Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 22066 articles
Browse latest View live

Gangsters deur Carla van der Spuy: ’n resensie

$
0
0

Gangsters
Carla van der Spuy
NB-Uitgewers
ISBN: 9780624090137

Bendebedrywighede en geweld is nie net die verantwoordelikheid van spesifieke gemeenskappe of organisasies nie. Dit raak almal.

Stanley Jacobs, ’n IT-kenner wat nou betrokke is by die Cape Flats Museum in Strandfontein, sê gangsters gaan uit na ander gebiede en roof en steel daar. 

Onlangs lees mens weer van twee kinders van die Kaapse Vlakte wat in bendes se kruisvuur beland het. Dis ’n algemene, maar hartseer verskynsel, die onskuldiges wat op die verkeerde tyd op die verkeerde plek is. Veral hul ma’s se lewens verander ingrypend en vir altyd, en die res van die Vlakte-inwoners word met vrees vervul.

Verstaan mens egter waarom jongmense en kinders van so jonk soos 12 gangsters word, is daar tog hoop. Daar is baie sulke voorbeelde in Gangster.

Carla van der Spuy, die skrywer, ondersoek hoekom dinge so verskriklik skeefgeloop het in dié jongmense se lewens. Sy noem juis dat sy ’n stem wil gee aan hulle wie se stories ons normaalweg nie hoor nie. In hul eie (Kaapse) taal.

Lesers loop ook voorbeelde van tronktaal, oftewel Sabela, raak: ’n Frans is ’n niebendelid. ‘n Stimela is ’n nuweling of een wat van ’n ander gevangenis oorgeplaas is. As jy ’n sculpture is, het jy iemand verraai.

Jy mag dié taal egter nie onoordeelkundig gebruik nie.

Deesdae wil baie oudgangsters ’n verskil maak, keer dat ander jongmense by bendes betrokke raak. Van der Spuy voer onderhoude met onder andere gerehabiliteerde gangsters, tronkbewaarders, polisiebeamptes en pastore.

So het pastoor Ricardo Sloster, ’n gewese gangster, as jongman ’n goeie werk losgeslaan. Maar toe raak hy “bietjie windgat”. “Jy dink jy is God’s gift to women. Ek was ’n operator. Ek dink dis waar my lewe skeefgeloop het,” sê hy. Alles het eenvoudig “begin spiral”. Sloster het lank ’n lewe van gewelddadige en aggressiewe misdaad, asook dwelmverslawing, gelei voor hy pastoor geword het.

“Pastor Try Me” herinner weer aan die “Pappie wag vir jou”-advertensie van destyds, skryf Van der Spuy. Sy pa was afwesig en sy ma het hom mishandel. Pastor Try Me het reeds op 12 ’n gangster geword en is op 17 na die Pollsmoor-gevangenis gestuur. Later het hy ander gevangenes geleer hoe om “die nommer te doen”, met ander woorde hoe om ’n “nommer” te wees. Voorbeelde van die nommers sluit in die Twenty-Sixes en die Twenty-Eights, spesifieke bendes in die gevangenis.

Die skrywer voer ’n onderhoud met ’n ma wie se seun vermoor is. Die moordenaar (17) het lank “vry geloop” en sy ma het jare lank gely.

Kurt Olivier is weer ’n oudpolisieman wat ’n gangster geword en toe sy moses teëgekom het.

Gangster wemel van karakters. Die “Lady Gangster” is die eerste vrou wat aan ’n mansbende behoort het. Daarna het sy ’n maatskaplike werker geword. “Dit was my hartsbegeerte om in die tronk te gaan werk, terug te gaan na die juveniles toe,” sê sy.

Jeremy Davis is ’n gewese lid van die gevreesde American-bende. Hy vertel dat hy geroof, ingebreek, dwelms gebruik en “gun geskiet” het. Uit sy (bose) vriendekring is hy die enigste oorlewende. Die ander is doodgeskiet.

Allan Rehbock is ’n “wit” gangster en pa van 11. Hy is erg vermink in gewelddadige bende-oorloë en erken dat hy vele mense die ewigheid in gestuur het. Vandag bedryf hy sy eie liefdadigheidsorganisasie, verleen hulp aan dwelmslawe en gaan haal slagoffers van mensehandel diep uit die onderwêreld uit. Op 11 was hy al ’n gesertifiseerde jeugmisdadiger.

Soos die verhale ontvou, besef mens dis tog moontlik om die kettings wat bendeskap inhou, af te gooi. “As ons by die root van die evil kan uitkom, kan dinge verander. Dis hoekom ons programme het om jongmense te leer daar is ’n beter opportunity vir jou. Gaan studeer. Dit is beskikbaar,” sê Stanley Jacobs. Die gangster moet egter ook wíl hervorm.

Hoekom word iemand ’n gangster? Van der Spuy sê dat daar nooit ’n verskoning vir geweldsmisdaad is nie, wel redes.

Verreweg die meeste jongmense wat gangsters word, kom uit gebroke huise. Armoede en werkloosheid seëvier. Die vaderfiguur wat veronderstel is om ’n rolmodel te wees, is in die meeste gevalle afwesig. Seuns sonder pa’s (Lux Verbi), wat ook pas verskyn het, werp meer lig op dié probleem.

Vaderloosheid raak meer as 60 persent van kinders wat in Suid-Afrika gebore is, lees jy. Dit lei daartoe dat die kind of jongmens iewers wil behoort. Die Lady Gangster sê: “Dissie ding van ek het seergekry en wie gaan kom troos?” Sulke jongmense wil van geweet wees. Hulle wil spesiaal voel en ook ’n lewe van geld en mag lei. Jongmense wat op die ou end gangsters word, word aangetrek deur handelsnaamklere, spoggerige motors en rolle note. Dit beteken geluk en ontsnapping uit armoede.

Of so glo hulle. Min wetende dat (benewens die risiko om self doodgemaak te word) bendelid-wees dikwels lei tot dwelmmisbruik (“om die conscience te ease”), geweld en moord. Pastoor Leon Jacobs is ’n voorbeeld. Hy het sy tweelingbroer met ’n mes doodgesteek.

Die Covid-inperkings het die bendeprobleem vererger, skryf Van der Spuy. Kinders het vir lank nie skoolgegaan nie en dikwels by bendes aangesluit. Dwelmmisbruik is dan basies ’n gegewe. Dis ook kommerwekkend dat seuns dikwels die gangsterskap van hul pa’s voortsit. Jeremy Davis (voorheen van die Americans-bende) stel dit so: As jy teen bendegeweld op die Kaapse Vlakte wil optree, begin by jou eie familie.

Mens lees hoe wapens en alkoholiese drank in die gevangenis gemaak word, hoe dwelms daar beland, oor die bestaan van “wyfies” onder die manne, asook oor presies hoe sommige bendelede tot inkeer gekom het.

Insiggewend is ook die goeie verhouding tussen verskillende rasse in die gevangenisse. Wandisile Nqeketho, medestigter van die 18 Gangster Museum in Mandelapark, Kaapstad, sê trouens: “Eintlik ... kan ons wat buite is by die mense wat binne is omtrent rasseharmonie leer.” Die jong Chad Crowley stel dit so: “Want ... dis jou broer en hy behoort aan jou nommer en jy beskerm hom.”

Danie Bester, ’n oudbewaarder in die Krugersdorp-gevangenis, vertel dat hy berugte misdadigers soos Moses Sithole, ’n reeksmoordenaar en “silent killer” wat “doodgewoon” lyk, ontmoet het. Ook vir Ralph Haynes van die Boeremafia wat sy “dik arms” om Bester geslaan en gesê het: “Sersantjie, net een druk dan breek ek jou nek.”

Hoewel die dwelm- en gangsterprobleme geweldig groot is, is daar wel organisasies en individue wat alles insit om kinders te waarsku dat misdaad nie lonend is nie. Hulle help ook die kinders om hul lewens te hervorm. Kom dit by motiveringspraatjies, kan ’n gewese gangster in ’n oranje tronkpak wel as ’n afskrikmiddel dien.

Gemeenskappe doen harde werk, ja. Maar die inwoners bepleit meer sigbare polisiëring. Daarby moet kinders in die straat speel omdat ontspanningsgeriewe ernstig te kort skiet. Hulle beland maklik midde-in die spervuur van bendegeweld. Dit gebeur met soveel kinders dat die Cape Flats Museum ’n gedenkmuur vir hulle opgerig het, skryf Van der Spuy.

Nqeketho reken dat as almal bang is vir die bendes, niemand die probleem sal aanpak en ’n oplossing sal vind nie. “En dan sal bendebedrywighede eenvoudig genormaliseer word. Die volgende generasie gaan die slagoffers wees,” sê hy.

Dit moes baie moed gekos het van Van der Spuy en Jacques Pratt, haar goeie vriend en stigter van die Hope Hela Foundation, om tydens die skryf van hierdie boek die potensiële gevaar in sekere dele van die Kaapse Vlakte te trotseer. Dit was sekerlik ook ’n groot uitdaging om gewese gangsters op te spoor.

Gangster is ’n nodige en belangrike boek. Die sêding “Kennis is mag” geld beslis hier. Dis die een boek wat jy in 2021 móét lees.

  •  Indien jy hulp wil verleen (of dalk nodig het), of meer wil uitvind oor die mense of organisasies wat in Gangster genoem word, raadpleeg gerus die kontaklys agterin die boek.

 

The post <em>Gangsters</em> deur Carla van der Spuy: ’n resensie appeared first on LitNet.


Karima Brown (1967–2021) – We’ve just lost a bit of South Africa’s courage

$
0
0

Karima Brown (Image: YouTube)

Karima Brown’s death this week from COVID-19 at the age of 53 is a tragedy. It is a tragedy, obviously, for her family and our hearts go out to them; but it’s also a loss for our increasingly fragile democracy. We need courageous journalists and she was definitely a veteran of the craft, sometimes at great personal cost.

In 2007, and after a series of tweets critical of Julius Malema and the Economic Freedom Fighters (EFF), Malema posted her telephone number on Twitter. What happened next exposed a deep and extremely ugly malaise within our society. The EFF piled into her with threats of assault, rape and death. Not only did it reveal the misogyny within the party, it was an ominous warning about what would happen if the EFF gained true power.

But Brown stood firm. At the time she said, “I won’t be cyberbullied and censored by any politician, including Mr Malema.” She took Malema to the South Gauteng High Court and won. The court ruled that Malema’s actions were a violation of the Electoral Act. Karima’s refusal to be silenced provides both a source of support and inspiration for female journalists under threat.

Across the world female journalists are subjected to extreme violence and intimidation. In 2011, on a Cairo street, a mob gang-raped CBS’s Lara Logan for covering President Hosni Mubarak’s resignation while onlookers filmed the rape with their cell phones. Daphne Caruana Galizia was killed in car bombing in 2017 for exposing corruption revolving around a power plant owned by the Maltese state.

Karima’s steel in post-liberation South Africa started in her youth. She was born in Cape Town in 1967 and her father, Achmat Semaar, was a member of the African National Congress organising in Mitchells Plain. Following in his footsteps, Karima entered student politics in the 1980s. Her engagement in politics continued after 1994 and she made no bones about her ANC membership.

She was a seasoned journalist and editor. Her long career encompassed Business Day, 702, eNCA and Independent Media. In 2015 she sparked controversy when she was photographed wearing ANC regalia, alongside Independent Media editor Vukani Mde. She was the executive editor at the time and it can’t be ignored that she was there when Iqbal Surve gutted it.

She didn’t hide her views on whom she supported within the ANC – she had the courage of her convictions. Agree or not with her support of President Cyril Ramaphosa, there’s no doubt her insider knowledge illuminated the inner workings of the party. Last November she was interviewed on Peter Bruce’s show Podcasts from the edge about the conflict between the opposing factions within the ANC. On Jacob Zuma’s attempt to collapse the Zondo Commission she bluntly said it was "a very phoney and lame effort and backfiring horribly".

As for the situation within the ANC’s National Executive Committee she said, "Everyone is kind of in it for themselves" and "We shouldn't rule out the path of Gwede Mantashe ... I won't put it past him if he tries to make a play for the presidency.”

Her take on Ace Magashule was that he “really is gonna be hard-pressed to mount a campaign [to be president] that is credible and that jumps over the bodies of quite a few top six officials. Their ambitions in the party are too high."

Time will tell, but food for thought.

We will miss her behind-the-scenes analysis, especially in the coming months as elections are approaching. There’s also the ANC’s electoral conference next year. Without her reporting, it will be more opaque than ever before.

The post Karima Brown (1967–2021) – We’ve just lost a bit of South Africa’s courage appeared first on LitNet.

Persverklaring: kykNET se hoogtepunte, Maart 2021

$
0
0

Die Boekklub
Drama
Dinsdae om 20:00
Met Armand Aucamp, June van Merch, Nicole Holm, Jana Cilliers, Karli Heine, De Klerk Oelofse, Margit Meyer-Rödenbeck, Pierre van Pletzen en Nicole Fortuin.

Pietie Beyers is te sien in die rol van John. Ons het hom in die eerste reeks reeds leer ken, maar hierdie keer verloor hy sy hart op meer as een manier op Merweville.

Gee so ’n bietjie agtergrond oor jouself. Waar het jy grootgeword, skoolgegaan en studeer. Hoekom het jy op drama as ’n loopbaan besluit?

Port Elizabeth gebore en daar gewoon tot net voor skool. Ons trek toe Kaap toe en ek gaan skool by Laerskool en Hoërskool Jan van Riebeeck. Stellenbosch toe om te studeer en voor ek myself voltyds ’n “onafhanklike kontrakteur” begin noem het, was ek vier jaar by ’n advertensiemaatskappy in die Kaap.

Ek het op drama besluit, want toe ek die pad byster raak en wiskunde-olimpiades vir 'n cool image verruil, was dit iets wat my weer aan ’n suiwerder, vierjarige self herinner het.

Hoe het jy die karakter John benader?

Met eerlikheid en noukeurige oorweging.

Wat maak sy rol anders as in die vorige reeks?

Hy't diep spore getrap en uitdagende paaie bewandel. Trauma het sy ego gestroop.

Wat het jy by hom geleer?

Dat jy jou gut eerder as jou kop kan vertrou.

Die boekklub 3 is tydens inperking verfilm. Wat was die grootste uitdagings?

Die verfilmingsdatums wat weens positiewe gevalle ge-juggle moes word. Dankie tog vir ’n uitstekende produksiespan.

Hoekom dink jy het Die boekklub kykers so aangegryp? Dink jy dit gaan met die derde reeks ook gebeur?

Ek hoop so. Ek dink die storie prioritiseer menslikheid. Dit vind raakpunte in wat met die eerste oogopslag na verskille lyk. In Die boekklub is daar plek vir almal.

Hoe lyk die res van die jaar? Enige groot planne of projekte waarvan ons moet weet?

Ek belê baie tyd (en put baie genot) uit my, en ’n vriend van my, Niel Kidd, se podsending So loop hy maar. Ons droom om daarvan die grootste Afrikaanse podcast in die wêreld te maak.

Die Boekklub is Dinsdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).

***

Afgrond
Drama
Woensdae om 20:00
Met Jana Kruger, Kim Cloete, Marguerite van Eeden, Gretchen Ramsden, Kanya Viljoen, Ivan Zimmerman, Maurice Carpede, Wilhelm van der Walt en Stian Bam.

Kanya Viljoen, wat die rol van die begrafnisondernemer Leora speel, is dalk ’n nuweling op TV, maar sy het al diep spore in die teaterwêreld getrap.

Vanwaar kom jy, waar het jy studeer en hoe het jy in die uitvoerende kunste beland?

Ek het in Somerset-Wes grootgeword en het aan die Universiteit van Kaapstad teater en uitvoerende kunste studeer. Die kunste was maar nog altyd ’n baie groot liefde in my lewe. As klein dogtertjie was ek altyd aan die dans of storie-vertel of wêrelde verbeel en dit het in my skooldae al hoe meer ernstig geword. Ek het klassieke ballet, sang, klavier en drama dwarsdeur laerskool en hoërskool geneem en wou nog altyd op een of ander manier in die kunste betrokke wees.

Vertel ons meer van jou karakter, Leora. Hoe het jy onder haar vel ingeklim?

Daar is soveel elemente en streke van Leora wat vir my so bekend voel – haar positiewe uitkyk op die lewe, haar babbelende energie en haar liefde vir ietsie moois is alles eienskappe wat ek so goed ken. Daar was ook elemente wat nie so bekend gevoel het nie, maar dit was ’n lekker uitdaging om aan te pak.

Hierdie is jou eerste groot TV-rol. Wat was vir jou die grootste uitdagings? En vreugdes?

Daar was soveel vreugdes dwarsdeur die hele proses van Afgrond, maar ‘n hoogtepunt is die span mense saam met wie ek kon werk. Van die regisseur, Corné van Rooyen, wat so ’n sagte hand gehad het, en die kinematograaf, Sunél Haasbroek, wat dikwels ’n beeld so mooi kon vasvang, tot die kostuum- en grimeerspan, wat elke oggend grappies vertel het. Die spoed waarteen ’n mens moet werk, was iets waaraan ek gewoond moes raak, maar ek dink ek het dit darem teen die einde baasgeraak.

Jou wortels lê stewig geplant in die teater – nie net as skrywer nie, maar ook as regisseur. Sal teater altyd jou eerste liefde bly?

Dit is ’n baie moeilike vraag. Ek dink teater sal altyd my fondasie bly en dit het my soveel oor myself en oor die kuns van stories vertel geleer. Daarom sal ek altyd by teater betrokke wil bly. Dit gesê, is ek net so opgewonde oor film en televisie en al die ander maniere waarop ’n mens kan speel en skep.

Jy was een van vyf opkomende skrywers wat in 2019 gekies is vir die Jakes Gerwel Stigting se mentorprogram. Wat beteken so ’n program vir jong skrywers?

Die Jakes Gerwel-skrywersresidensie was ’n ongelooflike geleentheid waar ek so baie geleer het. Dit was so ’n groot voorreg om my alledaagse omgewing te verlaat en om vir ’n maand lank ’n toneelstuk te ontwikkel en te skryf. Dit het ’n fokus rondom die werk toegelaat, wat nie altyd moontlik is as jy ’n jonger skrywer is nie. Ek dink daar is beslis meer sulke programme nodig, wat kosbare tyd aan kunstenaars kan bied.

Hoe lyk die res van jou jaar? Waaraan werk jy en wat hoop jy kom oor jou pad?

Met die pandemie is alle planne ’n bietjie holderstebolder, maar ek is tans besig om produksies as deel van die Baxter Teater se Zabalaza-fees te fasiliteer. Ek berei ook voor om klas te gee aan die Universiteit van Kaapstad en Act Cape Town. Hopelik is daar ook binnekort ’n teaterstuk of twee by die feeste.

Afgrond is Woensdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).

***

Boer Soek ’n Vrou
Realiteit
Donderdag om 20:00
Met Marciel Hopkins as aanbieder

Dinge begin stadig maar seker in ’n rigting beweeg op elkeen van die boere se plase.

11 Maart

Twee vroue bly oor en dis tyd vir die familie-en-vriende-braai. Hoeveel invloed gaan dié kuier op die boer se finale besluit hê?

18 Maart

Die laaste dag op die plaas breek aan. Die boer moet sy keuse maak en dit is die vroue se laaste kans om sy hart te wen.

25 Maart

Die groot oomblik: Die boer moet sy finale keuse maak, maar is albei die vroue gretig om die nuutgevonde verhouding voort te sit? Die liefde kan tog so onvoorspelbaar wees.

Boer Soek ’n Vrou is Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).

***

Die 11de kykNET Fiëstas
Teatertoekennings
Sondag 7 Maart om 20:00
Met De Klerk Oelofse as aanbieder

Anders, maar nogsteeds glansryk en inspirerend. Dít is hoe vanjaar se Fiësta-toekennings beskryf kan word.

Ten spyte van die uitdagings van die beperkings as gevolg van Covid-19 het kreatiwitiet geseëvier om die uitvoerende kunste en gehore bymekaar te bring. Die 11de kykNET Fiëstas vind plaas om hierdie werk te vereer.

Vanjaar se Fiësta-toennings, wat vir die elfde keer uitgedeel word, is as gevolg van die pandemie nie ’n lewendige uitsending voor ’n groot gehoor soos in die verlede nie, maar wel net so opwindend soos vorige jare. Die toekenningsgeleentheid is die afgelope naweek verfilm en word op Sondag 7 Maart om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

“Wat doen die muse as hy by ‘n fees aankom en daar gaan niks aan nie? Die ligte is af en alles is toe onder lakens en stof,” sê die regisseur van vanjaar se Fiëstas, Hennie van Greunen. “Wel, hy begin met ‘n noot op die ou klavier wat eenkant staan. As hy hierdie twee koorde bymekaar inprop, gaan doer êrens ‘n verhooglig aan.”

Groot name in die vermaakbedryf is vanjaar deel van die produksie: Joshua na die reën, Antoinette Kellerman, De Klerk Oelofse, Corlea Botha, Elandré, Jemma Kahn, Anna Davel, Richard September en Charlton George asook opkomende sterre soos die danser DfeatSA, die sanger Kyle Seconna, die aktrise en sangeres Devonecia Swartz en die jong stemme van Phoebe Maxaji, Mia Dippenaar en Wanda Jacobs.

Soos gewoonlik gaan daar ook drie legendes vereer word met lewensbydrae-toekennings. Hierdie toekennings gaan vanjaar aan die veelsydige akteur, filmmaker en radioman Nic de Jager, die sanger en akteur Terry Fortune en die legendariese fotograaf Bob Martin.

Benewens toekennings in twaalf kategorieë wat toneel, musiek, kuns en dans insluit, is daar ook vanjaar vir die eerste keer drie Sinjatuur-toekennings wat toegeken gaan word. Dié toekennings gaan aan kunstenaars wat tot nou toe uitsonderlik presteer in hulle loopbane. Soos met die Blou Fiësta, die toekenning wat gaan aan ’n uitsonderlike prestasie op die feeste program, word die wenners van die Sinjatuur toekennings eers die aand van die uitsending bekend gemaak.

Skakel Sondag 7 Maart 20:00 in vir die 11de kykNET Fiëstas op kykNET (DStv-kanaal 144).


kykNET Storiefilms

Alomtjom
Televisiefilm
Vrydag 12 Maart om 21:00
Met Luan Jacoobs, Lindie Jordaan, Louis Minaar en Francois Jacobs.
Regisseur – Freddy Louw

Dis 2021. Die toekoms is hier en die apokalipse het aangebreek.

Tussen sosiale media, internetverslawing en die pandemie het mense se sosiale vaardighede verdwyn en is die meeste mense te bang of te lui om vriende te maak. Behalwe Andries, ’n kontrakwerker wat spog dat hy met enige iemand kan vriende maak.

*Kyk hier na die lokprent.

Alomtjom is Vrydag 12 Maart om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144)

***

Die Smaak van Saffraan
Televisiefilm
Sondag 14 Maart om 20:00
Met Vilje Maritz, Monique Rockman, Gustav Gerdener, Magda Beukes en John-Henry Opperman.
Regisseur – Sallas de Jager

Nadat hy sy vrou en dogter verloor het, dwaal ’n boer, Rudi van Rooyen, deur sy lewe, verloor sy geloof en skryf sy vriende af.

’n Jong predikant, Riaan Gericke, pleit by Rudi om by ’n ondersteuningsgroep aan te sluit omdat ’n vrou in dié groep, Kimberley Adams, ’n soorgelyke trauma ervaar het.

Die Smaak van Saffraan is Sondag 14 Maart om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).

***

Op Straat
Televisiefilm
Vrydag 19 Maart om 21:00
Met Amalia Uys, André Odendaal, Izel Bezuidenhout, Wilhelm van der Walt en Grant Swansby
Regisseur – Nicola Hanekom

’n Blik op die lewe van haweloses en die hartroerende verhaal van ’n familie wat lank gelede uitmekaar geskeur is.

Dis ook ’n storie oor vergifnis en medemenslikheid.

Op Straat is Vrydag 19 Maart om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).

***

Die Begin
Televisiefilm
Sondag 21 Maart om 20:00
Met Ansu Visser, Wilhelm van der Walt, Augusta Zietsman, Beer Adriaanse, Hanli Rolfes, Louis Minnaar en Mila Guy
Regisseur – Mila Guy

Die aartappelgereg is gaar, die familie is op pad en die ring is Pinterest-perfek. Jan-Hendrik is 32 jaar oud, gelukkig, verlief en reg om die volgende stap te neem. Bea is 28, gelukkig en verlief, maar ... Daar is altyd ’n maar.

*Kyk hier na die lokprent.

Die Begin is Sondag 21 Maart om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).

***

Woke
Televisiefilm
Sondag 28 Maart om 20:00
Met Deon Lotz, Jo da Silva, Natasha van der Merwe en Gideon Lombard.
Regisseur – Sanet Olivier

In 1993 het Charles Nieuwenhuizen, net soos die res van die wêreld, gretig op die nuwe Suid-Afrika gewag, maar ’n tragiese voorval by die werk het hom vir 27 jaar in ’n koma laat beland. Hy word in 2020 wakker in ’n wêreld wat hom heeltemal dronkslaan.

Woke is Sondag 28 Maart om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).


kykNET Sepies

Binnelanders
Sepie
Weeksdae om 19:30

Maart is ’n besige maand in die gange van Binneland Kliniek – en nie net omdat Elise Kruger weer terug is om die nuutste apparaat van haar maatskappy te smous nie. Elise het nou maar die manier om mense verkeerd op te vryf. Verlede keer het sy vir Annelize goed die harnas ingejaag het, maar hierdie keer kom sy teen haar grootste teenstander tot op datum te staan: Annetjie Strauss.

Annetjie, die selfaangestelde waghond van At Koster, gaan beslis nie Elise se storietjies en onverwagse besoeke verder duld nie. Sy ken al die truuks van mediese reps. Gooi nou nog ’n waardevolle horlosie (wat 'n Koster-erfstuk is!) in hierdie kruitvat en jy het ’n plofbare situasie wat dalk net tot 'n nuwe vriendskap – of gedugte vyandskap – kan lei.

Tracy Smit gaan haar storie moet ken wanneer At Koster sy vendetta teen haar verder voer. Hy stel Tracy voor ’n verskriklike besluit en hy motiveer dit met ’n gulde geleentheid en 'n asemrowende som geld. Is Tracy meer uitgeslape as At? En gaan sy haar stem dik maak teen hierdie man wat almal en alles met sy ystervuis regeer?

Louis en Naomi is in die sewende hemel noudat hulle nie meer nodig het om te redekawel oor ’n anonieme of ’n bekende skenker nie. En nou het hulle nog ’n huisie in die oog en dis ’n aantreklik proposisie. Kort voor lank is daar egter ’n hindernis of twee in die pad. Joline Hofmeyer is dalk die perfekte kandidaat om die biologiese somme te laat klop, maar gaan sy kan inpas by wat Naomi verwag? En gaan Louis die storms van huiskoop kan trotseer sonder om iemand te vermoor?

Binneland Kliniek en Southern Hope het nog nooit geskrik vir ’n bietjie kompetisie nie, maar met Chiron wat in almal se nekke blaas en na almal se hakskene byt, is dit ’n hele nuwe speletjie. Die groot vraag is: Gaan daar 'n samesmelting wees of nie?

Gaan die twee hospitale se raadslede rondom ’n tafel kan sit en die ding uitpraat? Of is dit 'n tevergeefse poging wat hier aangewend word?

Daar het heelwat tyd verloop vandat Maya die laaste keer so bietjie met die liefde getango het. ’n Mens moet seker vergewe en vergeet, maar kan Maya dit met haar hele hart doen? Om sake te vererger is haar pa ook weer in die omtrek en Faf is ’n jakkals wat van hare maar nie van snare verander nie. Gaan Maya ooit geluk kan vind? Of is sy nou maar vir ’n leeftyd gestraf met die Gosslin-naam? En gaan sy ooit uitvind wie en wat Faf regtig is?

Hou vas jou matras, want Maart is besig – en nie net omdat ons nog nie weet wie almal lewend van Nigerië gaan terugkeer nie ...

Binnelanders is weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144).

***

Suidooster
Sepie
Weeksdae om 18:30

Dit is nie ’n maklike tyd vir die Samsodiens nie. Hulle geluk oor Carmen en Rhafiek se babanuus is van korte duur, want daar is komplikasies. Die spanning loop hoog en veroorsaak wrywing tussen Estelle en Mymoena. Dié twee matriarge van die twee families sal die vrede vir die kinders se onthalwe moet probeer bewaar. Maar dit is makliker gesê as gedaan. Die gemeenskap trek saam om die jong paartjie se laste ligter te maak.

Intussen slaan Siya 'n nuwe blaadjie om en raak betrokke by die kerk, maar sy geduld word getoets wanneer Joy noodgedwonge by hom moet aansluit. En sy kom met bagasie. Wanneer Joy se pa onverwags begin uitreik, is daar vrae rondom haar grootwordjare en haar verhouding met haar ouers. Sy het nie veel tyd om haar kant van die storie te vertel voordat Gino, haar pa, uiteindelik opdaag nie. Siya se gemeenskapsdiens strek binnekort verder as net die sopkombuis wanneer Gino met alle mag en krag by sy dogter probeer uitkom. Niemand het ’n bril nodig om te sien Gino is moeilikheid nie, maar iemand soos Siya verstaan bitter goed almal verdien 'n tweede kans. Of is dit soms naïef om so te dink?

Trouklokke lui vir Imraan en Kaashifa, maar as dit van Kaashifa afhang, word daardie trouklokke van die duurste koper gemaak – sy erf groot geld by haar oorle’ ouma Rabia en kry die bevlieging om ’n ordentlike troue aanmekaar te slaan. Maar wanneer sy besef hoeveel werk 'n ordentlike troue op so ’n skaal verg, haal sy nog geld uit sodat iemand anders dit namens haar kan reël. Arme Imraan moet haar in toom probeer hou, maar niks bring ’n mens se kop vinniger uit die wolke as ’n bietjie tragedie nie. Kaashifa en Imraan gaan dalk trou, maar nie heeltemal soos Kaashifa wil nie.

En is daar dalk iets aan die broei tussen die lewenslange vriende Bridgette en Chris? En wat op aarde maak ’n mens as jy op daardie ouderdom in ’n liefdesdriehoek verstrengel raak? Want daar's nog iemand wat op Chris verlief raak.

Suidooster is weeksdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144).

***

Getroud met Rugby
Sepie
Weeksdae om 18:00

Bibi twyfel oor haar en Jordan se verhouding. Reitz neem ’n paar aahangers op ’n besigtigingstoer van die stadion. Liam is ongelukkig oor Candice se soentoneel. Renate nooi Lulu vir ’n ongemaklike braai. Buks sê sy gedig vir Nesie op en Reitz rig ’n moeilike versoek aan Amanda.

Renate deel groot nuus met Simon. Bibi sukkel om Jordan te vergewe. Daar is ’n kans dat Jana gevind is. Bart is agterdogtig oor die insident met Reitz, en Amanda ontvang skokkende nuus. Renate en Simon kry die toetsresultate waarop hulle gewag het.

Dit word bevestig dat Jana lewend gevind is. Buks probeer Nesie oorreed om hom te vergewe. Schalk probeer Jana help om haar geheue te herwin. Lulu vind uit wat Renate se geheim is. Schalk en Jana herleef hul eerste ontmoeting. Liam probeer om dinge tussen hom en Candice reg te maak. Jana word geteister deur terugflitse en begin om ondersoek in te stel na Pottie se huurkontrak. Bibi is hartgebroke oor Jordan. Almal sit hulle beste voetjie voor vir die Legs for Africa-kompetisie en Lulu ontvang ’n ongemaklike versoek.

Getroud met Rugby is weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144)


kykNET&kie (DStv-kanaal 145)

Arendsvlei
Telenovela
Maandae tot Donderdae om 19:30

Die drama is weer volop in die Vlei vandeesmaand. Wendy (Rehane Abrahams) is terug met ’n bang en is bang vir niemand nie. Sy en suster Dotty (Ilse Klink) is besig om planne te beraam wat die gemeenskap kan verwoes. ’n Leerling van Hoërskool Arendsvlei verdwyn voor almal se oë en ’n mens kan nie as anders as om te wonder of Wendy iets daarmee te doen het nie.

En wie het gesê Februarie is die enigste maand van liefde? ’n Onverwagse verlowing bring weer lig in die dokter vir Arendsvlei se mense. Niks wat ’n spesiale aand met vriende en familie nie kan regruk nie. Kry maar die sneesdoekies reg – hierdie jaar hou ons weer troue in die Vlei.

Arendsvlei is Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145).

***

Tussen Ons
Geselsprogramme
Maandae tot Donderdae om 17:30
Met Tracey Lange, Kay Karriem, Zelda la Grange, Ingrid Jones, Success Lekabe en Dr. Darren Green as aanbieders

8 Maart

Ricky Schroeder slaan balle saam met die professionele gholfspeler Cassidy Williams en gesels met haar oor vroue in gholf. Die dames praat oor toksiese manlikheid en Mnr. Suid-Afrika 2019, Heinrich Gabler, gesels oor sy kinderjare in die kinderhuis.

9 Maart

In Tussen ons – medies deel die alopesielyer Inge Palvie haar verhaal van hartseer en hoop. Die dermatoloog Dokter Suretha Kannenberg gesels oor velprobleme. 10 Maart

Die Suidooster-ster Jawaahier Petersen kom kuier en praat oor kinders op sosiale media. Die dames gesels oor dankbaarheid.

11 Maart

Tammy-Ann Fortuin deel haar lewe in Los Angeles, die filmmaker Deidré Jantjies gesels oor haar bekroonde kortfilm en Early B sing sy splinternuwe liedjie.

15 Maart Die dames gesels oor hulle verhoudings met geld en kos wat onbekostigbaar geraak het. 16 Maart

Dr. Darren Green gesels in Tussen ons – medies met voetkundige Mainke Greeff oor interessante voetfeite en algemene voetkwale. Ewan Strydom wys hoe jy jou arms van pap na Popeye kan transformeer.

17 Maart

Aunty Betty gesels oor die WhatsApp-nuus. ABSA se hoof van veiligheid, Sandro Bucchianeri, praat oor kubersekuriteit en die dames bespreek toksiese werkplekke. 18 Maart

Micaela Kleinsmith en Tye Platinum lewer roerende vertonings. Een van die skrywers agter Suidooster, Ryan Pedro, kuier saam met die digter Shirmoney Rhode by Tracey Lange.

Tussen Ons is Maandae tot Donderdae om 17:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145).


kykNET NOU! (DStv-kanaal 146)

Classics 2017
Konsert
Sondag 21 Maart 2021 om 12:00

Dié konsert-ervaring bring van die grootste klassieke-, pop- en rockliedjies op ’n simfoniese styl na kykers. Kyk uit vir die kinderster, Amira, Corlea Botha en die Coleske-broers.

Classics wys Sondag 21 Maart 2021 om 12:00 op kykNET NOU! (DStv-kanaal 146).


kykNET Lekker (DStv-kanaal 148)

Op Seer Se Spoor S1
Misdaad
Dinsdae om 21:00
Met Ernusta Maralack as aanbieder

Cameron Wilson (20) van die Kaapse Vlakte is gedoop as ’n “heedendaagse reeksmoordenaar”. Ernusta fokus op Lekitha Moore (18), wat Wilson in 2016 vermoor het deur haar 98 keer te steek.

In 2012 het Attienne Meyer sy eksmeisie Anthea Adams se ouerhuis met ’n petrolbom bestook. Anthea het ontsnap, maar haar ma sowel as Alex, haar en Attienne seun, het in die brand gesterf.

In 2015 het Sheree Prince (18) vir Sandra Malcolm (74) onthoof, haar ledemate afgesny en ook haar ingewande uitgehaal. Ernusta vind uit wat 'n stil meisie van Citrusdal daarna gedryf het.

Op Seer Se Spoor is Dinsdae om 21:00 op kykNET Lekker (DStv-kanaal 148).


FliekNET

Sink
Rolprent
Woensdag 24 Maart om 20:30
Met Anel Alexander, Shoki Mokgapa en Jacques Bessenger

’n Mosambiekse vrou wat in Johannesburg woon en werk moet ’n drastiese besluit neem nadat haar dogter tragies sterf terwyl haar werkgewers na haar omsien.

Sink is Woensdag 24 Maart om 20:30 op fliekNET (DStv-kanaal 149).

The post Persverklaring: kykNET se hoogtepunte, Maart 2021 appeared first on LitNet.

Persverklaring: Aanlyn dramakompetisie vir jong akteurs

$
0
0

Is jy ’n leerder met ’n droom om eendag die verhoog jou loopbaan te maak? En bruis die adrenalien deur jou are as jy net dink aan toneelspel – die opwinding van die kollig, daardie stil oomblik voor die eerste woorde ’n gehoor se aandag vasvang?

Skryf dan in vir die Dramaweb SA aanlyn dramakompetisie, en speel jou hart uit teen ander leerders wat jou liefde vir die kunste deel – vanjaar aangebied in samewerking met die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) en die Afrikaanse Taal en Kultuurvereniging (ATKV).

Dramaweb SA het in 2020 die lig gesien, ’n projek van die drama-afrigter en aktrise Ira Blanckenberg om aan kranige jong akteurs die geleentheid te bied om hul verhoog-staal te wys, ondanks die kansellasie van ander dramakompetisies en eisteddfods weens die COVID-19-pandemie.

“Ek is baie opgewonde oor Dramaweb SA 2021”, sê Blanckenberg. “Ons wil vanjaar nog meer leerders betrek, met nuwe kategorieë wat elke aspek van akteur-wees sal bevorder. Ons is verheug om die KKNK as vennoot te verwelkom en beoog om saam met dié Afrikaanse moederfees ’n platform te skep waar ons land se jong akteurs mekaar beter kan leer ken, in mekaar se kreatiwiteit kan deel en waar hulle landwyd die wonder van toneelspel kan vier en hul talent kan slyp.”

“Die reaksie verlede jaar was oorweldigend positief, en deelnemers se reaksie op die professionele en gedetailleerde terugvoer van professionele afrigters en ander kenners in die bedryf was inspirerend,” sê sy.

Vir die KKNK lê dié vennootskap na aan die hart. “Ons leef in ontwrigtende tye en jongmense het ’n uitlaatklep nodig,” sê Hugo Theart, artistieke direkteur. “Die kunste in al sy vorme bied ’n geleentheid vir ontvlugting. Dit is nie net ’n geleentheid vir jongmense wat in die toekoms professioneel by die uitvoerende kunste betrokke wil raak nie, maar ook ’n belangrike platform om ’n liefde vir letterkunde en die kunste te kweek.”

Deelneem is maklik, en die koste minimaal – als gebeur aanlyn. “Leerders kan in die gemak van hul eie huis deelneem, met kundige beoordelaars wat regstaan met raad,” sê Theart.

Die ATKV deel die KKNK se entoesiasme oor Dramaweb SA. “Die kunste verryk en inspireer mense, oud en jonk, en dit bevorder kreatiwiteit en bring gemeenskappe by mekaar,” sê Gerrie Lemmer, uitvoerende hoof van taal en kultuur by dié organisasie. “Kuns en kultuur is fundamenteel tot persoonlike ontwikkeling en groei. Die ATKV ondersteun Dramaweb SA met trots en ons glo dié projek sal die voordele van toneel, digkuns en skryfkuns beklemtoon, en help om brûe te bou tussen al die mense van Suid-Afrika.”

’n Unieke aspek van Dramaweb SA is die feit dat deelnemers nie tot hul eie streek beperk word nie, maar landwyd met ander leerders kan meeding.

Inskrywings open Maandag 8 Maart, en kos R150 per item. Deelnemers kan met gedigte, monoloë, prosa en selfs mimiek deelneem. Laai eenvoudig ’n video-opname van jou inskrywing op teen Maandag 31 Mei 2021. Blanckenberg en haar man, die akteur Waldemar Schultz, is vanjaar se beoordelaars, en prysgeld vir elke kategorie is R1 000 per wenner. Jy kan deelneem in Afrikaans of Engels: die finale ronde vir Afrikaanse deelnemers is op 3 Julie 2021 en vir Engelse deelnemers op 4 Julie 2021. Al twee dié rondes word virtueel uitgesaai.

Besoek dramawebsa.co.za vir die lys van kategorieë en meer inligting, of bel Daventia Kennedy by 044 203 8600 met navrae. Jy kan ook ’n e-pos stuur na info@dramawebsa.co.za of direk aan Blanckenberg by ira@dramawebsa.co.za.

Die KKNK word ondersteun deur ABSA en Media24 met verdere ondersteuning van die Het Jan Marais Nationale Fonds, die Departement van Kultuursake en Sport: Wes-Kaap, die Oudtshoorn Munisipaliteit, Business and Arts South Africa (BASA) en die Jannie Mouton Stigting. Die presidensiële stimuluspakket (stroom 1), geadministreer deur die National Arts Council (NAC) namens die nasionale Departement van Sport, Kuns en Kultuur (DSAC) ondersteun ook die KKNK in sy huidige bedrywighede. 

The post Persverklaring: Aanlyn dramakompetisie vir jong akteurs appeared first on LitNet.

’n Krities-narratiewe begripsverheldering van biologiese aspekte van die transgenderverskynsel

$
0
0

’n Krities-narratiewe begripsverheldering van biologiese aspekte van die transgenderverskynsel

Ockie Vermeulen, Skool vir musiek, Noordwes-Universiteit

LitNet Akademies Jaargang 18(1)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

In die Nederduitse Gereformeerde Kerk se worsteling met selfdegeslagverhoudings is geen aandag (nog) aan die transgender persone en hulle unieke situasie geskenk nie. Wanneer kommentaar aangaande transgender persone op (onder andere) sosiale media raakgelees word, ontstaan die vraag of die skrywer(s) daarvan wel kennis dra aangaande die fisiologie en biologiese aspekte van die transgenderverskynsel. Sou ’n gebrekkige verstaan rakende die komplekse biologiese prosesse wat betrokke is tydens verwekking en wat uiteindelik genderidentiteit en seksuele oriëntasie vestig, daartoe bydra dat die transgender persone dikwels bestempel word as “sondaars” wie se lewe “teenstrydig met die wil van God” is? Hierdie artikel bied ’n bondige bespreking van die biologiese prosesse tydens verwekking in eenvoudiger taal as wat tipies in mediese literatuur voorkom. In hierdie narratiewe literatuurstudie word uiteindelik as volg geredeneer: Net soos mense geen aandeel het in die bepaling van die kleur van hul oë nie, net so het hulle ook nie seggenskap oor die seksuele differensiasie van hul genitalieë en brein nie; dit is ’n biologiese proses wat in utero plaasvind waaroor die persoon geen beheer het nie. Mag hierdie artikel as vertrekpunt dien om wanpersepsies, uitsluiting en ongegronde veroordelings uit die weg te ruim.

Trefwoorde: biologie; genderidentiteit; genderuitdrukking; homoseksueel; manlikheid; Nederduitse Gereformeerde Kerk (NG Kerk, NGK); seksuele oriëntasie; simpatie; toegekende geslag; transgender; vroulikheid

 

Abstract

A critical and narrative illumination of the biological aspects of the transgender phenomenon

In 2019 the General Synod of the Dutch Reformed Church in South Africa (DRC) adopted a decision which prohibited discrimination against any person on the grounds of their sexuality and identity. This entailed that no individual of non-heterosexual orientation was to be withheld from office, access to the sacraments, or engaging in meaningful intimate relationships. In effect this also demanded that the DRC would recognise and endorse same-sex marriages.

While this inclusive resolution was celebrated by the gay community, it was met with substantial opposition from certain congregations within the DRC. Their objection was based on conflicting scripture readings in which homosexuality is regarded as an abominable sin before God. So fierce was this disapproval that many role players within the church were of the opinion that the institution was on the verge of a schism. It is vital to consider in this regard that even though further legal remedies were not instituted, the DRC did not implement the policy of their own accord but rather was directed to do so by the High Court of South Africa. The reader is encouraged to revisit the events, which were described as the “theatre of the absurd” by Christina Landman, in terms of which the initial inclusive decision of the General Synod of 2015 had been recalled by the Special Synod of 2016. This rescission compelled some church members to approach the court in order to have the original decision reinstated.

When one considers the open hostility from some congregations against non-heterosexual orientations, one cannot help but wonder what the attitude towards the transgender person would be. Would it be one of understanding? Would it be accepting and inviting? When one reads the comments of some theologians on social media the answer, unfortunately, seems to be a stentorian “no”.

As an example the reader is referred to the comments of Danie (a pseudonym) who describes himself as a theologian, prophet and amateur physicist. When Shaun Wiggills’s leg was amputated after complications following gender confirmation surgery, Danie asked: “should one have sympathy with this person?” It is clear that Danie and his friends believed that Mr Wiggill deserved his fate: “If he/she had not decided to play God over his/her body, he/she would still have a whole body and life,” they said. “But he/she does not want to accept the responsibilities of his/her folly and now shifts the blame to the hospital,” Danie concluded.

It appears that individuals such as Danie and his friends may not be familiar with the complex biological processes surrounding the transgender phenomenon and it is therefore the aim of this article to clarify some of the most pertinent concepts.

After a brief discussion of the genetic events which transpire during conception, variation of the events is discussed. It is shown that within the parameters of biological development, physical gender (the gender assigned at birth) and gender identity may not always correspond, an aspect which may result in significant distress for the transgender person. In this regard it is indicated that assigned gender develops during the first trimester and gender identity during the second. Research has determined that endocrinological as well as environmental occurrences which take place between these two time periods can cause a gender misalignment. Studies among twins confirm this. Specific brain structures, substances, and hormones have furthermore been determined as playing a vital role in establishing gender identity, which may or may not be congruent with assigned gender at birth.

After careful consideration of these biological processes (explained in this article in less complicated jargon than in medical journals) it is concluded that gender identity is determined in utero. Gender identity and assigned gender at birth may further be congruent (cisgender) or not (transgender). It thus follows that when a trait is established in utero the individual has no control over it before or after birth, and can accordingly not be held responsible. Hence, such consequence must be deemed to form part of the incredible diversity attached to the creation and ought to be celebrated as one of the wonderful works of God.

Keywords: assigned gender; biology; Dutch Reformed Church (DRC); femininity; gender expression; gender identity; homosexual; manliness; sexual orientation; sympathy; transgender

 

1. Vinjet 1

Op 29 September 2019 berig Rapport1 oor Shaun Wiggill wie se been as gevolg van kompartementsindroom2 geamputeer moes word. Wiggill beweer dis die gevolg van oneffektiewe nasorg van ’n geslagsveranderingsoperasie waarin ’n penis vir hom gekonstrueer is.

Danie,3 wat volgens sy Facebook-bladsy teologie aan die NWU studeer het en homself as ’n teoloog, amateur- teoretiese fisikus, skrywer en profeet beskryf, plaas Rapport se berig op sosiale media en vra: “Moet mens simpatie met hierdie persoon hê?”

Sy vriende wat hierop kommentaar lewer, is van mening dat Wiggill nie simpatie verdien nie. “As sy nie ’n hy wou word nie, en nie God gespeel het oor haar lewe en liggaam [nie], het sy nog ’n heel liggaam en lewe gehad,” skryf een.

“Maar nou wil sy/hy nie verantwoordelikheid aanvaar vir sy/haar dwaasheid nie en word die skuld op die hospitaal gepak,” beaam Danie.

 

2. Inleiding

Die Nederduitse Gereformeerde Kerk (hierna die NGK) se Algemene Sinode van 2019 aanvaar ’n besluit wat ’n inklusiewe ruimte skep vir verskillende standpunte van mense in selfdegeslagverhoudings (Strydom 2019):

Die Algemene Sinode moedig kerkrade aan om by die aanwysing van persone in die ampte, lidmate se

    • doop, belydenis, roeping, spiritualiteit en getuienis van leer en lewe,
    • toegang tot die sakramente,
    • integriteit van verhoudings, en
    • geskiktheid vir die spesifieke rol

in ag te neem ongeag ras, geslag, klas of seksuele oriëntasie en identiteit.
(Kerkbode 2019).

Hoewel die debatte in die NGK meestal rondom selfdegeslagverhoudings4 gesentreer is, bestaan die hoop dat hierdie inklusiewe benadering van die onlangse sinode ook die transgender persoon sal insluit. Wanneer verskeie rolspelers binne die bestek van etlike dae reeds hierdie inklusiewe besluit oor selfdegeslagverhoudings kritiseer (kyk onder andere die NGK Namibië, Van Wyngaardt 2019), Afrikaanse Protestantse Kerk (APK) (Maroela Media 2019), Goudland Sinode (Marx 2019b) sowel as Moreletapark-gemeente (Cornelissen 2020; Marx 2019a)), is reaksies soos dié van Danie en sy vriende (kyk Vinjet 1) hier bo teenoor die transgender persoon sekerlik nie onverwags nie. In ’n onlangse studie is juis aangetoon dat mense wat hulleself as “religieus” of as ’n “Christen” beskryf, meer vooroordeel teenoor transgender persone toon as niereligieuse mense (Campbell, Hinton en Anderson 2019:21–38).5

Hierdie artikel het ten doel om aan te toon dat transgender persone geen keuse oor hul genderidentiteit6 het nie – dit is ’n biologiese proses wat reeds voor geboorte in utero plaasvind (kyk punt 4).7 Wanneer iets voor geboorte in utero geskied, kan die voortspruitende mens tog nouliks verantwoordelikheid vir die uitkoms daarvan aanvaar. Ingevolge die biologiese prosesse sou dit onlogies wees om transgender persone aanspreeklik te hou vir hul genderidentiteit, in dieselfde sin as waarin dit onlogies sou wees om persone verantwoordelik te hou vir die kleur van hulle oë. Deur die loop van die artikel word aangetoon dat stellings soos “As sy nie ’n hy wou word nie, en nie God gespeel het oor haar lewe en liggaam [nie], het sy nog ’n heel liggaam en lewe gehad” dus wetenskaplik ongegrond is. (Die teologiese meriete van so ’n stelling val buite die bestek van hierdie artikel.)

In vorige navorsing (Vermeulen 2020) is daarop gewys dat sommige gelowiges se besware teen nieheteronormatiwiteit hoofsaaklik op kontrasterende Skrifuitleg en -verstaan gebaseer is (kyk ook Dreyer 2006, 2008, 2011 en Vorster 2015). In hierdie artikel wend ek my daarom nie tot die hermeneutiek nie, maar eerder tot die wetenskap en laasgenoemde se bevindinge rakende die biologie rondom transgender persone se genderidentiteit.

Dit kan wees dat sommige mense in die breë samelewing nie bewus is van die komplekse biologiese prosesse wat ter sprake is tydens die ontwikkeling van uiterlike geslag en genderidentiteit nie. Mag hierdie artikel as vertrekpunt dien om wanpersepsies, uitsluiting en ongegronde veroordelings uit die weg te ruim.

 

3. Begripsverklaring

Voor die kernbespreking van hierdie navorsing is dit nodig om enkele begrippe te definieer om sodoende enige onduidelikheid oor die verdere gebruik en toepassing daarvan uit die weg te ruim.

Dit is nodig om die volgende konsepte van mekaar te onderskei:8

  1. Geslag toegeken tydens geboorte (ook physical sex genoem deur Pepper 2015:746)
  2. Genderidentiteit (ook psychological sex genoem deur Pepper 2015:746)
  3. Seksuele oriëntasie
  4. Genderuitdrukking (’n kombinasie van i, ii en iii)
  5. Genderrol
  6. Genderdisforie.

Geslag toegeken tydens geboorte (hierna toegekende geslag) verwys na die geslag waarmee ’n kind gebore word en is gewoonlik herkenbaar aan die uiterlike genitalieë, naamlik manlik of vroulik. Hoewel geslag hier meestal as binêr beskryf word, is daar ook uitsonderings, byvoorbeeld ’n kind wat met dubbelsinnige geslagsdele gebore word (Polderman, Kreukels, Irwig, Beach, Chan, Derks, Esteva, Ehrenfeld, Den Heijer, Posthuma, Raynor, Tishelman en Davis 2018:96).

Genderidentiteit verwys na die geïnternaliseerde sin van geslag waarmee ’n persoon ten diepste assosieer (GLAAD 2019). Die American Psychological Association (2015:834) beskryf dit as volg:

A person’s deeply-felt, inherent sense of being a boy, a man, or a male; a girl, a woman, or a female, or an alternative gender (e.g. genderqueer, gender nonconforming, gender neutral) that may or may not correspond to a person’s sex assigned at birth or to a person’s primary or secondary sex characteristics.9

Seksuele oriëntasie verwys na ’n persoon se fisieke, emosionele en romantiese aangetrokkenheid tot ’n ander persoon (American Psychological Association 2015:835). Genderidentiteit is nie ’n weerspieëling van oriëntasie nie. ’n Transgender persoon kan heteroseksueel, homoseksueel, biseksueel of queer wees (GLAAD 2019; Polderman e.a. 2018:96).

Genderuitdrukking is ’n kombinasie van bogenoemde drie konsepte en word gesien as die eksterne manifestasie hiervan deur middel van ’n persoon se naam, geassosieerde voornaamwoorde, kleredrag, haarstyl, algemene optrede, stem en/of liggaamseienskappe. Die breë samelewing beskryf dit gewoonlik as “manlik” of “vroulik”, o.a. ook met inagneming van kultuurverskille. Die transgender persone poog meestal om hul genderuitdrukking met hul genderidentiteit te versoen eerder as met hul toegekende geslag (GLAAD 2019).

Genderrol verwys na kultuurspesifieke gedragsverwagtinge wat met manlike en vroulike toegekende geslag geassosieer word (Polderman 2018:96).

Genderdisforie is ’n diagnose toegeken aan die psigiese nood (distress) wat voortspruit uit die ervaring van ’n verskil tussen genderidentiteit, toegekende geslag, genderrol en/of primêre en sekondêre geslagseienskappe (Polderman e.a. 2018:96).

Transgender persone is persone wat in hulle diepste wese nie kan assosieer met hul toegekende geslag nie. Hulle genderidentiteit verskil dus van hul toegekende geslag. Die term cisgender word as die teenoorgestelde hiervan gebruik: dit beskryf persone wie se genderidentiteit ooreenstem met hul toegekende geslag (Polderman e.a. 2018:96). Vir die doeleindes van hierdie artikel verwys die term transgender vrou na ’n vrou met ’n manlik-toegekende geslag, en transgender man dan na ’n man met vroulik-toegekende geslag.

Dit is belangrik om die onderskeid tussen genderidentiteit, genderrol, genderuitdrukking en seksuele oriëntasie te maak. Hoewel hierdie konsepte kan korreleer, is hulle nie sinoniem nie. ’n Individu mag byvoorbeeld as ’n cisgender man identifiseer, maar ’n stereotipies manlike genderrol verwerp (Polderman e.a. 2018:96).

Die volgende twee scenario’s dien as verdere praktiese illustrasies:

3.1 Scenario 1: Gender-identiteit

Rita is met manlike eksterne genitalieë gebore, maar het vroeg in haar lewe reeds besef dat sy inherent en in haar diepste wese nie ’n man is nie en daarom nie haar identiteit met haar toegekende geslag kan versoen nie. Op haar dertigste verjaarsdag het sy na jare se terapie en hormoonbehandeling ’n operasie ondergaan waarin vroulike genitalieë vir haar gekonstrueer is. Sy was nog altyd eksklusief aangetrokke tot ander mans en is dus ’n heteroseksuele vrou.

3.2 Scenario 2: Seksuele oriëntasie

Mavis is met vroulike genitalieë gebore en het nog nooit aan haar vroulike genderidentiteit getwyfel nie. Sy is mal daaroor om ’n vrou te wees en het altyd goed in haar eie lyf gevoel. Sy het op ’n vroeë ouderdom egter reeds besef sy voel op geen vlak aangetrokke tot mans nie. Sy is vandag met ’n ander vrou getroud en hulle het twee kinders aangeneem. Mavis is ’n homoseksuele vrou.

 

4. Wetenskaplike bevindinge rondom transgender persone

Genderidentiteit, seksuele oriëntasie en liggaamsbeeld word reeds tydens vroeë ontwikkeling in utero in die fetus se brein geprogrammeer (Pepper 2019; Pepper en Kramer 2015; Swaab 2014:71). Om aan te neem dat elke mens cisgender en heteroseksueel moet wees, is onwetenskaplik en kan gevolglik nie deur geloofwaardige bewyse gestaaf word nie (American Psychological Association 2015:834–6; Academy of Science of South Africa 2015:34–5).

Individue wat as transgender identifiseer, vorm ’n wesenlike gedeelte van die wêreldbevolking. Goodman, Adams, Corneil, Kreukels, Motmans en Coleman (2019:318) wys daarop dat, afhangend van insluitingskriteria, ouderdom en geografiese ligging, die transgenderpopulasie 0,1–2,7% van die algemene populasie vorm.

Hier onder volg ’n bondige bespreking van belangrike wetenskaplike bevindinge aangaande transgender persone, maar dit is nie op enige wyse die volledige diskoers nie.

4.1 Basiese genetika, geslag en ontwikkeling

Menslike selle beskik oor 46 chromosome10 wat in 23 pare georganiseer kan word volgens grootte, posisie van die sentromeer en ooreenkomste wanneer dit gekleur word (Campbell, Reece, Urry, Cain, Wasserman, Minorsky en Jackson 2015:310).

Figuur 1. ’n Chromosoom
1. Chromatied 2. Sentromeer 3. P-arm 4. Q-arm
(Bron: Wikimedia Commons)

Benewens 22 homoloë chromosoompare beskik vrouens oor ’n paar X-chromosome (XX) en mans oor ’n paar X- en Y-chromosome (XY), die sogenaamde sekschromosome, wat ’n totaal van 23 pare per persoon uitmaak. Tydens die produksieproses van die vroulike ovum en manlike saadselle skei die ouers se chromosoompare en tydens bevrugting erf die sigoot11 23 chromosome van die moeder en 23 chromosome van die vader vir ’n nuwe en unieke kombinasie van 23 chromosoompare. Uit die aard van die saak kan die moeder slegs ’n X-chromosoom skenk, maar die vader kan óf sy X-chromosoom óf sy Y-chromosoom skenk. In die eerste geval beskik die sigoot dan oor die moeder en die vader se X-chromosoom en is dit, geneties gesproke, ’n meisie (XX). In die laaste geval beskik die sigoot oor ’n X- en ’n Y-chromosoom en is dit dan, geneties gesproke, ’n seuntjie (XY) (Campbell, Reece e.a. 2015:310–1).

Die ontwikkeling van die embrio12 se manlike of vroulike gonade13 geskied tydens die vyfde week van swangerskap. Tot dan is die embrio seksueel ongedifferensieerd en beskik dit oor beide die paramesonefriese en mesonefriese kanaal. Eersgenoemde is die voorloper van die vroulike voortplantingsisteem en laasgenoemde dié van die manlike sisteem. Die teenwoordigheid van ’n funksionele SRY-geen op die Y-chromosoom veroorsaak die ontwikkeling van die mesonefriese kanaal wat tot die vorming van testes lei. Hierdie testes skei testosteroon en die AMH-hormoon af, wat veroorsaak dat die paramesonefriese kanaal disintegreer (Figuur 2). Sonder testosteroon en die AMH-hormoon ontwikkel die paramesonefriese kanaal, terwyl die mesonefriese kanaal disintegreer (Marieb en Hoehn 2014:1129).

Figuur 2. Ontwikkeling van die mesonefriese kanaal en disintegrasie van die param­­esonefriese kanaal
(Bron: Wikimedia Commons)

4.2 Variasie

Bostaande bespreking weerspieël wat as die “normale” ontwikkeling van geslagsorgane van die embrio beskou sou word.

Variasies op hierdie proses van seksuele differensiasie kan egter plaasvind. Wanneer die geneties manlike embrio (XY) se testes nie testosteroon vervaardig en afskei nie, ontwikkel hy vroulike strukture en eksterne genitalieë. Wanneer ’n geneties vroulike embrio aan testosteroon blootgestel word,14 beskik die embrio oor eierstokke sowel as ’n penis en leë skrotum. Dit wil voorkom asof die vroulike patroon van voortplantingstrukture oor ’n inherente ontwikkelingsvermoë beskik (’n tipe verstekkondisie); in die afwesigheid van testosteroon ontwikkel dit ten spyte van genetiese geslag (Marieb en Hoehn 2014:1129).

Voorts kan mutasie van die SRY-geen tot ’n XY-persoon lei wat oor vroulike geslagseienskappe beskik. Daar is ook verskeie ander funksionele gene op ander chromosome (buiten die Y-chromosoom) wat noodsaaklik is vir ’n XY-persoon om in ’n funksionele man te ontwikkel (Marieb en Hoehn 2014:1128).

Furtado, Felipe, Lago, Barros, Toralles en Barroso (2012:620) meen dat soveel as 20% van individue wat oor die bogenoemde gevarieerde seksuele differensiasie beskik, aan genderdisforie ly. In sommige gevalle ondergaan hierdie persone geslagsveranderende operasies ten einde hul eksterne genitalieë met hul gonade te versoen. Soms, wanneer dit vroeg na geboorte plaasvind, kan die kind as ’n transgender persoon groot word. Swaab (2014:88) beveel die uitstel van puberteit deur gepaste hormoonbehandeling aan om sodoende die transgender persoon kans te gee om die regte besluit te neem.

4.3 ’n Tweeledige proses

Uit die bespreking hier bo is dit duidelik dat toegekende geslag in die eerste trimester ontwikkel. Die kind se genitalieë ontwikkel gevolglik in die manlike of vroulike rigting en word beïnvloed deur die teenwoordigheid al dan nie van die SRY-geen en testosteroon (Pepper 2015:746; 2019; Swaab 2014:75–6.) Die ontwikkeling van genderidentiteit geskied tydens die tweede trimester waartydens die XY-fetus, in teenstelling met die XX-fetus, groot hoeveelhede testosteroon produseer. In hierdie tydperk word genderidentiteit permanent in die breinstrukture vasgelê (Swaab 2014:77). Tussen die eerste en tweede trimester bestaan daar ’n vensterperiode waartydens endokrinologiese ontwrigting of omgewingsfaktore tot ’n wanbelyning tussen toegekende geslag en genderidentiteit kan lei (Pepper 2015:747; 2019).

4.4 Die John-Joan-John-tragedie

Bruce Reimer is op 22 Augustus 1965 as een van ’n tweeling gebore. Beide babas was seuntjies. Na ’n mediese ongeluk wat tydens ’n mislukte besnydenis gebeur het, het hy sy penis verloor. Daar is besluit om vir Bruce ’n funksionele vagina te konstrueer, hormoonbehandeling te gee en voortaan as ’n meisie, Brenda, groot te maak. Die hele proses het onder die wakende oog van John Money, ’n sielkundige, plaasgevind. Hy het ook psigoterapie aan Bruce verskaf omdat hy geglo het dat genderidentiteit aangeleer word deur sosialisering en nie reeds tydens geboorte gevestig is nie. Om Bruce se identiteit te beskerm is daar in beriggewing na “John” en “Joan” verwys (Colapinto 2001:8–10).

Tussen die ouderdomme van nege en twaalf jaar het Bruce besef hy is nie ’n meisie nie en nadat sy pa hom aangaande sy verlede vertel het, besluit Bruce op 15-jarige ouderdom om weer ’n seun te word. Sodoende word sy eerste geslagsveranderingsoperasie ongedaan gemaak deur ’n tweede geslagsveranderingsoperasie en hy verander sy naam na David (Diamond en Sigmundson 1997:298–304).

Na ’n ongelukkige huwelik, depressie en finansiële mislukkings pleeg hy op 38-jarige leeftyd selfmoord (Woo 2004).

Swaab (2014:77) is van mening dat hierdie tragiese verhaal toon hoe sterk testosteroon die fetus se brein in utero beïnvloed: “Die verwydering van sy penis en testikels, sielkundige behandeling en estrogeen tydens puberteit kon die genderidentiteit van die kind nie verander nie.” Genderidentiteit is dus nie ’n keuse wat deur sosialisering aangeleer kan word nie. 

4.5 Studies onder tweelinge

Navorsing waarin tweelinge betrek word, is van besondere wetenskaplike waarde. Monosigotiese tweelinge ontstaan vanuit een sigoot wat tydens die vroeë ontwikkeling in twee onafhanklike selmassas verdeel, wat gevolglik tot twee individue met dieselfde geslag en identiese genetiese konstitusie ontwikkel. Disigotiese tweelinge ontstaan vanuit twee sigote en deel wel genetiese ooreenkomste, maar nie naasteby so omvattend soos monosigotiese tweelinge nie (Stedman’s medical dictionary 2006:2057).

’n Vergelyking tussen mono- en disigotiese tweelinge rakende ’n sekere eienskap lewer belangrike inligting aangaande die rol wat genetiese eienskappe versus omgewingsfaktore speel. Wanneer monosigotiese tweelinge in hierdie verband groter ooreenkomste toon as disigotiese tweelinge, is dit ’n redelike bewys dat genetiese faktore ’n rol gespeel het. Wanneer disigotiese tweelinge groter ooreenkomste toon ten opsigte van ’n sekere eienskap as monosigotiese tweelinge, is dit ’n aanduiding dat omgewingsfaktore ’n rol daarin gespeel het (MSU twin registry 2019; Wu 2016).

Diamond (2013:24–38) loods ’n studie onder tweelinge wat reeds geslagsveranderingsoperasies ondergaan het of dit beplan en voorts mediese toestemming daarvoor het om dit in die toekoms te ondergaan. Onder monosigotiese tweelinge vind hy dat 33% van die tweelingpare beide transgender mans is en 22,8% beide transgender vrouens is. Onder disigotiese tweelingpare wat in dieselfde huishouding grootgeword het, is slegs 2,6% beide transgender persone. Dit bewys dat gene ’n betekenisvolle rol speel in die bepaling van transgenderidentiteit.

Die sogenaamde polygenic threshold model stipuleer, in kort, dat verskeie gene bydra tot ’n komplekse eienskap, maar dat hierdie gene nie alleen verantwoordelik is vir die ontwikkeling daarvan nie (Visscher en Wray 2015:165–70). Polderman e.a. (2018:97–8) pas dit toe op ’n komplekse eienskap soos genderidentiteit: “[G]ender identity is complex, multifactorial, and polygenic meaning that many genetic factors likely contribute to the development of gender identity through complex interactions with many environmental factors.”

Met die ontleding van verskeie tweelingstudies ondersoek Polderman e.a. (2018:96–105) die rol wat genetiese en omgewingsfaktore in die ontwikkeling van genderidentiteit speel. Hulle verdeel omgewingsfaktore in twee: gedeelde omgewingsfaktore (faktore wat alle individue in die steekproef gemeen het) en unieke omgewingsfaktore (faktore wat van individu tot individu verskil). Hulle bevind dat genetiese faktore ’n betekenisvolle en konsekwente rol in die ontwikkeling van beide transgender- en cisgenderidentiteit speel, gedeelde omgewingsfaktore ’n onbeduidende rol en unieke omgewingsfaktore slegs ’n klein potensiële rol speel (2018:105).

4.6 Breinstrukture

Verskeie studies wys op die verband tussen breinstrukture en genderidentiteit (Swaab, Castellanos-Cruz en Bao 2016:23–42). In 4.3 is die geskeide proses van die ontwikkeling van toegekende geslag en genderidentiteit bespreek. ’n Bewys hiervan is die feit dat daar by transgender vrouens vroulike strukture in die breine van gestorwe orgaanskenkers gevind is, terwyl die omgekeerde by ’n transgender man gevind is (Swaab 2014:89).

Die bednukleus van die stria terminalis (BST) van die brein lê by die punt van die laterale ventrikel en is ’n area wat vir seksuele gedrag en angs verantwoordelik is. Hierdie area word ook deur androgene15 in utero beïnvloed (Carlson, Miller, Heth, Donahoe en Martin 2010:418). Die sentrale deel van hierdie nukleus (BSTc) is twee maal so groot by mans as by vrouens. Vroulike BSTc is by transgender vrouens se kadawers gevind en die enigste transgender man se kadawer wat in die studie gebruik kon word, het inderdaad oor ’n manlike BSTc beskik. Die studie het ook bewys dat dit nie die gevolg van veranderende hormoonvlakke tydens volwassenheid was nie; dit moes dus reeds tydens ontwikkeling in utero ontstaan het (Zhou, Hofman, Gooren en Swaab 1995:68–70).

’n Opvolgstudie bepaal dat mans se bednukleus oor twee maal soveel neurone (senuweeselle) beskik as vrouens s’n en bevestig ook die voorkoms van vroulike strukture in transgender vrouens, asook die omgekeerde in transgender mans (Kruijver, Zhou, Pool, Hofman, Gooren en Swaab 2000:2034–41). Verdere studies het bogenoemde bevestig en bevind dat transgender persone se seksuele differensiasie van die brein van hulle toegekende geslag verskil (Gooren 2006:589–601; Swaab 2004:301–12).

In 2008 word ’n ander breinstruktuur in die hipotalamus (INHA3) geïdentifiseer. Mans beskik oor 1,9 keer die volume en 2,3 keer die aantal neurone as vrouens. Daar is bevind dat transgender vrouens se INHA3 met die vroulike omvang en transgender mans s’n met die manlike omvang korreleer (Garcia-Falgueras en Swaab 2008:3132–46).

Breinskanderings van 24 transgender vrouens wat nog geen hormoonbehandeling ontvang het nie, se grysstofkonsentrasies toon meer ooreenkomste met cisgender mans as met cisgender vrouens, maar daar is ’n beduidend hoër konsentrasie grysstof in die putamen16 as by cisgender mans. Die studie maak die gevolgtrekking dat transgender persone oor ’n spesifieke serebrale patroon beskik (Luders, Sánchez, Gaser, Toga, Nair, Hamilton en Vilain 2009:904–7).

Verdere navorsing wat gespesialiseerde breinskanderings van die brein se witstof gebruik het, toon dat transgender mans wat nog geen hormoonbehandeling ontvang het nie, se neuroanatomie groot ooreenkomste met dié van cisgender mans toon. Hierdie studie het gebruik gemaak van 18 transgender mans wat met 24 cisgender mans en 19 cisgender vrouens vergelyk is (Rametti, Carrillo, Gómez-Gill, Junque, Segovia, Gomez en Guillamon 2011:199–204).

Interessante navorsing dui daarop dat die representasie van die penis op die korteks van die brein by transgender vrouens ontbreek. Insgelyks ontbreek die korteksrepresentasie van die borste by transgender mans. Die brein erken dus nie die betrokke organe as deel van die liggaam nie en wil daarvan ontslae raak (Ramachandran 2008:5–16). Case, Brang, Landazuri, Viswanatha en Ramachandran (2017:1223–37) het op hierdie navorsing voortgebou deur die breinreaksies van transgender mans waar te neem tydens die sensoriese stimulasie van hulle borste (wat dikwels as niekongruent deur transgender pasiënte beskryf word) en hande (wat kongruent deur pasiënte beskryf word). Die studie bevind dat die gevoel van niekongruente liggaamsdele (die borste) by transgender mans te wyte is aan verskille in die neurale voorstelling van die liggaam en gewysigde witstofverbinding.

4.7 Androgeen

Soos reeds genoem, is ’n hormoon soos testosteroon verantwoordelik vir die ontwikkeling van genitalieë, sowel as die brein, in ’n manlike rigting (Swaab 2014:77; kyk 4.1 en 4.3). XX-fetusse wat as gevolg van ’n bynierafwyking aan hoë dosisse testosteroon blootgestel word, ondergaan vermanliking van die genitalieë en soms selfs operasies na geboorte om die oënskynlike tweeslagtigheid te korrigeer. Navorsing het getoon dat sulke persone meestal aangetrokke is tot vrouens (Dreger, Feder en Tamar-Mattis 2012:277–94) en dat soveel as 5% transgender persone is (Erickson-Schroth 2013:155). Voorts is daar opgemerk dat meisies wat met hierdie bynierafwyking gebore is, op die ouderdom van vyf of ses tekeninge maak wat sterk ooreenstem met dié van seuntjies van hulle ouderdom, ondanks die feit dat hulle reeds van geboorte af medies behandel word – slegs een van vele gedragskenmerke wat bestudeer is (Swaab 2014:79).

XY-fetusse wat wel testosteroon produseer, maar om die een of ander rede ongevoelig daarvoor is en dit nie effektief metaboliseer nie, lei aan die sogenaamde androgeenongevoeligheidsindroom. Die genitalieë en brein ontwikkel dan in ’n vroulike rigting en ten spyte van hul genetiese geslag word hulle meestal groot as heteroseksuele vroue (Erickson-Schroth 2013:150–60; Swaab 2014:77).

 

5. Gevolgtrekking

Ten spyte van die NGK se inklusiewe sinodale besluite van 2019 bestaan daar groot onmin en verwarring in die kerkkringe aangaande homoseksualiteit (kyk inleiding). Leraars en gemeentelede wat ongelukkig met die sinode se besluit is, meen meestal dat homoseksualiteit “soos enige ander sonde, siekte, lyding en onvolkomenheid … die gevolg [is] van die gebrokenheid wat met die sondeval in die wêreld gekom het” (Van Wyngaardt 2019, my kursivering).

Wanneer homoseksualiteit (te doen met seksuele oriëntasie) aan “sonde, siekte … en onvolkomenheid” gelyk gestel word, sou die reaksie van sommige teoloë en ander gelowiges (sien Vinjet 1) teenoor transgender persone (te doen met genderidentiteit) dieselfde wees? In Vinjet 1 is aangetoon hoe ’n bepaalde teoloog voel wanneer hy die tragedie van Wiggill se amputasie na ’n geslagsveranderingsoperasie sien as iemand wat nie simpatie verdien nie omdat hy God wou speel oor sy eie liggaam; per implikasie het God hom vir sy sonde gestraf. En só ’n reaksie strook met die veroordelende houding wat méér by “religieuse” mense of “Christene” as by niereligieuse mense teenoor transgender persone waargeneem is (Campbell e.a. 2019:21–38). 

Om hermeneuties met Bybeltekste om te gaan lei voortdurend tot ’n dooie punt, omdat interpretasies in konflik met mekaar staan (Vermeulen 2020). Voorts is daar geen Bybeltekste rakende transgender persone nie.

In hierdie artikel is die wetenskap ingespan om daarop te wys dat transgender persone reeds in utero as sodanig ontwikkel. Dit is hoegenaamd nie ’n volledige bespreking van alle wetenskaplike bevindinge tot op hede nie, maar genoegsaam om te bevestig dat die embrio’s en fetusse geen rol in hul transgenderontwikkeling speel nie. Net soos mense geen aandeel het in die bepaling van die kleur van hul oë nie, net so het hulle ook nie seggenskap oor die seksuele differensiasie van hul genitalieë en brein nie; dit is ’n biologiese proses. Bygesê, dit is ’n wonderbaarlike biologiese proses.

Wanneer ons, soos die Psalmskrywer in Psalm 139:13, in verwondering staan oor God se skeppingsproses en verder begin verstaan dat seksuele oriëntasie en transgender persone deel is van die ryk gevarieerde skepping deur ongelooflike biologiese prosesse, iets waaroor die mens geen keuse of beheer het nie, kan ons voorwaar God se volledige skepping respekteer en empatie met alle vorme van lyding hê.

 

6. Vinjet 2

John Pavlovitz, ’n skrywer, pastor en aktivis in Amerika se woorde is ongelooflik kragtig, veral wanneer dit gelees word in die lig van die bogenoemde Danie se opmerkings op sosiale media (Pavlovitz 2018):

Life is stunningly short and it is eggshell fragile.
Most people are having a really tough time.
They are almost always in more pain than you think they are.
Everyone is doing the very best they can to get through this day, and many are going through all manner of horrors in the process.
No one is immune from the invasive collateral damage of living.

And you don’t have to save these people or fix them or give them any special treatment.

They are rarely asking for such things.

The thing these wounded and weary human beings most need from you as you share this space with them – is for you not be a jerk.

It’s really that simple.

 

Bibliografie

Academy of Science of South Africa. 2015. Diversity in human sexuality: Implications for policy in South Africa. http://research.assaf.org.za/bitstream/handle/20.500.11911/38/2015_ASSAf_diversityinhumansexuality.pdf?sequence=1&isAllowed=y (26 Maart 2019 geraadpleeg).

American Psychological Association. 2015. Guidelines for psychological practice with transgender and gender nonconforming people. American Psychologist, 70(9):832­–64.Bosman, M.C. 2008. Neuroanatomy. 2de uitgawe. Pretoria: UPrinters.

Campbell, M., J.D.X. Hinton en J.R. Anderson. 2019. A systematic review of the relationship between religion and attitudes towards transgender and gender-variant people. International Journal of Transgenderism, 20(1):21–38.

Campbell, N.A., J.B. Reece, L.A. Urry, M.L. Cain, S.A. Wasserman, P.V. Minorsky en R.B. Jackson. 2015. Biology: A global approach. 10de uitgawe. New York, Londen, Toronto: Pearson.

Carlson, N.R., H. Miller, C.D. Heth, J.W. Donahoe en G.N. Martin. 2010. Psychology: The science of behaviour. 7de uitgawe. Londen: Pearson.

Case, L.K., D. Brang, R. Landazuri, P.E. Viswanatha en V.S. Ramachandran. 2017. Altered white matter and sensory response to bodily sensation in female-to-male transgender individuals. Archives of Sexual Behaviour, 46:1223–37.

Colapinto, J. 2001. As nature made him: The boy who was raised as a girl. New York: HarperCollins.

Cornelissen, C. 2020. “Skok, ontsteltenis” oor goedkeuring aan NGK om gays te trou. Maroela Media, 7 Augustus. https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/skok-ontsteltenis-oor-goedkeuring-aan-ngk-om-gays-te-trou (5 Desember 2020 geraadpleeg).

Diamond, M. 2013. Transsexuality among twins: Identity concordance, transition, rearing, and orientation. International Journal of Transgenderism, 14(1):24–38.

Diamond, M. en H.K. Sigmundson. 1997. Sex reassignment at birth: Long-term review and clinical implications. Archives of Pediatrics and Adolescent Medicine, 151(3):298–304. 

Dreger, A., E.K. Feder en A. Tamar-Mattis. 2012. Prenatal dexamethasone for congenital adrenal hyperplasia: An ethics in the modern medical mine. Journal of Bioethical Inquiry, 9(3):277–94.

Dreyer, Y. 2006. Heteronormatiwiteit, homofobie en homoseksualiteit: ’n roetekaart vir ’n inklusiewe kerk. HTS Teologiese Studies / Theological Studies, 62(2):445–71.

—. 2008. The “sanctity” of marriage – an archeology of a socio-religious construct: Mythological origins, forms and models. HTS Teologiese Studies / Theological Studies 64(1):499–527. 

—. 2011. Women’s spirituality and feminist theology: A hermeneutic of suspicion applied to patriarchal marriage. HTS Teologiese Studies / Theological Studies, 67(3), Art #1104, 5 bladsye.

Erickson-Schroth, L. 2013. Update on the biology of transgender identity. Journal of Gay & Lesbian Mental Health, 17(2):150–74.

Furtado, P.S., M. Felipe, R. Lago, L.O. Barros, M.B. Toralles en U. Barosso. 2012. Gender dysphoria associated with disorders of sex. Nature Reviews Urology, 9(11):620–7.

Garcia-Falgueras, A. en D.F. Swaab. 2008. A sex difference in the hypothalamic uncinate nucleus: relationship to gender identity. Brain, 131(12):3132–46.

GLAAD. 2019. Glossary of terms – Transgender. https://www.glaad.org/reference/transgender (30 Desember 2019 geraadpleeg).

Goodman, M., N. Adams, T. Corneil, B. Kreukels, J. Motmans en E. Coleman. 2019. Size and distribution of transgender and gender nonconforming populations: a narrative review. Endocrinology and Metabolism Clinics, 48(2):303–21.

Gooren, L. 2006. The biology of human psychosexual differentiation. Hormones and Behavior, 50(4):589–601.

Kellerman, S.A. 2013. Social justice advocate’s handbook: A guide to gender. Austin: Impetus Books.

Kerkbode. 2019. Persverklaring: Selfdegeslagverhoudings. 10 Oktober. https://kerkbode.christians.co.za/2019/10/10/selfdegeslagverhoudings (23 Oktober 2019 geraadpleeg).

Kruijver, F.P., J.N. Zhou, C.W. Pool, M.A. Hofman, L.J. Gooren en D.F. Swaab. 2000. Male-to-female transsexuals have female neuron numbers in a limbic nucleus. The Journal of Clinical Endocrinology and Metabolism, 85(5):2034–41.

Luders, E., F. Sánchez, C. Gaser, A. Toga, K.L. Nair, L.S. Hamilton en E. Vilain. 2009. Regional gray matter variation in male-to-female transsexualism. Neuroimage, 46(4):904–7.

Marais, N. 2017. Saving marriage? The sexuality debate in the Dutch Reformed Church of South Africa. Sávospataki Füzetek, 21(2):71–85.

Marieb, E.N. en K.N. Hoehn. 2014. Human anatomy & physiology. 9de internasionale uitgawe. New York, Londen, Toronto: Pearson.

Maroela Media. 2019. AP Kerk vaar uit teen NG Kerk se gay-besluit. 18 Oktober. https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/ap-kerk-vaar-uit-teen-ng-kerk-se-gay-besluit (30 Desember 2019 geraadpleeg).

Marx, J. 2019a. Gays: NG Kerk hou “valse eenheid voor,” sê Moreletapark. Netwerk 24, 21 Oktober. https://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/gays-ng-kerk-hou-valse-eenheid-voor-se-moreletapark-20191021 (30 Desember 2019 geraadpleeg).

—. 2019b. Algemene sinode dwaal in besluit oor gays. Netwerk 24, 20 November. https://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/algemene-sinode-dwaal-in-besluit-oor-gays-20191120 (27 Februarie 2020 geraadpleeg).

Melmed, S., K.S. Polonsky, P.R. Larsen en H.M. Kronenberg. 2011. William’s textbook of endocrinology. 12de uitgawe. New York, Londen, Amsterdam: Elsevier.

MSU twin registry. 2019. Why twin studies? https://msutwinstudies.com/why-twin-studies (2 Januarie 2020 geraadpleeg).

Pavlovitz, J. 2018. Stuff that needs to be said. Life is short. People are hurting. Don’t be a jerk. https://johnpavlovitz.com/2018/01/20/life-short-people-hurting-dont-ahole (3 Januarie 2020 geraadpleeg).

Pepper, M.S. 2015. Gender and sexual diversity – changing paradigms in an ever-changing world. South African Medical Journal, 105(9):746–7.

—. 2019. Attitudes to gender and sexual diversity: Changing global trends. The Conversation, 9 Junie 2019. https://theconversation.com/attitudes-to-gender-and-sexual-diversity-changing-global-trends-117684 (20 Junie 2019 geraadpleeg).

Pepper, M.S. en B. Kramer. 2015. The science behind a more meaningful understanding of sexual orientation. Mail & Guardian, 11 June. https://mg.co.za/article/2015-06-11-the-science-behind-a-more-meaningful-understanding-of-sexual-orientation (26 Maart 2020 geraadpleeg).

Polderman, T.J.C., B.P.C. Kreukels, M.S. Irwig, L. Beach, Y. Chan, E.M. Derks, I. Esteva, J. Ehrenfeld, M. Den Heijer, D. Posthuma, L. Raynor, A. Tishelman en L.K. Davis. 2018. The biological contributions to gender identity and gender diversity: Bringing data to the table. Behavior genetics, 48:95–108.

Ramachandran, V.S. 2008. Phantom penises in transsexuals: Evidence of an innate gender-specific body image in the brain. Journal of Consciousness Studies, 15:5–16.

Rametti, G., B. Carrillo, E. Gómez-Gil, C. Junque, S. Segovia, Á. Gomez en A. Guillamon. 2011. White matter microstructure in female to male transsexuals before cross-sex hormonal treatment. A diffusion tensor imaging study. Journal of Psychiatric Research, 45(2):199–204.

Schreiber, G. (red.). 2016. Transsexuality in theology and neuroscience. Findings, controversies, and perspectives. Berlyn, Boston: Walter de Gruyter.

Solomon, L., D.J. Warwick en S. Nayagam. 2005. Apley’s concise system of orthopedics and fractures. 3de uitgawe. Londen: Hodder Arnold.

Stedman’s medical dictionary. 2006. 28ste uitgawe. Philadelphia: Lippincott Williams & Wilkins.

Strydom, N. 2019. NG Kerk aanvaar nuwe besluit oor gays. Maroela Media, 9 Oktober. https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/ng-kerk-aanvaar-nuwe-besluit-oor-gays (23 Oktober 2020 geraadpleeg).

Swaab, D.F. 2004. Sexual differentiation of the human brain: Relevance for gender identity, transsexualism and sexual orientation. Gynaecological Endocrinology, 19(6):301–12.

—. 2014. Ek is my brein. Uit Nederlands vertaal deur D. Hugo. Pretoria: Protea Boekhuis.

Swaab, D.F., L. Castellanos-Cruz en A.M. Bao. 2016. The human brain and gender: Sexual differentiation of our brains. In Schreiber (red.) 2016.

Van Wyngaardt, M. 2019. Leraars van NG Kerk Namibië “verslae” oor gay-besluit. Maroela Media, 15 Oktober. https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/ng-kerk-namibie-verslae-oor-sinode-se-gay-besluit (30 Desember 2019 geraadpleeg).

Vermeulen, O.C. 2018. Onderweg na inklusiewe taalgebruik in die Afrikaanse kerklied (2): Die heteroseksuele witman as god. HTS Teologiese Studies / Theological Studies, 74(4), 4764. https://doi.org/10.4102/hts.v74i4.4764 (5 Desember 2020 geraadpleeg).

—. 2020. Oproep tot ’n neo-Kopernikaanse rewolusie: wetenskaplike bevindinge oor seksualiteit. Verbum et Ecclesia, 41(1), a2037, 9 bladsye. https://doi.org/10.4102/ve.v41i1.2037

Versluis, J. 2019. Operasie vir penis lei tot been-afsit. Rapport, 29 September. https://www.netwerk24.com/Nuus/Gesondheid/operasie-vir-penis-lei-tot-been-afsit-20190929 (30 Desember 2019 geraadpleeg).

Visscher, P.M. en N.R. Wray. 2015. Concepts and misconceptions about the polygenic additive model applied to disease. Human Heredity, 80(4):165–70.

Vorster, J.M. 2008. Problematising the development of same-sex rhetoric in selected reformed denominational traditions in South Africa. Scriptura, 99:321–36.

—. 2015. Die Christelike huwelik – ’n sosiale konstruk of ’n verbondsgegewe? In die Skriflig / In Luce Verbi, 49(2). https://indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/rt/printerFriendly/1957/3304 (26 Maart 2019 geraadpleeg).

Woo, E. 2004. David Reimer, 38; After botched surgery he was raised as a girl in gender experiment. Los Angeles Times, 13 Mei. https://www.latimes.com/archives/la-xpm-2004-may-13-me-reimer13-story.html (1 Januarie 2020 geraadpleeg).

Wu, K. 2016. Between the (gender) lines: The science of transgender identity. http://sitn.hms.harvard.edu/flash/2016/gender-lines-science-transgender-identity (2 Januarie 2020 geraadpleeg).

Zhou, J.N., M.A. Hofman, L.J. Gooren en D.F. Swaab. 1995. A sex difference in the human brain and its relation to transsexuality. Nature, 378(6552):68–70.

 

Eindnotas

1 Kyk Versluis (2019).

2 Drukking as gevolg van bloeding, swelling en inflammasie lei tot swak bloedtoevoer en gevolglik afsterwe van senuwees en spierweefsel (Solomon, Warwick en Nayagam 2005:294).

3 ’n Skuilnaam.

4 In die media is meestal berig aangaande die NGK se gay-besluit (kyk Strydom 2019).

5 Vanweë my betrokkenheid by die instansie fokus hierdie artikel op die NGK. Ter wille van fokus, asook omvang, vorm die standpunte van ander denominasies en gelowe teenoor nieheteroseksualiteit dus nie deel van hierdie bespreking nie.

6 Kyk punt 3 vir begripsverklarings.

7 Gevalle waarin psigiatriese versteurings die basis van genderidentiteitskwessies vorm, val buite die bestek van hierdie artikel (kyk Swaab 2014:90).

8 Hierdie konsepte/terme is onderhewig aan voortdurende verandering en ontwikkeling en enige pogings om ’n presiese definisie neer te pen, is gebrekkig. Hierdie verklarings dien dus net as ’n riglyn oor die gebruik van die terme in die res van die artikel.

9 Primary sex characteristics verwys na die geslagsorgane: penis, vagina, uterus, en so meer. Sekondêre geslagseienskappe is dié wat tydens puberteit die manlike en vroulike geslagte van mekaar onderskei, byvoorbeeld liggaamshare, adamsappel en beenstruktuur (Melmed, Polonsky, Larsen en Kronenberg 2011:1054). 

10 Chromosome is liggaampies wat in die selkern of nukleus te vinde is en wat die draers van gene is (Stedman’s medical dictionary 2006:375).

11 ’n Bevrugte eiersel.

12 Dit is gebruiklik om tot op die agtste week van swangerskap van ’n embrio te praat. Daarna word na ’n fetus verwys.

13 ’n Orgaan wat geslagselle (gamete) produseer: testis of ovarium.

14 Dit kan gebeur waar die moeder ’n testosteroonproduserende tumor het (Marieb en Hoehn 2014:1129).

15 Generiese term vir ’n agent, gewoonlik ’n hormoon (soos testosteroon), wat die aktiwiteit van die manlike geslagsorgane stimuleer, manlike geslagseienskappe aanmoedig of verandering van laasgenoemde in die geval van kastrasie voorkom (Stedman’s medical dictionary 2006:77).

16 Een van die basale kerne van die brein wat in die serebrale hemisfeer voorkom (Bosman 2008:46).

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post ’n Krities-narratiewe begripsverheldering van biologiese aspekte van die transgenderverskynsel appeared first on LitNet.

A critical and narrative illumination of the biological aspects of the transgender phenomenon

$
0
0

Abstract

In 2019 the General Synod of the Dutch Reformed Church in South Africa (DRC) adopted a decision which prohibited discrimination against any person on the grounds of their sexuality and identity. This entailed that no individual of non-heterosexual orientation was to be withheld from office, access to the sacraments, or engaging in meaningful intimate relationships. In effect this also demanded that the DRC would recognise and endorse same-sex marriages.

While this inclusive resolution was celebrated by the gay community, it was met with substantial opposition from certain congregations within the DRC. Their objection was based on conflicting scripture readings in which homosexuality is regarded as an abominable sin before God. So fierce was this disapproval that many role players within the church were of the opinion that the institution was on the verge of a schism. It is vital to consider in this regard that even though further legal remedies were not instituted, the DRC did not implement the policy of their own accord but rather was directed to do so by the High Court of South Africa. The reader is encouraged to revisit the events, which were described as the “theatre of the absurd” by Christina Landman, in terms of which the initial inclusive decision of the General Synod of 2015 had been recalled by the Special Synod of 2016. This rescission compelled some church members to approach the court in order to have the original decision reinstated.

When one considers the open hostility from some congregations against non-heterosexual orientations, one cannot help but wonder what the attitude towards the transgender person would be. Would it be one of understanding? Would it be accepting and inviting? When one reads the comments of some theologians on social media the answer, unfortunately, seems to be a stentorian “no”.

As an example the reader is referred to the comments of Danie (a pseudonym) who describes himself as a theologian, prophet and amateur physicist. When Shaun Wiggills’s leg was amputated after complications following gender confirmation surgery, Danie asked: “should one have sympathy with this person?” It is clear that Danie and his friends believed that Mr Wiggill deserved his fate: “If he/she had not decided to play God over his/her body, he/she would still have a whole body and life,” they said. “But he/she does not want to accept the responsibilities of his/her folly and now shifts the blame to the hospital,” Danie concluded.

It appears that individuals such as Danie and his friends may not be familiar with the complex biological processes surrounding the transgender phenomenon and it is therefore the aim of this article to clarify some of the most pertinent concepts.

After a brief discussion of the genetic events which transpire during conception, variation of the events is discussed. It is shown that within the parameters of biological development, physical gender (the gender assigned at birth) and gender identity may not always correspond, an aspect which may result in significant distress for the transgender person. In this regard it is indicated that assigned gender develops during the first trimester and gender identity during the second. Research has determined that endocrinological as well as environmental occurrences which take place between these two time periods can cause a gender misalignment. Studies among twins confirm this. Specific brain structures, substances, and hormones have furthermore been determined as playing a vital role in establishing gender identity, which may or may not be congruent with assigned gender at birth.

After careful consideration of these biological processes (explained in this article in less complicated jargon than in medical journals) it is concluded that gender identity is determined in utero. Gender identity and assigned gender at birth may further be congruent (cisgender) or not (transgender). It thus follows that when a trait is established in utero the individual has no control over it before or after birth, and can accordingly not be held responsible. Hence, such consequence must be deemed to form part of the incredible diversity attached to the creation and ought to be celebrated as one of the wonderful works of God.

Keywords: assigned gender; biology; Dutch Reformed Church (DRC); femininity; gender expression; gender identity; homosexual; manliness; sexual orientation; sympathy; transgender

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans

’n Krities-narratiewe begripsverheldering van biologiese aspekte van die transgenderverskynsel

The post A critical and narrative illumination of the biological aspects of the transgender phenomenon appeared first on LitNet.

Boekbedryf stewig op koers ná ’n jaar met Covid

$
0
0

In Maart 2020 is die Suid-Afrikaanse boekbedryf tot stilstand gedwing toe die Covid-19-rampregulasies ingestel is. Groot verliese het op die streng inperkingstyd van ses weke gevolg toe rolspelers in die bedryf se deure skielik gesluit is en die produksie, verspreiding en verkoop van boeke halt geroep is. Hoe staan sake nou, ’n jaar later? Melt Myburgh het uitgewers gepols oor die stand van die boekebedryf in die nasleep van die pandemie.

.................

“Sal ons as sakeonderneming oorleef?”

Steve Connolly (Foto: Penguin Random House SA)

Met die eerste grendelstaat wat in 2020 vir ses weke lank ingestel is, is Suid-Afrikaanse uitgewers met eksistensiële vrae gekonfronteer. Steve Connolly, uitvoerende direkteur van Penguin Random House SA, vertel dat die maatskappy skielik met kwessies soos die volgende rekening moes hou: “Sal ons as sakeonderneming oorleef? Hoe gaan ons kliënte ons betaal as hulle self skielik nie meer kliënte het nie? Gaan ons kontantvloei voldoende wees om salarisse, huur en tantième te betaal?”

Steve sê dat Penguin Random House ’n lening moes aangaan om kontantvloei te verseker. Terselfdertyd moes hulle toesien dat personeel se veiligheid, gesondheid en welsyn nie bedreig word nie. “Dit was ’n geweldige spanningsvolle tyd.”

Vir die meeste uitgewers was dié situasie die grootste uitdaging wat hulle in hul leeftyd in die gesig moes staar. In Suid-Afrika was die impak nog groter as in die res van die wêreld omdat plaaslike aanlynwinkels verbied is om produkte te verkoop. In die meeste ander lande kon verkope aanlyn voortgaan.

Eloise Wessels van NB-Uitgewers (Foto: Naomi Bruwer)

Eloise Wessels, hoof van NB-Uitgewers, sê dat die uitdagings van die grendelstaat in haar loopbaan wel deur ’n vorige ramp oorskadu is. “Die sluiting van Leserskring het ’n baie groter en meer direkte impak op die plaaslike en veral die Afrikaanse boekebedryf gehad as die Covid-19-pandemie.”

Maar ten spyte van ’n jaar van hoogdrama vir die bedryf, is uitgewers optimisties en vol vertroue dat die mark in die afsienbare toekoms volledig sal herstel. Eugene Ashton, hoof van Jonathan Ball-uitgewers, beskou die pandemie as ’n “geweldige groot geleentheid” binne die globale konteks. “Talle uitgewers van regoor die wêreld het rekordverkope gehad en daar was groei in al die groot markte.” Omdat boekverkope in Suid-Afrika vir ses weke lank verbied was, was die situasie hier anders. “Ja, dit was uitdagend en dit is op talle fronte steeds, maar ons is vol vertroue dat die bedryf mettertyd selfs tot op pre-Covid-verkoopsyfersvlakke sal verbeter,” sê hy.

Veerkragtigheid baie belangrik

Eugene Ashton van Jonathan Ball-Uitgewers (Foto: verskaf)

Johan Coetzee van Naledi sê dat dié uitdaging opnuut bewys het hoe belangrik veerkragtigheid is. “Aanpassings in ’n vinnig veranderde wêreld waar tegnologie en, veral vir ons in die boekebedryf, uitdagings van bemarking aan ’n krimpende lesersmark aan die orde is, maak dat ons nooit op ons louere kan rus nie.”

Nicol Stassen van Protea Boekhuis sê: “Dit is vir ons as uitgewer seker die grootste uitdaging wat ons nog die hoof moes bied.” Omdat Protea Boekhuis ’n rolspeler in die mark vir akademiese boeke is, het die pandemie hulle ook op dié gebied uitgedaag. “Dit volg net mooi ’n jaar ná die afskaffing van die formule waarvolgens baie studente direk van die boekwinkels af boeke kon aankoop. Dit was selfs ’n groter omwenteling, maar die effek daarvan was slegs tot akademiese boekwinkels beperk.”

Soos alle uitgewershuise is Protea gedwing om op nuwe maniere besigheid te doen. “Ons is dankbaar dat ons verplig was om by veranderende omstandighede aan te pas,” sê Nicol. “Ons is die heel blyste dat ons hierdie jaar kon oorleef. Dit was egter nie moontlik om groot boekebeurse soos dié van Frankfurt en Bologna by te woon nie. Ongelukkig is die internasionale kontak met ander uitgewers deel van die bedryf, en ek het dit persoonlik as ’n groot gemis ervaar.”

Die manier waarop tradisionele kantoorgebondenheid van personeel deur die pandemie omvergegooi is, het uitgewers gedwing tot innoverende denke. Penguin Random House kon dié uitdaging met relatiewe gemak die hoof bied, vertel Steve Connolly, omdat daar geruime tyd reeds ’n fleksietyd-kultuur in die maatskappy heers, wat beteken het dat personeel dikwels van die huis af werk. “Ons het dié beleid eenvoudig net uitgebrei deur ekstra hardeware aan te skaf sodat 85% van ons personeel produktief van die huis af kon werk.”

Intussen moes die publikasieprogram so ver moontlik voortgaan soos beplan, en niemand het dit nodig gevind om personeel te verminder nie. “Ons het nie nodig gehad om poste te verminder of aanstellings te beperk as gevolg van die pandemie nie. Ons het wel baie versigtig gekyk na en gewerk met kostes,” sê Eloise Wessels van NB-Uitgewers.

“Wat ons aan optimisme ontbreek, maak ons voor op in determinasie”

Jonathan Ball se personeel wat siek geword het, het herstel, berig Eugene Ashton, en almal stry moedig voort: “Wat ons aan optimisme ontbreek, maak ons voor op in determinasie. Ons het nie personeel verminder nie, maar wel tydelik sekere nuwe aanstellings gevries weens die uitdagings daaraan verbonde om nuwe werknemers in ’n pandemie aan te stel.”

“By Protea het ons probeer om so normaal as moontlik voor te gaan,” sê Nicol Stassen. “Personeel het meestal van die huis af gewerk, maar die jaarprogram is nie aangepas nie, hoewel enkele boeke effens later moes verskyn omdat die drukkers ook vir ’n tyd lank moes sluit. Geen afleggings is gedoen nie en geen salarisse is verminder nie.”

Johan Coetzee van Naledi (Foto: verskaf)

Ook by Naledi is almal veilig en vol moed. “Ons moes eenvoudig ons planne afskaal, maar gelukkig is daar geen personeelverminderings nie,” sê Johan Coetzee. “Ons kyk nog meer versigtig na nuwe projekte. Ons beplan om vanjaar uitgawes meer effektief te bestuur en nuwe lewensvatbare projekte aan te pak.” Geen nuwe aanstellings gaan binne die afsienbare toekoms by Naledi gemaak word nie, en daar gaan op groter skaal van professionele vryskut-medewerkers gebruik gemaak word.

Penguin Random House se hoofkantoor was tydens die onlangse vlak 3-grendelstaat daagliks 50% vol. “Die nege-tot-vyf-dae is verby,” sê Steve Connolly. “Maar dit is belangrik om ’n balans te handhaaf tussen afstandwerk en die kweek van ’n maatskappykultuur waar ’n kreatiewe werksomgewing aangemoedig word deur persoonlike interaksie.”

By Jonathan Ball is die dae van mense wat elke dag ’n kosblik moet pak vir middagete op kantoor, ook grotendeels verby. “Waar dit sinvol is, sal ons heel waarskynlik volhou om vir personeel die opsie te bied om van die huis af te bly werk,” sê Eugene Ashton.

Wat logistieke sake betref, is die publikasie van sekere boeke aangeskuif of uitgestel tot ’n latere datum. Maar dinge is nou, ’n jaar later, grotendeels terug na normaal. “Natuurlik verwag ons dat dinge sal verbeter, maar die werklikheid is dat die gesondheid van die Suid-Afrikaanse boekmark baie afhang van ons ekonomie se gesondheid,” sê Eugene. “As jy daaroor optimisties is, sal jy positief wees oor boekverkope.”

En dié siening word deur almal gedeel. In Februarie 2021 lyk die prentjie baie meer rooskleurig as wat ’n jaar gelede gevrees is. Verskeie kommentators het in 2020 geskat dat die plaaslike mark met sowat 30% sou krimp.

“Dit gaan uitstekend by NB-Uitgewers,” sê Eloise. “Ons het ’n verbasend goeie jaar gehad en ons verwag inderdaad dat boekverkope sal toeneem soos wat die pandemie onder beheer kom. Die boekemark het wel gekrimp as gevolg van die vergrendeling. Volgens die Nielsen-jaarverslag vir 2020 het die Suid-Afrikaanse mark vir gedrukte boeke met ongeveer 16% gekrimp teenoor 2019.”

Toename in e-boekverkope bring effense verligting

Die toename in e-boekverkope het egter verligting gebring. “As ’n mens in ag neem hoeveel e-boekverkope toegeneem het, is die voorspelling van ’n 30%-inkrimping nog meer van oorskatting,” sê sy.

Steve vertel dat Penguin Random House se boekverkope teen November/Desember verlede jaar gestabiliseer het, maar dat dit nie opmaak vir die verliese wat in die vorige agt maande gely is nie. Toe die grendelstaat in Maart 2020 afgekondig is, het verkope onmiddellik met 12% geval. “In die internasionale mark het die verkoop van gedrukte boeke in winkels aanvanklik met tot meer as 20% gedaal. Maar dié tekort is verhaal deur groot aanlynwinkels soos Amazon.”

“As mens na die Nielsen-handelsyfers kyk, selfs terwyl nog nie alle lughawe-boekwinkels heropen is nie, lyk dit of verkope weer normaal is,” sê hy. “In Suid-Afrika het aanlyn boekwinkels ’n styging in boekverkope beleef en hulle markaandeel beduidend vergroot, maar nie naastenby genoeg om op te maak vir verliese wat deur fisieke boekwinkels ervaar is nie. Nietemin weet ek van boekwinkels waar dit in November en Desember 2020 goed genoeg gegaan het dat hulle hul teikens kon behaal.”

Boekwinkels op lughawens is bepaald ’n belangrike faktor in die plaaslike bedryf. Eugene verduidelik: “As ’n mens in ag neem dat die meeste boekwinkels op lughawens steeds gesluit is, dan is verkope vergelykenderwys op dieselfde vlak as voor die inperking. Sodra mense meer gereeld begin reis, sou ’n mens kon verwag dat die mark volledig sal herstel.”

Volgens Johan Coetzee raak aanlyn verkope al belangriker. “Kopers moet net meer vertroue in die aanlyn aankope van boeke kry. Dalk kan uitgewers gesamentlik dink aan veldtogte om die publiek bewus te maak van die aantreklikheid van aanlyn verkope?”

Nadat Protea-titels in April 2020 ’n klein insinking getoon het toe alle boekwinkels gesluit is, het dinge intussen stewig herstel, sê Nicol. “Ons hou duim vas dat ons omset hierdie jaar gaan groei omdat ’n aantal belangrike boeke deur die loop van die jaar gepubliseer gaan word.”

Nicol Stassen van Protea Boekhuis (Foto: verskaf)

Protea Boekhuis is egter uitstekend in die mark geposisioneer om die impak van uitdagings te absorbeer, aangesien hulle by ’n wye verskeidenheid vertakkings in die bedryf betrokke is. Benewens hul teenwoordigheid in die akademiese mark, versprei en bemark Protea byvoorbeeld ook sowat 80 ander uitgewers se boeke. “Daar het ons omset met ’n skouspelagtige 40% toegeneem,” vertel Nicol. “Dit het dit vir ons moontlik gemaak om hierdie jaar met gemak te oorleef.”

Onder Protea se distribusietitels is daar boeke van skrywers soos Dudu Busani-Dube, Jackie Phamotse en Ayanda Borotho wat binne ’n maand deur die 5 000-kerf gebars het, vertel Nicol. “Ouer werke van Busani-Dube en Phamotse het hulle skouspelagtige vertoning voortgesit.”

Oor watter nuwe boeke kan lesers solank kwyl?

As mens na die uitgewers luister, is dit duidelik dat die plaaslike boekemark goed herstel van die pandemie se ingryping ’n jaar gelede. En almal gaan volstoom voort om te doen wat hulle die beste doen: om boeke te maak wat lesers gaan vermaak en meevoer. En Suid-Afrikaanse lesers kan maar net kwyl van opwinding oor die titels wat in 2021 die lig gaan sien.

Tembeka Ngcukaitobi by die bekendstelling van sy debuut, The land is ours, in Protea Boekwinkel, Stellenbosch. (Foto: Naomi Bruwer)

Penguin Random House publiseer in April Tembeka Ngcukaitobi se nuwe boek, Land matters. Dit volg op Ngcukaitobi se 2018-trefferdebuut wat Suid-Afrika aan die praat gehad het – The land is ours. Damon Galgut se nuwe roman, The promise, is ook op pad en almal sien uit na Malcolm Gladwell se Bomber mafia in Mei. Nou gons dit reeds oor Marianne Cronin se debuut, The one hundred years of Lenni and Margot.

’n Baie lang brief aan my dogter, die eerste deel van Marita van der Vyver se memoire, word vanjaar by NB-Uitgewers vrygestel. (Foto: Francois Pistorius)

NB-Uitgewers beleef tans opwindende tye met PP Fourie se debuutwerk The heart is the size of a fist, in Afrikaans beskikbaar as ’n Hart is so groot soos ’n vuis. Dan is Marita van der Vyver se ’n Baie lang brief aan my dogter, wat ons ook in Engels uitkom as A long letter to my daughter, binnekort op die rakke. Om nie te praat van Ingrid Winterbach se nuwe roman, Voorouer. Pelgrim. Berg, wat in Mei verskyn nie.

Later vanjaar kom daar ’n nuwe Hans-titel uit die pen van Rudie van Rensburg, sowel as sy volgende misdaadroman, Hartedief. Lesers kan hul vere ook solank regskud vir verskeie ander lekker spanningsverhale deur skrywers soos Irma Venter, Chris Karsten en Sidney Gilroy.

Jonathan Ball gaan die mark met ’n rits uitstekende memoirs tref, en selfs poësie én ’n drama. “Maar uit vrees dat ek dalk ’n Twitter-storm sal ontketen, sal ek liewer nie erken dat ek daaroor kwyl nie!” sê Eugene. Albert Grundlingh se biografie van Van Zyl Slabbert is pas uit, asook Tony Leon se Future tense, en in Mei kom Ebbe Dommisse se Fortuine: Die wel en wee van Afrikaner-magnate. “Ek vermoed egter die boek wat die meeste aandag sal trek, sal Pieter du Toit se jongste wees. Met sy vorige boek het ons Stellenbosch se toorn opgewek en hierdie keer sal lesers weer aan sy lippe hang, of dalk kwyl …” waarsku die grootbaas van Jonathan Ball.

Protea Boekhuis publiseer vanjaar ’n aantal groot naslaanwerke soos Plekname van Suider-Afrika (808 bladsye), Versamelde dramas van NP van Wyk Louw (775 bladsye), asook die vertalende en verklarende Kunswoordeboek van 389 bladsye. “Onder ons vertaalde boeke is daar vier nuwe Dr Seuss-boeke, vier nuwe David Walliams-boeke, vyf nuwe Kuifie-boeke, vier nuwe Asterix-boeke en twee nuwe Enid Blyton-boeke,” vertel Nicol. Verder kan lesers uitsien na historiese werke, waaronder ’n nuwe Karel Schoeman-boek, Babilon, en Van Humpata tot Upingtonia deur Nicol self, die vervolg op sy seminale Dorslandtrek-boek.

Jonathan Ball se rits biografieë is onlangs ingelui met die publikasie van Albert Grundlingh se Slabbert: Man on a mission. (Boekomslag: Jonathan Ball)

By Naledi is daar ’n klompie kinderboeke op die spyskaart: Sakkie Spangenberg se Bybelstories in perspektief, waar nuut gekyk word na die paradigmaverskuiwing in die benadering tot argaïese Bybelstories, en Lizette Rabe se boek vir kleintjies, Die blou feetjie. Verder is Hendie Grobbelaar se kortverhaalbundel Maskermense in die pyplyn, asook Abel Pienaar se Tao van wakker word – ’n spirituele gids tot innerlike ontwaking. Digbundels deur De Waal Venter, Carina van der Walt, Cas Vos, Rosa Smit en Bester Meyer is ook op die kaarte.

 

Lees ook Melt Myburgh se 2020-artikel toe die eerste inperkingsmaatreëls ingestel is:

Uitgewers benoud maar moedig in die aangesig van korona

 

The post Boekbedryf stewig op koers ná ’n jaar met Covid appeared first on LitNet.

Persverklaring: Hier is die wenners van die 11de kykNET Fiëstas

$
0
0

“Toe COVID-19 in Maart verlede jaar ook in Suid-Afrika toeslaan, het die wêreld nie ophou draai nie en het kunstenaars nie opgehou om kunstenaars te wees nie. Feeste is gekanselleer, teaters was donker, die wêreld het klein geword – gesluit tot verdere kennisgewing. Kunstenaars moes om den brode eksperimenteer en nuwe platforms vind. Die Afrikaanse feeste het leiding geneem en met verskeie innoverende projekte, struktuur en vernuwing in ons bedryf te weeg gebring.

“Die eindresultaat was soveel nuwe aanlyn- en virtuele vertonings, dat ons vanjaar nuwe kategorieë instel om ook uitstaande werk in hierdie nuwe mediums te erken. Dankie aan elke kunstenaar wat aanhou werk het om lig te bring in die donker tyd van die pandemie.” Karen Meiring, M-Net-direkteur: kykNET-kanale, by die 11de kykNET Fiëstas, wat op Sondag 7 Maart op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai is.

Die kykNET Fiëstas, wat vanjaar vir die eerste keer vooraf opgeneem is, vereer sedert 2011 jaarliks uitsonderlike prestasies in die uitvoerende kunste. Ten spyte van ’n uitdagende jaar, is daar besluit om steeds die kunste en kunstenaars te vereer. Vanjaar se genomineerdes en wenners is gekies deur die Fiëstas-paneel, wat bestaan uit Herman van der Westhuizen (sameroeper), Ronnie Samaai, Eduard Greyling, Gillian Mitchell, Laetitia Pople, Diane de Beer, Robyn van de Rhede, Jill Markram, Martli Jordaan, Maulise Kotze, Ilza Roggeband, Mariana Malan en CJ de Swardt.

Daar was verskeie hoogtepunte tydens die toekenningsgeleentheid, met wenners wat emosionele toesprake gelewer het en die legendes wat met pragtige woorde deur hul vriende en kollegas vereer is. Drie jong kunstenaars is ook deur hul ikone met ’n Sinjatuur-toekenning verras. Dié toekennings gaan aan kunstenaars wat tot nou toe uitsonderlik in hulle loopbane presteer het.

Anna-Mart van der Merwe, wat ook die toekenning as Beste Aktrise vir haar vertolking in Valsrivier ontvang het, het Cintaine Schutte se Sinjatuur-toekenning aan haar oorhandig met hierdie woorde: “Jou teenwoordigheid in ons bedryf is van onskatbare waarde. Hierdie toekenning is erkenning, herkenning en aansporing vir jou – dat jy moet weet ons sien jou, die bedryf het waardering vir jou en om vir jou te sê dat die pad waarop jy is, is goed en reg.”

Karen Zoid, het haar toekenning vir Beste Musiekgedrewe Produksie – Buitelug, met die volgende woorde ontvang: “Ek wil hierdie opdra aan al die musikante daar buite wat ’n bietjie sukkel op die oomblik. Ons is nie bedelaars nie; ons is nie boemelaars nie; ons speel nie vir tips nie. Die creative industry is heeltemal stukkend, maar ons is kreatiewe mense en ek wil net vir almal sê, kom ons figure hierdie ding saam uit. Ons kan en ons moet saamstaan.”    

kykNET is ’n trotse ondersteuner en stigter van die Tribuo-fonds wat gestig is om kunstenaars en tegnici tydens die pandemie te ondersteun. Dié fonds het dit moontlik gemaak dat ongeveer 300 kunstenaars tot dusver gehelp kon word. Al die genomineerdes van die 11de kykNET Fiëstas ontvang twee Checkers koopbewyse, waarvan hulle een aan ’n mede-kunstenaar of verdienstelike organisasie kan gee.

Karen Meiring het die toekenningsgeleentheid met hierdie woorde afgesluit: “Aan elke kunstenaar: mag julle, soos dikwels in die verlede na ’n wêreldkrisis, leiding neem, en met julle werk gehore vertroos en verkwik. Ons erken en waardeer julle besondere vermoëns, en sien reikhalsend uit om julle so gou as moontlik, op die verhoog te sien.”

Hiermee die wenners van die 11de kykNET Fiëstas:

Beste Akteur: Robert Hindley, Valsrivier

Beste Aktrise: Anna-Mart van der Merwe, Valsrivier

Beste Regie: Frieda van den Heever, Die poet, wie’s hy?

Beste Teaterontwerp: Charl-Johan Lingenfelder, Die poet, wie’s hy?

Beste Nuutgeskepte Afrikaanse Teks, Verwerking of Vertaling: Frieda van den Heever & Dean Balie, Die poet, wie’s hy?

Beste Prestasie in Klassieke Musiek: Bryan Wallick, Frank Dean Balie Stadler & Peter Martens, Beethoven Triple Concerto

Beste Prestasie in Visuele Kuns: Dineke van der Walt, KKNK se Virtuele Galery

Beste Musiekgedrewe Produksie – Buitelug: Karen Zoid, Karen Zoid 20 jaar Pops

Beste Musiekgedrewe Produksie – Teater: Charl-Johan Lingenfelder, Die poet, wie’s hy?

Beste Aanlyn Feesprojek: Alfred Hinkle, Dans van die heenkoms

Beste Feesproduksie: Die poet, wie’s hy?, Woordfees

Beste Opkomende Kunstenaar: Robert Hindley, Valsrivier

Sinjatuur

  • Cintaine Schutte
  • De Klerk Oelofse
  • Dean Balie

Legendes

  • Bob Martin
  • Nic de Jager
  • Terry Fortune

 Blou Fiësta

  • Jana Hattingh
  • Suidoosterfees Inryteater
Die Tribuo-fonds

Die Tribuo-fonds is gestig in samewerking met Karen Meiring (kykNET), Cornelia Faasen (NATi) en die Feesteforum (Aardklop, KKNK, Innibos, Suidoosterfees, Vrystaatfees en die Toyota US Woordfees) om vryskutkunstenaars te ondersteun.

Die fonds is afhanklik van die finansiële steun van skenkers wat wil help om die kunstebedryf deur hierdie moeilike tyd te help.

Bydraes kan deur privaat persone, korporatiewe instansies of filantropiese skenkers gemaak word en ’n 18A-belastingsertifikaat is op aanvraag beskikbaar.

Bydraes kan anoniem gemaak word of skenkers kan erkenning ontvang as ’n donateur van die fonds.

https://www.tribuo.co.za/tribuo-fund-donations/

The post Persverklaring: Hier is die wenners van die 11de kykNET Fiëstas appeared first on LitNet.


LitNet Akademies-onderhoud: Frederik van Dyk oor grond, grondhervorming en grondonteiening

$
0
0

Frederik van Dyk (foto verskaf); erkenning van die ander twee foto’s: Pixabay

Frederik van Dyk, ’n regsnavorser en LLM-kandidaat in die Departement Sakereg aan die Universiteit Stellenbosch, praat met Naomi Meyer oor grondhervorming en grondonteiening.

..........

Die idee is enersyds terugblikkend: Grond wat vanaf 1913 met die Wet op Swart Grond weens rasgebaseerde maatreëls afgevat is, word deur restitusie teruggegee, of vergoeding word betaal. Andersyds is die grondhervormingsreëling ook toekomsgerig: Dit poog om ongelyke grondbesitspatrone regverdiger te maak, en het hiermee dan ’n sosio-ekonomiese funksie deur toegang tot grond as hulpbron aan te help en sodoende ’n geleentheid vir maatskaplike opheffing daar te stel.

...........

Frederik, kom ons praat oor grond en oor Menseregte. Hoe maak dit sin dat grondhervorming deur die Handves van Menseregte ondersteun word, terwyl dit teenstrydig klink?

Grondhervorming is allermins in stryd met die Handves van Menseregte soos vervat in hoofstuk 2 van die Grondwet, 1996. Inteendeel, die meganismes vir grondhervorming word juis in artikel 25(5)–(9) van die Grondwet vervat. Die regstellende gees van die Handves kan ook in die gelykheidsklousule, artikel 9, gesien word. Die idee is enersyds terugblikkend: Grond wat vanaf 1913 met die Wet op Swart Grond weens rasgebaseerde maatreëls afgevat is, word deur restitusie teruggegee, of vergoeding word betaal. Andersyds is die grondhervormingsreëling ook toekomsgerig: Dit poog om ongelyke grondbesitspatrone regverdiger te maak, en het hiermee dan ’n sosio-ekonomiese funksie deur toegang tot grond as hulpbron aan te help en sodoende ’n geleentheid vir maatskaplike opheffing daar te stel.

Grondhervorming vind steeds binne die raamwerk van artikel 25 plaas vir sover dit eienaarskap van grond en ander eiendom teen arbitrêre ontneming en onteiening beskerm.

Sou jy die begrip grondonteiening anders definieer as grondhervorming, en wat sou die verskil wees?

Die twee begrippe is in regsterme beslis nie dieselfde nie, al vermeng mense dit in die omgangstaal. Grondhervorming is ’n grondwetlike program wat grondrestitusie, grondbeheerhervorming en herverdeling uitstip as die drie wyses waarop ’n grondbestel wat strook met die doelstellings van die Handves, nagestreef word.

Onteiening is weer ’n regsmeganisme, vervat in die eiendomsklousule in artikel 25(2), wat die staat magtig om onder sekere omstandighede ’n eienaar van enige eiendom se eienaarskap te beëindig en daardie eienaarskap in die staat te vestig. Die Grondwet magtig slegs onteiening vir ’n openbare doel of in die openbare belang, wat ook die praktyk in die meeste ander wêrelddele is. Verder stipuleer artikel 25(2) dat vergoeding aan ’n eienaar betaal moet word.

..........

Die Grondwet magtig slegs onteiening vir ’n openbare doel of in die openbare belang, wat ook die praktyk in die meeste ander wêrelddele is. Verder stipuleer artikel 25(2) dat vergoeding aan ’n eienaar betaal moet word.

.............

Indien grondhervorming as deel van ’n program in die openbare belang uitgevoer word, is onteiening as metode om grond te bekom vir doeleindes van grondherverdeling of restitusie sekerlik moontlik. Die teks en gees van die Grondwet dui daarop dat grondhervorming wel in die openbare belang en vir ’n openbare doel kan wees, en die steeds staande Onteieningswet 63 van 1975 definieer openbare doel as “enige doel wat verband hou met administrasie van die bepalings van enige Wet deur ’n bepaalde staatsorgaan”. Sover dit die administrasie van grondhervormingswetgewing betref, sal die Onteieningswet ook grondhervorming omvat. Artikel 25(4) van die Grondwet beskryf openbare belang so dat dit grondhervorming insluit.

............

Die jongste nuus draai rondom die Onteieningswetsontwerp, wat oop was vir openbare kommentaar tot einde Februarie. Daar word beoog om die 1975-Onteieningswet met die nuwe wetsontwerp te vervang.

.............

Waarom is grondonteiening nou (weer) in die nuus?

Sedert die ANC se 2017 Nasrec-resolusie wat dit tot onteiening sonder vergoeding verbind het, en die EFF se parlementere mosie in 2018 om artikel 25 van die Grondwet ter wille van onteiening sonder vergoeding te wysig, is onteiening pal in die nuus. Die wysigingsproses duur al baie lank soos wat die ANC se faksiegevegte, die koronavirusmaatreëls en parlementere politieke prosesse voortgaan.

Die jongste nuus draai rondom die Onteieningswetsontwerp, wat oop was vir openbare kommentaar tot einde Februarie. Daar word beoog om die 1975-Onteieningswet met die nuwe wetsontwerp te vervang.

Daar was ook verdere parlementere prosedures rakende die wysiging van artikel 25 van die Grondwet met betrekking tot die veelbesproke nominalevergoedingsklousule. Hierdie bepaling beteken dat die staat ’n eienaar R0,00 kan aanbied vir sy of haar eiendom. Die eienaar sal altyd aldus die Onteieningswetsontwerp die nulbedrag kan betwis en kan aanvoer dat R0,00 nie billike en regverdige vergoeding is nie, en sodoende is daar steeds sprake van vergoeding.

Ek wil jou vra oor die aspek wat baie mense vrees: As een eiendom onteien word, sit dit die bal aan die rol dat geen eiendomsreg meer gewaarborg is nie? Hoe raak grondonteiening die hele regstelsel van eiendomsreg en wie s’n is wie s’n? As jy aan een draadjie trek, roer die hele web?

Solank onteiening binne die raamwerk van die oppergesag van die reg plaasvind en dit volgens regverdige, nie-arbitrêre en weloorwoë prosedure plaasvind, behoort dit nie iets gevaarliks te wees nie. Soos ek bo vermeld het, is onteiening nie ’n nuutjie nie; dit is gevestig in feitlik alle liberale demokrasieë wêreldwyd. Eienaarskap is nêrens absoluut nie, maar dit word wel deur gevestigde regsbeginsels teen magsmisbruik en arbitrêre optrede beskerm.

...........

Dit sou verregaande wees om te beweer dat een onteiening die deur oopmaak vir alle ander eienaars se eiendom om afgeneem te word. Onteiening in ons reg is nie grootskaalse nasionalisering nie, want dit vereis dat elke voorgenome onteieningsproses afsonderlik aan die regsbeginsels in die Grondwet getoets moet word, soos die vereistes van openbare doel of openbare belang. 

.............

Dit sou verregaande wees om te beweer dat een onteiening die deur oopmaak vir alle ander eienaars se eiendom om afgeneem te word. Onteiening in ons reg is nie grootskaalse nasionalisering nie, want dit vereis dat elke voorgenome onteieningsproses afsonderlik aan die regsbeginsels in die Grondwet getoets moet word, soos die vereistes van openbare doel of openbare belang. Boonop moet daar regverdige en billike vergoeding betaal word, al kan die staat volgens die voorgenome wysiging van artikel 25 die proses met ’n nominale bedrag begin.

Daarby sal die staat onteiening in die openbare belang (dikwels geag die vaer standaard te wees as openbare doel) ingevolge magtigende wetgewing moet uitvoer. Dit sal die staat nie voor die howe baat om vir doeleindes van byvoorbeeld “ekonomiese ontwikkeling” te onteien met verwysing na openbare belang of doel nie, juis omdat dit te vaag is sonder magtigende wetgewing.

Onteiening vind dus al vir jare plaas sonder dat dit tot ’n onkeerbare stroom onteienings na links en regs gelei het. Dit is so omdat die vereistes van openbare belang en doel, wetsvoorskrifte van algemene toepassing asook billike en regverdige vergoeding die omstandighede en metode van onteiening afbaken en aan die oppergesag van die reg onderwerp. Al wat ’n mens moet hoop, is dat korrupsie en staatskaping nie die mat onder ons uitvreet nie. Almal sal die goeie stryd moet help stry teen misdadige politici.

Jy doen lankal navorsing oor hierdie onderwerp. En jy lees ook baie literatuur wat onregte van die verlede blootlê en uitwys (ek dink aan jou onlangse resensie van The lie of 1652). Dink jy dat iets soos grondonteiening sekere onregte van die verlede sal aanspreek of selfs sal uitwis?

Grondonteiening sal niks van die soort aanspreek of uitwis nie, want grondonteiening is bloot een meganisme waarmee die staat die grond van privaat eienaars kan bekom.

...........

Grondhervorming en grondgebruiksbeplanning spring nou weer in om ’n rol te speel in die aanspreek en uitwis van die nalatenskap van onreg in ons land se verlede. Grondonteiening kan dalk meer grond as hulpbron aan individue en gemeenskappe beskikbaar stel, maar slegs as die tussenganger – die staat – werklik daarop ingestel is om grond te herverdeel en sodoende armoede en skreiende ongelykheid aan te spreek deur aan mense materiële selfstandigheid en agentskap te gee.

............

Grondhervorming en grondgebruiksbeplanning spring nou weer in om ’n rol te speel in die aanspreek en uitwis van die nalatenskap van onreg in ons land se verlede. Grondonteiening kan dalk meer grond as hulpbron aan individue en gemeenskappe beskikbaar stel, maar slegs as die tussenganger – die staat – werklik daarop ingestel is om grond te herverdeel en sodoende armoede en skreiende ongelykheid aan te spreek deur aan mense materiële selfstandigheid en agentskap te gee. Die Rakgase-saak het ons geleer dat die staat met die howe gedwing sal moet word om grond aan voordeelnemers soos opkomende boere te gee.

...........

Die ware vraag is wat die staat ná onteiening met grond doen. Wanneer grond onteien gaan word, moet die staat vermeld waarom hul die grond wil onteien, want dit is alles deel van die maatstaf van onteiening as slegs in die openbare belang of doel.

.............

Die ware vraag is wat die staat ná onteiening met grond doen. Wanneer grond onteien gaan word, moet die staat vermeld waarom hul die grond wil onteien, want dit is alles deel van die maatstaf van onteiening as slegs in die openbare belang of doel. ’n Regsprobleem duik op wanneer die staat na afloop van die onteiening van plan verander oor die grond wat onteien is.

Daar is nie tans sprake van ’n tipe ommekeer van die onteieningsproses nie, want die onteiening geskied volgens ’n regsvoorskrif wat nêrens so ’n ommekeer oorloof nie.

Daar is ook geen vrywillige kontrak tussen die onteiende party en die staat nie; onteiening is juis nie ’n vrywillige transaksie nie. Dus sal ’n onteiende party nie op ’n kontraksbepaling kan staatmaak wat lui dat eienaarskap opgegee word solank die grond slegs vir bepaalde doeleindes geoormerk word nie.

Wanneer grond onteien word, gaan eienaarskap oor na die staatsorgaan wat met onteieningsgesag beklee is in die gegewe onteiening. Die vorige eienaar het dus nie meer regte tot die grond oor nie. Eienaars ontvang ook vergoeding, daarom sal hulle nie geneig wees om op te volg indien die staat “gelieg” het oor die doel of belang van die onteiening nie.

Die staat sal waarskynlik deur administratiefregtelike stappe aan hul aanvanklike onteieningsoogmerk gebonde gehou kan word, siende dat daar ’n legitieme verwagting onder voornemende begunstigdes geskep word, na gelang van die geval.

Van ’n afstand gesien, sonder om te kyk wat behoort aan wie en om te dink aan ’n land se beste belang: Wat sou ’n regverdige manier wees om met iets so kosbaar soos ’n land se grond om te gaan?

Dit is ’n ingewikkelde vraag, maar oplaas is daar tog leiding in die Grondwet.

...........

Grond is fundamenteel aan al hierdie menseregte, en ’n mens kan nie volhoubare toegang tot voedsel, behuising of ’n gesonde omgewing bewerk sonder grond nie. Ek dink gemeenskappe dra die beste, geleefde kennis van die presiese aard van hul materiële tekortkominge en behoeftes. Dit maak dus sin dat grondgebruik en -hervorming gedesentraliseer moet word sodat gemeenskappe die staat volgens hul behoeftes kan rig.

..............

Die menseregte in die Handves gee ons maatstawwe en doelwitte om ’n beter Suid-Afrika te skep. Dink aan die reg op behuising, of voedsel en water. En ook, in die geval van my huidige navorsingslyn, die omgewing. Kultuur- en taalgemeenskappe tel ook hierby. Grond is fundamenteel aan al hierdie menseregte, en ’n mens kan nie volhoubare toegang tot voedsel, behuising of ’n gesonde omgewing bewerk sonder grond nie. Ek dink gemeenskappe dra die beste, geleefde kennis van die presiese aard van hul materiële tekortkominge en behoeftes. Dit maak dus sin dat grondgebruik en -hervorming gedesentraliseer moet word sodat gemeenskappe die staat volgens hul behoeftes kan rig. In Skotland het gemeenskappe byvoorbeeld ’n voorkoopsreg op grond sodat maatskaplike welsyn en ontwikkeling eerste kom. Afgeleë en ongeërgde ontwikkelaars, afwesige grondeienaars en die sentrale staat het dus nie ’n oordrewe invloed op grondbestuur in daardie land nie.

Die ANC-geleide staat stel blykbaar nie juis in so ’n model belang nie; dit lyk of daar eerder ’n versugting na sentrale bevelsrade en meesterbeplanning is. Dit is ondoeltreffend, en teen dié tyd ’n skending van mense se waardigheid om met dieselfde ontmagtigende sentralisme voort te gaan. Die feit is dat die menseregte wat as bloudruk vir ’n beter samelewing dien, nêrens kom nie, omdat die staat se doen en late met grond nie mense bemagtig om hul eie agente te wees nie.

............

Die feit is dat die menseregte wat as bloudruk vir ’n beter samelewing dien, nêrens kom nie, omdat die staat se doen en late met grond nie mense bemagtig om hul eie agente te wees nie.

..............

Grondhervorming en gesprekke daaroor begin al by iets soos die afbakening van heinings rondom Die Tuine in Kaapstad. Dis ’n ou onderwerp – wie was eerste hier, aan wie het wat behoort? Oud-MK-lede is ’n simbool van protes teen die bestel van die verlede, en daarom is die oorhandiging van grond in hierdie geval ’n politieke gebaar. Stem jy saam? Of is die hele gesprek in ieder geval polities?

Die bevoordeling van oud-MK-lede in grondherverdeling is nie uitdruklik in die Grondwet geoorloof nie, en moreel onregverdigbaar in ’n land waar snelgroeiende armoede met ’n rassegeur ’n enorme probleem is. MK-veteraanskap behoort beslis nie ’n maatstaf te wees vir bevoordeling terwyl daar mense is wat geen volhoubare inkomste of selfs geredelik kos op die tafel het nie.

Ek het ook in Rapport van 7 Februarie gelees van die geval van Ivan Cloete, ’n bevoordeelde van grondhervorming, wat van die staatsplaas Colenso in Darling afgesit is ten gunste van ’n MK-veteraan. Die verhouding van MK-veterane en hul leiers, soos Carl Niehaus en Kebby Maphatsoe, met ondermyners van die Grondwet soos Jacob Zuma en Ace Magashule, is die spyker in die doodskis van enige gewaande morele regverdigbaarheid om aan die MK ’n skaars maatskaplike hulpbron soos grond oor te dra.

...........

Hoewel Suid-Afrika en Zimbabwe belangrike en deurslaggewende verskille het, herinner die bevoordeling van MK’s ongelukkig aan hoe ZANU-PF grond aan hul veterane uit die Rhodesiese Bosoorlog uitgedeel het. Dit lyk soos ’n verdagte lojaliteitskopery.

............

Hoewel Suid-Afrika en Zimbabwe belangrike en deurslaggewende verskille het, herinner die bevoordeling van MK’s ongelukkig aan hoe ZANU-PF grond aan hul veterane uit die Rhodesiese Bosoorlog uitgedeel het. Dit lyk soos ’n verdagte lojaliteitskopery.

In Juanita Pienaar se onlangse artikel oor grondonteiening skryf sy dat grondonteiening eintlik ’n proses is wat 30 jaar lank aan die gang is. Wil jy vanuit jou perspektief iets hieromtrent sê?

Grondhervorming in Suid-Afrika  het al ’n langer geskiedenis as wat die meeste mense dink. Soos prof Pienaar vermeld, was die vroegste roerings al tydens die De Klerk-administrasie daar, met die Witskrif op Grondhervorming en die Wet op die Afskaffing van Rasgebaseerde Grondmaatreëls.

..........

Terwyl daar ’n mate van vordering was met restitusie, vergoeding vir afgeneemde grond sedert 1913 en grondbeheerhervorming, is daar steeds ’n grondbesitsongelykheid volgens raslyne. Daar is weinig sukses wat grondherverdeling betref, weens korrupsie en politieke onwilligheid om opkomende boere met proaktiewe steunprogramme by te staan.

...........

Intussen is die program in die Grondwet van 1996 ingeskryf en talle wette is al gepromulgeer. Terwyl daar ’n mate van vordering was met restitusie, vergoeding vir afgeneemde grond sedert 1913 en grondbeheerhervorming, is daar steeds ’n grondbesitsongelykheid volgens raslyne. Daar is weinig sukses wat grondherverdeling betref, weens korrupsie en politieke onwilligheid om opkomende boere met proaktiewe steunprogramme by te staan.

Juanita Pienaar skryf ook in hierdie artikel dat ’n nuwe onteieningswet nodig is om sake duidelik te omlyn. Hoe staan sake op die oomblik in die wetboeke en hoe sou nuwe wetgewing sake verbeter (of versleg)? As jy hierdie wet moes skryf of hersien, wat sou vir jou die belangrikste van die nuwe wetgewing wees?

Soos bespreek, is die Onteieningswet van 1975 nog op die wetboeke, en die nuwe Onteieningswetsontwerp het ten doel om wetgewing daar te stel wat strook met die grondwetlike voorskrifte rondom onteiening soos in artikel 25(2) vervat.

..........

Die Onteieningswet is hoofsaaklik prosedureel, en ek sou gevolglik ten gunste wees van ’n klousule wat duidelik uitstip wat gebeur indien die staat nie die rede vir die onteiening gestand sou doen nie. ’n Tipe statutêre reg op ’n ommekeer van die onteiening wat die grond teruggee aan ’n onteiende eienaar.

...........

Die Onteieningswet is hoofsaaklik prosedureel, en ek sou gevolglik ten gunste wees van ’n klousule wat duidelik uitstip wat gebeur indien die staat nie die rede vir die onteiening gestand sou doen nie. ’n Tipe statutêre reg op ’n ommekeer van die onteiening wat die grond teruggee aan ’n onteiende eienaar. Indien vergoeding betaal is, sal die eienaar dan ’n keuse hê om die grond terug te neem en die vergoeding terug te betaal, of om nie die grond terug te neem nie. Dan behoort die grond aan ’n plaaslike gemeenskapstrust of onafhanklike grondhervormingstrust oorgedra te word, sodat die staat nie die grond misbruik of die herverdeling en ontwikkeling daarvan vertraag nie.

Pienaar skryf dat wysiging van artikel 25 alleen nie die enkelvoudige oplossing is nie. Watter ander aspekte van die wet verdien nog alles aandag?

..........

Soos feitlik alle ander aspekte van staatsadministrasie: implementering. Wetgewing en beleid word swak geïmplementeer, of selfs nooit nie, omdat ons nie ’n geprofessionaliseerde staatsdiens het nie, maar een wat op kaderontplooiing en patronaatskap gebaseer is.

............

Soos feitlik alle ander aspekte van staatsadministrasie: implementering. Wetgewing en beleid word swak geïmplementeer, of selfs nooit nie, omdat ons nie ’n geprofessionaliseerde staatsdiens het nie, maar een wat op kaderontplooiing en patronaatskap gebaseer is. Die staat stel nie daarin belang om grondhervorming ten gunste van die armes en gemarginaliseerdes van die samelewing uit te voer nie.

As wetgewing aangepas word, sal ons “staat” as toepasser en administrateur moet verstaan as mag wat aan gemeenskappe behoort, nie aan sentrale politieke figure nie. Ek sou reken ’n gemeenskapsgebaseerde grondhervormingsprogram wat mag afwentel, is ons beste hoop om dringende ongelykheid en materiële behoeftigheid deur middel van grond as hulpbron aan te spreek.

Lees ook:

Grondhervorming: Is onteiening sonder vergoeding die magiese “silwer koeël” of is dit ’n (berekende) skoot in die donker?

LitNet Akademies Weerdink: Grondhervorming, onteiening en artikel 25 ‒ stand van sake

’n Hervoorstelling van die begrip Grond tydens ’n ondersoek na die rol van Grondgebaseerde onderwys in Suid-Afrika

LitNet Akademies Weerdink: Grond

The post <em>LitNet Akademies</em>-onderhoud: Frederik van Dyk oor grond, grondhervorming en grondonteiening appeared first on LitNet.

Persverklaring: Gratis filmkursus vir jong Oudtshoorniete

$
0
0

Chad Louw met fassiliteerder Shamiel Albertyn, Wayelin Coetzee en Julio Booysen

Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) in samewerking met iKasi Creative Media en met die ondersteuning van die Departement van Kultuursake en Sport: Wes-Kaap en die Oudtshoorn Munisipaliteit, bied binnekort ’n gratis inleidingskursus in film en digitale media op Oudtshoorn aan. As jy op Oudtshoorn woon, tussen 18 en 35 jaar oud is, ’n matrieksertifikaat het en nie voltyds werk nie, is jy genooi!

Die kursus word van Maandag 19 tot Vrydag 23 April 2021 aangebied, en beloof ’n unieke geleentheid te wees vir die suksesvolle kandidate wat ’n basiese begrip van die film- en TV-bedryf wil opdoen. “Dié inleidingskursus is ’n uitsonderlike geleentheid, nie net vir jong Oudtshoorniete om nuwe vaardighede aan te leer nie, ons wil met die projek ook persoonlike stories uit die Klein Karoo vertel deur video’s wat met ’n selfoon of tablet opgeneem word”, sê Hugo Theart, artistieke direkteur van die KKNK. Deelnemers sal meer leer oor werkgeleenthede in die bedryf, watter vaardighede nodig is vir ’n suksesvolle loopbaan, en hoe ’n filmstel werk.

Top 5, 2019 Vaardigheidsprogram in George: Jovan Maritz (Knysna), Eugene Hendricks (Oudtshoorn), Ingrid Buys (George), Banathi Mphule (Plettenberg), Siyabulela Marinana (Knysna)

iKasi Creative Media is die geesteskind van die aktrise Lika Berning. Haar vennote in dié vaardigheidsprogram is Lamise Inglis, met jare lange opleiding-ondervinding in die bedryf, en Khanya Sosibo, uitsaaier, stemkunstenaar en entrepreneur. “Die doel van iKasi Creative Media is nie net om praktiese vaardighede in digitale media na landelike gebiede te bring nie, maar ook om stories te vertel en die erfenis van gemeenskappe te deel,” sê Berning.

As jy wil deelneem, stuur ’n WhatsApp na 081 219 3526, of gaan na kknk.co.za , klik op projekte en kies iKasi-kursus. Die kursus is gratis, maar plek is beperk. Die organiseerders sal suksesvolle aansoekers kontak.

Indien jy enige hulp nodig het om aansoek te doen, kontak Shandré Harris by die KKNK-kantoor op 044 203 8600 of stuur ’n e-pos na shandre@kunste.org.za vir enige raad, invul-, afrol- of skandeerwerk, soos nodig.

Die KKNK word ondersteun deur ABSA en Media24, met verdere ondersteuning van die Het Jan Marais Nationale Fonds, die Departement van Kultuursake en Sport: Wes-Kaap, die Oudtshoorn Munisipaliteit, Business and Arts South Africa (BASA) en die Jannie Mouton Stigting. Die presidensiële stimuluspakket (stroom 1), geadministreer deur die National Arts Council (NAC) namens die nasionale Departement van Sport, Kuns en Kultuur (DSAC) ondersteun ook die KKNK in sy huidige bedrywighede.

The post Persverklaring: Gratis filmkursus vir jong Oudtshoorniete appeared first on LitNet.

COVID-19: Eensaamheid in die tyd van ’n pandemie

$
0
0

Foto: Pixabay

’n Groot ontdekking van die 21ste eeu was dat mense tevrede is om alleen te leef. Om alleen te leef beteken dan ook nie soseer dat jy eensaam is nie, maar in die tyd van ’n pandemie kan alleenheid ’n epidemie word. Ons ervaar almal op een of ander stadium van ons lewens dié tipe “eensaamheid”. In die tye waarin ons nou leef, kan eensaamheid dalk die beste opgesom word in een frase, en dis “sosiale afstand”, wat sekerlik die grootste aanspraakmaker vir uitdrukking van die jaar is.

Eensaamheid kan nuttig wees, so ons hoef nie noodwendig daarvoor bang te wees nie. As ons eensaam voel, is dit dalk 'n herinnering dat ons menslike kontak nodig het en dat ons moet uitreik na andere rondom ons. Ons moet besef dat ons nie die enigstes is nie en dat daar nog duisende eensame mense in hul huise in ons land en om die wêreld is. Ons moet dink aan al die oues van dae wat uitgesien het na hul weeklikse Sondagmiddagete-besoeke van hul kinders en kleinkinders. Wat nog te sê van die enkellopendes wat weke onaangeraak deurbring en hul komberse net stywer om hulself begin toedraai, net om omhels te voel?

Ek is gelukkig. Ek word meestal deur mense omring: Ek het 'n wonderlike moeder, ’n suster en swaer; ek is ’n oom en dan is daar ’n handjievol fantastiese vriende. Ek het mense wat met my praat en my wil vashou, maar nie mag nie, behalwe my ma natuurlik. (Ek is nog nie getroud nie.) Dit gebeur baie min dat ek “alleen” is. En wanneer ek alleen is, is ek baie jaloers op daardie tydjie met myself, wat nogal baie gebeur. Ek is nie ’n introvert nie, maar geniet nogal ’n tydjie alleen, vir myself. Ons almal het tyd nodig om ons eie gedagtes te bedink.

Maar eensaamheid gebeur nie net as ons alleen is nie. Ons kan die eensaamste voel as ons omring word deur mense. Ons kan eensaam voel in 'n skare en selfs by 'n partytjie. Of as iets groots gebeur en niemand verstaan ​​nie. Eensaamheid word soms omring deur mense en word totaal misverstaan. Eensaamheid hou verband met 'n verhoogde risiko vir hartsiektes, voortydige dood, demensie, depressie, angs en slaapstoornisse. As ons toelaat dat die huidige krisis ons verder en verder isoleer, kan ons in 'n “sosiale resessie” ingaan wat gekenmerk word deur groeiende eensaamheid en 'n gevoel van ontkoppeling van ander.

........

In die tyd van sosiale-afstand-handhawing is dit belangrik dat ons ons prioriteite reg het. Ek sou kon begin deur te sê dat mense ’n prioriteit is, maar ek sou lieg, want dit is nie so nie. My ma is die grootste prioriteit in my lewe en sonder haar gaan ek maar sukkel om aan te gaan. 

..........

In die tyd van sosiale-afstand-handhawing is dit belangrik dat ons ons prioriteite reg het. Ek sou kon begin deur te sê dat mense ’n prioriteit is, maar ek sou lieg, want dit is nie so nie. My ma is die grootste prioriteit in my lewe en sonder haar gaan ek maar sukkel om aan te gaan. Ek het nie ’n vrou en kinders nie en is ook nie spyt daaroor nie, maar ek het die talent – of altans so dink ek – om my woorde op papier neer te pen. Dis ’n goeie kuur teen eensaamheid. Maar as ek myself sou afvra hoe ek my lewe geleef het, watter prioriteite weerspieël word in die manier waarop ek my tyd, aandag en energie bestee het, was net om te lewe met alles wat ek in my het, my werklike prioriteit.'

Om jou prioriteite in orde te kry is die stryd van die moderne wêreld. Hier volg vier strategieë wat ek iewers raakgelees het om eensaamheid te oorkom. Stel dit eerstens as 'n doel om minstens 15 minute per dag deur te bring met mense vir wie jy omgee. Laat tweedens die oomblikke tel as jy die kans kry om kwaliteit-tyd saam met iemand anders te kan deurbring. Soek na maniere om jou gemeenskap te dien. En laastens, omhels “eensaamheid”. Gaan sit buite onder ’n boom en dink, of bring tyd deur om na inspirerende musiek te luister. Dit hoef nie noodwendig Beethoven en Bach en hulle genote te wees nie. Ek is ’n rocker en hou van heavy metal, so to each his or her own. Doen waarvan jy hou en omhels jou eensaamheid. Gaan soen ’n mooi vrou of man of komplimenteer iemand vir iets aan hulle wat jou geval.

Maak hierdie stukkie geskiedenis waarin ons nou leef saak? Om boek te hou van die beperkings wat deur die regering aan ons opgelê word, is te dikwels 'n hol gedagte. Vir die meeste van ons is dit die eerste keer dat ons dié spesifieke lewensomstandighede ervaar. Vir die eerste keer in 25 jaar word ons as bevolking voorgesê en of jy gekies het of nie om dit opgelê te word, dit was nie ’n maklike tyd gewees nie – is nog steeds nie.  Ons is sosiale diere en wanneer die krisis afneem, sal “geskeide” vriende en families haastig wees om weer bymekaar te kom.

..........

Miskien is dit juis wat ons nodig gehad het – ’n onderbreking van mekaar se geselskap om weer te besef hoe kosbaar vriende en familie is.

...........

Miskien is dit juis wat ons nodig gehad het – ’n onderbreking van mekaar se geselskap om weer te besef hoe kosbaar vriende en familie is. Die eerste moderne skrywer oor eensaamheid, die 18de-eeuse Switserse dokter Johann Zimmermann, omskryf die ervaring as 'n “neiging om die self te versamel en persoonlike vryheid”. Ek het een lewe en ek leef dit ten volle, hoekom nie! Dis my keuse en leuse in die lewe. Wat is joune?

Ek het my geliefde, lewenslustige, gesonde en een dag kort van haar 85ste verjaardag moeder op 1 Februarie aan die gevreesde virus afgestaan. Nou moet ons oppas dat die pandemie nie in ’n epidemie van die hart oorgaan nie. Sy was my inspirasie om my lewe ten volle te leef, want sy het dit gedoen.

Rus in vrede, my ou Moedertjie.

The post COVID-19: Eensaamheid in die tyd van ’n pandemie appeared first on LitNet.

Wesens: R15 000 se pryse te wen

$
0
0

Filmstudente en -liefhebbers kan groot kontantpryse wen. Die skeppende agentskap The Suits en LitNet soek ’n kritiese ontleding van Wesens, die veelbekroonde Karoo-wetenskapfiksiefilm wat in Oktober verlede jaar in Suid-Afrikaanse bioskope vrygestel is en nou vanaf vandag, 8 Maart 2021, eksklusief beskikbaar is op DStv BoxOffice.

Skryf ’n filmontleding

Ons vra meer as ’n konvensionele filmresensie. Ontlééd die film vir ons. ’n Kundige paneel, saamgestel uit LitNet en The Suits se geledere, sal die inskrywings keur as die gehalte van die inskrywings na hulle oordeel hoog genoeg is. Die prysgeld is soos volg:

  • R10 000 as eerste prys
  • R3 000 as tweede prys
  • R2 000 as derde prys.

Enigeen kan deelneem, maar werknemers van LitNet en The Suits sal nie in aanmerking kan kom vir die pryse nie.

Hoe om in te skryf
  • Kyk die film. Wesens is vanaf 8 Maart 2021 eksklusief beskikbaar is op DStv BoxOffice.
  • Skryf ’n kritiese ontleding van die film (tussen 500 en 1 200 woorde).
  • Stuur jou inskrywing aan izak@litnet.co.za met die woord “Wesens” duidelik in die onderwerplyn.
Reëls
  • Inskrywings moet LitNet voor of op 8 Mei 2021 bereik om in aanmerking te kom vir ’n prys.
  • Inskrywings mag gelewer word in enige variant van Afrikaans, Engels of Nederlands.
  • Die kopiereg op die inskrywings bly by die skrywer daarvan, maar deur in te skryf, gee die skrywer LitNet en/of ons susterblad Voertaal die reg om die ontleding gratis te publiseer.
  • Alle inskrywings sal oorweeg word, maar LitNet behou die reg voor om inskrywings nie te publiseer nie.
  • Elke inskrywing moet vergesel word van ’n kort biografie (100 woorde) van die skrywer en ’n foto.
  • Slegs een inskrywing per persoon word toegelaat.
  • Geen inskrywings op LitNet se sosiale media of op LitNet se kommentaarafdeling sal in aanmerking kom vir pryse nie.
  • Die wenners sal op LitNet se webwerf en sosiale media aangekondig word.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal oor die uitslag gevoer word nie.

The post <em>Wesens</em>: R15 000 se pryse te wen appeared first on LitNet.

Tussen klip en knot

$
0
0

Die nagtrein ruis deur die heelal om teen
middernag by die stasie van lamentasie asem te haal
toe die stil een, die gryskop, afklim om onder ruisende
arendvlerke die agterpaaie te bewandel.

By die kruispad speel die dag wat breek
soos goue vlinders rondom die hert van dorre streke,
hy wat al die Stabat Maters en ritmes van Requiems asook
droewe Hallelujas in suiwer tenoriese klanke sing.

Dringende, lamsakkige gedragspatrone
van die oue tree na vore; saam met die wind
wat die tolbos op sy mou dra, struikel hy
tussen klip en knot na die afgrond.

 

Lees al die Mondig-gedigte hier:

Mondig

 

 

The post Tussen klip en knot appeared first on LitNet.

Press release: Cape Town City Ballet – back on stage in March 2021

$
0
0

Kirstél Paterson and Lêusson Muniz in Moon behind the clouds (Photo credit: Kim Stevens)

Cape Town City Ballet proudly returns to the Artscape Opera House for four performances only in March. Due to social distancing requirements, only 100 seats will be available for each performance. 

Following a once-off performance in December to a standing ovation, Cape Town City Ballet – back on stage will be performed on 18, 19 and 20 March. 

The programme features two works - George Balanchine's exquisite Serenade and Moon behind the clouds, a suite of works made during the time of Covid-19, by South African choreographers including Veronica Paeper, Kirsten Isenberg, Yaseen Manuel, Lindy Raizenberg and Marlin Zoutman.  

The performances of Serenade have been made possible by the Toby Fine Ballet Fund, formed in memory of the remarkable South African ballerina, Toby Fine by David Bloomberg and the Bloomberg family.

George Balanchine's Serenade is staged by Rebecca Metzger (via Zoom) for The George Balanchine Foundation performed to music by Tchaikovsky. 

Moon behind the clouds is a suite of works made during the time of COVID-19, by leading South African choreographers. Laced together through the timeless text of Max Ehrmann's Desiderata this emotive and inspirational suite will be narrated by acclaimed performer Marcel Meyer.  Nathalie Vijver is the Dramaturg for the work. Lighting Design is by Wilhelm Disbergen. 

"Following one of the most challenging years for the arts industry and ongoing challenges presented by the Covid-19 pandemic,we are proud to return to the Artscape stage, as we herald the start of a milestone year with Artscape's 50thbirthday," says Debbie Turner, CEO of Cape Town City Ballet. 

"We celebrate the power of live performance by staging these shows in honour of the life of David Bloomberg. He was a tireless philanthropist and supporter of the arts, who enabled so much for live performance through his vision and ongoing investment," says Turner. 

"With this run we also pay tribute to the memory of Percy Tucker, a longstanding Board member, friend and unwavering supporter of Cape Town City Ballet. The kindness and wisdom of this gentle giant of the performing arts industry is sorely missed.  We salute his life at the start of this 50thyear of Artscape, which fittingly coincides with the 50th anniversary of Computicket, the first electronic theatre booking system in the world which Percy established in 1971."

Cape Town City Ballet – back on stage will be presented from Thursday 18 to Saturday 20 March at 19h30 with a matinee on Saturday 20 March at 15h00.

Tickets cost R300 each for the evening performances and R250 each for the matinee. 

Bookings can be made at Artscape Dial-a-seat 021 421 7695 or through Computicket https://tickets.computicket.com/event/cape_town_city_ballet___back_on_stage_/7167412

Please Note: The event complies with all COVID-19 regulations including social distancing and patrons must wear masks for entry. Cape Town City Ballet is grateful for the support of the City of Cape Town, Western Cape Government, Food Lovers Market and Toby Fine Ballet Fund.  

*Invest in the future of Cape Town City Ballet!  There are a number of ways to do this - become a VIP Friend, make a once-off or recurring donation, invest in the long-term endowment fund, make a bequest or nominate Cape Town City Ballet as a beneficiary on your My School card.

For information about how to invest in Cape Town City Ballet contact suzetteraymond@yahoo.com

For more information about Cape Town City Ballet, visit https://www.capetowncityballet.org.za/

 

The post Press release: <em>Cape Town City Ballet – back on stage</em> in March 2021 appeared first on LitNet.

Brandmerk deur Christelle van Rooyen-Wessels, ’n lesersindruk

$
0
0

Titel: Brandmerk
Skrywer: Christelle van Rooyen-Wessels
Uitgewer: Penguin
ISBN: 9781485904342

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging geskryf en aan LitNet gestuur.

Hoeveel keer het jy iemand al hoor sê “ter wille van die kinders”? Is dit werklik in die kind se beste belang om in ’n toksiese verhouding te bly? Die meeste van hierdie verhoudings verbrokkel in elk geval, hetsy tragies, of indien die mishandelde persoon maar vir lief neem met sy/haar “lot”. Hoe dit ook al sy, dood is onvermydelik, fisiek of emosioneel.

Christelle van Rooyen-Wessels het hierdie werklikheid trompop geloop in haar roman Brandmerk.

Binne die eerste hoofstuk word die identiteit van die moordenaar bekend gemaak. Hy is die produk van ’n tipiese lewensgevaarlike verhouding. Sy pa beland in die tronk, en sy ma vind nuwe liefde. Soos baie ma’s is sy stokblind vir haar kind se afwykings en aanvaar sy geen verwysing daarna nie. Dit word bloot met verskonings en verduidelikings onder die mat ingevee.

Terwyl haar nuwe lewe op dreef is, vind haar seun David ook die rede vir sy bestaan. Hy gaan heel gemaklik en suksesvol voort met sy moorddadige en sadistieste lewe. Reg onder almal se neuse.

Baie van ons het al effe toondoof geraak ten opsigte van geweld en moord. Dit neem daagliks toe, en dit kos die land miljarde aan mediese behandeling, bewusmaking en terapie. Dit is asof hierdie kwessie gat-oor-kop benader word. Die realiteit word oral verkondig, maar die rede vir of oorsprong van die tendens word geheel en al vermy, of met opset geïgnoreer. Hierdie is glad nie ’n biologieles nie, maar daar is tog waarde in kennis van die ontwikkeling van die menslike brein ten opsigte van geweld. Die frontale korteks van die menslike brein is ’n “laatbloeier” – dit kom eers as ’n mens die ouderdom van 25 bereik mooi op dreef. Wat het dit enigsins met misdaad en geweld te doen? In Suid-Afrika is jy reeds geregtig daarop om te stem wanneer jy 18 word. Jy kan selfs wettig rook en alkohol gebruik op dié ouderdom. Wanneer jy 16 word, is dit heeltemal in orde om seksueel aktief te wees.

Hoekom bevraagteken ek hierdie wetlike vryheid van ons mense, en wat op dees aarde het dit te doen met Christelle se boek?

Die brein is uiters kompleks, met miljarde selle, of neurone, wat in sinergie met mekaar werk. Die frontale korteks is verantwoordelik vir jou vermoë om ander se gevoelens te verstaan, en hoe om daarop te reageer. Dit is waar jou persoonlikheid vorm en ontwikkel. Ook is hierdie deel van jou brein ’n dopamienvraat. Dopamien, die chemiese goedvoelhormoon, help om jou gevoelens, erkenning en motivering in toom te hou. Plaas enige kind in ’n gewelddadige huishouding wat hom/haar voor die ouderdom van 25 gaan uitspoeg, en jy het die perfekte profiel van ’n geweldsmisdadiger. Hiermee sê ek natuurlik glad nie dat alle kinders wat uit mishandeling en gewelddadige huise kom, misdadigers is of sal wees nie. 

Waarom word daar so baie gepraat en bewusgemaak en geveldtog, en niks word regtig gedoen nie? Ons is almal op een of ander wyse ’n slagoffer van die lewe, en ons herkoms gaan beslis ’n rol speel in wie en wat ons is. Die nare waarheid is dat dit altyd ’n keuse is. Wat gemaak as jy nie van anders en beter weet nie? Moord en geweld is dan dalk die enigste dopamien-“inspuiting”. Hoe kan ons hierdie woede en magteloosheid aanspreek sonder om dit te stimuleer? Waarom is daar nie in ons primêre onderwys vakke soos konflikhantering, respek (vir jouself en ander en jou en ander se lewens), en emosionele higiëne nie? Daar is heeltemal te veel Davids in die wêreld. Die hartseer is dat dit anders kan wees as net ’n paar klein dingetjies in posisie gestel word. Ek is nie ongevoelig teenoor die slagoffers en hul families nie; inteendeel, ek is bitter ontsteld dat dit enigsins plaasvind. Maar ek voel dat daar net pleistertjies op swere geplak word. Die wonde word nie deeglik ontsmet en behandel nie. Dan raak ek nie eens aan die belangrikheid van deurlopende nasorg nie. Ons lewe heeltemal te bolangs en selfgesentreerd. En sodra hierdie naarheid aan jou deur kom klop, moet hemel en aarde versit word. Dan is dit ongelukkig te laat vir die slagoffer sowel as vir die misdadiger.

Jy mag Brandmerk dalk geheel en al anders interpreteer. Dit is die wonderlike skoonheid en vermoë van boeke. Elke leser het die vryheid om die boek deur sy eie oë te lees. Ek sê maar net … Wel gedaan, Christelle van Rooyen-Wessels.

The post <em>Brandmerk</em> deur Christelle van Rooyen-Wessels, ’n lesersindruk appeared first on LitNet.


Gorman, Coel en Markle: verskillend en tog dieselfde

$
0
0

Gevallestudie 1

Prins Harry en sy vrou Meghan voer gesamentlik ’n onderhoud met Oprah Winfrey, maar elke liewe berig wat ek daarna gelees het, positief en negatief, fokus op Markle se woorde. En Oprah se vrae en die wyse waarop sy die onderhoud hanteer het.

Die koninklike huis stel ondersoek in teen haar omdat sy na bewering paleiswerkers geboelie het. In reaksie kom Hollywood, so na aan ’n koningshuis as wat Amerika kan kom, ter verdediging van haar reputasie na vore. Dis seker heerlike entertainment, maar dis ook simptomaties van ’n groter probleem. ’n Swart vrou met opinies van haar eie moet verkieslik vinnig en effektief herinner word aan waar haar plek is. Markle is óf ’n aartsopportunis wat eiehandig die Britse koningshuis tot ’n val gaan bring óf sy gee voor dat sy meer hulpeloos is as wat sy werklik was. Selfmoordgedagtes? In ’n paleis, getroud met ’n rêrige-lewe-prins? Haai shame – kla met die glutenvrye, organiese suurdeegbrood onder die arm. Rassisme in die koningshuis? Nog nooit gesien nie.

Selfs terwyl Markle en haar man deur middel van waarskynlik die magtigste spreekbuis in die wêreld, Winfrey, hul weergawe vertel, word Markle se stem deur ongeloof stilgemaak. Die Britse poniekoerante se veldtog om haar te diskrediteer sal seer sekerlik hierdie week tot ’n fanatiese hoogtepunt opgesweep word.

Haar man se bydrae tot die onderhoud gaan feitlik ongesiens verby. Maar sy sal sekerlik die skuld kry vir elke woord wat uit sy mond kom, asof hy nie vanaf geboorte opgelei was in hoe om met die pers en die publiek om te gaan nie.

Word Markle onregverdig behandel deur die media? Om daai vraag te beantwoord, hoef ons niks verder te kyk as hoe ’n ander koninklike onlangs behandel is nie.

Prins Andrew word van pedofilie beskuldig – nie dat dit ooit in soveel woorde gestel word nie. Die Britse en Amerikaanse media berig die prins is ’n “close associate” van Jeffrey Epstein. Sy naam word genoem in regsdokumente waar beweer word dat hy op Epstein se privaat eiland tyd deurgebring het in die geselskap van minstens twee minderjarige meisies, maar waarskynlik soveel as nege. Daar word verder beweer hulle was gedwing  om seks met die prins te hê.

Word die prins gekruisig in die media? Natuurlik nie. Het Buckingham-paleis aangekondig dat hulle ondersoek instel teen hom, soos wat hulle nou met Markle doen? Nie tot op datum nie, terwyl hierdie beweringe tog veel ernstiger is en ’n groter klad op die naam van die koningshuis plaas.

Opmerklik is verder dat Markle feitlik deurgaans op haar nooiensvan  aangespreek word. In teenstelling is daar bitter min berigte waar Kate Middleton nie op haar titel aangespreek word nie.

Natuurlik word daar nooit prontuit gesê dat dit is omdat Markle swart is en daar weerstand teen die aanwesigheid van ’n swart koninklike is nie. Die naaste wat daaraan gekom word, is die bewering dat ’n koninklike kommer teenoor Harry uitgespreek het oor die toe nog ongebore Archie se velkleur. Dieselfde kommer bestaan seker oor die ongebore dogtertjie se velkleur, maar ten minste is hulle hierdie keer ’n oseaan verwyder van die koningshuis.

Gevallestudie 2

Amanda Gorman, ’n jong digter wat haar gedig tydens Joe Biden se inhuldiging voorgedra het, word gedompel in ’n bohaai oor die Nederlandse vertaling van “The hill we climb” en ander gedigte. Izak de Vries gee in sy Voertaal-stuk hieroor ’n volledige uiteensetting van die problematiek. Ingrid Glorie gee, in haar sensitiewe en insiggewende repliek, meer konteks vanuit die Nederlandse perspektief.

Oor die feite kan daar nie veel meer gesê word nie. Interpretasie, aan die ander kant, is so wyd soos die Heer se gena’. Drie basiese argumente word ten gunste van Rijneveld gemaak.

Eerstens word daar beweer dat hulle ook jonk bekendheid verwerf het en daarom kan identifiseer met Gorman se werk. Dit sou seker ’n geldige redenasie wees as Gorman geskryf het oor haar ervaring van vroeë roem, maar sy skryf juis nie daaroor nie. Sy skryf oor haar ervaring as swart en onderdruk.

Tweedens: In ’n argument wat hiermee verband hou, word verwys na Rijneveld se Booker-prys. Hulle is ’n bekroonde vertaler, en dus die regte persoon om Gorman te vertaal. Volgens Glorie het Rijneveld self gesê hulle Engels is nie watwonders nie, wat natuurlik op sigself vrae oor hul geskiktheid laat ontstaan.

In gevallestudie 3 brei ek meer uit oor toekennings, en ek sal dan terugkom na hierdie argument.

Die derde argument is dat Rijneveld identifiseer as niebinêr, en daarom met sensitiwiteit die werk kan vertaal van ’n kunstenaar wat oor haar ondervinding van vervreemding en diskriminasie skryf. Die basis van hierdie argument is dat een tipe buitestanderskap dieselfde is as enige ander tipe buitestanderskap. Dis natuurlik onsin. Om in Amerika, waar swart mense deur staatsmagte vermoor word net omdat hulle swart is en waar daar tans ondersoeke aan die gang is oor die betrokkenheid van polisiebeamptes by verregse organisasies, swart te wees, is bepaald nie dieselfde as om wit en niebinêr te wees in een van die mees verligte Europese nasies nie.

Natuurlik is enige gesprek oor vertaling meer kompleks as die kleur van die skepper van die oorspronklike werk en die kleur van die vertaler. Sover ek weet (en Glorie sien dit in haar stuk blykbaar dieselfde), het die swart aktivis wie se beswaar teen die keuse van Rijneveld as vertaler opspraak verwek het, nooit te kenne gegee dat wit vertalers nooit swart woordsmede mag vertaal nie.

Janice Deul was egter nie die eerste persoon wat kritiek gelewer het teen Rijneveld se aanstelling nie. Die aktivis Zaire Krieger het reeds dae vroeër getwiet en die name van ander, swart vertalers genoem wat volgens haar beter vertalings sou kon doen. Beide Deul en Krieger se kritiek was tweeledig: dat Gorman se werk heel eerste gesproke kuns eerder as geskrewe kuns is, en dat dit verkieslik deur ’n jong, swart persoon vertaal behoort te word. In die beriggewing word die kommentaar rondom die gesproke kuns feitlik verswyg, waarskynlik omdat dit minder sensasioneel is as om rassespanning op te blaas.

Rijneveld het nou in digkuns repliek gelewer op die kritiek. Heelparty meesal wit (en ja, dit is relevant) kommentators het kommentaar gelewer. Maar die een stem wat ek mis in hierdie hele furore, is dié van Gorman. Dis haar werk, maar haar stem word heeltemal stil geskree. Sy is gereduseer tot ’n randfiguur terwyl ander persoonlikhede vir en teen haar agiteer.

Gevallestudie 3

Michaela Coel is die skrywer, akteur en kreatiewe energie agter die briljante I may destroy you, waaroor ek al vantevore geskryf het. Dis die tipe werk wat ernstige oorweging vir toekennings op verskeie vlakke behoort te kry. Tog is Coel en haar skepping heeltemal geïgnoreer tydens die 2021-Golden Globes. Dis nie asof daar so ’n oorvloed ander gehalte-nominasies was dat die weglating verskoon kon word nie.

Terselfdertyd word in ’n ander kategorie ’n reeks soos Emily in Paris, wat ten beste as spookasem vir die siel beskryf kan word, in verskeie kategorieë benoem.

Na my mening is I may destroy you te onapologeties gesentreer rondom die swart ervaring, en rondom die wyse waarop ’n swart vrou agentskap oor haar seksualiteit neem, om bekroon te word. Coel se werk is ’n bedreiging.

Die Golden Globes word bepaal deur 87 wit joernaliste wat die Hollywood Foreign Press Association uitmaak. In 2021 is hierdie organisasie nog steeds uitsluitlik wit en hoofsaaklik manlik. En dit wys.

Sou Coel geïgnoreer word indien daar swart lede tot die HFPA toegelaat was? Waarskynlik nie. Hiermee probeer ek glad nie te kenne gee dat groter diversiteit noodwendig lei tot groter inklusiwiteit nie. Clarence Thomas is sprekende bewys van die teendeel. Maar die moontlikheid dat ander opinies en ander moontlikhede op die tafel kom, sou groter wees.

Dit plaas vraagtekens oor elke ander toekenning wat gemaak is: Is dit regtig op meriete gemaak, of is daar ander werke weggelaat wat net nie binne die wit keurders se gemaksone val nie, ongeag hoe briljant of verdienstelik dit mag wees? Dis ’n vraag wat nou baie relevant is met die Golden Globes, maar dit is ook die geval met elke ander toekenning. Hier beperk ek my tot die kreatiewe veld, maar natuurlik is dit ook in wetenskap, die regte en ander velde relevant. Word die heel bestes binne elke veld altyd beloon, of is dit die beste binne die bekende en gemaklike, binne die gemaksone van die beoordelaars wat beloon word?

TimesUp, dieselfde organisasie wat regsaksie in verskeie industrieë gebring het om groter insluiting en beskerming vir vroue in die Amerikaanse samelewing te beding, het nou die HFPA aangevat. Nie oor Coel spesifiek nie, maar oor die gebrek aan diversiteit in hul geledere. En die wyse waarop Coel geïgnoreer is, is deel van daardie gesprek.

Markle, Gorman en Coel is drie baie uiteenlopende vroue. Tog is hulle ook dieselfde. Al drie is swart, kreatief, uitgesproke en in verskillende opsigte besonders.

Hul grootste ooreenkoms is egter die wyse waarop al drie van hulle se stemme stilgemaak word. Al drie word te midde van intense blootstelling onsigbaar gemaak. Daar word namens al drie gepraat, maar feitlik niks met hulle nie.

Ons het so pas Internasionale Vrouedag gevier. Dalk sou dit meer betekenisvol wees indien ons ophou om vroue, maar veral swart vroue, hul stemme te ontneem.

The post Gorman, Coel en Markle: verskillend en tog dieselfde appeared first on LitNet.

Stellenbosch se taalbeleid lankal onsmaaklik en toksies

$
0
0

...
Dis duidelik dat die Stellenbosch University- (SU-) ruimtes by die dag meer en meer toksies raak.
...

Dis duidelik dat die Stellenbosch University- (SU-) ruimtes by die dag meer en meer toksies raak. Ek was glad nie verbaas toe ek lees oor vrouestudente wat glo by die Minerva- en Irene-dameskoshuise gesê is dat hul nie daar mag Afrikaans praat nie.

Maar tog is ek terselfdertyd net dankbaar vir die feit dat die dames nie soos sementbekke gehoor gaan gee het aan hierdie verkrampte taalbeleid van SU nie. Hoe lank geskied hierdie nonsens nie nou al nie, en hoe baie van ons studente was dalk net te bang om uit te kom en stem dik te maak oor hierdie diskriminerende gedrag teenoor ons as Afrikaanssprekendes?

Ek het toevallig verlede jaar dieselfde tipe storie gehoor by ’n student wat ’n mentor by die Irene-dameskoshuis was. Sy het vertel van hoe daar eenkeer ’n samekoms was, en toevallig was daar toe nou ’n klompie nie-Afrikaanssprekendes wat saam gesels en ’n groepie Afrikaanssprekende wat saam gekuier en gethetha het!

Na ’n hele tyd het die nie-Afrikaanssprekendes se gesprek droog geloop en daar was toe ’n hele naarheid oor die feit dat die Afrikaanse groep hul gesprek terdeë geniet. Die student het vertel dat daar toe later ’n vergadering byeengeroep is nadat een van die studente ’n klag ingedien het omdat sy uitgesluit gevoel het .

Nou kyk, mens verstaan mos nou die redenasie wanneer daar vir jou gesê word dat daar eerder Engels gepraat moet word tydens formele aktiwiteite, want natuurlik sal almal mos nou nie Afrikaans verstaan nie. Maar aan die ander kant, en spesifiek wanneer mens nou kyk na hierdie kleiner mentorgroepies wat tydens die verwelkomingsperiode op koshuise gevorm word, dan moet mens die feit in ag neem dat nie almal wat pas hulle voetjies op universiteit kom sit het, Engels magtig is nie.

Ek onthou verlede jaar as nuweling in my koshuis het my mentor vir my gesê dat ek meer as welkom is om my kommentaar of vrae in Afrikaans voor die res van die groep te vra; hy sal my dan in Afrikaans beantwoord. Maar terselfdertyd het hy dit wat gesê is, in Engels opgesom sodat die res van die groep wat nie Afrikaans verstaan nie, net kan weet dat ons darem nou nie van hulle gestaan en skinder het nie – as jy snap wat ek bedoel. En niemand het ’n probleem daarmee gehad nie.

So, dis nie asof dit godsonmoontlik is om vir eerstejaars te sê luister, as jy ’n bietjie sukkel met Engels, of as jy gemaklik is om in jou moedertaal iets te vra en ek kan dit verstaan, is jy meer as welkom om dit so te doen nie. Maar dan is die vraag ook natuurlik, is die mentors en HK bereid om so iets te doen? Is hulle bereid om dus inklusiwiteit op ’n gepaste wyse te laat voortstreef in plaas van hamer op die SU-ideologie dat Engels inklusiwiteit bevorder?

...
Hoe de hel kan eentaligheid inklusiwiteit bevorder? Uit watter woordeboek kry hulle daai snert?
...

Hoe de hel kan eentaligheid inklusiwiteit bevorder? Uit watter woordeboek kry hulle daai snert?

Wat seker my moer die meeste strip oor hierdie hele ding, is die feit dat die vrouestudente glo ook gesê was dat hulle ook nie Afrikaans ná formele aktiwiteite mag praat nie – dis nou byvoorbeeld in jou eie tyd en ruimte met jou eie vriende en ouers. Hoe blerrie belaglik! Betaal ek dan nie om ’n inwoner van hierdie koshuis te wees nie?

...
Hoe blerrie belaglik! Betaal ek dan nie om ’n inwoner van hierdie koshuis te wees nie?
...

Behoort die spasie dus dan aan jou dat jy nou voel jy het die reg om vir my te sê dat ek nie die reg het om my reg op taalvryheid uit te leef nie? Absolute onsin. Kyk, dis nou vir jou diskriminasie op ’n ander vlak.

Toe SU met die aanvaarding van hul 2016-Taalbeleid Afrikaans uitskop, het hul reeds een van ons as Afrikaanssprekendes se regte ontneem. Met hierdie nuutste kwessie word daar nou duidelik ook teen Afrikaanssprekendes gediskrimineer op grond van hul taal en kulture, wat absoluut absurd is!

Natuurlik moet mens ook die bestuur van SU hiervoor blameer en verantwoordelik hou. Want hulle is die mense wat hierdie belaglike taalbeleid saamgestel het om blykbaar “meertaligheid en inklusiwiteit te bevorder”.

Nou ja, dis mos nou so duidelik soos flippen daglig dat met hierdie kwessie was daar meertaligheid en inklusiwiteit te siene. Ek meen, is die universiteit nie veronderstel om sy studenteleiers goed op te lei oor hul beginsels, waardes, maar belangriker, hul sogenaamde inklusiewe beleide nie?

Hoekom as die taalbeleid dan nou hamer op die feit dat Engels gepraat moet word gedurende formele aktiwiteite (wat ons maar volg om die beleid te gehoorsaam), word eerstejaars dan gesê dat hul ook nie ná formele aktiwiteite Afrikaans mag gebruik nie? Waar in die taalbeleid staan dit?

Daar is mos duidelik teenstrydigheid wat hier aan die gang is. Die Taalbeleid sê die een ding, maar die aksie is heeltemal van die pad af. Nou hoe en vir wat is daar dan nou sodanig ’n taalbeleid as die ding nie eers kop toe gevat word nie? Die ding is mos juis daar gestel sodat dit ook prakties uitgevoer moet word, dan nie?

Ons studente se regte was hier weer eens van hul ontneem, en SU voel duidelik nie eens jammer oor die gebeure nie. Daar was tot op hede nog nie ’n apologie van SU aan hierdie jong siele nie en dit is jammer, maar dit wys ook ongelukkig hoe min daar van Afrikaanssprekendes gedink word.

...
Daar was tot op hede nog nie ’n apologie van SU aan hierdie jong siele nie en dit is jammer, maar dit wys ook ongelukkig hoe min daar van Afrikaanssprekendes gedink word.
...

Verbeel jou dit was Open Stellenbosch wat hul bek gerek het oor die feit dat HK-lede, mentors of wie ook al vir hulle gesê het dat hul nie Engels of enige ander inheemse taal in hul vrye tyd buite op die Minerva-rusbankie in die tuin mag sit en praat nie.

Maar dis ’n gesprek vir ’n ander dag.

Aluta Continua Maties!

Lees ook:

Nuwe taalstorm oor Afrikaans by Universiteit Stellenbosch

Gees van die US se taalbeleid “verkeerd geïnterpreteer”

"Herskep Afrikaans": Neville Alexander-gedenklesing 2020

Fotoblad: ATR-Kokertoekennings 2019

The post Stellenbosch se taalbeleid lankal onsmaaklik en toksies appeared first on LitNet.

Persvrystelling: Verbod van Afrikaans by Stellenbosch koshuise

$
0
0

Die Afrikaanse Taalraad maak sterk beswaar teen die skynbaar hardhandige afdwing van Engels as verpligte omgangstaal by ten minste twee vrouekoshuise in Stellenbosch, Minerva en Irene. Volgens klagtes wat die Afrikaanse Taalraad ontvang het, word Afrikaanse studente verplig om Engels met mekaar en besoekende ouers te praat. Dié reël geld blykbaar selfs in hulle eie kamers of in situasies waar almal om hulle Afrikaanssprekend is. Volgens die studente word dié maatreël blykbaar as progressief en inklusief beskou, hoewel dit blykbaar nie op anderstaliges van toepassing is nie.

Taalgebruik in koshuise en die verband daarvan met ’n atmosfeer van insluiting is landswyd ’n kwessie. Maar die afdwing van Engelse eentaligheid – veral op hierdie outokratiese manier – is nie die antwoord nie. Dit skend basiese taalkundige en kulturele regte. Dit ontstel en verdeel, veral indien dit blyk dat anderstaliges nie deur die verbod geraak word nie. Dit skep ook vrees vir vergelding en verbittering aan die kant van diegene wat die maatreëls as onredelik beskou.

Die afdwing van die koloniale taal in die opvoedkunde en die gepaardgaande verbod op die inheemse tale, is natuurlik ’n ou en gediskrediteerde koloniale praktyk wat geweldige taalkundige en kulturele skade verrig het. Dit het geen plek aan enige moderne Suid-Afrikaanse instelling nie – veral nie een wat homself tot meertaligheid verbind het nie. Die praktyk strook sekerlik ook nie met die nuwe Nasionale Taalbeleid vir Hoër Onderwys nie en stel die Universiteit aan regsaksies bloot.

Die Taalraad wil graag weet of hierdie koshuise se optrede in ooreenstemming met die Universiteit se amptelike beleid is of nie. Indien wel, is ’n ernstige gesprek nodig oor hoe die US sy “meertaligheid” verbeel. Intussen doen ons ’n beroep op die US om die taalreëlings aan die twee koshuise op te hef en om eerder aan kreatiewe maniere te dink om meertaligheid onder studente te bevorder.

Die Taalraad sal die US nader om hieroor in gesprek te tree.

The post Persvrystelling: Verbod van Afrikaans by Stellenbosch koshuise appeared first on LitNet.

Persverklaring: Alle nuwe kursusse aan die US word binnekort dalk net in Engels aangebied

$
0
0

Volgens ’n voorstel van die Komitee vir Leer en Onderwys word die senaat om toestemming gevra vir afwyking van die fakulteite se taalimplementeringsplanne af te wyk om sodoende nuwe lesingsmateriaal slegs in Engels te kan aanbied.

Daar word genoem dat baie lesings ten spyte van die ontspanning van die Covid-regulasies nog steeds virtueel sal moet plaasvind en dat lektore dit moeilik sal vind om lesingsmateriaal betyds in Engels en Afrikaans te ontwikkel en te vertaal. Volgens ontstelde dosente, kan ’n voorstel soos dié nie in diepte in ’n senaatsvergadering bespreek kan word nie en sal dit derhalwe waarskynlik sonder meer aanvaar word.

Dosente word wel aangemoedig om die Taalsentrum se vertalers te gebruik om Engelse podsendings, waar prakties uitvoerbaar, in Afrikaans te vertaal. Hulle moet in ander leerformate soos aanlyn gespreksforums voortgaan om studente met behulp van Afrikaans en Engels te ondersteun.

Die Taalraad het baie simpatie met dosente wat hul werk onder moeilike omstandighede moet doen. Dit is egter ook so dat virtuele lesings ’n ideale geleentheid vir ’n meertalige aanbod bied om alle studente toegang te gee in tale waarmee hulle gemaklik is. Daarby bied taaltegnologie toenemend interessante nuwe opsies. Dit is ook moeilik verstaanbaar hoekom dit nou skielik, reg voor die spreekwoordelike doellyn, nie moontlik is om tweetalige lesings voor te berei nie.

Dit is baie jammer dat hierdie voorstel so kort voor die lang verwagte hersiening van die US se taalbeleid kom. Die hersiening bied ’n gulde geleentheid om mense uit die loopgrawe te kry en vir ’n slag pragmaties en deelnemend oor meertaligheid aan die US te besin. Daarvoor stuur hierdie voorstel egter die verkeerde sein. Ons doen ’n beroep op die US se senaat om hierdie voorstel op hulle vergadering van 19 Maart af te keur.

The post Persverklaring: Alle nuwe kursusse aan die US word binnekort dalk net in Engels aangebied appeared first on LitNet.

Die wonderbare Heilige Gees én die Vader van liefde: ’n Besinning oor Pieter Verster se baanbrekende boek

$
0
0

Die wonderbare Heilige Gees én die Vader van liefde
Pieter Verster
SunBonani Media
eISBN: 9781928424758

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging geskryf en aan LitNet gestuur.

Soos die son elke oggend opkom, so verskyn daar byna daagliks nuwe boeke, ook oor die teologie. Soms is ’n boek helder soos die son. Ander kere is dit gesluier soos die son wat deur die wolke bedek word.

Hierdie nuwe boek van Pieter Verster is soos die son wat helder skyn. Dit vra van die leser noukeurige aandag. Die buiteblad is opvallend en ’n sleutel tot toegang tot die boek.

Die aansig en gesig van die kerk het vanaf die 20ste eeu totaal verander. Daar is verskeie redes hiervoor. Sekularisasie. Vervreemding van kerk. Die mens is mondig. Hy kan self besluit waarheen hy gaan en wat hy glo. In ons tyd van vrese, korona en sy bondgenote, onsekerheid, werkloosheid, korrupsie en liefdeloosheid word vrae oor God se bestaan en sy teenwoordigheid in ons wêreld gevra: Waar is God in ons tyd van die oormag van korona? Oor dié aktuele en lewensbedreigende saak skryf Pieter Verster (2020:37-38) met insig en deernis. Wie is eintlik in beheer? Is dit nie hoog tyd dat daar van ’n Heer-lose God afskeid geneem word nie? Verby is die dae dat die predikant God aan mense voorstel. Buitendien is dit soms hulle eie voorstellings wat hulle op hulle verstaan van die Ou en Nuwe Testament grond. Dit gebeur ook meermale dat die voorganger in eksegetiese strikke trap. Verby is die dae van sekerhede en kerklike inperking. Die vraag is: Wat gee sin aan ons lewe in die kerk en buite die kerk? Vir my is een van die geldige antwoorde: “Yes to life in spite of everything” (Frankl 2019).

Is die kerk nog relevant? Wat maak die kerk relevant?

Dit is onder andere op hierde vrae dat Pieter Verster ’n duidelike antwoord gee. Die titel is veelseggend en aangrypend. Die wonderbare Heilige Gees én die Vader van liefde. ’n Missionêre teologie. Gaan dit om ’n voor-skriftelike of dienende kerk? Dit is die groot vraag waarop ons saam na ’n antwoord moet soek.

David Bosch kan met sy boek Transforming mission. Paradigm shifts in theology of mission (17de druk, 2002) as die kroonprins van missionêre teologie beskou word. Bosch het wêreldroem met sy paradigmaskuif in die missiologie verwerf. En met reg ook. Maar daar is tog leemtes in sy ontwerp. Dit is veral die Ou Testament wat skade ly. Bosch (2002:563) verwys slegs na enkele Ou-Testamentiese tekste, naamlik Deuteronomium 4:32 ev, 1 Samuel 15:3, Psalm 24:1, Psalm 82, Jesaja 18:7, 40-55, 42:6, 49:7, 58:6, 61:1, 2, 10, 11, 66:19–23. Volgens Bosch (2002:110-111) moet Jesaja 61:1, 2 byvoorbeeld in die lig van Lukas se Christologiese aanwending van die teks verstaan word. Daar is in Bosch (2002:72, 100, 110-111) se nadenke geen sprake van die Ruach Jahwe en die betekenis daarvan nie. En dit terwyl Jesaja 61:1 met die Ruach Jahwe begin. Hoewel Bosch (2002:368-510) deeglik aandag gee aan die gerigtheid op die wêreld, geregtigheid, mense in nood, en armoede, kom die priesterskap van die volgelinge van Jesus nie tot sy reg nie. Die Ou Testament kom eintlik net by wyse van verwysings aan die bod. Verder word die pneumatologie ook nie grondig genoeg in die Nuwe Testament toegelig nie. Bosch (2002:11, 143–4, 150, 175, 394) verwys wel na die Gees wat byvoorbeeld in Romeine 8:23 gevind word, maar die betekenis van die teks wat die Gees die Eerste Gawe noem, ontbreek. Verster (2020:143-144), daarenteen, skryf verhelderend oor die Gees as Eerste Gawe en die Gees as Arrabon. Bosch (2002:378-519) gee deeglik aandag aan die Christologiese begronding van die missiologie. Hy ontsluit ook die komponente van sy missiologiese paradigma grondig en met oortuiging.  

Verster bied ’n Trinitariese missionêre teologie aan en hierin munt hy uit as ’n deeglike leser van sowel die Ou as die Nuwe Testament. Wie is God? Dit word in die boek glashelder. Die skrywer het dit nie uitgedink nie, maar na die Ou en Nuwe Testament gaan luister. Sy verstaan van die Ruach Jahwe is betekenisvol en singewend. Die Vader stuur die Seun as heilsbode. Jesus Christus gee sy lewe om die losprys te betaal. Sy opstanding gee hoop op en waarborg die ewige lewe. Die kerk is die ruimte waar die heilsboodskap verkondig word en die heil word deur die sakramente gevier (Verster 2020:24).

Pieter Verster (2020:109) skryf met reg: “Sonder die Heilige Gees se oortuigingswerk en verheerliking van Christus is daar geen kerk nie.” (Verster (2020:109-137) lig die werk van die Heilige Gees skitterend toe.  

Dit skep ’n wonderlike gevoel om God saam met ander gelowiges te loof. Hy is altyd prysenswaardig. Maar dié lof moet ook na die wêreld uitkring. As ’n vreemdeling hoor hoe gelowiges die Here loof, moet die persoon gaan stilstaan en omdraai. Daar moet by hom ook ’n begeerte gewek word.

Verster (2020:149) skryf met reg: “Die kerk word deur die Heilige Gees die ruimte waarbinne geloof in Jesus Christus uitgeleef word. Ingelyf in die kerk deur die doop versamel die gemeente rondom Woord en nagmaal.”

In die erediens, maar ook buite die erediens, moet die dopelinge in die leer van die Skrif onderrig word. Soos melkkos moet die kinders gevoed word en die jonges grootword om die betekenis van die Skrif vir hulle te verstaan. Hulle moet ingelei word in die disciplina arcana, soos dit in die onderrig van die vroeë kerk voorgekom het (Heitink 1988:38; 2007:106–14, 252, 335). Die kerk moet sensitief wees vir kinders en jongmense se leeffases, leefervarings, ontwakings en ontnugterings.

Die Heilige Gees laat ons God se Woord hoor en spoor ons tot gehoorsaamheid aan. In die erediens hoor ons van geloof, hoop en die allergrootste, die liefde. Ons leer keer op keer wat geloof, hoop en liefde van ons vra sodat ons dit in die gewoel van die alledaagse lewe kan uitdeel.

Die teenwoordigheid van die Vader in die sakramente kom by Verster (2020:204) duidelik aan die lig. Tydens die erediens word mense gevoed met die brood van die lewe en drink hulle van die wyn van die groot Boland. Die Nagmaal wys na Jesus se menswording, lyding en kruisdood. Ons kan ons skuld aflê. Sy skouers is breed. Hy het vir al ons skuld betaal. Daarvoor het Hy sy liggaam laat breek en sy bloed gestort. Ons vier ons heil wat God uit genade aan ons skenk met brood en wyn. Daarop kan ons ’n glasie klink en ’n brokkie brood eet.

Die Nagmaal maak ons ook deelgenote van Christus se verheerliking. Dit wek by ons die groot verlange na die feesmaal van die Lam op die nuwe aarde.

Dit is bedroewend dat die kerk in ’n groot mate ’n “domineeskerk” geword het. In ’n kerk wat die heil vier en ervaar, is mense sentraal. Preke wat in eksegetiese strikke trap, word as eentonig beleef. Soms word die konteks van die teks nie deeglik verken nie. Preke gaan dikwels by die leefwêreld en ervaringe van mense verby. Preke moet mense, klein en groot, help en aanmoedig om priesters in die wêreld te wees.

Die kerk bestaan nie om homself te koester nie. Soms is gemeentes te veel in kompetisie met mekaar oor wie die voortreflikste is. Die deure van die kerk gaan nie na binne oop nie, maar na buite. Die kerk bestaan met die oog op die wêreld. “So lief het God die wêreld gehad ...” (Johannes 3:16). “Julle is die sout vir die aarde, julle is die lig vir die wêreld” (Matteus 5:13, 14). Eers as die wêreld die heerlikheid van die heil van God smaak en sien, is die kerk waarlik kerk. Dit is wat Pieter Verster se missionêre teologie beoog. Verster (2020:67-93) se behandeling van die kosmiese werk van die Heilige Gees is ’n juweel. Dit is die eerste keer dat dié belangwekkende kwessie so indringend en helder in die ontwerp van ’n missionêre teologie aan die bod kom.

Die kerk is vir talle ’n struikelblok. Verskillende redes word aangevoer: Die kerk is wêreldvreemd. Dit kom onder andere daarin na vore dat die kerk die tyd- en leefritme van moderne mense verpas het. Die kerk steur hom nie aan die noodroepe van mense nie, maar is selfgenoegsaam en stadig op pad. Die kerk word so maklik ’n naprater van ’n politieke ideologie. Hiervan is apartheid ’n beskamende voorbeeld. Die nuwe demokrasie bly in vele opsigte net ’n droom. Die praktyk is dikwels anders as die droom. Geregtigheid aan almal bly ’n ideaal. Korrupsie en die onbekwaamheid wat daaruit spruit, het deesdae ’n verlammende uitwerking op ons samelewing.

Die kerk, word gesê, is behep met mag en beheer oor mense se lewens. Morele keuses word namens mense deur die kerk gemaak. Dogmas wat uit die mode is en verslyt het, word op mense afgedruk. Wie dit nie nasê nie, word verdoem. Die meeste belydenisskrifte dra die verslete stempel van hulle tyd. Die Skolastiek met ’n vraag wat geen afwykende antwoord duld nie, word hoog aangeslaan asof dit ewigheidswaarhede bevat.

Daar is soveel skynheiliges in die kerk. Gevolglik skuif talle na die rand van die kerk of vervreem hulle van die kerk en selfs die geloof. Daar is mense wat reken die kerk buite die kerk is die eintlike kerk. Dáár geld geen kerklike reëls nie, maar net menslikheid en vryheid. Ek is nie so oortuyig dat dit regtig so is nie. Daar is soveel persepsies in omloop.

Die vraag is egter: As daar fout met God se grondpersoneel is, moet ons die kerk afskaf soos ’n kerkbasaar met ’n vleistafel in die stad? Moet ons nie eerder gaan soek na wat skeefgeloop het nie? Moet ons nie die kerk aan God se genade en Woord oorlaat nie? As ons die Woord se gesag prysgee, het ons geen maatstaf nie. Geen lig vir die kronkelpad nie.

Die kerk se bestaan is gegrond op die belydenis dat Jesus die Here is. “Op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie” (Matteus 16:18).

Karl Barth (1970:656-658) verklaar oor die kerk: ’n Mens kan die kerk ook beskryf met die teks van Markus 3:34. Dáár word vertel dat die leerlinge, die apostels, in ’n kring om Jesus gesit het. “Ek neem aan,” vervolg Barth “dat die circuitus (Vulgaat-vertaling: “kring”) die egte oorsprong van ons woord ’kerk’ is.” Die kerk is kringgenote rondom Jesus Christus. Geroep om uit te roep.

Verster (2020:23-62) se uitleg van Johannes 16:1–15 is indrukwekkend. Hy toon die werk van die Heilige Gees noukeurig aan. Met die oog op die priesterskap van die gelowiges is dit noodsaaklik. Die Gees is onder andere die Parakleet (Voorspraak) (Johannes 16:6). Die Parakleet maak dit vir volgelinge van Jesus moontlik om die priesterskap van die gelowiges uit te leef (Verster 2020:24, 83). Ten einde die priesterskap van die gelowiges uit te leef, moet vergifnis van God ontvang en in die alledaagse lewe uitgedeel word. Die voorblad van Verster se boek is vir my ’n sleutel tot die inhoud. Rembrandt se skildery van die verlore seun wat vergifnis ontvang en dit later uitdeel, is visueel aangrypend.

God stuur en gebruik nie net engele nie, maar ook mense. Handelinge 1:8 behoort vir elkeen wat dit lees of hoor, nuwe betekenis te kry. “ … julle sal my getuies wees … tot aan die uithoeke van die wêreld.” Dit is op hierdie kosmiese dimensie van die werk van die Heilige Gees dat Verster met reg klem lê. Verster (2020:63-93) gee ’n helder en grondige toeligting oor dié aspek wat in die Christologie ingebed is.  

Die hartklop van die Reformasie was ecclesia semper reformanda est. Die leuse inspireer die kerk om kerk in en vir die wêreld te wees. Om kerk vir en in die wêreld te wees, het duidelik neerslag in Martin Luther se preke gevind (Planck 1888). Volgens Karl Barth (1959:872-910) draai die bestaan van die kerk nie om homself nie, maar is die sin van sy bestaan om “die Gemeinde für die Welt” te wees. Dietrich Bonhoeffer is in die ouderdom van 39 jaar in ’n Duitse konsentrasiekamp tereggestel. Tydens sy gevangeskap is hy intens geboei deur die verskynsels van sekularisasie en ateïsme. Hier het hy mense uit alle lae van die bevolking kortstondig in die aangesig van die dood ontmoet. Hy was verplig om met hulle te identifiseer en saam te leef en te ly. Een woord kan die mense beskryf – mondigheid, al was hulle monde gesnoer. Mense op vrye voet was ook mondige mense.

Ons moet Bonhoeffer (2015) se besinning oor die taak van die kerk in sy konteks verstaan. Hy was betrokke by die stigting van die Bekennende Kirche wat afgeskei het van die Duitse Rykskerk omdat dié kerk deur die Nazi-teologie van die “Deutsche Christen” vergiftig is (Heitink 2011:224). Die kerk is immers “die mense wat weggeroep word” – só interpreteer hy die Griekse woord ekklèsia – en aan die heerskap van die wêreld onttrek is (Bonhoeffer 1966:260).

Die kerk is Christus wat in die Heilige Gees teenwoordig is. Só het die lewe van die liggaam van Christus óns lewe geword. In Christus lewe ons nie meer vir ons lewe nie, maar Christus leef sy lewe in ons. In gemeenskap met die gekruisigde en verheerlikte liggaam van Christus neem ons deel aan die lyding en die verheerliking van Christus. Die kruis van Christus druk op die liggaam van die gemeente. Wat ons onder die kruis ly, is Christus se lyding (Bonhoeffer 1966:266). Dit vra genade om vir Christus te ly. Hierdeur word ons as volgelinge geken en roep ons ander op om medevolgelinge te word.

In sy gevangenisbrief van 16 Julie 1944 skryf Bonhoeffer (1968:137-138): “Hier lê die wesenlike verskil met alle religieë. Die religieuse in die mens verwys hom in sy nood na God se mag in die wêreld. Die Bybel verwys die mens na God se onmag en lyding. Alleen die lydende God kan help. In soverre kan ’n mens sê dat die ontwikkeling tot mondigheid, die afrekening met ’n verkeerde voorstelling van God, ons oë oopmaak vir die God van die Bybel. Dit sal die uitgangspunt moet wees van ’n wêreldse interpretasie.” 

Bonhoeffer (1968:131) wys God as deus ex machina van die hand. In sy brief van 30 Junie 1944 skryf hy dat God as deus ex machina slegs by die laaste vrae ’n staanplek kry. Hy word dus gesien as die antwoord op die lewensprobleme, die oplossing in moeilikhede en nood. God is egter nie ’n noodgod nie, maar die God van hoop onder alle omstandighede, goed of sleg.

Die saak wat Bonhoeffer (1966:225, 231, 238, 242–244) ononderbroke besig gehou het, was: “Wat is die Christendom en wie is Christus vir ons in hierdie tyd?” Hy worstel met die groot vraag: Hoe word Jesus Christus die Heer van die religielose mense van vandag? Dáárom gaan alles. Die heerskap van Jesus Christus in die kerk en in die wêreld.

Bonhoeffer pleit vir ’n vereenselwiging en solidariteit met die godsdienslose wêreld. As ons só leef, kan die wêreld sien dat God tog daar is. Dit is ook wat die missionêre teologie van Pieter Verster beoog (Verster 2020: 210-211).

In Christus leer ons dié lewensles: Ons moet, soos die Gekruisigde, nie ons rug op die wêreld in nood draai nie. In sy selfontlediging het Jesus die nood van die wêreld vir Hom aangetrek. In navolging van Hom moet ons in sy spore loop. Diens, voorbode, voorbede, plaasvervangende lyding, stryd teen onreg, juk dra saam met die verdruktes en armes is waartoe Bonhoeffer (1966:205-297) die kerk oproep.

’n Wêreldse lewe beteken om in die wêreld te wees; om aan die lyding en ellende van ander mense te help dra; om te stry vir menswaardigheid en geregtigheid; om dáár te wees vir die ander. Godsdiens is méér as net dogmas, rites, eredienste. Die erediens op ’n Sondag moet uitmond op ’n erediens in die wêreld, die erediens van die lewe. Daarom pleit Bonhoeffer vir duur genade. Genade is nie goedkoop of te koop nie, maar dit vra egte dissipelskap en navolging van Christus in ’n mondige wêreld. Al is die prys hóé hoog.

Bonhoeffer (2015) se nadruk op die “werkende geloof” word in sy Nachfolge uitgespel. Navolging van Christus beteken om in die wêreld so oor God te praat dat die goddeloosheid van die wêreldkerk nie versluier word nie. Daar moet ’n verrassende lig op die wêreld val. Dit is die hoop wat die gelowiges aan die wêreld kan gee.

Deur Christus na te volg, kan ons ’n naaste vir die ander wees. Sodoende kan ons ’n verskil in hierdie wêreld en in die lewe van ander maak. Daarom moet ons getuies van die liefde wees. Dit beteken dat ons uit liefde moet leef en dit kosteloos aan ander moet gee.

Ons moet ook reg en geregtigheid aan alle mense laat geskied. Al kos dit wat. Die vreemdelinge, gebrokenes, die randfigure, die armes, die dakloses, die hongeres, die dwelmverslaafdes en die boemelaars mag nie onaangeraak by ons verby gaan nie. Dit is vanuit die voorafgaande perspektiewe dat Verster sy noodsaaklike en aktuele boek geskryf het.

Ek sluit my groot waardering vir Verster se boeiende boek af met “die gelykenis van die kuswagstasie”.

Arnold van Ruler (1972:191) het dit mooi gesê: Die kerk bestaan ter wille van, met die oog op die wêreld. Wat dit beteken, verduidelik Theodore Wedel (1953) in sy beskrywing van die kerk as kuswagstasie.

Die kerk is volgens Wedel soos ’n groot kuswagstasie langs ’n uiters gevaarlike en bedrieglike kus. Daar is die veilige hawe, die stasiegebou met al die reddingsapparate, die reddingsboeie, die eetsaal, die sitkamer en die hospitaal. Alles is ingerig om opvarendes van skeepsrampe en drenkelinge uit die see te haal.

Eeue lank staan dit al daar, dié indrukwekkende gebou op die rots waarteen die branders aanstorm. Die verhale van reddingswerk is verstommend – in so ’n mate dat sekere mense dit vergesog en as ’n illusie beskou.

Niemand kan ontken dat hierdie reddingstasie deur die eeue tot ’n magtige struktuur gegroei het nie. Dit is ’n landmerk waarsonder die kus ondenkbaar sou wees. Gekleurde glasvensters vereer die helde van die verlede, die groot dade van die stigters, die volgelinge wat gedoen het wat die eerste Redder aan hulle opgedra het.

Met die jare het egter ’n aksentverskuiwing by die bemanning van die kuswagstasie gekom. Hulle het aandag begin gee aan die verfraaiing van die gebou, aan die tuine en die parke, die toring en die horlosie, die begraafplaas en die paadjies. Argitekte het gekom en met mekaar meegeding oor wie van hulle die beste ontwerpe kon maak om die gebou en die terrein nog verder te versier. Dan sou dit ’n plek wees waaroor almal sal praat, ’n plek wat waardig is vir die saak waarvoor dit opgerig is.

Daar was nie ’n tekort aan geld nie! Vir die versiering van die stasie, wat al hoe meer eksklusief geword het, was daar oorgenoeg geld. Wie gee nie geld vir ’n verdienstelike saak nie?

Net sommige het aan die klub, wat oor naweke saamkom, behoort. Die klub het met die tydsgees saambeweeg. Vroue het nie meer hoede gedra nie en die meeste mans nie meer dasse nie. Die byeenkomste was informeel en gesellig. Die orde van gebeure het byna weekliks verander.  “Ons moet tog aanpas by die tyd,” was die gewilde spreekwoord. As jy agter raak, verstar jy.

Die instandhouding van die gebou het baie tyd en aandag geverg. Dit was al eeue oud en barste het hulle verskyning gemaak. Die begroting moes klop. ’n Balans wat jaarliks groei, gee status aan die klub en sy lede. Hierdie instandhouding het soveel tyd en aandag gevra dat die eintlike werk, die uitgaan in die storm, die reaksie op die dringende SOS-seine aan ’n paar geesdriftige vrywilligers oorgelaat is. Net ’n paar vrywilligers het vir Jesus Christus en die eer van God se Naam op die markplein van die daaglikse lewe geywer.

So iets, sê Wedel, het met die kerk gebeur. Toe hy dit geskryf het, en nou nog.

Watter uitwerking het die kerk se bestaan op die samelewing? Is ons nie te bang ons gee aanstoot nie? Ek pleit nie vir onbeskoftheid nie, maar vir ’n lewe onder die beheer van die Heilige Gees. Ons moet sy vrug op die markte van die lewe aan hongeres uitdeel.

Toe John Knox eenkeer oor die kole gehaal is oor sy inmenging in staatsake, het hy geantwoord: “The church was framed for the express purpose of interfering with the world!” Ons durf die wêreld nie aan homself uitlewer nie. Ons, die kerk, bestaan ter wille van die wêreld. Die wêreld met en in sy nood. Die vreemdelinge, armes, werkloses, dakloses, verwerptes, eensames en verslaafdes.

Pieter Verster se boek oor ’n eietydse missionêre teologie is lofwaardig. Die boek moet net opgetel en gelees word, en doen dan wat in die boek voorgestel word. Die sin van ons bestaan is om deel te neem aan die priesterskap in die lewe van elke dag.

Bronnelys

Barth, Karl. 1953. Die Kirchliche Dogmatik. V/I. Evangelischer Verlag, Zürich.

—. 1959. Die Kirchliche Dogmatik. Dritter Teil. Zweite Hälfte. Vierter Band. Evangelischer Verlag, Zürich.

—. 1967. Die Kirchliche Dogmatik. V/4. Evangelischer Verlag, Zürich.

Bonhoeffer, Dietrich. 1966. Navolging. Ten Have, Amsterdam.

—. 1968. Verzet & overgave. Ten Have, Amsterdam.

—.  2015. Dietrich Bonhoeffer. Neue Wege der Forchung. WBG: Darmstadt.

—.  2015. Nachfolge. Güterloher Verlagshaus: Gütersloh.

Bosch, David J. Transforming mission. Paradigm shifts in theology of mission. 2002. 17de druk. Orbis Books, Maryknoll, New York.

Frankl, Victor E. 2019. Yes to life in spite of everything. Penguin Random House, Londen.

Heitink, Gerben. 1988. Om raad verlegen, doch niet radeloosErvaringen van aporie bij beoefening der praktische theologie. Kok, Kampen.

—. 2007. Een kerk met karakter. Tijd voor heroriëntatie. Kok, Kampen.

—. 2011. Golfslagen van de tijd. Kok, Kampen.

Planck, Heinrich. 1888. Dr Martin Luther. Siebenzig Predigten. Verlag der Vereinsbuchhandlung, Stuttgart.

Van Ruler, AA. 1972. Blij zijn als kinderen. Kok, Kampen.

Verster, Pieter. 2020. Die wonderbare Heilige Gees én die Vader van liefde. ’n Missionêre teologie. SunBonani Media, Bloemfontein.

Wedel, Theodore. 1953. The life-saving station that became a club. Herdruk in The loose canon, 21 Junie 2011.

Die boek kan gratis afgelaai word by dié skakel: https://doi.org/10.18820/9781928424758

https://www.litnet.co.za/category/boeke-skrywers/resensies-reviews/lesersindrukke/

 

The post <em>Die wonderbare Heilige Gees én die Vader van liefde</em>: ’n Besinning oor Pieter Verster se baanbrekende boek appeared first on LitNet.

Viewing all 22066 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>