Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21496 articles
Browse latest View live

Uitnodiging: Woordpret by die Woordeboek van die Afrikaanse Taal op 12 Oktober 2018

$
0
0

Tracey Lange | Foto: Facebook

Tracey Lange, aanbieder van die TV-programme Bravo! en Tussen ons is op 12 Oktober die gas by die WAT se volgende Woordpret. Tracey sal ’n blik agter die skerms van die TV-programme gee en vrywilligers uit die gehoor sal aan ’n impromptu Tussen ons-gesprek kan deelnaam. Sy is ’n spontane en gemaklike persoon en daar sal ook nog heelwat ander verrassings wees.

Maggie Marais van Delaire Graff sal van die landgoed se uitsoekwyne kom bekendstel en wyn, sap en ligte verversings is vanaf 12:30 beskikbaar. Tracey kom om 13:00 aan die beurt. Die program duur ongeveer 45 minute en sal dus voor 13:45 ten einde loop. 

Kaartjies kos R30 en daar is sitplek vir slegs 50 persone. Skakel Susan of Tanja voor of op 10 Oktober by 021 887 3113 of kontak die WAT by wat@sun.ac.za om u sitplek te bespreek. Die Buro van die WAT is in Banghoekweg 115, Stellenbosch. 

The post Uitnodiging: Woordpret by die Woordeboek van die Afrikaanse Taal op 12 Oktober 2018 appeared first on LitNet.


Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings VI

$
0
0

Hier verskyn die sesde lys inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "Tyd" ontvang is. Drie kontantpryse van R500 elk is op die spel. Die sluitingsdatum is 26 Oktober 2018.

Inhoud

Johan van Heerden
Machtilt de Beer
Gideon Brückner
Annamarie van der Merwe
Helet Botha
Clive Ontong
Ann Hiemstra
Léandri Wolmarans
Madeleen Theron
Maryke Lyons
Gracia Nicholls
Eunice Basson
Marion Philander
Marisa de Kock
Linda Rautenbach
Conrad Vollgraaff
Henlie Barnard
Annabella Coetzee
Helena Mellet
Chris Joubert
Marlize Prins
Anita Kritzinger
Coen Vollgraaff
Annalene van Tonder
Willem Boshoff


 

Johan van Heerden

Oud

Sy kierie skuifel stadig voort
min krag bly oor
meer lewenslaste druk
wat eertyds was
sit aan hom vas
soos droë skuim
verbete klou
aan leeggedrinkte glas
swaarkrykloue in sy rug geslaan
soos dié van ’n roofdier

sy horlosie tik-tak stadiger
voel dit in sy skuifeling
in sukkel om op te staan
nog meer om staande te bly
oë merkbaar dowwer
ore se vingers
gryp vergeefs na klank

hoe lank voor ons daar kom
bejammer word
nabymense hulpeloos laat
met onuitvoerbare medelye
totdat die tik-tak ophou
die wind oor alles waai
sy plek hom nie meer ken nie?

wyl ander se horlosies voort tik

Oktober 2017


 

Machtilt de Beer

Onthou my:

'k wonder of jy sal onthou van
die plaas en die donkiekar, ’n
dorpie met ’n hotel en ’n Spar,
ek mis vir Chris en die plaaslyn,
op die stoep met ’n glasie wyn

Ek wag vir die son om deur te breek,
op die horison vir my te lag, tyd gaan
te gou, geen tyd vir rou,
ek mis die pond en die
houtbrug, om saans die Suiderkruis
te sien blink

Nou is dit die grote stad,
blink liggies en siele sonder
drome of wense, as die uurglas
leeg loop en die tyd is verby,
onthou my, onthou dan vir my


 

Gideon Brückner

Om terug te wees van weg gewees

Ons wange druk
paspoortstempels
liggies teen mekaar
vir jy wat gaan
en ek wat bly
jou palms gly
uit my hande uit
jy lig vir oulaas ’n groet
terwyl die horlosie
aan jou bleekwit pols
voort bly tik:

dit sou so lekker wees
om terug te wees
van weg gewees …


 

Annamarie van der Merwe

Eerstejaarsbede

Woeste wilde-wragtig –
my reeds selfstandige
absoluut afhanklike
blonde blou-oog:

Veertig weke was lank,
twee-en-vyftig snel verby.
Relatiwiteit van tyd
gryp aan my hart.

Mag vierduisende volg:
Beleef as oogknipsmart
met eras van sloerendseën
daagliks jou deel.

Daar kom ’n tyd – te gou –
wat jy alleen sal staan
met die sand uit my uurglas
verspeelde tyd.

Maar in my geestesoog
sien ek, en weet my hart:
Sý kruistyd laat ons saam deel
in ewigheid.


 

Helet Botha

Grootmenskind

die laaste korrel sand
tuimel en verdwyn op die tyd-duin,
raak weg
die laaste somer straal
knip sy oog en verdwyn oor die rant
raak weg

die laaste druppel
borrel teen die steeltjie af, verdwyn in sy seunshand
raak weg

die laaste vashou glip verby, verdwyn in ’n grootmenslyf

raak weg


 

Clive Ontong

In ’n oogwink

Met net een skoot
is jou vlerkies geknip
jou toekomsplanne met bloed bevlek.

Nou ’n parapleeg en
jou elke dag van ander afhanklik,
die aanpassing groot
en elke nietige takie … ’n inspanning.

Jy’t berusting gevind in elke asemhalingsteug,
jou dryfkrag hoop, geloof en waardigheid
met slegs dié pyn jou ewige reisgenoot


 

Ann Hiemstra

Verspeel

die bal is rooi
die bal is o, so sonskynmooi
as hy dit met handjies nog dom
hoog die bloue lug in gooi,
hy borrel-lag, kop agteroor
hy hol agterna om dit nie te verloor

dit rol en rol
oor die gras rol die bal
wip speels oor die kant
en val in die water
met ’n vrolike plas

sy gesiggie na onder
neusvleuels sper wyd
daar is skrik in sy oë

daar ... is ... net ...
vier ... minute ...
tyd ...


 

Léandri Wolmarans

Geduld

Dankbaar vir jou is ek werklik, maar geduld het ek nie meer.
Elke oomblik, elke sekonde, so onbeskryflik kosbaar vir my.
Elke blom, elke stukkie soet sagte liefde, al die lekkers.

Dankie vir die bloedrooi lelie.
Dankie vir die goudgeel orgidee.

Ek hang aan jou lippe, elke woord soos kos vir my siel.
Ek wag vir die oomblik, tyd staan stil saam met jou.

Jy sê ek is joune, maar ek weet.
Ek weet waar jou hart lê.
Ek hou vas.
Ek weet ek is verkeerd, maar ek wag.
Ek wag dat jy my eendag so sal liefhê.

Jy soek tyd.
Ek wil vir jou ’n ewigheid toedraai in ’n kombers van omgee.
Maak los die gewigte wat jy aan my hart het.
Ek moet laat gaan, maar swakker was ek nog nie.

Dit is tyd om te groet.
Goeiemôre aan die somber, melancholie sonder jou.
Goeienag aan die verwagtinge van jou liefde.

Jy soek tyd.
Ek wil vir jou ’n ewigheid toedraai in ’n kombers van omgee.
Dankbaar vir jou is ek werklik, maar geduld het ek nie meer.


 

Madeleen Theron

True Essence

What is time to God but an eternity without boundaries.
No beginning ... no end, nonexistent.
Time to us is a limitation, a false construct of reality.

Did someone not once say that “every man should be the master of his own time”?
Time itself – eternity was rudely stolen from us. We have to, once again, regain control
for that price was dearly paid as well.

We have to master time, put it under our feet – as was the plan from the beginning.
Time must work for us, not us for it and therefore we should firmly command time to accommodate us,
under no circumstances should we accommodate time ...

When you feel the pressure of human-inflicted time constrains,
do not give way ... pay no attention,
calm yourself and direct your focus on what's at hand, on the now.

Feel the eternity that belongs to you, see time from God's perspective
and soak up the true essence of time ...


 

Maryke Lyons

Dis tyd om te groet

Kyk links, kyk regs, kyk voor jou,
Kyk na die een wat by jou staan,
En vra jouself, waarom
Het jy God so vermy?

My God so groot,
Is ek niks bang vir die dood.
Maak my lyding nou iets vir jou,
Om altyd te onthou.

Voet vir voet,
Op my lewensvoetpad,
Is ek stadig op pad na my
Begrafnisstoet.

Ek het soveel moed,
En weier om vir nou te groet.
Mag my lewensmoed,
Jou siel vir altyd voed.

Soos ’n saad word ek geplant,
Ek groei en word ’n rooskleur plant.
Dan ...
Word ek oud,
En nou ...
Is dit my tyd om te groet.


 

Gracia Nicholls

Tydelik

Die tyd om aan te beweeg het aangebreek.

Soos die son spasie maak vir die maan wanneer nag breek.

Soos die spasie tussen my sinne vrugbare grond vir stilte kweek.

Soos die wag vir ’n ring aan my vinger:
’n verwagting na ’n ewige verbond.
"Verewig" verklaar geliefdes trou aan mekaar ...
Maar selfs dit tuimel onder die realiteit –
die verganklikheid van tyd.

Stiptelik neem dit stelling in.

Alles is tydelik.

Dis duidelik – hierdie trek is onvermydelik.
Wanneer tyd stap moet ons almal ons goed inpak.


 

Eunice Basson

Almanak

Agter ’n kamerdeur
hang die apteek-almanak
oorvol onsigbare gedenkdae
waarvan net sý nog weet: 
háár troudag, feestelik, 
maar sestig jaar gelede;
verjaarsdae van ’n man, nou dood
en kinders die wêreld oor.
So sit sy dagin, daguit, soms
met haar hande in haar skoot
maar steeds word dag en datum,
waarvan net sý weet,
jaarliks op die kalender aangestip:
geboorte van ’n baba aan wie sy
slegs die dood kon skenk.


 

Marion Philander

Vandag en toe

daar was ’n tyd toe kinders
kon kaalvoet speel en lag
nog ongeskonde jare
nie pynlik soos vandag

was kinders nog onskuldig
soos kinders nog geglo
in hierdie ruwe wêreld
word kinders vinnig groot

het alles kom verander
die waarheid word verdraai
die reëls word nou verander
die lelik word verfraai

ons kinders ingesuig
mislei en vasgevang
in hierdie nuwe era
is niks meer van belang


 

Marisa de Kock

’n Oomblik

Tyd is die muur wat ons van mekaar geskei het.
Die vier jaar wat tussen ons staan.
Elkeen op ’n unieke plek in ons lewens.
Ek, eerstejaar, en jy,
Besig met jou nagraadse diploma.

Ek het twee maande gelede
My droomman ontmoet.
Vlugtig voor ’n Varsity Cup-wedstryd.
Ons het kortliks gesels.
Jou suster, ’n goeie vriendin.
Jy kom van ’n klein dorpie af in die Vrystaat.
Plat op die aarde-mens.

In die kortstondige ontmoeting
Het dit gevoel asof die horlosie se
Wyser stadig verbytik,
Maar steeds te vinnig na my sin
Van plek verander.
Ek wou heel aand in jou geselskap wees
En net jou teenwoordigheid waardeer.
Ek het veilig gevoel by jou, ’n vreemdeling.
Ek het vir die eerste keer liefde met
eerste oogopslag ervaar.

Maar daarna het ons mekaar nie weer gesien nie,
en daardie skamele 321 sekondes
Het onophoudelik in my gedagtes baljaar. 

Dit is waarskynlik al wat ons sal wees.
’n Gedagte, ’n droom of selfs net
’n Oomblik.


 

Linda Rautenbach

Vir ouma (met liefde)

Ek mis jou
Ek mis jou sagte blou oë
Wat direk vir my kyk
En dadelik dwarsdeur my kon sien
Jou warm, sagte, handjie
Wat my wang toeskulp en my weer laat voel soos ’n dogtertjie
Ons geselsies tot die nag stokoud word
Oor enigiets
Ek mis ons tee drink na skool
Uit die pienk en wit koppies met die pierinkies
Ek wil weer blokraaie invul en puzzles bou
By die kombuistafel
Terwyl die kos op die stoof is
En ons wag vir oupa om van die werk af te kom
EK
WIL
JOU
TERUGHê
OUMA
Draai terug die tyd
Sodat ek jou kan ruik en hoor en voel
Ek wil jou lyf was en jou hare indraai
Met drie pienk sponskrullers
Maar net in jou kuif
Ek wil nog net eenkeer jou toonnaels verf
Selfs die gebreklike toontjie se vel
EK
SOEK
NOG
TYD
OUMA
Tyd was nie genoeg vir ons liefde nie
Want selfs ’n leeftyd saam met jou sou te kort wees
So wat sal nog ’n dag saak maak?


 

Conrad Vollgraaff

Woordfoto

as my horlosie gaan staan
en die laaste korreltjie val,
my wyser in die groot skadu verdwyn.

sal my herinnering soos Dali wegsmelt
maar tot niks.
of stap ek ritmies aan,
in die hart van Kindertyd.


 

Henlie Barnard

Moenie mors nie.

Dit het geen oë,
ander hou dit dop.
Geen mond,
Skreeu op oggendstond.
Twee arms, nie ewe lank,
Skuif sekonde, na minuut.
Minuut, na uur.
Geen voete,
stap aan sonder spore.
Sterwendes, verliefdes koop dit uit.
Wag laat tik-tok
voel soos ewigheid.
Niemand mag dit mors,
koop dit uit
maar steel dit nooit van ’n ander.


 

Annabella Coetzee

Oorgang

Kom ons gaan deur deure
van spasie en tyd
na ’n ver verborge werklikheid
waar jy ’n musieknoot word
van ’n ewigdurende melodie
Dit is daar  waar  musieknote
in harmonie met die sterre wandel
en  tyd verewig vrolik dartel

Daar waar jou sielsgenoot
polsende musiek maak
kry emosies die kans
om op die maat
van  ’n engele-lied te dans

In stiltetyd gaan tyd slaap
en laat soete sagte spore 
van geloof, hoop en liefde
in die hemelruim verskyn
waar  die heelal mettertyd
noot vir noot geboorte gee
aan ons sprankelende simfonie
van ewige lewe en samesyn


 

Helena Mellet

Hier en nou

Die horlosie teen die muur
knik-knik sy sekondewyser
laat hom ’n paar sirkels voltooi
en spoeg minute uit wat tot ure groei

Tik-tik skuif die dag
al met die wyser saam
verouder en verkleur
soos die uur verlang

Gister se hart
klop-klop in vandag se lyf
more is vandag ’n gister
word die hier ’n dáár
en nou
net ’n onthou


 

Chris Joubert

Januarie-fiësta

Bloekombome buig vooroor
in die kolepan van die middaguur
sonbesies lê leeg in ’n poel vuur
dikvoet stap ’n hen en kuikens verby
stompe, splinters en brandmaakhout
die middaguur brand vas in ’n Januarie-fiësta
die hemel vou oop in ’n lasuurblou sweisvlam
die landskap hou asem op
Vir hoe lank nog, God, gaan die hellevaart
van dié uur duur?


 

Marlize Prins

Tydsones

ure, minute, sekondes
loop die wyser tik-tok
elke oomblik,
hier en nou

jare, maande, dae
só stap geleenthede verby
maak die deur
oop of toe …

“Die son kom op,
die son gaan onder,
en dan haas hy hom
weer
na waar hy opkom”

min waardeer
sommiges wil terugdraai
ander “fast-forward”
só vanselfsprekend

Ja, dis tyd
tyd wat ons nie kan koop nie

Ons besef nie –
uurglas loop uit
stadig maar seker …

Lewe vlieg verby
op die vlerke van die aasvoël
wat alles langs die pad
(moontlik vrot)
saamneem

Wees dus versigtig wat
Jy
langs die pad los –
mense verniel jou as
Jy
dit die minste verwag
en wanneer dit aanbreek
(en jy dit besef)
is dit reeds te laat
en die tyd te min.

Dan is daar weer die
huilende wind
wat kom en gaan –
rus bring vir sommiges

Dié wat soggens
glimlaggend opstaan
as die wekker afgaan

Wêreldwyd verskillende
tye – wat beteken dit?
(alles is ’n gejaag,
’n gejaag na wind)
met tyd wat ons nie het

“Ek het gewonder
wat sal gebeur
as ek my aan wyn oorgee
maar tog nog op soek bly na wysheid,
as ek soos ’n dwaas leef
totdat ek vasgestel het
wat die beste is waarmee ’n mens
hom sy lewe lank in hierdie wêreld
besig kan hou.”


 

Anita Kritzinger

Phoenix rising

I’ve been walking the tightrope line
          between love and hate
          bitterness and forgiveness
I’ve been searching my soul
          crushing to the ground
looking for answers from the great beyond

I lifted my eyes to the wide open skies
and found my answers in the stars above
voices whispering on the ancient wings of time
              “the answer, my child, is just to love
                                     and to let go
               of everything you will never know ...”


 

Coen Vollgraaff

twee seisoene

voorjaar tower
die wind
onthou-liedjies
’n duet
met die windpomp
se heilige gesange.

koes en buig
lekkerruik
peperbome
huilgesig
teen die reën.

bou ’n rooivink
ylings
tonnelnes
van gras

nou
in die klein
hokkie
van oujaar-jare
lê heimat
droogrivier ver

draf bakoorjakkals
in n lugspieël
windvoet
oor my hart

rolbos verslete gedagtes
in die skadu
van gifberg se bossievoet

teen doringdraadheinings
vas.


 

Annalene van Tonder

Swiep

altyd té min ...
té veel
gaan te vinnig verby
sleur genadeloos voort
nooit genoeg nie
...
té laat
té vroeg
– betyds –
 – kan nie wag nie –
...
kan nie gevang word nie
net ...
vasvang ...
onthou word
soms genadiglik uitgevee word
  verbygaan
nie terugdraai nie
verwyt, berou
het ek maar ...
...
die arms swiep voort
lange
korte
lange
korte
tik
tik ...
kruip ...
loop ...
hardloop ...
staan stil
STOP
verby
swiep
sekondes
swiep
...


 

Willem Boshoff

Laaste Sondagmiddag, September

Vir X

Jy neem ’n saadjie in jou palm.

          Wolkenes wierook sluimertol
          oor ons hoofde;
          ontbloot strale,
          dit kaats rollende kaleidoskope
          wat jy uit jou hand
          in my pupille laat glip.
          Genesis van ’n korsmos wat
          van my ooglede afskil.

          Jy vang ons verouderende
          silhoeëtte en maak hulle
          teen die boom staan:
          gly vingertoppe tussen
          die geërodeerde groewe,
          blaas briesasems
          fluister jaarringherinnering
          by ons ore in.

          Hulle word toe verhul
          in die eb en vloed
          van ons skaduwees
          wat uitgespoel oor
          die laslappiekombers lê.

          Hoep-hoep snawel trek
          mierlewenslyne in die stof na,
          hulle marsjeer deur
          verweerde korrels en broodkrummels:
          tuinwaarsêers van die blaardiaspora.

Jy maak die botsel oop:
dit bloei spore oor my lippe
soos ek julle soen.

Ek adem die skemersweet
van jou lyf af in.

Skryfkompetisie: Tyd

Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings I

Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings II

Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings III

Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings IV

Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings V

The post Tyd-skryfkompetisie: Inskrywings VI appeared first on LitNet.

Uitnodiging: Kom ontmoet die skrywer Jan De Kinder in Stellenbosch

Jacques Brel: 5e Gents Colloquium over het Afrikaans

$
0
0

40 jaar na zijn dood zingt Jacques Brel nog altijd over zijn vlakke land, ook in het Afrikaans.

Het Gents Centrum voor het Afrikaans en de Studie van Zuid-Afrika, Universiteit Gent, heeft weer zijn beste beentje voorgezet. Op 5 en 6 oktober organiseerde het onder grote publieke belangstelling het 5e Gents Colloquium over het Afrikaans. Daags voordien was Wannie Carstens, Noordwes Universiteit, al geïnstalleerd als Leerstoelhouder Zuid-Afrika: Talen, Literaturen, Cultuur en Maatschappij. In het rijkgevulde programma kon ieder zijn gading vinden. Bernard Odendaal, directeur van de ATKV-Skryfskool van de Noordwes Universiteit, gaf een boeiende lezing over "Na 40 jaar besing Jacques Brel steeds sy “plat pays” – ook in Afrikaans".

Jacques Brel (1929-1978) in Olympia, Parijs, oktober 1961 – foto: Claude Poirier/Roger-Viollet (Ter informatie: toelating om die ene foto van Jacques Brel te gebruiken )

In Vlaanderen pakken de grote schouwburgen nu uit met een grote muzikale hommage aan Jacques Brel, die op 9 oktober 1978, juist 40 jaar geleden, in Frankrijk overleed. Ook in Zuid-Afrika spreekt de zanger, componist en tekstschrijver nog altijd tot de verbeelding. Het is een heksentoer en tegelijk een monnikenwerk geweest om zijn Franse teksten in het Afrikaans te vertalen. "Laat my by jou bly", "Amsterdam" en "Die Lied Van Die Ou Minnaars" hebben in Zuid-Afrika hoge toppen gescheerd en behoren nog altijd tot het collectief geheugen.

Je moet een ongelooflijke fan zijn ofwel een nerd om de moeilijke, Franse, poëtische liedjesteksten van Jacques Brel te vertalen. De Amsterdamse dichter Ernst van Altena had aan die drang al niet kunnen weerstaan; hij vertaalde 70 chansons van Brel in het Nederlands. Bernard Odendaal en Naòmi Morgan, nu hoogleraar Frans aan de Universiteit van die Vrystaat, durfden het aan om 40 chansons van Brel om te zetten in het Afrikaans. Het zijn vertalingen geworden die de sfeer van Brels œuvre tot in de perfectie uitstralen. Zij doen me als Nederlandstalige aanvoelen hoe aanstekelijk bekoorlijk maar ook hoe moeilijk Afrikaans wel is.

Voor Bernard Odendaal en Naòmi Morgan zijn de specifieke eigenschappen van het Franse chanson als liedgenre en de excellentie van Jacques Brels gehele chansonœuvre de voornaamste redenen geweest om (een deel van) dat œuvre te vertalen in het Afrikaans. In het chanson genieten woord en muziek bovenal gelijke rechten. Ze vormen een harmonisch geheel. Dat is het wezenskenmerk van het Franse chanson.

Brels thema’s: liefde, liefdesleed, vriendschap, camaraderie, lijden, ouderdom, dood, verknochtheid aan het landschap, worden bovendien zeer persoonlijk ingevuld. Het zijn thema’s die altijd complexe gevoelens oproepen en die de vertaler in het bijzonder uitdagen om er veelzeggende woorden voor te vinden in een andere taal. Bij hun vertaalwerk werkten Bernard Odendaal en Naòmi Morgan samen met muziekkunstenaar Herman van den Berg, die 24 van de vertaalde chansons uitbracht op zijn CDs Herman van den Berg sing Brel in het Afrikaans uit 2007 en Laat my by jou bly uit 2011.         

Jacques Brels "Le plat pays" in het Afrikaans "My lae land", door Herman van den Berg:

Herman van den Berg bij de lancering van zijn CD Brel in Afrikaans (2007)

Bernard Odendaal, Herman van den Berg en Naòmi Morgan bij hun intrigerend Brel-vertaalproject (2011)

Literair-esthetisch gezien heeft het chanson iets onbeslists en dubbelzinnigs. Het slingert tussen populariteit en ernstige poëzie. Het wendt een fijnbesnaarde, suggestieve tekst aan, in combinatie met een expressieve toonzetting en een gevoelige vertolking. Brel heeft zelf het relatief dichterlijke gehalte van het chanson beklemtoond: "Chansonniers is mense wat in hul lewens tien minute lank Rimbaud wil wees, en hulle na die tien minute vlytig op die chanson toelê."

In het Brel-vertaalproject heeft Naòmi Morgan de letterlijke vertaling gemaakt en deze voorzien van verklarende aantekeningen over cultuureigen items. Op basis hiervan heeft Bernard Odendaal vervolgens de Afrikaanse liedteksten geschreven. Hij omschrijft dit als de omdichting. Tenslotte heeft Herman van den Berg de zang-uitvoerbaarheid kritisch bekeken en de muzikaliteit verbeterd.

Brel getuigt sterk van wat taaltheoretici omschrijven als verikoniseringsdrift, zo kenmerkend voor poëtisch taalgebruik. Het gaat hier om de demonstratieve, sterker geloofbaarmakende wijze waarop creatieve bouwstenen (o.a. treffende beelden, dramatische effecten, meeslepende toonaarden en hechte klankverbindingen) worden benut om meer overeenstemming te bereiken met de semantische aspecten van de tekst. Over het werk van Brel zei Édith Piaf ooit dat iedere zin die hij zingt de luisteraar een stomp in zijn maag geeft.   

Bernard Odendaal krijgt van Brels "Le plat pays" maar niet genoeg, wat ook wil zeggen dat het chanson zijn geheimen nooit helemaal heeft prijsgegeven. Nu bij het voorbereiden van zijn lezing, tien jaar na voltooiing van de oorspronkelijke vertaling, heeft hij er zijn scalpel opnieuw ingezet. Omdat in de Franse brontekst ingewikkelde herhalingsstructuren worden gebruikt maar geen enkel  leesteken voorkomt, is nu pas duidelijk geworden dat het vlakke land zelf vashou, begeer, kraak en sing. Het vlakke land dat via de natuurelementen blijft vasthouden aan zichzelf. Het vlakke land dat zijn eigen eigendom alleen nog maar kan begeren, alleen maar dat, niets meer. Het vlakke land dat zijn greep op zichzelf verliest, want het begint te kraken. Het vlakke land dat na ontdaan te zijn van alle eigendom, zijn vreugde alleen maar kan uitzingen.

Bernard Odendaal, ATKV-Skryfskool, Noordwes Universiteit, graaft diep in het chansonœuvre van Jacques Brel en in het creatief vertalen van het Frans naar het Afrikaans, soms langs de omweg van het Nederlands.

Hoe veeleisend vertaalwerk wel is en waar precies de vrijheidsgraden van de vertalers liggen, blijkt uit de vraag die Daniel Hugo stelt aan Bernard Odendaal. In de Afrikaanse vertaling van "Le plat pays" komt de term dwerge voor: Die lug so laag gepak dat mense dwerge raak. Brel gebruikt die term niet. Blijkbaar is de term binnengeslopen in de vertaling langs de omweg van de Nederlandse vertaling door Ernst van Altena. Het is verrassend hoe spitsvondig er kan worden omgesprongen met vertalingen naar verschillende talen en hoe die elkaar kunnen bevruchten in een queeste naar de meest loepzuivere, expressieve uitkomst.

In Het Pand, een godshuis en Dominicanenklooster uit de 13e eeuw, luisteren Brel-fans naar de fijne uiteenzetting van Bernard Odendaal. In de zaal priemt de zon door de ruiten en dringt soms hoefgeluid binnen. De hele sfeer doet mijmeren over de idyllische maar ook ruwe buitenkant van het eeuwenoude gebouw. De ruimte wordt er volledig opgevuld door Bernard Odendaals betoog, dat "My lae land" opnieuw tot leven wekt. 

Het is onwaarschijnlijk hoe subtiel Jacques Brel in 1962 de mogelijke relaties tot zijn vlakke land onderscheidde en hoe subtiel Bernard Odendaal en Naòmi Morgan daar poëtisch welluidende equivalenten voor vonden in het Afrikaans, equivalenten die zelfs een licht kunnen werpen op het hevige debat over de herverdeling van de grondeigendom dat nu volop in Zuid-Afrika woedt.

In Vlaanderen brengt nu de gelauwerde Brel-vertolker Filip Jordens een ultiem eerbetoon aan de uiterst begenadigde chansonnier, componist en woordkunstenaar, aan de hand van een groots opgezet multimediaal spektakel met een symfonisch-orkest.

Aanrader:

Prachtig Nederlandstalig boek met heel veel duiding over de zanger en zijn tijd: Janny Nijhof, Vic van de Reijt, red., Jacques Brel. Ne me quitte pas. Laat me niet alleen. Amsterdam, Nijgh & Van Ditmar, 2004. Met vertalingen van Ernst van Altena, Benno Barnard, Geert van Istendael, Koen Stassijns e.a., 368 blz.

Tekst: Herman Meulemans

Foto Jacques Brel (1961): Claude Poirier/Roger-Viollet – met dank aan Catherine Gachet

Foto’s Herman van den Berg alleen (2007) en samen met Naòmi Morgan en Bernard Odendaal (2011): persoonlijk archief

Overige foto’s (2018): Herman Meulemans

The post Jacques Brel: 5e Gents Colloquium over het Afrikaans appeared first on LitNet.

Prestasiebeurs van die Van Ewijck-Stigting weer beskikbaar 

$
0
0

Daar kan weer aansoek gedoen word vir die Van Ewijck-Stigting se  Prestasie-prys van R75 000. Dit is ’n prys vir bewese prestasies wat reeds gelewer is en verband hou met die doelstellings van die Stigting wat kulturele betrekkinge tussen Suid-Afrika en Nederland in die ruimste sin bevorder. Dit sluit alle vertakkinge van die kunste of wetenskap in.

Aansoeke vir geldelike steun vir toepaslike inisiatiewe en prestasies moet voor 25 November gerig word aan:  

Die Sekretaris
Van Ewijck Stigting
Posbus 1658
Kaapstad
8000

(e-pos: nieuwoudt0@absamail.co.za)

Tel no: 021-9394009

Agtergrond   

Die Stigting is in Kaapstad gevestig en bevorder al vir 'n geruime tyd kulturele bande tussen Nederland en Suid-Afrika. Die trustfonds, in 1978 gestig deur Sippo Johan Van Ewijck van de Bilt (1902-1979), het oor jare heen bestendig gegroei danksy goeie beleggings op die plaaslike aandelebeurs.  Van Ewijck was ’n Nederlandse sakeman wat vir ongeveer 40 jaar afwisselend in Suid-Afrika en Nederland gewoon het. Hy het egter ’n besondere liefde vir Suid-Afrika gekoester. Hy en sy vrou, TT van Ewijck, was eienaars van onder andere die Binnehuis-winkels in Kaapstad en Somerset-Wes wat gehalte-meubels verkoop het.   

Die eerste vergadering van die Trustees van die Van Ewijck-Stigting is op 3 Maart 1980 gehou. By dié geleentheid was die volgende persone teenwoordig: HC Sandrock (voorsitter, prokureur en vriend van die Van Ewijcks), mevrou Van Ewijck, AJ Boëseken (bekende historikus), mevrou MA Bax-Botha (kultuurhistorikus) en Roy Pfeiffer (hoogleraar in Afrikaanse taalkunde). Die Raad van Trustees bestaan uit ’n aantal plaaslike Nederlands- en Afrikaanssprekende kundiges, onder andere Wium van Zyl, Chris van der Merwe, Peter Hesseling, Ronel Foster, Sonja Loots, Mathilda Burden, Piet Westra, Gawie de la Bat en Andries Visagie.

Die egpaar Van Ewijck het ’n waardevolle versameling van blou-en-wit Oosterse porselein, Hollandse silwer-, koper- en glasware, en meubelstukke – waaronder ’n sewentiende-eeuse kussingkas – in Kaapstad opgebou.  By die terugkeer van mev. Van Ewijck na Nederland in 1981, is hierdie versamelstukke aan die destydse Suid-Afrikaanse Kultuurhistoriese Museum (tans die Slawelosie en deel van die Iziko-Museums) geskenk.  Van 1981 tot 2003 is dit in ’n ruim lokaal op die eerste vloer, bekend as die Hollandse Kamer of die Van Ewijck van de Bilt-Kamer, uitgestal. 

Die fokusarea van die Stigting is veral die bewaring van die Nederlandse kultuur-erfenis in Suid-Afrika; die bevordering van die belange van Nederlandse of Suid-Afrikaanse verenigings met doelstellings wat ooreenstem met dié van die Stigting; en die toekenning van beurse en stipendia aan Suid-Afrikaanse universiteite en tegnikons. Navorsers wat in ’n rigting studeer of werk wat ooreenstem met die uitgangspunte van die Stigting, kan ook in aanmerking kom vir befondsing.  Daarby geniet behoeftige, bejaarde Nederlanders wat in Suid-Afrika woon, ook onderskraging van die Stigting.   

Instellings en organisasies wat gereeld deur die Stigting ondersteun word, sluit in: die Nederlandse Bibliotheek in die SASNEV-gebou in Pinelands, die Maandblad Zuid-Afrika, die Stigting VOC, die Stichting Nederlandse School te Kaapstad, die Nederlandse komponent van die US Woordfees op Stellenbosch. Meer onlangse skenkings sluit in die Libertas-koor, die Tracing History Trust, die Kaapstadse Simfonie Orkes en die S-A Instituut in Nederland. Die Afrikaanse leerstoel by die Vrije Universiteit van Amsterdam word deur die Stigting gesubsidieer. Vlugkoste word dikwels deur die Stiging gedra wanneer musici aan meesterklasse in Nederland gaan deelneem of wanneer navorsers na Nederland reis vir projeknavorsing. Ook die reiskoste van verskeie Nederlandse gassprekers op plaaslike konferensies  is deur die Stigting betaal.  

Talle ander organisasies het baat gevind by die Stigting.  Die Genootskap Nederland-Suid-Afrika is oor die jare gehelp om groepsbesoeke van Nederlandse studente aan Suid-Afrika, en omgekeerd, moontlik te maak. Aan die destydse Suid-Afrikaanse Biblioteek (tans die Nasionale Biblioteek, Kaapstad) is geld beskikbaar gestel vir die restourasie van waardevolle Nederlandse boeke in sy Van Dessin-versameling. Toe die Koninklijke Bibliotheek in Den Haag mikrofilmkameras vir die verfilming van Suid-Afrikaanse koerante aan die Suid-Afrikaanse Biblioteek geskenk het, het die Stigting ingestaan vir die vervoer daarvan na Kaapstad. Die ZASM-Gedenkhuis in Pretoria is gedeeltelik met fondse van die Stigting gerestoureer. Aan die Nederlands Cultuurhistorisch Instituut by die Universiteit van Pretoria is gereeld bydraes gemaak vir die aankoop van Nederlandse boeke en UNISA ontvang jaarliks fondse sodat hulle die subskripsie van Nederlandse tydskrifte kan volhou. Die publikasie van tientalle besondere boeke is ook in die verlede deur die Stigting moontlik gemaak.  Hieronder resorteer Dan Sleigh se Die Buiteposte van die VOC, die Codex Witsinii wat deur Iziko-Museums gepubliseer is, verskillende boeke van Karel Schoeman, en die vertalings van Afrikaanse boeke in Nederlands deur Riet de Jong-Goossens. 

Hierdie opsomming is nie naastenby volledig nie, maar gee ’n indruk van die belangrike bydrae wat die Van Ewijck-Stiging die afgelope dekades gelewer het om die Nederlandse kulturele erfenis in Suid-Afrika te bewaar en te bevorder. Die werksaamhede van die Stigting is 'n huldeblyk aan die nagedagtenis van mnr. en mev. Van Ewijck wat met hulle visioenêre blik – en ruim erflating – alles moontlik gemaak het.   

Die prys het die afgelope paar jaar gegaan aan Daniel Hugo vir sy vertalings vaqn Nederlandse werke in Afrikaans, Ena Jansen vir haar werk as hoogleraar in Afrikaans in Nederland en Nicol Stassen vir sy bydraes as uitgewer om ’n brug tussen die twee kulture te help in stand hou.

The post Prestasiebeurs van die Van Ewijck-Stigting weer beskikbaar  appeared first on LitNet.

Aardklop 2018 – ’n oorsig

$
0
0

Is teater, en daarmee saam die kunstefeeste in Suid-Afrika, ’n spieëlbeeld van dít wat in ons samelewing aangaan? Is die kwessies wat nuwe dramas aanspreek, dit wat ons dink, oor bekommerd is, oor praat? Ons diepste versugtinge? Indien wel, dan is daar, te oordeel aan die toneelstukke wat vanjaar by Aardklop op die planke was, twee dinge wat voorop in ons gedagtes is: grond en verhoudings.

Op die toneelfront was daar veral vier debuutstukke wat feesgangers aan die praat gehad het:

Toutjies en Ferreira, ’n nuwe stuk deur Saartjie Botha, is as’t ware twee toneelstukke in een. In die eerste deel sien die gehoor, met die huisligte aan (met ander woorde die ligte in die teater is aan sodat almal almal kan sien), hoe daar voorberei word vir ’n toneelstuk. Dit is baie komies met die spelers, onder meer Antoinette Kellerman, Esther von Waltsleben, Geon Nel, Anthea Thompson, Malan Steyn en Wolf Britz, wat wys wat die uitdagings is wanneer ’n stuk op ’n fees opgevoer word: logistiek, onkunde, ’n gewarrel en ’n gesoek na ’n leer wat lank genoeg is.

Die spelers in die tweede deel, Joanie Combrink, Frank Opperman en Aphiwe Livi, is in die eerste deel as die akteurs te sien en in die tweede deel, ná ’n kort pouse, is dit hulle wat die stuk opvoer waarvoor daar voorberei is. As jy fyn kyk, sal jy egter sien dat die twee stukke in gesprek met mekaar is – die klok en die teepot, taal en grond, jou en jou medeburgers se plek in ons land, hoe daar gepraat en geluister word, die gesoek na ’n plek waar jy hoort, ons afhanklikheid van mekaar.

Behalwe die paneel waarop ek dien, was my 16-jarige seun Zac my feesgenoot. Ná die stuk het ons kar toe gestap en hy wou iets vra oor die stuk. Ek het begin praat. Gestop. “Mamma kan nie nou praat nie,” sê ek. Want indien Mamma sou praat, sou sy heel moontlik in die parkeerarea snikkend en snottend aan die ween gegaan het.

Toutjies en Ferreira se teks gaan na my mening in die toekoms as ’n stuk letterkunde behandel word en dit is sekerlik nie meer lank voor Saartjie Botha die Hertzogprys as dramaturg gaan wen nie. Hierdie stuk, wat twee uur lank is, verveel nie vir een enkele oomblik nie, en wanneer die gehoor die teater verlaat, gaan elkeen iets met hulle saamneem.

“Consider the public. Never fear it nor despise it. Coax it, charm it, interest it, stimulate it, shock it now and then and then if you must, make it laugh, make it cry, but above all never, never, never bore the living hell out of it.” – Noël Coward

Huishou is ’n nuwe stuk deur die jong dramaturg en regisseur Philip Rademeyer. Rademeyer het egter die regieleisels aan Nico Scheepers oorgegee. In die rolle as die twee geliefdes was Cintaine Schutte en Nadia Valvekens. Die gode wat by rolverdeling betrokke is, was in ’n baie goeie bui toe hierdie besluit geneem is. Rolverdeling uit die hemel uit. Dis moeilik om te dink dat enige ander twee aktrises hierdie twee rolle met soveel oortuiging sou kon speel. Hulle is ook al twee, met reg, as beste aktrise op die fees benoem en dit was Valvekens wat op die ou end die toekenning gewen het. Hulle is egter op die verhoog soos twee kampioentennisspelers wat hou vir hou saam speel en nooit terugdeins vir die ander een nie; waagartieste wat die ander een nooit sal laat val nie. Dit was ook duidelik dat hierdie stuk ingeoefen was, en selfs met die eerste vertoning was daar nie ’n woord, ligdompeling of asemhaling wat nie perfek was nie. Net ’n regisseur wat weet wat hy of sy doen, kan dít regkry.

Huishou is baie meer as net ’n stuk oor twee vroue in ’n gekompliseerde huwelik en hul plan om ’n kind aan te neem. Dit is ’n stuk oor verhoudings, hoe jou verlede jou beïnvloed en ja, ook oor hoe hierdie land elkeen van ons in ’n rigting stuur.

Hierdie twee spelers, met Scheepers se hand duidelik te bespeur, het die gehoor stíl gespeel en dit is ’n stuk wat hopelik nog lank en ver gaan reis. En Pippa, koebaai. Dit was gaaf om jou te ken, maar Nadia het nou ander werk om te doen.

“There is an old theatrical saying: Lose yourself, lose your audience. Even in an emotional part, you’ve got to be aware with one part of your mind that the audience is there. You have to be attentive. Listen to those coughs. They mean you either have to play more softly or hurry the scene a bit. You must regulate the audience as well as play the character.” – Noël Coward

My seuns, met Christo Davids as regisseur en skrywer, is ’n stuk geïnspireer deur Arthur Miller se All my sons. Dit het ’n hele kaggelrak vol toekennings by Aardklop gewen, onder meer as beste algehele aanbieding en beste nuwe teks. Die vervaardiger van die stuk was Aardklop, maar die stuk is ook ’n NATi/Feesforum-produksie, wat beteken dat dit ook by die ander groot feeste te sien sal wees.

Dit is die dag van Ouma (Sandra Prinsloo) se verjaardagpartytjie. Haar seun (André Odendaal) wag om te hoor of hy as ’n regter aangestel gaan word. Sy vrou (Sandi Schultz) probeer die vrede bewaar tussen haar man en sy ma, haar man en hulle seuns (Edwin van der Walt en Donovan Pietersen), asook haar seun se meisie (Buhle Ngaba) en haar skoonma.

My seuns is ’n familiedrama met ’n hoofletter F en sal gehore om meer as een rede na hul asems laat snak.

“The only advice I ever give actors is to learn to speak clearly, to project your voice without shouting – and to move about the stage gracefully, without bumping into people. After that, you have the playwright to fall back on – and that’s always a good idea.” – Noël Coward

Bloed en bodem deur Marina Albertyn, wat verlede opspraak gewek het met Melk en vleis, spreek eweneens die grondkwessie aan. Jana (Carla Smith) kom besoek haar pa (Albert Pretorius) op hul familieplaas. Haar oom (Stian Bam) boer langsaan, maar moet ooghou oor haar pa, aangesien hy ’n duidelike drankprobleem het. Haar jeugvriend Sibongile (Obed de Koker), ’n jong man wie se ouers en voorouers al jare op die plaas werk, se rugbydrome is aan skerwe en hy begin aan sy toekoms dink. Elkeen van die vier karakters dra aan hul eie bagasie – van wit voorreg tot skuldgevoel oor die Grensoorlog. Pretorius het die toekenning as beste akteur gewen en Marthinus Basson is vir sy regie as beste regisseur benoem.

Dit is ’n stuk wat nie ewe hard met almal gaan praat nie en dit sal beslis afhang van aan watter kant van die heining jy staan.

I think the primary purpose of the theater is entertainmentIf by any chance a playwright wishes to express a political opinion or a moral opinion or a philosophyhe must be a good enough craftsman to do it with so much spice of entertainment in it that the public gets the message without being aware of it” – Noël Coward  

Op die komediefront was daar gemengde resultate. Ludwig Binge, De Klerk Oelofse en Roeline Daneel het gesorg vir die debuut My mense is die kluts kwyt. Dit is ’n sketskomedie, uit die pen van Binge, met hope potensiaal. Dis tyd dat ons die wag voor ons mond so nou en dan die dag afgee sonder verduidelikings of verskonings.

Die gegewe in die ander debuut, Lykskou – ’n broer en suster wat hul pa se begrafnisonderneming erf – is ’n goeie een, maar hierdie stuk moet nog sy lêplek kry.

Van die ander komedies, soos Operasie Holm (Marion Holm), Drie susters (met Margit Meyer-Rödenbeck, Lizz Meiring en Nicole Holm), Snorseun (Schalk Bezuidenhout) en Bal-Oog en Brommel: Moord in Ixiastraat (met De Klerk Oelofse, Richard September en Gertjie Besselen), het gewys waarom hulle van die groot verkopers by ander feeste was.

Die musiekaanbod by vanjaar se Aardklop was baie goed, en veral die klassieke musiek wat in die Konservatorium opgevoer is, was ’n plesier. ’n Pluimpie vir die samestellers van hierdie deel van die program. Nie dat die ander musiek op die program daarvoor teruggestaan het nie. Dit is duidelik dat die mense by Aardklop weet hoe om die beste van die bestes te keur.

Die span van DEURnis, die een-tot-een-teaterstukke wat verlede jaar vir die eerste keer Aardklop toe is, was weer vanjaar daar. Daar was ook ’n nuutjie in DEURnis 20-voor-2, waar twee spelers voor ’n gehoor van 20 speel. Daar was vier produksies van 45 minute elk wat as twee pakkette opgedis is.

Vir diegene wat DEURnis verlede jaar al beleef het, is die andersheid (ek wil nie eintlik die woord “foefie” gebruik nie) nou weg en dit gaan dus baie sterk tekste, regie en spel verg om die aandag jaar na jaar te behou. Die span van DEURnis gaan moet kyk na die samestelling van die program. Daar is net soveel keer dat ’n gehoorlid op geskreeu kan word, beskuldig kan word of ingesleep kan word in iemand anders se dramas voor jy belangstelling gaan verloor. Van die 12 stukke was daar net een “lag met ’n traan”, wat dan ook my persoonlike gunsteling van al die stukke was.

Volle naaktheid – twee mans en een vrou in drie verskillende produksies as iemand wil boekhou – was te sien en ek sal nooit weer dieselfde na aartappelslaai kan kyk nie.

“I will accept anything in theatre, provided it amuses or moves me. But if it does neither, I want to go home.” – Noël Coward

Toe ons ná ons laaste DEURnis ry, het my seun gesê: “As iemand my vra wat ek alles by die fees gesien het, gaan ek sê tieties, totties en familiedramas.”

Op dag 3 van Aardklop het ek begin wonder of ons nie dalk te veel wroeg nie. Ek wou op ’n stoel spring en skreeu: “Kaptein, span die seile!”

“What I adore is supreme professionalism. I’m bored by writers who can write only when it’s raining.” – Noël Coward

Ja, veral toneel moet belangrike kwessies aanspreek en met gehore praat. Hulle koppe oopblaas en denke verbreed. Feesgangers wat moontlik net een keer per jaar ’n toneelstuk of drie sien, anders na dinge laat kyk. Ons het nuwe stemme oor die hele spektrum van ons land nodig. Ons het gevestigde stemme nodig om meer te skep, meer by te dra. Maar is dit dalk die Pollyanna in my wat hoop dat daar iewers in die nabye toekoms so ’n bietjie lig in die donker gaan wees?

Ns. Hierdie opmerking het werklik niks met Aardklop of die gawe mense van Potchefstroom te doen nie, maar as Kapenaar kon ek nie anders as om steeds in my waterskaarste-psige te bly nie. By die gastehuis waar ons tuisgegaan het, was daar elke oggend ’n nuwe stel skoon handdoeke. In die oggende het ek my handdoek mooi opgehang om later weer te gebruik, maar as ek my oë uitvee, is daar ’n nuwe stel. Skitterwit en skoon. Is dit net ek of moet ons nie maar almal kyk na water asof dit ’n skaars hulpbron is nie?

Nns. So gepraat van skitterwit. Ek sou hier iets oor skitterwit en feesgehore kon sê, maar weet nie of dit my plek is nie en gaan dit dus aan ander oorlaat.

  • Ilza Roggeband is op die Fiëstas-paneel.

Lees ook:

Aardklop-toekennings 2018: Wenners bekendgemaak

Lees en luister: ’n onderhoud met Alexa Strachan oor Aardklop 2018

Groot feeste meet die "temperatuur" van die land

 

The post Aardklop 2018 – ’n oorsig appeared first on LitNet.

Video: Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse word bekendgestel

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in September 2018

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in September 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Boeke24

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende September in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

3 September

Boekeblad: Odendaal se verse ’n baken van hoop vir SA
Jaco Barnard-Naudé resenseer Asof geen berge ooit hier gewoon het nie deur Pieter Odendaal

Boekeblad: ’n Geboer met verbeelding
Schalk Scoombie resenseer Die daggaboer deur Jean-Pierre de Kock

Nuus/Kuns: Elsa Joubert dankbaar vir ATKV

4 September

Nuus/Kuns: Erskine vlieg 2 keer met sy Veertjies

5 September

Kuns/Nuus: Bezuidenhout lewer Van Wyk Louw-lesing by UJ

6 September

Kuns/Nuus: 'Hoeveel skrywers het hy nie ontdek nie!'
Joan Hambidge skryf oor Danie van Niekerk

7 September

Kuns/Nuus: Kuier saam met Etienne van Heerden by Olive Schreiner

8 September

Kuns/Nuus: Skrywers kyk op Open Book na die verlede

9 September

Kuns/Nuus: Szczurek oorweeg prys ter ere van Brink

10 September

Boekeblad: Venter verken die kontoere van onheil
Schalk Schoombie resenseer Sondag deur Irma Venter

Boekeblad: Die liefde sonder die soet en die stroop
JB Roux resenseer Veldiep deur Fanie Viljoen

Boekeblad: Ontstellende boek oor mens se verraad ná geld en bloed
Charles Smith resenseer Plunderwoestyn deur Christiaan Bakkes

14 September

Kunsblad/Nuus: Vertaling bied nuwe perspektief, sê Krog

16 September

Kuns/Nuus: Fees vir Afrikaans in Amsterdam gehou

17 September

Boekeblad: Digter kyk uit vreemde terug na geboorteland
Joan Hambidge resenseer Olga Kirsch, ’n Lewe in gedigte deur Egonne Roth

Boekevat-rubriek deur Charl-Pierre Naudé
Miskien moet Julius Malema sê dankie, boere

Kunsblad/Nuus: Joernalis debuteer met bundel

21 September

Stemme/Profiel: Murray La Vita in gesprek met Pieter van Zyl oor sy boek Gert & Joey. ‘Ek dink die witkoppies is dood’

22 September

Kunsblad/Nuus: Naudé, Joubert, Taljaard wen kykNET-Rapport-boekpryse

Kuns/Nuus: PG se nalatenskap Bloemfontein toe – laaste selfie en al

24 September

Nuus/Kuns: Martie flankeer met woorde

27 September

Kuns/Nuus: ‘Baie lae’ aan Pat Stamatélos se nuwe roman

28 September

Stemme/Profiel: Ton Vosloo, die ‘vader van Naspers’
Murray La Vita-profiel met Vosloo ná die publikasie van sy boek Oor grense

29 September

Nuus: ’n ‘Ton van ’n man’ deel sy herinneringe

30 September

Kuns/Nuus: Afrikaans kraai koning op SALA-kortlys

Die Groot Ontbyt

Leonie van Rensburg het in September die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:

4 September

  • Reënboogrant Maats Omnibus 1 en 2 deur Maritha Snyman
  • Reënboogrant Tieners Omnibus 1 en 2 deur Louise van Niekerk
  • Stalmaats Omnibus deur Lize Roux
  • Die SSS-reeks: Selfone, skelms en sjokolade en SMS’e, skurke en spinnekoppe en Sepiesterre, sokkies en skobbejakke deur Nerine Ahlers en Alet Steenkamp
  • Zackie Mostert Omnibus deur Jaco Jacobs
  • Agent Snoet 5 in 1 deur Francois Bloemhof
  • Gevaarlike lopies en Duskant die looplyn deur Jaco Jacobs

11 September

  • Liefdegroete, Grootseun deur Barend Vos
  • Deur water en vuur deur Karin Combrinck
  • Genade vir gister deur Irene Hannon

 18 September

  • Al wat oorbly deur Santie van der Merwe
  • Sondag deur Irma Venter
  • Oor grense deur Ton Vosloo

 25 September

  • Retoer: Pretoria – Provence deur Marita van der Vyver
  • Hans-Nazi’s deur Philip Kerr
  • Blasjan en die blou kitaar deur Koos Kombuis

Bibi se boekrak

In hierdie kykNET-webreeks gee bekroonde digter en boekwurm Bibi Slippers nuus en aanbevelings wat met boeke te doen het. Sy gesels ook met mede-lesers.

Die volgende episodes is in September vrygestel:

6 September

Bibi bespreek Wat het geword van Dinsdag? deur Tinus Horn, en gesels oor haar ervaring van oudioboeke.

13 September

Bibi bespreek asof geen berge ooit hier gewoon het nie deur Pieter Odendaal en Odendaal lees ’n gedig voor.

20 September

Bibi bespreek Sondag deur Irma Venter en praat ook met die skrywer.

27 September

Bibi bespreek Alettie van den Heever se debuutroman Stof en praat ook met die skrywer. 

LitNet

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in September op LitNet verskyn:

Keira – ’n storie van oorbegin deur Corné Welman: ’n resensie

Yolanda Wessels
Resensies

2018-09-25

"Corné slaag daarin om diep te delf in die mens se hart, emosies en psige en sal beslis elke leser se hartsnare roer. Elkeen van ons kan op die een of ander manier identifiseer met ’n karakter, situasie of gebeurtenis in dié boek."

Laatoes. Kykweer van ’n kanniedood-koerantman deur Hennie van Deventer: ’n FMR-resensie

Danie Botha
Resensies

2018-09-25

"Die boek is ideaal vir ’n gewag van allerlei aard of om te lees waar jy ook al mag reis. Die prosa en meestal speelse verse is deurgaans maklik verstaanbaar. Hennie laat jou lag, maak jou nostalgies of aangedaan."

Wrok deur Beyers de Vos: ’n resensie

Deborah Steinmair
Resensies

2018-09-20

"Hoe dit ook al sy, hier is ’n gebore (en opgeleide) skrywer aan die woord en een van wie ons nog heelwat gaan hoor. Dis ’n stadsroman wat sosiale kommentaar lewer; ’n sterk, leesbare debuut wat die leser sal bybly."

Die lucky strike deur Steve Hofmeyr: ’n resensie

Maryke Roberts
Resensies

2018-09-20

"Nadat ek die eerste twee hoofstukke gelees het, het my hart vinniger geklop. Ek het geweet die storie is boeiend en hou groot belofte in, maar kon nie my vinger lê op wat presies my aangehits om net aan te hou lees nie."

Asof geen berge ooit hier gewoon het nie deur Pieter Odendaal: ’n resensie

Herschelle Benjamin
Resensies

2018-09-20

"Asof geen berge ooit hier gewoon het nie is vol hoop, bepeinsing en die voortdurende digter-in-stryd wat homself nooit losruk van sy land, mense en die toekoms nie. Dis veral gepas noudat die digbundel sy hoop nie net vir lesers in isolasie bied nie, maar vir lesers in gesprek met mekaar."

Klein kook & geniet deur SJA de Villiers en Eunice van den Berg: Al wat ’n kind nodig het om te begin kook!

Martjie Malan
Resensies

2018-09-18

"Laat die kinders kook met Klein kook & geniet!"

Ter wille van die vaders deur Marzanne Leroux-Van der Boon: ’n boekresensie

Helene de Kock
Resensies

2018-09-12

"Enige leser wat oor die volwassenheid beskik om ander religieuse standpunte te akkommodeer en te probeer begryp, sal hierdie goedgeskrewe roman geniet."

Studying while black. Race, education and emancipation in South African universities

Dewald Koen
Resensies

2018-09-11

"Akademici is te bang om openlik kritiek uit te spreek. Almal skuil onder die radar en hoop maar dat die semester sonder enige voorvalle sal verloop. Die feit is dat Suid-Afrikaanse universiteite op ’n spreekwoordelike tydbom sit."

Thomas Mofolo se Chaka: die nuwe Afrikaanse vertaling deur Chris Swanepoel, ’n resensie

Barend van der Merwe
Resensies

2018-09-11

"Chaka word as een van die belangrikste boeke van sy tyd beskou. Dit is ’n boeiende verhaal wat verdien om herlees te word en die nuwe Afrikaanse vertaling daarvan sal hopelik hierdie belangrike boek aan ’n nuwe geslag lesers blootstel."

Boerekos kry ’n moderne baadjie: ’n resensie van Boerekos with a twist deur Annelien Pienaar

Maryke Roberts
Resensies

2018-09-10

"Die nuttige inligting voor die verskillende hoofstukke om jou te leer wanneer jy ’n ballonklitser gebruik; of hoekom room skei; wat die verskil tussen flambé en soteer is; of hoe warm jou oond vir watter gereg moet wees, help selfs die onkundigstes onder ons."

Die verlore smoking gun van Bird Island: ’n resensie

Jean Oosthuizen
Resensies

2018-09-07

"Dit sal net so ’n groot onreg wees om onskuldige mense as pedofiele te brandmerk indien dit leuens is as om die slagoffers se pyn te misken as dit waar sou wees."

Bruistablette vir die lewe deur Susan Coetzer: ’n resensie

Yolanda Wessels
Resensies

2018-09-06

"Met Bruistablette vir die lewe nooi die geliefde skrywer en motiveringspreker jou saam op ’n geselsreis om hoop te bied aan die moderne vrou en die uitdagings van die lewe. Dit is geskryf met humor, deernis en insig."

’n Brief vir Reina deur Elsa Winckler: ’n resensie

Maryke Roberts
Resensies

2018-09-06

"As dit ligte vermaak is waarna jy soek, is dit die boek vir jou."

Dowe gode deur Dibi Breytenbach: ’n resensie

Org Potgieter
Resensies

2018-09-06

"Dowe gode is Breytenbach se vierde misdaadboek en span die kroon. Sy het geen moeite met haar navorsing en haar teks ontsien nie. Dit wys op elke bladsy."

As sy weer kom deur Marlize Hobbs: ’n resensie

Deborah Steinmair
Resensies

2018-09-04

"Skryf is lyf, skryf is bloederige geboorte, en as jy dit reg doen, is dit morsig. En daar is ’n sekere manier waarop veral vroueskrywers dit reg kan doen."

Spertyd deur Elsa Joubert: ’n lesersindruk

Mantie Smith
Lesersindrukke

2018-09-04

"Joubert beskryf met patos die 'skimwêreld' waarin die ouerwordende persoon hom/haar al hoe meer bevind: die verwarring, die vergeet van die alledaagse gryp jou aan die hart."

Dowe gode deur Dibi Breytenbach: ’n lesersindruk

Irene van Staden
Lesersindrukke

2018-09-04

"Die storie van die roman handel oor ’n hele paar sensitiewe en moeisame temas. Breytenbach het dit egter reggekry om op ’n elegante en eerlike manier oor hierdie temas te skryf, wat reg aan die verskeie temas laat geskied."

Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse: ’n onderhoud met Herman Lategan

Naomi Meyer, Herman Lategan
Skrywersonderhoude

2018-09-25

"Afrikaans het ’n groot skatkis van lieflike woorde. Dit is vir my opwindend. Mense? Wat is woorde sonder mense? En wat is mense sonder woorde? Net die groot swart niet. Die donkerte waarvoor ek so bang is."

Video: Tweespoor deur Helena Gunter word bekendgestel

Naomi Bruwer
Skrywersonderhoude

2018-09-19

Helena Gunter se bundel Tweespoor is Saterdag 8 September in die Drostdy-teater op Stellenbosch bekendgestel. Gerard Scholtz het met haar gesels.

Wrok deur Beyers de Vos: ’n oudio-onderhoud

Naomi Meyer, Beyers de Vos
Skrywersonderhoude

2018-09-18

Beyers de Vos praat met Naomi Meyer oor Wrok. Luister hier.

Stof deur Alettie van den Heever: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Alettie van den Heever
Skrywersonderhoude

2018-09-11

"Ek weet nie wat ons is nie. Ek is in sekere opsigte grootgemaak om saam met die digtergees te dink dat hierdie wêreld nie ons woning is nie, en al voel ek nog soms so, dink ek nou anders. Baie van die ekologiese ghoeroes wil dit hê dat ons ’n virus is. Ek is nie so seker nie. Hierdie wêreld is ons enigste woning."

Rapport

Die volgende resensies het gedurende September in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

2 September

Resensie: Jan-Jan Joubert resenseer Brugbouers: Die Reitz-video en die pad na versoening deur Rudi Buys

Resensie: Jean Meiring resenseer Die tragiese saak van Pamina Vermaak deur Annie Klopper

Resensie: Herman Lategan resenseer Bloed, dunner as water: Suid-Afrika se berugste familiemoorde deur Charné Kemp

Resensie: Kay-Ann van Rooyen resenseer Wat het geword van Dinsdag? deur Tinus Horn

9 September

Onderhoud: Herman Lategan gesels met Johan van Zyl oor sy versameling rubrieke, Opstokers, fopdossers en tweegatjakkalse: Stories oor woorde, mense en aanhou beweeg en geraas maak

Resensie: Loftus Marais resenseer Stof deur Alettie van den Heever

Resensie: Riette Rust resenseer Katrienkie: van hawegirl tot lady deur Cara Blake

16 September

Resensie: Theunis Engelbrecht resenseer Ek is Liza Smit deur Liza Smit en Raquel Lewis

Resensie: Anna Kemp resenseer ’n Skerfie glas deur Erika Murray-Theron

Resensie: Bill Nasson resenseer Hel toe en terug: Die Eerste Wêreldoorlog ’n 100 jaar later deur Louis Scott

Resensie: Albertus van Wyk resenseer Melusi’s Everyday Zulu: There is Um’Zulu in All of Us deur Melusi Tshabalala

23 September

Onderhoud: SJ (Fanie) Naudé oor Die derde spoel, wenner van die kykNET-Rapportprys vir fiksie

Onderhoud: Elsa Joubert oor Spertyd, wenner van die kykNET-Rapportprys vir niefiksie

Onderhoud: Gerda Taljaard oor Die laksman se dogter, wenner van die kykNET-Rapportprys vir film

Onderhoud: Nicole Jaekel Strauss oor As in die mond, wenner van die Jan-Rabie-Rapportdebuutprys

30 September

Resensie: Johann Kriegler resenseer Oor grense: ’n Lewe in die media in ’n tyd van verandering deur Ton Vosloo

Resensie: Alfred Schaffer resenseer Asof geen berge ooit hier gewoon het nie deur Pieter Odendaal

Resensie: Joan Hambidge resenseer Asof geen berge ooit hier gewoon het nie deur Pieter Odendaal

Resensie: Riette Rust resenseer Gert & Joey: Nuwe lig op ’n raaisel van dertig jaar deur Pieter van Zyl

Maroela Media

Die volgende resensies het gedurende September op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

20 September
Swartval deur Martin Steyn
Martin Steyn se Swartval is ’n absoluut boeiende boek, skryf Alexander Mickel.
Lees die resensie.

25 September
Asem deur Jan Vermeulen
Asem is ’n móét-lees-boek vir elke tiener wat insig tot ’n ander wêreld wil hê.
Lees die resensie.

27 September
Beatrix sê: Raak Tunisiese hekel baas deur Beatrix Snyman
Hierdie boek is ’n móét vir elke hekel-entoesias of jy nou ’n ywerige beginner of ’n bedrewe kundige is. Dit is ’n allesomvattende verwysingsgids en perfekte naslaanbron wat jou leer hoe om dié gewilde hekeltegniek baas te raak.
Lees die resensie

Skrywers en boeke (RSG)

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende September op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270

Woensdag 5 September

’n Leesprojek met honde as "terapeute" is onlangs deur die ATKV bekroon. Ilse Salzwedel gesels met dr. Marieanna le Roux oor Pets As Therapy se Lees-Ukufunda-Read-program. Ilse gesels ook met Jo Nel oor sy debuutroman Die hond wat ophou blaf het. Francois Lötter vertel meer oor die Tuin van Digters se program op 14 en 15 September in Wellington. Johan Myburg gesels oor die benoemings vir die alternatiewe Nobelprys, en ’n televisiereeks oor Elena Ferrante se Neopolitaanse romans wat onlangs bekendgestel is.

Woensdag 12 September

Ilse Salzwedel gesels met Maya Fowler oor haar nuwe roman, Patagonië. Dis gedeeltelik gebaseer op ’n interessante stuk van die Suid-Afrikaanse geskiedenis, naamlik ’n groep Afrikaanse boere wat na Argentinië gevlug het om die Anglo-Boereoorlog te vermy. Vir haar navorsing het Maya onder meer Patagonië besoek en met van die Afrikaanssprekende Argentyne gepraat. In sy bydrae oor die internasionale letterkunde gesels Johan Myburg onder meer oor Belinda Bauer se benoeming vir die Manbookerprys.

Woensdag 19 September

Die verdwyning van ses tienermeisies 30 jaar gelede in en om Pretoria bly een van die grootste onopgeloste misdaadraaisels in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Ilse Salzwedel gesels met Pieter van Zyl oor sy nuwe boek, Gert en Joey: Nuwe lig op ’n raaisel van dertig jaar. Johan Myburg gesels in sy bydrae onder meer oor podium-poësie.

Woensdag 26 September

Qarnita Loxton gesels met Ilse Salzwedel oor haar hoog aangeskrewe debuutroman Being Kari en die opvolg, Being Lily, wat pas verskyn het. Hoor wat het die beoordelaars gedink van die wenners van die KykNET/Rapport-boekpryse wat verlede week aangekondig is. Kinderboekresensent Louise Viljoen vertel van ’n paar oulike boeke vir jong lesertjies. In Johan Myburg se internasionale letterkunde insetsel is daar onder meer inligting oor die Amerikaanse digter Danez Smith.

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende September op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102

Dinsdag 4 September

Johann Nel lees liefdesverse deur mansdigters.

Dinsdag 11 September

Juanita Swanepoel lees haar gunsteling gedigte uit die bundel Die gewildste Afrikaanse gedigte.

Dinsdag 18 September

Johann Nel lees vrolike verse.

Dinsdag 25 September

Iemand het haar tereg beskryf as ’n “national treasure”. Die voormalige aanbieder van Vers en Klank, Margot Luyt, lees haar aller-, aller-, allerbeste gedigte voor van onder andere DJ Opperman, NP van Wyk Louw en Elisabeth Eybers.

Woorde wat weeg

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied: http://joanhambidge.blogspot.co.za/

In September het Hambidge die volgende resensie vir Fine Music Radio gelewer:
Doodmenslik deur WL van der Merwe 

Versindaba

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

In September het die volgende skrywersonderhoud verskyn:

WL van der Merwe gesels met René Bohnen oor sy debuutbundel, Doodmenslik

Vrouekeur

Willie Burger het gedurende September die volgende resensies en rubrieke gelewer: 

2 September

Kies ’n boek: Enlightenment Now

9 September

Ken jou storie: Aanhangersfiksie

15 September

Ken jou storie: Kulturele toe-eiening

22 September

Kies ’n boek: Die seuns van Bird Island

29 September

Kies ’n boek: Die Lucky Strike en Bloed, dunner as water

The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in September 2018 appeared first on LitNet.


Dekolonialisering van die Suid-Afrikaanse familiereg in die lig van transformasiegerigte konstitusionalisme: ’n praktiese benadering vir generasie Z

$
0
0

Dekolonialisering van die Suid-Afrikaanse familiereg in die lig van transformasiegerigte konstitusionalisme: ’n praktiese benadering vir generasie Z

Marita Carnelley, Departement Privaatreg, Noordwes-Universiteit (Potchefstroom-kampus)
Philip Bothma, Fakulteit Regte, Noordwes-Universiteit (Potchefstroom-kampus)

LitNet Akademies Jaargang 15(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Die oproep om dekolonialisering van die tersiêre kurrikulum en die klagtes aangaande LLB-graduandi uit verskeie oorde plaas regsdosente voor ’n kruispad. Verandering is nie net wenslik nie, maar dringend. Hierdie artikel bevat inleidende gedagtes oor die dekolonialisering van die familiereg wat die vernuwing en herstrukturering van die substansie asook die pedagogiek insluit in die lig van die tipe studente wat tans regte studeer en met spesifieke verwysing na die gebruik van tegnologie. Die begrip dekolonialisering en die impak van hierdie proses op die dosent en die student word in die artikel bespreek. Die impak van die Grondwet op transformasiegerigte konstitusionalisme word beklemtoon as ’n katalisator vir die ontwikkeling van graduandivaardighede om sosiale probleme aan te pak en substantiewe gelykheid te verseker. Verder word daar melding gemaak van die verskillende rolle wat die onderskeie belanghebbendes moet speel ten opsigte van die implementering van dekolonialisering. Die noodsaaklikheid van die gebruik van tegnologie ten einde die leerproses vir hierdie doeleindes te ondersteun, word beklemtoon. Die teoretiese grondslag binne die konteks van transformasiegerigte konstitusionalisme word vergesel van ’n herbesinning oor die onderrigstrategieë wat toepaslik vir die huidige generasie studente is. Dit word afgesluit met ’n bespreking en omskrywing van projekgebaseerde leer vir huidige doeleindes, en enkele praktiese voorbeelde word aan die hand gedoen.

Trefwoorde: dekolonialisering; familiereg; generasie Z; kurrikulum; LLB-kwalifikasiestandaarde; studentegereedheid; tegnologie; transformasiegerigte konstitusionalisme; vaardighede

 

Abstract

Decolonialisation of South African family law in light of transformative constitutionalism: a practical approach for generation Z

The call to decolonialise the tertiary curriculum, coupled with the complaints regarding LLB graduates, place law teachers at a crossroad. It is apparent that change is not merely desirable, but urgent. This article aims to introduce and contextualise the current conceptions of and approaches to the decolonialisation of family law in South Africa pertaining to the innovation and restructuring of the current substance of family law, by focusing on the pedagogical approaches that can facilitate this process – specifically the use of technology.

The article provides a cursory exposition of the concept of decolonialisation and its impact on both lecturers and students. The impact of the Constitution on transformative constitutionalism is underlined as a catalyst for the development of graduate skills with which to address social and societal problems with substantive equality as the ultimate goal, seeing that not much has changed at the universities and law faculties since 1994 – especially not for black students.

The decolonialisation debate as contextualised in this article is considered to part of the larger debate surrounding critical legal theory. The exact nature of decolonialisation and the opinions surrounding it can, however, be placed on a broad spectrum, the core of which is that decolonialisation is an uncomfortable and infinitely complex process which extends far beyond merely superficially including seemingly appropriate articles written by black academics.

The current LLB, is chiefly concerned, as it was in the past, with current legal rules and the interpretation thereof which are technical and unyieldingly positivistic. This is at odds with the ideal of placing the emphasis on a wider normative and critical pedagogy in order to more clearly reflect what the law should be – a vehicle to serve the community as a whole.

The aim of this article is not to define decolonialisation, nor is it to merely restate the current position with regard to the decolonialisation of the LLB curriculum. The theory regarding critical legal studies and decolonialisation as a process flowing from this debate merely forms the background of a discussion that can be followed in order to innovate current teaching of family law at South African universities, bring it in line with the student needs and make it relevant to the students attending law classes.

This incentive requires law teachers to investigate the different and differing roles of the stakeholders with regard to the implementation of an effective decolonialised curriculum. This does not mean that we are to naively disregard current knowledge, but aims to suggest that we build on the current knowledge and equip law students with the necessary tools to evaluate the current knowledge in the light of the relationship underlying power, knowledge and education so that we may keep what is ethical, necessary and useful and not be constrained by a system of thought that discounts the value and contribution of non-Western knowledge. The theoretical foundation within the context of transformative constitutionalism is used to structure the re-evaluation of teaching methodologies, strategies and philosophies by capitalising on the inherent transformative nature and purpose of the Constitution.

It is important that the aforementioned process empowers students not only to be instrumental in the decolonialising process, but also to be cognisant of the fact that they must strive to become not only successful jurists, but also ethically responsible ones. They can no longer be mere technicians, but must receive a wider education that can serve them in the wide array of careers available to law graduates.

The first requirement for such a process is for the students to understand that the South African legal system is one legal system which includes common law and customary law which are formed by the Constitution. Secondly, the norms and values underlying the law, as well as the judicial responses to them, should be addressed. Finally, public legal education should be responsive to the economy, the legal profession and the community as a whole. It is logical to infer, then, that the process of decolonialisation is not limited only to the content of the subject, but also includes the manner in which it is taught.

The article proposes that the vehicle for this fundamental re-evaluation of the teaching of family law is rooted in the nature of the students in law schools and their needs and preferences regarding learning and education. This can be used to make the content of the subject relevant and to seize the opportunity to utilise digital technology in the instruction of, for example, family law, a fundamental law subject, to facilitate this process.

The current method of instruction for family law, as for most law subjects, is the use of lectures presented by lecturers, and tutorials or facilitation sessions presented by senior students. Family law is one of the core subjects of the law curriculum, usually taken in the first or second year, and students take this subject either on its own or as part of a larger subject which includes the law of persons. A cursory overview of the subject contents from some of the textbooks and syllabi indicates that the subject is still reminiscent of the Roman-Dutch approach, meaning that it focuses on engagements, marriages, divorces and the rights of children. In certain instances references are made to civil partnerships (also same-sex ones) and religious and customary marriages, although religious and customary marriages may also be addressed in a different subject altogether called legal pluralism, indigenous law or African law.

The current approaches to the instruction of family law necessitate the following: that the Constitution and the Bill of Rights be used to determine the reigning norms and values of the community and that a deviation from this guideline should be debated in the context of religion and culture; secondly, that the historical overview that initiates the instruction of the subject be done in a manner that is inclusive of South Africa's whole legal tradition; thirdly, that the focus of the module – family – be placed in the South African context and that it be redefined to include all families and family structures; fourthly, that African customary law be included as a core source of the law in order to ensure that the students have an understanding of the social realities of the world outside of the classroom.

Undertaking such a dramatic reconceptualisation of one of the core modules of the LLB curriculum is not an easy task. It should be done with care and due consideration of the student who will be at the receiving end. It should also include the introduction of digital technology in the teaching space and the learning process as a way to support the process of decolonialisation and bridge the gap between not only the lecturers and the students, but also between the classroom and the profession.

The article does not propose, or impose, a set of strict and rigid guidelines that must be used to achieve the stated goals, but rather provides options and possibilities to educators that can facilitate and stimulate the process. Law teachers have the responsibility to ensure that their students receive the education they need – a holistic approach is suggested. The theory of "generations" is used as a tool to "meet the students where they are" and bridge the possible barriers in learning that may be present in the law classroom. This theory can be used to determine what common qualities and attitudes are shared by the students, and by placing it in the African context, we can better determine how to provide sensible and effective education to our students.

Some of these shared qualities and attitudes include: that they are digitally cognisant and are comfortable with digital technology in the classroom; that they are collaborative and require constant feedback, validation and positive reinforcement; and that they are global citizens. The lecturers, at least some of whom are likely to be part of a different generation, can then attempt to adapt their teaching practices and motivate their students better. This, in conjunction with the introduction of the 21st-century skills in legal education, should lead to positive outcomes and self-directed learning and can be great steps in changing the face of legal education.

The article concludes with a discussion of project-based learning as an intervention and a possible vehicle for the envisaged accelerated implementation of a decolonialised curriculum. A practical example of such an approach is to structure the students' learning as project-based learning. The project should be properly designed with due consideration of the design requirements of such a project. The central focus could be to facilitate dialogue between the students on themes related to family law. The mere act of communicating with one another can promote their understanding of the theory and provide an environment of reflective learning. In addition to changing the way in which a subject is presented, the assessment methods should also be brought into line with the transformed educational strategies. The new legal culture will have to include assessment methods that reflect the transformed curriculum. This may include peer assessment, reflective journals, or the compiling of a portfolio.

The intended result of the process of decolonialising the family law curriculum is to produce students who can use these skills to solve social problems and promote substantive equality. Innovative and interactive projects using digital technology should be used to facilitate active learning.

Keywords: curriculum; decolonialisation; family law; generation Z; LLB qualification standards; skills; student readiness; technology; transformative constitutionalism

 

1. Wekroep tot verandering

[Universities] are key institutions through which people potentially experience themselves as social outcasts or inadequate, recipients of skills or learning, or as agents and actors of change.1

#FeesMustFall, #Africanisation, #Decolonisation en #BlackLivesMatter is slagspreuke wat die afgelope paar jaar gereeld gedurende studenteprotesaksies en in gesprekke oor die transformasie van die hoër onderwys gehoor is.2 Hierdie oproepe word gesteun deur ’n aantal akademici3 en is ook te bespeur in die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding-dokumentasie,4 wat universiteite noop om dringend daaraan aandag te gee.

Die oproep om verandering is gegrond op die feit dat daar sedert 1994 fundamenteel nie veel op universiteite verander het nie – veral nie vir swart studente nie.5 Dit blyk ook uit die slaagsyfers.6

Poor [black] students are [still] burdened in multiple ways: they are academically underprepared [as they come from an oppressive, ineffective public school system], financially hampered and for some the culture of the university is foreign.7

Alhoewel die debat oor transformasie die algehele tersiêre ervaring, na-universiteitsopleiding en die regsprofessie insluit,8 is hierdie artikel beperk tot die tersiêre kurrikulum, spesifiek die sfeer van regsopleiding. Daar word aangevoer dat selfs die aanname van die Grondwet9 min gedoen het om die regskurrikulum wesenlik te verander – daardie kurrikulum wat ontstaan het en ontwerp was om die behoeftes van kolonialisme en die apartheidstelsel te dien.10 Nieteenstaande die erkenning en bespreking van die grondwetlike beginsels en menseregte in bestaande modules, is hierdie veranderinge steeds onvoldoende.11 Die regskurrikulum word steeds beskou as onapologeties Eurosentries,12 en ander tradisies en bronne van kennis word nog nie behoorlik op nuwe en vernuwende maniere ontgin nie.13 Die kurrikulum moet derhalwe steeds getransformeer word tot ’n inklusiewe terrein waar almal welkom voel.14

Wat substansie betref, is die aksent in die LLB, soos in die verlede, steeds meestal tegnies van aard en onbuigbaar positivisties,15 met die klem op die huidige regsreëls en die interpretasie daarvan, in plaas van op ’n wyer normatiewe en kritiese pedagogiek in ’n wyer konteks van wat die reg behoort te wees om die gemeenskap in sy geheel te dien.16

Selfs sonder die debat oor dekolonialisering klink kritiek teen die wisselende gehalte van regstudente en hul gebrekkige regsopleiding al ’n geruime tyd uit verskeie oorde op.17 Dit sluit kritiek van die regbank, die regsprofessies, werkgewers en akademici in.18 Dit het duidelik geword dat studente nie geskik vir die praktyk is nie en dat die professies nie die geleerde, vaardige en effektiewe gegradueerdes kry wat hulle verwag nie.19 Hierdie kritiek is een van die redes vir die ontwikkeling en aanvaarding van die Raad op Hoër Onderwys se LLB-kwalifikasiestandaarde en die onlangse evaluering van al die LLB-grade in Suid-Afrika. Hoewel daar meriete in die argument kan wees dat die universiteite nie die gebreke van die sekondêreskoolstelsel ten volle kan aanspreek nie, moet universiteite ’n weg vind om hierdie gebreke te verklein, aangesien hulle transformasie vertraag.20

Modiri beskou die versuim van regsfakulteite om by die kompleksiteit en karakter van die heersende konteks aan te pas as ’n krisis in regsopleiding.21 Regsopleiding faal studente deur nie die voortslepende ongelykhede in die onderwys te erken en aan te pas by die veranderende omgewing waarbinne studente moet werk nie.22

Die doel van hierdie artikel is nie om dekolonialisering van die LLB-graad in die geheel te evalueer nie, maar eerstens om ’n basiese begrip te ontwikkel van wat dekolonialisering beteken; tweedens om die huidige tendens in die doseer van familiereg in Suid-Afrikaanse universiteite na te spoor in die lig van die debat oor dekolonialisering en studentebehoeftes; en laastens om voorstelle te maak oor hoe ’n begin gemaak kan word om die gebreke reg te stel of aan te vul. Sodoende sal die vak gedekolonialiseer, inklusief en relevant wees vir huidige toestande met spesifieke klem op die gebruik van tersaaklike tegnologie wat tot die generasie Z-studente sal spreek.

 

2. Die dekolonialiseringsdebat

Die debat oor dekolonialisering van die regskurrikulum is deel van die groter debat rondom kritiese regsteorie23 en genereer in die algemeen meer vrae as antwoorde. Wat beteken dekolonialisering in die huidige regskonteks waar studente onder meer voorberei behoort te word om as regspraktisyns te praktiseer? Wie moet dekolonialisering dryf? Hoe moet daar te werk gegaan word? Wat is die einddoel? Is hervorming van die bestaande kurrikulum voldoende, of is ’n totale omwenteling nodig? Antwoorde hierop lê in ’n onsekere grys gebied.24

Daar is verskeie menings, wat wyd uiteenlopend is, oor wat dekolonialisering beteken.25 Nietemin is die kern daarvan, soos ons dit verstaan, die volgende (en ons weerhou onsself spesifiek daarvan om ’n definisie te gee):

Dekolonialisering is ’n ongemaklike26 en komplekse27 proses28 wat wyer gaan as bloot die oppervlakkige insluiting van verwysings na artikels van swart akademici.29 Om slegs dit te doen, word geïnterpreteer as ’n poging om juis die status quo te handhaaf.30

Dekolonialisering sluit egter Afrikanisering in, wat die insluiting, erkenning en bevestiging van kennis en tradisies van en uit Afrika op tersiêre vlak behels.31 Vir die familiereg beteken dit die ontwikkeling van die ware lewende inheemse familiereg.32 Afrika en Suid-Afrika moet sentraal geplaas word33 (in die module) met ’n fokus op Afropluraliteit.34 Die gebrek aan volledige en voldoende eietydse bronne word vir die oomblik geïgnoreer.

Om te dekolonialiseer is nie om naïef terug te keer na ’n onaangeraakte en onbesmette Afrika voor Jan van Riebeeck nie.35 Dit beteken ook nie noodwendig die weggooi van bestaande kennis nie, maar sluit in om op bestaande kennis voort te bou deur inspirasie te put uit die kritiese evaluering van ’n verskeidenheid van bronne en epistemologieë wat nie net van Westerse oorsprong is nie.36 Studente moet derhalwe blootgestel word aan verskillende wêreldbeskouinge, sodat hulle deur hul eie kritiese evaluering hul eie unieke standpunte kan vorm.37

Dekolonialisering is deel van die debat oor die verhouding tussen mag, kennis en onderrig.38 Die demokratiese, grondwetlike proses in die 1990’s was veronderstel om ’n verskuiwing te weeg te bring van ’n kultuur van mag na ’n kultuur van gelykberegtiging.39 Hierdie verskuiwing is egter nog nie voltooi nie.

Een van die basisse van die dekolonialiseringverset gaan oor die stryd om onderrig – wat om te doseer en wat om uit te laat, hoe om te doseer en wie die dosering behoort te doen.40 Dekolonialisering gaan dus oor die aanspreek van al die aspekte van die kurrikulum. In hierdie verband is Greenbaum se beskrywing van die kurrikulum nuttig en word vir die huidige aanvaar: in die breë bestaan dit uit die geskrewe kurrikulum (dit wat in die klaskamer geïmplementeer word), die verborge kurrikulum (wat die ongeskrewe norme en waardes insluit) en die sogenaamde nul-kurrikulum (wat bestaan uit dít wat uitgesluit word).41 Die uitwerking hiervan is dat die studente voortbou op die ongeskrewe norme en waardes en sodoende die kringloop in stand hou.42 Prakties omvat dekolonialisering derhalwe die kritiese herevaluering van die totale substansie van die kurrikulum, onderrigmetodes en die onderliggende norme en waardes om die werklike ervarings ("lived experiences") van alle Suid-Afrikaners in te sluit en die reg vir almal relevant te maak.43 Dit veronderstel dus ’n verbreking van die kringloop wat in die psiges van regsgeleerdes versteen is.

Volgens Klare wys dekolonialisering op gesamentlike herbesinning van die reg wat ’n fokus op sosiale regte en substantiewe gelykheid, multikulturaliteit en geskiedkundige selfbewustheid insluit.44 Dekolonialisering erken die impak van die land se geskiedenis op bestaande kennis45 en sluit die aanspreek van leerprobleme as gevolg van historiese faktore in.46 Dekolonialisering is nie ’n neutrale begrip nie, maar een wat sosiale belang vooropstel47 en kennis neem van die wyer konteks en eksterne faktore wat die reg beïnvloed.48 Skrywers oor dekolonialisering argumenteer dat onderrig- en evalueringsmetodes aangepas behoort te word om studente te lewer wat krities dink49 is, en in staat is om sosiale probleme aan te pak50 en globale uitdagings te aanvaar.51 Dit sluit gepastheid in, en daarom moet die regsmodules sowel plaaslik as regionaal en internasionaal relevant gemaak word.52

If the transformation of law students is not authentic, then they may not be able to cope with the call for social change, the desire to reconstruct South African society or the need for redress, all of which lawyers in post-Apartheid South Africa are faced with in the professional arena.53

Daar word van studente verwag om (ook) regslui te word wat hul etiese verantwoordelikheid teenoor die samelewing sal nakom en die reg op een lyn met die Grondwet sal verander,54 maar ook om ander regsloopbane met sukses te kan volg.

Dekolonialisering omvat transformerende grondwetlikheid, wat volgens Quinot as ’n nuwe teoretiese onderrigraamwerk kan dien:55

By transformative constitutionalism I mean a long-term project of constitutional enactment, interpretation, and enforcement committed (not in isolation, of course, but in a historical context of conducive political developments) to transforming a country’s political and social institutions and power relationships in a democratic, participatory, and egalitarian direction … an enterprise of inducing large-scale social change … grounded in law.56

Die Grondwet is van uiterste belang57 en behoort alle aspekte van die reg en regsopleiding te infiltreer.58 Soos hier bo getoon, word die huidige regskultuur steeds gesien as verwyderd van die transformasiegerigte grondwetlike beginsels asook die sosiale werklikheid en veranderinge in die land.59 Dit moet verander nieteenstaande die ambivalente interpretasies van die impak van die Grondwet op die gemenereg.60 Die Grondwet is tog aanduidend van ’n besliste breuk met, en verwerping van, die verlede en ’n "vigorous identification of and commitment to a democratic, universalistic, caring and aspirational egalitarian ethos".61 Werklike verandering is egter nie so maklik nie. Soos Davis en Klare wys, vind selfs regters dit moeilik om die gemenereg na ’n meer gelyke, inklusiewe en besorgde regsinfrastruktuur onder die Grondwet te verander.62

[Some of t]he chief disappointments are the absence thus far of a coherent exploration of the Constitution’s values or an explicit and sustained effort to develop new legal methodologies appropriate to transformative constitutionalism, the reluctance to interrogate the distributive consequences of private law rules in the routines of economic life; [and] the emergence of a neo-liberal strand in constitutional application ...63

Klare wys daarop dat ’n nuwe regskultuur deur alle deelnemers aan die breë regsproses, insluitend akademici, geskep moet word.64 Om die nuwe regskultuur te skep, behoort daar ’n nederige en oop65 selfrefleksie66 en -evaluering deur dosente te wees van die impak van hulle eie beperkende opleiding, denke en kultuur op hul bestaande oortuigings en insigte.67 Wat derhalwe verlang word, is ’n interdissiplinêre,68 peinsende69 en kritiese regskultuur wat verbind is tot transformasie, vernuwing, regverdiging en geregtigheid.70 So ’n herbesinning behoort die gevolg te hê dat studente toegerus word met die nodige vaardighede om die verandering te dryf en nie aandadig te wees aan die voortbestaan van die huidige stelsel nie.

Himonga en Diallo lê veral klem op die noodsaaklikheid van ’n interdissiplinêre aanslag, aangesien dit die reg meer dinamies sal kan maak, veral as ’n instrument vir sosiale geregtigheid.71

Hierdie sentiment word deur die Raad op Hoër Onderwys (CHE) se Kwalifikasiestandaarde vir die LLB72 bevestig en in die aanhef is drie uitgangspunte op een lyn met die debat oor dekolonialisering: (i) dat daar net een regstelsel in Suid-Afrika is wat die gemenereg en gewoontereg insluit en wat deur die Grondwet gevorm word;73 (ii) dat die onderliggende norme en beginsels wat die reg belig, asook die regterlike reaksie daarop, aangespreek moet word;74 (iii) dat veranderinge in regsopleiding by openbare instellings behoort te kan reageer op die ekonomie, die regsprofessie en die breër gemeenskap.75

It must produce skilled graduates who are critical thinkers and enlightened citizens with a profound understanding of the impact of the Constitution on the developments of the law, and advancing the course of social justice in South Africa. Moreover, the law graduate must be equipped to discharge his or her social and professional duties ethically and efficaciously. Therefore, higher education must also be responsive to globalisation and the ever evolving information-technology.76

Hierdie sentiment vind aansluiting by Modiri, wat die aanslag van die Prokureursorde van Suid-Afrika, die Algemene Balieraad van Suid-Afrika en die regbank kritiseer wat die krisis in regsopleiding reduseer tot ’n gebrek aan vaardighede en goedgekwalifiseerde studente.77 Daar is meer nodig as die "skilled legal mechanics" wat die praktyk verlang.78 Modiri argumenteer dat daar aanvaar moet word dat die loopbaankeuse vir regstudente nie noodwendig in die prokureurspraktyk eindig nie.79 Sy argument word gestaaf deur Godfrey, wat aantoon dat die grootste werkgewer van regslui in die land die finansiële sektor is.80 Modiri argumenteer verder dat hoewel die praktyk tegniese vaardighede verwag,81 regstudente ook geskool behoort te word in regsgeskiedenis en regsfilosofie, sodat hulle dieper en meer krities kan dink, as getransformeerde individue,82 en so hul rol en doel in die samelewing kan verwesenlik.83

In ’n poging om weg te kom van wat Modiri beskryf as ’n "staggeringly unimaginative and myopic understanding of what the teaching of law should entail, of what values and principles law faculties should uphold, and of what the ideal post-apartheid South Africa law graduate should be",84 word ’n eerste poging aangewend om die Suid-Afrikaanse familiereg te begin dekolonialiseer. Dit word gedoen deur ’n inklusiewe regskultuur vir een regstelsel te probeer skep deur selfrefleksie met die grondwetlike norme as grondslag en basis vir ’n moderne tegnologies-bedrewe generasie regslui.

Enige voorstelle vir verandering moet egter ook aansluiting vind by die Wet op Hoër Onderwys 101 van 1997 wat ten doel het om85

programme en inrigtings te herstruktureer en te herskep ten einde beter te voldoen aan die behoeftes van menslike hulpbronne, die ekonomie en ontwikkeling in die Republiek; diskriminasie van die verlede reg te stel en verteenwoordigendheid en gelyke toegang te verseker; optimale geleenthede te bied vir leer en die skep van kennis; die waardes wat ’n oop en demokratiese gemeenskap gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid ten grondslag lê, te bevorder; vryheid van godsdiens, geloof en opinie te respekteer; demokrasie, akademiese vryheid, vryheid van spraak en uitdrukking, kreatiwiteit, geleerdheid en navorsing te respekteer en aan te moedig; uitnemendheid na te streef, en die volle verwesenliking van die potensiaal van elke student en werknemer, verdraagsaamheid teenoor idees en waardering vir verskeidenheid te bevorder; te reageer op die behoeftes van die republiek en van die gemeenskappe wat deur die inrigtings bedien word; by te dra tot die bevordering van alle vorme van kennis en geleerdheid, in ooreenstemming met internasionale standaarde van akademiese gehalte.

Hierby is die Departement van Opleiding se Report of the Ministerial Committee on Transformation and Social Cohesion and the Elimination of Discrimination in Public Higher Education Institutions (2008) ook van toepassing. Die verslag beskryf een van die elemente van transformasie as "epistemological change, at the centre of which is the curriculum".86 Van die relevante beginsels wat in hierdie dokument uiteengesit is, is die volgende:87 (i) "an academic culture of diversity in scholarship by guaranteeing the necessary intellectual space for freedom of scholarly approaches and encouraging diversity and innovation in academic disciplines"; (ii) ’n akademiese kultuur van interaksie om die probleme van Suid-Afrika en Afrika aan te spreek; (iii) substantiewe multikulturaliteit en insluiting van die diversiteit van kulture binne die konteks van ’n oop universiteitsgemeenskap; en (iv) niedominansie tussen die diversiteit.

Uit die bespreking hier bo is dit duidelik dat die verandering nie net die substansie van ’n vak raak nie, maar ook die wyse waarop dit gedoseer behoort te word.

 

3. ’n Familieregtelike konteks

Quinot stel ’n nuwe raamwerk voor wat drie bene insluit: (i) die verandering van die substansie van wat geleer word, wat die onderliggende norme en waardes insluit; (ii) die aanvaarding van ’n nuwe konstruktivistiese pedagogiese raamwerk wat die metodiek aanspreek; en (iii) die omarming van die digitale revolusie op tersiêre opvoeding.88 Himonga en Diallo argumenteer vir ’n vierde been, naamlik interdissiplinêre regstudies.89

’n Bestekopname van die huidige situasie is wenslik.90 Familiereg is een van die kernvakke van die LLB en vorm deel van alle regsfakulteite se regskurrikulum: óf as ’n aparte vak, óf as deel van die groter vak, persone- en familiereg. Dit word tradisioneel aan die begin van die kurrikulum aangebied, meestal in die eerste jaar se tweede semester of in die tweede jaar.91 Die onderrigmetode sluit ’n aantal lesings (kontaksessies) per week in en in die meeste gevalle met fasiliteringsmoontlikhede (tutoriale) aangebied deur senior studente.92

Die dosente wat die vak by die onderskeie regsfakulteite aanbied, wissel van ervare professore wat ook navorsing doen en publiseer op die gebied, tot nuwer dosente met min of geen ondervinding in onderrig en navorsing nie.93 Die rasprofiel is steeds te blank.

’n Elektroniese oorsig van die Suid-Afrikaanse universiteite se handboeke en prospektusse aanlyn rakende die substantiewe aard van die vak toon dat die vak in die meeste fakulteite steeds die eksklusief tradisionele Romeins-Hollandse uitgangspunt handhaaf: naamlik die beginsels van sivielregtelike verlowings, huwelike en egskeidings, asook die regte van kinders. In enkele gevalle is daar ook verwysing in die vak self na ongetroude-lewensmaat-verhoudings (ook selfdegeslagverhoudings) en gewoonte- en godsdienstige huwelike. In die meeste gevalle word die gewoonte- en godsdienstige huwelike egter gedoseer as deel van ’n aparte vak onder die name regspluralisme, inheemse reg of Afrika-reg, of as ’n klein onderafdeling in die familiereg as ’n aparte hoofstuk of twee. Daar word aan die hand gedoen dat hierdie ou struktuur op datum gebring behoort te word. So ’n struktuur aanvaar die Romeins-Hollandse reg as norm en verplaas ander huweliks- en familiemoontlikhede na die "ander"-groep. Hierdie "ander"-groep word by implikasie as minder belangrik bestempel, aangesien dit nie die norm is nie.94 Ons aanvaar die argument van Davis en Klare:95

A basic assumption of the Constitution ... is that South Africa cannot progress towards a society based on human dignity, equality, and freedom with a legal system that rigs a transformative constitutional superstructure into a common and customary law base inherited from the past and indelibly stained by apartheid.

Die voorgeskrewe handboeke vir familiereg96 val ook in die Romeins-Hollandse tradisie, hoewel die nodige aanpassings met elke nuwe uitgawe gemaak word om die grondwetlike beginsels, nuwe wetgewing en hofuitsprake daartoe toe te voeg. Tot op hede was daar geen poging aangewend om ’n ten volle geïntegreerde en gedekolonialiseerde Suid-Afrikaanse familiereghandboek uit te bring nie, hoewel die boeke tog tot ’n sekere mate na gewoontereg- en godsdienstige huwelike en saamleefverhoudings verwys.

Indien Quinot en Himonga en Diallo se raad gevolg word, moet die substansie van die kurrikulum, insluitend die onderliggende waardes en norme (geskrewe, verborge en "nul"-kurrikulum) interdissiplinêr aangespreek word, en die onderrigmetodiek in die lig van die digitale revolusie.

Ons voorstel aangaande die begin van ’n dekolonialiseringsproses van die substansie van die Suid-Afrikaanse familiereg moet gesien word in die konteks van die hele LLB-graad en die matriks van ontwikkelende vaardighede oor die onderskeie studiejare, asook die historiese onderwysgebreke. Die volgende beginsels word aan die hand gedoen:

1. Die Grondwet, spesifiek die Handves van Menseregte, moet van die begin af vooropgestel word as die riglyn vir heersende norme en waardes, en die belangrikste meganisme tot verandering. Die kontroversiële afwykings daarvan in sekere gemeenskappe behoort binne die konteks van kultuur en godsdiens gedebatteer te word.

2. Enige geskiedkundige oorsig van die familiereg en sy bronne in alle vorme is noodsaaklik, in ag genome dat ’n blote herhaling van die Romein-Hollandse reg nie wenslik is nie, maar dat voldoende aandag geskenk moet word aan die Afrika-konteks en die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse reg volgens die behoeftes van die gemeenskap. Daar sal van die gedetailleerde positivistiese regsreëls ingeboet moet word ten einde plek te maak vir die groter verskeidenheid van stelsels.

3. Daar behoort ’n klemverskuiwing te wees rakende die begrip familie: van die eksklusiwiteit van die Romeins-Hollandse Suid-Afrikaanse familiereg na ’n vak wat die huidige hibriede pluralistiese Suid-Afrikaanse samelewing met betrekking tot "familie" omvat: dit sluit in families waar die partye getroud is – hetsy die huwelike voltrek is ingevolge die Huwelikswet,97 die Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike,98 die Civil Union Act,99 asook huwelike wat voltrek is volgens lewende inheemse reg100 en godsdienstige leerstellinge toepaslik in Suid-Afrika, te wete Islamitiese, Hindoe- en Joodse huwelike. Dit sluit egter ook families in waar die partye nie getroud is nie, enkelouer-families en families waar ’n kind as hoof van die familie funksioneer.

4. Die insluiting van die inheemse reg as kernbron van die reg, hoewel moontlik substantief en grondwetlik problematies, is fundamenteel.101 Ons stem saam met hierdie onderskrywing van inheemse reg (insluitend ten opsigte van huwelike):102

Put differently, living customary law must be taught in all law faculties or law schools at appropriate levels of the law degree that enable students to comprehend the significance and complexity of the subject within the constitutional frameworks of African countries. Future lawyers and judges need to have an understanding of important aspects of this customary law, including its conceptualisation, its methodology in a broad sense, and its development as a system of law within African constitutional frameworks. If future lawyers and judges are not given appropriate legal training about living customary law, they will not have the right lens through which to view customary law – in its own right and not from the perspective of other legal systems.

Met die insluiting van die inheemse reg wys Himonga en Diallo103 daarop dat die lewende inheemse reg deel is van die sosiale werklikhede waarbinne persone leef en dat dit beteken dat die Westerse waardes van sekerheid, stabiliteit en voorspelbaarheid nie noodwendig die primêre oogmerk van geskilbeslegting in inheemse reg is nie.

Die probleem is uiteraard die gebrek aan volledige, eietydse bronne om voor te skryf. Die gebruik van opponerende deskundiges gedurende litigasie het reeds duidelik geword. Landwye empiriese veldwerk word benodig, maar deur wie? Akademici?104 Is die gebrek aan sodanige bronne ’n verskoning om niks te doen om die kurrikulum te verander nie? Kan daar nie ’n keuse deur fakulteite gemaak word gebaseer op studentelokaliteit nie? Hoewel geargumenteer kan word dat so ’n keuse lukraak sou wees, kan al die nuanses van al die verskeie inheemse regte nie in besonderhede behandel word nie. Dit is een van die redes vir die klem op vaardighede, sodat graduandi nuwe, onbestudeerde probleme met sukses sal kan aandurf.

5. Aangesien dit deel van die menslike psige is om verhoudings en families te vorm, sal die reg met betrekking tot verhoudings, insluitende verlowings, huwelike (of saamwoon), (eg)skeidings en die regte van kinders uiteraard die kern van die vak bly. Die verskillende sosiale kontekste moet egter uitgelig word en uitgebrei word tot hedendaagse probleemgebiede wat moontlik nie tradisioneel deel van die vak was nie. Onderliggende norme en waardes van die samelewing wat tot alle families behoort, word belangrik. So byvoorbeeld kan, met die aangaan van ’n huwelik, aanvaar word dat toestemming van die partye vereis word (en in sommige gevalle ook die toestemming van ander) en dat kinderhuwelike nie in Suid-Afrika aanvaarbaar is nie – hoewel die definisie van wie as ’n kind beskou word, kan wissel.

6. Die substansie van die reg kan nie meer slegs die weergee van die positivistiese regsreëls wees nie, maar daar behoort klem gelê word op ’n normatiewe en filosofiese (en interaktiewe) aanslag. Wat is die probleme in die samelewing wat aangespreek behoort te word? Wat is die huidige oplossing? Watter alternatiewe oplossings bied ook antwoorde op hierdie probleme? Wat sou die ideale oplossing wees? Hoe sal dit die samelewing beter maak? Daar word aan die hand gedoen dat die substansie van die positivistiese benadering verminder word, maar nie weggelaat word nie, om plek te maak vir ’n meer normatiewe benadering en vaardighede. Daar is net sóveel ure wat ’n student aan ’n vak in die lig van die LLB-vereistes behoort te bestee.

7. Eksterne relevansie van die vak en die graad moet in ag geneem word, sodat die vak ook praktyksgerig is, met regionale en internasionale relevansie. Die beginsels van internasionale konvensies soos in nasionale wetgewing vervat, behoort uitgelig te word.105

8. Laastens behoort kennis van die substansie van die reg nie ’n einddoel te wees nie. Die reg verander gedurig. Hoewel die substansie die voertuig vir opleiding is, is die werklike toets van behoorlike regsopleiding of die gegradueerde onverwagse, en dikwels multidissiplinêre, probleme sal kan oplos in ’n voortdurend veranderende samelewing. ’n Verskeidenheid vaardighede106 is van toepassing op regsopleiding en hoewel nie almal in een vak aangespreek kan word nie, kan familiereg as een van die eerste regsvakke die basis vir die graad lê.107 “Embracing the methods of critical realism is a challenge within a legal community steeped in formalism.”108

Familiereg is ook ’n veld van die reg wat die studente prakties kan sien en beleef. Die basiese konsepte is dus nie totaal vreemd nie. Met onderrigmetodiek moet die sprong gemaak word van die oordrag van inligting aan studente na die konstruksie daarvan deur ’n kreatiewe proses waarby die student ’n aktiewe deelnemer is.109 Studente moet die geleentheid gegun word om die aanvaarde te bevraagteken en te eksperimenteer met nuwe benaderinge om sodoende groter begrip te ontwikkel vir die probleem en die moontlike oplossings.110 Quinot as aanhanger van konstruktivisme argumenteer dat ’n mens nie vir regstudente ’n samehangende en beperkende liggaam van reëls moet gee nie, maar dat "our methodology should present them with the fragmented, pluralist, inconsistent and often conflicting claims to authority that in aggregate constitute the law."111

 

4. ’n Praktiese benadering

Die vraag wat telkens gevra word wanneer so ’n dramatiese en fundamentele verandering voorgestel word, is: "Hoe doen mens dit?" Hierdie vraag is nie maklik beantwoordbaar nie, en dit is ook nie die doel van hierdie artikel om voorskriftelik te wees nie. Die meeste waarvoor ons kan hoop, is dat die paar voorstelle wat ons maak, van die nodige veranderinge sal fasiliteer.112

Die bespreking begin met ’n kort omskrywing van die huidige uitdagings in regsonderrig, asook ’n beskrywing van die studente wat tans regsonderrig ontvang. Tweedens sal daar gekyk word na die vaardighede, generies en spesifiek, wat deel moet vorm van die studente se onderrig. Die bespreking sal afgesluit word met voorstelle vir ’n praktiese toepassing van ’n getransformeerde familieregkurrikulum wat relevant is vir studente en effektief as onderrigstrategie is.

4.1 Ondervoorbereidheid van studente en die behoeftes van generasie Z-studente

Daar is gereeld debatte by universiteite dat studente ondervoorbereid is vir universiteitstudie.113 Hierdie siening, wat by herhaling in teekamers en gange van regsfakulteite gekommunikeer word, het tot gevolg dat regsdosente soms hunker na die studente van die verlede wat voorbereid was vir universiteitstudie, hardwerkend was en oor al die nodige vaardighede beskik het om suksesvol te wees in die regswêreld. Dit is belangrik om hier te meld dat hierdie "perfekte" studente nooit bestaan het nie, en dat dit bloot ’n "Goue Era"-denkfout is.114 Dit word in hierdie verband duidelik deur Quinot en Greenbaum115 gestel dat daar reeds in die 1970’s kommer uitgespreek is oor die gaping tussen skool en universiteit. Verder word die Suid-Afrikaanse skoolstelsel die sondebok gemaak vir die studente se onderontwikkelde vaardighede en ondervoorbereidheid.116 Die studente benodig wel ontwikkeling en uitbouing van bepaalde vaardighede ten einde die LLB-graad suksesvol te voltooi.117 Die vaardighede wat hier ter sake is, sluit onder andere taalvaardighede en geletterdheid in, asook die vaardighede wat verband hou met kritiese en analitiese denke.118 Die relevansie en noodsaaklikheid van hierdie vaardighede is nie beperk tot die LLB nie, maar strek verder as die hekke van die universiteit, en vind toepassing in die regspraktyk.119

Regsdosente het ’n verpligting teenoor die studente in hul klasse. Hulle moet toesien dat daardie studente die onderrig ontvang wat hulle nodig het om hul loopbane suksesvol te volg. Die studente moet uiteraard toegerus word met hierdie vaardighede en die onderrigspraktyke moet dus pas by die student wat werklik in die klas is en nie die denkbeeldige student van die verlede wat hier bo beskryf is nie.

Abraham Lincoln120 het volgens oorlewering die volgende uitlating as deel van ’n toespraak gemaak: "If we could first know where we are, and whither we are tending, we could then better judge what to do and how to do it." Hierdie stelling is nog so relevant soos dit in 1858 was. Ons moet eers vasstel waar ons is en waarheen ons wil gaan, sodat ons beter kan oordeel wat om te doen en hoe om dit te doen. Die huidige stand van regsonderrig in Suid-Afrika, soos hier bo uiteengesit, het bepaalde uitdagings en gebreke. Daar het ’n wekroep tot verandering gekom wat ’n holistiese verandering van die regskurrikulum genoodsaak het. Die verandering moet nie alleen op ’n ideologiese verskuiwing gebaseer wees nie, maar stappe moet gedoen word om studente te ondersteun en om te verseker dat hulle in staat is om die nodige kennis en vaardighede te ontvang en op die lang duur toe te pas.

Ten einde beter vas te stel watter veranderinge aangebring moet word, sal daar gekyk word na die konsep van "generasies" en hoe om die studente te "ontmoet waar hulle is". Die besprekings hier onder fokus hoofsaaklik op die rol van tegnologie in die leeromgewing en die behoeftes van die huidige regstudente.

Die term generasies verwys na mense wat in ’n bepaalde tydperk gebore is en grootgeword het, en dus dieselfde sosiale geskiedenis en identiteit deel.121 Die gevolge hiervan is dat hierdie groepe (of generasies) soortgelyke of vergelykbare eienskappe en ingesteldhede het.122 Weens hierdie gedeelde eienskappe, ingesteldhede en aanlegte kan daar sekere afleidings en veralgemenings gemaak word om hulle te beskryf. Vier relevante generasies kan in die arbeidsmag geïdentifiseer word: baby boomers (generasie BB), generasie X, generasie Y (Millenniërs) en generasie Z.123

Generasie BB is persone wat na die Tweede Wêreldoorlog tussen 1945–1964 gebore is, min tot geen interaksie met digitale tegnologie gehad het nie, en dit dus nie vertrou nie.124 Generasie X is tussen 1965 en 1980 gebore.125 Hierdie generasie het as tieners toenemend die ontwikkeling van die rol van rekenaars waargeneem. Generasies BB en X kan omskryf word as "digitale immigrante".126 Die verhouding wat hulle met digitale tegnologie het, is gespanne, aangesien hulle reeds op ’n gevorderde stadium van hul lewens en loopbane was toe hulle met digitale tegnologie (ook inligting- en kommunikasietegnologie) gekonfronteer is.127 Hierdie generasies moes dus aktief pogings aanwend om saam met die tye te ontwikkel. Hierdie ontwikkeling het nie net ingehou dat hulle die tegniese aspekte van digitale tegnologie moet aanleer en bemeester nie, maar ook dat hulle hul perspektiewe oor digitale tegnologie moet verander.128

Generasie Y is tussen 1981 en 1995 gebore en word hoofsaaklik gekenmerk deur hul verhouding met digitale tegnologie.129 Hulle het grootgeword met tegnologie en dit vorm ’n integrale deel van hul identiteit.130

Die nuwe generasie is generasie Z, tussen 1995 en 2001 gebore, en hulle is die studente wat regsklasse tans beset.131 Hierdie twee generasies132 word as "digitale boorlinge"133 gesien, aangesien hulle reeds van kindsbeen af met digitale tegnologie gekonfronteer was en gemaklik daarmee is.134 Die verhouding wat hierdie twee generasies met tegnologie het, is dus meer natuurlik.135 Dit is onder andere die verhouding met tegnologie wat vereis dat die onderrigsmetodes hersien moet word.

Die konstante verandering van die behoeftes van studente, met verwysing na die verskillende generasies, vereis ’n herbesinning van die pedagogiese benadering wat in tersiêre instellings gevolg word.136 Die instelling moet seker maak dat daar op die studente se sterkpunte voortgebou word, sodat daar werklike (langtermyn-) leer plaasvind.137 Daar moet ook aktief daarteen gewaak word dat die huidige universiteitstrukture en die onderrigmetodes en benaderings van dosente die studente se leer kniehalter.

Daar mag konflik tussen die verskillende generasies bestaan met betrekking tot die gebruik van sowel tegnologie as onderrig in die geheel.138 Die huidige studente is digitale boorlinge en die dosente is (grotendeels) digitale immigrante.139 Die dosente is huiwerig om die nuutste tegnologie as onderrigsmiddel te gebruik, want hulle is meer gemaklik met die metodes wat hulle al vir jare gebruik.140 Studente kan nie verstaan waarom die dosente daarop aandring om "dinge op die ou manier te doen” nie.141 Hierdie konflik word verder aangevuur deur die persepsies en wanopvattings van die dosente oor hoe die studente wil leer en wat vir hulle belangrik is.142 Die digitale boorlinge word deur Autry en Berge143 met verwysing na die volgende eienskappe beskryf: hulle is kreatief, vernuwend, selfversekerd, opvoedkundig ingestel, meewerkend;144 het behoefte aan konstante terugvoer en bevestiging145 en positiewe versterking;146 en het die behoefte om die wêreld te verander. Hierdie eienskappe verteenwoordig die behoeftes eie aan die digitale-boorling-generasies en moet daarom altyd in gedagte gehou word wanneer kursusse hersien word of geskep word.

Wanneer die studente (digitale boorlinge) bemagtig word om te leer op ’n manier waar hulle kreatief en vernuwend kan wees, sal hulle makliker leer, aangesien hulle opvoedkundig ingestel is. Hulle moet gemotiveer word om eienaarskap te neem van die vak. Hoewel die studente selfversekerd is, moet hulle nogtans in die posisie geplaas word om met hul eweknieë saam te werk. Hulle verstaan dat die dosent nie die enigste bron van inligting is nie en dat hulle by ander studente kan leer. Hulle kan ook die internet gebruik om inligting te bekom. Daar is onder dosente die veronderstelling dat omdat die studente tegnologies baie sterk is en van digitale tegnologie vir onderrig gebruik wil maak, hulle geensins ’n behoefte het om die dosente van aangesig tot aangesig te spreek nie. Hierdie veronderstelling blyk ’n wanopvatting te wees, aangesien die studente juis ’n behoefte het om konstante terugvoer en positiewe versterking van die dosente te ontvang.

Bogenoemde in ag genome, is dit ook belangrik om te meld dat daar baie kritiek teen die gebruik van die terme digitale immigrante en digitale boorlinge bestaan. Bayne en Ross147 aanvaar dat daar van dosente vereis word om aan te pas by die veranderende wêreld en dat hul eie vaardighede ontwikkel word vir hierdie doel, maar hulle stel dit dat die gaping tussen die dosente en die studente oordrewe is en dat oppervlakkige verskille nie gebruik moet word om veralgemenings te maak nie. Hulle lê verder klem op die feit dat daar nie bloot aangeneem moet word dat tegnologies-gedrewe onderrigbenaderings vir die studente meer wenslik as konvensionele onderrigbenaderings is nie.148 Bayne en Ross149 benadruk die moontlikheid dat studente hulle selfs kan verset teen vorme van e-leer of aanlyn leer, as gevolg van ’n algemene vermoede onder studente dat die waarde van onderrig afneem wanneer dit in die sfeer van digitale tegnologie plaasvind. Hierdie vermeende afname in die waarde van e-leer of aanlyn leer kan toegeskryf word aan die gebrek aan ondersteuning, onmiddellike terugvoer en konstante ondersteuning.150 Die behoefte aan ’n kombinasie van elektroniese kommunikasie en persoonlike kommunikasie kan moontlik die oplossing vir hierdie probleem wees. Verder kan hierdie oortuigings ook verklaar waarom die studente byvoorbeeld tydens spreekure met die dosente konsulteer en dan elfuur daardie nag ’n e-pos oor dieselfde saak stuur, of dit kan verklaar waarom studente na die klas op die dosent afstorm om "net ’n paar vrae te vra".

Verder moet daar ook nie uit die oog verloor word dat hierdie toepassing in die Afrika-konteks moet geskied nie. Vanweë die armoedesyfer in Suid-Afrika151 is daar steeds ’n groot deel van die bevolking wat nie toegang het tot die internet of die gebruik van digitale tegnologie nie. Daarom is dit belangrik om ’n goeie balans te handhaaf tussen “in lewende lywe”-kommunikasie en elektroniese kommunikasie as deel van onderrig. Tegnologie moet nie gebruik word om studente verder uit te sluit nie; die studente moet bemagtig word om te leer en te ontwikkel.

Die laaste aspek is relevant vir huidige doeleindes ten opsigte van studente se behoefte om ’n verandering in die wêreld te maak. Dit kan gebruik word om selfgerigte leer te bevorder. Die studente kan die huidige probleme of uitdagings in die familiereg identifiseer en hul vaardighede gebruik om oplossings daarvoor te kry. Hierdie benadering het tot gevolg dat die studente besluit hoe en wat hulle wil leer. Die onderrigmetodes en -praktyke moet dus so ontwikkel en geïmplementeer word dat die studente toegerus word met die nodige vaardighede om verantwoordelikheid te neem vir hul eie opvoeding en nie bloot ’n produk van die stelsel te wees nie. Dosente moet dus die tema van dekolonialisering in ’n reflekterende simbiose met die studente aanspreek, waar die studente aangemoedig word om hul sienswyse en denkwyse te dekolonialiseer en hulle ’n mens aanmoedig om die kurrikulum te dekolonialiseer. Die proses van dekolonialisering kan nie slaag as dit bloot ’n studentegedrewe beweging is nie, en dit kan ook nie slaag as dit iets is wat die dosente op die studente afdwing nie. Beide groepe moet as belanghebbendes gesien word en beide groepe moet verantwoordelikheid vir die proses aanvaar.

4.2 ’n Getransformeerde kurrikulum in die klaskamer en noodsaaklike vaardighede

Vaardighede vir die 21ste eeu is daardie vaardighede wat noodsaaklik is om in die eietydse of moderne samelewing suksesvol te wees.152 Die huidige generasies, asook die aard van die samelewing, word gesien as so dramaties verskillend van die vorige generasies en samelewing dat ’n nuwe stel vaardighede benodig word om in ’n veranderende wêreld te kan funksioneer.153 Hierdie vaardighede moet aktief en doelbewus by die kurrikulum ingevoeg word sodat die student hierdie vaardighede kan verwerf.154 Dit is belangrik om tussen onderrig en afrig te onderskei. Studente moet geleer word om te dink. Vanweë die aard van die regsberoep is die blote memorisering en weergee van definisies en datums van beperkte belang en die toepassing van ingewikkelde en komplekse konsepte binne ’n gegewe konteks meer nuttig en relevant.

Die begrip 21st-century skills is baie wyd155 en daar sal dus op die volgende aspekte gefokus word:156 kritiese en analitiese denke;157 probleemoplossing;158 kommunikasie- en taalvaardighede;159 samewerking;160 aanpassingsvermoë;161 kreatiwiteit en vernuwing;162 informasievaardighede;163 leierskap en verantwoordelikheid;164 kulturele bewustheid;165 en burgerskap (plaaslik en globaal).166

Hierdie vaardighede is van kritieke belang by regstudie. ’n Eenvoudige voorbeeld word aan die hand gedoen: die studente word gekonfronteer met ’n probleem in die familiereg wat hulle in groepe op ’n kreatiewe manier moet oplos deur gebruik te maak van kritiese en analitiese denke. Die groep kan bestaan uit lede van verskeie kulturele agtergronde en al die lede moet kan aanpas by die groepsdinamiek in die universiteitsomgewing. Die groepleier moet die oplossing op die module se besprekingsblad kommunikeer. Dit is ’n vereenvoudigde beskrywing van ’n klasopdrag of ’n huiswerkopdrag wat al die bovermelde vaardighede insluit en sodoende die noodsaaklikheid van die ontwikkeling van hierdie vaardighede kommunikeer.

’n Ingreep wat moontlik aan die vereistes van vaardigheidsontwikkeling binne die konteks van dekolonialisering kan voldoen, is projekgebaseerde leer. Die inligting wat die studente moet leer en bemeester, asook die vaardighede wat hulle moet verwerf, word gekombineer in ’n gestruktureerde projek vir hierdie doel.167 Dit verg dus ’n transdissiplinêre benadering en binne só ’n projek behoort dit dan makliker vir studente te wees om te sien dat die reg nie in kompartemente verpak kan word nie, en dat die onderskeie velde van die reg met mekaar verband hou. Hierdie addisionele inligting kan die kritiese evaluering van die huidige regsreëls in perspektief plaas en normatiewe denkpatrone ontwikkel. Daardeur word dit duidelik dat die reg nie noodwendig onveranderbaar is nie en dat herevaluering van die bestaande fokus nodig is in die lig van ander moontlike opsies ten einde beter geregtigheid te laat geskied – veral in ’n transformatiewe konstitusionele bedeling.

Verder moet die projek voldoen aan al die ontwerpsvereistes wat voorgeskryf, of voorgestel, word vir ’n projek van hierdie aard.168 Blumenfeld e.a.169 dui aan dat die oplossing van komplekse probleme aanleiding gee tot ’n verbetering van studente se benadering ten opsigte van leer. ’n Verdere voordeel waarop hulle170 wys, is dat die sosiale aard van die leeromgewing wat deur die gebruik van projekgebaseerde leer geskep word, bydra tot die motiveringsvlakke van die studente en dat hulle meer geneig sal wees om verantwoordelikheid vir hul eie leer te aanvaar. Die projek moet uit die aard van die saak só ontwikkel word dat dit volgehoue motivering stimuleer en ook die nodige ondersteuning aan die dosente bied.171 Vanweë die komplekse aard van studentemotivering moet daar versigtig met projekgebaseerde leer omgegaan word en moet dit strategies gebruik word.172 Verder moet die dosente positief wees teenoor die projek en bereid wees om hul denkwyse te verander en nuwe vaardighede aan te leer, sodat die studente ook positief sal wees en gevolglik die nuwe vaardighede sal aanleer.173

Die volgende uittreksel uit die LLB-kurrikulumprojek174 gee aanleiding tot die projekvoorstel wat hier onder uiteengesit word:

We would like to encourage the law faculties, and the individual law lecturers, to take steps to facilitate discussion and communication between the different institutions concerning these matters. In particular, it would be helpful if the better endowed institutions that have access to expert learning and teaching support could find ways to facilitate access to these services for those institutions that are less well resourced, but are critical in widening access to the legal profession.

Regsdosente aan die verskillende universiteite kan oorleg met mekaar pleeg ten einde die gehalte van die onderrig te bevorder. Hieruit kan die volgende praktiese voorstel wat vaardigheidsontwikkeling binne die konteks van dekolonialisering toepas, gemaak word: Aangesien daar reeds ’n verwagting is dat die dosente van verskillende universiteite met mekaar kommunikeer, kan daardie voorstel na die studente uitgebrei word. Die studente van een universiteit kan met die studente van ’n ander universiteit praat oor die temas in die module. Die diversiteit van Suid-Afrika kan gebruik word om te verseker dat die studente mekaar ondersteun, by mekaar leer en moontlik met inligting of ervarings gekonfronteer word waarmee hulle normaalweg nie gekonfronteer sou word nie.175 Die voorstel dat studente met mekaar moet "praat", skyn op sigself nie ’n radikale voorstel te wees nie, maar Altmayer176 is van mening dat die diskoersproses sentraal gestel moet word ten einde die studente tydens diskoersvoering en refleksie die geleentheid te bied om hul sienswyse en benadering ten opsigte van bepaalde uitdagende konsepte te heroorweeg.

Verder word digitale boorlinge deur tegnologie aangetrek, aangesien dit vir hulle ’n veilige (of bekende) omgewing is.177 Die studente en dosente kan toegevoeg word tot ’n gratis ooptoegang-leerderbestuurstelsel of kursusbestuurstelsel178 en sodoende ’n enkele nasionale familieregkollektief saamstel. Die studente het dan konstante toegang tot ondersteuning van ander familieregstudente en hulle het dan ook toegang tot die kennis en vaardighede van die familieregspesialiste by ander universiteite. Daar kan gereeld temas op ’n forum geplaas word waarop die studente kommentaar moet lewer.

Hierdie temas, en die bespreking daarvan, kan tot gevolg hê dat studente in ’n kritiese en reflekterende diskoers tree met betrekking tot die vakinhoud. Verder sal studente ook die geleentheid gebied word om 21ste-eeu-vaardighede te ontwikkel en te gebruik om die opdrag te voltooi. ’n Logiese verloop van so ’n projek sal soos volg wees: studente word gekonfronteer met ’n uitdagende familieregprobleem of –vraag(stuk). Die studente moet dan (individueel of in groepe) navorsing oor die betrokke tema doen en ’n foruminskrywing maak. Die studente kan dan reageer op mekaar se inskrywings, en om alles regverdig te hou kan die sisteem so gestel word dat studente eers ’n inskrywing moet maak voor hulle ander studente se inskrywings kan lees of daarop kan reageer. Hierdie eenvoudige interaksie kan aan studente die geleentheid bied om deur ’n ander se oë te kyk.

Assesseringsmetodes sal ook ontwikkel moet word ten einde aan te pas by die getransformeerde onderrigstrategie. Deel van die nuwe regskultuur behoort ’n assesseringsisteem in te sluit179 waar veelvuldige moontlike antwoorde aanvaar kan word, en nie slegs een spesifieke moontlikheid nie.180 Vir assesseringsdoeleindes kan die studente mekaar evalueer (eweknie-evaluerings) of ’n portefeulje van hul inskrywings deur die semester (of jaar) versamel en dit, saam met ’n reflektiewe dagboekinskrywing, indien vir assessering. Die dosent kan dan dit wat in die klas gebeur, dit wat op die forums gebeur, en dit wat geassesseer word, met mekaar versoen. In hierdie betrokke geval kan die dosent dan nie net evalueer of die studente die betrokke begrippe verstaan en reg vertolk het nie, maar ook of hulle die bevoegdheid het om krities te dink, probleme op te los en in groepe te werk, of hulle taalgebruik reg is, of enige van die ander vaardighede wat relevant is vir regstudente openbaar.

’n Projek soos hierdie kan vele uitdagings meebring en daar moet reeds van die begin af goed beplan word om seker te maak dat die meeste van die uitdagings deur middel van goeie projekontwerp en deurdagte implementering daarvan uit die weg geruim kan word. Die uitdaging wat wel na vore kan kom, sluit onder meer die volgende in: aanlynetiket en respek vir ander gebruikers, motivering, selfgerigte leer, assessering en refleksie. Hierdie punte word kortliks hier onder bespreek.

Eerstens: wanneer só ’n projek ontwerp word, moet die dosent seker maak dat die studente opleiding ontvang in aanlynetiket en dat die studente moet onderneem om die regte en gevoelens van hul medefamilieregstudente te respekteer. Om seker te maak dat die studente bewus is van hierdie reëls, sal ’n gedragskode saamgestel moet word wat die studente dan moet volg.

Tweedens: soos hier bo genoem, moet die studente konstante motivering ontvang. Die uitdagende vraag of probleem moet die studente stimuleer sodat hulle gemotiveerd bly, maar dit moet nie so uitdagend wees dat die studente bang is, geïntimideerd is of motivering verloor nie. Verder verlang hierdie generasie studente ook onmiddellike terugvoer en bevestiging. Die ontwerp van hierdie projek is ideaal, aangesien die ander studente daardie terugvoer of bevestiging sou kon verleen. Die dosente sal die gesprekke moet monitor om seker te maak dat die studente mekaar nie verwar nie en die dosente sal ook "aanlyn kantoorure" moet hê. Aanlyn kantoorure is die tye wanneer die dosente beskikbaar is om aanlyn met die studente te konsulteer of kommunikeer.

Derdens is dit belangrik om in gedagte te hou dat hierdie projek ’n vorm van selfgerigte leer is, en dat daar ’n sekere vlak van volwassenheid van die studente verwag sal moet word. Die student sal dan self verantwoordelikheid vir sy of haar eie leer moet neem en toesien dat werklike leer plaasvind, met die dosent wat meer ’n fasiliterende rol speel. Studente sal ook moet "inkoop" in hierdie benadering ten einde te verseker dat daar die maksimum waarde daaruit verkry word.

Vierdens is assessering altyd relevant, aangesien die studente se primêre doel is om ’n graad te kry. Die studente wil uit die aard van die saak die module slaag. Dus moet die assessering en assesseringskriteria, -metodes en -grense (soos hier bo bespreek) duidelik aan die studente gekommunikeer word.

Laastens is dit belangrik om die studente te herinner om voortdurend te reflekteer. Wanneer die studente "terugkyk" nadat elke tema bespreek is, of die projek afgeloop het, moet dit vir hulle duidelik kan wees dat hulle wel geleer het en dat hulle hul vaardighede ontwikkel het. Dit kan hier dalk nodig wees om leiding aan hulle te bied. ’n Lys stellings kan byvoorbeeld geformuleer word waarop die studente “waar” of “vals” moet kies. ’n Voorbeeld sou kon wees: "Na afloop van hierdie opdrag kan ek die definisie van verlowing verstaan en verduidelik." Die studente kan dan self bepaal wat hulle geleer het en waarin hulle steeds ondersteuning benodig.

’n Slotopmerking met betrekking tot die voorgestelde projek is dat die breedvoerige omskrywing hier bo slegs as riglyn gebruik moet word en dat dit nie ten doel het om voorskriftelik te wees nie. Sou so ’n projek wel onderneem word, sal die dosente self ’n behoeftebepaling moet opstel en op grond daarvan ’n projek ontwerp volgens die beste praktyke vir projek- en onderrigontwerp. Dit is belangrik om te onthou dat so ’n projek nie bloot addisioneel tot die bestaande kurrikulum aangebied kan word nie. Die projek moet deel van die leerproses wees – dit kan vir die studente ook ’n ontdekkingsreis wees.

 

5. Gevolgtrekking

Die doseer van die regte en regsvakke, insluitende familiereg, staan voor ’n kruispad. Verandering is nie net wenslik nie, maar dringend. In hierdie artikel is die hoofredes vir die noodsaaklikheid van verandering aangespreek: die oproep om dekolonialisering wat die nodigheid vir die vernuwing en herstrukturering van die substansie en pedagogiek insluit in die lig van die tipe studente wat tans regte studeer, met spesifieke verwysing na tegnologie. Die eindresultaat wat beoog word, is studente wat relevante inhoud in ’n gepaste omgewing bestudeer en krities evalueer, sodat hulle in staat sal wees om die reg in ’n transformasiegerigte konstitusionalisme toe te pas ten einde sosiale probleme aan te pak en substantiewe gelykheid te verseker. Dit vereis nuwe en vernuwende interaktiewe en tegnologieryke projekte om studente te stimuleer en aktief te help leer.

 

Bibliografie

Albertyn, C. en D. Davis. 2010. Legal realism, transformation and the legacy of Dugard. South African Journal on Human Rights,26(2):188–215.

Altmayer, C. 2013. Die DACH-Landeskunde im Spiegel aktueller kulturwissenschaflicher Ansätze. In Demming e.a. (reds.) 2013.

Autry, A.J. en Z. Berge. 2011. Digital natives and digital immigrants: getting to know each other. Industrial and Commercial Training, 43(7):460–6.

Barratt, A. (red.). 2012. Law of persons and the family. Kaapstad: Pearson Education.

Basler, R.P. 2017. House Divided Speech. www.abrahamlincolnonline.org/lincoln/speeches/house.htm (24 November 2017 geraadpleeg).

Bauling, A. 2017. Towards a sound pedagogy in law: A constitutionally informed dissertation as capstone course in the LLB degree programme. Potchefstroomse Elektroniese Regstydskrif, 20:1–34.

Bayne, S. en J. Ross. 2007. The “digital native” and “digital immigrant”: a dangerous opposition. Annual Conference of the Society for Research into Higher Education. 11–13 December, Brighton.

Biko, S. 1998. I write what I like. St Yves: Heinemann.

Blumenfeld, P.C. e.a. 1991. Motivating project-based learning: Sustaining the doing, supporting the learning. Educational Psychologist, 26(3/4):369–98.

Botha, M.M. 2007. Africanising the curriculum: An exploratory study. South African Journal of Higher Education, 21(2):202–16.

Burns, M. 2013. Towards growing indigenous culturally competent legal professionals in Australia. The International Education Journal: Comparative Perspectives, 12(1):226–48.

Campbell, J. 2014. The role of law faculties and law academics: academic education or qualification for practice? Stellenbosch Law Review, 25(1):15–33.

Carpenter, B., R. Field en M. Barnes. 2002. Embedding indigenous content and perspectives across the justice studies curriculum: Developing a cooperative integrated strategy. International Education Research Conference. 1–5 December, Brisbane.

Davis, M.D. en K. Klare. 2010. Transformative constitutionalism and the common and customary law. South African Journal on Human Rights, 26(3):403–509.

Demming, S. e.a. (reds.). 2013. DACH-Landeskunde. Theorie – Geschichte – Praxis. München: Iudicium.

Departement van Opleiding. 2008. Report of the ministerial committee on transformation and social cohesion and the elimination of discrimination in public higher education institutions. Pretoria: Departement van Opleiding.

Dicker, L. 2013. The 2013 LLB summit. Advocate, 26(2):5–20.

Essop, A. 2016. Decolonisation debate is a chance to rethink the role of universities. The Conversation,16 August, ble. 1–4. https://theconversation.com/decolonisation-debate-is-a-chance-to-rethink-the-role-of-universities-63840 (12 Augustus 2018 geraadpleeg).

Godfrey, S. 2009. The legal profession: Transformation and skills. South African Law Journal, 126(1):91–123.

Gravette, W.H. 2018. Of “deconstruction” and “destruction” – why critical legal theory cannot be the cornerstone of the LLB curriculum. South African Law Journal, 135(2):283–323.

Greenbaum, L. 2014. Re-visioning legal education in South Africa: harmonising the aspirations of transformative constitutionalism with the challenges of our educational legacy. 8 November, 2014. Beskikbaar by SSRN: https://ssrn.com/abstract=2575289 of http://dx.doi.org/10.2139/ssrn.2575289 (28 November 2017 geraadpleeg).

Heaton, J. en H. Kruger. 2015. South African Family Law. 4de uitgawe. Durban: Lexis Nexis.

Heleta, S. 2016. Decolonisation of higher education: Dismantling epistemic violence and Eurocentrism in South Africa. Transformation in Higher Education, 1(1):1–8.

Henderson, M.Y. 2002. Postcolonial indigenous legal consciousness. Indigenous Law Journal, 1:1–56.

Hendricks, C. en B. Leibowitz. 2016. Decolonising universities isn’t an easy process – but it has to happen. The Conversation, 23 Mei, ble. 1–4. https://theconversation.com/decolonising-universities-isnt-an-easy-process-but-it-has-to-happen-59604 (12 Augustus 2018 geraadpleeg).

Hewett, M.L. (red.). 2010. Ulric Huber: De Ratione Juris: docendi & discendi diatribe per modum Dialogi Nonnullius aucta ПАРАΛΙПОМЕΝОΣ. Nijmegen: GNI.

Higher Education of South Africa (HESA). 2014. South African Higher Education in the 20th year of democracy: Context, achievements and key challenges. Pretoria: HESA.

Himonga, C. 2017. The Constitutional Court of Justice Moseneke and the decolonisation of law in South Africa: Revisiting the relationship between indigenous law and common law. Acta Juridica, (1):101–23.

Himonga, C. en D. Diallo. 2017. Decolonisation and teaching law in Africa with special reference to living customary law. Potchefstroomse Elektroniese Regstydskrif, 20:1–19.

Jones, V., V. Jo en P. Martin. 2007. Future schools and how technology can be used to support millennial and Generation–Z students. 1st International Conference of Ubiquitous Information Technology and Application. 12–14 February, Dubai.

Kairys, D. (red.). 1990. The politics of law: A progressive critique. New York: Basic Books.

Kennedy, D. 1990. Legal education as training for the hierarchy. In Kairys (red.) 1990.

Khuzwayo, W. 2012. Graduates' lack of skills upsets law profession. Sunday Tribune, 8 Julie, bl. 16.

Klare, K.E. 1998. Legal culture and transformative constitutionalism. South African Journal on Human Rights, 14(1):146–88.

Kok, A. 2006. Legal academics and progressive politics in South Africa: Moving beyond the ivory tower – A reply to Tshepo Madlingozi. In Van Marle (red.) 2006.

―. 2010. Is the law able to transform society? South African Law Journal, 127(1):59–83.

Krüger, R. 2014. The (in)significance of the common law? Constitutional interpretation and the Mansingh judgments. South African Law Journal, 131(2):233–44.

Langa, P. 2006. Transformative constitutionalism. Stellenbosch Law Review,17(3):351–60.

Le Grange, L. 2016. Decolonising the university curriculum. South African Journal of Higher Education, 30(2):1–12.

Madlingozi, T. 2006. Legal academics and progressive politics in South Africa: Moving beyond the ivory tower. In Van Marle (red.) 2006.

Maguire, A. en T. Young. 2015. Indigenisation of curriculum: Current teaching practices in law. Legal Education Review, 25(1):9–119.

Mbembe, A.J. 2016. Decolonizing the university: New directions. Arts and Humanities in Higher Education,15(1):29–45.

Mgqwashu, E. 2016. Universities can’t decolonise the curriculum without defining it first. The Conversation, 22 August, ble. 1–4. https://theconversation.com/universities-cant-decolonise-the-curriculum-without-defining-it-first-63948 (12 Augustus 2018 geraadpleeg).

Mnongani, F. 2009. Whose morality? Towards a legal profession with an ethical content that is African. Suid-Afrikaanse Publiekreg, 24(1):121–34.

Modiri, J. 2014. The crises in legal education. Acta Academia, 46(3):1–24.

―. 2015. Law’s poverty. Potchefstroomse Elektroniese Regstydskrif, (2):22–73.

—. 2016. The time and space of critical legal pedagogy. Stellenbosch Law Review, 27(3):507–53.

Mojapelo, P. 2012. Transformation, independence and “Poor Products of the LLB”. De Rebus, Desember, bl. 54.

Moseneke, D. 2002. Transformative adjudication. South African Journal of Human Rights, 18(3):309–17.

Mureinik, E. 1994. A bridge to where? Introducing the Interim Bill of Rights. South African Journal of Human Rights, 10(1):31–48.

Pickett, G. 2010. The LLB Curriculum Research Report. A research report produced for the Advice and Monitoring Directorate of the Council on Higher Education. Pretoria: CHE.

Porteus, K. 2003. Decolonising inclusion: Constructing an analytic framework for inclusion/exclusion for the decolonising context. Perspectives in Education, 21(3):13–23.

Price, A. en R. Ally 2015. UCT Yearbook 2015. Year in Review. Kaapstad: UCT.

Prinsloo, E.H. 2016. The role of the humanities in decolonising the academy. Arts and Humanities in Higher Education, 15(1):164–8.

Quinot, G. 2012. Transformative legal education. South African Law Journal, 129(3):411–33.

Quinot, G. en L. Greenbaum. 2015. The contours of a pedagogy of law in South-Africa. Stellenbosch Law Review, 26(1):29–61.

Raad op Hoër Onderwys (CHE). 2015. Kwalifikasiestandaarde vir die LLB. Pretoria: CHE.

Robinson, R. e.a. 2012. Introduction to the South African family law. 5de uitgawe. Potchefstroom: Printing Things.

Rotherham, A.J. en D.T. Willingham. 2010. "21st-Century skills": not new, but a worthy challenge. American Educator, Lente, ble. 17–20.

Sayed, Y. 2002. Exclusion and inclusion in the South with special reference to India and South Africa. Unpublished Working Paper. DFID Funded Research Project.

Sedutla, M. 2013. LLB Summit: Legal education in crisis? De Rebus, Julie, ble. 8–10.

Shay, S. 2015. Decolonise more than just the curriculum content – change the structure, too. The Conversation, 13 Julie, ble. 1–3. https://theconversation.com/decolonising-the-curriculum-its-time-for-a-strategy-60598 (12 Augustus 2018 geraadpleeg).

Skelton, A. en M. Carnelley. 2010. Family Law in South Africa. Kaapstad: Oxford University Press.

Smith, J.R. en A. Bauling. 2013. Aiming for transformation: Exploring graduateness in South Africa. Stellenbosch Law Review, 24(3):601–17.

Smith, M.N. 2017. Decolonisation should be an invitation to think. New Agenda: South African Journal of Social and Economic Policy, 64 (Mrt):4–5.

Smith, M.N. en T. Tivaringe. 2016. From Afro-centrism to decolonial humanism and Afro-plurality. New Agenda: South African Journal of Social and Economic Policy, 62 (Jan):41–3.

SALDA, LSSA en GCBSA. 2013. Joint Press Release on the LLB Summit by the SA Law Deans, the LSSA and the General Council of the Bar, 6 Jun. http://www.lssa.org.za/upload/documents/JOINT%20PRESS%20STATEMENT%20ON%20LLB%20SUMMIT%206_6_13.pdf (12 Augustus 2018 geraadpleeg).

SAPA. 2010. Academics contest law graduates criticism. Fin24. Argief, 25 November. https://www.fin24.com/Economy/Academics-contest-law-graduates-criticism-20101125 (12 Augustus 2018 geraadpleeg).

Statistiek Suid-Afrika. 2017. Poverty on the rise in South Africa. http://www.statssa.gov.za/?p=10334 (28 November 2017 geraadpleeg).

Van der Merwe, J.C. en D. van Reenen. 2016. Transformation and legitimation in post-apartheid universities. Reading discourses from “Reitz”. Bloemfontein: Sun Press.

Van Marle, K. (red.). 2006. Pulp fictions No 2. Legal academics and progressive politics in South Africa: moving beyond the ivory tower. Pretoria: PULP.

Van Niekerk, C. 2013. The four-year undergraduate LLB: Where to from here? Obiter, 34(3):533–44.

Voogt, J. en N. Pareja Roblin. 2010. 21st Century Skills. Discussienota. Enschede: Universiteit Twente.

Wiredu, K. 2002. Conceptual decolonization as an imperative in contemporary African philosophy: some personal reflections. Rûe Descardes, 36(2):53–64.

Zitzke, E. 2016. A new proposed constitutional methodology for effecting transformation in the South African law of delict. LLD-proefskrif, Universiteit van Pretoria.

 

Eindnotas

1 Porteus (2003:22) met verwysing na Sayed (2002:1). Wat studente op universiteit leer, het later ’n impak op hulle optrede in die samelewing as regslui (Smith en Bauling 2013:606).

2 Heleta (2016:1); Hendricks en Leibowitz (2016:2); Mgqwashu (2016); Essop (2016); Shay (2015); Prinsloo (2016:164).

3 Himonga en Diallo (2017:1).

4 Sien bespreking hier onder.

5 Vir ’n meer volledige bespreking van die geskiedenis van regsopleiding in Suid-Afrika, sien Greenbaum (2014:2–7) en Van der Merwe en Van Reenen (2016:1–2).

6 Godfrey (2009:117).

7 Le Grange (2016:1). Sien ook Botha (2007:204). Modiri lê klem op die verhouding tussen armoede, marginalisering, onvoorbereidheid en magteloosheid wat uit ’n historiese konteks vloei (Modiri (2015:233–4, 230) en Modiri (2016:508)).

8 Sien o.m. Godfrey (2009:98–101); Smith en Bauling (2013:603).

9 Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996.

10 Heleta (2016:2); Modiri (2016:509).

11 Porteus (2003:18).

12 Heleta (2016:2); Modiri (2016:518); Botha (2007:203); Mbembe (2016:32).

13 Heleta (2016:2). Mnongani (2009:134) argumenteer vir die behoefte aan Afrika-etiese substansie en nie Westerse etiek nie.

14 Le Grange (2016:2). Porteus (2003:21) argumenteer dat dit die kurrikulum is wat bepaal wat as kennis aanvaar word en wat nie; wat as "normaal" beskou word en wat as "anders" geklassifiseer word.

15 Moseneke (2002:316); Modiri (2014:6).

16 Modiri (2014:4–6); Quinot (2012:414); Modiri (2016:512).

17 Greenbaum (2014:12-16; Mojapelo (2012:101); Godfrey (2009:121).

18 Greenbaum (2014:10); Van Niekerk (2013:533).

19 Die klagtes van die praktyk in verband met die graduandi se gebrek aan vaardighede het weer momentum gekry in 2010 na klagtes van die Prokureursorde (SAPA 2010). Dit het gekulmineer in die LLB Summit van 2013 en die Raad op Hoër Onderwys (CHE) se LLB-Kurrikulumprojek (Dicker 2013:15). Problematiese aspekte wat geïdentifiseer is, is soortgelyk aan wat hierin bespreek word: die gebrek aan fokus oor die rol wat die Grondwet behoort te speel in die reg; onvoldoende ontwikkeling van sosiale bewustheid met spesifieke verwysing na die kwesbare lede van die gemeenskap; gebrek aan transformasie; die volgehoue vervreemdingseffek op (veral) benadeelde LLB-studente en -graduandi; en die noodsaaklikheid van generiese vaardighede (Dicker 2013:15–6); Greenbaum 2014:4). Hierdie generiese vaardighede word omskryf in die gesamentlike persverklaring deur SALDA, die Prokureursorde en die Balieraad: kennis van die substantiewe reg; generiese vaardighede (taalvaardighede, geletterdheid, syfervaardighede; navorsingsvaardighede; analitiese vaardighede; en inligtingstegnologievaardighede); etiek; ’n verbinding tot sosiale geregtigheid; die vereistes van die werkplek; en hulpbronne (SALDA e.a.2013).

20 Godfrey (2009:122); Greenbaum (2014:4).

21 Modiri (2016:507).

22 Shay (2015:2). Hierdie gebrek om aan te pas word gesien as ’n bydraende faktor tot die gebrek aan sukses van veral swart studente (Greenbaum 2014:21).

23 Gravette (2018:285).

24 Mgqwashu (2016:1); Gravette (2018:285).

25 Himonga en Diallo (2017:3). Aan die een kant van die spektrum is Modiri (2014) en Henderson (2002), en aan die ander kant Quinot (2012).

26 Quinot (2012:415).

27 Botha (2007:212).

28 Le Grange (2016:5).

29 Modiri (2014:7); Essop (2016:2); Mgqwashu (2016:2); Le Grange (2016:4–5) argumenteer dat dekolonialisering nie neokolonialisme is nie – waar "new elites who were trained by colonialists and take on the role of colonialists in countries, post-independence … [and] thus preserve colonial academic organisations under the guise of academic freedom and autonomy."

30 Heleta (2016:5); Essop (2016:2).

31 Essop (2016:2).

32 Himonga en Diallo (2017:3) wys daarop dat daar drie kategorieë inheemse reg is: (i) die gekodifiseerde inheemse reg soos vervat in apartheid-era-wetgewing en uitsprake; (ii) die huidige hibriede kodifisering post-Grondwet in die Wet op die Erkenning van Gebruiklike Huwelike 120 van 1998, wat steeds verwyderd is van die daaglikse lewende inheemse reg; en (iii) die lewende inheemse reg soos daagliks toegepas (Himonga en Diallo 2017:6–7).

33 Mbembe (2016:35).

34 Smith en Tivaringe (2016:43).

35 Himonga en Diallo (2017:5) met goedkeuring van Price en Ally (2015:23).

36 Mgqwashu (2016:4); Essop (2016:3); Hendricks en Leibowitz (2016:3); Botha (2007:212); Wiredu (2002:54,63); Henderson (2002:5).

37 Smith en Bauling (2013:604).

38 Essop (2016:1); Modiri (2014:18).

39 Mureinik (1994:32); Klare (1998:147); Quinot (2012:417).

40 Smith en Tivaringe (2016:41).

41 Greenbaum (2014:20).

42 Kennedy (1990:54).

43 Modiri (2014:8,12); Quinot (2012:415).

44 Klare (1998:153–5).

45 Prinsloo (2016:165).

46 Modiri (2014:1).

47 Klare (1998:150).

48 S v Makwanyane 1995 6 BCLR 665 (CC) parr. 302–4; Klare (1998:157–8); Albertyn en Davis (2010:190); Quinot (2012:420–2); Modiri (2016:508).

49 Modiri (2014:2).

50 Hendricks en Leibowitz (2002:3–4); Smith (2017:4).

51 Botha (2007:202); Mbembe (2016:37–8).

52 Le Grange (2016:8–10).

53 Smith en Bauling (2013:606).

54 Smith en Bauling (2013:607).

55 Quinot (2012:432).

56 Klare (1998:150).

57 Die rol van die Grondwet is omstrede. Veral Modiri argumenteer dat die Grondwet slegs ’n bevestiging is van Westerse liberale grondwetlike beginsels wat ook aangespreek behoort te word (Modiri 2014:10–1; Modiri 2016:514). Sien ook Albertyn en Davis (2010:212–5). Modiri (2015:249, 225) argumenteer ook dat die Grondwet te abstrak is om die werklike probleme in die land aan te spreek en dat daar ’n radikale breuk met die verlede behoort te wees. Aan die ander kant argumenteer Zitzke (2016:371) dat die grondwetlike beginsels in deliktereg-litigasie vooropgestel moet word en dat die howe se blindelingse aanvaarding van die gemenereg soms onvanpas is.

58 Langa (2006:354); Albertyn en Davis (2010:215).

59 Quinot (2012:414).

60 Albertyn en Davis (2010:203–8).

61 S v Makwanyane 1995 6 BCLR 665 (KH) par. 262; Klare (1998:152); Quinot (2012:94); Albertyn en Davis (2010:199); Smith en Bauling (2013:606).

62 Davis en Klare (2010:403); Krüger (2014:243); Himonga (2017: 114–8).

63 Davis en Klare (2010:403). Sien ook die LLD-proefskrif van Zitzke (2016) oor die howe se onsekerheid aangaande die toepassing van die grondwetlike beginsels in die deliktereg.

64 Klare (1998:166).

65 Modiri (2014:15).

66 Smith en Bauling (2013:604).

67 Klare (1998:168). Hierdie beginpunt word voorgestel, al is dit vanuit ’n posisie van blankebevoorregting en nie omdat ’n mens dink, soos Biko (1987:89), "[that we are] so immersed … in prejudice that [we] do not believe that blacks can formulate their thoughts without white guidance and trusteeship" nie.

68 Modiri (2014:13).

69 Modiri (2014:13–4); Smith (2017:4).

70 Modiri (2014:3,12); Quinot (2012:413).

71 Himonga en Diallo (2017:13–5).

72 Raad op Hoër Onderwys (2015:28).

73 Die aanhef verwys na die Konstitusionele Hof se uitspraak in Pharmaceutical Manufacturers Association of SA in re Ex parte President of the Republic of South Africa 2000 2 SA 674 (KH) par. 44.

74 Raad op Hoër Onderwys (2015:28).

75 Ibid.

76 Ibid.

77 Modiri (2014:8). Godfrey (2009) bespreek in sy profiel van die regsprofessie die twee interpretasies van die professie: die eng interpretasie sluit die privaatsektor se prokureurs en advokate en die openbare sektor se aanklaers, staatsprokureurs en -advokate, landdroste en regters in, terwyl die wyer interpretasie regsadviseurs – van privaat maatskappye, die finansiële sektor en die verskeie staatsdepartemente op nasionale, provinsiale en plaaslike vlakke insluit.

78 Smith en Bauling (2013:608).

79 Modiri (2014). Modiri (2015) propageer ’n drieledige aanslag: die aanvaarding van Visser se "subversive orientation towards history, practice and the teaching of law"; die aanspreek van grondwet-aanbidding; en die dekolonialisering van die kurrikulum. Hierdie artikel volstaan met die eerste en die derde van die aanslae.

80 Godfrey (2009:108).

81 Modiri (2014:2) argumenteer dat die klem van die LLB tans val op die bemarkbaarheid van studente in die prokureurspraktyk, en sodra hulle begin werk, akklimatiseer hulle tot huidige toestande.

82 Smith en Bauling (2013:616). Transformasie is ’n persoonlike uitdaging (Smith en Bauling 2013:603); Modiri (2016:5–6).

83 Smith en Bauling (2013:608).

84 Modiri (2014:2).

85 Aanhef van Wet 101 van 1997.

86 Departement van Opleiding (2008:36).

87 Ibid.

88 Quinot (2012:432). Volgens Mgqwashu (2016:2–3) is daar vier maniere om ’n kurrikulum te struktureer: (i) as produk om kennis en sekere vaardighede te bekom; (ii) as proses van interaksie tussen dosente, studente en kennis; (iii) as kontekstualisering van bestaande samelewingsprobleme; en (iv) as praksis en gebruik om nie alleen op die individu of die groep te fokus nie, maar om nuwe begrippe en praktyk te skep. Hy argumenteer dat die laaste twee opsies belangrik is en dat dit die verantwoordelikheid van beide wit en swart akademici is.

89 Himonga en Diallo (2017:7).

90 ’n Opname van die hele LLB-kurrikulum val buite die bestek van die artikel. Die fokus is op die familiereg.

91 Die vak word as redelik maklik verteerbaar beskou. Die rasionalisering van die besluit om die vak so vroeg in die kurrikulum aan te bied, val egter buite die bestek van die artikel.

92 Inligting aanlyn beskikbaar in die regsfakulteite se handboeke.

93 Greenbaum (2014:32).

94 Porteus (2003:21).

95 Davis en Klare (2010:403).

96 Sien in hierdie verband die studentehandboeke van Barratt (red.) (2012); Heaton en Kruger (2015); Robinson e.a. (2016); Skelton en Carnelley (reds.) (2010).

97 Wet 25 van 1961.

98 Wet 120 van 1998.

99 Wet 17 van 2006.

100 Himonga en Diallo (2017:8).

101 Die doseer van inheemse reg is problematies, aangesien die inhoud van ’n plooibare aard is wat gedurig verander om aan te pas by omstandighede en van plek tot plek verskil. Hiermee saam is die impak van die grondwetlike waardes, norme en beginsels ook problematies. Sien Himonga en Diallo (2017:10) vir ’n lys van potensiële probleme in hierdie verband.

102 Himonga en Diallo (2017:9).

103 Himonga en Diallo (2017:11).

104 Vir ’n bespreking van die rol van akademici, sien Madlingozi (2006:15); Kok (2006:30). Hierdie debat word vir die huidige buite rekening gelaat.

105 Hier word veral gedink aan die Konvensie vir die Regte van Kinders, die Afrika-Konvensie vir die Regte van Vroue en Kinders en die Den Haagse Konvensies oor internasionale aanneming en ontvoering.

106 Smith en Bauling (2013:610–4).

107 Gemeenskapsdiens deur studente vir werklike kliënte is nie op hierdie vlak noodwendig wenslik nie.

108 Albertyn en Davis (2010:203).

109 Quinot (2012:415–6, 419).

110 Smith en Bauling (2013:605).

111 Quinot (2012:418).

112 Hierdie voorstelle word hoofsaaklik uit die perspektief van die outeurs gemaak en moet nie gesien word as voorskrifte nie, maar eerder as ’n voorgestelde padkaart.

113 Bauling (2017:3); Campbell (2014:32); Quinot en Greenbaum (2015:33).

114 Dit is hier belangrik om daarop te let dat Albertus Rusius reeds in 1659 aangedui het dat die skole regstudente nie voorberei vir hul regstudie nie en dat die studente boonop studeer net om ’n kwalifikasie te ontvang en nie noodwendig opvoeding nie (Hewett 2010:199–22).

115 Quinot en Greenbaum (2015:33).

116 Campbell (2014:32).

117 Ibid.

118 Ibid; Quinot en Greenbaum (2015:33).

119 Bauling (2017:3).

120 Basler (2017).

121 Jones en Martin (2007:886).

122 Ibid.

123 Jones en Martin (2007:888). Die datums en tydperke wat hier onder verskaf word, is skattings en verskil in ’n meerdere of mindere mate van bron tot bron.

124 Jones en Martin (2007:888).

125 Ibid.

126 Autry en Berge (2011:461–2). Die term digitale immigrant is uit die oorspronklike Engels digital immigrant vertaal en word gebruik om aan te dui dat die betrokke persoon nie vanaf ’n jong ouderdom met tegnologie gekonfronteer was nie en die vaardighede later moes aanleer. Gegewe die huidige globale konteks is dit belangrik om in gedagte te hou dat hierdie term algemeen aanvaar word om die verhouding tussen die generasies (soos hier bo uiteengesit) te bespreek en dat daar nie verdere betekenis ingelees moet word nie.

127 Autry en Berge (2011:462–3).

128 Autry en Berge (2011:461).

129 Jones en Martin (2007:888).

130 Ibid.

131 Ibid.

132 Generasies Y en Z.

133 Die term digitale boorling is uit die oorspronklike Engels digital native vertaal en word gebruik om aan te dui dat die betrokke persoon vanaf ’n jong ouderdom met tegnologie gekonfronteer was en dat die gebruik daarvan vir hom of haar natuurlik is. Gegewe die huidige globale konteks, is dit belangrik om in gedagte te hou dat hierdie term gebruik word omdat dit as algemeen aanvaar word om die verhouding tussen die generasies (soos hier bo uiteengesit) te bespreek en dat geen verdere betekenis hier ingelees moet word nie.

134 Autry en Berge (2011:460–4).

135 Autry en Berge (2011:461).

136 Jones en Martin (2007:888).

137 Ibid.

138 Autry en Berge (2011:460–4); Jones en Martin (2007:888–9).

139 Autry en Berge (2011:461–3).

140 Autry en Berge (2011:462).

141 Autry en Berge (2011:463).

142 Autry en Berge (2011:465).

143 Ibid.

144 Vertaling van collaborative.

145 Vertaling van constant feedback and validation.

146 Vertaling van positive reinforcement.

147 Bayne en Ross (2007:1).

148 Bayne en Ross (2007:1, 3).

149 Bayne en Ross (2007:1).

150 Bayne en Ross (2007:3).

151 Statistiek Suid-Afrika (2017).

152 Rotherham en Willingham (2010:17).

153 Ibid.

154 Ibid; Voogt en Pareja Roblin (2010:1).

155 Voogt en Pareja Roblin (2010:1–2).

156 Hierdie lys is daardie vaardighede wat vir huidige doeleindes uitgesonder is, maar ’n volledige lys is beskikbaar by Voogt en Pareja Roblin (2010).

157 Voogt en Pareja Roblin (2010:15).

158 Ibid.

159 Ibid.

160 Ibid.

161 Voogt en Pareja Roblin (2010:15–6).

162 Voogt en Pareja Roblin (2010:15).

163 Voogt en Pareja Roblin (2010:16).

164 Ibid.

165 Ibid.

166 Ibid.

167 Blumenfeld e.a. (1991:369–98).

168 Autry en Berge (2011:465).

169 Blumenfeld e.a. (1991:371).

170 Ibid.

171 Blumenfeld e.a. (1991:374).

172 Blumenfeld e.a. (1991:373).

173 Ibid.

174 Pickett (2010:165).

175 Dit is logies dat hierdie projek eers aan individuele universiteite getoets kan word en dan later uitgebrei word.

176 Altmayer (2013:18).

177 Autry en Berge (2011:465).

178 Die meeste universiteite het aanlyn stelsels (LMS – Learner Management Systems) wat elektroniese interaksie bevorder, soos Moodle en BlackBoard, of platforms in die Sakai-omgewing, soos eFundi of MyUnisa.

179 Modiri (2014:10); Quinot (2012:417); Modiri (2015:259); Modiri (2016:510–1).

180 Quinot (2012:421).

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Dekolonialisering van die Suid-Afrikaanse familiereg in die lig van transformasiegerigte konstitusionalisme: ’n praktiese benadering vir generasie Z appeared first on LitNet.

Decolonialisation of South African family law in light of transformative constitutionalism: a practical approach for generation Z

$
0
0

Abstract

The call to decolonialise the tertiary curriculum, coupled with the complaints regarding LLB graduates, place law teachers at a crossroad. It is apparent that change is not merely desirable, but urgent. This article aims to introduce and contextualise the current conceptions of and approaches to the decolonialisation of family law in South Africa pertaining to the innovation and restructuring of the current substance of family law, by focusing on the pedagogical approaches that can facilitate this process – specifically the use of technology.

The article provides a cursory exposition of the concept of decolonialisation and its impact on both lecturers and students. The impact of the Constitution on transformative constitutionalism is underlined as a catalyst for the development of graduate skills with which to address social and societal problems with substantive equality as the ultimate goal, seeing that not much has changed at the universities and law faculties since 1994 – especially not for black students.

The decolonialisation debate as contextualised in this article is considered to part of the larger debate surrounding critical legal theory. The exact nature of decolonialisation and the opinions surrounding it can, however, be placed on a broad spectrum, the core of which is that decolonialisation is an uncomfortable and infinitely complex process which extends far beyond merely superficially including seemingly appropriate articles written by black academics.

The current LLB, is chiefly concerned, as it was in the past, with current legal rules and the interpretation thereof which are technical and unyieldingly positivistic. This is at odds with the ideal of placing the emphasis on a wider normative and critical pedagogy in order to more clearly reflect what the law should be – a vehicle to serve the community as a whole.

The aim of this article is not to define decolonialisation, nor is it to merely restate the current position with regard to the decolonialisation of the LLB curriculum. The theory regarding critical legal studies and decolonialisation as a process flowing from this debate merely forms the background of a discussion that can be followed in order to innovate current teaching of family law at South African universities, bring it in line with the student needs and make it relevant to the students attending law classes.

This incentive requires law teachers to investigate the different and differing roles of the stakeholders with regard to the implementation of an effective decolonialised curriculum. This does not mean that we are to naively disregard current knowledge, but aims to suggest that we build on the current knowledge and equip law students with the necessary tools to evaluate the current knowledge in the light of the relationship underlying power, knowledge and education so that we may keep what is ethical, necessary and useful and not be constrained by a system of thought that discounts the value and contribution of non-Western knowledge. The theoretical foundation within the context of transformative constitutionalism is used to structure the re-evaluation of teaching methodologies, strategies and philosophies by capitalising on the inherent transformative nature and purpose of the Constitution.

It is important that the aforementioned process empowers students not only to be instrumental in the decolonialising process, but also to be cognisant of the fact that they must strive to become not only successful jurists, but also ethically responsible ones. They can no longer be mere technicians, but must receive a wider education that can serve them in the wide array of careers available to law graduates.

The first requirement for such a process is for the students to understand that the South African legal system is one legal system which includes common law and customary law which are formed by the Constitution. Secondly, the norms and values underlying the law, as well as the judicial responses to them, should be addressed. Finally, public legal education should be responsive to the economy, the legal profession and the community as a whole. It is logical to infer, then, that the process of decolonialisation is not limited only to the content of the subject, but also includes the manner in which it is taught.

The article proposes that the vehicle for this fundamental re-evaluation of the teaching of family law is rooted in the nature of the students in law schools and their needs and preferences regarding learning and education. This can be used to make the content of the subject relevant and to seize the opportunity to utilise digital technology in the instruction of, for example, family law, a fundamental law subject, to facilitate this process.

The current method of instruction for family law, as for most law subjects, is the use of lectures presented by lecturers, and tutorials or facilitation sessions presented by senior students. Family law is one of the core subjects of the law curriculum, usually taken in the first or second year, and students take this subject either on its own or as part of a larger subject which includes the law of persons. A cursory overview of the subject contents from some of the textbooks and syllabi indicates that the subject is still reminiscent of the Roman-Dutch approach, meaning that it focuses on engagements, marriages, divorces and the rights of children. In certain instances references are made to civil partnerships (also same-sex ones) and religious and customary marriages, although religious and customary marriages may also be addressed in a different subject altogether called legal pluralism, indigenous law or African law.

The current approaches to the instruction of family law necessitate the following: that the Constitution and the Bill of Rights be used to determine the reigning norms and values of the community and that a deviation from this guideline should be debated in the context of religion and culture; secondly, that the historical overview that initiates the instruction of the subject be done in a manner that is inclusive of South Africa's whole legal tradition; thirdly, that the focus of the module – family – be placed in the South African context and that it be redefined to include all families and family structures; fourthly, that African customary law be included as a core source of the law in order to ensure that the students have an understanding of the social realities of the world outside of the classroom.

Undertaking such a dramatic reconceptualisation of one of the core modules of the LLB curriculum is not an easy task. It should be done with care and due consideration of the student who will be at the receiving end. It should also include the introduction of digital technology in the teaching space and the learning process as a way to support the process of decolonialisation and bridge the gap between not only the lecturers and the students, but also between the classroom and the profession.

The article does not propose, or impose, a set of strict and rigid guidelines that must be used to achieve the stated goals, but rather provides options and possibilities to educators that can facilitate and stimulate the process. Law teachers have the responsibility to ensure that their students receive the education they need – a holistic approach is suggested. The theory of "generations" is used as a tool to "meet the students where they are" and bridge the possible barriers in learning that may be present in the law classroom. This theory can be used to determine what common qualities and attitudes are shared by the students, and by placing it in the African context, we can better determine how to provide sensible and effective education to our students.

Some of these shared qualities and attitudes include: that they are digitally cognisant and are comfortable with digital technology in the classroom; that they are collaborative and require constant feedback, validation and positive reinforcement; and that they are global citizens. The lecturers, at least some of whom are likely to be part of a different generation, can then attempt to adapt their teaching practices and motivate their students better. This, in conjunction with the introduction of the 21st-century skills in legal education, should lead to positive outcomes and self-directed learning and can be great steps in changing the face of legal education.

The article concludes with a discussion of project-based learning as an intervention and a possible vehicle for the envisaged accelerated implementation of a decolonialised curriculum. A practical example of such an approach is to structure the students' learning as project-based learning. The project should be properly designed with due consideration of the design requirements of such a project. The central focus could be to facilitate dialogue between the students on themes related to family law. The mere act of communicating with one another can promote their understanding of the theory and provide an environment of reflective learning. In addition to changing the way in which a subject is presented, the assessment methods should also be brought into line with the transformed educational strategies. The new legal culture will have to include assessment methods that reflect the transformed curriculum. This may include peer assessment, reflective journals, or the compiling of a portfolio.

The intended result of the process of decolonialising the family law curriculum is to produce students who can use these skills to solve social problems and promote substantive equality. Innovative and interactive projects using digital technology should be used to facilitate active learning.

Keywords: curriculum; decolonialisation; family law; generation Z; LLB qualification standards; skills; student readiness; technology; transformative constitutionalism

Lees die volledige artikel in Afrikaans: Dekolonialisering van die Suid-Afrikaanse familiereg in die lig van transformasiegerigte konstitusionalisme: ’n praktiese benadering vir generasie Z

The post Decolonialisation of South African family law in light of transformative constitutionalism: a practical approach for generation Z appeared first on LitNet.

Onderhoud: maak die skoolhoof die skool?

$
0
0

Wat is die effek van ’n skoolhoof op ’n skool? En verskil die styl van ’n skoolhoof by ’n skool wat goed presteer van die styl van ’n skoolhoof waar dit nie ewe goed gaan nie?

Estelle Kruger gesels met Leentjie van Jaarsveld, Charl Wolhuter en Branwen Challens oor hulle artikel:

Die leierskapstyle van goedpresterende skole se skoolhoofde en die trefkrag daarvan op skoolklimaat

Leentjie, hoe het julle julle navorsingsprojek aangepak om genoemde leemte aan te spreek – wat was die proses, watter persone sou deelneem, wie sou die deelnemers wees?

Leentjie: Ek het eerstens lede van die fakulteit genader om deel te wees van die projek. Sodoende kon elkeen wat ’n deskundige op sy gebied is, ’n bydrae tot die projek lewer. Daarna het ek die Nasionale Seniorsertifikaat-eksamenverslag gebruik om vas te stel watter provinsies die meeste skole het wat (a) meer as vyf jaar ’n 100%-slaagsyfer het, asook (b) watter van die skole die meeste graad 12-leerders het wat die Nasionale Seniorsertifikaat geskryf het. Ek het ook vasgestel watter provinsies die meeste skole het wat vir meer as vyf jaar ’n slaagsyfer van 40% en minder behaal het. Die rede vir hierdie twee kriteria was dat ons kon vasstel welke die beste en die swakste skole vir die navorsingsprojek sou wees. Die provinsies wat gekies is, was Gauteng, Wes-Kaap, Limpopo, Noordwes en Noord-Kaap. Al die deelnemers (ek, Charl, Deon Vos en Branwen) aan die projek se onderhoude is met die hoof en drie personeellede in elke skool gehou. Een deelnemer (Deon) het ook met ’n lid van die skoolbeheerliggaam ’n onderhoud gevoer. In jaar 1 (2017) het ons al die goeie skole besoek en jaar 2 (2018) al die swak skole.

Watter kriteria was vir julle belangrik waarop julle sou wou fokus in so ’n navorsingsprojek?

Die eerste kriterium was skoolhoofleierskap. Daarna is ander kriteria, soos skoolklimaat (Leentjie), morele leierskap (Branwen), die die skoolbeheerliggaam (Deon) en ander determinante (Charl) gekies om die invloed daarvan op die skoolklimaat vas te stel.

Charl, dit is duidelik dat julle raakgesien het dat daar ’n samehang is tussen kontekstuele faktore, leierskap en prestasie by toppresterende skole. Sou julle wou veralgemeen en tot die gevolgtrekking kom dat hierdie faktore ook by swakpresterende skole van toepassing is?

Ek dink dit is geregverdig om te ekstrapoleer, of ten minste sal dit gegrond wees om die hipotese te formuleer dat gebrekkige leierskap een (selfs die deurslaggewende) faktor by swakpresterende skole is. Maar om ’n afdoende antwoord op die vraag te kry, sou ’n steekproef van swakpresterende skole ook aan dieselfde navorsing onderwerp moet word.

Is julle bewus van enige navorsingsprojek wat die leemtes by swakpresterende skole ondersoek?

Daar is al heelwat artikels oor swakpresterende skole geskryf. Daar is ’n navorsingsprojek wat oor ’n paar jaar strek (nie ons projek nie) wat fokus op swak skole en hoe hulle verbeter. In daardie projek word slegs op die skoolhoof gefokus.

Branwen, vir jou het die bevordering van morele leierskap as deel van skoolklimaat in toppresterende skole ’n belangrike rol gespeel. Wat het daartoe gelei dat jy hierdie spesifieke faktor wou ondersoek?

Skoolklimaat is al redelik goed nagevors, maar ek het agtergekom dat die bevordering van morele waardes in kinders as ingryping om skoolklimaat te bevorder min aandag geniet het. En aangesien die skoolhoof daarvoor verantwoordelik is om ’n positiewe skoolklimaat in die skool te vestig, wou ek juis kyk hoe sy/haar leierskap ’n rol speel. Die fokus van hierdie navorsing was ook op toppresterende skole, maar ek is tans besig om te kyk hoe die prentjie in onderpresterende skole lyk.

Leentjie, dit was vir jou duidelik dat leierskapstyle van goedpresterende skole se skoolhoofde ’n trefkrag het op die skoolklimaat. Is daar enkele style wat jy wil uitsonder wat ’n positiewe invloed op skoolklimaat het? Watter style beïnvloed die skoolklimaat negatief?

Die onderwysers met wie ek die onderhoude gevoer het, het deurgaans gesê dat hulle verkies dat die skoolhoof ’n demokratiese leierskapstyl beoefen. Tog was daar ’n duidelike verskil tussen die goed- en swakpresterende skole. By die goedpresterende skole het die onderwysers saamgestem dat hulle hoofde die demokratiese styl beoefen. Hulle het ook erken dat die hoof soms die outokratiese styl beoefen, maar het dit nie as negatief ervaar nie, omdat hulle die hoof se oordeel vertrou wanneer hy/sy outokraties optree. Aan die ander kant wou die swakpresterende skole se onderwysers graag hê dat die skoolhoof die demokratiese styl beoefen, maar die meeste hoofde het die outokratiese styl beoefen, wat ’n negatiewe invloed op die klimaat van die betrokke skole gehad het. Ons kan hieruit aflei dat die demokratiese styl tot ’n positiewe skoolklimaat, en die outokratiese leierskapstyl tot ’n negatiewe skoolklimaat lei.

Dit is nie maklik om in ’n groep te werk in ’n navorsingsprojek nie, want nie almal het dieselfde hipoteses of doelwitte of voorsiene uitkomste of benaderings nie. Hoe het julle hiermee te werke gegaan? Was daar iemand wat gelei het en die projek bestuur het? Kon elkeen hulle eie insette gee sonder voorbehoud? Hoe het julle tot ’n gesamentlike doelwit gekom?

Leentjie: Ek was bevoorreg om saam met wonderlike mense te werk wat absoluut hulle samewerking gegee het en wat oop was vir bespreking, raad en ondersteuning. Die projek het basiese navorsingsdoelwitte gehad wat elke deelnemer aan die projek in gedagte moes hou, maar ons het ook elkeen ons eie doelwitte gehad wat met ons fokus verband gehou het. Die beginsels van doeltreffende projekbestuur was deurgaans van toepassing.

Wat het julle elkeen in hierdie gesamentlike navorsingsprojek van julleself geleer?

Leentjie: Ek het geleer dat daar ’n wêreld daar buite is en dat mens van aangesig tot aangesig met mense moet sit om werklik hulle situasie te verstaan. Mens het sekere persepsies, maar wanneer die werklikheid voor jou afspeel, verander jou persepsie baie.

Branwen: Ek het geleer dat my religieuse grondslae ook die dryfkrag agter my eie morele waardes is.

Charl: Ek het opnuut die waarde van leierskapopleiding van skoolhoofde besef, wat tans in Suid-Afrika sowel as in die buiteland besondere aandag geniet en aan die groot klok gehang word.

Is daar enige nuwe projekte op julle horison(ne)?

Leentjie: Heelwat! Vyf nuwe projekte. Van die projekte gaan ek alleen doen en ander is weer saam met my kollegas (Charl, Branwen en Kobus Mentz), want dis werklik ’n plesier om saam met hulle te werk. Ek het so pas ’n projek saam met kollegas in Kanada afgehandel waar ons na die loopbaan van vroue in die onderwys kyk. Die ander projek was ’n vergelykende ondersoek na die leierskap van megaboere en skoolhoofde, waaroor daar binnekort artikel geskryf gaan word.

Die oorkoming van kontekstuele beperkinge deur leierskap aan toppresterende skole

The post Onderhoud: maak die skoolhoof die skool? appeared first on LitNet.

Bybel in Kaaps: Rigtes 16, Simson en Delila

$
0
0

Source: https://commons.wikimedia.org/wiki/File:Samson_and_Delilah_by_Rubens.jpg

Rigtes 16

Simson en Delila

16 Eendag toe gat Simson Gasa toe waa hy ʼn prostitiet gesienit. Hy’t toe by haa in gegan ommie aand by haa te spandeer. 2 Die mense van Gasa was toe gesê, “Simson is hie!” Hulle het toe die plek omring ennie hele nag vi Simson gelê en wag by die stad se hek. Hulle hettie beweegie, en hulle het gesê, “Wanne dit lig raak dan gat ôs hom doodmaak.”

3 Maa Simson het net daa gelê tot middernag toe. Hy’t toe opgestan ennie deure byrrie stad se hek net soe met hulle kosyne en al uitgeruk, mettie slotte nog annie deure. Hy’t dit op sy skouers gesit en dit tot annie boekant vannie berg reg ookant Hebron gedra.

4 ʼn Tyd daana het hy velief geraak op ʼn vrou innie Sorekvallei, en haa naam was Delila. 5 Die leiers vannie Filistyne het toe na haa toe gegan en hulle het vi haa gesê, “Velei hom en vinne uit waain sy groot krag lê, en oek hoe ôs hom kan oogooi soedat ôs hom kan vasmaak en onne ôs mag kry. Elke een van ôs sal jou dan dêtien kilos silve gie.”

6 Soe het Delila toe vi Simson gesê, “Vetel my wat issie secret van jou groot krag, en hoe kan iemand jou vasmak en onner sy mag kry?”

7 Simson antwoort haa toe, “As ienige iemand my met siewe boegsnare wat nog klam is vasmaak, dan sal ek soe magteloos raak soes ienige anner man.”

8 Toe hettie leiers vannie Filistyne die siewe klam boegsnare gebring, en sy’t hom daamie vas gemaak. 9 Daa het oek manne in haa kamer in weg gestiek, en toe sê sy vi hom, “Simson, die Filistyne is hie!” Maa hy hettie boegsnare gebriek soes wanne garing naby an ʼn vlam kô. Soe hettie geheim van sy krag ʼn geheim gebly.

10 Toe sê Delila vi Simson, “Djy’t mos vi my vi ʼn gai gevat en vi my gelieg. Moetie soe wiesie, vetel my hoe djy vas gemaak kan wôt.”

11 Hy’t toe gesê, “As ienige iemand my stêk vas maak met niewe toue wat nog nooit gebruik wassie, dan sal ek soe swak wies soes ienige anner man.”

12 Soe het Delila toe die niewe toue gevat en hom daamie vas gemaak. Met die manne wat  weg kruip in haa kamer het sy vi Simson gesê, “Simson, die Filistyne is hie!” Maa hy’t die toue van sy arms af gebriek soes dit garing was.

13 Delila sê toe vi Simson, “Djy maak dan nou die heeltyd gai van my en djy lieg nog heeltyd vi my. Sê my tog net asseblief hoe djy vas gemaak kan wôt?”

Toe sê hy vi haa, “Djy moet net my siewe haarlokke in jou materiaal oppie weefstoel vasweef ennit styf vas stiek met ʼn pen, dan sal ek soe magteloos wies soes ienige anner man.” Tewyl hy geslaap het, het Delila sy siewe haarlokke gevat ennit innie materiaal in geweef, en dit vas gestiek met ʼn pen.

Sy’t toe wee vi hom geroep en gesê, “Simson, die Filistyne is hie!” Hy’t uit sy slaap uit wakke geskrik ennie material met pen en al uitie weefstoel uit losgeruk.

15 Toe sê sy vi hom, “Hoe kan djy vi my sê, ‘Ek is lief vi jou,’ maa djy kan my nie vetrou nie? Die issie dêrre kee wat djy vi my vi ʼn pop vat en my nie sê waain die geheim van jou groot krag lê nie.” 16 Sy het dae aneen by hom dik gehou en proebee uitvis tot hy soe dik geraakit vannit dat dit gevoelit hy kon doodgan. 

17 Soe, het hy toe vi haa alles vetel. “My hare was noggie een kee geskeerie,” het hy gesê, “wan ek is van geboorte af gewy an Got. As my kop geskee wôt sal ek al my krag veloo, en ek sal swak wies soes ienige anner man.”

18 Toe Delila besef dat hy haa alles vetel het, het sy het toe ʼn boodskap annie leiers vannie Filistyne gestuu, “Julle moe wee trug kô, hy’t my alles vetel.” Soe hettie leiers vannie Filistyne mettie silve trug gekô. 19 Na sy hom annie slaap gemaakit op haa skoot, het sy iemand anners geroep om sy siewe haarlokke af te kô skee. Soe het sy hom lat swak wôt, en sy krag het vedwyn.

20 Sy’t toe geroep, “Simson, die Filistyne is hie!” Hy’t wakke geskrik en gedink, “Ek sal wee hie uitstap net soes vorige kere en myself losruk.” Maa hy’tie gewiet dattie Jirre hom velaat hettie.

21 Die Filistyne het hom gegryp en sy oë uitgestiek en hulle het hom na Gasa toe gevat. Hulle het hom vas gemaak met brons kettings, en innie trok het hulle hom die meul lat draai. 22 Maa die hare op sy kop het trug gegroei narrat dit afgeskee was.

Simson se Dood

23 Die leiers vannie Filistyne het bymekaa gekô om ʼn groot offer te bring vi hulle got, Dagon, en om fies te vier. Hulle het gesê, “Ôs se got het ôs vyand Simson an ôs oohandig.”

24 Toe die mense hom gesien het, het hulle hulle got geprys en gesê,

“Ôs got het ôs vyand Simson

 an ôs oohandig.

die een wat ôs land vewoes het

en soe baie van ôs dood gemaakit.”

25 Toe die Filistyne lekke vrolik was het hulle gesê, “Bring vi Simson uit soedat hy ôs kan kô vemaak. Hulle het toe vi Simson uitie tronk uit lat kô en hy’t hulle vemaak.

Toe hulle hom tussen tempel se pilare lat staan het, 26 het hy virrie helper wat sy hand gehou het gesê, “Sit my daa waa ekkie pilare voel waaop die tempel rus, en soedat ek daatien kan lê.”

27 Nou die tempel was vol van manne en vroue, allie leiers vannie Filistyne was daa, en oppie dak was daa ampe drie duisend mans en vroue wat gekyk het hoe Simson vi hulle vemaak.

28 Simson het toe virrie Jirre gebid, “Jirre my Got onthou my tog. Maak my asseblief nog net eenkee wee stêk Got, en lat ek met een slag die Filistyne kan trug kry vi my twie oë.”

29 Dis toe wat Simson die twie middelpilare waaop die tempel rus vasgevat het en tien hulle gelê het, met sy regtearm ommie een en sy linkearm ommie anner. 30 Simson sê toe, “Lat my doodgan mettie Filistyne!” Toe trek hy met al sy krag ennie tempel het nee gestort oppie leiers ennie mense wat daa binne was. Soe, het Simson mee mense doodgemak toe hy dood gegan het as wat hy gedoen het toe hy geliewe het. 

31 Sy hele broes en sy pa se hele familie het af gegan om hom te gan haal. Hulle het hom trug gebring, en hom begrawe tussen Sora en Estaol in sy pa Manoag se graf.

Simson was twintig jaa die leier vannie Israeliete.

The post Bybel in Kaaps: Rigtes 16, Simson en Delila appeared first on LitNet.

Reza de Wet (1952–2012)

$
0
0

Gebore en getoë

Reza de Wet is op 11 Mei 1952 in Senekal in die Oos-Vrystaat gebore, die enigste kind van regter HF de Wet en Elizabeth Mary (née Marais). Sy is die agterkleindogter van Charlie Marais, wat die ouer broer van Eugène Marais was. Generaal Christiaan de Wet was haar oupagrootjie se neef. Haar pa was later hoofregter van die Vrystaat.

Reza vertel vir Willemien Brümmer (Die Burger, 26 Maart 2011) van haar ouma en ma: “My ma het ’n wonderlike sin vir die bisarre en die makabere gehad – ’n gebore aktrise. My ouma was ’n begaafde mezzo-sopraan wat by La Scala in Italië ’n kontrak aangebied is. Maar toe gaan haar ouers in die Groot Griep dood en die ouma kry ’n helse nervous breakdownNervous breakdown was elke tweede woord in ons familie.”

Elke jaar het Reza en haar ma in die voorste ry by die sirkus gesit. “My ma wou hê ek moet skrik as die narre so vreeslik raas. En die sweefkunstenaars! Oeee, en die tente was so hoog!”

Reza was vroeg reeds verlore in haar eie wêreld, vertel sy aan Wilhelm du Plessis (De Kat, Julie 1997). "As enigste kind lees ek baie en tower ek maatjies op wat niemand kon sien nie. Ek begin skryf toe ek vyf jaar oud was. Toe ek in sub A (graad een) was, het ek reeds ’n bloemlesing van ongeveer twintig gedigte of versies gehad. Ek word ook groot op Eugène Marais se gedigte en die donker verbeeldingswêreld van sy kortverhale en spookstories."

In haar ouerhuis is Reza van jongs af aan die kunste blootgestel. In ’n onderhoud met Madeleen Welman in Rooi Rose van 30 Desember 1992 sê sy: “My ma het ’n intuïtiewe begrip en liefde gehad vir alle kunsvorme. Daar was altyd kuns- en musiekmense by ons. My pa weer, is ’n wetsmens, ’n logiese mens. Sy stille krag en bestendigheid het my ewewig gegee.” By haar ma het sy nie net liefde vir die kunste geleer nie, maar veral om ’n individu te wees. “Sy was ’n algehele non-konformis met ’n absolute afsku van enigiets wat bloot die norm was. Sy was so omdat my ouma so was.”

Reza vertel aan Una Nieuwoudt (Die Burger, 16 Maart 1994) dat sy maar drie was toe sy die eerste keer teater toe is om te gaan kyk hoe haar ma in ’n operette sing. “Kleintyd het die teater al vir my ’n soort feëverhaalelement gehad. Ek het gedink dis toordery wat my ma so klein laat word het en het haar gevra of dit seer was.” Op vyfjarige ouderdom woon Reza haar eerste toneelstuk by saam met haar ma in die saal van Oranje Meisieskool.

In sub A sou Reza in haar eerste toneelstuk speel. “Elke toneelstuk waarin ek ooit was, was vir my ontsettend belangrik. Ek onthou dit asof ek wérklik daar was. Ek moes as ’n muis op en af van ’n stoel klim en die kinderrympie ‘Hickory dickory dock’ sing. Ek het so ’n groen geruite rok gehad, en ’n dik stert. En toe word ek siek – ek was báie siek as kind. Ek kon nie meer in die konsert wees nie, en ek het so aan die stert vasgehou en gehúil. Dit is tóé dat ek aan myself belowe het dat as ek gesond word, ek áltyd in konserte gaan wees.”

Haar loopbaan as toneelspeler begin ook op skool, waar daar ’n baie goeie dramavereniging was en ook ’n baie goeie Engels-onderwyseres, Miss Ligget. Die produksie van Quality Street het alles begin. Reza vertel aan Andreij Horn in ’n onderhoud in Die Bult van September 1998 nadat sy in 1998 aangewys is as een van die Oud-Kovsies van die jaar, dat sy op skool die ster van die opvoerings was. “Dit het net so ’n belangrike invloed op my latere lewe gehad. As daar een mens op skool was wat my op ’n besondere manier geraak het, was dit Miss Ligget. [...] Al ons opvoerings was in Engels, omdat dit natuurlik die werke was waarin sy belang gestel het. Ons het dit saam met die seuns van St Andrew gedoen. Dit was nogal ’n snaakse kombinasie vir daardie jare. Oranje en die Engelse seunskool. Ek dink nie dit is ooit weer daarná gedoen nie. Die invloed van dié soort ervaring bly by ’n mens.” Hoër Meisieskool Oranje is ook waar Reza gematrikuleer het.

In De Kat van Junie 1988 verduidelik Reza aan Rachelle Greeff van haar gewaarwordinge oor haar eerste sestien lewensjare in Bloemfontein, die hartland van die Afrikanerdom, en watter rol dit later in haar werk speel. "Tydens my skooljare in Oranje Meisieskool is die Anglo-Boereoorlog deurentyd beklemtoon. Daar was ’n standbeeld van die vrou met die kappie en ’n heilige ontsag is daagliks vir dié beeld ingeprent. Ek het intens bewus geword van die atmosfeer van die oorlog, en in my stuk Nag, Generaal kom dit sterk na vore. “Gelukkig was daar die twee jaar in Kimberley. Dit was, dankie vader, ’n gemengde skool met ’n hoë persentasie minder gegoede kinders. Dis van hulle van wie ek gehou het. Mense met vitaliteit, in noue kontak met die lewe. (...) Die lewe hier was ryk aan tekstuur. Ek was agt en nege jaar oud, en die Kimberley-ervaring het my wesenlik verander.” Op Kimberley het Reza geskryf en opgevoer en die kindertjies van Du Toitspan gelok met koekies en koeldrank. Die aksie het hulle nie so geboei nie en elke nou en dan het ’n stemmetjie haar op die “verhoog” bereik: “Kan ek nog ’n koekie kry, asseblief?”

Sy het eintlik nie hiper-Afrikaans grootgeword nie, sê sy aan Barrie Hough (Rapport, 0 Augustus 1998). “My familie is nie hiper-Afrikaans nie. Ek het ’n eienaardige familie. Dit is meer die mense wat om ons gebly het en met wie ek in aanraking gekom het, wat my die Afrikaanse onderbou gegee het. Ek kom eintlik uit ’n effens vervalle, dekadente familie as ’n mens praat van Afrikanerdom. Ek is nooit kerk toe gesleep nie. Daar’s nooit met sulke dinge gedweep nie. Daar was eintlik baie vryheid en ek het ontsettend in aanraking gekom, vandat ek klein was, met Engelse en ander letterkundes. My ma-hulle se boeke was alles Engels. Ook wat ek gelees het toe ek klein was, was dikwels Engels. Ek dink dit vorm insig.” Reza lees Saarttjie en Trompie saam met William Brown en Enid Blyton. Sy kon ewe lief wees vir Saartjie en Little Women, maar lees die een met een deel van haar en die ander met ’n ander deel.

Sy erken teenoor Johann Botha (Die Burger, 13 Maart 1993) dat Senekal vir haar ook soos die hemel was. “Die dorp was ’n plek met kante. ’n Kind dink mos groter as die lewe. Op die dorp was sulke mense. En my ouma-hulle was glad nie eng nie. My ouma was nogal eksoties! Op Senekal was die mense eenvoudig nader aan jou, alles was soveel meer onmiddellik. Daar was mense op die platteland wat miskien glad nie in die stad sou kon oorleef nie. Soos die hoer van die dorp, wat deur die kerk versorg is. Haar uitstal van haar organe, haar uitdagende klap op haar buik en gespog: 'Kyk, ek is hol!' In vergelyking was die stad maar grys. Die bisarre, die makabere het deel geword van my ervaring.”

Op vyftienjarige ouderdom word sy die eerste keer aan die Russiese dramaturg Anton Tsjechof bekendgestel, en dit verander haar hele idee van drama en was vir haar tegelyk baie bekend, maar ook misterieus en betowerend. En die mistiek is vir haar baie belangrik. Die werk wat Sukovs in die laat jare sestig in Bloemfontein gedoen het, het vir soveel teateropwinding gesorg dat dit vir Reza beïnvloed het. Sy was nog op skool, maar kon na eksperimentele teateraanbiedings soos Becket se Waiting for Godot gaan kyk.

Verdere studie en werk

Na skool sit Reza haar studies voort aan die Universiteit van die Vrystaat, waar sy in 1973 haar BA-graad behaal met drama en Engels as hoofvakke. Sy verwerf ook haar BA Honneursgraad aan die UV. Gedurende haar studiejare speel sy gereeld toneel – in die Vrystaat, in Kaapstad en in die destydse Transvaal, onder meer vir Truk en die eksperimentele Arena-geselskap. Sy speel hier saam met Lindsay Reardon, haar toekomstige eggenoot.

Een van haar eerste hoofrolle was juis vir Truk se Arena-geselskap. Sy het die rol van die verlamde Lis in Arrabal se Fando en Lis gespeel. “Eers laat die sadistiese Fando my val van ’n hoogte,” vertel sy aan Willemien Brümmer, “soms pluk hy my aan my hare rond. Saans vee die verhoogbestuurder my heuplengte hare met ’n reusebesem van die verhoog af. Ek was in soveel pyn dat die dokter vir my vra of ek in ’n ‘major car accident’ was.”

Tien dae ná die openingsaand tref Reza ’n ontstelde verhoogbestuurder aan. Die vertoning moet gekanselleer word, want Fando het geval en twee ribbes gebreek. “Ek is jammer om te sê, maar ek was so ontséttend verlig!”

Sy vertrek daarna na die Universiteit van Kaapstad, waar sy ’n nagraadse diploma onder Robert Mohr behaal. Sy slaag later haar meestersgraad in Engels aan Unisa. Reza begin ook in 1985 met haar doktorale tesis oor Henry James. Sy is dosent aan Rhodes-universiteit in Grahamstad, waarheen sy en haar man en dogter, Nina, in 1982 verhuis het.

Nina se geboorte het ’n oorgangsfase in haar lewe ingelui. Vir haar was haar kind ’n band tussen haar en die wêreld. “Sy het my binnewêreld gedwing om te skakel met die wêreld daar buite, die werklikheid. En uiteindelik was daar iemand wat nie aan die einde van die dag moes huis toe gaan nie.” Die trek na Grahamstad was die gevolg van die onpersoonlike bestaan en gejaagdheid van Johannesburg. “In ’n betonoerwoud verloor jy kontak met jou wortels, jou kern. En Grahamstad (waar Casspir en donkiekar saamry) het na die ideale plek gelyk. Dis so half nêrens: ’n plek van vier winde,” het sy aan Brümmer verduidelik.

In 2007 tree Reza uit as professor van die Dramadepartement van Rhodes-universiteit.

Die eerste stuk skryfwerk wat Reza geskryf het, was ’n Engelse toneelstuk getiteld Heathcliff and the dancing bear, oor Heathcliff se jeug voordat hy op Wuthering Heights aangekom het. Uys Krige se Die goue kring was die eerste toneelstuk wat sy ooit gesien het. Haar ma was die toneelbestuurder en dit het ’n baie groot indruk op die jong Reza gemaak – die eenvoud en die betowerende kwaliteit daarvan.

Haar wortels lê in die eerste vyftig jaar van die twintigste eeu. Sy het nooit regtig ’n aanvoeling gehad vir die moderne Afrikaanse letterkunde nie. Sy vertel aan Anja Huismans en Juanita Finestone: "Ek is dol oor Totius en Boerneef en hulle werk is vir my pragtig. Ek is ook beïnvloed deur ander literêre tradisies en lees baie, maar meestal Engels. Ek het geweldige ontsag vir Henry James en die manier waarop hy met menseverhoudings en die ongesegde tussen mense omgaan. En dan is daar ook Becket en Arabel en natuurlik Strindberg, Ibsen en Tsjechof."

In 1984 begin Reza skryf aan Diepe grond. In 1985 moes ’n vriend van haar by die Dramadepartement by Rhodes na die ATKV Kampustoneelfees gaan en hy het toe nie ’n stuk nie. Hy vra Reza se hulp. Aan Riaan de Villiers (Die Suid-Afrikaan, 31 Mei 1987) vertel sy dat sy baie “disgusted” met die stuk was en lanklaas daaraan gewerk het. Maar die belangstelling herlewe en sy skryf goed by. “En toe ons begin werk daaraan het ek eers baie entoesiasties geraak. Want ek kon elke dag gaan, self speel en die ding in die praktyk sien. Só het ek hom eindelik klaar geskryf, in die loop van hierdie proses.”

Met die skryf van Diepe grond gebruik Reza Alba Bouwer se Stories van Rivierplaas as literêre verwysingspunt. Die name stem ooreen met dié in Rivierplaas, maar daar is ’n hemelsbreë verskil tussen haar en Alba Bouwer se werk. Sy gesels met Barrie Hough (Rapport, 19 Augustus 1998): “Alba Bouwer het ’n mitiese en idilliese Suid-Afrikaanse kleintyd geskep. [...] In Diepe grond beeld ek die vernietiging van ’n dergelike paradys uit. Veral die rol van die swart vrou, Melitie, is vir my baie belangrik. Ek sien haar as ’n soort beginpunt vir die ‘kinders’ in Diepe grond. [...] Melitie ... is vir my ’n karakter wat diep in Afrika gewortel is, ’n soort Moeder Afrika.” Diepe grond is ’n swart komedie oor ’n broer en suster wat vasgevang is in ’n ewige kinderlewe deur hulle oorlede ouers se streng waardes. Hulle swart kinderoppasser gee vir hulle die onbevange liefde wat hulle ouers nooit aan hulle kon gee nie. Hulle deel dieselfde bed en herspeel klein traumatiese tonele uit hulle verlede waarin hulle soms die persona van hulle ouers aanneem.

Die wye reaksie op hierdie stuk ná die Kampustoneelfees was vir Reza ’n skok. Sy het nooit verwag dat wat “vir my ’n private spel was, ooit so ’n reaksie sou ontlok en wyer implikasies kon hê nie”. Mense het na haar toe gekom met trane in hulle oë en het gesê dat sy die Afrikaner se psige blootgelê het en dit met deernis gedoen het.

Na die opvoering by die Kampustoneel koop die Markteater die stuk, maar kon vir ’n jaar en ’n half niks daarmee doen nie, omdat Tafelberg Uitgewers met ’n hofsaak begin het omdat die karakters na Alba Bouwer se karakters vernoem is. Die uiteinde was dat Reza die name van die karakters verander het, en die stuk is in 1986 in die Markteater opgevoer.

Reza het feitlik oornag ’n dramaturg van statuur geword, en die Markteater-produksie van Diepe grond met Lucille Gillwald as regisseur wen sewe Vita-toekennings. “Dit was net vir my ’n ontstellende ervaring om niks met die produksie te doen te hê nie. Ek onthou, ek het by iemand gebly met ’n houttrap waar ek so gesit en huil het. Dis son was nog nie op nie en ek het gesit en wag dat ek vir Lucille kon bel, want sy wou die helfte van die hoenderhok-toneel uitsny. Sy het dit toe nie gedoen nie, maar dit was nogtans ’n traumatiese gesprek,” vertel Reza aan Brümmer.

Diepe grond is in 1986 gepubliseer en in 1991 saam met Op dees aarde en Nag, Generaal onder die titel Vrystaat-trilogie uitgegee. Helize van Vuuren skryf dat daar ’n onbeholpenheid in die hantering van tegniek en ’n oordadigheid in Diepe grond is. Tog toon die jong dramaturg belofte – al het hierdie debuutdrama nog nie behoorlik vorm gekry nie. Die drama word met die AA Mutual-prys bekroon.

Op dees aarde is ook op die ATKV Kampustoneelfees opgevoer (in 1986), en ná die opvoering, waarin Reza die hoofrol speel, skryf Adrienne Sichel in The Star (15 April 1986): “Preconceptions had to be discarded to appreciate this exquisite flight of fantasy which dabbles thought-provokingly in the supernatural. De Wet ... proves once again that she is a writer and actress of international stature.”

In 1990 word Reza deur Robert Shore van die Dramadepartement van die Universiteit van Suid-Kalifornië in Amerika genader vir ’n vertaling van Diepe grond, wat hy bestempel as "a play of remarkable substance and power”. Hierdie vertaling is in Los Angeles as Deep ground deur beide die Universiteit van Suid-Kalifornië en die professionele teater opgevoer en is besonder positief ontvang.

Vrystaat-trilogie word in 1991 met die Rapport-prys vir drama bekroon en in 1992 met die CNA-prys. In 1994 ontvang Reza die Hertzogprys vir Vrystaat-trilogie, sowel as vir die trilogie Trits (waaroor verderaan meer). Sowel Diepe grond as Op dees aarde is vir Vita- en Dalrotoekennings benoem en in 1986 ontvang Diepe grond sewe Vita-toekennings. In 1987 ontvang Op dees aarde ook ’n Vita-toekenning, en drie Vita-toekennings volg in 1989 vir Nag, Generaal. Hierdie drie tekste vul mekaar goed aan en is ingebed in die geskiedenis van die Afrikaner. Dit dui op die enigheid van Calvinistiese leerstellinge soos baie Afrikaners dit vertolk.

In 1988 bring die Markteater vir die eerste keer ’n Afrikaanse stuk na die Grahamstadse Kunstefees in die vorm van Reza se Nag, Generaal. In hierdie stuk streef sy daarna dat Afrikaners met Afrika versoen moet word. Die drama se aanvanklike titel was Paljasdraer.

In 1989 word Reza se Engelse stuk In a different light in die Markteater in Johannesburg opgevoer, en tien jaar ná haar eerste groot rol in dieselfde teater speel sy weer self in haar stuk. Hierdie stuk is ’n weerspieëling van Reza se persoonlikheid sonder die reaksie op sosiale druk. In ’n onderhoud met Chris du Plessis in Vrye Weekblad (14 Julie 1989) sê Reza meer oor hierdie stuk: "Hierdie Tsjechofagtige stuk behandel die intense perspektiefverskuiwings wat in menslike kommunikasie plaasvind, behandel; die chaotiese verstrengeling in mekaar se psiges; hoe mense se persoonlikheidstrukture verander afhangende van die mense met wie hulle te doen kry. Dis ook in ’n ander sin kommentaar op die deurmekaar verlede."

In 1991 word A worm in the bud by die Grahamstadse Kunstefees se randfees opgevoer en besorg dit aan Reza ’n Vita-nominasie as dramaturg van die jaar. Dit is in 2011 weer op die planke gebring met Karolien van Zyl en Stephanie Hough in die rolle van die twee susters Emma en Katy Bennett. Die een is in ’n Victoriaanse “parlour” en die ander in ’n opstal in die Karoo. In die briefwisseling van 1904 tussen die susters kom ’n aangrypende portret te voorskyn. Dit ís ’n teaterproduksie wat goed werk – klassieke Reza de Wet.

Reza se volgende gepubliseerde Afrikaanse dramateks is die trilogie Mis, Mirakel en Drif, wat onder die titel Trits gepubliseer word. Mis word in 1993 deur Kruik in die Arena-teater opgevoer met Marthinus Basson as die regisseur. Die stuk speel hom af op ’n dorpie ná die Depressie, en gaan oor ’n ma en ’n dogter wat oorleef deur op die plase in die omgewing mis te verpak. Dan besoek ’n sirkus die dorp en die spanning loop hoog, want die vorige twee jaar het ’n jong meisie elke keer onverklaarbaar verdwyn. Mis vorm saam met Mirakel en Drif ’n siklus van drie. “Soos in die mirakelspel van die Middeleeue is drie elemente verweef, naamlik die naïewe, die groteske en die wonderbaarlike." Mis ontvang in 1994 ’n Fleur du Cap-toekenning vir die beste nuwe inheemse drama.

In 2009 is Mis vir matriek voorgeskryf en is dit deur die regisseur André Stolz afgestof sodat daarmee na skole getoer kon word. Dit is aangepak met Bettie Kemp, Isadora Verwey, Morné Visser en Lelia Etsebeth in die rolle.

Marthinus Basson (Beeld, 18 Mei 2009) het die volgende oor Mis te sê gehad: “In Mis vertel die blinde polisieman wat gestuur is om drie weerlose vroue te beskerm teen die moontlike teenwoordigheid van ’n jongmeisiedief in die dorp, ’n aangrypende verhaal oor hoe hy as kind sy sig verloor het deur na ’n sonsverduistering te staar.

“Die verhaal is deurdrenk van sensuele detail wat ander vorme van sensoriese ervaring as sig belig. Dit dui ook die gevare van die oortreding van taboes aan en die vernietigende gevolge daarvan.

“Die polisieman is natuurlik nie blind nie, maar die verlosser van ’n jong meisie wat deur haar ma onderdruk word en vir ’n lewe mis verpak in streepsakke wat sy maak. Hy is ’n narre-Christus as teenvoeter vir die vreesaanjaende God van ’n afwesige pa, wat, nadat hy deur die Depressie geknak is en sy plaas verloor het, reeds vir sewe maer jare bo in die solder bly. ‘Wat is ’n boer sonder ’n plaas?’ sou ’n borduurlappie teen die muur kon sê.”

In Stolz se produksie vertolk Visser die rol van die polisieman, terwyl Kemp vir hope aardse humor sorg as die dorp se LO-onderwyseres, Miss Gertie.

“Dikwels is daar nie eens beligting in van die skoolsale waar ons optree nie, maar dit bly baie bevredigend om te sien hoe die betowering van teater die kinders aanraak,” vertel Stoltz (Beeld, 18 Mei 2009). “Ek kyk dikwels nie wat op die verhoog aangaan nie, maar eerder vir die leerlinge. Dan sien jy hoe hulle in die eerste 15 minute totaal meegevoer word deur wat op die verhoog gebeur.”

Stolz sê hy hoor gereeld van leerlinge wat op die plek besluit hulle wil gaan drama studeer. “Ek kan nie dink dat ’n mens ’n dramateks kan bestudeer sonder om dit lewendig opgevoer te sien nie.” Hy word ook dikwels verstom deur van die insig wat in die vraag-en-antwoord-sessie ná ’n opvoering na vore kom.

Stolz het Reza tydens die produksie van Nag, Generaal in 1988 ontmoet toe hy daarin gespeel het en ook assistentregisseur vir wyle Lucille Gillwald was. “Ek het gedink sy is ’n vreemde, wonderlike, beeldskone kreatuur. Daar’s ’n verfyndheid aan Reza wat die palet waarmee sy werk, verklap. Haar verbeelding is eindeloos.”

Dit was ook in die repetisietyd van Nag, Generaal dat hy sy “begeerte vir regie” kry het. “Die eerlikheid wat ’n regisseur moet hê ... met akteurs én dramaturg het ’n groot indruk op my gemaak. Ek wou nog altyd ’n stuk van Reza regisseer,” sê hy.

“Elke dramaturg het mos sy eie stories wat hy wil vertel. Baie van De Wet se dramas is in die verlede geplaas. Haar oeuvre lê in die eerste 50 jaar van die 20ste eeu, en in ons eie geskiedenis, maar dit gaan nie oor politiek nie. Dit gaan oor die politiek tussen mense. Haar werk vat ’n mens, veral met die eerste ses dramas in Afrikaans, van Diepe grond tot Drif, in ’n landskap in soos dié van Gabriel Garçia Marquez se romans. Dis nie realiteit nie, maar dis baie, baie real. Magiese realisme. En al lê die stories in die verlede, is die karakters só rond geskep ... hulle is totaal werklik. Kyk maar na die karakters in Mis, wat in 1936 afspeel.

“Elke mens in die gehoor kan op sy eie manier met een van die karakters identifiseer – veral met die drie vrouekarakters.”

Stolz sê hy en Reza deel ’n “obsessie” met Anton Tsjechof se werk, “die toneelstukke en die kortverhale”. En hy meen wat die resensent Paul Boekkooi in 1988 die Tsjechof/De Wet-idioom genoem het, is ’n fassinerende aspek van haar werk.

“As akteurs gesels en hoor dat iemand in ’n Tsjechof speel is daar dikwels ’n beroering,” sê hy. “‘O! Tsjechof!’ sê hulle. Dieselfde met Reza. Dis omdat dit so ’n uitdaging is om haar karakters te speel. Haar karakters, die vroue ook, het balls.

“Daar is ook dikwels ’n wêreld buite wat ons nie sien nie. Die sirkus. Die moordenaar. Wat mense intrek in haar dramas lê tussen daardie twee elemente, dit wat jy sien op die verhoog en dit wat onsigbaar daarbuite lê ... Daar is ook die kollektiewe onbewuste waarmee sy werk, die argetipes waarmee sy omgaan,” sê Stoltz. “Haar werk is rou in die sin dat sy die wortels uitruk – kyk maar na die idilliese, kinderlike, Vrystaatse plaaswêreld wat sy omdolwe inDiepe grond.

“In Mis gaan sy op gestroopte manier om met die Calvinisme. Dan is daar ook Reza se teater-magic. In Misbyvoorbeeld, wat ons by die skole aanbied in skoolsale, is daar net ’n tafel, vier stoele en ’n stofie.” 

Vir Mirakel is in Grahamstad in ’n skuur in Stephan Bouwer se agterplaas gerepeteer met akteurs soos Annalisa Weiland en Patrick Mynhardt. “Juis ’n stuk met die swaarkry en saamstaan van ’n groep akteurs as tema, en hier doen ons ons ding in die blyplek van omtrent veertig katte en honde, met die reuk van katpie wat alles omhul!” vertel sy aan Johann Botha.

Mirakel is in 2010 in Engels (Miracle) in die Leicester Square-teater in Londen opgevoer met die Britse ster Susannah York in die hoofrol. Dit is baie goed ontvang met die London Evening Standard wat De Wet se “stunningly adept” manipulasie van bekende dramatiese elemente “to chill the heart” geprys het.

Drif is in 1994 by die Grahamstadse Kunstefees opgevoer. Hierdie stuk is later in Engels vertaal as Drift en is in 1996 deur Kruik opgevoer met Marthinus Basson as regisseur. Spelers in dié Gotiese storie van mislukte liefde en dwase passie was Mary Dreyer en Diane Wilson as twee plattelandse susters met donker geheime en André Roothman en Jana van Niekerk as die geheimsinnige towenaar en sy pragtige assistent wat ’n nag onder die susters se dak deurbring. Drif is in 1995 benoem vir ’n Vita-toekenning as toneelstuk van die jaar en beste produksie van ’n nuwe stuk. Reza is ook benoem as Suid-Afrikaanse dramaturg van die jaar.

Reza was baie lief vir regissering. Die eerste stuk waarvan sy die regisseur was, was The crucible, waarvan sy in 1989 by Rhodes gevra is om die regie waar te neem. Sy het daarna August Strindberg se Ghost Sinata ook geregisseer. Oor die verskil tussen die verskillende aspekte van die drama het sy haar soos volg teenoor Kate Dyall (Eastern Province Herald, 29 Junie 1994) uitgelaat: “Wanneer jy ’n akteur is, leer jy die karakter ken. Om te skryf, is ’n eienaardige, subjektiewe ervaring wat baie privaat is – dit is ’n realiteit waarmee jy die hele tyd saamleef. Om ’n toneelstuk te regisseer, moet jy binne-in elke oomblik ingaan – die mense, wat hulle dra, wat jy hoor en sien en watter atmosfeer geskep is.”

In 1995 pak Reza ’n nuwe genre aan en word haar roman Stil Mathilda gepubliseer. Sy het ses maande met die storie in haar kop rondgeloop voor sy so tussen die klasgee deur daaraan begin skryf het. Dit het haar byna twee jaar geneem om te voltooi. “Die res van my wêreld het niks hiervan geweet nie. Maar ek het aanhoudend gevoel dat ek die skryfproses geniet – elke dag was ’n ervaring. Ek het besef dat as dit vir my lekker was, dit lekker kan wees vir elkeen wat dit lees,” het Reza oor haar roman vertel (Rooi Rose, 1 November 1995). Die hoofkarakter is Mathilda, wat amper nooit praat nie; en die verhaal speel, soos haar dramas, in die verlede op die platteland af.

Reza se volgende drama, Drie susters twee, word gepubliseer nog voordat dit vir die eerste keer opgevoer is, en die uitgewers se vertroue in haar word beloon toe dit in 1997 met die Hertzogprys bekroon word. Robert Mohr was van mening dat Reza gebore was om Tsjechof te speel. Sy vertel aan Wilhelm du Plessis in De Kat van Julie 1997 dat sy later een van Tsjechof se tekste gedoseer het, maar eers nadat sy besluit het om Drie susters twee te skryf. Sy het ook die regie van Tsjechof se Die kersieboord behartig.

Marthinus Basson het die gedagte teenoor haar uitgespreek dat daar ’n opvolg van Tsjechof se Drie susters moet wees. In teenstelling met die trae ontkiemingsproses van haar vorige dramas het die prikkeling wat sy uit navorsing opgedoen het, onmiddellik deel van haar geword tydens die wordingsproses van Drie susters twee. Vir die storie van Drie susters twee het sy meer as twee jaar gewag. Vir haar was die navorsingsproses ’n sonderlinge reis: “Op een manier het ek hier in Grahamstad gebly, en op ’n ander manier was ek in Rusland van voor die revolusie.” Om die reis volmaak te maak, het sy na simfonieë geluister, omdat Tsjechof se stukke ’n simfoniese komposisie het. Sy is ook terdeë daarvan bewus dat sy nie vir Tsjechof kan namaak nie. “Niemand kan hom namaak nie. Dis die uniekheid van Tsjechof.” Die doel van die drama was eerder om ’n interteks met Tsjechof se stuk te skep, sodat sy op hierdie wyse haar eie musiek kon hoor en aspekte van haar eie kreatiwiteit so kon ontdek.

In ’n onderhoud met Gabriël Botma (Die Burger, 10 April 1997) nadat sy gehoor het dat sy die Hertzogprys gekry het, sê Reza: “Ek het drie jaar daaraan gewerk, en gewag om te sien wat gebeur met die karakters. Dit is iets wat ek moes doen en het my nie angstig gemaak nie. Dit het natuurlik tot my deurgedring. Soos die tyd verloop het, het dit duidelik by my opgekom. Ek het dit geniet, en daar was geen wroeging soos met ander dramas nie. [...] Dit is seker omdat Tsjechof se werk so goed aan my bekend is. Dit het my onderskraag. Ek het baie geleer van hom.”

Phil du Plessis (Die Burger, 9 April 1997) skryf dat De Wet die atmosfeer van Tsjechof se styl meesterlik behou: "’n effe verloopte elegansie getemper met absurditeite, en oppervlakke wat soms net rimpelings wys van die menslike struweling wat daaragter woed."

Die rede waarom sy soveel meer betrokke gevoel het by die karakters van Drie susters twee as by haar ander dramas, is dat sy glo dat sy in ’n familie grootgeword het wat eerder soos Tsjechof se karakters tekere gaan as dié wat sy in haar Afrikaanse stukke gebruik, vertel sy aan Paul Boekkooi (Beeld, 29 Augustus 1998). “Ek het altyd gedink dat as ek my familietipes in my Afrikaanse stukke sou sit, sal niemand dit glo nie, hul temperament sou nie geloofwaardig wees binne ’n Afrikaanse milieu nie.”

Tydens die Nasionale Kunstefees in Grahamstad in 1998 span Reza en Marthinus Basson vir die sewende keer saam met die opvoering van Yelena, wat deur die Staatsteater aangebied word. Dit was Reza se eerste Engelse stuk sedert 1990. Dit kan beskou word as ’n opvolg op Tsjechof se Oom Wanja, maar dit is ook geheel en al selfstandig en berus nie op kennis van Tsjechof se stuk nie. Dit fokus op die tussenpersoonlike dramas van ’n klein groepie mense wat aan mekaar verbind is deur daardie mees verbysterende menslike emosie, die liefde.

Oor hoekom sy Yelena in Engels geskryf het, vertel Reza openhartig aan Paul Boekkooi: “Jy sou kon dink dat ek dit in die taal wou skryf wat vir die meeste Suid-Afrikaners toeganklik sou wees. Dit sou natuurlik ’n goeie rede wees, maar ongelukkig is dit nou nie waar nie. Ek werk te subjektief en ek is te selfsugtig om my oor sulke dinge te bekommer.

“Dis eintlik ’n baie eenvoudige storie: ek het onder prof Robert Mohr aan die Universiteit van Kaapstad studeer. Hy het Tsjechof in Afrikaans vertaal en was baie bekend met die dramaturg. Onder hom het ek aan die Yelena-karakter in Uncle Vania (in Engels) gewerk. Hy was toe baie gelukkig met my en het aan my gesê ek’s ’n gebore Tsjechofiaanse aktrise. Toe’t hy gesê ek moet ook aan Sonia werk... en ek het begin verstaan hoe hard sy vroeg-oggend dra aan die emmers, hoe haar hande voel.

“Toe ek later ’n oudisie vir Truk doen, het ek besef dat dié twee karakters heeltyd en volledig by my gebly het. Toe ek aan hulle dink, het hulle Engels gepraat en dis hoekom ek dié stuk in Engels wou skryf, al besit dié taal nogal radikaal ’n ander musikaliteit, ander ritmes.”

Yelena speel agt jaar later as Uncle Vania af, en Boekkooi het begin wonder of die karakter Yelena intussen ’n vrolike weduwee geword het, want sy was immers met die afgetrede prof Serebriakof getroud ... Reza het lag-lag geantwoord: “Sy is ’n weduwee, maar vrolik is sy nie. Sonia en Astrof is intussen getroud, maar die ander karakters se agtergronde het min verander en daar word eintlik nie juis na hulle verwys nie.”

Een van Reza se sterkste invloede by die skryf van Yelena was die diepere studie wat sy van Tsjechof se kortverhale gemaak het – "stukke wat haar aan haar keel gegryp het weens die donkerheid wat Tsjechof skep en die intense ervarings wat jou by die lees daarvan aangryp. Om dié rede veral speel die vier bedrywe van Yelena feitlik almal laat in die aand of nag af. Elkeen beeld ook ’n krisis van een of ander aard uit, en is meer alleenstaande. Sy beken dat sy haar in Yelena effens meer losgemaak het van Tsjechof as dramaturg as met Drie susters 2. Yelena as persoon het ook nou meer iets van ’n vampier in haar, is eksoties, gevaarlik en verleidelik.

"Sy’s dus heeltemal anders as die beskermde, stil, op-haar-plek vrou wat Tsjechof self in Uncle Vania uitgebeeld het.”

In 2003 word die Engelse vertaling van Drif, getiteld Drift, by Grahamstad opgevoer met regie deur Caroline Benamza van die Amandla-teatermaatskappy.

Reza se drama On the lake wat in 2001 by Grahamstad opgevoer is, sluit aan by van haar vorige belangstellings, naamlik ’n bemoeienis met die teatermedium en in die besonder ’n gesprek met Tsjechof. Herman Wasserman berig dat die Tsjechof-tema van haar Drie susters twee en Yelena in On the lake voortgesit word deur die karakters van Tsjechof se Die seemeeu in te span. Die stuk bespiegel verder oor die karakters en die gebeure in Tsjechof se verhaal en weef ’n digte teks wat meer vrae as antwoorde bied. Net soos Mirakel ontgin On the lake ook die krag van verbeelding en die toweragtigheid van die verhoogspel.

In 2004 skryf Reza Breathing in in opdrag van Rhodes vir die universiteit se eeufees. Dit is opgevoer met die samewerking van die Grahamstad-stigting en het tydens die Kunstefees op Grahamstad gedebuteer. Daarna is dit na die Baxter in Kaapstad, en word sodoende die eerste stuk van Reza wat in die Baxter opgevoer is.

Die stuk het ’n nou verband met Nag, Generaal en Reza sê aan Dorothea van Zyl (Beeld, 6 Julie 2004) dat die ooreenkomste tussen die stukke haar amuseer. “Dit is dieselfde generaal met dieselfde wond in dieselfde stal. Daar is ook ’n adjudant, maar hy het ’n ander naam. Daar eindig die ooreenkomste, maar dit is wel plesierig om ’n eie teks as interteks te gebruik. [...] Die oorlog word egter in Breathing in meer as tevore ’n raamwerk. Eintlik kan die gebeure hulle enige tyd op enige plek afspeel. Dit gaan nie om die realiteit nie, maar om die botsing tussen die twee wêrelde.” Die opdrag was vir ’n Engelse stuk, omdat dit bedoel was vir ’n internasionale gehoor en Engelstalige alumni. “Die hele stuk bly egter vir my Afrikaans en is eintlik in twee tale geskryf – ek hoor die generaal steeds Afrikaans praat. Die feit dat die stuk in Engels is, beklemtoon vir my wel die onwêreldse en metaforiese, die feit dat dit nie letterlik vertolk moet word nie, maar eerder universeel wil spreek.”

By die Woordfees op Stellenbosch in 2005 word Reza se drama Verleiding opgevoer met Antoinette Kellerman en Heike Gehring, en Marthinus Basson as regisseur. Hierdie stuk gaan oor Eugène Marais en veral oor sy onpeilbaarheid. Reza vertel aan Gerrit Brand (Die Burger, 3 Maart 2005) dat die konstruksie in konsentriese sirkels is om sy geheimsinnigheid oor te bring. “Dis deels openbaring, maar ook versluiering, ’n grensverlegging van feite en fiksie, en dit skep ’n ongemaklike spanning.”

In 2005 is Reza verantwoordelik vir die teks van Gary Gordon se dansdrama The unspeakable story en skryf Thys Odendaal in Beeld die volgende: “Reza de Wet se teks is ekonomies en prontuit, ontdaan van die opgeblase, niksseggende clichés wat ons eietydse danswerke so treiter.”

Tydens 2006 se Aardklop Kunstefees in Potchefstroom debuteer Reza se stuk Broers. Die drama is in 2006 deur Oberon in Engeland uitgegee onder die titel The brothers en handel oor ’n nag in die lewe van Tsjechof en sy broer Alexander. Hulle stry ná die dood van hul middelste broer, Kolja. Reza wou nooit gehad het dat dit opgevoer moes word nie, maar Marthinus Basson het volgehou en sy het toe die stuk heeltemal in Afrikaans herskryf. Sy vertel aan Kobus Burger (Beeld, 14 September 2006): “Die oomblik toe ek dit oorskryf, het dit gevoel of die karakters gelukkiger is in Afrikaans. Ek het gevoel asof die Tsejchof-familie gelukkig voel.”

Anna-Retha Bouwer (Beeld, 28 September 2006) skryf in haar resensie van die opvoering: "Dit word ’n universele ontleding van familieverhoudings, veral tussen broers. En ondanks al die donker elemente en temas is daar ook baie ligter oomblikke wanneer die ironie van die situasie jou in jou vuis laat giggel."

Op ’n vraag oor watter persoon sy die graagste sou wou ontmoet, antwoord Reza: “Ek sou graag die skrywer Anton Tsjechof wou ontmoet. Hy is ongelukkig jonk dood, maar ek was nog altyd verlief op hom. Op dertig was hy die mooiste man op aarde. Sy tekste het ’n betowerende aantrekkingskrag – ’n mens kan sy teenwoordigheid daarin voel. Dis hoekom ek so lief is vir sy werk. (...) Tsjechof het ’n fyn humorsin gehad, maar sy werk is nooit sinies nie. Hy sien die donker kant van die lewe, maar daar is altyd ’n mate van stralende vreugde.”

In 2008 is Reza terug by Aardklop met haar drama Blou uur, waarin sy weer eens sterk vrouekarakters uitbeeld. Die regie word deur Marthinus Basson gedoen. Die Verteller (Aletta Bezuidenhout) het haar hare laat perm en word opeens besoek deur herinneringe of drome van haar Aunt Celeste. Of is dit maar net die spook van Aunt Celeste wat weer begin loop het?

Volgens Kobus Burger (Beeld, 4 Oktober 2008) skets Blou uur ’n idilliese verlede; ’n tyd toe ’n hoofpyn gemaak het dat jy die gordyne dig toetrek en vir die res van die dag in die kamer lê. “Blou uur is soos fyn porselein. Dit is ’n meesterlik geskrewe teks waarvan elke woord en handeling akkuraat en met gevoel geweeg is. Dit sleur ’n mens mee in die fynste nuanses, sonder om te ‘blou’ of swaar te wees. In der waarheid is Blou uur eintlik ’n komedie van formaat. Oorspronklik en sekuur. [...] As daar ooit iets soos ’n perfekte Afrikaanse drama in teks én opvoering sou kon wees, staan Blou uur voor in die ry.”

Reza het hierdie drama in vier maande voltooi. Sy vertel dat dit alles met verlange begin het – verlange na haar ouma se huis in die Oos-Vrystaat wat sy moes verkoop, en verlange na haar kinderdae. “Ek het oor bekende dinge geskryf. Ek het nog nooit voorheen oor so ’n wêreld wat só bekend aan my is, geskryf nie. En tog was dit vir my baie moeilik. Ek het so vervleg geraak in die saak; so verdiep. Dit het pynlik geraak om daar uit te kom.”

Blou uur is, volgens Mary Dreyer, een van die aktrises daarin, “pure Reza: ’n bietjie eksentriek, ’n bietjie mal, maar op ’n goeie manier; en die mans in haar stukke is mos altyd onvoldoende.”

Blou uur is met die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys vir die beste nuwe oorspronklike verhoogteks bekroon en Marthinus Basson met die Beeld-Plus-Aardvark-prys vir grensverskuiwende werk vir die stelontwerp van Blou uur.

Blou uur is ook by die KKNK van 2009 op die planke gebring. Hier is dit aangewys as die beste produksie op die fees en is Reza vereer met ’n Spesiale Kanna vir Vernuwende Denke.

Reza se samewerking met Marthinus Basson kom ’n lang pad. Van hom sê Reza dat geen regisseur so ’n gevoel vir vorm het nie. “Hy hou ’n wonderlike balans tussen die skeppende moontlikhede van ’n stuk en die dissipline van struktuur.” In ’n tydskrifonderhoud sê sy verder: “Ek vind baie diep aanklank by hom, want op ’n manier verstaan hy my werk beter as ekself. Dit wat hy met die stukke doen, is soos ’n tweede skeppingsproses. Wanneer sy visie en my visie bymekaar uitkom, word iets heeltemal afsonderliks gevorm.” Verder sê sy dat sy rolbesetting iets is om van te droom. “Hy het ’n fyn gevoel vir styl. Ons verstaan mekaar op ’n komplekse vlak.”

Marthinus Basson beskryf Reza as ’n verkleurmannetjie van ’n dramaturg. “Sy kyk na die wêreld met die helderheid van ’n vergrootglas, en die groteske poëtiese verbuiging van ’n pretparkspieël. Sy sien humor in tragedie en verdorwenheid in ’n gelag.”

In 1996 was Reza een van drie Suid-Afrikaanse dramaturge wat na ’n internasionale dramakongres genooi is om van hulle werk voor te lees. Sy vertel aan Marietjie Coetzee dat sy uit al haar dramas voorgelees het, maar veral uit Nag, Generaal. Daar was besonder baie belangstelling in haar werk en sy kry aanhoudend briewe van toneelgroepe uit Engeland om haar werk op te voer.

Maar dit is eers vanaf 2000 dat Reza regtig haar stempel ook internasionaal afdruk. Die Britse uitgewer Oberon het aangekondig dat ’n Engelse vertaling van haar trilogie Trits: Mis, Mirakel, Drif uitgegee gaan word as Missing, Miracle en Crossing. ’n Verhoogproduksie van Drif (Crossing) het in 2001 in Hammersmith, Engeland op die planke verskyn en afsonderlike produksies van Missing en Miracle is vir April en Mei 2001 in Engeland beplan. Three sisters 2 is op BBC Radio uitgesaai en in Maart 2001 op BBC World Service. Vertalings van haar werk word in België, Frankryk, Italië, Hongarye, Spanje en Japan beplan. The brothers, A Russian anthology: Three Sisters two, Yelena and On the lake, Plays Two (African Gothic, Good heavens, Breathing) en Plays One (Missing, Crossing, Miracle) is almal alreeds deur Oberon in Londen gepubliseer. In Februarie 2009 is Reza se stuk Three Sisters deur die Koreaanse teatergroep Changpa in die Arko Arts Theater in Seoel op die planke gebring.

Reza is baie lief vir tuinmaak en haar tuin verskaf haar groot genot. Sy moet net sorg dat sy haar groot strooihoed opsit. En omdat sy met die hand skryf, kan sy enige plek skryf, selfs in die tuin. Aan Madeleine van Biljon (Die Burger, 18 Mei 1994) vertel sy dat sy veral daarvan hou as iemand anders die blomme plant waarvan sy hou. Sy is ook ’n vergaarder. Sy besit haar ouma se dagboeke van 1930 tot 1979, terwyl sy baie van haar ma se versameling oudhede geërf het. “Ek gebruik alles wat ek het. Ek is nie ’n glaskas-persoonlikheid nie.” En sy mis haar ma baie. Sy het Mis en die res tydens haar moeder se siekte en dood geskryf. “I used it to transform and transcend death. Al die opvoerings was wonderlik. Marthinus Basson het ’n nuwe betekenis aan my lewe gegee; ’n nuwe verhouding gesien en verstaan op ’n volkome ander manier.”

Reza erken dat sy iets het oor huise. Sy het in ou huise grootgeword en hulle huis op Grahamstad was vroeër deel van ’n isolasiehospitaal. “Ek het al baie gewonder oor ons huis, waar daar baie siekte, dood en smart moes gewees het. ’n Mens sou dit nie vandag agterkom nie, want die plek het ’n lekker gevoel. Ek is lief vir my huis en my goed. Iets met ’n geskiedenis trek my altyd aan, want jy ken nie sy hele storie nie,” vertel sy aan Ina Duvenage in Sarie.

In 2007 het Reza se alma mater, die Hoër Meisieskool Oranje, die Reza de Wet-tienertoneelfees ingestel. Die skool het daarmee begin om aan tieners die geleentheid te bied om die professionele verhoog te beleef. Sedert 2009 vorm dit deel van die Volksblad-Kunstefees, of Vryfees, soos dit tans bekend staan.

2011 was die 25ste herdenking van Reza se loopbaan as dramaturg. En in daardie jaar verskyn Reza vir die eerste keer in twintig jaar op die verhoog. Haar nuwe drama, Die see, met haar man Lindsay Reardon as regisseur, het tydens daardie jaar se KKNK gedebuteer. Ná die vertoning was Reza se reaksie: “Ek het van voor af eindelose respek vir die kuns van toneelspel – dit verg intense konsentrasie en energie. Dit is ontsettende harde werk. Eenvoudige dinge, soos om woorde te memoriseer, was vir my moeilik omdat ek so lank gelede in ’n stuk gespeel het.” (Volksblad, 26 Maart 2011)

Voor hierdie optrede was haar laaste optrede by die Markteater in Johannesburg, waar sy ook in een van haar eie toneelstukke, A different light, gespeel het. Sy en Lindsay het daarna besluit om die teater opsy te skuif nadat hulle in 1982 na Grahamstad verhuis het en vir Nina gehad het. “Dit was moeilik om betrokke by die toneelwêreld te bly in ’n klein dorpie soos Grahamstad.”

Reza en Lindsay het egter saam besluit dat Die see hul projek sou wees. “Ons wou een van Reza se toneelstukke vir onsself hê,” verduidelik Lindsay, “en het besluit dat ek die regie sou behartig en sy daarin sou speel.”

Annelisa Weiland het ook ’n hoofrol in Die see gespeel. Hieroor het Lindsay opgemerk dat dit baie interessant was om saam met Annelisa te werk, aangesien sy sóveel ervaring het. Oor Reza het Annelisa gesê dat dit wonderlik was om saam met Reza te werk, aangesien sy ’n wonderlike aktrise is en presies weet wat sy wil hê.

Oor die ontstaan van Die see vertel Reza aan Willemien Brümmer: “Aanvanklik wou ek hê Die See moes meer swaarwigtig wees as my vorige stukke. Ek onthou toe ek as kind saam met my ma en ouma in die kasteel was en hulle gepraat het oor die slawe. In die Donker Gat onder in die Kasteel het ek begin skree.”

Sy vertel hoe die drie slawekarakters in Die See hulle aan haar “verklaar” het. “Ek was ontsteld omdat hulle so swaarkry en hulle in hierdie omstandighede bevind, en omdat ek dan nou sáám met hulle moet gaan bly.

“Eers wou ek ’n sosiaal-historiese politiese element inbring. Ek het gevoel die onderwerp verdien baie ernstige aandag, maar hoe meer ek dit gedoen het, hoe meer het die karakters heeltemal belang verloor in my.”

Ná ’n lang stryd moes sy besef sy was “te heilig oor die onderwerp”. Dat sy maar net kan skryf soos sy kan skryf. “Eers toe ek dit self begin geniet, het die karakters sommer land en sand begin praat. Ek het besef hulle vertrou my net omdat ek nie probeer wees wat ek nie is nie.”

Tog, met al hulle geween en gekerm, het die drie slawevroue haar siek gemaak. “Met dié een was ek maande lank in die ontsettendste pyn, ek dog ek word mal, en die dokter en die mense sê daar’s niks met my rug verkeerd nie. Ek moes hier op die vloer slaap, en toe kom daar wragtig ’n rot verby my gehardloop een nag. Donker tye.”

Donker tye, en dis winter en sy gooi die stuk in die vuurherd en pak hom met kole toe. “Gaan weg!” Mirakelagtig maak niemand vuur nie. Die stuk lê twee maande lank onder die steenkool, en Reza lê in die bed. Uiteindelik gaan sy na ’n chiropraktisyn. “Sy’t gesê die werwel tussen my bekken en my ruggraat is heeltemal uit. Dis asof die skryf my fisiek aantas, my verwring.”

Kort hierna sien Reza ’n grys oor van ’n oefeningboek wat by die kole in die herd uitloer. “Ek trek hom aan sy oor uit en ek lees hom ’n bietjie, maar ek voel sommer my rug word seer en ek gooi hom in die snippermandjie. Mina, wat een keer per week kom, het hom drie keer uit die snippermandjie gehaal en dan sien ek hom daar op die bank lê. Toe ek hom die derde keer sien, dink ek wragtig, ek moet nou maar kyk wat daar aangaan.”

Op LitNet skryf Sandra Troskie dat Die see op die oog af ’n geskiedkundige drama is wat in die tyd van die laaste jare van die Nederlandse bewind aan die Kaap afspeel. “Drie slawevroue word saam in een van die kelderkamers van die Kasteel opgesluit. Al drie is opgeleide courtisanes van dieselfde man (die goewerneur van die Kaap?). Daar is die Ou Vrou wat sy eerste was, die Vrou wat in die proses is om vervang te word en die Meisie wat as sy jongste beoogde speelding die Vrou gaan vervang. (Die oudste vrou (gespeel deur Annelisa Weiland) was een van sy eerste speeldinge. Reza het die een gespeel met wie hy pas klaar was en Chiminae Bell was die jongste appel. Hulle praat oor vergange skoonheid, die ou dae en hoe hulle lewe was voordat hulle ontvoer is vir die kaptein se ‘harem’.

“Die Britse inval van die Kaap in 1795 veroorsaak egter dat ’n dag verloop tussen die eenkant smyt van wat afgeleef en uitgedien geraak het en die toe-eiening van wat nog jonk en maagdelik is.

“Soos wat die drama in die skemerige kelder ontvou, is dit egter gou duidelik dat hierdie verhaal meer is as slegs ’n historiese verhaal oor die gedeelde lot van drie slawevroue aan die Kaap. Op ’n dieper vlak transendeer hulle gesamentlike ervarings hul individualiteit, sodat hulle uiteindelik drie verskillende fases van dieselfde wese, die slaaf-courtisane, verteenwoordig.

"In hulle hoedanigheid as Ou Vrou, Vrou en Meisie herinner hulle sterk aan die konsep van die goddelike essensie van vrouwees in haar manifestasies as Meisie/Moeder/Wyse Ou Vrou (Maiden/Mother/Crone). Binne dié Neopaganistiese konsep verteenwoordig die Meisie die sluimerende maagd, simbolies van die betowering van dít wat nog onaangeraak is. Die Vrou, die volgende groeifase in ’n vrou se lewe, simboliseer groei, vrugbaarheid en vervulling. Ten laaste is daar die fase van Ou Vrou, simbolies van kennis, wysheid en, onafwendbaar, die dood. (...)

“Maar indien die doel van hierdie drama (alleen) ’n blik is op die verontmensliking en ontgoddeliking van veral die slaaf-courtisane, verklaar dit nie heeltemal waarom De Wet in haar titel so ’n sterk prominensie gee aan ’n fenomeen wat deur die loop van die hele drama slegs op die agtergrond funksioneer nie. Trouens, die invloed van die see op die drie vroue is deurgaans eerder indirek as direk te bemerk: wanneer die Ou Vrou droom van ’n skip wat oor sy waters vaar of van seesand wat deur haar kinderhuis waai; wanneer die Vrou met nostalgie dink aan die beperkte uitsig wat sy deur die venster van haar vorige kamer daarop gehad het; wanneer die Meisie na haar begeerte verwys om deur die tuin tot by die seemuur te loop, daarop te klim en dan af te spring (die see in). Benewens hierdie enkele verwysings weet ons van die nabyheid van die see slegs vanweë die aanhoudende slaan van sy branders teen die mure van die kelder.

“Dit is dié onsigbare (en effens misterieuse) teenwoordigheid van die see wat ’n mens laat vermoed dat die betekenis wat De Wet met haar keuse van ’n titel aan die see toeken, dalk vanuit ’n ander perspektief verstaan moet word. Dat die see binne hierdie drama waarskynlik verteenwoordigend is van wat Jung die kollektiewe onderbewussyn genoem het; daardie plek waar ons ewig aan ons voorgeslagte verbind is. ’n Plek van waar die vroue letterlik weggeruk word wanneer hulle vir hulle meester se harem kom haal word. So afgesny is sy van hierdie goddelike oorsprong dat die Vrou verklaar dat sy niks onthou ‘van die armsalige plek waar ek eers was nie. My regte lewe het eers hier begin. Hier in die Kasteel.’

“Interpreteer ’n mens die teks vanuit Jung se perspektief, is die drie vroue dus aspekte of argetipes wat saam die self vorm. Die self, so het Jung geglo, is daardie goddelike aspek wat ons met die kollektiewe onderbewussyn – die groter geheel – verbind. Die drie vroue se stryd in die kelder (’n vertrek wat tradisioneel die argetipe is van die persoonlike onderbewuste) raak die worsteling van die self om al hierdie aspekte weer in haarself verenig te kry en so, deur middel van ’n wedergeboorte, uiteindelik te kan terugkeer tot die geheel, iets wat aan die einde wel gebeur wanneer die Ou Vrou oënskynlik sterf en dan weer in die arms van die Meisie (die argetipiese simbool van wedergeboorte) haar bewussyn herwin.

“Die feit dat De Wet feitlik al haar karakters naamloos hou, versterk die gevoel dat hulle eerder argetipiese fasette van ’n enkele wese is as aparte karakters. Slegs die Meisie kry ’n naam. Trouens, De Wet laat die drama met dié naam begin en verleen só definitiewe betekenis daaraan: ‘Marie! Marie! Ek wag al lank vir jou. Waar bly jy?’ Wanneer Marie die Ou Vrou letterlik uit die lappe bevry, skep dit ’n beeld van ’n gemummifiseerde kadawer wat bevry word.

“Deur die naam Marie aan haar kollektiewe karakter te gee, het De Wet die essensie van hierdie ‘self’ dalk ook gekoppel aan die karakter van Maria Magdalena. In Joan Norton en Margaret Starbird se boek The Mary Magdalene Within word daar onder meer betoog dat die verwondheid van ons moderne samelewing die gevolg is van ’n sisteem van patriargale denke en handeling en dat ons ons samelewing en onsself daarom sal kan genees slegs indien ons – vroue sowel as mans – weer met ons ‘heilige vroulikheid’ (sacred feminine) in aanraking kom.

“Wanneer die Ou Vrou dus aan die einde van die toneelstuk waarskynlik ’n hartaanval kry (dalk selfs ’n naby-dood-ervaring het) en uiteindelik weer haar oë in die arms van die Meisie oopmaak, vra dié haar betekenisvol: ‘Dit is ek, Marie. Ken jy my?’

“Deur haar keuse van ’n titel vir hierdie drama het De Wet dus op vernuftige wyse ’n vraag geskep wat haar leser/gehoor dwing om na ’n antwoord te soek; ’n soektog wat ons uiteindelik die slaaf-courtisane in elkeen van ons laat ontdek: daardie geneigdheid om helde en gode te maak van mense en dinge; valse gode wie se asems, as ons na die kind in onsself luister, stink na vrot en dood,” volgens Troskie.

Reza het gesukkel met Die see: “As jy nie absoluut deur ’n stuk werk nie, is daar oorgange waarmee jy sukkel, en jy moet baie fyn op die spoor bly van almal se emosionele reise. En ja, hoe meer ek geskryf het, hoe meer het ek besef hoe moeilik die verhoog as medium is. Dit dryf my soms tot raserny!”

Sy wou graag hê dat die stukke soos die feëverhale moet wees wat haar ma as kind vir haar gelees het. “Ek wil iets deel met ’n gehoor wat hulle gaan laat voel soos ek destyds gevoel het ... bang of miskien effens betower. Ek wil hê hulle moet vorentoe sit en mooi luister, en dan sou my ma skielik iets hards sê. Dis steeds asof my ma vir die gehoor sprokies vertel.

“En as ’n mens nou speel in jou eie stuk, en dit gaan goed – veral as daar nou ’n groteske komiese element in is – dan praat jy so direk met die gehoor. Jy’s déél van die verhaal, en jy kan sommer besluit hóé bang jy hulle wil maak.”

Nadat sy Die see klaar geskryf het, het Reza besef hierdie is haar laaste stuk, sy is klaar geskryf. “Dit is heeltemal onverklaarbaar. Ek kán nog skryf en ek wíl nog skryf; daar is dinge wat my interesseer. Daar’s ’n stuk waarmee ek môre kan begin – maar jy weet, daar’s ’n diep intuïtiewe deel van my, en dit het al ’n hele paar keer met my gebeur, wat vir my sê iets is klaar, ek moet dit los.”

Daar was nog ander teatervorme waarmee sy wou eksperimenteer, maar baie vlugtig. Soos sy vir Willemien Brümmer gesê het: “Want as jy nou hard perd gery het – en vir my voel dit of ek hard toneel geskryf het – dan stop jy nie sommer skielik nie. Jy moet jou perd koudlei en afborsel en so aan.”
Reza de Wet se Breathing In is deur Marthinus Basson vertaal as Asem en debuteer by die KKNK in 2017.

Op 27 Januarie 2012 is Reza in haar slaap in haar huis op Grahamstad aan leukemie oorlede nadat sy in Oktober 2011 daarmee gediagnoseer is. Die laaste paar maande het sy nie meer haar telefoon beantwoord nie. Twee niggies het haar help versorg. Haar man, Lindsay Reardon, en haar dogter, Nina van Schoor, en twee kleinkinders het haar oorleef.

Huldeblyke

• Pieter Fourie: "Reza de Wet was vir die Afrikaanse drama wat Elisabeth Eybers vir die Afrikaanse poësie was – iemand met ’n ongelooflike talent, maar beskeie en stil daaroor. Sy was die volmaakte teaterwerker – van aktrise tot lektrise, regisseur en dramaturg. Reza de Wet was die Suid-Afrikaanse literêre wêreld se mistieke figuur. Haar een bruin en een groen oog was van die elemente wat aan haar ’n beeldskone, geheimsinnige voorkoms gegee het. Dié voorkoms kon in ’n sin verder gevoer word na elemente in haar werk, soos die dualisme daarin." (Die Burger, 28 Januarie 2012)

• Nico Luwes: "Reza kon met die magiese realisme omgaan soos geen ander dramaturg nie. Ek het drie van haar dramas opgevoer, en wat uitstaan – behalwe die uitsonderlike gehalte van die teks – is haar perfekte teateraanwysings. Jy hoef niks by te voeg nie. Ek kon in haar werk die ritme aanvoel waarteen ’n drama gespeel moet word. Sy was vriendelik, deur die blare, en iemand wat ure na iets soos ’n hoender se oog kon sit en kyk." (Beeld, 28 Januarie 2012)

• Marthinus Basson: "Hoewel die dood die een ding is waar almal moet deur, bly dit, met goeie rede, die een ding wat onwerklik voel, ’n skim wat ons op ’n afstand hou deur ons daaglikse omgang met beuselagtighede. En in my geval, die heerlike skanse van die verbeelde wêreld wat ons teater noem. Die klein wêreld wat ons kan beheer en boetseer na verlange. Die wêreld wat Reza de Wet so ryk gemaak het vir my in omvang en betekenis. Altyd met humor en musikaliteit, met die terugroep van karakters-nou-vergete uit ’n verlore wêreld wat jongmense deesdae, ironies genoeg, as volksvreemd sou ervaar.

"’n Wêreld so ryk aan besonderhede en tekstuur, ’n legkaart van klein menslike interaksie wat deur elke kennismaking my ryker agtergelaat het. Sy het só baie aan my toevertrou. My so baie geleer oor menslikheid, medemenslikheid, oor obsessie en onderdrukking, oor vryheid en waar om daarvoor te soek. En oor bloot die wonderlike kompleksiteit, sowel as absurditeit, van mense en die lewe.

"Dankie vir ryk speelgeleenthede vir akteurs. Dankie vir wonderlike vrouerolle. Dankie vir regie-uitdagings. Dankie vir die tekstuur wat jy aan ons klein Afrikaanse dramaliteratuur verleen het. Dankie vir ’n ongelooflike bydrae tot toneel. Dankie dat jy jou hartsgoed aan ons toevertrou het. Dankie dat jy ons ’n geleentheid gebied het om ons kuns deur jou werk te kon beoefen en bearbei. Dankie dat ons kon groei deur die omgang met jou werk. Dankie vir die uitdagings en dankie vir die plesier." (Die Burger, 3 Februarie 2012)

• Wilma Snyman: "Sy het ’n besonder sensitiewe aanvoeling vir die menslike psige en vir mense se omstandighede gehad. Sy het ook die mistieke dinge van die lewe verstaan en het dit so fyn hanteer en met groot insig daaroor geskryf. Sy het ’n ongelooflike bydrae gemaak, sy was so talentvol en spesiaal." (Beeld, 28 Januarie 2012)

• Annelisa Weiland: "Sy was ’n unieke en besonderse mens en stem en ons gaan haar baie mis." (Beeld, 28 Januarie 2012)

• Marietjie Coetzee-Malan: Dit was van die begin af duidelik: hier is skitterende skryf- en toneeltalent, ’n vermenging van die sprokiesagtige en die makabere wat toneelganger en leser begogel. Ek kon tóé al die uitkoms van die vele bekronings voorsien. Dit was hierdie magiese en dikwels bykans groteske kwaliteit van haar werk wat my as uitgewer en mens van die begin af gegryp het. En ek kon nooit weer loskom nie. Keer op keer het sy die stryd van die menslike gees om bevryding op ’n ander, donker manier uitgebeeld.

"De Wet het haar karakters liefgehad en hulle begin mis nog voordat sy hulle klaar geskryf het. Sy was bang hulle kom iets oor. Sy het hulle as snaaks, amusant, treurig, skrikwekkend, pateties, tragies en eienaardig beleef; hierdie mense wat deur die kamers, gange en deure van haar werk beweeg.

"Sy het met alles in ’n boek inbeweeg. Haar werk het ’n eie musiek gehad – variasies op temas – soms eenvoudig, soms kompleks, altyd meesleurend. Haar toneelaanwysings had feitlik ’n lewe van hul eie. Dit verdien op sigself navorsing. Sy het my baie laat lag en dikwels geskok met haar pikswart humor. Maar soms het sy gesê: 'Wees my oë. Ek is asof ek blind is'.

"Ek onthou dat ons een laatnag ná een van haar bekronings verdwaal en naby die Kaapse hawe beland het. Ons het na ’n eetplek gesoek, want ons was te senuagtig om voor die tyd te eet. Sy het ’n lang purper fluweelgewaad aangehad en sy het in die halflig soos een van haar sprokiesagtige karakters gegloei. Ek was betower en het gewonder of sy dalk soos ’n Chagall-wese op die punt was om in die lugruim in te sweef, toe sy sê: 'Ja, ou Marietjie, en hier staan ons op die hawe op-gedress soos twee high class-hoere en vrek van die honger'.” (Die Burger, 3 Februarie 2012)

• Roux Engelbrecht: "Sy het ’n sonnige karakter gehad, asook lojaliteit met veral ’n fynbesnaardheid. Sy hét ook ’n donker kant gehad, maar dit het sy vir haar skryfwerk gelos." (Beeld, 28 Januarie 2012)

• Chris Barron: "Most of her plays had sombre, sinister, gothic undertones with touches of magical realism or, as the British actress, Susannah York, an admirer of her work, put it, the 'mysterious and strange'. In Missing the only evidence of a character is a disembodied voice coming from a loft from which a bucket of excrement is lowered. This undoubtedly dark side of De Wet’s nature may or may not have had something to do with the fact that she was related, on her mother’s side, to the tortured poet, naturalist and morphine addict Eugène Marais, who wrote The Soul of the White Ant and The Soul of the Ape before committing suicide.

"It was a side that found expression in her writing, not her everyday life. To those who knew her she displayed an unfailingly sunny disposition and a capacity to see humour in most things. She was always seeing stories in ordinary events and the lives of ordinary people. Like her favourite playwright, Anton Chekhov, she felt a compulsion to explore these supposedly ordinary events and lives in her work, always probing for hidden undercurrents where she felt the truth usually lay." (Timeslive, 15 Februarie 2012)

• Johann de Lange:

Na ’n idee van Charlotte Mew
(vir Reza de Wet)

Ek onthou vele vertrekke,
& elkeen speel sy part
in die stadige verstilling
van die sigsag van die hart. (Johann de Lange se blogspot)

• Leon Rousseau: "Ek was baie verlangs deur ’n huwelik aan Reza verwant. In haar 59 jaar het ek haar seker minder as 10 keer in lewende lywe gesien. Tog voel dit asof ek ’n ou vriendin verloor het. Sy was ’n liewe mensie met ’n wonderbaarlike humorsin. Ons verwantskap loop via Eugène Marais, met wie ons albei ’n besonderse band gehad het. Marais se vaderfiguur, senator Charles Marais, het op Boshof in die Vrystaat gewoon. Ná die dood van sy seun, ’n bekende Vrystaatse dokter, is dié se weduwee, Freddie, met my broer Pierre getroud. Freddie het toe reeds ’n enigste kind gehad. Sy was Tawtie en is later getroud met regter Gannie de Wet van Bloemfontein. Reza was hul dogter.

"Toe ek ongeveer ’n halfeeu gelede begin navorsing doen vir Die groot verlange, my boek oor die lewe van Eugène Marais, het sowel Freddie as Tawtie my baie gehelp. Pas nadat ek die manuskrip in 1974 voltooi het, het Reza, destyds ’n 20-jarige student, by ons in Kampsbaai kom oorbly terwyl ek oorsee was. Terwyl sy daar was, het my oudste seun, Chris, destyds 15, my studeerkamer vir haar gewys.

'Onmiddellik was ek woedend,' sou sy 24 jaar later vertel. 'Kwater as nog ooit in my lewe. Daar’t papiere op die lessenaar gelê. Ek wou alles opskeur, alles vernietig. Toe vra ek vir Chris: ‘Wat doen jou pa hier?’ en hy antwoord ‘Hy’t ’n boek oor Eugène Marais geskryf.’

"'En net toe ek oor die drumpel stap en by die kamer uitgaan, was ek nie meer kwaad nie. Dit was vir my so vreemd, ek meen gewoonlik bly ’n mens mos darem ’n rukkie kwaad. My woede is net so afgesny.'

"Hierdie storie veronderstel blykbaar dat sy onbewus as medium of kanaal gebruik is vir oorlede Eugène Marais se (hipotetiese) wrewel oor my boek. (Veral weens my onthullings van sy verslawing aan morfien.)

"In Augustus 1998 was ek besig om te werk aan Die dowwe spoor van Eugène Marais, ’n poging om feite in Die groot verlange te ondersoek waaroor daar onsekerheid was. Ek besluit toe om Eugène Marais se Bybel weer op te spoor ingeval dit leidrade bevat wat ek vroeër misgekyk het. Op Sondagoggend 30 Augustus praat ek onder andere met Gannie (regter HS) de Wet in Bloemfontein. Die Eugène Marais-Bybel het weggeraak, sê Gannie. Reza het ’n Bybel, maar dis die familiebybel, nie Marais se Bybel nie.

"In haar huis in Grahamstad voel Reza de Wet olik. Teen dié tyd was sy reeds ’n beroemde dramaturg. Skielik, om 12:20, terwyl ek met haar pa praat, hoor sy ’n stem in haar kop. Dit is een van my kinders, wat vir haar sê: 'My pa sê altyd dit doen hom goed om ’n bietjie in die son te sit.' Sy hoor nie net die stem nie. Sy sien die huis in Kampsbaai, waar sy 24 jaar tevore was. Sy volg die stem se raad en gaan sit in die volle lenteson. Toe, 10 minute later, bel ek haar.

"Reza het dikwels gesê sy is heldersiende, maar sy probeer dié vermoë nie bevorder nie, want dis ’n ongemaklike gawe om te hê. Nadat sy my vertel het van haar woede in Kampsbaai soveel jare gelede, neem ek my kans waar en vra haar wat sy dink van die hipotese dat Eugène Marais op bonatuurlike wyse verantwoordelik was vir my byna noodlottige motorongeluk in 1963, toe die vernaamste navorsing agter die rug was en ek net aan die boek wou begin skryf.

"'Dis seker moontlik,' sê Reza. 'Ek sal daaroor moet dink.' Sowat ’n maand later bel sy. Sy sê sy het die vorige dag met ’n Jungiaanse psigiater gesels oor die medium-moontlikheid. Dié sê dit is natuurlik moontlik. Mense wat selfmoord pleeg (veral só) en hul woede teen die skepping teen hulself laat draai, dwaal dikwels nog hier op die aardse vlak rond en kan dan nog intens in die lewendes belang stel. Mens hoef nie sélf heldersiende te wees om te vermoed dat daar donker dieptes in Reza was nie. Sy was egter te bedagsaam om ander daarmee op te saal.

"In 2006 het ons in Grahamstad saam geëet. Sy was vrolik en onderhoudend, met heelwat ligte selfspot. Ek onthou haar lag as 'rinkelend'. Ná die ete neem sy my in ’n vreeslike ou skedonk na my blyplek. 'Dis mos nie reg dat Lady Godiva op ’n afgeleefde ou donkie ry nie,' merk ek op. Enkele dae later bel sy om te sê die diep gekrenkte skedonk het twee dae ná die ete selfmoord gepleeg deur te ontplof.

"Dit was die laaste keer dat ek haar gesien het. Ek mis haar. Slaap gerus, liewe Reza." (Rapport, 5 Februarie 2012)

• Betta van Huyssteen, oudredaksielid van Volksblad in Bloemfontein: "Ek en Reza is albei op Senekal gebore. Ek onthou goed die mooie kind wat by haar oupa en ouma op die dorp kom kuier het. Ek was op universiteit, oud genoeg om die Engelse se woord fey met die betekenis van 'feeagtig' aan haar te koppel. Een aand, ná ’n optrede van dramastudente, vergaap ek my weer aan die driemanskap van ouma, ma en dogter – tannie Freddy Europees chic, tannie Toti met ’n sigeuneragtige skoonheid en die fyne Reza.

"’n Klasmaat van Reza, Reynette Brink, beskryf haar as enigmaties, maar ongelooflik talentvol. Hulle moes in die sweet van hul aanskyn hul punte verdien, maar Reza was meer afwesig as teenwoordig. Kom die eksamen het Reza se ma net notas van haar klasmaats gefotostateer en dan doen sy beter as hulle. Soos Brink sê, sy het net 'haar eie tromspeler se ritme gevolg'. Iewers het almal geweet nog ’n betekenis van fey, naamlik gesigte-siende, is dalk van toepassing.
Reza kon dalk altyd iets anderkant ons werklikheid sien en dit het in haar werk gestalte gekry. Sy is in 1998 as die Oud-Kovsie van die jaar bekroon en in Die Bult van September sê sy self: 'Soms praat ek hardop. Soms weet ek nie of ek dit in my kop hoor nie. Ek hoor altyd my dialoog hardop. Ek hoor dit in karakter. Ek skryf soos hulle praat ...' en 'Dit voel vir my soos ’n soort magiese proses. ’n Effense alternate state'.

"Nog ’n betekenis van fey het waar geword, naamlik bestem om gou te sterf. Dit maak egter nie meer saak nie, want die ander werklikheid, die alternate state, het haar en haar ouers omvou." (Volksblad, 3 Februarie 2012)

• Temple Hauptfleisch: "Among the very best playwrights to emerge in South Africa over the past century or more, and certainly one of the foremost of her generation, Reza de Wet had an extraordinary record as a creative artist over the past 25 years, and contributed immensely to the stabilisation and enrichment of South African theatre in its passage from a theatre of protest and propaganda to one of contemplation and healing. Not only did she provide the South African canon (and the Afrikaans literary canon in particular) with some of its best plays, but her impact on theatrical form and style has been equally significant – for her role in re-establishing the formally written and serious playtext as a central element in both the theatrical process and the literary canon can hardly be overestimated.

"De Wet – soft-spoken, enigmatic – was never a public figure, but an artist who required of her work to speak for itself, which it did and still does, most eloquently and convincingly. A quiet belief in the power of her ideas and words permeates and enriches all her work and the result has been more than a dozen plays of complex subtlety, which challenge directors and audiences alike while exploring the vagaries of being human and of being South African. They are unique, individualistic works which make no concessions to the demand for declamatory directness and simplicity that characterised the more politicised and improvisational work of the 1980s. They catered even less to the demand for formula-driven escapist entertainment which arose after the political changes in the 1990s, and then spilled over into the kind of “instant culture” which to a large extent dominated the festival-driven theatre world in the first decade of the new millennium. It is a legacy we can and must treasure, particularly now that the prime mover is no longer with us." (South African Theatre Journal, 2012)

• Saartjie Botha: "Playwright Reza de Wet was publicity shy. And because she was so comfortable in life with the paranormal, I suspect she is still shy now that she has to listen to eulogies. Words thus must be chosen wisely. For me as a young playwright, she was the ultimate, not only in terms of the standard of her work, but also in the way she handled her artistry. (...) I asked her once about the most important quality a young playwright should have. Her response was simple and clear: understand the space on stage. Before she started writing, she said, she thought for weeks about the space on stage. About the magical. And don’t ever write if you don’t have an idea, she added archly.

"A shy flower (skugter skaam-blom), Basson once called her. Reza had an old world charm, a vulnerability, and an untouchable magical quality. She was cheerful and laughed often, usually at herself." (Cape Times, 3 Februarie, 2012)


 

Ná haar heeltemal te vroeë afsterwe het Reza en haar werk nie in die vergetelheid verval nie. Daar gaan bykans nie ’n jaar verby wat daar nie een van haar dramas in een of ander vorm op die planke gebring word nie – hier en oorsee.

In 2002 is Reza se Drie susters twee in Richmond in Engeland se Orange Tree Teater opgevoer saam met Tsjekov se Drie susters. Dit was die première van Reza se stuk in Engeland.

Charles Spencer, die resensent van The Telegraph, het as volg oor die produksie en oor Reza geskryf: "De Wet is South African (her play was originally written in Afrikaans), and she identifies with the Chekhovian theme of loss and dispossession 'as a privileged Afrikaaner standing on the threshold of far-reaching socio-political reform'. But her greatest gift is fully to inhabit Chekhov's characters and to create a play that combines wit with deep feeling."

Reeds in 2009 het die Reza de Wet Tienertoneelfees sy debuut by die Vrystaatse Kunstefees in Bloemfontein gemaak en gaan dit van krag tot krag. Skole van oor die hele land word elke jaar genooi om aan die fees deel te neem.

In 2013 het die dramadepartement aan Rhodes Universiteit Drifting aangebied as die department se gradedag-produksie. Dit het ’n intieme blik gegee op die lewe en werke van Reza de Wet. Die direkteur Rob Murray het gesê dat hulle gekies het om te fokus op die eteriese en misterieuse kwaliteit van haar werk.

Murray was ’n student in Reza se Kreatiewe Skryfwerkklas en beskou haar as iemand wat sy eie skryfwerk skerper gemaak het. Die studente het in beide die geskrewe en verbale vorm bydraes gelewer tot die huldiging.

Dit het begin met ’n lektor wat Reza de Wet met haar swakhede aan die gehoor bekendstel. Hy ontdek dan dat sy weg is en dan begin die soektog na haar gees met behulp van choreografie, poppekas en kunsstukke wat almal tematies aanmekaar skakel. In essensie dryf dit alles deur haar werk. Met hierdie kontemporêre raamwerk maak die spelers gebruik van magiese realisme wat so ’n sentrale deel van De Wet se werk gevorm het.

"We didn’t want to make a variety show that amalgamated her works,” het Murray verduidelik, “but rather to create a dream world that she would approve of and into which the audience can escape. It’s our way of giving tribute and saying goodbye to her memory.”

Ook in 2013 het die filmweergawe van Diepe grond met die titel African Gothic by die Durban Internasionale Filmfees gepremière en in 2015 is Missing in die Baxter op die planke gebring. Vir hierdie verwerking het Mdu Kweyama die drama uit sy Afrikaanse idioom en agtergrond geneem en dit geplaas in ’n universele milieu. “The young director brings more physicality to De Wet’s poetic writing. The magical-realist play about a young daughter’s escape from her dysfunctional rural family brings women who are trapped and scared into the spotlight. How far will their fear take them?

“I was looking for the ‘right’ text that would also allow me the scope to combine text and dance or physical movement. Added to that it was important to consider something that was relevant in contemporary South Africa,” verduidelik Kweyama aan The next 48 Hours.

“Reza de Wet’s script grabbed me from the outset; the images she conjures with the words and subtexts. Women who are trapped, scared or missing, do not only apply to one particular community. It is relevant to most communities in this country and many other countries in the world, for that matter. So I could make it universal and that is very exciting for me."

By die US Woordfees van 2017 is Drif in die Fismersaal opgevoer met Mari Borstlap as die regisseur. André Roothman, Ira Blanckenberg, Cintaine Schutte en Jane de Wet was die akteurs in die stuk. Borstlap het op LitNet aan Naomi Meyer vertel dat sy van skool af ’n bewonderaar van Reza de Wet en haar dramas was: "Ek dink dit is die magiese realisme en die wonderlike sterk vroue karakters in so te sê al haar werk wat my besonder aantrek. Ek het Drif vir die eerste maal iewers in my vroeë twintigs gelees en ek het onmiddellik gewéét as die tyd reg is sal ek graag die ikoniese werk wil opvoer. Dis ’n donker drama met soveel lae. Ek vind die teks baie sensueel, dalk selfs eroties by tye, en dit het my ook gelok om aan die woorde lewe te gee."

In 2018 was die vertonings van Reza se Crossing in die Crave Theatre in Portland in Oregon, Amerika teen die einde van die speelvak uitverkoop.

Publikasies

Publikasie

Diepe grond

Publikasiedatum

  • 1986
  • 1990

ISBN

  • 0798622229 (hb)
  • 0798630515 (sb)

Uitgewer

Pretoria: HAUM-Literêr

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

AA Mutual-prys 1985/1986

Vertalings

In Engels vertaal as African Gothic

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Vrystaat-trilogie

Publikasiedatum

1991

ISBN

079863071X (sb)

Uitgewers

Pretoria: HAUM-Literêr

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

  • Rapport-prys 1991
  • CNA-debuutprys 1992
  • Hertzogprys (saam met Trits) 1994
  • Vita-toekennings vir al drie tekste

Vertalings

Engels deur Steven Steadman

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Trits: Mis, Mirakel, Drif

Publikasiedatum

1993

ISBN

0798634375 (sb)

Uitgewers

Pretoria: HAUM-Literêr

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

  • Hertzogprys (saam met Vrystaat-trilogie) 1994
  • Fleur du Cap-toekenning 1994
  • Vita-toekennings 1994/1995

Vertalings

Missing, Crossing en Miracle deur Steven Steadman vir Oberon

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Stil Mathilda

Publikasiedatum

1995

ISBN

0798135115 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Drie susters twee

Publikasiedatum

1996

ISBN

079813657X (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

  • Hertzogprys 1997
  • Vita-toekenning 1998/1999

Vertalings

Three sisters two

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die see

Publikasiedatum

2011

ISBN

9781869195205 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Protea Boekhuis

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Artikels oor Reza de Wet en haar toneelstukke beskikbaar op die internet

 Biografiese artikels

Die opsteller vra om verskoning dat van die skakels nie tans kan oopmaak nie, maar Media24 se koerantargief is op die oomblik nie toeganklik nie.

Bron:

  • Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum

 

• Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

The post Reza de Wet (1952–2012) appeared first on LitNet.

Skadujagter: 'n onderhoud met Dihanne Taute

$
0
0

Foto van Dihanne Taute: Brenda Veldtman

Skadujagter
Dihanne Taute
Human & Rousseau
ISBN: 9780798177290

Dihanne Taute praat met Naomi Meyer oor Dihanne se boek Skadujagter.

Dihanne, waarom het jy Skadujagter geskryf? Was daar 'n spesifieke prikkel of inspirasie, of iets of iemand se situasie wat jy gesien het en wat jou laat voel het: hieroor moet ek skryf?

Ek was nog altyd gaande oor ‘n sielkundige riller, een wat mens onverwags tref, een met ‘n twist. Die inspirasie agter Skadujagter was meer ‘n plek as ‘n persoon: ‘n godsvergete stuk grond – houthuise, ‘n stofstraat en ‘n droë graspol wat oor die pad rol. Heibrandt en sy situasie het eers later in die storie kom klim en toe sommer oorgevat.

Vir 'n ma soos ek is dit 'n moeilike tema om te lees: dwelmgebruik by jong volwassenes. Hoe moeilik was dit vir jou, ook 'n ma, om hieroor te skryf?

Ek moes ‘n paar keer die pen neersit, verlof vat, iets lekker saam my gesin doen om die donker van Skadujagter af te kon skud, dan asemhaal voor ek weer kon voortskryf. Maar daar is ‘n hele paar moeilike temas om oor te skryf, soos dwelmgebruik, selfmoord en gesinsgeweld, om net ‘n paar te noem. Maar iemand moet.

Vertel asseblief kortliks die storie sonder om te veel van die intrige te verklap.

Skadujagter sny soveel dieper as dwelmgebruik en ‘n seun met daddy issues. Dis ‘n reis in die skoene van ‘n ongewone tiener, sy soeke na antwoorde, na doel in die lewe, eie identiteit, liefde en aanvaarding.

Dwelms is natuurlik 'n uiters belangrike tema. Nee, dis meer as net 'n tema. Dis 'n gegewe in baie mense se lewens. Hoe skryf mens so 'n boek sonder om dit in 'n lessie te omskep, sonder om jou lesers te laat voel al wat jy doen is om te waarsku? Hoe hou mens dit 'n storie, net 'n leesboek, soos wat jy dit goed reggekry het?

Ek probeer my werk lees uit die leser se perspektief. Ek druk dan die grense tot net voor iets vir my te prekerig voel.

Jy het stewig in jou hoofkarakter se vel ingeklim: 'n jong volwassene, 'n jong man. Half-seun, half-man. Sy stem was helder en duidelik. Hoe het jy dit reggekry om in sy vel in te klim? Help dit dat jy ook kinders het, om iets te weet van hoe hulle koppe werk?

Ek dink dit help meer dat ek ook eenmaal ‘n tiener was – nou wel nie ‘n seun nie, maar tog nog die omgang van half-mens, half-volwassene moes deurmaak. En natuurlik om soos hulle te probeer dink en te redeneer. 

Jy is bekend vir boeke vir jonger lesers, soos die Lehandi-reeks. Is dit vir jou moeiliker of makliker, lekkerder of meer uitdagend om 'n boek te skryf vir jonger of vir ouer lesers? En ook: wie is jou ideale lesers? (Ek wil byna vra: is dit jou kinders? En: hoe oud is hulle?)

My kinders is 8, 9, 10 en 11 jaar oud, wat my baie gehelp het met die manewales van Die legendariese Lua Verwey, maar nie so seer met Skadujagter nie. Ouer lesers is vir my so ‘n bietjie moeiliker om voor te skryf, maar ek hou vreeslik baie van ‘n uitdaging. 

Julle het onlangs landuit getrek. Vertel asseblief ‘n bietjie van jou lewe in Nieu-Seeland.

Die trek na Nieu-Seeland het ons soos sneeu in die middel van die somer bekruip – onverwags. Dit voel soms nog of ek droom dat ons hier is. Ons lewe het verander; skool en ons kinders se sport is soveel anders: als harde werk, maar op ‘n rustige speel-speel-noot. En so tussen die wind en die reën deur is die lewe hier baie duur, maar lekker. Dis net Facebook-profiele van braai, biltong, beskuit en Mrs Ball’s Chutney wat die verlange soms moeiliker maak.

Wat is jou gunstelingboeke, of wat het jy onlangs gelees?

Dis vir my moeilik om ‘n gunstelingboek te kies, aangesien daar so baie waardige kandidate is, maar ek het onlangs Karen McManus se One of us is lying en Kara Thomas se Little monsters gelees en dit baie geniet.

The post <em>Skadujagter</em>: 'n onderhoud met Dihanne Taute appeared first on LitNet.

You make me possible: An interview with Karina Sczcurek

$
0
0

You make me possible
Karina Szczurek
Protea
ISBN: 97814853094378

Karina Szczurek's You make me possible is a compilation of correspondence between Karina and André Brink. Naomi Meyer, Menán van Heerden and Liné Enslin put their heads together and asked Karina a few questions about the book.

  1. Karina, You make me possible is a compilation of correspondence between you and André Brink. Would you describe your relationship (as conveyed in this book) as an epistolary romance?

I think of it as a courtship in words. When we met in Austria in December 2004, there was an immediate attraction between us, but we did not acknowledge it in any way until we began writing these letters to each other after that first encounter. It was only in writing that we had the courage to admit that we were falling in love.

  1. Is all the correspondence between the two of you published in this book, or did you keep some of the letters private?

From the moment we met at the airport in Vienna where I was picking up André to accompany him on the train journey to Salzburg for a symposium I was helping organise, through the weeks and months of falling in love which followed, until my final decision to move to South Africa to be with André in October the next year, we wrote more than 250 000 words to each other. For this book, I decided to concentrate on the letters leading up to our meeting in Paris on 14 March 2005, and selected the ones which tell the story of our first encounter, the subsequent acknowledgement of our mutual attraction, our falling in love and our decision to be together. There was the practical consideration of having too much material for one book. Many of the letters we exchanged were purely about practical arrangements, concerning phone calls or travel plans, etcetera. I left most of these out. And I kept some excerpts from the correspondence private for reasons explained below.

  1. Did you censor any of the content in this book, ie did you leave out or change some of the content?

I would not call it “censoring”, but I did omit some passages while selecting the content for this book. In editing, I left out passages which allude to people and incidents which I felt were not mine to disclose. We shared many stories in our letters, as lovers do, but I did not feel that they were mine to share with others. André and I both used initials to refer to a few people in our lives; however, in some cases, I introduced initials, deleted names or changed them altogether to protect the identities of friends, family members or lovers. While sharing our story, I wanted to be as sensitive as feasible to the stories of others and tried to include only those that were integral to the understanding of our budding love affair. At the core of every relationship, there are treasures which belong only to the partners; those were the aspects of the correspondence which I wanted to keep only between André and me. As to other changes of the original letters incorporated in You make me possible, we edited for consistency and corrected typos and grammatical mistakes, but made sure not to rewrite any passages, apart from a few rare cases where it was unavoidable for the sake of comprehension and continuation.

  1. Please will you elaborate on the title: You make me possible.

The title I chose for this collection derives from something I said to André when I visited him in Cape Town for the second time. Unbeknownst to me, he noted the words in his diary on 5 July 2005: “I love you because you make me possible.” He used the sentence for one of his characters in The blue door (2006). I commented on the statement when reading the manuscript, and André reminded me that I had said those very words to him once and said he had found them memorable. It was only after his death that I discovered the note he had made in his diary. The quote felt like the most appropriate title for a compilation of our letters which contains our hopes and the recognition, against all odds, of a possible future for us as a couple. The fact that we made all those dreams and wishes come true, not only on paper but also in reality, was a miracle I will continue celebrating for the rest of my life.

  1. How do you think the interaction in a relationship differs in relation to the medium of communication – letters, phone calls, day-to-day life?

I think that any relationship can profit from a correspondence. It is a fascinating way of exchanging ideas. They can be more considered and articulated in ways which are often impossible during everyday encounters and conversations. Sometimes, you can say something in a letter that is impossible to voice otherwise. I only pick up the phone when I have no other choice. I have never been a phone person. The only people I feel entirely comfortable speaking on the phone with are my mom and my brother Krystian. However, André and I were very grateful for the opportunity phone conversations offered us in the beginning of our relationship. They made the words we exchanged in letters real, more tangible. And I loved listening to André’s voice on the phone. It was very special. He liked phoning people and had a few friends with whom he was on the phone daily.

  1. Neither of you spoke English as a first language, yet you were able to communicate your intimate thoughts and feelings in a language that was not your mother tongue. Therefore, do you think that you expressed yourself differently?

I think, for André, there was no difference. He was absolutely in charge of the languages he wrote in. For me, English was and remains a challenge, but one I constantly delight in. I have been in love with the English language for nearly thirty years now. Being able to express myself in it is a joy and a daily discovery. Writing English to André pushed my linguistic boundaries in ways that only love can, as I wanted to touch him with words as much as I wanted to be able to touch his hand.

  1. In the book, the first correspondence was thank you notes (before you met). What led to your decision to write him another longer thank you letter?

In hindsight, I think it was some kind of intuition. We both knew that something magical had happened when we met in Austria. The letters were the only way to attempt to express those feelings and ideas. There was an element of madness involved in the process, and it took loads and loads of courage. I am amazed how brave we were, how we knew that this was the right thing to do, against all odds. And, as the meeting in Paris confirmed, it wasn’t just words. It was all real, after all. André and I defied all those odds and turned all those dreams expressed in the letters into reality. The decade we spent together was everything we had hoped for and more. We often think that something is beyond our reach no matter how much we long for it. And, sometimes, when we are lucky – and courageous enough – the impossible becomes possible. That’s the miracle of love.

  1. Why did you decide on this format, instead of the memoir format? Why only publish the original letters – an unprocessed text, in a way – thereby leaving the text open for interpretation?

I have written a memoir about our relationship and André’s death. Before publication, I was terrified how readers would respond. But the reception was extremely positive, kind. It is this kindness that made me decide to publish the letters. You cannot control how people will interpret a text – any text. But I hope that people will read the letters with open hearts and kindness.

The post <em>You make me possible</em>: An interview with Karina Sczcurek appeared first on LitNet.


Nuwe boek oor Afrikaans se Afrika-komvandaan bekendgestel

$
0
0

Van Afrikaans gepraat, ’n splinternuwe boek deur Christo van Rensburg, word Saterdag 20 Oktober 2018 amptelik bekendgestel by die Ouditsaal, Moreletaparkgemeente, Pretoria-Oos.

Die verrigtinge begin om 09:00 en sal duur tot 13:00. Bywoning is gratis, maar sitplekke is beperk. Bespreek dus so gou as moontlik by ria@afrikaansetaalraad.co.za om teleurstelling te voorkom.

Die geleentheid word aangebied deur die Afrikaanse Taalraad (ATR), die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) en Die Erfenisstigting.

Waar het Afrikaans begin? Wie het eerste Afrikaans gepraat? Was die Kaap regtig Hollands?

Wat is die invloed van townships op Afrikaans?

Hoe het die verskeie trekke Afrikaans beïnvloed? Die taalkontak wat daaruit gevolg het, of selfs ook die vrees vir taalkontak, is een van Afrikaans se belangrike stories.

Die skryf van Afrikaans het op verskillende maniere begin, en haar standaardisering gaan met heelwat vertellings gepaard.

Van Afrikaans gepraat is ook in Engels beskikbaar as Finding Afrikaans.

Die boeke is moontlik gemaak deur ’n ruim skenking van die ATR en is ’n koproduksie tussen Malan Media en LAPA Uitgewers. Die boek word deur LAPA bemark en versprei.

Van Rensburg is oorlede terwyl hy aan die laaste proewe gewerk het. Hans du Plessis het die projek verder bestuur namens die gesin. Saterdag 20 Oktober sal dus ook ’n viering van Christo van Rensburg se bydrae tot Afrikaans wees.

The post Nuwe boek oor Afrikaans se Afrika-komvandaan bekendgestel appeared first on LitNet.

Uitdagings van die Antroposeen: onderwys in die era van ’n mensgemaakte wêreld

$
0
0

Uitdagings van die Antroposeen: onderwys in die era van ’n mensgemaakte wêreld

Henriëtte Loubser, Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit Stellenbosch

LitNet Akademies Jaargang 15(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Met hierdie oorsigartikel word die Antroposeen, die era van die mens, en die impak daarvan op natuurlike en niemenslike bestaansvorme op aarde beskou. As vertrekpunt gebruik ek die moontlikheid van ’n volhoubare, harmonieuse saambestaan van die mens en die niemenslike op die planeet. Die uitdagings wat die era van die Antroposeen aan die opvoedkunde (en spesifiek vir omgewingsopvoeding (OO) in skole) stel, word beskou.

Deurgaans word daar verwys na die bydrae van posthumanisme tot die studieveld van OO in die tyd van die Antroposeen. Die posthumanisme kan gesien word as ’n tweesnydende swaard, want aan die een kant bring dit groter bewustheid en die bevraagtekening van die mens-natuur-verhouding en die bevoordeling van die menslike spesie, maar daar word terselfdertyd oor die lot van die mensdom, of dan die vervangbaarheid van die mens as skepsel en spesie, gewonder.

Daar word besin oor die bydrae wat die sosiale wetenskappe tot ’n kritiese gesprekvoering oor die Antroposeen kan lewer. Die vraag kan gestel word of hierdie studieveld werklik oor die nodige teorieë of analitiese benaderings beskik vir groter sosio-ekologiese bemoeienis, maar navorsers soos Lövbrand (2015) beskou die Antroposeen as ’n sosiaal- en kultureelverbonde objek met talle moontlikhede, want hierdie studieveld (die sosiale wetenskappe) beskik volgens haar juis oor die analities-teoretiese tradisies wat kreatiewe, kritiese denke oor die era van die Antroposeen kan aanvoor.

Volgens Clark (2015) is die ekokritiek die verteenwoordiging van ’n veranderende kultuur en van grensverskuiwende denke – die program van die ekokritiek is die konsolidasie van hierdie ontluikende kultuur, ’n metamorfose in ons manier van dink, van verstaan en van lees. Ek stel ondersoek in na die raakpunte tussen ekokritiek, ekopedagogie en OO.

’n Oorsig word vervolgens gegee oor opvoedkunde in die tyd van die Antroposeen. Die ideale vertrekpunt om die mens toe te rus met kennis oor die era van die Antroposeen en gevolglike optrede, is die skoolklaskamer. Daar behoort krities gekyk te word na maniere waarop kennis geproduseer word en in skole aan kinders aangebied word. Verantwoordelike opvoedkundiges behoort relevante pedagogiese strategieë te ontwikkel wat geregtigheid ten opsigte van die natuurlike omgewing verseker. Sodoende kan ’n kurrikulum vir ’n omgewingsvriendelike bestaan bevorder word en ’n ontsag vir die “more-than-human” (Whatmore 2002:146) aangemoedig word. Hier word ook kortliks verwys na gepubliseerde navorsing oor OO in Suid-Afrikaanse skole, soos byvoorbeeld met aksieleer, ’n voorbeeld van leer-deur-ervaring (Sien punt 4.5.1), (O’Donoghue 1993) en die EkoSkool-program (Rosenberg 2008).

Hierdie artikel moet beskou word as agtergrond vir ’n opvolgartikel waarin daar praktiese riglyne en wenke gegee kan word met betrekking tot die benutting en aanwending van die natuurgesentreerde teks (die ekoteks) in die klaskamer.

Trefwoorde: Antroposeen; antroposentrisme; ekokritiek; ekologiese bewustheid; kurrikulumontwikkeling vir omgewingsopvoeding; nuwe materialisme; pedagogiese strategieë omgewingskwessies; omgewingsopvoeding; omgewingsvriendelike kurrikulum; posthumanisme; transdissiplinêre leer; transformatiewe leer; volhoubare saambestaan

 

Abstract

Challenges of the Anthropocene: Education in a world dominated by human activity

This overview article reflects on the Anthropocene, the era of humankind, and its impact on both the natural and non-human realms of the earth. My point of departure is the possibility of the sustainable, harmonious co-existence of the human and the non-human on the planet. The article engages with the challenges that the Anthropocene poses in and for education (and specifically environmental education (EE) in schools).

Although the phenomenon still has to be officially acknowledged by geologists (Clark 2015:1), the term Anthropocene refers to a period during which the earth’s surface has been changed to such an extent that the biophysical conditions of the Holocene (approximately the last 11 000 years) have been adversely affected. A central notion of the Anthropocene is thus an acceptance that humans have already left the era of the Holocene behind. During the Holocene human civilisations flourished and prospered, while the Anthropocene is regarded as a time of unpredictability and danger, when human interventions are undermining and seriously jeopardising the plant’s life-support systems. According to Zalasiewicz, Williams, Steffen and Crutzen (2010:2231), the Cartesian dualism of nature and society is breaking down in the Anthropocene, which in turn implies a profound interconnectedness in the destiny of nature and of human beings. Atmospheric scientists thus call the geological epoch that started around the time of the Industrial Revolution in the 1800s the Anthropocene. The characteristic feature of this period is the reality that human actions and activities have altered the course of the earth’s history (Zalasiewicz et al. 2010:2228).

According to Carstens (2016:255), as a consequence of the actions of anthropos, a new ontology and epistemology have become necessary, namely an onto-epistemology (a mode of being and thinking) that will be inclusive, flexible, fluid and multifarious. Such “transversal thinkingacknowledges the interwoven nature of the human sphere and a range of non-human “others”. This in turn entails a critical engagement with the unknown, the strange and the uncomfortable. A consequence is that people will need to detach themselves from their familiar world of hierarchical and binary constructions, and take into consideration the strange and interconnected world that we share with animals and things. It is necessary now to acknowledge the harm that humankind has done and is doing (and may perhaps still do) to the network of life within which we are so inextricably embedded.

The article reflects on the contribution that the social sciences can make to a critical discourse on the Anthropocene. The question is whether this field of study does, in fact, possess the necessary theories or analytical tools appropriate for greater socio-ecological engagement. Yet researchers such as Lövbrand (2015) regard the Anthropocene as a socially and culturally bound object with many possibilities, since the social sciences do have precisely the analytical and theoretical traditions that can lay the foundations for creative, critical thinking about the Anthropocene.

The article also examines the contribution of ecocriticism. According to Clark (2015) ecocriticism reflects a changing culture and groundbreaking new ideas – the programme of ecocriticism represents the consolidation of this emerging culture, a metamorphosis of our way of thinking, understanding and reading. The points of contact between ecocriticism, eco-pedagogy and EE are examined.

Reference is made throughout to the contribution made by post-humanism to the sphere of EE in the Anthropocene. Post-humanism may be seen as a double-edged sword, because on the one hand it can generate greater awareness as well as interrogation of the human-nature relationship and the privileging of the human species, but at the same time it raises the question about the fate of humankind, or rather just how expendable humans are as earthly creatures and a species.

The enormous task currently facing critical post-humanist educators is to ensure that appropriate Anthropocene-oriented curricula are developed which engage directly and critically with industrialisation, capitalism and globalisation, as well as with local challenges such as xenophobia, domestic violence, patriarchal structures and so on (Carstens 2016:269). The most important skills that learners should be equipped with involve the development of a critical knowledge framework that will enable them to appreciate the way that culture, ideas and actions are determined in relation to the self and others. They should also be taught about the concept of “nature on demand” (Carstens 2016:269). The reality today is that we live in a world of dramatically increasing environmental changes, where stability can no longer simply be taken for granted and where the future is no longer guaranteed. It would be unproductive to shelter those we teach from these harsh realities, and it is necessary to talk absolutely frankly about (for example) erosion, pollution, the horrifying accumulation of waste, and the massive loss of biodiversity.

Here one could refer to the Brazilian educator Paulo Freire (1998) and his idea of “conscientization” – that transformation of knowledge into consciousness and awareness, and the subsequent “praxis” or informed action. Freire (1998:499) argued that the critical dimension of conscientization lies in the fact that human beings can become active agents who can transform their worlds:

It is as conscious beings that men [read: humankind] are not only in the world, but with the world, together with other men. Only men, as “open” beings, are able to achieve the complex operation of simultaneously transforming the world by their action and grasping and expressing the world’s reality in their creative language. (Freire 1998:499)

According to Fien (1993:43), as there has been growing appreciation of the complexity of EE over the years, a number of paradigm shifts have occurred that are reflected in three orientations, namely education about, education in and education for the environment.

Barad (in Carstens 2016:263) advocates a critical post-humanist and new materialist onto-epistemology that will entail thinking and teaching without “presupposing dualist structures such as subject and object, word and world, nature and culture”. This entails a kind of involvement in typically speculative “thought experiments” via our prescribed works, assignments and classroom discussions (and I would add literature, and especially eco-literature).

The article presents an overview of education in the Anthropocene. The school classroom is the ideal place from which to proceed to equip people with knowledge about the Anthropocene and the necessary consequent actions. There should be a critical examination of the ways in which knowledge is produced and presented to children in schools. Responsible educators should develop environmentally oriented pedagogical strategies that are relevant to the current situation.

According to Lotz-Sisitka (2014:1) a “new pedagogy” is necessary to adapt and respond to the challenges of the Anthropocene. Environmental issues also make it imperative that educationists think again about and adapt to rapidly changing circumstances. Monodisciplinary knowledge and teaching are no longer capable of making proper sense of the complex socio-ecological issues that confront human beings in the 21st century. Different forms of learning are investigated by Mezirow (2002) for instance, such as transformative learning (TL) and learning as change or learning in order to make a difference. According to TL theories, learning for sustainability emphasises a more profound questioning as well as a reforming of aims, policies and practices. Learning for change, and learning as change, are inherent parts of sustainable education.

This could promote a curriculum for an environmentally friendly existence as well as encourage respect for the “more-than-human” (Whatmore 2002:146). Brief reference is also made here to published research on EE in South African schools, for example, on action learning (O’Donoghue 1993) and the Eco-School programme (Rosenberg 2008).

This article should be considered as providing the background for a follow-up article that could give practical guidelines and suggestions for the use and application of the nature-centred text (the eco-text) in the classroom.

Keywords: Anthropocene; anthropocentrism; curriculum development for environmental education; ecocriticism; ecological awareness; environmental education; environmental issues; environmentally friendly curriculum; environmentally oriented pedagogical strategies; new materialism; post-humanism; sustainable co-existence; transdisciplinary learning; transformative learning

 

1. Inleidend: die begrip Antroposeen

Afgesien daarvan dat menslike aktiwiteite die natuurlike omgewing beïnvloed, het dit ook ’n uitwerking op niemenslike bestaansvorme op aarde. Nie net biogeochemiese siklusse word hierdeur beïnvloed nie (Lewis en Maslin 2015:172), maar ook die evolusie van lewe op aarde. Die vrylating van koolstof het reeds die suurgehalte van oseane en mere onherroeplik verander. Daar is die verlies van verskeie spesies op land en in die oseane; daar is die verskuiwing van organismes oor die wêreld heen vanuit hulle natuurlike habitatte; daar is die vorming van nuwe, hibriede spesies en ’n globale homogenisering van die aarde se fauna en flora. Voorts is daar die ontwikkeling van produkte soos antibiotika en plaagdoders en geneties-gemanipuleerde organismes; daar is die intensivering van oesprosesse en hoër temperature as gevolg van kweekhuisgasse. Hierdie verskynsels sal uiteindelik bydra tot die verandering van evolusionêre uitkomste. Die tempo van antropogeniese omgewingsveranderinge mag in die nabye toekoms die veranderingskoers in talle spesies se evolusionêre geskiedenis verbysteek. Menslike aktiwiteit verander die grondoppervlak, die oseane en die atmosfeer en herrangskik sodoende lewe op aarde (Lewis en Maslin 2015:172).

Sarah Whatmore (2002:146) verwys na die “purification of (human) society and (non-human) nature, and of the autonomous individual as the locus of ethical subjectivity” van waar alternatiewe wyses vir voortbestaan in ’n “more than human world” ondersoek moet word. In die tyd van die Antroposeen is dit nodig om anders te dink, om te vernuwe en om uiteindelik verantwoordelik op te tree.

Volgens Ferrante en Sartori (2016:176) is antroposentrisme ’n kulturele raamwerk waarvolgens menslike wesens meerderwaardig voel jeens die niemenslike (diere, plante, ekosisteme, masjiene); die siening word gehuldig dat die mens geregtig is op bevoordeling omdat hy/sy verhewe is bo ander bestaansvorme. Volgens hierdie kulturele denkraamwerk is die mens die enigste ware bron van kennis en ook die alleenhouer van morele waardes.

Volgens Morton (2013:37) is aardverwarming (byvoorbeeld) ’n manifestering van die Antroposeen en hy noem dit “the moment at which human history has intersected decisively with geological time”. Die neerslag van ’n koolstoflaag in die aardkors is tekenend van die laat 18de eeu. Die hoofoorsaak van hierdie neerslagvorming is fossielbrandstofverbranding, en dit is byvoorbeeld wat aanleiding gee tot aardverwarming. Met dié dat perma-ys by die noordpool smelt, word groot hoeveelhede metaan nou ook in die atmosfeer losgelaat en hierdie vrylating kan wegholklimaatsveranderings meebring en binne tien jaar ’n katastrofe veroorsaak (McPherson, aangehaal in Die Burger 13 Februarie 2017). Hierdie versnelling in klimaatsveranderinge kan verhoed dat die mens en natuurlike ekostelsels betyds aanpas by nuwe toestande, wat tot die grootskaalse uitwissing van spesies kan lei.

Die term Antroposeen is teen die millenniumwending deur die chemikus Paul Crutzen en die bioloog Eugene Stoermer geskep en het nou reeds bykans ’n gonswoord geword (Castree 2014:234). Die begrip en term het posgevat in wetenskaplike en populêre gesprekvoering en bied ’n kragtige narratief van menslike hulpbronmisbruik, planetêre drempels en omgewingsdringendheid (Lövbrand, Beck, Chilvers, Forsyth, Hedrén, Hulme, Lidskog en Vasileiadou 2015:211). Alhoewel die verskynsel steeds amptelik deur geoloë erken moet word (Clark 2015:1), beskryf die term Antroposeen ’n tydperk waartydens die aarde se oppervlak dermate deur menslike aktiwiteite verander is dat die biofisiese toestande van die Holoseen (ongeveer die laaste 11 000 jaar) belemmer is. Sentraal tot die Antroposeen is dus die aanvaarding dat die mens reeds die era van die Holoseen agtergelaat het. Tydens die Holoseen het die menslike beskawing gebloei en gedy, terwyl die Antroposeen beskou word as ’n tydperk van onvoorspelbaarheid en gevaar, waar menslike ondermyning die aarde se lewensondersteuningstelsels ernstig bedreig. Volgens Zalasiewicz, Williams, Steffen en Crutzen (2010:2231) word die Cartesiaanse dualisme van natuur versus gemeenskap in die Antroposeen afgebreek, wat ’n diepe vervlegtheid van die lotsbestemming van die natuur en van die mens tot gevolg het. Atmosfeerwetenskaplikes noem dus die geologiese epog wat die aarde ongeveer sedert die Industriële Revolusie van die 1800’s betree het, die Antroposeen. Kenmerkend van hierdie tydvak is die werklikheid dat menslike optrede en aktiwiteite die koers van die aarde se geskiedenis verander het (Zalasiewicz e.a. 2010:2228).

Lewis en Maslin (2015:176) noem die verskynsel wat menslike bedrywighede op aarde sedert die 1950’s kenmerk en wat die stelsels van die aarde merkbaar beïnvloed het, die “great acceleration”. Kenmerkend van hierdie groot versnelling is bevolkingsontploffings, radikale veranderinge in natuurlike prosesse en die ontwikkeling van allerhande anorganiese stowwe (soos plastiek), die toetsing van atoombomme en industrieelvervaardigde chemikalieë wat neerslag in ys- en grondformasies, mere en oseane vind. Volgens Clark (2015:1) het die menslike impak op die totale biosfeer dus ’n onverwagse en gevaarlike felheid bereik.

Die belangrikste uitwerking van globale menslike aktiwiteite op aarde is, volgens Zalasiewicz e.a. (2010:2229), die chemiese en biologiese gevolge daarvan. Tipiese tekens van die Antroposeen is deur geoloë in afsaksels in ’n meer in Groenland gevind. Volgens navorsers verskil hierdie bewyse beduidend van voorbeelde wat uit die Holoseen dateer (Waters, Zalasiewicz, Summerhayes, Barnosky, Piorier, Galuszka, Cearreta, Edgeworth, Ellis, Ellis, Jeandel, Leinfelder, McNeill, Richer, Steffen, Syvitski, Vidas, Wagreich, Williams, Zhisheng, Grinevald, Odada, Oreskes en Wolfe 2016:137). Die neerslae sluit kombinasies van plastiek, siftingsas (“fly ash), radionukleïede, metale, plaagdoders, reaktiewe stikstof en verhoogde konsentrate van kweekhuisgasse in:

In this sediment core from west Greenland (69º03’n, 49º54’W), glacier retreat due to climate warming has resulted in an abrupt stratigraphic transition from proglacial sediments to nonglacial organic matter, effectively demarcating the onset of the Anthropocene. (Waters e.a. 2016:6269).

Hierdie onlangse antropogeniese neerslae bevat met ander woorde nuwe minerale en rotstipes wat die snelle globale verspreiding van vervaardigde stowwe insluit (soos aluminium, beton en plastiek) wat dan sogenaamde “tegnofossiele” vorm (Waters e.a. 2016:6269).

Volgens Castree (2014:247) dien die benoeming van die Antroposeen deur geowetenskaplikes ’n tweeledige doel. Eerstens is dit ’n poging om die realiteit van navorsingsbevindinge tuis te bring en tweedens om vrees by die breë publiek in te boesem. Castree (2014:247) noem dit: “a politically savvy way of presenting to nonscientsts the sheer magnitude of global biophysical change”. Hierdie “hot concept” is volgens Castree (2014:234) dan ook spoedig deur die menswetenskappe opgeraap en op ’n wyse “anderkant die streng geologiese” aangewend (my vertaling van Clark 2015:2). Die krag van die woord Antroposeen lê volgens Clark (2015:2) hoofsaaklik daarin dat dit breedweg ’n benaming is vir al die nuwe kontekste en eise – kultureel, eties, esteties, filosofies en polities – wat omgewingskwessies meebring.

Verskeie navorsers vanuit die omgewings- en sosiale wetenskappe, soos Castree (2014) en Neimanis, Asberg en Hedrén (2015), besin oor die benaming Antroposeen wat letterlik “die era van die mens” beteken. Na gelang van persoonlike perspektief, kan hierdie benoeming óf as skokkend óf as uiters vleiend beskou word. Die feit dat die mens werklik in staat kan wees om die natuurlike geskiedenis van die aarde te verander, klink waarskynlik vergesog en die kollektiewe mag van die mens oor die niemenslike wêreld, op hierdie enorme skaal, bykans onmoontlik. Tog verleen die feit dat geowetenskaplikes die konsep uitgedink het, daaroor uitbrei en navors, ’n definitiewe geloofwaardigheid daaraan (Castree 2014:235). Neimanis, Asberg en Hedrén (2015:68) is van mening dat hierdie benaming tekenend is van die begrip wat die mens begin vorm oor sy verhouding met die natuurlike omgewing en dat die mens in die konteks van die Antroposeen nie langer oor die luukse beskik om hom/haar menswees en kultuur as los van die natuur, materie en die niemenslike te verbeel nie. Die Antroposeen is as konsep gedefinieer en word in die akademiese veld van die aardwetenskappe reeds nie-amptelik as ’n nuwe geologiese era aanvaar.

Volgens Morton (2013:37) is dit noodsaaklik dat menslike denke aangepas word om die nuwe realiteite van die Antroposeen aan te spreek en te verwerk. Hy noem dat die gevolge van die Antroposeen beredeneer en aangeteken kan word, maar dat die mens daardie gevolge nie noodwendig direk kan sien of kan aanraak nie en dat dit daarom moeilik is om die omvang daarvan ten volle te begryp. Hierdie bykans ontwykende werklikhede van die Antroposeen vereis dus dat ’n nuwe, radikale manier van dink by mense aangemoedig word. Vir Morton (2013:42) behels ekologiese bewustheid ’n gedetailleerde en toenemende begrip van die “innumerable interrelationships among life forms and between life and non-life”.

Ten spyte daarvan dat navorsers soos Lövbrand e.a. (2015:212) aanvoer dat die konsep van die Antroposeen nog nie gevestig is nie, erken hulle wel dat die groeiende aantal publikasies oor die onderwerp suggereer dat die Antroposeen ’n idee in wording is; een wat diverse interdissiplinêre gesprekke oor die toestand van die globale omgewing, van laat-kapitalistiese gemeenskappe en die moontlikheid van ’n selfstandige, rasionele menslike subjek aan die gang gesit het. Die wêreldorde is na die Tweede Wêreldoorlog verander. Sentraal tot die sosiale skema in die aanspreek van die kwessies van die Antroposeen staan die desentralisering van die mens. Die klem is nou op die verweefdheid van alle bestaande dinge en op die kompleksiteit van hierdie skema.

Die idee van die posthumanisme geniet tans wye belangstelling in die era van die Antroposeen, juis vanweë die genoemde menslike aktiwiteite en die uitwerking daarvan op die ekostelsels van die aarde.

 

2. Die sosiologiese skema in die aanspreek van die kwessies van die Antroposeen

Lövbrand e.a. (2015:211) vra die vraag: Hoe kan die sosiale wetenskappe reageer op die konsep van die Antroposeen en ’n daadwerklike, kritiese bydrae tot hierdie gesprekvoering lewer? Hierdie navorsers beskou die Antroposeen as ’n sosiaal- en kultureelverbonde objek met talle moontlikhede. Volgens Lövbrand e.a. (2015:212) het die sosiale en menswetenskappe tot dusver ’n redelik marginale rol met betrekking tot omgewingsnavorsing en -probleemoplossing gespeel, terwyl hierdie studieveld oor die potensiaal beskik “to extend the conceptual terrain within which the Anthropocene scholarship currently operates”. Hulle meen (2015:212) dat die verhaal van die Antroposeen wat omgewingswetenskaplikes in tydskrifartikels en by konferensies vertel, tot dusver ’n beperkte begrip van die verweefde verhoudings tussen natuurlike, sosiale en kulturele wêrelde toon. Ten einde die gesprek oor die toekoms van die planeet in nuwe rigtings te stuur, behoort die sosiale wetenskappe dus krities bemoeienis met hierdie verskynsel (die Antroposeen) te maak, want die sosiale wetenskappe beskik volgens hulle oor die analities-teoretiese tradisies wat kreatiewe, kritiese denke kan aanvoor oor die oorsake, werklikhede, praktyke en politiek van omgewingsnavorsing en -beleidmaking.

Daar is egter diegene wat nie met hierdie opvatting van Lövbrand e.a. saamstem nie. Volgens Streeck byvoorbeeld, in How will capitalism end?: Essays on a failing system (2016), is die bydrae van die sosiale wetenskappe in hierdie verband maar bra power. Volgens hom het die sosiale wetenskaplikes klaaglik daarin misluk om dramatiese verskynsels te voorspel – dinge soos die neiging tot regse populisme oor Europa heen, asook omgewingsaspekte soos wêreldwye ekologiese vernietiging. Streeck (2016:36) voorspel ’n “society devoid of reasonably coherent and minimally stable institutions capable of normalising the lives of members and protecting them from accidents and monstrosities of all sorts”, wat al groter onsekerheid en onstabiliteit sal meebring.

Tog, al beteken kritiese sosiale bemoeienis met die Antroposeen nie noodwendig onmiddellike oplossings vir huidige omgewingskwessies nie, kan die idee om die epog (die Antroposeen) vanuit ’n ander perspektief te beskou, die weg baan vir nuwe maniere van kyk na die vervlegte verhoudings tussen die natuurlike en sosiale wêrelde. Die sosiale wetenskappe en dus letterkunde en literêre, kritiese teorieë kan sodoende nuwe keuses bied vir die huidige soeke na geïntegreerde en oplossingsgerigte omgewingsnavorsing (Lövbrand e.a. 2015:212). Een van hierdie kritiese teorieë is die ekokritiek. Die ekokritiek bestudeer “kultuurprodukte, soos kunswerke, skryfwerk en wetenskaplike teorieë wat hulle bemoei met die menslike verhouding tot die natuurlike wêreld” (Smith 2012a:506). Die ekokritiek word verder in onderafdeling 3 hier onder bespreek.

Ten einde die huidige komplekse omgewingsuitdagings aan te spreek, behoort die sosiale wetenskappe deel te hê aan die ontmaskering en die uitdaging van onderliggende kulturele en sosiale aannames. Letterkunde (en ek sluit fiksie vir jong lesers hierby in) kan ’n belangrike rol speel in bewusmakingsprosesse met betrekking tot die Antroposeen. Fiksietekste kan lesers inlig oor die verskynsel en dit kan verbeelde oplossings vir die aanspreek van omgewingskwessies voortspruitend uit die Antroposeen, identifiseer. Dit is nodig ten einde kollektief sin te maak van en te reageer op ’n veranderende omgewing. Slegs wanneer die gesprek oor die toekoms van die aarde oor vakdissiplines heen strek, sal die kritiese potensiaal van die Antroposeen ingespan kan word (Lövbrand e.a. 2015:212).

Aan die kern van die narratief van die Antroposeen lê die diepe vervlegtheid van natuurlike en menslike sisteme. Dit is die sleutelbegrip van die Antroposeen. Soos verduidelik word deur Zalasiewicz e.a. (2010:2228), is die term gemunt in ’n tyd van “dawning realization that human activity was indeed changing the Earth on a scale comparable with some of the major events of the ancient past”. Die oorheersende invloed van die mens het die aarde in ’n nuwe geologiese era ingedwing “when natural forces and human forces are so intertwined that the fate of one determines the fate of the other” (Zalasiewicz e.a. 2010:2231).

Volgens Clark (2014:25) is dit belangrik vir kritiese denkers in die studieveld van die mens- en sosiale wetenskappe om te besef dat dit by die wetenskaplike tematisering van die Antroposeen net soveel gaan oor “the decentering [beklemtoning deur Clark] of humankind as it is about our rising geological significance”. Dit is ’n konsep wat die mens noop om te herbesin oor aanvaarde aannames oor die outonome, selfversorgende menslike subjek. In sy Ecocriticism on the edge: the Anthropocene as a threshold concept (2015:16) neem Clark die aard van die natuur en van die mens onder die loep: “It represents, for the first time, the demand made upon a species consciously to consider its impact as a totality upon the whole planet, the advent of a kind of new reflexivity as a species.” Lövbrand e.a. (2015:213) glo dat die sosiale wetenskappe goed toegerus is om hierdie gevolglike spanningsituasie aan te spreek deur die verdere vestiging van die konsep Antroposeen oor studievelde heen.

Die Antroposeen is volgens Lövbrand e.a. (2015:216) ’n ryke, kragtige en uitdagende konsep wat oor ’n verskeidenheid van akademiese velde heen reik. Sentraal tot die narratief daarvan staan ook die eis dat die mens ’n gerekende “geological force” (2015:216) geword het met die vermoë om die planeet fundamenteel te omvorm. Hulle beskou die sosiale wetenskappe as goed toegerus om die idee van die Antroposeen in ’n nuwe en meer produktiewe rigting te stuur (2015:217). ’n Verskeidenheid deelnemers uit verskillende studievelde word egter benodig wat kan saamwerk aan nuwe maniere om bestaande denkraamwerke oor die planeet en sy bewoners te dekonstrueer en met nuwe idees te eksperimenteer. Oor die mens- en sosiale wetenskappe heen neem vakkundiges die konsepte van die Antroposeen aan om kritiese vrae te vra oor omgewingspolitiek, kultuur, identiteit en etiek. Pogings om die gesprekvoering oor die toekoms van die aarde na nuwe kennistradisies en -gemeenskappe uit te brei beteken dat gevestigde navorsingsinstansies en -netwerke hulle ontologiese en epistemologiese verpligtinge/ondernemings (“commitments”) sal moet ondersoek en bereid sal moet wees om met nuwes te eksperimenteer. Hulle erken (2015:217) dat dit ’n ongemaklike en uitdagende taak is wat nie noodwendig onmiddellike suksesreaksies tot gevolg sal hê nie, maar dat dit tog nodig is dat sulke interdissiplinêre ingrypings bydra tot die huidige vraag na geïntegreerde, oplossinggerigte omgewingsnavorsing. Ten einde die Antroposeen in ’n kritiese gebeurtenis en ’n meesleurende storie van sosiale verandering te omskep, is dit nodig dat die kulturele en sosiale aannames wat bepaal hoe ons kollektief sin maak van en reageer op ’n veranderende omgewing, herbesoek word.

Ek glo in die mag van die verbeelding en van die ekoteks en stem saam met Morton (2013:41) wat redeneer dat daar voortaan nuut gedink moet word oor die kunste (waarby literêre werke as kunsvorm ingesluit is). Volgens Morton (2013:44) verteenwoordig alle kuns ná 1945 ’n nuwe kunsvorm; een wat vier dinge ondersoek: “The uncanniness of beings; the uniqueness of beings; the irony of relationships between beings” en “the ironic secondariness of the intermeshing between beings”. Omgewingskwessies noop die mens tans om hierdie realiteit in die gesig te staar en Morton (2013:44) is van mening dat die mens die opvatting dat kuns deur die mens, vir die mens en oor die mens is, moet laat vaar:

Nonhumans are responsible for the next great moment in art history. The human mist evaporates, leaving behind what is real – entities, objects, strange strangers, without a totalizing context, without a word, without Nature – all because of ecological awareness.

Morton maak staat op Hegel se filosofie wanneer hy die nuwe fase van kuns beskryf as “arising in a rejection of the phase which has dominated since Hegel defined it in the early nineteenth century, the ‘romantic’ phase”. Kuns word hiervolgens as ’n vorm van uitdrukking verstaan, eie aan en uniek tot die mens. Nou is daar egter, met die groeiende bewuswording van niemenslike bestaansvorme, ’n beskouing dat kuns meer is as ’n blote refleksie van menslike superioriteit (Clark 2015:184).

Die geskrewe woord behoort, as kunsvorm, deel uit te maak van hierdie hele gesprek. Volgens Clark (2015:189) is besprekings oor kuns, letterkunde en die Antroposeen egter nog in ’n betreklik vroeë fase. Ook in Suid-Afrika is dit die geval, en die Antroposeen as drempelkonsep tot die ekokritiek byvoorbeeld is tot nog toe nie ondersoek nie. Hy meen dat ’n belangrike aspek van literêre werke is dat dit gelees word as “verbeelde fiksie” (wat ’n leser altyd as sodanig sal herken), maar tog ook as ’n werk wat sommige van die meer ontwykende aspekte van die Antroposeen verteenwoordig.

 

3. Ekokritiek, ekopedagogie en omgewingsopvoeding (OO)

Reeds in 1995 het die ekokritikus Lawrence Buell aangevoer dat die apokalips die magtigste metafoor is waaroor omgewingsmentalisme in sy arsenaal beskik. ’n Paar jaar later het die kulturele ekoloog Eugene Anderson gekla oor die wydverspreide weerstand teen die idee om die omgewingskrisis met die nodige aandag te behandel (Bristow en Moore 2013:1). In 2009 voorspel Capra in sy toespraak “The new facts of life“ (Capra 2009) dat die voortbestaan van die mens gaan afhang van die mens se mate van ekogeletterdheid en van ’n vermoë om die basiese beginsels van ekologie te verstaan en daarvolgens te leef; met ander woorde: deur middel van OO. Garrard (2007:363) noem dat ekokritici van meet af aan die belang van opvoedkunde (pegagogie) besef en erken het, maar dat vernuwende benaderings tot onderrig en leer nog nie gevind is nie, aangesien daar vasgeklou is aan bestaande metodes van en aannames oor OO eerder as wat daar aandag gegee is aan opvoeding vir volhoubare ontwikkeling.

Volgens Bristow en Moore (2013:2) is klaskamers die ideale plekke waar toekomsvooruitsigte verbeel kan word, want “ecocriticism is enabling students to envision the possibility of other worlds”. Om as ’n spesie te dink en op te tree behels volgens Chrakabarty (in Clark 2015:17) dat die mens ’n kollektiewe selfbegrip (as ’n spesie) ontwikkel. Volgens hom behoort politiek, kultuur en kuns as ’n soort verantwoordelike “spesiebewustheid” te ontwikkel sodat die felste gevolge van omgewingsdegradering gestuit kan word deur wat hy die “verlossende krag van ’n toenemende en gedeelde selfherkenning” (my vertalings) noem. Tot dusver was die onverantwoordelike verbruik van onvervangbare natuurlike hulpbronne deel van die proses waartydens die mens homself toegerus, ontwikkel en bevorder het. Wilson (in Clark 2015:17) beskou die menslike spesie as “in better shape than ever before” en dat die mens nou genoegsaam ingelig is om selfbegrip aan die dag te lê en as ’n spesie te verenig in denke en in optrede ten opsigte van die res van die planeet.

Volgens Clark (2015:17) is die ekokritiek die verteenwoordiging van ’n veranderende kultuur en van grensverskuiwende denke – die program van die ekokritiek is die konsolidasie van hierdie ontluikende kultuur, ’n metamorfose in ons manier van dink, van verstaan en van lees. Daar is volgens hom ’n “crude sort of species identity” (2015:17) wat lank reeds volkome deel van omgewingskritiek is en die bevinding is dat ons ons denkpatrone drasties moet verander, anders sal alle natuurlike sisteme inmekaartuimel.

Clark (2015:x) noem dat daar in die afgelope aantal jare toenemend studies verskyn het oor die ontkenning van die invloede van die Antroposeen en dat die oproep om ’n nuwe variant van ekokritiek as gevolg daarvan duidelik hoorbaar is. Daardie grensverskuiwende denke, deur byvoorbeeld die gebruik van literêre tekste om kritieke vraagstukke in hulle volle ingewikkeldheid en betreklike onoplosbaarheid te ondersoek, kan as ’n tekstuele keerpunt beskou word.

Die verband tussen die tekstuele keerpunt en die ekokritiek lê daarin dat ekokritiese teorieë juis ’n wegbeweeg bepleit van bestaande maniere om na tekens en betekenisse te kyk – dat dit ’n (materiële) keerpunt verteenwoordig wat juis die strakheid en die abstraktheid van die teks oorkom en ander, nuwe moontlikhede en nuwe betekenisse belig. Die ekokritiek “lei ondersoeke na tekste en die wyse waarop materialiteit daarin neerslag vind” (Smith 2014:749), en dit is ’n teoretiese denkrigting wat poog om die “verdeling tussen materie en die kulturele konstruksie daarvan te oorbrug” (Smith 2014:751).

Tekstuele keerpunt verwys na “the adoption of understandings about the social[ly] [sic] construction of language and meaning” (Thomson 2005:155). Bekende teoretici soos De Saussure, Derrida, Foucault en Lyotard het byvoorbeeld oor hierdie konsep geargumenteer. Vir De Saussure (1959) word betekenis sosiaal bepaal; dit is arbitrêr en dit word deur semiotiese sisteme geproduseer. Voorts meen Derrida (1976) dat betekenis nie vasgestel (“fixed) is nie. Betekenis is onderworpe aan die eindelose spel van uiteenlopendheid en verskil. Volgens Foucault (1980) konstrueer gesprekvoering subjekte, optrede/aksies en instellings en vind die gematerialiseerde werkinge van krag/kennis deur taal plaas. Lyotard (1984) is van mening dat alle leer deur taalspel plaasvind en dat die binêre opposisies van feit/fiksie nie volhoubaar is nie.

Volgens Iovino (2012:3) en Alaimo (2010:7) verteenwoordig die materiële keerpunt/wending ’n reaksie op hierdie abstrakte tekstuele teorieë van bogenoemde teoretici en word daar opnuut gekyk na realiteit op ander wyses as slegs deur taal. Die nuwe materialisme bring ’n nuwe beskouing van die niemenslike en die sogenaamde ander.

Die nuwe materialisme en objekgeoriënteerde ontologie het dus ’n invloed op literatuur en op die ekokritiek gehad. Volgens Smith (2014:751) is dit ’n teoretiese denkrigting wat ’n herbesinning oor materialiteit tot gevolg het. Met ander woorde, die nuwe materialisme bring ’n nuwe manier van besin oor die mens en oor die natuurlike omgewing en dus ook oor die mens-natuur-verhouding. Daar is dus met die materiële keerpunt/wending ’n bewustelike wegbeweeg van die radikale postmoderne en poststrukturele denke wat die wêreld tot taalkonstruksies wou dematerialiseer.

Deur die gebruik van literêre tekste kan die omgewingsimplikasies en aannames van gegewe maniere van lees en interpretasie getoets word:

This involves tracing closely the way in which received or mainstream modes or reading and criticism, even when socially “progressive” in some respects, are now, despite themselves, being changed into what are effectively implicit forms of denial as the world alters around them. (Clark 2015:xi)

Die ekokritiek bring ’n benadering van inagneming en waardering met betrekking tot literatuur en die kunste wat help om hierdie skuif te verwesenlik. Tipies van hierdie verskynsel sal mense wêreldwyd saamgesnoer word, maar sal die belang van kulturele en politieke verskille steeds erken word, en volgens Clark (2015:18) beskik so ’n ontluikende kultuur oor die kollektiewe mag wat sterk genoeg sal wees om omgewingskwessies aan te spreek.

Wat dan nou as hierdie bewuswees van die onderlinge vervlegtheid van spesies, hierdie verandering in kennis en verbeelding, nie werklik ’n ommekeer in mense se maniere van leef bring nie? Volgens Clark (2015:18) is dit die vraag wat die ekokritiek dalk mag konfronteer en wat ter sprake is in wat beskryf kan word as ’n “founding intellectual tenet of ecocriticism”.

Berghthaller (in Clark 2015:18) som dit op:

The idea in that the roots of the ecological crisis are to be found in a failure of the imagination, and that literary studies – the Human imagination being their home turf – therefore have an important role to play in understanding and overcoming this crisis, is foundational to most forms of ecocriticism.

Ekokritici verwys herhaaldelik na die “sosiale verbeelding” of die “kulturele verbeelding” as hulle studieonderwerp en hulle beskou kultuur in die sin van ’n gedeelde simboliese betekenis vir verskeie domeine van ervaring, oortuiging en optrede. Die taak van die ekokritikus kan gesien word as een van herverbeelding – om die verbeelding van sy of haar kultuur te verander. Volgens Clark (2015:18–9) vorm dit die grondslag van talle sosiaal-ekologiese en ekofeministiese programme wat daarop aanspraak maak om omgewingsvernietiging terug te speur na kulturele of politieke faktore, dat omgewingsvernietiging herstel kan word op kulturele wyses, maar dat toekomstige verandering sal afhang van die vermoë van die mens om op gepaste wyses omgewingskontekste te herbedink.

In sy The ecological thought beklemtoon Morton (2010:10) ’n breë kritiese konsensus wanneer hy skryf:

Art can help us, because it’s a place in our culture that deals with intensity, shame, abjection, and loss. It also deals with reality and unreality, being and seeming. If ecology is about radical coexistence, then we must challenge our sense of what is real and what is unreal, what counts as existent and what counts as non-existent.

Bostaande is ’n tipiese opmerking van Morton met betrekking tot ekologiese denke – dat die mens ekologies moet leer dink en die onderlinge vervlegtheid van dinge moet herbedink, maar dat hierdie denke ook moet ontwikkel in ’n vorm van radikale bemoeienis met die ekologieë wat ons bewoon en wat in ons woon (Watson 2013:1).

’n Belangrike aspek van die huidige ekokritiek lê daarin opgesluit dat dit ’n stel kenmerke van literatuur of kuns geskik vir die aanspreek van omgewingskwessies voorstel, synde tekste wat werk met uitdagende opvattings van die werklikheid, en wat getrou bly aan die uitbeelding van die waarde van die niemenslike; kunsvorme wat wys hoe poreus menslike liggame en psiges ten opsigte van materiële omgewingsinvloede is, of wat die idealistiese konsep van menslike identiteit erken (naamlik dat die mens verhewe bo die niemenslike is en daarom superieur is)

Volgens Clark (2015:24) is dit nodig dat moderne letterkunde en kunswerke wat probeer om eksplisiet met die Antroposeen bemoeienis te maak ondersoek word. Selfs ouer tekste en kunswerke waarvan die skrywers en kunstenaars totaal onbewus van die Antroposeen sou gewees het (soos Freda Linde met ’n Tuiste vir Bitis,1980 en Dalene Matthee met Kringe in ’n Bos, 1984), kan ekokrities ondersoek word (Loubser 2016). Die vrae wat sodoende ontstaan, kan deur nuwe vorme van kuns en kulturele vernuwing aangespreek word. Die eise van die Antroposeen is immers so fel dat enige teks wat dominante aannames oor menslike superioriteit, verbruik en impak aanspreek, nuttig aangewend kan word in die omvorming van die mens se ingesteldheid.

Aanvanklik was die hoofdoel van die ekokritiek om ’n tuiste te bied vir, en akademiese legitimiteit te verleen aan, ’n nuwe generasie van letterkundiges oor die interpretasie van omgewingstekste, om voorstellings van die natuur in literêre tekste te ondersoek, om die onderlinge verbondenheid tussen natuur en kultuur te verken, om te reageer op omgewingsprobleme en om by te dra tot omgewingsherstel (“environmental restoration” soos Gaard 2009:322 dit noem). Mettertyd het daar egter ’n verskuiwing plaasgevind wat gelei het tot die ontwikkeling van ’n nuwe ekokritiese pedagogie, naamlik ekopedagogie. Volgens Gaard (2009:325) is dit ’n pedagogie wat burgerlike betrokkenheid as ’n fundamentele komponent van die ekokritiese klaskamer beklemtoon. Geleidelik het ’n ekokritiek van omgewingsliteratuur vir jong lesers vorm begin aanneem en is dit uiteindelik gevestig met die publikasie van Dobrin en Kidd se Wild things: Children’s culture and ecocriticism (2004). Hierdie vertakking van die ekokritiek het klem gelê op vrae na die verhouding tussen kultuur en natuur deur ’n ondersoek na die verhouding tussen kinders en diere waar spesifiek gefokus word op die subjektiwiteit of objektiwiteit in die voorstelling van diere in tekste. Hierdie ontwikkeling het ’n kritiese grondslag gebied vir die verkenning van interspesieverhoudings, omgewingsliteratuur vir leerders en ekopedagogie.

OO behels die ontwikkeling van ekogeletterde leerders en die eko-opvoeding van die mens is waarskynlik een van die belangrikste aspekte van die ekokritiek – dit is dus hier waar die raakpunte tussen OO en ekokritiek lê.

Ekopedagogie bied byvoorbeeld ook, volgens Gaard (2009:326), die geleentheid vir die stel van belangrike vrae oor die feitlike afwesigheid van dierestudies in die ekokritiek:

  • Ekopedagogie voorveronderstel ’n soort ineenvloeiing van sosiale, ekologiese en interspesiegeregtigheid as sentraal tot ’n inklusiewe en bevrydende praktyk.
  • Ekopedagogie vereis ’n basiese omgewingsgeletterdheid wat kritiek sal lewer op nievolhoubare kulturele praktyke.
  • Ekopedagogie behoort egter ook volhoubare praktyke te ondersoek en daardie kulture se werkbare strategieë toe te pas. In hierdie verband kan daar na Kahn (2010:10) verwys word waar hy Bowers aanhaal: “[C]ultures centrally predicated upon Western individualism tend to produce ecological crisis through the pervasive homogenization, monetization and privatization of human expression.”
  • Ekopedagogie bied ook geleenthede vir die kritiese beskouing van industriële kapitalisme, kolonialisme, imperialisme en ’n heersersklaskultuur (’n definiëring van menswees waarvolgens alles wat “anders” is, ondergeskik is, soos sogenaamd minderwaardige mense, diere en die natuur). Hierdie aspek van ekopedagogie sluit ook visionêre en aktivistiese dimensies in vir ’n strewe daarna “to mobilize people to engage in culturally appropriate forms of ecological politics and movement building”. (Kahn 2010:11)

Platt (2004:186) verwys op haar beurt na omgewingsgeregtigheid en wat die verskyning daarvan in kinderliteratuur vervat:

[S]tories for children that examine how human rights and social justice issues are linked to ecological issues, how environmental degradation affects human communities, and how some human communities have long sustained symbiotic relations with their earth habitats.

Gaard (2009:323) ondersoek ekofeministiese perspektiewe op omgewingsgerigte kinderliteratuur waar daar gesoek word na wyses waarop hierdie genre grensoorskrydend ten opsigte van die logika van dominansie kan wees. Volgens Gaard (2008:15–8) ontstaan daar uit die samevloeiing van ekopedagogie, ekofeminisme en omgewingsgeregtigheid ’n vorm van kritieklewering wat drie belangrike vrae oor omgewingsgerigte kinderliteratuur, die retoriek daarvan en die potensiaal vir die ontwikkeling van omgewingsgeletterdheid stel:

  • Vraag 1: Hoe benader die teks die ontologiese vraag “Wie is ek?”? Is die menslike identiteit opgestel in verhouding met, of in opposisie tot die natuur, diere en diverse menslike kulture/identiteite? Met ander woorde, op watter wyse kan die teks as subversief tot die logika van dominansie dien?
  • Vraag 2: Hoe definieer die teks die ekogeregtigheids(etiek)probleem? Bied die narratief uiteindelik ’n oplossing en gepaste strategieë aan vir die hantering van die probleem wat in die verhaal ter sprake is deur die verwerping van hiërargieë ten gunste van gemeenskappe en deelnemende demokrasie? Of word die kind aan sy eie lot oorgelaat om oplossings vir ekogeregtigheidsprobleme, soos deur volwassenes veroorsaak, te vind?

Omgewingsgerigte kinderliteratuur behoort volgens Gaard (2008:16) ekologiese kwessies te artikuleer, maar dit behoort ook die “political programs of collective action” wat nodig is om hierdie krisisse te ondersoek, te bevorder. Daar behoort retoriese verbande tussen die narratiewe probleme en die narratiewe oplossings te wees, waar probleme soos ontbossing en verlies van spesies soos in byvoorbeeld Arboreta, die heks met die groen hare van Riana Scheepers (2008) onder die loep geneem word en oplossings daarvoor bedink en voorgestel word. In die fiksietekste behoort daar duidelike boodskappe van besliste optrede en konkrete deelname te wees.

  • Vraag 3: Watter status (“agency”) word aan die natuur toegeken? Gaard (2008:18) vra in hierdie verband die vrae: “Is nature an object to be saved by the heroic child actor? Is nature a damsel in distress, an all-sacrificing mother, or does nature have its own subjectivity and agency?”

Volgens Gaard (2008:18–9) kan dit gebeur dat die jong leser verhale lees waarin daar ’n ingesteldheid heers waar diere en die natuurlike omgewing as verbruikbaar geag word. Daardie fiksietekste lewer geen leersame bydraes tot die hantering en die oplossing van omgewingskwessies nie. Om hierdie rede behoort kinderliteratuur die bestaansreg van die natuur te erken deur byvoorbeeld aan diere hulle eie waarde te verleen. Dit is ’n belangrike kenmerk van ekoverhale wat daartoe verbind is om die subjektiwiteit van die natuur te herstel. Ten einde die kind toe te rus met probleemoplossingsvermoëns, die vermoë tot optrede vir sosiale geregtigheid en tot omgewingsvolhoubaarheid, behoort die kind gelei te word in die ontwikkeling van ’n eie identiteit wat begrip en deernis oor kulture heen en ’n waarderende, koesterende verbondenheid tot die natuur insluit.

’n Ekopedagogie vir omgewingsgerigte kinderliteratuur behels volgens Gaard (2008:20–1) ’n verbondenheid tot die koherensie tussen teorie en praktyk. Dit gaan gepaard met ’n soeke na tekste, kundigheid en aktiwiteite wat dit ten doel het om teorie in optrede of praxis om te sit. Praxis manifesteer in eenvoudige keuses, soos die gebruik van herwonne/hergebruikte papier en die aanmoediging van die hergebruik van papierafval in klaskamers of tuis. Ekokritici het immers reeds gewys op die retoriese diskrepansie van die gebruik van papier by die uitgee van omgewingsliteratuur vir jong lesers. In hierdie geval kan praktiese optrede vir die uitgewers van kinderboeke die druk van boeke op herwonne papier beteken. Praxis kan volhoubare vervoerpraktyke vir leerders na en vanaf skole behels. Daar is dikwels ook ’n ingeboude element van betrokke burgerskap teenwoordig om leerders te help om klaskamerkennis aan te wend in die ingryping in en optrede by anti-ekologiese sosiale praktyke en die steun aan volhoubaarheid.

Juis van toepassing op omgewingsliteratuur vir die jeug, beklemtoon ekopedagogie die nodigheid vir aktiewe optrede, toewyding en onmiddellike verandering. Dit vra persoonlike en sosiopolitieke verandering van die gesondheidsituasie van die aarde en van sy bewoners. Dit behoort ekokritiek in te sluit wat aktivisties georiënteerd is, wat toegewyd is aan die opvoeding van leerders en van volwassenes oor daardie strategieë van volhoubaarheid, van onderlinge verbondenheid en van demokratiese gemeenskapsbou wat in ag neem behoort te word en wat alle vorme van lewe insluit.

Gaard (2008:21) meen dat ekopedagogie talle anti-ekologiese kenmerke van ekonomiese globalisering kan belig, en dan noem sy spesifiek die invloed daarvan op voedselproduksie as voorbeeld:

[A]round the world, as “developing” nations enter the capitalist system of “free” trade, they are abandoning traditional diets centered around plant-based foods in favor of unhealthy Western style fast food and a “meat”-centered diet. This transition exacerbates world hunger and requires more and more environmentally destructive factory farms, such as the one from which Clara in Mojo’s Story of Clara the Chicken escaped.

Kinderliteratuur wat aan die ekopedagogiese kriteria van Gaard voldoen, beskik oor die potensiaal om leerders wêreldwyd voor te berei vir die taak om kulturele, ekonomiese en omgewingsvernietigende ontwikkelings teen te staan. ’n Soortgelyke toepassing van sommige van Gaard se kriteria kan gemaak word op voorbeeldtekste uit die Afrikaanse letterkunde (Loubser 2016; 2017a; 2017b). Hierdie tekste sluit in Arboreta, die heks met die groen hare deur Riana Scheepers (2008), Anna Atoom en die digitale draak deur Elizabeth Wasserman (2012), Kringe in ’n bos deur Dalene Matthee (1984), ’n Tuiste vir Bitis deur Freda Linde (1980), en Facto en die Flixies deur Danie Schreuder (2010):

  • Bewusmaking van omgewingskwessies soos besoedeling en skade aan die natuurlike omgewing. Arboreta en Sylvie, die twee hoofkarakters, ondersoek optredes van rommelstrooiing, brandstigting wat natuurlike plantegroei vernietig en ontbossing in Arboreta, die heks met die groen hare (2008):

    Partykeer is daar stout kinders wat aaklige dinge doen. Hulle gooi blikke en papiere rond en spoeg stukke taai kougom sommer net waar hulle is, uit. Vir die skelm rokers het Arboreta ’n spesiale plan. Die oomblik as hulle ’n sigaret in hul mond sit, begin daar ’n woeste wind dwarrel en blaas die rook terug in hul monde. (bl 13)

  • Bewusmaking van onverantwoordelike mens-natuur-verhoudings word belig in teksgedeeltes soos:

    Hoe boos! Dit beteken hy probeer weer regkry wat hy met al sy planne sover gepoog het: om die era van die mense se oorheersing van die planeet tot ’n rampspoedige einde te bring. (Anna Atoom en die digitale draak, 2012:77)

  • Kollektiewe en/of individuele optrede deur besorgde en verantwoordelike burgers manifesteer in gedeeltes soos:

    Waarom, Meneer die Burgemeester, weet ons nie van hierdie “noodsaaklike instandhouding” nie? Moet ons nie ingelig word as julle aan die bos begin kap nie? (Arboreta, die heks met die groen hare, 2008:42)

    Hulle weet hoe hy [Saul] voel oor mors met die Bos en dat sy vuiste nie huiwer nie. Die klompie wat hier is [...] hou Saul Barnard in toom! (Kringe in ’n bos, 1984:206)

  • Kennis van en ’n omgeeverhouding met die natuurlike omgewing kom byvoorbeeld voor in teksgedeeltes soos:

    Hulle [die olifante] was eerste in die Bos [...] Hulle het nêrens om heen te gaan nie. (Kringe in ’n bos, 1984:91)

    Na ’n jaar en ’n half verstaan hy haar beter. Sy [Bitis] het onbedreig gelewe hier aan die waterkant. [...] Hy verstaan haar nou, ken haar geskiedenis so goed asof sy dit self vertel het: As jong slang het sy in hierdie beskutte omgewing beland, of dit gekies, terwyl ander slange op Onderplaas doodgemaak is. (’n Tuiste vir Bitis,1980:19)

  • Interafhanklikheid van menslike en niemenslike spesies manifesteer in teksgedeeltes soos:

    Maar mense, diere en plante ry nie net saam op hierdie ruimteskip [Aarde] nie. Om te sorg dat alles goed werk, het elkeen ’n sekere takie.

    Mense en diere en plante werk só saam om die natuurlike hulpbronne in ’n gesonde toestand te hou sodat alles wat lewe, kan aanhou lewe. (Facto en die Flixies, 2010:7)

Gaard (2008:21) bepleit die skep van intergenerasie-, interkulturele en interspesiegemeenskappe wat toegewyd is daaraan om verhale van weerstand en van sosiale en omgewingsgeregtigheid te beleef en te lees. Fiksietekste kan waardevol bydra tot ’n ekopedagogie wat voldoen aan hierdie voorwaardes soos deur Gaard gestel.

 

4. Opvoedkunde en die Antroposeen

Reinhold Leinfelder (2013:26) skryf:

The Anthropocene concept appears particularly useful also for educational purposes, since it uses metaphors, integrates disciplinary knowledge, promotes integrative thinking, and focuses on the long-term perspective and with it our responsibility for the future.

Volgens O’Donoghue (1989:16) is die omvang van die omgewingskrisis enorm en sluit dit aspekte in soos:

  • ’n Onderling afhanklike web van globale bedreigings, insluitend kwessies soos suurreën, aardverwarming, die vernietiging van die osoonlaag en die verlies aan tropiese woude.
  • Die vernietiging van streke se lewensonderhoudende sisteme deur oorbenutting van hulpbronne (habitatvernietiging, gronderosie, besoedeling, ens.).
  • Sosiopolitieke kwessies soos politieke onderdrukking, armoede in die platteland en sosiale onrus. In Suid-Afrika is die nalatenskap van apartheid ’n belangrike omgewingskwessie.

4.1 OO as antwoord op die Antroposeen

Sedert die vroeë 1970’s is daar geleidelik ’n groterwordende bewustheid van die negatiewe gevolge van die mens-omgewing-verhouding te bespeur. Die felheid van omgewingskwessies het ongekende hoogtes bereik (Reddy 2011:11) en talle omgewingsprobleme, soos klimaatsverandering, word wêreldwyd ervaar. Die uitwerking daarvan word ook deur plaaslike gemeenskappe gevoel (Le Grange, Reddy en Beets 2011) en die oorsake van hierdie omgewingskrisisse is dikwels te vinde in menslike bedrywighede wat skadelik is vir die ekosisteme van die aarde. Le Grange en Reddy (Reddy 2011:14) wys daarop dat vroeëre pogings tot omgewingsopvoeding maar bra beperk was, juis vanweë bestaande opvattings oor die begrip omgewing, die aard van die krisis en die tipes optredes wat vereis word. Omgewing is hoofsaaklik as sinoniem met natuur gesien, met ’n beklemtoning van ekologie en die biofisiese omgewing. Tans besef opvoeders egter dat die konsep omgewing interaksies oor die sosiale, die ekonomiese, die politiese en die biofisisie dimensies heen behels (Reddy 2011:14).

Omgewingsopvoeding is volgens Reddy (2011:13) een van die reaksies op omgewingskrisisse, maar die studieveld van omgewingsopvoeding is kompleks en moet gesien word as parallel met die sosiale bewegings in omgewing en ekologie (Reddy 2011:14). Ook Kahn (2010:17) erken dat daar wel oor die laaste aantal dekades groei in OO plaasgevind het, maar hy meen voorts OO “is a field ripe for a radical reconstruction of its literacy agenda”.

Navorsers in die studievelde van die ekopedagogie en kritiese ekogeletterdheid bedink voortdurend nuwe maniere van onderwys wat kan reageer op die planetêre krisis en hoe hierdie onderrigpraktyke die mens kan help om nuut te dink oor onderlinge menseverhoudings, maar ook oor verhoudings met ander bestaansvorme en met die omliggende natuurlike omgewing (Turner 2015:xi). ’n Ander benadering tot die ontwikkeling van kurrikula word voorgestel en ’n “nuwe opvoedkunde” word bepleit.

4.2 Leer vir verandering

Volgens Turner (2015:xii) is sommige navorsers van mening dat die mens kan aanleer hoe om die gevolge van diepgesetelde gedragstrukture te herken. Op herkenning volg dan heroorweging van hierdie gedrag en uiteindelik lei dit tot die ontwikkeling van positiewer en meer volhoubare wyses van optrede by individue. Hierdie idees is belangrik om die mens te help om te verstaan hoekom ons op spesifieke wyses in die wêreld leef en wat ons kan doen om ’n beter toekoms te verseker.

Mezirow (2002:22) identifiseer hierdie proses as transformatiewe leer (TL) en dit behels ’n proses van verhoogde individuele leerkapasiteit wat ter wille van verandering plaasvind. Volgens Mezirow (2002:22) behels die fases van TL stappe soos kritiese assessering van aannames, beplanning van moontlike optredes, die inwin van kennis en vaardighede vir optrede. Hierdie fases van die TL-proses gaan ook gepaard met gevoelens soos disoriëntasie, selfondersoeke, skuldgevoelens en skaamte oor ou aanvaarde aannames en vooropgestelde idees (in die geval van OO, oor die mens-natuur-verhouding en onregte teenoor die natuurlike omgewing gepleeg).

Die TL-proses bied ’n beter geleentheid tot leer, terwyl leerders terselfdertyd emosioneel ryper word. Hierdie volwassewording van leerders gaan gepaard met intense emosionele belewenisse tydens refleksiewe gesprekvoering, wat uiteindelik tot daadwerklike optrede kan lei. Kortliks gestel behels TL kritiese refleksie, refleksiewe gesprekvoering en uiteindelik optrede. TL maak deel van die ontwikkelingsproses tydens omgewingsopvoeding uit. Dit (TL) skep geleenthede vir die ontwikkeling van ’n ekologiese uitkyk aan die opvoedkunde wat holisties, deelnemend en prakties van aard is (Mezirow 2002:22).

Die pedagogie van TL kan bydra tot veranderde ingesteldhede by leerders ten einde omgewingsgeletterde burgers te word en om huidige uitdagings oor die mens-natuur-verhouding aan te spreek (Boehnert 2011).

’n Groot uitdaging in die tyd van die Antroposeen is dat OO vir jare lank in Suid-Afrika nie deel uitgemaak het van die formele kurrikulum nie. Dit was eers met samesprekings in 1997 oor die nuwe kurrikulumraamwerk, Kurrikulum 2005, dat die Departement van Omgewingsake en Toerisme, provinsiale regerings se onderwysdepartemente en omgewingsopvoedingspraktisyns insette gelewer het oor die insluiting van omgewingsopvoeding in formele skoolkurrikula (Reddy 2011:15). Hierdie kurrikulum is intussen hersien en het in 2002 gelei tot die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring (HNKV). Van die beginsels van die HNKV is sosiale geregtigheid, ’n gesonde omgewing, menseregte en inklusiwiteit. In hierdie verband noem Reddy (2011:15,16) twee belangrike stellings wat gemaak is: die Suid-Afrikaanse kurrikulum moet ’n rol speel in die bewusmaking van leerders van die verhouding tussen die verskillende elemente van die beginsel, en die beginsel moet nie net in een leerarea ontwikkel word nie, maar dit moet in die wyduiteenlopende studievelde van al agt die leerareas geïntegreer word. In 2006 is ’n nuwe kurrikulum ingefaseer vir Voortgesette Onderwys en Opleiding (VOO) en omgewingsbelange is in die leeruitkomste en in die assesseringstandaarde van alle vakke ingewerk (Le Grange e.a. 2011).

Voorts het die implementering van OO in die Suid-Afrikaanse skoolkurrikula sy kwota uitdagings gehad. Reddy (2011:16) noem een van die groot struikelblokke “the capacity of teachers to implement the environmental education content in the curriculum”. Die houding en vaardighede van onderwysers is belangrik in die onderrig van OO, aangesien beginsels van die OO-gesprekvoering in die kurrikulum en in die pedagogiese praktyke “vertaal” moet word. Dit sal volgens Reddy (2011:16) die leerders intellektueel en emosioneel betrek in die ontwikkeling van diepe, betekenisvolle begrip. Beleidsgesprekvoering moet dus deur onderwysers herkontekstualiseer en omvorm word in hul eie gesprekvoering oor pedagogiese praktyke. Vir hierdie taak moet onderwysers bygestaan word, aangesien OO berus op die ontwikkeling van omgewingsverwante doelwitte en daar (voorheen) nagelaat is om onderwysers op hierdie vlak toe te rus: “If environmental education is to be one of the social agencies through which the transformation to an ecologically sustainable society is to be achieved, the role of teachers as change agents is vital” (Reddy 2011:16).

Vir Reddy (2011:24) is OO, as ’n kurrikulumproses en professionele ontwikkeling vir omgewingsopvoeders, deel van ’n komplekse stelsel. Opvoeding is ’n dinamiese, sosiale proses wat deur verskeie sosiale en politieke toestande beïnvloed word. Opvoeding is ’n “notoriously conservative ‘enterprise’ that requires much effort to effect change” (Reddy 2011:24).

Loubser (2014:154) bespreek kurrikulumontwikkeling vir omgewingsopvoeding en noem dat ’n goeie kurrikulumproses weldeurdagte keuses van strategieë en metodes insluit. Hierdie metodes sluit algemene strategieë in, soos vraagstelling, bespreking, ondersoekinstelling en probleemoplossing, demonstrasies, samewerking/groepwerk, asook die eksperimentele metode (soos ontdekkingsleer en projekte). Hierdie metodes behoort ook voorsiening te maak vir leerdergesentreerdheid (byvoorbeeld aktiewe deelname van leerders), relevansie vir leerders (aanklank by leerders se behoeftes en belange, asook voorkennis), die insluiting van die omgewing (die gebruik van die leerders se onmiddellike omgewing), asook kruiskurrikulêre aanwending (soos projekte wat oor omgewingskwessies van ’n holistiese aard handel, byvoorbeeld gevaarlike afval).

4.3 Soorte kennis

Short (2002:139) stel voor dat leerders op ander wyses as volgens tradisionele, konserwatiewe onderrigstrategieë aan kennis bekendgestel word, want dit sal opvoedkundige doelstellings en werklike leer meer in ooreenstemming met mekaar bring. Dit sal terselfdertyd verseker dat ’n leerder “a more accurate respresentation of scholarly knowledge” (Short 2002:140) met hom/haar saamneem as wat tans die geval is. ’n Nuwe manier van onderrig word dus deur Short bepleit. ’n Nuwe manier van dink, van rasionalisering en van legitimisering van die organisasie van die kurrikulum van onderwys word benodig: “One that will integrate knowledge discovered, knowledge gained, knowledge tested, knowledge shared, knowledge applied. And that will foster the wisdom required to weigh and use knowledge” (Short 2002:140).

Ook Kereluik, Mishra, Fahnoe en Terry (2013:127) verwys na 21ste-eeuse kennisraamwerke en die drie tipes kennis wat nodig word, naamlik: “foundational, meta and humanistic”. Die kwessie ter sprake is volgens hulle dat die opvoedkunde tans nuwe maniere van dink en leer vereis. Hedendaagse leerders word verswelg deur tegnologie, en nuwe maniere van onderrig moet bedink word om by hierdie veranderende omstandighede aan te pas.

Die eerste kenniskategorie, grondslagkennis (“foundational knowledge”), behels kern inhoudskennis en gedissiplineerde maniere van dink wat gekenmerk word deur komplekse en geïntegreerde denkprosesse spesifiek met betrekking tot tradisionele kennisvelde. Dit behels ook digitale en inligtingsgeletterdheid. Voorts word transdissiplinêre kennis of kruisdissiplinêre kennis (“cross-disciplinary knowledge”) benodig wat inligting oor studievelde of -areas heen, integreer. Die tweede kategorie is metakennis, wat probleemoplossing, kritiese denke, kommunikasie en samewerking, asook kreatiwiteit en vernuwing behels. Derdens is daar humanistiese kennis wat konsepte soos lewensvaardighede, werksvaardighede, leierskap en kulturele, etniese en emosionele bewustheid insluit.

Volgens Kereluik e.a. (2015:128) lê daar enorme uitdagings in die oproep ten opsigte van veranderde kennisraamwerke vir die 21ste eeu. Dit berus op die aanname dat onderwys versuim het om leerders vir die eise van die 21ste eeu voor te berei. ’n Gans ander model van opvoedkunde word dus vereis wat die 20ste-eeuse vaardighede van herhaling, basiese toegepaste kennis en beperkte geletterdheid sal aanvul. Daar moet vasgestel word wat en hoe onderrig moet word. Voorts moet daar herbesin word oor inhoud en pedagogie wat die behoeftes vir die ontwikkeling van 21ste-eeuse kennis inhou. Daar moet herbesinning wees oor die soorte kennis wat benodig word.

In teenstelling met dissiplinêre kennis (’n vorm van kennis wat binne ’n bepaalde dissipline, soos chemie, sosiologie of filosofie, geskep word) bestaan daar ook praktiese of “mission-oriented knowledge” (Short 2002:141). Hierdie praktiese kennis waarvan Short praat is daardie soort kennis wat met verskeie menslike aktiwiteite geassosieer kan word. Dit is aktiwiteite wat vrae voortbring wat beantwoord moet word of aktiwiteite wat optrede vereis. Volgens Short (2002:141) gaan taakgeoriënteerde vrae oor wat gedoen moet word ten einde sekere doelstellings te bereik en oor die potensiële gevolge van sekere optredes. Die praktiese bedoeling van taakgeoriënteerde kennis vereis dat vrae wat gestel word, anders beantwoord sal word as wat die geval by dissiplinêre ondervraging sou wees. Albei hierdie tipes kennis, akademies/dissiplinêr en prakties/taakgeoriënteerd, is nodig en het meriete, daarom moet die twee nie as in konflik met mekaar gesien word nie.

Hierdie vorm van kurrikulumorganisasie wat Short (2002:145) voorstel, vra dat kennis gekies word vanuit gepaste “bodies of knowledge” en dat daardie kennis herrangskik word ten einde ’n praktiese, taakgeoriënteerde studieprogram te verseker. Akademiese kennis moet gesoek word vanuit elke dissipline of studieveld wat beskou kan word as ter sake vir die taak van onderrig en leer oor hoe om as burger en as mens verantwoordelik op te tree (taakgeoriënteerde kennis). Leerplanne moet spesifiek ontwerp word om hierdie doel van algemene opvoeding te bereik. Die idees van Short illustreer ’n alternatiewe metode vir die ontwikkeling van die kurrikulum en sy werk bied oor die algemeen ’n eenvoudige, praktiese verduideliking vir die insluiting van plaaslike vrae en kwessies in kurrikula. Dit bied idees wat sterk dissiplinêre benaderings teenstaan en dit moedig inter- en transdissiplinêre werk aan. Short stel praktiese, opdragkennis (“missionary knowledge”) voor vir plaaslike vrae en kwessies in teenstelling met streng dissiplinêre kennis.

4.4 “Nuwe” opvoedkunde

Volgens Lotz-Sisitka (2014:1) word ’n “nuwe opvoedkunde” benodig om aan te pas by en te reageer op die uitdagings van die Antroposeen. Ook hierdie navorser meen dat omgewingskwessies die studieveld van die opvoedkunde noop om te herbesin en aan te pas by snelveranderende toestande. Enkeldissiplinêre kennis en onderrig is nie langer in staat om gepas sin te maak van die komplekse sosio-ekologiese kwessies wat die mens van die 21ste eeu in die gesig staar nie. Verhoudings, kritiese en komplekse vorme van kennis en leer behoort die kern van die “nuwe opvoedkunde” van die Antroposeen te vorm. Die opstellers van opvoedkundige kurrikula behoort dus volgens Lotz-Sisitka (2014:2) te herbesin oor wat kennis behels, aangesien betreklik onlangse uitdagings soos klimaatsveranderinge ’n element van onsekerheid in wetenskaplike kennis bring.

In ’n aangrypende artikel kom ook Hugo (2016:23) tot die gevolgtrekking dat die Antroposeen ’n totaal nuwe stelsel van radikale vrae meebring oor watter soort opvoeding dan nou die waardevolste is. Hugo verskaf geen antwoorde nie, maar beklemtoon die feit dat ’n veel radikaler manier van dink nodig is oor die idee van sogenaamde “powerful knowledge”, want die bestaande opvattings oor wat hierdie kragtige kennis behels, is nie meer van toepassing is nie. “We need a new answer, and the space [where] we look for that answer is partly with the people engaged in environmental education” (Hugo 2016:24).

Volgens Lloro-Bidart (2015:129) sien te min kenners op die gebied van die opvoedkunde die moontlikhede raak wat die metafore van die Antroposeen vir hulle studieveld inhou. Ten spyte van die antroposentriese morfologie van die woord daag die verskynsel van die Antroposeen die studieveld van die opvoedkunde uit. Lloro-Bidart (2015:130) verwys na die “Anthropocene metaphor” as een wat die mens vooropstel as die “architects of the earths’ socio-environments”. Ander gewilde metafore in die media tans sluit in die verwysing na die Antroposeen as “boundary line”, “authorizing the God Species” en verteenwoordig dus die “centering humanity in the workings of the planet” (Lloro-Bidart 2015:130). Hierdie metafore (wat die mens by implikasie as verhewe bo die niemenslike stel) bring navorsers en dus ook opvoedkundiges voor die uitdaging om menslike grootheidswaan aan te spreek en om die Antroposeen as ’n uitdaging tot opvoedkundige geleenthede te beskou.

Opvoedkunde in/vir die Antroposeen (Lloro-Bidart 2015:132) vereis ’n transformasie in opvoedkundige ruimtes en praktyke om die huidige geologiese epog aan te spreek of om daarby aan te pas. Volgens Robbins (2013:312) behoort daar gefokus te word op “learning and cultural modification within and between communities and generations”. Soos wat navorsers voorskryf hoe kurrikula, pedagogiese praktyke en beleide geformuleer moet word en hoe om die aanvang van die huidige geologiese epog te hanteer, het hulle egter versuim om krities na die problematiese temas van die Antroposeen te kyk. Aangesien die Antroposeen ’n belangrike konsep is, veral vir die studieveld van opvoedkunde, voer Lloro-Bidart (2015:132) aan dat daar besin moet word oor die aanvegbare aard van die term self, maar ook oor (die Antroposeen se) verborge temas en politieke en kulturele implikasies (waar die fokus op leer en kulturele modifikasie binne en tussen gemeenskappe en generasies is). Daar word nagelaat om die fundamentele filosofiese en ontologiese voorskriftelikhede van die opvoedkunde te bevraagteken en vakkundiges word kollektief gedwing in situasies “to adjust to the upheavals of the Anthropocene” (Robbins 2013:313) en om die Era van die Mens te aanvaar.

In aansluiting by Short (2002) se opvattings oor interdissiplinariteit en ’n meer praktiese struktuur van kurrikula, kan daar na huidige dissiplinêre opvattings oor onderwys verwys word. Huidige literatuur oor opvoedkunde in/vir die Antroposeen deur navorsers soos Wagler, Nelson, Cassell, Leinfelder, en ander is volgens Lloro-Bidart (2015:133) breedweg gebaseer op argumente vir ’n bemoeienis met die volgende oorvleuelende konseptuele en/of praktiese skuiwe: (1) interdissiplinariteit, transdissiplinariteit en kruisdissiplinariteit; (2) gemeenskaps- en/of deelnamegebaseerde benaderings in die natuurwetenskappe; en (3) veranderende denkrigtings soos die ekofeminisme en die posthumanisme.

Tydens die Antroposeen, glo Leinfelder (2013:10), sal die onderskeid tussen wetenskap en opvoedkunde vervaag, wat sal plek maak vir “new transdisciplinary approaches, with science and society interacting in a great variety of new ways”.

As gevolg van die optrede van anthropos is daar ook volgens Carstens (2016:255) ’n nuwe ontologie en epistemologie nodig, naamlik ’n onto-epistemologie (’n manier van wees en van dink) wat inklusief, buigbaar, veranderlik en veelvuldig sal wees. Hierdie transversale denke (“transversal thinking) sal die vervlegtheid van die mens en ’n verskeidenheid van niemenslike “ander” erken. Dit beteken dat daar krities omgegaan sal word met die onbekende, die vreemde en die ongemaklike. Dit vereis dat die mens hom/haar van sy/haar bekende wêreld van hiërargiese en binêre konstruksies sal losmaak en die vreemde, intensiewe en vervlegte wêrelde wat ons met diere en dinge deel, sal oorweeg. Daar word nou vereis dat die mensdom die skade wat aangerig is/word (en wat dalk nog aangerig mag word) aan die netwerk van die lewe waarin ons so onlosmaakbaar ingebed is, sal erken. Carstens (2016:257) gaan dan voort en vra die vraag: Hoe spreek akademici (en opvoedkundiges veral) die verskynsel van die Antroposeen in hulle beplanning en onderrig aan en hoe word studente/leerders op die onvermydelike ineenstorting van wêrelde / natuurlike omgewings voorberei?

Carstens (2016:257) wys op ’n interessante verskynsel wat hy “machinic enslavement” noem. Volgens hom kom dit onder talle leerders voor, veral eerstegenerasieleerders in Suid-Afrika, waar ’n tekort aan gesonde en voldoende maaltye, aan blyplek en leeromstandighede dikwels bestaan. Hierdie einste leerders het egter al meer toegang tot televisie, selfone en slimfone en ontwikkel terselfdertyd ’n soort verbruikerselfsug wat Carstens (2016:257) “consumer oblivion” noem. Voorts is daar tans ’n verlammende droogte in Suid-Afrika wat voedselonsekerheid en werksverliese tot gevolg kan hê. In klaskamers hang daar dus dreigende (en soms onuitgesproke) vorme van sosio-ekonomiese onstabiliteit (soos waardevermindering van die geldeenheid, toename in lewenskostes en minder werksgeleenthede).

Volgens Carstens (2016:258) veroorsaak tegnologiese netwerke dat verbruikers blind is vir die kapitalisme se apokaliptiese impak op die natuur, gemeenskappe en individue. Carstens (2016:258) verwys bykans genadeloos na huidige leerders as ’n generasie “born into ahistoric, anti-mnemonic blip culture”, ’n “disleksiese generasie” wat nie die nodigheid daarvan kan insien om te lees of selfs om te dink nie.

Carstens (2016:258) is fel in sy kritiek teen bestaande onderwyspraktyke en -beskouings wanneer hy die huidige situasie as ’n staat van wilde ontologiese en epistemologiese disoriëntasie, gekombineerd met ’n dodelike sin van verlamming sien. Hy beskou dit as ’n “uncanny” (’n woord wat hy herhaaldelik gebruik) spektrum van biosferiese en sosio-ekonomiese, kulturele en pedagogiese kwessies. Aan die wortel van hierdie probleem sien hy verouderde en problematiese opvattings oor die natuur en oor wat dit beteken om mens te wees. Op die spel is twyfelagtige opvattings van vooruitgang en menslike uitsonderlikheid wat verkondig word, dikwels onbevraagd, in vakgebiede en dissiplines wat oor die kunste/menswetenskappe en die wetenskappe heen strek.

Hier kan na die Brasiliaanse opvoedkundige Paulo Freire (1970) se idee van “conscientization” verwys word – daardie omskakeling van kennis na bewustheid en bewuswees, asook die daaropvolgende “praxis”, of daadwerklike optrede. Freire (1998:499) voer aan dat die kritiese dimensie van bewuswording daarin lê dat menslike wesens herorganiseer kan word om aktiewe agente te wees wat hulle wêrelde kan omvorm:

It is as conscious beings that men are not only in the world, but with the world, together with other men. Only men, as “open” beings, are able to achieve the complex operation of simultaneously transforming the world by their action and grasping an expressing the world’s reality in their creative language. (Freire 1998:499)

Volgens Fien (1993:43) het daar oor jare heen, in waardering vir die kompleksiteit van die konsep van OO, ’n aantal paradigmaskuiwe plaasgevind en word dit weerspieël in drie oriënterings, naamlik opvoeding oor, opvoeding in en opvoeding vir die omgewing:

  • Opvoeding oor die omgewing is die mees algemene vorm van OO. Die klem lê hier op kennis oor natuurlike sisteme en prosesse en op die ekologiese, ekonomiese en politieke faktore wat die wyse waarop mense die omgewing gebruik/uitbuit, benadruk. Hierdie kennis word beskou as belangrik in die oplossing van omgewingskwessies en vir die verantwoordelike bestuur van die natuurlike omgewing. Die integrasie van natuurlike en sosiale sisteme vind plaas, maar tog word die interaksies tussen hierdie twee stelsels geïgnoreer. Wetenskap en geografie is gewoonlik van die studievelde wat geassosieer word met onderrig oor die omgewing. Die fokus is op ekologiese konsepte en tegniese oplossings vir omgewingskwessies terwyl die menslike oorsprong van die kwessies dikwels geïgnoreer word.
  • Opvoeding in of deur die omgewing is ’n benadering waar leerders eerstehandse ondervinding in die natuurlike omgewing opdoen. Die doel van hierdie leerdergesentreerde benadering tot OO is om realiteit, relevansie en praktiese ondervinding deel van die leerproses te maak en om leerders toe te rus met gevoelens van waardering vir die natuurlike omgewing deur direkte kontak. Hierdie ervarings kan ook bydra tot die ontwikkeling van vaardighede soos data-insameling, waarneming, die gebruik van apparatuur, sowel as die bevordering van sosiale vaardighede soos samewerking in groepsverband.
  • Opvoeding vir die omgewing poog om leerders te betrek by die oplossing van omgewingskwessies en om waardes volgens die nuwe omgewingsparadigma te kweek. Dit streef daarna om kinders se lewenstyle te ontwikkel vir die volhoubare en verantwoordelike gebruik van hulpbronne sodat die mens, maar ook die omgewing, daarby kan baat vind. Dit bou op die prosesse van opvoeding oor en in die omgewing. Opvoeding vir die omgewing is krities georiënteerd teenoor moderne opvoeding wat die dominante sosiale paradigma met sy verwante, foutiewe waardestelsel (tipies van menslike verhoudings met die natuurlike omgewing) reproduseer. Dit word algemeen aanvaar dat slegs wanneer OO-programme vir die omgewing georiënteerd is, daar werklik sprake van omgewingsopvoeding kan wees.

Ter aanvulling van hierdie idee van opvoeding vir volhoubaarheid en vir die omgewing, kan die reeds gemelde konsep van transformatiewe leer (TL) beskou word. Opvoeding vir volhoubaarheid beklemtoon ook volgens TL-teorieë ’n dieper bevraagtekening en hervorming van doel, beleid en praktyk. Leer vir verandering, maar ook leer as verandering maak deel van volhoubare opvoeding uit.

Boehnert (2011) beweer dat TL, ten spyte van die potensiaal daarvan, voor intense uitdagings te staan kom weens die feit dat individue dikwels bedreig voel by die vooruitsig aan ’n bevraagtekening van aanvaarde norme, aannames en gedrag. Tog kan TL suksesvol wees, aangesien dit ’n kragtige pedagogiese praktyk is.

Wals (2007:35) verwys na die nuwe opvoedkunde as ’n hervormingsproses wat nuwe en produktiewe verhoudings tussen leerders en onderwysers, tussen skole en gemeenskappe, en tussen die onderwysstelsel en die groter gemeenskap vereis. Sosiale leer is volgens Wals (2007:37), gesteun deur ander navorsers in hierdie studieveld soos Dyball, Brown en Keen (2007); Loeber, Van Mierlo, Grin en Leeuwis (2007); McKenzie (2007); O’Donoghue, Lotz-Sisitka, Asafo-Adjei, Kota en Hanisi (2007), ’n manier waarop individue, organisasies, gemeenskappe en netwerke georganiseer word in die skep van ’n “more reflexive, resilient, flexible, adaptive and, indeed, ultimately, more sustainable world”. ’n Sleutelaspek van die TL-stelsel is die nodigheid dat individue “refleksief” sal wees, wat beteken dat daar gesteun sal word op die menslike vermoë om te kan herverbeel en te kan herbeskou. Wals (2007:38) verwys hier na ’n leerstelsel wat refleksief is ten einde te kan bevraagteken en dit sluit in die bevraagtekening van bestaande roetines, norme, waardes en belange, want “a reflexive society requires reflexive citizens able to participate in and contribute to the process of change”.

Volgens Carstens (2016:262) is daar die (reeds gemelde) nuwe en opwindende posthumanistiese gedagterigtings wat die intellektuele grense tussen die mens, ander lewensvorme en materie laat vervaag. Hierby kan ek dan ook die nuwe materialisme en die ekokritiek as deel van die netwerk van nuwe, kritiese ondervraging voeg. Kritiese posthumanisme en nuwe materialistiese, asook ekokritiese, perspektiewe vra ons om die “cunning entanglements of nature and culture” en die “dimensies van ongemaklike kennis” te oorweeg (Carstens 2016:263).

Die nuwe materialisme is ’n teoretiese terrein wat verskeie dissiplines dien, byvoorbeeld die natuurwetenskappe, die filosofie en literatuurteorie en –kritiek, en waarbinne oor materialiteit herbesin word. Natuurelemente binne die teoretiese raamwerk van die nuwe materialisme kan nie as passiewe sosiale konstruksies beskou word nie, maar eerder as kragtige vorme van bemiddeling wat interaksie met en verandering of beïnvloeding van die mens, maar ook van ander bestaansvorme / niemenslike elemente teweegbring (Alaimo en Hekman (reds.) 2008:7; Smith 2012b:892).

Barad (in Carstens 2016:263) bepleit ’n kritiese posthumanistiese en nuwe materialistiese onto-epistemologie waarvolgens daar gedink en onderrig kan word, sonder “presupposing dualist structures such as subject and object, word and world, nature and culture”. Dit verseker ’n manier van betrokke wees by hierdie tipes bespiegelende “denkeksperimente” via ons voorgeskrewe werke, opdragte en klaskamergesprekke (en ek voeg hier by: letterkunde en spesifiek ekoliteratuur).

Die Antroposeen moet nie net beskou word as ’n krisis nie, maar ook as ’n geleentheid om betrokke te raak en meer bewus te word van die aarde, haar materie, haar prosesse en haar vele lewensvorme. Dit vra dat ons die wêreld in ag sal neem en alle bestaansvorme sal erken vir wat hulle is en nie net vir watter nut hulle vir die mensdom kan inhou nie.

Hierdie manier van ondersoek instel, meen Carstens (2016:266), vorm die kern van kritiese posthumanistiese en nuwe materialistiese keerpunte in teorie, en verskaf sodoende “new avenues for scholarly engagement with the twenty-first-century ecology, energy, and financial crises, including their (dis-) continuous processes of in- and exclusion”. Enkeldissipline-wyses van leer en onderrig maak bloot nie meer sin in die huidige scenario van komplekse sosio-ekologiese kwessies wat die mensdom en die talle “ander” bewoners van die aarde in die gesig staar nie. Carstens (2016:266) meen dat verwante, kritiese, vooruitskouende en komplekse vorme van kennis en leer in Suid-Afrika en elders aan die voorpunt van die nuwe opvoedkunde/onderwys van die Antroposeen moet staan. Die blote vergroening (“greening”) van die onderwys deur die bylas van stukkies “groen inhoud tot bestaande kursusse” is, alhoewel positief, “ongelukkig onvoldoende vir die bereiking van studente [en leerders] se behoeftes vandag of in die toekoms” skryf Lotz-Sisitka (2014:1). Vir Lotz-Sisitka gaan dit oor meer as die aanleer van blote feite. Opvoedkunde moet meer vooruitskouend en reflektief wees, met ander woorde meer bewus van die toepaslikheid tot die breër sosiale aangeleenthede (2014:2). Ook Reddy (2011:11) beklemtoon die belang van omgewingsopvoeding as ’n “curriculum innovation in areas of national/international significance”, soos omgewingstudies en onderwysers as agente vir verandering.

Die werklike uitdaging van die Antroposeen lê dus volgens Carstens (2016:266) daarin dat alle enggekonstrueerde areas van menslike kennis herbedink word en dat onsekerhede aangespreek word, dat kennis heroorweeg sal word en dat nuwe vorme van transdissiplinêre leer, wat nie net oor feite gaan nie, maar wat sal antisipeer en wat transversale denkwyses sal aanmoedig, aangewend sal word. Lotz-Sisitka (2014:1) maan dat kurrikula wat gepas is vir die 21ste eeu, sterker sal moet wees en ’n stewiger basis in dissiplinêre kennis sal moet hê, terwyl daar betrokke geraak word by hierdie “strength in inter- and transdisciplinary learning and practice”. Soos wat Fisher (in Carstens 2016:266) uitwys, is vakdissiplines nie net fataal uit voeling met die tye nie, maar die basiese kritiese vaardighede wat nodig is vir die koestering en bemoeienis met dissiplinêre en transdissiplinêre kennis is ook besig om te vervaag.

Carstens (2016:267) beskou navorsing soos gedoen deur Lotz-Sisitka en andere as ’n bewys dat geletterdheid aangemoedig moet word en dat lees in die klaskamers teruggebring moet word – dat wat gelees word, net so belangrik is as die daad van lees self en dat daar nie weggeskram kan word van komplekse en ongemaklike kwessies van vervlegtheid wat ter sprake is in die Antroposeen nie. Carstens (2016:268) beskou dit as ’n fatale belemmering van leerders se vermoë om die realiteite van die wêreld waarin hulle woon te verwerk wanneer opvoedkundiges versuim om aan leerders ’n “critical foothold in any of the key areas that are shaping the Anthropocene” te gee. Volgens hom moet leerders tot die posisie van “actants” eerder as passiewe verbruikers bemagtig word.

Kritiese posthumanistiese opvoedkundiges se enorme taak tans is om te sorg dat Antroposeen-geskikte kurrikula ontwikkel word wat direk en krities omgaan met industrialisering, kapitalisme en globalisering, sowel as met plaaslike uitdagings soos xenofobie, huishoudelike geweld, patriargale strukture en dies meer (Carstens 2016:269). Dit is belangrik dat leerders toegerus word met ’n kritiese kennisraamwerk wat hulle in staat sal stel om te waardeer hoe kultuur, denke en optredes bepaal word in verhouding tot die self en tot ander. Daar behoort ook onderrig te word oor verbruikerspassiwiteit en die konsep van “nature on demand” (Carstens 2016:269). Die werklikheid vandag is ’n wêreld van dramaties-toenemende omgewingsveranderinge, waar stabiliteit nie langer as vanselfsprekend aanvaar kan word nie.. Kritiese omgang met, of betrokkenheid by, hierdie werklikheid sal tegelykertyd krimineel en fataal onproduktief wees om leerders te beskerm teen die harde werklikhede. Dit sluit byvoorbeeld in om te praat – sonder om doekies om te draai – oor erosie, besoedeling, kontaminasie, die skrikwekkende ophoping van rommel, en die massiewe verlies aan biodiversiteit.

Volgens Carstens (2016:271) behoort opvoedkundiges tans hulself en leerders te red uit ’n giftige en toekomsontkennende staat van verlamming. Daar behoort aandag gegee te word aan die verstrengeling van, simbiose tussen en onderlinge vervlegtheid van die mens en sy/haar omliggende wêreld.

4.5 Aksieleer en die EkoSkool-program

4.5.1 Aksieleer

Met betrekking tot die praktyk, en spesifiek in skoolverband, kan verwys word na die ondervinding van navorsers soos O’Donoghue (1993:34) se aksieleer. Vir suksesvolle OO in die tyd van die Antroposeen is dit nodig dat leerders krities sal dink en by werklike kwessies betrokke sal raak. Hiervolgens word vooraf leer, leer deur ervaring en leer deur kritiese reflektering oor ervarings in ag geneem.

O’Donoghue (1993:34) noem die kenmerke van “ACTION”, die akroniem wat ’n raamwerk benoem van veldwerk vir skole en gemeenskappe, wat byvoorbeeld tydens die toets van watergehalte gebruik is:

A = Ask. Dit behels kommunikasie (vraagstelling en gesprekvoering) oor plaaslike kwessies. Vrae word gevra aan ’n samewerkende groep met die kreatiewe potensiaal en vaardighede om ’n verskil te kan maak.

C = Check. ’n Gegewe, plaaslike situasie is ter sprake en die ondersoek word gedoen met behulp van ’n ondersteunende kontrolelys.

T = Test. ’n Stelsel van beskikbare praktiese vaardighede word tydens toetsing ingespan.

I = Inform. Verskaf die nodige inligting deur verslaglewering, ondersteuning en aanmoediging tot aksie.

O = Outline. ’n Definitiewe plan van aksie word ondersteun deur die geskikte toerusting vir die uitvoer van take. Hierdie toerusting word gevind of ontwikkel, byvoorbeeld deur onderwysers en plaaslike kenners op die gebied van bewaring.

N = Networking. Die potensiaal van kind-tot-kind-terugrapporteringsessies, gesprekvoering en rekenaarnetwerking met ander projekte wêreldwyd is van onskatbare waarde.

O’Donoghue (1993:34) beskou hierdie raamwerk as ’n voorbeeld van ’n “enabling framework for fieldwork” wat met die hulp van onderwysers ontwikkel is, en hierdie raamwerk kan steeds van toepassing wees vir veldwerk en vir die aanspreek van omgewingskwessies.

4.5.2 Die EkoSkool-program

Volgens Rosenberg (2008:25) word die EkoSkool-program reeds geredelik in Suid-Afrikaanse skole as ’n raamwerk vir die ondersteuning van OO gebruik. Haar evaluering van hierdie program het getoon dat onderwysers probleme met OO ondervind. So byvoorbeeld het onderwysers dit dikwels moeilik gevind om tyd in te ruim vir die EkoSkool-aktiwiteite; om vanuit die leerders se deelname in die aktiwiteite leer aan te moedig en verbandlegging te doen op die gepaste vlak vir die spesifieke graad. Sommige onderwysers het nagelaat om leerders se foute en wanopvattings aan te spreek, of hulle te help om take te bemeester. Lesse was soms uitermate ingewikkeld of onderbroke (2008:33). Onderwysers was dikwels onseker oor hul eie kennis van omgewingskwessies en oor hulle vermoë om die begrippe aan die leerders oor te dra. Rosenberg (2008:34) het tot die slotsom gekom dat onderwysers dikwels nie oor die nodige kennis van OO-konsepte, -kwessies en -pedagogiek beskik om samehangende lesse te ontwerp wat betekenisvol tot leer uit aksieprojekte bydra nie.

Nogtans bevind Rosenberg (2008:35) dat die EkoSkool-program die potensiaal het om tot verbeterde onderwys en leer in skole by te dra. Daar moet egter genoegsame steun aan onderwysers gebied word sodat hulle die program – en OO – suksesvol kan bemeester.

Na aanleiding van hierdie voorbeelde uit bestaande navorsing kan die aanwending van idees en voorstelle in die toekoms oorweeg word vir OO waar deelname, betrokkenheid en kritieke (ingrypende) denkwyseveranderings aangespreek kan word.

 

5. Slotopmerkings

Die opvoedkunde beskik oor die potensiaal om maniere te bied waarop die dreigende omgewingskrisisse van die huidige geologiese epog aangespreek kan word. Dit is nodig om aandag te gee aan die vervlegtheid van alle lewensvorme en om toe te sien dat daar ’n radikale strewe ontwikkel na die vervaging van grense tussen die mens en die niemenslike. Dit is nodig dat hierdie verstrengeling van alle lewensvorme verstaan word en dat dit aan leerders bekendgestel en verduidelik word.

In hierdie artikel is die konsep van die Antroposeen, die era van die mens en van menslike bevoordeling, ondersoek. Antroposentrisme is ’n diepgewortelde kulturele denkraamwerk waarvolgens menslike wesens meerderwaardig in verhouding tot niemenslike bestaansvorme voel (Ferrante en Sartori 2016:176). Volgens Ferrante en Sartori (2016:177) kan die posthumanisme gedefinieer word as die kritisering van en die oorkoming van die ontologiese, epistemologiese en die etiese verwysings van die antroposentrisme. Die posthumanisme fokus op die verhouding tussen die mens en die niemenslike. Dit bevoordeel die desentralisering van die mens en fokus op die talle verbintenisse tussen die mens en die niemenslike.

Alhoewel posthumanisme soms gekritiseer word as ’n tweesnydende swaard, kan dit steeds nuwe maniere van denke en optrede inspireer. Hierdie denke behels ’n herverbeelding van wat dit beteken om mens te wees eerder as wat dit ’n poging is “to go beyond human exceptionalism” (Soper 2012:375). Soos Soper sien ek ook posthumanistiese diskoerse as pogings tot herkenning van en bespreking oor die “lurking humanism of the forms of questioning of the nature and limits of the ‘human’ that are opened up through the posthumanist project” en dat dit die mees oortuigende gesprekvoerings kan wees.

Die posthumanisme, die nuwe materialisme, die ekokritiek en die affektiewe ommeswaai beset ’n grens tussen die mens en die kosmos – ’n terrein van verstrengelde bemoeienis. Hierdie bespiegelende maniere van kyk en voel bied opwindende nuwe moontlikhede vir konseptualisering en dit bied estetiese teenmiddels teen die vergiftiging van die Antroposeen. Dit is nodig om nuut te verbeel en te onderrig oor die fantastiese, die ontstellende of die onvoorstelbare indringer, terwyl daar herbesin word oor presies wat dit beteken om mens te wees en hoe om anders te mag dink.

Soos reeds genoem, kan kritiese sosiale bemoeienis met die Antroposeen nie noodwendig onmiddellike oplossings vir omgewingskwessies bied nie, maar hierdie studieveld beskik wel oor die potensiaal om die idee van die Antroposeen vanuit ’n ander perspektief te benader, om die weg vir nuwe maniere van kyk na die vervlegte verhoudings tussen natuurlike en sosiale wêrelde te baan. Dit is die geval omdat die sosiale wetenskappe, en dus letterkunde en literêre, kritiese teorieë, nuwe keuses kan bied vir die huidige soeke na geïntegreerde en oplossingsgerigte omgewingsnavorsing.

Voorts is daar uitgewei oor ekokritiek, ekopedagogie en OO. Die ekokritiek het van meet af aan bemoeienis met opvoeding gemaak; dit het nie net legitimiteit verleen aan ’n nuwe generasie van letterkundiges oor die interpretasie van omgewingstekste, ondersoeke gedoen na voorstellings van die natuur in literêre tekste nie, maar dit is ook ’n verkenning na die onderlinge verbondenheid tussen natuur en kultuur. Om te reageer op omgewingsprobleme wat tipies aan die era van die Antroposeen is, het die ekokritiek ook bygedra tot pogings vir omgewingsherstel (Gaard 2009:322). Geleidelik het ’n nuwe ekokritiese pedagogie ontstaan wat gemeenskapsbetrokkenheid as ’n fundamentele komponent van die ekokritiese klaskamer beklemtoon. Klem is geplaas op die ondervraging van die verhouding tussen kultuur en natuur en op ondersoeke na die verhouding tussen die mens en die niemenslike. Hierdie ontwikkeling het ’n kritiese grondslag gebied vir die verkenning van interspesieverhoudings, omgewingsliteratuur vir leerders en ekopedagogie. OO behels die ontwikkeling van ekogeletterde leerders, en die eko-opvoeding van die mens is waarskynlik een van die belangrikste aspekte van ekokritiek, en dit is waar die verband tussen OO en ekokritiek gevind kan word.

Opvoedkunde in die tyd van die Antroposeen is ondersoek en ek wil hier verwys na my artikel (Loubser 2016:641) waarin Rainbow (2014) se opvatting oor wetenskapsonderrig saamgevat word en wat eweneens op OO van toepassing kan wees: “Wat Rainbow (2014:121) uiteindelik hier verkondig, is wetenskapsonderrig wat intellektuele integriteit, die toets van opinies, die uitdaging van aanvaarde aannames en groter ontvanklikheid vir nuwe maniere van onderrig insluit.”

Dit is nodig vir navorsers om kurrikula opnuut te bevraagteken en om ’n nuwe formele en informele omgewingsleer te bedink. Vanuit ’n pedagogiese perspektief sal dit toenemend nodig word om so te herbesin en nuut te dink indien die opvoedkunde wil tred hou met die versnelde pas van ontwikkelings en die werklikheid van omgewingskwessies in die Antroposeen. Besluite behoort geneem te word oor hoe leerders tot ekogeletterdheid gelei kan word, wat opvoeding vir volhoubaarheid behels en of bestaande modelle vir OO leerders sal toerus om, sodra hulle die klaskamer verlaat, dit wat hulle geleer het te onthou en in hulle daaglikse lewens toe te pas. Ek glo dat omgewingsopvoeders in Suid-Afrika aangemoedig kan word om ’n verskil te maak en om by te dra tot die gemeenskaplike doel van ’n volhoubare samelewing en ’n harmonieuse saambestaan van alle dinge.

 

Bibliografie

Alaimo, S. 2010. Bodily natures. Science, environment and the material self. Bloomington: Indiana University Press.

Alaimo, S. en S. Hekman (reds.). 2008. Material feminisms. Bloomington: Indiana University Press.

Bartosch, R. en S. Grimm (reds.). 2014. Teaching environments: Ecocritical encounters. Frankfurt am Main: Peter Lang.

Boehnert, J.J. 2011. Transformative learning in sustainable education. ’n Aanbieding tydens Pedagogic Research Conference, Ecological literacy & transformative learning, Februarie 2011, University of Brighton. https://www.eco-labs.org/resources/papers-to-download-pdfs?download=14:skindeep-2011-transformative-learning-and-sustainable-education (22 Junie 2017 geraadpleeg).

Bristow, T. en G. Moore. 2013. Ecocriticism: Environment, emotions and education. The Conversation, Mei. http://theconversation.com/ecocriticism-environment-emotions-and-education-13989 (22 Januarie 2016 geraadpleeg).

Buell, L. 1995. The environmental imagination: Thoreau, nature writing, and the formation of American culture. Cambridge en Londen: Harvard University Press

Capra, F. 2009. The new facts of life. The Centre for Ecoliteracy. http://www.ecoliteracy.org/essays/new-facts-life (22 Julie 2015 geraadpleeg).

Carstens, D. 2016. The Anthropocene crisis and higher education: A fundamental shift. South African Journal of Higher Education, 30(3):255–73.

Castree, N. 2014. The Anthropocene and the Environmental Humanities: Extending the conversation. Environmental Humanities, 5:233–60.

Clark, N. 2014. Geo-politics and the disaster of the Anthropocene. The Sociological Review, 62(1):19–37.

Clark, T. 2015. Ecocriticism on the edge: The Anthropocene as a threshold concept. Londen: Bloomsbury.

Derrida, J. 1976. Of grammatology. Londen: Johns Hopkins University Press.

De Saussure, F. 1959. Course in general linguistics. New York: Philosophical Library.

Dobrin, S.I. en K.B. Kidd (reds.). 2004. Wildthings: Children’s culture and ecocriticism. Detroit, Michigan: Wayne State University Press.

Dyball, R., V.A. Brown en M. Keen. 2007. Towards sustainability: Five strands of social learning. In Wals (red.) 2007.Ferrante, A. en D. Sartori. 2016. From Anthropocentrism to Post-humanism in the educational debate. Relations: Beyond Anthropocentrism, 4(2):175–94.

Fien, J. 1993. Education for the environment: Critical curriculum theorising and environmental education. Geelong: Deakin University Press.

Foucault, M. 1980. Power/knowledge: Selected interviews and other writings, 1972–1977. Sussex: The Harvester Press.

Freire, P. 1970. Pedagogy of the oppressed. Londen: Penguin.

—. 1998. Cultural action and conscientization. Harvard Educational Review, 68(4):499–521.

Gaard, G. 2008. Toward an ecopedagogy of children’s environmental literature. Green Theory & Praxis, 4(2):11–24.

—. 2009. Children’s environmental literature: From ecocriticism to ecopedagogy. Neohelicon, 36(2):321–34.

Garrard, G. 2007. Ecocriticism and education for sustainability. Pedagogy: Critical approaches to teaching literature, language, composition and culture, 7(3):359–83.

Hugo, W. 2016. What education is of most worth in a world where we are consuming the future of our children? Southern African Journal of Environmental Education, 32:11–25.

Iovino, 2012. Material ecocriticism: Matter, text, and posthuman ethics. In Müller en Sauter (reds.) 2012.

Johnson, N.C., R.H. Schein en J. Winders (reds.). 2013. The Wiley-Blackwell companion to cultural geography. Chichester, VK: John Wiley and Sons.

Kahn, R. 2010. Critical pedagogy, ecoliteracy and planetary crisis. New York: Peter Lang.

Kereluik, K., P. Mishra, C. Fahnoe en L. Terry. 2013. What knowledge is of most worth: Teacher knowledge for 21st century learning. Journal of digital learning in teacher education, 29(4):127–40.

Le Grange, L., C. Reddy en P. Beets. 2011. Socially critical education for a sustainable Stellenbosch 2030. In Swilling en Sebitosi (reds.) 2011.

Leinfelder, R. 2013. Assuming responsibilities for the Anthropocene: Challenges and opportunities in Education. In Trischler (red.) 2013.

Lewis, S.L. en M.A. Maslin. 2015. Defining the Anthropocene. Perspectives, 519:171−80.

Linde, F. 1980. ’n Tuiste vir Bitis. Kaapstad: Tafelberg.

Lloro-Bidart, T. 2015. A political ecology of education in/for the Anthropocene. Environment and society: Advances in research, 6:128–48.

Loeber, A., B. van Mierlo, J. Grin en C. Leeuwis. 2007. The practical value of theory: Conceptualising learning in the pursuit of a sustainable development. In Wals (red.) 2007.

Loubser, D.P. 2014. Environmental education and education for sustainability. Pretoria: Van Schaik.

Loubser, H. 2016. Die opvoedkundige waarde van ekoliterêre tekste: ’n Toepassing van Adrian Rainbow se sienings op ’n Afrikaanse jeugverhaal, ’n oorgangsroman en ’n prenteboek vir kinders. LitNet Akademies, 13(3):630–71.

—. 2017a. Die ontwikkeling van ekogeletterdheid deur middel van ’n Afrikaanse leesreeks. LitNet Akademies, 14(3):822–65.

—. 2017b. Omgewingsdiskoers in wetenskapfiksie vir kinders met verwysing na die Anna Atoom-reeks deur Elizabeth Wasserman. LitNet Akademies, 14(2):565–608.

Lotz-Sisitka, H. 2014. Radically reshaping higher education for the future. http://www.scidev.net/global/education/opinion/radically-reshaping-higher-education-for-the-future.html (17 Februarie 2017 geraadpleeg).

Lövbrand, E., S. Beck, J. Chilvers, T. Forsyth, J. Hedrén, M. Hulme, R. Lidskog en E. Vasileiadou. 2015. Who speaks for the future of Earth? How critical social science can extend the conversation on the Anthropocene. Global Environmental Change, 32:211–8.

Lyotard, J.-F. 1984. The postmodern condition: A report on knowledge. Minneapolis: University of Minnesota Press.

Matthee, D. 1984. Kringe in ’n bos. Kaapstad: Tafelberg.

McKenzie, M. 2007. Social learning and resistance: Towards contingent agency. In Wals (red.) 2007.

Mezirow, J. 2002. Learning as transformation. San Francisco: Jossey-Bass.

Morton, T. 2010. The ecological thought. Cambridge, Massachusetts en Londen: Harvard University Press.

—. 2013. Poisoned ground: Art and philosophy in the time of hyperobjects. Symploke, 21(1):37−50.

Müller, T. en M. Sauter (reds.). 2012. Literature, ecology, ethics. Heidelberg: Winter Verslag.

Neimanis, A., C. Asberg en J. Hedrén. 2015. Four problems, four directions for environmental humanities: Toward critical posthumanities for the Anthropocene. Ethics & the environment, 20(1):67–97.

O’Donoghue, R. 1989. Environmental Education: The development of a curriculum through ‘grass roots’ reconstructive action. Southern African Journal of Environmental Education, 10:16–24.

—. 1993. Clarifying environmental education: A search for clear action in Southern Africa. Southern African Journal of Environmental Education, 13:28–38.

O’Donoghue, R., H. Lotz-Sisitka, R. Asafo-Adjei, L. Kota en N. Hanisi. 2007. Exploring learning interactions arising in school-community contexts of socio-ecological risk. In Wals (red.) 2007.

Rainbow, A. 2014. Pedagogy and the power of the ecoliterary text. In Bartosch en Grimm (reds.) 2014.

Reddy, C. 2011. Environmental education and teacher development: Engaging a dual curriculum challenge. Ongepubliseerde intreerede, Universiteit Stellenbosch.

Robbins, P. 2013. Choosing metaphors for the Anthropocene: Cultural and political ecologies. In Johnson, Schein en Winders (reds.) 2013.

Rosenberg, E. 2008. Eco-Schools and the quality of education in South Africa: Realising the potential. Southern African Journal of Environmental Education, 25:25–43.

Scheepers, R. 2008. Arboreta die heks met die groen hare. Pretoria: Protea Boekhuis

Schreuder, D.R. 2010. Facto en die Flixies. Bellville: Ebony Books.

Short, E. C. 2002. Knowledge and the educative functions of a university: Designing the curriculum of higher education. Journal of Curriculum Studies, 34(2):139–48.

Smith, S. 2012a. Die aard van ekopoësie teen die agtergrond van die ekokritiese teorie met verwysing na enkele gedigte van Martjie Bosman. LitNet Akademies, 9(2):500–23.

—. 2012b. Plek en ingeplaaste skryf. ’n Teoretiese ondersoek na ingeplaaste skryf as ekopoëtiese skryfpraktyk. LitNet Akademies, 9(3):887−928.

—. 2014. Ekokritiek en die nuwe materialisme: ’n Ondersoek na die nuwe materialisme in enkele gedigte van Johann Lodewyk Marais uit die bundel In die bloute (2012). LitNet Akademies, 11(2):749–74.

Soper, K. 2012. The humanism in posthumanism. Comparative Critical Studies, 9(3):365–78.

Streeck, W. 2016. How will capitalism end? Essays on a failing system. Londen en New York: Verso.

Swilling, M. en B. Sebitosi (reds.). 2011. Sustainable Stellenbosch by 2030. Stellenbosch: SunMedia Uitgewers.

Thomson, P. 2005. Developing the textual turn: Tracking the grammar of research case records. Educational Action Research, 13(1):137–53.

Trischler, H. (red.). 2013. Anthropocene: Envisioning the future of the Age of Humans. München: Rachel Carson Sentrum.

Turner, R.J. 2015. Teaching for ecojustice: Curriculum and lessons for secondary and college classrooms. New York en Londen: Routledge.

Wals, A.E.J. 2007. Learning in a changing world and changing in a learning world: Reflexively fumbling towards sustainability. Southern African Journal of Environmental Education, 24:35–45.

Wals, A.E.J. (red.). 2007. Social learning towards a more sustainable world. Wageningen: Wageningen Academic Publishers

Wasserman, E. 2012. Anna Atoom en die digitale draak. Kaapstad: Tafelberg

Waters, C.N., J. Zalasiewicz, C. Summerhayes, A.D. Barnosky, C. Poirier, A. Galuszha, A. Cearreta, M. Edgeworth, E.C. Ellis, M. Ellis, C. Jeandel, R. Leinfelder, J.R. McNeill, D. deB. Richter, W. Steffen, J. Syvitski, D. Vidas, M. Wagreich, M. Williams, A. Zhisheng, J. Grinevald, E. Odada, N. Oreskes en A.P. Wolfe. 2016. The Anthropocene is functionally and stratigraphically distinct from the Holocene. Science, 351(6269):1–10.

Watson, M.C. 2013. The ecological thought/Timothy Morton. Resensie in The Interstitial Journal, Mei, ble. 1–5.

Whatmore, S. 2002. Hybrid geographies: Natures, cultures, spaces. Londen: Sage.

Zalasiewicz, J., M. Williams, W. Steffen en P. Crutzen. 2010. The new world of the Anthropocene. Environmental Science and Technology, 44:2228–31.

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Uitdagings van die Antroposeen: onderwys in die era van ’n mensgemaakte wêreld appeared first on LitNet.

Ankers vir vandag deur Nadine Blom: ’n resensie

$
0
0

Ankers vir vandag
Skrywer: Nadine Blom
Uitgewer: Lux Verbi
ISBN: 978-0-7963-2077-3

Die bekende sangeres Nadine Blom ken kollig en applous, maar ook die donkerte van kritiek, onreg, jaloesie, verontregting.

In Ankers vir vandag deel sy sommige van hierdie persoonlike ervarings, asook insigte wat sy deur swaarkry verwerf het. Sy skryf eerlik en onopgesmuk. Haar getuienis en deurleefde woorde versterk die boek se geloofwaardigheid.

Ankers vir vandag laat die klem op twee soorte ankers val: dié wat ’n mens daarvan weerhou om geestelik te kan groei en ander wat jou stewig vashou wanneer die lewe se storms woed. Elke geloofsanker wys heen na God, die vaste anker wat onwankelbaar en ewig is.

In haar inleiding sit sy haar drie temas duidelik uiteen: God se onwrikbare liefde vir sy kinders; ankers wat losgelaat moet word; ankers waaraan gelowiges in gehoorsaamheid moet vashou.

In die eerste afdeling, “Vashou-ankers”, waarsku die skrywer teen ankers waaraan ’n mens verkeerdelik vasklou, byvoorbeeld vrees, teleurstelling, bitterheid, verwerping, wraak. ’n Mens reken dat die emosies wat hiermee gepaard gaan, geregverdig is, maar dit rem jou terug en beperk geestelike groei. Sy benadruk die feit dat hierdie ankers tyd neem om te lig, omdat ’n mens se eie persepsies moet verander. Eers dán kan die Heilige Gees met sy genesingskrag die plek van dié ankers inneem.

Die skrywer besef dat die loslaat van ankers nie ’n eenmalige proses is nie. Sy gee dwarsdeur die boek riglyne oor hoe om ankers wat jou aftrek, te lig. Vir my is dit ’n pluspunt dat sy nie kitsantwoorde probeer verskaf nie.

Teenoor die ankers wat losgelaat moet word, stel Blom die stewige ankers wat keer dat die storms jou oorweldig.

Die afdeling “Vashou-ankers” bied ’n omvattende verskeidenheid ankers waaraan ’n gelowige daagliks kan vashou. Geloof. God se krag. God se wil. Woorde wat lewe. Stilwees. Vergifnis. Wysheid. Gebed.

Die hoofstukke is netjies en logies uiteengesit. Elke hoofstuk word aan ’n bepaalde geloofsanker gewy. Dit word gerugsteun deur ’n aantal Skrifgedeeltes en ’n gebed aan die einde van die hoofstuk.

Die gebede getuig van ’n innige, persoonlike verhouding met die Here. Die gebed op bl 19 ontroer: “Ek besef dat U nie ’n mens is nie. U is almagtig, alleswetend en alomteenwoordig. Gee my tog goddelike kennis, wysheid en insig sodat ek in donker tye nie in U twyfel nie, maar eerder onthou hoe U my gedra het. Ek het U lief. Amen.”

Die skrywer se taalgebruik is sober. Haar formulering is duidelik en beheers. Dit is egter tog jammer dat sy hier en daar ’n Engelse woord of uitdrukking gebruik waarvoor daar ’n geskikte Afrikaanse eweknie is. Op bl 69 kon “faith in action” gewoon “geloof in aksie” gewees het, sonder dat die seggingskrag ingeboet word. Dieselfde geld vir “musical” wat in plaas van die mooi Afrikaanse woord “musiekblyspel” gebruik word.

Op ’n paar plekke in die teks is die metafore nie weldeurdag nie. In die hoofstuk “Drie lewenspilare”, wat oor geloof, hoop en liefde handel, skryf Blom (bl 152): “Hou vas aan hierdie ankers [geloof, hoop en liefde] in jou lewe.”

Ten spyte van hierdie skryfjakkalsies oortuig Ankers vir vandag. Dis ’n boek wat met vrug gelees en herlees kan word.

The post <em>Ankers vir vandag</em> deur Nadine Blom: ’n resensie appeared first on LitNet.

Graad 11: Fisiese Wetenskappe (Chemie): vraestel 2 en memorandum

Uitnodiging vir nominasies: SA Akademiepryse 2019

$
0
0

Graag vestig ons u aandag op die Akademiepryse wat in 2019 vir toekenning oorweeg word. Kandidate vir enigeen van hierdie pryse kan tans by wyse van volledig gemotiveerde voorstelle genomineer word. Die volgende geld ten opsigte van die voorstelle:

➢ Die voorstel moet duidelik motiveer waarom die bepaalde kandidaat/instansie vir die bepaalde bekroning voorgestel word. Daar moet ook duidelik aangetoon word watter spesifieke publikasies/bydraes as bekronenswaardig beskou word.
➢ Dit moet verkieslik in Afrikaans wees.
➢ Dit moet deur ’n voorsteller en ’n sekondant onderteken wees.
➢ Die volle name van die kandidaat, asook van die voorsteller en sekondant, en hulle telefoon- en selfoonnommers, adres en e-posadres moet verskaf word.
➢ Die voorstel moet gesteun word deur die nuutste curriculum vitae en publikasielys van die kandidaat, indien van toepassing.
➢ Die grootste mate van vertroulikheid moet gehandhaaf word. Onder GEEN omstandighede mag die kandidaat daarvan bewus wees dat hy/sy vir ’n prys genomineer word nie. Dit het al in die verlede gebeur dat daar by potensiële kandidate verwagtinge geskep is wat vir die betrokke kandidaat en vir die SA Akademie groot verleentheid veroorsaak het.
➢ By die toekenning van pryse is die Akademieraad se besluit finaal. In die geval van ’n nominasie wat nie suksesvol was nie, sal GEEN korrespondensie of gesprekke ná toekenning gevoer word nie – nie met voorstellers nie en ook nie met kandidate nie.

Reglemente vir die onderskeie pryse is op aanvraag beskikbaar.

Die finale sluitingsdatum vir voorstelle is 31 Januarie 2019, behalwe waar andersvermeld.

Pryse beskikbaar vir toekenning in 2019:

GEESTESWETENSKAPPE

Stalsprys

Die Stalsprys vir Geesteswetenskappe word jaarliks toegeken vir ’n hoogstaande publikasie of ’n reeks van hoogstaande publikasies, by voorkeur, maar nie uitsluitlik nie, in Afrikaans. Verder word dit toegeken vir individuele of gesamentlike wetenskapsbeoefening en/of die lewering van individuele of gesamentlike produkte van hoogstaande gehalte waardeur buitengewone bydraes tot die wetenskapsbeoefening gemaak word. Spanprestasie of bydrae tot spanprestasie, multi- en interdissiplinêre navorsing, goeie implementerings- of evalueringsnavorsing kan ook in berekening gebring word. Werk wat voor die bekroningsjaar gelewer is, sal vir die bekroning in aanmerking geneem word. Die volgende vakgebiede kom in 2019 aan die beurt:

  1. Stalsprys vir Geskiedwetenskappe (Geskiedenis, Kultuurgeskiedenis, Argeologie, ens.)
  2. Stalsprys vir Sosiologie; Antropologie; Kriminologie
  3. Stalsprys vir Filosofie en Etiek; Toekomskunde; Algemene Wetenskapsleer en Algemene Navorsingsmetodologie
  4. Stalsprys vir Politieke Wetenskap
  5. Stalsprys vir Ekonomie

Ds Pieter van Drimmelenmedalje

Aktiwiteite soos Bybelvertaling, teologiese handboeke in Afrikaans vir gebruik deur universiteitstudente, gepubliseerde preekbundels, godsdiensonderwys en die skryf, vertaling, toonsetting en bywerking van Afrikaanse Psalms en Gesange kom vir die prys in aanmerking. Die persone wat vir hierdie toekenning in aanmerking geneem word, is predikante, professore, onderwysers en skrywers. Die medalje kan meer as een keer aan ’n persoon toegeken word.

Totiusprys vir Teologie en die studie van die grondtale van die Bybel

Die prys kan toegeken word vir ’n hoogstaande publikasie of ’n reeks van hoogstaande publikasies in Afrikaans oor die Christelike teologie of die studie van die grondtale van die Bybel. Daar moet spesifiek aangedui word watter publikasie(s) vir bekroning aanbeveel word en daar moet gelet word op voortgesette produktiwiteit. Die prys kan slegs een keer aan ’n persoon toegeken word.

Gustav Prellerprys vir Literatuurwetenskap en Letterkundige Kritiek

Die prys is al om die drie jaar beskikbaar vir literatuurwetenskaplike werk in Afrikaans, met inbegrip van letterkundige kritiek. Alle bydraes van kandidate op die terrein, ongeag wanneer dit gelewer is, kom in aanmerking.

NP van Wyk Louwmedalje

Die medalje is driejaarliks vir toekenning beskikbaar aan ’n kandidaat vir skeppende bydraes tot die ontginning, organisasie en volgehoue uitbouing van ’n vertakking of vertakkings van die geesteswetenskappe, wat as ’n wesenlike en belangrike bydrae tot die bevordering van die geesteswetenskappe beskou kan word. Die bydraes moet verkieslik in Afrikaans wees. Die prys word beskou as die bekroning van buitengewone prestasie, normaalweg van volgehoue aard. Dit kan slegs een maal aan ’n persoon toegeken word.

Frans du Toitmedalje vir Bedryfsleiding

Die medalje word driejaarliks vir bedryfsleiding toegeken. Die volgende geld by die oorweging van ’n kandidaat:

  1. Skeppende bydrae tot die Suid-Afrikaanse bedryfslewe;
  2. Volgehoue uitbouing oor ’n lang tydperk van die terreine waarop hy/sy werksaam is;
  3. Leierskap op die bepaalde terreine en besieling om die gebiede verder te ontwikkel.
  4. Die prys word as ’n kroon op ’n lewenstaak beskou en kan slegs een maal aan ’n kandidaat toegeken word.

DF Malanmedalje

Die medalje word as ’n besonder hoë onderskeiding beskou en word alleen toegeken aan persone wat werk van die hoogste gehalte ter bevordering van die Afrikaanse taal en kultuur gelewer het. Die prys is elke drie jaar beskikbaar vir toekenning.

CL Engelbrechtprys vir Afrikaanse Taalkunde

In 2019 kan die prys toegeken word vir ’n gepubliseerde werk in Afrikaans oor die Afrikaanse taalkunde (boek, saamgestelde boek) in die vyf kalenderjare wat die prys voorafgaan, dus vir ’n boek wat in 2014, 2015, 2016, 2017 of 2018 verskyn het. Die prys kan meer as een keer aan dieselfde skrywer of taalkundige toegeken word.

Protea Boekhuistoekenning vir die beste gepubliseerde geskiedeniswerk in Afrikaans

Die prys roteer soos volg:

  1. 2019 vir ’n gepubliseerde boek.
  2. 2020 vir ’n M-verhandeling.
  3. 2021 vir ’n D-proefskrif.

In 2019 kom gepubliseerde boeke in geskiedenis of kultuurgeskiedenis wat in 2016, 2017 of 2018 verskyn het, in aanmerking. Werk wat reeds die Protea-prys as ongepubliseerde verhandeling of proefskrif ontvang het, kom nie weer in aanmerking nie.

Keerdatum vir nominasies: 15 Januarie 2019

KUNSTE

Hertzogprys vir Prosa

Alle Afrikaanse prosawerk van hoogstaande gehalte wat in die drie kalenderjare wat die bekroning voorafgaan (2016, 2017 en 2018) verskyn het, kom vir dié toekenning in aanmerking.

Eugène Maraisprys

Die Eugène Maraisprys word toegeken vir ’n eerste of tweede bellettristiese publikasie in Afrikaans. Die prys is jaarliks beskikbaar en kan net een maal aan ’n bepaalde skrywer toegeken word.

Scheepersprys vir Jeugliteratuur

Die prys word driejaarliks toegeken vir ’n werk in Afrikaans in enige genre (gepubliseer in 2016, 2017 en 2018) vir tieners en jong volwassenes en kan meer as een keer aan dieselfde persoon toegeken word.

Alba Bouwerprys vir Kinderliteratuur

Die prys word toegeken vir enige literêre werk in die kategorie kinderliteratuur, d.w.s. die groep lesers van 7 tot 12. Die prys word driejaarliks toegeken vir werk, gepubliseer in 2016, 2017 en 2018. Dieselfde skrywer mag die prys meer as een keer ontvang.

Erepenning vir Televisiedrama in Afrikaans

Die erepenning word driejaarliks aan ’n regisseur toegeken vir ’n televisiedrama in Afrikaans (waarby dramareekse ingesluit is). Werke wat uitgesaai is deur alle uitsaainetwerke in die drie kalenderjare wat die bekroningsjaar voorafgaan (2016, 2017, 2018) kom in aanmerking.

Erepenning vir Rolprentkuns in Afrikaans

Die Akademie se erepenning is bedoel as erkenning, binne die doelstellings van die Akademie, vir besondere prestasie op terreine wat nie suiwer letterkundig of wetenskaplik is nie. Die Erepenning vir Rolprentkuns in Afrikaans kom driejaarliks aan die beurt en word toegeken aan ’n regisseur of vervaardiger van ’n rolprent.

Erepenning vir Visuele Kunste

Die visuele kunste word jaarliks bekroon en sluit o.a. die volgende kunsvorme in: skilderkuns, beeldhoukuns, argitektuur, weefwerk, keramiek, mosaïek, fotografie, advertensiewese en animasie-rolprente.

Huberte Rupertprys vir Klassieke musiek

Die prys kan jaarliks toegeken word. Instrumentaliste wat klawerinstrumente (bv. klawerbord, klavier, orrel); blaasinstrumente (bv. fluit, trompet); of strykinstrumente (viool, ens.) bespeel, kom in 2019 in aanmerking vir die prys.

Deleen Bekkerprys vir beste draaiboek vir ’n TV-drama in Afrikaans

In 2019 word die prys toegeken vir die beste draaiboek vir ’n TV-drama in Afrikaans. TV-draaiboeke (hetsy ’n enkel drama of een episode uit ’n reeks) wat in die voorafgaande drie jaar (2016, 2017 en 2018) gebeeldsend is, kom in aanmerking vir toekenning.

NATUURWETENSKAPPE EN TEGNOLOGIE

MT Steynprys vir Natuurwetenskaplike en Tegnologiese Prestasie

Dit is een van die belangrikste eerbewyse van die Akademie vir leierskap op die hoogste vlak op die gebied van die natuurwetenskap en die tegnologie. Die prys is ’n kroon op ’n lewenstaak en kan net een maal aan ’n persoon toegeken word. Slegs Suid-Afrikaanse burgers kom in aanmerking vir dié prys. Die MT Steyn-prys word jaarliks toegeken aan ’n persoon vir sy/haar skeppende bydrae tot die ontginning, organisasie en volgehoue uitbouing van die natuurwetenskap en/of die tegnologie (of ’n vertakking of vertakkings daarvan) en die suksesvolle toepassing daarvan in breër verband, soos in landsbelang. Die medalje kan jaarliks toegeken word.

Die suksesvolle kandidaat se kennis van Afrikaans moet sodanig wees dat hy/sy die prystoekenningseremonie in Afrikaans kan begryp en die aanvaardingstoespraak in Afrikaans kan lewer.

Goue Akademiemedalje vir Natuurwetenskaplike Prestasie

Die medalje word toegeken vir verdienstelike werk op die gebied van die natuurwetenskap, tegniek of geneeskunde. Waar die Havengaprys toegeken word vir oorspronklike navorsing en publikasies, word die Goue Akademiemedalje toegeken vir hoogstaande werk van praktiese uitvinding (of toepassing) en vernuf gebaseer op wetenskaplike en/of proefondervindelike grondslag. Die medalje kom driejaarliks aan die beurt en kan meer as een keer aan dieselfde persoon/instansie toegeken word.

Die suksesvolle kandidaat se kennis van Afrikaans moet sodanig wees dat hy/sy die prystoekenningseremonie in Afrikaans kan begryp en die aanvaardingstoespraak in Afrikaans kan lewer.

Havengaprys

Die Havengaprys word jaarliks toegeken vir oorspronklike navorsing op natuurwetenskaplike en/of tegniese gebied. Die nodige vereistes by die beoordeling van kandidate is eerstens navorsingspublikasies en tweedens bewys van die bevordering van Afrikaans. Ander prestasies in belang van die wetenskap sal ook in aanmerking geneem word. Die prys kan net een maal aan ’n bepaalde persoon toegeken word. In 2019 kom die volgende vakgebiede aan die beurt:

  1. Havengaprys vir Lewenswetenskappe (vir navorsing op lewende materiaal, uitgesluit die mens) (bv. Landbou, Biologie, Veeartsenykunde, ens.)
  2. Havengaprys vir Gesondheidswetenskappe (Geneeskunde, Tandheelkunde, ens.)

Erepenning vir Natuurwetenskap en Tegnologie

Hierdie erepenning word toegeken op die terreine wat nie reeds ondervang is deur ander bekroningsgebiede binne die Fakulteit nie. Dit word slegs toegeken vir werk van hoogstaande kwaliteit en word net in uitsonderlike gevalle toegeken.

Senior Kaptein Scott-gedenkmedalje

Die medalje kan driejaarliks toegeken word aan enige bioloog in suidelike Afrika wat uitmuntend in sy/haar werksveld presteer het. Wetenskaplike werk van meer toegepaste aard en van voortreflike gehalte wat die status van die biologiese wetenskappe bevorder het deur bv. hoogstaande navorsing, onderwys of bestuursleiding, kom hiervoor in aanmerking. Dit kan óf vir ’n enkele uitstaande bydrae óf vir ’n voortgesette bydrae oor ’n lang tydperk op die gebied van die omgewingsbiologie toegeken word.

Junior Kaptein Scott-gedenkmedalje (Plantkundige Wetenskappe)

Die medalje kan jaarliks toegeken word vir die beste verhandeling ingedien by ’n Suid-Afrikaanse universiteit vir die M.Sc.-graad, om die beurt in die dierkundige of plantkundige wetenskappe. In 2019 kom plantkundige wetenskappe aan die beurt. Keerdatum vir nominasies: 15 Januarie 2019


 

Elektroniese nominasies kan gestuur word na: linda@akademie.co.za

Let wel: Handtekeninge van die voorsteller en sekondant moet ingeskandeer word op die motiveringsdokument.

Nominasies per gewone pos:

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Vir aandag: Linda Brink, Privaatsak X11, Arcadia, Pretoria, 0007.

Nominasies per koerier:

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Vir aandag: Linda Brink, Ziervogelstraat 574, Arcadia, Pretoria, 0083.

The post Uitnodiging vir nominasies: SA Akademiepryse 2019 appeared first on LitNet.

Viewing all 21496 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>