a Wimpy kid van Jeff Kinney in Afrikaans te vertaal. Dit word in strokiesvorm gepubliseer en gaan oor die skades en skandes van ’n skoolseun.

Carina verduidelik aan Deborah Steinmair (Die Burger, 6 Augustus 2012) dat dit nogal ’n uitdaging was om die spesifieke Amerikaanse humor in Afrikaans te vertaal: “Hulle gaan ’n stappie verder daarmee as gewoonlik, so ek moes ons meer konserwatiewe lesersmark in gedagte hou. Gelukkig is Afrikaans ’n taal wat knetter en knal, en ek kon dus kies en keur uit lekker woorde en speel met neoligismes.”

In 2016 is ’n radiovervolgverhaal deur Carina, Die groot vyf, op RSG uitgesaai met Lise-Mari van Wyk, destyds ’n leerling aan die Pionierskool in Worcester, in die rol van Marie van der Vyver, ’n blinde hoërskoolleerling.

In 2018 verskyn Carina se eerste roman vir volwassenes, Karaktermoord, by Penguin. Die roman het as sentrale tema die moord op Anna Neethling, ’n suksesvolle digter wie se verdwyning die Afrikaanse uitgewersbedryf, asook Kaapstad, aan die praat sit – veral toe dit aan die lig kom dat sy heelwat mense kwaad gemaak het en daar dus ’n hele klompie mense is wat ’n rede kan hê om van haar ontslae te raak.

Dit is Carina se eerste boek na die Thomas@-reeks en sy vertel aan Klerksdorp News (21 Februarie 2020) dat vir haar baie opwindend was om die boek uit te gee, veral omdat dit haar eerste boek vir volwassenes is.

Oor die klompie jare wat verloop het tussen die verskyning van haar vorige boek en Karaktermoord verduidelik Carina aan Klerksdorp News: “Dit was ’n mal dekade gewees, so baie dinge het gebeur en vir so drie jaar lank was ek ’n reisskrywer gewees. Dan is jy so drie maande hier, ’n maand daar en ek het baie min geskryf gedurende die tyd. Toe maak ek ’n skuif na die wynindustrie, kry my lewe bietjie in orde en toe het dit net half reg gevoel. Ek het omtrent ’n agste van die boek in Berlyn geskryf en toe nie eintlik weer daarna nie. Ek dink die boek het maar net saam met my groter en wyser geword. Omdat wyn so belangrike deel van my lewe is, is dit amper asof dit ’n belangrike komponent is waarvoor ek gewag het, maar wat ek nie geweet het ek voor wag nie.”

Die storie is in 2011 in die ysige koue van Berlyn in Duitsland gebore en het ’n hele paar jaar in ’n laai gelê, vertel sy aan Laetitia Pople (Volksblad, 4 Maart 2019). “Ek het aanvanklik gedink dit sou nog ’n Thomas@- of jeugboek word, maar ek het besef hierdie verhaal vra vir meer. Die verhaal het my in ’n rigting gestuur waar die genre opwindend en vreesaanjaend gewag het. Flitse is neergeskryf op stukkies papier, karakters is gevorm op  my iPad met bevrore vingers, storielyne het ek op besige moltreine met myself bespreek. Berlyn is my veilige hawe en ek dink dit was ’n goeie kreatiewe inspuiting.”

Met haar terugkeer na Suid-Afrika het sy verbete begin skryf en toe, ná twee hoofstukke het haar woorde opgeraak. “Daar het baie tyd verloop tussen toe en nou,” sê sy aan Pople, “maar Karaktermoord sou net ’n kreatiewe bevlieging gebly het as dit nie vir die merkwaardige mense was wat my hand gevat het nie. In 2016 het my kêrel my oorreed om dit af te stof. En toe begin dit werk.”

Carina was ook redelik senuweeagtig oor die boek, veral omdat dit deur ’n ander uitgewer (Penguin Random House) gepubliseer is. Lapa, die uitgewer van die meeste van haar ander boeke, was van mening dat sy haar jeuglesers sou vervreem as sy ’n boek vir volwassenes uitgee, het sy aan Klerksdorp News vertel. “Toe Penguin hoor van die boek, toe sê hulle ek moet hom aanstuur – dit is presies wat hulle soek. Ek dink dit was tyd gewees vir die boek en hy val nou so saam met die einde van die Thomas-reeks. Die ontvangs was goed, al was daar ’n paar tannies op Facebook wat gesê het dis ‘walglik’ en ‘en dis té’, maar ek het die reaksies vreeslik geniet.”

Anna Neethling se karakter is gebore op ’n trein in Berlyn. ’n Meisie het op die trein geklim en het dadelik ’n uitwerking op die ander passasiers gehad: “Sy het gelees en so broos gelyk, maar elke keer wat sy opgekyk het, het sy so vir mense gegluur dat hulle half weggedeins het. En omdat sy so verskriklik striking was en ek in twee ure se tyd gesien het hoe sy ’n effek op ’n hele trein het, het ek gewonder watse tipe persoonlikheid moet jy hê om so ’n impak op mense te kan hê. Ek is ook ’n vreeslike ongeorganiseerde skrywer, ek beplan nie die storie vooruit nie, en dis hoekom die boek ook draai om verskillende karakters. Dit was vir my lekker om elkeen se storie te vertel.

“Anna gaan op bladsy twee dood en skielik moes Anna se storie vanuit ander se oogpunt vertel word sonder dat dit te subjektief is, maar dit was baie lekker om in hulle koppe te klim en hulle backstories te dink. Dis soos ’n legkaart bou en alles is karakter gedrewe, so die storielyn groei saam met die karakters.”

Jonathan Amid is die resensent in Beeld (11  Maart 2019) en hy is vol lof vir Carina se eerste treë in die wêreld van die volwasseneroman. Sy beeld Anna uit as vrou, dogter, skrywer, verleidster, nimfomaan, verraaier, slagoffer, sondaar, vol neuroses. Haar impak op mans het meestal verwoestende gevolge en die leser leer hierdie lys mans om die beurt ken en hulle almal is betrokke toe dinge op die spits gedryf word een aand in ’n wynkelder.

“Van die rokjagter Malan Sinclair, die topverkoper-misdaadskrywer Sebastiaan Barnard en die media se lieflingskrywer Wynand du Toit tot wynmaker Dawid Briers, en geneesheer Lloyd-Wilsnach-Meyer. Vergeet nie van Anna se skynheilige sadis van ’n pa, ds Conradie Neethling, nie.

“Sonder om doekies om te draai: Behalwe die sensitiewer en simpatieker Sebastiaan is dié groep mans elkeen selfsugtig, gemeen, egosentries en toon gebrekkige empatie. Verskeie passasies en sarsies dialoog is so gelaai met woede en bitterheid dat ’n mens nie anders kan as om die kritiek op ’n patriargale bestel – waar seksisme en chauvinisme hoogty vier – raak te lees nie.

“Soms dreig die skrywer se eie stem om die teks te penetreer, en soms is daar weer die gevoel om terug te sit en applous te gee vir raak beskrywings en dialoog vol byt. Bliksemstrale borrel feitlik uit die karakters se monde. (…)

Karaktermoord is (…) ’n moordverhaal, met ’n tintelende kinkel in die kabel. Die sirkel-struktuur begin en eindig met die dag van die moord. Hoewel die intrige rondom die omstandighede en dié verantwoordelik vir haar dood deurgaans sterk is, is die talle onthullings nooit ’n groot verrassing nie.

“Die sterk spanningslyn is te danke aan die skrywer wat soos Agatha Christie ’n groep verdagtes saamvoeg, elk met gegronde motiewe om Anna van kant te maak. Die afwisseling tussen perspektiewe word netjies hanteer, so ook oortuig hulle as meer as net tipes.”

Amid het tydens die herlees van die teks opnuut onder die indruk gekom van Carina Diedericks-Hugo se wonderlike aanvoeling vir die taal, haar “belangstelling in die wisselwerking van seks, mag en intimiteit, en eie liefde vir spanningsverhale, in die ratwerk van die roman ingebou. (…)

“Carina Diedericks-Hugo (…) druk beslis haar stempel af met ’n verwikkelde, onderhoudende misdaadroman, propvol elegante ellende, wat lesers met avontuurlustige smaak vasgenael behoort te hou.”

Deborah Steinmair (Rapport, 17 Februarie 2019) sluit haar bespreking van Karaktermoord as volg af: “By die toeslaan van die boek dink die leser na oor listige vroue wat geskaad is, hedonisme, selfsug en kinderopvoeding. En oor monsteragtige mans wat al van donkiejare gelede af ’n meisie wat in hul koshuiskamer uitpass, om die beurt sal bykom. Bokkapaters en bende-ellende.

“Die pas is uitasem, soos die tempo waarteen die karakters drink. Daar is fyn waarneming en satire. Die taal is geslyp, met aweregse metafore wat uitspring, soos: ‘Karma is inderdaad ’n teef wat by die Mount Nelson sit en vonkelwyn drink op ’n sonskyndag en haar verlustig in die lewens wat om haar uitmekaar spat.’

“Die einde het my nie verras nie, maar minstens oortuig. Karaktermoord is ’n elegante misdaaddebuut met ’n besonder treffende voorplat – ’n pluimpie vir Penguin.”

Oor hoogtepunte in haar skrywersloopbaan vertel Carina in 2020 aan Klerksdorp News dat daar tot op daardie stadium twee was: “Die een was ’n storieweek in Dubai waar hulle ’n skrywer uit elke kontinent genooi het en jy het soos tien dae lank in ’n vyfster-hotel gebly en jy moes een keer ’n dag vir ’n halfuur ’n storie vertel vir die kinders van waar jy vandaan kom. Die tweede was die eerste dag toe hulle die Thomas-TV-reeks begin verfilm het. Dit was by Bloemhof Meisieskool in Stellenbosch en daai hele skool was net vol kameras, ligte en goed wat soos miniatuurtreinspoortjies lyk. En al wat ek dink is net ‘wow’. En Thomas en Alex is daar en die regisseur sê vir my ek is in die pad. Ek het gedink dis so cool, ek is in die pad.”

In die onderhoud met Klerksdorp News vertel Carina dat nadat sy in haar eerste jaar in die regte begin studeer het, het sy besluit om haar aandag eerder toe te spits op internasionale studies en van daar af het sy stadig maar seker na die “wêreld van woorde” beweeg: “Waar ek nou is, met een voet in woorde en een voet in wyn, is perfek. Wyn is ook ’n kunsproduk en ek gebruik woorde om dit te verkoop. Ek werk in bemarking en PR meestal op wynplase, maar as ek nie skryf nie, dan lees ek. Ek bly in Stellenbosch en wynplase is maar deel van jou lewe en daar is ook soveel interessante mense wat daar bly – dis ’n baie lekker kreatiewe atmosfeer wat stimulerend is, maar jy kan ook net saam mense ontspan en ‘n glas wyn drink.”

Publikasies

Publikasie

Oogkontak

Publikasiedatum

2001

ISBN

 

Uitgewers

Kaapstad: Contentlot

Literêre vorm

 

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

thomas@moord.net

Publikasiedatum

  • 2001
  • 2010
  • 2012 (werkboek, Rinada Boeke)

ISBN

  • 978799329469 (sb)
  • 0799349474 (sb)
  • 9780992175894 (sb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Tienerfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Engels 2014

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

thomas@skerpioen.net

Publikasiedatum

  • 2002
  • 2010

ISBN

  • 079933085X (sb)
  • 0799349498 (sb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Tienerfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Engels 2014

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Koning Henry

Publikasiedatum

2003

ISBN

9780624041581 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Tienerfiksie

Pryse toegeken

  • ATKV-Kinderboekprys 2005
  • Finalis Sanlam-prys vir jeuglektuur 2002
  • Kortlys MER-prys vir jeuglektuur 2004

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

thomas@aqua.net

Publikasiedatum

  • 2003
  • 2012

ISBN

  • 0799332232 (sb)
  • 0799349467 (sb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Tienerfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

thomas@sms.net

Publikasiedatum

  • 2004
  • 2010
  • 2012 (werkboek: Rinada Boeke)
  • 2013 (skooluitgawe)

ISBN

  • 0799333476 (sb)
  • 0799349504 (sb)
  • 9780994651341 (werkboek)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Tienerfiksie

Pryse toegeken

ATKV-Kinderboekprys 2006

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

thomas@nagmerrie.net

Publikasiedatum

  • 2005
  • 2010

ISBN

  • 0799335665 (sb)
  • 0799349481 (sb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Tienerfiksie

Pryse toegeken

ATKV-Kinderboekprys 2007

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Operasie MIAAU

Publikasiedatum

2005

ISBN

0798144904 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Jeugfiksie

Pryse toegeken

ATKV-Kinderboekprys 2007

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

thomas@aksie.net

Publikasiedatum

  • 2007
  • 2010

ISBN

  • 0799340921 (sb)
  • 0799349450 (sb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Tienerfiksie

Pryse toegeken

ATKV-Kinderboekprys 2008

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Die verdrinking van Josua van Eden

Publikasiedatum

2008

ISBN

0798144157 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Umuzi

Literêre vorm

Tienerfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

thomas@geraamte.net

Publikasiedatum

  • 2009
  • 2010
  • 2012

ISBN

0799349511 (sb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Tienerfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Permanente ink 

Publikasiedatum

  • 2011
  • 2014

ISBN

  • 9780799352382 (sb)
  • 9780992236137 (sb – werkboek)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Jeugfiksie

Pryse toegeken

  • Naaswenner LAPA Jeugromankompetisie 2011
  • ATKV-Kinderboekprys standerd 8–10 2012

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

thomas@rock-ster.net

Publikasiedatum

  • 2011
  • 2014

ISBN

9780799350807 (sb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Tienerfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Jason Justus and the mystery of the green and gold

Publikasiedatum

2011

ISBN

9781775783084 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Pearson Education South Africa

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Jason Justus and the thing under the floor

Publikasiedatum

2011

ISBN

9781775783091 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Pearson Education South Africa

Literêre vorm

Kinderboeke

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Spesiale (en geheime) agent Peter van der Wind en die Chinese draak  

Publikasiedatum

2012

ISBN

9780799355000 (sb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Jeugfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

thomas@vrees.net

Publikasiedatum

  • 2013
  • 2014

ISBN

9780799362831 (sb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Tienerfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

thomas@skaduwee.net

Publikasiedatum

2016

ISBN

9780799366549 (sb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Tienerfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Karaktermoord

Publikasiedatum

2019

ISBN

9781415210178 (sb)

Uitgewers

Johannesburg: Penguin

Literêre vorm

Spanningsroman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

thomas@omnibus 1: moord.net; skerpioen.net; aqua.net

Publikasiedatum

2018

ISBN

9780799391091 (sb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Tienerfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

thomas@omnibus 2: sms.net; nagmerrie.net; aksie.net

Publikasiedatum

2019

ISBN

9780799391107 (sb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Tienerfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

thomas@omnibus 3: geraamte.net; rock-ster.net; vrees.net; skaduwee.net

Publikasiedatum

2019

ISBN

9780799396963 (sb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Tiernerfiksie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Carina Diedericks-Hugo as samesteller: 

  • Liefde, natuurlik: ’n bundel liefdesverhale. Saam met Daniel Hugo. Pretoria: LAPA, 2004

Carina Diedericks-Hugo as vertaler:

  • Apsley, Brenda: Eendjie soek sy huis.
  • Cole, Babette: Mamma het my nooit vertel nie. Kaapstad: Human & Rousseau, 2004 [ISBN 0798143932 (hb)]
  • Faulknet, Heith: Njammies!. Kaapstad: Human & Rousseau, 2005 [ISBN 0798145404 (hb)]
  • Grey, Mini: Die drie vriende. Pretoria: Protea Boekhuis, 2010 [ISBN 9781869193829 (hb)]
  • Kinney, Jeff: Dagboek van ’n Wimp: Greg Heffley se joernaal. Johannesburg: Penguin, 2012. [ISBN 9780143530275 (sb)]
  • Kinney, Jeff: Dagboek van ’n Wimp: Rodrick regeer. Johannesburg: Penguin, 2016 [ISBN 9781485900238 (sb)
  • Kinney, Jeff: Dagboek van ’n Wimp: Die laaste strooi. Johannesburg: Penguin, 2016. [ISBN 9781485900252 (sb)]
  • Kinney, Jeff: Dagboek van ’n Wimp: In die hondehok. Johannesburg: Penguin, 2016 [ISBN 9781485900269 (sb)]
  • Koddige gesiggies: Bert die by. Kaapstad: Human & Rousseau, 2004 [ISBN 0798144165 (hb)]
  • Koddige gesiggies: Ella die eend. Kaapstad: Human & Rousseau, 2004 [ISBN 0798144157 (hb)]
  • Koddige gesiggies: Ludwig die leeu. Kaapstad: Human & Rousseau, 2004 [ISBN 0798144149 (hb)]
  • Koddige gesiggies: Olga die olifant. Kaapstad: Human & Rousseau, 2004 [ISBN0798144130 (hb)]
  • McBratney, Sam: Julle is almal my gunstelinge. Kaapstad: Human & Rousseau, 2004 [ISBN 0798144491 (hb)]
  • Price Mathew: Slaaptydstories vir kinders. Kaapstad: Human & Rousseau, 2005 [ISBN 0798144882 (sb)]
  • Richards, Justin: Agent Alex: Spioenkop Akademie. Pretoria: Protea Boekhuis, 2011 [ISBN 9781869193683 (sb)]
  • Richards, Justin: Agent Alex: Uitgesorteer!. Pretoria: Protea Boekhuis, 2011 [ISBN 9781869197681 (sb)]
  • Scarry, Richard: Wat doen mense elke dag?. Pretoria: Protea Boekhuis, 2009 [ISBN 9781869192518 (hb)]

Artikels  oor Carina Diedericks-Hugo beskikbaar op die internet: 

Artikels deur Carina Diedericks-Hugo beskikbaar op die internet:

Bron:

  • Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

Die opsteller vra om verskoning dat van die skakels nie tans kan oopmaak nie, maar Media24 se koerantargief is op die oomblik nie toeganklik nie. 

 

• Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

The post Carina Diedericks (1977–) appeared first on LitNet.

AD Keet: Die man met die sandale agter "Muskietejag"

$
0
0

AD Keet as mediese student in Nederland tydens die Eerste Wêreldoorlog (Foto: verskaf)

AD Keet se “Muskietejag” is een van die bekendste gedigte in Afrikaans. Suid-Afrikaners van alle agtergronde, van kabinetslede tot vullisverwyderaars, resiteer dit dikwels uit die kop uit – natuurlik omdat generasies skoolkinders dit as voorgeskrewe vers teëgekom het. In hoe ’n mate “Muskietejag” in die volksmond tuis geraak het, word geïllustreer deur die manier waarop dit binne almal se verwysingsraamwerk is, soos wat hierdie Oppiestoep-episode van kykNET illustreer. Verskillende verwerkings en weergawes van die gedig is steeds in omloop, soos dié liedjie deur Annelie van Rooyen. In hierdie YouTube-video lees die digter die vers self voor.

Keet is byna vyftig jaar gelede op Saterdag 12 Februarie 1972 in sy huis op Senekal oorlede. Hy was 83 jaar oud. Hy kom uit ’n gesiene familie vir wie ’n goeie opvoeding en tersiêre studie belangrik was. In 1909 het hy per skip na Europa vertrek om hom in Nederland as geneesheer te bekwaam. Tydens sy Europese verblyf, vertel Erika Terblanche in AD Keet se ATKV|LitNet-Skrywersalbum, was die kontinent “in die greep van die Eerste Wêreldoorlog, en hoewel Nederland neutraal in die stryd gestaan het, was honger ly aan die orde van die dag”.

Die pamflet wat met AD Keet se begrafnis deur die familie uitgegee is. (Foto: verskaf)

Dit was in Nederland waar Keet ernstig begin gedigte skryf het. Daardie tyd in Suid-Afrika het die Tweede Afrikaanse Taalbeweging op dreef gekom met digters soos Eugène Marais, Jan FE Celliers, Totius en C Louis Leipoldt aan die voorpunt. En dit was juis in Keet se losieshuiskamer in Nederland dat “Muskietejag” neergepen is.

Ellen Botha en Rosa Keet, sy dogters, vertel dat hulle steeds kort-kort vergas word deur mense wat hulle oor “Muskietejag” uitvra en die gedig uit die vuis voordra. Keet se skryftalent loop deur sy dogters se are: Ellen (79) is geliefd as limeriekskrywer met ’n string publikasies op haar kerfstok, en Rosa (76) is ’n befaamde digter, skrywer, dramaturg en liedjie- en draaiboekskrywer.

Ellen Botha en Rosa Keet deel in hierdie artikel herinneringe oor hul bekende pa. (Foto’s: verskaf)

“Selfs die petroljoggies in Senekal kon ‘Muskietejag’ opsê, al was hulle nie altyd seker wáár die digter was toe hy die gedig geskryf het nie,” vertel Ellen. “Volgens een van hulle was dit iewers in Engeland, ‘ver oor die see’.” Sy onthou die keer toe twee Griekwas meubels by die Keet-woning op Senekal in die Vrystaat kom aflaai het, en die trokbestuurder die gedig vir haar pa voorgedra het. “My pa het dit só waardeer dat hy vir die man een van sy bundels gegee het. Net daarna kom sy helper, dra ook die gedig voor en verklaar dat hy dus ook ’n bundel verdien.” Keet het toe maar nog ’n bundel verniet moes weggee, al was dit “effens langtand”.

Die omroeper John Maytham het eenkeer “Muskietejag” op Cape Talk Radio sonder enige voorbereiding op die lug voorgedra. Maar dié gedig-opsêery het nie altyd byval by al die Keet-kinders gevind nie, veral nie as hulle self opgekommandeer is vir ’n resitasie nie. “Die enigste persoon wat op ’n keer prontuit geweier het om die gedig voor te dra, was ons jongste sussie, Carina, toe sy by die Normaal Kollege in Bloemfontein ontgroen is. As straf omdat sy dit nie wou doen nie, moes sy met haar rug teen ’n muur gaan staan en skree: ‘Hardegat, word sag!’” Net daar, vertel Ellen, het Carina haar tas gepak en die kollege het haar nooit weer gesien nie.

AD Keet en sy vrou Rina by sy “deurmekaar” lessenaar. (Foto: verskaf)

Rosa Keet sê dat mense baie verbaas is wanneer hulle uitvra of sy dalk “verlangs familie” van AD Keet is, en dan hoor sy is Keet se dogter. Onmiddellik trek die vraers dan gewoonlik los met staaltjies van hoe hulle “Muskietejag” op laerskool tydens kunswedstryde moes voordra.

Oor die Keets se familiestamboom sê Ellen, bemind vir haar kwinkslae: “Ons voorsate kom oorspronklik uit die Rynvallei. Die eerste een wat hier voet aan wal gesit het, was ’n matroos, toe nie ’n seerower soos ons gedink het nie. Die van Köht is later verander na Keet.”

AD Keet was drie keer getroud en daar was generasiegapings tussen gesinslede, vertel Rosa. “My ma, Rina, was 30 jaar jonger as my pa en ek is gebore toe my pa 57 jaar oud was. Uit my pa se eerste huwelik is my halfbroer en twee halfsusters gebore. Maar die ouderdomsverskille was groot genoeg om te sorg dat hulle vir my eerder soos ooms en tannies gevoel het.”

Ellen vertel dat die verskil in jare tussen haar ouers nie ’n kwessie was nie. Rina het die digter soos ’n stukkie goud opgepas en hy was haar hele lewe. “Dit was beslis nie net sy sensitiwiteit en sy sin vir humor wat my ma se hart verower het nie, maar sy hele persoonlikheid.”

Die digter in sy studeerkamer (Foto: verskaf)

Daar was ook ’n politikus in die familie. Keet se moeder was ’n suster van Albertus J Herholdt, wat as minister van landbou in die Schreiner-kabinet van die eertydse Kaapkolonie gedien het. En Keet se vader was eerwaarde BB Keet, die eerste Nederduitse Gereformeerde predikant van Kimberley. AD Keet se broer BB (Ben) was ’n Bybelvertaler en professor aan die Universiteit Stellenbosch se Kweekskool. Rosa onthou hom as “’n wonderbaarlike man vir wie elke dominee op Senekal bang was”. Sy vertel hoe ’n dorpspredikant, dominee Roux, “byna flou geval het toe hy besef dat oom Ben tydens ’n kuier uit Stellenbosch in die kerk teenwoordig was”.

As pastoriekind moes AD Keet en die ander seuns in die gesin Sondae beurte maak om die ou kerkorrel “op te pomp” sodat hulle moeder dit tydens die erediens kon speel. “Hulle het niks daarvan gehou nie,” sê Ellen. Ouma Keet was baie streng en sy wou ook nie hê haar seuns moes rugby speel nie. “Maar toe Ben (later die Bybelvertaler) as student sy been in ’n wedstryd gebreek het, is hulle die dood voor oë gesweer indien hulle dit ooit iewers aan haar sou laat uitglip.”

Volgens Rosa was haar pa van nature ’n nuuskierige, leergierige man. “Hy wou weet oor nuwe dinge en wat in die wêreld aangaan. In die dae lank voor die internet het hy uit oorsese koerante en mediese tydskrifte, asook wye korrespondensie, op hoogte van wêreldsake gebly.”

“As distriksgeneesheer het my pa ’n besonder besige lewe gehad,” vertel Ellen. “Daar was tot 12 plase waarheen hy smiddae moes gaan, dan was almal nie eens in dieselfde rigting nie.” Keet was geliefd en het gereeld by die boere karmenaadjies as blyk van waardering ontvang. “Wanneer ’n privaat pasiënt nie kon betaal nie, het hy net twee keer ’n rekening gestuur – en daarna is hulle gratis behandel.”

“Dr Keet se Vaalpille”, waarvan hy die resep self gemaak het, was gewilde medikasie onder die mense van die omgewing en omliggende dorpe. En uit die aard van sy werk moes hy gereeld getuienis in hofsake lewer. “Op ’n dag het hy voor die aanvang van ’n moordsaak gesweer dat hy ‘die waarheid en alles behálwe die waarheid’ sou praat,” onthou Ellen. Natuurlik moes die dokter-digter die eed herhaal.

In hierdie uittreksel in ’n toespraak beskryf AD Keet sy studentejare in Nederland. (Foto: verskaf)

Bo en behalwe Keet se status as dokter, was hy beroemd as digter – nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in Nederland en België. Rosa vertel dat Keet se faam darem in Senekal ook erkenning geniet het. “Iemand – seker die burgemeester – het ’n AD Keet-aand in die stadsaal gereël toe ek bitter jonk was. En kind wat ek was, was die ding wat die grootste indruk op my gemaak het, die feit dat ek báie laat kon gaan slaap …”

Ellen en Rosa se broer, AD Keet Jnr, wat ’n klompie jare gelede oorlede is, vertel in sy boek AD Keet aan die woord dat menige van Keet se kinderrympies aan die gesin se etenstafel ontstaan het. Uiteraard het Ellen en Rosa die rympiesmakery meegemaak. “Die etenstafel was die groot gesels- en saamkomplek in ons familie,” vertel Ellen. “Hier het ons pa altyd ’n antwoord gehad op enigiets wat ons gevra het. Sy kennis van omtrent elke onderwerp onder die son was verbysterend. Die rymelary was soms meer geskik vir grootmense, maar het vir jare ná sy kinderboek se verskyning steeds aangehou.

“As my ma die dag ’n rok met ’n effense lae halslyn gedra het, sou Pa opmerk: ‘Ah! My valley of temptation!’ Ma sou dan vinnig reageer met: ‘Solank dit nie my valley of desolation is nie!’”

In Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur I verwys John Kannemeyer na AD Keet se gewildheid as digter in Nederland en België. Verskeie van sy verse is getoonset deur komponiste van die Lae Lande, en hier te lande was mense soos Rosa Nepgen, Hennie Joubert, ML de Villiers en Dirkie de Villiers enkele van die komponiste wat Keet se werk musikaal geïnterpreteer het. “Daar is nie ’n samevattende bundel met toonsettings van my pa se gedigte nie,” sê Ellen. “Dit is in verskeie sangbundels opgeneem. Die radiostasies het hom wel laat weet dat Mimi Coertse byvoorbeeld ’n toonsetting van sy ‘Moeder’ op Moedersdag sou sing. Dan het ons almal ingeskakel om daarna te luister.”

Illustrasies van Keet se kinderverse is in AD Keet aan die woord opgeneem (gepubliseer met die toestemming van AD Keet se literêre eksekuteur:

As bekende skrywer het AD Keet hom ontferm oor aspirantdigters. Hy het altyd alles gelees wanneer mense hul skryfsels vir raad en kritiek aan hom gestuur het, en dan vriendelik daarop reageer. Keet het nie net Afrikaanse digters soos Tryna Visser, wie se Die hartseer likkewaan later gepubliseer is, bygestaan nie. Engelse vriende soos John Luscombe het destyds vanuit die huidige Tanzanië verse vir kommentaar gestuur. Ook het hy die dogter van die regter-president in die destydse Rhodesië met uitgebreide korrespondensie van raad voorsien. “Dit was vir hom ’n jammerte dat hy haar skrywes moes afkeur,” sê Ellen, “nadat hy ’n ander taalman se opinie ook gevra het – net om 100% seker te maak.”

Op ’n dag het hy ’n eienaardige versoek van ’n jongman uit die Karoo ontvang, wat ’n “bestelling” geplaas het: drie liefdesgedigte, ’n gedig oor ’n moeder en ongeveer ses klaagliedere. Hierop het Keet ’n kort antwoord gehad – “die liefdesgedigte sowel as dié oor ’n moeder was reeds in sy bundel, maar vir die klaagliedere moes hy maar sy Bybel by die hoofstuk oor Jeremia gaan oopmaak,” vertel Ellen.

Enkele jare voor Keet se afsterwe het die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns aan hom ’n penning as erelid aangebied. Ellen het die geleentheid bygewoon: “Vir dié uitsonderlike toekenning moes hy Pretoria toe gaan, waar dr Con de Villiers dieselfde aand ’n soortgelyke eretitel ontvang het.

“My pa, ietwat ongemaklik in ’n behoorlike paar skoene in plaas van sy gerieflike ou sandale, het die gehoor gaande gehad met sy humoristiese toespraak. Onder luide toejuiging het hy net hierna sy plek langs ons ingeneem en die eerste woorde aan my ma wat hy kon uitkry, was dat ‘ou Con’ sowaar sandále met groen sokkies aan het!”

AD Keet met die sandale waarvoor hy so lief was. (Foto: verskaf)

Ellen vertel ook van die keer toe hul suster Carina se kêrel moes ouers vra. “Carina se kêrel is van Senekal na die Oos-Rand verplaas en net daar besluit hulle dis beter om te trou as om so ver van mekaar te wees. Die volgende naweek ry Robbie Senekal toe om ouers te vra, maar sy moed begewe hom. Die naweek daarop is Robbie wéér daar. Teen hierdie tyd weet my ouers al die rede daarvoor, maar Robbie is stil-stil sonder die groot vraag terug.

“Toe hy die derde naweek daar opdaag en hulle die Saterdagmiddag op die voorstoep sit, sê my pa ewe kalm vir hom hy mag maar met Carina trou as hy vir almal ’n roomys by die kafee sou gaan koop!”

Die legendariese dr Petronella van Heerden, die eerste vroulike geneesheer in Suid-Afrika, was ’n huisvriend van die Keets. Van Heerden en Keet het mekaar leer ken toe hulle medestudente in Nederland was. Sy was haar tyd ver vooruit en het konvensies uitgedaag en haar nie deur die duiwel en die diepblou see laat stuit nie. Toe sy in Harrismith geboer het, het sy gereeld in Senekal by die Keets aangedoen.

’n Brief wat Petronella van Heerden aan AD Keet geskryf het. (Foto: verskaf)

Rosa vertel hoe sy as dogtertjie die voordeur oopgemaak het toe die formidabele vrou die eerste keer aanklop: “Ek het my vrek geskrik. Sy het ’n kakiebroek en -hemp gedra. Daar was ’n pyp in haar hempsak. Om haar kakiehoed was ’n luiperdvelband en sy het groot borste gehad, maar haar stem wat vra ‘Waar is AD?’ was dié van ’n vrou.” Agterna het Rosa glo vir haar ma gevra of “die oom regtig ’n tannie is”.

Ellen onthou die keer toe daar byna konsternasie op die werf was nadat Petronella haar geduld met Rina oor ’n rit Bloemfontein toe verloor het. Die vroue het saam van Senekal na Bloemfontein gery, elkeen in haar eie motor. “Ma was nie bekend daarvoor dat sy stadig gery het nie, maar dié dag ry sy voor en Nell agter haar. Ma wou nie jaag nie, en het die regte afstand tussen die twee motors probeer hou. Dit het ál stadiger gegaan en toe hulle uiteindelik in Bloemfontein land, was albei van hulle ewe vies vir mekaar, omdat my ma so ‘aangekruie’ het!” Die vrede tussen die vroue is ná oor-en-weer verduidelikings darem herstel.

AD Keet se graf. (Foto: verskaf)

AD Keet het die plaas Noorskloof by Jeffreysbaai besit – vir hom ’n bron van vreugde waar hy gereeld kon uitrus ná ’n jaar se harde werk as distriksgeneesheer. Ná sy dood is die plaas in erwe opgedeel, vandag bekend as Wavecrest. Ellen vertel dat daar ’n spookstorie loop oor die dokter-digter wie se teenwoordigheid nog in die oorspronklike plaashuis aangevoel kan word: “Iemand het ’n ruk in die ou plaashuis gewoon en vertel dat hy snags kon hoor hoe ‘die digter’ stadig in die gange beweeg en van sy eie gedigte ‘prewel’.

Oor dié gerug glimlag die Keet-dogters breed, soos wanneer hulle staaltjies oor hul bekende vader deel. Want hy sou ook.

 

Lees AD Keet se ATKV|LitNet-Skrywersalbum hier:

AD Keet (1888–1972)

The post AD Keet: Die man met die sandale agter "Muskietejag" appeared first on LitNet.

Pasverskyn: Simoelégri deur Jaco Fouché

$
0
0

Titel: Simoelégri
Skrywer: Jaco Fouché
ISBN: 9780798182447
Uitgewer: Human & Rousseau

Lady Die het huisvesting gevind in die ruïne van ’n kerk, in ‘n stadsbuurt genaamd Simoelégri. Baie vlugtelinge het hier opgeëindig, ná eers die virus en toe nog rampe tot sosiale onrus gelei het. In ander dele van die land is daar nog ’n mate van orde, maar nie in Simoelégri nie. In Simoelégri is jou beste vriend die straat se dwelmhandelaar, en jou enigste bron van hitte ’n konkavuur. Oral loop die gerugte van groter onrus en geweld. Aangrypend. 'n Hoogpunt in Fouché se oeuvre.

The post Pasverskyn: <em>Simoelégri</em> deur Jaco Fouché appeared first on LitNet.


’n Kultus van positiewe denke

$
0
0

Prent: Pixabay

........

"Ek stuur vir jou lig.” “Moenie bekommerd wees nie, die universe sal alles uitwerk.” “Sy het goeie vibes.” “Ek is sensitief, ek is ’n empath.” Dié is frases wat ’n mens dikwels op die sosiale media raaklees. Mense gebruik die lingua franca wat eie is aan die New Age-beweging, meesal sonder dat hulle daarvan bewus is.

.........

"Ek stuur vir jou lig.” “Moenie bekommerd wees nie, die universe sal alles uitwerk.” “Sy het goeie vibes.” “Ek is sensitief, ek is ’n empath.” Dié is frases wat ’n mens dikwels op die sosiale media raaklees. Mense gebruik die lingua franca wat eie is aan die New Age-beweging, meesal sonder dat hulle daarvan bewus is. Die term New Age dui nie op ’n formele sosiale beweging nie; dit is eerder ’n versamelnaam wat verwys na die herlewing van ou spirituele en mistieke idees. Die New Age-beweging is eklekties van aard en die volgelinge is oorwegend Westers, wit en hoër middelklas. Sedert die sewentigerjare is daar ’n hernieude belangstelling in die wêreld se oudste godsdienste, filosofieë en praktyke soos spiritisme, astrologie, toekomsvoorspelling en holistiese genesing, om enkeles te noem. Die vooruitsig van die Era van die Waterdraer (Age of Aquarius) ná die Era van die Vis (Age of Pisces) het die belofte van ’n verlengde tydperk van Verligting ingehou, ’n gees van liefde en verdraagsaamheid wêreldwyd, gewortel in humanisme en met die leiding van die Opgevaarde Wêreldmeesters. Die grootmoeder van die New Age-beweging is die Russiese skrywer, filosoof en esoteriese genie, Madame Helena Blavatsky (1831–1891), wat in die 1800’s reeds die grondslag vir New Age-idees gelê het. Sy het lang periodes in Tibet deurgebring en ’n nuwe doktrine, ’n sintese van wetenskap, filosofie en religie genaamd “Teosofie”, geskep. Emanuel Swedenborg en Franz Mesmer se okkultiese bydraes het verdere momentum aan die beweging gegee. Daar was ’n mildelike kruisbestuiwing tussen Oosterse invloede en die herlewing van antieke kennis – en alhoewel die New Agers graag die wetenskappe by die fusie van hul “nuwe” esoteriese benaderings wou byhaal, is die beweging as pseudo-wetenskap afgemaak. Dit is belangrik om te noem dat hierdie volgelinge verkies om nie die term New Age te gebruik of daarmee geassosieer te word nie, waarskynlik as gevolg van die vryer lewensbeskouing wat hulle volg. Hulle vermy etikettering.

Alhoewel die hippies in die sestigs die weg gebaan het vir die meer liberale en skeppende wêreldbeskouings van die free spirits, wat die New Agers van die VK en VSA sou word, het hierdie invloede eers in die negentigerjare in Suid-Afrika posgevat. Dit was postapartheid-Suid-Afrika, gekenmerk deur ’n gees van bevryding, die emansipasie van vroue, die wettiging van pornografie en die asemsnakkende skande van eerste Afrikaanse pornotydskrif, Loslyf. Afrikaanse skrywers se verhaalkuns is gekenmerk deur gekruide taal – nog nooit in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde het skrywers so baie gevloek as juis in die negentigerjare nie. ’n Mens kan dit verstaan: Na jare van onderdrukking deur die apartheidsisteem het ook die Afrikaanses die nuwe vryheid van demokrasie geniet wat gelei het tot ’n infantiele en rebelse oedipale opstand teen gesag. Die sinvolle belewenis van politieke volwassenheid en gepaardgaande verantwoordelikheid was nog in hul kinderskoene. Die 90’s was ’n honeymoon-fase wat die herontdekking van mede-Suid-Afrikaners se menswees ingelui het. Dit was die goue era van Mandela se bewind; die viering van Long walk to freedom; en die droom van ’n reënboognasie waarin ons sou verenig. Ook esoteriese winkels het vir die eerste maal hulle opwagting gemaak en klante het hulle verwonder aan die wye verskeidenheid boeke, artefakte, gelukbringers en snuisterye soos kristalle, pakke tarot- en engelkaarte, rune-klippies, wierook, Boeddha-beeldjies, en so meer, wat skielik te koop was. Ten spyte van die striemende waarskuwings van die kerk en die nasleep van die wêreldwye satanic panic van die 80’s, wat in Suid-Afrika die gesig van Rodney Seale of Kobus Jonker aangeneem het, kon mense ook op spirituele front hulle vryheid laat geld. Daardie jare was ek werksaam by ’n esoteriese boekwinkel – ’n magiese plek geleë in ’n akademiese woonbuurt. Bedags het ons CD’s gespeel met die rustige klank van voëlsang en watervalle en male sonder tal het ’n selfaangestelde Crusader by die winkel ingebars en gewaarsku: “Ek bid dat hierdie plek toemaak!” Sóveel liefde. QED.

........

Van die vroegste tye af het die mens ’n begeerte om te toor: Ek stel dit nou in plein Afrikaans. Want die mens is uitgelewer aan sy eksistensiële (nood-)lot, en daarom is dit nie vreemd dat van die oudste gelowe, bv Wicca, die indruk skep dat die mens deur persoonlike en magiese intervensie die uitkomste van sy lot kan verander nie.

.........

Van die vroegste tye af het die mens ’n begeerte om te toor: Ek stel dit nou in plein Afrikaans. Want die mens is uitgelewer aan sy eksistensiële (nood-)lot, en daarom is dit nie vreemd dat van die oudste gelowe, bv Wicca, die indruk skep dat die mens deur persoonlike en magiese intervensie die uitkomste van sy lot kan verander nie. Folklore en sprokies wemel van die spells (“towerspreuke” in Afrikaans; maar dié woord roep eerder die suggesties van hokus-pokus voor die oog as die ware Jakob, genaamd esoteriese towery). In die negentigerjare het JK Rowling se beroemde (en berugte) Harry Potter-reeks die wêreld getref – en in 2018 is dit geboekmerk as die  grootste blitsverkoperreeks van alle tye. Daar is sedertdien 500 miljoen kopieë van Rowling se nimlike towenaarboeke verkoop, en die reeks is in 80 tale vertaal. Mens kan tereg wonder: Waarom juis Harry Potter? Een jaar het Harry Potter en die Bybel gekompeteer om die eerste plek vir die meeste verkope. Wat het die Bybel en Harry Potter gemeen? Verder: Wat het hierdie volgende bestsellers in gemeen? Don Quixote, The lord of the rings, The little prince, The hobbit, The twilight saga, Alice's adventures in Wonderland, The lion, the witch and the wardrobe, The Da Vinci code, en The alchemist. Die lys gaan aan. Wat hierdie topverkopers gemeen het, is magiese denke en die mens se preokkupasie met mirakelagtige gebeure en/of intervensie te midde van eksistensiële angst. In ’n neutedop. Of dit nou Bybelse wonderwerke of die mens is wat op bonatuurlike vlak die noodlot kan beïnvloed … Die nare waarheid is dat ons oomblik na oomblik uitgelewer is aan die willekeur van ons genadelose bestaan. Veronderstel jy kon ingryp en die meedoënlose kousaliteit van gebeure verander. In tye van nood, soos met Covid-19, gryp mense na selfhelpboeke.  

En elke generasie het ’n selfhelpboek wat die zeitgeist van die dag reflekteer. Die skrywer Mark Manson het Rhonda Byrne se blitsverkoper, The secret, van nader bekyk. Selfhelpboeke se verkope vlieg in hulle ziljoene van die rakke af en vreet soos piranhas deur kopers se beursies. Natuurlik word so ’n blitsverkoper vergesel deur dokumentêre programme – en die sosiale media van die dag blaas die vlam verder aan. ’n Mens dink aan die vorige generasies se blitsverkopers, soos Napoleon Hill se Think and grow rich (1936), Norman Vincent Peale se The power of positive thinking twintig jaar later, of Anthony Robbins se Awaken the giant within in die negentigerjare. Dit is egter Rhonda Byrne se The secret wat sedert 2006 die septer swaai. ’n Vreemde eienskap van hierdie selfhelpboeke is dat dit basies dieselfde boodskap uitdra: Monitor jou eie gedagtes en bly positief, ongeag, bly fokus op jou doelwitte, vermy kritiek en selftwyfel en visualiseer wat jy wil hê – uiteindelik sal dit so gebeur. Elke boek neem die uitdagings van sy generasie onder die loep, soos Hills se werk wat raad gee oor hoe om geld te maak ná die Groot Depressie van die dertigerjare, en Peale se boek wat fokus op ’n kalm, huislike lewe en goeie verhoudinge ná WO II. Robbins se boek, weer, was die bybel van die baby boomers wat hulle middeljarekrisis in die gesig gestaar en lig gewerp het op selfaktualisering en die uitlewing van persoonlike potensiaal. Rhonda Byrne se boeke is gebore in die era van sosialemedia- en slimfoontegnologie – vandaar die skrikwekkende narsisme en die “ek is die sentrum van my eie heelal”. Byrne bring niks nuut na die selfhelptafel nie, bloot ou idees wat as moderne eliksers aangebied word. Die hoëpriesteres van populêre kultuur, Oprah Winfrey, het haar seën oor Byrne uitgespreek en verklaar The secret “werk”. Daar het jy dit. Die 2006-koei word steeds gemelk, al vir 15 jaar via Facebook-bladsye wat die law of attraction telkens op nuwe, maar meer grandiose, wyses proklameer.  

Inderdaad: The secret handel oor die law of attraction. Die heelal bestaan uit energie wat teen ’n sekere frekwensie vibreer. Jou gedagtes resoneer met dié van die heelal – met ander woorde, jy trek via die uitsaaitoring van jou denke goeie of slegte energie na jou toe aan. Jou eie vibrasies bepaal jou lot. Hierdie boek is positiewe denke op steroïede – Byrne haak ’n klomp kosmologiese snert by, en jy mors nie met die heelal nie! Hoe meer goeie gedagtes jy uitstuur, hoe meer goeie dinge sal die heelal in ruil vir jou gee. Dieselfde geld vir negatiewe gedagtes. Volgens Byrne is die “geheim” eenvoudig: vra, glo en ontvang. Dit herinner aan Markus 11:24: “Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle wil hê, as julle bid, glo dat julle dit sal ontvang, en dat julle dit sal hê.”

Die law of attraction het ’n kultus van positiewe denke tot gevolg; in die vorige selfhelpboeke moes jy nog effort ingesit het om jou drome te verwesenlik. Volgens The game of life and how to play it deur Florence Shinn (1925) moes jy byvoorbeeld die hele dag lank affirmations opsê om deur die magiese vibrasie van die woord jou geluk na jou toe aan te trek. Nog nooit was sukses so maklik, so binne bereik soos juis nóú nie. Al wat jy hoef te doen, is om te wens en te visualiseer – en jou versoek in te dien by die heelal se besteltoonbank – en voila! Volgens Manson wemel The secret van misplaaste clichés, lawwe aanhalings en bygelowige snert, gedryf deur grandiose magiese denke. Dit is ’n speelboek vir selfgeregtigdheid wat kan lei tot roekelose besluite en onverantwoordelike optrede, wat op die langtermyn die Byrne-dissipels groot skade kan berokken. Inderwaarheid grens die blinde geloof in positiewe, selfabsorberende denke waarin gevaartekens geïgnoreer en genegeer word aan delusies – en ’n breuk met realiteit. Vergeet werk, inspanning, onderrig of enige voorbehoude verbonde aan sukses of rykdom. Nou: Waarom kry so baie mense dít wat hulle nie wil hê nie? Byrne se antwoord is eenvoudig: “Imperfect thoughts are the cause of all humanity’s ills, including disease, poverty, and unhappiness.” Liewe hemel. Het Covid-19 die wêreld getref omdat miljoene mense siekte, dood en ekonomiese swaarkry gevisualiseer het? Seer sekerlik nie. Maar, volgens Byrne saai jou negatiewe gedagtes op dieselfde frekwensie uit as jou positiewes: As jy bv sê “ek wil nie …”, vertaal die universe se woordverwerkingsprogram dit as “ek wil …”, en stuur vir jou net méér van die negatiewe vibrasies. Shakespeare, Newton, Lincoln, Einstein en Tesla het die beginsels van die law of attraction geken, beweer Byrne. En The secret is volkome in lyn met die beginsels van kwantumfisika. Nou kyk, hiér gee die New Age-skrywer darem gravitas aan haar positiewe denke. Sy haal selfs vir Churchill aan wat kwansuis gesê het “you create your own universe as you go along”. Sulke psychobabble klink nie vir my na die kwasterige ou staatsman se kwinkslae nie … Wel, hy hét dit gesê, maar Byrne het die konteks verdraai – Churchill het juis gespot met mense wat metafisiese denke populariseer. Hy het heel waarskynlik die draak gesteek het met Max Ehrmann se gedig “Desiderata”. 

In The secret gebruik Byrne verskillende avatars, soos Ralph Waldo Emerson, wat die megalomanie verder aanblaas. “Tekens”, soos ’n muntstuk wat in ’n straat lê (daardie klein dingetjies, sien), bevestig onverwyld dat jou skip op pad is. Ensovoort. Byrne, ’n dame van 50 plus, beweer dat sy haar leesbril na net drie dae van positiewe denke weggesmyt en haar sig herstel het tot dié van ’n twintigjarige. Die Facebook-blaaie vir die law of attraction is egter besig om psigotiese afmetings aan te neem. Naas die gebruik van numerologiese geluksnommers, bv 11:11, duik daar elwe en ander magiese karakters op wat jou pols om “like” te klik, anders gaan jy uitmis. Bygeloof is nou erger as in die Middeleeue.

“This may seem kinda weird, maybe even a little surreal. BUT everything changed when I found out I could just push play to listen to a short musical track. And suddenly I attracted ANYTHING I WANTED into my life. Here’s how you can too …”

Al wat jy hoef te doen, is om na ’n uittreksel antieke musiek te luister, dan word jou onderbewuste wonderbaarlik geherprogrammeer om jou geluk “aan te trek”. Visualisering is nie meer genoeg nie – jy moet (uiteindelik) die voorgestelde pakket met die magiese musiek aankoop. Wel, as antieke musiek gewerk het, dan gaan dit op makroskaal lei tot wêreldvrede, die wêreldekonomie sal bestendig, Covid-19 gaan opdroog en ons gaan ons maskers wegsmyt en ’n toffee vir alle vaksiene gooi. Wonderlik, nè? Ek het reeds drie jaar gelede my versoek vir ’n Bugatti gefile, maar geen motor is sedertdien by my hek afgelewer nie. Ek dink die universe se diensverskaffer is oorlaai … dit is nou as die sisteem nie reeds gecrash het nie.  

Volgens Manson is die BS van die law of attraction inderwaarheid ’n versuikerde weergawe van die teorie van bevestigingsvooroordeel (confirmation bias), wat reeds in die sestigerjare geskep is deur die kognitiewe sielkundige Peter Cathcart Wason. Volgens dié teorie is mense geneig om bewyse te aanvaar wat hulle bestaande oortuigings bevestig, en getuienis wat lg weerspreek te verwerp. Ons almal het al miljoene kere bevestigingsvooroordeel beleef, ons was net nie daarvan bewus nie. Veronderstel jy wil ’n kar koop, maar het in die verlede nie veel ag geslaan op karre nie. Skielik sien jy motors en hulle fabrikate raak, want dit is nou relevant tot jou leefwêreld. The secret is ’n poging om bevestigingsvooroordeel te versterk tot jou eie voordeel. As jy konstant positiewe dinge dink, begin jy klein dingetjies waarneem – soos ’n veer wat in die pad lê en ’n goeie boodskap inhou, of die herhaling van geluksyfers op jou tablet of mikrogolfoond – wat jou help om jou positiewe sienings te versterk en sodoende dít wat jy wil hê te bewaarheid. As jy konstant negatiewe gedagtes oor jouself koester, sal die negatiewe terugvoer in jou omgewing begin uitstaan, wat jou nog slegter oor jouself sal laat voel. The secret is dus bevestigingsvooroordeel op steroïede. Maar jy mag nooit negatiewe gedagtes laat deurglip nie, nooit gevaartekens rondom besigheidspraktyke, verhoudings of jou gesondheid ignoreer nie – wat beteken jou gewaande positiwiteit kan lelik backfire en soos orkaan Elsa op pad na Florida fasette van jou lewe bedreig, indien nie verwoes nie. Sielkundiges waarsku ook dat wanneer persone met depressie of OKV aanhoudend negatiewe gedagtes onderdruk, hulle juis meer daarvan kry, bv dwanggedrag wat ’n siklus van negatiwiteit sneller. Volgens Manson is The secret die McDonald’s van die gees; dit maak mens emosioneel vet en lui, selfgenoegsaam en minder gemotiveerd. Daar is bloot dinge wat mens nie in ’n materiële bestaan kan inwens nie. Volkome en gesonde menswees word uitgedaag en teen weerstand, pyn en angs in gevorm.

........

Tog is daar besliste bewyse dat positiewe denke werk en inderdaad gelei het tot ’n legio suksesverhale. ’n Ou kennis van my, wat sy hele lewe opgefoeter het deur drankmisbruik, is lief om te sê dat hy ’n bestseller gaan skryf oor hoe om jou lewe te verongeluk.

.........

Tog is daar besliste bewyse dat positiewe denke werk en inderdaad gelei het tot ’n legio suksesverhale. ’n Ou kennis van my, wat sy hele lewe opgefoeter het deur drankmisbruik, is lief om te sê dat hy ’n bestseller gaan skryf oor hoe om jou lewe te verongeluk. Dan wys hy met ’n lang indeksvinger na sy keel en sê: “Drie plase. Kan jy glo daar is drie plase in hierdie keelgat af?” Ja, ek het ook soortgelyke artikels gegoogle – en daar is niks nuuts onder die son nie. As lesers toondoof raak vir al die selfhelpboeke wat positiewe denke bevorder, dan kan mens altyd die teenoorgestelde benadering gebruik; soos die artikel “100 Ways to fuck up your entire life” deeglik uiteensit.

The post ’n Kultus van positiewe denke appeared first on LitNet.

Reguit met Robinson: 'n Zoom-gesprek met Ebbe Dommisse

$
0
0

Ebbe Dommisse gesels met Freek Robinson oor sy boek Fortuine, die wel en wee van Afrikaner-magnate.

Die boek handel oor die superrykes, beide in die sakewêreld en in die landbou.

Dommisse verduidelik hoe hierdie miljardêrs belê in die samelewing, in die Suid-Afrikaanse ekonomie en dan ook in die buiteland.

Robinson wil ook weet of die Stellenbosch-mafia bestaan en vra hoe Steinhoff sommige van die Afrikaanse sakemanne so kon betower en bekoor het.

Lees ook:

Ebbe Dommisse se #litnetwoord2016

The post Reguit met Robinson: 'n Zoom-gesprek met Ebbe Dommisse appeared first on LitNet.

Press release: Ground-breaking think-tank at Karoo Writers Festival 2021

$
0
0

Twenty educators will participate and enact an innovative fusion of Creative Arts and Life Skills during a two-day think-tank in Cradock at the end of July – a bold moment in local education history. This event will provide a curtain-raiser to the 2021 Karoo Writers Festival, taking place from 28 to 31 July 2021. It will be stage-managed by Melina Smit, a Senior Education Specialist for Creative Arts & Life Skills at the Department of Education.

Smit explained that educators will be immersed in a strong new trend in education: blurring divisions between traditional subjects and merging them into more relevant fields of experience.

“This fusion refreshes insights and results in huge enrichment for the educators. To put it simply, the Arts gain meaning from Life Skills and Life Skills gain story from the Arts,” she said. “During the programme, six creative practitioners will present cameos of personal experience, prompting the educators to delve into their own stories, acting out a process which they can take place back in the classroom.

“Poetry is the most immediately useful of the Creative Arts for this purpose and, appropriately, the think-tank is generously supported by The AVBOB Poetry Project,” she continued.

Festival organiser, Lisa Ker, said, “This educational exercise, presented in collaboration with The AVBOB Poetry Project, has been an annual feature of the Festival. In previous years we engaged with groups of youngsters. We have broadened our reach so that the influence of these 20 educators will cascade down to as many as 1000 learners, in the three most commonly used Karoo language groups – Afrikaans, isiXhosa and English.”

CEO of AVBOB, Carl Van der Riet, expressed his pleasure at being able to support this innovative event. “The initiative shows remarkable resourcefulness and creativity, as well as an original and integrated approach to education that fosters much-needed life skills and creative thinking. The AVBOB Poetry Project values the thoughtful and intelligent approach to education that underpins this endeavour. We are glad to contribute to participate in the think-tank via our head writer on the project, Liesl Jobson,” he said.

“Short term, we hope for a flurry of entries from the region in the fifth AVBOB Poetry Competition. Long term, we anticipate seeing many more creative thinkers emerge from the region’s youth who might, in turn, apply this holistic approach to finding meaningful solutions for the challenges that are uniquely their own,” he concluded.

The AVBOB Poetry Competition opens to poets writing in all 11 official languages on 1 August 2021 and closes on 30 November 2021. Entrants are encouraged to register now on the website – www.avbobpoetry.co.za. For more information on the Karoo Writers Festival, please visit their Facebook page – https://www.facebook.com/SchreinerKarooWritersFestival.

The post Press release: Ground-breaking think-tank at Karoo Writers Festival 2021 appeared first on LitNet.

Naledi bring hulde aan Rosa Smit

$
0
0

Dit is met groot hartseer dat ons by Naledi verneem dat Rosa Smit oorlede is. Ons het so daarna uitgesien om saam met haar die pad te begin stap van haar pas gepubliseerde digbundel, Die slingerplant se wintergroei. Die bundel dek ’n wye spektrum onderwerpe: van liefde, groei, gebed en opstanding tot skeiding. Watter voorreg is dit nie vir ons om dit te kon publiseer nie.

Rosa se gedigte bied, in die woorde van Marianne Moore, werklike paddas (“toads”) in verbeelde tuine, ook met die “noodsaak” wat Opperman van ’n gedig vra.

Sy is ’n wydgepubliseerde skrywer van onder andere Krone van die narsing in 1987, waarvoor sy die Ingrid Jonker-prys ontvang het.

Haar verse is in verskeie bundels opgeneem, waaronder Die braambos brand, Die mooiste liefdesgedigte in Afrikaans en ’n Honderd jaar later.

Vers oor vers, gedigte wat gedeeltes uit die Bybel verhelder, is ook ’n vrug van Rosa se pen.

Tog nou die groot hartseer. Ons opregte meegevoel met almal wat haar ken. Veral die familie en vriende.

Nou val vere uit die lug van dooie voëls,
riviere rittel met koue skouers en hulle
vingers grou ’n lêplek in die sand.

- Rosa Smit

The post Naledi bring hulde aan Rosa Smit appeared first on LitNet.

LitNet: Jou baie lang brief

Book launch: Mother Earth, Mother Africa & mission

Bartho Smit (1924–1987)

$
0
0

Gebore en getoë

Bartho Smit is op 15 Julie 1924 op Klerkskraal langs die Mooirivier in die distrik Ventersdorp in die ou Wes-Transvaal gebore. Hy het grootgeword op Standerton langs die Vaalrivier. Sy pa was ’n polisiesersant en hy het nie ’n boekbewuste huis grootgeword nie. Tog het die jong Bartho Nietzsche en Dostojewski gelees. Sy vader het wel toneel gespeel in die plaaslike amateurgroep en hy het geglo dis waar sy belangstelling vir die toneel ontstaan het.

As standerd 8-seun het Bartho Smit sy eie toneelvereniging gestig. Hy was op skool ook ’n uitstekende atleet en was op sy dag die Suid-Afrikaanse juniorkampioen in paalspring en werpskryf, en dié (het hy aan Aletta Greyling (Oggendblad, 15 April 1975 vertel) het hom toe glo ’n bietjie van ’n kop laat kry.

"Ek was op Standerton op skool en – om my egoïsme nog meer aan te wakker – begin ek toe mos ook gediggies skryf en dit was meer as wat enige skoolseun sonder geswollenheid mee kon saamleef. Op ’n dag het ons toe groot skolesport op Lydenburg en ek is saam as die vorige jaar se paalspringkampioen. En nog digter, moet jy weet. Daar gekom, besluit ek dat, groot kampioen wat ek is, ek nie sommer van die begin af saam met die moppie gaan spring nie. Ek sou eers op nege voet begin. Ek is mos die kampioen.

"Toe die dwarslat op nege voet is, het ek my nonchalant reggemaak en gespring, maar ek stamp die lat af. Maar ek het mos nog twee spronge oor en ook dié het ek verbrou. Hoe syn de helden gevallen. Ry die hele ent na Lydenburg saam en kom dan met die kous oor die kop terug met die mislukte spronge. My Afrikaanse onderwyser sê toe vies vir my: Kyk jy kan nie aan sport deelneem en gedigte ook skryf nie. Los die gedigte."

As jong seun wou hy bokser word en in sy jare op hoërskool leer hy die sweet, die harpuis, pyn en oorwinning van die amateurkryt goed ken.

Toe hy nog op skool was, het hy begin beeldhouwerk doen. Hy het aan Aletta Greyling vertel dat hy "Michelangelo in my vingerpunte begin voel tintel het. Ek het besluit om Langenhoven se beeld uit klip te kap. Vir my was dit ’n grootse werk en terwyl ek besig was aan die laaste afronding, het ek ’n stukkie van Langenhoven se snor afgebreek. As dit my eie been of arm was, kon dit my nie groter getref het nie. Verdwaas het ek die snor met klei, met sement, met enigiets probeer vasplak. Niks het gewerk nie. Die beeld was geskend en iets in my het ook gebreek. In ’n vlaag van woede het ek ’n byl gevat en die hele beeld flenters gekap.

"My suster het my probeer aanmoedig om weer van nuuts af te begin, maar ek wou nie. Miskien het ek toe reeds onbewus vermoed wat ek later as skrywer noodgedwonge moes leer aanvaar: Dat daar altyd op die laaste oomblik ’n snor of iets afbreek."

Smit het op Standerton gematrikuleer.

Verdere studie en werk

Na skool is Bartho Smit na die Universiteit van Pretoria, waar hy in 1949 sy BA-graad behaal het en in 1951 sy MA. Hier het hy voortgegaan om die toneelvereniging van die universiteit aan die gang te hou. In 1945 het hy drie kort eenbedrywe vir die universiteitsvereniging geskryf en een van hulle was Moeder Hanna. Hierdie kort werke is egter nooit opgevoer nie.

Na hy sy MA voltooi het, het hy in 1946 by Die Vaderland aangesluit, waar hy eers algemene verslaggewer was en later kunsredakteur en teaterkritikus geword het. Dit was hier waar hy sy vrou, Kita Redelinghuys, ontmoet het. Sy was ’n jong onderwyseres wat ook aan talle amateur-toneelproduksies deelgeneem het.

Hy het hom aan die Universiteit van Stellenbosch vir sy doktorsgraad ingeskryf en hy en Kita het in 1952 na Europa vertrek om verdere navorsing vir sy proefskrif te doen. Hy het egter sy doktorale studie laat vaar en hom toegespits op ’n studie van die teater en van toneelregte. Hy het in Parys verder gestudeer en ook daar het Kita in verskeie verhoogproduksies verskyn. Bartho Smit het ook in München en Londen verder in die filosofie studeer. In München het hy vir ’n jaar as leerling-regisseur by die Stadsteater gewerk. Omdat die "Nuwe drama", wat onder meer die teater van die Absurde insluit, in die jare vyftig reeds in Europa beslag gekry het, kon hy hier eerstehandse kennis opdoen van moderne teatertegnieke soos verstrengeling van tye en doeblering van rolle. Hiermee eksperimenteer hy later in sy eie werk en lewer sodoende ’n groot bydrae tot die vernuwing in die Afrikaanse dramakuns.

Terwyl hy in Europa was, was hy buitelandse korrespondent vir Dagbreek en Sondagnuus. Die egpaar het in 1957 na Suid-Afrika teruggekeer en met sy terugkeer is hy aangestel as subredakteur, kunsredakteur en teaterkritikus van Dagbreek en Sondagnuus.

Bartho het vertel dat hy kort na sy aankoms in Europa ’n belangrike les geleer het deur die digter Henri Michaux te lees. "Elke gedig wat ek geskryf het, was ’n nuwe begin." Dit het toe Bartho se ideaal geword, om as hy ’n stuk skryf, "van nuuts af te begin" – om te skryf asof niemand anders nog ooit iets geskryf het nie.

In 1962 is Bartho aangestel as uitgewer by die Afrikaanse Persboekhandel en in 1964 het hy bestuurder van Algemene Publikasies geword. Nadat Afrikaanse Persboekhandel deur Perskor oorgeneem is, het hy letterkundige uitgewer van Perskor geword. As uitgewer by Perskor was sy oordeel veral in twee gevalle van groot belang. Nadat DJ Opperman, wat vir Tafelberg en Human & Rousseau gekeur het, Breyten Breytenbach se Die ysterkoei moet sweet en Ingrid Jonker se Rook en oker afgekeur het, het Bartho vir hierdie debuutbundels geveg en hulle gepubliseer gekry.

Hy was stigter van Sestig, asook redakteur en redaksielid, en ook stigterslid van Kol. In 1983 het hy ná 37 jaar diens by Perskor uitgetree.

Bartho het reeds vroeg in tydskrifte gepubliseer en in 1950 het hy as digter gedebuteer toe sy bundel Mure deur Unie-Boekhandel in Pretoria gepubliseer is. Hierdie bundel is in vier afdelings ingedeel en volgens Die Vaderland is sy talent "sterk liries en het hy ’n goedgevormde gevoel vir musikaliteit en vorm. Een van die gedigte, 'Beatrys', wat op die Middeleeuse verhaal gebaseer is, het hy in epiese trant geskryf en is heel verdienstelik. Dit is egter veral in die korter gedigte met ’n afgeronde vorm waarin sy talent goed tot sy reg kom. Hiervan is daar ’n hele aantal in die bundel. Voortreflik is 'Kastalia' en 'nagbesoek'. ’n Uitstekende sonnet soos 'Moses' bewys dat die digter vormbeheer sowel as geslotenheid van hom verower het. Hy kan hom fyn inleef in toestande en skrywe dikwels ’n suiwer stemmingsvers. (...) Die grondgevoel in die bundel is die digter se eensaamheid en die mure of grense waarteen hy aanstoot en waaruit hy nie bevry kan raak nie. Bartho Smit se eerste bundel is vol belofte."

As dramaturg het hy in 1951 gedebuteer met Meisies van vervloë jare, ’n eenbedryf. Dit is in 1959 as voorprogram tot Moeder Hanna deur die Nasionale Toneelorganisasie (NTO) aangebied met studente in die rolverdeling. Volgens ’n kritikus was dit jammer dat studente gebruik is vir hierdie "klein juweel", want beter afrigting en beter speelsters sou van die stukkie ’n aangename voorspel gemaak het tot teater wat ’n mens aan die skouer geruk het.

Meisies van vervloë jare is in 1956 opgevolg met Moeder HannaMoeder Hanna is gedurende 1954–1955 geskryf toe Bartho in Europa studeer het. Nel Erasmus het in die huldigingsbundel Bartho as volg vertel: "Bartho het nuut kom leef hier (Parys), ander maniere van geluk en seerkry leer ken. Die moederfiguur wat later as Moeder Hanna bekend sou staan, moes ook hier aanpas, sy moes meer begrypend word. Haar wêreld moes anders omlyn word.

"Moeder Hanna het hy uit Suid-Afrika met hom saamgebring, maar dit was reeds ’n ander Bartho wat gepraat het en wat haar later hier sou herskryf. Hy het die eerste keer vir my uit haar voorgelees in Joubertpark, lank voor ons vertrek uit Johannesburg. Moeder Hanna het destyds, as ek reg onthou, die twee Engelse soldate in die solder toegesluit en die huis aan die brand gesteek.

"Nou, in Parys, was dit al ’n totaal ander drama – ’n versdrama waarin daar ’n liefdesverhouding was tussen Maria en een van die Engelse soldate. Maar hy was nog nie tevrede nie en het die stuk weer van voor af begin skryf."

Bartho het vertel: "Moeder Hanna was ’n groot sukses. En dit sou die maklikste ding in die wêreld vir my gewees het om vir die res van my lewe Moeder Hannas te skryf. Maar watter sin sou dit gehad het om nog stukke oor die Boere-oorlog te skryf? Jy mag jouself nooit herhaal nie. Dis dié wat ek toe ’n nuwe rigting ingeslaan het en aan Die verminktes begin skryf het. Ek weet tot vandag toe nie of ek die regte ding gedoen het deur uitsluitlik dramaturg te word nie. Ek is nie seker of ek nie dalk ’n verskeidenheid genres moes beoefen het nie."

Die kritikus van Die Vaderland (18 April 1963) het geskryf: "Moeder Hanna kan aan die een kant gesien word as ’n poging om die wording en wese van die Boerenasie in ’n simbool daar te stel – soos Totius dit in sy beeld van die doringboompie gestel het – en deur middel van karaktertekening en woordgebruik die Boer in die letterkunde vas te lê. Aan die ander kant is die stuk ’n filosofiese eksperiment in die moderne doodsproblematiek – ’n probleem wat in die hedendaagse wysbegeerte uiters aktueel geword het.

"In dié verband stel Moeder Hanna die vraag na alle mislukte opstande en veldslae, naamlik of die oorblywendes moreel die reg het om ’n saak gewonne te gee waarvoor die ander reeds met hulle lewens betaal het. (...) Dit is hierdie angs vir ’n dood sonder betekenis wat Hanna, die Boerevrou wat haar seuns in die Tweede Vryheidsoorlog verloor het, aandryf om soos ’n dobbelspeler die laaste sent in te gooi in ’n poging om daarmee te wen wat sy reeds verloor het. (...) Om hierdie probleem het Bartho Smit ’n vrouekarakter geskep wat deur kenners beskou word as een van die aangrypendstes wat die Afrikaanse letterkunde tot dusver voortgebring het."

Die stuk is deur M du Toit in Engels vertaal en is in 1963 deur die Engelse diens van die SAUK in die program Playhouse aangebied met Anna Neethling-Pohl in die rol van Moeder Hanna en die regie deur Cecil Jubber.

Voordat Moeder Hanna in boekvorm uitgegee is, het dit in sy geheel in Standpunte verskyn, wat ’n onderskeiding op daardie stadium was wat min dramaturge te beurt geval het. Daarna het dit in ’n radio-opvoering bewys gelewer van die "onbesproke plek [daarvan] in die Afrikaanse drama-literatuur". Dit is in 1956 onder spelleiding van Aletta Gericke vir JAATS opgevoer met Milla Louw in die titelrol. Die ander spelers was Marie Tredoux (as Marie, die dogter), Billy Pretorius (as Bart, Hanna se eggenoot), Dawid van der Walt (Ouboeta) en Floris Mosterd (Oupa Harmse). Dit is in 1959 deur die Nasionale Toneelorganisasie (NTO) se Kamertoneel opgevoer onder spelleiding van Bartho self.

Feitlik al die kritici was dit eens dat Moeder Hanna ’n grootse toneelstuk is. En dat dit veral in hierdie tweede opvoering te danke was aan die kragtige regiewerk van Bartho self. Ulrich Stark het in Dagbreek (17 Mei 1959) geskryf dat die skrywer se eie regie die kroon gespan het. "Teen ’n keurige, 'egte' decor, tot in die fynste besonderhede versorg, het mnr Smit sy boodskap van bitterheid, obsessie, vuur en hoop met woord en handeling laat lewe. Karakterisering, groepering, gebare, wisselinge van tempo – alles het die stempel van egtheid en krag gedra. Hier is geen opvoering met die gewone asperientjies en geykte maniertjies nie; hier is werklik lewende drama." Die Transvaler het die feit dat Bartho self regisseur van Moeder Hanna was, as ’n voorwaartse stap beskryf wat ook in die Afrikaanse toneel die ou-ou tradisie ontwikkel dat ’n skrywer die verhoog deur en deur leer ken.

Vir MPO Burgers in Die Huisgenoot (7 Augustus 1959) was Moeder Hanna, "ten spyte van enkele tekortkominge, naas Grosskopf se Oorlog is oorlog een van die mees gekonsentreerde en betekenisvolle dramatiese werke oor die Tweede Vryheidsoorlog geskryf is. Grosskopf se eenbedryf is ’n suiwer tragedie van menslike waardes, terwyl Smit s’n uitreik, deur ’n martelende worsteling met die doodsproblematiek, na nuwe hoop."

In Die Taalgenoot (Oktober 1959) het Vulpen as volg geskryf: "Ons het hier eintlik met ’n dramatiese teks te doen waar ons nie die botsing aanskou nie, maar net sy ontvouing saamgetrek in een karakter, Moeder Hanna. Hy het gevoel dat die bou heg is, die taal keurig en soms poëties gekonsentreerd en beeldend. Hy was ook diep beïndruk met die besonder netjiese uitgawe."

WEG Louw (Die Burger, 31 Julie 1959) het sy resensie van die boek so afgesluit: "Hierdie stuk, met sy suiwer dialoog – suiwer in dié sin dat mense werklik só praat, maar meer: dat hul woorde ook die byna onbewuste draers van karakteruitbeelding, stemming en dramatiese idee word – sal nog baie spelers vind. Één staaltjie wat dit tipeer, is die skitterende voorbeeld van dramatiese 'understatement' in die slotreëls: 'Gee hulle vrede, Pa. Ons het ons saad in die grond – die oes sal ons s’n wees ... Maria, bring vir my ’n kom water, my kind. En sê vir die Engelse hulle moet loop. Ons had genoeg van hulle.'"

Moeder Hanna was in 1975 saam met Bart Nel van J Van Melle en Dolf van Niekerk se Die son struikel voorgeskrewe werke vir Transvaalse skole. Truk het die werke in ’n skoleprogram opgevoer en het al 63 skole besoek toe die Transvaalse Onderwysdepartement besluit het om die opvoerings te staak. Geen redes vir die besluit is deur die Departement verskaf nie.

As Sestiger het Bartho dikwels polities omstrede temas in sy dramas aangepak, wat veroorsaak het dat die opvoerings van baie van sy stukke ’n paar keer afgelas is.

Die verminktes word in 1960 gepubliseer en is in 1977, sewentien jaar na dit gepubliseer is, vir die eerste keer deur Truk opgevoer. Hierdie stuk is in 1960 in Engeland onder die titel The maimed opgevoer en is met die gesogte Encyclopaedia Britannica-toekenning bekroon. Oor die opvoering van The maimed in die Royal Court Theatre in Londen op 27 November 1960 het The Star geskryf dat dit baie entoesiasties deur ’n vol saal ontvang is. "This was a single performance without decor. But it is a distinction for the play to have been selected at all for what are now fairly celebrated Sunday night performances in this theatre by the English Stage Society."

Die verminktes is in 1959 aan die NTO voorgelê. Hulle het besluit om dit op te voer, maar het ’n paar maande later koue voete gekry. Daarna is dit nie weer in Suid-Afrika op die planke gebring nie, totdat dit in 1977 op Truk se program van aanbiedings geplaas is. Bartho het dit egter ingrypend herskryf – dit is ’n nuwe teks en nie net ’n herskryf nie.

"Die oorspronklike proloog, drie episodes en naspel is uitgestryk tot vyf episodes, wat dit ook na die uiterlike indeling uitwys in die rigting van die tragiese," volgens André P Brink (Rapport, 23 Januarie 1977).

"Die essensiële gegewe bly behoue: die vooraanstaande senator Bart Harmse het indertyd se buite-egtelike seun by ’n bruin vrou oorgeneem en self grootgemaak, saam met sy stiefdogter; nou keer die seun as briljante geleerde terug om ’n aanstelling aan ’n Suid-Afrikaanse universiteit te aanvaar, en dit blyk dat hy en die dogter mekaar liefhet; teen Harmse se bitter verset in trou hulle stilletjies – maar in die brandende lig van die onthulling omtrent Frans se 'basterskap' word die verhouding vernietig.

"Die grootste verskil lê by die afloop: vroeër het Harmse sy seun gekastreer en daarmee ’n parallel vir die ou Abélard-en-Heloïse-verhaal geskep (destyds wás die dogter se naam ook lastig-simbolies Heloïse gewees). Tans is die ontmanning vergeestelik: dit is nie vir Harmse nodig om sy seun te 'sny' nie – dit is genoeg om hom uit te lewer aan die werklikhede van ’n onverdraagsame gemeenskap en aan die kondisionering waarbinne sy stiefdogter (nou heet sy Elize) grootgeword het. Daardeur is sy impotensie vererger tot ’n bestaansonmoontlikheid. Dit dryf Elize tot selfmoord. En in ’n sterk, skokkende slot sien ons Frans wat met doelbewuste wrangheid terugkeer na die Kaapse taal van sy jeug: 'Ma' die mêem hoef nie sêd te wies oor die castration nie – kôs why, da' wag nou ’n white future vi' haar ...'

"Dwarsdeur die stuk word mens getref deur die skerp dramatiese eerlikheid waarmee Smit sy hersienwerk gedoen het: om oorbodige filosofering en melodrama af te stroop en die stuk vaartbelyn en daardeur killer en onontkombaarder te maak."

Volgens Brink is die stuk is sy herskrywing sterker as die oorspronklik een, maar steeds is dit perfek nie – "daar het in die laaste oomblikke van die stuk ’n prekerigheid ingesluip en daar is nog ’n neiging, enersyds, tot ’n stuk wat te veel 'gevalle-studie' word en andersyds tot betreklik vlak veralgemening: die karakters staan nie in hul volle menslike waarheid onthul nie en die situasie mis die grootse kompleksiteit wat daarin ontdek sou kón word. Maar Die verminktes is ongetwyfeld ’n ontstemmende en belangrike stuk vir vandag (1977), en die opvoering van hierdie nuwe teks behoort ’n 'gebeurtenis' te wees: hopelik sonder die belaglike manewales wat stadsrade en ander instansies in die jongste tyd uitgehaal het om Truk in die wiele te probeer ry."

Don Juan onder die boere is in 1960 gepubliseer. Dit is in 1890 in ’n plaashuis gesitueer. Die boeremense in die toneelstuk dreig om die Don te kastreer en as gevolg daarvan was die stuk nie sonder sy "dramas" nie. Dit is aan die NTO voorgelê en in 1958 is besluit om die Bloemfonteinse Stadskouburg met die stuk in te wy. Bartho sou self die regie behartig. Maar ter elfder ure het die een of ander skouburg-komitee besluit die ontmanningstoneel in die laaste toneel is ’n raps te onbeskaaf vir so ’n geskiedkundige gebeurtenis en is die opvoering gekanselleer. Die stuk sou byna dertig jaar lê voordat Truk dit in 1985 onder regie van Francois Swart opgevoer het met Arnold Vosloo in die titelrol.

In 1961 moes die nuwe Johannesburgse Stadskouburg ingewy word en Bartho lê sy pasvoltooide Putsonderwater voor – nie omdat hy wou nie, maar omdat hulle hom gevra het om sit te doen. Dit word afgekeur omdat "iemand" ontdek het dat die kleurling, Asgat, die vader van Maria se kind is. Sewe jaar het verbygegaan sonder dat enige beroepsgeselskap daaraan wou raak. Dit is egter in 1968 met groot sukses in België vir ’n jaar lank deur Volksteater Vertikaal opgevoer en is bestempel as die beste drama wat in die teater se tienjarige bestaan daar opgevoer is. In 1969 het Sukovs Putsonderwater voor ’n uitgesoekte gehoor opgevoer, maar in 1970 op die nippertjie besluit om eerder Moeder Hanna aan te bied. Kruik het in 1970 besluit om dit op te voer en het Bartho gevra om die regie te doen. Maar met Bartho reeds in die Kaap en die spelers gekontrakteer, het die administrateur van Kaapland ingegryp en die opvoering verbied. In 1968 het die Departement van Afrikaans-Nederlands van Rhodes Universiteit in Grahamstad dit opgevoer. Die regisseur was Abraham de Vries. Dit is ook in die Operahuis in Port Elizabeth deur Johan Mocke opgevoer, en in 1981 deur Truk.

"Putsonderwater is ’n klein dorpie êrens, afgesny van die ganse wêreld deur die uitgestrekte woestyn. Die karakters is Maria, haar vader Jan Alleman, ’n kleurlingseun met die skeldnaam Asgat, die koster, sersant, dokter en dominee – almal ou manne. Nou kom dit so dat Maria ’n kindjie verwag. Sy is saam met al die ou manne gesien en haar vader verdink dokter, sersant en predikant. Elkeen meen in sy hart dit is sy kind, dus is al drie ewe sondig en skuldig. Maria neem in haar nood haar toevlug tot die dominee, want hy het beloof om haar na die Goudstad te neem. Sy word egter bang vir hom en probeer vlug. ’n Worsteling ontstaan en hy val per ongeluk in die put. Om seker te maak dat hy dood is, laat Maria ’n groot klip op sy kop val. Sy bely dat sy hom doodgemaak het, maar niemand wil haar glo nie en uiteindelik word die kindjie nie meer haar nood nie, maar haar verwagting en sien sy hom as moontlike redder en verlosser van Putsonderwater, haar wêreldjie in die woestyn," som Anna van Zyl (Volksblad, 18 April 1963) die verhaal op.

Volgens Van Zyl het Bartho in hierdie drama weggebreek van dinge soos "tradisionele onderwerpe, die uitbeelding van enkelmenslike belewenisse, na die universele en omvattende. Hy reik na ’n tema met kern, met diepte, wat ’n mens tot nadenke stem; wat jou selfgenoegsaamheid verskeur; wat jou binne toe laat kyk, want die simboliese karakters in dié drama is ook soos dit by nadere betragting blyk. Dit is ons almal. (...) Dit het ’n kragtige, ingrypende en aktuele tema. Omdat die drama nie in die sigbare werklikheid bestaan nie, omdat dit ’n verbeeldingstuk is, moet die vorm noodwendig afwyk van die gewone.

"Die werklikheid is onwerklik, die vorm is hierby aangepas. Die drama word hier as selfstandige kuns benader. Die tyd beweeg met groot spronge, volkome onrealisties. Die taal word eenvoudig en prikkelend aangewend om beelde voor jou op te roep. Dit bly nie net ’n opeenstapeling van woorde vir die oor nie, maar dit gee gestalte aan die onwerklike sodat met die oog gesien en met die hart verstaan word."

Chris Barnard het in Insig van Julie 1989 geskryf dat Bartho in die middel van die sestigerjare ’n mismoedige skrywer was. "Daar was idees, maar die lus om te skryf was weg. Die een idee ná die ander is laat vaar omdat hy by voorbaat al geweet het dit gaan teenspoed kry. Die man met die lyk om sy nek is in 1966 geskryf – uit radeloosheid en net om iets op die planke te kry. Nog voor dit in druk verskyn het, is dit deur Truk aangebied met Cobus Rossouw en Louw Verwey in die hoofrolle en Ricky Arden as regisseur. Kort na ’n toneeltoer het daar talle versoeke van amateurgroepe gekom om die stuk op te voer. In 1969 is dit deur Sukovs in die Bloemfonteinse Stadskouburg aangebied.

"Die man met die lyk om sy nek is ’n komedie-riller vol spanning en humor. Paul Barnard, ’n joernalis wat sukkel om sy salaris aan te vul met skryfwerk en wat droom van die dag wanneer hy finansieel so onafhanklik sal wees dat hy al sy tyd aan skeppende skryfwerk kan wy, se vrou, Annette, erf R300 van ’n skatryk oom. Paul is bitter teleurgesteld, want dit kon maklik R300 000 gewees het. Annette is egter tevrede, want sy kon ’n nuwe pelsjas koop, en bowendien wil sy graag sien dat Paul deur eie arbeid en die nastreef van ’n ideaal sy eie sukses behaal. Sy en twee vriende vier die geleentheid deur na die teater te gaan waar ’n stuk Die man met die lyk om sy nek opgevoer word. Die teleurgestelde en iesegrimmige Paul bly tuis om te skryf. Later gaan sit hy by die kaggel en dan begin ’n prikkelende intrige. Wat as ’n blote grap begin, kry verwikkeling op verwikkeling, telkens ’n keersy, grappig en ook grimmig-ironies. Die oplossing en verklaring is verrassend, oortuigend en bevredigend," volgens PD van der Walt in Die Taalgenoot (November 1967)

Die Departement Drama van die Universiteit van Pretoria het in 1990 met hulle 25ste herdenking Die man met die lyk om sy nek opgevoer met Carel Trichardt as Bulhond. Dit het saamgeval met ’n Unisa-beraad oor Bartho. Bartho het vertel dat hy self baie lief vir Bulhond was. "Hy is ’n gewetenlose boelie, maar het ’n sagte hart en is soms die dierbaarheid self. Hy is gou om sleg te voel oor die kwaad wat hy gedoen het, en probeer dan troos. Die man met die lyk om sy nek is ’n suiwer ontspanningstuk, ’n moordkomedie, maar ook ’n eksperiment in dieptepsigologie. ’n Koerantberiggie oor ’n man in die buiteland wat sy vrou eers laat verseker het en daarna laat vermoor het, het hom op die idee van die intrige van die stuk gebring."

Die man met die lyk om sy nek is in 1986 vir televisie verwerk en is op TV1 uitgesaai met Danie Odendaal as regisseur. Louw Verwey het op televisie die rol van Bulhond vertolk, net soos met die eerste opvoering van die stuk.

Christine (1971) is in opdrag van Kruik geskryf as openingstuk vir die Nico Malan-teater. Bartho sou weer self die regie behartig met sy vrou, Kita Redelinghuys, in die naamrol. Maar weer het die administrateur van Kaapland ingegryp en die opvoering afgelas. In 1973 het Truk vir die soveelste keer tot Bartho se redding gekom en die stuk opgevoer. Die administrateur van die destydse Transvaal het die opvoering laat voortgaan, maar eers nadat hy die teks "gesuiwer" het van sekere woorde en handelinge: kragwoorde (God en hoer) moes byvoorbeeld vervang word; die gekruisigde Christusbeeld wat die klooster moes voorstel, moes weg; ’n jong Christine kon nie in skamele onderklere verskyn nie; en Paul Harmse moes nagklere oor sy onderbroek dra.

"Paul Harmse is ’n skilder," het Abraham de Vries in Die Huisgenoot (3 Desember 1971) geskryf. "Hy is egter voortdurend besig om sy hede op te offer aan ’n skuldlas wat hy op hom gelaai het toe hy in die Tweede Wêreldoorlog sy vrou, Christine, ’n Jodin, teenoor ’n SS-er, Günter, verraai het. Sy was in 'arbeidskampe', maar het dit oorleef en van ná die Oorlog af na hom gesoek. Sy vind hom telkens en haar liefde (wat hy nou ervaar as iets versmorends) maak sy skuldgevoel tot ’n bestaansangs, juis as gevolg daarvan dat sy hom heeltemal vergewe, dat haar liefde se lankmoedigheid en verdraagsaamheid geen einde ken nie, méér word as die caritas waarvan Paulus (in die Bybel) praat – ja, eintlik die allure aanneem van Christus (vide ook haar naam). (...)

"Wie teen Paul Harmse se redenasies besware het, moet net onthou dat Christine in die eerste plek ’n drama is, geen teologiese geskrif nie. (...) Ek het Christine ’n mono-drama genoem. Daarmee bedoel ek dat Paul Harmse eintlik glad nie die tradisionele hoofkarakter is in ’n situasie wat op die verhoog afspeel nie, maar dat wat op die verhoog afspeel, vergestalting is van ’n drama wat in Paul Harmse sélf afspeel. Die doeblering van rolle (die Meisie en Magda; en die Man in sy verskillende verskyningsvorms), die spel met verskillende tye en plekke, met werklikheid en 'droom', dit alles is funksionele verhoog-vergestaltings van hierdie drama in Harmse se binnewêreld.

"Dit bring my by die belangrikste kenmerk van hierdie drama: dit is geen leesdrama nie. As drama moet dit staan of val by die bes moontlike opvoering daarvan." De Vries vermoed dat Christine as drama (in prosa) tot nog toe nie sy gelyke het in Afrikaans nie.

Oor die opvoering deur Truk in 1973 het Louis Eksteen (Hoofstad, 28 Maart 1973) geskryf dat Smit ons beste vakman is as dit by die tegniese aspekte kom. "Die dialoog is seldsaam suiwer, maar veral word die hantering van die verskillende tydsvlakke meesterlik hanteer. Die drama bied ook geleentheid vir goeie spel weens die besondere karakterisering. Dit is dan ook ten volle benut deur die spelers: Tine Balder as Christine lewer een van die grootste vertolkings wat ek nog op die planke in ons land gesien het; soms bereik sy momente van ontroering wat ’n mens nie alleen diep tref nie, maar jou ook suiwer.

"Ook Sandra Prinsloo speel soos ek nog min gesien het; en sy laat die kontrapuntale spel met Tine Balder soms tot die fynste teenstellings en harmonieë ontwikkel. Louis van Niekerk in die rol van Paul Harmse vertolk een van die gedugste rolle in die ganse Afrikaanse dramaliteratuur: hy is van die begin tot die einde op die verhoog en moet al die skakelings met die verskillende tydsgebeure en -vlakke bewaar.

"Maar op die ou end toon dié opvoering dat Francois Swart besig is om een van ons grootste regisseurs te word: hoe hy dit regkry om die tydsgebeure gedurig in al hul wisselinge tot geïntegreerde eenheid te verwerk, is op sigself die ernstige studie van ’n dramastudent werd; maar daarby is die regie suiwer en afgestroop."

In 1971 is Christine vir die eerste keer in die Kaap, en wel in die Nico Malan-Arena, opgevoer. Esther van Ryswyk het gesny aan Bartho se oorspronklike teks, maar nie vanweë die omstredenheid nie. Sy het aan André le Roux verduidelik (Die Burger, 23 Mei 1987): "Plek-plek verlóóp die teks net in dialoog wat nie bydra tot die dramatiese eenheid nie. En ’n rassetoespeling soos dié hou nie meer vandag stand nie; dit klink naïef." Bartho het sy oorspronklike slot herskryf, maar dit het niks gehelp nie en Esther het albei slottonele in haar interpretasie van die drama gebruik.

Christine is deur Tine Balder in Vlaams vertaal en in 1973 het Edgar Sievers, leier van ’n Duitse toneelgeselskap in Pretoria, dit in Duits vertaal. Pieter Venter, wat Die verminktes in Engels vertaal het as The Maimed, het Christine in Engels vertaal.

In 1974 verskyn ’n potpourri van Bartho se prosa, gedigte, essays en drama in die bundel Losgoed. André P Brink (Rapport, 16 Februarie 1975) het gemeen dat uit die perspektief van 1975 die verse die mins bevredigende afdeling van die bundel is, "maar as dit in die konteks van hulle tyd gelees word, dit ’n interessante skakel tussen Uys Krige en Sestigers soos Ingrid Jonker en Breyten Breytenbach vorm. Die drama-afdeling is boeiender, maar vir Brink is die belangrikste deel van die bundel Bartho se essayisties-polemiese stukke. Vir Brink is die bundel as dokumentasie by Sestig onmisbaar, en as beeld van ’n dikwels miskende figuur van Sestig onthullend."

Bacchus in die Boland (1974) is in opdrag van Oude Libertas geskryf vir die Kaapstadse Fees van 1975. Twee dae voor die opvoering het die administrateur van Kaapland dit oudergewoonte afgelas, omdat dit glo nie geskik sou wees vir "oop" gehore nie. Oor die verbod het Bartho gesê hy weier om Noel Coward-stukke te skryf en hy sal weer probeer al was hy teleurgesteld en ook ’n bietjie woedend.

Die drama handel oor ’n besoek van Bacchus, god van die wingerd, aan ’n wynplaas genaamd Boland. Die baas van die plaas beloon sy werkers saans met ’n dop. Dit, besluit Bacchus, is misbruik van die wingerdstok. Die baas drink hom katswink in ’n drankorgie met Bacchus, en Bacchus laat die mense op die plaas toneelspeel. Die baas van die plaas kry die naam Hotnot. Bedags moet hy saam met die arbeiders die wingerde bewerk. Dit laat hom teen die einde besluit om sy opbrengste met sy arbeiders te deel. Hy's mal, besluit almal. Sy vrou verlaat hom en sy arbeiders gaan werk elders.

Die gepubliseerde weergawe van Bacchus het foto's bevat wat Paul Alberts tydens die kleedrepetisie geneem het voordat die opvoering afgelas is.

Abraham de Vries (Die Burger, 24 Junie 1976) het in sy resensie geskryf dat Bacchus, "soos alle komedies, moraliserend en konserwatief is. Daar word wel gespot met ’n hele sosiale bestel binne die moontlikhede van medemenslikheid, maar Willem se bullebakkery blyk aan die slot ’n soort kluisenaarsbestaan te wees. En die herstel van die ou orde lewer kommentaar op die omvergooi daarvan in die Bacchus-fantasie. Kortom: wat in die komedie op sy kop neergesit word, kom aan die einde solied op sy pote tereg."

In Julie 1977 het die kleurlinge van Eersterus in Pretoria die wêreldpremière van Bacchus in die Boland aangebied.

In 2007 is Bacchus in die Boland deur Heinrich Reisenhofer geregisseer vir die Suidoosterfees in die Kaap. Gabriël Botma (Die Burger, 13 Janaurie 2007) meen dat hierdie opvoering beslis ’n toepaslike eerbetoon is nie net aan ’n dramaturg nie, maar ook aan ’n produksie wat in 1975 deur die Nico Malan-teater geminag is en nou (in 2007) deur die Kunstekaap-teater (hedendaagse naam) opgevoer is.

"Die verhaal van Bacchus se besoek aan die wynplaas Boland word knap en vernuftig aangewend om nie net die politiek van die dag nie, maar die sogenaamde menslike kondisie in breë trekke te ondersoek. Meer spesifiek kom magsverhoudinge onder die loep.

"In die tyd waarin die stuk oorspronklik geskryf is, was die absurditeit van die apartheidsbeleid en -wetgewing ’n ooglopende kapstok vir Smit se analise van magsvergryp en die gevolge daarvan vir die samelewing en die individu. Uiteraard kan ook hierdie produksie steeds in terme daarvan beoordeel word en as historiese dokument ’n lang gesprek met die verlede aanknoop. Maar gelukkig is daar ook genoeg anders aan Bacchus in die Boland, as teks, en soos aangepas hier, om daarvan veel meer as bloot ’n 'periode-stuk' te maak."

Botma het Chris van Niekerk, wat die rol van Willem Adriaanse, die baas, vertolk het, uitgesonder as die spil en anker van die produksie, en ook Chris Majiedt, wat skitterend was as Abie Prediker, die voorman.

Voor die toekenning van die Hertzog-prys vir drama vir 1975 is wyd bespiegel dat die eer Bartho toekom – indien nie vir Bacchus in die Boland nie, dan wel vir sy hele oeuvre. Ander aanspraakmakers was PG du Plessis, NP Van Wyk Louw, André P Brink en Henriette Grové. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het egter besluit, op aanbeveling van die letterkundige kommissie en die Fakulteitsraad vir Kuns en Geesteswetenskappe, om daardie jaar geen Hertzogprys toe te ken nie. Die vet was in die vuur en skrywers het soos een man teen die Akademie uitgevaar.

Bartho self was baie bitter; die Bacchus-voorval was vir hom die laaste strooi.: "Ek gaan ’n kinderteater vir volwassenes skryf en kyk of ek dan die Nico Malan kan haal. Ek gaan Hans Andersen se sprokie gebruik. Mense sal voel iewers krap iets, maar ek daag hulle waaragtig uit om agter te kom waar krap wat. Ek vind dit verskriklik jammer dat ’n volk wat besig is met détente, met Hans Andersen-sprokies moet begin. Al wat ek vra – my goed moet opgevoer word, en dit word nie gedoen nie. Waarteen moet ek veg?" het hy gevra.

"Ek gaan vir die mense ’n sprokie skryf," het hy aan Hannes van Zyl (Beeld, 10 April 1975) gesê, "’n mooi onskuldige sprokie waarteen niemand kan beswaar maak nie. Dis tyd dat die volk ’n slag met sy eie oë moet sien hoe kaalgat is die keiser regtig." Die keiser (1977) is nie net met groot applous opgevoer nie, maar is in 1978 met die Perskor-prys bekroon, en saam met Bartho se ander dramas met die Hertzog-prys vir 1978.

In sy motivering vir die toekenning van die Perskor-prys aan Bartho het die sameroeper van die beoordelaars, prof FIJ van Rensburg, gesê Die keiser het ’n sterk boodskap. "’n Boodskap, nie net vir nou of vir een dag nie, maar een wat geldig sal wees solank daar by ons mense die bereidheid bestaan om ons te laat mislei en vir solank daar misleiers beskikbaar is. Bartho Smit se bekroning is ’n baie gewilde een. In die tyd sedert ek met die beoordeling van die Perskorprys gemoeid is, het Die keiser die hoogste totaal nog uit die moontlike beskikbare punte behaal."

In sy redevoering by die oorhandiging van die prys (Transvaler, 7 Maart 1979) het Bartho prikkelende dinge te sê gehad oor sake soos die skrywer en die gemeenskap. Hy het sy toespraak as volg begin: "Daar word deesdae dikwels geskryf oor die vervreemding en antagonisme tussen ons volk en owerheid aan die een kant en ons skrywer, ons literatuur en ons teater aan die ander kant. En oor en weer word verwyte na mekaar geslinger oor wie nou eintlik daarvoor verantwoordelik is – die skrywers of die gemeenskap. (...) Die stryd tussen gemeenskap en literatuur lê in hulle aard en hulle wesenlike verhouding tot mekaar. Die gemeenskap is behoudend; hy wil sy gevestigde tradisies en waardes onaangetas en onveranderd behou. Die literatuur moet, daarenteen, op daardie waardes en tradisies voortdurend hulle soeklig werp en hulle herwaardeer; hy moet sorg vir verandering en vernuwing." Hy het voortgegaan deur te noem dat die gemeenskap na geborgenheid streef terwyl die literatuur moet ontbloot. En terwyl die gemeenskap na materiële sekuriteit streef, konfronteer die literatuur hom met die onsekerhede van die geestelike realiteite.

"Maar ten spyte van dié voortdurende stryd tussen gemeenskap en literatuur, kan die twee nie losgemaak word van mekaar nie – is hulle in der waarheid onontbeerlik vir mekaar. (...) Dit is dus lewensbelangrik dat gemeenskap en literatuur ’n gesonde ewewig tussen hulle moet vind en bewaar. (...) Die skrywer moet begryp dat dit vir géén mens aangenaam is om met homself gekonfronteer en om ontmasker te word nie. Hy moet begryp dat sy taak is om wat reg of verkeerd is te verbééld, nié om dit op te hemel of af te takel soos ’n pamfletskrywer nie. Hy moet begryp dat eerlikheid een van die eerste vereistes van sy kuns is en dat eensydigheid, byvoorbeeld, óneerlik is.'

Die keiser het as gegewe die sprokie van Hans Andersen van die twee skelms wat onderneem het om vir die klerebehepte keiser ’n wonderkostuum te weef wat niemand wat onbekwaam of oneerlik is, sal kan raaksien nie. En die dag toe hy kaal in sy optog loop, sien sy hele volk wat hulle behóórt te sien: die wonderkostuum. Totdat ’n kind uitroep: "Maar die keiser is dan kaal."

"Bartho se stuk speel af in die paleis van Ekwator, waar die keiser en die keiserin ’n luukse lewe lei terwyl hulle onderdane krepeer van ellende en armoede. Die keiser verkeer onder die indruk dat hy oor die beskaafdste land ter wêreld regeer en dat sy volk die gelukkigste op aarde is. In werklikheid is daar ’n broeiende insurreksie teen die owerhede as gevolg van die onderdrukking deur die ministers van kultuur en verdediging. Al die vorste en staatshoofde van die wêreld word na die keiser se halfeeufeesviering genooi. Die keiser van Utopia stuur twee wonderwewers om vir die keiser van Ekwator ’n kostuum vir die optog te maak. In werklikheid is hulle rebelleleiers wat probeer om die orde omver te werp en die staat oor te neem.

"In hierdie drama word die valsheid, skynheiligheid en huigelary van die mens ontbloot, want volgens die leuenagtige wewers sal die mens wat onbekwaam is vir sy pos, nie die kostuum van die keiser kan sien nie. Almal probeer die keiser om die bos lei, behalwe sy hofnar. Soos die hofnarre van Shakespeare is die een in hierdie drama ook lojaal teenoor die keiser; hy is intelligent, eerlik, spitsvondig en humoristies. Hy is die enigste een wat die moed het om vir die keiser te sê dat hy nie klere aan het nie en daarom is hy die persoon wat die keiser se vertroue wen" – aldus Ben de Koker (Dolos, 1980).

Bartho het in Dolos van 1980 as volg gepraat oor Die keiser: "Die grootste probleem met die skrywe van die stuk was om ’n balans te vind tussen die sprokie, die fantastiese aan die een kant, en die werklikheid aan die ander kant – met ander woorde om ’n wêreld te vind waarin die klerebedrog ens aanvaarbaar en geloofwaardig sou wees. Daar moes ’n geloofwaardige wonderkostuum gevind word, en, nog belangriker, die Wewers sou normale mense moes wees en logies aanvaarbare verklarings moes kon gee vir elke wonderwerking van daardie kostuum. In hierdie stadium het die stuk self ook al begin saampraat. 'Kyk, Ou,' het hy gesê, 'jy't ’n Keiser hier wat ’n leeftyd lank gedroom het dat hy sy volk uit hulle slawerny en armoede gaan opgehef tot die gelukkigste volk op aarde. Wat droom die Keiser éintlik? Hy droom hy's ’n heilige. Gee vir die ou ’n kostuum met ’n stralekrans en klaar.'

"'Wie glo vandag nog aan stralekranse en sulke goed?' wou ek mismoedig weet.

"'Jý glo dat daar goed soos atoombomme en laserstrale bestaan, al begryp jy g’n toet of blaas daarvan nie,' antwoord die stuk. 'Maak jou Wewers wetenskaplikes, en laat hulle die kostuum en die stralekrans só geleerd en wetenskaplik verklaar dat niemand daar iets van verstaan nie – dan sal almal hulle mos glo.'

"Die uiteindelike oplossing was toe ’n wonderwewer uit ’n onbekende land, wat terselfdertyd ’n beroemde magiër en wetenskaplike is; en ’n kostuum wat, met behulp van sekere kosmiese strale wat in die materiaal ingeweef word, die Keiser van kop tot tone in ’n stralekrans sal laat loop en sodoende van hom die Heilige Keiser maak. Want aangesien dit sy eie drome sou bevestig, sou so ’n kostuum vir hom heeltemal logies en aanvaarbaar wees en sou hy wél, al is dit dan net as gevolg van ydelheid, opdrag gee dat dit gemaak moes word.

"En die Wewers kén hierdie keer hulle storie. Wanneer die Keiser byvoorbeeld wil weet hoe kry hulle die gewig uit die goud uit waarvan die kostuum geweef gaan word – want hulle verseker hom dat die kostuum gewigloos sal wees – dan is die Baaswewer se verduideliking: 'Deur ’n proses van kinetomeres, U Majesteit.'

KEISER: Verklaar?

WEWER: Die gravimetriese kata-kinetomeres word in die hipotale mus uitgekanselleer deur die ana-kinetomeres van die kosmiese strale wat in die materiaal ingeweef is, U Majesteit.

KEISER: Ek sien.

"Ook die feit dat die onbekwames en oneerlikes nie die kostuum sal kan sien nie, word wetenskaplik verklaar: Die corpus pineales van die brein word op so ’n wyse deur die kosmiese strale in die kostuum gestimuleer dat dit soos ’n leuenverklikker werk. Die melatonien wat afgeskei word, verhoed enige persoon wat self weet hy's onbekwaam of ’n bedrieër om die klere te sien.

"Dié verandering van die kostuum en die Wewers het die stuk in heeltemal ander rigtings laat loop as sy eerste versie. Veral die idee van die Heilige Keiser het aan hom nuwe dimensies en totaal ander betekenisse gegee waaraan ek nooit aan die begin gedink het nie."

Bartho het gesê dat hy nie die tema van hierdie spesifieke sprokie gekies het nie, maar dat die tema hom gekies het. "Word skrywers nie maar meestal deur hulle temas gekies in plaas van andersom nie? Die hooftema van die Keiser is die leuen – die universele leuen.

"Ek het gesê die tema het mý gekies, want as ’n mens terugblaai deur my stukke, kom jy hierdie tema, die leuen, oor en oor teë: in mindere of meerdere mate in ál die stukke. In Moeder Hanna stuur ou Hanna haar man met ’n Leuen na sy dood toe en Maria sweer valslik met haar hand op die Bybel. In Don Juan onder die Boere probeer Pierre met die een leuen ná die ander uit sy penarie kom. In Die verminktes moet die Kleurling, Frans, voorgee dat hy ’n Blanke is. In Putsonderwater wéét die oumanne dat die dominee dood in die put lê, maar hulle gee voor dat dit nie so is nie. En ook Maria se illusies van die poort na die hemel en die Goudstad wat die Goue Stad van Johannes in die Bybel is, is alles leuens, al is dit onbewus. In Die man met die lyk om sy nek veg Paul Barnard tot die dood toe om te probeer bewys dat hy die waarheid praat en die ander lieg – maar die leuen seëvier. In Christine lieg Paul Harmse vir homself oor sy verraad teenoor Christine. In Bacchus moet ’n hele gemeenskap – die dominee inkluis – voorgee dat Willem Adriaanse iemand anders is as Willem Adriaanse. In Die Keiser is dit nie net ’n hele volk wat lieg oor die klere wat hulle nie sien nie; die ou Keiser word voortdurend ook deur sy ministers belieg; en ook hý erken dat hy ’n halfeeu vir homself gelieg het oor die lot van sy volk.

"Ek het nie op Andersen se sprokie besluit omdat ek destyds reeds bewus van die rol wat die leuen in al my ander stukke speel nie. Daarvan het ek reeds bewus geraak terwýl ek aan Die Keiser gewerk het. Aan die ander kant was ek tog bewus van die universele leuen wat ’n mens daagliks rondom jou gesien en in die koerante van gelees het."

Die Keiser was Bartho se laaste triomf. Die gepubliseerde teks is nie oorweldigend goed ontvang nie, maar dit was ’n triomf toe dit in die destydse Transvaal opgevoer is. In Mei 1989 het Kruik in ’n mate die speelveld teenoor Bartho reggestel toe Die Keiser in die Nico Malan-teater opgevoer is. Marthinus Basson was die regisseur, bygestaan deur die ontwerper John Caviggia.

Kerneels Breytenbach (Die Burger, 19 Mei 1989) skryf dat hierdie twee die keiser (Neels Coetzee) laat lyk het soos ’n kruis tussen Wena Naudé (met ’n bokbaard!) en Jimi Hendrix – en hy sit soos Jean-Bedel Bokassa I van die Sentraal-Afrikaanse Republiek op ’n goue troon, en praat Afrikaans.

"Die Minister van Kultuur (Louw Verwey) het op sy beurt ’n Napoleon-gestalte, maar by nadere betragting is daar elemente van die Kappiekommando, burgemeester-amps-drag­, Idi Amin-medaljes, ’n Mexikaanse sombrero, Oudtshoorn-volstruispluime, alles bymekaar. Dit sou ’n mens kon sê, is die uiterlike wapens van satire. Die innerlike wapen is Bartho Smit se vaardigheid en tegniek as dramaturg – die arsenaal waaruit hy sedert Moeder Hanna al die Afrikaanse teater vernuwe het. Die spel met ironie in dié werk is verbluffend – trouens, alle aspekte van spel in die werk word noukeurig ondersoek.

"Om dié rede is Die keiser ’n belangrike opvoering. Dis jammer dat Kruik die sluitstuk van Smit se oeuvre nóú eers op die plank bring. Tog sou ’n mens kon argumenteer dat elke stuk sy tyd en plek het, en Die keiser s’n is nou."

Truk het die première daarvan aangebied met Francois Swart as regisseur. Met hierdie aanbieding het die regisseur die fokus op die dekadente laat val en die spel was dan ook Baldadig, uitgelate, maar tog altyd stylvol.

Truk se volgende produksie van Die keiser was in 1992 met Dieter Reible as regisseur. "Met die weer sien was ek opnuut getref deur die helderheid, direktheid en die volslae teatraliteit van die dramaturg se konsepsie. Reible se produksie was meer sober, wat inkleding en die algehele toonaard betref. Die sentrale spil of as, of dalk die gewete, by Reible het gedraai om die rol van die hofnar, wat deur Louis van Niekerk vertolk is. Hierdie produksie het op ’n besonderse wyse die nagedagtenis van een van die grootste dramaturge in Afrikaans vereer. Dit het al hoe duideliker geword dat Bartho Smit se profetiese stem uiteindelik tog bo tyd, ruimte en selfs omstandigheid uitstyg. En dáárin lê die merk van ’n groot dramaturg. (Paul Boekkooi, Insig, Junie 1992)

Die keiser is in 1983 deur Aart de Villiers en Don Lamprecht in Engels vertaal onder die titel The naked emperor.

Die keiser is in 2004 onder regie van Herman van der Westhuizen en Denise Bester deur Kaalgat Produksies in die Hoërskool Bellville se ouditorium aangebied.

By die KKNK van 2008 is Die keiser weer opgevoer en het dit bewys dat dit as aanpassing van die Hans Christian Andersen-sprokie van die keiser sonder klere ook tydloos geword as allegorie van mag en ’n korrupte regering. Die Afrika-konteks waarbinne Bartho Smit dit geplaas het, met doekvoet-ministers, mosies van wantroue en verskerpte veiligheidsmaat­reëls, herken ’n mens oombliklik.

Die teks het werklik nog niks van sy skerpsinnigheid en humor verloor nie. Die produksie met die spelers van die Cape Heart-geselskap staan onder regie van Gaerin Hauptfleisch. Vir die voorkeurkeuse vir gr 12's se voorgeskrewe literatuur is op ’n veerligte aanslag besluit.

Vroeg in die eerste stampvol opvoering het van die akteurs mekaar op ’n paar plekke effentjies in die rede geval. Die hof se Sonkoningagtige verfyndheid is die ene kokettering. Die keiserlike paar is vertolk deur Deon Lotz en Esther von Waltsleben. Chris Fourie, André Samuels en Irvine van der Merwe tree as kabinetministers op. Jan-Hendrik Opperman en Stephanie Hough lewer ook vermaaklike spel as die wewers, en ­Riaan Visman as die hofnar. Geon Nel vertolk verskeie rolle en kwyt hom ook goed van sy taak. Dit was lekker teater vir leerlinge.

Nadat die Hertzog-prys in 1978 aan Bartho toegeken is vir sy hele oeuvre, het ’n mens gewonder wie die blyste was – hy of die baie mense wat sy werk bewonder het en saam met hom in ontsteltenis moes sien hoe soveel stukke op die laaste nippertjie as 't ware van die verhoog gevee is. En uiteindelik het hy na negentien jaar amptelike erkenning vir sy werk gekry nadat hy reeds ses keer tevore vir hierdie gesogte prys genomineer was.

Perskor het in 1978, nadat Bartho die Hertzog-prys ontvang het, ’n unieke geskenk aan hom gegee – ’n versameling van al sy dramas wat spesiaal vir die geleentheid in leer gebind is.

Bartho was ook ’n dramavertaler van formaat. Ter viering van sy sestigste verjaardag in 1984 het HAUM-Literêr elf van sy dramavertalings in vyf bande gepubliseer. Op een na (Teenspoed) is al hierdie dramas as vertalings tussen 1958 en 1979 in Suid-Afrika opgevoer en dus aan die teater getoets. Volgens Salomi Louw (Tydskrif vir Letterkunde, Augustus 1985) verruim hierdie elf vertalings ons skat van speelbare Afrikaanse stukke. "Van die beste vreemdtalige woordkunswerke word in ons eie taal toeganklik gemaak en vertolk sonder dat die dramas op enige wyse aan impak verloor; inteendeel, in Smit se Afrikaans is ’n uitdrukking soms meer gelade as in die oorspronklike taal, want hierdie dramas is op eiesoortige manier vertaal deur ’n kenner van die dramaturgie en die teater. In 1985 het die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns die Akademie-prys vir Vertaalde Werk aan Bartho toegeken."

Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) het by geleentheid van Bartho se sestigste verjaardag die bundel Spel en spieël saamgestel en hy het dit in 1985 in ontvangs geneem van sy Perskoruitgewer, Chris Pelser. In die boek word daar aan die hand van eietydse teoretiese benaderings na die belangrikste dramasoorte en die teater gekyk.

Perskor het in 1984 ’n bundel opstelle getiteld Bartho aan hom oorhandig om sy sestigste verjaardag te gedenk. Die bundel is saamgestel deur sy beste vriende, soos Chris Barnard, Rosa Keet, Jan Rabie, André P Brink, WF van Rooyen, Nel Erasmus en Abraham de Vries. Hulle het geskryf oor Bartho se swerfjare in Europa, sy skrywerskap, sy rol in die Sestigerbeweging, sy stryd teen die burokrate van die Afrikaanse teater en sy enigmatiese persoonlikheid.

Bartho was tot sy dood nie uitgeskryf nie. Met goeie vriende het hy kort voor sy dood nog planne bespreek vir dramas wat hy wou skryf. Hy het beplan om nog twee dramas te skryf wat saam met Putsonderwater ’n trilogie sou vorm. Hy was ook besig om te skaaf aan Hagar, ’n drama waarmee hy jare geworstel het.

Op 31 Desember 1986 is Bartho in sy huis in Melville in Johannesburg oorlede aan longkanker, waarmee hy ’n geruime tyd vantevore gediagnoseer is. Dit het later sy brein aangetas en hy was 24 uur voor sy dood in ’n koma. Sy vrou, Kita, het hom versorg. Sy roudiens op 6 Januarie 1987 is deur ds J Bekker gelei; die teksvers was uit 1 Korinthiërs 13, vers 12: "Want nou sien ons deur ’n spieël in ’n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is." Kita self is in 1994 aan hartversaking oorlede.

Huldeblyke

  • Kerneels Breytenbach: "Smit was ’n meester van sy medium, en het die kuns verstaan om die werk te verryk met die wydheid van sy eie gees. Daarom dat hy so ’n groot vernuwer in die Afrikaanse drama was, daarom dat hy meer as enigiemand anders die Afrikaanse drama kon laat saampraat met die Franse en Duitse teater. (...) Terwyl ’n mens dan die dramaturg huldig wat hierdie werke geskep het, wil jy ook die hoop uitspreek dat Bartho Smit se werke die soort erkenning sal kry wat dit verdien – nie pryse en lofuitings nie, maar opvoerings. Só sal hy ten beste vereer word, en sal niemand meer kan praat van die dramaturg wat nooit bestaan het nie." (Die Burger, 5 Januarie 1987)
  • Afrikaanse Skrywersgilde: "Bartho Smit het oor die afgelope 25 jaar ’n kardinale rol in die Afrikaanse letterkunde gespeel – nie net as dramaturg nie, ook as mentor vir jong skrywers, stigter, en eerste redakteur van die blad Sestiger, dapper uitgewer in ’n tyd toe min ander kans gesien het om die avant-garde te publiseer, en medestigter van die Afrikaanse Skrywersgilde. Hy sal onthou word as een van die sterkste denkers en formuleerders onder die groep skrywers wat in die vroeë sestigerjare weggebreek het van gevestigde opvattings oor die letterkunde." (Die Burger, 5 Januarie 1987)
  • PG du Plessis: "Baie dinge in die Afrikaanse letterkunde sou nie dieselfde gewees het sonder Bartho nie: die Afrikaanse drama het hy vernuwe, verryk en beïnvloed. Die Sestiger-beweging sou sonder hom baie anders gewees het. Sy rol as dramaturg, literêre leier en uitgewer het die hele kultuurgang dekades lank beïnvloed. Miskien was Bartho se waarde en sy fout dieselfde ding, want hy het inderdaad soms tot foutwordens toe omgegee: vir die letterkunde, die gehalte van sy eie en ander se werk, die vryheid van die skrywer en die woord, die oopheid van ons denke – en vir sy vriende. Sy eerlikheid en sy omgee sal ’n leemte laat in die tye waarin ons al twee so nodig het." (Vaderland, 5 Januarie 1987)
  • Hermien Dommisse: "Hoe ongelooflik sterk was Bartho se geloof in sy siening van die roeping en die wese van die toneel, want hy het voortgegaan om te skryf ondanks herhaalde wegwysings en beskamende verydeling van die aanbieding van sy werk. (...) Bartho was ’n stil mens. Ek het hom in al die jare van ons vriendskap nooit kwaad gesien nie. Seergemaak en in vertwyfeling, ja, maar altyd geduldig ontledend en planmatig op soek na uitweë. Sy gedagtes het breed en diep geloop. Waar ander in opstand gekom het, het hy met ononderbroke integriteit en sobere eerlikheid opgetree." (Beeld, 8 Januarie 1987)
  • Nel Erasmus: "Bartho was ’n voortreflike mens, ’n volkome mens wat met sy besondere verstand en sensitiewe gees, op soek was na ’n eie wêreld, ’n wêreld wat hy kon verstaan, vertrou, besit en vertolk. Dit was ’n soeke en ’n skrywe om deur te dring tot die wese van dinge, en veral, van die mens." (Beeld, 8 Januarie 1987)
  • Abraham de Vries: "Met Bartho se dood verloor die Afrikaanse letterkunde een van sy beste dramaturge en dramavertalers, die vader van die Sestigerbeweging en een van die mees gewaardeerde stigters van die Afrikaanse Skrywersgilde. Baie reeds gevestigde skrywers, onder andere Breyten Breytenbach, het by hom gedebuteer toe hy nog ’n uitgewer was, ’n uitgewer met waagmoed van belangrike werke soos Jan Rabie seMens alleen, Chris Barnard se Pa maak vir my ’n vlieër, Paen Ingrid Jonker se Rook en oker. Bartho het sy wêreld ’n ryker plek gemaak as wat hy dit aangetref het." (Vaderland, 5 Januarie 1987)
  • Temple Hauptfleisch: "Bartho Smit se dood is ’n ontsettende verlies vir die Suid-Afrikaanse teater as gevolg van die kreatiewe rol wat hy gespeel het. Ons het ’n vaderfiguur verloor. Soos oom Breytie ’n vaderfiguur aan die administratiewe kant van die Afrikaanse teater was, was Bartho die skeppende impetus. Sy kreatiewe invloed het baie wyer en dieper gestrek as net sy werke."
  • Louis van Niekerk: "Hy was ’n warm, eerlike, onpretensieuse persoon wat altyd tyd gehad het vir die jong mens. Dit was sy eerlikheid as ’n kunstenaar en as ’n mens wat vir my ’n inspirasie was."
  • Chris Barnard in 1984: "Ek ken Bartho vyf en twintig jaar. Die landkaart wat ek vroeër van hom gehad het, is lankal vertoiingd, gehanteer. Ek het so mettertyd sy geheime ondergrond begin takseer, in sy dolomietbanke verstrik geraak, boorpunte gebreek in sy graniet, geigertellers en wiggelstokke op hom afgeskryf, en ’n slag of wat so hittete in sy sinkgate versuip. Hy is maar net daardie soort mens. Hy kan nie daarvoor help nie. En omdat hy so is, verkwikkend en veelkantig, ’n ryk geskakeerde mens, gedurig in stryd met homself, om sy eie standpunte en dié van ander te bevraagteken – omdat hy só ’n mens is, kon hy die skrywer word wat hy is, die voorloper wat hy is, kon hy die vriend word wat hy vir ons almal is. Sy deur is altyd oop vir jou. Vir jou en elke ander skrywer en amper-skrywer. Selfs vir die talentloses het ek hom sien tyd maak wanneer hy nie regtig tyd gehad het nie. (...)

"Aan die begin van die sestigerjare was hy nie alleen herder vir ’n handjievol literêre lammers nie – hy was ook een van die eerstes om teoretiese inhoud te gee aan ’n landverskuiwing in die letterkunde wat die gesig van die Afrikaanse prosa sou verander. Sy formuleringe soos saamgevat in sy artikelreeks oor die Werklikheidsbeeld in die eerste nommers van Sestiger, het gekom byna nog voor die sigbare tekens van vernuwing daar was – en in ’n stadium toe letterkundiges skeel sit en kyk het na Die son struikel en Hilaria. Ek wil verder gaan en sê dat Bartho die verskynsel van Sestig gediagnoseer het toe die meeste Sestigers nog oormekaar geval het van adolessente skrik omdat hulle stemme gebreek het. (...)

"Bartho was die eerste Afrikaanse dramaturg wat ons rassepolitiek verhoog toe geneem het. Maar heel vroeg in die vyftigerjare reeds, voor Jan Rabie se Ons, die afgod, lank voor Brink en almal wat daarna gevolg het, het Bartho reeds kortverhale gepubliseer soos 'Ek vat my land' waarin die emosies en die konflik rondom ons rassesituasie aangrypend verbeeld word. (...)

"Bartho laat my dikwels dink aan Copernicus en die Katolieke Kerk. Want die Kerk het besluit, op ’n keer, hulle het genoeg gehad van Copernicus se onbybelse teorie dat die aarde om die son draai. Die alwyse God lieg immers nie, en dit staan duidelik in sy Woord die son kom op en die son gaan onder. Copernicus is dus in die onfeilbare en ewige lig van die Woord summier gedekanoniseer. ’n Paar honderde jaar later, in 1984, is sy saak in heroorweging geneem. En daar is besluit, plegtig, dat Copernicus en die Woord dalk tog versoenbaar is. En hy is dus opnuut gekanoniseer. Asof dit iets met God te make het. Om van Copernicus se siel nie eens te praat nie. Copernicus had daarmee niks uit te waai nie. Die waarheid alles. Hier by ons is langsamerhand besig om dieselfde te gebeur.

"Bartho, ons sê vir jou dankie vir jou vriendskap. Ons sê dankie vir jou bydrae tot die Afrikaanse bewussyn. Ons sê dankie vir jou geduldige kinnebak." (Vaderland, 6 Augustus 1984)

Publikasies:

Publikasie

Mure: verse

Publikasiedatum

1950

ISBN

(hb)

Uitgewers

Pretoria: Unie-Boekhandel

Literêre vorm

Poësie

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Moeder Hanna

Publikasiedatum

  • 1955
  • 1959 
  • 1969 
  • 1973

ISBN

0628002920 (hb)

Uitgewers

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

Hertzog-prys 1978 (vir sy hele oeuvre)

Vertalings

Engels vertaal deur M du Toit

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Die verminktes

Publikasiedatum

  • 1960
  • 1976 
  • 1977

ISBN

0628010842 (hb)

Uitgewers

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

Hertzog-prys 1978 (vir sy hele oeuvre)

Vertalings

Engels vertaal deur Pieter Venter

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Don Juan onder die boere

Publikasiedatum

  • 1960
  • 1975
  • 1987

ISBN

  • 0798104546 (hb)
  • 0798120703 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

Hertzog-prys 1978 (vir sy hele oeuvre)

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Putsonderwater: ’n toneelstuk in vier dele

Publikasiedatum

  • 1972
  • 1970 
  • 1979 
  • 1980 
  • 1985

ISBN

0624013545 (sb)

Uitgewers

  • Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel
  • Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

Hertzog-prys 1978 (vir sy hele oeuvre)

Vertalings

Engels 1968 vertaal deur A Dawes

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die man met die lyk om sy nek: ’n moord-komedie

Publikasiedatum

1967

ISBN

(hb)

Uitgewers

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

Hertzog-prys 1978 (vir sy hele oeuvre)

Vertalings

Engels 1968 vertaal deur A Dawes

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Christine

Publikasiedatum

  • 1971 
  • 1975 
  • 1981

ISBN

0624007588 (hb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

Hertzog-prys 1978 (vir sy hele oeuvre)

Vertalings

Engels 1984 vertaal deur M Rice

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die man met die alibi

Publikasiedatum

  • 1971 
  • 1977 
  • 1978 
  • 1988 
  • 1991

ISBN

0628012845 (hb)

Uitgewers

  • Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel 
  • Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

Hertzog-prys 1978 (vir sy hele oeuvre)

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Losgoed

Publikasiedatum

1974

ISBN

0628006683 (hb)

Uitgewers

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Sketse

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Bacchus in die Boland

Publikasiedatum

  • 1974
  • 1975 
  • 1987 
  • 1988

ISBN

  • 0628007043 (hb) 
  • 00628030592 (sb)

Uitgewers

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

Hertzog-prys 1978 (vir sy hele oeuvre)

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die keiser: variasies op ’n sprokie van Hans Andersen

Publikasiedatum

  • 1977
  • 1979
  • 1980
  • 1981
  • 1988
  • 1991
  • 1994
  • 1997

ISBN

  • 0628019882 (sb)
  • 062801497X (sb)

Uitgewers

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

  • Perskor-prys 1978
  • Hertzog-prys 1978 (vir sy hele oeuvre)

Vertalings

Engels 1982 vertaal deur Aart de Villiers en Don Lamprecht

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Bartho Smit as vertaler

  • Anouilh, Jean: Becket, of, Die eer van God. Pretoria: HAUM-Literêr, 1984 (saam met Die burgemeesterenMontserrat)
  • Dostoyevsky, Fyodor: Klaagsang om ’n sagmoedige. Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel, 1966
  • Dürrenmatt, Friedrich:
    • Die besoek van ’n ou dame: ’n tragiese komedie. Johannesburg; Pretoria: Simondium; HAUM-Literêr, 1962, 1984 [ISBN 079861403X (hb)]
    • Teenspoed: ’n nog moontlike verhaal. Kaapstad: Human & Rousseau, 1961
  • Hofmann, Gert: Die burgemeester. Johannesburg: Dalro, 1969
  • Humphriss, Deryck: Benoni seun van my smart: die maatskaplike, politieke en ekonomiese geskiedenis van ’n Suid-Afrikaanse myndorp. Benoni: Die Stadsraad, 1968
  • Ionesco, Eugène: Die les; Die renosters; Die koning sterf. Pretoria: HAUM-Literêr, 1984 [ISBN 0798614021 (hb)]
  • Molière: Jakkalsstreke van Scapino. Johannesburg; Pretoria: Dagbreek-Boekhandel; HAUM-Literêr, 1962, 1984 [ISBN 0798614404 (hb)]
  • Roblés, Emmanuel: Montserrat: toneelstuk in drie bedrywe. Johannesburg: Dalro, 1968
  • Strindberg, August:
    • Dodedans. Johannesburg: Dalro, 1969
    • Dodedans; en Pase. Pretoria: HAUM-Literêr, 1984 [ISBN 0798614382 (hb)]
    • Pase. Johannesburg: Dalro, 1970

Artikels oor Bartho Smit op die internet

Bartho Smit se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is oorspronklik op 2018-05-17 gepubliseer en is nou volledig bygewerk.

Bron:

  • Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

Die opsteller vra om verskoning dat van die skakels nie tans kan oopmaak nie, maar Media24 se koerantargief is op die oomblik nie toeganklik nie. 

 

• Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

The post Bartho Smit (1924–1987) appeared first on LitNet.


My genesing

$
0
0

“Trap, graad agt!” bulder die matriek ou voor my. Eric klap teen die bussitplek. Ek wag dat hy my uit die sitplek gaan ruk. Dit het al voorheen gebeur. “Voertsek! Ons soek jou nie hier nie!”

Binne my rys ’n woedende oseaan op. “Hoekom?” kap ek terug. Ek skrik vir my stem. Dit klink soos onderwatergeluide. Steeds maal die oseaan in my en uiteindelik lek dit na buite.

“Het ons jou opinie gevra?” roep Roshuan, nog ’n matriek.

“Staan op, jou simpel sot!” Christopher slinger my tas met die paadjie af.

Die meisie met die hoë poniestert in die sitplek voor my, kyk vies van haar e-boek af op. Sy lig haar skoolskoene uit die water. Die seewater stroom uit my, spoel oor die vloer en styg al hoër binne die bus.

“Genoeg!” roep ek uiteindelik. “Hier’s géén bespreekte sitplekke nie! Dis ons almal se bus!” My seegolf breek teen die sitplek voor my. Eric kyk my vies aan. Hy spat ’n handvol water in my rigting. Dit drup oor my gesig.

Ek gee nie om nie. Dis lankal tyd dat iemand praat.

“Die niks dink sy het ’n stem?” spot Eric egter. “Het iemand iets gehoor?”

Ek spring regop. “Ek het!” ’n Brander golf deur die skoolbus.

“Ek ook!” sê die meisie met die poniestert. Ook sy staan op. Lig haar ken.

“Ek ook!” roep ander stemme. Almal staan saam met my. Om ons meng en maal die water al hoe feller. Die bus se dak skeur oop. Die vensters bars. ’n Tsoenami woed deur die strate. Ek hoor my stem. My vryheid, my genesing.

 

The post My genesing appeared first on LitNet.

Groepsdruk

$
0
0

“Doen dit, Adriaan!” Stefan druk ’n papiertjie in my hand. Al my vriende se oë boor in myne. “Ons daag jou uit! As jy een van ons wil wees, sal jy Annien elkeen van daardie name op die papier noem.”

Steeds huiwer ek. My oë blits na Annien. Sy en ’n vriendin sit op die skooltrap en eet toebroodjies. Annien eet al haar vierde een. In die kosblik is nog ook ’n stafie sjokolade. Dis hoekom haar wange so rond is.

“Waarvoor wag jy?” vra Stefan.

Ek lees weer al die name op die papier. Al die ouens het een of twee neergekrabbel. Die vreeslikste goed. Dis wat die brandende bal in my maag vorm.

Hoe gaan ek Annien daardie name noem?

Ek wonder nog, toe stoot Stefan my in haar rigting. My bene is lam. Ek kom al hoe nader aan Annien. Hierdie ding gaan haar verpletter.

“Doen dit!” por die ouens my steeds aan. Hulle lag.

As jy een van ons wil wees …

Skielik staan ek voor Annien. Sy glimlag. Dan sak die hand met die toebroodjie. Sy weet iets is fout, besef ek.

“Doen dit!”

Ek kyk oor my skouer na die ouens, dan terug na Annien.

In my hand is die papier met die name. Die papier wat ek opfrommel en in my mond druk.

Kou en insluk.

The post Groepsdruk appeared first on LitNet.

Hier is die wenners van LitNet se Skole-skryfkompetisie met Fanie Viljoen

$
0
0

Dit verskaf LitNet groot plesier om die wenners van ons Skole-skryfkompetisie saam met Fanie Viljoen aan te kondig. Die wenners in die onderskeie kategorieë is:

Graad 8–9
Mirali Hoekstra – My genesing

Graad 10–12
Cate-Lynn de Jager – Groepsdruk

Klik op die titels van die wenverhale om dit te lees.

Fanie Viljoen lewer so kommentaar in sy beoordelaarsverslag:

 LitNet se Skole-skryfkompetisie het wonderlike skryfwerk opgelewer. Al die jong skrywers kan voorwaar trots wees op hul werk. Die verhale is met deernis geskryf en die temas het baie gewissel. Vreemd genoeg handel albei die weninskrywings oor skoolboelies.

Op versoek van LitNet het ek het albei die wenverhale geredigeer. Sommige sinne het ek behou of ek het dit rondgeskuif. Hier en daar het ek ook sinne uitgelaat, ander sinne bygevoeg en meer. Albei verhale se karakters het nou ook name gekry. “Groepsdruk” het ’n goeie einde, maar om te illustreer hoe verhale ’n heel ander wending kan neem, het ek die einde verander om te wys hoe ’n skrywer met verskillende idees kan speel.

In Mirali Hoekstra se “My genesing” staan ’n meisie op teen matrieks wat reken graad 8’s hoort nie op die skoolbus nie. Hulle treiter daagliks die leerders, maar uiteindelik staan die hoofkarakter op teen die boelies. Haar woede is soos ’n oseaan. Dit word sterker wanneer sy haar stem vind en uiteindelik ander leerders inspireer om dieselfde te doen.

Met behulp van magiese realisme gebruik die skrywer die oseaan en water as ’n treffende sentrale simbool. In so ’n kort stukkie skryfwerk moet die skrywer egter versigtig wees om nie metafore te meng nie. Die sin “’n Kryslag sirkel soos ’n roofvoël om my” wyk af van die sentrale watermetafoor, maar met ’n bietjie kreatiwiteit kan dit maklik reggestel word. Mirali se verhaal toon juis dat sy baie kreatief is. Dis onder andere duidelik in haar gebruik van dialoog. Hierdie element is natuurlik en help met karakterisering van die hoofkarakter en die boelies. Naamgewing sou ook verder kon gehelp het sodat die lesers die verskillende matrieks en hul dialoog kon onderskei.

Andersins is dit ’n knap verhaal en ’n waardige wenner van die prys.

Cate-Lynn de Jager se “Groepsdruk” raak ’n moeilike onderwerp aan. ’n Oorgewig meisie word die teiken van skoolboelies. Die hoofkarakter moet haar ’n string lelike name gaan noem om deel van sy vriendegroep te bly. Sal hy egter voor die groepsdruk swig?

Dialoog sou die verhaal ’n stewige hupstoot kon gegee het. Selfs net kort brokkies dialoog lig ’n opstel of skryfstuk bo die res. Dit word die enjin van ’n verhaal. Lesers wil graag die karakters hoor praat. Gee ook vir een of twee karakters name – wie is byvoorbeeld die ou wat uitgedaag word? Wie is die vriende en wie is die meisie?

Ek het gehou van die hoofkarakter se gewetenswroeging. Uiteindelik swig hy tydelik voor die groepsdruk, maar in twee goeie slotsinne besef hy die omvang van sy dade. Dis ongelukkig nou te laat. Niks wat hy sê, sal die skade ongedaan maak nie. Hierdie verhaal sal lesers aan die dink sit en kan lei tot ’n lewendige klasbespreking.

 

Die wenners ontvang elk R3 000 en boekpakkies van Penguin Random House SA.

Die kompetisie word moontlik gemaak deur die ondersteuning van die Hiemstra Trust.

 

The post Hier is die wenners van LitNet se Skole-skryfkompetisie met Fanie Viljoen appeared first on LitNet.

African Book Festival in Berlyn: Boekfeeste en beskermengele in bewoë tye

$
0
0

........

“Writing in troubling times” was die titel van ’n paneelbespreking waaraan ek laas naweek by die African Book Festival (ABF) in Berlyn deelgeneem het. Dit het my weer eens laat besef dat skrywers waarskynlik beter toegerus is as die meeste ander mense om die COVID-19-pandemie geestelik te oorleef.

........

“Writing in troubling times” was die titel van ’n paneelbespreking waaraan ek laas naweek by die African Book Festival (ABF) in Berlyn deelgeneem het. Dit het my weer eens laat besef dat skrywers waarskynlik beter toegerus is as die meeste ander mense om die COVID-19-pandemie geestelik te oorleef. ’n Onseker inkomste en afsondering en inperking is immers deel van wat dit beteken om heeltyds te skryf.

Maar skrywers mis boekfeeste moontlik selfs meerr as wat lesers dit mis, het ek ook besef.

Nog nooit het dit só lank geduur vandat ek ’n uitnodiging ontvang het om aan ’n fees deel te neem tot die fees oplaas kon plaasvind nie. Nog nooit het die program en die deelnemers van ’n fees waarby ek betrokke was, so aanhoudend verander terwyl opeenvolgende golwe van COVID-19 alle planne wegspoel nie.

Maar nog nooit – juis vanweë al bogenoemde faktore – was ek deel van ’n groep skrywers wat só dankbaar was om weer ’n slag in die geselskap van sielsgenote te wees nie. Om in lewende lywe, skouer teen skouer, saam te eet en drink en lag en gesels. Veral gesels.

.........

Ons maak onsself al amper anderhalfjaar wys dat virtuele feeste en boekbekendstellings op skerms darem beter as niks is. Liewers ’n halwe eier as ’n leë dop, nè. Maar dit was ’n belewenis om uiteindelik weer die hele eier op te slurp – die wit, die geel, selfs die stukkies dop het ons nie uitgespoeg nie.

........

Ons maak onsself al amper anderhalfjaar wys dat virtuele feeste en boekbekendstellings op skerms darem beter as niks is. Liewers ’n halwe eier as ’n leë dop, nè. Maar dit was ’n belewenis om uiteindelik weer die hele eier op te slurp – die wit, die geel, selfs die stukkies dop het ons nie uitgespoeg nie.

Dreams and assorted nightmares” was die titel van ’n ander paneelbespreking, heel gepas vir ’n fees wat maande lank soos ’n onmoontlike droom gevoel het terwyl reisreëlings ’n nagmerrie word. Uiteindelik kon slegs ’n tiental skrywers uit Afrika en die diaspora die ABF bywoon omdat ons almal ingeënt was – maar selfs inentingsertifikate kon geen sekerheid bied nie. Een van die vroueskrywers se dogter het twee dae voor die fees positief getoets vir Covid; haar tas was al gepak toe sy besef dat sy nie na Berlyn kon reis nie omdat sy in kontak was met haar kind en dus in kwarantyn moes gaan.

Paneelbespreking met die Angolese skrywer Ondjaki (Transparent City). Foto: Jörg Kandziora

“Telling the origin stories”, nog ’n paneeltitel, word in die program verduidelik as die terugflitstegniek wat so dikwels in films gebruik word om karakters se agtergrond te ontbloot. Die backstory van my betrokkenheid by die ABF begin teen die einde van 2019 toe Kalaf Epalanga, Angolese skrywer en musikant, my genooi het na ’n boekfees wat in April 2020 in Berlyn gehou sou word. Epalanga is aangestel as kurator van die derde ABF, met die klem op literatuur uit en oor Portugees-Afrika, en die Angolese skrywer José Eduardo Agualusa sou die ster van die geleentheid wees. Agualusa se boeke word wêreldwyd vertaal en het hom al op die kortlys van die International Booker Prize laat beland – ’n gróót naam in Duitsland en die res van Europa om as headliner aan te kondig. 

My uitnodiging was te danke aan my boek Borderline (Grensgeval) oor Suid-Afrikaners en Kubane se betrokkenheid in die Angolese oorlog in die jare sewentig, en die aanvanklike plan was om ’n paneel saam te stel met ’n Suid-Afrikaanse, ’n Angolese en ’n Kubaanse skrywer wat oor dié oorlog kan praat. Dit was die eerste van vele planne wat verander moes word – en dit selfs voordat Covid alles kom omkrap het – want die Kubaanse skrywer wat Epalanga wou nooi, kon nie ’n visum van die Kubaanse regering kry om na Duitsland te reis nie.

En toe, skaars ’n maand voor die fees, ontplof Covid soos ’n bom in die niksvermoedende mensdom se midde. Ek het reeds my vliegkaartjie na Berlyn ontvang (en in my verbeelding begin wandel in Unter den Linden waar ek byna dertig jaar laas was), toe dit oornag onmoontlik word om te reis en die organiseerders laat weet dat die fees uitgestel word.

Paneelbespreking saam met Ondjaki, Leye Adenie en die moderator Alexandra Antwi-Boasiako. Foto: Jörg Kandziora

Net ’n paar maande, dis mos wat almal laas jaar gedog het, dan sou ons hierdie nare virus verdryf het en “normaal” verder kon lewe.

Teen die einde van die jaar het dit tot my deurgedring dat die 2020-weergawe van die ABF nie gaan plaasvind nie – en dat ons idee van “normaal” moontlik vir altyd verander het. Ek het ook aanvaar dat dit neusie verby is vir my om in Unter den Linden te gaan stap, want indien die fees eers in 2021 sou herlewe, sou die program, die deelnemers en moontlik selfs die kurator moes verander om by “die nuwe normaal” aan te pas.

Maar ek het nie rekening gehou met die formidabele vrouespan van InterKontinental, die Berlynse boekwinkel en niewinsgewende organisasie wat die fees borg nie. Niks, net mooi niks, kan vir Stefanie, Karla en Venice onderkry nie. Nie die pandemie of die feit dat die fees twéé keer uitgestel moes word, eers na Mei 2021 en oplaas na Julie 2021, of die eindelose probleme met visums en reisreëlings vir skrywers wat van Afrika en elders in Europa moes vlieg nie.

Die boekkiosk by Freiluftkino Rehberge (foto: Marita van der Vyver)

Nie eens die vloedreën wat ’n deel van Duitsland laas naweek tydens die fees weggespoel het, kon hierdie vroulike drie-eenheid afskrik nie.

Ek was bitter benoud toe ek ’n paar dae voor die ABF op my Noorweegse weervoorspelling-app sien dat groot reën vir Berlyn voorspel word. Vanweë die virus sou die fees vir die eerste keer in die buitelug gehou word, in een van Berlyn se verstommende aantal groen parke, by die Freiluftkino in Rehberge. Moenie bekommerd wees nie, troos my man nog so ewe, die doeltreffende Duitsers sal wel ’n Plan B ingeval van reën hê.

Daarom is my eerste vraag aan Stefanie, toe ek in Berlyn land, wat haar Plan B is. ’n Groot tent? ’n Saal iewers naby die park? En Stefanie antwoord komkommerkoel, wel, Plan A is dat dit nie reën nie, en Plan B is dat dit nie reën nie. Toe is ek éérs benoud.

Sosiale afstand en sambrele teen son én reën (foto: Marita van der Vyver)

Maar ek het sommer die eerste middag al van ons hotel naby Alexanderplatz (in die gewese kommunistiese Oos-Berlyn) tot by Unter den Linden gestap. Voordat enige reën my nostalgiese uitstappie na my verre verlede kon bederf. Want my eerste besoek aan Berlyn was in die jare tagtig, toe Die Muur nog die stad middeldeur geskeur het. En ek het nie, soos die meeste Westerse toeriste destyds, net ’n vinnige bustoer deur Oos-Berlyn meegemaak nie. Ek het meer as ’n week in Oos-Duitsland deurgebring, in stede soos Dresden, Leipzig en natuurlik Oos-Berlyn, as jong redaksielid van Sarie wat ’n toer “Agter die Ystergordyn” vir lesers aangebied het. Hóé ons groepie Suid-Afrikaners visums gekry het om só lank agter die gevreesde Ystergordyn te kuier, omring deur die Rooi Gevaar van my kinderdae, kan ek tot vandag toe nie verklaar nie.

Iewers het iemand toutjies getrek, of anders het ons per ongeluk in ’n haasgat geval, soos die arme Alice wat in die onbekende Wonderland beland. Oos-Duitsland was vir my in my jeugdige onskuld inderdaad so verwarrend soos Lewis Carroll se Wonderland. Die eerste paar dae was alles net te grys en eenders, maar toe ek eindelik weer aan die ander kant van Die Muur kom, was ek geskok deur al die advertensies en neonligte, die glansende winkelvensters, die deftige vroue in pelsjasse, die opsigtelike weelde. Vir die eerste keer het ek besef dat die gierige verbruikerswaansin van kapitalisme net so sieldodend kan wees soos die grys eenvormigheid en gebrek aan keuse van kommunisme.

Tydens my volgende besoek vroeg in die jare negentig, kort ná die geskeurde stad weer aanmekaar gelap is, het ek van Unter den Linden tot by Alexanderplatz gestap om in die beroemde TV-toring se restaurant te eet en die herenigde stad van bo af te bekyk. Omdat die restaurant stadig in die rondte draai, kon ek die hemelse uitsig uit verskeie hoeke geniet, wat my laat voel het soos die engele Damiel en Cassiel in Wings of desire, Wim Wenders se poëtiese rolprent oor dié stad. 

Die engele van Berlyn is oral (foto: Marita van der Vyver)

Rolprente en boeke was nog altyd deel van my Berlynse belewenis. Die musiekfliek Cabaret, gegrond op Christopher Isherwood se boek Goodbye to Berlin, het my reeds in die jare sewentig na Berlyn laat verlang – lank voordat ek ’n voet in die stad gesit het. In die jare tagtig was dit Fassbinder se TV-reeks Berlin Alexanderplatz wat kultusstatus onder fliekvlooie bereik het en baie van ons laat hunker het na ’n stad waar ons nog nooit was nie.  In die slot-episode is daar weer eens twee engele te sien, genoeg om my te laat glo dat dié stad ’n spesiale verbintenis met engele moet hê.

En dalk, wie weet, is daar inderdaad ’n soort verbintenis. Hoe anders verklaar ek die feit dat dit nie tydens enige van die ABF se paneelbesprekings in die buitelug gereën het nie – terwyl meer as 150 mense elders in die land in fratsreën verdwyn het,  blykbaar die grootste ramp wat Duitsland sedert die Tweede Wêreldoorlog getref het?

Berlyn het nie die reën vrygespring nie, maar tydens die twee dae van die fees het die reën soos ’n soet kind net opgedaag wanneer dit ons nie sou pla nie. Enkele sekondes ná die laaste boekbespreking op Vrydag (Abubakar Ibrahim van Nigerië wat oor sy boek Season of crimson blossoms praat) het die druppels begin val, eers sag en toe met mening. Maar presies ’n halfuur later, toe die Kongolees-Franse danser Exocé Kasongo die verrigtinge met ’n vertoning moes afsluit, is die hemelkrane toegedraai. Duitse presisie, sou jy kon sê, as jy nie van beter geweet het nie.

Die TV-toring op Alexanderplatz - soos in Fassbinder se Berlin, Alexanderplatz (foto: Marita van der Vyver)

En daardie aand het dit oral in die stad gesousreën, maar ons skrywers was veilig en droog in die hotel.

Saterdag, die eintlike dag waarop stortreën voorspel is, het ek my sambreel saamgeneem na die Rehberge-park. Indien dit nie reën nie, wat hoogs onwaarskynlik was, sou die sambreel my ten minste teen die skerp son kon beskerm. Dit hét glo op ander plekke in Berlyn gereën, maar by die boekfees in die park het daar sowaar nie ’n druppel geval nie.

........

Asof die Berlynse engele waaraan ek skielik weer wou glo, besef het dat hierdie klompie skrywers by die ABF hierdie boekfees rêrig broodnodig het. Nodiger as brood, om die waarheid te sê. Boeke is ons brood, en vir die eerste keer sedert Maart 2020 kon ons weer ons krummels op die water gooi. Nie op ’n skerm nie, nie virtueel nie, maar driedimensioneel dáár, tussen ons lesers en potensiële lesers.

.........

Asof die Berlynse engele waaraan ek skielik weer wou glo, besef het dat hierdie klompie skrywers by die ABF hierdie boekfees rêrig broodnodig het. Nodiger as brood, om die waarheid te sê. Boeke is ons brood, en vir die eerste keer sedert Maart 2020 kon ons weer ons krummels op die water gooi. Nie op ’n skerm nie, nie virtueel nie, maar driedimensioneel dáár, tussen ons lesers en potensiële lesers.

Die feit dat soveel van die genooide skrywers deur die pandemie weggehou is uit Berlyn, het dié van ons wat wel daar kon uitkom, net nog meer bevoorreg laat voel. Selfs die headliner Agualusa kon uiteindelik nie daar wees nie; hy woon deesdae in Mosambiek, wat vanweë die nuutste golf van Covid saam met Suid-Afrika op die “rooi lys” in Europa geplaas het. Dis ook waarom Niq Mhlongo, die ander Suid-Afrikaner op die program, op die laaste oomblik nie sy vlug na Berlyn kon haal nie.

Chimeka Garricks, Leye Adenie en Kalaf Epalanga hou vir Abubakar Ibrahim vas, met Bisi Adjapon regs (foto: Marita van der Vyver)

Maar Epalanga en die vroue van InterKontinental het eenvoudig aangehou om die program aan te pas. Eers Donderdagaand, enkele ure voordat die fees amptelik sou begin, het ek ’n gedrukte “finale program” ontvang. Teen dié tyd het ek verwag dat dit weer eens sou verander, dat óf die pandemie óf die dreigende reën alles sou kom omkrap. En toe beskerm die engele van Berlyn ons sowaar twee volle dae lank.

Sondag het ek via Amsterdam terug na my Franse tuiste gevlieg, met Bisi Adjapon wat in Amerika gebore is en nou in Ghana woon, saam met my op die eerste vlug. In my handbagasie was haar roman, Of women and frogs, wat binnekort heruitgegee word onder die titel The teller of secrets. Op pad na die lughawe het ons ’n taxi gedeel met Sulaiman Addonia, die Eritreaans-Belgiese skrywer van die ontroerende Silence is my mother tongue.

Die Angolese kurator Kalaf Epalanga (in die agtergrond dans sy landgenoot Ondjaki met 'n leser). Foto: Marita van der Vyver

Nog ’n skrywer wat my uitsonderlik geïmponeer het, is Chimeka Garricks (gebore in Ierland, woon nou in Nigerië) met sy pragtige kortverhaalbundel, A broken people’s playlist, waarin elke storie die titel van ’n populêre liedjie dra: “Hurt”, Johnny Cash; “I put a spell on you”, Nina Simone; “Desperado”, Eagles; ens. Asook die gulhartige, bebaarde Leye Adenie, Londenaar van Nigeriese oorsprong wat ’n opwindende nuwe soort misdaadfiksie skryf (Easy motion tourist en when trouble sleeps). Adenie het almal soos ’n beer omhels – en ons groepie ingeënte skrywers was honger vir omhelsings. Dit was dadelik duidelik.

Die ander ding wat gedurende die fees duidelik geword het, is dat elkeen van hierdie skrywers ’n unieke bydrae lewer tot dit wat ons gans te gemaklik “Afrika-lettterkunde” noem, dalk net by gebrek aan ’n beter frase. Die letterkunde van Afrika en die diaspora kan nie in ’n one size fits all-uitrusting gedwing word nie. Dis waarlik so wyd soos die vlerke van die Berlynse engele – wat ons en ons uiteenlopende boeke die hele naweek lank droog gehou het.

Lees ook:

’n Baie lang brief aan my dogter: ’n oudio-onderhoud met Marita van der Vyver

Grensgeval deur Marita van der Vyver: ’n resensie

LitNet Akademies-resensie-essay: Grensgeval as interteks tussen môre en gister

The post African Book Festival in Berlyn: Boekfeeste en beskermengele in bewoë tye appeared first on LitNet.

Press release: Winners of the AVBOB poetry youth month mini-competition

$
0
0
Viva the Villanelle!

Youth poets show survival spirit and mental health awareness

During Youth Month the AVBOB Poetry Project announced a mini-competition on social media, inviting South Africans poets, aged 18 and younger, to reflect on their experience of surviving the pandemic. Here we announce the winning poets and profile their inspiring poetry.

First-prize winner:

Kiara Naidoo

Cash prize: R1 000

Second-prize winner:

Alister Hichens

Cash prize: R700

Third-prize winner:

Athikshay Kumar Maharaj

Cash prize: R300

Three immensely talented youth poets demonstrated resilience and imagination in their entries to the AVBOB poetry youth month mini-competition. Their creative responses address the devastation faced by this generation of high school learners tackling matric studies in isolation and the issue of mental health.

A swathe of terrific entries arrived from writers 18 years and younger in response to COVID-19. It is notable that all three winners matriculated in 2020. Kiara Naidoo, Alister Hichens and Athikshay Maharaj won prizes of R1000, R700 and R300 respectively. All revealed their wistful wishes, words of wisdom, and aching worries in tender and touching poems.

Our overall winner, Kiara Naidoo, is a talented wordsmith who matriculated at Saheti in Johannesburg last year. She also entered the AVBOB poetry competition in 2020 and her poem ‘Pioneer’ appears in the AVBOB poetry library.

Her poem ‘Rising Thespians’ is a worthy first-place winner in the Youth Month mini-competition. She used the sophisticated form of the villanelle that challenges experienced poets. Her language and concept engage the reader from the first line, setting the stage powerfully in theatrical fashion for a tragicomic portrayal of the pandemic.

Kiara moved to Stellenbosch this year to study a BSc in Molecular Biology and Biotechnology. ‘Rising Thespians’ spotlights the strains on mental health in the youth. “This is easily concealed… the victims are phenomenal actors and it’s easy to assume that a loved one is coping when, in reality, they’re overwhelmed. The central symbol of the poem, the Sock and Buskin, speaks to how South Africans fashion comedy from memes and social media posts in the face of tragedy.” Kiara urges those struggling with their mental health: “Don’t hesitate to seek the help you deserve.”

Rising Thespians

Today we wear our Sock and Buskin
To mask in sarcasm callow distress
With youthful pretence we can begin.

Comedic containment with memes akin
As youth we connect; in social media we bless
Today we wear our Sock and Buskin.

With online school to make our heads spin
All that Math and Science is just a guess
With youthful pretence we shall begin. 

A mocking façade of what has been
Sanitiser, soap, and all that mess
Today we wear our Sock and Buskin 

To hide behind exaggerated grins
The lurking depression and shroud of stress
With youthful pretence we will begin.

Confined within the walls of West Berlin
For even in our home, there is no rest
Today we wear our Sock and Buskin
With youthful pretence we begin. 

Second-place winner, Alister Hichens, discovered his love of poetry at Westerford High School and enjoyed publication in the school magazine. He is studying a BA Law online through Wits University and lives with his mother in Muizenberg. His father passed away in 2014 suddenly. Alister entered the AVBOB Poetry Competition in 2020 and his powerful work, ‘A Poem for my Late Father’ which articulates the anguish of losing a parent was published in the AVBOB Poetry Library.

His second-placed poem, ‘Covid Diary’ takes the form of a daily journal. He succeeds in writing a harrowing yet wry account of facing his mother’s mortality. Alister explained why he entered the competition, “My mom has always supported my poetry and she told me about the competition. Entering it gave me a chance to express the emotions going through my head when she got Covid. I wanted to win it for her.”

Covid Diary

7th June: Mom has Covid. We don’t know who or where from.
8th June: Panic. I have no clue where Mom can stay… I can’t leave the house… who’s going to buy the food… What if I catch it?
9th June: Relief – Jessica orders us groceries. We can eat for a week. Doctor says I must stay inside and self-isolate until next Friday. 10 more days
10th June: I fear things are getting worse – Mom has Covid-induced pneumonia. She isn’t eating, and her cough is horrible. 9 more days.
11th June: Mom’s oxygen monitor readings are low. I sit in my room with my door wide open listening out in case she calls me at any time.
12th June: Mom is still not in good shape. I have to take a new wet towel for her forehead every 2 hours. I spend my day worrying about her.
13th June: The Doctor does some tests on Mom; she says she will be OK. 6 more days.
14th June: She is stabilising… back to normal life on Friday… I can see my girlfriend… go to the gym with some friends… 5 more days!
15th June: Mom is back on her feet.
16th June: I am SO excited to go outside!
17th June: Getting a cautionary Covid test today… don’t want to endanger my girlfriend and her family…
18th June: Just got the results back from the Doctor… Covid-positive.
19th June: 10 more days.

Third-place winner, Athikshay Maharaj, wrote ‘Suffering Day’ – a lyrical rap that unpacks the weird world that put his generation into disarray. His rhythm and rhyme beg for a drum beat and a mic. This emerging talent will hopefully go far and should inspire many other youths to turn to poetry to lift their spirits during hard times.

Athikshay matriculated at Raisethorpe Secondary School in Pietermaritzburg last year. “As matriculants writing finals during a pandemic, nothing was ever normal for us. Being locked down at home for days on end made me emotional. Poetry and music allow you to be yourself, and express how you truly feel about the changing world around you,” he said. “They expand my intellectual mindset, allowing me to think from a deeper perspective.”

His paternal Grandmother is his mentor and inspiration. She presented him with an example of strength and persistence in all things good. “I’m glad I attempted the contest because of her. Finally, I’ve discovered my direction in life – to study English Literature,” he concluded.

Suffering Day

Every day same room, same doom, same flow,
I just want to jump in the car with my friends and go
to the mall, to the matric ball,
but covid made all these dreams fall.
I’m dreading hearing the hospital call.

Mom lost her job, I tried to make her tears stop.
People walking around without their masks,
till they see the cops.
My matric year was a fail,
but I tried to hit the hammer on the nail.
Every time a friend coughed,
I just turned pale.

So, I grabbed my pen and my pad,
maybe lockdown won’t be so bad.
I turned the whole world on mute,
this is my commute.
It’s like I’m a lost soul, Covid is the devil,
I met him at the crossroads.
I forgot the feeling of the breeze on my face,
no more smiling at pretty girls in my case.

All the days in my Covid mansion,
reading books, trying to get my brain
to maximum expansion,
all this pain and contraction,
each human being had a different reaction.
Truth is we’re afraid,
so, we sit inside our rooms,
and we pray.
Pray for God to stay,
and take this Covid away.

The government is lying,
trying to keep us calm through the sirens,
people without supplies
were resorting to violence.
A mall became a ghost town,
and people look like clowns,
except they’re all wearing a frown.

It’s a war everyone will remember,
because we’re all in this together,
maybe there is a light at the end of the tunnel.
We will give a fair fight.
Our heroism will shine bright.

If you yearn to try your hand at the page, don’t hesitate to register online www.avbobpoetry.co.za. The fifth AVBOB Poetry Competition opens on 1 August 2021 and poets are welcome to send up to 10 poems each. A first prize of R10 000 will be awarded in all 11 official language categories.

The post Press release: Winners of the AVBOB poetry youth month mini-competition appeared first on LitNet.

Viewing all 21582 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>