Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21515 articles
Browse latest View live

Riku Lätti se woord van die jaar 2018

$
0
0

Bettina Wyngaard se woord van die jaar 2018

$
0
0

Gert & Joey deur Pieter van Zyl: ’n resensie

$
0
0

Gert & Joey
Pieter van Zyl
Penguin Random House South Africa
ISBN: 9781776093144

Dit is glad nie verbasend dat Gert & Joey – nuwe lig op ’n raaisel van dertig jaar, so gou ’n tweede druk beleef het nie. Die verhaal oor twee van Suid-Afrika se berugste misdadigers laat mense al dekades lank ril, gril en wild bespiegel.

Hierdie ware lewensdrama bevat immers al die elemente van ’n spanningsverhaal — ’n bizarre liefdesverhouding, tergende raaisels, kinderontvoering, perverse seks en onverklaarbare, onopgeloste misdade waaroor al jare lank bespiegel word.

Sommige bronne verwys selfs na Gert van Rooyen as ’n “reeksmoordenaar”, hoewel die ses meisies se lyke nooit opgespoor is nie en ander meen hulle leef nog.

Pieter van Zyl is ’n bekroonde, bekende en gerespekteerde joernalis wat met deernis en empatie skryf. Hy is self so diep geraak deur die gebeure dat hy prontuit op die gewilde televisieprogram, Kwêla, vertel het dat hy nadat hy die boek geskryf het, geknak het en sielkundige behandeling moes kry.

Die boek is danksy van Zyl se aanslag boeiend, sal geen leser koud laat nie en lees maklik.

Wat my egter pla is die subtitel; “Nuwe lig op ’n raaisel van 30 jaar.” Ek vind die subtitel iewat opportunisties, maar nouja, uitgewers moet seker ook ’n bestaan maak en soveel as moontlik aandag met die voorblad trek.

Die waarheid is dat daar egter myns insiens nie veel nuwe lig op die gebeure gewerp is nie, want daar is swaar gesteun op bronne in die gedrukte media (van so ver terug as 1994) waaruit lang dele aangehaal is. Dis net vir my ietwat misleidend, want die titel laat jou dink dalk, net dalk, is daar betroubare leidrade of groot nuwe onthullings oor wat met die dogtertjies gebeur het sodat die diep beproefde ouers uiteindelik kan afsluiting kry. Van hulle is natuurlik al oorlede sonder dat die saak opgelos is (ook weens gebroke harte, is al vertel) omdat Suid-Afrika se berugste pedofiel en Joey, sy medepligtige, die donker geheime saam graf toe geneem het. Ek beskou die boek dus eerder as ’n puik samestelling van die gebeure.

Natuurlik is dit moeilik om die opspraakwekkende saak byna 30 jaar na die tragedie te ondersoek. Polisielede het al vertel dit kan jare duur, sal baie duur wees en daar is geen waarborge dat die waarheid ooit ontrafel sal word nie. Baie van die mense wat dalk betrokke was of meer kennnis oor die gebeure gedra het, leef nie meer nie, terwyl ander glo doodeenvoudig te “bang” is om te praat. Dit is dus ’n reuse en eintlik onbenydenswaardige taak om so ’n ambisieuse projek aan te pak.

Ek is een van die mense wat oor die jare elke moontlike artikel oor Gert en Joey gelees het, en ek kan baie van die inligting in die boek onthou. Vir jonger mense wat destyds nog nie gebore was nie of kinders was, sal die inligting nuut wees. Ander herleef dit weer in besonderhede.

Om en by die tyd van die bekendstelling, is daar op sekere facebookblaaie gal gebraak oor die boek wat kwansuis “sensasioneel” is en daarom sal mense nie daaraan raak nie. Toe nou nie. Verkope toon die teendeel.

Die woord “sensasioneel” op sigself, is ook vir my problematies. Wat is sensasie? Dit gaan tog oor vraag en aanbod. Dit gaan sekerlik ook eerder oor die “scoop” as oor die mense se gevoelens. Maar Van Zyl is glad nie harteloos nie. Hy haal nie die menslikheid uit mensestories uit nie.

Van Zyl gaan op ’n reis wat hom in Gert en Joey se spore laat stap. Hy besoek die Moot, gesels met kennisse, vriende en familie, die slagoffer wat weggekom het en die Polisie om soveel as moontlik inligting te kry. Maar helaas, daar is nog geen behoorlike leidrade nie. Net baie botsende teorieë, menings en wilde gerugte.

Een van die dinge waaroor die meeste deur die jare gegis is, is hoe die berugte paartjie gesterf het. Amptelik het hulle selfmoord gepleeg, maar hardnekkige gerugte doen steeds die rondte dat die Polisie hulle uitgehaal het. Polisielede met wie van Zyl gepraat het, beskou dié bewering as verregaande.

Hoekom, wonder ‘n mens, sou Joey dit op skrif in ’n roerende brief aan haar ma stel dat die Bybel ’n mens leer dat daar nie vergifnis is as jy jou eie lewe neem nie? Ander glo steeds dat daar ’n pedofielsindikaat in die land was waarby parlementslede betrokke was.

Gert, die walglike psigopaat vir wie talle gegril het en wat met seks sowel as godsdiens behep was, se persoonlikheid word goed in die boek geskets. ’n Mens haat hom net meer as ooit. Dit is verblydend dat die sieners wat die meisies probeer opspoor het, ontbloot is. Hulle het vals hoop vir die geliefdes gegee wat na die laaste strooihalm gegryp het. Daar was ook talle ander wat met die bedroefde familie se koppe gesmokkel het.

Maar soos een van die familielede opgemerk het: “As jy emosioneel by iets betrokke is, hoor en sien jy wat jy wil.”

Van die interessantste hoofstukke in hierdie boek is dié oor Suid Afrika se dodelikste liefdes en mees toksiese paartjies waarin na hierdie misdadigers se psige gekyk word en die menings van sielkundiges en kenners oor psigopate wat totaal gewetenloos en onrehabiliteerbaar is.

Sal die saak ooit opgelos word?

Ons weet steeds nie wat feit en wat fiksie is nie. Die hoop beskaam egter nie want so ’n boek plaas weer eens die fokus op hierdie ondenkbare misdade. En dalk is dit ’n goeie ding. Dalk kom iemand, met ’n gewete, met sinvolle inligting vorendag. Soos oor die geheimsinnige aantreklike blonde soldaat wat saam met Gert-hulle rondgehang het, waaroor geskryf word. Sodat die meisies se geliefdes finaal kan afskeid neem en broodnodige afsluiting kan kry. Bygesê, as hy ooit bestaan het.

Dis in elk geval bemoedigend dat die saak, soos van Zyl skryf, steeds oop is.

Die boek sal dalk ook ouers meer bedag maak op die veiligheid van hul kinders. As hierdie grusame misdade in die relatief veilige tagtigs gebeur het, hoeveel te meer nie vandag in ons misdaadgeteisterde land en inligting wat vrylik op sosiale media beskikbaar is nie?

Sou ek die boek aanbeveel? Ja. Dis krimi-geesdriftiges se kos.

  • Carla van der Spuy is ’n skrywer van onder meer Mishandel, Misbruik, Misken – Joey Haarhoff was my ma, Lapa-uitgewers 2016

The post <i>Gert & Joey</i> deur Pieter van Zyl: ’n resensie appeared first on LitNet.

’n Geel golf van protes in Frankryk

$
0
0

Foto van Marita van der Vyver: Mia Claisse

“Wat gaan nou weer in Frankryk aan?” As ek ’n euro kon kry vir elke keer die afgelope twintig jaar wat ek dié vraag van bekommerde kennisse oral in die wêreld probeer antwoord het, was ek teen dié tyd seker al ryk. Let wel, ek sê “probeer”, want ondanks die feit dat ek al twee dekades lank ’n bevoorregte binneblik op die Franse samelewing het, ondanks my Franse man en kinders, Franse vriende en bure, bly dit ’n turksvy van ’n vraag, vol klein dorinkies.

Dikwels is die beste antwoord steeds daardie frase wat op Facebook gebruik word om ’n verwarrende verhoudingstatus te beskryf: “It’s complicated.”

Dis ingewikkeld, ja.

En die huidige landwye opstand deur die gilets jaunes of “geel baadjies” is selfs meer ingewikkeld as soveel ander stakings en betogings wat onvermydelik deel word van jou daaglikse lewe as jy in Frankryk woon. Die Franse beskou die reg om in die openbaar protes aan te teken as ’n onontbeerlike deel van wat dit beteken om Frans te wees. Omtrent soos die Amerikaners die reg om vuurwapens te besit as ’n onlosmaaklike deel van hulle nasionale karakter beskou. En ek is dankbaar, glo my, dat ek in ’n land woon waar mense eerder na ’n banier met ’n slagspreuk gryp as na ’n gelaaide vuurwapen wanneer hulle ontevrede voel. Die afgelope twee weke se woedende betogings sou beslis bloediger verloop het as die helfte van die skare gewapen was.

En tog voel hierdie groeiende geel oproerigheid vir my soos ’n klassieke geval van “aan die een kant dit” en “aan die ander kant dat” - en hoe op aarde gaan die twee kante ooit by mekaar uitkom?

Aan die een kant maak dit my bitter bang, want dis bowenal ’n populistiese opstand wat dui op ’n enorme gaping tussen die politieke elite in Parys en die “gewone mense” in die res van die land. En ons het mos almal gesien hoe skaamtelose populisme die afgelope paar jaar gelei het tot die verkiesing van skaamteloos-regse leiers in die VSA, Italië, Brasilië en ander demokratiese lande. Dis waar dat Marine Le Pen se verregse Nasionale Front nog nie die oorhand gekry het in die Franse protesoptogte nie, want Jean-Luc Mélenchon se verlinkse ondersteuners maak hulle stemme net so dik. Maar indien die regering onmiddellik ontbind word – waarop Le Pen en Mélenchon albei aandring – gaan die verregses heelwat beter vaar in ’n verkiesing as die verlinkses. Die toenemende swaai na verregs onder “gewone Franse” is immers die laaste dekade of wat in verkiesing ná verkiesing bewys.

Aan die ander kant lewe ek al jare lank tussen die “gewone mense” op die platteland, ver weg van Parys, ver weg van enige groot stad. Ek verstáán die frustrasie en die moedeloosheid van la France profonde, “die diep Frankryk”, omdat die welgestelde Paryse politici heeltemal afgesny is van die landelike bevolking se probleme.

Aan die een kant stem ek honderd persent saam met president Emmanuel Macron dat iets drasties gedoen moet word om Frankryk meer ekologies vriendelik te maak. Die “groenste” lid van Macron se regering, Nicolas Hulot, minister van omgewingsake, het onlangs tydens ’n regstreekse radio-onderhoud dramaties uit sy pos bedank weens sy ontevredenheid met die “klein treetjies” wat die regering bereid is om te gee om die aarde te probeer red. Wat die mensdom nou nodig het, beweer Hulot, is gróót en dapper spronge op ekologiese gebied. Maar elke keer wat onlangse Franse regerings selfs net ’n kleinerige tree in die rigting van ekologies vriendeliker wetgewing gewaag het, het grootskaalse protesaksies hulle amper onmiddellik laat terugdeins. En dan bly alles maar nes dit altyd was. Frankryk is Frankryk, sal die Franse vir jou sê, c’est comme ça. Dis nou eenmaal soos dit is.

Macron was dus vasberade om onverbiddelik te bly toe hy hoër belasting op brandstof aankondig en dieselpryse verhoog. Om nie, soos al sy voorgangers, hom bleek te skrik vir die betogers nie. En Franse betogers kán skrikwekkend wees – soos laas naweek se beeldmateriaal van gewelddadige tonele rondom die Arc de Triomphe in Parys weer vir die res van die wêreld gewys het.  

Maar hierdie betogings is nie ’n eenvoudige geval van “geel” teen “groen” nie. Dit beteken nie as jy ’n geel baadjie dra, is jy ’n ontkenner van aardverwarming en ’n teenstander van alle groen maatreëls nie. Want die ander kant van die saak – ja, weer eens ’n ander kant – is dat miljoene Franse op die platteland woon, of aan die verste buitewyke van groot stede, gedwing om uit die stede te vlug omdat behuising in die stede onbekostigbaar geword het. Hierdie mense se lewens word veel erger ontwrig deur hoër brandstofpryse as enigiemand wat in Parys woon.

Ek ken hierdie mense want ek woon tussen hulle. Ek kan seker sê ek is een van hulle. Ek kan nie sonder ’n motor klaarkom nie, want openbare vervoer is nie ’n opsie nie. Ons huis is ’n halfuur se ry van die naaste stasie af - en sonder ’n private motor is dit onmoontlik om by die stasie uit te kom. In hierdie omgewing is daar geen gerieflike metrotreine of trems nie en slegs enkele busse per dag na omliggende dorpe. En ons huis is ’n uur se stap van die bushalte af.

Trouens, in my gesin het ons twéé motors nodig om aan die lewe te bly. My man het sy stokou Renault Kangoo nodig om by die werk uit te kom en heeldag vir werkafsprake rond te ry – ’n skandalig ekologies-onvriendelike affêre wat diesel gebruik, maar ons kan nie nou ’n nuwe motor bekostig net omdat diesel al hoe duurder word nie – en ek het my stokou Citroentjie nodig om kos te koop en by dokters en skole uit te kom en kinders by stasies te gaan aflaai of oplaai. Ons móés al noodgedwonge vir meer as ’n jaar met ’n enkele motor oor die weg kom toe my man weens nalatige verkeersoortredings al die punte op sy Franse rybewys verloor het – en dit was so ’n logistieke nagmerrie dat ek nou nog in koue sweet uitslaan as ek net daaraan dink.

Daarom begryp ek dat soveel landelike Franse om my hoogs ontstoke is oor die brandstofbelasting wat hulle soveel swaarder “straf” as die stedelinge wat sonder motors kan lewe en openbare vervoer kan gebruik. Vir hulle is hierdie nuutste belasting bloot die laaste strooi in ’n lang sage van vervreemding tussen Parys en die provinsies, tussen welgestelde stedelinge en sukkelende boere, tussen die intellektuele elite by universiteite en die onopgeleide werkloses in dorpe wat al hoe armer word, al hoe minder hulp van Parys kry, al hoe meer sukkel om kop bo water te hou.  

En hoewel die sensasionele beeldmateriaal van die betogings in Parys ’n wêreldwye skokreaksie uitgelok het – verbrande motorwrakke en geplunderde winkels in die deftige Champs Elysees, die statige staalheining van die Jardin des Tuileries vlak langs die Louvre wat deur ’n woedende skare uit die grond geruk word – moet ons onthou dat hierdie protesaksie diep gewortel is in die lyding van die landelike bevolking en wyd ondersteun word op klein dorpies dwarsdeur die land. Die betogings is weliswaar minder gewelddadig hier in my omgewing – dalk juis omdat dit so ver van internasionale media-kameras geskied – maar jy kan nie anders as om intens bewus daarvan te wees nie.

Dit ráák jou lewe wanneer elke verkeersirkel op elke dorp beset word en alle paaie wat toegang tot snelweë gee, versper word. Dikwels deur mense wie se gesigte jy ken. Die bakker op die dorp, ’n afgetrede onderwyser in wie se klas jou kinders gesit het, ’n jong ma wat agter die kassier in die naaste supermark werk. Die feit dat platttelandse betogers nie die anonimiteit van stedelinge het nie – niemand kruip hier weg agter maskers of balaklawas soos die plunderaars in Parys nie – verseker ook meer empatie tussen die betogers en die res van ons.

Maar dit bly ’n enorme ontwrigting. Elke keer wat jy kos gaan koop of stasie toe moet ry, weet jy nie hoe lank dit jou gaan vat nie, want elke dag word ander paaie beset. Jy weet nie of jy hoegenaamd kos sal kan koop nie, want die paaie na groot winkelsentrums word ook onverwags versper, en die rakke in die kleiner winkels raak leeg, want die afleweringsvragmotors kan nie by die winkels uitkom nie. Brandstof raak skaars en jy weet nie wanneer dit weer afgelewer sal word nie, daarom probeer jy so min as moontlik ry.

’n Eenvoudige ete by vriende verg die beplanning van ’n generaal op die vooraand van ’n veldslag. Laas naweek het Theo en Christine van Nîmes by ons kom eet, en ’n rit wat gewoonlik vyftig minute op die snelweg duur, het in ’n safari van drie ure verander omdat soveel paaie versper was. Toe hulle eindelik ná tienuur die aand by ons opdaag, was die cassoulet lankal koud en die wyn amper opgedrink.

Toe hulle in die vroeë oggendure terugry, was hulle ietwat gelukkiger. Betogers het steeds die toegang tot die snelweg versper, maar was tog gaaf genoeg om vir hulle ’n onwettige manier aan te dui om die versperrings te omseil - deur ’n ent oor McDonalds se parkeerterrein te ry en ’n eenrigtingstraat in die verkeerde rigting aan te durf.

Sulke tegemoetkomende gedrag van betogers word bon enfant genoem, “soet kind”, maar selfs op die platteland gedra alle betogers hulle helaas nie altyd soos soet kinders nie. Die mense is diep ontstoke, erg verontwaardig, so kwáád dat hulle kan slange vang – die soort intense emosies wat maklik handuit ruk. Op ’n buurdorp het betogers laas naweek ’n paar ou bome op ’n verkeersirkel afgesaag om hout te verskaf vir die vure wat hulle heelnag moes warm hou. Dit het my amper my laaste bietjie empatie met die geel golf laat verloor. Om winkelvensters te breek, is reeds erg vandalisties, maar jy kan seker nog redeneer dat die winkels verseker is en die vensters maklik vervang kan word. Ou bome word ongelukkig nie oornag vervang soos winkelvensters nie.

Maar aan die ander kant – weer eens die ander kant – sê ek vir myself dat ’n ganse groep tog nie veroordeel kan word weens die gedrag van ’n klein persentasie ongedissiplineerdes nie. Veral nie ’n groep soos die “geel baadjies” nie, ’n beweging wat skynbaar spontaan ontstaan het, sonder enige spesifieke landwye leiers, met ’n steeds groeiende verskeidenheid van griewe. Dis tog demokrasie in sy suiwerste gedaante, is dit nie? Die soort massagedrag wat tot revolusies kan lei, of hoe?

Ek weet eerlikwaar nie. Ek kan nie volkome simpatiseer óf kritiseer nie, ek sit op die draad tussen twee kante, en my oorwegende emosie is angstigheid. Die polisie vra nou vir die regering om ’n noodtoestand te verklaar en die weermag in te bring om die betogings te beheer. Dit maak my bitter benoud. Populisme maak my bang, gespierde reaksies op populisme maak my nog banger, eintlik maak alles wat op die oomblik in Frankryk aangaan, my bang. Ja, selfs hier op die sogenaamde veilige platteland.  Dis ingewikkeld – en dit gaan nog ingewikkelder raak voor dit oor gaan wees. 

The post ’n Geel golf van protes in Frankryk appeared first on LitNet.

Aardklop wéér genomineer vir kykNET Fiëstas: Fees van die Jaar

$
0
0

 

Aardklop 2018 het pas ’n benoeming ontvang vir ’n kykNET Fiëstas: Fees van die Jaar-toekenning. Dié fees, wat in Ferbruarie 2018 bekroon is met ’n kykNET Fiëstas-toekenning as Suid-Afrika se Gewildste Kunstefees, hoop om in 2019 weer met die gesogte titel weg te stap.

Volgens Alexa Strachan, Aardklop se Hoof Uitvoerende Beampte is die benoeming “bevestiging van die kwaliteit en balans van Aardklop se program, die feesgangers se ervaring, en die gasvryheid van Potchefstromers. Dit bly ons doel om ‘n fees vir almal te wees – van die diep denkers tot die stalletjiebesoekers en die partytjiediere. Dankie aan almal wat hierdie jaar bygedra het tot ‘n fantastiese Aardklop. Nou moet die duisende mense wat saam met ons kom feesvier het, net vir ons stem! Soos die politici altyd sê: Elke stem tel.”

Stemme open vandag, 3 Desember en sluit 13 Januarie 2019 om middernag. Daar kan vir Aardklop gestem word deur die volgende skakel te volg:

https://kyknet.dstv.com/wen/kies-jou-gunsteling-fees-9de-kyknet-fiestas

Aardklop sal van 24–29 September 2019 in Potchefstroom aangebied word. Vir meer inligting besoek www.aardklop.co.za of volg Aardklop Nasionale Kunstefees op Facebook.

The post Aardklop wéér genomineer vir kykNET Fiëstas: Fees van die Jaar appeared first on LitNet.

US Woordfees 2019: Klassieke musiek

$
0
0

Die Klassieke Musiek-program spog met van die wêreld se voorste kunstenaars – almal op ’n verhoog in Stellenbosch.

Olga Kern

Olga Kern: Prestige Klavieruitvoering
Die Russies-Amerikaanse pianis Olga Kern word tans erken as een van haar generasie se uitnemendste pianiste. Sy het in die kalklig gekom met haar historiese verowering van die goue medalje by die Van Cliburn Internasionale Klavierkompetisie as die eerste vrouepianis in meer as 30 jaar. Haar verowering van die eerste prys in die Internasionale Rachmaninof-kompetisie op 17-jarige ouderdom was die begin van ’n glorieryke kompetisieloopbaan. In 2016 het sy gedien as beoordelaarsvoorsitter van sowel die 7de Van Cliburn Internasionale Amateur-klavierkompetisie en die eerste Olga Kern-klavierkompetisie, waarvan sy ook die artistieke direkteur is. In hierdie prestigeryke solo-uitvoering speel sy werke soos Schumann’ se Karnaval, Gershwin se Drie Preludes, en ’n transkripsie van Gershwin se Fascinating Rhythm, sowel as musiek van Rachmaninof, Skriabin en Balakiref.

Megan-Geoffrey Prins

Virtuose in Konsert (met Megan-Geoffrey Prins) 
Die ATKV se nasionale kompetisies Muziq (instrumente) en Muziqanto (sang) bied graag ’n konsert met van die beste van die jong Suid-Afrikaanse musiektalent. Die saamstelling van beide vokale pryswenner - bariton Bongani Kubheka en instrumentale pryswenner, saxofoon speller Cameron Williams beloof ’n uitsonderlike fees van musiek. Die soliste sal begelei word deur pianis Megan-Geoffrey Prins – self die wenner die 2016 Muziq-kompetisie. Prins het reeds etlike plaaslike en buitelandse pryse verower, waaronder eerste pryse tydens die UNISA 120 jaar Herdenkingskompetisie, die 5de UNISA Nasionale Klavierkompetisie en die 2017 SAMRO Buitelandse Beurskompetisie. Prins het ook gedurende 2018 sy doktorale studie aan die Cleveland Musiekinstituut met sukses voltooi.

Christopher Duigan en David Salleras

Universiteit van Stellenbosch Simfonieorkes (met Christopher Duigan en David Salleras)
Die Universiteit Stellenbosch se Simfonie-orkes, onder die leiding van die Israeli-Amerikaanse dirigent Daniel Boico open die Woordfees van 2019, met ’n unieke versameling van klanke en kulture. Die Spaanse saksofonis David Salleras, Suid-Afrikaanse pianis Christopher Duigan en slagwerkspeler Emilio Lorenzo (Matiestudent en wenner van die 2018 Fine Music Radio-beurs), smee kragte saam in ’n uitvoering van die Japannese komponis Takashi Yoshimatsu se kleurvolle en ritmies-betowerende Cyber Bird Concerto, vir saksofoon, klavier en orkes. Ook op die program is Brahms se innemende Tragiese ouverture, en die Slawiese warmte van die glinsterende sesde simfonie van Antonin Dvořak.

Nina Fourie-Gouws

LA FEMME! (met Nina Fourie-Gouws) 
Die internasionaal bekende danseres en choreograaf, Tanya Diamond, en die konsert-kitaarspeler en dosent aan die Konservatorium, Nina Fourie-Gouws, smee kragte saam in hulle aanbieding LA FEMME! Hierdie visuele en musikale produksie kombineer passie, vurigheid en intensiteit van die eietydse solo Flamenco-dans met die ryk, komplekse en sensuele klanke van klassieke kitaar. Tanya Diamond het haar professionele dansloopbaan op die ouderdom van 15 begin, nadat sy deur die professionele danser en choreograaf Antonio del Castillo raakgesien is. Daarna het sy dansopleiding in Spanje ondergaan, en self les gegee in New York en Los Angeles. Nina Fourie-Gouws het steeds ’n aktiewe konsertprogram deur Suidelike Afrika, en het onlangs ’n optrede in die Volterra Kitaarprojek in Italië gehad. Tanya en Nina is albei geesdriftig oor die ryk Spaanse musiek- en danstradisie, en is voortdurend op soek na nuwe klankmoontlikhede binne die eietydse klassieke repertorium. Tradisionele Spaanse begeleiding, insluitende kastanjette, cajon (’n soort vierkantige handtrommel) en palmas (handklap of kitaartrommel), sal voorsien word deur lede van die SoloFLAMENCO-ateljee.

Bowie Baroque 
Met David Bowie wat bekend is as die verkleurmannetjie van rock, was dit ’n natuurlike proses vir die klassieke ensemble om by wyse van verwerkings hulde te bring aan die ikoniese musikant en vermaaklikheidskunstenaar, deur sy musiek geheel en al te herskep. Jan-Hendrik Harley het aan homself die uitdaging gestel om die populêre werke van Bowie binne ’n Baroktydperk te verplaas. Hy het sy inspirasie geput uit die musiek van Argentinië, Frankryk en Duitsland. Hierdie unieke Barok-verplasings gee erkenning aan Bowie se vermoë om sy eie beeld en musiek herhaaldelik te herskep en verander. Die program word uitgevoer op instrumente eie aan die Barok, en sal hier en daar afgewissel word met anonieme Barok-werke wat aansluit by die temas van eksistensiële angs en vervreemding in Bowie se musiek.

Charl du Plessis Trio: Speel Beethoven
Die hoogaangeskrewe Charl du Plessis Trio is pas vereer met ’n tweede SAMA-toekenning as beste klassieke instrumentale opname-kunstenaars in Suid-Afrika. Die trio besoek weer eens die Woordfees, nou met hulle nuutste bydrae: Speel Beethoven. Hierdie nuweling-produksie is ’n keur van die bekendste Beethoven-melodieë in ’n nuwe swing-gewaad. Werke soos “Die Maanlig-sonate”, die 5de simfonie, “Für Elise”, en die grootse Keiser-concerto, en ander gunstelinge, word hier getransformeer in nuwe bewerkings in die unieke styl van die Trio. Speel Beethoven is ’n kombinasie van die verfynde vertolking van die Steinway-kunstenaar Charl du Plessis, die ervare en elegante bas-spel van Werner Spies, en die kraakvars trommelings van Peter Auret. Die Charl du Plessis Trio het reeds 7 CD- en 2 DVD-opnames vrygestel, met hulle populêre Baroqueswing-reeks onder die Swiss Claves -etiket, en het ook verskeie optredes in Europa en China agter die blad.

’n Ander hoogtepunt beloof om die klavierkonsert van die 12-jarige wonderkind Mike (Zi Ning) Wang te wees. Wang was die algehele wenner van die Hennie Joubert Klavierkompetisie in 2018. By sy Woordfees-solokonsert sal hy stukke van Beethoven, Chopin en Liszt speel.

Verdi se geliefde Requiem, wat Brahms beskryf het as “… ’n werk wat net ’n genie kon skryf”, sal uitgevoer word deur die Libertaskoor. Johan de Villiers lei saam met die koor ’n groep uitstaande soliste: Cecilia Rangwanasha (sopraan), Minette du Toit-Pearce (mezzo-sopraan), Given Nkosi (tenoor) en Garth Delport (bariton).

Lees meer oor die klassieke musiek te sien by die US Woordfees of kry die volledige program.

The post US Woordfees 2019: Klassieke musiek appeared first on LitNet.

US Woordfees 2019: Filmfees

$
0
0

Die US Woordfees se 2019 Filmfeesprogram sal jou opgewonde hê oor die verskeidenheid en gehalte van Suid-Afrikaanse filmkuns.

Rolprente 
Die Afrikaanse aanbod is besonder sterk en veelsydig. Deur die lense van Ellen: Die storie van Ellen Pakkies, Nommer 37 en die Christiaan Olwagan-trilogie (Johnny is nie dood nie, Kanarie en Die seemeeu) word pakkende, belangrike stories vertel vanaf die kontemporêre Kaapse Vlakte tot by die Grensoorlog en Voëlvry-beweging van die 80’s.

Ellen 
Die regisseur van Ellen, Daryne Joshua , wat ook die regie van Noem my Skollie behartig het, sal saam met die vervaardigers ná twee vertonings ’n V&A oor dié prent aanbied. Hulle sal gesels oor die merkwaardige spanpoging wat dit geverg het, om in samewerking met die ware Ellen Pakkies, haar traumatiese lewensverhaal in ’n aangrypende werklikheidsgetroue fliek te omskep. Ellen is in Pakkies se regte huis in Lavender Hill verfilm met Jill Levenberg in die hoofrol. Pakkies het in 2007 uit ’n absolute desperaatheid haar 20-jarige tikverslaafde seun,  Abie, om die lewe gebring en dié moord en daaropvolgende hofsaak het dwarsoor die wêreld opslae gemaak.

Christiaan Olwagen se drieluik 
Die veelbekroonde Olwagen-trilogie sal in ’n lesing deur die digter-sanger-liedjieskrywer en sosioloog Andries Bezuidenhout bespreek word. Kanarie, met Schalk Bezuidenhout in die hoofrol, het vanjaar ses Silwerskermfeestoekennings ontvang, onder meer, vir beste speelfilm en regie. Dit vertel die ware verhaal van Johan Niemand wat in 1984 sy militêre diensplig in die Suid-Afrikaanse Weermag se Kerkkoor en Konsertgroep, die “Kanaries”, verrig. In dié tyd worstel hy met sy gewete en seksualiteit. Olwagen se Johnny is nie dood nie het ook sy wortels in die troebel 80’s en die Voëlvry-era wat Andries Bezuidenhout self deurleef het. Die derde deel van Olwagen se drieluik, Die seemeeu, vier sy première by die Woordfees en die gelukkige feesgangers wat eerste aan die verspreiders skryf, sal dié rolprent gratis kan sien. Die seemeeu is Olwagen se satiriese, eietydse hervelbeelding van Anton Tsjechof se klassieke, gelyknamige toneelstuk met, onder andere, Sandra Prinsloo, Marius Weyers, Albert Pretorius en Rolanda Marais in die rolverdeling. Op die laaste Saterdag van die Woordfees sal daar ’n Seemeeu-premièregeselligheid met die vervaardigers en van die akteurs gehou word wat kaartjiehouers kan bywoon.

Sotho-cowboys 
En dan is daar die eerste Sotho-western, Five Fingers for Marseilles, wat vyf toekennings by die 2018 Africa Movie Academy Awards opgeraap het, om na uit te sien. Dié prent is al in die buiteland as “ ’n nuwe wending van die Afrika-rolprentkuns” bestempel en selfs al hou jy nie van aksie-prente nie, is dit die moeite werd om hierdie film op die grootdoek te sien vir die skouspelagtige Vrystaatse en Oos-Kaapse landskappe wat daarin vasgevang word.

Dominee Tienie 
Diegene wat deur Dana Snyman se gewilde toneelstuk Die klaagliedere van ds. Tienie Benade getref is, sal beslis ook diep geroer word deur die rolprentweergawe met Frank Opperman in die hoofrol – Dominee Tienie.

Beste van die 2018 Durban Internasionale Filmfees (DIFF)
Die Woordfees Filmfees wys ook die pryswenners van die 2018 Durban Internasionale Filmfees (DIFF):

The Reports on Sarah and Saleem vertel die ware verhaal van ’n affair tussen ’n Israeli-vrou en ’n Palestynse man wat tragiese politieke dimensies aanneem. Dié prent het die DIFF-toekennings vir Beste internasionale speelfilm en Beste aktrise (Maisa Abd Elhadi) gewen.

Die hoogaangeskrewe Amerikaanse rolprent The Tale, met Laura Dern in die hoofrol, is gegrond op die ervarings van die skrywer-regisseur van die fliek, Jennifer Fox, wat as 13-jarige seksueel mishandel is. Fox het die DIFF-toekenning vir Beste draaiboek ontvang. Dié film het ook ’n prys vir Beste redigering gekry.

Die prente wat as Beste Suid-Afrikaanse speelfilm (High Fantasy) en Beste Suid-Afrikaanse dokumentêr (Sisters of the Wilderness) by DIFF 2018 aangewys is, sal ook te sien wees.

High Fantasy is ’n satiriese komedie oor ’n jong generasie se ontnugtering met die droom van ’n reënboognasie. ’n Multikurele Suid-Afrikaanse groep jong vriende kampeer in die afgeleë platteland en word een oggend wakker met die besef dat elkeen in ’n ander liggaan beland het. Hul ervaring van hierdie bisarre verwikkeling kan nie meer verskillend wees nie.

Sisters of the Wilderness is ’n ode aan die natuurskoon van die iMfolozi. Dis ook die verhaal van vyf jong Zoeloe-vroue uit minderbevoorregte omstandighede se merkwaardige pelgrimstog.

Dokumentêre wat tot op die been van aktuele sake sny 
Twee dokumentêre wat aan die hart van groot Suid-Afrikaanse kwessies raak, is Whispering Truth to Power en The Colour of Wine.

In Whispering Truth to Power volg die filmmaker en menseregte-advokaat Shameela Seedat Suid-Afrika se eerste vroulike Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, in haar laaste ampsjaar. Ná die tweede vertoning van dié dokkie sal Seedat met Madonsela gesels oor die film en oor waar ons nou, ná Zuma, staan.

The Colour of Wine kyk deur die lens van ’n eerste generasie swart wynmakers en
-verkopers na die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse wynbedryf. Die persoonlike verhale van vier swart wynmakers, wat almal aan die Universiteit Stellenbosch studeer het, word versny met onderhoude met wyndeskundiges van dwarsoor die wêreld. Ná die tweede vertoning van dié dokumentêr sal van die wynmakers wat in die film te sien is, gesels oor hul ervarings in die wynbedryf.

Die twee gesamentlike wenners van die 2018 Encounters-fees vir dokumentêre is ook op die program: The Fun’s Not Over – The James Phillips Story en Not in My Neighbourhood.

The Fun’s Not Over is ’n intieme rock-dokkie oor die veelbewoë lewe van James Phillips, wat as Bernoldus Niemand die vonk van inspirasie vir die latere Voëvry-beweging was. Die film sluit insiggewende bydraes deur Johannes Kerkorrel, Lloyd Ross, Pieter-Dirk Uys, Zapiro, die Radio Rats se Jonathan Handley, Vusi Mahlasela en verskeie ander in.

Die bekroonde filmmaker Kurt Orderson gee met Not in My Neighbourhood insae in die lewens wat deur gentrifikasie, stadsvernuwing en argitektoniese apartheid ontwrig word. Hy fasiliteer ’n internasionale gesprek deur die ooreenkomste in die huidige stedelike ontwikkeling van drie skynbaar heel verskillende metropole te verken: São Paulo, Kaapstad en New York.

Kortfilms gratis 
Al die kortfilms wat vir die 2018 Silwerskermfees vervaardig is, word gratis vertoon.

Lees meer oor die filmfees of kry die volledige program.

The post US Woordfees 2019: Filmfees appeared first on LitNet.

Multimodale idiolektiese taalgebruik en skrywerskapverifikasie: ’n korpusontleding van Joan Hambidge se idiolek oor die grense van genres

$
0
0

Multimodale idiolektiese taalgebruik en skrywerskapverifikasie: ’n korpusontleding van Joan Hambidge se idiolek oor die grense van genres1

Mariska Nel (Skool vir Tale, Fakulteit Geesteswetenskappe, Noordwes-Universiteit) en Jako Olivier (Skool vir Professionele Studies in Onderwys, Fakulteit Opvoedkunde, Noordwes-Universiteit)

LitNet Akademies Jaargang 15(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Individue beskik elk oor ’n unieke idiolek wat op ’n multimodale wyse uitgedruk kan word. Die begrip idiolek verwys na sowel die unieke taalgebruik van bepaalde individue as die feit dat teksskrywers na gelang van hulle taalgebruik geïdentifiseer kan word. Hierdie artikel fokus op die idiolek van Joan Hambidge soos sigbaar in haar werke oor die grense van genres en lewer verslag oor ’n empiriese ondersoek wat geloods is om haar idiolek oor multimodaliteite en genres heen te ondersoek. Die empiriese ontleding het bestaan uit ’n inter- en intrakorpusondersoek wat die vorm van beide ’n stilistiese en ’n stilometriese ontleding aangeneem het. Ten einde die idiolek van Hambidge te kon identifiseer, is die Taalkommissiekorpus as die verwysingskorpus gebruik. Die verwysingskorpus is gebruik om te bepaal of die idiosinkratiese kenmerke wat uit die Hambidge-korpus verkry is, wel uniek aan Hambidge se idiolek was. Die toepassing en uitvoering van die verskillende metodes wat in hierdie artikel bespreek word, het dit moontlik gemaak om die aard van Hambidge se unieke idiolek, oor die grense van die genres waarin sy skryf, te bepaal asook hoe sigbaar hierdie idiolek is oor die grense van die verskillende genres waarin sy skryf. Bevindinge toon dat Hambidge sonder twyfel oor ’n kenmerkende idiolek beskik wat oor die grense van genres waargeneem kan word. Hierdie artikel hou ook ’n metodologie voor wat gebruik kan word wanneer bepaalde skrywers se idiolekte ondersoek en geïdentifiseer word en het spesifiek ten doel gehad om die idiosinkratiese kenmerke van Hambidge se idiolek te bepaal deur die toepassing van die metodologie wat geïdentifiseer is.

Trefwoorde: Joan Hambidge; idiolek; korpus; korpuslinguistiek; multimodaliteit; skrywerskapverifikasie; taalidentiteit; taaluniekheid

 

Abstract

Multimodal idiolectal language use and authorship verification: a corpus analysis of Joan Hambidge’s idiolect across the borders of genres

Individuals have unique idiolects or distinctive ways in which they use language and these idiolects can also be expressed multimodally in terms of different modes of delivery and through technology. The concept idiolect refers to the unique language usage as well as the fact that the writer of a text can be identified through their unique use of language. This article focuses on the idiolect of the Afrikaans-speaking writer Joan Hambidge. This writer was chosen as she publishes in different genres and modalities. Despite her being a prominent poet in Afrikaans it was decided within this research to focus on her work in terms of prose, academic texts and popular online texts. Furthermore, her idiolect was approached as its uniqueness is evident in her texts across different genres. The aim of this article was to provide an overview regarding her idiolect across different modalities and genres.

The notion of unique use of language that is distinguishable between language users has been discussed at length in the literature and research in this regard has gained popularity in different scientific disciplines over the past few years. This notion of a unique idiolect is an important feature of authorship identification studied within forensic linguistics. But there is even research published in terms of idiolects from literary perspectives and such views need to be considered when working with literary texts. Although strategies from forensic linguistics can be used in various disciplines, authorship identification and authorship verification can specifically give an answer to two important questions: (1) What is the meaning of a text? and (2) Who is the author of a text? Therefore, the author of a text can be identified by his/her use of language. This article focused on Joan Hambidge’s recognisable idiolect across the boundaries of genres and modalities.

The unique and recognisable idiolect of Hambidge was explored in terms of the different genres she writes in. By making use of forensic linguistics principles, methods and applications, it has been shown in other studies that it is possible to determine an individual’s idiolect. Hence, in this explorative study similar methods were employed. Even though forensic principles are specifically focused on identifying an author, the methodology used in the research field can be applied to a corpus linguistic study to determine how clearly an individual’s idiolect features across the boundaries of genres and multimodalities. Such insights might also have further implications regarding the interpretation of texts for literary purposes, for example.

By researching the research subject, explaining her oeuvre, creating a literary background, as well as discussing the literary approaches that Hambidge uses in her respective genres, and what she writes about, the necessary background was created in order to determine a complete image of Hambidge and her influences. By reviewing this background, it was possible to determine which external factors could have an influence on Hambidge's idiolect.

Furthermore, literature on relevant linguistic and sociolinguistic theoretical perspectives was also reviewed. In this regard, a background to forensic linguistics is provided, as well as an overview of the various corpus linguistic methods that can be used in a study such as this one. Following the background an overview of the methodology used in this research is provided, and the empirical analysis is discussed. This discussion covered both stylistic and stylometric analyses that were performed by making use of inter- and intra-corpus comparisons, according to which Hambidge’s idiolect was identified.

In the identification process of Hambidge’s idiolect, a selection from the Afrikaans Language Commission (Taalkommissie) corpus – the largest available corpus for Afrikaans – was used as a reference corpus. This was done to determine whether the idiosyncratic characteristics that were found in the Hambidge corpus truly are unique or whether they can also be found in the Afrikaans Language Commission corpus that includes wider use of Afrikaans by many different individuals. In this regard, the use of specific similar genres in the Afrikaans Language Commission corpus was essential. The application and execution of the methods identified for this research made it possible to determine to what extent, if at all, Hambidge has a unique identifiable idiolect, across the boundaries of genres.

The research determined that the idiolect of Joan Hambidge across the boundaries of genres shows unique identifiable features and that the idiolect is especially clear when an analysis is done with her corpus in its entirety. When Hambidge’s separate genres were compared with each other, it was clear that genre influences idiolect, but also that Hambidge did not follow prescribed genre conventions. Even though the two novels (one of which was published only as an e-book) that were compared did not match as was expected, the other genres did correspond. Various categories were identified, from which distinguishing characteristics could be found in Hambidge’s corpus. Specific unique elements were identified in terms of Hambidge's use of pronouns, prepositions and connectives. Through the stylistic analysis, unique use of eponyms, code-switching, parenthesis, punctuation, compounds and derivatives, changing of common nouns to proper nouns, omissions in spelling and the use of specific spelling variants were evident. It appears that the idiolect of Joan Hambidge is not clearly visible in terms of the comparison in use of pronouns, prepositions and connectives between the specialist and reference corpora. As far as the internal comparison is concerned, differences were identified in terms of prepositions and connectives. There is evidence that in terms of vocabulary selection there are differences between genres and modalities within the specific idiolect. However, in investigating the differences between die corpora in terms of keyness, the differences between genres and multimodalities in Hambidge's corpora were not found to be distinct. Yet the distinctness of the idiolect was verified, and this conclusion is also supported by the stylistic analysis.

It can therefore be said without a doubt that Hambidge has a unique multimodal idiolect functioning across the boundaries of genres. Furthermore, the methodology followed in this article presents a possible set of variables to be used in similar comparisons between texts in terms of the verification of authors. In addition, it is clear that the process should be refined in future studies by comparing different authors and different combinations of genres and multimodalities. Especially in Afrikaans further such studies are needed.

Keywords: authorship verification; corpus; corpus linguistics; Joan Hambidge; idiolect; language identity; multimodality

 

1. Inleiding

Individue kies wat hulle sê, hoe hulle dit sê, en ook waarom hulle dit sê. Die spreker se “stem” (die spesifieke woorde wat deur die individu gekies word) word dus strategies aangepas om te verseker dat die verlangde resultate met die boodskap (hetsy gesproke of geskrewe) behaal word (Johnstone 2000:405). Die skrywer se identiteit kan beskou word as ’n stel karaktereienskappe van retoriese standpunte en taalstyle wat doelbewus gekies word, en daarom kan ’n individu se identiteit beskou word as ’n doelbewuste keuse om ’n bepaalde gehoor te bereik, of om ’n doelbewuste boodskap uit te dra. Om hierdie spesifieke gehoor te bereik, maak skrywers taalkeuses wat as kenmerkend van die individu se taal beskou word. Hierdie taalkeuses word dan binne die konteks van bepaalde genres en modaliteite geneem.

Bateman e.a. (2017:7) beskryf multimodality as “a way of characterising communicative situations (considered very broadly) which rely upon combinations of different ‘forms’ of communication to be effective”. Hier gaan dit dus ook oor die meng van verskillende modusse (vgl. Bezemer en Kress 2008). Volgens Kress (2003:25) is ’n modus ’n kultureel- en sosiaal-aangepaste hulpbron vir die voorstelling en kommunikasie. In hierdie artikel word “multimodaliteite” verstaan as die meng van beide gedrukte en elektroniese modusse. Hierteenoor word genres met betrekking tot talige inhoud en struktuur onderskei.

Schmitt, Grandage en Adolphs (2004:138) postuleer dat individue oor ’n eie, unieke patroonmatigheid beskik wanneer hulle taal gebruik. Dit wil sê dat individue, na gelang van hul ondervinding en blootstelling aan taal, oor ’n kenmerkende en unieke woordeskat (oftewel patroonmatigheid met betrekking tot die wyse waarop hulle taal gebruik) en voorkeur in woordorde sal beskik. Hoey (2005:181) bevestig Schmitt e.a. (2004:138) se stelling deur aan te voer dat individue se taalgebruik uniek is, aangesien individue leksikale items verskillend in hul geskrewe en gesproke kommunikasie gebruik. Hierdie taalgebruik is dan, soos Kress (1997:9) aandui, met betrekking tot alle tekens en boodskappe altyd multimodaal van aard. Ongeag die genre kan tekste dus ook verskillende visuele aspekte, of “modes of information” (Bateman 2008:1), bevat. Multimodaliteit is ook juis in hierdie studie van belang, aangesien aanlyn tekste as deel van die korpus gebruik is (vgl. afdeling 2.3).

Hierdie kenmerkende taalgebruik van individue word as die persoon se idiolek gedefinieer, en verwys na die individu se unieke en kenmerkende taalgebruik2 en die wyse waarop persone hulle taal doelbewus gebruik (vgl. Grant 2010:509; Kraljic, Brennan en Samuel 2007; Kuhl 2003:4; Lancashire 1999:727; Wu, Lee en Liang 2009:127–8). Hierdie taalgebruik is uniek aan gebruikers en kan as ’n linguistiese taalafdruk van individue beskou word (vgl. Eckert 2008:456; Irizarry 1992:104; Johnstone 2000:417; Johnstone 2011:660; Kuhl 2003:4; Louwerse 2004:2; Mollin 2009:368-72; Newman 2010:1; Olsson 2008:29).

Wanneer daar ondersoek ingestel word na die idiolek van ’n bepaalde individu, word hierdie ondersoek (in die forensiese linguistiek) uitgevoer ten einde te bepaal wie die werklike skrywer van ’n bepaalde teks is. Volgens Brocardo, Traore, Saad en Woungang (2013) kan daar tussen drie verskillende perspektiewe met betrekking tot skrywerskapontleding onderskei word, naamlik: skrywerskapidentifikasie (dit bepaal wie die mees waarskynlike skrywer van ’n teks is); skrywerskapverifikasie (dit bepaal of ’n spesifieke dokument of dokumente wel deur ’n bepaalde skrywer geskryf is al dan nie); en ’n skrywerskapkarakterskets (dit ondersoek die kenmerke van ’n bepaalde teks ten einde te bepaal wat die moontlike geslag, kultuur en ouderdom van die skrywer van ’n teks is).

Aangesien die ondersoekte korpus in verskeie genres verdeel is, is dit belangrik om die begrip genre ook duidelik te definieer. Hambidge (1991:148) beskryf genre as die tipologie of klas waartoe ’n literêre werk behoort. Volgens Crystal (2008:210) kan genre in sosiolinguistiek, diskoersontleding en stylleer beskou word as ’n vereenvoudiging van ’n begrip wat algemeen in die letterkunde voorkom. Kress (1997:114), wat genre ook met betrekking tot multimodaliteit benader, merk op dat genres “are the effects of the social organization of the occasions in which we interact whether through language – spoken or written – or with any other media or mode”. Verder stel Kress (2003:83) dit dat genre “deals not with what is talked about, what is represented in the sense of what issues, but with who acts (and) in relation to whom, with the question of purposes” (beklemtoning deur oorspronklike skrywer). Vir die doel van dié studie word genre beskou as die unieke kategorie van tekste oor multimodaliteite heen wat op grond van talige sosiale behoeftes onderskei word (die genres wat in die gekose Hambidge-tekste onderskei kan word, word in afdeling 3.3 hanteer).

In hierdie artikel is die taalprofiel van die geïdentifiseerde “ondersoeksubjek”3 ondersoek ten einde te bepaal of die idiolek van die ondersoeksubjek wel oor die grense van genres waargeneem kan word. Na gelang van Brocardo e.a. (2013) se onderskeid tussen die verskillende benaderings tot skrywerskapontleding is hierdie studie uit die perspektief van skrywerskapverifikasie uitgevoer.

Coulthard (2013:447) voer aan dat die voorkoms van “gedeelde leksikale items” kenmerkend hoër is wanneer tekste (ongeag die skrywer) uit dieselfde genre of tekste met dieselfde onderwerp ondersoek word. Johnson en Wright (2014:41) sluit by Coulthard aan deur te sê dat alhoewel verskillende skrywers oor dieselfde onderwerp skryf (of selfs met dieselfde doel voor oë), mag die wyse waarop hulle skryf, steeds kenmerkend verskil. Volgens Brainerd (1974)4 mag ’n metode wat suksesvol blyk te wees vir die identifikasie van ’n skrywer in een genre nie noodwendig in ’n ander genre suksesvol wees nie, aangesien die skryfstyle in die onderskeie genres verskil. Stamatatos (2009:548) ondersteun Brainerd se argument rakende skrywerskapidentifikasie en postuleer dat tekste wat deel van dieselfde genre uitmaak, meer ooreenkomste toon, en dit daarom makliker sal wees om die skrywer van so ’n teks, waar die tematiese inhoud ooreenkomste toon, te identifiseer.

Op grond van bostaande uiteensetting ontstaan die vraag: Hoe herkenbaar is die idiolek van ’n enkele skrywer wanneer die ondersoek na hierdie individu se idiolek oor die grense van genres uitgevoer word? Die fokus van hierdie artikel is om vas te stel of daar ’n herkenbare idiolek geïdentifiseer kan word, soos moontlik teenwoordig in die verskillende genres van Joan Hambidge se oeuvre. Die vrae wat dus gestel word, is: Wat is kenmerkend van die idiolek van Joan Hambidge, en is dit sigbaar oor die grense heen van multimodaliteite en genres waarin sy publiseer? Die doelstelling van die artikel kan opgesom word as ’n korpuslinguistiese ondersoek ten einde Hambidge se skrywerskap oor die grense van genres te verifieer.5

 

2. Teoretiese raamwerk

Alvorens daar oor die empiriese ondersoek verslag gelewer kan word, moet daar ’n teoretiese agtergrond verskaf word. Om die onderskeie doelwitte van hierdie artikel te bereik, word enkele terme bespreek.

Idiolek, skrywerskapverifikasie en korpuslinguistiek is terme wat sentraal tot die studie staan en derhalwe die nodige teoretiese kontekstualisering skep. Verder word taal en interne variasie aanvanklik ook vlugtig voorgehou. Die terme taal, taalvariasie, idiolek, skrywerskapidentifikasie en korpuslinguistiek kontekstualiseer dié navorsing en bied ook die agtergrond waarteen die navorsingsmetodes bepaal is en die uiteindelike empiriese ondersoek uitgevoer is.

2.1 Taal en interne variasie

Alvorens idiolek voorgehou en bespreek kan word, is dit belangrik om eers die terme taal en interne variasie te bespreek.

Volgens Crystal (2008:265) verwys taal na die menslike stelsel van spraak. In die eenvoudigste vorm kan daar na taal verwys word as die konkrete handeling van spraak, skryf of gebare. Van Rooy (2014:5) argumenteer dat taal in die algemeen beskou kan word as “daardie middel wat mense gebruik om met mekaar te kommunikeer en hulle denke uit te druk”. Langacker (1973:54) voer aan dat elke taalhandeling inherent ’n kreatiewe handeling is, en dat die individu se taalgebruik telkens gebaseer word op die taalgebruik van die ontvangers van boodskappe. Taal is meer as net ’n instrument wat betekenis oordra – taal is ook “sosiaal van aard en dit kan ’n spreker in ’n gesprek identifiseer” en in ’n bepaalde verhouding tot aangesprokenes stel (Verhoef 1991:10). Hiermee saam kan genre ook as sosiale konstruk gereken word (vgl. Kress 1997:114). Kress (2003:107) stel dit juis dat hy genre beskou as “that category which realises the social relations of the participants involved in the text as interaction”. Taal vorm deel van die menslike kommunikasiestelsel, en alvorens die kommunikasie as geslaagd beskou kan word, moet sprekers mekaar verstaan. Sprekers moet daarom die gegewe kommunikasiesituasie ontleed en die gepaste taalsisteem gebruik om idees in boodskappe om te skakel wat ontvangers kan ontsyfer en waarop hulle kan reageer.

Alle kommunikasie verg interpretasie, en ten einde geslaagde kommunikasie te verseker, moet die boodskap in ’n kode oorgedra word wat vir beide die sender en die ontvanger verstaanbaar is. Daar kan aangevoer word dat die sosiale konteks waarin sprekers hulself bevind, die taalgebruik sal beïnvloed en bepaal. Uit die bogenoemde blyk dit dat taal nie net as ’n kommunikasiemedium waardeur boodskappe oorgedra word, beskou kan word nie, maar dat taal ook ’n sosiale verskynsel is waardeur ’n gemeenskap gekenmerk kan word. Hierdie voldoening aan die talige sosiale reëls word deur Kress (2003:90) uitgelig, wanneer die individu se skryfwerk uiteindelik ’n sosiale handeling word deurdat daar aan bepaalde sosiale mag voldoen moet word.

Op grond van individue se moontlike keuses rondom taalgebruik is dit duidelik dat daar talle linguistiese variasies, oftewel taalvariasies, sal voorkom. Die variasietaalkunde plaas die fokus op die moontlikheid dat daar meer as een gepaste woord binne ’n bepaalde situasie gekies kan word, soos bepaal deur die sosiale konteks en die variëteit van die betrokke taal wat gebruik word. Variasietaalkunde is dan ook ingestel op die bestudering van enige soort linguistiese variasie of taalverskeidenheid. Wanneer daar na variasietaalkunde verwys word, word daar onderskeid getref tussen kontak- en interne variasie. Volgens Du Plessis (1988:18) verwys kontakvariasie na die variasie in ’n taal na gelang van kontak met ander tale. Vir die doel van dié ondersoek was kontakvariasie egter nie van belang nie, aangesien daar op die ondersoeksubjek se idiolek gefokus is.

Interne variasie word vervolgens meer breedvoerig bespreek.

Interne variasie verwys na gebruiksvariasie (die situasionele gebruik van taal) en gebruikersvariasie (verskillende dialekte en die invloed wat sprekers se geografiese ligging en sosiale herkoms op die dialek het) (Du Plessis 1988:20). Beide hierdie aspekte sal dan ook uniek wees aan ’n individu. In teenstelling met gebruikersvariasie verwys gebruiksvariasie na die gebruik van ’n taal, oftewel die situasionele gebruik van ’n taal (Du Plessis 1988:20). Sprekers kan keuses maak in terme van hulle taalgebruik en hierdie keuses kan as hulle unieke variëteit, oftewel idiolek, beskou word. Carstens (2006:4–7) argumenteer (in aansluiting by die bogenoemde stelling rakende die situasionele gebruik van taal) dat die sosiale konteks van taal die gepaste taalvorm vir daardie bepaalde kontaksituasie sal bepaal en dat hierdie taalvorm nie noodwendig sal ooreenstem met sogenaamde Standaardafrikaans nie, maar dat dit eerder verwys na die gepaste taalvorm wat binne die gegewe sosiale konteks effektiewe kommunikasie sal bewerkstellig.

In aansluiting by Carstens se argument rakende die gepaste taalvorm binne die gegewe sosiale konteks is daar twee belangrike aspekte wat deel uitmaak van gebruiksvariasie, naamlik styl en register. Styl verwys na die keuse wat skrywers uit moontlike formulerings maak, en hierdie moontlike formulerings het betrekking op sinsbou, woorde, teksbou, onderwerp, doel, leserspubliek en genre (Du Toit en Smith-Müller 2015:15). Register, daarenteen, verwys (vgl. Du Plessis 1988:23) na taal in sosiale situasies en kan gedefinieer word as ’n stel linguistiese verskynsels wat sistematies met bepaalde beroepe of ander soorte sosiale groepe verband hou.

Uit die voorgaande oorsig blyk dit duidelik dat sowel die kommunikatiewe aard van taal as die voorkoms van interne (gebruiks-) variasie ’n invloed op die kenmerkende taalgebruik van ’n individu kan hê. Soos ook in afdeling 1 gemeld is, word taalgebruik wat uniek aan gebruikers is, as ’n linguistiese taalafdruk van individue beskou (Eckert 2008:456; Irizarry 1992:104). Olsson (2008:26) voer egter aan dat die begrip individuele variasie teenoor die populêre begrip van linguistiese vingerafdruk gestel moet word wanneer daar ondersoek na die idiolek van ’n individu ingestel word.

2.2 Idiolek

Uit afdelings 1 en 2.1 blyk dit dat individue oor ’n unieke, kenmerkende wyse beskik waarop hulle taal gebruik ten einde te kan kommunikeer. Langacker (1973:51) beskou idiolek as ’n begrip wat algemeen gebruik word om die kenmerkende taalgebruik van ’n bepaalde individu te beskryf.

Die individu se idiolek kan beskou word as die keuse wat ’n spreker op ’n gegewe tydstip uit al die moontlike keuses maak om te kommunikeer (Bloch 1948:7). Alhoewel daar eers in 1948 formeel na die begrip idiolek verwys is, naamlik deur Bloch in sy artikel “A set of postulates for phonemic analysis”, is dié begrip al vir etlike dekades voor dit ondersoek – Coleridge het byvoorbeeld in 1817 na die verskille in individue se taalgebruik verwys. Kotzé (2007) verwys in dié geval na Augustus de Morgan wat in 1851 ondersoek ingestel het na die skrywers van Bybelboeke deur die lengte van woorde wat gebruik is, na te vors. Olsson (2008) verwys spesifiek na die jare lange ondersoek na die moontlikheid van plagiaat by Griekse dramaturge. Ook Shakespeare se werk is ondersoek, en só het Wilmot in 1785 byvoorbeeld aangevoer dat Bacon die eintlike skrywer van die Shakespeare-tekste was (Love 2002:15; Olsson 2008:18). Alhoewel hierdie kwessie telkens ondersoek is, is daar geen definitiewe standpunt hieromtrent nie.

Idiolek, oftewel die totaliteit van al daardie aspekte wat ’n individu se taal kenmerk, is gevolglik nie ’n nuwe begrip nie. Jakobson (1994:104) verduidelik die begrip idiolek as ’n individu se individuele spreekwyse op enige gegewe tydstip. Jakobson (1994:104) beklemtoon voorts die feit dat individue hul taalgebruik sal aanpas om by ’n bepaalde (kommunikasie-) situasie te pas. ’n Spreker kan derhalwe gemene grond, in die vorm van woorde wat by alle sprekers teenwoordig is, soek. Gevolglik kan daar aangevoer word dat daar nie iets soos “private eiendom” (of dan kenmerkende eienskappe) in taal is nie (Jakobson 1994:104).

Bovermelde stelling is egter deur verskeie taalkundiges as verkeerd bewys. Idiolek is juis daardie aspekte van ’n individu se taalgebruik wat herhaaldelik en onbewustelik gebruik word. Ten einde dié stelling te ondersteun gaan daar eerstens verskeie definisies van idiolek voorgehou word, alvorens die terme skrywerskapverifikasie en korpuslinguistiek bespreek word.

Idiolek kan gedefinieer word as ’n voorstelling van ’n versameling van die individu se eie, persoonlike en unieke karaktereienskappe op ’n gegewe tydstip. Hierdie karaktereienskappe verwys na ’n kombinasie van sosiolekte, gender-invloede en jargon (vgl. Panicheva, Cardiff en Rosso 2010:1134), asook taalgewoontes, taalpatrone en taalmaniere (vgl. Kuhl 2003:4). Panicheva e.a.(2010:1136) sê voorts dat woordbetekenis en die gevoel en waarnemings wat deur middel van taal deur die individu oorgedra word, implisiet in spraak manifesteer en dat dit die taalgebruik van die skrywers tot so ’n mate beïnvloed dat ’n idiolek gevorm word. Die begrip idiolek word deur taalkundiges gebruik om na die taalsisteem van ’n individu te verwys, oftewel die individu se eie dialek (Crystal 2008:235). Volgens Crystal is ’n dialek die samevoeging van verskeie idiolekte.

Benewens ’n taalkundige benadering tot idiolekte, kan hierdie terme ook vanuit die letterkunde benader word. In ’n spesiale uitgawe van Literator (35(2))is navorsing van Heilna du Plooy, Nicholas Meihuizen, Hein Viljoen, Betsie van der Westhuizen, Phil van Schalkwyk, Philip van der Merwe en Susan Meyer oor die idiolekte van skrywers uit ’n literêre hoek hanteer (dit wil sê, daar is spesifiek ondersoek ingestel na die stem van die skrywer en die wyse waarop hierdie unieke stem weergegee word). Volgens Du Plooy (2014:2) is daar ’n geweldige verskeidenheid van moontlikhede wanneer dit kom by die literêre bestudering van idiolekte. Hierdie moontlikhede sluit aspekte in (maar is nie daartoe beperk nie) wat as literêr beduidend beskou kan word (o.a. genre, taalgebruik, tematiek, historiese plasing, die invloed van literêre strominge, en ideologiese en filosofiese paradigmas). In al die bogenoemde artikels was die fokus op “die skrywersidentiteite wat te make het met die unieke en eiesoortige, die kenmerkende styl en die stilistiese en tematiese merkers in die oeuvre van ’n bepaalde skrywer” (Du Plooy 2014:1). Uit hierdie artikels blyk dit dat die skrywersidentiteit duidelik sigbaar is, maar die vraag ontstaan hoe ’n enkele skrywer se idiolek figureer wanneer dit oor die grense van genres ondersoek word.

Die bostaande omskrywings omvat verskeie definisies vir die begrip idiolek. Dit is dus duidelik dat daar nie net ’n enkele opinie of definisie van dié begrip bestaan nie. Wat egter sonder twyfel uit hierdie verskillende definisies duidelik word, is dat individue oor unieke taalkenmerke beskik wat bewustelik of onbewustelik in hulle taalgebruik voorkom. Hierdie unieke taalkenmerke kan op verskeie wyses geïdentifiseer word. In dié artikel sal idiolek vervolgens as die taalsisteem beskou word wat uniek is aan ’n bepaalde individu (voorts ook die ondersoeksubjek genoem) en wat as kenmerkend van dié individu se taalgebruik beskou kan word. Hierdie kenmerkende taaleienskappe is die aspekte van individue se taalgebruik wat herhaaldelik en soms selfs onbewustelik gebruik word – eienskappe wat skrywerskapverifikasie bemoontlik.

2.3 Multimodaliteit en genre

Benewens die korpora wat in hierdie navorsing gebruik word, is ook die kontekste waarin die korpora voorkom van belang. Uit die ontleding van die tekste het dit duidelik geword dat dit nodig is om tussen die korpora in terme van multimodaliteit en genre te onderskei. Soos reeds genoem (afdeling 1) gaan dit by multimodaliteit oor die gebruik van verskillende modusse – in hierdie navorsing word sowel gedrukte as elektroniese tekste of modusse ingespan. Bateman (2008:1) noem dat multimodale dokumente verskillende visueelgebaseerde modusse gelyktydig inspan om bepaalde geïntegreerde kommunikatiewe doelwitte te bereik. Op so ’n wyse dien e-boeke en webwerwe dieselfde doel, veral met die integrasie van verskillende media (hetsy teks en grafika) of selfs hiperskakels.

Genre verwys, volgens Crystal (2008:210) na enige formeel onderskeibare variëteit van ’n taal wat ’n vlak van herkenning behaal het, hetsy in geskrewe of gesproke vorm, en waarin daar ’n identifiseerbare taalstyl aanwesig is. Crystal (2008:482) gaan voort en stel dit dat genre ook na die tekstipe kan verwys, en dat hierdie tekstipes verskil na gelang van kommunikatiewe funksie, en die tekstipes kan geïdentifiseer word op grond van kohesie, koherensie en informatiwiteit. Genres kan verwys na poësie, romans, nuusberigte, advertensies en dies meer.

2.4 Forensiese linguistiek: skrywerskapverifikasie

Hierdie studie is uitgevoer met die fokus op skrywerskapidentifikasie, ten einde die skrywersidentiteit wat in die taal van die skrywer opgesluit is, te identifiseer. Hoe dit ook al sy, die idiolek van ’n individu kan as ’n sentrale argument in skrywer- en sprekeridentifisering, wat as deel van forensiese linguistiek beskou word, gesien word.

Volgens Coulthard (2005:10) kan skrywerskapidentifisering of -verifikasie, wat deel van forensiese linguistiek vorm, antwoorde op een van twee vrae gee: (1) wat die betekenis van bepaalde tekste is, en (2) wie die skrywer van bepaalde tekste is. Die doel van hierdie artikel is om die idiolek van ’n bepaalde skrywer oor die grense van genres te identifiseer, en daarom sal hierdie studie, volgens Coulthard se beskrywing, die vraag “Wie is die skrywer van die teks?” beantwoord.

Nirkhi, Dharaskar en Thakare (2015:641) definieer skrywerskapverifikasie as die aanvaarding van die aanname dat alhoewel daar veranderinge in ’n skrywer se skryfstyl mag voorkom (na gelang van tydsverskille, die genre en die bedoelde teikengehoor), daar ’n enigmatiese skryfstyl teenwoordig is. Volgens Li (2015:13) verwys skrywerskapverifikasie na ’n ondersoek wat uitgevoer word ten einde te bepaal of die bevraagtekende dokumente wel deur ’n spesifieke skrywer geskryf is. Li (2015:13) stel dit voorts dat hierdie tipe navorsing ’n eenvoudige “ja”- of “nee”- antwoord sal gee. Skrywerskapverifikasie verskil van skrywerskapidentifikasie, aangesien skrywerskapidentifikasie na die identifisering van ’n enkele skrywer uit talle moontlike skrywers verwys (m.a.w. wie het die dokument geskryf?). Wanneer skrywerskapverifikasie uitgevoer word, word die vraag gevra: “Is hierdie dokument deur die spesifieke (bekende) skrywer geskryf?”

Koppel en Winter (2014:178) voer aan dat dié vraag deur skrywerskapverifikasie beantwoord kan word. Alhoewel alle vrae wat betrekking het op skrywerskapidentifikasie ook as skrywerskapverifikasie beantwoord kan word, is die teendeel nie waar nie. Hierdie stelling bevestig gevolglik die veronderstelling dat metodes wat gebruik word ten einde skrywerskapidentifikasie uit te voer, ook gebruik sal word in die proses van skrywerskapverifikasie. Alhoewel skrywerskapidentifikasie as die wetenskaplike studie van taal vir toepassing op forensiese ondersoeke (McMenamin 2002:67) beskou word, en hoewel skrywerskapverifikasie alle vrae wat deur skrywerskapidentifikasie beantwoord sou word, kan beantwoord, kan hierdie tipe ondersoeke ook lig werp op kwessies soos taalverandering, taalvariasie en die ooreenkomste wat binne ’n enkele skrywer se taalgebruik oor die grense van genres heen waargeneem kan word.

Die verskillende definisies van skrywerskapverifikasie wat voorgehou is, dui aan dat hierdie perspektief, wat uit die forensiese linguistiek ontstaan het, verwys na die enigmatiese skryfstyl van ’n individu. Dit is ook duidelik dat die vraag: “Is hierdie dokumente deur dieselfde skrywer geskryf?” deur skrywerskapverifikasie beantwoord kan word. Vir die doel van dié artikel word skrywerskapverifikasie beskou as die proses waardeur daar deur ’n graad van waarskynlikheid vasgestel kan word of bepaalde dokumente, ongeag die genre waarin dit geskryf is, deur ’n bepaalde individu geskryf is.

Volgens Coulthard (1994:27, 30) word korpuslinguistiek beskou as een van die belangrikste hulpmiddels vir forensiese linguistiek en dus ook skrywerskapverifikasie. Daar sou aangevoer kon word dat ’n forensies-linguistiese ontleding nie kan plaasvind sonder ’n deeglike oorsig en begrip van korpuslinguistiek nie. Die begrip korpuslinguistiek word vervolgens voorgehou, en daarmee word die beskrywing van die teoretiese raamwerk dan afgesluit.

2.5 Korpuslinguistiek

Fischer-Starcke (2010:62) postuleer dat korpuslinguistiek insig oor taal bied met betrekking tot ’n spesifieke teks (korpus) wat ondersoek word en dat die taalvariasie en patroonmatigheid wat in die betrokke korpus sigbaar word, die gevolg is van ’n deeglike ontleding van die gekose tekste asook ’n vergelyking met ander tekste. Hierdie beskrywing van korpuslinguistiek verwys na die belang van die korpus wat ondersoek word en hoe ’n spesifieke korpus ’n invloed op waarnemings kan hê.

Volgens Baker (2010:5) en McEnery en Wilson (2001:1) is die eenvoudigste definisie van korpuslinguistiek dat dit die studie van taal is gebaseer op die taalgebruik van individue of ’n groep soos wat dit in die werklikheid gebruik word. Korpuslinguistiek omvat ook studies waar tekste in terme van woordeskat en grammatika ontleed word en hoe hierdie faktore met die samehang en die struktuur van die betrokke tekste verband hou (Nesselhauf 2005). Crystal (2008:117) verwys na ’n korpus as ’n versameling linguistiese data, hetsy tekste of transkripsies van gesproke tekste (opnames), wat dan beskou word as ’n beginpunt van ’n linguistiese beskrywing, of as ’n wyse waarop ’n hipotese rakende taal bevestig kan word.

Korpora, en dan korpuslinguistiek (Crystal 2008:117), skep ’n basis vir veral rekenaargebaseerde linguistiek. Deur só ’n ondersoek word die konteks van taalgebruik ook uitgelig. Wanneer die invloed van sosiale faktore op die taalgebruik van bepaalde persone ondersoek word, is korpusontleding van groot nut, aangesien só ’n ontleding woorde wat gereeld gebruik word, asook die konteks waarin dit gebruik word, uitlig. Volgens Nesselhauf (2005) verwys korpuslinguistiek na ’n metode waardeur linguistiese ontledings uitgevoer word. Korpuslinguistiek kan dus omskryf word as die ontleding van taal op grond van gerekenariseerde korpora. So ’n studie word gewoonlik met behulp van gespesialiseerde rekenaarsagteware uitgevoer en fokus op, onder andere, die frekwensie waarmee die verskynsel wat ondersoek word, voorkom (Nesselhauf 2005).

Daar heers egter talle debatte oor die aard van korpuslinguistiek. Korpuslinguistiek word as ’n teorie (korpusgedrewe benadering) óf ’n metode (korpusgebaseerde benadering) beskou. McEnery en Wilson (2001:2) en Nesselhauf (2005) beskou korpuslinguistiek as ’n metode, aangesien ’n korpusgebaseerde benadering antwoorde op taalnavrae rakende sintaksis, semantiek en sosiolinguistiek kan verskaf, en hierdie metode gebruik word om linguistiese ontledings uit te voer. Daarteenoor verwys Tognini-Bonelli (2001:51) na korpuslinguistiek as ’n teorie, aangesien die gebruik van hierdie teorie bydraes kan lewer tot ander navorsingsgebiede, soos opvoedkunde (taalverwerwing), grammatika, dialekstudies, leksikografie, Bybel- en literêre studies, forensiese linguistiek en skrywerskapidentifikasie,

Navorsing rakende die aard van korpuslinguistiek dui daarop dat daar grondige redes is vir die argument dat korpuslinguistiek as ’n metode, ’n benadering, of ’n teorie beskou kan word. Om dit egter as ’n benadering te erken, omsluit beide die metodologiese en teoretiese aard daarvan. Wanneer ’n korpuslinguistiese benadering gevolg word, word daar van ’n korpus gebruik gemaak. Hierdie korpus word ontleed ten einde vrae oor die aard van taal (soos dit daagliks gebruik word) te beantwoord. Aangesien ’n korpuslinguistiese benadering in talle navorsingsgebiede toegepas kan word, is dit natuurlik ook moontlik om korpuslinguistiek in forensiese linguistiek te gebruik wanneer die skrywer van ’n bepaalde teks geïdentifiseer moet word.

’n Korpuslinguistiese benadering sluit ook ’n ondersoek in waar verskillende versamelings tekste met mekaar vergelyk word. ’n Versameling van tekste in hierdie konteks staan as korpora bekend. Baker (2010:12) en Nesselhauf (2005) verwys na die onderskeid wat tussen die tipes korpora getref kan word, en verwys dan spesifiek na ’n verwysingskorpus (’n prototipiese korpus, wat as ’n voorstelling van die norm van die bepaalde taal beskou word en wat van verskeie bronne afkomstig is, aangesien dit die norm van ’n taal moet voorstel) en ’n gespesialiseerde korpus (doelbewus geselekteerde groep tekste wat ondersoek word om ’n bepaalde vraag te beantwoord).6

 

3. Metodologie

Die voorgaande afdelings bied ’n oorsig wat die nodige literatuuragtergrond skets waarteen die ondersoek na die verifikasie van die skrywer van die gekose multimodale dokumente uitgevoer kan word. Dit blyk veral uit afdeling 2.5 dat dieselfde metodes wat in skrywerskapidentifikasie toegepas word, ook vir skrywerskapverifikasie gebruik kan word. Die navorsingsmetodologie word vervolgens in die afdeling bespreek.

Ten einde die vraag: “Hoe herkenbaar is die idiolek van ’n enkele skrywer wanneer die ondersoek na hierdie individu se idiolek oor die grense van genres uitgevoer word?” te beantwoord, sal die navorsingsontwerp, die ondersoeksubjek, korpussamestelling en die metode van ondersoek vervolgens bespreek word.

3.1 Navorsingsontwerp

Dié studie was ’n verkennende ondersoek ten einde te bepaal of die idiolek van ’n enkele skrywer wel sigbaar is oor die grense van genres heen. Weens die aard van dié ondersoek is ’n gemengde navorsingsmetode as geskik geag. Die gemengde metode is ’n metode waar beide ’n kwalitatiewe (teksverwante data – stilistiese ontleding) en ’n kwantitatiewe (numeriese data – stilometriese ontleding) metodologie gebruik word (Angouri 2010:29). Deur tradisionele kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsingsmetodologieë te kombineer, kan vrae met behulp van bykomende data-ontledings beantwoord word (vgl. Ivankova, Creswell en Clark 2011:270). McMenamin (2002:54) beskryf stilistiese ondersoek as ’n ondersoek na patrone wat eie aan die skrywer se taalstyl is. Barry en Luna (2012:2) stel dit voorts dat stilometrie uit twee prosesse bestaan: (a) die ondersoek na moontlike kenmerke wat ondersoek kan word, en (b) die statistiese verwerking van die voorkoms van hierdie kenmerke.

3.2 Ondersoeksubjek

Die begrip ondersoeksubjek verwys na die individu wat aan die insluitingsvereistes7 van hierdie studie voldoen het. Vir die doel van dié studie is daar gevolglik ondersoek ingestel na verskeie moontlike skrywers, onder wie Hans du Plessis, André P. Brink, Ingrid Winterbach, Etienne Leroux, Jeanne Goosen, Eben Venter, Marlene van Niekerk en Joan Hambidge. Hierdie skrywers is oorweeg omdat hulle nie net oor ’n breedvoerige oeuvre oor genres heen beskik nie, maar ook baie kenmerkend skryf. Hierdie skrywers se oeuvres is ondersoek en daar is bevind dat ’n idiolektiese ondersoek wel moontlik kan wees.

Aangesien dié ondersoek die idiolek van ’n enkele skrywer oor die grense van genres en multimodaliteite heen verifieer, moes daar op ’n enkele skrywer onder die moontlike skrywers besluit word. Joan Hambidge is as ondersoeksubjek gekies, aangesien sy nie net in verskeie genres skryf nie, maar ook so ’n omstrede skrywer is. Hambidge is daarvoor bekend dat sy baie vinnig ’n omvattende oeuvre opgebou het (Fourie 2009:60). Volgens Marais (2005:149) het Hambidge “as digter, romanskrywer, letterkundige, akademikus en polemikus bekendheid verwerf, en het sy die wêreld van die akademie en skeppende skryfwerk bevrugtend op mekaar laat inwerk”. Dit is veral hierdie eienskappe wat Hambidge ’n geskikte en tersaaklike ondersoeksubjek maak.

3.3 Korpussamestelling en dataverwerking

In afdelings 2.4 en 2.5 is forensiese linguistiek en korpuslinguistiek bespreek, terwyl die gemengde-metode-navorsingsontwerp in afdeling 3.1 bespreek is. Alhoewel sommige navorsers korpuslinguistiek as ’n metode of selfs ’n teorie beskou, is korpuslinguistiek in hierdie ondersoek as ’n benadering beskou waardeur die navorsingsvrae beter beantwoord kon word.

Wanneer daar ’n forensies-linguistiese ondersoek uitgevoer word ten einde skrywerskap te bewys, word daar in die meeste gevalle van ’n tipe korpus gebruik gemaak. Coulthard (1994:27, 30) stel dit in dié verband dat korpuslinguistiek as een van die belangrikste hulpmiddels van forensiese linguistiek beskou kan word, en dat enige forensies-linguistiese ondersoek waardeur skrywerskap bewys word, die ontleding van ’n korpus moet insluit. Hierdie stelling word sonder twyfel as geldig bewys wanneer forensies-linguistiese studies – soos deur Solan en Tiersma (2004), Grant (2007), Jones en Bennell (2007), Barlow (2010), Ishihara (2014), Johnson en Wright (2014), Larner (2014a) en Larner (2014b) uitgevoer – bestudeer word.

Ook in Suid-Afrika word korpuslinguistiek, soos die internasionale norm blyk te wees, gebruik as aanvullende benadering waardeur forensies-linguistiese ondersoeke uitgevoer word, soos dit duidelik blyk uit navorsing soos gedoen deur Herbig en Joubert (2006), Klopper (2009), Michell (2013), Thiart (2014), Venter (2013) en Carney (2018). Die gebruik van korpuslinguistiek as ’n benadering om ’n forensies-linguistiese ondersoek uit te voer, kan vervolgens nie net as ’n aanvaarbare gebruik in dié navorsingsarea beskou word nie, maar ook as ’n vinnig-ontwikkelende fokusgebied wat deur die ontwikkeling van rekenaarprogrammatuur bevorder word.

Daar kan tussen twee verskillende soorte korpora onderskei word (Baker 2010:12; Nesselhauf 2005). Die eerste soort korpus word die verwysingskorpus genoem en is ’n prototipiese korpus wat as ’n voorstelling van die norm van ’n bepaalde taal beskou kan word. Die tweede soort korpus is ’n gespesialiseerde korpus – ’n doelbewus gekose groep tekste wat ondersoek word om ’n bepaalde vraag te beantwoord. Vir die doel van hierdie ondersoek is die Taalkommissiekorpus (TK-korpus)8 as verwysingskorpus gebruik en word as die algemene gestratifiseerde korpus, oftewel die verwysingskorpus beskou, terwyl die gespesialiseerde korpus uit ’n samestelling van multimodale tekste deur Joan Hambidge bestaan.

Aangesien daar ondersoek ingestel is na die idiolek van Hambidge oor die grense van genres en multimodaliteite heen, moes die gespesialiseerde korpus bestaan uit tekste uit verskillende genres en multimodaliteite waarin Hambidge skryf. Elektroniese weergawes van haar PhD (“Gender-konstruksie in die Afrikaanse letterkunde: ’n Ondersoek in kultuurstudies, literêre teorie en kreatiewe skryfwerk”), asook twee romans (Sewe Sonjas en wat hulle gedoen het en Palindroom) is gebruik. Dit is belangrik om met betrekking tot die multimodale te noem dat Sewe Sonjas en wat hulle gedoen het een van die eerste literêre e-boeke is wat in Afrikaans verskyn het. Om te verseker dat die korpus as omvattend beskou kan word, is ook elektroniese aanlyn resensies en reisjoernaalinskrywings versamel, en dus is multimodaliteite relevant tot hierdie studie. Die resensies en die reisjoernaal is vanaf die blogwebwerf Woorde wat weeg (Hambidge 2013a) geneem waar Hambidge ’n blog het en waar resensies wat sy skryf, geplaas word.9 Dus was die gespesialiseerde korpus beslis multimodaal van aard.

Ten einde te verseker dat soortgelyke genres ondersoek word, was dit noodsaaklik om eerstens die ooreenstemmende TK-dokumente te identifiseer. Dié keuse is gemaak om te verseker dat die statistiese bevindinge gebaseer is op data wat so verteenwoordigend moontlik is.

Hambidge se korpus (JH-korpus) is saamgestel uit:

  • J1 – Sewe Sonjas en wat hulle gedoen het (prosa – roman)
  • J2 – Palindroom (prosa – roman)
  • J3 – “Gender-konstruksies in die Afrikaanse letterkunde: ’n Ondersoek in kultuurstudies, literêre teorie en kreatiewe skryfwerk” (PhD-proefskrif)
  • J4 – resensies (aanlyn resensies)
  • J5 – reisjoernaal (aanlyn reisjoernaal).

Die geselekteerde TK-korpus bestaan uit:

  • TK1 – Fiksie (prosa – roman)
  • TK2 – Fiksie (prosa – roman)
  • TK3 – Niefiksie (akademiese proefskrifte en verhandelings: geesteswetenskappe)
  • TK4 – Niefiksie (nie-akademiese koerante landwyd: Rapport, Beeld, Die Burger)
  • TK5 – Niefiksie (nie-akademiese tydskrifte: algemeen).

In tabel 1 word die totale aantal lopende woorde en sinne in elk van die onderskeie genres wat by die korpora ingesluit is, aangedui.

Tabel 1. Lopende woorde en sinne in elke korpus

Soos in die tabel hier bo gesien kan word, bestaan elk van die onderskeie genres wat by die gespesialiseerde en verwysingskorpora ingesluit is, uit ’n verskillende aantal lopende woorde. Aangesien die TK-korpus ’n bestaande korpus is, was dit nie nodig om enige dataverwerking uit te voer nie, maar in die geval van die JH-korpus, wat spesiaal vir die doel van hierdie ondersoek saamgestel is, moes dataverwerking eers plaasvind alvorens enige ontledings (onder meer die samestelling van tabel 1) plaasgevind het.

Die eerste stap was om te verseker dat daar nie aanhalings van ander skrywers in Hambidge se tekste (veral in haar PhD-proefskrif) was nie. Nadat aanhalings verwyder is, is die dokumente as ongeformateerde teksdokumente (*.txt) gestoor. Uit hierdie formaat kon die afsonderlike lêers in WordSmith Toolsingevoer word en is woordelyste vir elke afsonderlike gedeelte van beide die gespesialiseerde en die verwysingskorpora geskep. Die woordelyste is in die woordelyslêers (MS Excel-lêers) gestoor. Sodoende kon die lêers telkens gebruik word om die ontledings in WordSmith Tools en AntConc uit te voer.

’n Verdere dataverwerking wat voor die aanvang van die ontledings moes plaasvind, was die bepaling van hoe die korpora vergelyk gaan word ten einde die navorsingsvraag te beantwoord. Aangesien die ondersoek oor skrywerskapverifikasie handel, kon daar nie net ’n vergelyking tussen die gespesialiseerde korpus en die verwysingskorpus getref word nie, aangesien literatuur daarop dui dat Hambidge se tekste van die TK-korpus sou verskil. Hierdie verskil kan waargeneem word na gelang van die stelling dat idiolek verwys na die taalsisteem van ’n individu, oftewel die individu se eie dialek (Crystal 2008:235). Om skrywerskapverifikasie moontlik te maak, is daar op ’n interkorpus- en intrakorpusondersoek besluit.

Die interkorpusondersoek is die korpusondersoek wat tussen die tekste uit verskillende genres en multimodaliteite van Hambidge self plaasgevind het. Hierdie ondersoek het beide stilometriese en stilistiese ondersoekmetodes behels. Interkorpusondersoek verwys hier dus na die vergelyking tussen die korpora van Hambidge en dié van die Taalkommissie. Uit die bostaande blyk dit duidelik dat die verskille en ooreenkomste in die ondersoeksubjek se korpus oor verskillende genres en multimodaliteite (JH-korpus) eerstens bestudeer moes word. Daarna is daar ondersoek ingestel na die verskille tussen die JH-korpus en dié van die Taalkommissie (TK-korpus). Die vergelyking tussen die korpora is soos volg gedoen:

Interkorpusondersoek:

  • J1 (Sewe Sonjas en wat hulle gedoen het) met TK 1 (Fiksie: prosa – roman).
  • J2 (Palindroom) met TK 2 (Fiksie: prosa – roman).
  • J3 (“Gender-konstruksies in die Afrikaanse letterkunde: ’n Ondersoek in kultuurstudies, literêre teorie en kreatiewe skryfwerk” – Joan Hambidge ‒ PhD) met TK 3 (Niefiksie. Akademiese proefskrifte en verhandelings: geesteswetenskappe).
  • J4 (aanlyn resensies) met TK 4 (Niefiksie. Nie-akademiese koerante landwyd: Rapport, Beeld, Die Burger).
  • J5 (aanlyn reisjoernaal) met TK 5 (Nie-akademiese tydskrifte: algemeen).

Die vergelyking van die verskillende korpora se groottes word hier onder getabelleer.

Tabel 2. Korpusgroottevergelyking10

Intrakorpusondersoek:

J1 word vergelyk met J2
J1 word vergelyk met J3
J1 word vergelyk met J4
J1 word vergelyk met J5
J2 word vergelyk met J3
J2 word vergelyk met J4
J2 word vergelyk met J5
J3 word vergelyk met J4
J3 word vergelyk met J5
J4 word vergelyk met J5.

3.4 Metodes van ontleding

Deur van korpuslinguistiese metodes gebruik te maak, kan die idiolek van die betrokke individu geïdentifiseer word. Wanneer daar korpuslinguisties gewerk word, is die volgende parameters van belang:

  • Frekwensie: Die eenvoudigste definisie van frekwensie is dat dit verwys na die aantal kere wat ’n leksikale item (’n woord, sinsnede of sin) in ’n korpus (of teks) voorkom. Die frekwensie van die voorkoms van leksikale items is belangrik aangesien dit as ’n vergelykingsbasis kan dien. Indien die JH-korpus byvoorbeeld ’n frekwensie het van 339 vir die leksikale item “soos in”,11 en dié leksikale item kom slegs 190 maal in die TK-korpus voor, is daar gronde vir ’n vergelyking, aangesien die spesifieke leksikale item teen ’n hoër frekwensie in die Hambidge-korpus kan voorkom.

Daar is onderskeidelik 13 235 (JH-korpus) en 15 000 (TK-korpus) tipes woorde in die korpora (tabel 3 dien as ’n voorstelling van die uiteensetting van die korpora). Die leksikale item “soos in”is in beide die JH-korpus en die TK-korpus opgesoek. Daarna is die frekwensie per 10 000 woorde bereken ten einde ’n genormaliseerde waarde12 vir die frekwensies te kan voorhou.

Die formule waarvolgens die frekwensie van leksikale items genormaliseer is, lyk soos volg:

Deur die bostaande formule te gebruik, kan die frekwensie van bepaalde leksikale items in ’n korpus bepaal word, asook hoe dit vergelyk met die korpus wat die taalnorm voorstel. Daardeur kan daar uiteindelik bepaal word of die woorde as uniek met betrekking tot die individu se idiolek beskou kon word. Tabel 3 is ’n voorbeeld van die wyse waarop die bevindinge (genormaliseerde waarde van die frekwensies van leksikale items wanneer die gespesialiseerde korpus en die verwysingskorpus met mekaar vergelyk word) voorgehou word.

Tabel 3. Frekwensieberekeninge van “soos in”

Die korpuslinguistiek-sagteware AntConc[13] en WordSmith Toolsis gebruik om die frekwensies van woorde te bepaal.

  • Tipe-teken-ratio (“type-token ratio”) kan bereken word na gelang van die frekwensies (Stamatatos 2009:1‒15). Tipe-teken-ratio verwys na die leksikale variasie van die woordeskat van skrywers. Indien skrywers dieselfde leksikale items (woordtipes) herhaaldelik gebruik, is die tipe-teken-ratio laag en die teks dus nie leksikaal ryk nie (Anon. 2013). Wanneer die tipe-teken-ratio bereken word, is dit belangrik om in ag te neem dat hoe groter die korpus is (totale aantal woorde), hoe waarskynliker is dit dat woorde herhaal sal word. Ter wille van vergelyking is dit belangrik om die aanvanklike bevindinge te bereken na ’n getal uit 1 000 woorde. Die formule hiervoor lyk dan so:

  • Ratiobepaling verwys na ’n berekening waardeur die aantal tipes woorde van verskillende tekste met mekaar vergelyk word. Hiermee kan bepaal word watter teks leksikaal die rykste is. ’n Verskil van groter of kleiner as 20%, oftewel groter as 1,2 of kleiner as 0,8, dui ’n sg. praktiese beduidendheid aan (vgl. Van Rooy en Terblanche 2006). Volgens Steyn en Ellis (2006:173) kan bevindinge as prakties beduidend bestempel word wanneer die indeks groot genoeg is en die woord in verskillende kontekste gebruik kan word.

Om die ratio’s te bepaal, is die volgende stappe gevolg:

Nadat ’n spesifieke item in WordSmith Tools gesoek is, is dit, soos reeds genoem, in ’n MS Excel-lêer gestoor. Uit dié lêer is die frekwensie uit 1 000 eers bepaal.

Die frekwensie van ’n spesifieke item uit 1 000 woorde kan soos volg bereken word:

Die frekwensie vir die leksikale item “al” in TK1 is dus soos volg bereken:

Die frekwensie vir dieselfde leksikale item “al” in J1 is soos volg bepaal:

Nadat die frekwensie bepaal is, is die ratio bereken. Ten einde die ratio te bepaal, is die frekwensieresultaat van die JH-korpus deur dié van die TK-korpus gedeel.

Hierdie ratio is gebruik om te bepaal of daar ’n prakties beduidende verskil tussen die JH-korpus en die TK-korpus waargeneem kon word wat leksikale rykheid betref.

Soos reeds genoem, is die praktiese beduidendheid van die gekose leksikale items (hier word na die grammatikale items14 verwys wat in dié ondersoek gebruik is) bereken om sodoende ’n verskil van groter of kleiner as 20%, oftewel >1,2 of <0,8 (vgl. Van Rooy en Terblanche 2006), aan te dui. Ten einde die geldigheid van die bevindinge te staaf, is daar van die statistiek-sagtewareprogram SPSS gebruik gemaak om p-waardes deur middel van gepaarde t-toetse te bepaal. As die p-waarde kleiner as 0,05 is, kan daar gesê word dat daar ’n prakties beduidende verskil bestaan.

  • Persentasies is ook telkens by elk van die ratiobepalings se bevindinge bereken. Die persentasies dien as ’n aanduiding van die persentasie voornaamwoorde, byvoorbeeld, wat oor ’n praktiese beduidendheid, al dan nie, beskik. Die persentasies is soos volg bereken:

In elk van die onderskeie afdelings is ’n n-aantal15 woorde opgesoek. Daarna is bepaal hoeveel woorde oor ’n prakties beduidende verskil beskik – dit wil sê, die aantal grammatikale items wat in die vergelyking van die gespesialiseerde en vergelykingskorpus wel oor ’n prakties beduidende verskil van kleiner as 0,05 beskik, is aangeteken. Die getal is afgetrek van die totale aantal items wat gesoek is. Ten slotte is persentasies uitgewerk. Die metode wat gebruik is, kan soos volg voorgestel word:

Die bostaande soort berekening is telkens gevolg om die persentasie van die grammatikale woorde (voornaamwoorde, voorsetsels en konjunksiemerkers) met en sonder ’n prakties beduidende verskil te bereken. Wanneer daar nie ’n prakties beduidende verskil in die voorkoms van ’n bepaalde grammatikale woord in die vergelykte korpora waargeneem kan word nie, kan daar aangevoer word dat die teks moontlik deur dieselfde skrywer geskryf is (p-waarde is groter as 0,05). Die teendeel is egter ook van belang, aangesien ’n prakties beduidende verskil (p-waarde is kleiner as 0,05) aandui dat die tekste moontlik deur verskillende skrywers geskryf is. Deur die persentasie te bereken kon daar makliker afleidings gemaak word rakende die uniekheid van bepaalde leksikale items in die korpora van Joan Hambidge.

  • Sleutelwaarde-ondersoeke verwys na ’n wyse waarop die relatiewe frekwensie van bepaalde woorde in korpora bepaal kan word (Baker 2010:26). Die woord “die” kom byvoorbeeld algemeen in alle tekste voor. Indien dit gebeur dat ’n korpus oor ’n hoër frekwensie van “die” in verhouding tot die verwysingskorpus beskik, dui dit dan ook op ’n moontlike kenmerk van ’n idiolek. Sleutelwoorde word deur die Chi-kwadraattoets16 (Jenset 2008:5) bepaal. Die sleutelwaardebepaling is op dieselfde wyse as deur Kotzé (2010) uitgevoer. Woordelyste is van die afsonderlike lêers geskep en dit is alfabeties gesorteer en gestoor. Vervolgens is sleutelwoordberekeninge in WordSmith Tools gedoen. Die inhoudswoorde is telkens per hand verwyder. Daarna is die eerste 15 oorblywende woorde gebruik vir die sleutelwaarde-indeksbepalinge. In die ondersoek is bevind dat die gemiddelde sleutelwaarde-indeks vir die onderskeie tekste soos volg lyk:

Tabel 4. Voorstelling van sleutelwaarde in genres

Hoe hoër die gemiddelde sleutelwaarde, hoe meer verskil die tekste. Die sleutelwaarde-ontleding is dus ’n bykomende ontleding wat gebruik word om skrywerskapverifikasie uit te voer.

  • Gepaarde t-toetse word gedefinieer as tipes toetse waar waardes wat ver genoeg aan die teenoorgestelde kante van die spektrum lê, gebruik word as bewyse vir H1 (teenstelling van die nulhipotese) (vgl. Woods, Fletcher en Hughes1989:122). Woods e.a. (1989:122) sê voorts dat die gepaarde t-toets veral as die gepaste metode van ondersoek beskou kan word wanneer die alternatiewe hipotese nie voorspel na welke rigting die statistiese bevindinge gaan neig nie. Die gepaarde t-toets toon dus statistiese beduidendheid aan.
  • Statistiese beduidendheid verwys na die sleutelwaarde-indeks waardeur woorde geïdentifiseer word wat beskou kan word as beduidend verskillend in die tekste wat met mekaar vergelyk word. Ten einde hierdie ondersoek uit te voer word daar van WordSmith Tools se sleutelwoordfunksie gebruik gemaak. Anthony (2014:7) stel dit dat hierdie funksie aandui welke woorde teen ’n hoër frekwensie as die norm in die korpus aangetref word in vergelyking met die verwysingskorpus.

Die metodes wat in hierdie afdeling voorgehou is, is deurlopend in dié ondersoek gebruik. Alvorens die ontleding en bevindinge van hierdie ondersoek bespreek word, gaan die stilometriese en stilistiese ontledings wat tydens die inter- en intrakorpusondersoeke uitgevoer is, opsommenderwys bespreek word.

3.5 Stilometriese en stilistiese ontleding

’n Stilometriese ontleding is ’n numeriese ontleding van linguistiese kenmerke. Kotzé (2007:309) verduidelik dat daar in ’n stilometriese ontleding na die tipiese strukture van taalgebruik ondersoek ingestel sal word. Die stilistiese ondersoek behels, volgens McMenamin (2002:163) na die identifikasie van patrone van variasie in geskrewe taal, aangesien geen twee skrywers se taalstyl dieselfde is nie – die “ongewone” eienskappe in ’n skrywer se tekste word geïdentifiseer. In hierdie ondersoek is ’n inter- en intrakorpusondersoek onderneem, en beide hierdie ondersoeke is stilisties en stilometries uitgevoer. Tydens die ontledings is die verskille en ooreenkomste in die ondersoeksubjek se korpus oor verskillende genres bepaal alvorens daar ondersoek ingestel is na die verskille tussen die ondersoeksubjek se korpus en dié van die TK-korpus.

Die stilometriese toetse het die ondersoek na die frekwensies en ratio’s van grammatikale woorde behels. Grammatikale woorde is woorde wat nie deur die konteks (die inhoud van tekste) beïnvloed word nie (vgl. Michell 2013:50). Vir die doel van hierdie artikel is daar besluit om voornaamwoorde, voorsetsels en konjunksiemerkers as grammatikale woorde te ondersoek.

Die stilometriese ontleding van die tekste is deur middel van WordSmith Tools se KeyWords-funksie vergelyk. Daar is ook van SPSS (SPSS Inc. 2011) gebruik gemaak om ’n p-waarde deur middel van t-toetse te bereken. Deur van hierdie statistiese toetse gebruik te maak is daar tesame met die korpuslinguistiese ontleding bepaal of die gespesialiseerde korpora in so ’n mate statisties beduidend van die algemene korpora verskil dat die bevinding gemaak kon word dat Hambidge wel oor ’n idiolek met identifiseerbare eienskappe beskik.

Volgens McMenamin (2002:163) kan forensiese skrywerskapidentifikasie uitgevoer word deur ontledings van die geskrewe taal van individue – dit wil sê linguistiese stilistiek. McMenamin (2002:163) stel dit onomwonde dat geen twee skrywers in ’n taal eenders skryf nie, en ook dat individue nie voortdurend eenders skryf nie. Stilistiese ontleding kan omskryf word as die wetenskaplike studie van variasiepatrone in geskrewe taal (McMenamin 2002:163). Deur dié ontleding is sewe kategorieë geïdentifiseer waarvolgens die stilistiese ondersoek plaasgevind het, naamlik: gebruik van eponieme; kodewisseling; punktuasie; samestellings; verheffing; weglatings; en wisselvorme. Deur die genoemde kategorieë stilisties te ondersoek kan verdere afleidings rakende die idiolek van Hambidge gemaak word.

Deur die stilometriese en stilistiese intra- en interkorpusontledings is daar vervolgens ondersoek ingestel na die idiolek van Hambidge, soos sigbaar oor die grense van genres en multimodaliteite heen. Ten einde dié ondersoek voor te hou, gaan die stilometriese ontleding eers bespreek word alvorens die stilistiese ontleding voorgehou word.

 

4. Empiriese ondersoek

Die empiriese ondersoek het uit twee afsonderlike afdelings bestaan: die interkorpusondersoek en die intrakorpusondersoek.

4.1 Stilometriese ondersoek

In hierdie afdeling is die afsonderlike korpora van Hambidge vergelyk met die afsonderlike dele van die TK-korpus, en Hambidge se eie tekste is ook met mekaar vergelyk. Soos reeds genoem, is stilometriese toetse in terme van grammatikale woorde onderneem. Voornaamwoorde, voorsetsels en konjunksiemerkers is as grammatikale woordsoortkategorieë ondersoek. Vir elk van die woordgroepe (voornaamwoorde, voorsetsels en konjunksiemerkers) is daar ’n woordelys opgestel wat uit die leksikale items bestaan wat in elk van die grammatikale woordgroepe geplaas kan word. Ten einde die lyste saam te stel is daar na Carstens (2006), Carstens en Van de Poel (2011), Taljaard (2002), asook Taljaard en Smit (1982) verwys. In die woordelys is 59 voornaamwoorde, 80 voorsetsels en 80 konjunksiemerkers geïdentifiseer.

Die bevindinge op grond van die ratiobepalings, t-toetse en p-waardes word vervolgens bespreek.

4.1.1 Interkorpusondersoek: stilometriese ontleding

Die afsonderlike tekste van Hambidge se korpus is met dele van die TK-korpus (sien tabelle 1 en 2) vergelyk. Die doel van hierdie vergelyking was om te bepaal tot watter mate, Hambidge se idiolek verskil van die voorgestelde norm soos in die algemene TK-korpus uitgebeeld word, wanneer daar ondersoek ingestel word na die gebruik van grammatikale woorde.

4.1.1.1 Voornaamwoorde

Die ratio’s van elk van die voornaamwoorde wat in die gespesialiseerde en verwysingskorpus voorkom, is bereken (sien tabel 5) en sodoende is die prakties beduidende verskil van die leksikale items bereken. Voornaamwoorde wat in drie of meer van die korpora voorkom en wat nie prakties beduidend verskil nie – dit wil sê voornaamwoorde waarvan die gebruik tot so ’n mate ooreenstem dat daar nie met absolute sekerheid aangevoer kan word dat die tekste nie deur verskillende skrywers geskryf is nie – is aangeteken.

Tabel 5. Voorstelling van ratio’s van voornaamwoorde wat nie prakties beduidend in drie of meer korpora verskil nie

Die bevindinge in tabel 5 toon dat daar slegs vier voornaamwoorde is (“al”, “hoe”, “wat” en “watter”) wat tot so ’n mate deur die verskillende skrywers gebruik word dat daar in die meerderheid vergelykings nie sonder twyfel aangevoer kan word dat die tekste nie deur dieselfde skrywers geskryf is nie. Tabel 6 beeld dan ook die aantal voornaamwoorde uit wat in die vyf vergelykings (TK1 & J1, TK2 & J2, TK3 & J3, TK4 & J4, en TK5 & J5) ondersoek is.

Tabel 6. Voornaamwoordondersoek

Slegs 17,3% van die voornaamwoorde in die gespesialiseerde en verwysingskorpus het ooreengestem en daar kan nie sonder redelike twyfel aangevoer word dat die moontlikheid bestaan dat die tekste waarin hierdie voornaamwoorde voorkom deur dieselfde skrywer geskryf is nie.

Tabel 6 toon egter ook dat daar in die gebruik van 244 van die 295 (82,7%) voornaamwoorde wel ’n prakties beduidende verskil waargeneem kan word, oftewel, die gebruik van die voornaamwoorde verskil sodanig dat daar gesê kan word dat die skrywers van die tekste verskil. Die afleiding kan dus gemaak word dat Hambidge se gebruik van voornaamwoorde as idiosinkraties beskou kan word wanneer dit met die gebruik van voornaamwoorde in die TK-korpus vergelyk word.

Wanneer die vergelykings van die afsonderlike genres ondersoek word, blyk dit dat Hambidge se gebruik van voornaamwoorde in al die ondersoekte genres as kenmerkend beskou kan word (daar is ’n prakties beduidende verskil van meer as 75% in al die vergelykings).

Tabel 7. Gepaarde t-toetse van die voornaamwoorde

Uit bostaande tabel blyk dit dat daar slegs tussen TK2 & J2 ’n statisties beduidende verskil voorkom. TK2 en J2 bestaan uit die verwysingskorpusroman (TK2) vergeleke met Palindroom van Hambidge (gespesialiseerde korpus J2). Uit hierdie data wil dit voorkom of daar statisties beduidend nie ’n onderskeid tussen die gespesialiseerde korpus en die verwysingskorpus getref kan word nie. Aangesien hierdie ondersoek die interkorpusondersoek is – waar die tekste van Hambidge met dié van die Taalkommissie vergelyk word, maar steeds binne die raamwerk van bepaalde genres – kan daar na aanleiding van hierdie bevinding gesê word dat daar (oorwegend) nie ’n verskil in die gebruik van voornaamwoorde tussen die gespesialiseerde korpus en die verwysingskorpus voorkom nie. Veral nie wanneer die ondersoek in terme van definitiewe genres uitgevoer word nie, nieteenstaande ’n verskil met betrekking tot praktiese beduidendheid.

4.1.1.2 Voorsetsels

Soortgelyk aan die interkorpusondersoek na die gebruik van voornaamwoorde, is ook die gebruik van voorsetsels ondersoek. Die ratiobepalings van die voorsetsels (kyk tabel 8) het getoon dat daar meer voorsetsels is wat prakties beduidend verskil (dus kenmerkend van Hambidge se idiolek is) tussen die gespesialiseerde en verwysingskorpus (83,5%). Dit wil sê dat Hambidge se tekste in ’n mate van die TK-korpus verskil, soos bepaal deur die praktiesebeduidendheidsbepalinge vir voorsetsels volgens die ratio.

Tabel 8. Voorsetselondersoek

Uit tabel 9 (wat die gepaarde t-toetse weergee) blyk dit dat daar geen statisties beduidende verskil tussen die voorkoms van voorsetsels in die gespesialiseerde en verwysingskorpus is nie. Die ontleding bewys dat daar statisties beduidend dus nie onderskeid getref kon word tussen die idiolek van die bepaalde skrywer (soos voorgestel deur die gespesialiseerde korpus) en die TK-korpus (soos voorgestel deur die verwysingskorpus wat uit die TK-korpus bestaan) wat as norm voorgehou word op grond van voorsetsels in bepaalde genres nie.

Tabel 9. Gepaarde t-toetse: voorsetsels

4.1.1.3 Konjunksiemerkers

Ook die konjunksiemerkers is soos in afdelings 4.1.1.1. en 4.1.1.2 ondersoek. Die ratiobepalings van die konjunksiemerkers het aangetoon dat daar meer gevalle in die gebruik van konjunksiemerkers (sien tabel 10) is wat prakties beduidend (89,2%) tussen die gespesialiseerde en verwysingskorpus verskil. Dit wil sê dat Hambidge se tekste in ’n groot mate kan verskil van die TK-korpus soos bepaal deur die praktiesebeduidendheidsbepalinge volgens die ratio. Dit dui aan dat Hambidge wel oor ’n kenmerkende idiolek beskik wanneer daar stilometries na die konjunksiemerkers ondersoek ingestel word aan die hand van praktiese beduidendheid.

Tabel 10. Konjunksiemerkerondersoek

Uit die gepaarde t-toetse (sien tabel 11) blyk dit dat daar geen statisties beduidende verskil tussen die voorkoms van konjunksiemerkers in die gespesialiseerde en verwysingskorpus is nie.

Tabel 11. Konjunksiemerkers gepaarde t-toetse

Uit die ondersoek na die gebruik van grammatikale woorde in die gespesialiseerde en verwysingskorpus blyk dit dat daar twee verskillende bevindinge uit die ratiobepalings en die gepaarde t-toetse gemaak kan word. In die geval van die gebruik van voornaamwoorde is 82,7% prakties beduidend, 83,5% voorsetsels is prakties beduidend en konjunksiemerkers is 89,2% prakties beduidend. Hambidge se gebruik van voornaamwoorde, voorsetsels en konjunksiemerkers is daarom baie meer kenmerkend as dié van die verwysingskorpus (TK-korpus). Die bevindinge van die gepaarde t-toetse (statistiese beduidendheid) toon egter nie ’n duidelike verskil in die gebruik van grammatikale woorde tussen die gespesialiseerde en die verwysingskorpus nie. Kotzé (2007:190) is van mening dat die afwesigheid van statisties beduidende verskille nie noodwendig gemeenskaplike skrywerskap sonder verdere vergelykings impliseer nie, maar dat dit wel ’n sterk basis verteenwoordig om moontlik tot so ’n gevolgtrekking te kom.

Vervolgens word die intrakorpusondersoek bespreek.

4.1.2 Intrakorpusondersoek

’n Interne stilometriese ontleding is onderneem om die bevindinge van die interkorpusondersoek te kontroleer. Die interne stilometriese ontleding het die interne ontleding en vergelyking van Hambidge se tekste behels. Die onderskeie genres is met mekaar vergelyk om Hambidge se idiolek in die verskillende genres te bepaal. McEnery en Wilson (2001:117) redeneer dat ’n volkome beeld van individue se idiolek gevorm kan word slegs wanneer verskeie vergelykings tussen die styl van individue (intrakorpusondersoek) asook vergelykings met ander individue (interkorpusondersoek) getref word. Die metodes sluit in die bepaling van die praktiese beduidendheid deur middel van ratiobepalings, asook die bepaling van die statistiese beduidendheid deur middel van gepaarde t-toetse. Die ontledings het die verskillende genres en multimodaliteite in Hambidge se prosatekste vergelyk.

Afsonderlike korpora van Hambidge is intern met mekaar vergelyk. Die doel van hierdie vergelyking was om te bepaal in watter mate, indien enigsins, Hambidge se idiolek ooreenstem wanneer die stilometriese ontleding intern oor die grense van genres en multimodaliteite heen uitgevoer word.

Die vergelykings is soos volg hanteer:

J1 is vergelyk met J2
J1 is vergelyk met J3
J1 is vergelyk met J4
J1 is vergelyk met J5
J2 is vergelyk met J3
J2 is vergelyk met J4
J2 is vergelyk met J5
J3 is vergelyk met J4
J3 is vergelyk met J5
J4 is vergelyk met J5.

Wanneer die vergelykings getref word soos hier bo uiteengesit, verseker dit dat al die genres met mekaar vergelyk word en sodoende kan ’n gevolgtrekking met gemak gevorm word. Net soos by die eksterne vergelykings is daar ook van voornaamwoorde, voorsetsels en konjunksiemerkers gebruik gemaak. Die data is op presies dieselfde wyse verwerk soos uiteengesit in 4.1.1. Die interne statisties beduidende bevindinge toon dat daar nie ’n verskil in die gebruik van voornaamwoorde tussen die tekste van Hambidge voorgekom het nie, ongeag die genre waarin sy skryf. Die voorsetsels en konjunksiemerkers toon wel statisties beduidende verskille, wat beteken dat die genre dan wel ’n invloed op Hambidge se idiolek het.

Tabel 12. Voorstelling van sleutelwaarde in genres

Hoe hoër die gemiddelde sleutelwaarde, hoe meer verskil tekste. Uit dié ontleding is daar afgelei dat J3 & J5 (proefskrif en die reisjoernaal) die meeste verskil, gevolg deur J1 & J3 (Sewe Sonjas en wat hulle gedoen het en PhD), J2 & J3 (Palindroom en PhD), J2 & J5 (Palindroom en PhD), J1 & J5 (Sewe Sonjas en wat hulle gedoen het en die reisjoernaal), J1 & J4 (Sewe Sonjas en wat hulle gedoen het en resensies), en J2 & J4 (Palindroom en resensies).

Die tekste met die laagste sleutelwaardes wat die meeste ooreenstem, was J3 & J4 (proefskrif en die resensies), J4 & J5 (resensies en reisjoernaal) en ook J1 & J2 (Sewe Sonjas en wat hulle gedoen het en Palindroom). Daar is dus sterk ooreenkomste tussen die verwagte genres gevind, alhoewel die voorkoms van ’n ooreenkoms tussen die PhD en die resensies groot was (die verwagting was dat die PhD ’n meer akademiese teks sou wees, terwyl die resensies as meer informele tekste beskou kon word). Die afleiding wat hieruit gemaak kan word, is dat Hambidge se idiolek nie noodwendig genre-spesifiek is nie, en ook dat tekste wat deur dieselfde skrywer (Hambidge) geskryf is, nie noodwendig kenmerkende eienskappe volgens die genre sal toon nie, maar dat daar wel ooreenkomste in die idiolek van Hambidge sigbaar sal wees, ongeag die genre waarin sy skryf.

4.1.2.1 Voornaamwoorde

Wanneer Hambidge se eie tekste aan die hand van voornaamwoorde met mekaar vergelyk word (dit wil sê verskillende genres met mekaar) blyk dit dat daar oorwegend ’n prakties beduidende verskil in die gebruik van voornaamwoorde (84,4% van die woorde is prakties beduidend) waargeneem kan word. Die woorde almal (J3 & J5), daarvoor (J1 & J5), haarself (J2 & J3), hier (J1 & J3), hierdie (J1 & J2), hom (J1 & J2), homself (J1 & J2), hy (J2 & J4), jou (J3 & J4), jouself (J1 & J2), julle (J1 & J2), jy (J1 & J5), my (J1 & J5), onsself (J2 & J3) en watter (J2 & J4) is slegs in een van die vergelykings nie prakties beduidend nie. Aangesien hierdie ondersoek die ondersoek na die praktiese beduidendheid in terme van die interne ondersoek oor die grense van genres heen is, sou die idiolek as kenmerkend tot die ondersoeksubjek beskou kon word, as daar minder gevalle van praktiese beduidendheid voorgekom het

4.1.2.2 Voorsetsels

Wanneer Hambidge se eie tekste aan die hand van voorsetsels met mekaar vergelyk word (dit wil sê verskillende genres met mekaar), blyk dit dat daar oorwegend ’n prakties beduidende verskil in die gebruik van voorsetsels (82,9% van die woorde is prakties beduidend verskillend) waargeneem kan word. Die woorde agter (J2 & J4), behalwe (J2 & J4), sedert (J1 & J5), sonder (J3 & J5), totdat (J3 & J5), vanweë (J3 & J4), vir (J4 & J5) en volgens (J3 & J5) is slegs in een van die vergelykings nie prakties beduidend nie. Die gebruik van die voorsetsel in (J1 & J5) is slegs een maal prakties beduidend, en daarom kan dit beskou word as die voorsetsel wat mees kenmerkend van Hambidge se idiolek is.

4.1.2.3 Konjunksiemerkers

Soos in die ontleding van die voorsetsels en die voornaamwoorde, is daar ook by die gebruik van konjunksiemerkers (Carstens en Van de Poel 2011) ’n oorwegende prakties beduidende verskil (87,7% van die konjunksiemerkers dui wel ’n prakties beduidende verskil aan). Die woorde ander (J1 & J4), behalwe (J2 & J4), die volgende dag (J2 & J3), dus (J4 & J5), eerder (J2 & J5), in plaas van (J2 & J3), indien (J1 & J5), meer (J1 & J4), ook (J1 & J5), te wete (J4 & J5), ten slotte (J1 & J2), ten spyte van (J1 & J3) en want (J1 & J5) is slegs in een van die vergelykings nie prakties beduidend nie.

Uit die ratiobepalings blyk dit duidelik dat die voornaamwoorde wat Hambidge oor die grense van genres gebruik nie ooreenstem nie. Daar is telkens by dié vergelykings minder as 20% van die voornaamwoorde wat ooreenstem. Voorsetsels in die afsonderlike genres van Hambidge verskil ook na aanleiding van die genres. Daar is ook bepaal dat Hambidge nie dieselfde konjunksiemerkers in die onderskeie genres gebruik nie. Die afleiding kan gemaak word dat nie een van Hambidge se genres prakties beduidend ooreenstem betreffende die voorkoms van die gebruik van voornaamwoorde, voorsetsels of konjunksiemerkers nie. Hieruit kan afgelei word dat genre wel ’n invloed op Hambidge se idiolek het.

4.2 Stilistiese ondersoek

Besonderhede rondom die stilistiese ondersoek word vervolgens weergegee.

4.2.1 Eponieme

Eponieme word omskryf as woorde waarin die name van persone voorkom (Prinsloo 2011:6). Vir die doel van hierdie ondersoek is eponiem gebruik as ’n term om na afleidings van eiename wat as soortname, werkwoorde, bywoorde en byvoeglike naamwoorde funksioneer, te verwys.

Voorbeelde sluit in:

J3. (reël 1025) ... gewoon die kind wat nie geoedipaliseer het nie ...
J3. (reël 5419) ... sy eie ongeoedipaliseerde ... (in hierdie voorbeeld is
dit opmerklik hoe Hambidge ’n negatiewe vorm van die eponiem geskep het)
J3. (reël 9282) ... nie-geoedipaliseerde digter wat ... (ook in hierdie
voorbeeld het Hambidge ’n negatiewe vorm van die eponiem geskep)
J5. (reël 40) ... die kind geoedipaliseer met sy eie identiteit ...
J3. (reël 1834) ... die proses van oedipalisasie ...

Die afleiding “geoedipaliseerde” (ongeag die vorm waarin dit gebruik word) is uniek aan Hambidge se idiolek. Dit kom nie een maal in die TK-korpus voor nie, en met ’n soektog deur die Media24-argief17 was die enigste voorkoms van dié woord in ’n rubriek wat deur Hambidge self geskryf is (Op my literêre sofa, 1994, soos geplaas deur Beeld, en ook ingesluit by Hambidge se korpus). Hierdie woord word dus slegs deur haar gebruik, ongeag die genre.

Verdere voorbeelde van eponieme wat in Hambidge se korpus aangetref word, sluit in:

J3. (reël 2337) ... meer spesifiek Lacaniaanse psigoanalise ...
J3. (reël 6603) ... nosie van die Lacaniaanse ek/oog ...
J5. (reël 2080) ... van die Lacaniaanse fallus ...
J5. (reël 2118) ... van Lacaniaanse psigoanalise ...
J5. (reël 2125) ... fases in Lacaniaanse psigoanalise ...

Hambidge gebruik gereeld die woord “Lacaniaanse”. Daar is 17 voorbeelde van die voorkoms van hierdie woord in haar PhD. Hierdie eponiem is egter nie beperk tot Hambidge se idiolek nie, aangesien dit ook in die TK-korpus voorkom, maar die frekwensie waarteen dit voorkom, is hoër in Hambidge se tekste. Die woord kom in J3 (PhD) en J5 (reisjoernaal) voor en is dus nie genrespesifiek nie.

Variante skryfwyses van hierdie woord kom ook in Hambidge se tekste voor:

J3. (reël 2257) ... tans meer Freudiaans/Lacaniaans as Jungiaans ...
J3. (reël 6916) ... temas wat Lacaniaans gesien ...
J5. (reël 2161) ... ’n Lacaniaan, word ...

Die eponiem “Lacaniaans” kom slegs drie maal in die TK-korpus voor. Dit is interessant dat die woord nie in die akademiese korpus voorkom nie, maar wel in die koerantartikels en een maal in die roman. Dit is dus duidelik dat Hambidge gebruik maak van eponieme (veral in akademiese tekste) asook wisselvorme van die woorde. Verder blyk dit dat Hambidge se gebruik van eponieme (wat meestal in akademiese tekste gevind word) in nie-akademiese tekste kenmerkend is van haar idiolek.

Verdere voorbeelde van eponieme sluit in:

J2. (reël 3124) ... haar Jungiaanse terapeut ...
J3. (reël 2257) ... tans meer Freudiaans/Lacaniaans as Jungiaans ...
J1. (reël 76) ... sewe Gordiaanse knope ...
J1. (reël 2508) ... die Faustiaanse verlange ...
J1. (reël 2509) ... die Nietzcheaanse droom ...
J3. (reël 2325) ... die Kopernikaanse en Newtoniaanse rewolusie ...
J2. (reël 1547) ... as ’n Nabokofiaanse fantasie ...
J2. (reël 2039) ... die Tibetaanse Boek van Lewe en Dood ...
J3. (reël 8709) ... die Shakesperiaanse tyd ...

Uit die bogenoemde voorbeelde blyk dit duidelik dat Hambidge gereeld gebruik maak van eponieme, ongeag die genre waarin sy skryf. Die woorde kom verspreid oor die verskillende genres voor, alhoewel J3 (PhD) die meeste voorbeelde bevat. Wat hierdie verskynsel uniek aan Hambidge maak, is die feit dat van die eponieme wat wel in die TK-korpus voorkom, nié in die akademiese tekste verskyn nie, maar wel in die koerantartikels, tydskrifartikels en die romans. Die frekwensies waarteen die woorde voorkom, is egter baie hoër in Hambidge se korpus en ook spesifiek in haar PhD. Eponieme kan dus as kenmerkend van Hambidge se idiolek beskou word.

4.2.2 Kodewisseling

Volgens Du Plessis (1995:24) verwys kodewisseling na die wisseling wat sprekers toepas in gesprekke tussen variëteite van dieselfde taal of tussen tale. Kodewisseling kan gebruik word om aan te pas by gespreksituasies (gemaklike diskoers), of as een van die sprekers nie so vlot in ’n spesifieke taal is nie, of ter wille van aanvulling.

Voorbeelde uit die JH-korpus sluit in:

J1. (reël 96) ... Ubi, quis, quid ... prewel ...
J1. (reël 228) ... pudenda est bella) ...
J3. (reël 1336) ... Lees hier. Utrum stelle videantur ubi sint? ...
J4. (reël 302) ... kind gehad wat gedupe is ...
J3. (reël 6922) ... (le désir de l'analyst wat op Frans letterlik beteken ...
J3. (reël 6839) ... vader (nom-du-père) verwys ...
J3. (reël 6846) ... aktiveer die nom-du-père as ...
J2. (reël 2503) ... dat ek jou nooit weer lief sal hê nie: Gij die mij leest, vergeef mij en vergeet
J3. (reël 1327) ... via ’n monologue intérieur aan ...

Uit die bogenoemde voorbeelde is dit duidelik dat Hambidge wel van kodewisseling gebruik maak, maar ook dat daar nie ’n spesifieke leksikale item is wat sy deurgaans in al haar tekste (ongeag die genre) gebruik nie. Baie van die woorde is akademiese terme wat moeilik vertaalbaar is en kan dus binne die konteks waarin dit gebruik word, as onvermydelik geag word. Dit is wel duidelik dat daar nie ’n genre is waarin Hambidge nie van dié tipe kodewisseling gebruik maak nie. Dit is egter nie moontlik om kodewisseling as ’n unieke idiosinkratiese eienskap van Hambidge se idiolek te identifiseer nie, alhoewel die feit dat die kodewisseling telkens Frans, Nederlands en Latyn eerder as Engels is, tog wel as ’n aanduiding van Hambidge se skrywerskap beskou kan word.

Die bevinding kan moontlik gemaak word dat die voorkoms van kodewisseling ‒ soos hier bo voorgestel ‒ wel ’n aanduiding kan wees van Hambidge se skrywerskap, hetsy dit in resensies, akademiese artikels of romans voorkom. Aangesien hierdie woorde egter ook in die ander korpus voorkom (alhoewel nie in dieselfde sinskonstruksie nie), kan dit nie as idiosinkraties beskou word nie, maar eerder as ’n aanduiding van skrywerskap, aangesien Hambidge nie die enigste individu is wat van kodewisseling met Frans, Nederlands en Latyn gebruik maak nie. Noukeurige ondersoek sal kan bepaal of die teks wel deur Hambidge geskryf is. In die korpus is daar egter wel enkele voorbeelde van kodewisseling tussen Afrikaans en Engels:

J1. (reël 175) ... van ’n step-in ...
J1. (reël 2559) ... of is jy gedippity do? ...
J1. (reël 2726) ... vorm van ’n straight jacket ...
J2. (reël 754) ... Of dit delete? ...
J3. (reël 584) ... te wete Comic power in ...
J3. (reël 878) ... met die subway om ...
J3. (reël 930) ... Sy reis egter met mweb se airmail wat ...
J3. (reël 1100) ... alreeds ’n risque-boodskap oorgedra ...
J3. (reël 1505, 1526, 1539, 1571, 1630, 1697) ... sogenaamde cross-
dresser
of
transvestiet ...
J3. (reël 5249) ... van die joking chain ...

Uit hierdie voorbeelde is dit duidelik dat Hambidge nie skroom om kodewisseling toe te pas nie, en verder blyk dit dat haar proefskrif ook woorde bevat wat as nie-akademies beskou kan word. Dit is egter ook duidelik dat daar nie ’n spesifieke woord uit ’n ander taal of bepaalde variëteit is wat kenmerkend van Hambidge se korpus is nie. Weer eens kan die afleiding slegs gemaak word dat Hambidge wel kodewisseling toepas (met Engels) ongeag die genre. Daar is gevalle (soos met die woorde “back-drop” en “backdrop”) waar die spelling ook nie konsekwent is nie. Die woorde kom ook algemeen in die TK-korpus voor, wat bewys dat die stilistiese ontleding van Hambidge se gebruik van hierdie Engelse woorde in die teks as eiesoortig beskou kan word nie.

Vervolgens is daar ook ondersoek ingestel na die invloed van Engels in die JH-korpus. Wat hierdie ondersoek betref, het dit verwys na die gebruik van Engelse woorde wat verafrikaans is in die JH-korpus. Daar is dus ondersoek ingestel na vreemde of verafrikaansde gebruike en/of spelvorme. Uit die ondersoek na kodewisseling is reeds bepaal dat Hambidge van Engelse woorde gebruik maak (ook as ’n vorm van kodewisseling) en dat daar ook verskeie woorde is wat gebruik word waar die invloed van Engels duidelik in haar idiolek sigbaar is. Voorbeelde sluit in:

J1. (reël 1048) ... as my persgedaaide hare ...
J1. (reël 1595) ... gedaaide hare ...
J1. (reël 2266) ... se hare is gedaai ...

Toe die woord “gedaai” in die TK-korpus opgesoek is, was dit duidelik dat Hambidge die woord in vergelyking met die voorkoms in die TK-korpus gereeld gebruik. Die woord kom egter net in J1 van Hambidge se korpus voor ‒ dus kon dit nie as idiolekties beskou word nie.

J1. (reël 2321) ... met sy motorbaaik en al ...
J1. (reël 2354) ... net ’n nuwe baaik wil koop ...

Die woord “baaik” is eie aan Hambidge se idiolek, aangesien dit glad nie in die TK-korpus voorgekom het nie. Dié woord kon nie as ’n kenmerkende eienskap van Hambidge se oorkoepelende idiolek beskou word nie, omdat dit net in een van die genres voorgekom het. Dit kan egter beskou word as ’n hapax legomenon18 in die roman Sewe Sonjas en wat hulle gedoen het, en dit kan ook gestel word dat indien die woord (met die bepaalde spelling) in ’n teks voorkom, daar ’n moontlikheid bestaan dat dit deur Hambidge geskryf is.

J4. (reël 400) ... by ’n komputer in ...
J3. (reël 6148) ... Uit ’n komputer-analise is daar...

Die woord “komputer” kon ook nie as kenmerkend van Hambidge se idiolek beskou word nie, aangesien dit ook in die TK-korpus voorgekom het. Wat wel interessant was, was dat dié woord in Hambidge se proefskrif (J3) en resensies (J4) voorkom – beide tekste wat as meer formeel as die romans (waarin die woord nie voorkom nie) beskou word. In die TK-korpus het dit wel in die romans voorgekom. Daar is ook ondersoek ingestel na woorde wat in Hambidge se korpus voorkom wat, soos die bogenoemde voorbeelde, eienskappe het van woorde wat uit Engels verafrikaans is. Hierdie woorde sluit in:

J1. (reël 2343) … ’n fountjie sodat sy ...
J1. (reël 182) ... die pantie op ...
J1. (reël 2261) ... Groot probleme. Trobbels ...
J1. (reël 2447) ... kan dit nie aanpaas ...
J2. (reël 1198) ... hy props nodig ...
J3. (reël 614) ... is altyd in transit ...
J3. (reël 1188) ... Klere signifieer ’n bepaalde ...
J3. (reël 1105) ... Klere signifieer ’n ...
J4. (reël 566) ... verteller en sy tjoms ...

Uit die bostaande lys is dit slegs die woorde “trobbels”, “signifieer” en “tjoms” wat nie in die TK-korpus voorgekom het nie. ’n Soektog is egter op die Media24-argief uitgevoer om te bepaal of die woorde elders ook voorkom. Die resultaat van die soektog het aangetoon dat die woorde “trobbels” en “tjoms” wel in die Media24-argief voorkom, en dus kon dit nie as uniek aan Hambidge se idiolek beskou word nie. Die woord “signifieer” kom egter slegs in Hambidge se korpus voor.

Figuur 1. Voorstelling van ’n konkordansiesoektog in WordSmith Tools na die woord “signifieer”

Uit figuur 1 is dit duidelik dat die woord “signifieer” gesamentlik nege maal in die JH- en TK-korpus voorkom. “Signifieer” het agt maal in die JH-korpus en slegs een maal in die TK-korpus voorgekom. Soos in figuur 1 gesien kan word, is die enkele keer wat die woord “signifieer” in die TK-korpus gebruik is, ’n verwysing na Hambidge se teks wat in die TK-korpus (TK3 [Niefiksie]) opgeneem is (Hambidge 1995:17). Na aanleiding van die bogenoemde is dit dus moontlik om dit te stel dat “signifieer” as uniek aan Hambidge se idiolek beskou kon word.

Vervolgens is ondersoek ingestel na etlike samestellings met Engelse woorde wat in die JH-korpus waargeneem is. Voorbeelde sluit in:

J4. (reël 560) ... propperse emosieswendelaar is wat ou tannies op ’n
toerbus belieg met sy hard luck-stories ...
J4. (reël 80) ... nie ’n struggle-digter ...
J3. (reël 3833) ... glo ’n tomboy-dogter ...
J3. (reël 3418) ... Sy no nonsense-manier...
J3. (reël 2923) ... my kom uit-bail ...
J2. (reël 2184) ... die trash-boksie ...
J2. (reël 517) ... na die draft-boksie ...
J2. (reël 512) ... duidelik ’n server-probleem ...
J1. (reël 2379) ... Elke dag sal paydag wees! ...

Hierdie voorbeelde dui daarop dat Hambidge gebruik maak van samestellings wat uit Afrikaanse en Engelse woorde bestaan. Lawrence (1999:272) verwys na die voorkoms van woorde soos “propperse” as ’n dubbele morfologie en stel dit as ’n uitsondering op die Blokhipotese. Die Blokhipotese veronderstel dat daar ’n blokkeringsfilter bestaan wat enige IT-inhoudsmorfeem (IT verwys na die ingebedde taal, dus die ander taal) blokkeer wat nie aan die MT (MT verwys na die matrikstaal, dus die hooftaal van die kodewisseling) kongruent is nie (vgl. Lawrence 1999:271). Dubbele morfologie (soos in “propperse”) verwys na die voorkoms van ’n enkele IT-stam met affikse van die IT en MT met dieselfde funksie.

Opvallend in die geval van kodewisseling is die voorkoms van samestellings waar dit betrekking het op rekenaarterme en terme rakende tegnologiese middele. Hierdie is dan ook die enigste voorbeelde (alhoewel nie dieselfde woorde nie) wat oor die hele korpus voorgekom het, ongeag die genre.

Met betrekking tot rekenaarterme is dit interessant om ook aan te dui dat Hambidge gereeld beskrywend oor die rekenaar en rekenaarprogrammatuur en/of die tegnologiese middele skryf. Voorbeelde hiervan sluit in:

J2. ... Ek sal my selfoon by my hou en jy kan my BlackBerry! ...
J2. ... Sent via my BlackBerry from Vodacom – let your email find you!

In die TK-korpus kom die woord “BlackBerry” net in koerantartikels (TK4) voor. Hambidge se gebruik is dus eerstens genrespesifiek, en tweedens gebruik sy dit uniek in die sin dat sy die “BlackBerry”-e-posstempel in haar romans insluit. Hierdie kan ook as ’n vorm van kodewisseling beskou word, aangesien dit gebruik word om die e-poswisseling tussen die mentor en die mentee in die roman aan te dui.

J3. ... Haar Compaq Armada rekenaar stol toe sy ...
J3. ... Ek kyk of daar virusse in my Compaq Armada is, maar die Norton man
verklaar ...

Die woorde “Compaq Armada” kom een maal in die TK-korpus voor (TK1), maar die voorkoms van dié woorde kon nie as bewys gebruik word dat ander individue, buiten Hambidge, ook die woord gebruik as deel van hulle idiolek nie, aangesien daar bepaal is dat daardie spesifieke gedeelte van die TK-korpus saamgestel is uit Joan Hambidge se Skoppensboer (2001). Die afleiding kan dus gemaak word dat die gebruik van “Compaq Armada” as kenmerkend van Hambidge se idiolek gesien kon word.

Ander verwysings na rekenaars en programmatuur sluit onder meer in:

J3. (reël 85) ... en Wordperfect for Windows was die program ...
J3. (reël 737) ... ’n nuwe sisteem (Microsoft Word, Office 97) ...
J3. (reël 1008) ... haar draagbare rekenaar ...
J5. (reël 645) ... op my laptop ...

Hierdie woorde is egter ook nie uniek aan Hambidge se idiolek nie, maar die genre (veral J3 – proefskrif) waarin dit gebruik word, verskil wel van die genres waarin dit oor die algemeen gevind word. Die verwysings hou ook nie noodwendig verband met die inhoud van die res van die dokument nie. Hierdie voorbeelde kan as aanvullend beskou word tot die voorkoms van die informele skryftrant wat Hambidge in haar proefskrif gebruik het. Sy onderbreek die akademiese skryfstyl om te vertel hoe sy besig is om aan die teks te skryf. Dit kan in ’n mate as ’n stylbreuk beskou word en is ook eie aan Hambidge se idiolek.

Uit die ondersoek oor kodewisseling in die JH-korpus is dit duidelik dat daar sekere woorde is wat as kenmerkend van Hambidge se idiolek beskou kon word. Die meeste voorbeelde is egter genrespesifiek en dit is met uitsondering dat daar ’n woord geïdentifiseer kon word wat oor die grense van genres voorkom. Die ondersoek na kodewisseling het egter getoon dat daar definitiewe woorde is wat, wanneer dit binne ’n bepaalde konteks gebruik word, as aanduidend van die idiolek van Hambidge beskou kon word.

4.2.3 Parenteses

Parentese verwys na die invoeging van sinne, sinsnedes en/of gedagtes deur middel van hakies, kommas of aandagstrepe in sinne (Pharos-woordeboek 2016). Hambidge maak veral in haar romans hiervan gebruik. Parenteses word ter wille van addisionele kommentaar deur skrywers aangewend. In die geval van tekste waar lesers weet dat Hambidge aan die woord is (soos die proefskrif, resensies of reisjoernaal), is ondersoek ingestel na die voorkoms van voorbeelde waar dit pertinent gestel word dat dit die skrywer se opinie is. Voorbeelde sluit in:

J1. (reël 72) ... (’n Lekroman. Die outeur.) ...
J1. (reël 178) ... (En ons sal later die digbundel Passiebomme te lese kry. Die
outeur
.)
...
J1. (reël 711) ... (Om vanselfsprekende redes word die woord doos vermy. Die
outeur
.)
...
J1. (reël 719) ... (vergeef hierdie klein onderbreking. Die outeur) ...
J1. (reël 192) ... (Beer is lesbiese sleng vir ’n gay vrou. Die outeur) ...

Die bostaande voorbeelde kom almal voor in die roman Sewe Sonjas en wat hulle gedoen het (J1). Aangesien die storie deur ’n verteller/fokalisator voorgehou word, is dit in dié geval belangrik dat die skrywer (Hambidge) dit duidelik stel wanneer dit haar stem/insette is wat gedurende die verloop van die verhaal gelewer word. In die geval van die oorblywende tekste wat in die korpus voorkom (J2, J3, J4 en J5), is daar gefokus op parenteses waardeur die skrywer (Hambidge) se stem gehoor kon word – dit wil sê die invoeging van sinne, sinsnedes en/of gedagtes in sinne waar dit voorkom asof Hambidge haar gedagtes byvoeg. Aangesien die oorblywende deel van die JH-korpus egter uit romans, ’n proefskrif, resensies en ’n reisjoernaal bestaan, was dit belangrik om in gedagte te hou dat die skrywer aan die woord is (met die uitsondering van die romans) en dit is dus haar mening wat in die onderskeie tekste uitgedruk word. Voorbeelde sluit in:

J3. (reël 1255) ... miljoen dollar (’n enorme bedrag vir 1975) gekry ...
J3. (reël 1311) ... leser (tensy die "ek" gelyk gestel word aan die outeur Jeanne
Goosen)
J3. (reël 1885) ... (en Bill Clinton se optrede in die Wit Huis) en ...
J4. (reël 27) ... (Miskien is die kind se waarnemings by Ackerman soms-soms
net te gesofistikeerd – maar dit is ’n klein beswaar.) ...
J4. (reël 767) ... en mees bisarre eindes – wat ek nie hier kan verklap nie! ...
J4. (reël 43) ... Ag, liewe leser, dan wil ek u ook nie opsaal nie met
staaltjies ...
J4. (reël 849) ..., dink ek terug aan ’n ervaring in Turkye in 2008 ...
J5. (reël 130) ... (op wie is daardie grap?) ...
J5. (reël 883) ... (het ’n paar selfs uitgedink) ...
J5. (reël 1084) ... (Ons proewerasies uitgesluit. Ek is bang my moeder lees
hierdie rubriek ...

Uit die bostaande voorbeelde blyk dit duidelik dat Hambidge gebruik maak van parenteses, ongeag die genre waarin sy skryf. In J1maak Hambidge egter gebruik van parenteses waar sy dit duidelik stel dat dit die skrywer se opinie is wat weerspieël word. Hierdie verskynsel of gebruik kan as ’n idiosinkratiese kenmerk van Hambidge beskou word.

4.2.4 Punktuasie

Punktuasie verwys na die gebruik van lees- en skryftekens. Daar is algemene reëls en norme (vgl. Carstens 2011:261–9) en daarom is daar ondersoek ingestel na afwykings van die norm. Voorbeelde sluit in:

J1. (reël 708) "Ja!!!!"
J3. (reël 7746) ... meer talentvol ... was
J1. (reël 620) ... Die geweer = die fallus; die bok = die libido
J3. (reël 145 ) ... Gender = meer as O of O ...

Dit was duidelik dat Hambidge nie oorwegend afwyk van die taalreëls nie. Daar is enkele voorbeelde waar sy van meer as een uitroepteken of vraagteken gebruik maak, of selfs gebruik maak van simbole of getalle in plaas van woorde in die korpus, maar dit kom nie genoegsaam voor dat dit as idiosinkraties beskou kon word nie.

Ander voorbeelde van ortografiese variasie wat in die tekste voorkom, is die gebruik van koppeltekens tussen letters om die aandag op sekere woorde te vestig (ge-na-de, D-R-A-M-A, E-M-I-L-Y D-I-C-K-I-N-S-O-N – J3).

Hoofletterwoorde word voorts ook gebruik om woorde te beklemtoon: sy sien WELLUS, ’n NAAM, “JaaaaaaaAAAAAAAAAA!", "JoooooooOOOOOOOOOOOOOOO!", "JeiiiiiIIIIIIIIIIIIIIIiIIIIIiiiii!" – J1

Hierdie voorbeelde kom egter in die romans voor – daarom kan dit beskou word as ’n wyse waarop kommunikasie plaasvind en die karakters se emosies uitgebeeld word. Die hoofletterwoorde en koppelteken gebruik kon nie as sodanig as uniek aan Hambidge se idiolek beskou word nie.

4.2.5 Samestellings en afleidings

Volgens Carstens (2006:133) verwys samestellings na die verbinding van twee of meer losstaande woorde om ’n nuwe sintaktiese eenheid te vorm. In dié studie is daar ondersoek ingestel na samestellings waar daar onnodig koppeltekens bygevoeg is. Die gebruik van voorvoegsels is ook ondersoek. Daar is reeds by kodewisseling ondersoek ingestel na samestellings met Engelse woorde. Vervolgens is daar op die gebruik van samestellings uitgebrei. Voorbeelde sluit in:

J2. (reël 1329) ... on-voor-die-hand-liggende ...
J5. (reël 1154) ... kroeg-cum-restaurant ...
J3. (reël 503) ... on-vervuldheid ...
J3. (reël 475) ... on-finaliteit ...
J1. (reël 517) ... donkerstroom-o-dieprivier ...

Die afleiding kon gemaak word dat Hambidge wel samestellings gebruik ongeag die genre waarin sy skryf, maar ook dat daar nie ’n spesifieke samestelling is wat oor die grense van genres voorkom nie. Hambidge maak deurlopend van “vreemde” koppeltekens gebruik.

4.2.6 Verheffing

Verheffing verwys na die gebruik om soortname tot eiename te verhef (Nel 2014). Voorbeelde sluit in:

J2. (reël 616) ... die Eks, die Geliefde en die Mentee
J2. (reël 1041) ... van haar mentee, die Eks en Geliefde het ...
J2. (reël 1433) ... die Mentee ...
J2. (reël 1434) ... op die Mentor...
J2. (reël 90) ... die Man ...
J1. (reël 260) ... dat die Matrone ...

Die voorbeelde wat in Hambidge se korpus voorkom ‒ waar sy soortname tot eiename verhef ‒ is beperk tot J1 en J2 (Sewe Sonjas en wat hulle gedoen het en Palindroom). Daar is egter nie ’n verheffing wat in beide die romans voorkom nie, en dus kon die verheffing van soortname tot eiename nie as kenmerkend van Hambidge se idiolek beskou word nie. Die verheffing wat die meeste voorkom, is “die Eks”. Aangesien die verheffing (“die Eks”) glad nie in die TK-korpus voorkom nie, kan dit gestel word dat die verheffing van soortname tot eiename as ’n eienskap van Hambidge se idiolek beskou kan word. Voorts moet bykomende ontledings plaasvind wanneer dié woorde in tekste (veral romans) aangetref word, aangesien dit tesame met van die reeds bespreekte kategorieë die identifikasie van Hambidge se idiolek kan vergemaklik.

4.2.7 Weglatings

Hier word verwys na die gebruik om sekere dele van woorde weg te laat ‒ ’n algemene verskynsel is in SMS-taal. Olivier (2013:490) verwys na weglatings as die uitlating van letters (soos in “hkm” vir “hoekom”), inkortings (korter woorde wat van langer woorde gevorm word met inagneming van die oorspronklike woord se morfologie) en knipsels (korter woorde wat na aanleiding van langer woorde geskep word sonder inagneming van die oorspronklike woord se morfologie). Voorbeelde sluit in:

J1. (reël 62) ... deur B-fontein se ...
J1. (reël 566) ... koringlande tussen B-fontein en P-Burg ...
J1. (reël 637) ... oor B-fontein, dan ...
J1. (reël 723) ... op B-fontein met ...
J1. (reël 348) ... staan Plagiaat is ’n p-woord ...

Voorbeelde van weglating kom slegs in J1 voor. Daar is ook nie ’n groot verskeidenheid woorde waarop Hambidge weglating toepas nie. Aangesien die bogenoemde voorbeelde slegs in een van die romans (dus nie oor ’n hele genre nie) voorkom, kon dit nie as ’n idiosinkratiese eienskap van Hambidge beskou word nie.

4.2.8 Wisselvorme

Woordbetekenis is konvensioneel en berus op gemeenskaplike verstandhoudings, gedagtes en tradisies (Carstens 2006:103). Woorde kan wel op ’n alternatiewe wyse geskryf word mits die betekenis nie verlore gaan nie. Daar is vervolgens na die wyse gekyk waarop Hambidge van wisselvorme gebruik maak. Voorbeelde sluit in:

J3. (reël 6286) ... studie is indiwiduasie, oftewel ...
J3. (reël 1959) ... hele Stonewall-rewolusie
J5. (reël 953) ... op ’n rewolusie-gebou afgeëts ...
J1. (reël 2305) ... my dierb're letterkunde ...
J1. (reël 2604) ... vashou, dierb're koningin ...

Uit die ondersoek na wisselvorme kan aangevoer word dat Hambidge wel hiervan gebruik maak, maar nie oor die grense van genres nie. Alhoewel daar voorbeelde van wisselvorme in bykans elke genre voorkom, is dit telkens ander voorbeelde – dus nie ’n wisselvorm wat kenmerkend van Hambidge se idiolek is nie. Uit J3 (PhD) is daar voorbeelde van “individu” asook “indiwidu” gevind, wat daarop dui dat Hambidge van beide die spelvorme gebruik maak.

4.2.9 Samevatting: stilistiese ondersoek

Die stilistiese ontleding het getoon dat daar enkele woorde en uitdrukkings is wat kenmerkend van Hambidge se idiolek is. Tog is daar ook bepaal dat slegs enkele van die voorbeelde wat genoem is, deurlopend in Hambidge se idiolek oor die grense van genres waargeneem kon word.

Daar is bepaal dat woorde soos “geoedipaliseerde” (ongeag die vorm waarin dit gebruik word) kenmerkend van Hambidge se idiolek is. Hambidge maak gereeld gebruik van eponieme ongeag die genre (soos ondersoek in hierdie navorsing) waarin sy skryf, en dus kan dit as eie en kenmerkend van haar idiolek beskou word.

Die woord “baaik” is eie aan Hambidge se idiolek, aangesien dit glad nie in die TK-korpus voorkom nie. Dié woord kan egter nie as ’n kenmerkende eienskap van Hambidge se oorkoepelende idiolek beskou word nie, omdat dit net in een van die genres voorkom. Dit kan egter beskou word as ’n hapax legomenon in die roman Sewe Sonjas en wat hulle gedoen het. Dit kan ook gestel word dat indien die woord (met die bepaalde spelling) in ’n teks voorkom, die moontlikheid bestaan dat dit deur Hambidge geskryf is, of dat dit by haar aangeleer is.

Die woord “signifieer” is eie aan Hambidge se idiolek. Dit kom een maal in die TK-korpus voor, maar dit is ’n aangehaal uit Hambidge (wat besig is om die werklikheid te help skep of “signifieer”) (Hambidge 1995:17) in TK3 (Niefiksie). “Signifieer” is dus uniek aan Hambidge se idiolek. Net só is die gebruik van die woorde “Compaq Armada” uniek in hierdie vergelyking aan Hambidge se tekste.

Uit die ondersoek na kodewisseling in die JH-korpus is dit duidelik dat daar sekere woorde is wat uniek aan en kenmerkend van Hambidge se idiolek is. Die meeste voorbeelde is egter genrespesifiek, en dit is met uitsondering dat ’n woord geïdentifiseer kon word wat oor die grense van genres voorkom. Dit blyk ook duidelik dat Hambidge gebruik maak van parenteses ongeag die genre waarin sy skryf. Die voorkoms van parenteses in J2 tot J3 is egter algemeen of selfs aanvaarbaar volgens die norm wat vir die genre daargestel is. In J1 maak Hambidge gebruik van parenteses waar sy dit duidelik stel dat dit die skrywer se opinie is wat weerspieël word. Hierdie gebruik kan as ’n idiosinkratiese kenmerk van Hambidge beskou word.

Verheffing van die woord “eks” na “Eks” kom glad nie in die TK-korpus voor nie en dus kan dit gestel word dat die verheffing van soortname tot eiename as ’n aanduider van Hambidge se idiolek beskou kon word.

Uit hierdie gedeelte van die stilistiese ondersoek is dit dus duidelik dat daar enkele woorde is wat uniek aan en kenmerkend van Hambidge se idiolek is, terwyl ander woorde net in ’n sekere genre en multimodaliteit voorkom. Daar is ook verskeie woorde geïdentifiseer wat ’n definitiewe aanduider van Hambidge se skrywerskap kan wees.

 

5. Samevattende gevolgtrekkings

Met die aanvang van hierdie artikel is die vraag gestel: “Hoe herkenbaar is die idiolek van ’n enkele skrywer wanneer die ondersoek na hierdie individu se idiolek oor die grense van genres uitgevoer word?” Om dié vraag te beantwoord, is ’n korpusondersoek onderneem om te bepaal wat die verskillende kenmerkende eienskappe van Joan Hambidge se idiolek is en om te bepaal of dit oor die grense van die multimodaliteite en genres sigbaar is.

Ondersoek is ingestel na die gebruik van voornaamwoorde, konjunksiemerkers en voorsetsels. Statistiese berekenings het getoon dat daar geen statisties beduidende verskil tussen die gespesialiseerde en verwysingskorpus waargeneem kan word nie, behalwe ten opsigte van die voornaamwoorde wat Joan Hambidge in Palindroom gebruik en in die fiksie-afdeling van die TK-korpus (TK2 & J2). Dit wil dus voorkom of die idiolek van Joan Hambidge, ongeag die modaliteite, nie duidelik herkenbaar is wanneer voorsetsels, voornaamwoorde en konjunksiemerkers deur middel van gepaarde t-toetse ondersoek word nie.

Die ratio-ontleding het bewys dat daar ’n prakties beduidende verskil by die voornaamwoorde (82,7%), voorsetsels (83,5%) en die konjunksiemerkers (89,2%) aanwesig is. Dit dui dus op ’n kenmerkende idiolek by die ondersoeksubjek wanneer die tekste met soortgelyke tekste (genrespesifiek) uit die TK-korpus vergelyk word.

Die interne statistiese resultate het getoon dat daar nie ’n verskil in die gebruik van voornaamwoorde voorkom tussen die tekste van Hambidge nie, ongeag die genre of multimodaliteit waarin sy skryf. Die voorsetsels en konjunksiemerkers toon wel statisties beduidende verskille aan, wat beteken dat die genre dan wel ’n invloed het op Hambidge se idiolek met betrekking tot voorsetsels en konjunksiemerkers.

Die ontledings het getoon dat Hambidge se idiolek nie so duidelik herkenbaar is wanneer die ontledings tussen die onderskeie genres en multimodaliteite plaasgevind het nie. Daar is kenmerkende eienskappe, maar dit wil voorkom asof die verwagte genrekonvensies nie geld nie. Die bevinding, wat uit die stilometriese ontledings gemaak is, is dus dat Hambidge statisties beduidend oor ’n kenmerkende idiolek beskik wanneer haar korpus met dié van die Taalkommissie vergelyk word. Die praktiese beduidendheid van die ratio-ontleding ondersteun hierdie bevinding. Die interne vergelyking bewys dat slegs voornaamwoorde nie statisties beduidend oor die grense van genres en multimodaliteite voorkom nie, maar dat daar ook statisties onderskeid getref kan word tussen die idiolek van Hambidge oor die grense van genres en multimodaliteite heen aan die hand van voorsetsels en konjunksiemerkers. Die ratio-ontledings ondersteun weer eens die statistiese bevindinge dat Hambidge se idiolek wissel afhangende van die genre waarin sy skryf.

Rakende die lemma-ondersoek is bepaal dat Hambidge se woordkeuse met betrekking tot die herhaaldelike voorkoms daarvan as kenmerkend beskou kan word (soos sigbaar uit die vergelyking met die TK-korpus). Daar is dus tekens van ’n kenmerkende idiolek as Hambidge se woordgebruik in die geheel ondersoek word. Wanneer Hambidge se woorde egter intern tussen die genres vergelyk word, blyk dit duidelik dat die woordgebruik tussen die genres verskil. Die aanname kan dus gemaak word dat Hambidge se taalgebruik wel verander afhangende van die genre en multimodaliteit waarin sy skryf, maar dat haar oorkoepelende multimodale idiolek as kenmerkend beskou kan word. Die woorde “vrou” en “skryf” kom nie net gereeld in al Hambidge se genres voor nie, maar wanneer die JH-korpus met die TK-korpus vergelyk word, is die frekwensie van hierdie twee woorde ook baie hoër in die eersgenoemde korpus, en dus kan die twee woorde as kenmerkend van Hambidge se idiolek beskou word. Aangesien dit egter inhoudswoorde is, sal bykomende ontledings moet plaasvind om te bepaal of dit ’n Hambidge-teks is wanneer ’n herhaaldelike voorkoms van die woorde “vrou” en “skryf” bepaal word.

Die sleutelwaardebepalings het aangetoon dat Hambidge se tekste oor die algemeen as ooreenstemmend beskou kan word. Die rol van genre as ’n veranderlike is dus nie so groot nie. Daar is egter ook bevind dat die PhD en die reisjoernaal volgens die sleutelwaarde-indeks die grootste ooreenkoms toon. Die afleiding wat uit die sleutelwaarde-ontleding gemaak kan word, is dat Hambidge wel oor ’n herkenbare idiolek beskik, maar dat die idiolek nie noodwendig so sterk ooreenstem tussen ooreenstemmende multimodaliteite en genres nie. Bogenoemde dui aan dat Hambidge oor ’n kenmerkende idiolek beskik as haar korpus in sy geheel ondersoek word. Die idiolek is nie noodwendig so sigbaar tussen die afsonderlike genres nie. Die genres wat wel ooreenstem, is nie noodwendig die verwagte genres nie. Dus kan die aanname gemaak word dat Hambidge, soos deur die sleutelwaardebepalings aangedui, nie noodwendig volgens die verwagte genrebeperkings skryf nie. Die resultaat dui slegs daarop dat die genres wat in hierdie studie gebruik is, ooreenstem volgens die sleutelwaardebepalings, en dat daar nie ’n verskil is tussen die genoemde genres wat in dié ondersoek gebruik is nie.

Die stilistiese ontleding het getoon dat daar enkele woorde en uitdrukkings is wat as kenmerkend van Hambidge se idiolek beskou kan word. Tog is daar ook bepaal dat slegs enkele van die voorbeelde wat genoem is, deurlopend in Hambidge se idiolek oor die grense van genres waargeneem kon word. Uit die kategorieë wat tydens die ondersoek gebruik is, kan die volgende afleidings gemaak word:

  • Dit is duidelik dat woorde soos “geoedipaliseerde (ongeag die vorm waarin dit gebruik word) kenmerkend van Hambidge se idiolek is. Hambidge maak gereeld van eponieme gebruik, ongeag die genre waarin sy skryf, en dus kan dit as eie aan haar idiolek beskou word. Verder is die woorde “baaik” en “signifeer” sowel as “Compaq Armada” woorde wat kenmerkend is van Hambidge se idiolek.
  • it die ondersoek oor kodewisseling in die JH-korpus is dit duidelik dat daar sekere woorde is wat as kenmerkend van Hambidge se idiolek beskou kan word. Die meeste voorbeelde is egter genrespesifiek, en dit is met uitsondering dat ’n woord geïdentifiseer kon word wat oor die grense van genres heen voorkom.
  • Parenteses is nóg ’n verskynsel wat as ’n kenmerk van Hambidge se idiolek beskou kan word.
  • Verheffing kom nie in die TK-korpus voor nie en dus kan dit gestel word dat die verheffing van soortname tot eiename as ’n aanduider van Hambidge se idiolek beskou kan word.

Uit die stilistiese ondersoek is dit dus duidelik dat daar enkele woorde is wat kenmerkend van Hambidge se idiolek is, terwyl ander woorde net in ’n sekere genre voorkom. Ondersoek is ook ingestel na die tekste as ’n geheel en daar is na die eienskappe van die genres gekyk. Daar is bepaal dat Hambidge haar nie deur die verwagte genrekonvensies laat voorskryf nie. Haar skryfstyl verskil dus in die afsonderlike genres. Aangesien die TK-korpus slegs ter vergelyking gedien het, sal bykomende ondersoeke gedoen moet word om te bepaal of Hambidge se skryfstyl afwyk van tekste deur ander skrywers uit dieselfde genre.

Die aanvanklik-gestelde hipotese impliseer dat daar wel ’n herkenbare idiolek by die navorsingsubjek (Joan Hambidge) waargeneem sou word ‒ oor die grense van die multimodaliteite en genres heen ‒ en dat hierdie idiolek eie aan die ondersoeksubjek sal wees, asook dat dit sigbaar sal wees ongeag die genre. Hambidge beskik beslis oor ’n herkenbare idiolek wanneer haar genres as ’n multimodale geheel ondersoek word. Haar idiolek is dan duidelik sigbaar en kenmerkend. Wanneer die afsonderlike genres ondersoek word, is dit duidelik dat daar sekere verskynsels (kenmerkende kategorieë wat ondersoek kan word) is wat oor die grense van genres voorkom. Daar is egter nie ’n enkele kenmerk wat só sterk in al die genres voorkom dat dit as onbetwisbaar uniek aan Hambidge se idiolek beskou kan word nie. Alhoewel daar kenmerke is wat in al die genres en multimodaliteite voorkom, blyk dit dus dat daar nie ’n woord of sinsnede is wat deurgaans uniek in elke genre en multimodaliteit voorkom nie. Voorts, alhoewel die onderskeie korpora waaruit die Hambidge korpus bestaan onbetwisbaar Hambidge-tekste is, verskil hulle tog ook baie van mekaar. Hierdie verskille is nie net in terme van die genre of multimodaliteit nie, maar is eerder teksgebonde, aangesien twee romans ontleed is en dié romans eerder verskille as ooreenkomste toon.

Deur die verskillende ontledingsmetodes te volg (soos in die artikel gedoen is) wat as aanvullend tot mekaar uitgevoer is, is dit egter duidelik dat die ondersoek na die genoemde (soos deur die artikel bepaal) idiosinkratiese kenmerke aanleiding kan gee tot die identifisering van Hambidge se idiolek, ongeag die genre waarin sy skryf.

Deur die stilometriese ondersoek is daar ondersoek ingestel na die voornaamwoord-, voorsetsel- en konjunksiemerkergebruik in die korpus. Die gebruik van die TK-korpus het ten doel gehad om ’n basis te skep waarteen Hambidge se korpus vergelyk kon word. Hierdie ondersoekmetode is veral geslaagd wanneer skrywerskapidentifikasie plaasvind, maar om die idiolek van individue te identifiseer, sou dit meer akkuraat wees om nie anonieme skrywers te gebruik nie. Vir die aard van dié ondersoek was die gekose wyse van ondersoek voldoende, maar vir bykomende studies, waar die metodologie van ondersoek verfyn sal moet word, sal dit meer gepas wees om verskillende skrywers te gebruik om sodoende vas te stel wat elk se idiolek is, en hulle dan te vergelyk. Deur so ’n vergelyking te tref, sal dit ook moontlik wees om verskillende styl-, skrywerstem- en registerkenmerke te identifiseer. Daar sal ook na meer as net die voornaamwoorde, voorsetsels en konjunksiemerkers gekyk moet word. Woordsoortetikettering kan in dié geval ’n goeie vertrekpunt wees, aangesien daar dan na al die verskillende woordsoorte, asook die wyse waarop die woordsoorte gebruik word, ondersoek ingestel kan word.

Die metode wat gebruik is om die stilistiese ondersoek uit te voer, kan as voldoende aanvaar word, alhoewel daar meer kategorieë geïdentifiseer kan word wat in die ondersoek ingesluit kon word. Soos in die geval van die stilometriese ondersoek, sal ’n uitgebreide studie waar verskillende skrywers se idiosinkratiese stylkenmerke met mekaar vergelyk word, meer beduidende antwoorde verskaf. Alhoewel daar dus beslis gepoog moet word om die ondersoekmetodes uit te brei, was die metode voldoende vir die aard van dié ondersoek en kon die navorsingsvraag beantwoord word. Daarom is dit moontlik om aan te voer dat Joan Hambidge oor ’n kenmerkende multimodale idiolek beskik, en dat dié idiolek sigbaar is, ongeag die genre waarin sy skryf.

 

Bibliografie

Angouri, J. 2010. Quantitative, qualitative or both? Combining methods in linguistic research. In Litosseliti (red.) 2010.

Anoniem. 2013. Corpus linguistics. http://www.lancs.ac.uk/fss/courses/ling/corpus/blue/l03_4.htm (1 Junie 2013 geraadpleeg).

AntConc. 2013. AntConc Weergawe 3.2.4. http://www.antlab.sci.waseda.ac.jp/software.html (1 Junie 2013 geraadpleeg).

Anthony, L. 2004. AntConc: A learner and classroom friendly, multi-platform corpus analysis toolkit. In Proceedings of IWLeL 2004: An interactive workshop on language e-learning. http://www.laurenceanthony.net/research/iwlel_2004_anthony_antconc.pdf (5 Augustus 2018 geraadpleeg).

Baker, P. 2010. Sociolinguistics and corpus linguistics. Edinburgh: Edinburgh University Press.

Barlow, M. 2010. Individual usage: a corpus-based study of idiolects. 34th International LAUD Symposium, Landau, Duitsland. http://michaelbarlow.com/barlowLAUD.pdf (2 April 2016 geraadpleeg).

Barry, K. en K. Luna. 2012. Stylometry for online forums. http://cs229.stanford.edu/proj2012/BarryLuna-StylometryforOnlineForums.pdf (19 Augustus 2015 geraadpleeg).

Bateman, J. 2008. Multimodality and genre: a foundation for the systematic analysis of multimodal documents. Houndmills, Basingstoke, Hampshire: Palgrave Macmillan.

Bateman, J., J. Wildfeuer en T. Hiipala. 2017. Multimodality. Berlyn: De Gruyter Mouton.

Bezemer, J. en G. Kress. 2008. Writing in multimodal texts: A social semiotic account of designs for learning. Written Communication, 25(2):166‒95.

Bloch, B. 1948. A set of postulates for phonemic analysis. Language, 24(1):3‒46. https://www.jstor.org/stable/410284?seq=2#page_scan_tab_contents (5 Januarie 2016 geraadpleeg).

Brainerd, B. 1974. Weighing evidence in language and literature: a statistical approach. Toronto: University of Toronto Press.

Brocardo, M.L., I. Traore, S. Saad en I. Woungang. 2013. Authorship verification for short messages using stylometry. IEEE Intl. Conference on Computer, Information and Telecommunication Systems. Piraeus-Athene, Griekeland. https://www.uvic.ca/engineering/ece/isot/assets/docs/Authorship_Verification_for_Short_Messages_using_Stylometry.pdf (21 Februarie 2016 geraadpleeg).

Carney, T.R. 2018. Disposing of bodies, semantically: notes on the meaning of “disposal” in S v Molefe. PER, 21:1-20.

Carstens, W.A.M. 2006. Norme vir Afrikaans. Pretoria: Van Schaik.

Carstens, W.A.M. en N. Bosman (reds.). 2014. Kontemporêre Afrikaanse taalkunde. Pretoria: Van Schaik.

Carstens, W.A.M. en K. van de Poel. 2011. Teksredaksie. Stellenbosch: SUN PReSS.

Cloete, T.T. (red.). Literêre terme en teorieë. Pretoria: HAUM-Literêr.

Coulthard, M. 1994. On the use of corpora in the analysis of forensic texts. The International Journal of Speech, Language and the Law, 1(1):27‒43.

—. 2005. Some forensic applications of descriptive linguistics. Veredas, 9(1):9–28.

—. 2013. On admissible linguistic evidence. Journal of Law and Policy, 21(2):441–66.

Coulthard, M. en A. Johnson (reds.). 2010. The Routledge handbook of forensic linguistics. New York: Routledge.

Creswell, J.W. 2013. Research design: qualitative, quantitative and mixed methods approaches. Londen: SAGE.

Crystal, D. 2008. A dictionary of linguistics and phonetics. Oxford: Blackwell Publishing.

De Vos, A.S., H. Strydom, C.B. Fouché en C.S.L. Delport. 2009. Research at grass roots: for the social sciences and human service professions. Pretoria: Van Schaik.

De Wet, K. 1990. Ars poëtiese solipsisme: ’n Padkaart van Joan Hambidge se poësie. MA-verhandeling, Universiteit van Pretoria.

Du Plessis, H. 1988. Variasietaalkunde. Pretoria: Serva Uitgewers.

—. 1995. Variasietaalkunde. Pretoria: Kagiso.

Du Plooy, H. 2014. Inleiding – Die idiolek van ’n skrywer. Literator, 35(2):1‒3.

Du Toit, P. en W. Smith-Müller. 2015. Stylboek: riglyne vir paslik skryf. Pretoria: Van Schaik.

Eckert, P. 2008. Variation and the indexical field. Journal of Sociolinguistics, 12(4):453‒76.

Fischer-Starcke, B. 2010. Corpus linguistics in literary analysis: Jane Austin and her contemporaries. Londen: Continuum.

Fourie, R. 2009. Die produksiegehalte van Palindroom en Kladboek deur Joan Hambidge as gevallestudies binne die uitgewersbedryf. LitNet Akademies, 6(1):59‒87. http://www.oulitnet.co.za/newlitnet/pdf/la/LA_6_1_fourie.pdf.

Grant, T. 2007. Quantifying evidence in forensic authorship analysis. International Journal of Speech, Language and the Law, 14(1):1‒25.

—. 2010. Text messaging forensics: Txt 4n6: Idiolect free authorship analysis?In Coulthard en Johnson (reds.) 2010.

Greeff, R. 1995. Joan lê aan. De Kat, 465(95):72‒5.

Hambidge, J. 1991. Genre. In Cloete (red.) 1991.

—. 1995. Postmodernisme. Pretoria: J.P. van der Walt.

—. 2013a. Woorde wat weeg. http://joanhambidge.blogspot.com (14 Februarie 2013 geraadpleeg).

Herbig, F.J.W. en S.J. Joubert. 2006. Criminological semantics: conservation criminology − vision or vagary? Acta Criminologica, 19(3):88–103.

Hoey, M. 2005. Lexical priming: a new theory of words and language. Londen: Routledge.

Irizarry, E. 1992. A computer-assisted investigation of gender-related idiolect in Octavio Paz and Rosario Castellanos. Computers and the Humanities, 26(2):103‒17.

Ishihara, S. 2014. A likelihood ratio-based evaluation of strength of authorship attribution evidence in SMS messages using N-grams. International Journal of Speech, Language and the Law, 21(1):23–49.

Ivankova, N.V., J.W. Creswell en V.L.P. Clark. 2011. Foundations and approaches to mixed method research. In Maree (red.) 2011.

Jakobson, R. 1994. Language in literature. Cambridge: The Belknap Press.

Jenset, G.B. 2008. Basic statistics for corpus linguistics. http://folk.uib.no/gje037/statTutorialR.pdf (9 Oktober 2013 geraadpleeg).

Johnson, A. en D. Wright. 2014. Identifying idiolect in forensic authorship attribution. Language and Law, (1):37–69.

Johnstone, B. 2000. The individual voice in language. Annual Review of Anthropology, 29:405‒24.

—. 2011. Dialect enregisterment in performance. Journal of Sociolinguistics, 15(5):657‒79.

Jones, N.J. en C. Bennell. 2007. The development and validation of statistical prediction rules for discriminating between genuine and simulated suicide notes. Archives of Suicide Research, 11(2):1-15.

Juola, P. 2008. Authorship attribution. Hanover: now publishers inc. https://books.google.co.za/books?id=_B2zDLdqe60C&printsec=frontcover#v=onepage&q&f=false (2 September 2012 geraadpleeg).

Klopper, R. 2009. The case of cyber forensic linguistics. Alternation, 16(1):261–94.

Koppel, M. en A. Winter. 2014. Determining if two documents are written by the

same author. Journal of the Association for Information Science and Technology, 65(1):178–87.

Kotzé, E.F. 2007. Die vangnet van die woord: forensies-linguistiese getuienis in ’n lastersaak. Southern African Linguistics and Applied Language Studies (SALALS), 25(3):385‒99.

—. 2010. Author identification from opposing perspectives in forensic linguistics. Southern African Linguistics and Applied Language Studies (SALALS), 28(2):185‒97.

Kraljic, T., E.S. Brennan en A.G. Samuel. 2007. Accommodating variation: dialects, idiolects, and speech processing. https://doi.org/10.1016/j.cognition.2007.07.013 (26 Maart 2012 geraadpleeg).

Kress, G. 1997. Before writing: rethinking the paths to literacy. Londen: Routledge.

—. 2003. Literacy in the new media age. Londen: Routledge.

Kuhl, J.W. 2003. The idiolect, chaos and language custom far from equilibrium: Conversations in Morocco. PhD-proefskrif, University of Georgia.

Lancashire, I. 1999. Probing Shakespeare’s idiolect in Troilus and Cressida. University of Toronto Quarterly, 68(3):7‒28.

Larner, S. 2014a. A preliminary investigation into the use of fixed formulaic sequences as a marker of authorship. International Journal of Speech, Language and the Law, 21(1):1–22.

—. 2014b. Forensic authorship analysis and the world wide web. Basingstoke: Palgrave Pivot.

Langacker, R.W. 1973. Language and its structure. New York: Harcourt Brave Jovanavich.

Lawrence, D. 1999. Kodewisseling: Engels in Afrikaans – ’n instrument tot effektiewe kommunikasie. Journal for Language Teaching, 33(3):265‒74.

Lexical Analysis Software en Oxford University Press. 2013. WordSmith Tools Version 5.0. https://lexically.net/wordsmith/.

Li, J.S. 2015. An investigation of authorship authentication in short messages from a social networking site. Proefskrif, School of Computer Science and Information Systems, Pace University.

Litosseliti, L. (red.). 2010. Research methods in linguistics. New York: Continuum International Publishing Group.

Louwerse, M.M. 2004. Semantic variation in idiolect and sociolect: corpus linguistic evidence from literary texts. Computers and the Humanities, 38(2):207‒21.

Love, H. 2002. Attributing authorship: an introduction. New York: Cambridge University Press.

Marais, J.L. 2005. Die Afrikaanse poësie sedert die 1980’s ondenkbaar sonder Hambidge. Literator, 26(3):149‒80.

Maree, K. (red.). 2011. First steps in research. Pretoria: Van Schaik.

McEnery, T. en A. Wilson. 2001. Corpus linguistics. Edinburgh: Edinburgh University Press.

McMenamin, G.R. 2002. Forensic linguistics: advances in forensic stylistics. Londen: CRC Press.

Media24 Argief. http://152.111.1.251/ (2 Oktober 2013 geraadpleeg).

Michell, C.S. 2013. Investigating the use of forensic stylistics and stylometric techniques in the analyses of authorship on a publicly accessible social networking site (Facebook). MA-verhandeling, Universiteit van Suid-Afrika.

Mollin, S. 2009. “I entirely understand” is a Blairism: the methodology of identifying idiolectal collocations. International Journal of Corpus Linguistics, 14(3):367‒92.

Nel, M. 2014. Joan Hambidge se idiolek oor die grense van genres: ’n korpuslinguistiese ondersoek. MA-verhandeling, Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus).

Newman, P. 2010. The Routledge handbook of forensic linguistics. Review. The International Journal of Speech, Language and the Law, 18(1):161‒67.

Nesselhauf, N. 2005. Corpus linguistics: a practical introduction. http://www.as.uni-heidelberg.de/personen/Nesselhauf/files/Corpus%20Linguistics%20Practical%20Introduction.pdf (20 Januarie 2013 geraadpleeg).

Nirkhi, S., R.V. Dharaskar en V.M. Thakare. 2015. Authorship verification of online messages for forensic investigation. Procedia Computer Science, 78(2016):640–5.

Olivier, J. 2013. Die mate van konsekwentheid in SMS-Afrikaans. LitNet Akademies, 10(2):479‒505. http://litnet.co.za/assets/pdf/joernaaluitgawe_10_2/10(2)_GW_Olivier.pdf

Olsson, J. 2008. Forensic linguistics. Londen: Continuum International Publishing Group.

Oxford advanced learner's dictionary. 2005. 7de uitgawe. Londen: Oxford University Press.

Panicheva, P., P. Cardiff en P. Rosso. 2010. Personal sense and idiolect: combining authorship attribution and opinion analysis. Verrigtinge van die 7de International Conference on Language Resources and Evaluation, LREC-2010, Mei 17‒23, Malta. http://users.dsic.upv.es/~prosso/resources/PanichevaEtAl_LREC10.pdf (31 Julie 2013 geraadpleeg).

Pharos-woordeboek. https://www.pharosaanlyn.co.za/tuis (20 Maart 2016 geraadpleeg).

Prinsloo, A. 2011. Die aap in jou koffie: Afrikaanse eponieme van A tot Z. Pretoria: Protea Boekhuis.

Sanderson, P. 2007. Linguistic analysis of competing trademarks. Language matters, 38(1):132–49.

Schmitt, N. (red.). 2004. Formulaic sequences: acquisition, processing and use. Amsterdam: John Benjamins Publishing Company.

Schmitt, N., S. Grandage en S. Adolphs. 2004. Are corpus-derived recurrent clusters psycholinguistically valid? In Schmitt (red.) 2004.

Solan, L.M. en P.M. Tiersma. 2004. Author identification in American courts. Applied Linguistics, 25(4):448–65.

SPSS Inc. 2011. IBM SPSS Statistics 21, Vrystelling 20.0.0, Kopiereg IBM Corporation. http://www-01.ibm.com/software/analytics/spss (20 Maart 2016 geraadpleeg).

Stamatatos, E. 2009. A survey of modern authorship attribution methods. Journal of the American Society for Information Science and Technology, 60(3):538–56.

Steyn, J.R. en S.M. Ellis. 2006. Die gebruik van effekgrootte-indekse by die bepaling van praktiese betekenisvolheid. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, 25(3):172‒75.

Taljaard, P.J. 2002. Tweetalige voorsetselwoordeboek. Pretoria: Content Solutions.

Taljaard, P.J. en W.K. Smit. 1982. Tweetalige voorsetselwoordeboek. Roodepoort: CUM-Boeke.

Thiart, L. 2014. Outeuridentifikasie: ’n forensies-taalkundige ondersoek na Afrikaanse SMS-taal. MA-verhandeling, Universiteit van Pretoria.

Tognini-Bonelli, E. 2001. Corpus linguistics at work. Philadelphia: John Benjamins.

Van Rooy, B. 2014. Die Afrikaanse taalkunde van toeka tot nou. In Carstens en Bosman (reds.) 2014.

Van Rooy, B. en L. Terblanche. 2006. A corpus-based analysis of involved aspects of student writing. Language Matters, 37(2):160‒82.

Van Zyl, J. 2001. Blond, beeldskoon en straight (Kê-kê-kê-kê). Beeld, 24 November, bl. 3.

Venter, R.I. 2013. Die relevansie van forensies-linguistiese getuienis vir die doeleindes van persoonsidentifikasie by witboordjiemisdade. MCom-verhandeling, Noordwes-Universiteit.

Verhoef, M.M. 1991. Taalbeplanning: die stand en die toekoms van taalbeplanning vir Afrikaans in ’n multitalige Suid-Afrika. PhD-proefskrif, Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys.

Woods, A.F., P. Fletcher en A. Hughes. 1989. Statistics in language studies. New York: Cambridge University Press.

Wu, C.H., C. Lee en H. Liang. 2009. Idiolect extraction and generation for personalized speaking style modeling. Transactions on Audio, Speech, and Language Processing, 17(1):127‒37.

Eindnotas

1 Hierdie werk is gebaseer op navorsing wat gedeeltelik deur die Nasionale Navorsingstigting van Suid-Afrika ondersteun is (toekenningnommer: 112143).

2 Volgens Crystal (2008:279) verwys leksikon na die taalgebruik in ’n taal, terwyl ’n leksikale item as ’n enkele taaleenheid beskou word.

3 Die begrip ondersoeksubjek word neutraal gebruik en veronderstel geen magsverhouding tussen die navorsers en die ondersoekte individu nie.

4 Brainerd (1974) het spesifiek ondersoek ingestel na die verspreiding van lettergrepe per woord as ’n suksesvolle wyse om die skrywer van ’n teks te bepaal.

5Hierdie artikel is gebaseer op ’n MA-verhandeling (Nel 2014).

6 Daar kan tussen ander tipes korpora ook onderskei word (historiese, meertalige, streeks, of selfs gesproke korpora).

7 (Insluitings)vereistes hou in hierdie konteks verband met publikasie in verskillende genres in Afrikaans. Daar word glad nie geïmpliseer dat een skrywer beter is as ’n ander nie, maar slegs dat sommige skrywers meer geskik vir die doel van hierdie ondersoek is.

8 Die Taalkommissie het toestemming verleen dat die korpus as verwysingskorpus gebruik kan word in die ondersoek na Joan Hambidge se idiolek (Nel 2014).

9 Ten einde hierdie navorsing uit te voer, is Joan Hambidge se gedigte nie by die korpus ingesluit nie. Die vergelyking van Hambidge se idiolek soos dit in haar gedigte en in die res van haar skryfwerk aangetref word, kan egter as ’n verdere studie onderneem word.

10 Die terminologie in hierdie tabel word in afdeling 3.4 bespreek.

11 Die leksikale item soos in is bloot gekies ter wille van illustrasie van die berekening van die frekwensies.

12 Die genormaliseerde waarde vir die frekwensiebevindinge vergemaklik die interpretasie van die data.

13 AntConc is gebruik ter wille van die verifiëring van bevindinge wat uit die ontleding in WordSmith Tools verkry is.

14 Grammatikale woorde (ook funksiewoorde genoem) is volgens Crystal (2008:203), Juola (2008:265) en Kotzé (2007:388) woorde wat semanties oor min of geen onafhanklike betekenis beskik nie, maar wat grammatikale betekenis van die taal oordra en sluit lidwoorde, hulpwerkwoorde, voegwoorde en voorsetsels in. In hierdie ondersoek is daar op voorsetsels, voornaamwoorde en konjunksiemerkers gefokus.

15 N-aantal verwys in dié geval na die veranderlike, aangesien daar verskillende getalle voornaamwoorde, voorsetsels en konjunksiemerkers geïdentifiseer is.

16 Die Chi-kwadraattoets word deur WordSmith Tools gegenereer en daarom word die statistiese term nie vir die doel van dié ondersoek gedefinieer nie.

17 Vir die doel van dié artikel is daar gebruik gemaak van Beeld, Die Burger en Rapport op die Media24-argief. Hierdie argief is gebruik wanneer ’n spesifieke leksikale item nie in die TK-korpus voorgekom het nie, maar wel in die Hambidge-korpus. Sodoende is daar bepaal of die leksikale item wel as uniek aan Hambidge se idiolek beskou kan word.

18 Hapax legomenon verwys na ’n woord wat net een maal in die teks van ’n bepaalde skrywer voorkom (Crystal 2008:224).

 

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Multimodale idiolektiese taalgebruik en skrywerskapverifikasie: ’n korpusontleding van Joan Hambidge se idiolek oor die grense van genres appeared first on LitNet.


Ernst Kotzé se woord van die jaar 2018

$
0
0

Die sielkunde van korrupsie

$
0
0


“We contend that darkness may create a sense of illusory anonymity that disinhibits self-interested and unethical behaviours” (Zhong, Bohns en Gino, 2010)

Ter inleiding

Die omvang van korrupsie in Suid-Afrika na aanleiding van die getuienis voor die Zondo-kommissie wat staatskaping ondersoek is vérreikend, en die skaal waarop onbehoorlike selfverryking plaasgevind het, is absoluut fenomenaal. Korrupsieskandale is dus weer eens in die fokus van die aandag van Suid-Afrikaners, net soos destyds ook die geval was met die Erasmuskommissie en die Inligtingskandaal (Mulder, 2018).

Op internasionale gebied het die onlangse afdanking van Carlos Ghosn, die voorsitter van Nissan, op grond van finansiële wanpraktyke (soos die onder-rapportering van sy persoonlike salaris en die aanwending van korporatiewe bates vir persoonlike voordeel) die verbeelding aangegryp (Aljazeera, 2018). Enkele jare gelede het opspraakwekkende korporatiewe dramas soos Société Générale en Credit Suisse (Moore, 2009) die voorblaaie gehaal.

Die gevolge van korrupsie vir die Italiaanse ekonomie word deur Lisciandra en Millemaci (2017) ondersoek en hulle vind dat die sentrale en suidelike state se Bruto Binnelandse Produk met twee persentasiepunte kon verhoog, mits korrupsievlakke aan bande gelê word. Moosa (2017) wys egter daarop dat die empiriese bewyse van die invloed van korrupsie op direkte buitelandse beleggings ’n mengsel (mixed bag) van positiewe, negatiewe en geen effekte is. Alhoewel die impak van korrupsie vanuit ’n ekonometriese oogpunt dus skynbaar te kompleks is om akkuraat en betroubaar te kan meet, werk nasionale korrupsie ook persoonlike oneerlikheid in die hand, wat wel meetbaar is. Korrupsie kniehalter dus nie net ’n land se ekonomiese voorspoed nie, maar werk ook degenererend in op die morele oordeel van sy inwoners.

Wat staatskaping en politieke korrupsie betref, kan korrupsie teoreties gesproke op ’n deurlopende skaal voorgestel word. Dit blyk dat skenkergemeenskappe soms bereidwillig is om selfs blatante korrupsie te verdra, veral indien mark-vriendelike beleidsrigtings met skenkerfondse in verband gebring kan word. Die kontinuum strek vanaf blatante uitruilprosesse van staatsmag tot die voordeel vir skenkers (wat ’n onmiskenbare kriminele daad is) tot korrupsie met ’n “kleinletter k” wat neerkom op die blote bevordering van skenkers se strategiese toeganklikheid en belyning (access and ingratiation).

Die voorkoms, omvang en standhoudendheid van korrupsie op die plaaslike sowel as internasionale vlak is doodgewoon verstommend. Dit raak elkeen van ons gewone landsburgers persoonlik.

Korrupsie op ‘n indiwiduele vlak

Jordaan (2018) skryf in sy artikel in die rubriek “Van Alle Kante” oor die verband tussen korrupsiegeneigdheid en die sewe doodsondes, naamlik hebsug, hoogmoed, afguns, woede, luiheid, vraatsug en wellus. Die skrywer beweer korrupsie word aanvanklik “deur hebsug aangedryf” waarna die res van die eienskappe stelselmatig geaktiveer word en netjies in ’n kliniese patroonmatigheid inpas. Hierdie verklaringsmodel is klaarblyklik met die tong in die kies geskryf. Die patroon is skynbaar dan ook op alle indiwidue, wat geneigdheid tot korrupsie toon, van toepassing. Hierdie soort interpretasie is natuurlik ’n blote mening wat gebaseer is op gesonde verstand en nugtere oordeel, maar dit bly steeds ’n goedbedoelde raaiskoot, of selfs ‘n skoot in die donker, in ’n poging om die komplekse dinamika, wat van toepassing is op ’n verskynsel soos korrupsie, te verklaar. Jordaan se werkwyse kom neer op ’n praktiese metode, wat nie logies en rasioneel benader word nie, maar wel genoegsaam is om ’n bepaalde doel te bereik (bv om ‘n rubriek in die openbare pers te publiseer).

Die inhoud van ‘n skryfstuk wat gepubliseer word, word deur die doel van die publikasie bepaal. Om aan die behoeftes van die meer kritiese leser te voldoen, is dit absoluut noodsaaklik om vooraf duidelik en presies te spesifiseer wat bedoel word tydens enige gesprek of publikasie oor korrupsie. Dit sluit die volgende aspekte in: die wyse waarop korrupsie gedefinieër word; die vlak van analise waarop die konstruk bestudeer word, asook of die fokus op korrupsie as ’n proses of produk benader word (Moore, 2009).

’n Harvard bibliografie wat onlangs oor korrupsie gepubliseer is (Stephenson, 2013) beslaan 154 bladsye. Dié verwysingslys verwys na navorsing wat op alle vlakke van korrupsie uitgevoer is, en waarin ’n wye verskeidenheid van definisies betrek word. Die oorgrote meerderheid studies handel oor korrupsie as ’n produk (of die impak van korrupsie), terwyl ooglopend min studies oor die proses handel — veral waar korrupsiegeneigdheid by die indiwidu die fokus is. Goedgekontroleerde navorsing oor die rol van indiwiduele verskille in korrupsie is dus skynbaar minder gewild. Wat sou die redes vir hierdie waarneming wees?

In die geval van die welbekende Piltdown man is die korruptiewe daad juis nie primêr deur monitêre voordeel gemotiveer nie, maar volgens Patel (2016) wel deur oordrewe ambisie. Weer eens kom so ’n siening neer op ’n oorvereenvoudiging van die situasie, want ‘n hoë lading op ‘n enkele persoonlikheidseienskap (soos persoonlike ambisie), behoort altyd in die konteks van die persoon se totale persoonlikheidsprofiel geïnterpreteer te word. Om sake verder te kompliseer, blyk dit dat die argeoloog Charles Dawson (wat in die geval van die Piltdown man-kwessie ter sprake is) ook ’n vorige geskiedenis van vergelykbare twyfelagtige insidente getoon het. “He also had a history of faking discoveries, including inscribed Roman bricks” (Patel 2016, p10). Dit lyk dus of daar in die Piltdown man se gevallestudie sprake van ’n disposisie of ’n geneigdheid tot korrupsie was.

In my artikel word die fokus, in ooreenstemming met Moore (2006) se gesigspunte, op die indiwiduele vlak van korrupsie geplaas. In my analise word kortliks gekyk na die omskrywing van die term korrupsievatbaarheid, die teoretiese begronding van korrupsievatbaarheid, asook na enkele empiriese studies wat die aard van die verband tussen sekere persoonlikheidstrekke en korrupsiegeneigdheid toelig. Daarna volg ’n spesifieke navorsingsvraag: kan ’n sinvolle konseptuele raamwerk oor persoonlikheid en korrupsie saamgestel word op grond van die teorie en navorsingsbevindings wat geraadpleeg is?

Omskrywing van die konstruk korrupsie

Agbu en Iwundu (2015) noem dat navorsingsbevindings oor die sielkunde beslis ’n bydraende rol speel om die begrip van en insig in kriminele gedragspatrone te bevorder, maar dat dié vakdissipline nie noodwendig sterk figureer in empiriese navorsing oor korrupsie nie. ’n Sielkundige “kleur” of dimensie (psychological tone) ontbreek dikwels wat die omskrywing en die keuse van metinginstrumente in korrupsienavorsing betref. Dit word as deel van die huidige dilemma gesien.

Korrupsievatbaarheid word deur Agbu en Iwundu (2015) gedefinieer as ’n kenmerkende, koverte indiwiduele persoonlikheids- en motiveringsprofiel wat as ’n basis dien of ’n klimaat skep op grond waarvan die neem en uitvoering van korruptiewe besluite bevorder word.

Moore (2009) omskryf korrupsiegeneigdheid as morele deteriorasie, en die gepaardgaande vernietiging van integriteit. Dit is ‘n proses wat persoonlikheidsfunksionering ondermyn en laat degenereer vanaf ’n meer “suiwer” tot ’n “minder suiwer” funksioneringsvlak. Presies wat ’n sodanige voorafgaande “suiwer vlak van funksionering” behels kan problematies wees, siende dat die afplatting in integriteit oor ’n lang periode kon plaasvind soos geïllustreer word deur die vorige geskiedenis van korruptiewe insidente by die Piltdown man-geval. Hierdie definisie bring dus die debat oor “die geleidelike glyhelling” versus skielik “oor die afgrond spring” na vore.
Köbis (2018) benader korrupsie as ’n sosiale dilemma waartydens korttermyngerigte eie-belange in botsing kom met langtermyngerigte kollektiewe belange.

Suleeman en Takwin (2018) sien korrupsie as ’n interaktiewe koördinaat tussen ’n situasionele faktor en ’n persoonlikheidsfaktor. Morele ontkoppeling (moral-disengagement) is die sosio-kognitiewe veranderlike wat die interaksie verteenwoordig tussen die menslike persoonlikheid en omgewingsveranderlikes. Zaloznaya (2014) gebruik Transparency International se definisie van korrupsie as die misbruik van toegewysde mag vir persoonlike gewin.

Uit hierdie enkele omskrywings van korrupsie vanuit ’n sielkundige perspektief blyk dat veral drie verbandhoudende faktore pertinent op die voorgrond tree, naamlik ’n persoonlikheidsfaktor (met kognitiewe, affektiewe en konatiewe inhoude) asook ’n moraliteits- en magsfaktor. Hierdie faktore behoort dus deur ’n teoretiese begronding van korruptiewe gedrag bevestig te word (Adom, Hussein en Agyen, 2018).

Teoretiese raamwerk

Hipotese generende literatuurstudies

Kominis en Dudau (2018) doen ’n teoretiese analise en teorieboustudie oor korruptiewe gedrag met die sosiale sielkunde as die basiese uitgangspunt. Sodra die korrupsie aan die lig kom word die oortreder(s) met kognitiewe dissonansie gekonfronteer. Hierop volg die gebruikmaking van rasionaliseringstaktiek. Die oorspronklike misdaad word “onsigbaar” gemaak deurdat die kognitiewe inhoude na die onbewuste verplaas word. Die krisis van korrupsie dryf die proses verder sodat die normatiewe oorskreidings gerasionaliseer word tot verskillende stadia van ontkenning. Gepaardgaande skuldgevoelens word deur middel van attribute-projeksie tot ’n swartskaap verplaas. Op hierdie wyse word die kognitiewe en emosionale balans in terme van persoonlikheidsfunksionering by die oortreder(s) herstel.

Suleeman en Takwin (2018) beskryf ’n eklektiese model waarin beginsels vanuit die psigoanalise en behaviourisme belangrike boustene vorm. Morele selfregulasie word deur kognitiewe inhoude (maw denkprosesse) geblok. Eufimistiese ettiketering soos die houding dat “korrupsie deel van ’n spanspel is,” kom voor. Verplasing van verantwoordelikheid (byvoorbeeld die opvatting dat indien my hoof dit doen, kan ek dit ook doen) presenteer dikwels. Indien die intensie om korrupsie te pleeg, saamsmelt met ’n werklike geleentheid om tot ’n korruptiewe daad oor te gaan, kan die persoon die kans gebruik om korrupsie te pleeg.

Úbeda en Duéñez-Guzmán (2011) se model is ontleen aan die evolusionêre biologie, wiskunde en sosiale wetenskappe. Hiervolgens oefen magsbeheptheid onder sekere omstandighede ’n korrupterende invloed uit (Power corrupts, absolute power corrupts absolutely). Mag kan ook die moreel korruptiewe neiging bevorder om oortredings by ander persone skerper te veroordeel, as wat soortgelyke oortredings by die persoon self beoordeel word.

Darley (2005) is van mening dat sommige persone wat in korrupsie betrokke raak, aanvanklik nie die volle implikasie van hul optrede vanuit ’n etiese hoek deeglik skrutineer nie. Eienaardig genoeg word sy eie korruptiewe gedrag nie as oneties deur die persoon self gesien nie. In ’n korporatiewe omgewing kan hierdie inisiële korruptiewe daad wat as “eties aanvaarbaar” gesien word, maklik oorspoel in opvolgdade wat as eties grysgebiede interpreteer en uitgevoer word op grond van groeplojaliteit en -toewyding (commitment). Die indiwidu word dan (op grond van die sosiale indentiteitsteorie) ’n prototipe lid van die groep en die boodskappe (cues) wat die groep uitdra is dat die prototipe groepslede as ’n kollektief in korruptiewe aktiwiteite betrokke is.

In aansluiting by Darley (2005) vind Rusch (2016) ook dat die aanvang van sekere korrupsiesiklusse verband hou met intuïtiewe besluitneming wat beteken dat besluite vinning geneem is, sonder deeglike kognitiewe oorweging van die etiese implikasies.

Okonkwo en Smith (2018) voer ’n kwalitatiewe studie in Nigerië uit en beskou persoonlikheid as ’n refleksie van opvoeding, lewenservaring, formele onderrig, kulturele identiteit, individuele houdings en waarnemings. Die waardes, norme en persepsies wat deur ’n bepaalde kulturele groep oorgedra word, oefen ’n bepaalde invloed uit op die vlak van korrupsiegeneigheid op indiwiduele vlak. In aansluiting by Okonkwo en Smith (2018) vind Joe-Akunne, Nwankwo en Chine (2018) dat etnosentrisme ’n belangrike oorsaaklike faktor van korrupsie in Nigerië is. Das (2017) stel vas deur middel van gevallestudies dat die voorkoms van korrupsie onder Nigeriese regters onder andere met die volgende endogene faktore verband hou: oordrewe mag en persepsies van manlikheid, die voorkoms van leuenagtigheid, druk wat deur familielede uitgeoefen word, gebrekkige selfbeheer en kleptokrasie.

Alhoewel die teorie wat hierbo bespreek is, uiters beperk in omvang en dus ontoereikend is, dui dit wel aan dat spesifieke kognitiewe, affektiewe en konatiewe konsepte (soos dissonansie, rasionalisering, skuldgevoelens, verplasing, ontkenning, intuïsie en swak selfbeheer), asook moraliteit en magsbeheptheid sentraal staan in die teoretiese verklaring van ’n proses wat met die etiologie en ontwikkeling van korruptiewe gedrag by die indiwiduele persoonlikheid verband hou. Die enkele konsepte wat volgens hierdie ontleding effens wegstaan van die “cluster” is androgeneïteit en etnosentrisme. Dit sou kon dui op die aanwesigheid van ’n verdere faktor naamlik kultuurgebondenheid binne die korrupsiekonstruk.

Gevolglik ontstaan die verwagting dat hierdie konsepte, wat deur erkende teoretici as relevant bestempel word, die belangrikheid van hierdie konsepte en beginsels in empiriese navorsing oor korrupsie behoort te herbevestig.

Empiriese navorsing

Agbo en Iwundu (2016) gebruik ’n steekproef van 474 voorgraadse universiteitstudente aan die Universiteit van Nigerië. Verteenwoordigers van beide geslagte word ingesluit en die totale gemiddelde ouderdom van die groep was 22 jaar. Die psigometriese meetinstrumente het bestaan uit die Werksvoorkeurvraelys; die Groot Vyf Persoonlikheidsvraelys asook ’n Korrupsie Geneigdheidsvraelys. Die resultate dui aan dat ekstraversie en ekstrinsieke motivering beduidend positief, en konsensieusheid en intrinsieke motivering beduidend negatief met korrupsiegeneigdheid korreleer. Wat die demografiese veranderlikes betref, was mansstudente meer geneig om by korrupsie betrokke te raak as vrouestudente.

Die doel van Boes, Chandler en Timm (1997) se studie was om te bepaal of ’n pre-indiensname psigometriese toetsbattery kan onderskei tussen polisiebeamptes wat vatbaarheid vir korruptiewe gedrag toon en beamptes wat nie aan korrupsie skuldig bevind is nie. Die toetsbattery het bestaan uit die Minnesota Multifase Persoonlikheidsvraelys, die Cattel Persoonlikheidsvraelys, die 16 Persoonlikheidsfaktorvraelys en die Inwald Persoonlikheidsvraelys. In totaal is die protokolle van 460 polisiebeamptes ontleed. Diegene wat hulself aan korrupsie skuldig gemaak het, het minder respek getoon vir die reëls en regulasies waarop die samelewing georden word; hulle word beskryf as onvolwasse, onbetroubaar en onverantwoordelik. Oortreders toon ook hoë ladings op narsissisme. Leuenskaaltellings dui aan dat oortreders minder geneig is om houdings en gedrag, wat hul indiensname kon benadeel, bekend te maak. ’n Vorige misdaadgeskiedenis by oortreders was een van die belangrikste aspekte op grond waarvan hulle van nie-oortreders onderskei is. Diegene wat nie korrupsievatbaar was nie, het ’n groter mate van verdraagsaamheid teenoor ander persone getoon, asook meer bedagsaamheid in hul interpersoonlike verhoudings. Hulle was ook meer prestasie-georiënteerd.

Girodo (1991) bestudeer 271 Amerikaanse polisiebeamptes wat in dwelmafdelings werksaam is. Die steekproef het bestaan uit 82% wit en 18% nie-wit deelnemers. 93% was mans, en die gemiddelde ouderdom vir die steekproef was 34 jaar. Die meetinstrumente het bestaan uit die Eysenck Persoonlikheidsvraelys, die Zuckerman Sensasieskaal, die 16 Persoonlikheidsfaktorvraelys en die Hilson Loopbaantevredenheidsindeks. Die belangrikste voorspellers vir korrupsierisiko was disinhibisie (maw die geneigdheid om impulsief en ongeïnhibeerd te reageer, swak impulskontrole te toon); ongedisiplineerde selfbeeld, asook ’n kombinasie van hoë ekstraversie en hoë neurotisisme.

Bespreking

Dit blyk duidelik dat ‘n wye en relevante reeks teoretiese konsepte in verband met die sielkundige aspekte van korrupsie (in die enkele studies waarna hier verwys is), geïdentifiseer kon word. Die konsepte sou ook logies kon inpas by ’n teoretiese raamwerk om insig in die aard van korruptiewe gedrag te bevorder. Hierdie waarneming kan vertolk word as ’n positiewe kenmerk van die bestaande teorie.

Soos vooraf verwag, word die aangehaalde navorsingsbevindings op ’n voldoende wyse deur die teoretiese konsepte geïnformeer. Korrelasiestudies tussen data soos verkry met behulp van psigometriese assessering en indekse van korrupsiegeneigdheid het veral prominent in die literatuur na vore gekom. Die waargenome empiriese navorsingsbevindings sluit sinvol bymekaar aan.

Binne die konteks van ’n konseptuele raamwerk sou ’n vertrekpunt in die toekoms moontlik wees om ’n drieledige teoretiese raamwerk daar te stel wat fokus op persoonlikheid, moraliteit en magsbewustheid as ’n grondslag vir korrupsievatbaarheid. As ’n volgende stap word geldige en betroubare meetinstrumente (waarmee die drie teoretiese konsepte objektief gemeet word) op steekproewe toegepas waarvan toepaslike biografiese data vooraf ingesamel is. Intergroep-faktorontleding kan as ’n datareduksiemodel oorweeg word.

Die beperkte getal bronverwysings wat in hierdie studie benut is, blyk ’n ooglopende beperking en tekortkoming te wees. Die metodologie kan ook as selektief van aard bestempel word. Die hoofdoel van hierdie studie was egter om as ’n blote toekomstige rigtingwyser te dien indien ’n plaaslike navorsingsprojek oor die aard van die verband tussen korrupsievatbaarheid, moraliteit, magsmisbruik en persoonlikheidstrekke onderneem sou word. Dit kan dus ’n bydrae lewer om die iteratiewe proses in navorsing te bevorder.

Samevatting

In die artikel word kortliks gekyk na die omskrywing van die term korrupsievatbaarheid, die teoretiese begronding van korrupsievatbaarheid, asook na enkele empiriese studies wat die aard van die verband tussen sekere persoonlikheidstrekke en korrupsiegeneigdheid toelig. Dit blyk dat veral drie verbandhoudende teoretiese konsepte pertinent op die voorgrond tree, naamlik ’n persoonlikheidsfaktor (met kognitiewe, affektiewe en konatiewe inhoude) asook ‘n moraliteits- en magsfaktor. Die aangehaalde navorsingsbevindings wat op die teoretiese raamwerk volg, word voldoende deur die teoretiese konsepte geïnformeer.

Eindnota

Dap Louw, Buitengewone Professor: Sielkunde, Universiteit van die Vrystaat word bedank vir sy insette om die kwaliteit van hierdie artikel te verhoog.

Bibliografie

Abraham, J, J Suleeman en B Takwin. 2018. Psychological mechanism of corruption: A comprehensive review. Asian Journal of Scientific Research, September. DOI: 10.3923/ajsr.2018.

Adom, D, E K Hussein en J A Agyen. 2018. Theoretical and conceptual framework: Mandatory ingredients of a quality research. International Journal of Scientific Research, 7(1), 438-441.

Agbu, AA en EI Iwundu. 2016. Corruption as a propensity: Personality and motivational determinants amongst Nigerians. The Journal of Psychology, 150(4), 502-526.

Aljazeera News .2018. Former Nissan chairman Carlos Ghosn denies salary fraud charges. 25 November, 2018. https://www.aljazeera.com/news/2018/11/nissan-chairman-carlos-ghosn-denies-salary-fraud-allegations-181125061235578.html

Boes, JO, CJ Chandler en HW Timm. 1997. Police integrity: Use of personality measures to identify corruption-prone officers. Defence Personnel Security Research Centre, Monterey, California.
http://www.dtic.mil/dtic/tr/fulltext/u2/a334097.pdf

Darley, JM. 2005. The cognitive and social psychology of contagious organizational corruption. Brooklyn Law Review, 70(4), 1177-1194.

Das, V. 2017. Judicial corruption: the case of Nigeria, Journal of Financial Crime. https://www.emeraldinsight.com/doi/abs/10.1108/JFC-02-2017-0011

De Vries, M en I Sobis. 2015. Increasing transparency is not always the panacea. An overview of alternative paths to curb corruption in the public sector. International Journal of Public Sector Management 29(3), 255-270.

Gertner, N. 2016. The corruption continuum: When giving gifts bleeds to bribery.
Washington Post, 6 May. https://www.washingtonpost.com/news/in-theory/wp/2016/05/06/the-corruption-continuum-when-giving-gifts-bleeds-to-bribery/?noredirect=on&utm_term=.bb526d031f5e

Girodo, M. 1991. Drug corruption in undercover agents: Measuring the risk. Behavioural Sciences and the Law, 9, 361-370.

Joe-Akunne, CO, EA Nwankwo en BC Chine. 2018. Reducing ethnocentrism and corruption in Nigeria. Practicum Psychologia, 8, 114—127
http://journals.aphriapub.com/index.php/PP/article/view/581/564

Jordaan, W. 2018. Korrupsie soek lekkerlê langs sewe sondes. Die Burger. Van Alle Kante. Woensdag 14 November.

Köbis, N. 2013. The social psychology of corruption. Doktorale proefskrif, Vrije Universiteit, Amsterdam.

Kominis, G en A Dudau. 2017. Collective corruption — How to live with it: Towards a projection theory of post-crisis corruption perpetuation. European Management Journal, 36, 235-242.

Lisciandra, M en E Millemaci. 2017. The economic effect of corruption in Italy: a regional panel analysis. Regional Studies, 51(9), 1387—1398.

Makin, S. 2017. National corruption breeds personal dishonesty. Scientific American. https://www.scientificamerican.com/article/national-corruption-breeds-personal-dishonesty/

Moore, C. 2009. Psychological processes in organizational corruption. In: Psychological perspectives on ethical behaviour and decision making, 35—1. https://www.researchgate.net/publication/290858988

Moosa, IA. 2017. Effect of corruption on FDI: evidence from junk-science. Journal of Transnational Corporations Review, 9 (2), 88—96.

Mulder, P. 2018. Wat is Suid-Afrika se grootste bedrogspul? Die Burger, Maandag 26 November, 11.

Okonkwu, CO en AA Smith. Personality and ethnicity as psychosocial factors in understanding corruption in Nigeria. Practicum Psychologia, 8, 76-98.

Patel, SS. 2016. Piltdown’s lone forger. Archaeology, November/Desember, 9—10.

Rusch, J .2016. The social psychology of corruption. OECD Integrity Forum. Fighting the hidden tariff: Global trade without corruption. Paris, 19—20 April.

Stephenson, MC. 2013. Bibliography on Corruption and Anti-Corruption, Harvard Law School.http://www.law.harvard.edu/faculty/mstephenson/2013PDFs/Corruption%20cites%20%28website%20version%20-%20Oct%202013%29.pdf

Úbeda, F en EA Duéñez-Guzmán. 2011. Power and corruption. Evolution, 65(4), 1127—39.

Zaloznaya, M. 2014. The social psychology of corruption: Why it does not exist
and why it should. Sociology Compass, 8(2) 187—202. http://vtmis.ru/articles/Why%20It%20Does%20Not%20Exist.pdf

Zhong, C, VK Bohns en F Gino. 2010. Good lamps are the best police: Darkness increases dishonesty and self-interested behaviour. Psychological Science, 21(3), 311—314.

The post Die sielkunde van korrupsie appeared first on LitNet.

Multimodal idiolectal language use and authorship verification: a corpus analysis of Joan Hambidge’s idiolect across the borders of genres

$
0
0

Abstract

Individuals have unique idiolects or distinctive ways in which they use language and these idiolects can also be expressed multimodally in terms of different modes of delivery and through technology. The concept idiolect refers to the unique language usage as well as the fact that the writer of a text can be identified through their unique use of language. This article focuses on the idiolect of the Afrikaans-speaking writer Joan Hambidge. This writer was chosen as she publishes in different genres and modalities. Despite her being a prominent poet in Afrikaans it was decided within this research to focus on her work in terms of prose, academic texts and popular online texts. Furthermore, her idiolect was approached as its uniqueness is evident in her texts across different genres. The aim of this article was to provide an overview regarding her idiolect across different modalities and genres.

The notion of unique use of language that is distinguishable between language users has been discussed at length in the literature and research in this regard has gained popularity in different scientific disciplines over the past few years. This notion of a unique idiolect is an important feature of authorship identification studied within forensic linguistics. But there is even research published in terms of idiolects from literary perspectives and such views need to be considered when working with literary texts. Although strategies from forensic linguistics can be used in various disciplines, authorship identification and authorship verification can specifically give an answer to two important questions: (1) What is the meaning of a text? and (2) Who is the author of a text? Therefore, the author of a text can be identified by his/her use of language. This article focused on Joan Hambidge’s recognisable idiolect across the boundaries of genres and modalities.

The unique and recognisable idiolect of Hambidge was explored in terms of the different genres she writes in. By making use of forensic linguistics principles, methods and applications, it has been shown in other studies that it is possible to determine an individual’s idiolect. Hence, in this explorative study similar methods were employed. Even though forensic principles are specifically focused on identifying an author, the methodology used in the research field can be applied to a corpus linguistic study to determine how clearly an individual’s idiolect features across the boundaries of genres and multimodalities. Such insights might also have further implications regarding the interpretation of texts for literary purposes, for example.

By researching the research subject, explaining her oeuvre, creating a literary background, as well as discussing the literary approaches that Hambidge uses in her respective genres, and what she writes about, the necessary background was created in order to determine a complete image of Hambidge and her influences. By reviewing this background, it was possible to determine which external factors could have an influence on Hambidge's idiolect.

Furthermore, literature on relevant linguistic and sociolinguistic theoretical perspectives was also reviewed. In this regard, a background to forensic linguistics is provided, as well as an overview of the various corpus linguistic methods that can be used in a study such as this one. Following the background an overview of the methodology used in this research is provided, and the empirical analysis is discussed. This discussion covered both stylistic and stylometric analyses that were performed by making use of inter- and intra-corpus comparisons, according to which Hambidge’s idiolect was identified.

In the identification process of Hambidge’s idiolect, a selection from the Afrikaans Language Commission (Taalkommissie) corpus – the largest available corpus for Afrikaans – was used as a reference corpus. This was done to determine whether the idiosyncratic characteristics that were found in the Hambidge corpus truly are unique or whether they can also be found in the Afrikaans Language Commission corpus that includes wider use of Afrikaans by many different individuals. In this regard, the use of specific similar genres in the Afrikaans Language Commission corpus was essential. The application and execution of the methods identified for this research made it possible to determine to what extent, if at all, Hambidge has a unique identifiable idiolect, across the boundaries of genres.

The research determined that the idiolect of Joan Hambidge across the boundaries of genres shows unique identifiable features and that the idiolect is especially clear when an analysis is done with her corpus in its entirety. When Hambidge’s separate genres were compared with each other, it was clear that genre influences idiolect, but also that Hambidge did not follow prescribed genre conventions. Even though the two novels (one of which was published only as an e-book) that were compared did not match as was expected, the other genres did correspond. Various categories were identified, from which distinguishing characteristics could be found in Hambidge’s corpus. Specific unique elements were identified in terms of Hambidge's use of pronouns, prepositions and connectives. Through the stylistic analysis, unique use of eponyms, code-switching, parenthesis, punctuation, compounds and derivatives, changing of common nouns to proper nouns, omissions in spelling and the use of specific spelling variants were evident. It appears that the idiolect of Joan Hambidge is not clearly visible in terms of the comparison in use of pronouns, prepositions and connectives between the specialist and reference corpora. As far as the internal comparison is concerned, differences were identified in terms of prepositions and connectives. There is evidence that in terms of vocabulary selection there are differences between genres and modalities within the specific idiolect. However, in investigating the differences between die corpora in terms of keyness, the differences between genres and multimodalities in Hambidge's corpora were not found to be distinct. Yet the distinctness of the idiolect was verified, and this conclusion is also supported by the stylistic analysis.

It can therefore be said without a doubt that Hambidge has a unique multimodal idiolect functioning across the boundaries of genres. Furthermore, the methodology followed in this article presents a possible set of variables to be used in similar comparisons between texts in terms of the verification of authors. In addition, it is clear that the process should be refined in future studies by comparing different authors and different combinations of genres and multimodalities. Especially in Afrikaans further such studies are needed.

Keywords: authorship verification; corpus; corpus linguistics; Joan Hambidge; idiolect; language identity; multimodality

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans: Multimodale idiolektiese taalgebruik en skrywerskapverifikasie: ’n korpusontleding van Joan Hambidge se idiolek oor die grense van genres

The post Multimodal idiolectal language use and authorship verification: a corpus analysis of Joan Hambidge’s idiolect across the borders of genres appeared first on LitNet.

Tell me your story by Ruda Landman: a book review

$
0
0

Tell me your story
Ruda Landman
Tafelberg
ISBN: 9780624083719

In Tell me your story, Ruda Landman has created nineteen individual stories of South Africans that together form a much more substantial narrative of our country under democracy. Each person tells a different story – his own. Each story starts from a different past, and each occupies a very different present at the time of the interviews. Landman presents this as a collage: rich, varied and proudly South African.

The book opens with a quote from Anton Rupert: “Here my life makes a difference.” Rupert said that in response to the question: Why would he choose to remain in South Africa while his business empire was much bigger in Europe?

Making a difference would become the common thread in Landman’s book.

To each of her subjects, Landman asked: Tell me your story.

The diversity captured between these pages is wonderful: actors (John Kani, Marc Lottering, Pieter-Dirk Uys), musicians (Arno Carstens, ProVerb, Wouter Kellerman), a racing driver (Gugu Zulu), a sangoma (Dineo Ndlanzi), a politician (Patricia de Lille), a full-time caregiver (Khanyisile Motsa), business people (Angel Jones, Letshego Zulu), an academic (Nick Binedell), journalists (Anton Harber, Jonathan Shapiro, Katlego Maboe, Esmaré Weideman, Ferial Haffajee, Ruda Landman). These are very different people, and each story reflects a different aspect of South African life.

The last interview in the book is with tongue in cheek, and one that Landman did with herself.

Since the book is representative of all races, a variety of cultures, most religions and a fair range of age groups, the reader is treated to a number of colourful, multilayered views of our country. Each of the interviewees had achieved success by the time the interviews were done, but most grew up under difficult circumstances; success came through hard work and perseverance.

Poignantly, we get to read the words of a bright-eyed racing star, Gugu Zulu, in an interview which took place about a year before his death. The adrenalin and passion are tangible. Then, eight months after his death on Kilimanjaro, his wife, Letshego Zulu, was interviewed by Landman. While Gugu’s name was often mentioned during Letshego’s interview, Landman allowed her to become her own person with her own story.

In each narrative, Landman manages to go beyond the public persona. I was struck, for instance, by the number of people who spoke to Landman about their children. Since I am a father, this resonated with me. Anton Harber’s views on raising children differed from those of Dineo Ndlanzi, and Wouter Kellerman’s experience of caring for his offspring would differ from that of Khanyisile Motsa, but each had a story to tell.

Since these stories are so deeply personal, the reader could fill in a backstory on many of these public figures. For instance, this reader had known about Esmaré Weideman as a businesswoman, the success story behind the large weeklies Huisgenoot, You, Drum and, later, Network24; but, somehow, her earlier life as an Afrikaans girl who joined a group of ANC cadres in disarray to follow Nelson Mandela around on his first trip through Africa after his release from prison, was news to me.

There are many more gems like that.

John Kani wanted to join the ANC, and would have, had his father not been drunk on a rather fateful night; he became an actor, instead. Tannie Evita got named by accident.

I mentioned a few of these nuggets to my partner, who had made it quite clear that she would not have time to read the entire book; but, since she had always been a huge fan of Wouter Kellerman, I suggested that she should read at least that one interview. She did, and loved it. There were so many things we did not know about him, despite being fans.

Landman allows the stories to flow, to meander between the present and the past. Her own voice is present to comment and to guide the interviews, to clarify and to draw parallels with her own life, without being obtrusive.

All the interviews, apart from the one with herself, were first done on camera. Some were made for the Change Exchange, and others for the kykNET programme VeranderDinge. Eighteen of them were then transcribed and loosely edited to create this book. Now, one can read them, ponder upon each, and read them again.

Tell me your story, published by Tafelberg, is a great read. I have already bought a second copy that I want to give away.

The post <i>Tell me your story</i> by Ruda Landman: a book review appeared first on LitNet.

Die leierskapstyle van akademies presterende skole se skoolhoofde en die trefkrag daarvan op skoolklimaat

$
0
0

Die leierskapstyle van akademies presterende skole se skoolhoofde en die trefkrag daarvan op skoolklimaat

Leentjie van Jaarsveld, Departement Onderwysbestuur en -leierskap, Branwen Challens, Departement Onderwysbestuur en -leierskap en Charl Wolhuter, Departement Vergelykende Opvoedkunde, Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus)

LitNet Akademies Jaargang 15(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Hoe die begrip goeie prestasie in skoolverband verstaan word, kan van persoon tot persoon verskil, maar dit word oor die algemeen in terme van akademiese vordering of die bereiking van gewenste uitkomstes omskryf. Skrywers verskil van mekaar oor welke styl van ’n skoolhoof se leierskap die beste bydra tot goeie akademiese prestasie van ’n skool, want leierskapstyl word dikwels in verband gebring met die prestasie al dan nie van skole. Konteks speel ’n belangrike rol by die keuse van leierskapstyl deur die skoolhoof. Studies oor die verband tussen leierskapstyl, skoolklimaat en goeie prestasie dui daarop dat daar soms wél ’n verband tussen die drie veranderlikes is. ’n Positiewe skoolklimaat lei daartoe dat opvoeders meer doeltreffende onderrig en leer toepas tot voordeel van die leerders. Op grond van volgehoue goeie graad 12-prestasie oor die afgelope agt jaar is vier skole as akademies presterende skole geïdentifiseer. Die doel van hierdie ondersoek1 was om vas te stel watter leierskapstyle die hoofde van die betrokke skole gevolg of toegepas het en hoe hul leierskapstyle die skoolklimaat beïnvloed het. Onderhoude is met die vier hoofde en met 12 opvoeders gevoer om meer oor die betrokke skoolhoofde se leierskapstyl en die skoolklimaat te wete te kom. Terselfdertyd is daar in die onderhoude nagegaan wat die verband is tussen skoolprestasie, die leierskapstyl van die skoolhoof en die betrokke skoolklimaat. Dit blyk dat die outokratiese, demokratiese en deelnemende leierskapstyle die meeste deur die skoolhoofde in die presterende skole gevolg word en dat al drie hierdie style wel ’n positiewe invloed op skoolklimaat het.

Trefwoorde: akademiese prestasie; akademies presterende skole; doeltreffende skole; leierskapstyl; skoolbestuur; skoolklimaat

 

Abstract

The leadership styles of principals of academically performing schools and the impact thereof on the school climate

How the concept of good performance at school is understood can vary from person to person, but is generally defined in terms of academic progress or the achievement of desired outcomes. Overall, South African learners perform poorly in especially mathematics and sciences. In addition, the reading literacy of learners is not up to standard in comparison with that of the rest of the world. It is not an easy task to measure good performance, and a variety of determinants are usually considered to affect performance. Factors such as socio-economic status, language, infrastructure, leadership style and school climate are a few examples. In the conceptual theoretical foundation, effective and academically performing schools are discussed in the social capital theory, followed by a discussion of leadership style, school climate and the relationship between academically performing schools, leadership style and school climate.

Social capital is defined as the aggregated real or potential resources available to humans, linked to the existence of a durable network of more or less institutionalised relationships that are characterised by recognition and mutual recognition. For this reason, social capital is usually seen as the relationships among people living in a particular society (in the school context principals and educators) and working so that the society can function effectively. The underlying assumption in the research reported in this article is that it is the principal who should fulfil a key role. He or she has been called to build all the necessary bridges that could lead to all the participants’ moving in the same direction in order to achieve their collective purpose, based on the social capital thus formed. Principal must be able to bridge large gaps between generations, ages, social status, religions and ethnicity through their conduct. By using a particular leadership style, school principals try to establish good relationships and a positive school climate. An ethical leadership style has a positive influence on the academic performance of the learners and the behaviour of the educators, as well as contributing to job satisfaction.

Authors differ on which school leadership style best contributes to good academic achievement in a school. For academic activities, programmes and achievements to be effective, it is possible only if principals have the ability to demonstrate a suitable leadership style. Context plays an important role in the choice of leadership style by the principal. Some authors are of the opinion that the instructional leadership style may be the appropriate style through which to enhance the performance of learners. At the same time, the transformational leadership style may bring about change in especially poor performing schools and establish a positive school climate. With regard to the democratic and autocratic leadership styles, some authors point out that the democratic leadership style has a greater influence on academic performance and a positive school climate than the autocratic leadership style. School climate cannot be restricted, although specific or definite attributes are ascribed to it. However, it is often said that climate refers to the "atmosphere" in a school. To enhance a positive school climate, it is important that clear communication channels between the principal and the educators should be established in order to maintain the same perception of their school climate. Studies on the relationship between leadership style, school climate and good performance indicate that there is sometimes a connection between the three variables. A positive school climate leads to educators’ applying more effective teaching and learning for the benefit of the learners.

The purpose of this investigation was to determine which leadership styles are followed or applied by different heads of schools and how their leadership styles influence the school climate. Based on continued excellent grade 12 performance over the past eight years, four schools were identified as academically well-performing schools. Interviews were conducted with the four principals and with 12 educators of these schools to learn more about the leadership styles of the school leaders and about the school climate. At the same time, the interviews examined the relationship between school performance, the leadership style of the principal and the relevant school climate. It appears that the autocratic, democratic and participative leadership styles are followed most by the principals in the well-performing schools and that these three styles have a positive influence on the school climate.

The investigation revealed that school climate and leadership style play an important role at the meso level. Because the principal stands in relationship to both the educators and the learners (and thus contributes to the building of social capital), the leadership style of the principal has an influence on these relationships. The leadership style determines the attitude of the educators and learners, which, in turn, affects the climate of the school. As the social capital theory suggests, the role of the principal in creating a positive school climate is of the utmost importance. As a positive school climate plays such an important role in the success of a school, it is important that the principal's leadership style should be adjusted accordingly to maintain a positive school climate. In this study, the democratic and the participative leadership styles were the styles identified by the principals and the educators as the most appropriate leadership styles to create and maintain a positive school climate. The study also revealed that the autocratic leadership style is used only when attention is immediately needed for particular situations. For this reason, the autocratic leadership style is not experienced as a negative style but rather a style needed to enhance performance and the school climate.

Principals and educators should familiarise themselves with the latest leadership styles so that the heads' actions (as informed by their leadership styles) can be transparent to the educators. In addition, school principals should make a concerted effort to accommodate and support the school as a safe haven for each role player.

Keywords: academic achievement; academically performing schools; effective schools; leadership style; school climate; school management

 

1. Inleiding

Onderwys in Suid-Afrika is dikwels onder die vergrootglas. Akademiese prestasie is nie na wense nie en skole wat swak presteer, word dikwels in die media uitgelig. Tog is daar heelwat skole waarvan die leerders akademies baie goed presteer en wat vir ’n groot aantal jare aaneenlopend ’n 100%-slaagsyfer in die Nasionale Seniorsertifikaat behaal. Verskeie redes waarom sommige skole beter as ander presteer, of faktore wat daartoe lei dat skole swak presteer, word aangevoer, onder andere ontoereikende onderrig en leer (Spaull en Kotze 2015), wanneer die skool van skoolhoof verander (Wills 2016), en armoede (Leiva, Montecinos, Ahumada, Campos en Guerra 2017). Leierskapstyl is al dikwels met akademiese prestasie verbind. Terselfdertyd word skoolklimaat beskou as ’n ander faktor wat ’n rol in akademiese prestasie speel. Omdat die skool as ’n eenheid funksioneer, kan die skoolhoof se leierskapstyl nie van skoolklimaat geskei word nie.

 

2. Die probleem wat ondersoek is

Die Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie van die Verenigde Nasies(Unesco) en die Kinderfonds van die Verenigde Nasies (Unicef) lê albei klem op toegang tot, en gelykheid en gehalte van, leer in die onderwys, ongeag onderwysdoelwitte (Wilson-Strydom en Okkolin 2016:225). Hoewel daar sedert 1994 ’n toename in leerders in Suid-Afrika was, is verwag dat slegs ongeveer 10% van hulle teen die einde van 2013 graad 12 met universiteitsvrystelling sou slaag (Michael en Susan Dell-stigting 2013). Verder ondervind Suid-Afrika die probleem dat groot getalle leerders voor die suksesvolle voltooiing van hul skoolloopbaan die skool verlaat. In 2017 alleen het soveel as 645 000 graad 1- tot 12-leerders die skool verlaat. Verder het 625 155 leerders graad 12 in 2017 begin, teenoor die 534 484 leerders wat die Nasionale Seniorsertifikaat aan die einde van 2017 afgelê het (Child 2018).

Suid-Afrika steek veral sleg af teen Afrika en die res van die wêreld wat sy leerders se prestasies in wiskunde en algemene leervaardighede betref. Volgens die Trends in International Mathematics and Science Study (TIMSS) het Suid-Afrika, Botswana en Honduras in 2013 die laagste uitslae in hierdie vakke behaal (Van Staden en Bosker 2014:2). Na afloop van die 2015-TIMSS-toetse het Suid-Afrika wel ’n effense verbetering getoon, maar was steeds een van die vyf lande wat die swakste presteer het. Die 2011- Progress in International Reading Literacy Study (PIRLS), wat een van die grootste internasionale geletterdheidsassesserings van sy soort in die wêreld is, het voorheen al getoon dat byna die helfte van Suid-Afrika se leerders nie oor basiese leesvaardighede beskik nie (Van Staden en Bosker 2014). Na afloop van die 2016-PIRLS-toets is Suid-Afrika heel laaste uit die 50 deelnemende lande geplaas (Howie, Combrinck, Roux, Tshele, Mokoena en Palane 2016). In die Nasionale Seniorsertifikaateksamen in 2016 was daar in vier van die nege provinsies skole wat ’n 0%-slaagsyfer behaal het: Oos-Kaap: twee skole; Gauteng: twee skole; KwaZulu-Natal: tien skole; en Limpopo: vier skole (Departement van Basiese Onderwys 2016). In die tydperk 2012–2016 het slegs 111 van die 6 814 sekondêre skole in Suid-Afrika ’n 100%-slaagsyfer behaal.

Die voorgaande gegewens bring die navorser by die vraag of die 111 skole wat ’n 100%-slaagsyfer behaal het, beskou kan word as akademies doeltreffend (effektief). Hierdie vraag vereis dat ’n mens die begrip doeltreffendheid of effektiwiteit moet omskryf. Op grond van reeds gedane navorsing is, vir die doeleindes van die ondersoek waaroor in hierdie artikel gerapporteer word, van die veronderstelling uitgegaan dat met die uitsondering van die faktor “akademiese prestasie”, die erkende kenmerke van skooldoeltreffendheid moeilik, indien enigsins, meetbaar is. Botha (2017) het heel onlangs tot die gevolgtrekking gekom dat die meting van doeltreffendheid in onderwysnavorsing ’n debatteerbare vraagstuk is. Om hierdie rede is, vir die doeleindes van hierdie ondersoek, akademiese uitkomste soos beliggaam in graad 12-eksamenuitslae as die beste (meetbaarste) aanduider van skooldoeltreffendheid beskou. Hierdie veronderstelling impliseer dat die 111 skole wat in die vermelde tydperk ’n 100%-slaagsyfer in die graad 12-eksamen behaal het, nie net as uitstekend akademies presterend nie, maar ook as doeltreffend beskou kan word. Met hierdie omskrywing van doeltreffendheid word egter wel nie te kenne gegee dat doeltreffendheid ’n eenvoudige of eenduidige begrip is nie.

Voorts is daar, volgens Tatlah en Iqbal (2012:790) sowel as Boonla en Treputtharat (2014:991), ook ’n verband tussen die leierskapstyl van die skoolhoof en skooldoeltreffendheid (skoolprestasie). Vir doeltreffende akademiese aktiwiteite, programme en prestasie moet skoolleiers doeltreffende programme vir akademiese uitmuntendheid tot stand bring, en dit is moontlik slegs indien skoolhoofde die vermoë het om ’n gepaste leierskapstyl aan die dag te lê (Tatlah en Iqbal 2012). In Allie (2014) se studie byvoorbeeld is die sogenaamde gebeurlikheidstyl van die skoolhoof uitgelig as die styl wat tot doeltreffendheid gelei het, ondanks ’n gebrek aan befondsing, waar gebeurlikheidstyl verwys na wanneer die leier of bestuurder van ’n organisasie sy styl moet aanpas volgens die ontwikkelingsvlak van die volgelinge wat hy probeer beïnvloed. Volgens Pietsch en Tulowitzki (2017:643) het die transaksionele, transformasionele en laissez faire-leierskapstyle ’n kleiner invloed op die akademiese prestasie van ’n skool.

Volgens Voigt, Austen en Hanson (2013:2) bepaal die skoolklimaat hoe suksesvol ’n skool is. Hoë verwagtinge vir leerders, omgeeverhoudings tussen opvoeders en leerders en ’n gevoel van veiligheid weeg swaarder as leerderondersteuning en die ondervinding wat opvoeders het. Daarbenewens speel die inname van leerders in ’n skool ’n beduidende rol wat skoolklimaat betref. Zullig, Koopman, Patton en Ubbes (2010:149) is voorts van mening dat ’n skool nie net slegs ’n “gebou” is nie, maar ’n plek van opvoeding waar mense met mekaar in verhouding staan en ’n invloed op leer het. Dus kan skoolklimaat akademiese prestasie en sosiale en emosionele ontwikkeling beïnvloed. Aan die ander kant voer Miron (2014) aan dat die akademiese prestasie van leerders sowel as ’n positiewe skoolklimaat van die skoolhoof afhang. Daarbenewens is opvoeders daarvan oortuig dat skoolklimaat ’n belangrike veranderlike is ten opsigte van akademiese prestasie. ’n Geordende, veilige klimaat is belangrik vir onderrig en leer, en ’n belangrike eienskap van ’n effektiewe skool. ’n Positiewe skoolklimaat moedig leerders aan om gedissiplineerd, kreatief en gemotiveerd te wees.

Die navorsingsvraag wat uit die voorgaande argumentasielyn na vore gekom het, is die volgende: Watter leierskapstyl van skoolhoofde van akademies presterende skole het trefkrag op die klimaat van die skool?

Die res van die artikel is soos volg gestruktureer ten einde ’n antwoord op die probleemvraag te bekom: Die konseptueel-teoretiese begronding van die ondersoek kom hierna aan die orde, gevolg deur ’n uiteensetting van die empiriese ondersoek wat gedoen is, asook die bevindinge en ’n bespreking daarvan. In die konseptueel-teoretiese begronding word effektiewe, doeltreffende en akademies presterende skole aan die hand van die sosialekapitaalteorie bespreek, gevolg deur ’n bespreking van leierskapstyl, skoolklimaat en die verband tussen akademies presterende skole, leierskapstyl en skoolklimaat.

 

3. Konseptueel-teoretiese begronding

3.1 Sosialekapitaalteorie as teoretiese lens waardeur effektiewe, doeltreffende en akademies presterende skole ondersoek is

Volgens Van der Walt (2009:2–5) het die term sosiale kapitaal ’n verskeidenheid betekenisse. Die betekenis daarvan wissel, na gelang van die voorkeur van die gebruiker van die term, vanaf ekonomiese produktiwiteit tot sosiale voordeel. Baie van hierdie betekenisse het ook meer te doen met die gevolge of die resultate van sosiale kapitaal as met sosiale kapitaal as sodanig. Bourdieu (1986:249) definieer sosiale kapitaal omvattend as die saamgevoegde werklike of potensiële hulpbronne tot die mens se beskikking, wat gekoppel is aan die bestaan van ’n duursame netwerk van min of meer geïnstitusionaliseerde verhoudinge gekenmerk deur onderlinge bekendheid en erkenning. Sosiale kapitaal word gewoonlik gesien as die verhoudingsnetwerk tussen mense wat in ’n bepaalde samelewing woon en werk sodat die samelewing doeltreffend kan funksioneer. Wat die meeste definisies van sosiale kapitaal gemeen het, is die fokus op sosiale verhoudings wat produktiewe voordele vir die deelnemers daaraan inhou. ’n Skool vorm deel van die gemeenskap, en lede van die gemeenskap het interaksie met die skool en dra dus die belang van die skool op die hart. Gemeenskapslede streef na doeltreffende onderwys en onderrig, en om hierdie rede is dit vir hulle belangrik dat die skool in hul omgewing doeltreffend of effektief funksioneer.

Hierteenoor sien Putnam (2000:19) sosiale kapitaal as ongeveer dieselfde as fisiese en menslike kapitaal: fisiese kapitaal verwys na die fisiese voorwerpe wat ’n persoon of groep gebruik, en menslike kapitaal na die eienskappe van die mense wat dit benut. Deur die gebruik van fisiese kapitaal (soos ’n skool) kan iemand met die gepaste opleiding (soos ’n skoolhoof) met die benutting van sosiale kapitaal (sy of haar verhoudinge met die ouers, die opvoeders, die leerders of die gemeenskap) die akademiese produktiwiteit of die effektiwiteit van die skool verhoog. Dit neem, soos Flora (1997) tereg opmerk, tyd om verhoudinge tussen enkelinge so op te bou en te vorm dat daar genoegsame vertroue, wederkerigheid, netwerke en kollektiewe handeling na vore kan kom – met ander woorde, dat sosiale kapitaal gebou kan word.

In wese het sosiale kapitaal te doen met sosiale kontak (aanraking) en interaksie (wisselwerking) tussen individue en ook met die sosiale rykdom wat tydens sodanige wisselwerking ontstaan (Fukuyama 1999:2). Om hierdie rede vorm sosiale netwerke ’n belangrike instrument vir die vorming van sosiale kapitaal (Smith 2007:2). In die proses van gemeenskapsbou verbind mense hulle tot mekaar en tot hul onderlinge ideale en strewes, en ontstaan daar vertroue, wederkerigheid en verdraagsaamheid wat tot groter gesamentlike voordeel vir almal kan wees (Stone 2001). Volgens Bourdieu (1986:249) is sosiale kapitaal altyd voordelig, aangesien dit ’n stel samewerkingsnorme aan enkelinge bied met die oog op hul almal se voordeel. Die intensiteit en die omvang van die sosiale kapitaal wat ontstaan in die wisselwerking tussen mense en groepe hang van ’n hele aantal oorwegings af, onder meer gedeelde waardes, burgerskap, buurmanskap, vertroue, gemeenskapsbetrokkenheid, vrywilligheid, burgerlike deelname (UK Snapshot: Social Capital 2008), gedeelde historiese ervaring, die bereidheid om met andere te deel (Fukuyama 1996), en ander faktore wat nie deur byvoorbeeld die landsowerheid beheer kan word nie (Fukuyama 1999).

Sosiale kapitaal het enersyds ’n individuele of persoonlike kant (soos betroubaarheid, vertroue, bereidheid tot betrokkenheid en toerekenbaarheid) en andersyds ’n sosiale of groepskant (soos burgerlike pligte, sosiale netwerke en deelname aan die landspolitiek). Hoewel sosiale kapitaal ekonomiese voordele vir almal mag inhou, is dit nie in die eerste plek daarop gerig nie. Sommige skrywers, soos Smith (2007), waarsku tereg teen die misbruik van sosiale kapitaal vir neoliberalistiese doeleindes, naamlik om dit slegs in terme van ekonomiese kapitaal te sien.

Daar bestaan in werklikheid drie soorte sosiale kapitaal (Smith 2007:6): sosiale kapitaal wat saambind (“bond”), soos binne ’n gesin of familiegroep; sosiale kapitaal wat brûe bou, wat verwys na die bou van bande tussen mense wat nie noodwendig na aan mekaar is soos die lede van ’n gesin nie; en sosiale kapitaal wat koppel, dit wil sê bande bou met mense wat hulle in ’n heeltemal “vreemde” situasie bevind, soos boemelaars. Die eerste soort is meer inwaarts gerig, terwyl die derde soort oor wye gapings uitreik.

Sosiale kapitaal wat brûe bou, is waarskynlik meer van toepassing in die skoolsituasie, aangesien dit gesien kan word as ’n “verskille-oorspannende brug” (Van der Walt 2009:2–5). Die situasie in die skool word gekenmerk deur die aanwesigheid van ’n hele aantal rolspelers naamlik, die ouers van die kinders, die leerlinge, die gemeenskap waarvan hulle deel is, die godsdienstige organisasies wat belang het by die skoolonderwys, die onderwysdepartement (nasionaal en provinsiaal), die opvoeders, die skoolhoof en die res van die skoolbestuur, die skoolbeheerliggaam, die administratiewe personeel, borge, en dies meer. Elkeen van hierdie groepe (bestaande uit verskillende individue) het eie belange wat hulle nastreef en wil laat verwesenlik. Hierdie toedrag van sake laat die vraag ontstaan: Wie is verantwoordelik vir die bou van die sosiale kapitaal wat van die skool ’n doeltreffende, produktiewe akademiese entiteit maak, een wat volgens al hierdie deelnemende partye (akademies en andersins) na wense presteer?

Die onderliggende aanname in die navorsing wat in hierdie artikel gerapporteer word, is dat dit die skoolhoof is wat hierdie sleutelrol (behoort te) vervul. Hy of sy is geroepe om al die nodige brûe te bou wat daartoe kan lei dat al die deelnemers in dieselfde rigting trek om sodoende hul kollektiewe doel, gebou op die aldus gevormde sosiale kapitaal, te kan bereik. Die skoolhoof moet in staat wees om deur sy of haar optrede groot gapings te oorbrug tussen geslagte, ouderdomme, sosiale status, godsdienste en etnisiteit (Coletta 2003) en daardeur groter kohesie (samehorigheid) tussen die rolspelers met hul baie verskille te bewerkstellig.

Dit is uit die voorgaande uiteensetting van sosiale kapitaal duidelik dat ’n skoolhoof wat in staat is om die nodige brûe tussen die verskillende rolspelers te bou en almal in dieselfde rigting te laat trek, dit terselfdertyd reggekry het om ’n positiewe skoolklimaat in die skool tot stand te bring. ’n Skool gekenmerk deur brugbouende sosiale kapitaal werk duidelik ook saambindende sosiale kapitaal in die hand, en derhalwe in die rigting van die vestiging van ’n positiewe skoolklimaat gekenmerk deur vertroue, wederkerigheid, stabiliteit, veiligheid, interaksie, spontaneïteit (Fukuyama 1999), die ruimte om menings uit te spreek, laterale denke te toets, gedeelde waardes op te bou, die bereidheid te ontwikkel om foute te maak en daaruit te leer, verskille te verdra, en so meer.

3.2 Die begrippe doeltreffendheid en effektiwiteit

Twee begrippe, naamlik doeltreffendheid en effektiwiteit, kom na vore wanneer daar na veral akademies presterende skole verwys word. Doeltreffendheid verwys na “wanneer die doel bereik word”, terwyl effektiwiteit verwys na “wat die gewenste effek, uitwerking het” (Odendal en Gouws 2011). Die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (Odendal en Gouws 2011) beskou dié twee woorde as sinonieme. Die doeltreffendheid of effektiwiteit van skole is nog steeds onder die vergrootglas. Sirotnik en Oakes (1986) gaan terug in die geskiedenis en lê klem op die aanvanklike doelwitte van skole. Hierdie aanvanklike doelwitte was die verkryging van fundamentele akademiese kennis en vaardighede, voorbereiding vir produktiewe werk en verantwoordelike deelname aan die ekonomiese lewe, ontwikkeling van vaardighede en begripsvereistes vir aktiewe deelname aan die komplekse sosiale en politieke strukture van die samelewing en persoonlike ontwikkeling om as individu gevorm te word. Die klem het dus daarop geval om ’n leerder akademies en sosiaal vir die lewe voor te berei.

Algaande is egter meer klem geplaas op die “doeltreffendheid” van skole. In 1991 is die International School Effectiveness Research Project (ISERP) byvoorbeeld geloods (Reynolds 2006). Vier stelle faktore het tot die ontstaan van die ISERP gelei. Die eerste stel behels faktore wat verband hou met skooldoeltreffendheid wat ten opsigte van geografiese konteks mag wissel. Die tweede stel hou verband met die skep van nuwe teorieë sodat die “one-size-fits-all”-uitgangspunt kan verander. Hier is konteks, diversiteit en gelykheid nie ter sprake nie. Derdens is die klem op vergelykende internasionale navorsing om doeltreffendheid in ’n verskeidenheid van skole vas te stel. Vierdens word die geldigheid van kruiskulturele oordrag van beleide bevraagteken wanneer doeltreffendheid ter sprake kom. Voortvloeiend uit die belangstelling in doeltreffende skole het verskeie skrywers probeer vasstel wat presies aandui of skole doeltreffend is al dan nie, en gefokus op die invloede en faktore wat by skooldoeltreffendheid betrokke is. In hierdie verband verwys Hofman en Hofman (2011:622) na kontekstuele invloede wat verband hou met skooldoeltreffendheid, terwyl Creemers (1996) effektiewe onderrig met skooldoeltreffendheid verbind. In daaropvolgende navorsing is skooldoeltreffendheid met skoolverbetering verbind (Stoll, Reynolds, Creemers en Hopkins 1996). In hierdie konteks het Creemers (1996) doelwitte van skooldoeltreffendheid en skoolverbetering met mekaar in verband gebring; met ander woorde, die doelwitte wat vir skoolverbetering na vore gebring is, het die doelwit om skooldoeltreffendheid te verseker. Dit is, in terme van die sosialekapitaalteorie, duidelik dat hoër produktiwiteit en groei die doelwit van presterende skole is.

Die navorsing oor skooldoeltreffendheid wat hierna volg, koppel ook verskeie ander faktore aan skooldoeltreffendheid. Creemers en Van der Werf (2000) ondersoek byvoorbeeld ekonomiese oorwegings met betrekking tot skooldoeltreffendheid, terwyl Hofman en Hofman (2001) die samestelling van gesinne, eweknieë en die skool met betrekking tot skooldoeltreffendheid ondersoek. Religieuse tradisies (Hofman en Hofman 2001) en die betrokkenheid van ouers (Van der Werf, Creemers en Guldemond 2001) is ook as bydraende faktore tot skooldoeltreffendheid ondersoek. “Wêreldklasskole” is gedurende die jaar 2000 wyd ondersoek en bespreek (Peschar en Van der Wal 2000; Reynolds, Stringfield, Teddlie en Creemers 2002). Tydens ’n ondersoek na skooldoeltreffendheid in verskeie lande is drie belangrike vrae ten opsigte van effektiewe skole deur Teddlie, Reynolds, Creemers en Stringfield (2002) gestel, te wete:

  • Watter doeltreffendheidsfaktore ten opsigte van ’n skool en opvoeders word geassosieer met skole of opvoeders wat in verskillende kontekste doeltreffend is?
  • Hoeveel van hierdie faktore was universeel en hoeveel spesifiek vir sekere kontekste?
  • Wat kan verklaar waarom sommige faktore universeel en sommige faktore spesifiek was, en watter implikasies van die bevindings hou dit in vir beleid, vir die praktyk en vir skooldoeltreffendheid?

Saamgevat is Teddlie e.a. (2002) se antwoord op hierdie vrae dat baie faktore wat met goeie skole verband hou, konseptueel soortgelyk is in lande met wyd uiteenlopende kulturele, sosiale en ekonomiese kontekste. Die faktore op skoolvlak is met ander woorde soortgelyk, maar die besonderhede van hóé die faktore op skoolvlak in die verskillende lande ervaar word, verskil onderling.

Die klem op skooldoeltreffendheid het teen 2000 verskuif na “effektiewe skoolverbetering”. Laasgenoemde verwys na beplande onderwysverandering wat die uitkomste ten opsigte van leer, sowel as die skool se vermoë om verandering te bestuur, verbeter (Reezigt 2001). Aan die ander kant fokus skoolverbetering ook op die verbetering van die gehalte van opvoeders en skole. Dus probeer skooldoeltreffendheidsnavorsing bepaal wat in skole moet verander sodat hulle meer effektief kan wees, terwyl skoolverbeteringsnavorsing probeer uitvind hóé skole kan verander om te verbeter (Reezigt 2001).

Merki, Emmerich en Holmeier (2015:4) is van mening dat doeltreffende of effektiewe onderwys heelwat aspekte insluit wat in perspektief gesien moet word, ondeer meer die volgende:

  • Multivlakstruktuur van opvoedkundige effektiwiteit: Die welslae van leerders kan verstaan word slegs wanneer dit in die hiërargiese konteks en die konteks van individuele leerderfaktore gesien word. Dit beteken dat leerderprestasie op die verskillende vlakke onderskei moet word, naamlik op die stelselvlak (opvoedkundige stelsels), skoolvlak (leierskap, samewerking en skoolklimaat), klaskamervlak (onderwyser en vaardighede) en individuele vlak (agtergrond en geslag).
  • Dinamiese perspektief op opvoedkundige effektiwiteit: Daar bestaan ’n komplekse interafhanklikheid van die veranderlikes op die stelsel-, skool-, klaskamer- en individuele vlakke, asook tussen die verskillende vlakke. Aanpasbaarheid is dus belangrik, afhangende van gebeurlikheid, behoeftes en geleenthede met die oog op leeruitkomste.
  • Lineêre en nielineêre of direkte en indirekte doeltreffendheid of effektiwiteit: Aangesien verskeie faktore ’n invloed op die leerder se leerontwikkeling het, moet dit as sowel lineêr as nielineêr gesien word. Aansluitend hierby word onderwysdoeltreffendheid of -effektiwiteit gebaseer op die eenvoudige insette- proses-uitset-modelle.
  • Differensiële doeltreffendheid of effektiwiteit: Effektiwiteit kan van skole, leerders en vakkeuses afhang.
  • Tydperkperspektief: As gevolg van gedurige wisseling van skool- en klaskamervlakke kan onderwysdoeltreffendheid of effektiwiteit slegs oor ’n tydperk heen bepaal word.
  • Multidimensionele uitsetkriteria: Die doeltreffendheid of effektiwiteit van die stelsel, skool en klaskamer, asook hul interafhanklikheid, moet gevorm word deur ’n wye reeks leerder-leeruitkomste. Dit beteken dat wanneer onderwysdoeltreffendheid- of ‑effektiwiteitsteorieë ontwikkel word, ’n wye verskeidenheid vaardighede in die kurrikulum in ag geneem moet word.

Uit die bespreking hier bo is dit duidelik dat verskeie faktore, onder andere die geografiese konteks, ekonomiese oorwegings, kulturele konteks en die vermoë van die verskillende rolspelers om tot sosialekapitaalbou by te dra, ’n rol speel in skooldoeltreffendheid en effektiwiteit. ’n Groot deel van die bespreking wentel om die leerder en sy of haar leerhandelinge. Die leerder se optrede en prestasie en skooldoeltreffendheid word dikwels in dieselfde asem genoem. Hoe meer die leerders gedissiplineerd optree, hoe doeltreffender is die skool en hoe beter presteer die leerders akademies. In hierdie ondersoek het die fokus op die konsep van akademies presterende skole as kollektiewe konsep van doeltreffendheid of effektiwiteit geval.

3.3 Skoolhoofleierskapstyl

Verhoudings in ’n skool is van belang aangesien opvoeders en leerders deel vorm van ’n skoolnetwerk en almal behoort saam te werk om hulle gesamentlike doelwit te bereik. Die hoof, opvoeders en leerders is almal aangewese op mekaar, en wedersydse ondersteuning word verwag, soos deur die sosialekapitaalteorie geïmpliseer. Soos gestel, moet iemand die leiding in die skool neem sodat dit doeltreffend en effektief kan funksioneer. Sosialekapitaalvorming is dus hier van belang, aangesien vertroue in die hoof gestel word om produktief op te tree. Deur verbinding, oorbrugging en skakeling, van ’n gemeenskaplike doel, werk al die rolspelers saam ten einde suksesvolle onderwys te verskaf. Die bou van sosiale kapitaal beïnvloed die akademiese prestasie van leerders positief. Leerders trek akademiese voordeel uit sosialekapitaalvorming (Misra, Grimes en Rogers 2013:107).

In die proses van die uitoefening van sy leierskap pas die skoolhoof sekere leierskapstyle toe. In hierdie verband wys Bush en Glover (2014:564) daarop dat suksesvolle leiers al hoe meer op onderrigleierskapstyl fokus omdat leer die sentrale en unieke doel van onderwysinstansies is. Onderrigleierskapstyl word algemeen gedefinieer as die kurrikulumbestuur en onderrig deur ’n skoolhoof. Bush en Glover wys verder daarop dat leierskapmodelle van 1960 tot 1990 verander het vanaf bestuur na instruksionele en transformasionele leierskapstyle. Hallinger, Bickman en Davis (1996:528) het reeds in die vorige eeu beweer dat geen enkele styl van die skoolhoof toepaslik is in alle skole nie en daarom moet skoolhoofde die styl vind wat die geskikste is vir hul omstandighede. Heelwat studies oor leierskapstyl volg na die een van Hallinger e.a. (1996), en leierskapstyle is wyd bespreek. Kurland, Peretz en Hertz-Lazarowitz (2010:7) het tot die gevolgtrekking gekom dat die skoolhoof se transformasionele leierskapstyl die skool se visie effektief voorspel, terwyl Arokiasamy, Abdullah, Shaari en Ismail (2016:152) stel dit dat daar ’n positiewe verband tussen die organisasiewelstand en die transformasionele leierskapstyl van die skoolhoof is. Transformasionele leierskap is ’n leierskapsteorie waar ’n leier met spanne saamwerk om noodsaaklike verandering te identifiseer, ’n visie te skep om die verandering deur inspirasie te lei en die verandering in samewerking met toegewyde lede van ’n groep uit te voer.

Skoolhoofde behoort die outokratiese en demokratiese leierskapstyle te kombineer om werkprestasie te verbeter, maar moet tegelykertyd ook die laissez faire-styl volg (Ahmad en Dilshad 2016:907). ’n Outokratiese leierskapstyl word daaraan gekenmerk dat die leier beleide en prosedures bepaal, besluit watter doelwitte bereik moet word en beheer oor alle aktiwiteite sonder enige betekenisvolle deelname deur die ondergeskiktes neem. So ’n leier het volle beheer oor die span, met lae outonomie binne die groep. Hierteenoor word die demokratiese leierskapstyl gekenmerk aan deelnemende besluitneming. Elke persoon in die groep kry die geleentheid om deel te neem en idees uit te ruil, en bespreking word aangemoedig. Die laissez-faire-styl is ’n tipe leierskapstyl waar die leier die besluite aan die volgelinge oorlaat. Die leier is op die agtergrond en die volgelinge het meer vryheid om op hulle eie te funksioneer.

Die etiese leierskapstyl van die skoolhoof het ’n positiewe invloed op die akademiese prestasie van die leerders, die gedrag van die opvoeders (Eranil en Özbilen 2017:100), die werksbevrediging van die opvoeders (Güngör 2016:1185), asook die skoolklimaat en organisasiekultuur (Toytok en Kapusuzoglu 2016:381–2). Die etiese leierskapstyl word gekenmerk deur respek vir etiese oortuigings en waardes en vir die waardigheid en regte van ander. Dit gaan gepaard met, of word gekenmerk deur, konsepte soos vertroue, eerlikheid, oorweging, charisma en regverdigheid.

Gedeeldeleierskapstyl is ’n leierskapstyl waar verantwoordelikhede verdeel word sodat mense binne ’n span en organisasie mekaar lei. Volgens Dampson en Frempong (2018:126) behoort die skoolhoof, vir effektiewe gedeelde leierskapstyl, ’n netwerk van ondersteuning aan die opvoeders te verskaf – ’n vorm van sosialekapitaalbou. Sodoende word die opvoeders se talente ontgin en verbeter. Daarbenewens bied die styl aan die opvoeders ’n mate van vryheid om te lei op gebiede in die skool waarvoor hulle gereed is. Aansluitend hierby beweer Tanriöğen en İşcan (2016:54) dat die gedeeldeleierskapstyl daartoe lei dat opvoeders werksbevrediging ervaar. Terselfdertyd skep die skoolhoof die geleentheid vir individue om hul kennis en vaardighede ten toon te stel.

Aan die ander kant erken die transformasionele leierskapstyl die behoeftes van volgelinge en wend dit pogings aan om in die volgelinge se behoeftes te voorsien sodat hulle tot hul volle potensiaal kan ontwikkel. Daarom behoort skoolhoofde dié styl te oorweeg. Tereg wys Urick en Bowers (2014:98) daarop dat die ontwikkeling van mense en die verbetering van doelwitte in die organisasie kenmerkend van die transformasionele leierskapstyl is. Alsaeedi en Male (2013:643) wys daarop dat die transformasionele leiers tot die bou van ’n skoolvisie lei, skooldoelwitte stel, intellektuele stimulering verskaf, professionele praktyke en waardes simboliseer, hoë prestasieverwagtinge toon, ’n struktuur rakende deelname en besluite in skoolverband ontwikkel en bevorder en individuele ondersteuning bied. Dié styl kan van groot waarde vir skooldoeltreffendheid wees. Botha (2013:318) lê klem daarop dat skole dikwels nie meer op die ou, tradisionele manier gelei word nie, maar dat skoolhoofde meer kreatief en visionêr moet dink en optree, veral in veranderende kontekste. Eers wanneer die uitdagings verstaan word, kan ’n geskikte leierskapstyl vir ’n kreatiewe omgewing gevolg word. Margolis en Ziegert (2016:11) sluit hierby aan en beweer dat wanneer die visioenêre leierskapstyl gevolg word, die styl na alle vlakke in die skool oorspoel, wat dan lei tot werksbevrediging en die bemagtiging van individue.

Uit die voorgaande bespreking kan afgelei word dat daar ’n verskeidenheid van style is wat skoolhoofde kan volg. Dit is egter van belang dat skoolhoofde die regte keuse, dit wil sê ’n sosialekapitaalvormende keuse, moet uitoefen ten einde skole doeltreffend te kan lei en bestuur. Tog moet in gedagte gehou word dat konteks en situasie ook ’n rol speel. Skoolhoofde moet hulle vergewis van watter styl die beste vrugte sal afwerp in ’n sekere konteks of situasie.

Leierskapstyl, werksomgewing en werksbevrediging het ’n beduidende impak op prestasie (Chandra en Priyono 2016:131). Amanchukwu, Stanley en Ololube (2015:13) is van mening dat welslae gewaarborg kan word indien die toepassing van leierskapstyle ernstig en versigtig oorweeg word. So byvoorbeeld kan die onderrigstyl tot voordeel van akademiese prestasie wees. Hoofde wat dié styl volg, fokus sterk op onderrig en leer.

Dit blyk dus dat daar ’n verskeidenheid leierskapstyle is en dat die skoolhoof se leierskapstyl ’n rol op verskeie gebiede speel, naamlik die vorming van sosiale kapitaal en derhalwe die aard van die skoolklimaat en skoolkultuur, asook die mate van werksbevrediging en die vlak van akademiese prestasie. Dus is die skoolhoof se leierskapstyl van belang op alle terreine van die skoollewe.

3.4 Skoolklimaat

Soos reeds genoem, is die skoolhoof, opvoeders en leerders aangewese op mekaar vir doeleindes van sosialekapitaalbou. Sosiale kapitaal verwys na die sosiale verhoudings wat individuele gedrag beïnvloed en sodoende produktiwiteit (akademiese prestasie) beïnvloed. Vertroue en norme in die sosiale netwerk van die skool is van belang. Die skoolklimaat word bepaal deur die sosiale verhoudinge tussen die skoolhoof, opvoeders en leerders.

Skoolklimaat is ’n multidimensionele begrip wat te doen het met die "kwaliteit en karakter van skoollewe ... gebaseer op mense se ervarings van die skoollewe en weerspieëling van norme, doelwitte, waardes, interpersoonlike verhoudings, onderrig- en leerpraktyke en organisatoriese strukture" (Cohen, McCabe, Michelli en Pickeral 2009:182). Skoolklimaat fokus op vier faktore, naamlik (1) sekuriteit, (2) verhoudings tussen leerders en opvoeders, sowel as opvoeders en ouers, (3) onderrig en (4) die skoolomgewing (Cohen e.a. 2009:184). Om skoolklimaat as ’n multivlakkonsep te definieer sluit egter meer as net leerders se ervaring van ’n skoolomgewing in. Omdat leerders deel is van ’n familie, wat deel vorm van ’n gemeenskap, word hulle ingesluit in die definisie van skoolklimaat.

Bronfenbrenner (1977) se ekologiesisteemteorie behels vier vlakke van sosiale ekologie. Die eerste vlak behels die mikrostelsel van ’n individu se persoonlikheid en hoe sodanige individu se onmiddellike omgewing ervaar word. Die tweede vlak, die mesosisteem behels individue in hul verskillende omgewings, soos gesinne, vriende en die skool. Die derde vlak verwys terug na die mesovlak, waar vriende byvoorbeeld in die gemeenskap saamgebind is. Die vierde vlak, naamlik die makrovlak, die kultuur, politiek en ekonomiese status van ’n gemeenskap en sluit al drie die ander vlakke in. Die stelsels kan met mekaar in wisselwerking tree. Die vier vlakke is ook van toepassing op skoolklimaat, veral die mikro- en mesovlakke met verwysing na skoolhoofde en opvoeders in ’n veranderende skoolomgewing. Die mikro- en mesovlakke behels die invloed van die skoolklimaat op ’n verhouding tussen die skoolhoof en opvoeders. Dus is skoolklimaat wyer as bloot net die skoolomgewing en speel dit ’n belangrike rol op alle vlakke van die onderwys (Neal en Neal 2013).

Bronfenbrenner (1977) merk die volgende op:

Menslike ontwikkeling is progressiewe, wedersydse akkommodasie tussen ’n groeiende menslike organisme en die veranderende onmiddellike omgewings waarin dit leef omdat hierdie proses beïnvloed word deur verhoudings binne en tussen hierdie onmiddellike instellings sowel as die groter sosiale konteks – beide formeel en informeel – waarin die instellings ingebed is.

Skoolklimaat begin met die instap by ’n skoolterrein. Die eerste indrukke van die skool gee die klimaat van die skool weer. Die optrede van onderwysers en leerders teenoor mekaar, asook hul optrede teenoor vreemde mense wat die skoolterrein betree, straal ’n verdere beeld van die klimaat van die skool uit. Tog kan klimaat nie “ingeperk” word en spesifieke of definitiewe eienskappe daaraan toegeskryf word nie. Tereg verwys Zehetmeier, Andreitz, Erlacher en Rauch (2015) na skoolklimaat as die “atmosfeer” wat in die skool heers. Die wisselwerking tussen die gemeenskap en die skool bepaal verder ook die klimaat van die skool. ’n Positiewe gemeenskap sal oorspoel na die skool en klimaat, en ’n positiewe skoolklimaat sal weer oorspoel na die gemeenskap. Maar waar begin ’n positiewe skoolklimaat? Die aanname wat meestal gemaak word, is dat ’n positiewe en gesonde skoolklimaat by die skoolhoof begin. In dié verband voer Cardina en Fegley (2016) aan dat die hoof as leier, sowel as die leierskapstyl wat hy of sy aan die dag lê, ’n groot rol speel in die totstandkoming van ’n gunstige skoolklimaat, en soos reeds gemeld, bydra tot sosialekapitaalskepping. Die skoolhoof moet ’n professionele omgewing skep waarin opvoeders en leerders effektiewe onderrig en leer kan toepas. Cardina en Fegley (2016:7–8) verwys na die gedrag van die skoolhoof waar ondersteuning en bemoediging ’n positiewe werkomgewing skep. Dit versterk die hoof-personeel-verhouding en beteken dat opvoeders meer vryheid het om hul menings te gee. Skoolhoofde moet dus bewus wees van die belangrike rol wat hulle speel in die skep van ’n positiewe skoolklimaat. Waar ’n positiewe skoolklimaat heers, word entoesiastiese opvoeders en leerders gekweek, ’n toedrag van sake wat op sy beurt tot akademiese prestasie lei.

Die waarnemings van opvoeders ten opsigte van ’n positiewe skoolklimaat is van die uiterste belang. Oor die algemeen het skoolhoofde ’n meer positiewe persepsie van ’n positiewe skoolklimaat in vergelyking met die waarnemings van opvoeders, en tog werk opvoeders daagliks met die leerders. Dus is dit belangrik dat opvoeders se persepsie van die skoolklimaat positief moet wees, aangesien dit oorspoel na die leerders. Gelukkige opvoeders sal gelukkige leerders meebring. Dit is dus belangrik dat duidelike kommunikasiekanale tussen die skoolhoof en opvoeders gevestig moet word ten einde dieselfde persepsie van hul skoolklimaat te handhaaf. Huang, Cornell, Konold, Meyer, Lacey, Nekvasil, Heilbrun en Shukla (2015:844) wys juis daarop dat opvoeders ’n direkte invloed op skoolklimaat uitoefen deur leerders te motiveer, ’n ondersteunende omgewing te bied en eerbiediging van die skoolreëls te handhaaf.

Dikwels word ’n positiewe verband tussen die demokratiese leierskapstyl van die skoolhoof en ’n positiewe skoolklimaat getrek. Aan die ander kant word ’n negatiewe verband tussen die outokratiese leierskapstyl van die skoolhoof en ’n ongesonde skoolklimaat getrek. Opvoeders en leerders is dikwels meer entoesiasties en verbind tot die skool waar die skoolhoof ’n demokratiese leierskapstyl volg, terwyl opvoeders skole verlaat waar die hoof ’n outokratiese leierskapstyl volg wat tot ’n negatiewe skoolklimaat lei. Skoolleierskap en opvoeders se werksbevrediging verhoog die prestasie en doeltreffendheid in ’n onderrig-en-leer-situasie. Dit verhoog weer die doeltreffendheid van ’n skool as ’n organisasie asook leerderprestasie. ’n Verkeerde leierskapstyl en negatiewe skoolklimaat sal egter leerderprestasie verlaag.

Uit die voorgaande bespreking kan afgelei word dat die hoof se leierskapstyl ’n invloed op die vorming van sosiale kapitaal, en dus skoolklimaat, het. Terselfdertyd hou hierdie drie faktore verband met die prestasie in die skool. Noue kontak, goeie verhoudings (sosiale kapitaal) en ’n taakgerigte benadering (’n aspek van leierskap) dra by tot ’n positiewe klimaat, wat weer tot hoër akademiese prestasie lei.

3.5 Verband tussen akademies presterende skole, leierskapstyl en skoolklimaat

Uit bostaande bespreking blyk dit dat leierskapstyl, skoolklimaat en leerderprestasie met mekaar geïntegreer is. Soms sal leierskapstyl die belangrikste veranderlike wees en dan soms met klimaat en leerderprestasie afgewissel word. Die feit bly staan dat die drie veranderlikes nie losstaande van mekaar is nie. Carmon (2009) het geargumenteer dat die welslae wat leerders in hul akademie behaal, deur skoolhoofde toegeskryf word aan goeie opvoeders, terwyl die opvoeders dit toeskryf aan die leierskapstyl. Enersyds beweer skoolhoofde dus dat leerderprestasie van die opvoeders afhang, en andersyds beweer opvoeders dat dit van die skoolhoof se leierskapstyl afhang. Dus kan gesê word dat die opvoeders in die middel van die driehoek is en vanuit daardie hoekpunt die leierskapstyl, skoolklimaat en leerderprestasie beoordeel. Navorsing deur Hallinger (2018:19) dui daarop dat nie slegs een leierskapstyl kan lei tot die bevordering van leerderprestasie nie omdat effektiewe leierskapstyle in die konteks van die skool gesien moet word. Met ander woorde, die leierskapstyl kan aangepas word na gelang van die skoolkonteks. Die leierskapstyl kan in die konteks ontwikkel en selfs mettertyd verander. Aansluitend hierby glo Law, Lee, Wan, Ko en Hiruma (2014) dat skoolhoofde buigsaam moet wees in hul keuse van leierskapstyle soos die styl toepaslik kan wees vir die spesifieke situasie of konteks. Machumu en Kaitila (2014:60) is weer van mening dat die skoolhoof se leierskapstyl ’n invloed op die opvoeders se werksbevrediging (skoolklimaat) het. Skole waar ’n hoë vlak van werksbevrediging onder opvoeders ervaar word, presteer beter as skole waar ’n lae vlak van werksbevrediging onder opvoeders heers.

’n Kombinasie van die leierskapstyl, ’n gedissiplineerde omgewing (skoolklimaat), ’n positiewe benadering tot die onderrig-en-leer-proses, opvoeders se samewerking en toegewydheid, spanwerk, goeie verhoudinge tussen opvoeders en leerders, en die leerders se gesindheid teenoor onderwys kan tot positiewe leerderprestasie lei.

Daar is verskeie style wat skoolhoofde kan volg wat tot ’n positiewe skoolklimaat en leerderprestasie kan lei. In skole wat swak presteer en waar die klimaat ongesond is, kan onder andere die transformasionele, transaksionele en dienende leierskapstyle gevolg word. Heelwat studies oor hierdie drie style is deur verskeie outeurs gedoen (vgl. Tatlah en Iqbal 2012:795; Shatzer, Caldarella, Hallam en Brown 2014:454; Allen, Grigsby en Peters 2015:15). In ander studies, soos dié deur Shatzer e.a. (2014) en Shamaki (2015:202), is tot die gevolgtrekking gekom dat die onderrigleierskapstyl en demokratiese leierskapstyl ’n gunstiger invloed op die skool se akademiese prestasie het. Daar is dus nog nie volle eenstemmigheid onder navorsers oor welke styl die beste (kan) bydra tot die akademiese prestasie van die skool, en dus tot die doeltreffendheid van die skool nie.

’n Empiriese ondersoek is op grond van hierdie konseptueel-teoretiese raamwerk uitgevoer. Die buitelyne daarvan word in die volgende afdeling geskets.

 

4. Empiriese ondersoek

4.1 Navorsingsontwerp en -metode

Die ondersoek is vanuit ’n interpretivistiese benadering gedoen. Die basiese vertrekpunt van die interpretivisme is om menslike optrede of gedrag te verklaar met behulp van ’n subjektiewe interpretering van daardie sosiale optrede of gedrag (Pieterson en Maree 2010; McMillan en Schumacher 2010:6; Creswell 2012:8). Die interpretivistiese navorsingsparadigma is gepas vir die bestudering van leierskapstyle vir hierdie ondersoek. Sodoende word betekenis gegee aan die werklikhede van die deelnemers se daaglikse bestaan, hul ervarings en om die situasie waarin hulle hul bevind, verstaan en die betekenis geïnterpreteer. Voorts word kennis gekonstrueer deur die verskynsel wat sigbaar is en die menslike intensies, die beskrywing van die deelnemers se intensies waarin hulle glo, hul waardes en redes en die manier waarop hulle sin van iets maak en verstaan. Vanuit ’n ontologiese perspektief word die interpretivistiese paradigma beskryf as ’n subjektiewe vertolking van werklikheid en menslike optrede. Vanuit ’n epistemologiese perspektief beteken die interpretivistiese benadering dat gebeure of optrede van mense begryp word deur middel van ’n verstandelike en emotiewe interpretering daarvan.

Die interpretivistiese benadering vereis die toepassing van ’n kwalitatiewe metode van navorsing waar byvoorbeeld fenomenologiese studies vertolk en begryp word. In kwalitatiewe navorsing is navorsers geneig om veldaantekeninge te hou aangesien hulle aan die veldwerk deelneem. Die kwalitatiewe ontwerp leen hom daartoe dat die navorser in die natuurlike omgewing van die deelnemers data insamel. Met ’n kwalitatiewe ontwerp word induktiewe redenasie gebruik wat die toepassing van afleidings van spesifieke waarnemings in die natuurlike omgewing van die deelnemers behels (Mouton 2011). ’n Kwalitatiewe navorsingsmetode in die vorm van ’n fenomenologiese studie is in hierdie ondersoek aangewend. Deur ’n fenomenologiese studie word die perspektief van meer as een deelnemer gehoor, maar terselfdertyd word die siening van ander persone en hul interaksie waargeneem (Mouton 1990). Tydens die fenomenologiese studie word die deelnemers se persepsie en perspektief oor die leierskapstyl van die skoolhoof ontleed. Deur hierdie benadering te volg, is gepoog om insig te verkry in die persepsie en belewing van die skoolhoof as skoolleier, en in die proses ’n greep te kry op die skoolleierskapstyl wat die betrokke hoof gevolg het.

4.2 Doel van die ondersoek

Die doel van die ondersoek was om vas te stel of daar ’n sekere of ’n spesifieke leierskapstyl van skoolhoofde van akademies presterende skole is wat trefkrag op die klimaat van ’n skool het.

4.3 Studiepopulasie

Die steekproef moes aan twee kriteria voldoen, naamlik dat die skole vir meer as vyf jaar aaneenlopend ’n 100%-slaagsyfer in die Nasionale Seniorsertifikaat moes behaal het en dat die aantal graad 12-leerders meer as 120 moes wees. Die Departement van Basiese Onderwys (2016) se 2015-Nasionale Seniorsertifikaateksamen Skoleprestasieverslag is gebruik om die skole te identifiseer. Al die skole wat in Gauteng en die Wes-Kaap aan die twee kriteria voldoen het, is volgens die getal leerders wat die Nasionale Seniorsertifikaat vanaf 2011 tot 2015 geskryf en ’n 100%-slaagsyfer behaal het, gelys. Daarna is die skole volgens die getal leerders vanaf meeste tot minste geplaas. Die boonste agt skole (met die meeste leerders wat die Nasionale Seniorsertifikaat geskryf het) is vir die projek gekies. Uit die agt skole is twee uit Gauteng en twee uit die Wes-Kaap gekies. Indien ’n skool nie kon deelneem nie, is die volgende skool op die lys genader. Die vier betrokke skoolhoofde en die 12 opvoeders, dit wil sê 16 deelnemers altesaam, is genader om aan die ondersoek deel te neem. Die verloop van die navorsing en wat dit sou behels, is skriftelik aan die deelnemers gegee en die versekering is gegee dat hul identiteit, sowel as dié van die skole beskerm sou word sodat onnodige openbaarmaking van die inligting voorkom kon word. Anonimiteit van die skole en deelnemers is verseker. Deelname aan die navorsing was op ’n vrywillige basis en deelnemers kon hulle in enige stadium aan die navorsing onttrek en dit sou nie teen hulle gehou word nie. Dieselfde vrae is aan die skoolhoofde en opvoeders gevra om ’n breër persepsie van die belangrikheid van skoolklimaat en leierskapstyl te verkry. Vir Gay, Mills en Airasian (2011) is dit belangrik dat ’n kwalitatiewe steekproef klein moet wees en die individue weldeurdagte gedagtes aan die navorser moet kommunikeer om meer lig te werp op die verskynsel wat ondersoek word. Tog waarsku Mouton (2011:101) teen bevooroordeelde steekproewe as gevolg van baie heterogene bevolkings, die gebruik van niewaarskynlikheidsteekproefnemingstegnieke en te klein steekproefgroottes. In hierdie studie is gepoog om deur die klein steekproef die skole te identifiseer wat uitsonderlik as groot skole op akademiese gebied presteer.

4.3.1 Skole inligting

Die inligting van die vier skole word in ’n tabel per skool weergegee, sonder om na die spesifieke skole te verwys, ten einde anonimiteit te probeer verseker. Daar word na skool A, skool B, skool C en skool D verwys.

Tabel 1. Biografiese inligting van die skole

  Aantal NS-leerders per jaar gemiddeld oor 5 jaar Hoof Opvoeders Opvoeders se ervaring
Skool A 311 Manlik >20 jaar ervaring Manlik en vroulik >5 jaar
Skool B 132 Manlik >20 jaar ervaring Manlik en vroulik >10 jaar
Skool C 175 Manlik >20 jaar ervaring Manlik en vroulik >7 jaar
Skool D 158 Manlik >10 jaar ervaring Manlik en vroulik >3 jaar

 

Daar is spesifiek gevra dat die deelnemers se jare ervaring moes verskil om ’n beter perspektief van die hoof se leierskap te kry.

4.4 Data-insameling, -ontleding en etiese aspekte

Semigestruktureerde onderhoude is met die 16 deelnemers gevoer sodat hulle hul belewenis van skoolhoofleierskap vrylik kon gee (vgl. Creswell 2012). Die onderhoude is individueel gevoer en het ongeveer ’n uur elk geduur. Om die deelnemers op hul gemak te stel is eers aan hulle verduidelik waaroor die projek gaan en daarna is die vrae aan hulle gestel. Die onderhoude is per oudioband opgeneem. Al die onderhoude is deur die navorser getranskribeer en gestoor. Daarna is die getranskribeerde onderhoude deurgelees en is daar weer na die onderhoude geluister waar die transkripsies nie duidelik was nie. Die getranskribeerde onderhoude is weer eens deurgelees om ’n geheeloorsig te kry. Ooreenkomste in die antwoorde van die deelnemers is gegroepeer om ’n geheelbeeld te kry van die skoolhoof se leierskapstyl en die invloed daarvan op skoolklimaat en skoolprestasie. Daarna is die getranskribeerde onderhoude weer deurgelees om die data te dekodeer. Die data is deur die induktiewe data-ontledingsproses ontleed, waarna dit gekodeer en in subtemas gekategoriseer is. Deur die induktiewe metode van data-ontleding skep die navorser betekenis uit die data deur met spesifieke data te begin en met kategorieë en patrone te eindig. Op hierdie manier kom meer algemene temas en gevolgtrekkings uit die data na vore. Sodoende word veelvoudige realiteite wat moontlik in die data teenwoordig kan wees, geïdentifiseer (McMillan en Schumacher 2010:366). Onder die subtemas is kategorieë gevorm. Ontluikende patrone, assosiasies, ooreenkomste, teenstrydighede en konsepte is gevorm. Dit is belangrik dat daar vanuit die breë temas ’n groter prentjie voortgebring word om die verskynsel wat ondersoek word, beter te verstaan (Creswell 2012:8).

Die navorsingsvoorstel is vir goedkeuring voorgelê aan die Navorsingskomitee en die Etiekkomitee van die Fakulteit van Opvoedkunde van ’n Suid-Afrikaanse universiteit. Die nodige toestemming is van die Gautengse en die Wes-Kaapse Departemente van Onderwys verkry. Die skoolhoofde van die onderskeie skole se toestemming is ontvang en die nodige dokumentasie rakende vrywaring, anonimiteit en vrywilligheid is aan die skoolhoofde en opvoeders gestuur sodat hulle bewus kon wees van die vertroulikheid en privaatheid van die navorsing. Die deelnemers is deurentyd verseker dat geen name van die deelnemers of die skool ter sprake in enige dokument of publikasie genoem sou word nie.

4.5 Betroubaarheidsoorwegings

Die navorsingsontwerp wat gevolg is, het die voordeel dat dieper insig in die leierskapstyle van die vier betrokke skoolhoofde, en die impak daarvan op skoolklimaat en skoolprestasie, verkry kon word. Ander skoolhoofde kan dalk ook met vrug uit hul voorbeeld leer; wesenlike afleidings is dus wel uit die bevindings moontlik (vgl. Wang, Lei, Xiong en Marek 2013). Die getranskribeerde data is aan medenavorsers gegee om te lees en hul eie temas, subtemas en kategorieë te vorm. Die data is vergelyk met die oorspronklike temas, subtemas en kategorieë van die navorsers om ooreenkomste en verskille te identifiseer. Aangesien die steekproef klein was, kon geen veralgemening uit die ondersoek gemaak word nie en was die afleidings slegs op die vier skole van toepassing. Tog kon ’n dieper insig oor die leierskap en veral die leierskapstyl van die skoolhoof se invloed op die klimaat van die skool waargeneem word.

5. Bevindinge

Die vier skole was almal kwintiel 5-skole,2 wat beteken dat hulle in goeie sosio-ekonomiese gebiede geleë is. Al die skole het meer as 1 000 leerders. Al vier die skole het meer as vyf jaar ’n 100%-slaagsyfer tydens die Nasionale Seniorsertifikaateksamen behaal. Die skoolhoofde was almal mans, terwyl die personeellede mans en vroue was. Die jare ondervinding van die personeellede het gewissel van een tot 35 jaar. Uit die onderhoude het dit geblyk dat die skoolhoofde meer ingelig was oor die verskillende tipes leierskapstyle, terwyl die opvoeders slegs met die outokratiese, demokratiese, deelnemende en transformasionele leierskapstyle bekend was. Wat skoolklimaat betref, was die skoolhoofde en opvoeders vertroud met die konsep en het dit duidelik verstaan. Die skoolhoofde en opvoeders was ook vertroud met die begrip akademies presterende skool en kon die verband tussen die leierskapstyl van die skoolhoof, skoolklimaat en akademiese prestasie sien en beskryf.

5.1 Leierskapstyle

Op die vraag watter styl die skoolhoofde volg, het al vier die skoolhoofde laat blyk dat hulle nie net een leierskapstyl volg nie. Alhoewel hulle bekend was met ander leierskapstyle, het hulle laat blyk dat hulle hoofsaaklik die demokratiese en outokratiese leierskapstyle volg, maar dat die situasie die styl bepaal. Al vier het laat blyk dat hulle die demokratiese styl volg ten opsigte van beplanning, besluitneming, probleemoplossing en algemene effektiewe funksionering van die skool. Twee het daarop gewys dat hulle met aandag na probleme luister, saam met opvoeders oor oplossings besin en hulle ondersteun. “If they need advice I’m obviously here for them” (skoolhoof C).

Die skoolhoofde is dit eens dat kommunikasie en delegering van belang is, sowel as ondersteuning deur die skoolhoof. Hulle het laat blyk dat alhoewel hulle nie ’n definitiewe styl volg nie, maar die styl deur die situasie gelei word, hulle tog die demokratiese styl as hul primêre styl sou erken.

Die styl wat die skoolhoofde volg, is duidelik deur die opvoeders beskryf. Dit is duidelik dat die opvoeders dit eens was dat die hoofde die demokratiese styl volg:

Hy sal altyd luister na voorstelle wat ’n mens het en altyd besluite neem rakende dit ... (Deelnemer E)

Hy hoor wat jy te sê het en hy gee toe waar hy moet, maar hy sal streng genoeg wees om te sê wanneer dit nie toegegee moet word nie. (Deelnemer F)

Die opvoeders en skoolhoofde se mening dat die skoolhoofde die demokratiese styl volg, stem ooreen. Wat opvallend is, is dat die deelnemers uit die verskillende skole dieselfde sentiment deel, naamlik dat die skoolhoofde luister na hul voorstelle.

Die outokratiese leierskapstyl het ook na vore gekom; hier het die hoofde verskillende ervarings oor die styl gedeel. Volgens skoolhoof A gebruik hy die outokratiese styl wanneer die funksionering van die skool in gedrang kom:

... moet ek ’n bietjie outokraties wees en sê: “Nee, ek het mos nou gesê dis hoe dit werk. Ons het mos nou klaar konsensus gekry [sic] daaroor en dit stop nou hier.” (Skoolhoof A)

Daar is tye wat mens sê: “Okay, that’s it because I say so.” (Skoolhoof C)

Selfs in skole waar dit ooglopend baie goed gaan, moet die hoof soms gesag aan die dag lê en ’n besliste standpunt inneem. Dit is duidelik dat die hoofde die outokratiese styl as ’n positiewe dryfveer gebruik.

Hoewel die outokratiese leierskapstyl oor die algemeen as negatief ervaar word, het die opvoeders ’n meer positiewe siening oor die outokratiese leierskapstyl van die skoolhoofde gehad:

... hy tree definitief soms outokraties op, veral as dit ’n probleem was en hy weet dat dit is die oplossing, sal hy daar sy standpunt hou, maar hy sal ook verduidelik hoekom hy dit so doen. ... 80% van die mense gaan almal saamstem dit is dan hoe dit gedoen moes word. Dis die redes en dis goeie redes. (Deelnemer J)

Nie een van die skoolhoofde was bekommerd daaroor om hul skole in die hande van die bestuur te laat nie. Dus speel vertroue ’n baie groot rol en daarom kan die hoofde die demokratiese leierskap ten volle benut –

My adjunkhoofde weet hulle is iemand wat moet weet wat hulle doen, hoe dit gedoen moet word en dan moet hulle gereeld vir my vra waarom – waarom moet ons dit doen, nie hóé nie ... (Skoolhoof A)

Oor die demokratiese leierskapstyl het Deelnemer M die volgende persepsie:

So, daar is hy baie demokraties. Hy het sy drie onderhoofde – een vir akademie, een vir ekstra-kurrikulêr, een vir pastoraal. Hy adviseer hulle, maar verder is dit ... Dit is hulle area om te bestuur.

Hierdie aanhalings stel die demokratieseleierskapstyl in ’n positiewe lig, maar terselfdertyd moet genoem word dat die prosesse in die regte plek moet wees, soos wat skoolhoof A opgemerk het.

Die bevindinge rondom die demokratiese leierskapstyl sluit aan by Jay (2014) se opmerking dat wanneer die demokratiese leierskapstyl deur die skoolhoof gevolg word, die opvoeders gemotiveerd is. Dit dra by tot prestasie en verbeter die kwaliteit van onderwys wat aan die leerders gegee word.

5.2 Skoolklimaat

Die deelnemers het saamgestem dat skoolklimaat begin met die eerste waarneming wanneer ’n mens by ’n skool instap. Dan word dit verder in die tradisie, atmosfeer en verhoudings binne die skool vergestalt. Die skoolhoofde merk op dat ’n positiewe klimaat geskep word wanneer almal deelneem en ingelig is oor ’n saak. Dit is die inkoop op ’n idee en die geleentheid wat elkeen het om te mag verskil en ’n bydrae te mag lewer. Skoolhoof C is egter van mening dat skoolklimaat by die entoesiasme van die opvoeders begin. Skoolhoof D vat die kruks van skoolklimaat mooi saam:

... it’s an enigmatic thing I think, because it’s a mixture of a number of different things and obviously part of your formula is that you’re bringing kids from various communities into one place and those communities are also mixed with mixed attitudes, mixed political views, mixed views on parenting – you know broken homes, religious homes.

Dit is opvallend dat die hoofde die krediet vir ’n positiewe skoolklimaat nie aan hulself gee nie. Vir hulle lê ’n positiewe skoolklimaat in verskeie faktore opgesluit, soos die nuwe leerders wat die skool betree, die entoesiasme van die opvoeders, die betrokkenheid van die ouers en dan ook goeie verhoudinge tussen die belanghebbendes. Tog is al die hoofde van mening dat ’n positiewe skoolklimaat by die opvoeders begin.

Die waarnemings van die opvoeders sluit aan by dié van die skoolhoofde. Skoolklimaat hou verband met die samehorigheid van die personeel en veiligheid. Die skoolklimaat is baie belangrik aangesien geesdrif en positiwiteit oorspoel na die leerders en dan weer ’n invloed het op hul akademiese prestasies. Deelnemer I verwys na soos volg: “... op die ou end is dit ’n hele integrale samewerking wat bepaal wat is die sukses of dan nou die mislukking.”

Andersyds voel sommige deelnemers dat eksterne faktore die skoolklimaat bepaal: die tuine, stoepe, toegang tot kantore en vriendelike ontvangsdames maak die verskil tussen ’n positiewe en negatiewe skoolklimaat. Die deelnemers het elkeen hul eie persepsie van skoolklimaat, maar die kern daarvan lê opgesluit in kommunikasie, samewerking en verhoudinge. Deur goeie kommunikasie, samewerking en verhoudinge word eenheid versterk, wat lei tot positiwiteit wat deur die hele skool ervaar word.

Skoolklimaat word dus verskillend ervaar en waargeneem. Hetsy dit die hoof of opvoeders is wat hoofsaaklik tot ’n positiewe skoolklimaat bydra, is dit belangrik dat alle rolspelers in die skool ’n positiewe skoolklimaat behoort te ervaar. Cardina en Fegley (2016) lê klem daarop dat skoolklimaat, met gepaardgaande sosiale verhoudings tussen rolspelers, belangrik is, veral wanneer akademiese prestasie ter sprake is.

5.3 Leierskapstyl en skoolklimaat

Deur ’n styl van ondersteuning te volg betrek die hoofde die personeel. Inderwaarheid volg die hoofde dus ’n deelnemende leierskapstyl wat personeellede aanmoedig om medeverantwoordelik te wees vir sake. Skoolhoof B het dit gestel dat die deelnemende leierskapstyl en klimaat soos volg daar uitsien:

... om dinge vir jou makliker te maak en mense te akkommodeer van verskillende persoonlikhede, verskillende sieninge en rigtings waarin hulle gaan, om hulle bymekaar te kry en hulle te oortuig en te motiveer om in een rigting saam te trek en saam te werk om die einddoel waarvoor ’n skool daar is, en dit is om kinders te onderrig en op te voed, en vandag se tyd is opvoeding ...

Die deelnemers het laat blyk dat die demokratiese leierskapstyl van die skoolhoof die skoolklimaat bepaal. Die feit dat hulle hul mening mag lug, deel is van probleemoplossings, daar na hulle geluister word en hulle voorstelle mag maak, skep ’n gevoel van bemagtiging, wat weer tot werksbevrediging lei en ’n positiewe werksklimaat skep. Deelnemer E het dit so gestel:

Leierskap[styl] is waar alles begin, want almal begin hulle oggend in die personeelkamer en as jy daar nie lekker begin nie, dan gaan jy klas toe en die kinders is daarso en dan voel jy nie lekker nie en dan voel die kinders dit en dan is hulle ook. Ek dink dit gaan so ... So, ek dink alles begin letterlik by die hoof. Hy besluit hoe vandag gaan wees.

Uit die onderhoude het dit geblyk dat die skoolhoofde oor integriteit, deursigtigheid en regverdigheid beskik. Die eienskappe het in hul style na vore gekom, hetsy outokraties, demokraties of deelnemend. Die deelnemers was van mening dat dié eienskappe daartoe gelei het dat die skole oor ’n positiewe skoolklimaat beskik en dat dit indirek die rede was dat hul skole akademies onderskeidelik goed presteer.

In enige organisasie speel die optrede van die leier ’n bepalende faktor ten opsigte van die milieu. Skoolhoofde as leiers het ’n invloed op die werksomgewing van die opvoeders, soos uit die bevindinge waargeneem is. Dit stem ooreen met Cardina en Fegley (2016) se mening dat die skoolhoof se styl en ’n positiewe klimaat nie geskei kan word nie.

5.4 Leierskapstyl, skoolklimaat en skoolsukses

Alhoewel die deelnemers nie pertinent na prestasie en doeltreffendheid verwys het nie, het hul waarnemings tog aangedui waarom hul skole effektief is en akademies so goed presteer, naamlik dat hul skole oor opgeleide en voorbereide opvoeders beskik, die skole ’n holistiese benadering volg en daar ’n leerkultuur in die skole heers. Terselfdertyd het hulle dit toegeskryf aan die skoolhoof se leierskap en styl. Die volgende is deur die deelnemers opgemerk:

Dis vir my regtig een van die belangrikste goed en dat daar ’n ingestelde sisteem is waarvolgens ons werk. Dit moet nie net raak en vat en weet nie waar of kan ek hier of hier kan nie. Dis vir my belangrik dat daar ’n sisteem is wat ons kan volg om daai klimaat tussen die opvoeders, ensovoorts, sodat dit kan floreer. (Deelnemer H)

Ek kan sien hy’t gaan navorsing doen oor wat nie gewerk het nie en dan het hy vir ons kom sê: “Julle weet, laas jaar was daar moeilikheid met dit en dit.” (Deelnemer H)

Sy bestuursvermoë. Hy’t baie goeie bestuursvermoë en leierskapvermoë. Hy’s regtig goed met besluite. Hy neem nie impulsiewe besluite nie; hy dink mooi daaroor en ons as opvoeders of ek – ek weet nie hoe die ander voel nie – voel altyd veilig oor ’n besluit wat hy neem vir die skool. (Deelnemer H)

Ek dink dit gaan oor lojaliteit. Ek dink nie dit gaan oor voordeel nie. Ek dink Meneer is die een wat vir ons altyd die voorbeeld sal stel van ek is bereid om te gaan; ek sal daar wees en hy is net op soveel terreine betrokke ... (Deelnemer I)

If you look at the way we’re structured ... If he’s taking ownership for the structure of the staff, of all the sub-committees, the parents and that – if he is in charge of that structure, I’ll give it to him. (Deelnemer O)

Tydens die onderhoude het die opvoeders dus laat blyk dat hulle positief teenoor hul skoolhoofde is. Dit kan toegeskryf word aan die feit dat hulle die nodige ondersteuning kry om hul onderrig en leer voldoende te kan doen, veral omdat hulle hul skole as “geoliede masjiene” beskryf. Die skoolhoofde belê in hul opvoeders omdat hulle hul personeel as die fondament vir doeltreffendheid beskou. Prestasie word ook duidelik as doelwit uitgespel in hierdie goedpresterende skole. Een van die skoolhoofde het laat blyk dat “die matrieks hoë prioriteit kry”. Dit het ook duidelik na vore gekom dat die demokratiese, outokratiese en deelnemende leierskapstyle op verskillende tye en in verskillende konfigurasies en kombinasies belangrik is vir doeltreffendheid en prestasie.

Alhoewel volgelinge die begrippe leierskapstyl, klimaat en sukses uiteenlopend vertolk, blyk dit tog dat die drie veranderlikes verband met mekaar hou. Dit stem ooreen met Machumu en Kaitila (2014:796) se bevindinge dat die skoolhoof se leierskapstyl ’n invloed op die opvoeders het, wat weer oorspoel na die leerders en bepalend is of akademiese prestasie die gevolg is.

 

6. Gevolgtrekking

Die ondersoek het aan die lig gebring dat skoolklimaat en leierskapstyl ’n belangrike rol speel op mesovlak. Omdat die skoolhoof in verhoudinge met die opvoeders en leerders staan (en sodoende kan bydra tot die bou van sosiale kapitaal), het die styl van die skoolhoof ’n invloed op hierdie verhoudinge. Die styl van die skoolhoof bepaal die gesindheid van die opvoeders en leerders, wat op sy beurt ’n invloed op die klimaat van die skool het. Alhoewel skoolklimaat al baie dekades nagevors word, bly dit vandag steeds relevant in Suid-Afrikaanse skole en heg skoolhoofde en personeellede baie waarde daaraan. Dit is egter belangrik dat die hele personeel dieselfde gedagtes oor skoolklimaat moet koester. Skoolklimaat verander ook jaarliks met die innames van nuwe leerders en moet dus aangepas word om die hele skool te akkommodeer met betrekking tot idees, behoeftes en oortuigings. In die proses kan ’n positiewe skoolklimaat gehandhaaf word. Dit is egter ook belangrik dat die waarnemings van skoolhoofde en opvoeders dieselfde moet wees ten opsigte van skoolklimaat. Met ander woorde, die nuwe idees, behoeftes en oortuigings wat in die skool ingebring word, moet aanvaarbaar vir sowel die skoolhoofde as die opvoeders wees. Die rol van die skoolhoof in skoolklimaat moet nie uitgesluit word nie; inteendeel, soos die sosialekapitaalteorie suggereer, is die rol wat die skoolhoof in die skep van ’n positiewe skoolklimaat speel, van uiterste belang. Die manier waarop die skoolhoof sy leierskapstyl in die proses van vorming van sosiale kapitaal uitvoer, bepaal hoe die skoolklimaat sal wees. Aangesien ’n positiewe skoolklimaat so ’n belangrike rol speel in die welslae van ’n skool, is dit belangrik dat die skoolhoof se leierskapstyl dienooreenkomstig aangepas moet word om ’n positiewe skoolklimaat te handhaaf.

In hierdie navorsing het die skoolhoofde en opvoeders dieselfde of soortgelyke waarnemings aangaande die skoolhoofde se style (outokraties, demokraties en deelnemend) gehad, wat daarop dui dat daar goeie kommunikasie tussen die skoolhoofde en opvoeders is. Die skoolhoofde het dit duidelik gestel dat die drie style gevolg word met die uitsluitlike doel om akademiese prestasie en skooldoeltreffendheid te bevorder. Volgens Tatlah en Iqbal (2012) is dit noodsaaklik dat skoolleiers effektiewe leierskapstyle moet volg om akademiese uitmuntendheid te skep. Alhoewel navorsers nog nie eenstemmigheid het oor welke styl die beste (kan) bydra tot akademiese prestasie en doeltreffendheid nie, wil dit tog voorkom asof die drie style wat in hierdie ondersoek na vore gekom het, wél tot akademiese prestasie en skooldoeltreffendheid lei. Nie alleen het die skoolhoofde pertinent na die demokratiese, outokratiese en deelnemende style, wat situasioneel gebruik word, verwys nie, maar ook het die opvoeders saamgestem dat hierdie drie style deur die skoolhoofde gevolg word en dat hulle as sosialekapitaalbou-instrumente tot voordeel van die skool en die klimaat daarvan strek.

 

7. Aanbevelings

Leierskapstyl, skoolklimaat en leerderprestasie is onlosmaaklik ineengestrengel. Skoolhoofde en opvoeders moet hulle vergewis van die nuutste leierskapstyle sodat die hoofde se optrede (soos deur hul leierskapstyle tot praktyk gemaak) deursigtig vir die opvoeders kan wees. In situasies waar ’n skoolhoof ’n besliste besluit binne ’n bestek van ’n paar minute moet neem en beraadslaging met die bestuur van die skool nie moontlik is nie, kan die skoolhoof die outokratiese leierskapstyl volg. Dit moet egter vir die opvoeders verstaanbaar wees waarom die styl op die gegewe oomblik gevolg word. Deur deursigtigheid word goeie verhoudinge bevorder, waardeur sosiale kapitaal in die skool gevorm word en wat gevolglik die klimaat van die skool positief kan beïnvloed. Skoolklimaat speel al hoe meer ’n belangrike rol in skole. Veiligheid, geborgenheid en aanvaarding vir “wie mens is” raak al hoe belangriker. Daarom behoort hoofde ’n daadwerklike poging aan te wend om elke rolspeler te akkommodeer en te ondersteun en ’n veilige hawe te skep. Wanneer die skoolhoof ’n leierskapstyl volg wat in ’n spesifieke konteks en situasie aanvaarbaar is, word die skoolklimaat positief beïnvloed. Die konteks hou verband met die ligging van die skool, die gemeenskap en die oortuigings, waardes en norme van daardie spesifieke skool. Dus word aanbeveel dat die skoolhoofde hulself vergewis van die konteks en dus nie lukraak leierskapstyle volg soos wat hulle goeddink nie, maar die konteks en situasie in gedagte hou. Wat as ’n aanvaarbare leierskapstyl in een konteks aanvaar word (byvoorbeeld waar die outokratiese styl in ’n skool gevolg word waar chaos kan uitbreek indien ’n ander styl gevolg sou word), is nie noodwendig gunstig in ’n ander konteks nie. ’n Kultuur van vertroue moet geskep word waar opvoeders die styl van die skoolhoof sal aanvaar. In tye van daadwerklike verandering behoort die opvoeders die hoofde te vertrou wanneer die transformasionele styl gevolg word. Daarbenewens moet verhoudinge versterk word sodat skoolhoofde, opvoeders en leerders saamwerk om ’n positiewe skoolklimaat te skep. Slegs wanneer die skoolhoof ’n leierskapstyl volg wat doeltreffend is, kan sosiale kapitaal gevorm word en daardeur ’n positiewe skoolklimaat geskep word, wat opvoeders sal aanmoedig om ’n kultuur van onderrig en leer te skep wat op sy beurt kan lei tot beter akademiese prestasie.

 

8. Ten slotte

In tye waarin geweld, mishandeling en misdaad aan die orde van die dag is, behoort elke skool na sy leerders, die toekomstige leiers van die land, om te sien. Skole behoort die plek te wees waar leerders hulself kan uitleef en gelukkig en vry kan wees. Die volg van ’n doeltreffende leierskapstyl waardeur ’n gewenste skoolklimaat geskep word, kan daartoe lei dat leerders, ook en veral akademies, vir die lewe voorberei word. Akademiese prestasie kan in ’n skool bereik word alleen waar leiers hul volgelinge koester.

 

Bibliografie

Ahmad, M. en M. Dilshad. 2016. Leadership styles of public schools’ heads in Punjab: A teacher’s perspective. Pakistan Journal of Social Sciences, 36(2):907–16.

Allen, N., B. Grigsby en M.L. Peters. 2015. Does leadership matter? Examining the relationship among transformational leadership, school climate, and student achievement. International Journal of Educational Leadership Preparation, 10(2):1–22.

Allie, F. 2014. The influence of school principals’ leadership styles on the effectiveness of schools. MEd-verhandeling, Cape Peninsula University of Technology.

Alsaeedi, F. en T. Male 2013. Transformational leadership and globalization: Attitudes of school principals in Kuwait. Educational Management Administration & Leadership, 41(5):640–57.

Amanchukwu, R.N., G.J. Stanley en N.P. Ololube. 2015. A review of leadership theories, principles and styles and their relevance to educational management. Management 2015, 5(1):6–14.

Arokiasamy, A.R.A., A.G.K. Abdullah, M.Z.A. Shaari en A. Ismail. 2016. Transformational leadership of school principals and organizational health of primary school teachers in Malaysia. 5th International Conference on Leadership, Technology, Innovation and Business Management. Procedia – Social and Behavioral Sciences, 229:151–7.

Boonla, D. en S. Treputtharat. 2014. The relationship between the leadership style and school effectiveness in school under the office of secondary education area 20. 5th International Conference on Leadership, Technology, Innovation and Business Management. Procedia – Social and Behavioral Sciences, 112:991–6.

Botha, R.J. 2013. The need for creative leadership in South African Schools. African Studies, 72(2):307–20.

—. 2017. The key attributes of inquiry-based learning: Towards effectiveness in South Africa. GAI International Academic Conferences Proceedings, 2017, Prague International Academic Conference, 7–10 Mei 2017. Praag, Tsjeggië.

Bourdieu, P. 1986. Forms of capital. In Richardson 1986.

Bronfenbrenner, U. 1977. Toward an experimental ecology of human development. American Psychologist, 32(7):513–31.

Bush, T. en D. Glover. 2014. School leadership models: What do we know? School Leadership en Management, 34(5):553–71.

Cardina, C.E. en J.M. Fegley. 2016. Attitudes towards teaching and perceptions of school climate among health education teachers in the United States, 2011–2012. Journal of Health Education Teaching, 7(1):1–14.

Carmon, W.R. 2009. High school principals in beating the odds schools: Using successful leadership practices to increase student achievement. PhD-proefskrif, Chapel Hill, Universiteit van Noord-Carolina.

Chandra, T. en P. Priyono. 2016. The influence of leadership styles, work environment and job satisfaction of employee performance – Studies in the School of SMPN 10 Surabaya. International Education Studies, 9(1):131–40.

Chen, L., S. Fukuda-Parr en E. Seidenstricker (reds.). 2003. Human insecurity in a global world. Cambridge: Harvard University Press.

Child, K. 2018. Cutting through the matric results spin – real facts. Sunday Times, 6 Januarie. https://www.timeslive.co.za/news/south-africa/2018-01-06-cutting-through-the-matric-results-spin-the-real-facts (10 Mei 2018 geraadpleeg).

Cohen, J., E.M. McCabe, N.M. Michelli en T. Pickeral. 2009. School climate: Research, policy, practice, and teacher education. Teachers College Record, 111(1):180–213.

Coletta, N.J. 2003. Human security, poverty, and conflict: Reform of international financial institutions. In Chen, Fukuda-Parr en Seidenstricker (reds.) 2003.

Creemers, B.P.M. 1996. The school effectiveness knowledge base. In Stoll, Lagerweij, Reynolds, Bollen, Hopkins en Creemers (reds.) 1996.

Creemers, B.P.M. en G. van der Werf. 2000. Economic viewpoints in educational effectiveness: Cost-effectiveness analysis of an educational improvement project. School Effectiveness and School Improvement, 11(3):361–84.

Creemers, B.P.M., D. Reynolds, G. Schaffer, S. Stringfield en C. Teddlie (reds.). 2002. World class schools: International perspectives on school effectiveness. New York en Londen: RoutledgeFalmer.

Creswell, J.W. 2012. Educational research. Planning, conducting, and evaluating quantitative and qualitative research. 4de uitgawe. Boston: Pearson Education.

Dampson, D.G. en E.A. Frempong. 2018. The “push and pull” factors of distributed leadership: Exploring views of head teachers across two countries. Asian Journal of Education and Training, 4(2):121–7.

Department van Basiese Onderwys. 2016. Nasionale Seniorsertifikaateksamen Skoleprestasieverslag A. Pretoria: Department of Education Press.

Eranil, A.K. en F.M. Özbilen. 2017. Relationship between school principals’ ethical leadership behaviours and positive school climate practices. Journal of Education and Learning,
6(4):100–12.

Flora, C. 1997. Building social capital: The importance of entrepreneurial social infrastructure. http://www.ncrcrd.iastate.edu/newsletter/june97/build-soc-capital.html (13 September geraadpleeg).

Fukuyama, F. 1996. Trust: The social virtues and the creation of prosperity. New York: Free Press.

—. 1999. Social capital and civil society. Paper presented at the IMF Conference on Second Generation Reforms, The Institute of Public Policy, George Mason University, 1 Oktober.

Gay, L.R., G.E. Mills en P. Airasian. 2011. Educational research. Competencies for analysis and application. Boston: Pearson Education International.

Güngör, S.K. 2016. The prediction power of servant and ethical leadership behaviours of administrators on teachers’ job satisfaction. Universal Journal of Educational Research, 4(5):1180–8.

Hallinger, P. 2018. Bringing context out of the shadow of leadership. Educational Management Administration and Leadership, 46(1):5–24.

Hallinger, P., L. Brickman en K. Davis. 1996. School context, principal leadership, and student reading achievement. The Elementary School Journal, 96(5):527–49.

Hofman, R.H. 1995. Contextual influences on school effectiveness: The role of school boards. School Effectiveness and School Improvement, 6(4):308–31.

Hofman, R.H. en W.H.A. Hofman. 2001. School choice, religious traditions and school effectiveness in public and private schools. International Journal of Education and Religion, 2:144–64.

—. 2011. Smart management in effective schools: Effective management configurations in general and vocational education in the Netherlands. Educational Administration Quarterly, 47(4):620–45.

Howie, S.J., C. Combrinck, K. Roux, M. Tshele, G.M. Mokoena en M. Palane. 2016. PIRLS Literacy 2016: South African Highlights Report.

Huang, F.L., D.G. Cornell, T. Konold, J.P. Meyer, A. Lacey, E.K. Nekvasil, A. Heilbrun en K.D. Shukla. 2015. Multilevel factor structure and concurrent validity of the teacher version of the Authoritative School Climate survey. Journal of School Health, 85(12):843–51.

Jay, A. 2014. The principals’ leadership styles and teachers’ performance in general secondary schools of Gambella regional state. MEd-verhandeling, Institute of Education and Professional Development Studies, Jimma.

Kurland, H., H. Peretz en R. Hertz-Lazarowitz. 2010. Leadership style and organizational learning: The mediate effect of school vision. Journal of Educational Administration, 48(1):7–30.

Law, E.H.F., J.C.K. Lee, S.W.Y. Wan, J. Ko en F. Hiruma. 2014. Influence of leadership styles on teacher communication networks: a Hong Kong case study International Journal of Leadership in Education, 17(1):40–61.

Leiva, M.V., C. Montecinos, L. Ahumada, F. Campos en S. Guerra. Novice principals’ instructional management practices in high poverty, low performing schools in Chile. Procedia – Social and Behavioral Sciences, 237:3–9.

Machumu, H.J. en M.M. Kaitila. 2014. Influence of leadership styles on teachers’ job satisfaction: A case of selected primary schools in Songea and Morogoro districts, Tanzania. International Journal of Educational Administration and Policy Studies, 6(4):53–61.

Margolis, J.A. en J.C. Ziegert. 2016. Vertical flow of collectivistic leadership: An examination of the cascade of visionary leadership across levels. The Leadership Quarterly, 27:1–15.

McMillan, J.H. en S. Schumacher. 2010. Research in education. Evidence-based inquiry. 7de uitgawe. New Jersey: Pearson Education.

Merki, M.K., M. Emmerich, en M. Holmeier. 2015. Further development of educational effectiveness theory in a multilevel context: From theory to methodology and from empirical evidence back to theory. School Effectiveness and School Improvement, 26(1):4–9.

Michael en Susan Dell-stigting. 2013. Success by numbers. How using data can unlock the potential of South Africa’s R-12 public school system. https://www.dbedashboard.co.za/timeline/content/media/SuccessByNumbers.pdf (13 Desember 2017 geraadpleeg).

Miron, B.J. 2014. School principal influence actions, climate, culture, and school performance. PhD-proefskrif, Florida Atlantic University, Boca Raton.

Misra, K., P.W. Grimes en K.E. Rogers. 2013. The effect of community social capital on school performance: A spatial approach. The Journal of Socio-Economics, 42:106–11.

Mouton, J. 1990. Basiese begrippe: Metodologie van die geesteswetenskappe. Pretoria: Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing.

—. 2011. How to succeed in your master’s and doctoral studies. A South African guide and resource book. Pretoria: Van Schaik.

Neal, J.W. en Z.P. Neal. 2013. Nested or network? Future directions for ecological systems theory. Social Development, 22(4):722–37.

Odendal, F.F. en R.H. Gouws. 2011. Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Pinelands: Maskew Miller Longman.

Peschar, J.L. en M. van der Wal. 2000. World class schools: Some preliminary findings from the International School Effectiveness Project. Lisse: Swets en Zeitlinger.

Pieterson, J. en K. Maree. 2010. First steps in Research. Pretoria: Van Schaik.

Pietsch, M. en P. Tulowitzki. 2017. Disentangling school leadership and its ties to instructional practice – an empirical comparison of various leadership styles. School Effectiveness and School Improvement, 28(4):629–49.

Putnam, R.D. 2000. Bowling alone: The collapse and revival of the American community. New York: Simon & Schuster.

Reezigt, G.J. (red.). 2001. A framework for effective school improvement. Final report of the ESI project. GION, Institute for Educational Research, Universiteit van Groningen.

Reynolds, D. 2006. World class schools: Some methodological and substantive findings and implications of the International School Effectiveness Research Project (ISERP). Educational Research and Evaluation, 12(6):535–60.

—. 2002. Creating world class schools. What have we learned? In Creemers, Reynolds, Schaffer, Stringfield en Teddlie (reds.) 2002.

Richardson, J. 1986. Handbook of theory and research for the Sociology of Education. Westport, Connecticut: Greenwood.

Shamaki, E.B. 2015. Influence of leadership style on teacher’s job productivity in public secondary schools in Taraba State, Nigeria. Journal of Education and Practice, 6(10):200-3. www.iiste.org (10 Januarie 2018 geraadpleeg).

Shatzer, R.H., P. Caldarella, P.R. Hallam en B.L. Brown. 2014. Comparing the effects of instructional and transformational leadership on student achievement: Implications for practice. Educational Management Administration & Leadership, 42(4):445–59.

Sirotnik, K.A. en J. Oakes (reds.). 1986. Critical perspectives on the organization and improvement of schooling. Boston: Nijhoff Publishing.

Sirotnik, K. en J. Oakes. 1986. “Critical inquiry for school renewal: Liberating theory and practice.” In Sirotnik en Oakes (reds.) 1986.

Smith, M.K. 2007. Social capital, the encyclopedia of informal education. http://www.infed.org/biblio/social_capital.htm (13 September 2008 geraadpleeg)

Spaull, N. en J. Kotze. 2015. Starting behind and staying behind in South Africa. The case of insurmountable learning deficits in mathematics. International Journal of Educational Development, 41:13–24.

Stoll, L., N. Lagerweij, D. Reynolds, R. Bollen, D. Hopkins en B.P.M. Creemers (reds.). 1996. Making good schools. Londen, New York: Routledge.

Stoll, L., D. Reynolds, B.P.M. Creemers en D. Hopkins. 1996. Merging school effectiveness and school improvement: Practical examples. In Stoll, Lagerweij, Reynolds, Bollen, Hopkins en Creemers (reds.) 1996.

Stone, W. 2001. Measuring social capital. Towards a theoretically informed measurement framework for researching social capital in family and community life. Research Paper No. 24, February, Australian Institute of Family Studies, Melbourne.

Suid-Afrika. 1998. South African Schools Act, number 84 of 1996 and National Education policy, Act, number 27 of 1996.

Tanriöğen, A. en S. İşcan. 2016. Effect of distributive leadership behaviours of foreign language schools’ principals on the job satisfaction of instructors. International Journal of Educational Administration and Policy Studies, 8(6):48–56.

Tatlah, I.A. en M.Z. Iqbal. 2012. Leadership styles and school effectiveness: Empirical evidence from secondary level. International Conference on Education and Educational Psychology 2012. Procedia – Social and Behavioral Sciences, 69:790–7.

Teddlie, C. 2002. Comparisons across country case studies. In Creemers, Stringfield, Teddlie en Schaffer (reds.) 2002.

Toytok, E.H. en S. Kapusuzoglu. 2016. Influence of school managers’ ethical leadership behaviors on organizational culture: Teachers’ perception. Eurasian Journal of Educational Research, 66:373–88.

UK Snapshot: Social Capital. 2008. http://www.statistics.gov.uk/socialcapital (13 September 2008 geraadpleeg).

Urick, A. en A.J. Bowers. 2014. What are the different types of principals across the United States? A latent class analysis of principal perception of leadership. Educational Administration Quarterly, 50(1):96–134.

Van der Walt, J. 2009. Metaphorical bridgebuilding for promoting understanding and peaceful coexistence. HTS Teologiese Studies / Theological Studies, 65(1), Art. #299. DOI: 10.4102.hts.v65i1.299.

Van der Werf, G., B.P.M. Creemers en H. Guldemond. 2001. Improving parental involvement in primary education in Indonesia: Implementation, effects and costs. School Effectiveness and School Improvement, 12(4):447–66.

Van Staden, S. en R. Bosker. 2014. Factors that affect South African reading literacy achievement: Evidence from prePIRLS 2011. South African Journal of Education, 34(3):1–9.

Voigt, A., G. Austin en T. Hanson. 2013. A climate for academic success. How school climate distinguishes schools that are beating the achievement odds. Full report. San Francisco: California Comprehensive Center.

Wang, J., Y. Lei, K. Xiong en K. Marek. 2013. Substantial generalization of sensorimotor learning from bilateral to unilateral movement conditions. Plos One, 8(3):58495. www.plosone.org (12 Januarie 2018 geraadpleeg).

Wills, G. 2016. Principal leadership changes and their consequences for school performance in South Africa. International Journal of Educational Development, 51:108–24.

Wilson-Strydom, M. en M. Okkolin. 2016. Enabling environments for equity, access and quality education post-2015: Lessons from South Africa and Tanzania. International Journal of Education Development, 49:225–33.

Zehetmeier, S., I. Andreitz, W. Erlacher en F. Rauch. 2015. Researching the impact of teacher professional development programmes based on action research, constructivism, and systems theory. Educational Action Research, 23(2):162–77.

Zullig, K.J., T.M. Koopman, J.M. Patton en V.A. Ubbes. 2010. School climate: Historical review, instrument development, and school assessment. Journal of Psychoeducational Assessment, 28(2):139–52.

 

Eindnotas

1 Hierdie ondersoek is as deel van ’n groter projek gedoen.

2 Die Nasionale Norme en Standaarde vir Skoolbefondsing (Suid-Afrika 1998) bied ’n kwintielranglys om gelykheid in skole te bewerkstellig. Kwintiel 5-skole is die rykste skole en kwintiel 1 die armste skole. By kwintiel 1-, 2- en 3-skole is geen skoolgeld ter sprake nie, dit wil sê die ouers van daardie skole is vrygestel van die betaling van skoolgeld.

The post Die leierskapstyle van akademies presterende skole se skoolhoofde en die trefkrag daarvan op skoolklimaat appeared first on LitNet.

The leadership styles of principals of academically performing schools and the impact thereof on the school climate

$
0
0

Abstract

How the concept of good performance at school is understood can vary from person to person, but is generally defined in terms of academic progress or the achievement of desired outcomes. Overall, South African learners perform poorly in especially mathematics and sciences. In addition, the reading literacy of learners is not up to standard in comparison with that of the rest of the world. It is not an easy task to measure good performance, and a variety of determinants are usually considered to affect performance. Factors such as socio-economic status, language, infrastructure, leadership style and school climate are a few examples. In the conceptual theoretical foundation, effective and academically performing schools are discussed in the social capital theory, followed by a discussion of leadership style, school climate and the relationship between academically performing schools, leadership style and school climate.

Social capital is defined as the aggregated real or potential resources available to humans, linked to the existence of a durable network of more or less institutionalised relationships that are characterised by recognition and mutual recognition. For this reason, social capital is usually seen as the relationships among people living in a particular society (in the school context principals and educators) and working so that the society can function effectively. The underlying assumption in the research reported in this article is that it is the principal who should fulfil a key role. He or she has been called to build all the necessary bridges that could lead to all the participants’ moving in the same direction in order to achieve their collective purpose, based on the social capital thus formed. Principal must be able to bridge large gaps between generations, ages, social status, religions and ethnicity through their conduct. By using a particular leadership style, school principals try to establish good relationships and a positive school climate. An ethical leadership style has a positive influence on the academic performance of the learners and the behaviour of the educators, as well as contributing to job satisfaction.

Authors differ on which school leadership style best contributes to good academic achievement in a school. For academic activities, programmes and achievements to be effective, it is possible only if principals have the ability to demonstrate a suitable leadership style. Context plays an important role in the choice of leadership style by the principal. Some authors are of the opinion that the instructional leadership style may be the appropriate style through which to enhance the performance of learners. At the same time, the transformational leadership style may bring about change in especially poor performing schools and establish a positive school climate. With regard to the democratic and autocratic leadership styles, some authors point out that the democratic leadership style has a greater influence on academic performance and a positive school climate than the autocratic leadership style. School climate cannot be restricted, although specific or definite attributes are ascribed to it. However, it is often said that climate refers to the "atmosphere" in a school. To enhance a positive school climate, it is important that clear communication channels between the principal and the educators should be established in order to maintain the same perception of their school climate. Studies on the relationship between leadership style, school climate and good performance indicate that there is sometimes a connection between the three variables. A positive school climate leads to educators’ applying more effective teaching and learning for the benefit of the learners.

The purpose of this investigation was to determine which leadership styles are followed or applied by different heads of schools and how their leadership styles influence the school climate. Based on continued excellent grade 12 performance over the past eight years, four schools were identified as academically well-performing schools. Interviews were conducted with the four principals and with 12 educators of these schools to learn more about the leadership styles of the school leaders and about the school climate. At the same time, the interviews examined the relationship between school performance, the leadership style of the principal and the relevant school climate. It appears that the autocratic, democratic and participative leadership styles are followed most by the principals in the well-performing schools and that these three styles have a positive influence on the school climate.

The investigation revealed that school climate and leadership style play an important role at the meso level. Because the principal stands in relationship to both the educators and the learners (and thus contributes to the building of social capital), the leadership style of the principal has an influence on these relationships. The leadership style determines the attitude of the educators and learners, which, in turn, affects the climate of the school. As the social capital theory suggests, the role of the principal in creating a positive school climate is of the utmost importance. As a positive school climate plays such an important role in the success of a school, it is important that the principal's leadership style should be adjusted accordingly to maintain a positive school climate. In this study, the democratic and the participative leadership styles were the styles identified by the principals and the educators as the most appropriate leadership styles to create and maintain a positive school climate. The study also revealed that the autocratic leadership style is used only when attention is immediately needed for particular situations. For this reason, the autocratic leadership style is not experienced as a negative style but rather a style needed to enhance performance and the school climate.

Principals and educators should familiarise themselves with the latest leadership styles so that the heads' actions (as informed by their leadership styles) can be transparent to the educators. In addition, school principals should make a concerted effort to accommodate and support the school as a safe haven for each role player.

Keywords: academic achievement; academically performing schools; effective schools; leadership style; school climate; school management

Lees die volledige artikel in Afrikaans: Die leierskapstyle van akademies presterende skole se skoolhoofde en die trefkrag daarvan op skoolklimaat

The post The leadership styles of principals of academically performing schools and the impact thereof on the school climate appeared first on LitNet.

US Woordfees 2019: Leefstyl

$
0
0

By die Woordfees is daar aanbiedings wat jy eenvoudig móét proe.

Agri-Expo Landbouproe-reeks

Lekkernye so reg uit ’n plaaskombuis is waarvoor hierdie gewilde reeks bekend geword het. Van skaapvleis, kaas en wyn in enige denkbare weergawe word hier geniet en kundig belig.

Merino-lamsboudproe. Sjef Bertus Basson van die Overture- en Spice Route-restaurante, bied ’n proe-sessie van merino-lam uit verskillende streke aan. Geen geurmiddels, kruie of speserye sal bygevoeg word nie en hier kan gaste self proe of Karoolam werklik beter is as skaapvleis uit die Vrystaat. Die vleis word voorgesit met passende, bekroonde Veritas-rooiwyne, aangebied deur Bennie Howard, ondervoorsitter van Veritas en ’n Kaapse wynmeester.

Merino-lamsboudproe.

Shiraz en wildsvleis. Shiraz is een van die belangrikste boustene van ons wynbedryf en plaaslike shiraz-wyne wen jaarliks nasionale én internasionale toekennings. Edmund Terblanche, voorsitter van Shiraz Suid-Afrika en keldermeester en bekroonde wynmaker van La Motte-wynlandgoed, gesels oor die belangrikste plaaslike shiraz-style, terwyl sjef Bertus Basson verskillende wildsnitte voorberei.

Ontdek die oorsprong van jou kos. Wat is die storie agter die kos wat jy elke dag eet? Kom leer proe-proe saam met sjef Bertus Basson en die Veldvleis-vereniging van Suid-Afrika hoe die verskillende maniere waarop ons kos produseer en verwerk, unieke smake skep. Die aanbieders fokus op sowel die konvensionele lendesnit of kruisskyf as veldgrasvleis.

Wit & rooi : versnitte eie aan die Kaap. Wit- en rooiwyne in die Franse Bordeaux-styl is meestal versnitte van verskillende kultivars wat mekaar komplementeer. Kom proe saam met Kanonkop en Vergelegen se wynmakers hoe die beginsel ook op eie bodem toegepas word. Die proe word aangebied in samewerking met Cape Vintner Classification, wat eiesoortige, terrein-spesifieke Kaapse wyne bevorder.

Proe toptien- Sauvignon Blanc-wyne en Qualite-kaas. Kom woon ’n eerste in Suid-Afrika by: proe FNB Top10 Sauvignon Blanc-wyne tesame met kase wat by Agri-Expo se SA Suiwelkampioenskap met die Qualite-gehaltemerk bekroon is. Net 13 kase uit 563 het in 2018 dié toekenning ontvang. Dit is soos die Oscars, net met meer kultuur!

Konsortium Merino hou lamsproe. Konsortium-Merino bied ’n merino-lamsproe uit vyf streke aan: Boesmanland, die Hoëveld, Overberg, Karoo én Oos-Kaap. Die lamsvleis is ewe lank verouder en word deur glanssjef Bertus Basson op dieselfde wyse gaargemaak – met geen geurmiddels nie. Veritas-bekroonde rooiwyne word as pasmaats geskink.

Kaas- en wynproe. Nuwe kaas- en wynstyle, geskep en aangebied deur die bekroonde Charles Back van Fairview.

Sondag-skaapbraai: Gordon Wright. Kom geniet ’n Sondagmiddagete met die “Koning van die Karoo”, Gordon Wright, en proe skaapvleis van die Hardemanskaroo tot in die Kamdeboo. Gordon, skrywer van Farm to Fork en Karoo Food, sal gesels oor hoe Suid-Afrikaanse skaapvleis deel is van die internasionale slow food-beweging.

Die Dylan Lewis-beeldhoutuin

Woordfeesgangers word weer vanjaar na die pragtige Dylan Lewis-beeldhou-tuin genooi. Staan in die tuin en ervaar die manjifieke Stellenboschberg aan jou linkerkant, die prentjiemooi wynlande regs van jou en die silhoeëtte van Tafelberg op die kim.

In hierdie ses hektaar tuin het die beeldhouer Dylan Lewis oor meer as ’n dekade sy eie klein paradys geskep. Van sy vroeëre werke tot die bekende groot katte en ander Afrika-diere waarmee hy internasionale erkenning gekry het, is die tuin ’n spel tussen kuns en natuur. Aan die hart van die tuin lê juis die moderne mens se verhouding met die omgewing.

Spesiaal vir die Woordfees bied dié kunstenaar self drie vroegoggend-toere aan (2, 3 en 8 Maart). Hanlé Hill, wat sedert die tuin se ontstaan daarby betrokke is, bied vier begeleide toere aan (1, 5, 7 en 9 Maart).

Dylan Lewis-beeldhoutuin

Film-etes vir fynproewers

Hoe meer sintuie betrek kan word, hoe meer volrond die ervaring. Die vyf film-etes, wat gedurende die week aangebied word, het gegroei uit verlede jaar se baie suksesvolle eksperiment: ’n fliek met kos as sentrale tema, gevolg deur ’n heerlike ete, geïnspireer deur wat op die grootskerm te sien was.

Kom geniet The Hundred-Foot Journey, die klassieke Babette’s Feast, die romantiese komedie Mostly Martha, hartverwarmende Big Night en die smullekker Chocolat en laat jou sintuie verlei deur goeie toneelspel en heerlike kos.

Elke film-ete skop af met canapés en welkomdrankies. Voor die vertoning word ‘n hoofmaaltyd bedien, geïnspireer deur die spesifieke fliek. Gedurende die vertoning sal gaste spesiale fliekhappies geniet. Elke gas sal ’n wegneemnagereg as ’n soet herinnering aan die aand se feestelikhede ontvang.

Die kos word gemaak deur die Debut-opleidingsrestaurant van The Private Hotel School.

Vrydag 8 Maart se film – Chocolat – word voorafgegaan deur ’n sjokolade-meesterklas, aangebied deur Katelyn Williams. Hierdie geleentheid is nie deel van die film-ete nie.

Waterford Wynproe-safari

Waterford Wynproe-safari

Die wynproe-safari is ’n unieke drie uur lange rit in ’n safarivoertuig deur dié 120 hektaar-landgoed teen die pragtige hange van Helderberg. Hierdie ervaring gee jou die geleentheid om Waterford se bekroonde wyne in die wingerde waar hulle vandaan kom te proe. Die kundige gids sal meer vertel van die aspekte wat dié gebied so biologies divers en vitikultureel uniek maak. Verskeie ligte versnaperinge wat die spesifieke wyne uitstekend komplementeer, sal saam met die wynproe bedien word. Die ervaring sluit op ’n hoogtepunt af met ’n wyn-en-sjokolade-proe by die kelder. Bespreek ’n week voor die tyd.

Bertus Basson met Net Bertus

Sit aan met nuwe kookboeke en glanskokke

Vanjaar se leefstylprogram oorvleuel in verskeie aanbiedings baie smaaklik met die boekprogram. Feesgangers kan kosboekgeleenthede bywoon met Marlene van der Westhuizen (haar nuwe boek se titel is Bord) en Armand Aucamp, wat pas sy eerste resepteboek, Armand kook kaal, die lig laat sien het. Die tweelingsusters Fatima Sydow en Gadija Sydow Noordien wat met hul kosprogam op VIA bekend geraak het, vier hul nuwe kookboek, Kaaps, kerrie en koesisters met ’n gesellige kuiergeleentheid. Die biker-sjef Lesego Semenya praat oor sy nuwe kookboek, Dijo, met Reuben Riffel (Reuben at Home). Ook op die kok-en-kookboekspyskaart is Isabella Niehaus met Duinhuis; Karen Dudley, wat al vir Michelle Obama gekook het, met Set a Table; Bertus Basson met Net Bertus; Aletta Lintvelt, WEG! se kosredakteur, met Kuier om die kole; Martjie Malan van Koekedoor-faam met Bakgeheime; bistro-sjef en bakker Liezie Mulder met Anytime, en Katelyn Williams met haar soet bederf van ’n boek, Chocolat.

Lesego Semenya

Karen Dudley

Liefhebbers van goeie kos en woorde kan ook aansit vir die Skrywerslangtafel in De Volkskombuis Restaurant met, onder andere, Zakes Mda, Dana Snyman, Ronelda S Kamfer en Melusi Tshabalala.

Lees meer oor die leefstyl-aanbiedings by 2019 se US Woordfees of kry die volledige program.

The post US Woordfees 2019: Leefstyl appeared first on LitNet.


Sleeper deur Mike Nicol: ’n boekresensie

$
0
0

Sleeper
Mike Nicol
Umuzi 
ISBN: 9781415209738

Die minister van energie word vermoor. Die polisieman wat die moord ondersoek, is aan selfdood oorlede. Iraanse agente, uraan wat gesteel word; ’n wetenskaplike word gekaap; ISIS en die CIA is betrokke, en so ook die president van die land se skoonseun.

Spioenasie vorm ’n deel van die storie, maar die skrywer vleg soveel drade aanmekaar voordat jy agter die kap van al die byle kom.

Die boek begin waar die gewese spioen, Vicki Kahn, deur staatsekuriteit betrek word om probleme in die departement van energie te ondersoek. Dit word haar taak om die wetenskaplike op te pas. Die probleem vererger wanneer die man self omgekoop en gedwing word om saam met die skurke te werk.

Gelyklopend word die privaat ondersoeker, Fish Pescado, gehuur om die moord op die minister te ondersoek. Hy is in ’n verhouding met Caitlin Suarez, die vermeende moordenaar.

Nog hooi op Pescado se vurk is die selfdood van sy vriend, die polisieman Flip Nel, wat in die diepsee met ’n anker om sy lyf van Fish se boot afspring en ’n kriptiese boodskap nalaat. Fish word van die moord verdink.

As die leser se kop reeds draai, kom daar steeds meer en meer wendinge en karakters na vore. Soos die twee Iraanse spioene wat ’n blok verrykte uraan uit die land moet smokkel en die samewerking wat hulle kry.

’n Vroulike agent word aangestel om Vicki dag en nag te beskerm en hulle kan mekaar nie verduur nie. Fish beland in die tronk en word sonder ’n klag teen hom aangehou. 

Met hierdie storielyne dek Nicol die tafel vir ’n baie wydlopende misdaadroman wat nogal eise aan die leser stel.

Nicol se skryfstyl is die gebruik van baie kort sinne. Mense wat daarvan hou dat die skrywer ’n simpatieke aanvoeling vir karakters by die leser laat ontwikkel, gaan dalk teleurgesteld wees. Pescado is self ’n dwelmhandelaar en Vicki is ’n verslaafde dobbelaar wat vir die vuil werk ingetrek word om haar skuld te betaal. Selfs die twee CIA- agente is regte skarminkels. Die NVG-kommissaris is nog ’n ongure karakter. Daar is eintlik geen "goeie" karakter nie.

Die skrywer slaag daarin om jou met ’n paar beknopte en sinryke sinne in die middel van die aksie te plaas. Jy voel die pyn van ’n karakter wat gemartel word, jy ruik die wetenskaplike se vrees wanneer hy ontdek waarby hy betrek word. Nicol slaag ook daarin om jou met afwagting te vervul en daar is genoeg spanning. 

Die meeste aksie gebeur in en rondom Kaapstad en lesers wat met landmerke bekend is, sal plekke soos Vlaeberg, Chapmanspiek en talle ander herken.

Die resensent ondervind ’n probleem met talle “veelkarakterboeke”. Haas elke boek het ’n paar leë bladsye wat met ’n baie nuttige leeshulp gevul kan word. ’n Kleinerige lettertipe, ’n digte reëlverspreiding, ’n menigte karakters en ’n gebrek aan ’n karakterlys dra hiertoe by. Die leser moet dus maar self onthou of aanteken wie wie is soos hy lees – hy kan dit nie vinnig kry deur ’n karakterlys te raadpleeg nie.

Nicol het al vyf boeke geskryf. Dis die derde een waarin Fish en Vicki die hoofkarakters is en dit getuig van die skrywer se aanhang. As misdaadoman is daar genoeg intrige vir ’n goeie slaagsyfer. Dis egter nie ’n skrywer vir wie hierdie resensent, om Langenhoven aan te haal, sal kerse brand nie.

The post <i>Sleeper</i> deur Mike Nicol: ’n boekresensie appeared first on LitNet.

US Woordfees 2019: Teater

$
0
0

Met die 2019-teaterprogram kan jy besluit of jy wil lag, huil, uitgedaag word, met ’n mooi storie verlei word of gekonfronteer word met dít waarvan jy dalk nie veel weet nie.

Woordfeesdebute

Onder die 22 nuwe stukke wat volgende jaar by die Woordfees debuteer is daar ’n groot verskeidenheid in tema en aanslag – van eksperimenteel en uitdagend tot lekker klugtige ontspannings. Hier is ’n paar hoogtepunte om na uit te sien.

Katvoet
Tennessee Williams se klassieke Pulitzerprys-drama Cat On a Hot Tin Roof kry hier nuwe lewe in ’n vars verwerking. Nico Scheepers het die toneel verskuif na ’n wildplaas in die Limpopo-Bosveld. Dis hier waar die Mouton-gesin bymekaarkom vir hul patriarg, gespeel deur Marius Weyers, se 65ste verjaarsdag. Boela, die oudste seun, drink homself dood om die spoke agter sy oë stil te maak en Maggie, sy eensame katvoet-vrou, doen alles in haar vermoë om die liefde te oorleef. Watter familiedramas wag nog om uitgepluis te word? Ook met Marion Holm, Tinarie Van Wyk Loots, Albert Pretorius, Martelize Kolver en Geon Nel.

Die intermissie

Die intermissie
Die intermissie is kort maar aanhoudend. ’n Verbyflikkerende sketskomedie so vinnig dat dit voel of iemand met tyd as ’n konsep gepeuter het. Mense wat dit al gesien het, beskryf dit as ’n gesaghebbende bron tot kommer, beter as Bakgat 2, ’n kuur vir depressie, brongitis en aanverwante siektes. Mense wat daarin speel (Bennie Fourie, Beer Adriaanse, Mila Guy, Bouwer Bosch, Barbara Brasington en Schalk Bezuidenhout) dink dis ’n net-net bogemiddeld ritmiese moles en op die minste ’n vergeetlike ervaring.

O, die donkie!
In hierdie nuwe eenmanstuk deur Dana Snyman, speel Frank Opperman die 58-jarige hoof van die Hoërskool Hans Oosthuizen, ’n voormalige model C-skool – mnr. Barry Swart. Mnr. Swart is ’n bekommerde man. Daar is persberigte dat die skool besig is om agteruit te gaan. Daar’s ernstige dissiplineprobleme, rassistiese voorvalle en dit lyk of Afrikaans se dae getel is. Boonop het die eerste rugbyspan nou al vyf wedstryde agtereenvolgens verloor. Mnr. Swart oorweeg om te bedank, maar dan, een Maandagoggend tydens saalopening, besluit hy om sy kant van die saak te stel.

SAMSON
Die Woordfees is opgewonde om vir die eerste keer ’n stuk deur die internasionaal gevierde dramaturg-regisseur Brett Bailey op die planke te hê: SAMSON, ’n drama wat dié Bybelse figuur herverbeel binne die 21ste eeu. Hierdie ryk, visuele teaterstuk vervleg kontemporêre dans, eksperimentele elektroniese musiek, dubstep, ensemble-sang en opera (Saint-Saëns se Samson and Delilah) met ’n intrige wat soos ’n meesleurende droom ontvou. Hierdie dans-musiekteater is gegrond op Ou Testamentiese waardes van oorheersing, verraad en rebellie, maar dit speel af in die konteks van hedendaagse politieke ekstremisme, ongelykheid, ontheemding en geweld. Dis heerlik anargisties.

In Slavenhuis 39
Vier jong bruin studente deel ’n woonstel op Stellenbosch wat jare gelede slawe gehuisves het. Hulle probeer die verlede versoen met hedendaagse kwessies soos manlikheid, bendes, geloof, rassisme, kultuur, homoseksualiteit en doodeenvoudige menslikheid. Want wat beteken bruinwees nou eintlik? ’n Nuwe stuk deur Herschelle Benjamin met regie deur Philip Rademeyer.

Ou blou
“Om te staan met ’n mond vol tanne uit respek is een ding, maar om jou bek te hou terwyl jy voor jou siel weet wat’s die reine waarheid, is ’n saak tussen jou en jou ongoddelike gewete.” Boertjie, Ballon en Skirre leer hierdie dure les wanneer hulle vriende word met die misbaksel van die dorp, Ou Blou. Maar hy leer hulle die eerste keer in hul lewe wat sorgvrye kindergeluk beteken. Tot ’n groot tragedie die dorp tref. Wie is skuldig? Kom kyk na die uitblinkers van die kykNET Nasionale Toneelspelkompetisie in hierdie nuwe drama deur Amee Lekas, skrywer van die bekroonde Dans van die watermeid.

[Alle debute in die feesgids is met ’n geel “P” vir “Première” gemerk. Die Toneel-afdeling is van bl. 102-129]

Teater wat reeds op ander verhoë groot byval gevind het

My seuns

My seuns
Ouma se verjaarsdagpartytjie stuur heel moontlik op ’n familie-oorlog af. Pa wag om te hoor of hy as regter aangestel word. Maar gaan die huidige bedeling hom oorsien? Die seuns sit duidelik nie langs dieselfde vuur nie. Miskien is albei verlief op dieselfde meisie of dalk l. hulle verskille veel dieper? En wat presies het destyds tydens die bevrydingstryd gebeur? Weet Ma meer as wat sy voorgee? En by wie lê haar lojaliteit? ’n Eg Suid-Afrikaanse verhaal met al die kompleksiteite van vandag: die familiedramas, verwyte en onopgeloste vrae. Dié nuwe stuk Deur Christo Davids met Sandra Prinsloo en André Odendaal in die rolverdeling is geïnspireer deur Arthur Miller se All My Sons. Tydens Aardklop 2018 is My seuns ses-malig bekroon vir, onder meer, beste regisseur, teks en produksie.

Toutjies & Ferreira

Toutjies & Ferreira
Wat gebeur agter die gordyn in die uur voor ’n vertoning begin? Toutjies & Ferreira, ’n nuwe stuk deur Saartjie Botha, is spesiaal vir al daardie feesverslaafdes wat nog nooit in ’n teater was nie. Dis gek! Regisseur Nicole Holm sê die mate waarin gehore dit geniet, het haar verras: “Ek was bang dat bedryf een te nis is en dat mense wat nie in die teaterbedryf is nie, nie noodwendig dinge so snaaks sou vind nie. Ek vermoed dat die toeganklikheid maar by die akteurs lê!”

Dan volg meer drama – oor ouers wat hulle kinders se huis oppak, want dié het mos oorsee geëmigreer. Dink Skype op ’n Sondag met kleinkinders wat Engels praat. “As jy so luister, vind jy almal het familie wat landuit,” sê Frank Opperman wat in die stuk te sien is. “Dis ‘n universele storie, orals trek mense. Ek is self n oupa, en ek begin te leer hoe oupas voel. Ek kan identifiseer met my karakter.”

Die twee bedrywe, met hul verskillende invalshoeke, is amper ‘n ratverskuiwing, sê Nicole. “Weet nou nie of dit op of af is nie, maar beslis ‘and now for something completely different’.”

En om dié rede, meen sy, is ‘n kaartjie goeie waarde vir geld: “Twee shows vir die prys van een!” 

Endgame

Endgame
Samuel Beckett, een van die voorbokke van die Teater van die Absurde, se klassieke Endgame het uitverkoop-sukses in die Baxter-teater behaal. Regisseur Sylvaine Strike, wat Woordfeesgangers in 2018 betower het met The Curse of the Starving Class, maak gebruik van vier teater-ikone - Andrew Buckland, Rob van Vuuren, Antoinette Kellerman en Soli Philander - om die humor én hartseer in Endgame te belig. Dis geslypte teaterkuns wat die verhouding ondersoek tussen baas en klaas, nar en onderdrukte, pa en seun, ouer en kind. “Om een of ander rede” sê Strike, “besef min mense hoe ongelooflik snaaks Beckett is, die donkerte van sy skryfstyl maak juis dat die humor uitstaan. Die akteurs is almal uitstekend met komedie maar hul kapasiteit vir die tragiese is net so sterk. Beckett had ‘n groot liefde vir die komedie van Laurel and Hardy, en sy werk is dikwels in daardie styl van donker-en-lig. Dit gaan alles maar oor hoe ons verhoudings oorleef, en is dit nie maar die lewe nie?”

Huishou

Huishou
Twee wit vroue wil ’n swart kind aanneem. Die jonger een se ouers emigreer en dit bring ’n identiteitskrisis en die soeke na haar wortels en Afrikaner-erfenis mee. Die ouer vrou wil sorgvuldig ’n huis opbou en vol maak. Maar wat beteken dit as die jonger vrou nie daar tuis voel nie? Is hul vol huishouding nou eintlik leeg? Skrywer Philip Rademeyer sê hy probeer met sy skryfwerk die aard van menswees ondersoek. “Om die gegewens en karakters van die storie te skep en uit te brei, is ‘n kombinasie van navorsing en verbeelding uiters belangrik. Met Huishou se skryf het ek geworstel met my eie vrae oor ouerskap – wat is my gevoelens daarom, is dit iets wat ek wil hê ens.”

Cintaine Schutte, wat die rol van Hester teenoor Nadia Valvekens se Dirkie vertolk, sê die feit dat die stuk deur ‘n man geskryf is, maak nie saak nie. “Die teks leen homself daaraan toe dat man en vrou aanklank kan vind by die patrone, die besluite wat gemaak word en die gesprekke binne in 'n verhouding. Enige verhouding.”

Philip sê hy het in sy navorsing verstom gestaan oor hoe mense – soos sy eie ouers – dit reggekry het om loopbane en vriendskappe en vol lewens aan die gang te hou terwyl hulle kinders grootgemaak het. “Alle ouers maak foute, maar solank liefde en ‘n behoefte om vir jou kind ‘n goeie lewe te skep die fondamente van ‘n gesin is, is mens op die regte pad.”

Cintaine stem saam: “Almal wil net behoort en liefde ontvang. Almal wil gesien word en gehoor word. Almal van ons. Gee nie om wat jou seksualiteit is of waar jy vandaan kom nie. Dis 'n universele taal wat ons almal verstaan. As ons dit so begin sien is ons koppe deur. As ons mekaar so begin hanteer en so na mekaar kyk dink ek die wêreld sal 'n beter plek wees.”

Kinderteater

Makroman
Selfs superhelde voel soms plat op die aarde. Makroman van ontbytgraanvlokkie-faam beleef ’n mikrokrisis – hy kom te staan teen Molman om die heldin met die lang goue hare en grasgroen oë te kry. Molman wil wys hý is eintlik meer man as muis. Is hy? Kom ontmoet die supermanne en besluit self.

Met of sonder woorde
Daar is ’n land waar mense byna nooit praat nie, want woorde is duur. Dis net die rykes wat woorde kan koop en dit uitspreek. Die armes moet maar met weggooiwoorde tevrede wees. Reinardt is verlief op Amelief, maar hy het net drie woorde om haar hart mee te wen. ’n Toneelstuk aangebied deur kinders, vir kinders, gebaseer op die boek Die land van die groot woordfabriek.

Babbelagtig

Babbelagtig
Ontmoet sewe kleurryke, liefdevolle, aweregse narre met manewales wat jou sal laat lag en frons – soos dit narre betaam om te doen. Babbelagtig is ’n mimiekspel en wipwarit van betowering en plesier. Dit was die wenner van 2018 se KKNK-Kannatoekennings vir Beste Debuutproduksie en Beste Kinderaanbieding. Wim Vorster het in Krit geskryf: “Babbelagtig is bevrydend, vry en bowenal ongelooflik vindingryk … sonder twyfel een van die mooiste en verfrissendste toneelaanbiedings in ’n lang tyd.”

Kwathi Ke Kaloku (Once Upon a Time)
Sindiwe Magona is ’n bekroonde storieverteller wat hier kragte saamspan met die befaamde plaaslike musikant Bongani Sotshononda en sy United Nations of Africa Band. Dis meesleurende, lewendige, interaktiewe vermaak met ’n boodskap van hoop vir oud en jonk. Dis ook ’n viering van Xhosa-kinderstories en inheemse musiek.

Lees meer oor die teaterproduksies te sien by die 2019 Woordfees of kry die volledige program.

The post US Woordfees 2019: Teater appeared first on LitNet.

Nelson Mandela – zijn nalatenschap

$
0
0

Hierdie artikel deur Herman Meulemans bied 'n oorsig van die vyfde Nelson Mandela-lesing by Gent Universiteit.


5th Mandela Lecture, Africa Platform, Associatie Universiteit Gent

Je weet niet wat je overkomt wanneer je de memoires van Zelda la Grange leest of wanneer je haar bezig hoort tijdens de 5e Mandela Lecture, die het Africa Platform van de Associatie Universiteit Gent inrichtte in het eeuwenoude Gentse Pand op 26 november jongstleden.

In 2009 begon Zelda la Grange te schrijven aan haar memoires omdat zij overrompeld was door de innemende persoonlijkheid en uitstraling van haar grote held.

Het is alsof er een rechtstreekse verbinding tot stand komt tussen de lezer/luisteraar en de inner circle van President Nelson Mandela, die van Zelda la Grange het koosnaampje Khulu, grootvader, kreeg. Nelson Mandela is geboren in 1918, juist honderd jaar geleden. Zelda la Grange is geboren in 1970. Ze zou inderdaad kleindochter kunnen zijn maar voor beiden elkaar ontmoetten, was dat zeker niet het geval. Tussen hun werelden was er zelfs geen aanrakingspunt. Wanneer ze 23, bijna 24 was en typiste werd op het kantoor van de eerste democratisch verkozen president van Zuid-Afrika, is er iets gestart wat haar leven radicaal heeft veranderd. Vanaf dan is ze inderdaad een klein beetje kleindochter geworden. Ze was volledig van streek wanneer de president haar bij hun eerste ontmoeting aansprak in het Afrikaans en pas veel later zou ze dat begrijpen: “Als je met iemand spreekt, dan spreek je tot zijn hoofd, maar spreek je in zijn eigen taal, dan spreek je tot zijn hart”, herhaalde de president later.

“Tegen de tijd dat ik 13 was, was ik een racist maar ik stelde me daar niet veel vragen bij. Als een kind opgroeit in een veilige omgeving, verwondert het zich daarover niet”, zo beschrijft Zelda la Grange zichzelf en haar omgeving. Ze werd grootgebracht in een typisch blanke, streng conservatieve familie uit de middenklasse. In 1992 studeerde ze af en begon ze aan haar eerste baan als klerk op een ministerie. De apartheid was in principe afgeschaft maar het leven kabbelde gewoon verder. De meeste blanken leefden in dezelfde comfortabele zeepbel als daarvoor en spanden zich niet erg in om het land om te vormen tot een niet-raciale samenleving.

Toen President Mandela in functie trad in 1994, werd Zelda typiste en manusje van alles op zijn kantoor. Ze deed allerlei administratieve klussen, hield delen van zijn agenda bij, werd gaandeweg assistent-privésecretaresse, privésecretaresse, manager en woordvoerder. Tot zijn dood in 2013 bleef Zelda aan de zij van Khulu, die er altijd prijs op stelde dat een “Afrikaanse boerendochter” in zijn kielzog vertoefde. Dat was het levende bewijs dat Zuid-Afrika de regenboognatie kon worden waarvoor hij stond. Zelda la Grange stond de man die haar deed afrekenen met alle kwalijke vooroordelen en zorgde voor een metamorfose van haar geest, gedurende negentien jaar bij, waarvan zestien jaar dag in dag uit.

In het Pand van de Universiteit Gent heerst een sfeer van grote nieuwsgierigheid bij het publiek want Zelda la Grange heeft als één van de weinigen de volledige binnenkant meegemaakt van de Zuid-Afrikaanse democratische omwenteling sedert 1994.

Zelda’s memoires confronteren de lezer met het dubbele gevoel dat ze haar leven volledig in dienst heeft gesteld van haar beschermheer, ten koste van veel persoonlijk geluk, maar dat ze toch zo rijkelijk is beloond voor haar inzet doordat de charmantste man van de wereld zijn vertrouwen volledig aan haar gaf. “Soms als ik erg moe was, huilde ik stilletjes, omdat ik besefte hoeveel deze man om mij gaf.” Zelda, die haar netwerk uitbreidde tot wereldleiders, filmsterren, vips van alle soorten, had toegang tot de fine fleur van de gehele aardbol, maar toch voelde ze zich soms eenzaam. De manier waarop zij haar boek uitwerkt, is volstrekt pretentieloos, eerlijk en kristalhelder. Haar luchtige schrijfstijl brengt de lezer in een roes om het boek in een ruk uit te lezen want de wetenswaardigheden volgen elkaar ijlings op en prikkelen voortdurend.

Soms gaat het over faits divers, verrassingen en hoffelijkheden: de kleermaker die de beroemde kleurrijke shirts van de president maakt; een vol stadion dat uit de bol gaat wanneer de zwarte president het groen-gouden shirt van de Springboks draagt tijdens het wereldkampioenschap rugby; het misverstand in het koosjer King David-hotel, waar geen kaas en vlees in dezelfde kamer worden gebruikt; het afgelaste bezoek aan Mekka, niet omdat Zelda een vrouw is, maar omdat noch de president, noch Zelda moslim zijn; mevrouw Graça Machel die koningin Beatrix tracht te bereiken na het skiongeluk van Prins Friso.

Vaak gaat het over staatsbezoeken van de president en bezoeken van buitenlandse leiders: Koningin Elizabeth – “O, Elizabeth,” zei de president ter begroeting en toen zei zij “Dag Nelson.” –; de Keizer van Japan; Bill Clinton; de Koning van Saoedi-Arabië; broeder-leider Kadhafi, een komen en gaan van jewelste.

Khulu hield enorm veel van feestjes, wellicht om de schade te compenseren die hij had opgelopen tijdens zijn zevenentwintig jarige gevangenschap. Hijzelf  was superstar wanneer hij Bono, Brad Pitt, Hugh Grant, Larry King, Morgan Freeman, Naomi Campbell, Oprah Winfrey, Richard Gere, Robert de Niro, Whoopi Goldberg, en vele andere sterren aan het firmament ontmoette. Zelda, die er elke keer bij was, is apetrots dat dit haar als gewone sterveling is overkomen. Ze bericht ons hierover met veel humor en pittigheid, met grappen en grollen.

Khulu was dol op Zuid-Afrikaanse schrijvers en biografieën en ook op Oxford-woordenboeken. Naarmate zijn roem steeg moest hij meer worden afgeschermd van het volk dat hem letterlijk aanbad. Het leek erop dat hij weer gevangene werd die onder streng toezicht stond van bewakers. Maar toch kon hij het niet nalaten om het veiligheidspersoneel de stuipen op het lijf te jagen, door zijn chauffeur voor de deur van een boekwinkel te laten stoppen, waar hij dan het zoveelste woordenboek of een pen kocht.

Een van zijn lievelingsboeken was een gedichtenbundel van C Louis Leipoldt. In 1999 bezocht hij Leipoldts graf in West-Kaap omdat hij zijn werk zo bewonderde. En soms kocht hij een boek van Antjie Krog, de gelauwerde Zuid-Afrikaanse schrijfster van Kleur van mijn hart, en al vertelde Zelda hem dat hij er al twee exemplaren van had, dat maakte niet uit, hij kocht het toch.

Katrien Vanderschoot, buitenlandjournalist bij de VRT, legt het vuur aan de schenen van Zelda la Grande, maar zij doet dat op een geestige, luchtige wijze. Het is heel sterk dat zij de vele topics die la Grange behandelt in haar lijvig boek, in het vraaggesprek samenbalt tot een levendig, haast filmisch verhaal.

Er zijn weinig doorwrochte werken verschenen over Nelson Mandela die het innerlijke van deze man meer doen spreken dan Zelda la Grange’s memoires. Voor haar is hij de man van wie de persoonlijkheid doordesemd is van respect. Respect in alle vormen die je je maar kan voorstellen: respect ten aanzien van zijn grote familie, zijn medewerkers, zijn vroegere tegenstanders, de gewone man in de straat die hij in de meest vreemde situaties altijd opmerkte. De mensen die hem de hemel inprezen, hield hij altijd voor dat een heilige een zondaar is die zijn best doet. Bitterheid tegenover blanke mensen was hem totaal vreemd en sommigen namen hem dat verschrikkelijk kwalijk.

Maar in haar lange, wonderlijke tocht met Khulu ontdekt Zelda nog veel andere trekken van zijn rijke persoonlijkheid: zijn power om te onderhandelen en neuzen in dezelfde richting te krijgen, zijn overtuigingskracht om mensen gul te laten doneren aan zijn Stichting. In de periode dat hij president was, richtte de Stichting zich vooral op het bouwen van scholen en ziekenhuizen. Daarna kwam er aids bij en vervolgens ook nog de sociale cohesie en allerhande vredesonderhandelingen. Zelda raakt over de magie van deze man niet uitgepraat. Ze betreurt het, zo voel ik aan, dat ze te midden van zoveel generositeit te vaak is moeten optreden als leeuwin, waakhond, kreng, heks en rottweiler, maar het ging nu eenmaal niet anders wanneer de meest listige manieren werden toegepast om Khulu voor iets te winnen. Om nog niet te spreken van de media die hem altijd op de veren zaten, in goede en kwade tijden.

Met een afwisseling van rustige en heftige ritmes raakt jazzvocalist Tutu Puoane heel wat gevoelige snaren. Tijdens een optreden van haar werd Mandela ooit eens boos omdat een medewerker hem met een niemendalletje kwam storen, zo vertelt Tutu trots. Ewout Pierreux begeleidt haar virtuoos op een klassieke Fender Rhodes.

Tijdens zijn ambtstermijn had President Mandela herhaaldelijk te kennen gegeven dat hij slechts één termijn zou regeren, maar al halverwege deze termijn droeg hij zijn macht symbolisch over aan de vicepresident Thabo Mbeki. Vanaf dan naderde stilletjes het einde van een tijdperk. In 1999 volgde Mbeki hem op als president van Zuid-Afrika. Omdat Madiba bleef schitteren in de ogen van de wereld en nog steeds werd gevraagd voor allerlei evenementen, voor openingen of voor bemiddeling in uitzichtloze situaties, of door de internationale pers werd ondervraagd over zijn opinie in belangrijke kwesties, verspreidde zich het gerucht dat de oud-president zijn boekje te buiten ging en dat er zich een machtsstrijd ontspon met de zittende president.

Zelda la Grange reageerde wellicht zoals haar baas… zij wilde niet in het midden op het bankje. Annelies Verdoolaeghe, GAP en Gents Centrum voor het Afrikaans en de Studie van Zuid-Afrika, moest dat doen. Rechts op het bankje zit Tutu Puoane.

In 1998 werd President Mandela tachtig en tijdens het spetterende verjaardagsfeest trad hij in het huwelijk met Graça Machel, weduwe van de voormalige president van Mozambique Samora Machel. Zelda moet zichzelf steeds voorhouden dat het allemaal echt gebeurde. Ze kan het haast niet geloven dat zij op de tachtigste verjaardag en het huwelijk van Nelson Mandela aanwezig was. Ze herinnert zich nog levendig de ontluikende romance van haar baas met Mevrouw Machel, toen ze in 1996 als onbeholpen secretaresse en naïeve jonge vrouw mee mocht naar Frankrijk, het land waar haar voorouders vandaan kwamen – ik weet nog altijd niet hoe la Grange moet worden uitgesproken.

Maar nu was Khulu tachtig geworden. Het was tijd geworden om het wat rustiger aan te doen en de tijd te verdelen tussen Johannesburg, van waaruit de Stichting opereert, Qunu, de geboorteplaats en het zalige toevluchtsoord van Khulu in Oost-Kaap, en Maputo, waar Mevrouw Machel vandaan komt. Khulu kletste lang niet zoveel meer; hij werd steeds stiller. Hij werd afhankelijker van Zelda. In 2005 ging hij voor het laatst op bezoek naar de Verenigde Staten.

Het orgelpunt kwam in 2008, wanner Mandela negentig werd en in zijn aanwezigheid het 46664 Nelson Mandela 90th Birthday Tribute Concert in Hyde Park werd bijgewoond door een mensenzee van vijftigduizend uitzinnige toeschouwers. “Daarna gingen we nooit meer naar het buitenland”, zegt Zelda. Het was het perfecte slot van Mandela’s internationaal optreden. Voor Zelda was het het hoogtepunt van haar carrière in dienst van de man die haar leven, haar denken, en, het allerbelangrijkst, haar hart had veranderd. Ze was toen 38.

Mieke Van Herreweghe, vicerector Universiteit Gent, en Yves T’Sjoen, voorzitter van het Centrum voor het Afrikaans en de Studie van Zuid-Afrika, zijn opgetogen over de 5e Mandela Lecture.

Op het einde van haar lezing schakelt Zelda over naar het Afrikaans. Op de vraag van Katrien Vanderschoot hoe de nalatenschap van vrijheidsstrijders zoals Mandela in België het best kan worden geïmplementeerd, snijdt Zelda het erg actuele thema van de dekolonisatie aan. Is het nodig om daarvoor standbeelden te verwijderen of straatnamen te veranderen? “Meneer Mandela was er niet mee opgezet dat standbeelden werden opgericht om hem te eren, en straten en gebouwen naar hem vernoemd. Hij was erg bekommerd om wat die acties allemaal gingen kosten voor de staatskas.” Veel belangrijker is dat mensen hun geschiedenis beter leren kennen, zeker wanneer die onrecht en geweld inhoudt. In Berlijn kom je op elke straathoek herinneringen aan de Tweede Wereldoorlog tegen. Deze leren mensen welke richtingen ze zeker niet mogen inslaan.

Het komt recht uit Zelda’s hart: “Een standbeeld of een straatnaam bepaalt niet wie ik ben als persoon. Het is veel positiever om de energie die nodig is om standbeelden af te breken of straatnamen te veranderen, te gebruiken voor nuttiger en dringender dingen in de samenleving. Overigens, stel je al die kerkhoven van afgedankte standbeelden maar eens voor.”    

Zelda la Grange is in de wolken wanneer een lange rij fans de herinnering aan deze schitterende avond willen warm houden door een autogram van de beroemde secretaresse van Nelson Mandela.

  • Foto’s en tekst: Herman Meulemans

Boek:

Zelda la Grange, Goedemorgen, Meneer Mandela. Memoires van zijn persoonlijk assistente. Houten/Antwerpen, Uitgeverij Unieboek – Het Spectrum bv, 2014, 384 blz., ISBN 978 90 00 34314 0, vertaald door Ineke de Groot & Elisabeth van Borselen, oorspronkelijke uitgave: Good Morning, Mr Mandela, Penguin Group

Vroeger interview:

Naomi Meyer interviewt Zelda la Grange in het kader van het Festival voor het Afrikaans dat op 22-23 september jl. plaatsvond in Amsterdam:

https://www.litnet.co.za/zelda-la-grange-oor-festival-voor-het-afrikaans-2018/

 

The post Nelson Mandela – zijn nalatenschap appeared first on LitNet.

US Woordfees 2019: Stand-up-komedie

$
0
0

Schalk Bezuidenhout en Loyiso Madinga

Die stand-up-komedie is elke jaar een van die gewildste afdelings op die program en in 2019 sal feesgangers baie geleentheid kry om hul lagspiere hard te oefen: Radio Raps (Jonathan) tree vir die eerste keer by die fees op en gaan die Stadsaal op horings neem. Schalk Bezuidenhout en die Afrika-korrespondent van Trevor Noah se The Daily Show, Loyiso Madinga,  gaan (ook Engelse) gehore met Broken English laat skater. Casper de Vries en die vlymskerp Khanyisa Bunu gaan saam die draak steek met alles en almal. Twee ou gunstelinge, Nik Rabinowitz en John Vlismas, tree weer op. Barry Hilton, Bennie Fourie, Mariette Loubser, Afred Adriaan, Melt Sieberhagen en Hannes Brümmer is ook almal deel van die groot lawwigheid. En Marc Lottering is vir die eerste keer in jare weer op die planke in Stellenbosch – dié keer saam met die onstuitbare Shimmy Isaacs. Die komediefees word afgesluit met Schalk Bezuidenhout in die Stadsaal.

Casper de Vries

Shimmy Isaacs & Marc Lottering

Hierdie is jou geleentheid om dubbeld te vou van die lag vir twee van Suid-Afrika se mees geliefde komediante. Shimmy Isaacs sal eerste op die verhoog wees. Verwag gerus ’n ekstra energieke optrede met Shimmy op haar stukke. Daarna tree die briljante Marc Lottering vir die eerste keer in jare weer by die Woordfees op om almal te herinner hoekom hy al twee dekades een van Suid-Afrika se topkomediante is.

Shimmy Isaacs

Marc Lottering

Radio Raps: Genuine

Vanjaar is die internetsenasie, komediant en akteur Rikus de Beer (oftewel Jonathan van Radio Raps) vir die eerste keer by die US Woordfees te sien. In hierdie vertoning kyk Jonathan op ’n skreeusnaakse manier na ons eie menslikheid, weerloosheid en dit wat ons die mees unieke spesie maak. “Genuine boys, ons moet dit ernstig oorweeg om onsself nie so ernstig op te neem nie,” meen Jonathan. Sy vertonings verkoop vinnig uit. So, feesgangers moet gou spring vir kaartjies. Soos in genuine.

Radio Raps

Lees meer oor die Stand-up-komedie of kry die volledige program.

The post US Woordfees 2019: <i>Stand-up</i>-komedie appeared first on LitNet.

Wie was die voorsate van die moderne mens?

$
0
0

Die moderne mens was nie altyd alleen op aarde nie; hier was ander intelligente wesens saam met ons. Hoekom is ons dan vandag so arrogant oor ons intelligensie midde ons lomp en wrede heerskappy oor alles en almal, en glo baie mense steeds ’n bomenslike wese het ons spesiaal gemaak?

Minder as ’n 100 000 jaar gelede was die moderne mens meestal beperk tot Afrika – die vasteland waar ons almal ontstaan het. Hulle neefs en niggies, die Neanderdalmense, én die Denisovans, het onderskeidelik in die weste en ooste van Eurasië geleef. ’n Enorme gebied.

Skulpies wat in sedimete in die Cueva de los Aviones in Spanje gevind is. Die oudste hiervan is 120 000 jaar oud en dit is bewerk en gekleur met oker deur Neanderdalmense. Foto: J Zilhão

Bewyse oor hoe ons en dié twee spesies aan mekaar verbind is, is die afgelope tyd toenemend gepubliseer. Die idee dat net ons unieke, slim heersers oor die landskap was, kan nie meer gehuldig word nie.

Die verhaal begin by die migrasie van mense uit Afrika tussen 70 000 en 60 000 jaar gelede toe daar ’n Ystydperk was. Die seevlakke was aansienlik laer as vandag en die kruising oor die Rooi See makliker.

Die moderne mens het byna nie oorleef nie; kenners meen daar was op een stadium so min as 10 000 mense (Homo sapiens). Ander meen daar kon selfs minder gewees het. Ons is deur ’n genetiese bottelnek. Een van die plekke waar mense in Afrika oorleef het, was by Pinnacle Point by Mosselbaai, waar die seevlak destyds tot 90 km van die huidige kuslyn teruggetrek het.

Evolusie het ons nie vorentoe gestoot na perfeksie nie. Dit is nie soos die evolusie van die vliegtuig of motor waar die modelle poog om die vorige een te verbeter nie. Dit is hoekom evolusie nie liniêr is en van minder na meer kompleks loop nie. Natuurlike seleksie is ook nie ’n bewustelike proses met ’n bepaalde uitkomsgerigte doel nie. Helaas, is ons ook nie geskep nie; ons het net-net daarin geslaag om deur natuurlike seleksie aan te pas.

Tot so onlangs as agt jaar gelede is daar gedink ons en Neanderdalmense het nie gekruis nie, en hulle was net ’n brutale, dom, spesie wat grommend rondgehol het. Gelukkig weet ons nou van beter, omdat die wetenskap bly ondersoek en homself korrigeer.

In 2010 is die volledige genoom van Neanderdalmens gekarteer onder leiding van Svante Pääbo, verbonde aan die departement van evolusionêre genetika by die Max Planck-instituut vir Evolusionêre Antropologie in Duitsland. Dié eerste genoom, en die ses ander wat gevolg het, is kaarte uit ’n era van ons stamboom. Jy kan daarmee terugstap in tyd, want gene bewaar ons herkoms. Dan word dit vergelyk met vandag se genetiese kaarte.

Die raming is dat moderne mense en Neanderdalmense tussen 650 000 en 700 000 jaar gelede ’n gesamentlike voorsaat gehad het, en dat ons daarna geskei het, maar die genetika vertel nou ’n ander verhaal. Dié skeiding het dalk 400 000 jaar gelede gebeur.

Om die prentjie nog meer ingewikkeld te maak, was daar ook ’n derde spesie – waarvan ons weet – in die omtrek. Dié hominiede, die Denisovans, het ook tot die genus Homo behoort en het minstens 130 000 jaar lank in een gebied in Siberië gewoon. Dié was die eerste hominiedspesie in die geskiedenis wat nie volgens die tradisionele taksonomie beskryf word nie, maar met DNS-analise.

Die rotstekening gemaak deur Neanderdalmense 64 800 jaar oud, dit is 20 000 jaar ouer as dié van moderne mense. Die skets wys wat op die rots in Spanje geteken is. Foto: Breuil et al/Science

Die rotstekening gemaak deur Neanderdalmense 64 800 jaar oud, dit is 20 000 jaar ouer as dié van moderne mense. Foto: Breuil et al/Science

Net ’n paar tande en beentjies is in ’n grot in Siberië gevind, maar die gene het onbetwisbaar gewys dit is ’n ander argaïese spesie. Drie afsonderlike spesies wat op een tyd geleef het.

Dink net wat sou gebeur het as dit vandag was. Ons sou seker spesie-diskriminasie ontwerp het.

Vanjaar is daar is die eerste bewyse gekry dat Denisovans ook met die Neanderdalmense gekruis het. Dit is gesien uit die fossiel van ’n 13-jarige meisie van 50 000 jaar gelede wie se ma ’n Neanderdalmens was en haar pa ’n Denisovan. Die pa het baie ver terug op sy stamboom ook ’n Neanderdal-voorsaat gehad, soveel as 300 tot 600 generasies terug voor sy leeftyd, uit ’n ander groep Neanderdalmense as dié van die ma.

Die kruisings het ’n hele vloei in die genepot veroorsaak, net soos vandag, wat aan ons ’n verbintenis met die diepe verlede gee.

Wie dra wie se gene? Daar is op 26 November vanjaar nog nuwe werk gepubliseer wat die verhaal nog meer interessant maak. Daar is eers gedink dat die spesies mekaar dalk net een keer sou raakgeloop het; dit is egter nie so nie. Ons het verskeie kere oor die verloop van duisende jare met mekaar in aanraking gekom en die resultaat was vele babas.

Die uitsig vanaf die grot waar die fossiele van die Denisovans gevind is. Dit is in die hedendaagse Rusland.  Foto: B Viola, MPI Evolutionary Anthropology

Die jongste nuus is dat moderne bevolkings van Oos-Asië tussen 12% en 20% meer Neanderdalgene in hulle genoom het as ander mense. Mense wat van Europese afkoms is, het tussen 2% en 6% van Neanderdalgene in hulle, en dié van nie-Europese afkoms niks, omdat hulle voorsate in Afrika was.

Die Neanderdalmense het verskeie dinge aan ons oorgedra: Dit speel ’n rol in vel- en haarkleur, hoë cholesterolvlakke, die opbou van vet om jou middel, lupus, rumatoïede artritis (’n outo-immuniteitsiekte), die risiko vir skisofrenie; dit het ’n invloed op jou slaappatrone soos bepaal deur jou interne horlosie, en verskeie allergieë.

’n Belangrike erfenis was beskerming teen RNS-virusse. Soveel as 152 gene wat mense van Europese en Asiese herkoms van Neanderdalmense gekry het, beskerm teen dié tipes virusse. Dit het ook ons voorsate gehelp om die virusse te beveg toe hulle uit Afrika migreer het en vir die eerste keer in aanraking gekom het daarmee.

Toe ons en die Neanderdalmense se gemeenskaplike voorsaat geskei het, het elkeen daarna sy eie stamme van die menslike papilloomvirus (MPV) ontwikkel. Nadat ons weer met hulle in aanraking gekom het, het ons weer nuwe MPV-stamme by hulle gekry en dit is steeds met ons. Dit is hierdie stamme wat onder meer die oorsaak van die meeste servikale kankers en van sekere mond- en keelkankers is. Ons het tuberkulose en herpes aan hulle oorgedra.

In drie grotte in Spanje is die oudste simboliese rotskuns op aarde, deur Neanderdalmense gemaak. Dit is minstens 64 800 jaar oud, 20 000 jaar voor die eerste moderne mense se kuns.

Die sketse van diere, met kolle en geometriese vorme in rooi en geel oker, en in swart kleure, wys hulle het simbolies gedink. Om dit te doen het jy ’n bepaalde kognisie. Aanvanklik is daar gedink dit was moderne mense se werk, maar vanjaar is daar uraan- en toriumdatering gedoen en daar is besef dit is onmoontlik – mense was nog in Afrika.

Die toetse dateer die opbou van karbonaat op die kuns. Dit bevat spore van die radioaktiewe elemente uraan en torium, wat wys wanneer die neerslae in die grot gevorm het. Dit was ook nie ’n eenmalige gebeurtenis nie; hulle het 25 000 jaar lank in die Maltravieso-, La Pasiega- en Ardelesgrotte in Spanje kuns gemaak.

Seker die mooiste nog is die fyn skulpies wat die Neanderdalmense bewerk het, waarvan die spore van gekleurde oker ook nog daar is. Dit is in sedimente in die Cueva de los Aviones in Spanje gevind . Die oudste hiervan is 120 000 jaar gelede gemaak, toe hulle met stukkies gereedskap koeëlronde gaatjies daarin geboor het. Dalk om ’n veltoutjie deur te ryg om krale mee te maak?

Neanderdalmense het 175 000 jaar gelede unieke strukture diep in ’n grot gebou, gemaak van stalagmiete, wat hulle in kringe opgestapel het. Die enigmatiese struktuur van 400 stalagmiete is twee jaar gelede diep in die Bruniquel-grot in die suidweste van Frankryk gevind.

Die druipstene is afgebreek in stukke van sowat 30 cm en opgestapel in “muurtjies” wat sowat 40 cm hoog is. Die een sirkel is 6,7 m x 4,5 m en die tweede 2,2 m x 2,1 m. Vuur is gebruik om van die stalagmiete te verhit, en dit is rooi en swart gekleur.

Dit herinner aan rituele gedrag, en baie vroeë simboliese en kognitiewe denke by ’n ander spesie as die mens. Sodra jy simbole het, het jy kultuur in jou evolusieproses. Jy het ’n “ideologie” en jy moet oor ’n vorm van taal beskik. Jy is ’n denkende wese.

Hierdie mense was ook glad nie reuse, met koppe soos rotsblokke en ’n borskas soos ’n vaatjie, wat bo my en jou sou uittroon nie. By die Natuurhistoriese Museum in Londen is twee lewensgrootte-afbeeldings wat na aanleiding van fossiele gemaak is van ’n vroeë moderne mens en een van ’n Neanderdalmens.

’n Neaderdalmens (links) en ’n moderne mens. Foto: Ian Tattersall/American Museum of Natural History

Die mens is 1,75 m lank en lenig gebou – gemaak vir langafstandhardloop. Die Neanderdal is 1,55 m lank, en het, net soos die mens, sy liggaam met oker versier en velle as klere gedra. Beide het gereedskap gemaak en suksesvol gejag. Nie een van die twee was “aapmense” nie.

Baie onlangse navorsing toon die Neanderdalmens se toraks – daardie borskas soos ’n vaatjie – was baie dieselfde as dié van mense. Dit het dieselfde vorm gehad as ons s’n; dit was net wyer aan die onderste segment. Hulle sou meer met die diafragma asem gehaal het, en sou ’n groter longkapasiteit gehad het.

Die idee dat hulle lewens gewelddadiger was, of dat hulle “wilder” sou gewees het, is nie waar nie. Daar is ewe veel trauma aan die fossiele van beide spesies van destyds. Dit was gevaarlik vir beide om te jag en die sosiale en lewensomstandighede het ’n ewe groot risiko vir beserings en dood ingehou.

Kenners het onlangs werk gepubliseer en die beserings aan 114 Neanderdal- en 90 mensskedels uit Eurasië tussen 80 000 en 20 000 jaar gelede bekyk. Daar was nie ’n verskil in die hoeveelheid of aard van beserings nie. Al wat uitgestaan het, is dat die mans meer beserings gehad het – en dit is vandag steeds so.

Van die mense en Neanderdalmense het nie beswyk aan die beserings nie, maar hulle het van die gruwelike wonde en beenbreuke herstel. Dit kon net gebeur het indien die ander na jou omgesien het. Jy was in dié tyd ’n las; jy kon nie ’n bydrae maak om kos in te samel, na die kinders te kyk, of die groep te beskerm nie. Dit is ’n gevorderde stap in evolusie.

Altruïsme en sorg vir ander – om te gee, of om te gee sonder om iets terug te kry – is ’n funksie wat nie eie aan die mens is nie. Dit is ook nie eie aan ons genus of spesie nie, maar kom ook voor onder sjimpansees. Nog minder is ons die enigste wat gereedskap gebruik.

’n Stel tande wat van ’n Neanderdalman ontleed is, het gewys hy het ’n aaklige abses aan die bo-kaak gehad. Dit kon gesien word aan ’n mikro-organisme wat ontleed is van die plaak aan sy tande. Die parasiet het erge diarree veroorsaak. Hy het egter populier geëet wat ’n bron van aspirien is, asook ’n natuurlike antibiotiese skimmel wat ’n bron van penisillien is. Nog een het sy tande met ’n “tandestokkie” gesit en pik – so erg dat dit merke gelaat het, en die tande geskuif het, soos wanneer ’n mens pyprook.

Die hominied met die bynaam Hobbit (Homo floresiensis) het tot so onlangs as 50 000 jaar gelede op ’n Indonesiese eiland geleef voordat hulle uitgesterf het. Lede van die spesie het omtrent ’n meter lank geword. Daar is geen bewyse dat hulle met die ander spesies gekruis het nie, maar hulle en die ander vier spesies het op dieselfde tyd geleef.

Dit lyk ook of die moderne mense ouer as 200 000 jaar is, so oud as 300 000 tot 350 000 jaar, volgens fossiele van moderne mense van Marokko wat verlede jaar op minstens 315 000 jaar oud dateer is.

In Suid-Afrika is Afrika se rykste fossielterrein die Wieg van die Mensdom. Duisende fossiele van Homo naledi is al in twee afsonderlike grotkamers van die Rising Star-grotstelsel gevind. Dié fossiele, waarvan minstes 18 individue, is tussen 335 000 en 236 000 jaar oud – jonk genoeg dat hulle saam met die vroeë moderne mense in Suid-Afrika op die grasvlaktes gewandel het.

Hulle het die donker, afgeleë plekke gebruik om hulle dooies te daar plaas. Daar is geen bewyse van trauma, siekte, roofdiere of enige uitwissingsgebeurtenis nie. Homo naledi het iets baie besonders met hul dooies gedoen, op twee plekke, want daar is geen ander ingang gevind buiten die nou tonnels nie. ’n Soort begrafnis, wegbêre, sodat die roofdiere nie die liggame kry nie.

Wie het die gereedskap op talle van Suid-Afrika se terreine gemaak? ’n Mens kan nie meer aanneem dat ons weet wie dit gemaak het nie. Dit kon Homo naledi gewees het. Dit is ook moontlik as hulle die wêreld met moderne mense gedeel het, of daar kon nog ander intelligente wesens hier, of elders op aarde gewees het. Net soos daar Denisovans, Hobbits en Neanderdalmense was.

‘n Graveerde vuursteen wat deur 'n Neanderdalmens gemaak is. Dit is in die hedendaagse Krim gevind. Foto: Ana Majkic/Plos One

Spesies het in prehistoriese tye weens ’n komplekse verloop van omstandighede uitgesterf. Die Neanderdalmense was langer hier as wat ons hier is, en so ook vele ander hominiede wat deel van ons stamboom was, so ver terug as sewe miljoen jaar gelede. Geen spesie leef vir ewig nie – die takke van die stamboom van die lewe loop dood.

Ons is maar net nóg ’n spesie. Op ’n rots. In ’n oeroue heelal, vol triljoene planete en sterre wat al vinniger en vinniger van ons af uitdy. Ons was gelukkig om te oorleef, vir nou. Dis al.

  • Bronne: Nature (14 November 2018); Nature, Ecology & Evolution (26 November 2018); Science (22 Februarie 2018); PLOS Genetics (8 November 2018); Cell (4 Oktober 2018); Science (23 Februarie 2018); Nature (7 Junie 2017); PLOS One (2 Mei 2018).

Teks en foto's verskaf deur: Elsabé Brits

The post Wie was die voorsate van die moderne mens? appeared first on LitNet.

Viewing all 21515 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>