Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21534 articles
Browse latest View live

ATR-Kokertoekennings 2019: Motiverings

$
0
0

Die Afrikaanse Taalraad se Kokertoekennings is onlangs toegeken. Lees 'n oorsig van die geleentheid:

ATR-Kokertoekennings 2019: ’n oorsig

Hier is die motiverings wat ontvang is vir diegene aan wie die toekennings gemaak is. Die motiverings geskied anoniem:

Kategorie Bemagtig:  Shamiega Chaudari, Department Afrikaans, Universiteit van Fort Hare

Hiermee benoem ek graag Shamiega Chaudhari vir die Kokertoekenning 2019, kategorie, Bemagtiging van Afrikaans. Chaudhari is verbonde aan die Afrikaansdepartement by die Universiteit van Fort Hare en die afgelope twee jaar as departementshoof. In haar werk by die departement en ook as navorser lewer sy ’n bydrae tot die bemagtiging en uitbou van Afrikaans op veral drie terreine. Die eerste terrein is in haar besondere ingesteldheid op die leerinhoud van die vakgebied, die oordrag daarvan aan studente en veral haar onvermoeide ywer om studente aan te moedig en toegang te gee tot die studie van Afrikaans in ’n oorwegend Engelse omgewing. Sy inisieer gereeld besoeke by skole waar leerders van Afrikaans vertel en aangemoedig word om ná skool Afrikaans as hul studierigting te kies. Ook op die gebied van haar navorsing lewer Chaudhari ’n besondere bydrae. Een van die fokusareas van haar navorsing is die Geskiedenis van Afrikaans, en by die Afrikaansdepartement by Fort Hare is ons trots daarop om meer as ’n dekade lank reeds die inklussiewe historiese feite oor die oorsprong van Afrikaans aan ons studente oor te dra, moontlik gemaak deur die passie en kundigheid van Chaudhari. Hierdeur word Afrikaans in al sy vorme en variante bemagtig en word die studente, dikwels uit bruin gemeenskappe, ook bemagtig deur tot die besef te kom dat hulle inklussief deel is van die oorsprong van Afrikaans. In haar doktorale tesis het Chaudhari ondersoek ingestel na die swye van die slavin soos uitgebeeld in geselekteerde literêre tekste, en die tesis self, sowel as die artikels wat uit hierdie navorsing voortspruit, lewer ’n besondere bydrae tot ’n onderwerp wat grootliks oorgesien is. Deur ondersoek in te stel na die stem van die dubbelgemarginaliseerde slavinkarakters, gemarginaliseer beide deur ras en geslag, het Chaudhari nuwe kennis en insig gebring oor ’n onderwerp wat tot nog toe nie op so ’n omvattende wyse in Afrikaans aandag ontvang het nie. Hierdie navorsing kan by uitstek gesien word as ’n bemagtiging van Afrikaans en stem gee aan dié wie se stemme stilgemaak is in die verlede. Chaudhari is ook betrokke by ’n voorgenome projek wat daarop gemik is om op ’n unieke en multidissiplinêre wyse stem te gee aan Afrikaanse vroue uit die bruin-gemeenskap. Hierdie projek word aangepak deur die akademici van twee universiteite, Universiteit Stellenbosch en Universiteit van Fort Hare, in samewerking met skrywers soos Diana Ferrus. Die derde bydrae waarop ek graag wil fokus, is die gemeenskapsbydrae wat deur Chaudhari gemaak word deur haar betrokkenheid by PANSALB waar sy in ’n adviserende hoedanigheid by die Provinsiale Taalkomitee (PLC) betrokke is. In haar hoedanigheid as lid van die Taalkomitee word die volgende verwag: Om die gebruik van aangewese tale deur die provinsiale regering te monitor; om aanbevelings te maak aan die LUR (Lid van Uitvoerend Raad) , die wetgewer en plaaslike owerhede in die provinsie ten opsigte van enige voorgestelde of bestaande wetgewing, praktyk of beleid wat direk of indirek die hantering van taalsake beïnvloed; moet die beginsel van meertaligheid bevorder; moet die voorheen gemarginaliseerde inheemse tale bevorder; moet die LUR adviseer oor enige ander taalaangeleenthede in of rakende die provinsie. Uit bogenoemde vereistes is dit duidelik dat deur dr. Chaudhari se verkiesing op hierdie raad, daar op provinsiale vlak groot vertroue in haar leierskap rakende Afrikaans en multitaligheid in die provinsie gestel word. Ek nominieer dr Chaudhari omdat ek glo dat sy aan al die vereistes voldoen om die gesogte Kokertoekenning te ontvang. Sy het duidelik in die verlede reeds haar merk gemaak, en ek glo dat sy ook in die toekoms sal voortgaan om ’n besondere bydrae tot die bemagtiging van Afrikaans as taal vir alle Afrikaanssprekendes te lewer.

Kategorie Bevorder: Ingrid Glorie, vryskut vir Zuid-Afrika Huis

Vir die mense wat in die Lae Lande kom en iets met Afrikaans te doen het, het Ingrid Glorie geen bekendstelling nodig nie. Ingrid is sinoniem met die bande bou tussen die Lae Lande (spesifiek Nederland) en Suid-Afrika. Motivering: Ingrid se kennis van Suid-Afrika, die Suid-Afrikaanse letterkunde (spesifiek Afrikaans) en taallandskap, maak haar ’n ongelooflike ambassadeur van Afrikaans in die Lae Lande. Sy praat nie net oor Afrikaans nie, maar sy is veral  ’n doener en sy neem leiding (vandaar haar bynaam hoofmeisie!). Haar doenwerk vir Afrikaans in die Lae Lande: • Vertaalwerk van Afrikaans na Nederlands, onder aandere, Magersfontein (Etienne le Roux), ’n bundel verhale van Herman Wasserman, een van die Deon Meyerverhale, Kerneels Breytenbach se boek Offerland uit die TV-reeks geskryf deur Deon Opperman, twee boeke van SD Fourie, Simon Bruinders se boek (Die Sideboard). • Haar joernalistieke werk vir die Zuid-Afrikahuis (ZAH) in Maandblad Zuid-Afrika https://www.litnet.co.za/ingrid-se-glorie-imaandblad-zuid-afrikai/ (dit is nou die Zuid-Afrika Spectrum) en in Voertaal https://voertaal.nu/over-voertaal/ o Zuid-Afrika Spectrum https://www.zuidafrikahuis.nl/zuid-afrika-spectrum • Afrikaanse kultuuraktiwiteite (ZAH) o Festival voor het Afrikaans saam met Isabelle Vermeij (2018) https://www.festivalvoorhetafrikaans.nl/, Week van de Afrikaanse Roman (2014, 2016, 2017, 2019) http://www.weekvandeafrikaanseroman.nl/. Sy het saam met Corine de Meyer die leeskring by die Zuid-Afrikahuis op die been gebring. Sy is  ’n vryskut is en nie formeel verbonde is aan die ZAH nie, maar haar hele wentel om die bevordering van Afrikaans en om die inklusiewe gesig van Afrikaans in die Lae Lande te wys. Sy doen dit alles sonder die beskerming van ’n vaste betrekking en dit verdien erkenning.

Kategorie Beskerm: Frank Hendricks, Universiteit van Wes-Kaapland

Frank Sylvester Hendricks het sy professionele loopbaan in 1976 aan die Opleidingskollege Hewat begin, waarna hy sedert 1979 verbonde was as dosent in die Afrikaanse taalkunde by die Universiteit van Wes-Kapland. Sy akademiese loopbaan in die Departement Afrikaans en Nederlands by die Universiteit van Wes-Kaapland strek oor ’n periode van 38 jaar waartydens hy betekenisvolle en rigtinggewende bydraes tot die taalkundige verrekening van veral histories gemarginaliseerde spreektaalvariëteite, spesifiek dan Kaapse Afrikaans, gemaak het. Met sy MA-studie in 1978 waarin hy ʼn sinchronies-diachroniese studie onderneem het na die taalgebruik in Adam Small se drama Kanna hy kô hystoe het hy ondersoeke na Kaapse Afrikaans ingelui en op die voorgrond geplaas veral in ’n tyd toe hierdie tipe dialektiese navorsing dikwels nie na waarde geskat is nie. Hierdie deeglike talige uiteensetting van verskynsels in Kaapse Afrikaans het as deskriptiewe model gedien vir verskeie ondersoeke na die spreektaalvariëteite van Afrikaans en kan met reg as ’n seminale werk oor Kaapse Afrikaans gereken word. Frank Hendricks het, as taalkundige, ’n bemoeienis gemaak met Kaapse Afrikaans en Oranjerivierafrikaans en dit reg gekry om hierdie voorheen gestigmatiseerde en gemarginaliseerde variëteite as ondersoektemas op die voorgrond te hou. As sodanig het sy bydraes gedien as belangrike basisstudies vir verdere wetenskaplike (vergelykende) studies na hierdie spreektaalvariëteite. Hy lewer met sy bydraes oor Kaaps en Oranjerivierafrikaans nie net ’n waardevolle akademiese bydrae tot die terrein van die dialektologie en sosiolinguistiek in Afrikaans nie, maar bied ook met sy gelykevlakbenadering tot taalverskeidenheid ’n nodige teoreties-gefundeerde perspektief op die diskoers oor die herstandaardisering van Afrikaans. Die navorsingsbydraes van Hendricks het in resente jare ’n meer aktivistiese dimensie bygekry. In resente hoofstukbydraes soos “Die potensiële nut van ’n gelykevlakperspektief op die variëteite van Afrikaans” in die publikasie Veelkantiger Afrikaans: Streeksvariëteite in die standaardvorming (2012) en “Die aard en konteks van Kaaps: ʼn Hedendaagse, verledetydse en toekomsperspektief” in die publikasie Kaaps in Fokus (2016) lewer hy skerp kommentaar oor die marginalisering van Kaapse Afrikaans en Oranjerivierafrikaans en beywer hom daarvoor dat hierdie variëteite as gelykwaardige kommunikasiekodes bejeën moet word en dus bevry behoort te word van hul staat van gemarginaliseerdheid en gestigmatiseerdheid. Hy moedig ’n bepaalde soort taalaktivisme aan deurdat hierdie variëteite bewustelik gebruik moet word in openbare domeine wat tradisioneel met Standaardafrikaans geassosieer word. Hy beywer hom voorts sterk vir die herstandaardisering van Afrikaans waarin Kaapse Afrikaans en Oranjerivierafrikaans na behore verantwoord word. Sy bemoeienis dat gemarginaliseerde variëteite groter erkenning moet geniet, kan as ’n direkte gevolg gesien word dat hy vanaf 2010 lid word van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wat gemoeid is met die standaardisering van Afrikaans. Met die verskyning van die jongste Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (2017) is toenemende insluiting van leksikale items uit Kaapse Afrikaans en Oranjerivierafrikaans (asook ander omgangsvariëteite) opmerklik, en die bydrae en invloed van Frank Hendricks (as ondervoorsitter van die Taalkommissie) is hier duidelik waarneembaar. Frank Hendricks het sy akademiese loopbaan afgesluit soos hy dit begin het, deur ’n verdere seminale publikasie oor Kaaps die lig te laat sien. Die akademiese publikasie Kaaps in Fokus (2016) was die resultaat van sy pogings om ’n simposium te reël wat uitsluitlik op Kaaps sou fokus, en wat daarop toegespits sou wees om die waardigheid van Kaaps en sy sprekers te aksentueer. Die publikasie Kaaps in Fokus (onder redaksie van Frank Hendricks en Charlyn Dyers) is daarop gerig om negatiewe persepsies oor Kaaps te bestry en die variëteit te bevry van sodanige persepsies. Die publikasie Kaaps in Fokus is onlangs bekroon met die C.L. Engelbrecht-prys vir Afrikaanse Taalkunde deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Frank Hendricks het hom tydens sy akademiese loopbaan daartoe verbind om voorheen gemarginaliseerde variëteite van Afrikaans, spesifiek Kaapse Afrikaans, deel van die akademiese diskoers te hou. Hy lewer betekenisvolle en gewaardeerde bydraes tot die terrein van die sosiolinguistiek, naamkunde, sintaksis en ortografiese normering, waarvan sy jongste bundel essays “Taalkundige opstelle: ʼn Gerf uit die vroegskemer” (2017) ’n goeie oorsig bied van die veelsydigheid van Hendricks as taalkundige. Hendricks het met sy navorsing na die literêre refleksie van veral Kaapse Afrikaans asook Oranjerivierafrikaans die weg gebaan vir verdere navorsing deur ‘n nuwe geslag navorsers. Ek nomineer Frank Hendricks vir die spesiale kokertoekenning vir lewenslange bydrae tot Afrikaans en veral vir sy navorsingsbydraes oor vier dekades heen waarin hy veral instrumenteel was dat Kaapse Afrikaans deel gebly het van die Afrikaanse sosiolinguistiese landskap.

Kategorie Jeugtoekenning: William Sezoe, New Orleans Sekondêr

William Sezoe in graad 12 het’n groot liefde vir Afrikaans. Hy praat nie net nie; hy doen dinge. Hy het verlede jaar as skaam en skugter leerder by ons skool begin en het by die skoolkoerant ’n liefde vir Afrikaans ontwikkel. Deur die skoolkoerant het hy met die radio kennis gemaak en was ontsteld dat die radio grotendeels in Engels is. Hy en twee ander lede het die radiostasie oorreed om ’n Afrikaanse program te begin. Hulle was ’n tydgleuf gegee en hul progam Afrikaans is Tops het ontstaan . Hulle is elke Maandagaand op radio en laat Afrikaans daar LEEF. Hy het in onderhoude jongmense daarvan bewus gemaak dat jongmense Afrikaans kan LEEF en dat dit glad nie vervelig was nie. Hy het oor Afrikaans geskryf en die Taalmuseum se Skerpskryfkuns wat toevallig ook oor Afrikaans gegaan het gewen .Hy neem deel aan die Historium en Wow-debatte. Hy het deelgeneem aan Afrikaans.com-kompetisie en het elke keer leerders saam met hom getrek. Hy was betrokke by die stigting van die ATKV -jeugtak by ons skool. Vanjaar was William ’n spreker by die ATR se jeugberaad. Hy word gereeld genooi vir onderhoude oor Afrikaans en hy doen dit baie goed. Hy het ook ‘n onderhoud op RSG met Arehan Brand oor Afrikaans gevoer en glo my ’n hele paar dissipels gewen. Hy het geskryf oor Afrikaans vir Eikestadnuus en Paarl Post. Hy was een van 4 wat as ambassadeur vir Afrikaans.com ’n video moes maak oor sy liefde vir Afrikaans. As daar nou een mens is in wie se hande Afrikaans veilig is, is dit syne.As daar een mens is wat sy moue oprol en werk vir Afrikaans, is dit William Sezoe. Hy het ons oortuig dat daar ’n plek in Afrikaans is vir jong bruinmense.

Kategorie Jeugtoekenning: Renaldo Schwarp, Media

Renaldo Schwarp is ’n energieke radio-omroeper, TV-aanbieder en vervaardiger wat sedert sy kampusdae sy merk in die Afrikaans medialandskap maak. Op 27 het hy reeds ’n omvangryke nalentskap in die media. Renaldo is tans ’n omroeper by Jacaranda FM en is veldaanbieder op KLOP!, kykNET & Kie se jongste aktualiteitsprogram. Dit is veral sy onlangse Afrikaanse dokumentêr, SKEEF wat talle Suid-Afrikaners - oud en jonk - inspireer en bemagtig om hul waarheid (in Afrikaan) uit te leef. Die dokumentêr se première was vanjaar op die kykNET Silwerskermfees in Kaapstad. SKEEF plaas ’n soeklig op LGBTI+ kwessies in die Afrikaanse gemeenskap. Met SKEEF het Renaldo ’n geleentheid gebied vir versweë LGBTI+-stemme oor ’n breë spektrum heen – onder meer bekendes soos, Marc Lottering, Joe Foster, en Charl-Johan Lingenfelder – om gehoor te word oor die realiteite van LGBTI+ en Afrikaans wees. Die dokumentêr maak later in 2019 sy Amerikaanse debuut op die Palm Springs LGBTQ Film Festival. Die Afrikaanse dokumentêr word as “nadenked”, ’n “opvoedkundige instrument” en ’n “moet-sien vir alle Afrikaners” beskryf. Renaldo is ook vanjaar deur Mail and Guardian as een van die invloedrykste 200 jong SuidAfrikaners aangewys. Hy is benoem in die ‘Vermaak en Kunste’-kategorie, en is, onder andere, vereer vir sy grondverskuiwende werk op SKEEF. Hy is die enigste Afrikaanse benoemdes in die kategorie. Sy belangstelling vir Afrikaanse vermaak en uitsaaiwese het tydens sy skooljare by die ATKV-Tienertoneel en -Redenaarskompetisies begin: as toneelspeler, individuele- en spanredenaar vir Hoërskool Centurion. Renaldo het in 2012 sy Drama en Teaterstudie-graad aan die Universiteit Stellenbosch (US) verwerf. In sy finale studiejaar het Renaldo begin uitsaai by MFM 92.6, US se kampus-radiostasie. In 2015 sluit hy by Kaapse radiostasie, SMILE 90.4 FM aan, en die daaropvolgende jaar maak hy sy debuut op die kassie as vervaardiger en aanbieder van ‘n weeklikse Afrikaanse vermaaknuusprogram op VIA. Sedertien, verseker Renaldo dat hy, deur sy werk op die kassie en op lug, nie net in Afrikaans werk en leef nie, maar dat hy talle ander ook hierdeur bemagtig. Meeste in die mediawêreld werk baie keer in ’n Engelse omgewing, maar die verbintenis met sy moedertaal, Afrikaans, bly sterk en onbreekbaar vir Renaldo.

Kategorie Jeugtoekenning: Bemagtig, Lara Erasmus en Jolene Potgieter (Gesamentlik genomineer), Reis Afrikaans

Beste Marekyn, Conrad en Kokers-beoordelingspaneel, Dit is met graagte dat ek Lara Erasmus en Jolene Potgieter (albei tans 25 jaar oud) wat in 2017 die beweging Reis Afrikaans begin het, vir ’n Jeugtoekenning in die kategorie Bemagtiging in Afrikaans wil nomineer. Reis Afrikaans is in 2017 gestig met die doel om Afrikaanse avonturiere te bemagtig en te verbind. Die volgende kopie verskyn op Reis Afrikaans se webtuiste, en is deur die stigters self geskryf: Die demografie van die moderne Afrikaner is aan die verander. Ons het grootgeword, en die wêreld klein. Daarmee saam het die destydse hunkering na trou en nes-skrop verander na ’n lus vir reis en vlerksprei. Reis Afrikaans is dus in Januarie 2017 gestig met die doel om Afrikaanse reisigers te bemagtig en te verbind. Die projek word gelei deur Jolene Potgieter en Lara Erasmus, en skryf tans uit talle verskillende lande .Ons kom agter die kap van die byl wat visa's, begrotings en meer aanbetref, en werk saam met ander Afrikaanse reisigers om die grootste hoeveelheid moontlikhede aan jou te bring. Ons is ook geweldig lief vir Suid-Afrika. In 2017 was ons amptelike ambassadeurs vir VIA-televisie se WMJ-veldtog. Ons het ook 'n staande verbintenis met Afrikaans.com. Ek is van mening dat Reis Afrikaans (dus Lara en Jolene) Afrikaanssprekendes bemagtig, veral diegene wat belangstel om in die buiteland te gaan woon en veral werk. Wanneer ’n mens so iets wil aanpak, is dit baie oorweldigend. Ek weet omdat ek self vir byna drie jaar in Engeland gebly het. Reis Afrikaans skep egter ‘n platform vanwaar persone maklik en met gemoedsrus die proses in hul eie taal aan die gang kan sit en kan deurvoer. Oor die afgelope twee bestaansjare, het Lara en Jolene versamel aan die sogenoemde Republiek van Afrikaanse Reisigers wat gesaam met Lara en Jolene persone bemagtig om die volgende dinge in die buiteland te kan gaan doen: studeer, op skepe werk, au pair, Engels gee, perdry lesse gee, by Disney World werk en by die somerkampe in die VSA te gaan werk. Hierdie bemagtiging word deur middel van artikels op hulle webtuiste en sosiale media-platforms gedryf. In die geval van Disney World en die somerkampe, skakel belanghebbendes deur tot maatskappye wat hulle stap vir stap lei deur die proses om uiteindelik van hierdie reisdroom ’n werklikheid te maak. Lara en Jolene het ook onlangs direkte ooreenkomste met skole in China en Korea aangegaan, en kan daarom direkte bemagtiging bied wanneer dit by Engels gee in die buiteland kom. Volledige inligtingspakkete vir China en Korea is op hul webtuiste beskikbaar. Namate ’n persoon aansoek doen, word hul stap vir stap deur die proses begelei. Bemagtiging vind laastens plaas in direkte navrae wat per epos ontvang word – wanneer ’n persoon byvoorbeeld meer oor Disney wil weet as wat aanlyn of in die artikel beskikbaar is, word elke navraag persoonlik per e-pos hanteer. Breër as die inligting en bemagtiging rakende werk oorsee, is die Reis Afrikaans-platform ook ’n heerlike bron van inligting en idees vir elke persoon met swerflus in hul harte. Op die webtuiste is daar ook artikels rakende reis-idees en reisplanne vir bestemmings waarvan die Reis Republiek kennis dra. Lara en Jolene het oor die afgelope twee (amper drie) jaar hul aanlyn-Facebook-gehoor tot ’n volgtal van meer as 10 000 persone uitgebrei. Hulle het gebou aan ’n projek waarop hul kan trots wees en bemagtig persone van alle ouederdomme op ’n baie praktiese vlak. Hierdie tipe bemagtiging is ook broodnodig en uiters uniek, veral vir jong mense. Ek glo dat hul uitstekende kandidate is vir die kategorie waarin ons hul nomineer. kan gerus na die volgende gaan kyk: Reis Afrikaans Facebook - https://www.facebook.com/reisafrikaans/ Reis Afrikaans web - https://www.reisafrikaans.com/ Reis Afrikaans Engels oorsee info - https://docs.wixstatic.com/ugd/17eb1a_7822fcd157644f6791be87dab42d1e96.pdf https://docs.wixstatic.com/ugd/17eb1a_5f535b367f2a40208d215bdc065fff81.pdf CV templaat– aflaaibaar op hul webtuiste beskikbaar. Artikels : (veel meer aanlyn op Reis Afrikaans – Ontdek) https://www.reisafrikaans.com/drie-dae-in-parys?fbclid=IwAR15SBaf6RcQhp1H7LgkkQ6O9tu8qf2uADF86iAN45YN-z7nhFmaoV7Rlg https://www.reisafrikaans.com/verken-doha-in-vyfdae?fbclid=IwAR01nREEvzo1gdFcMSZ49v3U1mZsEz7o5ZHKQAzn9P08o_J30M033jPZCys Met dank vir u oorweging en dankbaarheid vir die heerlike Kokergeleentheid!

Kategorie Lewenslange bydrae: Marinus Wiechers, UNISA

Die oogmerk van hierdie skets is om aan te toon dat die Afrikaanse Taalraad ’n betroubare en waardige besluit sal neem indien die raad ’n Koker – vir die lewenslange bydrae om Afrikaans te bevorder – na-doods aan Marinus Wiechers toeken. Vervleg met sy uitsonderlike loopbaan as regsgeleerde, dra hy jare lank voortreflik by tot die ontwikkeling en beskerming van sy moedertaal. Marinus Wiechers – 14 Oktober 1937 tot 31 Augustus 2018 – matrikuleer in Pretoria, aan die Afrikaanse Hoër Seunskool, en verwerf ’n LLD aan die Universiteit van Pretoria. In 1966 word hy ’n professor in Staatsreg en Volkereg aan die Universiteit van Suid-Afrika, terwyl hy verder studeer in Frankryk, die VSA, Duitsland, Engeland en Spanje. In 1970 en 1971 verteenwoordig hy Suid-Afrika in sake oor Suidwes-Afrika/Namibië voor die Wêreldhof. Hy werk mee aan die opstel van grondwette vir Bophuthatswana en Ciskei. Reeds vanaf 1965 slaan hy nuwe konseptuele weë in deur, met behulp van die Duitse en Franse reg, ’n Afrikaanse regsraamwerk te formuleer met sy doktorale proefskrif "Die sistematiek van die administratiefreg". In 1973 verskyn sy magnus opus, Administratiefreg, wat vanaf 1985 ook in Engels gepubliseer word. Hiermee ontwikkel hy Afrikaans verder as wetenskaptaal vir die werking van die regstaat, wat ná 1994 al hoe belangriker sal word. Afrikaanse vaktaal gee nog ’n stap vorentoe met sy publisering in 1981 van die derde uitgawe van Johan Verloren van Themaat se standaardwerk Staatsreg. Uit sy pen verskyn terselfdertyd rigtinggewende tydskrifartikels oor die Suid-Afrikaanse Administratiefreg, Staatsreg en die Volkereg. In sy Afrikaanse bundel opstelle, ’n Politieke idiotikon vir Suid-Afrika, ontleed Marinus Wiechers in 1988 die 35 kernbegrippe in die debat oor vooruitgang in die land, waaronder apartheid, etnisiteit, groepregte, kapitalisme, leierskap, menseregte, selfbeskikking, staatsveiligheid en toekomsvisie. As een van die streek se mees vooraanstaande grondwetkenners, dra hy in 1989 en 1990 by om ’n grondwet vir Namibië op te stel, en tussen 1991 en 1993, om ’n nuwe tussentydse grondwet vir Suid-Afrika te ontwerp. Met die stormagtige en uitdagende geboorte van ’n nuwe bedeling in 1994, word Marinus Wiechers aangestel as rektor van die Universiteit van Suid-Afrika, waar sy termyn tot 1997 duur. Beïndruk met sy geniale r/egsbrein, gee kundiges in 1998 erkenning aan hom deur die publisering van 'n bundel met die gepaste titel: Suprema lex: Essays in honour of Marinus Wiechers. N sy aftrede neem hy musieklesse, skilder en woon byeenkomste by aan die Huis van Afrikaanse Poësie. Voorts, terwyl die openbare lewe in die nuwe bedeling die stem van Afrikaanssprekendes toenemend marginaliseer, word hy al meer prominent as 'n Afrikaanse denker. In ’n besprekingsdokument, in April 2010, voer hy aan dat waar, voor 1994, Afrikaanssprekendes dit dikwels aan die staat oorgelaat het om hulle taal te handhaaf, dit nou die taak is van Afrikaanse organisasies om "daadwerklik op te tree om binne die raamwerk van die grondwet hul regte op hul taal en kultuur op te eis en af te dwing". In ’n referaat in Oktober 2005, waarop hy uitbrei in Maart 2017, straal Marinus Wiechers die geloof uit dat Afrikaans in die toekoms wêreldwyd verder sal kan opbloei indien hy selfone en rekenaars benut. Vir die virtuele span – ’n groep Afrikaanssprekendes wat 'n Afrikaanse digitale netwerk bevorder – benadruk hy: "Kuberruimtes en die skepping van virtuele landskappe en instellings bokant en buite bestaande grense en inrigtings ... word daagliks meer en meer van ’n werklikheid." Toe die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, op 30 Mei 2018, kort voor sy afsterwe, aan hom die Jan H Marais-prys vir uitstaande bydrae in Afrikaans as wetenskaptaal oorhandig, beklemtoon hulle: "Marinus Wiechers se aansien strek verder as Afrikaans; maar Afrikaans het Marinus Wiechers sy aansien gegee." Ter samevatting. Enersyds dra een van ons land se briljantste konstitusionaliste, en later rektor van Unisa, daadwerklik by om grondwette te ontwerp so verskillende soos dié van Bophuthatswana en Ciskei, Namibië en Suid-Afrika. Andersyds ontwikkel hy sy insigte in Administratiefreg, Staatsreg en die Volkereg, terselfdertyd, in keurige en skerp Afrikaanse vaktaal. Tot met sy laaste treë benadruk hy dat elke Suid-Afrikaanse taal sy regte kragtens die Grondwet moet eis en dat die virtuele ruimte van selfone en rekenaars ’n onbegrenste Afrikaanse gemeenskap wêreldwyd ontsluit. Dit is ’n voorreg om Marinus Wiechers te nomineer vir ’n Koker vir lewenslange bydrae tot die ontwikkeling en bevordering, bemagtiging en beskerming van Afrikaans.

Sien ook die fotoblad deur Izak de Vries van die geleentheid:

Fotoblad: ATR-Kokertoekennings 2019

The post ATR-Kokertoekennings 2019: Motiverings appeared first on LitNet.


Inskrywings: LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2019

$
0
0

’n Woord kan ’n tydsgees vasvang.

Hier is ons lys van inskrywings:

Philip van der Westhuizen - Zondo-kommissie
Zandra Bezuidenhout - Trumpisme
Sidney Gilroy - vervolging
Morné du Preez - vernietnaaiers
Elsa van Rooyen - Springbokke
Dayne Nel - vervolging
Rina Robinson - haatspraak
Carien van Niekerk - kokkerotkommentaar
Anita Stanley - droogte
Hendie Grobbelaar - klimaatsverandering
Theresa Troskie - plaasmoorde
Martie Rossouw - water
Martie Muntingh - droogte
Ria Muller - haatspraak
Hannelie Nel - sakeredding
Sybrandus Adema - eko-krisis
Nicol Stassen - taalmoord
Sanna Swart - droogtehulp
Rex Bester - pontifikaal
Christiaan van Huyssteen - geslagsgebaseerdegeweld
Hanlie Bester - rassisme
Barend van der Merwe - ontbondel
Sunita Keyser - klimaatsveranderingaktivisme
Maricel Krügel - 4IR
Lynette van der Merwe - plaasmoord
Sonja de Swardt - droogtehulp
Joanie Ruddeck - boer
Ria Greaves - aardverwarming
Janene Vermeulen - boerepompie
Roelene Vermeulen - Wêreldbeker
Herold Laerskool - water
Chanell Badenhorst - Wêreldbeker

 

Lees die kompetisiereëls hier.

The post Inskrywings: LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2019 appeared first on LitNet.

Vonnisbespreking: Risikoskepping en die middellike aanspreeklikheid van werkgewers: ’n belangrike ontwikkeling

$
0
0

Vonnisbespreking: Risikoskepping en die middellike aanspreeklikheid van werkgewers: ’n belangrike ontwikkeling
Stallion Security v Van Staden (526/2018) [2019] ZASCA 127 (27 September 2019)

Johann Neethling, Departement Privaatreg, Universiteit van die Vrystaat

LitNet Akademies Jaargang 16(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Abstract

Risk creation and the vicarious liability of employers: an important development

In this case the Supreme Court of Appeal developed the common law with regard to the vicarious liability of employers by recognising that the creation of risk of harm by an employer may, in an appropriate case, constitute a relevant consideration in giving rise to a sufficiently close link between the harm caused by the employee and the business of the employer. This approach is fully supported, has been propagated by Neethling and Potgieter (1993:500 ff.) for more than 25 years and constitutes an important milestone in the development of our law concerning the vicarious liability of employers. This approach should especially be considered in instances of intentional wrongdoing by an employee. As a general guideline it is submitted that an employer should be liable for an (intentional) delict of his employee if his appointment and work conditions enabled him to commit the delict (and hence created a heightened risk of prejudice) in such a manner that it should be imputed to the employer on grounds of reasonableness, fairness and justice. Such a heightened risk of prejudice is present in particular where employees have been placed in a position of trust or authority, creating the possibility of abuse. This was clearly the position in Stallion and the employer was therefore justly held vicariously liable for the delict (murder) committed by its employee. In this respect the fact that the employee was on duty when the delict was committed should be prima facie indicative of liability. This factor should be of increasing weight the more the employee used the “trappings” of his work while committing a delict on duty. Where the employee was not on duty, vicarious liability should be imposed only if there are sufficient other factors which persuade the court that the delict should notwithstanding be imputed to the employer, as was the case in Stallion.

Keywords: employer-employee; intentional delict; legal principles; policy considerations; risk creation; risk theory; standard test; strict liability; sufficiently close link; vicarious liability

Trefwoorde: beleidsoorwegings; middellike aanspreeklikheid; opsetlike delik; regsbeginsels; risikoskepping; risikoteorie; standaardtoets; strikte aanspreeklikheid; voldoende noue verband; werkgewer-werknemer

 

1. Inleiding

In hierdie beslissing het die Hoogste Hof van Appèl deur middel van ontwikkeling van die gemenereg vir die eerste keer erkenning daaraan verleen dat risikoskepping deur die werkgewer ’n faktor is wat in ag geneem kan word by die beantwoording van die vraag of die werknemer by delikspleging binne die perke van sy diensbetrekking opgetree het en, indien wel, die werkgewer bygevolg middellik aanspreeklik kan stel. Die oogmerk met hierdie bespreking is om die beslissing van die Appèlhof onder die loep te neem, veral in die lig daarvan dat dit voorkom of risikoskepping ’n drieledige rol kan vervul. Vooraf is dit dus wenslik om as agtergrond ’n oorsig van die posisie van risikoskepping by die middellike aanspreeklikheid van werkgewers te skets.

 

2. Agtergrond

Middellike aanspreeklikheid kan heel algemeen omskryf word as die skuldlose aanspreeklikheid van een persoon vir die onregmatige daad van ’n ander (vgl. Galand-Carval 2003:289; Rogers 2003:64; Neethling en Potgieter 2015:400; Neethling 2003:217; Neethling 2009:887). Dit is gevestigde reg dat waar ’n werknemer, handelende binne die perke van sy diensbetrekking, ’n delik pleeg, sy werkgewer strik ten volle middellik vir die skade aanspreeklik is (sien Scott 1983:199 e.v.; Van der Merwe en Olivier 1989:500 e.v.; Neethling en Potgieter 2015:499 e.v.; Loubser en Midgley 2017:467 e.v.; Van der Walt en Midgley 2016:53–7). Alhoewel daar verskeie teorieë aangevoer word as regverdiging vir die werkgewer se middellike aanspreeklikheid (sien Neethling en Potgieter 2015:401), word algemeen aanvaar dat werkgewers deur hul werknemers ’n risiko van benadeling vir derde partye skep en dat sodanige risikoskepping die ware regverdiging bied. Dit blyk egter dat risikoskepping ’n drieledige rol kan vervul (sien hieroor Neethling 2009:882 e.v.).

Eerstens kan dit ’n verklaring vir die beginsel van strikte middellike aanspreeklikheid verskaf. Risikoskepping bied feitlik deurgaans ’n bevredigende verklaring vir die meeste gevalle van skuldlose aanspreeklikheid wat in ons reg bestaan (sien Neethling 2009:882–4), en word beskou as ’n belangrike – indien nie dié belangrikste nie – rede vir middellike aanspreeklikheid (vgl. Loubser en Midgley 2017:468). In Feldman (Pty) Ltd v Mall 1945 AD 733, 741 word dit soos volg gestel:

[A] master who does his work by the hand of a servant creates [for his own ends] a risk of harm to others if the servant should prove to be negligent or inefficient or untrustworthy; that, because he has created this risk for his own ends he is under a duty to ensure that no one is injured by the servant’s improper conduct or negligence in carrying on his work. 

Vgl. ook Ess Kay Electronics Pte Ltd v First National Bank of Southern Africa Ltd 2001 1 SA 1215 (HHA) 1218; Commissioner South African Revenue Service v TFN Diamond Cutting Works (Pty) Ltd 2005 5 SA 113 (HHA) 117; Minister of Police v Rabie 1986 1 SA 117 (A) 134−5. Hierbenewens word die nuttigheidsfunksie en praktiese waarde van risiko-aanspreeklikheid in gepaste gevalle deur die Hoogste Hof van Appèl onderstreep (sien Loriza Brahman v Dippenaar 2002 2 SA 477 (HHA) 485). 

Tweedens kan dit as ’n onafhanklike grondslag vir middellike aanspreeklikheid dien (sien Neethling 2009:884–7; Neethling en Potgieter 2015:407–8). Scott (1983:15) toon oortuigend aan dat risikoskepping die ware regverdiging vir die werkgewer se aanspreeklikheid verskaf. Die werk wat aan ’n werknemer toevertrou word, skep naamlik bepaalde risiko’s van benadeling (die pleeg van delikte) waarvoor die werkgewer op grond van billikheid en regverdigheid teenoor benadeelde buitestanders aanspreeklik gehou behoort te word. Daarom moet risikoskepping volgens hom die basis of grondslag vir middellike aanspreeklikheid vorm (sien Scott 1983:35–68; sien ook Scott 1979:44 e.v.). Die aanvoorwerk hiervoor in die regspraak is in Minister of Police v Rabie 1986 1 SA 117 (A) 134 gedoen waar appèlregter Jansen die volgende sê:

By approaching the problem whether [an employee’s] acts were done “within the course or scope of his employment” from the angle of creation of risk, the emphasis is shifted from the precise nature of his intention and the precise nature of the link between his acts and [his] work, to the dominant question whether those acts fall within the risk created by [his employer].

Waar appèlregter Jansen (135) hom nie oor die grense van aanspreeklikheid gegrond op risikoskepping wou uitspreek nie, beslis die hof in Minister van Wet en Orde v Wilson 1992 3 SA 920 (A) 927–8 op die feite tog dat die gedrag van die dader so ver verwyderd was van enige risiko wat deur sy aanstelling as polisieman geskep is dat die staat nie middellik aanspreeklik kan wees nie. Volgens Scott (1983: 48 e.v.) behoort ’n werkgewer nietemin net aanspreeklik te wees indien die optrede (delik) van die werknemer redelikerwys voorsienbaar was (sien egter Minister of Police v Mbilini 1983 3 SA 705 (A) 716–7). Hoe ook al, die Appèlhof (sien Minister of Law and Order v Ngobo 1992 4 SA 822 (A) 828–834; Macala v Maokeng Town Council 1993 1 SA 434 (A) 441) was in latere beslissings teësinnig om risikoskepping as selfstandige basis vir middellike aanspreeklikheid uit te bou. In Ess Kay Electronics Pte Ltd v First National Bank of Southern Africa Ltd 2001 1 SA 1215 (HHA) 1219 word trouens verklaar dat die risikoteorie bloot ’n verklaring vir die middellike-aanspreeklikheidsbeginsel bied en nie ’n formulering van die beginsel self daarstel nie.

Derdens kan risikoskepping direk verband hou met, en is daarom bloot ’n faktor wat ’n rol kan speel by, die ondersoek of die werknemer binne die perke van sy diensbetrekking gehandel het (sien Neethling 2009:887–93). Dit vervang dus nie die standaardtoets in hierdie verband nie. Volgens hierdie toets tree die werknemer binne die perke van sy diensbetrekking op indien hy in die uitvoe­ring van sy verpligtinge inge­volge die dienskontrak handel. Daarteenoor tree hy buite bedoelde perke op indien hy hom heeltemal van sy diensbetrekking losmaak en uitsluitlik sy eie doelstellings of belange nastreef of dien. Die beoordeling in hierdie verband is enersyds subjektief en andersyds objektief van aard (sien Rabie 134; Neethling en Potgieter 2015:404–5; Loubser en Midgley 2017:473–6; Van der Walt en Midgley 2016:53–5). Die werkgewer kan middellike aanspreeklikheid ontkom slegs indien die werknemer nie alleen, subjektief gesien, uitsluitlik sy eie belange nagestreef het nie, maar ook, objektief beskou, hom geheel en al van sy dienskontraktuele verpligtinge losgemaak het (sien Kasper v André Kemp Boerdery CC 2012 3 SA 20 (WKK) 27). In laas­genoemde verband is dit veral belangrik dat daar nie ’n voldoende noue verband tussen werknemer se optrede en sy werk moet bestaan het nie. Die vraag of daar so ’n verband bestaan, is problematies veral in gevalle van die werknemer se opsetlike delikspleging (sien bv. die sake in Neethling en Potgieter 2015:405 vn. 148), aangesien hierdie tipe gedrag die antitese is van ’n handeling wat binne die perke van die diensbetrekking begaan is, en dus nie geredelik onder die standaardtoets tuisgebring kan word nie (sien Minister of Finance v Gore 2007 1 SA111 HHA) 123). Gevolglik was die tradisionele siening, afgesien van ’n paar uitsonderings, dat middellike aanspreeklikheid vir opsetlike delikspleging uitgesluit word. Nietemin het die pendulum in die rigting van ’n meer liberale benadering begin swaai, wat op die spits gedryf is deur die rigtinggewende uitspraak van die Konstitusionele Hof in K v Minister of Safety and Security 2005 6 SA 419 (KH), waar die hof bevind het dat die staat middellik aanspreeklik vir polisieverkragting is (sien bv. ook F v Minister of Safety and Security 2012 1 SA 536 (KH) 549 e.v.; Minister of Defence v Von Benecke 2013 2 SA 361 (HHA) 364–7; Giesecke & Devrient Southern Africa (Pty) Ltd v Minister of Safety and Security 2012 2 SA 137 (HHA) 150; Minister of Safety and Security v Luiters 2006 4 SA 160 (HHA) 165 (2007 2 SA 106 (KH) 112–3, 115); Gore 123–4; sien verder Loubser en Midgley 2017:476–80; Neethling en Potgieter 2015:405–6). Daar word aan die hand gedoen dat risikoskepping ten minste as ’n faktor oorweeg moet word by die beantwoording van die vraag of die werknemer binne die perke van sy diensbetrekking opgetree het, soos reeds in die regspraak plaasgevind het (sien bv. Macala 441; F v Minister of Safety and Security 2010 1 SA 606 (WKK) 625–6; Scott 2011:135 e.v.). In Minister of Safety and Security v F 2011 3 SA 487 (HHA) 503 aanvaar die hof dat hierdie idee ver van dood is, soos duidelik blyk uit buitelandse beslissings wat die hof aanhaal (sien ook Neethling en Potgieter 2015:408 vn. 164).

 

3. Beslissing

3.1 Feite

Die moordenaar (K) van die oorledene (V) was in diens van ’n sekuriteitsonderneming (S) wat sekuriteitsdienste gelewer het aan kliënte, onder andere die maatskappy (M) waar V as finansiële bestuurder by die hoofkantoor werksaam was. K het die spreekwoordelike leer van bevordering vinnig geklim en is aangestel eers as perseeltoesighouer en later as perseelbestuurder van die drie persele van M waar S sekuriteitsdienste in die vorm van kontrole oor toegang tot die persele moes lewer. Uit hoofde van sy posisie het K toegang deur middel van ’n biometriese sekuriteitstelsel tot die hoofkantoor van M gehad. As perseelbestuurder is K ook toegerus met ’n systap- of omwegsteutel (“bypass or override key”) wat toegang tot die kantore in die hoofgebou gebied het sonder dat die biometriese stelsel gebruik moes word. ’n Maand voor die moord het K se gedrag by die werk versleg en is hy op siekverlof geplaas. Dit blyk dat sy ongesteldheid en sy onregmatige optrede daarna toegeskryf kon word daaraan dat hy geleende geld nie kon terugbetaal nie en dat die leners begin het om hom “seer te maak”. Op die gewraakte dag het K, gewapen met ’n vuurwapen, na die hoofkantoor gegaan waar hy geweet het V werk, met die systapsleutel sy kantoor bereik en ’n som geld van hom geëis. Omdat V nie die geld uit ’n kluis kon bekom nie, het hy ’n deel daarvan uit sy rekening elektronies na K se rekening oorbetaal. Daarna het K vir V uit die gebou na sy geparkeerde motor begelei en hom beveel om na ’n sekere area te ry, waar hy hom doodgeskiet en toe weggehardloop het. K is kort daarna gevange geneem, maar het later uit aanhouding ontsnap. Volgens verdere inligting is daar vermoed dat hy dood is (sien parr. 2−11).

V se eggenote (E) stel ’n eis teen sowel K as S in vir skadevergoeding vir verlies van onderhoud weens haar man se dood. Die eis teen S is gebaseer op middellike aanspreeklikheid vir die onregmatige daad wat deur K gepleeg is. Om verstaanbare redes is die eis egter net teen S voortgesit (par. 12). Appèlregter Van der Merwe, wat die uitspraak van die Appèlhof lewer, vat die beslissing van die verhoorhof soos volg saam (par. 13):

The court a quo, quite correctly, held that the intentional wrongs of Mr Khumalo were committed entirely for his own purposes. Citing authority that I shall return to, it held that the killing of the deceased was nevertheless sufficiently linked to Mr Khumalo’s employment with Stallion for it to be held vicariously liable for the loss suffered by Ms Van Staden. In this regard the court a quo essentially relied on the strong causal link between the employment of Mr Khumalo and the murder of the deceased, the risk of abuse created by his employment and the contractual duties that Stallion owed to Bidvest through Mr Khumalo. The quantum of damages having been agreed, the court a quo granted judgment in favour of Ms Van Staden in the amount of R1 680 000, interest thereon and costs of suit. The appeal lies against this order.

3.2 Tersaaklike regbeginsels

Ten aanvang wys die hof (par. 14) op die algemene beginsel dat ’n werkgewer middellik aanspreeklik is vir ’n delik wat sy werknemer binne die perke van sy diensbetrekking begaan het, dat die werkgewer skuldloos aanspreeklik is, dat hierdie beginsel uit die Romeinse reg stam en op beleidsoorwegings gegrond is. In hierdie verband moet nietemin daarop gewys word dat die beginsel vanuit die Engelse reg in ons reg ingeburger is, soseer dat Boberg (1966:169) dit beskryf as “perhaps the most comprehensive and far-reaching innovation we have taken from English law” (sien ook Loubser en Midgley 2017:466 en die bronne waarna daar verwys word). Appèlregter Van der Merwe (par. 15) vervolg dat in gevalle waar die werknemer die delik pleeg terwyl hy net of gedeeltelik met sy werk doenig is, middellike aanspreeklikheid in die algemeen nie probleme oplewer nie. Probleme ontstaan egter waar die werknemer ’n opsetlike onregmatige daad uitsluitlik vir eie doeleindes pleeg. Hy verwys (par. 16) in hierdie verband na die standaardtoets wat in Rabie 134 soos volg omskryf word (sien ook hier bo par. 2): 

It seems clear that an act done by a servant solely for his own interests and purposes, although occasioned by his employment, may fall outside the course or scope of his employment, and that in deciding whether an act by the servant does so fall, some reference is to be made to the servant’s intention (cf Estate van der Byl v Swanepoel 1927 AD 141 at 150). The test is in this regard subjective. On the other hand, if there is nevertheless a sufficiently close link between the servant’s acts for his own interests and purposes and the business of his master, the master may yet be liable. This is an objective test.

Soos hier bo uitgewys (par. 2), beklemtoon die regter (parr. 17–8) ook hier die belangrikheid van die beslissing in K deur te wys op die intensiewe oorsig van leidende Suid-Afrikaanse en buitelandse regspraak deur regter O’Regan, en veral haar ontwikkeling van die basis van gemeenregtelike middellike aanspreeklikheid wat in Rabie gelê is. Die gevolg was universele goedkeuring in daaropvolgende beslissings van die Hoogste Hof van Appèl. Ter wille van ’n beter begrip van die rigtinggewende beslissing in K, is dit wenslik om ’n kort oorsig daarvan te gee (sien ook Loubser en Midgley 2017:478−9): Die eiseres, ’n jong vrou, het laatnag gestrand geraak en drie polisiebeamptes, geklee in volle uniform, het aangebied om haar in die polisiemotor huis toe te neem. Op pad word sy om die beurt deur al drie verkrag. In teenstelling met K v Minister of Safety and Security 2005 3 SA 179 (HHA) (vir ’n kritiese bespreking sien Neethling en Potgieter 2005 TSAR 595 e.v.) beslis regter O’Regan dat die staat middellik aanspreeklik is vir die polisiemanne se optrede. Volgens haar (435–7, 441–4) was daar, indien die standaardtoets soos geformuleer in Rabie 134 (sien hier bo) en toegelig deur die grondwetlike Handves van Regte, toegepas word, ’n voldoende noue verband (“sufficiently close connection”) tussen die polisie se optrede en hul werk om hul werkgewer middellik aanspreeklik te stel: Daar was ’n statutêre plig op die polisiebeamptes om misdaad te voorkom en lede van die publiek te beskerm; die polisiemanne het aangebied om die eiseres te help en sy het redelik opgetree deur die aanbod te aanvaar en haar vertroue in hulle te plaas; en die optrede van die polisiemanne het tegelykertyd bestaan uit ’n commissio (die brutale verkragting) en ’n omissio (hul versuim om haar teen die verkragting te beskerm).

Hierop laat appèlregter Van der Merwe (par. 19) volg:

It bears emphasising that a sufficiently close link must exist between the wrongful act of the employee on the one hand and the business or enterprise of the employer on the other. This supple concept accords with the objective nature of the second part of the test. The purpose of the development of the law in Rabie and K was to provide redress to a victim against an employer even though the wrongful act did not in any manner constitute the exercise of the duties or authorised acts of the employee, if it was objectively sufficiently linked to the business or enterprise of the employer. Thus, references to a link with the duties, authorised acts or employment of the employee should in this context be avoided.

Die vraag is egter wanneer daar ’n voldoende noue verband met die werk by opsetlike delikspleging sal bestaan (parr. 20−1). ’n Gerieflike beginpunt is volgens die regter dat die werkgewer nie aanspreeklik sal wees bloot omdat sy werk die werknemer die geleentheid gebied het om ’n delik te pleeg nie: “The enquiry may not be reduced to a mere ‘but for’ causation analysis.” Iets meer as bedoelde geleentheid is nodig, en dit sal afhang van die relevante feitelike omstandighede en normatiewe oorwegings van elke besondere geval of aanspreeklikheid verder ontwikkel moet word. Dit bring die hof by ’n oorweging van die rol wat die skep van ’n risiko van nadeel by die besigheid van die werkgewer behoort te speel.

3.3 Regsontwikkeling

Regter Van der Merwe (parr. 22–5) siteer eerstens die welbekende diktum in Feldman 741 (hier bo par. 2 aangehaal) dat ’n werkgewer deur middel van ’n werknemer “creates a risk of harm to others if the servant should prove to be negligent or inefficient or untrustworthy”; en daarna die ewe bekende diktum in Rabie 134 (ook hier bo par. 2 aangehaal) dat as gevolg van die werkgewer (hier die staat) se aanstelling van ’n besondere werknemer “the State created a risk of harm to others, viz the risk that [the employee] could be untrustworthy and could abuse or misuse those powers for his own purposes”. In Ngobo 831 staan die hof egter krities teenoor die benadering in Rabie, en wel soos volg: 

Put another way, having regard to [the employee’s] intention and the facts proved, “approaching the problem ... from the angle of risk” would appear to be the only basis on which vicarious liability could be said to arise from [the employer’s] misconduct. But what is regarded as an underlying reason – perhaps the main one – for attaching vicarious liability to the employer, namely, the creation of risk (also known as “risk liability”), has hitherto never been regarded in our law as the consideration which determines whether such liability is proved.

Hiermee stem appèlregter Van der Merwe (parr. 26–7) egter nie saam nie. Volgens hom het Rabie nie beslis dat risikoskepping die enigste faktor is wat in ag geneem moet word nie. Ook is daar geen rede waarom risikoskepping nie sowel die beleidsrede vir middellike aanspreeklikheid as die kriterium vir die aanwending van hierdie beginsel kan wees nie (anders as wat by implikasie in Ess Kay 1219 te kenne gegee is). Hierdie siening word aanvaar deur hoogste howe in Kanada en die Verenigde Koninkryk waarna die hof (parr. 28–30) vervolgens verwys. Ter toeligting word hier net die volgende diktum in Bazley v Curry [1999] 2 SCR 534 siteer, wat ook in K 439 aangehaal is:

(2) … Vicarious liability is generally appropriate where there is a significant connection between the creation or enhancement of a risk and the wrong that accrues therefrom, even if unrelated to the employer’s desires. Where this is so, vicarious liability will serve the policy considerations of provision of an adequate and just remedy and deterrence. Incidental connections to the employment enterprise, like time and place (without more), will not suffice …
(3) In determining the sufficiency of the connection between the employer’s creation or enhancement of the risk and the wrong complained of, subsidiary factors may be considered. These may vary with the nature of the case. When related to intentional torts, the relevant factors may include, but are not limited to, the following:
(a) the opportunity that the enterprise afforded the employee to abuse his or her power;
(b) the extent to which the wrongful act may have furthered the employer’s aims (and hence be more likely to have been committed by the employee);
(c) the extent to which the wrongful act was related to friction, confrontation or intimacy inherent in the employer’s enterprise;
(d) the extent of power conferred on the employee in relation to the victim;
(e) the vulnerability of potential victims to wrongful exercise of the employee’s power.

Die beslissings in Kanada en die Verenigde Koninkryk toon dat dit nou beslis ingeburger geraak het dat risikoskepping ’n belangrike oorweging is by die vraag of daar ’n genoegsame noue verband tussen die optrede van die werknemer en sy werk bestaan om middellike aanspreeklikheid te vestig. Volgens die hof (parr. 31–2) is die redenasie van die beslissings oortuigend en verskaf waardevolle riglyne vir die ontwikkeling van ons reg op dié gebied. Met verwysing na Neethling en Potgieter (2015:407–8) verklaar appèlregter Van der Merwe voorts dat ook leidende Suid-Afrikaanse akademiese kommentators hierdie benadering steun. Om hierdie oorwegings moet ons reg, soos dit in Rabie en K daargestel is, verder ontwikkel word “to recognise that the creation of risk of harm by an employer may, in an appropriate case, constitute a relevant consideration in giving rise to a sufficiently close link between the harm caused by the employee and the business of the employer”. Of die werkgewer ’n risiko van nadeel geskep het, moet objektief beoordeel word.

3.4 Toepassing van die reg op die feite 

Aangesien K die moord uitsluitlik vir sy eie doeleindes gepleeg het, is die enigste vraag volgens die hof (parr. 33–4) of die moord desnieteenstaande genoegsaam verband gehou het met S se besigheid. Die feit dat K met siekverlof was tydens die moord en nie die moord by sy werkplek gepleeg het nie, dra daartoe by om die verband tussen S se besigheid en die dood van V te verminder. Ook was daar geen verbintenis tussen S se besigheid en die vuurwapen in K se besit nie.

Aan die ander kant het S vir K meer as ’n blote geleentheid gebied om die gewraakte optrede te pleeg. Dit het hom in staat gestel om die kantoorarea sonder enige bespeuring te betree en te verlaat. Dit is moontlik gemaak deur sy intieme kennis van die uitleg en die sekuriteitsdienste op die perseel; sy opdrag om onaangekondigde besoeke op die perseel te eniger tyd te maak; sy wete dat V laat sou werk; en die belangrikste, sy besit van die systapsleutel na die kantoorarea. Hierdie spesiale posisie het ’n wesentlike risiko geskep dat K sy magte kon misbruik en sodoende vir V aan die roof en bygevolg die moord blootgestel (sien par. 36). Hierbenewens was S kontraktueel verplig om 24-uur-toegangskontrole oor die persele van M te verskaf ten einde M se personeel by die werkplek en sy eiendom te beskerm. S het K in bevel geplaas om hierdie verantwoordelikheid uit te oefen. Hierdie faktor verskaf volgens die hof (par. 3.7) ’n belangrike normatiewe skakel tussen S se besigheid en die nadeel wat E gely het.

Op grond hiervan besluit appèlregter Van der Merwe (par. 38) dat die verhoorhof nie fouteer het deur te beslis dat daar ’n voldoende noue verband tussen die besigheid van S en die dood van V aanwesig was nie. Die appèl teen hierdie beslissing word gevolglik van die hand gewys.

 

4. Slotsom

Hierdie beslissing van die Hoogste Hof van Appèl om deur middel van ontwikkeling van die gemenereg vir die eerste keer erkenning daaraan te verleen dat risikoskepping deur die werkgewer ’n faktor is wat in ag geneem kan word by die beantwoording van die vraag of die werknemer by delikspleging binne die perke van sy diensbetrekking opgetree het en, indien wel, die werkgewer bygevolg middellik aanspreeklik kan stel, word volkome sonder voorbehoud onderskryf. Hierdie benadering word vir meer as 25 jaar al deur Neethling en Potgieter (1993:500 e.v.) voorgestaan en stel ’n belangrike mylpaal daar in die ontwikkeling van die reg aangaande die middellike aanspreeklikheid van werkgewers in ons reg.

Daar word aan die hand gedoen dat hierdie benadering veral in gevalle van opsetlike delikspleging deur die werknemer oorweeg behoort te word (sien Neethling en Potgieter 2015:408 vn. 163; Neethling 2009:892–3). Dit geld in die besonder waar die werkgewer aanspreeklik gehou word vir die werknemer se “improper modes” van werkverrigting, aangesien risikoskepping ’n beter verklaring vir sodanige aanspreeklikheid bied. As algemene riglyn word voorgestel dat ’n werkgewer aanspreeklik behoort te wees vir ’n (opsetlike) delik van sy werknemer as sy aanstelling en werksomstandighede hom op sodanige wyse in staat gestel het om die delik te pleeg (en dus ’n verhoogde risiko van benadeling geskep het) dat dit die werkgewer op grond van redelikheid, billikheid en regverdigheid toegereken kan word. Sodanige verhoogde risiko van benadeling is in die besonder aanwesig waar werknemers in ’n posisie van vertroue of gesag, wat die moontlikheid van misbruik skep, geplaas is. Dit was klaarblyklik die geval in Stallion en daarom is S tereg aanspreeklik gestel. In hierdie verband behoort die feit dat die werknemer aan diens was toe die delik gepleeg is, prima facie aanduidend van aanspreeklikheid te wees. Hierdie faktor behoort swaarder te weeg hoe meer die werknemer tydens delikspleging aan diens gebruik gemaak het van die tooisels (“trappings”) van sy werk. Waar die werknemer egter nie aan diens was nie (soos in Stallion), behoort middellike aanspreeklikheid te volg net indien daar genoegsame ander faktore is wat die hof oortuig dat die delik desnieteenstaande aan die werkgewer toegereken moet word, soos klaarblyklik in Stallion die geval was (sien verder Neethling 2009:892; Neethling en Potgieter 2015:408 vn. 163; Neethling en Potgieter 1993:504; Loubser en Midgley 2017:468, 478).

 

Bibliografie

Boberg, P.Q.R. 1966. Oak tree or Acorn: Conflicting approaches to our law of delict. South African Law Journal, 83(2):150.

Galand-Carval, S. 2003. Comparative report on liability for damage caused by others. In Spier (red.) 2003.

Loubser, M. en R. Midgley. 2017. The law of delict in South Africa. 3de uitgawe. Kaapstad: Oxford University Press.

National and Kapodistrian University of Athens, Faculty of Law (reds.). 2009. Essays in honour of Konstantinos D. Kerameus; Festschrift für Konstantinos D. Kerameus. Athene: Sakkoulas.

Neethling, J. 2003. Liability for damage caused by others under South African law. In Spier (red.) 2003.

—. 2009. Risk-creation and the vicarious liability of employers under South African law. In National and Kapodistrian University of Athens (reds.) 2009.

Neethling, J. en J.M. Potgieter. 1993. Risikoskepping by middellike aanspreeklikheid. Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, 56(3):500–8.

—. 2003. Onsekerheid in die hoogste hof van appèl oor middellike aanspreeklikheid vir oneerlike werknemers. Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, 66(2):323–8. 

—. 2005. Middellike aanspreeklikheid van die staat vir verkragting deur polisiebeamptes. Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, 3:595–602.

—. 2015. Neethling-Potgieter-Visser deliktereg. Durban: LexisNexis.

Rogers, W.V.H. 2003. Liability for damage caused by others under English law. In Spier (red.) 2003.

Scott, T.J. 2011. Middellike aanspreeklikheid van die staat vir misdadige polisie-optrede: Die heilsame ontwikkeling duur voort. Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, 1:135−47.

Scott, W.E. 1979. The theory of risk liability and its application to vicarious liability. The Comparative and International Law Journal of Southern Africa, 12(1):44–64. 

—. 1983. Middellike aanspreeklikheid in die Suid-Afrikaanse reg. Durban: Butterworth.

Spier, J. (red.). 2003. Unification of tort law: Liability for damage caused by others. Den Haag: Kluwer Law International. 

Van der Merwe, N.J. en P.J.J. Olivier. 1989. Die onregmatige daad in die Suid-Afrikaanse reg. 6de uitgawe. Pretoria: Van der Walt.

Van der Walt, J.C. en J.R. Midgley. 2016. Principles of delict. 4de uitgawe. Durban: LexisNexis. 

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Vonnisbespreking: Risikoskepping en die middellike aanspreeklikheid van werkgewers: ’n belangrike ontwikkeling appeared first on LitNet.

Eer jou ouers: ma en pa, ma en ma, pa en pa, net-ma, net-pa

$
0
0

Die anne dag staan ek in Observatory, Kaapstad, en kyk na die geraamtes van die ouetehuis wat nou al vi jare daa gestaan het. Dis net stof wat staan, en gebriekde bakstiene wat ront lê, en bulldozers wat in stilte hulle bekke oep en toe klap soes hulle vêder die ouetehuis afbriek en weg dra.

Nou vi al die tyd wat ek in Obs gebly het het die mense wat by die ouetehuis gebly het deel van my Obs experience geraak. Ek het altyd gewonne vi myself, as ek hulle soe sien loep het, maa nou waa is hulle kinnes, of klein kinnes dan? Waa is hulle families lat hulle nou op ou dag, moet in ʼn ouetehuis loep bly? En ek het altyd gesê, nooit sal ek toelaat lat my ma, of pa, of my skoonouers hulle voete in ʼn ouetehuis sal sittie, wan hoekô moet dit gebee, wanne hulle ôs groot gemaak het.

Maa dissie soe maklik soes dittie. Wan ek het nooit gedink dat miskien is van daai oumense wat in die ouetehuise bly miskien sonne familie, miskien was hulle geboore, maa af gegie an die Staat, wan you know, life happens, miskien het hulle hulle families veloo deu een of anner ramp, miskien wil hulle nie by hulle familie gat bly nie, wan hulle soek daai independence, hulle wil nog wys dat hulle kan agte hulle self kyk, miskien kon hulle nooit trou, wan hulle liefdesverhoudinge was illegal in die oë van die Staat, en ek praatie net van die Mixed Marriage Act nie, maa gay en lesbian vehoudinge oek. Daa is soe baie maybes en goed, dat ek dinkie ʼn mens kan die vrae beantwoortie.

Maa wat vi my important en hoekô ek skryf hie’oo gat oo hoe ôs, ôs se groot mense, en oumense treat, nevemind of hulle familie is, of nie familie issie. I think we’ve completely lost sight of what the elderly mean to us as a society.

Ek sien hoe swaa my pa nou kry nadat hy op 60 moes aftree. Nou djy wêk jou hele liewe lank vir ʼn company, en op 60 dan stop alles netsoe met ʼn groot BANG! En natuurlik, kan ʼn die mens wat moet aftree op 60 mos nou vêder wêk en dinge doen wat hulle nog altyd wou gedoenit. En vi baie mense wêk dittie soe nie, wan na ampe 40 tot 50 jaa se gewêk an ieman annes se droeme, dat djy nie wiet hoe om die pad na jou eie droeme trug te kry nie. Maa dan is daa vi my die anne vraag, wat gebee met al daai wisdom en experience wat mense wat opgebou het oo al daai klompie jaare? Dit moet tog iets werd wies?

Die kapitalistiese society skryf mos nou voo hoeveel werd oumense en hulle wysheid en experience rêrig is, en dit skryf oek voo hoe oumense getreat moet wôt, dis vi my nie ʼn wonne ôs is soe bang om oud te raakie. Wan djy raak ʼn niks, jou liggaam stiek jou in die skanne, en dies wat djy geboore het, of dies wat om jou is, stiek jou in die skanne, en die system wat djy jou hele liewe lank voo gewêk het smyt jou uit, en stiek jou in die skanne. Hulle gie jou net ʼn stukkie van jou geld, wan hulle moet jou nog steeds control op jou ou dag, hulle moet nog steeds geld maak uit jou geld uit, en vêder an hulle droeme bou. Dink djy dis reg, of dis just, of menslik om iemand soe te hanteer?

Die Heilige Boeke praat amal van hoe ôs ôs ouers moet eer en respekteer, en ek wiet oek, en vestaan dat daa baie ouers, grootmense, of oumense is wat daai eer en respek nie deservie. En dis moeilik om die kwaad en pyn in mens se binnestes oo wat hulle gedoen, of nie gedoen hettie, te lat gan, en soms is dittie soe plein-en-simpel soes dittie, om te vegiewe en te lat gannie.

Maa ôs moet een ding onthou, ôs se grootmense, en oumense hulle is mos die bakens van ôs se veliedes, die storieboeke wat ôs kan vetel en trug vat en ôs in strate lat loep waa hulle voetspore gelos het.

Ôs mag nou liewe in die Vierde Industriële Revolusie, en dinge mag nou nuut wies, en ôs liewe mag exciting lyk vorentoe, maa oo ʼn paa jaar sit ôs in die selle boat, dan is ôs die oumense wat op neer gekyk wôt, wat uitgesit wôt, wat weg gegooi wôt.

Ôs moet ʼn bietere way kry om hulle te wys dat hulle nog waarde in die liewe het. Doen jou deel die vakansie, en die Krismis, en wies daa vi ʼn ouma, of ʼn oupa, of ʼn grootmens in jou liewe, of as djy nie een hettie, daa is baie daa buite wat allien is, en wat miskien hulp nodig het. Ôs moet hulle dra soes hulle ôs gedra het, soedat ôs “kinnes” ôs oek soe kan dra.

Dankie vi die lies, en di onnesteuning.

The post Eer jou ouers: ma en pa, ma en ma, pa en pa, net-ma, net-pa appeared first on LitNet.

Help, ek is ’n skoolhoof in ’n afgeleë gemeenskap! Uitdagings tot die skoolhoof se leierskap- en bestuurstyl 

$
0
0

Help, ek is ’n skoolhoof in ’n afgeleë gemeenskap! Uitdagings tot die skoolhoof se leierskap- en bestuurstyl 

Leentjie van Jaarsveld, Skool vir Professionele Studies in Onderwys, Noordwes-Universiteit

LitNet Akademies Jaargang 16(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Hierdie artikel fokus op die uitdagings van skoolhoofde in afgeleë skole ten opsigte van hul leierskap- en bestuurstyl. Afgeleë skole beskik oor unieke eienskappe en beleef uitdagings wat uitsonderlik is, soos dit in hierdie studie duidelik na vore gekom het. Geografiese en demografiese eienskappe bepaal hoe die skoolhoofde van hierdie skole hul leierskap uitoefen. Uitdagings soos gebrekkige infrastruktuur, armoede, misdaad en maatskaplike verval, kenmerkend van die gemeenskappe waarin die skole geleë is, plaas verdere druk op skoolhoofde om hierdie skole effektief te lei en te bestuur. Die nodige ondersteuning van die skole se beheerliggame ontbreek in sekere gevalle en samewerking met die skoolbestuurspan is nie altyd positief nie. Aangesien die skole in afgeleë gemeenskappe geleë is, is ’n hoë onderwyseromset aan die orde van die dag. Maatskaplike verval, veral ten opsigte van drankmisbruik, lei daartoe dat daar ’n gebrek aan ondersteuning vir en belangstelling in die leerders se akademiese vordering is. Hierdie aspek het in die studie in sommige van die gemeenskappe duidelik na vore gekom. 

Die studie behels kwalitatiewe empiriese navorsing in tien skole in die Noord-Kaap en het ten doel om die moeilike omstandighede waarin skoolhoofde hul leierskappraktyke uitvoer, uit te lig. Die hoofnavorsingsbevinding is dat politiek en bevolkingsgroepe ’n rol speel in die funksionering van die skole in die verskillende gemeenskappe. ’n Gevoel van eenheid ontbreek en gemeenskapsopvoeding is nodig om ’n besef van verantwoordelikheid ten opsigte van hul kinders in die skool by die ouers te vestig.

Trefwoorde: aanvaarding; afgeleë skole; gemeenskap; onderwyskonteks; skoolhoofleierskap; sosiale-identiteitsteorie; uitdagings

 

Abstract

Help, I’m a school principal in the middle of nowhere! Challenges to the principal’s leadership and management style

School leadership has been widely investigated. The competence of principals in remote areas is often questioned as principals are moved to remote areas for various reasons. This study deals with principals located in remote areas that have their own unique challenges. Access to schools is often extremely difficult as dirt roads provide the only access to the school. Furthermore, these schools have limited water supply, sanitation facilities and communication connections. The factor of poor socio-economic conditions stood out in the study. Due to unemployment and a lack of income, these schools were lacking the necessary support from parents. The payment of school fees was meagre, and the collection of extra funds for the maintenance of the schools was inadequate. Unemployment contributed to theft, alcohol abuse and drugs in the community. Another problem was new principals being appointed from other towns; such “new” heads are not trusted at first, and cooperation between the principal, the governing body and the parents is insufficient.

Communities play an important role in the education of learners. Mutual trust, cooperation and cohesion should exist between the school and the community. However, in many remote communities, the parents, learners and governing body function separately. Learners have no sense of responsibility towards their school commitments, parents have no interest in their children’s daily school routine and the governing body uses its power to make decisions regarding the school without the permission of the principal. Yet, in some communities, it seems to be different. In one community, the principal was accepted and good collaboration existed between the principal, the parents, the governing body and the learners.

This study was highlighted by the social identity theory, which consists of three main components: the social-psychological component, the system component and the societal component. The social-psychological component of the social identity theory is related to the understanding of the cognitive and motivational processes which narrate to a form of intergroup discrimination (social competition) that makes social identity inevitable in individual self-evaluation and links individual self-values to the value of the group. The system component entails three socio-structural variables, namely the permeability of group boundaries, the stability of the intergroup status system and the legality of the intergroup status system. The system component predicts that social competition will occur only if group boundaries are impermeable and the intergroup status system is unstable and unlawful. The societal component of the theory relates to the specific historical, cultural, political and economic context that contains and defines the groups and their status system. The details of this societal context can be described as the social reality of the intergroup situation. Two important aspects of the societal context are social norms and the societal value of intergroup behaviour. This group membership carries emotional value and is of great importance to the individual. The three components of the social identity theory are important when the topic of leadership is raised. It is important for the leader to be accepted in the community; in other words, in reference to values, it is essential that the leader’s values match those of the group. Depending on how strong the boundaries of the group are, these will determine whether a newcomer is accepted, especially when strong leadership qualities emerge. The group’s cultural, political and social status will further determine whether or not a new member is accepted.

According to the social identity theory, people define themselves as members of a group that has characteristics that do not necessarily match the characteristics of other groups. Members of social groups evaluate the activities of people outside the group and determine whether these are consistent with their own. The members have an emotional connection with or commitment to the group, and a sense of pride and belonging prevails.

The study followed a qualitative approach from the interpretivist paradigm. A phenomenological design was applicable to the study. The study aimed to gain a holistic perspective of principals’ leadership and management within the environment in which they interact with people daily. The study sample consisted of ten principals, both male and female. Schools in towns with fewer than 4 600 residents in the Northern Cape were identified. Semi-structured interviews were conducted to gain insight into the leadership of the principals. The inductive data analysis process was used. Firstly, the data were coded and subdivided, and themes were formed, linked to the research objective and deduced by referring to the literature. The required ethical clearance was obtained from the Research Ethics Committee of the North-West University. I also obtained permission to conduct the research from the Northern Cape Department of Basic Education and the school principals.

In the study, it was found that principals in remote areas, in the absence of technology, infrastructure and support bases, have to use their skills creatively, and they need the support of the community, teachers, school management and governing body. Without the approval of the community, principals find it difficult to become part of the community. Being accepted by the community requires a lot of trust. Principals have to prove themselves first and will only then be accepted. Based on the social identity theory, there seems to be categorisations of “outside” (i.e. the principal) and “inside” (i.e. the community).

As the schools are isolated, support, trust and respect are crucial for the school to function fully and motivate learners to have a vision for the future. With the social identity theory arguing that the members of the group (community) have a commitment or an emotional commitment to the group (school) and a sense of pride and belonging is important, the concept of a community school should be considered. The management and leadership skills of the principal predominate ethnicity in that when these skills of the principal are very strong, ethnicity is overlooked and how well the school functions become more important. In other words, it is not about who runs and leads the school, but how the school is run and managed. It is precisely these management and leadership skills that distinguish principals from one another in terms of relationships, finances, challenges and problem solving.

When clear guidelines are given regarding the principal, the school management team and the governing body, the school functions as it should – for the benefit of the child. When a school focuses on its learners, ethnicity and language fades and a positive school climate is experienced. For this reason, principals must be appointed for the right reasons. Often principals are appointed in remote schools simply because no one else is willing to take the job. At the same time, principals must receive sufficient training to ensure they are prepared to act as principal under difficult circumstances. The same applies to the appointment of governing body members, who often experience a sense of power when they are appointed, which they do not know how to handle. If the role of the governing body is clearly spelt out, everyone will understand the various roles and a good relationship can exist between the principal and the governing body. The principal’s visibility also plays a role. When principals make a contribution in the community, their task as principal is being facilitated. A school can be successful only if the community, governing body, school management team, principal, teachers and learners all understand their roles and take responsibility for these. 

Keywords: acceptance; challenges; community; school principalship; schools in remote areas; social identity theory; teaching context

 

1. Inleiding en agtergrond

Die ondersoek na die rol van skoolhoofde bly belangrik, want navorsing toon steeds dat skoolhoofleierskap naas klaskameronderrig die belangrikste invloed op leerders het (Hardwick-Franco 2019:301). Verskeie studies oor skoolhoofleierskap, en veral die uitdagings wat skoolhoofde ervaar, het die lig gesien. Bantwini en Moorosi (2018) verwys na die ondersteuning van die skoolhoof ten opsigte van distrikte. Verskeie outeurs maak melding van skoolhoofde wat skole verlaat (Béteille, Kalogrides en Loeb 2012; Ni, Sun en Rorrer 2014; Grissom en Bartanen 2018), met nuwe aanstellings wat moeilik en tydsaam plaasvind. Gevolglik word onervare opvolgers soms aangestel om skoolhoofposte so spoedig moontlik te vul. Hierdie tendens word veral in landelike en afgeleë skole ervaar. Du Plessis (2017) voer aan dat landelike kontekste bykomende en eiesoortige uitdagings vir skoolleiers skep aangesien plattelandse skole unieke uitdagings ervaar en eienskappe het wat hulle wesentlik van dié in stedelike gebiede onderskei. Sebastian, Camburn en Spillane (2018) lê klem op en verskeidenheid van take wat skoolhoofde daagliks moet uitvoer, die lang ure en die gebrek aan ondersteuning wat hulle ontvang. Wildy en Clarke (2009) het in hul studie bevind dat dit belangrik is dat skoolhoofde vooraf kennis moet dra van die maatskaplike, ekonomiese, politieke en geografiese aspekte in die skoolomgewing, asook hoe gemeenskappe funksioneer en hoe skoolhoofde effektief kan saamwerk en vennootskappe kan sluit. Hulle fokus verder op die uitdagings wat skoolhoofde in afgeleë gemeenskappe ondervind, waar hulle sensitief moet wees ten opsigte van kontekstuele en diverse omstandighede (Wildy en Clarke 2009). Skoolhoofleierskap in kleiner dorpe of skoolgemeenskappe wat ver van groot stede en dorpe geleë is, word egter dikwels oor die hoof gesien (Hardwick-Franco 2019:301). In ’n ander studie argumenteer Starr en White (2008) dat die omstandighede waarin skoolhoofde hul leierskap in afgeleë skole moet uitvoer, versleg en dat hulle ten opsigte van die onderwyshiërargie “daal”. Na aanleiding van verskeie ander projekte met betrekking tot skoolhoofde (in presterende én onderpresterende skole) het die behoefte aan verdere navorsing ten opsigte van skoolhoofde in afgeleë dorpe na vore gekom. Navorsing in hierdie skole is moeilik uitvoerbaar aangesien toegang tot die skole moeilik is, juis omdat die skole ver van groter dorpe geleë is. In my studie van die literatuur het ek opgemerk dat navorsing in afgeleë skole gebrekkig is. Tydens die skakeling met die skoolhoofde in die afgeleë skole het hulle pertinent daarop gewys dat daar ’n behoefte was om met akademici te gesels om hul probleme “hoorbaar” te stel. In hierdie studie fokus ek op die leierskap en bestuur van die skoolhoof in afgeleë skole. Ek het ondersoek ingestel na hoe hierdie skoolhoofde die uitdagings hanteer en hul daaglikse take uitvoer te midde van moeilike omstandighede. Om die omstandighede van die skoolhoofde in afgeleë skole te verstaan, begrond die sosiale-identiteitsteorie die studie.

 

2. Sosiale-identiteitsteorie

Die sosiale-identiteitsteorie bestaan uit drie hoofkomponente, naamlik die sosiaal-sielkundige komponent, die stelselkomponent en die samelewingskomponent. Die sosiaal-sielkundige komponent van die sosiale-identiteitsteorie hou verband met die begrip van die kognitiewe en motiveringsprosesse, wat betrekking het op ’n vorm van intergroepdiskriminasie (sosiale mededinging) wat die sosiale identiteit in individuele selfevaluering onvermydelik maak en individuele selfwaardes aan die waarde van die groep koppel (Samuel en Lasisi 2019:63). Die stelselkomponent dui drie sosio-strukturele veranderlikes aan, naamlik die deurlaatbaarheid van groepsgrense, die stabiliteit van die intergroepstatusstelsel en die wettigheid van die intergroepstatusstelsel. Die stelselkomponent voorspel dat sosiale mededinging sal plaasvind slegs as groepsgrense ondeurdringbaar is en die intergroepstatusstelsel onstabiel en onregmatig is. Die samelewingskomponent van die teorie hou verband met die spesifieke historiese, kulturele, politieke en ekonomiese konteks wat die groepe en hul statusstelsel bevat en definieer. Die besonderhede van hierdie samelewingskonteks kan beskryf word as die sosiale werklikheid van die intergroepsituasie. Twee aspekte van die sosiale konteks wat belangrik is, is die maatskaplike norme en die samelewingswaarde van intergroepgedrag (Samuel en Lasisi 2019:64). Die sosiale-identiteitsteorie beskou ’n individu se verhouding met die groep in die samelewing as kennis dat die individu weet dat hy of sy aan ’n sekere sosiale groep behoort. Hierdie groeplidmaatskap is van groot belang en emosionele waarde vir die individu. Die drie komponente wat verband hou met die sosiale-identiteitsteorie is van belang wanneer leierskap ter sprake is. In ’n gemeenskap is dit belangrik dat die leier aanvaar word; met ander woorde, indien daar spesifiek na waardes verwys word, is dit belangrik dat die waardes van die leier ooreenstem met die waardes van die groep. Na gelang van hoe sterk die grense van die groep is, sal dit bepaal of ’n nuweling aanvaar word of nie, veral wanneer sterk leierskapeienskappe na vore kom. Die groep se kulturele, politieke en sosiale stand sal voorts bepaal of ’n nuwe lid aanvaar word of nie.

Volgens die sosiale-identiteitsteorie definieer mense hulself as lede van ’n groep wat oor eienskappe beskik wat nie noodwendig ooreenstem met die eienskappe van mense wat buite die groep val nie. Lede van sosiale groepe evalueer die aktiwiteite van mense buite die groep en bepaal of dit in ooreenstemming is met hul aktiwiteite (Brändle, Berger, Golla en Kuckertz 2018:18). Die lede van die groep het ’n emosionele verbintenis met of toewyding aan die groep en ’n gevoel van trots en “behoort” is aan die orde van die dag (Fujita, Harrigan en Soutar 2018:57).

Navorsing dui daarop dat sosiale instellings waarin sosiale identiteit opvallend is tot verminderde intergroepkontak, verhoogde etniese isolering en verhoogde intergroepvooroordeel lei (Shwed, Kalish en Shavit 2018:646). Volgens die sosiale-identiteitsteorie is die multikulturele klem op verskil en onderskeiding en word sosiale verdeling en stereotipering aangemoedig, wat tot verminderde interetniese vriendskappe lei. Die sosiale-identiteitsteorie argumenteer dat individue in baie sosiale situasies geneig is om hulself as tipiese lede van ’n groep, soos ’n organisasie, te identifiseer (Ye, Zhu, Deng en Mu 2019). Sosiale dilemmas is situasies wat spanning tussen individue en kollektiewe belange veroorsaak (Simpson 2006:443). Tipies in ’n geslote gemeenskap kan die leierskapposisie van individue wat van “buite” in die gemeenskap inkom, tot spanning lei, aangesien daar nie samewerking tussen die “inkommer” en die gemeenskap is nie. Inkommers is individue wat nie in die gemeenskap gebore is nie, maar van ander gemeenskappe na ’n gemeenskap verhuis het (Ras 2015).

 

3. Literatuuroorsig

3.1 Gemeenskappe

Die skool is ’n sosiale instelling en funksioneer nie in ’n vakuum nie, maar is nou verwant aan die lewe binne ’n gemeenskap. Om hierdie rede is goeie verhoudinge met die gemeenskap van kardinale belang (Micah, Anthony en Isaac 2017:100). ’n Skool-gemeenskap-verhouding maak dit vir die skool en die gemeenskap moontlik om onderling saam te werk en wederkerige dienste aan mekaar te lewer. Volgens Akpakwu (2012) kan die skool-gemeenskap-verhouding beskryf word as die mate van begrip en welwillendheid tussen die skool en die gemeenskap. Dit beteken dus dat ’n skool-gemeenskap-verhouding daardie wedersydse begrip is wat die skool, mense, materiaal en ander hulpbronne saambind om sodoende ’n gunstige skoolomgewing vir effektiewe en doeltreffende bereiking van onderwysdoelstellings te skep. Dié verhouding sal belanghebbendes help om die uitdagings van die skool beter te verstaan en dan hulp aan te bied, wat doeltreffendheid in die onderwysstelsel kan meebring. In die lig van die sosiale-identiteitsteorie is dit van belang dat die waardes wat gemeenskappe koester na die skool moet oorvloei.

Opvoedkundige bestuur en gemeenskapsdeelname aan onderwysbeplanning en -bestuur word gesien as ’n sleutel tot die sukses van onderwys. Aansluitend hierby is ouer- en gemeenskapsbetrokkenheid by skoolsake ’n dryfveer vir verbetering in skole (Alam 2015). In die studie van Micah e.a. (2017:100) is bevind dat ouerverenigings, oudleerderverenigings, skoolkomitees en skoolbeheerliggame ’n beduidende invloed op die bestuur van sekondêre skole het. Tog wil dit voorkom asof ouers wêreldwyd nie moeite doen om skoolfunksies by te woon nie (Micah e.a. 2017) en om hierdie rede weet ouers nie wat in hul kinders se skole aangaan nie. Negatiwiteit ten opsigte van skole word dikwels in gemeenskappe waargeneem. Ouers het sekere verwagtinge van die skool, maar weens verskeie redes kan skole nie altyd aan hierdie verwagtinge voldoen nie. Wanneer ’n skool nie aan die verwagtinge van die gemeenskap voldoen nie, word die skuld dikwels voor die deur van die skoolhoof gelê.

Ouers het dikwels ’n gebrek aan kennis oor skoolprotokol en voel soms onwelkom as gevolg van verskille in inkomste, opvoeding of etnisiteit in vergelyking met die skoolpersoneel en -bestuur. Sodanige verskille kan lei tot die persepsie dat die skool ontoeganklik is. Die sielkundige afstand tussen ouers en onderwysers word vergroot wanneer skoolpersoneel hulself of die skool as afgesonder van die omliggende gemeenskap en gesinne beskou (Muthoni 2015:25). Skole in afgeleë plekke huisves dikwels onderwysers gedurende die week, met die onderwysers wat naweke na hul eie tuistes in groter dorpe terugkeer. Die gevolg is dat daar nie bande met die gemeenskap gesmee word nie. Sharma (2013) argumenteer dat suksesvolle samewerking tussen ouers en die skool, die skool die ouers se vaardighede en kennis herken en waardeer, die sterk punte en hulpbronne onder die ouers en die gemeenskap te benut en vir ouers geleenthede te skep om hul vermoëns uit te brei.

Gemeenskapslede kan die kinders in die gemeenskap lei. Positiewe denke sal by leerders ontwikkel as hulle sien dat hul ouers aan skoolaangeleenthede deelneem. Eienaarskap ten opsigte van hul skool sal dan aanvaar word en leerders behoort gevolglik harder te werk. Gesamentlik kan skole en die gemeenskap kinders se welsyn bevorder deur ouer-onderwyserverenigings effektief te maak (Said, Ahmad, Tahir, Ahmad en Hassan 2013:378).

3.2 Skoolhoofleierskap

Leierskap in die onderwys het ’n invloed op onderwysers en ander belanghebbendes en is nie noodwendig tot ’n enkele persoon beperk nie. Die proses van invloed lei ideaal tot ’n effektiewe leerklimaat wat alle belanghebbendes (soos leerders, onderwysers, ouers en die gemeenskap) as ’n toegevoegde waarde ervaar en verseker dat al die organisatoriese prosesse in die skool (soos monitering, die onderrigproses, die bestuur van personeel en die toewysing van hulpbronne) vlot verloop (Daniëls, Hondeghem en Dochy 2019:111). In dié verband argumenteer die sosiale-identiteitsteorie dat individuele selfwaardes aan die waarde van die groep gekoppel word. Dit is dus belangrik dat die skoolhoof ’n gunstige skoolklimaat moet skep waarin die waardes van die skoolhoof, onderwysers en leerders uitgeleef kan word. Wanneer daar na die aard van die werk van die skoolhoof verwys word, is dit duidelik dat dit omvangryk is. Skoolhoofde se werk sluit onder andere die volgende in: die uitvoer van daaglikse verantwoordelikhede soos die hantering van skooldissipline, skedulering, instandhouding van die fisiese infrastruktuur, die opstel van begrotings en verslagdoening. Voorts moet skoolhoofde op meerderes en stelselwye hervormings reageer, die onderwyspersoneel bestuur en interaksie met leerders, ouers en ander belanghebbendes hê, wat dikwels onder moeilike omstandighede plaasvind. Met dikwels veranderende prioriteite moet hulle ’n konstante balans tussen onderhandeling, kompromieë, bemiddeling en die vestiging van werkbare verhoudings in hul lewens behou (Milley en Arnott 2016:5).

Die kerndoel van die hoof van enige skool is om leidende onderrig en leer in die skool te voorsien. Voorts moet skoolhoofde die rigting en ontwikkeling van die skool bepaal. Hulle moet aanspreeklikheid neem vir die bestuur van die kwaliteit van onderrig en leer, menslike hulpbronne en buitemuurse aktiwiteite, hul eie en ander se ontwikkeling en bemagtiging, en die skool as organisasie. Aansluitend hierby moet skoolhoofde aan die ontwikkeling en instandhouding van effektiewe vennootskappe tussen die skoolbeheerstruktuur en skoolbeheerliggaam werk, op die geartikuleerde behoeftes van die leerders let deur hulle aan te moedig en te ondersteun en die Verteenwoordigende Raad van Leerders te ondersteun (Departement van Basiese Onderwys 2015:21).

Wat die gemeenskap betref, moet skoolhoofde samewerking bevorder (DvBO 2015:8). Die hoof se rol ten opsigte van die gemeenskap behels die volgende:

Die skoolhoof moet

  • gebruik maak van die rykdom en diversiteit van die skool se groter gemeenskap rakende die ontwikkeling van die skool se kultuur en etos
  • verseker dat onderrig en leer in die skool gekoppel en verwant is aan die skool se groter gemeenskap
  • maniere vind om oop kommunikasie tussen huis en skool te bewerkstellig en in stand te hou
  • effektiewe, samewerkende verhoudings en vennootskappe met agentskappe, potensiële hulpbronne en verskaffers in die gemeenskap wat gemoeid is met die welstand van die kinders en hul gesinne bou en onderhou
  • kommunikasiekanale met betrekking tot die werk van die skool in die gemeenskap vestig en in stand hou
  • leierskap en ondersteuning aan die breër gemeenskap bied deur die skoolgeriewe en kundigheid aan die gemeenskap beskikbaar te stel.

Op die oog lyk dit asof die rol van die skoolhoof nie net tot die skool beperk is nie, maar ’n veel wyer rol, ook ten opsigte van die gemeenskap, behels. Die skool behoort ’n visie te hê wat ’n diverse gemeenskap insluit. Skoolhoofde moet dus hul die skool se rol en visie wysig sodat dit by die gemeenskap kan aanpas, al moet sekere veranderinge aangebring word. Volgens Cohen (2015:759) hang die sukses van die implementering van enige verandering of inisiatief in enige organisasie (soos ’n skool) eerstens af van die leierskap van die bestuurder (soos die skoolhoof) en sy of haar vermoë om by verskillende situasies aan te pas. Voorts is dit van belang dat die skoolgemeenskap deel in die visie wat daargestel is. Skoolleierskap is hoofsaaklik gebaseer op ’n gedeelde visie en maak staat op die toewyding en ondersteuning van die skoolgemeenskap, wat kan lei tot die verbetering van opvoedkundige uitkomste. Daarom word skoolhoofleierskap as van kritieke belang beskou in die verbetering van skooluitkomste (Crow, Day en Moller 2017).

In dieselfde asem kan die kwessie van konteks genoem word. Konteks, wat leierskap betref, word gedefinieer as die stel algemene eise, beperkings en keuses vir leiers (Osborn en Marion 2009). Şimşek (2013) is van mening dat daar ’n neiging is om leierskap in sy geheel te beskou. Wanneer die leierskapkonsep egter ver verwyder is van die konteks waarin dit funksioneer, kom die individuele eienskappe of gedrag van ’n individu na vore. Leierskap is onlosmaaklik van die konteks waarbinne die leierskaprol uitgevoer word. Daar kan dus verwys word na die agtergrond en situasies wat die effektiwiteit van leierskapprestasie beïnvloed. Aan die ander kant kan konteks ook duidelik word deur die interaksie tussen ’n leier (skoolhoof) en volgelinge (onderwysers, leerders en die gemeenskap) binne ’n gegewe konteks. In ’n ander verduideliking beskou Hamrin (2015) daardie konteks as strukture of sosiale strukture. In soverre dit skoolleierskap betref, tref Clark en O’Donoghue (2016) onderskeid tussen vier kontekste: die situasie-, professionele, materiële en eksterne kontekste. Die vier kontekste kan ook met mekaar verbind word. Situasiekonteks word verduidelik as daardie aspekte van konteks wat histories aan die skool gekoppel is. Professionele konteks sluit waardes, die toewyding van onderwysers, ervaring en beleidsbestuur in skole in. Materiële konteks verwys na die personeel, begroting, geboue, beskikbare tegnologie en infrastruktuur. Eksterne konteks verwys na die ondersteuning van die plaaslike owerhede, inspekteursverslae, wetlike vereistes en verantwoordelikhede. Leierskap kan nie geskei word van die konteks waarin dit afspeel nie. Konteks wys op die omstandighede wat die instelling vorm vir ’n gebeurtenis, verklaring of idee, ingevolge waarvan dit ten volle verstaan kan word. Konteks kan dus ook na plekke soos landelike of stedelike gebiede, afgeleë plekke en so meer verwys. 

Skoolhoofleierskap in afgeleë skole is wêreldwyd ’n uitdaging. Hardwick-Franco (2018) verwys na probleme soos ’n gebrek aan skryfbehoeftes en infrastruktuur wat algemeen voorkom. Voorts is daar ’n gebrek aan ondersteuning deur die gemeenskap of dorp. Die min waardering van ouers ten opsigte van wat skoolhoofde in moeilike omstandighede probeer vermag, dra by tot die uitdagings wat skoolhoofde ervaar. Verskeie ander outeurs verwys na afgeleë skole in Afrika waar skoolhoofde te kampe het met ondoeltreffendheid van onderwysers en leerderafwesigheid (Akyeampong, Djangmah, Oduro, Seidu en Hunt 2007). In Suid-Afrika ondervind skoolhoofde probleme daarmee om politieke en maatskaplike aspekte met tradisionele leierskap te versoen (Wright 2001). Hardwick-Franco (2018:308) argumenteer dat, met betrekking tot ondersteuning aan skoolhoofde, die geïsoleerde konteks waarin skoolhoofde hulself bevind in gedagte gehou moet word, aangesien ’n gebrek aan fisieke toegang tot opleidingsfasiliteite opleiding bemoeilik. Volgens Du Plessis (2017:7) behoort skoolhoofde in afgeleë skole, veral in arm gemeenskappe, leierskap op alle vlakke uit te voer om aan die streng eise wat aan hulle gestel word, te voldoen. Landelike skoolhoofde moet die verantwoordelikhede en prioriteite van hul leierskap balanseer en terselfdertyd vertroue onder en verhoudings met personeel opbou om goeie opvoedkundige uitkomste vir alle leerders te handhaaf. Du Plessis (2017:8) voer voorts aan dat onderwysers sowel as skoolhoofde hul pedagogiese vaardighede moet verbeter om hul rol as opvoeders beter te vertolk. Verder is die professionele ontwikkeling van skoolhoofde van groot belang sodat hulle voorbereid kan wees op die unieke uitdagings wat afgeleë skole bied en dit kan hanteer. Beleidmakers en administrateurs moet skoolhoofde ondersteun deur na die spesifieke gemeenskappe te kyk en daarvolgens beleide op te stel.

In die lig van die agtergrond en literatuuroorsig is ’n projek in die Noord-Kaap uitgevoer om beter insig in die onderwyspraktyke van skoolhoofde van afgeleë skole te kry.

 

4. Navorsingsvraag en doel van die ondersoek

Die navorsingsvraag in hierdie studie was: Watter uitdagings ervaar skoolhoofde in afgeleë skole ten opsigte van hul leierskap- en bestuurstyl?

Die algehele doel van die ondersoek was om meer insig te kry in die uitdagings wat skoolhoofde ten opsigte van hul leidinggewende en bestuurspraktyke ervaar.

 

5. Navorsingsmetodologie

5.1 Navorsingsbenadering

’n Kwalitatiewe benadering was die aangewese benadering om die leierskap van die skoolhoofde in afgeleë skole te ondersoek. Ek het die sentrale verskynsel, naamlik daaglikse leierskappraktyke en uitdagings wat skoolhoofde ervaar, ondersoek en die wêreld van die skoolhoof deur die kwalitatiewe benadering geïnterpreteer (vgl. Creswell 2014). Eie aan die kwalitatiewe benadering het ek narratiewe en visuele inligting versamel, ontleed en geïnterpreteer om ’n beter insig te verkry in die wyse waarop skoolhoofde in afgeleë skole uitdagings ten opsigte van hul leierskap- en bestuurstyl hanteer. Die kwalitatiewe benadering was die beste metode aangesien ek graag persoonlike onderhoude met die skoolhoofde in hul natuurlike omgewing wou voer. Sodoende kon ek ’n beter insig kry in die omstandighede waarin hulle hulself bevind. 

5.2 Navorsingsparadigma

My ondersoek is ingebed in ’n interpretatiewe, kwalitatiewe ontwerp en my doel was om die betrokke verskynsel, naamlik die uitdagings wat skoolhoofde ten opsigte van hul leierskap- en bestuurstyl ervaar, te ontdek en te verstaan, asook hoe mense daarby betrokke is en wat hul mening oor die verskynsel is (Maree 2010).

5.3 Navorsingsontwerp

’n Fenomenologiese ontwerp was van toepassing op hierdie studie. My doelwit met hierdie studie was om ’n holistiese perspektief van skoolhoofde se leierskap en bestuur, binne die milieu waar hulle daagliks met mense omgaan, te verkry. Deur die fenomenologiese ontwerp het ek gepoog om ’n dieper insig in die skoolhoofde se persepsies, perspektiewe en verstaan van hul unieke situasies te verkry (vgl. Leedy en Ormrod 2013:145).

5.4 Studiepopulasie

Die steekproef in hierdie studie bestaan uit tien skoolhoofde. Ek het die skole gekies na gelang van die aantal inwoners in die dorp. Ek het skole in dorpe met minder as 4 600 inwoners in die Noord-Kaap geïdentifiseer deur van Statistieke SA (2019) gebruik te maak. Die Noord-Kaap is bekend vir sy dorpe wat wydverspreid is en ver van groot stede geleë is. ’n Verdere kenmerk van die Noord-Kaap is die aantal grondpaaie wat hierdie dorpe verbind, wat toegang en die verskaf/instandhouding van infrastruktuur bemoeilik. Al die skole is in gemeenskappe met baie swak sosio-ekonomiese toestande geleë met ’n werkloosheidsyfer van tot 65%. In die onderstaande tabel word die besonderhede van die skoolhoofde en skole vertoon. Bevolkingsgroep is van belang aangesien dit aansluit by die sosiale-identiteitsteorie.

Skool

Geslag

Bevolkingsgroep

Kwintiel

Aantal leerders

Aantal onderwysers

A

Vroulik

Swart

2

414

15

B

Manlik

Wit

4

486

16

C

Vroulik

Wit

2

265

8

D

Manlik

Wit

2

200

8

E

Vroulik

Bruin

4

120

8

F

Manlik

Bruin

2

192

8

G

Vroulik

Bruin

5

250

11

H

Vroulik

Bruin

4

130

6

I

Manlik

Wit

2

550

21

J

Manlik

Bruin

2

408

13

 

5.5 Data-insameling

Ek het individuele semigestruktureerde onderhoude met die skoolhoofde gevoer om insig in die leierskap van die skoolhoofde te verkry. Eers het ek die doel van die studie verduidelik en die waarde van die skoolhoofde se deelname beklemtoon. Daarna het ek oop vrae gestel, wat die skoolhoofde die geleentheid gegee het om daarop uit te brei om inligting wat beter insig ten opsigte van hul daaglikse werk en uitdagings kon verskaf, te gee. Voorts het ek die nodige toestemming verkry om ’n oudio-opnemer te gebruik om die kwalitatiewe data vas te lê. Die skoolhoofde is deurlopend verseker dat die opnames vertroulik hanteer sou word. Hierdie onderhoude het ongeveer ’n uur elk geduur. Opvallend was die lyftaal van die deelnemers. Ek kon tydens die onderhoude opmerk hoe desperaat sommige skoolhoofde was om gehoor te word. Nadat daar na die opgeneemde onderhoude geluister is, het ek die onderhoude getranskribeer. Ek het herhaaldelik na die onderhoude geluister en deur die transkripsies gelees. 

5.6 Data-ontleding 

Tydens die data-ontleding het ek van die induktiewe data-ontledingsproses gebruik gemaak. Ek het die data eers gekodeer en dit daarna in subtemas verdeel. Die subtemas wat herhaaldelik na vore gekom het, het kategorieë gevorm. Daarna het ek die gekodeerde data in die gepaste kategorieë gegroepeer. Die volgende stap was om na ontluikende patrone, assosiasies, ooreenkomste, teenstrydighede en konsepte in die data, asook verduidelikings daarvan, te soek (vgl. Maree 2010). Ek het laasgenoemde aspekte aan die navorsingsdoel gekoppel en afleidings gemaak deur na die literatuur te verwys.

5.7 Etiese aspekte

Die Navorsingsetiekkomitee van die Noordwes-Universiteit het die projek goedgekeur en ek het die nodige toestemming om die navorsing te doen vanaf die Noord-Kaapse Departement van Basiese Onderwys verkry. Die skoolhoofde van die tien skole het ook toestemming verleen om die navorsing te doen. Ek het hulle voorsien van die nodige dokumentasie rakende vrywaring, anonimiteit en vrywilligheid om te verseker dat hulle bewus was van die vertroulikheid van die navorsing.

5.8 Betroubaarheidsoorweging 

Ek het die navorsing met behulp van standaardprosedures, wat tipies in kwalitatiewe navorsing gevind word, uitgevoer. Genoegsame tyd is met die skoolhoofde spandeer om behoorlik vas te stel hoe hul omstandighede hul leierskap beïnvloed. Deur waarneming het ek ’n beter insig verkry in die omstandighede waarbinne die skoolhoofde hul leierskap uitvoer. Ek het vooraf navorsingsnotas gemaak van alle aktiwiteite wat tydens die studie sou plaasvind, asook besluite oor aspekte van die studie, soos met wie om onderhoude te voer en wat om te doen om te verseker dat ek die navorsingsvrae van die studie sou kon beantwoord. As kwalitatiewe navorser het ek gedetailleerde aantekeninge gemaak van alle besluite en die ontleding daarvan namate die studie gevorder het. Ten einde ’n ryk, gedetailleerde beskrywing, egtheid en betroubaarheid te verseker, het ek geskikte persone vir deelname aan hierdie studie geselekteer.

 

6. Bevindinge

Met inagname van die geografiese ligging en demografiese samestelling van die afgeleë skole wat in hierdie studie besoek is, moet die agtergrond van die skole eers kortliks bespreek word. Voor 1994 het al die skole uit wit skoolhoofde, onderwysers en leerders bestaan. Ná 1994 is die skole oopgestel vir alle bevolkingsgroepe. Afrikaans as voertaal het egter gebly. Die meeste skole het oor koshuise beskik aangesien die skole in boerderygemeenskappe geleë is. Met die oorgang na ’n demokratiese bestel het die wit mense egter hul kinders aan die skole onttrek en na groter skole gestuur. Al die skole het toe oorwegend bruin kinders geakkommodeer. Ongeveer ’n derde van die dorpe kan slegs deur grondpaaie bereik word. Die sosio-ekonomiese toestande waarin die skole geleë is, is uiters swak. Die werkloosheidsyfer is in sommige gevalle tot 65%. Die droogte het bygedra tot die toename in werkloosheid. Die hoë werkloosheidsyfer gaan gepaard met maatskaplike verval en misdaad, dwelm- en drankmisbruik en tienerswangerskappe. Die oorgrote meerderheid van die gemeenskap is ongeletterd. 

Aan die hand van hierdie agtergrond bespreek ek die bevindinge van die studie onder sekere subopskrifte. 

6.1 Aanvaarding

Soos reeds vermeld, het daar in die meeste van die gemeenskappe ’n demografiese verandering plaasgevind. Al die skole bestaan uit bruin leerders en in enkele skole is daar een of twee swart of wit leerders. Van die oorspronklike skoolhoofde (voor 1994) het slegs twee aangebly. In sommige gevalle het die skole met ander saamgesmelt en het van die skoolhoofde bedank of na ander skole gegaan. Die ander agt hoofde was nuwe hoofde wat in die skole aangestel is. Die twee (wit) hoofde wat na 1994 aangebly het, is sonder voorbehoud deur die gemeenskap aanvaar. Die hoofde ervaar geen probleme met dissipline, inbrake of swak akademiese prestasie nie. Twee van die hoofde, een swart (deur die Departement van Basiese Onderwys daar geplaas) en een wit, is van “buite” aangestel. Volgens die twee hoofde word hulle as “inkommers” beskou en beide het erken dat hulle nie deur die gemeenskap aanvaar word nie. Hier figureer die sosiale-identiteitsteorie, naamlik dat die deurlaatbaarheid van groepsgrense gestel word. Dit blyk dus dat bevolkingsgroepe hier ’n rol speel. By verdere ondervraging het dit egter na vore gekom dat die gemeenskap hulle op grond van persoonlikheidsredes nie aanvaar nie. In ooreenstemming met die sosiale-identiteitsteorie (Ye e.a. 2019) beskik die twee skoolhoofde nie oor eienskappe wat met dié van die gemeenskap ooreenstem nie. By al die ander skole is die hoofde uit die gemeenskap aangestel deurdat hulle op die personeel was en toe hoof geword het of met ’n vrou uit die gemeenskap getrou het en toe daar as hoof aangestel is. Dié hoofde word nie as “inkommers” bestempel nie. Dit blyk dus dat die gemeenskappe in hierdie studie baie geslote is. Buiten die twee “inkommer”-hoofde het al die hoofde ’n goeie verhouding met die leerders en personeel, ten spyte van ’n swaar werkslading wat op die onderwysers sowel as die hoofde se skouers rus.

6.2 Onderwysers, skoolbestuurspan en beheerliggaam 

Wat die verhouding met die onderwysers, skoolbestuurspan en beheerliggaam betref, is daar gemengde menings. In die gevalle waar die skoolhoofde as “inkommers” beskou is, het hulle laat blyk dat hulle nie ’n goeie verhouding met die onderwysers, skoolbestuurspan of beheerliggaam het nie. In beide gevalle het die skoolhoofde daarna verwys dat bevolkingsverskille en kultuurverskille van die probleme is wat hulle ondervind. Die meeste van die deelnemers het egter genoem dat hulle ’n goeie verhouding met die onderwysers en skoolbestuurspan het, maar nie ’n goeie verhouding met die beheerliggaam nie. Politiek het in hierdie gevalle ’n groot rol in die minder goeie verhouding met die beheerliggaam gespeel. Gebaseer op die sosiale-identiteitsteorie blyk dit dat die deurlaatbaarheid van die groepsgrens hier ’n rol speel. Dit wil voorkom asof die gemeenskap ’n “grens” vorm en die beheerliggaam nie toegelaat word nie.

Probleme wat genoem is ten opsigte van die verhouding met die beheerliggaam is dat sommige voorsitters van die beheerliggame “magsbewus” is. Die voorsitter bepaal hoe die skool bestuur en gelei moet word, hoe die onderwysers aangespreek moet word en watter besluite, veral ten opsigte van finansies, geneem moet word. In een geval het die voorsitter van die beheerliggaam die skoolhoof gedwing om ’n familielid van die voorsitter in ’n pos by die skool aan te stel, wat die skoolhoof geweier het om te doen. Dit het die verhouding tussen die voorsitter en die skoolhoof versuur en die hele beheerliggaam het teen die hoof gedraai. Die skoolhoofde het opgemerk dat alles oor eie gewin vir die voorsitter van die beheerliggaam gaan – “alles gaan net oor homself, nie tot voordeel van die skool nie” (Deelnemer B). In nog ’n geval het een van die hoofde genoem dat die voorsitter van die beheerliggaam baie polities ingestel is en dat “sy dink dat sy die skool bestuur” (Deelnemer C). Wat die saak vererger, is dat die vorige hoof op die beheerliggaam dien en dat die lede van die beheerliggaam bang is om die huidige hoof te ondersteun aangesien hulle bewus is van die foute wat die vorige hoof gemaak het.

In lyn met die sosiale-identiteitsteorie is die lede van die beheerliggaam geneig om hulself as deel van en “in” die skool te beskou, waar hulle na regte as liggaam “buite” die skool op hul eie moet funksioneer. In nog ’n geval is die beheerliggaam “slegs op papier” daar en is daar wrywing tussen die hoof en die beheerliggaam, aangesien sy dinge gedoen wil hê, maar die beheerliggaam “loodvoetig” is. Dit is egter verblydend dat daar ’n goeie verhouding tussen die ander deelnemers en hul beheerliggame is. Een van die skoolhoofde (Deelnemer F) het opgemerk dat drie van sy beheerliggaamlede, die voorsitter inkluis, goeie akademiese kwalifikasies het en dat hulle goeie poste beklee. Dié beheerliggaam maak ’n punt daarvan om die leerders na opvoerings van voorgeskrewe boeke te neem, ander akademiese uitstappies te reël en leerders met registrasiegelde vir universiteitstoelating te ondersteun. Wat die skoolbestuurspan betref, het die skoolhoof genoem dat die span, tesame met die onderwysers, “kollektiewe” besluitneming volg. Dit wil voorkom asof die skoolhoof se leierskap en bestuur ’n baie groot rol speel wanneer verhoudings met die onderwysers, skoolbestuurspan en beheerliggaam ter sprake is.

6.3 Ouers en leerders

Soos reeds vermeld, is die oorgrote meerderheid ouers in die gemeenskappe ongeletterd. Die skole is hoofsaaklik in gemeenskappe geleë waar die leerders óf by enkelouers óf by grootouers grootword. Hierdie verskynsel veroorsaak dat die leerders nie genoegsame dissipline ontvang nie, wat dan daartoe lei dat daar in die skole dissiplinêre probleme ervaar word. Nóg die ouers nóg die grootouers beskik oor die nodige kennis om die leerders met hul huiswerk te help, met die gevolg dat die leerders geneig is om hul huiswerk af te skeep. Dit lei daartoe dat leerders druip, wat weer tot gevolg het dat leerders te oud vir hul graad raak en later uitsak. Aansluitend hierby skryf sommige ouers hul kinders eers op ’n laat ouderdom by die skool in, wat weereens daartoe lei dat leerders te oud vir die graad is.

Die probleem is dat ouers nie besef dat hulle ’n verantwoordelikheid teenoor hul kinders het met betrekking tot hul opvoeding nie. Die gebrek aan hierdie besef lei daartoe dat die ouers selde vergaderings bywoon, feitlik geen skoolfondse bydra nie en nie die leerders opvoed met die besef dat hulle ’n verantwoordelikheid het om skool by te woon, hul handboeke op te pas, skoolwerk in te dien en vir hul eie akademiese vordering verantwoordelik is nie. Hierdie gebrek aan besef is in die meeste gemeenskappe waargeneem. Volgens Deelnemer B kan ’n bewustelike besef gekweek word indien die ouers vir iets betaal, hetsy handboeke of skoolfonds. Aangesien die leerders alles verniet ontvang, voel die ouers dat die leerders in alle opsigte die skool se verantwoordelikheid is. “Ouers dink dat dit die skool se verantwoordelikheid is om kinders op te voed” (Deelnemer J). Die volgende opmerking is ook gemaak: “As hulle net verantwoordelikheid wil aanvaar vir hulle eie kinders ... hulle is besig om hulle eie kinders te na te kom ... hulle besef dit nie” (Deelnemer B). Hier is dus ’n gebrek aan selfwaarde, soos wat die sosiale-identiteitsteorie aandui. Eers wanneer ouers ’n besef van selfwaarde kry, sal dit aan die groep (leerders) oorgedra word en sal ’n gevoel van selfwaarde aan beide kante ontwikkel.

In die meeste gemeenskappe het die skoolhoofde daarop gewys dat die leerders geen toekomsvisie het nie. Volgens die skoolhoofde sien die matriekleerders dat die vorige drie jaar se matriekleerders nog steeds in die dorp is. Dit gee ’n gevoel van moedeloosheid aan die leerders, wat daartoe lei dat hulle hul skoolwerk afskeep. Aan die ander kant was dit opvallend dat waar die skoolhoof, onderwysers en beheerliggaam goed saamgewerk het, die leerders gemotiveerd is en ’n duidelike toekomsvisie het. In dié verband spoel die skoolhoof se bestuur, leierskap en motivering oor na die personeel en die leerders. “Ouers vertrou ons onderwysers en bring kinders liewers na ons skool toe, al moet hulle meer betaal” (Deelnemer H). Dit is duidelik dat die skoolhoofde en onderwysers baie nou moet saamwerk om ’n leerkultuur by die leerders te kweek sodat hulle gemotiveerd huis toe kan gaan en eienaarskap van hul akademiese loopbane neem. Deelnemer I stel dit soos volg: “Hierdie is nie my skool nie, dis ’n geméénskapskool. Aangesien die skole so verafgeleë is, is dit belangrik dat die hele gemeenskap saamstaan om die leerders vir die toekoms voor te berei.” 

6.4 Algemene uitdagings 

Ten opsigte van die algemene uitdagings wat die skoolhoofde in die afgeleë skole ervaar, was daar hoofsaaklik drie faktore wat na vore gekom het, naamlik die werkslading van die onderwysers en skoolhoofde, die infrastruktuur en finansies.

6.4.1 Werkslading

Aangesien die skole baie klein is en die personeelvoorsiening karig is, is al die skoolhoofde genoodsaak om klas te gee. In sommige gevalle het die skoolhoof slegs twee periodes per dag beskikbaar om administratiewe sake te hanteer. Dit bemoeilik die taak van die skoolhoofde aangesien hulle dikwels ouers en departementele afgevaardigdes in klastyd moet spreek. Onderrigtyd gaan dus verlore. Een skoolhoof (Deelnemer I) het egter sy bestuursvaardighede ingespan en met die nodige hulp van die gemeenskap het hy persone aangestel om sy klasse waar te neem. Indien onderwysers afwesig is, is daar iemand in hul plek om toesig te hou of die klas waar te neem. Volgens Deelnemer I is die geheim dat die skoolhoof nie moet skoolhou nie: “’n Groot deel van sukses vind in die kantoor plaas.” Om hierdie rede delegeer die skoolhoof en maak seker dat sy skool se administrasiestruktuur baie sterk is en dat hy baie goeie onderwysers het. Wanneer die werkslading verlig word, klasse nie ontwrig word nie en voldoende infrastruktuur daargestel is, sal skoolsake vlot verloop. 

6.4.2 Infrastruktuur 

’n Gebrek aan ’n goeie infrastruktuur lei daartoe dat die skoolhoofde moedeloos raak. Drie sake het na vore gekom. Een van die skoolhoofde (Deelnemer J) het genoem dat hyself en die meeste van die onderwysers nie in die dorp woon nie, maar in groter dorpe, en net gedurende die week by die skool is. Dit lei daartoe dat skoolaktiwiteite nie oor naweke kan plaasvind nie, aangesien die onderwysers naweke huis toe gaan. Voorts is die geografiese ligging van so ’n aard dat wanneer klustervergaderings gehou word, die skole dikwels moet verdaag aangesien die helfte van of die hele personeel by hierdie vergaderings moet wees, wat soms tussen 700 en 900 km van die dorp af is. Boonop is heelwat van die paaie na die dorp grondpaaie.

Telefoon-, faks- en kopieerdienste kom dikwels tot stilstand aangesien dit dae neem voordat ’n tegnikus by die skool kan uitkom om die nodige herstelwerk te doen. Aansluitend hierby bemoeilik die geografiese ligging die ondersteuning van naburige skole en vakadviseurs. Dikwels word onderwysers genoodsaak om vakke aan te bied waarvoor hulle nie opgelei is nie en besoek vakadviseurs hierdie skole selde. Terselfdertyd kan maatskaplike werkers, arbeidsterapeute en ander dienswerkers die afgeleë skole ook nie gereeld besoek nie. Om hierdie rede word leerders met spesiale behoeftes nie betyds getoets nie en word hulle te oud om uit die hoofstroom gehaal te word. Een van die skoolhoofde het genoem dat die kringbestuurders ook nie gereeld na hierdie skole kom nie. Tog het een skoolhoof (Deelnemer J) genoem dat hy van sy kant af ’n definitiewe poging aangewend het om deur middel van WhatsApp ’n netwerk te skep waar daar altyd toegang tot die kringbestuurder en die omliggende skole is sodat, byvoorbeeld, vorms betyds ingedien kan word.

6.4.3 Finansies 

Uit die biografiese inligting kan gesien word dat die meerderheid skole kwintiel 2-skole is, wat beteken dat die staat die skool subsidieer. Wat egter kommerwekkend is, is dat vier van die skole as kwintiel 4 en 5 bestempel word. Die skole het hul status behou met die eerste rondte van kwintieltoekennings en toe die skole nog voormalige wit model C-skole was. Die ekonomiese en maatskaplike toestande het mettertyd versleg, ontvolking het plaasgevind en droogtes het sake vererger. Deelnemer G het aangedui dat sy al sewentien jaar sukkel om die skool se kwintielstatus af te gradeer. Na veelvuldige besoeke van die tesourier, gesprekke en die oudit van die skool se boeke, is daar egter steeds geen vordering nie. Die spesifieke skool is in een van die armste, droogtegeteisterde gebiede in die Noord-Kaap geleë. Deur goeie leierskap en bestuur het die skoolhoof planne gemaak sodat die skool nog elke jaar oorleef. Die skool presteer, afgesien van die finansiële uitdagings wat ervaar word, buitengewoon goed.

Die beheerliggaam van ’n skool is daarvoor verantwoordelik om bykomende fondse in te samel sodat die skool kan funksioneer. In die meeste gevalle wend die beheerliggame van hierdie skole egter geen poging aan om fondse aan te vul nie. Afgesien van droogte, wil die wit mense, nadat hulle hul kinders onttrek het, nie meer bydraes aan die skole lewer nie. Deelnemer E stel dit soos volg: “Die skenkings het opgedroog toe die wittes hulle kinders uit die skool gehaal het.” Dit blyk dat daar nog steeds ’n gevoel van “ons” en “hulle” in hierdie gemeenskappe heers. In lyn met die sosiale-identiteitsteorie ontbreek die emosionele verbintenis met en toewyding aan die leerders se opvoeding wanneer bevolkingsgroepe ter sprake is.

 

7. Gevolgtrekking

In hierdie studie is daar na die oorlewing van skoolhoofde in afgeleë skole gekyk. Afgeleë skole het unieke uitdagings om die hoof te bied en om as skoolhoof hierdie skole te bestuur en te lei, verg sekere vaardighede. Dit is duidelik dat nie enige skoolhoof ’n sukses van skole in hierdie unieke omstandighede kan maak nie. Waar skoolhoofde in groot stede tegnologie, infrastruktuur en ondersteuningsbasisse tot hul beskikking het, is dit nie altyd die geval by afgeleë skole nie. Daar is werklik ’n hulpkreet vanaf die hoofde van afgeleë skole. In hierdie studie het die rol van die gemeenskap duidelik na vore gekom. Sonder die goedkeuring van die gemeenskap, vind skoolhoofde dit moeilik om deel van die gemeenskap te word. Om deur die gemeenskap aanvaar te word, verg baie vertroue. Skoolhoofde moet hulself eers bewys en word dan aanvaar. Die ondersteuning van die onderwysers, skoolbestuur en beheerliggaam is in afgeleë skole van uiterste belang. Gebaseer op die sosiale-identiteitsteorie blyk dit dat daar ’n gevoel van “buite” (die skoolhoof) en “binne” (die gemeenskap) is. Die eienskappe van die skoolhoof blyk nie ooreenstemmend met die eienskappe van die gemeenskap te wees nie.

Aangesien die skole geïsoleerd is, is ondersteuning, vertroue en respek van kardinale belang sodat die skool ten volle kan funksioneer en leerders gemotiveerd kan wees om ’n toekomsvisie te hê. Met die sosiale-identiteitsteorie wat argumenteer dat die lede van die groep (gemeenskap) ’n emosionele verbintenis of toewyding aan die groep (skool) het en ’n gevoel van trots en behoort van belang is, moet daar weer gekyk word na ’n die konsep van ’n gemeenskapskool. Die bestuur- en leierskapsvaardighede van die skoolhoof oorheers die bevolkingsgroep in die sin dat, wanneer hierdie vaardighede van die skoolhoof baie sterk is, die bevolkingsgroep oor die hoof gesien word en die klem gelê word op hoe goed die skool funksioneer. Met ander woorde, dit is nie van belang wie die skool bestuur en lei nie, maar hoe die skool bestuur en gelei word. Dit is juis hierdie bestuur- en leierskapsvaardighede wat die skoolhoofde van mekaar onderskei ten opsigte van verhoudings, finansies, uitdagings en probleemoplossings. Die rol van die skoolhoof is dus hier ter sprake.

Wanneer daar duidelike riglyne ten opsigte van die skoolhoof, skoolbestuurspan en beheerliggaam gegee word, funksioneer die skool soos dit behoort te funksioneer – tot voordeel van die kind. Waar dit in ’n skool oor die leerders gaan, vervaag die bevolkingsgroep en taal en word ’n positiewe skoolklimaat in die skool en die gemeenskap ervaar. Om hierdie rede moet skoolhoofde om die regte redes aangestel word. Dikwels gebeur dit dat skoolhoofde in afgeleë skole aangestel word bloot omdat niemand anders bereid is om daar aangestel te word nie. Terselfdertyd moet skoolhoofde genoegsame opleiding ontvang sodat hulle daarop voorbereid is om in moeilike omstandighede as skoolhoof op te tree. Dieselfde geld vir die aanstelling van beheerliggaamlede. Dikwels ervaar beheerliggaamlede ’n gevoel van mag wanneer hulle aangestel word en weet dan nie hoe om dit te hanteer nie. As die rol van die beheerliggaam duidelik uitgespel word, kan almal die verskillende rolle verstaan en kan daar ’n goeie verhouding tussen die skoolhoof en die beheerliggaam wees. Die sigbaarheid van die skoolhoof speel ook ’n rol. Wanneer die skoolhoof ’n bydrae in die gemeenskap lewer, word sy of haar taak as hoof vergemaklik. ’n Skool kan alleenlik suksesvol wees indien die gemeenskap, beheerliggaam, skoolbestuurspan, skoolhoof, onderwysers en leerders almal hul eie rolle verstaan en verantwoordelikheid daarvoor neem.

 

8. Aanbevelings

Die volgende aanbevelings kan gemaak word uit die resultate wat na vore gekom het:

  • Daar moet weer na die geografiese ligging van skole gekyk word. Dit is onprakties om klustervergaderings te hou waar skole eerstens gesluit moet word en daar tweedens honderde kilometer gery moet word om die vergadering by te woon.
  • Kringe moet beter toegerus word sodat die nodige ondersteuning aan afgeleë skole gegee kan word.
  • Kringbestuurders moet ouers en beheerliggame ten opsigte van hul rolle inlig sodat almal hul verantwoordelikhede kan verstaan en aanvaar.
  • Skole in afgeleë plekke moet konteksspesifiek word. Met ander woorde, ’n studie moet gedoen word om vas te stel hoe leerders in daardie omgewing opgelei behoort te word, hetsy in die landbou en so meer, en dan moet die kurrikulum aangepas word sodat die skoolstelsel by die gemeenskap pas. Dus moet daar in die ekonomiese behoeftes van die streek voorsien word.
  • Waar koshuise nie meer bewoon word nie, moet dit benut word, veral indien die kurrikulum aangepas word om konteksspesifieke onderrig te ontvang.
  • Skoolhoofde moet opgelei word sodat hulle voorbereid is op hul taak om as hoof by afgeleë skole op te tree.
  • Opheffingswerk moet in gemeenskappe gedoen word sodat ouers hul verantwoordelikhede kan verstaan.
  • Die kwintielstelsel moet hersien word aangesien daar heelwat skole is wat nie meer aan die vereistes van die daargestelde kwintiel voldoen nie.

 

9. Ten slotte

Na 25 jaar van demokrasie is daar nog steeds nie ’n gevoel van “united, we are one” nie. Aanvaarding van mense van buite die gemeenskap bly ’n probleem. Sekere groepe kyk nog steeds net na hul eie belange en wil net in hul eie behoeftes voorsien. Die Departement van Basiese Onderwys het ’n verantwoordelikheid teenoor afgeleë skole sowel as die gemeenskappe om die beste onderrig en leer daar te stel sodat elke leerder die geleentheid kan hê om hom- of haarself vir die toekoms voor te berei.

 

Bibliografie

Akpakwu, O.S. 2012. Educational management: Theory and practice. Makurdi: Destiny Ventures.

Akyeampong, K., J. Djangmah, A. Oduro, A. Seidu en F. Hunt. 2007. Access to basic education in Ghana: The evidence and the issues. Brighton: Consortium for Research on Educational Access, Transitions and Equity, Centre for International Education.

Alam, S. 2015. Effect of community factors on primary school learners’ achievement in rural Bangladesh. Journal of Learning for Development, 2(1):1–16. 

Bantwini, D. en P. Moorosi. 2018. School district support to schools: Voices and perspectives of school principals in a province in South Africa. International Journal of Leadership in Education, 21(6):757–70.

Béteille, T., D. Kalogrides en S. Loeb. 2012. Stepping stones: Principal career paths and school outcomes. Social Science Research, 14:904–19. 

Brändle, L., E.S.C. Berger, S. Golla en A. Kuckertz. 2018. I am what I am – How nascent entrepreneurs’ social identity affects their entrepreneurial self-efficacy. Journal of Business Venturing Insights, 9:17–23. 

Clark, S. en T. O’Donoghue. 2016. Educational leadership in context: A rendering of an inseparable relationship. British Journal of Educational Studies, 65(2):167–82.

Cohen, E. 2015. Principal leadership styles and teacher and principal attitudes, concerns and competencies regarding inclusion. Procedia – Social and Behavioral Sciences, 186:758–64.

Creswell, J.W. 2014. Research design, qualitative, quantitative and mixed methods approaches. 4de uitgawe. Thousand Oaks: Sage.

Crow, G., C. Day en J. Moller. 2017. Framing research on school principals’ identities. International Journal of Leadership in Education, 20(3):265–77.

Daniëls, A., A. Hondeghem en F. Dochy. 2019. A review on leadership and leadership development in educational settings. Educational Research Review, 27:110–25. 

Departement van Basiese Onderwys kyk South Africa. Department of Basic Education.

Du Plessis, P. 2017. Challenges for rural school leaders in a developing context: A case study on leadership practices of effective rural principals. Koers, 82(3):1–10.

Fujita, M., P. Harrigan en G.N. Soutar. 2018. Capturing and co-creating student experiences in social media: A social identity theory perspective. Journal of Marketing Theory and Practice, 26(1–2):55–77.

Grissom, J.A. en B. Bartanen. 2018. Association for education finance and policy. https://doi.org/10.1162/edfp_a_00256 (18 Augustus 2019 geraadpleeg).

Hamrin, S. 2015. Communicative leadership and context. Exploring constructions of the context in discourses of leadership practices. Corporate Communications: An International Journal, 21(3):371–87.

Hardwick-Franco, K.G. 2019. Educational leadership is different in the country; what support does the rural school principal need? International Journal of Leadership in Education, 22(3):301–15.

Leedy, P.D. en J.E. Ormrod. 2013. Practical research: Planning and design. 10de uitgawe. Boston: Pearson.

Maree, K. 2010. First steps in research. Pretoria: Van Schaik.

Micah, A., Y. Anthony en P. Isaac. 2017. Influence of school-community relationship on the management of secondary schools in southern senatorial district of Taraba state, Nigeria. International Journal of Education, Humanities and Multidisciplinary Research, 9(2):100–14.

Milley, P. en A. Arnott. 2016. The nature of principals’ work and leadership in French as a second language learning in Ontario schools. Canadian Journal of Education, 39(1):1–26. 

Muthoni, K.C. 2015. The impact of community involvement in public secondary schools management, a case of Machakos county, Kenya. MEd verhandeling, Kenyatta Universiteit.

Ni, Y., M. Sun en A. Rorrer. 2014. Principal turnover: Upheaval and uncertainty in charter schools? Educational Administration Quarterly, 1–29. http://eaq.sagepub.com/content/early/2014/06/20/0013161X14539808 (19 Augustus 2019 geraadpleeg).

Osborn, R.N. en R. Marion. 2009. Contextual leadership, transformational leadership and the performance of international innovation seeking alliances. The Leadership Quarterly, 20:191–206. 

Ras, W.A.P. 2015. Formele letterkunde-onderrig van Afrikaans Huistaal: Die impak van literêre kenmerke van die drama, roman en poësie op die boodskap, Graad 10–12. Lenteseminaar vir Afrikaans-onderwysers 2015. Universiteit van Pretoria, Groenkloofkampus.

Said, H., I. Ahmad, L. Tahir, R. Ahmad en Z. Hassan. 2013. Effect of community participation on school community relations. Middle-East Journal of Scientific Research, 16(3):378–82.

Samuel, O.O. en R. Lasisi. 2019. Boko-Haram & social identity theory: Explaining the enigma that is threatening national and regional peace in Africa. Bangladesh e-Journal of Sociology, 16(2):53–75.

Sebastian, J., E.M. Camburn en J.P. Spillane. 2018. Portraits of principal practice: Time allocation and school principal work. Educational Administration Quarterly, 54(1):47–84. 

Sharma, A.H. 2013. The ethics of parental and community participation in schools management. Londen: Oxford University Press.

Shwed, U., Y. Kalish en Y. Shavit. 2018. Multicultural or assimilationist education: Contact theory and social identity theory in Israeli Arab-Jewish integrated schools. European Sociological Review, 34(6):645–58. 

Simpson, B. 2006. Social identity and cooperation in social dilemmas. Rationality and Society, 18(4):443–70. 

Şimşek, H. 2013. Transformational leadership in educational context: A fantasy of education scholars. Eurasian Journal of Educational Research, 51:1–6.

South Africa. Department of Basic Education. 2015. Policy on the South African Standard for Principalship. Pretoria: Staatsdrukker. 

South Africa. Department: Statistics South Africa. 2019. Gdp contracts by 0.6 in the third quarter. Pretoria.

Starr, K. en S. White. 2008. The small rural school principalship: Key challenges and cross-school responses. Journal of Research in Rural Education, 23(5):1–12.

Wildy, H. en S. Clarke. 2009. Tales from the outback: Leading in isolated circumstances. International Studies in Educational Administration, 37(1):29–42.

Wright, N. 2001. Leadership, bastard leadership and managerialism. Educational Management and Administration, 29(3):275–90.

Ye, Y., H. Zhu, X. Deng en Z. Mu. 2019. Negative workplace gossip and service outcomes: An explanation from social identity theory. International Journal of Hospitality Management, 82:159–68.

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Help, ek is ’n skoolhoof in ’n afgeleë gemeenskap! Uitdagings tot die skoolhoof se leierskap- en bestuurstyl  appeared first on LitNet.

Help, I’m a school principal in the middle of nowhere! Challenges to the principal’s leadership and management style

$
0
0

Abstract

School leadership has been widely investigated. The competence of principals in remote areas is often questioned as principals are moved to remote areas for various reasons. This study deals with principals located in remote areas that have their own unique challenges. Access to schools is often extremely difficult as dirt roads provide the only access to the school. Furthermore, these schools have limited water supply, sanitation facilities and communication connections. The factor of poor socio-economic conditions stood out in the study. Due to unemployment and a lack of income, these schools were lacking the necessary support from parents. The payment of school fees was meagre, and the collection of extra funds for the maintenance of the schools was inadequate. Unemployment contributed to theft, alcohol abuse and drugs in the community. Another problem was new principals being appointed from other towns; such “new” heads are not trusted at first, and cooperation between the principal, the governing body and the parents is insufficient.

Communities play an important role in the education of learners. Mutual trust, cooperation and cohesion should exist between the school and the community. However, in many remote communities, the parents, learners and governing body function separately. Learners have no sense of responsibility towards their school commitments, parents have no interest in their children’s daily school routine and the governing body uses its power to make decisions regarding the school without the permission of the principal. Yet, in some communities, it seems to be different. In one community, the principal was accepted and good collaboration existed between the principal, the parents, the governing body and the learners.

This study was highlighted by the social identity theory, which consists of three main components: the social-psychological component, the system component and the societal component. The social-psychological component of the social identity theory is related to the understanding of the cognitive and motivational processes which narrate to a form of intergroup discrimination (social competition) that makes social identity inevitable in individual self-evaluation and links individual self-values to the value of the group. The system component entails three socio-structural variables, namely the permeability of group boundaries, the stability of the intergroup status system and the legality of the intergroup status system. The system component predicts that social competition will occur only if group boundaries are impermeable and the intergroup status system is unstable and unlawful. The societal component of the theory relates to the specific historical, cultural, political and economic context that contains and defines the groups and their status system. The details of this societal context can be described as the social reality of the intergroup situation. Two important aspects of the societal context are social norms and the societal value of intergroup behaviour. This group membership carries emotional value and is of great importance to the individual. The three components of the social identity theory are important when the topic of leadership is raised. It is important for the leader to be accepted in the community; in other words, in reference to values, it is essential that the leader’s values match those of the group. Depending on how strong the boundaries of the group are, these will determine whether a newcomer is accepted, especially when strong leadership qualities emerge. The group’s cultural, political and social status will further determine whether or not a new member is accepted.

According to the social identity theory, people define themselves as members of a group that has characteristics that do not necessarily match the characteristics of other groups. Members of social groups evaluate the activities of people outside the group and determine whether these are consistent with their own. The members have an emotional connection with or commitment to the group, and a sense of pride and belonging prevails.

The study followed a qualitative approach from the interpretivist paradigm. A phenomenological design was applicable to the study. The study aimed to gain a holistic perspective of principals’ leadership and management within the environment in which they interact with people daily. The study sample consisted of ten principals, both male and female. Schools in towns with fewer than 4 600 residents in the Northern Cape were identified. Semi-structured interviews were conducted to gain insight into the leadership of the principals. The inductive data analysis process was used. Firstly, the data were coded and subdivided, and themes were formed, linked to the research objective and deduced by referring to the literature. The required ethical clearance was obtained from the Research Ethics Committee of the North-West University. I also obtained permission to conduct the research from the Northern Cape Department of Basic Education and the school principals.

In the study, it was found that principals in remote areas, in the absence of technology, infrastructure and support bases, have to use their skills creatively, and they need the support of the community, teachers, school management and governing body. Without the approval of the community, principals find it difficult to become part of the community. Being accepted by the community requires a lot of trust. Principals have to prove themselves first and will only then be accepted. Based on the social identity theory, there seems to be categorisations of “outside” (i.e. the principal) and “inside” (i.e. the community).

As the schools are isolated, support, trust and respect are crucial for the school to function fully and motivate learners to have a vision for the future. With the social identity theory arguing that the members of the group (community) have a commitment or an emotional commitment to the group (school) and a sense of pride and belonging is important, the concept of a community school should be considered. The management and leadership skills of the principal predominate ethnicity in that when these skills of the principal are very strong, ethnicity is overlooked and how well the school functions become more important. In other words, it is not about who runs and leads the school, but how the school is run and managed. It is precisely these management and leadership skills that distinguish principals from one another in terms of relationships, finances, challenges and problem solving.

When clear guidelines are given regarding the principal, the school management team and the governing body, the school functions as it should – for the benefit of the child. When a school focuses on its learners, ethnicity and language fades and a positive school climate is experienced. For this reason, principals must be appointed for the right reasons. Often principals are appointed in remote schools simply because no one else is willing to take the job. At the same time, principals must receive sufficient training to ensure they are prepared to act as principal under difficult circumstances. The same applies to the appointment of governing body members, who often experience a sense of power when they are appointed, which they do not know how to handle. If the role of the governing body is clearly spelt out, everyone will understand the various roles and a good relationship can exist between the principal and the governing body. The principal’s visibility also plays a role. When principals make a contribution in the community, their task as principal is being facilitated. A school can be successful only if the community, governing body, school management team, principal, teachers and learners all understand their roles and take responsibility for these. 

Keywords: acceptance; challenges; community; school principalship; schools in remote areas; social identity theory; teaching context

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans

Help, ek is ’n skoolhoof in ’n afgeleë gemeenskap! Uitdagings tot die skoolhoof se leierskap- en bestuurstyl 

The post Help, I’m a school principal in the middle of nowhere! Challenges to the principal’s leadership and management style appeared first on LitNet.

Farewell, Jan Heunis: Our day will come!

$
0
0

The article below is an English translation of the following:

Totsiens, Jan Heunis: ons dag sal kom!

May this entire country one day read the moving resignation letter of Advocate Jan Heunis SC, former chairperson of the Stellenbosch University (SU) convocation.

During his speech at the final meeting of the convocation for 2019, Advocate Heunis SC swore to resign should the investigation by retired judge Burton Fourie exonerate SU vice-chancellor Professor Wim de Villiers’s behaviour during the recent language policy litigation between language equity lobbying group Gelyke Kanse (“Equal Opportunities”) and SU. De Villiers was accused of improper conduct after it came out that he had contacted and met with the new SU chancellor, former Constitutional Court Justice Edwin Cameron, while the university’s case was still pending before the Constitutional Court. Cameron also wrote the judgement, which came in the university’s favour. Advocate Heunis SC, true to his word, resigned soon after.

His brief yet powerful letter provides a summary of the man who led the charge during the long-running language policy conflict at SU. This struggle for equitable institutional language arrangements was never a reactionary, supremacist or anti-transformative movement. Instead, it was a fiery moment in the history of democratic South Africa, during which it was attempted to bring about language equity at one of South Africa’s top institutions. For now, it seems like the battle is lost in favour of the slow-punctured anglicisation of SU.

There are no proactive and overt attempts at SU to bring about indigenous language usage and academic development for Afrikaans and Xhosa. The push towards English supremacy is aided and abetted by SU, who claims that students prefer English and, therefore, the institution can wash its hands in indifference over the alternative, which is dignifying and decolonial multilingualism.

Heunis SC, Gelyke Kanse and various other comrades in the battle for language equity at SU and other institutions fought for Afrikaans as an indigenous and co-official language’s place in tertiary education with utmost dignity and gallantry.

They never shared high tea with the judges who heard their cases. They never deployed language supremacy, language intolerance, racism or other forms of discrimination in their modus operandi. They participated in the democratic due process and debate on the issue with great collegiality towards their opponents and detractors. They were firm, but acted with decorum and respect.

Heunis and his comrades were often ridiculed, shut down and insulted for their valiant attempts at language equity. To this day, there has been no comprehensive attempt by Gelyke Kanse’s opponents to level reasoned criticism at the lobby group or its broader philosophy of proactive language equity. These same opponents have not said a word about Professor De Villiers’s behaviour during the language litigation, and no large-scale counterarguments to the allegations against the vice-chancellor have been published. It’s like the opposition attempts to “silence away” this crisis in the judiciary and the public language regime.

Their silence makes you wonder. Their shouts and jeers during convocation meetings make you frown. But it’s their irregular and unethical background bamboozling, accompanied by suspicious successes in the courts of law and the SU council, that make one fume with anger.

The greatest irony will remain in how Afrikaans-speaking officials were the ones who summarily disposed of that language in the public academic realm, at a university that once hosted defiance to apartheid ideology by celebrating Afrikaans as a carrier of all of its speakers’ dignity.

SU and its fellow askaris ripped the rug from under Afrikaans as a language of theses, of research, of academic debate and of instruction in the arts, law and science. And they handed it over to the mercy of a bombastic, technocratic and colonial global Englishness. They let slip their chances to host deep discussions on language equity in a democratic and pluralistic society founded upon human rights, due to the US dollars and British pounds that glinted in their greedy eyes.

They negligently or knowingly colluded with the government elitists of the day to steer the country closer and closer to a monolingual abyss, instead of promoting and aspiring to an ethical and equitable multilingual society.

Drawing upon the thinking of renowned South African philosopher Johann Rossouw, it is clear to me that SU threw their arms around the regressive English-dominated West of Donald Trump and Boris Johnson. They never looked to how other nations, in Europe and closer to home in Africa, managed and promoted multilingualism.

But the Afrikaans-speaking community does not stand to be without blame. Where were you, Afrikaans-speakers, when the Adam Tas student society for Afrikaans and others stood up for language equity at SU back in 2015? Where are the open-minded leaders and grassroots organisers who can muster resistance against this great injustice? Or do you think that being a keyboard-warrior is sufficient?

Or did you just give up, war-weary in the face of the enormous neocolonial Englishness of the Trump-Johnson West?

Why sacrifice your unique identity as dignified new South African people by opting rather to give up on your country and leave to enrich the British queen, the likes of Prince Andrew and their lackeys in Canada and Australia? Maybe your children will one day be rich due to your surrendering to Englishness. Or maybe not.

What you will be is complicit in the incredible sacrifice of something as sublimely beautiful, unique and decolonially transformative as a multiracial, inclusive and dynamically colourful Afrikaans language on southern African soil. If we all abdicate our duties, no one will take responsibility.

During the Irish Easter Rising against English colonial rule in April 1916, the Irish citizens of Dublin laughed at freedom fighter Pádraig Pearse when he proclaimed the Irish Republic and denounced colonial Englishness. They also sneered when he and his comrades were led away in captivity after six days of armed resistance. But they were shocked and mummed when Pearse and the other Irish freedom leaders were summarily executed by a firing squad.

While this level of political bloodshed has hopefully left our national landscape for good, I cannot help but lament the fact that the message remains the same: those who fight for the rights of others will very often be ridiculed and ignored by the very same people.

This is so, because people tend not to relinquish their relative leisure, like a toad in warm water. It’s only when the water starts boiling that the toads regret their lethargy.

The waters of multilingual South Africa are already boiling:

PanSALB, a constitutionally entrenched institution with the job to promote, protect and develop a multilingual society is nothing but a dead rat in a gutter.

There is only one public university still making academic progress in an indigenous language, and that is the NWU Potchefstroom campus.

The SU vice-chancellor socialises with and offers the chancery of SU to the same Constitutional Court justice who hears and decides the case wherein the vice-chancellor is a litigant.

The Chief Justice Mogoeng Mogoeng flips around when he says, on one hand, that multilingualism is important in the face of Englishness, but unilaterally decides that the courts of the land shall henceforth only make use of English. What is believable nowadays in this post-factual, absurdist environment?

Advocate Jan Heunis SC, I wish you a well-deserved chance to rest, now that your years of fighting tirelessly for a new language ethic in South Africa have come to an end.

Tiocfaidh ár lá.1 Our day will come.

1 This Irish Gaelic slogan, meaning “Our day will come”, probably originated with prolific Irish writer James Joyce. It remains a key adage of the Irish anti-colonial left and the Irish republican movement.

Also read:

The post Farewell, Jan Heunis: Our day will come! appeared first on LitNet.

Oor troostantes en ander wyshede

$
0
0

In die vroeë tagtigs het Ma ’n rubriek as klatannie gehad. Ja, een van dáárdie sosiale raadgewers wat vir Jan Publiek sielkundige advies in tydskrifte en koerante gee. Ma se rubriek het een maal ’n week in ’n bekende dagblad verskyn, nogal met die misterieuse naam Helena gee raad. Onder die koerantkop het ’n foto van Ma, erg ge-blur, gepryk. Natuurlik is ons kinders die dood voor die oë gesweer: niemand mog ooit geweet het dat die troostante ons ma is nie. Sondaemiddae het Ma die possak, tjok-en-blok vol briewe, op haar koningingrootte-bed uitgestrooi en van ’n kant af deurgelees. Ons kinders was soos ietermagogkleintjies al om en bo-oor haar, gretig om saam te lees en die Groot Gebod te bewaar: ons mag nie uitpraat nie. Ek was nog op laerskool en onthou ons het ses wit troetelkatte gehad. Met groen oë. Tot ergernis van die bure – want natuurlik het kat-se-kind ’n paar slagoffers se huise binnegesluip en die tjops, of ander vleis wat vir aandete moes ontdooi, geskaai. Of die roomkoek in die kombuis. Op ’n keer sommer ’n hele krismiskalkoen. Die dreigemente en pleidooie het gekom, maar Ma het haar doof gehou: sy was heilig op haar diere. Toe, een Sondagmiddag was daar jou warempel ’n brief van ons direkte buurvrou, Eufesia van Zyl, in die possak. Haar skuilnaam was Desperaat van V: Liewe Helena, ek het ’n reuse-probleem met my buurvrou en haar ses katte ...

Uiteraard het die loot op dié brief geval. Ma kon nie almal in die bonkige sak antwoord nie; as ’n reël net so vier of vyf, afhangend van koerantspasie. En Ma het Buurvrou versigtig begin bearbei, haar daarop gewys dat diereliefhebbers maar ’n spesie op hulle eie is, dat ’n mens begrip moet hê, dat daar dalk ’n leemte in haar katbuurvrou se lewe is – en dat dit iederwel altyd ’n goeie idee is om vleis of koek met ’n net te bedek. 

Die teoloog en skrywer, Murray Janson het blou jare lank Huisgenoot se bekende "Sake van die hart" behartig. Murray was ’n legende in sy eie leeftyd wat dié terapierubriek gevestig het as die langslewende een in Afrikaans. In die vorige bedeling was abuse – op verskeie vlakke – normaal; dit was selfs die norm. Kinders is dwarsdeur hulle skoolloopbaan “reggeslaan”. Daar was diensplig en die Grensoorlog: alles het kwansuis van jou ’n man gemaak. Ons is afgeknou deur ’n sisteem van onderwysers, korporaals en ander uniformdraers, en die kerk. Daai dae was daar nog nie so baie versteurings soos vandag nie. Ses van die bestes, teksverse en ’n spul vermanings en jy was weer hunky-dory – of só het ons gedink. Ons het abuse volledig geïntegreer in ons menswees; geleer om daarmee saam te leef. Afknouery was bloot ’n bevestiging van dissipline en van jou plek in die pikorde. In ’n sekere sin kan Oom Murray se rubriek gelees word as ’n soort psigo-sosiale tydsdokument van hierdie dekadelange abuse. Van die bekendste issues waarmee mense geworstel het, het rondom skuldkomplekse gesentreer. So byvoorbeeld was masturbasie by seuns en mans hoog op die agenda – met Oom Murray wat die ontboesemings en kwelvrae netjies sou systap met ’n voorspelbare dr-Jan-van-Elfen-relaas oor die biologiese werking van dinge. Bybelse, patriargale raad het die prof se rubriek gekenmerk. Ek het dikwels my bedenkinge gehad oor die praktiese nut van hierdie advies – hy het male sonder tal hierdie briefskrywers bloot verder af – of óp – in die ketting verwys na ’n predikant, huisdokter of sielkundige. Ek onthou op ’n kol het ’n 22-jarige prostituut geskryf en Oom Murray gesmeek om raad oor hoe om weg te breek uit haar vernietigende siklus van dwelms en prostitusie. Sy antwoord? Ek bid vir jou. Plus ’n teksvers. Sela.  

Of dit nou Raadop van A, Verward van P, of Keelvol van H is: uiteindelik vorm hierdie briewe klone van mekaar. Die patrone en krisisse in menslike gedrag is dieselfde, dit bly herhaal. Vroue wat vasgevang is in ’n huwelik met ’n lummel wat suip, rondloop, of haar aanrand het nog altyd die top 5-lys gehaal. Murray se antwoord, veilig gepasmaak, was voorspelbaar: Gaan spreek (saam) ’n huweliksberader. Maar daar was die één insident … die Afrikaanse volksbybel, Huisgenoot het een jaar weke aaneen van die rakke afgevlie’ toe Oom Murray ’n rotnes oopgesteek en die destydse SAP by een van die klagtebriewe betrek het. Dit was lank voor die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders-veldtogte. ’n Dame het geskryf en beweer dat sy as seksslaaf gyselaar gehou word deur haar eie man; en dat sy haar brief aan Oom Murray via haar buurvrou uitgesmokkel het om te pos. Nadat die berader versigtig rondgesnoep het of dit nie dalk ’n gekskeerder is nie, het die polisie met groot fanfare toegeslaan op die betrokke woning en die damsel in distress bevry. Weke aaneen het dit gegons: Huisgenoot onthul; of Eksklusief: Vrou vertel van nagmerrie-ervaring met ...

Dan: laat ons ook nie van Antie Mona, Die Son se troostante, vergeet nie. Van al die raadgewers is sy waarskynlik die eerlikste. Kom ons erken dit maar: ons lees klarubrieke omdat ons voyeurs is – en omdat mense verligting van hulle eie katarsisse ervaar wanneer hulle van ander se ellendes lees. Antie Mona is afgestem op ’n geelpers-gehoor; en tipies geelpers, leen dié rubriek hom tot sensasie, die-in-die-oomblik-wees, die vlugtigheid van gebeure. Presies die teenoorgestelde van ernstige lektuur. Dis daar om te geniet en om te lag. Kyk, Antie Mona het straatwysheid. Sy ken die lewe. Sy is deurwinter, maar nie sinies nie – nee: ’n klatannie moet ’n ewige optimis wees, ’n onwrikbare lewensbegeleier. Of altans, só het ek klein-klein by Helena geleer. In die tagtigerjare het seksberaders, aanvanklik kopsku, hulle opwagting begin maak in Engelse mode- en skoonheidstydskrifte. Die terapierubrieke het begin divergeer: emosionele of geestelike berading – óf raad met bedsake en kie. Vandag se raadgewers moet kan bontstaan en lesers oor ’n wye spektrum van menswees kan adviseer.

Jare gelede was ek ook ’n slagoffer van ’n troostante. Skaars 18 jaar oud en bewapen met my rybewys, maak ek toe mos ’n massiewe motorongeluk op die ou Johannesburgpad in destydse Verwoerdburg. My splinternuwe Mini het helder oordag, in ’n oogwink, scrap geword. Nodeloos om te sê ná die insident het die paniekaanvalle hulle tol begin eis. Ek kon om die dood nie meer bestuur nie en het soos ’n springveer gebeef elke keer wat ek in ’n kar moes klim. In my jeugdige verwarring besluit ek toe om ’n klatannie by ’n gewilde tydskrif te kontak – ek kan  nie meer onthou of dit Vra vir dr Adri, vir dr Janie, of vir dr Deidre was nie. Ek het my hele droewige verhaal blootgelê, ’n geskriffie vol woede, selfverwyt en grenslose twyfel. Die weke het later maande geword, en Dinsdae het ek die tydskrif gretig ingewag – maar nee. Nada. ’n Ysige stilte het my begroet. Dalk het die reverse psychology, om botweg deur die dok geïgnoreer te word, die gewenste uitwerking gehad. Dalk het sy nie my brief gelees nie … of dalk het sy eerder ánder, sappiger klagtes ge-cherry-pick, ek het tog geweet hoe die proses werk. My probleem was nie belangrik genoeg nie. En toe word ek kwaad. Ek het agter die stuurwiel ingeskuif en kon myself van buite sien, my lippe in ’n dun, verbete lyn, my arms stokstyf en vasberade teen die stuur. 

Mense wat troostantes opsoek, vermoed – of wéét – intuïtief wat die antwoord gaan wees.

Daardie dag het ek gerý. 

The post Oor troostantes en ander wyshede appeared first on LitNet.


Goed of sleg?

$
0
0

Die mens is inherent goed:  Kong Qui  (Confucius). Hy was ’n staatsamptenaar wat geglo het dat staatsamptenare vanweë hul posisie in die samelewing en gepaardgaande aansien, onkorrupteerbaar is.

Die mens is inherent sleg (sondig): Paulus aan die Romeine (3:23). Die mens moet geleer word wat reg en goed is en dan nog ’n keuse tussen goed en sleg maak.

Die postmoderne mens: Hy sê alles is reg en geoorloof -  daar is nie iets soos goed of sleg nie.

Wat sê jy?

Raed-na-Gael die goeie

The post Goed of sleg? appeared first on LitNet.

Godsdiens vir ateïste

$
0
0

Laat ons "nice" wees.

Ons, of die meeste van ons, het grootgeword in 'n samelewing waar almal Christene is, en daarom is ons, of die meeste van ons, Christene.

"Christen" is sinoniem met "teïs" en ook met "gelowige". Goeie mense, die Christene, so word ons geïndoktrineer. Niemand sal sy kind na 'n skool stuur waar daar nie 'n Bybel oopgemaak word en wat nie deur die plaaslike predikant met die opening geseën is nie. Vriendelike, "nice" mense, dié Christene! En ook goeie mense wat niks van jou sal steel nie.

Ek is 'n ateïs, maar nie sommer net ateïs nie. Nee, ek is 'n Christen-ateïs. 'n Wat? Dis mos sommer 'n helse groot oksimoron, hoor ek my buurman sê. Ja, ek is 'n Christen-ateïs. Ek bou met Kersfees yslike kersbome, koop presente vir almal, sing krismiskêrels laat die honde huil, is vriendelik en glimlag teenoor almal, want daardie ou wat hulle Jesus noem, daardie karakter in die Nuwe Testament, hy's my held, my rolmodel. Wat nog meer is, hy is 'n rebel. Toe sy pa (dis nou God van die Ou Testament) wette gemaak het vir die mense en gesê het 'n oog vir 'n oog, en 'n tand vir 'n tand, het daardie einste Jesus gesê f dit. Ek sê vir julle as iemand jou klap, draai sommer die ander wang ook, dat hy jou daar ook klap. Julle moet nice wees teenoor ander mense.

Nou moet julle darem een ding verstaan: om nice te wees, is na regte nie bybels nie. God van die Ou Testament is nie 'n nice ou nie. Hy's wreed, onvriendelik, helse jaloers, en sal sommer jou kop afkap as jy net 'n bokkie in sy ma se melk kook. Hy beveel jou sommer om jou stout kinders met klippe dood te gooi, en as jy dit nie doen nie, is dit tickets met jou. Net een keer was hy so bietjie nice toe hy 'n bokkie vir 'n man gegee het in plek van sy seun. Toe 'n ander ou sy dogter moes kop afkap, was daar nie bokkies vir haar nie.  Nee, God van die OT is glad nie 'n nice ou nie.

Nog iets wat nie nice is nie, is die natuur. Hier in Durban spoel ons weg, terwyl die Karoo kraak van die droogte. Diere vreet en word gevreet, katte speel met muise voordat die arme goedjies opgevreet word, maar dis nie al nie. Evolusie is net so 'n wrede proses. Dit bevorder geweld, ongevoeligheid teenoor wreedheid, en selfsugtige gene fabriseer organismes slegs vir hulle eie voortbestaan. (Lees Richard Dawkins se The Selfish Gene.)

Kreasioniste en evolusioniste kan maar ophou stry; wat wreedheid betref, is God en evolusie is bloedbroers. Ek dink as hulle sou kon stem, sou dit beslis EFF gewees het. Kill the farmer, kill the boer.

Om nice te wees, is beslis anti-evolusionisties en ongoddelik. Hierdie niceheid het dus baie probleme. Aan die een kant kan Darwin se natuurlike seleksie dit uitwis, en aan die ander kant kan die NG-kerk dit onder streng sensuur plaas. By Darwinistiese evolusie kan dit nog by verbykom met so 'n klompie mutasies wat niceheid bevorderlik sal maak in 'n moderne samelewing, maar ek is bevrees, by Islamse en soortgelyke gelowe is dit Ikabod.

Die wêreld se redding lê in nicegeit en dit moet by hoek or by kroek die wêreld oor versprei word. En glo dit as julle wil, so 'n verspreider lê  onder ons neuse: religie natuurlik! Godsdiens, geloof, noem dit wat jy wil, dit is ons redding.

Het religie dit nie reggekry om die mensdom te laat glo in pratende slange, bome en diere nie? Het religie dit nie reggekry om almal te laat glo aan wilde diere wat ewe mak Noag se ark binnestap nie? Daar's ons antwoord. Religie kan die mensdom allerhande verspottighede wysmaak. Dit kan andersins verstandige mense in afsondering dryf waar hulle jarelank nutteloos in kloosters sit, dit kan normale mense ure lank op hulle knieë hou of laat regop staan terwyl Dominee hulle by God verkla oor hulle so ongehoorsaam is. Dit kan flink jong mans in geboue laat vasvlieg met die belofte daar anderkant 72 maagde wag. Al my geld is op religie om nicegeit die wêreld oor te versprei.

Daarom is die leuse op my T-hempie: JESUS VIR ATEïSTE.

The post Godsdiens vir ateïste appeared first on LitNet.

Private rook en besit van dagga versus handel met dagga?

$
0
0
Soos baie Grondwethof-uitsprake, 'n groot kopkrap. 
 
Tiens, Raed-na-Gael en ander individue, hierdie was swak uitspraak wat verwarring veroorsaak. Die besit in privaatheid is wettig, maar groei daarvan in privaatheid, word nog as "handel in dagga" beskou.
 
Liberale veroorsaak chaos en gooi grense omver, sonder om te verduidelik wat in praktyk moet gebeur. 
 
Ek stel voor jul skryf vir die Justisie Kommissie en vra vir uitleg van die menere af ...
 
Hans Richardt 

The post Private rook en besit van dagga versus handel met dagga? appeared first on LitNet.

LitNet: Jou omstredenheid

Die ekoteks in die klaskamer

$
0
0

Die ekoteks in die klaskamer

Henriëtte Loubser, Departement Kurrikulumstudie, Universiteit Stellenbosch

LitNet Akademies Jaargang 16(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Omgewingsopvoeding (OO) behoort ’n belangrike deel van die totale opvoeding van ’n kind te vorm. Binne die klaskamerkonteks bied dit geleentheid vir die ontwikkeling van ’n bewuswees van sy/haar natuurlike omgewing, van ander vorme van lewe en van die mens se verhouding met en verantwoordelikheid vir ’n harmonieuse saambestaan met niemenslike bestaansvorme op ons planeet.

Dit is belangrik dat opvoeders die potensiële rol van omgewingsgerigte verhale sal erken, kinders se liefde vir stories sal ontgin en die belangrike rol wat die ekoteks kan speel sal besef.

Verskeie leerareas kan betrek word, byvoorbeeld taal (taalvaardigheid en geletterdheid), die wetenskappe en omgewingsopvoeding. Die verwondering wat ’n goeie storie bring kan die proses van wetenskaponderrig en omgewingsbewusmaking tot voordeel strek en daarom behoort elke onderwyser/opvoeder die waarde daarvan te besef en moeite te doen om dit aan te wend.

Met hierdie artikel ondersoek ek die voorstelling van die mens-natuur-verhouding in ’n ekoteks en die benutting van daardie teks binne klaskamerverband. Praktiese voorstelle oor die benutting van die ekoteks in die klaskamer ten einde omgewingsgeletterdheid en taalvaardigheid by die jong kind te ontwikkel word aan die hand gedoen. Voorstelle ten opsigte van die keuse van geskikte tekste word gemaak en riglyne vir ekokritiese teksontleding word verskaf. Ten slotte word voorstelle ten opsigte van die beplanning van ’n interdissiplinêre les verskaf.

Twee raamwerke word in die studie geïntegreer: ’n teoretiese raamwerk, wat ’n literatuurstudie oor die teoretiese dissiplines van die ekokritiek en die konstruktivisme behels, en ’n praktiese raamwerk, met die fokus op klaskamermetodiek waar ekotekste benut kan word. In vorige navorsingsartikels (Loubser 2016; 2017a en 2017b; 2018) het ek die belang van ekotekste as onderrigmedium bespreek. Die ekokritiese teoretiese agtergrond en bevindinge uit die navorsing word hier kortliks herbesoek. Wat vernuwend in hierdie artikel is, is dat klaskamermetodiek (gebaseer op ’n konstruktivistiese leerteorie) betrek word. Voorstelle vir lesbeplanning en die gebruik van ’n ekoteks in die klaskamer word verskaf.

Trefwoorde: ekogeletterdheid; ekokritiek; ekotekste; geletterdheidsontwikkeling; kinder- en jeugliteratuur; omgewingsopvoeding (OO); teksontleding

 

Abstract

The ecotext in the classroom

Environmental education (EE) needs to be an essential component in the total education of a child. In the classroom context it offers the opportunity to develop an awareness of the natural environment, of other life forms, and of the human relationship with and responsibility for harmonious coexistence with other-than-human life forms on our planet. It is crucial that educators acknowledge the potential role of environmentally oriented narratives and utilise children’s love for stories by applying ecotexts in classrooms.

A variety of learning areas can be engaged, such as language, sciences and environmental education. The sense of wonder produced by a good story can be an advantage in the process of developing environmental awareness. In this article I investigate the portrayal of the human-nature relationship in an ecologically oriented fiction text (an ecotext). I also focus on the use and application of the text within the classroom context. Practical suggestions are given on the application and utilisation of the ecotext in the classroom in order to develop children’s environmental awareness and also their language skills. Recommendations for text selection will be made, and guidelines for the analysis of ecocritical texts will be given. The article will also offer suggestions for the planning of an interdisciplinary lesson.

Two frameworks will be integrated into this study: a theoretical framework based on a literature review of the theoretical disciplines of ecocritics and constructivism, and a practical framework with the focus on a classroom methodology for the use of ecotexts.

According to Buell (2005:viii), ecocriticism is an umbrella term that covers a whole spectrum of literary theoretical approaches to an investigation of the human-nature relationship. Ecologically oriented fiction texts can offer ways for creating awareness among children of this relationship and of the ways that humans can influence the natural environment (Bradbery 2013:223). Young readers can develop a better understanding of concepts dealt with in fictional texts, such as drought, water scarcity and pollution. They can learn about the importance of an ecologically sustainable lifestyle and be able to participate in the discourse on environmental responsibility. Bradbery (2013:228) concurs with Diakiw’s (1990) claim that the young reader finds it easy to process and internalise information when it is offered in story format.

The development of an understanding of what it means to be a world citizen in the 21st century and to help in ensuring a sustainable future may seem like an impossible goal, but introducing young readers to the concept of sustainability is a small step on the way to eventual global change. According to Medress (2008), fictional texts can offer young readers the opportunity to build bridges between their own lives and the surrounding environment, as well as help them to understand what happens in the real world out there. This can help them learn and understand how to develop a greater ecological consciousness of their own worlds, global societies, and the planet as a whole. Ecotexts for children can be catalysts in the development of people who are able to recognise environmental issues, who can participate in solving environmental problems, and who will stand for and support the general principles of tolerance, justice and equality for all.

There is a connection between ecocritical observation and constructivism, and according to Garrard (2012:13) ecocritics can contribute richly towards diagnosing and solving ecological problems. Although early ecocritics rejected constructivism, the turn towards environmental justice in the late 1990s led to typically constructivist arguments “not to assert that ’nature’ is only a cultural construct, but to study how different cultural conceptions and notions of identity project different versions of nature” (Clark 2011:164).

In this article I wish to show how constructivist teaching can be undertaken with the help of an ecotext and how learners can learn ecological awareness by making meaningful connections between previously acquired knowledge and the text in hand. By reading or listening to the story, by taking part in conversations, by reflecting and thinking critically about the text, children do not only get the opportunity to learn, but also to enjoy the exercise. They can actively participate in the learning process instead of only being passive receivers and listeners. I also explore the ways in which factual information can be shared with learners through storytelling and via self-discovery, rather than through passive reception of instruction.

According to Gaard (2008:16), ecologically oriented texts must not only articulate ecological issues, but also examine the “political programs of collective action” which are necessary to investigate and address these issues. The ecotext ought to make connections between narrative problems and the narrative solutions to them, where issues such as deforestation, loss of species or pollution are relevant and for which potential solutions can be imagined and suggested. Ecotexts must contain clear messages of definite action and real participation.

The role of the teacher is important because of their knowledge of children’s and youth literature, their capacity to critically and historically analyse children’s and youth literature (specifically ecotexts) and their ability to teach with the aid of these texts.

An ecocritical analysis of the selected Afrikaans text, Velaphi die pikkewyn (Velaphi the Penguin) by Elmarie Botes (2005) and illustrated by Anna-Carien Goosen, is undertaken with the aid of story-based questions, followed by suggestions and guidelines for the planning and implementing of an interdisciplinary lesson (Life Orientation and Afrikaans Home Language).

If fiction texts can be resources for connecting abilities, concepts and information across the curriculum, we owe it to our children to apply stories where and when we can. During the telling of a story with scientific facts embedded in them, children can be encouraged to observe the world around them cautiously and attentively through all their senses. This could encourage a curiosity about the way things work, and at the same time children’s vocabulary can be enriched with new words. This will enhance their reading and writing abilities.

A story-based approach ensures that readers receive and experience information that is usually communicated only on a rational level emotively as well. This contributes to the holistic development of the child, where independent learning becomes fused with the experience that learning can be an enjoyable process.

An ecopedagogy for environmentally oriented children’s literature, according to Gaard (2008:18–20), promotes coherence between theory and practice. Such a pedagogy includes a search for suitable texts and the development of abilities and activities that aim to convert theory into praxis. Often there is also an inherent suggestion of engaged citizenship involved. An ecopedagogy enables learners to apply classroom-acquired knowledge practically through their own intervention in and action against anti-ecological social practices. 

Keywords: children’s and youth literature; constructivism; ecocritics; ecoliteracy; ecotexts; environmental education (EE); literacy development; text analysis

 

1. Inleiding

Kinderboeke verteenwoordig ’n mikrokosmos van die ideologieë, waardes en oortuigings (“beliefs”) van die dominante, heersende kultuur (Taylor 2003:301). Hierby kan die algemeen aanvaarde houding jeens die natuurlike omgewing ingesluit word. Gemeenskappe se ingesteldheid teenoor natuurlike ruimtes en ander bestaansvorme op die planeet word in fiksietekste, en daarom ook in kinder- en jeugliteratuur, uitgebeeld.

Om te leer lees is deel van die proses van sosialisering en ’n belangrike meganisme waardeur kulturele opvattings van een generasie na die volgende oorgedra kan word. Hierdie standpunt is deur Taylor (2003:301) gemaak met betrekking tot geslagstereotipering. Dieselfde geld ook vir ’n ingesteldheid ten opsigte van die natuurlike omgewing en niemenslike bestaansvorme. Ideologiese boodskappe oor die natuur is ook ingebed in kulturele opvattings en in besluitnemings en oordele in verband met die mens-natuur-verhouding. Opvattings oor hierdie verhouding word geregistreer as ’n stelsel van tekens, met ander woorde as ’n kode. In hierdie artikel het ek dit ten doel om onderwysers en onderwysstudente te help om daardie kode te identifiseer en te besin oor hoe die mens daarvolgens kan leef en optree.

Kinderliteratuur (veral fiksietekste) is dikwels humoristies, interessant, verbeeldingryk en leersaam (Mishra 2016:93). Om hierdie rede kan dit baie suksesvol aangewend word ten behoewe van omgewingsgeletterdheid. Dit is Kriesberg (1999:xxi) wat die inbring van die verhalende (eko-)teks in die klaskamer vergelyk met ’n storieverteller wat leerders kom voorberei op die werklike (buitelug-)ervaring. Met die voorvoegsel “eko” (’n afkorting vir “ekologie”) word daar na die verhouding van lewende organismes tot hulle omgewing verwys. Die voorlees, lees of vertel van omgewingsgeoriënteerde stories kan beskou word as ’n kragtige manier om die jeug in te lig oor die natuurlike omgewing en ook oor die natuurlike geskiedenis van die plek waarin hulle leef. Kinderboeke is dus ’n belangrike kulturele meganisme waardeur optrede en ingesteldhede teenoor die natuurlike omgewing vir kinders aangeleer kan word.

Volgens Irwin en Lotz-Sisitka (2014:43) is omgewingsopvoeding in 1971 deur die IUCN (International Union for Conservation of Nature) soos volg gedefinieer:

[Environmental education is] the process of recognising values and clarifying concepts in order to develop skills and attitudes necessary to understand and appreciate the interrelatedness among people, their culture and their biophysical surroundings. Environmental education also entails practice in decision-making and self-formulation of a code of behaviour about issues concerning environmental quality.

Hiervolgens word die verbondenheid tussen mense, hulle kulture en hulle biofisiese, natuurlike omgewing beklemtoon.

Ekobewustheid behels die mens se begrip van ons onlosmaaklike deelwees van bestaande ekosisteme. Morris (2018:169) identifiseer ekologiese bewustheid as ’n toestand “[that] thrusts humankind back into the world and down into the earth”. Volgens haar is skole grootliks in ontkenning oor die toestand van ons sterwende planeet en daarom glo sy dat ’n oproep tot ekologiese bewustheid bykans profeties is – “[…] it raises the noise, sounds the alarm”.

Die doel van omgewingsopvoeding is dat dit sal lei tot ekogeletterdheid. Ekogeletterdheid verwys na ’n bewustheid en ’n begrip van die verhouding tussen die mens en ander organismes en die natuurlike omgewing waarin almal saam woon. Volgens Orr (1992:3) behels ekogeletterdheid ’n diepe bewustheid van en begrip vir die verhouding tussen die mens en gemeenskappe, asook van die verhouding tussen die mens en natuurlike ekosisteme. Ekogeletterdheid behoort dus daartoe te lei dat antroposentriese denke en ingesteldhede, wat die mens bo alle ander bestaansvorme stel, ontmasker word.

’n Ekoliterêre teks of ekoteks kan as ’n onderafdeling van natuurletterkunde beskou word (Loubser 2016:636). Dit is ’n omgewingsgeoriënteerde, verhalende teks waarin daar bestaande omgewingsprobleme en -kwessies uitgebeeld word. Volgens Meyer (2018:623) verwys die term ekokritiese tekste na “tekste wat ’n natuurgerigte fokus het, met ander woorde die natuur – en moontlik die mens se verhouding daarmee – staan sentraal”. Die ekoteks is ’n verhaal waarin die mens-natuur-verhouding uitgebeeld word.

Met verhalende ekotekste wat spesifiek ontwikkel is vir omgewingsopvoeding kom een van die grootste pedagogiese uitdagings onder die loep. Volgens Capra (2007:9) rus die taak op omgewingsopvoeders om leerders ekologies verstandig te maak. Omgewingsopvoeding, ekobewustheid en ekogeletterdheid deur middel van fiksietekste kan leerders voorberei om uiteindelik aktiewe lede van volhoubare gemeenskappe in ’n ekologies gesonde wêreld te wees.

Lewende dinge, ook die mens, het ’n plek nodig om in te leef. Hoe gouer jong lesers die bestaan van hierdie natuurlike habitatte en ekosisteme verstaan en beter begrip ontwikkel vir die verhoudinge tussen alle lewende en nielewende bestaansvorme binne die natuurlike omgewing, hoe gouer sal hulle ekogeletterd wees. Die rol van fiksietekste in hierdie ontwikkelingsproses kan nie misken word nie. Hierdie waarheid word byvoorbeeld deur Schreuder (2010) erken en in sy leesreeks, Die Flixies, goed benut. In sy fiksietekste dokumenteer Schreuder die wonders van die natuurlike wêreld en bied hy feitelike inligting daaroor in storieformaat aan die jong leser. Sonder om voorskriftelik en prekerig te wees, lig die teks die kind in dat alle lewende wesens ’n diep gevoel vir plek koester en dat daar ’n natuurlike verbondenheid tussen alle bestaansvorme op aarde is.

Natuurgesentreerde skryfwerk vir jong lesers kan aangewend word om ’n beter begrip te bring van die natuurlike wêreld waarin hul leef en kan ook as inspirasie tot veranderde denke en optrede dien. Dit is moontlik om kinders sodoende van jongs af bewus te maak van die intieme vervlegtheid van die mens met sy/haar natuurlike omgewing. Soos wat Orr (1992:102) beweer, is daardie mens wat homself/haarself as ’n tydelike, ongevestigde loseerder van sy/haar omgewing beskou, ’n ekologies ongeletterde mens wat nie werklik ’n ruimte bewoon of “inhabit” nie. Dit beteken dat daardie mens nooit waarlik een met sy/haar omgewing sal voel of wees nie.

Volgens Sauvé (2002:1) is interaksie met die plek waar jy woon nodig en moet dit vergesel wees van ’n besef of ’n gevoel van “in-die-wêreld-wees”. So ’n ingesteldheid word verryk deur persoonlike verhoudings met die niemenslike wêreld. Ekogeletterde leerders sal in staat wees om uitdagings vir die voortbestaan van die mens en niemenslike bestaansvorme te herken, gebeurlikhede (soos byvoorbeeld die negatiewe uitwerking van oliebesoedeling op die seelewe) kan veronderstel, aan gesprekvoering kan deelneem en sal uiteindelik kan help soek na oplossings vir omgewingskwessies.

Omgewingsopvoeding is egter, soos deur Sauvé (2002:1) genoem, nie bloot ’n instrument in die oplos van omgewingskwessies nie; dit is ook ’n belangrike dimensie van basiese onderwys – waar die fokus op interaksie moet wees – wat die grondslag van persoonlike en sosiale ontwikkeling vorm. Fiksietekste met ’n ekologiese aanslag beskik oor die potensiaal om jong lesers bewus te maak en op te voed, maar ook om deernis met niemenslike bestaansvorme te ontwikkel. Ekoliteratuur kan dus deel vorm van die toerusting wat jong leerders nodig het om aktiewe en verantwoordelike bewaarders van die natuurlike omgewing te word.

Ook Bland (2014:75) verwys na die geweldige kulturele invloed van kinderboeke en die uitwerking wat hierdie tekste in klaskamers kan hê. Sy ondersoek in haar navorsing die potensiaal van kinderliteratuur vir ekobewusmaking “as possibly the first step towards pragmatic environmentalism”. Terselfdertyd bepleit Bland (2014:76) ’n omgewingsbewuste pedagogie wat alle skoolvakke insluit en sy redeneer dat verhalende tekste ’n medium bied wat spesifiek vir jong leerders in taalverwerwingsklasse invloedryk en potensieel voordelig kan wees. Bland ondersoek met haar navorsing die potensiaal wat fiksietekste tot ekopedagogie vir jong leerders bied. Sy reken dat bekende kinderverhale, soos The Lorax deur Dr. Seuss, oor temas handel wat waardevol is vir ’n kritiese, dialogiese pedagogie. Voorts reken Bland (2014:77) dat, aangesien die jong kind nog in die proses is om die wêreld te ontdek, dit nodig is om so vroeg as moontlik met hierdie opvoedingsproses te begin wanneer die kind nog relatief onbelas is met “kulturele bagasie”. Die jong kind is dus nog nie onderworpe aan wat Garrard (2012:24) “the dualistic separation of humans from nature promoted by Western philosophy and culture” noem, en wat beskou kan word as die oorsprong van omgewingskrisisse nie.

Bland (2014:77) verwys voorts na kinderliteratuur (en sy sluit ook postkoloniale literatuur en literatuur wat genderdiversiteit reflekteer hierby in) as sogenaamde “literature of the downtrodden”. Sulke fiksietekste is volgens haar minder geneig om heersende ideologieë in stand te hou. Dit is een van die talle redes waarom hierdie tipe tekste inherent bemagtigend is. Bland haal in hierdie verband vir Hunt (2001:17) aan:

One aspect of the potential subversiveness of children’s literature may be that, as with the literature of other downtrodden groups, its subversiveness exists in passing its messages without the knowledge of the ruling elite.

Dominante Westerse onderwyskulture is daarop gemik om leerders te laat glo in die onwrikbaarheid van teenstellings (binêre opposisies) soos manlik/vroulik, rede/emosie, asook kultuur/natuur. Dit is hier waar kinderliteratuur grensoorskrydend kan wees en nuttig in die klaskamer aangewend kan word. Kinderliteratuur kan dus die ondermynende aanslag bring wat belangrik is en wat hoop bied met betrekking tot die verandering van die vernietigende kultuur-versus-natuur digotomie, sodat jong lesers hulle kragtige verbondenheid aan die natuur kan herken. Bland (2014:77) reken dat hierdie opvatting gesteun kan word deur die keuse van omgewingsgesentreerde, verhalende tekste vir die klaskamer.

Bradbery (2013:224) wys op die omvangryke navorsing wat reeds bevestig het dat die aanwending van kinderliteratuur in klaskamers geletterdheid bevorder (Galda, Ash en Cullinan 2000; Galda en Cullinan 2006), maar dat navorsing oor die voordele van kinderliteratuur in opvoeding oor ’n volhoubare toekoms steeds agterweë bly. Kinderliteratuur kan byvoorbeeld gebruik word om ingewikkelde en dikwels teenstrydige onderwerpe, begrippe en kwessies in klasbesprekings te belig. Hierdie genre bied ook aan jong lesers die geleentheid om omgewingskwessies vanuit verskillende perspektiewe te benader en relevante vrae te vra. Kinderliteratuur skep ook vir kinders die geleentheid om hulle eie opinies te vorm en om standpunt in te neem. In hierdie verband haal Bradbery (2013:225) vir Stephens (1992:8) aan:

Children’s fiction belongs firmly in the domain of cultural practices which exist for the purpose of socialising their target audience. Childhood is seen as the crucial formative period in the life of a human being, the time for basic education about the nature of the world, how to live in it [...].

Voorts noem Bradbery (2013:222) die beduidende navorsing wat bestaan oor die belang daarvan dat kinders van jongs af oor omgewingskwessies onderrig moet word:

There is a considerable body of research (Davis 2008; Holden 2011; Horton, Hadfield-Hill, Christensen and Kraftl 2013) that claims that childhood is a crucial period for developing fundamental habits, norms, dispositions, values, lifestyles, identities and feelings of belonging and care that can have enduring environmental consequences.

Besluite wat later in die lewe geneem word, het dikwels hulle oorsprong in die kinderjare. Ten einde ’n ekologies volhoubare toekoms te verseker, moet leefstylkeuses so gemaak word dat dit die mens se impak op die natuurlike omgewing beperk.

Kinderliteratuur kan ’n wyse bied waarop kinders bewus gemaak word van die uitwerking wat die mens op die natuurlike omgewing het (Bradbery 2013:223). Die jong leser kan ’n beter begrip ontwikkel deur byvoorbeeld onderwerpe soos droogte, waterskaarste en besoedeling in fiksietekste te ondersoek en hulle kan leer oor die belang van ekologies volhoubare lewenstyle en aktief deelneem aan gesprekke oor omgewingsverantwoordelikheid. Bradbery (2013:228) verwys na Diakiw (1990) se bewering dat die jong leser dit makliker vind om inligting te verwerk en in te neem wanneer dit in die vorm van ’n storie aangebied word.

Die ontwikkeling van ’n begrip van wat dit beteken om in die 21ste eeu ’n wêreldburger te wees en om te help om ’n volhoubare toekoms te verseker, mag na ’n onbereikbare doel lyk, maar die bekendstelling van die jong leser aan die konsep van volhoubaarheid kan klein suksesvolle treetjies op die pad wees wat mettertyd tot wêreldwye verandering kan lei. Volgens Medress (2008) kan fiksietekste aan jong lesers die geleentheid bied om brûe te bou tussen hul eie lewens en dit wat in die omgewing rondom hulle en in die wêreld daar buite gebeur. Dit kan hulle ook leer verstaan hoe ’n ingesteldheid van groter ekologiese bewustheid hulle eie wêrelde, globale gemeenskappe en die planeet in die geheel kan beïnvloed. Kinder- en jeugliteratuur kan katalisators wees in die ontwikkeling van mense wat omgewingskwessies kan identifiseer en probleme kan oplos, en wat verdraagsaamheid, geregtigheid en gelykheid vir almal sal voorstaan.

 

2. ’n Ekokritiese lens vir teksontleding

In vorige artikels (Loubser 2016; 2017a en 2017b; 2018) het ek reeds ekokritiek as ’n teoretiese invalshoek ondersoek en hierdie literêre teorie se oorsprong en ontwikkeling is daar bespreek. Ek gee dus hier net weer ’n kort opsomming van die teorie aangesien ’n ekokritiese ontleding van teksgedeeltes uit die gekose kinderboek in hierdie artikel gedoen word. Met hierdie studie is praktiese riglyne vir die ontleding en aanwending van ’n ekoteks in die klaskamer aan onderwysers beoog en daarom verskil dit van my vorige artikels.

Buell (1995:430) definieer ekokritiek as ’n bestudering van die verhouding tussen literatuur en die omgewing. Hy verwys na ’n ekokritiese perspektief as “conducted in a spirit of commitment to environmentalist praxis”. Ekokritiek behels die bestudering van die verhouding tussen literatuur en die fisiese omgewing. Volgens Glotfelty (Glotfelty en Fromm 1996:xvii) kan ekokritiek beskou word as ’n “aardegebaseerde” benadering tot literatuurstudie: “[It] takes as its subject the interconnections between nature and culture, specifically the cultural artefacts of language and literature” (Glotfelty 1996:xix). Smith (2012a:506) beskou ekokritiek “breedweg gesien [...] as die bestudering van kultuurprodukte, soos kunswerke, skryfwerk en wetenskaplike teorieë wat hulle bemoei met die menslike verhouding tot die natuurlike wêreld”.

Die ekokritiek kan nie as ’n spesifieke wetenskap of metode beskryf word nie. In sy gesaghebbende werk, The future of environmental criticism (2005:11), beskryf Buell ekokritiek as ’n aanpasbare literêr-teoretiese praktyk wat vraagstukgedrewe eerder as paradigmagedrewe is. Beull (2005:viii) noem ekokritiek ’n sambreelterm wat ’n hele spektrum van literêr-teoretiese benaderings insluit en met behulp waarvan ondersoek ingestel kan word na die uitbeelding van die mens-natuur-verhouding.

Die ekokritiese teorie bied in die Suid-Afrikaanse literatuurteoretiese konteks ’n redelik nuwe benaderingswyse om literêre tekste en spesifiek kinder- en jeugliteratuur te ontleed. Volgens Mishra (2016:91) verskaf die ekokritiese lens vir jong lesers ’n omgewingsgerigte blik op fiksietekste. Ekokritiek erken die skakel tussen die menslike en die niemenslike. Die onderlinge afhanklikheid van menslike en niemenslike bestaansvorme vir suksesvolle, volhoubare saambestaan op die planeet kom dus ter sprake en word ondersoek.

Ekokritici interpreteer die betekenis van natuurgesentreerde tekste en gebruik sodanige tekste in die ontleding van die ideologieë en die praktyke van gemeenskappe in hulle onderskeie verhoudings met die natuurlike omgewing. Ekokritiek is dus ’n literêre kritiek wat spruit uit ’n bemoeienis met die mens-niemenslike-interaksie en -verhouding (Mishra 2016:92).

Bergthaller (2014) beklemtoon op sy beurt dat ekokritiek ook interdissiplinêr van aard is; dat dit in gesprek tree en raakpunte het met, onder andere, omgewingsgeskiedenis, (fisiese) wetenskappe en ekologie, asook met die lewenswetenskappe en opvoedkunde. Die kernaspekte van die ekokritiek wat Buell, Heise en Thornber (2011:418) in die volgende aanhaling uitlig, is relevant vir hierdie studie:

Ecocriticism is a cross-disciplinary initiative that aims to explore the environmental dimensions of literature and other creative media in a spirit of environmental concern not limited to any one method or commitment. Ecocriticism begins from the conviction that the arts of imagination and the study thereof – by virtue of their grasp of the power of word, story, and imagine to reinforce, enliven, and direct environmental concern – can contribute significantly to the understanding of environmental problems [...].

’n Ekokritiese benadering tot die gekose teks vind vervolgens vanuit literêre en omgewingsopvoedkundige oogpunte plaas. Alhoewel hierdie teks hom ook leen tot die insluiting van ’n lewenswetenskaplike benadering, gaan ek fokus op eersgenoemde twee oogpunte om die omvang van die bespreking te beperk.

Ter wille van hierdie studie is dit ook nodig om die verband tussen ekokritiese waarneming en konstruktivisme te noem, want volgens Garrard (2012:13) het ekokritiek ’n duidelike en konstruktiewe bydrae tot die diagnosering en oplossing van ekologiese probleme te lewer.

Alhoewel vroeë ekokritiek konstruktivisme verwerp het, het die keerpunt ten gunste van geregtigheid vir die natuurlike omgewing in die laat 1990’s gelei tot die voer van konstruktivistiese argumente, “not to assert that ’nature’ is only a cultural construct, but to study the ways in which different cultural conceptions and notions of identity project different versions of nature” (Clark 2011:164).

 

3. ’n Konstruktivistiese raamwerk

Konstruktivisme het sy oorsprong in wetenskaponderrig, het oorgevloei na wiskunde-onderrig en uiteindelik is dit ook in taal- en letterkunde-onderrig ontgin, weens ’n groeiende belangstelling in hoe leerders se denkprosesse verloop (Kruger 2009:187). Konstruktivisme behels leer deur ervaring, deur waarneming, en deur ontdekking. Volgens Singh en Yaduvanshi (2015:1) beklemtoon konstruktivisme die unieke wyse waarop die leerder kennis uit ervaring opbou.

Volgens Hardman (2016:131) vervat konstruktivisme ’n verskeidenheid van teorieë wat dit eens is dat die kind kennis aktief moet opbou eerder as om dit passief vanaf die onderwyser te ontvang. Die onderwyser bly egter steeds die middelpunt in die ontwikkelingsgebeure van die kind. Die onderwyser behoort sy/haar begrip van bepaalde konsepte met die leerders te deel, maar ook navraag te doen oor leerders se begrip van hierdie konsepte.

Konstruktivisme as ’n leerteorie beklemtoon probleemoplossing en begrip. Olusegun (2015:66) reken dat leerders leer deur nuwe inligting by te voeg by dit wat hulle reeds weet en dat leer beïnvloed word deur die leerder se aannames en houdings. Kruger (2009:181) beskou leer as “die konstruksie van betekenis, omdat nuwe ervarings die leerder stimuleer om nuwe betekenis te skep”. Die konstruktivisme veronderstel dat kennis opgebou word deur die omliggende wêreld te probeer verstaan en dat taalverwerwing die beste deur konkrete taalervarings én interaksie ondersteun word (Lawrence, le Cordeur, van der Merwe, van der Vyver en van Oordt 2014:9).

’n Konstruktivistiese raamwerk veronderstel die gebruik van outentieke materiaal, soos spotprente, tydskrifte, koerante (Kruger 2009:184) en, soos in die geval van hierdie ondersoek, ekotekste vir kinders.

Volgens Singh en Yaduvanshi (2015:2–3) bestaan die konstruktivistiese model wat vir wetenskaponderrig gevolg kan word uit die sogenaamde vyf E’s: “Engage”, “Explore”, “Explain”, “Elaborate” en “Evaluate”. Hierdie model kan eweneens van toepassing wees op ’n omgewingsopvoeding- of taalles.

In die eerste fase van betrokke raak, vind daar ’n verbandlegging plaas tussen vorige leerervarings (met ander woorde voorafkennis) en die huidige leerervaring (dit wat tans aangeleer, ervaar of beleef word). Die onderwyser stel aktiwiteite voor wat fokus op die leerder se denke en op die leeruitkomste van die huidige aktiwiteit. Die rol van die onderwyser is hier om die situasie vooraf te deurdink, voorspellings te maak en om die nodige aanwysings vir take te verskaf.

Tydens die tweede fase, die een van verkenning, ontwerp die onderwyser leeraktiwiteite wat leerders algemene, tasbare ervarings sal bied wat hulle in staat sal stel om kennis oor begrippe, prosesse en vaardighede uit te brei en aan te vul. Hierdie bombardering met nuwe inligting veroorsaak ’n gevoel van “disekwilibrium” (Kruger 2009:181) by leerders. Deur verder te verken, vind daar egter ’n herstel van hierdie spanningsvolle toestand van onewewigtigheid plaas. Die doel van hierdie fase is om ervaringe te vestig wat onderwysers en leerders later kan gebruik vir die formele bekendstelling en bespreking van konsepte en prosedures.

Die derde fase behels die verduideliking van die begrippe wat in die vorige fase ondersoek is. Die onderwyser poog hiertydens om leerders se aandag op spesifieke aspekte van die vorige twee fases te vestig. Dit is belangrik om tydens hierdie fase om konsepte, prosesse en vaardighede kortliks, eenvoudig, maar duidelik en direk aan te bied.

Met die daaropvolgende uitbreidingsfase word leerders se konseptuele begrip verstewig en word hulle toegelaat om hulle vaardighede in te oefen. Die laaste fase behels evaluering, waartydens leerders aangemoedig word om hulle begrip en vermoëns te beoordeel. Tydens hierdie fase toets en ontwikkel die onderwyser leerders se begrip van konsepte en vaardighede verder.

Kruger (2009:185) wys vervolgens daarop dat ’n konstruktivistiese onderwysbenadering klaskameromgewings, aktiwiteite en onderrigstrategieë skep wat fokus op die ontwikkeling van sy/haar begrip van vakinhoude met inagneming van elke leerder se belangstellings en behoeftes. Daar is ’n voortdurende ingesteldheid op leerders se reaksies, hulle vrae en hulle belangstellings. Leer vind plaas as ’n proses van voortbouing op leerders se bestaande kennis, en daarom is daar ’n interaksie tussen die leerders en die onderwyser; ’n soort onderhandeling en samewerking tussen die instrukteur en die leerders.

Binne ’n konstruktivistiese raamwerk verskuif die fokus dus van onderrig na leer. Die leerder se leerervaring word geïndividualiseer en gekontekstualiseer. Daar word gefokus op die opbou (konstruksie) van kennis, nie op reproduksie nie, en outentieke take word aangewend om leerders betrokke te hou by die leerproses. Probleemgebaseerde denke word ontwikkel. Dit verg onderhandeling met en besinning oor voorafkennis, asook nuutverworwe kennis (Jonassen 1994:37). Dit behels dat die onderwyser leerders sal toelaat om selfstandig te wees ten einde onafhanklik én in groepsverband kognitiewe skakels te kan maak deur vergelykings te tref of teenstellings te kan identifiseer, teorieë te formuleer, verduidelikings te gee, gedagtes te kan uitdruk en om opsommings te kan maak van wat hulle geleer het. Voorts dien die onderwyser as die begeleier van leerders om nuutgevormde teorieë toe te pas ten einde die leerproses en probleemoplossing te bevorder (Pelech 2013:123). Die leerders doen dus kennis op deur sélf ondersoek in te stel.

Met hierdie artikel beoog ek ’n voorstelling van hoe daar deur middel van ’n ekoteks in die klaskamer konstruktivisties onderrig kan word. Daar sal aangedui word hoe leerders in staat gestel kan word om te leer deur betekenisvolle verbintenisse te maak tussen dit wat hulle reeds weet en dit wat hulle uit die gekose teks kan leer. Deur saam te lees/luister na die verhaal, samesprekings te voer, en deur oordenking, besinning en terugvoer oor die verhaalinhoud, kry leerders die geleentheid om te leer, te geniet, maar ook om aktief betrokke te raak eerder as om passiewe toehoorders te wees.

Daar sal ondersoek ingestel word na die wyse waarop ekotekste ontgin kan word en hoe feitelike inligting deur middel van vertelling en selfontdekking, eerder as instruksie, met leerders gedeel kan word. In die volgende afdeling word kennisoordrag deur middel van natuurgesentreerde tekste ondersoek.

 

4. Kennisoordrag deur middel van stories

Gaard (2008:20) vra die vraag: Wat is die verwagte en beoogde uitwerking op kinders wanneer kinderliteratuur (in hierdie geval die ekoteks) gelees, bestudeer en onderrig word? Sy beantwoord hierdie vraag dan self met antwoorde soos: om oor die vermoë te beskik om ekogeregtigheidsprobleme op ’n holistiese wyse te ontleed sodat hierdie kwessies daadwerklik opgelos kan word; om hierdie probleemoplossingsvermoë te ontwikkel en om jouself te koester deur lewenslange, volgehoue optrede ten behoewe van sosiale geregtigheid en omgewingsvolhoubaarheid; en om die ontwikkeling van ’n eie identiteit aan te help deur ’n verbondenheid aan en vreugde in die natuurlike omgewing.

Terselfdertyd identifiseer Gaard (2008) drie vrae wat spesifiek op die lees van ekotekste van toepassing is:

a) Hoe ondersoek die teks die ontologiese vraag “Wie is ek?” (2008:15)

Met ander woorde, wie is ek in vergelyking met die natuurlike, die niemenslike? Hier kan byvoorbeeld gelet word op die wyse waarop die verhalende teks teenstand bied teen die logika van enige vorm van oorheersing.

b) Bied die verhaal uiteindelik ’n gepaste strategie vir daadwerklike optrede met betrekking tot die ekologiese probleem? (Gaard 2008:16)

Suggereer/beklemtoon die verhaal deelname deur die gemeenskap of word die kinderkarakters aan hulle eie lot oorgelaat om die betrokke kwessie van omgewingsgeregtigheid, wat oorspronklik deur volwassenes geskep is, op te los of te hanteer?

c) Watter handelingsbevoegdheid (“agency”) word in die teks aan die natuur verleen? (Gaard 2008:18)

Word die natuur voorgestel as ’n objek wat gered moet word deur (’n) heldhaftige kinderkarakter(s)? Word die natuur uitgebeeld as onbeholpe (die spreekwoordelike “damsel in distress”) of die allesopofferende moeder, of het die natuur ’n eie handelingsbevoegdheid? Word die natuurlike omgewing in die teks aangebied en voorgestel as ’n “lewende, wordende, vitale” (Smith 2014:755) mag?

Omgewingsgerigte kinderliteratuur behoort volgens Gaard (2009:11) ekologiese kwessies te verwoord, maar dit behoort ook die “political programs of collective action” wat nodig is om hierdie krisisse te ondersoek, te bevorder. Daar behoort retoriese verbintenisse tussen die narratiewe probleme en die narratiewe oplossings te wees, waar probleme soos ontbossing, die verlies van spesies of besoedeling onder die loep geneem word en oplossings daarvoor bedink en voorgestel word. In ekotekste behoort daar duidelike boodskappe van definitiewe optrede en daadwerklike deelname te wees.

Volgens Gaard (2009:15) kan dit gebeur dat die jong leser verhale lees oor ekologiese skade as gevolg van Westerse kulturele dominansie oor diere en die natuurlike omgewing sonder dat daardie fiksietekste enige leersame bydraes tot die hantering en oplossing van omgewingskwessies lewer. Om hierdie rede behoort kinderliteratuur die bestaansreg van die natuur te erken deur byvoorbeeld aan diere hulle eie waarde toe te ken. Dit is ’n belangrike kenmerk van ekoverhale wat daartoe verbind is om die natuur nie bloot uit te beeld as ’n “passiewe sosiale konstruksie nie, maar eerder as ’n bemiddelende krag” (Smith 2012b:892). Tipies van konstruktivistiese onderrigmetodiek word die kind eerstens toegerus met probleemoplossingsvermoëns en die vermoë om ten behoewe van sosiale geregtigheid en omgewingsvolhoubaarheid op te tree. Tweedens word die kind begelei in die ontwikkeling van ’n eie identiteit wat begrip en deernis oor kulture heen en ’n waarderende, koesterende verbondenheid aan die natuur insluit.

Gaard (2009:20) bepleit die skep van intergenerasie-, interkulturele en interspesie-gemeenskappe wat daaraan toegewyd is verhale van weerstand teen die oorheersing van die niemenslike en van sosiale en omgewingsgeregtigheid te lees en te leef. Ekotekste kan ’n waardevolle bydrae tot ’n ekopedagogie, soos deur Gaard voorgestel, lewer.

 

5. Die onderwyser se rol

Sharp, Diego-Medrano en Coneway (2018:3) gee drie professionele aanbevelings, wat ooreenstem met vereistes gestel deur die Suid-Afrikaanse Departement van Onderwys, waaraan kinderliteratuurkenners (spesifiek onderwysers) behoort te voldoen:

5.1 Kennis van kinder- en jeugliteratuur

Dit is nodig dat onderwysers en kinderliteratuurkenners oor deeglike kennis van kinder- en jeugliteratuur beskik. Hierdie vereiste word ook deur die Departement van Onderwys beklemtoon en is in die Nasionale Onderwysbeleidswet van 1996, Norms and standards for educators, in die Staatskoerant (2000:13). Hiervolgens behoort onderwysers deeglike kennis van vakinhoude en -hulpbronne te hê.

Dit is ook nodig dat onderwysers self lewenslange leerders en navorsers moet wees (Departement van Onderwys 2000:13). Om die nodige kennis oor kinder- en jeugliteratuur te verkry, is dit dus nodig vir die onderwyser om self ’n liefde vir lees te ontwikkel. Kinderliteratuur speel ’n kragtige rol in die ontwikkeling van lesers en daarom behoort die onderwyser ’n rolmodel vir leerders te wees deur self wyd te lees. Dit is nodig om ’n deeglike kennis van kinder-en jeugliteratuur op te doen, om die verskillende genres, skrywers en illustreerders te ken en bewus te wees van toekennings en pryse vir hierdie genres, skrywers en illustreerders. Dit is ook nodig om te leer hoe om geskikte tekste as onderrighulpmiddels te kies en om die gepastheid van tekste deur middel van spesifieke kriteria te evalueer (kyk na punt 5).

5.2 Vermoë tot die kritiese en historiese ontleding van kinder- en jeugliteratuur

Die onderwyser het ’n pastorale rol om te vervul en ’n verantwoordelikheid teenoor die gemeenskap (Departement van Onderwys 2000:14). Sodanige betrokkenheid by die samelewing kan hom/haar bewus maak van sosiale invloede op temas, karakters en perspektiewe in kinder- en jeugliteratuur deur die jare heen. Deur gemeenskapsbetrokkenheid en ’n bewuswees van wat in die sosiale omgewing aangaan, kan die onderwyser die uitwerking van kulturele, opvoedkundige, historiese en politieke invloede op tekste ontleed en sodoende ’n ’n sosiaal-kritiese (en dus ook ’n ekokritiese) bewustheid kweek.

5.3 Onderrig met behulp van kinder- en jeugliteratuur

Die Departement van Onderwys (2000:14) dui aan dat dit nodig is dat die onderwyser ’n kenner van sy/haar vakgebied sal wees: ”The educator will be well grounded in the knowledge, skills, values, principles, methods and procedures relevant to the [...] learning area.” Hierdie kennis behoort ook opgedoen te word met betrekking tot hulpmiddele en die suksesvolle aanwending daarvan in die klaskamer. Dit is dus belangrik dat die onderwyser vaardighede sal ontwikkel om tekste versigtig te kies. Onderrig met behulp van kinderliteratuur verg ’n deeglike kennis van onderrigstrategieë en vaardighede vir die suksesvolle integrering van hierdie tipe tekste in die klaskamer.

Vervolgens sal daar gelet word op die keuse van gepaste tekste vir gebruik in die klaskamer.

 

6. Die keuse van ekotekste vir die klaskamer

Wat die keuse van ekotekste vir die klaskamer betref verwys Bland (2014:77) na Buell (1995:7–8) se kriteria waaraan omgewingsgerigte fiksie moet voldoen. Dit sluit aspekte in soos die teenwoordigheid van die niemenslike omgewing, nie bloot as ’n milieu nie, maar as ’n teenwoordigheid wat suggereer dat menslike geskiedenis geïmpliseer is in natuurlike geskiedenis. Menslike belange mag nie in ekotekste voorgehou word as die enigste geldige belange nie en menslike verantwoordbaarheid ten opsigte van die omgewing is deel van die teks se etiese oriëntasie. Voorts moet die omgewing as ’n proses, eerder as ’n konstante of ’n gegewe, op ’n manier (selfs al is dit implisiet) deel van die teks wees.

Hierby kan riglyne gevoeg word soos voorgestel deur Mayer (1995:18, 19) en Rice, Dudley en Williams (2001:21):

  • Wetenskaplike konsepte moet herkenbaar wees en daardie inligting moet feitelik korrek in die verhaal voorkom. Dit is nodig dat daar duidelik onderskei word tussen feit en fiksie. Wanvoorstellings in ’n verhaal kan nadelig wees, tensy dit as ’n besprekingspunt uitgewys en deel van die les gemaak word.
  • Soos wat dit die geval met die inligting in die teks is, is die korrektheid en geloofwaardigheid van illustrasies ook belangrik. Hier kan veral ook gelet word op die voorstelling van geslagsgelyke karakters, asook op die voorstelling van diere, waardeur daar byvoorbeeld bepaal word of diere vermenslik word.
  • Belangrik is ook die vraag of die storie ’n positiewe mens-natuur-ingesteldheid uitbeeld (my eie byvoeging).

Ek het die kinderboek Velaphi die pikkewyn deur Elmarie Botes (2005) vir ontleding gekies (sien afdeling 7). Die verhaal leen sigself daartoe om vanuit ’n ekokritiese perspektief gelees en ondersoek te word aangesien dit die leser konfronteer met die feite rondom die omgewingskwessie van oliebesoedeling en die invloed daarvan op seelewe. Verantwoordelikheid ten opsigte van die natuurlike omgewing en die mens se aandeel in die skending van die niemenslike omgewing, in hierdie geval die see, kom onder die loep en die voorstelling van die belang van niemenslike bestaansvorme, in hierdie geval pikkewyne, word ondersoek. Die teks is gemik op lesers van ongeveer 8 tot 12 jaar oud.

Die boek Velaphi die pikkewyn kan waarskynlik geklassifiseer word as ’n sogenaamde “science trade book” aangesien dit wetenskaplike feite bevat. In die laaste gedeelte van die boek, vanaf bladsy 37 tot 48, verskaf die skrywer wetenskaplike, feitelike inligting aan die leser. Boeke wat vir algemene leesgenot in die handel beskikbaar is (“trade books”) sluit alle fiksie in, daarom val kinderboeke ook in hierdie kategorie. Rice (2002:552) voer aan: “As more teachers adopted an integrated approach to teaching, the range of trade books that found their way into the science curriculum broadened to include not only science information books, but also fiction [...]”. Hierdie boeke het gewoonlik ’n storielyn wat help dat kinders sekere feitelike aspekte verstaan en onthou, beter as wat handboeke dit sou kon vermag. Velaphi die pikkewyn is so ’n boek, een wat ’n meer gefokuste en omvattende blik op enkele konsepte (soos die brilpikkewyn se habitat, gewoontes, fisiese voorkoms en ook oliebesoedeling as omgewingskwessie) bied.

 

7. Kritiese ontleding van ekotekste vir kinders

Inhoudsontleding is ’n navorsingsmetode waarvolgens tekste as geskrewe artefakte van ’n gemeenskap ontleed en geïnterpreteer word (White en Marsh 2006). Die inhoud van teksdata word verklaar deur kodering en die identifisering van temas en patrone. Die benadering wissel van impressionistiese, intuïtiewe en interpretatiewe ontleding tot sistematiese en kwantitatiewe tekstuele analise (Hsieh en Shannon 2005). Inhoudsontleding bied dus ’n navorsingsbenadering wat die inhoud van tekste vir kinders of jong lesers objektief en sistematies kan beskryf.

By die ontleding van kinderliteratuur as fiksietekste word daar gewoonlik twee vorme van navorsing toegepas, naamlik literêre ontleding en inhoudsanalise, elk met verskeie variasies. Vir die doeleindes van hierdie artikel gaan ondersoek ingestel word na wat die skrywer met die ekoteks doen en veral na dit waaroor die teks handel. Inhoud word oorweeg vanuit ’n spesifieke perspektief – in hierdie geval ’n ekokritiese een.

Inhoudsontleding bied ’n objektiewe, sistematiese en kwantitatiewe navorsingsmetode. Die teksontleder kan wegbeweeg van subjektiewe opvattings en eie opinies na ’n objektiewe beskrywing van die inhoud van ’n spesifieke gekose boek/teks.

7.1 Hoe om ’n ekoteks te ontleed

Daar is geen twyfel dat kinderliteratuur en daarom ook ekotekste vir kinders as belangrike onderrighulpmiddels beskou kan word nie. Onderwysers behoort dus opgelei te wees in die evaluering en keuse van hoëgehaltekindertekste wat onderrig en leer by alle leerders kan bevorder.

Riglyne by die lees van omgewingsgeoriënteerde kindertekste kan gevind word in voorstelle soos byvoorbeeld deur Azano, Tackett en Sigmon (2017), Beach, Enciso, Harste, Jenkins, Raina, Rogers, Short, Sung, Wilson en Yenika-Agbaw (in Leander 2009), Gamble (2013), asook Erdogan, Coskun en Usak (2011).

Aanvanklik is dit nodig om die ekoteks as ’n geheel te lees, met ander woorde vir estetika en vir genot. Daarna kan die verhaal meermale gelees word met die oog op die ontleding daarvan.

Tydens die volgende fase van die leesproses is dit nodig om aantekeninge van aanvanklike indrukke oor die verhaal, taalgebruik en die ingewikkeldheidsvlak van woordeskat te maak. Gedurende hierdie fase kan daar vasgestel en bepaal word vir watter ouderdomsgroep die betrokke werk geskik sal wees en kan daar ook nou besluit word oor die geskiktheid van die dialoog en optrede van karakters. In die geval van prenteboeke kan daar in hierdie fase gelet word op die gepastheid van illustrasies.

Voorts kan die verhaal gelees word met die oog op strukturele samehang en hoe hoofstukke en verhaalgebeure mekaar opvolg. Indien dit ’n prenteboek is, kan daar gelet word op hoe woorde en illustrasies aangebied, voorgestel, georden en verwerk word. Tydens hierdie fase is dit nodig om die skryfstyl van die verhaal te bepaal, asook die gemoedstemming wat geskep word. Dit kan gedoen word deur byvoorbeeld te let op woordkeuses en ook op die rangskikking van woorde. By prenteboeke kan kleure wat aangewend word belangrike inligting bevat. Gamble (2013:212) beweer dat die keuse van kleur ’n spesifieke bui/atmosfeer kan voorstel en dat blou byvoorbeeld verteenwoordigend kan wees van koue en afsydigheid, terwyl rooi genot, vriendskap en ’n gevoel van tevredenheid verbeeld.

Met die identifisering van die temas in ’n gegewe boek kan daar bepaal word wat die potensiaal daarvan as aanvullende bron van inligting in ’n klaskameropset kan wees. By ’n ekoteks kan daar spesifiek gesoek word na omgewingstemas soos dit voorkom in die beskrywing van byvoorbeeld natuurrampe, habitatte van diere, omgewingsbesoedeling (soos oliebesoedeling) en omgewingsbeskerming (soos die beskerming van spesies en bedreigde diere).

Ondersoek kan ook ingestel word na die uitwerking/invloed en moontlike reaksies wat die teks mag ontlok, byvoorbeeld ingesteldhede teenoor diere en die respektering en waardering van die natuur en ander bestaansvorme.

By ’n ondersoek na voorkomste van omgewingsverantwoordelike gedrag in tekste (soos byvoorbeeld die voorsorg dat olie nie lek in die see nie, of dan die skoonmaak van oliebesmeerde pikkewyne om te voorkom dat hulle daarvan doodgaan) kan daar gelet word op omgewingsgedrag soos fisieke optrede, die beskerming van diere, reddingsoperasies indien onverantwoordelike optrede omgewingskwessies veroorsaak en die voorkoming van omgewingsbesoedeling.

Volgens Combrink (1989:389) is daar verskeie aktiwiteite wat voor, tydens en na die lees van ’n teks kan plaasvind. Hierdie aktiwiteite sluit die stimulering van leerders se nuuskierigheid deur die stel van prikkelende vrae in. ’n Verhaalgebaseerde benadering tot die gekose teks kan wees om vrae te vra wat die ontleding van die teks kan lei. Hierdie vrae kan ook in verskillende fases van die les aan leerders gestel word. Dit sluit vrae soos die volgende in:

Kennisvlakvrae:

  1. Wie is die hoofkarakter in die verhaal en hoekom sê jy so?
  2. Waar speel die verhaal af?
  3. Dink jy pikkewyne kan regtig praat?
  4. Hoekom dink jy het die pikkewyne so honger geword?
  5. Hoekom het hulle ophou eet toe hulle verveer?
  6. Wat dink jy is besoedeling?

Toepassingsvlakvrae:

  1. Wat sou jy doen as jy ’n oliebesmeerde pikkewyn vind?
  2. Hoe sou jy gevoel het as jy Velaphi was?
  3. Dink jy dit is goed dat diere in stories soos mense praat, klere dra en in huise woon?
  4. Gee ’n idee oor hoe ’n ander dier/diere of iets in die natuur sélf kon help om die pikkewyne te red.

Analisevrae:

  1. Wie het tot die pikkewyne se redding gekom? Het dit gewerk?
  2. Hoe is die pikkewyne gehelp?
  3. Wat dink jy sou gebeur het as die pikkewyne nie gehelp is nie?
  4. Wat dink jy sal die gevolge wees as ons die see aanhou besoedel?
  5. Wat dink jy kan ons doen om te keer dat die see besoedel word?
  6. Watter nuwe woord(e) het jy uit hierdie storie geleer?

Evalueringsvrae:

  1. Dink jy hierdie storie sal help om mense te leer van die nare gevolge van besoedeling?
  2. Wat dink jy is die les wat ons uit hierdie storie kan leer? / Die verhaal het my geleer oor … of Die verhaal het my laat dink oor …
  3. Kon jy die storie maklik verstaan? Was die taalgebruik maklik om te verstaan?
  4. Ek het die verhaal geniet / nie geniet nie, omdat …

Emosionele betrokkenheid:

  1. Ek was bly toe …
  2. Ek was jammer toe …

Tydens die teksontleding van Velaphi die pikkewyn sal van hierdie vrae in die ondersoek aangewend word.

7.2 ’n Ekokritiese teksontleding van Velaphi die pikkewyn (2005) deur Elmarie Botes

7.2.1 Inleiding

Velaphi die pikkewyn bied ’n ryke moontlikheid vir die aanwending van ekokritiese beginsels. Hierdie literêr-teoretiese benadering bied die geleentheid om te verstaan wat die skrywer deur middel van die onderskeie karakters, die verhaalmilieu en verhaalgebeure oor die menslike verhouding met die natuurlike omgewing met die leser wil deel. Die leser word die geleentheid gebied om ’n spesifieke omgewingskwessie, naamlik omgewingsbesoedeling, te verken.

Die sleutelvraag wat die ondersoek en teksontleding lei, is: Hoe word die natuur en die niemenslike, in teenstelling met algemeen aanvaarde antroposentriese denke (die algemene aanvaarding en vooropstelling van die mens as die oorheerser en in beheer van niemenslike bestaansvorme) en menslike optrede teenoor die natuur en ander bestaansvorme, voorgestel? Om hierdie vraag te beantwoord is dit nodig om ondersoek in te stel na die belang van taalgebruik met behulp waarvan die mens-natuur-verhouding in die teks uitgebeeld word, en die interaksie van karakters met die natuurlike omgewing en die totale gemeenskap. Verhaalgebaseerde vrae wat die ontleding hier kan lei, is byvoorbeeld: “Dink jy hierdie storie sal help om mense te leer van die nare gevolge van besoedeling?” of “Wat dink jy is die les wat ons uit hierdie storie kan leer?” / Voltooi die volgende stelling: “Die verhaal het my geleer oor …” of “Die verhaal het my laat dink oor …”.

Die prenteboek word eerstens herhaaldelik gelees en daar word besin oor die belang van Velaphi as omgewingsgeoriënteerde karakter. Daar word gelet op taalgebruik en verhaalgebeure wat die navorser in staat stel om tydens die ondersoek analitiese kategorieë te skep.

Aangesien hierdie verhaal relatief baie teks in vergelyking met illustrasies bevat, is dit nie ’n tipiese prenteboek nie. In der waarheid kan die hoeveelheid teks ontmoedigend wees, maar deur teksgedeeltes vir ontleding te identifiseer, kan die probleem oorkom word.

Die tema in Velaphi die pikkewyn (Botes 2005) is die omgewingskrisis van oliebesoedeling en die gevolglike katastrofiese uitwerking daarvan op die seelewe.

7.2.2 Ontleding

Van die eerste verhaalgebaseerde vrae wat gevra kan word, is byvoorbeeld: “Wie is die hoofkarakter?” en “Vanuit watter (wie se) perspektief word die verhaal vertel?” Die hoofkarakter is die jong pikkewyn, Velaphi, en sy gedagtegang en gewaarwordinge word deur ’n derdepersoonsverteller weergegee. Velaphi besef dat hy en die ander pikkewyne op Dasseneiland is en dat hulle besig is om te verveer. (Die antwoord op ’n vraag soos: “Hoekom dink jy het die pikkewyne so honger geword?”, word vervolgens duidelik gemaak.) Die pikkewyne eet meer as gewoonlik en tel lekker gewig op en Velaphi besef die rede daarvoor is dat hulle vir drie weke op die eiland “gestrand” sal wees terwyl hulle verveer. In antwoord op die vraag: “Hoekom het hulle ophou eet toe hulle verveer?”, is die antwoord in die teks duidelik: Hulle sal nie kan jag vir vis nie, want hulle sal nie in die koue water oorleef sonder die beskerming van ’n behoorlike laag vere nie. Dan, sodra die nuwe veredos verskyn, beland Velaphi in ’n swart oliewolk in die see. Hy voel siek daarvan, kan nie vrylik beweeg nie en ly dus honger. Uiteindelik word hy gered en saam met ander pikkewyne by ’n akwarium deel van ’n skoonmaakproses. Die pikkewyne word gedokter, die olie word verwyder en so ontstaan daar ’n afhanklikheidsbesef by Velaphi. Hy beskou die mens as deel van die probleem, maar ook as deel van die oplossing. Die interafhanklikheid tussen die mens en niemenslike bestaansvorme word beklemtoon. Uiteindelik word Velaphi en ander pikkewyne in die see vrygelaat. (Hier kan die volgende vraag tot ’n klasbespreking lei: “Wat dink jy sou gebeur het as die pikkewyne nie gehelp is nie?”)

Op die voorblad van die boek is ’n illustrasie van pikkewyne op die strand met genommerde “armbandjies” om hulle vinne. In die agtergrond is mensehande wat kartondose oopmaak duidelik sigbaar. Hierdie illustrasie skep reeds die verwagting dat die verhaal die mens-dier-verhouding gaan ondersoek. Die verhouding tussen die mens en die natuur is een wat gewoonlik deur ’n hiërargie van oorheersing gekenmerk word, waar die mens die botoon voer. In hierdie verhaal is dit die mens wat die skade aan die natuur aangerig het, maar die mens is ook nou die ”redder” van die pikkewyne. ’n Interessante klasgesprek na aanleiding van hierdie teenstrydigheid kan deur die onderwyser geïnisieer word. ’n Vraag soos die volgende kan aan die leerders gestel word: “Sou ’n ander dier/diere of iets in die natuur sélf kon help om die pikkewyne te red?”

Alhoewel die omgewingskrisis van oliebesoedeling deur die mens veroorsaak is, gryp die gemeenskap in en poog om dit wat verkeerd en skadelik is om te keer deur ’n projek wat die redding, skoonmaak, rehabilitasie en vrylating van hierdie seediere behels. Tydens hierdie verhaalgebeure word erkenning gegee aan die dier / niemenslike bestaansvorm as belangrik in eie reg. Hier kan die volgende verhaalgebaseerde vrae die ondersoek lei: “Wat dink jy sou gebeur het as die mense nie die pikkewyne gehelp het nie?” of “Wat dink jy sal die gevolge wees as die mens die see aanhou besoedel?”

Illustrasie 1. Voorblad van Velaphi die pikkewyn deur Elmarie Botes (2005). Illustrasies deur Anna-Carien Goosen. (Toestemming vir die gebruik van illustrasies op 30 Oktober 2019 deur LAPA Uitgewers verleen)

Reaksies wat hierdie teks by die jong leser kan ontlok, is nuuskierigheid oor wat die lot van die pikkewyntjie kan wees, empatie, waardering en liefde vir die niemenslike, asook ’n positiewe gevoel oor hulpverlening en harmonieuse saambestaan met diere. ’n Gepaste vraag aan leerders hier sou byvoorbeeld wees: “Hoe sou jy gevoel het as jy Velaphi was?”

Omgewingsgedrag wat in die teksgedeeltes herkenbaar is, is fisieke optrede en ekobestuur. Daar word beskerming aan diere (pikkewyne) verleen en reddingshulpbronne (die skoonmaakprogram) word aangewend om die vernietigende uitwerking van oliebesoedeling teen te werk.

Die verhaal open met ’n jong pikkewyn se gewaarwording dat hy voortdurend honger is en dit is vir hom ongewoon en vreemd. Hy kom agter dit is ook nie net hy wat so voel nie.

“Is jy dan ook deesdae so vreeslik honger?” vra Velaphi verbaas.

“Ek is hééltyd honger,” kla Lolla. “Ek eet en eet en eet, maar ek bly honger.”

Velaphi skud sy kop. Dis darem snaaks dat hulle al twee so hongerig is. (6)1

Die feit dat die pikkewyne kan ‘praat’ in die verhaal, kan deur die onderwyser benut word ten einde ’n klasgesprek aan die gang te sit oor die wenslikheid al dan nie van die toekenning van menslike eienskappe aan diere. Vrae wat hier gestel kan word, is byvoorbeeld: “Kan diere regtig praat?” of “Dink julle dat ’n dier regtig sal kan wonder en dink hoekom hy honger voel?”

Illustrasie 2. Pikkewyne wat jag. Illustrasie deur Anna-Carien Goosen (Botes 2005:5). (Toestemming vir die gebruik van illustrasies op 30 Oktober 2019 deur LAPA Uitgewers verleen)

Op die vorige bladsy dien ’n volbladillustrasie van pikkewyne wat jag maak op skole vissies as ondersteuning van bostaande teksgedeelte.

Saam met die pikkewyntjies wonder die leser wat die rede vir hierdie skielike eetlus kan wees. Ingebed in hierdie teksgedeelte lê ’n wetenskaplike feit opgesluit: ververing vind by pikkewyne plaas – iets wat mettertyd in die daaropvolgende teksgedeeltes duidelik sal word. Beklemtoning van die dringendheid en die omvang van hierdie onbeheerbare drang na kos word byvoorbeeld in die woorde “honger” en “hongerig” gevind. ’n Verdere beklemtoning van die feit lê in woordgebruik soos “vreeslik” en “hééltyd”. Dan is daar ook die herhaling van die woord “eet”. Dit dui alles op die intensiteit van die eetlus wat die pikkewyne beetpak. Dit skep dadelik afwagting by die leser en ’n nuuskierigheid oor die rede agter die verskynsel.

Hierdie “vreeslike honger” wat die pikkewyne beetpak, is 'n lus vir vis. Van die begin af reeds is wetenskaplike feite in die teksgedeeltes ingeweef: Pikkewyne eet vis. Hulle jag in skole in die waters van die oseaan op soek na vis en die spesifieke prooi is “ansjovis”: “Ja, ek is byna dood van die honger!” antwoord Lolla. “Ek is so lus vir ansjovis, ek kan aan niks anders dink nie” (5). Die drang om vis te verorber is dus allesoorheersend.

Om een of ander rede is die pikkewyne besig om vet te word. Dit is ’n verdere feit wat uit die teksgedeelte duidelik word:

“Velaphi, kyk daar!” sê Lolla skielik. Sy staar verstom na ’n vet pikkewyn wat eenkant staan en slaap.

“Ek weet nie, maar hy’s rêrig VET!” sê Lolla. (6)

Hierdie inligting word bevestig deur woordgebruik soos “waggel”, “sag”, “mollig”, “rond” en “plomp” en natuurlik in die herhaaldelike voorkoms van die woord “vet”.

Ten spyte van hierdie toestand van lompheid en “vet” wees, “gly” Velaphi “glad en blink” deur die water. Hierdie inligting dui daarop dat pikkewyne op land nie so beweeglik is as in die water nie. Die groep pikkewyne “duik en draai en rol en tol” (7), want die see is hulle natuurlike gebied en dit is die plek waar hulle hul kos kry. Hier maak die skrywer gebruik van heerlike alliterasie met die herhaling van “d” en assonansie met die herhaling van “o” in ’n spel met klank. “Velaphi hap dié kant toe en daardie kant toe. Met sy maag trommeldik en sy oë halfpad toe van pure lekkerkry, swem hy lomerig terug Dasseneiland toe” (7). 

Soos wat Bland (2014:76) beweer, bied literêre tekste vir kinders ’n medium tot taalverwerwing. Die leerders word aan ’n ryke woordeskat bekendgestel. Hier kan leerders byvoorbeeld gevra word om werkwoorde te identifiseer: “Werkwoorde is doenwoorde. Watter werkwoorde sien jy in die volgende sin? Die groep pikkewyne ‘duik en draai en rol en tol’, want die see is hulle natuurlike gebied en dit is die plek waar hulle hul kos kry.”

Die bewuswording van wat aan die gang is, volg: Velaphi lyk “kroeserig” en “uitgerafel” en “’n klomp van sy vere is heeltemal weg, en die ander vere lyk slordig en deurmekaar” (8) en “Ek verveer! My vere val uit!” (10). Leerders kan versoek word om bevestiging uit die teksgedeelte te identifiseer wat die slordigheid van die pikkewyne se vere te beskryf.

Velaphi onthou dat sy pa vir hom vertel het dat alle pikkewyne een keer per jaar verveer: “Ons vere raak verslete en kroes, en dan het ons nuwes nodig in hulle plek” (10).

Die pikkewyntjie besef ook hoekom hulle almal so hongerig is en soveel gewig opgetel het:

“En dis hoekom ons almal so vet is,” gaan Velaphi voort. “Ons kan dit nie in die water waag om kos te soek terwyl ons verveer nie, maar gelukkig is ons nou so lekker vet dat ons nie kos nodig het nie!” (10)

Verhaalgebaseerde vrae hier kan wees: “Hoekom is dit nie nodig vir die pikkewyne om nou te jag nie? Hoekom is hulle nie nou honger nie?”

Feitelike inligting word gegee in sy verdere verduideliking wanneer Lolla nie kan verstaan hoekom hulle nie kan swem nie: “Jy kan nie swem sonder vere nie! Jy sal mos nat en koud word en verdrink!” (10) ’n Verduideliking word verder in die teks verskaf dat “honderde pikkewyne […] drie weke lank op Dasseneiland bly terwyl hulle verveer” (11). Uit hierdie inligting kry die leerders die antwoord op die vraag: “Hoekom kan die pikkewyne nie in die see swem terwyl hulle verveer nie?”

Dit is nie lank nie of die pikkewynkolonie spog met “nuwe swart en wit vere wat so blink in die son” en hulle is “fiets en fiks” ná die weke sonder kos.

Velaphi geniet sy terugkeer na die see. Hy “geniet homself gate uit”, speel in die water en eet weer “tot sy maag boepens staan”. Spanning verhoog wanneer Velaphi agterkom dat “iets verkeerd” is:

Die water rondom hom is nie meer helder en skoon nie. Dis pikswart en dit ruik aaklig. Om die een of ander rede werk sy splinternuwe vere ook glad nie goed nie. Hy word nat en koud … Hy kry koud en hy sukkel om te swem. (12)

Die spanning word verhoog deur woordgebruik soos “pikswart”, “aaklig” en “sukkel”. Hierdie atmosfeer van dreigende onheil word verder uitgebrei in ’n daaropvolgende teksgedeelte en in die aanwending van woorde soos “koud”, “doodmoeg”, “brand”, “gemors”, “stinkend”, “hulpeloos”, “sleg” en “siek”:

Hy kruip koud en doodmoeg tot op die strand. Sy oë brand en sy vere is ’n groot gemors. Sy hele lyf is vol taai, swart, stinkende goed. Die swart goed sit vas end it brand sy mond en keel. Hy kyk hulpeloos om hom rond. Ora staan pikkewyne wat net so sleg en siek lyk soos hy. (12)

Vrae wat na aanleiding van teksgedeeltes gevra kan word, sluit werk-met-woorde-opdragte in soos: “Gee ’n sinoniem vir die woord ‘splinternuut’. Gee ’n antoniem vir die woord ‘pikswart’.”

Die omgewingskwessie van besoedeling en die gevaar wat dit vir die pikkewyne inhou, word sonder verdoeseling aan die leser voorgehou. Die oliebesmeerde pikkewyne is moeg, koud en siek. Die krisis kan hulle dood beteken. Hierdie boodskap word sonder omhaal van woorde aan die leser gebring. Die jong leser kry, soos wat Bradbery (2013:225) beweer, die geleentheid om omgewingskwessies vanuit ander perspektiewe te beleef, in hierdie geval uit die oogpunt van die pikkewyn. Die kind kry die geleentheid om ’n eie opinie oor hierdie omgewingskrisis te vorm.

Ter ondersteuning van die teksgedeelte beeld die volbladillustrasie (13) ’n pikkewyn uit wat in die “bek” van ’n pikswart olielaag beland. Die daaropvolgende illustrasie van ’n brandende, sinkende boot wat olie grootskaals in die see in lek, dien as versterking van die omvang van die krisis (14).

Illustrasie 3. Pikkewyn word verswelg in wolk van olie. Illustrasie deur Anna-Carien Goosen (Botes 2005:13). (Toestemming vir die gebruik van illustrasies op 30 Oktober 2019 deur LAPA Uitgewers verleen)

Die oplossing vir die probleem kom in die vorm van menslike ingryping. ’n “Groot sterk pikkewyn” deel Velaphi mee dat “daar hulp op pad is”, en: “Ons het mense nodig om ons skoon te maak”.

Aanvanklik is Velaphi bang vir die mense wat tot hulle redding kom. Hierdie onsekerheid en angs word verteenwoordig in woordgebruik soos “vreemde diere”, “gevaarlik”, “weghardloop”, “knyp sy oë styf toe”, “vreeslik”, “verskriklik”, “eensaam”, “bang” en die herhaling “bang-bang”, “skrik” en “koud”. ’n Verhaalgebaseerde vraag hier sou wees: “Watter woorde wys vir julle hoe Velaphi aan die begin voel oor die mense wat hom wil help?”

Die spel met woorde in die voorafgaande teksgedeelte dien as ’n bevestiging van die angs en die lewensbedreiging wat onverantwoordelike menslike optrede vir die pikkewyne (seediere/niemenslike bestaansvorme oor die algemeen) inhou.

Die benaming “diere” in die identifisering van mense (15) is ’n erkenning van die mens as medespesie. Deur die verhaalgebeure heen, waar die skoonmaakproses en die versorging van die pikkewyne uitgebeeld word, word die waardering en verknogtheid van die mens aan die niemenslike (die pikkewyne) onder die aandag van die leser gebring. Dit vergestalt in teksgedeeltes soos: “‘Hallo, klein pikkewyntjie,’ sê ʼn vriendelike stem. Velaphi kyk op na ʼn glimlaggende mens. ‘Kom, jong, laat ons begin’” (17). Dit dien as bevestiging van die interaksie en van die besef van die onderlinge afhanklikheid tussen mens en dier (niemenslike) ook vanaf die menslike kant. Die teksgedeelte “Velaphi vat die vis versigtig uit die mens se hand sodat hy hom nie seermaak met sy skerp bek nie” (30) dui daarop dat die mens ook kwesbaar is en dat hy/sy op sy/haar beurt deur ʼn dier beskerm kan word. Deur samewerking kan positiewe resultate verkry word. Die pikkewyn word geleidelik minder bang. Hy identifiseer ’n “vriendelike stem” en ’n “glimlaggende mens” wat tot sy redding gaan kom. Mense kan dus “nogal gaaf” (18) wees.

Die verhaal bied ’n teenstem teen die algemene opvatting van menslike dominansie: Die mens word nie uitsluitlik uitgebeeld as in opposisie met die natuur en die dier (pikkewyn) nie, maar as in samewerking daarmee. Hierdie teenstem kan beskou word as die antwoord op die ontologiese vraag van Gaard (2008:15), naamlik: Wie is ek in vergelyking met die natuurlike, die niemenslike? Die antwoord wat met hierdie teks verskaf word, is: Ek is ’n vriend van pikkewyne, ek is ’n vriend van die natuur. ’n Volledige (ietwat omslagtige) verslag van die skoonmaakproses kom in die teks voor. Die oliebesmeerde pikkewyne word skoongemaak en hulle kry die nodige mediese behandeling:

Die mens het verduidelik dat dit medisyne is wat hom beter sal maak en hy wil baie graag beter word.

“Jammer, klein pikkewyntjie, ek weet ’n inspuiting is bietjie seer […] maar jy het minerale soos yster nodig om te keer dat jy sieker word” (18).

In ’n poging om die pikkewyne weer sterk en gesond te maak, word hulle ook gevoer:

Die vriendelike mense bring elke dag vir hulle lekker vis om te eet. Teen die derde dag voel Velaphi sommer al baie beter (20).

’n Vraag hier kan wees: “Hoe lank neem dit die mense om die pikkewyne skoon te was?” Na herhaaldelike wasse oor dae heen, word die pikkewyne in kampies geplaas sodat hulle vere kan herstel:

“Jy gaan vir so twee dae in ’n buitenste kampie bly. Teen daardie tyd behoort jou vere weer waterdig te wees en dan kan jy begin swem.” (26)

Uit hierdie teksgedeeltes leer die jong leser dat die besoedelde pikkewyn na ’n tydsame skoonmaakproses vir nog ’n paar dae op land gehou word sodat sy vere ten volle kan herstel van die oliebesoedeling. Die uiteinde is dat Velaphi weer “skoon en droog en warm en gelukkig” (27) voel. ʼn Verhaalgebaseerde vraag hier sou kon wees: “Watter woorde wys vir jou dat Velaphi bly is om weer skoon te wees?”

Deur die ingryping van die mens is daar ’n daadwerklike ommekeer van die nadelige gevolge van onverskillige menslike optrede wat ’n antwoord bied op Gaard (2008:16) se tweede vraag oor die oplossing of die gepaste strategie wat die teks bied in reaksie op die ekologiese probleem. Dit is gewis nie die antwoord op die omgewingskwessie van besoedeling as ’n geheel nie, maar wel ’n oplossing vir hierdie spesifieke besoedelingsvoorval op hierdie spesifiek uitgebeelde tydstip.

Uiteindelik word die pikkewyne weer losgelaat in die see waar hulle hoort.

Vanaf bladsy 37 tot 47 word aanvullende inligting oor die brilpikkewyn gegee. Dit dien as waardevolle toevoeging tot die feitekennis wat in die verhalende teks voorkom. Daar is onder andere inligting oor die brilpikkewyn as ’n bedreigde spesie, asook die dodelike gevolge wat oliebesoedeling vir pikkewyne inhou.

Wenke vir aktiewe optrede en vir daadwerklike ingryping in die beskerming van die brilpikkewyn word gegee (47). Hier kan vrae soos die volgende aan leerders gevra word: “Wat dink jy is die les wat ons uit hierdie storie kan leer?” of “Voltooi die volgende: Die verhaal het my geleer oor …” of “Die verhaal het my laat dink oor …”

In aansluiting by Gaard (2008:20) se vraag oor wat die beoogde invloed van ’n ekoteks op jong lesers is, kan hier geantwoord word: Die teks beskik oor die vermoë om ’n omgewingskwessie te ontleed ten einde oplossings vir die probleem voor te stel.

Die teks kan lei tot daadwerklike optrede om omgewingsgeregtigheid en -volhoubaarheid te bevorder. Die jong leser ervaar tydens die lees van hierdie teks, en soos deur genoemde teksgedeeltes bevestig, die vreugde van ’n diepe verknogtheid aan die natuur. Die skrywer lewer met hierdie teks ’n kritiese blik op ’n kultuur van onverantwoordelike betreding van die natuurlike omgewing. Die verhouding tussen die mens en die niemenslike en die idee van die natuur as ’n verwikkelde geheel kom aan bod. Indien die mens goed na die natuurlike omgewing en ander bestaansvorme omsien, is oorlewing en ’n harmonieuse saambestaan moontlik.

Die enigste kritiek wat hier gelewer sou kon word, is dat die niemenslike, die dier (pikkewyn), nie in die verhaal uitgebeeld word as ’n entiteit wat in staat is om deel te neem en saam met die mens aan die oplossing te werk nie. Die niemenslike word dus in ’n mate steeds as ondergeskik voorgestel. Gegewe dat oliebesoedeling as ’n mensgeskepte probleem uitgebeeld word, sou daar egter nie van die benadeelde natuurwesens verwag kon word om deel ten neem en saam met die mens aan die oplossing van hierdie probleem te werk nie. Wat hier wel belangrik is, is dat die teks, soos wat Medress (2008) aanbeveel, vir jong lesers die geleentheid bied om die verband tussen hulle eie lewe en dit wat “daar buite” gebeur in te sien; om te leer verstaan en om met groter ekologiese bewustheid te leef.

Velaphi die pikkewyn is ’n ekoteks wat hom uitstekend leen tot die omgewingsbewusmaking van jong lesers.

 

8. Voorstelle vir die beplanning van ’n interdissiplinêre les: Die ekoteks in die klaskamer

Fiksietekste beskik oor die potensiaal om jong lesers te stimuleer in die ontwikkeling van wat Nikolajeva (2014:27) “reading expertise” noem. Hierdie leeskundigheid kan leerders in staat stel om kennis in te win terwyl hulle lees. Fiksie bied dus ’n weg na kennis, aangesien dit ’n waardevolle bron van inligting is. Nikolajeva (2014:21) redeneer dat opvoeders moet verstaan hoe kinders deur middel van fiksietekste kan leer:

The inescapable educational dimension of children’s fiction seemingly makes the issue of the epistemic value more pertinent: after all, children are supposed to be learning, and if they can learn from books and other fictions (films, games, apps), educators probably need to know how they do it.

Volgens Vardell en Wong (2014:31) neem digters waar en probeer hulle dan ’n verduideliking van die wêreld om ons gee. Dieselfde kan gesê word van die skrywer van fiksietekste vir kinders. By ’n verhaalgebaseerde benadering tot onderrig is leerders se voorkennis (dit wat hulle reeds weet en wat hulle na die klaskamer bring) belangrik, sowel as dit wat die leerder uit ’n teks en die illustrasies daarin kan leer (Vardell en Wong 2014). Die voorstelle wat volg kan dien as ’n raamwerk van hoe die teks, Velaphi die pikkewyn (Botes 2005), byvoorbeeld in ’n interdissiplinêre les benut kan word.

Ek betrek hier spesifiek gepaste inhoude en leerdoelwitte van die twee tersaaklike vakke, naamlik Lewensoriëntering en Afrikaans Huistaal, vir graad 4 (Intermediêre Fase) volgens die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) se Kurrikulum en Assessering Beleidsverklarings (KABV’s).

Wat die strategieë vir Lewensoriëntering betref stel die betrokke KABV (Departement van Basiese Onderwys 2011b:8) die deurlopende, holistiese ontwikkeling van die leerder tydens die kinderjare voor. Drie onderwerpdoelwitte word genoem, waarvan persoonlike en sosiale welstand een is. Een van die onderwerpe volgens die KABV (Departement van Basiese Onderwys 2011b:11) is persoonlike en sosiale welwees, en onder die spesifieke temas vir graad 4 is kwessies soos gesondheid, omgewingsverantwoordelikheid en sosiale verantwoordelikheid. Van die spesifieke doelwitte wat genoem word, is verantwoordelikheid en respek vir ander, asook ingeligte en verantwoordelike besluitneming oor die omgewing (Departement van Basiese Onderwys 2011b:10). Onderwerpe wat gedek word sluit onder andere lees vir genot, ’n gesonde omgewing en omgewingsverantwoordelikheid in, waaronder besoedeling val. ’n Les oor omgewingsbesoedeling kan van toepassing wees en lesinhoud, gebaseer op ’n verhaal oor oliebesoedeling van pikkewyne, kan met groot sukses aangewend word. Voorts word die ontwikkeling van strategieë vir omgewingsbewaring en om die omgewing gesond te hou, ingesluit. Lees oor ’n gesonde omgewing is een van die doelwitte (Departement van Basiese Onderwys 2011b:11).

Huistaalonderrig in die Intermediêre Fase vereis die verdere ontwikkeling en verfyning van leerders se lees- en skryfvaardighede en die huistaalkurrikulum word volgens die volgende vaardighede gestruktureer: luister en praat, lees en kyk, skryf en aanbied, en taalstrukture en -konvensies (Departement van Basiese Onderwys 2011a:9).

’n Verhaalgebaseerde benadering tot taalonderrig kan daartoe bydra dat leerders ontwikkel en in staat is om:

vaardige, vrymoedige en kritiese lesers, skrywers en ontwerpers van en kykers na tekste te word. Dit sluit in die luister en kyk na, en lees en ontleding van tekste om te verstaan hoe dit saamgestel is en watter effekte dit het. Deur hierdie kritiese interaksie ontwikkel leerders die vermoë om tekste te evalueer. (Departement van Basiese Onderwys 2011a:12)

Voorstelle by die opstel van ’n tipiese lesplan sluit stappe in soos die keuse van ’n gepaste lestema en die daaropvolgende identifisering van onderrighulpmiddele, soos byvoorbeeld die gebruik van storieboeke. Vervolgens is daar die keuse van (’n) gepaste teks(te) vir die bepaalde graad- en leerdergroep.

Die heel eerste stap in die aanwending van die teks sal die voorlees van die verhaal in die klaskamer wees. Die leerders moet die storie hoor voordat enige van die volgende stappe kan plaasvind. Tydens hierdie fase word leerders se luistervaardighede, ’n onderafdeling van taalonderrig, ontwikkel. Indien leerders self die teks lees, word hulle leesvaardighede ontwikkel.

Studiegebied: Persoonlike en sosiale welstand (Lewensoriëntering) asook woordeskatontwikkeling en (mondelinge en geskrewe) taalvaardigheid (Afrikaans Huistaal)

Lestema: Menslike invloed op die aarde / die natuurlike omgewing

Fase: Graad 4 (Intermediêre Fase)

Hierdie les ontwikkel:

Kennis: Begrippe, woordeskat en feite oor pikkewyne

Vaardighede: Luister en reageer op ’n storie wat voorgelees is

Waardes en houdings: Waardering vir die uniekheid van pikkewyne; verantwoordelikheid teenoor die natuur en die niemenslike

Identifisering van sleutelwoorde: besoedeling, waterbesoedeling, oliebesoedeling, skade aan die omgewing en skade aan dierelewe. Hierdie proses kan beskou word as ’n ontwikkeling van Afrikaanse taalvaardigheid, aangesien nuwe woorde ontdek word as toevoegings tot die leerders se bestaande woordeskat.

Openingsboodskap aan leerders:

Menslike optrede en ’n soeke na ’n gemaklike lewe op aarde kan ’n direkte (en soms baie nadelige) invloed op die omliggende natuurlike omgewing hê. Deur egter die regte keuses te maak en besluite te neem, kan die negatiewe uitwerking op die grond, water, lug, hulpbronne en lewende wesens beperk of selfs verhoed word.

8.1 Identifisering en bekendstelling van begrippe

In die geval van Velaphi die pikkewyn kan hierdie begrippe omgewingskwessies soos besoedeling (spesifiek oliebesoedeling van die see), bedreigde spesies en bewaring insluit. Met die identifisering van hierdie begrippe word geletterdheid bevorder en die taalvaardigheid van leerders ontwikkel en aangevul.

Tipiese vrae aan leerders met die aanvang van die les sou wees: Wat dink jy is besoedeling? / Wat beteken dit as iets ’n bedreigde spesie is?

8.2 Woordeskat

Nuwe woorde kan geïdentifiseer en verduidelik word. Dit sluit woorde soos “ververing”, “kroeserig”, “uitgerafel”, “verslete”, “minerale” en “waterdig” in. Hierdie woorde kan iewers sigbaar op ’n witbord/swartbord/blaaibord geskryf word sodat leerders dit kan sien. Dit dien as integrering van Afrikaanse taalvaardighede. Die woorde kan in opvolgaktiwiteite soos stelwerk en mondelinge gesprekke ingespan word.

Hier kan die volgende vrae byvoorbeeld aan leerders gestel word: Gee ’n sinoniem uit die verhaal vir die woord “stukkend”. / Watter nuwe woorde het jy uit die verhaal geleer?

8.3 Aktiwiteite

’n Verskeidenheid aktiwiteite kan tydens die les plaasvind. Dit kan ook in opvolglesse gebeur: Stel die leerders aan geïdentifiseerde begrippe bekend – skryf dit neer sodat leerders ook die woordvorme kan sien nadat hulle dit gehoor het. Identifiseer oliebesoedeling as ’n omgewingskwessie en verduidelik die invloed van besoedeling op die seelewe, en op spesies soos die brilpikkewyn. Lees gepaste gedeeltes uit die verhaal weer aan die leerders voor. Identifiseer woorde wat byvoorbeeld die gemoedstoestand van die pikkewyn aandui wanneer hy besef dat hy vol olie is en skryf dit op die bord neer. Woorde uit die teks is byvoorbeeld “pikswart”, “aaklig”, “hulpeloos”, “gemors”, “siek”, “sleg”, “seer”, en “verkeerd” (12–7). Hierdie woorde kan ook in geskrewe opdragte of stelwerk aangewend word (die ontwikkeling van skryfvaardighede). ’n Klasbespreking oor die emosionele impak van negatiewe woorde soos dié hier bo kan volg, waartydens leerders se taalvaardighede en praatvaardighede ontwikkel word. Dit kan volg op vrae deur die onderwyser, soos byvoorbeeld: Hoe laat die woorde “aaklig” en “gemors” jou/julle voel? Waaraan laat dit jou/julle dink?

’n Aktiwiteit waartydens leerders in die teks soek na rymwoorde of beskrywende woorde soek en dit dan in sinne aanwend, kan dien as ’n oefening in taalstruktuur en -gebruik.

Vervolgens kan ’n klasbespreking plaasvind oor byvoorbeeld die lot van oliebesmeerde pikkewyne, die mens se rol in die proses van besoedeling, moontlike teenoptrede en ingryping, en verantwoordelikheid van die mens ten opsigte van die natuur en ander lewensvorme. Hier kan die opdrag byvoorbeeld wees: “Beskryf wat jy/julle sou doen as jy/julle ’n oliebesmeerde pikkewyn op die strand teëkom.” of “Wat dink jy/julle sal gebeur as die mens aanhou om die see te besoedel?” Tydens klasbesprekings word die mondelinge taalvaardighede van leerders, soos logiese opeenvolging van sinne en taalstrukturering, bevorder. ’n Tipiese opdrag kan aan leerders gegee word om byvoorbeeld ’n dialoog tussen twee mense tydens die skoonmaakproses van die oliebesmeerde pikkewyne te skryf.

’n Gesimuleerde aktiwiteit met die tema “die opruiming van oliestorting” kan volg. Hiertydens word leerders in klein groepe verdeel. Die leerders kan die rol van wetenskaplikes aanneem wat ’n olielekkasie moet opruim. Eers sal die uitwerking van olie op diere met vlerke en vere gedemonstreer word. Materiaal wat hiervoor nodig is, is dinge soos plastiekkomme, kookolie, sponse, oogdruppers, watte, vere, water en skoonmaakmiddels. (As alternatief kan hierdie les deel van ’n wetenskapklas wees, waar die opruiming van ’n olielekkasie voorgestel word.) Die prosedure sal soos volg verloop: Leerders sit vere in die water- en oliemengsel om te sien wat die uitwerking van olie op diere soos pikkewyne kan wees. Leerders kry die kans om die olie op die vere te probeer skoonkry. Druppels skoonmaakmiddels word op die vere gedrup en leerders gebruik sponse/watte in die skoonmaakpoging.

Die onderwyser beweeg deurgaans tussen die groepe deur en maak aantekeninge van leerders se ervaring, voorstelle en gevolgtrekkings. Na die tyd volg daar groepbesprekings waartydens die leerders die prosedure en hulle bevindings in klein groepe verwoord (ontwikkeling van taalvaardighede). Die onderwyser lei die bespreking na aanleiding van die aantekeninge/notas op die bord. Die potensiële omgewingsimpak van die skoonmaakmiddels en -toerusting op die natuurlike omgewing kan ook bespreek word, na aanleiding van die volgende vrae: “Dink jy skoonmaakmiddels kan sleg wees vir die omgewing?” en “Wat sal gebeur as leë plastiekbottels in die natuurlike omgewing beland?”

Die leerders kry later die geleentheid om met voorstelle vorendag te kom oor hoe hierdie tipe omgewingskrisis afgeweer en voorkom kan word sodat opruiming en skoonmaak nie nodig sal wees nie. Hier kan leerders byvoorbeeld die opdrag kry om ’n plakkaat te maak oor die negatiewe gevolge van oliebesoedeling op die seelewe (ontwikkeling van skryfvaardighede). ’n Alternatief sou wees om leerders die geleentheid te gee om ’n gediggie of limeriek oor die bewaring van die seelewe te skryf.

Afgesien van klasbesprekings en skriftelike opdragte / stelwerk om leerders se taalvaardigheidsvlakke te ontwikkel, kan leerders byvoorbeeld ook die geleentheid kry om hulle eie kortverhaal oor besoedeling te skryf (die ontwikkeling van leerders se kreatiewe skryfvaardigheid). Leerders se leesbegrip kan ook getoets word deur middel van mondelinge of skriftelike terugvoer op verhaalgebaseerde vrae.

Hierdie soort aktiwiteite stel die leerder in staat om hulle in Velaphi se lot in te leef. Die onderwyser kan deurgaans verhaalgebaseerde, leidende vrae stel. Opvolgaktiwiteite soos aktiwiteite vir leesbegrip, kreatiewe skryfwerk en mondelinge aktiwiteite, soos hervertelling, kan deur die onderwyser beplan word. Dit is tipies konstruktivisties is om só te onderrig, omdat leerders hierdeur aktief betekenis konstrueer.

8.4 Slotsom

Hoe groter die aaneenskakeling is tussen dit wat kinders in die wetenskapklas leer en die geletterdheidsvaardighede wat hulle benodig om te leer, hoe meer suksesvol sal die leerproses in beide leerareas wees (Vardell en Wong 2014:35). Indien fiksietekste die hulpmiddel kan wees vir die verbinding van vaardighede, konsepte en inligting oor die kurrikulum heen, is ons dit aan kinders verskuldig om stories aan te wend waar en wanneer ons kan. Tydens die mededeling van ’n verhaal met wetenskaplike feite daarin vervat, kan kinders aangemoedig word om die wêreld om hulle versigtig en aandagtig waar te neem deur al hulle sintuie in te span. Sodoende word ’n nuuskierigheid oor die werking van dinge gekweek en “groot woorde” word in ’n sleutelwoordeskat versamel ter bevordering van die lees- en skryfproses.

Tydens die geheelontwikkeling van die leerders, speel storieboeke ’n al groter rol aangesien hierdie tipe tekste ’n ideale leergeleentheid skep. Teen die einde van ’n les soos hierdie een, behoort leerders in staat te wees om die belangrike oorsake van omgewingskwessies te verstaan en sommige oplossings daarvoor te kan identifiseer; woordeskat met betrekking tot omgewingskwessies te herken en te verstaan; en inligting te kan weergee en oorvertel. Leerders behoort ook die moontlikheid van soortgelyke toekomsgebeure te kan verwoord. Ander taalvaardighede kan betrek word, soos byvoorbeeld aktiwiteite gefokus op skryfwerk, aanbieding en taalgebruik soos wat in die vorige afdeling bespreek is.

’n Storiegebaseerde uitkoms bring mee dat leerders inligting wat gewoonlik slegs op rasionele vlak gekommunikeer word, op ’n gevoelsvlak ontvang en ervaar. Dit dra by tot die kind se holistiese ontwikkeling – selfstandige leer word gekombineer met die ervaring van leer as ’n genotvolle proses met kreatiewe denke, asook met ’n bewustheid en verstaan van eie denkprosesse.

’n Onderwyser behoort lesmateriaal te verskaf wat leerders sal boei en wat hulle betrokke sal kry tydens die leerproses. Hierdie manier van onderrig bied ’n bevredigende, suksesvolle lewering van taalvaardigheids-, geletterdheids- en ander kruiskurrikulêre insette.

Volgens Nikolajeva (2014:226) bevestig huidige navorsing oor die menslike brein dat lees, en veral die lees van fiksie, nie bloot ’n betekenislose, lekker tydverdryf is nie, maar dat dit onontbeerlik is vir kognitiewe, sosiale en emosionele ontwikkeling by die mens.

Die ryke woordeskat van kreatiewe skryfwerk, soos fiksietekste, maak daarvan ’n uitstekende onderrighulpmiddel, aangesien dit as skakel kan dien tussen wetenskaplike feite, omgewingsopvoeding en die geletterdheidsontwikkeling van leerders. Die prosesse van leer oor wetenskaplike feite, van omgewings- en geletterdheidsleer kan mekaar aanvul in die afsonderlike ontwikkeling van elk van die dissiplines.

 

9. Samevatting

Met hierdie artikel is daar ondersoek ingestel na praktiese maniere om deur middel van kinderliteratuur oor omgewingskwessies en oor die mens-natuur-verhouding te onderrig. Daar is voorstelle gemaak oor hoe om natuurgesentreerde fiksietekste of ekotekste in die klaskamer aan te wend ten einde geletterdheid, en spesifiek omgewingsgeletterdheid, by leerders te bewerkstellig. Ek het ook gefokus op die keuse van geskikte tekste en ’n ekokritiese inhoudsontleding van ’n teks is gedoen.

’n Ekopedagogie vir omgewingsgerigte kinderliteratuur behels volgens Gaard (2009:18–20) ’n verbondenheid tot die samehang tussen teorie en praktyk. So ’n pedagogie behels ’n soeke na gepaste tekste, kundigheid en aktiwiteite wat dit ten doel het om teorie in optrede of praxis om te sit. Daar is dikwels ook ’n ingeboude suggestie van betrokke burgerskap teenwoordig, soos gedemonstreer word deur ’n gemeenskap wat optree deur oliebesmeerde pikkewyne te red en skoon te maak. Dit help leerders om klaskamerkennis op ’n praktiese wyse aan te wend deur die ingryping en optrede teen anti-ekologiese sosiale praktyke.

Volgens Gaard (2009:18) lê die kernoorsaak van die omgewingsgeregtigheidsprobleem in die mens se geneigdheid om hom-/haarself te vervreem van die natuurlike omgewing, in die “aparte self”, en in die miskenning van onderlinge verbondenheid; daarom beskou sy die herstel van hierdie verbintenisse tussen teorie en praktyk en tussen lesende individue en hulle optrede, as oplossings vir die probleem.

Talle maniere bestaan om ekogeletterdheid by leerders te ontwikkel. Met hierdie artikel ondersoek ek maar een voorbeeld van hoe ’n ekoteks in die klaskamer aangewend kan word. In ’n opvolgartikel kan leerders se reaksie op die lees van ’n verskeidenheid ekotekste vir die jeug ondersoek word.

 

Bibliografie

Azano, A.P., M. Tackett en M. Sigmon. 2017. Understanding the puzzle behind the pictures: A content analysis of children’s picture books about autism. AERA Open, 3(2):1–12.

Bartosch, R. en S. Grimm. (reds.). 2014. Teaching environments: Ecocritical encounters. Frankfurt: Peter Lang.

Beach, R., P. Enciso, J. Harste, C. Jenkins, S.A. Raina, R. Rogers, K.G. Short, Y.K Sung, M. Wilson en V. Yenika-Agbaw. 2009. Exploring the “critical” in critical content analysis of children’s literature. In Leander (red.) 2009.

Bergthaller, H. 2014. What is ecocriticism? http://easlce.eu/about-us/what-is-ecocriticism (2 Oktober 2019 geraadpleeg).

Bland, J. 2014. Ecocritical sensitivity with multimodal texts in the EFL/ESL literature classroom. In Bartosch en Grimm (reds.) 2014.

Botes, E. 2005. Velaphi die pikkewyn. Illustrasies deur Anna-Carien Goosen. Pretoria: LAPA Uitgewers.

Bradbery, D. 2013. Bridges to global citizenship: Ecologically sustainable futures utilizing children’s literature in teacher education. Australian Journal of Environmental Education, 29(2):221–37.

Buell, L. 1995. The environmental imagination. Harvard: Harvard University Press.

—. 2005. The future of environmental criticism: Environmental crisis and literary imagination. Oxford: Wiley-Blackwell.

Buell, L., U.K. Heise en K. Thornber. 2011. Literature and environment. The Annual Review of Environment and Resources, 36:417–40.

Capra, F. 2007. Sustainable living, ecological literacy, and the breath of life. Canadian Journal of Environmental Education, 12:9–18.

Clark, T. 2011. The Cambridge introduction to literature and the environment. Cambridge: Cambridge University Press.

Combrink, L.E. 1989. Die onderrig van prosa in Afrikaans as eerste taal in standerd 3, 4 en 5. PhD-proefskrif, Universiteit Stellenbosch.

Departement van Basiese Onderwys. 2011a. Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring Graad 4–6, Afrikaans Huistaal. Pretoria: Staatsdrukker.

—. 2011b. Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring Graad 4-6, Lewensoriëntering. Pretoria: Staatsdrukker.

Departement van Onderwys. 2000. Norms and standards for educators. Regeringskennisgewing 82 van 2000, Government Gazette, 20844(4). Pretoria: Staatsdrukker.

Diakiw, J.Y. 1990. Children’s literature and global education: Understanding the developing world. The Reading Teacher, 43(4):296–300.

Dwyer, J. en S.B. Neuman. 2008. Selecting books for children birth through four: A developmental approach. Early Childhood Education, 35(6):489–94.

Erdogan, M., E. Coskun en M. Usak. 2011. Developing children’s environmental literacy through literature: An analysis of 100 basic literary works. Eurasian Journal of Educational Research, 42:45–62.

Gaard, G. 2008. Towards an ecopedagogy of children’s environmental literature. Green Theory and Praxis: The Journal of Ecopedagogy, 4(2)11:24.

—. 2009. Children’s environmental literature: From ecocriticism to ecopedagogy. Neohelicon, 36:321–34.

Galda, L. en B. Cullinan. 2006. Literature and the child. Belmont: Wadsworth.

Galda, L., G.E. Ash en R.E. Cullinan. 2000. Children’s literature. In Kamil, Mosenthal, Pearson en Barr (reds.) 2000.

Gamble, N. 2013. Exploring children’s literature: Reading with purpose. Los Angeles: SAGE.

Garrard, G. 2012. Ecocriticism. Londen: Routledge.

Glotfelty, C. en H. Fromm (reds.). 1996. The ecocriticism reader: Landmarks in literary ecology. Chicago: University of Georgia Press.

Hardman, J. 2016. Constructivism and teacher education. In Okeke, Abongdia, Olusola Adu, Van Wyk en Wolhuter (reds.) 2016.

Hsieh, H. en S. Shannon. 2005. Three approaches to qualitative content analysis. Qualitative Health Research, 15(9):1277–88.

Hunt, P. 2001. Children’s literature. Oxford: Blackwell.

Irwin, P. en H. Lotz-Sisitka. 2014. History of environmental education in South Africa. In Loubser (red.) 2014.

Jonassen, D.H. 1994. Thinking technology: Toward a constructivism design model. Educational Technology, 34(4):34–7.

Kamil, M.L., P.B. Mosenthal, P.D. Pearson en R. Barr (reds.). 2000. Handbook of reading research, volume III. Mahwah: Lawrence Ehrlbaum Vennote.

Kriesberg, D.A. 1999. A sense of place: Teaching children about the environment with picture books. Englewood: Teacher Ideas Press.

Kruger, E. 2009. Konstruktivistiese beginsels en taalonderrig: Ontwikkeling van ’n navorser se eie epistemologie. Acta Academia, 41(2):180–210.

Lawrence, D., M. le Cordeur, L. van der Merwe, C. van der Vyver en R. van Oort. 2014. Afrikaansmetodiek deur ’n nuwe bril. Kaapstad: Oxford University Press.

Leander, K.M. (red.). 2009. 58th Yearbook of the National Reading Conference. Wisconsin: National Reading Conference.

Loubser, C.P. (red.). 2014. Environmental education and education for sustainability: Some South African perspectives. Pretoria: Van Schaik.

Loubser, H. 2016. Die opvoedkundige waarde van ekoliterêre tekste: ’n Toepassing van Adrian Rainbow se sienings op ’n Afrikaanse jeugverhaal, ’n oorgangsroman en ’n prenteboek vir kinders. LitNet Akademies, 13(3):630–71.

—. 2017a. Omgewingsdiskoers in wetenskapsfiksie vir kinders met verwysing na die Anna Atoom-reeks deur Elizabeth Wasserman. LitNet Akademies, 14(2):565–607.

—. 2017b. Die ontwikkeling van ekogeletterdheid deur middel van ‘n Afrikaanse leesreeks. LitNet Akademies, 14(3):822:65.

—. 2018. Uitdagings van die Antroposeen: Onderwys in die era van ‘n mensgemaakte wêreld. LitNet Akademies, 15(3):893–925.

Mayer, D.A. 1995. How can we best use children’s literature in teaching science concepts? Science and Children, 32(6):16–43.

Medress, A. 2008. Storybooks: A teaching tool for sustainability. Independent Study Project (ISP) Collection, 65. https://digitalcollections.sit.edu/isp_collection/65/ (22 Julie 2019 geraadpleeg).

Meyer, S. 2018. Reaksie op die artikel “’n Ekokrities-filosofiese perspektief op die kortverhaal ‘Katvoet’ (Riana Scheepers)” deur Carien Smith (Tydskrif vir Geesteswetenskappe 58(2):310–329). Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 58(3):622–6.

Mishra, S.K. 2016. Ecocriticism in children’s literature: An analysis of Amit Garg’s Two tales. Galaxy, 5(V):91–6.

Morris, M. 2018. Ecological consciousness and curriculum. In Reid (red.) 2018.

Murphy, P. 2009. Using picture books to engage middle school students. Middle School Journal, 40(4):20–4.

Nikolajeva, M. 2014. Reading for learning: Cognitive approaches to children’s literature. Amsterdam: John Benjamins Publishing.

Okeke, C., J. Abongdia, E. Olusola Adu, M. van Wyk en C. Wolhuter (reds.). 2016. Learn to teach: A handbook for teaching practice. Kaapstad: Oxford University Press.

Olusegun, S. 2015. Constructivism learning theory: A paradigm for teaching and learning. IOSR Journal of Research and Method in Education, 5(6):66–70.

Orr, D. 1992. Ecological literacy: Education and the transition to a postmodern world. State University of New York: New York Press.

Pelech, J. 2013. Guide to transforming teaching through self-inquiry. Charlotte, North Carolina: Information Age Publishing.

Reid, A. (red.). 2018. Curriculum and environmental education: Perspectives, priorities and challenges. Londen: Routledge.

Rice, D.C. 2002. Using trade books in teaching elementary science: Facts and fallacies. The Reading Teacher, 55(6):552–65.

Rice, D.C., A.P. Dudley en C.S. Williams. 2001. How do you choose science trade books? Science and Children, 38(6):18–22.

Sauvé, L. 2002. Environmental education: Possibilities and constraints. Connect, XXVII (1–2):1–4.

Schreuder, D.R. 2010. Facto en die Flixies. Bellville: Ebony Books.

Sharp, L.A., E. Diego-Medrano en B. Coneway. 2018. What’s the story with children’s literature? A content analysis of children’s literature courses for preservice elementary teachers. Reading Horizons, 57(2):1–16.

Singh, S. en S. Yaduvanshi. 2015. Constructivism in [the] science classroom: Why and how. International Journal of Scientific and Research Publications, 5(3):1–7.

Smith, S. 2012a. Die aard van ekopoësie teen die agtergrond van die ekokritiese teorie met verwysing na enkele gedigte van Martjie Bosman. LitNet Akademies, 9(2):500–5.

—. 2012b. Plek en ingeplaaste skryf. ’n Teoretiese ondersoek na ingeplaaste skryf as ekopoëtiese skryfpraktyk. LitNet Akademies, 9(3):887–928.

—. 2014. Ekokritiek en die nuwe materialisme. ’n Ondersoek na die nuwe materialisme in enkele gedigte van Johann Lodewyk Marais uit die bundel In die bloute (2012). LitNet Akademies, 11(2):749–74.

Stephens, J. 1992. Language and ideology in children’s fiction. Londen: Longman.

Taylor, F. 2003. Content analysis and gender stereotyping in children’s books. Teaching Sociology, 31(3):300–11.

Vardell, S.M. en J.S. Wong. 2014. Observe, explain, connect. Science & Children, 51(8):31–5.

White, M.D. en E. Marsh. 2006. Content analysis: A flexible methodology. Library Trends, Somer:22–45.

 

Eindnota

1 Tydens die ontleding van die verhaal sal bladsynommers van die fiktiewe teks bloot tussen hakies verskaf word.

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Die ekoteks in die klaskamer appeared first on LitNet.

The ecotext in the classroom

$
0
0

Abstract

Environmental education (EE) needs to be an essential component in the total education of a child. In the classroom context it offers the opportunity to develop an awareness of the natural environment, of other life forms, and of the human relationship with and responsibility for harmonious coexistence with other-than-human life forms on our planet. It is crucial that educators acknowledge the potential role of environmentally oriented narratives and utilise children’s love for stories by applying ecotexts in classrooms.

A variety of learning areas can be engaged, such as language, sciences and environmental education. The sense of wonder produced by a good story can be an advantage in the process of developing environmental awareness. In this article I investigate the portrayal of the human-nature relationship in an ecologically oriented fiction text (an ecotext). I also focus on the use and application of the text within the classroom context. Practical suggestions are given on the application and utilisation of the ecotext in the classroom in order to develop children’s environmental awareness and also their language skills. Recommendations for text selection will be made, and guidelines for the analysis of ecocritical texts will be given. The article will also offer suggestions for the planning of an interdisciplinary lesson.

Two frameworks will be integrated into this study: a theoretical framework based on a literature review of the theoretical disciplines of ecocritics and constructivism, and a practical framework with the focus on a classroom methodology for the use of ecotexts.

According to Buell (2005:viii), ecocriticism is an umbrella term that covers a whole spectrum of literary theoretical approaches to an investigation of the human-nature relationship. Ecologically oriented fiction texts can offer ways for creating awareness among children of this relationship and of the ways that humans can influence the natural environment (Bradbery 2013:223). Young readers can develop a better understanding of concepts dealt with in fictional texts, such as drought, water scarcity and pollution. They can learn about the importance of an ecologically sustainable lifestyle and be able to participate in the discourse on environmental responsibility. Bradbery (2013:228) concurs with Diakiw’s (1990) claim that the young reader finds it easy to process and internalise information when it is offered in story format.

The development of an understanding of what it means to be a world citizen in the 21st century and to help in ensuring a sustainable future may seem like an impossible goal, but introducing young readers to the concept of sustainability is a small step on the way to eventual global change. According to Medress (2008), fictional texts can offer young readers the opportunity to build bridges between their own lives and the surrounding environment, as well as help them to understand what happens in the real world out there. This can help them learn and understand how to develop a greater ecological consciousness of their own worlds, global societies, and the planet as a whole. Ecotexts for children can be catalysts in the development of people who are able to recognise environmental issues, who can participate in solving environmental problems, and who will stand for and support the general principles of tolerance, justice and equality for all.

There is a connection between ecocritical observation and constructivism, and according to Garrard (2012:13) ecocritics can contribute richly towards diagnosing and solving ecological problems. Although early ecocritics rejected constructivism, the turn towards environmental justice in the late 1990s led to typically constructivist arguments “not to assert that ’nature’ is only a cultural construct, but to study how different cultural conceptions and notions of identity project different versions of nature” (Clark 2011:164).

In this article I wish to show how constructivist teaching can be undertaken with the help of an ecotext and how learners can learn ecological awareness by making meaningful connections between previously acquired knowledge and the text in hand. By reading or listening to the story, by taking part in conversations, by reflecting and thinking critically about the text, children do not only get the opportunity to learn, but also to enjoy the exercise. They can actively participate in the learning process instead of only being passive receivers and listeners. I also explore the ways in which factual information can be shared with learners through storytelling and via self-discovery, rather than through passive reception of instruction.

According to Gaard (2008:16), ecologically oriented texts must not only articulate ecological issues, but also examine the “political programs of collective action” which are necessary to investigate and address these issues. The ecotext ought to make connections between narrative problems and the narrative solutions to them, where issues such as deforestation, loss of species or pollution are relevant and for which potential solutions can be imagined and suggested. Ecotexts must contain clear messages of definite action and real participation.

The role of the teacher is important because of their knowledge of children’s and youth literature, their capacity to critically and historically analyse children’s and youth literature (specifically ecotexts) and their ability to teach with the aid of these texts.

An ecocritical analysis of the selected Afrikaans text, Velaphi die pikkewyn (Velaphi the Penguin) by Elmarie Botes (2005) and illustrated by Anna-Carien Goosen, is undertaken with the aid of story-based questions, followed by suggestions and guidelines for the planning and implementing of an interdisciplinary lesson (Life Orientation and Afrikaans Home Language).

If fiction texts can be resources for connecting abilities, concepts and information across the curriculum, we owe it to our children to apply stories where and when we can. During the telling of a story with scientific facts embedded in them, children can be encouraged to observe the world around them cautiously and attentively through all their senses. This could encourage a curiosity about the way things work, and at the same time children’s vocabulary can be enriched with new words. This will enhance their reading and writing abilities.

A story-based approach ensures that readers receive and experience information that is usually communicated only on a rational level emotively as well. This contributes to the holistic development of the child, where independent learning becomes fused with the experience that learning can be an enjoyable process.

An ecopedagogy for environmentally oriented children’s literature, according to Gaard (2008:18–20), promotes coherence between theory and practice. Such a pedagogy includes a search for suitable texts and the development of abilities and activities that aim to convert theory into praxis. Often there is also an inherent suggestion of engaged citizenship involved. An ecopedagogy enables learners to apply classroom-acquired knowledge practically through their own intervention in and action against anti-ecological social practices. 

Keywords: children’s and youth literature; constructivism; ecocritics; ecoliteracy; ecotexts; environmental education (EE); literacy development; text analysis

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans

Die ekoteks in die klaskamer

The post The ecotext in the classroom appeared first on LitNet.

Hemingway

$
0
0

Dear abrasive and lonely Mister Hemingway,
soul companion of the warrior race,
befitting of a brazen brotherhood,
and enchanter, casting spells with the lyre;
sapped in the end by your Pyrrhic victories,
you, unlike Orestes and Athena,
so meekly succumbed to the Erinyes.

Also read

Disgust

 

The post Hemingway appeared first on LitNet.


LitNet Akademies Weerdink: Grond

$
0
0

Op 3 Desember 2019 is ’n wetsontwerp rakende die wysiging van artikel 25 van die Grondwet1 bekend gemaak. Wat is die stand van sake tans met betrekking tot grondonteiening sonder vergoeding?

........

Lees ook Juanita Pienaar se 2019 LitNet Akademies (Regte)-artikel:
Grondhervorming: Is onteiening sonder vergoeding die magiese ‘silwer koeël’ of is dit ’n (berekende) skoot in die donker?” 

........

Juanita, wat is die mees onlangse ontwikkelings met betrekking tot onteiening / onteiening sonder vergoeding rakende die Grondwet?

Die hersieningskomitee het op 6 en 7 November 2019 ’n werkswinkel gehad, met insette van ’n verskeidenheid kundiges to make explicit that which is implicit in the Constitution”, naamlik expropriation of land without compensation is a legitimate option for land reform”. Tydens die werkwinkel is twee opsies vir die moontlike wysising van artikel 25 voorgelê en bespreek.

Breedweg het opsie 1 behels die wysiging van art. 25(2)(b) en 25(3)(b) wat onteiening steeds onderworpe aan vergoeding stel, waarvan die bedrag, tyd en wyse van betaling ooreengekom kan word deur betrokke partye of deur die hof bepaal kan word, met dien verstande dat geen vergoeding betaalbaar kan wees waar onteiening vir grondhervormingsdoeleindes plaasvind.

Opsie 2 het behels die invoeg van ’n nuwe subartikel: Notwithstanding the requirement for compensation contemplated in subsections (2), (3) and (4), land may be expropriated without the payment of compensation as a legitimate option for land reform in order to redress the results of past racial discrimination”.

Op taamlike kort kennisgewing het die EFF ook ’n opsie voorgestel met die uitgangspunt dat grond en natuurlike hulpbronne onder voogdyskap van die staat geplaas word (state should be custodian”), met ’n uitdruklike bepaling dat property may be expropriated without compensation”. (Minerale en waterbronne is egter alreeds onder die voogdyskap van die staat uit hoofde van relevante wetgewing.)

Op 3 Desember 2019 is ’n wetsontwerp rakende die wysiging van artikel 25 bekend gemaak “Constitution Eighteenth Amendment Bill 2019”.

Volgens die memorandum van die wetsontwerp is die spesifieke oogmerk van die Konsepwetsontwerp om artikel 25 van die Grondwet te wysig om voorsiening te maak sodat eiendom beperk kan word in so ’n mate dat waar grond (“land”) vir grondhervorming onteien word, die bedrag vergoeding betaalbaar nul kan wees. Dit is verder daarop gerig om dit duidelik te stel dat sodanige beperking ’n legitieme opsie vir grondhervorming daarstel, ten einde die historiese ongeregtigheid wat veroorsaak is deur artbitrêre ontneming van grond aan te spreek, om billike toegang tot grond te verseker en om verder die meerderheid Suid-Afrikaners te bemagtig om produktiewe deelnemers in eiendomsreg te wees, asook voedselsekerheid en landoukundige hervormingsprogramme te bevorder.

Die Wetsontwerp sal vervolgens ooreenkomstig artikel 74(2) van die Grondwet hanteer word en sal dus ook na die Huis van Tradisionele Leiers verwys word. Sodra dit in die Staatskoerant afgekondig word (om en by 10 Desember 2019), volg daar ’n tydperk vir openbare kommentaar, terwyl Februarie 2020 vir landswye openbare verhore opsygesit is. Die nasionale vergdadering se sperdatum vir die finalisering van die werksaamhede van die hersieningskomitee is 31 Maart 2020.

Hiermee die 3 Desember 2019-konsepwetsontwerp:

Daar is oorhoofs drie wysigings aan artikel 25: ’n nuwe subartikel (2)(b), wysiging van artikel 25(3)(a) en ’n splinternuwe subartikel (3A). Die wysigings is dus soos volg, met die voorgestelde wysigings onderstreep:

“(b) subject to compensation, the amount of which and the time and manner of payment which have either been agreed to by those affected or decided or approved by a court: Provided that in accordance with subsection (3A) a court may, where land and any improvements thereon are expropriated for the purposes of land reform, determine that the amount of compensation is nil.

(3) The amount of the compensation as contemplated in subsection (2)(b), and the time and manner of any payment, must be just and equitable, reflecting an equitable balance between the public interest and the interests of those affected, having regard to all relevant circumstances, including….;

(3A) National legislation must, subject to subsections (2) and (3), set out specific circumstances where a court may determine that the amount of compensation is nil.”

Dit is opvallend dat die basiese uitgangpunte, ten spyte van die voorgestelde wysiging, onveranderd bly: onteiening vind steeds slegs ooreenkomstig ’n algemeen geldende regsvoorskrif plaas en slegs vir ’n openbare doel of in openbare belang. Neem ook kennis dat die betaal van vergoeding in die algemeen steeds die vertrekpunt bly, maar dat waar grondhervorming ter sprake is ’n hof mag (“may”) bepaal dat vergoeding nul is. Die voorgestelde wysiging beklemtoon pertinent “land and improvements thereon” en nie eiendom in die algemeen nie.

Die voorgestelde wysiging aan subartikels (2) en (3) is ’n breë wysiging wat belangrike konsepte behels, soos grondhervorming (“land reform”) en grond (“land”), sonder om die konsepte te ontleed of te definieer. Dit is te verstane, gesien in die lig van die rol en funksie van die Menseregte Handves, wat die bepaalde fundamentele regte lys en breedweg uiteensit, maar nie in fynere detail kan ingaan nie. Hierdie konsepte moet egter êrens uiteengesit en gedefinieer word ten einde regsekerheid te bevorder eneryds en die werklike parameters van onteiening met nul vergoeding duidelik te maak, andersyds. Dit is hier waar die nuwe subartikel 3A intree: Dit maak voorsiening vir ’n nasionale wet wat die omstandighede moet uiteensit wat ’n hof daartoe kan lei om in bepaalde gevalle nul vergoeding toe te ken.

Behalwe dat die betaal van billike en regverdige vergoeding steeds in die algemeen die maatstaf bly, is dit ook belangrik om daarop te let dat daar ook in gevalle van grondhervorming vergoeding betaal kan word. Die betaal van nul vergoeding is nie in alle gevalle ’n noodwendige gevolg van onteiening vir grondhervormingsdoeleindes nie: die voorgestelde wysiging bevat pertinent “may”. Dus, afhangende van die omstandighede, kan ’n hof steeds ’n bedrag vergoeding bepaal.

In jou artikel noem jy: “Onteiening is grondwetlik gefundeer en het die potensiaal om ’n effektiewe grondhervormingsmeganisme te wees.” 

- Wat behels hierdie grondhervormingsmeganisme? 

Die bestaande (onveranderde) artikel, sowel as die voorgestelde artikel maak pertinent vir onteiening voorsiening vir openbare doeleindes of in openbare belang. Grondhervorming is in openbare belang – dit word baie duidelik in artikel 25(4)(a) uitgestip. As ’n grondhervormingsmeganisme is onteiening een manier waarop grond verkry kan word vir, byvoorbeeld, herverdeling of om die restitusieprogram te bevorder. Ander maniere van grondverkryging is om dit aan te koop en in sommige gevalle word grond selfs geskenk vir grondhervormingsdoeleindes. Onteiening kan dus saam met ander meganismes aangewend word om grond te verkry vir hervorming. Tot op hede is onteiening egter nie as hervormingmeganisme aangewend nie, welke besluit ’n beleidskeuse van die staat was.

- Behels dit ook onteiening sonder vergoeding?

Daar is verskillende opinies of die huidige (onveranderde) formulering en interpretasie van die eiendomklousule reeds vir onteiening sonder vergoeding voorsiening maak. Diegene wat van mening is dat onteiening nou reeds, sonder die wysiging, kan plaasvind sonder vergoeding, steun veral op subartikel (8) van artikel 25, naamlik:

“Geen bepaling van hierdie artikel verhinder die staat om wetgewende en ander maatreëls te tref om grond-, water- en verbandhoudende hervorming te bewerkstellig ten einde die gevolge van rassediskriminasie van die verlede reg te stel nie, op voorwaarde dat enige afwyking van die bepalings van hierdie artikel in ooreenstemming met die bepalings van artikel 36(1) is.”

In lyn met bogenoemde word daar dan geargumenteer dat die betaal van billike en regverdige vergoeding in die pad staan van die staat se taak om grondhervorming te bewerkstellig, wat in wese ’n oortreding van artikel 25(8) is. Om artikel 25 op hierdie manier te benader, word aangevoer dat dit eintlik reeds voorsiening maak vir onteiening sonder vergoeding. Dit is klaarblyklik die “implicit” waarna hierbo verwys is, wat nou “explicit” gemaak moet word.

Persoonlik is ek van mening dat die huidige (onveranderde) eiendomsklousule nie onteiening sonder vergoeding voorstaan nie, maar dat onteiening deur die betaal van (billike en regverdige) vergoeding gevolg moet word. Afhangende van die faktore ter sprake in ’n bepaalde geval, mag dit egter beteken dat vergoeding min of selfs baie min kan wees. Presies wat billik en regverdig is, word bepaal deur die samehang van die faktore wat in artikel 25(3) gelys word, naamlik die huidige gebruik van die eiendom, die geskiedenis van die verkryging en gebruik van eiendom, die markwaarde van die eiendom, die omvang van regstreekse belegging en subsidie deur die staat ten opsigte van die verkryging en voordelige kapitale verbetering van die eiendom en die doel van onteiening. Hou ook in gedagte dat die bedrag, sowel as die wyse en tydstip van betaling billik en regverdig in die bepaalde omstdanighede moet wees.

Soos hierbo in vraag 1 genoem, maak die voorgestelde wysiging nou pertinent voorsiening vir die moontlikheid van nul vergoeding waar grond vir grondhervormingsdoeleindes onteien word.

- Wie is geregtig op die “grond” ter sprake? 

Die eiendomsklousule is ’n interessante, unieke klousule met inherente spanning tussen die eerste gedeelte van die klousule wat bestaande regte teen arbitrêre ontneming of onteiening beskerm, en die laaste – grootste – gedeelte van die eiendomsklousule wat op hervorming gerig is: van natuurlike hulpbronne (water en minerale) en spesifiek ook grond. Hoewel bestaande regte beskerm word, is die hevormingsaanslag van die eiendomsklousule baie duidelik en sterk bewoord en plaas dit baie spesifieke verantwoordelikhede op die staat om seker te maak grondhervorming vind plaas.

In Suid-Afrika was en is grond nog altyd ’n kontensieuse en emosionele konsep, wat verskillende goed vir verskillende mense beteken. Hoewel die eiendomsklousule dus die raamwerk daarstel, bepaal dit nie as sodanig wie op die grond geregtig is nie. Dit bepaal wel baie duidelik dat toegang tot grond vir Suid-Afrikaanse burgers verbreed moet word, dat grondbeheervorme opgradeer en versterk moet word en dat persone of gemeenskappe wat grond of regte in grond as gevolg van rasdiskriminerende wette of praktyke na 19 Junie 1913 verloor het, geregtig is op herstel daarvan of op billike en regverdige vergoeding.

- Sluit hierdie “grond” plase; woonstelblokke; parke; woonbuurte, strandhuise of staatsgrond in? 

Artikel 25(4)(b) bepaal uitdruklik dat eiendom nie tot grond beperk is nie. Tog was die mandaat van die hersieningskomitee spesifiek gerig op “land for land reform purposes”. Grond is dus ’n onderafdeling van eiendom. Vir doeleindes van artikel 25 in die algemeen is eiendom ’n baie breë begrip en sluit dit in: roerende goed (soos motors en meubels), onroerende goed (grond en alless wat daaraan vasgeheg is – huise, woonstelle, ens.) informele en formele regte, insluitende lisensies, verrykingsaansprake en pensioene. In die lig van die mandaat van die komitee, sowel as die bewoording van die voorgestelde wysiging wat spesifiek gerig is op “land and any improvements thereon .. for purposes of land reform” is die begrip “grond” / “land” baie nouer as die wye eiendomsbegrip.

Daar kan ook gekyk word na ander onlangse ontwikkelings wat met onteiening met nul vergoeding verband hou om ’n aanduiding te kry van wat alles onder “grond” verstaan kan word. In klousule 12(3) van die Desember 2018 Onteieningswetsontwerp, waarin voorsiening gemaak word vir die moontlikheid van  onteiening met nul vergoeding, word die volgende vyf kategorieë grond spesifiek uitgelig: waar

(a) die grond okkupeer of gebruik word deur ’n huurarbeider, soos omskryf in die Wet op Grondhervorming (Huurarbeiders) 3 van 1996;

(b) grond suiwer vir spekulasiedoeleindes besit word;

(c) grond deur ’n staatsbeheerde instansie besit word of deur ’n entiteit besit word wat aan die staat behoort;

(d) grond deur die eienaar abandonneer is;

(e) die markwaarde van die grond gelyk is aan of laer is as die huidige waarde van die staatsinvestering of subsidie in die verkryging daarvan of kapitaalverbetering van die grond. 

In die Land Panel Report van Mei 2019 word ’n soortgelyke lys verskaf, met byvoorbeeld die volgende bykomende kategorieë: grond: grond verkry deur kriminele gedrag en grond in informele vestigingsgebiede. Staatsgrond kan uiteraard ook vir grondhervorming aangewend word, maar sulke grond word streng gesproke nie onteien nie omdat dit reeds aan die staat behoort. Dit is wel moontlik dat grond van een departement of afdeling dalk na ’n ander oorgedra moet word, afhangende van die spesifieke omstandighede.

 - Grondwetlik beskou, is “grond” (“land”) dieselfde as eiendom?

Sien ook hierbo. Grond is ’n onderafdeling van die oorhoofse begrip “eiendom”. Dit is slegs grond wat vir onteiening met nul vergoeding in aanmerking kom en nie eiendom in die algemeen nie. Tog is dit baie belangrik dat duidelikheid hieroor verkry moet word, verkieslik in wetgewing. Soos reeds hierbo daarna verwys, moet belangrike konsepte omskryf en belyn word om enersyds regsekerheid in die algemeen te bewerkstellig en andersyds die parameters van onteiening met nul vergoeding vir grondhervormingsdoeleindes duidelik te bepaal. Dus, presies WAT onteien kan word, WANNEER en in WELKE OMSTANDIGHEDE – moet duidelik uiteengesit word.

Hoewel die voorgestelde wysigings pertinent gerig is op “grondhervormingsdoeleindes”, is dit nie honderd present duidelik wat presies daaronder verstaan word nie. Die huidige artikel 25 beliggaam drie subpogramme van die oorhoofse grondhervormingsprogram, naamlik herverdeling (in artikel 25(5)), grondbeheerhervorming (in artikel 25(6)) en restitusie in artikel 25(7). Tog word onder “grondhervorming” / “land reform” in die Eiendomswaardasie Wet 17 van 2014 (Property Valuation Act) herverdeling, grondbeheerhervorming, restitusie EN ontwikkeling (“development”) verstaan. Dit vergroot die omvang van grondhervorming aansienlik. Duidelikheid hieroor moet dringend verkry word.

Populistiese retoriek belowe dat “grond” aan die mense teruggeskenk gaan word. Wat is die kategorieë grond wat hier ter sprake is?

Artikel 25 bevat die raamwerk waarbinne grondhervorming moet plaasvind en behels drie subprogramme, waarna hierbo verwys is. Die restitusieprogram is die enigste program wat voorsiening maak vir die teruggawe van grond of regte in grond en as dit nie kan gebeur nie, om welke rede ook al, dan vir die betaal van billike en regverdige vergoeding. Daar is bepaalde vereistes waaraan voldoen moet word om deel te neem aan die restitusieprogram, soos in artikel 2 van die Wet op die Herstel van Grondbesitregte 22 van 1994 uiteengesit. Enige persoon of gemeenskap wat grond of regte in grond verloor het as gevolg van ’n rasdiskriminerende wet of praktyk, ná 19 Junie 1913, kan aansoek doen om herstel daarvan, mits aan die vereistes van artikel 2 van dié wet voldoen word. Die spesifieke grond of eiendom wat destyds verloor is, kan teruggegee word, of alternatiewe grond of soos genoem, vergoeding.

Omdat toegang tot grond voor 1994 op ’n rassegrondslag gereguleer en beperk is, was daar dus nie vrye toegang tot grond nie. Om hierdie rede word daar spesifiek ook vir die verbreding van toegang tot grond voorsiening gemaak, op ’n billike basis. Dus, vir diegene wat nie deel van die restitusieprogram is nie, is daar die moontlikheid van die herverdelingsprogram, wat deur verskillende beleide en wetgewing gereguleer word.

Grondhervorming kan nie buite die raamwerk van die Grondwet plaasvind nie. As daar sprake is van grond terugskenk, dan moet dit steeds in ooreenstemming wees met die Grondwet aan die een kant en bepaalde wetgewing wat uitgevaardig is om die prosesse te reguleer, aan die ander kant.

Wat is die verskil tussen onteiening; onteiening sonder vergoeding; herverdeling; en verbreding van toegang tot grond?

Onteiening is ’n oorspronklike manier van eiendomsvestiging wat slegs deur die staat verrig kan word. Die oomblik van onteiening van die bepaalde objek vestig eiendomsreg daarvan in die staat. Dit is ’n baie algemene en erkende manier van eiendomsregulering wêreldwyd en word gewoonlik streng gereguleer. In Suid-Afrika word daar spesifiek daarvoor voorsiening gemaak in artikel 25(2) van die Grondwet en is daar ’n nasionale wet wat dit in detail reguleer. Dit is tans nog ’n ou, voor-Grondwetlike wet, die 1975-Onteieningswet, wat eintlik uit pas is met grondwetlike beginsels. In Desember 2018 is ’n Konseponteieningswet vir kommentaar afgekondig wat baie beter met artikel 25 van die Grondwet belyn is. Hierdie wetsontwerp is nog nie gefinaliseer nie.

Streng gesproke is daar nie iets soos “onteiening sonder vergoeding” nie. ’n Wesenskenmerk van onteiening is dat dit gevolg word deur die betaal van vergoeding. In Suid-Afrika het dit egter gaandeweg ’n slagspreuk geword om grondhervorming oënskynlik meer bekostigbaar en volhoubaar te maak en om sodoende weg te doen met die betaal van billike en regverdige vergoeding. Daar is ’n verskil tussen “onteiening sonder vergoeding” en “onteiening met nul vergoeding”. Eersgenoemde aanvaar in beginsel dat daar geen vergoeding, nooit nie, ter sprake is. Laasgenoemde aanvaar in beginsel dat daar steeds vergoeding kan wees, maar dat dit na berekening en afhangende van bepaalde faktore of die navolg van ’n formule, op nul neerkom. Dit is laasgenoemde formulering wat in die wysiging van artikel 25 voorgestel word.

Hoewel herverdeling van grond en verbreding van toegang tot grond dikwels as sinonieme gebruik word, is daar ’n tegniese verskil ter sprake. By herverdeling van grond word gewoonlik beoog die verandering van eiendomspatrone of die verandering van die profiel van grondeienaars. Dit is dus ’n daadwerklike verandering in die titelaktes van grond. By die vebreding van toegang tot grond is dit heel moontlik dat persone of gemeenskappe toegang tot grond kry, maar die eiendomspartone verander nie of die profiel van eienaars verander nie. ’n Persoon kan byvoorbeeld toegang verkry tot grond deur ’n gebruiksreg of om dit te huur, maar die eiendomsreg van die tersaaklike stuk grond bly onveranderd. As daar dus oorhoofs na eiendomspartone gekyk word of na titelaktes gekyk word om te sien of daar moontlik ’n skuif in eiendomsreg van grond plaasgevind het, sou dit inderdaad die geval by eersgenoemde gewees het en nie by laasgenoemde nie. Voorstelle van bv die EFF dat die staat alle grond beheer en dat persone en gemeenskappe net gebruiksregte kry, is ’n voorbeeld van verbreding van toegang sonder dat die profiel van eienaars verander.

Hoe kan eienaars van privaat eiendom / huurders van privaat eiendom voorberei vir toekomstige moontlike onteiening? Waar gaan hierdie eienaars bly?

Klousule 12(3) van die Desember 2018 Onteieningswetsontwerp is ’n goeie aanduiding van die soort grond of kategorieë grond waarop die visier vir eers ingestel is. Saam met die lys wat in die Land Panel Report van Mei 2019 opgeneem is, is dit baie duidelik dat privaateienaars nie prioriteit is vir onteiening met nul vergoeding nie. Soos genoem, is dit eerder ongebruikte en oorbeswaarde grond of grond wat verwaarloos en/of abandonneer is wat waarskynlik eerste geoormerk word. Verder moet die nasionale wetgewing waarna in die nuwe artikel 25(3A) verwys word, nog eers gefomuleer word en is die Konseponteieningswet ook nog hangende. Daar is dus op hierdie stadium nog heeltemal te veel veranderlikes in die proses om nou reeds klarigheid te hê oor welke grond in beslag geneem gaan word.


1 Artikel 25 is die eiendomsklousule in die Grondwet. Dit bevat al die relevante bepalings rakende die beperking en onteiening van eiendom en maak ook pertinent vir grondhervorming voorsiening. Die opdrag van die hersieningskomitee was om die eiendomsklousule, artikel 25 van die Grondwet, te wysig.

 

Lees ook

Onteiening sonder vergoeding: voorvereiste vir suksesvolle grondhervorming of populisme?

Is onteiening sonder vergoeding werklik die antwoord?

’n Positiewe blik op die onteieningswetsontwerp

Onteieningswetsontwerp: ongrondwetlik of noodsaaklik?

Onteiening van grond sonder vergoeding: implikasies vir die definiëring van politiek in Suid-Afrika

Rondom grondhervorming

Grondhervorming sonder vergoeding: ’n oorsig van die UV-bespreking

Een honderd jaar later: die Swart Grond Wet 27 van 1913

Die betekenis van ’n ontneming weens ’n rasdiskriminerende wet of praktyk vir doeleindes van die Wet op Herstel van Grondregte 22 van 1994 – ’n oorsig van ontwikkelings in regspraak

Eiendomsverlies deur verkrygende verjaring: Onteiening sonder vergoeding – of nie?

Lees nog LitNet Akademies Weerdink artikels en onderhoude

LitNet Akademies Weerdink: Verklarings vir die bedanking van Mmusi Maimane en ander prominente leiersfigure uit die DA

LitNet Akademies Weerdink: Verkiesing 2019

LitNet Akademies Weerdink: ’n Globale perspektief op groepregte en diversiteit

LitNet Akademies Weerdink: Die "Die Land"-musiekvideo, mites en nostalgie

LitNet Akademies Weerdink: Skottelbraai in Ghoema-land: die grense van Steve Hofmeyr se identiteitspolitiek

The post <i>LitNet Akademies</i> Weerdink: Grond appeared first on LitNet.

Onderhoudseise en sekwestrasie ingevolge die Insolvensiewet 24 van 1936

$
0
0

Onderhoudseise en sekwestrasie ingevolge die Insolvensiewet 24 van 1936

Melanie Roestoff, Fakulteit Regsgeleerdheid, Universiteit van Pretoria

LitNet Akademies Jaargang 16(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming 

In hierdie artikel word die regsposisie aangaande onderhoudseise in sekwestrasieverrigtinge onder die vergrootglas geplaas. Internasionale tendense word ook ondersoek ten einde dit met die Suid-Afrikaanse regsposisie te vergelyk en voorstelle vir regshervorming te maak. Die feite en beslissing in LMV v MV 2018-07-07 saaknr. 7833/2016 (GP) bied ’n goeie illustrasie van die tersaaklike regsbeginsels en word gevolglik bespreek en evalueer. In hierdie saak het die voormalige vrou van die respondent ’n aansoek vir die voorlopige sekwestrasie van die boedel van die respondent gebring. Op die tersaaklike stadium was die respondent aan die skuldhersieningsproses ingevolge die Nasionale Kredietwet onderworpe. Die applikant het die sekwestrasieproses gebruik om ’n eis vir onderhoud af te dwing, omdat sy dit nie met behulp van die gewone eksekusieprosedures kon regkry nie. Die hof het bevind dat sekwestrasie tot voordeel van die skuldeisers was en het die voorlopige sekwestrasiebevel gevolglik toegestaan.

Die ondersoek toon aan dat sekwestrasie waarskynlik nie die gepaste regsmiddel was om die onderhoudskuld in te vorder nie. Die rede is dat die applikant se eis na sekwestrasie ’n blote konkurrente eis sou wees. Boonop, indien dit later sou blyk dat daar onvoldoende vrye oorskot is om die sekwestrasiekoste te betaal, sou die applikant kontribusiepligtig wees ten einde die tekort aan te vul. Verder sou die respondent se rehabilitasie tot gevolg hê dat die onderhoudskuld as gedelg beskou word. 

Dit blyk dat die applikant moontlik beter af sou wees indien die onderhoudskuld eerder deur middel van die skuldhersieningsproses ingevorder sou word. Daar word gevolglik voorgestel dat die wetgewer die huidige voorgeskrewe riglyne met betrekking tot die skuldhersieningsproses bindend teenoor skuldberaders moet maak. Dit sluit onder andere in dat ’n skuldenaar se aanspreeklikheid vir onderhoudskuld by die uiteindelike skuldherskedulering in berekening gebring moet word.

Daar word verder aan die hand gedoen dat skuldeisers wat vorderings vir agterstallige onderhoud het, van die verpligting om kontribusie te betaal, onthef word. Voorts moet die Amerikaanse voorbeelde van voorkeurbehandeling van onderhoudseise en die uitsluiting van onderhoudskuld van ’n skuldkwytskelding nagevolg word.

Trefwoorde: daad van insolvensie; insolvensie; Insolvensiewet; konkurrente eis; kontribusie; Nasionale Kredietwet; onderhoudseise, rehabilitasie; sekwestrasie; skuldeiser; skuldenaar; skuldhersiening; skuldherskedulering; skuldinvordering; skuldkwytskelding; verbruikersinsolvensie; voordeel vir skuldeisers

 

Abstract

Maintenance claims and sequestration under the Insolvency Act 24 of 1936

In this article the legal position pertaining to claims for maintenance in sequestration proceedings under the Insolvency Act is investigated. International trends are also discussed and the South African legal position is measured against such trends to eventually make proposals for law reform. 

The facts and decision in LMV v MV 2018-07-07 case nr. 7833/2016 (GP) provide a good illustration of the applicable legal principles and are therefore discussed and evaluated. In this case, the applicant (who is the ex-wife of the respondent) brought an application for the provisional sequestration of the estate of the respondent, who at the relevant time was subject to debt review under the National Credit Act. The applicant used the sequestration process to enforce her claim for arrear maintenance, because she could not succeed in recovering the maintenance due to her by way of the usual execution procedures. The court granted a provisional sequestration order and held that sequestration would be to the advantage of the creditors.

The main enquiry of the article is whether compulsory sequestration is an appropriate remedy to enforce a claim for arrear maintenance. Although the real aim of the sequestration process is not to enforce a claim, case law confirms that it is perfectly legitimate for a creditor to utilise sequestration proceedings as a debt collection tool. As is clear from die decision in LMV, a claim for arrear maintenance may satisfy the first factum probandum in terms of section 10 of the Insolvency Act, namely that the applicant (creditor) is required to have a liquidated claim against the respondent (debtor). Furthermore, arrear maintenance which has accrued before sequestration in terms of an agreement or court order may be proved as a claim against the insolvent estate. However, although it is legitimate to use the sequestration process to collect debt, the creditor (applicant in casu) is still required in terms of the Insolvency Act to prove that prima facie there is reason to believe that it would be to the advantage of the respondent’s creditors if his estate were to be sequestrated.

Case law indicates that the term “creditors” in the phrase “advantage to creditors” relates to the “general body of creditors” and that this requirement assists the court in its determination as to whether application of the sequestration process would be cost-effective. In LMV, the court based its decision that advantage for creditors was proved on the mere fact that a small number of creditors received payment under the debt review arrangement, while the applicant did not benefit at all. It is not clear from the judgment who the respondent’s other creditors were or who the creditors were whose debts were not based on credit agreements as defined in terms of the National Credit Act. It is also not clear what the size of the other creditors’ claims compared with the claim of the applicant was, and consequently whether implementation of the sequestration process would necessarily have been to the advantage of the general body of creditors and thus cost-effective.

Concerning the term “advantage” in the phrase “advantage to creditors”, the Constitutional Court decision in Stratford v Investec Bank Ltd 2015 3 SA 1 (KH) is discussed. This judgment confirmed that “advantage” entails a reasonable prospect that some financial benefit would eventually be available to the general body of creditors. The Constitutional Court emphasised that the meaning of the term “advantage” is broad and should not be rigidified. The court further stated that a requirement with reference to the size of the dividend, especially in the context of a hostile compulsory sequestration where there may be many creditors, is not useful and that the courts should rather exercise their independent discretion.

It is submitted that the term “advantage” in the phrase “advantage to creditors” also tests whether application of sequestration proceedings would be cost-effective from the perspective of the group of creditors. Therefore the collective debt-collecting procedure of the insolvency law should be applied only if the creditors as a group would be in a better position when sequestration proceedings are applied than would otherwise be the case. It is submitted that the court in LMV did not consider the question as to whether implementation of the expensive sequestration process was justified. As mentioned, the court based its decision that advantage to creditors was shown on the mere fact that a small number of creditors received payments in terms of the debt rescheduling arrangement, while the applicant received nothing. Nevertheless, the court eventually granted the provisional sequestration order.

The next question that the article addresses relates to the effect that sequestration of the respondent’s insolvent estate may have for the applicant. With reference to international trends the research indicates that sequestration was probably not the appropriate remedy to enforce the applicant’s claim for maintenance. Firstly, the applicant’s claim for arrear maintenance which accrued after sequestration of the respondent’s estate would be a mere concurrent claim against the estate, while the international trend is to afford priority treatment to these types of claims. Moreover, the applicant, being the so-called petitioning creditor, may be liable to contribute if the proceeds of the free residue of the insolvent estate were eventually found to be insufficient to cover the costs of sequestration. The latter would be the position even where the applicant did not prove a claim against the insolvent estate. After rehabilitation of the insolvent, all his debts, including the arrear maintenance debts which became due before sequestration, will, in terms of the Insolvency Act, be discharged. On the contrary, the international trend is to render maintenance debts non-dischargeable and hence exclude them from the eventual debt discharge, which is usually granted at the conclusion of insolvency proceedings.

The research indicates that the applicant may have been in a better position if the maintenance debt had rather been paid in terms of the debt review process under the National Credit Act. However, the debt counsellor had not complied with the guidelines which are currently prescribed by the National Credit Regulator in respect of the debt review process. Among other things, these guidelines state that a consumer’s liability for maintenance in terms of a court order or agreement should be taken into account when the consumer’s surplus income which would eventually be available for repayment in terms of a debt rescheduling order, is calculated. However, these guidelines are currently not binding on debt counsellors and it is therefore submitted that lawmakers should address this issue by implementing the recent proposals of the Department of Trade and Industry to amend the National Credit Regulations made in terms of the National Credit Act. These proposed amendments would, when introduced, require debt counsellors to comply with specified rules prescribed by the National Credit Regulator in respect of debt rescheduling. 

It is submitted that claims for maintenance should enjoy priority directly after the sequestration costs, as is the case in the United States of America. Such priority claims should not be limited to a period for which it can be claimed or to an amount which enjoys priority. 

It is unacceptable that creditors with claims for arrear maintenance could be held liable for contribution where the free residue is insufficient to cover the sequestration costs. It is submitted that the legislator should amend the Insolvency Act to exempt these creditors from the liability to contribute towards the costs of sequestration. Furthermore, such creditors should be relieved of the obligation of proving claims in the usual way prescribed by the Act.

In line with the modern trend to emphasise the fresh-start goal of consumer insolvency, the World Bank Report on the Treatment of the Insolvency of Natural Persons supports the European approach in terms of which a comprehensive discharge should be afforded to insolvent debtors. The idea is that too many exceptions to a discharge may prevent a meaningful rehabilitation. However, it is submitted that such a comprehensive discharge should not include “sensitive debt” such as arrear maintenance debt. With reference to German law it is argued that a discharge of maintenance debt may be unconstitutional, because it may constitute an infringement of certain fundamental human rights. Therefore it is submitted that South African lawmakers should, following the American example, amend the Insolvency Act to exclude arrear maintenance debt from the eventual discharge which occurs after rehabilitation. The wide application of the relevant provisions of American bankruptcy legislation in respect of the type of debt, the sources of its origin and the beneficiaries who would qualify for this exclusion is particularly applauded. It is submitted that a similar provision in South African law would help to bring South African insolvency legislation in line with international best practices.

Keywords: act of insolvency; advantage to creditors; concurrent claim; consumer insolvency; contribution; creditor; debt collection; debt discharge; debtor; debt restructuring; debt review; insolvency; Insolvency Act; maintenance claims; National Credit Act; rehabilitation; sequestration

 

1. Inleiding

In ’n onlangse saak, LMV v MV,1 het die applikant en voormalige vrou van die respondent ’n aansoek vir die voorlopige sekwestrasie van die respondent se insolvente boedel ingevolge die Insolvensiewet2 gebring.3 Die respondent het die aansoek vir voorlopige sekwestrasie opponeer.4 Ten tye van die sekwestrasie-aansoek was die respondent aan die skuldhersieningsproses ingevolge die Nasionale Kredietwet5 onderworpe. Die applikant het die sekwestrasieproses gebruik om ’n eis vir agterstallige onderhoud af te dwing, omdat sy nie daarin kon slaag om die eis met behulp van die gewone eksekusieprosedures in te vorder nie. Die hof, by monde van waarnemende regter Maakane, het die voorlopige sekwestrasiebevel toegestaan en beslis dat sekwestrasie tot voordeel van die skuldeisers sou wees. Die hof grond sy uitspraak op die blote feit dat slegs enkele skuldeisers betalings ingevolge die skuldhersieningsooreenkoms ontvang het, terwyl die applikant geensins daarby baat gevind het nie.6 Ander oorwegings met betrekking tot die vereiste van voordeel vir skuldeisers in gedwonge sekwestrasieverrigtinge, onder andere of daar voldoende bates is om die toepassing van die duur sekwestrasieproses te regverdig, is nie oorweeg nie. Gevolglik ontstaan die vraag of sekwestrasie inderdaad die gepaste roete was om te volg. Soos hier onder aangedui word, sou die applikant se eis vir agterstallige onderhoud na sekwestrasie van die respondent se insolvente boedel bloot ’n konkurrente eis teen die insolventeboedel uitgemaak het. Daar moet verder in gedagte gehou word dat die applikant, as die sogenaamde petisionerende skuldeiser, moontlik vir kontribusie aanspreeklik gehou kon word indien die opbrengs van die vrye-oorskot-bates onvoldoende was om die sekwestrasiekostes te dek.7 Na rehabilitasie van die insolvent word alle skuld, insluitende onderhoudskuld wat voor sekwestrasie verskuldig geraak het, as gedelg beskou.8 Daarteenoor is die internasionale tendens om agterstallige onderhoudskuld van die uiteindelike skuldkwytskelding wat normaalweg na afloop van insolvensieverrigtinge verleen word, uit te sluit.9 In sommige stelsels geniet eise vir agterstallige onderhoud voorkeur bo ander eise.10

Die doel van hierdie artikel is om die regsposisie aangaande eise vir onderhoud in insolvensieverrigtinge te ondersoek. Die feite en beslissing in LMV bied ’n goeie illustrasie van die toepassing van die tersaaklike regsbeginsels en sal derhalwe ontleed en evalueer word. Die belangrikste vraag is of gedwonge sekwestrasie ’n gepaste proses is om ’n eis vir agterstallige onderhoud af te dwing. Internasionale tendense met betrekking tot onderhoudseise in insolvensieverrigtinge word ook ondersoek. Die doel van sodanige ondersoek is om dit met die Suid-Afrikaanse regsposisie te vergelyk en uiteindelik voorstelle vir regshervorming te maak.

 

2. LMV v MV 

2.1 Agtergrond

Voor hul egskeiding was die applikant en respondent buite gemeenskap van goedere getroud. Gedurende die egskeidingsverrigtinge het die partye ’n skriftelike skikking bereik wat ’n bevel van die hof gemaak is. Ingevolge die skikking moes die respondent onderhoud vir die partye se minderjarige kind betaal. Dit was gemene saak dat die respondent met die verloop van tyd agterstallig met sy onderhoudverpligtinge geraak het. Gevolglik het die applikant verrigtinge in die Roodepoort-landdroshof vir die invordering van die agterstallige skuld aanhangig gemaak en vonnis vir die bedrag van R45 610 teen die respondent verkry. ’n Lasbrief vir eksekusie is op 12 Mei 2015 deur die landdroshof uitgereik. Op grond hiervan het die balju op 11 Junie 2015 op ’n motorvoertuig wat die eiendom van die respondent was, beslag gelê. Die balju het egter nie op daardie stadium die voertuig verwyder nie en die beslaglegging was gevolglik nie voltooi nie.11 Op 23 September 2015 het die balju weer die perseel van die respondent besoek met die doel om die inbeslaggenome voertuig te verwyder. Dit was egter nie moontlik om die voertuig te verwyder nie, omdat dit nie meer in die respondent se besit was nie en ook buite die jurisdiksie van die Potchefstroomse balju was. Op 13 Junie 2016 het die balju ’n verdere poging aangewend om die voertuig te verwyder, maar kon weer eens nie daarin slaag nie. Hy kon ook nie daarin slaag om op enige ander bate beslag te lê nie.12 Die balju het gevolglik ’n nulla bona-relaas uitgereik, waarin hy die volgende verklaar:13

Verder word hiermee gesertifiseer dat daar van RESPONDENT ... betaling en kostes geëis is, ten voldoening van hierdie lasbrief. RESPONDENT het my egter meegedeel dat hy geen geld of verhandelbare bates besit om inter alia genoemde lasbrief of gedeelte daarvan te voldoen nie. Geen roerende goedere / vervreembare bates is aan my uitgewys of kon deur my gevind word na sorgvuldige soektog en navrae by die gewese adres nie. Dus is my relaas een van Nulla Bona.

2.2 Uitspraak en ratio

2.2.1 Vonnis van die onderhoudshof

Volgens waarnemende regter Maakane is die feit dat die vonnis van die onderhoudshof tot op datum nie bevredig was nie, belangrik.14 Ook van belang is die feit dat die vonnis nooit deur die respondent aangeveg was nie. Die vonnis staan dus.15 Regter Maakane verwys na die volgende opmerking van regter Roper in Behrman v Sideris:16 

The ordinary rule, however, is that the judgment stands and must be recognised as valid until it is set aside by the Court ... I am obliged, therefore, to regard the judgment debt as a valid one and the applicant as having a valid claim as a judgment creditor.

2.2.2 Daad van insolvensie en/of feitelike insolvensie

Die applikant het aangevoer dat die respondent ’n daad van insolvensie ingevolge artikel 8(b) begaan het.17 Artikel 8(b) lui:

’n Skuldenaar begaan ’n daad van insolvensie–

(b) as ’n hof ’n vonnis teen hom gevel het en hy in gebreke bly om, op verlange van die beamptes belas met die tenuitvoerlegging van die vonnis, aan die vonnis te voldoen of om aan daardie beampte vervreembare goed aan te wys wat voldoende is om aan die vonnis te voldoen of as uit die relaas van daardie beampte blyk dat hy nie genoeg vervreembare goed gevind het nie om aan die vonnis te voldoen. 

Regter Maakane wys daarop dat die balju nie enige bates kon vind om aan die vonnis te voldoen nie en dat die respondent die balju ook meegedeel het dat hy nie geld of enige ander bates besit om aan die vonnis te voldoen nie. Gevolglik het die balju op 10 Junie 2016 ’n nulla bona-relaas uitgereik.18

Benewens die vonnis het die respondent onder eed erken dat hy ’n bedrag van ongeveer R183 000 aan die applikant verskuldig was en dat hy eers na ontvangs van ’n belastingterugbetaling van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens ’n betaling sou kon maak.19 Die applikant het aangevoer dat hierdie erkenning onder eed op sigself voldoende bewys is van die respondent se onvermoë om die vermelde bedrag te betaal. Verder, so is geredeneer, maak die erkenning ’n verdere daad van insolvensie ingevolge die wet uit, wat die verlening van ’n voorlopige sekwestrasiebevel regverdig.20 Alhoewel die regter nie na die toepaslike wetsartikel verwys nie, blyk dit dat die applikant na die daad van insolvensie ingevolge artikel 8(g) verwys.21 

Namens die respondent is aangevoer dat hy nie insolvent is nie en dat die applikant se saak op blote spekulasie gegrond is. Daar is verder aangevoer dat die respondent op 12 Mei 2015 roerende bates ter waarde van ongeveer R50 000 ter voldoening aan die vonnis uitgewys het.22 

Met verwysing na die feitelike agtergrond van die saak, en in besonder die balju se verduideliking op 13 Junie 2016, bevind die hof dat dit duidelik is dat die respondent nie in staat is om aan die vonnis van die onderhoudshof te voldoen nie.23 Op grond van sy eie weergawe en sy erkenning onder eed is hy boonop duidelik nie in staat om die bedrag van R183 000 wat hy erken aan die applikant verskuldig is, te betaal nie. Regter Maakane verwys na De Waardt v Andrew and Thienhaus Ltd24 en haal regter Innes se volgende opmerking aan:25

Now, when a man commits an act of insolvency he must expect his estate to be sequestrated. The matter is not sprung upon him ... Of course, the Court has a large discretion in regard to making the rule absolute; and in exercising that discretion the condition of a man’s assets and his general financial position will be important elements to be considered. Speaking for myself, I always look with great suspicion upon, and examine very narrowly, the position of a debtor who says, “I am sorry that I cannot pay my creditor, but my assets far exceed my liabilities.” To my mind the best proof of solvency is that a man should pay his debts; and therefore I always examine in a critical spirit the case of a man who does not pay what he owes.

Volgens regter Maakane is bostaande uittreksel ’n direkte antwoord op die saak wat voor hom is. Volgens hom is dit duidelik dat die respondent, ten spyte van sy redenasie dat hy solvent is, doodeenvoudig nie kan betaal wat hy verskuldig is nie. Die respondent se redenasie blyk te wees dat hy uiteindelik sal betaal. Volgens die hof is dit egter net nie goed genoeg nie. 26

Met inagneming van al die bogenoemde oorwegings kom die hof derhalwe tot die gevolgtrekking dat die respondent ’n daad van insolvensie ingevolge artikel 8 van die Insolvensiewet begaan het en dat hy insolvent is.27

2.2.3 Voordeel vir skuldeisers

Daar is namens die respondent aangevoer dat sekwestrasie nie tot voordeel van skuldeisers sal wees nie. Die redenasie is hoofsaaklik gegrond op die feit dat die respondent sedert 21 November 2016 aan skuldhersiening onderhewig was.28 Daar is egter namens die respondent toegegee dat slegs twee of drie skuldeisers, wat betalings ingevolge die reëling ontvang het, by die skuldhersiening baat gevind het. Dit is gemene saak dat geen betaling met betrekking tot die vonnis van die onderhoudshof of die bedrag van R183 000 gemaak is nie. Die respondent het erken dat hierdie bedrae as agterstallige onderhoud verskuldig was.29 Volgens die hof wou dit voorkom of die respondent van mening was dat hy toegelaat moet word om eers al sy skuld ingevolge die skuldhersieningreëling te vereffen en dat hy eers daarna maandelikse betalings aan die applikant met betrekking tot die bedrae wat ingevolge die onderhoudsbevel verskuldig is, sal maak. Ongelukkig was die respondent nie in staat om aan te dui hoe lank dit sou neem nie. Volgens die hof is dit egter duidelik dat sodanige oefening jare sou neem.30 Die hof wys daarop dat die respondent erken het dat die applikant nie betalings ingevolge die skuldhersieningreëling ontvang het nie en dat die respondent geen onderhoudsbetalings gemaak het nie. Dit was gemene saak dat die laaste betaling gedurende Oktober 2014 gemaak is.31 Daar is namens die applikant aangevoer dat enige reëling ingevolge waarvan die respondent eers ander skuldeisers moet betaal alvorens hy die uitstaande onderhoudskuld (wat maandeliks met R7 000 toeneem) moet betaal, nie tot voordeel van die skuldeisers kan wees nie.32 Met inagneming van al die bogenoemde feite bevind die hof dat hy tevrede is dat daar rede is om te glo dat sekwestrasie tot voordeel van die respondent se skuldeisers sal wees.33

2.2.4 Facta probanda en diskresie van die hof

Volgens regter Maakane is die eerste oorweging by aansoeke om voorlopige sekwestrasie of die applikant ’n prima facie-saak daargestel het deur die drie facta probanda soos uiteengesit in die Insolvensiewet te bewys, naamlik:34 

  • dat die applikant ’n gelikwideerde vordering van minstens R100 teen die respondent het35
  • dat die skuldenaar ’n daad van insolvensie begaan het, of feitelik insolvent is; en
  • dat daar rede bestaan om te glo dat sekwestrasie tot voordeel van die skuldeisers sal wees.

Die regter wys daarop dat indien die hof na oorweging van bogenoemde tevrede is dat die facta probanda bewys is, die hof die bevoegdheid het, maar onder geen verpligting is nie, om die bevel vir die voorlopige sekwestrasie van die skuldenaar se boedel te verleen. Die hof beskik dus oor ’n diskresie. Die diskresie moet geregtelik en met inagneming van sowel alle feite as die algemene geskiedenis en omstandighede van die saak uitgeoefen word.36

Regter Maakane kom tot die gevolgtrekking dat daar geen omstandighede en/of oorwegings is op grond waarvan die gevraagde regshulp geweier moet word nie, en beslis derhalwe dat die applikant op ’n bevel vir die voorlopige sekwestrasie van die respondent se boedel geregtig is.37 Daar word bevind dat die facta probanda bewys is, deurdat prima facie, die applikant ’n gelikwideerde vordering van nie minder nie as R100 het, die respondent ’n daad van insolvensie ingevolge artikel 8(b) begaan het38 en daar rede bestaan om te glo39 dat sekwestrasie tot voordeel van die skuldeisers sal wees.40

Ten slotte maak die hof die volgende bevel:41

  • dat die respondent se boedel onder voorlopige sekwestrasie geplaas word; en
  • dat die respondent en enige ander party wat wil verhoed dat sodanige bevel finaal gemaak word, opgeroep word om redes aan te voer waarom die finale sekwestrasiebevel nie verleen moet word nie.42

 

3. Sekwestrasie – gepaste verrigtinge om ’n onderhoudseis af te dwing?

3.1 Sekwestrasie as skuldinvorderingsinstrument

’n Insolvent se onderhoudsverpligting jeens ’n afhanklike word nie deur die sekwestrasie van sy insolvente boedel beëindig nie en gaan ook nie op sy kurator oor nie.43 Onderhoudskuld wat na sekwestrasie verskuldig word, kan egter nie van die insolvente boedel gevorder word nie en moet deur middel van ’n regsgeding teen die insolvent persoonlik afgedwing word.44 Agterstallige onderhoud wat reeds ten tye van sekwestrasie verskuldig was en wat uit hoofde van ’n ooreenkoms of ’n hofbevel voortspruit, kan egter as ’n eis teen die insolvente boedel bewys word. Laasgenoemde is egter onderworpe aan die kurator se reg om sodanige ooreenkoms of bevel aan te veg.45 Die insolvente boedel is dus vir die agterstallige onderhoud aanspreeklik en dit kan nie van die insolvent persoonlik gevorder word nie.46 

Soos blyk uit die beslissing in LMV, kan ’n eis vir agterstallige onderhoud die eerste vereiste factum probandum ingevolge artikel 10 van die Insolvensiewet bevredig,47 naamlik dat die applikant in ’n aansoek om voorlopige sekwestrasie ’n gelikwideerde vordering teen die insolvente boedel moet hê.48 Verder het die vonnis van die landdroshof en die feit dat die respondent in gebreke gebly het om daaraan te voldoen of bates uit te wys om daaraan te voldoen met die gevolg dat die balju ’n nulla bona-relaas ingedien het, ’n daad van insolvensie ingevolge artikel 8(b) van die wet uitgemaak en derhalwe die tweede facta probanda ingevolge artikel 10 bevredig.49

Dit blyk dat die applikant in LMV gedwonge sekwestrasieverrigtinge aanhangig gemaak het ten einde haar eis vir agterstallige onderhoud af te dwing.50 Die Hoogste Hof van Appèl51 het bevestig dat gedwonge sekwestrasie nie skuldafdwinging ingevolge die Kredietwet uitmaak nie en dat artikel 88(3), wat vir ’n moratorium op skuldafdwinging voorsiening maak, derhalwe nie ’n struikelblok daarstel in die weg van skuldeisers wat die gedwonge sekwestrasieproses as ’n skuldinvorderingsinstrument wil gebruik nie. In die praktyk, soos ook in LMV die geval was, word die sekwestrasieproses gereeld gebruik om sodanige gevolge van skuldhersiening te systap.52 

Alhoewel die ware doel van die sekwestrasieproses nie is om ’n skuld af te dwing nie,53 is daar egter niks wat ’n skuldeiser verhoed om sekwestrasieverrigtinge te gebruik om ’n skuld in te vorder nie. Wat betref die feite in LMV, is die volgende opmerking van die hof in Estate Logie v Priest54 gepas:

[I]t is perfectly legitimate for a creditor to take insolvency proceedings against a debtor for the purpose of obtaining payment of his debt. In truth that is the motive by which persons as a rule are actuated in claiming sequestration orders. They are not influenced by altruistic considerations or regard for the benefit of other creditors, who are able to look after themselves. What they want is payment of their debt, or as much of it as they can get.

Die hof sal egter nie ’n sekwestrasiebevel verleen waar die oorwegende doel met die aansoek nie ’n bona fide-poging is om die sekwestrasie van die respondent se boedel te bewerkstellig nie, maar eerder vir ander bedekte beweegredes gebring word.55 In MG v KG56 byvoorbeeld het die applikant ’n aansoek gebring, nie met die doel om die sekwestrasie van haar man se boedel te bewerkstellig nie, maar om druk op hom uit te oefen om ’n skikking met betrekking tot hul egskeiding op haar voorwaardes te bewerkstellig.57 Die hof het beslis dat die aansoek vir ’n bedekte beweegrede gebring was en dat dit derhalwe as ’n misbruik van proses van die hand gewys moes word.58

3.2 Voordeel vir skuldeisers 

Alhoewel dit ’n skuldeiser vry staan om sekwestrasie as ’n skuldinvorderingsinstrument te gebruik, moet die applikant in ’n aansoek om voorlopige sekwestrasie steeds bewys dat daar prima facie-rede bestaan om aan te neem dat dit tot voordeel van die respondent se skuldeisers sal strek as sy boedel gesekwestreer word.59 Dit is belangrik om daarop te let dat die begrip “skuldeisers” in die frase “voordeel vir skuldeisers” nie op al die skuldeisers of slegs een skuldeiser betrekking het nie, maar dat dit eerder op die algemene liggaam van skuldeisers slaan.60

Sekwestrasie het tot gevolg dat ’n concursus creditorum tot stand kom.61 Laasgenoemde word as die sleutelbeginsel van die Suid-Afrikaanse insolvensiereg beskou.62 Die daarstelling van ’n concursus creditorum behels dat die regte van die skuldeisers as ’n groep voorkeur bo dié van die individuele skuldeisers geniet.63 In Walker v Syfret, die locus classicus met betrekking tot die begrip concursus creditorum, verduidelik die hof hierdie regsbeginsel soos volg:64 

The object of the [Insolvency Act] is to ensure a due distribution of assets among creditors in the order of their preference ... The sequestration order crystallises the insolvent’s position; the hand of the law is laid upon the estate, and at once the rights of the general body of creditors have to be taken into consideration. No transaction can thereafter be entered into with regard to estate matters by a single creditor to the prejudice of the general body. The claim of each creditor must be dealt with as it existed at the issue of the order.

Swart65 doen aan die hand dat daar met die voordeelvereiste getoets word of sekwestrasie voordeel vir die groep tot gevolg sal hê, ongeag welke elemente in die groep bevoordeel of benadeel word. In Stainer v Estate Bukes66 verklaar die hof soos volg:

The important factor, however, in deciding whether sequestration will be to the advantage of creditors is in my opinion, not whether the majority in number or value will benefit, but whether the creditors taken as a whole will benefit.67 

So beskou, stel die voordeel-vir-skuldeisers-vereiste die hof in staat om vas te stel of die toepassing van die sekwestrasieproses koste-effektief sal wees.68 In LMV het die hof sy bevinding dat voordeel bewys is, gegrond op die blote feit dat slegs enkele skuldeisers betalings ingevolge die skuldhersieningsooreenkoms ontvang het, terwyl die applikant geensins daarby gebaat het nie.69 Dit is egter nie duidelik wie die respondent se ander skuldeisers was nie, of wie die ander skuldeisers was wat nie skuldeisers ingevolge kredietooreenkomste was nie.70 Dit is ook nie duidelik wat die grootte van hul eise in vergelyking met dié van die applikant was nie en ook nie of die toepassing van die sekwestrasieproses noodwendig tot voordeel van die groep skuldeisers sou strek en derhalwe koste-effektief sou wees nie.

Wat betref die begrip “voordeel” in die frase “voordeel vir skuldeisers”, bevat die Insolvensiewet nie enige spesifieke riglyne nie en is mens dus weer eens aangewese op die beginsels wat uit regspraak gekristalliseer het.71

Die blote feit dat ’n daad van insolvensie begaan is, beteken nie noodwendig dat daar voordeel is nie. Sekere dade, soos ’n vervreemding van bates wat skuldeisers benadeel of die een bo die ander bevoordeel,72 kan op voordeel dui, omdat dit moontlik ’n insolvensie-ondersoek om bates tot voordeel van die skuldeisers bloot te lê, regverdig.73 ’n Daad van insolvensie na aanleiding van die indiening van ’n nulla bona-relaas ingevolge artikel 8(b) van die Insolvensiewet, soos wat in LMV die geval was, sal egter nie op sigself op enige voordeel dui nie en sal waarskynlik eerder ’n aanduiding wees dat daar geen bates vir verdeling onder die skuldeisers beskikbaar is nie.74 

’n Belangrike oorweging met betrekking tot die voordeelvereiste is uiteraard of daar bates in die insolvente boedel sal wees, of ten minste ’n vooruitsig dat ’n ondervraging ingevolge die wet tot gevolg sal hê dat bates tot voordeel van skuldeisers blootgelê of gevind sal word.75 In Stratford v Investec Bank Ltd76 beslis die Konstitusionele Hof dat ’n hof die bevoegdheid het om ’n sekwestrasiebevel te verleen (ongeag of dit ’n voorlopige of finale bevel is) indien daar rede bestaan om te glo dat dit tot voordeel van skuldeisers sal strek indien die skuldenaar se boedel gesekwestreer word.77 Die hof beslis met verwysing na Meskin and Co v Friedman78 dat “voordeel vir skuldeisers” uitgelê moet word as ’n redelike vooruitsig dat een of ander finansiële voordeel uiteindelik vir skuldeisers beskikbaar sal wees.79 Die hof wys daarop dat die begrip wyd is en nie onbuigsaam gemaak moet word nie.80 Met verwysing na Meskin81 beklemtoon die hof verder dat ’n vereiste met betrekking tot die grootte van die dividend,82 veral in die konteks van ’n vyandige sekwestrasie waar daar baie skuldeisers kan wees, nie van nut is nie.83 Die howe moet dus eerder hul onafhanklike diskresie uitoefen.84 Die hof verduidelik soos volg:85

The correct approach in evaluating advantage to creditors is for a court to exercise its discretion guided by the dicta outlined in Friedman. For example, it is up to a court to assess whether the sequestration will result in some payment to the creditors as a body; that there is a substantial estate from which the creditors cannot get payment, except through sequestration; or that some pecuniary benefit will redound to the creditors. 

Die term “voordeel” in die frase “voordeel vir skuldeisers” toets derhalwe ook of toepassing van sekwestrasieverrigtinge koste-effektief uit die oogpunt van die groep skuldeisers sou wees. Daar moet na die kollektiewe prosedure van die insolvensiereg oorgeskakel word slegs indien dit meer voordele vir die skuldeisers as ’n groep inhou.86 Sekwestrasie is ’n duur proses, omdat dit by die Hoë Hof aanhangig gemaak moet word87 en ’n sekwestrasiebevel deur ’n ingewikkelde en duur beredderingsproses gevolg word.88 Indien dit agterna sou blyk dat daar nie voldoende bates in die vrye oorskot sal wees om minstens die sekwestrasiekoste te dek nie, sal daar duidelik nie voordeel wees nie.89 Skuldeisers moet dus beter af wees in sekwestrasie as wat andersins die geval sou wees.90 Soos reeds vermeld, beslis die hof in LMV dat sekwestrasie tot voordeel van die skuldeisers sou wees. Die hof baseer sy uitspraak op die blote feit dat slegs enkele skuldeisers betalings ingevolge die skuldhersieningsreëling ontvang het, terwyl die applikant geensins daarby gebaat het nie.91 Die vraag of die toepassing van die duur sekwestrasieproses geregverdig is, is glad nie oorweeg nie en dit is dus nie duidelik of sekwestrasieverrigtinge in LMV tot voordeel van die groep skuldeisers en derhalwe waarlik koste-effektief sou wees nie. Nietemin, die hof het uiteindelik ’n voorlopige sekwestrasiebevel verleen en die vraag wat vervolgens beantwoord moet word, is watter gevolge sekwestrasie van die respondent se boedel vir die applikant sou inhou.

3.3 Gevolge van sekwestrasie

Die Insolvensiewet maak vir onderhoudstoelae aan die insolvent en sy gesin voorsiening.92 Ingevolge artikel 79 kan die kurator met die toestemming van die Meester te eniger tyd voor die tweede vergadering van skuldeisers ’n bedrag geld of goedere van die insolvente boedel wat na sy mening vir die onderhoud van die insolvent en sy afhanklikes nodig is, toestaan.93 Die bedrag of goedere wat toegestaan word, is in die kurator se diskresie en die insolvent en sy afhanklikes het nie enige regte in hierdie verband nie.94

Soos reeds vermeld, kan agterstallige onderhoud wat reeds ten tye van sekwestrasie verskuldig was en uit hoofde van ’n ooreenkoms of ’n hofbevel voortspruit as ’n eis teen die insolvente boedel bewys word.95 Die applikant in LMV se eis vir agterstallige onderhoud sou egter slegs as ’n konkurrente eis teen die insolvente boedel kwalifiseer.96 Indien die balju die motorvoertuig verwyder het en die beslaglegging ter uitvoering van die vonnis dus voltooid was, sou die applikant ’n geregtelike pand oor die bate gevestig het. Dit sou tot gevolg gehad het dat sy as ’n versekerde skuldeiser sou kwalifiseer. Dit is egter belangrik om daarop te let dat sekwestrasie van die respondent (vonnisskuldenaar) se boedel tot gevolg sou gehad het dat die geregtelike pand wegval.97 Die applikant sou dus buitendien slegs ’n konkurrente eis teen die respondent se insolvente boedel gehad het.98

Konkurrente skuldeisers word uit die vrye oorskot vergoed,99 dit wil sê uit die opbrengs van die onbeswaarde bates en surplusse uit die opbrengs van beswaarde bates nadat versekerde skuldeisers vergoed is, maar eers nadat al die sogenaamde statutêr preferente skuldeisers100 betaal is.101 Volgens die nuutste voorstelle van die Suid-Afrikaanse Regskommissie word agterstallige onderhoud wat ingevolge ’n hofbevel deur die insolvent ten tye van sekwestrasie van die insolvente boedel verskuldig is, as ’n voorkeureis beskou.102 In teenstelling met wat die geval in sommige ander stelsels is,103 geniet agterstallige onderhoudseise tans egter geen voorkeurbehandeling nie.

Soos reeds vermeld, behoort sekwestrasieverrigtinge slegs aanhangig gemaak te word indien daar genoegsame bates in die vrye oorskot is om minstens die sekwestrasiekoste te delg.104 Dit is nie duidelik of dit wel die geval in LMV was nie. Uitsluitsel oor hierdie kwessie is egter belangrik, aangesien skuldeisers van ’n insolvente boedel vir kontribusie aanspreeklik gehou kan word indien daar uiteindelik geen of onvoldoende vrye oorskot is om die koste van sekwestrasie te betaal nie.105 Konkurrente skuldeisers wat eise teen die insolvente boedel bewys het, is pro rata met verwysing na die bedrag van hul vorderings vir kontribusie aanspreeklik.106 Die applikant in LMV sou egter as die sogenaamde petisionerende skuldeiser vir kontribusie aanspreeklik gewees het indien daar onvoldoende vrye oorskot was om die sekwestrasiekoste te dek – selfs waar sy uiteindelik nie ’n eis teen die insolvente boedel van die respondent bewys het nie.107 Ingevolge artikel 14(3) van die Insolvensiewet is die petisionerende skuldeiser aanspreeklik om nie minder in te betaal as wat hy sou moes betaal as hy die vordering wat in sy aansoek vermeld is, bewys het nie.108 Die applikant in LMV sou dus pro rata, tesame met die ander skuldeisers wat eise teen die insolvente boedel bewys het, kontribusiepligtig wees indien daar onvoldoende vrye oorskot sou wees om die sekwestrasiekoste te dek. Die applikant se verpligting sou met verwysing na haar eis van ongeveer R45 000 bereken word.

’n Verdere kwessie wat die applikant in gedagte moes hou, is die feit dat die respondent na verstryking van ’n voorgeskrewe tydperk na sekwestrasie om sy rehabilitasie aansoek kan doen.109 So byvoorbeeld, indien geen vorderings teen die insolvente boedel bewys is nie (wat in die praktyk dikwels die geval is waar daar geen bates in die boedel is nie en daar dus ’n gevaar van kontribusiepligtigheid bestaan),110 mag die insolvent reeds na verstryking van ’n tydperk van ses maande na die sekwestrasie van sy boedel om sy rehabilitasie aansoek doen.111 Die verlening van ’n rehabilitasiebevel is uiteraard ’n aangeleentheid wat in die diskresie van die hof berus.112 Die hof moet oortuig wees dat die insolvent ’n les uit sy insolvensie geleer het.113 Die insolvent is dus nie op rehabilitasie geregtig nie en die hof het ’n diskresie om die aansoek toe te staan, voorwaardelik toe te staan of te weier.114 Dit is verder belangrik dat die applikant kennis neem dat sy haar teen die toestaan van die aansoek kan verset en derhalwe feite voor die hof kan plaas wat die hof sou oortuig om die bevel te weier115 of voorwaardelik toe te staan.116 Ingevolge die wet kan die hof enige voorwaarde wat hy wenslik ag, neerlê.117 ’n Voorwaarde wat dikwels opgelê word, is dat die insolvent die kontribusie moet terugbetaal wat skuldeisers moes betaal het.118 Ingevolge regspraak kan ’n hof egter nie ’n voorwaarde oplê ingevolge waarvan een skuldeiser tot uitsluiting van die ander skuldeisers betaal word nie. So ’n voorwaarde sou in stryd met die concursus creditorum-beginsel wees, naamlik dat skuldeisers gelyk behandel moet word en een nie bo die ander bevoordeel mag word nie.119 Hiervolgens sou die applikant in LMV dus nie daarop aanspraak kon maak dat die agterstallige onderhoudskuld aan haar betaal word tensy ander skuldeisers ook betaling sou ontvang nie.

Ingevolge artikel 127(4) is die hof by magte om te beveel dat ’n skuld sy volle regsgeldigheid behou en dus, nieteenstaande die verlening van ’n rehabilitasiebevel, nie as gedelg beskou word nie. Sodanige bevel kan egter verleen slegs word indien die hof die rehabilitasiebevel ingevolge artikel 124(1) toegestaan het.120 Ingevolge laasgenoemde bepaling kan die insolvent die hof om sy rehabilitasie nader onmiddellik nadat hy ’n akkoord met sy skuldeisers bereik het en ’n sertifikaat van die Meester bekom het waaruit dit blyk dat betaling van nie minder nie as 50 sent in die rand aan skuldeisers betaal is.121 Dit blyk dus dat die hof nie die bevoegdheid ingevolge artikel 127(4) het om ’n skuld van ’n kwytskelding uit te sluit waar die rehabilitasie op enige van die ander gronde in artikel 124 vermeld, verleen word nie.122 Die agterstallige onderhoud verskuldig aan die applikant in LMV sou dus slegs van ’n kwytskelding uitgesluit kon word indien die rehabilitasie-aansoek ingevolge artikel 124(1) gebring is.

Indien die respondent in LMV nie na sekwestrasie vir sy rehabilitasie aansoek doen nie, sal hy na verstryking van 10 jaar vanaf datum van sekwestrasie geag word gerehabiliteer te wees.123 Die applikant moet in gedagte hou dat rehabilitasie na ’n hofbevel of outomaties na verstryking van 10 jaar tot gevolg het dat alle skuld van die insolvent wat voor sekwestrasie verskuldig was, of waarvan die oorsaak voor sekwestrasie ontstaan het, gedelg word.124 Sodanige skuldkwytskelding sal enige agterstallige onderhoud wat aan die applikant verskuldig is, insluit. In teenstelling met VSA-insolvensiewetgewing,125 wat ’n uitgebreide lys van skuld bevat wat uitdruklik van ’n kwytskelding uitgesluit word,126 word slegs enkele skulde deur die Suid-Afrikaanse Insolvensiewet uitgesluit. Slegs skuld wat uit die insolvent se bedrog ontstaan het, of ’n verpligting om ’n boete te betaal, of die insolvent se strafbaarheid ingevolge ’n bepaling van die Insolvensiewet word spesifiek uitgesluit.127

Dit is belangrik om daarop te let dat die aansoek in LMV ’n aansoek om voorlopige sekwestrasie was. Die wet vereis dat die hof, waar dit ’n voorlopige bevel verleen, terselfdertyd ’n bevel nisi moet uitvaardig ingevolge waarvan die skuldenaar aangesê word om op ’n dag wat in die bevel aangedui word, voor die hof te verskyn en redes aan te voer waarom sy boedel nie finaal gesekwestreer behoort te word nie.128 Alhoewel ’n voorlopige bevel dieselfde insolvensiebeperkings en -onbevoegdhede as ’n finale bevel tot gevolg het,129 het dit slegs tot en met die keerdatum werking.130 Die beredderingsproses neem normaalweg eers na aanstelling van die finale kurator ’n aanvang.131 Dit is nie duidelik wat die verdere verloop van die saak na verlening van die voorlopige bevel behels het nie en of die applikant in LMV wel op die keerdatum voor die hof verskyn het om die voorlopige bevel te bevestig en finaal te maak nie.132 Soos hier bo vermeld, het die respondent die aansoek vir voorlopige sekwestrasie geopponeer en het hy duidelik nie genoeë geneem met die feit dat daar vir die sekwestrasie van sy boedel aansoek gedoen is nie. Alhoewel daar geen rede is om aan te neem dat die applikant die proses misbruik het nie, het sy heel waarskynlik die sekwestrasieproses gebruik om die respondent tot betaling te dwing en nie noodwendig om die sekwestrasie van haar voormalige man se boedel te bewerkstellig nie.133 Moontlik het die voorlopige bevel die gewenste uitwerking gehad en het die respondent sy onderhoudsverpligtinge nagekom of is ’n ooreenkoms met die applikant aangegaan ten einde die finale sekwestrasie van sy boedel te vermy. Indien ’n finale bevel egter verleen is, is dit nie duidelik of die applikant besef watter gevolge ’n finale sekwestrasiebevel vir haar inhou en dat dit moontlik nie die gepaste verrigtinge is om haar onderhoudseis mee af te dwing nie. Soos hier bo verduidelik, sal sy bloot ’n konkurrente eis hê. Sy sal boonop moontlik kontribusiepligtig wees indien die vrye oorskot onvoldoende is om die sekwestrasiekoste te dek. Die ironie is verder dat die applikant die respondent eintlik ’n groot guns bewys het deur sekwestrasieverrigtinge aanhangig te maak. Soos hier bo verduidelik, sou die respondent uiteindelik na sy rehabilitasie van die agterstallige onderhoudskuld ontslae kon raak.

Ten slotte moet daarop gewys word dat die skuldberader wat die skuldhersiening in LMV hanteer het, nie die riglyne nagekom het wat tans deur die Nasionale Kredietreguleerder met betrekking tot die skuldhersieningsproses voorgeskryf word nie. Die Kredietreguleerder het onlangs breedvoerige riglyne, die sogenaamde Debt Review Task Team Agreements (TTA), uitgereik wat onder andere voorsiening maak vir volledige riglyne wat die skuldberader in sy assessering van die skuldenaar se finansiële posisie bystaan en leiding gee.134 Ingevolge die TTA-riglyne word daar van die skuldberader verwag om in sy vasstelling van die skuldenaar se moontlike oorverskuldigheid135 asook in sy latere vasstelling met betrekking tot die skuldenaar se surplusinkomste wat uiteindelik vir terugbetaling ingevolge ’n skuldherskeduleringsbevel beskikbaar sal wees, die verbruiker se aanspreeklikheid vir onderhoud op grond van ’n hofbevel of ooreenkoms in berekening te bring.136 Dit wil voorkom of die applikant in LMV moontlik beter daaraan toe sou gewees het as die onderhoudskuld as deel van die skuldhersieningsproses betaal sou word. Ongelukkig bind die TTA-riglyne nie tans skuldberaders nie. Om die kwessie van niebindende riglyne aan te spreek, het die Departement van Handel en Nywerheid onlangs ’n besprekingsdokument vir kommentaar gepubliseer. Hiervolgens word onder andere voorgestel dat ’n nuwe regulasie 24A by die regulasies wat ingevolge artikel 171 van die Kredietwet uitgereik word, gevoeg word. Hierdie regulasie maak daarvoor voorsiening dat die Kredietreguleerder reëls met betrekking tot die skuldherskeduleringsproses kan voorskryf wat skuldberaders bind.137

 

4. Internasionale tendense

Die Wêreldbank wys daarop dat insolvensieverrigtinge ’n effektiewe kollektiewe skuldinvorderingsinstrument kan bied in soverre dit die verkwistende koste wat met veelvuldige individuele skuldinvorderingsaksies en gedwonge verkopings gepaard gaan, uitskakel.138 Hierdie beginsel het op die eerste hoofdoelwit van die insolvensiereg, die sogenaamde skuldinvorderingsdoelwit, betrekking. Dit is daarop gerig om die waarde van die boedelbates tot voordeel van die groep skuldeisers te vermeerder en sodoende terugbetalings aan skuldeisers te vergroot.139 

In die meeste stelsels word insolvensieverrigtinge bitter min deur skuldeisers aanhangig gemaak.140 Dit is omdat die moderne tendens die tweede hoofdoelwit van die insolvensiereg, naamlik die verlening van ’n sogenaamde fresh start (oftewel ’n vars begin), bo die skuldinvorderingsdoelwit verkies.141 Omdat skuldenaars meestal oor onvoldoende bates of inkomste beskik om betekenisvolle terugbetalings aan skuldeisers daar te stel, word verbruikersinsolvensiewetgewing deesdae deur die meeste regstelsels as ’n blote sosialeversekeringsmeganisme beskou.142

Die varsbegin-doelwit behels die verlening van skuldverligting in die vorm van ’n skuldkwytskelding aan alle eerlike skuldenaars wat as gevolg van teenspoed insolvent geraak het.143 Vir die behoorlike rehabilitasie van die skuldenaar is dit verder belangrik dat soveel moontlik van die skuldenaar se skuld by die skuldkwytskelding ingesluit word.144 In teenstelling met die stand in die VSA, waar altesaam 19 kategorieë skuld uitdruklik van ’n kwytskelding uitgesluit word,145 verleen Europese stelsels ’n omvangryke kwytskelding sonder veel uitsonderings.146 In ooreenstemming met die moderne tendens om klem op die ekonomiese rehabilitasie147 van insolvente skuldenaars te plaas, ondersteun die Wêreldbankverslag die Europese benadering dat ’n omvangryke kwytskelding verleen moet word.148 Die gedagte is dat te veel uitsonderings ’n betekenisvolle rehabilitasie sal verhinder.149 Een van die min kategorieë skuld wat deurgaans uitgesluit word, is egter onderhoudskuld.150 Die beginsel is dat skuldenaars nie toegelaat moet word om hul mees fundamentele verantwoordelikheid jeens hul gesinne te vermy nie.151 ’n Uitsondering is die Duitse stelsel, ingevolge waarvan onderhoudseise, insluitend onderhoudseise van minderjarige kinders, nie van ’n kwytskelding uitgesluit word nie. Die regte van die skuldenaar geniet dus voorkeur bo dié van sy minderjarige kinders.152 Trendelenburg153 doen aan die hand dat die kwytskelding van onderhoudseise van minderjarige kinders ’n oortreding van sekere van die bepalings van die Duitse Grondwet (Grundgesetz)154 daarstel, met ander woorde dat dit dus ongrondwetlik is.155

Die uitsluiting van sekere skuld van ’n kwytskelding spruit onder andere voort uit die beginsel dat sodanige kwytskelding ’n onregverdige voordeel vir die skuldenaar of ’n onregverdige las vir die skuldeiser sal veroorsaak.156 In die verlede het VSA-insolvensiewetgewing ’n duidelike onderskeid gemaak tussen onderhoudsverpligtinge (support obligations) en skuld wat uit ’n skikking met betrekking tot eiendom voortspruit (property settlement debts).157 Eersgenoemde is nog altyd van ’n kwytskelding uitgesluit, maar die kwytskelding van laasgenoemde, indien dit nie as huishoudelike-onderhoudsverpligtinge (domestic support obligation) gekwalifiseer het nie, het van twee faktore afgehang. Hierdie faktore is eerstens die skuldenaar se vermoë om te betaal en tweedens die relatiewe ellende wat die partye sou moes verduur indien die skuld kwytgeskeld word.158 In 2005159 is hierdie opweging-van-belange-toets uit wetgewing geskrap en sedertdien is alle huishoudelike verpligtinge, dit wil sê alle skulde wat uit ’n egskeiding of ander skeidingsooreenkoms voortspruit en wat met die verdeling van gesinsbates handel,160 nie vir ’n kwytskelding vatbaar in gevalle waar die aansoek ingevolge hoofstuk 7 (die likwidasieproses van die Amerikaanse Code)161 gebring word nie.162

Artikel 523(a)(5) van die Code bepaal dat enige skuld met betrekking tot ’n huishoudelike-onderhoudsverpligting van ’n kwytskelding uitgesluit word. Die doel met die bepaling is om die onderhoudsverpligting jeens afhanklikes wat deur egskeidings- en insolvensieverrigtinge kwesbaar gelaat is, te eerbiedig en terselfdertyd hul regte te beskerm.163 Sodoende geniet die reg van die afhanklike op onderhoud voorkeur bo dié van die skuldenaar om ’n vars begin te bekom.164 Die begrip domestic support obligations word wyd omskryf en sluit byna enige soort onderhoudsverpligting165 jeens die skuldenaar se gade, ’n vorige gade, die skuldenaar se kind, ’n ouer of voog of verantwoordelike familielid van die skuldenaar se kind, of selfs ’n regeringseenheid166 in.167 Die onderhoudsverpligting kwalifiseer om van ’n kwytskelding uitgesluit word indien dit op enige van die wye verskeidenheid wyses waarvoor die Code voorsiening maak, daargestel is.168 Dit sluit ’n skeidingsooreenkoms, egskeidingsbevel, skikkingsooreenkoms met betrekking tot eiendom, hofbevel of ’n bevel van enige ander regeringseenheid in.169 

Domestic support obligations sluit normaalweg ook in die skuldenaar se verpligting jeens sy of haar vorige gade se regsverteenwoordiger vir dienste wat aan die gade in verband met bovermelde aangeleenthede verleen is.170 Die redenasie lui dat sodanige skuld in werklikheid deur die skuldenaar aan die voormalige gade verskuldig is en dat die gade uiteindelik steeds vir betaling aanspreeklik sal wees indien die skuld kwytgeskeld word.171

Die vraag of ’n skuld as onderhoud beskou sal word, hang nie van die beskrywing daarvan in die egskeidingsbevel of skikkingsooreenkoms af nie, maar wel van ’n verskeidenheid van faktore, onder andere:172

  • Die bedoeling van die partye
  • Die partye se finansiële omstandighede en hulle relatiewe behoeftes
  • Of die verpligting by die ontvanger se dood of hertroue of by die meerderjarigwording van die kinders beëindig word of nie
  • Die aantal en gereeldheid van die skuldenaar se betalings
  • Of daar in die egskeidingsbevel van onderhoud afstand gedoen is of nie
  • Die beskikbaarheid van hofprosesse om die verpligting te wysig en af te dwing
  • Die inkomstebelastinghantering van die verpligting.

Artikel 523(a)(15) van die Code handel met ander skuldverpligtinge jeens ’n gade, voormalige gade of ’n kind wat uit ’n egskeiding of ander skeidingsooreenkoms voortspruit, maar wat nie as onderhoudsverpligtinge kwalifiseer nie.173 Soos reeds vermeld, is hierdie skuld sedert 2005 nie vir ’n kwytskelding vatbaar nie. Artikel 523(a)(15) staan as die property settlement bekend.174 ’n Voor-die-hand-liggende voorbeeld van dié tipe verpligtinge, waarmee dié subartikel handel, is waar die een gade ingevolge die partye se skikkingsooreenkoms geregtig is om die huis te behou, maar verplig is om die ander gade vir sy gemeenskaplike eiendomsreg in die eiendom te vergoed.175 Verder bepaal skikkingsooreenkomste dikwels dat die een gade vir spesifieke skuld wat uit die huwelik voortspruit, aanspreeklik is.176 Skuldeisers is egter nie aan sodanige onderlinge ooreenkomste gebonde nie en mag enigeen van die gades aanspreek.177 Hierdie tipe verpligtinge is nou ook ten volle van ’n kwytskelding uitgesluit, dus sonder die nodigheid om die skuldenaar se vermoë om te betaal of die relatiewe uitwerking op die ander gade in ag te neem.178 In hoofstuk 13-gevalle (die afbetalingsplanproses van die Code)179 word die onderskeid tussen support obligations en property settlement debts egter steeds gehandhaaf en word laasgenoemde dus na voltooiing van die afbetalingsplan kwytgeskeld.180 

Die identifisering van ’n eis as een vir huishoudelike-onderhoudsverpligtinge is verder belangrik omdat dit voorkeurbehandeling ingevolge die Code geniet.181 In hoofstuk 7-gevalle, mits daar voldoende fondse is om dit te betaal, geniet huishoudelike-onderhoudsverpligtinge voorkeur direk na betaling van die administratiewe uitgawes van die kurator.182 In hoofstuk 13-gevalle word sodanige verpligtinge ten volle gedurende die loop van die plan betaal.183

 

5. Gevolgtrekking

Die applikant in LMV se vrugtelose pogings om die onderhoudskuld met die gewone eksekusieprosedures in te vorder het haar genoop om sekwestrasieverrigtinge aanhangig te maak ten einde die skuld af te dwing. Soos hier bo verduidelik, was sekwestrasieverrigtinge egter nie noodwendig die gepaste regsmiddel om die skuld in te vorder nie. Ingevolge die Insolvensiewet sou die applikant se eis vir onderhoud as ’n blote konkurrente eis beskou word. Sodanige konkurrente eis sou egter nie veel beteken nie tensy daar voldoende bates in die insolvente boedel is om ’n betekenisvolle dividend vir skuldeisers daar te stel. Boonop, indien dit uiteindelik sou blyk dat daar onvoldoende vrye oorskot is om die sekwestrasiekoste te dek, sou die applikant kontribusiepligtig wees – selfs waar sy geen eis teen die insolvente boedel bewys het nie. Verder, indien die respondent met ’n aansoek om rehabilitasie sou slaag, of later, na verstryking van 10 jaar, geag gerehabiliteer te wees, sou die onderhoudskuld ingevolge die wet as gedelg beskou word.184 

Soos aangetoon is,185 sou die applikant moontlik beter daaraan toe gewees het indien die onderhoudskuld eerder deur middel van die skuldhersieningsproses betaal sou word. Die skuldberader het egter nie die skuldhersieningsriglyne toegepas ingevolge waarvan, onder andere, onderhoudskuld by die uiteindelike skuldherskedulering in berekening gebring moet word nie. Hoe ook al, die toepaslike riglyne bind tans nie skuldberaders nie.186 Die feite in LMV dui op die belangrikheid daarvan dat sodanige riglyne bindend teenoor skuldberaders moet wees. Daar word dus aan die hand gedoen dat die wetgewer hierdie kwessie moet aanspreek deur die voorstelle van die Departement van Handel en Nywerheid waarna hier bo verwys is,187 in werking te stel. Skuldberaders moet dus verplig word om aan reëls te voldoen wat met betrekking tot skuldherskedulering deur die Kredietreguleerder voorgeskryf word. 

Die voorkeurbehandeling wat onderhoudseise ingevolge VSA-wetgewing geniet, dien as ’n goeie voorbeeld vir Suid-Afrikaanse regshervormers. Daar word aan die hand gedoen dat onderhoudseise, in ooreenstemming met die Amerikaanse regsposisie, direk na die sekwestrasiekoste voorkeur moet geniet. Verder behoort daar ook nie, soos wat die Suid Afrikaanse Regskommissie voorgestel het,188 ’n beperking geplaas te word op die tydperk waarvoor onderhoud geëis mag word, of op die bedrag wat voorkeur geniet nie.

Dit is onaanvaarbaar dat skuldeisers wat eise vir agterstallige onderhoud teen ’n insolvente boedel het waar die vrye oorskot onvoldoende is om die sekwestrasiekoste te dek, kontribusiepligtig gehou kan word. Daar word aan die hand gedoen dat die wetgewer die Insolvensiewet moet wysig om skuldeisers wat vorderings vir agterstallige onderhoud het, van die verpligting te onthef om kontribusie te betaal. Verder moet die wetgewer, soos wat tans die geval met werknemers is wat vorderings vir agterstallige salaris of loon het, onderhoudsgeregtiges van die vereiste onthef om vorderings op die gewone wyse te bewys.189

In die lig van die moderne tendens om die rehabilitasiedoelwit van verbruikersinsolvensie te beklemtoon,190 asook die breër oogmerk van rehabilitasie, naamlik dat dit nie net ’n skuldkwytskelding behels nie, maar ook die skuldenaar se ekonomiese vermoë moet herstel, is ’n omvangryke kwytskelding duidelik belangrik.191 Dit is egter voor die hand liggend dat sodanige kwytskelding nie “sensitiewe” skuld, soos agterstallige onderhoud, kan insluit nie.192 Daar kan moontlik ook geredeneer word dat die kwytskelding van onderhoudseise deur Suid-Afrikaanse insolvensiewetgewing moontlik ’n inbreukmaking op sekere fundamentele menseregte daarstel en derhalwe ongrondwetlik is.193

Daar word aan die hand gedoen dat die Suid-Afrikaanse wetgewer, in ooreenstemming met die Amerikaanse voorbeeld, onderhoudskuld van ’n skuldkwytskelding moet uitsluit. Die wye toepassing van die Amerikaanse wetsbepaling met betrekking tot dié tipe skuld, die ontstaansbronne daarvan en die begunstigdes wat vir die uitsluiting kwalifiseer, is veral prysenswaardig. ’n Soortgelyke bepaling sal Suid-Afrikaanse insolvensiewetgewing, wat hierdie kwessie betref, in ooreenstemming met internasionale beste praktyke bring.

 

Bibliografie 

Bertelsmann, E., J. Calitz, E. de la Rey, R.G. Evans, A. Harris, M. Kelly-Louw, A. Loubser, M. Roestoff, A. Smith, L. Stander en L. Steyn. 2019. Mars: The law of insolvency in South Africa. Claremont: Juta.

Boraine, A. en M. Roestoff. 2014. Revisiting the state of consumer insolvency in South Africa after twenty years: The courts’ approach, international guidelines and an appeal for urgent reform (1). Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, 77(3):351–74.

Brits, R. 2016. Real security law. Kaapstad: Juta.

Burdette, D.A. 1993. Kontribusiepligtigheid van skuldeisers in insolvente boedels. De Rebus, November, ble. 1004–9.

─. 2000. New problems relating to contribution in insolvent estates. Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, 63(3):458–64. 

─. 2003. Contribution by creditors in insolvent estates – has section 89(2) of the Insolvency Act become obsolete? – Snyman v The Master 2003 1 SA 239 (T). Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, 66(3):521–30. 

Department of Trade and Industry. 2019. Discussion document: Proposed amendments to the National Credit Regulations made in terms of the National Credit Act. http://www.thedti.gov.za/invitations/Discussion_Document.pdf (29 September 2019 geraadpleeg). 

Evans, R.G. 2001. Friendly sequestrations, the abuse of the process of court, and possible solutions for overburdened debtors. South African Mercantile Law Journal, 13(4):485–508. 

Ferriell, J.T. en E.J. Janger. 2013 Understanding bankruptcy. New Providence, San Francisco: LexisNexis.

Howard, M. 1987. A theory of discharge in consumer bankruptcy. Ohio State Law Journal, 48(4):1047–88.

Howell, N. 2014. The fresh start goal of the Bankruptcy Act: Giving temporary reprieve or facilitating debtor rehabilitation. QUT Law Review, 14(3):29–52. 

INSOL International. 2001. Consumer debt report: Report of findings and recommendations. Londen: INSOL International.

Jackson, T.H. 1986. The logic and limits of bankruptcy law. Cambridge, Massachusetts en Londen: Harvard University Press.

Kilborn, J.J. 2010. Expert recommendations and the evolution of European best practices for the treatment of overindebtedness, 1984–2010. https://ssrn.com/abstract=1663108 (22 Oktober 2019 geraadpleeg).

Kilborn, J.J. en A. Walters. 2012. Involuntary bankruptcy as debt collection: Multi-jurisdictional lessons in choosing the right tool for the job. Chicago-Kent College of Law Research Paper No. 2012-15. https://ssrn.com/abstract=2171441 (21 Oktober 2019 geraadpleeg). 

Meskin, P.M., A. Boraine, J.A. Kunst en D.A. Burdette. 1990. Insolvency law. Durban: LexisNexis. 

National Credit Regulator (NCR). 2015. Circular 02 of 2015 – Debt review task team agreements of 2010 guidelines https://www.ncr.org.za/documents/pages/circulars/jan2015/Debt%20Review%20Task%20Team%20Agreements.pdf (29 September 2019 geraadpleeg).

Reifner, U., J. Kiesilainen, N. Huls en H. Springeneer. 2003. Consumer overindebtedness and consumer law in the European Union. Final report presented by the Institute for Financial Services e. V. to the Commission of the European Communities, Health and Consumer Protection Directorate-General. http://www.knl.lv/raksti_data/1147/parskats_ES_2003.pdf (22 Oktober 2019 geraadpleeg).

Roestoff, M. 2002. ’n Kritiese evaluasie van skuldverligtingsmaatreëls vir individue in die Suid-Afrikaanse insolvensiereg. LLD-proefskrif, Universiteit van Pretoria.

—. 2016. Rehabilitasie in die Suid-Afrikaanse verbruikersinsolvensiereg: Internasionale tendense en riglyne. LitNet Akademies, 13(2):594–648. https://www.litnet.co.za/rehabilitasie-die-suid-afrikaanse-verbruikersinsolvensiereg-internasionale-tendense-en-riglyne (5 Desember 2019 geraadpleeg). 

—. 2018a. Rehabilitation of an insolvent and advantage to creditors under the Insolvency Act 24 of 1936 – Ex parte Purdon 2014 JDR 0115 (GNP). Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, 81(2):306–16. 

─. 2018b. Insolvency restrictions, disabilities and disqualifications in South African consumer insolvency law: A legal comparative perspective. Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, 81(3):393–417. 

Roestoff, M. en H. Coetzee. 2012. Consumer debt relief in South Africa; lessons from America and England; and suggestions for the way forward. South African Mercantile Law Journal, 24(1):53–76.

—. 2017. Debt relief for South African NINA debtors and what can be learned from the European approach. The Comparative and International Law Journal of Southern Africa, L(2):251–74.

Roestoff, M. en T. Joubert. 2019. Liability of a body corporate as applicant creditor to contribute towards the cost of sequestration First Rand Bank Ltd v Master of the High Court (Pretoria) (53071/2016) [2018] ZAGPPHC 806 (18 April 2018) (aanvaar vir publikasie in 2019, Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg).

Sharrock, R., K. van der Linde en A. Smith. 2012. Hockly’s insolvency law. Kaapstad: Juta. 

Smith, C. 1988. The law of insolvency. Durban: Butterworths. 

Smith, C.H. 1985. The recurrent motive of the Insolvency Act – advantage of creditors. Modern Business Law, 7:27–32.

South African Law Reform Commission (SALRC). 2015. Nuutste weergawe van die Insolvensiewetsontwerp, ’n nie-amptelike werksdokument by die skrywer.

─. 2014. Verduidelikende memorandum van die 2015-Insolvensiewetsontwerp.

Spooner, J. 2017. Seeking shelter in personal insolvency law: Recession, eviction, and bankruptcy’s social safety net. Journal of Law and Society, 44(3):374–405.

Stander, A.L. en H.J. Kloppers. 2017. Die effek van sekwestrasie op huiswerkers en die bepaling van voordeel vir skuldeisers weer onder die loep. Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, 80(1):126–39.

Stander, L. en D.A. Horsten. 2008. Die reg van die onderhoudsbehoeftige kind kragtens artikel 29 van die Grondwet teenoor die reg van skuldeisers van die insolvente boedel van die ouer. Tydskrif vir Suid-Afrikaanse Reg, 2:203–21. 

Swart, B.H. 1990. Die rol van ’n concursus creditorum in die Suid-Afrikaanse insolvensiereg. LLD-proefskrif, Universiteit van Pretoria. 

Trendelenburg, H. 2000. Discharge in Germany from an international point of view. International Insolvency Review, 9:111–20.

Van Appeldoorn, J.C. 2008. The “fresh start” for individual debtors: Social, moral and practical issues. International Insolvency Review, 17:52–72.

World Bank. 2013. Working Group on the Treatment of the Insolvency of National Persons. Report on the treatment of the insolvency of natural persons Insolvency and Creditor/Debtor Regimes Task Force. http://bit.ly/Oft3hp (18 Oktober 2019 geraadpleeg). 

Weistart, J.C. 1977. The costs of bankruptcy. Law and Contemporary Problems, 41(4):107–22. 

Wyckoff, B.M. 2012. They’re just letting anyone in these days: The expansion of §523(A)(5)’s “domestic support obligation” exception to discharge. Emory Bankruptcy Developments Journal, 28:637–87.

 

Eindnotas

1 2018-07-07 saaknr. 7833/2016 (GP).

2 24 van 1936.

3 Par. 1.1.

4 Par. 1.2.

5 National Credit Act 34 of 2005 – hierna die Nasionale Kredietwet of Kredietwet.

6 Par. 5.

7 Art. 14(3) gelees met art. 106 van die Insolvensiewet; sien die bespreking in par. 3.3 hier onder.

8 Art. 129(1) van die Insolvensiewet.

9 World Bank 2013, parr. 368–9 – hierna die Wêreldbankverslag of Verslag; en sien die bespreking in par. 4 hier onder.

10 Sien die bespreking in par. 4 hier onder.

11 Vgl. Reynolds Grofts (SA) Ltd v Wessels 1977 1 SA 583 (K) 586–8.

12 Parr. 2.1–9.

13 Par. 2.9.

14 Parr. 2.10 en 3.1.

15 Par. 3.2.

16 1950 1 SA 366 (T) 370.

17 Par. 4.3.

18 Parr. 4.1–3.

19 Par. 4.4.

20 Par. 4.5.

21 Ingevolge art. 8(g) begaan ’n skuldenaar ’n daad van insolvensie waar hy aan enigeen van sy skuldeisers skriftelik kennis gee dat hy nie in staat is om enige van sy skulde te betaal nie. Daar word aan die hand gedoen dat die tersaaklike erkenning onder eed ’n skriftelike kennisgewing is van die respondent se onvermoë om die skuld te betaal en dat dit derhalwe ’n daad van insolvensie ingevolge art. 8(g) daarstel.

22 Par. 4.6.

23 Parr. 4.7–8.

24 1907 TS 727, 733.

25 Par. 4.10. Die hof se kursivering.

26 Par. 4.11.

27 Par. 4.12.

28 Par. 5.1.

29 Par. 5.2.

30 Par. 5.3.

31 Par. 5.4.

32 Parr. 5.5 en 5.6.

33 Par. 5.7. Sien die bewoording van art. 10(c) m.b.t. die voordeelvereiste by aansoeke om voorlopige sekwestrasie.

34 Par. 6.1; art. 10 van die Insolvensiewet. Op die keerdatum, daarenteen, moet die applikant die hof op ’n oorwig van waarskynlikheid oortuig dat die respondent feitelik insolvent is of ’n daad van insolvensie begaan het en dat daar rede bestaan om te glo dat sekwestrasie tot voordeel van die respondent se skuldeisers sal wees – sien art. 12 en London Estates v Nair 1957 3 SA 591 (N) 593.

35 Art. 9(1).

36 Par. 6.2 en vgl. Julie Whyte Dresses (Pty) Ltd v Whitehead 1970 3 SA 218 (D) 219.

37 Parr. 6.3 en 6.4.

38 Die hof het nie die moontlike toepassing van art. 8(g) oorweeg nie.

39 Sien par. 5 en die bespreking in par. 2.2.3 hier bo vir die hof se redes.

40 Par. 7.

41 Par. 8.

42 Vgl. art. 11(1) van die Insolvensiewet.

43 Weinberg v Weinberg 1958 2 SA 618 (K) 620. Sien ook Meskin e.a. (1990, par. 5.14.3); Stander en Horsten (2008:209).

44 Vgl. art. 23(6) van die Insolvensiewet ingevolge waarvan die insolvent in sy eie naam aangespreek kan word, sonder tussenkoms van die kurator van sy insolvente boedel, in enige saak wat nie met sy boedel gemoeid is nie. In soverre die Insolvensiewet besondere bepalings bevat ingevolge waarvan die kurator op die inkomste van die insolvent, wat nie vir die onderhoud van die insolvent en sy afhanklikes benodig word nie, geregtig is (art. 23(5)) en die kurator onderhoudstoelae aan die insolvent en sy gesin kan toestaan (art. 79), welke bepalings die insolvent in staat stel om sy afhanklikes te onderhou, is dit duidelik dat ’n onderhoudsverpligting nie ’n effek op die insolvente boedel het nie, maar dat dit slegs teen die insolvent ingevolge art. 23(6) afdwingbaar is (Weinberg 620). Sien ook A F Philip and Co (PVT) Ltd v Adie 1970 4 SA 251 (R); Meskin e.a. (1990, par. 5.14.3). Stander en Horsten (2008:220) doen aan die hand dat die Insolvensiewet gewysig moet word om die kurator te verplig om in die geval van sekwestrasie van ’n ouer se boedel, “’n redelike en billike bedrag onderhoud, wat objektief bepaal moet word met inagneming van alle omstandighede” uit die boedel te betaal. Indien omstandighede dit toelaat, moet sodanige onderhoud na hul mening ook ’n bedrag vir die tersiêre onderwys van die kind insluit.

45 Sien Meskin e.a. (1990, par. 5.14.3 n. 13).

46 Sien SALRC (2014, par. 84.33).

47 ’n Eis vir onderhoud, wat aan ’n aansoek vir ’n wysigingsbevel ingevolge reël 43 van die Eenvormige Hofreëls onderhewig is, sal egter nie as ’n gelikwideerde vordering kwalifiseer nie. In MG v KG [2016] JOL 37048 (WKK) par. 23 het die hof beslis dat die applikant in so ’n geval nie die vereiste locus standi ingevolge art. 9(1) van die Insolvensiewet gehad het nie. Sien ook Meskin e.a. (1990, par. 2.1).

48 Sien art. 9(1) gelees met art. 10(a).

49 Par. 4 – sien art. 10(b) van die Insolvensiewet.

50 Volgens die hof in Provincial Building Society of South Africa v Du Bois 1966 3 SA 76 (W) 80 is voorlopige sekwestrasieverrigtinge daarop gerig om aan ’n skuldeiser ’n eenvoudige en vinnige remedie te verskaf om die skuldenaar se boedel te bewaar en sy eis af te dwing. Sien ook Sharrock e.a. (2012:54).

51 Naidoo v Absa Bank Ltd 2010 4 SA 597 (HHA) par. 7.

52 Vgl. Absa Bank Ltd v Murray 2018-08-28 saaknr. CA338/2017 (OKG).

53 Volgens die howe is die ware doel van sekwestrasieverrigtinge om ’n concursus creditorum daar te stel en ’n behoorlike verdeling van die insolvente boedel en ’n gelyke behandeling van skuldeisers te verseker (Investec Bank Ltd v Mutemeri 2010 1 SA 266 (GSJ) 275; Collett v Priest 1931 AD 290, 299).

54 1926 AD 312, 319. Sien ook Vincemus Investments (Pty) Ltd v Laher [2008] JOL 22629 (K) par. 10 waar die hof daarop wys dat “the right to enforce an unfulfilled judgment of a court is an incident of the judicial process, access whereto has been guaranteed by section 34 of the Constitution of the Republic of South Africa, 1996”. Sien ook Meskin e.a. (1990, par. 2.1).

55 Vgl. Meskin e.a. (1990, par. 2.1.5). Sien ook Osborne v Cockin 2018-05-17 saaknr. 549/2017 [2018] ZAHHA 58 par. 20. Die HHA het bevestig dat die doel van sekwestrasie van ’n insolvente boedel die bona fide-daarstelling van sekwestrasie is en nie om ’n geskil m.b.t. ’n skuld te besleg nie.

56 [2016] JOL 37048 (WKK).

57 Par. 54.

58 Ibid. Volgens die hof is dit gevestigde reg dat die gebruik van sekwestrasieverrigtinge ten einde betaling van ’n eis af te dwing wat op bona fide- en redelike gronde betwis word, op ’n misbruik van proses neerkom. In casu was die applikant bewus daarvan en het dit nie aan die hof openbaar dat haar onderhoudseis aan ’n aansoek vir ’n wysigingsbevel ingevolge reël 43 van die Eenvormige Hofreëls onderhewig was nie. Die applikant het geweet dat sodanige bevel tot gevolg kon hê dat haar eis aansienlik verminder of selfs ten volle uitgewis kon word (MG v KG parr. 44–5). Sien ook Meskin e.a. (1990, par. 2.1.5).

59 Art. 10(c).

60 Vgl. Peycke v Nathoo 1929 50 NPD 178, 185; Lotzof v Raubenheimer 1959 1 SA 90 (O) 94; LTR Beleggings (Edms) Bpk v Hechter (Mynhardt toetredend) 1977 1 SA 22 (NK) 25; Fesi v Absa Bank Ltd 2000 1 SA 499 (K) 505; Vincemus Investments v Laher par.19; Stratford v Investec Bank Ltd 2015 3 SA 1 (KH) par.45.

61 Walker v Syfret NO 1911 AD 141, 160.

62 Bertelsmann e.a. (2019:3). In teenstelling met die regsposisie in ander verbruikersinsolvensieregstelsels word die rehabilitasie van die insolvent en die gepaardgaande skuldkwytskelding (sien art. 129(1)(b) van die Insolvensiewet) en skuldverligting wat daarna verleen word, nie as een van die hoofdoelwitte van die Suid-Afrikaanse insolvensiereg beskou nie (vgl. Ex parte Pillay 1955 2 SA 309 (N) 311; Ex parte Ford 2009 3 SA 376 (WKK) 383; Ex parte Arntzen 2013 1 SA 49 (KZP); Botha v Botha [2017] JOL 38011 (VB) par. 32). Sien ook Boraine en Roestoff (2014:352).

63 Ibid.

64 Walker v Syfret 166.

65 Swart (1990:283).

66 1933 OPD 86, 89.

67 Die hof verduidelik hierdie kwessie met die volgende voorbeeld: “Proceedings are taken to sequestrate the debtor’s estate compulsorily, and the question arises whether it will be to the advantage of the creditors to sequestrate. It is shown to the Court that a sequestration order will benefit the large creditor to the extent of some £200, but will damnify the two small creditors to the extent of some £10. Now it seems to me that in such a case it would be ‘to the advantage of creditors’ to sequestrate, for the body of creditors as a whole will benefit by the sequestration … the creditors, regarded as a single entity, will gain £190 by sequestrating the estate, though the two small creditors, considered by themselves, lose £10.” In Fesi v Absa Bank 505–6 beslis die hof dat voordeel vir skuldeisers “advantage of a ‘substantial proportion’ of the creditors” of “general body of creditors” beteken. In teenstelling met die Peycke-saak is voordeel egter bepaal met verwysing na die waarde van die eise en nie met verwysing na die getal skuldeisers nie. Die hof beslis verder dat die respondent, aan wie 95,87% van die totale skuld van die boedel verskuldig was, die algemene liggaam van skuldeisers verteenwoordig het – die beslissing stem dus met dié in Stainer ooreen (Roestoff 2002:350). Sien verder m.b.t. die begrip “skuldeisers” in die frase “voordeel vir skuldeisers” Smith (1985:27); Evans (2001:488).

68 Swart (1990:291).

69 Par. 5.2.

70 Die Kredietwet is slegs op skuld wat uit kredietooreenkomste ingevolge die wet voortspruit, van toepassing – sien art. 4(1) gelees met art. 8.

71 Vgl. Smith (1985:27 e.v.); Evans (2001:488 e.v.); Roestoff en Coetzee (2012:55 e.v.); Boraine en Roestoff (2014:361 e.v).

72 Sien art. 8(c) van die Insolvensiewet.

73 Leadenhall Meat Market v Hartman 1938 WLD 99, 103–4; Lotzof v Raubenheimer 93.

74 Vgl. Leadenhall Meat Market v Hartman 103–4; Paarl Wine and Brandy Co Ltd v Van As 1955 3 SA 558 (O) 560; Lotzof v Raubenheimer 93; Gardee v Dhanmanta Holdings 1978 1 SA 1066 (N) 1070; Smith (1988:63–4); Sharrock e.a. (2012:45).

75 Meskin and Co v Friedman 1948 2 SA 555 (W) 559; London Estates (Pty) Ltd v Nair 1957 3 SA 591 (D) 592–3; BP Southern Africa (Pty) Ltd v Furstenburg 1966 1 SA 717 (O) 720; Smith (1988:62–3); Sharrock e.a. (2012:44).

76 Vgl. Stander en Kloppers (2017:126) vir ’n bespreking van hierdie saak.

77 Stratford par. 43. Sien art. 10(c) en art. 12(1)(c).

78 1948 2 SA 555 (W).

79 Stratford par. 43.

80 Stratford par. 44.

81 Meskin e.a. (1990, par. 2.4.1).

82 Die praktyksreël die afgelope paar jaar was dat daar ’n dividend van minstens 10 sent in die rand moet wees ten einde voordeel te bewys. Onlangs is hierdie vereiste na 20 sent in die rand verhoog (Ex parte Ogunlaja [2011] JOL 27029 (GNP) par. 9).

83 Par. 44.

84 Par. 45.

85 Ibid. My kursivering.

86 Vgl. Jackson (1986:21). Lg. werk is een van die invloedrykste akademiese werke m.b.t. die sg. ekonomiese teorieë aangaande die Amerikaanse insolvensiereg. Jackson verklaar: “Bankruptcy’s basic procedures are designed to ameliorate a common pool problem. The key to effective implementation of this goal is to trigger bankruptcy when, and only when, it is in the interests of the creditors as a group.”

87 Sien die woordomskrywing van “hof” in art. 2 gelees met art. 149 van die Insolvensiewet.

88 Boraine en Roestoff (2014:356). Reël 9.4.1 van die Praktyksreëls van die Vrystaatse Provinsiale Afdeling (sien GN 820 in SK 30253 van 7 September 2007) bepaal byvoorbeeld dat alle aansoeke om voorlopige sekwestrasie deur die hof op grond daarvan dat die sekwestrasiekoste R30 000 bedra, oorweeg sal word – sien die gewysigde reël 9.4.1 GK 414 in SK 36543 van 14 Junie 2013.

89 Vgl. Mamacos v Davids 1976 1 SA 19 (K) 20; Van Eck v Kirkwood 1997 1 SA 289 (SOK) 290.

90 Vgl. Gardee v Dhanmanta Holdings 1978 1 SA 1066 (N) 1070.

91 Par. 5.

92 Sien art. 79; Stander en Horsten (2008:209).

93 Indien die kurator sodanige toelaag toegestaan het, moet hy die toegif, asook die rede daarvoor, in sy verslag aan skuldeisers tydens die tweede vergadering vermeld (art. 81(1)(e)). Skuldeisers mag ook tydens hierdie vergadering opdrag gee aangaande watter toelaag na die vergadering toegestaan moet word – art. 81(3)(a); Smith (1988:199).

94 Vgl. ibid.; Stander en Horsten (2008:209). Sien ook art. 23(12) ingevolge waarvan die insolvent voor die tweede vergadering van skuldeisers verplig is om die kurator op sy versoek by te staan om die bates van die boedel bymekaar te maak, in bewaring te neem en te gelde te maak. In sodanige geval is die kurator verplig om, vir solank as wat die insolvent hom aldus bystaan, aan die insolvent ’n toelae in geld of goedere uit die boedel te gee wat na oordeel van die Meester nodig is om die insolvent en sy afhanklikes te onderhou.

95 Meskin e.a. (1990, par. 5.14.3 n. 13).

96 Art. 103 van die Insolvensiewet.

97 Vgl. art. 98(2) van die Insolvensiewet.

98 Brits (2016:480) en gesag wat die skrywer in n. 673 aanhaal.

99 Die “vrye oorskot” word omskryf as daardie gedeelte van die boedel wat nie aan enige voorkeurreg kragtens enige spesiale verband, hipoteek, pand of retensiereg onderworpe is nie (art. 2).

100 Sien artt. 96–102.

101 Art.103.

102 Agterstallige onderhoud vir ’n tydperk van nie meer nie as 3 maande tot op ’n maksimum bedrag van R12 000 is derde in die rangorde van vorderings wat volgens die kommissie se voorstel voorkeur geniet. Dit volg na die likwidasiekoste en eise vir agterstallige salarisse van werknemers (sien SALRC (2015:kl. 84(8)(a)). Die minister mag na raadpleging met die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad, wat deur art. 2(1) van die Wet op die Nasionale, Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad 35 van 1994 ingestel is, bovermelde bedrag wysig. Die minister moet sodanige wysigings minstens een maal elke 3 jaar, na inwerkingtreding van die wet, oorweeg (kl. 84(8)(b)).

103 Sien bv. die regsposisie in die VSA en die bespreking in par. 4 hier onder.

104 Sekwestrasiekoste is derde in die rangorde van vorderings wat voorkeur ingevolge die Insolvensiewet geniet (sien art. 97).

105 Sien art. 106.

106 Sien die hoofbepaling van art. 106. Sien verder m.b.t. kontribusiepligtigheid van skuldeisers in insolvente boedels Burdette (1993:1004; 2003:521).

107 Sien art. 14(3) van die Insolvensiewet. ’n Skuldeiser wat in die verdeling van die bates van die insolvente boedel wil deel, moet sy eis bewys ingevolge die voorskrifte wat in art. 44 van die Insolvensiewet vervat is. Sodanige bewys verleen aan die betrokke skuldeiser die nodige locus standi om die kurator se bereddering van die insolvente boedel aan te veg, asook prima facie-bewys van die bestaan van die skuld (Grufin Finance Co (Pty) Ltd v Cohen NNO 1991 2 SA 345 (W) 350; Bertelsmann e.a. (2019:423); Sharrock e.a. (2012:113).

108 Sien verder m.b.t. die applikant-skuldeiser se kontribusiepligtigheid Burdette (2000:458); Roestoff en Joubert (2019).

109 Sien art. 124 van die Insolvensiewet. Die wet maak vir verskillende gronde vir rehabilitasie deur die hof voorsiening en afhangende van die besondere omstandighede wat in die wet omskryf word, kan ’n insolvent onmiddellik (art. 124(1) en (5)), of na verstryking van ’n tydperk van 6 maande, 12 maande, 3 jaar of 5 jaar (art. 124(2)(a)–(c) en (3)) om rehabilitasie aansoek doen. ’n Hof kan egter nie, tensy die Meester dit aanbeveel, ’n aansoek om rehabilitasie toestaan alvorens ’n tydperk van minstens 4 jaar verstryk het nie (voorbehoudsbepaling tot art. 124(2)).

110 Smith (1988:292); Roestoff (2018a:312).

111 Art. 124(3).

112 Vgl. Ex parte Hittersay 1974 4 SA 326 (SWA) 327; Ex parte Le Roux 1996 2 SA 419 (K) 423–4; Ex parte Snooke 2014 5 SA 426 (VB) 437, 441.

113 Ibid.

114 Art. 127(2).

115 Bv. omdat skuldeisers kontribusiepligtig m.b.t. die tekort in die vrye oorskot gehou is (Ex parte Martens 1951 4 SA 530 (N)).

116 Die hof kan egter die bevel toestaan, weier of voorwaardelik toestaan, selfs waar daar geen verset teen verlening van die bevel was nie (art. 127(1)).

117 Art. 127(2). Een van die voorwaardes wat bepaald in die wet vermeld word, is dat die hof van die insolvent kan verlang om toe te stem tot vonnis vir betaling van ’n nog onvoldane oorskot van ’n skuld wat teen sy boedel bewys is of bewys kon word. Eksekusie op grond van sodanige vonnis mag egter slegs met verlof van die hof gehef word en indien bewys word dat die insolvent na sekwestrasie goedere of inkomste verkry het wat vir die betaling van skuld beskikbaar is. As alternatief mag die hof ook enige ander voorwaarde met betrekking tot bates en inkomste wat in die toekoms moontlik aan die insolvent kan toekom, stel (art. 127(3)).

118 Vgl. Ex parte Goshalia 1957 2 SA 182 (D); sien Bertelsmann e.a. (2019:641) en sake waarna die skrywer verwys.

119 Vgl. Ex parte McFarlane 1947 2 SA 327 (N) en sien Bertelsmann e.a. (2019:642).

120 Art. 127(4); vgl. Smith (1988:303).

121 Sien art. 119(7). Ingevolge art. 124(1) mag die insolvent onmiddellik na die akkoord vir rehabilitasie aansoek doen.

122 Vgl. Smith (1988:303).

123 Art. 127A.

124 Art. 129(1)(b).

125 Die wetgewing wat tans in die VSA van toepassing is, is die Bankruptcy Reform Act van 1978, algemeen bekend as die Bankruptcy Code oftewel Code – hierna die Code. Lg. wet verskyn as titel 11 van die United States Code.

126 Sien die bespreking in par. 4 hier onder.

127 Art. 129(1)(b) en (3)(e).

128 Art. 11(1).

129 Ingevolge art. 2 van die Insolvensiewet sluit die begrip sekwestrasiebevel ’n voorlopige bevel wat nie vernietig is nie, in. Ingevolge art. 20 het sekwestrasie tot gevolg dat die skuldenaar se boedel ophou om aan hom te behoort en gaan dit op die Meester oor totdat ’n kurator aangestel is, waarna dit op die kurator oorgaan. Sekwestrasie het verder ’n verlaging van die skuldenaar se status tot gevolg (Ex parte Taljaard 1975 3 SA 106 (O) 108; Standard Bank of SA Ltd v Essop 1997 4 SA 569 (D) 575). Dit beperk dus ’n insolvent se handelingsbevoegdheid, sy bevoegdheid om ’n bestaan te voer, sy bevoegdheid om te litigeer en sy bevoegdheid om sekere ampte te beklee: Sharrock e.a. (2012:63); Smith (1988:100). Sien verder m.b.t. insolvensiebeperkings, -diskwalifikasies en -onbevoegdhede Roestoff (2018b:393).

130 Fischer v Wessels and Co (Pty) Ltd 1943 TPD 71, 74 en sien Meskin e.a. (1990, par. 2.1.8).

131 Die Meester kan, nadat ’n voorlopige sekwestrasiebevel verleen is, ’n voorlopige kurator aanstel (art. 18(1)), maar lg. mag bates van die insolvente boedel slegs met toestemming van die hof of die Meester verkoop (art. 18(3)). Dit is nie die funksie van die voorlopige kurator om met die bereddering van die boedel voort te gaan nie, maar bloot om beheer van die boedel te neem en dit te bewaar tot voordeel van die skuldeisers totdat ’n finale kurator aangestel is: Goodwin Stable Trust v Duohex (Pty) Ltd 1998 4 SA 606 (K) 620; Bertelsmann e.a. (2019:184).

132 Indien daar geen verskyning vir die applikant op die keerdatum was nie, sal die hof normaalweg die voorlopige bevel ophef onderworpe aan die belange van enige tussenbeidetredende skuldeiser: Bertelsmann e.a. (2019:147).

133 Sien die bespreking m.b.t. die misbruik van die proses in par. 3.1 hier bo.

134 Sien NCR (2015), hierna TTA-riglyne.

135 Sien art. 86(6) van die Kredietwet.

136 Sien TTA-riglyne, Aanhangsel B: Proposed debt review assessment guidelines (2015, par. 7.1.15). Sien ook reg. 23A van die Nasionale Kredietregulasies, 2006 wat die kriteria vir die vereiste bekostigbaarheidsvasstelling bevat. Ingevolge reg. 23A(12)(c) is kredietgewers verplig om onderhoudsverpligtinge in ag te neem wanneer die bekostigbaarheidsvasstelling gedoen word.

137 Sien Department of Trade and Industry (2019, par. 2.36).

138 World Bank (2013, parr. 59–60).

139 Ibid. In die VSA is dit die sg. ekonomiese teorie oor die insolvensiereg. Voorstanders van die ekonomiese denkrigting beskou die doelwit van die insolvensiereg hoofsaaklik vanuit ’n skuldeisersperspektief: vgl. Jackson (1986:20 e.v.)

140 Vgl. World Bank (2013, par. 186) en sien Ferriell en Janger (2013:183) m.b.t. die posisie in die VSA. Byna al die lande wat die afgelope paar dekades verbruikersinsolvensiewetgewing ingevoer het, maak slegs vir skuldenaarpetisies voorsiening: World Bank (2013, par. 186). Sien bv. die Franse Verbruikerskode (Code de la Consommation) Boek VII, Titel I-IV en sien verder vir ’n bespreking van die Franse verbruikersinsolvensiereg Roestoff en Coetzee (2017:264–9). Die Wêreldbank (World Bank 2013, par. 186) wys daarop dat skuldeisers dikwels insolvensieverrigtinge as ’n dreigement in hul skuldinvorderingsaksies gebruik. Hierdie werkswyse is veral doeltreffend in stelsels waar die stigma wat aan insolvensie kleef, groter is, soos wat in Suid-Afrika die geval is: vgl. Roestoff (2018b:394). Volgens die Wêreldbank moet die misbruik van insolvensieverrigtinge as ’n skuldinvorderingsinstrument bekamp word: World Bank (2013, parr. 186–7). Lg. kan bewerkstellig word deur ’n vereiste te stel dat meer as een skuldeiser verrigtinge aanhangig moet maak, of deur ’n hoër bedrag te vereis vir die individuele skuld as ’n voorvereiste vir die instelling van die verrigtinge (soos wat tans die posisie in die VSA is: sien art. 303(b)(1) van die Code). Sien verder Kilborn en Walters (2012:1).

141 Vgl. Spooner (2017:378 e.v.).

142 Spooner (2017:375, 390); World Bank (2013, par. 62).

143 Local Loan Co v Hunt 292 US (1934). Sien verder m.b.t. die doelwitte van die Amerikaanse insolvensiereg Howard (1987:1049 e.v.).

144 World Bank (2013, par. 367). Sien ook Insol International (2001:23).

145 Art. 523(a)(1)–(19)) van die Code; Kilborn (2010:16).

146 Reifner e.a. (2003:247–8); Van Appeldoorn (2008:65, 67); Kilborn (2010:16); sien verder Roestoff (2016:612–3).

147 Vgl. World Bank (2013, par. 354). Die “ekonomiese rehabilitasie” sluit die wyer siening van rehabilitasie in, nl. dat die skuldenaar se ekonomiese vermoë herstel moet word – vgl. Roestoff (2016:599).

148 Europese stelsels maak deurgaans vir bitter min uitsluitings voorsiening. Sien World Bank (2013, parr. 367–75) vir ’n bespreking van die beginsel dat sekere skuld van ’n kwytskelding uitgesluit word.

149 Vgl. Roestoff (2016:619). Die beperking op uitsluitings is egter ook op die ou insolvensieregbeginsel van gelykheid van skuldeisers gegrond wat steeds deur die meeste stelsels, insluitend die Suid-Afrikaanse stelsel, nagevolg word: World Bank (2013, par. 367).

150 Onderhoudskuld word in die VSA en die meeste Europese lande uitgesluit: Van Appeldoorn (2008:65).

151 World Bank (2013, parr. 367–8).

152 Trendelenburg (2000:119 e.v.).

153 (2000:119–20).

154 Artt. 1, 2, 14 GG – nl. die reg op menswaardigheid, persoonlike vryheid en eiendom: Trendelenburg (2000:119 n. 64).

155 Trendelenburg (2000:119–20). Die skrywer wys daarop dat die beginsel van redelikheid in die Duitse konstitusionele reg van toepassing is. Hiervolgens moet die reg wat beperk word – in casu die reg van die kind op onderhoud – en die reg wat afgedwing word – d.w.s. die reg van die skuldenaar op ’n kwytskelding – teenoor mekaar opgeweeg word. In Swede is tot ’n vergelyk gekom. Onderhoudseise van minderjariges word van ’n kwytskelding uitgesluit, maar slegs in gevalle waar die skuldeiser die minderjarige kind is en nie die staat nie. Indien die staat onderhoud vooruit betaal het – wat algemeen in Swede en Duitsland plaasvind – het die staat ’n eis vir vergoeding teen die ouer. In Swede is lg. eis vir ’n kwytskelding vatbaar: Trendelenburg (2000:119).

156 Ferriell en Janger (2013:475).

157 Ferriell en Janger (2013:495).

158 Ibid.

159 D.w.s. na wysiging van die Code deur die Bankruptcy Abuse Prevention and Consumer Protection Act van 2005.

160 Vgl. Wyckoff (2012:642).

161 Hfst. 7 behels ’n afstanddoening van alle nie-uitgeslote bates in ruil vir ’n onmiddellike kwytskelding.

162 Art. 523(a)(5). Sien Ferriell en Janger (2013:495) en regspraak waarna die skrywers verwys.

163 Wyckoff (2012:638); Howard (1987:1057).

164 Vgl. Weistart (1977:113); Howard (1987:1057).

165 Art. 101(14A)(B) sluit enige skuld in wat “in the nature of alimony, maintenance, or support (including assistance provided by a governmental unit) [is] … whether or not such debt is expressly so designated”.

166 Die howe verwys na lg. as die begunstigdevereiste (payee requirement) – sien Wyckoff (2012:638).

167 Art. 101(14A)(A); Ferriell en Janger (2013:495–6).

168 Ferriell en Janger (2013:496).

169 Ibid. Art. 101(14A)(C). Die skuld sal egter nie as ’n huishoudelike onderhoudsverpligting kwalifiseer indien dit aan ’n nieregeringsentititeit gesedeer is nie, tensy die gade ens. dit vrywillig met die doel om die skuld in te vorder, oorgedra het (art. 101(14A)(D)).

170 Vgl. Ferriell en Janger (2013:496). Die howe is egter nie ad idem m.b.t. die toepassing van die payee requirement nie. Die mate waarin ander derde partye na wie die definisie nie in die besonder verwys nie, beskerming geniet, is onduidelik: ibid.; Wyckoff (2012:637 e.v.).

171 Ferriell en Janger (2013:496); Wyckoff (2012:639, 658, 684).

172 Sien Ferriell en Janger (2013:496–7) en regspraak waarna die skrywers verwys.

173 Wyckoff (2012:642).

174 Ibid.

175 Ferriell en Janger (2013:497).

176 Ibid.

177 Ibid.

178 Ferriell en Janger (2013:498).

179 Hfst. 13 maak vir ’n skuldverligtingsmeganisme voorsiening ingevolge waarvan die skuldenaar ’n skuldkwytskelding na voltooiing van ’n afbetalingsplan wat oor ’n tydperk van drie tot vyf jaar strek, ontvang.

180 Art. 1328(a)(2); Ferriell en Janger (2013:495).

181 Ferriell en Janger (2013:497); Wyckoff (2012:643).

182 Art. 507(a)(1)(A) gelees met art. 507(a)(1)(C). Ferriell en Janger (2013:346) wys egter daarop dat die meerderheid likwidasiegevalle sg “no-asset”-gevalle is en dat die voorkeur m.b.t. onderhoudseise derhalwe in die meeste gevalle betekenisloos sal wees.

183 Art. 1322(a)(4).

184 Sien die bespreking in par. 3 hier bo.

185 Par 3.3.

186 Ibid.

187 Ibid.

188 Ibid.

189 Sien art. 98A(3) van die Insolvensiewet wat bepaal dat die kurator wel ’n beëdigde verklaring ter stawing van die werknemer se vordering mag verlang.

190 Vgl. Spooner (2017:390).

191 Vgl. Howell (2014:31, 51).

192 Vgl. Kilborn (2010:16).

193 Sien die bespreking m.b.t. die Duitse reg in par. 4 hier bo.

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Onderhoudseise en sekwestrasie ingevolge die Insolvensiewet 24 van 1936 appeared first on LitNet.

Maintenance claims and sequestration under the Insolvency Act 24 of 1936

$
0
0

Abstract

In this article the legal position pertaining to claims for maintenance in sequestration proceedings under the Insolvency Act is investigated. International trends are also discussed and the South African legal position is measured against such trends to eventually make proposals for law reform. 

The facts and decision in LMV v MV 2018-07-07 case nr. 7833/2016 (GP) provide a good illustration of the applicable legal principles and are therefore discussed and evaluated. In this case, the applicant (who is the ex-wife of the respondent) brought an application for the provisional sequestration of the estate of the respondent, who at the relevant time was subject to debt review under the National Credit Act. The applicant used the sequestration process to enforce her claim for arrear maintenance, because she could not succeed in recovering the maintenance due to her by way of the usual execution procedures. The court granted a provisional sequestration order and held that sequestration would be to the advantage of the creditors.

The main enquiry of the article is whether compulsory sequestration is an appropriate remedy to enforce a claim for arrear maintenance. Although the real aim of the sequestration process is not to enforce a claim, case law confirms that it is perfectly legitimate for a creditor to utilise sequestration proceedings as a debt collection tool. As is clear from die decision in LMV, a claim for arrear maintenance may satisfy the first factum probandum in terms of section 10 of the Insolvency Act, namely that the applicant (creditor) is required to have a liquidated claim against the respondent (debtor). Furthermore, arrear maintenance which has accrued before sequestration in terms of an agreement or court order may be proved as a claim against the insolvent estate. However, although it is legitimate to use the sequestration process to collect debt, the creditor (applicant in casu) is still required in terms of the Insolvency Act to prove that prima facie there is reason to believe that it would be to the advantage of the respondent’s creditors if his estate were to be sequestrated.

Case law indicates that the term “creditors” in the phrase “advantage to creditors” relates to the “general body of creditors” and that this requirement assists the court in its determination as to whether application of the sequestration process would be cost-effective. In LMV, the court based its decision that advantage for creditors was proved on the mere fact that a small number of creditors received payment under the debt review arrangement, while the applicant did not benefit at all. It is not clear from the judgment who the respondent’s other creditors were or who the creditors were whose debts were not based on credit agreements as defined in terms of the National Credit Act. It is also not clear what the size of the other creditors’ claims compared with the claim of the applicant was, and consequently whether implementation of the sequestration process would necessarily have been to the advantage of the general body of creditors and thus cost-effective.

Concerning the term “advantage” in the phrase “advantage to creditors”, the Constitutional Court decision in Stratford v Investec Bank Ltd 2015 3 SA 1 (KH) is discussed. This judgment confirmed that “advantage” entails a reasonable prospect that some financial benefit would eventually be available to the general body of creditors. The Constitutional Court emphasised that the meaning of the term “advantage” is broad and should not be rigidified. The court further stated that a requirement with reference to the size of the dividend, especially in the context of a hostile compulsory sequestration where there may be many creditors, is not useful and that the courts should rather exercise their independent discretion.

It is submitted that the term “advantage” in the phrase “advantage to creditors” also tests whether application of sequestration proceedings would be cost-effective from the perspective of the group of creditors. Therefore the collective debt-collecting procedure of the insolvency law should be applied only if the creditors as a group would be in a better position when sequestration proceedings are applied than would otherwise be the case. It is submitted that the court in LMV did not consider the question as to whether implementation of the expensive sequestration process was justified. As mentioned, the court based its decision that advantage to creditors was shown on the mere fact that a small number of creditors received payments in terms of the debt rescheduling arrangement, while the applicant received nothing. Nevertheless, the court eventually granted the provisional sequestration order.

The next question that the article addresses relates to the effect that sequestration of the respondent’s insolvent estate may have for the applicant. With reference to international trends the research indicates that sequestration was probably not the appropriate remedy to enforce the applicant’s claim for maintenance. Firstly, the applicant’s claim for arrear maintenance which accrued after sequestration of the respondent’s estate would be a mere concurrent claim against the estate, while the international trend is to afford priority treatment to these types of claims. Moreover, the applicant, being the so-called petitioning creditor, may be liable to contribute if the proceeds of the free residue of the insolvent estate were eventually found to be insufficient to cover the costs of sequestration. The latter would be the position even where the applicant did not prove a claim against the insolvent estate. After rehabilitation of the insolvent, all his debts, including the arrear maintenance debts which became due before sequestration, will, in terms of the Insolvency Act, be discharged. On the contrary, the international trend is to render maintenance debts non-dischargeable and hence exclude them from the eventual debt discharge, which is usually granted at the conclusion of insolvency proceedings.

The research indicates that the applicant may have been in a better position if the maintenance debt had rather been paid in terms of the debt review process under the National Credit Act. However, the debt counsellor had not complied with the guidelines which are currently prescribed by the National Credit Regulator in respect of the debt review process. Among other things, these guidelines state that a consumer’s liability for maintenance in terms of a court order or agreement should be taken into account when the consumer’s surplus income which would eventually be available for repayment in terms of a debt rescheduling order, is calculated. However, these guidelines are currently not binding on debt counsellors and it is therefore submitted that lawmakers should address this issue by implementing the recent proposals of the Department of Trade and Industry to amend the National Credit Regulations made in terms of the National Credit Act. These proposed amendments would, when introduced, require debt counsellors to comply with specified rules prescribed by the National Credit Regulator in respect of debt rescheduling. 

It is submitted that claims for maintenance should enjoy priority directly after the sequestration costs, as is the case in the United States of America. Such priority claims should not be limited to a period for which it can be claimed or to an amount which enjoys priority. 

It is unacceptable that creditors with claims for arrear maintenance could be held liable for contribution where the free residue is insufficient to cover the sequestration costs. It is submitted that the legislator should amend the Insolvency Act to exempt these creditors from the liability to contribute towards the costs of sequestration. Furthermore, such creditors should be relieved of the obligation of proving claims in the usual way prescribed by the Act.

In line with the modern trend to emphasise the fresh-start goal of consumer insolvency, the World Bank Report on the Treatment of the Insolvency of Natural Persons supports the European approach in terms of which a comprehensive discharge should be afforded to insolvent debtors. The idea is that too many exceptions to a discharge may prevent a meaningful rehabilitation. However, it is submitted that such a comprehensive discharge should not include “sensitive debt” such as arrear maintenance debt. With reference to German law it is argued that a discharge of maintenance debt may be unconstitutional, because it may constitute an infringement of certain fundamental human rights. Therefore it is submitted that South African lawmakers should, following the American example, amend the Insolvency Act to exclude arrear maintenance debt from the eventual discharge which occurs after rehabilitation. The wide application of the relevant provisions of American bankruptcy legislation in respect of the type of debt, the sources of its origin and the beneficiaries who would qualify for this exclusion is particularly applauded. It is submitted that a similar provision in South African law would help to bring South African insolvency legislation in line with international best practices.

Keywords: act of insolvency; advantage to creditors; concurrent claim; consumer insolvency; contribution; creditor; debt collection; debt discharge; debtor; debt restructuring; debt review; insolvency; Insolvency Act; maintenance claims; National Credit Act; rehabilitation; sequestration

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans

Onderhoudseise en sekwestrasie ingevolge die Insolvensiewet 24 van 1936

The post Maintenance claims and sequestration under the Insolvency Act 24 of 1936 appeared first on LitNet.

Bazil en die bazaar

$
0
0

Dit was ’n winteragtermiddag toe my ouma en oupa in die sonkamer sit om die laaste stukkie warm son te vang wat skaamgesig by die vertrek inkom.

Die sonkamer het groot vensters wat op die tuin uitkyk en dan die laaste middagson vang. In die somer dalk bietjie te warm, maar in die winter is dit behaaglik, knus, jy sien.

Die huis ruik na vars brood en sop. 

Ouma is besig om ’n lappie uit te werk met die fynste garing en die mooiste gekleurde blommotief. Daar is nou al heelwat van die lappies klaar. Mooi lappies. Elke keer as sy so ’n lappie klaar het en verkoop, of vir ’n dogter of skoondogter gee, is dit asof sy ’n kind afstaan. Na’and het sy maar die goeters tussen ’n handvol motbolle in die troesoukis gesit.

“Die lap groei aan ’n mens,” het Ouma vir Oupa gesê toe hulle in die sonkamer sit.

“Hoe nou ou vrou? Wat groei aan jou?” het Oupa verbaas gevra. 

Jy weet, Ouma kon ’n ding sommer so uit die lug vat en dan praat. Geen mens weet waarvandaan die praat dan kom nie.

“Die lappies wat ek uitwerk. Dis soos kinders, jy weet?”

Aai, mens, ek het al so by Ouma geskimp vir ’n lappie, maar niks nie, dink ek so by myself.

Anyway.

As Ouma sulke lappies uitwerk, dra sy gewoonlik “die arm Jood se bril”. Dis daai bril wat net ’n halwe lens in het, sodat wanneer jy afkyk jy beter kan sien en dan kan opkyk oor die lens. Die mense daar in die Karoo waar ek grootgeword het, praat tot vandag toe nog van “die arm Jood se bril”.

Sy verkies hierdie bril, omdat die onderste lens ’n bietjie meer vergroot as haar gewone bril, want die steek-werkies is maar baie fyntjies.

So teen vieruur staan sy op om koffie vir haar en Oupa te maak, met ’n dadelballetjie daarby, wat sy gewoonlik by die tuisnywerheid koop, dis nou te sê as daar is, en nie een of ander ding waar alles uitverkoop word nie. Soos daardie dag met die inwag vir die dominee.

Die ketel begin so sing op die stoof en ouma skink baie stadig. Dis toe dat sy die tuinhekkie hoor en uitloer. Sy sit die ketel vinnig terug op die warm stoof en haal nog ’n koppie uit die rak.

“Nou vir wat sal dominee nóú hier aankom?”

My mens, ek kan met eerlikheid sê dat Dominee sowaar nie by Ouma kon wegbly nie. Dis oor die storiemakery. Ouma is ’n regte storielorrie.

Ouma sê vir my, dat Oupa sê, dis al haar stories wat vir Dominee lok. 

“Sien, ek het mos gesê dis oor die storie,” wou ek vir Ouma sê toe sy die storie vertel, maar ek het geleer om ’n wag voor my mond te hou as dit by my ouma en haar stories kom. Ek los toe maar dat sy verder vertel.

Oupa het blykbaar op ’n keer vir Ouma gesê om end te kry met die storiemaak. Dit kan net ’n ingewikkeldheid veroorsaak.

Sien, Ouma kon ’n klomp halwe sinne in een asem praat, veral as sy opgewonde raak. Soos hierdie dag toe die dominee kom inloer het.

“...kom in Dominee, dis oop...” sê Ouma toe sommer so alles in een asem.

Ouma praat sommer uit die kombuis uit en nooi die dominee om solank te sit, sy kom … wil hy ook koffie hê … en ’n dadelballetjie … dis heerlik … sit in die sonkamer … die oom is daar voor … alles in een sin sonder asemhaal en haar wange wat bewe van vinnig praat. Alles so op een slag.

Ouma vertel toe vir my dat sy so vaagweg kan hoor hoe Oupa en Dominee in die sonkamer gesels, wel … as mens dit gesels kan noem.

“Middag,” groet my oupa. Effens bot.

“Middag Oom, hoe gaan dit hier?” vra Dominee.

“Goed, ja. Goed. Sit. Die tannie kom,” en dit lyk nie of Oupa  verder gaan gesels maak nie.

“Dit ruik darem maar lekker hier, so warm en huislik,” sê Dominee.

Oupa gee net so ’n lastige hoes-hoesklankie.

Dominee staan ongemaklik rond, eers met sy gewig op die regterbeen, dan verskuif hy na die linkerbeen, dan draai hy effens na die vensters en staan wydsbeen geplant en kyk by die venster uit.

“Die tannie kom met koffie, sit maar op daardie stoel in die son,” sê Oupa en wys na ’n riempiestoel waarop ’n kussing lê wat Ouma gebrei het.

Ouma kom by die sonkamer in, houtskinkbord, koppies met pierings en dadelballetjies.

Dominee staan vinnig op en vat die skinkbord by haar.

Dominee hou eerste vir Ouma en sy gooi in en gaan sit.

Dan vir Oupa.

Oupa vat so bietjie langer met die ingooi, ook maar ’n moedswillige ding.

“Ag nee man Danie, jy is nou moedswillig man,” en sy maak haar keel skoon. Dis meer ’n “brul” as ’n keelskoonmaak.

“ … en die kuiertjie, Dominee, of is dit ook maar net ’n heen-en-weertjie?” vra Ouma en sit weer mooi regop.

“Nee, Tannie, ek het net kom hoor, of liewer raad vra. Julle is nou al lank hier op die dorp en binnekort is daar weer ’n bazaar. Ek is nie heeltemal seker hoe die reëlings werk en wat my te doen staan nie?”

Ouma sê mens kon die kommer in Dominee se oë sien. Siestog.

Ek sien sommer in my gees hoe ouma daar sit, ewe belangrik.

Sy het mos daardie gewoonte om haar “jersietjie” so mooi styf om haar lyf te trek, dat die twee voorpante so oorkruis en dan kruis sy haar bene.

Dan, as sy daardie regterskouer so bietjie gelig het, dan moet jy weet sy is reg vir ’n ding.

“Ja, Dominee, dis maar ’n nare ding. Elkeen op die dorp begin mos weer bak, inlê, uitdroog en naaldwerk doen, slag, soutvleis maak, tuisgemaakte lekkers en speelgoed vir die kinders. Dit is ’n gedoente. Ons woon dit altyd by,” vertel Ouma.

Toe Ouma my vertel van die soutvleis-gedeelte, onthou ek tog te goed hoe ons as kinders daar in die Karoo daai soutvleis geeët het saam met kool en baie aartappels. Skoon honger word ek nou.

“Ek vat maar altyd my lappies en hekelwerk daarheen. Dominee sien, ek wil dit nou nie self sê nie, maar ek kry baie komplimente oor hoe netjies my handwerk is en my tafel is altyd eerste uitverkoop,” praat Ouma haarself groot.

Weet jy, ek kan daarvan getuig. Ouma se naaldwerk, veral die lappies se uitwerk, is baie netjies.

“Dan weet ons natuurlik Ella Verwey bak en haar niggie lê in. Van perskes tot guavas. Dan was daar die outjie hier buite die dorp op ’n plaas wat konfyt kook,” en Ouma kry nie eers hierdie sin klaar gepraat nie voor Oupa proes van die lag.

Ek wou nog vir Ouma vra, nou wat is dan so snaaks aan konfytkook dat Oupa lag, maar Ouma praat bo-oor my en vertel verder.

Dis net rookbolle om Oupa en ’n lag wat so uit sy maag uit kom. Dis min dat ek gesien het hoe Oupa lag, so ek kon my net indink hoe hy gelag het. As ek dit tog maar net kon aanskou. In elk geval.

“A-nee-a, Danie, moenie nou kom staan en lag nie, hou jou in, ons het belowe om die storie nooit te herhaal nie en ek is nie ’n vrou wat praat nie,” beginne Ouma.

Ouma vertel my dat Oupa so gelag het, dat dit smaak hy kry ’n aanval. Ouma probeer hom tot bedaring bring en Dominee sit gereed om van hierdie storie te hoor.

Siestog, Ouma vertel my dat daardie Bazil-vent hom lelik styfgeloop het met sy konfyt. Seker gedink omdat sy pa ’n ryk boer hier buite die dorp is, hy met sy streke kon wegkom.

Ouma vertel dat Oupa net so roggelgeluidjie maak en elke keer bolle rook uitblaas van lekkerkry.

Oupa was ’n man van min woorde en het hom nie veel aan stories gesteur nie, maar hierdie storie kon hy nie los nie. En almal weet dat dit sy gunstelingstorie is.

“Sien Dominee, Bazil was ’n snaakse outjie. Dra broeke wat dalk bietjie te styf sit, rangskik blomme en hy kook soos ’n droom. Die lekkerste kos. Nie boerekos nie, nee, al hierdie nuwerwetse goeters wat uit die stad uit kom.

Sy pa het vir hom ’n afslaandak-kar gekoop en so ry hy die dorp vol met die kar. Ek het op ’n tyd gehoop hy sou vir my vra of ek nie bietjie wou saamry nie. Dominee weet, Bazil was maar bietjie anders en het gesukkel om vriende te maak, maar vir een of ander rede het hy nogal van my gehou, en ek van hom,” en Ouma vou haar arms voor haar bors, en dan vat sy met haar hand aan haar wang.

Toe dat Oupa intjirp en sê, dis omdat sy so stories maak en Bazil van die stories hou. Dit lok hom blykbaar soos ’n magneet.

Maar Ouma sê toe vir my, dis nie waar nie. Sy het altyd vir Bazil, toe hy nog ’n kind was, popklere gemaak. Sy ma wou nie en het vir hom karretjies, ’n kettie en kakieklere gekoop.

Ek kan al sien hoe Ouma haar vir Oupa vererg. Ouma ruk haar kop na Oupa se kant toe, sak haar ken effens en gluur vir hom bo-oor haar brilraam. Haar lippe pers saam.

Ek sê altyd dat sy soos ’n tuisgemaakte jaffle lyk as sy haar lippe so saampers van vererg. Maar as Ouma dit moet hoor, jaag sy vir my.

“Dominee, so vra die pastoriemoeder van daardie tyd dat Bazil kan kies of hy pannekoek wil bak of konfyt wil kook vir die kerkbazaar.Hy kies toe nou die konfyt. Mevrou Dominee wou toe weet watse konfyt gaan hy maak en hy sê toe appelkooskonfyt.

Hulle stem toe in daarop en die reëlings vir die bazaar begin.

Mense kom saans bymekaar om alles te bespreek. Dominee gaan van huis tot huis om net deel te wees van die reëlings en die dorp is behoorlik aan die woel.

So breek die bazaardag toe aan. Mens, dit was ’n gedoente.

Hulle hou die bazaar gewoonlik net hier buite die dorp in ’n ou gebou wat die heel eerste klaskamer in die distrik was. Mooi gebou.

Dik mure, houtvloere, hoë plafonne en opskuifvensters.

Die dames het dan tafels ingedra en al teen die mure gepak. Dan begin hulle uitpak. Van brood tot koek en tertjies. Die boere het vleis gebring en in sakkies gepak. Skaaptjops, wors, vetdermpies en skaapboude, voorkwarte, agterkwarte, beesstert, afval, skaapstertjies. Dis ’n gedoente, Dominee.

Bazil bring toe vir sy tafel appelkooskonfyt in die mooiste botteltjies. Strikkies en lappies. Krale en linte met blinkers. Sy tafel was kleurvol en versier met al die kleure onder die son se linte, blinkers, diamantjies, satyn en organza. Te mooi.”

Soos Ouma hierdie storie vir my vertel, raak ek skoon lus vir bazaar hou, moenie eers praat van daai skaapstertjies en tuisgebakte brood nie. Maar anyway, Ouma vertel toe verder.

“Buite langs die gebou het al die mans bymekaargekom en ’n groot vuur gemaak. Die jonger boere het die braairoosters met ’n oopgesnyde rou ui afgevee en die teiken gaan opsit vir die skyfskiet.

Die ouer boere het oopbeen op stompe gesit en ietsie gevat so uit die fles. Hulle het gesê dis koffie, maar hoe later dit word, hoe lekkerder het daardie koffie kop toe gegaan en dit sonder dat enige iemand ’n galaanval gekry het. Dis net jagstories en wie die grootste vis gevang het.

Dis net sulke groot bakke vol vleis wat gebraai gaan word vir middagete.

Mens kon ’n lootjie koop vir die skyfskiet, R2 en dan het mens so paar skote gekry om te skiet na ’n bok wat op ’n stuk karton geverf is en op die bultjie staangemaak is.”

Haai siestog, Ouma vertel dat Dominee teen hierdie tyd die ene ore is en sy kon sien dat hy hierdie storie geniet. Ek het, met alle respek, mos vir Ouma gesê dit klink of hierdie dominee ’n regte storielorrie is.

Maar anyway …

“Soos dit toe moes wees, koop Bazil ’n skyfskietkaartjie. 

Hy gaan staan toe op die streep wat in die sand getrek is en ’n welgeskape, mooi jong boer staan so agter hom, om te wys hoe Bazil daai geweer moet vashou, aanlê en skiet.

Bazil, die ene konsentrasie, met een toe-oog en ’n mooi boer agter hom.

Bazil tree so met die een been, net ’n voet terug en verskuif sy gewig na die agterbeen toe, sodat hy effens agteroor staan. Die hand wat die sneller moet trek se elmboog stoot hy effens terug, sodat dit net-net teen die boer se bors raak.”

Ouma vertel toe dat Bazil vir haar gesê het dat hy die boer kon hoor asemhaal, so naby aan hom het hy gestaan.

“Haal nou stadig asem, sê die boer saggies, eers inasem, dan stadig uit en as jy uitasem, trek die sneller liggies, gee die boer instruksies.”

Aai, my mens, hoekom Ouma nou so in die fynste besonderhede oor die ou Bazil moes ingaan voor die dominee, weet ek ook nie.

Ouma vertel my dat Oupa ook ’n straaltjie wil by-piepie en hy sê: “Ja, ek het die boer so bekyk, sy skiettegnieke is goed. ’n Man wat kan skiet,” was Oupa se woorde, dis nou volgens Ouma se storie.

Ouma sê dat sy en Dominee maar net so vir mekaar geloer het.

Ek vat maar moeilik aan dié dat Oupa intjirp. Ek ken hom, dis nie sy aard nie.

“Danie, nee man, hou terug. Wat gaan Dominee dink?” het Ouma gesê en haar bene oormekaar gekruis.

“Ag nee wat Tannie, vertel verder. Dis mos pure onskuldige pret. Ek verstaan mos heeltemal.”

Aai, weer wens ek tog ek was ’n vlieg in daardie sonkamer, net om die drietjies te bekyk.

Soos Bazil nou een oog toe daar staan met die mooi boer agter hom, praat ’n ander boer bietjie hard hier langs hulle oor hoe hulle die dag ’n koedoebul gekwes het wat die bosse ingestorm het.

Bazil draai toe daar om, met die geweer nog so teen sy skouer en een oog toe. Jy sien net hoe die klomp boere met velhoedens soos een man grond toe sak en die mooi boer agter Bazil skreeu dat hierdie ’n gelaaide geweer is. Hy kan mos nie die ding sommer so swaai en slinger nie.

Bazil laat sak toe maar die geweer en los die spul. Kom ons sê maar dit was die behoorlike afskop van die bazaar, want al wat mens is, het die stomme Bazil gespot.

“Nee man Bazil, sê die boer geduldig. Kom probeer weer. Moenie opgee nie. Bazil tel die geweer weer op, wydsbeen, gewig op die agterbeen, lê terug tot teen die boer en mik. Dis reg, sê die boer … inasem … uitasem … korrel … en daar trek hy die sneller en skiet. Mens sal nou nie weet of hy raakgeskiet het nie, maar hy het geskiet.

Die bazaar word toe geopen met gebed deur die dominee en tydens daardie gebed staan mense soos honger wildehonde wat net wil gryp, want as die dominee “amen” sê, gryp jy van ’n tafel af wat jy nou al vir ’n geruime tyd in die oog het, want as jy nie gryp nie, gryp iemand anders dit. Binne enkele tellings is die tafels leeg.

Bazil se konfyt is uitverkoop en almal is gaande oor die botteltjies en hoe mooi dit versier is en hoe pragtig die kleur van sy appelkooskonfyt uitgekom het. 

Mooi, donker en blink. Sommige mense het sommer die botteltjies oopgemaak en van die roosterbrode daarmee begin smeer.

Hy het soveel moeite gedoen; hy het kerswas bo-op gedrup sodat dit nie sandsuiker nie.

Die manne het van daardie konfyt gevat en sommer so op die wors gesit. Ook ’n nare gewoonte wat ek nie verstaan nie,” vertel Ouma.

“Teen laatmiddag word die bazaar afgesluit met ’n veiling van allerlei goeters. Van tuisgebakte brood tot ’n skaap, ’n bok en selfs boerseep is verkoop.

’n Klomp geld is ingesamel en die dominee lyk tevrede. En so kom die bazaar ook tot ’n einde, maar Bazil se storie bly voortleef.

Dis net wattepluisies in die ore en skietlessie voor en agter en al waaroor Bazil kan praat, is die jong boer wat hom so mooi met die skyfskiet gehelp het.

Dominee, sy konfyt het so gewild geword, dat die vrou by die tuisnywerheid dit begin koop het en die buurdorpe dit ook bestel het. Ek weet van bestellings wat tot Aliwal-Noord toe moes gaan.

Hy het so baie moeite gedoen om klein botteltjies konfyt te kook, net genoeg vir so twee snye boerbrood. Hy het dan ’n kaartjie opgesit, met ’n naam op wat dan na restaurante toe gaan. Tot die vakansie-oord buite Bethulie het botteltjies met hulle naam daarop bestel. Bazil het omtrent gewoeker en goed geld gemaak. 

So vra Ella Verwey die dag tydens ’n bybelstudie, hoe kook Bazil dan nou nog appelkooskonfyt al is dit winter? Hier is nie ’n appelkoos van ’n dag oud nie. Die bome is leeg en dit was ’n yskoue winter daardie jaar. Sneeu het geval.

So kry almal toe snuf in die neus en Ella besluit dat sy vrou-alleen die storie gaan oopkrap en op die lappe gaan bring.

Sy vind toe uit wanneer die tuisnywerheid weer ’n bestelling plaas en gaan ’n dag vooruit na Bazil se huis toe. Sy parkeer haar kar ver en stap so koes-koes onder die bome deur om seker te maak niemand sien haar nie. Ek kan my indink; sy moes soos daardie vaal voëltjies in die Karoo gelyk het wat altyd so koes-koes onder die bossies deur getrippel het. Ons het hulle sommer die Koes-Koesvinke genoem. Deur die onderste kombuisvenstertjie sien sy ’n ding wat haar warm onder die kraag maak.

Bazil staan toe mooitjies daar en maak al wat winkel-appelkooskonfytblik is, mooi oop, skep dit uit in ’n bak en druk dit fyn met ’n vurk. Hy skep eers vier eetlepels uit, gooi dit in die bak, draai die bak dan skuins en met die agterkant van ’n vurk kap-kap hy die konfyt totdat dit fyn is. Dan weer vier lepels vol en dan kap-kap … net vier lepels op ’n slag sodat hy seker maak hy mis nie ’n deel nie.

Dan moet Hessie, wat in die huis werk, dit in die versierde botteltjies skep. Bazil gooi dan in elke botteltjie ’n naeltjie en so klein bietjie fyn naeltjiepoeier, net vir daardie “tuisgemaakte” smaak en reuk; die botteltjie word dan met ’n klam lappie afgevee.”

Ouma vertel my toe dat ou Ella soos ’n verskrikte haan die kombuis instorm toe haar oë hierdie skelmspul aanskou.

“Hessie, die bediende, gaan staan voor die stoof en maak of sy die groot pot roer, maar daar is nie ’n druppel konfyt in die pot nie en nie ’n vlam op die gasstoof nie. Sy roer daardie pot asof sy in ’n roeiboot sit.

Dis net elmboog in die lug en ’n lyf wat wieg. Bazil gooi ’n lap wat oor sy skouer hang, oor die bak met fyngekapte konfyt, sit die bak vinnig op ’n stoel en so met die kant van sy voet skop hy die stoel onder die tafel in.”

My mens, as ou Hessie nie aangetroude familie van my was nie, sou ek wragtag nie hierdie storie van my ouma geglo het nie, maar Hessie het dit presies oorvertel soos Ouma dit vertel het. Ek wens tog so dat ek dit kon sien.

Die volgende dag weet almal van Bazil en sy appelkooskonfyt. Die mense in die dorp was woedend. Die groothandelaar was woedend, soveel so dat sy vrou hom moes vashou, anders was daar ’n moord op daai dorp.

“Daai mannetjie het sowaar mý konfyt gekoop, dit verwerk en toe koop ek my eie konfyt by hom terug teen twee keer die prys, en al my kliënte koop eerder Bazil se konfyt. Ek gaan moor!” het die man geskreeu.

Ouma vertel dat die dominee so gelag het dat hy blykbaar sy koppie langs hom op die koffietafeltjie moes neersit. Tot Oupa het vreeslik gelag. Ouma het toe opgestaan om ’n botteltjie konfyt in die kombuis te gaan haal. Sy kom terug met die mooiste botteltjie appelkooskonfyt, versier met strikke, linte en blinkers. Op die botteljie is ’n kaartjie geplak wat sê, “Spesiaal vir Tannie Joey”.

Dominee se lagbui het nie bedaar nie, maar eerder vlamgevat, soveel so dat Ouma gedink het dat hy gaan verstik.

“Hierso Dominee, vat maar die konfyt. Gaan proe dit, dis nogal nie so sleg nie,” het Ouma laggend gesê.

“Jawragtie,” sê oupa, “so het slim ook sy baas gevang.”

“Ja, ek sal ook moet gaan,” sê Dominee en staan op.

“Kom, ek stap sommer saam met Dominee uit.” Hulle stap by die voordeur uit, nadat hy vir Oupa gegroet het. Dan by die rooi stoep uit, trappies af, sementpaadjie tot by die hekkie.

Dominee trek die gekrulde handvatsel van die hekkie en maak dit oop. Die hekkie skreeu. Hy stap deur en druk die hekkie weer stadig toe. Die hekkie skreeu weer. Hy kyk na die groot klip met die 63 daarop geverf en pluk ’n pronk-ertjie. Hy stap voor by die neus van die veertien-honderd bakkie verby, klim in sy “beeteltjie” en ruik aan die blommetjie … stroopsoet.

My mens, ek moet sê dat niemand hierdie storie soos Ouma kon oorvertel nie. Ek wou nogal daai dag vir haar sê dat mens ’n fliek van die storie kan maak.

Lees ook

Tannie Hessie en die koorsblare

Die gays kos die NG Kerk nou al byna R30 000

 

The post Bazil en die bazaar appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans-nuusbrief: November 2019

$
0
0

Beste lede en vriende van PEN Afrikaans
 
Nuwe leerstoel in Afrikaanse Taalpraktyk aan die US
 
Ton Vosloo en Anet Pienaar-Vosloo, ’n egpaar met noue bande met die Universiteit Stellenbosch (US), het aangekondig dat hulle vanaf 2020 die Ton en Anet Vosloo-Leerstoel in Afrikaanse Taalpraktyk aan die US vir ’n tydperk van vyf jaar borg.
 
Benewens die Leerstoel, word daar fondse beskikbaar gemaak vir beurse vir verdienstelike studente wat Afrikaans op nagraadse vlak aan die US studeer.
 
Volgens die Vosloo-egpaar is die Leerstoel gemik op die verdere uitbou van Afrikaans as belangrike instrument in diens van die Suid-Afrikaanse gemeenskap as ’n geheel.
 
Die volledige persverklaring is hier beskikbaar.
 
SALA vereer topskrywers

Die Suid-Afrikaanse Letterkundepryse (SALA) is op Donderdag 7 November tydens ’n prysfunksie by die Ditsong Nasionale Museum van Kultuurgeskiedenis in Pretoria oorhandig. Hierdie pryse vier jaarliks die beste van die Suid-Afrikaanse literêre landskap en word deur the wRite Associates in samewerking met die Departement van Kuns en Kultuur toegeken.
 
Afrikaanse skrywers wat toekennings ontvang het, is:

  • Charl-Pierre Naudé het die romanprys gewen vir sy debuutroman Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey;
  • Nathan Trantraal is as mede-ontvanger van die poësieprys aangewys vir sy bundel Alles het niet kom wôd;
  • Chase Rhys het die Sello Duiker-huldigingsprys vir sy novelle Kinnes ontvang;
  • Louise Smit, skepper van ikoniese karakters soos Bennie Boekwurm en Haas Das, is vir haar lewenswerk vereer.

Die vertaalprys is aan Michiel Heyns toegeken vir Red Dog, sy vertaling van Buys deur Willem Anker. 

Baie geluk aan al die wenners. ’n Volledige lys is hier beskikbaar.

Plaaslike kinderboekskrywers vir groot internasionale prys benoem

Twee Suid-Afrikaanse kinderboekskrywers is vir die grootste internasionale kinderboekprys benoem. Jaco Jacobs en Niki Daly is op die kortlys vir die gesogte Hans Christian Andersen-prys wat deur die International Board on Books for Young People (IBBY) toegeken word. Die keuringskriteria sluit die estetiese en literêre eienskappe van die skryfwerk en illustrasies in, sowel as die vermoë om vanuit die kind se oogpunt te kyk en jong lesers se nuuskierigheid en verbeelding uit te brei.

Hartlik geluk met dié groot eer en die internasionale blootstelling wat daarmee saamgaan.

Verwikkelinge oor die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg
 
Daar was onlangs bemoedigende verwikkelinge rondom die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg. President Cyril Ramaphosa se regspan het volgens nuusberigte aan die Departement van Handel en Nywerheid en die Departement van Kuns en Kultuur geskryf met vrae oor die grondwetlikheid van die wetsontwerp en die konsultasieproses wat daarmee gevolg is.
 
Die wetsontwerp is steeds by die president en dus nog nie amptelik na die parlement terugverwys vir heroorweging nie, maar tekens is daar dat dit in dié rigting neig. Minister Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, het byvoorbeeld onlangs gemaan teen die aanvaarding van die Wysigingswetsontwerp en laat blyk dat ’n herbesinning nodig is.
 
’n Bydraende faktor is sekerlik die aankondiging dat die VSA, as 'n direkte gevolg van die verswakte beskerming van intellektuele eiendom wat die wetsontwerp aan die hand doen, Suid-Afrika se voorkeurhandelstatus sal hersien. Die belastingvrye invoer van sekere Suid-Afrikaanse produkte na Amerika kan in die proses opgeskort word, wat 'n gevoelige ekonomiese knou sal toedien.
 
'n Persverklaring van die Koalisie vir Doeltreffende Outeursreg is hier beskikbaar.

Lees gerus ook André Myburgh se artikel in Mail & Guardian van 1 November en Monica Seeber van ANFASA se brief in reaksie daarop.  
 
PEN Afrikaans Vertaalfonds: aansoeke ingewag

Die volgende sperdatum vir aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds is 15 November. Te danke aan die ruim steun van die Trust vir Afrikaanse Onderwys, befonds die PEN Afrikaans Vertaalfonds die koste verbonde daaraan om 'n Afrikaanse boek te vertaal met die oog op buitelandse publikasie.

Ons sien uit daarna om aansoeke van buitelandse uitgewers te oorweeg.
 
Volledige inligting oor die Vertaalfonds is hier beskikbaar.
 
Maandelikse resensie-oorsig
Klik hier vir ons oorsig van Afrikaanse resensies wat in Oktober 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Hierdie oorsig sluit boekbesprekings, boekgesprekke en voorlesings in wat op die radio of TV uitgesaai is.
 
Indien jy weet van ander gerekende publikasies wat ook Afrikaanse resensies en boekgesprekke plaas en dit digitaal beskikbaar maak, laat weet asseblief na penafrikaans@gmail.com.
 
Ons wil graag elke maandelikse oorsig so volledig moontlik maak.

Nuwe Afrikaanse boeke in November 2019
 
Hier is oudergewoonte die lys van nuwe Afrikaanse publikasies wat hierdie maand verskyn. Baie geluk aan al ons lede wat nuwe boeke op die rak het.
 
Die publikasielyste vir November kan hier in Excel-formaat afgelaai word.
 
Ten slotte, baie dankie aan LitNet vir die geleentheid om ’n paar vrae oor PEN Afrikaans te kon beantwoord. Die onderhoud is hier beskikbaar.
 
Vriendelike groete
Catrina Wessels
Bestuurder: PEN Afrikaans

The post PEN Afrikaans-nuusbrief: November 2019 appeared first on LitNet.

Viewing all 21534 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>