Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21581 articles
Browse latest View live

Dean Allen reviews Hidden Karoo by Patricia Kramer and Alain Proust

$
0
0

Title: Hidden Karoo
Author: Patricia Kramer
Photographer: Alain Proust
Publisher: Penguin
ISBN: 9781432310042
Date: March 2021

The Karoo is indeed a special place. According to Olive Schreiner, the “effect of the scenery is to make you so silent and strong and self-contained”. For the famous novelist, a long-time resident of this part of South Africa, it was a place of escape, tranquillity and inspiration. Today, for South Africans and visitors alike, the Karoo still holds the mystique of a region largely unchanged for centuries. Hidden Karoo is a lavishly produced book that adds to a growing library of works that explore this unique landscape. Published by Struik Lifestyle and combining the descriptive flair of archaeologist Patricia Kramer and the photography of Alain Proust, this 300-page volume provides wonderful insight into some of South Africa’s lesser known towns and regions.

For historians and writers like me, the Karoo provides a treasure trove of stories, of people and of places. When I first set my eyes on this vast, arid landscape, I was transfixed by its light and its atmosphere. Matjiesfontein and its people were going to provide my own contribution to the Karoo story, but I soon realised that there are so many other tales and towns worth exploring. Within Hidden Karoo, Kramer’s passion for historical architecture is evident as she explores the question of preserving some of South Africa’s most iconic buildings. Coupled with the stunning photography of Proust, one the country’s foremost architectural and landscape photographers, the narrative provides for an interesting guide throughout the book. Some of the true detail may, however, be lacking. At Matjiesfontein, for example, there is a reliance on outdated sources, and while my own book is acknowledged in the reference list, it was not used. Instead, Kramer relies on existing folklore, and it does appear that other more reliable and credible accounts may have also been overlooked elsewhere in the detail. Perhaps the old adage, “Why let the truth get in the way of a good story?” is at play here, as the book deviates from a historical travelogue to a splendid coffee table edition.

The route chosen within the book is logical and follows the old railway route from the Western Cape, via Matjiesfontein and Touws River, towards the Camdeboo and the Eastern Karoo. The book is divided into broad regions as well as themes, and while an attractive map helps the reader to navigate the journey, an index would have been helpful. Well-known places such as Prince Albert, Nieu-Bethesda and Graaff-Reinet are again given ample coverage here, but for me the real appeal of the book comes in the detail afforded some of the private homes. The interior photography alone will appeal to lovers of period architecture and interior design. There will always be omissions, and the classic Karoo scene of the colourful “Tuishuise” of Market Street in Cradock is an interesting one to exclude. The churches in the book, however, provide a wonderful balance to the landscape photography and images of the dereliction and neglect of many of the once-proud Karoo buildings. “All I need to make my cup of happiness full is the Karoo,” Olive Schreiner once proclaimed. And here, in this beautifully produced book, is enough to fill the cup of anyone who shares a passion for this intriguing region of our misunderstood country. Hidden Karoo should have a place on the coffee tables of homes throughout South Africa and beyond.

See also:

Hidden Johannesburg by Paul Duncan and Alain Proust, a review

Hidden Karoo by Patricia Kramer and Alain Proust, a preview

Finding architectural heritage in Hidden Pretoria

The post Dean Allen reviews <em>Hidden Karoo</em> by Patricia Kramer and Alain Proust appeared first on LitNet.


’n Brief aan Sonia met ’n "i"

$
0
0

Sonia Cabano (foto: YouTube)

Hallo Sonia met ’n i.

Ek onthou die eerste keer toe ons ontmoet het. Die program Pampoen tot perlemoen se bekendstelling was by julle huis in Tamboerskloof. Ek dink dit was 2001 of so. Ek het nog hare gehad. Ons het ’n bietjie gekroek met die temaliedjie en een van ons ddisselblom-liedjies, “Bobotie”, aangepas om by die program te pas. Miskien is dit wat ons ’n bietjie gemeen gehad het. Ons het altyd aangepas, ons lewens. Soms in ons moer in verkeerd aangepas en soms in die regte rigting.

Ek en my swaer Jaco het met my ma se Clio deurgery Kaap toe om die song te kom sing. 1 000 km. Ja, ’n Clio, want ek het ’n geel City Golf gery sonder aircon, al het ons deurnag gery.

Ek onthou alles so goed. Jy was so mooi, almal was so cool, jou kinders was hierdie twee kunswerkies wat net so happy was.

Van daar het ons nou en dan briewe geruil op LitNet; ons paaie het in daai era baie gekruis. Afrikaans se alles was nog so vars en prentensieloos; kykNET was nog ’n baba; en feeste was net kuns.

Ons deel ’n donkertydherinnering waaroor ons nooit gepraat nie. Was nie nodig nie. Ook nie nou nie.

Die Facebook-era het die briewe-era kas toe gestuur. Ek dink nie Facebook was vir jou nie.

Jou comments was altyd uitdagend. Jy het nooit geskroom om jou opinie te lug nie. Jy het jou verskille duidelik laat deurbrei.

Dan was daar jou era van unfollow en follow en unfollow en follow.

Ons het min gepraat die laaste paar jaar, maar jy het jouself en jou passies en jou kwaad oophand gedeel, en mense – ons, ek – sal jou nooit vergeet nie.

My laaste gedagte en wens aan/vir jou is ’n langtafel in Brandfort. Wyn van die Kaap en kos van die wêreld. Mense wat lag en gesels en vloek en seën en dans en eet.

Dan, aan die einde van die fees, soos die son sak in die Vrystaat, gaan stap ons almal om vir Winnie te vra of sy orraait is.

Sy sê sy is.

Ek weet jy is.

Julle is nou rustig. 

Johrné van Huyssteen

The post ’n Brief aan Sonia met ’n "i" appeared first on LitNet.

Sights, sounds, memories. South African soldier experiences of the Second World War: ’n lesersindruk

$
0
0

Titel: Sights, sounds, memories. South African soldier experiences of the Second World War
Redakteur: Ian van der Waag

Uitgewer: African Sun Media
eISBN: 9781928480914 

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging geskryf en aan LitNet gestuur.

........

Wanneer ’n boek verskyn oor die persoonlike belewenisse van soldate van die destydse Unieverdedigingsmag (UVM) tydens die Tweede Wêreldoorlog, is dit voorwaar ’n seldsame verskynsel. Indien die publikasie hierbenewens ook tegnies baie goed versorg is, die drukwerk (deur Africa Sun Media) puik gedoen is, die navorsing portuurgeëvalueerd is, dit grootliks gebaseer is op argivale bronne en uitgevoer is onder redakteurskap van die bekende militêre kenner en historikus Ian van der Waag, word die weg gebaan vir ’n bron wat op menige belangstellende leser se boekrak behoort te staan.

..........

Wanneer ’n boek verskyn oor die persoonlike belewenisse van soldate van die destydse Unieverdedigingsmag (UVM) tydens die Tweede Wêreldoorlog, is dit voorwaar ’n seldsame verskynsel. Indien die publikasie hierbenewens ook tegnies baie goed versorg is, die drukwerk (deur Africa Sun Media) puik gedoen is, die navorsing portuurgeëvalueerd is, dit grootliks gebaseer is op argivale bronne en uitgevoer is onder redakteurskap van die bekende militêre kenner en historikus Ian van der Waag, word die weg gebaan vir ’n bron wat op menige belangstellende leser se boekrak behoort te staan.

Die boek het sy oorsprong in ’n seminaar wat op 6 September 2019 op die Saldanha-kampus van die Universiteit Stellenbosch gehou is ter herdenking van Suid-Afrika se toetrede tot die Tweede Wêreldoorlog 80 jaar gelede.

Die inligting op grond waarvan die ervaringslewe van soldate asook mediese en ondersteuningspersoneel se blootstelling aan aktiewe oorlogsvoering in Afrika, Europa en Madagaskar beskryf word, is onder andere verkry uit persoonlike briewe, dagboeke, verslae en rekords wat deur die soldate self geskryf is. Hierdie metodologie herinner baie aan dié van Spiers (2010) wat in ’n ander konteks ook van die verhale van ooggetuies gebruik gemaak het. Sy boek handel oor Britse soldate wat die situasie aan die front beskryf gedurende die beleg van Ladysmith tydens die Anglo-Boereoorlog.

Sights, sounds, memories het as volume 3 in ’n reeks publikasies onder die sambreeltitel African Military Studies verskyn. Volume 2, In different times. The war for South Africa (redakteurs Ian van der Waag en Albert Grundlingh), is in 2019 gepubliseer. Volume 1, African military geosciences. Military history and the physical environment (redakteurs Jacques Bezuidenhout en Hennie Smit) is in 2018 bekendgestel.

Volgens van der Waag (2021) word beplan om volume 4 van African Military Studies, wat handel oor die belewenisse en ervarings van Suid-Afrikaanse krygsgevangenes tydens die Tweede Wêreldoorlog, binnekort te publiseer.

’n Buitestander (soos wat ek self is) sonder persoonlike ervaring van en blootstelling aan militêre veldslae en/of oorlogvoering moet versigtig te werk gaan wanneer kommentaar en indrukke oor gespesialiseerde militêre publikasies gelewer word. Hierdie lesersindruk is dus in die eerste plek gerig op lesers uit die algemene publiek, en is nie bedoel vir professionele soldate, oorlogsveterane of militêre historici nie. My opmerkings moet dus teen hierdie agtergrond vertolk word.

Akkuraatheid van persoonlike dokumente

.......

In hoofstuk 1 fokus Van der Waag op die voor- en nadele van gewone soldate op die slagveld se persoonlike narratiewe in die vorm van dagboeke, briewe, herinneringe en outobiografieë as metodes van inligtinginsameling om die soldate se persoonlike belewenisse te boekstaaf.

........

In hoofstuk 1 fokus Van der Waag op die voor- en nadele van gewone soldate op die slagveld se persoonlike narratiewe in die vorm van dagboeke, briewe, herinneringe en outobiografieë as metodes van inligtinginsameling om die soldate se persoonlike belewenisse te boekstaaf.

Volgens Van der Waag is die onder-na-bo-metode veral nuttig om die humanitêre aspekte (maw wat presies op die slagveld ervaar word) uit te lig. Die individuele stemme van menige UVM-soldaat is destyds ongelukkig onderdruk deur die praktyk van sensorskap van inligting tydens die oorlog, deur die gebrek aan simpatie van die nuwe Nasionale Party-regering wat vanaf 1948 aan bewind was, asook die wyer internasionale marginalisering van die UVM se oorlogspoging.

Sommige soldate het ook verkies om na demobilisasie nie te praat oor hul ervarings aan die front nie. Dit mag wees dat doelbewuste rasionele besluite vooraf hieroor geneem is, of dat verdedigingsmeganismes soos repressie, ontkenning of sublimasie ’n rol sou kon gespeel het in die soldate se gedrag.

Indien persoonlike dokumentasie as bronne van inligting gebruik word om gevolgtrekkings te maak oor die belewenisse van soldate tydens ’n oorlogsituasie, ontstaan verskeie metodologiese kwessies.  Die inhoudsgeldigheid van die dokumentasie kan byvoorbeeld in die gedrang kom. Is die dokument(e) ’n presiese weergawe van wat in die praktyk of die bepaalde domein gebeur het? Indien enige twyfel bestaan oor die akkuraatheid van die dokumentasie, kan die inhoudsgeldigheid bevraagteken word, wat beteken dat ’n bron nie as ’n akkurate weerspieëling van die gebeurtenis(se) beskou kan word nie.

Die betroubaarheid van verslagdoening word ook bepaal deur die mate van ooreenstemming tussen die rapportering van twee of meer waarnemers oor ’n bepaalde situasie, gebeurtenis of voorval. Hierdie standaard van meting staan as interbeoordelaarsbetroubaarheid (of interwaarnemersbetroubaarheid in hierdie spesifieke konteks) bekend. Perseptuele verskille wat gebaseer is op vorige kennis en ervaring, persoonlikheidsverskille, houdings, verwagtings en doelstellings asook geloofsoortuigings en emosies veroorsaak dat sekere dinge die aandag trek en ander uitgesluit word. Die resultaat hiervan is dat dieselfde gebeurtenis verskillend deur twee of meer waarnemers geïnterpreteer kan word. Gevolglik word die interwaarnemersbetroubaarheid van die gegewens verlaag.

Spiers (2010:173) sluit hierby aan: “Briewe is dikwels selektief, dit beklemtoon huidige aktiwiteit en kan selfs as verskonings vir soldate se terugval (reverse) of krygsgevangeneming dien. Briefskrywers is geneig om gebeurtenisse te teleskopeer (met ander woorde te fokus op die finale fases van gebeurtenisse, terwyl omstandighede gedurende die eindfase met die aanvangsfase na regte gebalanseer behoort te word). Oordrywing van getalle, gevolge en gebeurtenisse kan ook in hierdie tipe dokumente voorkom.”

Van der Waag beklemtoon gevolglik dat persoonlike rapportering deur soldate nie op sigself as alleenstande inligting vir militêre geskiedskrywing gebruik kan word nie. Historici maak sover as moontlik gebruik van ʼn breë spektrum bronne om sodoende ʼn betroubare en geldige vertolking van die “ewig ontwykende” historiese waarheid beskikbaar te stel.

Temas en hoofstukke

In hoofstuk 2 bespreek Carl Punt die wel en wee van die Lugg-gesin wat twee van hul vier seuns (wat almal vrywillig vir militêre diens aangemeld het) aan die dood moes afstaan. Cyril Lugg is in ’n vliegtuigongeluk in Soedan oorlede, terwyl Harry as vlieënier oor die Middellandse See afgeskiet is. Die ander twee seuns – Eric (wat krygsgevange geneem is) en John – het ná demobilisasie op wonderbaarlike wyse weer veilig na Suid-Afrika teruggekeer.

Hoofstuk 3 handel oor die militêre hospitale in die Midde-Ooste gedurende die oorlog.  Karen Horn beklemtoon dat die aanpassing in totaal nuwe omgewingstoestande geweldig uitdagend was en vernuwing, asook ’n goeie humorsin, noodsaaklik was vir oorlewing en om die siekes, gewondes en dooies doeltreffend te hanteer.

Bladsye 80–81 bevat interessante inligting oor psigiatriese-gevalle-werk en die gepaardgaande diagnose, “not yet diagnosed functional”, wat onder sulke omstandighede gemaak is.

Dit is nie alombekend dat die Unie-troepe by die ontsetting van Madagaskar betrokke was nie. In hoostuk 4 vra Evert Kleinhans of hierdie gebeurtenis dalk eerder as ’n “langdurige piekniek” beskou moet word, veral nadat die manskap Bintliff se persoonlike korrespondensie ontleed is.

Die ontplooiing van die Sesde Gepantserde Divisie in Italië en die rol van Eric Axelson, wie se komplekse opdrag dit was om hierdie geskiedenis behoorlik te boekstaaf, kom hierna aan die beurt.

In hoofstuk 6 verduidelik Frankie Monama waarom kolonel Ernst Malherbe, hoof van die destydse UVM-opleidingsdiens, se programme met die fokus op moreelbevordering van die UVM-soldate oor die algemeen onsuksesvol was.

In die volgende hoofstukke word onderskeidelik die rol van die Suid-Afrikaanse Kleurlingkorps, die belewenisse van geïnterneerde korpslede, asook die rol en impak van vroue in die UVM se oorlogspoging bespreek.

Die laaste twee hoofstukke handel onderskeidelik oor vrywilligers in die UVM, en oor die na-oorlogse ervarings en strewes van soldate wat na demobilisasie na Suid-Afrika teruggekeer het.

Enkele verdere opmerkings

  • Die samevattende gevolgtrekkings aan die einde van elke hoofstuk is veral nuttig om ’n vinnige oorsig oor die boek in sy geheel te kry.
  • Die akademiese besonderhede van die skrywers word in die vorm van ’n bylae aangebied, asook die besonderhede van 53 gepubliseerde persoonlike narratiewe oor die oorlog.
  • ’n Register agter in die boek om die naslaan van persoonlike name, plekname en terme in die teks te vergemaklik, ontbreek ongelukkig in hierdie publikasie.
  • ’n Resensent moet te alle tye daarteen waak om pedanties te wil wees, maar die hooftitel van die boek, Sights, sound, memories, sal vir sommige lesers dalk eienaardig voorkom. Hoekom word die rol van die reuk- en die tassintuig uitgesluit? Die reuke en smake van Kaïro byvoorbeeld, die geure van die woestyn en die dooies op die slagveld moes as intense prikkels in kombinasie met visuele en ouditiewe inligting sekerlik ook blywende indrukke op die geheuefunksies van menige soldaat gemaak het. Ook die tasruimtelike sensasies wat die greep van ’n aanvalsgeweer skep, die gevoel om aan die binnekant van die Sesde Gepantserde Divisie se tenks onder aktiewe vuur te sit, en die intense pynsensasie tydens verwonding sou bygevoeg kon gewees het. Die subopskrif van die boek is egter treffend en selfverduidelikend.
  • ’n Verdere vraag ontstaan of die volgende teksgedeelde (hoofstuk 6, inteksverwysing nommer 35: Davie en Dubow) werklik ’n billike interpretasie van die gevolge van die Carnegieverslag is: “The Carnegie Report, which came out in 1932, became a reference point for ultra-nationalistic Afrikaners who exploited its findings to agitate for an ethno-exclusivist agenda in the 1930s, to the annoyance of Malherbe” (bl 186). ʼn Ander perspektief sou wees dat die Carnegie-verslag aangewend is om stappe te doen om die armblankevraagstuk in Suid-Afrika te hanteer. Die regering het daarna toepaslik op die Carnegie-verslag reageer deur die Departement van Volkswelsyn te stig.
  • Ek is as leser in die duister gelaat of die inhoud van hoofstuk 6 gedeeltelik of geensins op die PhD-proefskrif (https://scholar.sun.ac.za/handle/10019.1/86202) van Monama gebaseer is. Omdat ’n verwysing na die proefskrif met die titel “Wartime propaganda in the Union of South Africa, 1939–1945” nie in die bronnelys voorkom nie, word vir alle praktiese doeleindes aangeneem dat hoofstuk 6 en die proefskrif losstaande van mekaar is.
  • Wat kon die persoonlike narratiewe van vrywilligers verbonde aan die Suid-Afrikaanse Vloot, asook die verhale van soldate en vlieëniers verbonde aan die Suid-Afrikaanse Lugmag gedurende 1939–45 behels het? Hoe sluit dit by die narratiewe van die grondmagte aan?
  • Dit sou ook interessant wees om te bepaal hoeveel oorspronklike briewe en dokumente van psigiatriese ongevalle uit hierdie periode in die argiewe beskikbaar is, en wat die inhoud behels.
  • ’n Relevante bykomende bron tot hoofstuk 10 (wat meer spesifiek oor demobilisasie en die na-oorlogse politieke bedrywighede van die soldate handel) is die werk van Greenbank (1995). Hierdie MA-verhandeling in geskiedenis (Universiteit van Kaapstad) handel oor ’n wye spektrum persepsies van 22 Tweede Wêreldoorlog-veterane met wie die navorser persoonlike onderhoude gevoer en hul response sistematies opgeteken het.

Samevattend

Sights, sounds, memories is ’n bron waarin die persoonlike belewenisse van Suid-Afrikaanse soldate aan die front tydens die Tweede Wêreldoorlog bespreek word. Dit is in die eerste plek ’n akademiese teks van hoogstaande gehalte, maar is beslis ook vir die algemene publiek toeganklik. Die boek word sterk aanbeveel.

Eindnotas

  • Ian van der Waag (Fakulteit Krygskunde, US), Ina Botes (bibliotekaresse, Fakulteit Krygskunde, US) en Wikus van Zyl (publikasiebestuurder, Africa Sun Media) word bedank vir hul positiewe reaksies en hulp tydens my navrae oor die beskikbaarheid van Sights, sounds, memories, asook volume 1 en 2 van die African Military Studies-reeks.
  • Wessel Pienaar word bedank vir sy waardevolle insette oor die hergebruik van akademiese teks.

Bronne geraadpleeg

Greenbank, K. 1995. “You chaps mustn’t worry when you come back”: Cape Town soldiers and aspects of the experience of war and demobilisation 1939–1953. MA-verhandeling, Universiteit van Kaapstad.

Spiers, E. 2010. Letters from Ladysmith. Johannesburg: Jonathan Ball.

Van der Waag, I. 2021. Persoonlike kommunikasie. 1 Mei.

Van der Waag, I (red). 2020. Sights, sounds, memories. South African soldier experiences of the Second World War. African Military Studies, Volume 3. Stellenbosch: African Sun Media.

 

The post <em>Sights, sounds, memories. South African soldier experiences of the Second World War</em>: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.

Gemeenskapsdiens ook tussen verkiesings is noodsaaklik

$
0
0

Jason Lloyd

.......

Die derde vlak van regering in Suid-Afrika, plaaslike regering, word allerweë beskou as die belangrikste vlak van regering, of liewer diensleweringsvlak, omdat dit die naaste aan die mense of gemeenskap(pe) is.

........

Die derde vlak van regering in Suid-Afrika, plaaslike regering, word allerweë beskou as die belangrikste vlak van regering, of liewer diensleweringsvlak, omdat dit die naaste aan die mense of gemeenskap(pe) is.

Na maande se bespiegeling oor of vanjaar se munisipale verkiesing wel midde die COVID-19-pandemie sal voortgaan, het president Cyril Ramaphosa aangekondig dat die verkiesing wel op 27 Oktober vanjaar gaan plaasvind.

In ’n munisipale verkiesing stem jy vir ’n politieke party en ’n raadslid om setels op munisipale vlak te kry.

Met die oog op dié verkiesing is dit noodsaaklik om te onthou dat politiek, politieke gedrag en deelname nie in ’n vakuum plaasvind nie.

Dit vind plaas binne ’n sekere omgewing – hetsy intern of ekstern. Die politiek is dus ’n fenomeen wat deur beide faktore – intern of ekstern – beïnvloed word.

Die eksterne omgewing is vir dié skrywe nie van belang nie, maar die interne is wel.

Menige faktore kan die interne politieke omgewing beïnvloed, maar ideologie en ’n waardesisteem is van die belangrikste.

Die aantreklikheid en selfs die noodsaaklikheid van ideologiese debatte is besig om te kwyn.

Die debat oor ideologieë se inherente tekortkominge en toekoms het reeds in die 1950’s onder akademici spekulasie teweeggebring. Tot so ’n mate dat die Amerikaanse sosioloog, skrywer en joernalis Daniel Bell aangevoer het dat die ekonomie oor die politiek geseëvier het. Of daar nog iets soos ideologieë bestaan is egter ’n debat vir ’n ander dag.

Waardes is ’n stel beginsels wat die handeling en denke van ons as politieke akteurs (dit is nou jy en ek as individue, politieke partye, drukgroepe, ensovoorts) rig as vasgestelde standaarde.

........

Die “verlore nege jare” leer ons dat die handeling van menige politici benede ons vasgestelde waardesisteem-standaard is.

.........

Die “verlore nege jare” leer ons dat die handeling van menige politici benede ons vasgestelde waardesisteem-standaard is.

Die blote teenwoordigheid van politici in die parlement, provinsiale wetgewers en raadslede op plaaslike vlak wat deur skades en skandes agtervolg word, is ’n senutergende bewys.

Wanneer ons gaan stem, moet die waardesisteemhandeling van politici of politieke partye as riglyn dien vir watter party om voor te stem.

Belangriker egter moet dit ons as individuele politieke akteurs aanmoedig om voordat ons gaan stem waardevrae te vra wat vraagstukke aanroer aangaande moraliteit, estetika en sosiale en politieke kwessies.

Ons moet ook die belangrikheid van verkiesings binne ’n grondwetlike demokrasie begryp, want dit gee ons ’n geleentheid om deel te neem aan die politiek deur te stem om die regering te verkies of uit te stem.

Verkiesings stel ons ook in staat om ons politieke leiers – soos parlementslede en raadslede – te verkies.

As kiesers gee dit ons ook ’n beurt om op ’n indirekte manier deel te neem aan openbare beleidsformulering. As kiesers het ons die keuse om vir ’n politieke party te stem met ’n beleid wat ons dink ons gaan bevoordeel.

Om in diepte na die beleid van die politieke partye te kyk voordat ’n keuse by die stembus uitgeoefen word, gee Suid-Afrikaners ’n kans om verby ras of etnisiteit te beweeg. Suid-Afrikaners is alte geneig om volgens die ou raspatrone van die verlede te stem.

Openbare beleid – veral makro-ekonomiese beleid – van politieke partye word uiteengesit in hul manifeste. Na verkiesings dien manifeste gewoonlik as die mees fundamentele bron en riglyn in die formulering van die meerderheidsparty se openbare beleid.

Publieke deelname aan openbare beleidsformulering is dus belangrik omdat openbare beleid die doelwitte en oogmerke van die regering definieer.

Verkiesings is egter nie alles nie.

Mense moet as politieke akteurs (as individue of in gemeenskappe) tussen verkiesings aktief deelneem aan politieke handeling. Met gemeenskappe bedoel ek nie ’n bepaalde ras of etniese groep nie. Ek bedoel geografiese gemeenskappe, want gemeenskappe het oor ’n tydperk ’n bepaalde karakter en aanvoeling vir gemeenskapsdiens ontwikkel.

.......

Gemeenskapsdiens is die mees edele vorm van diens aan die mens. Dit staan los van die bevordering van enige politieke ideologie – of so behoort dit te wees. Dit is ’n welkome maatskaplike oriëntasie, veral in Suid-Afrika, ’n land van uitspattige kroniese armoede.

.........

Gemeenskapsdiens is die mees edele vorm van diens aan die mens. Dit staan los van die bevordering van enige politieke ideologie – of so behoort dit te wees. Dit is ’n welkome maatskaplike oriëntasie, veral in Suid-Afrika, ’n land van uitspattige kroniese armoede.

Om nie te stem of tussen verkiesings aan die politiek deel te neem nie, is ’n poging om jou buite die politiek te definieer. Dit is ’n resep om jouself tot volslae politieke irrelevansie te verdoem.

The post Gemeenskapsdiens ook tussen verkiesings is noodsaaklik appeared first on LitNet.

Sonia Cabano, ek en Bruce Springsteen

$
0
0

Sonia Cabano (foto: YouTube)

.......

Want jy was een van ons. 'n Lewensgenieter. Maar meer nog, een met vuur in haar are. Een met kaiings en moerkoffie in haar bloed. Die vrou wat pampoen en perlemoen sexy gemaak het.

........

Ek het jou in 2007 vir die eerste maal ontmoet. Een van jou kookboeke, Kombuis, het pas verskyn en jy was ateljeegas by die televisieprogram waar ek destyds gewerk het. Ons skiewies se pet hate was om die bekendes rond te ry. Niemand wou dáái trippies doen nie. Ek het die betrokke dag die kort strooitjie getrek en met ’n lang lip lughawe toe gery.

Bruce Springsteen se Magic het toe nét uitgekom, en as jy my goed ken (of nie eers so goed nie), sal jy weet dat ek graag vir meneer Springsteen inspan om die langpad korter te ry. So vat ek en Bruce die pad om jou te gaan oplaai. Die enigmatiese Sonia Cabano.

Jirre, jy was intimiderend mooi. Daar was ’n loslittigheid in jou stap wat mens sweerlik mal sou maak as jy te lank sou staar. Daai donker oë en breë glimlag het oral in tydskrifte en op televisie gepryk, letterlik die wêreld vol. Jy het láter, by een van jou mooie kinders se matriekafskeid, vir my gesê dit was eintlik maar tough vir ’n meisie van die Vrystaat.

Terug in die kar. Ek vra versigtig of jy al die nuwe Springsteen gehoor het? Jy het nie, sê jy, en ek maak ’n bietjie harder. Ek sien uit die hoek van my oog hoe jy glimlag. ’n Smile so wyd soos die Here waarin jy waarskynlik nie in geglo het nie se genade. Ons bond ’n stukkie oor my boy Bruce en skielik is die pad nie meer so lank en swaar nie. Jy praat lekker kak met my in jou Brandfort-bry. Rock ’n roll en kos is immers bondgenote van lewensgenieters soos ons. So het ek gedink. Jy skryf daardie aand in my kopie van Kombuis: “Kos is Koning” en ek verbeel my ons het nog ’n stoute grappie daaroor gemaak.

Fast forward tot binne ’n ander lewe en dekade en provinsie in. Ons paaie kruis weer, op ’n onwaarskynlike plek. Ek begin werk as bemarker vir die skool waar jou kinders is en sommer al in week een loop ek jou in die ontvangslokaal raak. “Jy het Bruce vir my gespeel. Hoe sal ek jou ooit vergeet.”

En vir vier jaar lank sien ek jou amper maandeliks. Soms elke week. Partymaal het jy kom groet, ander male het ek jou loslittigheid uit my kantoor sit en dophou terwyl jy een van die sekretaresses vermaan oor ’n ding. Ander kere het jy deur die venster vir my gewaai. Op Facebook was dit minder formeel. Daar het ons gelag vir mekaar se grappies, kommentaar gelewer op mekaar se skrywes en selfs ’n keer of drie sommer lekker baklei. En jy kón lekker baklei. Jy het sterk opinies gehad. Vuiste gebal vir die underdog, jou sê heel moeiteloos gesê. Maar soms, as ek doodeerlik moet wees, het ek jou inskrywings op sosiale media gelees en gewonder wie regtig agter die woorde en die kamera se vleiende lens skuil.

Ek het jou in 'n jaar nie gesien nie. Hoe kon ek? Covid en 'n mal, stukkende wêreld maak dat ek nou sit en wonder watter dag ons paaie die heel laaste keer gekruis het. Ek kan nie onthou nie. Ek onthou wel dat ek die laaste ruk gewonder het hoekom jy so stil is op Facebook. Hoekom jy nie meer fight nie. Hoekom jy nie meer rock ’n roll op jou wall post nie.

Want jy was een van ons. 'n Lewensgenieter. Maar meer nog, een met vuur in haar are. Een met kaiings en moerkoffie in haar bloed. Die vrou wat pampoen en perlemoen sexy gemaak het. Die ongetemde. Die wilde een. Hard. Hartseer. Vrolik. Uitgesproke. Snaaks. Sag. Sonia.

Magic.

Rus in vrede.

 

 

The post Sonia Cabano, ek en Bruce Springsteen appeared first on LitNet.

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Piet le Roux

$
0
0

Honderde duisende mense in Noordwes kan hierdie week dalk sonder water sit weens die wanbetaling van munisipaliteite.

Die gebrek aan munisipale dienslewering het nou sulke afmetings aangeneem dat die sakeorganisasie Sakeliga die hof nader om staatsoptrede af te dwing.

Freek Robinson gesels met Piet le Roux, hoof- uitvoerende beampte van Sakeliga.

Lees ook op LitNet Akademies:

Deliktuele aanspreeklikheid van plaaslike owerhede vir die versuim om infrastruktuur te onderhou 

Die strategiese rol van die sakesektor in die bekamping van korrupsie

Suid-Afrika by ’n kantelpunt – ’n slegte-saak-scenario? 

Korrupsie in die Suid-Afrikaanse staatsdiens: Is die Teenkorrupsietaakspan se multidissiplinêre benadering in die ondersoek na beweerde korrupsie onder staatsamptenare doeltreffend?

Lees ook op LitNet:

Staatskaping maak korrupsiemodder nóg taaier

André Duvenhage: Dís die ergste wat met SA kan gebeur

The post Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Piet le Roux appeared first on LitNet.

LitNet-blokraai: Gesonde gewoontes

$
0
0

’n Gesonde lewenstyl verbeter die kanse op ’n gesonde liggaam, wat minder siektes en meer lewenslus vir almal beteken. Daar is baie wat jy kan doen om ’n gesonder lewenstyl vir jou en jou gesin te verseker, sonder om baie geld te spandeer.

Jonk en oud kan hierdie blokraai geniet, by die huis of in die klaskamer.

Die digitale weergawe kan jy direk op die skerm invul. Dit is interaktief, tik die antwoorde op die skerm van ’n rekenaar of slimfoon; koppel die rekenaar aan ’n dataprojektor of slimbord vir die klaskamer.

Die PDF-weergawe kan jy uitdruk.

Hier is die antwoordstel.

As jy leidrade soek, loer hier.

 

 

The post LitNet-blokraai: Gesonde gewoontes appeared first on LitNet.

LitNet-blokraai: Gasvryheidstudies

$
0
0

Gasvryheidstudies beskou verskeie interafhanklike temas in die gasvryheidsbedryf, soos higiëne, voedselproduksie en kliëntediens, ook voedsel- en drankbediening. Leerders sal ontdek hoe om ’n verskeidenheid disse voor te berei en te bedien, lokale vir funksies voor te berei, tafels vir verskillende spyskaarte te dek en om die korrekte bedienings- en opruimingstegnieke vir voedsel en drank te gebruik.

Hierdie blokraai kan in die klaskamer gebruik word, of vir die pret by die huis.

Die digitale weergawe kan jy direk op die skerm invul. Dit is interaktief, tik die antwoorde op die skerm van ’n rekenaar of slimfoon; koppel die rekenaar aan ’n dataprojektor of slimbord vir die klaskamer.

Die PDF-weergawe kan jy uitdruk.

Hier is die antwoordstel.

As jy leidrade soek, loer hier.

The post LitNet-blokraai: Gasvryheidstudies appeared first on LitNet.


Press release: The AKO Caine Prize for African Writing reveals its 2021 shortlist

$
0
0

The 2021 AKO Caine Prize shortlist has been announced, revealing five stories of “impressive craft and intelligent language”, chosen from a multitude of submissions spanning over 22 countries. This year’s judging panel deliberated the stories and chose the shortlist virtually.

The shortlisted authors for the 2021 Prize are from Ethiopia, Kenya, Namibia and Uganda.

Founding Director of the African Writers Trust and this year’s Chair of judges, Goretti Kyomuhendo said: “We were looking for literary excellence and great stories. It is clear that the wealth of stories presented to the Prize speak about the African experience from a multitude of perspectives and forms, while often centering the themes of love, loss, identity, hope and afterlife.

“It has been hugely encouraging to see consistently excellent editing throughout the stories put to our judgment, and we have enthusiastically noticed a large number of submissions from homegrown literary journals from the continent this year.

“What comes across vividly in this year’s shortlisted stories, through their impressive craft and intelligent language is their ability to resonate profoundly with the reader. My fellow judges and I were reminded, once again, of the redemptive power of stories. These remarkable five narratives all exemplify, with delicacy and truth, what good fiction is. 

“Intermingling politics and humour, brutality and love, loss and hope, each of these stories poignantly convey images of the continent and its diaspora that demand to be read. The true art of African storytelling is manifested in the voices of these five exceptional pieces.”

The shortlisted stories for the 2021 AKO Caine Prize are:

  • ‘Lucky' by Doreen Baingana (Uganda) published in Ibua Journal, Online in Kampala, Uganda, 2021. Please find her story here.
  • ‘The Street Sweep’ by Meron Hadero (Ethiopia) published in ZYZZYVA, Ethiopia, 2018. Please find her story here.
  • ‘The Giver of Nicknames' by Rémy Ngamije (Namibia) published in Lolwe, Kenya, 2020. Please find his story here.
  • ‘This Little Light of Mine’ by Troy Onyango (Kenya) published in Doek! Literary Magazine, Namibia, 2020. Please find his story here.
  • ‘A Separation' by Iryn Tushabe (Ugandan) published in EXILE Quarterly, Canada 2018. Please find her story here.

Biographies of the shortlisted writers are available on the website here.

Goretti Kyomuhendo is joined on the 2021 judging panel by Razia Iqbal, a BBC News Presenter on Newshour on the World Service, and the World Tonight on Radio 4; Victor Ehikhamenor, an award-winning multimedia artist, photographer and writer; Georgina Godwin, an independent broadcast journalist and a regular chair of literary events as well as Books Editor for Monocle 24; and Nicholas Makoha, a writer who founded The Obsidian Foundation, and sits on the board of the Arvon Foundation and the Ministry of Stories.

The winner of the £10,000 prize will be announced via a specially curated virtual award in July. Each shortlisted writer will also receive £500.

For this 2021 Prize edition, Ms Sarah Ozo-Irabor has been appointed Event Producer and as such she will work on the Prize’s award event series, curating new types of literary events for this year’s shortlist. Ms Ozo-Irabor is a literary critic and producer with a passion for bridging the gap between canonical and contemporary literatures by writers of African descent, with a solid experience in events management. She is the creator and host of the renowned Books & Rhymes Podcast and she founded Lit Avengers, an intertextual monthly literary salon.

As in previous years, our partners and co-publishers in 16 African countries will receive a print-ready PDF free of charge.

The post Press release: The AKO Caine Prize for African Writing reveals its 2021 shortlist appeared first on LitNet.

Pasverskyn: Verhale van hoop deur Pieter van Zyl

$
0
0

Titel: Verhale van hoop, só help jy jou geliefde en jouself
Skrywer: Pieter van Zyl
ISBN: 9780639606002
Uitgewer: LAPA

Kintsugi is die Japanese kunstegniek om ’n gebroke keramiekvoorwerp met goud te herstel. Die tegniek maak ’n voorwerp mooier en kosbaarder as wat dit in ’n ongebroke toestand was. Met die regte ingrepe kan gebrokenheid waarde en skoonheid ontsluit.

Dit is die draad wat deur dié boek loop. In hierdie boek maak tientalle mense van verskillende agtergronde hul harte oop ter bemoediging van ander en om insigte te deel.

In Suid-Afrika ly een uit ses mense aan depressie, angs en middelafhanklikheid, tot sesmiljoen ly aan post-traumatiese stres. Agtduisend mense per jaar staan hul lewens aan selfdood af.

Die Covid-epidemie dryf dit verder op die spits.

Lees hierdie boek vir advies. Daar is hoop.

The post Pasverskyn: <em>Verhale van hoop</em> deur Pieter van Zyl appeared first on LitNet.

’n Gesprek met Marius Swart, die vertaler van ’n Hart is so groot soos ’n vuis

$
0
0

’n Hart is so groot soos ’n vuis
PP Fourie
Kaapstad: Kwela
ISBN: 9780795710018

Marius Swart praat met Naomi Meyer oor ’n Hart is so groot soos ’n vuis, sy vertaling van PP Fourie se The heart is the size of a fist.

Marius, ek vra jou uiteindelik oor ’n Hart is so groot soos ’n vuis, jou lieflike vertaling van The heart is the size of a fist. Baie geluk daarmee; ek het dit as uiters outentiek en akkuraat beleef. Die boek is ’n boek van atmosfeer en gevoel. Hoe het die vertaalproses hiervan jou laat voel?

......

Ek dink die hoofgevoel tydens die vertaalproses was opwinding, en ook (positiewe) spanning – ek kon nie wag om te sien hoe die voorheen losstaande dele nou tot ’n boek saamgebind is nie. En ek is ook nie teleurgestel nie!

.......

Dankie vir die mooi woorde, Naomi. Ek en die boek ken mekaar in ’n sin van nog voordat dit ’n boek was. Die skrywer het van die fragmente waaruit dit bestaan, oor ’n langerige tydperk in sosiale media gedeel. Daar was gevolglik heelwat van die teks wat ek inhoudelik reeds geken het teen die tyd dat dit as afgewerkte roman oor my pad gekom het. Maar daardie moeilik beskryfbare atmosfeer en gevoel van die boek bestaan natuurlik nie net intern by elke teksgedeelte nie, maar ook in die geheel en in die interaksie tussen die dele. Ek dink die hoofgevoel tydens die vertaalproses was opwinding, en ook (positiewe) spanning – ek kon nie wag om te sien hoe die voorheen losstaande dele nou tot ’n boek saamgebind is nie. En ek is ook nie teleurgestel nie! Daardie spanningslyn wat die skrywer handhaaf sonder dat daar werklik ’n chronologiese lyn is waarop dit kan terugval, is een van die beste tegniese aspekte van die boek, en een van die mees aanvoelbares. Die vertaalproses as sodanig het ek werklik geniet, maar wat die inhoud betref, moes ek dit soms los en eers ’n draai buite gaan stap. Dit is, soos jy sê, verskriklik.

Hierdie vraag het niks met taal te doen nie. ’n Vriendin van my wat die boek gelees het, het gesê vir haar is dit nie asof die skrywer te slim probeer klink as hy deel wat hy ervaar en weet nie - hy is doodgewoon so slim. Ek ervaar dit ook so: Hy deel dit asof dit net foto’s is wat hy wys. ’n Film wat tot hom gespreek het, musiek wat hy gehoor het. Dieselfde vriendin het daarop gewys dat baie soortgelyke musiek en film juis ook in haar jonger dae tot haar gespreek en haar na daardie tye teruggetransporteer het. Hoe het jy persoonlik oor die skrywer se kunsverwysings gevoel toe jy vertaal het?

O, maar die vraag het tog alles met taal te doen! In die breë sin van die woord – taal as ’n middel om dinge uit te druk, en waardeur uitgedrukte dinge weer geïnternaliseer kan word. Die beeld van “getransporteer” word, is ’n goeie een hier, so ek leen dit uit jou vraag. Want wat met hierdie soort verwysings gebeur, is dat iemand jou aan die hand vat en vir jou iets wys, iets met jou deel, wat vir hulle om welke rede ook al baie spesiaal of betekenisvol is, of wat bloot presies die regte ding op presies die regte tyd is om iets mee uit te druk wat nie noodwendig binne gewone taal bevatlik is nie. En is dit nie iets wat ons almal graag doen nie? Kyk hoeveel van ons programme op ons fone en tablette se topfunksie is om te “share” – ons verbind ons aan ons wêreld en aan mekaar deur te sê: “Hei, check dit uit, dis vir my snaaks!” en te glo die persoon aan die ander kant gaan dit ook snap en lag. Kyk hoe kommunikeer ons deur middel van meme, GIF’s en ander nietalige (!) middele om die vinger so presiés op die regte reaksie of illustrasie vir ’n bepaalde gedagte te druk. Die kunsverwysings in die boek was vir my so.

Die Afrikaanse woordgebruik in die boek klink nie asof dit vertaal is nie. Die boek lees asof dit presies die woorde van die teks is – die toonaard, tekstuur en gevoelswaarde van die woorde lees baie eg. Is dit maklik om die regte woord te vind? Met watter aspekte het jy gesukkel, indien enige? Was daar frases of woorde waaroor jy moes nadink?

........

Maar hier het ons te make met wat ek nou maar op my eenvoudige manier ’n “Afrikaanse storie” sou noem. Om dit in ’n Afrikaans te vertaal wat dit laat klink asof dit nie vertaal is nie, was dus ’n bewuste besluit en doelwit.

.........

Sien, dis ’n moeilike ding. Die paradoks vir die vertaler is natuurlik dat die grootste kompliment wat uit ’n populêre oogpunt aan ons werk gegee kan word, ook daarop neerkom dat ons heeltemal onsigbaar moet wees. In die vertaalkunde leer ons vir studente belangrike goed oor weerstand teen talige en kulturele hegemonie, magsverhoudinge tussen rolspelers in die proses, en dies meer. Maar hier het ons te make met wat ek nou maar op my eenvoudige manier ’n “Afrikaanse storie” sou noem. Om dit in ’n Afrikaans te vertaal wat dit laat klink asof dit nie vertaal is nie, was dus ’n bewuste besluit en doelwit. So daar was die soort goed wat baie maklik vertaal, omdat dit ’n situasie beskryf wat, of gesitueer is binne ’n omgewing waar, die presiese regte Afrikaanse woord dadelik voor die hand liggend is, of waar ’n enkele Afrikaanse gedagte wat in die Engels in ’n volle sin uitgedruk is omdat die ekwivalente begrip nie in Engels bestaan nie, met daardie woord in Afrikaans uitgedruk kon word. Maar met party goed was dit weer moeilik. Nie soseer die spesifieke enkelwoordkeuses nie as die breër stemme, toonaarde en ander atmosferiese goeters. Die sprekerstemme in die bronteks is kompleks en wisselend, en binne die verskillende stemme wissel die toon en register ook nog fyn en slim om bepaalde effekte mee te bring, atmosfeer aan te dui, spanning te skep, te nuanseer, ens. Die Engels is soms in ’n register geskryf wat in die bloot semanties akkurate vertaling in Afrikaans nogal pretensieus wou-wou klink. Om dit op te los, krap mens dan maar aan die prosodiese goed (die ritme veral). Mens kan nogal ’n tipe van ’n “ba-dum tsss!” op die sintaktiese vlak inbou deur bloot iets op ’n ander plek te laat stop of ’n fokuskonstruksie te skuif of twee sinsnedes om te ruil. Die heel moeilikste balanseertoertjie was waarskynlik om die klein kind wat soms aan die woord is, maar duidelik oor ’n wysheid ver bo sy jare beskik, sodanig te vertaal dat sy onskuld nie verlore gaan nie en dat hy nie soos ’n arrogante klein stront klink as hy Afrikaans praat nie – die woord “precocious” het al ’n cliché geraak, so ek wil dit nie eintlik gebruik nie, maar dis hoe daardie karakter oorkom. En dan die skuif tussen dié sprekerstem en die ouer weergawe van dieselfde persoon. En nog ’n klomp klein goedjies, soos watter aanspreekvorm die ma-karakter vir haar seun (sou) gebruik wanneer hy ontsteld is. Natuurlik dan ook alles binne die konteks van die ongelooflike trauma wat hierdie karakters deurleef. Dis in die ontbloting van daardie verskriklike weerloosheid, deur middel van die skrywer se taalbeheersing en -benutting, dat ek die hardste moes werk en die meeste moes nadink.

........

Natuurlik dan ook alles binne die konteks van die ongelooflike trauma wat hierdie karakters deurleef. Dis in die ontbloting van daardie verskriklike weerloosheid, deur middel van die skrywer se taalbeheersing en -benutting, dat ek die hardste moes werk en die meeste moes nadink.

.........

Bo, links: PP Fourie (foto: LitNet) en onder, regs: Marius Swart (foto: LitNet)

Kom ons praat oor temas. Een van die skreiende aspekte van die boek is dat die skrywer deur omvangryke drama met sy pa gaan, en in sy kleinkindertyd met sy pa en ma se ongeluk – en ten spyte daarvan die diepste, sielsaligste geluk ervaar in die onrealistiese oomblikke waarin hy hom verbeel dat hy die middelpunt van hulle bestaan is en hulle die middelpunt van mekaar se bestaan. Watter aspekte van die storie of temas het jy as die mees hartverskeurende, of die moeilikste, ervaar terwyl jy vertaal het?

Jinne, ek het gehoop op ’n maklike vragie na die vorige een! Um ... Kom ons kyk. Miskien is dit die kontras inherent aan hoop en hopeloosheid wat die ergste is? Of eerder die “ambivalensie” eerder as die “kontras”. Die manier waarop daar nie een of ander maklike moralistiese standpunt ingeneem word daaroor dat alle goeie mense ook ’n bietjie sleg is en selfs die heel slegstes ook iets goeds in hulle het nie; hier word net ge-show en nie bloot ge-tell nie, om dit in daardie terme te stel, en die lesers moet hulle eie afleidings maak. Die moeilikste tema vir my om te hanteer, wat ook daaruit volg, was die inherente subjektiwiteit en onbetroubaarheid van herinneringe, van geheue. Dit en die weerloosheid waarna ek reeds verwys het. Daai goed is moeilik. Maar dis vir elke een van ons relevant.

“Voertuie met strukturele integriteit”, “gevoelsopvoeding”, “pragtige, sonore Frans”, “’n blikkie gedistilleerde terpentyn”, “gebedskers”, “die kompartement is so groot soos ’n menslike hart, wat ook so groot is soos ’n vuis” ... Daar is so baie woorde wat uit die bladsy uitspring en my bybly. Vertel my of die woorde van hierdie verhaal jou ook binnegegaan en bygebly het, en of jy daarby aanklank gevind het (as dit die regte manier is om dit te vra)?

.......

Maar die goed wat my wel bybly, is eerder beelde, gevoelens, indrukke. Daardie goed beleef ek nie in ’n spesifieke taal nie; hulle is aanvanklik in Engels aan my oorgedra en ek moes hulle weer in Afrikaans probeer uitdruk op ’n enigsins getroue manier.

.........

Jy laat my nou kopkrap, hoor. Ek dink ek is nog te naby aan die boek om die vraag regtig sinvol te beantwoord. Vra my oor ’n jaar weer, dan sê ek dalk iets heel anders. Maar die goed wat my wel bybly, is eerder beelde, gevoelens, indrukke. Daardie goed beleef ek nie in ’n spesifieke taal nie; hulle is aanvanklik in Engels aan my oorgedra en ek moes hulle weer in Afrikaans probeer uitdruk op ’n enigsins getroue manier. So ja, die woorde het my dan seker “binnegegaan en bygebly”, maar dis heel indirek. Moenie ’n fout maak nie: Die Engels is heerlik geskryf, en daar is reëls daar wat ek verbatim kan opsê omdat hulle so skerp en so goed afgerond is. Maar as vertaler werk ek op ’n vlak wat die woorde as minimum insluit en dan nog veel verder moet gaan.

Dink jy dat alle ouers, hoe goed hulle ook al dink hulle dit bedoel, hulle kinders skaad en verwond?

.......

Dit voel vir my of daar baie mense is wat die (toegegee, ontnugterende) besef dat hulle ouers ook maar net feilbare mense is, nie baie goed verwerk nie, en dan daarvan probeer sin maak deur slegs op die slegte of slegs op die goeie eienskappe van die betrokke ouer(s) te fikseer. Dis normaal; ons vereenvoudig en kompartementaliseer dinge om hulle beter te verstaan wanneer ons oorweldig voel.

.........

Larkin sê mos: “They fuck you up, your mum and dad. They may not mean to, but they do.” Ek dink dat ons almal verwond en geskaad word deur die ervarings wat ons deurmaak, en ons primêre versorgers het sekerlik ’n groot invloed daarop. Maar ek sal dit nie in die aktiewe sin stel wat dit laat klink asof ouers hierdie goed doelbewus doen nie, want dit is ’n oorvereenvoudiging, en oorvereenvoudigings is oninteressant. Dit voel vir my of daar baie mense is wat die (toegegee, ontnugterende) besef dat hulle ouers ook maar net feilbare mense is, nie baie goed verwerk nie, en dan daarvan probeer sin maak deur slegs op die slegte of slegs op die goeie eienskappe van die betrokke ouer(s) te fikseer. Dis normaal; ons vereenvoudig en kompartementaliseer dinge om hulle beter te verstaan wanneer ons oorweldig voel. Maar ek dink nie daar is net een enkele ding wat “alle” ouers doen nie, hetsy goed of sleg. Ek is ewe skepties oor die “My mamma is die beste-este in die wêreld”-brigade as oor die “My ma is Satan self”-span. Hulle almal verswyg maar sekere goed vir retoriese doeleindes. Dis net die presiese inhoud van die, ahem, stories wat effens verskil.

Dink jy dat alle ouers, ook die ouers in ’n Hart is so groot soos ’n vuis, hulle kinders met ’n skat binne hulle die wêreld instuur? Selfs al weet die kinders wat so beskadig en gekneus en vertoiing uitstap, dit nie eens meer nie?

Mmm. Ja, vir die realiteit dat kinders iets van hulle ouers in hulle saamdra, is ek meer oop om te verwys na “alle” gevalle. Jy weet, met vertaling is die populêre narratief daar buite altyd een oor “verlies”, oor wat “verlore” gaan in vertaling, oor wat nie meer so is soos dit in die “oorspronklike” was nie, oor hoeveel slegter die fliek is as wat die boek was. Ek wonder of die verwondingsnarratief waarna jou vorige vraag verwys, nie ook hier ter sprake is nie – dis dalk die teenhanger daarvan? Dat ons almal iets in ons saamdra wat van ons ouers af kom, of ons dit kan en wil erken of nie? Met ander woorde, dat daar per definisie iets van hulle in ons is, maar dat ons self iets meer of minder daarvan kan maak. Ek sê altyd: Mens moet onderskei tussen ’n “verklaring” en ’n “verskoning” vir iemand se gedrag. Die feit dat iemand se een ouer hulle sleg behandel as kind, is argumentshalwe ’n verklaring daarvoor dat hulle byvoorbeeld sukkel met verhoudings in hulle grootmenslewe. Maar dis nie ’n verskoning vir hulle om ander mense te mishandel nie, want elkeen van ons neem ons eie besluite en moet aanspreeklikheid daarvoor aanvaar – hoewel laasgenoemde natuurlik heel uit die mode is, maar ek volstaan hier voor ek prekerig raak.

Die boek het my verskriklik baie ontstel. Ek dink nie dit kan juis anders nie. Mens sukkel om afstand te behou en mens moet jouself oor en oor herinner: ’n Verhaal gebaseer op die waarheid word onmiddellik ook fiksie as dit neergeskryf word. Dink jy my laaste stelling is waar?

.......

Niemand skryf sonder om ook te stileer nie, is my gevoel.

.......

Ek aanvaar jou laaste stelling, ja. Niemand skryf sonder om ook te stileer nie, is my gevoel. (En op die punt van styl: Dis interessant hoe die boek se styl, wat juis so koel en afstandelik is, daardie uitwerking het, nè?)

Ek vra jou lankal nie meer oor die vertaalproses nie, want jy vertaal nie net ’n storie in hierdie boek nie. Jy vertaal ’n mens. ’n Hele verlede. Jy vertaal die ou Vrystaatse kunsteraad, Sukovs, wat ek ook geken het omdat ek as student ad hoc in hul orkes gespeel het. Jy vertaal ’n era. Wat is die grootste verantwoordelikheid van iemand wat met 'n ander se woorde werk wanneer hy dit vertaal? Wat is die vertaler se hoofdoel, sy taak en sy roeping, om dit so te noem?

The meaning of everything, dus? Ha! Kyk, ek dink dat dit juis is waaroor vertaling gaan. Jy kan nie net meganies elke woord met ’n ekwivalent in die doeltaal vervang en hoop daar gaan een of ander magiese of osmotiese proses wees waardeur dit alles in literatuur sal verander net omdat jy met literatuur begin het nie. Ons almal weet dat masjiene dit om hierdie rede nie kan doen nie. Jy kan nie vertaal sonder om bewus te wees van wat vertaling is, van wat teks is, nie. Maar dis ook sodat jy kan probeer om ’n greep te kry op wat alles in vertaling ter sprake is. Taal is die medium waarbinne dit plaasvind, maar dis definitief nie al waaroor dit gaan nie. Vertalers se grootste verantwoordelikheid is om hul eie feilbaarheid trompop te erken sodat dit hulle nie lamlê nie, en om terselfdertyd hul eie kundigheid te leer vertrou sonder dat dit hulle arrogant maak. Dit, en ’n bewuste bestuur van wat ek noem die “fokusdiepte” – die afbakening van die regte grootte eenhede om te vertaal, die kuns om met omsigtigheid op daardie mespunt tussen té letterlik en té vry te bly balanseer. Onderliggend aan dit alles is daar dan ook die kwessie van vertroue – vertroue in jouself, vertroue in jou medewerkers en, uiteraard, vertroue in die teks. Die vertaler se roeping is om op ’n manier te werk te gaan wat vertroue by alle betrokkenes in die proses inboesem. Hierdie goed word gereeld sosiologies bestudeer, maar dit begin en eindig vir my steeds by die teks, en by respek daarvoor – vir wat dit is, maar veral ook vir wat dit kan word.

......

Taal is die medium waarbinne dit plaasvind, maar dis definitief nie al waaroor dit gaan nie. Vertalers se grootste verantwoordelikheid is om hul eie feilbaarheid trompop te erken sodat dit hulle nie lamlê nie, en om terselfdertyd hul eie kundigheid te leer vertrou sonder dat dit hulle arrogant maak.

.........

Want toe erf die skrywer van die boek nie net die verskriklikhede van sy jeug wat hy vir altyd met hom sou saamdra nie. Hy erf ook die kuns. Arvo Pärt. Breakfast at Tiffany’s. Al die koormusiek en die toneelstukke wat hy self, die skrywer van hierdie boek, kon meemaak. Wat het jy geërf en waarmee loop jy, vertaler van hierdie teks, nog saam – maande nadat hierdie boek reeds gebore en uitgegee is?

Die onstuitbaarheid van die menslike oorlewingsdrang. Die waarde van vriende, en die onverwagse maniere waarop ons vriende maak en vriende raak. Die sterk gif van stilbly en anderpad kyk. Verskillende soorte liefhê en hulle almal se inherente irrasionaliteit. Hoe iemand wat jy elke dag sien, eintlik absoluut weerloos, totaal eensaam, heeltemal geïsoleer kan wees sonder dat jy dit besef. Hoe ons na mekaar moet kyk, en hoe maklik dit is om mekaar glad nie raak te sien nie. Hoe gelukkig mens jou moet ag as jy nie heeltemal alleen is nie.

Lees ook:

’n Hart is so groot soos 'n vuis deur PP Fourie: ’n resensie

’n Brief aan PP Fourie, by die lees van ’n Hart is so groot soos ’n vuis

The post ’n Gesprek met Marius Swart, die vertaler van <em>’n Hart is so groot soos ’n vuis</em> appeared first on LitNet.

LitNet: Jou munisipaliteit

Persverklaring: ’n Gedaanteverwisseling vir die 2021 Toyota US Woordfees is in wording

$
0
0

Die 2021 Toyota US Woordfees sal nie in die beplande formaat van 17 tot 24 September in Stellenbosch kan plaasvind nie, maar daar word reeds hard gewerk aan ’n opwindende alternatief. Meer besonderhede oor hierdie landswye Covid-veilige viering van die kunste sal binnekort bekend gemaak word.

Die kansellasie van die tradisionele fees, wat altyd maande se beplanning en organisasie verg, het egter onafwendbaar geword vanweë, onder meer, onsekerheid oor die derde vlaag Covid-infeksies en vertragings in die inentingsprogram.

“Daar is verskeie redes waarom ’n fees in die vlees nie meer in 2021 moontlik is nie,” sê die direkteur van die Toyota US Woordfees, Saartjie Botha. “Nadat pres Cyril Ramaphosa op 30 Mei aangekondig het dat die land in die lig van ’n dreigende derde vlaag van Covid-19  na vlak 2-inperkingsmaatreëls skuif, was dit finaal duidelik dat ons nie die veiligheid van die dorp se inwoners en dié van ons gehore en kunstenaars sal kan verseker indien ons soos beplan voortgaan nie. Die Universiteit Stellenbosch se Kampusgesondheid het ook gemaan dat geen massabyeenkoms in September Covid-veilig sal kan wees nie.

“Ons het nietemin tot op die heel laatste gewag om hierdie besluit te neem omdat kunstenaars en die dorp se ekonomie ’n fees broodnodig het. Ons borge kan egter nie bekostig om gekoppel te wees aan ’n moontlike superverspreidingsgeleentheid nie. Dit is ook gewoon nie finansieel haalbaar om ’n fees met die huidige kapasiteitsbeperkings aan te bied nie.

“Die Woordfees bied jaarliks die Woordfees WOW Karnaval en ten minste een ander groot buitelugkonsert met kapasiteitsbeperking van ongeveer 6 000 aan. Die aangepaste kapasiteit sou in die verskillende vlakke van Covid-19-inperking wissel van nul tot ’n maksimum van 500, wat die finansiële haalbaarheid van so ’n onderneming kelder nog voor die eerste verhoogpen ingeslaan is.

“Wat binnenshuise ruimtes betref, lyk die prentjie nog droewiger: ’n Ruimte soos die Adam Small-ouditorium, met ’n kapasiteit van 324, kan met sosiale distansiëring slegs 49 gehoorlede akkommodeer. Om dieselfde inkomste van ’n uitverkoopte vertoning soos voor Covid-19 te genereer, sou kaartjies met verminderde kapasiteit meer as R990 stuk moes kos.

“Maar ek is baie opgewonde oor ons alternatiewe feesplanne vir 2021 en ek kan nie wag om binnekort die sluier te lig nie. Solank daar kuns is, is daar hoop en nuwe moontlikhede.” 

Die 2021 Toyota US Woordfees word nie meer vanaf 17 tot 24 September aangebied nie. Inligting oor nuwe feesprojekte vir 2021 sal eersdaags in die media en op al die Woordfees se digitale platforms bekend gemaak word.

A new incarnation of the 2021 Woordfees festival is in the works 

The 2021 Toyota SU Woordfees will not take place in the planned format from 17 to 24 September in Stellenbosch. However, an exciting alternative is in the works. More details about this country-wide, Covid-safe celebration of the arts will be revealed soon.

The cancellation of the physical festival, which requires months of planning and preparation, became inevitable as a result of the impending threat of a third wave and the slow vaccination rollout.

“There are several reasons why a physical festival is no longer possible in 2021”, says the director of the Toyota SU Woordfees, Saartjie Botha. “When President Ramaphosa announced on the 30th of May that the country will move back to level 2 restrictions to try and contain an approaching third wave, it became abundantly clear that there would be no way to guarantee the safety of Stellenbosch residents, audiences and artists if we went ahead as planned. Stellenbosch University’s Campus Health also made it very clear that at this stage it is impossible to ensure that a mass event in September would be Covid-safe.

“We waited until the last possible moment before taking the decision to change the mode of the festival for 2021 because artists and the Stellenbosch economy need a festival to thrive. Our sponsors, however, cannot be associated with an event that has the potential to be a Covid superspreader, and it is not financially viable to run a festival given the current audience capacity restrictions.

“We usually host the annual Woordfees WOW Carnival and at least one other open-air mass concert with a combined potential capacity of 6 000. The current capacity restrictions – even at the most lenient level – do not allow for more than 500 people, which would sink the financial feasibility of those productions before we started.

“The picture is even bleaker when you consider indoor spaces: A theatre such as the Adam Small Auditorium, with a capacity of 324, can only accommodate 49 audience members under social distancing protocols. In order, therefore, to realise the same income as a sold-out performance before Covid-19 restrictions, tickets would cost around R990 each. 

“But I am thrilled about our alternative festival plan for 2021. I can’t wait to unveil our new projects for the rest of the year. As long as there is art, there is hope and new possibility.”

The 2021 Toyota SU Woordfees will no longer take place from 17 to 24 September, but information about a big new festival initiative will soon be announced in the media and on all digital Woordfees platforms.

 

 

The post Persverklaring: ’n Gedaanteverwisseling vir die 2021 Toyota US Woordfees is in wording appeared first on LitNet.

Burgerskap onder konstruksie: Aida en Rigoletto by die Suid-Afrikaanse Republiekfeesvieringe, 1971

$
0
0

Burgerskap onder konstruksie: Aida en Rigoletto by die Suid-Afrikaanse Republiekfeesvieringe, 1971

Juliana M. Pistorius, Universiteit Huddersfield en Universiteit Stellenbosch, en Hilde Roos, Africa Open Instituut vir Musiek, Navorsing en Innovasie, Universiteit Stellenbosch

LitNet Akademies Jaargang 18(2)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Ter viering van die tienjarige bestaan van die Republiek van Suid-Afrika in Mei 1971, is twee operas van Giuseppe Verdi, Aida en Rigoletto, vir Kaapse gehore op die planke gebring. Die produksies was egter vir verskillende gehore bedoel – Aida, opgevoer in die splinternuwe Nico Malan Skouburg (vandag Kunstekaap) in Kaapstad vir die wit publiek, en Rigoletto, opgevoer in die Joseph Stone Ouditorium in Athlone vir die bruin publiek. Hierdie artikel ondersoek hoe die 1971-Republiekfees ingespan is om burgerskap onder die jong nasie te bevorder en hoe hierdie twee feesproduksies die ideologiese onderbou van apartheid bevestig het. Mona Ozouf se teoretisering van openbare feeste word as lens gebruik om aan te dui hoe die Republiekfeesvieringe daarop gemik was om ’n sosiale verbond tussen die staat en sy mense te sluit, en hoe die feesvieringe die mag van die Suid-Afrikaanse staat moes illustreer. Deelname aan die geleentheid het die individu as burger herdoop, waardeur hy sy regmatige plek kon inneem as legitieme lid van die nasie. Spesiale fokus word gegee aan die opening van die Nico Malan Skouburg wat die Republiekfeesvieringe afgeskop het en die protesaksies teen die rassebeleid wat die openingsgeleentheid voorafgegaan het. Protesbriewe van skrywers soos Uys Krige en Adam Small illustreer hoe die Eoan Groep kontrasterende openbare sentimente soos simpatie en verwerping ontlont het. Tesame met ’n bespreking van die verskille tussen die Nico Malan en die Joseph Stone, word die opvoeringe van elk van die operas in die onderskeie ruimtes onder die loep geneem om te illustreer hoe die produksies uiteenlopende aspekte van Suid-Afrikaanse kulturele aspirasies verteenwoordig het. KRUIK se Aida was ’n toonbeeld van Afrikaner-eksepsionalisme terwyl Eoan se Rigoletto aanspraak gemaak het op ’n nagestrewe kulturele uitnemendheid.

Trefwoorde: Aida; burgerskap; Eoan Groep; Joseph Stone Ouditorium; Kaaplandse Raad vir die Uitvoerende Kunste (KRUIK); Nico Malan Skouburg; Republiekfees van 1971; Rigoletto

 

Abstract

Citizenship under construction: Aida and Rigoletto at the South African Republic Festival, 1971

During the celebration of the tenth anniversary of the Republic of South Africa in May 1971, two operas by Giuseppe Verdi, Aida and Rigoletto, were offered to Cape Town audiences as part of the festival programme. However, these productions were not only staged at different venues, but they were intended for different audiences – Aida, produced in the brand-new Nico Malan Theatre (today called Artscape) in the city centre was for the white public, and Rigoletto, performed in the Joseph Stone Auditorium in Athlone was for the coloured public.

This article investigates how the 1971 Republic Festival was utilized to promote citizenship among the young South African nation and how these two festival productions undergirded the ideological foundations of apartheid. Mona Ozouf’s theoretical perspective on public festivals is employed to demonstrate how the Republic Festival aimed at creating a social pact between the state and its people and how the festivities were used to illustrate the power of the South African state. Participation in such an occasion renamed the individual as a citizen of the nation and enabled her/him to take up her/his rightful place as a legitimate member of the nation. The article also draws on the historical perspectives developed by Pieter Kapp in his work on white Afrikaner Festivals. Kapp states that the Republic Festival was not only a festival for the white Afrikaner, but also for the nation of South Africa. This was evidenced by the inclusion of some English-language and other European cultural productions in the festival programme, as well as the inclusion of the coloured community at some festival productions, despite the fact that their participation was separate from white festivities.

Apart from the theoretical considerations of Ozouf and Kapp, this article relies heavily on archival resources of the Artscape Archives, the Eoan Group Archive and the National Library of South Africa. These archives include production photographs, programme booklets, newspaper articles as well as letters, scrap books and minutes. Secondary literature was also consulted. The authors of this article have both researched and published on the Eoan Group and therefore relied on some of our previous work, but we have naturally consulted further academic literature on opera, festivals, race and ethnicity.

In the Cape Peninsula two separate festivals were held, one for the coloured community, called The Republic Festival (Western Cape), and one for the white community, called The RSA10 Programme. The former was dominated by sports events, but also included cultural events such as a choir festival, exhibitions and the Eoan Group’s opera production. All events took place in and around Athlone and Wynberg. The RSA10 Programme was on a much larger scale and included military parades, an extended Western art music festival, religious ceremonies, exhibitions, youth choir festivals and theatre productions. Newspaper articles accentuated the devotional character of both programmes. The power of the state and the citizenship of the country was meant to be taken seriously, and no light-hearted entertainment was to be found. The only shared activity of the two festivals was a military march and air show that was held at Gunner’s Circle in Bellville, which concluded the festivities on 31 May.

Eoan’s participation in the Republic Festival confirmed the complex position the group held in apartheid politics. They fully embraced the socio-political status they aspired to through their love of opera, yet their uncritical engagement with the art form caught them in a political system that controlled their movement, ensnared them into a compromised citizenship, and restricted the spaces in which they were allowed to operate.

The article discusses how Verdi’s Aida fitted the bill of celebrating the dominance of Western art music at the southern tip of Africa a century after it was composed to do just that in Cairo in Egypt. In 1871 the opera was performed to celebrate the opening of the Cairo Opera House, built by the Khedive Ismail Pasha who imported European cultural values to a modernized Egypt. It is also no coincidence that the story of Aida is one of racial politics, an impossible love between the dark-skinned Aida and the light-skinned Radames, a love across the colour line that ends in death. Rigoletto on the other hand is one of a hunchbacked father who sacrifices his daughter through a bizarre misunderstanding and a curse.

Special focus is given in the article to the inauguration of the Nico Malan Theatre that started the nationwide festivities of the Republic Festival. The opening was preceded by months of protest action against the policy of racial segregation at the venue. Protest letters from writers such as Uys Krige and Adam Small illustrate how the Eoan Group generated contrasting public sentiments such as sympathy and rejection. Eoan’s years of opera production weighed heavily on the conscience of Cape Town’s (white) opera loving public who knew that this semi-professional group would not only be barred from performing in the new state-of-the-art building, but would also not be able to attend any opera productions there. A few months before the opening of the Nico Malan Theatre, Eoan’s star tenor, Joseph Gabriels, made his debut as the first South African ever to sing at the Metropolitan Opera House in New York. Newspaper editorials were similarly drawn into what seemed to be a line of defence against apartheid policies, yet Adam Small’s reply ultimately exposed underlying racial biases of white liberalism.

The difference between the Nico Malan Theatre and the Joseph Stone Auditorium was nothing short of startling and government spending was typically disproportionate of amenities afforded to the white and coloured communities at the time. No costs were spared on the building of the Nico Malan Theatre where opulence abounded, while the government’s contribution to the cost of the Joseph Stone Auditorium was literally 1% of what they paid for the Nico Malan Theatre. In closing, the performances of the two operas in the two venues illustrate how these productions embodied diverging South African cultural aspirations. CAPAB’s Aida was an example of Afrikaner exceptionalism whilst Eoan’s Rigoletto aimed at cultural excellence.

 Keywords: Aida; Cape Performing Arts Board (CAPAB); citizenship; Eoan Group; Joseph Stone Auditorium; Nico Malan Theatre; Republic Festival of 1971; Rigoletto

 

1. Inleiding

In 1971 het Suid-Afrika ’n dekade se onafhanklikheid van die Britse Kroon gedenk. Ter viering van hierdie mylpaal het die apartheidsregering ’n landswye Republiekfees gereël (Die Burger, 21 Mei 1971a), waartydens die jong nasie sy outonome identiteit en ambisies vir die toekoms kon ten toon stel. Die geleenthede waaruit die fees bestaan het, was tipies van amptelike Suid-Afrikaanse feesvieringe, wat sedert Uniewording in 1910 ’n gereelde item op die nasionale kalender geword het (Merrington 1995; Kapp 1975). Soos altyd was daar musiek, teater, optogte, uitstallings en sportbyeenkomste.

Vir Kapenaars het die 1971-Republiekfees egter saamgeval met ’n ander belangrike gebeurtenis: die inwyding van die Nico Malan Skouburg. Hierdie geleentheid het uitsonderlike luister aan die musiek- en teaterprogram van die Kaapse Republiekfees verleen. Die fees-operas is, soos die res van die gebeure, afsonderlik vir verskillende rassegroepe opgevoer. ’n Reeks aanbiedinge deur die Kaaplandse Raad vir die Uitvoerende Kunste (KRUIK) is vir wit gehore beplan, terwyl bruin operaliefhebbers opvoerings deur die Eoan Groep kon bywoon. Hierdie verdeling was nie ongewoon nie, maar die belangstelling wat deur die nuutgeboude Nico Malan geskep is, het opnuut aandag op die ongelykheid van die aanbod gevestig. Binne die konteks van die Republiekfees het hierdie omstredenheid ’n verdoemende blik gewerp op die ideologiese onderbou van die nuwe Suid-Afrikaanse nasie.

In hierdie artikel ontleed ons die 1971-Republiekfees se operaproduksies. Ons verskaf ’n oorsig van die aktiwiteite waaruit die Republiekfeesprogramme bestaan het, voordat ons die twee operas wat onderskeidelik vir wit en bruin feesgangers in aparte ruimtes aangebied is van nader bekyk. Die operas bring kwessies van ras, plek, kulturele aspirasie en politieke protes bymekaar. Daardeur gee dit insig in die volksideaal wat binne die 1971-Republiekfees nagestreef is.

Ons baseer ons ondersoek op ’n verskeidenheid argivale dokumente rakende die Republiekfees-operas, insluitend programme, persverklarings, resensies en briefwisseling. Hierdie materiaal bied insig in die operas se plek binne die Republiekfees en hoe hulle deur die publiek ontvang is. Ons interpretasie van primêre bronne inkorporeer teoretiese invalshoeke wat ontwikkel is binne die Suid-Afrikaanse en Europese kontekste (Fuller 2004; Kapp 1975; Ozouf 1988; Witz 2003). Hieronder maak ons veral staat op Ozouf se diepgaande ondersoek van republiekfeesvieringe in Revolusionêre Frankryk en Kapp se oorsigtelike studie van wit Afrikaanse volksfeeste.

Hoewel ’n verskeidenheid ander akademiese werk oor nasionale feeste binne en buite Suid-Afrika sedertdien die lig gesien het (vgl. Akuupa 2015; Hauptfleisch 2006; Kockel 2020), is Ozouf en Kapp se onderskeie tekste veral waardevol: Kapp vir sy oorsig van die ideologiese rol en samestelling van feeste binne die wit Afrikanergeskiedenis; en Ozouf vir haar indringende ontleding van die politieke doel wat regeringsgedrewe feeste binne die staatsformasie dien. Kapp se teks, wat in 1975 gepubliseer is, is verteenwoordigend van die wit Afrikanerideologie wat die era van “hoë apartheid” gekenmerk het. Dit bevat verskeie ongemaklike uitsprake rakende Suid-Afrikaanse rassegroepe en die aard van die Afrikanervolk, maar bied dalk juis om hierdie rede ’n bruikbare blik op die oorwegings wat vieringe soos die Republiekfees gedryf het.

Kapp en Ozouf is dit eens dat gemeenskaplike feeste ’n dieper betekenis het as wat op die oog af deur die kenmerkende aktiwiteite van eet, drink en saamwees gesuggereer word. Buiten die ritmes van die natuur, wat deur seisoenale feeste gevier word (Kapp 1975:8), is dit veral die mens se “gebondenheid aan die tradisies en opvattinge van sy groep”, en “die gebondenheid van die individu aan sy gemeenskap, land of volk” wat volgens Kapp deur gemeenskaplike feeste weerspieël word (1975:8). Kapp tref ’n belangrike onderskeid tussen volksfeeste en nasionale feeste: terwyl volksfeeste dit ten doel stel om ’n spesifieke volksgroep binne die breër nasionale konteks rondom ’n gemeenskaplike geskiedenis, kultuur of ideologie te verenig, is die nasionale fees gerig op al die volksgroepe waaruit ’n land bestaan (1975:142). Aangesien Kapp se teks spesifiek gerig is op volksfeeste bied hy geen verdere verduideliking vir die doel van die nasionale fees nie. Hiervoor wend ons ons tot Ozouf, en haar interpretasie van die feesvieringe rondom Frankryk se republiekwording na afloop van die Franse Rewolusie in 1799.

Volgens Ozouf (1988:9) bied regeringsgedrewe, nasionale feesvieringe die geleentheid vir die individu om herdoop te word as burger. Met ander woorde, deur deel te neem aan amptelike byeenkomste neem lede van die publiek hul regmatige plek in as erkende lede van die nasie. Sy voer aan dat die skouspelagtige viering van die nuutgebore republiek ’n geleentheid bied waarby die nuwe sosiale verband tussen burgers en hul land verwesenlik kan word. Dit is dus nie net ’n partytjie nie, maar die inhuldiging van gemeenskaplikheid – ’n ritueel wat sosiale samehorigheid aanmoedig onder die verskeidenheid individue wat binne die landsgrense as nasie byeengebring word.

In 1971 het die verbond tussen regering en landsburgers nie alle Suid-Afrikaners ingesluit nie. Die ooreenstemming tussen geografiese afbakening en nasie is dus in twyfel getrek. Hierdie breuk was ’n primêre aspek van die apartheidsideologie, wat in sy kern uiteindelik ’n stryd oor ruimte – oor spasie, plek en land – was. Met die implementering van die Groepsgebiedewet het die apartheidsbewind dit duidelik gemaak dat sekere dele van die land deel was van Suid-Afrika en ander nie; daarmee saam het sekere individue aan die Suid-Afrikaanse nasie behoort en ander nie. Volwaardige landsburgers het toegang tot volwaardige landsruimtes geniet.

Dit bring ons by die finale aspek van nasionale feesvieringe wat van belang is vir hierdie artikel: plek. As “nasie” deels bepaal word deur grense, is die afbakening van die “nasionale ruimte” noodwendig noodsaaklik in die bewerkstelliging van nasiegevoel. Die plekke waarbinne nasionale feesvieringe plaasvind, speel hierin ’n belangrike rol. Volgens N’Guessan, Lentz en Gabriel (2017:687), bied staatsfeesvieringe ’n geleentheid om die geografiese omvang van die nasie af te baken, en om binne hierdie grense aan sekere plekke seremoniële status as “ruimtes van die nasie” te skenk. Met ander woorde, die ruimte wat amptelike vieringe huisves, word as’t ware gesalf as die Republiek se heiligdom – plekke wat aan die nasie behoort en wat dit simbolies verteenwoordig. Soos ons sal sien, het die ruimtes van die 1971-Republiekfees heelwat openbaar oor die apartheidsregering se idee van homself, sy kulturele strewe en sy verhouding tot die burgery. Vir Kapp was die Suid-Afrikaanse Republiekfees beide volksfees én nasionale fees. In Ons volksfeeste beskryf hy die Republiekfees soos volg:

Republiekfees is die onafhanklikheidsfees van Suid-Afrika en moet dus as ’n voortsetting van vroeëre onafhanklikheidsfeeste gesien word. ’n Onafhanklikheidsfees is ’n landsfees wat gevier word ter herdenking van ’n bepaalde land se verwerwing van sy onafhanklikheid van een of ander oorheerser, of van sy erkenning as ’n vrye, soewereine eenheidstaat ná ’n bepaalde proses van ontwikkeling in daardie rigting. Dit is dus, in die Suid-Afrikaanse omstandighede, ’n nasionale fees waaraan alle volksgroepe deel het of kan hê of behoort te hê. […] Ten spyte van die feit dat Suid-Afrika se onafhanklikheidsfees ’n nasionale of landsfees is of behoort te wees, is dit sedert 1910 deur die Afrikaner as ’n volksfees gevier. (Kapp 1975:124)

Kapp erken wel later dat die Republiekfeeste sedert 1966 deur ’n groter nasionale gevoel gekenmerk is, namate die gedagte “gepropageer [is] dat Republiekfees ’n nasionale fees moet wees wat deur alle volksgroepe en rasse gevier word” (Kapp 1975:129). Die 1971-Republiekfees het wel kenmerke van ’n nasionale fees bevat. Dit is veral te bespeur in die fees se inkorporering van Engelse en Europese kunsvorme, en in die insluiting van bruin Suid-Afrikaners by sommige aspekte van die fees-idee. Nietemin was dit ook ’n tipiese wit Afrikanervolksfees. Die verhouding tussen die fees en die burgers – wit en bruin – wat daardeur erken is, was dus ambivalent en gekompliseerd.

 

2. Die (wit) Republiekfees

Die Republiekfeesvieringe vir die wit gemeenskap van die Kaap (ook genoem RSA10) het op Vrydagaand 21 Mei op die Kaapse Skouterrein in Goodwood afgeskop met ’n rede deur die Staatspresident Jim Fouché, ’n “credo-verspreiding” en ’n militêre optog (Die Burger, 21 Mei 1971a). Die geleentheid is deur 70 000 mense bygewoon (Die Burger, 21 Mei 1971b). In die daaropvolgende tien dae is die jong Republiek op groot skaal gevier met sportvertonings, militêre parades (insluitend vertonings deur die vloot), koorfeeste, kerkmusiek, volkspele, taptoes, ’n rolprentfees en ’n uitgebreide uitstallingsprogram wat plaaslike beeldende kuns, boeke, Bybels, geskiedenis, posseëls, blomme, diere, wyn en fotografie ten toon gestel het (Die Burger, 21 Mei 1971a). Die stigtelike aard van die feesvieringe is beklemtoon deur spesiale dankseggingsdienste “in alle kerke in die Republiek en Suidwes-Afrika” op Sondag 23 Mei (Die Burger, 21 Mei 1971a). Die uitvoerende kunsprogram waarmee die Republiek herdenk is, het hoofsaaklik Westerse klassieke musiek, ballet en toneel ingesluit en is uitgevoer deur die Kaaplandse Raad vir die Uitvoerende Kunste (KRUIK) in die spiksplinternuwe Nico Malan Skouburg. Verskeie ander plekke is egter ook vir die kunsprogram ingespan, insluitend die Kaapstadse Stadsaal, die NG Kerk Sinode Saal in Oranjestraat,1 die Hofmeyr Saal en burgersentrums in voorstede soos Parow, Milnerton, Pinelands en Bellville en op plattelandse dorpe soos Paarl en Stellenbosch. Die wit publiek kon elke dag van die feestydperk tussen 10 en 20 verskillende geleenthede bywoon (Die Burger, 21 Mei 1971a). Die fees is oor twee dae afgesluit met lofdienste, eweneens in “alle kerke in die Republiek en Suidwes-Afrika”, op Sondag 30 Mei en, op 31 Mei, ’n lugvertoning by Gunnerssirkel en ’n afsluitingstoespraak (gepaardgaande met ’n optog) deur Eerste Minister B.J. Vorster by die Kaapse Skouterrein (Die Burger, 21 Mei 1971a).

KRUIK se musiekfeesprogram het reeds in April afgeskop met 18 produksies wat oor twee maande op verskillende plekke sou plaasvind (Cape Argus, 5 Januarie 1971). Verskeie buitelandse musici en kore het deelgeneem ten spyte van die kulturele boikot wat teen Suid-Afrika in plek was.2 Die besoekende musici het onder andere die 200-sterk Keulen-mannekoor ingesluit wat vir ’n maand deur die Republiek gereis en konserte aangebied het (Die Burger, 9 Januarie 1971), die Bulgaars-gebore Franse pianis Alexis Weissenberg (wat ter elfder ure sy konserte gekanselleer het), die Spaanse flamenco-kitaarspeler Pedro Soler en die Nederlandse jazz-groep die Dutch Swing College Band (Cape Times, 3 Maart 1971). Twee sangers is ook uit Europa ingevoer om deel te neem aan KRUIK se produksie van Aida, naamlik die Italiaanse sopraan Carla Ferraro en die Spaanse tenoor Giovanni Gibin (Cape Argus, 5 Januarie 1971).

Die hoogtepunt van die uitvoerende kunsprogram was die produksies in die Nico Malan Skouburg. Vir hierdie nuwe kultuurskat is ’n reeks gesogte geleenthede beplan. Die klassieke musiekprogram het Giuseppe Verdi se opera Aida ingesluit, ’n simfoniekonsert en kamermusiek deur die Pierre de Groote-strykkwartet, en Léo Delibes se ballet, Sylvia (Die Burger, 21 Mei 1971a). Die toneelaanbiedinge was Uys Krige se Afrikaanse vertaling van Shakespeare se King Lear en ’n Engelse vertaling van die Franse toneelstuk Cher Antoine. Verskeie skole in die suidelike en noordelike voorstede in die skiereiland het toneelopvoerings aangebied en jeugkoorfeeste is in Stellenbosch, Parow en Bellville gehou (Die Burger, 21 Mei 1971a).

 

3. Die (bruin) Republiekfees

Die amptelike Republiekfees was slegs vir wit Kapenaars, maar die regering het ook voorsiening gemaak vir Republiekfeesvieringe onder die bruin gemeenskap. ’n Spesiale komitee, onder leiding van Tom Swartz, Voorsitter van die Verteenwoordigende Kleurlingraad, het ’n program met geleenthede saamgestel wat tussen 15 en 31 Mei 1971 in Athlone en ander bruin buurte gehou is. Die “Republiekfees (Wes-Kaapland)”, soos die bruin Republiekfees bekend gestaan het, het reeds op 15 Mei met rugbywedstryde by die Athlone-sportarena afgeskop, maar die program is, soos die wit Republiekfees, eers op 21 Mei amptelik geopen, toe Swartz “’n vlag, ’n vaandel en ’n credo uit die hand van die Staatspresident op die W.P. Skougronde, Goodwood ontvang het” (Verslag, Eoan Argief 39:316). Hierdie items is na die Athlone-arena vervoer, waar Swartz ’n parallelle, afsonderlike inhuldiging vir bruin feesgangers aangebied het. Reeds met die opening van die Republiekfees is die regering se ideologiese oorwegings dus uitgespel: bruinmense sou toegelaat word om deel te neem, maar slegs in hul eie buurt, en altyd onder die seggenskap van die sentrale regering. Die illusie van lidmaatskap van die Suid-Afrikaanse nasie is daardeur noukeurig bestuur.

Bruinmense kon ’n verskeidenheid geleenthede gedurende die Republiekfees (Wes-Kaapland) bywoon. Die program het grotendeels by die Athlone-sportgronde afgespeel. Hier kon feesgangers op 22 Mei ’n “groot saamtrek van jeugorganisasies” bywoon – ’n program wat aangevul is deur “vertonings van die Suid-Afrikaanse Polisie, Gevangenisdiens, en die Suid-Afrikaanse Kleurling Korps”. Op 23 en 30 Mei het Griekwa- en Kersfeeskore onderskeidelik feesprogramme aangebied, en op 26 Mei het ’n skoolprogram deur “ongeveer 6 000 leerlinge”, gekombineer met “opwindende items deur die Magte”, plaasgevind (Verslag, Eoan Argief 39:316). Die rugbywedstryde wat op 15 Mei begin is, het op 29 Mei afgesluit met “twee wedstryde daardie aand onder spreiligte”. Die sportgronde het ook uitstallings van plaaslike skole en vroue-organisasies se handwerk gehuisves (Verslag, Eoan Argief 39:316).

Buiten die geleenthede by die Athlone-arena is daar ook ’n reeks opvoerings op ander plekke aangebied. Bejaardes kon twee verskeidenheidskonserte by die Luxurama-teater in Wynberg bywoon. Die Luxurama het ook optredes deur die Suid-Afrikaanse Koorraad, die Kaapse Maleierkoor, ’n “gekombineerde Feeskoor” en die Suid-Afrikaanse Polisiediens se orkes gehuisves. Daarbenewens was dit die lokaal vir die fees se afsluitingskonsert op 31 Mei, ’n geleentheid wat deur die Staatspresident as “gas van die Kleurlinggemeenskap” bygewoon is (Verslag, Eoan Argief 39:316).

Die Luxurama was nie die enigste gasheer van musikale feesvieringe nie. Tussen 22 en 29 Mei is daar by die Joseph Stone-sentrum in Athlone ’n reeks opera- en balletvertonings, asook ’n kinderkonsert deur die Eoan Groep aangebied. Terwyl die balletkonserte en kindervertoning ’n mengelmoes van uiteenlopende items vertoon het, was die opera tipies van Eoan: ’n volledige produksie van ’n gewilde Italiaanse werk (in hierdie geval Verdi se Rigoletto), kompleet met kostuums, dekor en ’n orkes. Buiten Eoan se optredes, het die SAUK se simfonie-orkes ook een aand by die Joseph Stone gespeel.

Nes die wit Republiekfees is die Republiekfees (Wes-Kaapland) op 31 Mei 1971 afgesluit. Die finale dag se vieringe het begin met “’n skouspelagtige militêre verbymars” in Gunnerssirkel – ’n geleentheid waarvoor daar “genoeg ruimte [was] vir duisende om die vertoning te sien en gerieflike sitplekke […] vir ongeveer 500 hooggeplaastes”. Later die dag het ’n credo-seremonie, gevolg deur ’n “pragvertoning deur die Magte en ’n verbymars waarby die saluut deur mnr. Swartz voor ongeveer 40 000 toeskouers geneem is” by die Athlone-sportgronde die buitelugdeel van die fees voltrek (Verslag, Eoan Argief 39:316). Die Gunnerssirkel-mars word in beide die wit en die bruin Republiekfeesprogramme genoem. Hierdie geleentheid was dus waarskynlik die enigste aanbieding wat gelyktydig deur feesgangers van beide rasse bygewoon is.

 

4. Burgerskap en die Republiekfees

Die militêre aard van verskeie geleenthede, beide vir bruin en wit burgers, is beduidend, veral binne die konteks van ’n staat wat groeiende politieke verset vanuit alle rigtings moes weerstaan. Grootse parades deur staatsinstellings soos die weermag en die vloot is natuurlik nie ongewoon by nasionale feesvieringe nie (Fuller 2004). Sulke geleenthede vind gereeld in kontekste so uiteenlopend soos Noord-Korea en die Verenigde Koninkryk plaas. Dit is ook nie moeilik om die betekenis van sulke vertonings te interpreteer nie: elke skouspelagtige uitstalling van ’n land se sekuriteitsmagte dien as ’n propagandistiese herinnering van die staat se oorweldigende mag. Dit inspireer ontsag en maan die nasie tot gehoorsaamheid (Fuller 2004).

Binne die konteks van die Republiekfees verkry sowel die teenwoordigheid as die herhaalde voorkoms van hierdie geleenthede egter bykomende belang. “Die Magte” se verskynings by jeuggeleenthede is veral opmerklik. Terwyl die skolegroepe vertonings van jeugdige heilsaamheid gelewer het, het “die Magte” deur hul gedissiplineerde optrede ’n baie spesifieke beeld van die “aanvaarbare burger” verteenwoordig. In hierdie konteks is die lede van die sekuriteitsmagte ongetwyfeld bedoel om as ’n ideaal te dien vir die jongmense om na te streef. Sodoende kon die apartheidsregering jong Suid-Afrikaners oortuig om deel te word van die strukture wat daargestel is om hul eie mense te polisieer, sonder dat ’n enkele woord gespreek is.

Die vertoon van geïdealiseerde burgerskap in die vorm van die sekuriteitsmagte was deel van ’n breër ideologiese projek. Volgens Ozouf (1988:199–203) is die amptelike fees nie net daar om die individu te nooi om sy rol as burger te aanvaar nie, dit dien ook om hom in daardie rol op te voed. Regeringsfeeste lê dus groot klem op goeie gedrag, samewerking en eenvormigheid – die kodes wat die gemeenskap in toom hou en voorberei vir wetsgehoorsaamheid. In Suid-Afrika se amptelike feesgeskiedenis is hierdie doelwit lank reeds te bespeur. Leslie Witz se studie van die 1952-Van Riebeeck-herdenking meld byvoorbeeld die feeskomitee se beheptheid met goeie gedrag, wat aanleiding gegee het tot skrywes wat uitstippel dat orde heeltyd gehandhaaf, openbare deelname beperk, en fantasie beheer moet word sodat die “goeie tye en geleenthede” kon “rypword soos goeie vrugte” (Witz 2003:20). Amptelike feesvieringe was nie geleenthede vir karnavaleske roekeloosheid nie, maar eerder vir statige seremonie.

Kapp (1975:15) wys ook deurgaans op die stigtelike aard van Afrikanervolksfeeste, “ontdaan […] van alle ‘onwaardige’ elemente soos dans, uitbundige sang, en spontane gedrag”. ’n Belangrike rede vir hierdie ordelikheid is, volgens Kapp, toe te skryf aan die Afrikaner se Calvinistiese godsdiens. Kapp beskryf kenmerke van “die Calvinistiese samelewing” as “soberheid van uitdrukking, terughoudendheid, wantroue teenoor uitbundigheid en spontaneïteit, en verset teen die gedagte van die kuns ter wille van die kuns” – alles tipies van Afrikanervolksfeeste oor die algemeen, en ook te bespeur by die 1971-Republiekfees.

Die onmiskenbaar stigtelike aard van albei feesprogramme het die Christelik-Nasionale etos en outoritêre karakter van die apartheidsregering onderskryf. Populêre of ligte musiek het hier geen plek gehad nie, en uitspattighede is tot ’n vuurwerkvertoning beperk. Musiekgenres vir die program het dus oorwegend militêre, godsdienstige en Westerse klassieke musiek ingesluit, met die besoekende Dutch Swing College Band as enigste uitsondering. ’n Feesboodskap deur Tom Swartz wat in die Eoan Groep se gedenkprogram gedruk is, beskryf die aard van die fees soos volg:

Dit is vanjaar Republiekfeesjaar! Ons herdenk die tiende verjaarsdag van die Republiek van Suid-Afrika. Dit is ’n geleentheid wat op waardige wyse gevier behoort te word. Die Eoan-groep is by uitstek geskik om die stemming te skep wat by so ’n fees pas. (Swartz in Souwenier-program, Eoan Argief 61, oorspronklike beklemtoning)

Swartz se boodskap som die bloudruk vir die jong republiek op: hierdie Suid-Afrika is waardig en Europees, ’n nasie sterk op pad na verligte menslikheid. Die twee Republiekfees-operas, Aida en Rigoletto, het ’n belangrike rol in hierdie strewe vertolk. Opera, as toonbeeld van Westerse kulturele prestige, het die gekunstelde glans en sogenaamde beskaafdheid van wit Suid-Afrika verpersoonlik. Vogeley (1996) wys, binne die konteks van postkoloniale Meksiko, hoe opera deur ’n nuut-onafhanklike land gebruik kan word om sy eie moderniteit, kulturele vordering en kosmopolitisme te verbeeld. Dit wys aan die res van die wêreld ’n nasie van gesofistikeerde smaak, gevorderde estetika en uitnemende gedrag. Vir Suid-Afrikaners, so ver verwyder (beide geografies en polities) vanaf die sentrum van Westerse verligting, het opera dus ’n belangrike vertoonstuk gebied om te wys dat die land “byhou” by die res van die wêreld, ten spyte van sy isolasie.

Binne hierdie ideologiese oorweging het die Eoan Groep se deelname ’n gekompliseerde betekenis gekry. Swartz se aanduiding dat die Eoan Groep ongetwyfeld inpas by die nastrewe van die Suid-Afrikaans-Europese ideaal, sluit direk aan by die groep se eie beskawingsprogram. Sedert sy stigting het die Eoan Groep onomwonde erken dat hy die verkryging van “Europese kultuur” onder bruinmense voorstaan, en dat die groep se aktiwiteite daarop gemik is om lede voor te berei op Suid-Afrikaanse arbeid en burgerskap (Southern-Holt, Eoan Argief 37:300). Hierdie konserwatiewe agenda sluit nou aan by ’n neiging onder bruin politici van die begin van die 20ste eeu om kulturele aspirasie as ’n roete tot rassegelykheid voor te hou (Sandwith 2014). Volgens hierdie politici kon bruinmense ’n sosiopolitieke status gelyk aan dié van witmense bereik deur “korrek” op te tree en diepgaande kennis van Europese kulturele en intellektuele praktyke te verkry. Die Eoan Groep het hierdie bewering met oorgawe omhels: talle dokumente in die argief dui daarop dat die groep homself eksplisiet vereenselwig het met “die beter klas van mense”,3 en dat sy eie lede onderhewig gestel is aan ’n streng stel voorwaardes wat onderdanigheid, dissipline, morele suiwerheid en matigheid ingesluit het (Manca, Eoan Argief 33:225). Alle aktiwiteite was daarop gemik om die erkenning van die wit kulturele outoriteite te verdien. Die groep se aanstelling as verteenwoordigers van die stemming van die nasie se amptelike vieringe was dus niks minder nie as ’n bevestiging van die sukses van hul opvoedingsprojek.

Die insluiting van die bruin gemeenskap by regeringsgeakkrediteerde vieringe het ’n boodskap van amptelike lidmaatskap van die nasie aan bruin burgers gestuur.4 Deur bruinmense uit te nooi tot die fees het die regering hierdie spesifieke groep mense se lidmaatskap van die jong republiek bevestig. Die onderliggende boodskap was duidelik: die tien suksesvolle republiekjare het nie net aan witmense behoort nie, maar ook aan bruinmense. In teenstelling met die Franse konteks waaruit Ozouf se gevolgtrekkings spruit, dui die Suid-Afrikaanse geval egter op ’n meer ambivalente vorm van burgerskap. Bruinmense kon deelneem, maar slegs aan aparte geleenthede op aparte plekke. Soos die aanbod van feesaktiwiteite ook illustreer, is bruin burgerskap op ’n baie kleiner skaal gevier. Bruinmense se lidmaatskap van die nasie is dus beperk tot ’n afgebakende tyd en ruimte, en die grense rondom hierdie geslote konteks is streng gepolisieer.

 

5. Die Eoan Groep se Rigoletto

Argiefdokumente dui aan dat die Eoan Groep oorspronklik ’n hele operaseisoen aan die Republiekfeeskomitee voorgelê het. Voorlopige begrotings noem ’n reeks van vier verskillende operas, asook ’n “inheemse musiekblyspel” en ’n ballet (Provisional estimates, Eoan Argief 7:51). Rolverdelingslyste vir die Republiekfees wys daarop dat die operas Rigoletto, Cavalleria Rusticana, I Pagliacci en Il Barbiere di Siviglia sou wees (1971 Opera Season, Eoan Argief 28:195). Geen spesifieke titel word vir die musiekblyspel of die ballet aangedui nie; spesiale begrotings vir die libretto (R700), die koorpartye (R1 000), orkestrasie (R275), duplisering van orkespartye (R500) en tantieme vir beide die skrywer (R3 000) en die komponis (R1 000) suggereer egter dat die musiekblyspel nuut gekomponeer sou word vir die geleentheid (Provisional estimates, Eoan Argief 7:51). Die vier operas sou altesaam 24 keer opgevoer word – 15 maal voor wit gehore by die Alhambra-teater, en nege maal voor bruin gehore by die Luxurama – terwyl die musiekblyspel 22 vertonings – 11 elk vir wit en bruin gehore – sou geniet (Provisional estimates, Eoan Argief 7:51).

Figuur 1. Die voorblad van die Eoan Groep se 1971 Souwenier-program. Gepubliseer met toesteming van die Eoan Groep.

Ten spyte van hierdie ambisieuse planne, het die Eoan Groep uiteindelik slegs ses uitvoerings van Rigoletto vir die Republiekfees aangebied, en nie by die Alhambra en die Luxurama nie, maar by die Joseph Stone Ouditorium in Athlone.5 Gegewe die Joseph Stone se ligging, en die feit dat die opera deel was van die Republiekfees (Wes-Kaapland), was al ses die uitvoerings waarskynlik voor bruin gehore. Die inheemse musiekblyspel het glad nie gerealiseer nie. Geen dokumente in die Eoan Argief werp lig op die redes vir hierdie verminderde aanbod nie, maar een verklaring mag dalk met die koste van die planne te make hê: teen ’n verlies van R43 750 net vir die operaseisoen (sonder om die musiekblyspel en die ballet by te reken), was die Eoan Groep se voorstel waarskynlik nie aantreklik vir die feeskomitee nie, veral aangesien die regering uiteindelik die tekort sou moes dek (Provisional estimates, Eoan Argief 7:51). Die Republiekfees-Rigoletto was dus uit die staanspoor verteenwoordigend van ’n reeks kompromieë: dit moes instaan vir ’n hele operaseisoen voor wit gehore in die middestad.

Rigoletto was self ’n riskante keuse vir die Eoan Groep. Die geselskap se eerste uitvoerings van hierdie gewilde werk was tydens die derde operaseisoen in 1959, toe bariton Lionel Fourie die titelrol met groot sukses vertolk het (Eoan Group 1968 Opera Season, Eoan Argief 34:240). Gedurende die Eoan Groep se vierde operaseisoen en landswye toer in 1960 was Fourie weer die boggelrugnar, en resensente dwarsoor Suid-Afrika het met groot bewondering oor sy sang en toneelspel geskryf (Daily News, 2 Augustus 1960; Natal Mercury, 2 Augustus 1960; Sunday Tribune, 7 Augustus 1960; alles in Eoan Argief 30:208). Maar in 1963 is Fourie op die jong ouderdom van 38 oorlede. Op sy sterfbed het hy verklaar dat geen ander Eoan-lid ooit die rol sal vertolk waarvoor hy roem verwerf het nie – sy presiese woorde was dat niemand sy mantel sal dra nie (Roos 2018:68). Ten spyte van hierdie voorspelling is daar besluit om die opera weer in 1968 op die planke te bring. Kort voor die eerste vertoning is die Eoan Groep egter genoop om die hele operaseisoen te kanselleer as gevolg van siekte onder die sangers, en daarmee gepaardgaande onvoldoende voorbereiding. In 1969 het die geselskap sy Rigoletto-planne hervat, maar weer moes die opera gekanselleer word: in hierdie geval weens die skielike afsterwe van bariton Robert Trussell, die sanger wat die titelrol sou vertolk (Roos 2018:68). Die 1971-produksie is dus nie sonder vertwyfeling beplan nie.

Eoan se Republiekfees-Rigoletto het egter vlot verloop. Die opera het op Saterdag 22 Mei 1971 by die Joseph Stone Ouditorium geopen, met Cecil Tobin en Jacobus Erasmus beurtelings in die titelrol. Gerald Samaai en Martin Johnson het die rol van die Hertog van Mantua gedeel, en Freda Koopman en Juliana Inglis was Gilda, Rigoletto se dogter. Bas Phillip Swales het die rol van Sparafucile vertolk. Die mezzo-soprane Sophia Andrews en Judith Bailey was Maddalena, Sparafucile se suster (Souwenier-program, Eoan Argief 61). Hoewel die produksie sonder voorval verloop het, onthou sekere deelnemers wel dat hul eerste vertoning ’n onverwagse besoeker gehad het: gedurende die opera het ’n tweede, spookagtige Rigoletto glo op die verhoog verskyn – ’n dwalende gedaante wat volgens almal op Fourie getrek het. Na afloop van die opvoering het lede van die geselskap Fourie se gees ter ruste gelê deur sy kostuum te verbrand (Roos 2018:68). Daarná het Eoan nie weer Rigoletto-verwante probleme ondervind nie.

Figuur 2. Gerald Samaai as die Hertog van Mantua en Freda Koopman as Gilda in Eoan se produksie van Rigoletto. Gepubliseer met toestemming van die Eoan Groep.

Figuur 3. Ronald Theys as Rigoletto en Gerald Samaai as die Hertog van Mantua. Gepubliseer met toestemming van die Eoan Groep.

Snaaks genoeg was dit toevallig by geleentheid van die Republiekfees nie Eoan se Rigoletto wat gesondheidsprobleme ervaar het nie, maar wit KRUIK se opera, Aida.

 

6. KRUIK se Aida

KRUIK se Aida het ’n dubbele rol vervul. Die opera is nie uitsluitlik vir die Republiekfees op die planke gebring nie; inteendeel, die eintlike geleentheid waarvoor Aida beplan is, was die inwyding van die Nico Malan Skouburg op die vooraand van die Republiekfees. Op 19 Mei 1971 sou Aida by ’n glansgeleentheid die eerste vertoning op die nuutgeboude Nico Malan-verhoog word.

Suid-Afrika se gevierde sopraan, Emma Renzi, sou die hoofrol sing. Renzi was toe op die kruin van haar internasionale loopbaan, met optredes in die voorste operahuise in Europa en Amerika, insluitend La Scala in Milaan (Gramophone 1999). Renzi se Italiaanse aspirasies was opvallend: gebore as Emmarentia Scheepers (in 1926), het sy die verhoognaam Emma Renzi aangeneem, ’n naam byna identies aan die Italiaanse sopraan Anna Renzi (ca. 1620–61) vir wie Claudio Monteverdi, die vader van Italiaanse opera, die sopraanrolle van sy operas gekomponeer het (Walker en Glixon 2001). Emma Renzi se deelname aan die inwyding van Suid-Afrika se waardevolste kultuurskat het dus die land se Europese strewe onderskryf.

Figuur 4. Emma Renzi as Aida in KRUIK se Republiekfeesproduksie van Verdi se Aida. Hoewel die produksie vir die opening van die Nico Malan Skouburg ter elfder ure gekanselleer is, is dit wel vir die duur van Republiekfees op die planke gebring. Gepubliseer met toestemming van die Artscape Argief.

Kort voor die opening op 19 Mei, het KRUIK se planne vir die viering van die nuwe skouburg en die volwassewording van die (wit) Republiek egter ’n ironiese wending geneem: Renzi het onverwags siek geword, en Aida is ter elfder ure aan die program onttrek (Cape Argus, 20 Mei 1971). Pleks van Verdi se liefdestragedie, moes Léo Delibes se ballet Sylvia (gekomponeer in 1876) vir die geleentheid diens doen.6 Soos Aida, vertel Sylvia ook ’n storie van liefde, verraad en oorwinning op die slagveld. Maar in stede van die eksplisiet-nasionalistiese onderbou waardeur Aida gekenmerk word, fokus Sylvia op die wel en wee van die Griekse gode Apollo, Artemis, Zeus en Eros (Royal Opera House 2010).

Alhoewel Aida uiteindelik nie die Nico Malan kon inwy nie, bly KRUIK (en sy meester, die Nasionale Party) se besluit om hierdie opera in te span vir die geleentheid beduidend: die opera se verhaal en konteks suggereer dat die keuse van Aida vir so ’n simbolies belangrike oomblik in die geskiedenis van sowel die Republiek as van Westerse kunsmusiek in Suid-Afrika, beslis nie arbitrêr was nie. Hierdie opera het presies ’n eeu vantevore, in 1871, sy première in Kaïro in Egipte gehad, toe dit die land se eerste operahuis, die Khedivial (of koninklike) Operahuis ingewy het (Gauthier en MacFarlane-Harris 2012:58). (Alhoewel die operahuis reeds in 1869 in gebruik geneem is,7 het die skouspel van Aida, as amptelike inwyding, op 24 Desember 1871 plaasgevind.) Die Khedivial Operahuis is deur Khedive Ismail Pasha (1830–95) gebou. Khedive Ismail, soos historiese bronne na hom verwys, was ’n gebore Egiptenaar, maar het as gesant van die Ottomaanse Ryk oor Egipte regeer. Sy lewensmissie, geïnspireer deur sy eie Europese opvoeding, was om die land te moderniseer. Ter verwesenliking van sy ideaal het hy enorme bedrae geld spandeer aan openbare infrastruktuur en die invoer van Westerse kulturele waardes soos orde en rasionaliteit. Westerse kunsvorme soos opera het ’n sentrale rol in die vestiging van Ismail se geïdealiseerde Europese waardesisteem gespeel. Die bou van die operahuis het dus ’n ideologiese doel gedien, een wat onderskryf is deur die opdrag vir die inwydingsopera aan Giuseppe Verdi, Europa se voorste operakomponis, te gee (Gauthier en MacFarlane-Harris 2012:58).

Die feit dat Aida, ’n kroonjuweel van die Europese klassieke repertorium, gekomponeer is vir die inwyding van ’n operahuis aan die noordelike punt van Afrika en dat die verhaal van die opera in Afrika afspeel, het dit uiteraard ’n ideale keuse gemaak vir die opening van die Nico Malan. Cecil John Rhodes se ambisie om ’n spoorlyn van die Kaap na Kaïro te bou het hier ’n metaforiese vergestalting gekry deur die vestiging van operahuise in beide stede, wat aan mekaar verbind is deur ’n Westerse kulturele uitvoerproduk: Verdi se Aida. Die feit dat die opening van ’n operahuis aan die suidpunt van die kontinent sou saamval met die eenhonderdjarige herdenking van die werk, was waarskynlik ’n meevaller.8

Aida se storie is op die oog af ’n liefdestragedie, kenmerkend van die vele ietwat geïdealiseerde romantiese verhale van Italiaanse opera uit die laat-Romantiek. Verskuil agter die liefdesdrama lê egter ’n verhaal van kolonisering en rassepolitiek, wat afspeel teen die agtergrond van Egipte se heerskappy oor die Soedan in daardie tyd. Dit is op hierdie vlak dat die vergelyking met Suid-Afrika se nasionalistiese regering en sy apartheidsideologie onmiskenbaar raak.

Kortliks loop die verhaal van Aida soos volg: Aida, die dogter van die Etiopiese koning Amonasro, is deur Egiptiese magte gevange geneem en dien nou as slaaf vir Amneris, die dogter van die Egiptiese koning. Aida én Amneris is albei verlief op Radames, die Egiptiese bevelvoerder wat die Etiopiërs verower en Amonasro en sy manskappe as krygsgevangenes na Egipte terugvoer. As beloning ontvang Radames vir Amneris as bruid, maar hy is verlief op Aida. Radames pleit by die koning om die krygsgevangenes se lewens te spaar en sy versoek word toegestaan. Radames en Aida probeer in die geheim vlug, maar word deur Amneris ontmasker en albei sterf uiteindelik in gevangenskap (Gauthier en MarFarlane-Harris 2012).

Figuur 5. Die Italiaanse tenoor Giovanni Gibin in die rol van Radames. Gepubliseer met toestemming van die Artscape Argief.

Figuur 6. ’n Danstoneel uit die Republiekfeesproduksie van Verdi se Aida. Gepubliseer met toestemming van die Artscape Argief.

Koloniale agendas is op verskeie vlakke in hierdie opera teenwoordig. Edward Said dui in sy baanbrekers- postkoloniale werk aan hoe die verhaal van Aida meer te make het met Verdi se verbeelding (en dus ’n Europese verbeelding) van Egipte, as wat dit die werklike Egiptiese kultuur of belewenis uitgebeeld het (Said 1994:111–31). Said toon ook aan hoe die komponis, as die gesaghebbende figuur in die skeppingsproses van die opera, met Egipte kon maak soos hy goed gedink het, sonder om Egiptenare en hul kultuur in ag te neem (Gauthier en MacFarlane-Harris 2012:57). Dit is treffend hoe Suid-Afrika se Nasionale Party, en die wit publiek, eweneens hul land en sy inheemse bevolking polities en kultureel gekoloniseer het en, as skeppers van die Republiek, dit nie nodig geag het om die inheemse bevolking in ag te neem nie.

Die opening van die operahuis in Kaïro, en die feit dat Khedive Ismail Europa se bekendste operakomponis kon vra om ’n opera vir die openingsgeleentheid te komponeer, was deel van ’n groeiende Egiptiese nasionalisme. Aida het Egipte se strewe tot selfregering weerspieël.9 Die gelyksoortige doelstellings van die 1971-Republiekfees in Suid-Afrika is geen toeval nie. Egipte het egter onder Khedive Ismail ook sy eie koloniale strewes uitgeleef. As die lang arm van die Ottomaanse Ryk, het Egipte sy suidelike buurland die Soedan vanaf 1821 tot 1884 oorheers en Khedive Ismail het gereeld troepe na die Soedan gestuur om rebellies te onderdruk (Gauthier en MacFarlane-Harris 2012:58). Die Soedan het destyds uit ’n versameling prinsdomme bestaan en die verowering en lot van een so ’n prinsdom (weliswaar ’n Etiopiese prinsdom) is presies die verhaal van Aida. Die keuse om Egipte se koloniale suksesse as agtergrond tot die liefdesverhaal van die opera te gebruik, was dan ook Khedive Ismail se keuse en nie Verdi sʼn nie (Powell soos aangehaal in Gauthier en MacFarlane-Harris 2012:62).

Behalwe vir die koloniale oorheersing van etniese minderhede in die Soedan, is Aida egter ook ’n verhaal van rassepolitiek. Egiptenare was lig van velkleur en het neergesien op die donkerder velkleur van die Etiopiërs. Die Egiptiese ingenieur en administrateur aan Khedive Ismail se sy, Âlî Mubârak, het die Soedan en die res van Afrika beskryf as “’n landskap van barbaarsheid” (Powell soos aangehaal in Gauthier en MacFarlane-Harris 2012:62). Mubârak het ook gemeen dat Egipte se status in die wêreld afgehang het van die ontdekking en kolonialisering van streke in Afrika, en dat donker (m.a.w. swart) Afrikane primitief was met kulture en tale wat maklik deur Westerlinge ontsyfer kon word (Powell soos aangehaal in Gauthier en MacFarlane-Harris 2012:62). Aida is dus ook ’n verhaal wat aanvoer dat liefde oor die kleurgrens gedoem is tot die dood en ondergeskik is aan die ideaal van die (wit) nasie.10

 

7. Die Nico Malan Skouburg

Die ooreenstemming tussen Aida se oorspronklike nasionalistiese agenda en die strewes van die nuwe Suid-Afrikaanse republiek is duidelik. Soos die Khedivial Operahuis, was die Nico Malan van simboliese belang vir die Suid-Afrikaanse regering. Die nuwe fasiliteit was Suid-Afrika se eerste moderne teaterkompleks. Dit het ’n groot hupstoot gebied vir die infrastruktuur wat nodig was vir die stabilisering en professionalisering van klassieke Westerse kunsvorme, en vir die eerste keer het die Kaapse kunsgemeenskap toegang gehad tot moderne verhoogtegnologie. Die Skouburg was ’n skouspelagtige vertoonstuk van Suid-Afrikaanse argitektuur en ingenieurswese. Boonop het dit as bewys gedien van die vestiging van ’n robuuste en vooruitstrewende Westerse beskawing aan die suidpunt van Afrika. Die kompleks het bestaan uit ’n 1 200-sitplek-operahuis met omvangryke verhoogmoontlikhede, twee kleiner teaters en uitgebreide oefenlokale en agterverhoogfasiliteite. Die grootskaalse oopplanvoorportaal van etlike verdiepings hoog is met luukse tapyte uitgevoer, afgerond met imposante kroonkandelare en tapisserieë. Te midde van hierdie weelde kon teatergangers drankies en versnaperinge geniet. Die R11,5 miljoen-pryskaartjie11 is deur die nasionale regering gedelg en die nuutdrooggelegde grond aan die hawekant van die middestad is deur die Kaapstadse munisipaliteit geskenk (Blanckenberg 2009:36–8). Ten spyte van die plaaslike en nasionale regering se aandrang dat die Nico Malan ’n reuse- politieke en kulturele aanwins vir die land was, is die Skouburg egter met verdeeldheid begroet. Soos planne vir die nuwe kompleks bekend gemaak is, het die Kaapse kunsgemeenskap stelselmatig ongemaklik geraak met die projek, en veral met die Skouburg se rassebeleid.

Ingevolge apartheidswetgewing, is die Nico Malan uit die staanspoor deur die Nasionale Party-regering tot ’n slegs-wit gebou verklaar waar Indiërs, bruin- en swart mense nie toegelaat sou word om produksies by te woon of daaraan deel te neem nie.12 Vir die destydse polities bedeesde kunsgemeenskap in die Kaap, was hierdie kwessie ’n groot kwelling. In die maande voor die inwyding was die Skouburg dikwels in die nuus in artikels wat die tegniese moontlikhede van die nuwe teaters bespreek het, en die debat oor die rassebeleid is deur politici, kunstenaars en die publiek in vele meningstukke aangeroer (Cape Times, 11 Februarie 1971; Cape Times, 27 Februarie 1971; Krige 1971; Cape Times, 20 Mei 1971). Dit het aanleiding gegee tot ongekende protes, insluitend ’n uitgerekte boikotveldtog, agter-die-skerms-pogings om die rassebeleid vir die Nico Malan te verander, en protesoptogte in Kaapse strate deur skoolkinders, studente en die Black Sash-vrouebeweging (Cape Argus, 20 Mei 1971; Cape Times, 20 Mei 1971). Hierdie berigte en debatte het die tameletjie waarin die plaaslike kunsgemeenskap hulle bevind het duidelik geïllustreer. Aan die een kant het die nuwe gebou professionele en moderne fasiliteite aan ’n sukkelende bedryf gebied, maar aan die ander kant was die uitsluit van kunstenaars en publiek van ander rasse (vir sommiges ten minste) ’n diep gekompromitteerde posisie.

Figuur 7. Die Nico Malan Skouburg in 1971. Gepubliseer met toestemming van die Artscape Argief.

Beriggewing uit die tyd illustreer dat die apartheidsregering hulle min aan die protes gesteur het en dat enige verslapping van die rassebeleid vir die Nico Malan nooit ernstig oorweeg is nie (Skouburg: N.P. Standpunt, 1971). In antwoord daarop het die protesaksies teen die beleid oorgespoel in demonstrasies tydens die swierige inwyding van die Skouburg. Hierdie geleentheid is met groot vertoon en deftigheid gevier. Die 1 200 genooide (wit) gaste het Staatspresident Jim Fouché en Eerste Minister John Vorster ingesluit, asook ’n uitgebreide diplomatieke korps, politici van uiteenlopende oortuiginge en vooraanstaande kunstenaars. Maar terwyl die uitverkore hooggeplaastes binne-in die gebou gepronk het, het betogers hul baniere met slagspreuke soos “Never have so many paid for so few”, “They’ve built it, helped pay for it but may not use it” en “Culture knows no colour bar” in die strate rondom die gebou opgestel (Cape Argus, 20 Mei 1971; Cape Times, 20 Mei 1971). Engelse koerante het breedvoerig oor die “glitter and dissent” (Cape Argus, 20 Mei 1971) rondom die inwyding gerapporteer.

Op die dag van die inwyding het die Cape Times ’n hoofartikel geplaas wat die debakel opgesom het as “an operatic tragedy” (Cape Times, 19 Mei 1971). Alhoewel die gebou geprys is as bewys dat Suid-Afrika darem ’n waardige buitepos van die Weste was, is die rassebeleid betreur. Die operaproduksies van die bruin operageselskap, die Eoan Groep, waarvan Kaapse gehore reeds sedert die 1950’s geniet het, is in verskeie meningstukke aangespreek (sien onder andere Cape Times, 27 Februarie 1971, Cape Times, 15 Maart 1971, Die Burger, 19 Mei 1971). Eoan het duidelik swaar op die gewetes van Kaapse operaliefhebbers gerus. Buiten die groep se vele opvoerings in die Kaapstadse Stadsaal, het Eoan se bekendste tenoor, Joseph Gabriels, net ’n paar maande vroeër, in Februarie 1971, sy debuut in die Metropolitan Operahuis in New York gemaak. Die gebeurtenis is met trots in plaaslike koerante vermeld (Joseph Gabriels Scrapbook, Eoan Argief) en die ironie dat Gabriels onder die rassebeleid nie in die Nico Malan sou kon optree nie, was olie op die vuur van die boikotbeweging (The Star, 12 Maart 1971).

Die skrywer Uys Krige, wie se Afrikaanse vertaling van King Lear op die feesprogram was, het hom tot die Engelse pers gewend om sy griewe te lug (Cape Times, 15 Maart 1971). Sy bydrae het veral gefokus op die feit dat die Eoan Groep self ’n belangrike rol gespeel het in die vestiging van ’n Kaapstadse operakultuur: “We owe the Eoan Group more than we can repay them in a month of gala openings”, skryf hy. “Are they now to be neglected, rejected? To be forbidden entry to our fine new Opera House either as valued and honoured performing artists or as welcome members of an enthusiastic audience? Would this not be a supreme example of what we Afrikaners call so aptly stank vir dank?” (Krige 1971).

Die redakteur van die Cape Times het Eoan se bydrae tot opera oor die jare soos volg opgesom: “Culturally the non-White contribution has been direct and spectacular. The Eoan Group has given this city the opportunity to see and hear live opera beyond the scope of anything which could have been achieved in Pretoria” (Cape Times, 19 Mei 1971). Sy verskanste rassevooroordele is egter in dieselfde asem aan die kaak gestel toe hy kwalifiseer watter soort bruinmense volgens hom aanvaarbaar sou wees om die Nico Malan te besoek:

There might be some, who assess our coloured people in terms of drunken farm labourers, who will feel that today a powerful blow has been struck for White purity. But how many opera-goers and theatre-lovers who would like to go to the Nico Malan, have the slightest objection to sharing the occasion with a Dr. Richard van der Ross, a Mr. Tom Swartz, a Mr. Adam Small, a Basil D’Oliviera or a coloured gentleman from the Transvaal who passes for white. What a pity that what could have been a monument to South African culture and technology should be written down as a monument to White South African meanness. (Cape Times, 19 Mei 1971)

Tien dae later publiseer die Cape Times ’n brief van die digter Adam Small in antwoord op bogenoemde berig (Small 1971). As ’n enkele reaksie uit die bruin gemeenskap op die rassebeleid in die Nico Malan is hierdie openbare verweer ’n treffende illustrasie van die frustrasie, bitterheid en woede wat baie bruinmense onder apartheid ervaar het, ten spyte van die goed bedoelde wit liberale pleidooie. Die brief illustreer Small se politieke aanvoeling, sy bewussyn van die medepligtigheid van witmense wat onder apartheid simpatiek teenoor die bruin gemeenskap gestaan het, en sy bedenkinge ten opsigte van die Eoan Groep. Hy skryf:

I suppose that, as always its intention was good; its sentiments, however, were rotten, as rotten as the mass of White South African sentiment of the “sympathetic” sort (towards non-Whites) can be. Your [editor] goes on and on and, in well-known fashion, gives the Coloureds a pat on the back. You mention the famous “non-White contribution” [to opera], recognition of which, in the matter of this farce of the Opera House, would secure for South Africa the position of the true cultural “outpost of the Western world”! (Is colonialism, really, not yet over?)

You mention the Eoan Group (still singing Italian opera, I see, while, in so far that they are Coloured, they should be singing indigenous protest); you compare Cape Town’s liberal tradition with Pretoria’s wickedness (as if Cape Town’s liberal tradition ever existed beyond the level of rather nice master-and-servant relationships); and you go on even to pat me on the back. […] May I ask you not to take my name in vain? For, you see, the truth is that someone like myself feels sorry for the mass of White South Africans whose will lies behind this Opera House farce and this mass includes the bulk of the Opera House “boycotters”. You have no need to speak on our (Coloured) behalf. The time for Coloureds to “look up at” Whites and to aspire to White status is over. (Small 1971)

Hierdie polemiek bring aspekte van bruin identiteit en verset onder apartheid na vore. Dit bevraagteken die “goeie bedoelinge” van wit liberaliste, illustreer dat nie almal in die bruin gemeenskap noodwendig die Eoan Groep ondersteun het nie, en ontmasker die koloniale konstruksie van identiteit onder die wit gemeenskap.

Small se verwysing na die Eoan Groep en hul polities bedenklike posisie binne die Kaapse kultuurlewe, werp ’n skerp blik op die teenstrydige strewes wat bruin kunstenaars se werk gekenmerk het. Terwyl Small homself in direkte teenstand tot die wit kulturati uitgedruk het, het die Eoan Groep hulself met hierdie sosiale groep vereenselwig. Vir Small sou die Eoan Groep se optrede by die Nico Malan dus slegs ’n verdere bevestiging van bruin ondergeskiktheid aan apartheidsideaal verteenwoordig. Hy het homself sterk daarteen (en teen enige verdere aanname dat die bruin intelligentsia na wit goedkeuring smag) uitgespreek. Daarenteen het die Eoan Groep hulself op die oog af nie veel aan die Nico Malan-omstredenheid gesteur nie.

 

8. Eoan en die Nico Malan

Die bou van die Nico Malan het etlike probleme vir die Eoan Groep geskep. In 1972, kort ná die inwyding van die Nico, het die Kaapstadse munisipaliteit besluit om die Stadsaal te restoureer. Tot in daardie stadium was die Stadsaal die enigste fasiliteit in die middestad waarbinne die groep hul operas voor wit en bruin gehore kon opvoer. Maar die beplande opknapping het die Stadsaal tot sy oorspronklike gedaante herstel; dit het beteken dat fasiliteite vir operaproduksie soos beligting, gordyne en proscenium verwyder is, met die gevolg dat die ruimte nie meer geskik was vir opera-aanbiedings nie (Sydow 1973, Eoan Argief 17:117). Die munisipaliteit se redenasie was dat die stad nou oor ’n moderne operafasiliteit beskik in die vorm van die Nico Malan, en dat die Stadsaal dus nie meer vir hierdie kunsvorm ingerig hoef te wees nie (Sydow 1973, Eoan Argief 17:117). Die feit dat bruin kunstenaars nie toegelaat is om in die Nico Malan op te tree nie het duidelik nie die stadsbeplanners geskeel nie. Dit is moeilik om hierdie ongeërgdheid te lees as enigiets anders as ’n stilswyende vermaning dat opera in elk geval nie bruin kuns is nie. Die gevolg van die restourasie van die Stadsaal was dat die Eoan Groep nie meer toegang tot ’n operafasiliteit in die middestad gehad het nie. Dit het aanleiding gegee tot verdere kulturele afsondering wat uiteindelik bygedra het tot die groep se ondergang. Ons bespreek hierdie punt meer breedvoerig in afdeling 9.

Ten spyte van die rassebeleid van die Nico Malan, bevat die Eoan Argief geen betekenisvolle aanduidings dat die groep ooit protes daarteen aangeteken het nie. Slegs een dokument, ’n brief van die groep se voorsitter, Ismail Sydow, aan die redakteur van die Cape Times, verwys met spyt na die feit dat die Eoan Groep nie toegelaat sou word om in die Nico Malan op te tree nie (Sydow 1970, Eoan Argief 42:338). Sydow skryf in sy brief dat hy die geleentheid gehad het om ’n toer van die nuwe teater te onderneem, en dat hy voorwaar beïndruk is deur die voortreflike fasiliteite. Maar hy beskryf ook sy verdriet by die besef dat slegs een groep Suid-Afrikaners die voordele van hierdie gebou sou kon geniet:

[A]s I stood watching the tiers of seats a sad picture came to my mind that, at the opening and subsequent performances, only one section of our community will, in all its elegance, mount the steps leading to this magnificent foyer and enter the portals of “our theatre”. I pray that the authorities will permit the Eoan Group to perform in the Nico Malan theatre to all members of our community. Is it too late to consider this request that together with our white brothers and sisters we too may share the pride and happiness in witnessing the many splendid presentations which will take place in this much desired theatre? (Sydow 1970, Eoan Argief 42:338)

Sydow se brief druk die leed uit wat na verwagting deur die hele Eoan Groep gevoel is. Maar dit vestig geen aandag op die ongelyke voorsiening wat deur die regering vir bruin opera gemaak is nie, en gee ook geen misnoeë te kenne met die onreg van die sisteem nie. Eerder as ’n protesbrief, is Sydow se skrywe ’n uiting van droefheid.

Geen verdere verwysings na die Nico Malan se rassebeleid kom in die Eoan Argief voor nie. Groeplede het dalk, soos met ander aspekte van die regering se rassediskriminasie, bloot hul skouers opgetrek en aangegaan met die werk wat wel vir hulle moontlik was. So ’n houding sluit nou aan by die groep se apolitiese beleid (Eoan Group constitution, Eoan Argief 5:32). Talle dokumente (vgl. bv. Minutes 1965, Eoan Argief 37:300) en uitsprake van voormalige lede (Eoan History Project 2013:52) dui op ’n oortuiging onder Eoan-lede en -personeel dat die musiek bo die politiek verhewe is, al het die Nico Malan se toegangsbeleid bewys dat dit bloot nie die geval was nie.

 

9. Die Joseph Stone

Ten spyte van die Nico Malan se rassebeleid, was die Eoan Groep nie heeltemal haweloos nie. Terwyl KRUIK die fasiliteite van die nuutgeboude Skouburg kon geniet, het Eoan sy bedrywighede by die Joseph Stone-sentrum in Athlone voortgesit. Hierdie kompleks was, soos die Nico Malan, ’n produk van regeringsbeleid. Maar die omstandighede rondom die Joseph Stone se oprigting het ’n heel ander weergawe van apartheid-Suid-Afrika se kulturele strewe vertel. Die geskiedenis van die Joseph Stone wys op die diepgaande ongelykheid waarmee wit en bruin kunstenaarskap deur die apartheidsregering bestuur is.

Met die ontruiming van Distrik Ses in 1966, het die Eoan Groep hul hoofkwartier – die Isaac Ochberg Saal in Hanoverstraat – verloor (Minutes 1965, Eoan Argief 1:3). Saam met ander voormalige Distrik Ses-inwoners is die groep na die Kaapse Vlakte uitgeskuif, waar hulle ’n nuwe tuiste in die Eoan Group Cultural Centre (vandag die Joseph Stone Ouditorium) op die Klipfonteinpad in Athlone gevind het. Soos die Nico Malan is die Joseph Stone gebou op eiendom wat deur die Kaapstadse munisipaliteit geskenk is (Minutes 1965, Eoan Argief 1:3). Weens die bepalings van die Groepsgebiedewet het die sentrum noodgedwonge die spilpunt van die groep se werksaamhede geword. Dit het al Eoan se administratiewe, opvoedkundige en voorbereidingsaktiwiteite gehuisves, en was ook die ruimte vir opera-uitvoerings voor bruin gehore ná die gebou se inwyding in 1969.

Figuur 8. Die Joseph Stone Ouditorium in 1971. Gepubliseer met toestemming van Revel Fox Argitekte.

Die koste vir die oprigting van die gebou het R287,000 beloop. R167,000 hiervan is deur die groep self ingesamel, terwyl die nasionale regering R120,000 bygedra het (Minutes 1969, Eoan Argief 25:178). Die gedeelte wat die groep self bymekaar gemaak het, het bestaan uit fondse wat van die staat ontvang is as skadevergoeding vir die verlies van die Ochberg Saal in Distrik Ses, ’n donasie van die Bernard van Leer Stigting in Nederland en ’n donasie van ene Joseph Stone, na wie die gebou vernoem is. As mens die koste van die Nico Malan met dié van die Joseph Stone vergelyk, ontbloot dit gou die leuen van sogenaamde “aparte maar gelyke” ontwikkeling wat deur die apartheidsideologie voorgehou is. Die regeringsbydrae tot die Joseph Stone was ’n skamele 1% van die bedrag wat aan die Nico Malan bestee is. Boonop moes die groep meer as die helfte van die boukoste op eie houtjie insamel. Die fasiliteite was natuurlik heelwat kleiner en geensins vergelykbaar met die Nico Malan nie.

Buiten die reusewanverhouding met betrekking tot finansies en infrastruktuur, het die ligging van die Joseph Stone ook ’n belangrike rol gespeel in die sentrum se ondergeskiktheid aan die Nico Malan. Die Nico Malan is uit die staanspoor só ontwerp dat dit maklik bereikbaar sou wees vanaf die middestad en omliggende gebiede. Daarteenoor was die Joseph Stone in ’n tipe kulturele woestyngebied geleë – ver van die lewendige middelpunt van Kaapstad se musikale en teateraktiwiteite, en buite maklike bereik van gehore met besteebare inkomste. Wit ondersteuners en resensente moes aansoek doen vir spesiale permitte om die groep se vertonings in die bruin gebied van Athlone by te woon, en selfs bruin gehore het gesukkel om by die Joseph Stone uit te kom, as gevolg van die verspreiding van die bruin gemeenskap tussen verskillende buurte en die hoë koste van vervoer. Die nuwe gebou het dus ’n eksistensiële koste vir die Eoan Groep ingehou: die gedwonge verwydering uit hul plek in die sentrum van Kaapstad se kunsmusiekarena.

’n Voorlegging deur Sydow aan die Erika Theron Kommissie van Ondersoek na Aangeleenthede Rakende die Kleurlingbevolkingsgroep (1973–76) beskryf hierdie probleme soos volg:

[T]he musical section […] at one time, had a central venue and was close to public transport. Now, with the centre at Athlone, Eoan Group members have to catch trains and sometimes two or three buses to bring them from the outlying housing schemes to Athlone. These heavy costs of transport are a great drain on members of the Coloured Community with the ever rising cost of living. (Sydow, 12. Other Matters, Eoan Argief 23:169)

In dieselfde voorlegging stel Sydow ’n oplossing vir hierdie liggingsprobleem voor. Hy wys uit dat die meerderheid bruin teatergangers in Wynberg woon, en dat die voorstad ideaal geleë is, aangesien dit meer sentraal lê as enige van die ander bruin buurte. Boonop bevat Wynberg reeds ’n teater, naamlik die Luxurama. Vir Sydow (en vir Joseph Manca, die Eoan Groep se direkteur) was die oplossing dus voor die hand liggend:

Both Dr. Manca and myself have always felt that the best area for a proper theatre for our people is in Wynberg where the majority of the theatre-going people live. We strongly recommend that the Luxurama is the most ideal theatre if the stage, dressing-rooms, orchestral pit etc. are re-built to suit the requirements of any big production. The area is very respectable and it is most central, being close to trains, buses and other forms of public transport. (Sydow, 12. Other Matters, Eoan Argief 23:169)

Sydow en Manca se voorstel is byna aandoenlik oor die naïwiteit waarmee dit ’n duur opknappingsprogram aan die regering voorlê. Maar dit is ook insiggewend: eerstens wys die versoek presies hoe desperaat die groep was om hul omstandighede te verbeter en weer eens deel te word van ’n aktiewe kultuurgemeenskap. Tweedens onthul Sydow en Manca se plan ’n diepgaande vertroue in die apartheidsisteem – hulle het werklik geglo dat die regering die bruin gemeenskap se belange op die hart dra.

Die infrastrukturele en geografiese bekommernisse wat hier bo beskryf is, verduidelik ook waarom die Eoan Groep hul Republiekfees-operas by die Luxurama en die Alhambra wou aanbied, ten spyte van die verskeidenheid addisionele finansiële en logistieke bekommernisse wat daardeur geskep sou word. Veral aangesien die regering verantwoordelik sou wees vir addisionele kostes (soos huur en vervoer) kon die groep planne maak sonder om hulself te veel aan die begroting te steur – ’n benadering wat uiteindelik die hele projek in die wiele gery het. Op die ou end het Rigoletto gely onder gedwonge isolasie: terwyl gans Kaapstad elke kleinste besonderheid oor die Nico Malan se eerste produksies gedurende die Republiekfees kon raaklees, het nie ’n enkele persadvertensie of resensie van Eoan se Rigoletto verskyn nie.

 

10. Gevolgtrekking: Die ruimtes van die Republiekfees

Gegewe die politieke onderstrominge van die laat 1960’s en vroeë 1970’s het die ruimtes waarbinne die fees-operas opgevoer is ’n belangrike ideologiese rol gespeel. Dit was die era van “hoë apartheid”, waartydens die regering die ideologie van “aparte ontwikkeling” tot sy uiterste gevoer het deur middel van die stigting van nedersettings (Bantustans) waarheen swart Suid-Afrikaners verplaas is onder die voorwendsel van politieke onafhanklikheid en selfverwesenliking. Soos die grense van die nasie (en die land) verskuif het, was die afbakening van die Suid-Afrikaanse nasionale ruimte noodsaaklik.

Dit was ook ’n tydperk van enorme politieke verset vanuit alle hoeke, nie net plaaslik nie, maar ook internasionaal (Beinart en Dubow 2013:15–6). Die regering was onder groot druk om te bewys dat die ideaal van “apart dog gelyk” deurgevoer word, en dat dit suksesvol is. Die operas, in hul aparte teaters voor aparte gehore, het deel gevorm van hierdie diplomatieke waanbeeld. Deur middel van hul inkorporering in die Republiekfees is die Nico Malan én die Joseph Stone as amptelike sentra van die Suid-Afrikaanse nasie ingelyf. Daar is dus gepoog om aan buitestanders te wys dat bruin burgers wel ’n eie plek binne die nasie geniet.

Die staat, deur sy amptelike omvang te strek tot in Athlone, het die bruin gemeenskap buite die stadsentrum by sy grense ingesluit. Hy het eienaarskap van die Joseph Stone en die kulturele aktiwiteite daarbinne geneem, en dit gebruik as ’n bewys dat die bruin bevolking ook toegang tot kulturele selfverwesenliking geniet, en dat hulle nie deur die Nico Malan (of die Luxurama) hóéf verteenwoordig te word nie. Solank die staat die Joseph Stone erken het as een van sy amptelike ruimtes, het dit immers beteken dat bruinmense wat uitgesluit is van stadsvieringe steeds ook toegang kon geniet tot die Republiek se heiligdom. Sodoende is ’n illusie van gelyke erkenning en lidmaatskap geskep – ’n illusie wat op sy beurt gebruik kon word om hierdie deel van die gemeenskap aan die ideologiese bepalings van die sentrale owerheid onderhewig te stel. Agter die kleurvolle en melodieuse skouspel van wit en bruin kunstenaars, elk in hul eie plek voor hul eie mense, het brutale ongelykhede en beperkings geskuil.

Historici is dit eens dat amptelike feesvieringe tipies van outoritêre state is (Guss 2000; Ozouf 1988; Rossol 2010). Feeste is nie net belangrik vir nasiebou nie; dit bied ook geleentheid om die amptelike ruimtes van die staat uit te wys en te inkorporeer. Wie genooi word, watter aktiwiteite aangebied word en waar dit plaasvind, werk alles saam om die karakter van die ideale nasie te vorm. Sodoende word amptelike feeste ’n spilpunt vir kwessies van identiteit en geografie binne staatsideologie.

Die 1971-Republiekfees het ’n burgery verwelkom wat nie beperk was tot die wit Afrikanervolk nie, om daardeur te wys dat die apartheidsbestel nie beperk was tot die Afrikaner nie. Terselfdertyd het die fees egter die wit Afrikanerideaal vergestalt, deurdat dit die Afrikanervolkskarakter voorop gestel het, veral in die fokus op waardigheid en goeie gedrag. Die volkspele en koorsang dui ook op ’n eg-Afrikaanse onderbou, terwyl die godsdienstige seremonies en toesprake belangrik was om die geskiedenis van die volk te gedenk – ’n geskiedenis wat gekenmerk is deur “stryd, swaarkry, vernedering en oorwinning” (Kapp 1975:22) en een waarin die Calvinisme, as beide morele kompas en bron van geestelike krag, ’n sentrale rol gespeel het.

Die herdenking van die tienjarige bestaan van die Republiek was ’n geleentheid vir die Afrikaner om homself te staal teen die aanslae van vyandige agente deur terug te dink aan sy verlede van struweling en oorwinning. As ’n nasionale fees, was die Republiekfees egter ook ’n geleentheid vir die regering om sy verbond met (’n verkose groep) landsburgers te hernu, om die individue wat aan die Suid-Afrikaanse nasie behoort te maan tot lojaliteit en gehoorsaamheid en om aan die wêreld te wys dat apartheid wérk.

Die twee operareekse, met hul uiteenlopende gehore, teaters en vlakke van aansien, onthul die komplekse (en altyd teenstrydige) onderbou van die geïdealiseerde Suid-Afrikaanse republiek. KRUIK se Aida was ’n toonbeeld van Afrikanereksepsionalisme; Eoan se Rigoletto het aanspraak gemaak op ’n ambisie van kulturele uitnemendheid. Albei operas het egter ook die wankelrigheid van die selfverwesenlikingsprojek verteenwoordig: net soos die Nico Malan se onvervulde Aida die oortuiging van godgegewe uitsonderlikheid ondermyn het, het Eoan se mislukte Republiekfeesplanne die groep se illusie van sy eie status binne die nasie verbrokkel.

Mens kan slegs spekuleer oor Eoan-lede se reaksies teenoor die Nico Malan se rassebeleid. Wat wel duidelik is, is dat die groep nie amptelik aan enige van die twee protespartye behoort het nie: hulle het nie saam met liberale wit teatergangers in die strate betoog nie, en enige boikotaktiwiteit was in elk geval ontersaaklik, aangesien hulle volgens wet nie die teater mag betree het nie. Maar hulle het ook nie saam met Adam Small uitgevaar teen wit simpatie en bruin kulturele aspirasie nie. Terwyl Small, in sy brief, homself sterk uitspreek teen die sogenaamde beskawingsprogram wat deur bruin deelname aan wit kultuur verteenwoordig is, het die Eoan Groep vas geglo aan die potensiaal vir selfverwesenliking deur kulturele strewe. Small se uitsprake suggereer dat hy nie toegang tot die Nico Malan vir bruinmense begeer het nie. Sydow, in teenstelling, het geglo dat opera in die Nico Malan aan die Eoan Groep kulturele gelykheid sou skenk. Opera by die Joseph Stone, daarenteen, was byna onsigbaar. Die wanbalans in mediabelangstelling in die twee teaters se Republiekfeesgeleenthede dien as bewys hiervan.

Dit is juis sulke ambisieuse oorwegings wat soveel struweling tussen Adam Small en die Nico Malan-kritici veroorsaak het. Die Cape Times se redakteursbrief, waarin daar verwys word na die feit dat mense soos Richard van der Ross, Tom Swartz, Adam Small en Basil D’Oliveira verwelkom behoort te word binne die Nico Malan, maak dit duidelik dat wit erkenning onderhewig was aan ’n sekere vlak van sosiale en kulturele prestige. Van der Ross, Swartz, Small en D’Oliviera was almal suksesvolle en uitgelese mense volgens wit standaarde – hul beeld as gekultiveerde en gesofistikeerde lede van die samelewing het dus ’n tipe “ontrassing” tot gevolg gehad, waardeur hulle ononderskeibaar van witmense geword het.13 Vir Small lê hierdie kommentaar die dubbele standaarde van wit liberale nierassigheid bloot. Dit bepleit ’n gelykheid wat self op eksklusiwiteit gebaseer is, en ondergrawe die menswaardigheid van diegene wat nie aan hierdie kulturele standaarde voldoen nie. Die nasie word hierdeur onthul as ’n beperkte begrip met hoë voorwaardes vir lidmaatskap.

Small se brief wys daarop dat hy verkies het om homself vanuit hierdie pseudo-inklusiewe nasie te verwyder. Hy wou nie deel wees van ’n volk wat hom slegs erken het solank hy “amper-wit” was nie. Sy vermaning aan die Eoan Groep dat hulle nie behoort Italiaanse opera te sing nie, maar eerder “inheemse protes”, is deel van hierdie verwerping van dubbele standaarde. Op die oog af blyk Small ’n tipe kulturele determinisme te bepleit met sy aandrang dat bruinmense inheemse protesliedere behoort te sing. Die stelling suggereer dat hy daaraan glo dat elke ras ’n unieke kulturele wese besit en dat Italiaanse opera beslis nie deel van die bruin essensie uitmaak nie. So ’n oorweging neig gevaarlik skerp in die rigting van die apartheidsregering se eie beleid van aparte ontwikkeling. Maar Small se aandrang op protes-liedere, eerder as enige inheemse liedere, dui daarop dat dit nie ’n vorm van kulturele apartheid is wat hy in gedagte het nie. Sy aandrang op protesliedere is eerder daarop gemik om die geïdealiseerde nasie te verwerp en daarvan afstand te doen, aangesien enige persoon wat aan sulke vorme van (onbetaamlike) musikale uitdrukking deelneem noodwendig outomaties vanuit die nasiestruktuur verwyder sou word.

Daarteenoor het die Eoan Groep hulself aan die beperkte bloudruk vir lidmaatskap van die jong Suid-Afrikaanse Republiek onderwerp. Hoe hoër die standaarde gestel is, hoe harder het hulle gewerk om dit te bereik. Hul deelname aan die Republiekfees was nie net ’n skouspel van hul eie musikale vermoëns nie, maar ook ’n onvervulde aanspraak op amptelike erkenning en burgerskap.

 

Bibliografie

Gepubliseerde bronne

Akuupa, M. 2015. National culture in post-apartheid Namibia: state-sponsored cultural festivals and their histories. Basel: Basler Afrika Bibliographien.

André, N., K.M. Bryan en E. Saylor (reds.). 2012. Blackness in opera. Urbana, Chicago en Springfield: University of Illinois Press.

André, N. 2018. Black opera – history, power, engagement. Urbana, Chicago en Springfield: University of Illinois Press.

Beinart, W. en S. Dubow (reds.). 2013. Segregation and apartheid in twentieth-century South Africa. Londen: Routledge.

Blanckenberg, E. 2009. The music activities of the Cape Performing Arts Board (CAPAB): a historical survey. MA-verhandeling, Universiteit Stellenbosch.

Elliott, R. 2016. Blacks and blackface at the opera. In Ingraham e.a. (reds.) 2016:34–49.

Eoan History Project. 2013. Eoan – our story. Johannesburg: Fourthwall Books.

Fuller, L.K. 2004. National days/national ways: historical, political, and religious celebrations around the world. Westport CT: Praeger Publishing.

Gauthier, C. en J. MacFarlane-Harris. 2012. Nationalism, racial difference and “Egyptian meaning” in Verdi’s Aida. In André e.a. (reds.) 2012:55–77.

Gramophone. 1999. Review: Emma Renzi – A Tribute. https://www.gramophone.co.uk/review/emma-renzi-a-tribute (28 Mei 2020 geraadpleeg).

Guss, D.M. 2000. The festive state: Race, ethnicity, and nationalism as cultural performance. Berkeley: University of California Press.

Hauptfleisch, T. 2006. Eventifying identity: Festivals in South Africa and the search for cultural identity. New Theatre Quarterly, 22(2):181–98.

Ingraham, M.I., J.K. So en R. Moodley (reds.). 2016. Opera in a multicultural world: coloniality, culture, performance. Abingdon: Routledge.

Kapp, P.H. 1975. Ons volksfeeste. Kaapstad: Tafelberg Uitgewers.

Kockel, U. 2020. Heritage and festivals in Europe: performing identities. Abingdon: Routledge.

Merrington, P. 1995. Pageantry and primitivism: Dorothea Fairbridge and the “Aesthetics of Union”. Journal of Southern African Studies, 21(4):642–56.

N’Guessan, K., C. Lentz en M-C. Gabriel. 2017. Performing the national territory: the geography of National-Day celebrations. Nations and Nationalism, 23(4):686–706.

Ozouf, M. 1988. Festivals and the French Revolution. Cambridge, MA: Harvard University Press.

Roos, H. 2018. The La Traviata affair: opera in the age of apartheid. Berkeley: University of California Press.

Rossol, N. 2010. Performing the nation: sports, spectacles, and aesthetics in Germany, 1926−1936. Central European History, 43:616–38.

Royal Opera House. 2010. Sylvia, ballet in three acts (gedenkprogram). Londen: Royal Opera House.

Said, E. 1994. Culture and imperialism. New York: Vintage Books.

Sandwith, C. 2014. World of letters: reading communities and cultural debates in early apartheid South Africa. Pietermaritzburg: University of KwaZulu-Natal Press.

Siegfried, D. 2016. Aporias of the cultural boycott: Anti-Apartheid Movement, ANC and the conflict surrounding Paul Simon’s album Graceland (1985–1988). Zeithistorische Forschungen/Studies in Contemporary History, 13:2–26.

Turner, K.M. 2015. Class, race, and uplift in the opera house: Theorore Drury and his company cross the color line. Journal of Musicological Research, 34(4):320–51.

Vogeley, N. 1996. Italian opera in early national Mexico. Modern Language Quarterly, 57(2):279–88.

Walker, T. en B. Glixon. 2001. Renzi, Anna. In Grove Music Online. https://doi-org.libaccess.hud.ac.uk/10.1093/gmo/9781561592630.article.23212 (10 September 2020 geraadpleeg).

Witz, L. 2003. Apartheid’s festival: contesting South Africa’s national pasts. Bloomington: Indiana University Press.

 

Argivale bronne

Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika

Cape Argus. 20 Mei 1971. Glitter and dissent at “Nico” opening.

Cape Times. 11 Februarie 1971. Opera House red herrings.

Cape Times. 27 Februarie 1971. Gabriels: Is the road now clear for Capab to act?

Cape Times. 15 Maart 1971. In protest against Opera House Ban.

Cape Times. 19 Mei 1971. An Operatic Tragedy.

Cape Times. 20 Mei 1971. More against opera ban on non-Whites.

Die Burger. 10 Februarie 1971. Skouburg: N.P.-Standpunt.

Die Burger. 19 Mei 1971. Nico Malan: dit is ’n Groot Ideaal.

Die Burger. 21 Mei 1971a. Republiek Fees Program.

Die Burger. 21 Mei 1971b. Die Fees begin nou lewe.

Die Burger. 24 Mei 1971. Puik opvoering van Aida.

Krige, U. 15 Maart 1971. In protest against opera house ban. Cape Times.

Mouton, F. 22 Mei 1971. “Tekenprent”, Die Burger.

Small, A. 28 Mei 1971. Rotten sentiments on Opera House. Cape Times.

The Star. 12 Maart 1971. The plot of the opera.

Arstcape Argief

Cape Argus. 5 Januarie 1971. Capab plans 18 concerts for Republic Festival. KRUIK Plakboek (Algemeen) Desember 1970−Mei 1971, Artscape Argief.

Cape Times. 3 Maart 1971. CAPAB Music Festival continues! Artscape Plakboek.

Die Burger. 9 Januarie 1971. Reuse koor na S.A. vir Republiekfees. Artscape Plakboek.

Cape Argus. 26 Januarie 1971. Economics of a segregated opera. Artscape Plakboek.

Eoan Argief

1971 Opera season, Republic Festival: Barbiere di Siviglia cast list. 28:195.

1971 Opera season, Republic Festival: Cavalleria Rusticana cast list. 28:195.

1971 Opera season, Republic Festival: Pagliacci cast list. 28:195.

1971 Opera season, Republic Festival: Rigoletto cast list. 28:195.

Daily News. 2 Augustus 1960. Baritone gives great performance in Verdi’s Rigoletto. 30:208.

Eoan Group 1968 opera season, proud record of opera presentations since 1956. 34:240.

Eoan Group constitution as amended in 1970 and 1976. 5:32.

Fresh distinction for S.A. tenor. Datum en bron onbekend. Joseph Gabriels Scrapbook.

Gabriels in fine voice as S.A. Caruso. Datum en bron onbekend. Joseph Gabriels Scrapbook.

Gabriels wins praise. Datum en bron onbekend. Joseph Gabriels Scrapbook.

Joey triumphs at New York Met debut. Datum en bron onbekend. Joseph Gabriels Scrapbook.

Manca, J. 1973. Brief aan P. Richardson, 19 Mei. 16:116.

Manca, J. Brief aan lede: “I have pleasure in advising you that you have been selected as a member of the NEW EOAN GROUP CHOIR”, ongedateerd. 33:225.

Minutes of Special General Meeting. 9 November 1965. 37:300.

Minutes of the 32nd annual general meeting held on 29th September 1966 in the Banqueting Hall, City Hall, Cape Town. 1966. 1:3.

Minutes of the special general meeting held on 26 August 1969. 1969. 25:178.

Natal Mercury. 2 Augustus 1960. Eoan cast’s Rigoletto delights audience. 30:208.

Provisional estimates of income and expenditure: presentation of “opera season” (4 operas) for 1971 Republic Festival. 7:51.

Provisional estimates of income and expenditure: presentation of an “indigenous musical” for 1971 Republic Festival. 7:51.

Republiekfees 1971: Souwenier-program. 61.

Southern-Holt, H. 1947. Brief outline of Eoan’s dramatic, dancing and musical activities – Meeting of the National Council of Women of South Africa, 11 September. 37:300.

Suid-Afrika se eie Caruso! Datum en bron onbekend. Joseph Gabriels Scrapbook.

Sunday Tribune, 7 Augustus 1960. It was magnificent, Mr. Manca: Come again. 30:208.

Sydow, I. 12. Other matters: Re “Guidelines for memoranda on cultural matters”. Datum onbekend. 23:169.

Sydow, I. 1970. Brief aan die Redakteur van die Cape Times, 3 Desember. 42:338.

Sydow, I. 1973. Chairman’s report to be submitted to the Eoan Group’s executive committee at its meeting on Wednesday 31 January 1973. 17:117.

Triumph for tenor Joseph Gabriels. Datum en bron onbekend. Joseph Gabriels Scrapbook.

Verslag: Republiekfees (Wes-Kaapland) 1971. 39:316.

 

Eindnotas:

1 Hierdie gebou is intussen afgebreek en die 15 On Orange Hotel staan vandag op die perseel.

2 Die kulturele boikot is in 1954 deur Trevor Huddleston afgekondig, en in 1981 deur die Verenigde Nasies as amptelike beleid aanvaar. Sien Siegfried (2016) vir meer inligting.

3 “The better type of person”, soos in ’n brief van Manca aan P. Richardson, 19 Mei 1973, Eoan Argief, 16:116.

4 Die swart bevolking blyk grootliks uitgesluit te gewees het van die Kaapse 1971-Republiekfeesvieringe. Geen verwysinge na deelname is in enige verslaggewing in koerante of navorsing oor die Republiekfees gevind nie.

5 Die vier operas is wel later, in Oktober 1971, gedurende die Eoan Groep se negende operaseisoen opgevoer. Sien Roos (2018:206–8) vir meer inligting.

6 Aida is egter wel daarna vier keer opgevoer as deel van die Republiekfeesprogram.

7 As gevolg van die Pruisiese oorlog in Europa, kon Verdi nie betyds die opera lewer nie. Die Khedivial Operahuis moes toe staatmaak op ’n bestaande opera van Verdi, Rigoletto, vir die eerste uitvoering in 1869.

8 Dit is ironies dat die Khedivial Operahuis in dieselfde jaar (op 28 Oktober 1971) deur ’n brand verwoes is. Vandag is daar ’n parkeerterrein op die perseel.

9 Egipte is egter ’n dekade later, in 1882, deur Brittanje gekoloniseer.

10 In produksies van Aida is die Etiopiese rolle van Aida en haar pa Amonasro tot onlangs meesal in “blackface” aangebied, die kontroversiële gebruik waar witmense se gesigte donker gegrimeer word om ’n persoon met ’n donker velkleur uit te beeld. “Blackface” het sy ontstaan in Amerika as ’n historiese praktyk waar dit gebruik is om die spot met Afro-Amerikaners te dryf en die gebruik is nog tot onlangs onbeskaamd en onbevraagteken deur operageselskappe wêreldwyd toegepas. In 1971 het operahuise oor die algemeen hulle min aan die problematiek hier rondom gesteur, en vir die KRUIK-produksie was sowel Emma Renzi (as Aida) as Hans van Heerden (as Amonasro) in “blackface” (Mouton 1971). Die ironie dat bekwame Eoan-sangers soos die sopraan May Abrahamse en tenoor Joseph Gabriels beskikbaar sou wees om hierdie rolle te sing, verleen ’n ekstra dimensie aan die absurditeit van die Skouburg se beleid om slegs wit sangers te gebruik. Sien Naomi André se 2018-publikasie Black opera, veral hoofstuk 1, vir ’n meer breedvoerige bespreking van “blackface” in opera.

11 In huidige terme is dit ongeveer R500 miljoen.

12 Alle rasse is wel toegelaat om deel te neem aan die konstruksie van die gebou, of om laer geskoolde arbeid te doen soos onderhoud, skoonmaakwerk en tegniese werk agter die verhoog.

13 Ons ontleen hierdie begrip aan Turner (2015:347) wat verwys na ’n “‘whiting’ effect that the act of singing European works had on [critics’] perceptions of [black] performers”.

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Burgerskap onder konstruksie: <i>Aida</i> en <i>Rigoletto</i> by die Suid-Afrikaanse Republiekfeesvieringe, 1971 appeared first on LitNet.

Citizenship under construction: Aida and Rigoletto at the South African Republic Festival, 1971

$
0
0

Abstract

During the celebration of the tenth anniversary of the Republic of South Africa in May 1971, two operas by Giuseppe Verdi, Aida and Rigoletto, were offered to Cape Town audiences as part of the festival programme. However, these productions were not only staged at different venues, but they were intended for different audiences – Aida, produced in the brand-new Nico Malan Theatre (today called Artscape) in the city centre was for the white public, and Rigoletto, performed in the Joseph Stone Auditorium in Athlone was for the coloured public.

This article investigates how the 1971 Republic Festival was utilized to promote citizenship among the young South African nation and how these two festival productions undergirded the ideological foundations of apartheid. Mona Ozouf’s theoretical perspective on public festivals is employed to demonstrate how the Republic Festival aimed at creating a social pact between the state and its people and how the festivities were used to illustrate the power of the South African state. Participation in such an occasion renamed the individual as a citizen of the nation and enabled her/him to take up her/his rightful place as a legitimate member of the nation. The article also draws on the historical perspectives developed by Pieter Kapp in his work on white Afrikaner Festivals. Kapp states that the Republic Festival was not only a festival for the white Afrikaner, but also for the nation of South Africa. This was evidenced by the inclusion of some English-language and other European cultural productions in the festival programme, as well as the inclusion of the coloured community at some festival productions, despite the fact that their participation was separate from white festivities.

Apart from the theoretical considerations of Ozouf and Kapp, this article relies heavily on archival resources of the Artscape Archives, the Eoan Group Archive and the National Library of South Africa. These archives include production photographs, programme booklets, newspaper articles as well as letters, scrap books and minutes. Secondary literature was also consulted. The authors of this article have both researched and published on the Eoan Group and therefore relied on some of our previous work, but we have naturally consulted further academic literature on opera, festivals, race and ethnicity.

In the Cape Peninsula two separate festivals were held, one for the coloured community, called The Republic Festival (Western Cape), and one for the white community, called The RSA10 Programme. The former was dominated by sports events, but also included cultural events such as a choir festival, exhibitions and the Eoan Group’s opera production. All events took place in and around Athlone and Wynberg. The RSA10 Programme was on a much larger scale and included military parades, an extended Western art music festival, religious ceremonies, exhibitions, youth choir festivals and theatre productions. Newspaper articles accentuated the devotional character of both programmes. The power of the state and the citizenship of the country was meant to be taken seriously, and no light-hearted entertainment was to be found. The only shared activity of the two festivals was a military march and air show that was held at Gunner’s Circle in Bellville, which concluded the festivities on 31 May.

Eoan’s participation in the Republic Festival confirmed the complex position the group held in apartheid politics. They fully embraced the socio-political status they aspired to through their love of opera, yet their uncritical engagement with the art form caught them in a political system that controlled their movement, ensnared them into a compromised citizenship, and restricted the spaces in which they were allowed to operate.

The article discusses how Verdi’s Aida fitted the bill of celebrating the dominance of Western art music at the southern tip of Africa a century after it was composed to do just that in Cairo in Egypt. In 1871 the opera was performed to celebrate the opening of the Cairo Opera House, built by the Khedive Ismail Pasha who imported European cultural values to a modernized Egypt. It is also no coincidence that the story of Aida is one of racial politics, an impossible love between the dark-skinned Aida and the light-skinned Radames, a love across the colour line that ends in death. Rigoletto on the other hand is one of a hunchbacked father who sacrifices his daughter through a bizarre misunderstanding and a curse.

Special focus is given in the article to the inauguration of the Nico Malan Theatre that started the nationwide festivities of the Republic Festival. The opening was preceded by months of protest action against the policy of racial segregation at the venue. Protest letters from writers such as Uys Krige and Adam Small illustrate how the Eoan Group generated contrasting public sentiments such as sympathy and rejection. Eoan’s years of opera production weighed heavily on the conscience of Cape Town’s (white) opera loving public who knew that this semi-professional group would not only be barred from performing in the new state-of-the-art building, but would also not be able to attend any opera productions there. A few months before the opening of the Nico Malan Theatre, Eoan’s star tenor, Joseph Gabriels, made his debut as the first South African ever to sing at the Metropolitan Opera House in New York. Newspaper editorials were similarly drawn into what seemed to be a line of defence against apartheid policies, yet Adam Small’s reply ultimately exposed underlying racial biases of white liberalism.

The difference between the Nico Malan Theatre and the Joseph Stone Auditorium was nothing short of startling and government spending was typically disproportionate of amenities afforded to the white and coloured communities at the time. No costs were spared on the building of the Nico Malan Theatre where opulence abounded, while the government’s contribution to the cost of the Joseph Stone Auditorium was literally 1% of what they paid for the Nico Malan Theatre. In closing, the performances of the two operas in the two venues illustrate how these productions embodied diverging South African cultural aspirations. CAPAB’s Aida was an example of Afrikaner exceptionalism whilst Eoan’s Rigoletto aimed at cultural excellence.

 Keywords: Aida; Cape Performing Arts Board (CAPAB); citizenship; Eoan Group; Joseph Stone Auditorium; Nico Malan Theatre; Republic Festival of 1971; Rigoletto

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans

Burgerskap onder konstruksie: Aida en Rigoletto by die Suid-Afrikaanse Republiekfeesvieringe, 1971

The post Citizenship under construction: <i>Aida</i> and <i>Rigoletto</i> at the South African Republic Festival, 1971 appeared first on LitNet.


Pierneef se agterkleinniggie hou ’n solo-uitstalling

$
0
0

Die Kaapse kunstenaar Neeske Alexander se uitstalling One day at a time het pas geopen.

Neeske ... Jou naam is ongewoon – daar is ’n baie besondere band met een van Suid-Afrika se grootste kunstenaars. Vertel ons meer?

Dit was my ouma se naam en my ouma se ouma se naam. My grootoumagrootjie was Neeske Pierneef, die bekende skilder se ma.

Goed: Waar? Wanneer? Wat kan mense verwag?

 1–12 Junie
Spinstraat 6
Kaapstad

Opening: 3 Junie 17:00–21:00

Weeksdae 10:00–16:00
Saterdae 10:00–14:00

Klik hier vir die aanlynkatalogus.

Die hele versameling van 366 werke wat ek laasjaar gemaak het, kan gesien word. Elke maand het ’n unieke tema en ek het myself uitgedaag om spesifiek moeilike of onbekende mediums en temas aan te pak. Daar is ook ’n tekentafel waar mense gerus saam kan teken (ek hou ’n tekenuitdaging en teken elke dag van die uitstalling iets wat koppel met die temas van elke maand – 12 dae vir 12 maande). Die uitdaging kan op my Instagram gevolg word en by #ODAATchallenge.

Jy het eintlik op ’n vreemde manier kunstenaar geword. Vertel meer van jou reis en jou opleiding?

Ek wou nog altyd ’n kunstenaar wees (toe ek klein was, het ek vir mense gesê ek wil ’n skildenaar word wanneer ek groot is), maar ek het altyd gevoel ek kan myself nie ’n regte kunstenaar noem nie, want ek het nooit ’n BA-graad in visuele kunste gedoen nie.

Ek het wel vandat ek agt jaar oud is, by die kunstenaar Ian Tainton lesse gehad en hy is steeds my kunsmentor. Maar toe ek universiteit toe is, het ek opvoedkunde studeer en vir ’n hele paar jaar was ek ’n graad 2-onderwyseres. Gedurende hierdie tyd het ek nog steeds kuns gemaak en ingeskryf vir kunskompetisies. Op ’n stadium het ek dit selfs oorweeg om ’n BA-graad te doen in kuns, maar met ’n bietjie geluk het ek die geleentheid gekry om ’n meestersgraad in kunsonderrig te doen en na dit as navorser en akademiese skrywer te werk in die Kunsdepartement van Stellenbosch-universiteit. In 2018, toe ek 30 jaar oud was, het ek (die oudste student by ver) ’n honneursgraad in illustrasie voltooi. In 2019 het ek my eerste klein residensie in Frankryk gedoen, asook verskeie illustrasie-opdragte. So toe 2020 begin, het ek besluit dat die beste metode om nou uiteindelik ’n “regte kunstenaar” te word, is om elke dag iets te teken. En dit het ek ook gedoen.

Jou uitstalling heet One day at a time en jy stal 366 stukke uit, een vir elke dag van 2020, soos jy reeds verduidelik het. Anton Kannemeyer het glo iets hiermee te doen?

 Anton Kannemeyer was my dosent in 2018 en dit was hy wat voorgestel het dat ek elke liewe dag moet teken as ek regtig goed wil wees. Hy teken self omtrent elke dag en hy moedig my steeds aan om aan te hou skep.

Toe kom COVID-19. Hoe het dit jou beïnvloed?

Toe ek op 1 Januarie my eerste tekening van die versameling gemaak het, sou ek my nooit kon indink dat so ’n vreemde jaar sou voorlê nie. Ek wou aanvanklik heelwat mense teken, maar in Maart het my modelle opgedroog en het ek my kussing ’n paar keer geteken. Hierdie oefening was terneerdrukkend, so toe verander ek halfpad deur die maand na ’n lekker patroontema. Oor die algemeen het die pandemie in my guns getel – want wanneer sou ek ooit so baie tyd hê om elke dag te kan teken. Dit het my ook gehelp om die dae te sien verbygaan en nie te voel asof elke dag dieselfde dag is nie. Die aanlyn gemeenskap wat my daaglikse tekeninge gevolg het, was ook ’n groot ondersteuning vir my in hierdie tyd.

Een van my gunstelingstukke se titel is 6 to 9. Daar is ongelooflike humor in hierdie stuk. Vertel ons iets van die konteks, en die manier waarop jy drukwerk gebruik – soos Pierneef destyds?

6 tot 9 is van ’n man (gebaseer op ’n foto van my pa) wat sy vis vir ’n stappie neem. Hierdie stuk is ’n linosnee wat ek gekerf het en toe met ’n lepel moes druk (want ek het nie ’n press by my huis nie). Ek hou van hoe linosneewerk mens forseer om eenvoudige lyne effektief te gebruik. Daar is ook net swart en wit, so daar’s ’n sterk grafiese element. Die eerste linomens van die maand was ’n vrou met ’n handsak, maar toe voel ek dat dit te vervelig is, en dus het ek ’n kat in haar handsak gesit. Die tweede linomens het ’n seekat in sy tas en die derde een ’n krokodil in haar teepot. So het elke dag ’n nuwe uitdaging geword om ’n dier te pas by die mens. Miskien is dit iets soos ’n “inner animal” of net die geselskap wat diere vir ons bring. Miskien kon ek net nie myself so ver kry om ’n enkelmens alleen te teken in daardie eensame tydperk nie.

Visse speel wel rol in jou werk ... Hoe so?

Ek is mal oor visse. My heel eerste solo laasjaar in Februarie by Youngblood Gallery was selfs genoem “How to be a fish”. My ouers het baie geduik en ek het die name van verskillende tropiese visse geken voordat ek diere se name geken het. Die oseaan is ’n groot bron van energie en vrede vir my en daar is niks so lekker soos om in die branders te swem of in rotspoele te snorkel nie.

Een van die stukke uit jou eerste maand heet My kind of drug. Dis wonderlik. Wat het eerste gekom – skets, titel of idee en dan ...?

Meestal het die titel na die kunswerk gekom. Dit was soms ’n groot uitdaging om ’n unieke titel vir elke kunswerk uit te dink. Omdat laasjaar eintlik so eentonig was, het my brein hierdie daaglikse kans om kreatief te wees met al twee kante aangegryp.

Jy het so ongeveer een kunstema per maand gedoen. Was dit lukraak, of beplan?

 Die tema het gekom soos die vorige maand tot ’n einde gekom het. Somtyds was ek bekommerd dat ek nie ’n tema vir die maand betyds sou uitdink nie. Maar vir elke maand het ek iets gedoen waaroor ek regtig opgewonde was. Buitendien moes dit my motiveer om aan te hou vir +- 30 dae!

Hoeveel verskillende mediums het jy uiteindelik gebruik?

Daar is alles – van kleurpotlood, potlood, waterverf, ink en olieverf tot digitale kuns en selfs linosneedrukwerk.

Jou miniatuursketse van plekke in Kaapstad is besonders. Het jy van foto’s af gewerk?

Nee, ek het na elke plek gegaan en daar gestaan of gesit terwyl ek dit geteken het. Daar is iets in tekeninge wat “from life” gedoen is wat ’n mens nooit kan kry as mens van foto’s af werk nie. Plus, dis baie meer pret en ek wou nie meer in my woonstel sit nie.

Op ’n kol moes jy met jou linkerhand teken?

Ja, teen die einde van Mei het my gewrig “gevries” van al die teken (maar die gedurige gebak van suurdeegbrood het seker ook nie gehelp nie), so toe moes ek met my linkerhand teken of die projek staak. Ek het baie geleer oor abstrakte kuns in die maand toe ek met my linkerhand moes werk.

Jy skets of verf of druk fisiese objekte, terwyl sommige kunstenaars al hoe meer elektronies begin werk. Tog het Instagram ’n belangrike rol gespeel in jou werk. Wil jy verduidelik?

Ek het elke dag van laasjaar my daaglikse kunswerk op my Instagram, @neeskealexander, geplaas. Daar het ek die storie agter elke kunswerk vertel. Mense het baie positiewe kommentaar gelewer en dit het my aangemoedig om aan te hou teken, maar my ook gehelp om verbind te voel met ander mense terwyl ek eintlik in isolasie gewerk het. Party mense het ook vir my goeie idees gegee vir temas vir opkomende maande, so in daardie opsig was dit ook ’n gesamentlike poging. Gedurende hierdie uitstalling het ek mense genooi om saam met my te teken elke dag van die uitstalling en sover is ek baie beïndruk met hulle werk. (Ek deel dit in my Instagram-stories en gebruik die hutsmerk #ODAATchallenge.)

Vertel asseblief meer van die werkswinkels wat jy doen?

Ek bied vier werkswinkels aan gedurende One day at a time: twee oor botaniese illustrasie en twee oor linosneedrukwerk. In hierdie werkswinkels lei ek mense om self kunswerke te maak deur die stappe van die proses te verduidelik en te demonstreer en ook geheime wenke te verklap wat ek oor die jare ontdek het. Ek hou baie daarvan om werkswinkels aan te bied en hoop om nog vele meer hierdie jaar te doen.

Om 366 kunswerke te hang is nie grappies nie. Hoe het julle dit ingepas in die Spinstraat-galery?

Dit was omtrent ’n storie! Toe ek begin om die kunswerke te meet en die mure te meet, was daar vele paniekerige oomblikke waar ek gedink het dat daar definitief nie genoeg plek vir alles sou wees nie. ’n Mens onderskat maklik die skaal van 366 werke. Gelukkig het ek hulp gehad om ’n ingewikkelde spreadsheet te maak met baie wiskunde en uiteindelik het ons die formules so gewikkel dat alles perfek gepas het.

The post Pierneef se agterkleinniggie hou ’n solo-uitstalling appeared first on LitNet.

Press release: Joint South African Premiere of I Am Here

$
0
0

There will be a joint South African Premiere of the award-winning film I Am Here at the Encounters South African International Documentary Festival and the Durban International Film Festival.

Ella Blumenthal (Photograph provided)

The award-winning documentary I Am Here, an evocative portrait of a feisty and spirited 98-year-old Capetonian Ella Blumenthal, one of the few remaining Holocaust survivors, will have its joint premiere at the Encounters South African International Documentary Film Festival (10 - 20 June) and the Durban International Film Festival (22 July – 1 August).

A production still (provided)

Directed by South African filmmaker Jordy Sank, the film follows Ella at her 98th birthday celebration where she shares her story in a rare, honest and candid conversation with close friends and family.  These memories are depicted in 2D animation – an unusual medium for Holocaust flashbacks – which adds a nuanced innovation to the texture of Ella's stories. 

While I Am Here recalls her astonishing endurance, weaved into her narrative of overcoming trauma, are uplifting stories of courage and light. Ella never lost hope, not even in the darkest of times. Some of Ella's memories include surviving three concentration camps and avoiding death in seemingly serendipitous ways. She was a pillar of support to her niece, Roma, who survived alongside her. 

"Ella encompasses remarkable resilience, boundless energy and unwavering determination - her personality is remarkable not because of what she has been through but in spite of it." says producer Gabriella Blumberg. "We hope that the film can be a catalyst for speaking about all forms of discrimination in a world that still defines itself by what is other."

Jordy Sank describes meeting Ella for the first time "I had interacted with Holocaust survivors before, but none were quite like this. I knew that the world needed to learn from Ella Blumenthal's stories and the awe-inspiring way she lives her life today."

The film won the Audience Award for Best Documentary at the Atlanta Jewish Film Festival and was also screened at the Miami Jewish Film Festival earlier this year.

This film was made possible with a grant from the Claims Conference and supported by the Johannesburg Holocaust and Genocide Centre. Metro International acquired world-wide rights to I Am Here and launched it at the European Film Market in February 2021.

For Encounters the film will be available in a virtual screening at  https://encounters.co.za/

Bookings for the Durban International Film Festival screenings will open at a later date. For more info: https://ccadiff.ukzn.ac.za.

The post Press release: Joint South African Premiere of <em>I Am Here</em> appeared first on LitNet.

Eerste slukkie: Verhale van hoop

$
0
0

LitNet publiseer uittreksels uit pasverskene boeke, uitgegee deur uitgewers wat LitNet ondersteun. Dié lusmakers verskyn op LitNet as eerste slukkies.


Oor die skrywer

Pieter van Zyl het ’n honneursgraad in sielkunde en ’n graad in joernalistiek van die Universiteit van Stellenbosch. Hy is ’n senior verslaggewer met ’n spesiale belangstelling in psigiese gesondheid by Huisgenoot.

Hy het verskeie akkolades vir sy joernalistieke werk ingepalm. Naas vier ATKV-Mediaveertjies was hy ’n Vodacom Joernalis van die Jaar-kategoriewenner en Joernalis van die Jaar by Media24-tydskrifte. Hy was vroeër ’n genoot by die Rosalynn Carter Fellowship for Mental Health Reporting.

Verhale van hoop is sy tweede boek na Gert & Joey.


Opsomming

Titel: Verhale van hoop, só help jy jou geliefde en jouself
Skrywer: Pieter van Zyl
ISBN: 9780639606002
Uitgewer: LAPA

Kintsugi is die Japannese kunstegniek om ’n gebroke keramiekvoorwerp met goud te herstel. Die tegniek maak ’n voorwerp mooier en kosbaarder as wat dit in ’n ongebroke toestand was. Met die regte ingrepe kan gebrokenheid waarde en skoonheid ontsluit.

Dit is die draad wat deur dié boek loop. In hierdie boek maak tientalle mense van verskillende agtergronde hul harte oop ter bemoediging van ander en om insigte te deel.

In Suid-Afrika ly een uit ses mense aan depressie, angs en middelafhanklikheid, tot sesmiljoen ly aan post-traumatiese stres. Agtduisend mense per jaar staan hul lewens aan selfdood af.

Die Covid-epidemie dryf dit verder op die spits.

Lees hierdie boek vir advies. Daar is hoop.


Uittreksel

Ek’s geen kenner nie, maar ’n ma

“Mevrou Smith, laat ek jou raad gee. Gaan voort met jou lewe, hou op om  jou geld te mors. Sy gaan nooit verander nie en jy gaan jouself vernietig. Draai jou rug op haar en loop weg.”

Dis skokkende woorde om van ’n psigiater te hoor.

Aanvanklik het ek gedink hy was dalk reg. Al die woede, seer en wrokkigheid wat ek in my opgegaar het, het skielik geregverdig gevoel. Maar toe het ek begin dink: Wat sal van my dogter word as ek die psigiater se raad volg? Sy kom uit my moederskoot. Hoe durf ek dit verag?

Judith is in 1981 gebore. Toe sy in my arms geplaas is, het ek na haar gekyk met daardie ongelooflike gevoel wat ’n ma kry wanneer sy haar kind die eerste keer sien. Ek sou toe nooit kon dink hoe anders ek nou, byna veertig jaar later, sou voel nie.

Judith was ’n teksboekbaba. Sy het geëet, geslaap en haar doek vuil- gemaak soos en wanneer sy moes. Sy was ’n goedgemanierde, intelligente, vrolike kind met ’n goeie sin vir humor. Sy was gou skoolgereed, het goed gevaar en was gewild onder haar vriende. Judith was netjies, deeglik en pligsgetrou.

Toe sy in standerd agt (graad tien) kom, was dit asof iemand ’n skakelaar gedruk het. Ek het geweet dis dieselfde kind, want sy het nog dieselfde gelyk, maar haar persoonlikheid was dié van ’n vreemdeling.

Skielik was sy onnet. Haar punte het al hoe swakker geword. Sy het tuis en by die skool in die moeilikheid beland. Haar vriendekring het verander. Ek onthou nog die nag toe ek gesien het sy is nie in die bed nie. Dit was ’n skoolaand. Vreemd!

Toe sien ek sy het die diefwering voor die venster afgeskroef. Later het ek uitgevind sy het ’n buurseun gaan ontmoet.

’n Paar weke daarna was sy in ’n vuisgeveg met ’n ander meisie by die skool betrokke. Sy het ons geld gesteel. Ek het myself getroos en gesê dis nie so ’n groot probleem nie – alle tieners gaan deur ’n rowwe tyd, toets grense, sprei hul vlerke. Min het ons geweet wat ’n dolle mallemeulerit voorlê.

Sy het gematrikuleer en dadelik werk gekry. Sy kon enige werk aanpak en dit goed doen. Sy het ’n warm, lieflike persoonlikheid en kom met almal oor die weg.

Kort voor lank is daar egter die een of ander probleem en kry ek ’n oproep: “Is jy Judith se ma?” Maar sy het altyd gou weer ’n ander werk gekry.

In haar vroeë twintigs is sy getroud en sy het twee pragtige kinders gehad. Vir ’n rukkie was hulle ’n gelukkige gesin. Maar soos ons weet, is rustigheid dikwels kortstondig wanneer geestesongesteldheid ter sprake is. Ongelukkig het Judith se man en skoonfamilie nie geglo psigiatriese siektes bestaan nie. Vir hulle is bipolêre siekte ’n verskoning vir slegte gedrag, en depressie is hoe jy voel wanneer jou kat doodgaan.

Dus het sy baie min ondersteuning gekry. Op ’n keer het sy in haar skoonma se huis ’n uitbarsting gehad en geskree. Toe sy besef wat sy gedoen het, het sy uitgehardloop en begin huil. Binne ’n paar jaar is hulle geskei en Judith het die kinders alleen probeer grootmaak, soos baie enkelma’s deesdae. Die verskil is egter dat spanning een van die grootste oorsake van haar gedrag is.

Sy het vinnig weer ’n verhouding met ’n man aangeknoop – hierdie keer ’n dwelmverslaafde. Die kinders het by hul pa gaan bly en Judith is deur haar afknouerige vriend aan dwelms bekend gestel.

Ek wil nie graag al die nare besonderhede van daardie weghol-vragmotor deel nie. Baie mense is vertroud met die pad van mishandeling, selfdood, steel en slegte verhoudings.

Bipolêr 1. Bipolêr 2.’n Vinnige ommeswaai van die een na die ander gemoedstoestand, grenslynpersoonlikheidversteuring, posttraumatiese stres, medisyne, gemoedstabiliseerders, antidepressante, snellers, rehab, hospitale, staatsdepartemente, psigiaters, sielkundiges, maatskaplike werkers, gedragsterapeute … Ek kan aan- en aan- en aangaan.

Ek is nie ’n kenner van die verskillende psigiatriese siektes nie, maar ek is ’n ma en ek het ’n kenner geword om my dogter te kan verstaan. Sy vertel graag dat ek voor haar weet wanneer sy ’n maniese episode gaan hê. Deur die jare heen het ek kritiek gekry en is ek as ’n slegte ma uitgekryt. Ek is gesê ek is swak omdat ek nie my rug op haar draai en haar op straat uitsit nie – dit deur mense wat graag kritiseer sonder dat hulle in my skoene geloop het.

***

Ek glo vas in die belang van ondersteuningsgroepe wat:

  • daarop fokus om die gesin insig te gee in geestesgesondheid sodat ons begrip kan hê vir dit wat ons geliefdes deurmaak. Dit het tyd geneem om haar te verstaan en, glo my, ek wil nie graag in my dogter se kop wees nie;
  • ons toelaat om goed vir onsself te wees. As gesin raak ons dikwels in die chaos verstrengel en voor ons ons oë kan uitvee, ly ons ook aan depressie en is ons dikwels fisiek siek;
  • help om verhoudings met ’n eggenoot en ander familielede in stand te hou. Daar was ’n tyd toe ek en my man vir agtien maande apart gewoon het, maar nie omdat ons stry gekry het nie. Dit was om die situasie met Judith en al die slegte verhoudings waarby sy betrokke was te probeer beredder deur nie al twee gelyk betrokke te wees nie. Koester jou vriende. Ek het opgehou om my vriende te besoek omdat dit te pynlik was om by hulle en hul kinders en kleinkinders te wees. Hulle kinders en ons kinders was saam op skool;
  • ons help om weer blydskap en vreugde te ervaar. Mettertyd het ek baie dinge ophou doen omdat ek voortdurend veg-of-vluggereed was. Ek het die gewoonte aangekweek om onsinnige gemors op televisie te kyk en Solitaire op my selfoon te speel, net om die aakligheid en hartseer uit te sluit.

***

Die maniere waarop ons as gesin geraak word, is nimmereindigend. Om jou geliefde te ondersteun is nie altyd maklik nie weens die verwoestende warrelwind wat die siekte veroorsaak.

Dis ’n troos om te weet ek is nie alleen nie. Ons verhaal is nie uniek nie. Sommige gesinne se stories is erger en sommige s’n minder erg, maar almal wat ’n familielid of geliefde met ’n geestesongesteldheid het, het ondersteuning en liefde nodig. Die persone met die versteuring en hul familielede wil almal gehoor en verstaan word.

Ek is dankbaar ons kon ’n gesinsondersteuningsgroep in Benoni begin. Ek sien daarna uit om te help en ’n verskil te maak.

My dogter se woorde: “Sonder my gesin se ondersteuning kan ek eerlik sê dat ek al lankal selfdood sou gepleeg het. Ek het my lewe te danke aan hulle ondersteuning.”

Josh Groban se “You are loved” dra ons dikwels deur die moeilike tye: “Don’t give up / it’s just the weight of the world / when your heart’s heavy / I … I will lift it for you …”


Raad

Ons gesels met: Janine Roos, direkteur van die Mediese Navorsingsraad se Geestesgesondheid-inligtingsentrum aan die Universiteit Stellenbosch; Hermann Liebenberg, ’n sielkundige van Centurion; prof. Dap Louw, Buitengewone Professor in Sielkunde aan die Universiteit van die Vrystaat; prof. Christine Lochner van die Departement Psigiatrie aan die Universiteit Stellenbosch.

Ondersteuning en liefde

Dis die belangrikste wat jy kan gee vir ’n geliefde by wie hierdie versteuring gediagnoseer is. Moedig die persoon aan om hulp te kry; hoe gouer, hoe beter. Let op na die simptome en ondersteun die persoon in sy behandeling. Wees op die uitkyk vir terugvalsimptome. Probeer saam met die persoon ’n strategie uitwerk om die versteuring te hanteer. Vestig ’n daaglikse roetine. Onthou dat stres ’n bipolêre versteuring vererger, dus moet maniere gevind word om die pasiënt se spanning te verminder. Kommunikeer oop en eerlik met die pasiënt oor die siekte. Wees geduldig met die persoon.

Hoe kan jy jouself en jou gemoed beskerm as jy saam met ’n geliefde met ’n bipolêre versteuring leef?
  • Bemagtig jou met kennis oor die siekte. Die gemoedskommelinge van iemand met dié siekte beïnvloed almal rondom hom, veral die familie en nabye
  • Moenie opmerkings persoonlik opneem nie.
  • Moenie jou eie behoeftes verwaarloos nie.
  • Vind ’n balans tussen sorg vir die persoon en sorg vir jou eie fisieke en emosionele behoeftes. Indien jy dit nie doen nie, kan jy uitbranding ervaar. Fokus dus op jou eie lewe, gee aandag aan jou vriende en neem deel aan aktiwiteite wat vir jou lekker is.
  • Bou ook vir jouself ’n ondersteuningsnetwerk op.
  • Stel grense vas vir dit wat jy vir die persoon kan en wil doen.
  • Gee aandag aan meganismes om stres te hanteer.
Wat moet jy nooit sê nie?
  • “Jy is ’n laas.”
  • “Wees meer positief.”
  • “Moenie mal wees nie.”
  • “Jy maak dit moeilik vir almal rondom jou.”
Hoe hanteer jy maniese episodes?
  • Onthou, tydens ’n maniese episode kan verskeie uitbarstings, irrasionele besluite en roekeloosheid voorkom.
  • Maak seker dat die pasiënt sy medikasie neem aangesien lyers insig verloor – dit voel asof hulle die wêreld besit en kan versit.
  • Probeer soveel as moontlik te wete kom van die siekte, dan sal jy hierdie episodes beter verstaan.
  • Verseker die persoon van jou bystand en ondersteuning.
  • Moedig rusperiodes aan; probeer dit vermy dat die persoon te veel stimulasie kry.
  • Beantwoord vrae eerlik.
  • Probeer om nie in argumente betrokke te raak nie. Bespreek liewer sake wanneer die episode bedaar het. ’n Persoon kan letterlik ontplof as jy met hom baklei. Gebreekte goed oral in jou omgewing is jou voorland.
Hoe hanteer jy sy depressiewe episodes?
  • Tydens depressiewe episodes sal jy heel moontlik meer verantwoordelikheid moet aanvaar om dinge gedoen te kry, siende dat die lyer nie die energie het om dit te doen nie.
  • Moenie in hierdie fase te veel van die depressiewe persoon verwag nie.
  • Verseker die persoon herhaaldelik van jou volgehoue ondersteuning en liefde.
Watter praktiese dinge kan jy vir jouself doen?
  • Eet gebalanseerd.
  • Vestig ’n goeie slaappatroon. Dis soms moeilik as die persoon manies is en self nie slaap nie. As dit nodig is, gaan na ’n vriend toe of as jy kan, boek oornag by ’n gastehuis in sodat jy ten minste ’n goeie nagrus kan kry.
  • Oefen gereeld: Doen wat vir jou werk, hetsy dit ’n stappie van dertig minute of meer in die buitelug, speel met jou honde of gimnasium toe gaan, is.
  • Beperk alkohol en te veel kafeïen, wat jou kan opwerk.
  • Knyp elke dag ’n tydjie af om iets net vir jouself te Lees ’n boek, sit in die tuin met ’n koppie tee, besoek ’n vriend, neem ’n lang, rustige bad.
  • Wees op die uitkyk vir tekens van chroniese stres, byvoorbeeld hoofpyn, borskaspyn, oormatige moegheid, negatiewe gedagtes, geïrriteerdheid, afname in motivering, insomnia, sosiale onttrekking.
  • Woon ’n ondersteuningsgroep by van mense wat ook saam met geliefdes met ’n bipolêre versteuring leef.
  • Indien jy voel dinge raak te veel, kontak jou dokter, wat jou moontlik verder kan verwys.

 

The post Eerste slukkie: <em>Verhale van hoop</em> appeared first on LitNet.

Persvrystelling: Uitnodiging aan liriekskrywers wat eg Suid-Afrikaanse klanke skep

$
0
0

Die Jakes Gerwel Stigting en die Suidoosterfees nooi liriekskrywers en sangers wat oorspronklike liedjies in Afrikaans, Engels of isiXhosa skep om aansoek te doen vir deelname aan ’n uitgebreide mentorskapprogram. Die klem van die projek val op eg Suid-Afrikaanse klanke en vars lirieke. Belangstellendes moet teen 28 Junie 2021 ’n voorlegging van hoogstens drie voorbeelde van hul lirieke saam met ’n kort motiveringsbrief en CV na theo@jgf.org.za stuur.

Die program fokus daarop om opkomende liriekskrywers die geleentheid te gee om hulle vaardighede te slyp en om toegang tot die mededingende Suid-Afrikaanse musiekbedryf te kry. Suksesvolle kandidate sal van 1 tot 15 September 2021 deelneem aan die verblyfprogram by die Stigting se Paulet-skrywershuis op Somerset-Oos in die Oos-Kaap. Alle reiskostes, asook maaltye en verblyf, word gedek.

Frazer Barry, bekende musikant, skrywer, vervaardiger en televisie-aanbieder, sal as die mentor optree. Na afloop van die program sal deelnemers saam met Barry en ander professionele kunstenaars werk aan ’n produksie wat in 2022 tydens die Suidoosterfees debuteer. Vanjaar was Drome het vlerke, die soortgelyke produksie saam met die vorige groep deelnemers, een van die feeshoogtepunte.

Naaim Briesies, wat verlede jaar deelgeneem het, sê: “Ek beveel enige kunstenaar aan om aansoek te doen en deel te raak van hierdie briljante inisiatief. Jou drome kan net vlerke kry onder Frazer Barry se leiding en mentorskap.”

Theo Kemp, die Jakes Gerwel Stigting se uitvoerende direkteur, se entoesiasme oor die projek is net so groot. “Gemeet aan die uitstaande aansoeke wat ons verlede jaar vir die eerste program ontvang het, is ek opgewonde oor die oes van vanjaar se jong stemme. Hierdie projek is gerig op die onmeetbare hoeveelheid talent daar buite wat ons graag wil help ontwikkel.”

Die Suidoosterfees vier die kunste jaarliks tydens hul fees en lewer ’n waardevolle bydrae om aspirantkunstenaars en gemeenskappe deur ’n verskeidenheid opleidingsprogramme te ondersteun en te ontwikkel. Die Jakes Gerwel Stigting bied opleidingsprojekte en skryfgeleenthede aan hoofsaaklik opkomende skrywers om sodoende nuwe stories en ervaringswêrelde wat in allerlei genres vertel word, na ons literatuur te bring.

The post Persvrystelling: Uitnodiging aan liriekskrywers wat eg Suid-Afrikaanse klanke skep appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Mei 2021

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Mei 2021 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Mei in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

1 Mei

Skrywersgesprek: "Ek traai hard om nie te skel nie"

Laetitia Pople skryf oor ’n gesprek met Veronique Jephtas en Ashwin Arendse by die Suidoosterfees

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/ek-traai-hard-om-nie-te-skel-nie-20210430

Skrywersnuus: UP vereer De Vries met eredoktorsgraad

AJ Opperman berig

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/up-vereer-de-vries-met-eredoktorsgraad-20210430

3 Mei

Resensie: ’n Plek aan die verste grens, halfpad getem

Jonathan Amid resenseer Man op ’n fiets êrens heen deur Frederik de Jager

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/n-plek-aan-die-verste-grens-halfpad-getem-20210502

Boekevat: Dis vir die boekvandaal heuning in sy mond

’n Rubriek deur Daniel Hugo

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/boekevat-dis-vir-die-boekvandaal-heuning-in-sy-mond-20210503

6 Mei

Boekenuus: Otter se dapper reis ’n inspirasie

Hanri Wondergem oor Return to the Wild, ’n nuwe boek deur omgewingsaktiviste Danelle en Brendan Murray.

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/otter-se-dapper-reis-n-inspirasie-20210505

8 Mei

Profiel: Hambidge het "gedigte beleef in verre plekke"

Joan Hambidge in gesprek met AJ Opperman

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/hambidge-het-gedigte-beleef-in-verre-plekke-20210506

Boekenuus: Nuwe bundel om Eugène Marais te gedenk

AJ Opperman skryf oor Laramie: ’n Terugblik op Eugène N. Marais.

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/nuwe-bundel-om-eugene-marais-te-gedenk-20210507

10 Mei

Resensie: Digter se tweede bundel is slim én ontroerend

Joan Hambidge resenseer Nootvat. Kwashaal. Stapel. deur Bernard Odendaal

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/digter-se-2de-bundel-is-slim-en-ontroerend-20210510

Boekevat: Boekdiewe besig om biblioteek af te brand

’n Rubriek deur Jo Prins

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/boekevat-boekdiewe-besig-om-biblioteek-af-te-brand-20210510

Resensie: ’n Lewe wat goed geleef is

André Bartlett resenseer Ai, Abraham deur Abraham Lückhoff

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/n-lewe-wat-goed-geleef-is-20210509-2

Resensie: Riller wat nie maklik los nie

Jonathan Amid oor The Artist Vanishes deur Terry Westby-Nunn

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/riller-wat-nie-maklik-los-nie-20210509

11 Mei

Boekenuus: "Ek moes skryf net soos dit is"

Raymond Willemse oor die bekendstelling van Die Broederbond: Die geskiedenis van die Afrikaner-Broerderbond 1918 – 1994 deur Ernst Stals

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/ek-moes-skryf-net-soos-dit-is-20210510

13 Mei

Boekenuus: Jaco Jacobs benoem vir kinderboekprys in België

Christiaan Boonzaier berig.

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/jaco-jacobs-benoem-vir-kinderboekprys-in-belgie-20210512

17 Mei

Resensie: "Adrenalienfix" in die sakkie

Sonja van der Westhuizen resenseer The Fine Art of Invisible Detection deur Robert Goddard

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/adrenalienfix-in-die-sakkie-20210516

Resensie: "La dolce vita" wink in reis

JB Roux resenseer Stillewe deur Marie Spruyt

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/la-dolce-vita-wink-in-reis-20210516

Boekevat: My naam is Ilza en ek het ’n boekverslawing

’n Rubriek deur Ilza Roggeband

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/boekevat-my-naam-is-ilza-en-ek-het-n-boekverslawing-20210517

Resensie: Goldblatt ’n vreemde, fiere eik van ’n vrou

Jean Meiring resenseer Op soek na Saartjie deur Dominique Malherbe

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/goldblatt-n-vreemde-fiere-eik-van-n-vrou-20210516

Boekenuus: 90 jaar se gebeure in Die Voortrekkers nou te lees

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/goldblatt-n-vreemde-fiere-eik-van-n-vrou-20210516

Boekenuus: Twee van Naudé se gedigte in Duitse bloemlesing opgeneem

Oor vertalings van Charl-Pierre Naudé se gedigte in ’n Duitse bloemlesing

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/2-van-naude-se-gedigte-in-duitse-bloemlesing-opgeneem-20210516

24 Mei

Resensie: ’n Meditasie oor lewe, dood

Jonathan Amid resenseer Death and the After Parties deur Joanne Hichens

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/n-meditasie-oor-lewe-dood-20210523

Resensie: Gedigte as wapen in die stryd teen onreg

Louise Viljoen resenseer Soe rond ommie bos deur Veronique Jephtas

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/gedigte-as-wapen-in-die-stryd-teen-onreg-20210524

Resensie: "Dictionary" louter leesgenot

Ilza Roggeband resenseer The Dictionary of Lost Words deur Pip Williams

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/dictionary-louter-leesgenot-20210523

Resensie: "Bewussynstroom-verhaal" van outistiese kind

Cornelia de Kock resenseer Ek onthou deur Anton Müller

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/bewussynstroom-verhaal-van-outistiese-kind-20210523

25 Mei

Boekenuus: Blind SA gaan hof toe oor outeursreg-wet

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/blind-sa-gaan-hof-toe-oor-outeursreg-wet-20210525

26 Mei

Profiel: SJ Naudé keer terug na sy groot liefde: kortverhale

AJ Opperman in gesprek met Naudé

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/sj-naude-keer-terug-na-sy-groot-liefde-kortverhale-20210525

31 Mei

Resensie: Dit gaan inspireer om groter te leef

Helen Schoër resenseer Hustling, Happiness and a Blow-Up Doll named Percy deur Dale Hefer

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/dit-gaan-inspireer-om-groter-te-leef-20210530

Resensie: Reënboognasie as familie aan’t splinter

Loftus Marais resenseer The Promise deur Damon Galgut

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/reenboognasie-as-familie-aant-splinter-20210530

Resensie: Bydraes gryp aan met aardse poësie

Jonathan Amid resenseer Hartstories van ons land se boere deur Ivor Price en Kobus Louwrens

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/bydraes-gryp-aan-met-aardse-poesie-20210530

Resensie: Skok-verslag oor slagting én aanklag teen Zuma

Gert van der Westhuizen resenseer The Battle of Bangui deur Warren Thompson, Stephan Hofstatter en James Oatway

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/ontstellende-verslag-oor-slagting-en-aanklag-teen-zuma-20210530

 Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Mei op LitNet verskyn:

God Is daar ’n ander antwoord? deur Ben du Toit: ’n lesersindruk

Dol Heuning deur SJ Naudé – ’n lesersindruk

Dinge van ’n hond deur SP Benjamin, ’n lesersindruk

Frederik de Jager: ’n Herd wat knetter met stories

Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2021: ’n onderhoud met Salvia Ockhuis

Karoofossiele: Suid-Afrika se eerste landdiere deur MA Cluver: ’n lesersindruk

Stilspraak: Strijdom van der Merwe en landkuns deur Carina van der Walt: ’n resensie

Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2021: ’n onderhoud met Sarie Nell

Versamelde dramas – NP Van Wyk Louw: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Op soek na Saartjie deur Dominique Malherbe: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Sanlamprys vir Jeuglektuur-kortlys 2021: ’n onderhoud met Faeed Amardien

Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2021: ’n onderhoud met Andries Bezuidenhout

NP van Wyk Louw: Versamelde dramas – ’n onderhoud met Kristél de Weerd en Deborah Steinmair

Sanlamprys vir Jeuglektuur-kortlys 2021: ’n onderhoud met Ihette Senekal

Raaiselsee deur Troula Goosen: ’n jonglesersindruk

Op soek na Saartjie: In gesprek met Langenhoven se agterkleinkind

Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2021: ’n onderhoud met Lydia Gittens

Spiritualiteit: ’n gesprek tussen Abel Pienaar en Estelle Kruger

Sanlamprys vir Jeuglektuur-kortlys 2021: ’n onderhoud met Annerlé Barnard

Emigreer of bly: Is die gras werklik groener aan die ander kant? deur Stephan Joubert: ’n lesersindruk

Die vyfde slag deur Johann Grobbelaar: ’n resensie

Vin deur Lien Botha: ’n gesprek met die skrywer

’n Hart is so groot soos 'n vuis deur PP Fourie: ’n resensie

Rooiborslaksman deur Marinda van Zyl: ’n FMR-resensie

Die volgende resensies het gedurende Mei in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn: 

2 Mei

Onderhoud: Damon Galgut gesels oor sy nuwe roman, The Promise, met Johan van Zyl

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/skugter-sa-genie-betower-literere-wereld-20210502

Resensie: Michiel Heyns resenseer The Promise deur Damon Galgut

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/komiese-kroniek-van-n-liefdelose-woesteny-20210430

9 Mei

Resensie: Versamelde dramas – N.P. van Wyk Louw, saamgestel deur Deborah Steinmair en Kristèl de Weerd, en geresenseer deur Jean Meiring

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/n-skatkis-vir-flenters-lees-20210509

Resensie: Jonathan Amid bespreek Hartedief deur Rudie van Rensburg

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/goed-genoeg-maar-steel-tog-nie-harte-nie-20210507

Resensie: Disteltyd deur Marlise Joubert,  geresenseer deur Marius Crous

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/om-te-berus-is-al-wat-oorbly-20210507

Nuut op die rak: “’n Dubbeldosis drama”

  • Amy Lekas se Die dans van die watermeid;
  • Kunene and the King deur John Kani

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/nuut-op-die-rak-dubbeldosis-drama-20210509

16 Mei  

Resensie: Chris van der Merwe resenseer Op soek na Saartjie: Langenhoven se geheime liefde deur Dominique Malherbe

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/stert-swaai-effe-die-hond-20210516

Resensie: Johann Kriegler bespreek Give us more Guns: How South Africa’s Gangs were Armed deur Mark Shaw

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/n-wekroep-oor-wapens-20210514

Resensie: Dominique deur Erla-Mari Diedericks, geresenseer deur Jonathan Amid

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/sit-seks-terug-in-die-riller-20210514

Oorsigresensie – kinderboeke: "Die walglike winde van verandering"  

Vuil Ferdie: Burp!, Vuil Ferdie: Eeuw! en Vuil Ferdie: Kieme! deur Alan McDonald en vertaal deur Jacobs;

Die aardigste kinders op aarde 3 en Die aardigste onnies op aarde deur David Walliams en vertaal deur Kobus Geldenhuys; en

Fanie Viljoen se Flippie word ’n vlieg, geresenseer deur Magdel Vorster

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/nuut-op-die-rak-die-walglike-winde-van-verandering-20210516 

23 Mei

Resensie: Waldimar Pelser resenseer Our Long Walk to Economic Freedom: Lessons from 100 000 years of human history deur Johan Fourie

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/voelvlug-oor-vooruitgang-20210521

Resensie: Na ’n plaas in Afrika deur Irma Joubert, geresenseer deur Trisa Hugo

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/nog-n-meesterlike-storievlegsel-20210521

Resensie: Jonathan Amid resenseer You never really know deur John Hunt

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/gebore-in-paleis-van-gruwels-20210521

Nuut op die rak: “Kwartet uit Afrika”

  • Suitcase of Memory deur A’Eysha Kassiem;
  • A Coat of Many Colours deur Fred Khumalo;
  • Sindiwe Magona se When the Village Sleeps; en
  • Robert Muponde se The scandalous times of a book louse: A memoir of a childhood)

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/nuut-op-die-rak-kwartet-van-afrika-20210523

30 Mei

Resensie: Jean Meiring resenseer Voorouer. Pelgrim. Berg. deur Ingrid Winterbach

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/ryk-kompleks-en-soms-baie-snaaks-20210528

Resensie: Dinge van ’n hond deur S.P. Benjamin, geresenseer deur Valda Jansen

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/ons-is-nie-almal-so-nie-nog-nie-20210528

Nuut op die rak:  “Boeke uit die binnekamer”

  • Johan Bakkes se Hou die kruit droog;
  • Just a moment: A memoir deur Schalk Burger sr. en Michael Vlismas;
  • My Final Answer deur Jeremy Maggs;
  • Pieter van Zyl se Verhale van hoop: Só help jy jou geliefde en jouself; en
  • Floreer deur Ilse Salzwedel

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/boeke-uit-die-binnekamer-20210528

 Die volgende resensies het gedurende Mei op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

4 Mei

Fantasieboeke vir die jongklomp

Fantasie is nog ’n grootliks onontginde genre in Suid-Afrika, maar te oordeel aan internasionale verkope wag daar ’n mark wat beslis die potensiaal het om te groei.

Lees die resensie deur Louise Viljoen

11 Mei

Die Familiebybel

Hierdie Bybel dra jy gerieflik met jou saam. Só kan jy en jou gesin altyd toegang hê tot die Woord en kan julle jul enige tyd en plek daarin verdiep.

Lees die resensie deur Louise Viljoen

18 Mei

Hoe groot is ons God

Net mooi 100 dagstukkies vertel van God se handewerk, van reusagtig groot tot mikroskopies klein. Dit sluit in die buitenste ruim, die Aarde en die weer, plante en klimate, die menslike liggaam, emosies en verbeelding, diere en nog vele meer.

Lees die resensie deur Louise Viljoen

21 Mei

Boek van die maand: Die versoeking van Thomas Maas

Voorafkennis is nie nodig om jou te verkneukel aan die versoeking waarvoor ene Thomas Maas in die jongste roman te staan kom nie – én die (private) speurwerk wat Ella Neser in die proses moet doen nie.

Lees die resensie deur Johan Myburg

26 Mei

Hekel en word heel 2

Die aangrypende stories – wat wissel van verlies, werkverwante stres, depressie, siekte en dood tot mishandeling – vertel hoe hekel 21 mense gehelp het om deur moeilike omstandighede staande te bly.

Lees die resensie deur Louise Viljoen

 Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Mei onder redaksie van Francois Lion-Cachet verskyn:

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Mei op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-episode/?series=4793

Woensdag 5 Mei

Ilse Salzwedel gesels met Irma Joubert oor haar nuwe roman, Na ’n plaas in Afrika. Jy kan meer uitvind oor die ATKV-Skryfskool se Winterskool wat vanjaar aanlyn plaasvind. In sy bydrae oor die internasionale letterkunde, gesels Johan Myburg oor die ses finaliste vir die Women's Prize for Fiction en 'n wêreldwye peiling oor leespatrone tydens die pandemie.

Woensdag 12 Mei

Ilse Salzwedel gesels met Bibi Slippers oor ’n paar boeke wat sy onlangs gelees het en kan aanbeveel. Johan Myburg vertel in sy internasionale insetsel meer van Jumpa Lahiri se nuwe roman, en ’n biografie oor die Britse digter, dramaturg en komponis Ivor Gurney. Jy kan ook luister na ’n klankopname waarin Lahiri ’n stuk uit haar roman voorlees. Kom vind ook uit wie vir die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans se skrywersresidensieprogram gekies is.

Woensdag 19 Mei

Vind meer uit oor die skrywer CJ Langenhoven se geheime liefde, Sarah Goldblatt, wanneer Ilse Salzwedel met die skrywer Dominique Malherbe gesels oor haar biografie Op soek na Saartjie. Ilse gesels ook met Wilmi Wheeler oor haar radiodrama, Die huisbesoek, wat met ’n Writers Guild of South Africa-toekenning bekroon is. Johan Myburg gesels in sy bydrae oor die internasionale letterkunde onder andere oor die Dylan Thomas-prys en die wenners van die Britse Book Awards.

Woensdag 26 Mei

Ilse Salzwedel gesels met twee misdaadskrywers, Rudie van Rensburg (skrywer van o.a. Hartedief) en Carla van der Spuy (haar jongste boek is Gangster). Die een skryf fiksie, die ander nie-fiksie. Die kinderboekskrywer Wendy Maartens vertel meer oor Vaandeldraers, haar nuwe reeks nie-fiksie boeke vir kinders. Johan Myburg vertel meer oor die spioenasiemeester John Le Carre se nuutste boek wat in Oktober verskyn, en Lost Children Archive, die wenner van die Dublinprys.

 

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Mei op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:

https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-episode/?series=4896

Dinsdag 4 Mei

Akademikus en digter Bernard Odendaal  gesels oor sy nuutste digbundel, Nootvat. Kwashaal. Stapel. In sy eerste bundel sedert hy in 2007 met Onbedoelde land gedebuteer het, besin Bernard Odendaal oor woordkuns, Afrikaans en die voortbestaan daarvan; gedenk hy die heerlikheid én verganklikheid van die mens, die natuur en die liefde; registreer hy maatskaplike verwording. ’n Verlore jeugwêreld en vriende word onthou; daar word gedink aan kinders wat in diaspora verkeer. Stemminge, toonaarde en digvorme wissel mekaar af. Joan Hambidge som haar resensie oor hierdie bundel kort en kragtig op: "Slim en ontroerend." Sy sê voorts: "Bernard Odendaal het met sy tweede bundel die noot hoog ingesit, maar nêrens word 'n vals klank geuiter nie. Dit is sterk kwashale wat hier van stapel gestuur word." Of soos Marlies Taljaard haar resensie begin: "'n Deurwinterde bundel van 'n meesterdigter."

Dinsdag 11 Mei

Luister na verse uit Marlise Joubert se tiende digbundel, disteltyd, uitgegee deur Protea. Joubert neem in hierdie bundel bestek op haar lewe: die verouderingsproses met gepaardgaande fisieke aftakeling en verlies, maar ook besinning oor familie, eie kinderjare en die onlangse inperking, beurtkrag en geweld. Dis gedigte met ’n sterk poëtiese en visuele inslag en word gekenmerk deur ’n introspektiewe, selfs nostalgiese, toonaard. Soos die distel as onkruid ’n saadpluim lewer wat lig, dartelend en lieflik is, is hierdie gedigte ook. Disteltyd is ’n bundel wat weens die geskakeerdheid daarvan ’n belangrike bydrae lewer tot die steeds groeiende korpus van laatwerke; gedigte wat meestal ontroer weens die menslikheid en humor daarin verwoord, maar terselfdertyd ook die leser konfronteer met die maatskaplike onregte kenmerkend van ons tyd.

Dinsdag 18 Mei

Chris van Niekerk lees verse voor uit die bundel, Alles keer om - Tomas Tranströmer in Afrikaans, vertaal deur De Waal Venter. Tomas Tranströmer, 'n Sweed en een van die grootste Skandinawiese digters ooit, slaag daarin om belewenisse wat vreemd en angswekkend kan wees, aan te bied asof dit alledaags is en hy gee dit 'n soort liriese skoonheid, gestroop en minimaal, maar besonder kragtig. Sy poësie lei die leser tot 'n punt waar die werklikheid met verrassende onverwagsheid "omkeer", iets anders beteken en beskryf as wat die leser verwag. Die motivering vir die Nobelprys wat hy in 2011 ontvang het, het dié woorde ingesluit: hy gee ons vars toegang tot realiteit. 'n Skynbaar gewone situasie word meteens asemrowend anders. De Waal Venter het sowat 135 vertaalde gedigte ingesluit in hierdie bundel en lewer hiermee 'n uitsonderlike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde.

Dinsdag 25 Mei

Luister na gewyde gedigte, soos opgeneem in die woordkunsprogram God, die digter. Helena Conradie en Christa Thom gesels oor hierdie projek, en lees van die mooiste gewyde gedigte in Afrikaans voor. Jy kan uitsien na gedigte deur Joan Hambidge, D.J. Oppperman, Sheila Cussons, N.P. van Wyk Louw, Susan Smith, Donald Riekert, S.J. Pretorius, Jan Swanepoel, Olga Kirsch, Wilma Stockentröm, George Louw en T.T. Cloete.

 De Week van de Afrikaanse roman bied in samewerking met die Taalunie en die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam ’n aantal aanlyn gesprekke aan oor Afrikaanse letterkunde: ‘Boeken uit het Huis’. Die gesprekke vind in Nederlands en in Afrikaans plaas.

In Mei is die volgende gesprek beskikbaar gemaak:

27 Mei

Boeken uit het Huis: Chinatown deur Ronelda Kamfer

’n Gesprek ter bekendstelling van die Nederlandse vertaling van Chinatown deur Ronelda Kamfer, wat by Uitgeverij Podium verskyn het en waarvan die PEN Afrikaans Vertaalfonds met trots die vertaalkoste gedra het. Ronelda Kamfer en Alfred Schaffer, die vertaler van die bundel, is in gesprek met Ama van Dantzig.

Prof. Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:

http://joanhambidge.blogspot.co.za/

 Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

29 Mei

Resensie: Nomadiese sterre

Janien Linde resenseer Nomadiese sterre deur Joan Hambidge

https://versindaba.co.za/2021/05/29/resensie-nomadiese-sterre-joan-hambidge/

The post PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Mei 2021 appeared first on LitNet.

Viewing all 21581 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>