Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 22044 articles
Browse latest View live

’n Onderhoud met bekroonde navorser Michelle Barnard

$
0
0

’n LitNet Akademies (Regte)-artikel deur Michelle Barnard is onlangs deur die Suid-Afrikaanse Akademie bekroon. Michelle vertel vir Naomi Meyer van haar navorsing en wat die prys vir haar beteken. 

Michelle, geluk met die onlangse SA Akademie-prys wat jou artikel, “Koolstofbelasting as voorgestelde ekologiese fiskalehervormingsmaatreël in Suid-Afrika”, ontvang het. Wat beteken so ’n bekroning vir jou?

Baie dankie – ek waardeer die erkenning wat die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aan my en ander navorsers gee met hierdie toekennings. Op ’n persoonlike vlak beteken hierdie prys vir my dat navorsing oor belangrike onderwerpe groter blootstelling geniet as bloot die lesers van die tydskrifte waarin die bekroonde artikels aanvanklik gepubliseer is. Pryse soos hierdie is ook ’n aansporing vir akademici om in Afrikaans te publiseer en aan te hou publiseer.

Hoe pas hierdie artikel in jou oorkoepelende navorsingsfokus in?

My navorsing fokus op twee pertinente, maar verwante onderwerpe, naamlik klimaatsverandering en die tempering daarvan deur middel van energiesektorhervorming en fiskale beleid. Die potensiaal van hierdie twee temperingsmaatreëls word nie net op nasionale vlak beoordeel nie, maar ook op substreeksvlak (Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap) en kontinentale vlak (Afrika-Unie) beskou. 

In die regswese word al hoe minder Afrikaans gebruik. Was dit vir jou ’n uitdaging om Afrikaanse terminologie te vind om in jou artikel te gebruik, of wat was jou ervaring om ’n artikel in so ’n gespesialiseerde onderwerp in Afrikaans te skryf?

Beslis – dit was my eerste Afrikaanse artikel wat ek geskryf het en dit was inderdaad ’n uitdaging om tegniese terme te vertaal – ’n baie spesifieke voorbeeld is die gebruik van die woord tempering in plaas van mitigasie. Dit was vir my baie belangrik dat die artikel ’n oorspronklike bydrae tot die vakgebied moes beliggaam en moontlik die ontwikkeling van Afrikaans as wetenskapstaal sou bevorder.

Klimaatsverandering is op almal se lippe as mense begin praat van droogtes in een deel van die land en oorstrominge op ’n ander plek. Dink jy dat die regswêreld ’n etiese of morele verantwoordelikheid het om sulke kwessies deur middel van strafopleggings, soos belasting, aan te spreek?

Definitief. Die tempering van klimaatsverandering moet statutêr gereguleer word en ’n komponent hiervan behoort sanksies in te sluit. Dit is ’n groot stap vorentoe dat Suid-Afrika reeds in die proses is om wetgewing oor koolstofbelasting te promulgeer, maar die feit dat geen spesifieke stuk wetgewing oor klimaatsverandering bestaan nie, bly problematies. Sonder klinkklare temperingsdoelwitte vir spesifieke sektore wat met sanksies vir nienakoming gepaard gaan, kan ek nie voorsien hoe ons land se huidige kweekhuisgasvrystellingsvlakke beduidend sal verminder nie.

Daar is ook praktiese kwessies ter sprake wanneer dit kom by gasse in die atmosfeer. Sekere fabrieke of motors of toestelle word op ’n sekere manier gebou en dit is buite die beheer van mense om die inherente aard en werking hiervan te verander. Dus kan daar seker geredeneer word: Wie moet belas word? En wat gebeur as die een wat die fabriek gebou het (ter voorbeeld) nie eens meer leef nie, en nie eens meer aandadig gehou kan word nie? Moet vandag se mense belasting betaal vir iets wat hulle dalk nie kan verander nie?

Dit is ’n baie interessante vraag en een wat verband hou met die beginsels van gemeenskaplike dog verskillende verantwoordelikhede en vermoëns. In kort behels hierdie beginsel dat die mate waartoe ’n party bydra (en in die verlede bygedra het) tot klimaatsverandering in direkte verhouding moet staan tot die mate waartoe daardie party verantwoordelik is vir tempering. As ons in ag neem dat Suid-Afrika onder die top 15 lande is op die globale kweekhuisgasvrystellingslys, staan dit nie teen twyfel dat ons op nasionale vlak ernstige stappe moet doen om ons temperingsverpligting na te kom nie. Die belasting wat gehef sal word op partye wat aktiwiteite uitvoer wat tot die vrystelling van sekere gelyste kweekhuisgasse lei, is oorwegend daarop gemik om produksie-aktiwiteite en verbruikerspatrone te wysig.

Is dit jou gevoel dat die juridiese wêreld vandag nog ’n rol kan speel om daadwerklike en praktiese veranderinge aan te bring en ’n positiewe uitwerking op die samelewing kan hê? Is daar nog voorbeelde waaraan jy kan dink van wat die regswese na jou mening kan bewerkstellig?

Met spesifieke verwysing na klimaatreg in Suid-Afrika dink ek dat die howe toenemend ’n belangrike rol gaan speel in die skep van nuwe reg deur middel van uitsprake. Ons het maar so onlangs soos 2017 die eerste litigasie rakende klimaatsverandering in Suid-Afrika gesien waarin die hof klimaatsverandering as spesifieke omgewingsaspek binne omgewingsimpakassesserings erken het. Ek is van mening dat omgewingsorganisasies hulle tot die howe gaan wend om verandering te weeg te bring wat te stadig deur wetgewing gebeur.

The post ’n Onderhoud met bekroonde navorser Michelle Barnard appeared first on LitNet.


KKNK 2018: Plekspesifieke produksie neem voortou met ses Kanna-benoemings

$
0
0

Die plekspesifieke produksie Ons is almal freaks hier het met die pas afgelope Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) op Oudtshoorn die voortou geneem met ses benoemings vir Kanna-pryse.

Kort op sy hakke is die produksies SwerfgoedNêrens, Noord-Kaap, Hierdie lewe en Melk & Vleis, met vier benoemings elk.

Laasgenoemde twee produksies is benoem in die kategorie vir beste teateraanbieding, sowel as vir die Kanna vir beste regie, met Nicole Holm (Ons is almal freaks hier), Wolf Britz (Hierdie lewe) en Marthinus Basson (Melk & Vleis). Nêrens, Noord-Kaap is ook in dié twee kategorieë benoem, met Nico Scheepers as regisseur.

Ons is almal freaks hier, geskryf deur die Hertzog-pryswenner Ingrid Winterbach en wat handel oor Saartjie Baartman (hoewel sy nie by name genoem word nie), is ook benoem vir beste manlike byspeler (Albert Pretorius), beste aktrise (Lee-Ann van Rooi), beste vroulike byspeler (Kay Smith) en beste teaterontwerp (Holm en Birrie le Roux).

Die solovertoning Hierdie lewe, ’n verwerking deur Saartjie Botha van Karel Schoeman se gelyknamige roman as huldeblyk vir dié grootse Afrikaanse skrywer, ding ook mee vir die pryse vir beste aktrise (Antoinette Kellermann) en beste teaterontwerp (Britz). Britz het ’n derde benoeming gekry, ook vir teaterontwerp, vir die debuutproduksie Babbelagtig.

Die reeds bekroonde Melk & Vleis van die jong skrywer Marina Albertyn staan ook ’n kans in die kategorieë vir beste akteur (Neels van Jaarsveld) en beste aktrise (Illse Roos).

Die produksies wat sake uitspook vir beste debuutaanbieding is die prettige Babbelagtig (ook ’n aanspraakmaker vir beste kinderproduksie), die distopiese Swerfgoed (waarvoor Bauke Snyman ook benoem is vir beste teks) en die solostuk You Suck (en ander afgryslike waarhede). Die ander benoemdes vir beste teks kom uit die geledere van die gewilde Uitkampteater: Du Toit Albertze vir Die meermin-kompleks en Philip Rademeyer vir sy bydrae vir Doos/Box.

Die jongelinge wat die aandag getrek het vir beste opkomende kunstenaar is Albertze (Die meermin-kompleks), die Ensemble van Die Nuwe Republiek van die Nuwe Nuwe Suid-Afrika en Stephren Saayman vir sy Uitkampteater-produksie Brandmerk.

Die produksies wat vir die beste musiekaanbieding benoem is, getuig van die uiteenlopende musiekaanbod by die fees: Lepeltjie vol snare (met Hannes Coetzee, Kunste Onbeperk se ontvanger van 2018 se Kruispunt-prys, wat bekendheid verwerf het vir sy besondere styl om met ’n teelepeltjie kitaar te speel), Besselsen (met Gertjie Besselsen van Mr Cat & The Jackal-faam wat hom in die veld van eietydse kabaret begewe); en Afrika my verlange / Afrique mon désir (’n samesmelting van Suid-Afrikaanse en Afrika-musiek in Afrikaans, Frans en verskeie Afrika-tale).

Op die kunsfront tel onder die benoemings Dance and Carve with My Father van Johannes en Collen Maswanganyi. Dit is ’n gesamentlike uitstalling van ’n pa en seun: Johannes is vanjaar se KKNK-feeskunstenaar en Collen is vereer met die Kunste Onbeperk-prys vir ’n nuwe stem. Jürgen Dünhofen se uitstalling Re-Acclimate is ook benoem vir ’n Kanna vir die beste bydrae tot visuele kuns, terwyl Diek Grobler uitgesonder is vir sy animasie vir die produksie Afrika my verlange / Afrique mon désir.

Hugo Theart, waarnemende uitvoerende hoof van Kunste Onbeperk, het almal in die onderskeie kategorieë gelukgewens me hul benoemings, maar ook al die deelnemers aan KKNK-2018 bedank vir hul bydrae tot die kunste.

Hy sê dit is verblydend dat die afgelope twee Teksmarkte van Kunste Onbeperk ook ’n wesenlike bydrae maak tot die ontwikkeling van nuwe produksies. Dit sluit in Ons is almal freaks hier, Melk & VleisDie meermin-kompleks, Swerfgoed en Die dans van die watermeid (wat in twee kategorieë benoem is).

Mareli Stolp, sameroeper van die Kanna-paneel, sê die paneel se 2018-ervaring kan opgesom word in drie woorde: “Verbyster, verwonder en verkwik.” Die mense wat die moeilike taak gehad het om by die kortlys uit te kom, was Diane de Beer, Laetitia Pople, Thami Mbongo, Rafiek Mammon, Amelda Brand, Tracey Saunders, Aidan Erasmus en Retha Bornmann.

Volgende jaar se KKNK word van Donderdag, 21 Maart tot Woensdag, 27 Maart 2019 op Oudtshoorn aangebied.

Die volledige lys van benoemdes is:

Beste teateraanbieding

Hierdie lewe
Melk & Vleis
Nêrens, Noord-Kaap
Ons is almal freaks hier

Beste akteur

Mbulelo Grootboom – Gif/Poison/Ityhefu
De Klerk Oelofse – Nêrens, Noord-Kaap
Geon Nel – Nêrens, Noord-Kaap
Neels van Jaarsveld – Melk & Vleis

Beste byspeler: manlik

Ephraim Gordon – Die dans van die Watermeid
Albert Pretorius – Ons is almal freaks hier
Richard September – Swerfgoed

Beste aktrise

Antoinette Kellermann – Hierdie lewe
Illse Roos – Melk & Vleis
Lee-Ann van Rooi – Ons is almal freaks hier

Beste byspeler: vroulik

Nicole Holm – Swerfgoed
Gretchen Ramsden – Die dans van die Watermeid
Kay Smith – Ons is almal freaks hier

Beste opkomende kunstenaar

Du Toit Albertze – Die Meermin-kompleks
Ensemble – NRNNSA of Die Nuwe Republiek van die Nuwe Nuwe Suid-Afrika
Stephren Saayman – Brandmerk

Beste musiekproduksie

Afrika my verlange / Afrique mon Désir
Besselsen
Lepeltjie vol snare

Beste regie

Marhinus Basson – Melk & Vleis
Wolf Britz – Hierdie lewe
Nicole Holm – Ons is almal freaks hier
Nico Scheepers – Nêrens, Noord-Kaap

Beste debuutwerk

Babbelagtig
Swerfgoed
You Suck (en ander afgryslike waarhede)

Beste bydrae tot visuele kuns

Diek Grobler: Animasie: Afrika my verlange / Afrique mon Désirt
Jürgen Dünhofen: Re-Acclimate
Johannes en Collen Maswanganyi: Dance and carve with my fater

Paneelprys vir die beste teaterontwerp

Wolf Britz – Babbelagtig
Wolf Britz – Hierdie lewe
Nicole Holm en Birrie le Roux – Ons is almal freaks hier

Kanna vir uitkampteater

Die Meermin-kompleks
Doos/Box
Lolly

Beste teks

Du Toit Albertze – Die Meermin-kompleks
Phillip Rademeyer – Doos/Box
Bauke Snyman – Swerfgoed

Beste kinderteateraanbieding

Babbelagtig
In die Lug
In die See

The post KKNK 2018: Plekspesifieke produksie neem voortou met ses Kanna-benoemings appeared first on LitNet.

Die Suid-Afrikaanse regsraamwerk rakende die produksie en verkoop van rou melk wat vir direkteverbruiksdoeleindes bestem is

$
0
0

Die Suid-Afrikaanse regsraamwerk rakende die produksie en verkoop van rou melk wat vir direkteverbruiksdoeleindes bestem is

Anél Gildenhuys, Fakulteit Regte, Noordwes-Universiteit
Tlapeng Tabane, LLB-gegradueerde, Fakulteit Regte, Noordwes-Universiteit

LitNet Akademies Jaargang 15(1)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Die heersende tendens onder verbruikers om “natuurlike produkte” te kies gaan gepaard met ’n groeiende voorkeur vir die verbruik van rou melk, aangesien rou melk verskeie beweerde gesondheidsvoordele inhou. Rou melk verwys in die algemeen na melk wat nie pasteurisasie, sterilisasie of ultrahoëtemperatuurbehandeling ondergaan het nie. Uit ’n literatuuroorsig blyk dit egter dat die gehalte van rou melk wat vir direkteverbruiksdoeleindes in Suid-Afrika aangebied word, ’n rede tot kommer is. Die vraag ontstaan gevolglik: Wat is die voorgeskrewe regsraamwerk waaraan die produksie van rou melk vir direkte verbruik moet voldoen? Met verwysing na die hele suiwelvoedselketting (wat onder andere die produksie, verpakking, vervoer en stoor van rou melk insluit) het hierdie bydrae ten doel om die regsraamwerk rakende die produksie en verkoop van rou melk vir direkteverbruiksdoeleindes, te identifiseer en krities uiteen te sit.

Trefwoorde: melkprodusente; produksie van rou melk; regsraamwerk; rou melk; verbruik van rou melk; verkoop van rou melk

 

Abstract

The South African legal framework applicable to the production and sale of raw milk intended for direct consumption purposes

The Milk and Dairy Products Regulations(GN R 1555 in GG 18439 of 21 November 1997) (hereafter R 1555) defines raw milk as “milk that has not undergone pasteurisation, sterilisation or ultra-high temperature treatment”. A distinction is made in R 1555 between: (a) the use or sale of raw milk intended for further processing (regulation 2) and (b) the sale of raw milk that is intended for consumption without its being pasteurised, sterilised or heat-treated before such consumption (regulations 3–5).

There is a growing trend worldwide among consumers to prefer “natural products” like raw milk due to their alleged health benefits. It is argued that the heat applied to milk during the treatment process destroys its nutritional quality and health benefits. It is also argued (specifically in the informal market) that raw milk is more affordable than treated milk. However, various health risks are associated with the consumption of raw milk of less good quality, for example: TB, Brucella fever, diphtheria and listeriosis. Various recent studies indicate that the quality of raw milk that is intended for direct consumption (especially in the informal sector) in South Africa is a matter for grave concern.

From a literature review it seems that regulations 3–5 of R 1555 are held as the regulatory framework for the production and sale of raw milk for direct consumption purposes. While regulations 3–5 deal with important aspects regarding the quality of raw milk, they do not make provision for, for example, the handling or transportation of the raw milk. Accordingly, with reference to the entire dairy food chain (from production to sale), this contribution is intended to indicate that the framework for the regulation of the production and sale of raw milk intended for direct consumption, although fragmented, stretches far beyond R 1555.

Legislation that finds direct application includes the Foodstuffs, Cosmetics and Disinfectants Act54 of 1972 (hereafter the Foodstuffs Act) as well as regulations issued in terms of the Foodstuffs Act. Section 2 of the Foodstuffs Actprohibitsthe sale of certain foodstuffs and, more specifically for purposes of this contribution, it is regarded as a criminal offence if a foodstuff is sold which is “contaminated, impure or decayed, or is, or is in terms of any regulation deemed to be, harmful or injurious to human health”. With reference to the previously mentioned risks associated with the consumption of raw milk, it could be argued that the presence of pathogenic bacteria in raw milk presents a high risk to public health and the sale thereof could accordingly qualify as a criminal offence in terms of the Foodstuffs Act. Other criminal offences included in the Foodstuffs Act refer to foodstuffs (therefore including raw milk) that do not comply with regulations promulgated in terms of the Foodstuffs Act. One such regulatory instrument is the already mentioned R 1555. According to regulation 3(1) of R 1555, the sale of raw milk in South Africa is legal only in the areas of jurisdiction of the local authorities listed in annexure C to the regulations. Regulations 4 and 5 of R 1555 accordingly place certain prohibitions on raw milk that may be sold in such areas of jurisdiction. Prohibitions relate to: (a) the presence of residue levels of antibiotics in the raw milk; (b) the presence of pathogenic organisms or other substances which for any reason may render the product unfit for human consumption; (c) the maximum standard plate count of colony-forming units; and (d) the presence of E.coli, coliform bacteria and somatic cells. Various prohibitions apply to containers; for example, no person shall sell for consumption raw milk that (a) is not packed in a closed container; (b) is not clearly labelled “unpasteurised” or “raw milk”; or (c) if the milk is sold in the consumer’s own container, is tapped from a container which is not labelled “unpasteurised” or “raw milk”. Furthermore, the sale of raw milk that is not derived from a herd enrolled in the Bovine Tuberculosis Scheme and the Bovine Brucellosis Scheme is also prohibited.

As previously mentioned, R 1555 is regarded as the regulatory framework for the production and sale of raw milk intended for direct consumption purposes. However, certain regulations (also issued in terms of the Foodstuffs Act) will find application regardless of whether the raw milk is produced for further processing purposes or for direct consumption. Such regulations are concerned primarily with the handling and transportation of milk as well as the labelling and advertising of food in general, and include the following: (a) Regulations relating to hygiene requirements for milking sheds, the Transport of Milk and Related Matters (GN R 961 in GG 35905 of 23 November 2012); Regulations governing general hygiene requirements for food premises and the transport of food (GN R 962 in GG 35906 of 23 November 2012); (c) Application of the Hazard Analysis and Critical Control Point (HACCP) system (GN R 908 in GG 25123 of 27 June 2003); (d) The maximum limits for veterinary medicine and stock remedy residues that may be present in foodstuffs regulation (GN R 1809 in GG 14101 of 3 July 1992); and (e) Labelling and advertising of foodstuffs regulations (GN R 146 in GG 32975 of 1 March 2010).

Another piece of legislation that finds direct application is the Agricultural Products Standards Act 119 of 1990 together with the accompanying Regulations relating to the classification, packing and marking of dairy products and imitation dairy products intended for sale in the Republic of South Africa (GN R 260 in GG 38615 of 27 March 2015).

Various other pieces of legislation (and accompanying regulations) find indirect application either due to their application to either animals (for example the Animal Diseases Act 35 of 1984) or fertilisers, farm feeds, agricultural remedies and stock remedies (for example Fertilizers, Farm Feeds, Agricultural Remedies and Stock Remedies Act 36 of 1947) or due to their application to national standards (for example the Standards Act 8 of 2008) or consumer protection (Consumer Protection Act 68 of 2008).

Various standards (both national and international) as well as guidelines and codes of good or best practices also find application regarding the production and sale of raw milk, including various food safety related standards issued by the (a) International Organisation for Standards; (b) International Dairy Federation; (c) Food and Agricultural Organization; and (d) Codex Alimentarius.

After having identified the legal framework applicable (both directly and indirectly) to the production and sale of raw milk for direct consumption it is concluded that, although fragmented, the necessary health and safety requirements are, in fact, already in place. Accordingly we submit that the problem is rather a matter of non-implementation and/or poor enforcement of the framework. Another problem may be a lack of awareness of the various requirements by both consumers and milk producers. Recommendations include: (a) addressing the fragmented approach of the current framework by publishing regulations specifically relating to the production and sale of raw milk for direct consumption purposes – from production to consumption; (b) the development of a code of best practice / guidelines applicable to the handling of specifically raw milk; (c) the introduction of measures to increase consumer awareness; and (d) more effective implementation and enforcement of the identified framework.

Keywords: consumption of raw milk; legal framework; milk producers; production of raw milk; raw milk; sale of raw milk

 

1. Inleiding en kontekstualisering

Melkproduksie in Suid-Afrika word volgens Milk South Africa1 (hierna Milk SA) hoofsaaklik deur twee tipes melkprodusente hanteer, naamlik (a) grootskaalse kommersiële produsente en (b) klein tot mediumgrootte-produsente. Terwyl klein en mediumgrootte-melkprodusente geneig is om hul melk (hetsy rou of reeds behandel/verwerk) regstreeks aan verbruikers te verkoop, toon Milk SA2 aan dat grootskaalse kommersiële melkprodusente gewoonlik hul rou melk aan suiwelverwerkings­maatskappye3 vir die doeleindes van verdere behandeling en/of verwerking verkoop.4

Rou melk word in regulasie 1 van die Regulasies betreffende melk en suiwelprodukte5 (hierna R 1555 van 1997) gedefinieer as melk6 wat nie pasteurisasie,7 sterilisasie8 of ultrahoëtemperatuurbehandeling9 ondergaan het nie.

Kragtens R 1555 van 1997 word daar vir doeleindes van regulering ’n onderskeid gemaak tussen

(a) die gebruik of verkoop10 van rou melk bestem vir verdere verwerking ten einde suiwelprodukte11 te produseer vir verspreiding aan byvoorbeeld handelaars en uitvoermarkte (regulasie 2);12 en
(b) die verkoop van rou melk13 vir direkteverbruiksdoeleindes, met ander woorde rou melk wat nie noodwendig gesteriliseer, gepasteuriseer of hittebehandeling sal ontvang voordat dit verbruik word nie (hierna "rou melk vir direkte verbruik” of net “rou melk”).14

 

Met verwysing na die heersende tendens onder verbruikers om natuurlike produkte te kies, asook produkte wat plaaslik vervaardig word, dui Claeys15 aan dat hierdie tendens met ’n groeiende voorkeur vir die verbruik van rou melk gepaardgaan, aangesien rou melk na bewering verskeie gesondheidsvoordele inhou.16 Hierdie studie fokus gevolglik op die regsraamwerk wat van toepassing is op die produksie en verkoop van rou melk vir direkte verbruik,17 en nie die produksie en verkoop van rou melk vir verdere verwerkingsdoeleindes18 nie.

Daar word onder andere voorgestel dat rou melk (as gevolg van sy hoë voedingswaarde, neutrale pH en hoë wateraktiwiteit) dien as “an excellent growth medium for different microorganisms, whose multiplication depends mainly on temperature and on competing micro-organisms and their metabolic products”.19

Hierteenoor dui Claeys e.a.20 aan dat wanneer melk hittebehandeling ondergaan ten einde die mikrobiologiese veiligheid van die melk te waarborg en om die raklewe te verleng, melk se voedingswaarde en gesondheidsvoordele vermoedelik in die proses vernietig word.21

Afgesien van die beweerde gesondheidsvoordele wat met die verbruik van rou melk en roumelkprodukte geassosieer word, dra die bekostigbaarheid van rou melk (spesifiek in die informele mark/sektor),22 in vergelyking met die hoë prys van byvoorbeeld gepasteuriseerde melk, ook tot die gewildheid van rou melk by.23

Die Dairy Standard Agency24 waarsku egter dat terwyl die verbruik van rou melk van goeie bakteriologiese gehalte as ’n goeie bron van voeding dien, die verbruik van rou melk en roumelkprodukte van minder goeie bakteriologiese gehalte ’n ernstige gesondheidsrisiko vir verbruikers kan inhou. Gesondheidsrisiko’s wat met die verbruik van rou melk van minder goeie bakteriologiese gehalte geassosieer word, sluit, onder andere, die ontwikkeling van tuberkulose by kinders in, asook die ontwikkeling van brucellakoors, beesparatifuskoors (bovine paratyphoid fever) en witseerkeel (diphtheria).25 In ’n onlangse insetsel op die ondersoekende-joernalistieke televisiereeks Carte Blanche is die gevare verbonde aan vinnig verspreidende brucellose onder vee in Suid-Afrika uitgelig, veral die gevare verbonde aan die brucellabakterieë wat deur mense opgedoen word weens die drink van ongepasteuriseerde melk.26 Gedurende 2017/2018 is die grootste listeria-uitbraak in die Suid-Afrikaanse geskiedenis aangeteken, met altesaam 767 bevestigde gevalle teen 16 Januarie 2018.27 Alhoewel die oorsprong van die uitbraak tot op die datum van hierdie skrywe onbekend is, word ongepasteuriseerde melk en sagte kase algemeen erken as voedselsoorte wat deur die bakterieë L. Monocytogenes besmet kan word.28

As gevolg van bogenoemde moontlike gesondheidsrisiko’s word produsente en verwerkers van rou melk deur onder andere ’n aantal regulatoriese bepalings (gerig op veral streng vervaardigings- en verspreidingspraktyke) verplig om veilige verbruikbare rou melk en suiwel­produkte te produseer.29

Ten spyte van hierdie bepalings blyk dit dat die gehalte van rou melk wat vir direkte verbruik (in veral die informele sektor) te koop aangebied word, ’n rede tot kommer is,30 en ontstaan die vraag of melkprodusente bewus is van die voorgeskrewe regsraamwerk waaraan die produsering en verkoop van rou melk moet voldoen. Hieruit voortspruitend ontstaan die vraag of verbruikers (veral verbruikers uit agtergeblewe gebiede)31 ingelig is oor die moontlike gesondheidsrisiko’s wat met die verbruik van rou melk geassosieer word. Uit ’n literatuurstudie blyk dit dat hoofsaaklik regulasies 3–5 van R 1555 van 1997 voorgehou word as dié regulatoriese raamwerk waaraan die produksie en verkoop van rou melk vir direkte verbruik moet voldoen.32 Met inagneming van die hele suiwelvoedselketting (wat onder andere insluit die produksie, verpakking, vervoer en stoor van rou melk), het hierdie bydrae egter ten doel om aan te dui dat die raamwerk veel verder as bloot regulasies 3–5 van R 1555 van 1997 strek. Soos aangedui sal word, sluit hierdie raamwerk ook sowel wetgewende en ander regulatoriese bepalings as munisipale verordeninge en relevante bepalings ingevolge kodes, standaarde en beste praktyke in.33

Die voor- en nadele verbonde aan die verbruik van rou melk en roumelkprodukte val buite die omvang van hierdie bydrae, aangesien die primêre oogmerk van hierdie artikel is om die bestaande regsraamwerk34 van toepassing op die produksie en uiteindelike verkoop van rou melk vir direkte verbruik in Suid-Afrika te identifiseer en kortliks uiteen te sit.35

Dit is ook belangrik om daarop te let dat hierdie regsraamwerk deur verskillende staatsdepartemente gereguleer word, onder andere die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, die Departement van Gesondheid, die Departement van Handel en Nywerheid en die National Regulator for Product Specifications. Die regsraamwerk word derhalwe vir doeleindes van hierdie bydrae onder die volgende hoofde uiteengesit: (a) die bevoegdheid en werksaamhede van die Departement van Gesondheid (afdeling 2); (b) die bevoegdheid van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (afdeling 3); (c) ander verbandhoudende wetgewing (afdeling 4); (d) munisipale verordeninge (afdeling 5); en (e) standaarde (nasionaal en internasionaal), riglyne en kodes vir beste praktyke (afdeling 6).

 

2. Departement van Gesondheid

2.1 Inleiding

Die veiligheid van voedingsmiddels vir menslike gebruik val veral onder die bevoegdhede en werksaamhede van die Departement van Gesondheid, en moet met die bepalings van die Wet op Voedingsmiddels, Skoonheidsmiddels en Ontsmettingsmiddels 54 van 1972 ooreenkom. Regulasies gerig op higiëne met betrekking tot onder andere die hantering en vervoer van voedingsmiddels, asook die etikettering en advertering van voedsel, val ook onder dié departement se bevoegdhede en werksaamhede. Sodanige instrumente en hul toepassing op die produksie en verkoop van rou melk vir direkte verbruik sal dienooreenkomstig uiteengesit word.

2.2 Wet op Voedingsmiddels, Skoonheidsmiddels en Ontsmettingsmiddels 54 van 1972

Hierdie wet (hierna die Voedingsmiddelswet) is verorden met die doel om die verkoop,36 vervaardiging,37 invoer en uitvoer van onder andere voedingsmiddels te beheer.38 Voedingsmiddel word in artikel 1 van die wet omskryf as

’n artikel of stof …39 wat gewoonlik deur ’n persoon geëet of gedrink word of wat beweer word geskik te wees, of vervaardig of verkoop word, vir menslike verbruik, en ook ’n gedeelte of bestanddeel van so ’n artikel of stof, of ’n stof wat gebruik word, of bedoel of bestem is om gebruik te word as ’n gedeelte of bestanddeel van so ’n artikel of stof.

Buiten die vanselfsprekende geïmpliseerde insluiting van melk in bogenoemde definisie as ’n artikel/stof wat gewoonlik deur ’n persoon gedrink word, word melk ook in verskeie verbandhoudende instrumente as ’n voedingsmiddel geklassifiseer. In byvoorbeeld regulasie 2 van die Regulasies betreffende bederfbare voedingsmiddels40 word melk as ’n bederfbare voedingsmiddel vir doeleindes van artikel 21(2)(a) van die Voedingsmiddelswet beskou. Melk word ook in kolom III van die aanhangsel tot die Regulasies betreffende die maksimum perke vir veterinêremedisyne- en veemiddelresidu’s wat in voedingsmiddels aanwesig mag wees,41 as ’n voedingsmiddel vir doeleindes van artikel 2(1)(a)(ii) van die Voedingsmiddelswet geklassifiseer.

Daar is reeds in afdeling 1 aangedui dat verskeie gesondheidsrisiko’s met die verbruik van rou melk geassosieer word.42 Louw43 dui aan dat die teenwoordigheid van patogene bakterieë in rou melk ’n groot risiko vir openbare gesondheid inhou, veral vir verbruikers van rou melk en van produkte wat van rou melk vervaardig word. Artikel 2 van die Voedingsmiddelswet verbied dienooreenkomstig die verkoop, vervaardiging44 en invoer van sekere artikels, en meer spesifiek vir doeleindes van hierdie bespreking word dit ingevolge artikel 2(1)(b)(i)-(ii) as ’n misdryf beskou indien iemand enige voedingsmiddel verkoop, vervaardig om te verkoop, of invoer

(i) wat besmet, onsuiwer of bederf is of wat vir die menslike gesondheid skadelik of nadelig is of ingevolge ’n regulasie geag word te wees; of (ii) wat ’n besmette, onsuiwer of bederfde stof of ’n stof wat vir die menslike gesondheid skadelik of nadelig is of ingevolge ’n regulasie geag word te wees, bevat of daarmee behandel is.

Voorts is ’n persoon ingevolge artikel 2(1)(a)(iii) aan ’n misdryf skuldig indien hy/sy ’n voedingsmiddel verkoop, of vir verkoop vervaardig, of invoer

wat nie aan ’n standaard van samestelling, sterkte, suiwerheid of gehalte wat daarvoor of ten opsigte daarvan by regulasie voorgeskryf is, of ’n standaard wat aldus vir of ten opsigte van ’n ander hoedanigheid daarvan voorgeskryf is, voldoen nie.

’n Persoon is ook skuldig aan ’n misdaad kragtens artikel 2(1)(a)(iv) indien hy/sy ’n voedingsmiddel verkoop, vir verkoop vervaardig, of invoer waarvan die verkoop by regulasie verbied word.45

Met verwysing na die “regulasies” soos na verwys in artikel 2(1)(a)–(b) hier bo is dit belangrik om daarop te let dat die Minister van Gesondheid R 1555 van 1997 ingevolge artikel 15 van die Voedingsmiddelswet gepubliseer het om vir onder andere die volgende voorsiening vir te maak: (a) die standaard vir samestelling, sterkte, suiwerheid en gehalte46 van spesifiek melk en suiwelprodukte;47 en (b) die verbod48 op onder andere die verkoop van rou melk (behalwe in die gebiede van jurisdiksie van die plaaslike owerhede soos gelys in aanhangsel C van R 1555 van 1997).49

Die relevante bepalings van R 1555 van 1997 sal vervolgens uiteengesit word.

2.3 R 1555 van 1997 (Regulasies betreffende melk en suiwelprodukte)50

Soos reeds aangedui,51 tref R 1555 van 1997 ’n onderskeid tussen: (a) die gebruik of verkoop van enige rou melk52 bestem vir verdere verwerking (regulasie 2); en (b) die verkoop53 van onder andere rou melk54 vir direkte verbruik55 (insluitend die verkoop van rou melk wat suur geword het, vir direkte verbruik) (regulasies 3–5). Daar is reeds aangedui dat regulasie 2 buite die aard en omvang van hierdie bydrae val.56

Ingevolge regulasie 3(1) van R 1555 van 1997 is die verkoop van onder andere rou melk57 wettig slegs in die gebiede van jurisdiksie van die plaaslike owerhede soos gelys in aanhangsel C tot R 1555 van 1997. Regulasie 3(2) bepaal dat ’n plaaslike owerheid wat van mening is “dat hy genoegsame beheer oor die verkoop van die rou suiwelprodukte in subparagraaf (1) genoem, kan uitoefen”, die Minister van Gesondheid (deur die betrokke provinsiale gesondheidsdepartement) kan versoek om ook in aanhangsel C gelys te word.58 Munisipale regulasies (spesifiek by wyse van munisipale verordeninge) sal in afdeling 5 van hierdie bydrae uiteengesit word.

Selfs al word rou melk (insluitend rou melk wat suur geword het)59 regmatig binne die jurisdiksies van die plaaslike owerhede, soos in aanhangsel A gelys, verkoop, plaas regulasies 4 en 5 steeds sekere verbiedinge op die gehalte van rou melk wat in hierdie jurisdiksies verkoop word.

Die verskillende verbiedinge wat ten opsigte van die verkoop (en gebruik) vir die onderskeie kategorieë rou melk geld, soos vereis in regulasies 2,60 4 en 5, word vervolgens in tabel 1 uiteengesit:

Tabel 1: Verbiedings op die verkoop van die verskillende kategorieë rou melk ingevolge R 1555 van 1997

 

Regulasie 2:

Die verkoop van rou melk bestem vir verdere verwerking word verbied indien die rou melk:

Regulasie 4:

Die verkoop van rou melk61 vir direkte verbruik word verbied indien die rou melk:

Regulasie 5:

Die verkoop vir direkte verbruik van rou melk wat suur geword het, word verbied indien die produk:

Teenwoordigheid van antibiotika, ander antimikrobiese stowwe, patogene organismes, vreemde stowwe, ontstekingsprodukte, ens.

(a) antibiotika of ander antimikrobiese stowwe bevat;62 asook (b) patogene organismes, vreemde stowwe63 of enige ontstekingsproduk of ander stof bevat wat om die een of ander rede die melk ongeskik vir menslike verbruik kan maak (reg. 2(a)(i)–(ii)).

[dieselfde as vir reg. 2(a)(i)–(ii)] (reg. 4(1)(a)(i)–(ii)).

[dieselfde as vir reg. 2(a)(i)–(ii)] (reg. 5(a)(i)–(ii)).

Stol-by-kook-toets64

’n positiewe resultaat lewer indien dit aan die stol-by-kook-toets onderwerp word (reg. 2(b)).

[dieselfde as vir reg. 2(b)] (reg. 4(c)).

[geen vereistes nie]

Kolonievormende eenhede65

’n standaardplaattelling van meer as 200 000 kolonievormende eenhede per 1,0 ml oplewer (reg. 2(c)).66

’n standaardplaattelling van meer as 50 000 kolonievormende eenhede per 1,0 ml van die produk oplewer (reg. 4(b)).67

[geen vereistes nie]

Kolivorme bakterieë68

die mees waarskynlike getal van 10,0 kolivorme bakterieë per 1,0 ml melk oorskry;69 of (b) die getal van 20 kolonievormende eenhede per ml melk oorskry (reg. 2(d)(i)).70

meer as 20 kolivorme bakterieë in 1,0 ml vloeistof blyk te bevat;71 of die mees waarskynlike getal van kolivorme bakterieë per 1,0 ml vloeistof of 1,0 g halfvaste produk oorskry (reg. 4(f)(i)–(ii)).72

meer as 50 kolivorme bakterieë per 1,0 ml van die produk bevat (reg. 5(c)).73

Escherichia coli74 (E.coli)

enige E.coli in (a) 0,01 ml rou melk blyk te bevat wanneer die gewysigde Eijkmantoets75 gebruik word; of E.coli in 1,0 ml rou melk indien die metodes beskryf in paragrawe 5 of 11 van aanhangsel A toegepas word (reg. 2(d)(ii)).76

enige E.coli in 1,0 ml vloeistof of 1,0 g room blyk te bevat wanneer óf die gewysigde Eijkmantoets óf die metodes beskryf in paragrawe 5 en 11 van aanhangsel A toegepas word (reg. 4(1)(e)).77

enige E.coli in 1,0 ml. van die produk blyk te bevat indien óf die gewysigde Eijkmantoets toegepas word óf die metodes beskryf in paragrawe 2 en 5 van aanhangsel A toegepas word (reg. 5(b)).

Somatiese selle

gemiddeld 500 000 of meer selle per 1,0 ml beesmelk of gemiddeld 750 000 of meer selle per 1,0 ml bok- of skaapmelk blyk te bevat (reg. 2(e)).78

[dieselfde as vir reg. 2(e)] (reg. 4(1)(g)).

[geen vereistes nie]

Etanolstabiliteitstoets79

wat nie aan die etanolstabiliteitstoets (sien paragraaf 9 van aanhangsel A) voldoen nie (reg. 2(f)).

[dieselfde as vir reg. 2(f)] (reg. 4(1)(d)).

[geen vereistes nie]

Geslote houer80

nie in ’n geslote houer verpak is nie (reg. 2(g)).

[dieselfde as vir reg. 2(g)] (reg. 4(1)(h)).

[dieselfde as vir reg. 2(g)] (reg. 5(d)).

Etikettering van houer

[geen vereistes nie]

nie duidelik op die etiket vertoon: “ongepasteuriseerd”/
“unpasteurised” of “rou melk” / “raw milk” nie (reg. 4(1)(i)).

[dieselfde as vir reg. 4(1)(i) maar met verwysing na die woorde:] “ongepasteuriseerde suur melk” / “unpasteurised sour milk” of “rou suur melk” / “raw sour milk” (reg. 5(e)).

Etikettering van houer wat deur verbruiker verskaf word

[geen vereistes nie]

in die verbruiker se eie houer verkoop word en getap word uit ’n houer wat nie ’n etiket bevat waarop die woorde “ongepasteuriseerd”/
“unpasteurised” of “rou melk”/“raw milk” duidelik vertoon word nie (reg. 4(i)(j)).

[dieselfde as vir reg. 4(1)(j) maar met verwysing na die woorde:] “ongepasteuriseerde suur melk” / “unpasteurised sour milk” of “rou suur melk”/ “raw sour milk” (reg. 5(f)).

Kuddevereistes

[geen vereistes nie]81

verkry is van ’n kudde wat nie ingeskryf is in die beestuberkuloseskema en die beesbrucelloseskema nie;82 of verkry is van ’n kudde wat nie negatief toets vir tuberkulose en brucellose nie (reg. 4(1)(k)(i)-(ii)).

[geen vereistes nie]

 

2.4 Ander relevante regulasies uitgevaardig ingevolge die Voedingsmiddelswet

Soos in afdeling 1 aangedui, word R 1555 van 1997 voorgehou as die vernaamste regulatoriese bron rakende die produsering en verkoop van rou melk vir direkte verbruik. Met inagneming van die hele suiwelvoedselketting vind sekere regulasies (uitgevaardig ingevolge die Voedingsmiddelswet) egter toepassing ongeag of rou melk vir verdere verwerking of vir direkte verbruik geproduseer word. Sodanige regulasies vind gevolglik ook toepassing binne die regsraamwerk vir die regulering van rou melk vir direkte verbruik. Sodanige regulasies is hoofsaaklik op higiëne gemik, onder andere met betrekking tot die hantering en vervoer van melk, maar ook met betrekking tot die regulering van voedingsmiddels in die algemeen, byvoorbeeld die etikettering en advertering van voedsel. Die volgende verbandhoudende regulasies sal vervolgens uiteengesit word: (a) die regulasies betreffende die higiënevereistes vir melkstalle, die vervoer van melk en aangeleenthede wat daarmee verband hou;83 (b) Regulations governing general hygiene requirements for food premises and the transport of food;84 (c) Application of the hazard analysis and critical control point system (HACCP system);85 (d) regulasies betreffende die maksimum perke vir veterinêremedisyne- en veemiddelresidu’s wat in voedingsmiddels aanwesig mag wees;86 en (e) Regulasies: Etikettering en advertering van voedingsmiddels.87

2.4.1 Regulasies betreffende die higiënevereistes vir melkstalle, die vervoer van melk en aangeleenthede wat daarmee verband hou (hierna R 961 van 2012)

Regulasie 2(1) van R 961 van 2012 plaas ’n verbod op die gebruik van ’n melkstal88 “vir die doel van die melk van melkvee89 ten einde melk90 vir menslike verbruik te produseer” tensy sodanige melkstal ’n goedgekeurde melkstal ooreenkomstig die bepalings van R 961 van 2012 is, en gebruik word ooreenkomstig hierdie regulasies asook ooreenkomstig die geskiktheidsertifikaat wat ingevolge R 96191 ten opsigte van daardie melkstal uitgereik is.92 ’n Goedgekeurde melkstal moet aan verskeie vereistes voldoen soos voorgeskryf in regulasie 6 van R 961. Die houer van ’n geskiktheidsertifikaat moet ook toesien dat ingevolge regulasie 6(6)(a)–(c) in of by ’n melkstal

(a) (i) ’n oorlas of ’n toestand wat ’n gesondheidsgevaar uitmaak nie veroorsaak word of ontstaan nie; (ii) geen giftige of gevaarlike stowwe of gasse geberg word nie; (iii) geen bedrywigheid plaasvind wat die melk kan besoedel of benadeel of besmet of bederf nie; (iv) die bergingstoestande geskik is om voerbesmetting te voorkom; (b) rotte, vlieë, kakkerlakke en ander insekte op die perseel van die melkstal beheer word; (c) die rou melk bestem vir menslike verbruik of die rou melk bestem vir verdere verwerking aan die Regulasies betreffende melk en suiwelprodukte, R.1555 van 21 November 1997, wat kragtens die Wet gepubliseer is, voldoen.93

Verskeie vereistes word ingevolge regulasie 7 van R 961 voorgeskryf, onder andere met betrekking tot die: (a) ontwerp; (b) materiale gebruik; (c) konstruksie; (d) onderhoud, skoonmaak en ontsmetting;94 (e) verkoelingsvermoë;95 en (f) gebruik van onder meer ’n melkhouer,96 melkmasjien en grootmaatplaastenk.97

Met betrekking tot die hantering van melk (sonder dat daar onderskeid gemaak word tussen melk wat bestem is vir verdere verwerking en melk wat vir direkte verbruik bestem is), word ingevolge regulasie 8(1) vereis dat die eerste melk (of voormelk) uit elke speen getoets en visueel ondersoek moet word. Indien “enige tekens van abnormaliteit” uit sodanige toetsing blyk, moet die melk van hierdie dier apart gehou word; dit mag met ander woorde nie met die ander melk meng nie en dit mag nie vir menslike verbruik aangewend word nie.

Die volgende vereistes met betrekking tot die hantering van melk (weer eens sonder bogenoemde onderskeid) word in regulasie 8(2)–(5) gestel, naamlik dat melk: (a) “van melkvee verkry na ’n minimum van vier dae wat volg op parturisie (post-partum) moet nie by die melk gevoeg word wat vir menslike verbruik bestem is nie”;98 (b) nie by wyse van ’n derde houer van een houer na ’n ander houer oorgedra word nie;99 (c) teen direkte sonlig beskerm moet word;100 en (d) onmiddellik nadat die vee101 gemelk is, na die melkkamer102 oorgedra moet word.103 Onderskeid word wel in regulasie 8(6) soos volg gemaak:

Buiten wanneer melk gepasteuriseer word of ’n ander hittebehandelingsproses ondergaan, moet die melk afgekoel word tot ’n temperatuur van 5 grade Celsius of laer, maar bokant vriespunt, en by daardie temperatuur gehou word totdat dit uit die melkkamer verwyder word.

R 961 skryf ook verskeie vereistes rakende die gesondheidstatus van melkvee voor, byvoorbeeld vereistes rakende: (a) die merk van die melkdiere;104 (b) die hou van ’n register rakende elke melkdier se siektes, onttrekking aan en terugneming in die melkkudde, asook veterinêre ondersoeke en behandelingsrekords;105 (c) verpligte veterinêre ondersoeke;106 (d) higiëne met betrekking tot die melkdiere;107 en (e) die aparthouding van die melk van ’n melkdier wat siek is of blyk siek te wees.108

Regulasie 10 handel oor die persoonlike higiëne van melkers en hanteerders van melk. Regulasie 10(3) vereis byvoorbeeld dat wanneer melk hanteer word, die hande en vingernaels van elke melker of hanteerder van melk deeglik met seep en water gewas moet wees, en dat “daar geen aanpaksel van vuiligheid onder die naels” moet wees nie.109 Daar word verder van elke persoon wat melk hanteer (daagliks en voor die aanvang van bedrywighede/werk), verwag om skoon en onbeskadigde oorklere en rubberstewels aan te trek en dit heeltyd te dra terwyl hy/sy melk hanteer.110 Melk mag byvoorbeeld nie hanteer word nie deur ’n persoon: (a) wat ’n “etterende abses”, seer, sny en/of skaafplek op sy/haar liggaam het;111 (b) wat aan ’n siekte/toestand ly (of vermoedelik daaraan ly), of ’n draer is (of vermoedelik ’n draer is) van ’n siekte/toestand in sy aansteeklike fase wat “deur voedsel of diere oorgedra kan word” ;112 en (c) wie se hande en/of klere nie skoon is nie.113

Regulasie 10(6)–(7) handel oor verpligte opleiding vir alle werknemers in persoonlike en voedselhigiëne relevant tot die produksie en hantering van melk,114 asook opleiding deur die houer van ’n geskiktheidsertifikaat in voedselveiligheid en -higiëne verbandhoudend met die produksie en hantering van melk.115

Verdere vereistes uitgevaardig ingevolge R 961 sluit in vereistes met betrekking tot die pligte van die bestuurder van ’n voertuig wat melk vervoer na ’n verdere verspreidingspunt116 asook sekere vrystellings117 en die verklaring van misdade.118

2.4.2 Regulations governing general hygiene requirements for food premises and the transport of food (hierna R 962 van 2012)119

Regulasie 3(1)(a) van R 962 van 2012 plaas ’n verbod op die hantering van voedsel op ’n perseel tensy sodanige perseel oor ’n geldige geskiktheidsertifikaat120 ingevolge R 962 beskik. Food premise (voedselperseel) word in regulasie 1 omskryf as ’n gebou, struktuur, stalletjie of enige soortgelyke struktuur, insluitend ’n karavaan, voertuig of plek wat gebruik word vir of in verband met die hantering van voedsel. Food (voedsel) word in regulasie 1 omskryf as enige voedingsmiddel wat vir menslike verbruik bedoel is, soos omskryf in artikel 1 van die Voedingsmiddelswet.121 Melk(hetsy rou melk of verwerkte/behandelde melk) is reeds in afdeling 2.2 van hierdie bydrae tuisgebring onder die definisie van ’n voedingsmiddel soos voorsien deur artikel 1 van die Voedingsmiddelswet.122 Die volgende word ingesluit in die hantering van voedsel: die vervaardiging, verwerking, produksie, verpakking, voorbereiding, hou, stoor, vervoer of vertoon van voedsel vir verkoop of vir bediening.123 Met verwysing na die omskrywings van sowel voedselperseel as hantering van voedsel word beide die produksie van rou melk (as voedingsmiddel ingevolge regulasie 1 van R 1555) in die melkstal (ooreenkomstig die vereistes van R 961), asook die verkoop van die rou melk vir direkte menslike verbruik (hetsy in die melkstal of enige ander perseel soos omskryf in regulasie 1 van R 962), hierby ingesluit.

Die aansoekprosedure vir ’n geskiktheidsertifikaat ingevolge R 962 word in regulasie 3(3)124 uiteengesit, terwyl daaropvolgende inspeksie deur ’n persoon daartoe gemagtig (ingevolge artikel 10 van die Voedingsmiddelswet) in regulasie 3(4)–(6) van R 962 uiteengesit word. Daar word vereis dat sodanige geskiktheidsertifikaat op ’n opsigtelike plek ter inligting van die publiek vertoon moet word, of dat ’n afskrif daarvan onmiddellik op aanvraag beskikbaar gestel moet word waar die vertoning daarvan onprakties is.125

Verder mag geen persoon voedsel ingevolge regulasie 4(1) op ’n voedselperseel hanteer indien dit strydig met die bepalings van R 962 is nie. Die gevolge wat sal intree indien ’n inspekteur126 bevind dat daar omstandighede bestaan met betrekking tot die voedselperseel wat ’n gesondheidsgevaar inhou, word in regulasie 4(2)–(6) uiteengesit. Standaarde en vereistes met betrekking tot: (a) voedselpersele; (b) fasiliteite vir voedselpersele;127 (c) voedselhouers; (d) die vertoon, stoor en temperatuur van voedsel;128 (e) beskermende kleding; en (f) die vervoer van voedsel word in regulasies 5–9 en 12, onderskeidelik, van R 962 uiteengesit. Die pligte van ’n persoon aan die hoof van ’n voedselperseel word in regulasie 10 beskryf, terwyl die pligte van voedselhanteerders in regulasie 11 vervat word.129

2.4.3 Application of the hazard analysis and critical control point system (HACCP system) (hierna R 908 van 27 Junie 2003)130

Regulasie 2 van R 908 van 27 Junie 2003 plaas ’n verbod op die hantering van voedsel deur die eienaar van ’n food handling enterprise131 (voedselhanteringsonderneming)tensy sodanige onderneming oor die volgende beskik:

(a) a HACCP system fully implemented to the satisfaction of the relevant authorised health authority in relation to the foodstuffs under consideration … and (b) a valid certificate referred to in regulation 14.

’n HACCP-stelsel is ’n “hazard analysis and critical control point system that identifies, evaluates and controls hazards which are significant for food safety”.132 ’n Voedselhanteringsonderneming word in regulasie 1 omskryf as ’n besigheid (soos uiteengesit in kolom 2 van aanhangsel A tot R 908) wat voedingsmiddels133 produseer, verwerk, vervaardig, stoor, vervoer, versprei en/of verkoop of betrokke is by enige aktiwiteit wat ’n impak op die veiligheid van sodanige voedingsmiddels kan uitoefen.

Melkstalle,134 tesame met die verskaffers van vars melk, word spesifiek gelys135 as kategorieë van voedselhanteringsondernemings in kolom 2 van aanhangsel A. Melk mag dus nie hanteer136 word sonder ’n geïmplementeerde HACCP-stelsel en sertifikaat ingevolge regulasie 14,137 soos vereis in regulasie 2 van R 908, nie.

Regulasie 8 vereis van die eienaar van ’n voedselhanteringsonderneming om te verseker dat ’n HACCP-stelsel, in ooreenstemming met die beginsels van die Hazard Analysis and Critical Control Point (HACCP) system and guidelines for its application138 (soos goedgekeur deur die Codex Alimentarius-kommissie), geïmplementeer word.139 Alhoewel regulasie 2 ’n eienaar van ’n voedselhanteringsonderneming verbied om voedingsmiddels te hanteer sonder bogenoemde HACCP-stelsel en sertifikaat, word geen misdade en strawwe in R 908 gelys nie.

2.4.4 Regulasies betreffende die maksimum perke vir veterinêremedisyne- en veemiddelresidu’s wat in voedingsmiddels aanwesig mag wees (hierna R 1809 van 3 Julie 1992)140

Regulasie 2(a) verbied die verkoop (of die vervaardiging vir verkoop) van voedingsmiddels wat gelys word in kolom III van die aanhangsel tot R 1809 indien dit ’n veterinêre medisyne of veemiddel bevat soos daarteenoor gelys in kolom I, en sodanige voedingsmiddel die maksimum residuperk, soos in kolom IV, oorskry. Veterinêre medisyne verwys141 na ’n veterinêre medisyne soos omskryf in artikel 1 van die Wet op die Beheer van Medisyne en Verwante Stowwe 101 van 1965, as142

enige stof of mengsel van stowwe, uitgesonderd ’n veemiddel of veevoedsel wat ingevolge die Wet op Misstowwe, Veevoedsel, Landboumiddels of Veemiddels, 1947 (Wet No. 36 van 1947), geregistreer moet word, wat gebruik word of geskik heet te wees vir gebruik of vervaardig of verkoop word vir gebruik, in verband met gewerwelde diere, vir die behandeling, diagnose, voorkoming of genesing van ’n siekte, besmetting of ander ongesonde toestand, of vir die instandhouding of verbetering van gesondheid, groei, produksie of werkvermoë of vir die genesing, regstelling of matiging van enige somatiese of organiese funksie, of vir die regstelling of matiging van gedrag …

Veemiddel verwys na143 ’n veemiddel soos omskryf in artikel 1 van die Wet op Misstowwe, Veevoedsel, Landboumiddels en Veemiddels 36 van 1947, as

’n stof wat bestem is of aangebied word om gebruik te word in verband met huisdiere, lewende hawe, pluimvee, vis of wilde diere (met inbegrip van wilde voëls), vir die diagnose, voorkoming, behandeling of genesing van ’n siekte, besmetting of ander ongesonde toestand, of vir die instandhouding of verbetering van gesondheid, groei, produksie of werkvermoë, maar met uitsluiting van ’n stof vir sover dit beheer word ingevolge die Wet op die Beheer van Medisyne en Verwante Stowwe, 1965 (Wet 101 van 1965) ...144

Melk145 as ’n voedingsmiddel (sonder onderskeid tussen verwerkte melk en rou melk) word in verskeie gevalle in kolom IV van die aanhangsel tot R 1809 gelys. Die volgende tabel dui die maksimum toelaatbare veterinêremedisyne- of veemiddelresidu wat in melk bestem vir verkoopsdoeleindes toelaatbaar is, aan:

Tabel 2: Maksimum toelaatbare veterinêremedisyne- of veemiddelresidu in melk

Stof

Maksimum residuperk (mg/kg)

Albendasool

0,1

Amoksisillien

0,004

Ampisillien

0,004

Bensielpensillien

0,004

Dikloksasillien

0,03

Diminaseen

0,15

Febantel

0,01

Fenbendasool

0,01

Isometamidium

0,1

Kloksasillien

0,03

Levamisool

0,01

Netobimien

0,1

Oksasillien

0,03

Oksfendasool

0,01

Spiramisien

0,2

Sulfadimidien

0,025

Sulfoonamiede (Alle stowwe wat tot die sulfoonamiedgroep behoort)

0,1

Tetrasikliene (Alle stowwe wat tot die tetrasikliengroep behoort)

0,1

Tiabendasool

0,1

Trimetopriem

0,05

 

Melk (as ’n voedingsmiddel) wat veterinêre medisyne of veemiddel bevat, wat nie in die aanhangsel tot R 1809 gelys word nie, mag verkoop word indien dit nie ’n maksimum residuperk van 0,5 m/kg van die middel bevat nie.146

Net soos in die geval van die R 908 hier bo uiteengesit,147 word geen misdade en strawwe in R 1809 gelys nie.148

2.4.5 Regulasies: Etikettering en advertering van voedingsmiddels149

Alhoewel bepalings rakende onder meer die verpakking en advertering van spesifiek suiwelprodukte onlangs gepubliseer is,150 vind die algemene vereistes vir die etikettering en advertering van voedingsmiddels in die algemeen steeds toepassing (soos gepubliseer in die Regulasies: etikettering en advertering van voedingsmiddels(hierna R 146). Regulasie 2 van R 146 bepaal dat niemand enige voorafverpakte151 voedingsmiddels152 vir verkoop mag “vervaardig, invoer, verkoop of aanbied” nie, tensy die houer (voedingsmiddelhouer of massahouer) waaruit dit geneem is, ooreenkomstig die regulasies van R 146 geëtiketteer153 is.

Regulasie 3 bepaal soortgelyk dat geen persoon “’n voedingsmiddel wat enige inligting, aanspraak, verwysing of verklaring bevat wat ooreenkomstig hierdie regulasies nie op die etiket toegelaat word nie, op enige wyse [mag] adverteer nie”. Regulasies ingevolge R 146 sluit onder andere regulasies in met betrekking tot die aanbieding van inligting wat op enige etiket moet verskyn,154 lettergroottes,155 identifikasie van die voedingsmiddel,156 asook die naam en adres van die vervaardiger, invoerder of verkoper,157 spesiale bergingstoestande waar toepaslik,158 lotidentifikasie159 en datummerk (insluitend die “beste voor”- en/of “gebruik teen”- en/of “verkoop teen”- datums).160 Dit is verder belangrik om daarop te let dat die teenwoordigheid van enige gewone allergene op die etiket aangedui moet word.161 Melk word spesifiek as ’n algemene allergeen in regulasie 1 gelys.

Soos genoem, vind die onlangs-gepubliseerde regulasies rakende onder meer die verpakking en merk van spesifiek rou melk (as suiwelproduk) ook by R 146 toepassing. Hierdie spesifieke regulasies sal onder afdeling 3.2 van hierdie bydrae uiteengesit word.

 

3. Departement van Landbou, Bosbou en Visserye

3.1 Inleiding: Wet op Landbouprodukstandaarde 119 van 1990

Soos reeds aangedui,162 val die regulering van melk binne die bevoegdhede van verskeie staatsdepartemente. Die Voedingsmiddelswet en regulasies uitgevaardig ingevolge die Voedingsmiddelswet val onder die bevoegdhede van die minister van gesondheid, terwyl die Wet op Landbouprodukstandaarde 119 van 1990163 (hierna die Landbouprodukstandaardewet) onder die bevoegdhede van die minister van landbou, bosbou en visserye val. Die Landbouprodukstandaardewet is op die wetboek geplaas om voorsiening te maak vir onder meer die verkoop164 van sekere landbouprodukte. Produkte word in artikel 1 omskryf as

(a) ’n handelsartikel van plantaardige of dierlike oorsprong, of geproduseer van ’n stof van plantaardige of dierlike oorsprong, en wat uitsluitlik of gedeeltelik uit sodanige stof bestaan; en (b) ’n ander handelsartikel wat in algemene voorkoms, aanbieding en beoogde gebruik met ’n handelsartikel in paragraaf (a) bedoel, ooreenkom …

Reeds in afdeling 1165 van hierdie bydrae is melk omskryf as “die normale melkklierafskeiding van lakterende beeste, bokke en skape”166 en kwalifiseer melk as ’n produk van dierlike oorsprong vir doeleindes van die Landbouprodukstandaardewet.

Ingevolge artikel 15(1)(a) kan die minister van landbou regulasies kragtens die Landbouprodukstandaardewet uitvaardig met betrekking tot onder meer enige aangeleentheid wat ingevolge die wet voorgeskryf moet of kan word. Dienooreenkomstig het die minister onlangs die Regulations relating to the classification, packing and marking of dairy products and imitation dairy products intended for sale in the Republic of South Africa gepubliseer (hierna R 260).167

Hierdie regulasies sal vervolgens bespreek word.

3.2 R 260 van 27 Maart 2015

Regulasie 2 van R 260 verbied die verkoop van ’n suiwelproduk168 tensy sodanige produk: (a) geklassifiseer en aangebied word vir verkoop in ooreenstemming met die klassifikasies soos na verwys in regulasie 3;169 (b) voldoen aan die voorgeskrewe relevante standaarde;170 (c) verpak is in ’n houer171 en/of buitehouer (outer container)172 soos voorgeskryf in regulasie 24;173 en (d) verpak is in ’n houer wat gemerk is met die besonderhede soos voorgeskryf in regulasies 25–30.174 Verder mag ’n suiwelproduk nie verkoop word indien dit ’n verbode middel bevat en/of gemerk is met besonderhede wat ingevolge van regulasie 31 verbied word nie.175

Die relevante regulasies van R 260 sal vervolgens uiteengesit word.

3.2.1 Standaarde

Terwyl die algemene standaarde vir suiwelprodukte in regulasie 4 uiteengesit word, word spesifieke standaarde vir die verskillende klasse suiwelprodukte in regulasies 5–21 uiteengesit. Vir doeleindes van hierdie bydrae word slegs die algemene standaarde vir suiwelprodukte en die standaarde vir spesifiek melk weergegee.176

Ingevolge regulasie 4(1) moet alle klasse suiwelprodukte die volgende eienskappe vertoon:

(a) have a clean characteristic flavour, texture and taste of the specific product concerned; (b) … be free of any substance that does not naturally form part of milk; and (c) comply with the applicable standards as specified in columns 4, 5, 6, 7, 8, 9 and 10 of Tables 1–17 opposite the class concerned.

Die standaarde vir spesifiek melk word uiteengesit in regulasie 5(1)(a)–(c), naamlik dat melk (a) nie sal stol (“clot”) as dit vir vyf minute gekook word nie; (b) moet voldoen aan die bepalings van regulasie 4 hier bo genoem; en (c) “result in the lactoperoxidase activity and ß-lactoglobulin content as specified in Table 1A”.177

3.2.2 Vereistes met betrekking tot houers

Regulasie 24(1) vereis dat die houer of buitehouer waarin die suiwelproduk verpak is, van ’n materiaal gemaak moet wees wat onder meer geskik vir sy doel is178 en die inhoud daarvan teen kontaminasie sal beskerm.179 Regulasie 24(a)(1)(c) vereis dat in die geval waar ’n houer weer gebruik word, die houer deeglik skoongemaak en gesteriliseer moet word voordat ’n suiwelproduk daarin verpak word.180

3.2.3 Merk van houers en buitehouers

Regulasie 25(2) vereis dat die houer van ’n suiwelproduk met die volgende besonderhede gemerk moet wees:181

(a) die klasbenaming182 en, indien van toepassing, die toevoegings tot die klasbenaming183

(b) die addisionele besonderhede op die primêre etiket (waar van toepassing)184

(c) die naam en adres van die vervaardiger, verpakker, invoerder of verkoper185

(d) die netto en/of gedreineerde massa of volume soos vereis ingevolge die Wet op Handelsmetrologie 77 van 1973186

(e) die lys bestanddele in ooreenstemming met die regulasies wat ingevolge die Voedingsmiddelswet gepubliseer is187

(f) “beste voor”- of “gebruik teen”- of “verkoop teen”-datums asook die lotkode/nommers in die wyse soos voorgeskryf in regulasies wat ingevolge die Voedingsmiddelswet gepubliseer is188

(g) die land van oorsprong.189

Bykomend tot bogenoemde, word die volgende vereistes voorgeskryf rakende die merk van houers (of tenks) wat spesifiek rou melk bevat:

(a) Regulasie 25(4) bepaal dat indien melk verkoop word vanuit ’n tenk in die houer van die koper:

the tank from which such milk or cultured milk is sold shall be marked in the immediate vicinity of the tap with the applicable class designation and the manner of heat treatment, e.g. “pasteurised” or if not heat treated, the expression “raw” or “unpasteurised”, in letters and figures of which the minimum vertical height is at least 50 mm.190

(b) Regulasie 28(6) bepaal dat indien melk (asook room) nie met hitte behandel is nie, die toepaslike klasbenaming vir daardie produk die woord “ongepasteuriseer” of “rou” moet insluit.

(c) Voorts mag die woord “vars”, volgens regulasie 31(11) op ’n etiket verskyn slegs indien dit aan die volgende vereistes voldoen, naamlik:

marked on a container of a primary dairy product of the type known as pasteurised, ultra pasteurised and unpasteurised milk or raw milk with no added foodstuff or minerals, and on the container of a primary dairy product of the type known as pasteurised and unpasteurised/raw cream.

 

4. Verbandhoudende wetgewing

Verskeie ander stukke wetgewing (en gepaardgaande regulasies) vind indirekte toepassing op die verkoop van rou melk vir verbruiksdoeleindes as gevolg van hul toepassing op óf diere (byvoorbeeld die Wet op Dieresiektes)191 óf misstowwe, veevoedsel, landboumiddels en veemiddels (byvoorbeeld die Wet op Misstowwe, Veevoedsel, Landboumiddels en Veemiddels),192 of vanweë hul toepassing op nasionale standaarde en regsmetrologie193 (byvoorbeeld die Standards Act194 en die Legal Metrology Act).195 Bo en behalwe die reeds genoemde vereistes rakende die etikettering van voedselsoorte in die algemeen196 asook spesifiek suiwel en suiwelprodukte,197 vind ook die Consumer Protection Act (hierna die CPA)198 toepassing, deurdat dié wet onder meer aspekte van etikettering, handelsbeskrywings en die bemarking van produkte in die algemeen aanspreek.199

 

5. Munisipale verordeninge

Soos reeds vermeld,200 is die verkoop van rou melk201 slegs in die gebiede van jurisdiksie van die plaaslike owerhede soos gelys in aanhangsel C tot R 1555 van 1997 wettig.202 Ingevolge artikel 156(2) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 kan ’n munisipaliteit “verordeninge uitvaardig en administreer vir die doeltreffende administrasie van die aangeleenthede wat hy die reg het om te administreer”.203 Die omvang van munisipale regulering van die verkoop van rou melk vir direkte verbruiksdoeleindes wissel egter van munisipale verordening tot munisipale verordening.

Enkele voorbeelde: Terwyl die Modimolle Local Municipality se milk by-laws204 voorsiening maak vir vereistes rakende onder andere die melkstal, die hantering van melk en die vervoer van melk, word die verkoop van rou melk vir direkte verbruik in hierdie munisipaliteit glad nie aangespreek nie. Rou melk (of sinonieme daarvoor) word byvoorbeeld nie eers omskryf of na verwys nie. Die Thabo Mafutsanyana District Municipality se municipal health by-law (hierna die Thabo Mafutsanyana-verordening)205 is weer ’n goeie voorbeeld van die regulering van rou melk vir direkte verbruik wat spesifieke aandag geniet. Dié verordening stel onder andere vereistes rakende: (a) die aansoekproses om rou melk te mag verkoop;206 (b) gehaltebeheer;207 (c) vereistes rakende die verpakking van rou melk;208 (d) minimum vereistes (met verwysing na ’n geskiktheidsertifikaat soos vereis in R961 van 2012;209 voldoening aan R 1555 van 1997210 en ’n geldige verklaring vir onder andere TB uitgereik deur ’n staatsveearts); (e) die vervoer van die melk van die plaas tot ontvangs in die winkel;211 (f) uitleg en struktuur;212 (g) die grootmaattenk-area, die tenk en gereedskap;213 (h) die melkhantering- en ontvangsgebied;214 (i) die verkoop en bottelering van melk;215 (j) koelkamers en vertoonyskaste;216 (k) skoonmaak en sanitasie;217 (l) afvalbestuur;218 (m) personeelgeriewe;219 en (n) dokumentasie.220

 

6 Standaarde (nasionaal en internasionaal), riglyne en kodes vir beste praktyke

6.1 Nasionale standaarde

Nieverpligte nasionale standaarde wat met die voedselbedryf in die algemeen verband hou, sluit onder meer221 standaarde met betrekking tot die volgende in: (a) die gebruik van chemikalieë,222 ontsmettingsmiddels en skoonmaakmiddels;223 (b) voedselveiligheids­bestuursvereistes;224 (c) die gebruik van plaagdoders deur voedselhantering-, voedselverwerking- en spysenierings­ondernemings;225 en vereistes vir ’n HACCP-stelsel.226

Standaarde van toepassing op die veebedryf sluit die goeie vervaardigingspraktyke vir die selfvermenging van voer in die lewendehawebedryf in.227

Nieverpligte suiwelverwante nasionale standaarde sluit onder andere228 standaarde in met betrekking tot: (a) riglyne vir die neem van monsters van melk en melkprodukte,229 asook (b) standaarde wat verband hou met behandelde of verwerkte melk, onder andere met betrekking tot (i) gesteriliseerde melk230 en (ii) gepasteuriseerde melk.231

Die Dairy Standard Agency232 dui aan dat verbandhoudende verpligte standaarde, uitgevaardig ingevolge die Wet op Handelsmetrologie 77 van 1973 (nou die Legal Metrology Act 9 of 2014),233 ook toepassing vind in standaarde met betrekking tot (a) etiketteringsvereistes vir voorafverpakte produkte en algemene vereistes vir die verkoop van goedere onderhewig aan wetgewende metrologiese kontrole;234 (b) die toelaatbare toleransie vir die akkuraatheid van meting van produkte ingevolge metrologiese wetgewing;235 en (c) beheer oor die hoeveelheid van die inhoud van voorafverpakte pakkette binne die vereistes van metrologiese wetgewing.236

6.2 Internasionale standaarde, riglyne en kodes van beste praktyke

6.2.1 International Organization for Standards

Die International Organization for Standards (hierna ISO) word omskryf as ’n onafhanklike, internasionale nieregeringsorganisasie met ’n lidmaatskap van 163 nasionale standaardeliggame.237 Die funksies van die ISO sluit onder andere die ontwikkeling in van “voluntary,238 consensus-based, market relevant International Standards that support innovation and provide solutions to global challenges”.239

Verskeie voedselveiligheidverwante standaarde word deur die ISO gestel, insluitend standaarde met betrekking tot (a) voedselveiligheidbestuurstelsels;240 (b) voorvereistes vir die vervaardiging van voedsel;241 (c) voorvereistes vir boerdery (insluitend die voer van vee, die melk van diere, berging en vervoer);242 (d) naspeurbaarheid in die voer- en voedselketting;243 en (e) riglyne vir die neem van monsters van melk en melkprodukte.244

6.2.2 Codex Alimentarius

Die Codex Alimentarius sluit sowel internasionale voedselstandaarde as riglyne en kodes van praktyke (codes of practice) in wat tot die “safety, quality and fairness” van die internasionale handel in voedsel bydra.245 Hierdie standaarde/riglyne/kodes word beskou as aanbevelings vir die vrywillige toepassing deur die Codex-lede.246 Daar word wel aangedui dat die standaarde dikwels as grondslag vir nasionale wetgewing dien.247

Die Codex-standaarde/riglyne/kodes van toepassing op melk en melkprodukte kan verdeel word in: (a) standaarde vir melkprodukte,248 (b) algemene en spesifieke standaarde vir kase;249 en (c) algemene tekste rakende melk en melkprodukte.250

Terwyl die algemene standaarde/riglyne/kodes van die Codex wat verband hou met die voer van vee, voedselveiligheid, voeding en etikettering in die algemeen,251 toepaslik op die produksie en verkoop van rou melk vir direkte verbruik is, is dit opvallend dat die Code of hygienic practice for milk and milk products252 die produksie van “raw drinking milk” eksplisiet uitsluit in die toepassing van hierdie kode. Die Guidelines for the preservation of raw milk by use of the lactoperoxidase system253 is ook toepaslik op rou melk bestem vir verdere verwerking/behandeling en is derhalwe nie toepaslik op die produksie van rou melk vir direkte verbruik nie.

6.2.3 International Dairy Federation en die Food and Agricultural Organization

Die International Dairy Federation (IDF)

aims to identify, elaborate and disseminate best practice at international level in order to guide the dairy sector and to harmonise members’ work on a variety of issues along the dairy production chain including animal health and welfare, protection of the environment, nutrition, food safety and hygiene and food standards.254

Relevante werksaamhede van die IDF sluit onder andere in: (a) plaasbestuur, (b) voedselstandaarde, en (c) higiëne en veiligheid.255

Tesame met die Food and Agricultural Organization (FAO), het die IDF die Guide to good dairy farming practice256 gepubliseer. Aspekte rakende onder andere dieregesondheid, higiëne (spesifiek met betrekking tot melkproduksie), voeding en die omgewing word aangespreek.

6.3 Ander kodes

Dit is algemene praktyk vir lande/suiwelstandaardagentskappe om kodes van praktyke te publiseer ten einde hul suiwelsektor te ondersteun in die nakoming van die relevante voedselveiligheidregsraamwerke en -standaarde. Soortgelyk het die Suid-Afrikaanse Dairy Standard Agency die Code of practice for milk producers gepubliseer.257

 

7. Gevolgtrekking en aanbevelings

Soos reeds genoem, dui onlangs-gepubliseerde studies aan dat die gehalte van rou melk wat vir direkteverbruiksdoeleindes in Suid-Afrika bestem is, ’n rede tot groot kommer is. Na die identifisering van die relevante regsraamwerk wat van toepassing is op die produsering en verkoop van rou melk vir direkte verbruik is ons van mening dat hierdie regsraamwerk, alhoewel gefragmenteerd, tog bestaan en dat die nodige gesondheids- en veiligheidsvereistes reeds wetgewend en regulatories aangespreek word. Daar word gevolglik bevind dat die probleem moontlik eerder ’n kwessie van nienakoming en/of onvoldoende afdwinging van die bestaande regsraamwerk is. Verdere oorsake kan ook ’n gebrek aan kennis wees rakende die omvang van die regsraamwerk aan die kant van sowel produsente as verbruikers.

Die volgende aanbevelings word dus gemaak:

(a) Die gefragmenteerde benadering van die bestaande regsraamwerk kan aangespreek word deur die publikasie van regulasies wat spesifiek op die produksie en die verkoop van rou melk vir direkteverbruiksdoeleindes fokus – vanaf produksie tot verbruik.

(b) Soortgelyk aan bogenoemde word daar aanbeveel dat ’n kode van beste praktyke of riglyne gepubliseer word wat spesifiek fokus op die hantering van rou melk wat vir direkte verbruik bestem is. Sodanige kode of riglyne moet in eenvoudige taal geskryf word en onder melkprodusente versprei word. Opleiding van melkprodusente in hierdie verband word ook aanbeveel.

(c) Maatreëls moet ingestel word om verbruikers in te lig oor wetgewende en regulatoriese vereistes waaraan die produsering, berging, vervoer en verkoop van rou melk moet voldoen. Verbruikers moet byvoorbeeld ingelig word oor die verpligte sertifikaat van geskiktheid wat ingevolge R 962 van 2012258 in ’n voedselperseel (insluitend ’n perseel waar rou melk verkoop word), sigbaar moet wees. Bewusmaking van die vereistes rakende die houers waarin rou melk verkoop moet word,259 word ook aanbeveel.

(d) Laastens moet meer effektiewe implementering en afdwinging van die geïdentifiseerde regsraamwerk plaasvind.

 

Bibliografie

Agenbag, M.H.A. 2008. The management and control of milk hygiene in the informal sector by environmental health services in South Africa. Ongepubliseerde MTech-verhandeling, Central University of Technology.

Agenbag, M., R. Lues en L. Lues. 2012. Exploring the policy compliance of the South African informal milk-producing segment. Journal of Public Health Policy, 33(2):230–43.

Business Daily. 2017. Informal milk sector key to regular market supply. http://www.businessdailyafrica.com/analysis/Informal-milk-sector-key-to-regular-market-supply/539548-3946770-2amu24z/index.html (19 Julie 2017 geraadpleeg).

Carte Blanche. 2016. Brucellosis Threat. http://carteblanche.dstv.com/player/1108464/ (30 Desember 2016 geraadpleeg).

Claeys, W.L. 2013. Raw or heated cow milk consumption: Review of risks and benefits. Food Control, 31:251–62.

Codex Alimentarius. 1966. General standard for Cheddar (Codex-Stan 263-1966). Codex Alimentarius: Rome.

—. 1969. General principles of food hygiene (CAC/RCP 1 van 1969). Codex Alimentarius: Rome.

—. 1978. General standard for cheese (Codex-Stan 283-1978). Codex Alimentarius: Rome.

—. 1985. Guidelines on nutrition labelling (CAC/GL 2 van 1985). Codex Alimentarius: Rome.

—. 1991. Guidelines for the preservation of raw milk by use of the Lactoperoxidase system (CAC/GL 13 van 1991). Codex Alimentarius: Rome.

—. 1997. Code of practice for the reduction of Aflatoxin B1 in raw materials and supplemental feeding stuffs for milk producing animals (CAC/RCP 45 van 1997). Codex Alimentarius: Rome.

—. 1999. Codex standard for fermented milks (Codex-Stan 243-2003). Codex Alimentarius: Rome.

—. 1999. Codex standard for milk powders and cream powder (Codex Stan 207-1999). Codex Alimentarius: Rome.

—. 2001. Code of hygienic practice for the transport of food in bulk and semi packaged food (CAC/RCP 47 van 2001). Codex Alimentarius: Rome.

—. 2004. Code of hygienic practice for milk and milk products (CAC/RCP 57 van 2004). Codex Alimentarius: Rome.

—. 2004. Code of practice on good animal feeding (CAC/RCP 54 van 2004). Codex Alimentarius: Rome.

—. 2004. General guidelines on sampling (CAC/GL 50 van 2004). Codex Alimentarius: Rome.

—. 2006. Codex standard for a blend of evaporated skimmed milk and vegetable fat (Codex-Stan 250-2006). Codex Alimentarius: Rome.

—. 2006. General standard for Mozzarella (Codex-Stan 262-2006). Codex Alimentarius: Rome.

—. 2011. Milk and milk products. http://www.fao.org/docrep/015/i2085e/i2085e00.pdf (28 Desember 2016 geraadpleeg).

—. 2016a. About Codex. http://www.fao.org/fao-who-codexalimentarius/about-codex/en (28 Desember 2016 geraadpleeg).

—. 2016b. List of Codex members. http://www.fao.org/fao-who-codexalimentarius/about-codex/members/en/ (28 Desember 2016 geraadpleeg).

Dairy Standard Agency. 2009. Pasteurisation: The passport to safe milk. Milk & Juice Retail, 4(4):31.

—. 2010. Cheese from raw milk. Milk & Juice Retail, 5(3):28–9, 31.

—. 2013. Code of practice for milk producers. http://dairystandard.co.za/images/stories/documents/Legislation/COP-for-Milk-Producers1013.pdf (29 Desember 2016 geraadpleeg).

—. 2014. Combined list of acts, regulations and quality aspects of milk and other dairy products. http://www.dairystandard.co.za/attachments/article/149/DSA%20list%20of%20combined%20dairy%20legislation%20and%20standards%20Aug%202014%20(2).pdf (28 Desember 2016 geraadpleeg).

FAO. 2009. Codex Alimentarius: Food hygiene (basic texts). www.fao.org/docrep/005/y1579e/y1579e03.htm (15 November 2017 geraadpleeg).

IDF. 2008. Advancing Dairying Worldwide. http://www.fil-idf.org/wp-content/uploads/2016/04/IDF_Achievements-2008-01326.pdf (29 Desember 2016 geraadpleeg).

IDF en FAO. 2011. Guide to good dairy farming practices. http://www.fao.org/docrep/014/ba0027e/ba0027e00.pdf (29 Desember 2016 geraadpleeg).

ISO. About ISO. http://www.iso.org/iso/home/about.htm (28 Desember 2016 geraadpleeg).

—. 2005. Food safety management systems – Requirements for any organization in the food chain (ISO 22000 van 2005). ISO: Geneva.

—. 2007. Traceability in the feed and food chain – General principles and basic requirements for system design and implementation (ISO 22005 van 2007). ISO: Geneva.

—. 2008. Milk and milk products – Guidance on sampling (ISO 707 van 2008). ISO: Geneva.

—. 2009. Prerequisite programmes on food safety – Part 1: Food Manufacturing (ISO/TS 22002-1 van 2009). ISO: Geneva.

—. 2011. Prerequisite programmes on food safety – Part 3: Farming (ISO/TS 22002-3 van 2011). ISO: Geneva.

Louw, C. 2013. Factors influencing the bacteriological quality of raw milk produced on dairy farms in central South Africa. Ongepubliseerde MTech-verhandeling, Central University of Technology.

Milk SA. 2011. Standards. http://www.milksa.co.za/publications/standards?page=1 (29 Desember 2016 geraadpleeg).

—. 2014. The Milk SA guide to dairy farming in South Africa. Brooklyn: Milk SA.

Modimolle Local Municipality. 2016. Milk by-laws. www.modimolle.gov.za/docs/bylaws/MILK%20BYLAW.doc (15 November 2017 geraadpleeg).

More O'Ferrall-Berndt, M. 2003. A comparison of selected public health criteria in milk from milk-shops and from a national distributor. Journal of the South African Veterinary Association,74(2):35–40.

National Institute for Communicable Diseases. 2018. Situation update on Listeriosis outbreak, South Africa. http://www.health.gov.za/index.php/component/phocadownload/category/432 (5 Februarie 2018 geraadpleeg)

New Zealand Food Safety Authority. 2010. Code of Practice: Additional measures for raw milk. http://www.foodsafety.govt.nz/elibrary/industry/raw-milk-products-cop/code-of-practice-additional-measures-for-raw-milk-products.pdf (2 Augustus 2017 geraadpleeg).

Pullinger, E.J. 1947. Pasteurisation of milk under South African conditions. South African Journal of Science, 43:240–51.

SANS. 1977. The application of pesticides in food-handling, food-processing, and catering establishments (SANS 10133 van 1977). SANS: Pretoria.

—. 1995. Cleaning chemicals for use in the food industry (SANS 1828 van 1995). SANS: Pretoria.

—. 2005. Milk and milk products – Guidance on sampling (SANS 314 van 2005). SANS: Pretoria.

—. 2007. Requirements for a hazard analysis and critical control point (HACCP) system (SANS 10330 van 2007). SANS: Pretoria.

—. 2008a. Control of the quantity of contents in prepacked packages within the prescriptions of legal metrology legislation (SANS 1841 van 2008). SANS: Pretoria.

—. 2008b. Tolerances permitted for the accuracy of measurements of products (including pre-packaged products) in terms of legal metrology legislation (SANS 458 van 2008). SANS: Pretoria.

—. 2009. Disinfectants and detergent-disinfectants for use in the food industry (SANS 1853 van 2009). SANS: Pretoria.

—. 2010a. Pasteurized milk (SANS 1679 van 2010). SANS: Pretoria.

—. 2010b. Sterilized milk (SANS 1678 van 2010). SANS: Pretoria.

—. 2011. Good manufacturing practice for the self mixing of feed in the livestock industry (SANS 898 van 2011). SANS: Pretoria.

—. 2012a. Food safety management – Requirements for prerequisite programmes (PRPs) (SANS 10049 van 2012). SANS: Pretoria.

—. 2012b. Labelling requirements for prepackaged products (prepackages) and general requirements for the sale of goods subject to legal metrology control (SANS 289 van 2012). SANS: Pretoria.

—. 2016. List of published standards. https://www.sabs.co.za/Business_Units/Standards_SA/SABSTAN/STANDARDS_DEVELOPMENT/Published_Standards/PS034.PDF (28 Desember 2016 geraadpleeg).

Shange, N. 2017. Listeriosis: 10 things we know so far. TimesLive. 5 Desember 2017. https://www.timeslive.co.za/news/south-africa/2017-12-05-listeriosis-10-things-we-know-so-far (5 Februarie 2018 geraadpleeg).

Slabbert, K. 2007. Who’s the boss of quality? The Dairy Mail,14(8):16–21.

Sparks, C.N. 2016. The most important aspects of Bovine Brucellosis. http://www.bergbosvet.co.za/brucella_eng.htm (30 Desember 2016 geraadpleeg).

Thabo Mofutsanyana District Municipality. 2013. Municipal health by-laws. http://www.thabomofutsanyana.gov.za/downloads/Gazette_No%2028_of_28%20_June%20_2013%20_Promulgated.pdf (15 November 2017 geraadpleeg).

Zvomuya, F. 2010. Raw and exposed. The Dairy Mail, 17(6):92–3, 95.

 

Eindnotas

1 Milk SA (2014:16–7).

2 Milk SA (2014:17).

3 Dairy processors. Voorbeelde van Suid-Afrikaans-gebaseerde suiwelverwerkingsmaatskappye sluit Clover SA en DairyBelle in.

4 Voorbeelde van behandelde en/of verwerkte suiwelprodukte sluit in: (a) gepasteuriseerde melk; (b) gesteriliseerde melk; (c) ultrahoëtemperatuurbehandelde melk (UHT-melk), asook produkte wat met genoemde behandelde/verwerkte melk vervaardig word, soos: (d) botter; (e) kaas; (f) kondensmelk; (g) room; (h) vla; (i) jogurt; (j) suiwelgebaseerde vrugtedrankies.

5 GK R 1555 in SK 18439 van 1997-11-21.

6 Melk word in reg. 1 van R 1555 van 1997 omskryf as “die normale melkklierafskeiding van lakterende beeste, bokke en skape”. Melk word soortgelyk in reg. 1 van die regulasies betreffende die higiënevereistes vir melkstalle, die vervoer van melk en aangeleenthede wat daarmee verband hou (GK R 961 in SK 35905 van 2012-11-23) omskryf as “die melkafskeiding van melkvee, verkry uit een of meer kere se melk vir verbruik as vloeibare melk of vir verdere verwerking”. Sien ook General standard for the use of dairy terms (CODEX STAN 206 of 1999) wat melk omskryf as “the normal mammary secretion of milking animals obtained from one or more milkings without either addition to it or extraction from it, intended for consumption as liquid milk or for further processing”. Melk (sonder om onderskeid te maak tussen rou en verder-verwerkte melk) word in reg. 2 van die regulasies betreffende bederfbare voedingsmiddels(GK R 1183 in SK 12497 van 1990-06-01) geklassifiseer as ’n “bederfbare voedingsmiddel” vir doeleindes van art. 21(2)(a) van die Wet op Voedingsmiddels, Skoonheidsmiddels en Ontsmettingsmiddels54 van 1972. Sien afd. 2.2 van hierdie bydrae vir ’n uiteensetting van die relevante bepalings van dié wet asook relevante regulasies.

7 Pasteurisasie word in reg. 1 van R 1555 van 1997 omskryf as “die hittebehandeling, soos beskryf in Aanhangsel B, van ’n suiwelproduk of ’n nagemaakte suiwelproduk, sodat – (a) alle vegetatiewe patogene vernietig word; en (b) in die geval van melk, die uitslag van die fosfatasetoets soos beskryf in paragraaf 3 van Aanhangsel A negatief is, en, indien die betrokke produk nie verdere prosessering ondergaan nie, die afkoeling daarvan tot benede 5°C geskied onmiddellik nadat dit aldus hittebehandel is.” Sien ook Dairy Standard Agency (2009:31); Dairy Standard Agency (2010:31). In die Regulations relating to the classification, packing and marking of dairy products and imitation dairy products intended for sale in the Republic of South Africa (GK R 260 in SK 38615 van 2015-03-27) word ook voorsiening gemaak vir ultra-pasteurisation soos gedefinieer in reg. 1 as “the heat treatment of milk to achieve an end product that complies with the specifications of Table 1 A”. Tabel 1 A verwys na die “lactoperoxidase activity of milk (for ultra-pasteurised milk the lactoperoxidase activity should be negative) as well as the 13-lactoglobulin content of milk (for ultra-pasteurised milk the 13-lactoglobulin content should be ≥ 2000 mg/litre)”.

8 Sterilisasie word in reg. 1 van R 1555 van 1997 omskryf as “die hittebehandeling bo 100°C, na verpakking, van ’n suiwelproduk of ’n nagemaakte suiwelproduk sodat die betrokke produk vir ’n tydperk van minstens 14 dae teen mikrobiologiese bederf bestand is indien by ’n temperatuur van 30°C ± 1°C gehou”.

9 Ultrahoëtemperatuurbehandeling (of UHT) word in reg. 1 van R 1555 van 1997 omskryf as “die proses waardeur melk of ’n suiwelproduk aan hittebehandeling bo 100°C onderwerp word en asepties verpak word sodat die eindproduk, nadat dit minstens 14 dae lank by ’n temperatuur van 30°C ± 1°C geïnkubeer is, vry is van bederf deur mikro-organismes”.

10 Alhoewel verkoop nie in R 1555 van 1997 omskryf word nie, word verkoop in art. 1 van die Wet op Voedingsmiddels, Skoonheidsmiddels en Ontsmettingsmiddels 54 van 1972 omskryf as “vir verkoop aanbied, adverteer, hou, uitstal, versend, stuur, vervoer of lewer, of verruil of op enigerlei wyse hetsy teen ’n teenprestasie of andersins aan iemand van die hand sit; en het ‘verkoop’, wanneer dit as ’n naamwoord gebruik word, ’n ooreenstemmende betekenis”.

11 Suiwelproduk word in reg. 1 van R 1555 van 1997 omskryf as “’n produk soos omskryf in die Regulasies betreffende Suiwel- en Nagemaakte Suiwelprodukte”. Met verwysing na die huidige regulasies betreffende suiwel- en nagemaakte suiwelprodukte, naamlik die Regulations relating to the classification, packing and marking of dairy products and imitation dairy products intended for sale in the Republic of South Africa (GK R 260 in SK 38615 van 2015-03-27) word ’n onderskeid gemaak tussen: (a) ’n primêre suiwelproduk (primary dairy product); (b) ’n saamgestelde suiwelproduk (composite dairy product); en (c) ’n gewysigde suiwelproduk (modified dairy product). ’n Primêre suiwelproduk word in reg 1. van R 260 van 2015 omskryf as “milk or a product that has been derived or manufactured solely from milk, and to which no substances other than permitted food additives not intended to replace any part of the milk solids in that product are added, and includes a product that consists of a combination of two or more such products”. ’n Saamgestelde suiwelproduk word in reg. 1 omskryf as “a product consisting of a combination of a primary dairy product and another foodstuff the solids of which are not intended to replace any part of the milk solids of that primary dairy product”. ’n Gewysigde suiwelproduk word in reg 1. omskryf as “a product that, in so far as it relates to general appearance, presentation and intended use, corresponds to a primary dairy product, and of which not more than 50 per cent of the fat content, protein content and carbohydrate content has respectively been obtained from a source other than a primary dairy product”. Sien regg. 7–8 van R 1555 van 1997 vir die verbod op die verkoop van suiwelprodukte. Sien ook afd. 2.3 van hierdie bydrae.

12 Milk SA (2014:17).

13 Insluitend rou room, rou afgeroomde melk, rou hersaamgestelde (aangemaakte) melk of rou hersaamgestelde (aangemaakte) afgeroomde melk (sien reg. 4 van R 1555 van 1997), asook rou melk wat suur geword het (sien reg. 5 van R 1555 van 1997).

14 Regg. 3–5); sien afd. 2.3 van hierdie bydrae.

15 Claeys (2013:251).

16 Sien ook Zvomuya (2010:95).

17 Soos aangedui in punt (b) hier bo en gereguleer deur o.a.regg. 4–5 van R 1555 van 1997.

18 Soos aangedui in punt (a) hier bo en gereguleer deur o.a. reg. 2 van R 1555 van 1997.

19 Claeys (2013:251). Vir ’n samevatting van die beweerde voordele van die verbruik van rou melk sien Louw (2013:2–3).

20 Claeys (2013:251).

21 Sien ook Zvomuya (2010:95).

22 Met verwysing na ongeorganiseerde, kleinskaalse besighede wat suiwelprodukte op die informele mark verkoop. Sien bv. Business Daily 2017. Agenbag, Lues en Lues (2012:231) verwys in hierdie verband spesifiek na “informal outlets (hawkers/informal street vendors, unregistered brokers, and so on)”.

23 Sien bv. Zvomuya (2010:93) waar aangedui word dat verbruikers van rou melk (gekoop in die informele sektor) rou melk verkies het ten spyte van die moontlike gesondheidsrisiko’s wat met die verbruik van rou melk geassosieer word: ““Nevertheless, informal sector customers insist that raw, unpasteurised milk is cheaper than a litre of milk in a supermarket …”

24 Dairy Standard Agency (2009:31).

25 Pullinger (1947:242). Sien ook More O’Ferrall-Berndt (2003:35).

26 Carte Blanche (2016). Sien ook Sparks (2016).

27 National Institute for Communicable Diseases (2018).

28 Shange (2017).

29 Slabbert (2007:17). Sien ook More O'Ferrall-Berndt (2003:35).

30 Sien Zvomuya (2010:92–3, 95); Louw (2013:2–3); Agenbag (2008:56); Agenbag, Lues en Lues (2012:230–43); More O’Ferrall-Berndt (2003:35-40). Zvomuya (2010:95) dui bv. aan: “From our investigations, apart from illegal drugs, raw milk may be the most briskly traded underground commodity in our townships and informal settlements. A visit to Ramaphosa Settlement in Alexandra, saw a lot of raw milk being traded openly. At a farm in Pretoria East, people steadily flowed into a tiny shop, exchanging empties for bottles of fresh milk. Milk is advertised along the road with a price on it … Some of these lower-end milk shops exhibit bad and downright dangerous hygienic standards. Most informal traders have no shops and sell milk from doubtful containers in the streets of the townships.”

31 Louw (2013:2).

32 Zvomuya (2010:95); Dairy Standard Agency (2013); Dairy Standard Agency (2014) en Agenbag, Lues en Lues (2012). Literatuur lys dikwels ook net die betrokke regulasies sonder om inhoud daaraan te verleen. Sien bv. Dairy Standard Agency (2014). Daar moet ook vermeld word dat bestaande literatuur nie melding maak van nuwe ontwikkelinge m.b.t. die etikettering van suiwelprodukte (insluitend rou melk en roumelkprodukte) ingevolge die Regulations relating to the classification, packing and marking of dairy products and imitation dairy products intended for sale in the Republic of South Africa (GK R 260 in SK 38615 van 2015-03-27) nie. Sien afd. 3.2 van hierdie bydrae.

33 Sien afd. 3–6 van hierdie bydrae.

34 Neem kennis dat die huidige regsraamwerk vir die produksie en verkoop van rou melk vir direkteverbruiksdoeleindes uiteengesit sal word en dat herroepte wetgewing en/of regulasies nie aandag sal geniet nie, tensy anders vermeld.

35 Weens die aard en die omvang van hierdie studie word hierdie bydrae beperk tot die regsraamwerk van toepassing op rou melk wat geproduseer en verkoop word vir verbruik binne die Suid-Afrikaanse grense. Die regsraamwerk met betrekking tot die invoer en uitvoer van rou melk sal om dié rede nie in hierdie bydrae aandag kan geniet nie. Daar moet verder in ag geneem word dat die bespreking verder beperk is tot die produksie en verbruik van rou melk. Die produksie en verkoop van spesifiek roumelkprodukte (byvoorbeeld kaas wat van rou melk gemaak is) val gevolglik buite die omvang van die bydrae. Weens die aard en omvang van die bydrae val die afdwinging van die geïdentifiseerde regsraamwerk buite die fokus daarvan. Vir ’n bespreking van die rol wat plaaslike regerings (spesifiek omgewingsgesondheidpraktisyns) in die toepassing van voedselveiligheid speel, sien Agenbag (2008); Agenbag, Lues en Lues (2012).

36 Sien die omskrywing van verkoop soos vervat in art. 1 van die Voedingsmiddelswet en aangehaal in eindn. 13.

37 Vervaardiging word in art. 1 omskryf as “ook produksie, of bereiding, verwerking, verduursaming of ander vervaardigingsproses; en het ‘vervaardig’ ’n ooreenstemmende betekenis”.

38 Aanhef tot die Voedingsmiddelswet.

39 Uitgesluit ’n medisyne soos omskryf in die Wet op Medisyne en Verwante Stowwe 101 van 1965.

40 GK R 1183 in SK 12497 van 1 Junie 1990 (soos gewysig deur GK R 952 in SK 20330 van 6 Augustus 1999).

41 GK R1809 in SK 14101 van 3 Julie 1992.

42 Dairy Standard Agency(2009:31). Sien afd. 1 van hierdie bydrae.

43 Louw (2013:7).

44 Vervaardig vir doeleindes van art. 2(1) beteken “ook om ’n voedingsmiddel … te behandel op ’n wyse wat, of met ’n stof waarvan die aanwesigheid, die bedoelde voedingsmiddel … ’n verbode artikel ingevolge daardie subartikel maak, en om ’n stof by te voeg by, of ’n stof of bestanddeel te abstraheer, te verwyder of weg te laat uit, ’n voedingsmiddel … met die gevolg dat bedoelde voedingsmiddel … ’n verbode artikel ingevolge daardie subartikel word”. Sien art. 2(3).

45 Ander relevante bepalings van die Voedingsmiddelswet wat betrekking op die verkoop en verbruik van rou melk het, sluit in: (a) art. 4 (die gebruik of aanwending van verbode proses, metode, toestel, houer of voorwerp); art. 5 (vals beskrywing van artikels); artt. 10–14 (inspekteurs, ontleders en ondersoek); asook artt. 17–18 (misdrywe en strawwe).

46 Sien art. 2(1)(a)(iii) van die Voedingsmiddelswet.

47 Sien regg. 2–11 van R 1555 van 1997. Sien ook regg. 4–21 van GK R 260 in SK 38615 van 27 Maart 2015. Sien onderskeidelik afd. 2.3 en 3.2 van hierdie bydrae vir ’n uiteensetting van R 1555 en R 260.

48 Sien art. 2(1)(a)(iv) van die Voedingsmiddelswet.

49 Sien regg. 2–3 van R 1555. Sien ook afd. 2.3 van hierdie bydrae.

50 GK R1555 in SK 18439 van 21 November 1997.

51 Sien afd. 1 van hierdie bydrae.

52 Sien afd. 1 van hierdie bydrae vir die omskrywings van rou melk; pasteurisasie; sterilisasie; en ultrahoëhittebehandeling (soos omskryf in reg. 1 van R 1555). Sien ook die omskrywing van roumelkprodukte in afd. 1 van hierdie bydrae.

53 Soos reeds aangedui (sien afd. 1) word verkoop nie in R 1555 omskryf nie maar wel in art. 1 van die Voedingsmiddelswet as “ook vir verkoop aanbied, adverteer, hou, uitstal, versend, stuur, vervoer of lewer, of verruil of op enigerlei wyse hetsy teen ’n teenprestasie of andersins aan iemand van die hand sit; en het ‘verkoop’, wanneer dit as ’n naamwoord gebruik word, ’n ooreenstemmende betekenis”.

54 Tesame met rou room, rou afgeroomde melk, rou hersaamgestelde (aangemaakte) melk of rou hersaamgestelde (aangemaakte) afgeroomde melk. Sien reg. 4.

55 Verbruik word nóg in R 1555 nóg in die Voedingsmiddelswet omskryf.

56 Sien afd. 1 van hierdie bydrae.

57 Tesame met rou melk, rou room, rou afgeroomde melk, rou hersaamgestelde (aangemaakte) melk, rou hersaamgestelde (aangemaakte) afgeroomde melk of rou melk wat suur geword het. Sien reg. 3.

58 Ingevolge reg. 3(3) kan ’n plaaslike owerheid wat in aanhangsel C gelys word, versoek dat sy naam van die lys verwyder word.

59 Ondersk. regg. 4 en 5 van R 1555.

60 Reg. 2 van R 1555 van 1997 word slegs vir volledigheidsdoeleindes in tabel 1 ingesluit.

61 Soos reeds genoem, insluitend rou room, rou afgeroomde melk, rou hersaamgestelde (aangemaakte) melk of rou hersaamgestelde (aangemaakte) afgeroomde melk. Sien reg. 4.

62 Met verwysing na “antibiotika of ander antimikrobiese stowwe in hoeveelhede wat die maksimum residuvlakke oorskry” wat in GK R 1809 in SK 14101 van 3 Julie 1992 (soos gewysig) bepaal is; of “wat uit hoofde van ’n aanwysende toets vermoedelik antibiotika of ander antimikrobiese stowwe bevat in hoeveelhede wat sodanige maksimum residuvlakke oorskry”. Sien reg. 2(a)(i). Aanwysende toets word in reg. 1 van R 1555 omskryf as “’n toets waarvan die positiewe resultaat lei tot die vermoede dat ’n stof teenwoordig is, waarna daardie vermoede bewys moet word deur die gebruik van meer gesofistikeerde en akkurate toetsmetodes”.

63 Vreemd word in reg 1. van R 1555 omskryf as “van eksterne oorsprong”.

64 Die “stol-by-kook-toets” word uiteengesit in par. 6 van aanhangsel A van R 1555. Sien ook reg. 5 van GK R 160 in SK 38615 van 27 Maart 2015.

65 Kolonievormende eenhede word nie in R 1555 omskryf nie.

66 Deur toepassing van óf die “standaardplaattelling-toets” (soos uiteengesit in par. 7 van aanhangsel A van R 1555) óf die “droë gerehidreerde film-metode vir standaardkolonietelling” (soos uiteengesit in par. 10 van aanhangsel A van R1 555).

67 Deur toepassing van of die “standaardplaattelling-toets” (soos uiteengesit in par. 7 van aanhangsel A van R 1555) of die “droë gerehidreerde film-metode vir standaardkolonietelling”(soos uiteengesit in par. 10 van aanhangsel A van R1 555).

68 Kolivorme bakterieë word in reg. 1 van R 1555 omskryf as “staafvormige, gramnegatiewe aërobiese en fakultatief anaërobiese nie-spoorvormende bakterieë wat laktose fermenteer, met die gepaardgaande vorming van gas en suur, deur gebruikmaking van die mediums en die metodes in paragraaf 4 of 5 van Aanhangsel A voorgeskryf”.

69 Reg. 2(d)(i). Deur toepassing van die toets soos omskryf in par. 4(4) van aanhangsel A van R 1555.

70 Reg. 2 (d)(i). Deur toepassing van óf die violetrooigal-MUG-agartoets (hierna VRG-MUG-agartoets of -metode) vir kolivormiges en Escherichia coli (soos uiteengesit in par. 5 van aanhangsel A van R 1555) óf die droë gerehidreerde film-metode vir kolivormiges- en Escherichia coli-telling (soos uiteengesit in par. 11 van aanhangsel A van R 1555).

71 Deur die toepassing van óf die “Standard Routine Method for the Counting of Coliform Bacteria in Raw Milk” soos aanbeveel deur die Internasionale Suiwelfederasie se International Standard IDF (73:1985) (of enige gewysigde weergawe daarvan) óf deur die toepassing van die VRB-MUG-agarmetode (soos uiteengesit in par. 5 van aanhangsel A van R 1555); of deur die toepassing van die droë gerehidreerde film-metode (soos uiteengesit in par. 11 van aanhangsel A van R 1555).

72 Deur die toepassing van die toets vir kolivorme bakterieë (soos uiteengesit in par. 4(4) van aanhangsel A van R 1555).

73 Deur die toepassing van óf die VRB-MUG-agarmetode (soos uiteengesit in par. 5 van aanhangsel A van R 1555) óf die droë gerehidreerde film-metode (soos uiteengesit in par. 11 van aanhangsel A van R 1555).

74 Escherichia coli (E.coli)word in reg. 1 van R 1555 omskryf as “die organisme wat gas by 44°C ± 0,25°C in briljante groen 2% (m/v) galboeljon produseer en indool in triptoonwater by dieselfde temperatuur produseer wanneer dit 24 uur lank geïnkubeer word, deur gebruik te maak van die metode beskryf in paragraaf 2 van aanhangsel A of, alternatiewelik, wanneer die violetrooigal-MUG-agarmetode gebruik word, dié kolonies wat blou fluoresseer in die omliggende media onder ’n ultravioletlig na inkubasie vir 24 ± 1 uur by 30°C”.

75 Met verwysing na die gewysigde Eijkmann-toets vir E.coli soos uiteengesit in par. 2 van aanhangsel A van R 1555.

76 Met verwysing na die VRB-MUG-agartoets vir kolivormiges en Escherichia coli (soos uiteengesit in par. 5 van aanhangsel A van R 1555) of deur die toepassing van die droë gerehidreerde film-metode (soos uiteengesit in par. 11 van aanhangsel A van R 1555).

77 Met verwysing na die VRB-MUG-agartoets vir kolivormiges en Escherichia coli (soos uiteengesit in par. 5 van aanhangsel A van R 1555) of deur die toepassing van die droë gerehidreerde film-metode (soos uiteengesit in par. 11 van aanhangsel A van R 1555).

78 Deur die toepassing van die “Standard methods for counting somatic cells in Bovine milk” (soos uiteengesit in die Internasionale Suiwelfederasie Bulletin 114 van 1979), “na drie opeenvolgende lesings met minstens sewe dae tussenpose gedurende die toetsperiode, of wat enige ander tekens van abnormale afskeidingsaktiwiteite van die melkklier(e) toon”. Sien reg. 2(e) van R 1555.

79 Soos uiteengesit in par. 9 van aanhangsel A van R 1555.

80 Geslote houer word in reg. 1 van R 1555 omskryf as “’n skoon houer wat vloeistofdig en lekvry is en die produk daarin sal vrywaar teen kontaminasie in normale bergings-, hanterings- en vervoertoestande”.

81 Alhoewel geen kuddevereistes i.t.v. reg. 2 gestel word nie, kan ’n suiwelverwerkingsmaatskappye wel in hul leweringsooreenkomste met hul melkproduseerders verwag dat die produsente jaarliks verslag moet lewer oor bv. die tuberkulose- en brucellose-status van hul kudde.

82 Soos gevestig ingevolge die Wet op Dieresiektes 35 van 1984.

83 GK R 961 in SK 35905 van 23 November 2012.

84 GK R 962 in SK 35906 van 23 November 2012 (nie in Afrikaans beskikbaar nie).

85 GK R 908 in SK 25123 van 27 Junie 2003 (nie in Afrikaans beskikbaar nie).

86 GK R 1809 in SK 14101 van 3 Julie 1992 (soos gewysig).

87 GK R 146 in SK 32975 van 1 Maart 2010 (soos gewysig).

88 ’n Goedgekeurde melkstal bestaan ingevolge reg. 6 van R 961 uit “ten minste”: (a) ’n melkskuur (waarin die melkvee gemelk word – sien reg. 1); (b) ’n melkkamer (waar melk vanaf die melkskuur ontvang word, behandel, verwerk en verpak word (sien reg. 6(3)); (c) ’n kleedkamer (sien reg. 6(4)); ’n waskamer (waar melkhouers en ander “los apparaat en toerusting wat in die hantering van melk gebruik word”, gewas, gereinig, ontsmet en gesteriliseer word (reg. 6(1)(a)(iv)).

89 Melkvee word in reg. 1 van R 961 omskryf as “koeie, bokooie, skaapooie, perdemerries of donkiemerries wat gebruik word in die produksie van melk vir menslike verbruik, en het ‘melkdier’ ’n ooreenstemmende betekenis”.

90 Melk word in reg. 1 van R 961 omskryf as “die melkafskeiding van melkvee, verkry uit een of meer kere se melk vir verbruik as vloeibare melk of vir verdere verwerking”. Sien ook omskrywings van melk in afdeling 1 van hierdie bydrae.

91 Sien reg. 3 van R 961 vir die aansoekprosedure vir ’n geskiktheidsertifikaat, welke sertifikaat uitgevaardig word deur die plaaslike owerheid in wie se gebied van jurisdiksie die melkstal geleë is. Sien ook reg. 4 van R 961 vir ’n uiteensetting van die voorwaardes waaronder ’n geskiktheidsertifikaat uitgereik word.

92 Reg. 2(1) van R 961. Sodanige bepalings is egter nie van toepassing op ’n melkstal waarin melk suiwer vir eie gebruik geproduseer word nie. Sien reg. 2(2) van R 961. Eie gebruik verwys (sien reg. 1 van R 961) na melk wat slegs deur die eienaar of besitter van die melkvee (of sy huishouding) gebruik word (of vir sodanige gebruik bestem is); of melk wat gratis aan sodanige persoon se werknemers verskaf word, vir laasgenoemde (of hul huishoudings) se gebruik.

93 Eie beklemtoning. Sien ook reg. 6(9)–(10): “(9) Niemand moet in ’n melkstal, uitgesonderd die kleedkamer of die eetkamer daarvan, rook, enige vorm van tabak gebruik of hanteer, of eet nie. (10) Sodra die melkdiere ’n melkstal verlaat het, moet al die mis uit die melkstal en van die vloer verwyder word, en moet al die ingange en uitgange van die melkstal gereinig word.”

94 Sien bv. reg. 7(5): “Melkhouers, en ander vaste en losstaande apparaat en toerusting, moet na gebruik so gewas en ontsmet word dat hulle skoon is, dat vet- en melkresidue opgelos en verwyder is en dat die bakterietelling op oppervlakke wat met melk in aanraking kom, na ontsmetting nie 10 bakterieë per 100 vierkante millimeter van daardie oppervlakke oorskry nie. Die dep van die kontakoppervlakke moet uitgevoer word ooreenkomstig die SABS-standaardtoetsmetode 763: Doeltreffendheid van die reiniging van aanleg, toerusting en gebruiksvoorwerpe: Deppertegniek.”

95 Sien bv. reg. 7(3)(a)(v)–(vii) m.b.t. die verkoelingsvermoë van ’n grootmaatplaastenk, naamlik dat lg. “(v) toegerus is om die melk in daardie tenk binne drie uur af te koel tot vyf grade Celsius of ’n laer temperatuur, en in staat is om daardie afgekoelde melk effektief by ’n vereiste temperatuur van tussen een en vyf grade Celsius te hou; (vi) ’n minimum afstand van 0,5 meter van enige dak, plafon of muur geïnstalleer is om die melk effektief koel te hou; (vii) op so ’n wyse geïsoleer word dat wanneer geen afkoeling plaasvind nie, die temperatuur van die melk in daardie tenk 12 uur lank nie meer as drie grade Celsius sal verhoog as die omgewingstemperatuur 32 grade Celsius is nie.” Sien ook reg. 7(4)(a)(ii) rakende die tenk van ’n melktenkwa, naamlik dat lg. “op so ’n wyse geïsoleer word dat die temperatuur van die melk in daardie tenk elke 48 uur nie meer as twee grade Celsius sal verhoog nie”.

96 Alhoewel reg. 7 van R 961 nie verwys na die etikettering van die melkhouer nie, is dit vroeër genoem dat regg. 4(1)(i) en 5(e) van R 1555 (sien afd. 2.3 van hierdie bydrae) vereis dat die houer waarin rou melk (of rou melk wat suur geword het) verkoop word vir direkteverbruiksdoeleindes, duidelik met die volgende woorde gemerk moet wees: “Ongepasteuriseerd”/“Unpasteurised” (of “Ongepasteuriseerde suur melk” / “Unpasteurised sour milk”) of “Rou melk” / “Raw milk” (of “Rou suur melk” / “Raw sour milk”).

97 Sien reg. 7 van R 961.

98 Reg. 8(2).

99 Reg. 8(3). Sien ook reg. 7 rakende houers.

100 Reg. 8(4).

101 Sien die omskrywing van melkvee in reg. 1 soos genoem in eindn. 89 hier bo.

102 Sien reg. 6(3) rakende die vereistes m.b.t. die melkkamer.

103 Reg. 8(5).

104 Reg. 9(1).

105 Insluitend die naam van die betrokke veearts indien van toepassing. Reg. 9(2).

106 Reg. 9(3) vereis die volgende: “Elke individuele melkdier moet minstens een keer in ’n tweejaarsiklus deur ’n veearts ondersoek word, met dien verstande dat melkdiere soos nodig verder ondersoek word; en na elke ondersoek moet ’n verslag van die veearts verkry word.”

107 Reg. 9(7) bepaal: “Alle flanke, uiers, mae en sterte van opsigtelik vuil melkdiere moet voor die melkproses gereinig en, indien nodig, met wegdoenbare of skoon handdoeke afgedroog word.”

108 Reg 9(4) bepaal: “Die melk van ’n melkdier wat siek is of siek blyk te wees moet nie vir menslike verbruik beskikbaar gestel word totdat die houer seker gemaak het dat die dier nie aan ’n siekte genoem in sub-regulasie (5) ly nie.” Siektes gelys in reg. 9(5) sluit in mastitis, tuberkulose, salmonellose, anaplasmose, rooiwater ens. Sien reg. 9(5) vir ’n volledige lys.

109 Sien bv. ook regg. 6 en 10(1)–(2) rakende persoonlikehigiëne-fasiliteite.

110 Reg. 10(4).

111 Tensy sodanige abses, seer, sny en/of skaafplek met ’n “vogdigte wondbedekking” bedek is. Sien reg. 10(5)(a).

112 Tensy die persoon die siekte/toestand onmiddellik by die persoon in beheer aanmeld, tesame met die inhandiging van ’n sertifikaat vanaf ’n geneesheer, welke sertifikaat verklaar dat die persoon geskik is om voedsel te kan hanteer. Sien reg. 10(5)(b).

113 Reg. 10(5)(c).

114 Reg. 10(6) bepaal: “Alle werknemers moet opleiding ondergaan in persoonlike en voedselhigiëne wat op die produksie en hantering van melk van toepassing is, en, in die geval van nuwe werknemers, vóór die aanvang van die hantering van melk. Rekords van sodanige opleiding moet op versoek aan ’n inspekteur beskikbaar gestel word.”

115 Reg. 10(7) bepaal: “Die houer van ’n geskiktheidsertifikaat vir ’n melkstal moet opleiding in voedselveiligheid en die higiëneaspekte van die produksie en hantering van melk ontvang wat deur ’n geakkrediteerde diensverskaffer aangebied word.”

116 Sien reg. 11, nl.: “(1) Indien melk wat nie reeds in sy finale kleinhandelverpakking verpak is nie, by ’n melkstal op ’n voertuig gelaai word vir vervoer na ’n verdere verspreidingspunt, moet die bestuurder van daardie voertuig – (a) voordat enige melk op daardie voertuig gelaai word - (i) ’n alisarolproef uitvoer (68 persent alkohol) op ’n monster van die melk wat gelaai moet word, welke monster deur hom of haar of onder sy of haar direkte toesighouding uit die houer geneem moet word waaruit daardie melk gelaai word; en (ii) die temperatuur van die melk in die tenk neem; en indien die alisarolproef positief is of indien die temperatuur van daardie melk in die tenk vyf grade Celsius oorskry, wat onbehoorlike hantering aandui en die temperatuur waaronder die melk geberg is, daardie melk nie vir vervoer aanvaar nie; (b) seker maak dat ’n melktenkwa of melkhouer gereinig en ontsmet word sodra al die melk uit daardie melktenkwa of -houer afgelaai is. (2) Die monsters wat ingevolge regulasie 11(1)(a) geneem word, moet voldoen aan al die toepaslike bepalings van ISO 707/IDF 50:2008: Melk en melkprodukte – riglyne oor monsterneming. (3) Die bakterietelling op die oppervlakke wat met die melk in aanraking kom, moet nie nadat gepaste reiniging en ontsmetting uitgevoer is, 10 bakterieë per 100 vierkante millimeter van daardie oppervlakke oorskry nie. Die deb [sic] van die kontakoppervlakke moet uitgevoer word ooreenkomstig die SABS-standaardtoetsmetode 763: Doeltreffendheid van aanleg, toerusting en gebruiksvoorwerpe: Deppertegniek.”

117 Sien reg. 12: “(1) ’n Plaaslike owerheid kan ’n persoon skriftelik vrystel van nakoming van sommige van hierdie regulasies indien sodanige nienakoming na die mening van die plaaslike owerheid nie ’n gesondheidsgevaar skep of sal skep nie. (2) Sodanige vrystelling is onderhewig aan die voorwaardes en geldig vir die tydperk wat die plaaslike owerheid bepaal en in die betrokke dokument verklaar het.”

118 Reg. 14 bepaal: “Iemand wat ’n bepaling van hierdie regulasies oortree, of toelaat dat so ’n oortreding plaasvind, is aan ’n misdryf skuldig en is strafbaar met ’n boete waarvoor kragtens artikel 18 van die Wet voorsiening gemaak word.” “Wet” verwys in hierdie verband na die Voedingsmiddelswet.

119 GK R962 in SK 35906 van 23 November 2012. Soos reeds aangedui, nie in Afrikaans beskikbaar nie.

120 Certificate of acceptability soos uitgereik ingevolge reg. 3.

121 Sien afd. 2.2 van hierdie bydrae vir ’n omskrywing van voedingsmiddel ingevolge art. 1 van die Voedingsmiddelswet asook vir ’n kortlikse motivering van melk (hetsy rou of behandel/verwerk) as ’n voedingsmiddel.

122 Sien afd. 2.2 van hierdie bydrae.

123 Food handler word dienooreenkomstig in reg. 1 omskryf as ’n persoon wat in die gewone verloop van sy/haar normale “routine work on food premises” in kontak kom met voedsel, welke voedsel nie vir sy/haar persoonlike gebruik bedoel is nie.

124 “The person in charge of any food premises wishing to obtain a certificate of acceptability in respect of such food premises shall apply therefor in writing to the local authority in whose area of jurisdiction the food premises are situated on a form containing at least the particulars that are substantially the same as those contained in the form in Annexure A to these Regulations.”

125 Reg. 3(7). Sien reg. 3(9) rakende die oordraagbaarheid van sowel die geskiktheidsertifikaat as die geldigheid, endossement en verval daarvan: “A certificate of acceptability– (a) shall not be transferable from one person to another person and from one food premises to another food premises; (b) shall be valid only in respect of the nature of handling set out in the application for a certificate of acceptability; (c) may at any time be endorsed by a local authority by– (i) the addition of any further restriction that may be necessary to prevent a health hazard; and (ii) the removal of any restriction with regard to the category or type of food or the method of handling; (d) shall expire temporarily for the period during which a prohibition under regulation 4(2) is in effect; (e) shall expire permanently if a prohibition referred to in regulation 4(2) is not removed within a stipulated period which shall not exceed six months from the date on which a notice was issued in terms of regulation 4(2); (f) shall expire permanently if the provisions of subregulation (8) are not complied with.”

126 ’n Inspekteur soos na verwys in art. 10 van die Voedingsmiddelswet.

127 Reg. 6(5) vereis bv.: “Every chilling and freezer facility used for the storage, display or transport of perishable food shall be provided with a thermometer which at all times shall reflect the degree of chilling of the refrigeration area of such facility and which shall be in such a condition and positioned so that an accurate reading may be taken unhampered.”

128 Verkoelde produkte sluit in rou ongepreserveerde vis, molluske, skaaldiere, eetbare afval, pluimveevleis en melk, welke produkte op ’n kerntemperatuur van 4°C gehou moet word wanneer geberg, vervoer of vir verkoop uitgestal word.

129 Vrystellings, addisionele vereistes en voorbehoude word in reg. 15 uiteengesit, terwyl reg. 16 verklaar dat enige persoon wat ’n bepaling van hierdie regulasies oortree of sodanige oortreding toelaat, aan ’n misdaad skuldig sal wees.

130 GK R908 in SK 25123 van 27 Junie 2003 soos gewysig deur GK R 1060 in SK 32695 van 13 November 2009. Soos reeds aangedui, nie in Afrikaans beskikbaar nie.

131 Soos gespesifiseer in kolom A van aanhangsel A van R 908.

132 Reg. 1 van R908. Food safety (voedselveiligheid) word in reg. 1 omskryf as “the assurance that food will not cause harm chemically, biologically or physically, to the consumer when prepared, used or eaten according to its intended use”. HACCP plan word in reg. 1 omskryf as “a plan, in a document form, which outlines the control of hazards which are significant for food safety in a segment of the food chain under consideration …”

133 Al word foodstuffs (voedingsmiddels) nie in R 908 omskryf nie, bepaal reg. 1 van R 908 dat indien enige woord of uitdrukking nie in R 908 omskryf word nie, dit dieselfde betekenis het soos omskryf in die Voedingsmiddelswet, tensy die konteks anders aandui. Sien afd. 2.2 van hierdie bydrae vir die omskrywing van voedingsmiddel soos omskryf in art. 1 van die Voedingsmiddelswet, asook die motivering van melk as ’n voedingsmiddel.

134 Sien afd. 2.4.1 van hierdie bydrae vir ’n uiteensetting van reg. 6 van R 961 rakende die vereistes van toepassing op melkskure (insluitend melkstalle).

135 Tesame met (a) prosesseerders; (b) vervoerders van vars melk; en (c) handelaars (melkwinkels), insluitend op supermarkpersele.

136 Handling of food (hantering van voedsel) word nie in R 908 omskryf nie, maar food handler (voedselhanteerder) word wel in reg. 1 omskryf as “a person who in the course of his or her normal duties comes into contact with food not intended for his or her own use …”. Sien ook reg. 1 van R 962 (sien afd. 2.4.2 van hierdie bydrae) waar bepaal word dat handle (hanteer) “includes manufacture, process, produce, pack, prepare, keep, offer, store, transport or display for sale or for serving, and 'handling' has a corresponding meaning …”

137 Reg. 14 bepaal: “A HACCP certification must be conducted by a certifying body referred to in regulation 12 based on the results of an external HACCP audit and in a format as determined by the Director-General and such certificate is valid for a period not exceeding one year.” Sien ook regg. 12–14 vir spesifikasies rakende die verifikasie van die HACCP-stelsel.

138 Soos van tyd tot tyd bygewerk. Beskikbaar by FAO 2009. Sien ook aanhangsel C tot R 908 vir die beginsels van die HACCP-stelsel soos aangeneem deur die Codex Alimentarius-kommissie, asook algemene riglyne vir die toepassing daarvan. Reg. 9 laat wel die eienaar van ’n voedselhanteringsonderneming toe om ’n stelsel gelykstaande aan die HACCP-stelsel soos na verwys in reg. 8 toe te pas indien sodanige gelykstaande stelsel ten minste die beginsels en prosesse van die genoemde HACCP-stelsel insluit.

139 Die HACCP-stelsel bestaan uit die volgende sewe beginsels: (a) Beginsel 1: Voer ’n gevaaranalise uit; (b) Beginsel 2: Bepaal die kritieke kontrolepunte; (c) Beginsel 3: Stel kritieke limiete; (d) Beginsel 4: Vestig ’n stelsel om die beheer van die kritieke kontrolepunte te monitor; (e) Beginsel 5: Bepaal die regstellende aksies wat geneem moet word wanneer die monitering aandui dat ’n spesifieke kritieke kontrolepunt nie onder beheer is nie; (f) Beginsel 6: Vestig prosedures vir verifikasie ten einde te bevestig of die HACCP-stelsel effektief funksioneer; en (g) Beginsel 7: Dokumentering rakende alle prosedures en rekords geskik vir hierdie beginsels en hul toepassing.

140 GK 1809 in SK 14101 van 3 Julie 1992 (soos gewysig).

141 Sien reg. 1 van R 1809.

142 Soos gewysig.

143 Sien reg. 1 van R 1809.

144 Soos gewysig.

145 Óf spesifiek genoem melk van “beeste” in kolom II óf as melk van “alle voedselproduserende spesies” (sien kolom II). Sien omskrywing van melk soos genoem in afd. 1 van hierdie bydrae.

146 Sien reg. 2(b) van R 1809.

147 Sien afd. 2.4.3 van hierdie bydrae.

148 Die Voedingsmiddelswet (asook die Wet op Misstowwe, Veevoedsel, Landboumiddels en Veemiddels 36 van 1947 en die Wet op die Beheer van Medisyne en Verwante Stowwe 101 van 1965) sal in hierdie verband geraadpleeg moet word.

149 GK R 146 in SK 32975 van 1 Maart 2010 (soos gewysig).

150 Sien die Regulations relating to the classification, packing and marking of dairy products and imitation dairy products intended for sale in the Republic of South Africa, gepubliseer as GK R 260 in SK 38615 van 27 Maart 2015. Sien afd. 3.2 van hierdie bydrae vir ’n uiteensetting van R 260.

151 Voorafverpak word in reg. 1 van R 146 omskryf as “die verpakking van ’n voedingsmiddel in verpakkingsmateriaal gereed vir verkoop aan die verbruiker of aan ’n spysenieringsinstelling, sodat die voedingsmiddel nie verander kan word sonder om die verpakking oop te maak of te verander nie, maar nie ook individueel toegedraaide eenhapsuikerbanket of sjokoladebanket wat nie in enige verdere verpakkingsmateriaal gehul is nie en nie bedoel is vir verkoop as individuele items nie, en dit sluit nie die buitenste houers van massavoorraad in nie”.

152 Voedingsmiddel word nie in R 146 omskryf nie. Sien in hierdie verband die omskrywing van voedingsmiddel soos omskryf in art. 1 van die Voedingsmiddelswet. Sien ook afd. 2.2 van hierdie bydrae.

153 Etiket word in reg. 1 van R 146 omskryf as “enige kaartjie, merk, handelsmerk, illustrasie, grafiese of ander beskrywende materiaal, wat geskryf, gedruk, gesjabloneer, gemerk, geëmbosseer, ingedruk is op of permanent geheg is aan ’n houer van ’n voedingsmiddel, en ook etikettering met die doel om die verkoop daarvan of beskikking daaroor te bevorder …” Houer word in reg. 1 omskryf as “’n verpakking van voedingsmiddels vir verkoop op kleinhandelvlak of vir spysenieringsdoeleindes vir lewering as ’n enkele item of vir die doel van die uitdeel van gratis monsters, hetsy deur die voedsel in geheel of gedeeltelik te omhul, en ook omhulmateriaal vir individuele en meereenheidpakke …”

154 Sien reg. 7: “(1) Behoudens die bepalings van regulasie 8 moet inligting wat op enige etiket moet verskyn– (a) in Engels en waar moontlik in ten minste een ander amptelike taal van die Republiek van Suid-Afrika wees; (b) duidelik sigbaar, maklik leesbaar en onuitwisbaar wees en mag die leesbaarheid daarvan nie deur geïllustreerde of enige ander materiaal, hetsy gedruk of andersins, benadeel word nie. (2) Die etikette van voorafverpakte voedingsmiddels moet op so ’n wyse aangebring word dat dit nie by die verkooppunt van die houer geskei kan word nie.”

155 Sien reg. 8.

156 Sien reg. 9(a).

157 Reg. 9(b).

158 Reg. 9(e).

159 Reg. 11 bepaal: “’n Houer van ’n voedingsmiddel moet duidelik met ’n lotnommer gemerk wees op so ’n wyse dat die spesifieke lot maklik geïdentifiseer en opgespoor kan word, tensy anders bepaal ingevolge regulasies afgekondig ingevolge die Wet op Landbouprodukstandaarde, 1990 (Wet No. 119 van 1990), en die National Regulator for Compulsory Specifications Act, 2008 (Wet No. 5 van 2008).”

160 Reg. 12.

161 Reg. 43.

162 Sien afd. 1 van hierdie bydrae.

163 Soos gewysig. Sien art. 1 van die Landbouprodukstandaardewet.

164 Verkoop word omskryf as “ook ooreenkom om te verkoop, of vir verkoop aanbied, adverteer, hou, uitstal, versend, vervoer, lewer of berei, of om te verruil of op enige wyse vir ’n teenprestasie van die hand te sit, en het ‘verkoop’ wanneer dit as ’n selfstandige naamwoord gebruik word ’n ooreenstemmende betekenis …” Sien ook definisies van verkoop in afd. 1 van hierdie bydrae.

165 Sien eindn. 6.

166 Sien reg. 1 van R 1555 van 1997.

167 Onder GK R 260 in SK 38615 van 27 Maart 2015. Nie in Afrikaans beskikbaar nie. R 260 het gedurende Maart 2016 in werking getree en herroep die Dairy products and imitation dairy products regulations (GK R 2581 in SK 11037 van 20 November 1987 soos gewysig).

168 Dairy product (suiwelproduk)word in reg. 1 van R 260 omskryf as ’n “primary dairy product, a composite dairy product or a modified dairy product”. Primary dairy product (primêre suiwelproduk)word in reg. 1 omskryf as “milk or a product that has been derived or manufactured solely from milk, and to which no substances other than permitted food additives not intended to replace any part of the milk solids in that product are added, and includes a product that consists of a combination of two or more such products ...” Composite dairy product (saamgestelde suiwelproduk) word in reg. 1 omskryf as “a product consisting of a combination of a primary dairy product and another foodstuff the solids of which are not intended to replace any part of the milk solids of that primary dairy product …” en modified dairy product (gemodifiseerde suiwelproduk)word in reg. 1 omskryf as “a product that, in so far as it relates to general appearance, presentation and intended use, corresponds to a primary dairy product, and of which not more than 50 per cent of the fat content, protein content and carbohydrate content has respectively been obtained from a source other than a primary dairy product ...” Reg. 2 verwys ook na nagemaakte suiwelprodukte(imitation dairy products), nl.: “any product other than a dairy product or a fat spread, that is of animal or plant origin and in general appearance, presentation and intended use corresponds to a dairy”. (Sien ook eindn. 11 hier bo.) Vir doeleindes van hierdie bydrae word verwysings na nagemaakte suiwelprodukte weggelaat.

169 Sien reg. 2(1)(a).

170 Sien reg. 2(1)(b). Sien par 3.2.1 van hierdie bydrae.

171 Container (houer) word in reg. 1 omskryf as “any packaging of dairy or imitation dairy product directly in contact with the product for delivery as a single item and includes wrappers and multipacks when such is offered to the consumer”.

172 Omskryf in reg. 1 as “any packaging other than gift packs or hamper packs containing individual containers or multipacks whether it completely or partially encloses the containers or multipacks”.

173 Sien reg. 2(1)(c). Sien afd. 3.2.2 van hierdie bydrae.

174 Sien reg. 2(1)(d). Sien afd. 3.2.3 van hierdie bydrae.

175 Sien reg. 2(1)(f).

176 Sien regg. 5–21 vir die verskillende klassifikasies van suiwelprodukte en die ooreenstemmende spesifieke standaarde vir bv. versoete kondensmelk, ingedampte melk, jogurt en drinkbare jogurt.

177 Sien ook die vereistes m.b.t. rou melk in regg. 4–5 van R 1555 van 1997 soos uiteengesit in afd. 1 van hierdie bydrae.

178 Reg. 24(1)(a)(i).

179 Reg. 24(1)(a)(ii).

180 Sien ook reg. 24(1)(b), (d)–(e) vir verdere vereistes m.b.t. houers. Met verwysing na ’n studie oor die verkoop van rou melk in die informele mark dui Zvomuya (2010:93) aan: “Most of the milk sold in informal settlements throughout the country is sold in mugs, used cooking oil and soft drinks bottles, jugs or plastic bags.”

181 Ingevolge reg. 25(1) moet sodanige merke duidelik leesbaar wees en ten minste in Engels verskyn, in ’n letter- of figuurgrootte van minstens 1 mm vir vokale in kleinletters.

182 Reg. 25(2)(a). Sien reg. 3 vir die klassifikasie van suiwelprodukte, asook reg. 26 vir die merk van die klasbenaming. Reg. 25(2)(a) vereis dat hierdie merke in dieselfde lettertipe, grootte, kleur en skrif moet wees en dat dit prominent op die primêre paneel moet verskyn in ’n lettertipe van minstens 2 mm vir vokale in kleinletters.

183 Reg. 25(2)(a). Sien ook reg. 27.

184 Reg. 25(2)(b). Sien ook reg. 28.

185 Reg. 25(2)(c). ’n Posadres tesame met ’n telefoonnommer mag voorsien word indien dit nie moontlik is om ’n fisiese adres te verskaf nie.

186 Reg. 25(2)(d). Sien ook afd. 4 van hierdie bydrae. Let daarop dat die Wet op Handelsmetrologie 77 van 1973 deur die Legal Metrology Act 9 van 2014 herroep is.

187 Reg. 25(2)(e). Sien spesifiek R 146 soos uiteengesit in afd. 2.4.5 van hierdie bydrae.

188 Reg. 25(2)(f). Sien spesifiek R 146 soos uiteengesit in afd. 2.4.5 van hierdie bydrae.

189 Reg. 25(2)(g). Sien spesifiek reg. 25(2)(g)(i)–(iii).

190 Eie beklemtoning. Sien ook afd. 2.3 van hierdie bydrae rakende die etikettering van houers waarin rou melk ingevolge R 1555 van 1997 verkoop word.

191 35 van 1984. Onder die bevoegdheid van die Departement van Landbou. Volgens die aanhef van die Wet op Dieresiektes is die primêre oogmerk van dié wet om “voorsiening te maak vir beheer oor dieresiektes en -parasiete, vir maatreëls ter bevordering van dieregesondheid, en vir aangeleenthede wat daarmee in verband staan”. Neem asseblief kennis dat die Wet op Dieresiektes 35 van 1984 deur die Wet op Dieregesondheid 7 van 2002 herroep sal word op ’n datum wat ten tye van skrywe van hierdie bydrae nog gepromulgeer moet word.

192 36 van 1947. Ook onder die bevoegdheid van die Departement van Landbou.

193 Met verwysing na ’n “document which lays down product and measuring instrument characteristics or their related processes and production methods, including the applicable administrative provisions, with which compliance is mandatory”, soos gedefinieer in art. 1 van die Legal Metrology Act 9 van 2014 (nie in Afrikaans beskikbaar nie). Soos in eindn. 186 aangedui is, het die Legal Metrology Act 9 van 2014 die Wet op Handelsmetrologie 77 van 1973 herroep.

194 8 van 2008. Onder die bevoegdheid van die Departement van Handel en Nywerheid. Nie in Afrikaans beskikbaar nie. Sien ook afd. 6 van hierdie bydrae.

195 9 van 2014. Ook onder die bevoegdheid van die Departement van Handel en Nywerheid. Nie in Afrikaans beskikbaar nie. Sien ook afd. 6 van hierdie bydrae.

196 Sien afd. 2.4.5 van hierdie bydrae.

197 Sien afd. 3.2 van hierdie bydrae.

198 68 van 2008. Nie in Afrikaans beskikbaar nie.

199 Sien hfst. 2 van die CPA. Sien ook hfst. 3 van die CPA vir ’n uiteensetting van die verbruiker se regte.

200 Sien afd. 2.3 van hierdie studie.

201 Tesame met rou melk, rou room, rou afgeroomde melk, rou hersaamgestelde (aangemaakte) melk, rou hersaamgestelde (aangemaakte) afgeroomde melk of rou melk wat suur geword het. Sien reg. 3.

202 Sien reg. 3(1) van R 1555 van 1997. Soos ook in afd. 2.3 van hierdie bydrae genoem, bepaal reg. 3(2) van R 1555 van 1997 dat ’n plaaslike owerheid wat van mening is “dat hy genoegsame beheer oor die verkoop van die rou suiwelprodukte in subparagraaf (1) genoem, kan uitoefen”, die Minister van Gesondheid (deur die betrokke provinsiale gesondheidsdepartement) kan versoek om ook in aanhangsel C gelys te word.

203 Sien in hierdie verband art. 156(1)(a), asook bylaes 4–5 (deel B) van die Grondwet. Sien spesifiek bylae 5 (deel B) – “Lisensiëring van en beheer oor ondernemings wat voedsel aan die publiek verkoop”.

204 Modimolle Local Municipality (2016).

205 Thabo Mofutsanyana District Municipality (2013).

206 Reg. 26(1).

207 Reg. 26(2)(a) bepaal in hierdie verband: “That samples of the milk / milk products be provided to the Manager Municipal Health Services for bacteriological and other analyses, if and when required, and that, unless otherwise indicated, all costs pertaining to the analyses be for the applicant's account.”

208 Reg. 26(2)(b)–(d) bepaal in hierdie verband: “(b) That packaged milk / milk products be packaged in a closed container that is labelled as follows: (c) Name and address or trade name of the producer/supplier with the understanding that the producer or place of packaging be identifiable. (d) That the type of product i.e. pasteurized full cream milk, certified raw milk etc. is prominent on the label.”

209 Sien afd. 2.4.1 van hierdie bydrae.

210 Sien afd. 2.3 van hierdie bydrae.

211 Regg. 29–30.

212 Reg. 32. Ooreenkomstig R 962 van 2012 (sien afd. 2.4.2 van hierdie bydrae), asook die verdere vereistes in reg. 32 gelys.

213 Reg. 33.

214 Regg. 34–35.

215 Reg. 36 bepaal in hierdie verband: “(1) Only new bottles with non-resealable caps may be used for in-store bottling; (2) Containers supplied by a customer must be visibly clean and filled from the tap on the milk tank. Milk may not be scooped out of the tank with a container or transferred to the final container by means of a third container; (3) Only dedicated staff is permitted to discharge milk from the bulk tank containers; (4) Hand sanitising should be done before milk is handled.”

216 Reg. 37.

217 Reg. 38.

218 Reg. 39.

219 Reg. 40.

220 Reg. 41.

221 Sien SANS (2016:1–9) vir ’n volledige lys. Sien ook Dairy Standard Agency (2014:1–10).

222 SANS 1828 van 2005. Weergawe 1.03.

223 SANS 1853 van 2009. Weergawe 1.01.

224 SANS 10049 van 2012a. Weergawe 4.1.

225 SANS 10133 van 1977. Weergawe 1.00.

226 SANS 10330 van 2007: Weergawe 2.01.

227 SANS 898 van 2011. Weergawe 1.

228 Sien SANS 2016:1–9 vir ’n volledige lys.

229 SANS 314 van 2005. Weergawe 1.00.

230 SANS 1678 van 2010b. Weergawe 2.00.

231 SANS 1679 van 2010a. Weergawe 2.00.

232 Dairy Standard Agency (2014:1–10).

233 Voorheen aangedui dat dié wet nie in Afrikaans beskikbaar is nie. Sien ook afd. 4 van hierdie bydrae.

234 SANS 289 van 2012b. Weergawe 1.4.

235 Insluitend voorafverpakte produkte. SANS 458 van 2008b. Weergawe 1.01.

236 SANS 1841 van 2008a. Weergawe 2.00.

237 ISO 1.

238 Eie beklemtoning.

239 ISO 1.

240 ISO 22000 van 2005.

241 ISO/TS 22002-1 van 2009.

242 ISO/TS 22002-3 van 2011.

243 ISO 22005 van 2007.

244 ISO 707 van 2008.

245 Codex Alimentarius (2016a).

246 Codex Alimentarius (2016a). Suid-Afrika is sedert 1994 ’n lid van die Codex. Sien Codex Alimentarius (2016b).

247 Codex Alimentarius (2006a.) Sien afd. 2.4.3 van hierdie bydrae, waar aangedui word dat reg. 8 van R 908 van 27 Junie 2003 van die eienaar van ’n voedselhanteringsonderneming vereis om te verseker dat ’n HACCP-stelsel in ooreenstemming met die beginsels van die Hazard analysis and critical control point (HACCP) system and guidelines for its application (soos goedgekeur deur die Codex Alimentarius-kommissie) geïmplementeer word.

248 Vir standaarde verbandhoudend met melkpoeiers en roompoeier sien CODEX-STAN 207 van 1999; vir suurmelk sien CODEX-STAN 243 van 2003; vir ’n mengsel van verdampte afgeroomde melk en groentevet sien CODEX-STAN 250 van 2006.

249 Vir kaas in die algemeen sien CODEX STAN 283 of 1978. Vir spesifieke kase sien bv. CODEX-STAN 262 van 2006 vir mozzarellakaas en CODEX-STAN 263 van 1966 vir cheddarkaas.

250 Sien ook Codex Alimentarius (2011:2-252).

251 Sien bv. CAC/RCP 1 van 1969; CAC/GL 2 van 1985; CAC/GL 50 van 2004; CA/RCP 45 van 1997; CAC/RCP 47 van 2001; en CAC/RCP 54 van 2004. Sien Dairy Standard Agency (2014:1–10) vir ’n volledige lys.

252 CAC/RCP 57 van 2004.

253 CAC/GL 13 van 1991. Hierdie stelsel word deur die Codex voorgestel indien die verkoeling van melk nie moontlik is nie.

254 IDF (2008:1).

255 ’n Lys van IDF-standaarde (met ooreenstemmende ISO-standaarde) is beskikbaar by Milk SA (2011:1–3).

256 IDF en FAO (2011:1–50).

257 Dairy Standard Agency (2013:1–139). Daar kan in hierdie konteks vermeld word dat Nieu-Seeland ’n toevoeging tot hul algemene suiwelkode aangeneem het wat spesifiek op rou melk gerig is, nl. die Code of practice: Additional measures for raw milk products, beskikbaar by New Zealand Food Safety Authority (2010).

258 Sien afd. 2.4.2 van hierdie bydrae.

259 Sien afds. 2.3; 2.4.1; 2.4.2; 2.4.5 en 3.2 van hierdie bydrae.

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Die Suid-Afrikaanse regsraamwerk rakende die produksie en verkoop van rou melk wat vir direkteverbruiksdoeleindes bestem is appeared first on LitNet.

The South African legal framework applicable to the production and sale of raw milk intended for direct consumption purposes

$
0
0

Abstract

The Milk and Dairy Products Regulations(GN R 1555 in GG 18439 of 21 November 1997) (hereafter R 1555) defines raw milk as “milk that has not undergone pasteurisation, sterilisation or ultra-high temperature treatment”. A distinction is made in R 1555 between: (a) the use or sale of raw milk intended for further processing (regulation 2) and (b) the sale of raw milk that is intended for consumption without its being pasteurised, sterilised or heat-treated before such consumption (regulations 3–5).

There is a growing trend worldwide among consumers to prefer “natural products” like raw milk due to their alleged health benefits. It is argued that the heat applied to milk during the treatment process destroys its nutritional quality and health benefits. It is also argued (specifically in the informal market) that raw milk is more affordable than treated milk. However, various health risks are associated with the consumption of raw milk of less good quality, for example: TB, Brucella fever, diphtheria and listeriosis. Various recent studies indicate that the quality of raw milk that is intended for direct consumption (especially in the informal sector) in South Africa is a matter for grave concern.

From a literature review it seems that regulations 3–5 of R 1555 are held as the regulatory framework for the production and sale of raw milk for direct consumption purposes. While regulations 3–5 deal with important aspects regarding the quality of raw milk, they do not make provision for, for example, the handling or transportation of the raw milk. Accordingly, with reference to the entire dairy food chain (from production to sale), this contribution is intended to indicate that the framework for the regulation of the production and sale of raw milk intended for direct consumption, although fragmented, stretches far beyond R 1555.

Legislation that finds direct application includes the Foodstuffs, Cosmetics and Disinfectants Act54 of 1972 (hereafter the Foodstuffs Act) as well as regulations issued in terms of the Foodstuffs ActSection 2 of the Foodstuffs Actprohibitsthe sale of certain foodstuffs and, more specifically for purposes of this contribution, it is regarded as a criminal offence if a foodstuff is sold which is “contaminated, impure or decayed, or is, or is in terms of any regulation deemed to be, harmful or injurious to human health”. With reference to the previously mentioned risks associated with the consumption of raw milk, it could be argued that the presence of pathogenic bacteria in raw milk presents a high risk to public health and the sale thereof could accordingly qualify as a criminal offence in terms of the Foodstuffs Act. Other criminal offences included in the Foodstuffs Act refer to foodstuffs (therefore including raw milk) that do not comply with regulations promulgated in terms of the Foodstuffs Act. One such regulatory instrument is the already mentioned R 1555. According to regulation 3(1) of R 1555, the sale of raw milk in South Africa is legal only in the areas of jurisdiction of the local authorities listed in annexure C to the regulations. Regulations 4 and 5 of R 1555 accordingly place certain prohibitions on raw milk that may be sold in such areas of jurisdiction. Prohibitions relate to: (a) the presence of residue levels of antibiotics in the raw milk; (b) the presence of pathogenic organisms or other substances which for any reason may render the product unfit for human consumption; (c) the maximum standard plate count of colony-forming units; and (d) the presence of E.coli, coliform bacteria and somatic cells. Various prohibitions apply to containers; for example, no person shall sell for consumption raw milk that (a) is not packed in a closed container; (b) is not clearly labelled “unpasteurised” or “raw milk”; or (c) if the milk is sold in the consumer’s own container, is tapped from a container which is not labelled “unpasteurised” or “raw milk”. Furthermore, the sale of raw milk that is not derived from a herd enrolled in the Bovine Tuberculosis Scheme and the Bovine Brucellosis Scheme is also prohibited.

As previously mentioned, R 1555 is regarded as the regulatory framework for the production and sale of raw milk intended for direct consumption purposes. However, certain regulations (also issued in terms of the Foodstuffs Act) will find application regardless of whether the raw milk is produced for further processing purposes or for direct consumption. Such regulations are concerned primarily with the handling and transportation of milk as well as the labelling and advertising of food in general, and include the following: (a) Regulations relating to hygiene requirements for milking sheds, the Transport of Milk and Related Matters (GN R 961 in GG35905 of 23 November 2012); Regulations governing general hygiene requirements for food premises and the transport of food (GN R 962 in GG 35906 of 23 November 2012); (c) Application of the Hazard Analysis and Critical Control Point (HACCP) system (GN R 908 in GG25123 of 27 June 2003); (d) The maximum limits for veterinary medicine and stock remedy residues that may be present in foodstuffs regulation (GN R 1809 in GG 14101 of 3 July 1992); and (e) Labelling and advertising of foodstuffs regulations (GN R 146 in GG 32975 of 1 March 2010).

Another piece of legislation that finds direct application is the Agricultural Products Standards Act 119 of 1990 together with the accompanying Regulations relating to the classification, packing and marking of dairy products and imitation dairy products intended for sale in the Republic of South Africa (GN R 260 in GG 38615 of 27 March 2015).

Various other pieces of legislation (and accompanying regulations) find indirect application either due to their application to either animals (for example the Animal Diseases Act 35 of 1984) or fertilisers, farm feeds, agricultural remedies and stock remedies (for example Fertilizers, Farm Feeds, Agricultural Remedies and Stock Remedies Act 36 of 1947) or due to their application to national standards (for example the Standards Act 8 of 2008) or consumer protection (Consumer Protection Act 68 of 2008).

Various standards (both national and international) as well as guidelines and codes of good or best practices also find application regarding the production and sale of raw milk, including various food safety related standards issued by the (a) International Organisation for Standards; (b) International Dairy Federation; (c) Food and Agricultural Organization; and (d) Codex Alimentarius.

After having identified the legal framework applicable (both directly and indirectly) to the production and sale of raw milk for direct consumption it is concluded that, although fragmented, the necessary health and safety requirements are, in fact, already in place. Accordingly we submit that the problem is rather a matter of non-implementation and/or poor enforcement of the framework. Another problem may be a lack of awareness of the various requirements by both consumers and milk producers. Recommendations include: (a) addressing the fragmented approach of the current framework by publishing regulations specifically relating to the production and sale of raw milk for direct consumption purposes – from production to consumption; (b) the development of a code of best practice / guidelines applicable to the handling of specifically raw milk; (c) the introduction of measures to increase consumer awareness; and (d) more effective implementation and enforcement of the identified framework.

Keywords: consumption of raw milk; legal framework; milk producers; production of raw milk; raw milk; sale of raw milk

Lees die volledige artikel in Afrikaans: Die Suid-Afrikaanse regsraamwerk rakende die produksie en verkoop van rou melk wat vir direkteverbruiksdoeleindes bestem is

The post The South African legal framework applicable to the production and sale of raw milk intended for direct consumption purposes appeared first on LitNet.

Russophobia in the New Cold War

LitNet: Jou bekronings

Nessun Dorma

$
0
0

Haar naam is Milano. Wittebroodbaba, verwek in Italië, is sy met vonkel in die oog en tong in die kies deur haar ouers ingelig. Almal noem haar sommer Mi. Kort and kragtig, net soos die hoofletter I in Italië.

Mi se oog vang die groot muurhorlosie in die kombuis terwyl sy basiliekruidblaartjies kies uit die vensterpot. Dis 24 minute oor vyf. Dis kostyd, dit weet sy goed, maar hou haar ongeërg en gaan voort met die roer in die pot.

Cleopatra sit by haar kosbakkie. Sy is nie ’n geselsgierige kat nie. Haar miaau is min. Sy sit net en staar voor haar uit. Haar katrug is styf en elegantreguit. Sy hou haar afsydig; sy is ’n prinses; sy weier om oogkontak te maak met die alledaagse wese voor die stoof. Haar waarde is ver bo dié van korale. Haar voorsate het uit goue borde geëet by die farao’s in Egipte. Sy is net die huiskat, maar sy het die adellike houding van ’n koninklike. Sy knip haar blou oë stadig en beskuldigend-vraend. Sy verstaan die menslike wesens en hul psige, al dink hulle sy is net ’n kat. Sy het ’n fyn aanvoeling vir emosie.

Die geur van die uie wat goudbruin raak in die pan en die knoffel wat moet dopgehou word sodat dit nie bitter brand nie, laat haar nie ’n spier verroer nie. Sy sit en wag sonder om te vra. Vra is vernederend. Die bytgrootte-hoendermaalveisfrikkadelletjies, pikant gegeur met net die regte knippie droë rissie, word versigtig met die houtlepel ingenestel tussen die uie en die knoffel. Die geure laat haar katmond water.

Die oopmaak met die trekring bo-op die blik fyngekapte tamaties laat wel haar ore in die rigting van die stoof draai. Nog sê sy niks. Dit klink soos die oopmaak van die peperduur klein blikkies katkos, maar sy weet dit is nie. Sy kyk net na Mi met beskuldigende oë: “Sy kos voor myne?”

Jy kan jou horlosie stel met Cleopatra se kostydpresisie en haar kom plaasneem by haar kosbakkie. Elke dag op dieselfde tyd. Halfses wil sy eet.

Mi buk om die bakkie op te tel vir die kat se kos. Cleopatra gee haar ’n raps met die stert met godin-grasie. Sy staan op en koeksistervleg om Mi se bene. Sy begin spin en druk haar kop teen die vrou se voete. Dit is haar dankie-sê. Sy is tevrede. Sy kry kos en aandag voordat hy kom.

Cleo eet klaar, was haar gesig met haar voorpoot en stap swaailyf na die klerekas waar sy haar lêplek opsoek. ’n Ou blou trui van Mi tussen bekendenaam-hoëhakskoene onder in die kas. Dis haar plek van privaatheid. Haar skuilplek teen harde geluide en gevare. Daar kan sy haar rug op die wêreld draai. Daar kan sy dink oor wat sy sien en ervaar, of sy kan net slaap. Slaap is vir haar belangrik.

Mi strooi gemengde kruie en swartpeper mildelik in die pan. Sy rasper parmesaankaas fyn. Die frikkadelletjies dobber-dryf rustig in die lui tamatiesous, wat met elke minuut intenser aromas die kombuis instuur. Sy proe reeds Italië op haar tong. Olfaktiese herinneringe aan ’n stewelvormige land hardloop in verskillende windrigtings deur haar geheue. Die land van sensoriese ervaringe en genietinge. Die reuke van herinnering word lewendig in haar.

Sy raak verlore in ’n onthoutog. Florence met sy kuns en beelde en reuke van ou kerke. Venesië met sy vuil water, gondels en blaasglas. Rome en Napels met die geur van pizza en die spontane klanke van opera-arias uit restaurante en huise. Capri met sy lemoen- en suurlemoenbome en talmende reuk van sitrusolie wat saam met jou bed toe gaan as jy die blare tussen jou vingers gekneus het. Die warm son van Toskane met laventel wat wild groei in die veld en langs die paaie. Die wyn wat jy enige tyd van die dag kan drink; dis lig en proe na son en donker druiwekorrels. Geel velde van sonneblomme en lowerryke wingerde langs die pad. Lang dun sipresse wat wagstaan soos Romeinse soldate van ouds langs die paaie. Die herinneringe en sigbeelde agter haar oë sing lofliedere van genot en liefde in haar kop.

Sy omhels die onthou van sy groen oë toe hy speels die laventelblomme tussen haar hare ingedruk het. Sy dink aan sy arms om haar; sy een hand wat haar hare uit haar gesig hou terwyl die wind speelspiets met hul omgaan op die bootvaart van Napels na Capri. Sy voel weer hoe hy haar stywer teen hom vastrek en haar liggies soen op die haarlyn in haar nek. Sy onthou die hoendervleis op haar arms en die son wat sy armhaartjies goud kleur. Sy roep die herinnering op van sy manlike reuk saam met die reuk van die see en die vissersbote om hulle.

Sy luister met onthou na die ongesproke klanke van die vreemde taal nog vars in haar ore. Sy lag saggies by haarself by die onthou oor sy lompe uitspraak in die restaurant, waar die kelner kopskuddend probeer het om hul bestelling te verstaan.

Sy onthou die hemp wat hy daardie dag gedra het; gekoop by ’n straatmark in Pisa naby die bekende skewe toring. Sy dink aan hul lawwigheid van poseer, al leunende om die regte hoek van die toring te kry, terwyl hy dit kammakastig regop druk. Hulle het alle pretensie laat vaar; was net toeriste wat lag en leef en geniet met hul minwerd Suid Afrikaanse rande.

Onder Juliet se balkon was hy haar Romeo; hierdie romantiese man van haar. Die liefde van haar lewe. Haar môre, haar middag, haar aand. Haar vreugde, haar lag, haar saamgesels en haar stilwees. Haar bestaan, haar menswees. Sy is geseënd; sy weet. Die Here was goed vir haar om vir haar hierdie goeie man te gee.

Sy teenwoordigeheid in haar lewe en in hul huis som alles op wat liefde vir haar beteken. Saam kan hul stil in mekaar se teenwoordigheid wees sonder om baie te praat. Hul deel gedagtes sonder om woorde te uiter. Soms raak sy bang dat sy te veel voel en te veel gee en te veel liefhet.

Hulle is twee mense in een. Hulle deel belangstellings met een siel en deel mekaar se liggame met genieting en oorgawe. Die soggens wakker word met sy slaapwarm lyf. Sy amoreuse manlikheid onmiskenbaar en dringend teen haar rug. Die gee en neem van mekaar tot intense genot en bevrediging. Sy gee toe om sport saam met hom te kyk. Hy gee toe deur kunsmarkte saam met haar deur te loop. Hul pret in die kombuis waar saamkook en opwas dat die seepsoppe spat deel is van hul dag. Hulle verlustig hul saam in balletuitvoerings en goeie musiek. Haar leemtes vul sy deur sy volheid. Hy verstaan haar liefde vir kuns en kultuur. Daarom was daar Italië vir hulle; Italië waar sy in liefde verwek is baie jare terug.

Vanaand maak sy sy gunstelinggereg. Italiaansgegeurde tamatiesous oor tagliatelle met klein frikkadelletjies. Die knoffelbrood gaan sy los vanaand. Sy probeer om brood uit haar dieet te sny. Sy wil altyd mooi bly vir hom. Vanaand is dit net hulle twee. Hy werk so hard en baie aande kom hy laat en moeg by die huis. Vanaand wil sy hom bederf en vir hom spesiaal dankie sê vir die voorreg en vreugdes van Italië – sy grootste geskenk ooit, met hul vyfde huweliksherdenking. Tyd saam met hom kan nie in geldwaarde gemeet word nie. Hulle moes spaar vir die vakansie: “Jy is meer werd as die geld, my lief” – sy woorde aan haar toe hy die vliegkaartjies vir haar wys.

Cleopatra kom lui aangestap na haar slapie onder in die kas en kokon haarself in haar eie wollyf op die bank voor die televisie in afwagting op sy tuiskoms. Sy weet hoe laat hy gewoonlik tuiskom; sy weet net hoe laat sy uit die kas moet klim. Sy wonder vir wie hy vanaand eerste gaan groet en teen hom gaan vasdruk.

Mi kom neem ook plaas voor die televisie; die afwagting werk aansteeklik tussen hulle twee. Milano het vanaand haar mooi rooi rok aan. Haar vel is goud gesoen deur die son. Sy het rooi lipstiffie aan en haar toonnaels is sexy rooi geverf. Dit pas by die warm rooi bloed in haar are en die rooi sous van die kos en die rooiwyn in die bottel. Sy wag. Cleopatra wag. Sy tuiskoms is die hoogtepunt van hulle dag. Vanaand wil sy Italië weer laat herlewe.

In die eetkamer met die gedekte tafel speel die CD saggies “O sole mio”. Sy gunsteling is die volgende snit. “Nessun dorma” – “None shall sleep.” In hulle huis is dar altyd musiek. Hy kan nie sonder musiek lewe nie. Hy is Calaf, il principe ignoto, die onbekende prins, wat met die eerste sien van haar verlief was op haar. Sy is sy prinses Turnadot van Giacomo Puccini se opera, so vertel hy graag aan hul vriende en familie. Saam met haar wil hy nooit slaap nie, maar altyd wakker bly – die lewe is te kort.

“Speel ’nessun Dorma’ eendag op my begrafnis,” het hy speels gesê terwyl hy haar lang hare om sy vingers draai. “Dan sal ek rustig in die hemel rus met die klanke nog in my ore. Ek sal droom van jou, my lief, en jy sal nooit alleen wees nie. Ek sal dit saggies saam met die engele in jou ore sing as jy nie kan slaap nie.”

Sy kyk op haar horlosie en bring dan die mooi keramiekbak met die kos na die tafel. Die kraakgroen slaai haal sy uit die yskas. Die parmesaankaas is in ’n klein bakkie saam met die lepeltjie wat hulle in Toskane gekoop het. “Kom ons eet die kos op die vliegtuig daamee,” het hy gespot, “want ek hou nie van die plastiekeetgerei nie.”

Dit word laat. Sy steek solank die kerse aan in afwagting. Sy draai die volume effens hoër. Sy is gereed vir sy tuiskoms. Haar liefde wag hom in.

Sy is honger. Sy neem die alleenbord wat voor haar staan. Sy neem ’n skeppie van die geurige kos. Sy strooi fynkasies oor. Sy neem ’n happie. Italië is nie op haar bord nie. Sy proe nie die son in die tamaties nie. Die straatlig voor die venster verloor vir ’n oomblik sy glans toe die wind die boomtakke voor dit verbysleep. Die hoenderfrikkadelletjies lyk soos wit motte sonder vlerke wat dryf in ’n bad van bloed. Die tagliatelle krul stadig op soos dooie wurms op ’n warm teerpad. Sy verloor haar eetlus. Die rooiwyn in haar glas proe vrank; dit mis die geur van sonskyn en druiwekorrels. Dit laat ’n bitter smaak in haar mond.

Waar is hy? Hy is baie laat. Die angs begin polsslae klop in haar nek; sy weet dit is nie ’n vreemde gevoel nie. Dié gevoelservaring maak hom deesdae meer gereeld tuis in haar hart en lyf. Sy weet nie waar hy is nie., maar sy weet hy sal kom. Sy sal nie beskuldigend na hom kyk nie; sy sal nie vra nie. Sy sal dít oorlaat aan Cleopatra. Cleo wat die “kyk” en stille stywerugafsydigheid vervolmaak het as hy weer eens ’n aand laat by die huis kom.

“Dit was die verkeer. Ek moes weer laat werk en die verkeer was baie erg; jy weet hoe dit gaan op die N1. My selfoon se battery het afgeloop; ek kon jou nie kontak nie.”

Hy hou haar liggies vas in sy aandgroet toe hy inkom. Sy ruik nie Italië aan hom nie. Sy ruik haar aan hom. Dit is seker soos “Verkeer” ruik, herdoop sy die sluipvrou in haar man se lewe met ’n nuwe naam.

As hy Cleopatra wil optel en groet, draai sy haar rug op hom en stap met stywe bene weg. Haar stert het ’n katterige en moedswillige piets in. Vir ’n oomblik is haar naels uit hul velskedes. Cleo ken die reuke en geure van dié huis en sy mense. Sy hou nie van ander reuke nie. Sy spring op die bed en saam keer sy en Milano hul rug op hom. Saam wonder hulle wat môreaand se verskoning gaan wees. Mi wil eintlik net saam met Cleo op die blou trui in die kas gaan lê. Sy wil skuil teen herinneringe en teen die liefde. Sy wil net slaap en nie dink en onthou nie. Sy wil haar sintuie van onthou in ’n ou blou trui versmoor. Sy wil Italië uit haar gedagtes smoor.

Hy staar na die plafon. Hy wil sy hand na haar uitsteek, maar daar is ’n yskoue marmerbrug tussen hulle. In Venesië het die brug ’n naam: The Bridge of Sighs. Hy sug en draai op sy ander sy; sy rug na haar.

Cleo voel die onuitgesproke emosie wat deur Mi jaag; net soos haar onstuimige hartklop wat sy hier teen haar sagte katlyf kan voel. Sy druk haar lyf met jammersê-intensiteit teen Mi se bene. Ons sal hom kan vergewe; ons liefde kan oorbrug, probeer sy met haar dierelyf sê. Gee hom nog ’n kans. Jy is lief vir hom. Onthou jy dan nie van geloof, hoop en liefde nie? Vergifnis is diep gesetel in die liefde.

Cleo kyk met naguilpupille na haar, haar blou oë groot en wyd in die nag. Sy slaap nie haar katslaap nie. Sy is te bewus van die foltering van gelaaide emosie in die kamer. Sy sien Milano lê ook met wydoop oë. Here, help my met vergifnis, pleit haar oë die donker nag in. Help my met verstaan. Help my met heelword.

Cleo met oë wat niks miskyk nie, sien sy oë is toe, maar sy weet ook hy slaap nie. Die slaap ontwyk hulle. Nessun dorma. None shall sleep. Niemand slaap nie.

Veraf in die agtergrond dreun die nimmerslapende Verkeer voort.

The post Nessun Dorma appeared first on LitNet.

Hester se Skattebolletjie

$
0
0

Dis skuins voor vyfuur. Die lig is stadig besig om die nag se donker weg te ruk en Hester kan die mossies buite hoor tjirp. Sy gaan nog ’n rukkie lê. Haar dag het nie rede tot haas nie. Daar is nie ’n kind of ’n man wat moet ontbyt kry nie. Niemand wat moet skool toe of werk toe haas nie. Net Buksie wat honger is. Sy is altyd honger.

Nou lê die klein bruin snip nog heerlik knus by haar voete, onbewus van die dag wat buite breek en die windjie wat liggies die wilger se takke teen die sinkdak laat skuur-skuur. Na ’n paar minute skuif sy die kombers af en voel-voel met haar voete op die grond vir haar pantoffels. Sy gaan maar ’n teetjie maak; die slaap is in alle geval nou weg.

Sy trek haar japon stywer om haar lyf waar sy buite op haar stoepie sit en wag dat die son deur die takke van die laning beur. Wat sal sy vandag tog doen? Die rose bietjie wegsny, die nuwe bolle wat Koos vir haar gebring het in ’n paar blikkies plant en dalk maar afstap rivier toe. Dit sal help om die tyd om te kry.

Hester skraap die laaste paar takkies en afvalblare van die rosies bymekaar en buk om dit in ’n emmer voor haar voete te gooi. Sy stap na Gert se wegrydrom wat buite op die sypaadjie staan. Ja, dis nou die nuwe ding hier met die baie probleme wat ons het. ’n Gehuurde vullisdrom, want jou gewone een se kanse om opgelaai te word vir wegry is skraal.

By die drom hoor sy ’n geritsel en ’n fyn geluidjie. Versigtig loer sy na die gras en takke wat binne lê. Daar in die donker is sowaar ’n piepklein voëltjie, skaars ’n dons op die lyf, net snawel en ogies.

Sy lig die bondeltjie lewe versigtig uit die drom, bekyk dit van naby en sit dit in haar voorskoot se sak. Buksie draai nuuskierig om haar rond en snuif-snuif teen haar bene. Hester gooi haar emmer se blare en takke in die drom en stap na haar kothuisie in die hoek van die erf. Sy vat die vrugtemandjie op die tafeltjie wat buite staan. Sit ’n stuk geskeurde koerantblaai onderin en gaan haal ’n paar stukkies lap uit die besemkas. Sy lê die nessie knussies uit en sit dan die weggooivoëltjie daarin.

Dit kos geduld en tyd om ’n bietjie ProNutro en water in die klein bekkie afgeforseer te kry. Maar Hester het daarvan oorgenoeg. Na ’n paar minute se gespook en spartel het die voëltjie iets voelbaars in sy krop. Nog net ’n druppel water dan kan sy rus. Sy sit die laaste bietjie pap voor Buksie se neus neer en dié verorber dit met een tongelek.

Sy gaan sit op die stoep om te rus. Rus, waaroor nogal? Dis al wat sy deesdae doen. Dit, en krieket kyk. Gelukkig kan sy darem nog krieket kyk. So word die lang dae minder alleen en stil.

’n Week later, nadat sy haarself twee keer uit haar eie huis gesluit het (hoe kry mens dit twee keer in een week reg?), is die voëltjie sigbaar ’n klein duifie. Die donse begin plek maak vir vere en die snaweltjie raak groter. Die rooi kraalogies volg haar oral waar sy haar draai en die bekkie is nie vir ’n oomblik stil nie. Hester meng nog steeds ProNutro, maar nou voer sy sommer bruin volgraanbrood tussenin ook. Parmantige klein duifie, dié ... Hans Donsie.

Die weke het maande geword en die klein duifie is nie meer klein nie en heet nou Skattebolletjie. Hy ry doodluiters op Hester se skouer, net waar sy haar draai maak. In die kothuis, deur die tuin; en as sy die dag besluit om dorp toe te stap, “ry” Skattebolletjie saam. “Hester, Buksie en haar mak duif,” glimlag die vrouens by die tuisnywerheid as sy straataf met haar mandjie en blougrys bosduif aangestap kom.

Sonnige somerdae het plek gemaak vir die geelbruin herfsblareval en die windjie het koeler begin waai. Buitelugmens soos sy maar nog altyd was, het Hester te laat, te veel in die koel aandlig vertoef. Die dokter het longontsteking gediagnoseer. Sy was verplig om binnenshuis te bly en die swakheid het haar vir lang tye in die bed gehou. Selfs die bietjie krieket wat daar op die televisie was, kon nie vergoed vir die son op haar vel en die gevroetel in die tuin nie. Hester het bleekwit en maer, maerder as wat sy reeds was, geword. Haar groot bekommernis was Skattebolletjie. Wat gaan van hom en Buksie word?

So skraap sy die krag en moed bymekaar en stap een Sondagvoormiddag met Skattebolletjie op haar skouer af rivier toe. Sy gooi vir hom krummels en mieliepitte op die plat klippe teen die kant van die rivier. Sit hom versigtig neer en staan treetjie vir treetjie terug. Skattebolletjie pik vraatsig aan die krummels en pitte en merk nie hoe Hester met betraande oë teen die oewer op verdwyn en oor die veld die paadjie terug huis toe uitsukkel nie.

“Ag, mag die Vader tog net gee dat hy leer om vir homself te kan sorg,” dink sy benoud en baklei teen die skuldgevoel en magteloosheid. Tuis sluk sy swaar aan ’n koppie rooibostee en klim dan maar weer met ’n swaar hart in die bed. Sy sluk haar voorskrifpille en wag vir die slaap om te kom. Dis so stil, so alleen, so bitter eensaam … Sy wonder oor Skattebolletjie. Gaan hy oorleef?

As sy oudergewoonte die volgende oggend met ’n swaar hand die kombers van haar koue voete afstoot, hoor sy die getik-tik teen die kamervenster. Sy sit regop op die bed en stoot die gordyne weg. Daar, ewe kontant, sit Skattebolletjie. Hy is terug. Hy soek kos. Buksie spring rats teen die venster op en hap, hap na die grys duif.

The post Hester se Skattebolletjie appeared first on LitNet.


Winnie – ’n storie om te vertel

$
0
0

Winnie Mandela (Foto: Superikonoskop (Eie werk) [CC BY-SA 3.0], via Wikimedia Commons)

Op haar 80ste verjaarsdag sweef sy statig tussen haar gaste deur, neem sy ’n foto met Patricia de Lille, hou sy Julius Malema en Cyril Ramaphosa ewe styf vas.

Sy was nog net so beeldskoon soos sy op 22-jarige ouderdom was toe sy byna te vroeg met Nelson Mandela in die huwelik getree het. ’n Kleine vissersbootjie losgelaat op die wye, onstuimige oseaan. Het sy haar kompas by haar gehad? Sou sy kon navigeer? Hoe mens hierdie vraag beantwoord, hang af vanuit watter oogpunt mens Nomzamo Winifred Zanyiwe Madikizela-Mandela, gebore 26 September 1936, gesterwe 1 April 2018, gesien het.

Vandag, op die vooraand van haar teraardebestelling, is mens weer akuut bewus van die mag van storievertel, wie die verteller is en wie die gehoor is.

Wêreldwyd word nou weer bespiegel oor wie Winnie was, waar sy gefaal het en waar sy sterk gestaan het.

Maar Winnie-stories was maar altyd op die voorgrond. Nadat die apartheidsregering besef het dat hierdie vrou se storie soos deur haarself vertel via haar aksies van weerstand teen onreg, haar empatie jeens die onderdruktes, haar ’n wêreldwye ikoon maak, moes hulle hulself wend tot storievertel van ’n ander kleur. Hulle het besef dat storievertellers mag kan uitoefen in verskeie opsigte, dat dié met hoë status in ’n sekere gegewe konteks meer stories kan vertel dan dié met ’n laer status. Storievertellers het ook die mag om sekere feite in te sluit en sekeres weg te laat.

Storievertel kan beide positiewe en negatiewe invloed hê. In die geval van Winnie Mandela en hoe storievertel teen haar gebruik is, word mens herinner aan die beroemde storieverteller van Duitsland, Adolf Hitler. Hy was ’n perfekte voorbeeld van die gebruik van kreatiewe denke om die mensdom op ’n erg negatiewe manier te affekteer. Die menslike verbeelding kan stories skep wat groot euwel kan aanwakker of enorme goedheid kan meebring. Hitler het met die skryf van sy boek Mein Kampf en honderde opruiende toesprake die Duitse volk oortuig om hom te volg. Sy stories het diepe emosies losgemaak wat groot haat en kwaad aangewakker het. En hy het seker gemaak dat sy storie die enigste storie was wat in Duitsland vertel was. Ironies genoeg het Hitler die beste storievertellers van alle tye, die Jode, die geteikendes gemaak in sy stories. Demokrasie en vryheid was nie geag in Hitler se Duitsland nie, net soos dit nie geag was in apartheid-Suid-Afrika nie.

Toe die apartheidsbewind besef het dat hulle teistering en marteling nie Winnie Mandela gaan vernietig nie, het hulle die gesofistikeerde roete van storievertel begin volg. Soos Hitler, het hulle toegesien dat hulle storie die enigste storie sal wees wat die wêreld gaan hoor. Hulle het ook die mag gehad om te bepaal wat hulle sou vertel en wat hulle sou weglaat. Hulle het die staatsgesteunde Stratcom gestig wat ’n disinformasieveldtog begin het teenoor Winnie om die hele ANC te diskrediteer. Die voormalige hoof van Stratcom, Vic McPherson, het voor die Waarheid-en-Versoeningskommissie getuig dat hulle gedurende die 1980’s verskeie disinformasieveldtogte begin het. Hulle het artikels in verskeie koerante in Suid-Afrika en wêreldwyd geplaas wat heelwat sukses behaal het. Hierdie bewerings was saamgevat in dokumente wat aan die kommissie oorhandig is. ’n Goeie dosis van disinformasie was aan Winnie gewy.

Ongeag hoeveel ’n mens Winnie bewonder het, het hierdie disinformasie, die storievertel omtrent Winnie, die gedagtegang geïnfiltreer en ’n mens het begin te twyfel. Dit was die sukses wat die apartheidsregering deur middel van Stratcom gesoek het. Met Winnie se verskyning voor die Waarheid-en-Versoeningskommissie het ek oudergewoonte na my pen gegryp om sin van alles te maak. Ek het gevrees vir haar lewe; alles het so fataal voorgekom:

Winnie
(met verskyning voor Waarheid-en-Versoeningskommissie, 1997)

Die dag breek
en donker stukke van wanhoop
spoel uit teen die kus
Die wrakke van jou Titanic
het weer kom seil
en die see spat koud
teen jou vel in die nag.
Langsaan jou drome
lê die skeefkrom kompas
en die Suiderkruis
flikker met pyn
oor die spore in die see
wat wegsak in ’n wêreld
onder die aarde in
Die prys vir jou alleenvaart
om die suidpunt van Afrika is duur
en die troebel waters wag
besmet met oopbek haaie
wat langtand lag
vir jou wat sink –
jy kan tog nie op water loop!

          (Ons Komvandaan, 2006)

Gelukkig het die getuienis wat Stratcom voor die Waarheid-en-Versoeningskommissie gelewer het, baie lig op sekere vraagstukke gewerp. Die apartheidsregering wou hê dat die publiek moes glo dat Winnie Stompie Seipei self vermoor het. Dit het toe aan die lig gekom dat Jerry Richardson, die afrigter van die Mandela Football Club, dit gedoen het. Hy was ’n spioen vir die apartheidsregering en moes Stompie vermoor omdat Stompie hom ontmasker het. Sy vertoë dat hy dit onder Winnie se instruksies gedoen het, is met ’n knippie sout geneem. Hierdie inligting word ook weergegee in die film Winnie wat Pascale Lamche gemaak het. Winnie het inderdaad nie “gesink” nie. My vrese was besweer.

Vandag in ’n demokratiese Suid-Afrika kan ons vrylik terugkyk op Winnie se storie. Haar pogings tot versoening met haar voormalige martelaars en teenstanders is bewonderenswaardig. Haar verhouding met Graça Machel, Nelson Mandela se vrou wat hy getrou het nadat hy Winnie geskei het, getuig van ’n buitengewone persoonlikheid. Sy was nie ’n engel nie, maar kom ons vra onsself die vraag af of ons ooit sou kon staande bly het as ons moes deurmaak wat Winnie deurgemaak het. Sy was ’n mens met al die kompleksiteit van menswees. Ek glo dat ons land Suid-Afrika vandag ’n baie beter land is om in te woon danksy die feit dat Winnie Mandela haar lewe daaraan gewy het om onreg en onderdrukking te beveg. Mag haar siel in vrede rus, die rus wat sy in haar lewe ontsê was.

Winnie
(song)

Winnie, Winnie, what can we say (x2)
You were young and beautiful
barely an adult
but you had to be a lion
gritting your teeth
hiding your pain
always knowing, never in vain.
always knowing, never in vain.

          (Unpublished, Diana Ferrus, 1998)

Bronne

Ferrus, D. Ons Komvandaan. 2006. Diana Ferrus-uitgewery.

Social dynamics of storytelling: implications for story-base design, Deborah Lawrence en John C Thomas. http://citeseerx.ist.psu.edu/viewdoc/download?doi=10.1.1.39.1024&rep=rep1&type=pdf.

The history of storytelling and the power storytellers possess!. https://maramenzies.co.uk/2014/11/19/the-history-of-storytelling-and-the-power-storytellers-possess.

Winnie Madikizela-Mandela. South African History Online. http://www.sahistory.org.za/people/winnie-madikizela-mandela.

The post Winnie – ’n storie om te vertel appeared first on LitNet.

Knysna-brande

$
0
0

Knysna-brande

Vir Moses was God
in die braambos
in die vuurkolom
in die vlammerook op die berg

Saam met Daniël se vriende
was hy binne-in
In Negester oor Nineve
vuur ín die vuur

“Saul,” het Samuel gesê
“vir brandoffers voel God ’n veer”

in Jesaja se towerwoud
nie genoeg wild of
hout
vir ’n offer tot Sy eer

Opperman vertel van die vlakvoël
op haar eiers swart verkool gevind
Elia het God nie in die vuur ervaar
maar in die windstilte daarna

The post Knysna-brande appeared first on LitNet.

New Microsoft Word document

$
0
0

New Microsoft Word document

I don’t desire our time
to be another document

but rather a song
without words
hummed in our heads
time after time

without the pale paper presence
and the pronounced lines and wrinkles
of a normal life sentence.

The post New Microsoft Word document appeared first on LitNet.

Bybel in Kaaps: Die tien plae (deel 2)

$
0
0

Eksodus 7–11

Die sesde plaag: swere

8 Toe sê die Jirre vi Moses en Aäron, “Skep hanne vol roet uit ’n oond uit en lat Moses dit vorie Farao innie lug opgooi. 9 Dit sal ’n fyn poeier wôd oorie hele Egipte, en dit sal regoorie land op mense en diere swere veoosaak wattie ophou sal etterie.”

10 Soe het hulle toe die roet uit ’n oond uit gevat en voo Farao gan staan. Moses het dit innie lug gegooi, ennie swere wat anhoudend geëtter het, het op mense en diere uitgekô. 11 Die towenaars konnie voo Moses staanie oorie swere wat op hulle ennie res vannie Egiptenaars was. 12 Maa die Jirre het Farao se hart hard gemaak en hy wou nie luister na Moses en Aäron nie, net soes die Jirre vi Moses gesê het.

Die siewende plaag: hael

13 Toe sêrie Jirre vi Moses, “Staan môreoggend vroeg op en gan kee vi Farao voo en sê vi hom, ‘Dié is wattie Jirre, die God vannie Hebreërs, gesê het: Lat my mense gan, soedat hulle My mag dien, 14 of dié kee sal Ek jou, en jou amptenare, en jou mense met ’n groot ramp tref, soedat djy kan wiet daa issie oppie aarde nog ’n een soes Ekkie. 15 Wan ek kon al by dié tyd my hand oo jou en jou mense uitgestiek het en jou geslat het met ’n plaag wat julle vannie aarde af gevie het. 16 Daa is net een rede hoekô ek jou nog lat liewe, en dit is soedat ek jou My mag kan wys en dat amal My Naam reg oorie wêreld hiedeu sal ken. 17 Nog steeds hou djy vi jou bieter dan my volk, en lat gan djy hulle nie. 18 Dis hoekô, môre dié tyd sal ek die êgste haelstorm lat los bas soes daa nog nooit vantevore in Egipte wassie. 19 Gie ’n opdrag dat al jou vee en alles wat buite is, na veiligheid gebring wôd. Allie mense en diere wat buite is en nie onner ’n dak issie, sal deurie hael doodgeslat wôd.”

20 Die amptenare van Farao was bang toe hulle gehoorit wattie Jirre gesê het; hulle het hulle slawe en hulle vee ingebring. 21 Maa hulle wattie geworrie het oo wattie Jirre gesê hettie, het hulle slawe en vee buite innie veld gelos. 22 Toe sêrie Jirre vi Moses, “Stiek jou hand innie lug op lat daa oorie hele Egipte kan hael val, oorie mense, ennie diere, en alles wat innie veld groei.” 23 Toe Moses sy hand innie lug gestiek het, toe stuurie Jirre donnewee en hael, ennit het geblits tot tienie grond vas. Soe hettie Jirre die hael op Egipte lat neestôt. 24 Die hael het geval, ennie blits het heen en weer geflits. 25 Reg deu Egipte hettie hael alles geslat innie veld, die mense ennie diere; dit het alles innie veld plat geslat, dit het elke boem in repies geslat. 26 Die ienigste plek wat dittie gehael hettie, was innie Gosenstreek, waa die Israeliete was.

27 Die Farao het vi Moses en Aäron geroep. “Dié kee het ek gesondig,” het hy vi hulle gesê. “Die Jirre is reg, en ek en my mense is vekeerd. 28 Bid tog virrie Jirre, wan ôs het genoef van die donnewee en hael gehad. Ek sal julle lat gan. Julle hoefie lange te bly nie.”

29 Moses sê toe, “Soedra ek byrie stad uit is, dan sal ek my hanne in gebed narrie Jirre uitstiek. Die donnewee sal stop, en daa sallie mee hael wiesie, soedat u kan wiet dat die aarde issie Jirre sinne. 30 Maa ek wiet dat u en u amptenare nog steedsie vi God die Jirre vreesie.”

31 Die vlas- ennie garsoes is venietig ommattie gars innie aar ennie vlas innie knop was, 32 maarie koring ennie sorgum issie venietigie ommat dit later ryp gewôd het.

33 Moses is toe van Farao af weg en hettie stad uit gegan. Hy’t sy hanne narrie Jirre toe uitgestiek, die donnewee ennie hael het opgehou, ennie reën hettie mee neergestort oppie lantie. 34 Toe Farao sien dattie reën ennie hael ennie donnewee opgehou het, toe het hy maa net wee gesondig. Hy en sy amptenare het wee hulle harte hard gemaak. 35 Soe was Farao se hart nog steeds hard en wou nie die Israeliete lat gannie, net soes die Jirre vooraf vi Moses gesê het.

Die agste plaag: sprinkane

10 Toe sêrie Jirre vi Moses, “Gan na Farao toe, wan ek het sy hart ennie hart van sy amptenare hard gemaak soedat ekkie wonners van my onner hulle kan doen. 2 Dat jy an jou kinners en kleinkinners kan vetel wat Ek annie Egiptenaars gedoen het en watter wonners Ek onner hulle gedoen het, soedat julle kan besef dat Ek die Jirre is.”

3 Toe het Moses en Aäron na Farao toe gegan en vi hom gesê, “Dié is wattie Jirre, die God vannie Hebreërs gesê het: Hoe lank sal djy weier om voo My nederig te wôd? Lat my volk gan soedat hulle my kan dien. 4 As djy weier om hulle te lat gan, dan sal ek môre ’n sprinkaanplaag oo jou hele land bring. Hulle sal soe baie wies dat julle nie ees die grond sal kan sien nie. Hulle sal alles opvriet wat julle nog oo het narrie haelstorm, selfs allie boeme wat in julle velde groei. 6 Hulle sal ooral in jou huise wies, ennie huise van jou amptenare, en allie Egiptenaars, iets wat jou ouers of jou voo-ouers nog nooit gesien het vanaffie dag wat hulle in die land gekommit, en tot nou toe nie.” Toe draai Moses om en gan weg van Farao af.

7 Farao se amptenare het vi hom gesê, “Hoe lank gan die man nog vi ôs moeilikheid gie? Lattie volk gan soedat hulle die God, hulle Jirre kan dien. Kan u dannie sien dat Egipte is biesag om te vegaan nie?”

8 Toe wôd Moses en Aäron trug na Farao toe gebring. “Gan, en dien julle God, die Jirre,” sê hy toe. “Maa sê my wie gan amal sam?”

9 Moses antwoord toe, “Ôs sal amal gan, oud en jonk, met ôs se seuns en ôs se dogtes, en met ôs se vee en kleinvee, en ôs grootvee, wan ôs moet virrie Jirre ’n fees gan hou.”

10 Toe sê Farao, “Die Jirre moet maa met julle wies as ek julle sal lat gan met julle vrouens en kinners. Dit lyk julle het net vekeere dinge in julle koppe. 11 Soe, Niee! Julle kan net mettie manne gan om julle Jirre te loep dien. Dis mos wat julle voo gevra het.” Toe wôd Moses en Aäron van Farao af weggejaag.

12 Ennie Jirre het toe vi Moses gesê, “Stiek jou hand uit oo Egipte soedat daa sprinkane oorie land kô om elke laaste stukkie groen plantjie wat oogebly het na die hael op te vriet.”

13 Toe stiek Moses sy stok oo Egipte uit en toe lattie Jirre ’n oostewind virrie hele dag ennie hele nag waai. Tienie oggend hettie wind die sprinkane gebring. 14 Hulle het oorie hele Egipte gekô, en hettie hele land vol gesit, ’n baie groot sprinkaanswerm, soes daa nog nooit tevore wassie en hiena oekie wee sal wiesie. 15 Die land was tóé onner hulle, dit was ienik donke deurit. Hulle het alles opgevriet wat oogebly het na die haelstorm, alles wat nog innie veld gegroei het, ennie vrugte oppie boeme. Niks groen het op ’n boem of ’n plant oogebly oorie hele land van Egipte nie.

16 Farao het baie gou vi Moses en Aäron lat roep, en hy sê toe, “Ek het al wee gesondig tienoo julle Got, die Jirre, en tienoo julle. 17 Vegiewe tog asseblief net hierdie kee wee my sondes en bid tot julle God, die Jirre om die doodlike plaag weg van my af te vat.”

18 Moses het toe weg van Farao af gegan en virrie Jirre gan bid. 19 Ennie Jirre hettie wind gedraai na ’n baie stêk westewind toe, wat allie sprinkane innie Rietsiee gegooi het. Nie ’n sprinkaan het agtegebly innie hele Egipte nie. 20 Maarie Jirre het Farao se hart wee hard gemaak, en hy wou nog steedsie die Israeliete lat gannie.

Die niende plaag: die drie dae donke

21 Toe hettie Jirre vi Moses gesê, “Stiek jou hand innie lug op dan sallie hele Egipte donke wôd, soe donke dat mens dit kan voel.” 22 Soe het Moses toe sy hand opgestiek narrie lug toe, en drie dae was dit pikdonke. 23 Die mense konnie mekaa sienie, of beweeg vi drie dae nie. Maa waa die Israeliete gebly het was daa lig.

24 Toe lat Farao wee vi Moses haal en sê, “Gan dien die Jirre. Selfs julle vroue en kinners mag saam met julle gan, maa los julle grootvee en kleinvee agte.”

25 Maa Moses sê toe, “U moet ôs toelaat dat ôs brandofferes en diereofferes het om an ôs God, die Jirre te bring. 26 Dis hoekô os vee met ôs moet saam gan. Nie ’n kloutjie kan agtebly nie. Ôs moet van die vee gebruik om ôs God, die Jirre te dien, en ôs wiet noggie met watte offer ôs hom sal dien nie, dit sal ôs wiet wanne ôs daa ankô.

27 Maarie Jirre het wee Farao se hart hard gemak, en hy wassie gewillig om hulle te lat gannie. 28 Farao sê toe vi Moses, “Gat voo my weg! En djy biete sôg dat ek jou nie wee sien nie, wan daai dag as ek jou wee sien, dan sterf djy.”

29 “Net soes u daa sê,” het Moses geantwoort. “Ek sal nooit wee voo u veskynie.”

Die tiende plaag wôd angekondig

11 Die Jirre het vi Moses gesê, “Ek gan een laaste plaag bring op Farao en Egipte. Na dit sal hy julle hievan af lat gan, en wanne hy dit doen, sal hy julle heeltemal hievanaf wegjaag. 2 Sê virrie volk dat elke man en vrou moet by hulle bure goed van silwe en goud gan vra.” 3 Die Jirre het gesôg dattie Egiptenaars sy volk reg getreat het, en boenop was Moses gesien as baie hoeg deu Farao se amptenare en sy mense.

4 Toe sê Moses, “Dis wattie Jirre sê, ‘Tien middernag sal ek deurie hele Egipte gan. 5 Elke eesgeborene seun in Egipte sal sterf, vannie kroonprins af, die eesgeborene van Farao, tot byrie eesgeborene vannie slavin wat koring maal, en selfs allie eestelinge van alle diere. 6 Innie hele Egipte sal daa soe gehuil en gerou wôd soes nog nooit tevore nie en oekie laterie. 7 Maa onnerie Israeliete sal niemand iets ookommie, nie ’n mens of ’n dierie. Dan sal julle besef dat die Jirre ’n veskil maak tussen Egipte ennie Israeliete. 8 Al hierie amptenare van u sal voo my kom buig en vra: ‘Gan net asseblief, djy en allie mense wat jou volg!’ Dan sal ek trek.” Toe is Moses, dik kwaad, daa weg van Farao af.

9 Die Jirre het vi Moses gesê, “Farao sallie vi julle luisterie, soedat My wonners in Egipte nog meedere kan wôd.” 10 Moses en Aäron het al die wonnerwerke voo Farao gedoen, maarie Jirre het Farao se hart hard gemaak, en hy wou nie die Israeliete uit sy land uit lat trekkie.

Bybel in Kaaps: Die tien plae (deel 1)

The post Bybel in Kaaps: Die tien plae (deel 2) appeared first on LitNet.

Persvrystelling: Reisboek wen Andrew Murray-prys

$
0
0

Die reisskrywer André Pretorius is bekroon met die Andrew Murray-prys 2018 vir sy boek Geloof alleen – uitgegee deur Naledi.

Die wenners van die Andrew Murray en Desmond Tutu-boekpryse vir 2018 is pas bekendgemaak. Die hoofprys – die Andrew Murray-prys vir algemeen-Christelike publikasies – is toegeken aan die reisskrywer André Pretorius vir sy boek Geloof allleen – Reise deur die Kerkhervormings. Die boek handel oor Pretorius se reise in plekke wat in verband staan met die Kerkhervorming wat verlede jaar 500 jaar gelede in Duitsland begin het.

Geloof alleen is Pretorius se vierde reisbundel. Hy is ’n prokureur van beroep en woon die afgelope twintig jaar in Cambridge.

Die boek se titel ten spyt is dit in die eerste plek ’n reisverhaal, eerder as ’n boek wat uit en uit oor geloof handel. Die reise vir hierdie uitsonderlike, moderne reisverhaal het hom die afgelope dekade geneem na Duitsland, Frankryk, Spanje, Italië, Indië, die VSA en die noord-Duitse plaas waar die Suid-Afrikaanse Pretoriusse vandaan kom.

Die leser kan Pretorius volg waar hy 500 jaar ná die begin van die Kerkhervorming op 31 Oktober 1517 in die spore van die groot Hervormers – Martin Luther en Johannes Calvyn – gaan loop. Maar hy reis verby Luther en Calvyn en besoek die plekke waar die sleutelepisodes van daardie grootse revolusie afgespeel het. Hy gaan na die plekke waar die godsdiensoorloë van die Hervormingsera ondenkbare verwoesting gesaai het, maar ook na die plekke waar die kreatiwiteit gebore uit die Protestantse verstaan van woorde en musiek van die grootste kunswerke van die mensdom geïnspireer het.

Elke leser wat lief is om te reis, of om oor reis te lees, sal kan saamreis na die plekke, kerke, mense, kos en wyn van vandag in dié plekke waar die kerkhervormers destyds probeer sin maak het van Middeleeuse godsdienstigheid. En dan bring Pretorius dit alles terug na sy eie plattelandse Suid-Afrikaanse, Calvinistiese opvoeding.

Resensente het Geloof alleen beskryf as "’n merkwaardige en tydige werk wat my ontroer het" (Fransjohan Pretorius), "van al die boeke oor die Hervorming die een wat die diepste indruk op my gemaak het" (André Bartlett) en "dié boek sal gelowiges en ongelowiges wat moeg is die dieselfde ou kerkdeuntjie aangenaam verras" (Jean Oosthuizen).

Die Andrew Murray-prys word toegeken aan ’n oorspronklike Afrikaanse algemene Christelike boek wat in die voorafgaande drie jaar verskyn het. Onder “algemene Christelike boeke” word verstaan boeke met ’n Christelike inslag wat in enige genre geskryf is (dagstukke, meditasies, romans, digbundels, ens) wat nie in eerste instansie vir ’n teologies-vakkundige gehoor bedoel is nie. Dit is die eerste keer dat dié gesogte prys aan ’n reisboek toegeken is.

Pretorius se veelbesproke boek oor sy reise in Italië, Italiaanse intermezzi, het in 2016 verskyn. Oor hierdie boek het die oudhoof van Tafelberg Uitgewers, Danie van Niekerk, gesê: “…een van die heel beste Afrikaanse reisboeke wat ek nog gelees het, in dieselfde klas as ’n Uys Krige, André Brink, Ernst van Heerden of WEG Louw.”

Verskeie noemenswaardige publikasies het hierdie jaar die kortlys gehaal waaronder:

  • Breekpunt deur Henk Gous, uitgegee deur CUM
  • Dansend met die lewe deur Kobus Anthonissen, uitgegee deur Naledi
  • Die reis gaan inwaarts deur Cas Wepener, uitgegee deur African Sun Media
  • Paulus deur Adrio Konig, uitgegee deur CUM
  • Weerlose weerstand deur André Bartlett, uitgegee deur Protea Boekhuis

Die Andrew Murray-prys vir Geloof alleen is Pretorius se eerste toekenning vir sy skryfwerk en die eerste publikasie van die uitgewershuis Naledi wat met die Andrew Murray-prys bekroon word.

Geloof Alleen – Reise deur die kerkhervorming deur André Pretorius
Uitgewer: NALEDI
Prys R279
Beskikbaar by alle goeie boekwinkels of by www.naledi.online.

The post Persvrystelling: Reisboek wen Andrew Murray-prys appeared first on LitNet.

Die sin van die hut deur Gilbert Gibson: ’n resensie

$
0
0

Die sin van die hut
Gilbert Gibson
ISBN: 9780798176934
Human & Rousseau

Van ’n bundel soos Die sin van die hut van Gilbert Gibson sou mens verwag dat die digter ’n belese akademikus is wat elke dag met literêre teorieë en taalverskynsels werk.

Belese is die digter wel, maar van beroep ’n internis.

Die sin van die hut is Gibson se sesde bundel en hy is vanaf sy debuut in 2006 die ontvanger van vele pryse. Hy staan bekend as ’n digter wat eksperimenteer met taal, wat taal uitdaag en ondermyn. Die uitgewer stel dit so: dat hy taal selfs benadeel en hierdeur nuwe betekenisse herskep of ontdek.

Met die eerste lees van die bundel weet mens onmiddellik dat jy hier te make het met ’n uitdagende bundel. Betekenis en sin (die “sin” van die titel) kom nie maklik nie. Dit verg toewyding in die lees en herlees om by die kern van die gedigte uit te kom.

Die titel is geneem van die Franse filosoof Gaston Bachelard, wat in sy werk The poetics of space geskryf het: “Die huis. Van kelder tot solder. Die betekenis van die hut.” Simbolies kan die huis gesien word as die sentrum van die wêreld. Dit versinnebeeld die beskerming van die Aardsmoeder en is die kern van die beskawing. Volgens Jung word die hut of huis verteenwoordigend van die self en wat in die hut gebeur, gebeur in onsself. Op Freudiaanse vlak is die hut vroulik en bied dit skuiling en sekuriteit. Dit is juis hierdie simboliese beeld wat Bachelard uitbrei en die huis ondersoek as verteenwoordigend van die komplekse, private ruimte van die self, wat op sy beurt die onderbou van Gibson se bundel word.

In hierdie sin word die titel dubbelsinnig. Die hut bied beskerming, maar terselfdertyd is daar ook die begeerte om om verskeie redes weg te breek uit die hut uit (“Sodat jy soos ’n duif pleit om hierdie ark te verlaat”). As die hut die self voorstel, word dit ’n eksistensiële vraag na die sin van eie bestaan. Die hut is die ruimte van verhoudings – die verhouding tussen man en vrou, die gesin, die gemeenskap, maar ook die verhouding met die self. Alhoewel die hut beskerming bied van die buitewêreld en die elemente, lei dit ook tot ’n mate van afsondering of afsluiting van die buitewêreld, wat weer eens terugkeer na die verhouding met die self.

As gekyk word na die gedig “(drumpel)” kan die hut die onbewuste verteenwoordig, die drumpel wat oorgesteek moet word. Terselfdertyd word die meubels as loopgrawe beskryf wat oor die drumpel “bal en klou om later die res/ van die huis met onrus te vul”. Die hut is dus nie altyd slegs vreedsame beskerming nie, maar ook ’n spasie van konflik en konfrontasie. Dan word die leser weer gedwing om die konflik te bevraagteken, want dan, terwyl die honde buite blaf, “talm (jou hande) oor my hande”.

In sy praatjie op Met vers en klank gesels Bernard Odendaal met Margot Luyt oor die hut of huis wat simbolies is van die poësie en die skryfkuns self. In daardie sin word dit dan ook ’n vraag na die onvolkome pogings om hier op aarde tuis te voel, die sin te vind. Die strewe om deur die woord beheer te kry en om betekenis vas te vat. Telkens word hierdie poging stilisties ondermyn deur punte aan die einde van elke gedig weg te laat, titels tussen hakies, asook etlike gedigte wat net-net ’n sonnet wil wees en dan nie is nie.

Beide die hut en die sin word weerspieël in die titels van elke gedig. Elke titel dui op ’n aspek van die huis (tuin, dreine, bodrumpel, dakraam, mure, gewel ens). Elke titel verskyn egter tussen hakies, wat op ’n byna toevallige invoeging dui. Iets wat dalk selfs weggelaat kan word. Dit word die bouproses of die poging om hierdie hut/huis op te bou. Maar, dan eindig ons paradoksaal met “(bouval)” as die laaste gedig.

Ten einde is die hut nie ’n spasie van die rasionele nie, maar die plek van emosie “(Die raamwerk van verraad)” en drome “(in die skuiling wat drome in jou are/ plaak)”. Telkens word hierdie emosie aangespreek in die verhouding met die aangesproke “jy” in die gedigte. Dit is kennelik ’n gekompliseerde verhouding – aan die een kant is “Jou mond soos ’n grys lyn” “(anneks)” wat dui op ’n onwrikbaarheid of selfs ongelukkigheid, maar aan die ander kant “klop ek in jou bloed” en “stuur jy my in die rigting van die hut” “(skuiling)”.

Van die gedigte is by tye ondeurdringbaar en by tye slaan die absolute skoonheid van die betekenis jou weer weg. Dit is soos om buite ’n pragtige huis te staan wat jy slegs deur ’n venster of hier en daar ’n oop deur kan bekyk. Op ’n tafel sien jy miskien ’n pragtige vaas en dan weer net ’n stukkie van ’n skildery. Maar jy weet dit is ’n kunswerk. Jy weet jy wil nog sien en so rek jy jou nek om net dalk ’n beter blik te kry.

The post <em>Die sin van die hut</em> deur Gilbert Gibson: ’n resensie appeared first on LitNet.

Lara Frances: "Die musiek is altyd teenwoordig"

$
0
0

Die sanger en liedskrywer Lara Frances stel ná ’n lang stilte weer oorspronklike musiek bekend. Sy beantwoord ’n paar vrae.

Goeiedag, Lara. Hoe’s dinge?

Lekker en aan die gang, Henry!

Foto: Debra Roets

Baie geluk met jou jongste enkelsnit, “Running away”, wat onlangs vrygestel is. Dit is, as ek dit reg het, min of meer nege jaar sedert jou vorige vrystelling – die album Little rendition. Dis nogal ‘n lang breek, nadat jy aanvanklik heelwat sukses beleef het, veral met die treffer “High on life”. Waarom het dit so lank geneem voor jy weer begin musiek opneem en vrystel het? Hoe het hierdie lang ruskans jou gedagtegang oor musiek, en ook hoe jy daarmee wil omgaan, verander of geslyp?

Jy’s heeltemal korrek, dis omtrent tien jaar sedert die vrystelling van “High on life”. Ek het baie goeie herinneringe van student-wees op Stellenbosch toe die liedjie op KFM gespeel het (dit was ’n totaal surrealistiese ervaring om vir die eerste keer my stem op radio te hoor).

Wat die ruskans betref: ek skryf nog heeltyd nuwe musiek en gebruik dit nog steeds om my gevoelens en gedagtes uit te druk. Ek dink in werklikheid het my brein dalk ’n ruskans nodig gehad om meer te fokus op die musiek en minder oor die stres van “perform” en om ’n “naam te maak” in die musiekbedryf. Ek het ’n tyd lank ophou skryf, maar dit kom tog altyd terug – dit begin my pla as ek vir weke nie aan my kitaar raak nie.

Alles het verander toe ek ’n paar jaar gelede vir Craig Ormond van Bigleap Music & Post ontmoet het. Ek het eendag in sy ateljee ingestap en vir hom gevra of hy iemand nodig het om “jingles” te skryf of te sing op advertensies. Ons het kort daarna begin werk aan ’n snit vir Smirnoff en het toevallig die werk gekry, en die liedjie is toe gekies vir hulle televisieveldtog “Explore the night”.

As ek reg verstaan, is “Running away” die eerste snit van ‘n nuwe album – Relinquish – waarvan jy die snitte geleidelik, een vir een, wil vrystel. Dit is ‘n interessante benadering – baie musikante kies óf die een (digitale enkelsnitte) óf die ander (vollengte-albums). Jy kombineer dit op ‘n manier. Hoe het jy op die benadering besluit? Wat is jou filosofie hierrondom, in terme van wat ‘n mens wen of verloor met ‘n vollengte-album versus meer gereelde, korter digitale vrystellings? Met ander woorde, wat is die voor- en nadele van die twee, en hoe vind mens ‘n goeie balans tussen die artistieke en kommersiële oorwegings?

Om eerlik te wees het ons (ek en my vervaardiger, Craig) lank gedink oor ons proses en benadering en tot die gevolgtrekking gekom dat ons vir elke snit ’n digitale ervaring wil skep. Ons wil vir elke snit ’n musiekvideo vrystel sodat ons ’n storie kan vertel. Ons het lank saam gewerk aan die nuwe musiek. Die proses was baie organies in die sin dat ons van nuut af elke liedjie se verwerking saam uitgewerk het en al die instrumente op die snitte ook self speel. Ek het met my kitaar, melodie en lirieke opgedaag. Craig is ’n “Jack of all trades” en het tot die banjo uitgeruk vir ’n paar nommers!

Ons is tans besig met die musiekvideo van “Relinquish” en baie opgewonde oor hoe die prentjie besig is om bymekaar te kom.

“Running Away” getuig – soos jou vorige oorspronklike liedere ook – van ‘n besondere sin vir melodie en liedstruktuur. Hoe werk daardie liedskryfproses by jou? Wat kom eerste – die woorde of die musiek? Hoe vind jy die perfekte wisselwerking tussen die twee, en hoe weet jy wanneer ‘n lied nou “reg” of “gereed” is na al die geskaaf? Tot hoe ‘n mate speel vervaardigers en dies meer ‘n rol in die uiteindelike voltooiing van ‘n lied, of hoe sterk voel jy oor deurlopende kreatiewe beheer?

My liedjies se ontstaan is almal direk gekoppel aan my emosies ten tyde. Ek tokkel ’n wysie wat ek in my kop hoor en die lirieke volg kort daarna. Ek skaaf eintlik geensins daaraan nie en vind ek skryf soms selfs te vinnig aan iets.

Wat die vervaardiger se rol betref, is ek altyd ontvanklik vir kreatiewe insette – ek hou daarvan om te hoor hoe ander my musiek aanvoel en interpreteer. Ons het tot dusver ses snitte wat totaal uiteenlopend is, en dis ook een van die redes vir die musiekvideo’s wat individueel vrygestel word – die klank en gevoel van die snitte is nie een dieselfde as ‘n ander s’n nie en ons wil elke melodie uniek bekend maak, maar ook visueel.

‘n Paar jaar gelede het jy vir ‘n ruk op cruise ships gewerk as – ek hoop ek het dit reg – ‘n in-house musikant. Dit moes ‘n baie interessante ervaring gewees het – wat het jy in daardie tyd geleer oor musiek, jou eie doelwitte as musikant, en ook die uiteenlopende mark wat daar buite is? Hoe sou dié ervaring uiteindelik jou ambisies as Lara Frances beïnvloed?

Ha! Dis korrek – ek het vir ses maande gesing op die Pacific Dawn wat deel is van die P & O-vloot. Ek het bedank na drie jaar by die plek waar ek gewerk het vir dié geleentheid en het twee maande gehad om my repertoire op te bou tot 300 liedjies, in ’n verskeidenheid van genres. Ek het “covers” gespeel van groepe soos die Beatles en Stones tot Kasabian, MGMT en musiek wat op daardie stadium gewild was op radiostasies; natuurlik ook ’n paar Johnny Clegg-treffers – die Australiërs was mal daaroor! Dit was ongelooflik uitdagend om so vinnig “gig-ready” te wees, maar terselfdertyd lonend om elke dag te sing (soms vier ure per dag). Ek het mense “from all walks of life” ontmoet en ek het uiteindelik verstaan wat “cabin fever” beteken!

Terug in Suid-Afrika het ek myself voluit in die besigheidswêreld begewe, maar die musiek is altyd teenwoordig en wanneer die inspirasie kom, gryp ek dit aan!

Terug by die nuwe album: daar is ook ‘n heerlike video van jou en Ramon Alexander wat die lied “Grizzly son” saam uitvoer. Dit is ‘n heerlike gestroopte klank, vir wat geensins ‘n “eenvoudige” lied is nie. Is daar nog sulke samewerkings op pad? Wat geniet jy die meeste omtrent dié soort collabs, en waar het dit al moeilik geraak in die verlede? Met wie sal jy nog graag in die toekoms wil saamwerk? En ook, as jy werklik énigiemand kon kies vir ‘n collab, lewend of dood, wie sou dit wees en hoekom?

Ek is mal oor collabs en verkies dit eintlik bo solosang – daar is iets ongelooflik wat gebeur wanneer twee musikante net “gel”. Daar is samesyn in ’n oomblik van perfekte harmonie wat ’n persoon nie op sy eie kan ervaar nie. Ramon is groot pret en ons werk al jare saam. Al opgetree saam met Mel Botes op sy Pink Floyd-toer.

Ek het altyd gedroom om saam met ander sangeresse te sing, en dit het waar geword toe ek en die tweeling van The Taros begin collab het. Leandi en Lelani het fenomenale sterk stemme, en dit is definitief op my “bucket list” om nog saam met hulle op te tree. Ek dink Kate Bush kan ’n belewenis en ’n HALF wees! Tori Amos is vir seker ook ’n talent om te aanskou, en ’n geniale liriekskrywer.

Dis interessant dat jou eerste album, High on life, ‘n hele paar Afrikaanse liedere bevat het. Daarna het jy nie werklik in Afrikaans vrygestel nie. Is daar ‘n spesifieke rede agter dié besluit? Hoe het jy destyds die verskil in reaksie op die Afrikaanse en Engelse snitte ervaar, en ook die verskil in jou eie voorkeure of gemaklikheid? Hoe dink jy verskil die Engelse en Afrikaanse mark en toneel in Suid-Afrika, en hoe sal jy dit graag wil sien verander, veral wat jou betrokkenheid of deelname daaraan betref?

Dit was vir my lekker om in Afrikaans te skryf met my eerste album, maar alhoewel die liedjies speeltyd gekry het op Kosmos, Jacaranda en RSG, het ek gevind mense hang die Engelse snitte meer aan. Ek het soms gevoel asof die musiek te eerlik of naïef was as ek gekyk het na die bekende Afrikaanse musikante. Ek skryf soms net makliker in Engels en, soos ek al genoem het, wanneer die musiek vloei, gryp ek pen en papier. Ek dink ook mense koop veel eerder ’n album wat in een taal geskryf is – ’n les wat ek geleer het met High on life.

Alhoewel jy vir ‘n lang ruk stil was op die vrystellingsfront, trek jou musiekloopbaan nou al by meer as tien jaar. Watter spesifieke hoogtepunte was daar tot dusver, wat dit betref? Enige herinneringe – in die ateljee of op die verhoog – wat jy nie sommer sal vergeet nie, of enige minder aangename herinneringe wat jy eerder sal wil uitvee?

Sjoe, dis ’n moeilike vraag, daar is omtrent nét hoogtepunte! Ek onthou die dag soos gister toe ek vir Albert du Plessis ontmoet het van Rhythm Records – hy was so ’n inspirasie en mentor vir my op so ’n jong ouderdom. Ek onthou hoe ek die “Karre”, Valiant Swart en Chris Chameleon ontmoet het vir die eerste keer omdat hulle by dieselfde platemaatskappy was – dit was omtrént ’n belewenis.

Ek het herinneringe van elke optrede in die laaste tien jaar – soms speel en sing jy vir duisende en ander tye vir drie mense – elke ondervinding was vir my ‘n unieke voorreg. Ek het al die voorreg gehad om saam met ongelooflike musikante op te tree en om van die beste te leer.

Toere saam met die manne wat my ondersteun het op die verhoog was altyd vet pret. Ons het stories wat jou hare sal laat rys (snaaks en skrikwekkend), die interessante mense wat ons ontmoet het in Bethlehem en die Wendy-huis in ’n woud waar ons een aand geslaap het – ek onthou als soos gister.

Wat hou die nabye en verre toekoms in vir Lara Frances, in so verre jy dit kan beheer?

Soos ek genoem het – die titelsnit word tans verfilm en ons beoog om dit binne die volgende maand of twee vry te stel. Ek geniet my musiek meer as ooit en hou mense op hoogte soos dit ontwikkel.

Wat is die sin van die lewe?

Sê vir my wanneer jy uitvind!

Foto: Debra Roets

The post Lara Frances: "Die musiek is altyd teenwoordig" appeared first on LitNet.


Under glass by Claire Robertson: a review

$
0
0

Under glass
Claire Robertson
Publisher: Umuzi
ISBN: 9781415209707

Let me start with my bona fides: I have not yet read Claire Robertson’s debut novel, The spiral house – the winner of the 2014 Sunday Times Fiction Prize. Her second novel, The magistrate of Gower, I have read twice, and when (not if, but when) I read it a third time, I will consider reading only one sentence per day. Claire Robertson writes beautifully; therefore, I want to savour it.

Please understand: we are not dealing with purple prose, overwrought by adjectives and adverbs to strangle the reader in consciously oversweet beauty. No, her sentences are muscular and precise, and draw the characters and situations clearly and with insight. I am not going to quote examples here – please, read for yourself.

Robertson’s most important achievement in that novel is the way in which she registers the sea change in Afrikaans politics in the 1930s – the surge of nationalistic emotions building up to the 1938 commemoration of the Groot Trek. Her historical research is thoroughly and convincingly integrated into her narrative.

Can her third novel satisfy so much expectation? Fortunately, the answer is: “Yes”.

The narrative of Under glass starts on 22 March 1857 with Mrs Chetwyn’s arrival at the tiny D’Urban in Port Natal after a journey of eleven months. She has met and married her husband in India, and their firstborn child, the daughter Sophronia, was born there to the nineteen-year-old mother. They decided to move to the new colony in southern Africa, but Mrs Chetwyn had to travel to England first to pack up belongings and provisions before she and her daughter, and the Indian ayah Griffin, could travel south.

D’Urban (later Durban) is no more than a hamlet at this time, and the women approach dry land in smaller and smaller boats, until the final stretch, where they are carried by strong workers. Their baggage comes ashore in the same way – even the two extraordinarily heavy cart wheels – but only weeks later due to practical considerations. An agent takes the Chetwyn group to the tent arranged by Mr Chetwyn – he is in the interior scouting for a piece of land he wants to transform into a sugar cane farm. He rejoins his family only a few weeks later, while Mrs Chetwyn has to create a life for them in limited circumstances, filled with new things with which she must contend.

Later, they procure a piece of land and found the farm. Shortly thereafter, twin daughters (Chastity and Verity) are born, and then another daughter, Maude. Then, at long last, a son named Cosmo. In the meantime, the farm is developed through the assistance of a large team of workers, including a foreman called Fuze (pronounced foo-zeh).

From this information, it is clear that Robertson’s novel investigates the theme of land ownership. The way in which the colonial government and her subjects (it is, after all, the era of Victoria) expand the colony and claim the land for themselves makes the reader aware of our present struggle with land redistribution. Early on, Chetwyn says to his wife: “They will never understand, in England. But we will join ourselves to this place” (56). In the thinking of this generation of people, who came to South Africa to farm, there is no thought that any system other than the colonial and imperial law could govern land and its ownership.

From this principle flow two important elements directing the narrative: firstly, the position of Fuze. He is a member of the indigenous population who has questioned the limitations of their culture. Therefore, he has become a pariah, but the colonial system allows him to regain his self-respect. He appreciates his cooperation with Chetwyn, and has a degree of sympathy with Chetwyn’s self-created burden: “[Fuze] can see that it is not a small matter to set yourself to remake the world” (108).

When the British Empire prepares to invade the Zulu kingdom, Fuze’s loyalty is ambiguous: will he fight with or against his family? (This invasion, known as the Anglo-Zulu War, took place in 1879, with the Battle of Isandlwana on 22 January 1879 the biggest British defeat against an indigenous army with far inferior weaponry.)

Secondly, a much stronger influence on the course of the story: Chetwyn’s father, known as “the General”, controls the Chetwyns’ destiny from Britain. Although he contributes generously in financial terms and pays, among other things, for the journey from India via England to Port Natal, he sets conditions to his generosity. Through a local attorney, he provides money for the purchase of land, but the land does not become Chetwyn’s: only the produce of the land falls to him. The owner is and remains his father. Chetwyn works very hard, not only to support his growing family, but also to ensure that the farm is worth something when he inherits it from his father.

When the General dies, the will becomes a way to govern his son’s life from the grave: a stipulation, a so-called entailment, determines that Chetwyn’s farm may only be inherited by a son; if there is no son, another male family member may claim the farm. Fortunately, a son is born: Cosmo. Cosmo is protected like gold: if something happens to him, the Chetwyns – in the case of Mr Chetwyn’s death – will have as little as they had before the farm was purchased.

(Incidentally, I am watching the whole series of Downton Abbey at the moment – a story also directed at the start by an entail and the gender of one’s progeny.)

There is a great secret about Cosmo that must be kept at all costs. As he grows older, he outgrows the smocks worn by babies, and starts to wear breeches and shirts; his hair is cut short, and through this outward clothing he is clothed with the position of heir. He learns from his father how the sugar mills function; he learns to shoot, and accompanies his father to a military camp when the colonial population starts preparing for conflict with the Zulu king.

By focusing on these external details, Robertson draws attention to colonising techniques other than land occupation and military action. The Victorian Britons’ dogged attempts to maintain their lifestyle in other cultural contexts are an important element of this process, in part because they teach their habits to the locals to employ them as servants who can help maintain this cultivated lifestyle. Clothing, in particular, is often mentioned in Robertson’s novel, and the details emphasise the trouble that being civilised demanded of people: Mrs Chetwyn “finishes her thorough toilette, and ties, buttons and hooks herself back into her stays, drawers, chemise, stockings, petticoats, wool crinoline, boots, skirt and bodice …” (56). (These details remind one of Barbara Kingsolver’s The poisonwood Bible.)

There is another way in which Robertson portrays the colonising of the new context: through her use of language. Her long, complex sentences capture the complex emotions and thought processes of her characters very well, and it becomes clear how they digest their new situation and its problems linguistically also. The interaction between English and Zulu, the learning of each other’s languages, the attempt to understand each other’s social structures all form part of the intellectual struggle for control.

The narration of the novel links with this process. The narrator focalises through Mrs Chetwyn for the most part, but there are some pieces where Fuze is the focalising character. The chapters are interspersed with short chapters with Cosmo as first person narrator.

All these characters build the narrative and are aware that life is retold as a story: “It is amazing to encounter all the ways people tell themselves the story of what is before them” (240). This insight from Cosmo emphasises humankind’s need to interpret, explain and, in some cases, hide. Mrs Chetwyn thinks, at a stage, how she will tell her lastborn child about her arrival in the country, “for when he is old enough to be schooled in the sympathetic fictions” (299).

Although the landscape is often described in the novel, it seems as if Nature makes colonising easier by avoiding large-scale disasters: this farmer and his family and workers have enough problems to contend with and do not need floods, droughts, fires and insects in addition. However, there are enough references weaved into the text about how humans lord over Nature and use trees and plants from the environment as building material to ensure that readers are aware of how people (and especially colonials) approach Nature as consumers.

The story of the founding of a country, especially one with a colonial past, is often told. Robertson focuses on a specific period in South African history when this process took place. Several aspects of this kind of narrative are not explicitly investigated, including racism; the relative status of men and women in society is much more important here.

Griffin, the Indian ayah, and the Chetwyn daughters, especially the twins, do not become round characters; even Chetwyn remains a supporting actor. Mrs Chetwyn takes up most of the telling and is portrayed as a practical and pragmatic colonial woman who does the best under the circumstances, while she does not necessarily become a sympathetic character. It is Cosmo who elicits empathy from the reader.

In the depiction of the building of a farm and a colony, in the contact between different groups of people, in the relationships within a family with their secrets and pettinesses and preferences and loves, Robertson creates another view of a particular piece of South African history for her readers. By weaving language and detail into text, she creates another literary feast and continues to build an oeuvre that is becoming more and more important in the literature of South Africa.

Coenraad Walters
Stellenbosch, 31 March 2018

The post <i>Under glass</i> by Claire Robertson: a review appeared first on LitNet.

Aan wie behoort die woorde?

$
0
0

Een van my en my vierjarige dogtertjie, Hania, se gunstelingslaaptydstories is Agnès de Lestrada en Valeria Docampo se The Land of the Big Word Factory, ’n sjarmante Franse boek waarvan die Suid-Afrikaanse Engelse uitgawe (deur Charl Cilliers) in 2014 by Protea verskyn het. (Protea Boekhuis het ook ’n Afrikaanse vertaling uitgegee.)

Daar is ’n land, so begin die storie, waar die mense amper nooit praat nie. Die rede vir hulle swye is nie vrees vir die staat of sensuur nie, maar omdat woorde geld kos. Woorde word in ’n groot fabriek vervaardig, en jy moet hulle kan bekostig om hulle te kan gebruik. Sommige woorde is vir almal behalwe die rykes onbekostigbaar duur; die gewone mense gebruik hulle amper nooit nie. Die armes soek in die vullisdromme vir weggooiwoorde …

Die hoofkarakter in die boek, ’n seun met die naam Daniel, is verlief of Hanli. Hy wil vir haar sê: “Ek hou van jou” – maar hy kan dit nie bekostig nie. Hy het nie genoeg geld om daardie woorde te koop nie. Al wat hy het, is drie woorde: kersie, materiaal, en stoel. Hoe gaan hy dit regkry om vir haar te sê hoe hy oor haar voel met net hierdie skamele woorde tot sy beskikking? Om sake te vererger, moet Daniel meeding met Heiko, sy aartsvyand en die seun van baie ryk ouers. Heiko is ook op Hanli verlief, en hy besit al die woorde wat hy nodig het om vir haar te sê dat hy haar liefhet en eendag met haar gaan trou.

Die storie het ’n mooi en romantiese einde. Heiko kry dit nie reg om Hanli se hart met weelderyke taal te wen nie. Daniel se drie woorde, hoe arbitrêr en ontoereikend ook al objektief beskou, is voldoende. Hy verwoord sy liefde en Hanli hoor hom; en sy beantwoord dit met ’n woordelose soen.

Op hierdie punt slaap Hania al, gesus deur ’n storie waarin liefde sterker is as rykdom en egte gevoelens die tekorte van ons vermoë om dit te kommunikeer oorleef. Maar haar pa, self ’n swendelaar van verslete konsepte en halfprys idees, lê nog ’n rukkie langs haar en nadink oor die skreiende waarhede wat in hierdie amper-marxistiese teks vervat word. Nie oor liefde nie, maar oor taal.

Woorde word, anders as in die storie, wel nie in fabrieke vervaardig nie, maar die vermoë om te praat, om in spesifieke kontekste stemhebbend te wees, om die mag te hê om te benoem en te konseptualiseer, is oneweredig tussen mense versprei. Sommiges se woorde weeg swaarder as dié van ander. Sommiges het meer geleenthede om hulle sê te sê. Sommiges se woorde het groter impak. Sommiges se name verskyn nie bloot op strate en geboue nie, dit koloniseer die betekenisruimte en verkry die allure van “common sense”, van vanselfsprekendheid.

Sommiges se werklikheid, hulle ervarings en belange, het tot so ’n mate histories verobjektiveer geraak in die grammatika, semantiek en woordeskat dat hulle kan bekostig om taal as bloot ’n deursigtige, neutrale kommunikasiemedium te beskou.

As taal een van die belangrikste produksiemiddele is van sin en betekenis, van die ontsluiting, toe-eiening en omvorming van die werklikheid, moet ons erken dat daar ook in hierdie domein sprake is van rykdom en armoede, van opgegaarde en oorgedraagde kapitaal en grootskaalse vervreemding, en van ongelykheid en ongeregtigheid. Daarom het elke politieke stryd ’n taalpolitieke dimensie. Wat ook al anders materieel op die spel is, ’n politieke stryd gaan altyd ook oor begrippe, definisies, en spraakregte. Die taal self – die woorde, die definisies, die name en maniere van praat – word ’n objek en terrein van betwisting. Woorde word onaanvaarbaar verklaar, gebreek, toegeëien, en herontplooi – om lig te werp op die ideologiese aard van wat voorheen vanselfsprekend was en om ruimtes oop te maak vir die artikulasie van ander, voorheen gemarginaliseerde, stemme, ervarings en realiteite.

Dit is waarom ons in ’n land soos Suid-Afrika soveel tyd daaraan spandeer om te baklei oor woorde – hoe hulle gedefinieer moet word, waarna hulle verwys, wie hulle mag gebruik. Die woord rassisme is ’n goeie voorbeeld. Is rassisme enige vorm van vooroordeel en diskriminasie op grond van ras, wat beteken dat wit én swart mense rassisties kan wees, en dat hulle rassisme dus ekwivalent is? Of is rassisme die historiese uitspeel van ’n pseudowetenskaplike ideologie van rassehiërargie en spesifiek wit superioriteit, wat beteken dat alhoewel swart mense bevooroordeeld kan wees teenoor wit mense, rassisme spesifiek verwys na die onderwerping en uitbuiting van almal wat nie “wit” is nie? Dit gaan nooit net oor die woorde self en hulle “korrekte” gebruik nie; ’n suiwer analitiese benadering is ontoereikend om die wilde waters van taalpolitiek te navigeer.

Die dominante groeperinge in ’n samelewing, wie se werklikheid nog verskans word deur die vanselfsprekendheid van woorde (al kom dit toenemend onder druk, en juis daarom), reageer dikwels met irritasie en selfs bespotting op hierdie dimensies van taalpolitiek; op semiotiese skermutselinge en die skynbare onsinnigheid van konseptuele dekonstruksie en nuutskepping. Die inkorting van spraakregte (dink aan die kriminalisering van raspejoratiewe) word gesien as ’n aanslag op ’n demokratiese vryheid. Soos ook die skep van nuwe terme, dikwels en ad hoc en vreemd op die oog en oor (dink aan die debat oor die gebruik van die woord womxn), as ’n vorm van “newspeak”, soos George Orwell teen uitgevaar het. Pogings om die historiese sedimente van rassisme, seksisme en ander vorme van dehumanisering in taal uit die weg te ruim, word gemaklik afgemaak as “politieke korrektheid”.

Dit is egter reduksionisties en uiteindelik reaksionêr. Alhoewel ’n mens natuurlik ’n kritiese ingesteldheid moet behou, is deelname aan hierdie soort taalpolitiek noodsaaklik vir ons selfbegrip (veral ons selfbegrip soos dit ontwikkel in gesprek met ander) en die omvorming van die werklikheid op so ’n manier om dit meer te maak: meer inklusief, meer menslik, meer genuanseerd, en sagter.

Reg aan die einde van The Land of the Big Word Factory onthou Daniel dat hy nog een woord oor het, ’n laaste woord om nie net sy liefde aan Hanli te bevestig nie, maar om aanspraak te maak op die wêreld. Dit is, inderdaad, die woord meer.

http://www.litnet.co.za/category/menings/universitysa/

The challenge of language in post-apartheid South Africa

Litigating multilingualism

Comments on the Revised Language Policy for Higher Education, 2017

The post Aan wie behoort die woorde? appeared first on LitNet.

Sielkundige gevolge van langdurige droogtetoestande

$
0
0

 

“Drought is a creeping phenomenon, ... and human factors often aggravate the effects of drought.” – Wilhite en Glantz (1985:2, 13)

 

Droogte is die gevolg van ’n natuurlike vermindering in die hoeveelheid vog gedurende ’n bepaalde periode vir ’n bepaalde streek, gewoonlik met verloop van ’n seisoen of twee. Ander klimaatsfaktore, soos sterk winde, hoë temperature en lae relatiewe humiditeit, gaan normaalweg ook met droogte gepaard (Wilhite 2000:2). Die chroniese omgewingsongemaklikheidsindeks (chronic environmental adversity index) kan gedurende lang periodes van droogte vir mens en dier die hoogte inskiet (Stain, Kelly ea 2011:1593).

Die tydskrif National Geographic publiseer in ’n onlangse uitgawe ’n indrukwekkende artikel van 23 bladsye (Weiss 2018:108) oor die impak van droogte op die wêreld se groot mere, onder andere die Poopó (Bolivia), die Thai (China), die Tanganjika (Oos- Afrika), die Guri (Venezuela), die Urmia (Iran) en die Chad (VSA). Daar word egter slegs op ’n lukrake wyse verwys na die effek van hierdie traumas op die geestesgesondheid van die bevolking wat direk deur die geleidelike opdroog en verdwyning van hierdie waterbronne geraak word. Die rede hiervoor is waarskynlik dat droogte in daardie artikel as ’n hidrologiese konstruk gedefinieer word, en gevolglik is die fokus uitsluitlik op die fisiese effek van intense droogtes op die mere as oppervlakwaterbronne.

In aansluiting hierby verskyn heelwat aanlyn meningsartikels deesdae oor water as ’n skaars hulpbron in Suid-Afrika en internasionaal, die Suid-Afrikaanse waterwette, doeltreffende waterbestuur, die aard van die huidige droogte, en Kaapstad se waterkrisis, maar ook in hierdie publikasies word betreklik min aandag gegee aan die invloed van droogte op die gedrag van mense. Stain, Kelly ea (2011:1593) bevestig hierdie opmerking: “[D]rought is an example of a chronic environmental adversity, whose health and psychological impacts are poorly researched.” Twee voorbeelde van uitsonderings op hierdie tendens is publikasies deur Harris, Zhao en Visser (2018)  en Kaviti Musango en Currie (2018) waarin op ’n sekere manier op die belangrike rol van sekere sosiaal-humanitêre faktore gewys word.

Harris ea (2018) stel spesifieke gedragsmodifikasiebeginsels voor vir die aanmoediging en bevordering van waterbesparing deur verbruikers: die gebruik van algemene terugvoer oor hoe verbruikers vaar met waterbesparing in vergelyking met hul bure; intydse terugvoer oor die daaglikse stand van damvlakke; sosiale erkenning soos die uitreik van sertifikate vir goeie waterbespaarders; sosiale samewerking soos hulpverlening aan persone wat dit moeilik vind om waterbedieningspunte te bereik.

Kaviti Musango en Currie (2018) doen ’n tegniese ontleding van die operasionele situasie wat teoreties gesproke ná dag zero kan afspeel, en vra die vraag of die Stad Kaapstad se rampbestuurstrategie enigsins robuust of selfs prakties uitvoerbaar is. Ter illustrasie verwys die skrywers na die voorkoms van chaos en selfs oproer by waterpunte tydens die 2015-waterkrisis in São Paulo. Die skrywers stel dit duidelik dat behalwe tegniese oplossings wat hul model bied, bly die effek van sosiale en politieke faktore (wat as disruption noise, oftewel steuringsgeraas, bestempel word) totaal onbekend, soos konflik wat kan ontlont word omdat mense vir lang tye in lang toue moet staan. Indien die idee van sosiale steuringsgeraas verder uitgebrei word, kan die waterkrisis beskou word as ’n ernstige bedreigende lewensituasie, en verskillende onverwagte menslikereaksiepatrone is moontlik op ’n bedreiging van hierdie aard. By sommige mense wat in toue staan, kan fasette van onderliggende psigopatologie aanwesig wees (byvoorbeeld gebrek aan frustrasieverdraagsaamheid, gebrek aan impulsbeheer, persoonlikheidsteurings, middelafhanklikheid) wat onder stresvolle omstandighede (lang toue in warm son) in hul gedrag na vore kom en verder tot die chaos bydra.

In ’n populêre (tong-in-die-kies) skryfstuk deur Koos Kombuis (2018) noem die skrywer verskillende fases waardeur die bedreiging van watertekort ’n persoon se lewensbeskouing kan verander. Daar is die aanvanklike stadium van ’n skokreaksie, wat opgevolg word deur gevoelens van skuld en aggressie asook depressie, waarop kognitiewe insig, rekonstruksie en aanvaarding volg. Hierdie beskrywing kan in sielkundige terme vertaal word as ’n akute droogteverwante stresreaksie van die outonome senustelsel (aanvanklike simpatiese oorheersing) met gepaardgaande emosionele gewaarwordinge (latere parasimpatiese oorheersing) en die uiteindelike terugkeer na die staat van ekwilibrium waarop doelbewuste en gemotiveerde gedragspatrone volg.

Is hierdie fases egter kenmerkende en universele reaksies op droogte by die meeste mense en maak dit voorsiening vir kulturele en demografiese verskille tussen mense? Gaan die effek van droogte op geestesgesondheid hoofsaaklik daaroor om gebruikers se gedragspatrone deur middel van versterking en beloning te wysig, of is daar veel meer oor hierdie onderwerp te sê? In Laikipa (Kenia) is byvoorbeeld gevind dat 52,8% van die respondente in ’n opname die 2009-droogte as matig geoordeel het, terwyl 47,2% dieselfde droogte as intens beskryf het. Daar was dus geen eenstemmigheid onder die respondente oor die omvang en intensiteit van dieselfde droogte nie. Indien die intensiteit en effek van die Keniaanse droogte relatief tot ander kwessies soos korrupsie, werkloosheid, misdaad, rommelopeenhoping en armoede deur die respondente evalueer word, word die droogte op sigself nie as ’n ernstige probleem met ’n betekenisvolle impak beskou nie (Karanja, Ondimu en Recha 2017).

Teoretiese raamwerke

Volgens Yusa, Cheng ea (2015) is daar hoofsaaklik twee hoofstelsels of -roetes waardeur langdurige droogtes ’n impak op die geestesgesondheid van die mens kan uitoefen, naamlik direkte skade aan die natuurlike omgewing, insluitende die gehalte van landbouproduksie met ’n uitkringende effek op die gemeenskapstelsel (byvoorbeeld armoede, verlies van bates, knellende finansies, verpligte verskuiwing), en skade aan die fisiekegesondheidstelsel (byvoorbeeld swakgehalte- en min beskikbare voeding, toename in die voorkoms van siektes en min water en swak watergehalte) en sodoende aanleiding gee tot ’n negatiewe uitwerking op die geestesgesondheid van slagoffers van die droogte.

Perry (1983) bespreek die aard van opponerende standpunte in die literatuur wat daaroor gaan of natuurrampe inderdaad negatiewe sielkundige gedrag by mense tot gevolg het. Hy stel ’n meer omvattende konseptuele raamwerk voor as Yusa ea (2015) waarin die sielkundige gevolge van natuurrampe teoreties verklaar word. Hierdie raamwerk word in figuur 1 weergegee.

 

 

Figuur 1. Vloeidiagram van die interaksie tussen stelsels wat tydens intense droogtes tot negatiewe sielkundige gevolge aanleiding kan gee. Stippellyne dui op negatiewe gevolge, en soliede lyne op positiewe gevolge. (Perry 1983)

Die onderlinge wisselwerking tussen die verskillende stelsels in figuur 1 word in terme van hipoteses verduidelik: hoe beter die gemeenskap teen die impak van droogte voorbereid is hoe minder is die negatiewe effek op gesin- en vriendskapsverhoudings; hoe groter die omvang, duur en skaal van die droogte hoe groter die negatiewe impak op gesin- en vriendskapsverhoudings; hoe groter die omvang, duur en skaal van die droogte hoe groter die skade aan en vernietiging van die omgewing, produkte en eiendom; hoe groter die bedreiging en skade aan persoonlike verhoudings hoe groter die kanse dat roureaksies by slagoffers ontstaan; hoe groter die skade aan eiendom- en omgewingvernietiging hoe minder is die kanse op persoonlike rehabilitasie of aanpassing; indien ’n premorbiede geskiedenis van sielkundige onstabiliteit voor die aanvang van die droogte bestaan, word die kanse op die ontwikkeling van die nodige aanpassings- en hanteringsvaardighede (coping skills)¹ tydens die droogte benadeel; hoe beter die gehalte van sosiale ondersteuningsnetwerke is (gesin/familie, vriende, gemeenskapsbetrokkenheid) hoe beter is die kanse op suksesvolle persoonlike aanpassing by die droogte en rehabilitasie daarna; hoe meer dikwels finansiële hulp van staatsweë vir droogteslagoffers beskikbaar gestel word, hoe beter is die kanse op suksesvolle rehabilitasie; hoe meer intens die roureaksies van slagoffers is, hoe minder die kanse op suksesvolle rehabilitasie; die ontwikkeling van suksesvolle hanteringsvaardighede by slagoffers verlaag die risiko van negatiewe sielkundige gevolge van droogtes.

 Yusa ea (2015) en Perry (1983) se verklaringsmodelle sluit direk by mekaar aan, maar verskil in dié opsig dat Perry (1983) meer stelsels of roetes vir die sielkundige effekte van droogte in sy model opneem, maar terselfdertyd nie vir ’n fisiekegesondheidsroete voorsiening maak nie.

Die vraag onstaan gevolglik watter sielkundige gevolge langdurige droogtes op van die mense wat daaraan blootgestel word, uitoefen? Is goedgekontroleerde navorsingsbevindings beskikbaar wat hierdie impak in ooreenstemming met die genoemde teoretiese modelle illustreer? Is daar bewyse van langtermyn sielkundige effekte of is die impak slegs tydelik van aard? Watter rol speel persoonlikheidskwesbaarhede en/of -sterktes soos die terugbonseffek of veerkragtigheid (resilience) by slagoffers van langdurende droogte? Hoe word die impak van droogte op die geestesgesondheid/psigopatologie van mense gemeet en wat behels die metodologie van hierdie navorsing?

In ’n poging om antwoorde op hierdie vrae te verskaf word enkele navorsingstudies as voorbeelde van werk wat op hierdie terrein gedoen word, krities bespreek.

Definisies

  • Droogte

Volgens Lloyd-Hughes (2014) is dit prakties feitlik onmoontlik om ’n omvattende wiskundige definisie vir droogte daar te stel indien droogte kwalitatief of konseptueel as ’n tekort aan water relatief tot die normale omstandighede omskryf word, omdat faktore soos die voorraad beskikbare ondergrondse water, die effek van verdamping en waterbestuurspraktyke nie objektief en doeltreffend in wiskundige formules in berekening gebring kan word nie.

Quiring (2009) stel dit duidelik dat droogte ’n uiters komplekse verskynsel is om akkuraat te omskryf omdat enige definisie beïnvloed word deur ruimtelike variante en konteksspesifiekheid. Twee hooftipes droogtedefinisies is konseptuele en operasionele definisies. Konseptuele definisies is algemene beskrywings van wat droogtes behels. Operasionele definisies is baie spesifiek en identifiseer die begin en einde asook die graad van die droogte.

Daar bestaan meer as 150 verskillende konseptuele definisies van droogte wat in vier kategorieë saamgevat word: meteorologies, landboukundig, hidrologies en sosio-ekonomies. Die ontwikkeling van operasionele definisies is ’n moeilike taak omdat droogtes, anders as ander natuurlike katastrofes, nie ’n identifiseerbare begin of einde het nie, stadig ontwikkel en die impak van streek tot streek verskil.

Indien droogtes egter nie voldoende omskryf en presies gemonitor word nie (Quiring, 2009) bestaan die moontlikheid dat droogte veral ’n beduidende negatiewe impak kan uitoefen indien die droogte as ’n natuurverskynsel nie enige reaksies aan die gang sit nie (byvoorbeeld minder watergebruik deur verbruikers) of indien reaksies ontstaan wanneer dit onnodig blyk te wees of te laat is.

Vir die doeleindes van hierdie artikel word droogte volgens Palmer (1965) in Lloyd-Hughes (2014:1) gedefinieer as ’n interval in tyd in die orde van maande of jare waartydens die werklike vogvoorsiening by ’n gegewe plek minder is as die klimatologies verwagte of klimatologies geskikte vogvoorsiening.

  • Geestesgesondheid/psigopatologie

Geestesgesondheid hou verband met die ontwikkeling van persoonlikheidsterktes, maar kan ook in terme van die afwesigheid van psigopatologie of geestesiekte gedefinieer word. Die algemene verwagting is dat persone met hoër of optimale vlakke van geestesgesondheid laer vlakke van psigopatologie sal ervaar. Wanneer besluit moet word of menslike gedrag abnormaal of psigopatologies van aard is, beveel Passer, Smith ea (2009) die toepassing van drie kriteria aan: of persoonlike ongemak (distress) deur die persoon ervaar word; of die persoon se gedrag disfunksioneel is; of die gedrag kultureel afwykend is.

Volgens die Amerikaanse Sielkundevereniging vorm geestesgesondheid die basis waarop denkprosesse, kommunikasie, die leerproses, veerkragtigheid en selfkonsep gebou word. Geestesgesondheid is dus die sleutel tot suksesvolle persoonlike verhoudings, persoonlike en emosionele selfhandhawing, asook ’n sinvolle bydrae tot gemeenskapsontwikkeling.

Die Wêreld-Gesondheidsorganisasie beskryf geestesgesondheid as ’n bewussynstoestand waartydens ’n persoon op ’n realistiese wyse bewus is van sy/haar potensiaal, in staat is om die normale stressors van die lewe te hanteer, in staat is om produktiewe en betekenisvolle werk te lewer, en ’n betekenisvolle gemeenskapsrol te vertolk.

Die Sheffield-stigting beskou geestesgesondheid as die emosionele en geestelike veerkragtigheid van ’n persoon wat hom in staat stel om daaglikse teleurstellings, frustrasies en irritasies sinvol te bowe te kom. Volgens Van Zyl (2009) is geestesgesondheid ’n toestand van betreklik goeie aanpassing wat gepaard gaan met 'n gevoel van tevredenheid, 'n entoesiasme vir die lewe en die aktualisering van eie potensiaal en vaardighede.

’n Kwalitatiewe studie

Reeds gedurende die dertigerjare het Botha (1933) is ’n ondersoek gedoen oor hoe droogte die mentaliteit van die boer beïnvloed (mentaliteit is ’n generiese term vir die menslike persoonlikheid wat uitdrukking vind in terme van kognitiewe, affektiewe en konatiewe veranderlikes). ’n Vergelykende studie is gedoen deur die antwoorde op ’n vraelys van 38 boere in die Philipstowndistrik met dié van 43 boere uit die Strydenburgdistrik te vergelyk. Die ligging van die deelnemers se plase het die onderskeie gebiede in die twee distrikte goed verteenwoordig. Die gemiddelde verskil in jaarlikse reënval tussen die distrikte (soos gemeet van 1911 tot 1931) was 2 dm 58 pte of 65,63 mm, met Philipstown as die distrik met ’n hoër neerslag en die Strydenburgdistrik dié met die laer reënval. Nadat die getal skape per morg asook die getal kere wat met vee getrek moes word en die beskikbaarheid van ondergrondse water vir die twee distrikte bepaal is, is die afleiding gemaak dat die boere in die Strydenburgdistrik vir die periode 1911–31 blootgestel was aan ’n groter impak van droogte as dié in Philipstowndistrik.

Die menings en houdings van die boere is deur middel van 22 gestruktureerde vrae tydens ’n onderhoud getakseer, en die antwoorde is verbatim neergeskryf en kwalitatief ontleed. Die vrae (wat verskillende faktore meet) is in twee breë groepe verdeel, nl droogteverwant in die algemeen en droogteverwant wat wetenskaplike boerderymetodes betref. Dit het geblyk dat die response binne en tussen die distrikte uiteenlopend en selfs teenstrydig was. Die hoofbevindings was dat droogte as ’n klimaatsverskynsel ’n groot invloed op die boere se persepsies het, veral ten opsigte van houdings teenoor wetenskaplike boerderymetodes, godsdiens en politiek.

’n Positiewe aspek van hierdie studie was dat die betrokke plase ruimtelik goed versprei was oor die verskillende gebiede binne die distrikte. Twee betreklik groot steekproewe is vir die doeleindes van die studie benut en die voer van 81 semigestruktureerde onderhoude was gewis geen maklike taak nie. Sekere noodsaaklike biografiese inligting oor die deelnemers ontbreek egter, soos chronologiese ouderdom, huweliki en sosio-ekonomiese status, ervaring en kundigheid van boerderymetodes, asook sekere belangrike bufferveranderlikes waaroor die navorser geen beheer gehad het nie, soos die volgende biografiese gegewens: vorige mediese en sielkundige geskiedenis (die pre-impact psychological instability-stelsel volgens Perry se model), getal verbande op plase uitgeneem, kerklike betrokkenheid, en vlak van belangstelling in onlangse politieke gebeure. Die waargenome verskille tussen groepe in hierdie studie kan dus nie sonder meer uitsluitlik aan die effek van droogte toegeskryf word nie.

Oorsigstudies

’n Kanadese navorsingsgroep (Yusa ea 2015) doen ’n literatuurstudie oor die verband tussen die blootstelling aan langdurige droogte en die uitwerking op geestesgesondheid van die slagoffers van die droogte. Droogte en die gepaardgaande finansiële laste gee aanleiding tot ’n toename in die ervaring van stres, angs, verlies en die belewenis van akute rou. Reeds bestaande onderliggende sindrome (byvoorbeeld depressiegeneigdheid) kan deur die blootstelling aan langdurige droogte versterk word. Groepe met lae sosio-ekonomiese status word tydens droogtes meer blootgestel aan hoër voedselkoste wat voedselskaarste in die hand werk met ’n negatiewe impak op geestesgesondheid. Bewese negatiewe geestesgesondheidsimpakte bestaan vir ouer vrouens en landelike volwassenes en landelike jeugdiges. Beduidende positiewe verband bestaan tussen toename in stres en duur van die droogte. Daar is ’n toename in risiko vir hospitalisasie weens depressie tydens langdurige droogtes. Droogtes lei tot verhoogde stres met ’n gevolglike negatiewe impak op die gehalte van persoonlike verhoudings van gesinne en families wat op plase boer. Hoe langer die droogte duur hoe meer stres word by plattelandse gemeenskappe waargeneem. Mense met ’n sterk gebondenheid aan die natuur kan weens blootstelling aan langdurige droogte solastalgie ontwikkel. ’n Positiewe korrelasie word gerapporteer tussen die duur van droogtes en die toename in selfdodingspogings.

Oorsigstudies is natuurlik veral nuttig om ’n vinnige oorsig en indrukke oor ’n navorsingsterrein te vorm, maar dit beantwoord nog steeds nie alle vrae nie. Hoe geldig is die term solastalgie byvoorbeeld? Is dit ’n erkende term wat in diagnostiese klassifikasiestelsels opgeneem is, of is dit bloot ’n neologisme? Hoe word stres en roureaksies in hierdie studies gemeet? Wat behels die psigometriese eienskappe van die meetinstrumente? Hoe groot en verteenwoordigend is die steekproewe wat gebruik is? Watter teoretiese sisteme (of roetes) is as onderbou gebruik op grond waarvan die studies uitgevoer is?

Vins, Bell ea (2015), ’n Amerikaanse navorsingsgroep, doen ’n sistematiese literatuuroorsig van 82 gepubliseerde studies oor die sielkundige gevolge van blootstelling aan tydperke van intense droogte.

Hulle onderskei tussen drie sisteme: (a) oorsaaklike kwesbare eienskappe (of ’n risiko’s-sisteem), (b) beskermende faktore en (c) hanteringsmeganismes wat tydens die gevolge van die blootstelling aan droogte deurslaggewend is.

Risikofaktore sluit die volgende in: die persone is lede van landelike bevolkingsgroepe; die persone is lede van boerderygemeenskappe; die persepsie dat ’n stigma met geestesgesondheidkwessies geassosieer word; gebrekkige kennis van beskikbare geestesgesondheidhulpverleningsdienste; ’n persoonlike geskiedenis van vorige geestesgesondheidprobleme; die blootstelling aan lang en intense periodes van droogte.

Die ondersteunende faktore sluit in die benutting van sosiale ondersteuningsnetwerke asook gemeenskapbetrokkenheid; die benutting van beskikbare hulpdienste; ’n hoë mate van geestesgesondheidgeletterdheid, en die beskikbaarheid van staatsondersteuning.

Hanteringstrategieë (hetsy positief of negatief) sluit die volgende aspekte in: toepassing van praktiese oplossings en toekomsbeplanningsmetodes; positiewe denke, aanvaarding en herformulering van die probleemsituasie; benutting van hulpverlening en verbalisering van die probleem; groei in geloofsvertroue; alkohol- en middelmisbruik; ontkenning en vermyding van die probleem.

’n Opnamestudie

Stain, Kelly ea (2011) doen ’n pos-opnamestudie oor droogte en geestesgesondheid in Australië. 9 681 volwassenes ouer as 18 jaar woonagtig in die plattelandse gebiede van Nieu-Suid-Wallis is toevallig geselekteer uit die Australiese kieserslyste. Hiervan het 2 639 (27%) ingewillig om ’n vraelys wat per pos versend is, in te vul. Die gemiddelde ouderdom van die steekproefpersone was 53 jaar, waarvan 57% voulik en 77% getroud was. Die deelnemers was vir langer as 12 maande aan intense droogtetoestande blootgestel. Die droogteblootstellingsindeks vir die geografiese gebied is bereken deur ’n ruimtelike ontleding van die Australiese Buro vir Meteorologie se maandelikse reënvalgrafieke teen ’n resolusie van 0,25°-breedtegraad-lengtegraad.

Die resultate toon dat herhaalde of lang blootstelling aan droogte bydra tot ’n laer vlak van geestesgesondheid in die algemeen. Omgewingsdegradering hou positiewe verband met die voorkoms van depressie by volwassenes. Hoe laer die persoonlike hoopvolheid van die respondente was, hoe hoër hul gevoelens van morbiditeit. Slegs ’n klein persentasie deelnemers met hoë tellings op die droogtebekommernisse-indeks het ook hoë vlakke van sielkundige morbiditeit gerapporteer, wat daarop dui dat droogtebekommernisse en morbiditeit waarskynlik twee aparte dimensies is.

Die lewensomstandighede in droogtegeteisterde gebiede in Australië (veral van diegene wat op plase woon, wat getroud is en ’n beroep beoefen) skep ’n konteks van algemene onsekerheid en hou daarom ’n bedreiging vir die individu se voortbestaan in, en veral om in die behoeftes van ’n gesin te kan voorsien.

Aanbevelings

Indien die omvang en die intensiteit van die huidige droogte in die Wes-Kaap sou toeneem en ’n studie word onderneem om die sielkundige gevolge daarvan te ondersoek, kan oorweeg word om die teoretiese uitgangspunte van onder andere Perry (1983) en Yusa ea (2015) deeglik in ag te neem. ’n Volledige biografiese databasis van die deelnemers behoort saamgestel te word, insluitende die voordroogte mediese en sielkundige geskiedenis van die deelnemers. Faktore soos metings van die vlak van bekommernis oor die droogte en die aard van die persoonlikheidsamestelling van die deelnemers is verdere noodsaaklike vereistes vir die uitvoering van so ’n navorsingsprojek.

Weens die uiteenlopende aard van die bevolkingsamestelling in die Wes-Kaap, en die sterk moontlikheid van kulturele verskille in die persepsie van die intensiteit en omvang van die droogte (vgl Karanja ea 2017 se waarnemings in Nairobi, Kenia), word aanbeveel dat gestratifiseerde steekproefneming as ’n opsie oorweeg word, sowel as eksploratiewe faktorontleding en/of bevestigende faktorontleding as dataontledingsmetodes om sodoende die sielkundige gevolge van die droogte op geldige wyse te bepaal.

Die bevindings van Vins ea (2015), waar veral verwys word na risikofaktore, ondersteunde faktore en tipiese hanteringsmeganismes wat uit die blootstelling aan intense droogtes na vore kom, kan op ’n nuttige wyse in voorkomende hulpverleningsprogramme ingesluit word.

Voorkom dus dat droogtes deur die menslike faktor vererger word, soos Wilhite en Glantz (1985) dit stel, deur ook op vernuwende en voorkomende geestesgesondheidsontwikkelingsprogramme te fokus.

Beperkings

Hierdie artikel is ’n meningsartikel en gevolglik is geen volledige en omvattende literatuursoorsig oor die onderwerp uitgevoer nie. Die doel met die artikel was bloot om sekere tendense te identifiseer teen die agtergrond van die sielkundige gevolge wat die huidige droogtetoestand moontlik vir die inwoners van die Wes-Kaap in die toekoms kan inhou indien die droogte langer duur en/of vererger wat intensiteit betref. Dit is moontlik dat sinvolle en vernuwende voorkomende beplanning ’n aanvullende en selfs beter strategie is as remediëring en rehabilitasie tydens en na afloop van ’n droogtekrisis.

 

Eindnota

¹ Teorie oor die aard en ontwikkeling van hanteringsvaardighede (coping skills) word in die volgende bronne bespreek:

Folkman, S, M Chesney, L McKusick, G Ironson, DS Johnson, TJ Coates. 1991. Translating coping theory into an intervention. In Eckenrode, J (red), The social context of coping. The Springer Series on Stress and Coping. Boston, MA: Springer.

Hood, CG en CP Carruthers. 2002. Coping skills theory as an underlying framework for therapeutic recreation services. Therapeutic Recreation Journal, 36(2):137–53.

Bibliografie

Botha, AM. 1933. Hoe die klimaat die mentaliteit van die boer affekteer meer spesifiek tot die distrikte Philipstown en Strydenburg. MA-verhandeling, Universiteit Stellenbosch.

Harris, L, J Zao en M Visser. 2018. Nudging the city and residents of Cape Town to save water. The Conversation, 4 Maart.

Karanja, A, K Ondimu en C Recha. 2017. Factors influencing household perceptions of drought in Laikipia West Sub County, Kenya. Open Access Library Journal, 4, e3764. https://doi.org/10.4236/oalib.1103764 (15 Maart 2018 geraadpleeg).

Kaviti Musango, J en PK Currie. 2018. Cape Town’s plans for what happens after Day Zero just won’t work. Here’s why. The Conversation, 1 Maart.

Lloyd-Hughes, B. 2014. The impracticality of a universal drought definition. Theoretical and Applied Climatology, 117:607–11. DOI 10.1007/s00704-013-1025-7 (20 Maart 2018 geraadpleeg).

Palmer, WC. 1965. Meteorological drought. Research paper no 45. US Weather Bureau, Washington.

Passer, M, R Smith, N Holt, A Bremmer, E Sutherland en M Vliek. 2009. Psychology: the science of mind and behaviour. Londen: McGraw-Hill.

Perry, RW. 1983. Environmental hazards and psychopathology: Linking natural disasters with mental health. Environmental Management, 7(6):543–52.

Quiring, SM. 2009. Developing objective operational definitions for monitoring drought. American Meteorological Society. DOI: 10.1175/2009JAMC2088.1 (20 Maart geraadpleeg).

Kombuis, K. 2018. Nuwe dorslandtrekkers: Sewe stadia van rou. Die Burger By. 24 Maart.

Stain, HJ, B Kelly, VJ Carr, TJ Lewin, M Fitzgerald en L Fragar. 2011. The psychological impact of chronic environmental adversity: Responding to prolonged drought. Social Science and Medicine, 73(11):1593–9.

Vins, H, J Bell, S Saha en HH Hess. 2015. The mental health outcomes of drought: A systematic review and causal process diagram. International Journal of Environmental Research and Public Health, 12(10):13251–75.

Weiss, KR. 2018. Drying lakes. National Geographic, Maart.

Wilhite, DA. 2000. Drought preparedness and response in the context of Sub-Saharan Africa. Journal of Contingencies and Crisis Management, 8(2):81–92.

Wilhite, DA en MH Glantz. 1985. Understanding the drought phenomenon: The role of definitions. Drought Mitigation Center Faculty Publications, 20

https://digitalcommons.unl.edu/cgi/viewcontent.cgi?article=1019&context=droughtfacpub (1 April 2018 geraadpleeg).

Yusa, A, P Berry, JJ Cheng, N Ogden, B Bonsal, R Stewart en R Waldick. 2015. Climate change, drought and human health in Canada. International Journal of Environmental Research and Public Health, 12(7):8359-412. DOI: 10.3390/ijerph120708359 (15 Maart 2018 geraadpleeg).

The post Sielkundige gevolge van langdurige droogtetoestande appeared first on LitNet.

Winnie Mandela: ’n enigma

$
0
0

Winnie Mandela in 2008 (Foto: Wikimedia Commons)

Winnie Mandela was nog altyd ’n kontroversiële figuur – ’n vryheidsvegter, ’n prisonier, iemand wat nie geskroom het om geweld aan te moedig ter wille van bevryding nie, die “Moeder van die Nasie”, Nelson Mandela se vrou, ’n ikoon en iemand wat aartsbiskop Desmond Tutu kon laat huil. Maar in baie opsigte is sy ’n enigma.

In haar aangrypende huldeblyk vir Winnie op The Conversation skryf Shireen Hassim hoe Winnie se lewe die las gedra het van mense wat na goddelike helde soek om te vereer of na eendimensionele boosdoeners om te blameer, en afhangende van aan watter kant van die lyn jy jouself bevind, bepaal dit hoe jy oor haar voel. Die skerp, en in baie gevalle eensydige, kommentaar deur wit mense aan die einde van Hassim se huldeblyk is ’n sprekende voorbeeld hiervan. Baie mense fokus op ’n baie onnadenkende manier op die dood van Stompie Seipei en die gruwels van die Mandela-sokkerspan waarvoor hulle glo Winnie moes geboet het.

Hierdie beperkte fokus op reg en verkeerd sonder om die grys gebiede van haar verontmensliking deur die apartheidstelsel en sy agente te probeer verstaan, laat haar soos ’n een dimensionele boosdoener lyk. Winnie het haar ikoonstatus te danke aan Afrikaners wat die apartheidstelsel in stand gehou het en van haar ’n voorbeeld wou maak van ’n swart vrou wat nie haar plek geken het nie. Winnie is konstant vervolg nadat sy met Nelson getroud is. Sy is tronkstraf opgelê. In een stadium is sy vir vier dae en vier nagte gemartel. Sy was 16 maande in eensame opsluiting en ten einde laaste verban tot Brandfort, waar sy nooit met meer as een persoon op ’n slag kon praat nie. Sy moes haar twee jong dogters in ’n koshuis in Swaziland plaas, waarna hulle nog steeds deur die veiligheidspolisie geteister is.

Enigiemand wat al die vrouetronk besoek het wat nou deel is van die kompleks wat die Konstitusionele Hof huisves, sal weet hoe groot die selle was. Net groot genoeg vir iemand om te lê en nie baie wyd nie. Versmorend in die somer se versengende hitte. Vroue, van wie Winnie een was, moes die vloere op hul knieë skoon maak, baie keer sonder broekies. Om nie te praat van die vernedering wanneer iemand ’n maandstonde gehad het nie. Gaan luister maar na die gidse by die vrouetronk.

Die verontmensliking deur ’n onmenslike stelsel is nêrens so goed versinnebeeld soos in die lewe van Winnie Mandela nie. Alles in haar lewe het saamgesweer om te verhoed dat sy die erkenning kry vir die vryheidsvegter wat sy was. Baie mense sien haar as ’n verlengstuk van Nelson Mandela, maar sy was ’n vryheidsvegter uit eie reg wat haar mense se onderdrukking eerstehands meegemaak het, selfs voordat sy Nelson ontmoet het. Wie beter om dit te verstaan as die maatskaplike werker wat sy was?

Winnie was ’n “stalwart”, maar sy is anders behandel as Albertina Sisulu en Adelaide Tambo. Sy het nooit ’n getroude lewe gehad nie, want Nelson is gou nadat hulle getroud is, besig gehou met die hoogverraadverhoor. Daarna is hy Robbeneiland toe gestuur. Winnie was ’n enkelouer, maar kon nie haar kinders grootmaak nie omdat sy verban is. Sy is die Moeder van die Nasie omdat Nelson die Vader van die Nasie is, maar die beskrywing “Moeder van die Nasie” is nie werklik op haar van toepassing nie, want sy was nie die piëtistiese vrou wat kinders sou baar ter wille van nasiebou nie. Sy was nooit die “First Lady” nie, want kort nadat Nelson president geword het, het hy haar geskei (juis omdat haar donker kant vir hom ’n verleentheid geword het). Watter mens sou nie verbitter word nie? Watter mens sal nie begin dink dat vigilante geregtigheid nie dalk die antwoord is nie?

Wat Winnie Mandela se sterk punt was, was haar band met die jeug en hoe sy die gees van die bevrydingstryd aan die lewe gehou het in ’n staat wat op die beginsels van rassisme gebou was en wat vasbeslote was om teenstanders stil te maak. Tydens die Woordfees het ek ’n film met die titel Winnie gesien wat voor haar dood gemaak is, deur die regisseur Pascale Lamche. Om die verskillende lae van haar weerstand en haar eie interpretasie daarvan te verstaan is dit die moeite werd om hierdie film te kyk. ’n Mens kry baie meer simpatie met haar as jy na die lewe deur haar eie oë kyk, sonder om noodwendig haar betrokkenheid by geweld goed te keur.

Winnie was ’n mens uit eie reg – daarom kan ons haar nie oordeel aan die kategorieë waarin vroue altyd geplaas word as die aanhangsels van mans nie – “Nelson se vrou” of “Zindzi en Zenani se ma” nie. Wat Winnie so gevaarlik gemaak het, was die idees wat sy verkondig het wat Suid-Afrikaners terug neem na koloniale en apartheidsgeweld, wreedheid en grondonteiening. En dit was hierdie gees van onafhanklikheid van Winnie Mandela wat nie geswig het voor geweld, tronkstraf, marteling of eensame aanhouding nie. Hoe sterk moet ’n mens nie wees om dit alles te weerstaan nie?

Dit is uit hierdie hoek dat ’n mens ook moet verstaan hoekom sy nie voor die Waarheid-en-Versoeningskommissie kon sê dat sy jammer is nie. Vir haar sou dit beteken dat sy ook moes sê dat die apartheidbrutalisering aanvaarbaar was. Dit sou sy nooit doen nie.

Winnie Mandela het haar posisie as die vrou van Nelson Mandela en haar verbintenis met die jeug as politieke platforms gebruik. Vir baie mense was haar betrokkenheid by weerstand bevrydend; vir die agente van die staat was dit vreesaanjaend. Die staat het haar hiervoor gestraf. Die wêreld het haar veroordeel oor haar ondersteuning van “necklacing” en Seipei se dood. Nelson het haar verraai nadat sy 27 jaar vir hom gewag het, en soos dit  met vroue gaan, het sy ook nie na sy dood die huis in Qunu, wat volgens haar aan haar behoort het, geërf nie. Tot haar dood het sy hiervoor geveg.

Selfs in haar dood is Winnie Mandela ’n verdelende figuur. Mag haar siel in vrede rus.

The post Winnie Mandela: ’n enigma appeared first on LitNet.

Van Wyk Louw se "slotreëls"

$
0
0

In sy resensie van Carel Antonissen se Vuurvas skryf Cas Vos:

Van Wyk Louw het gedig: “slotreëls is altyd meer as slotte”.

Ook Ampie Coetzee haal dit verkeerd aan in Teen die lig: spore van Hennie Aucamp se vroeë wêreld.

Hierdie aanhaling moet lees:

“slotreëls is altyd sleutels meer as slotte:”

Gedig XIV b

Tristia (1962/1975: 94)

 

Joan Hambidge

Vuurvas deur Carel Anthonissen: ’n resensie

Teen die lig: spore van Hennie Aucamp se vroeë wêreld

 

The post Van Wyk Louw se "slotreëls" appeared first on LitNet.

Viewing all 22044 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>