Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21499 articles
Browse latest View live

Winter van 1972

$
0
0

Die manssale van die hospitaal het uit drie dele bestaan.  ’n Saal met vier beddens, ’n gang met vyf enkelkamers en ’n groot saal met tien beddens.  Nadat ek opgeneem is, is ek na die groot saal toe. Dit was duidelik die eerste stasie in ’n verblyf.  Daar was twee rye beddens van vyf elk met ’n gang in die middel wat uitgeloop het op die klerekaste en daarna die badkamers en die storte.

My bed was die vierde van die ingangsdeur regs.  Oorkant het oom Anton gelê, die derde bed  links. Hy het byna nooit opgestaan nie, wat natuurlik teen die reëls was.  As hy soms sou opstaan, het hy aanvalle gekry en neergeval met skuim om die mond.  Hy was ’n geleerde man wat deur familielede met bedrog uitgebuit is.  Hulle is tronk toe en hy sou homself later skiet. Sy vrou was ’n dokter en sy het met twee kindertjies vir hom kom kuier in ’n Mini.

Die selfaangestelde leier van die saal was Bennie. Hy was ’n erg gedrewe man wat ook almal om hom gedryf het. Hy het sesuur opgestaan en almal opgejaag om skoon te maak, al was Petrus, die skoonmaker op pad.  Almal het  maar aanvaar dat dit so moes wees.  Na ’n “Fokof, los my uit!” het oom Anton darem hierdie parade misgeloop.  Bennie was ook lief om te oefen.  Met toestemming het hy die terrein kruis en dwars behardloop, ure aanmekaar, en dan nog op die tennisbaan verder geoefen. Kon glo ook nie slaap nie.

Die opname in ’n psigiatriese hospitaal was oorweldigend.  Die een oomblik is jy nog besig, hoewel al hoe minder so, om matriek te probeer deurkom, die ander oomblik bevind jy jou tussen mense wat anders siek is as die gewone en in ’n plek wat jou morbied sal stem, al is jy nie eers siek nie.  Miskien omdat ek nog maar jonk was, het ek die mense tog nie so verskriklik siek beleef nie, sonder twyfel nie mal nie.  Op so drie of vier kere na was daar insidente, maar met die meeste inmates het ek goed klaargekom.  Die personeel was bekwaam en die kos was ook nie onaardig nie.

Ek sou nie die verblyf in die hospitaal as ’n tyd van gesond word beskou nie.  Ek het eintlik nie geweet wat my makeer nie.  Net dat ek nie meer kon funksioneer  nie.  Ek kon nie meer opstaan en op my fiets skool toe ry nie.  Ek kon nie meer lees of studeer nie.  Ek het meestal maar net geslaap, tot groot irritasie van my pa.  Toe ek 33% vir Wiskunde in die eerste kwartaal kry, het my reserwes ingegee.  Ek word toe op massas pille gesit wat die probleem vererger  het.  In die hospitaal self is die dosis vermeerder wat alles nog meer onwerklik en angswekkend gemaak het.

Baie mense het gekom en gegaan.  Ek het opgelet dat persone wat deurmekaar is by opname, en op en af in die gange hardloop, die gouste regkom en weer gaan.  Die wat rustig is en met wie jy gesels soos met jou aangename buurtannie, bly die langste.  Die meeste mense was baie bly as hulle ontslaan word.  Ander het verwese op hul bed gesit en min uitgesien na wat vir hulle wag.  Ek het altyd vermoed ontslag is deur iets lukraak veroorsaak, so asof die psigiater daardie dag tandpyn gehad het.  Ontslag was byna altyd onverwags.   

Na ’n maand in die groot saal is my verblyfregte opgradeer na ’n tweede stasie.  Ek kon skuif na ’n enkelkamer, die enigste aan die linkerkant van die suide-gang. Nie sleg vir iemand wat pas 17 geword het.  Dalk is ek ook op daardie stadium as langtermyn beskou. Die feit dat ek nie na oorkant die brug verplaas is nie, was egter ’n goeie teken.  As jy oor die brug gaan, is geglo dit is verby met jou.  Oor die sale aan daardie kant praat niemand. Ek het nogal een dag gaan kyk, en ek praat ook nooit daaroor nie.

Verhoudings en dergelike intimiteit was natuurlik verbode.  Nie dat hierdie verbod hormone sou kon beheer nie.  Nita was van Namibië en ek onthou nog die dag toe haar familie haar kom aflaai het.  Sy het so ’n verskrikte uitdrukking op haar gesig gehad.  Haar pa het baie gehuil toe hy haar omhels en gegroet het. Hy moes eintlik toe nog meer gehuil het. Kobus was van die Suid-Kaap en het nogal af gelyk toe hy daar aangeland het.  Na so twee weke saam kon Kobus en Nita nie meer wegsteek wat aangaan nie.  Die twee het aan mekaar gekleef.  Of hulle uitgevang is, weet ek nie, maar die een dag is Kobus net vinnig daar weg.  Ses maande later is Nita en Kobus getroud en vier jaar daarna het Kobus vir Nita met ’n haelgeweer doodgeskiet. Hy was glo patologies jaloers.

Die mees intimiderende inmate was Dian in die vierde kamer regs.  Hy was 20 jaar oud, sy lang hare peroksied-wit, sy oë wild en kwaai agter ’n ronderaam-brilletjie. Sy boodskap aan almal in die hospitaal was: “Los my uit. Ek is nie julle maatjie nie.” Hy het homself eenkant gehou in sy kamer en is elke naweek uit op verlof.  Later sou ek hoor hy is deur die hof verwys vir psigiatriese toesig, omdat hy op 16 ’n meisie verwurg het.  Op 21 is hy weer in die vrye gemeenskap toegelaat.   

En dan was daar Willem, die digter. Seker die siekste van almal daar, destyds gediagnoseer met maniese depressie. Sommige dae was hy so mak soos ’n lam en het hy stories vertel van groot digters en van sy reise oorsee. Ander dae het hy nie uit sy kamer gekom nie, die derde kamer regs in die gang.  Maar dan soms kon jy hom hoor voordat jy hom sien.  Hy het soos ’n besetene met skuim om die mond rondgehardloop, doelloos, gedryf deur ’n bose energie. Hy het onverstaanbaar vinnig gepraat, woes klavier gespeel en mense en dinge gestamp.  Gewoonlik het van die personeel hom platgetrek, op hom gaan sit en ’n ander het hom ’n inspuiting gegee. So vyf minute later was hy aan die slaap en hy het daar gelê soos ’n lappop sonder ’n eienaar.  Die personeel het hom meestal net so na sy kamer gedra/sleep, ’n baie ontstellende gesig. Selfs van die manlike pasiënte het stilweg gehuil.

Willem het baie gepraat oor sy gedigte en vir my van sy digbundels gewys. Ek het gevra of ek een kan leen om te lees en hy het ja gesê.  Die aand laat het die manie Willem weer gegryp.

Eers het hy op en af in die gang gehardloop en toe by my kamer in.  Hy het regtig baie wild gelyk. Ek het baie diep geslaap en was nie lus vir geselsies nie.  Hy gryp my aan die skouers en skree: “Jy het my bundel gesteel!” Sonder om te dink, haak ek af en slaan hom bloedneus. Die bloed spat. Net toe kom die personeel met die kalmeerspuit en pen hom neer.  Hulle trek hom na die padded sel en sluit hom daar vir die nag toe.   

Die volgende dag is ek ontslaan en Willem is oor die brug gestuur.

The post Winter van 1972 appeared first on LitNet.


The nature of ecclesiastical authority in W.D. Jonker’s reflections on church polity

$
0
0

Abstract

In November 2016 an extraordinary General Synod of the Dutch Reformed Church was convened to consider a variety of objections, gravamina and appeals against the resolutions on same-sex relationships passed by the General Synod of 2015. Opinions differed on the right to lodge appeals against resolutions of a General Synod, which raises questions about ecclesiastical authority and the authority of major assemblies and church officials.

This article focuses on W.D. Jonker’s view of church authority.

Although Jonker’s field of study was systematic theology (dogmatics), new developments within the Dutch Reformed Church compelled him to view critically the system of ecclesiastical government implemented in the church. In 1955 an editorial written by T.N. (Tobie) Hanekom in Die Kerkbode prompted Jonker to caution against the idea of a national church ("Volkskerk"). For the rest of his life Jonker would persistently warn against this fallacy.

He increasingly immersed himself in the study of church polity and canonical law; to such an extent that he eventually became an acknowledged expert in this field. This is attested to by his being invited to present a series of lectures on church discipline in the Faculty of Theology at the University of Pretoria in 1959. In 1960 he was also elected as Actuarius of the then Synod of the Southern Transvaal.

During these years, Jonker also strove and campaigned for a Scripture-based church order in which the kingship and sole dominion of Jesus Christ in His church is adhered to and maintained in an undiminished and unimpaired way. According to Jonker the Church Order of Dordrecht (1619) is a true representation and summary of the scriptural principles necessary for a Reformed system of church polity. Jonker dearly wanted to see those very principles reflected in the concept of a church order presented to the General Synod of 1962 for acceptance and implementation as the Church Order of the Dutch Reformed Church.

Initially Jonker had a relatively positive attitude towards the existing Church Orders of the Dutch Reformed Churches. Nonetheless he was critical about aspects of the concept order that had been prepared for the General Synod. For example, Article 84 of the Church Order of Dordrecht was not fully reflected in Article 3 of the concept order. According to Jonker, this paved the way for a hierarchy that would be a threat to the sole dominion of Jesus Christ in His church. Moreover, the continuation of the moderator’s committee of the General Synod (moderamen) as a permanent committee of the synod until the next synod, vested too much responsibility and authority in a few people, thus subverting the authority and dominion of Christ.

This criticism brought down the wrath of ecclesiastical leaders like J.D. (Koot) Vorster, T.N. (Tobie) Hanekom, A.P. (Andries) Treurnicht and many others on Jonker. He however continued the struggle. On his return from a study tour to Europe, Jonker criticised the concept church order, as well as existing church orders, even more sharply. Again he pointed out the dangers of bestowing centralised power and authority on a small group of people. Once again he also voiced his aversion to the fallacy of a national church, which had led to the Dutch Reformed Church’s establishing separate churches for separate population groups.

However, his criticism was rejected; his plea for a church order that maintained and reflected the kingship and sole dominion of Jesus Christ was ignored; and he was accused of liberalism.

Jonker’s conviction that authority in the church resides only in Christ (and therefore only in the Word of God) found expression in the controversy surrounding the involvement of Beyers Naudé with the magazine Pro Veritate and with the Christian Institute (C.I.). After his appointment as director of the C.I., Naudé lodged an application to retain his status as a minister with the committee tasked with the final examination of candidates who wished to enter the ministry (Afrikaans: Proponentseksamenkommissie). This committee of the Synod of Southern Transvaal also adjudicated over the retention or loss of status of those who had left the full-time ministry. Naudé’s application was rejected by the committee, based on the resolutions of the Synod on Pro Veritate and the C.I.

Jonker advised Naudé that he had the right to appeal (against the above-mentioned rejection by the committee) to the Synodical Commission of the Southern Transvaal. Naudé duly appealed, but his right to appeal (and therefore his appeal) was rejected, based on advice given by J.D. Vorster (the then Actuarius of the General Synod) to the effect that resolutions of major assemblies were binding and therefore had to be adhered to, with no right of appeal.

Based on the same arguments, Naudé’s election as an elder in the Parkhurst congregation was declared null and void by the presbytery (circuit) of Johannesburg. According to Jonker, Naudé was subjected to ecclesiastical disciplining not because of disobedience to the Word of God, but because of insubordination to the resolutions and decisions of major assemblies and church officials.

Because of these events, serious questions were raised about ecclesiastical power/authority, the binding nature of resolutions by major assemblies, as well as the right of appeal against such resolutions. This again highlighted Jonker’s plea for a more comprehensive inclusion of Article 31 of the Church Order of Dordrecht in the Dutch Reformed Church’s Church Order. His opinion was that resolutions by major assemblies were indeed binding, but only if they were in full accordance with the Word of God. If not, such resolutions were not binding and might be taken on appeal. In the Naudé saga, Jonker’s fear that major assemblies could usurp the authority of the Word of God was realised. The Word of God and obedience to this Word became mere background music to the actions of power-hungry assemblies and church officials.

Jonker insisted that only the Word of God could bind the consciences of believers. If the Word of God convinced them that a resolution deviated from the Word of God, or was in conflict with that Word, they had the right to appeal against such a resolution. Jonker further argued that believers had the obligation to weigh and evaluate all resolutions of ecclesiastical assemblies in the light of the Word and to appeal against such resolutions if they were found to be in conflict with the Word of God. He found confirmation for this opinion in the Revised Church Order of the Reformed Churches (Gereformeerde Kerken) in the Netherlands. This obligation did not vest solely in a select group of learned people, theologians and scientists, but in all believers. For this reason the congregation (the local church) – a communion of saints – played an important and critical role in Jonker’s theology: it is in the local church (congregation) that the Word of God is officially proclaimed and that the sacraments are served. Where that happens, Christ reigns supreme.

Because of Jonker's faith and trust in the Word of God he was prepared to follow the Reformers in their insane venture (krankzinnige waagstuk, in the words of C. Veenhof) of putting their trust in Christ only. Christ would reveal truth and make it known through His Word. No man, committee, or major meeting could lay claim to the power and authority of Christ and the Word of God.

Keywords: Beyers Naudé; Christian Institute; Reformed Church polity; rule of Christ; governance though the Word of God; W.D. Jonker

Lees die volledige artikel in Afrikaans: Die aard van kerklike gesag in die kerkregtelike besinning van W.D. Jonker

The post The nature of ecclesiastical authority in W.D. Jonker’s reflections on church polity appeared first on LitNet.

A neuroscientific view of the reading process

$
0
0

Abstract

Mastering the reading process requires different skills that could be grouped as prerequisites for reading and perceptual and conceptual abilities. The awareness of and the foundation for these skills are embedded during the pre-school years and in the phase of emergent literacy. Subjacent to these skills are concepts that form the basis for emergent reading and reading proficiency. The conclusion we have drawn after a comprehensive literature study is that concept formation during the pre-school years is not only an important and an indispensable facet in the mastery of reading skills, but is also closely connected to the processes of the executive function of the brain as described in neuroscience. Our understanding of acquiring the necessary concepts for mastery of the reading action in line with the neuroscientific approach is reflected in this article. Attention is given to our view of the reading process, the nature of the concepts necessary for mastering the reading process and the role of the neuroscientifically based executive function in forming concepts, as well as in the actual reading.

Reading skills imply decoding or recognising the written word by means of the merging of the sounds – an action requiring not only certain prerequisites, but also an action where a number of perceptual and cognitive skills are used to gain understanding of the concept. Acquiring these skills is based on the mastery of applicable concepts that boils down to a conceptual perception of a unit of knowledge which is used to organise and categorise sensory experience. By deconstructing the reading process we can identify a number of concepts that are fundamental to the reading ability. Some of these are sound consistency, sequence, patterning, segmentation, association, rhythm and scheme-matching. The research question underpinning this research is: What is the role of the executive function within the framework of the neuroscientific approach in the acquisition of concepts and skills subjacent to emergent reading and the reading process? Purposeful behaviour is the result of the executive function of a group of interrelated processes and the mastery thereof enables the individual to control his behaviour, to work purposefully and to manage complex cognitive processes. Characteristics of the executive function are attentiveness, cognitive fluency, inhibition, taking the initiative, metacognition, organising, planning, reaction to feedback, self-modulation, switching as well as active memory. A wide variety of motor actions and cognitive activities are used to arrange different successive actions in achieving a goal.

While considering the role of neuroscience in acquiring reading skills we paid attention to its role in perceptual and cognitive skills. Visual and auditory perceptual skills play a very important role in emergent reading and the reading process. Controlled attention is necessary for the reader to focus visually on certain particulars being read and to ignore unnecessary information. The ability to focus on a word, sentence or passage goes hand in hand with figure-background distinction and the combining and grouping of letters and words in a required order. Comprehension requires that the reader recognises particular forms, letters and words, be it in global unity like sight vocabulary or through synthesis of letters, and in this respect controlled attention, cognitive flexibility, organising, planning and an active memory play a vital role.

In order to comprehend a passage the letters, words and sentences are read in a particular sequence which requires comprehension from the reader of spatial order and the succession of events as well as the ability to apply this metacognitive function. The learner needs to understand that events and the letters in words follow a logical order to portray a particular message leading to understanding.

Concurrent with visual perception are the auditive perceptual skills which play an important role especially in initial reading as well as in the decoding of unknown words by means of analysis and synthesis. The reader is able to recognise particular sounds in a word through auditive perception – a skill which requires memory, recall and schematising. Mastery of the phonological system is based particularly on the visual knowledge of different letters and this is a real challenge for the preschooler. By utilising the working memory sounds, words and sentences are memorised and comprehension can be formed of the section being read. Comprehension is also related to the long-term memory because reading comprehension is based largely on experience and knowledge. Planning as an executive function is important in the acquisition of comprehension. Apart from the importance of memory and recall of experience and knowledge the reader should also be able to schematise. This needs memory and is related to planning, organising, self-regulating and metacognition.

When the learner masters the basic reading activity, there is little difference between perceptual and cognitive processing of the reading matter. Some of the applied skills could be classified as perceptual as well as cognitive. The perceptual skills utilised in the reading process are metacognitive in nature because they fulfil the vital role of the cognitive processing of what is read.

The first and probably the most important aspect of cognitive processing of a reading passage is the integration of the information received through the different sensory modalities. Sounds and letters are integrated to form sentences. While reading, competent readers are able to control attentiveness, to show cognitive flexibility, to inhibit automatic reactions, to plan and organise and to utilise the working memory in processing the passage being read. With readers in the initial reading phase, integration is a slow process because they have not mastered the different processes in the executive function and often still use sounds to comprehend what they read. Learners with reading disorders often experience problems with recalling what they have read, because the active memory is not yet fully exploited.

Conceptualisation of the read passage takes place when readers utilise known words and sentences that are supported by memory. Comprehension is obtained by retrieving experience and knowledge from the long-term memory to gain meaning and understanding of the read passage. Accommodation and/or assimilation of concepts with existing information have an important role in the process of conceptualisation and depend largely on the different aspects of the executive function.

Considering the importance of the executive function in acquiring basic concepts leads to an answer to the research question: What role do the processes of the executive function, within the framework of the neuroscientific approach, play in the acquisition of the concepts that are subjacent to emergent reading and the reading process? It is clear that the acquisition and establishment of the underlying concepts depend on the mastery of the different aspects of the executive function. The teacher therefore has the obligation, in accordance with theories of Piaget and Vygotsky, to support the emergent and beginner reader towards mastery and application of the different aspects of the executive function that are essential in the formation of concepts and the acquisition of prereading skills.

Educators in the foundation phase need to pay attention to the development and establishment of the underlying concepts and the concurrent processes of the executive function. Even young children can be taught to manage their behaviour and to focus their cognitive processes to obtain specific goals, but it requires the development of the executive function of the brain with the emphasis on the following processes: focused attention, cognitive flexibility, inhibition, metacognition, organising, planning, response to feedback, self-regulating, the ability to move from one activity to another and active memory.

By using a neuroscientific perspective in the search for the cause of and solution to the poor reading performance of South African readers, the importance of the mastery of the different aspects of the executive function of the brain and the value thereof was highlighted and emphasised. The question that arises as a result of the neuroscientific view of the reading performance is whether preschool educators focus sufficiently on the different aspects of the executive function of the brain which, according to this interpretation, is underlying to the essential concepts for reading activity.

Key words: concepts; emergent reading; executive function; perceptual skill; pre-reading skills; reading process

Lees die volledige artikel in Afrikaans: ’n Neurowetenskaplike beskouing van die leeshandeling

The post A neuroscientific view of the reading process appeared first on LitNet.

Guidelines for the promotion of the well-being of South African psychologists

$
0
0

Abstract

The question in well-being research has changed from why people become ill to how people can experience a good and full life despite life problems, and this article addresses that specific question in relation to South African psychologists.

Investment in the well-being of health professionals is crucial, as their professional contribution is vital to the effective provision of health services. Psychologists have been referred to as happiness facilitators and their work involves assisting with clients’ well-being and mental health. It is therefore important to provide guidelines for South African psychologists to sustain and enhance their own well-being, and this makes the present research necessary and important.

Social, economic and political problems are endemic to South Africa, while there exists a severe shortage of qualified health-care professionals, with a mere 0,32 psychologists per 100 000 people of the population. In addition, mental health-care budgets are disproportionately low in comparison with the high prevalence of mental disorders in South Africa. While the availability of psychologists as a resource in the South African health care sector is rather low, mental illness is very prevalent, with an estimated 16,5% of the population requiring mental health services, of whom a mere 25% actually receive mental health-care. This information clearly needs to be taken into account considering the impact that it may have on psychologists in terms of workload and functioning.

Many researchers have investigated the spill-over effect between people’s work and personal lives. Although psychologists implement strategies such as professional boundaries to prevent spill-over, certain types of spill-over still occur. Spill-over is an especial reality for psychologists, as they bring the tools of their trade, namely themselves, to each of their life roles. Psychotherapy works in two directions: while psychologists affect their clients they are also affected by their clients, which may impact psychologists’ well-being.

The American Psychological Association (APA) indicated that psychologists need measures to protect them against occupational stress. However, despite the clear need for such measures, this need is often ignored. The recommendations of the APA for psychologists towards self-care include awareness in order to avoid becoming overwhelmed by the challenges posed by their profession. Psychologists are also encouraged to identify mechanisms to reduce stress and foster proper self-care. In South Africa the word self-care does not even appear in the Health Professions Act (1974) that regulates psychologists’ professional behaviour. Although many psychologists dedicate themselves to caring for others, it is questionable whether they are able to create a sustainable balance between client care and self-care with a view to experiencing well-being.

Psychologists work long and inconvenient hours, have an unstable income when working in private practice, work with difficult cases such as homicide and suicide and are frequently faced with clients’ exhausted medical aids. The limitations and problems experienced by psychologists as a result of scope of practice in psychology has led to legal action on the part of practitioners to attempt to have their experience and knowledge acknowledged and to be reimbursed for their services by medical aids.

Complete mental health protects people against physical disease. The maintenance and promotion of mental health is therefore as important as the prevention and treatment of mental illness. Well-being can be promoted and protected via the strengthening of psychological capacity and by paying attention to possible threats to health. When such efforts are undertaken, it may ensure the experience of psychologists’ well-being, as well as impact the level of service delivery to clients. Enhancing the well-being of psychologists will therefore contribute positively to the mental health sector in South Africa.

The big question in positive psychology is how well-being can be advanced and how life problems can be survived. The central question of this article corresponds to the stated question of positive psychology: How can the well-being of South African psychologists be promoted while practical solutions are found for the career-specific problems experienced by them? This focus on well-being and intentional activities makes positive psychology an ideal paradigm for the development of guidelines for enhancing South African psychologists’ well-being.

This article is based on a thesis titled “The well-being of South African psychologists: a mixed method study” by the first author, Erika Hitge. The thesis consisted of a literature study and a qualitative and quantitative study pertaining to the well-being of South African psychologists (henceforth “psychologists”, unless stated otherwise) and conclusions and recommendations. The researcher investigated well-being constructs namely meaning, resilience and positive affect of psychologists and valuable themes were identified indicating that specific skills and competencies are crucial aspects relative to the enhancement of well-being. The study emphasised that well-being does not occur automatically, but has to be strategically cultivated. It is suggested that enhancing well-being and experiencing flourishing can assist people in moving beyond mere existence to experiencing a well-lived life.

The guidelines for the promotion of the well-being of psychologists are based on data forthcoming from the results of the mixed-method study, along with existing literature. Psychologists’ well-being and character strengths need to be compared through pre- and post-testing to establish whether the guidelines and the resulting programme do indeed promote the well-being of local psychologists. Participants in the programme should be interviewed to establish the strengths and limitations of the programme. Once a pilot study has been conducted and the above steps have been executed to refine the programme, it will be possible to make recommendations to the Health Professions Council of South Africa (HPCSA) and the Psychological Society of South Africa (PSYSSA) with a view to national application of this well-being programme.

Aspects that should be incorporated into a well-being programme for psychologists are flourishing, character strengths, self-care, self-compassion, mindfulness, lovingkindness, work content and context, relationships and personal resources. The suggested programme consists of 13 sessions.

These guidelines constitute an attempt to avoid focusing on what is negative and problematic regarding the work of psychologists, such as exhaustion, burnout, isolation and compassion fatigue. Instead, these guidelines focus on well-being as a motivation to accept the positive and negative dimensions of life and still to experience well-being through enhanced self-care.

Practising these guidelines may result in a more meaningful life in which people use their best strengths in the service of both their own and others’ well-being. Deciding to use these guidelines may require a willingness to be flexible and to grow increasingly towards acting on life, as opposed to merely consuming wellness. Designing a well-being programme for South African psychologists can also assist in promoting and protecting the well-being of these healthcare professionals through enabling psychologists to apply specific skills, such as practising of character strengths, career-sustaining behaviours and self-care, mindfulness, lovingkindness and self-compassion, with due consideration of the relevant context.

Keywords: guidelines; positive psychology; South African psychologists; well-being promotion

Lees die volledige artikel in Afrikaans: Riglyne vir die bevordering van die welstand van Suid-Afrikaanse sielkundiges

The post Guidelines for the promotion of the well-being of South African psychologists appeared first on LitNet.

Rolkonflik by getroude manlike onderwysers vroeg in die 21ste eeu

$
0
0

Rolkonflik by getroude manlike onderwysers vroeg in die 21ste eeu

Deon Vos en Philip van der Westhuizen, Fakulteit Opvoedingswetenskappe, Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus)

LitNet Akademies Jaargang 14(2)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Die doel van die navorsing was om vas te stel in welke mate die getroude manlike onderwyser rolkonflik ervaar. Die studie is uitgevoer deur middel van ’n literatuurstudie en, daarna, ’n empiriese ondersoek. Die doel van die literatuurstudie was om moontlike oorsake van rolkonflik te identifiseer en die doel van die empiriese ondersoek was om die mate van die belewing van rolkonflik by die respondente vas te stel. Die volgende probleemstelling is geformuleer: In watter mate ervaar getroude manlike onderwysers rolkonflik? Die volgende navorsingsdoelwitte is geïdentifiseer: eerstens, om uit die literatuur die aard van die getroude manlike onderwyser se rol in die samelewing te bepaal; tweedens om uit die literatuur te bepaal watter faktore ’n rol by rolkonflik by die getroude manlike onderwyser speel, en laastens, om empiries te bepaal watter faktore ’n rol by rolkonflik by die getroude manlike onderwyser speel. Die studiepopulasie bestaan uit getroude manlike onderwysers in die Klerksdorp Onderwysdistrik van die Noordwes Onderwysdepartement.

Enkele beskrywings wat verband hou met die begrip rol werp lig op die plek en aard van die rol van die man vanuit ’n juridiese perspektief gesien. Die aard van die rol van die man binne en buite die huis word ook bespreek. Vervolgens is die aard van rolkonflik by die getroude manlike onderwyser bespreek deur te verwys na begrippe soos inter- en intrarolkonflik. Moontlike faktore wat bydra tot die belewing van rolkonflik by die getroude manlike onderwyser is vanuit die literatuur geïdentifiseer. Hierdie faktore wat aanleiding gee tot die belewing van rolkonflik, is in twee kategorieë verdeel, naamlik binne die gesin en by die werk.

Die doel van die empiriese ondersoek was om vas te stel of die respondente wel rolkonflik beleef as gevolg van die bespreekte faktore en in welke mate rolkonflik beleef word. Die navorsingsontwerp het ’n oorsig van die omvang van die empiriese ondersoek gegee. Die ingevulde vraelyste is empiries ontleed en sekere interpretasies is daaruit geformuleer. Die studie is afgesluit met ’n samevatting, bevindinge en enkele aanbevelings wat op die bevindinge gebaseer is. Die bevindinge het daarop gedui dat rolkonflik wel by die respondente beleef word en dat die oorsake wat aanleiding gee tot rolkonflik, afkomstig is van die gesin, die samelewing en die werkplek. Daar is ook bevind dat daar prakties betekenisvolle verskille bestaan tussen sekere biografiese data van die respondente en enkele faktore wat aanleiding gee tot die belewing van rolkonflik. Die minimalisering van hierdie faktore is ’n tema waaraan in toekomstige navorsing aandag geskenk kan word.

Die rede vir hierdie navorsing is om vas te stel tot watter mate manlike getroude onderwysers rolkonflik ervaar asook om vas te stel watter faktore aanleiding gee tot die belewing van rolkonflik.

Trefwoorde: eggenoot; getroud; manlike onderwyser; professioneel; rol; rolkonflik; vader

 

Abstract

Role conflict in married male educators early in the 21st century

The aim of this article is to determine to what extent married male teachers experience role conflict early in the 21st century. The need for the study arose as a result of the prevalent concerns with regard to the experience of role conflict, not only by male teachers, but also by female teachers. During an extensive literature review the observation was made that role conflict does occur within teachers (male and female). In the literature review it was also found that role conflict is experienced by all teachers on all job levels and with various years of teaching experience throughout the entire education sector. The extent of the experience of role conflict, however, differs. During the interpretation of a variety of laws, it has been observed that principles such as the implementation of democratic values in the appointment and role description of teachers, equal treatment of all (male and female teachers), correction of inequalities of the past (male and female teachers), and fair labour practices with regard to the appointment of teachers result in role conflict in married male teachers. The reality arising from the laws is that preference is given to female teachers with appointments in promotional positions. A further trend is that the woman assumes her rightful position as leader in the community and that she is seen as a respected and valuable source of income for the family. The latter two trends result in role conflict in the male teacher, as he is no longer seen as the sole respected leader (inside and outside the family) and provider for the needs of the family. The man still fulfils a variety of roles outside the home, including the following: he stands in a career with various roles posing challenges; he needs to develop his career; he needs to generate an income; and it is expected from him to fulfil various roles in the community and society. At home, the man also has to fulfil a variety of roles, including: he has to act as the head of the family; he is co-responsible for the physical, emotional and spiritual well-being of the family; he is also co-responsible for the socialisation of the family; and in some cases he has to act as a single parent of his family.

The experience of intra-role conflict by the married male teacher within his family means that he has to give up personal values to perform a specific job. Consequently, he experiences conflict, because of these conflicting and opposing forces. In the man’s role as father, husband and head of the family, in some cases he experiences that he needs to neglect the latter roles or even give them up in order to fulfil the role expectations of his employer and society. Furthermore, he also experiences intra-role conflict within his profession. The reasons for the latter include the following: discrimination against his gender, where the traditional role of the man as a figure of leadership in his profession is now being opposed by the appointment of women in positions of leadership; role confusion where vague and unclear guidelines for the role of the man are laid down; as a result of the restriction on the appointment of the man in a leadership position, less job satisfaction; and finally, the current organisational climate of the school’s also perhaps having a significant influence on the experience of intra-role conflict.

Inter-role conflict occurs when the man has to carry out his duties as a professional teacher simultaneously with his family responsibilities. The following causes of inter-role conflict were identified in the literature: firstly, events at work and at home, where the man has to act as a role model within the family and at work; where the man has to be involved at work and with his family at the same time, the limited support of his family and colleagues; secondly, the views of the family and society, in which the man is not allowed to show emotion, should always be in control and not require any assistance; and finally, economic pressure, as society, his family and his work environment expect him to meet all economic needs.

An empirical study was carried out in order to determine the extent of the experience of role conflict by the married male teacher. The structured questionnaire was used as a measuring instrument in this quantitative research methodology. The study population consisted of 21 primary schools in the Klerksdorp, Orkney, Stilfontein and Hartebeesfontein (KOSH) region. One hundred and sixty-one married male teachers participated in the study.

After the data had been analysed, the following was found:

The questionnaire may be declared reliable with a Cronbach Alpha value of 0,70. Role conflict within the family occurred due to the following: being involved in family activities, a high pace of living, the experience of work pressure on the role of spouse, to meet the responsibilities of a husband, to act as caretaker of the family, and, finally, the division of responsibilities between the man and the woman. Role conflict at work occurred for the following reasons: uninvolved colleagues, autocratic behaviour of the school principal, colleagues not taking pride in their school, and colleagues not supporting one another. The following aspects that caused role conflict at work and at home, are as follows: non-involvement in family activities because of work commitments, inadequate support at work and at home, the view of colleagues and family members that the man does not need help, the time available to fulfil duties at home and at work properly, family involvement that affects activities away from home, always to be in control, and finally, that the man is of the opinion that he should be the main source of income. During the determination of the practical significance of this, the following emerged: practically no significant differences in the experience of role conflict were found because of differences in the age of the respondents, the number of learners in the school, or the distance between home and school, and. It was, however, found that there are practically significant differences in the experience of role conflict depending on the number of years of experience, the number of children in the family, and race.

From the above findings, the following recommendations were made: (1) Parents and teachers should educate children and learners to fulfil their future roles properly in both the home/family and at work. (2) People in authority should be trained in how to act with understanding towards male teachers who have more than one role to fulfil, and, more specifically, the family role as husband and father. (3) Further research should be undertaken with regard to the role and involvement of the school principal in the career planning and development of specifically the married male teacher. (4) Clear guidelines should be given to married male teachers regarding the planning of their careers in education. (5) Further study should, firstly, be conducted in order to determine what the psychological implications of the married male teacher, who needs to fulfil this dual role, entail and secondly, how these implications can be minimised.

From the above it can be seen that the married male teacher, like the married female teacher, experiences role conflict as a result of a variety of factors. According to literature, this experience of role conflict has occurred for many years and according to the findings in this study, role conflict is still being experienced well into the early 21st century by married male teachers because of similar factors that previously occurred. Surely it can be argued, that it seriously hampers the standard of education in South Africa. The latter hypothesis, however, requires further research and evidence.

Keywords: educator; father; husband; male educator; married; professional; role; role conflict

 

1. Inleiding

Die getroude man (en dus ook getroude manlike onderwyser) se deelname aan ’n verskeidenheid strukture binne die samelewing is onmisbaar vir ’n “gesonde” samelewing. Vanuit ’n tradisionele sienswyse word aanvaar dat die getroude man sy rol moet volstaan en as leier in daardie rol sy plek in die samelewing inneem. Die navorsing van Murray (1994) dui daarop dat laasgenoemde siening verander het en dat die vrou as mededingende rolspeler haar plek naas die man of selfs gelykwaardig aan die man in die samelewing inneem. Rolkonflik word onder twee afdelings bespreek, naamlik inter- en intrarolkonflik. Die getroude man moet ’n groot verskeidenheid rolle binne sy gesin vervul. As vader, eggenoot en gesinshoof moet hy sy plek op verskillende terreine volstaan en dit kan rolkonflik tot gevolg hê. Laasgenoemde neiging word as intra-rolkonflik by die getroude manlike onderwyser beskryf. Ook as onderwyser ondervind die getroude man ’n groot verskeidenheid rolle wat hy binne die skool moet vervul. Faktore soos diskriminasie teen sy geslag, die veelsydigheid van die manlike onderwyser se rolverwagting en die algemene werksontevredenheid dra by tot rolkonflik by die getroude manlike onderwyser. Laasgenoemde ervarings word ook as intrarolkonflik by die getroude manlike onderwyser gesien. Die rolverwagting van die samelewing dui daarop dat die getroude man tegelykertyd verskillende rolle binne sy gesin en as onderwyser moet vervul. Hierdie sienswyse word as interrolkonflik by die getroude manlike onderwyser gesien.

Bogenoemde navorsing is in 2005 voltooi, maar is steeds baie relevant in ons hedendaagse onderwysgemeenskap. Rolkonflik is steeds ’n realiteit by die getroude manlike onderwyser en werk steeds negatief op die werks- en gesinslewe van hierdie onderwysers in (Martin en MacNeil 2007; Dhurup en Mahomed 2011; Hooper 2013). Die vraag is egter of dit steeds dieselfde faktore is wat rolkonflik tot gevolg het. Hierdie vraag kan in toekomstige navorsing beantwoord word, maar vir die doel van hierdie artikel word aanvaar dat waarskynlik sommige van die faktore wat in die artikel bespreek word, steeds aanleiding gee tot die belewing van rolkonflik by die getroude manlike onderwyser in Suid-Afrika (Banda en Mutambo 2016).

 

2. Probleemstelling en -vraag

Manlike onderwysers vervul ’n verskeidenheid rolle in die samelewing. Dit skep ’n groot verwagting dat onderwysers hul plek op vele terreine moet volstaan (Lemon 1995:5–71). Die neiging is dat daar van die man verwag word om sy plek binne en buite die huis vol te staan en sodoende ’n vennootskap met sy eggenote te sluit (Sangster 1990:12–3).

Hierdie verwagting plaas druk op manlike onderwysers. Die verskeidenheid rolle wat die onderwyser binne die onderwysprofessie moet vervul, vereis korrekte en professionele optrede binne alle professionele take wat hy moet uitvoer en plaas dus ’n hoë premie op sy rol binne sy professie (Van der Westhuizen 1996b:90–6). Kwellinge ten opsigte van professionele uitbranding word ’n al groter faktor waaraan duidelik aandag binne die onderwysprofessie geskenk moet word.

Die nuutste neiging is dat die vrou ook ’n verskeidenheid rolle binne en buite die huis moet vervul (Steyn 2000:32–4). Laasgenoemde neiging plaas druk op die man, aangesien hy nou ook ’n bydrae tot die algemene huishouding moet lewer. Volgens Khumalo(2004) plaas laasgenoemde neiging ’n verdere stremming op die vrou in haar rol as moeder, huisvrou en professionele persoon. Dit kan dus met reg gestel word dat hierdie neiging ook nuwe klem op die rol van die man as vader, helper met die huishouding en professionele persoon plaas. Die man moet nou ook sy plek as helper met die algemene huishoudelike take en as lid van die gemeenskap volstaan, aangesien die vrou ook ’n professionele rol moet vervul.

Die algemene sienswyse van die samelewing is dat mans alle vorme van emosies suksesvol moet kan hanteer en dat emosionele uitbarstings nie bestaansreg het in die werkslewe van die man (manlike onderwyser) nie (Steyn en Botha 1998:60–1). Uit bogenoemde sienswyse oor die rol wat die man moet vervul, kan rolkonflik ’n realiteit wees wat elke man in die gesig staar. Rolkonflik moet deur elke manlike onderwyser op ’n effektiewe wyse hanteer word om sodoende effektiewe onderwys te verseker. Die omvang van rolkonflik by getroude manlike onderwysers is beslis ’n studieveld wat aandag behoort te geniet.

’n Verdere vraag is wat die oorsake van rolkonflik by getroude manlike individue is. Steyn en Botha (1998:60–1) bevestig die feit dat die samelewing hoë verwagtinge koester ten opsigte van die rol waaraan mans moet voldoen en dat dit konflik kan ontketen.

In die studie van Owens (1991:64) word die kommer uitgespreek dat rolkonflik ook ’n uitvloeisel is van persoonlike behoeftes, voor- en afkeur en persoonlikheidseienskappe. Die mate van belewing van werkstevredenheid en werkskwaliteit dien as twee belangrike oorsake van rolkonflik. Met die term rolkonflik word verwys na die onvermoë om suksesvol aan die eise van bepaalde verskillende rolle te voldoen (Van der Westhuizen 1996b:91). Beperkte tyd waarbinne die rolle vervul moet word en die hoë verwagtinge wat ander koester, het ’n verdere nadelige implikasie vir hierdie onaangename ervaring van rolkonflik. Die verwagtinge wat deur die samelewing, die gesin en die onderwysberoep gestel word, naamlik dat die manlike onderwyser sy plek op alle terreine moet volstaan, oefen ook ’n duidelike invloed op die beskikbaarheid van tyd uit.

’n Groot aantal implikasies van rolkonflik kom voor wat ’n negatiewe invloed op die bestaans- en werkswyse van die onderwyser uitoefen (Van der Westhuizen 1996b:535–612). Good en Robertson(1996:44) bevind dat rolkonflik die volgende gevolge inhou: lae selfbeeld, verhoogde angs, ’n verlaagde ontvanklikheid vir psigologiese hulp, ’n aantal psigosomatiese versteurings en verlaagde sosiale intimiteit. Bogenoemde gevolge in ag genome, kan dit nie anders as om kommer te wek in onderwysgeledere nie.

Baie navorsing is reeds gedoen oor rolkonflik by professionele persone en spesifiek oor rolkonflik by onderwysers. In die studie van Khumalo (2004) word aandag geskenk aan die dubbele rol wat die vroulike onderwyser as moeder en onderwyser moet vervul. Jiang (2000:43–7) bevestig ook dat die rolkonflik wat die vroulike onderwyser ervaar, ’n realiteit is en dat dit veel meer aandag behoort te geniet. In die studie van Redelinghuys, Botes en De Wet (1999:92–6) word klem gelê op die uitdagings wat die enkelouer as professionele werkende persoon in die gesig staar.

Die studie van Murray (1994) toon duidelik aan dat rolkonflik ’n realiteit by getroude vroulike onderwysers is. Rolkonflik is nie slegs ’n fiktiewe belewing deur vroulike onderwysers nie, maar ’n realiteit waarmee rekening gehou moet word en wat aanleiding tot uitbranding kan gee (Redelinghuys e.a. 1999).

Dat rolkonflik ’n realiteit in die professionele werksmilieu van die getroude vroulike onderwyser is, versterk die behoefte aan ’n studie oor rolkonflik by getroude manlike onderwysers, aangesien gelyke rolle tans vir beide groepe voorgehou word. Die rol wat die vader as professionele persoon en as hoof van sy gesin moet vervul, kan die oorsaak van rolkonflik wees (Steyn 2000:32–4). Binne Suid-Afrika is navorsing oor rolkonflik slegs by professionele persone opgespoor (Gerdes, Moore, Ochse en Van Eck 1998:87–122). Van der Westhuizen (1996b:90–92) bespreek die begrip rolbenadering en vanuit hierdie perspektief kan rolkonflik ’n uitvloeisel wees van rolvoorskrifte, rolverwagtinge, rolbegrip en rolbesetting.

Uit die voorgaande blyk dit dat navorsing in Suid-Afrika gedoen is oor rolkonflik by getroude vroulike onderwysers. Geen navorsing is egter nog oor rolkonflik by getroude manlike onderwysers gedoen nie.

Die volgende probleemvraag is dus hier ter sprake: In watter mate ervaar getroude manlike onderwysers rolkonflik?

In die volgende paragraaf gaan die navorsingsdoelwitte belig word.

 

3. Navorsingsdoelwitte

Uit die voorgaande is die volgende doelstellings van hierdie navorsing geformuleer: om uit die literatuur die aard van die getroude manlike onderwyser se rol in die samelewing te bepaal, om uit die literatuur te bepaal watter faktore ’n rol by rolkonflik by hom speel, en laastens om empiries te bepaal watter faktore ’n rol by rolkonflik by hom speel.

Die konseptuele begronding vorm ’n integrale deel van hierdie navorsing en gaan vervolgens aandag geniet.

 

4. Konseptuele begronding

In hierdie navorsing word vasgestel tot watter mate die getroude manlike onderwyser (voortaan “getroude onderwyser”; “manlik” word binne die konteks hiervan oral veronderstel tensy spesifiek anders aangedui) rolkonflik binne sy beroep en by die huis beleef. Die belewing van intra- en interrolkonflik word deur sekere determinante veroorsaak en gaan ook in hierdie paragraaf aandag geniet.

4.1 Die rol van die man binne beroepsverband

Die man moet ’n verskeidenheid rolle binne sy beroep as onderwyser vervul; hierdie rolle gaan vervolgens aandag geniet.

4.1.1 Die rol van die man as werker

Tydens die Wêreldgeestesgesondheidsdag op 10 Oktober 1998 is klem gelê op die feit dat die man in die arbeidsektor onder druk verkeer. Die belange van en gelyke geleenthede vir die vrou, wat tans sterk gepropageer word, plaas druk op die rol van die man, en die arbeidsektor se rolverwagting rakende die man word daardeur verplaas na dié van ’n gelyke verdeling van mag tussen mans en vroue (Steyn en Botha 1998:60–1). Lemon (1995:61–71) wys daarop dat hierdie rolverwarring by mans aanleiding kan gee tot psigosomatiese versteurings wat hartsiektes, kanker, dwelmgebruik, geweld en selfs ’n verkorte lewensverwagting tot gevolg kan hê. Lemon wys verder daarop dat ’n verskeidenheid rolverwagtinge van die man vereis om aanpasbaar te wees. Hierdie aanpasbaarheid moet ’n bydrae lewer tot die suksesvolle ontmoeting tussen tradisionele sienswyses en hedendaagse rolverwagtinge (Lemon 1995:61–71). Steyn (2000:32–4) beklemtoon die feit dat die effektiewe vervulling van die rol van die individu bepaal gaan word deur sy vermoë om aan te pas en verandering suksesvol te bestuur. Die vraag is nie wat die man alles moet prysgee of verbeur nie, maar hoe hy hierdie veranderde rolverwagting gaan hanteer ten einde sy rol steeds effektief te vervul.

Die man vervul ’n verskeidenheid rolle binne ’n organisasie, wat eiesoortige eise aan hom stel (Renzetti en Curran 1995:253–305). Voorbeelde van hierdie rolle is werknemer/werkgewer, werknemer/kliënt en kollega. Die suksesvolle en effektiewe vervulling van hierdie rolle sal ’n bepalende faktor binne die sukses van die organisasie wees.

4.1.2 Die rol van die man as ontwikkelaar van sy loopbaan

In die navorsing van Gerdes e.a.(1998:1–161) word aangetoon dat die mens voortdurend besig is om sy loopbaan uit te brei deur homself te ontwikkel, sy kwalifikasies te verbeter en ervaring op te doen. Ouderdom speel ’n belangrike rol by die tempo en aard van die loopbaanontwikkeling van die individu. Volgens Gerdes e.a. (1998:1–161) is doeltreffende besluitneming en die beplanning ten opsigte van sosio-ekonomiese komponente die belangrikste faktore wat teenwoordig moet wees binne die rol van die man as die ontwikkelaar van sy loopbaan. Die ontwikkeling van die man se loopbaan is uiters belangrik ten einde hom te laat geld en as ’n mededingende individu binne ’n veranderde beroepswêreld te laat optree. Hieruit kan ook afgelei word dat konflik in ’n groot mate effektief beheer kan word deurdat die man hom kwalifiseer as ’n mededingende rolspeler binne die arbeidsektor.

4.1.3 Die rol van die man as genereerder van ’n inkomste

Daar word algemeen aanvaar, en dit is praktyk binne die moderne Westerse samelewing, dat sowel die man as die vrou inkomste-genererend moet wees (Steyn en Botha 1998:1–61). Deur te werk en ’n inkomste te genereer, voldoen die man nie slegs aan die opdrag soos dit in die Bybel (1983) voorgeskryf word nie, maar voorsien hy ook in die algemene finansiële behoeftes en welsyn van sy gesin. Hierdeur vervul hy sy rol as gesinshoof (Bolger, De Longis, Kessler en Wethington 1990:95–114).

Edley en Wetherell (1995:116–20) wys daarop dat die man in ’n groot mate alleen verantwoordelik is vir voorsiening in die finansiële behoefte van die gesin. Volgens hulle is die algemene persepsie dat die man steeds die hoofbron van inkomste is en dat die vrou se inkomste as aanvullend beskou word. Hieruit kan afgelei word dat die man as genereerder van ’n inkomste ’n groot verantwoordelikheid ten opsigte van sy gesin dra en dat hy ’n dubbele rol het om te vervul, naamlik een binne en een buite die huis.

Hedendaags (2015–17) is die inkomste van die vrou in baie gevalle dieselfde of selfs meer as die inkomste van die man. Hierdie tendens kan ook rolkonflik by die man teweeg bring, aangesien dit sy rol as gesinshoof en hoofgenereerder van inkomste misken (Boundless Sociology 2016).

4.1.4 Die rol van die man binne ’n dubbelloopbaanhuwelik

Louw e.a. (1999:548) definieer ’n dubbelloopbaanhuwelik as ’n huwelik waarin die man voltyds en die vrou 20 of meer uur per week werk. In sommige dubbelloopbaanhuwelike werk sowel die man as die vrou voltyds (Louw e.a. 1999:548). ’n Voordeel van hierdie verskynsel is dat dit gelykheid tussen die man en die vrou meebring en dat beide die vrou en die man ’n gevoel van eiewaarde en persoonlike vervulling beleef. Nog ’n voordeel is dat dit ekonomiese stabiliteit verseker en ’n hoër lewenstandaard meebring. ’n Nadeel is egter dat dit ’n oorbelading van werk en verantwoordelikhede kan meebring en rolkonflik tot gevolg kan hê.

4.1.5 Die man se rol as lid van verskillende gemeenskapsorganisasies in die samelewing

Sommige mans vervul nie slegs ’n rol in die arbeidsektor nie, maar dien ook op vele ander terreine binne die samelewing of gemeenskap. Die gemeenskap verwag van die man dat hy betrokke sal wees by aktiwiteite wat die nodige norme en standaarde vir die spesifieke gemeenskap stel (Edley en Wetherell 1995:131–212; Lemon 1995:61–71).

Volgens Bryson (2000:1) het laasgenoemde siening heelwat verandering ondergaan en word die vrou ook aangemoedig om haar bydrae op hierdie terreine te lewer. Die persepsie kan wees dat vroulike rolspelers die rol as leiers in die samelewing oorneem, maar dit is nie die geval nie (Steyn en Botha 1998:60–1). Die realiteit is dat die vrou en die man ’n vennootskap vorm en saam ’n rol binne die gemeenskap vervul. Manlike rolspelers moet besef dat die terrein van mededinging vergroot is en dat ’n persoon ’n bepaalde rol sal vervul op grond van effektiwiteit en sukses en nie op grond van geslag nie (Steyn en Botha 1998:60–61).

4.2 Rol van die man binne die huis

Die man moet aan verskillende verwagtings in sy rol as vader en eggenoot in die huis voldoen. Vervolgens gaan aandag aan hierdie verskillende verwagtings geskenk word.

4.2.1 As hoof van die gesin

In die brief aan die Efesiërs vergelyk Paulus die man se rol as hoof van sy vrou met Jesus se rol as hoof van die kerk en uit hierdie vergelyking word beredeneer dat die man as hoof van sy gesin (priester en profeet van die gesin) as ’n liefdevolle toesighouer moet optree (Bybel 1983). Die man vervul dus ’n rol wat bepaalde gesag en verantwoordelikhede aan hom opdra, wat hy met eerbied, wysheid en liefde moet vervul. Steyn (2000:32–4) wys daarop dat die man as hoof van sy gesin sy plek op alle terreine wat die vaderlike rol impliseer, moet volstaan, byvoorbeeld help met die aandete, versorging van die kinders, godsdiensbeoefening, versiering van die huis en vele ander terreine wat vroeër beskou is as dié van die vrou. Laasgenoemde neiging bied groot uitdagings aan die man, en sy aanpasbaarheid speel ’n groot rol by die korrekte hantering van sy rol as hoof van sy gesin.

4.2.2 As onderhouer van die fisiese welstand van die gesin

Sangster (1990:12–3) wys daarop dat die vrou ook ’n verantwoordelikheid het om finansieel by te dra tot die gesin se behoeftes en dus nie die tyd het om alleen alle verantwoordelikheid ten opsigte van die fisiese versorging van die gesin te dra nie. Hierdie verdeling van rolle tussen die man en die vrou bring mee dat ’n verdeling in die verantwoordelikhede tussen die twee plaasvind en die fisiese versorging van die gesin dus nie by die vrou of man alleen berus nie, maar by albei (Sangster 1990:12–3; Lewenhak 1992:106; Hirsch 1996:103–21; Steyn 2000:32–4).

Soos in die vorige gedeeltes aangedui is, is ook hier sprake van verandering. Die samelewing stel nuwe eise aan die man en beklemtoon sy verantwoordelikhede as vennoot in die versorging van sy gesin (Verwoerd 1996:83–93).

4.2.3 As versorger van die geestelike en psigiese welstand van die gesin

Die woorde van Paulus in Efesiërs 6:4 dui aan dat daar van die vader verwag word om na die geestelike en psigiese welstand van die gesin om te sien: “En vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil.” In Genesis 1 lees ons dat God die mens geskape het volgens sy beeld en die vrou aan die man se sy as helper. Die uitdrukking “man van God” word meer as 80 keer in die Bybel gebruik en daaruit kan ons aflei dat God van die man verwag om as hoof van sy gesin hul geestelike en psigiese welstand op die hart te dra. Laasgenoemde sienswyse is steeds ’n realiteit in die hedendaagse samelewing.

4.2.4 As onderhouer van die sosialisering van die gesin

Die teenwoordigheid van die vader het ’n positiewe uitwerking op kinders van die gesin. Die selfbeeld en interpersoonlike verhoudings van seuns sowel as dogters word positief gestimuleer deur die teenwoordigheid en betrokkenheid van die vader (Beaty 1995:873–80).

Plug, Louw en Meyer (1997:340) wys daarop dat sosialisering die proses is waardeur die individu leer om aan die morele standaarde, rolverwagtinge en eise vir aanvaarbare gedrag van ’n betrokke samelewing te voldoen. Uit hierdie definisie kan afgelei word dat die man as gesinshoof ’n plig het om die morele standaarde, rolverwagtinge en eise vir aanvaarbare gedrag, soos deur die samelewing gestel, aan sy gesin oor te dra. Die verantwoordelikheid van die moeder om hierdie sosialiseringsbeginsels aan haar gesin oor te dra word nie deur die man vervang nie, maar word in vennootskap gedoen (Sangster 1990:12–3). Negatiewe sosialiseringsbeginsels wat deur ouers aan hul kinders oorgedra word, toon ’n “sneeubal-effek”, aangesien hierdie kinders nie slegs self swak met ander mense sosialiseer nie, maar ook later dieselfde negatiewe beginsels aan húlle kinders sal oordra (Gerdes e.a. 1998:87–123).

4.2.5 As versorger van die emosionele welstand van die gesin

Dit is ’n Bybelse waarheid, wat in Efesiërs 5 aangedui is, dat die man as gesinshoof die sekuriteit en struktuur van sy gesin in stand moet hou en sodoende emosionele stabiliteit vir alle belanghebbendes moet verseker. Mackler (2001:28–32) wys daarop dat ’n gesonde verhouding tussen alle lede van die gesin soms baie opofferings verg, maar daardeur kan stabiliteit verseker word. Emosionele stabiliteit begin reeds in die babajare van ’n kind en dit is ’n onvergeeflike oortreding indien die ouers hierdie beginsel verontagsaam (Louw, Van Eck en Louw 1999:204–33).

4.2.6 Die rol van die enkelouer

Die navorsing van Cohen, Johnson, Lewis en Brook (1990:117–30) beklemtoon die implikasies van die afwesigheid van die vader binne die gesin. As rolmodel skep die vader ’n belangrike opvoedingstruktuur vir die jong kind. Die enkelouer, hetsy die man of die vrou, word dus blootgestel aan ’n dubbele rolverdeling waarbinne hierdie ouer die nodige opvoedingstruktuur vir die kind moet skep (Louw e.a. 1999:581–3). In die rol van die moeder as enkelouer moet vroulike waardes aan kinders oorgedra word en in die rol van vader as enkelouer moet manlike waardes aan kinders oorgedra word. In die meeste gevalle word hierdie dubbele rol van die ouer gekenmerk deur ’n verskeidenheid optredes wat in die rol van ’n vader en ’n moeder sal voorkom. Voorbeelde is tugtiging, vriendskap, sagmoedigheid, vertroosting, geduldig luister, raadgewing, dissiplinering, aanmoediging en selfs ferm optrede.

4.2.7 Die rol om ewewig te handhaaf tussen werk en gesinsrolle

Gerdes e.a. (1998:121–2) wys daarop dat dit vir die man nie ’n maklike taak is om die ewewig tussen die werk en die gesin te handhaaf nie. Hierdie rol word omskryf as sy rol as voorsiener vir sy gesin wat persoonlike en sosiale stelsels in stand hou. Die aard van sy beroep sal ’n groot bydrae lewer tot die moeilikheidsgraad om hierdie ewewig te handhaaf. Gerdes e.a. (1998:121–2) wys daarop dat ouderdom ’n groot faktor is by hierdie rol van die man as balanseerder van werk en gesin. Binne die huwelik van die jong getroude paartjie, met ’n eerste aankomeling in die gesin, sal baie meer tyd ingeruim moet word vir die man om as voorsiener van sy gesin op te tree en sal groot uitdagings ten opsigte van hierdie rol aan hom gestel word. Die rede vir die voorsiening van meer tyd by die werk vir die jong vader, is dat langer ure moontlik tot bevordering kan bydra, wat ook ’n groter inkomste genereer.

4.3 Faktore wat ’n rol speel by rolkonflik by getroude onderwysers

Verskillende determinante vir die belewing van intra- en interrolkonflik by die getroude onderwyser word vervolgens bespreek.

4.3.1 Rolkonflik

Plug e.a. (1997:311) beskryf rolkonflik as ’n situasie waarin ’n persoon hom bevind en waarin dit van hom verwag word om twee of meer rolle, wat volgens hom onversoenbaar is, te vervul. So kan verwag word dat die getroude onderwyser rolkonflik kan beleef omdat hy tegelykertyd as eggenoot, vader van sy gesin en ook onderwyser moet optree terwyl hy ’n verskeidenheid verantwoordelikhede binne en buite die huis moet nakom. ’n Persoon kan ook rolkonflik beleef indien daar verskille of onduidelikheid bestaan ten opsigte van die verwagtinge van die persoon se hoof (Johnson en La France 1998:28). Louw e.a. (1998:542) wys daarop dat die diverse rolverwagtinge by ’n organisasie en tuis intense spanning en angs kan meebring en aanleiding kan gee tot rolkonflik. Tipping en Farmer (1991:111) beskryf rolkonflik as ’n psigologiese gesteldheid wat by ’n persoon heers wat twee of meer belangrike waardes as onversoenbaar ervaar.

4.3.2 Intrarolkonflik

lntrarolkonflik ontstaan wanneer ’n persoon persoonlike waardes moet prysgee om ’n spesifieke werk te verrig, en gevolglik konflik ervaar weens die botsing van hierdie twee opponerende kragte (Schwab, Iwanicki en Pierson 1990:588). Die samelewing beskik oor ’n rolverwagting dat mans nie verantwoordelik is vir die persoonlike versorging, soos die kleredrag van die gesin, fisiese voorkoms, en die voorbereiding van voedsel, van die gesin nie (Hirsch 1996:103–21). Laasgenoemde neiging dra tot ’n groot mate by tot die belewing van intrarolkonflik by mans, aangesien die teendeel ook ’n realiteit is, naamlik dat mans tóg ’n verantwoordelikheid teenoor hul gesin het (Sangster, 1990:12–3). Lemon (1995:65) bevind dat die tradisionele sienswyse van die rol wat die man moet vervul, fisiese sowel as psigiese probleme vir hom kan inhou. Intrarolkonflik ontstaan by mans weens ’n botsing tussen sy persoonlike belewing van sy rol as vader, eggenoot en gesinshoof en die teenstellende rolverwagting van die samelewing rakende sy rol binne sy gesin.

4.3.3 lntrarolkonflik binne die rol as vader

Die belangrikheid van die vader as rolmodel vir sy gesin en alle verantwoordelikhede wat daarmee gepaardgaan, word deur Haeseler (1996:275–81) bevestig. In die studie van Mancus (1992:109–28) word aangedui dat manlike onderwysers as rolmodelle ’n groot invloed uitoefen op veral seuns se gedrag en vordering. Beaty (1995:873–80) wys daarop dat swak interpersoonlike verhoudings veral by seuns voorkom waar die vaderfiguur afwesig is. Herb en Willoughby-Herb (1998:44–9) wys ook daarop dat die betrokkenheid van die vader by sy gesin uiters belangrik is vir die ontwikkeling van die kinders. Hulle bevind ook dat die akademiese prestasie van die kinders beïnvloed word deur die rol wat die vader binne die gesin vervul. Loscocco (1997:204–26) toon in haar studie aan dat die gesin ’n groot invloed uitoefen op die werk van die beroepsvrou en dat die werksomstandighede van die man weer ’n groot invloed uitoefen op sy rol as vader binne sy gesin.

4.3.4 lntrarolkonflik binne die rol as eggenoot en gesinshoof

Verwoerd (1996:83–93) wys daarop dat, net soos die getroude man rolkonflik as vader van sy kinders ervaar, hy as eggenoot ook rolkonflik ervaar. Die man ervaar homself as broodwinner van die gesin aan die een kant, en aan die ander kant word daar van hom verwag om as liefdevolle eggenoot op te tree. Werksdruk en ’n vinnige lewenstempo laat vir die man soms min ruimte om liefdevol op te tree.

4.3.5 Diskriminasie teen geslag as oorsaak van intrarolkonflik

Ingevolge artikel 1(b) van die Suid-Afrikaanse Grondwet (Suid-Afrika 1996) is diskriminasie ten opsigte van geslag nie versoenbaar met die wet nie. Sangster (1990:12–3) bevind dat mans oor ’n besonder effektiewe aanpasbaarheidsvermoë beskik. Mans wat take verrig wat tradisioneel as die werk van ’n vrou beskou is, pas hulle baie goed daarby aan sonder om manlike waardes prys te gee.

Dit is egter ook ’n feit dat die tradisionele sienswyse van die samelewing wat die man as gesagsdraer gesien het, waardes openbaar wat lynreg teenoor die sogenaamde “new man”-sienswyse staan, wat op sy beurt die man in ’n baie “sagter” rol plaas (Lemon 1992:5–20). Laasgenoemde “sagter” rol verwys daarna dat daar ook nou van die man verwag word dat hy sekere take, soos voorbereiding van voedsel, huisskoonmaak, was van klere en skottelgoed en die versorging van die kinders se klere, sal uitvoer. Uit die voorgaande kan afgelei word dat die belewing van intrarolkonflik ’n onafwendbare realiteit is.

Uit bogenoemde blyk dit dat die rol van die man binne sy professie aansienlik verander het en dat hy die kollig ten opsigte van outoriteit en werk met die kompeterende en bevoegde dame moet deel. Sosiale norme en waardes en tradisionele sienswyses aan die een kant en die veranderde rol van die manlike onderwyser binne sy professie aan die ander kant plaas druk op die man en kan intrarolkonflik tot gevolg hê.

4.3.6 Rolverwarring as oorsaak van intrarolkonflik

Rolverwarring by ’n onderwyser ontstaan wanneer onduidelike en vae riglyne neergelê word ten opsigte van die verwagte rol wat hy moet vervul. Die onsekerheid van ’n onderwyser ten opsigte van wat van hom verwag word en die afname in sy werkslewering kan voorkom word deur duidelike riglyne en rolverwagtinge aan hom te stel (Jackson en Schuler 2000:37). Die individu wat duidelike riglyne vir die uitvoer van sy werk benodig en ’n sukses daarvan wil maak, beleef intense intrarolkonflik wanneer hy rolverwarring beleef (Owens 1991:64; O’Driscolll en Beehr 2000:151–9). Bogenoemde siening word ook deur Conley en Woosley (2000:183) ondersteun en hulle wys daarop dat rolverwarring aanleiding gee tot oneffektiewe werkverrigting.

4.3.7 Min werksbevrediging as oorsaak van intrarolkonflik

Zeitz (1990:420) bevind dat hoe hoër die rangorde van die pos wat ’n persoon beklee, hoe hoër die werksbevrediging en hoe minder die rolkonflik wat hy beleef. Laasgenoemde feit impliseer dat die hoof en sy bestuurspan daarvan seker moet maak dat die onderwysers in gepaste posisies met gepaste verantwoordelikhede geplaas word en dat hulle gepaste uitdagings stel ten einde te verseker dat die onderwysers werksbevrediging sal ervaar en hulle sodoende die belewing van intra­rolkonflik daardeur sal beperk.

Erasmus (1998:26) bevind dat individue ’n hoë mate van werksbevrediging beleef wanneer hulle hul werk interessant vind, erkenning geniet vir dit wat hulle doen en geleentheid kry om hul vaardighede te ontwikkel. Die bestuurspan van ’n skool behoort hierdie waardevolle feite as ’n prioriteit te beskou. Smith (1995:261–82) bevind in sy navorsing dat druk binne die individu se werksomstandighede en werkoorlading aanleiding gee tot werkstres. Werkstres kan weer op sy beurt aanleiding gee tot die belewing van intrarolkonflik.

4.3.8 Die organisasieklimaat as oorsaak van intrarolkonflik

Mentz (2002:146–69) wys daarop dat ’n bepaalde organisasieklimaat geskep word deur die persepsie en belewing van die onderwysers van veral die bestuursaspekte van ’n skool. ’n Gesonde organisasieklimaat is dus afhanklik van die persepsie en belewing van die onderwyser van die gehalte van sy werkslewe en is die resultaat van ’n bepaalde bestuursituasie. Volgens die definisie van intra­rolkonflik word hierdie konflik ervaar weens die feit dat die individu persoonlike waardes moet prysgee om ’n spesifieke werk te verrig. Persoonlike waardes sluit onder meer in dat die onderwyser waarde daaraan heg om sy werk in ’n positiewe organisasieklimaat te verrig (Mentz 2002:146–69). Persoonlike waardes soos om meer tyd saam met die gesin te spandeer, om met positiewe kollegas saam te werk en om die ondersteuning van die hoof te geniet, kan in sommige gevalle botsend inwerk met dit wat in skole die realiteit is.

4.3.9 Interrolkonflik

Konflik wat ervaar word as gevolg van druk wat teenwoordig is wanneer die manlike onderwyser sy pligte as professionele onderwyser gelyktydig met sy gesinsverantwoordelikhede uitvoer, is ’n vorm van interrolkonflik. Hierdie belewing van interrolkonflik is nie noodwendig slegs binne sy rolle as onderwyser en gesinsmens teenwoordig nie, maar kan ook teenwoordig wees binne verskillende rolle wat die onderwyser binne sy werkplek moet vervul (Schwab e.a. 1990:588; Hammer en Grimsby 1998:220). lnterrolkonflik kan dus gesien word as die mate waarin ’n persoon druk ervaar binne ’n rol wat onversoenbaar is met druk wat ervaar word binne ’n ander rol wat gelyktydig deur dieselfde persoon vervul moet word (Zimbler en Ortlepp 1996:588).

4.3.10 Die man as rolmodel en betrokkenheid binne die gesin en by die werk asook die ondersteuning van sy gesin en kollegas

Die faktore wat vervolgens uitgewys word, is voorbeelde uit die literatuur wat aanleiding kan gee tot die belewing van interrolkonflik by die getroude onderwyser (Weiss 1990:27–32; Doyle en Wells 1996:37; Steyn 2000:32–4; Gerstel en Gallagher 2001:197–217; Mackler 2001:28–32; Zamarripa, Wampold en Gregory 2003:6; Blazina 2004:151–60; Eckman 2004:366–84): die verwagting dat die man gelyktydig as rolmodel binne en buite die huis moet optree, die verantwoordelikheid van die man teenoor sy vrou as eggenoot, die verantwoordelikheid van die man as vriend teenoor sy familie en vriende, die beperkte tyd tot die man se beskikking om die rolle binne en buite die huis te vervul, sekere eienskappe wat van die man as rolmodel verwag word: ’n hulpvaardige, ondersteunende en sensitiewe rolspeler, die man se belewing van homself as ’n onbetrokke gesinsmens as gevolg van werksomstandighede, die man se belewing van homself as ’n onbetrokke werker as gevolg van gesinsverwagtinge, die man se belewing daarvan dat hy nie genoegsaam deur sy gesin ondersteun word nie, en die man se belewing daarvan dat hy nie genoegsaam deur sy kollegas ondersteun word nie.

4.3.11 Verskillende sienswyses ten opsigte van die man se rol binne die gesin en die samelewing as oorsaak van interrolkonflik

Volgens die literatuur blyk dit dat die uiteenlopende sienswyses van die samelewing en die gesin ten opsigte van die verskeidenheid rolle van die man as oorsaak kan dien vir die belewing van interrolkonflik. Die volgende faktore wat aanleiding kan gee tot die belewing van interrolkonflik is geïdentifiseer (Good en Robertson 1996:44; Verwoerd 1996:83–93; Steyn en Botha 1998:60–1; Gallagher en Smith 1999:211–33; Jiang 2000:7; Steyn 2000:32–4; Davis 2003:138–43): daar word van die man verwag om geen emosies te toon nie, om altyd in beheer te wees, om geen hulp te verlang nie; ’n spesifieke godsdienstige sienswyse vereis dat die man alleen verantwoordelikheid moet aanvaar en min ruimte laat vir effektiewe rolverdeling; ’n sienswyse heers dat sekere rolle in die samelewing wat in die verlede slegs vir die man gereserveer was, nou ook deur die vrou vervul kan word; en laastens beleef die man dat sy meer prominente en beklemtoonde rol binne die gesin ’n verswakte rol buite die huis tot gevolg het.

4.3.12 Ekonomiese druk as oorsaak van interrolkonflik

Uit die literatuur is die volgende faktore wat aanleiding daartoe kan gee dat die man interrolkonflik beleef, geïdentifiseer (Mackler 2001:28–32; Nordenmark 2002:21; Davis 2003:138–43; Khumalo 2004:59): die druk wat die man ervaar as gevolg van sy eie sienswyse ten opsigte van sy rol as genereerder van inkomste en die sienswyse van die man ten opsigte van sy selfbeeld dat die samelewing hom slegs as ’n medegenereerder van inkomste sien.

Vervolgens gaan die empiriese ondersoek aandag geniet.

 

5. Empiriese ondersoek

5.1 Navorsingsontwerp

5.1.1 Empiriese ondersoek

’n Kwantitatiewe navorsingsmetode is gevolg en die vraelys is as meetinstrument gebruik. Die respondente is versoek om op grond van die 4-punt-Likert-skaal op die vrae te reageer. Die doel van die empiriese ondersoek was om vas te stel in welke mate die getroude manlike onderwyser rolkonflik ervaar binne sy gesin as vader en eggenoot en binne sy beroep as professionele onderwyser.

5.1.2 Struktuur van die vraelys

Die vraelys het uit vyf afdelings bestaan: Afdeling A om die algemene inligting van die respondente verkry; Afdeling B om die mate van intrarolkonflik binne die gesin te bepaal; Afdeling C om die mate van intrarolkonflik binne sy professie te bepaal; Afdeling D om die mate van interrolkonflik binne die gesin en die werk te bepaal; Afdeling E, waar ’n oop vraag gestel is om enige ander oorsake vir die belewing van rolkonflik te bepaal.

5.1.3 Loodsondersoek

Die konsepvraelys is aan getroude onderwysers in twee (n=2) skole in die Potchefstroom-distrik gestuur ten einde te bepaal of die vraelys aan die nodige verwagtinge en vereistes voldoen. Hierdie skole en respondente was nie deel van die studiepopulasie nie. Die nodige veranderinge is aangebring nadat die vraelyste terugontvang is.

5.1.4 Studiepopulasie

In hierdie studie is gebruik gemaak van respondente uit die populasie van die Dr Kenneth Kaunda-distrik van die Noordwes Onderwysdepartement in primêre skole in die Klerksdorp-streek wat geredelik beskikbaar was.

Op grond van bogenoemde was die studiepopulasie dan alle getroude onderwysers (posvlak 1 en 2) in primêre skole in die Klerksdorp-streek. Dit het tot gevolg gehad dat slegs 71 (n=71) van die 74 skole (n=74) gebruik is, aangesien die 71 skole almal getroude onderwysers (posvlak 1 en 2) as personeellede gehad het. Die aantal respondente in die betrokke skole was 161 (n=161). By die ander drie skole was daar geen getroude manlike onderwysers nie.

5.2 Etiese aspekte en administratiewe prosedure

’n Skrywe is aan die direkteur-generaal van die Noordwes Onderwysdepartement gestuur om toestemming te verkry dat hierdie vraelyste na die geïdentifiseerde skole gestuur mag word. Die nodige etiese klaring is van die Noordwes-Universiteit se etiekkomitee verkry. Die vertroulike hantering van die vraelyste, asook die anonimiteit van die respondente is verseker. Die vrywillige deelname van die respondente is ook onder hulle aandag gebring. Omdat die respondente volwasse manlike onderwysers was, het dit geïmpliseer dat die studiepopulasie ’n lae-risiko-populasie was.

Die statistiese tegnieke wat in hierdie navorsing gebruik is, gaan vervolgens bespreek word.

5.3 Statistiese tegnieke

5.3.1 Beskrywende statistiek

Die SAS-program (SAS Institute Inc. 1999) is gebruik.

Frekwensies en persentasies is bereken deur middel van die “FREQ-procedure” van die SAS-program.

5.3.2 Betroubaarheid van die meetinstrument

Die betroubaarheid van die meetinstrument word gemeet deur die Cronbach Alpha-koëffisiënt (SAS Institute In. 1999). Volgens die verwerkte data is die geïnterpreteerde faktore groter as 0,70 en verklaar dus dat dit ’n betroubare meetinstrument is.

5.3.3 Die praktiese betekenisvolheid

Cohen (1988) gee riglyne vir die interpretasie van effekgroottes en word soos volg toegepas vir die doel van hierdie studie:

Klein effek: d=0,2 (*), wat daarop dui dat groepe nie in die praktyk verskil nie.

Mediumeffek: d=0,5 (**), wat daarop dui dat groepe moontlik in die praktyk verskil.

Groot effek: d=0,8 (***), wat daarop dui dat groepe wel in die praktyk verskil.

5.4 Interpretering van die data

Die volgende afdelings is onderskei in die interpretering van die data: ’n oorsig ten opsigte van die algemene inligting oor die respondente (biografiese en demografiese gegewens); ’n oorsig ten opsigte van die belewing van rolkonflik binne die gesin; ’n oorsig ten opsigte van die belewing van rolkonflik by die werk; ’n oorsig ten opsigte van die belewing van rolkonflik by die werk en die gesin; resultate van die Cronbach Alpha-koëffisiënt; en laastens ’n ontleding van die praktiese betekenisvolheid van response ten opsigte van die volgende faktore: ondervinding, ras, grootte van die skool, afstand na die skool, ouderdomme van die respondente en die aantal kinders van die respondente.

5.4.1 Biografiese en demografiese gegewens

Die doel met die vrae was om algemene inligting rakende die respondente te verkry. Daar is ook in die literatuur waargeneem dat ’n verband tussen sekere van die algemene inligting en die oorsake van rolkonflik bestaan. Die profiel van die studiepopulasie ten opsigte van algemene inligting was soos volg: 60% van die respondente is ouer as 40 jaar, 52% het meer as vier jaar ondervinding, 77% is gekleurd, 65% het twee of meer kinders, 70% is werksaam in skole wat meer as 600 leerders bevat, en 68% reis minder as 10 km na die skool.

5.4.2 Rolkonflik in die gesin

Die doel met die vrae was om te bepaal in watter mate sekere faktore bydra tot die belewing van rolkonflik by die man of vader in die gesin. Uit die response wat verkry is, blyk dit dat sekere faktore in ’n redelike tot ernstige mate bydra tot die belewing van rolkonflik. Slegs die faktore (ses) wat in laasgenoemde kategorie val, gaan vervolgens genoem word, en nie faktore wat geensins of in ’n geringe mate tot rolkonflik bydra nie. Elk van die bevindinge in die faktore is ook in die literatuur waargeneem en bevestig: om by gesinsaktiwiteite betrokke te wees (gemiddeld 2,76, rangorde 1, faktor 12), in die belewing van ’n vinnige lewenstempo (gemiddeld 2,68, rangorde 2, faktor 16), die belewing van werksdruk op die rol as eggenoot (gemiddeld 2,68, rangorde 3, faktor 15), om die verantwoordelikheid van ’n eggenoot na te kom (gemiddeld 2,56, rangorde 4, faktor 14), om as versorger van die gesin op te tree (gemiddeld 2,56, rangorde 5, faktor 11) en die verdeling van verantwoordelikhede tussen man en vrou (gemiddeld 2,48, rangorde 6, faktor 13).

5.4.3 Rolkonflik by die werk

Die doel met die vrae was om te bepaal watter faktore in die werksituasie aanleiding gee tot die man se belewing van rolkonflik. Daar is vier uit die 19 faktore wat ’n gemiddelde respons van 3,11 en meer op die 4-punt-skaal opgelewer het. Daarna word ook van die ander 15 faktore wat ’n gemiddeld van tussen 2,08 en 2,86 opgelewer het, melding gemaak. In die literatuur is ook bevestig dat die volgende faktore ’n bydraende faktor tot die belewing van rolkonflik is: wanneer onbetrokke kollegas ’n negatiewe invloed op gebeure in die skool het (gemiddeld 3,24, rangorde 1, faktor 35), wanneer outokraties opgetree word (gemiddeld 3,13, rangorde 2, faktor 31), wanneer kollegas nie trots op hul skool is nie (gemiddeld 3,12, rangorde 3, faktor 34), en wanneer kollegas mekaar nie ondersteun nie (gemiddeld 3,0, rangorde 4, faktor 33).

Alle faktore bo 3,0 is reeds in besonderhede bespreek. Dit beteken egter nie dat die ander faktore nie rolkonflik tot gevolg het nie. In ag genome dat die laagste rangorde ’n gemiddelde respons van 2,08 opgelewer het en voorafgegaan is deur rangordes wat tot by ’n gemiddeld van 2,86 gestrek het, blyk dit dat die respondente steeds rolkonflik ervaar het as gevolg van hierdie faktore. By verdere ontleding van die data is bevind dat 50% van die respondente by 10 van die 15 faktore ’n redelike tot ernstige mate van rolkonflik ervaar het. Volgens laasgenoemde gegewens kan afgelei word dat hierdie faktore beslis nie buite rekening gelaat kan word nie.

5.4.4 Rolkonflik by die werk en die gesin

Die doel van hierdie afdeling was om vas te stel in welke mate die getroude onderwyser interrolkonflik ervaar, met ander woorde binne sy werk en gesin. Uit die 10 geïdentifiseerde faktore word daar aandag gegee aan slegs die faktore met ’n gemiddelde respons van tussen 2,47 en 2,75. Die volgende faktore as bydraend tot die belewing van rolkonflik is ook so in die literatuur bevestig: onbetrokke by gesinsaktiwiteite as gevolg van werksverpligtinge (gemiddeld 2,75, rangorde 1, faktor 38); kry nie genoegsame ondersteuning by die werk sowel as die gesin nie (2,70, rangorde 2, faktor 39); die gesin en kollegas is van mening dat die man nie hulp nodig het nie (gemiddeld 2,56, rangorde 3, faktor 42); die beskikbare tyd om pligte by die huis en die werk na behore na te kom (gemiddeld 2,50, rangorde 4, faktor 37); gesinsbetrokkenheid wat buitenshuise aktiwiteite beïnvloed (gemiddeld 2,48, rangorde 5, faktor 44); om altyd in beheer te wees (gemiddeld 2,47, rangorde 6, faktor 41); en laastens is die man van mening dat hy die hoofbron van inkomste moet wees (gemiddeld 2,47, rangorde 7, faktor 45).

5.4.5 Interpretering van data ten opsigte van die oop afdeling/vrae

Die doel van hierdie afdeling (Afdeling E) was om die geleentheid aan die respondente te bied om faktore wat ’n bydrae lewer tot die belewing van rolkonflik wat nie in die vraelys voorgekom het nie, by te voeg. Die faktore wat deur 30 (n=30) van die respondente bygevoeg is, het die faktore wat in die vraelys voorgekom het, wel ondersteun, maar kan nie as nuwe faktore beskou word nie.

5.5 Die prakties betekenisvolle verskille ten opsigte van biografiese data

Die doel van hierdie ontleding was om vas te stel in welke mate daar ’n verband bestaan tussen die biografiese data van die studiepopulasie en die faktore onderliggend aan die drie afdelings waar rolkonflik by die respondente kan ontstaan. Hierdie drie kategorieë/afdelings van konflik (by die huis, werk, tussen huis en werk) word vervolgens in verband gebring met ses faktore binne die biografiese data.

5.5.1 Ouderdom (item 1)

Daar is geen prakties betekenisvolle effekgrootte verkry nie. Daar word afgelei dat daar in die praktyk nie ’n verskil bestaan tussen die ouderdomsgroepe wat betref hul belewing van rolkonflik nie.

5.5.2 Die aantal jare ondervinding (item 4)

Vir die doel van die verwerking van die data is die aantal jare ondervinding onderskeidelik in die twee posvlakke nie werklik ter sprake nie, maar wel oor die totale jare ondervinding van die studiepopulasie. ’n Onderskeid is dus getref tussen nul tot drie jaar, en vier en meer jare ondervinding.

  • Gesagsgrense wat optrede bepaal (rangorde 1, faktor 21)

Die effekgrootte van aantal jare ondervinding is 0,65. Volgens hierdie effekgrootte bestaan daar ’n mediumeffek wat dui op ’n prakties betekenisvolle verband tussen die aantal jare ondervinding en die feit dat gesagsgrense die optrede van die respondente bepaal. By die verwerking van die data is afgelei dat respondente wat in die vier-en-meer-jare-ondervinding-kategorie pas, meer rolkonflik ervaar as ander respondente as gevolg van gesagsgrense wat gestel word.

  • Dames wat in bevorderingsposte aangestel word (rangorde 2, faktor 17)

Volgens die effekgrootte (0,52) is bogenoemde oorsaak ook geïdentifiseer as ’n mediumeffek, wat dui op praktiese betekenisvolheid. By die verwerking van laasgenoemde data blyk dit dat respondente wat in die vier-en-meer-jare-­kategorie val, meer rolkonflik ervaar as die ander respondente as gevolg van die aanstelling van dames in bevorderingsposte.

5.5.3. Die aantal kinders in die gesin (item 5)

Die response is in twee kategorieë ingedeel, naamlik geen kinders in die gesin nie en kinders in die gesin. Die rede vir laasgenoemde verdeling was dat geoordeel is dat konflik deur kinders in die gesin verhoog kan word en dit nie noodwendig afhanklik is van die aantal kinders in die gesin nie. Uit bogenoemde data blyk dit dat by hierdie afdeling ’n gemiddelde effekgrootte van 0,8 (0,79) verkry is. Dit ’n groot prakties betekenisvolle effekgrootte verkry is en dat daar dus in die praktyk betekenisvolle verskille bestaan by respondente wat rolkonflik by die werk ervaar en die feit of daar kinders in die gesin is of nie. By die verwerking van die data is bevind dat respondente wat kinders het, meer rolkonflik by die werk ervaar, terwyl respondente wat nie kinders het nie, minder rolkonflik ervaar.

5.5.4 Ras (item 7)

Tydens die verwerking van die data blyk dit dat by afdeling B (0,68) en afdeling D (0,54) ’n medium effekgrootte verkry is, wat kan dui op betekenisvolle verskille in die praktyk. Die gemiddelde response wat in afdeling B verkry is, dui daarop dat die gekleurde respondente (2,76 uit 4) meer rolkonflik beleef in vergelyking met die wit respondente (2,19 uit 4) as gevolg van faktore wat ’n rol speel by die belewing van rolkonflik binne die gesin. In afdeling D word waargeneem dat die gekleurde respondente ’n gemiddelde respons van 2,54 op ’n skaal van 4 verkry het. Die wit respondente se gemiddelde respons was 2,18 uit 4, wat daarop dui dat hulle minder rolkonflik beleef as die gekleurde respondente as gevolg van faktore wat ’n rol by die werk en gesin speel. Uit bogenoemde data blyk dit dat die gekleurde respondente meer rolkonflik as die wit respondente beleef het as gevolg van die bespreekte faktore. ’n Moontlike rede hiervoor kan die verskil in tradisionele en kulturele agtergrond wees.

5.5.5 Die aantal leerders in die skool (item 8)

Die inligting is in twee kategorieë verdeel, naamlik skole met 600 leerders en meer en skole met 599 leerders en minder. Die rede vir die verdeling is dat laerskole met meer as 600 leerders as groot skole in die praktyk beskou word en skole met minder as 600 as kleiner skole. Die data dui daarop dat daar geen betekenisvolle effekgrootte verkry is nie en daar dus geen betekenisvolle verband tussen die aantal leerders in ’n skool en die belewing van rolkonflik bestaan nie.

5.5.6 Die afstand tussen die tuiste en die skool (item 10)

Die inligting is in twee kategorieë verdeel, naamlik 0 tot 10 km, en 11 km en verder. Die rede vir hierdie verdeling was dat die meeste response maklik in hierdie twee afdelings verdeel kon word. Uit die data is geen betekenisvolle effekgrootte verkry nie, en dit blyk dat daar in die praktyk geen betekenisvolle verband bestaan tussen die afstand wat na die skool gereis moet word en die belewing van rolkonflik nie.

5.5.7 Gevolgtrekking

Uit bostaande bespreking van die data blyk dit dat daar wel ’n prakties betekenisvolle verband tussen sekere faktore in die biografiese eienskappe van die respondente en faktore in die drie afdelings/kategorieë van die response bestaan. Dit beteken dus dat daar ’n verband bestaan tussen hierdie eienskappe van die respondente en sekere faktore (by die werk, binne die gesin en by die werk en gesin) wat aanleiding gee tot rolkonflik. Hierdie eienskappe van die respondente sluit die volgende in: aantal jare ondervinding, kinders in die gesin en die respondente se ras.

Die bevindinge wat uit hierdie navorsing voortgespruit het, gaan in die volgende paragraaf uiteengesit word.

 

6. Bevindinge

Die bevindinge met betrekking tot die drie navorsingsdoelwitte, naamlik: die aard en rol van die getroude onderwyser binne die samelewing, faktore wat ’n rol speel by rolkonflik by die getroude onderwyser en laastens die mate waarin rolkonflik ervaar word, word kortliks bespreek.

6.1 Bevindinge met betrekking tot navorsingsdoelwit 1

Die eerste doelwit was om die aard van die rol van die getroude onderwyser binne die samelewing te bepaal en die volgende is bevind: dat die getroude onderwyser ’n verskeidenheid rolle vervul; dat voldoende wetlike regulering bestaan wat die rol van die man stipuleer en beskerm; dat daar steeds van die man verwag word om ’n verskeidenheid rolle te vervul sowel binne werkverband as in die samelewing; dat vanweë stygende lewenskoste die man nie meer die enigste of hoofbroodwinner in die gesin is nie, maar wel ’n medegenereerder van inkomste; en laastens dat die rol van die getroude man binne gesinsverband ook verander en dat hy nou ook ’n huisrol het wat die nakoming van sekere pligte insluit; die man en vrou het nou komplementêre rolle.

6.2 Bevindinge met betrekking tot navorsingsdoelwit 2

Die tweede doelwit was om die faktore wat ’n rol speel by rolkonflik by die getroude onderwyser te bepaal en die volgende is bevind: dat die getroude onderwyser vanweë ’n verskeidenheid faktore intra­rolkonflik beleef, dit wil sê binne sy rol in die gesin/huis en sy rol binne werkverband; dat die man nou op gelyke voet met die vroulike kollegas moet meeding op verskillende terreine, soos bevordering; dat daar tans nie voldoende riglyne is vir die getroude onderwyser ten opsigte van ’n duidelike loopbaan en loopbaanbeplanning nie; dat faktore soos die gebrek aan interessantheid van die werk, erkenning, verbetering van vaardighede, die belewing van werk as nie vervullend nie, werklading en die organisasieklimaat in die skool aanleiding gee tot rolkonflik; dat die man rolkonflik ervaar in die versoening en volvoering van sy pligte (dubbele rol) by sowel die huis as die werk; en laastens dat die sienswyse van sowel die gesinslede as die samelewing verandering ondergaan het ten opsigte van die rol van die man binne en buite die huis/gesin. Hierdie veranderende sienswyse plaas druk op die man om sy pligte en verskillende rolle na te kom, wat tot rolkonflik lei.

6.3 Bevindinge met betrekking tot navorsingsdoelwit 3

Vanuit die empiriese ondersoek, naamlik om te bepaal tot watter mate rolkonflik ervaar word, is die volgende bevind:

6.3.1 lnterrolkonflik: binne die gesin

Al die faktore (ses) wat rolkonflik van ’n redelike tot ernstige mate veroorsaak, is binne die gesin geïdentifiseer: om by gesinsaktiwiteite betrokke te wees; die belewing van ’n vinnige lewenstempo; die belewing van werksdruk; om die verantwoordelikhede van ’n eggenoot na te kom; om as versorger van die gesin op te tree; en die verdeling van verantwoordelikhede tussen man en vrou.

6.3.2 lnterrolkonflik: binne die werk

Vier uit die 19 faktore wat rolkonflik van ’n redelike tot ernstige mate by die getroude onderwyser veroorsaak, is by die werk geïdentifiseer: wanneer onbetrokke kollegas ’n negatiewe invloed op gebeure in die skool het; outokratiese optrede; wanneer kollegas nie trots is op hul skool nie; en wanneer kollegas mekaar nie ondersteun nie.

6.3.3 lntrarolkonflik

Sewe uit die 10 faktore wat rolkonflik van ’n redelike tot ernstige mate by die respondente veroorsaak het, is binne die gesin en by die werk geïdentifiseer: om onbetrokke by gesinsaktiwiteite te wees as gevolg van werksverpligtinge; nie genoegsame ondersteuning nie by sowel die werk as die gesin; die gesin en kollegas wat van mening is dat die man nie hulp nodig het nie; gebrek aan tyd wanneer gesinsaktiwiteite die buitenshuise aktiwiteite beïnvloed; die sienswyse dat die man altyd in beheer moet wees; en die sienswyse dat die man die hoofbron van inkomste moet wees.

6.3.4 Praktiese betekenisvolheid van verbande (d-waarde) as gevolg van biografiese gegewens

Vanuit die ontledings van die praktiese betekenisvolheid het die volgende geblyk: respondente wat vier jaar en meer ondervinding het, beleef meer rolkonflik as jonger respondente as gevolg van die gesagsgrense wat optredes bepaal en die aanstelling van dames in bevorderingsposte; respondente wat kinders in die gesin het, beleef meer rolkonflik as respondente wat nie kinders het nie; onvoldoende werksbevrediging; afbrekende kritiek; kollegas wat nie trots is op hul skool nie en mekaar nie ondersteun nie; die wit respondente het meer rolkonflik as die gekleurde respondente ervaar as gevolg van die toepassing van regstellende aksie; die gekleurde respondente het weer meer rolkonflik as die wit respondente ervaar as gevolg van die volgende faktore: om by gesinsaktiwiteite betrokke te wees en om verantwoordelikhede as eggenoot na te kom; die verdeling van verantwoordelikhede tussen man en vrou; om as versorger van die gesin op te tree; die sienswyse dat die man nie hulp nodig het nie; balansering van gesins- en buitenshuise betrokkenheid; wanneer gesagsgrense optrede bepaal; dat die man meen dat hy die hoofbron van inkomste moet wees.

Die aanbevelings wat uit hierdie navorsing voortgespruit het, word vervolgens bespreek.

 

7. Aanbevelings

Daar is vyf aanbevelings wat uit die studie te maak is:

7.1 Aanbeveling ten opsigte van ouers, onderwysers, kinders en leerders

Dat ouers en onderwysers kinders en leerders sal opvoed ten einde sowel hul toekomstige rolle in die huis/gesin as die werk na behore te vervul. Motivering: ’n Groot verskeidenheid rolle bestaan wat die man binne die gesin moet vervul. Rolkonflik word veroorsaak weens die feit dat die sienswyses van die samelewing en die gesin nie ooreenstem ten opsigte van hoe die man hierdie rolle moet vervul nie.

7.2 Aanbeveling ten opsigte van persone in gesagsposisies

Dat persone in gesagsposisies opleiding moet ontvang oor hoe om met begrip op te tree teenoor onderwysers wat meer as een rol moet vervul en dan meer spesifiek die huisrol as eggenoot en pa. Motivering: Negatiewe en outokratiese optrede deur persone in gesagsposisies en onderwysers ontlok rolkonflik by die getroude onderwyser. Hierdie neiging breek die organisasieklimaat by die skool af en het rolkonflik tot gevolg. Daar is ook nie begrip daarvoor dat die manlike onderwyser ook ’n rol by die gesin/huis moet vervul nie. By tyds- en taakbeplanning moet ook vir nakoming van hierdie rol voorsiening gemaak word.

7.3 Aanbeveling ten opsigte van die skoolhoof

Verdere navorsing behoort onderneem te word oor die taak van die skoolhoof ten opsigte van sy taak by die loopbaanbeplanning en -ontwikkeling van spesifiek die getroude onderwyser. Motivering: Uit aanbeveling 2 blyk dit duidelik dat indien opleiding aan skoolhoofde gegee wil word ten opsigte van hulle professionele taak en spesifiek oor die hantering van manlike onderwysers, daar ’n bestuurstrategie opgestel moet word wat op deeglike navorsing gebaseer is.

7.4 Aanbeveling ten opsigte van die getroude manlike onderwyser

Duidelike riglyne moet aan getroude manlike onderwysers gegee word ten opsigte van die beplanning van hulle loopbane in die onderwys. Motivering: Onduidelikheid ten opsigte van loopbaanbeplanning ontlok rolkonflik by die getroude onderwyser en effektiewe leiding kan hierdie faktor van rolkonflik minimaliseer.

7.5 Aanbeveling vir verdere studie

Verdere studie behoort eerstens onderneem te word om te bepaal wat die psigologiese uitwerkings op die getroude onderwyser wat hierdie dubbele rol moet vervul, behels, en tweedens oor hoe hierdie uitwerkings geminimaliseer kan word. Motivering: Die werklike psigologiese uitwerking wat die vervulling van ’n dubbele rol op die getroude manlike onderwyser het, kan verreikende gevolge hê vir ’n samelewing en daarom sal dit belangrik wees om hierdie uitwerkings eerstens te identifiseer en tweedens te minimaliseer.

 

8. Slotopmerking

Die belewing van beide intrarolkonflik en interrolkonflik het ’n onvermydelike negatiewe uitwerking op die psigiese funksionering van die getroude manlike onderwyser, op sy funksionering as professionele onderwyser, op sy rol as vader en eggenoot, asook op die rol wat hy in die breë samelewing moet vervul. In die bespreekte literatuur is aangetoon dat die belewing van rolkonflik katastrofiese gevolge kan inhou vir die man binne die groot verskeidenheid rolle wat hy moet vervul en vir dit wat in hierdie rolle van hom verwag word. Tydens die belewing van intrarolkonflik bevind die getroude manlike onderwyser hom in ’n situasie waar hy rolkonflik binne homself ervaar wat veroorsaak word deur twee of meer botsende rolle of belange binne homself. Hierdie rolle is gewoonlik onversoenbaar en moet gelyktydig deur hom vervul word. Faktore wat ’n bydrae lewer tot die belewing van intrarolkonflik is die verskillende rolle wat die manlike onderwyser as vader, eggenoot en gesinshoof moet vervul. As professionele opvoeder is die belewing van rolkonflik binne sy professie nie uitgesluit nie, en diskriminasie teen sy geslag, rolverwarring en min werksbevrediging dien as bydraende faktore tot hierdie negatiewe belewing.

Rolkonflik ontstaan ook wanneer botsende belange binne die manlike opvoeder, sy gesin, die samelewing en sy professie bestaan. Die belewing van interrolkonflik het nie alleen nadelige gevolge vir die verhoudings waarbinne die man hom bevind nie, maar ook vir die suksesvolle vervulling van sy verskeidenheid rolle.

Die getroude manlike onderwyser beleef rolkonflik weens verskeie faktore. Oor die algemeen word hierdie rolkonflik beleef as gevolg van teenstrydige sienswyses van die samelewing, die gesin, kollegas by die werkplek en by die man self. Die verskeidenheid rolle wat die man binne sy gesin, by die werk en binne die samelewing moet vervul, raak soms oorweldigend en dit het rolkonflik tot gevolg. Faktore soos beperkte tyd en ekonomiese druk dra ook by tot die intensiteit van die belewing van hierdie rolkonflik. In die navorsing is bevind dat die getroude manlike onderwyser in die studiepopulasie oor die algemeen meer rolkonflik ervaar as wat in die media en navorsingsverslae gerapporteer word.

 

Bibliografie

Banda, M. en P.P. Mutambo. 2016. Sociological perspective of the role of the teacher in the 21st century. International Journal of Humanities, Social Sciences and Education, 3(1):162–75.

Beaty, T.A. 1995. Effects of parental absence on male adolescents’ peer relations and self-image. Adolescence, 30(120):873–80.

Blazina, C. 2004. Gender role conflict and the disidentification process. Journal of Men’s Studies, 12(2):151–60.

Bolger, N., A. De Longis, R.C. Kessler en E. Wethington. 1990. The microstructure of daily role-related stress in married couples. In Eckenrode en Gore (reds.) 1990.

Boundless Sociology. 2016. Role conflict. https://www.boundless.com (27 Julie 2016 geraadpleeg).

Bryson, V. 2000. Men and sex equality: What have they got to lose? Politics, 20(1):3–9.

Bybel. 1983. Die Bybel: nuwe vertaling. Kaapstad: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

Cohen, J. 1988. Statistical power analysis for behavioral sciences. 2de uitgawe. Hillsdale, NJ: Erlbaum.

Cohen, P., J. Johnson, S.A. Lewis en J.S. Brook. 1990. Single parenthood and employment: double jeopardy? In Eckenrode en Gore (reds.) 1990.

Conley, S. en S.A. Woosley. 2000. Teacher role stress, higher order needs and work outcomes. Journal of Educational Administration, 38(2):179–201.

Davis, S. 2003. As jy meer as hy verdien. Sarie, Mei, ble. 138–43.

Departement van Onderwys. Kyk Suid-Afrika.

Dhurup, M. en F.E. Mahomed. 2011. Role ambiguity, role conflict and work overload and their influence on job satisfaction of sports coaches in public schools in the Vaal Triangle, South Africa. African Journal for Physical Health Education, Recreation and Dance. 17(2):172–88.

Doyle, J.L. en S. Wells. 2000. LMS: The managerial climate and its effects on the interpersonal climate of the school. International Journal of Educational Management, 10(6):32–41.

Eckenrode, J. en S. Gore (reds.). 1990. Stress between work and family. New York: Plenum Press.

Eckman, E.W. 2004. Similarities and differences in role conflict, role commitment and job satisfaction for female and male high school principals. Educational Administration Quarterly, 40(3):366–84.

Edley, N. en M. Wetherell. 1995. Men in perspective, practice, power and identity. New York: Simon en Schuster.

Erasmus, B. 1998. Woman power: Aspects of working life in the late 1990s. Management Today, 14(5):25–9.

Gallagher, S.K. en C. Smith. 1999. Symbolic traditionalism and pragmatic egalitarianism: Contemporary evangelical, families and gender. Gender and Society, 13(2):211–33.

Gerdes L.C., C. Moore, R. Ochse en D. van Eck. 1998. Die ontwikkelde volwassene. Durban: Butterworth.

Gerstel, N. en S.K. Gallagher. 2001. Men’s caregiving: Gender and the contingent character of care. Gender and Society, 15(2):197–217

Good, G.E. en J.M. Robertson. 1996. The relation between masculine role conflict and psychological distress in male universities. Journal of Counseling en Development, 75(1):44–9.

Grondwet. Kyk Suid-Afrika.

Haeseler, M. 1996. The absent father, gender identity considerations for art therapists working with adolescent boys. Journal of the American Art Therapy Association, 13(4):275–81.

Hammer, L.B. en T.D. Grimsby. 1998. The conflicting demands of work, family and school. Journal of psychology, 132(2):220–7.

Herb, S. en H.S. Willoughby-Herb. 1998. A focus on fathers, the role of males in children’s literacy development. Knowledge quest, 26(4):44–9.

Hirsch, C. 1996. Understanding the influence of gender role identity on the assumption of family caregiving roles by men. International Journal of Aging and Human Development, 42(2):103–21.

Hooper, R.P. 2013. Role conflict experienced by teachers: Its relationship to stress and burnout. USA: Lulu.com.

Jackson, S. en D. Schuler. 2000. A meta-analysis of the relationship between role ambiguity, role conflict and job performance. Journal of management, 26(1):115–55.

Jiang, A. 2000. The conflict between male sand the role of contemporary female professionals. Chinese education and society, 33(6):7.

Johnson, J.D. en B.H. La France. 1998. The impact of formalization role conflict. Evaluation and the Health Professions, 21(1):27–51.

Khumalo, M.G. 2004. Role conflict experienced by married black woman educators. Ongepubliseerde MEd-verhandeling, Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus).

Lemon, J. 1995. Masculinity in crisis? Agenda, 11(24):61–71.

Lewenhak, S. 1992. The revaluation of women’s work. Londen: Earthscan Publications Limited.

Loscocco, K.A. 1997. Work–family linkages among self-employed women and men. Journal of vocational behaviour, 50(2):204–26.

Louw, D.A., D.M. van Eck en A.E. Louw. 1999. Menslike ontwikkeling. Pretoria: Kagiso.

Mackler, B. 2001. Fatherhood: A furtive search for reality. Psychology and Education: An Interdisciplinary Journal, 38(3–4):28–32

Mancus, D.S. 1992. Influence of male teachers on elementary school children’s stereotyping of teacher competence. Sex roles: a Journal of Research, 26(3-4):109–28.

Martin, G.E. en A. MacNeil. 2007. Define roles and resolve role conflict. OpenStax CNX. Houston: Creative Commons Attribution.

Mentz, P.J. 2002. Organizational climate in schools. In Van der Westhuizen (red.) 2002.

Murray, M. 1994. Die beweerde rolkonflik by die getroude onderwyseres. Ongepubliseerde MEd-verhandeling, Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus).

Nordenmark, M. 2002. Multiple roles-a resource or a burden: Is it possible for men and women to combine paid work with family life in a satisfactory way? Gender, work and organization, 9(2):21.

O'Driscoll, M.P. en T.A. Beehr. 2000. Moderating effects of perceived control and need for clarity on the relationship between role stressors and employee affective reactions. Journal of Social Psychology, 140(2):151–9.

Owens, R.G. 1991. Organizational behaviour in education. Englewood Cliffs, N.J.: Prentice Hall.

Plug, C., D.A. Louw en W.F. Meyer. 1997. Verklarende en vertalende Sielkunde-woordeboek. Johannesburg: Heineman.

Redelinghuys, N., L.J.S. Botes en M. de Wet. 1999. Role conflict among women employees: Fact or fiction. Society in transition, 30(1):54–68.

Renzetti, C.M. en D.J. Curran. 1995. Women, men and society. Boston, Mass.: Allyn en Bacon.

Sangster, N. 1990. It’s the nineties, so, blame it on dad. Prisma, 5(6):12–3.

SAS Institute Inc. 1999. SAS Online Doc, Version 8, Cary, N.C. www.sas.com (10 Januarie 2004 geraadpleeg).

Schwab, R.L, E.F. Iwanicki en D.A. Pierson. 1990. Assessing role conflict and role ambiguity, a cross validation study. Educational and Psychological Measurement, 43(2):587–93.

Steyn, H. 2000. Is daar iets soos ’n superman? Rooi rose, 58(1):32–4.

Steyn, L. en P. Botha. 1998. Cowboys may cry. Salut, 5(11):60–1.

Suid-Afrika. 1996. Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, soos aanvaar deur die grondwetlike byeenkoms op 8 Mei 1996 en soos voorgestel op 11 Oktober 1996.

Van der Westhuizen, P.C. 1996a. Onderwysbestuurstake. In Van der Westhuizen (red.)1996.

Van der Westhuizen, P.C. (red.). 1996b. Doeltreffende Onderwysbestuur. Pretoria: Kagiso.

Verwoerd, W. 1996. Tensions between my fatherhood and feminism. Agenda, 28:83–93.

Weiss, K.S. 1990. Bring work stress home. In Eckenrode en Gore (reds.) 1990.

Zamarripa, M.X., B.E. Wampold en E. Gregory. 2003. Male gender role conflict, depression and anxiety: Clarification and generalizability to women. Journal of Counseling Psychology, 50(3):333–6.

Zeitz, G. 1990. Age and work satisfaction in a government agency: A situational perspective. Human Relations, 43(5):419–38.

Zimbler, Y.N. en K. Ortlepp. 1996. The relationship between material employment status, material employment experience and children's scholastic achievement. South African Journal of Education, 16(1):9–15.

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Rolkonflik by getroude manlike onderwysers vroeg in die 21ste eeu appeared first on LitNet.

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Om te skryf

$
0
0

LitNet publiseer uittreksels uit pasverskene boeke, uitgegee deur uitgewers wat LitNet ondersteun. Dié lusmakers verskyn op LitNet as eerste slukkies.


Samestellers

Vertaal en saamgestel deur Adriaan Basson, Amanda de Lange, Anastasia de Vries, Antjie Krog, Bertie du Plessis, Bun Booyens, Dana Snyman, Danie van Niekerk, Elna van der Merwe, Erika de Beer, Francois Griebenow, Gerhard Lubbe, Gerrit Schaafsma, Gert van der Westhuizen, Hanlie Retief, Henriëtte Loubser, Jaydey Sass, Johan van Zyl, Johann de Lange, Johannes de Villiers, Kay Karriem, Koos Bekker, Maret Lesch, Marida Fitzpatrick, Marnus Hattingh, Nerisa Coetzee, Peter van Noord, Schalk Burger, Tim du Plessis en Yvonne Beyers.


Opsomming

Om te skryf
Uitgewer: Van Schaik

ISBN: 9780627029875

Kursusse in die skryfkuns word deesdae oral aangebied: by taaldepartemente aan universiteite, en ook deur skrywers self. Maar al wil jy hoe graag die fyner kunsies van skryf onder die knie kry, is dit nie altyd moontlik om een van hierdie kursusse by te woon nie. Nou is daar vir jou ’n gids as jy graag in Afrikaans wil skryf.

Hoe leer mens om te skryf? Deur oor die skouer van ambagsmense te loer. Bekende Afrikaanse skrywers en joernaliste het meegewerk aan die samestelling van hierdie skryfgids, gebaseer op Kane en Peters se klassieke werk, Writing prose. Die uittreksels word beskou as gesaghebbende voorbeelde van goeie skryfkuns, met vooraanstaande werke uit die Afrikaanse literatuur wat as basis dien om skrywers te inspireer. Die skryfstukke bestryk ’n hele spektrum van tekstipes:

  • Karaktersketse
  • Outobiografiese tekste
  • Vertellings
  • Beskrywings van plekke en dinge
  • Kommentaar oor idees en oortuigings
  • Oorredingstekste en verslae oor die kunste en media

’n Wye verskeidenheid stylaspekte word van naderby beskou. Ná elke stuk volg ’n aantal vrae wat jou prikkel om indringend te kyk na sake soos die moontlike leser en die doelwit van die teks, organisering, sinsgebruik, woordkeuse en ander aspekte wat in die teks na vore kom. Ten slotte word voorstelle vir jou eie skryfwerk gemaak aan die hand waarvan jy jou vaardigheid kan slyp. Die reeks uittreksels is saamgestel uit ’n verskeidenheid voorbeelde om belowende skrywers te steun in die ontwikkeling van hul eie, unieke skryfstyl.

Skaf Om te skryf aan en ontdek die vreugde van skryf in Afrikaans!


Uittreksel

Skryf van jouself

Skryfwerk, selfs jou inkopielys vir Pick n Pay, gaan meestal oor jouself. Slim waarnemers het lankal agtergekom wat woorde oor ’n mens verklap: Napoleon het glo eers ’n offisier se skryfwerk bekyk voor hy hom bevorder het. Elke soort prosa – of dit nou ’n rubriek, ’n sakebrief of ’n vertelling is – se vir ons iets oor die skrywer: kyk net na sy keuse van onderwerp, die diepte van sy kennis of die vaardigheid waarmee hy feite, menings of beskrywings slyp. Hoekom dan, as alle skryfwerk ’n element van “persoonlik” bevat, een hele hoofstuk wy aan Skryf oor jouself?

Omdat die mate waarin ’n skrywer hom- of haarself by die storie betrek, aansienlik wissel. In sommige skryfwerk is die “ek” volledig op die verhoog, in ander is die “ek” bra waserig soos ’n spook en in nog ander skuil daar ’n onsigbare “ek” tussen die gordyne.

Oppervlakkig gesien, is weinig “ek” sigbaar in ’n wetenskapartikel of hofverslag, want die skrywer se oënskynlike doelwit is om ’n stel feite of idees logies en doeltreffend weer te gee. Dié skryfwerk is gelaai met tegniese detail; die toonaard kom kleurloos voor, die taal noukeurig en gestroop van emosie; deursigtig, want die leser moet hom nie in woorde vasstaar nie, maar déúr hulle kyk om die onderwerp helder te sien.

(Maar loer gerus na die uittreksel uit prof. JC de Wet se handboek in Hoofstuk 69: jy kan minagting vir sy opponente in die akademikus se woorde ruik as jy maar net versigtig lees. Hier kruip die “ek” tussen die gordyne weg.)

Aan die ander kant kry mens persoonlike skryfwerk waarvan die onderwerp openlik die skrywer self is. Sulke prosa doen tipies informeel en familier aan, en die doel daarvan is nie net om die leser in te lig nie, maar ook te vermaak. Ernstige en diepsinnige stukke kan in hierdie opsig “persoonlik” wees, so ook komiese sketse; wat hierdie skryfwerk anders maak, is dat dit persoonlike gevoelens en waardes op die voorgrond voer. “Ek” word kwistig rondgegooi en die skrywer skep die indruk dat hy net met jou – ja, jou die leser – praat. Die struktuur is dikwels los, die toonaard eiesoortig en die taal kleurryk. Só ’n skrywer deins nie terug vir ’n individuele styl en woordgebruik nie.

Trouens, dié skryfwerk is dikwels ekshibisionisties: ’n konsert waarin die skrywer ’n spektakel van homself maak.

Álle stukke in hierdie afdeling plaas die persoonlike element voorop. Kyk mooi na die onderwerpe en tegnieke van elke stuk: miskien kan jy hulle in jou eie skryfwerk benut. Per slot van rekening is skryf oor jouself iets wat onervare outeurs dwarsdeur die geskiedenis dikwels eerste met sukses gedoen het. Kyk maar hoe sentraal “ek” staan in jongmense se musiek, hul poësie en in debuutromans – dus ’n goeie plek om te begin.

Hoe lyk die wereld van ’n jong vrou wat ’n duisend jaar gelede in Japan geleef het?

Hoe sien ’n sewentiende-eeuse adellike Fransman homself, en hoe lyk Jeanne Goosen deur haar ma se oë? Hoekom het Thoreau alleen in daai bos gaan bly? En wat beteken dit om ouer te word, terug te keer na ’n plek uit jou kindertyd, die aard van jou eie bewussyn te ondersoek?

Dís van die vrae waaraan skrywers in hierdie afdeling krap. Sommige van hulle praat direk en onmiddellik met jou. Ander staan as’t ware ’n tree terug, sodat jy hul tweeledige rol makliker kan raaksien: dié van onderwerp, en dan dié van skrywer, albei tesame op die verhoog. Dís waarom hierdie skryfwerk ons verras en boei. Wanneer jy oor jouself begin skryf, sal jy heel moontlik ontdek dat jy meer ingewikkeld is as wat jy gedog het.

Een manier – moontlik die beste – om te ontdek wie ons eintlik is, is om onsself aan ’n ander te probeer beskryf.

Die kussingboek

Sei Shōnagon was ’n hofdame van die Japannese keiserin sowat ’n duisend jaar gelede. Die dames en here van die hof was uitermate beskaafd en op seremonie gesteld. Hulle het versigtig fynheid van gedrag waargeneem en was lief daarvoor om hul sensitiwiteit vir gepoleerde vers en gesprek ten toon te stel.

Maar onder die selfbewuste opmerkings oor haar omgewing, voel ’n mens aan dat Sei Shōnagon ’n ongewone sensitiwiteit teenoor die lewe het. Haar reaksies op mense en die natuur het sy in ’n joernaal neergepen. Hierdie joernaal is ’n “kussingboek” genoem, want dis gebere binne ’n houtblok wat Japannese destyds as ’n kussing gebruik het.

Talle besonderhede van haar daaglikse lewe is natuurlik ver verwyderd van ons wereld. Ons ry nie in ossewaens of dra kimono’s nie. Nogtans kom baie dinge wat sy waarneem verbasend bekend voor. Sneeu val vandag nog in treffende patrone soos dit op haar dak geval het; wolke verander steeds van kleur soos hulle deur die lug sweef.

Dis welkom maar ook vreemd om ’n stem wat soos ons eie klink, deur die donkerte van ’n duisend jaar na ons toe aangesweef te hoor kom.

Oral in Die kussingboek kom kort lyste voor. Soos toe gebruiklik was, het Sei Shōnagon haar reaksies in sulke lyste opgeteken: “elegante dinge”, “skoon dinge”, “dinge wat jou in die verleentheid stel”, “plesierige dinge”, “dinge wat uit die lug val”, “dinge wat klein moet wees”, “dinge wat groot moet wees”. Ons het ’n klompie van hierdie lyste in twee omvattende kategorieë saamgestel: “Dinge waarvan ek hou” en “Dinge waarvan ek nie hou nie”.

Dinge waarvan ek hou

1 Ek hou van ’n wit kat met ’n swart rug.

2 Wanneer mens die rivier in helder maanlig oorsteek, hou ek daarvan om te kyk hoe die osse se pote in die water plas.

3 Sneeu. Hael. Ek hou nie van ysreën nie, maar wanneer dit gemeng is met suiwer wit sneeu, is dit baie mooi.

4 Sneeu lyk wonderlik wanneer dit op ’n sipresbasdak val.

5 Wanneer sneeu begin smelt of wanneer net ’n klein bietjie geval het, sif dit tussen die krake van die stene in, sodat die dak op sommige plekke swart is en suiwer wit op ander – die mooiste.

6 Ek hou van motreën en hael wanneer dit op ’n dak met dakplanke val. Ek hou ook van ryp op ’n dak met dakplanke, of in ’n tuin.

7 Ek hou van wit, pers en swart wolke, en reënwolke wanneer dit deur die wind aangedryf word. Dis wonderlik om te sien hoe donker wolke geleidelik na wit wolke verander wanneer dit skemer is. Ek glo dat dit in ’n Chinese gedig beskryf word wat iets sê oor “die tinte wat padgee rondom skemer”.

8 Dis roerend om ’n dun strepie wolk voor ’n helder maan te sien.

9 ’n Babamossie wat nader hop as jy soos ’n muis piep; of weer, wanneer mens sy bene met garing vasmaak en sy ouers insekte of wurms in sy bek stop – heerlik!

10 ’n Baba van so twee jaar oud wat vinnig kruip. Met sy skerp ogies sien hy ’n klein voorwerp en tel dit in sy mooi klein vingertjies op om vir ’n grootmens te wys.

11 ’n Kind wie se hare gesny is soos ’n non s’n [d.w.s. skouerlengte] wat iets ondersoek; die hare val oor sy oë, maar pleks van die hare uit sy gesig vee, kantel hy sy kop. Die mooi wit bandjies van sy broek-romp om sy nek geknoop – baie oulik.

12 Mens tel ’n pragtige baba op en hou hom ’n rukkie lank in jou arms; terwyl hy vertroetel word, klou hy aan jou nek vas en raak dan aan die slaap.

13 ’n Seuntjie van ongeveer agt jaar oud wat in sy kinderstem hardop uit ’n boek voorlees.

14 Mooi, wit kuikens wat nog nie al hul vere het nie en lyk asof hul klere te klein vir hulle is; al piepende volg hulle mens met hul lang bene, of hulle loop naby die moederhen.

15 ’n Erdekoppie. ’n Nuwe metaalbak.

16 ’n Biesiemat.

17 Die dans van lig op water wanneer mens dit in ’n houer gooi.

18 ’n Nuwe houtkis.

Dinge waarvan ek nie hou nie

19 ’n Rotnes.

20 Mense wat laat is om hul hande in die oggend te was.

21 Wit snot en kinders wat snuif terwyl hulle stap.

22 Die houers wat gebruik word vir olie.

23 Klein mossies.

24 Iemand wat lank nie bad nie, selfs al is die weer warm.

25 Alle verbleikte klere gee my ’n gevoel van onreinheid, veral dié wat glanserige kleure het.

26 ’n Man wat jy liefhet, word dronk en bly homself herhaal.

27 Om van iemand te praat sonder dat jy weet hulle kan hoor. Dit stel jou in die verleentheid, selfs al is dit ’n bediende of iemand anders wat heeltemal onbelangrik is.

28 Ouers wat glo dat hul lelike kind oulik is; hom vertroetel en dinge herhaal wat hy gesê het, terwyl hulle sy stem namaak.

29 ’n Man wat sy eie gedigte voordra (nie noodwendig goeies nie) en jou vertel van al die lof wat hulle ontvang het – erg ongemaklik.

30 Terwyl jy saans wakker lê, sê jy iets aan jou metgesel, maar hy hou eenvoudig aan slaap.

Vrae

Leser en doelwit

1. Dis onduidelik of Sei Shōnagon bedoel het dat haar Kussingboek ’n private joernaal moes wees en of dit gepubliseer moes word (nie soos ’n moderne boek nie, maar gesirkuleer tussen haar vriende aan die hof). Hoe ook al, dit is duidelik dat sy haarself wou uitdruk, so akkuraat as wat sy kon, oor wat sy alles gesien en gehoor het en hoe sy daaroor voel. Dink jy sy slaag hierin? Motiveer jou antwoord deur na spesifieke passasies te verwys.

2.Dink jy jy sou van hierdie vrou gehou het as jy haar geken het?

Organisering

3. Alhoewel lyste min probleme met organisasie bied, kan dit minder of meer gestruktureerd wees. Lyste kan volgens ’n beginsel soos chronologie of die toenemende (of afnemende) belang gerangskik word. Hierteenoor kan items ook losweg neergepen word soos die skrywer daaraan dink; slegs gebind deur vrye assosiasie.

Is Sei Shōnagon se lyste streng of losweg georganiseer? Verduidelik.

Sinne

4. ’n Gevaar in die samestelling van lyste soos “Dinge waarvan ek hou” is om eentonig te raak deur herhaaldelik te se “Ek hou van ... Ek hou van.” Kyk hoe Sei Shōnagon dit afwissel.

5. ’n Konstruksie soos ’n Seuntjie van ongeveer agt jaar oud wat in sy kinderstem hardop uit ’n boek voorlees (31–32) is ’n fragment*, want dit voldoen nie aan al die vereistes van ’n sin nie. In hierdie geval is daar geen hoofwerkwoord nie. Voorsien ’n hoofwerkwoord en wat ook nog benodig mag word om dié fragment in ’n volledige sin te omskep. Verbeter die verandering die passasie?

6. In sinskonstruksie word fragmente oor die algemeen as foutief beskou. Beskou jy die fragmente in hierdie passasie as ’n defek? Verduidelik.

7. Kyk na die konstruksie in reël 34, waar oor kuikens gese word al piepende volg hulle mens met hul lang bene. Die woord “piepende” is ’n deelwoord*. Die konsep kan langer en lomper gestel word as: “terwyl hulle piep, volg die kuikens mens met met hul lang bene”. Deelwoorde is dikwels ekonomies en kompak: die verband is duidelik en die sin hoef nie met ekstra woorde belaai te word nie. Vind nog ’n deelwoord in die teks wat effektief gebruik word.

8. Bestudeer die sinne in reël 6–9. Hierdie idees is in perfekte chronologiese (en logiese) volgorde georden: eerste kom die sneeu, daarna val dit in die krake van die dak, die patroon vorm en uiteindelik word dit gesien en die waarnemer reageer op die skoonheid van die beeld. Dis goeie sinskonstruksie – die organisering van idees volgens die vloei van die ondervinding wat beskryf word, of van die idee wat ontwikkel word. Wys nog ’n sin in die leesstuk uit wat soortgelyke aandag skenk aan die natuurlike vloei van idees of ondervinding.

9. Wat is die voordeel van die aandagstreep in reël 56? Wat impliseer dit?

Woordkeuse

10. Slaan die volgende woorde na: tinte (15), kantel (26).

11. Die sin in reël 7–9 bevat ’n goeie voorbeeld van ’n beeld*, dit wil se woorde wat tot een of meer sintuie spreek (sig, gehoor, ensovoorts). Tot hoeveel sintuie word hier gespreek? Hoeveel beelde is daar in die sinne in reël 21–23? Wys een of twee ander passasies uit wat treffende beelde bevat.

12. Hoekom is plas ’n goeie woord om te gebruik in reël 3? Wat bedoel die skrywer met die dans van lig op water (38)?

13.Wat presies is die verskil tussen Sneeu. Hael ... (4)? Dit is in skryfwerk belangrik om presiese woorde te vind om dinge te beskryf.

Om te leer

  1. Deelwoorde is ekonomies en kragtig.
  2. Wanneer dit moontlik is, stel die sin saam sodat jou woordorde die vloei van gedagtes of persepsies of aksies volg.
  3. Beelde gee skryfwerk skop.

Voorstelle vir jou eie skryfwerk

  1. Maak ’n lys van 10 dinge waarvan jy hou of nie hou nie. Moenie bekommerd wees oor die organisasie van die lys nie, behalwe vir die groepering van soortgelyke items.
  2. Fokus op die skep van presiese beelde met woorde wat lesers self laat sien en hoor. As jy hierin slaag, hoef jy nie “Ek hou van” te herhaal nie; jou beelde sal self die gevoel oordra. Skryf drie sulke beelde.

Verbeter jou styl

  1. Gebruik deelwoorde.
  2. Benut fragmente om jou sinstyl af te wissel.
  3. Vermy eentonige herhaling in jou sinne. Maak soms die sleutelbeeld die voorwerp van ’n uitdrukking soos “ek haat”; maak dit somtyds die onderwerp; en laat ander kere die beeld alleen die praatwerk doen.

The post Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Om te skryf appeared first on LitNet.

Role conflict in married male educators early in the 21st century

$
0
0

Abstract

The aim of this article is to determine to what extent married male teachers experience role conflict early in the 21st century. The need for the study arose as a result of the prevalent concerns with regard to the experience of role conflict, not only by male teachers, but also by female teachers. During an extensive literature review the observation was made that role conflict does occur within teachers (male and female). In the literature review it was also found that role conflict is experienced by all teachers on all job levels and with various years of teaching experience throughout the entire education sector. The extent of the experience of role conflict, however, differs. During the interpretation of a variety of laws, it has been observed that principles such as the implementation of democratic values in the appointment and role description of teachers, equal treatment of all (male and female teachers), correction of inequalities of the past (male and female teachers), and fair labour practices with regard to the appointment of teachers result in role conflict in married male teachers. The reality arising from the laws is that preference is given to female teachers with appointments in promotional positions. A further trend is that the woman assumes her rightful position as leader in the community and that she is seen as a respected and valuable source of income for the family. The latter two trends result in role conflict in the male teacher, as he is no longer seen as the sole respected leader (inside and outside the family) and provider for the needs of the family. The man still fulfils a variety of roles outside the home, including the following: he stands in a career with various roles posing challenges; he needs to develop his career; he needs to generate an income; and it is expected from him to fulfil various roles in the community and society. At home, the man also has to fulfil a variety of roles, including: he has to act as the head of the family; he is co-responsible for the physical, emotional and spiritual well-being of the family; he is also co-responsible for the socialisation of the family; and in some cases he has to act as a single parent of his family.

The experience of intra-role conflict by the married male teacher within his family means that he has to give up personal values to perform a specific job. Consequently, he experiences conflict, because of these conflicting and opposing forces. In the man’s role as father, husband and head of the family, in some cases he experiences that he needs to neglect the latter roles or even give them up in order to fulfil the role expectations of his employer and society. Furthermore, he also experiences intra-role conflict within his profession. The reasons for the latter include the following: discrimination against his gender, where the traditional role of the man as a figure of leadership in his profession is now being opposed by the appointment of women in positions of leadership; role confusion where vague and unclear guidelines for the role of the man are laid down; as a result of the restriction on the appointment of the man in a leadership position, less job satisfaction; and finally, the current organisational climate of the school’s also perhaps having a significant influence on the experience of intra-role conflict.

Inter-role conflict occurs when the man has to carry out his duties as a professional teacher simultaneously with his family responsibilities. The following causes of inter-role conflict were identified in the literature: firstly, events at work and at home, where the man has to act as a role model within the family and at work; where the man has to be involved at work and with his family at the same time, the limited support of his family and colleagues; secondly, the views of the family and society, in which the man is not allowed to show emotion, should always be in control and not require any assistance; and finally, economic pressure, as society, his family and his work environment expect him to meet all economic needs.

An empirical study was carried out in order to determine the extent of the experience of role conflict by the married male teacher. The structured questionnaire was used as a measuring instrument in this quantitative research methodology. The study population consisted of 21 primary schools in the Klerksdorp, Orkney, Stilfontein and Hartebeesfontein (KOSH) region. One hundred and sixty-one married male teachers participated in the study.

After the data had been analysed, the following was found:

The questionnaire may be declared reliable with a Cronbach Alpha value of 0,70. Role conflict within the family occurred due to the following: being involved in family activities, a high pace of living, the experience of work pressure on the role of spouse, to meet the responsibilities of a husband, to act as caretaker of the family, and, finally, the division of responsibilities between the man and the woman. Role conflict at work occurred for the following reasons: uninvolved colleagues, autocratic behaviour of the school principal, colleagues not taking pride in their school, and colleagues not supporting one another. The following aspects that caused role conflict at work and at home, are as follows: non-involvement in family activities because of work commitments, inadequate support at work and at home, the view of colleagues and family members that the man does not need help, the time available to fulfil duties at home and at work properly, family involvement that affects activities away from home, always to be in control, and finally, that the man is of the opinion that he should be the main source of income. During the determination of the practical significance of this, the following emerged: practically no significant differences in the experience of role conflict were found because of differences in the age of the respondents, the number of learners in the school, or the distance between home and school, and. It was, however, found that there are practically significant differences in the experience of role conflict depending on the number of years of experience, the number of children in the family, and race.

From the above findings, the following recommendations were made: (1) Parents and teachers should educate children and learners to fulfil their future roles properly in both the home/family and at work. (2) People in authority should be trained in how to act with understanding towards male teachers who have more than one role to fulfil, and, more specifically, the family role as husband and father. (3) Further research should be undertaken with regard to the role and involvement of the school principal in the career planning and development of specifically the married male teacher. (4) Clear guidelines should be given to married male teachers regarding the planning of their careers in education. (5) Further study should, firstly, be conducted in order to determine what the psychological implications of the married male teacher, who needs to fulfil this dual role, entail and secondly, how these implications can be minimised.

From the above it can be seen that the married male teacher, like the married female teacher, experiences role conflict as a result of a variety of factors. According to literature, this experience of role conflict has occurred for many years and according to the findings in this study, role conflict is still being experienced well into the early 21st century by married male teachers because of similar factors that previously occurred. Surely it can be argued, that it seriously hampers the standard of education in South Africa. The latter hypothesis, however, requires further research and evidence.

Keywords: educator; father; husband; male educator; married; professional; role; role conflict

Lees die volledige artikel in Afrikaans: Rolkonflik by getroude manlike onderwysers vroeg in die 21ste eeu

The post Role conflict in married male educators early in the 21st century appeared first on LitNet.

ATKV/UJ-meertaligheidsnaweek 2017: Leer ’n taal

$
0
0

Vanjaar vier die ATKV en die Universiteit van Johannesburg (UJ) se Skool vir Tale weer die rykdom van Suid-Afrika se meertaligheid op 19 en 20 Mei 2017. Die tema van vanjaar se vierde ATKV/UJ-meertaligheidsnaweek is Leer ʼn Taal, en taalliefhebbers gaan weer tydens die geleentheid die kans kry om deel te neem aan verskeie aktiwiteite in Aucklandpark en Soweto.

Vanjaar val die klem op die praktiese sy van meertaligheid danksy nuwe vennote, soos die Taaleenheid van UJ wat vanjaar vir die eerste keer betrokke is met hulle jaarlikse meertalige leeskompetisie. Die eenheid ondersteun die idee dat die aanleer van tale kulture verbind en meertaligheid bevorder, en op hierdie manier tale bewaar vir komende geslagte. Die Departement Afrikatale vorm vanjaar ook deel van die ATKV/UJ-meertaligheidsnaweek, en versterk daarmee die bevordering van Afrikatale tydens program.

Die ATKV en UJ wil die waarde van meertaligheid vier deur die geleentheid so meertalig as moontlik te hou. Een van die maniere waarop meertaligheid bevorder word, is deur die verskaffing van tolkdienste. Volgens Anne-Marie Beukes, waarnemende hoof van die Departement Linguistiek, maak simultane tolking dit moontlik dat mense intyds aan ’n gesprek in die taal van hulle keuse kan deelneem. “’n Vreemde taal hoef nie meer ’n struikeblok in goeie kommunikasie te wees nie.”

Die program is lekker volgepak met aktiwiteite vir leerders sowel as onderwysers. Op Vrydag 19 Mei van 09:00 tot 11:00 word die Talethon, ’n meertalige vasvrakompetisie, vir graad 9-leerders by die Universiteit van Johannesburg (UJ) se Kingsway-kampus gehou. Die doel van die kompetisie is om leerders vertroud te maak met meer as een taal (Afrikaans, Zoeloe en Noord-Sotho) en om ʼn liefde vir ons land se tale te help ontwikkel.

Soweto gaan op Saterdag 20 Mei op verskeie vlakke meertalig wees. Kinders en volwassenes van regoor Gauteng gaan in Protea Glen by Itemogele Primary bymekaar kom vir ’n pretdag wat ’n meertalige leeskompetisie vir leerders, danse en taalklasse gaan insluit. Lede van die publiek en taalliefhebbers sal die geleentheid kry om eerstehandse ervaring op te doen oor hoe Afrikaanse klasse in Soweto aangebied word. Die Afrikaans-in-Sowetoprojek is ’n gesamentlike projek van die ATKV en die Departement Afrikaans van UJ waar kinders en ook volwassenes op informele en prettige wyse Afrikaans aanleer. Dit gaan nie net oor die aanleer van Afrikaans nie, maar Afrikaanssprekendes kan ook op hierdie dag in Soweto die geleentheid kry om ʼn bietjie Tswana aan te leer.

UJ se Departement Afrikaans bied op hierdie Saterdag ook ’n werkswinkel vir Afrikaansonderwysers op die Sowetokampus van UJ aan. Volgens Donovan Lawrence is dit ’n unieke geleentheid vir onderwysers wat self Afrikaans as ’n tweede of derde taal praat om verder toegerus te word. Hierdie werkswinkel het in verlede al onderwysers toegerus met innoverende en verfrissende klaskamertegnieke, en vanjaar kan onderwysers weer inspirasie uit die werkswinkel put.

“Die meertaligheidsgeleentheid in samewerking met die Universiteit van Johannesburg se Skool vir Tale word vir die vierde keer aangebied en dit illustreer weer eens die ATKV se verbintenis tot nasiebou deur middel van meertaligheid,” sê Karien Brits, bestuurder: taal van die ATKV.

The post ATKV/UJ-meertaligheidsnaweek 2017: Leer ’n taal appeared first on LitNet.


Die ingewikkelde Karel Schoeman

$
0
0

 

  • Edward de Búrca is 'n Ierse bewonderaar van Karel Schoeman se skryfwerk.

Ek het altyd gedink Karel Schoeman sou ’n baie arrogante persoon wees. In ’n wêreld waar die ou norme en waardes ten gronde gaan (die goeies saam met die slegtes), het hy homself altyd apart van die res van die wêreld gehou (dalk sou voorbehou ’n meer gepaste uitdrukking wees). Die val van apartheid, die doelbewuste vernieling van die kultuurbande tussen Suid-Afrika en Europa, die begin van die era van die heerskappy van die meerderheid – aan al hierdie gebeurtenisse het hy blykbaar min deel gehad. Hy het sy gedagtes in andere bane laat verkeer.

Hierdie persoonlike apartheid het hy as ’n vlag gebruik, ’n vlag wat aankondig dat hy met ander (beter?) dinge besig is. Terwyl al die “ander” mense (sowel dié van Europese afkoms as dié van ander etniese agtergronde) met die gemeenplase van die lewe sukkel, sit hy en worstel met hoëre onderwerpe. Dit het my weliswaar soms geïrriteer. Sulke arrogansie, sulke hoogmoed! En ek is dalk nie die enigste nie. Mens dink aan André P Brink se resensie van Schoeman se outobiografiese werk, Die laaste Afrikaanse boek, waarin hy vergelykbare menings uitgedruk het.

Maar hierdie kritiek is, het ek leer insien, ten minste deels onverdiend.1 Want wat vir arrogansie aangesien word, sou miskien beter as ’n aversie vir die moderne wêreld beskryf kon word. Die harde buitelyne van ’n wêreld waar slegs op die noodsaaklike gelet word, waar mens meer vir gemak as vir die onnodige maar tog mooi plegtighede van vroeëre tye belangstelling voel, het op hom skynbaar geen aantrekkingskrag uitgeoefen nie.

Ja, al bogenoemde gebeurtenisse waartydens hy gelewe het (gebeurtenisse wat vir ’n buitelander soos vir my van enorme belangstelling was), het byna geen plek in sy werke teruggevind nie. Al vanaf die begin van sy loopbaan as skrywer het die fokus altyd op die innerlike lewe gelê en nie op eksterne gebeurtenisse nie. Schoeman het self op vroeë leeftyd besluit om monnik te word in Ierland. Die Ierland van toe (jare ’60) was ’n slaperige, stil plek. Die kerk was toe nog steeds die kern van die maatskappy, die oue gewoontes het nog enigsins voortgeduur. In Ierland kon hy rustig sy belangstelling in tale (Iers), in letterkunde (oa Oud-Ierse gedigte; sien Uit die Iers) en geestelikheid koester en voed. Uit ’n verre eiland, Afrika: ’n roman, ja selfs By fakkellig – dalk die mees polities-bewuste van sy vroeëre werke – het meestal oor die geestelike wêreld van die hoofkarakter gegaan.2 Hierdie hooffiguur was haas altyd iemand wat rumineer, wat diep oordink, wat verdiep in sy eie gedagtes deur die wêreld swerf; ’n ingewikkelde introspektiewe persoon en iemand wat tot in die kleinighede die wêreld om hom heen probeer beskryf. Die leser is geneig om te dink dat Schoeman in al hierdie karakters eintlik homself beskryf.

Dit lyk my waarskynlik dat Schoeman juis om hierdie rede sy verhale grotendeels in die verlede geplaas het. Want hy was self ’n ingewikkelde persoon, iemand met ’n buitengewone geesdrif vir die kleinighede van die lewe, die ingewikkelde reëls van verouderde sosiale plegtighede. Sy belangstelling in al hierdie verskynsels het hom byna verplig om sy karakters in historiese konteks te plaas. Want deur die geskiedenis noukeurig te verken en af te skilder het hy uiteindelik homself kon verken, die uithoeke van sy eie ingewikkelde persoonlikheid in kaart gebring en tewens só aan die onbarmhartige, alomvattende vlakheid van die moderne wêreld ontkom.

Die ongemak van ’n 19de-eeuse sosiale ontmoeting, ’n interaksie wat deesdae nouliks ’n paar glanslose oomblikke sou duur, het hy tot in die fynste besonderhede weergegee. Maar in al hierdie fiktiewe omgewings het Schoeman byna nooit sy eie mening bekend gemaak nie. Hy het bewus of onbewus as ’n suiwere optekenaar van die verlede gefungeer. Hy het sonder vrae historiese gebeure afgeskilder sonder om self ’n oordeel uit te spreek. Selfs in By fakkellig, waar ’n mens geneig sou kon wees om ’n direkte vergelyking te trek tussen die situasie in Ierland en dié in Suid-Afrika tydens apartheid, het hy die storie altyd na die innerlike lewe van die hoofpersoon teruggebring – dit was veral sy strewe, sy stryd waaruit die kern van die storie gevorm is.

En die ultieme bedoeling van al hierdie werk? Om deur middel van historiese fiksie by ’n egter, duideliker weergawe van die verlede uit te kom? Historiese fiksie as ’n middel om die leser in die verlede te plaas en hom dit te laat belewe sonder die behoefte om ’n lang lys van historiese feite te moet verwerk? Fiksie? Metafiksie? Één of almal van hierdie redes sou hier van toepassing kon wees. Maar soms is die egte antwoord nie so ingewikkeld nie. Van die mees suksesvolle skrywers skryf vir hulself. Miskien het Schoeman hierdie historiese wêreld eenvoudig self nodig gehad as ’n toevlug, ’n veilige plek waar hy homself kon wees, met dalk ook plek vir ander gelykgesinde lesers.

En die betekenis van sy werk vir Suid-Afrika? Vir fiksie in die algemeen? Was hy slegs nog ’n arrogante skrywer? Miskien. Maar dalk het die wêreld sulke skrywers, en sulke mense, nodig: mense wat die minder “nuttige” aspekte van die lewe bestudeer, opskryf, vir die ewigheid op papier sit; mense wat trots is op hulself omdat hul met hierdie dinge besig is en nie die gewone pad bewandel nie. Ja, in ’n wêreld waar mense steeds meer tyd deurbring om die lewe makliker te maak, het ons iemand nodig wat teen die stroom van die werklikheid swem; mense wat sê: “Ja maar, verloor ons nie dalk iets in hierdie maalstroom van modernisering nie?” Karel Schoeman was so iemand. Sy byna unieke bydrae het bestaan daarin dat hy die minder opvallende elemente van Westerse kultuur probeer behou het, en dit in ’n wêreld wat geen nut meer sien in sulke dinge nie. Sy uittrede het te vroeg gekom, sy stem, die stem van ’n vergane Suid-Afrika, sal nie meer lui nie.

Ar dheis Dé go raibh a anam.

1 Uit persoonlike kontak met hom kan ek getuig dat hy ’n uiters warme en vrygewige persoon was.

2 Ek beken, ek is ’n Ier …

The post Die ingewikkelde Karel Schoeman appeared first on LitNet.

Ink deur Ingrid Mennen, ’n resensie

$
0
0

Titel: Ink 
Skrywer: Ingrid Mennen
Illustreerder: Irene Berg
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624077947

Hierdie boek bied ongetwyfeld iets nuuts vir die klassifisering van prenteboeke. Buiten die postmodernistiese aard kan dit gebruik word om ’n leeskultuur by jong kinders te bevorder.

Ink is postmodernisties van aard omdat dit handel oor ’n boek binne ’n boek.

Dié boek is die skrywer Ingrid Mennen en haar dogter Irene Berg se tweede projek saam. Hul eerste kinderboek as span was Ben en die walvisse (2012). Ben en die walvisse het onder andere die MER-prys vir beste geïllustreerde boek in 2013 ontvang, asook die gesogte Tienie Holloway-medalje vir kinderliteratuur in 2015. Ink bou voort hierop en is nog ’n suksesvolle projek wat ’n kwaliteitboek opgelewer het.

Die illustrasies is pragtig en werk goed saam met die tema van koerante en die geskrewe medium. Daar is van gemengde mediums gebruik gemaak, wat bydra tot die skep van tekstuur. Dit maak die boek tasbaar vir die leser – die koerant lyk so werklik.

Die boek is ’n lekker grootte vir jonger lesers om te hanteer en is nie te groot of swaar nie.

Ink is ideaal vir kinders wat tussen voorlees en selflees staan en die teks is bevorderlik vir leerprosesse soos tel, spel en lees.

Die inleiding stel kinders bekend aan die formaat van meer gevorderde leesboeke met individuele hoofstukke. Die boek begin eenvoudig, met enkele woorde, en die sinne en paragrawe groei soos die boek vorder. Hierdie benadering bevorder die ontwikkeling van leesvaardighede, wat dit ideaal maak vir kinders wat leer lees en nog steeds kan baat by ’n ouer of volwassene se hulp.

Ink is só geskryf dat dit vir beide die kind en die volwasse voorleser ’n eiesoortige leeservaring kan bied. Die interessante element is die postmodernistiese aard van die teks wat die volwasse leser sal betrek. Daar word baie fyn met die stylverskynsels van postmodernisme gespeel.

Dit is Ink se treffendste eienskap, omdat teoretiese konsepte soos postmodernisme nie gewoonlik eksplisiet in prenteboeke gebruik word nie. In hierdie geval is dit baie effektief.

Maar eers ’n vlugtige oorsig van postmodernisme en wat die stylverskynsels daarvan behels.

Postmodernisme is ’n kunsbeweging wat gemoeid is met selfbewustheid. Hambidge gee ’n kompakte verduideliking van wat die postmodernisme behels; sy sê dit is:

’n kunsbeweging wat die grense van die kunsmedium ondersoek, (her)definieer en verironiseer. Die parodie is stellig die uiterste vorm van die postmodernisme, aangesien dit by uitstek die leser/kyker attent maak op beperkinge én vindingrykheid van ’n bepaalde stelling. (Hambidge 1995:9)

Hambidge wys op verskillende stylverskynsels wat as leidrade kan dien vir die leser om ’n teks as postmodernisties te klassifiseer. Hierdie stylverskynsels word dan funksioneel gebruik om met die leser se aandag “te speel”.

Eerstens word daar breedvoerige gebruik gemaak van intertekste. Sodoende word die leser as aktiewe rolspeler betrek. Die leser moet die verbindings tussen die verskillende tekste maak en betekenisse daarin raaksien. In Ink se geval sal die ingeligte leser sien dat Tinka ook ’n kopie van Ben en die walvisse besit. Ons sien ook dat sy vir Ink uit die bladsye van Die Burger knip.

Selfrepresentasie is sekerlik die duidelikste stylverskynsel. Die postmodernistiese teks maak die leser spesifiek bewus van ’n teks se tekstualiteit en dat die verhouding tussen fiksie en realiteit problematies is. Postmodernistiese tekste is daarom selfverwysend en verwys na hulself as teks en die teks as ’n verteenwoordiging van ’n enkele waarheid of werklikheid.

Ink bewerkstellig hierdie stylverskynsel baie duidelik en suksesvol. Eerstens is die titel, Ink, en die karakter Ink verbind tot woorde, teks en taal. Die feit dat Tinka besluit om haar afgetrekte maat Ink te noem en dat sy uit koerantpapier bestaan, onderstreep die selfverwysing van die boek as ’n teks. Wat tot die stylverskynsel van dekonstruksie lei.

Postmodernisme bevraagteken hiërargieë en ordes (Hambidge 1995:11). Hiermee saam word die grense van ordening bevraagteken deur vrae te vra, soos: Wie is die skrywer? Is Ingrid Mennen die skrywer of Tinka? En wie is dan die karakter? Hierdie tipe dekonstruksievrae word bevorder deur die genre-eienskappe van ’n prenteboek, waar daar baie min tot amper geen teks is om te ontleed nie. Die prente word dan deel van die teks.

Die grense tussen die werklikheid en die fiktiwiteit van die boek word dus bevraagteken.  

Die gesag van die skrywer word ook in twyfel getrek en vorm die middelpunt van die boek. Soos reeds gevra: Is Tinka of Ingrid Mennen die skrywer? Want Tinka lees aan die einde ook ’n boek getiteld Ink. Hierdie aspek wys ook terug na die selfverwysing van ’n postmodernistiese teks asook waar die grense tussen werklikheid en fiktiwiteit lê.

Laastens is die postmodernisme se gunsteling-stylverskynsel die parodie. ’n Parodie is die gebruik van ’n bestaande teks waarop iemand anders grappige ironiese kommentaar lewer. Die populêre gebruik van “meme’s” op die internet is ’n goeie eietydse voorbeeld, want ’n eenvoudige foto of grafika word uit die oorspronklike konteks gehaal en daar word kritiek of kommentaar daarop gelewer binne die raamwerk van ’n nuwe konteks.

Tinka gebruik koerantpapier om vir Ink te maak en sy neem vir Ink oral saam – sy is selfs ’n gas tydens aandete. Volgens Tinka is haar nuwe maat werklik. Tinka meld ook dat Ink nie mag nat word nie, al is sy vuil. Ten einde word Ink ’n boek, dalk dieselfde boek wat die leser lees. En waar laat dit die grense van werklikheid teen oor fiktiwiteit? Is Ink dan nie werklik omdat sy ’n boek word nie?

Hierdie postmodernistiese stylverskynsels funksioneer baie goed binne die raamwerk van ’n kinderboek, omdat dit verbeeldingsvlugte aanwakker, maar ook in ’n werklikheid grond – die werklikheid van die boek, maar ook die fiktiwiteit.

Ten slotte is Ink nie net ’n oppervlakkige prenteboek nie, maar ontgin die gebruik van postmodernistiese stylverskynsels suksesvol. Hierdie boek is beslis geskik om ’n leeskultuur tuis te skep, wat dit die ideale geskenk maak vir kinders wat hierdie jaar “grootskool” toe gaan en leer om te lees.

 

Bibliografie

Hambidge, J 1995. Postmodernisme, Pretoria: JP van der Walt

 

The post Ink deur Ingrid Mennen, ’n resensie appeared first on LitNet.

Karel Schoeman: ’n huldeblyk deur Hennie van Coller

$
0
0

Hennie van Coller en Promised land, ’n 2002-film wat op Na die Geliefde Land geskoei is.

Toe ek gevra is om iets oor die pas gestorwe Karel Schoeman te skryf, was ek reeds in Gent, toevallig besig om ’n oorsig te lees van die oeuvre van Hugo Claus. Die Vlaamse Claus, gebore in Brugge – iets meer as ’n hanetree van Gent – was ’n groot skrywer, soos Schoeman trouens ook; dit staan vas. Geen wonder nie dat albei gesien is as potensiële Nobelpryskandidate. Maar presies waarin hul grootheid lê, is iets waaroor al eindeloos verskil is.

Anders as Claus, wat verskeie genres beoefen het, was Schoeman (naas enkele dramatekste) by uitstek prosaskrywer. En, anders as Claus, ook skynbaar nie ’n eksperimentele skrywer nie. Baie kritici het Schoeman se werk in verband gebring met die 19de-eeuse roman en kritiek op sy styl het ook nie uitgebly nie. Die trae gang en minutieuse beskrywings is al as “literêre hekelwerk” bestempel en selfs as vervelend. Kritici het hulle soms bekla oor Schoeman se geneigdheid om stereotiepe voorstellings te gee van onder meer vroue, predikante, huweliksverhoudings en dergelike. En op ’n bepaalde tydstip is hy ook geroskam oor sy gebrek aan (opvallende) politieke betrokkenheid.1

Die skyn bedrieg. Schoeman was nog altyd ’n skrywer wie se werk aansluit by die Afrikaanse prosatradisie, maar wat dan bakens versit deur sy radikale uitholling van die tradisie. Dit geld byvoorbeeld die plaasroman – ’n sentrale subgenre, veral in die eerste dekades van die 20ste eeu, maar ook onder andere die peregrinasie-verhaal (soos koloniale reisbeskrywings). En sy werk was van meet af aan (polities) betrokke. Ook by die eietydse aktualiteit, al is dit byvoorbeeld in ander lande of historiese tye gesitueer. Voorts is sy werk nie net ’n indrukwekkende vernuwende tapisserie van bekende tipes uit die Afrikaanse prosatradisie (die Meester, die leraar, die pioniervrou, die “held”) nie; dit is ’n diepgaande besinning op buitestanderskap (of tussenskap, soos dit al genoem is) en van die prekêre uitreik na die Ander. In ’n onlangs voltooide studie word aandag bestee aan die wyse waarop (die gereedmaking vir) sterwe en sterwensbegeleiding op ’n besondere wyse in Schoeman se werk figureer. En die diepgang van sy filosofiese denke is ook al belig.

Na die Geliefde Land verskyn in 1972 as sy sewende roman en word steeds, saam met ’n Ander land (1984) en Hierdie lewe (1993), as die hoogtepunte in Schoeman se werk beskou. Dit is ook in verskeie tale vertaal en word in 2002 verfilm as Promised Land. Hoewel verskeie literatore baie verdienstelike werk oor hierdie Schoeman-teks gelewer het, wil ek graag die Poolse literator Jerzy Koch uitsonder wat in sy habilitasieproefskrif (gepubliseer as Outsider onder de zijnen. Vormen van xenofanie in de Afrikaanse roman) ’n hele uitstekende hoofstuk aan hierdie roman wy. Daardeur word uiteraard die seminale posisie van die roman binne die Afrikaanse literatuur bevestig.

In die voorwoord van Na die Geliefde Land skryf Louise Viljoen dat hierdie roman geklassifiseer kan word onder “apokaliptiese” (of dalk eerder distopiese) literatuur waarin gespekuleer word oor die toekoms van Suid-Afrika, Afrikaans en Afrikaners. In die jongste tyd het daar al indrukwekkende werke die lig gesien waarin hierdie tematiek sentraal staan, soos PJ Haasbroek se Oemkontoe van die nasie (2001), JM Coetzee se Disgrace (1999) en Eben Venter se Horrelpoot (2006). Vanselfsprekend bestaan daar ’n boeiende gesprek tussen al hierdie tekste en dit is opvallend dat al hierdie tekste besondere negatiewe vooruitskattings is.

In hierdie Schoeman-roman gaan dit oor ’n man, George Neethling, ’n Afrikaner wat in die buiteland, in Genève, Switserland, grootgeword het en terugkeer na die familieplaas Rietvlei, wat hy van sy moeder geërf het. Weens sy buitestanderskap het die ander personasies die vrymoedigheid om hul persoonlike en traumatiese geskiedenis, as onderdruktes in eie land, mee te deel. Die opsies wat hulle almal noem, was destyds inderdaad die opsies wat baie Afrikaners oorweeg het: gewapende of lydsame verset, stilswyende aanvaarding of emigrasie. In sy afstandelike betragting van mense, ruimte en geskiedenis waarvan hy nie deel kan word nie, is hy duidelik die model vir Eben Venter se Marlouw in Horrelpoot.

Sentraal in baie van die genoemde apokaliptiese tekste staan ook die tipiese plaas as argetipiese Afrikaanse ruimte en word intertekstueel gesprek gevoer met die tradisie van die Afrikaanse plaasroman. In die tradisionele Afrikaanse plaasroman word groot klem geplaas op die fisiese teenwoordigheid van die Afrikaanse geskiedenis, versigbaar in aangeplante bosse, keurig-versorgde begraafplase, geraamde portrette en mooi opstalle. In die loop van die tyd, só lui die doemprofesie van hierdie klomp romans, sal die Afrikaner sy plaas prysgee teen wil en dank, dit sal in vreemde hande beland en later tot niet gaan, met die gevolg dat daar van die oorspronklike eienaars, die Afrikaners, geen teken meer sal bestaan nie. In Horrelpoot word die grafstene deur die swart arbeiders verwoes, die bosse is uitgekap vir vuurmaakhout, en selfs van Afrikaans, die eens trotse taal, het slegs ’n hibried oorgebly, ’n variëteit deurspek met Engels. Schoeman se novelle ’n Lug vol helder wolke (1967) is steeds een van die beste kritiese herskrywings van die tradisionele Afrikaanse plaasroman en baanbrekend in sy oeuvre.

Die mens is in Schoeman se werk dikwels ’n speelbal van die Noodlot, historiese kragte én die verganklikheid waaraan niemand kan ontkom nie. In sy werk word veral Suid-Afrika uitgebeeld as ’n ongenaakbare ruimte, net so onboetvaardig soos die verskrikking van die dood. Die "Ander Land" in sy werk is én Suid-Afrika én die dood én die verlede. Verkenning van veral die laasgenoemde is vir my waarskynlik dié sentrale motief in sy werk. Iets wat maklik geyk sou kon word, word op ’n gevarieerde en weergalose wyse telkens opnuut belig – die waarmerk van ’n werklik groot skrywer.

Herskepping van die verlede kan goedskiks vergelyk word met die proses van literêre vertaling. Die literêre vertaler staan voor die dilemma om van ’n bronteks wat in ’n ander taal geskrywe is en veelal afspeel in ’n ander historiese tyd en in ’n ander kultuur, ’n begrypbare doelteks te maak deur dit om te sit, te “vertaal”, sodat sy bedoelde lesers (van ’n ander land, kultuur en – waarskynlik – historiese tyd) dit kan begryp. Die vertaler het die keuse om nader te beweeg aan die bronteks en deur “vervreemding” outentisiteit te beklemtoon. Daar kan egter ook verkies word om nader te beweeg aan die doelteks deur sg “domestikasie” en byvoorbeeld ekwivalente te soek vir (in die geval van byvoorbeeld die Bybel) diere, plante, geldeenhede, gebruike en dergelike wat vir die doelleser begryplik sou wees. Die skrywer is voortdurend besig met strategiese keuses, en hy medieer voortdurend tussen bronteks en doelteks in pas met sy vertaalopvatting. Ook die historikus moet medieer tussen verlede en hede en diskursiewe keuses maak. Geen wonder nie dat die narrativiste (White, Ankersmit, Carr) hierdie proses gelyk stel met die keuses wat ’n romanskrywer moet maak nie en die objektiwiteit van historiese representasie bevraagteken het.

In ’n artikel het Van den Berg (2011) selfs verder gegaan en die weergawe van die verlede as sodanig prinsipieel bevraagteken. Soos “die Ander” (binne postkoloniale denke), is die verlede volgens hom in beginsel onrepresenteerbaar en daarom is die historikus gelyk te stel met ’n getraumatiseerde persoon wat sy trauma wil representeer, maar nie kan nie. Geskiedskrywing bemoei sigself dus met ’n onrepresenteerbare “objek”, of dan “’n trauma ontologies gesetel in die beperkinge van die historiese diskoers”.

In hierdie verband is die opvattinge van die bekende Groningse historikus Frank Ankersmit relevant. In ’n artikel rig hy ’n verwyt aan politieke filosowe wat hulle só bemoei met die teoretiese grondslae van hul vak en die probleme rakende representasie dat hulle hul plig versaak om maar enigsins te skryf oor die belangrikste politieke probleme in die moderne wêreld. Dit is volgens hom nie net ’n selfsugtige “opsluit in haar eigen kleine wereld” nie, maar ’n onverskilligheid ten aansien van die groot probleem van die eie tyd, én spreek dit van onverskilligheid teenoor die groot publiek (Ankersmit in Van Coller 2011).

Volgens hom is die verhouding tussen denke en werklikheid die belangrikste tema van die Westerse filosofie sedert 1600. Maar, is sy verwyt, hoe meer hulle die denke en werklikheid by mekaar probeer bring, so jaag hulle die twee juis verder uit mekaar uit (Ankersmit in Van Coller 2011). Dit lyk my dit is ook van toepassing op die begripspaar representasie en werklikheid.

Ankersmit is veel meer pragmaties. Hy haal LP Hartley aan wat in sy roman The go-between gesê het: “The past is a foreign country”, wat nogal herinner aan Schoeman se romantitel ’n Ander land. Volgens Ankersmit (in Van Coller 2011) is dit die skrywer én die historikus se taak om vir lesers as gids op te tree op pad na die verlede. Vir hom toon die gidsmetafoor twee dinge: die plekbeskrywings moet waar wees: “dat zij de waarheid en niets dan de waarheid moeten verwoorden over het verleden [… maar] … de waarheid is slechts diensbaar aan de reis naar het verleden. Vertrek men vanuit een ander heden, of naar een ander verleden, dan zijn ook andere ‘plaats-beschrijvingen’, andere waarheden nodig. Er bestaat dus niet zoiets als ‘de’ waarheid over het verleden.”

In die tweede plek leer die diensbaarheid van die waarheid aan die bereiking van ons bestemming in die verlede ons ook iets oor die aard van die historiese teks. Daar is baie verskillende paaie na die verlede, net soos daar verskillende paaie na enige bestemming is. Die interessante meningsverskille ontstaan dus eers as daar gepraat word oor die verskillende paaie na die verlede, wat van belang is en wat belangrik is as jy op ’n bepaalde plek in die verlede wil kom. Dit gaan dus nooit in die geskiedskrywing oor waarheid nie, maar oor wat belangrik is.

Daddow (2008:53) sê van Hayden White: “White’s normative agenda in exploding history was to de-privilege the status of professional history as the guardian of what can legitimately be studied in the past and how that past can legitimately be represented. His aim was to explode history for the sake of it or to do away with the discipline of history altogether. By contrast, White’s aim has been clear throughout: to make history more relevant to us in our daily lives by reconnecting it to the poetic and artistic ways of representing reality”. Weer eens staan die verpligting wat die historikus teenoor ’n groter publiek het, sentraal.

Hierdie “verpligting” het Schoeman op weergalose wyse nagekom. Al is geen historiese weergawe ooit “waar” nie, is dit duidelik dat die verlede soms doelbewus verfraai of besmeer word. In talryke historiese weergawes én geskiedkundige romans van die afgelope jare is byvoorbeeld die storie van die Afrikaner herskryf. En wat veral na vore gekom het, is die foute van die verlede, die vergrype, en magsmisbruik. Ook Schoeman het die verlede genadeloos gedissekteer en in feite ’n paar eeue onder die loep geneem, van die onderdrukking van die slawe en indigene in die koloniale era tot die grondroof van die 18de en 19de eeue en die soms wrede optrede van volkshelde in die Tweede Anglo-Boereoorlog.

Veldslag is een van die novelles deur Schoeman wat reeds in 1965 gepubliseer word en voltooi is tydens sy studentetyd aan die destydse Universiteit van die Oranje-Vrystaat, Bloemfontein. Hierdie novelle het die Tweede Anglo-Boereoorlog as agtergrond, ’n tema wat Schoeman ook aansny in een van sy latere romans, Verliesfontein (1998). Hoewel Kannemeyer (1983:529) beweer dat die oorlog slegs op die periferie aanwesig is, is dit nie korrek nie. Dit is die oorlog wat nie net katalisator is in die novelle nie, maar ook in hoë mate ’n parallel vorm met die historiese tyd waarin Schoeman sy werk skrywe: die jare ná Sharpeville toe verset teen apartheid verhewig was, toe geweld sigbaarder begin raak het en dit duidelik was dat ’n hele era tot ’n einde begin kom het.

Die gebeure word gesitueer aan die einde van die eerste ses maande van die oorlog toe die Boeremagte gevoelige verliese gely het, generaal Cronjé met duisende manne by Paardeberg oorgegee het en die inname van Bloemfontein onafwendbaar begin lyk het. Die Boeremagte was uitmekaar gejaag, swak dissipline was aan die orde van die dag, baie het hul wapens neergelê (of oorweeg om dit te doen) en daar was ook diegene wat aktief meegewerk het met die Engelse besettingsmag. Daar was egter ook die bittereinders wat nooit die wapens wou neerlê nie. In hierdie botsende standpunte speel opvattings oor “plig”, “vryheid”, “oorlewing” en “futiliteit” vanselfsprekend ’n belangrike rol.

Schoeman se dorp is bevolk met tipes wat al bogenoemde standpunte verteenwoordig. Daar is die twyfelaars, die meelopers en die bittereinders. Daar is die predikant, die dokter en die Nederlandse “Meester” wat gou die wyk neem én die jong meisies wat gedrywe word deur hul eie soeke na plesier. Sentraal staan die weduwee, Esther, wat verbete lewe volgens haar eie opvatting van plig: ’n mens aanvaar wat die lewe jou bied, hoop nie vir geluk nie, leef eerder in gelatenheid. Sy het saam met haar oorlede eggenoot in stilte gelewe, hom getrou verpleeg en is bereid om dit ook te doen vir die gewonde kryger, Frans, van wie sy ook verwag dat hy sy plig teenoor sy land sal nakom. Frans, daarenteen, het nie gaan veg vanweë verhewe ideale oor plig en patriotisme nie; veel eerder omdat sy jong verloofde se flirtasies hom geïrriteer het en hy wou wegkom. Vanweë die groeiende gehegtheid tussen hom en Esther sou hy eerder wou bly en die wapen neerlê. Hul verhouding en verskillende standpunte vorm die kern van dié werk.

Treffend is die wyse waarop die oorlog aanvanklik feitlik deur afwesigheid gekenmerk word. Van die dorpsinwoners het gaan veg; daar is selfs dié wat gesterwe het. Maar dis asof die oorlog onwerklik is. Voor die groot geveg word daar nog ’n swierige partytjie gehou, maar die sterwe van ’n ou orde is onmiskenbaar voelbaar (soos die tekens ook sigbaar was in die jare sestig toe Schoeman dié werk geskrywe het). Die oorlog word konkreter met die verskyning van die gewonde Frans, later die kanongeluide op die agtergrond, nóg later ’n lyk van ’n dorpsbewoner. Vir die leser (en kyker) wat bewus is van die latere vernietiging van boerewonings, die konsentrasiekampe, die afloop van die oorlog, gaan daar ’n geweldige dreiging uit van dié gebeure.

Karel Schoeman se trilogie Stemme bestaan uit Verliesfontein (1998) (deel I), Hierdie lewe (1993) (deel II) en Die uur van die engel (1995) (deel III). Die trilogie verskyn nie in die reeksvolgorde nie, en die losse chronologie wat wel aantoonbaar is in die drie opeenvolgende dele, verloop ook nie volgens die dele nie: Hierdie lewe herskep die lewe van ’n Roggeveldse vrou in die 19de eeu, Die uur van die engel fokus op die Transgariep van ongeveer 1830 tot die hede en Verliesfontein speel af tydens die Anglo-Boereoorlog en die tyd daarvóór, hoewel die narratief in die hede begin.2

In Die laaste Afrikaanse boek (2002) sê Schoeman self: “Hierdie drie romans wat min of meer gelyktydig gestalte gekry het, is dus onderling verbind deur die feit dat al drie bestaan uit ’n verslag van die onlangse Suid-Afrikaanse verlede soos uitgebeeld in die woorde van die karakters wat self hul verhaal aan die leser meedeel, wat reguit in die kamera kyk en regstreeks daarin praat, soos Liv Ulman in Die uur van die wolf, en dit is die drieluik waaraan ek vanweë sy wesenlike eenheid die oorkoepelende titel Stemme gegee het” (550); “Hierdie drieluik was ’n poging om in terme van my eie temperament en gawes literêre gestalte te gee aan die verlede van Suid-Afrika” (551); “Dit was op Cradock, besef ek nou, eerder as tydens enkele besoeke aan die kleurlingbuurt van Calvinia of selfs in die Roggeveld, dat ek die wêreld van Adam Balie leer ken het, enige jare voordat ek nog besef het dat ek daaroor gaan skryf. Niks gebeur verniet nie; niks bly onbenut” (578); en “Altyd ook was dit my doel om met inagneming van elemente soos hierdie (hoe die verlede fisiek ervaar is) die tekstuur van die verlede te probeer weergee, wie es wirklich gewesen, in die frase van die Duitse historikus Ranke; al kon die resultaat in laaste instansie weliswaar niks meer as ’n afskynsel van die vergange werklikheid wees nie, was dit my strewe om die skynsel ten minste oortúigend te maak” (529).

Uit die Schoeman-onderhoude het reeds geblyk dat die Stemme-reeks as ’n geheel gelees behoort te word, ’n drieluik wat soos in die skilderkuns ’n onlosmaaklike eenheid daarstel. Dat die sentrale motief is om stem te gee aan buitestanders, misdeeldes en gemarginaliseerders is so mettertyd ook al byna ’n cliché. Dit gaan hier dus om ’n politieke diskoers wat haas uit die aard van die saak sterk perlokusionêr gerig is; kortom van pragmatiese aard is.

Tussendeur publiseer die verstommend produktiewe Schoeman nog heelwat ander werke wat direk of indirek verband hou met hierdie reeks; kwalik verbasend, omdat die Schoeman-oeuvre ’n digte netwerk vorm van (herhalende) karakters, patrone, motiewe, simbole en ideologiese en filosofiese opvattinge. Die wêreld van die digter: ’n boek oor Sutherland en die Roggeveld ter ere van NP van Wyk Louw (1986) is volgens Kannemeyer (1998:247) voorstudie vir Hierdie lewe. Dogter van Sion (1997), wat veral op slawe en vroue as gemarginaliseerdes fokus, is weer belangrik vir Hierdie lewe en Verkenning. Ook Armosyn van die Kaap (1999) en JJ Kicherer en die vroeë sending (1996) kan gesien word as voorstudie van veral Verkenning wat, soos later sal blyk, ’n belangrike begeleidende en haas eksegetiese teks van hierdie reeks is.

Die deurlopende tema van al drie die romans is die onmoontlikheid om die verlede te herwin en daaraan (objektiewe) gestalte te gee. Ironies is dit dat die niefiksie-tekste van Schoeman juis telkens pogings tot historiese rekonstruksie is, terwyl die romans in dié reeks (asook Verkenning) eweneens hierdie historiese herskepping tot onderwerp het. As narratiewe loënstraf het hulle telkens as‘t ware dié sentrale motief deurdat hulle geslaagde romans word oor ’n vermeende mislukking (Van Coller en Van Niekerk 2002:249).

Agter die vertroude (Schoeman-) motiewe, temas en geykte subgenres en die argaïese leksikon sou min lesers ’n outeur vermoed wat bykans ’n staalkaart uitstal van die tipiese kenmerke van wat dikwels postmodernisties genoem word. Veral in Verkenning is daar ’n komplekse spel tussen narratiewe instansies en vlakke en kan die teks inderdaad as historiografiese metafiksie gedefinieer word (Van Vuuren 1996:39). Selde werk die bekende deurstrepingstegniek (sous rature) só suksesvol in ’n roman.

Terwyl dit waar mag wees dat Schoeman se reeks dié menslike bestaan tot onderwerp het, is dit eweneens waar dat die romans onmiskenbaar Suid-Afrikaans is. Nie net word die ruimte ’n aktiewe medespeler nie; die reeks is ’n stuk kultuurgeskiedenis waarin bestek opgeneem word van veral gemarginaliseerdes en gemarginaliseerde posisies (die slaaf, die vrou, die Khoi, die Griekwa, ens).

Ampie Coetzee se werk ’n Hele os vir ’n ou broodmes: grond en die plaasnarratief sedert 1595 (2000) is ’n optekening van die historiese band tussen Afrikaner en grond, en die rol wat dit gespeel het in die totstandkoming van ’n Afrikaner-identiteit. Hy dokumenteer ’n hele era van onderdrukking en marginalisering van die indigeen. In die proses is die indigeen ook van ’n eie stem ontneem en is dit veral Schoeman wat in die “verlede gaan soek het na stemme wat ons nie kon hoor nie” (Coetzee 2000:49). Hoewel Coetzee dit het oor briewe, dokumente, verslae en wette waaruit die leser ’n stem kan rekonstrueer, gaan Schoeman inderdaad verder. In die hele reeks is dit veral (en bykans uitsluitlik) die gemarginaliseerde wat stem kry en sodoende die historiese stiltes (ook van baie historiografiese weergawes) vul. Die sterwende Tantetjie sterwe naamloos, waardeur gesuggereer word dat sy nie deel het aan die stamboom van manlike besitters nie. Tydens haar lewe was sy altyd ’n periferale figuur omdat sy nooit ’n duidelike sosiale posisie ingeneem het nie; hiërargiese gemeenskappe het min geduld met tussenposisies. Sy probeer onthou, iets onder woorde bring en so nie net stem gee aan haarself nie, maar ook vergoed vir die stilte waarin sy voortdurend geleef het.

Ook Die uur van die engel stel ’n veelheid van stemme aan die woord. Sentraal staan die hakkelaar Danie Steenkamp as ’n randfiguur wat in onguns verval het weens sy getuienisse teen die boere. Die soektog na Danie en sy familie stuit op die afwesigheid van sy stem, sy poësie. Hoewel dit uiteraard ook hier gaan om die ontoereikenheid van taal, suggereer dit ook die swye wat gemarginaliseerdes opgelê is deur die geskiedenis self (Van Coller en Van Niekerk 2002:250).

Ook in Verliesfontein staan rekonstruksie van die verlede sentraal. In talle romanmatige rekonstruksies van die eie verlede so uiteenlopend soos Jan Wolkers se Terug naar Oegstgeest (1965), John Miles se Kroniek uit die doofpot (1991), Henk van Woerden se “Kaapse” trilogie Moenie kyk nie (1993), Tikoes (1996), Een mond vol Glas (1998) en die meerderheid outobiografiese weergawes van die eie geskiedenis, hou rekonstruksie noodwendig feitelike (objektiewe) herskepping en subjektiewe herbelewing en interpretasie in. In Schoeman se niefiksie en sy romans word opvallend veel gebruik gemaak van erkende historiografiese metodes: dokumente, reisverslae, briewe, foto’s en persoonlike getuienisse; maar selfs in sy romans lei die pad na die verlede deur poësie, museums en memorabilia, preke, notules van sinodes … na orale bronne: gesprekke met oues van dae, familieherinneringe van ou gevegte en verskille (Van Coller en Van Niekerk 2002:250).

In sy trilogie is die begrip outentisiteit sentraal en neem die geheue in Hierdie lewe die rol in van argivale bronne en word eietydse stemme in Verliesfontein as getuies aangehoor. Hierdie “subjektiewe” herskepping gaan gepaard met ’n objektiewer “kontrole” van die verlede deurdat die naamlose skrywer van die boek oor die Anglo-Boereoorlog (oa die gebeure by Fouriesfontein) homself by wyse van spreke deur die verlede omvou.

Schoeman se oeuvre is ’n netwerk van korrelasies en intra- en intertekstuele verwysings. Verkenning is onmiskenbaar die belangrikste interteks van die Stemme-reeks. Nie net vanweë die metafiksionele aard daarvan nie, maar ook oor die gelykenis wat betref storie-elemente.

Verkenning is een van die weinige Schoeman-tekste van die laaste jare wat gestuit het op hewige kritiek. Veral ELJ Venter het Schoeman gekapittel vir sy eindelose herhaling, sy vervelige skryfstyl, die gebrek aan ’n spanningslyn, die marathonsinne, die aanhoudende gejammer oor die diepere betekenis van die reis, ens. LS Venter praat van ’n “verlammende leeservaring”. “In geen boek wat ek ken,” sê Venter, “word die leser se vreugde aan die teks so verrinneweer en ondermyn as in Verkenning nie” (Van Coller en Van Niekerk 2002:251).

Of bostaande kritiek geregverdig is en of dit kan spruit uit ’n verkeerde lees van die roman, is haas irrelevant vir my redenering: in hierdie teks gaan dit nie om uiterlike gebeure nie, maar om die inlewing in die geskiedenis en teoretiese besinning oor die moontlikheid om die verlede te herskep. Soos in al die tekste in die Stemme-trilogie trag Schoeman ook in Verkenning om die verlede en die hede op mekaar te laat inspeel. Veral die kritiek op die slawetoestande en die onderdrukkende aspekte van die sosiale lewe aan die Kaap is duidelik van toepassing op die eietydse Suid-Afrika.

In die hele roman is daar felle kritiek op die Kaapse inwoners wat verbete trag om op kunsmatige wyse ’n Europese leefwyse in die Kaap (“koloniale stad”, 48) te bestendig en in die wyse waarop hul belangstelling slegs na Europese onderwerpe uitgaan (19, 20). Dit sluit nie net hul manier van eet en drink nie (wat nogal satiries bekyk word deur die hoofpersoon nie, oa ble 129, 131, 133, 347–57), dit slaan ook op die wyse waarop religieuse konsepte oorgedra word aan indigene en tekens van Europese geleerdheid uitgehol word (bv bl 182). Die drama wat opgevoer word, is ’n gedateerde stuk (91 ev) van twyfelagtige gehalte, die talle biblioteke lukrake versamelings “geleerde” werke, Europese klere, modelle kwalik opgewasse teen die harde land: “(I)n Afrika moet jy alles wat jy uit Europa saamgebring het, verloor” (323). Dit sou geen oordrywing wees om Verkenning een van die felste postkoloniale werke van die afgelope jare in Afrikaans te noem nie.

En tog is hier sprake van ’n sekere ambivalensie: Europese leefwyses en denkwyses is onvanpas in die Kaap, maar daarsonder is daar ook geen sprake van beskawing nie. Die dilemma van die inwoners wat ’n “wankele ewewig” tussen Europa en Afrika wil bereik, word op bl 37 helder verwoord deur dr Lichtenstein. Boonop is die status van die fokaliserende hoofpersoon eweneens enigmaties: hy is weliswaar as die afstandelike betragter (98–9) – verwant aan die tipiese Schoeman-hooffiguur en Schoeman self in sy reisverslae – skynbaar die outeurspreekbuis. Tog word hy ook gesatiriseer in sy koloniale hovaardigheid,3 omdat hy deurgaans uit die hoogte (bv 58, 61–4, 249 en 262) neerkyk op ander. Boonop blyk sy totale onbegrip van en totale onvanpastheid vir Afrika uit soveel besonderhede. Selfs sy dood, wat eintlik die tragiese hoogtepunt moes vorm, word kwalik meer as ’n intermezzo. Deur die betreklik groot stuk verteltyd wat bestee word aan ’n uitbeelding van die verguisde dr Van der Kemp (336–47) word dalk gesuggereer dat aanpassing noodsaaklik is om as Europeër in Afrika te lewe en van nut te wees (Van Coller en Van Niekerk 2002:251).

Die belangrikste kwessie in Verkenning is egter die hele problematiek van die herskepping van die verlede. Ook wat betref hierdie kwessie is die aspek van “stemme” belangrik: herskepping van die verlede is ’n sintuiglike proses, ’n proses van “inlewing” waar die historikus aangewese is op sy sintuie. Daarom word daar voortdurend gewag gemaak van “hoor”, “luister”, “kyk”, “voel”, “ruik” (vgl oa ble 10, 41, 42, 43, 49, 160–1, 110–11, 203–4). Voorts word “stemme” ook in verband gebring met die lot van die slawe wat altyd in stilte, op die agtergrond, moet beweeg en voortdurend tot stilte gemaan word (vgl bv net 19, 47, 58, 75) en voortdurend slegs moet luister (203–4). Daarom wyk hul uit die stad as hulle wil gesels (87); hulle eie tale is tot stilte gedwing (83); en die versugting van Mei dat niemand ooit na hul sal luister nie (141) is eintlik ’n verwoording van al die slawe se gevoelens (Van Coller en Van Niekerk 2002:252).

Deurgaans word die slawe slegs as materiële (bv 94) of lusobjekte gesien (bv 22) en selde as mense. Op bl 75 word byvoorbeeld lustig oor die slawe gesels in hul eie teenwoordigheid asof hulle nie bestaan nie. Op ble 288–90 besin die reisiger oor die feit dat soveel mense stemloos is en dat hul getuienisse verlore sal gaan: “[E]k weet terwyl ek luister dat ek hierdie hartstogtelike berigte nie sal opteken nie en dat die geskiedenis van hul onderskeie bekerings nie die Goewerneur se lessenaar sal bereik of in sy lêers bewaar word nie. Dit sal vergeet word” (288). In kontras hiermee teken Schoeman self juis die klein geskiedenisse op en bewaar dit vir die nageslag. Sodoende word ook aan die misdeeldes stem gegee.

Uit die hele diskoers is dit duidelik dat Schoeman as abstrakte outeur trag om ’n parallel tussen die Bataafse tydperk en die huidige tyd daar te stel, nie net wat die lot van gemarginaliseerdes betref nie, maar ook ten aansien van aktuele vraagstukke soos dispute rondom die uitbetaling van lone, afsettings van plase en grondonteiening (219, 224, 391) en plaasmoorde (76–7, 155). Hieruit blyk dit onomstootlik dat die hele Stemme-reeks en Verkenning veral as (manipulerende) politieke diskoerse gelees moet word.

Uit die voorgaande is dit duidelik dat die Stemme-reeks as ’n geheel gelees behoort te word; dat die sentrale motief is om stem te gee aan misdeeldes en gemarginaliseerdes en dat die reeks in sy geheel as politieke diskoers gelees kan word. En sodanige diskoers, weet ons nou reeds, is van pragmatiese aard. Die Brechtiaanse vervreemdingstegniek wat Schoeman aanwend om lesers die verlede aanvanklik saam met die verteller deur ’n waas te laat sien, en daarteenoor die bevoorregte direkte aanhoor van “ooggetuies”, het ten doel om die leser pragmaties te betrek. Die ek-vertellers word bykans teen hul eie wens verplig om te onthou en te vertel van ’n traumatiese tydperk in hul lewe, ’n tydperk wat elkeen om verskillende redes wil vergeet. Sodoende word hierdie ontliggaamde stemme bykans getuies in ’n hofsaak waarin die leser oor die verlede moet besleg.

Representasie van die Ander (én die verlede) is vroeër te berde gebring as synde onmoontlik om te representeer. Indien ’n skrywer ’n dier kan (probeer) representeer, sou hy seker ook die Ander kon probeer representeer – altyd met die besef van onvolledigheid, onvolkomenheid en dergelike meer. Maar dit behoort geen beletsel te wees om dit te probeer nie. En Schoeman se gevarieerde oeuvre is inderdaad ’n monument van hierdie poging om die ander land te betree en te verken. Daardeur word die eie ruimte – wat soms ’n “wasteland” is – veel minder onherbergsaam.

 

Bibliografie

Burger W en H van Vuuren (reds). 2002. Sluiswagter by die dam van stemme. Beskouings oor die werk van Karel Schoeman. Pretoria: Protea Boekhuis.

Coetzee, Ampie. 2000. ’n Hele os vir ’n ou broodmes: grond en die plaasnarratief sedert 1595. Pretoria, Kaapstad, Johannesburg: Van Schaik, Human en Rousseau.

Daddow, O. 2008. Exploding history: Hayden White on disciplinization. Rethinking History, 12(1):41–58.

Kannemeyer, JC. 1983. Die geskiedenis van die Afrikaanse literatuur. Kaapstad: Tafelberg.

—. 1998. Meesterhand hier teenwoordig. Rapport, 20 September 1998, bl 18.

Olivier, Gerrit. 2002. Onderhoud met Karel Schoeman. In Burger en Van Vuuren (2002).

Schoeman, Karel. 1965. Veldslag. Kaapstad, Pretoria, Johannesburg: Human & Rousseau.

—. 1972. Na die Geliefde Land. Kaapstad, Pretoria, Johannesburg: Human & Rousseau.

—. 1995. Die uur van die engel. Kaapstad, Pretoria, Johannesburg: Human & Rousseau.

—. 1996. Verkenning. Kaapstad, Pretoria, Johannesburg: Human & Rousseau.

—. 2002. Die laaste Afrikaanse boek. Outobiografiese aantekeninge. Kaapstad, Pretoria, Johannesburg: Human & Rousseau.

Smuts, JP. 1998. Verliesfontein. Ongepubliseerde radiobespreking verskaf deur NALN, Bloemfontein.

Van Coller, H. 2011. Postkoloniale literatuur en die representasie van trauma. Hennie van Coller reageer. LitNet Akademies. [Intyds]. Beskikbaar: www.litnet.co.za/postkoloniale-literatuur-en-die-representasie-van-trauma-hennie-van (2011, Maart 08).

Van Coller, HP en A van Niekerk. 2002. Vertelstrategieë in Verliesfontein deur Karel Schoeman. In Burger en Van Vuuren (reds) (2002).

Van den Berg, C. 2011. Postkoloniale literatuur en die representasie van trauma: ’n Verkenning van Verkenning. LitNet Akademies 8(1). [Intyds.] Beskikbaar: journals.co.za/docserver/fulltext/litnet/8/1/litnet_v8_n1_a2.pdf?expires=1494248586&id=id&accname=guest&checksum=.

Van Vuuren, H. 1996. Resensie van Verkenning. Karring, 12:39–42.

 

Eindnotas

1 Oor die politieke aard van bepaalde Schoeman-werke (waaronder die Stemme- drieluik) het hy self in twee onderhoude uitgewei; dié een met Gerrit Olivier (Olivier2002) en die (tot dusver ongepubliseerde) DJ Opperman-gedenklesing wat op 17 September 2003 in Stellenbosch plaasgevind het as ’n gesprek met Louise Viljoen en Jakes Gerwel.

2 JP Smuts (1998) merk op dat dit “nou ook duidelik (is) hoekom Schoeman sy Stemme-romans nie in die verwagte volgorde publiseer het nie. Van ’n mededeling op die skutblad kan ’n mens naamlik aflei dat hy hulle genommer het in die volgorde waarin hy aan hulle begin werk het. Aan Verliesfontein het hy reeds aan die begin van 1990 begin skryf, maar hy het dit eers aan die einde van 1997 voltooi.” ’n Meer waarskynlike verklaring is dat Schoeman sy roman publiseer met die aktualiteit van die Anglo-Boereoorlog in gedagte.

3 Dit is enigsins ironies dat Schoeman self in Stamland uit die verf kom as die tipiese koloniale reisiger. Op hovaadige wyse gaan die belangstellings uit na slegs dit wat uit ’n beperkte perspektief vir homself van belang is. Boonop gedra hy hom baie soos die koloniale reisiger in sy ewige selfkoestering: die duurste ete en drank word argeloos genuttig terwyl die bedrae wat per aand bestee word, kwalik die weekloon van ’n Suid-Afrikaanse arbeider sal bedra.

The post Karel Schoeman: ’n huldeblyk deur Hennie van Coller appeared first on LitNet.

Om stories te vertel

$
0
0

Abraham de Vries aan die werk op Winkelplaas naby Ladismith in die Klein Karoo.

Dit is nie ’n kursus hierdie in die skryf van kortverhale nie. Toe ek begin skryf het, so om en by my sestiende jaar, was daar nog nie iets soos skryfkursusse nie. Gelukkig het my pa ’n plaaswinkel gehad en die klante en die bure het ewe veel gekuier en gesels en vertel, dat die seun van die huis kon groot word met stories en hoe om stories “op te maak” met as motto ’n sêding van sy pa wat hy nou nog onthou: “As jy dan moet lieg, lieg so dat ’n mens jou kan glo, anders raak jy vervelig." Wat het jy nou weer bygelas? En wat het régtig gebeur? Dié vrae het ek nooit by die winkelvertellers en hul bure van die omliggende plase gehoor nie. Niemand het omgegee nie, almal het geweet. Hulle het nie hulleself as storievertellers beskou nie. Ook vir Isak Bruwer en Stanley de Wit later was stories ’n manier van gesels.

Miskien daarom dat ek dit nou nog vreemd vind as iemand vir my vra wat ek bygelas het. Stories gebruik wat stories nodig het uit die oneindig grote lewe.

Laat my dan probeer verduidelik.

Die eerste tien of meer verhale wat ek Huisgenoot toe gestuur het, het teruggekom met ’n kort notatjie by oor wat verkeerd was, hoekom hulle die verhaal nie wou plaas nie. Ek het elke keer gewéét hulle het gelyk. En dit verbaas my by terugskoue nie – die name onder aan die briewe was Dirk Kamfer en na hom Klaas Steytler.

Op Winkelplaas was ons vir die pos afhanklik van die possakke wat met Makkadas gekom het, die stroomtreintjie tussen Touwsrivier en Ladismith wat die heel eerste dag waarop dit geloop het al omgeval en die verwelkomingskomitee op die Ladismithse stasie met leë hande laat teruggaan het huis toe. Ou Rosie, die drywer vir vele jare nog daarna, het nie seergekry nie, die stoker en die “guard” ook nie; die trein het skynbaar lus gehad om skuins te gaan lê op die laaste draai toe die Kleinswartberg en Towerkop al in sig was. Makkadas was nie sommer net ’n ryding nie.

Die interessantste en opwindendste vrag wat elke jaar met die trein gekom het, was die sirkus, die kameelperde met die lang nekke en die leeus met die gegrom en die olifante wat gelyk het asof hulle dwarsdeur die trokke se bodems kon sak. En die narre wat op elke stasie – die mees godverlate plekke in die hele Klein Karoo – afgeklim en almal wat wou kom kyk, vermaak het met toertjies en lawwighede. Meestal was dit net die stasiemeester en sy gesin, maar soms ook mense wat hulle gehelp het om die slagvee wat Ladismith of Touwsrivier toe moes gaan in die kraaltjie te hou of om die water uit die groot tenktrok te pomp na die toring langs die woonhuis toe.

Waar was dit nou weer – Hondewater, Allemorgens, Muiskraal, Vensterkrans? – waar die stasiemeester en sy vrou met die inkennige seuntjie was wat nie wou leer praat nie en wat die moeë nar aan die praat en aan die lag gekry het met tekeninge teen ’n muur van die waenhuis. Toe die sirkustrein daardie jaar al weg was om die verste draai het die hulle eers agtergekom die nar het agtergebly. Die trein het drie weke lank heen en weer verbygekom, maar hulle het hom weggesteek omdat hulle nie wou hê hy moes weer weggaan nie. Dis verlate op so ’n stasie, op al die stasies langs daardie spoor.

Dis dié nar wat een nag voor die trein die volgende dag weer kon verbykom, met die stasiemeester se donkiekar gery het tot by die grootpad, sewe kilometer daarvandaan; dis waar hulle die karretjie en die donkies gekry het, aan ’n doringboom vasgemaak. Niemand het ooit weer iets van hom gehoor of hom gesien nie. Dat een van sy skoene nog op die karretjie bly lê het, was sommer ’n storie.

Dit was byna asof hy nooit bestaan het nie, asof daar nêrens enigiets van hom agtergebly het nie. Selfs die stasiemeester en sy vrou het later nie meer van hom gepraat as hulle met hul seun se prestasies, eers op skool en later as ingenieur, by die drywers en die stokers spog nie.

*

Die plekke wat ek hier bo noem, bestaan almal, nou nog, die meeste heeltemal vervalle, want die trein, Makkadas (kort verafrikaansing vir “the muck and dust train”) kon net loop tot die groot Laingsburg-vloed die spoor weggespoel het; dis selfs waar dat die trein op sy eerste rit omgeval ook; ook dat daar elke jaar ’n sirkustrein was.

Die nargedeelte, die verhaal van die seuntjie, is fiktief. In “Nag van die clown” uit die bundel met dieselfde naam, kom dit voor as net ’n stuk van die storie, wat Chris Barnard met my toestemming oorgeneem het in sy draaiboek vir Paljas, verfilm deur Katinka Heyns.

Wie die nar was, selfs wat sy naam was, is vir die storie nie belangrik nie. Die storie kies self wat nodig is, en dié "keuses" – miskien moet ek sê invalle – het niks met die waarheid te make nie. ’n Mens sou met ’n naam iets kon suggereer van sy herkoms of voorkoms, maar dié storie het dit nie gekies nie. (Ek praat met opset van storie en verhaal asof dit sinonieme is. Vir baie skrywers, soos vir my, is dit.)

Van waar die Klein Karoo-verhale en die clown-stories? Ek het meer as net Klein Karoo-kontreiverhale geskryf en ek is lief vir narre. Narre en ander "afwykendes” wág op stories om iets in te beteken.

’n Groot gedeelte van “Staan poppie staan” (in Verbeel jou dis somer), oor ’n dwergie-nar se huwelik met ’n plattelandse meisie – berus miskien op die werklikheid met ’n storiekinkel. Wat gebeur het, is die volgende: Ek was in Leipzig in Duitsland vir ’n kongres en daarvandaan is ons een naweek na die herboude Dresden toe, die kunsstad aan die Elbe, wat van weinig indien enige strategiese waarde was in die Tweede Wêreldoorlog, maar wat op die aand van 13 Februarie 1945 met meer as 3 900 ton bomme verwoes is, deur eers die Engelse en die oggend daarná deur die Amerikaners. Ek was geïnteresseerd in die betrokke lande se pogings tot skulddelging met dollars en ponde en die poging om te help herstel wat so onherstelbaar was soos die geskiedenis self. (Dié Leipzig-gegewens sou ek later gebruik in "Dagboek van ’n afloop" in Tot verhaal kom.)

Toe vertel ek na ons terugkoms in Pretoria vir ’n vriendin ek ken Victor Klemperer se dagboek met die beskrywing van die verwoesting en hoe hy en sy vrou mekaar die volgende oggend in die onnatuurlik stil stad weer gekry het, maar wat ek nou wens, is dat ek iemand kan ontmóét wat die brandbom-bombardement oorleef het. Haar reaksie was ek moes by hulle in die straat af stap – die vrou in die laaste huis was ’n lugwaardin op ’n vliegtuig wat in Dresden geland het die aand voor die Geallieerde aanval. Hoewel hulle geweet het van ’n moontlike aanval, wou sy nie saam met die ander kajuitpersoneel in ’n bunker gaan skuil nie. Wat ook haar redding was, want die brandbomme het alles en almal vernietig.

"Haar seun," voeg sy toe by, "die een wat ook ’n dwerg is, nes sy pa, is ’n mos ’n kollega van my broer Jan.”

Stories werk soos magnete: dit trek aan, vergader self wat dit die nodigste het. (Die nar in my treinstorie was nie ’n dwerg nie!) Maar as die Karoovrou se nar ’n dwergie is, het die gegewe van so ’n skewe huwelik iets bykomends, iets so voor die hand liggends dat ek dit voor baie ander móés skryf: so ’n onpaar paar voor die kansel vertel met min woorde hoe ’n “ongepostuurde” ding vol skewighede die liefde regtig is. En dit is van alle tye.

"Van alle tye" is die kern waarop al wat verhaal is, afstuur. En waarin weinig slaag.

Ek verkies om uit stories te praat as dit dan moet, maar óór stories uit eie ondervinding: daar is niks wat nie verhaal kan word of in ’n verhaal gebruik kan word nie. In my geval: nie in die grootwordjare op Winkelplaas nie, nie die tragedie van my geboorte, Oumoedie se dood, nie; nie die studiejare in Amsterdam, die besoeke en uitnodigings daarna nie. My studie onder Merwe Scholtz en Wietse Helinga was vir ’n student wat aan die US nog nie eens van Wellek en Warren, Wolfgang Kayser, Reichling of die Russiese Formaliste gehóór het nie, iets nuuts, iets heerlik nuut. Bruikbaar ook. Ook ideologiekritiek het goeie leeswerk nodig.

Want Scholtz en Hellinga was albei onvolprese akademici wat nie besef het dat hulle Woensdagaande tydens die soms drie uur lange besprekingsessies op die Keizersgracht 141, ook pragtige en bruikbare storiekarakters was nie! (Van gewone lesings – “chalk and talk”-sessies – was toe al weinig sprake.)

Maar ’n wêreldstad is boonop ’n uitdaging én ’n genade. Ek kon kennis maak met Simon Carmiggelt (skryfnaam Kronkel) en Remco Campert ("Hoe ik mijn verjaardag vierde”) en met die eerste proesels van die werk van ’n toe nog min bekende Frans-Belgiese fantas, Henri Michaux – een van die Franse, het Jan Rabie altyd gesê, wat sý taal praat. Die Duitse Nobelpryswenner Heinrich Böll se Verzamelde verhalen het eers in 1988 verskyn, maar individuele bundels was al by Scheltema en Athenaum te koop.

Ek het kort na my terugkoms in Suid-Afrika ook afgekom op wat ek herken het as die handjievol byna Michauxagtige verhaaltekste van Pulvermacher wat Pieter Grobbelaar ontdek het: "Gebet van Tities Tokaan" en "Huwelik van Spacie Aardbol", eersgenoemde met die Bybelse figure en verwysings en laasgenoemde met die komiese gebeure en die betekenisvolle name. In Nederland was dit die groot Noor Stig Dagerman ( “Het verbrande kind") wat my ’n hele ruk besig gehou het. Waarskynlik was dit later Dagerman se Duitse herfs wat my laat wonder het oor Dresden. Die vernietigde Dresden was nog bewaar in ’n straat wat nie gerestoureer sou word nie, net langs die hoofstraat.

Wie vergeet ’n "poësieaand" in die teater Carre langs die Amstel met die gillende, springende Johnny the Selfkicker en die Prins der Nederlandse letteren, die statige Adriaan Roland Holst – wat sy kierie vir Simon Vinkenoog gee het oor hy verkies om kersregop te staan en van sy gedigte voor te lees – op dieselfde verhoog?

En die deurmekaar week wat begin het twee oggende nadat ek my doktoraal afgelê het? Daar was ’n boodskap van Maarten Rooij van die Perswetenskapfakulteit op die Prinsengracht (ek het perswetenskap geneem as een van my byvakke): of ek hom om tienuur kan kom spreek? Die kort van lank: hy bied my ’n navorsingspos aan in Perswetenskap. Soms is ’n week baie lank. E-posse en sms’e het nog nie bestaan nie. Ek moes self en alleen oor my toekoms besluit. Gelukkig.

Benewens pakke ongelese boeke en die gereelde Woensdagaandse akademiese sy was daar die Amsterdamse flieke waar gereeld die nuwe films van Ingmar Bergman, Luc Godard, Michelangelo Antonioni vertoon is.

Ingmar Bergman, Luc Godard en Michelangelo Antonioni

Hoe filmmakers hul verhale vertel ... Dis die onderwerp wat my met die films van skryf net soveel geleer as die akademiese, miskien meer, en nogal op ’n verwante manier. (Ook Merwe Scholtz het Hellinga en byna elke besoekende Afrikaanse kollega laat deelneem aan Woensdae se besprekings.)

Die tradisionele grense van die kortverhaal het verskuif. Daar is geen genre meer wat die alleenreg het op assosiasies, invoegings, drome, verskillende verhaallyne, verskillende lettertipes, gebruik van die bladspieël, gebruik van ander genres (briewe, verslae, aantekeninge), selfs funksionele verwarring nie. Daar is dinge wat ’n mens weet (dergelike tegnieke kom al in die kortverhale van Katherine Mansfield voor), maar nie besef nie. Dis films wat my die waarde van hierdie grensverskuiwings vir verhale laat besef het.

Na my doktoraal het ek nog byna ’n jaar in Nederland aangebly en toe Israel om vir die reisboek wat Leon Rousseau wou hê ek moes skryf, teruggekom.

Ek keer nou terug na my eie verhale toe. Verdwaal in kundigheid óór is maklik.

Ek het ook verhale geskryf wat as gevolg van die meer verstrengelde inhoud anders móét werk as die Klein Karooagtige kontreiverhale. Verhale soos dié in Skaduwees tussen skaduwees, Tot verhaal kom en Verbeel jou dis somer.

Sonder datum by het ek in my geheueboekie ’n aantekening gemaak: "Kyk weer na Langenhoven se ‘Donker spore’. Titel vir verhaal oor plaasmoorde? Verminkings? D kon net sowel W se vriend gewees het."

Selfs Langenhoven se "Donker spore" (die eerste speurverhaal in Afrikaans, waarvan ek die titel oorgeneem het) is ’n relatief eenvoudige verhaal van ’n ou professor met ’n gesplete persoonlikheid wat in ’n grot agter Prins se Krans woon en dan ’n moord pleeg. (Die grot sit inderdaad in Ladismith se distrik hoog teen ’n oorhangende krans in Prinsrivierpoort naby Zorgvliet.) Hoekom dit juis ’n verhaal van Langenhoven was, is nie verbasend nie: was dit nie hy wat (soos veel later ook Breyten) sy eie naam gegee het aan ’n fiktiewe karakter nie? Verhaaltegnies was Langenhoven sy tyd vooruit.

Politiek is ’n storie op sigself. Om doelbewus te vereenvoudig: politiek werk met mag, maar swyg meestal doelbewus van die menslike leed en die patrone van verskrikking waarvan min magspel vry te spreek is; verhale werk met woorde en wat die Nederlandse digter Lucebert onnavolgbaar genoem het "die ruimte van die volledige lewe". Hierdie ruimte is vir verhale belangrik; die voorskriftelike inknotting daarvan in ekonomiese, religieuse of politieke tendense vind ek versmorend. Tendense moet uit voltooide verhale afgelees word, nie andersom nie.

In my verhaal met Langenhoven se titel is dit die moord op die vriend van ’n koerantredakteur se seun wat die vader laat besef daar is ’n moontlikheid dat hulle hom gaan verloor omdat "hy te jonk en te eerlik is vir soveel weerloosheid" (as wat gebeurtenisse in die land vereis) en omdat baie ander om dieselfde rede oorsee gaan werk. Om perspektief te probeer kry, aanvaar hy die uitnodiging na die herdenking toe van ’n waterramp soos die Laingsburg-ramp van 1981. Die leser kan sy ondervindings en reaksies daarop volg omdat hy daaroor terug huis toe (kantoor toe?) boodskappe stuur; die boodskappe is deel van die verhaal.

Die eerste "iets belangriks oor die ramp wat ek nêrens gelees het nie", berig hy, "is dat die huise by die draai van die rivier (die lokasie) die eerste in die slag van die water was en toe met potte, panne ... dwarsdeur die ‘wit’ buurt gespoel het ..."

Daaruit, redeneer hy, kan hy nou miskien ’n koerantstorie maak wat vroeër miskien heiligskennis sou gewees het, want: "Hulle soek en hulle wys die erfgoed vir mekaar ... Hulle kom telkens by dieselfde woorde: Het julle ook die gewoonte gehad? Nés by ons. Ja, dit ken ek goed. Só eenders."

So ’n nuwe storie (ironies genoeg oor ’n tyd van hoop en drome – die euforie in die land ná 1994) was in 1981 ook nie in werklikheid moontlik op Laingsburg nie: die "bruin dorp" was hoër teen die Karookoppie geleë as die "witte" en het nie met die oorstroming rivier-af gespoel nie.

Laat my nou met die gewone werklikheid dié verduideliking onderbreek. Die "spore" van die byna metafisiese redeloosheid wat die redakteur tydens die besoek aantref, berus op die werklikheid: die bobbejaan wat met die paal in sy anus teen die heining sit, die waansinnige vrou wat gillend oor die straat hardloop, die verskeurde koerantplakkaat, ’n operasangeres wat met haar klein motortjie en ’n papegaai uit Europa, deur Afrika, op ’n Karoodorp aankom – daarvan is net twee plekke nie "soos dit gebeur het" nie: die operasangeres het in Durban in ’n apteek gewerk, nie in die Karoo nie, en dis in die Vrystaat dat die seun toevallig die plaasmoord op sy ouers voorkom het.

Die "groter, byna metafisiese redeloosheid wat losgelaat is, wat teer op bloed, op waansin ... iets wat oral net spore laat", soos die verhaal dit noem, het by die skryf van die storie bestaan in die werklikheid. Ek laat dit aan koerantlesers oor om te besluit of dit verander, verbeter of versleg het sedert 2003 toe die verhaal in Tot verhaal kom gepubliseer is. Wat vir my belangrik was, was dat hierdie onbegryplikheid van totale verval in die Suid-Afrikaanse werklikheid gevolg het op 1994 se tyd van romantiek, van hoop en drome.

’n Gelukkige slot vir hierdie "reis" was voor die hand liggend nie moontlik nie. Verhaalgewys was die vrou met die motortjie en die papegaai se vroeëre loopbaan as operasangeres in die verhaal ’n "los rafel" om vas te knoop.

Die slot van die verhaal is die gedroomde "waansintoneel" soos aangekondig deur sy vrou, Anna, in ’n operaplek wat al die kenmerke het van Epidauros in Griekeland (die ronde dorpsplein wat wegval tot aan die Baai van Ayina). Die waansin begin met die klag: "Ons het die son verwag. Waarom drup daar bloed? Waar ..."

Hierdie woorde in die verhaal kom in die bekende waansintoneel uit Donizetti se Lucia du Lammermoor nie voor nie.

Die enigste spoor van hoop is die weggesteekte geel ligte wat ’n ewigheid duur om aan te gaan. (Geel is die kleur van hoop; die liggies onder aan die halfmaan klip-sitplekke op Epidauros is in werklikheid groen.)

Of die keuses wat die verhaal gebruik, slaag, sou ook ’n uitspraak wees oor die gehalte van die verhaal, en daaroor het hierdie teks geen boodskap nie. Dat dergelike tekste meer van die leser verwag as sê maar gewone Klein Karoo-verhale is bekend en juis.

Ook dat die moderne kortverhaal meer neig in die rigting van poësie as van die novelle.

Die laaste brief wat hy die oggend voor ontbyt tik, en wat ten slotte sý reaksie op hierdie werklikheid bevat, is die slot van die verhaal:

Ek moes seker laasnag met engele of duiwels geworstel het, maar daarvan onthou ek niks. Ek weet ook nie waar die droefheid in my vandaan kom terwyl ek hier sit en skryf nie, ’n gelate droefheid soos met die aanvaarding van iets onontkombaars. Want dit het ek vanoggend toe ek wakker word duidelik en genadeloos gewéét: Hier was ’n vloed, ja, ’n vloed waarin grensdrade, hoekpale, familiefoto’s, deure, stoele, dokumente en portrette weggesleur en deurmekaargemaal en saamgespoel is. Hier was ’n vloed, ja, maar dit was lank gelede toe hier nog hoop was én drome.

The post Om stories te vertel appeared first on LitNet.

Ena Jansen (1951–)

$
0
0

Gebore en getoë

Ena Jansen en haar tweelingsuster Christine is op 18 Maart 1951 in die hospitaal op Estcourt in Natal gebore.

Haar pa was ’n boerseun van die plaas Vlakwater in die distrik Viljoenskroon in die Vrystaat. Hy is na Stellenbosch om teologie te gaan studeer en daar het hy vir Ena (Francina) Myburgh, toe ’n skoolmeisie aan die Engelse meisieskool Rhenish, ontmoet. Ná skool het sy spraak- en dramaklasse in Kaapstad by die alombekende dosent Rita Maas geneem.

In Desember 1949 is hulle getroud en het die bloedjong predikant met sy jong bruid Natal toe vertrek, waar hy sy predikantsloopbaan begin het by die gekombineerde gemeente van Colenso (die kragstasiedorp) en Winterton aan die voet van die Drakensberge. Die tweeling is in Estcourt gebore omdat dit die naaste dorp met ’n hospitaal was.

Toe Ena en haar suster sewe jaar oud was, het die gesin na Utrecht in Noord-Natal verhuis waar haar pa vier jaar lank predikant was voordat hulle na Durban getrek het. Vanaf standerd 3 (vandag graad 5) was hulle in die Laerskool Port Natal en vanaf standerd 6 (graad 8) na die Hoërskool Port Natal. Christine was hoofmeisie van albei skole. Die jare in die klein dorpies sowel as dié in die stad was belangrik in Ena se ontwikkeling.

Ena vertel aan LitNet dat hulle as kinders baie bevoorreg was. Omdat hulle pa kapelaan van die destydse Suid-Afrikaanse Polisie was, was hulle nie so in die openbare oog soos hulle sou gewees het indien hulle in ’n tradisionele pastorie grootgeword het nie: "In die groot stad kon elkeen op haar eie manier ontwikkel."

Haar ma was ook nie ’n tradisionele predikantsvrou nie. Bo en behalwe dat sy haar eie ateljee gehad het en spraakklasse gegee het, het sy ook vir die destydse Naruk se toneelgeselskap toneel gespeel en was sy ook deel van baie radiodramas. Sy het baie wyd gelees en was met baie mense in die kunste bevriend. As kinders het die twee dogters gereeld saam met hulle ouers na toneelstukke en musiekopvoerings in Durban gegaan, en in daardie jare was daar baie, ook met internasionale kunstenaars. Haar ouers was bevriend met die bestuurder van die Alhambra-teater en hy het baie maal kaartjies vir die Jansen-gesin gereël.

Ena vertel verder aan LitNet: "Verder het my ma al die boeke van die nuwe skrywers onmiddellik gekoop: Leroux, Brink, Breytenbach, Ingrid Jonker – van standerd 6 se kant het ek alles gelees en is nooit afgeraai of ontmoedig nie. Ook was my ma baie lief vir Elisabeth Eybers, ook vir Audrey Blignault, en alle Engelse skrywers en natuurlik Shakespeare was op haar boekrakke.

"My oupa en ouma het in Durban kom aftree nadat hy jare lank Standard Bank se bestuurder op Darling in die Swartland was. My ma was ’n enigste kind en ons het baie oor en weer met my oupa-hulle gekuier. My ma het eers begin studeer toe ons ook universiteit toe is: filosofie en kommunikasiekunde. Sy het ’n hele paar jaar by Unisa en toe op Potch klas gegee. Ons was altyd ’n hegte gesin en dit het ’n groot invloed op my en my sussie gehad. Hulle eie professionele lewens het sekerlik vir ons albei ook baie selfvertroue gegee om ons eie ding te doen."

Ena onthou dat haar Afrikaanse letterkunde-onderwysers ’n baie groot rol in haar vormingsjare gespeel het . Sy onthou veral vir Louise Combrink, wat ook ’n groot vriendin van Ena se ma was en later met die taalkundige Johan Combrink getroud is. Sy het hulle geïnspireer om wyd te lees, iets wat Ena reeds gedoen het.

"Op skool was ek ook al dol oor geskiedenis. Ek het byvoorbeeld so ’n Nuusbode-boek wat dr Anna Böeseken saamgestel het, verslind. Dit was in ons boekrak. Ek was mal oor die ekstra feitjies wat ek teëgekom het in die koerantberigte waaruit die Nuusbode saamgestel is en ek dink nog steeds dit was ’n uitstekende manier om ’n oog en oor te kry vir die meer ‘gewone’ nuus en dit te betrek by groter gebeure. Hierdie boek het my ook in die rigting van joernalistiek gestuur. Op skool en tydens my eerste jare op universiteit was ek vas van plan om ’n joernalis te word. Ek was op allerlei skool- en universiteitskoerante en tydskrifte se redaksies."

Ena matrikuleer in 1968 aan die Hoërskool Port Natal.

Verdere studie en werk

Ná skool is Ena na die Universiteit Stellenbosch waar sy haar ingeskryf het vir ’n BA-graad met Afrikaans-Nederlands as hoofvak.

Oor haar universiteitsjare brei Ena ’n bietjie uit: "Ek het met fassinasie na die ou professore WEG Louw en DJ Opperman gekyk en geluister. En eintlik het ek naelskraap deur my BA-jaar gekom omdat ek meer op Bikini Beach (in Gordonsbaai) rondgelê as geswot het. Maar gelukkig het ek gelyk graad gekry saam met my sussie en kon ek inskryf vir Afrikaans en Nederlands Honneurs. Ek het seker nog nooit so hard gewerk as daardie jaar nie. Alles het op sy plek begin val.

"Ek was ook ’n student-assistent en het in absoluut alles begin belangstel, ook baie teater toe gegaan, veral na die Space in Kaapstad waarnatoe ek al van my 2de jaar saam met my goeie vriendin Annelize gegaan het. Ons het dan by haar neef Coert Smit gebly wat langs die groen moskeetjie in Langstraat ’n woonstel gehad het.

"Verder is ek met verloop van tyd ook na formeler dinge genooi, soos na die Louws op hulle plasie ‘Sondraai’ waar ek verstom was oor die ongelooflike skilderye aan hulle mure van mense soos Irma Stern en Maggie Laubscher. Ek was ook ’n paar keer by die Oppermans tuis – groter verskille as tussen dié twee huishoudings kon jy jou kwalik voorstel! WEG Louw het my tydens my MA-jaar gevra om vir ’n semester lank sy klasse waar te neem; ’n groot eer, en dis waar die byna vanselfsprekendheid ontstaan het dat ek daarna in Nederland sou gaan studeer.

"Ek het my MA-skripsie oor Karel Schoeman (Die karakterisering van hoofkarakters in die verhalende prosa, met verwysing na die werke van Karel Schoeman) wel by DJ Opperman geskryf. Ingrid Winterbach en ek het sy aan sy in woonstelletjies in Concord gewoon en aan ons skripsies gewerk. Tóé al het ek net gewéét sy gaan ’n groot skrywer word. Haar briewe was ongelooflik. En sy’t die mooiste tekeninge op so ’n geverfde Masonite bord gemaak – enigiets van goggas tot blomkole. Ons het elke dag maalvleis en groenboontjies geëet. En daai dae nog baie gerook. As ek nou daaraan terugdink – ’n wonderlike bestaan so tussen die hoogste toppe van Kerkstraat se ou platane. Met Simonsberg tussen die blare in die verte en die Moederkerk se toring en klokke net so regs van ons.” (Direkte e-poskorrespondensie met Ena Jansen)

Voordat Ena met haar MA-verhandeling oor Karel Schoeman sou begin, het sy vir twee periodes van ’n paar maande by Die Burger as verslaggewer gewerk. Die eerste keer (Desember 1972 tot April 1973) het sy saam met Cas van Rensburg en Paul Alberts in die kunsredaksie gewerk. Victor Holloway, die redakteur, was lank siek en Ena is as 21-jarige aan die diep kant ingegooi, vertel sy aan LitNet.

Vir haar was die hoogtepunt die Sestigerweek aan die Universiteit van Kaapstad waaroor sy verslag moes lewer: "Ek het elke dag langs Rykie van Reenen aan die perstafel gesit – ek en sy het albei by my tannie en haar goeie vriendin Alba Bouwer in Oranjezicht gebly. Die aand toe Breyten sy 'Ons is ’n bastervolk met ’n bastertaal'-toespraak gehou het, sal ek nooit vergeet nie. Hoe hy vir my die uitgeskryfde toespraak oor Die Burger se politieke joernalis se kop aangegee en ek in die koerant se Volksie afgejaag het met De Waalrylaan om die storie te gaan tik in Keeromstraat – met Piet Cillié wat oor my skouer loer. Dit het uiteraard die oggend se voorblad gehaal.

"Kort voordat ek in Augustus 1974 in Nederland gaan studeer het, het ek weer vir ’n paar maande (April 1974 tot Julie 1974) by die koerant gewerk. Ingrid Winterbach en Max du Preez en ek was toe saam in die algemene kantoor, Dene Smuts en Annelize van Rooyen was ook daar, Antjie Krog het ook begin. Dit was tye wat my in alle opsigte nuuskierig na die wêreld gemaak het."

In 1974 vertrek Ena vir die eerste maal na Nederland waar sy in 1978 haar LittDocts in teoretiese en vergelykende letterkunde (cum laude) aan die Rijksuniversiteit Utrecht in Nederland verwerf.

Terwyl sy in Nederland studeer het, was sy buitelandse korrespondent vir Suid-Afrikaanse koerante. Vanaf 1977 tot 1978 was sy assistent vir JJ Oversteegen aan die Instituut voor Theoretische Literatuurwetenskap aan die Rijksuniversiteit in Utrecht. Nadat sy haar doktorsgraad behaal het, werk sy as biblioteekassistent by die Suid-Afrikaanse Instituut in Amsterdam (1979–1981). Sy was ook vryskutverslaggewer en -resensent vir onder ander De Volkskrant, asook tydelike redakteur by Elsevier Uitgewers in Amsterdam en ook by Anthos Uitgewers in Baarn. Voor haar terugkeer na Suid-Afrika in 1984 was sy tydelike lektor in Afrikaans aan die Departement van Neerlandistieke Studies aan die Universiteit van Keulen in Duitsland.

Benewens haar werk as vryskutjoernalis het sy ook in daardie jare verder gestudeer en baie in veral Europa gereis.

In Junie 1984 aanvaar Ena ’n pos as dosent in Afrikaans aan die Universiteit van die Witwatersrand. Sy is gevra om aansoek te doen vir Anita Lindenberg se pos nadat Anita oorlede is. "Eintlik wou ek glad nie terugkom Suid-Afrika toe nie; ek het toe al ’n paar keer uitnodigings om byvoorbeeld vir André Brink in te val in Grahamstad en aansoek te doen vir iets op Stellenbosch sonder enige wroeging van my afgeskuif. Maar Johannesburg was ’n nuwe uitdaging en my ouers het aangehou dat ek tog moes probeer terugkom; al kom ek net vir ’n jaar – ek kon mos altyd teruggaan Amsterdam toe as ek regtig wou. Ek het my woonplek daar nog lank onderverhuur, maar later met my hele hart gekies vir Johannesburg.

"Dit was ’n uitstekende beslissing. Die departement was fantasties: die hoof was Ernst Lindenberg en van die ander kollegas was John Miles, Ampie Coetzee, Gerrit Olivier, die taalkundiges Edith Raidt en Anna Coetzee. Marlene van Niekerk, wat ek al goed geken het van ons Amsterdam-dae, het later bygekom. Juis oor die politiek wou ek wegbly uit Suid-Afrika, maar juis die politiek het dit so belangrik gemaak om terug te wees.

"Ek was in daardie tweede helfte van die moeilike jare 80 intens betrokke by die End Conscription Campaign wat veral met Afrikaanse posters (‘Troepies uit die Township’) ’n breër bewussyn wou skep. Ons het ook ’n Afrikaanse Demokrate-groep gehad en ek was ook betrokke by die Black Sash. En natuurlik was dit die jare van die Vrye Weekblad – toevallig het ek én in die allereerste én in die allerlaaste VW ’n resensie gehad. Ook by Die Suid-Afrikaan en De Kat se boekeblaaie was ek baie betrokke – dit was die jare van baie resensies skryf en voortdurend op ’n soort gespanne koord loop.

"Saam met vriendinne Marlene van Niekerk, Marianne de Jong, Irna van Zyl en Hanlie Malan het ons as reaksie op die noodtoestand maande aan ’n kabaret geskryf en geoefen – dis net een aand in die Black Sun in Hillbrow opgevoer – met die mees waansinnige en uittartende tekste. Een reël wat my bybly is ‘Ou Magnus lig sy rok; Tannie met die rooi, tannie met die rooi, tannie met die rooi rokkie’! Ralph Rabie het toe ook pas opgetrek Johannesburg toe en by Irna-hulle in die huis gebly. Hy was die enigste ou wat klavier kon speel – en só het hy by ons betrokke geraak. Later het hy Hillbrow toe getrek en aand na aand het ons in sy leë woonstel geoefen. Kort ná ons kabaret het hy sy werk by Rapport opgegee en voltyds musiek begin maak en as Johannes Kerkorrel beroemd geword. Op Eet Kreef (1989) is van die liedjies wat ons vir ons kabaret gemaak het, onder andere ‘Ou Ou lied van Afrika’.”

Ena was lektor tot 1992 en daarna tot 1998 senior lektor in die Departement Afrikaans-Nederlands aan Wits. Van 1999 tot Januarie 2001 was sy medeprofessor en vanaf 1999 ook hoof van die departement.

In 2001 is Ena aangestel as "universitaire docent" by die Vakgroep Nederlandse Letterkunde aan die Vrije Universiteit te Amsterdam. Sy het in Februarie 2001 daar begin werk. 70% van haar tyd sou aan onderrig bestee word en die ander 30% aan navorsing. Sy sou ook ’n lid wees van die Onderzoekschool Letterkunde (Normen en waarden).

In 2002 is die leerstoel Suid-Afrikaanse Letterkunde aan die Universiteit van Amsterdam heringestel nadat dit in die 1970's, toe NP Van Wyk Louw professor was, afgeskaf is. Ena het die afskaffing self beleef toe sy daardie jare in Nederland studeer het. In ’n onderhoud met haar skryf Gawie Keyser (Die Burger, 10 April 2003) dat die herinstelling van die leerstoel ’n historiese gebeurtenis is. Hy was ook van mening dat dit ’n "hoogtepunt is van die normalisering van kulturele betrekkinge tussen Suid-Afrika en Nederland".

Ena is aangestel as "bijzondere hoogleraar Zuid-Afrikaanse letterkunde" aan die Universiteit van Amsterdam. Sy vertel aan Keyser dat die nuwe leerstoel behels dat sy ook ander Suid-Afrikaanse letterkunde bo en behalwe Afrikaanse tekste sal behandel: "Aangesien die leerstoel by die vakgroep moderne Nederlandse letterkunde hoort, sal die nadruk tog op Afrikaanse tekste val. In lesings praat ons Afrikaans en Nederlands, maar ek verduidelik wel die meeste dinge in Nederlands.

"Die belangstelling onder die studente is groot. Die volgende reeks het as tema O wye en droewe land. Dit handel oor die verhouding tussen Suid-Afrikaanse skrywers en die landskap. (...)

"Onder jong mense is daar minder belangstelling in Afrikaans en Nederlands as in my tyd. Die venster op Europa is nie meer so belangrik nie. Die venster op Amerika het belangriker geword. Ek vind dit jammer, maar vergeet nie dat daar ook ’n globalisering van Afrikaans plaasvind nie. ’n Mens kan seker daarby baat vind deur juis nie ’n laertrek-mentaliteit aan die dag te lê nie. Jy kan nou sonder enige skroom Afrikaans oor die wêreld propageer. Dis ’n heerlike tyd om met die leerstoel te begin.

"Die ontspanne atmosfeer van die laaste jare het mense daarvan bewus gemaak dat daar wel iets soos ’n gemeenskaplike taal bestaan. Die ywer van Nederlandse studente om ou tekste te lees tesame met hul perspektiewe op moderne Suid-Afrikaanse tekste is beslis ’n bate. Hul kennis van ou Nederlands is baie beter as dié van Suid-Afrikaanse navorsers.

"Dit was vir dosente hier lank onnatuurlik om hul belangstelling in Afrikaans te onderdruk. Ek het soveel interessante gesprekke met mense wat vertel dat hulle oor jare interessante werk oor Afrikaans en Nederlands in hul laai gebêre het. Nou is alles weer moontlik.

"Ek gaan nou hier bly. Ek gaan wel dikwels terug na Suid-Afrika, en sal seker nie meer Nederlands word as wat ek is nie. En die stad is nou anders, meer wêrelds. Dit laat ’n mens tuis voel."

Ena vertel aan LitNet oor haar jare in Amsterdam: "Om as ‘bijzonder hoogleraar’ Suid-Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Amsterdam te kon werk was vir my heerlik, byna 15 jaar lank van 2002 tot September 2016. Ek het ook nog vyf jaar lank promosiereg en sal dus nog betrokke bly. En ek is ontsettend lief vir die Zuid-Afrikahuis aan die Keizersgracht 141 – ’n plek wat nou weer pragtig gemoderniseer en gerestoureer is. Corine de Maijer wat die bibliotekaris daar is het my deur my jare as hoogleraar in soveel opsigte gesteun, ook die ander mense daar. Die ZAH is naas ons eie huis naby die Rijksmuseum aan die Weteringschans my tweede tuiste in Amsterdam.

"Alhoewel ek vanaf 2001 ’n voltydse pos aan die VU by eers Nederlandse letterkunde en later die afdeling Literatuur en Samenleving gehad het, het ek enorm baie van my tyd aan die leerstoel-aktiwiteite gewy. Om in Amsterdam so betrokke by Afrikaans en Suid-Afrika te kon wees, was ’n tuiskoms, dit het wat werk betref my bestaan in Nederland nóg sinvoller gemaak as wat dit al was nadat ek agter my hart aangetrek het soontoe. En omdat my ‘partner’ Pamela Pattynama ook ’n bijzonder hoogleraar in Nederlands-Indiese letterkunde aan die UvA geword het, kon ons ook baie kongresse en onderwysreise saam aanpak na lande soos Indonesië (waarheen sy steeds dikwels gaan), Suriname en Curacao." (Direkte e-poskorrespondensie met Ena Jansen)

Vanaf 2011 het Ena ’n baie belangrike rol gespeel om te keer dat die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam nie verkoop word nie. Haar aksies het tot gevolg gehad dat Naspers by Zuid-Afrikahuis betrokke geraak het en ’n 50%-aandeel daarin verkry het en onderneem het om die gebou te restoureer.

Ena het in ’n toespraak by die Afrikaanse Taalmuseum in Augustus 2015 gesê dat sy elke jaar 20 of selfs tot 30 studente het wat die kursusse in Suid-Afrikaanse letterkunde bywoon en daarmee krediete vir hulle graadkursusse verdien. "Wanneer ek volgende jaar uittree, sal daar byna 500 Nederlandse studente wees wat op dié manier ’n wye en intensiewe kennis opgedoen het in die Suid-Afrikaanse konteks en tekste waarin dit uitgedruk word. My promovendi is veral Nederlanders, maar ook ’n uitstekende Russiese vrou, Ksenia Robbe, wat oor moederskap in die Suid-Afrikaanse letterkunde gepromoveer het. Ook Suid-Afrikaners kom soms Amsterdam toe. Ek is byvoorbeeld baie trots daarop dat die jong Hertzogprys-wenner Tertius Kapp by my sy proefskrif aan die skryf is."

In Junie 2016 moes Ena op die ouderdom van 65 jaar en ses maande aftree uit die Nederlandse akademiese wêreld en sy is sedert September 2016 met emeritaat. "Dit bied ontsettend baie herwonne vryheid: ek voel byna weer voltyds soos ’n student, vryskut. Ek kan kies of ek op die strand rondlê, reis, of navorsing doen. En ek het baie nuwe planne – die grootste werk is eers om my boek Soos familie in Engels te vertaal. Dit sal deur Wits University Press uitgegee word."

Ena was lid van die volgende verenigings: Maatschappij der Nederlandse Letteren (MNL); Van Riebeeck Vereniging (VRV); Nederlands Zuid-Afrikaanse Vereniging (NZAV); Suid-Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek (SAVN); Internationale Vereniging voor Neerlandistiek (IVN) en Suid-Afrikaanse verteenwoordiger op die uitvoerende bestuur vanaf 1997 tot 2000; Suid-Afrikaanse Vereniging vir Algemene Literatuurwetenskap (SAVAL) en Afrikaanse Letterkundevereniging (ALV).

Sy was ook aan die ontvangkant van menige beurse, onder andere die Elisabeth Eybers-beurs in 1998 wat deur die Albert Wessels-trustfonds bestuur en deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns geadministreer word.

Benewens ’n paar blokboeke en tesisse word Ena se eerste boek, Afstand en verbintenis: Elisabeth Eybers in Amsterdam in 1995 uitgegee. Hierdie boek is deels gegrond op Ena se doktorale proefskrif, “Elisabeth Eybers se ’nederlandse’ bundels 1962–1991”. Dit is in 1998 ook in Nederlands vertaal deur Riet de Jong-Goossens en by die bekendstelling van die Nederlandse uitgawe by die Boekhandel Van Rossum was Eybers self aanwesig.

In sy toespraak het Pierre Dubois, ’n Nederlander wat ’n Eybers-kenner is, klem gelê op die besonderse rol wat sy in beide die Nederlandse en die Suid-Afrikaanse letterkunde gespeel het. "Haar Afrikaans was egter nooit vir Nederlandse kritici ’n rede om haar werk as ontoeganklik te beskou nie."

In Ena se toespraak by die bekendstelling het sy gesê: "Daar is wel ’n afstand tussen Eybers en die Nederlandse lesers, maar dit verhoog net die estetiese waarde van die poësie. Liewe Elisabeth, jy bly verbonde met Afrikaanse lesers, ondanks die afstand."

Die eerste vyf hoofstukke van die boek behandel wat Roy Pheiffer in Insig (Junie 1996) "die eksterne geskiedenis van die digter" noem: haar jeugjare en verblyf in Johannesburg, haar besluit om na Nederland te verhuis en haar toetrede tot die Nederlandse letterkundige wêreld, asook die trauma van aanpassing by ’n ander land met al sy nuwe uitdagings.

Pheiffer gaan voort: "Hoofstuk ses sal vir baie lesers die hoofbelang van die boek wees, en nie sonder rede nie, want hier word oor 75 bladsye aandag gegee aan die mens agter die boek. Uit die seldsame onderhoude wat Elisabeth Eybers toestaan, het Ena Jansen stukke wat met mekaar saamhang, gerangskik om tematies sinvolle onderafdelings te vorm , sodat dit ’n deurlopende kripto-biografie vorm, waarin belangrike sake aan die bod kom en die digter se persoonlikheid op ’n simpatieke en sensitiewe manier belig word. Rustig; en weer sonder sensasionalisering. En eerlik."

Hoofstukke 7 tot 10 bevat die meer tegniese aspek van die boek, waarin Jansen ’n ondersoek doen na Eybers se tekste om uit te vind wat die essensie was van haar digwerk wat sy beslag in Nederland gekry het. Vir Pheiffer is Afstand en verbintenis ’n bydrae tot die Afrikaanse literatuurgeskiedenis oor ’n hooffiguur oor wie daar nog nie geskryf is nie.

Op Vrouefokus wat op 10 April 1996 op die destydse Afrikaans Stereo uitgesaai is, het Chris van der Merwe gesê dat Afstand en verbintenis vir hom ’n baie lekker leeservaring was. "Dis asof Elisabeth Eybers saam met die boek my huis binnegekom het as ’n gas en ’n vriendin. Dis verpligte leesstof vir elke liefhebber van Elisabeth Eybers en van die Afrikaanse literatuur."

Zandra Bezuidenhout (Skrywers en boeke op Afrikaans Stereo, 16 Mei 1996) sê dat Afstand en verbintenis ’n pragboek is en ’n "besondere verskynsel". "Ek hou veral van die toon en aanslag van hierdie boek: sonder om aan vakkundige integriteit in te boet, vind die skrywer ’n vriendelike, warm stem waarmee sy haar besondere Eybers-verhaal vertel. En tog bly sy ’n gedissiplineerde bemiddelaar. Die leser wat hier op soek is na die sensasionele, of na ’n sentimentele soort heldeverering, sal dit nie vind nie. Dit lyk inderdaad of Jansen daardie selfde balans tussen uiterstes bewerkstellig as wat Eybers so opvallend in haar poësie bereik."

Lucas Malan (Rapport, 12 Mei 1996) noem dit ’n "praguitgawe" en ’n "besondere huldeblyk aan hierdie fassinerende figuur en haar digterskap". JC Kannemeyer het in sy bespreking (Die Burger, 1 Mei 1996) Afstand en verbintenis as "een van die belangrikste studies wat onlangs gepubliseer is" beskryf. Vir hom is dit die omvangrykste en mees insiggewende studie wat daar nog oor Eybers en haar werk verskyn het. Wat ook vir hom belangrik is, is dat daar baie belangrike biografiese besonderhede, asook ander inligting, in die teks is wat belangrik is om Eybers se werk te verstaan.

Ena se intreerede by haar aanvaarding van die pos van besondere hoogleraar in Suid-Afrikaanse letterkunde is in 2004 by Vossiuspers van die Universiteit van Amsterdam gepubliseer onder die titel “Eva, wat sê hulle?" Konstruksies van Krotoa in Suid-Afrikaanse tekste. Madeleine van Biljon het in haar bespreking (Beeld, 12 Julie 2004) Ena Jansen as ’n "top-uitvoerproduk" beskryf. Vir haar is Eva fassinerend, veral as die rol wat sy sedert Jan van Riebeeck in die Suid-Afrikaanse geskiedenis gespeel het, in ag geneem word.

Ena se werk as hoogleraar in Nederland het haar baie besig gehou, maar nie so besig dat sy nie tyd vir haar navorsing vir haar volgende projek gehad het nie. In 2015 word haar boek Soos familie: stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste by Protea Boekhuis gepubliseer. Op LitNet noem Naomi Meyer dit ’n "verkenning van die rol en betekenis van ongeveer ’n honderd huisbediendekarakters in stadsboek uit ’n groot deel van die twintigste eeu en daarná".

Ena vertel aan Naomi Meyer meer oor die navorsing rondom hierdie onderwerp. Die besluit om navorsing oor ’n spesifieke onderwerp te doen, het gewoonlik ’n persoonlike oorsaak. "Wat hierdie boek betref, is dit Nomahobe Cecilia Magadlela, wat 25 jaar lank op Donderdae in my huis in Melville gewerk het. Wat ek van haar lewe leer ken het, het my bewus gemaak van die geweldige spanning waaronder vroue leef wat in die stad woon, maar wat steeds noue bande behou met ’n landelike gebied. Ek het ook al hoe meer besef dat as dit nie vir haar was nie, sou ek niks persoonliks van hierdie wêreld geweet het nie. Steeds is ons betrokke by mekaar, selfs al woon ek die grootste deel van die afgelope jare in Amsterdam en selfs al is sy laas jaar met pensioen 'huis toe'. Eers toe sy afkondig dat sy wil aftree, het ek my huis verkoop. In Januarie het ek vir Cecilia in die Transkei gaan kuier: dit was ’n groot ervaring om haar by haar eie huis naby Cofimvaba mee te maak; om uiteindelik saam met haar rond te loop in die dorpie bestaande uit tipiese heldergekleurde rondawels maar ook moderner huise teen die groen heuwels; die plek wat al die jare die spil van haar bestaan is."

Vir Ena is die sentrale tema van die boek die volgende: "Skrywers en kunstenaars beeld uit wat hulle waarneem en hierdie voorstellings beïnvloed dan weer die manier waarop ons na 'die werklikheid' kyk en hoe ons ons gedra. Stuart Hall praat van die 'cycle of representation', die sirkelgang van uitbeelding. As Kobie Malan in ’n Maasdorp-boek die bediendes hiet en gebied, vind jy dit normaal juis omdat die skrywer dit so normaal aanbied. Ontwrigtende stories, geskryf deur byvoorbeeld Elsa Joubert, Kopano Matlwa, Zukiswa Wanner en Imraan Coovadia, is egter noodsaaklik omdat dit ons anders laat kyk na die per definisie troubled verhouding tussen werkgewer en huiswerker. Stories soos 'Agterplaas' kan ons leer om ons eie bevoorregting te bevraagteken en om opnuut na te dink oor menswaardigheid en medemenslikheid oor kleur- en klasgrense heen. Soos familie probeer om hierdie moeilike kwessies so onderhoudend moontlik aan die orde te stel." (Op BooksLive)

Die UJ-prys vir kreatiewe skryfwerk in Afrikaans is in 2016 vir Soos familie toegeken. By die ontvangs van die prys het Ena gesê: "Onlangs het ’n Nederlandse kritikus geskryf: 'Goede non-fictie behoort tot de literatuur: ook al is er geen jota aan verzonnen.' Volgens die kritikus kan goeie niefiksie net soos ’n goeie roman ’n soektog wees wat die grense van die ek oorskry. Dit kan ’n mentaliteitsverandering teweeg bring en kan die leser ánders na bekende dinge laat kyk.

"Die keurpaneel vir die UJ-prys vir skeppende skryfwerk het vanjaar drie niefiksieboeke en twee romans vir die kortlys gekies. Dat julle my boek as wenner gekies het, ’n niefiksieboek waarin geen jota versin is nie, was vir my oorstelpende nuus. Dat julle selfs baie dieselfde kriterium as die Nederlandse kritikus hanteer, het my verras en verskriklik bly gemaak. Julle skryf immers oor Soos familie, en ek haal aan uit die kort keurverslag waarin die nuus van die pryswenners bekend gemaak is, dat Soos familie 'die Afrikaanse letterkunde sowel as die leser se bewussyn verryk, verruim en verdiep'. Dankie vir die oop gemoed waarmee julle Soos familie gelees het en gehoor het wat ek probeer sê. Dit het jare van lees gekos, van soek, van keuses maak, van kombinasies vind om die so bekende Suid-Afrikaanse verhaal wat ek wou vertel, so effektief en toeganklik moontlik oor te dra.

"Dat ek vanaand hierdie prys ontvang, beskou ek as ’n eerbetoon aan die vroue oor wie die boek gaan. Dis ’n eerbetoon aan al die vroue wat in weerwil van baie spanning tog hul kanse aangryp en in Johannesburg huiswerk doen. Dis ’n eerbetoon aan die vroue wat oor die drumpels van wit mense genooi word; in die eerste instansie omdat hulle werkkrag so gewens is, maar óók omdat hulle sulke belangrike vertrouenspersone is vir baie wit kinders, gesinne en alleenlopers. Dat hierdie verhouding uiters ambivalent is, dat daar voortdurend onderhandel moet word, besef ek steeds. Dis ’n verhaal met ’n lang geskiedenis. (...)

"Ek sou hierdie boek nie kon geskryf het as ek nie self in Johannesburg gewoon het en so intens in die stad se geskiedenis en die verhale van skrywers oor die stad begin belangstel het nie. Ook die feit dat ek self werkgewer van ’n huiswerker was, is van groot belang.

"Daarom wil ek afsluit deur die een persoon te bedank wat my sekerlik die meeste geïnspireer het om die boek hoegenaamd te kon bedink: Cecilia Nomahobe Magadlela, wat ’n kwarteeu lank op Donderdae in my huis in Tolipstraat hier naby op die grens tussen Melville en Westdene gewerk het. Sy is een van die duisende Oos-Kaapse vroue wat om den brode Johannesburg toe gemigreer het, 'with just a little bag' onder die arm om haar eie heil te soek, maar ook om te ontvlug aan ’n opgelegde huwelik. Sy is in die stad getroud met London Banda, ’n Malawiese tuinier wat ongelukkig al in 1997 aan ’n hartaanval oorlede is. (...)

"Soos familie is ’n boek oor Suid-Afrika, maar in sy hart is dit ’n boek oor Johannesburg. Oor vroue soos Nomahobe Cecilia Magadlela en hulle dikwels veels te niksvermoedende werkgewers wat deur middel van die opteken en lees van ware én literêre stories tog kan probeer om iets meer te verstaan van die verstrengeldheid van ons almal se lewens. Baie dankie aan die Universiteit van Johannesburg dat julle vanjaar julle belangrike prys toeken aan Soos familie, dat julle Soos familie en sy verhaal wat onder meer so spesifiek oor Johannesburgse mense gaan respekteer en vereer."

Ena verduidelik aan Protea Boekhuis (op BooksLive) hoekom Soos familie vir haar so belangrik is en haar so na aan haar hart lê: "Die onderwerp het tot ’n aangrypende jarelange ontdekkingstog deur die Suid-Afrikaanse letterkunde gelei en my laat besef dat ’n vergelykende oorkoepelende benadering van literatuurgeskiedskrywing moontlik is waarin temas sentraal staan: 'oral history'-onderhoude, outobiografiese vertellinge en ernstiger letterkunde kan langs mekaar en deurmekaar ondersoek word. Alles vorm saam ’n argief van die gedeelde, maar veral verdeelde Suid-Afrikaanse leefwyse.

"Ek kon vrouekarakters wat vroeër so goed as geïgnoreer is, nou na vore skuif. Dit is ook die rede waarom onderafdelings van hoofstukke nie die titels van skrywers of boeke het nie, maar juis die huiswerker-karakters se name. Voorbeelde is Siena in Etienne Leroux se Die eerste lewe van Colet (1960), Adija in Elsa Joubert se verhaal 'Kaap' (1980), Faith Mbatha in Ingrid Winterbach se Landskap met vroue en slang (1996) en KC Mhaga in Eben Venter se storie 'Bettie' in Twaalf (2000).

"My passie vir die Suid-Afrikaanse geskiedenis en stadsontwikkeling kon ek tydens die skryf van die boek kombineer met my liefde vir die letterkunde, en laastens, was dit belangrik om in die skryfproses my uitgangspunt bevestig te sien: dat huiswerkers vanweë hulle ambivalente posisie in die kontakgebied tussen ras en klas perfek geposisioneer is om belangrike tolke en vertalers in die Suid-Afrikaanse samelewing te wees: tussen ryk en arm, stad en platteland, wit en swart."

As Ena vyf huiswerkerfigure kan uitsonder wat haar geïnspireer het om Soos familie te skryf, is dit (a) "Nomahobe Cecilia Magadlela (gebore 1950) wat oorspronklik van die Oos-Kaap is en nou weer terug in Cofimvaba met pensioen nadat sy byna 40 jaar lank in Johannesburg gewoon en gewerk het. Sy het 25 jaar op Donderdae my Melville-huis en sy mense versorg; (b) Ou-Melitie – Alie se dierbare oppasser in Alba Bouwer se Stories van Rivierplaas (1955); (c) Klein Julia – die bekkige 'Joh’burg-nuffie' oor wie Minnie Postma ’n skets geskryf het in Ek en my bediende (1955); (d) Liesbeth – die vrou oor wie Barbara Fölscher ’n aangrypende kortverhaal 'Kinders grootmaak is nie pap en melk nie' in haar bundel Reisgenoot (2002) geskryf het; (e) Eve – wat in 1992 vir die eerste keer in die Mail & Guardian verskyn het in die Madam & Eve-strokies; altyd het sy ’n weerwoord en is sy ’n hoopgewende ikoon van verandering; en dan natuurlik Poppie Nongena (Die swerfjare van Poppie Nongena deur Elsa Joubert). En Agaat."

In Die Burger van 18 Julie 2015 skryf Jean Meiring dat Soos familie, Ena se meditasie oor huiswerkers, "meesleurend en monumentaal" is. Vir hom het dit iets te sê vir alle Suid-Afrikaners, maar veral vir daardie geslag wit Suid-Afrikaners "vir wie die nederige blikbeker en dikwels gekraakte beker onder die wasbak gemeenplaas was".

Meiring meen dat Ena Jansen gelukkig nie baie sentimenteel in haar benadering was nie en dit is ook nie ’n "waarheids-en-versoeningstranedal" nie. "Tussendeur die mildelike gebruik van tegniese begrippe, soos fokalisator en alsiende verteller, is Jansen se betoog maklik om te volg en aangrypend. (...) Soos familie is ’n gróót en onomstootlike prestasie."

Gerrit Olivier sluit sy bespreking van Soos familie op LitNet as volg af: "Een van die dinge wat literêre ontleding belangrik maak, is die vermoë om ’n mens opnuut te laat dink oor wat as vanselfsprekend geag is, om nuwe perspektiewe te open. Jansen verdien ’n wye leserskring vir die wyse waarop sy insiggewend, genuanseerd en met respek oor omstrede en emosionele aangeleenthede skryf sonder om ooit in sentiment te verval. Dit behaag my om ook te kan sê dat die uitleg en ontwerp van Soos familie, met ’n pragtige en vanpaste buiteblad en die insluiting van werk deur bekende kunstenaars, ten volle reg laat geskied aan die toewyding en sorg wat uit die teks self spreek. Protea Boekhuis se uitgawe toon dat akademiese en intellektuele boeke ook esteties voortreflik kan wees, en lekker om in die hand te hou."

Vir Ena is lees, reis, kunsgalerye en museumbesoeke hoog op haar lys van ontspanning, vertel sy aan LitNet. "Eintlik is konsentrasie en fokus op sigself so noodsaaklik dat dit vir my ontspannend is. En ek is baie lief vir rondry en die wêreld sien.

"Ek hou sowel van stede as die platteland. Swem in die Seepuntswembad is belangrik in die Kaap, terwyl fietsry in Amsterdam lekker én nuttig is. Koerantlees met sterk koffie by ’n vertroude plek ná ’n vroegoggendwandeling is sowel in Amsterdam as Kaapstad ’n voorvereiste vir ’n goeie begin van die dag. Ek werk verkieslik tuis, maar kan ook baie lekker in ’n koffieplek konsentreer. Met die klem op lekker én konsentreer. Ek het nie stokperdjies soos valskermspring of koekbak nie. Klim in die Bolandse berge en die Pireneë was vroeër hoog op my lys, nou stap ek graag op mooi plekke soos onlangs op Robberg."

In 2017 ontvang Ena ’n eredoktoraat van die Noordwes-Universiteit, asook die Prestasieprys van die Van Ewijckstigting.

Publikasies

Publikasie

Die karakterisering van hoofkarakters in die verhalende prosa met verwysing na werke van Karel Schoeman

Publikasiedatum

1974

ISBN

(hb)

Uitgewer

Stellenbosch: E Jansen

Literêre vorm

MA-verhandeling

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

By fakkellig deur Karel Schoeman

Publikasiedatum

  • 1977
  • 1978
  • 1980
  • 1985

ISBN

0949964883 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Academica

Literêre vorm

Studiegids

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

’n Verkenning van aspekte van literatuurgeskiedskrywing – met spesifieke verwysing na dié van die Afrikaanse letterkunde.

Publikasiedatum

1979

ISBN

(hb)

Uitgewer

Utrecht: Rijksuniversiteit

Literêre vorm

Tesis, LittDocts

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Op ’n eiland deur Karel Schoeman

Publikasiedatum

1982

ISBN

(sb)

Uitgewer

Pretoria: Academica

Literêre vorm

Studiegids

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Praktiese Nederlands. Saam met Gerrit Olivier

Publikasiedatum

1986

ISBN

9780868742366 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Academica

Literêre vorm

Nederlandse taalkunde

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Inleiding tot De Metsiers deur Hugo Claus

Publikasiedatum

1989

ISBN

(sb)

Uitgewer

Pretoria: Academica

Literêre vorm

Studiegids

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Elisabeth Eybers se "Nederlandse" bundels 1962–1991

Publikasiedatum

1992

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Universiteit van die Witwatersrand

Literêre vorm

PhD-proefskrif

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Afstand en verbintenis: Elisabeth Eybers in Amsterdam

Publikasiedatum

  • 1995
  • 1998

ISBN

0627021352 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Van Schaik

Literêre vorm

Biografies

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Nederlands 1998; vertaal deur Riet de Jong-Goossens

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Eva, wat sê hulle?”: Konstruksies van Krotoa in Suid-Afrikaanse tekste: rede uitgesproken bij de aanvaarding van het ambt van bijzonder hoogleraar in de Zuid-Afrikaanse letterkunde aan de UvA op 11 April 2003

Publikasiedatum

2003

ISBN

9056293060 (sb)

Uitgewer

Amsterdam: Vossiuspers UvA

Literêre vorm

Intreerede

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Soos familie: stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste

Publikasiedatum

2015

ISBN

9781869199531 (sb)

Uitgewer

Pretoria: Protea Boekhuis

Literêre vorm

  • Literêre en sosio-ekonomies
  • Soort biografie van huisbediendes

Pryse toegeken

UJ-prys vir kreatiewe skryfwerk 2016

Vertalings

Nederlands 2016 deur Riet de Jong-Goossens

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Ena Jansen as vertaler

  • Hoogeveen, Jan: Briewe uit ou Transvaal. Kaapstad: Human & Rousseau, 1982 [ISBN 0798114525 (hb)]

Ena Jansen as samesteller

  • Boer en Brit: Afrikaanse en Nederlandse tekste uit en om die Boere-oorlog. Saam met Wilfred Jonckheere. Pretoria: Protea Boekhuis, 1999 [ISBN 0620238313 (sb)] (Nederlandse vertaling 2001 deur Riet de Jong-Goossens en Ena Jansen)
  • Eybers, Elisabeth: Uit en tuis: Afrikaanse verse uit Amsterdam. Saam met Hans Ester. Kaapstad: Human & Rousseau, 1995 [ISBN 0798133856 (hb)] (Nederlandse vertaling 2001)
  • Lieve vrouw en kinders. Brieven van een Urker onderwijzer op zoek naar een toekomst in Zuid-Afrika. Baarn: Bosch & Keuning, 1983

Ena Jansen as redakteur

  • Een rijke bron: over poëzie. Redakteur saam met Ad Zuiderent en Johan Koppenol. Groningen: Historische Uitgeverij, 2004 [ISBN 9065541934 (sb)
  • My ma se ma se ma: Zuid-Afrikaanse families in verhale. Saam met Riet de Jong-Goossens en Gerrit Olivier. Amsterdam: Zuid-Afrikaanse Instituut, 2008
  • Woorde open die beskouing: Huldigingsbundel opgedra aan prof Ernst Lindenberg by die geleentheid van sy sestigste verjaardag. Mederedakteur. Durban: Butterworth, 1988

Artikels oor en deur Ena Jansen beskikbaar op die internet

Die opsteller vra om verskoning dat van die skakels nie tans kan oopmaak nie, maar Media24 se koerantargief is op die oomblik nie toeganklik nie.

Bron:

  • Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum
  • Direkte e-poskorrespondensie met Ena Jansen

 

• Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

The post Ena Jansen (1951–) appeared first on LitNet.

Graad 10-wiskundevraestel: vraestel 1

Groter sensitiwiteit oor selfdood benodig

$
0
0

Karel Schoeman se dood het opnuut die aandag gevestig op die bestaande stigmas rondom selfdood en die publiek se onkunde oor verwante sake soos psigiese siektes.

Hierdie onkunde oor en stigmatisering van selfdood het ook sterk na vore gekom tydens ’n onlangse werkswinkel wat deur die Eugène Marais-stigting in die Paarl aangebied is.

Staande vlnr: Annamie Marais, Rollie Schoeman (Seminaarbestuur), Niël du Toit (Seminaarbestuur), Elitha Pieterse (Seminaarbestuur), Frans Cronjé, Piet van Staden.
Sittend vlnr: Lizette Rabe, Sanoline Gous, Christelle Radyn, Annette de la Porte, André de la Porte, Jeanne Els.

Net soos Schoeman se dood verlede week, het Eugène Marais se selfdood in 1937 skokgolwe deur die letterkundige wêreld gestuur.

Marais se boesemvriend Gustav Preller het dit so verwoord: “Eugène se heengaan was vir ons almal 'n skokkende verrassing. In teenstelling met die sombere, soms lugebere (sic) van sommige van sy verse, was hy in die omgang 'n opgewekte, vriendelike verskyning, wat selde en nooit ligvaardelik, oor die dood gepraat het (sic). Vir hom was dit 'n ontbinding waarna hy uitgesien het sonder vrees – die oortog van die Swartrivier of die Styx."

’n Jaar na Marais se dood skryf Preller in die voorwoord van Eugène N Marais, sy bydrae tot die Afrikaanse letterkunde (1940) deur FGM du Toit: Marais se lewe, en met name die tweede en grootste deel daarvan, was daar een woord wat oorvol was van die smartelike, van 'n huiweringwekkende mensewee (sic) en sieleleed …"

Die voorsitter van die Eugène Marais-stigting, Niel du Toit, hoop om temas soos selfdood wat deel was van Marais se lewe, deur seminare en tafelgesprekke in die openbare ruimte te plaas sodat nuwe perspektiewe oor aktuele sake ontgin kan word.

Tydens die onlangse seminaar oor selfdood wat deur die stigting aangebied is, het 11 persone, onder wie bekendes soos Lizette Rabie van die Departement Joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch en die skrywer Jeanne Els geleentheid gehad om hulle persoonlike ervarings te deel.

Du Toit sê deel van die stigting se doelstellings is om met verwysing na die nagenoeg 40 temas waarby Eugène Marais betrokke was, openbare geleenthede soos tafelgesprekke en seminare te reël en te fasiliteer met genooide kundiges waar nuwe perspektiewe ontgin kan word.

Uitkomste van die gesprekke moet hipotesestellings deur vrae en/of voorstelle wees.

Volgens ’n evalueringvraelys wat na afloop van die seminaar in die Paarl deur die deelnemers ingevul is, blyk dit dat daar ’n groot behoefte bestaan om die inligting en gedeelde ervarings wat daar oor selfdood gedeel is, verder te neem.

Van die uitkomste wat die deelnemers graag wil sien, is die volgende:

  • Daadwerklike pogings tot die afbreek van bestaande stigmas
  • Verbruikersvriendelike kommunikasie
  • Dieper nadenke oor terme wat nog algemeen gebruik word
  • Kweek van meer empatie en sensitiwiteit oor die onderwerp
  • Groter samewerking op hoër invloedsvlakke
  • Meer gereelde opvolgbyeenkomste waar gespesialiseerde areas bespreek word en wat as kommunikasieplatforms kan dien
  • Bewusmaking van die publiek oor psigiese siektes
  • Publikasie van praktiese riglyne, veral vir families wat met depressie saamleef
  • Befondsing deur borge en sakelui
  • Insluiting van die tema in skoolleerplanne
  • Pamflette in verskillende tale in staatshospitale en klinieke.

Die sentrale uitkoms van die seminaar was volgens Du Toit om groter bewusmaking te kweek oor die verskillende persepsies wat daar oor selfdood bestaan.

Een van die sentrale vrae wat aangeroer is, was hoe om die stigma van selfdood in ’n multikulturele samelewing te hanteer.

Ander vrae wat tydens die dinkskrum na vore gekom het was sake soos:

  • Barmhartigheid as beginsel en norm vir die samelewingspraktyk na aanleiding van Carin Armstrong se “Charter of Compassion”.
  • Waar kan ek ’n verskil maak?
  • Hoe aanvaar ek verantwoordelikheid in my sosiale netwerk om selfdood te voorkom?
  • Hoe identifiseer ek die probleem?
  • Hoe mobiliseer ek die persoon om hulp te kry?
  • Hoe beplan/mobiliseer mens die multiprofessionele behandelingsplan?
  • Watter provinsiale/nasionale departement moet hier die leiding neem?
  • Hoe bevorder mens positiewe identiteitsvorming en eie waarde as teenvoeter vir selfdood in die ouderdomsgroep 18 tot 28?
  • Hoe hanteer mens kwessies soos sefdoodbegeleiding in gesinsverband, onsuksesvolle selfdoodbegeleiding in gesinsverband, die gesin en familie na selfdood en die risikotydperk na medikasie?

Volgens Du Toit dui die terugvoer daarop dat die afgelope seminaar geslaagd was veral vanweë die diversiteit en unieke kundigheid van die deelnemers, die groepsgesprekke en interaksie, die generatiewe krag van die proses en die besef dat daar nog soveel onkunde en wanpersepsies oor hierdie tema bestaan.

Agt van die 11 deelnemers het na die tyd in hulle terugvoer aangedui daar was genoeg geleentheid tydens die seminaar om hulle kennis, ervaring en gedagtes oor selfdood met die ander deelnemers te deel.

Van die ander opmerkings wat tydens die seminaar gemaak is, is die volgende:

  • Daar moet meer sensitiewe woorde gebruik word, soos “selfdood” in plaas van “selfmoord”.
  • Iemand sterf aan selfdood na aanleiding van die navorsing wat aantoon dat selfdood ‘n proses is en nie ’n daad/gebeurtenis nie.
  • Meer aandag moet gegee word aan lewensoriëntering in skole se kurrikulum.
  • Daar moet op kreatiewe maniere inhoud gegee word aan hoe om depressie te hanteer en die houding van depressievegters positief te beïnvloed deur drama, musiek, kuns en sport.
  • Daar moet inligtingpamflette in wagkamers en kleedkamers wees by staatshospitale en -klinieke in al die amptelike tale met sensitiewe woordkeuses.
  • Die behandeling van die depressievegter moet geskied deur ’n multiprofessionele span wat bio-, psigo-, sosiale en spirituele komponente kan hanteer.

Deelnemers aan die seminaar was dit ook eens dat daar ’n nuwe teologiese verstaan van selfdood moet kom, verwysende na die idee van sonde, die daad van vergifnis en die Bybelse verstaan van selfdood.

Daar moet spesifiek daaraan aandag geskenk word om as ’n saak van dringendheid te fokus op die navorsing oor die verband tussen depressie en selfdood in die ouderdomsgroep 18 tot 28 jaar.

Depressie en selfdood van begaafde en fynbesnaarde kinders verg ’n spesiale ondersoek asook die verskynsel van die romantisering van selfdood by tieners.

Die stigting hoop om na aanlering van die terugvoer veral jongmense in die ouderdomsgroepe tussen 18 en 20 te betrek om verder op die verskynsel van selfdood te fokus.

Volgens dr Du Toit is daar reeds planne in werking vir ’n seminaar waar daar gefokus sal word op skoolverlaters en jong volwassenes wat by hoërskole in die Paarl, kerke, sielkundiges, hospitale en klinieke betrek sal word.

The post Groter sensitiwiteit oor selfdood benodig appeared first on LitNet.


Vertraag metaangas aardverwarming?

Die Messias-kompleks en Jerusalem-sindroom.

Kommentaar op Angus se brief van 9 Mei 2017

$
0
0

Beste Angus

Ek haal aan uit my brief van 7 Maart 2017 aan jou: “ ’n Linguis, aan die ander kant, bemoei hom met die breër aspekte van taal as kommunikasiemiddel. Grammatici is taalpraktisyns in ’n spesifieke taal waar linguiste die breër beginsels van TAAL in die algemeen BESTUDEER.  Linguistiek staan teenoor grammatika soos suiwer wiskunde teenoor toegepaste wiskunde, of soos wetenskap teenoor tegnologie.”

 Of dit nou reg is of nie, ek sê hier duidelik vir jou dat linguistiek die studie van taal is en tog, in jou brief, begin jy met “ Ek is verheug om te sien dat jy nou uiteindelik besef dat Linguistiek die studie van Taal is.”  Dit ook nog nadat ek my vorige brief geopen het met “Soos ek al VOORHEEN vir jou gesê het, linguistiek is die studie van taal . . .”  Lees jy nie wat ek skryf nie of is dit een of ander soort taktiek van jou? (Hoofletters vir beklemtoning.)

Jou inligting oor Chomsky is interessant maar nog steeds vertel jy vir my goed, of herhaal jy goed, wat ek lankal reeds vir jou gesê het.  Byvoorbeeld ‘Dit is ... nie nodig om formeel grammatika te leer om ʼn taal baas te raak nie.’  Dit het ek mos al lankal gesê toe ek gepraat het van ‘aan moedersknie’ leer en in die verband het ek ook genoem dat die Berlitzmetode hierop berus (in verskillende briewe, dus meer as een geleentheid).  Ons het dit mos nie by Chomsky geleer soos jy beweer nie – dit weet mense vir duisende jare al.  Terloops, ‘aan moedersknie’ is ’n idiomatiese uitdrukking; jy dink tog nie regtig ek dink dis ’n soort tuisskoling waar die kind taal leer terwyl hy sy moeder se knie vashou nie.

Of bedoel jy Chomsky het die, noem dit maar ‘meganisme’, blootgelê oor hoe taal aangeleer word (oa aan moedersknie).  Indien dit jou bedoeling was sal ek graag dat jy bietjie uitbrei; klink of dit dan kwaai oorvleuel met sielkunde (en dalk neurologie nog daarby).

Jou aanhaling van Chomsky laat net nog meer vrae ontstaan.  Wat byvoorbeeld is hierdie ‘ontoereikendheid’ van die ‘tradisionele grammatikas’?  Hoe pas Humboldt se aanhaling in jou aanhaling van Chomsky want ‘oneindige gebruik dmv eindige middele’ is ’n logiese (en oeroue) konsep en kan baie beteken – oneindige wysies met beperkte aantal note, oneindige boeke met 26 letters, oneindige skakerings met die drie basiese kleure ens.  Maar ek sal jou een ding sê, jy’t nou my belangstelling mbt Chomsky geprikkel – jy weet nie dalk van ’n boek ‘Chomsky for Dummies’ of so iets nie.

‘Teorie’, ‘teorema’ en ‘stelling’ het ons ook al goed deurtrap; sien my vorige brief.  Ook die geskiedenis van die ontstaan van Afrikaans, daaroor stem ons in breë trekke saam behalwe miskien oor die mate van invloed van sogenaamde Maleis-Portugees.  Ek sien ook die vertakking sedert die 17de eeu meer as ’n splyting net met Afrikaans meer van ’n merkbare hoek (maw moderne Nederlands is nader aan 17de eeuse Nederlands as wat Afrikaans is).

Jou argumente ter verdediging van die swak en besmette Afrikaans (soos op die sepie Suid-Ooster byvoorbeeld), naamlik dat die ‘ou’ taal Engels se invloed op ‘ontluikende’ Afrikaans nie gekeer kan word nie is so flou dat ek oortuig is jy stem saam met my.  Ek kan nie glo ’n ou wat nagraads taalstudie gedoen het kan nie die verskil tussen agteruitgang en ontwikkeling sien nie.  Ek vermoed daar is iets wat jou teen die prikkels laat skop – polities-korrektheid miskien?  Gedienstigheid?  Afrikaans is lank nie meer ‘ontluikend’ nie en as dit volgens jou definisie nog ontluikend is, is dit tot dieselfde mate wat Duits, Engels en Frans nog ontluik.

Terloops, ek sien jy praat steeds van ‘Grammatika’ en ‘grammatika’; een met, en een sonder, ’n hoofletter.  Wat is die verskil?

Groetnis

Jan Rap

 

The post Kommentaar op Angus se brief van 9 Mei 2017 appeared first on LitNet.

Verkennende verbeeldingswêrelde: die ontsluiting van die Willem Boshoff Argief

$
0
0

Verkennende verbeeldingswêrelde: die ontsluiting van die Willem Boshoff Argief1

Josef van Wyk, Suzanne De Villiers-Human en Dirk van den Berg, Departement Kunsgeskiedenis en Beeldstudie, Universiteit van die Vrystaat

LitNet Akademies Jaargang 14(2)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Hierdie artikel stel die eerste kontekstuele verkenning en ontginning van die Willem Boshoff Argief daar. Deur middel van ’n vergelykende studie ontsluit ons die verbeeldingryke, konseptuele en unieke aard van hierdie argief en poog ons vervolgens om die betekenis wat daarin opgesluit is, te verwoord. Ter oriëntasie van hierdie ontsluitingsproses tref ons vergelykings met soortgelyke argivale en kunstenaarsversamelings, soos etlike Wunderkammern, Aby Warburg se Mnemosyne Atlas (1924–1929), Walter Benjamin se Passagenwerk (1927–1940) en Der Ursprung des Deutschen Trauerspiels (1925), asook die digitale argief en Murderme-kunsversameling van Damien Hirst (1965–). Die idiosinkratiese begrippe wat die skeppers van hierdie verskillende verbeeldingswêrelde gebruik om die sin en samehang van hulle versamelings te verklaar, word voorts met die Druïde-persona van Boshoff vergelyk ten einde lig te werp op die performatiewe manier waarop hierdie verbeeldingswêrelde kennis genereer en werklikhede herbeskryf.

Trefwoorde: Aby Warburg; argivale versamelings; Damien Hirst; verbeelding; Walter Benjamin; Willem Boshoff; Willem Boshoff Argief; Wunderkammern

 

Abstract

Exploratory, fictitious worlds: the unlocking of the Willem Boshoff Archive

The South African artist Willem Boshoff recently donated his digital archive, which serves as the source as well as the documentation of his artworks, to the University of the Free State in order to make it more accessible to researchers. Thus far (in the current interpretations of his artworks) the historical and philosophical complexity of Boshoff’s thought world, which is connected to his artworks and is becoming accessible through his archive, has not been interpreted. In the national and international research domain parts of the Willem Boshoff Archive have been explored, but the Archive has not been contextualized generally within archival discourses. The Archive has also not been interpreted as a meaningful cultural technique and has not been compared with other visually based intellectual projects. Therefore this article serves as the first contextual exploration of the Willem Boshoff Archive. Through this article we also suggest further research possibilities.

Comparable archival projects include the work of various contemporary artists who have also been influenced by “archive fever” (Derrida 1995) and the “archival impulse” (Foster 2004) as well as various cultural thinkers of the 20th century, e.g. Gerhard Richter’s (1932–) Atlas (1962–), Hanne Darboven’s (1941–2009) Kulturgeschichte (1880–1983) (1980–1983), Horst Haack’s (1940–) Chronographie Terrestre (1981–), Ydessa Hendeles’s (1948–) Partners – The Teddy Bear Project (2004), David Goldblatt’s (1930–) Intersections (2005) and other exhibitions, Pippa Skotnes (1957–) and her leading role at the Centre for Curating the Archive,Michaelis School of Fine Art, University of Cape Town, Katie Paterson’s (1981–) Framtidsbiblioteket or Future library (2014–2114), Ernst Haeckel’s (1834–1919) Kunstformen der Natur (1904), Karl Blossfeldt’s (1865–1932) Urformen der Natur (1929), Aby Warburg’s (1866–1929) Mnemosyne Atlas (1924–1929) and Walter Benjamin’s (1892–1940) archive and writings, e.g. Das Passsagenwerk (1927–1940).

Willem Boshoff’s archive is a unique example of experimental and conceptual archiving and imaginative, digital curating which involves a disciplined, thorough, systematic approach, but which is at the same time alternative, creative, open, playful, informative, performative, artistic and sensory. In the current academic environment digital archives and imaging records accompanied by texts are considered recognised forms of scientific practice and inquiry of which museums, academies, laboratories, observatories, test centres and publication networks are examples. In this article we refer to Paul Ricoeur’s insightful views on fiction and imagination, especially as expressed in his article “The function of fiction in shaping reality” (1979). We refer to the thoughts expressed there in order to unleash the creative and conceptual nature of the archive. This leads to the comparison of the archive with specific archival collections like Wunderkammern as an early modern phenomenon, as well as with later intellectual projects like those of the German cultural thinkers Aby Warburg (Mnemosyne Atlas, 1924–1929) and Walter Benjamin (Das Passagenwerk, 1927–1940, Der Ursprung des Deutschen Trauerspiels, 1925) and the British artist Damien Hirst (1965–) in order to illuminate the distinctive nature and meaning of the Willem Boshoff Archive.

Through these comparisons we argue that these intellectual projects not only offer new descriptions of reality, but also reveal new insights and dimensions of knowledge. We argue that the collections of Willem Boshoff, as in the case of these figures, originate in the spirit of the critical reconsideration and questioning of thresholds, transitions, turning points and cultural-historical crises. By comparing the diverse imaginary worlds created by each of these remarkable figures we highlight facets of Boshoff’s individual enterprise in comparison to theirs.

We argue that the ways in which Boshoff and other creators of fictitious worlds highlight specific idiosyncratic concepts to explain the meaning and structure of their distinctive collections are comparable. With the Willem Boshoff Archive it is the persona of the Druid, created by Boshoff as a figure of artistry, around which Boshoff’s conceptualisations of cathexis, catharsis, chiasm and chance revolve. In comparison with Walter Benjamin it is primarily his concepts of the ruin or the relic and allegory, and with Aby Warburg it is his innovative concepts of pathos formulae and Mnemosyne (Nachleben der Antike in the collective memory) which summarise the rationale of each of their projects. The performative ways in which each of these imaginative worlds generate new concepts and knowledge are investigated comparatively.

In the article we first provide a brief overview of the Willem Boshoff Archive. The archive’s fictional, imaginative and creative nature and its capacity to create interrelated imaginative worlds make it historically comparable with early modern Wunderkammern. This comparison highlights specific dimensions of Boshoff’s archival fictitious world. We refer to the more recent analysis of fundamental archival concepts by Jacques Derrida (1995), Wolfgang Ernst (Parrika 2013) and Ernst van Alphen (2014a), which contribute, to our argument that a Wunderkammer mentality is relevant to contemporary society. The concepts of fiction and imagination aid us with a comparative study of Boshoff, Warburg, Benjamin and Hirst when we discuss and compare each of these creators’ fictions and imaginary worlds.

Boshoff’s archive provides a fictitious world that consists of various elements from diverse fields of knowledge; it includes: digital photographs of plants taxonomically ordered, various music recordings, dictionaries that he has written and photographs of his artworks. Reality is redescribed and a new dimension of reality is revealed by the intertwining of these elements through the fiction of the Druid and the continuous hard work and determination of the artist.

This fictitious world can be interpreted und understood in terms of the “submedial space” of archives to which Boris Groys refers. According to Groys (2012:10), paper, films and computers are usually seen as the carriers of data and media in the archive, but they are also technical equipment forming part of the archive. “Behind” the carriers of data and media lie diverse production processes, electrical networks and economic processes. But what lies “behind” these networks and processes? The answers become vague among the various options: nature, history, reason, desire, a series of events, serendipity, subjects and dust. This is the obscure “submedial space” to which Groys refers where hierarchies of sign systems sink into dark, cloudy spaces. This “submedial space” is the das Andere of the archive. It is probably behind these material carriers of media and data, networks and processes and in the dark, cloudy spaces of the archive that fictions, fictitious worlds and the conceptual nature of Boshoff’s archive exist. This is where the researcher finds the Druid tending to the fictitious world of Boshoff’s mind.

Keywords: Aby Warburg; archival collections; Damien Hirst; imagination; Walter Benjamin; Willem Boshoff; Willem Boshoff Archive; Wunderkammern

 

1. Inleiding

Ten einde dit vir navorsers meer toeganklik te maak, het Willem Boshoff onlangs sy digitale argief, wat enersyds een van die hoofbronne vir sy kunswerke is en andersyds as dokumentasie daarvan geld, aan die Universiteit van die Vrystaat geskenk.2 Die interpretasie van die historiese en filosofiese rykheid van die verbeeldings- en gedagtewêreld waarmee sy kunswerke in verband staan en deur die argief toeganklik word, was tot dusver meestal genegeer in die uitleg van sy kunswerke. Hoewel dele van die Willem Boshoff Argief alreeds binne die nasionale en internasionale navorsingdomein gevestig is, is dit nog nie argivaal gekontekstualiseer nie. Dit is ook nog nie as ’n betekenisvolle kultuurtegniek (wat prosesse van bevoegdheid- en kennisverwerwing insluit) ontleed nie, nóg met ander visueel-gebaseerde intellektuele pioniersprojekte (waarby verwondering, spel, nuuskierigheid en verbeelding betrokke is) in verband gebring.

Hierdie artikel dien dus as die eerste kontekstuele ontginning en verkenning van die Willem Boshoff Argief (voortaan soms “die argief”), om daardeur ook verdere navorsingsmoontlikhede aan die hand te doen. Soortgelyke argivale projekte sou talle eietydse kunstenaars wat deur “argiefkoors” (Derrida 1995) en die “argivale impuls” (Foster 2004) gedryf word, kon insluit, asook ’n aantal vooraanstaande kultuurfigure van die 20ste eeu, soos Ernst Haeckel (Kunstformen der Natur, 1904), Karl Blossfeldt (Urformen der Natur, 1929), Aby Warburg en Walter Benjamin.3 In onlangse argivale diskoerse word ook verwys na die argivaris as kurator oftewel na ’n kuratering (“curating”)van die argief (Hamilton en Skotnes 2014), asook na ’n tentoonstelling en opvoering (“staging”) van die argief (Van Alphen 2014).4 In ’n onlangse uitstalling, Walter Benjamin: exilic archive (Tel Aviv Museum of Art, 4 November 2015 – 6 Februarie 2016) het al drie hierdie aspekte ter sprake gekom. By hierdie uitstalling is rekords uit Benjamin se argief saam met eietydse kunswerke uitgestal. ’n “Argiefkoors” is duidelik hier ter sprake.

Willem Boshoff se argief is ’n unieke voorbeeld van eksperimentele en konseptuele argivering én verbeeldingryke digitale kurering wat, hoewel uiters sistematies van opset, ook alternatief, kreatief, oop, speels, informatief, performatief, kunstig en sensories is. In die huidige akademiese omgewing word digitale argiewe van beeldende rekords met meegaande teks ook gereken as erkende vorme van wetenskaplike praktyk, waarvan museums, akademies, laboratoriums, sterrewagte, toetssentra en publikasienetwerke as goeie voorbeelde sou kon geld. Instellings soos hierdie is bronne van teoretiese heroriëntering op grond van hulle verkennende, ondersoekende en bewarende werksaamhede.

Die Willem Boshoff Argief is ’n verkennende ruimte vir persepsie, eksperimentering, waarneming, oordrag en kommunikasie, wat die verbeeldingryke beroep op meerdere sintuie (kyk, hoor, aanraak) aanmoedig, om ryker konseptuele wyses van wetenskaplike kennisverwerwing te fasiliteer. Dit verruim die gewone prosesse van deelname aan kennisverwerwing en -verspreiding deur die sensoriese en estetiese aanbieding van kennis gebaseer op die eng verhouding tussen sy argiverings- en kunsmaakprosesse. ’n Gedeelte van die argief oorvleuel ook met Boshoff se webtuiste (http://www.willemboshoff.com), wat deurentyd uitgebrei word en wat dit ten doel stel om die argief op ’n interaktiewe wyse aan gebruikers aan te bied.

In hierdie artikel word Paul Ricoeur se insiggewende opvattings oor fiksie en verbeelding, soos uiteengesit in sy artikel “The function of fiction in shaping reality” (1979), betrek om die ontsluiting van die kreatiewe en konseptuele aard van die argief te inisieer. Dit lei enersyds tot die vergelyking daarvan met sekere argivale versamelings, naamlik Wunderkammern, as ’n vroeg-moderne instelling, andersyds ook met latere intellektuele projekte soos dié van die Duitse kultuurhistorikus Aby Warburg (Mnemosyne Atlas, 1924–1929), die Duitse kultuurkritikus Walter Benjamin (Das Passagenwerk, 1927–1940, Der Ursprung des Deutschen Trauerspiels, 1925) en die Britse kunstenaar Damien Hirst (1965–), om sodoende die eiesoortige aard en betekenis van die Willem Boshoff Argief te peil.

Deur onderlinge vergelykings word aangevoer dat hierdie intellektuele projekte nie net werklikhede herbeskryf nie, maar ook nuwe insigte en dimensies van kennis onthul. Daar word betoog dat die versamelings van hierdie figure (soos ook terloops dié van ander eietydse Suid-Afrikaanse argiefkunstenaars soos Pippa Skotnes en David Goldblatt) ontstaan in die gees van die kritiese heroorweging van drumpels, oorgange, keerpunte en kultuurhistoriese krisisse. Deur die uiteenlopende verbeeldingswêrelde wat deur elkeen van hierdie invloedryke figure geskep is, beeldend met mekaar te vergelyk, word fasette van elkeen se onderneming belig.

Ons voer aan dat die wyse waarop Boshoff en die ander skeppers van die betrokke projekte sekere idiosinkratiese begrippe uitlig om die sin en samehang van hulle eiesoortige versamelings te verklaar, vergelykbaar is. In die geval van die Willem Boshoff Argief is dit die persona van die Druïde wat deur Boshoff as figuur van kunstenaarskap geskep word en waarmee sy konseptualiserings van cathexis, catharsis, chiasme en gebeurlikheid omvat word. By Walter Benjamin is dit oorwegend sy begrippe van die ruïne of die reliek en die allegorie, en by Aby Warburg hoofsaaklik sy vernuwende opvattings van die patosformules en mnemosyne (Nachleben der Antike in die kollektiewe geheue), wat die rationale of motivering van die onderlinge projekte opsom. Die performatiewe wyse waarop elkeen van hierdie verbeeldingswêrelde nuwe begrippe en kennis genereer, word hier onder vergelykend ondersoek.

In hierdie vergelykende ondersoek is ’n mate van spel ter sprake. Hans-Georg Gadamer (1987) gebruik die metafoor van spel in sy ondersoek na die ontologiese digtheid van die estetiese ervaring. Dit is moontlik vir deelnemers om deur ’n spel aangegryp te word omdat hulle eerstens uitgedaag word. Rilke, na wie Gadamer in sy bespreking van spel verwys, illustreer hierdie opvatting deur die metaforiese beeld van ’n bewegende bal. Die appèl van ’n kunswerk, of in hierdie geval die appèl van die Willem Boshoff Argief, bereik die betragter of navorser soos ’n bal wat in sy of haar rigting gegooi word – ’n uitnodiging om dit te vang, om saam te speel, om deel te neem aan ’n nog onbekende spel voordat hy of sy enige inisiatief geneem het. As ’n bal na jou gegooi word, moet daarop gereageer word. Om te speel is om toe te laat dat jy in die spel opgeneem word deurdat jy die kunswerk se speluitnodiging aanvaar het (Grondin 2003:42–3). Ricoeur (1981:187), geïnspireer deur Gadamer se opvatting van ontiese spel, kombineer toe-eiening met spel. Toe-eiening of Aneignung beteken om dít wat oorspronklik vreemd was en nie aan jou behoort het nie, jou eie te maak: om jou daaraan bloot te stel, jou te laat verander en om dit vir jouself toe te eien. Dit is die doel van alle hermeneutiek om teen kulturele afstand en historiese vervreemding te stry. Dít wat voorheen vir die deelnemers vreemd was, maak hulle hul eie deur samespel. Die proses van interpretasie veronderstel ’n sekere spelgereedheid en kan verstaan word as spelbelewenis – ontdekking van en deelname aan ’n spel. Die fiksies in die verbeeldingswêrelde van Boshoff, Benjamin, Hirst en Warburg kan as speluitnodigings beskou word – dit vra vir samespel, en die reaksie van die navorser of deelnemer daarop behels samespel wat uiteenlopende soorte spel insluit.

Figuur 1. Willem Boshoff, Big Druid in his cubicle (Art Basel/Basel Art Fair, 2009) © 2016 Willem Boshoff/Universiteit van die Vrystaat

In hedendaagse kuns soos dié van Willem Boshoff en Damien Hirst is daar ’n groeiende belangstelling in argivale metodes (Foster 2004:3). Voorbeelde hiervan is die opstellings wat in Boshoff se Big Druid in his cubicle (2009) (figuur 1) en Hirst se The collector (2003–2004) gedokumenteer is, waar die betrokke kunstenaars (’n pop in die geval van Hirst) as stigters van georganiseerde versamelings voorgestel word.5 In die werklikheid is beide kunstenaars ook stigters van georganiseerde versamelings: Boshoff van sy argief en die verskeidenheid versamelings in sy huis en Hirst van sy reuse-kunsversameling Murderme, waarvoor hy die Newport Street Gallery in Londen laat bou het en waar hy as kurator optree.

Werke van ander betreklik onlangse kunstenaars met ’n belangstelling in vergelykbare argiewe sluit in Gerhard Richter (1932–) se Atlas (1962–);6 Hanne Darboven (1941–2009) se Kulturgeschichte (1880–1983) (1980-1983) (ook uitgestal by Dia:Beacon, 2003–2005);7 Horst Haack (1940–) se Chronographie Terrestre (1981–);8 Yedessa Hendeles (1948–) se Partners – The Teddy Bear Project (2004);9 David Goldblatt (1930–) se Intersections en ander uitstallings (2005);10 en Katie Paterson (1981–) se Framtidsbiblioteket of Future Library (2014–2114).11 Ook Pippa Skotnes (1957–) moet vanweë haar leidende rol in die Centre for Curating the Archive, Michaelis School of Fine Art, Universiteit Kaapstad12 genoem word.

Konseptuele kuns in die besonder vertoon ’n noue verbintenis met argiewe, maar in die eietydse kunstoneel, wat onder meer deur strategieë van herkombinasie gekenmerk word, het argiewe objekte van estetiese ontdekking geword (Ernst 2013:83). Volgens Hal Foster (2004:5) is kunswerke wat argivaal van aard is, nie net gebaseer op formele argiewe nie, maar produseer hulle ook informele argiewe en word dit op so ’n wyse gedoen dat die aard van die argivale materiaal as gevind dog gekonstrueer, feitelik dog fiktief, openbaar dog privaat blootgelê word. In hierdie artikel ondersoek ons die wyses waarop sodanige eienskappe van kunswerke en van denkwyses wat met argiewe in verband staan, op kreatiewe wyse onvoorsiene dimensies van kennis en betekenis openbaar.

In hierdie artikel verskaf ons eerstens ’n algemene beskrywing van die Willem Boshoff Argief. Die argief se fiksionele verbeeldingryke en kreatiewe aard en die vermoë daarvan om ’n wêreld van ryke samehang te skep, maak dit histories vergelykbaar met vroeg-moderne Wunderkammern, wat tweedens bespreek word. Hierdie vergelyking belig spesifieke dimensies van Boshoff se argivale verbeeldingswêreld. Jacques Derrida (1995), Wolfgang Ernst (Parikka 2013) en Ernst van Alphen (2014a) se meer onlangse ontledings van die fundamentele argivale konsepte dra daartoe by om die eietydse tersaaklikheid van ’n Wunderkammer- of rariteitsmentaliteit verder te beredeneer. Derdens word daar kortliks aandag gegee aan die konsepte van fiksie en verbeelding, voordat die vergelykende studie tussen Boshoff, Warburg, Benjamin en Hirst plaasvind waarin hierdie skeppers se fiksies en verbeeldingswêrelde uiteengesit en vergelyk word.

 

2. Algemene beskrywing van die Willem Boshoff Argief

Die argief is die produk van jare lange intensiewe, gedissiplineerde en uitgebreide navorsing en dokumentasie. Dit bestaan uit argivale rekords in drie hoofafdelings: plantkunde, taal en musiek. Die plantkunde-afdeling bestaan uit ’n groot databasis van sistematies geordende taksonomiese dokumentasie van foto’s van bome en plante (skaars en algemeen) van regoor die wêreld. Boshoff is ’n kundige met betrekking tot bome en taksonomiese fotografie en ’n voormalige voorsitter van die Botaniese Vereniging van Suid-Afrika. Sy internasionaal-erkende reeks kunswerke getiteld Garden of words het geleidelik vorm aangeneem sedert 1984, toe hy begin het om ’n lys van 376 plantspesies in sy eie tuin saam te stel. Dit was die eerste van 30 soortgelyke lyste wat hy saamgestel het deur tuine en parke regoor die wêreld te besoek (Gentric 2004 en 2013). Boshoff vergelyk sy inskrywings met die jongste wetenskaplike plantindekse. Teen 2004 het sy lyste byna 15 000 inskrywings bevat. Dit is uit hierdie lyste, bewaar in die argief, dat hy die verskillende weergawes van Garden of words geskep het.

Die taalafdeling van sy navorsing en studie wat in die argief versamel is, behels verskeie digitale woordeboeke wat hy saamgestel het. Tesame bestaan dit uit ongeveer 18 000 inskrywings, elkeen met ’n bykomende verduideliking oor die oorsprong, geskiedenis en betekenis van soms eienaardige en obskure woorde (Clarkson 2006). Die woordelyste bevat ook woorde wat dieselfde lyk of naastenby dieselfde klink in Afrikaans en Engels, asook die uitleg van vreemde Engelse tegniese terme en woorde in elk van die 11 amptelike Suid-Afrikaanse tale. Die lyste dien as bron van verskeie kunswerke, wat onder andere historiese Suid-Afrikaanse taalkonflikte oproep, asook simpatie vir gemarginaliseerde taalgroepe kweek, soos byvoorbeeld in Writing in the sand (2000) en Kring van kennis (2000).13

Die derde hoofafdeling van die navorsing en dokumentasie is musikaal van aard. Boshoff versamel ’n buitengewoon uiteenlopende spektrum van uitsonderlike musikale opnames met meegaande dokumentasie, in verskeie genres en van uiteenlopende etniese kulture – van Afrikamusiek tot Innuïtiese keelsang, van klassieke tot eietydse musiek. Hy vors ook spesialisonderwerpe na en dokumenteer byvoorbeeld verbande tussen komponiste, kunstenaars en filosowe, en verhoudings tussen orale en optiese ervarings in sekere werke van byvoorbeeld Piet Mondriaan en Constantin Brâncuși. Klank-teks-verhoudings is ook te vinde in KYKAFRIKAANS, ’n bundel konkrete poësie wat in 1980 uitgegee is deur Uitgewery Pannevis en opgeneem is in die Sackner Archives of Concrete and Visual Poetry14 in Miami, Florida. Hierdie 90 konseptuele gedigte in Afrikaans is getik op ’n draagbare Hermes 3000-tikmasjien wat deur die kunstenaar soos ’n kwas of potlood gebruik is om komposisies van grafiese vorme uit te stippel (Paton 2000). Stemvertolkings van hierdie gedigte is ook in klanklêers in die argief opgeneem. Die deelnemers aan die werke wissel deurentyd tussen kyk- en leeshandelinge, vergelykbaar met die tipografiese eksperimente van die Dadaïste en die Futuriste. Die epigraaf van die werk lui: “Jy kan met oë hoor maar nie met ore kyk nie” (Boshoff 1980). Hierdie spel met sintuie is ook ter sprake in Boshoff se Blind alphabet (1990–), waarin die kunstenaar verskeie ongeskrewe reëls en taboes verbreek deur juis die aanraking van kunswerke aan te moedig.

Afgesien van hierdie drie belangrike databasisse sluit die argief ook ’n versameling foto’s van geologiese verskynsels, dokumentasie oor verskillende vorme van waarsêery en, natuurlik, ook Boshoff se eie noukeurige fotografiese en tekstuele dokumentasie van al sy kunsuitsette, insluitende resensies en ander navorsing oor hierdie kunswerke, in.

 

3. Wunderkammern

Uit die benaming Wunderkammern kan die beduidende rol wat “wonder” daarin speel afgelei word: beide met betrekking tot die ontsluiting van mense se denke én met betrekking tot die kweking van ’n begeerte vir kennis, wat aanleiding tot verdere studie en navorsing gee. Onians (1994:11–2) onderskei tussen die twee betekenisse van wonder, naamlik om oor ’n saak te wonder (dit te bevraagteken) of om verwondering daaroor te ervaar (om erkenning te gee aan buitengewone en treffende sensoriese ervarings – sedert Aristoteles die basis van kennisverwerwing in die empiristiese denktradisie). Ons wonder byvoorbeeld oor die aard en betekenis van Boshoff se argief of oor die herkoms van die objekte in die Wunderkammern, terwyl ons ook in verwondering staan oor alles wat in die argief en in Wunderkammern versamel is en hoe daar deur die skeppers van hierdie versamelings verbande gelê word tussen hierdie magdom uiteenlopende objekte.

Die samestelling van die Willem Boshoff Argief se argiefmateriaal uit meerdere velde en Boshoff se verbandlegging daarin tussen plantkunde, taal en kuns en musiek, maak reeds die vergelyking met Wunderkammern moontlik. Hierdie ooreenkoms is egter oppervlakkig en daar is meer vrugbare vergelykings om te tref. Dit is ons siening dat daar by Boshoff en die skeppers van Wunderkammern ’n basiese oortuiging is dat die werklikheid ’n sinvolle, samehangende geheel vorm en dat daar by Boshoff en die ander skeppers ’n strewe is om só ’n kosmiese totaliteit van samehang ten toon te stel. Dit is hierdie ooreenkoms waarop ons fokus in ons vergelyking van die Willem Boshoff Argief met Wunderkammern.

Volgens Bredekamp (1993:102) het Wunderkammern oor die vermoë beskik om grense tussen kuns, wetenskap en tegnologie te oorskry. Daar vind oorbruggings plaas tussen naturalia (objekte uit die natuurryk en die Grieks-Romeinse Antieke, wat munte en beeldhouwerke, asook fossiele en argeologiese objekte insluit), artificilia (kunswerke van alle genres, solank dit in die ruimte van die Wunderkammer kan pas) en scientifica (meetinstrumente, aardbolle, horlosies en outomate) (Bredekamp 1993:38). Die verbandlegging en verbindings wat deur die toedeling van ’n plek in ’n argief bewerkstellig word, veroorsaak dat die betekenis van die objekte wat so ingedeel is, gemanipuleer, verbreed en gekonkretiseer word.

Die alternatiewe moontlikhede van oriëntering deur fiksionalisering en kennisverwerwing in Wunderkammern word sedert die 20ste eeu herontdek, soos onder meer bevestig deur verskeie onlangse skouspelagtige uitstallings in Amerika en Engeland.15 Een voorbeeld is die Museum of Jurassic Technology, ’n museum in Los Angeles, wat in 1989 deur David Wilson, ’n liefhebber van natuurhistoriese museums, gestig is. Alles wat in hierdie museum versamel en tentoongestel is, word as feitlike en reële musealia aangebied, maar van die eienaardige objekte is fiktief of andersins opgeneem binne ’n fiksionaliserende mise-en-scène. Dit word aan die museumbesoeker oorgelaat om verbeeldingryk saam te speel met verrassende verhoudings tussen die feitelike en die fiktiewe. Die museum bevat byvoorbeeld die Kameroense stinkmier, ’n skaars voorbeeld van ’n takbok en die Deprong Mori, ’n wit Suid-Amerikaanse vlermuis wat volgens legende deur mure kan vlieg – en dit word alles met hologramme en reuksimulasies gekombineer (Weschler 1995, Crane 2000:60).

Die skynbaar argaïese en bygelowige versamelingsbeginsels van Wunderkammern word op ’n eiesoortige wyse in die virtuele wêrelde van die rekenaar(skerm) en die internet nagevolg. Die voortbestaan van die belangstelling in Wunderkammern kan moontlik aan ’n hedendaagse verlange na oriëntering in die era van die beeldevloed gekoppel word, soortgelyk aan die wyse waarop Wunderkammern destyds in die era van die ontdekkingsreise en die begin van Westerse koloniale uitbreiding as ’n instrument van oriëntasie gedien het (Beβler 2012:14, 18).

Die Wunderkammern of rariteitskabinette van die vroeg-moderne era kan as ensiklopediese versamelings van skaars, fantastiese en nuttige objekte beskryf word, onder meer minerale, skulpe, vreemde taksidermiese objekte, kuns- en wetenskapswonders, slim masjinerie en speelgoed, wat in kamers en kabinette in herehuiswonings en paleise versamel is. Die pragtige skulpe en insekte vasgevang in amber, skoenlappers, kristalle, gekerfde pitte van vrugte, edelstene, medaljes, munte, horlosies, kompasse en outomate, het saam “universele teaters” gevorm, soos dit byvoorbeeld beskryf word in Samuel Quicchelberg se Inscriptiones vel Tituli Theatri (1565) (Stafford 2001:6)16 en kan alternatiewelik as “teaters van kennis” beskryf word (Beβler 2012:15).

Destydse kunskabinette het ook, soos die Wunderkammern, meestal naturalia, scientifica en artificilia bevat, maar het uit baie kleiner versamelings bestaan. Die 17de-eeuse kunskabinet wat deur die Augsburgse meester van hoofse Kunstschranken, Philipp Hainhofer vervaardig is (figuur 3), is ’n pragtige, kleurvolle kabinet versier met edelgesteentes, korale, skulpe, klein beeldhouwerke en miniatuurskilderye.17 Die vorm van sulke kunskabinette herinner sterk aan die gewyde opstelling van eertydse altaarstukke. Die kabinet bevat laaie en kaste waarin ’n verskeidenheid objekte, byvoorbeeld munte of meetinstrumente, bewaar en gerangskik kan word.18 Dit is egter nie net objekte wat in hierdie laaie bewaar en gerangskik word nie, maar ook herinneringe.

Geskiedenis is nie net iets wat plaasgevind het of besig is om plaas te vind nie. Geskiedenis is veel meer: dit bestaan uit geskrifte oor die geskiedenis en uit dít wat deur geskiedenis geproduseer is. Die objekte in Wunderkammern en die argief kan daarom beskou word as produkte van die geskiedenis (Crane 1997:1372). In sy Lieux de mémoire-reeks behandel Pierre Nora ’n verskeidenheid objekte, plekke en konsepte as terreine. Hierdie terreine was eenmaal ’n geïnternaliseerde sosiale, kollektiewe geheue, maar is nou ’n eksterne, gevestigde ruimte van kollektiewe geheue. Daar is ’n skuif vanaf milieux de mémoire (’n genaturaliseerde kollektiewe geheue) na lieux de mémoire, wat verteenwoordigend is van selfbewuste pogings om geheue volgens historiese wyses te bewaar. Voorbeelde hiervan is argiewe, museums, gedenkmale en herdenkings (Crane 1997:1379). Ons moderne geheue is argivaal van aard. Dit maak staat op die materiële kwaliteit van die spoor, die sigbaarheid van die beeld. Ons hedendaagse obsessie met argiewe en versamelings en die herlewing van Wunderkammern is gegrond op pogings om die hede asook ons verlede te bewaar en te stoor (Nora 1989:13). Wunderkammern en argiewe kan daarom beskryf word as bewaringsplekke van herinneringe. In Wunderkammern en in Boshoff se argief, asook in die verskeie versamelings in sy huis, vind die betragter materiaal ingebed in geskiedenis en herinneringe, byvoorbeeld munte, gereedskap, edelstene en kristalle, porselein, kunswerke, plante en kunswerke. Volgens Nora (1989:9) word geheue veral in die konkrete, in ruimtes, gebare, beelde en objekte gevind. ’n Argivering van herinneringe vind in hierdie versamelings plaas.

Hierdie argivering van herinneringe en van die geskiedenis is ook ter sprake in die geskiedenis van kerke. Dink byvoorbeeld aan die manier waarop die reste en liggaamsdele van heiliges en martelare in pragtig-versierde relikwiehouers gestoor is, asook aan die kultiese objekte wat in die heiligdomme van kerke uitgestal en deur Middeleeuse pelgrims besoek is. Hierdie objekte kan volgens Stephen Bann (1995:21) ook as die voorlopers van Wunderkammern beskou word. In Engeland en in die Nederlande, soos beskryf deur Victor Stoichita (1997:122), of in Sentraal-Europa, soos beskryf deur Thomas DaCosta Kaufmann (1995), was die skep van Wunderkammern dikwels handelinge van heling of herstelling ná die verliese wat as gevolg van die beeldestormings en onteienings gedurende die Reformasietyd en die middel-17de-eeuse Britse burgeroorlog gely is.

Freud se begrip van “treurarbeid” (Trauerarbeit) is daarom volgens Bann van nut om die uitstalling van “wonders”, rariteite of kuriositeite in hierdie versamelings te verstaan – naamlik as handelinge van aanpassing en rou, as objekte tussen teologie en wetenskap, of die belewenis van objekte verbonde aan die botsende gesag van geloofstradisies en rasionale denke. Hierdie eienskap is terug te vind in die verstaan van die argivale versameldrang as reddingspoging by figure soos Walter Benjamin en Willem Boshoff, soos later bespreek word.

Figuur 2. Philipp Hainhofer, Die Augsburgse Kunskabinet, geskenk aan Gustavus Adolphus, koning van Swede (1632). Die museum Gustavianum. www.gustavianum.uu.se

Figuur 3. Romeyn de Hooghe, Bezoekers in het natuurhistorisch kabinet van Levinus Vincent in Haarlem (ca. 1706). Die Rijksmuseum. www.rijksmuseum.nl

Figuur 4. Levinus Vincent, Wondertoneel der Nature (Tab VII) (1715)

Figuur 5. Levinus Vincent, Wondertoneel der Nature (Tab I) (1715)

Die ruimte van Wunderkammern was dikwels eng met studie en bepeinsing vervleg en die kamers of kabinette daarin was telkens die gevolg van ’n idiosinkratiese versamelaar se obsessiewe moeite, soos ook in die geval van die argiewe wat hier ondersoek word. Dit was telkens ’n uitdrukking van ’n individuele versamelaar se smaak, passie, belangstelling, lewensweg en roem. Die ruimtes getuig van ’n menslike passie of begeerte vir kennis en is veronderstel om die betragter se gees ontvanklik te maak vir die wonders van die wêreld, maar ook om verdere studie en nadenke van horison tot horison aan te moedig (Crane 2000:65–8). Die objekte in die Wunderkammern het as gesprekstukke gedien vir die deelname aan intellektuele diskoerse en het die uitruil van en verbandlegging tussen wyshede aangemoedig. In die 18de-eeuse illustrasie Bezoekers in het natuurhistorisch kabinet van Levinus Vincent in Haarlem (figuur 3) (die titelblad van die geïllustreerde inventaris, Wondertoneel der natuur, ofte een korte beschrijvinge zo van bloedelooze, zwemmende, vliegende, kruipende, en viervoetige geklaauwde eijerleggende dieren bevat in de Kabinetten van Levinus Vincent [Boek I, Amsterdam, 1706]) neem die betragter ’n toneel waar waarin die oorgang vanaf die humanistiese geleerdheid van die Renaissance na die begin van die Aufklärung sigbaar is. Hier is ’n uitbeelding van ’n vakwetenskaplike ruimte waarin sistematiek en klassifikasie belangrik is, soos wat in die uiters geordende tentoonstelling van Vincent se wonders in laaie en op rakke gesien kan word. Besoekers wou aan hierdie instelling van ’n elite-kultuur van geleerdheid deelneem. Die voorgestelde kabinetruimte vertoon pare en groepe besoekers wat tot lering en vermaak met hulle aandagtige houdings en beduiende vingers aan gesprekke en debatte rondom objekte in die laaie, op die tafels en in die uitstallings teen die mure deelneem. Dit was die aard van hierdie versamelings wat hierdie tipe sosiaal-intellektuele gedrag by besoekers aangemoedig het en dit het regdeur die geskiedenis ’n eienskap van kreatiewe versamelings gebly. Dit is dan ook die geval, by dié versamelings van Aby Warburg en Willem Boshoff, waar besoekers se interpretasie van die ordenende begrippe onderliggend aan hulle versamelings tot die intellektuele diskoerse bydra.

Die kosmos wat in die Wunderkammern geargiveer word, is nie ’n statiese tableau nie; dit is eerder ’n dramatiese toneel in ’n skouburg van moontlike verbande wat nog tussen die voorwerpe ontdek moet word. Die samehang wat daarin opgesluit lê, moet dus aktief in diskoerse geïdentifiseer en uitgelig word. Die wonders en rariteite van die Wunderkammern tree as die akteurs in hulle versamelaars se verbeeldingswêrelde op en die kabinet of kamer waarin hulle bewaar word, is hulle verhoog: allegories gerig op die kosmiese metafoor van die Welttheater. Die teatermetafoor van die dramatiese proses van kennisontvouing in die Wunderkammern word in die titel van Levinus Vincent se Wondertoneel der nature aangedui en verder gesuggereer deur Romeyn de Hooghe se voorstelling van Bezoekers in het natuurhistorisch kabinet van Levinus Vincent in Haarlem (figuur 3), waar gordyne teruggebind word om die Wunderkammer as teaterverhoog te onthul. Die uitnodiging aan deelnemers om as ’t ware die gordyne weg te trek en die versameling aktief en deelnemend te onthul, leef by moderne argivale versamelings voort (Stafford 2001:6–7).

Die vroeë Wunderkammer was ’n konseptuele sisteem waarmee versamelaars die wêreld wat hulle bewoon, kon verken, verower, interpreteer en orden. Dit het gedien as ’n organiseringsbeginsel vir kultuuraktiwiteite. Nog onontdekte kennis, verstrooid oor die wêreld, sou dalk iets beteken indien dit in die Wunderkammer saamgebring kon word sodat dit bestudeer en onderling aan die hand van objekte vergelyk kon word. Versamelings het as ’n naasmekaarstelling van idees en objekte gedien. Die musaeum was die as waardeur alle strukture van versameling, kennis en kategorisering geloop het. Dit was ’n vervlegting van woorde, objekte en beelde in ’n algemeen-toeganklike ruimte (Findlen 2004:162–6). Waar ’n veranderende wêreld ’n verwarde web van betekenis was, was dit ’n funksie van die versamelaar om die aangepakte lae en verwarrende kolke van betekenis te deurdring met die vergelykende, taksonomiese en ensiklopediese aard van die versamelingsprojek – soos by Boshoff se argief, waar ’n multidissiplinêre oorbrugging van die skeidings tussen dissiplines plaasvind (Findlen 2004:173).

Die organisering van die wêreld in die Wunderkammer is gemotiveer deur die oortuiging dat die heelal samehangend is en dat dit die taak van die versamelaar is om hierdie verborge samehang bloot te lê en ten toon te stel. ’n Onderliggende, natuurwetmatige samehang in die heelal word gesuggereer in inventarisillustrasies van Levinus Vincent se Wondertoneel der Nature (figure 4 en 5), waar horisontale en vertikale verhoudings aangedui word deur die los laaie en spesimens wat in die voorgrond ten toon gestel word, in kontras met die geslote laaie van die kabinette in die agtergrond. Hierdie tentoonstelling is vergelykbaar met die kolomme wat op die rekenaarskerm vertoon word wanneer ’n soektog op die Apple-rekenaars in die Willem Boshoff Argief geloods word. Sisteme van ooreenkomste – soos visuele patrone wat as toevallig mag voorkom – word deur horisontale en vertikale samehange in die kabinette en in die illustrasies daarvan uitgedruk.

Die Wunderkammer was nie net ’n blote bymekaarbring van voorwerpe nie, maar eerder ’n geordende visuele nabetragting en liriese interpretasie van die toe-eiening van die wêreld (Beβler 2012:16). Die Wunderkammer staan parallel tot die goddelike skepping van die makrokosmos. In hierdie opsig leef die Middeleeuse grondmetafoor van die leesbaarheid van die wêreld of die boek van die natuur (waar Natuur naas Skriftuur as die terreine van goddelike skepping, heerskappy en openbaring beskou is) steeds in vroeg-moderne rariteitskabinette voort (Blumenberg 1979). Die wonders en rariteite wat in die fiktiewe, verbeeldingryke en simboliese wêreldbeelde van Wunderkammern georden is, is vergelykbaar met die digitale “wonders” wat in Boshoff se argief versamel is. Die kunstige foto’s van plante herinner aan die naturalia van Wunderkammern terwyl die foto’s van sy kunswerke herinner aan die artificialia. Die woorde in sy woordeboeke is vergelykbaar met die insekte in Wondertoneel der Nature Tab I (figuur 5) wat Vladislavić (2005:82) beskryf as “polysyllabic oddities, many-jointed creatures that astonish and repel”.

By hierdie digitale wonders wat in die argief gestoor is, kan ook ander wonders gevoeg word. Boshoff se huis in Kensington, Johannesburg, kan as ’n hedendaagse Wunderkammer beskou word. Sy huis en ateljee is vol kabinette, waarin hy ’n verskeidenheid van objekte versamel en orden: houtwerkgereedskap, naaldwerkgereedskap, ginekologiese instrumente, tandartsinstrumente, meetinstrumente, speelgoed, raaisels, legkaarte, skulpe, skilpaddoppe, klippe, kristalle, vere, porselein, parfuumbottels, objekte vir gebruik in waarsêery, ens. Dit is egter nie net objekte wat in die proses van versameling bewaar word nie. Historiese en kulturele inligting en gebruike word saam met hierdie voorwerpe versamel en bewaar.

 

4. Fiksie en verbeelding by Ricoeur

In sy artikel “The function of fiction in shaping reality” bespreek Ricoeur eers sy konseptualisering van fiksie, waarna hy daaraan ’n plek in ’n algemene teorie van die verbeelding toeken. In sy bespreking kontrasteer hy fiksie met die idee van die beeld as ’n portret of replika. Vir hom is fiksie nie replikas van die werklikheid nie, maar verwys dit eerder na die werklikheid, skep en herskep dit die werklikheid (Ricoeur 1991:117). Hy beskryf fiksie as iets sonder ’n voorafgaande of bestaande model, met ander woorde as iets wat glad nie bestaan nie of dikwels nie kán bestaan nie (1991:120–1). Dit verander bestaande werklikhede, deurdat dit nuwe werklikhede skep of ontdek. Fiksie verwys op ’n produktiewe wyse na die werklikheid omdat dit nie oor ’n voorafgaande verwysing beskik nie. Daarom kan dit selfs bydra tot die toename of uitbreiding van die betekenis van die werklikheid. Wunderkammern reproduseer byvoorbeeld nie voorafgaande werklikhede nie, maar skep hulle eie bepaalde werklikhede of verander (herbeskryf) bestaande werklikhede deurdat dit ’n mens uitnooi om op nuwe wyses na die wêreld te kyk. Fiksie vorm daarom deel van die produktiewe verbeelding.

Volgens Ricoeur (1991:122, 128) is verbeelding produktief wanneer denke aktief is. Die skryf van ’n gedig, die vertel van ’n verhaal, die skep van ’n vraagstelling of hipotese, plan of strategie bied almal kontekste waarin die verbeelding gebruik word en toegelaat word om produktief te wees. In die skep van kunswerke, die ontwerp en organisering van argiewe of Wunderkammern, asook die identifisering van die samehang daarin, word aan die verbeelding ’n geleentheid gebied om produktief betrokke te wees. Die verbeelding wat aktief is in ’n werk produseer ’n verbeeldingswêreld – egter nie een daaragter verborge nie, maar eerder voor die werk geprojekteer. In die verbeelding se vrye spel van moontlikhede kan ’n fiksie die werklikheid herbeskryf. Hoe meer die verbeelding van die bekende en aanvaarde werklikhede verskil, hoe nader is dit aan die kern van die werklikheid, wat nie meer ’n wêreld van manipuleerbare objekte is nie, maar eerder die wêreld waarin almal by geboorte geworpe is; waarin almal probeer om hulself te oriënteer sodat hulle daarin kan woon (Ricoeur 1991:133).

Die onderskeid wat Ricoeur tussen die produktiewe verbeelding en die reproduktiewe verbeelding tref, ontleen hy aan Kant. Kant bespreek die verbeelding hoofsaaklik in sy Kritiek van die suiwer rede (1781). Hy onderskei tussen reproduktiewe verbeelding, produktiewe verbeelding, transendentale verbeelding, die skematisme (dit is in die formulering van die skematisme waar die standaard interpretasie van Kant se verbeelding die duidelikste is), en laastens die kreatiewe werking van die verbeelding, soos dit by reflekterende oordele betrokke is (Thompson 2009). Wanneer die produktiewe en reproduktiewe verbeelding gewoonlik bespreek word, word eienskappe soos “oorspronklikheid”, “werklikheid”, “reproduksie” of “verbeelding” in die sin van “afbeelding” daarmee in verband gebring. Vir Ricoeur is hierdie model van die oorspronklike gestel teenoor reproduksie verteenwoordigend van reproduktiewe verbeelding. In die geskiedenis van die Westerse filosofie word daar hoofsaaklik aan die reproduktiewe verbeelding aandag gegee. Vir Ricoeur bestaan daar egter vier soorte produktiewe verbeelding, naamlik die sosiale of kulturele verbeelding, waaronder utopieë fiksies is; die epistemologiese verbeelding, waarvolgens die teoretiese model in die wetenskaplike domein ’n fiksionele funksie vervul (deur die toepassing van die teoretiese model op die empiriese word die werklikheid herbeskryf); die poëtiese verbeelding, waarvolgens die metafoor ’n fiksionele funksie vervul (die poëtiese verbeelding kan deur middel van metafore nuwe dimensies van die werklikheid ontvou en soos die epistemologiese verbeelding die werklikheid verander); en laastens religieuse simbole (Taylor 2006:94–7).

Om doeltreffend te wees moet die produktiewe verbeelding bestaande kategorieë transformeer en kan dit nie heeltemal buite en afsonderlik van die werklikheid bestaan nie. Dit beteken dat enige utopie, wetenskaplike model of gedig elemente van reproduktiewe verbeelding moet bevat wat toereikend uit die bestaande werklikheid geput het, sodat die afstand tussen die produktiewe en reproduktiewe verbeelding nie te groot is nie. Dit is egter belangrik dat die produktiewe verbeelding ’n fiksie oplewer. Slegs op hierdie wyse kan dit die werklikheid herbeskryf en ’n nuwe dimensie van die werklikheid verskaf (Taylor 2006:97–8).

Vervolgens word ondersoek hoe die kreatiewe intellektuele projekte van Boshoff, Warburg, Benjamin en Hirst nuwe kennisdimensies deur middel van fiksies en die produktiewe verbeelding laat ontvou.

 

5. Argiewe: die kreatiewe argivale versamelings van Boshoff, Warburg, Benjamin en Hirst

Vir Van Alphen (2008:66) is die ordening van versamelde of geargiveerde items uiteindelik ’n klassifikasiehandeling of ’n vorm van verbinding en samevoeging. Versameling en argivering as aktiwiteit maak die totstandkoming van betekenis, orde, grense, samehang en rede moontlik uit dít wat voorheen ongeordend, toevallig en sonder grense was. Hierdie beskrywing van die argief toon ooreenkomste met die ideologiese onderbou van Wunderkammern.

Derrida (1995) bring die grondslag van argiewe in verband met die archoniese beginsel, oftewel die beginsel van oordrag – oordrag in die sin van om saam te groepeer. Hy betrek die Griekse arkheion, wat aanvanklik verwys het na die woning, tuiste of adres van belangrike magistrate, die archons oftewel dié wat beveel het. Derrida beskryf die archons as die bewaarders van die dokumente in die argief. Hulle sorg nie net vir die veiligheid van die dokumente nie, maar beskik ook oor die hermeneutiese reg, vaardigheid en mag om die argiewe te interpreteer. Die mag van die archon, wat ook die funksies van vereniging, identifikasie en klassifikasie betrek, is ook die mag van oordrag. Met oordrag word daar nie net verwys na die aksie om aan iets ’n spesifieke plek of adres toe te ken nie, maar ook na oordrag in die sin van die versameling van “tekens” of dan betekenisvolle argivalia. Arkhę beteken beide “gebod” en “aanvang”. Dit is ’n woord wat twee norme tegelykertyd kommunikeer: die oorsprong van dinge (fisiese, geskiedkundige of ontologiese norme), en ook die wetlike norm, overgeset synde daar waar mense en gode regeer en beveel, daar waar gesag en sosiale orde uitgeoefen word (Derrida 1995:9–10). Dit is die beginsels of “wette” waarop die toedigting of aanwysing van ’n plek in die argief gebaseer is.

In die individuele versamelings van Willem Boshoff, Walter Benjamin, Damien Hirst en Aby Warburg kom daar uit gesprekke met en geskrifte van die individuele argiefskeppers telkens (self-)regverdigende begrippe na vore. Die afleiding sou kon volg dat hierdie idiosinkratiese begrippe deur Derrida se beskrywing van die funksie van die archons omvat word, of dat die versamelings se bemagtigende begrippe as die archoniese beginsels van oordrag of saamgroepering, plasing en samehang van items funksioneer. Die fiksies en verbeeldingswêrelde wat deur hierdie figure met hulle versamelings geskep word, bring konsepte na vore waarmee werklikhede herbeskryf word en waaruit nuwe dimensies van die werklikheid na vore kom (à la Ricoeur). Die konseptuele aard van Boshoff, Benjamin, Hirst en Warburg se intellektuele projekte kan soos volg opgesom word:

Boshoff

Benjamin

Hirst

Warburg

Chiasme, cathexis, catharsis, toeval

Ruïne (allegorie)
Reliek

Verganklikheid

Pathosformeln
Mnemosyne


5.1 Willem Boshoff

Die konsepte catharsis, cathexsis, chiasme en toeval het telkens na vore gekom in onderhoude en gesprekke met Willem Boshoff (Boshoff e.a. 2015). Ons meen dat al hierdie begrippe omsluit word deur die persona of imago van die “Big Druid”, wat Boshoff gekies het om sy omvattende kreatiewe projek mee te begrond.

Die verbeeldingswêreld in Boshoff se argief sou metafories beskryf kon word as ’n fiktiewe woud met die Big Druid (as beide vergestalting van die poëtiese verbeelding se fiksieskeppende rol én die skepper en onderhouer van die argief) te midde daarvan. Die Druïde, soos Boshoff dit in sy voorlegging vir die installasie Big Druid in his cubicle by Art Basel, oftewel die 2009 Basel Art Fair (Boshoff 2009) uiteensit, skryf woordeboeke, oftewel versamel obskure woorde en onderneem verkennende “Druid walks”, waar hy op beplande wandelings saam met kunsliefhebbers en ander deelnemers nuwe omgewings besoek om toevallige besonderhede, waar die genius locus onder meer in plante, strate en oppervlakke manifesteer, op sy pad te fotografeer. Die Druïde tree in persoonlike verhoudings met plante en maak kennis met spesifieke spesies oor lang tydperke en op uiteenlopende plekke (soos botaniese tuine regoor die wêreld) deur aan die blare en takke te vat, te vryf en te ruik en die beste voorkoms daarvan te fotografeer. Dit is vergelykbaar met die wyse waarop Joseph Beuys met ’n coyote kennis gemaak het in die bekende Aktion in die New Yorkse René Block-kunsgalery, I like America and America likes me (1974)19 (Tisdall 1976).

Vir die Druïde gaan dit oor die behoud van en stryd teen die uitsterwing en verlies van plantspesies deur middel van die herdenkende inbeelding van plantname en die skep van “woordtuine”. Die Druïde lê homself die taak op om die “tuin” van sy gedagtes mnemotegnies te versorg deur middel van tekste, woordeboeke en prente, plantprofiele wat hy saamstel, die ondersoek van verhoudings tussen die sigbare en hoorbare, die skryf van konkrete poësie, die manipulasie van sy denkprosesse en die identifikasie van nimfe of genius loci (Boshoff 2009). Die woorde wat die Druïde bestudeer en versamel, word op klippe gegraveer.

Hy beluister die musiek wat van regoor die wêreld op die wind aangewaai kom en versamel tonale eienaardighede wat strek van argaïese, etniese en Middeleeuse instrumentasie tot eietydse toonkunseksperimente, en hy skep kunswerke uit en oor die kennis wat hy verwerf én dít wat hom fassineer. Die Druïde beoefen ook waarsegging en toevalspele, wat ’n beduidende rol in beide sy werke en aksies, asook in die ordening van sy argief speel. Die Druïde se baard en hare is lank, hy dra meestal grys en beige hemde, swart of donkergroen Crocs, beige onderbaadjies en langbroeke, soos gesien kan word in figuur 7, waar die Druïde ’n demonstrasie met sy speelgoedeend Lucky uitvoer.

Figuur 6. Willem Boshoff, Big Druid in his cubicle (die Druïde met sy speelgoedeend “Lucky”) (Art Basel / Basel Art Fair, 2009) © 2016 Willem Boshoff / Universiteit van die Vrystaat

Die spesifieke voorkoms van die Druïde is vergelykbaar met dié van ander kunstenaars, wat bekend geword weens hulle spesifieke voorkomste, soos Joseph Beuys wat altyd ’n bruin vilthoed, blou denimjeans ingesteek by sy stewels, ’n wit hemp en onderbaadjie gedra het, of Frida Kahlo met haar helder etniese kleredrag, baie juwele, blomme in haar hare en haar monowenkbrou, wat net so bekend is as die snor van Salvador Dali.

Die Druïde is ’n vergestalting van ’n lewenswyse, ’n persona gebaseer op historiese of mitiese druïdes van die verlede, maar wat eienskappe en kwaliteite bekom wat ons hedendaagse kennis van druïdes oortref. Die Druïde in die argief is dus soos ’n embleem sonder ’n oorspronklike, ’n fiktiewe imago wat ’n unieke en veelseggende houding, benadering en perspektief open van waaruit hy nuwe en veral kritiese konseptuele dimensies van die werklikheid ontsluit. Daarby moet ’n mens die sleutelfaktor van emblematiese beelding in gedagte hou. Dít is inherent aangewese op die bemiddelde verbeeldingryke deelname van ontvanklike en nadenkende mense aan die oordragtelike kennis- en wysheidskeppende werking van fantasiewêrelde.

Die Druïde-figuur werp ook lig op die konseptuele aard van Boshoff se argief. Cathexis beteken vir Boshoff dat hy energie (energeia) en krag (kratos/amandla) bekom, maar dat hy dit ook weer vrystel (catharsis) (Boshoff e.a. 2015). Volgens Boshoff poog hy om in sy kunswerke en die argief gestalte te gee aan dít wat in die lug hang en rondsweef. Hy wil konkrete betekenis en gestalte gee aan abstrakte verbande en spirituele betekenisse. Die persona van die Druïde inkorporeer die abstrakte konsepte cathexis, catharsis, chiasme en toeval. Boshoff verduidelik die konsepte van cathexis en catharsis aan die hand van asemhaling. By geboorte, sê hy, snak babas na hulle eerste asem en neem hulle suurstof in (cathexis) en wanneer mense eendag sterf, blaas hulle hul laaste asem uit (catharsis). Tussendeur moet ’n mens sonder ophou inasem en uitasem. Cathexis en catharsis is, volgens sy verduideliking, dus deel van die daaglikse liggaamlike bestaan van alle mense. Cathexis kan ook verbind word met versameling: om iets in te neem of op te neem, om iets te versamel en te besit. Catharsis is dan die teenoorgestelde daarvan en kan beskryf word as “ontlasting”, met ander woorde om ’n mens van laste te bevry, om te “laat gaan” (Boshoff e.a. 2015).

Hierdie bevryding is in Boshof se beskrywing ’n lewensnoodsaaklike teruggawe of donasie. Catharsis word bewerkstellig deur die skenking of donasie van fiksie of die herbeskrywing van die wêreld, in Ricoeur se sin van die woord, deur die skep van verbeeldingswêrelde en kunswerke, of neem kumulatief in die argief vorm aan. Hierdie uitleg van die terme deur Boshoff verklaar sy besondere persoonlike eienskap van vrygewigheid ten opsigte van sy kennis en insigte, en sy verdraagsame ontvanklikheid teenoor medemense. Vir sy kunswerke versamel Boshoff woorde, klippe, name van plante, porseleinstukke, hout, sand, en so meer. Vir die argief versamel hy digitale fotografiese opnames, dokumente en lêers. Die argief in sy geheel is aan die Universiteit van die Vrystaat geskenk om dit digitaal so wyd as moontlik toeganklik te maak en word deurentyd deur Boshoff bygewerk soos wat hy die argief uitbrei.

Chiasme word deur Merleau-Ponty gebruik om ’n nuwe konseptualisering van die liggaam se vervlegting met die wêreld te tipeer as ’n vervlegting van subjektiewe ervaring en objektiewe bestaan (Baldwin 2004:247). Om die konsep van chiasme te verduidelik, gebruik Merleau-Ponty die voorbeeld van ’n persoon wie se twee hande mekaar omsluit. Hierdie aanraking stel twee dimensies van ons “vlees” bloot: enersyds ’n tipe fenomenologiese ervaring en andersyds vlees as iets wat aangeraak kan word. Dit dui sodoende op die dubbelsinnige aard van ons liggame as beide subjek en objek, of iets wat subjektief én objektief funksioneer (Merleau-Ponty 2004:256). Sigbaar en beweegbaar is die liggaam ’n objek tussen objekte – één van hulle. Dit is in die materie van die wêreld verstrengel en die samehang daarvan is dié van ’n objek – maar omdat dit sien en beweeg, hou dit objekte in ’n sirkel rondom sigself. Hierdie objekte is ’n verlenging van die liggaam, dit is deel van die liggaam se vlees en daarin opgeneem. Die objekte is deel van die definisie van die liggaam en die wêreld is uit dié liggaam geskep (Merleau-Ponty 1993:124–5). Hierdie vervlegting van subjek, objek en die vlees, met laasgenoemde wat optree as ’n bindingsmiddel tussen subjek en objek in Merleau-Ponty se opvatting van chiasme, is ’n wyse waarop die wêreld verstaan word. Chiasme verwys na ingewikkelde oorkruisings of omgekeerde parallelisme wat nie bloot as spieëlbeeld of simmetrie verduidelik kan word nie, maar meer gekompliseerd is. Chiasme word ’n metafoor vir die bykans ondeurgrondelike orde van die wêreld, waarvan die mens deel is. So is die Druïde byvoorbeeld met die landskap vervleg en deel van die samehang daarvan, veral met die plante en bome wat hy bestudeer, fotografeer, aanraak en beruik.

Boshoff se implementering van die konsep van chiasme kan op konkrete wyse aan die hand van die kunswerk Cube (figuur 7 en figuur 8) verduidelik word. In Cube vind ’n besonder komplekse ordeningsbeginsel van Boshoff se verbeeldingswêreld visueel gestalte. Cube is ’n aluminiumkubus wat kan oopvou, met blokkies daarbinne wat inmekaar pas om die kubus op te vul. Die toegevoude soliede kubus suggereer simmetrie en reëlmatigheid, maar wanneer dit oopgevou word, ontvou dit as uiters komplekse gestalte. ’n Meer ingewikkelde orde en samehang word daardeur gesuggereer. Boshoff (2007) noem dat die kubus ’n simbool vir die kosmos is en dat die opgevoude beeldhouwerk die wêreld in die vorm van ’n abstrakte stad vergestalt. Wanneer die “stad” oopgevou word, word dit blootgestel, maar dit is eers in die toegevoude “stad”, wanneer al die dele bymekaarkom en met mekaar vervleg is, dat die “stad” gerealiseer kan word. Wanneer die kante van ’n kubus oopgevou word, soos meestal gebruiklik in tessellasie, is dit in die vorm van ’n kruis. Hierdie kubus ontvou egter in die minder gebruiklike trapvorm, wat op ’n leer as verbinding tussen spirituele en bewoonbare wêrelde sinspeel.

   

Figuur 7. Willem Boshoff, Cube (1976–1982), toegevou. © 2016 Willem Boshoff

Figuur 8. Willem Boshoff, Cube (1976–1982), gedeeltelik oopgevou. © 2016 Willem Boshoff

Boshoff se beskrywing van hierdie kunswerk kan ook in ’n metaforiese sin verstaan word as sy emblematiese vertolking van samehang in die wêreld, soos vroeër vergestalt in die allegoriese ordenings van vroeg-moderne kunskabinette en Wunderkammern. Dit kan ook verbind word met Ricoeur se opvatting dat nuwe insigte in fiktiewe verbeeldingswêrelde ontdek word. Die chiastiese ordening stel die ingewikkelde vervlegting van spirituele en bewoonbare wêrelde ten toon. In die Boshoff-argief manifesteer hierdie ordening ook as samehang en vervlegtings tussen die taal, musiek, plantkunde en kuns; in sy kunsuitings word dit vergestalt in werke soos Writing in the sand (2000) as vervlegting van taal en kuns, Garden of Words I, II, III (1982–2006) as vervlegting van plantkunde en kuns; en KYKAFRIKAANS (1980) of Abamfusa Lawula (1997) as vervlegting van musiek en kuns.

’n Verdere konsep in die argief wat bydra tot die identifisering van samehang, is toeval. In Boshoff e.a. (2015) noem Boshoff dat hy die “heeltyd” na “alles” soek. Hy weet egter nooit wat hy gaan kry nie. Die onophoudelike soektogte na “alles”, waar dit nooit duidelik is wat opgelewer gaan word nie, hou vir hom verband met die beginsel van toeval en gebeurlikheid. Boshoff se navorsing oor Dadaïsme het daartoe bygedra dat hy homself tot ’n mate met die Dadaïste en hulle stochastiese eksperimente met toeval vereenselwig. Die Dada-kunstenaars het hulleself vry gemaak van rede en kousaliteit deur toeval in die skeppingsproses te verwelkom. Deur toeval is dit vir die Dada-kunstenaar moontlik om ou estetiese gewoontes te vernietig en nuwe vorme van persepsie te skep (Watts 1980:1). Dada-kunstenaars, of kunstenaars soos Boshoff wat Dada-elemente in hulle werk inkorporeer, poog dus om mense op ’n heeltemal nuwe of verrassende manier na die wêreld te laat kyk. Die Druïde beoefen gereeld waarsegging, waarin toeval ’n rol speel. Sy speelgoedeend Lucky word dikwels hiervoor gebruik, asook die plastiekeiers wat die eend lê, die letter A, ’n karretjie en ’n blonde kaal poppie. Alhoewel Boshoff teen dobbelary gekant is, is daar volgens hom ’n element van dobbelspel in alles wat hy doen. Die beginsel van toeval word enersyds deur hom gebruik om sin te maak uit ’n idee, of probleme, of van mense. Vir hom hou dit verband met hoe ’n persoon sy/haar gedagtegang daarop kan instel om sin te maak uit dít wat toevallig gebeur (Boshoff e.a. 2015). Andersyds is dit ’n manier om na die onderliggende sinvolheid van die bestaan te soek en te ontdek, deurdat telkens op een of ander ordelikheid gestuit word, as daar lank genoeg met die toevalspel volgehou word. Hy beoefen waarsegging en gebruik toeval met die oog daarop om aandagtig en met verloop van tyd samehang en betekenisse te ontbloot. Toeval is dus nie net ’n manier om mense op ’n nuwe en verrassende manier na die wêreld te laat kyk nie, maar is ook ’n vorm van oriëntering, ’n manier waarvolgens ’n mens sin kan maak uit die lewe. Die absolute aanvaarding van toeval het volgens Richter (1965:60) die Dadaïste tot die sfeer van die magiese, orakels, toordery en waarsegging, soos van ouds “vanuit die ingewande van voëls en lammers”, gelei.

In sy bespreking van die konjektuurmodel noem Carlo Ginzburg (1980:13) dat waarsegging ’n gedetailleerde ondersoek van die werklikheid verg, met die doel om die spore van gebeure wat die waarnemer nie direk kan ervaar nie, te ontbloot. Voorbeelde is die ondersoek en interpretasie van die ingewande van diere, druppels olie op water, sterre en onwillekeurige bewegings. Ginzburg (1980:13) onderskei tussen drie intellektuele fases in die interpretasie van tekens in die waarseggingsproses: ontleding, vergelyking en klassifikasie. Dit is ook die waarsêer se taak om die boodskappe van die gode wat in die sterre geskryf is, op menslike liggame en orals in die heelal te ontsyfer en sodoende groter insig in die wêreld en die betekenis daarvan te verwerf. Die drie intellektuele fases in die interpretasie van tekens in waarsêery is ter sprake in die Boshoff-argief, waar die Druïde sowel as die gebruikers van die argief die versamelde archivalia ontleed, vergelyk en klassifiseer.

Deur die bespreking van die konseptuele aard van ander argivale fiksies en verbeeldingswêrelde, soos dié van Warburg, Benjamin en Hirst, kan verdere aspekte van Boshoff se argief in terme van konsepte, filosofieë en die organisering van die argief aan die lig gebring word.

5.2 Aby Warburg

Sy Mnemosyne Atlas en die versamelde boekery in die Kulturwissenschaftliche Bibliothek Warburg (figuur 9) is saam met sy geskrifte die vernaamste manifestasies van Warburg se verbeeldingswêreld. Die atlas en biblioteek bestaan parallel aan en kan vergelyk word met die Wunderkammern van vorige eeue. Volgens Johnson (2012:67) is die Warburg-biblioteek ’n denkinstrument. Didi-Hubermann (2002:41) beskryf die Warburg-biblioteek as ’n poging om brûe te bou waar grense tussen dissiplines ontstaan het. Die oogmerk met beide die Mnemosyne Atlas en die biblioteek is die skep van skakels tussen dissiplines (Johnson 2012:68–9) wat op die vind van groter kulturele samehang gerig is – ’n oogmerk wat ten spyte van die verskille ook kenmerkend is van Boshoff se argief.

Figuur 9. Aby Warburg, foto van die Mnemosyne Atlas uitgestal vir die Ovidius-uitstalling in die Warburg-biblioteek (1927). © 2016 Die Warburg Instituut, Universiteit van Londen

Warburg se atlas het uit panele (elk ongeveer 150 x 200 cm) bestaan wat met swart doek oorgetrek is en waarop fotografiese drukke van uiteenlopende herkomste georganiseer was.20 Hierdie panele vertoon geordende versamelings van kunsreproduksies, advertensies, koerantknipsels, geografiese kaarte en persoonlike foto’s wat herhaaldelik deur Warburg herrangskik is, soos hy ook die boeke in sy biblioteek herhaaldelik herrangskik het ooreenkomstig die ontwikkeling en verandering van sy denkraamwerke. Die atlas was vir Warburg ’n instrument van oriëntasie en ontwerp om die migrasie van uitgebeelde figure in die kultuurgeskiedenis deur verskeie vlakke van kennis te volg (Michaud 2004:277).

Foster (1999:52) beskryf dit as ’n kultuurhistoriese instrument wat die verlede aan die hede beskikbaar stel en wat, in sy rangskikking en organisering van beeldmateriaal, die kragtige en dinamiese verbande tussen die energieë wat die wêreldgeskiedenis beheers (aan die hand van standhoudende en herhalende Pathosformeln) sigbaar maak. Die atlas karteer volgens Johnson (2012:8–9) letterlik en figuurlik die tropos in Warburg se studie van die Renaissance-kuns en kosmologie. Dit is ’n Bilderatlas21 wat gepoog het om die sogenaamde Nachleben der Antike aan die hand van die voorkoms van die klassieke Gebärdensprache, of gebaretaal, tydens die Renaissance en daarna, te karteer. Warburg het elke paneel van die atlas gefotografeer voordat ’n nuwe rangskikking van beeldmateriaal aangepak is. Warburg wou minstens 79 panele voltooi van ’n voorsiende ongeveer 200. Die laaste weergawe van die atlas, wat uit 63 panele bestaan het, het ongelukkig vergaan. Al wat behoue gebly het, is ’n stel van swart-wit fotografiese drukke van 18 x 24 cm (Warburg 2000).

In die Mnemosyne Atlas van Warburg betree die navorser “’n rivier van beelde”, ’n rivier van die geskiedenis en herinnering waar Mnemosyne heers. Wanneer die navorser die rivier betree, word hy/sy geneem op ’n herinneringsreis deur die geskiedenis met Mnemosyne, die moeder van die Muses, asook die personifikasie van herinnering (Johnson 2012:1), wat hom/haar aan die hand lei. Warburg noem dat die atlas die geskiedenis as ’n fabel “vertel” en dat dit “’n spookverhaal vir volwassenes” is: Diese Geschichte ist märchenhaft to vertellen:22  Gespenstergeschichte f. ganz Erwachsene(Johnson 2012:12–3).

Die figuur van Mnemosyne in die verbeeldingswêreld van die atlas en in die konseptuele wêreld van die biblioteek is vergelykbaar met die fiktiewe persona van die Druïde in die argief van Boshoff. Beide Mnemosyne en die Druïde is metaforiese personifikasies wat op beeldende en verbeeldende wyses die rigtings en aard van hulle bepaalde argiefversamelings as systemes figurés stempel. Mnemosyne is ’n kultuurtegniek van die verstand en die Druïde en argief kan ook as kultuurtegnieke verstaan word, omdat dit deur Boshoff gebruik word om sy gedagtes en werk te orden (Weigel 2013:2–3).

Warburg se atlas bied ’n skematiese, pikturale tentoonstelling van die kultuurgeskiedenis en betrek die ontwikkeling van menslike kulture vanaf die Greifmensch (’n mens wat vashou met die hande, soos Warburg dit omskryf) na ’n ontwikkelde vlak van Begreifen (teoretiese begrip). Op die eerste paneel van sy atlas (figuur 10) het Warburg drie voorstellings van kennis saamgegroepeer: ’n kaart van astrologiese prente, ’n kaart van Europa, Klein-Asië en Noord-Afrika getiteld Wanderstraßenkarte (Wandelstraatkaarte) en ’n kaart van bewegende paaie en ’n familiestamboom van die Medici’s/Tornabuoni’s. Hierdie historiese kaarte en skemas verraai die onderliggende leesmodel van die beeldmateriaal se konfigurasies, wat hy telkens saamgroepeer. Hierdie kaarte en skemas tree as historiese embleme van mitologiese, vroeg-moderne en moderne konstruksies van die wêreld en die orde van dinge op (Weigel 2013:9, 18).

Figuur 10. Aby Warburg, Mnemosyne Atlas, Paneel A (1924–1929). © 2016 Die Warburg Instituut, Universiteit van Londen

Die fiktiewepersona of imago van die Druïde in Boshoff se argief funksioneer op dieselfde vlak as die drie kaartsoorte op die eerste paneel van die Warburg-atlas. Soos op die eerste paneel dui die Druïde-figuur die wyse aan waarop die geordende versameling van die argief gebruik, geïnterpreteer en verstaan moet word. Soos wat die kaarte en skemas van die konstruksie van die wêreldgeskiedenis en die orde van dinge in Warburg se verbeeldingswêreld getuig, impliseer die Druïde-figuur ook kosmiese samehang – hier egter gewortel in die Druïde se ontdekking van geestelike spore of nimfe in sy wyse van mantiese verkeer met die wêrelde van bome, plante, woorde en musiek. In stede daarvan dat Warburg se atlas die kultuurhistoriese materiaal volgens die basiese geografiese metafoor van kartografie op ’n tweedimensionele vlak projekteer, bestaan dit uit ’n aantal afsonderlike panele waarop ’n konfigurasie van reproduksies verskyn wat onder ’n algemene tema georganiseer is en meestal van opskrifte vergesel is. Dit is opvallend dat die gefotografeerde reste, maar ook die oorspronklike atlas, slegs uit betreklik swak-gereproduseerde beeldmateriaal bestaan. Onteenseglik dien hierdie panele met gereproduseerde prente slegs as ’n lanseerplatform vir die verbeelding van die navorser. Die hermeneutiek van ’n beeldargief kom hier ter sprake.

Die historiese aandag van die navorser moet eerstens vanaf die reproduksies wegbeweeg na die oorspronklike voorwerpe (hetsy skilderye, gravures, beeldhouwerke, kaarte, foto’s). Laasgenoemde kan as uiteenlopende visuele of beelddraende media die navorser se historiese verbeelding na die imaginêre engramme as beeldkragte in die kollektiewe geheue lei. Die atlas stel die historiese Wanderung (wandeling)van simbole, motiewe, figure, gebare en patosformules ten toon wat Warburg in sy navorsing geïnterpreteer het. Soos die Wunderkammern was die atlas en biblioteek plekke van kennis, bestudering en bepeinsing, van imaginêre beeldvorming van historiese en ikonologiese verhoudings.

Die reeks panele het saam ’n Denkraum (denkruimte)gekonstrueer – ’n fiktiewe ruimte vir nadenke en gedagtevorming. Johnson (2012:27, 56) beskryf Warburg se Denkraum as ’n instrument vir oriëntering en distansiëring, die ruimte waarin hy ontwerp en skep. Warburg het die verlies van die Denkraum gevrees en hy het dit ook die Zwischenraum (tussenruimte)en Wunschraum (wensruimte)genoem. Die gapings tussen panele en die intervalle tussen die prente wat op elke paneel gerangskik is, het nuwe verbeeldingsruimtes geopen om die geskiedenis van beelde, ikonologie en kultuur te ontdek, te lees, te interpreteer en te herdenk (Weigel 2013:5). Die atlas is die belangrikste medium van wat Warburg ’n laboratorium vir eksperimentering en navorsing oor kulturwissenschaftliche Bildgeschichte (kultuurwetenskaplike beeldgeskiedenis) genoem het. Hy skep die laboratorium as ’n ruimte waarin akademici vanuit die kunsgeskiedenis, filosofie en godsdienswetenskappe rondom dieselfde tafel kan vergader. Die medium van die atlas word die ideale kultuurtegniek vir Warburg se metodologiese en teoretiese perspektief in sy ondersoek na die geskiedenis van beelde as ’n funksie van die tegniek van die verstand. Dit word ’n argief van patosformules (Weigel 2013:6).

Johnson (2012:9) noem dat die naasmekaargeplaaste beelde van die atlas insig moet verskaf in die Nachleben van patosbelaaide uitbeeldings van “bewegtes Leben”. Patosformules verwys na artistieke wyses waarop sterk emosies in verskillende media vir betragters voorgestel en bemiddel is. In Duits verwys Pathos na sterk gevoelens. Dit funksioneer stilisties en konseptueel as metafore, wat dit vir Warburg moontlik maak om eenheid en betekenis te vind in die meervoudigheid van die geskiedenis. Die term Pathosformel ontken enige onderskeid tussen inhoud en vorm. Die tema van ’n moeder in rou se patos word ’n herhalende formule wanneer dit as ’n ekspressiewe en aktiewe liggaamlike kombinasie van houding, gebaar en gelaatsuitdrukking op ’n Griekse vaas, in ’n Renaissance-skildery of in ’n koerantfoto teruggevind word (Johnson 2012:14). By Warburg tree die patosformules as beeldende en verbeeldende kragte op wat die drempel tussen bewuste en onbewuste in die kollektiewe geheue oorskry. In patosformules ontdek hy voetspore in die gang van die kultuurgeskiedenis, meersinnige leidrade vir kultuurhistoriese verbandlegging en oriëntasie in die geskiedenis. Boshoff se argief is nie saamgestel uit patosformules nie. Tog bied dit aan hom ook ’n instrument van kennisverwerwing waarmee hy gedeeltes van sy lewe, sy werk en die heelal organiseer en betekenisse daaruit lees.

Johnson (2012:xi) wys daarop dat die Denkraum ’n belangrike aspek van Warburg se werk uitmaak, omdat dit ’n neerslag van sy intellektuele swerwerslewe en sy veragting van dissiplinêre, konseptuele en kronologiese grense is. Die atlas beliggaam ’n swerwerselement. Die rangskikkings van prente op die panele en die verbindings daartussen is nie altyd duidelik nie en dit moet gelees word deur visueel (met die oë) tussen die prente te swerf. Verskillende paaie moet gevolg word om sodoende die argeologiese lae van die konstellasie te rekonstrueer (Weigel 2013:6). Warburg se metafoor van Wanderung (wat die migrasie van beelde, astrologiese figure en simboliek tussen kulture, tye en geografiese plekke verbeeld) verkry dus ook ’n liggaamlike kwaliteit.

Met die swerfkarakter as ’n epistemologiese metafoor en as ’n manier om beelde te lees, kan die atlas as ’n moderne navolger van antieke en Middeleeuse kartografie beskou word. Om pikturale kaarte te lees, beteken om rond te dwaal in verbeeldingswêrelde. Soos Warburg ’n “intellektuele swerwer” is, wat onder andere grense tussen dissiplines verafsku, is ook die Druïde ’n swerwer wat die grense tussen dissiplines oopmaak. Die Druïde wandel deur woude en stede op sy Druïde-wandelinge. Tydens sy wandelinge fotografeer hy wat hy raaksien of wat sy aandag trek en waarin hy die nimf van ’n stad of woud kan erken. Die Druid walks is, soos Warburg se Wanderstraβe (wandelstraat),’n middel om samehang te onthul.

Figuur 11. Willem Boshoff, Apple Skermskoot (MacNat – Plant Index slide show) (2015). © 2016 Willem Boshoff / Universiteit van die Vrystaat

Vergelyk die skermskoot van die rekenaarskerm in die Willem Boshoff Argief (figuur 11) met die panele van die Mnemosyne Atlas (figuur 10). Soos wat navorsers met hulle oë oor die atlas moet swerf om die verbindings tussen prente te ontdek en te identifiseer, moet navorsers in die argief ook met hulle oë tussen duisende digitale fotografiese opnames swerf om sodoende die verbande en samehang tussen hierdie digitale fotografiese opnames te identifiseer, te konstrueer en te beproef. Om te swerf word ’n metafoor van kennisverwerwing.

5.3 Walter Benjamin

Twee van Benjamin se bekendste werke is Der Ursprung des deutschen Trauerspiels en Das Passagenwerk. Benjamin het in 1925 Der Ursprung des deutschen Trauerspiels aan die Universiteit van Frankfurt as sy Habilitationsschrift ingelewer. Die werk is ’n studie van die onbekende 17de-eeuse Duitse literêre genre, die emblematiese treurspel of Trauerspiel. In die studie beklemtoon Benjamin die rol van allegorie en die ruïne in die Trauerspiel en hoe dit ook in ons wêreld bestaan of weerspieël word. Die werk bevat meer as 600 aanhalings uit verskillende treurspele.

Benjamin se ander bekende werk, Das Passagenwerk (1927–1940), maak ook gebruik van aanhalings en fragmente. Das Passagenwerk, geïnspireer deur die arkades van Parys, bestaan uit meer as ’n 1 000 gedrukte bladsye en is ’n versameling van aanhalings wat bestaan uit honderde uittreksels uit boeke, koerante en tydskrifte oor die filosofie, geskiedenis, sielkunde, tegnologie, sosiologie en letterkunde. Hierdie versameling se hooftema, wat verbindings/samehang tussen al hierdie velde skep, is moderniteit en die stad Parys. Saam met hierdie versameling aanhalings in Duits en Frans is daar ook die versameling van tekste met Benjamin se kommentaar op hierdie aanhalings, wat saam Das Passagenwerk uitmaak (Stoljar 1996:100).

In die werk van Walter Benjamin (veral in sy Der Ursprung des deutschen Trauerspiels en Das Passagenwerk) vind die navorser ’n vervalle en gebroke wêreld waar alles vernietig is en net die skerwe, fragmente en ruïnes oorbly. Die ruïne is ’n metafoor, dit wil sê ’n fiksie wat deur Benjamin gebruik word om allegorie te verduidelik. Gilloch (2002:4) verwys na objekte, tekste en beelde wat gefragmenteer, gebreek en vanuit hulle oorspronklike kontekste uitmekaargespat het, met die gevolg dat hulle weer met moeite in kritiese, kontemporêre konstellasies gerekonstrueer kan word. Dit is Benjamin as die “eklektiese ingenieur” wat deur hierdie vervalle, gebroke wêreld loop en die brokstukke en ruïnes versamel. Die figuur van die ingenieur wat deur die gebroke en geruïneerde wêreld wandel, is vergelykbaar met die Druïde wat deur ’n woud wandel om die bome en plante te memoriseer en te leer ken in ’n poging om dit van uitsterwing te red. Die ingenieur jukstaponeer verskeie onverwante objekte, vorme en media om sodoende ’n elektriese spanning te genereer wat tot ’n eksplosiewe beligting van elemente in die hede lei. Buck-Morss (1989:32) noem dat ’n vroeë titel vir Das Passagenwerk ’n Dialektiese Feëtoneel was en dat Benjamin van plan was om die verhaal van die Slapende Skoonheid vir ’n tweede keer te skryf. Hierdie fantastiese elemente van Das Passagenwerk is ook vergelykbaar met die fantasiefiguur van die Druïde in die Willem Boshoff Argief.

Twee hoofelemente van Benjamin se dialektiese denke in Der Ursprung des deutschen Trauerspiels is vernietiging en rekonstruksie. Hierin bespreek hy die hiernamaals van die objek, die kunswerk en die “eklektiese ingenieur”. Die hiernamaals van die objek verwys na die proses van disintegrasie en ruïnering waarin die objek te voorskyn kom uit vroeëre kontekste, ontneem van vorige, oorspronklike betekenisse, maar wat in die proses nuwe betekenisse in die hede bekom (Gilloch 2002:4). Die Trauerspiel is vir Benjamin ’n ruïne oor ruïnering. Dit stel die menslike lewe as ’n nuttelose soektog na betekenis in ’n katastrofale en verlate wêreld voor, as die onophoudelike toename van fragmente en die verrotting van die kreatuurlike liggaam (Gilloch 2002:58).

Allegorie stem met die vervalle en verlate wêrelde ooreen en gee uitdrukking aan die geruïneerde wêreld. In Der Ursprung des deutschen Trauerspiels ontwikkel Benjamin ’n aantal idees wat vir hom van durende belang was: hieronder geld die konseptualisering van die fragment as ’n teëltjie van ’n mosaïek en as ’n monade, kritiek as vernietiging en rekonstruksie, en melankolie, allegorie en geskiedenis as katastrofe en redding. Die mosaïek, ’n vorm van beeldende voorstelling wat bestaan uit vele tesserae, word Benjamin se hoofmodel. Ware kritiek en filosofiese skryfwerk behels vir hom die skepping van tekstuele mosaïeke waar aanhalings soos losstaande fragmente is. Vir Benjamin verskyn die uniekheid van die kunswerk en die onderlinge verhoudinge met ander kunswerke slegs deur die gebruik van konsepte. Dit is in die identifisering en ontleding van konsepte soos rou, noodlot, melankolie, allegorie, historiese tyd en die ruïne dat die oppervlakkige verhoudings tussen verskynsels ontstel word en ware verhoudings tussen skynbaar onverwante verskynsels gevind en gestruktureer word (Gilloch 2002: 68-69).

Theodor Adorno, ’n tydgenoot en vriend van Benjamin, lewer veral belangrike insigte ten opsigte van die monade, ’n konsep wat ook belangrik is in die werk van Benjamin. Adorno wend hom in sy bespreking van die monade tot Leibniz (1646–1716) se metafoor van die monade om die verhouding tussen outonome kuns en die samelewing te verduidelik. Leibniz voer aan dat monades individuele eenhede is, wat in hulleself die totaliteit van die kosmos as ’n samehang van monades bevat, wat oor ’n interne dinamika beskik en vensterloos is deurdat monades nie mekaar affekteer of beïnvloed nie (Adorno 2004:308).

Volgens Benjamin se opvatting van die monade verberg en openbaar elke fragment van die skepping, hoe klein of onbelangrik dit ook al mag wees, die heilige oorsprong en messiaanse potensiaal daarvan: dit sinspeel op God. Elke fragment besit in miniatuur, maar tog in leesbare vorm, die geheel waarvan dit deel vorm. Elke kunswerk is ’n mikrokosmos van ’n groter sfeer van idees. Dit beteken dat elke idee die beeld van die wêreld bevat. Die voorstelling van idees is daarom ’n klein uitleg van die beeld van die wêreld, vergelykbaar met die voorstelling van die wêreld in die Wunderkammern of die wêreld wat voorgestel word in Boshoff se argief. In sy ontvouing van die treurspele van die 17de eeu herskep Benjamin dus die beeld van die wêreld tydens die Barok (Gilloch 2002:71–2).

Die melankoliese figuur is die onvermoeide ondersoeker en denker wat die sfeer van objekte in besonderhede bestudeer. Melankolie verloën die wêreld ter wille van die ontdekking van kennis. In sy selfversonkenheid omhels die melankoliese figuur dooie objekte in sy bepeinsing, om sodoende hierdie objekte te red. Geduld, verdieping, redding en afdwaling is die kenmerke van melankoliese denke. Die ware kritikus of filosoof is ’n uitstekende voorbeeld van die melankolis, vir wie die aardse wêreld ’n boek of teks word om te ontsyfer en te bestudeer (Gilloch 2002:79).

Boshoff deel nie Benjamin se melankoliese benadering nie. Die ontsyfering en bestudering van die wêreld vind by hom plaas deur middel van sowel sy waarseggingspraktyke as sy obsessiewe studie van plante, woorde en musiek. Die Druïde in die argief is ook besig met reddingspogings soortgelyk aan die reddingspogings van die melankoliese figuur in die vervalle, gebroke wêreld van Benjamin. In die argief is dinge egter nog nie vernietig nie en probeer die Druïde dit red voordat dit vernietig word. In Boshoff se werk is ’n sterk etiese element te vinde – enersyds in sy obsessiewe bewaringswerk en andersyds in die besondere arbeid en moeite wat hy in sy installasies inploeg. Hierby kan Boshoff se vrygewigheid ook in ag geneem word, byvoorbeeld die erkenning wat hy verskaf aan almal wat onder sy leiding meewerk aan sommige van sy kunswerke, asook die tyd wat hy afstaan aan studente en navorsers om aan hulle hulp en raad te verskaf in terme van hulle eie werk, om sy kennis en wysheid met hulle te deel.

In die argief vind die navorser nie die gefragmenteerde, geruïneerde wêreld van Benjamin nie, maar eerder ’n geheel van samehang in komplekse chiastiese verhoudings. Die Druïde red vreemde woorde wat niemand gebruik nie deur hulle op te skryf in sy woordeboeke van vreemde woorde,23 of hy red plante deur hulle name te memoriseer en hulle in foto’s en kunswerke te dokumenteer voordat hulle uitsterf. Soos by Benjamin weerspieël die items (fragmente) in die argief die geheel waarvan dit deel vorm. Elke fotografiese reproduksie van ’n kunswerk of ’n plant verwys na die oorspronklike kunswerk of plant en impliseer ’n risomatiese geheel.

Die melankolis in die geruïneerde wêreld laat vir homself/haarself slegs ’n enkele plesier toe: allegorese. Benjamin beskou allegorie as iets wat nie die wêreld se volheid en volmaaktheid saamvat nie, maar wat eerder die verbrokkeling en vernietiging daarvan uitdruk. Allegorie stel sigself voor as betekenislose woordrykheid en as die gebroke en arbitrêre taal van die gevalle mensdom, kulturele rommel en die smartvolle natuur. Die ruïne stel die verganklikheid en ydelheid van menslike arbeid as ’n gedoemde proses van onomkeerbare verval en uiteindelike uitsterwing voor (Gilloch 2002:80–2). Volgens Benjamin (1998:178) vervul allegorie in die sfeer van gedagtes dieselfde funksie as wat ruïnes in die sfeer van materiële objekte doen. Allegorie het duidelik ’n spesifieke verbintenis met die ruïne. Die oë van die allegoris is gefokus op die wêreld van objekte en dit herken die eienskap van objekte om na dinge buite hulleself te verwys. Dit gee aanleiding tot bindings en verbandleggings daartussen, maar uiteindelik kan die allegoris nie ’n spesifieke betekenis daarin erken nie. Daarom versamel die Grübler voortdurend fragmente waaroor hy nadink en waarvan hy die betekenis nie kan peil nie (Gilloch 2002:82). Die Druïde is, soos die allegoris, in staat om te sien dat objekte na dinge buite hulleself verwys en dat daar onderlinge verbande tussen hulle bestaan, met ander woorde dat hierdie objekte/idees met mekaar vervleg is. Die Druïde erken egter ’n spesifieke betekenis daarin wat bydra tot die skepping van samehang in die argief. Dit kom die beste in die chiastiese aard van Boshoff se argief na vore.

Vir Benjamin verander die allegorieë van verrotting en ruïnering egter tog van rigting en transformeer hulself in allegorieë van redding en verlossing. In die dialektiese spel, wat volgens Benjamin deel van die aard van die allegorie is, word die aardse wêreld vernietig en gereduseer tot fragmente en ruïnes – net sodat dit weer gerekonstrueer kan word. Die dooie vlees van die lyk transformeer sigself tot ’n allegorie van opstanding en lewe. Die laggende kopbeen, die kop van die dood, word die gesig van ’n engel. Alles wat voorheen aards was, word weer heilig. Vir Benjamin is ’n waardering van die tydelikheid van dinge en die behoefte om dit vir die ewigheid te red een van die sterkste drange van die allegorie (Gilloch 2002:85).

Hierdie metafore ten opsigte van lewe en dood herinner aan die verbeeldingswêreld van Damien Hirst en sy belangstelling in die tema van verganklikheid, wat daarmee vergelykbaar is.

5.4 Damien Hirst

Damien Hirst se verbeeldingswêreld vertoon geen heersende “fiksie” soos deur homself geïdentifiseer nie, hetsy die beginsel van byvoorbeeld die Druïde, die ruïne, die “eklektiese ingenieur” of Mnemosyne. Elke kunswerk wat hy skep is egter ’n fiksie, ’n verrassende herbeskrywing van die werklikheid deur die oë van ’n spesifieke soort versamelaar. In The collector kan ’n mens die figuur van ’n navorser (voorgestel deur ’n pop) waarneem, omring met lewende plante en skoenlappers, wat in teenstelling met die gewone praktyk van biologiese studie is – aangesien wetenskaplikes en navorsers dikwels nie lewende plante en diere nie, maar eerder dooie plante en diere bestudeer – en wat sodoende die tema van verganklikheid oproep.

Hirst (2001:21) erken dat hy ’n obsessie met die dood het, maar dat dit nie morbied is nie en eerder ’n viering van die lewe beteken. In talle van sy werke vind die betragter die tema van verganklikheid. Dikwels word daar weer lewe gegee aan dít wat voorheen dood was: in For the love of God (2007) blaas Hirst weer lewe in ’n 18de-eeuse skedel – ’n moontlike sinspeling op Esegiël 37:1–11, waar vlees en vel weer oor bene groei nadat lewe daarin geblaas is en ’n menigte lewendes verskyn het.

Hirst se diamantskedel lag en die skitterende diamante kan beweging voorstel soos wat die lig daarop val en weer weerkaats word. So ook word sy skoenlapperskilderye, entomologiese skilderye en formaldehidewerke monumente ter viering van die verskeidenheid van die natuur en van die lewe. Hierdie werke herinner aan die Wunderkammern. Die entomologieskildery en skoenlapperskildery herinner aan die laaie in Wondertoneel der Nature Tab I (figuur 5).

Figuur 12. Joris Hoefnagel, Insekte en die kop van ’n windgod (ca. 1590–1600). The Metropolitan Museum of Art, geskenk deur mev Darwin Morse, 1963. www.metmuseum.org.

Die geometriese patrone en simmetrieë in die organisering en rangskikking van die helderkleurige versameling van insekte en skoenlappers in hierdie werke suggereer ook samehang en onderliggende ordes. Hirst se eie webtuiste herinner ook aan die Wunderkammer. Op sy webtuiste word al sy kunswerke versamel en volgens kategorieë met eie identifikasiekodes georganiseer. Hier vind die kyker versamelings van skoenlappers, insekte, sigaretstompies, diamante, skulpe, pille, taksidermiese voorbeelde, ens. Sy kunswerke, webtuiste, Murderme-versameling en galery suggereer sowel obsessie as onderliggende ordes en samehang, vergelykbaar met Wunderkammern en Boshoff se argief.

In die verbeeldingswêreld van Hirst (wat ook een van sy bekendste veilinguitstallings, Beautiful inside my head forever, Sotheby’s, Londen,16–18 September 2008, tipeer) word die insekte en skoenlappers weer lewend soos in die tekening van Hoefnagel (figuur 12). In die tekening van Hoefnagel word naaldekokers, sprinkane, ’n spinnekop, besies en skoenlappers lewend uitgebeeld en simmetries gerangskik – ornamenteel en emblematies en/of vermaaklik en lerend, vergelykbaar met die werke van Hirst, ten spyte van die groot tegnologiese afstand tussen hulle. Tekeninge/embleme soos dié van Hoefnagel kan as Wunderkammern in boek- of bladvorm beskryf word, verwant aan die geïllustreerde inventarisse van Wunderkammern. In die werke van Hirst wil die oorweldigende veelheid van dooie insekte die indruk skep dat hulle weer krioel en dat die skoenlappers weer fladder. Soos by Benjamin moes vernietiging eers genadeloos plaasvind, voordat dit wat vernietig is, weer gerekonstrueer kan word. In die werk van Hirst moet diere en mense eers sterf, waarna die opstanding uit die dood kan plaasvind en die lewe gevier kan word.

In Boshoff se argief bestaan daar nie die dialektiese spanning wat by Benjamin en Hirst aanwesig is nie. Vernietiging hoef nie éérs te geskied voordat rekonstruksie kan plaasvind nie. Woorde en plante word deur die Druïde gered deur die versameling daarvan in fotografiese lyste (die plantkunde-afdeling van die argief) en woordlyste (die woordeboeke in die argief), asook deur die gebruik daarvan in kunswerke. Deur hierdie obsessiewe versameling en optekening verhoed die Druïde die vernietiging van hierdie plante en woorde. Die Druïde gee egter ook in sommige van sy werke erkenning aan tale, soos Latyn, wat reeds uitgesterf het, byvoorbeeld Prehistoric dice (2013) en Noli Turbare Ciculos Meos (2009). In Boshoff se argief bestaan daar nie ’n vervalle, gebroke wêreld vol katastrofes en ruïnes soos in die werk van Benjamin nie; die argief stel die beginsel van chiasme eerder as Benjamin se fragmentering voor. Daar is egter, soos in die werk van Benjamin, allegoriese elemente in Boshoff se argief ter sprake. Soos die allegoris van Benjamin het ook die Druïde ’n waardering vir die tydelikheid van dinge en het hy ’n behoefte om dit te red. In die argief hoef dit wat lewend is, ook nie eers dood te gaan voordat die lewe soos by Hirst gevier kan word nie. Die Druïde vier egter ook die lewe soos Hirst en het ook ’n passie vir die natuur en alle lewende dinge daarin, wat veral in die plantkunde-afdeling in die argief gesien word in sy obsessiewe bestudering van plante en meer onlangs selfs diere en insekte. Bogenoemde elemente is veral sigbaar in Boshoff se Garden of words I, II, III (1982–2006), waarin 30 000 plantspesies opgeteken is. Nie een van die spesies wat in die kunswerk genoem word, het al uitgesterf nie; dit werp egter lig op die 30 000 plantspesies wat bedreig is en kán uitsterf indien ingryping nie plaasvind nie. Die kunswerke dien as ’n uitroep om in te gryp vóór dit vir hierdie plante te laat is en vernietiging wel plaasvind.

 

6. Ten slotte

Boshoff se argief bied ’n verbeeldingswêreld wat uit verskeie elemente van sy geskakeerde lewenswêreld bestaan: hieronder geld digitale fotografiese opnames van plante, musiekopnames, woordeboeke en fotografiese opnames van sy kunswerke. Die vervlegting van hierdie elemente deur die fiksie van die Druïde en die volgehoue, hardwerkende arbeid en deursettingsvermoë van die kunstenaar bied egter ’n nuwe dimensie van die werklikheid of alternatiewelik / overgeset synde ’n herbeskrywing daarvan. Die verbeeldingswêreld kan in terme van die “submedialeruimte” van argiewe, waarna Boris Groys verwys, verstaan word. Volgens Groys (2012:10) word papier, films en rekenaars dikwels as die draers van data en media in die argief beskou, maar hierdie tegniese apparatuur is self deel van die argief. Daaragter kan verdere en uiteenlopende produksieprosesse, elektriese netwerke en ekonomiese prosesse teruggevind word. Wat steek agter hierdie netwerke en prosesse? Die antwoorde vervaag tussen die vele opsies: natuur, geskiedenis, rede, begeerte, reekse gebeure, toeval, subjekte, stof. Vandaar sy verwysing na ’n obskure “submedialeruimte”, waarin hiërargieë van tekendraers in donker, wolkerige ruimtes versink. Hierdie “submedialeruimte” is das Andere van die argief. Dit is agter hierdie materiële draers van media en data, netwerke en prosesse, en in die donker, wolkerige ruimtes van die argief waar fiksies, verbeeldingswêrelde en die konseptuele aard van Boshoff se argief bestaan. In hierdie ruimte vind die navorser die woud met die Druïde te midde daarvan.

 

Bibliografie

Adorno, T.W. 2004. Aesthetic theory. Vertaal deur R. Hullot-Kentor. Londen: Continuum.

Baldwin, T. Introduction. In Baldwin (red.) 2004.

Baldwin, T. (red.). 2004. Maurice Merleau-Ponty: basic writings. Londen: Routledge.

Bann, S. 1995. Shrines, curiosities and the rhetoric of display. In Cooke en Wollen (reds.) 1995.

Benjamin, W. 1998. The origin of German tragic drama. Vertaal deur J. Osborne. Londen: Verso.

—. 2002. The arcades project. Vertaal deur H. Eiland en K. McLaughlin. Cambridge, Mass.: The Belknap Press of Harvard University Press.

Bernasconi, R. (red.). 1987. The relevance of the beautiful and other essays. Vertaal deur N. Walker. Cambridge: Cambridge University Press.

Beβler, G. 2012. Wunderkammern. Weltmodelle von der Renaissance bis zur Kunst der Gegenwart. Berlyn: Reimer.

Blumenberg, H. 1979. Die Lesbarkeit der Welt. Frankfurt am Main: Suhrkamp.

Boshoff, W. 1980. KYKAFRIKAANS. Johannesburg: Pannevis.

—. 2007. Cube/Kubus. https://www.willemboshoff.com/product-page/cube (8 November 2015 geraadpleeg).

—. 2009. Big Druid in his cubicle: Proposal. Willem Boshoff Argief, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein.

Boshoff, W., E.S. Human en D.J. van den Berg. 2015. Onderhoud met Willem Boshoff, 29 Januarie, Bloemfontein.

Bredekamp, H. 1993. Antikensehnsuch und Maschinenglauben: die Geschichte der Kunstkammer und die Zukunft der Kunstgeschichte. Berlyn: Verlag Klaus Wagenbach.

Buck-Morss, S. 1989. The dialectics of seeing: Walter Benjamin and The Arcades Project. Cambridge, MA: MIT Press.

Clarkson, C. 2006. Willem Boshoff: art of the dictionary. Voordrag gelewer by die jaarlikse konferensie van die internasionale vereniging van filosofie en literatuur, by die Universiteit van Freiburg, Duitsland, 5–10 Junie. Willem Boshoff Argief, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein.

Cooke, L. en P. Wollen (reds.). 1995. Visual display: culture beyond appearances. New York: The New Press.

Crane, S.A. 1997. Writing the individual back into collective memory. The American Historical Review, 102(5):1372–85.

—. 2000. Curious cabinets and imaginary museums. In Crane (red.) 2000.

Crane, S.A. (red.). 2000. Museums and memory. Stanford: Stanford University Press.

Derrida, J. 1995. Archive fever: a Freudian impulse. Diacritics, 25(2):9–63.

Didi-Huberman, G. 2002. L’image survivante, Histoire de l’art et temps des fantômes selon Aby Warburg. Parys: Les Éditions de Minuit.

Eco, U. 2009. The infinity of lists. Londen: Quercus.

Ernst, W. 2013a. Underway to the dual system: classical archives and digital memory. In Parikka (red.) 2013.

—. 2013b. Discontinuities: does the archive become metaphorical in multimedia space? In Parikka (red.) 2013.

Findlen, P. 2004. The museum: its classical etymology and Renaissance genealogy. In Preziosi en Farago (reds.) 2004.

Fischer, G. (red.). 1996. “With the sharpened axe of reason”: approaches to Walter Benjamin. Oxford: Berg.

Forster, K.W. 1999. The renewal of pagan antiquity: contributions to the cultural history of the European Renaissance. Inleiding deur A. Warburg. Los Angeles, CA: Getty Research Institute for the History of Art and the Humanities.

Foster, H. 2004. An archival impulse. October, 110(Herfs):3–22.

Fried, M. 1988. Absorption and theatricality: painting and beholder in the age of Diderot. Chicago: Chicago University Press.

Gadamer, H.G. 1987. The relevance of the beautiful. Art as play, symbol, and festival. In Bernasconi (red.) 1987.

Gentric, K. 2004. Garden of words, Willem Boshoff remembering not to forget. Voordrag gelewer by die South African Association of Art and Architectural Historians, Durban.

—. 2013. Willem Boshoff, monographie d’artiste et catalogue. Ongepubliseerde PhD-proefskrif, Université de Bourgogne.

Gilloch, G. 2002. Walter Benjamin: critical constellations. Cambridge: Polity Press.

Ginzburg, C. 1980. Morelli, Freud and Sherlock Holmes: clues and scientific method. History Workshop, 9 (Lente), ble. 5–36.

Grondin, J. 2003. The philosophy of Gadamer. Ithaca, NY: McGill-Queen’s University Press.

Groys, B. 2012. Under suspicion: a phenomenology of the media. New York: Columbia University Press.

Hamilton, C. en P. Skotnes (reds.). 2014. Uncertain curature: in and out of the archive. Johannesburg: Jacana Media.

Hirst, D. en G. Burn. 2001. On the way to work. Londen: Faber & Faber.

Holly, M.A. en M. Smith (reds.). 2008. What is research in the visual arts? Obsession, archive, encounter. Williamstown: Sterling and Francine Clark Art Institute.

Jauss, H.R. 1982. Aesthetic experience and literary hermeneutics. Vertaal deur M. Shaw. Minneapolis, Minn.: University of Minnesota Press.

Johnson, C.D.2012. Memory, metaphor, and Aby Warburg's Atlas of images. Ithaca, NY: Cornell University Press.

Johnson, G.A. en M.B. Smith (reds.). 1993. The Merleau-Ponty aesthetics reader: philosophy and painting. Evanston, Il.: Northwestern University Press.

Kant, I. 1998. Critique of pure reason. Vertaal deur P. Guyer en A.W. Wood. Cambridge: Cambridge University Press.

Kaufmann, T.D, 1995. Court, cloister, and city: the art and culture of Central Europe, 1450–1800. Londen: Weidenfeld & Nicholson.

Marx, U., G. Schwarz, M. Schwarz en E. Wizisla (reds.). 2015. Walter Benjamin’s archive: images, texts, signs. Londen: Verso.

Merleau-Ponty, M. 1993. Eye and mind. In Johnson en Smith (reds.) 1993.

—. 2004. The visible and invisible: the intertwining–the chiasm. In Baldwin (red.) 2004.

Michaud, P.A. 2003. Aby Warburg and the image in motion. New York: Zone Books.

Nora, P. 1989. Between memory and history: Les lieux de mémoire. Representations, 26:7–24.

Onians, J. 1994. “I wonder …” A short history of amazement. In Onians (red.) 1994.

Onians, J. (red.). 1994. Sight and insight. Essays in honour of E.H. Grombrich at 85. Londen: Phaidon.

Parikka, J. (red.). 2013. Digital memory and the archive. Minneapolis: University of Minnesota Press.

Paton, D. 2000. Of worms and words: Wurm as genesis for KYKAFRIKAANS and the South African Artists’ Book. Voordrag by Art: Spaces and Contexts of Display. The 16th Annual Conference of the South African Association of Art Historians (SAAAH) aangebied by Rhodes Universiteit, Grahamstad, 21–24 September.

—. s.j. Willem Boshoff and the book. https://www.academia.edu/7237207/Willem_Boshoff_and_the_book (17 Mei 2016 geraadpleeg).

Preziosi, D. en C. Farago (reds.). 2004. Grasping the world: the idea of the museum. Aldershot: Ashgate.

Richter, H. 1965. Dada: art and anti-art. New York: McGraw-Hill.

Ricoeur, P. 1981. Appropriation. In Thompson (red.) 1981.

—. 1991. The function of fiction in shaping reality. In Valdes (red.) 1991.

Schmidt, D.J. 2013. Between word and image: Heidegger, Klee, and Gadamer on gesture and genesis. Bloomington: Indiana University Press.

Stafford, B.M. 2001. Revealing technologies/magical domains. In Stafford en Terpak (reds.) 2001.

Stafford, B.M. en F. Terpak (reds.). 2001. Devices of wonder. From the world in a box to images on a screen. Los Angeles: Getty Research Institute.

Stoichita, V. 1997. The self-aware image: an insight into early modern meta-painting. Cambridge: Cambridge University Press.

Stoljar, M.M. 1996. Sirens of gaslight and odalisques of the oil lamp: the language of desire in the Arcades Project. In Fischer (red.) 1996.

Taylor, G.H. 2006. Ricoeur’s philosophy of imagination. Journal of French Philosophy, 16(1):93–104.

Thompson, J.B. (red.). 1981. Hermeneutics and the human sciences: essays on language, action and interpretation. Cambridge: Cambridge University Press.

Thompson, M. 2009. Roots and role of imagination in Kant: Imagination at the core. Ongepubliseerde PhD-proefskrif, Universiteit van South Florida.

Tisdall, C. 1976. Joseph Beuys, Coyote. München: Schirmer/Mosel.

Valdes, M.J. (red.). 1991. A Ricoeur reader: reflection and imagination. New York: Harvester Wheatsheaf.

Van Alphen, E. 2008. Archival obsessions and obsessive archives. In Holly en Smith (reds.) 2008.

—. 2014a. Staging the archive: art and photography in the age on new media. Londen: Reaktion Books.

—. 2014b. Staging the archive: Ydessa Hendeles and Hanne Darboven. Journal of the Taipei Fine Arts Museum, 28:107–34.

Vladislavić, I. 2005. Willem Boshoff. Johannesburg: David Krut.

Warburg, A. 2000. Der Bilderatlas Mnemosyne. Gesammelte Schriften, Abteilung 2, Band II.1. Heruitgegee deur M. Warnke in samewerking met C. Brink. Berlyn: Akademie Verlag.

Watts, H.A. 1980. Chance: a perspective on Dada. Ann Arbor: UMI Research Press.

Weigel, S. 2013. Epistemology of wandering, tree and taxonomy. The system figuré in Warburg’s Mnemosyne project within the history of cartographic and encyclopaedic knowledge. Images Re-vues, Hors-série 4 (2013): Survivance d’Aby Warburg. http://imagesrevues.revues.org/2934 (8 November 2015 geraadpleeg).

Weschler, L. 1995. Mr. Wilson’s cabinet of wonder. New York: Vintage.

 

Lys van beeldmateriaal

Figuur 1: Willem Boshoff (1951–), Big Druid in his cubicle (Basel Art Fair) (2009). Installasie-en-performance-werk. Basel Art Fair, Basel. Willem Boshoff Argief, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein.

Figuur 2: Philipp Hainhofer (1578–1647), Die Augsburg Kunskabinet geskenk aan Gustavus Adolphus, koning van Swede (1632). Museum Gustavianum, Uppsala. http://www.gustavianum.uu.se/gustavianum-eng/exhibitions/permanent-exhibitions/the-augsburg-art-cabinet (20 Mei 2016 geraadpleeg)

Figuur 3: Romeyn de Hooghe (1645–1708), Bezoekers in het natuurhistorisch kabinet van Levinus Vincent in Haarlem. Gravure as frontispies vir Levinus Vincent se Wondertoneel der natuur, ofte een korte beschrijvinge zo van bloedelooze, zwemmende, vliegende, kruipende, en viervoetige geklaauwde eijerleggende dieren bevat in de Kabinetten van Levinus Vincent (Boek I). (Amsterdam: F. Halma, 1706). https://www.rijksmuseum.nl/en/collection/RP-P-BI-5324 (30 Oktober 2015 geraadpleeg).

Figuur 4: Levinus Vincent (1658–1727), Wondertoneel der natuur, ofte een korte beschrijvinge zo van bloedelooze, zwemmende, vliegende, kruipende, en viervoetige geklaauwde eijerleggende dieren bevat in de Kabinetten van Levinus Vincent (Boek II, bladsy 299) Tab VII. (Amsterdam: Gerard Valk op den Dam, 1715). http://docnum.u-strasbg.fr/cdm/compoundobject/collection/coll13/id/47263/rec/6 (13 Mei 2015 geraadpleeg).

Figuur 5: Levinus Vincent (1658–1727), 1715. Wondertoneel der natuur, ofte een korte beschrijvinge zo van bloedelooze, zwemmende, vliegende, kruipende, en viervoetige geklaauwde eijerleggende dieren bevat in de Kabinetten van Levinus Vincent (Boek II, bladsy 293) Tab I. (Amsterdam: Gerard Volk op den Dam, 1715). http://docnum.u-strasbg.fr/cdm/compoundobject/collection/coll13/id/47263/rec/6 (13 Mei 2015 geraadpleeg).

Figuur 6: Willem Boshoff (1951–), Big Druid in his cubicle (die Druïde met sy speelgoedeend “Lucky”) (Basel Art Fair) (2009). Installasie-en-performance-werk. Basel Art Fair, Basel. Willem Boshoff Argief, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein.

Figuur 7: Willem Boshoff (1951–), Cube (1976–1982). Aluminium 5 x 5 cm x 5 cm. Privaatversameling. https://www.willemboshoff.com/product-page/cube (8 November 2015 geraadpleeg).

Figuur 8: Willem Boshoff (1951–), Cube (1976–1982). Aluminium 5 x 5 cm x 5 cm. Privaatversameling. https://www.willemboshoff.com/product-page/cube (8 November 2015 geraadpleeg).

Figuur 9: Aby Warburg (1866–1929), Foto van die Mnemosyne Atlas uitgestal vir die Ovidius-uitstalling in die Warburg-biblioteek (1924–1929). http://warburg.sas.ac.uk/typo3temp/pics/902cf822cf.jpg (24 Mei 2016 geraadpleeg).

Figuur 10: Aby Warburg (1866–1929), Mnemosyne Atlas, Paneel A (1924–1929). http://warburg.sas.ac.uk/collections/warburg-institute-archive/bilderatlas-mnemosyne/mnemosyne-atlas-october-1929 (13 Mei 2015 geraadpleeg).

Figuur 11: Willem Boshoff (1951–), Apple skermskoot (MacNat – Plant index slide show) (2015). Willem Boshoff Argief, Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein.

Figuur 12: Joris Hoefnagel (1542–1601), Insekte en die kop van ’n windgod (ca. 1590–1600). Pen en bruin ink, gekleurde waterverflae en goue verf op perkament. 12 x 17,3 cm. The Metropolitan Museum of Art, New York http://www.metmuseum.org/art/collection/search/335631 (3 Mei 2016 geraadpleeg).

 

Eindnotas

1 Hierdie artikel spruit uit ’n nagraadse werkstuk. Ek bedank graag die anonieme keurders vir hulle waardevolle insigte en gee erkenning aan hulle insette.

2 Gedeeltes van die argief kan by die volgende webwerf besigtig word: http://scholar.ufs.ac.za:8080/xmlui/handle/11660/2565 (24 November 2016 geraadpleeg).

3 Enkele fotografiese voorbeelde sluit in: Wilson Alwyn Bentley (1865–1931) se Snowflake-projek (1885–1831); August Sander (1876–1964) se Anlitz der Zeit (1929) en Menschen des 20. Jahrhunderts (ca. 1920–1964); die Becher-egpaar, Bernd (1931–2007) en Hille (1934–), se industriële-konstruksietipe-reekse; Martha Rosler (1943–) se Bringing the war home, House Beautiful (1962–1972, 2004–2008); Nicholas Nixon (1947–) se The Brown Sisters (1975–2014); Sebastião Salgado (1944–) se Genesis-projek (2003–2013) en Rachel Sussman (1975–) se The oldest living things in the world (2004–2016).

4 In hierdie artikel, asook in ’n ander ondersoek, verwys ons ook na die performatiewe aspekte wat by versamelings en argiewe ter sprake is.

5 As gevolg van kopieregkomplikasies kan die Damien Hirst kunswerke nie gereproduseer word nie. Lesers word aangemoedig om ’n Google-soektog na die beelde uit te voer.

6 Vergelyk die kunstenaar se webwerf, https://www.gerhard-richter.com/en/art/atlas (25 Januarie 2016 geraadpleeg).

7 Vergelyk Van Alphen (2014b) asook die Dia Art Foundation-webwerf, http://www.diaart.org/program/exhibitions-projects/hanne-darboven-kulturgeschichte-18801983-exhibition (23 Januarie 2016 geraadpleeg).

8 Vergelyk die kunstenaar se webwerf, http://www.horsthaack.com/index2.html (23 Januarie 2016 geraadpleeg).

9 Vergelyk onder meer Van Alphen (2014b), asook die Archives ciel variable-webwerf, http://cielvariable.ca/ydessa-hendeles-collector-and-curator-john-bentley-mays-archiver-les-anxietes-contemporaines/ (23 Januarie 2016 geraadpleeg); die designboom newsletter van 8 September 2010, http://www.designboom.com/art/partners-the-teddy-bear-project-by-ydessa-hendeles-at-gwangju-art-biennale-2010 (23 Januarie 2016 geraadpleeg).

10 Vergelyk onder meer die 2005-uitstallings in die Michael Stevenson-galery, Kaapstad, http://archive.stevenson.info/exhibitions/goldblatt/intersections2008/index.htm (23 Januarie 2016 geraadpleeg) en van 2009 in die New Digital Archive Museum, New York, http://archive.newmuseum.org/index.php/Detail/Occurrence/Show/occurrence_id/939 (23 Januarie 2016 geraadpleeg).

11 Vergelyk die Framtidsbiblioteket-webwerf, http://www.futurelibrary.no (23 Januarie 2016 geraadpleeg).

12 Vergelyk die webwerf van die Centre for Curating the Archive, http://www.cca.uct.ac.za (23 Januarie 2016 geraadpleeg).

13 Die titels van kunswerke word weergegee in die taal waarin die kunstenaar dit op sy webblad plaas.

14 http://ww3.rediscov.com/sacknerarchives (4 Mei 2016 geraadpleeg).

15 Vergelyk Wunderkammer: a century of curiosities (30 Julie – 10 November 2008) by die Museum of Modern Art, New York (http://www.moma.org/interactives/exhibitions/2008/wunderkammer/flashsite), (11 Februarie 2016 geraadpleeg), Curiosity: Art and the pleasures of knowing (24 Mei – 15 September 2013) by die Turner Contemporary galery in Londen (https://www.turnercontemporary.org/exhibitions/curiosity-art-and-the-pleasures-of-knowing) (11 Februarie 2016 geraadpleeg) en The wonders of the visible world (27 Oktober 2011–4 Februarie 2012) by die Northern Gallery for Contemporary Art, in Sunderland (http://www.ngca.co.uk/home/default.asp?id=173) (11 Februarie 2016 geraadpleeg).

16 Vergelyk http://www.theatra.de/repertorium/ed000075.pdf (11 Februarie 2016 geraadpleeg).

17 Ontdek die kabinet en die objekte daarin deur ’n virtuele toer http://konstskapet.gustavianum.uu.se/webb/#__utma=1.799351596.1463732370.1463732370.1480490749.2&__utmb=1.8.10.1480490749&__utmc=1&__utmx=-&__utmz=1.1480490749.2.1.utmcsr=konstsamlingarna.uu.se|utmccn=(referral)|utmcmd=referral|utmcct=/en/exhibitions/the-augsburg-art-cabinet/&__utmv=-&__utmk=238631424 (30 November 2016 geraadpleeg).

18 Vergelyk die insiggewende “The chamber of curiosities and the Kunstschrank”, ’n onderafdeling van die omvattende uitstalling Art of the royal court: treasures in “pietre dure” from the palaces of Europe, Metropolitan Museum of Art, New York, 1 Julie – 21 September 2008, http://www.metmuseum.org/exhibitions/listings/2008/pietre-dure/the-chamber-of-curiosities-and-the-kunstschrank (23 Januarie 2016 geraadpleeg).

19 Coyote. Joseph Beuys in America, https://vimeo.com/5904032 (16 Januarie 2016 geraadpleeg).

20 Vergelyk Mnemosyne: meanderings through Aby Warburg’s Atlas, Cornell University Library en The Warburg Institute, http://warburg.library.cornell.edu (19 Januarie 2016 geraadpleeg) en engramma: la tradizione classica nella memoria occidentale, http://www.engramma.it/eOS2/atlante (19 Januarie 2016 geraadpleeg).

21 By die term Bilderatlas moet in gedagte gehou word dat Bild in Duits beide “prent” (picture) en “beeld” (image) beteken. Oppervlakkig beskou is dit ’n “prente-atlas”, aangesien dit saamgestel is uit versamelde fotografiese drukke op panele. Warburg hou hom egter besig met ’n “beelde-atlas”, want die patosformules is dinamiese beeldende of imaginêre kragte wat in die sosiokulturele of kollektiewe geheue van die mensdom ’n bestaan voer en veral in krisistye in allerlei pikturale en skulpturele voorstellings opnuut te voorskyn kom.

22 Die uitdrukking “to vertellen” is Plattdeutsch (Johnson 2012:13).

23 Die woordeboeke in die argief is egter nie die enigste geskrifte van Boshoff nie. Tekste soos Genesis (1974–1976) (’n religieuse sowel as filosofiese teks wat handel oor woorde, die Woord, die mens, God, die verbeelding en die skepping, sowel as wat dit beteken om te skep), Aesthetics of the skin (Notes towards a “blind” aesthetic) (’n filosofiese uiteensetting oor sig en blindheid ter voorbereiding van die kunswerk Blind alphabet (1990–)) en sy tekste oor sy wording as Druïde en wat dit alles behels. Boshoff beskou hierdie en van sy ander geskrifte oor sy kuns as geïntegreerd met sy rol as kunstenaar.

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Verkennende verbeeldingswêrelde: die ontsluiting van die Willem Boshoff Argief appeared first on LitNet.

Exploratory, fictitious worlds: the unlocking of the Willem Boshoff Archive

$
0
0

Abstract

The South African artist Willem Boshoff recently donated his digital archive, which serves as the source as well as the documentation of his artworks, to the University of the Free State in order to make it more accessible to researchers. Thus far (in the current interpretations of his artworks) the historical and philosophical complexity of Boshoff’s thought world, which is connected to his artworks and is becoming accessible through his archive, has not been interpreted. In the national and international research domain parts of the Willem Boshoff Archive have been explored, but the Archive has not been contextualized generally within archival discourses. The Archive has also not been interpreted as a meaningful cultural technique and has not been compared with other visually based intellectual projects. Therefore this article serves as the first contextual exploration of the Willem Boshoff Archive. Through this article we also suggest further research possibilities.

Comparable archival projects include the work of various contemporary artists who have also been influenced by “archive fever” (Derrida 1995) and the “archival impulse” (Foster 2004) as well as various cultural thinkers of the 20th century, e.g. Gerhard Richter’s (1932–) Atlas (1962–), Hanne Darboven’s (1941–2009) Kulturgeschichte (1880–1983) (1980–1983), Horst Haack’s (1940–) Chronographie Terrestre (1981–), Ydessa Hendeles’s (1948–) Partners – The Teddy Bear Project (2004), David Goldblatt’s (1930–) Intersections (2005) and other exhibitions, Pippa Skotnes (1957–) and her leading role at the Centre for Curating the Archive,Michaelis School of Fine Art, University of Cape Town, Katie Paterson’s (1981–) Framtidsbiblioteket or Future library (2014–2114), Ernst Haeckel’s (1834–1919) Kunstformen der Natur (1904), Karl Blossfeldt’s (1865–1932) Urformen der Natur (1929), Aby Warburg’s (1866–1929) Mnemosyne Atlas (1924–1929) and Walter Benjamin’s (1892–1940) archive and writings, e.g. Das Passsagenwerk (1927–1940).

Willem Boshoff’s archive is a unique example of experimental and conceptual archiving and imaginative, digital curating which involves a disciplined, thorough, systematic approach, but which is at the same time alternative, creative, open, playful, informative, performative, artistic and sensory. In the current academic environment digital archives and imaging records accompanied by texts are considered recognised forms of scientific practice and inquiry of which museums, academies, laboratories, observatories, test centres and publication networks are examples. In this article we refer to Paul Ricoeur’s insightful views on fiction and imagination, especially as expressed in his article “The function of fiction in shaping reality” (1979). We refer to the thoughts expressed there in order to unleash the creative and conceptual nature of the archive. This leads to the comparison of the archive with specific archival collections like Wunderkammern as an early modern phenomenon, as well as with later intellectual projects like those of the German cultural thinkers Aby Warburg (Mnemosyne Atlas, 1924–1929) and Walter Benjamin (Das Passagenwerk, 1927–1940, Der Ursprung des Deutschen Trauerspiels, 1925) and the British artist Damien Hirst (1965–) in order to illuminate the distinctive nature and meaning of the Willem Boshoff Archive.

Through these comparisons we argue that these intellectual projects not only offer new descriptions of reality, but also reveal new insights and dimensions of knowledge. We argue that the collections of Willem Boshoff, as in the case of these figures, originate in the spirit of the critical reconsideration and questioning of thresholds, transitions, turning points and cultural-historical crises. By comparing the diverse imaginary worlds created by each of these remarkable figures we highlight facets of Boshoff’s individual enterprise in comparison to theirs.

We argue that the ways in which Boshoff and other creators of fictitious worlds highlight specific idiosyncratic concepts to explain the meaning and structure of their distinctive collections are comparable. With the Willem Boshoff Archive it is the persona of the Druid, created by Boshoff as a figure of artistry, around which Boshoff’s conceptualisations of cathexis, catharsis, chiasm and chance revolve. In comparison with Walter Benjamin it is primarily his concepts of the ruin or the relic and allegory, and with Aby Warburg it is his innovative concepts of pathos formulae and Mnemosyne (Nachleben der Antike in the collective memory) which summarise the rationale of each of their projects. The performative ways in which each of these imaginative worlds generate new concepts and knowledge are investigated comparatively.

In the article we first provide a brief overview of the Willem Boshoff Archive. The archive’s fictional, imaginative and creative nature and its capacity to create interrelated imaginative worlds make it historically comparable with early modern Wunderkammern. This comparison highlights specific dimensions of Boshoff’s archival fictitious world. We refer to the more recent analysis of fundamental archival concepts by Jacques Derrida (1995), Wolfgang Ernst (Parrika 2013) and Ernst van Alphen (2014a), which contribute, to our argument that a Wunderkammer mentality is relevant to contemporary society. The concepts of fiction and imagination aid us with a comparative study of Boshoff, Warburg, Benjamin and Hirst when we discuss and compare each of these creators’ fictions and imaginary worlds.

Boshoff’s archive provides a fictitious world that consists of various elements from diverse fields of knowledge; it includes: digital photographs of plants taxonomically ordered, various music recordings, dictionaries that he has written and photographs of his artworks. Reality is redescribed and a new dimension of reality is revealed by the intertwining of these elements through the fiction of the Druid and the continuous hard work and determination of the artist.

This fictitious world can be interpreted und understood in terms of the “submedial space” of archives to which Boris Groys refers. According to Groys (2012:10), paper, films and computers are usually seen as the carriers of data and media in the archive, but they are also technical equipment forming part of the archive. “Behind” the carriers of data and media lie diverse production processes, electrical networks and economic processes. But what lies “behind” these networks and processes? The answers become vague among the various options: nature, history, reason, desire, a series of events, serendipity, subjects and dust. This is the obscure “submedial space” to which Groys refers where hierarchies of sign systems sink into dark, cloudy spaces. This “submedial space” is the das Andere of the archive. It is probably behind these material carriers of media and data, networks and processes and in the dark, cloudy spaces of the archive that fictions, fictitious worlds and the conceptual nature of Boshoff’s archive exist. This is where the researcher finds the Druid tending to the fictitious world of Boshoff’s mind.

Keywords: Aby Warburg; archival collections; Damien Hirst; imagination; Walter Benjamin; Willem Boshoff; Willem Boshoff Archive; Wunderkammern

Lees die volledige artikel in Afrikaans: Verkennende verbeeldingswêrelde: die ontsluiting van die Willem Boshoff Argief

The post Exploratory, fictitious worlds: the unlocking of the Willem Boshoff Archive appeared first on LitNet.

Viewing all 21499 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>