Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21831 articles
Browse latest View live

LitNet: Die eksamenspook loop!


Professor Burger en Crito trap oor die tou

$
0
0

In ’n week waar daar op Afrikaanse Facebook ’n groot storm oor ’n resensie was, is dit vreemd dat Crito nie daardie resensie noem nie. Dis boonop ’n resensie deur prof. Willie Burger, wat vanjaar die prys gewen het in die kykNET/Rapport-resensiekompetisie se fiksie-afdeling. Prof. Burger moet dus as ’n leier op die gebied beskou word. As ’n resensie deur hom kritiek kry, behoort Crito dit te bespreek of hoe?

In die Netwerk24-dagblaaie Maandag was prof. Burger se resensie van Renée Rautenbach Conradie se debuutroman Met die Vierkleur in Parys. Ek wil nie die meriete van die boek bespreek nie. My doel is nie om ’n tweede resensie te skryf nie. Wat ek wel wil doen, is om prof. Burger se benadering te beoordeel, wat Crito moes gedoen het en nie gedoen het nie.

Die resensie is deur baie van die mense, wat aan die Facebook-debat wat ek hierbo noem deelgeneem het, as onnodig bitsig beskou. Was dit?

Die vertrekpunt is dat dit Conradie se debuutroman is. Daar is ’n ongeskrewe reël dat ’n debutant met sagte hande hanteer word. Dis moeilik om die moed bymekaar te maak om ’n eerste boek te skryf en gepubliseer te kry. Baie skrywers wat later suksesse behaal, maak nie altyd ’n goeie eerste boek nie (en ek spreek geen oordeel oor Conradie s’n uit nie). Die bedryf moet hulle ’n kans gee. Anders is daar geen aanmoediging nie. Nuwelinge se energie word gedemp.

Dit beteken natuurlik nie dat die resensie van ’n debutant alles maanskyn en rose moet wees nie. Natuurlik moet ’n resensent steeds kritiek lewer waar dit geregverdig is, maar daardie kritiek moet getemper word deur die aanprysing van wat wel gewerk het. Dis baie onwaarskynlik dat ’n boek, wat by ’n uitgewer soos Protea Boekhuis verskyn, geen goeie punte het nie. In die geval van Vierkleur was daar wel ander positiewe resensies. Prof. Burger sou dus wel, met ’n bietjie moeite en empatie, sterker aspekte van Conradie se vertelling kon uitlig.

Het hy dit gedoen? Nee, hy het die teendeel gedoen. Sodoende het hy die eerste reël van resensies verbreek, soos dit nie ’n wenner van die kykNET/Rapport-kompetisie betaam nie.

Wat het hy gedoen?

Hy het nie net onverdunde kritiek gelewer nie. Hy het selfs neerhalend en verkleinerend teenoor Conradie en haar werk gestaan. Nie slegs bitsig nie. Plein bitchy.

In die tweede paragraaf noem prof. Burger dat Conradie, volgens die Nawoord, baie lank aan die boek gewerk het en dat sy vele feitlike besonderhede oor die La Belle Époque-periode in Parys onder haar beheer het, wat in die boek neerslag vind. Al klink dit tog positief, is dit eintlik later duidelik dat wat prof. Burger eintlik wil sê, is dit: Conradie het jare lank geswoeg en steeds kon sy nie ’n behoorlike boek skryf nie.

Die derde paragraaf dien dieselfde doel: kyk hoe baie het sy nagelees en vir wat?

In die resensie se volgende (orige) vier paragrawe is dit net lemme en bloed.

Eers is die verhaal “geyk” en is “die gebeurtenisse [almal?] ongeloofwaardig”. Die res van die vierdelaaste paragraaf is ’n sarkastiese spel met die spoiler-waarskuwing wat resensente soms plaas. As jy regtig belangstel om só ’n geykte en ongeloofwaardige boek enduit te lees, moenie die res van hierdie paragraaf lees nie, maar dit maak tog nie regtig saak nie.

In die derdelaaste paragraaf word die verhaalgegewens opgesom en gekleineer: al die spanning in die verhaal gaan deur ’n deus ex machina opgelos word. Meh.

In die tweedelaaste paragraaf is die wrede messteek. Prof. Burger verwys na ’n gids vir beginnerskrywers en sê dat Conradie basies elke reël van ’n goeie storie verbreek het. Hy noem ’n klompie op. Ten minste een van daardie voorbeelde is nie op sigwaarde oortuigend nie. Onrealistiese taalgebruik? “Verdomp” teen die vorige eeuwending? Afrikaanse lesers weet nie hoe mense toe gepraat het nie. “Verdomp” klink juis koddig, oudmodies en daarom gepas. (Maar ek wil nie die boek hier resenseer nie.)

In die laaste paragraaf draai prof. Burger die mes. As die leser oor die lomp vertelling en die clichés kan trap, sal hulle hier baie inligting oor La Belle Époque kry. Onthou, wil hy sê, ek’t mos gesê sy’t baie navorsing gedoen. Shame!

Hierdie resensie, deur ’n professor in die letterkunde en twee keer die wenner van ’n resensiekompetisie, is benede die professor.

Dis ’n skande.

Hy moet as straf ’n lesing oor resensies vir sy studente gee waarin hy hierdie resensie van hom teen die heersende geskrewe en ongeskrewe reëls gaan toets. Dis hy wat die beginnerhandleiding oor resensies se eerste reëls verbreek het.

Hoekom het Crito nie hierdie resensie behandel nie? Dit is ook ’n skande.

Siesa!

The post Professor Burger en Crito trap oor die tou appeared first on LitNet.

Onnosel outomate, nee, emosioneel nés ons

$
0
0

Dit is nou sestig jaar nadat Jane Goodall tydens veldwerk gesien het mense is nie die enigste lewende wesens wat gereedskap gebruik nie. Wat daarna gevolg het, is dekades se deurbrake oor die lewe van ons naaste familielede en ander diere wat wys hulle is alles buiten die onnosel outomate wat nie eens pyn voel nie, soos René Descartes en ander geglo het.

Die jong Jane Goodall het hom dopgehou in Oktober 1960, diep in die woude van Gombe in Tanzanië. Die mannetjie wat sy David Greybeard gedoop het. Hy het gehurk voor ’n termietnes gesit, lang grasse daarin gedruk, dit uitgetrek, in sy mond gedruk en die proses herhaal.

Nadat die trop weg is, het sy gaan kyk wat presies hy gedoen het en dit self probeer.

’n Paar dae later het sy gesien die sjimpansees gaan haal dun takke, stroop die blare af en dan gaan hulle na die termietneste toe. Goodall het nóg iets besef: Dié groot primate gebruik nie net gereedskap nie, hulle pas dit nog aan ook.

Sy het dadelik ’n telegram aan Louis Leaky gestuur, wat haar na Gombe gestuur het. Die antwoord van hom was: “Nou moet ons gereedskap herdefinieer, die mens herdefinieer of sjimpansees as mense aanvaar.”

Dit as egter nie al wat Goodall gesien het nie. Die sjimpansees gebruik verskillende tipes gereedskap. Hulle maak neste om saans in te slaap; maak hulself skoon; gooi klippe as hulle nie van iets hou nie en soek spesifieke klippe uit om neute te kraak of vrugte oop te breek. Hulle jag ander kleiner diere vir vleis. Hulle maak oorlog op ander troppe. Soms gebruik hulle spiese om in boomstompe na prooi te soek. Omdat hulle nie kan swem nie, een van die min dierspesies wat nie kan nie, loop hulle met stokke, soek-soek deur die water.

Dan is daar ’n wye reeks klanke en vokalisasies wat gebruik word om mee te kommunikeer, asook gesigsuitdrukkings. Net soos mense het hulle ook verskillende persoonlikhede en nie almal is ewe slim nie ─ navorsing het gewys genetika speel ’n baie groot rol by wie intelligent is en wie nie.

Die kleintjies leer alles by ander, veral hulle ma’s – van wie hulle vir sowat agt jaar lank afhanklik is ─ deur dop te hou wat hulle doen. En, hulle is emosioneel. Hulle word kwaad, bly, speel, en rou wanneer ’n vriend, ma of kleintjie doodgaan. Dit en ’n magdom ander wonderlikhede is alles regstreeks waargeneem.

Daar is intussen ook gesien dat ’n sjimpansee wie se ma nog in sy tienderjare (tien tot vyftien jaar) leef, se kanse om te oorleef aansienlik groter is as dié wat hul ma’s verloor voor hulle tieners is.

Anne Pusey, ’n evolusionêre antropoloog aan Duke-universiteit, het geskryf sy was in die sewentigerjare by Gombe en ’n twintigjarige mannetjie, Figan, het sy hand seergemaak tydens ’n geveg met ’n ander een. “Hy het skreeuend na sy ma gehardloop.” En vir die res van die week langs haar geloop tot hy beter was.

Wat ’n intense ouersorgband.

Ou vriende wanneer jy ouer is

Wanneer sjimpansees oud word, het hulle eerder ’n kleiner groepie van getroue vriende, as om met almal in die bondel te speel. Net soos mense ─ jy is nie meer lus vir spanning en konflik nie.

’n Span kenners aan die Havardse Departement van Menslike Evolusionêre Biologie het onlangs werk in die vakjoernaal Science gepubliseer wat oor elf jaar en 78 000 uur se observasies tussen sjimpansees in die Kibale Nastionale Park in Uganda gesterk het. Dit is die eerste bewyse van diere wat selektief kies met wie hulle wil sosialiseer wanneer hulle ouer word. Daar is net na mannetjies gekyk omdat hulle meer sosiaal is.

Die sjimpansees spandeer meer tyd saam met die individue wat hulle jare lank al mee vriende is. Vir hulle is ’n groot deel van sosialiseer om te sit en mekaar op te knap (grooming) en te versorg. Wanneer daar konflik tussen die jonger sjimpansees was, loop hulle eerder weg, hulle soek vrede.

Al is sjimpansees slim, verstaan hulle nie hulle gaan uiteindelik doodgaan nie. Maar hulle verhoudings word meer positief soos hulle ouer word. As die verhouding eensydig is en die een sjimpansee byvoorbeeld veertig jaar oud is, gee hy nie soveel terug nie. Hy het eerder drie of vier beste vriende.

Sjimpansees het hulle ma’s nodig vir lank. Net soos mense. Hier is Gremlin met haar seuns Grendel en Gizmo. Foto: Joel Bray, Arizona State University

Wel, ons en die groot primate (die sjimpansee, gorilla, bonobo en oerang-oetang) deel ’n gemeenskaplike voorsaat wat sowat sewe miljoen jaar gelede geleef het. Daarna het ons van mekaar geskei en ons het afsonderlik ontwikkel. Die opmerking “hoekom is hier nog ape?” is dus ’n doelbewuste, ongeligte mening oor evolusie. En dan is daar, natuurlik, ook die verskil tussen, in Afrikaans, ’n bobbejaan (baboon), ’n aap (monkey) en ’n groot primaat (great ape). Bobbejane en ape het, onder meer, sterte, die groot primate nie, en is nie deel van ons regstreekse stamboom nie.

Dit was Goodall wat ons geleer het dat sjimpansees verstommende intelligente diere is. Kognitiewe wesens wat altruïsties is en dit het uiteindelik daartoe gelei dat mense heeltemal anders na diere begin kyk het.

In die jare wat kom, dalk nou reeds, gaan die mens sy kop in skaamte laat sak oor wat ons ook oor die kognisie, leefwêreld en ervarings van baie ander diere gaan uitvind.

Ouer sjimpansees, soos die een genaamd Tofu, hou nou vriendskappe met ’n paar individue. Foto: Ronan Donovan

Mense probeer om wilde diere “mak te maak” en vir hulle eie vermaak aan te hou, of om geld uit hulle te maak. Sogenaamde “parke” waar almal na die diere in hokke of kampe kan kom kyk en aan hulle vat. ’n Tier en ’n leeu, wat waarskynlik ’n geblikte dier is wie se kop jy wil vryf, is nie ’n troeteldier nie. Moenie huil as hy jou byt nie.

Alle diere het ’n ryk interne lewe, hulle ervaar verskeie emosies en hulle is bewus. Hulle onthou. Hulle hou van speel, het empatie, liefde, woede en kan verleë raak. Diere kommunikeer en kan trauma beleef.

Wreedheid en tirannie jeens diere floreer nie omdat die volwasse oortreders bloot oningelig is nie. Kinders wat dit doen, sien dit by volwassenes. Jy weet, diep binne jouself wanneer jy iets wreed doen, dit is verkeerd. Jy gee net nie om nie.

Stout, ’n ouer mannetjie (links) versorg Big Brown, ’n ander mannetjie met wie hy al lank vriende is. Foto: Ronan Donovan

Moraliteit en etiese optrede is iets wat jy binne-in jouself ontdek en leer. Jy besluit om op so ’n inwaartse reis te gaan. Daar is nie grense nie – almal van ons kan die regte ding doen.

Hoe gouer die mens ontslae raak van die opvatting dat hy boaan die leer as die “kroon van die skepping” geplaas is, hoe beter. En hoe gouer gelowe ook hul uitkyk dat net die mens spesiaal is laat vaar, hoe beter. Ons kan nie sonder respek vir die hele ekosisteem lewe nie.

Ander lewe, en ook dié van kosbare lewe van sjimpansees, hang daarvan af.

Bronne:

The post Onnosel outomate, nee, emosioneel nés ons appeared first on LitNet.

Oor Kaaps en herstandaardisering: ’n mening

$
0
0

Met verwysing na Michael le Cordeur se stuk “’n Strategie vir die insluiting van Kaapse Afrikaans by die formele skoolkurrikulum” (LitNet-nuusbrief 822, 22 Oktober 2020) wil ek graag ’n paar opmerkings maak en vrae stel. Laat my onmiddellik sê dat ek volledig ten gunste van moedertaalonderrig is, veral in die primêre skool. Ek verskil dus nie met die skrywer hieroor nie. Ek het egter verskeie vrae en opmerkings oor sy stuk, veral die volgende, in geen bepaalde rangorde nie:

1. Ek bely dat ek nog nooit ’n diepgaande studie daarvan probeer maak het nie, maar hoe word Kaaps of Kaapse Afrikaans gedefinieer? Wat is die onderskeidende kenmerke daarvan? Hoe verskil dit van Standaardafrikaans: slegs wat woorde- en uitdrukkingskat betref, of ook sinsbou, uitspraak en grammatika? Hoe weet ek dat ek Kaaps hoor en nie Overbergs of Bolands of Namakwalands nie?

2. Le Cordeur impliseer, enersyds deur sy pleidooi vir moedertaalonderrig en andersyds deur frases of stellings soos “waar die kind se huistaal Kaapse Afrikaans is”, “mense Kaapse Afrikaans as moedertaal het” en “Kaaps is dus groter as vier van Suid-Afrika se amptelike tale – ’n moedertaal waarmee rekening gehou moet word”, dat Kaaps ’n identifiseerbare taal is. Terselfdertyd hanteer hy dit ook as slegs ’n variëteit van Afrikaans, onder meer deur sy gebruik van die term Kaapse Afrikaans. Indien eersgenoemde die geval is, is daar nog heelwat te doen voordat Kaaps as onderrigtaal gebruik kan word, soos hy self in sy par 9.ii suggereer.

Indien Kaaps egter as ’n variëteit van Afrikaans beskou word, soos wat skynbaar wyd aanvaar word, is die vraag waarom Kaaps as variëteit vir spesiale behandeling uitgesonder word. Is dit bloot omdat daar volgens hom 3,4 miljoen sprekers daarvan is? Dan maak ’n mens jou mos aan meerderheidsheerskappy (majoritarianism) skuldig, want hoekom anders moet dié 3,4 miljoen mense voorkeur kry bo sprekers van ander variëteite?

Hiermee hang saam die vraag wat die geografiese voetspoor van Kaaps is. Waar hou mense op om Kaaps te praat? Anderkant Sir Lowryspas en Du Toitskloof? Anderkant die Overberg en die Swartland? In Namakwaland, die Karoo, die Oos-Kaap?

In sy par 9.i sê Le Cordeur daar moet “vereis word [vereis, let wel] dat minstens een roman of drama en minstens die helfte van die gedigte wat voorgeskryf word op skool, in Kaaps moet wees”. Moet dit ook geld in KwaZulu-Natal, Gauteng, Limpopo? Indien wel, hoekom moet Kaaps so sterk figureer in streke waar dit onbekend is?

3. Indien aanvaar word dat Kaaps ’n variëteit van Afrikaans is en nie ’n afsonderlik identifiseerbare taal nie, en indien daardie variëteit spesiale behandeling in skoolkurrikula ontvang, dan moet dit billikerwys ook gedoen word in ander tale waarin soortgelyke variëteitsverskille kan voorkom, nie net vir ander streeksvariëteite van Afrikaans nie – argumentshalwe die verskille tussen stedelike Zoeloe en Xhosa aan die Witwatersrand vergeleke met dié van onderskeidelik landelike noordelike KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap.

4. Gestel dat Kaaps geografies hoofsaaklik in die groter Skiereilandgebied en omliggende dorpe gepraat word en gestel dat “Kaaps in die skoolkurrikulum verreken moet word in die skole waar die leerders hoofsaaklik Kaaps as huistaal het”, soos wat Le Cordeur sê, hoe gaan dit toegepas word? Slegs in woonbuurte waar “mense [tradisioneel] Kaapse Afrikaans as moedertaal het”? Wat van buurte in die geografiese gebied van Kaaps wat dit nié “as moedertaal” het nie? Wat van skole wat toenemend “gemengde” leerderbevolkings het? Wie gaan besluit watter skole Kaaps in hulle kurrikulum moet verreken en watter nie? Sou die sentrale of ’n provinsiale regering so iets toelaat? Gaan dié soort onderskeid die toets van grondwetlikheid (sien veral artt 9, 29 en 36 van die Grondwet, 1996) oorleef? Sou dit ’n vorm van billike diskriminasie uitmaak?

Ek is geen onderwyskundige nie, maar ek wonder ook wat die uitwerking van onderwys in ’n niestandaardvorm van enige taal uiteindelik op die naskoolse beroepslewe van ’n leerder sal wees.

5. Stellings soos “Desondanks het standaardisering voortgegaan om die kreoolse aard van Afrikaans te ontken, terwyl die taal gesuiwer is van Khoi- en Maleisiese en slawe-invloede” word gereeld gemaak, nie net deur Le Cordeur nie. Dat daar in die verlede heethoofde was wat allerlei booshede in Standaardafrikaans raakgesien het en dit daaruit wou weer, is ongetwyfeld so, maar ongenuanseerde, apodiktiese stellings soos dié is nie net onwaar nie, maar ook onbillik. Daar is eenvoudig te veel woordeskat-, uitdrukkings- en grammatikale elemente in Afrikaans wat dit aanveg – dink maar net aan woorde soos baie, piesang en piering, of iteratiewe soos gou-gou en nou-nou.

Wat die makers van sulke stellings – is dit nie dikwels maar politieke korrektheid nie? – geriefshalwe versuim om te noem, is hoofsaaklik twee sake: (i) Omstreeks vanaf Uniewording (toe daar daadwerklik met die standaardisering van skriftelike Afrikaans begin is) tot ná die Tweede Wêreldoorlog het daar wêreldwyd sosiopolitieke denke en wêreldbeskouings gegeld wat radikaal verskil het van dié van die tweede helfte van die 20ste eeu en vandag. Selfs ’n konsep soos menseregte het kwalik bestaan. Om dit te ignoreer, is ten minste onwetenskaplik. (ii) Kort ná Uniewording moes Afrikaans hom as mede- amptelike taal volledig op die hoogste staatsvlak naas Engels, toe reeds ’n wêreldtaal, handhaaf. Dit het eise aan die taal gestel waaraan nie rustig met verloop van tyd en deur natuurlike taalontwikkeling voldoen kon word nie. Sulke eise word nie vandag aan Standaardafrikaans, Kaaps of enige ander variëteit gestel nie.

6. Nog ’n term wat lustig ten opsigte van Afrikaans rondgegooi word, is herstandaardisering. Niemand sê egter presies wat dit moet of sal behels, hoe dit gedoen moet word en wie dit moet doen nie. Behels dit die verandering van sekere grammatikale kenmerke van Afrikaans? Die opname van woordeskat- en uitdrukkingselemente uit verskillende variëteite? Ortografiese herstandaardisering? Wysiging van sintaktiese patrone? Gaan iemand of ’n komitee sit om dit te bewerkstellig? Hoe gaan dit toegepas of deurgevoer word?

Le Cordeur sê “’n [S]taande komitee bestaande uit kenners van Kaaps [moet] ten nouste met die Taalkommissie saamwerk om daardie lys [die lys Kaapse woorde in die AWS1 se Woordelys] voortdurend aan te vul soos wat die Kaapse leksikon ontwikkel en deur die Afrikaanse landskap versprei.” Ek was bykans twee dekades lank lid van die Taalkommissie. Voor en gedurende my tyd is herhaaldelik probeer om lede uit die “Kaapssprekende bruin” gemeenskap te werf. ’n Paar het net vir kort tydjies gedien – die langste dienstydperk was dié van Frank Hendricks, wat by sy uittrede ondervoorsitter van die Taalkommissie was. Wanneer so ’n komitee dus saamgestel is (deur wie?) en doeltreffend funksioneer, kan ons weer praat.

7. Wat in dien verbande bygevoeg kan word, is dat die vinnige en suksesvolle standaardisering van skriftelike Afrikaans in die eerste driekwart van die 20ste eeu bevorder is deur die entoesiastiese en aktiewe deelname van veral die wit sprekersgemeenskap (weer: dit was ander sosiopolitieke tye!). Uit my betrokkenheid by verskillende terminologieprojekte van enkele van ons Ntu-tale en die nasionale taalliggame van PanSAT, asook die ondervinding in die Taalkommissie, kan ek sonder twyfel sê dat as die sprekersgemeenskap nie daadwerklik betrokke is nie, herstandaardisering (wat dit ook al behels) en komitees se werk nie gaan slaag nie.

8. In par 9.iii sê Le Cordeur dat onderwysers opgelei moet word om Kaaps kreatief in die klaskamer aan te wend, maar voeg by: “Ook in hierdie geval moet gehou word by die woorde wat reeds in die AWS opgeneem is en hoe dit daar gespel word.” Die AWS wil nie en kan nie naastenby ’n volledige opgaaf van alle Afrikaanse woorde wees nie. Dit gee slegs in sekere opsigte leiding. Om die kreatiewe aanwending van Kaaps te beperk tot die klompie van sy woorde wat in die AWS opgeneem is, is naïef.

9. As Kaaps dus “’n moedertaal [is] waarmee rekening gehou moet word” en die gebruikers daarvan ernstig en entoesiasties genoeg daaroor is, moet hulle uit eie geledere die norme en standaarde vir die spel en skryf daarvan opstel – die AWS gee immers net leiding oor hoofsaaklik spelling, skryfwyse en sekere morfologiese sake, en nie juis oor sinsbou, grammatika ens nie.

10. Ten slotte: Ek erken sonder die minste huiwering die reg van mense wat enige variëteit of dialek van enige taal gebruik, om daardie variëteit of dialek te koester en te bevorder. Dit is prysenswaardig. Dit bly vir my egter vreemd waarom slegs Kaaps naas Standaardafrikaans aan die groot klok gehang word en waarom geëis word dat dié variëteit voorkeurbehandeling kry.

Dit is ook onbillik en onwetenskaplik om die werk wat mense in die verlede in heeltemal ander omstandighede, met heeltemal ander denkraamwerke en met heeltemal ander behoeftes vanuit die 21ste eeu te veroordeel en verdag te maak deur ongegronde stellings soos “het standaardisering voortgegaan om die kreoolse aard van Afrikaans te ontken, terwyl die taal gesuiwer is van Khoi- en Maleisiese en slawe-invloede” en “Die standaardisering van Afrikaans het dus met sosiale ongeregtigheid gepaardgegaan”. ’n Mens kan net sowel sê die evangelie is ongeldig omdat die Romeine sosiale ongeregtigheid teenoor die Jode gepleeg het en hulle aan menseregtevergrype skuldig gemaak het, of mense mag nie Volkswagens koop nie omdat dit ’n Duitse fabrikaat is wat deur Hitler bevorder is en die Duitsers boonop die Jode probeer uitwis het, of dat ons weens die gruwelike sosiale ongeregtighede wat wêreldwyd met die Britse kolonialisme gepaardgegaan het, Engels uit skole en sommer Suid-Afrika moet verban. Dit is tog absurd. As foute van die verlede reggestel moet word, moet dit deur daadwerklike optrede gedoen word, nie deur met die wysheid van terugskouing vingers te wys nie.

Standaardafrikaans word nie net deur sulke halwe waarhede verdag gemaak nie, maar ook deur die aandrang op “herstandaardisering”, sonder om te sê wat dit moet behels, of hoe dit moet geskied en deur wie. Standaardisering is immers nie ’n eenmalige handeling of selfs proses nie. Dit geskied deurlopend en dikwels onopvallend. Ek is reeds meer as 50 jaar doenig met Afrikaans en die toepassing en gebruik daarvan – as dosent, onderwyser en taalpraktisyn, en as Taalkommissielid. Ek kan getuig van die veranderinge wat in dié tyd in ons taalnorme en ‑standaarde ingetree het, wat niks anders as deurlopende en geleidelike “herstandaardisering” is nie.

Die Kaaps-bepleiters en die herstandaardiseringsvoorstanders moet ophou om in vae en verdagmakende terme praat en die daad by die woord begin voeg.

JD McLachlan

****

1 Afrikaanse Woordelys en Spelreëls

Lees ook:

’n Strategie vir die insluiting van Kaapse Afrikaans by die formele skoolkurrikulum

Kaaps in fokus-referaat: Verrekening van Kaaps en ander taalvariëteite in die onderwys

ATKV-taalerfenissimposium: Gerda Odendaal oor die herstandaardisering van Afrikaans

Video: "Die toekoms van Kaaps"-webinaar

Herstandaardisering van Afrikaans: die tameletjie en uitdaging van opsies en besluite

Kaaps en (her)standaardisering

Kaaps: deel van die standaard?

Lees ook op LitNet Akademies:

''Ons skryf soos ons praat'': Informalisering van geskrewe Afrikaans onder Afrikaanse tieners

Wij spreken zo niet onder ons - taalstandaardisasie en die konstruksie van identiteit

The post Oor Kaaps en herstandaardisering: ’n mening appeared first on LitNet.

Dalk postmoderne Sprokiesland se voorland: Prinsesse se #wetoo-slagspreuk

$
0
0

Foto: Khusen Rustamov | Pixabay

In die kinderboekgenre moet prinsesse nooit onderskat word nie. Dat hulle betowerend is, is ononderhandelbaar. Belangriker: Hulle kan enige krisis oorleef en hulle is nie meer slapende poppies wat wag op die bevryding van ’n prins se soen nie! Inteendeel, hulle pak dinge self aan en nog meer direk gestel: Hulle laat nie met hulle mors nie.

Wat meer is, hulle is interessant, opwindend en eksoties. Hulle is meisies-in-aksie! Hulle is modern, onafhanklik en neem leiding.

Hulle sit nie en staar met glasogies nie, hulle wag nie meer smagtend op prinse wat ’n glansende kroontjie of ’n glasskoentjie bring wat hopelik hulle lugkoppies en wattevoetjies pas nie. Nee, beslis nee. Hulle is hul eie wesens, uniek en avontuurlustig.

Hierdie nuwe generasie prinsesse beplan hul eie roetes. Wat meer is, hulle weet dat, as dinge skeef loop, daar ’n oorlewingsgids is – ’n soort GPS vir die pad vorentoe.

As jy graag ’n prinses wil word, het jy ’n handleiding nodig om jou te vertel wat jy benodig. Dit word Oorlewingsgids vir ’n prinses genoem.

Tussen die bladsye ontmoet jy die wêreld se bekendste prinsesse.  Die real deal celebs. Deur hulle verhale en wedervaringe kan vandag se aspirerende prinsesse gelei word  deur ’n betroubare towertante wat jou sal leer hoe om uit die pad van bose hekse te bly, getroue vriende uit te ken en ja, as jy wil, selfs sjarmante prinse te ontmoet.

Towertante Vonkel lei voornemende prinsesse op, deur hulle voor te berei op wat kán kom. Die kenmerke wat haar onderskei, is verbeelding, tydsberekening en goeie smaak.

Dis nie spookasemraad nie, maar praktiese wenke waarvan die eerste – en belangrikste - is: “Pasop vir vreemde brousels en gifdrankies.” Die goue reël lees nou dat “sonder pyn en harde werk kom ’n mens nêrens”.

Dis ook nie meer ’n kwessie dat die rok die prinses maak nie. “Die pragtige prinses in ’n elegante rok, met ’n kroon op haar kop en geen ’n haartjie uit plek nie”, is nou ’n oorskatte voorkoms. Wel, vals. Wat tel, is om modes te vervang met ’n voorkoms wat by jou persoonlikheid en smaak pas.

Wat die prinses-in-opleiding moet onthou, is dat paddaprinse nie net aan sy skubbe getakseer moet word nie. Nee, hy het dalk ’n hart van goud! Maar jy moet darem ook weet dat die sprokie verby is wat bepaal dat jy die prins van jou hart sal vind as jy “elke padda of muis” met jou soene bederf. Pasop vir die monsters wat net op soek is na die soen van ’n prinses of ’n meisie met ’n sagte hart.

Die “regte prinses” is nie “net fyntjies en vol grille” nie. Sy’s nie meer vol fiemies nie. Sy is nie bang om vuil te word en skrik ook nie vir ongemak nie. Haar kenmerke – dié van ’n “ware prinses” is dat sy nooit moed verloor nie; sy’s altyd vriendelik en vind dit onnodig om ’n prins sy koninklikheid te laat bewys. As hy in haar oë die regte man is, is dit vir haar genoeg.

Wat meer is, ’n gelukkige einde is nie ’n uitgemaakte saak nie. Wat wel waar is, is om self hard te werk vir wat jy wil hê. Hiervoor is verbeelding en kreatiwiteit nodig – noodsaaklike eienskappe vir elke prinses – om oplossings te vind vir probleme en hindernisse.

Net een ding kan die towertante jou nié mee help nie. Sy verklaar prontuit dat sy nie die eise ken waaraan ’n koninklike bed moet voldoen nie. Haar enigste raad is dat jy self jou bed kies en om, as jy kan, seker te maak dat ’n swerm voëls jou soggens wakker sing. “Niks is beter as dit nie: Begin jou dag op ’n vrolike noot!”

Wel, Sprokiesland se motto is: “As jou hart groot en goed is, is selfs die belangrikste troon binne jou bereik.”

Nou is jy ’n prinses: “Maak jou tuis op jou troon. Word ’n werklik unieke prinses. Word jouself!”

Nou dat jy ’n prinses is, moet daar goed verstaan word dat jy nie sommer met jou laat mors nie.

Dit werk só: “Eendag, lank gelede, was daar ’n pragtige koninkryk hoog op ’n heuwel”. Daar was hier en daar gevaarlike plekke, maar eintlik was dit andersins ’n vrolike plek. Toe kom die tyding dat “ ’n trol ’n groot gemors maak”. Hy verwoes alles en almal is baie bang. Die koning beveel sy ridders om die trol te gaan vang en waarsku die drie prinsesse om hulle in die toring toe te sluit.

Maar hoekom sal hulle nou opgesluit moet word as hulle al lankal meer as bekwaam is? Hulle het immers goeie oordeel en het nie ’n bang haar op die kop nie. Wat meer is, hulle wil nie in towerkombersies toegedraai word nie; hulle is gereed om enige uitdaging te aanvaar. As hul wel nou en dan bang word, staan hulle as ’n groep saam. In die planne wat hulle maak om uitdagings te oorkom, werk hulle saam. Hulle leef die leuse: Saam staan laat ons wen. (Die Together we’re better-motto).

Voor die ridders nog iets kan doen, het die prinsesse die trol ingekatrol en terwyl ridders Bibberboud, Bosbaard en Snolbol aan hulle snorre kou, oorhandig die koning medaljes vir dapperheid aan die prinsesse.

Hulle is immers vasberade, vreeslose prinsesse met wie niemand sal mors nie. Hulle beskik oor hul arsenaal slim streke en dodelike danspassies. Jy weet sommer: Jy lol nie met hulle nie. Hulle weet wat hulle doen.

Ek lees dekades al kinderboeke en is altyd weer-en-weer bekoor deur die vindingrykheid van die skrywers en illustreerders van dié genre. Daar is altyd verrassings, ’n gevoel van verwagting en vernuwing. Ook die Sprokieswêreld verstaan die postmoderne wêreld!

Die twee kinderboeke wat pas verskyn het, beveel ek met vrymoedigheid aan:

  • Oorlewingsgids vir ’n prinses deur Federica Magrin, wat deur Cecilia Steyn in vonkel-Afrikaans vertaal is met betowerende illustrasies deur Laura Brenlla, LAPA is die uitgewer.
  • Moenie met ’n prinses mors nie! deur Rachel Valentine in ’n sprankelende vertaling deur Kobus Geldenhuys en verbeeldingryke illustrasies deur Rebecca Bagley, Human & Rousseau is die uitgewer.

***

Amanda Botha is die aanbieder/redakteur van FMR Boekkeuse, ’n program waar kinder- en jeugboeke ’n regmatige deel kry. Dit word elke derde Woensdag van die maand aangebied en kan enige plek in die wêreld gehoor word deur na die internetskakel www.fmr.co.za te gaan.

The post Dalk postmoderne Sprokiesland se voorland: Prinsesse se #wetoo-slagspreuk appeared first on LitNet.

Lag my kla’-vertoning bied unieke inryteater-ervaring

$
0
0

Erns Grundling

Kapenaars kan uitsien na ’n unieke feesgebeurtenis wanneer stand-up-komedie vir die eerste keer regstreeks as ’n inryteater-ervaring aangebied word tydens die Suidoosterfees se Lag my kla’-konsert. 

Nie minder nie as tien komediante, wat name soos Schalk Bezuidenhout, Shimmy Isaacs, Melt Sieberhagen, Wayne McKay, Solomon Cupido, Rezah Forbes en Alfred Adriaan insluit, gaan by hierdie geleentheid optree. Die program sluit ook die Top 3-finaliste van die onlangse Lag my kla’-kompetisie in.

Hierdie geleentheid vind Donderdag 5 November om 20:00 plaas by die @kykNET Atlantic-inryreater by Montague Gardens. Die konsert word ondersteun deur kykNET en Die Son.

Kaartjies kos R200 per voertuig vir tot twee mense en R300 per voertuig vir tot 4 mense en kan deur Computicket gekoop word.

Erns Grundling, vervaardiger van die vertoning, vertel meer. 

Erns, jy is die vervaardiger van Lag my kla’ – vertel asseblief meer oor die vertoning. Wat kan die gehoor te wagte wees?

Sover ek weet, is hierdie vertoning op Donderdag 5 November om 20h00 die eerste keer dat ’n Suid-Afrikaanse gehoor na stand-up-komedie kan kyk as inryteater. Dit vind eksklusief en regstreeks plaas by die kykNET Atlantic-inryteater by Atlantic Studios in Montague Gardens. Die gehoor kan uitsien na sewe van Suid-Afrika se topkomediante – Schalk Bezuidenhout, Alfred Adriaan, Shimmy Isaacs, Rezah Forbes, Wayne McKay, Melt Sieberhagen en Solomon Cupido – wat saam met drie opwindende nuwe stemme – Monrico van Wyk, Pauline Aaron en Rowen Geneke – gaan optree.

Schalk Bezuidenhout

Ek kan nie onthou wanneer laas daar tien Afrikaanse stand-up-komediante by een geleentheid opgetree het nie. Elke komediant gaan vir sowat 10 minute optree en hulle beste met die gehoor deel. Die skreeusnaakse Alfred Adriaan is die gasheer wat die komediante gaan aankondig.

Dit is ’n wonderlike geleentheid om Afrikaanse stand-up te vier en lekker te lag. Ons kan almal dié tyd van die jaar – veral hierdie wildvreemde jaar – doen met hardop lag vir minstens 100 minute! 

Rezah Forbes

Die vertoning vind plaas as ’n inryteater-ervaring. Vertel asseblief meer? Hoe werk dit? 

Weens die koronaregulasies moes kunstefeeste uit die boks dink vir maniere om steeds toneel, musiek en komedie op die planke te bring. Die Suidoosterfees was baie vindingryk en het met hierdie inryteaterfees vorendag gekom wat 4–15 November by Atlantic Studios plaasvind. Lag my kla' is een van die vertonings op die program. Wat die vertoning ook spesiaal maak, is die feit dat die gehoor nie na ’n vroeë opname van ’n vertoning op die grootskerm kyk nie.

Shimmy Isaacs

Die optredes vind regstreeks plaas in ’n ateljee by Atlantic Studios. Gehore kan dus in die veiligheid van hulle eie motors na ’n vertoning kyk (jy skakel op ’n FM-radiofrekwensie in) en by Tiaan Langenegger van Kokkedoor-faam se roadhouse iets te ete bestel.

Dit is ook ’n geleentheid vir gehore om in 2020 die nostalgie van die destydse inryteaters te ervaar. Wie sou vroeër vanjaar kon geraai het dat so iets enigsins moontlik (of dalk nodig!) sou wees?

Melt Sieberhagen

Daar was ook ’n Lag my kla’-kompetisie – wat het dit behels en hoe het dit gewerk?

Die Lag my kla'-kompetisie was ’n projek van Die Son, kykNET en die Suidoosterfees wat tydens die inperking ’n soektog geloods het na nuwe stand-up-talent. Deelnemers moes video's instuur en uiteindelik is 15 finaliste deur die bekende komediante Shimmy Isaacs, Rezah Forbes en Solomon Cupido gementor.

Die komediant Alfred Adriaan het verskeie video's opgeneem wat weekliks op Die Son se sosiale media gepubliseer is soos wat die rondes gevorder het. Vroeg in Oktober is die wenner en twee naaswenners aangekondig en gehore kan hulle ook Donderdagaand sien optree.

Alfred Adriaan

Uit hierdie kompetisie is opkomende komediante geïdentifiseer wat dan ook by die vertoning optree. Vertel asseblief meer oor die wenner en finaliste?

Die wenner van die kompetisie was Monrico van Wyk. Rowen Geneke was tweede en Pauline Aaron derde.

Monrico het grootgeword op Wellington, maar woon deesdae in Karlsruhe in Duitsland. Hy is so begeesterd om by die vertoning op te tree dat hy spesiaal van Duitsland na Suid-Afrika reis! Die twee naaswenners is net so opgewonde en sien baie uit na die geleentheid om die verhoog met ander topkomediante te deel. 

Monrico van Wyk

Wat is vir jou, as vervaardiger, die hoogtepunt van hierdie proses om die vertoning op die been te  bring?

Ek sal ruiterlik erken dat die admin en papierwerk nie vir my ’n hoogtepunt is nie, maar dit is iets wat geen vervaardiger kan ontsnap nie. Wat vir my lekker is van hierdie tipe werk, is om saam met ’n dinamiese span soos die Suidoosterfees se bestuur – Jana Hattingh, Faren Esau en Francois Abrahams – te werk. Hulle is baie gaaf en absoluut verbind tot die ontwikkeling van nuwe talent en die bevordering van sosiale kohesie.

Solomon Cupido

Verder is dit vir my heerlik om die program saam te stel en met al die komediante te korrespondeer. Hulle is baie tegemoetkomend en dankbaar vir die geleentheid om ’n inkomste te verdien. Dikwels is hulle agter die skerms ewe snaaks as op die verhoog.

En met hierdie vertoning is ek veral opgewonde oor die drie finaliste wat vir die eerste keer voor ’n groot gehoor gaan optree. Dit is ’n voorreg om by so ’n ontwikkelingsprojek betrokke te wees en te sien hoe almal – op die verhoog en in hulle voertuie – dit geniet. 

Wayne McKay

Besoek die Suidoosterfees se webtuiste vir meer inligting.

  • Foto's: verskaf
Lees ook:

Persvrystelling: Suidoosterfees-inryteater

Persvrystelling: Spesiale bederf vir boekwurms by Suidoosterfees | Press release: Special treat for booklovers at Suidoosterfees

Persvrystelling: NATi Jong Sterre (Suidoosterfees-inryteater 2020)

Francois van Coke vir die Suidoosterfees-inryteater

The post <i>Lag my kla’</i>-vertoning bied unieke inryteater-ervaring appeared first on LitNet.

in gesprek

$
0
0

Foto: Canva.com

in gesprek

god sit êrens en staar na ons 
doen en late in Afrika-strate – ek voer 
gesprekke met hom

hondsbrutaal vra ek:

wat van Hillbrow en die Kaapse Vlakte?

Hou jy daar ook ’n oog en hand            
of net voet in die mond?

ek dink hy aanskou alles 
of dalk sit hy nes ons 
starend na ’n verligte 
foonskerm iewers in die donker.

The post in gesprek appeared first on LitNet.

Ons moet álmal veilig voel – en dit geld vir gender ook

$
0
0

Die vlag vir transgender persone

Nee. Jy kan nie iemand wat transgender is, met “terapie” en/of gebed “genees” nie. Ook nie mense wat gay is nie, want indien jy dit voorstel, is jy bloot onsensitief en onkundig.

Baie kinders en volwassenes word verneder, geboelie, en gehaat; party neem hul eie lewe, omdat hulle nie aanvaar word vir wie hulle is nie. Soms word mense doodgemaak.

Hulle menseregte word vertrap, terwyl ons Grondwet duidelik sê dit mag nie gebeur nie. Maar, al was mense se regte nie verskans in ’n kragtige Grondwet nie, behoort ons nie só om te gaan met ander wat boonop ’n minderheidsgroep is nie. Die beskerming van minderhede se regte sorg dat ’n demokrasie sterk is. Wanneer mense regte bykry, verloor ’n ander groep nie hulle regte nie – dit is nie ten koste van iemand anders nie; dit is ten beste van ons almal.

Dit het nou weer gebeur dat minderhede se regte misken word.

’n Kaapse dokter wat besig is om as psigiater te kwalifiseer, het op 16 Oktober tydens ’n vergadering van die Wes-Kaapse Departement van Onderwys (WKOD) na bewering iets gesê wat hy nie moes nie, naamlik dat genderdiversiteit ’n keuse is en terapie gebruik kan word om dit te “verander”. Dít is eintlik maar niks anders as die gruwelike “omkeringsterapie” nie. Dit werk nie; dit is nie wetenskaplik nie, en dit is onmenslik.

...
Dit werk nie; dit is nie wetenskaplik nie, en dit is onmenslik.
...

Die dokter was deel van ’n afvaardiging van ’n organisasie genaamd Freedom of Religion of South Africa, ’n redelik uitgesproke organisasie wat ook uiters homofobies is, sou jy lees en luister wat hulle op video’s sê. Dit is nie mense wat liefde uitstraal nie.

Maar, waar kom dié vergadering vandaan? In Maart 2017 het die Gelykheidshof in Seshego in Limpopo ’n uitspraak gelewer nadat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie opgetree het namens ’n transgender kind. Die kind is by die skool verneder en geteister, maar die skool het niks gedoen om ’n veilige omgewing vir haar te skep nie. Uiteindelik kon sy nie matriek voltooi nie.

Die hof het bevind dat die skoolhoof en Departement van Onderwys verantwoordelik was en is om ’n veilige, beskermende, stresvrye omgewing vir leerders daar te stel. In haar geval het hulle versuim.

Intussen het die Wes-Kaapse Departement van Onderwys riglyne ontwikkel om openbare skole en gemeenskappe te help om ’n omgewing te skep wat nie teen enigeen diskrimineer op grond van gender, geslag, seksuele oriëntasie, oortuiging, geloof of kultuur nie. Dit was op só ’n vergadering, waar daar openbare insette gevra is, dat die betrokke dokter en die geloofsgroep opgedaag het.

Die Sexual and Reproductive Justice Coalition het ’n petisie geloods wat vra dat die Raad vir Gesondheidsberoepe vir Suid-Afrika (HPCSA) dié saak moet ondersoek, onder meer omdat die geneesheer ’n konserwatiewe geloofsgroep verteenwoordig het en nie klinies objektief was nie; omdat hy klaarblyklik praktyke voorgestel het wat skadelik is en glad nie op bewese praktyk geskoei is nie; dat hy nie opgelei is op die gebied nie; en dat aversieterapie oneties is. Dit is waarskynlik teen die Suid-Afrikaanse Grondwet, en in sommige lande is dit reeds onwettig.

Die Professional Association for Transgender Health South Africa (PATHSA) het ook ’n standpuntsverklaring uitgereik. PATHSA sê dat dit verkeerd is om ’n transgender kind of tiener te probeer oortuig om die gender wat by hul geboorte toegeken is, te aanvaar al strook dit nie met hulle genderidentiteit nie. Dit verhoog aansienlik die kanse op selfdood, of om hulself te beseer. Sulke tipes praktyke is oneties en daar moet sanksies wees teen mense wat dit bedryf. Boonop kan sulke uitsprake ouers verwar om nie in die beste belang van die kind op te tree nie.

Die WKOD het op 23 Maart hulle konsepriglyne in die provinsiale staatskoerant gepubliseer. Hulle behoort geprys te word dat hulle skole vry van diskriminasie wil maak; ook dat hulle ’n bewustheid van die spektrum van genderidentiteit en -uitdrukking probeer bevorder. Die beleid sê sulke leerders moet sensitief hanteer word, met professionele hulp, en dat die kind die reg het om sy of haar eie voornaam en kleredrag te kies. Hulle mag nie afgeknou en geteister word nie, en die toilet gebruik wat hulle verkies. Verder mag die kind die tipe klere dra wat hulle wil, dus by die gender waarin hulle gemaklik voel, ook na die matriekafskeid, en hulle kan ’n maat van hulle keuse saamneem.

Daar word aanbeveel dat skole daarna strewe om ’n omgewing te skep waar LGBTQI+-leerders die versekering kan kry dat hulle ongeag hulle seksuele oriëntasie en genderidentiteit gerespekteer en waardeer sal word en beskou sal word as deel van die normale spektrum van seksuele oriëntasies en genderidentiteite. Hulle beveel aan dat skole die stigting van sosialediversiteitsverenigings, waar die viering van diversiteit aanvaar word, sal ondersteun en erken, lui die konsepdokument.

...
Ek hoop hierdie konsepriglyne van die WKOD word deurgevoer, want dit is die wêreld waarin ek kinders wil sien groei en grootword...
...

Skole moet ook lesplanne gebruik wat leerders sal help om genderstereotipering te identifiseer en gesprekke te voer en om maniere te oefen waarop leerders genderstereotipering en -verkleinering op skool kan staak.

Skoliere moet ook leer hoe hulle bondgenote kan wees en mekaar kan ondersteun. Presies dit: As jy dit nie by die huis kan leer nie, leer dit dan op skool dat ons in die wêreld bondgenote kan wees en mekaar kan ondersteun, altruïsties kan wees en empaties kan wees, twee van die eienskappe van die mens wat alte min gesien word; om jouself in ’n ander se skoene te plaas en oor hulle seer te huil en saam oor hulle geluk te lag.

Die kerk is nie (meer) die staat nie en biologie en wetenskap berus op bewese praktyke, anders as geloof. Die wetenskap het deur al die eeue aangepas en geleer. Wat is feit en wat is fiksie? Dit is naïef om te dink die lewe is binêr. Selfs van die kerke is besig om hieroor na te dink; vergelyk byvoorbeeld hierdie artikel in LitNet Akademies deur Ian Nell. Daar is ’n wye spektrum van gender- en seksuele oriëntasie. Ons is nie meer die mense van 2 000 of 20 000 jaar gelede nie, want ons het intussen geleer oor onsself.

Ek hoop hierdie konsepriglyne van die WKOD word deurgevoer, want dit is die wêreld waarin ek kinders wil sien groei en grootword; een waarin almal aanvaar word om te wees wie hulle weet hulle is, waar daar nie meer gefokus word op of jy by die groot groep “inpas” nie, maar waar individue aanvaar word vir wie hulle is.

Waar elkeen saak maak.

Want ons lewe is maar kort en dan gaan ons dood en wat maak al die veroordelings van mekaar dan saak? Kom ons probeer om goed dood te gaan, op ’n aarde waar daar plek is vir almal.

Terme sodat ons almal kan verstaan:

Geslag: Dit is die biologiese geslag waarmee jy gebore is, of wat by geboorte aan iemand toegewys word; in die geval van interseksmense is die geslag nie duidelik nie.

Gender: Gender het te doen met die manier waarop ons in en vir sekere rolle grootgemaak word en wat ons assosieer met wat ’n man en vrou is. Dit gaan onder meer oor hare-, klere- en gedragskeuses en sogenaamde norme, maar daar is ’n baie wye genderspektrum.

Genderidentiteit: Dis wat jou brein vir jou sê jy in terme van gender is. Is ek ’n man? Is ek ’n vrou? Of iewers tussenin? Dit het te doen met wat jy as individu voel en is.

Om ’n transgender persoon te wees beteken dat die geslag waarmee jy gebore is en die een waarmee jy jou identifiseer (jou genderidentiteit), nie met mekaar strook nie. Die wêreld sê dat ons moet konformeer en in spesifieke kassies van “streng manlik” en “streng vroulik” moet pas, maar dit is nie vir almal so eenvoudig nie. Sommige mense se genderidentiteit stem nie ooreen met hul biologiese geslag nie.

’n Transgender vrou is met geboorte as manlik geïdentifiseer, maar haar genderidentiteit is vroulik.

’n Transgender man is met geboorte as vroulik geïdentifiseer, maar sy genderidentiteit is manlik.

’n Cisgender persoon is iemand wie se genderidentiteit ooreenstem met die biologiese lyf waarmee sy/hy gebore is.

’n Gender-vloeibare persoon is iewers op ’n spektrum en pas nie in die binêre definisies van “manlik” of “vroulik” nie.

Seksuele oriëntasie: Gender moet hoegenaamd nie met seksuele oriëntasie verwar word nie. Dit is glad nie dieselfde nie. Jou seksuele oriëntasie het te doen met tot wie jy seksueel aangetrokke is.

’n Gay persoon is iemand wat aangetrokke voel tot ’n persoon met dieselfde genderidentiteit. Gayverhoudings kan dus tussen twee gay mans wees, of tussen ’n gay man en ’n transgender man, of tussen twee transgender mans. Of dit kan ’n verhouding tussen twee gay vroue (sommige verkies die woord lesbies) wees, of tussen ’n gay vrou en ’n transgender vrou, of tussen twee transgender vroue.

Lees ook:

Postkoloniale leierskap? Die uitdagings vir ’n nuwe geslag teoloë

’n Pastorale benadering van hoop en deernis: ’n Afrikaïese perspektief op die uitdaging van die COVID-19-pandemie

Is siekte ’n straf van God? Teologiese perspektiewe uit die Bybel en die Apokriewe

Gebedspraktyke en geloofsoortuigings van kerklos millenniër-Christene: ’n Ritueel-liturgiese verkenning

The post Ons moet álmal veilig voel – en dit geld vir gender ook appeared first on LitNet.


Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Gert Grobler

$
0
0

Stembusdag: 3 November. Freek Robinson gesels met Gert Grobler, afgetrede beroepsdiplomaat, oor die internasionale belang van die Amerikaanse presidentsverkiesing.

Lees ook:

Donald Trump, die koronavirus se beste vriend

Miskien word Donald Trump ge-COVID-19

Trump se Amerika vs Hitler se Duitsland: enige verskil?

Uit die LitNet-argief:

LitNet: Dis Trump

Lees meer oor China-Afrika-betrekkinge op LitNet Akademies en LitNet:

China se Gordel-en-pad-inisiatief (Belt and Road Initiative, BRI): Die vroeë invloed op Afrika

China, die Gordel-en-pad-inisiatief, COVID-19 en demokrasie in Afrika

China se eerste oorsese militêre basis in Djiboeti: ’n kontekstualisering van die oogmerke, politieke belange en toekomsmoontlikhede

China en Afrika: ’n raaiselagtige mengsel van alles?

The post Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Gert Grobler appeared first on LitNet.

Wolkstaar

$
0
0

Op die naat van ons rûe het ons op somersdae
uitgestrek op ’n grasperk wolke dopgehou,
ons verwonder aan hoe vinnig die lug verander
hoe ’n wolk wat lyk na uitrafel uit die blou
niet skielik momentum kry en uit begin te bol:
ʼn skip met wind vol in die seile. Sou verbeelding
oorhand kry, soveel meer as hasie of ’n hond,
eerder leviatan dan, goddelike speelding
met trekke van ’n krokodil, ’n bek wat Job sê
rook blaas – daarvan het ons min gesien – of
ook ’n voller behemot met rondings soos
ʼn seekoei, ’n olifant selfs wat wit uitpof,
slurp en al. Jare later staar ek steeds die lug in,
ruggelings hande onder die kop, bene gesprei
pen, papier vergete, soos Bruegel se bleek
sekretaris in sy Luilekkerland-skildery. Gly
die son agter ’n wolk in, wil ek my verbeel
dit is ’n skadupoot, boorling van Ethiopië glo,
wat self onder sy enkele voet, soos ’n parasol,
skuiling vind; kry ’n chimera mitologies bó
die horison wat kurf gestalte in die voorlyf
van ’n leeu, stert kwispelend die kop van ’n slang
en tussenin ’n bok met vuur in die buik; blý
Wolkekoekoeland vertroostend oor my hang.

 

Lees al die Mondig-gedigte hier:

Mondig

 

 

The post Wolkstaar appeared first on LitNet.

Meer toelaes kan lewe beter maak in Suid-Afrika

$
0
0

Die woede het oorgekook toe die dagblad Beeld op 5 Oktober op sy Facebook-blad ’n plakkaat met die volgende woorde vrygestel het: “Meer toelaes nodig in SA”.

’n Vloedgolf reaksies met rassistiese ondertone het op dié koerant se Facebook-blad neergereën. Van die kommentare was: “Dit is nou tyd dat verpligte sterilisasie gewettig word in hierdie land.” Ander kommentaar sluit in: “Die sleg goed moet gaan werk.”

Die meeste mense wat woedend, na alle waarskynlikheid, uit hul bevoorregte posisies reageer het, was natuurlik onder die wanindruk dat die regering meer toelaes aangekondig het. Hulle het hul misgis, want dié mense wat vir meer toelaes voorspraak maak, is nie regeringsamptenare of politici nie, maar uitgelese akademici, navorsingsgenote aan top-universiteite in Suid-Afrika en die buiteland en NRO-werkers.

Dié plakkaat het na die artikel “Méér toelae is nodig” verwys wat op 6 Oktober in Beeld verskyn het. Dit is geskryf deur Stephen Devereux, navorsingsgenoot aan die Instituut van Ontwikkelingstudies aan die Universiteit van Sussex, Alex van den Heever, voorsitter van die bestaansekerheidsadministrasie en bestuurstudies van die skool vir regeerkunde aan die Universiteit van die Witwatersrand, Isobel Frye, direkteur van die Instituut vir Studies in Armoede en Ongelykheid, en Lynette Maart, nasionale direkteur van Black Sash.

Die artikel, “How social security could make life better in South Africa after COVID-19”, het eerste in Engels op The Conversation verskyn.

Devereux, Van den Heever, Frye en Maart argumenteer dat maatreëls om die bestaansekerheid in Suid-Afrika te herverdeel, meer as ooit nou dringend nodig is. Hulle artikel sluit aan by ’n vorige artikel, “COVID-19: ’n Basiese inkomstetoelaag vir armes is juis nou nodig”, van my wat op 14 Augustus hier op LitNet gepubliseer is.

In dié artikel skryf ek:

Dit is een van die grootste ironieë dat die regering tydens ’n vernietigende pandemie soos COVID-19 juis nou besluit het dat ’n basiese inkomstetoelaag (BIG) vir miljoene honger arm mense nie bekostigbaar is nie.

Met die vernietigendende uitwerking van COVID-19 op werkloosheid en die sluiting van veral klein-, middelslag- en mikro-ondernemings (KMMO’s), sou dit heel veilig wees om te argumenteer dat ’n BIG presies is wat Suid-Afrika nou nodig het.

Ek het verder geskryf:

’n BIG gaan die land glo R200 miljard per jaar kos, maar tans het ons nie ’n enkele sent daarvoor begroot nie. Die Rapport-joernalis, Jan de Lange, sê tereg, “selfs al moet ons dit gaan leen, gaan dit ’n goeie idee wees. Dis geld wat uiters sorgvuldig en produktief bestee (moet) word. Dit sal ’n kragtige stimulus vir ons wankelende ekonomie wees.”

Volgens Devereux ea het die nasionale ramptoestand wat die regering op 15 Maart afgekondig het, die drie ander bestaande rampe verger: armoede, werkloosheid en ongelykheid.

“Meer Suid-Afrikaners is nou arm en werkloos as voor die inperking. Maar weens tenderkorrupsie en buitensporige pryse deur ondernemings wat die krisis uitgebuit het, is sommige mense in die regering en die private sektor ryker as voorheen.”

Hulle skryf dat mense ses maande later na die afkondiging van die ramptoestand steeds die steun van die regering nodig het.

Dit is dus ironies dat mense wie se enigste bron van inkomste die regering se spesiale COVID-19-toelae van R350 per maand is, dalk na Oktober ander maniere moet vind om te oorleef.

Die moontlikheid het bestaan dat die spesiale toelae, asook die verhoging in die bedrag van ander maatskaplike toelaes, soos beplan in Oktober sal verstryk, tensy die kabinet anders besluit.

Die kabinet het wel intussen anders besluit, want dié spesiale toelae word verleng – maar net tot einde Januarie 2021.

Devereux ea skryf dat regeringsteun op minstens drie vlakke nodig is: “As humanitêre respons, as strukturele beleid om armoede te verlig en as stimuli vir ekonomiese herstel”.

Volgens Devereux ea het die inperking die vraag en aanbod in die ekonomie terselfdertyd tot stilstand gedwing.

Minstens drie miljoen mense was in die eerste maand van die inperking hul werk of hul manier om ’n bestaan te maak kwyt en met die negatiewe ekonomiese gevolge wat minstens nog vir die volgende drie jaar voorspel word, sal die syfer styg eerder as daal.

Dit maak geen sin om hierdie spesiale programme ter verligting nou te onttrek nie. Die verhoogde toelaag moet steeds uitbetaal word, asook versorgers se toelaag, en dié vir die verligting van maatskaplike nood moet permanent wees.

Hierdie outeurs skryf ook dat Suid-Afrikaners wat nog jonk genoeg is om te werk ’n grondwetlike reg op maatskaplike hulp het.

Die COVID-19-pandemie het ’n groot leemte blootgelê wat die kern uitmaak van Suid-Afrika se bestaansekerheidstelsel – die gebrek aan enige vorm van inkomstesteun aan mense tussen die ouderdomme van 18 en 59 met ’n lae inkomste of wat werkloos is.

Miljoene mense het aansoek gedoen om die spesiale toelaag vir die verligting van maatskaplike nood, maar R350 per maand is nie genoeg om van te leef nie.

Hulle vra die vraag: “Op watter bestaansekerheid is arm en weerlose Suid-Afrikaners geregtig?” Dan antwoord hulle:

Die Grondwet (Wet 108 van 1996) bepaal dat almal toegang tot genoeg water en kos, gesondheidsorg, behuising en bestaansekerheid moet hê. Maar terwyl in die Handves van Regte na die reg op bestaansekerheid verwys word, word dit nie formeel in enige wette gedefinieer nie.

Volgens die outeurs het Suid-Afrikaners konseptuele en wetlike helderheid nodig oor wat presies bedoel word met “bestaansekerheid”:

Dit is meer as net die reg op toelae.

Suid-Afrika het nie ’n beleid of strategie vir bestaansekerheid nie. Die Witskrif oor Maatskaplike Welsyn dateer uit 1997. Die Nasionale Ontwikkelingsplan van 2011 noem dat hier ’n gaping is. Slegs sowat 7% van werklose mense word deur die werkloosheidsversekering gedek.

Hulle skryf dat die grondwetlike reg op bestaansekerheid en maatskaplike beskerming twee komponente het, naamlik dekking en toereikenheid:

Dekking moet universeel wees, maar die steun moet genoeg wees om te verseker dat mense met waardigheid kan oorleef. Voordele moet met die koste van ’n genoegsame lewenstandaard verband hou.

Hulle sê beleidmakers is diep konserwatief om inkomstesteun te gee aan mense wat jonk genoeg is om te kan werk, maar die pandemie het dit verander:

As ons erken dat werkloosheid in Suid-Afrika ’n strukturele probleem is, is dit onvermydelik om aan mense van ’n werkende ouderdom inkomstesteun te gee, nie net ten tye van die inperking nie, maar op lang termyn. Ons moet hierdie geleentheid aangryp om die sosiale kontrak rakende bestaansekerheid te herbedink.

Die outeurs skryf dat die tesourie en die minister van finansies, Tito Mboweni, sal kla dat die uitbreiding van die noodlenigingsmaatreëls en die instel van nuwe toelae onbekostigbaar is. “’n Fiskale krisis het Suid-Afrika reeds voor die pandemie in die gesig gestaar, met ’n lae groeikoers, stygende regeringskuld en al hoe minder belastinginkomste. Om toelae te verhoog sal die tekort verhoog.”

Maar volgens hulle is daar aan die ander kant ’n ekonomiese argument ten gunste van die positiewe groei-uitkomste van maatskaplike toelae wat deur internasionale getuies ondersteun word: “Deur huishoudings in staat te stel om dinge te koop, sal aanvraag toeneem en ekonomiese herstel aangehelp word.”

Hulle voer aan dat om bestaansekerheid in Suid-Afrika te herverbeel, nie net dringend op ’n humanitêre vlak is om maatskaplike geregtigheid te verseker nie; dit maak ook ekonomies sin. “Dit is nie iets wat die land kan bekostig om nie te doen nie.”

Die woedende mense, wat waarskynlik uit ’n posisie van bevoorregting so negatief op die Beeld-plakkaat reageer het, moet asseblief Devereux ea se volledige artikel lees. Miskien sal hulle dan empatie ontwikkel vir diegene wat nie so bevoorreg soos hulle is nie. Oppas, dit kan miskien jy wees wat môre ’n regeringstoelae nodig het om te oorleef.

The post Meer toelaes kan lewe beter maak in Suid-Afrika appeared first on LitNet.

Só kan Pentekostaliste die mag van ideologie breek

$
0
0

Pieter GR de Villiers voer ’n gesprek met Marius Nel oor sy Godsdienswetenskappe-artikel, “Charles Parham, William Seymour en Suid-Afrikaanse pentekostalistiese rassisme” wat in LitNet Akademies verskyn het. 

Charles Parham en William Seymour (Foto’s verskaf)

....................

Waarom het jy dit nodig gevind om juis nou die artikel te skryf?

Marius Nel (Foto: verskaf)

Die waarneming dat voorvalle van wit op swart en swart op wit rassisme toeneem, word deur onlangse navorsing ondersteun. Die oorverdowende stilte wat Pentekostalistiese denominasies en groepe se reaksie op rassistiese voorvalle kenmerk, duur ook voort. Ek behoort aan die “wit” kerk binne die AGS (alhoewel ek uitmuntende kerkvriende oor rasgrense het en dikwels AGS-gemeentes besoek wat aan die “ander” kerke in die AGS behoort, en ook daar bedien). My vermoede is dat die stilte verband hou met ongemaklike skuldgevoelens oor die verlede, asook die huidige oorheersende situasie in “wit” AGS-gemeentes, wat grotendeels inderdaad slegs uit wit lidmate bestaan. Dit het as motivering vir my gedien.

Hoe het jy self oor rasseskeiding gedink? Het daar groei in jou denke plaasgevind?

Groei het daar vir seker plaasgevind. Ek het in ’n “blanke” huis grootgeword waar my ouers die praktyk van hulle onderskeie familie- asook vriendekringe gevolg het wat neerhalend na mense van ander kleure verwys het. Eers tydens my teologiese studies is ek met die onregverdigheid van so ’n stereotipering van mense op rassegronde, asook met mense van ander rasse op dieselfde vlak as ek gekonfronteer. ’n Boek van die Ou-Testamentikus Ferdinand Deist, oor die klippies in sy kerkskoen wat die lewe vir hom moeilik maak, was die eerste van verskeie teologiese werke wat my gewete aangewakker het.

André P Brink (Foto: Seamus Kearney)

As kranige leser het ek ook tyd gevind om Afrikaanse literatuur te lees, en André P Brink het ’n aandeel daarin gehad om my kop te verruim. Intussen het ek ’n beroep na ’n gemeente aanvaar waar ek dikwels met plaasboere en fabriekswerkers te doen gekry het, en ek het al meer die patrone van rassistiese denke kon onderskei. Terselfdertyd het ek ook ervaar watter emosionele reaksie dit ontlok wanneer ’n mens jou oor onregverdige diskriminasie uitspreek.

Was jy altyd so krities oor jou kerklike tradisie? Wat sou jy vandag anders wou doen?

Akademiese studie het talle voordele vir my ingehou. Dit het my oë oopgemaak vir ander maniere om na die evangelie te kyk en oor die Bybel te dink. Verskillende Skrifbeskouings het duidelik getoon hoekom verskillende tradisies en denominasies bestaan. Akademiese studie leer jou egter ook om krities te raak, om vrae te stel en geen gesaghebbende verklarings te aanvaar sonder om dit te bevraagteken nie. Mettertyd het ek raakgesien dat my kerk, waarvoor ek lief is, op eg menslike wyse vol foute en tekortkominge is. Want die kerk bestaan nie as ’n instelling nie, maar deur die gesig van mense wat nie konsekwent hulle gebrokenheid weggesteek kry nie.

Wat ek anders sou wou doen, is om in die openbaar sterker standpunt oor rassevraagstukke en my kerk se hantering daarvan in te neem. Wat my daarvan weerhou het en my terug laat deins het, was die besef van wat die konsekwensies sou wees, van marginalisering en verguising.

Het jy al voorheen jou gedagtes oor die vloek van rassisme in jou geloofsgemeenskap met gehore gedeel en, indien wel, wat was die reaksie daarop? Het jy verder ook nog enige reaksie gehad op jou artikel hier op LitNet? Indien wel, watter soort reaksies was daar?

Soos wat die klimaat verander het rondom die tagtiger- en negentigerjare van die vorige eeu, het rassekwessies al meer op die agenda van die kerk beland en die duidelike verskille hieroor geïllustreer. Dit het makliker geword om hieroor te praat, maar die prys was dat ’n mens dikwels gestereotipeer is. My ondervinding was dat daar ’n groeiende groep Afrikaanssprekende wit mense was wie se koppe begin oopgaan het, maar dat die radikale element behoue gebly het en, trouens, vanaf die negentigerjare al verder radikaal geskuif het.

Ek het vanuit my eie kerk heelwat reaksie op die artikel gekry wat in alle gevalle positief was, van lidmate en pastore wat meen dat die boodskap tydig is dat die kerk sy verknogtheid aan moedertaal moet heroorweeg in die lig van sy huidige praktyk.

Behoudende lidmate van kerke is besonder sensitief oor die verlede en hou nie daarvan as kerke erken dat hulle deel gehad het aan apartheid en aan die bevordering van rassistiese denke nie. Of hulle redeneer dat apartheid nie so erg was nie, of dat die apartheidstyd in elk geval beter was as die huidige bedeling. Ek verneem selfs dat ’n geestelike leier onlangs by ’n Senekal-byeenkoms openlik beweer het dat die plaasmoorde straf is vir die afskaffing van apartheid. Daar is seker verskillende houdinge oor apartheid en rassisme in jou geloofsgemeenskap, wat wissel van kru rassisties tot meer verlig. Dit lyk uit die artikel of jy pessimisties is oor die rassistiese houding en denke van Pentekostaliste? Hoe oordeel jy oor mense wat dink dat baie Afrikaanssprekende groepe, indien nie die meeste nie, ’n welwillendheid teenoor ander groepe en rasse het en verlang om in vrede met ander te leef en dat keiharde rassisme net by randgroepe voorkom? Leiers van die boeregemeenskap was byvoorbeeld baie krities oor die tweede byeenkoms in Senekal waar bikers en verregse groepe betoog het. Dit was opvallend dat die deelnemers verskil het van dié by die eerste betoging. Of dink jy daar is baie mense wat omgee vir ander terwyl hulle onder die oppervlak tog diep deur rassisme beïnvloed is?

Ek het nie navorsing ter hande om dit te bewys nie, maar ek meen dat die meerderheid wit mense in Suid-Afrika nie rassisties ingestem is nie. Dit is die geval in die dele van die kerk waaraan ek blootgestel word. Dit is waar dat daar kru rassiste is wat neerhalend na mense van ander rasse verwys en selfs haatspraak in die proses gebruik. Ek is egter nie negatief hieroor nie; een van die redes is dat die eenwording van die AGS in 1996 ons aan mekaar blootgestel het. Daar vind byeenkomste plaas waar mense oor rasgrense bymekaarkom – die kerk se meerdere vergaderings en konferensies sluit alle rasse in.

Ek dink ook dat die tyd om dié rede reg is om die saak oor huidige praktyke op die agenda te plaas, van “wit” gemeentes wat oorheersend of eksklusief wit is, en te besin oor ons motiewe in die lig van die nuwe Suid-Afrika. Ek moet daarmee saam erken dat die politieke en ekonomiese situasie in die land vir die afgelope tien jaar ’n negatiewe rol speel, omdat ’n mens al meer die argument hoor dat Suid-Afrika nou die Afrika-pad geloop het na staatskaping, korrupsie en misdaad, en verval in die morele vesel van die gemeenskap.

Jou artikel illustreer die verskriklike invloed van kolonialisme op kerke wanneer jy skryf hoe Parham deur sy koloniale superieurdenke geargumenteer het vir die oppergesag van die wit ras, vir die minderwaardigheid van ander rasse en vir die onbekeerbaarheid van rasse wat nie tot wit groepe behoort nie. Parham is duidelik nie ’n uitsondering nie, soos blyk uit jou artikel en die feit dat vele ander in sy tyd rassisme uitgeleef en bevorder het. Ondenkbaar en diep steurend is vandag vir ons dat Parham aktief met die uiters gevaarlike Ku Klux Klan-beweging meegeleef en -gewerk het. Hier sien ’n mens hoe politieke vooroordele van destyds die interpretasie van die Bybel en die struktuur van die kerk bepaal het – soos later in die apartheidstyd ook sou gebeur het. Hierdie houdings het uiteraard in alle geloofsgemeenskappe in moderne Westerse lande onder invloed van koloniale denke prominent gefunksioneer. Dit is ’n tydige waarskuwing dat kerke maklik op sleeptou geneem kan word deur ideologieë wat gewild in die samelewing is. ’n Mens kan sulke voorbeelde in ons tyd opnoem: die manier waarop sommige gelowiges xenofobiese houdings inneem, akute kwessies soos klimaatsveranderinge ignoreer, genderdiskriminasie belaglik maak en, in ons land, korrupte maghebbers beskerm. Dit konfronteer ’n mens oor die verhouding van kerke tot sosiale verskynsels en tendense. Hoe kan geloofsgemeenskappe aan die greep van ideologieë ontkom en verhinder dat hulle die boodskap van die evangelie verdraai of verloën?

’n Belangrike deel van die probleem wat in die vraagstelling geskets is, hou verband met die feit dat die Pentekostalistiese beweging gekenmerk word deur die deelname van konserwatiewe mense. Dit sluit nie die neo-Pentekostalistiese groepe noodwendig in nie. Dat dit so is, word goed geïllustreer deur Afrikaanssprekende Pentekostaliste, insluitende die AGS, wat oorwegend die 1933/1953-hersiene uitgawe van die Afrikaanse vertaling gebruik, naas die 1611-King James-vertaling. Alhoewel die vroeë Pentekostalistiese beweging se Skrifbeskouing nie fundamentalisties-literalisties was nie, het Pentekostaliste se soeke na aanvaarding om aan hulle sektestatus te ontkom tot samewerking met en nabootsing van die konserwatiewe Protestantse elemente gelei.

Konserwatiewe mense kry dikwels swaar om vrede met die veranderende en nuwe te maak, en die “nuwe” Suid-Afrika is dikwels vir hulle ’n uitdaging wat swaar afsluk.

Die oplossing is dat die unieke van die Pentekostalistiese beweging herontdek moet word. Dit behels dat die Bybel nie woord vir woord en vers vir vers as die Woord van God gesien word wat as’t ware in Bybelse skrywers se ore gefluister is nie. Die gesag in die kerk lê nie primêr in die Bybel nie, maar in God wat Hom deur sy Gees openbaar. Voor die Bybel God se woorde word wat ’n direkte toepassing op ons situasie het, is dit nodig dat Hy Homself openbaar. Hy doen dit primêr en in die meeste gevalle wanneer die Bybel gelowige en biddend gelees en oordink word.

Pentekostaliste leer egter dat die Gees Jesus Christus ook op ander maniere kan openbaar. Solank ons die Bybel op dieselfde manier gaan bly lees, gaan ons standpunte oor kritieke sake (soos LGBTIQ+-mense se deelname aan die kerk) op dieselfde wyse beredeneer en grondves. Wat nodig is, is dat Pentekostaliste die hart van God oor mense hoor klop. Dit alleen kan die mag van ideologie deurbreek, wanneer God se Gees ons insig gee en gesindheid (gees) verander.

Dink jy daar was iets goeds aan kolonialisme?

Om enigiets goed aan kolonialisme toe te skryf is byna krimineel, gegewe die feit dat Europeërs oor die jare nie minder nie as twaalf en ’n half miljoen Afrikane as slawe gevang, in die haglikste omstandighede denkbaar op skepe, soos diere in hokke, weggevoer het om as produkte of vee te verkoop. Dit ontken ook die enorme skade wat oor jare aan miljoene Afrikane (insluitende Suid-Afrikaners) se lewens aangerig is deur gedwonge segregasie en delegering van mense van ander rasse tot minderwaardige onderwys, gesondheid, behuising, infrastruktuur, en so meer. Ja, kolonialisme het enkele positiewe kenmerke van “beskawing” saamgebring, maar daar was ook talle negatiewe kenmerke, soos ’n waardestelsel wat Afrikaïese tradisies kom verdring het.

Dit is opvallend dat daar tog ook vurige teenstanders van apartheid was in geloofsgemeenskappe wat apartheid gekoester het. Dink maar aan Beyers Naudé en Nico Smith as ’n paar van die prominente teenstanders van apartheid, terwyl Allan Boesak ’n leidende rol vanuit die VGK (destyds die Sendingkerk) gespeel het. Net so was Frank Chikane uit die AGS ’n besonder prominente teenstander van die apartheidsideologie wat ’n bitter hoë prys vir sy verset betaal het. Pen asseblief ’n paar gedagtes neer waarom iemand soos Chikane so radikaal kon wees in sy totale verwerping? Wat het hom gedryf en hoe het hy oor die kerk se rassistiese verlede gedink? Wat dink jy het hierdie fel teenstanders van apartheid werklik gemotiveer en gedryf tot hul teenkanting? En waarom kon hulle so ongeïntimideerd hul verset volhou? Wat dink jy dryf sulke profete?

Beyers Naudé, Breyten Breytenbach en Sampie Terreblanche (Foto: verskaf)

 Soos genoem, kenmerk konserwatisme Pentekostaliste. Daarmee saam het Pentekostalisme ook van sy oorsprong ’n spiritualiteit gehad wat anderwêrelds is en klem plaas op sosiale en selfs ekonomiese afsondering van die wêreld, asook heiliging (of heiligmaking, soos talle verkeerdelik daarna verwys), wat ’n praktyk insluit waar die gelowige deur vas en gebed en ernstige Bybelstudie poog om ’n lewenstyl te reflekteer wat Christus sou kenmerk.

“Blanke” kerkleiers het ook toentertyd “swart” mense geleer om nie polities betrokke te raak nie, iets wat vanuit die anderwêreldse spiritualiteit gemotiveer is. Daar was uitsonderings. Nico Horn was ’n vroeë en briljante stem in die AGS, maar sy beroep in 1988 na Windhoek het hom permanent uit sirkulasie gehaal.

Chikane het waarskynlik baie agting van mense in sy “kerk”-groepering geniet wat danksy die effektiwiteit van die destydse Veiligheidspolisie en intelligensienetwerke dit nie hardop geverbaliseer het nie. Chikane het die prys betaal; na hy geweier het om hom uit politiek te hou, is hy as AGS-pastoor geskors. Alhoewel Chikane radikaal was, het hy niegewelddadige verset teen apartheid voorgestaan, nog ’n tradisie uit die vroeë Pentekostalistiese tradisie wat mettertyd, in die AGS sedert die vyftigerjare, versaak is.

Allan Boesak (Foto: verskaf)

Die AGS het later selfs weermagkapelane gehad en die wit leierskap het sonder uitsondering hulle waardering vir die destydse NP-regering se inisiatiewe getoon.

Onderskat ons nie die welwillendheid van groot getalle mense in kerke teenoor ander mense nie?

Die NG Kerk se onlangse sinodale geskiedenis toon dalk die groot afstand tussen ’n deel van die kerkleierskap (en teoloë) en groot getalle lidmate. So ’n afstand kan maklik in die AGS gedemonstreer word deur die kloof te beskryf wat tussen lidmate (en die meeste pastore) en akademiese teoloë bestaan. Die pentekostalistiese tradisie is gebore uit ’n sterk anti-intellektualistiese drang, gegewe dat hulle gemeen het dat die “latter rain” (wat met die Geesdoop ingelui is en begelei is deur spreke in tale) die gevestigde kerke verby sou gegaan het vanweë hulle teologiese bedrewenheid ten koste van toewyding aan God. Alhoewel ek nie bewus van empiriese navorsing hieroor in die AGS is nie, meen ek tog dat talle mense, indien nie die meerderheid nie, deur welwillendheid en meelewing met ander mense gedryf word.

Kerke vra vergifnis teenoor die slagoffers van apartheid. Waarom is dit dat sommige stemme steeds verontwaardig is dat mense nie genoeg verskoning vra nie?

Dit hou verband daarmee dat ons steeds meestal met “mekaar” praat en nie na die “ander” luister nie. Daarom verstaan ons wit lidmate nie veel van die belewenis van swart mense, insluitende gemeentes, nie. Talle is inwoners van plakkerskampe en nedersettings met klein huise waar hulle aan armoede en swak higiëniese omstandighede blootgestel is. Hulle gemeentes is dikwels so arm dat die pastoor slegs bokant die broodlyn oorleef. Baie van hulle jongmense is werkloos en dikwels kwaad omdat die ouer geslag nie op hulle regte aangedring het in die oorgang na die nuwe Suid-Afrika nie. Jongmense se bitterheid hou verband met die gebrek aan grond- en ekonomiese hervorming in die land sodat hulle slagoffers van ’n gaping tussen ryk en arm is wat duidelik al groter word.

As die “wit” kerk meer sou luister, sal hulle waarskynlik ophou vra hoeveel keer ons nog apologie moet aanteken en iets begin doen aan die haglike lewensomstandighede van die meerderheid mense in ons land. Die voorwaarde vir vrede in Suid-Afrika hou verband met geregtigheid wat sigbaar veranderings in mense se lewensitasie veroorsaak.

Hoe oordeel jy oor ’n jong geslag uit die bevoorregte groep van die verlede wat sê hulle het niks om voor verskoning te vra nie?

Ek is jammer vir hulle, want hulle het nog nooit besef watter verskil dit maak om in ’n histories-bevoordeelde (dit beteken, bevoordeel ten koste van miljoene ander) wit huis gebore te word waar jou ouers ’n deeglike skool- en beroepsopleiding geniet het, en soms ook tersiêre opleiding, en dat dit ten koste van ander geskied het nie. Hulle het nog nie gaan rondstap waar mense tussen menslike afval bly nie, waar ’n gesin van tien of vyftien met een broodwinner se (dikwels karige) salaris oorleef, en bereken wat dit beteken in terme van jou kanse in die lewe indien jy daar gebore sou word.

Hoe dink jy oor die stelling dat kerke nie vir hul lidmate vergifnis gevra het dat kerklike vergaderings en kerkleiers hul lidmate mislei het en apartheid verdedig het?

Ek kan slegs namens die AGS praat wat voor die destydse Waarheid-en-versoeningskommissie apologie aangeteken en skuld erken het. Die “wit” AGS het amptelik sy skuld erken, maar ek redeneer dat as dit tot op grondvlak deurgewerk het, kerklike praktyk anders sou gelyk het.

Sommige mense vra nou dat mense wat verskoning vra vir apartheid, moet bewys dat hulle opreg is deur ’n proses van vergoeding vir slagoffers van apartheid te ondersteun en te bevorder. Eers as hulle mense konkreet mense vergoed, sal dit die egtheid van hul verskoning wys. Hoe dink jy daaroor?

Ek stem daarmee saam. Ek besef dat die kwessie van vergoeding vir die slagoffers van apartheid van die tafel gehaal is om die samesprekings te red wat uiteindelik in die vestiging van die nuwe Suid-Afrika gerealiseer het. Om net te praat is egter maklik, en wanneer ’n mens sê jy is jammer oor wat jy gedoen het, maar weier om enigsins verantwoordelikheid vir die skade te dra wat jou optrede veroorsaak het, is daar rede om oor jou opregtheid te twyfel. Selfs al sou dit slegs beperkte vergoeding as ’n “token” van opregtheid impliseer, is dit my eerlike gedagte dat dit reeds ’n ent sou vorder om die kloof wat tussen wit en swart bestaan, te oorbrug.

Wat sou jy dink is effektiewe maniere om mense van rassistiese denke te oortuig en hulle te help om dit te oorkom?

Die mees effektiewe wyse wat die praktyk vir my gewys het, is om kleiner groepe (soos selgroepe) byeen te bring wat gereeld saamkuier, om die beurt in die onderskeie woonbuurte. Die doel is dat mense Bybelstudie hou, maar sterk klem val ook op sosiale saamwees. So iets stel jou bloot aan die “ander” (dalk is daar nog ’n paar wit mense wat moet uitvind dat mense van ’n ander kleur dieselfde as hulle voel en reageer op opstandige en dwalende kinders, dieselfde sorge as hulle het, en so meer).

Die blootstelling aan mekaar en mekaar se wêrelde breek stereotiperings af (by alle deelnemers, van alle rasse), lei tot die sluiting van vriendskappe en vennootskappe waar mense in mekaar se moeilike omstandighede betrokke raak.

 

Lees Marius Nel se Godsdienswetenskappe-artikel in LitNet Akademies, “Charles Parham, William Seymour en Suid-Afrikaanse pentekostalistiese rassisme”, hier:

Charles Parham, William Seymour en Suid-Afrikaanse pentekostalistiese rassisme 

 

The post Só kan Pentekostaliste die mag van ideologie breek appeared first on LitNet.

#opdielug met Deidre Jantjies

$
0
0

Robyn van de Rhede voer onderhoude met mense wat passievol is oor hul taal. 

Die volgende gas op die maandelikse Lekker LitNet-insetsel op Radio 786, in samewerking met die Afrikaanse Taalraad, is Deidre Jantjies.

Deidre noem in ’n 2019 LitNet-onderhoud met Cliffordene Norton: "Dit is belangrik vir die jongmense om die stories te hoor van hulle voormoeders en -vaders, sodat hulle trots op hulle erfenis kan wees ... Ek is geïnspireer deur die eerste nasie se stories, want ek glo dit is ons verantwoordelikheid om ons voorouers se stories te vertel." (Foto van Deidre Jantjies: Area Code)

Deidre Jantjies het ’n lang geskiedenis van toneelspel; sy het hierdie vaardighede gebruik om haar eie verhale te skryf wat sy in kortfilms omskep het.

Met haar vervaardigingsmaatskappy, Na Aap Productions, wil sy die onbekende geskiedkundige verhale van Suider-Afrika vertel, onder andere die inheemse stories van die Khoekhoen en San.

Sy vertel ook meer oor haar N/uu, Griekwa, Nama en Korana erfenis.

Luister na die onderhoud:

  • Hierdie onderhoud is in Augustus 2020 opgeneem.
  • Teks: Menán van Heerden
Lees ook:

"Ek het my voorouers se stories part van my lewe gemaak" – ’n onderhoud met Deidre Jantjies

Lees meer oor Nama, Gariep-Afrikaans en Khoekhoegowab:

"Dis hartseer dat ek nie gedigte ten volle in Nama kan skryf nie"

Van plat tot volrond en rondborstig in my taal

#opdielug met Romario Fabiano Cloete

Khoekhoegowab, ti ǂnīsasib

Die taal (Namataal Khoe-khoegowab)

Wie is ons sonder ons tale?

Oranjerivierafrikaans is nxa!: ’n onderhoud met Anzil Kulsen

Geskiedkundige konferensie oor Afrikaans in die Noord-Kaap

Lekker Afrikaanse woordeskat: kanalla, poenankies, nxa!

Bradley van Sitters se staatsrede-lofsang: Khoekhoegowab-, Nama- of "KhoiSan"-seënbede?

Die Khoekhoegowab-tale en Afrikaans

Indigenous “Khoisan” languages: an interview with Menán du Plessis

Kora: A lost Khoisan Language: an interview

Ont-taling

The post #opdielug met Deidre Jantjies appeared first on LitNet.

’n Ontleding van Suid-Afrikaanse sakebestuurders se etiese besigheidsbesluitneming: Tendense van 2007 tot 2019

$
0
0

’n Ontleding van Suid-Afrikaanse sakebestuurders se etiese besigheidsbesluitneming: Tendense van 2007 tot 2019

Christo Bisschoff, NWU Besigheidskool, Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus)

LitNet Akademies Jaargang 17(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

In hierdie studie word die jaarlikse etiese beskouings voorgehou wat Suid-Afrikaanse bestuurslui vanaf 2007 tot 2019 gehandhaaf het. Die doelwit is om tendense te identifiseer oor die afgelope 13 jaar betreffende bestuurders se houding oor wat aanvaarbare en onaanvaarbare besigheidspraktyke is, en ook om te bepaal of daar vordering gemaak is al dan nie ten opsigte van bestuurslui se houding ten opsigte van etiese besigheidsbesluite. Die vraelys wat in 1993 deur Fullerton opgestel is, dien al jare as die gekose data-insamelingsinstrument. Hierdie vraelys is reeds statisties gevalideer vir toepassing in Suid-Afrika, en lewer konstant betroubare data om te ontleed. Verder is die vraelys getoets en geskik bevind in 12 ander lande wat oor ses kontinente versprei is. Die vraelys lê 14 twyfelagtige besigheidsbesluite in scenarioformaat aan bestuur voor. Bestuurders evalueer die besigheidsaktiwiteite wat deur die scenario’s voorgestel word op ’n gebalanseerde 6-punt-skaal. Die vraelys is jaarliks aan vergelykbare groepe bestuurders voorgehou om sodoende hul etiese beskouings van die besigheidscenario’s te meet. Altesaam 1 929 bestuurders het deur die jare aan die studie deelgeneem en die vraelyste voltooi. Die tendense toon dat die bestuurders oor die algemeen in 2019 meer krities teenoor die scenario’s is as 13 jaar gelede. Nege scenario’s wat in 2007 as aanvaarbaar geag is, word nou bevraagteken. Aan die ander kant is vyf scenario’s wat wel onaanvaarbaar was in 2007, nou aanvaarbaar. Die oorhoofse vergelyking toon egter dat daar wel vordering gemaak is ten opsigte van bestuurders se houding ten opsigte van etiese bestuurspraktyke gedurende die afgelope 13 jaar. Die bestuurders van 2019 is dus meer bewus van die korrekte etiese besigheidsbesture as hul voorgangers in 2007. Die waarde van die studie is gesetel in die positiewe verwantskap tussen gedrag en houdings. Houdings lei tot gedrag, en sodoende kan positiewe houdings teenoor etiese besigheidspraktyke lei tot etiese besigheidsgedrag. Gevolglik behoort ’n verbeterde etiese houding te lei tot verbeterde etiese besluitneming en gedrag deur bestuurders wanneer hulle besluite in maatskappyverband maak.

Trefwoorde: besigheid; besigheidsaktiwiteite; besluite; bestuur; etiek; eties; houdings; longitudinaal; oneties; scenario’s

 

Abstract 

An analysis of the ethical attitudes of South African business managers with regard to ethical business decision-making: Trends from 2007 to 2019

This study reports on a decade’s trends (2007 to 2019) of South African managers’ ethical predispositions about business decisions. The literature basis of the study deals with defining business ethics in South Africa from the recent past, up to 2019; with the contentious issue of using student groups as populations; and then also particularly ascertained the suitability of experienced part-time managers in training (or retraining) as a population for business studies. Here, sufficient evidence cleared the population for a focused study such as this. The empirical study analysis data were collected annually over the 13-year period from managers who enrolled at a South African business school. These managers aimed to further improve their managerial qualifications by studying towards an MBA degree, or entered into executive education programmes on the South African National Qualification Forum at level 6 or higher; typically, students attending the Advanced Management Programme qualify. A total of 1 929 managers formed part of this longitudinal study. The questionnaire postulated 14 questionable company business decisions, and the respondents had to evaluate each decision along ethical lines. Their ethical predispositions towards the questionable business decisions were recorded on a balanced 6-point scale, where 3,5 served as the neutral predisposition. A Cronbach alpha coefficient of 0,895 ensured high reliability and internal consistency which shows that the data could be analysed confidently. The American questionnaire designed by Fullerton in 1993 was used because this questionnaire has been internationally validated on six continents and in 12 countries while it was also independently revalidated for use in South Africa in 2010 and 2019 to collect business ethics data. The data were captured and analysed by the Statistical Consultation Services at the North-West University. The trend analysis shows that, in general, a total of nine business scenarios displayed unacceptable ethical attitudes by the managers in 2007, while five business scenarios displayed acceptable ethical attitudes. Two scenarios were marginal and the managers could not make up their minds whether they were acceptable or unacceptable. (This is still true for these two scenarios in 2019.) Regarding analysis of the individual scenarios, four different classifications were applied. These are: (1) unacceptable in 2007, but acceptable in 2019; (2) acceptable in 2007, and remaining so in 2019; (3) unacceptable in 2007 and remaining unacceptable in 2019; and (4) acceptable in 2007, but unacceptable in 2019. A total of six scenarios were characterised as belonging to the first category. All of these scenarios improved. Trendwise they are similar and show an improvement of ethical attitudes among managers with regard to their ethical business decision-making. Regarding the second category, only one scenario indicated acceptable ethical attitudes by managers back in 2007, which remained so. They deal with “dodging tax by using creative accounting”. This scenario shows that managers deem this behaviour to be acceptable; however, they seem to find this much more acceptable in 2019 than they did in 2007! This means the attitudes of the managers at present towards this scenario are pointing towards acceptance of such actions, and consequently more towards unethical business practices. Although only one scenario applies, it is still categorised as an unethical practice and this is cumbersome. The third category presents unacceptable ethical attitudes in 2007, which remained unacceptable in 2019. Two scenarios fall into this category, namely “false reference pricing” and “advertising out-of-stock products cheaply to draw customers into the shop”. The final category is cumbersome as it presents scenarios that were acceptable in 2007, which are now deemed to be unacceptable. This shows that there is a deterioration in ethical business attitudes. A total of five scenarios turned to the dark side in the past 13 years. Here, the results show that the practice of “withholding to launch new products in the market until the inventory of the old model is cleared”, “advertising to children”, “moving a factory to a low-cost country to save on production cost”, “using selective distribution to protect large retailers” and “using sports stars to endorse products” are all now deemed to be acceptable. Interestingly, the results also show that the 2007 managers are an inverse mirror image of the 2019 managers with regard to their attitudes towards ethical business dealings. The 13-year longitudinal study measures the ethical predispositions of managers over time with regard to companies’ business decisions. This provides a trend of what managers deem ethical business behaviour to be, and consequently provide an insight into their business decisions as company representatives. This means that business decisions can be positively influenced ethically if the predispositions of managers show an inclination towards ethical business practices. To do so, the quantification of ethical predispositions provides a baseline or barometer of the business ethical decision-making by South African managers when they have to make a business decision on behalf of their company. The study comes to the following conclusions on the business ethics scenarios based on the longitudinal analysis of 13 years: (1) Nine of the ethical scenarios improved over the 13 years, but (2) five of the scenarios deteriorated; (3) two scenarios remained an uncertainty for managers. After 13 years these scenarios still have scores close to the midpoint (3,5). This means that in 2007 more of the scenarios were deemed acceptable business practices and this points towards a more questionable ethical attitude in 2007 than in 2019. This view is quantitatively supported by the mean scores of the managers in 2007 (3,7), which is higher than the mean score of the managers in 2019 (3,0). 

Regarding the overall study, the following conclusions are reached: (1) The managers of 2019 are more critical than their 2007 counterparts regarding what acceptable business practices are. (2) The results of 2016 deviate from the rest of the longitudinal data; political constraints and the economic situation in South Africa could have played a part in this deviation. (3) All in all, the country has made progress in terms of managing towards more ethical and acceptable business practices.

Keywords: attitude; business; decision-making; ethical; ethics; longitudinal; managers; scenarios; trend; unethical

 

1. Inleiding 

Suid-Afrikaanse etiese gedrag geniet al ’n geruime tyd aandag onder sakelui, politici, akademici en ander belangegroepe. Suid-Afrikaners is veral sensitief oor etiese en korrupte besigheidstransaksies ná die Zuma-era waartydens staatskaping en ander ongerymdhede die botoon in die land gevoer het (Maughan 2020). Die geregtelike ondersoek na bewerings van staatskaping gelei deur regter Zondo is steeds besig om die magdom getuienis wat bykans elke staatsdepartement insluit, in te samel en te assimileer (SA State Capture 2020). Buite die kommissie word gereeld vrae deur Jan en alleman gevra betreffende transaksies wat gesluit word en of hierdie transaksies, benewens die wettigheid daarvan, ook eties korrek is. Staatstransaksies is selfs nog meer onder die soeklig.

Onaanvaarbare etiese houdings van bestuurslui en leiers, en die daaropvolgende gedrag, kom algemeen voor in Afrika waar gereelde berigte van korrupsie en selfverryking oopgevlek word. Suid-Afrika gaan ook swaar gebuk onder hierdie gebrek aan etiese bestuursgedrag. Die land het die laaste 10 jaar stadig maar seker geval vanaf die 43ste plek in 2009 (Rapule, Bisschoff en Botha 2013:22) tot die 64ste plek in 2016 en uiteindelik tot die 70ste plek in 2019 op die internasionale korrupsiepersepsie-indeks (KPI) verswak (Transparency International 2019). Hierdie indeks gradeer en vergelyk lande internasionaal om die rangorde van ’n land te bepaal. Die basis van vergelyking word gedoen op die waargenome korrupsievlakke en etiese gedrag van ’n land se bestuurders en leiers, en neem die sienings van internasionale sakelui en ontleders in ag. Veral drie aspekte word geëvalueer, naamlik polisiemag, besigheidslui se gedrag, en dan die politieke leierskap se etiese of onetiese gedrag (Transparency International 2019; Bisschoff 2018).

Die besigheidsetiek in die land word reeds geruime tyd nagevors. Hier het studies reeds tydens die apartheidsjare ondersoek begin instel na die etiese houdings en persepsies van Suid-Afrikaanse bestuurslui. Hier het Nel, Pitt en Watson (1989), soos later bevestig deur die opvolgstudie van Abratt, Nel en Higgs (1992), byvoorbeeld bevind dat besigheidsetiek riglyne bied om moreel korrekte gedrag daar te stel deur middel van reëls, beginsels, standaarde en kodes. Moore en Radloff (1996) se studie vergelyk finalejaar-handelstudente aan Rhodes-universiteit in die jare 1989, 1990 en 1991 en bevind dat Suid-Afrikaanse studente betekenisvol verskil van hul Israelse ewekniestudente van 1988 ten opsigte van besigheidsetiekopvattings, maar dat die verskille tussen die groepe, asook tussen Amerikaanse (1988) en Wes-Australiese (1991) studente, nie betekenisvol is nie. 

Net na die eerste demokratiese verkiesing in Suid-Afrika bevind De Klerk (1996) dat besigheidsetiek beskou word as daardie dissipline wat besigheidslui in staat stel om sekere gedragsreëls en -waardes te handhaaf tydens entrepreneuriese aktiwiteite. Verskeie latere studies (Rossouw 2005; Fullerton, Bisschoff en Moore 2008; Bisschoff en Lotriet 2012; Rossouw 2017; Fullerton, Bisschoff en Fields 2017, Groenewald en Vorster 2019) deur Suid-Afrikaanse besigheidsetieknavorsers het verskillende etiese scenario’s daargestel wat deur bestuurslui as aanvaarbare of onaanvaarbare optrede beoordeel moes word. Dit is insiggewend dat die meeste studies bevind het dat Suid-Afrikaners betreklik goed vaar wanneer hulle vergelyk word met persone in ander lande. Die studie deur Fullerton en Bisschoff (2013), waar 12 verskillende lande op ses verskillende kontinente se etiese houdings van bestuurders vergelyk is met Suid-Afrika se bevindinge, is veral insiggewend. Die studie het bevind dat plaaslike bestuurslui se etiese houdings goed vergelyk met dié van lande soos China, Brasilië, Nieu-Seeland, Singapoer en Australië, nieteenstaande die feit dat hierdie lande heelwat hoër op die KPI figureer. Plaaslik klassifiseer die Etiek-instituut Suid-Afrika tans as ’n medium-risiko-land waar ’n ontwikkelende etiese kultuur gevestig is met ’n telling van 63% (Groenewald en Vorster 2019:3). Die grootste besigheid-etiese risiko’s word in die verslag aangedui as ’n gebrek aan etiese behandeling van werknemers en ’n gebrek aan verantwoordelikheid en toerekeningsvatbaarheid.

Al hierdie studies het egter die tekortkoming dat dit ’n oomblik in tyd vasvang en as’t ware ’n etiese balansstaat is op daardie gegewe oomblik in die geskiedenis van die land. Hierdie studie beoog om dié tekortkoming te oorkom deur die etiese houdings van bestuurslui in Suid-Afrika longitudinaal te ondersoek en verslag te doen aangaande die etiese tendense oor ’n tydperk van 13 jaar (2007 tot 2019).

 

2. Probleemstelling

In die ontleding van etiese waardes van dieselfde groep bestuurders op persoonlike of individuele vlak het ek in Bisschoff (2018) aangetoon dat die vernaamste probleem is dat spesifieke sienings van besigheidsetiek op persoonlike vlak heel waarskynlik hul gedrag ten opsigte van persoonlike besigheidsaktiwiteite behoort te beïnvloed. Dieselfde sienings beïnvloed egter ook hierdie bestuurders se besigheidsbesluite, veral as daar die moontlikheid van persoonlike gewin bestaan (Bisschoff 2018). Die omvang van hierdie potensieel twyfelagtige gedrag is egter beperk tot merendeels die individu en sy of haar onmiddellike kontakomgewing. In die geval waar hierdie individue egter in besigheids- of ondernemingsverband optree, is die besluite nie meer beperk tot die individu nie, en kan die gevolge van besigheidsbesluite deur bestuurders selfs tot op internasionale vlak uitkring. In maatskappyverband is die omvang dus enorm en sluit verskeie ander rolspelers in. Die Zondo-kommissie-getuienis van Angelo Agrizzi as voormalige uitvoerende bestuurder van die maatskappy Bosasa dien hier as ’n enkele voorbeeld van vele onetiese en korrupte besigheidsbestuurders se besigheidsbesluite wat gelei het tot staatskaping, korrupsie en ander uiters onetiese en onwettige gedrag. Dit beteken dus dat enkele besluite (of selfs een eties twyfelagtige besluit) op besigheidsvlak die maatskappy onberekenbare skade kan berokken. Juis hierin is die kernprobleem van die studie gesetel. Omdat bestuurders namens maatskappye optree, neem hulle besluite wat groter ekonomiese en operasionele impak het. Die potensiële persoonlike voordeel wat hierdie besluite aan bestuurders bied, is verder substansieel; dit dien as verdere motivering om oneties op te tree. Dit is gevolglik van uitermate belang dat bestuurders in besluitnemingsposisies eties moet optree, en daarom is dit belangrik om te verstaan wat hul etiese sienings is ten opsigte van besluite wat hulle neem in maatskappyverband. Hoe lyk die Suid-Afrikaanse bestuurder se etiese sienings wanneer hy of sy besluite moet neem wat die maatskappy verbind? Het hierdie etiese sienings verander oor die afgelope dekade of nie, en indien dit wel verander het, hoe het dit verander? Hierdie inligting is belangrik om bestuurmodelle te ontwikkel om die Suid-Afrikaanse besigheidsomgewing as waardige handelsvennoot in die wêreld daar te stel.

 

3. Doel en doelwitte 

Hierdie studie het ten doel om die etiese beskouings van Suid-Afrikaanse bestuurders te meet oor ’n 13-jaar-tydperk ten opsigte van besluite wat besighede neem en sodoende moontlike tendense oor dié tydperk te identifiseer. Die spesifieke doelwitte is:

  1. om die etiese beskouings van Suid-Afrikaanse bestuurders ten opsigte van twyfelagtige besluite wat besighede neem te bepaal
  2. om spesifieke etiese tendense vanaf 2007 tot 2019 te identifiseer en te klassifiseer ten opsigte van die bestuurders se beskouings van twyfelagtige besluite wat besighede neem.

 

4. Etiese klaring

Hierdie navorsingsprojek is deur die Etiekkomitee van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aan die Noordwes-Universiteit goedgekeur en as ’n lae-risiko-projek geklassifiseer. ’n Etieksertifikaat (nr. NWU-00337-18-A4) is aan die projek toegeken. Die sertifikaat is geldig tot 31 Desember 2024, waarna daar heraansoek gedoen moet word.

 

5. Literatuuroorsig

Die literatuuroorsig spreek drie sleutelelemente van besigheidsetiek aan. Eerstens word die term gedefinieer vanuit die literatuur; tweedens word die ontwikkeling van besigheidsetiek as bestuursfokus in Suid-Afrika ondersoek; en derdens word die stand van Suid-Afrika se etiese houdings onder bestuurslui onder die soeklig geplaas.

5.1 Konseptualisering van die term besigheidsetiek

Die konsep besigheidsetiek word al vir ’n geruime tyd deur akademici, bestuurders en ander belangegroepe gedebatteer. Wat is die werklike betekenis van besigheidsetiek? In Bisschoff (2018) haal ek die navorsers Nel e.a. (1989) aan wat besigheidsetiek vanuit ’n Suid-Afrikaanse perspektief soos volg definieer: Etiek in besigheid is nie slegs ’n saak van normatiewe evaluasie nie, maar ook ’n reeks persepsies oor hoe om in terme van daaglikse aspekte op te tree.”

Hierdie definisie sluit nou aan by die opvolgende studie van Abratt e.a. (1992:31) wat aandui dat besigheidsetiek “’n stel reëls, standaarde, kodes of beginsels as riglyn daarstel. Hierdie riglyne kan in besigheid aangewend om moreel korrekte gedrag te rig in besigheidsituasies.”

’n Meer onlangse definisie van besigheidsetiek word deur Groenewald en Vorster (2019) aangebied wat daarop wys dat besigheidsetiek inderdaad uit sewe meetbare komponente bestaan, naamlik (1) die oorhoofse etiese kultuur, (2) aanspreeklikheid en verantwoordelikheid, (3) senior en middelbestuur se etiese vlakke, (4) hantering van ondergeskiktes, (5) etiese gesprek, (6) etiese bewustheid, en (7) die geneigdheid om onetiese gedrag aan die kaak te stel.

Twin (2020:1) omskryf besigheidsetiek as die toepaslike besigheidsbeleid en -praktyk wat daarop gemik is om die potensieel kontroversiële onderwerpe soos korporatiewe binnehandel, omkopery, diskriminasie, korporatiewe sosiale verantwoordelikheid, en fidusiêre verantwoordelikheid binne die besigheid te hanteer” (eie vertaling). Twin (2019) redeneer ook dat besigheidsetiek ’n sekere vlak van vertroue tussen die besigheid en die besigheid se kliënte daarstel; hierdie vertroue versterk die besigheid se mededingende posisie. Besigheidsetiek maak dus goeie besigheidsin.

Die gesaghebbende Oxford Reference (2020) definieer egter besigheidsetiek vanuit ’n tegniese oogpunt en dui aan dat daar verskillende filosofiese uitgangspunte is, naamlik die deontologiese teorie, utilitaristiese teorie, en die sosiaal-etiese teorie. Al drie hierdie teorieë bevat argumente om etiese besigheidsbesluite te identifiseer. So sal bestuurspraktyke waar die bestuur die werknemers met waardigheid en respek behandel, volgens die sosiale etiek aanvaarbaar wees, terwyl die deontologiese etiek meer deur die etiese kode of riglyne wat deur die werkgewer voorgehou word, of selfs deur wetlik-gegronde etiese teorieë, gereguleer word (Guzman 2016). Die bestuurspraktyke waar die verbetering van die groter geheel van die besigheid nagestreef word, word ondersteun deur die utilitaristiese teorie, terwyl bestuursbesluite wat ondersteun word deur prosedurele toetse en beleid, die regs- of wetlik gebaseerde teorie ondersteun.

Die gemene deler in al die definisies (van toeka tot nou) is dat bestuurslui se aanvaarbare of onaanvaarbare houdings en gedrag in hul besigheidsbesluite ’n invloed het op die betrokke besighede en ook die betrokke individue. Daar is verder ook persoonlike gevolge op die bestuurslui, soos persoonlike gewin, korrupsie, staatskaping en onbillike maatskappywinste wat deel vorm van besigheidsetiek (Bisschoff 2018).

5.2 Besigheidsetiek in Suid-Afrika  

Gedurende die apartheidsjare, en veral toe die land swaar onder sankies deurgeloop het, was die aankoop van broodnodige produkte en onderdele bykans onmoontlik. Suid-Afrikaanse maatskappye was genoop om alternatiewe voorsieningskettings te ontwikkel om internasionale handel te fasiliteer. Besigheidsukses was gekoppel aan die vermoë om produkte ingevoer te kry, ongeag of daar vraagtekens was oor die morele en etiese wyse waarop dit bekom is. Onvermydelik het die besigheidsmetodiek gelei na die verlaging van etiese standaarde waarmee besigheidstransaksies onderneem is (R.K. Massie 1993 soos aangehaal deur Rossouw 1997). Die verligting nadat die sanksies gelig is, het egter nie die teenoorgestelde besigheidsgedrag tot gevolg gehad nie, en die gevestigde metodes van besigheid doen het bloot voortgegaan (Rossouw 1997).

Suid-Afrika het na 1994 verskeie strukturele veranderinge ondergaan op ekonomiese, sosiale en politieke gebied wat tot verhoogde ekonomiese aktiwiteite gelei het, terwyl die aspek van besigheidsetiek nie spesifiek aangespreek is nie. Hier merk Rossouw (1994) op dat Suid-Afrika ’n ontwikkelende land is waar die stryd om oorlewing in die nuwe ekonomiese bestel nie plek het vir moraliteit nie. Dit het gelei tot ’n verhoogde laissez faire-houding onder bestuurders wat privaat- en staatstransaksies hanteer het (Fullerton e.a. 2008:162). Tydens die openingsrede van die parlement in 1995 verklaar Nelson Mandela dat korrupsie in verskeie formate tot in die diepste wese van die gemeenskap deurgesyfer het (Rossouw 1997:1540). Drie jaar later bevind ’n studie deur Van Zyl en Lazenby (1999:15) dat Suid-Afrikaanse besighede gekenmerk word deur die afwesigheid van duidelike etiese waardes en norme.

Die nuwe millennium begin egter meer bemoedigend, met studies wat bevind het dat Suid-Afrikaanse besigheidslui bereidwillig is om hul besigheidsmetodiek te verander omdat hulle besef het dat dit nodig is om internasionale handel suksesvol te betree (Rossouw, Van der Watt en Malan 2002:389; Rossouw 2005:104). Onetiese besigheidsgedrag het nou ’n hindernis geword in internasionale handelstransaksies. 

In 2008 ondersoek Bisschoff, Fullerton en Botha (2008) verskille in die etiese persepsies van finalejaarstudente in farmasie, bestuurswetenskappe en professionele rekeningkundige. Hierdie outeurs kom tot die gevolgtrekking dat al drie groepe relatief hoë etiese standaarde handhaaf en dat daar nie betekenisvolle verskille tussen die groepe is nie. Hul kom ook tot die gevolgtrekking dat die nuwe generasie besigheidslui genoegsaam bewus is van besigheidsetiek en besweer kommer dat hierdie toetreders tot die ekonomie nie bemagtig is om etiese besigheid te doen nie. In ’n ander studie bevind Lumsden en Fatoki (2013) egter dat daar wel betekenisvolle verskille voorkom tussen die etiese houdings van besigheidstudente en niebesigheidstudente. Dit sou egter onvanpas wees om die gevolgtrekkings van enige van die twee studies wat gebaseer is op enkelpopulasies te ekstrapoleer na die totale studentebevolking in Suid-Afrika sonder om verder bevestigende navorsing daaroor te doen. Beide studies het wel positiewe etiese houdings by beide populasies geïdentifiseer. 

Meer onlangs bevind ’n praktykgerigte studie dat daar wel betekenisvolle verskille voorkom tussen die verskillende bestuurvlakke in organisasies (Bisschoff, Fullerton en Botha 2014) nieteenstaande die feit dat Suid-Afrikaanse besighede in 2014 reeds gevestigde etiese kodes in hul korporatiewe beleid en kultuur gevestig het (Mpinganjira, Roberts-Lombard, Wood en Svensson 2016). Benewens die verskille, het beide middel- en gevorderde bestuurslui in die studie bevredigende en selfs hoë vlakke van etiese bewustheid getoon. Die Suid-Afrikaanse regulatoriese omgewing sedert 1994 het ook verskeie wette geïmplementeer om korrupsie en onetiese besigheidspraktyke te beveg. Die belangrikste wette hier is (1) die Wet op Publieke Finansiële Bestuur (PFMA) (no. 1 van 1999) (SA 1999), (2) die Wet op Finansiële Intelligensiesentrum (FICA) (no. 38 van 2001) (SA 2001), (3) die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Wet (MFMA) (no. 56 van 2003) (SA 2003), (4) die Wet op Beskerming van Openbaarmaking (no. 2 van 2000) (SA 2000) en (5) die Maatskappywet (no. 71 van 2008) (SA 2008). Daar is ook nou verskeie internasionale ooreenkomste en konvensies in plek gestel waaraan Suid-Afrikaanse besighede gehoor moet gee (Bernstein en Shaw 2020). Bernstein en Shaw dui aan dat maatskappydirekteure persoonlik aanspreeklik gehou kan word vir korrupte besigheidsbesluite en selfs krimineel vervolg kan word. Die Maatskappywet maak ook voorsiening vir die stigting van ’n Sosiale en Etiek- komitee wat getaak is om maatskappy-aktiwiteite te monitor, te verseker dat ’n maatskappy soos ’n goeie korporatiewe burger optree, en korrupsie aan die kaak sal stel. Juridies is die Nasionale Vervolgingsgesag daarvoor verantwoordelik om oortreders in die Handelshof vas te vat. In die praktyk draai die wiele egter stadig en slaag oortreders daarin om die toepassing van gereg vir jare te ontduik. Die hofsake van die oudpresident Zuma (sedert 2014) en die Steinhoff-sage (sedert 2017) dien hier as voorbeelde (Brand-Jonker 2019; NYTimes 2020).

In die afsluiting tot die literatuur word Rossouw (2016:50) se hersiene mening voorgehou waarin hy sy stellings van 10 jaar tevore repudieer. Hy merk op dat etiek nou ’n permanente en prominente eienskap geword het in die korporatiewe bestuur van Suid-Afrikaanse ondernemings. Hy verwys ook na die waarde van die aanvanklike 194-King-verslag (kyk IOD 1994), waar dit duidelik uitgespel word dat die drie korporatiewe verantwoordelikhede van besigheid in Suid-Afrika vereis dat (1) direkteure leierskap openbaar gebaseer op ’n etiese grondslag; (2) maatskappye optree soos goeie korporatiewe burgers; en (3) maatskappye etiese standaarde in hul besigheidstransaksies inkorporeer. Fullerton, Bisschoff en Fields (2017) ondersteun Rossouw se hersiene mening en verklaar dat Suid-Afrika, gemeet teen hierdie agtergrond, duidelik nie meer die dieselfde onetiese Suid-Afrika van die vorige eeu is nie.

 

6. Navorsingsmetodologie

6.1 Navorsingsinstrument

In 1993 ontwikkel Sam Fullerton sy etiese-scenario-vraelys wat twee etiese besigheidskomponente meet, naamlik verbruikers- of individuele etiese houdings en dan bestuursetiek waar besigheidsbesluite eties geëvalueer word (Fullerton 1993). Fullerton en sy medenavorsers het hierdie vraelys, met minimale aanpassings, suksesvol aangewend en gevalideer in verskeie internasionale etiekstudies op ses kontinente in 12 verskillende lande (Fullerton en Bisschoff 2013:5) (kyk ook na Bisschoff 2018). Ten opsigte van die Suid-Afrikaanse bestuurders het Bisschoff en Lotriet (2012:10745–7) die vraelys statisties gevalideer en getoets om as ’n toepaslike data-insamelingsinstrument in besigheidsetiekopnames in Suid-Afrika te gebruik. Hierdie studie het bevind dat die instrument geldig is om beide individuele etiese houdings en die besigheidshoudings in Suid-Afrika te meet. Die afsonderlike scenario’s van Fullerton (1993), bestaande uit 14 individuele verbruikersetiekscenario’s en 14 besigheidsetiekscenario’s wat bestuur se houdings meet, is ook geldig om in Suid-Afrika toe te pas (Bisschoff en Lotriet 2012:10745–7). 

Hierdie studie rapporteer oor die bestuurders se etiese houdings wanneer hulle ’n besigheidsbesluit in maatskappyverband neem. (Die resultate na die ondersoek van die individuele etiese houdings van hierdie bestuurders is reeds in Bisschoff 2018 gepubliseer.) Die vraelys stel 14 eties twyfelagtige besigheidsbesluite in scenariovorm aan die bestuurders voor om te beoordeel na gelang van die vlak van aanvaarbaarheid of onaanvaarbaarheid van ’n spesifieke scenario. Hierdie stel scenario’s dek verskeie bestuursdissiplines, soos bemarking, rekeningkunde, aankope en algemene bestuur. Die vraelys samel data in deurdat die respondente hul menings verskaf aangaande elkeen van die 14 scenario’s wat twyfelagtige besigheidsgedrag daarstel. Soos aanvaarde praktyk in etiese navorsing is (Nel e.a. 1989; Fullerton, 1993; Fullerton en Neale 2008; Craven en Bisschoff 2011; Fullerton e.a. 2017; Bisschoff 2018), word die respondente versoek om die vlak van aanvaarbaarheid of onaanvaarbaarheid van elkeen van die scenario’s aan te dui. Die scenario’s in die vraelys stel bestuursgedrag voor en word op ’n gebalanseerde 6-punt-skaal (1 verteenwoordig volledig onaanvaarbare gedrag, en 6 verteenwoordig volledig aanvaarbare gedrag) beoordeel om sodoende die etiese sienings van die bestuurders te bepaal. Die betroubaarheid van die data is statisties bepaal deur van die Cronbach-alfakoëffisiënt gebruik te maak. Al die scenario’s word as statisties betroubaar geag, omdat hul alfakoëffisiënte bo die afsnypunt van 0,70 is (Field 2009:686). 

6.2 Data-insameling

Hierdie studie het dieselfde datastel gebruik wat in die eerste artikel oor besigheidsbestuurders se individuele etiese houding ingesamel is. Daar is egter spesifiek gekonsentreer op die scenario’s wat betrekking het op bestuurders se etiese houdings wanneer hulle besigheidsbesluite wat in maatskappyverband geneem word, beoordeel. Die populasie bestaan uit al die deeltydse studente wat aan die Noordwes-Universiteit se Besigheidskool gevorderde bestuursopleiding ondergaan het. Hierdie respondente is dus deeltydse studente wat jaarliks vir die Magister in Besigheidsadministrasie-graad (slegs finalejaarstudente), die Gevorderde Bestuursprogram en die Middelbestuursprogram ingeskryf was. Hierdie programme se toelatingsvereistes vereis, onder andere, ’n minimum van drie jaar werks- en bestuurservaring. Die populasie bestaan dus uit gesoute bestuurders wat goed toegerus is om berekende oordele te maak wat betref die bestuursbesluite wat geneem word. 

Die populasie is geteiken en almal het in klasverband vraelyste ontvang om in te vul. Vraelyste is jaarliks in die verskillende klasse uitgedeel nadat die doel van die navorsing verduidelik is. Deelname was vrywillig en anoniem. Deelnemende studente het na afloop van die klas die vraelyste ingedien, waarna die vraelyste aan die Statistiese Konsultasiedienste van die Noordwes-Universiteit oorhandig is om vas te lê en te verwerk. Daar is ongeveer 200 vraelyste per jaar ingesamel; daar is sedert 2007 ’n totaal van 1 929 etiese houdings van respondente vasgelê en ontleed.

Die betroubaarheid en interne stabiliteit van die data is gemeet deur Cronbach se alfakoëffisiënt te bereken. Die data is uiters betroubaar, met ’n alfakoëffisiënt van 0,895, en gevolglik kon die data dus met vertroue ontleed word (Field 2009:686).

6.3 Interpretasie van resultate

Die middelpunt van die 6-punt-skaal (3,5) word gebruik om die neutrale houding teenoor die scenario wat beoordeel word, aan te dui. Die gemiddeld van die tellings wat hoër is as die neutrale punt word deur die respondente geag as “aanvaarbare gedrag”. Dit dui gevolglik op ’n swakker etiese siening of houding van die bestuurder, en is dus onwenslik. Net so is die omgekeerde waar, en in hierdie geval dui lae tellings dan op ’n hoë etiese siening of houding van die bestuurder, wat wenslik is. In die interpretasie sou mens dus graag grafieke met ’n dalende tendens oor die jare wou sien, aangesien so ’n tendens sou aandui dat die etiese houdings van bestuurders verbeter het vanaf 2007 tot 2019, en dat hulle nou meer krities teenoor twyfelagtige etiese besigheidsbesluite staan. 

Die etiese houdings ten opsigte van die scenario’s kan in vier hoofkategorieë geklassifiseer word, naamlik (Bisschoff 2018):

  • Kategorie 1: Destydse onaanvaarbare houdings wat verbeter het tot aanvaarbare houdings
  • Kategorie 2: Destydse aanvaarbare etiese houdings wat nog steeds aanvaarbaar is
  • Kategorie 3: Destydse onaanvaarbare etiese houding wat steeds onaanvaarbaar is
  • Kategorie 4: Destydse aanvaarbare etiese houding wat nou verswak het tot onaanvaarbare houdings.

 

7. Aanbieding en bespreking van die resultate

Die resultate van elke besigheidsbesluitscenario word per jaar grafies voorgestel (Ellis 2020). Die figure toon beide die tendenslyn en al die jare se gemiddelde datapunte. Die respondente se menings is per scenario ontleed en elke scenario is ook gekategoriseer volgens die vier kategorieë hier bo. 

7.1 Kategorie 1: Destyds onaanvaarbare houdings wat verbeter het tot aanvaarbare houdings

Hierdie stel besigheidsbesluite deur bestuurders in maatskappye was in 2007 onaanvaarbaar (wat dus onetiese houdings aangetoon het), maar wat deur die jare verbeter het tot aanvaarbaar (of nou etiese houdings aantoon) in 2019. Dit is bemoedigend dat bestuurders se etiese houdings aangaande sewe van die 14 scenario’s deur die jare verbeter het.

Scenario 1: Buitensporige pryse word gevra vir kruideniersware na ’n natuurramp omdat daar nie voldoende voorraad of nuwe aflewerings beskikbaar is nie.

Figuur 1. Hoë pryse as gevolg van skaarsheid (vraag en aanbod)

Bestuurders het in 2007, eintlik tot 2012, gevoel dat die skaarste aan produkte wel ’n hoër prys regverdig, ongeag die oorsaak. Vraag-en-aanbod-kragte is verdiskonteer om verdere winste vir die besigheid te genereer. Sedert 2012 het bestuurders egter gou tot ander insigte gekom en besef dat hierdie besigheidsbesluite uitbuitery is en dat hoër pryse as gevolg van ’n tekort aan produkte, veral in die geval van ’n natuurramp, nie ’n aanvaarbare besigheidspraktyk is nie. In die praktyk het die pryse van brandstof na die Orkaan Harvey in 2017 egter tot bykans dubbel die gewone prys gestyg en vir drie weke teen $5 per Amerikaanse gallon petrol verhandel in die deelstaat Texas omdat die raffinaderye nie voldoende brandstof kon lewer nie (Kumar en George 2017). Net so het Orkaan Irma in die deelstaat Florida veroorsaak dat geparstehoutborde wat gewoonlik teen ongeveer $10 verhandel het, na die storm teen amper $30 verhandel omdat 25% van die saagmeulens aan die Florida-kus beskadig was (Parkin 2017). In beide gevalle is die prysstygings dus veroorsaak deur tekorte (dus die vraag-en-aanbod-verhouding) en nie as gevolg van verhoogde produksiekostes nie. Dit is egter interessant dat Nieu-Seeland se lugdienste hul interne kaartjies skerp verhoog het (Air New Zealand 2019) tydens die ergste vloede in 20 jaar (NZ Herald 2019) omdat daar ’n skerp styging in vraag na vlugte was. Beide brûe op die Suideiland was onbegaanbaar, wat tot gevolg gehad het dat meer as 2 000 toeriste daar gestrand was (The Guardian 2019). Nieu-Seeland word as die mees etiese land beskou volgens die KPI (Transparency International 2019). Plaaslik word die apteekgroep Dis-Chem ondersoek omdat hul glo pryse verhoog het op higiëniese produkte tydens die COVID-19-grendelperiode (Eyewitness News 2020).

Scenario 2: Inwoners in woonbuurte met hoër misdaadsyfers betaal by dieselfde winkelgroep meer vir identiese produkte as in ander buurte waar misdaad laer is omdat die diefstal afgewentel word na die inwoners van elke buurt.

Figuur 2. Duurder woonbuurtkostes word afgewentel na inwoners

Bestuurders het ook eers teen 2012 begin aantoon dat hierdie scenario, waar daar voorgestel word dat die spesifieke koste per woonbuurt afgewentel word na die inwoners, nie aanvaarbaar is nie. Hulle voel egter minder sterk daaroor dat dit oneties is as die vorige scenario, waar uitbuiting plaasvind as gevolg van die skaarsheid van produkte. Hierdie siening word egter bevraagteken deur Rabinowitz (2014), wat postuleer dat die koste van misdaad in die geval van kettingwinkels deur die hele bedieningsgebied van die winkelgroep versprei word. Gevolglik ontstaan die etiese vraag of die areas waar misdaad laer is, wel die hoër-misdaad-areas moet “subsidieer”. Indien wel, hoe eties is hierdie beginsel van kruissubsidiëring? Verder bied hierdie kruissubsidiëring ’n onregverdige prysvoordeel aan die kettingwinkel wat meeding met ’n woonbuurtkruidenier wat nie kruissubsidiëring kan toepas nie. Dit is interessant dat die scenario sterk aanvaarbaar was tot 2012 (wat ’n onaanvaarbare houding daarstel), waarna daar ’n definitiewe verskuiwing in etiese houdings van bestuurders plaasgevind het. Bestuurders beskou die scenario sedertdien as onaanvaarbaar; dit dui dus op aanvaarbare etiese houdings onder bestuurders. 

Scenario 3: Produkte wat onveilig verklaar word deur nuwe wetgewing en van winkelrakke verwyder moet word in een land, word uitgevoer na ander lande waar wetgewing minder streng is en die produkte nog as veilig beskou word.

Figuur 3. Voer onveilige produkte uit 

Nieteenstaande die feit dat die besigheid ’n wettige besluit neem en produkte uitvoer na lande waar die produkte as veilig beskou word, voel bestuurders dat dit aan die einde van 2019 nie meer ’n etiese besigheidsbesluit is nie. Hierdie gedrag staan in die literatuur as “etiese storting” bekend (The Conversation 2017). Tog is daar navorsers wat meen dat etiese storting wel ’n plek het in internasionale handel en word scenario’s gepostuleer gebaseer op die feit dat sonder die onveilige produkte, die kopers swakker daaraan toe sou wees as met die onveilige produk. Die verkoop van die skadelike gifstof DDT om malariamuskiete te bestry is een so ’n tradisionele voorbeeld (Kaitaki 1984:128) waar daar redeneer word dat die malaria meer nadelig is vir die land se inwoners as die gifstof self. Hierteenoor waarsku James Colopy alreeds in 1995 dat dit oneties sou wees om nie die gifstof in hierdie omstandighede te verskaf indien daar nie ’n bekostigbare alternatiewe gifstof voorgestel kan word nie (Colopy 1995). Die bestuur beskou die scenario as onaanvaarbaar, wat daarop dui dat hulle etiese houding aanvaarbaar is. Dit wil dus voorkom of bestuur hul nie meer so sterk laat lei deur die betrokke land se produkveiligheidswetgewing nie, en dat hulle nou meer krities is in hul etiese sienings. Bestuurders aanvaar nie meer goedsmoeds die produkte se veiligheid nie, selfs al sou die betrokke land die produkte as veilig klassifiseer.

Scenario 4: ’n Huisagentskap gee voor dat hulle heelwat “goeie” huise te koop aanbied deur nie die “Te koop”-bordjies met “Verkoop”-bordjies te vervang nie, in ’n poging om meer kliënte te lok.

Figuur 4. Skep ’n vals indruk oor beskikbare voorraad  

Hierdie praktyk waar wanvoorstellings van voorraadvlakke gemaak is, blyk algemeen aanvaarbaar te wees tot 2011. Dit dui op onaanvaarbare bestuursetiese houdings. Sedert 2012 het bestuurders egter al meer teen die praktyk gekant geraak en vanaf 2014 toon die ondersoek dat bestuurders nou aanvaarbare etiese houdings handhaaf en nie valse indrukke oor voorraadvlakke skep nie. Wanvoorstellings van voorraadvlakke word algemeen gesien as bedrog in rekeningkundige terme aangesien dit die netto wins van ’n besigheid hoër kan laat voorkom (Jennings 2018:651). Deur ’n minder skadelike vorm van die wanvoorstellings te gebruik om die besigheid te bemark, is miskien nie onwettig nie, maar hoogs oneties, omdat die kliënt mislei word oor die skynbare vermoë van die besigheid. Sou die besigheid dus later nie in staat wees om die dienste te lewer wat misleidend voorgehou is nie, is dit gewoonlik die kliënt wat die skade ly, omdat die kliënt die bewyslas van al ses die aspekte wat wanvoorstellings daarstel, dra (SmallBusiness 2018). Dit is dus bemoedigend om te sien dat die etiese houdings van bestuurders hier skerp verbeter het en hul sulke gedrag nou afkeur. 

Scenario 5: ’n Dokter voer ’n besending nuwe medisyne in. Die medisyne is alreeds in die buiteland geregistreer, maar nog nie in Suid-Afrika nie. Hy skryf dit aan pasiënte in Suid-Afrika voor omdat hy glo dat hulle sal baat vind by die nuwe medisyne.

Figuur 5. Verskaf ongeregistreerde medisyne

Die Europese Medisyne-agentskap verwys na hierdie produkte as “Mediese produkte wat bewustelik gebruik word vir mediese toestande maar nie gemagtig is vir die gebruik nie” (Lenk en Duttge 2014:538). Hierdie definisie dek medikasie wat nie vir die betrokke siektetoestand geregistreer is nie, maar wel voorgeskryf word daarvoor, en ook medisyne wat wel geregistreer is vir die siektetoestand, maar in ander lande. Dit is dus ook nie geregistreer in die betrokke land waar dit voorgeskryf word nie. Hier dui Lenk en Duttge (2014:539) aan dat sodanige gebruik onwettig is, en dat registrasie in een land nie die gebruik van sodanige medikasie in ander lande wettig nie. Aan die ander kant erken medici dat die registrasieproses van medikasie uitgerek is, en omdat pasiënte nie die luuksheid van tyd aan hul kant het nie, reis hulle na lande waar die medisyne reeds geregistreer is. Mediese toerisme vul, volgens Lee en Kang (2018), hier die gaping tussen die ongeregistreerde medisyne en tydige behandeling van pasiënte. Tot 2014 het bestuurders hierdie scenario ondersteun en die pasiënt se belange bo plaaslike etiese en selfs wetlike vereistes gestel. Sedertdien het die etiese houdings verander, en vind die bestuurders dit nie meer ’n aanvaarbare opsie nie. 

Scenario 6: In ’n vergelykende beeldradio-advertensie toon die adverteerder duidelik hoekom sy produk beter is as sy vernaamste mededinger se produk.

Figuur 6. Mededingende advertensies

Bestuurders in Suid-Afrika ervaar die gebruik van produkvergelyking en vergelykende advertensies aanvanklik aanvaarbaar, maar sedert 2012 dink hulle dat dit nie meer aanvaarbaar is nie. Dit is belangrik om kennis te neem dat daar wel beperkende wetgewing bestaan in Suid-Afrika in beide die gemene reg en die handelsmerkwetgewing ten opsigte van die gebruik van vergelykende advertensies (Rutherford 2010:173). Vergelykende advertensies waar produkte direk met mekaar vergelyk word, is egter algemeen in die VSA en ook verskeie ander lande. Die onlangse vergelykende advertensiestryd in Amerika tussen Ford se F150-model-bakkie en die mededingende Chevrolet Silverado-bakkie wat deur General Motors vervaardig word, het steeds die sosiale media aan die gons. Eerstens het Ford beweer dat nuwe bakkies voortaan van aluminium gemaak word om die probleem van roes uit te skakel (wat by die Chevrolet Silverado voorkom wat op daardie stadium steeds van staal vervaardig is). Chevrolet het egter teruggekap deur internetinligting en videomateriaal in advertensies vry te stel waarin General Motors se toetse toon dat aluminiumlaaibakke van Ford “sag” is en maklik beskadig word deur gereedskapkaste en ander materiaal wat opgelaai word (FredBean Chevrolet 2019). (Die Silverado slaag uiteraard hierdie toetse maklik met sy staallaaibak in die advertensies.) Sosiale media het egter gou daarop gewys dat General Motors in die slaggat van die eerste vereiste van vergelykende advertensies trap omdat hul vergelykings misleidend is (Mihaela 2018:955) en die toetse nie dieselfde gedoen word op die twee bakkies nie. Dit is gevolglik niksseggende vergelykings. In Suid-Afrika word vergelykende advertensies baie beperk as bemarkingsaktiwiteit ingespan. Die wetlike beperkings, tesame met die nadeel dat ’n besigheid duur lugtyd betaal om ’n mededingende produk op beeldradio te vertoon ten einde dit te vergelyk, maak hierdie tipe advertensies ongewild. Alhoewel verdere navorsing bewys sal moet lewer dat daar meer as etiese houdings verantwoordelik is as die rede waarom bestuurders die scenario nie aanvaarbaar vind nie, is die onbruik van die vergelykende advertensies in Suid-Afrika moontlik ook ’n rede waarom die scenario onaanvaarbaar is.

7.2 Kategorie 2: Destyds aanvaarbare etiese houdings wat nog steeds aanvaarbaar is

Daar is net een scenario wat sedert 2012 tot 2019 deurgaans as aanvaarbaar geag word (met konstante tellings onder die middelpunt van 3,5). Voor 2012 was bestuur onseker, met tellings na aan die middelpunt.

Scenario 7: ’n Internasionale maatskappy deel hoër oorhoofse koste toe aan lande waar hoër belasting gehef word. Gevolglik maak daardie lande minder wins en bespaar die maatskappy belasting. Die groep maak dus meer wins.

Figuur 7. Belastingontduiking deur kreatiewe rekeningkunde

Die beginsel waarop sogenaamde kreatiewe rekeningkunde geïmplementeer word, is wettig. Dit maak gebruik van die skuiwergate in die finansiële en belastingstelsels waarbinne besighede sake doen (Rada 2014). Die vraag is egter nie of hierdie wettige praktyk op sigself oneties is nie, maar of die gevolge daarvan is dat onetiese, en self oneerlike, wanvoorstellings gemaak word. Winste word hoër geprojekteer as wat dit in werklikheid is, met die gevolg dat die aandeelhouers se welvaart wanvoorgestel word vanweë die kunsmatig hoër aandeelprys. Die maatskappy Steinhoff International se debakel wat tot gevolg gehad het dat miljoene mense spaargeld verloor het en dat pensioenfondse geërodeer is, dien hier as voorbeeld van ekstreme wanvoorstellings van winste van die maatskappy (Eaton 2017). Dit is duidelik dat bestuurders vanaf 2007 onseker is of die praktyk eties aanvaarbaar of onaanvaarbaar is. Met die uitsondering van 2016, toe die praktyk as sterk aanvaarbaar beskou is, toon die navorsing dat (veral vanaf 2012) daar tog ’n marginale houding is dat die praktyk tot aanvaarbaar neig met die tellings net benede die middelpunt van 3,5. Die tellings 3,0 (2012), 3,2 (2014), 3,3 (2017) en 3,0 (2019) is oor die afgelope agt jaar aangeteken.

7.3 Kategorie 3: Destyds onaanvaarbare etiese houding wat steeds onaanvaarbaar is

Scenario 8: Adverteer uit-voorraad beeldradio teen lae prys met die doel om klante na die winkel te lok en dan ’n mededingende beeldradio teen ’n hoër prys te probeer verkoop.

Figuur 8. Lok klante na winkel onder valse voorwendsels

Enige poging om kliënte of klante te mislei word as oneties beskou; dit sluit die gebruik van misleidende advertensies in (Ullah en Hussain 2015:50). Advertensies speel ’n belangrike rol in verbruikersgedrag, en misleidende advertensies kan nie net verbruikers die verkeerde keuse laat maak nie, maar ook veroorsaak dat die verbruiker skade kan ly. Die beginsel dat die advertensie ’n uitnodiging om te koop daarstel, of dié van caveat emptor (die koper moet op sy hoede wees) (Kagan 2019), regverdig nie die gebruik van misleidende advertensies nie (Ullah en Hussain 2015:62). Hierdie eens aanvaarbare praktyk word sedert 2012 as uiters onaanvaarbaar ervaar deur bestuurders (met die uitsondering van 2016, toe die groep bestuurders dit weer marginaal aanvaarbaar gevind het). Die bestuur openbaar dus hier ’n aanvaarbare etiese houding.

Scenario 9: Oorspronklike klerepryse word nou voorgehou as “uitverkoping”-pryse nadat die pryse twee weke tevore drasties verhoog is.

Figuur 9. Vals verwysingspryse by uitverkoping

Die verkoop van items waar valse verwysingspryse gebruik word om omset te verhoog deur verbruikers te mislei oor wat die aanvanklike verkoopprys was, het al verskeie hofsake tot gevolg gehad (Mack 2016). Amazon.com is juis in 2018 ’n stewige boete van VSA$1 miljoen opgelê nadat die Kanadese Mededingingsburo hul skuldig bevind het aan die gebruik van vals verwysingspryse (Lustigman en Spina 2018). Nieteenstaande die feit dat die prysbesluitstrategie nie in alle lande onwettig is nie, het Blair en Landon (1981:66) reeds in 1981 bevind dat vals verwysingspryse oor die algemeen as ’n onetiese besigheidstrategie beskou word. Dit is gevolglik kommerwekkend dat bestuurders in Suid-Afrika tot 2011 (en interessant ook in 2016) hierdie praktyk as ’n aanvaarbare vernuftige verkoopstrategie bejeën het. Sedert 2016 het bestuurders egter besef dat die praktyk oneties is en toon hulle ’n baie meer aanvaarbare etiese houding hieroor. 

7.4 Kategorie 4: Destyds aanvaarbare etiese houding wat nou onaanvaarbaar is of selfs na verder onaanvaarbaar neig 

In teenstelling met die tendens van die scenario’s in die eerste kategorie toon hierdie scenario ’n opwaartse neiging en dui dit op ’n onaanvaarbare etiese houding teenoor die uitbuit van skuiwergate tot eie gewin. 

Scenario 10: Nuut-ontwikkelde produkte word nie bemark alvorens al die “ou” produkte verkoop is nie.

Figuur 10. Weerhou nuwe produkte van mark om handelsredes 

Bestuur beskou die weerhou van die nuwe-model-produkte aan die mark totdat die ou model uitverkoop (ook bekend as produk-oorrol) is as ’n aanvaarbare besigheidstrategie. Sodoende word die tegnies verouderde produkte suksesvol van die hand gesit en realiseer die besigheid beter winste. Slegs die bestuurders van die jaar 2016 het die strategie as onaanvaarbaar beoordeel. Die geskiedenis het egter geleer dat die suksesvolle oorrol van produkte ’n tweesnydende swaard is. In 1983 het Ford die suksesvolle Cortina-modelle met die Sierra vervang, en groot markaandeel verloor. Die mark was nie gereed om af te sien van die Cortina nie (Billington, Lee en Tang 1998). Net so kan ’n besigheid ten prooi val tot ’n mededinger wat sy tegniese gevorderde produk bekendstel terwyl die onderneming nog sy ou produkte probeer bemark. Aan die ander kant kan die verhoogde verkope egter die verliese wat realiseer deur die huidige produk op die rakke te hou elimineer en die besigheid se markaandeel vergroot indien die nuwe produk in afwagting deur die mark opgeraap word. Die nuutste Apple iPhone 12, wat teen die einde van Oktober 2020 bekendgestel gaan word, dien hier as voorbeeld (Swider, McCann en Lumb 2020). Die etiese vraag bly egter of die verbruiker benadeel gaan word deurdat die produk in die mark vertraag word. Nieteenstaande bestuur se houding dat die scenario aanvaarbaar is, toon die tellings dat hulle nie oortuig is nie. Die nuutste tellings toon ’n marginaal onaanvaarbare houding (onder 4 maar bo die middelpunt van 3,5).

Scenario 11: ’n Selfoonmaatskappy moedig kinders aan om Kersvader te skakel met hul versoeke. Die oproepe word teen normale selfoonkostes gemaak.

Figuur 11. Advertensies wat op kinders gerig word

Advertensies wat op kinders gerig word, is onder die loep omdat kinders onder andere nie die nodige ruimteontwikkeling en onderskeidingsvermoë het om die boodskap korrek te interpreteer nie, ouer-kind-konflik aanwakker, en swak gewoontes vestig (soos die eet van lekkergoed en kitskos) (APA 2019). Tog is kinders ’n kernbelangrike verbruikersgroep wat verantwoordelik is vir $170 miljard se aankope in die VSA, met ’n verdere geraamde invloed op hul ouers se keuse van die handelsmerke van nog $30 miljard (The Guardian 2014). Ongeveer 16 000 beeldradio-advertensies word op kinders gerig. McDonald’s het byvoorbeeld in 2019 $447,3 miljoen op advertensies in Amerika spandeer (Lock 2020), waarvan 20% direk op kinders gerig was. Aan die ander kant redeneer kampvegters teen kinderadvertensies dat daar geen morele, etiese of sosiale regverdiging bestaan om advertensies direk aan kinders te rig nie (The Guardian 2014). Sommige lande, soos Swede en Noorweë, en die Kanadese provinsie Quebec het ’n verbod op kinderadvertensies, terwyl Amerika en die Verenigde Koninkryk weer selfregulerende maatstawwe ingestel het om kinderadvertensies te reguleer (The Guardian 2014). Die resultate toon dat Suid-Afrikaanse bestuurders advertensies aan kinders aanvaarbaar vind, en nie die etiese gevare daarvan in ag neem nie.

Scenario 12: Ten einde sy produkte se pryse laag te hou, verskuif ’n vervaardiger sy fabriek na ’n ander land waar arbeidskoste laer is.

Figuur 12: Verskuif fabriek om arbeidskoste te verlaag

Aanvanklik (2007 tot 2012) toon die tellings (almal onder 3) dat die bestuurders ’n sterk etiese houding handhaaf dat dit verkeerd is om ’n fabriek te verskuif ten einde produksiekoste laag te hou. Hierdie houding verander egter drasties na 2012 (met die uitsondering van 2016), waar bestuurders nou glo dat hierdie strategie ’n aanvaarde strategie is om produksiekoste te verminder. Nieteenstaande die bemoedigende syfers van 2016, toon die tendens dat bestuurders die voorgestelde scenario nou goedkeur, met relatief hoë tellings tussen 4,0 en 4,5 in 2017 en 2019. Bestuurders vind dus nou die verskuiwing van fabrieke om produksiekoste laag te hou aanvaarbaar. Hierdie siening word nie algemeen ondersteun as ’n gepaste metode om produksiekoste te bestuur nie. Dit het selfs president Trump so warm om die kraag gelaat dat hy spesiale vergaderings gehou het met die Amerikaanse motorbedryf en hulle probeer oortuig het om van hulle fabrieke terug te skuif Amerika toe vanuit ’n land soos Mexiko (Butters en Naughton 2017). 

Scenario 13: Vervaardiger beskerm ’n groot aankoper in ’n spesifieke area deur nie aan sy mededingers dieselfde produkte te verkoop nie.

Figuur 13. Selektiewe verskaffing van produkte

Die gebruik van selektiewe produkverspreidingskanale kan geregverdig wees indien die produk pas by die vereistes van selektiewe verspreiding, naamlik om sekere handelaarsnetwerke te gebruik (Bhasin 2018). Die onderneming Verimark, wat ook sy produkte by die handelswinkels Pick n Pay, Game en Makro beskikbaar stel, dien as voorbeeld. Neem egter kennis dat daar in ’n betrokke area beide of selfs al die verspreidingspunte mag wees. So kan die verbruiker dus in ’n betrokke winkelsentrum die Verimark-produkte bekom by Game, Pick n Pay en soms self ook by ’n Verimark-winkel. Daar is dus geen geografiese beskerming nie. Bestuurders het aanvanklik (2007 tot 2012) die praktyk onaanvaarbaar gevind, maar skielik in 2016 omgeswaai en die scenario meer aanvaarbaar gevind. In 2019 is hulle egter onseker of die beskerming van die verspreidingskanaal op dié wyse aanvaarbare bestuurspraktyk is.

Scenario 14: Gebruik sportsterre om niesportverwante produkte te promoveer in die hoop dat verbruikers die produkte of dienste bo dié van mededingers sal verkies.

Figuur 14. Gebruik sportsterre om produkte te onderskryf

Die gebruik van bekendes soos sportsterre om produkte te promoveer is reeds lank die gebruik wêreldwyd. Die etiese vraag is egter of hierdie verwysing of onderskrywing wel geloofwaardig en geregverdig is. So sal die onderskrywing van sporttoerusting soos ’n krieketkolf deur ’n eersterangse kolwer wel gewig dra, aangesien die onderskrywing gerugsteun word deur sy spesialis kennis van ’n krieketkolf. Die tweede etiese aspek is of die sportster die produk onderskryf omdat hy daarin glo, en of dit dalk is omdat hy betaal word om die reklameboodskap te maak; die eerlikheid van die ster se opinie is hier in gedrang (Geiger 2014). In hierdie geval word die inhoud dus deur die bemarkingsplan van die krieketkolfvervaardiger geformuleer, en nie deur die sportster self nie. ’n Besigheid kon verder doelbewus van die sportster gebruik maak tydens die formulering van die advertensie juis omdat die ster se produkkennis kan help om ’n beter advertensie daar te stel. Dit kan dus ’n ander boodskap weergee as die krieketspeler se werklike ervaring met die kolf (Fullerton 2009). Hier word die egtheid van produkonderskrywing met twyfelagtigheid bejeën. Meer twyfelagtige onderskrywings vind ook plaas. Sportsterre onderskryf soms produkte of dienste waarvan hul kennis hoogs betwyfelbaar is en sodoende maklik (onwetend) oneerlik kan optree (Geiger 2014). So het voormalige Springbokrugbyspelers al byvoorbeeld ’n mediese fonds, ’n twyfelagtige beleggingsmaatskappy en hondekos onderskryf as deel van die produkte se bemarkingsveldtog. In sulke gevalle is daar die gevaar dat die verbruiker (of aanhanger van die sportster) mislei word omdat hy die kennis van die speler vertrou om die produk te onderskryf (sportprodukte soos die krieketkolf) of bloot die ster se boodskap subjektief aanvaar (niesportprodukte soos hondekos) (Raru 2020). Dit is egter so dat sommige sportsterre wel die produkte self gebruik wat hulle onderskryf en werklik met eerstehandse kennis daarvan kan praat. Tiger Woods speel byvoorbeeld wel met die Taylormade-gholfstokke wat hy onderskryf (Tremlett 2020). Die bestuurslui het aanvanklik nie die praktyk dat sportsterre gebruik kan word in die onderskrywing van produkte aanvaar nie. Hierdie houding het egter handomkeer verander en hulle glo nou dat onderskrywing deur sportsterre wel ’n aanvaarbare besigheidspraktyk is. 

Die resultate word opsommend in Figuur 15 aangebied. Die figuur toon die gemiddelde waardes van die 14 scenario’s in 2007 teenoor 2019.

Figuur 15. Etiese houdings van bestuurslui in 2007 en 2019  

Die bestuurslui van 2019 vaar beter ten opsigte van hul beoordeling van nege van die gestelde scenario’s, maar swakker ten opsigte van die ander vyf scenario’s as die ooreenstemmende 2007-bestuurders. Opmerklik is dat daar in slegs twee gevalle min verskil is ten opsigte van die scenario’s, naamlik scenario’s 7 (belastingontduiking deur kreatiewe rekeningkunde) en 13 (selektiewe verskaffing van produkte). Verder kon bestuurslui (ten spyte van wisselende gevoelens oor die twee scenario’s) ook nie tot ’n finale gevolgtrekking kom of dit aanvaarbare of onaanvaarbare bestuurspraktyke daarstel nie. Beide scenario’s wyk ook marginaal af van die middelpunt (3,5). Dit is verder interessant dat die oorhoofse gemiddelde waardes, as algemene aanwyser van die etiese houdings, aantoon dat bestuur in 2007 (met ’n telling van 3,7) ’n minder aanvaarbare etiese houding ten toon stel as die ooreenstemmende bestuurders in 2019 (met ’n telling van 3,7). Dit wil dus lyk of Rossouw (2016) se aanvoeling dat bestuur se etiese houdings in Suid-Afrika wel aan die verbeter is, gestaaf word deur die bevindings in hierdie studie.

Die resultate van 2016 het verras. Resultate het deurgaans afgewyk van die normale tendense wat realiseer het. Hierdie “afwykings” is verder ondersoek. Eerstens is die data ondersoek, en nadat die geldigheid en betroubaarheid van die data van spesifiek 2016 bo verdenking gestel is (α≥0,70), kon die gevolgtrekking gemaak word dat daar niks skort met die data nie. Die respondente het die scenario’s meer krities beoordeel as in al die ander jare. Die vraag is: Hoekom?

In die soeke na ’n moontlike oplossing en om een of meer veranderlikes wat die bestuurders kon beïnvloed het, te identifiseer, is die ekonomiese en politiese toestande van die land ondersoek. Die tydperk laat 2015 en die eerste semester van 2016 was gepas om moontlike invloede te identifiseer wat die etiekopname in September 2016 sou kon beïnvloed het. Venter (2020) bied egter wel ’n moontlike verklaring vir die bestuurders se sienings van die scenario’s. Die jaar 2016 word in politieke terme algemeen beskou as die “swaar jaar”. Gedurende 2016 het die ANC se steun in plaaslikeregeringverkiesings geval tot 53% (die swakste ooit) met (voormalige) president Zuma aan die hoof. Dit is ook die jaar waarin verdere politieke onsekerheid geheers het omdat die Openbare Beskermer haar Nkandla-verslag gepubliseer het en Zuma in die Konstitusionele Hof skuldig bevind is aan die oorskryding van sy gesag. Figuur 16 toon positiewe ekonomiese groei (verteenwoordig deur die geel skadublokke in die grafiek) en negatiewe groei. Die figuur toon duidelik dat negatiewe groei tot ’n pessimistiese uitkyk op die ekonomie gelei het.

Figuur 16. Die MFA se saamgestelde leidingsaanwyser (CLIBI) vir die boubedryf (MFA 2019) 

Hierdie siening van pessimisme is ondersteun deur die vervaardigingsektor. Figuur 17 toon duidelik die verband tussen die ekonomiese insinking in die vervaardigingsektor waar die persentasie verandering in die groei van die Bruto Nasionale Produk (in blou) en die politieke klimaat (in rooi) aangedui word.

Figuur 17. Ware jaar-tot-jaar groei-% van die Bruto Binnelandse Produk en die politieke klimaat (Venter 2019) 

Die ekonomiese groei beweeg sywaarts en die politieke klimaat het kwartaal op kwartaal teruggesak gedurende 2016. Dit is wel interessant dat die verbetering in politieke klimaat na 2017 nie gevolg is deur ’n ekonomiese verbetering nie. Hierdie positiewe korrelasie in ekonomiese groei en die politieke klimaat kom algemeen voor in die grafiek, behalwe in 2009 en 2016. Daar is nie bewysbare direkte verwantskappe tussen die bestuurders se etiese persepsies en die politieke onsekerheid en onbevredigende stand van die ekonomie nie, maar beide hierdie invloede speel ongetwyfeld ’n rol in bestuurders se besluitneming. Sodoende kan die invloede moontlik wel ’n mate van verklaring bied vir die 2016-opname se afwykings van ander jare.

 

8. Gevolgtrekkings en samevatting

Hierdie studie strek oor 13 jaar en poog om die veranderende etiese houdings van bestuurslui te dokumenteer en te evalueer. In die longitudinale studie: 

  • het nege van die etiesebesigheidscenario’s, nieteenstaande skommelinge oor die jare, verbeter
  • het vyf etiesebesigheidscenario’s, nieteenstaande skommelinge oor die jare, verswak
  • is twee van hierdie scenario’s se veranderinge marginaal en bestuur kon na 13 jaar nog nie besluit of dié besigheidspraktyke aanvaarbaar is al dan nie. Die tellings van hierdie twee scenario’s is steeds baie na aan die middelpunttelling van 3,5.

Die resultate toon ook dat waar bestuur meer van die scenario’s in 2007 aanvaarbaar gevind het, die ooreenstemmende groep bestuurders van 2019 nou voel dat hierdie bestuurspraktyke onaanvaarbaar is. Hierdie siening word ondersteun deur die verbetering van die algehele gemiddelde waarde van 3,7 (in 2007) na 3,0 (in 2019).

Die volgende gevolgtrekkings word dus gemaak: 

  • Die ooreenstemmende groep bestuurders in 2019 is meer krities teenoor die besigheidspraktyke wat in die scenario’s gesimuleer is as hul voorgangers in 2007. Gedrag wat in 2007 aanvaarbaar geag is, is nie meer aanvaarbaar in 2019 nie.
  • Daar is egter ook vyf scenario’s wat nou as aanvaarbare besigheidspraktyk geag word. Hierdie praktyke was nie in 2007 aanvaarbaar nie.
  • Die resultate van die 2016-bestuurders wyk af van die tendense wat in die meeste scenario’s geïdentifiseer is oor die 13 jaar van ondersoek.
  • Bestuur van 2007 en 2019 verskil hemelsbreed in hul siening van wat aanvaarbare besigheidspraktyke is. Met uitsluiting van die twee marginaal verskillende scenario’s, is al die scenario’s wat in 2007 aanvaarbaar was, nou nie meer aanvaarbaar vir die 2019-bestuurders nie. Die omgekeerde is ook waar. Alles wat in 2007 onaanvaarbaar was, is nou weer aanvaarbaar in 2019.
  • Alles in ag genome is daar egter ’n positiewe verskuiwing in die houding oor wat aanvaarbare besigheidspraktyke is al dan nie. Hierdie positiewe tendens na meer aanvaarbare gedrag dui aan dat die respondente van 2019 ’n sterker etiese houding openbaar as hul voorgangers in 2007.

 

9. Waarde van die studie

Die studie verskil van die meeste etiekstudies omdat dit nie ’n oomblik in tyd vasvang nie, maar longitudinaal die verandering in die houdings van bestuur vasvang oor ’n tydperk van 13 jaar. Dit is veral waardevol omdat dit ’n aanduiding gee of die besigheidsetiek-ingrepe wat deur die jare gemaak is, wel uiteindelik vrugte afwerp. Dit dien dus as ’n barometer vir die besigheidsetiekatmosfeer waarin die hedendaagse bestuurder in Suid-Afrika kan funksioneer (Bisschoff 2018). 

Verder is dit belangrik dat houdings lank reeds gevestig is as ’n belangrike dryfveer van gedrag (Fishbein en Ajzen 1975, soos aangehaal deur Liska 1984:65). Houdings lei tot gedrag, en positiewe etiese houdings teenoor bestuurspraktyke behoort dus tot aanvaarbare bestuurspraktyke te lei. Daarom is die meting van bestuurders se houdings belangrik indien positiewe gedragsmodifikasie nagestreef word om Suid-Afrikaanse bestuurders tot beter etiese besigheidsgedrag aan te spoor (Bisschoff 2018). Die verbetering in die etiese houdings van die bestuurders oor die termyn dui ook daarop dat bewustheidsvlakke en ook die etiese houdings van bestuurders wel verbeter kan word deur verskeie bewusmakingsaksies (soos wetgewing, die King-verslae, insluiting van verpligte etiekopleiding aan tersiêre instellings, asook algemene publisiteit). Die resultate is dus bemoedigend en dui daarop dat daar wel vordering gemaak word onder Suid-Afrikaanse bestuurslui ten opsigte van wat etiese besigheidspraktyke is. Resultate ondersteun dus staats- en verskeie privaat etiese waghonde se stryd en dui aan dat sukses wel behaal word met die bewusmakingsaksies; die etiese waghonde kan dus voortgaan en hul veldtogte selfs verskerp.

Dit is egter ook teleurstellend dat Suid-Afrika, ten spyte van duidelike verbetering in etiese besigheidshoudings, elke jaar verder terugsak op die KPI. Die verbeterde etiese houdings toon nie ’n direkte positiewe korrelasie met korrupsie nie. Die resultate toon dus dat die korrupsie in die polisiemag en die politieke leierskap se etiese of onetiese gedrag enige verbetering van die besigheidslui se gedrag wat mag bestaan, oorskadu (Transparency International 2019).

Die resultate kan verder nuttig te pas kom om besighede by te staan in die formulering van etiese beleidstukke asook in interne opleiding van personeel. Net so kan tersiêre (of ander) instellings die inligting gebruik om hul formele besigheidsetiekopleiding aan studente te fokus en moontlik te herkurrikuleer.

 

10. Beperkings van die studie

Hierdie studie het een groot beperking: Dit meet houdings, en nie gedrag nie. Dit beteken dat indien ’n bestuurder nie soos Fishbein en Ajzen (aangehaal in Liska 1984:65) voorhou en hul gedrag volgens hul houdings skoei nie, die bestuurder se gedrag weliswaar anders mag wees as wat die studie voorhou. Dit beteken, in die praktyk, dat ’n bestuurder bewus mag wees dat omkopery oneties is, en selfs sterk gekant kan wees teen omkopery, maar dan tog swig en omkoopgeld aanvaar om ’n transaksie deur te voer (wetende dat dit onaanvaarbaar is). Ongelukkig blyk dit uit die voorlopige resultate van ’n opvolgstudie wat fokus op etiese gedrag van bestuurders (eerder as net op die etiese houdings), dat dit wel die geval is.

 

Bibliografie

Abratt, R., D. Nel en N.S. Higgs. 1992. An examination of the ethical beliefs of managers using selected scenarios in a cross-cultural environment. Journal of Business Ethics, 11:29–35.

Air New Zealand. 2019.  Air New Zealand. Book with confidence. https://www.airnewzealand.co.nz/book (15 Desember 2019 geraadpleeg).

APA (American Psychology Association. 2019. Report of APA task force on advertising to children. https://www.apa.org/pubs/info/reports/advertising-children (10 April 2020 geraadpleeg).

Bernstein, D. en N. Shaw. 2020. Anti-corruption in South Africa. https://globalcompliancenews.com/anti-corruption/anti-corruption-in-south-africa-2 (25 April 2020 geraadpleeg).

Bhasin, H. 2018. Marketing strategy of Siemens. https://www.marketing91.com/marketing-strategy-siemens (17 Maart 2020 geraadpleeg).

Billington, C., K.L. Lee en S. Tang. 1998. Successful strategies for product rollovers. Sloan Management Review. https://sloanreview.mit.edu/article/successful-strategies-for-product-rollovers (20 April 2020 geraadpleeg).

Bisschoff, C.A., S. Fullerton en C.J. Botha. 2008. Examining the ethical predisposition of the next generation of graduates in the Republic of South Africa. Port Elizabeth: Business School Partners Network.

—. 2014. An attitudinal analysis of different groups of managers towards business ethics in South Africa. Journal of Social Sciences, 40(3):385–95.

Bisschoff, C.A., S. Fullerton en D. Moore. 2005. Examining the ethical predisposition of the next generation of business leaders in China and the Republic of South Africa. South African Journal for Economic and Management Sciences, 11(2):157–71.

Bisschoff, C.A. en R.A. Lotriet 2012. Factor identification in managerial ethics. African Journal of Business Management, 6(43):10741–9.

Bisschoff, C.A. en A.I. Moolla. 2015. ’n Vereenvoudigde model om handelsmerklojaliteit van vinnig-bewegende gebruiksgoedere te meet. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 55(4):652–64.

Blair, E.A. en E.J. Landon. 1981. The effects of reference prices in retail advertisements. Journal of Marketing, 45(2):61–9.

Brand-Jonker, N. 2019. Markus Jooste dealt a blow in R740m court case. https://www.news24.com/fin24/Companies/Retail/markus-jooste-dealt-a-blow-in-r740m-court-case-20191002 (12 Julie 2020 geraadpleeg).

Butters, J. en K. Naughton. 2017. Trump’s made-in-America car campaign hasn’t spurred investment. https://www.bloomberg.com/news/articles/2017-09-27/trump-s-american-auto-campaign-begets-below-average-investment (10 April 2020 geraadpleeg). 

Colopy, J. 1995. Poisoning the world. https://escholarship.org/content/qt7c287495/qt7c287495.pdf (1 Mei 2019 geraadpleeg).

Craven, P. en C.A. Bisschoff. 2011. ’n Vergelykende studie van etiese persepsies tussen bestuur en werknemers binne die produksieafdeling van ’n multinasionale landboumaatskappy. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 51(3):354–72.

De Klerk, D. 1996. Stewardship in the economic and management sciences. Potchefstroom: PU vir CHO.

Eaton, T. 2017. The Steinhoff debacle – the biggest fraud in SA history. https://www.dailymaverick.co.za/opinionista/2017-12-13-the-steinhoff-debacle-the-biggest-fraud-in-sa-history (26 Februarie 2019 geraadpleeg).

Eyewitness News (EWN). 2020. Dis-Chem charged for inflating prices during Covid-lockdown. https://ewn.co.za/2020/04/23/dis-chem-charged-for-inflating-prices-during-covid-19-lockdown (27 April 2020 geraadpleeg).

Ellis, S. 2020. Statistiese konsultasiedienste. Potchefstroom: Noordwes-Universiteit.

Field, A. 2009. Understanding statistics using SPSS. Londen: Sage.

FredBean Chevrolet. 2019. Silverado steel body versus F15-aluminium body. https://www.fredbeanschevrolet.com/silverado-steel-body-vs-f-150-aluminum-body (10 April 2020 geraadpleeg).

Fullerton, S. 1993. The ethical predisposition of our next generation of business and community leaders. Chicago, Illinois: Atlantic Marketing Association.

—. 2009. Sports marketing. Londen: McGraw-Hill.

Fullerton, S. en C.A. Bisschoff. 2013. Ethical predisposition of business students: Using the results from 12 countries to compare attitudes on six continents. Mahé: International Business Conference.

Fullerton, S. en L. Neale. 2008. Comparing the ethical predisposition of university students in five English-speaking countries: An examination of 14 questionable consumer actions. Society of Marketing Advances, 51:193–4.

Fullerton, S., C.A. Bisschoff en Z. Fields. 2017. A look at the ethical predisposition of future South African business leaders regarding potential misbehaviour on both sides of the buyer-seller dyad. Louisville, Kentucky: Society of Marketing Advances.

Fullerton, S., C.A. Bisschoff en D.L. Moore. 2008. Examining the ethical predisposition of the next generation of business leaders in China and the Republic of South Africa. South African Journal of Economic and Management Sciences, 11(2):157–71.

Geiger, M. 2014. When celebrity endorsements aren’t ethical. https://www.linkedin.com/pulse/20140706221245-50642561-when-celebrity-endorsements-aren-t-ethical (12 Maart 2020 geraadpleeg).

Gordhan, P. 2017. National Budget Speech. http://www.gov.za/speeches/minister-pravin-gordhan-2017-budget-speech-22-feb-2017-0000 (15 Julie 2017 geraadpleeg).

Guzman, C.G. 2016. Deontology vs utilitarianism, the eternal battle. https://sites.psu.edu/psy533buban/2016/02/05/l03-deontology-vs-utilitarianism-the-eternal-battle (12 Julie 2020 geraadpleeg). 

IOD (Institute of Directors). 1994. King Report on corporate governance. Johannesburg: Institute of Directors.

Jennings, M.M. 2018. Business: its legal, ethical and global environment. New York: Cengage.

Jondle, D. en A. Ardichvili (reds.). 2017. Ethical business cultures in emerging markets. Cambridge: Cambridge University Press.

Kagan, J. 2019. Caveat emptor. https://www.investopedia.com/terms/c/caveatemptor.asp (10 Mei 2019 geraadpleeg).

Kaitaki, J.G. 1984. Domestically banned products: for export only. Journal of Public Policy & Marketing, 3:125–34. 

Kumar, D. en L. George. 2017. Why consumers pay the price for hurricane fuel shortages. https://www.reuters.com/article/us-storm-harvey-gasoline-storage-analysi/why-consumers-pay-the-price-for-hurricane-fuel-shortages-idUSKCN1C10EF (10 Mei 2019 geraadpleeg).

Lee, D. en C.-Y. Kang. 2018. Medical tourism: focusing on patients’ prior, current, and post experience. International Journal of Quality Innovation, 4(4). https://www.researchgate.net/publication/327604940_Medical_tourism_focusing_on_patients%27_prior_current_and_post_experience (22 April 2020 geraadpleeg).

Lenk, C. en G. Duttge. 2014. Ethical and legal framework and regulation for off-label use: European perspective. Therapeutics and Clinical Risk Management, 10:537–46.

Liska, A.E. 1984. A critical examination of the causal structure of the Fishbein/Ajzen attitude-behavior model. Social Psychology Quarterly, 47(1):61–74.

Lock, S. 2020. McDonald’s Corporation’s advertising costs from 2014 to 2019. https://www.statista.com/statistics/286541/mcdonald-s-advertising-spending-worldwide (20 April 2020 geraadpleeg).

Lumsden, J. en O. Fatoki. 2013. An investigation into the attitudes of business and non-business university students towards business ethics in South Africa. Anthropologist, 15(3):249–54. 

Lustigman, A. en M. Spina. 2018. Deceptive pricing: Unlawful trickery or skilful selling. https://www.consumerwatchdog.org/news-story/deceptive-pricing-unlawful-trickery-or-skillful-selling (16 April 2020 geraadpleeg).

Mack, S.J. 2016. Retailers accused of false reference pricing. https://www.thebaynet.com/articles/1216/retailers-accused-of-false-reference-pricing.html (10 April 2020 geraadpleeg).

Maughan, K. 2020. Court dismisses Jacob Zuma’s bid to appeal ruling in corruption case. https://www.timeslive.co.za/news/south-africa/2020-03-13-court-dismisses-jacob-zumas-bid-to-appeal-ruling-in-corruption-case (23 April 2020 geraadpleeg).

Medium-term Forecast Associates (MFA). 2019. Quarterly report on building costs – CLIBI Index. https://mtfa.co.za/services.php#clibi (25 April 2020 geraadpleeg). 

Mihaela, M. 2018. Comparative advertising. Marketing Management, 4:955–8.

Moore, R.S. en S.E. Radloff. 1996. Attitudes towards business ethics held by South African students. Journal of Business Ethics, 15:863–9.

Mpinganjira, M., M. Roberts-Lombard, G. Wood en G. Svensson. 2016. Embedding the ethos of codes of ethics into corporate South Africa. European Business Review, 28(3):333–51.

Nel, D., L. Pitt en R. Watson. 1989. Business ethics: defining the twilight zone. Journal of Business Ethics, 8:781–91.

NYTimes. 2020. South African court issues warrant for Jacob Zuma’s arrest. https://www.nytimes.com/2020/02/04/world/africa/south-africa-jacob-zuma-warrant.html (12 Julie 2020 geraadpleeg).

NZ Herald. 2019. Travel chaos in South Island as flights cancelled and roads cut off. https://www.nzherald.co.nz/nz/news/article.cfm?c_id=1&objectid=12291929 (19 Februarie 2020 geraadpleeg).

Oxford Reference. 2020. Overview: Business ethics. https://www.oxfordreference.com/view/10.1093/oi/authority.20110803095538143 (22 April 2020).

Parkin, R. 2017. Lumber prices surge as Irma threatens mills. https://www.wsj.com/livecoverage/hurricane-irma/card/1504889661 (3 Maart 2019 geraadpleeg).

Peterson, R.A. 2001. On the use of college students in social science research: Insights from a second-order meta-analysis. Journal of Consumer Research, 28:450–61.

Rabinowitz, A.N. 2014. Crime and supermarket locations: Implications for food access. Connecticut: University of Connecticut.

Rada, D. 2014. Creative accounting and tax evasion. In Analele Universitatii ”Eftimie Murgu” Resita. Fascicola Studii Economice, II:315–9.

Rapule, S., C.A. Bisschoff en C.J. Botha, 2013. Changes measured in the ethical predisposition of the next generation of business leaders in the Republic of South Africa: 2007 versus 2011. Mahé: International Business Conference.

Raru. 2020. New optimizer dry dog food. https://raru.co.za/pets/news/8185-new-optimizor-dry-dog-food-save-30-on-bundle (24 April 2020 geraadpleeg).

Rossouw, D. 1994. Business ethics in developing countries. Journal of Business Ethics, 4(1):43–51.

—. 1997. Business ethics in South Africa. Journal of Business Ethics, 16(14):1539–47.

—. 2016. Ethics and corporate governance. Special report on ethics. Pretoria: Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters.

—. 2017. Business ethics in South Africa. In Jondle en Ardichvili (reds.) 2017.

Rossouw, G.J. 2005. Business ethics and corporate governance in Africa. Business and Society, 44(1):94–106.

Rossouw, G.J., A. van der Watt en D. Malan. 2002. Corporate governance in South Africa. Journal of Business Ethics, 37(3):289–302.

Rutherford, B.R. 2010. Trademarks and comparative advertising. Comparative and International Law Journal of Southern Africa, 43(2):173–89.

SA State Capture. 2020. The Judicial Commission of Inquiry into allegations of state capture. https://sastatecapture.org.za (22 April 2020 geraadpleeg).

SA (Suid-Afrika). 1999. Wet op Publieke Finansiële Bestuur (PFMA), no. 1 van 1999. Pretoria: Staatsdrukker.

—. 2000. Wet op Beskerming van Openbaarmaking, no. 2 van 2000. Pretoria: Staatsdrukker.

—. 2001. Wet op Finansiële Intelligensiesentrum (FICA), no. 38 van 2001. Pretoria: Staatsdrukker.

—. 2003. Wet op Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur (MFMA). Pretoria: Staatsdrukker.

—. 2008. Die Maatskappywet, no. 71 van 2008. Pretoria: Staatsdrukker.

SmallBusiness. 2018. Fraudulent misrepresentation. https://smallbusiness.findlaw.com/business-laws-and-regulations/fraudulent-misrepresentation.html (20 April 2020 geraadpleeg).

Swider, M., J. McCann en D. Lumb. 2020. Best iPhone 2020: Which Apple phone is best? https://www.techradar.com/news/best-iphone (22 April 2020 geraadpleeg).

The Conversation. 2017. “Ethics dumping” – the dark side of international research. https://theconversation.com/ethics-dumping-the-dark-side-of-international-research-88675 (10 Maart 2019 geraadpleeg).

The Guardian. 2014. The tricky business of advertising to children. https://www.theguardian.com/sustainable-business/advertising-to-children-tricky-business-subway (20 April 2020 geraadpleeg).

—. 2019. New Zealand storms: 1 000 foreign tourists stranded as floods cut off towns. https://www.theguardian.com/world/2019/dec/08/new-zealand-storms-tornado-warning-issued-as-floods-cut-off-towns (18 Januarie 2019 geraadpleeg).

Transparency International. 2019. The 2019 Global Corruption Report. https://www.transparency.org/cpi2019 (15 April 2019 geraadpleeg).

Tremlett, S. 2020. Tiger Woods – what’s in the bag? https://www.golf-monthly.co.uk/gear/gear-news/tiger-woods-whats-in-the-bag-2-123712 (24 April 2020 geraadpleeg).

Twin, A. 2019. What is competitive advantage? https://www.investopedia.com/terms/c/competitive_advantage.asp (24 April 2020 geraadpleeg).

—. 2020. What is business ethics? https://www.investopedia.com/terms/b/business-ethics.asp (24 April 2020 geraadpleeg).

Ullah, N. en M. Hussain. 2015. Impact of unethical advertising, misleading information or deceptive advertising on customer purchasing intention with mediating effect of word of mouth: Case of Pakistan. International Journal of Innovation and Economic Development, 1(4):49–69.

Van Zyl, E. en K. Lazenby. 1999. Ethical behaviour in the South African organizational context: essential and workable. Journal of Business Ethics, 21(1):15–22.

Venter, T.P. 2017. The political economy of ambiguity. Centurion: SACOTA-AJV (PowerPoint-aanbieding). https://sacota.co.za/wp-content/uploads/THEO%20VENTER%20-%20SACOTA%20AGM%202017.pdf (25 April 2020 geraadpleeg).

—. 2020. Persoonlike onderhoud: Die invloed van politieke onsekerheid op bestuursbesluite. Potchefstroom: Noordwes-Universiteit.

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post ’n Ontleding van Suid-Afrikaanse sakebestuurders se etiese besigheidsbesluitneming: Tendense van 2007 tot 2019 appeared first on LitNet.

An analysis of the ethical attitudes of South African business managers with regard to ethical business decision-making: Trends from 2007 to 2019

$
0
0

Abstract 

This study reports on a decade’s trends (2007 to 2019) of South African managers’ ethical predispositions about business decisions. The literature basis of the study deals with defining business ethics in South Africa from the recent past, up to 2019; with the contentious issue of using student groups as populations; and then also particularly ascertained the suitability of experienced part-time managers in training (or retraining) as a population for business studies. Here, sufficient evidence cleared the population for a focused study such as this. The empirical study analysis data were collected annually over the 13-year period from managers who enrolled at a South African business school. These managers aimed to further improve their managerial qualifications by studying towards an MBA degree, or entered into executive education programmes on the South African National Qualification Forum at level 6 or higher; typically, students attending the Advanced Management Programme qualify. A total of 1 929 managers formed part of this longitudinal study. The questionnaire postulated 14 questionable company business decisions, and the respondents had to evaluate each decision along ethical lines. Their ethical predispositions towards the questionable business decisions were recorded on a balanced 6-point scale, where 3,5 served as the neutral predisposition. A Cronbach alpha coefficient of 0,895 ensured high reliability and internal consistency which shows that the data could be analysed confidently. The American questionnaire designed by Fullerton in 1993 was used because this questionnaire has been internationally validated on six continents and in 12 countries while it was also independently revalidated for use in South Africa in 2010 and 2019 to collect business ethics data. The data were captured and analysed by the Statistical Consultation Services at the North-West University. The trend analysis shows that, in general, a total of nine business scenarios displayed unacceptable ethical attitudes by the managers in 2007, while five business scenarios displayed acceptable ethical attitudes. Two scenarios were marginal and the managers could not make up their minds whether they were acceptable or unacceptable. (This is still true for these two scenarios in 2019.) Regarding analysis of the individual scenarios, four different classifications were applied. These are: (1) unacceptable in 2007, but acceptable in 2019; (2) acceptable in 2007, and remaining so in 2019; (3) unacceptable in 2007 and remaining unacceptable in 2019; and (4) acceptable in 2007, but unacceptable in 2019. A total of six scenarios were characterised as belonging to the first category. All of these scenarios improved. Trendwise they are similar and show an improvement of ethical attitudes among managers with regard to their ethical business decision-making. Regarding the second category, only one scenario indicated acceptable ethical attitudes by managers back in 2007, which remained so. They deal with “dodging tax by using creative accounting”. This scenario shows that managers deem this behaviour to be acceptable; however, they seem to find this much more acceptable in 2019 than they did in 2007! This means the attitudes of the managers at present towards this scenario are pointing towards acceptance of such actions, and consequently more towards unethical business practices. Although only one scenario applies, it is still categorised as an unethical practice and this is cumbersome. The third category presents unacceptable ethical attitudes in 2007, which remained unacceptable in 2019. Two scenarios fall into this category, namely “false reference pricing” and “advertising out-of-stock products cheaply to draw customers into the shop”. The final category is cumbersome as it presents scenarios that were acceptable in 2007, which are now deemed to be unacceptable. This shows that there is a deterioration in ethical business attitudes. A total of five scenarios turned to the dark side in the past 13 years. Here, the results show that the practice of “withholding to launch new products in the market until the inventory of the old model is cleared”, “advertising to children”, “moving a factory to a low-cost country to save on production cost”, “using selective distribution to protect large retailers” and “using sports stars to endorse products” are all now deemed to be acceptable. Interestingly, the results also show that the 2007 managers are an inverse mirror image of the 2019 managers with regard to their attitudes towards ethical business dealings. The 13-year longitudinal study measures the ethical predispositions of managers over time with regard to companies’ business decisions. This provides a trend of what managers deem ethical business behaviour to be, and consequently provide an insight into their business decisions as company representatives. This means that business decisions can be positively influenced ethically if the predispositions of managers show an inclination towards ethical business practices. To do so, the quantification of ethical predispositions provides a baseline or barometer of the business ethical decision-making by South African managers when they have to make a business decision on behalf of their company. The study comes to the following conclusions on the business ethics scenarios based on the longitudinal analysis of 13 years: (1) Nine of the ethical scenarios improved over the 13 years, but (2) five of the scenarios deteriorated; (3) two scenarios remained an uncertainty for managers. After 13 years these scenarios still have scores close to the midpoint (3,5). This means that in 2007 more of the scenarios were deemed acceptable business practices and this points towards a more questionable ethical attitude in 2007 than in 2019. This view is quantitatively supported by the mean scores of the managers in 2007 (3,7), which is higher than the mean score of the managers in 2019 (3,0). 

Regarding the overall study, the following conclusions are reached: (1) The managers of 2019 are more critical than their 2007 counterparts regarding what acceptable business practices are. (2) The results of 2016 deviate from the rest of the longitudinal data; political constraints and the economic situation in South Africa could have played a part in this deviation. (3) All in all, the country has made progress in terms of managing towards more ethical and acceptable business practices.

Keywords: attitude; business; decision-making; ethical; ethics; longitudinal; managers; scenarios; trend; unethical

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans

’n Ontleding van Suid-Afrikaanse sakebestuurders se etiese besigheidsbesluitneming: Tendense van 2007 tot 2019

The post An analysis of the ethical attitudes of South African business managers with regard to ethical business decision-making: Trends from 2007 to 2019 appeared first on LitNet.


Sean Connery, veelsydige superster

$
0
0

Sean Connory (bron: https://en.wikipedia.org/wiki/Sean_Connery#/media/File:SeanConneryJune08.jpg)

Hy het stewige kompetisie van die supersterre van die sestigs gehad, want dit was die era van volbloedmanne met yster in hul baarde soos Clint Eastwood met die skrefiesoë wat manlikheid versinnebeeld het deur net twee of drie woorde te uiter. Cary Grant was sjarmant maar dikwels stug in sy manlikheid; die selfbewuste maar charismatiese Steve McQueen het in sommige films, soos Nevada Smith (1966), ’n houding aan hom gehad wat gewaarsku het: "Moenie met my foeter nie. Ek is ’n man van aksie"; die dramatiese, soms brommende Marlon Brando het soms groter geraak as die rolle wat hy vertolk het; en Charles Bronson het so uitdrukkingloos en vierkantig soos ’n aambeeld gelyk.

Ook John Wayne se ikoniese skaduwee as man der manne het soos ’n donderwolk oor hierdie era gehang, want al het hy elke rol dieselfde gespeel met ’n stram sangerigheid, was hy die man wat elke akteur wou wees, en selfs nageboots het.

Toe Sean Connery in die vroeë sestigs op die toneel kom, het hy ’n nuwe kleur, gemaklikheid, charisma en ’n sensuele kwaliteit aan volbloed manlikheid gegee wat destyds gekort het en waarvoor akteurs versigtig was. Hulle wou nie as "weerloos" of "sag" getipeer word nie. Connery kon glimlag terwyl hy ’n sigaret aansteek, ’n kwinkslag kwytraak en ’n skurk bokveld toe jaag. Hy was ook berug om dubbelsinnige kwinkslae, waarmee net hy weggekom het, wanneer hy ’n skoonheid gewaar het en haar met ’n klik van ’n aansteker die lakens laat wegtrek het. Sean was nonchalant onbewus van sy krag en vreeslose, manlike baldadigheid. Hy was die manlikste ster van sy tyd sonder dat hy dit forseer het.

Anders as die liggewig akteurs van vandag, wat dikwels lyk of hulle meer vogroom aanwend as wat hulle manlike take uitvoer, het Connery die karakters vol gesit wat hy gespeel het sonder om, soos Tom Cruise, te hard te probeer. Connery het manlikheid versinnebeeld omdat hy min met die Hollywoodse toneelspelbrigade te doen gehad het, ook nie deur Amerikaanse toneelspelskole beïnvloed is nie, en net natuurlik en ongedwonge was. Want sommige skole het akteurs lastige maniërismes aangeleer, en daaraan het Connery geen erg gehad nie. Daarom het vroue hom begeer en was mans tuis in sy silwerskermgeselskap.

Connery het in haglike toestande in Edinburgh grootgeword waar hy aartappels en melk in die donker in ’n yskoue stad vir arm mense moes aflewer. Daardie skurwe voetjies met die barsies onder het hom gebrei. En dit het iewers bly vassteek gedurende sy loopbaan in die vloot, as lewensredder, model en akteur. Hy het selfs doodskiste gepoleer en nooit vergeet hoe dit was om swaar te kry nie. Hy het terloops ook ’n tweede prys in die Meneer Heelal-kompetisie gewen.

Sy vriend, die akteur Billy Connelly, som dit raak op deur te sê: "He doesn’t ever differentiate between the milkman and the star."

Dit is wat hom so natuurlik gemaak het. Hy het geen affektasies gehad nie, nog minder aangeleerde en selfbewuste tegnieke soos sommige van sy eweknieë. Hy het ’n rol met nugterheid, insig en intelligensie aangepak, gesorg dat hy by die hart van die karakter uitkom en dit dan eerlik oorgedra. "Hy was a no bullshit kind of guy," het sy medespelers altyd gesê.

Van vroeg af was hy individualisties en vreesloos, iets wat min akteurs van daardie tyd was, want sommige is gepamperlang sodat ateljees hulle kon besit en telkens dieselfde soort rolle kon gee. Nie hierdie bul nie! Connery was die een (en dalk enigste!) akteur wat ooit die grote Alfred Hitchcock getroef het, ’n regisseur wat gewoond was aan dieselfde soort akteurs, maar wat lakeie was wat elke opdrag van hom slaafs uitgevoer het. Dink aan spelers soos James Stewart en Cary Grant. Maar hulle was Hitchcock-klone.

Toe Hitchcock die jongeling (vars van Dr No, 1962), die hoofrol in Marnie (1964) aanbied, het Connery voorwaardes gestel wat Hitchcock in sy spore laat vassteek het: Eerstens wou Sean eers die draaiboek lees; toe het hy sy eie interpretasie van die karakter gehad en het hy met voorstelle gekom. Van hier af het Hollywood besef: Jy neuk nie met hierdie Skot nie. Hy is nie uit die Hollywood-worsmasjien gedraai nie.

Dit was dalk die Skotse bloed wat so viriel deur sy are gevloei het wat hom so individualisties gemaak het – iets wat min akteurs van daardie jare gehad het. ’n Mens het na die akteurs Montgomery Clift, Paul Newman of Marlon Brando gaan kyk, nie noodwendig die karakters nie (al was baie van hul vertolkings goed). Daarom het Connery Hollywood ’n dwarsklap gegee met sy onkonvensionele, vars uitbeelding van Ian Fleming se James Bond, ’n karakter wat maklik ’n stereotipe kon word.

"Ek maak dinge so eenvoudig as moontlik," het Connery op stel gesê. Vandaar sy volkome gemaklikheid met Bond, ’n groter-as-die-lewe-self-karakter wat Connery as ’n mens uitgebeeld het, ernstig opgeneem het (al was hy nie juis dol oor die karakter nie) en die nonchalante vonkel-in-die-oog-kwaliteit wat hy na die spioen gebring het. Sy glimlag was net duskant sy mou.

Hier was ’n man wat kon bang word, ’n vodka-Martini "shaken, not stirred" gedrink het, en met gesag, maar vasberadenheid skurke uitgewis het nadat hy self byna sy kroonjuwele in ’n film verloor het.

Maar hy het van sy James Bond-beeld probeer vlug. Eerstens het hy vriende gebly met die werkersklas op die skeepswerwe in Skotland en het opgemerk dat hulle soms in dieselfde slegte toestande waaronder hy destyds gewerk het, steeds hul dagtake moes verrig. Daarom het hy, op die kruin van sy roem, ’n sterk-aanvallende dokumentêr gemaak wat politieke en sosiale kommentaar gelewer het en fabrieksbase aangevat het: The bowler and the bonnet in 1965.

Jare later sou Connery die eerste Skot in 20 jaar wees aan wie die vryheid van Edinburgh toegeken is, wat selfs prins Charles 20 jaar gelede ontsê is!

Hy speel in The Molly Maguires (1980) ’n steenkoolmyner wat in opstand kom teen die haglike omstandighede waaronder hy in 1876 moes werk, en ’n hardebaard polisieman wat ’n kindermolesteerder agtervolg, byt tot hy gil van pyn en toe arresteer in The offence (1973). Nie een van hierdie films het geld gemaak nie, maar het elkeen die stempel van individualiteit en ’n sosiale gewete en politieke kritiek van Connery gedra. As ’n man beneuk was oor sekere toestande en oortredings, moes hy praat!

Connery was twee keer getroud. Sy tweede vrou was die enigste vrou wat hom verstaan het. Sy was bewus van die kritiek dat vroue in sy rolprente soms onverantwoordelik en swak behandel is en bloot as versierings opgetree het. Dit het haar gehinder. Micheline Roquebrune Connery het nie geskroom om voorwaardes te stel wat die donker basstem soms stilgemaak het nie.

Om die huwelik te laat werk, het sy drie keer per jaar ’n lys opgestel oor dinge wat die ster gedoen het (ook in sy films) wat haar pla, dan gee sy hom opdrag om daaraan te werk.

Maar sy was ook simpatiek, want agter die macho fasade was daar "’n man wat beskerming nodig gehad het" volgens haar. Daarom het hulle na Spanje verhuis, sodat hulle "darem in die straat kon loop en Sean nie bestorm is deur duisende aanhangers nie". Dit het veral gebeur nadat hy teësinnig teruggekeer het na die rol van Bond in Never say never again (1982), ’n ironiese titel. Want hierna het Connery gesweer: nooit weer nie. Hy het vir twee en ’n halwe jaar geen noemenswaardige rolprent gemaak nie en sy aandag aan sy gesin gegee voor Highlander in 1986 en toe, in dieselfde jaar, The name of the rose. Daardie rolle was so ver van Bond as wat hy kon kom.

 

Never say never again het hom laat besin oor die soort rolle wat hy gekies het. Sy vrou beskryf hierdie rustydperk in sy Spaanse huis as "’n kliniek waarin my man gesond kon word". Dit terwyl sy baie portrette van hom geskilder het en hom geduld geleer het. Connery brom in ’n onderhoud dat hy dit bitter moeilik gevind het om so lank stil te sit, maar vir sy vrou sou hy dit doen. Sy was een van die weinige mense wat hom van sekere lastige gewoontes kon laat afsien.

Van sy medesterre verduidelik wat hom so laat uitstaan het van sy nuwe tydgenote in die negentigs. In The hunt for Red October (1990) het Alec Baldwin verklaar dat Connery so oorweldigend was "dat ek soos ’n stuk meubel gevoel het". Connery het in ’n rol ingestap en dit moeiteloos vertolk, sonder die fieterjasies van moderne sterre wat ure lank geneem het om in karakter te kom (dink aan Dustin Hoffman).

Connery het sy woorde geken en daarna met die span agter die kameras gaan gesels, in plaas van om alleen in sy karavaan te sit en tob of spesiale behandeling te eis. Toe ’n joernalis aan hom vra hoe hy vir ’n rol voorberei, het hy gesê: "If you’re an emotional cripple, you’re not going to be much use to anybody else."

Sy rolle was sedert Bond altyd uiteenlopend: die avontuurlike The man who would be king (1975); The Great Train Robbery (1978), waarin hy ’n skurk met sjarme en menslikheid gespeel het; en The hunt for Red October (1990).

In artikels verklaar hy dat hy Bond anders gespeel het as sy tydgenote wat destyds soortgelyke rolle aangedurf het. "The key ingedient was humour, a way out of the dreary kitchen sink drama, and humour balanced nicely with the constant threat of death as a defence mechanism."

Vergelyk ’n mens hom met vandag se akteurs, is daar bitter min manne wat so gemaklik in hul velle sit. Daniel Craig is een van hulle. Hy boots Connery nie na nie, maar het dieselfde gesag, maar op sy eie manier. Liam Neeson het manlikheid met vasberade gesag en ’n growwe, onafgewerktheid oorgedra, maar tog ook ’n nonchalante gemaklikheid gewys. Dit teenoor die lig-in-die-broek seuntjies wat hemde uitpluk wanneer ’n koevert oopgemaak word. Dink aan vele, fraai televisiehelde wat manlik probeer lyk, seuntjies wat hul broeke probeer volsit in hardebaard rolprente en so hard probeer macho wees dat hulle karikature word, en lieflike gesiggies wat nie kan toneelspeel nie.

Sommige van vandag se liggewiggies probeer net te hard om te registreer en val tussen die krake deur, met die uitsondering van nog ’n Skot wat sy rolle met gesag en manlike gemak speel: Richard Madden in Bodyguard (2019). Hier is een van die min akteurs wat ’n manlike spontaniteit en beheersing met oortuiging kan oordra sonder om iemand na te boots.

Natuurlik is daar nóg manne wat in Connery se spore kan volg, soos Jake Gyllenhaal en Ryan Gosling, maar min wat met net een sin (of in Connery se geval, daardie dik-soos-wol s-klank) ’n man vernuftig kon laat resoneer.

Hy was "die grootste Skot van sy tyd", volgens die Sunday Herald, en is ook deur koningin Elizabeth tot ridder geslaan. Hy was selfs in haar teenwoordigheid gemaklik en nie geïntimideer nie, want sien, die negejarige kaalvoetseuntjie moes nog ’n paar aartappels op sy rondes gaan aflewer nadat hy tot ridder geslaan is.

Connery was gemaklik met sensuele, sexy tonele, waar ander akteurs soos Richard Burton soms styf en geforseerd-bombasties in sommige rolle was, of bloot verveeld gelyk het, en Oliver Reed buite beheer geraak het en geneig was om op een speltoon te hamer. Connery kon met ’n vonkel in die oog vir homself lag, alhoewel nie so dawerend wenkbroutrillend en selfvertroetelend soos Roger Moore nie.

Dalk het Cate Capshaw Connery se sjarme die beste verduidelik toe sy verduidelik het dat ’n mens nie kon ophou om na hom te kyk nie. Volgens haar het hy ’n kombinasie van krag, intelligensie en kragdadigheid gehad. Hy was manlik, ’n denker, intelligent en (het sy met ’n glimlag bygevoeg) "so mooi om na te kyk".

Een van sy bekendste kwinkslae uit ’n James Bond-film wat al dikwels aangehaal is, is toe Bond vir Honor Blackman in Goldfinger (1964) vra wie sy is en sê sy: "My name is Pussy Galore", waarop hy met ’n gesig waardeur daar maklik vier gewaarwordings in ’n sekonde gegaan het, geantwoord het: "I must be dreaming!" En dit is daardie soort humoristiese onopmerklike knipoog aan die gehoor wat hom so besonders gemaak het en wat niemand hom eintlik kon nadoen nie. Hy het dikwels nie woorde nodig gehad nie; sy oë en die uitdrukking daarin het die dialoog verskaf wat in elk geval deur baie mans se breine geflits het. Dit was een van sy mees uitstaande kenmerke – die knipoog aan die gehoor sonder om ’n spier te vertrek.

Die man met "Scotland forever" op sy arm getatoeëer is Saterdag in die ouderdom van 90 oorlede. Ons lig ’n glasie met ’n olyf in op hom: shaken, not stirred.

 

The post Sean Connery, veelsydige superster appeared first on LitNet.

Verkeerd-om reg

$
0
0

Foto van die vlag van die VSA: Pixabay

Die oumense het altyd gepraat van goed wat verkeerd-om reggemaak word. Ek het nog altyd verstaan dit beteken die regte doel is op die verkeerde manier behaal, iets wat moreel bevraagteken word.

In ’n bespreking oor morele filosofie ’n klompie jare gelede het die vraag opgekom of dit aanvaarbaar is om die resultate van die mediese eksperimente wat deur Hitler se wetenskaplikes op Joodse gevangenes gedoen is, te gebruik om medisyne te vervaardig. Dit was ’n hete bespreking.

Vir ons klas was dit natuurlik ’n suiwer akademiese  bespreking. Die Sjoa is ver genoeg in die verlede dat dit ons nie direk geraak het nie, en daar was nie een enkele Jood in die klas nie. Maar in hierdie eerste week van November 2020 is daar heelparty relevante hedendaagse morele vrae wat gevra kan word. Ons politieke landskap is skynbaar aanmekaargeflans van  besluite wat verkeerd-om reg is.

Die Amerikaanse verkiesing word hierdie week beslis. Maak nie saak wie wen nie, die afgelope aantal jare het die foutlyne in die Amerikaanse samelewing duideliker as ooit uitgewys. En dit maak saak vir ons, want dieselfde foutlyne bestaan ook by ons. Wanneer video’s vrygestel word waarin kiesers geïntimideer word, kan ons maar net die spieël ophou na wat hier by ons gebeur. Volgende jaar is daar tussenverkiesings by ons. Wanneer laas het ons verkiesing gehou sonder dat iemand probeer om kiesers te intimideer?

Natuurlik dink almal hulle party moet wen, maar is wen ten alle koste regtig die enigste keuse wat ons kan maak?

Die afgelope naweek het die DA, ons land se amptelike opposisie, hul kongres gehou. As die besluite en uitlatings wat daar gemaak is, ’n ware weerspieëling is van die siel van die opposisie, dan kan die regerende party maar met ’n geruste hart gaan slaap. Soos Patricia de Lille op een stadium gesê het, “The DA is busy destroying themselves. Let’s leave them in peace to do it.” Natuurlik is dit die opposisie se goeie reg om die leiers te kies wat hulle wil, maar wanneer hulle keuses die weg baan vir meer radikale partye om hulle te vervang, is dit nie verkeerd-om reg nie?

Wanneer die Minister van Finansies in sy mediumtermynbegroting verkies om instansies wat alreeds in ’n koma is, kunsmatig aan die lewe te hou, maak dit sin? Die redenasie dat dit goedkoper is om vir SAL ’n reddingsboei te gooi eerder as om die lyk te begrawe , maak nie meer sin nie. R18 miljard om skuldeisers te betaal teenoor R10 miljard om ’n reddingsboei te gooi, klink dalk billik. Maar elke jaar se reddingsboeie kos uiteindelik aansienlik meer as wat die eenmalige begrafniskoste sou wees.

Boonop is daar die keuse om nie die sorgtoelaag wat gedurende die eerste klompie maande van die grendeltydperk betaal was, voort te sit nie. Dit terwyl ’n tydelike toelaag aan ’n klomp werkloses voortgesit word. Maar hier is die probleem: ’n Organisasie soos Black Sash doen ’n dringende aansoek om te vra dat die sorgtoelaag nie opgeskort moet word nie. Die regering verkies om die saak ten duurste in die hof te verdedig op die basis dat die aansoek nie dringend is nie, eerder as om met die organisasie in gesprek te gaan. Dis goedkoper om hof toe te gaan as om die toelaag te betaal, maar dis vir seker nie reg nie. Veral wanneer gekyk word na die wyse waarop die tydelike Covid-toelaag administreer word. In my tuisdorp is die meeste mense wat die toelaag kry, persone wat voor die grendeltyd ook nie gewerk het nie en nie wou werk nie. Mense wat hul werk verloor het tydens die grendeltyd, word met allerhande administratiewe rompslomp gekniehalter sodat hulle uiteindelik moed verloor en ophou aansoek doen. Bejaardes wat hul lewe lank gewerk het om ons ekonomie te help bou, se ekstra toelaag is ook weggeneem. Persone wat nog nooit ’n bydrae gemaak het nie, trek nou voordeel ten koste van werkers en ten koste van weerloses. Dalk lyk die prentjie anders in ander dorpe, maar ek twyfel.

Hierdie week begin die matrieks met hul finale eksamen. ’n Eksterne eksamen, waar alle leerders dwarsdeur die land aan dieselfde standaard gemeet word. Sommige leerders, dié met toegang tot die internet wat aanlyn kon werk, sal waarskynlik met minimum stres voorberei vir die eksamen. Die oorgrote meerderheid, dié wat skaars water en elektrisiteit kan bekostig, laat staan nog internet en rekenaars, gaan waarskynlik in die hek duik. Die argument dat leerders sover moontlik ’n normale skoolervaring moet hê en daarom eksamen moet skryf, kan nie steekhou nie. Niks omtrent hierdie jaar was normaal nie. Niemand, nie kind of volwassene, het hierdie jaar die geringste greintjie normaliteit ervaar nie. Dit maak geen sin om jongmense dan aan ’n uiters stresvolle situasie te onderwerp en hulle wys te maak dis nodig om normaliteit te vestig nie. Dit was nou die ideale geleentheid hierdie om die sinvolheid van die manier waarop ons kennis toets, te bevraagteken en te verander.

Vir baie mense is 2020 die grootste ramp wat hulle kon getref het. Al hoe meer dink ek dis ’n geleentheid om te herbesin oor die dinge wat ons as normaal aanvaar het tot nou toe. Die grendeltyd is ’n geleentheid om nuut te begin, om as’t ware ons default settings te verstel.

Maar ons kan dit nie doen as ons dinge steeds verkeerd-om reg wil maak nie.

The post Verkeerd-om reg appeared first on LitNet.

Voëlvrou: ’n onderhoud met Marlize Hobbs

$
0
0

Foto van Marlize Hobbs: Facebook

Voëlvrou
Marlize Hobbs
Protea
ISBN: 9781485311133

Marlize Hobbs beantwoord Naomi Meyer se vrae oor Voëlvrou.

Baie geluk met die verskyning van Voëlvrou. Jy het twee verjaardae, nie waar nie? Asof die Marlize in die werklike lewe ook ’n fiksie-element het. Is jy, as skrywer, ook daardie twee karakters: Minerva en Marlize? Hoe ken mens uit wie’s wie? En is dit nodig?

Baie dankie Naomi, dit is lekker om weer met jou te gesels.

Minerva het ontstaan toe ek ’n sendeling in Hillbrow was en vir myself ’n straatnaam wou kies. Minerva is die beskermer van die kunste in mitologie. Haar intensie is dus om kreatiewe prosesse lewend te hou en kunsvorme se essensie te beskerm, selfs te bedek om dit veilig te hou. Sy het ook die doel gedien om Marlize veilig en buite die bereik van negatiewe elemente te hou in ’n tyd toe ek baie kwesbaar was.

Ek het steeds ’n Minerva-Facebook-blad, maar ek gebruik dit nie meer nie. Ek het my vrou, Cheryne, onder die naam Minerva ontmoet en vir sekere mense is ek steeds Minerva of Min.

Ek dink Minerva en Marlize is uiteindelik besig om mekaar te vind. Hulle het ’n tipe vriendskap of ooreenkoms gevorm in die tyd waarin ek Voëlvrou geskryf het. Minerva het ook met tyd ouer en wyser geword, maar sy is nog steeds absoluut aweregs en hardegat en ja, met tye aggressief. Marlize is bloot ’n tipiese Taurus. (O, vergeef my die aanhang van astrologie!) Ek is hardkoppig en Cheryne noem my "voetjie-dwars". Ek sukkel om met enige iets saam te stem. Ek dink Voëlvrou is ’n strewe om Marlize en Minerva nader aan mekaar te bring. Minerva is natuurlik baie meer eksoties as Marlize. En teatraal. Sy kan baie flambojant wees, waar Marlize is te prakties is om enige vorm van ekshibisionisme te toon. Marlize is steeds my geheime self. In haar is die bron wat stories skryf en Minerva help haar om dit uit te kry. Wanneer ek dus Minerva gebruik om Marlize se storie te vertel, is ek besig om die kuns in Marlize so suiwer as moontlik na vore te laat kom, sonder om dit skade te berokken.

(Dit was nou vreemd – om my-/onsself aan myself te verduidelik. Ek wonder of ek sin maak?)

Die twee verjaarsdae was bloot omdat ek ’n dag van my eie wou hê (want ek moes met my tweelingbroer deel). Toe dwing ek my vriende om dit te vier en vir my koek te koop en partytjie te hou wanneer dit 5 Oktober is. En hulle glo en aanvaar dit! Cheryne onthou getrou dat dit my tweede verjaarsdag is. Ek kry selfs presente en koek. Interessant genoeg het my dogtertjie ook twee belangrike dae wat ons vier. Die een is haar verjaarsdag en die ander is Lentedag (1 September) waarop sy in my sorg geplaas is. Dit is ook waar haar naam, Lente, vandaan kom. 

Losweg op dieselfde tema: Praat met my oor die ek-verteller en die sy-verteller. Mens sou jou amper verbeel die ek-verteller is die ware jy, maar dis nie so eenvoudig nie. Watter een van die vertellers staan vir jou nader aan die self? En waarom ’n onderskeid tref tussen die twee?

Al my werk het ’n ek-verteller. In hierdie geval is daar ook ’n sy-verteller van wie die skrywer praat. En daar is ’n band tussen die ek-skrywer en die storie wat uiteindelik verband hou met wie die verteller is of waar sy vandaan kom om haar gevorm te kry. Maar ek skryf nie so doelbewus nie – dis meer ’n vloei uit my onderbewussyn, selfs ’n onbewuste vloei wat ek eers na die tyd, wanneer ek dit herlees, werklik sien. Die gebruik van ’n ek-verteller is egter baie gevaarlik en kan mens baie weerloos maak voor jou leser, want is dit outobiografies? Ek skryf self in die boek dat jy niks kan vertrou wat ’n skrywer sê nie; dit is alles stories. Cheryne het met my vorige boek (As sy weer kom) vir my verduidelik hoe sy kan sien dat elke karakter wat ek beskryf en oor skryf en ’n stem aan gee, uiteindelik ook ek is. Mens kan jou afvra hoeveel van jou eie karakter inslag in jou verbeelde mense vind, daardie karakters wat hul by jou aanmeld. Die karakters is egter volledig en nie bloot dele uit my nie. Elkeen funksioneer apart en in geheel. Die Voëlvrou is wel my vlerke. Sy is my prewelgebed. Sy het my gered. Sy het baie intensie en baie hoop. Sy is ’n verskuilde engel.

Normaalweg sou ek in ’n onderhoud vra: Vertel my die plot, sonder om te veel van die intrige te verklap. Miskien kan jy vertel wat die sneller van die storie was. Was daar ’n oomblik van inspirasie, toe jy weet: Dit moet ’n storie wees, ’n boek?

Die idee is al vir langer as ’n dekade in my kop; ek het egter nie geweet hoe om dit te laat gebeur nie. Hoe om gestalte te gee aan ’n tipe voëlmens wat in ’n klein stat ? [Nie juis ’n woord wat baie mense meer sal ken nie, is dit?] val en hoe mense daarop reageer nie. Daar moet natuurlik ’n verklaring ook wees oor wie sy is en wat die bande tussen haar en die verteller is, haar en die ander karakters. Ek dink nie ek het al ooit so weldeurdag geskryf nie. Voor enige sin neergepen is, het ek baie lank daaraan gedink. Ek het sinne herskryf, oorgeskryf, hardop gelees. Ek wou nie die leser of die storie teleurstel nie. Ek wou nie die karakters teleurstel nie. Miskien, die belangrikste van alles, wou ek nie my eie binnemens teleurstel nie, want dit is tog waar stories vonk kry.

Voëlvrou is tydens die inperking geskryf, in hierdie virusjaar. Was dit vir jou maklik om te skryf, te midde van jou fibromialgie ook? Is skryf vir jou terapeuties? En dan ook: Kon jy gemaklik fokus? Was hierdie tyd nie soms vir jou ontsaglik neerdrukkend en verlammend nie? Hoe vind mens dan die energie om voort te gaan, te midde hiervan?

Waar begin ek om hierdie vraag in konteks te beantwoord? Eerstens: Gedeeltes van die manuskrip was voor die inperking geskryf en ek het tydens die inperking uitgebrei en bygevoeg en finale redigering gedoen. Ek dink ek het myself vir jare al voorberei op inperking. Ek gaan nie uit na mense toe nie en ek ontvang ook nie mense in my huis nie. Mense veroorsaak pyn (fisieke fibromialgiepyn). Ek het ’n dagboek begin die dag toe inperking begin het. Ek het elke oggend iets daarin geskryf. Dit was met tye amper onmoontlik om te skryf. Daar was hierdie kombers van donkerte oor my kop, soos wanneer mens as kind jou kop onder die kombers druk om nie die monster in jou kamerdeur te sien nie.

Die virus het gebeur in Desember 2019, toe ek besig was om my meestersgraad in maatskaplike werk te voltooi. Ek het heeltyd gesit en skryf en aan niks anders gedink nie. Ek het slegs Kersdag en Nuwejaarsdag gerus. Toe het ek ’n dringende skoueroperasie nodig en ek is 27 Januarie 2020 geopereer en skielik afgeboek vir ses weke, waartydens ek nie die huis verlaat het nie. Ek was ’n week terug by die werk, toe is ons huis toe gestuur en ’n paar dae later het inperking begin. Ek was dus basies sedert Desember in een of ander vorm van inperking.

Na die voltooiing van my meestersgraad was ek baie depressief en half verlore, want wat sou ek doen? Toe begin ek ou dokumente op my rekenaar deursoek en ek kom op ’n verdwaalde stukkie storie af.  Ek lees daardeur en ek besef dat daar ’n siekte gebeur in die verhaal, soos wat dit tans met ons gaan in terme van die pandemie. Ek besef toe dat ek iets beet het. Party dae het ek makliker geskryf en ander dae moeiliker, baie kere glad nie. Dit was nie maklik nie. Die stres van inperking het ook ’n groot invloed op my geestesgesondheid gehad: Ek is bipolêr en ly ook aan epilepsie. Vir die eerste keer in jare het ek epileptiese aanvalle gekry. Intussen moet mens moed hou en nie bang word vir jou eie liggaam nie. Skryf het my uit my liggaam gevat, uit my kop, uit my gemoed. Dit was terapeuties en baie genesend. 

Jou stories handel dikwels oor jou met jou fiksie en waarheid saam-saam. Jy raak aan sekere persoonlike realiteite: die kanker van jou vrou, die dogtertjie in jou/julle lewe. Wat is te heilig om oor te skryf? Of is die storie, die oomblik as jy daaroor skryf, reeds nie meer die waarheid nie?

Baie keer gebruik ek biografiese besonderhede, maar ek verander daaraan, veral as ek nie myself te oop wil stel nie. Aan die ander kant is die emosies wat beskryf word, baie werklik en is dit dus emosioneel biografies. Daar is nie heilige koeie nie. Maar daar is ’n vorm van respek vir die onderwerp wat jy aanpak, die verskillende temas wat jy inwerk, die vlakke waarop die verhaal plaasvind. Dit is vir my belangrik om met agting om te gaan met die ervarings van mense, want ons almal het iets wat ons van vlug, van wil ontvlug, en is stories nie juis die ontvlugting wat ons nodig het nie? Selfs al vertel die storie oor ’n ontstellende ervaring, bring dit verligting dat iemand bereid was om dit te sê, te skryf en uit te laat.

Ons skep ons eie waarhede. Lesers besluit self wat hulle wil glo en wat hulle nie wil glo nie, maar glo mý dan: Die emosies in die verhaal is universeel vir ons almal.

Dan is jou storie(s) ook dikwels vervleg met ’n Sotho-vrou s’n. Een van jou alter ego’s skryf oor hoe sy sukkel om haar in die vel van die Afrikavrou te plaas. (Is hierdie sin reeds problematies – want is jou een wit karakter dan nie ook van Afrika nie?) My punt is: Jy’s kennelik bewus van die kompleksiteit van skryf as wit persoon oor die realiteite van mense in ander omstandighede – in die besonder in Suid-Afrika. Hoekom dan daaroor skryf oor hierdie verskille, die eenders- en anders-wees, en hoe doen jy dit?

Die Afrikavroue in my boeke is Tswanas. Die stat waarin Voëlvrou afspeel is ’n Tswanastat wat in die ou Bophuthatswana geleë is. Ek het vir vier jaar as maatskaplike werker gewerk in Ganyesa, waar ek Tswanas baie goed leer ken het en basiese Tswana leer praat het. Waar ek lief geword het vir die mense en waar ek myself binne die konteks van die Tswanas en die stat leer ken het, want ek het ook daar gebly. Ek het verder grootgeword met sterk Tswanavroue wat op ons plaas gewerk het. Ek het ’n gevoel van behoort gekry in Ganyesa. ’n Gevoel dat daar raakpunte is. En dis op hierdie raakpunte van sterk vroue ten spyte van moeilike omstandighede dat ek dit ook in Voëlvrou so uitgebeeld het.

Is "Voëlvrou" ’n soort titel, soos "Mannin"? Was die titel eerste, of eerste die storie?

Nee, dit was eerste die verhaal van die gevlerkte wese en daarna die titel. Dit was ook moeilik vir my om ’n titel te kry waarmee ek tevrede was. Ek dink egter die titel werk soos dit nou is.

Hoe maak jy met jou stories – gaan sit jy as die inspirasie jou pak en skryf dit alles neer? Ek verwys na jou aanhaling van Jeanne Goosen na aan die begin. Werk jy organies, beplan jy vooruit? Hoe maak jy dan met die ander praktiese werklikhede van elke dag?

Die voordeel van skryf tydens inperking was dat tyd soos ’n ewigheid tussen my en die lewe gelê het. Gewoonlik moet ek mooi beplan en skryf wanneer ek kán, nie wanneer ek lús is nie. In grendeltyd kon ek gaan skryf wanneer die inspirasie my beetgekry het. Ek dink nie ek sal weer so ’n kans kry terwyl ek gewone werksure het nie. Maar Cheryne help baie om dinge te doen, sodat ek kan skryf. Met die nuwe boek waaraan ek werk, sit ek en sy saam en gesels daaroor en sy is ook my muse. Jeanne Goosen kon met ’n enkele idee ’n boek of toneelstuk skryf sonder om haarself te dwing om een of ander lengte aan die boek te gee. Sy kon ’n storie vat en dit van begin tot einde op ’n bandopnemer deurgesels, binne enkele dae.

Van Jeanne Goosen gepraat. Sy het ’n belangrike rol in jou lewe gespeel. Wil jy iets oor haar sê?

Ek en Jeanne se versorger tydens die laaste paar jaar van haar lewe gesels gereeld oor Jeanne en verbeel ons dat sy in die hemele sit met haar voete op ’n tafel en ’n lang sigaret rook, terwyl sy haar kop skud en sê ons moet nou oor dit kom, want sy is happy en sy is by Reinet en haar broer en haar geliefde diere wat afgesterf het. Dit bring my steeds van stryk. Hierdie boek is die eerste boek van my wat sy nie gelees het nie. Ek voel asof ek daardie validation wat Jeanne my gegee het, iewers moet gaan soek, maar ek weet niemand se goedkeuring kan beteken wat Jeanne s’n het nie. Dis asof Jeanne vir my sê dat dit tyd is dat ek my binnestem begin vertrou.

Wat kan jy van hierdie jaar sê, en verlang jy na die normaliteit van vroeër, wat dit ook al beteken?

Ek glo dat ons almal reeds op ’n sekere vlak weet dat die aarde nie langer kon aangaan soos dit het nie. Dat die mensdom wakker geruk moet word. Dat ons beweeg in ’n nuwe werklikheid in en jy moet aanpas of baie swaarkry. Die jaar het my geleer buigsaam wees. Dit het my teruggebring by daagliks skryf, want ek hou dagboek. Ek het ook begin om elke oggend te mediteer en positiewe intensies uit te stuur na my geliefdes. Ek weet dat basies niemand onaangeraak staan deur die pandemie nie, net soos wat niemand in die stat waar die Voëlvrou geval het, onaangeraak kon staan teen die vreemde nuutheid in hulle midde nie. Ons almal probeer sin maak uit verandering. Ons probeer die chaos of waansin om ons sinvol bestuur. Ek verlang nie na die vroeër normale nie. Ek dink dit is nodig dat die mensdom anders begin dink en leef teenoor mekaar en die aarde, maar dit lyk nie vir my of daar geluister word nie en daarom sal die virus dalk nog lank met ons wees. Mense het geen konsiderasie vir diegene om hulle nie. Die belang van higiëne en maskers word afgemaak. Sosiale distansie word nie gehandhaaf nie. Baie keer is hierdie dinge as gevolg van omstandighede wat die mense nie kan verhelp nie, maar dit is ’n baie lang gesprek oor armoede en onkunde.

Cheryne het COVID-19 gehad. Sy het ook kanker. Sy het oorleef. Dit was ’n maand waarin ek baie bang was, baie kere nie geweet het wat om te doen nie. Dit het my nader aan haar en Lente gebring, maar ook aan myself. En daar het ’n engel in die vorm van ’n vriendin gekom wat self deur Covid is en sy het ’n klomp goed vir ons kom aflewer soos ’n nebuliser en ’n oximeter. Ons bure het vir ons inkopies gaan doen en ek het weer vir ’n slag bewus geword van al die engele om my. Daarvoor is ek dankbaar.

The post <em>Voëlvrou</em>: ’n onderhoud met Marlize Hobbs appeared first on LitNet.

Vir wie kyk ons uit?

$
0
0

Foto: Canva.com

Die dood het die kapasiteit om mense te breek, in duisend stukkies te versplinter.

Soos Tazné se ma wat flou geraak het, of miskien Reagan se ouers wat nie eers kon comprehend wat gebeur het met hulle kind nie. Wat van Bridgenay se ma toe sy moes hoor haar kind is vermoor deur haar vorige kêrel – ’n man wie sy in haar huis toegelaat het, vir wie sy kos gegee het? En wat van die nuutste nuus van die twee kinders in Newton, ’n kind wie maar nounet nog ’n naam is wat ek kan byvoeg op die lys?

Die 3-jarige Diego se lykie is gevind in ’n stukkende kar agter in hul jaart, die meisiekind is swak, maar lewendig en nêrens is daar sprake van wat gebeur het nie. Nog ’n familie wat in rou gelaat is. Maar dis nie die punt wat ek wil maak nie. Ek wil eintlik net weet: is DIT nodig? Sal hierdie nodig wees as ons kinders nie so grusaam vermoor word nie? Ek is kwaad vandag.

Vra jouself af: wat baat dit jy gee chips en lekkers vir Tazné se maaitjies, as hulle die volgende slagoffer van nog ’n predatoor kan wees? Wat baat jou chips en lekkers? Wat baat dit almal is kwaad op Facebook en maak kapsie deur lang paragrawe te post? Wat baat jou videos waarin jy praat van die toestand van die land? Wat baat jou protes?

Dis ’n bewusmakings poging ja, maar hoe help dit?  Wat baat dit ek skryf hier? Hoeveel keer wil julle ouers leer om meer vigilant te wees? BESEF julle dan nog nie, na soveel jare BAAT dit nie hoe vigilant jy of enige ander persoon is nie, want vir WAT en vir WIE is ons spesifiek op die uitkyk?

Die gevaar is dan letterlik orals vir ons mense – jou ma, jou pa, jou broer of neef, jou kêrel, selfs oupa! Die hoof by die skool, jou baas by die werk, so vir wie kyk ons uit? As ons veronderstel is om sekere mense te vertrou. Hoe onderskei ons tussen goed en kwaad as ons nie eers die pastoor by die kerk kan vertrou nie?

Miskien het dit tyd geword om die middelman uit te skakel en direk te gaan tot by die MAN. Maak dan die voorbeeld waarvan almal praat, laat die oortreders BANG wees om misdaad te pleeg. Wat dink julle? Hoekom is hulle nie bang vir tronk toe gaan of selfs om terug te gaan nie?

Want besides die moontlike "rape" en so nou-en-dan se aanranding is die tronk mos eintlik Sun International. Hulle het meer om te eet as die studente en mense by die huis. Kry verniet sielkundige hulp waarvoor jy moet betaal, want jy is nie eintlik geestelik versteurd as jy nie mense moor en verkrag nie, so tot dan sal jy maar geld betaal vir jou sessie.

Die tronk is te luuks, nou nie vir jou wat nog nie daar was nie, maar vir die wat só lank en baie daar was is dit nou al beter as die huis. Nogmaals, remind my wat is die doel van parool?

Party mense verander regtig in die tronk, en ek is BLY vir hulle maar hoekom oortreders tronk toe stuur, basies vir hulle sê gedra jou mooi, want jy gaan parool kry en dan kan jy maar weer kom afbreek. Tronke is vol, laat dit VOL bly.

Ek wens die gereg kon hul ondersoeke beter doen en ophou so slapgattig wees, hoekom so baie hofsake het as jy WEET of selfs gesien het op ’n video dat die persoon skuldig is? Verduidelik vir my, want ek flippen verstaan nie. Ek is KWAAD vir die land en sy regstelsel.

En ons? Wat doen ons, of wat kan ons doen wat nog nie gedoen was nie? Ek vra myself af: hoekom verdien hulle nog menslikheid? Want "oortredings" aside is dit maar net nog ’n mens met "issues", né? Fooitog. Menslikheid se voet, jy moor dan? Hoekom verdien jy empatie?

Hoekom praat julle van dit was ’n fout of ongeluk wanneer iemand dood gesteek word? Wanneer jy ’n kind se kop vergruis met ’n betonblok, verduidelik vir my miskien in ’n ander taal hoe dit ’n fout kan wees?

Die moment as jy jouself bewapen met die intensie om iemand anders leed aan te doen, dan WIL jy mos moor? So hoekom nou simpatie verwag van mense af? Hoekom moet jy nog dieselfde mensregte het? Die land is in sy maai want ALMAL het dieselfde regte. Soveel vir equality. Dankie! Ek is moeg, moeg van skryf oor die goed, moeg van lees oor dit, moeg van dink , praat en huil oor die goed!

Ek is kwaad  vir land, maar my hart bloei. My hart bloei vir ons kinders.

Daar is dan juis mense bo ons geplaas in posisies om hierdie dinge te beheer, en ek sê beheer, want dit kan nie verhoed word nie – maar dalk, net dalk as ons gelukkig is ...

The post Vir wie kyk ons uit? appeared first on LitNet.

Offers

$
0
0

Foto: Unsplash.com

Offers

ek wil wierook brand 
oor die terreur van jakarandas wat   
kaalarm en leeggebloei 
in die lanings van Pretoria staan 
terwyl die strate verlam lê 
onder die rommel en afval 
van Openbaring se Eksodustog

ek wil weer 
op ’n pers tapyt nuwe 
offers bring (offers sonder 
verval) sodat my binneste opnuut 
van vreugde kan kreun 
op die sagte klanke 
van vallende reën

The post Offers appeared first on LitNet.

Viewing all 21831 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>