Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21593 articles
Browse latest View live

Foto's: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se suidelike bekroningsgeleentheid

$
0
0

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se suidelike bekroningsgeleentheid het Vrydagaand in Stellenbosch plaasgevind.

Wessel Pienaar

Wessel Pienaar, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, het die pryse oorhandig.

Sias Mostert

Sias Mostert, voorsitter van die Stellenbosch-werksgemeenskap, het as seremoniemeester opgetree.

Poortprys vir prosa

Annemarie Wüst

Annemarie Wüst van Hoërskool Stellenberg het die Poortprys vir prosa gewen.

Douw Greeff-prys

Wessel Pienaar, Koot Reinecke, Sophie Reinecke, Mia van Wyk en Kobus Eloff

Die Douw Greeff-prys word toegeken vir ’n navorsings- of oorsigartikel van hoogstaande wetenskaplike gehalte wat in die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie gedurende die jaar wat die prys voorafgaan, gepubliseer is. Die prys is toegeken aan Koot Reinecke, Sophie Reinecke en Mia van Wyk vir hulle artikel "Kan die gevoeligheid van grondlewende organismes bydra om die volhoubaarheid van landbewerking van olieraffinadery-afval te beoordeel?" Die huldigingswoord is gelewer deur Kobus Eloff.

Alba Bouwerprys vir kinderliteratuur

Wessel Pienaar, Kobus Geldenhuys en Marisa Keuris

Die Alba Bouwerprys vir kinderliteratuur word toegeken vir enige literêre werk in die kategorie kinderliteratuur, dws die groep lesers van sewe tot twaalf. Die prys word vanjaar toegeken aan Kobus Geldenhuys vir sy vertaalde werk Hoekom die walvisse gekom het. In die huldigingswoord, opgestel deur Helize van Vuuren en gelewer deur Marisa Keuris, is die lees van die boek as ’n besonder verrykende ervaring beskryf.

Kobus Geldenhuys

Kobus Geldenhuys het sy dank uitgespreek teenoor Protea Boekhuis, wat vir ons Afrikaanse jeug ’n letterkunde skep wat oor die hele wêreld strek.

Scheepersprys vir jeugliteratuur

Die Scheepersprys vir jeugliteratuur word toegeken vir die bevordering van hoogstaande Afrikaanse jeugliteratuur en moet van goeie letterkundige en/of opvoedkundige gehalte getuig. Die prys is toegeken aan Marita van der Vyver vir Swemlesse vir ’n meermin.

Marita van der Vyver

In die huldigingswoord, wat deur Daniel Hugo gelewer is, beskryf Thys Human Swemlesse vir ’n meermin as ’n onderhoudende, spitsvondige, maar terselfdertyd ook uiters geloofwaardige jeugroman. Volgens Marita van der Vyver voel dit of hierdie prys ’n sirkel in haar skrywersloopbaan voltooi, aangesien sy meer as drie dekades gelede  met jeugboeke gedebuteer het.

Wessel Pienaar, Marita van der Vyver en Daniel Hugo

Protea Boekhuisprys vir beste gepubliseerde boek in Afrikaans oor geskiedenis of kultuurgeskiedenis

Die prys kan jaarliks om die beurt toegeken word vir die beste gepubliseerde geskiedeniswerk in Afrikaans, beste geskiedenisverhandeling in Afrikaans, of beste geskiedenisproefskrif in Afrikaans. Die prys is toegeken aan Carel van der Merwe vir Donker stroom. Eugène Marais en die Anglo-Boereoorlog.

Fransjohan Pretorius

In sy huldigingswoord het Fransjohan Pretorius Donker stroom as briljante geskiedskrywing beskryf.

Carel van der Merwe

Carel van der Merwe het gesê dis ’n besondere voorreg om die prys vir ’n geskiedenisboek oor spesifiek Eugène Marais te ontvang, aangesien hy ses jaar gelede die Eugène Marais-prys vir ’n roman ontvang het.

Eugène Maraisprys

Die prys word toegeken vir ’n eerste of vroeë letterkundige werk en kan net een keer aan ’n persoon toegeken word. Die prys is aan Stephanus Muller vir Nagmusiek toegeken.

Wessel Pienaar, Stephanus Muller en Daniel Hugo

In sy huldigingswoord, wat deur Daniel Hugo gelewer is, het Willie Burger Nagmusiek as ’n grensverskuiwende en grensverleggende werk beskryf. "Dit is die soort werk wat ’n mens laat glo in die krag van die geskrewe woord. In die vermoë van taal om dinge gesê te kry wat eintlik onsêbaar is, maar wat, as mens versigtig genoeg daarrondom bly praat, tog kommunikeerbaar word."

Stephanus Muller

Stephanus Muller het die stigting van ’n Arnold van Wyk Eeufeesfonds aangekondig. Hierdie fonds sal toegewy word daaraan om Van Wyk se musiek te publiseer, uit te voer en op te neem. Muller het, tesame met die outeurstantieme van Nagmusiek, ook die prysgeld van die Eugène Maraisprys as vestigingskapitaal vir hierdie fonds geskenk.

Besondere erepenning van die Akademie

Renata Coetzee

Die erepenning is toegeken aan Renata Coetzee, skrywer van onder meer Garob Un: A feast from nature wat oor die Khoi-Khoin-koskultuur handel.

Die erepenning is aan Coetzee gegee vir haar lewenslange bydrae tot internasionale bewustheid en kennis van, en waardering vir, die koskultuurerfenis van die verskillende bevolkingsgroepe in Suid-Afrika.

Erepenning vir televisiedrama in Afrikaans

John Trengove

Die erepenning is aan die regisseur John Trengove vir Swartwater (episode 1) toegeken.

Leon van Nierop

In sy huldigingswoord het Leon van Nierop daarop gewys dat John Trengove wegbeweeg van die voorspelbare konvensies van televisie met sy komposisies en die wyse waarop hy melodrama teenwerk.

Erepenning vir rolprentkuns

Die erepenning vir rolprentkuns is vanjaar aan Katinka Heyns toegeken.

Wessel Pienaar, Katinka Heyns en Nico Luwes

Katinka Heyns het vertel dat sy haar lewe lank omring was deur goeie storievertellers, onder meer Truida Louw, née Pohl, wat haar bewus gemaak het van visuele grammatika. Die meesterstorieverteller in haar lewe was egter Chris Barnard. "Hy het my baie geleer, van die liefde ... vir Afrikaans, vir taal, vir die woord, vir die grond; van vergifnis vir als; en van ironie." Katinka Heyns het die erepenning aan Chris Barnard opgedra.

Huberte Rupertprys vir klassieke musiek

Die prys is toegeken aan die pianis Ben Schoeman.

Hendrik Hofmeyr

Hendrik Hofmeyr het dit in sy huldigingswoord gestel dat Ben Schoeman op die ouderdom van 32 reeds een van die blinkste sterre op die Suid-Afrikaanse musiekhorison geword.

Ben Schoeman

Ben Schoeman het gesê dis vir hom ’n voorreg om ’n toekenning met die naam Huberte Rupert te ontvang, want hy waardeer en eer haar nagedagtenis en haar bydrae tot die kunste.

Deleen Bekkerprys vir beste draaiboek vir ’n TV-drama in Afrikaans

Die prys is vanjaar toegeken aan Paul C Venter vir Vlug na Egipte (episode 3) en Terug na Egipte (episode 6).

Paul C Venter

In sy huldigingswoord het Leon van Nierop ’n goeie draaiboek vergelyk met ’n padkaart: "die reguit pad tussen die begin en ’n eindpunt word duidelik aangeskryf, maar dis die onverwagte afdraaipaadjies wat weer by die hoofintrige inskakel, wat die reis bekoorlik maak."

Stalsprys vir Ekonomie

Die prys is toegeken aan Estian Calitz, emeritus professor in Ekonomie, Universiteit Stellenbosch.

Estian Calitz

Estian Calitz het op die ekonoom se twee funksies in die wêreld van ekonomiese beleid gewys. Die eerste is om die bes moontlike advies voor te stel. Meestal koop politici dit nie, dan skop die skadebeheerfunksie in: om op die mins nadelige alternatief te wys.

Stalsprys vir geskiedwetenskappe

Die prys word toegeken vir ’n hoogstaande publikasie of ’n reeks van hoogstaande publikasies, by voorkeur in Afrikaans, asook vir individuele of gesamentlike produkte hoogstaande gehalte waardeur buitengewone bydraes tot die wetenskapsbeoefening gemaak word.

Die prys is vanjaar toegeken aan Ernst Stals, navorsingsgenoot in die Geskiedenisdepartement, Universiteit Stellenbosch. Stals woon tans in Windhoek, Namibië.

Ernst Stals

Ernst Stals het gesê dat Afrikaanssprekende historici veral in die tye wat ons leef ’n besef moet hê van die besondere verantwoordelikheid wat op hulle skouers rus om ’n historiese bewussyn by die breër Afrikaanse gemeenskap te voed.

Gustav Prellerprys vir literatuurwetenskap en letterkundige kritiek

Die prys is al om die drie jaar beskikbaar vir literatuurwetenskaplike werk in Afrikaans, met inbegrip van letterkundige kritiek.

Die prys is vanjaar toegeken aan Louise Viljoen, verbonde aan die Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Stellenbosch.

Louise Viljoen

In sy huldigingswoord het Hennie van Coller onder meer daarop gewys dat opvallend baie van Louise Viljoen se afgestudeerde magister- en doktorsgraadstudente ook akademiese loopbane volg. "Dit spreek boekdele van haar akademiese leiding."

Goue akademiemedalje

Die medalje is toegeken vir verdienstelike werk op die gebied van die natuurwetenskap, tegnologie of geneeskunde. Die prys kan driejaarliks toegeken word.

Die medalje is toegeken aan Michael Samways, uitgelese professor en akademiese prinsipaal in die Departement Bewaringsekologie en Entomologie, Fakulteit Agriwetenskappe, Universiteit Stellenbosch.

Michael Samways

Michael Samways word erken as wêreldkundige op die gebied van biodiversiteit, met die hoogste navorsingsuitsette in die veld van insekbewaring, waarin hy die grondslag help lê het. Sy akademiese rekord sluit in: meer as 320 artikels, 57 boekhoofstukke, 15 boeke en vele ander spesiale uitgawes wat voortspruit uit sy werk en loopbaan. Hy was verder verantwoordelik vir verskeie uitvindings wat as van groot belang vir die mensdom beskou word, byvoorbeeld die ontwikkeling van ’n unieke benadering tot ’n geïntegreerde beheer van sitrusplae, unieke praktyke ten opsigte van bewaring in agrobosbou, sowel as die assessering van riviere en vleilande.

Frans du Toitmedalje vir bedryfsleiding

Die medalje word driejaarliks toegeken. Die prys word as die kroon op ’n lewenstaak beskou en kan slegs een maal aan ’n persoon toegeken word.

Die prys is toegeken aan Johan van Zyl.

Wessel Pienaar, Johan van Zyl en Andreas van Wyk

In sy huldigingswoord het Andreas van Wyk die Universiteit van Pretoria se ontwikkelingsnetwerke in Afrika noord van Suid-Afrika se grense as ’n monument vir Johan van Zyl beskryf.

Hertzogprys vir prosa

Die Hertzogprys is die vernaamste prestigeprys in die Afrikaanse letterkundige wêreld en heet na die groot kampvegter vir Afrikaans, genl JBM Hertzog. Die prys is beperk tot oorspronklike letterkundige werk in Afrikaans en word jaarliks om die beurt toegeken vir poësie, drama en verhalende prosa, in dié volgorde. Die prys word toegeken op aanbeveling van die Akademie se Letterkundekommissie.

Die Hertzogprys is vanjaar aan Willem Anker vir Buys: ’n Grensroman toegeken.

Andries Visagie

In sy huldigingswoord het Andries Visagie die pryswennerroman as volg beskryf: "In sy onverskrokke eiesoortigheid is Anker se Buys ’n roman wat die prosa innoverend verryk sonder om te ver af te dwaal van die goedgevestigde tradisie van betrokke literatuur in Afrikaans."

Willem Anker

In sy dankwoord het Willem Anker gesê dat hy ses maande na die aankondiging van die prys, dit steeds verrassend vind. "Ek het ses maande gehad om na te dink oor wat ek vanaand wil sê. Ek wou graag iets sê oor skrywerwees in hierdie heel vreemde hier-en-nou in 2016 in Suid-Afrika en in Afrikaans. Ek moet julle teleurstel: ek kon aan niks ondubbelsinnig dink nie. Ek dink die plek vir dubbelsinnigheid is die letterkunde en nie bedankingstoesprake nie."

Erelidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Erelidmaatskap van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns is die hoogste toekenning van die SA Akademie. Die Akademieraad kan ’n persoon tot erelid van die Akademie verkies ter erkenning van buitengewone dienste aan Suid-Afrika, aan die Afrikaanse taal, of aan die Akademie in die besonder.

Erelidmaatskap is aan Adam Small toegeken as erkenning vir sy bydrae tot die Afrikaanse taal.

Die volledige huldingswoord, opgestel deur Steward van Wyk en Wessel Pienaar, kan hier gelees word.

Wessel Pienaar, Rosalie Small en Steward van Wyk

In haar dankwoord het Rosalie Small die volgende gedig van Adam Small uit Klawerjas voorgelees:

’n Soort chemiese proses

Die skryf van poësie tref my soms
as ’n soort chemiese proses.
Jy sit ’n woord, ’n frase, ’n reël neer
op papier, en dis ’n klein kern, ’n pit,
wat dan fomenteer, bruis en skuim
met die taal rondom, totdat daar –
dit verstom jou – ’n gedig vorm
en jou papier versier.

 

The post Foto's: Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se suidelike bekroningsgeleentheid appeared first on LitNet.


Van taal en kommunikasie

$
0
0

Die afgelope ruk het ’n hele paar artikels oor taal by my aangekom – seker onvermydelik, want for better or worse was woorde nog altyd ’n getroue, oorwerkte en onontbeerlike implement in die gereedskapskassie van my werkslewe.

Dis onteenseglik so, en heelparty van die artikels bevestig dit, dat homo sapiens taal begin gebruik het om kommunikasie, die oordra van gedagtes, makliker te maak. Hoe ironies, dan, dat taal heelparty kere ook die oorsaak van misverstande en konflik is.

Sedert Bybelse tye is die volgende resep gevolg: na ’n oorlog het die oorwinnaars die slimste en beste lede van die verslane nasie uitgekies, weggevoer en hulle opgevoed in die taal, kultuur en gewoontes van die oorwinnaar. Hulle is ander name gegee. Alle belangrike funksies (opvoeding, regspreking, godsdiens, ens) geskied in die taal van die oorwinnaar. Die verslane nasie word ontmoedig om hul eie taal te gebruik en aan hul eie kultuurlewe deel te neem. Soms is dit afgedwing deur wetgewing. Partykeer is dit gedoen deur sosiale druk uit te oefen, en die verslane nasie hul eie taal en kultuur as minder as, vernederend en vernederd, te laat ervaar. Almal het instinktief geweet: vervreem ’n volk van sy taal, en volkome oorwinning is binne bereik. In die meeste gevalle, as die ballingskap lank genoeg geduur het, het die verloorders so volkome assimileer dat hulle die vreemde taal en kultuur as hulle eie aanvaar het. Die Israeliete het Moses al sy dae gegee in die woestyn, omdat hulle terugverlang het na die Egiptiese speserye en kosse. Daniël het in die leeukuil beland omdat hy sy godsdiens beoefen het.

Dit gebeur vandag nog. In Iran mag Koerde nie hul eie taal besig nie. Daar’s wetgewing wat hulle verbied om in hul eie taal onderrig te word. Koerdiese gevangenes mag nie in Koerdies met besoekers praat nie – dis ’n strafbare oortreding.

In Kanada dreig Quebec-provinsie gereeld om af te stig en is daar gedurig spanning tussen die Franssprekende en Engelssprekende provinsies van die land.

In Afrika het ons voormalige kolonies wat Portugees, Frans en Engels as hul amptelike tale het. Selfs nadat die koloniseerders onttrek het, is hulle taal en kultuur in die meeste gevalle trots behou. In Suid-Afrika is daar ’n voortslepende spanning tussen Engels en Afrikaans, met laasgenoemde meer gereeld aan die verloorkant. In 1976 het die pitsweer rondom die afdwing van die taal van die koloniseerder vir Afrikaners gebars. In 2016 word taal en die daarmee gepaardgaande kultuur as deel van die spanning op universiteitskampusse uitgewys.

Selfs binne dieselfde taalgroep is daar konflik. In Afrikaans is daar toenemende druk om Kaaps haar volle regmatige plek as taal te laat inneem. Dis net een van die variante van Afrikaans wat nie erken word as volwaardige lede van die taalgemeenskap nie.

Taal is egter nie net ’n implement om gedagtes mee oor te dra nie. Meer kere is dit ook ’n merker wat status aandui, wat jou as lid van ’n bepaalde groep identifiseer, en wat op jou streeksgebondenheid dui. So byvoorbeeld word mense van Malmesbury deur die manier waarop hulle bry, uitgeken.

Baie bruin mense kies om hulle kinders Engels groot te maak, alhoewel hulle self Afrikaans is. Dis natuurlik elkeen se goeie reg om dit te doen. Soms gebeur dit egter dat hulle dan ander bruin mense wat kies om hulle kinders Afrikaans groot te maak, behandel asof hulle agterlik is. Ek het op ’n klein plattelandse dorpie grootgeword. ’n Hele paar keer het dit oor die jare gebeur dat ek by vriende is, en hulle Engelse familie van Mitchells Plain of Elsies of Bishops Lavis kom daar aan met ’n meerderwaardige houding. “Stadsmuis kom sit vir plaasmuis reg,” het die grootmense dit genoem. As kind was ek vreeslik beïndruk met die Engelse mense, tot ek later agtergekom het my Engels (en my Afrikaans) is strate beter as hulle s’n.

Die meeste van my vriende maak hulle kinders Engels groot, so ook my familie. My broer is een van die min wat sy kinders Afrikaans grootgemaak het, ’n keuse wat al raarder en brawer word.

Die keuse van watter taal om in watter omstandighede te gebruik, bepaal soms hoe die magsbalans in ’n interaksie skuif. Dis opvallend hoedat Xhosa-sprekers dadelik vriendeliker en meer behulpsaam raak wanneer ek in Xhosa probeer praat. Madiba het immers gesê: “If you speak to a man in a language he understands, it goes to his head. Speak to him in his language, and it goes to his heart.” Die insig in die menslike psige wat agter daardie eenvoudige aanhaling lê, is dalk die enkele grootste verklaring vir die wyse waarop hy daarin kon slaag om diverse groepe saam te snoer.

Taal word soms gebruik om uit te sluit. Soms gebeur dit direk, deurdat persone in ’n groep ’n taal sal gebruik wat hulle weet ander in die groep nie kan praat nie. Meer kere gebeur dit egter meer onskuldig. Professionele persone gebruik vakterme om gedagtes oor te dra aan ander in dieselfde vakrigting. Enigeen wat buite daardie veld is, word egter terselfdertyd uitgesluit van die oordra van idees, die oorspronklike doel van taal. Bendes gebruik terme wat mense buite die bende om nie verstaan nie. Dit dien om die lede van die groep hegter te bind, en gedeelde ervaringe te verstewig, maar terselfdertyd bring dit vervreemding van ander buite die groep om.

Kommunikasie is egter veel meer as taal, meer as die woorde wat jy kies of die taal waarmee jy gemaklik voel. Kommunikasie word ook gedefinieer deur die instrumente wat ons gebruik. My ma se generasie verkies om van aangesig tot aangesig te praat. Hulle sal ’n telefoon optel indien hulle wil praat. Jonger mense verkies WhatsApp of ander maniere om teksboodskappe te ruil.

Persoonlikhede bepaal ook die keuse van kommunikasiemiddele. Introverte verkies teksboodskappe, ekstroverte sal bel.

Dis altyd opvallend hoeveel van my introverte vriende welsprekend, sjarmant, slim, ironies, skreeusnaaks en veel meer op papier (of op die skerm) is. In persoon of op die telefoon kan hulle egter koud en afsydig of selfs eienaardig voorkom.

Taal kan asemrowend mooi gebesig word, of op die afgryslikste manier verwring word. Taal kan sing, of dit kan soos vingernaels oor ’n swartbord krap. Dit kan saamvoeg of dit kan uitmekaar skeur.

Toenemend kan dit nie meer net wéés nie. Onskuldig wees nie. Sonder agenda wees. Sonder bagasie wees. Want taal is aan die kern van jou menswees.

The post Van taal en kommunikasie appeared first on LitNet.

F.V. Engelenburg tydens die Anglo-Boereoorlog: ’n oorsig

$
0
0

F.V. Engelenburg tydens die Anglo-Boereoorlog: ’n oorsig

Linda (L.E.) Brink, Departement Geskiedenis, Noordwes-Universiteit (Vaaldriehoekkampus)

LitNet Akademies Jaargang 13(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Frans Vredenrijk Engelenburg (1863–1938) kan as een van die leidende Afrikaans-Nederlandse intellektuele van die 19de en 20ste eeu beskou word. Tog is sy bydrae op talle terreine in die geskiedenis van Suid-Afrika nooit volledig opgeteken nie. Ook is sy invloed op die regering van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) en die Transvaalse samelewing nie voorheen nagevors nie.Geen omvattende werk is nog oor Engelenburg geskryf nie. ’n Paar biografiese sketse het wel ná sy dood verskyn en daar is ook in ’n aantal geskrifte kursoriese verwysings na hom.

In die bestaande Suid-Afrikaanse geskiedskrywing is daar weinig inligting oor Engelenburg se rol gedurende die Anglo-Boereoorlog (ABO) (1899–1902). Die aantal verwysings na hom, byvoorbeeld in die Leyds-biografie deur L.E. van Niekerk en in die werk van O.J.O. Ferreira oor die Boere-geïnterneerdes in Portugal, verskaf nie voldoende inligting om ’n idee te vorm van die besondere bydrae wat Engelenburg gedurende die oorlog aan die ZAR-regering en die Boerebevolking gelewer het nie. In die Biografiese Woordeboek, Deel I, verskyn wel ’n artikel oor Engelenburg, maar met slegs verwysing na sy rol heel aan die begin van die oorlog. Engelenburg was een van ’n paar prominente persone wat in die buiteland gebore is en grootgeword het en gedurende die oorlog die ZAR in hulle persoonlike hoedanigheid bygestaan het. In dié verband kan veral ’n paar ander name uitgesonder word, byvoorbeeld Herman Coster, wat in die 1890’s uit Nederland na die ZAR verhuis het. Hy het vroeg in die oorlog sy lewe aan die front verloor. Soos Coster, was heelparty Nederlandse immigrante lede van die Hollanderkorps en op 21 Oktober het ’n groot groep van die korps in die Slag van Elandslaagte gesneuwel. Nog ’n persoon wat sy lewe vir die Boeresaak opgeoffer het, was die Franse kolonel Georges De Villebois-Mareuil, wat op 5 April 1900 naby Boshoff in die Vrystaat gesneuwel het.

Aan die hand van beskikbare argivale bronne en ’n aantal sekondêre werke word in hierdie artikel die rol geskets wat Engelenburg homself gedurende die oorlog opgelê het. Hy het nie aan gevegte aan die verskillende fronte deelgeneem nie, maar daar was ander belangrike sake waaraan hy aandag bestee het en wat ’n verskil gemaak het in die lewe van die burgers te velde. Toe hy in Julie 1900 noodgedwonge na Europa uitgewyk het, het hy in Portugal aan die Boeregeïnterneerdes en in Brussel aan W.J. Leyds hulp verleen. Hoewel hy nie gedurende die oorlog prominent op die voorgrond was nie, het hy, eie aan sy teruggetrokke geaardheid, die Boere en die Republiek se saak op ’n besondere wyse bevorder.

Trefwoorde: Anglo-Boereoorlog; Boeregeïnterneerdes; Boererepublieke; Britse imperialisme; De Volksstem; Delagoabaai; F.V. Engelenburg; gesantskap; Haagse konferensie; Hollanderkorps; oorlogskorrespondente; Portugal; Uitlanders; velduitgawe; Vrede van Vereeniging; W.J. Leyds; Zuid-Afrikaansche Republiek.

 

F.V. Engelenburg during the Anglo-Boer War: an overview

Abstract

F.V. Engelenburg (1863–1938) is regarded as one of the leading Afrikaans-Dutch intellectuals of the 19th and 20th centuries. Current South African historical records contain little information about the role Engelenburg played during the Anglo-Boer War (1899–1902). The number of references to him, such as in the Leyds biography by L.E. van Niekerk and the work by O.J.O. Ferreira on the Boer internees in Portugal, do not provide sufficient information to form an idea of the contribution that Engelenburg made to the Transvaal government and the Boers during the war. The South African biographical dictionary, Volume I contains an article on Engelenburg, but merely makes reference to his role at the very beginning of the war. Engelenburg was one of a few prominent people who were born and grew up in another country, but who helped the Zuid-Afrikaansche Republic during the war in their personal capacity. Other names that may be singled out in this regard include Herman Coster, who moved from the Netherlands to the Transvaal in the 1890s and who lost his life at the front early in the war. Like Coster, many Dutch immigrants were members of the Dutch Corps, and on October 21, 1899 a large group of the corps was killed at the Battle of Elandslaagte. Another person who sacrificed his life for the Boer cause, the French Colonel Georges de Villebois-Mareuil, was killed near Boshoff in the Free State on 5 April 1900.

Frans Vredenrijk Engelenburg was born in Arnhem into a prominent Dutch family in 1863. After completing his schooling he went on to qualify as a lawyer at the University of Leiden. Following his doctoral studies he tried to start an advocate’s practice in The Hague, but after a year he abandoned the legal profession and became a journalist at a newspaper in that city. He had been at the paper for only a year when he came to South Africa in 1889. While still a student in Leiden he had noted that there was a need in the Transvaal for foreigners with specific skills. Barely a month after his arrival in Pretoria, Engelenburg was appointed editor-in-chief of De Volksstem. He soon became known as a political commentator, in particular criticising the British government's interference in the affairs of the Transvaal. Like many of his countrymen he was, on his arrival in the Transvaal in 1889, initially negative about the Afrikaners. In correspondence with his friends and acquaintances he did not hide his critical attitude towards the "petty" rural Transvaal people. However, in the months before the outbreak of the war, and especially during the war, he underwent a spiritual transformation and identified strongly with the right of the Republican Government to take a stand against the imperial threats.

This article makes use of available archival sources and a number of secondary sources to outline the role played by Engelenburg during the war. Although he never participated in battles on the different fronts, he attended to other important issues which made a difference in the lives of the “burghers” in the field. When he was forced to flee to Europe in July 1900 he assisted the Boer internees in Portugal as well as W.J. Leyds in Brussels. Although he was not, owing to his reclusive nature, at the forefront of the war, he supported the Boers’ and the Republic's cause in a special way.

In the last decade of the 19th century Britain tried increasingly to get a grip on the ZAR, and after gold was discovered on the Witwatersrand, Britain interfered constantly in the ZAR’s domestic affairs. It is well known that during the Anglo-Boer War a special relationship between the Netherlands and the ZAR existed. The actions of the British Empire in South Africa during the war were strongly condemned and the Dutch openly gave their support to the republics of the Orange Free State and Transvaal. Dutch citizens who lived in the Transvaal even took up arms against Britain.

Engelenburg and Leyds were good friends. Shortly after his arrival in Brussels in 1898, Leyds, as an envoy of the ZAR, made numerous unsuccessful attempts to convince the Republican government that Engelenburg should be sent to Europe to assist him in Brussels. Engelenburg's extended stay in South Africa, however, gave him first-hand experience of the events before and during the war. Until the last, Engelenburg hoped that a solution would be found, but when it seemed that war was inevitable, he prepared to go to the front. Nevertheless, we know little about the role of Engelenburg during the war. Like Leyds, he was an advisor to Paul Kruger, but more important is the fact that, as the highly regarded editor of De Volksstem and also as a foreign correspondent for European media in the years that preceded the war, he meticulously set out the republican case in the dispute instituted by the British Empire. Personally Engelenburg was opposed to armed conflict, but by 1899, when war seemed to be inevitable, he went over completely to the Boer side.

The Anglo-Boer War broke out on 11 October 1899. Engelenburg had already prepared for war and to go to the battlefront. In the midst of the war activities, as a Dutchman and as editor-in-chief of De Volksstem he played an important role in support of the ZAR. He published a field edition of De Volksstem under increasingly difficult circumstances in order to keep the people in the cities abreast of events on the battlefield. Compared with the British reports of the day, which were very one-sided, there was little information on the Boers who made it abroad. Engelenburg's versatility and his transnational identity came in handy during the war and he played a key role in sending reports about the war to other countries to promote the cause of the Boers.

When the British took Pretoria on 5 June 1900, Engelenburg was told by the British military authorities to go to the Cape Colony. However, he obtained permission from the British administration in Pretoria to go to Europe. On 4 June the publication of De Volksstem stopped and the paper appeared again only after the war. Like many Dutch in South Africa, Engelenburg had interesting experiences during the war before he left the country. In Europe, however, he maintained a low profile since he had defied the British administration's instructions to go to London. For most of the rest of the war he lived and worked in Portugal and was a great support for the Boer internees who were detained in various towns around Lisbon. He made their life more bearable and made sure that they had enough food and clothing and that their children received an education. At the same time he assisted Leyds in various ways. Engelenburg returned to the ZAR only after the war.

This article is presented in a biographical format and describes Engelenburg’s life during the war. The issues that will be given special attention include the local and global environment on the eve of the war. Various preparations that were made for the war are described, among others how Engelenburg positioned De Volksstem to keep the burghers at the front and the residents in the towns informed about what was going on. The inevitability of war meant that the community prepared itself well. During the war the Dutch Corps aligned itself with the Boer side. The article further shows how Engelenburg assisted the Boers in Portugal. Before returning to South Africa, Engelenburg also finalised matters that had been pending since before the war.

During the war, Engelenburg was present during the Battle of Elandslaagte and the Battle of Colenso. He experienced the losses on the Boer side intensely, because he personally knew many of the Boers who were killed on the battlefields. His compassion, but also his admiration for the Afrikaners who had to fight against a superior force of British soldiers, grew daily. He was the eyes and ears of the Transvaal people and always showed great empathy with their situation. The knowledge and insight about the Boers’ cause that Engelenburg gained during the war in South Africa, as well as in Europe, prepared him for the role he would play after the war in South Africa. As an objective outsider with knowledge of the inner circles of the Afrikaner leaders in the Republics he strongly supported Afrikaner independence and would after the war give the new political and cultural leadership valuable advice and insights. As a journalist, Engelenburg had a critical but deep insight into the political emergence during the post-war period.

Engelenburg’s sojourn in Europe during the war, and his repeated visits to Europe and Britain after the war, made him an increasingly cosmopolitan and independent thinker as he gained valuable insights during the first three decades of the 20th century. The knowledge he gained during the war relating to the Afrikaner and his situation in South Africa prepared him for the role he would play in the 20th-century Transvaal.

Keywords: Anglo-Boer War; Boer internees; British imperialism; Delagoa Bay; De Volksstem; Dutch Corps; embassy; field issue; F.V. Engelenburg; Hague Conference; Peace of Vereeniging; Portugal; republics; South African Republic; “Uitlanders”; war correspondents; W.J. Leyds

 

1. Inleiding1

Dit is alombekend dat daar tydens die Anglo-Boereoorlog ’n spesiale verhouding tussen Nederland en die ZAR bestaan het. Die optrede van die Britse ryk in Suid-Afrika tydens die oorlog is skerp veroordeel en die Nederlanders het openlik hulle steun aan die Boererepublieke van die Oranje-Vrystaat en Transvaal gegee. Nederlanders wat in Transvaal gewoon het, het selfs die wapen teen Brittanje opgeneem. In die buiteland het W.J. Leyds, ’n vertroueling van president Paul Kruger en sy regering, waardevolle werk as gesant van die ZAR in die Belgiese hoofstad, Brussel, gelewer. Ons weet egter min van die rol van dr. F.V. Engelenburg tydens die oorlog. Net soos Leyds was hy ’n raadgewer van Kruger. Belangriker is die feit dat hy as die hoogaangeskrewe redakteur van De Volksstem en buitelandse korrespondent van Europese media in die jare wat die oorlog voorafgegaan het, nougeset die republikeinse saak in die geskil met die Britse ryk gestel het. Persoonlik was Engelenburg gekant teen ’n gewapende botsing, maar teen 1899, toe oorlog onafwendbaar blyk te wees, het hy hom volkome aan Boerekant geskaar.

Frans Vredenrijk Engelenburg is in 1863 in Arnhem, Nederland, gebore; die Engelenburgs was ’n vooraanstaande Nederlandse familie. Hy het hom ná skool aan die Universiteit van Leiden as ’n regsgeleerde bekwaam. Ná sy doktorale studie het hy ’n advokatepraktyk in Den Haag aan die gang probeer kry, maar na ’n jaar het hy die regsberoep laat vaar en joernalis by die Dagblad van Zuidholland en 's Gravenhage geword. By dié koerant was hy ook slegs ’n jaar, waarna hy in 1889 na Suid-Afrika gekom het. Hy het reeds as student daarvan kennis geneem dat daar in Transvaal ’n behoefte was aan buitelanders met bepaalde vaardighede. Engelenburg is skaars ’n maand ná sy aankoms in Pretoria as hoofredakteur van De Volksstem aangestel. Hy het gou bekend geword as ’n politieke kommentator wat veral kritiek gelewer het op die Britse regering se inmenging in die sake van die ZAR. Soos baie van sy landgenote was hy, met sy aankoms in die ZAR in 1889, aanvanklik negatief teenoor die Afrikaners. Sy kritiese houding teenoor die landelike “kleingeestige” Transvalers het hy, in korrespondensie aan sy vriende en kennisse, nie weggesteek nie. In die maande voor die uitbreek van die oorlog, maar veral gedurende die oorlog, het hy egter ’n geestelike transformasie ondergaan en hom sterk vereenselwig met die reg van die republikeinse regering om teen die Britse imperiale bedreigings standpunt in te neem.

Brittanje het toenemend ’n houvas op die ZAR probeer kry en nadat goud aan die Witwatersrand ontdek is, het hy hom in die laaste dekade van die 19de eeu voortdurend in die ZAR se binnelandse aangeleenthede ingemeng en later doelbewus op oorlog afgestuur. Vir Brittanje wou dit voorkom of Delagoabaai (vandag Maputobaai) die sleutel tot die stryd tussen die ZAR en Brittanje ingehou het. Tot op die laaste het Engelenburg gehoop dat ’n oplossing gevind sou word, maar toe dit blyk dat oorlog onafwendbaar was, het hy hom voorberei om ook na die oorlogsfront te gaan.

Engelenburg en Leyds was goed bevriend. Reeds kort ná sy aankoms in Brussel in 1898 as gesant van die ZAR het Leyds sonder sukses talle pogings aangewend om die Republikeinse regering te oortuig dat Engelenburg na Europa gestuur moet word om hom in die gesantskantoor behulpsaam te wees. Engelenburg se verlengde verblyf in Suid-Afrika het hom egter eerstehands die gebeure laat deurmaak wat op oorlog sou afstuur.

Op 11 Oktober 1899 het die Anglo-Boereoorlog uitgebreek. Engelenburg het hom reeds voor die oorlog voorberei om na die gevegsfront te gaan. Te midde van al die oorlogsaktiwiteite het hy, as Nederlander en ook as hoofredakteur van De Volksstem,’n belangrike rol gespeel om die ZAR van hulp te wees. Hy het onder toenemend moeilike omstandighede ’n velduitgawe van De Volksstem uitgegee om die landsburgers op die hoogte te hou van gebeure op die slagvelde. In vergelyking met die Britse beriggewing van die dag, wat hoofsaaklik eensydig was, was daar min inligting van Boerekant wat die buiteland gehaal het. Engelenburg se veelsydigheid en sy transnasionale identiteit het gedurende die oorlog goed te pas gekom en hy het ’n sleutelrol daarin gespeel om berigte oor die oorlog na die buiteland te stuur om die saak van die Boere (ook “burgers” genoem) te bevorder.

Toe die Britte Pretoria op 5 Junie 1900 ingeneem het, is Engelenburg deur die Britse militêre owerheid aangesê om na die Kaapkolonie te gaan. Hy het egter by die Britse administrasie in Pretoria toestemming verkry om na Europa te gaan en het middel Julie daarheen vertrek. Op 4 Junie is die publikasie van De Volksstem gestaak en die koerant sou eers weer ná die oorlog verskyn. Soos baie Nederlanders in Suid-Afrika het hy tydens die oorlog interessante wedervaringe gehad voordat hy die land uit is. In die buiteland sou hy die Transvaalse saak in Europa bevorder.

In Europa het Engelenburg ’n lae profiel gehandhaaf, omdat hy die Britse administrasie se opdrag om hom in Londen aan te meld, verontagsaam het. Vir die grootste deel van die oorlog het hy in Portugal gewoon en gewerk en was hy van groot hulp vir die Boeregeïnterneerdes wat in verskillende dorpe rondom Lissabon aangehou is. Hy het hulle lewe draagliker probeer maak deur onder meer toe te sien dat hulle voldoende kos en klere gehad het en dat hulle kinders onderwys ontvang het. Terselfdertyd het hy Leyds op menige wyse met allerlei sake bygestaan. Engelenburg het eers ná die oorlog na die ZAR terugkeer.

Hierdie artikel word in ’n biografiese formaat aangebied om Engelenburg se doen en late gedurende die oorlog te beskryf. Die sake waaraan veral aandag gegee word, is die plaaslike en internasionale omgewing aan die vooraand van die oorlog. Verskeie voorbereidings wat voor die oorlog getref is, word beskryf, onder andere Engelenburg wat De Volksstem geposisioneer het om die burgers aan die front en die inwoners op die dorpe oor gebeure ingelig te hou. Die onvermydelikheid van die oorlog het meegebring dat die gemeenskap hom ook op oorlog voorberei het. Die Hollanderkorps was een van die vrywilligerkorpse wat aan Boerekant tot die stryd toegetree het. Engelenburg se bedrywighede aan die oorlogsfront word aan die hand van die beskikbare inligting weergegee, onder meer sy velduitgawe van De Volksstem. In die artikel word aangetoon op watter wyse hy die Boere in Europa bygestaan het. Voor hy na Suid-Afrika teruggekeer het, het Engelenburg eers sake wat sedert die oorlog nog hangende was, afgehandel.

brink1

Illustrasie 1. Frans Vredenrijk Engelenburg, hoofredakteur van De Volksstem.
Bron: Engelenburghuis, Pretoria, Foto-album in die Engelenburgversameling.

 

2. Engelenburg en die plaaslike en internasionale omgewing aan die vooraand van die Anglo-Boereoorlog

In die laaste dekade van die 19de eeu het Engelenburg hom in die ZAR as ’n politieke kommentator onderskei. Hy was ’n onafhanklike en kritiese denker, en hoewel hy Paul Kruger gesteun het, het hy nie die President se regeringsbeleid blindelings aanvaar nie. Sedert sy aankoms in Pretoria in 1889 het Engelenburg allerlei kwessies te berde gebring. Sy Europese agtergrond het hom in staat gestel om die toestande en die alledaagse lewe in die ZAR in vergelykende perspektief met dié van Nederland te beoordeel. Hoewel hy die Afrikaners gekritiseer het oor hulle onbeholpe bestuurstyl,2 was sy negatiwiteit teenoor die Britse regering dieperliggend. Die grootste doring in sy vlees was Brittanje se inmenging in ZAR-aangeleenthede. As hoofredakteur van De Volksstem was hy in die ideale posisie om sy kommentaar en menings in sy hoofartikels aan die gemeenskap oor te dra en hulle ingelig te hou oor wat in die politieke arena gebeur.3

Ná die mislukte Jameson-inval (29 Desember 1895 tot 2 Januarie 1896) het die Britse regering sy aanslae teen die ZAR verskerp en geleidelik Britse troepe aan die grense van die ZAR en dié se bondgenoot, die Republiek van die Oranje-Vrystaat, saamgetrek. Die verhouding tussen die ZAR en Brittanje het toenemend gespanne geraak. Die botsende belange van Britse imperialisme en Afrikanernasionalisme sou in Oktober 1899 uiteindelik op oorlog tussen Groot-Brittanje en die twee Boererepublieke4 uitloop (Scholtz 2005:1, 4–6; Kemp 1941b:57–8, 120–2). Teen 1898 was die moontlikheid van ’n oorlog nie meer so onwaarskynlik nie. Engelenburg was van mening dat die Afrikaners in die Kaapkolonie ook deeglik hiervan bewus geword het: “Er heerst daar in de Kaapkolonie een onderling wantrouwen en een ‘rassenhaat’ – vergeef het dwaze woord – zoals waarvan outsiders zich geen denkbeeld kunnen vormen [...].”5

Brittanje se geduld met Portugal oor Delagoabaai het begin opraak. Die Britte se pogings dwarsdeur die laaste dekade van die 19de eeu om ’n verstandhouding met Portugal te bereik, het op niks uitgeloop nie. Duitsland en Frankryk sou ook nie toelaat dat Brittanje alleenreg op die Baai kry nie en ook nie dat ’n Anglo-Portugese ooreenkoms gesluit word nie. Derhalwe het die Britse regering van taktiek verander. Ná uitgerekte onderhandelinge het Brittanje en Duitsland ’n verstandhouding bereik wat uiteindelik tot die Anglo-Duitse verdrag van 1890 gelei het, asook ’n geheime verdrag in Augustus 1898 (Grenville 1964:190–4; Porter 1980:156–60). Engelenburg se hoop dat Duitsland ’n bondgenootskap met die ZAR sou sluit, is deur laasgenoemde verdrag verydel. Duitsland se veranderde houding was daaraan toe te skryf dat die Duitse ambassadeur in Londen, graaf Paul von Hatzfeld, en veral die pro-Britse saakgelastigde, Herman von Eckhardstein, alles in werking gestel het om gunstiger betrekkinge tussen Brittanje en Duitsland te bewerkstellig.6

Teen Augustus 1899 was dit duidelik dat Duitsland neutraal sou bly in die geval van oorlog in Suid-Afrika. Duitse neutraliteit het Brittanje se posisie teenoor die ZAR buitengewoon versterk (Leyds 1938:9, 40, 84, 174). Joseph Chamberlain, die Britse minister van kolonies sedert Junie 1895, se haas om Delagoabaai onder sy beheer te kry, moet teen die agtergrond van die situasie in Suid-Afrika beskou word. Vir Chamberlain wou dit voorkom of Delagoabaai die sleutel tot die stryd tussen die ZAR en Brittanje ingehou het. Die verdrag van 1898 het daarop neergekom dat dit Duitse inmenging in die suide van Mosambiek uitgesluit het en dat Duitsland Brittanje sou steun teen die inmenging van ’n derde moondheid. Soos verwag kon word, het die Anglo-Duitse verdrag heelwat kommentaar in die ZAR ontlok. Engelenburg het sy lesers daarop gewys dat dit ernstige gevolge vir die ZAR kon inhou, omdat ’n Britse oorname van Delagoabaai die Republiek aan die genade van John Bull sou uitlewer.7

Die Anglo-Duitse verdrag het egter nie, soos wat allerlei gerugte dit wou hê, op die besetting van Delagoabaai neergekom nie. Brittanje was nie sodanig geïnteresseerd in die verkryging van die baai nie, maar was bekommerd oor die wapens en ammunisie wat die ZAR ingevoer het (Edwards 1988:324). Die Portugese premier het geweier om die invoer van wapens stop te sit alvorens daar vasgestel kon word hoeveel krygsmateriaal die ZAR gedurende die laaste jaar deur Delagoabaai ingevoer het. Die Portugese regering was wel bereid om by die ZAR-regering navraag te doen oor die groot hoeveelheid krygsmateriaal wat ingevoer word en het ook gesinspeel op die noodsaaklikheid van addisionele waarborge oor die eindbestemming van die goedere in die toekoms (Edwards 1988:326).Die uitvoering van die verdrag is deur die aankoms in Delagoabaai van ’n groot hoeveelheid krygsmateriaal aan boord van ’n Duitse skip verhaas. Die goewerneur van Lourenço Marques is daarop beveel om alle krygsmateriaal wat vir die ZAR bestem was, op ’n veilige plek te bewaar. Die Portugese optrede was nie ’n verrassing vir die ZAR-regering nie. Die regering het lank reeds voorsien dat Portugal voor Britse druk kon swig, maar het onraad bemerk eers nadat daar nie op hulle herhaalde versoeke om die ammunisie te ontskeep, ag geslaan is nie. Al Kruger se pogings het op niks uitgeloop nie en hy is aangeraai om hom tot die Portugese regering te wend (Edwards 1988:325).

Engelenburg het dit “haatlik” gevind dat die Portugese nie die ZAR-regering betyds gewaarsku het dat hulle nie meer ammunisie sou deurlaat nie. Dit het die regering “een gek figuur” laat slaan, het hy aan Leyds geskryf.8 Die indirekte skuld het Engelenburg gelê voor die deur van generaal Piet Joubert, die ZAR se kommandant-generaal, wat ter elfder ure nog ammunisie en krygsmateriaal nodig gehad het, terwyl hy drie volle jare tyd en geld gehad het om alles te bestel. Engelenburg het dit beskou as “een grote disgust tegen Joubert bij de Volksraads-lede. Joubert werkt in stilte tegen Kruger en vice versa.”9

Aan die vooraand van die oorlog het Engelenburg ’n waarskuwing aan die Afrikanergemeenskap gerig om gereed te wees vir enige gebeurlikheid.10Hy het die Transvalers se aandag daarop gevestig dat die Republiek geen hulp van buite te wagte moes wees nie, maar hy was oortuig daarvan dat die republieke sterk genoeg was om alle aanslae van die Britse regering, hetsy op politieke of militêre gebied, af te slaan.11 Hy was egter gekant teen ’n gewapende botsing met Brittanje en het vas geglo dat dit nie sou plaasvind nie. As rede het hy aangevoer dat Brittanje dit nie sou waag om oorlog te maak nie en dat die ZAR-regering by magte sou wees om alle vraagstukke op te los.12 Terselfdertyd het Engelenburg aan Leyds geskryf dat die forte rondom Pretoria volgemaak is met proviand en dat die burgers gewaarsku is oor moontlike oorlog. ’n Paar kanonne sou na die Natalse grens gestuur word en die Vrystaat is ook reeds gewaarsku oor ’n moontlike oorlog. “Ik voor mij houdt de bedreigingen der Engelsen voor pure ‘bluff’ en geloof dat de Transvalers dit ‘bullying’ zullen weerstaan,” het hy opgemerk.13

Intussen het Leyds op 9 April 1899 aan Engelenburg geskryf dat die posisie van Brittanje buitengewoon sterk is. Duitsland was in koalisie met Brittanje teen die Boere; Frankryk was onmagtig om iets te doen; Rusland was onwillig om by ‘n oorlog in Suid-Afrika betrek te word; en Italië was gereed om saam met Brittanje oorlog teen die ZAR te voer (Leyds 1938:9–10).

Terwyl die verhouding tussen die ZAR, Brittanje en Portugal toenemend versleg het, was ook die betrekkinge tussen die ZAR en Nederland nie na wense nie. Volgens M. Kuitenbrouwer was die delikate situasie tussen Nederland en die Ooste ten tye van die Jameson-inval in die ZAR aan die einde van 1895 die rede waarom die Nederlandse regering nie kon bekostig om die Britte uit te daag nie. Gevolglik is ’n streng beleid van neutraliteit sedert 1896 gehandhaaf. Die feit dat die Britte die beste toegang tot die kommunikasielyne met Suid-Afrika gehad het en dus die mediadekking van gebeure beheer het, was ’n sterk herinnering daaraan dat Nederland nie onafhanklike ondersese kabels na Nederlands-Oos-Indië besit het nie en afhanklik was van die Britse netwerk (M. Kuitenbrouwer 1985:177; V. Kuitenbrouwer 2012:57).

Die oorlogswolke in Transvaal was steeds aan die saampak, maar op 2 Junie 1899 het Engelenburg geskryf dat dit wou voorkom of alles rustiger in Pretoria is. Baie mense het wel uit Transvaal padgegee uit vrees vir oorlog, maar hy het geglo dat die trekbeweging sy krag verloor het, want die mense het al hoe minder te kenne gegee dat hulle die Republiek wou verlaat. Engelenburg het nogtans geglo dat die rustigheid net tydelik was.14 Enkele weke later het dit selfs gelyk of die gevaar van oorlog voorlopig afgeweer was omdat die Vrystaat en die Afrikaners in die Kaapkolonie hulle steun aan Transvaal gegee het. Engelenburg het geweet dat konflik op die lange duur moeilik vermy sou kon word, maar hy was bly dat dit nog nie plaasgevind het nie. Ofskoon die Boeremag na sy oordeel sterk was, het hulle nog ’n paar jaar tyd nodig gehad om hulle op militêre gebied beter voor te berei.15

Ten spyte van die ontdekking van die Witwatersrandse goudvelde in 1886 het dit nog nie aan Transvaal die ekonomiese vermoë verleen om ’n sterk weermag op te bou nie. Vir die handhawing van sy veiligheid na buite moes die Republiek hom verlaat op die burgers, wat wel in kommando’s georganiseer was, maar geen militêre opleiding geniet het nie. Ná die Jameson-inval het die Transvaalse regering tog die artilleriekorps uitgebrei, maar van ’n weermag was daar geen sprake nie (Scholtz 1977:156). Engelenburg was duidelik bewus van bykans al die leemtes in die mondering van die ZAR, maar het geglo indien hulle die nodige tyd gegun word, die Transvalers ’n gedugte opponent sou wees.16

Ook die Britte was duidelik daarop bedag. Die Britse regering het dus opdrag gegee dat Alfred Milner reëlings met Kruger tref vir ’n samesprekings oor al die hangende geskilpunte, veral die stemregkwessie (Headlam 1931:360–1). Op versoek van die Britse regering is M.T. Steyn en die eerste minister van die Kaapkolonie, W.P. Schreiner, gevra om as bemiddelaars tussen die Britse hoë kommissaris en die Transvaalse staatspresident op te tree op ’n konferensie wat in Mei 1899 in Bloemfontein gehou sou word (terugskouend, dus, vier maande voor die uitbreek van die oorlog – Headlam 1931:365–8, 404–26). Daar is oor onder meer stemreg aan Uitlanders onderhandel. Kruger was gewillig om volle stemreg aan vreemdelinge te verleen ná verblyf van sewe jaar in plaas van 14 jaar. Milner was nie daarmee tevrede nie en wou dit tot vyf jaar verminder. Sy standpunt was dat die Uitlanders ná naturalisasie ten spoedigste in staat gestel moes word om verteenwoordigers na die Eerste Volksraad17 te stuur en hulle invloed daar te laat geld. Kruger was daarteen gekant, want hy was van mening dat dit sou beteken dat hy die onafhanklikheid van sy burgers sou moes prysgee (Kruger 1902:176–7; Ploeger 1990:1.13, 1.14).

Engelenburg, wat die konferensie in Bloemfontein bygewoon het, het daarna vir Leyds geskryf dat hy nie kop of stert van die byeenkoms kon uitmaak nie.18 Hy het nie geweet wat die Britse regering se doel met die konferensie was nie en het die ZAR-regering aangeraai om geen enkele toegewing meer te maak nie, want Kruger moes nie die indruk skep dat Transvaal ’n oorlog wou vermy deur toegewings nie.19 Engelenburg het De Volksstem se lesers gemaan om geen oorlog te verwag nie, maar om steeds op hul hoede te wees.20 Intussen het die gespanne situasie nie verbeter nie. Engelenburg het die algemene gevoel in die ZAR aan Leyds soos volg beskryf: “Enfin, het is misére genérale, en de economiese toestand verergert.”21

Die Britse hoë kommissaris het intussen opdrag ontvang dat indien geen toegewings van die ZAR-regering verkry kon word nie, die diplomatieke offensief dadelik hervat en tot militêre magsvertoon oorgegaan moes word. As daarop geen diplomatieke oorwinning volg nie, dan sou, volgens Milner, oorlog as die enigste alternatief oorbly. Onder sulke omstandighede sou dit beter wees om eerder dadelik te veg as oor vyf of tien jaar, want teen daardie tyd sou Transvaal sterker en vyandiger wees (Headlam 1931:384–5). Chamberlain het op 12 Julie 1899 ’n smalende boodskap aan Kruger gestuur en geskryf dat hy laag moes daal om in Nederlands vir Kruger te skryf. Om in Frans te skryf, met al die boeke wat hy kon raadpleeg, sou hom beter gepas het. As die linguis van die kabinet, is hy egter teen sy sin gevra om die brief in Nederlands te skryf:

Goeden morgen, mijnheer. Ik hoop dat Mevrouw Krüger is zeer wel. Why that’s almost English. Dutch not so difficult after all. But I can’t do much with this dictionary. Haven’t a phrase-book. Nothing like that French one, with the proverbs. Warm weder, is het niet? Maar gij zijt koel, you are uncommonly cool. Niet goed hoewel. You will have to climb down. Ik wensch U goeden dag. J. Chamberlain.22

Behalwe dat hy neerhalend gepraat het van die Nederlandse taal, wat Kruger na aan die hart gelê het, het die boodskap dit duidelik gemaak dat Chamberlain wou hê dat Kruger groter toegewings moes maak.

Teen Julie 1899 was dit duidelik dat ook Portugal in die komende stryd nie aan die kant van die Republiek sou staan nie en dat Delagoabaai tot die beskikking van Brittanje sou wees. In duidelike taal het Engelenburg sy groot teleurstelling met Portugal te kenne gegee. Hy het gemeen dat indien Portugal ten gunste van ’n vreemde moondheid afstand van Mosambiek sou doen, dit nie net vir die Portugese volk ’n verlies sou wees nie, maar ook vir die Transvalers ’n teleurstelling, veral indien die vyandige moondheid Lourenço Marques en Delagoabaai tot nadeel van die Afrikaners sou wou gebruik.23

 

3. Engelenburg en De Volksstem aan die vooraand van die Anglo-Boereoorlog

De Volksstem was gedurende die laaste dekade van die 19de eeu een van die min koerante in Suid-Afrika wat die Kruger-regering goedgesind was en die Afrikaners en Nederlanders se saak bevorder het. Sedert die ontstaan van De Volksstem in 1873 het dié koerant weinig kommentaar oor Afrikaans gelewer, maar daar is bepaald stelling teenoor Engels ingeneem. Toe Engelenburg in 1889 as hoofredakteur aangestel is, het hy met die bestaande taalbeleid van die koerant voortgegaan. As Nederlander het hy om verstaanbare redes Nederlands gesteun. Vir Afrikaans het hy weinig geesdrif getoon en in 1893 was hy steeds van mening dat die publiek in die Kaapkolonie, nes elders in Suid-Afrika, Nederlands bo Afrikaans verkies het: “De beschaafde Afrikaners gevoelen dat zij hun taal zouden vernederen door die te buigen naar de behoeften van een weinig beschaafde “minderheid.”24

Die ingewikkelde Nederlandse spelvorme het dit egter vir die Afrikaanse kind baie moeilik gemaak om in Nederlands onderrig te word. Gedurende 1895 het Engelenburg in De Volksstem verskeie artikels geplaas oor die voor- en nadele van die vereenvoudigde Nederlandse spelling (Kollewijnspelling).25 Hy was ’n groot voorstander van dié spelwyse en was die eerste redakteur wat, in 1895, die vereenvoudigde Nederlandse spelling in ’n openbare blad ingevoer het, ruim tien jaar voor dit algemeen aanvaar is (Engelenburg 1897:359). Hy het toe nog steeds ’n afkeer van Afrikaans getoon.26 Engelenburg se voorkeur vir die vereenvoudigde Nederlandse spelling was voor 1900 dus nie om Afrikaans te bevorder nie, maar eerder om die Afrikaanse kind nader aan die Nederlandse taal te bring. Hy het egter ná die Jameson-inval van 1895, begin 1896, besef dat Afrikaans bestaansreg het, maar dan slegs as ’n sieraad vir diegene wie se moedertaal dit was. Hy het dit toe nog nie as ’n taal uit eie reg beskou nie. Hy het wel ná die inval tot ander insigte oor die Transvaalse Afrikaners gekom toe hy besef het dat hulle alles in die stryd sou werp om hulle onafhanklikheid van die Britse regering te behou. Engelenburg was van mening dat die Jameson-inval meegebring het dat die Afrikanergemeenskap ’n sterker behoefte aan ’n eie nasionaliteit ontwikkel het (Engelenburg 1897:357). Hy het die spanningsvolle tydperk vóór die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog intens saam met hulle meegemaak en sy meegevoel met, maar ook sy bewondering vir, die Afrikaners wat teen ’n oormag van Britse soldate sou moes veg, het daagliks gegroei. Gedurende die oorlog, maar veral daarná, sou Engelenburg sy volle gewig by die Afrikanergemeenskap en die Afrikaanse taal ingooi.

In die eerste maande van 1899 het Engelenburg nog gehoop dat die ZAR met betrekking tot die naderende krisis ’n oplossing sou kon bewerkstellig, ongeag of oorlog of vrede daaruit voortvloei. Hy het gemeen dat dit tyd geword het dat die Londense dreigemente tot ’n einde kom. Engelenburg was van plan om teen die middel van 1899 na Europa te gaan. Hoewel hy reeds sy kaartjie vir die bootreis ontvang het, het hy nie kans gesien om in die onsekere toestande weg te gaan indien sy teenwoordigheid dalk in Pretoria benodig sou word nie. Sy plan om na Europa te vertrek het hy laat vaar toe die oorlogswolke weer dreigend saamgepak het.27 Oor sy eie lewe gedurende dié tydperk het hy gemeen: “[W]are ik in Nederland gebleven, zou [het] een geheel ander bestaan geweest zijn, minder ge-agiteerd, minder bewegelijk, maar ook geheel on-interessant.”28

Hy was vas oortuig daarvan dat sy toekoms by die Afrikaners gelê het en dat dit opheffend vir hom was om te kon meewerk aan hulle sukses in die aanvangsworstelinge.29

Engelenburg was teen 1899 eienaar van die De Volksstem-koerant, wat finansieel goed gevaar het, en ook eienaar van twee erwe in Arcadia wat hy in 1898 gekoop het om later ’n huis op te bou. Daarby het hy in 1895 burgerskap van die ZAR verkry. Dit is dus te verstane dat hy hom tien jaar ná sy aankoms in Suid-Afrika al hoe meer ’n Transvaler gevoel het.

Hy het in hierdie moeilike tyd in die ZAR se geskiedenis ook ’n duidelike geestelike meelewing met die Afrikaners openbaar. Op Sondag 20 Augustus 1899 het hy ’n diens in die Gereformeerde Kerk in Kerkstraat-Wes bygewoon wat deur Paul Kruger gelei is. Hy het dit beskryf as ’n plegtige en aandoenlike oggend en het gewens dat die mense in Brittanje die erns kon gadeslaan waarmee die Transvalers besiel was.30 Teen daardie tyd was Engelenburg oortuig dat oorlog binnekort sou uitbreek. Die hele volk was gereed vir oorlog en het gereed gestaan om te doen wat hulle kon.31 Engelenburg was self ook gereed om na die Natalgrens te vertrek. Sy twee ryperde het gereed gestaan en hy het ’n voorgevoel gehad dat die Britte ’n goeie drag slae sou kry.32

Net voor die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog het Kruger die Engelse media, onder meer die Pretoria News en The Star en ander koerante wat die ZAR nie goedgesind was nie, toegemaak. De Pers en The Press, wat die Krugerregering gesteun het, het self besluit om hulle deure vir die duur van die oorlog te sluit. De Volksstem was een van die min koerante van die ZAR wat toegelaat is om nuus oor die oorlog te rapporteer. Wat die verspreiding van De Volksstem betref, is die koerant voor die oorlog in al vier die Suid-Afrikaanse gewestes, naamlik die Kaapkolonie, Natal, die Oranje-Vrystaat en Transvaal, gelees. Omdat die blad se grootste sirkulasiegebied die Transvaalse platteland was, het De Volksstem waarskynlik groter verspreidingsprobleme gehad as ander blaaie, wat hoofsaaklik ’n gekonsentreerde stedelike lesersgroep gehad het. Voor die oorlog is in Pretoria van verteenwoordigers gebruik gemaak wat die koerant verkoop het en verder is aflewering deur perderuiters gedoen.33 Teen middel September 1899, ongeveer drie weke voor die uitbreek van die oorlog, is lesers buite Pretoria gewaarsku dat die koerant slegs aan die gewone adresse gestuur sou word, solank die posdiens nog in werking was. Deur ’n kennisgewing in De Volksstem het Engelenburg die lesers ingelig dat aflewerings in Pretoria deur perderuiters gestaak sou word indien ’n oorlog sou uitbreek.34 Hy het voorgestel dat indien oorlog uitbreek, die intekenaars die koerant daagliks by De Volksstem se kantore kon kom afhaal.35 Aflewering aan die plattelandse lesers het deur middel van die spoorweg- en posverbindings plaasgevind, maar sou in die geval van oorlog gestaak moes word. As alternatief kon lesers in die afgeleë distrikte ’n gesamentlike plan maak en ’n boodskapper na die koerant se kantoor stuur om hulle koerante te kry.36 Kort nadat oorlog verklaar is, is ’n nuwe stelsel van daaglikse aflewering ingestel. Jong seuns het die koerant in die strate van Pretoria verkoop en die geld wat so verdien is, was ’n welkome aanvulling van die karige inkomste van die vroue wat alleen tuis agtergebly het nadat hulle eggenote en ouer seuns na die oorlogsfront vertrek het.37

Engelenburg was bekommerd omdat sy koerant reeds voor die oorlog finansieel groot skade begin ly het. Die advertensie-inkomste het verminder en hy kon nie van sy kantore verhuur kry nie. Om die koerant volstoom aan die gang te hou “wordt zelfs voor een joernalist afmattend”, het hy geskryf.38 As sakeman het Engelenburg ’n moontlike geleentheid gesien om De Volksstem se finansies gedurende die oorlog aan te vul en het hy dit oorweeg om ook ’n Engelse koerant uit te gee wat die ZAR goedgesind was en die saak van die Boere in die buiteland en onder die Engelssprekendes in Suid-Afrika, kon stel. Hy het vir Leyds geskryf dat hy daaraan dink om ’n weekblad, soortgelyk aan The Economist, Critic en South Africa, uit te gee. Hy sou dan vir ene Short39 as vertaler gebruik.40 Engelenburg was van mening dat as die regering £60 per maand sou bydra, hy die balans van die Nederlandsch-Zuid-Afrikaansche Spoorweg Maatschappij (NZASM) en van Sammy Marks en andere sou kry. Vir £60 per maand sou die regering minstens 250 eksemplare per week ontvang wat hy as ruilnommer of as gratis eksemplare na kollegas in Europa en Amerika en elders in Suid-Afrika kon stuur, want “[E]lke41 belangrijke koerant zal The Weekly Volksstem ontvangen.”42 Engelenburg het gereken dat die uiteindelike inkomste ’n bonus vir die Volksstem-besigheid sou wees, al sou dit aanvanklik ’n erg beskeie koerantjie wees. Hy het versoek dat indien Leyds die gedagte steun, hy ’n formele brief aan die regering skryf.43 Geen spoor kon egtertot nou gevind word dat Engelenburg wel so ’n koerant uitgegee het nie.

Leyds se werk as gesant van die ZAR in Europa het vele fasette gehad, onder meer die bestuur van ’n pro-Boer-persveldtog. Engelenburg was goed ingelig oor wat op die politieke front in Suid-Afrika aan die gang was en was die ideale persoon om ’n bydrae te lewer (Van Niekerk 1978:15). Kort voor die uitbreek van die oorlog het Leyds by William B. Fitts, die verteenwoordiger van die North American Review, aanbeveel dat die redakteur van De Volksstem ’n bydrae oor die oorlogstoestand in Suid-Afrika skryf. Leyds het via G. Pott, die konsul-generaal in Mosambiek, vir Engelenburg gevra om so ’n artikel te skryf.44 Engelenburg het dadelik daarmee begin en het gehoop dat dit die nodige aandag sou trek, veral as Leyds sou help om die inhoud wyd bekend te maak.45 Engelenburg se artikel, “A Transvaal view of the South African question”,was een van drie artikels wat in 1899 in New York in die North American Review verskyn het, met die oorkoepelende tema “Britain and the Boers: both sides of the South African question” (Engelenburg 1899:437–72). Dit was die eerste pro-Boer-bydrae wat in dié gesaghebbende publikasie verskyn het. Sydney Brooks (“England and the Transvaal”) en A. Diplomat (“A vindication of the Boers”) was die skrywers van die ander twee artikels (Brooks 1899:473–80; Diplomat 1899:481–7). Engelenburg het £40 vir sy artikel ontvang.46 Bykomend tot sy besige program by sy eie koerant het hy ook, soos voor die oorlog, as korrespondent vir die internasionale pers opgetree. Hy het steeds werk vir die Franse nuusagentskap Havas gedoen, en was spesiale korrespondent vir The New York Journal van William Randolph Hearst, asook ’n aantal koerante in die Nederlande en Nederlands-Oos-Indië.47

Teen 30 September 1899 was De Volksstem, nou die enigste koerant wat in Pretoria verskyn het, een van die min oorblywende skakels tussen die mense van Pretoria, die gebeure aan die oorlogsfront en die buitewêreld (Behrens 1955:356).48 Voor die oorlog, toe daar ook ander koerante in omloop was, het De Volksstem die grootste sirkulasie gehad. Op 1 Januarie 1895 het De Volksstem as ’n dagblad begin verskyn nadat dit jare lank twee maal per week uitgegee is. Agtien maande later kon Engelenburg verklaar dat die koerant goed vooruitgegaan het in leserstal en in gehalte: “Als eenig Hollands dagblad in Zuid-Afrika maakt hij geen al te slecht figuur.”49 Dit sou waarskynlik nie verkeerd wees om te beweer dat die koerant se oplaag ná die uitbreek van die oorlog tot 4 Junie 1900 verder vergroot het nie.

Engelenburg het gesorg dat die oorlogskorrespondente goed georganiseer is. Meer as 25 korrespondente is in verskillende dele van die land ontplooi en sommige moes saam met die kommando’s beweeg.50 Op 14 Oktober 1899 het papierskaarste Engelenburg laat besluit om sy koerant tydelik te verklein en die koerant het daarna slegs twee bladsye beslaan.51 Dit is waarskynlik ook gedoen vanweë die feit dat die personeel by die Pretoria-kantoor uitgedun was – hulle is feitlik almal opgeroep vir diens op die verskillende oorlogsterreine.

 

4. Engelenburg en die onvermydelikheid van oorlog

Teen September 1899 was daar klaarblyklik min kans dat die diplomatieke stryd tussen die Zuid-Afrikaansche Republiek en Groot-Brittanje sonder ’n militêre botsing geskik sou kon word. Nogtans was Engelenburg steeds van mening dat ’n vreedsame oplossing gevind kon word. Hy het in daardie stadium nog gedink dat die oorlog wat Brittanje op die ZAR wou afdwing, vermy sou kon word, en indien die Britse regering nie sy optrede wou staak nie, die ZAR uit selfverdediging sou moes optree.52 Hy het ontken dat die Transvaalse regering aggressief was en was van mening dat dit eerder die Britte was wat die Republiek in die stryd ingedwing het. Transvaal het volgens hom voldoende jobsgeduld teenoor die Britse uittarting aan die dag gelê, want “tot op die laaste oomblik is gehoop dat Engeland die onmenslike en barbaarse van die oorlog, wat ’n skandvlek in die Britse geskiedenis sou bly, sou insien [...]”.53

Van Julie 1899 tot die uitbreek van die oorlog op 11 Oktober het ’n groot uittog uit Pretoria plaasgevind. Britte, swart mense en bruin mense het hulle goed inderhaas gepak en gevlug. Met spesiale treine wat deur die regering beskikbaar gestel is, het mans, vroue en kinders na Natal of die Kaap vertrek. Hulle het die oorlog so gevrees dat baie in oop steenkooltrokke gevlug het, gepak soos ’n “ton haringvisse”.54 Verder het die regering besluit dat Indiërs, Arabiere en Chinese onmiddellik die land moes verlaat.55 Sommige winkels en ook die banke is toegelaat om oop te bly. Hulle moes hulle personeel egter beperk tot ’n getal wat deur die regering voorgeskryf is.56 Aan sekere Britse onderdane wat die ZAR goedgesind was, is permitte uitgereik om in die ZAR aan te bly. Hulle mog egter nie hulle woongebied verlaat sonder spesiale verlof nie.57

Oor die algemeen het die Nederlanders in Pretoria geweet dat die stryd van die Boere ook hulle stryd vir vryheid en reg was. Min Nederlanders het Suid-Afrika aan die vooraand van die oorlog verlaat, in teenstelling met ander groepe buitelanders, soos hier bo beskryf (Schutte 1968:54).

In hierdie vooroorlogse staat van onsekerheid het die misdaadsyfer in Pretoria begin styg en het huisbrake en diefstal meer dikwels voorgekom.58 Huisvroue het kruideniersware en voorrade opgekoop en in hulle huise geberg (Spies 1959:25). Teen middel September 1899 het die dorpsbewoners skietoefeninge begin bywoon. Selfs die vroue het skietlesse geneem.59 Engelenburg het gedurende die dae voor die uitbreek van die oorlog die situasie in Pretoria in De Volksstem beskryf en ’n duidelike beeld gegee van die spanning waarin die volk van April tot einde September 1899 verkeer het. Die “aanhoudende geweerschoten” elke aand kon ná werk gehoor word en hy het verduidelik dat die inwoners van Pretoria druk besig was om hulle “vertrouwd te maken met de oorlogs-instrumenten”.60 As die enigste kommunikasiemedium was De Volksstem gedurende hierdie vooroorlogse tyd ’n waardevolle propagandawerktuig in die hande van die ZAR-regering.61 Heelwat ruimte is afgestaan aan korrespondensie wat van die publiek ontvang is. Die oorgrote meerderheid van die briefskrywers het by die regering aangedring om geen toegewings te maak nie, maar die ondraaglike spanning te verbreek en liewer oorlog te voer. Aan die ander kant het dit ook geblyk dat ’n aansienlike deel van die volk teen oorlog gekant was. Ten einde die gevoelens van die volk te toets, het Engelenburg ook briewe van die teenstanders geplaas.62

 

5. Engelenburg en die Hollanderkorps

Heelparty Nederlanders het tot die stryd toegetree. Soos die Duitsers, Iere en Skandinawiërs het die Nederlanders hulle al voor die uitbreek van die oorlog in ’n vrywilligerkorps, bekend as die Hollanderkorps, georganiseer (Plokhooij 1901:2). Die leidende figure in die oprigting van die Hollanderkorps was H.J. Coster, voormalige staatsprokureur, en C.G. de Jonge, gewese inspekteur van onderwys. Op 7 September 1899 is ’n kommissie verkies met die doel om die oprigting van ’n amptelike korps te ondersoek. Twee weke later het hulle op ’n algemene vergadering van sowat 800 Nederlanders in die Caledonian Hall verslag gedoen.63 ’n Eie Hollandse korps sou tot stand gebring word, met sy eie offisiere en kommissariaat onder bevel van die kommandant-generaal van die ZAR. Die korps sou uit twee afdelings bestaan, naamlik ’n “garnisoendiens” vir die bewaking van Pretoria en ’n “velddiens”, wat as berede infanterie saam met die Boeremagte sou optrek.64 Die werwing van lede het spoedig begin. Volgens ’n besluit van die Uitvoerende Raad is alleen die Pretoriase en Johannesburgse Nederlanders toegelaat om by die Hollanderkorps aan te sluit.65 Op 22 September het die korpslede weer in die Caledonian Hall vergader. Die afdeling velddiens is in pelotons onderverdeel, onder leiding van onderskeidelik luitenante H.J. Coster, C.G. de Jonge, J.C. Goldman, R.W. Nijenes, K. van Rijsse, en ’n sekere Lesturgeon en De Kiewit.66 Op 14 Augustus het veldkornet Melt Marais in Pretoria wapens, ammunisie, perde, saals en tooms uitgedeel aan alle manskappe wat nog nie toegerus was nie.67 Soos die Boerekommando’s het die korpslede geen uniforms gedra nie. Heelparty oefensessies is voor die uitbreek van die oorlog gehou omdat baie van die manskappe nog nooit geskiet of ’n perd gery het nie (Plokhooij 1901:3). Engelenburg was nie ’n lid van die korps nie en daar kan dus aanvaar word dat hy van die begin af besluit het om nie fisies aan die oorlog deel te neem nie, hoewel hy ook ’n bandelier met geweerpatrone ontvang het. Hy was ’n joernalis in murg en been en wou eerstehands beleef wat aan die oorlogsfront gebeur en daaroor rapporteer. Hy was dus self gereed om na die front te gaan indien oorlog uitbreek.68 Engelenburg het ’n voorsprong bo die korpslede gehad, omdat hy sedert sy kinderjare in Nederland perd gery het (Brink 2010:25) en die wildste perd kon tem (Wallach 1945:10–1).

Volgens Engelenburg was die artillerie ook gereed, en toe hy een van die forte op 12 Augustus 1899 besoek het, was die maneuvers van die artilleriste verbasend goed. Hy het egter nog steeds nie geglo dat die Britse regering tot oorlog sou oorgaan nie. Hy het die toestande in die dae van afwagting as “erg afmattend” beskryf. Daar het min in Pretoria gebeur en verskeie winkels het hulle personeel laat gaan of op halfsalaris geplaas. “Zouden ze ons langzaam willen doen doodbloeien?” het hy gevra.69

Gedurende September 1899 het burgers uit al die uithoeke van Transvaal in Pretoria byeengekom om by kommando’s aan te sluit. Wapens is ook aan hulle uitgedeel. Elke burger moes sy ou geweer inlewer en het ’n Mauser en 100 patrone ontvang. Vir die burgers wat nie perde gehad het nie, is perde summier van die publiek gekonfiskeer.70 Die eerste groep burgers het op 28 September na die grense vertrek en gedurende die volgende paar dae het nog groepe gevolg (Van Vreden 1955:92).71 Alle treine, die spoorweglyne en die NZASM is onder direkte beheer van kommandant-generaal Piet Joubert geplaas met die doel om die kommando’s en hulle perde en toerusting te vervoer (Van der Wall Bake en Bruchner 1910:105).72 In ’n brief van J.A. van Kretschmar van Veen in April 1900 aan die NZASM-direksie in Amsterdam het hy dit duidelik gestel dat die maatskappy in Transvaal té betrokke was by die oorlog. Van Veen het die direksie daarop gewys dat hy nie sy aanmaning tot strenge neutraliteit in die oorlog kon uitvoer nie omdat die NZASM ’n morele plig teenoor die ZAR gehad het om die republiek soveel as moontlik in die oorlog by te staan (Coetzee 1940:157).

Die spanning in Pretoria was teen die begin van Oktober byna ondraaglik en op 2 Oktober het Engelenburg in De Volksstem geskryf dat daar in 1880 in Transvaal ’n klein volk was wat deur God se goedheid groot geword het. Deur God se seën het die ZAR en die Vrystaat een geword. Die groot manne van 1880 lewe nog en die Leeu van Rustenburg73 was steeds besiel om vir sy volk se vryheid te veg. “Slim Piet Joubert” het ook gereed gestaan om sy burgers in die stryd te gaan voer.74 Ten spyte van die negatiewe gevoelens wat Engelenburg sedert 1895 teenoor Piet Joubert gekoester het, het hy die generaal nou aangeprys as ’n “slim” man. Hy wou die burgers se moreel hoog hou en aan die vooraand van die oorlog sou dit niemand baat as hy die generaal in ’n swak lig stel nie. In Nederland en België en in ander dele van Europa was Transvaal se ou vriende gereed om morele steun aan Transvaal te bied.75

Naby die grense van die twee Republieke het verskeie Boerekampe tot stand gekom. Die hoofmag van die Boere sou Natal later binneval en het uit drie afdelings bestaan. Die vernaamste afdeling het onder die persoonlike bevel van Piet Joubert te Zandspruit, naby Volksrust en Wakkerstroomnek, saamgetrek. Ná heelwat oponthoud het die Hollanderkorps op 3 Oktober 1899 met sowat 130 lede van Pretoria-stasie na die hooflaer te Zandspruit vertrek (Plokhooij 1901:3).76 Die vertrekkende korps is deur vroue, kinders en belangstellendes na die stasie vergesel. Onder ’n gejuig van ’n groot menigte het die Hollanderkorps om ongeveer 16:30 vertrek. Die res van die afdeling velddiens het drie dae later gevolg (Plokhooij 1901:4). Ná ’n lang reis van twee dae het hulle by die hooflaer van Piet Joubert aangekom. By Zandspruit was daar toe reeds sewe kampe van verskillende burgerkommando’s en van die Staatsartillerie.77

Engelenburg het reeds die oggend van 3 Oktober per trein vertrek, gewapen, maar ook met pen in die hand. Later daardie oggend, om 11:45, het hy in Volksrust aan sy aangetroude tante, Marie Koopmans-De Wet van Kaapstad, ’n telegram gestuur met die bewoording: “Op commando uitgegaan wees hartelijk gegroet alsook miss Margaret.”78 Hy het dieselfde dag die Pretoria-laer besoek en die volgende dag daaroor in De Volksstem berig: “Heden morgen bracht ik een bezoek aan het Pretoria lager en trof vele dorpsvrienden aan die gister per trein gekomen zijn.”79

brink2

Illustrasie 2. Perde van die Hollanderkorps word begin Oktober 1899 in veetrokke by Pretoria-stasie gelaai om na die oorlogsfront vervoer te word.
Bron: Foto-argief, NZAV, Amsterdam. C.D. van Lent-fotoversameling.

 

6. Engelenburg aan die oorlogsfront

Die tyd op Zandspruit is deurgebring met oefeninge, want al die lede van die Hollanderkorps was nog nie heeltemal tuis met ’n geweer of op ’n perd nie (Plokhooij 1901:5). Verveling was gou algemeen en die oorywerige Nederlanders het begin kla dat dit onverstandig en lafhartig van die regering was dat hulle nog nie oorlog verklaar het nie (Plokhooij 1901:1, 2, 5). Die jonger Nederlanders was driftig in hulle ywer en het die regering probeer aanpor tot oorlog (Plokhooij 1901:2). Cornelis Plokhooij80 was lid van die Hollanderkorps en het verklaar dat die Nederlanders “dom” was omdat hulle voortdurend gewens het dat die oorlog spoedig uitbreek sonder dat hulle werklik geweet het wat oorlog is. Hulle het gemeen dat die Boereleiers laks was omdat hulle nie eerste met die vyandelikhede wou begin nie (Plokhooij 1901:1).

Op 9 Oktober 1899 het die Transvaalse regering ’n ultimatum aan Groot-Brittanje gerig (Kemp 1941a:180–4). Die tyding van die ultimatum is met vreugde en geesdrif deur veral die Hollanderkorps begroet (Plokhooij 1901:5). In die ultimatum is onder meer geëis dat die verskille tussen die twee state vriendskaplik deur arbitrasie besleg word; dat die Britse troepe aan die grense onmiddellik onttrek word; dat alle troepeversterkings wat sedert 1 Junie 1899 in Suid-Afrika aangekom het, binne redelike tyd verwyder word; en dat die troepe wat reeds na Suid-Afrika onderweg was, by geen hawe aan wal gaan nie (Kemp 1941a:180–4; Kruger 1902:198–9).

Die Britse regering het die voorwaardes as onaanvaarbaar beskou en gevolglik het Brittanje en Transvaal met ingang 11 Oktober 1899 in ’n staat van oorlog verkeer (Kruger 1902:199). Die Vrystaat het, ingevolge sy verdrag van 1890 met die ZAR, Transvaal se oorlogspoging gesteun (Kruger 1902:167–8, 191, 206).81 Engelenburg het deur middel van sy blad alles in sy vermoë gedoen om oorlog te verhoed, maar daar was geen ander uitweg nie. Nadat die Kruger-regering oorlog verklaar het, het Engelenburg hom daarin berus en De Volksstem se lesers aangemoedig om gereed te maak, want “[d]e oorlog is dan verklaard en de uiteindelijke oplossing, hoe vreeselijk dan ook, heeft een gevoel van verlichting gebracht”.82

Saam met die krygsmag van generaal J.H.M. (Jan) Kock het ’n gedeelte van die Hollanderkorps op 13 Oktober Natal binnegeval en Charlestown en Newcastle beset. Teen dié tyd het die Hollanderkorps uit ongeveer 115 ruiters bestaan. Op Dinsdag 16 Oktober 1899 was Engelenburg nog op Newcastle. Hy het in die Bridge Hotel tuisgegaan en daardie aand het sy ete bestaan uit groenertjiesop, gestoofde skaapskenkels, koue bief, pannekoek en korentekoek.83 Dit is opvallend dat Engelenburg nie in die veld saam met die manskappe geslaap het nie. Om met ’n tikmasjien in die veld in ’n tent in wind en reën te werk, sou nie ’n maklike taak wees nie en waarskynlik was dit een van die oorweginge wat hom laat besluit het om soveel moontlik van sy werk in sy hotelkamer te doen. Hy was ook naby die telegraafkantoor en kon dus vinniger berigte na Pretoria stuur vir plasing in die koerant.

In die buitengewone uitgawe van De Volksstem op 16 Oktober het Engelenburg gerapporteer dat ’n berig per heliograaf ontvang is dat kommandant S.P. Erasmus met ’n kommando perderuiters in Newcastle aangekom het. In die Biggarsberg het daar 2 000 Britse soldate gelê wat nie ’n aanval gewaag het nie. Newcastle is sonder teenstand deur die Boere ingeneem. Die stasie te Charlestown is ook oorgeneem en by die telegraafkantoor het die Transvaalse vlag gewapper.84 Dieselfde dag het die regering besluit om die inhoud van al die winkels in Transvaal wat toegesluit was en waarvan die eienaars die dorp of land verlaat het, oor te neem en onder toesig van ’n kommissie te plaas. Die winkels is oopgebreek en ’n kwitansie uitgereik vir die goedere wat geneem is, waarna die winkels verseël is. Die regering het onderneem om die eienaars ná die oorlog daarvoor te vergoed.85

Onder druk van Brittanje is daar op 14 Oktober 1899, drie dae ná die uitbreek van die oorlog, ’n geheime Anglo-Portugese verdrag onderteken. Daarvolgens het die Britse regering en Portugal onderneem om nie mekaar se vyande te help nie en was Brittanje verplig om Portugal en sy kolonies te beskerm. Die Portugese regering het op sy beurt onderneem om vir die duur van die oorlog nie die deurvoer van krygsmateriaal na die ZAR via Mosambiek toe te laat of sy neutraliteit bekend te maak nie. Die verdrag het die ZAR van buitelandse hulp afgesny en Kruger se ideaal van ’n vrye toegang tot die see, vry van Britse invloed, finaal verydel (Edwards 1988:335).

Op 20 Oktober het Kock se mag, waaronder ook die Hollanderkorps en die Duitse korps, ongeveer 800 man altesaam, te Elandslaagte stelling ingeneem. Die volgende dag (Saterdag 21 Oktober 1899) is die Boerestellings deur ’n groot Britse krygsmag onder generaal sir J.D.P. (John) French aangeval en verslaan (Pakenham 1979:141–9).86 Hierdie veldslag, wat as die Slag van Elandslaagte bekend geword het, het ’n einde aan die Hollanderkorps se kortstondige bestaan gemaak. H.J. Coster, C.G. de Jonge en nog ses manskappe het gesneuwel, 20 is gewond, 35 krygsgevange geneem en twee is vermis.87Engelenburg, wat die slag meegemaak het, het dit in ’n spesiale uitgawe van De Volksstembeskryf. Aan die einde van die berig het hy geskryf: “Om zes uur heb ik het gevecht verlaten.”88Getrou aan die Europese tradisie van “veg tot die laaste man” het die Hollanderkorps pal bly staan in die aangesig van ’n oormag. Ná die Slag van Elandslaagte is die Hollanderkorps ontbind en het die oorblywende lede by Boerekommando’s aangesluit (Plokhooij 1901:33). As krygers in ’n afsonderlike eenheid was die Nederlanders te onervare en te oormoedig en nie vertroud met die Boere se besondere wyse van oorlogvoering nie (Plokhooij 1901:32).

 

7. Engelenburg en die velduitgawe van De Volksstem

Engelenburg was van mening dat hy beter dienste aan die saak van die Republieke kon bewys deur ’n velduitgawe van sy blad die lig te laat sien om die burgers ingelig te hou oor wat aan die verskillende fronte gebeur. Hy het ’n versoek gerig dat hy so ’n blad mag uitgee en met die nodige toestemming het hy kort daarna per telegram ’n setter en drukker, asook die nodige materiaal en ’n skryftafel aangevra.89

Die velduitgawe het hy genoem: De Volksstem – Veldtocht-Editie en onderaan die titel was die ZAR se leuse, “Eendracht Maakt Macht”, aangebring. In ’n spoorwegtrok van die NZASM, trok 20270, is ’n drukkery van Pretoria na Glencoe gestuur en in die trok het Engelenburg in Natal ’n daaglikse uitgawe uitgegee.90 Voortaan het Engelenburg ’n moeilike taak gehad om te vervul, naamlik om die moreel van die volk hoog te hou. In die uitvoering van dié selfopgelegde taak het hygetoon dat hy die siel en karakter van die Afrikaners verstaan. Hy het hulle lief en leed gedeel en geleer om die temperament van die Boer te begryp. Vertroue op God en geloof in die regverdigheid van die saak waarvoor geveg word, was sy slagspreuk (Badenhorst 1940:58).91 In sy pogings om die moreel van die burgers hoog te hou het Engelenburg die verloop van die oorlog besonder optimisties geskilder, al het dit soms moeilik gegaan. Sommige het hom sy optimisme kwalik geneem.92 Sy gees van vertroue het hy egter behou. Selfs in die donker dae toe Piet Cronjé homself aan die einde van Februarie 1900 met 4 000 burgers by Paardeberg in die Wes-Vrystaat aan lord Frederick Sleigh Roberts oorgegee het, het hy nog die burgers toegeroep: “Despereert niet! Houd moed! Blijft op God vertrouwen!”93 Roberts was in daardie stadium die opperbevelhebber van die Britse troepe in Suid-Afrika. Hy is vanaf 1900 deur Kitchener opgevolg.

Die joernalistieke waarde van De Volksstem gedurende die oorlog is later deur eietydse skrywers – veral Winston Churchill en R.H. Davis – ontleed. Volgens hulle was baie min, indien enigiets, wat gedurende die oorlog in De Volksstem gepubliseer is, akkuraat (Churchill 1900:155; Davis 1900:168). Engelenburg is ook beskuldig van partydige nuusdekking (Churchill 1900:155; Davis 1900:168). In sekere mate was die kritiek gegrond. Engelenburg het nie ’n geheim daarvan gemaak dat sy koerant die mondstuk van die Kruger-regering was nie.94 De Volksstem was nie slegs ’n belangrike kommunikasiemiddel wat nuus aan sy lesers verskaf het nie, maar as gevolg van die standpunt wat hy gereflekteer het, was dit ook ’n propagandamiddel vir die regering. Engelenburg het sy lesers verseker dat De Volksstem betroubare nuus sou verskaf, maar bygevoeg dat die koerant sou optree in diens van die regering.95 Volgens Engelenburg was dit sielsverheffend om vir die vaderland te ly en te stry. Die wêreld se oë was op die Boere gevestig en met intense aandag het die ganse beskaafde mensheid die ZAR se krygsdade gevolg. Hy het aangevoer: “Laat ons de lendenen omgord houden, opdat een eervolle vrede ons deel worde.”96

Die meriete van De Volksstem se joernalistieke akkuraatheid gedurende die oorlog sou miskien in twyfel getrek kon word, maar die invloed van dié koerant en die belangrikheid daarvan in die lewe van die mense van Pretoria was onteenseglik. Die kantore van De Volksstem in Pretoriusstraat was tot 4 Junie 190097 die middelpunt van die dorp se aandag. Engelenburg het gesorg dat die nuutste oorlogsnuus daagliks beskikbaar was. Lyste van gesneuwelde, gewonde en gevange Boere is in die voorste vensters van die Volksstem-gebou aangebring sodat die gemeenskap dit kon nagaan en onder mekaar kon bespreek (Schoeman 1972:222). De Volksstem van Pretoria en The Standard & Diggers’ News van Johannesburg was in daardie stadium feitlik die enigste kommunikasiekanale tussen die burgers te velde en hulle families by die huis en het ’n belangrike ondersteunende en sosiale rol gespeel (Leipoldt 1938:21). Vroue wat die burgers aan die front van kos en klere voorsien het, is deur De Volksstem bedank. ’n Berig in die koerant het die vroue tuis gerusgestel dat die kos aan die front verbeter het as gevolg van veldbakkerye (Pretorius 1991:59, 64, 66). Om die lewe vir die burgers in die veld ’n bietjie gemakliker te maak, het Engelenburg ’n tabakfonds gestig om hulle van tabak te voorsien.98 Hy was self ook lief vir sy tabak. Die algemene reaksie was baie goed en selfs Paul Kruger het £10 uit sy eie beursie bygedra. Heelparty winkeleienaars het ook geld geskenk en een winkelier het 1 000 lb (ongeveer 450 kg) tabak belowe. Op 23 November 1899 het die fonds reeds op £347 gestaan en is ’n groot versending pype, tabak en vuurhoutjies na die Natalse front gestuur.99 Firmas wat tot in Mei 1900 bygedra het, was onder andere Van Erkoms en Lewis & Marks.100 Die burgers was baie bly oor die ekstra tabak. N.J. Pretorius het ’n persoonlike brief van dank aan Engelenburg gestuur.101

Tot einde Mei 1900 en vroeg in Junie is The Standard & Diggers’ News en De Volksstem na die front gestuur, waar die burgers die koerante in blye afwagting ontvang het. Met die val van Pretoria op 5 Junie 1900 is die posdiens en dus ook die verspreiding van De Volksstem in die ZAR tot ’n einde gebring (Pretorius 1991: 132, 134).

 

8. Engelenburg by die Slag van Colenso

Hoewel die Portugese regering beloof het om Brittanje gedurende die oorlog te help, was die plaaslike bevolking in Mosambiek die Boere goedgesind en duidelik teësinnig om die Britte by te staan. Hulle het toegelaat dat allerlei goedere deur Delagoabaai die ZAR bereik. Talle vreemdelingvrywilligers wat aan Boerekant wou veg, het in Delagoabaai voet aan wal gesit en ongehinderd en met die medewete van die Portugese amptenare na Pretoria gereis (Wattel 1900:3). Op hierdie wyse het kolonel Georges De Villebois-Mareuil daarin geslaag om Pretoria in November 1899 te bereik en sy dienste vir die ZAR-regering aan te bied. De Villebois-Mareuil was voorheen kommandant in die Franse leër. Gedryf deur simpatie vir die Boere en deur bemiddeling van Leyds het hy na die ZAR gekom.102 Die regering het hom na Natal gestuur, waar die beleg van Ladysmith ’n aanvang geneem het. Hy het nie, soos sommige Europese dagblaaie beweer het, as bevelvoerende offisier opgetree nie, maar wou hom vertroud maak met die plaaslike toestande en die Suid-Afrikaanse gevegsmetodes.103 Op 13 Desember het hy op die terrein aangekom, waar hy en sy geselskap naby die telegraaf op die oewer van die Tugelarivier kamp opgeslaan het. Hy het, wanneer hy daarom gevra is, advies aan kommandant-generaal Piet Joubert en generaals Louis Botha en Burger gegee.104 Die dag nadat hy by Colenso aangekom het, het hy Botha en Engelenburg ontmoet. Daardie aand, 14 Desember, het hy Engelenburg vir ete genooi. Luitenant Ernest Galopaud het die ete voorberei (De Villebois-Mareuil 2000:24). Engelenburg en De Villebois-Mareuil het daarna heelwat tyd in mekaar se geselskap deurgebring, sekerlik om die oorlogsituasie te bespreek.

Kort voor die Slag van Colenso het die Boere hulle posisies teenoor die Britse soldate ingeneem. Die plan was dat die Boere sou toelaat dat die vyandelike troepe ongehinderd oor die brug tot op die noordelike Tugela-oewer beweeg en dat die Boere dan eers met die geveg sou begin. Op 1 Desember 1899 het Engelenburg die situasie soos volg beskryf: “Onze troepen liggen op ongeveer kanonschoot afstand van de vijand, die op ongeveer zes duizend man geschat wordt. Men verwacht eerstdaags hevig treffen.”105

Gedurende die paar dae van afwagting het die vyand die gebied voortdurend met kanonne gebombardeer. Die Boere het nie teruggeskiet nie, sodat die Britte moes aanneem dat dit ’n maklike weg sou wees om by Ladysmith te kom en dit in te neem. Die Boere se loopgrawe het die hele terrein gedek en omdat hulle kanonne die brug heeltemal onder skoot gehad het, was ’n terugtog van die Britte oor die rivier amper ondenkbaar. Die voortdurende kanonskote het die burgers ontsenu en generaal Botha moes al sy krag en vernuf gebruik om die ongeoefende burgers in hulle loopgrawe te hou.

Die oggend van 15 Desember, die dag waarop die Engelse Colenso aangeval het, het Galopaud, De Villebois-Mareuil en Engelenburg te perd vertrek en nadat hulle die spoorlyn gevolg het, het hulle hul tussen Colenso en die Bosrantheuwel (Hlangwane) links anderkant die Tugelarivier ingegrawe, waar hulle gemeen het die fokus van generaal Redvers Buller106 se offensief sou wees. Die aanval op die Boerestellings, wat wigvormig oor die vlakte versprei was, is soos verwag deur die Britse soldate uitgevoer en die Boere het die beweging netjies ontwrig. Die Britte het hulle met oorvloedige maar oneffektiewe grofgeskut vir die aanval voorberei. Die aantal kartetse wat De Villebois-Mareuil en Engelenburg sien val het voordat skrapnel rakelings tussen Galopaud se hoed en oor verbygeskiet het, was ongelooflik. Die Boere het eenvoudig skuiling tussen die koppies gesoek en in die rook van die Britte se grofgeskut is baie geld verspil sonder dat dit enige effek gehad het. Die Boere het die aanval met sukses afgeweer (De Villebois-Mareuil 2000:25–6). Engelenburg het die aanval op 15 Desember self beleef en het na Pretoria gesein dat die vyand teen sewe-uur die oggend sy aanvalslinie ontplooi en in die vlakte teenoor die Boere stelling ingeneem het. Hy het die verloop van die veldslag in De Volksstem beskryf: “De Franse kolonel De Villebois, die met Galopaud en mijzelf de veldslag bijwoonden en zich kalm onder het kanonvuur bewoog, prijst de moed en niet minder het krijgsbeleid diens officieren.”107

Engelenburg se “Oorlogs-indrukken” is in drie hoofartikels in De Volksstem geplaas, waarvan die eerste op 16 Desember 1899 verskyn het. Hy, en ook De Villebois-Mareuil, het die Boere se kalmte voor en ook ná ’n veldslag bewonder. Engelenburg het verduidelik:

De Franse kolonel met wie ik van het begin tot het einde de slag te Colenso, dd. 15 Desember doormaakte, was verbaasd over de singuliere kalmte welke, gedurende maar vooral na afloop van het gevecht, dat op een volkomen overwinning voor de Transvalers was uitgelopen, in hunne gelederen permanent was gebleven.108

In die amptelike verslae van Boeregeneraals en -kommandante oor hulle geslaagde krygsoperasies het Engelenburg vergeefs gesoek na verskoonbare trompetgeskal onder sulke omstandighede. Ewemin het hy uitroepe van “hoera!” van die kant van die Boere op die slagveld gehoor. Krygsgesange het hulle nog ontbreek. Die enigste bron van krag waaruit hulle, miskien onbewus, geput het, was gebed. Engelenburg het waargeneem dat die Afrikaners baie terughoudend was met uiterlike blyke van selfvertroue. Psigiese selfopwinding was vir hulle vreemd en hulle het ewemin gesoek na vooraf versterking vir die geveg in die gebruik van alkoholiese drank, soos wat die geval was by byna alle ander “beskaafde” leërs.109

Ná die Slag van Colenso het De Villebois-Mareuil en Galopaud die stelling by Ladysmith besoek en op 21 Desember het hulle weer eens na Colenso gegaan. Hulle het weer vir Engelenburg gesien, wat saam met hulle in die kamp by die Tugela was. 22 Desember was sonder militêre aksie en De Villebois-Mareuil het die tyd benut om ’n lang gesprek met Engelenburg te voer, wat aan hom interessante inligting oor die gewoontes van Boerefamilies verstrek het (De Villebois-Mareuil 2000:29).

Die namiddag van 28 Desember het Engelenburg en Galopaud na Pretoria vertrek (De Villebois-Mareuil 2000:38), waar hulle op Nuwejaarsdag 1900 aangekom het. Engelenburg was “nu hier om een beetje by te komen en de gestoorde ingewands-arbeid te herstellen”.110

De Villebois-Mareuil het hom daarna na die Vrystaat begewe. Hy is te Kroonstad tot generaal bevorder en met ’n klein kommando wat hy versamel het, het hy oos van Kimberley geopereer.

In Maart 1900 is die sogenaamde tweede Hollanderkorps opgerig, in werklikheid ’n vreemdelingelegioen onder bevel van De Villebois-Mareuil (Van Everdingen 1905:147). Ook hierdie vrywilligerskorps het spoedig tot ’n einde gekom. Op 5 April 1900 is De Villebois-Mareuil se mag van 50 Nederlanders en 25 Franse deur lord Paul Sanford Methuen111 naby Boshoff in die Vrystaat verslaan. De Villebois-Mareuil en ’n groot aantal manskappe het gesneuwel en die res is krygsgevange geneem (Van Everdingen 1905:154–5).

 

9. Engelenburg terug in Pretoria

Teen Januarie 1900 was Engelenburg nog vol moed dat die oorlog bevredigend vir die Boere sou afloop.112 Aan Leyds se vrou, Louise, het Engelenburg geskryf dat hy van die aanvang van die oorlog af die veldtog meegemaak het, eers saam met generaal Joubert, later op sy eie, toe weer met die een of ander kommando. Ná sy terugkeer van die oorlogsfront af het hy baie hard by die De Volksstem-kantoor gewerk. Die meeste van die joernaliste was uit na die slagvelde om nuus te versamel. Engelenburg het nie ’n idee gehad hoe lank die oorlog nog sou duur nie.113

Op 20 Februarie 1900 was Engelenburg nog in Pretoria en het hy aan staatsekretaris F.W. Reitz geskryf dat indien De Volksstem kon ophou om te verskyn, hy en drie of vier van die koerantpersoneel hulle vir krygsdiens beskikbaar sou stel. Reitz het egter gereken dat die voortsetting van die koerant van groter staatsbelang geag sou word as hulle teenwoordigheid aan die front. Indien die staatspresident en staatsekretaris sou besluit dat De Volksstem moes voortgaan, was dit noodsaaklik dat Engelenburg saam met die drie- of viertal persone in Pretoria bly.114 Behalwe die koerant wat in Pretoria uitgegee is, het De Volksstem voortgegaan om deur middel van die oorlogskorrespondente nuus van die oorlogsfront aan die volk te verskaf. Reitz was klaarblyklik van mening dat Engelenburg beter diens aan die regering kon lewer deur te sorg dat De Volksstem elke dag met die nuutste oorlogsnuus verskyn, want Engelenburg het nie weer na die oorlogsfront teruggekeer nie.

Engelenburg het op 8 Mei weer in die koerant ’n ernstige beroep op die burgers gedoen om voort te veg. Elke Transvaler was voor God verplig om sy “roer” te vat en sonder aarseling te doen wat hy in volle erns beloof het, naamlik om vir die ZAR te stry tot die laaste. Engelenburg het geweet dat die Afrikanergemeenskap se godsdienssin sterk is en hulle gemaan dat “[d]e straf Gods ons (zal) treffen wanneer we in de ure van gevaar de handen slap laten neer leggen”.115 Ongeveer ’n week later het hy ’n laaste beroep op die Boere gedoen om hulle eer te handhaaf en te veg tot redding opdaag.116

As politieke nuusblad het De Volksstem veel daartoe bygedra om die hande van die regering te sterk. As mondstuk van die regering het die koerant sy invloed laat geld ten einde die burgers om die regering te skaar en te staal vir die onverbiddelike stryd wat hy teen oorweldigende magte moes voer. Deur sy optrede het die blad steeds nader aan die hart van die mense gekom en die feit dat De Volksstem tydens die Anglo-Boereoorlog staande gebly het totdat alle bestaansmoontlikhede hom ontneem is, bewys dat dit die vertroue van beide regering en die publiek geniet het (Badenhorst 1940:58).117

 

10. Engelenburg en die inname van Pretoria

Ná die val van Bloemfontein op 13 Maart 1900 het die Britte op 3 Mei 1900 die groot opmars na Pretoria begin. Op 31 Mei was lord Roberts in Johannesburg, en op 5 Junie is Pretoria beset. Paul Kruger en die Transvaalse regering het Pretoria reeds op 29 Mei verlaat en met die Oosterspoorlyn na Machadodorp gereis, waar Kruger by sy aankoms ’n proklamasie uitgevaardig het dat dit voorlopig die setel van die regering sou wees (Kruger 1902:203).

Met die inname van Pretoria het Roberts opdrag gegee dat al die wonings deursoek word. Engelenburg se huurhuis in St. Andriesstraat is ook deursoek. Al wat hulle kon vind, was ’n leë bandelier en op grond daarvan het hulle hom gearresteer. By sy arrestasie was sy vennoot en jare lange vriend, Izaak Wallach, teenwoordig. Wallach het sy teenwoordigheid van gees behou en ’n groot fles met baie ou brandewyn, waarvan Engelenburg altyd ’n goeie voorraad gehad het, gevul en aan sy vriend gegee. Om sewe-uur die aand is Engelenburg onder begeleide na die ou aanklagtekantoor op die hoek van Pretorius- en Kochstraat (nou Bosmanstraat) geneem. Hy is in een van die vuil klein selle opgesluit sonder dat borgtog toegestaan is. Sy sel was in een van die oorgeblewe geboue waarin die Reformers van die Jameson-inval gehuisves is (Wallach 1945:4). Hy het later teenoor Wallach opgemerk dat die fles brandewyn sy lewe gered het. Die stank in die sel was onuithoudbaar. Engelenburg se saak is ’n paar dae uitgestel en steeds is borgtog geweier. Daarna is hy na die ou Sentrale Gevangenis oorgeplaas, wat later jare deur die SA Munt gebruik is. Daar was sy sel ’n bietjie geriefliker (Wallach 1945:4). Sonder borgtog is hy ook daar ’n paar dae aangehou. Eindelik is Engelenburg tot ’n boete van £20 of drie maande gevangenisstraf gevonnis. Die boete is betaal en Engelenburg is daarna vrygelaat (Wallach 1945:4).

Gedurende die paar dae ná sy vrylating is Engelenburg steeds as ’n oorlogsgevangene beskou. Hy was onder huisarres en kon dus nie meer vrylik in die hoofstad van die Republiek rondbeweeg nie. Op 6 Julie 1900 het hy die reëls oortree; waarskynlik het hy die huis sonder toestemming verlaat. Hy is weer gearresteer en in die tronk aangehou. Wyncko Tresling, een van De Volksstem se redaksielede, het ’n plan bedink om Engelenburg in die sel te gaan besoek en op een van Tresling se visitekaartjies het die assistentkommissaris van polisie ’n kort nota aan die Commandant of Jail geskryf: “Kindly allow Mr. W. Tresling to give food to Dr. Engelenburg and to see him on behalf of his wife.”118

Engelenburg was nie getroud nie, maar Tresling het dit as ’n verskoning gebruik om hom te sien. Hy is dieselfde dag vrygelaat en verder in huisarres gehou. Engelenburg en ook Wallach het daarna kennis gekry om die ZAR te verlaat en is aangesê om na Stellenbosch in die Kaapkolonie te gaan (Wallach 1945:4). Hy was van oordeel dat hy in daardie stadium en in dié omstandighede weinig in Suid-Afrika kon uitrig (Wallach 1945:23) en ná beraadslaging het hy en Wallach besluit om toestemming van generaal John Maxwell119 te vra om na Europa te gaan. Die versoek is toegestaan, mits hulle via Southampton reis en hulle in Londen aanmeld (Wallach 1945:3–5). Voor hulle vertrek na Europa het dit Engelenburg bygeval dat daar in sy kantoor belangrike dokumente was wat veral president Kruger nie sou wou hê in die Britte se hande moes beland nie. Hy het toe gou ’n plan bedink om die dokumente te gaan haal. Op 7 Julie het hy aan die hoofprovoos geskryf en gevra of hy dit sou oorweeg om aan hom ’n residensiële pas uit te reik. Engelenburg het genoem dat hy verplig was om daagliks by die hoofprovoos se kantoor aan te meld, maar sonder ’n pas kon hy op pad na dié se kantoor weer gearresteer word.120

Drie dae later, op 10 Julie 1900, het hy ’n pas van die hoofprovoos bekom wat hom gemagtig het om tot Saterdag 14 Julie 1900 gedurende die dag ongehinderd uit die huis te beweeg. Die pas het selfs daarvoor voorsiening gemaak dat hy die aande van 10 en 11 Julie tot 10 namiddag uit die huis kon wees.121 Om die belangrike dokumente uit sy kantoor te gaan haal, het Engelenburg sy allerdeftigste klere te voorskyn gehaal: manelpak en pluishoed, met alle denkbare medaljes, ordetekens en so meer wat hy in sy besit gehad het aangespeld, het hy in ’n rytuig geklim en reguit na die Volksstem-kantoor in Pretoriusstraat gery. Die gebou was gesluit en voor die deur het ’n militêre wag gestaan. Deftig maar kalm het Engelenburg uit die rytuig geklim, reguit na die voordeur gestap en die wag met ’n effens neerbuigende “Good morning” gegroet. Terwyl die wag, menende dat hy met ’n hoogwaardigheidsbekleër van die nuwe gesag te doen gehad het, die geweer gepresenteer het, het Engelenburg met sy eie sleutel die voordeur oopgesluit en dit agter hom weer dig toegemaak. In sy kantoor het hy al die waardevolle dokumente bymekaar gemaak en daarmee by die gebou uitgestap met die wag wat weer die geweer gepresenteer het. Engelenburg het sy groet herhaal en met die dokumente weggery (Wallach 1945:23).

Voor sy vertrek na Europa is ’n vergadering in Engelenburg se huis in St. Andriesstraat belê. Behalwe Engelenburg en Izaak Wallach was F.T. Nicholson en F.J. Schikkinger aanwesig. Daar is onder meer besluit om Nicholson volmag te gee om met die Volksstem-besigheid in Engelenburg en Wallach se belang volgens sy beste insigte te handel. By die Nederlandsche Bank kon geld getrek word, onder meer vir geval die Argus-Maatskappy onmiddellike betaling eis vir papier wat vir De Volksstem opgekommandeer is. In Pretoria het die drukpers van De Volksstem egter tot stilstand gekom (Ploeger en Orban 1960:19).

 

11. Engelenburg en Wallach vertrek na Europa

Middel Julie 1900 het Engelenburg en Izaak Wallach op ’n koue, stowwerige dag per trein in ’n tweedeklasrytuig uit Pretoria vertrek. Vooraf het Wallach ’n kosmandjie laat inpak met genoeg kos vir drie tot vier dae. Die trein is egter op Kroonstad vertraag, omdat generaal De Wet die spoorlyn beset het. Die passasiers kon van die Kroonstad-stasie af die geskut hoor. Wallach het van die trein afgeklim en toe die stasiemeester, ’n Britse kaptein, ontmoet wat hom vriendelik gegroet het omdat hy Wallach herken het as ’n ou krieketspeler. Die kaptein het aangebied dat Wallach enigiets kon kry wat hy en sy vriend nodig gehad het en op dié manier het hy bier en whisky in die hande gekry. Triomfantlik het Wallach met sy vonds na hulle kompartement gegaan. Engelenburg was baie ingenome daarmee, maar het as Nederlander voorkeur aan jenewer, en veral Bols-jenewer,122 gegee. Wallach het hom belowe dat hy dit vir hom in die hande sou kry (Wallach 1945:5).

Daardie namiddag het Wallach ’n welbekende Afrikaner-advokaat ontmoet wat voor die oorlog in Johannesburg gepraktiseer het. Tot sy verbasing was die advokaat in die uniform van ’n Britse offisier. Hy wou by Wallach die jongste nuus verneem en het verskoning gevra vir sy uniform, omdat hy “net maar regsadviseur by die Britse magte” is (Wallach 1945:5). Wallach het besluit om geen nuus aan die advokaat oor te dra nie. Laasgenoemde moes klaarblyklik aan die Britte genoem het dat Wallach en Engelenburg aan Boerekant was, want die volgende dag het hulle houding jeens die twee passasiers verander en het die stasiemeester geweier om enigiets verder aan hulle te gee. Engelenburg het toe nie die jenewer gekry wat sy vriend hom belowe het nie. Hulle is ook aangesê om nie weer op die platform te verskyn nie. ’n Halfuur later is ’n wag by hulle spoorwa geplaas. Die volgende aand, toe hulle kosmandjie leeg was, het hulle slegs Australiese “bully beef” en droë beskuitjies van die Britte ontvang. Volgens Wallach was alles baie onsmaaklik (Wallach 1945:5–6).

Ná vyf vermoeiende dae op die Kroonstad-stasie het dit die trein nog vier dae geneem om Kaapstad te bereik. Engelenburg en Wallach het besluit om na die Mount Nelson Hotel te gaan, aangesien die boot wat hulle na Europa moes neem, eers drie dae later sou uitvaar. Die Mount Nelson het sy deure net meer as ’n jaar tevore, op 6 Maart 1899, geopen. Dit was die eerste hotel in Suid-Afrika wat lopende warm en koue water aangebied het en het luukse akkommodasie vir passasiers van die Union- en die Castle-lyn-bote verskaf.123 Dit was dus ’n logiese besluit van Engelenburg en Wallach om eerste by die Mount Nelson Hotel vir akkommodasie aan te klop.

Lords Horatio Herbert Kitchener124 en Frederick Sleigh Roberts, generaal sir Redvers Henry Buller en die jong oorlogskorrespondent vir The Morning Post, Winston Churchill, het die Mount Nelson as hulle basis gebruik.125 Ofskoon dit in die middel van die winter was, het die hotelbestuurder Engelenburg en Wallach meegedeel dat hy nie vir hulle plek het nie en dat die hotel vol is. Omdat die hotel as basis vir die Britse offisiere gebruik is, kon die hotelbestuur sekerlik nie anders as om Engelenburg en Wallach weg te wys nie, aangesien hulle aan Boerekant was. Van daar het hulle toe na die Royal Hotel gegaan, waar dieselfde gebeur het. Ook by die Grand Hotel op die hoek van Adderley- en Strandstraat kon hulle nie plek kry nie. Die hotelle wou hulle nie akkommodeer nie en het geen rede verstrek nie. Van neutraliteit in Kaapstad was daar dus geen sprake nie.

By die White House Hotel het die bestuurder hulle meegedeel dat hy ’n wenk van die owerheid ontvang het om hulle nie in te neem nie. Hy het egter gedink dat dit onbillik sou wees en het besluit om hulle te akkommodeer. Die twee here was dus nie juis welkom in Kaapstad nie en die hotelbestuur het hulle toegelaat op voorwaarde dat Engelenburg verantwoordelikheid sou aanvaar vir enige skade wat aan die gebou aangerig word indien ’n klipgooiery sou plaasvind. As voorsorg het Engelenburg polisiebeskerming versoek, wat dadelik verskaf is (Wallach 1945:6). Die tweetal het spoedig daarna stil uit Kaapstad vertrek (Wallach 1945:6–7). Ten tye van Engelenburg se vertrek na Europa was Kruger en die ZAR-regering in Nelspruit, waar daar besluit is om Kruger deur Delagoabaai na Europa te stuur om daar die Boere se saak te bevorder. Die President het op 20 Oktober 1900 op die Gelderland vertrek (Meintjes 1974:247–50).

In Augustus 1900, op die boot op pad na Europa, het Engelenburg en Wallach hulle stil gedra met geen noemenswaardige voorvalle nie. By Madeira het hulle verneem van die verhoor van ’n staatsaanklaer van Johannesburg, dr. F.E.T. Krause, wat in Londen sou plaasvind. Krause is tydens die oorlog deur Kruger aangestel as spesiale kommandant vir Johannesburg. Krause wou ’n sekere Forster laat arresteer omdat dié onwettig inligting uit die aanklaer se kantoor aan die Britse magte verstrek het. Ná die inname van Johannesburg deur die Britte is Krause toegelaat om in die stad te bly, maar hy is later aangesê om na Brittanje te gaan. Terwyl hy in Brittanje was, het Forster in Johannesburg met sy anti-Boer-bedrywighede voortgegaan. Krause het briewe aan sy voormalige kollega, Cornelis Broeksma, gestuur met versoeke om op ’n regmatige manier van Forster ontslae te raak. Die Britte het die briewe onderskep en Broeksma is gearresteer. Krause is daarop in Londen in hegtenis geneem op aanklag van hoogverraad. Dié aanklag is later teruggetrek, maar Krause is skuldig bevind aan aanhitsing om moord te pleeg. Hy het twee en ’n halwe jaar in Brittanje agter tralies deurgebring (Van Rhyn 1977:491–2). Broeksma is in Johannesburg tereggestel.

By Madeira aangekom, is die eersteklaspassasiers op algemene versoek toegelaat om in Sint-Vincent aan land te gaan. Engelenburg het intussen besluit om nie in Londen aan te meld, soos die ooreenkoms was wat hy in Pretoria met die Britte aangegaan het nie. Die verhoor van F.E.T. Krause in Londen het hom en Izaak Wallach laat besluit om in Madeira af te klim. Hulle het hul bagasie bymekaar gemaak, ’n private boot gehuur en stilweg op die eiland verblyf gekry. Die meeste dames op die boot wou eers die volgende oggend die stad besoek, maar as gevolg van ’n paar manspassasiers wat die reëls oortree het, is die besoek die volgende oggend nie toegestaan nie (Hellemans 1901:219–20). Die mans wat die reëls oortree het, was waarskynlik Engelenburg en Wallach, wat besluit het om op Madeira agter te bly. Die boothet sonder hulle na Nederland vertrek. Op Madeira het die twee vriende sowat ses weke vertoef voordat hulle ’n boot gekry het om hulle na Lissabon te neem, waar hulle ’n ruk lank in die Continental Hotel tuisgegaan het.

 

12. Leyds en Engelenburg in Europa

Cornelis van Boeschoten het voor die oorlog uit die ZAR na Brussel verhuis om dr. Leyds by te staan. Van Boeschoten was ’n Nederlands-Transvaalse onderwyser en was van 1872 tot 1880 ’n skoolhoof in Pretoria. In 1881 is hy aangestel as sekretaris van die Uitvoerende Raad. Hy was die waarnemende staatsekretaris toe Leyds in 1895–96 in Europa was met ’n keelaandoening. Leyds het reeds vóór die aanvang van die oorlog besef dat Van Boeschoten nie bekwaam was vir die werk in die gesantskantore nie en het iemand in sy plek gesoek. Van Januarie tot Maart 1899 was Leyds in Pretoria om sekere sake in verband met sy werksaamhede as gesant met die ZAR-regering uit te klaar, asook sy verhouding met die regering. Hy het Engelenburg toe reeds probeer oorreed om na Europa te kom om die werk van Van Boeschoten oor te neem en in bevel te wees van die ZAR se belange in Brussel, van waar hy dan ook by die eventuele afwesigheid van Leyds in sy plek kon optree. Omdat daar weinig persone was wat vir die betrekking in aanmerking kon kom, het Leyds groot druk op Engelenburg geplaas om die pos te aanvaar indien die regering Engelenburg sou kies om na Brussel te gaan. Engelenburg het dit toe ernstig oorweeg, mits hy die voortsetting van De Volksstem, wat hy op stewige basis geplaas het, so kon reël dat hy nie sy belange daarin prysgee nie.126 Engelenburg was waarskynlik verlig toe die regering besluit het om hom nie na Europa te stuur nie, omdat hy gemeen het dat sy dienste in Suid-Afrika van meer waarde sou wees.

Leyds was met sy hande in die hare, want bykomend tot die uitgebreide korrespondensie met ’n aantal konsuls en ander semi-amptelike verteenwoordigers was hy toegegooi onder briewe van mense wat allerhande soorte hulp aangebied het, hulle beskikbaar gestel het om vir die Afrikaners te gaan veg of advies gegee het in die vorm van gevegstrategieë en duur uitvindsels van nuwe wapentuig. Hoewel die meeste briewe nie enige waarde gehad het nie, het Leyds sy personeel streng opdrag gegee om op elke brief te reageer omdat hy nie die risiko wou loop om die welwillendheid van die publiek te verloor nie (Van Niekerk 1980:60–1). As gevolg van dié opdrag was die gesantskap se kantoor baie besig gedurende die maande voor en tydens die Anglo-Boereoorlog. Leyds moes meer as ’n dosyn administratiewe beamptes aanstel. Sommige het slegs ’n paar weke lank diens gedoen, wat nie konsekwentheid in die administrasie van die kantoor bevorder het nie. Belangriker was die feit dat daar intern ’n konstante vrees vir spioenasie bestaan het. Van die permanente personeel het hulle ook nie juis as baie bekwaam bewys nie (V. Kuitenbrouwer 2010:99; 2012:111–2). Dit is dus te verstane dat Leyds alles probeer het om Engelenburg na Europa te laat kom. Benewens die feit dat Engelenburg ’n regsgeleerde was, kon hy hom in hoë kringe handhaaf en was hy agt tale magtig. Leyds sou hom met alle delikate situasies kon vertrou en hy sou die ideale persoon wees om mee saam te werk.

Ná ’n verblyf van ’n paar weke in Lissabon het Engelenburg na Parys gegaan, waar hy dr. Leyds ontmoet het (Wallach 1945:7). Van daar is die twee vriende na Hamburg in Duitsland vir samesprekings met bankiers. Tydens die Anglo-Boereoorlog was Leyds se grootste verantwoordelikheid en die saak wat hom die meeste bekommer het, die beheer van die ZAR se finansiële bates in Europa. Dié bates is by Labouchere Oyens & Kie., die ZAR se bankiers in Europa, belê. Niemand kon voorsien hoe lank die oorlog sou duur nie en Leyds moes sorg dra dat die fondse nie uitgeput raak nie. Die bates moes met die grootste versigtigheid hanteer word, want gedurende die oorlog is die fondse nooit uit Suid-Afrika aangevul nie. Leyds moes inteendeel gedurig uitbetalings doen. Uitbetalings moes gedoen word vir onder meer die lopende uitgawes van die gesantskap en konsulate, propaganda, die ZAR se rekeninge by die wapenfabrieke, en so meer. Vanselfsprekend moes die finansies van die ZAR en al die transaksies ten strengste geheim gehou word. Die Britse regering moes nooit weet hoe sterk of swak die finansiële toestand van die Boererepublieke was nie (Van Niekerk 1985:268–9).

In Junie 1900 het Labouchere Oyens & Kie. sonder enige voorafgaande mededeling eensklaps geweier om Leyds se verdere opdragte in verband met uitbetalings uit te voer. Hulle het vir die eerste keer sedert die ZAR ’n gevolmagtigde gesant gehad het, ’n skriftelike bewys geëis dat Leyds wel deur die ZAR gemagtig was om oor die fondse te beskik.

Op 24 Julie 1900 het die Uitvoerende Raad van die ZAR by Waterval-Onder kajuitraad gehou oor die middele wat aangewend kon word om te verhoed dat, al sou die Britte die oorlog wen, die Afrikanerdom sy identiteit verloor en vernietig word.127 Drie besluite is gevolglik geneem: Eerstens is Leyds gemagtig om alle gelde in Europa en Brittanje wat aan die ZAR behoort het, op te eis en van skuldenaars en depositarisse in te vorder. Hy moes alle aandele, middele en bates verkoop, verhandel, realiseer of verpand. Ten tweede is besluit om Leyds te magtig om al die bates op sy eie naam en krediet te plaas en ter beskikking van die regering te hou en dat hy die geld ná die oorlog sonder versuim op naam en krediet van ’n benoemde kommissie moes plaas. Die derde geheime besluit was dat indien die Britte die twee Boererepublieke verower, ’n kommissie benoem moes word om oor alle finansiële bates van die ZAR te beskik.128 Deur hierdie drie raadsbesluite is groot verantwoordelikheid op Leyds se skouers geplaas om die buitelandse bates van die ZAR persoonlik te beheer en oordeelkundig aan te wend vir die onvoorspelbare duur van die oorlog. Die besluite is onderteken deur S.J.P. Kruger (staatspresident), F.W. Reitz (staatsekretaris), S.W. Burger (lid uitvoerende raad), L.J. Meyer (lid uitvoerende raad) en L.J. Jacobsz (assistentstaatsprokureur).129 Bogenoemde besluite is reeds aan die einde van Mei 1900 voorlopig geneem en op 24 Julie amptelik bekragtig. Reeds op 29 Mei 1900 het die staatsekretaris in Pretoria via die ZAR se konsul-generaal in Mosambiek, G. Pott, die voorlopige besluit van die Uitvoerende Raad per brief aan Leyds in Brussel deurgegee. Dit is aan Leyds opgedra om alle sekuriteite van waarde, spoorwegaandele en dies meer wat aan die regering behoort het, onmiddellik te realiseer en die opbrengs daarvan op sy eie naam te belê. Die fonds sou later in opdrag van die ZAR-regering of van die president persoonlik op naam van ’n gesamentlike kommissie geplaas word as ’n nasionale fonds ter bevordering van die Afrikaner se saak.130

Leyds het ’n klein bedrag in die ZAR se rekening by die firma Labouchere Oyens en Kie. gelaat en die orige fondse en effekte getrek om elders te belê. Die onttrekking van die fondse en Leyds se magtiging was net betyds. Lord Roberts het die anneksasie van die ZAR formeel geproklameer en op 10 September 1900 het Joseph Chamberlain vir Labouchere Oyens & Kie. skriftelik daarvan in kennis gestel en geëis dat al die ZAR se bates by die bank bevries word. Hy het die bank gelas om verslag te doen van al die bates van die voormalige regering van die ZAR en gewaarsku dat daar geensins daaroor beskik mog word sonder Britse goedkeuring nie (Leyds 1931:296–7). Leyds het dit nie wenslik geag om al die fondse op sy naam by een bank te deponeer nie. Hy het die fondse onderverdeel en dit met die hulp van ’n paar vertrouelinge by verskillende banke belê. Ter wille van geheimhouding moes dié persone die fondse op hulle eie name deponeer. Dit is dan waarom Leyds Engelenburg in Hamburg, Duitsland, ontmoet het. Hy het aan Engelenburg die som van 1 430 426,35 Duitse mark oorhandig, asook agt effekte van £1 000 elk. Die geld moes Engelenburg op sy eie naam by ’n paar banke belê.131 Namens die ZAR het Leyds op 26 Januarie 1901 so ’n ooreenkoms ook met Jacobus Leonardus Cluysenaer, ’n spoorwegingenieur, en Cornelis Hendrik Beelaerts van Blokland, ’n broer van die vroeëre diplomatieke verteenwoordiger van die ZAR in Europa, G.J.T. Beelaerts van Blokland, aangegaan. Laasgenoemde is in 1898 oorlede. Cluysenaer en Cornelis Beelaerts van Blokland was albei van Den Haag.132 Uit daardie geheime fonds sou Leyds in samewerking met die Boereleiers die politieke en kulturele herstel van die Afrikanerdom ná die oorlog finansier (Leyds 1931:102–4).

 

13. Engelenburg in Portugal

Van Duitsland is Engelenburg eers na Amsterdam, waar hy drie tot vier weke vertoef het voordat hy na Lissabon teruggekeer het. In teenstelling met die verwagting was Engelenburg nie een van die leidende figure van die pro-Boer-beweging in Europa nie. Hy het vir die res van die oorlog in Europa ’n lae profiel gehandhaaf, omdat hy veronderstel was om in Engeland aan te meld maar dit nie gedoen het nie. Hy het besluit om in Lissabon te bly, waar hy as joernalis werksaam was en ook die geleentheid kon vind om vir die ZAR te werk.

Hy het gevind dat die mense in Portugal “verschrikkelijk onkundig van de ware toestanden” van die oorlog was. Die koue weer in Parys en Amsterdam het hom afgeskrik om soontoe terug te gaan. Hy het gevolglik vir hom ’n kantoor in Lissabon gekry by die adres 32a Rua do Jasmim,133 Praça do Principe Real, waar hy as korrespondent vir die Nieuwe Rotterdammer Courant opgetree het. W.J. de Kock beweer dat Engelenburg, nadat hy Suid-Afrika verlaat het, hom in 1900 by die personeel van die Algemeen Nederlandsch Verbond se koerant in Nederland aangesluit het en saam met Frederik Rompel daar werksaam was (De Kock 1949:368). Volgens argivale bronne was Engelenburg egter ná sy aankoms in Europa van 1900 tot einde 1901 in Portugal en, soos reeds gemeld, korrespondent van die Nieuw Rotterdammer Courant.

brink3

Illustrasie 3. Gebou waar Engelenburg se kantoor in Lissabon was. Foto: Linda Brink, November 2011.

brink4

Illustrasie 4. Hoek van Rua do Jasmim en Praça do Príncípe Real waar Engelenburg se kantoor was. Foto: Linda Brink, November 2011.

Hy het ’n wooneenheid met vier kamers, ’n kombuis en dies meer, vir ses maande gehuur en dit met net die nodigste gemeubileer. In die hotel waar hy eers tuisgegaan het, was dit byna onmoontlik om te werk. Dit het in die diplomatieke buurt in Lissabon gestaan.134 Engelenburg het hom daar met onlangse literatuur van Portugese skrywers besig gehou, volgens hom nie uit “onmiddellike weetgierigheid” nie, maar uit professionele pligsgevoel. Hy wou Portugal goed leer ken en het Portugese romans gelees wanneer hy tyd gekry het.135 Hy het ook sy tyd bestee aan ’n artikel van vyf bladsye met die titel “De schilderijen-verzameling van Damiaan de Goes”, wat in Januarie 1902 in Lissabon verskyn het. Van Goes was van 1523 tot 1544 ’n buitelandse politieke agent vir Portugal se koning Don Johan III (Engelenburg 1902a:1–5).

Engelenburg het gedurende sy verblyf in Lissabon ’n waardevolle diens aan die ZAR gelewer deur Leyds ingelig te hou oor die nuutste politieke ontwikkelinge, ook met betrekking tot die grens tussen Mosambiek en Transvaal. Hy het Leyds ingelig dat die troonrede van Don Carlos van Portugal op 2 Januarie 1901 (Gribble 1970:184–5)136 allesbehalwe goeie dinge vir die ZAR ingehou het. Dit het daaruit geblyk dat Portugal sy Britse alliansie bevestig het deur via Beira en Lourenço Marques hulp aan die Engelse militêre owerhede te verleen. Die openlike en plegtige bevestiging van die noue vriendskap en alliansie wat beide nasies verenig het en wat deur onlangse dade kragdadig geaksentueer is, het kommer by Engelenburg gewek. Die teenwoordigheid van die groot vlooteskader in die Taag wat die Britse koningin na Portugal gestuur het,137 het dus eintlik beteken dat Portugal Brittanje met ope arms ontvang het, ten koste van die verhouding van Portugal met die ZAR.

Engelenburg het ook verwys na ’n rede op 21 Januarie 1901 deur die heer Ferreira do Amaral.138 Hy was pas tot die adelstand verhef en sou moontlik as minister van mariene sake en kolonies aangestel word. Ferreira do Amaral het dit duidelik gemaak dat hy ’n voorstander van die alliansie met Brittanje was en het hom ten gunste daarvan uitgespreek dat die vloot vergroot word ter beskerming van die Asore en van Kaap Verde.139 Engelenburg het dit beskou as die nadere verwesenliking van die anglisering van Mosambiek. Hy was van mening dat die oomblik gunstig was vir die deurvoering van die planne van Brittanje en Duitsland met Mosambiek. As Ferreira do Amaral minister van kolonies sou word, was die kans goed dat Mosambiek oorgedra sou word of dat ’n geheime traktaat met Berlyn en Londen beklink sou word. Engelenburg was van mening dat indien die Britse regering vrede met die ZAR sluit, die moontlikheid bestaan het dat Portugal, Brittanje en Duitsland reeds planne vir Lourenço Marques gehad het – planne wat nie met Transvaalse belange sou strook nie. Engelenburg het onderneem om Leyds op die hoogte te hou van wat in Portugal gebeur.140

Uit sy kantoor in Lissabon het Engelenburg op 2 Januarie 1901 aan Leyds geskryf dat hy ’n sekere meneer Gerken, verbonde aan die Nederlandse konsulaat, gevra het om na die Portugese koning se paleis te gaan en Leyds se naam in die besoekersboek te skryf. Engelenburg was van mening dat Portugal, ondanks die Anglo-Portugese alliansie, die ZAR nog erken het. “Daarom juist dacht ik dat de Transvaalsche gezant zich moet laten gelden ten einde alhier geen stof te geven tot niet-langer-erkenning en ten einde tastbaar te doen blijken van het voortbestaan der Z.A.R.”141

Engelenburg was van mening dat dit voordelig was dat Gerken verskeie mense geken het en dat dit hom nie ontbreek het aan “brutale optrede” nie (volgens Engelenburg in die gunstige sin van die woord). Hy was egter oortuig dat Gerken nie selfstandig en op eie inisiatief kon handel nie en ook nie in finansiële sake goed onderlê was nie. Engelenburg was van mening dat daar plek vir iemand was wat moontlik in Lissabon vir die ZAR kon optree wanneer Leyds nie kon nie. Hy het Gerken egter steeds met foute en al verkies bo die Vrystaatse konsul-generaal in Lissabon, wat na sy mening ’n Duitser en niks werd was nie.142 Dié Duitser was H.P.N. Muller.143

 

14. Engelenburg en die Boeregeïnterneerdes in Portugal

Gedurende sy verblyf in Lissabon het Engelenburg met die Boeregeïnterneerdes in Portugal, wat in ses dorpies rondom Lissabon versprei was, in aanraking gekom. Die geïnterneerdes het op ’n besondere wyse in Portugal tereggekom (Van der Walt 1963:179).

Die Portugese owerheid se vrees dat die Boeremagte by Komatipoort hulle belangrike verbinding met die ZAR sou vernietig of moontlik op Portugese grondgebied met die Britse magte slaags sou raak, het die goewerneur-generaal van Mosambiek, kolonel Joaquim José Machado, in September 1900 laat besluit om geheime agente na Komatipoort te stuur ten einde die Boereleiers te oorreed om oor die Mosambiekse grens te kom en vrywillig die wapen neer te lê. Hulle sou in Mosambiek nie soos gevangenes behandel word nie, maar hulle sou eers ná die oorlog na die ZAR kon terugkeer.144 Van die Boere het toe besluit om na Mosambiek te gaan eerder as om in die hande van die Britse regering te val. Op 22 September 1900 is vroue en kinders per trein na Lourenço Marques vervoer en die klompie Boere die volgende dag. Onder die burgers was daar dié wat bitter graag die stryd wou voortsit, maar vanweë die feit dat hulle nie oor perde beskik het nie, verplig was om noodgedwonge na Komatipoort te gaan (Viljoen 1902:130–1). Volgens internasionale gebruik is die Boere wat die Mosambiekse grens oorgesteek het, deur die Portugese owerheid geïnterneer. Die Portugese van Mosambiek was simpatiek jeens die Boere en het hulle vriendelik ontvang. Tog het die owerheid gewaarsku dat diegene wat sou probeer om na die ZAR terug te keer, gevange geneem of doodgeskiet sou word. Teen die einde van September 1900 was daar meer as duisend Boeregeïnterneerdes in Mosambiek (Ferreira 1999:350). Die Britse owerheid het by die Portugese owerheid beswaar gemaak dat die Boere in Mosambiek geïnterneer is omdat dit vir hulle moontlik sou wees om na die ZAR terug te keer en dan weer by die kommando’s aan te sluit.

Ná diplomatieke onderhandelinge tussen Brittanje en Portugal is besluit om die geïnterneerdes op koste van die Portugese regering na Portugal te stuur.145 Ná afloop van die oorlog sou hulle gratis na Lourenço Marques of enige Suider-Afrikaanse hawe vervoer word (Leyds 1934a:164).146 Die feit dat Lourenço Marques aan die begin van die 20ste eeu ’n klein hawestadjie was en nie werklik oor die nodige infrastruktuur beskik het om die geïnterneerde Boere te huisves nie, het die Portugese besluit beïnvloed. Daarbenewens het ’n strawwe malaria-epidemie uitgebreek, wat die oorplasing van die geïnterneerdes na ’n gesonder oord genoodsaak het (Ferreira 1994:65). Voor hulle aankoms in Portugal is die Nederlandsch Zuid-Afrikaansch Comité gestig om die belange van die Boeregeïnterneerdes in Portugal te behartig. Die erevoorsitter van hierdie Comité was Hein Brücher, terwyl die Nederlandse konsul-generaal en terselfdertyd ook waarnemende Transvaalse konsul-generaal in Lissabon, C. George, as voorsitter en J.A. Gerken as visevoorsitter opgetree het. Die lede van die Comité was hoofsaaklik oud-Nederlanders wat in Lissabon gewoon en die geïnterneerdes se belange op die hart gedra het. ’n Vooraanstaande lid van die Comité was F.V. Engelenburg (Leyds 1934a:279).147

Die Nederlandsch Zuid-Afrikaansche Vereniging (NZAV) in Amsterdam het ook, op aanbeveling van H. Wattel, ’n komitee op die been gebring wat bekend gestaan het as die Nederlandsch Christelik Nationaal Boeren Comité. Die doelstelling was dieselfde as dié van die Nederlandsch Zuid-Afrikaansch Comité, naamlik om die geïnterneerdes met raad en daad by te staan. Terwyl Engelenburg se komitee in Lissabon gesetel was, het die Nederlandsch Christelik Nationaal Boeren Comitéslegs ’n verteenwoordiger gehad wat in belang van die Boere opgetree het en aan Amsterdam verslag moes doen.148

Die geïnterneerdes is met drie skepe, die Benquella, die Zaire en die korvet Affonso d’Albuquerque, na Lissabon in Portugal gestuur, waar hulle van Maart tot Junie 1901 aangekom het. ’n Aantal siek persone is in ’n hospitaal in Lissabon opgeneem. Die ander is by vyf aanhoudingsplekke ingedeel, naamlik Abrantes, Alcobaça, Caldas da Rainha, Peniche en Tomar.149 Tien gevangenes (nege mans en ’n seun) wat in die tronk in Lourenço Marques aangehou en met die Affonso d’Albuquerque na Portugal vervoer is, is nie saam met die groot groep gestuur nie, omdat hulle as ondergrawers van gesag beskou is en dus ’n slegte invloed op die ander Boere kon hê. Hulle is ook nie saam met die ander gevangenes gehuisves nie, maar is na Forte de Sao Juliao da Barra by Oeirasgeneem.150 Engelenburg was teenwoordig by die aankoms in Lissabon van die uitgewekenes wat aan boord van die Benquella was. Volgens hom was geen dringende hulp nodig nie. Wat die passasiers van die Zaire betref, sou hulp en bystand beskikbaar wees soos nodig. Ene S.A. Smit was onder die gevangenes wat by Oeiras aangehou is. ’n Petisie is in Julie 1901 deur die groep in Oeiras opgestel om na ’n beter oord oorgeplaas te word, maar dit het weens die onwil van die fort se owerheid nie geslaag nie (Leyds 1934b:406–7). Smit het daarop namens die groep die verhaal neergeskryf van hoe generaal J.T. Pienaar hulle feitlik gedwing het om oor te gee, maar dat hulle geweier het – vandaar dat hulle as ondergrawers van gesag beskou is. Hy het die verhaal vir Engelenburg gegee, wat gesorg het dat dit in die buitelandse dagblaaie, onder meer die Dagblad van Zuid-Holland en 's Gravenhage geplaas is.151 Volgens ’n memorandum van die Kommissie te Lissabon was Pienaar nie ’n opregte verteenwoordiger van die Boerebelange nie, omdat hy aan die goewerneur-generaal in Mosambiek beloof het dat indien hy, sy vrou en hulle seuns in Lissabon kon woon, hy sy invloed sou aanwend om die vlugtelinge in Lourenço Marques te oorreed om hulle aan die Britse regering oor te gee.152 Pienaar is saam met die geïnterneerdes uit Lourenço Marques na Lissabon oorgebring, waar hy die rol van “generaal” gespeel het, hoewel die meeste burgers hom nie as sodanig erken het nie.153 Hy het geen invloed of aanhang gehad nie. Kommandant Mostert, met wie Engelenburg ook gepraat het, het wel nog ’n bietjie invloed op die mense gehad.

Engelenburg het die geïnterneerdes by die verskillende aanhoudingsplekke besoek. Dit het vir hom sindelik en netjies gelyk. Aan mej. M. Berdenis van Berlekom, verbonde aan ’n hulporganisasie te Middelburg, Nederland, het hy geskryf dat daar ’n behoefte aan warm onderklere by Caldas da Rainha bestaan en gevra dat geld gestuur word waarmee goedere aangekoop kon word.154 Hy het aan Leyds geskryf dat die gevangenes se toestand allesbehalwe bevredigend is. Van amptelike vrylating sou wel geen sprake wees nie en van wegloop ewemin. Hy self het hulpeloos gevoel. Volgens Engelenburg het die Portugese alles op eie houtjie gedoen en die behandeling van die gevangenes was van hulle kant goed.155 Slegs by Caldas da Rainha is gesinne gehuisves. Engelenburg en sy komitee was genoodsaak om sekere huisreëls daar toe te pas. Dit was onmoontlik om elke gesin van een of meer afsonderlike vertrekke te voorsien en daarom is tydelike gesinskeiding toegepas. Dit was egter nie maklik om dit by die mense tuis te bring dat die vroue en kinders in afsonderlike slaapsale moes woon nie. Tussen nege-uur saans en agtuur soggens was dit boonop ongeoorloof om mekaar oor en weer te besoek. Bedags kon mans by hulle gesinne wees, maar saans ná nege-uur moes elkeen na sy of haar eie slaapsaal gaan.156 Op 15 Mei 1901 moes hulle die gebou ontruim omdat dit met die aanbreek van die seisoen weer as ’n goewermentsbad – daar was ’n warmwaterbron – met ’n hotel in gebruik geneem sou word. Die naburige militêre hospitaal is aan die geïnterneerdes beskikbaar gestel.157

Gedurende die geïnterneerdes se verblyf in Portugal het die Comité te Lissabon geld en goedere uit verskillende lande namens die geïnterneerdes ontvang. Uit Rusland is byvoorbeeld 1 000 frank aan die Comité gestuur (Leyds 1934a:280). Die NZAV in Amsterdam het kiste met onder meer tydskrifte, boeke, pype, seep, sjokolade, skryfbehoeftes en speelkaarte aan die voorsitter van die komitee, C. George, gestuur sodat dit eweredig onder die geïnterneerdes versprei kon word (Ferreira 1994:87).158 Die Portugese regering het die skenkings uit Nederland van invoerregte vrygestel, maar beperkings op die invoer van tabak geplaas (Leyds 1934a:278). Engelenburg het ywerig gehelp en toegesien dat elke groep sy regmatige deel kry. In April 1901 het Engelenburg namens die Comité “een kist poederzeep voor uwe menschen” aan kommandant N.J. Grobler in Alcobaça gestuur (Ferreira 1994:87).159 Later het kiste met diverse goedere gevolg. Die Comité het twee kiste met psalm- en gesangboeke, asook leesboeke, uit Nederland na Alcobaça gestuur (Ferreira 1994:87).160 Nog later het kiste met skoolboeke vir verspreiding uit Nederland aangekom (Ferreira 1994:87).161

Een van die talle take van die Comité was om alle korrespondensie wat aan geïnterneerdes gerig was, te sorteer en te sorg dat dit die geadresseerdes bereik. Die Comité het ook die ou koeverte van briewe uit Suid-Afrika by die geïnterneerdes versamel en in Lissabon ten bate van hulle verkoop, waarskynlik aan seëlversamelaars (Ferreira 1994:86–7).162 O.J.O. Ferreira is van mening dat die koeverte wat uit Transvaal en die Vrystaat afkomstig was, skynbaar baie gewilder onder die Portugese kopers was as dié afkomstig uit die Kaapkolonie (Ferreira 1994:87).163 Op 4 Mei 1901 het Engelenburg aan kommandant Grobler in Alcobaça laat weet dat hy die meeste van die koeverte wat die kommandant aan hom gestuur het, reeds verkoop het teen 100 réis164 stuk. Die opbrengs uit die verkope was 3 700 réis, waarvoor hy ’n poswissel sou stuur nadat hy koste en versendingsgeld afgetrek het. Hy het Grobler laat weet: “Indien u nog meer enveloppen mij ter verkoop wilt toezenden, zal ik gaarne moeite doen deze te verkoopen en u de opbrengst te doen geworden.”165

Engelenburg het Grobler ook laat weet dat alle briewe voortaan deur die Caldas-comité gesorteer en versprei sou word, maar dat die beste kans om die koeverte van die hand te sit in Lissabon was en dat hy dit steeds namens die uitgewekenes sou verkoop.166 Twee weke later het Engelenburg aan Grobler geskryf dat daar ’n paar kiste met voorrade by sy kantoor bewaar word wat aan uitgeweke burgers geadresseer was. Waarskynlik was die burgers self verantwoordelik vir die versendingskoste, met die gevolg dat hy eers van Grobler wou verneem of dit die moeite en koste sou loon om die kiste aan hulle eienaars te stuur. “De namen op die kisten zijn als volgt: Leonard, Goudriaan, Anandale, Breedt, Oosthuizen, Malan, Calitz, Milliery en Van der Walt.”167 Daar is ook gesorg dat die Kersfees van 1901 feestelik vir die kinders aangebied word; dit het die Comité geheel en al uit private middele befonds. Die Comité het selfs vir drie Kersbome gesorg.168

Een van die vertakkinge van Leyds se werk in Brussel was sy geheime oorlogsbedrywighede, naamlik die insmokkel van boodskappe en oorlogsvoorrade na die Boere. In minstens een geval wat bekend is, was Engelenburg vir Leyds daarmee behulpsaam terwyl hy in Lissabon was, naamlik die uitsmokkel van ’n pakkie briewe wat in een van die Boeregeïnterneerdes se besit was. Onder die geïnterneerdes was Cornelis Plokhooij, wat sy opleiding as onderwyser in Nederland ontvang en in 1897 deur bemiddeling van die Nederlandse Fonds ten behoewe van “het Hollandsch Onderwijs in Zuid-Afrika” in die ZAR aangekom het. Van 1897 tot 1899 was hy aan die Oost-Eind School in Pretoria werksaam. Plokhooij het ook aan die Anglo-Boereoorlog deelgeneem en in Junie 1900 is hy deur die Britte gevange geneem en na Nederland gedeporteer. In Desember 1900 het hy na Parys gegaan, waar hy ’n aantal briewe ontvang het wat bestem was vir die Boereleiers in Suid-Afrika en waarin oor die situasie in Europa verslag gedoen is. Op 31 Desember het hy as die eerste van verskeie rapportgangers wat deur Leyds met geheime sendings belas is, met die briewe na Lourenço Marques vertrek (Mulder 1981:490–1). Dit is onbekend wat die werklike inhoud van die briewe was. Teen die tyd dat hy die hawe van Lourenço Marques bereik het, was Plokhooij platsak en het hy boonop malaria gekry. Hy het verneem dat ’n reis na Transvaal in daardie stadium gevaarlik sou wees omdat die Britte die grens met Mosambiek gepatrolleer het. Plokhooij het daarop besluit om sy sending te laat vaar om te verhoed dat die briewe in verkeerde hande beland. Hy is in Mosambiek geïnterneer en saam met ander geïnterneerdes op die Zaire na Portugal gestuur.

Plokhooij kon daarin slaag om uit die aanhoudingsplek te ontsnap, waarna hy na Lissabon gegaan en die pakkie briewe met sensitiewe inligting aan Engelenburg oorhandig het.169 Engelenburg was baie versigtig toe hy aan P.L.A. Goldman in Brussel geskryf het dat die briewe van Plokhooij nou in sy besit was: “Ingevolge uw laatste schrijven begaf ik mij naar de plaats waar ik de persoon in kwestie dacht te vinden.”170 Engelenburg het instruksies van Goldman gevra. Indien hy die briewe aan Goldman moes terugbesorg, sou hy verkies om dit per aangetekende pos aan hom te stuur, hoewel dit nie die veiligste manier was nie. Anders sou hy ’n betroubare persoon moes vind wat dit na Brussel kon neem. Hy het ook geskryf dat die “persoon in kwestie” oor twee weke by ’n hawe in die Middellandse See aan wal sou gaan en van daar noordwaarts sou reis.171 Engelenburg het dus nie in die brief Plokhooij se naam genoem nie, ook nie die hawe waar hy aan wal sou gaan nie en dat hy na Nederland op pad was nie. Volgens Engelenburg was Plokhooij in elk geval “buiten vervolgings-gevaar en zijne voorwerpen in mijn bezit”.172 Dit is nie bekend wat Goldman se instruksies aan Engelenburg was rakende die briewe in laasgenoemde se besit nie, maar Engelenburg het dit waarskynlik per aangetekende pos na Brussel gestuur. Plokhooij het van Lissabon oor Genua en Triëst na Nederland gegaan en op 3 Junie 1901 in Amsterdam aangekom.173

In November 1901 was Engelenburg nog in Lissabon en het hy ’n artikel van 19 bladsye oor die toestande in Suid-Afrika geskryf, wat in pamfletvorm uitgegee is. Dit het ook in die Jaarboek van de Maatschappij der Nederlands Letterkunde verskyn (Engelenburg 1902b:1265–84). Daarin het hy ’n paar wenke aan die hand gedoen om die vrede in die land te herstel. Die titel van die artikel was “Vredes-recepten voor Zuid-Afrika”. Volgens hom sou die aanneemlikste opsie vir die Boere wees dat daar ingegryp en ’n uitweg gevind word om die vrede te herstel en te sorg vir die welsyn van die huidige en die toekomstige generasie. Die sukses daarvan sou egter afhang van die blywende toekomstige verstandhouding van Boer en Brit. Hy het gepleit dat aan die Boererepublieke onbeperkte vryheid gegee word om – ongehinderd deur invloede van buite, hoe goed ook al bedoel – hulle huis in orde te hou, nie alleen om die ZAR se ontwil nie, maar ook omdat die Britse imperiale regering ruimskoots daarby sou baat (Engelenburg 1902b:1280).

 

15. Engelenburg se rol kort voor en net ná vredesluiting

Ná ’n jaar en ’n paar maande in Lissabon het Engelenburg na Brussel gegaan, waar hy vir die laaste gedeelte van die oorlog opnuut Transvaal gedien het deur op menige wyse hulp te verleen aan Leyds wanneer dié uitstedig was (De Kock 1945:23–4). Mevrou Leyds en die kinders het nie in Brussel gewoon nie, maar ter wille van die kinders se skoolopvoeding in Utrecht gewoon. Leyds het Engelenburg se hulp baie waardeer en op 1 April 1902 het hy in sy dagboek geskryf: “Engelenburg is onbetaalbaar in ijver en toewijding” (Leyds 1934b:672).

Op 31 Mei 1902 het die uitgeputte Boeremagte die stryd gewonne gegee en die Vrede van Vereeniging in Pretoria onderteken (Pretorius 2012:244). Die eed van getrouheid aan Brittanje moes ook deur die Boeregeïnterneerdes in die aanhoudingsplekke in Portugal afgelê word. Die uitgewekenes het op 18 Julie 1902 met die Bavarian na Suid-Afrika vertrek en op 4 Augustus in Tafelbaai aangekom.174 Die twee voormalige republieke, die ZAR en die Oranje-Vrystaat, is ná die Anglo-Boereoorlog in kroonkolonies omskep. Vir Brittanje was dit egter ’n vergeefse oorlog sover dit Afrikanernasionalisme betref het. Die oorlog het die eenheidsgevoel onder die Afrikaners versterk en die grondslag gelê vir die groot volksontwaking onder die Afrikaners wat die geskiedenis van Suid-Afrika in die 20ste eeu sou oorheers en waarvoor Engelenburg die voorbereidingswerk gehelp doen het.

Drie maande ná die vredesluiting het Engelenburg na Duitsland gegaan en aan die finansiële instansies waar hy die ZAR se geld namens Leyds belê het, opdrag gegee om die geld beskikbaar te stel. Hy het gedurende dié tyd ook na Düsseldorf gegaan om na ’n setmasjien vir De Volksstem te gaan kyk.175 Op 4 Augustus 1902 het hy aan Leyds ’n tjek gestuur vir ’n gedeelte van die geld wat hy in Duitsland belê het, plus die rente wat daarop verdien is.176 Op 6 Augustus het Leyds ontvangs daarvan erken. Die bedrag was ƒ653 164,25 (1 350 711, 90 Belgiese frank).177 Die res van die geld wat op belegging was, het Engelenburg op 2 en 7 Januarie 1903 in Utrecht aan Leyds oorhandig. Op 7 Januarie 1903 het Leyds ’n verklaring uitgereik dat al die geld wat hy in Hamburg aan Engelenburg toevertrou het, met rente terugontvang is: “Dr. Engelenburg heeft geen renumeratie in verband met deze transactie verlangd noch ontvangen. Voor welke bewaring en beheering, bij dezen door mij aan Dr. Engelenburg voornoemd volledige décharge wordt verleendt.”178

Ná die vredesluiting het Brittanje geen amptelike aankondigings uitgereik dat die republieke opgehou bestaan het en as kolonies by die Britse Ryk ingelyf is nie. Leyds wou weet wanneer hy as gesant die aankondiging moes maak. Hy het geen opdrag ontvang om dit te doen nie en het ook geen amptelike mededeling daaromtrent van sy regering ontvang nie. Leyds het in Brussel aangebly tot tyd en wyl al die sake afgehandel was, waarna hy die huur van die gesant se kantore en sy woonplek opgesê het.179 Hy het daarna na Utrecht verhuis om hom by sy gesin aan te sluit. Engelenburg was nog in Brussel woonagtig en het aangebied om die Yost-tikmasjien wat Leyds vir die kantoor in Brussel aangekoop het, oor te neem as ’n aandenking van sy werksaamhede in Brussel.

Hy het Leyds gewaarsku om voorbereid daarop te wees dat ’n geskinder sou plaasvind oor die groot somme geld wat laasgenoemde in één bank in Nederland gedeponeer het. Hy was van mening dat Nederland ’n baie klein land is waar elkeen hom met ander se sake bemoei. Aangesien Leyds se sake en die finansiële sy daarvan in ’n mate openbare kennis was, was die kans groot dat dit gou bekend sou word dat Leyds opnuut uit groot bedrae “ryk” geword en die geld in ’n Utrechtse bank opgestapel het. “Gesteld al dat de heeren V en K. hun monden houden – quod est demonstrandum – dan zwijgen mischien hunne klerken niet.” Leyds moes daarop voorbereid wees dat die storting van so ’n groot bedrag by die Utrechtse bankiersfirmatjie sóú uitlek.180

Aan die einde van die oorlog was daar ’n bedrag van ongeveer twee miljoen gulden in die fonds. Gedurende die onderhandelinge tussen die Boeregeneraals en die Britse regering met betrekking tot die toepassing van die Vrede van Vereeniging, wat plaasgevind het ’n paar maande nadat dit onderteken is, het Chamberlain by verskeie geleenthede geëis dat die geld aan die Britse owerheid oorhandig word.181 Louis Botha wou ingee, maar Leyds het volgehou dat die fonds nie geval het onder die voorwaardes van die Vredesverdrag nie, omdat dit vóór die Boere-oorgawe na hom oorgeplaas is. Hy het dus geweier om die geld te oorhandig.182 Intussen was Leyds bereid om op te tree as ’n trustee vir ’n komitee van prominente Afrikaners wat sou besluit oor projekte wat met die geld befonds moes word, op die voorwaarde dat die Britse regering nie enige seggenskap sou hê in hoe dit bestee word nie.183

Op 28 Augustus 1902 het Engelenburg uit Brussel aan Leyds, wat in daardie stadium in Groningen was weens die afsterwe van sy skoonsuster, geskryf dat hy daardie aand na Londen sou vertrek om Wallach te groet en vir hom laaste instruksies te gee voordat hy na Suid-Afrika vertrek. Wallach het ’n permit bekom en kon teruggaan. Engelenburg was haastig om ook terug te keer en was vol hoop dat Wallach, sodra hy in Pretoria aangekom het, ’n permit vir hom sou kon bewerkstellig.184

In Brussel het Engelenburg die huur van sy woonplek in die Rue Capouillet, waar hy die voorafgaande maande gewoon het, eers opgesê en daarna tydelik by Rue Berckmans no. 66 ’n kamer gehuur voordat hy na Suid-Afrika teruggekeer het. Teen daardie tyd was al die kantore wat Leyds as gesant gedurende die oorlog gebruik het, ook al ontruim. Engelenburg het aan Leyds geskryf dat dit maar stil was in Brussel wanneer hy verby die geslote huise in die Rues de Livourne en De Florence gestap het en waar elke stukkie Transvaalse nasionaliteit geleidelik uitgeblus is.185 Engelenburg kon eers in Januarie 1903 daarin slaag om na Suid-Afrika terug te keer.

 

16. Ten slotte

Reeds voor die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog het Engelenburg se siening oor die Afrikaners in die ZAR verander. Sedert die Jameson-inval, wat aan die einde van 1895 en begin 1896 plaasgevind het, het hy tot ander insigte oor die Transvaalse Afrikaners gekom toe hy besef het dat hulle alles in die stryd sou werp om hulle onafhanklikheid van die Britse regering te behou. Hy het die spanningsvolle tydperk vóór die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog met hulle meegemaak. As redakteur en politieke kenner het hy ’n sleutelrol voor en tydens die oorlog gespeel.

Aan die oorlogsfront was Engelenburg tydens die Slag van Elandslaagte en die Slag van Colenso teenwoordig. Die verliese aan Boerekant het hy intens beleef omdat hy baie van die gesneuwelde Boere persoonlik geken het. Sy meegevoel met, maar ook bewondering vir, die Afrikaners wat teen ’n oormag van Britse soldate moes veg, het daagliks gegroei. Hy was die oog en oor van die Transvaalse bevolking en het deurentyd groot empatie met hulle situasie getoon. Engelenburg het ook die Britse oorname van Pretoria op 5 Junie 1900 meegemaak en het besef dat hy ’n beter diens aan die Boere sou kon verleen deur na Europa uit te wyk. Die kennis en insig wat Engelenburg tydens die oorlog in Suid-Afrika, maar ook in Europa, oor die Afrikaners se saak verkry het, het hom voorberei op die rol wat hy ná die oorlog in Suid-Afrika sou speel. As objektiewe buitestander met ’n kennis van die binnekringe van die Afrikanerleiers in die Boererepublieke het hy hom vierkantig agter die Afrikaners geskaar en sou hy aan die nuwe politieke en kulturele leierskap waardevolle advies en nuwe insigte gee. As koerantman het Engelenburg ’n kritiese, maar diep insig gehad in die politieke ontluiking in die naoorlogse tydperk.

Engelenburg se verblyf in Europa tydens die oorlog, en ook sy herhaaldelike besoeke aan Europa en Brittanje ná die oorlog, het hom toenemend as ’n kosmopolitiese en vrygees na vore laat tree wat waardevolle insigte met sy leserspubliek in die eerste drie dekades van die 20ste eeu gedeel het. Die kennis wat hy tydens die oorlog met betrekking tot die Afrikaner en dié se situasie in Suid-Afrika opgedoen het, het hom voorberei op die rol wat hy in die 20ste-eeuse Transvaal sou speel.

 

Bibliografie

Argivale bronne

Nationaal Archief, Den Haag (NA, Den Haag)

W.J. Leydsversameling.

Nasionale Argief van Suid-Afrika, Kaapstad (NASA, Kaapstad)

F.S. Malanversameling.

Nasionale Argief van Suid-Afrika, Pretoria (NASA, Pretoria)

Argief van die ZAR, volume 90, Amptelike publikasies van die ZAR.

Argief van die Kommandant-generaal (KG), volumes 381 en 382.

Argief van die Meester van die Hooggeregshof (MHG), volume 54/00.

Argief van die Militêre Owerheid (MGP), volume 115.

Argief van die Staatsekretaris (SS), volumes 8057, 8060, 8131, 8291, 8306 en 8373.

Notule van die Tweede Volksraad, 1899.

Buitengewone Staatskoerant, 1899 (Staatsdrukkerij, Pretoria, 01.02.1899).

F.V. Engelenburgversameling.

W.J. Leydsargief (LA).

G.S. Prellerversameling.

Engelenburghuis, Pretoria

Ongeordende Engelenburgversameling.

Boeke en tydskrifartikels

Behrens, H.P.H. 1955. The Pretoria press story. In Engelbrecht e.a. (reds.) 1955.

Beyers, C.J. (red.). 1981. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek IV. Durban, Pretoria: Butterworth en Kie., (SA) (Edms.) Bpk.

Breytenbach J.H. (red.). 1949. Gedenkalbum van die Tweede Vryheidsoorlog. Kaapstad: Nasionale Pers Beperk.

Brooks, S. 1899. England and the Transvaal. The North American Review,Oktober, ble. 473–80. New York: NAR Publishing Co.

Churchill, W.S. 1900. London to Ladysmith via Pretoria. Londen, New York: Longmans & Green.

Coetzee, D.J. 1940. Spoorwegontwikkeling in die Suid-Afrikaanse Republiek (1872–1899).Kaapstad: Nasionale Pers Beperk.

Davis, R.H. 1900. With both armies in South Africa.New York: Charles Scribner's Son.

De Kock, H.C. 1945. Frans Vredenrijk Engelenburg 1863–1938. In Wallach (red.) 1945.

De Kock, W.J. 1949. Die werksaamhede van dr. W.J. Leyds en die Diplomatieke Korps van die Republieke tydens die oorlog. In Breytenbach (red.) 1949.

De Villebois-Mareuil, G.H.A.V. 2000. Vertaal deur J. Rossouw en D.P.M. Botes. Oorlogsdagboek van veggeneraal De Villebois-Mareuil.Pretoria: Protea Boekhuis.

Diplomat, A. 1899. A vindication of the Boers. The North American Review, Oktober, ble. 81–7. New York: NAR Publishing Co.

Engelbrecht, S.P., J.A.I. Agar-Hamilton, A.N. Pelzer en H.P.H. Behrens (reds.). 1955. Pretoria (1855-1955): geskiedenis van die stad Pretoria.Pretoria: Stadsraad van Pretoria.

Engelenburg, F.V. 1897. De spellings-kwestie met het oog op Zuid-Afrika. De Gids, 61:357–65.

—. 1899. A Transvaal view of the South African question. The North American Review, Oktober, ble. 437–72.New York: NAR Publishing Co.

—. 1902a. “De schilderijen-verzameling van Damiaan de Goes”, Oud-Holland, 19(4), Januarie 1902.

—. 1902b. Vredes-recepten voor Zuid-Afrika. Jaarboek van de Maatschappij der Nederlandse Letterkunde. Leiden: E.J. Brill.

—. 1928. Genl. Louis Botha.Pretoria: J.L. van Schaik.

Ferreira, O.J.O. 1994. Viva os Boers! Boeregeïnterneerdes in Portugal tydens die Anglo-Boereoorlog, 1899–1902. Pretoria: Protea Boekhuis.

—. 1999. Portugal en die Anglo-Boereoorlog. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 39(3):343–63.

Grenville, J.A.S. 1964. Lord Salisbury and foreign policy: the close of the nineteenth century.Universiteit van Londen, Londen: The Athlone Press.

Gribble, F. 1970. The Royal House of Portugal. Washington, New York, Londen: Kennikat Press.

Headlam, C. (red.). 1931. The Milner papers: South Africa 1897–1905, vol. 1. Londen, Toronto, Melbourne, Sydney: Cassell.

Hellemans, Z. 1901. Met het Roode Kruis mee in de Boeren-Vrijheidsoorlog. Amsterdam: Koster.

Kemp, J.C.G. 1941a. Die pad van die veroweraar.Kaapstad, Bloemfontein, Port Elizabeth: Nasionale Pers Bpk.

—. 1941b. Vir vryheid en vir reg.Kaapstad, Bloemfontein, Port Elizabeth: Nasionale Pers Bpk.

Krüger D.W. en C.J. Beyers (reds.). 1977. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek III. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers Beperk.

Kruger, S.J.P. 1902. Onder redakteurskap van F. Rompel. Gedenkschriften van Paul Kruger gedicteerd aan H.C. Bredell en P. Grobler.Amsterdam: Funke.

Kuitenbrouwer, M. 1985. Nederland en de opkomst van het moderne imperialisme: koloniën en buitenlandse politiek 1870–1920.Amsterdam: Bataafsche Leeuw.

Kuitenbrouwer V. 2012. War of words: Dutch pro-Boer propaganda and the South African war (1899–1902).Amsterdam: Amsterdam University Press.

Labuschagne F.J. en L.C. Eksteen (reds.). 1993. Verklarende Afrikaanse woordeboek.Pretoria: J.L. van Schaik.

Leipoldt, C.L. 1938. Dr. F.V. Engelenburg – knap joernalis en geleerde – raadsman van Kruger en Botha. Die Huisgenoot, 9 September, bl. 21.

Leyds, W.J. 1931. Derde verzameling: correspondentie 1900, deel I en deel II. Dordrecht: N.V. Geuze en Kie. Drukkerij.

—. 1934a. Vierde verzameling: correspondentie 1900–1902, deel 1.1, nrs. 175, 280 en 281. Dordrecht: N.V. Geuze en Kie. Drukkerij.

—. 1934b. Vierde verzameling: correspondentie 1900–1902, deel 1.2, nrs. 450 en 737. Dordrecht: N.V. Geuze en Kie. Drukkerij.

—. 1938. Eenige Correspondentie uit 1899 (zoogenaamde “Eerste Verzameling”). Amsterdam: N.V. Drukkerij en Uitgeverij J.H. de Bussy.

Meintjes, J. 1974. President Paul Kruger. A biography. Londen: Cassell.

Mulder, P.W.A. 1981. Plokhooij, Cornelis. In Beyers (red.) 1981.

Oberholster, J.J. (red.). 1973. Dagboek van Oskar Hintrager: saam met Christiaan de Wet Mei – September 1900. Christiaan de Wet-Annale 2. Elsiesrivier: Nasionale Boekdrukkery Bpk.

Pakenham, T. 1979. Vertaal deur L. Rousseau. Die Boere-oorlog. Johannesburg: Jonathan Ball Uitgewers.

Ploeger, J. 1990. Die lotgevalle van die burgerlike bevolking gedurende die Anglo-Boereoorlog, 1899–1902, deel 1. Pretoria: Staatsargiefdiens.

Ploeger, J. en H. Orban. 1960. Besonderhede in verband met De Volkstem en Wallachs’ drukkers en uitgewers maatskappy beperk. Pretoria: Wallachs’ Drukkers en Uitgewers Mpy. Bpk.

Plokhooij, C. 1901. Met den Mauser: persoonlijke ervaringen in den Zuid-Afrikaanschen Oorlog. Gorinchem: F. Duym.

Porter, A.N. 1980. The origins of the South African War: Joseph Chamberlain and the diplomacy of Imperialism 1895–1899. Manchester: Manchester University Press.

Pretorius, F. 1991. Kommandolewe tydens die Anglo-Boereoorlog 1899–1902. Kaapstad: Human & Rousseau.

—. 2012. Almal se oorlog: die Anglo-Boereoorlog (1899–1902). In Pretorius (red.) 2012.

Pretorius, F. (red.). 2012. Geskiedenis van Suid-Afrika: van voortye tot vandag. Kaapstad: Tafelberg.

Scholtz, G.D. 1977. Die ontwikkeling van die politieke denke van die Afrikaner 1881–1899 IV. Johannesburg: Perskor-Uitgewery.

Scholtz, L. 2005. Why the Boers lost the war. Hampshire, New York: Palgrave MacMillan.

Schutte,G.J. 1968. De Hollanders in Krugers Republiek 1884–1899. Pretoria: Unisa Uitgewery.

Spies, F.J. du T. 1959. Uit die briewe van Arnold Theiler. Pretoriana, April, bl. 25.

Van der Wall Bake, R.W.J.C. en E. Bruchner (reds.). 1910. In Memoriam NZASM. Amsterdam: J.H. De Bussy.

Van der Walt, H.R. 1963. Die Suid-Afrikaanse Republiek in die Britse buitelandse en koloniale beleid (1881–1899). Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse Geskiedenis, 26(1):179. Kaapstad: Kaap en Transvaal Drukkers Bpk.

Van Everdingen, W. 1905. De oorlog in Zuid-Afrika: tweede tijdvak, deel II, Maart 1900 – Julie 1900. Delft: J. Waltman.

Van Niekerk, L.E. 1978. Dr. W.J. Leyds se geheime oorlogsbedrywighede. Historia, 23(1):15–31.

—. 1980. Dr. W.J. Leyds as gesant van die Zuid-Afrikaansche Republiek. Argiefjaarboek vir Suid-Afrikaanse geskiedenis, 43(1):60–1. Pretoria: Die Staatsdrukker.

—. 1985. Kruger se regterhand: ’n biografie van dr. W.J. Leyds. Pretoria: J.L. van Schaik.

Van Rhyn, J.N.R. 1977. Krause, Frederick (Fritz) Edward Traugott. In Krüger en Beyers (reds.) 1977.

Viljoen, B.J. 1902. Mijne herinneringen uit den Anglo-Boeren-Oorlog. Amsterdam: Versluys.

Wallach, I. 1945. Die volmaakte “gentleman”: ter gedagtenis aan my groot en getroue vriend. In Wallach (red.) 1945.

Wallach, I. (red.). 1945. Die volmaakte “gentleman”. Pretoria: Die Volkstem Drukkery.

Wattel, H.M.J. 1900. Portugals houding in den oorlog tusschen Engeland en de Zuid-Afrikaansche Republieken. Amsterdam: Keizersgracht 258.

Ongepubliseerde verhandelinge en proefskrifte

Badenhorst, P.G. 1940. Die geskiedenis van De Volksstem, 1873–1900, D.Litt et Phil-proefskrif, Unisa.

Brink, L.E. 2010. ’n Biografie van die taalstryder F.V. Engelenburg tot met die stigting van die S.A. Akademie in 1909. MA-verhandeling, Noordwes-Universiteit.

—. 2015. Die lewe, werk en invloed van F.V. Engelenburg in Suid-Afrika (1889–1938), PhD-proefskrif, Noordwes-Universiteit.

Edwards, P. 1988. Die Zuid-Afrikaansche Republiek en Groot-Brittanje se stryd om Delagoabaai, 1889–1899. D.Phil-proefskrif, UOVS.

Kuitenbrouwer V. 2010. War of words: Dutch pro-Boer propaganda and the South African War (1899–1902). Ph.D-proefskrif, Universiteit van Amsterdam.

Schoeman, J.M. 1972. Koerantberiggewing oor die krisisdae 25 September tot 20 Oktober 1899: ’n kritiese metodologiese analise. MA-verhandeling, Universiteit van Pretoria.

Van Vreden, C. de W. 1955. Pretoria en die Tweede Vryheidsoorlog, 11 Oktober 1899–5 Junie 1900. MA-verhandeling, Universiteit van Pretoria.

Koerante

De Volksstem (Mikrofilm), 1896–1931.

Press Weekly Edition (Mikrofilm), 23 September 1899.

Pretoria News (Mikrofilm), 26 Oktober 1955.

 

Eindnotas

1 Hierdie artikel is gebaseer op L.E. Brink (2015) se doktorale studie aan die Noordwes-Universiteit.

2 Redaksionele kommentaar, “Gebrekkig financieel bestuur”, De Volksstem, 18.08.1894; Redaksionele kommentaar, “De koorden der beurs”, De Volksstem, 16.02.1891; Redaksionele kommentaar, “Ondervinding maakt wijs”, De Volksstem, 28.10.1889; Redaksionele kommentaar, “Onze invoer”, De Volksstem, 02.02.1895; Redaksionele kommentaar, “Onze toekomstige steenkool-industrie”, De Volksstem, 18.12.1890; Redaksionele kommentaar, “Departement van Landbouw”, De Volksstem, 20.03.1890; Redaksionele kommentaar, “Departement van Landbouw II”, De Volksstem, 24.03.1890.

3 Redaksionele kommentaar, “Britisch, Zuid-Afrikaansch, Transvaalsch”, De Volksstem, 24.03.1890; Redaksionele kommentaar, “Wat nu?”, De Volksstem, 03.07.1890; Redaksionele kommentaar, “De Swaziland-conventie”, De Volksstem, 07.08.1890; Redaksionele kommentaar, “Delagoabaai”, De Volksstem, 09.10.1890; Redaksionele kommentaar, "Hun hoofd kwijt", De Volksstem, 18.11.1896; Redaksionele kommentaar, "Portugese politiek I", De Volksstem, 19.01.1897; Redaksionele kommentaar, "Politieke verkleurmannetjies", De Volksstem, 28.03.1896; Redaksionele kommentaar, "Portugese politiek I", De Volksstem, 19.01.1897.

4 Die twee Boererepublieke was die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Republiek die Oranje-Vrystaat.

5 Nationaal Archief (NA), Den Haag, W.J. Leydsversameling, 97, vol. 48, F.V. Engelenburg – W.J. Leyds, 28.11.1898.

6 Nasionale Argief van Suid-Afrika (NASA), Pretoria, W.J. Leydsargief (LA), vol. 631, deel III, GR 1198/97, W.J. Leyds – Waarnemende staatsekretaris, 08.07.1897.

7 Redaksionele kommentaar, “De Anglo-Duitse entente”, De Volksstem 10.09.1898.

8 NA, Den Haag, W.J. Leydsversameling, 97, vol. 48, F.V. Engelenburg – W.J. Leyds, 11.09.1899.

9 NA, Den Haag, W.J. Leydsversameling, 97, vol. 48, F.V. Engelenburg – W.J. Leyds, 11.09.1899.

10 Redaksionele kommentaar, “Oorlogsgeruchten”, De Volksstem, 29.04.1899.

11 Redaksionele kommentaar, “Verkeerde indruk”, De Volksstem, 22.03.1899.

12 Redaksionele kommentaar, “Oorlogsgeruchten”, De Volksstem, 29.04.1899.

13 NA, Den Haag, W.J. Leydsversameling, 97, vol. 48, F.V. Engelenburg – W.J. Leyds, 07.05.1899.

14 NASA, Pretoria, F.V. Engelenburgversameling, A140, band 10, sublêer 42, F.V. Engelenburg – M.M. Koopmans-De Wet, 02.06.1899.

15 NASA, Pretoria, F.V. Engelenburgversameling, A140, band 10, sublêer 42, F.V. Engelenburg – M.M. Koopmans-De Wet, 27.06.1899.

16 NASA, Pretoria, F.V. Engelenburgversameling, A140, band 10, sublêer 42, F.V. Engelenburg – M.M. Koopmans-De Wet, 27.06.1899.

17 Die Volksraad van die ZAR is in 1890 in twee kamers verdeel om die Boere beheer te gee oor staatsaangeleenthede, terwyl "buitelanders" (hoofsaaklik in die mynbedryf) steeds ’n sê kon hê in plaaslike aangeleenthede. Dis gedoen om Britse klagtes te vermy. Hierdie tweekamerwetgewer het bestaan uit ’n Tweede Volksraad wat alle blanke mans van 16 of ouer stemreg gegee het, en ’n Eerste Volksraad (die hoogste regeringsvlak in beheer van staatsbeleid) wat stemreg aan persone bo 30 met permanente eiendoms- en verblyfreg gegee het.

18 NA, Den Haag, W.J. Leydsversameling, 97, vol. 48, F.V. Engelenburg – W.J. Leyds, 08.07.1899.

19 Redaksionele kommentaar, “Een politieke misgreep”, De Volksstem, 07.06.1899; Redaksionele kommentaar, “De voleindigde konferentie”, De Volksstem, 07.06.1899.

20 Redaksionele kommentaar, “Stemrechts-gedachten”, De Volksstem, 21.06.1899.

21 NA, Den Haag, W.J. Leydsversameling, 97, vol. 48, F.V. Engelenburg – W.J. Leyds, 08.07.1899.

22 NA, Den Haag, W.J. Leydsversameling, 1846, vol. 190, J. Chamberlain – S.J.P. Kruger, 12.07.1899.

23 Redaksionele kommentaar, “Lourenzo [sic] Marques”, De Volksstem, 18.09.1898.

24 Redaksionele kommentaar, "Indrukken te Burgersdorp bij gelegenheid van het Taalfeest", De Volksstem, 25.01.1893.

25 De Volksstem, 11 en 31 Januarie, 4 en 12 Februarie, 18 en 21 Maart, 19 April, 10 Junie, 22 Julie, 1 Augustus, 25 September, 8, 26 en 28 Oktober 1895.

26 Redaksionele kommentaar, "Onze Afrikaanse taal", De Volksstem, 19.02.1896.

27 NASA, Pretoria, F.V. Engelenburgversameling, A140, band 10, sublêer 42, F.V. Engelenburg – M.M. Koopmans-De Wet, Maandag, 07.08.1899.

28 NASA, Pretoria, F.V. Engelenburgversameling, A140, band 10, sublêer 42, F.V. Engelenburg, Pretoria – M.M. Koopmans-De Wet, Kaapstad, 22.08.1899.

29 NASA, Pretoria, F.V. Engelenburgversameling, A140, band 10, sublêer 42, F.V. Engelenburg, Pretoria – M.M. Koopmans-De Wet, Kaapstad, 22.08.1899.

30 NASA, Pretoria, F.V. Engelenburgversameling, A140, band 10, sublêer 42, F.V. Engelenburg, Pretoria – M.M. Koopmans-De Wet, Kaapstad, 22.08.1899.

31 NASA, Pretoria, F.V. Engelenburgversameling, A140, band 10, sublêer 42, F.V. Engelenburg, Pretoria – M.M. Koopmans-De Wet, Kaapstad, 22.08.1899.

32 NASA, Pretoria, F.V. Engelenburgversameling, A140, band 10, sublêer 42, F.V. Engelenburg, Pretoria – M.M. Koopmans-De Wet, Kaapstad, 22.08.1899.

33 “De Volksstem”, De Volksstem, 16.09.1899 (Kennisgewing).

34 “De Volksstem”, De Volksstem, 16.09.1899 (Kennisgewing).

35 “De Volksstem”, De Volksstem, 16.09.1899 (Kennisgewing).

36 “De Volksstem”, De Volksstem, 16.09.1899 (Kennisgewing).

37 Anon., “Onze koerantenjongens”, De Volksstem, 30.10.1899.

38 NA, Den Haag, W.J. Leydsversameling, 97, vol. 48, F.V. Engelenburg – W.J. Leyds, 11.09.1899.

39 Die voorletters van mnr. Short is onbekend.

40 NA, Den Haag, W.J. Leydsversameling, 97, vol. 48, F.V. Engelenburg – W.J. Leyds, 03.03.1898.

41 In die oorspronklike teks is “elke” dubbel onderstreep.

42 NA, Den Haag, W.J. Leydsversameling, 97, vol. 48, F.V. Engelenburg – W.J. Leyds, 03.03.1898.

43 NA, Den Haag, W.J. Leydsversameling, 97, vol. 48, F.V. Engelenburg – W.J. Leyds, 03.03.1898.

44 NA, Den Haag, W.J. Leydsversameling, 97, vol. 48, F.V. Engelenburg – W.J. Leyds, 14.08.1899.

45 NA, Den Haag, W.J. Leydsversameling, 97, vol. 48, F.V. Engelenburg – W.J. Leyds, 14.08.1899.

46 NASA, Pretoria, F.V. Engelenburgversameling, A140, band 5, sublêer 16, Redakteur, The North American Review, New York – F.V. Engelenburg, Pretoria, 20.09.1899.

47 NASA, Pretoria, G.S. Prellerversameling, A787, volumes 206–209. Op verskeie bladsye in die volumes is dokumentasie en fakture wat aantoon dat Engelenburg nuus voorsien het aan buitelandse nuusagentskappe en die internasionale pers.

48 Behrens, H.P.H. “The colourful past of the press”, Pretoria News, 26.10.1955.

49 NASA, Pretoria, F.V. Engelenburgversameling, A140, band 10, sublêer 41, F.V. Engelenburg – M.M. Koopmans-De Wet, 31.05.1896.

50 Anon., “English ‘Volksstem’”, De Volksstem, Special Edition,02.10.1899.

51 De Volksstem vanaf 14 Oktober 1899.

52 Redaksionele kommentaar, “Getrouw aan hun woord”, De Volksstem, 23.09.1899.

53 Redaksionele kommentaar, “Een zuiveringsproces”, De Volksstem, 30.09.1899.

54 Anon., “Daar gaan ze”, Speciale Editie van De Volksstem, 13.10.1899.

55 NASA, Pretoria, LA, vol. 681, deel I, bl. 72, Secretary Committee for reviewing British permits – State Secretary, Pretoria, 13.10.1899.

56 NASA, Pretoria, LA, vol. 682, deel I, bl. 70, Landdroskantoor – Staatsekretaris, 13.10.1899.

57 NASA, Pretoria, ZAR, vol. 16, Tweede Volksraadsnotules van die ZAR 1899, art. 940, 13.10.1899. Kyk ook Buitengewone Staats-courant, deel XIX, no. 1069, 20.10.1899.

58 Anon. “Twee branden”, De Volksstem, 04.10.1899.

59 Redaksionele kommentaar, “Is het genoeg?”, De Volksstem, 23.09.1899.

60 Redaksionele kommentaar, “Wat nu! Het begin van het einde”, De Volksstem, 27.09.1899.

61 Redaksionele kommentaar, “De huidige situatie”, De Volksstem, 15.04.1899; Redaksionele kommentaar, “Oorlogsgeruchten”, De Volksstem, 29.04.1899; Redaksionele kommentaar, “Diplomatieke schermutseling”, De Volksstem, 06.05.1899; Redaksionele kommentaar, “In naam des volks”, De Volksstem, 13.05.1899; Redaksionele kommentaar, “Schietwedstrijd”, De Volksstem, 13.05.1899; Redaksionele kommentaar, “Een twede appelkar omver”, De Volksstem, 17.05.1899; Redaksionele kommentaar, “Een nieuw komplot”, De Volksstem, 17.05.1899; Redaksionele kommentaar, “De Transvaalse toestand: Oorlogswolken”, De Volksstem, 17.05.1899; Redaksionele kommentaar, “De aanstaande ontmoeting tussen President Steijn, de Britse Hoge Kommissaris voor Z.A. en President Kruger”, De Volksstem, 20.05.1899; Redaksionele kommentaar, “Wat nu! Het begin van het einde”, De Volksstem, 27.09.1899; Redaksionele kommentaar, “De oorlogskansen”, De Volksstem, 12.08.1899; Redaksionele kommentaar, “Portugal’s houding”, De Volksstem, 19.08.1899; Redaksionele kommentaar, “Kunstmatige agitatie”, De Volksstem, 01.07.1899; Redaksionele kommentaar, “De Jameson-burgers”, De Volksstem, 24.05.1899; Redaksionele kommentaar, “De voleindigde konferentie”, De Volksstem, 07.06.1899; Redaksionele kommentaar, “Pretoria’s publiek”, De Volksstem, 21.06.1899; Redaksionele kommentaar, “Notulen der Bloemfontein Conferentie”, De Volksstem, 24.06.1899.

62 Lottering, B.C. (korr.), “Waarschuwing”, De Volksstem, 12.04.1899; Joubert, D.P. (korr.), “Weg met Engelse bemoeiingen”, De Volksstem, 19.04.1899; Esterhuizen, H. (korr.), “Een verdediging”, De Volksstem, 03.05.1899; Een Hollander (korr.), “God behoede Transvaal”, De Volksstem, 06.05.1899; Lottering, B.C. (korr.), “Uitlander-verplichtingen”, De Volksstem, 06.05.1899; Neethling, C.S. sr. (korr.), “Open brief. Aan de HEd. Regering der ZA Republiek”, De Volksstem, 24.05.1899; Loveday, P.K. (korr.), “Krijgsdienst door vreemdelingen”, De Volksstem, 10.05.1899; Wissink, H.N. (korr.), “De arme uitlander”, De Volksstem, 20.05.1899; Otto, M.H. (korr.), “Jameson-burgers. Geen knoeiers meer”, De Volksstem, 20.05.1899; Malan, Hercules (korr.), “Ernstige waarschuwing”, De Volksstem, 24.05.1899; Coetsee, Andreas (korr.), “Chamberlain’s verenigde kommissie”, De Volksstem, 12.08.1899; Lottering, B.C. (korr.), “Naar de grenzen”, De Volksstem, 30.08.1899; De Wet, S.D. (korr.), “Geen aarzeling meer!”, De Volksstem, 30.08.1899; Faure, D.P. (korr.), “Oorlog en daarna”, De Volksstem, 30.08.1899.

63 NASA, Pretoria, TAB, SS, 8057, R13356/99, 21.09.1899.Verslag.

64 NASA, Pretoria, TAB, SS, 8057, R13356/99, 21.09.1899. Verslag.

65 Redaksionele kommentaar, “De lendenen omgord”, De Volksstem, 09.09.1899.

66 NASA, Pretoria, TAB, SS, 8057, R13361/99, 27.09.1899. Verslag.

67 NASA, Pretoria, TAB, Argief van die Kommandant-generaal (KG), 381, 7246/99, 28.09.1899, 7248/99, 28.09.1899 en 7250/99, 28.09.1899; TAB, KG, 382, 7365/99 en 7349/99, 30.09.1899; TAB, SS, 8060, R13465/99, 27.09.1899.

68 NASA, Pretoria, F.V. Engelenburgversameling, A140, band 10, sublêer 42, F.V. Engelenburg, Pretoria – M.M. Koopmans-De Wet, Kaapstad, 22.08.1899.

69 NA, Den Haag, W.J. Leydsversameling, 97, vol. 48, F.V. Engelenburg – W.J. Leyds, 14.08.1899.

70 Anon., “The situation”, Press Weekly Edition, 23.09.1899;Redaksionele kommentaar, “Getrouw aan hun woord”, De Volksstem, 23.09.1899.

71 Anon., “Troepen naar de grenzen”, De Volksstem, 30.09.1899.

72 Die outeurs was twee ouddirekteure van die NZASM. In Memoriam berus veral op die jaarverslae en ander amptelike gegewens en in ’n mate op herinneringe. Bruchner het Van Kretschmar in 1907 opgevolg toe hy lid van die Raad van Kommissarisse geword het.

73 President Paul Kruger.

74 Redaksionele kommentaar, ongetiteld, De Volksstem, 02.10.1899.

75 Redaksionele kommentaar, “Na 19 jaar”, De Volksstem, 04.10.1899.

76 Anon., “Vertrek der Hollanders”, De Volksstem, 07.10.1899.

77 Engelenburg, F.V. “De Pretoria-mensen”, De Volksstem, 04.10.1899.

78 NASA, Kaapstad, F.S. Malanversameling, A583, vol. 86, F.V. Engelenburg – M.M. Koopmans-De Wet, 03.10.1899. Telegram.

79 Engelenburg, F.V., “De Pretoria-mensen”, De Volksstem, 04.10.1899.

80 Cornelis Plokhooij het in 1897 na die ZAR gekom en het van 1897 tot 1899 onderwys gegee aan die Oost-Eind Skool in Pretoria.

81 NASA, Pretoria, ZAR, vol. 90, Amptelike Publikasies van die ZAR, Traktate van vriendskap en handel gesluit tussen die ZAR en die Oranje-Vrystaat 1889–1899.

82 Redaksionele kommentaar, “De ultimatum”, De Volksstem, 12.10.1899.

83 Engelenburghuis, Pretoria, Ongeordende Engelenburgversameling, Faktuur van die Bridge Hotel, 16.10.1899.

84 Engelenburg, F.V., “De Engelsen in de Biggarsberg”, De Volksstem, Buitengewone Uitgave, 16.10.1899.

85 NASA, Pretoria, LA, vol. 681, deel I, Uitvoerende Raadsbesluit, art. 950, 16.10.1899.

86 Redaksionele kommentaar, De Volksstem, “De Slag bij Elandslaagte”, 22.10.1899.

87 NASA, Pretoria, ZAR, vol. 90, Amptelike Publikasies van die ZAR, Buitengewone Staatscourant der Zuid-Afrikaansche Republiek, ble. 1720–21, 18.11.1899. Sien ook Lohman, W.H. “Dr. H.J. Coster” in De Volksstem, 27.10.1899; Anon., “Hollander Korps”, De Volksstem, Buitengewone Uitgave, 03.11.1899.

88 Engelenburg, F.V., “De slag bij Edanslaagte”, Speciale Editie van De Volksstem, 22.10.1899. In “Elandslaagte” word die “l” deur ’n “d” vervang, en die “d” voor die “s” word weggelaat, waarskynlik weens ’n gebrek aan genoeg letters.

89 Engelenburghuis, Pretoria, Ongeordende Engelenburgversameling, telegram wat op 21 Oktober 1899 van Elandslaagte aan De Volksstem-kantoor in Pretoria gestuur is.

90 De Volksstem – Veldtocht-Editie het van 27 Oktober 1899 tot die inname van Pretoria verskyn.

91 Redaksionele kommentaar, “In de ure van gevaar”, De Volksstem, 05.03.1900; Redaksionele kommentaar, “Bange dagen voorbij”, De Volksstem, 06.01.1900.

92 Redaksionele kommentaar, “De lendenen omgord”, De Volksstem, 21.02.1900.

93 Redaksionele kommentaar, “Bange dagen voorbij”, De Volksstem, 06.01.1900; Redaksionele kommentaar, “In de ure van gevaar”, De Volksstem, 05.03.1900.

94 Redaksionele kommentaar, “Is het genoeg?”, De Volksstem, 16.09.1899.

95 Redaksionele kommentaar, “Is het genoeg?”, De Volksstem, 16.09.1899.

96 Engelenburg, F.V., “Houdt Moed!”, De Volksstem – Veldtocht-Editie, Elandslaagte, 07.12.1899.

97 Die dag voordat Pretoria deur die Britte ingeneem is.

98 Engelenburg, F.V. “Ons tabak-fonds”, De Volksstem, Buitengewone Uitgave, 31.10.1899.

99 Anon., “Allerlei”, De Volksstem – Veldtocht-Editie,Elandslaagte, Natal, 23.11.1899.

100 F.V. Engelenburg, “Ons tabakfonds”, De Volksstem, Buitengewone Uitgave, 04.05.1900.

101 NASA, Pretoria, F.V. Engelenburgversameling, A140, band 22, sublêer 64, N.J. Pretorius – F.V. Engelenburg, datum onbekend.

102 Anon. (waarskynlik F.V. Engelenburg), “Wijlen kol. De Villebois”, De Volksstem, Buitengewone Uitgave, 11.04.1900.

103 Anon. (waarskynlik F.V. Engelenburg), “Wijlen kol. De Villebois”, De Volksstem, Buitengewone Uitgave, 11.04.1900.

104 Anon. (waarskynlik F.V. Engelenburg), “Wijlen kol. De Villebois”, De Volksstem, Buitengewone Uitgave, 11.04.1900.

105 Engelenburg, F.V., “Colenso, Vrijdag”, De Volksstem – Veldtocht-Editie, Elandslaagte, Natal, 02.12.1899.

106 Generaal Redvers Buller was opperbevelvoerder van die Britse magte aan die begin van die Anglo-Boereoorlog en het in November 1900 na Engeland teruggekeer.

107 Engelenburg, F.V., “Van de Editeur, Het grote gevecht. Goed niews. Ere onze dapperen. Colenso”, De Volksstem, Buitengewone Uitgave, 16.12.1899.

108 Engelenburg, F.V., “Oorlogs-indrukken van de Editeur I”, De Volksstem, 16.12.1899.

109 Engelenburg, F.V., “Oorlogs-indrukken van de Editeur I”, De Volksstem, 16.12.1899.

110 NA, Den Haag, W.J. Leydsversameling, 97, vol. 48, F.V. Engelenburg – W.J. Leyds, 17.01.1900.

111 Lord Paul Sanford Methuen was die bevelvoerende generaal van die 1ste Divisie van die Britse magte gedurende die ABO.

112 NA, Den Haag, W.J. Leydsversameling, 97, vol. 48, F.V. Engelenburg – W.J. Leyds, 17.01.1900.

113 NA, Den Haag, W.J. Leydsversameling, 97, vol. 48, F.V. Engelenburg – L.W.S. Leyds, 17.01.1900.

114 NASA, Pretoria, TAB, SS, 8373, R5197x/100, F.V. Engelenburg – F.W. Reitz, 20.02.1900.

115 Redaksionele kommentaar, “De wil des volks”, De Volksstem, 08.05.1900.

116 Redaksionele kommentaar, “Gewapend verzet volhouden!”, De Volksstem, 17.05.1900.

117 Redaksionele kommentaar, “Zieltogerij”, De Volksstem, 23.08.1899; Redaksionele kommentaar, “Monniken-werk”, De Volksstem, 26.08.1899; Redaksionele kommentaar, “Klare wijn”, De Volksstem, 30.08.1899; Redaksionele kommentaar, “De lendenen omgord”, De Volksstem, 09.09.1899.

118 Engelenburghuis, Pretoria, Ongeordende Engelenburgversameling, Nota van die assistentkommissaris van polisie aan die kommandant van die gevangenis om W. Tresling toe te laat om Engelenburg in die tronk te besoek, 06.07.1900.

119 John Maxwell was ’n generaal in die Britse leër en was bevelvoerder van die 14de Brigade tydens lord Roberts se opmars na Pretoria. In 1900 is hy aangestel as militêre goewerneur van Pretoria en Wes-Transvaal en het tot Maart 1902 as sodanig gedien.

120 Engelenburghuis, Pretoria, Ongeordende Engelenburgversameling, F.V. Engelenburg, Pretoria – Provost Marshall, Pretoria, 07.07.1900.

121 Engelenburghuis, Pretoria, Ongeordende Engelenburgversameling, Pas nr. 3047A, 10.07.1900.

122 Bols-jenewer word in Nederland vervaardig. (Labuschagne en Eksteen (reds.). 1993. Verklarende Afrikaanse Woordeboek. Pretoria: J.L. van Schaik, bl. 304.)

123 Anon., “Mount Nelson Hotel” by http://www.capetownmagazine.com/mount-nelson-hotel (26 Oktober 2014 geraadpleeg).

124 Lord Horatio Herbert Kitchener was sedert 1900 opperbevelhebber van die Britse troepe in Suid-Afrika.

125 Anon., “Mount Nelson Hotel” by http://www.capetownmagazine.com/mount-nelson-hotel (26 Oktober 2014 geraadpleeg).

126 NASA, Pretoria, F.V. Engelenburgversameling, A140, band 10, sublêer 42, F.V. Engelenburg, Pretoria – M.M. Koopmans-De Wet, Kaapstad, 19.03.1899.

127 Die Uitvoerende Raad van die ZAR kon beswaarlik namens alle Afrikaners so ’n besluit neem. Die uitdrukking in die resolusie was egter beslis “die Afrikanerdom”.

128 NA, Den Haag, W.J. Leydsversameling, 1846, vol. 178, Geheime besluite van die Uitvoerende Raad van die ZAR, 24.07.1900.

129 NA, Den Haag, W.J. Leydsversameling, 1846, vol. 178, Geheime besluite van die Uitvoerende Raad van die ZAR, 24.07.1900.

130 NA, Den Haag, W.J. Leydsversameling, 1846, vol. 178, G. Pott, Lourenço Marques – W.J. Leyds, Brussel, 29.05.1900.

131 NASA, Pretoria, LA, vol. 368, deel II, Rekening en verantwoording, F.V. Engelenburg aan W.J. Leyds, 16.09.1902.

132 NASA, Pretoria, LA, vol. 367, deel II, Ooreenkomste met C.H. Beelaerts van Blokland en J.C. Cluysenaar, 26.01.1901.

133 Engelenburg het telkens die spelling “Jasmin” in sy korrespondensie gebruik, asook op sy briefhoofde, hoewel die korrekte spelling “Jasmim” is.

134 NA, Den Haag, W.J. Leydsversameling, 97, vol. 48, F.V. Engelenburg, Lissabon – W.J. Leyds, 09.01.1901.

135 NA, Den Haag, W.J. Leydsversameling, 97, vol. 48, F.V. Engelenburg, Lissabon – W.J. Leyds, 09.01.1901.

136 Don Carlos is in dieselfde jaar as Engelenburg gebore. Hy was die eerste Portugese koning wat vermoor is sedert koning Sebastian se dood in 1578. Don Carlos is in 1908 op 45-jarige leeftyd doodgeskiet terwyl hy saam met die koninklike familie in ’n oop voertuig gereis het. Sy oudste seun en troonopvolger, prins Luis Filipe, is ook in die aanval dood. Sy jongste seun, die 17-jarige prins Manuel, het ’n paar dae later die troon bestyg. Manuel se heerskappy is beëindig met die omverwerping van die koninkryk tydens die revolusie van 1910. Manuel het die res van sy lewe in ballingskap gewoon. Hy was die laaste koning van Portugal.

137 NA, Den Haag, W.J. Leydsversameling, 97, vol. 48, F.V. Engelenburg, Lissabon – W.J. Leyds, 03.01.1901.

138 NA, Den Haag, W.J. Leydsversameling, 97, vol. 48, F.V. Engelenburg, Lissabon – W.J. Leyds, 03.01.1901.

139 NA, Den Haag, W.J. Leydsversameling, 97, vol. 48, F.V. Engelenburg, Lissabon – W.J. Leyds, 03.01.1901.

140 NA, Den Haag, W.J. Leydsversameling, 97, vol. 48, F.V. Engelenburg, Lissabon – W.J. Leyds, 23.01.1901.

141 NA, Den Haag, W.J. Leydsversameling, 97, vol. 48, F.V. Engelenburg, Lissabon – W.J. Leyds, 02.01.1901.

142 NA, Den Haag, W.J. Leydsversameling, 97, vol. 48, F.V. Engelenburg, Lissabon – W.J. Leyds, 03.01.1901.

143 Hendrik Pieter Nicolaas Muller (1859–1941) was ’n Duitse sakeman, diplomaat en voor en gedurende die Anglo-Boereoorlog konsul-generaal vir die Oranje-Vrystaat.

144 NASA, Pretoria, LA, vol. 93, deel I, Memorandum van De Commissie voor de Refugees uit de ZAR aan W.J. Leyds, 17.11.1900.

145 NASA, Pretoria, LA, vol. 62, deel I, GZR 1/01, gedeelte uit ongedateerde GZR 7394/00, Verslag van H.T.D. de Cock en H.C. de Bruyn Prince.

146 LA, vol. 93, deel II, ongedateerde vertaling (Nederlands) van die kennisgewing.

147 Vrystaatse Argiefbewaarplek (VAB), Bloemfontein, Oorlogsmuseumversameling: Kmdt. N.J. Grobler, A155/68/1, F.V. Engelenburg, Lissabon – N.J. Grobler, Alcobaça, 04.05.1901; H. Brücher, Lissabon – N.J. Grobler, Alcobaça, 02.06.1901; J.A. Gerken, Lissabon – N.J. Grobler, Alcobaça, 25.06.1901.

148 NASA, Pretoria, LA, vol. 93, deel II, ZZR 1953/01. Sien ook ZZR, R.AI, Snethlage – W.J. Leyds, 28.03.1901; GZR 1953/01, W.J. Leyds – C.E. George, 01.04.1901. Telegram.

149 NASA, Pretoria, LA, vol. 93, deel II, GZR 1953/01. Memorandum.

150 S.A. Smit (namens sy medegevangenes), “Zuid-Afrika” in Dagblad van Zuid-Holland en 's Gravenhage (Bijvoegsel tot het Avondblad), 19.08.1901.

151 S.A. Smit (namens sy medegevangenes), “Zuid-Afrika” in Dagblad van Zuid-Holland en 's Gravenhage (Bijvoegsel tot het Avondblad), 19.08.1901. Sien ook H.J. Emous, “Onbeschermden” in Algemeen Handelsblad, 01.02.1902; en NASA, Pretoria, LA, vol. 93, deel I, 94/01, 17.11.1900, in verband met die tien se aanhouding en die feit dat hulle soos misdadigers behandel is.

152 NASA, Pretoria, LA, vol. 93, deel I, GZR 94/01, Memorandum van Commissie – W.J. Leyds, 20.11.1900. Sien ook LA, vol. 93, deel II, GZR 1953/01, in verband met briefwisseling oor die saak.

153 NASA, Pretoria, LA, vol. 253, deel IV, W.J. Leyds – Edgar Roets. Brief ongedateer.

154 NASA, Pretoria, LA, vol. 823, deel II, F.V. Engelenburg – M. Berdenis van Berlekom, 28.03.1901 en 24.04.1901.

155 NA, Den Haag, W.J. Leydsversameling, 97, vol. 48, F.V. Engelenburg – W.J. Leyds, 28.03.1901.

156 NASA, Pretoria, LA, vol. 93, deel II, Memorandum van Commissie – W.J. Leyds, 16.04.1900. Sien ook LA, vol. 93, deel I, Commissie – W.J. Leyds, 12.05.1901.

157 NASA, Pretoria, LA, vol. 93, deel I, korrespondensie oor die saak.

158 VAB, Bloemfontein, Oorlogsmuseumversameling: Kmdt. N.J. Grobler, A155/68/1, J.A. van Otterloo, Nijmegen – N.J. Grobler, Alcobaça, 04.06.1902.

159 VAB, Bloemfontein, Oorlogsmuseumversameling: Kmdt. N.J. Grobler, A155/68/1, F.V. Engelenburg, Lissabon – kmdt. N.J. Grobler, Alcobaça, 17.05.1901.

160 VAB, Bloemfontein, Oorlogsmuseumversameling: Kmdt. N.J. Grobler, A155/68/1, J.A. Gerken, Lissabon – N.J. Grobler, Alcobaça, 25.06.1901; en J.A. Gerken, Lissabon – N.J. Grobler, Alcobaça, 13.07.1901.

161 VAB, Bloemfontein, Oorlogsmuseumversameling: Kmdt. N.J. Grobler, A155/68/1, J.A. Gerken, Lissabon – N.J. Grobler, Alcobaça, 19.08.1901.

162 VAB, Bloemfontein, Oorlogsmuseumversameling: Kmdt. N.J. Grobler, A155/68/1, F.V. Engelenburg, Lissabon – N.J. Grobler, Alcobaça, 04.05.1901; A155/68/1, J.A. Gerken, Lissabon – N.J. Grobler, Alcobaça, 13.07.1902.

163 VAB, Bloemfontein, Oorlogsmuseumversameling: Kmdt. N.J. Grobler, A155/68/1, J.A. Gerken, Lissabon – N.J. Grobler, Alcobaça, 11.06.1902.

164 Die real (meervoud réis) was die geldeenheid van Portugal van ongeveer 1430 tot 1911.

165 VAB, Bloemfontein, Oorlogsmuseumversameling: Kmdt. N.J. Grobler, A155/68/1, F.V. Engelenburg, Lissabon – N.J. Grobler, Alcobaça, 04.05.1901.

166 VAB, Bloemfontein, Oorlogsmuseumversameling: Kmdt. N.J. Grobler, A155/68/1, F.V. Engelenburg, Lissabon – N.J. Grobler, Alcobaça, 04.05.1901.

167 VAB, Bloemfontein, Oorlogsmuseumversameling: Kmdt. N.J. Grobler, A155/68/1, F.V. Engelenburg, Lissabon – N.J. Grobler, Alcobaça, 17.05.1901.

168 NASA, Pretoria, LA, vol. 71, deel II, GZR 47.2, 21.12.1901. Memorandum.

169 NASA, Pretoria, LA, vol. 324, deel I, Handgeskrewe verslag van C. Plokhooij, Amsterdam, 18.07.1901.

170 NASA, Pretoria, LA, vol. 324, deel I, F.V. Engelenburg, Lissabon – P.L.A. Goldman, Brussel, 02.05.1901.

171 NASA, Pretoria, LA, vol. 324, deel I, F.V. Engelenburg, Lissabon – P.L.A. Goldman, Brussel, 02.05.1901.

172 NASA, Pretoria, LA, vol. 324, deel I, F.V. Engelenburg, Lissabon – P.L.A. Goldman, Brussel, brief ongedateer.

173 NASA, Pretoria, LA, vol. 324, deel I, Handgeskrewe verslag van C. Plokhooij, Amsterdam, 18.07.1901.

174 NASA, Pretoria, LA, vol. 206, deel I, R 4013/02, W.J. Greyling namens die Commissie voor de Refugeé’s, Caldas da Reinha – W.J. Leyds, 12.07.1902.

175 NA, Den Haag, W.J. Leydsversameling, 97, vol. 48, F.V. Engelenburg – W.J. Leyds, 25.08.1902.

176 NASA, Pretoria, LA, vol. 368, deel II, F.V. Engelenburg – W.J. Leyds, 04.08.1902.

177 NASA, Pretoria, LA, vol. 368, deel II, W.J. Leyds – F.V. Engelenburg, 06.08.1902.

178 NASA, Pretoria, LA, vol. 368, deel II, W.J. Leyds, Utrecht, Januarie 1903.

179 NASA, Pretoria, LA, vol. 253, deel IV, Amptelike brief aan Canneel, Snethlage en Pierson, 12.11.1902.

180 NA, Den Haag, W.J. Leydsversameling, 97, vol. 48, F.V. Engelenburg, Amsterdam – W.J. Leyds, 30.12.1902.

181 NA, Den Haag, W.J. Leydsversameling, 1846, vol. 1183, H. Bertram, Koloniale kantoor, Londen – L. Botha, 23.10.1902; A.D. Elliot, Koloniale kantoor, Londen – L. Botha, 13.11.1902; A.D. Elliot, Koloniale kantoor, Londen – L. Botha, 16.11.1902; en A.D. Elliot, Koloniale kantoor, Londen – L. Botha, 02.12.1902.

182 NA, Den Haag, W.J. Leydsversameling, 1846, vol. 1182, W.J. Leyds – L. Botha, 08.12.1902.

183 NA, Den Haag, W.J. Leydsversameling, 1846, vol. 1182, W.J. Leyds – L. Botha, 08.12.1902.

184 NA, Den Haag, W.J. Leydsversameling, 97, vol. 48, F.V. Engelenburg, Brussel – W.J. Leyds, Groningen, 28.08.1902.

185 NA, Den Haag, W.J. Leydsversameling, 97, vol. 48, F.V. Engelenburg, Brussel – W.J. Leyds, 25.12.1902.

The post F.V. Engelenburg tydens die Anglo-Boereoorlog: ’n oorsig appeared first on LitNet.

LitNet: Jou satelliet

Die gelag van stakers in onderbroeke

$
0
0

Daar moet tog seker ’n stukkie humor in die doringklap van elke dag sit?

 Ek en die buurman, die kantoorwerker by die motorhawe oorkant die straat en meeste van sy lyfwagte weet dat onse landsleier nie die mees geskikte persoon in die pos is nie.

Ja, die agbare impi-danser weet dit moontlik self ook, maar tog, wanneer die geleentheid hom voordoen en soms selfs wanneer ’n traan meer gepas sal wees, dan lag die man uit Natal uit sy maag.  Hy sien die grap op sy teenstanders se gesigte terwyl hulle die afgrond van teëspoed aan die onbereikte kiesers probeer voorhou. Hy sien geleenthede vir internasionale sing en dans, terwyl hulle hofstukke voorberei; hy bestel vrouens, vliegtuie en vermaak, terwyl sy kiesafdeling bokke melk en toiletputte grawe.

Hy lag wanneer hy in sy stoet by hulle verby swiep en hulle lag, net omdat hulle hom kan sien!

“Sieke humor en ver van snaaks,” sou ek myself kon toesnou, indien niemand anders sou wou nie, maar tog ...

Ons weet dat die stakers by myne, klerefabrieke en treine deur hul massa werklose maatjies van die buurt ondersteun word – o, nee, wag – ons het nie meer klerefabrieke nie; my Edgars-onderbroek kom van China af!

Ieder geval, wanneer die munisipale werkers die grawe neervel en dromme omlê, dan is dit nie net die vuilgoed wat straat-af waai of die buurt se honde wat kwaadkat  speel nie, nee, dan is dit elke loslyf wat kan voetestamp en dreunliedjies sing wat nader gehark word om deel van die optog en aksie uit te maak. Etlike gefrustreerde ontvanger van ’n staatstoelaag wat sy kaart ’n derde keer moes gaan hernu, gryp na die geleentheid om iets te skop of te breek; elke entrepreneuriese boef neem sy kans om iets te aas en te kry om te verkwansel. Dis stakingstyd, ’n jaarlikse gebeurtenis, soos Nuwejaar of braaidag, wat loodreg saam die industrie se  loononderhandelings in ’n heerlike straatparty vir ’n ieder en ’n ander laat ontaard.

En dis waar die studente, of sou ek eerder sê hul “organiseerders”, hul handleiding en opleiding ontvang het. Die politieke swaargewigte en polieste praat en spekuleer oor die betrokkenheid van ’n sogenaamde “derde mag”, so al asof hulle met die heldersiende helmet gebore is en hul uitsprake hieroor kwansuis vir die res van ons nuus sal wees!

Daar was nog altyd meer as twee magte by hierdie optredes betrokke en daar is altyd ’n krimineel wat sy bronstige kloue om en agter die protesterende menigte inslaan. Netso, is daar altyd ’n politieke opportunis wat uit die stryd van die misplaastes geleentheid sien om veld te wen. Maar, dan is daar natuurlik die politieke “poppemeester”...

Die “een” wat die kuns van klemverskuiwing skynbaar vervolmaak het; die “een” wat die koekieblik op die kas plunder terwyl die ander mense rondskarrel om die miere op die grond dood te kry. Dis daai “een” vir wie ons bang moet wees.

Dis daai “een” wat agter sy skild lag ... daai “een” wat ware betekenis aan die gesegde "Nero fiddled while Rome burned" hier in Afrika gee!

Genoeg politiek!

Die uwe het werklik ’n ander meer meetbare kwelling.

Wat word van die studente se vierde kwartaal se werk?

Gaan hulle toetse skryf?

Kan hulle die sillabus voltooi?

En wat van die eindeksamen?

Sommige oningeligtes vertel dat die universiteite wat nie kan klas klaarmaak nie, die studente op hul jaarpunt van die vorige drie kwartale gaan takseer.

Dink jou dit aan.

“Dokter, ek het ’n steekpyn agter my abdomen, net hier ... waar my ribbes ophou ... wat kan dit wees?”

“Mmm ... abdomen, abdomen ... ek sal moet gaan oplees ...o ja ...ek het nie daai boek nie. Ons het mos nie eintlik die abdomen behandel nie; hoor hier, ek sal jou na ’n psigiater moet verwys.”

Gepraat van taks ... wat van die klasieke nat doek ...      

 “Asseblief, u moet my help!  Die reëls ten opsigte van die vrywillige openbaarmaking vir belastingbetalers met nie-verklaarde bates in die buiteland, sal blykbaar vir ’n tydperk van ses maande vanaf 1 Oktober 2016 verslap word, om ons aan te moedig om ons belastingsake in ooreenstemming met die regulasies te bring ... is dit waar?”

“Mmm ...Oktober 2016...Oktober... hmmm ... ons wás wel in die openbaar, maar ek weet nie so mooi van die buitelandse dinge nie ...”

Eish!

En onbeheersd kom die woorde “wat jy saai gaan jy maai” by my op. Die landjie van ons se voorgeslagte en gatgrawers het die slegste saad gesaai wat nou ontkiem. Dit werk maar so.

Êrens in elke ou se lewe gaan die duwwels saam met die blomme opkom en die gevolge daarvan sal hy maar moet hanteer.

As jy eerlikheid, deursettingsvermoë en harde werk saai, sal jy vertroue en sukses oes. Maar as jy selfgesentreerdheid, gulsigheid en onrus bly saai, dan sál jy probleme en plooie weens ’n swak rand bly oes!

 

The post Die gelag van stakers in onderbroeke appeared first on LitNet.

Gordhan se dagvaarding: Rule of Law, of state capture op steroïdes?

$
0
0

Die aankondiging dat Pravin Gordhan, minister van finansies, aangekla word van bedrog, was skaars koud of die hof van leunstoelregsgeleerdes was in sitting.

Daar is skynbaar twee hoofstrome: dié wat glo die aanklag is deel van ʼn politieke sameswering en Gordhan moes nie aangekla word nie, en die ander wat glo dis Rule of Law en die proses moet sy gang gaan.

Die meeste van die politieke partye, soos die EFF, die DA en – verrassend genoeg – die SAKP val in die eerste groep. Die UDM se Bantu Holomisa is die opvallende uitsondering wat hom aan die kant van die ANC skaar.

Daar hang geruime tyd reeds ʼn swaard oor Gordhan se kop, en die aanklagte is dus geen verrassing nie. Ministers van finansies wat nietighede soos governance en austerity measures wil toepas hou immers nie lank in die Zuma-administrasie nie.

Dié wat Rule of Law beweer – en ek vermoed daar is bitter min persone met ʼn regsagtergrond in hierdie groep – verstaan die term skynbaar as sou dit beteken dat almal gelyk voor die reg is en dat Gordhan nie op grond van sy posisie beter behandeling moet verwag nie.

Die vereiste van gelykheid voor die reg is inderdaad een been van die Rule of Law. Dis egter nie die enigste nie. Dit beteken ook dat die howe onafhanklik moet wees van politieke inmenging. Dit beteken dat amptenare van die hof hulle werk op onpartydige wyse moet doen. Terwyl die algemene publiek teen hierdie tyd goed verstaan dat dit beteken die regters moet onafhanklik wees, verstaan hulle nie altyd dat ook staatsaanklaers en prokureurs en advokate amptenare van die hof is en dat hulle eerste plig teenoor die hof is nie.

Daar kan nie onafhanklike howe wees indien enige been van die sisteem onderworpe is aan politieke beïnvloeding nie. Daar kan nie gelykheid voor die reg wees indien ʼn politieke party of ʼn politieke figuur die staatsmasjinerie, soos die polisie of die nasionale vervolger, kan gebruik om teëstanders in die hande te kry nie.

Die DA het gewys op die rampspoedige gevolge wat Gordhan se vervolging op die ekonomie sal hê. Die rand het reeds met meer as drie persent geval sedert die aankondiging. Die moontlikheid dat ons ekonomie tot rommelstatus verlaag sal word, is groot. Goedere word noodwendig duurder, en die armes word die swaarste getref hierdeur.

Hulle kommentaar gaan egter nie ver genoeg nie.

Die markte reageer op die manier wat hulle doen omdat daar geen geloof meer in ons regstelsel is nie. Net ʼn paar maande gelede was ons howe geprys nadat die grondwetlike hof in die openbare beskermer se guns beslis het teen Zuma. In Augustus het die verkiesings ons hoop gegee dat Zuma die boodskap sal ontvang dat sy leierskap nie meer welkom is nie.

Nou word die openbare vervolger gebruik om wat al meer na ʼn politieke geskil lyk te besleg. Dis waar die ekonomiese reaksie vandaan kom. ʼn Persoon wie se integriteit bo verdenking was, word aangekla. Dieselfde vervolgingsgesag wat so haastig is om dit te doen, sleep voete met die 783 aanklagte teen Zuma. Daar was reeds ʼn hofbeslissing dat Zuma moet antwoord op daardie aanklagte, maar steeds word daar nie haas gemaak nie. Dit maak versekerings van onpartydigheid en ontkennings van politieke inmenging in besluitneming van die openbare vervolger lagwekkend.

Vir enige demokratiese bestel om te kan voortbestaan, is geloof in die onpartydigheid van die polisie, die vervolger en die howe kardinaal.

Dit begin egter al meer lyk asof hierdie president blaadjies uit die reëlboek van die apartheidsregering onder Vorster en PW Botha neem. Gebruik staatsorgane om jou politieke doelwitte te bereik en te verseker dat jy wen, maak nie saak of jy in die proses die land en al sy burgers vertrap nie.

Mugabe se polisie is ʼn kwalik verskuilde kriminele bende wat die reg misbruik om vyande van die korrupte staat aan die kaak te stel. Die veiligheidspolisie in apartheid-Suid-Afrika se hoofdoel was om apartheid ten alle koste in stand te hou, selfs al beteken dit burgers moet vermoor word. Erdogan se Turkse polisie voer sy persoonlike wil uit, en nie meer dié van die staat nie.

Die polisie en weermag het ontstaan om wetsgehoorsame burgers te beskerm. Een van die eerste tekens dat demokrasie terminaal siek is, is wanneer hulle daardie funksie vergeet en burgers eerder onderdruk.

Die Valke is in sonde gebore. Nadat die Skerpioene, ʼn eenheid gekenmerk deur integriteit, ontbind was, moes ʼn meer beheerbare alternatief gevind word. Die Valke was die antwoord. Enige hoop dat hulle ten minste onafhanklik sou optree, is vroeg in die kiem gesmoor. Met elke polities gemotiveerde ondersoek begin hulle al meer soos Zuma se poppekas en minder soos ʼn elite ondersoekeenheid lyk. Teen die pas wat hulle aangaan, het hulle binnekort nog net ʼn Vlakplaas nodig om in ons hedendaagse “veiligheidspolisie” te transformeer.

Elke tweede dag is daar berigte van sg state capture in die koerante. Dit begin al meer lyk asof die Valke, en dele van die openbare vervolger, alreeds slagoffers van sodanige staatskaping was.

Die EFF se oproep vir landsburgers om op 2 November, wanneer Gordhan in Pretoria moet voorkom, die strate van Pretoria te vul, vervul ʼn belangrike simboliese rol. Dis al wat dit is. ʼn Simbool. Dit sal nie die openbare vervolger beweeg om die saak terug te trek nie. Die howe kan nie weier om dit aan te hoor nie.

Selfs indien daar ʼn wonderwerk gebeur en die ANC Gordhan ondersteun en Zuma herroep (en hy gehoor gee) stuit dit nog nie die vervolging nie.

Die #FeesMustFall-protes die afgelope week het duidelik bewys dat die polisie toenemend gewillig is om vreedsame protes met geweld teen te staan. Die moontlikheid dat daar op 2 November ʼn bloedbad in die strate van Pretoria kan plaasvind, kan nie uitgesluit word nie.

Tussen nou en 2019, vermoed ek, gaan daar toenemend inkrimping van demokratiese regte plaasvind. Gaan daar nog genoeg van ʼn demokrasie oorbly om die verkiesings as vry en regverdig te bestempel? Net as ons standpunt inneem, en van ons regering eis om verantwoording te doen vir die wyse waarop hulle regeer.

Hierdie verhoor gaan nie regtig oor Gordhan nie. Dit gaan nie eers oor die ekonomie nie.

Toenemend is ons besig om te veg vir die hart van die reënboognasie, die hart van ons demokrasie. Dit is die uiteindelike oogmerk van al die capture wat om ons aan die gang is.

The post Gordhan se dagvaarding: Rule of Law, of state capture op steroïdes? appeared first on LitNet.

Beskikbare insig

$
0
0
Die meeste mense kan dalk op 'n dag besluit om hul verstand te gebruik. Hulle het dit.
 
CM

The post Beskikbare insig appeared first on LitNet.

#Rommelstatusmustfall

$
0
0

Ek sien in die koerante, op TV en hoor oor die draadloos die wolk van Rommelstatus hang nog steeds oor ons ou landjie. Ek is nie 'n ekonoom of waarsêer nie, maar soos in vorige briewe al genoem, ek vertrou nie die vrede nie.

Ek kan nie sien dat die organisasies en persone wat die land beheer sal "toelaat" dat ons ekonomie na rommelstatus afgradeer word nie. Ons land is strategies te belangrik om dit toe te laat. Die land word tans net bietjie "geplunder". Die regime se trawate en meelopers klim natuurlik op die wa, want hulle kan en mag, maar dit sal nie meer baie lank geduld word nie.

Ek het in my lewensjare onluste gesien en beleef. Ek weet wanneer die "oproeriges" ernstig oor hul saak is en wanneer daar net meelopers en simpatiseerders is. Daar is van hulle wat 'n saak het, maar hulle is in die minderheid. Die "stewdents" se "flooiemustfall" en EFF se "simpatie" is alles georkestreerde, goed beplande tipiese "devide and rule" aksies.

Ek blameer nie "thurd fors" magte hier nie, maar sommer "forf and fiff forces" ook. Kyk bietjie wyer as ons ou landjie waar daar ook onluste en onrustigheid onder die gepeupel is. Ons is gelukkig, hier by ons is dit nog lae intensiteit anargie. Sirië, Afganistan en ander lande is dit oorlog.

Wie sit agter dit?

Ons hoef nie eers daaroor te bespiegel nie. O ja, en moenie vergeet nie. In die land sit daar mense wat direk tot die situasie bydra. Wie baat die meeste daarby as die Rand verswak. Die manne wat uitvoer. Hulle verdien hul geld in Dollars. Indien ek in daardie bevoorregte situasie sou verkeer, sal ek ook plan maak om meer te verdien.

Ek ruik nog steeds 'n rot.

Ons land het nie vriende nie. Almal het net belange hier.

Reusedwerg

The post #Rommelstatusmustfall appeared first on LitNet.


Huldeblyk: Jannie Earle, Taalraad-sekretaris

$
0
0

Jannie Earle was 'n toegewyde amptenaar van die Taalraad wie se gelyke ons moeilik sal kry as dit kom by werkywer en opoffering. Hy sal lank nog gemis word deur die organisasie. Hy was jare verbonde aan die Taalraad se sekretaris en was inderdaad 'n onmisbare skakel in die verrigtinge van die Taalraad. Saam met ons projekbestuurder het hulle gesorg dat al ons byeenkomste seepglad kon verloop. Hy het veral seker gemaak dat aktiwiteite in die Noorde deeglik beplan en uitgevoer word.   

As mens sal ons sy innemende geaardheid mis. Hy het nooit met sy hart op sy mou rondgeloop nie. As hy probleme ervaar het, het ons dit nooit agtergekom nie; hy wou nooit sy probleme ons s'n maak nie. Sy vriendelikheid en vermoë om onmiddellik met mense rapport te kon maak, was besonders. Sy medemenslikheid is bewonderenswaardig. Sy erns het baie keer ook plek gemaak vir luim. Tydens ons talle byeenkomste het ons ook ons grappies met mekaar kon deel, en het ons ook seker gemaak dat die grappies wat ons gedeel het, gepas het by sy waardigheid. Jannie het respek afgedwing, en vanuit sy agtergrond as geestelike werker kon hy menigmaal opbouende en vertroostende woordjies met ons deel. Sy liefde vir Afrikaans het gestraal uit sy kommunikasie, mondeling en skriftelik, met ons. Hy was 'n ware taalstryder wat onopvallend tog effektief altyd 'n bres geslaan het vir Afrikaans.

Jannie Earle - ons moes tog duidelik sy van uitspreek as "êrlie", want dit het Engels gelyk - was die ongelukkige slagoffer van ons huidige samelewing waarvan geweld 'n integrale deel geword het. Hy moes met sy skielike heengaan weer vir ons wys dat lewe in ons land maar min werd is. Sy edele inbors sal nog lank in almal wat met hom in aanraking was, se harte gegraveer wees. Hy was inderdaad 'n allemansvriend. Ons is seker sy vriende wat ons nie ken nie, sal saamstem dat ons een opregte mens verloor het. Mag die Meester hom aan Sy boesem druk en hom vrede gee.  

Mag jou Hemelse Reis voorspoedig wees, vriend en kameraad. Mooiloop/Uhambe kakuhle/ Otsamaya ka kgotso.

 

Hendrik Theys
Ondervoorsitter:  Afrikaanse Taalraad

The post Huldeblyk: Jannie Earle, Taalraad-sekretaris appeared first on LitNet.

Regsalmanak: Die Kruger-monument

$
0
0

Vir sy navorsing vir die weeklikse Regsalmanak-rubrieke maak Gustaf Pienaar grotendeels van Juta Law se aanlyn biblioteek gebruik.  Hierdie regsbiblioteek is ‘n omvangryke naslaanbron van hofsake, wetgewing en ons land se dinamiese grondwetlike ontwikkeling. Juta Law stel hierdie bronne goedgunstiglik tot Gustaf se beskikking vir die skryf van hierdie rubrieke. Vir nadere besonderhede besoek www.jutalaw.co.za.   

Lees ook vorige Regsalmanak-rubrieke
Regsalmanak: Die Groot Krokodil se swanesang
Regsalmanak: Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande
Regsalmanak: Tyd om die roede ook in Suid-Afrika te spaar?
Oscar Pistorius – vir laas: Voorste strafregkenner krities oor appèlhof se uitspraak
Regsalmanak: Hoofregter Stratford en die Wêreldhofuitspraak oor SWA
Regsalmanak: Twee juriste
Regsalmanak: Die verskyningsvorme van opset
Regsalmanak: Oor fyn-van-nerf verkeersbeamptes
Regsalmanak: 'n Grusame botsing en die waarde van deskundige getuienis
Regsalmanak: “Grassnyer” toe al die tyd mooitjies ‘n “motorvoertuig”
Regsalmanak: Skuldlose aanspreeklikheid van 'n werkgewer

Die Kruger-monument op Kerkplein, Pretoria, staan vanjaar net mooi 62 jaar daar. Sy feestelike onthulling op 11 Oktober 1954 het gepaard gegaan met ‘n eersterangse “kattegeveg” in die kabinet van DF Malan. Dit het ook staatsregtelike woelinge rondom die aanwysing van Malan se opvolger veroorsaak.

Toe JG Strijdom en sy vrou, Estelle, op Dinsdag 12 Oktober 1954 per vliegtuig na Europa gereis het, moes hulle ‘n bekommerde egpaar gewees het, al was hulle amptelik met vakansie. Dat hulle daarby straks met ‘n Constellation-vliegtuig van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) gereis het, is ‘n onbenulligheidjie waaroor ek tog later iets meer sal vertel.

Die vorige dag het Strijdom – toe nog minister van lande in die kabinet van DF Malan – die onthulling van die Krugermonument op Kerkplein, Pretoria, bygewoon. Vantevore het dié ikoniese skepping van Anton van Wouw jare lank voor die indrukwekkende Herbert Baker-stasiegebou gestaan.

Die onthulling van die monument deur Malan op Maandag 11 Oktober 1954 is voorafgegaan deur feestelikhede waarvan die besonderhede blyk uit ‘n fraai feesprogram wat onlangs in my besit gekom het. Die simfonie-orkes van die SAUK het konsert gehou; daar was ‘n vlotoptog in Kerkstraat, gevolg deur boeresport, ‘n huldigingsfunksie by die Voortrekkermonument en ‘n gesamentlike erediens in die stadsaal.

Die program is oral versier met gawe sketse (ek sien nêrens die kunstenaar se naam nie) van dinge soos die Krugerhuis, die presidensiële koets, die Raadsaal, die laaste kerkgebou op Kerkplein, edm.

Die boeresportprogram – met ‘n noukeurige verduideliking van hoe die “sakreisies”, “olifantreisies”, “hoenderhaanskop”, “eier en lepelreisies”, ens gehou sou word – verskaf kostelike leesstof. Die name van tientalle hoogwaardigheidsbekleërs wat by die verskillende geleenthede sou optree, word ook in die program vermeld. Van hulle meen ek dat net ds Henno Cronjé nog leef. Hy het by een van die geleenthede in sy hoedanigheid as “President, Uniale Hoofbestuur van die Afrikaanse Studentebond” opgetree.

Die feesprogram in my besit is oorspronklik geteken deur drie van die vier individue oor wie hierdie skets handel: goewerneur-generaal EG Jansen, premier DF Malan en JG Strijdom. Slegs HF Verwoerd se handtekening ontbreek.

Malan se rede tydens die onthulling van die monument word gelykgestel aan sy beroemde “Quo vadis?”-toespraak tydens die onthulling van die Voortrekkermonument in 1949.

Met die feestelikhede agter die rug het Malan sy kabinet laatmiddag op 11 Oktober 1954 na sy ampswoning, Libertas (deesdae Mahlamba Ndlopfu), ontbied. Nadat drinkgoed bedien is, het die bejaarde Malan ‘n aankondiging gemaak wat al lank te wagte was: hy sou op 30 November 1954 as premier uittree. En toe los hy die spreekwoordelike politieke bom: hy sou by Jansen aanbeveel dat die minister van finansies, Klasie Havenga, hom as premier moet opvolg. Immers: sonder die steun van Havenga se Afrikanerparty sou Malan nie in 1948 ‘n regering kon gevorm het nie.

Malan het straks gemeen dat die aanwysing van ‘n nuwe eerste minister vir Suid-Afrika moes geskied presies soos dit in Brittanje die geval was (en steeds is): daar is dit die gevestigde prerogatief van die monarg om by ‘n regeringswisseling iemand te vra om eerste minster te word en ‘n regering saam te stel.

Oor baie jare heen het ‘n tradisie egter posgevat dat die monarg akkuraat deur veteraanstaatsmanne (“elder statesmen”) geadviseer word oor wie die agting, vertroue en steun van die meerderheid parlementslede – of die meerderheidsparty – geniet, met die oog op die aanwysing van daardie persoon as die nuwe eerste minster. (Ek wonder of laasgenoemde tradisie vandag nog geld: die media hou immers deesdae die koningin meer as voldoende op die hoogte van die dikwels intense politieke verwikkelinge rondom die verkiesing van ‘n nuwe eerste minister.)

Dit wil lyk asof Malan van mening was dat ‘n soortgelyke tradisie as in Brittanje ook in Suid-Afrika gegeld het: die goewerneur-generaal sou deur hom, Malan (straks as “elder statesman”?), geadviseer word oor wie hom moes opvolg. Hy sou dan vir Klasie Havenga voorstel.

Hoewel Malan niks van Strijdom gehou het nie, was hý egter die man met wie rekening gehou moes word. Strijdom was leier van die Nasionale Party (NP) in Transvaal, wat aan hom ‘n stewige magsbasis verleen het. Malan se voorneme om ‘n aanbeveling aan die goewerneur-generaal oor sy opvolger te maak, was duidelik in stryd met die grondwet van die NP waarvolgens ‘n nuwe hoofleier – en dus die nuwe premier – deur die parlementêre koukus van die party aangewys moes word.

Daardie aand het Strijdom en sy ondersteuners by sy ampswoning planne beraam. Sy grootste vertroueling, Hendrik Verwoerd, het hom die volgende oggend na die Palmietfontein-lughawe (deesdae OR Tambo) vergesel. Gedurende die rit is daar ongetwyfeld verder aan ‘n strategie gewerk.

Met Strijdom-hulle in die vliegtuig onderweg na Europa, het Verwoerd daardie middag ‘n Uitvoerende Raadsvergadering by die ampswoning van Jansen bygewoon. Volgens die Suid-Afrika-wet van 1909, wat indertyd nog die geldende grondwet was, het die uitvoerende gesag van die Unie berus by die “Goewerneur-Generaal-in-Rade”. Dit beteken dat alle uitvoerende handelinge – soos die ondertekening van parlementswette en proklamasies en dinge soos die bekragtiging van die doodsvonnis vir iemand wat dit deur die hooggeregshof opgelê is – deur die goewerneur-generaal in die teenwoordigheid van ‘n lid of lede van die kabinet moes geskied. Vandaar die frase “in rade”.

Verwoerd het die geleentheid daardie middag benut om Jansen mee te deel dat Malan se opvolger deur die NP se koukus aangewys sou word. “Dit was klaarblyklik vir hom (Jansen) welkom,” het Verwoerd op 13 Oktober 1954 aan Strijdom geskryf. Dit was ‘n meesterlike skuif, want daarmee is Malan se gedagte om die NP-koukus te omseil effektief gefnuik.

Maar Malan het nie gaan lê nie. Tydens ‘n laaste kabinetsvergadering op 18 November 1954 het die sweer van die vertroebelde verhouding tussen hom en Strijdom oplaas oopgebars. “Dit het,” skryf Lindie Koorts in haar biografie oor Malan, “op ’n woedende bakleiery tussen hom (Malan) en Verwoerd uitgeloop.” Verwoerd self het dit daarna in ‘n brief aan Strijdom as “‘n uiters onaangename kattegeveg” bestempel. Malan het dit duidelik gemaak dat Strijdom nie sy opvolger kon wees nie; dit móés Havenga wees. Maar elke argument teen Strijdom het Verwoerd met kragtige teenargumente begroet. ‘n Mens wonder of Malan dalk – wie sal ooit weet? – Strijdom se afwesigheid uit die land wou gebruik om Klasie Havenga se aanspraak op die premierskap te bevorder. Hy het egter verloor.

Die Strijdoms is op 26 November 1954 deur ‘n groot skare begroet toe hul op die lughawe uit Europa teruggekeer het. Vier dae later is Strijdom deur die koukus van die NP as vyfde premier van die Unie van Suid-Afrika verkies. Dit was Klasie Havenga – dalk as senior lid van die koukus? – se lot om die Goewerneur-Generaal later daardie dag te besoek en aan hom die uitslag van die koukusstemming oor te dra. Strijdom is daarna deur Jansen ontbied en versoek om ‘n regering saam te stel.

J G Strijdom pas na sy aanwysing deur die koukus van die Nasionale Party as opvolger van dr. D F Malan. Regs van hom op die foto is ‘n klaarblyklik teleurgestelde min. Klasie Havenga – Malan se onsuksesvolle keuse as Suid-Afrika se vyfde premier.

Reeds met sy vertrek na Europa meer as ‘n maand vantevore was daar kommer oor Strijdom se gesondheid. Oplaas het hy minder as vier jaar lank as eerste minister gedien en is hy na sy dood deur Verwoerd opgevolg. Malan self is op 9 Februarie 1959 – nogal op my ma se verjaarsdag – op Stellenbosch oorlede.

Dit is ‘n verhaal oor Suid-Afrika se politieke intriges en staatsreg van dekades gelede. Vandag sien die staatkundige bestel natuurlik drasties anders daar uit. Ingevolge die Grondwet van 1996 berus die uitvoerende gesag van die Republiek by die president. (Tans is dit mos ene Jacob Gedleyihlekisa Zuma.) Die nasionale vergadering moet tydens sy eerste sitting ná ‘n verkiesing ‘n man of vrou “uit sy geledere” as president verkies. Die hoofregter moet tydens sodanige verkiesing voorsit. Hierdie prosedure word ook gevolg as die amp van president vakant raak. Dan moet die hoofregter binne 30 dae ‘n sitting van die nasionale vergadering belê met die oog op die verkiesing van ‘n nuwe president. (Ek het ‘n spesmaas dat baie Suid-Afrikaners tans – by die skryf hiervan – reikhalsend uitsien na presies so ‘n geleentheid.)

En my onbenullige opmerking aan die begin dat Strijdom-hulle straks met ‘n Constellation-vliegtuig van SAL na die buiteland sou reis? Wel, in die fraai gedenkprogram by die onthulling van die Krugerstandbeeld is daar net één advertensie: dié van SAL se “Constellationtoeristediens” (sic) na Europa. Dit vertel van Kruger se laaste dae in die vreemde en vervolg dan: “Sy tam ou liggaam mag wel in Clarens, Switserland lê, maar sy hart is in sy dierbare ou Transvaal.” Kruger se sterfhuis, vervolg die advertensie, is ‘n volksmonument in die hartjie van Europa. En dan die pièce de résistance: “Wanneer u weer Londen toe vlieg met ‘n Constellation-toeristeklasvliegtuig teen minder as £80 as gewoonlik, kan u by Frankfurt afstap en daarvandaan die Krugerhuis in Clarens, Switserland besoek.”

Patriot wat Strijdom was, sou hy sekerlik nie met ‘n ander redery as SAL na Europa gevlieg het nie. Buitendien: die Constellation met sy sierlike romp en kenmerkende drie-puntige stert was in daardie dae sekerlik een van die wêreld se voorste en gerieflikste passasiersvliegtuie.

Bronne

Botha, MC: Premiersverkiesings sedert 1910. Perskor, 1979.

Koorts, Melanie: DF Malan en die opkoms van Afrikaner-Nasionalisme. Tafelberg, 2014.

Foto's verskaf

 

The post Regsalmanak: Die Kruger-monument appeared first on LitNet.

Tien vrae: Duane Aslett oor Goudduiwel

$
0
0

Foto van Duane Aslett: Twitter

Goudduiwel
Duane Aslett
Queillerie
ISBN: 9780795801174

Skrywers oor hul nuwe boeke: Duane Aslett oor Goudduiwel 

Duane, jy is ‘n forensiese rekenmeester. Wat is jou spesialiteitsgebiede – met ander woorde: wat ondersoek jy?

Eintlik is ek nie ʼn rekenmeester nie, maar het ʼn strafregagtergrond (voormalige polisiebeampte en later staatsaanklaer). Tans doseer ek die strafreggedeelte in die Program vir Forensiese Rekenmeesterskap, met spesifieke fokus op diefstal, bedrog, korrupsie, rampokkery en geldwassery.

Jou tweede spanningsroman, Goudduiwel, het pas verskyn. Jou werk help jou seker baie met jou navorsing, of hoe?

Beslis – baie van die agtergrond vir die romans kom uit die navorsing vir my LLD-proefskrif. Mens skryf mos maar oor wat jy weet.

Jou werk neem sekerlik ook baie tyd in beslag – waar kry jy tyd vir skryfwerk tussen jou werk deur (of tyd vir werk tussen die skryf deur)?

Vakansies – dit is wat ek doen vir ontspanning, so vakansietye werk die beste vir my, want dan kan ek ook sonder ander verpligtinge of afleiding aan ‘n manuskrip werk.

Waar het jy die idee vir Goudduiwel gekry? En, sonder om te veel te verklap van die storie: kan jy Goudduiwel se plot/intrige in ‘n sin of twee opsom?

Ek ʼn jare lange belangstelling in die legende van die Krugermiljoene – hoe die legende ontstaan het, waarom, die waarheid daarvan ens – en het gevoel dit sal as interessante agtergrond vir ʼn roman dien, veral in die lig van Dan Brown se romans. Die intrige handel oor Niel Campher wat in sy eie soeke na die Krugermiljoene met ʼn geheime organisasie, die Ysterhoutlaer, deurmekaar raak. Hy het egter sy eie agenda want “iemand moet boet”. Die titel is geïnspireer deur die gesegde in die kloue van die Goudduiwel”, wat gierigheid beteken, en waar Skoppensboer oor die dood gehandel het, handel Goudduiwel oor gierigheid.

Maak sommige van Skoppensboer se karakters weer hul opwagting in Goudduiwel? En is dit verkieslik dat lesers ook Skoppensboer moes gelees het om die storie in Goudduiwel beter te volg?

Dieselfde karakters verskyn weer in Goudduiwel, maar omdat dit ʼn totaal ander storie is (aldus Thys Human tydens die Aardklop Boeke-oase gesprek), is dit nie nodig om eers Skoppensboer te gelees het nie.

Soos jy aangedui het, is die Krugermiljoene ‘n tema in jou boek – en dis ‘n legende wat steeds mense se verbeeldings aangryp. Watter interessanthede kon jy hieromtrent uitvind?

Ek was aanvanklik bekommerd oor die cliché van skatte wat in die grond begrawe is op ʼn plek gemerk “X”, en moes dus versigtig met die legende omgaan. Die kern van die saak is dat daar werklik goud per trein ooswaarts vervoer is toe die Boeremagte Pretoria ontruim het met lord Roberts se inval. Later was daar bewerings dat baie goudstawe “weg” was (nie verreken kon word nie), en so is die legende van die Krugermiljoene gebore. Of dit waar of vals is, sal ons seker nooit werklik weet nie.

Skryf jy sodat jou fiktiewe speurder ‘n saak namens die werklike jy, as skrywer, kan oplos? En is hierdie saak dan ‘n verbeelde saak, of ‘n werklike een?

Daar is plek-plek werklike gebeure van sake tussen die fiksie deur verweef, juis omdat ek lesers wil laat wonder waar feite stop en fiksie begin. Maar merendeels is die sake fiksie gebaseer op feite – om die skuldiges te beskerm. J

Hoe lank het jy aan hierdie boek geskryf? En het jy ‘n daaglikse skryfroetine?

Ongeveer twee jaar lank. Nee, ek het nie werklik ʼn vaste roetine nie, omdat ek ook nie op ʼn vaste plek skryf nie. Soms skryf ek in koffiewinkels, ander kere weer in iemand se sit- of eetkamer, so ek skryf waar en wanneer ek kan en hou my “roetine” dus buigbaar.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het nie aldag ‘n goeie naam nie. Jy is besig om jou doktorale studie te voltooi. Kry jy spesifiek in jóú alledaagse werk se doen en late te doen met kundige polisiebeamptes?

Ja, wel, en ek het baie respek vir die manne in blou wat gedrewe is om ʼn verskil te maak. In die Staat v Botha-uitspraak in 1995 reeds het die hof egter bevind dat ons samelewing só gespesialiseerd geraak het en daar soveel wetgewing en bedrywe is wat geadministreer en gereguleer word, dat geen polisiediens in 'n moderne samelewing sonder die hulp van private instansies alle misdaad kan ondersoek en voorkom nie. Die polisie het dus die samelewing se hulp met misdaadbekamping nodig. Toe ek in die polisie was in daardie selfde tyd (rondom 1995) het gemeenskapspolisiëring ʼn belangrike komponent van misdaadbekamping begin word, wat sekerlik vandag nog meer geld. Op daardie tydstip was gemeenskapspolisiëring reeds geruime tyd deur die Bobbies (Britse polisie) geïmplementeer – een van die beste polisiedienste ter wêreld, indien nie dié beste nie.

Wat lees jy op die oomblik?  

Ek het onlangs Rudi van Rensburg se Pirana klaargemaak en is tans besig met Karin Brynard se Tuisland. Tussendeur verstout ek my met Staal Burger deur Fanus Rautenbach, wat ek tydens Aardklop ontdek het (ek onthou die radiodrama, maar was nooit bewus dat dit in boekvorm gepubliseer is nie). Ou Staal Burger wat in sy swart Panther-motor misdaad bekamp, herinner my aan Rex Reynecke en sy swart Audi S5.

The post Tien vrae: Duane Aslett oor Goudduiwel appeared first on LitNet.

Karen Zoid word Beskermvrou van Borg ʼn Woord

$
0
0

"Kom ons sit die skat terug in woordeskat. Borg ʼn Woord!  Myne is Republiek".  So sê Karen Zoid wat vanaf 16 Oktober die beskermvrou van die WAT se Borg ʼn Woord-projek is en reeds Republiek geborg het.  "Ons het Karen gevra om beskermvrou te word omdat sy ikoniese status in die Afrikaanse musiekwêreld geniet en wyd gerespekteer word.  Sy is eenvoudig buitengewoon begaaf en het aanhangers onder alle generasies," sê Willem Botha, hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal.

karenzoidwat650

Enigiemand kan ʼn woord vir R100 borg, of ʼn woord koop vir R5 000.  As jy ʼn woord koop vir R5 000 mag niemand anders daardie woord borg of koop nie.  Meer as een persoon kan dieselfde woord vir R100 borg.  Elke deelnemer ontvang ʼn sertifikaat met sy naam en die woord wat hy geborg of gekoop het.

Volgens Botha het Borg ʼn Woord Afrikaanssprekendes bewus gemaak van die waarde van ʼn woord en ook van die rykdom en verskeidenheid van die Afrikaanse woordeskat.  Mense borg of koop woorde omdat dit  ʼn besonder persoonlike bevrediging gee: dit is jou woord.  Dit is ook ʼn gewilde verjaarsdag- of kersgeskenk.   

Elke deelnemer kwalifiseer outomaties vir die prystrekking vir ʼn Sanlamprys van R25 000.  Almal kry ook gratis toegang tot die Aanlyn WAT vir ses maande as jy ʼn woord borg of vir vyf jaar as jy ʼn woord koop.

Die volgende bekende persone het onlangs woorde geborg of gekoop:

Die skrywer, avonturier en dosent  Johan Bakkes borg karnallie en karnuffel vir sy vrou Nanna, pantoffel vir sy seun Mark, spookasem vir sy dogter Cara, kabouter vir sy skoonseun Gallie en pallieter ("lewensgenieter") vir homself.

Joan Hambidge borg goegeloer en vuisboek; Steve Hofmeyr koop pampoen en toeka; Rudolf en Sonia Gouws koop bolyf en slaggereed; die skrywer Wilna Adriaanse koop bobbelsee; dr. Chris Stals koop markekonomie; die skrywer Riëtte Rust borg emoji vir Coenie de Villiers; die skrywer en vorige beskermheer van Borg 'n Woord Deon Meyer  koop nugter (vir Bennie Griessel) en spanning; die skrywer Ena Jansen koop abba; Jan Braai koop braai;  Brand Pretorius koop dienende leierskap; Jannie Mouton koop entrepreneur;  Boet Troskie koop filmbaas; Johan Krige koop Kanonkop; Hermann en Anette Giliomee koop wispelturig, snotklap, pantoffel, skattebol en kolwyntjie vir hul vyf kleinkinders; die skrywer Winnie Rust het ramkat en gedamasseerd ter herinnering aan haar pa (Boerneef se broer) geborg; oudambassadeur Albert Nothnagel borg parasitokrasie; skrywer Anzil Kulsen borg tirk (woord wat in Upington en omgewing vir 'n padda gebruik word) en poenankies.

Ander interessante borgskappe is: Neels Borstlap borg borslap; Ockert Gouws borg namens sy ongebore babadogtertjie Petronella die woord mamma; Barry van der Westhuizen van die Sandveld borg ravot en latjiebeen; Wilhelm Sadie borg blymoedig vir Cebella Krige omdat sy die blymoedigste mens is wat hy ken; Johan Taljaard borg vinkel en koljander vir sy twee kleinseuns.  Ook Nederlanders en Vlaminge borg en koop woorde en Erik Arys van Vlaandere het lugfietser (iemand wat droom, wat lugkastele bou) gekoop.

Die staat het die WAT se subsidie in die afgelope tyd drasties ingekort.  Borg ʼn Woord is een van die wyses waarop die maatskappy die voltooiing van die grootste projek ooit in belang van Afrikaans wil verseker. Volledige inligting oor deelname aan Borg ʼn Woord is te kry by www.wat.co.za.

The post Karen Zoid word Beskermvrou van Borg ʼn Woord appeared first on LitNet.

In memoriam: Jannie Earle

$
0
0

Jannie Earle (65), sekretaris van die Afrikaanse Taalraad, het op 12 Oktober 2016 in ‘n noodlottige skietvoorval omgekom. Hy het waarskynlik die middag van sy lessenaar, waar hy met Taalraadsake besig was, opgestaan om te gaan kyk wat die oorsaak van die rumoer in sy omgewing was. Hy het nooit weer na sy lessenaar teruggekeer nie. ‘n Koeël het hom noodlottig getref toe hy buite kom. Die media was vol van die verhaal hoe hy en drie ander in die veiligheidsoord in Pretoria waar hy gewoon het, ‘n sinlose dood gesterf het.

Jannie Earle was ‘n vreedsame en blymoedige mens, ‘n voormalige predikant in die Gereformeerde Kerk en voorheen ‘n boer in die Vrystaat, afkomstig van Theunissen. Toe die Afrikaanse Taalraad my ‘n paar jaar gelede die geleentheid gegee het om ‘n assistent te betrek om my by te staan met die administrasie van die uitbreidende belange van die Taalraad, het ek by die vermelding van die vakature gedink aan ‘n jong persoon wat ek sou moes oplei.

Die vakature het Jannie ter ore gekom en groot was my verbasing toe hy hom op ‘n dag kom aanmeld en belangstelling toon om teen ‘n karige vergoeding by die Taalraad aan te sluit. Die vergoeding was nie vir hom ‘n oorweging nie. Hy het die Taalraad se passie vir Afrikaans en wat daarmee saamhang geesdriftig ondersteun en wou graag ‘n bydrae lewer. Dit was ‘n pos met ‘n beperkte tydstoedeling van minder as ‘n halfdag. Gou het ek bemerk dat Jannie meer as sy gewig ingewerp het by die werksaamhede van die Afrikaanse Taalraad.

Niks was vir hom te veel om hom ook te verdiep in die wetlike vereistes wat aan ‘n jong organisasie sonder winsbejag soos die Taalraad gestel is nie. Die sleurwerk rondom noodsaaklike oudits, verslae en notules is ligweg deur hom oorgeneem en sy toegewese halfdagpos het dikwels meer as ‘n voldagpos geword. Hy moes origens ook rekening hou met die wense en “bestellings” van ATR-direksielede met uiteenlopende agtergronde en behoeftes. Hy was bereid om in sommige konflikomstandighede die minste te wees al was dit duidelik dat hy onregverdig bejeën is.

Sy toetrede tot die administrasie van die Taalraad was ‘n uitkoms. Dit was te danke aan sy kalme en beheerste hantering van sake. Laasgenoemde het waarskynlik daarmee te doen gehad dat hy homself ook bekwaam het as berader, in die besonder as traumaberader. Hy het indringende mensekennis gehad en kon mense se motiewe in moeilike situasies raak opsom. Hy was trouens ook van plan om hom ná sy aftrede by die Taalraad opnuut toe te wy aan traumaberading, wat vir hom ‘n eerste liefde was. Medemenslikheid, gebaseer op ‘n onwrikbare en blymoedige Christelike lewensoortuiging, was vir hom ‘n rigsnoer in die lewe.

Jannie Earle het as gelowige mens ‘n reguit pad geloop. Hy nie gehuiwer nie om soms man-alleen – as hy geweet het dat hy reg was - sy standpunt te verdedig nie. In Jannie Earle verloor die Afrikaanse Taalraad ‘n groot krag. Ons eer sy nagedagtenis.

Jacques van der Elst

Voormalige uitvoerende hoof: Afrikaanse Taalraad.

 

 

The post In memoriam: Jannie Earle appeared first on LitNet.

Persverklaring: Hendrik Theys en Ria Olivier reageer op "gesamentlike persverklaring"

$
0
0

Persverklaring uitgereik deur Hendrik Theys en Ria Olivier

Reaksie op US-verklaring, 10 Oktober 2016

Die "gesamentlike" persverklaring van die US en ʼn delegasie van "bruin senior onderwyskundiges" oor die US se taalbeleid, is deur slegs twee van die vier delegasielede wat die opvolgvergadering met US-bestuurslede bygewoon het, ondersteun. “Daar is aanvanklik ooreengekom dat ʼn persverklaring slegs op die basis van konsensus tussen die US en die "senior onderwyskundiges" uitgestuur sal word en dat ons name onderaan die verklaring sou verskyn,” sê Hendrik Theys, ʼn lektor in Afrikaans aan KSUT en ondervoorsitter van die Afrikaanse Taalraad.

Die inhoud was egter van so 'n aard dat ons ons nie daarmee kon vereenselwig nie, veral om die volgende redes:

  • Ons kon nie vaaghede soos ‘gelyke kanse vir studentesukses’ as ʼn plaasvervanging van ʼn duidelike stelling oor die gelyke status van Afrikaans by die US aanvaar nie.
  • Ook die betekenis van woorde soos ‘meertalig’ moet uitgestippel word en beteken op sigself min.
  • Die implementering van moniteringsmeganismes is nog nie duidelik uitgespel nie, Sommige fakulteite en dosente se blatante minagting van die huidige beleid, soos deur studente duidelik gemaak, is juis 'n bewys van gebrekkige monitering.
  • Ons kan ook nie, soos in die persverklaring gemeld, erkenning gee aan die bestaan van enige ‘strewe’ in die taalbeleid om spesifiek sosio-ekonomies benadeelde Afrikaanssprekendes te akkommodeer nie. Inteendeel, ons sien niks in die beleid wat hierdie strewe verwoord nie. Daarbenewens word die kinders uit die betrokke gemeenskappe reeds deur die Universiteit se toenemend eentalige taalpraktyk uitgesluit en benadeel.

Trouens, alle Afrikaanse studente en andertalige studente, uitgesluit diegene wat van huis uit Engels is, word erg benadeel omdat hulle nie so goed vertroud is met die taal van onderrig en leer soos hul moedertaal nie. Dit kom onses insiens daarop neer dat die studente se reg op moedertaalonderrig in die gedrang kom. Vanuit owerheidsweë en by monde van die Staatspresident is die Afrikaanse gemeenskap die versekering gegee dat Afrikaans as onderrigtaal nie afgeskaf gaan word nie;  dis immers 'n nasionale bate.

Die volgende bykomende kwessie is van belang:

  • By ʼn vorige vergadering met ons het die US te kenne gegee dat daar nie ongelykheid is nie tussen Afrikaans en Engels, wat alreeds akademiese tale is. Ons persverklaring hieroor en die opsomming van die gesprek wat aan die rektor gestuur is, is nie weerspreek nie.
  • Gedurende die US se Raadsvergadering van 26 September is die rektor volgens mediaberigte gevra hoekom dit nie aan ons duidelik gemaak is dat die raad alreeds ʼn mosie oor die gelykheid van Afrikaans en Engels verwerp het nie. Hierop is blykbaar geantwoord dat die groep (ons) ʼn "wanvoorstelling" van die beleid gemaak het, dat die kwessie reeds met ons bespreek is en dat ons gelukkig is met die US se taalbeleid soos aan ons verduidelik. Gedurende ons onlangse vergadering met die US het ons oor bovermelde berig oor die gesprek in die Raad navraag gedoen, waarop daar ontken is dat ʼn gesprek met hierdie strekking sou plaasgevind het.

Na ons mening sal hierdie "wanvoorstelling" slegs deur 'n transkripsie van die notules van die raadsvergadering van 26 September bevestig of weerlê kan word.

Ons verklaar onsself bereid om deel te neem aan gesprekke wat daarop gemik is duidelikheid te kry oor die bovermelde sake. Gegee die talle onduidelikhede en ons prinsipiële besware, is dit voortydig om nou al deel te neem aan ʼn gesamentlike inisiatief wat onder meer daarop gemik is om die taalbeleid aan skoolhoofde en leerders te verduidelik, of om ‘verkeerde persepsies’ op te klaar.

Ons sal enige inisiatief ondersteun wat sorgsaam omgaan met Afrikaans en die ander inheemse tale as onderrig- en navorsingstale - ten einde studente 'n billike kans op akademiese sukses te bied.

Hendrik Theys (Ondervoorsitter:  Afrikaanse Taalraad)
Ria Olivier (Projekbestuurder:  Afrikaanse Taalraad)

 

Gesamentlike persverklaring deur die Bestuur van die Universiteit Stellenbosch en senior onderwyskundiges

Wim de Villiers, Danie van Wyk
Universiteitseminaar

"Senior onderwyskundiges en die Bestuur van die Universiteit Stellenbosch (US) gaan teen die agtergrond van die nuwe Taalbeleid in die Wes-Kaapse onderwyssektor ruimtes skep vir gesprekvoering oor akademiese sukses vir spesifiek Afrikaanssprekende studente uit histories-benadeelde omgewings in ’n meertalige hoëronderwysinstelling."


Hierdie artikel is deel van LitNet Akademies (Opvoedkunde) se universiteitseminaar. Klik op die “University Seminar 2016”-banier hierbo om alle essays wat deel vorm van die gesprek, te lees.

This article forms part of the ongoing university seminar, with new essays continually being added. Please click on the “University Seminar 2016” banner above to follow the ongoing conversation and to read more essays on education, access, transformation, language and the Constitution.

The post Persverklaring: Hendrik Theys en Ria Olivier reageer op "gesamentlike persverklaring" appeared first on LitNet.

Press release: Maties win debut season of Varsity Sing

$
0
0

Photo provided

The University of Stellenbosch walked away 2016 Varsity Sing champions on Thursday, 13 October, taking home the R70 000 first-place prize, following the live 90-minute Varsity Sing, proudly sponsored by FNB, final in Johannesburg. Maties also won the FNB Fan Favourite award, as voted for by the public, taking home an additional R50 000.

It was a debut season for Varsity Sing, and one that finished on a high note, which was broadcast live on kykNET (DSTV Channel 144), in Johannesburg on Thursday night.

“FNB is very proud to be associated with Varsity Sing,” said Mari van Niekerk, FNB Senior Communication and Sponsorship Manager. “It’s part of our sponsorship strategy to develop the youth of South Africa and to encourage nation building in our country. We’re very excited to be involved not only in the sporting side of youth development, but also music and arts. Congratulations to the winners, Maties.”

UJ opened the evening with their original composition, "I Will Lift UP Mine Eyes". It was the perfect tempo to kick things off, as Renette Bouwer and her choir had the audience sinking back into their seats, soaking up the sweet sounds of their opening performance. They continued with Deke Sharon’s unique arrangement of the the jazzy hit Fever, in the Own Choice category. They concluded with "African Medley", arranged by Sidumo, a South African composition.

NMMU were up second, following a tough UJ act. They got things started with "Alleluia", by American composer Jake Runestad. "Alleluia" came to an abrupt end, as they launched into their second song, and Own Choice, "Heimwee". The deep bass lay a firm foundation, while the sopranos added striking delicacy, in what was a combination of power and delicacy. They ended strongly with "Anti-Rassisme Medley", a South African composition. Led by their commanding soloist, they ended off with the piece South Africa fell in love with a few episodes earlier.

Maties were third and they had a spiritual beginning with "The Conversion of Saul", composed by Randall Stroope. They transitioned brilliantly into the gentle sounds of "Ave Maria", their Own Choice, with a technical and seamless sound. And then they ended the way they began, singing Afrikaans hit "Toe Vind Ek Jou". Their sopranos powered through the performance, while the tenors injected energy. Every member made the words their own.

Tuks were the final choir to take to the stage. They began with "U Lig En U Waarheid". "Hare Se Re Bina" was their second piece and their traditional South African selection. "Great God Almighty", by Stacey Gibbs was Tuks’ Own Choice and they certainly did it their way, ending off the show with a bang. Covered by NMMU earlier in the competition, Tuks tackled "Great God Almighty" as if it was their final opportunity to stake a claim for the title.

 

The post Press release: Maties win debut season of Varsity Sing appeared first on LitNet.


F.V. Engelenburg during the Anglo-Boer War: an overview

$
0
0

Abstract

F.V. Engelenburg (1863–1938) is regarded as one of the leading Afrikaans-Dutch intellectuals of the 19th and 20th centuries. Current South African historical records contain little information about the role Engelenburg played during the Anglo-Boer War (1899–1902). The number of references to him, such as in the Leyds biography by L.E. van Niekerk and the work by O.J.O. Ferreira on the Boer internees in Portugal, do not provide sufficient information to form an idea of the contribution that Engelenburg made to the Transvaal government and the Boers during the war. The South African biographical dictionary, Volume I contains an article on Engelenburg, but merely makes reference to his role at the very beginning of the war. Engelenburg was one of a few prominent people who were born and grew up in another country, but who helped the Zuid-Afrikaansche Republic during the war in their personal capacity. Other names that may be singled out in this regard include Herman Coster, who moved from the Netherlands to the Transvaal in the 1890s and who lost his life at the front early in the war. Like Coster, many Dutch immigrants were members of the Dutch Corps, and on October 21, 1899 a large group of the corps was killed at the Battle of Elandslaagte. Another person who sacrificed his life for the Boer cause, the French Colonel Georges de Villebois-Mareuil, was killed near Boshoff in the Free State on 5 April 1900.

Frans Vredenrijk Engelenburg was born in Arnhem into a prominent Dutch family in 1863. After completing his schooling he went on to qualify as a lawyer at the University of Leiden. Following his doctoral studies he tried to start an advocate’s practice in The Hague, but after a year he abandoned the legal profession and became a journalist at a newspaper in that city. He had been at the paper for only a year when he came to South Africa in 1889. While still a student in Leiden he had noted that there was a need in the Transvaal for foreigners with specific skills. Barely a month after his arrival in Pretoria, Engelenburg was appointed editor-in-chief of De Volksstem. He soon became known as a political commentator, in particular criticising the British government's interference in the affairs of the Transvaal. Like many of his countrymen he was, on his arrival in the Transvaal in 1889, initially negative about the Afrikaners. In correspondence with his friends and acquaintances he did not hide his critical attitude towards the "petty" rural Transvaal people. However, in the months before the outbreak of the war, and especially during the war, he underwent a spiritual transformation and identified strongly with the right of the Republican Government to take a stand against the imperial threats.

This article makes use of available archival sources and a number of secondary sources to outline the role played by Engelenburg during the war. Although he never participated in battles on the different fronts, he attended to other important issues which made a difference in the lives of the “burghers” in the field. When he was forced to flee to Europe in July 1900 he assisted the Boer internees in Portugal as well as W.J. Leyds in Brussels. Although he was not, owing to his reclusive nature, at the forefront of the war, he supported the Boers’ and the Republic's cause in a special way.

In the last decade of the 19th century Britain tried increasingly to get a grip on the ZAR, and after gold was discovered on the Witwatersrand, Britain interfered constantly in the ZAR’s domestic affairs. It is well known that during the Anglo-Boer War a special relationship between the Netherlands and the ZAR existed. The actions of the British Empire in South Africa during the war were strongly condemned and the Dutch openly gave their support to the republics of the Orange Free State and Transvaal. Dutch citizens who lived in the Transvaal even took up arms against Britain.

Engelenburg and Leyds were good friends. Shortly after his arrival in Brussels in 1898, Leyds, as an envoy of the ZAR, made numerous unsuccessful attempts to convince the Republican government that Engelenburg should be sent to Europe to assist him in Brussels. Engelenburg's extended stay in South Africa, however, gave him first-hand experience of the events before and during the war. Until the last, Engelenburg hoped that a solution would be found, but when it seemed that war was inevitable, he prepared to go to the front. Nevertheless, we know little about the role of Engelenburg during the war. Like Leyds, he was an advisor to Paul Kruger, but more important is the fact that, as the highly regarded editor of De Volksstem and also as a foreign correspondent for European media in the years that preceded the war, he meticulously set out the republican case in the dispute instituted by the British Empire. Personally Engelenburg was opposed to armed conflict, but by 1899, when war seemed to be inevitable, he went over completely to the Boer side.

The Anglo-Boer War broke out on 11 October 1899. Engelenburg had already prepared for war and to go to the battlefront. In the midst of the war activities, as a Dutchman and as editor-in-chief of De Volksstem he played an important role in support of the ZAR. He published a field edition of De Volksstem under increasingly difficult circumstances in order to keep the people in the cities abreast of events on the battlefield. Compared with the British reports of the day, which were very one-sided, there was little information on the Boers who made it abroad. Engelenburg's versatility and his transnational identity came in handy during the war and he played a key role in sending reports about the war to other countries to promote the cause of the Boers.

When the British took Pretoria on 5 June 1900, Engelenburg was told by the British military authorities to go to the Cape Colony. However, he obtained permission from the British administration in Pretoria to go to Europe. On 4 June the publication of De Volksstem stopped and the paper appeared again only after the war. Like many Dutch in South Africa, Engelenburg had interesting experiences during the war before he left the country. In Europe, however, he maintained a low profile since he had defied the British administration's instructions to go to London. For most of the rest of the war he lived and worked in Portugal and was a great support for the Boer internees who were detained in various towns around Lisbon. He made their life more bearable and made sure that they had enough food and clothing and that their children received an education. At the same time he assisted Leyds in various ways. Engelenburg returned to the ZAR only after the war.

This article is presented in a biographical format and describes Engelenburg’s life during the war. The issues that will be given special attention include the local and global environment on the eve of the war. Various preparations that were made for the war are described, among others how Engelenburg positioned De Volksstem to keep the burghers at the front and the residents in the towns informed about what was going on. The inevitability of war meant that the community prepared itself well. During the war the Dutch Corps aligned itself with the Boer side. The article further shows how Engelenburg assisted the Boers in Portugal. Before returning to South Africa, Engelenburg also finalised matters that had been pending since before the war.

During the war, Engelenburg was present during the Battle of Elandslaagte and the Battle of Colenso. He experienced the losses on the Boer side intensely, because he personally knew many of the Boers who were killed on the battlefields. His compassion, but also his admiration for the Afrikaners who had to fight against a superior force of British soldiers, grew daily. He was the eyes and ears of the Transvaal people and always showed great empathy with their situation. The knowledge and insight about the Boers’ cause that Engelenburg gained during the war in South Africa, as well as in Europe, prepared him for the role he would play after the war in South Africa. As an objective outsider with knowledge of the inner circles of the Afrikaner leaders in the Republics he strongly supported Afrikaner independence and would after the war give the new political and cultural leadership valuable advice and insights. As a journalist, Engelenburg had a critical but deep insight into the political emergence during the post-war period.

Engelenburg’s sojourn in Europe during the war, and his repeated visits to Europe and Britain after the war, made him an increasingly cosmopolitan and independent thinker as he gained valuable insights during the first three decades of the 20th century. The knowledge he gained during the war relating to the Afrikaner and his situation in South Africa prepared him for the role he would play in the 20th-century Transvaal.

Keywords: Anglo-Boer War; Boer internees; British imperialism; Delagoa Bay; De Volksstem; Dutch Corps; embassy; field issue; F.V. Engelenburg; Hague Conference; Peace of Vereeniging; Portugal; republics; South African Republic; “Uitlanders”; war correspondents; W.J. Leyds

Lees die volledige artikel in Afrikaans: F.V. Engelenburg tydens die Anglo-Boereoorlog: ’n oorsig

The post F.V. Engelenburg during the Anglo-Boer War: an overview appeared first on LitNet.

Woordgedoe

$
0
0
Menigeen dink hy het 'n rol te speel in die fiksie wat deur die eeue versin is, maar die lewe is nie in woorde en die werklikheid is nie in boeke te vinde nie.
In die begin was daar geen woord nie.
Daar is min waarheid in baie woorde.
 
CM

The post Woordgedoe appeared first on LitNet.

Toekomsmens

Koolstofbelasting as voorgestelde ekologiese fiskalehervormingsmaatreël in Suid-Afrika

$
0
0

Koolstofbelasting as voorgestelde ekologiese fiskalehervormingsmaatreël in Suid-Afrika

Michelle Barnard, Fakulteit Regte, Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus)

LitNet Akademies Jaargang 13(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Die doel van die artikel is om sowel die ontwikkeling as die inhoud van die Draft Carbon Tax Bill, 2015 in besonderhede te bespreek. Die sentrale vertrekpunt van die betoog berus op die aanname dat fiskalehervormingsmaatreëls (onder meer koolstofbelasting) suksesvol aangewend kan word as nasionale instrumente om die uitwerking van klimaatsverandering te temper. Hierdie aanname spruit uit die internasionale mandaat vir die tempering van klimaatsverandering soos vervat in die United Nations Framework Convention on Climate Change, 1992 asook die Kioto-protokol, 1997.

Die metodiek van die artikel om die navorsingsdoelwit te bereik is ’n literatuurstudie wat op kernonderwerpe gefokus is. Eerstens word fiskale hervorming as temperingsmaatreël bekendgestel, waarna koolstofbelasting as spesifieke verskyningsvorm bespreek word. Daarna volg ’n ondersoek na die geskiedkundige ontwikkeling wat hierdie bestaande beleidsraamwerk oor koolstofbelasting deurloop het. Daarmee saam geld ’n oorsig oor die vernaamste beleidsdokumente. Laastens word die wetsontwerp van 2015 ontleed deur spesifiek te fokus op aspekte van belastingpligtigheid, die ontwerp van koolstofbelasting en die herwinning van inkomste.

Die doel van hierdie ontleding is om te beoordeel of die voorgenome koolstofbelasting (soos in die wetsontwerp beskryf) die potensiaal het om daadwerklik klimaatsverandering deur fiskale hervorming te kan teenwerk. Daar word bevind dat die wetsontwerp twee uiteenlopende velde van die reg aansny, naamlik omgewingsreg en belastingreg. Voorts is die bevinding dat die voorgeskrewe belastingvrye drempels en belastingtoegifte die finansiële impak van koolstofbelasting as omgewingsgesentreerde (ekologiese) fiskalehervormingsmaatreël drasties inperk. Nietemin is die formulering van hierdie beleidsdokument ’n dinamiese stap om die eerste en enigste wetgewing te ontwikkel wat klimaatsverandering in Suid-Afrika uitdruklik reguleer.

Trefwoorde: fiskale hervorming; klimaatsverandering; koolstofbelasting; omgewing; tempering

 

Abstract

Carbon tax as proposed environmental fiscal reform measure in South Africa

The aim of this article is to provide a detailed exposition of carbon tax as fiscal environmental reform measure; the historical development of the Draft Carbon Tax Bill, 2015 as well the content of the document as such. It is submitted that, from the central assumption, fiscal reform measures (e.g. carbon tax) can be applied successfully as a national instrument to mitigate climate change. This assumption is based on the international mandate for climate change mitigation contained in the United Nations Framework Convention on Climate Change, 1992 and the Kyoto Protocol, 1997.

In accordance with the research aim mentioned, the methodology employed is a literature review focusing on certain core themes. First, fiscal reform is introduced as a measure to help mitigate climate change, after which carbon tax as a specific manifestation is discussed. This is followed by an investigation of the historical development of the existing South African policy framework for carbon tax as well as an overview covering the content of the most notable policy documents on this issue. Finally, the Draft Carbon Tax Bill, 2015 is analysed by focusing specifically on aspects such as tax liability, the design of carbon tax and income distribution.

This analysis is aimed at assessing the true mitigating potential of the proposed South African carbon tax (as described in the draft bill) through fiscal reform. The finding is that the draft bill seeks to address two distinct fields of law simultaneously, namely environmental law and tax law. In addition it is found that the financial impact of the proposed carbon tax as an eco-centric fiscal reform measure is reduced considerably by the prescribed tax-free thresholds and tax exemptions. Nevertheless, the mere drafting of the policy document is a dynamic step towards developing the first and only legislation in South Africa that regulates climate change explicitly.

The 13th Conference of the Parties (COP) to the United Nations Framework Convention on Climate Change (UNFCCC) was held in Bali in 2007. At this conference, South Africa made its intention clear when stating its role in climate change mitigation: “As a developing country we will take ambitious mitigation action; South Africa will contribute its fair share towards our common responsibility for the future; and our actions will be measurable, reportable and verifiable.” At COP15 in 2009 in Copenhagen, South Africa made a voluntary pledge that they will contribute to efforts aimed at mitigating global climate change. This pledge entails the reduction of South African greenhouse gas (GHG) emissions by 34% from a business-as-usual emissions trajectory by 2020, and 42% by 2025. It was specified that these laudable mitigation objectives could be achieved on the condition that South Africa as a developing country receives adequate support from developed countries.

Between 2006 and 2010 the National Treasury released a series of discussion papers for public comment that referred to a proposed carbon tax as a strategy to reduce GHG emissions. In December 2010 the National Treasury, furthermore, released for public comment a discussion document titled Reducing Greenhouse Gas Emissions: The Carbon Tax Option. This document focuses on the role of the proposed carbon tax as a measure to help mitigate the effect of climate change by reducing emissions. The added recommendation was that carbon pricing in South Africa should include a carbon tax. Following the discussion document in 2011, the Department of Environmental Affairs (DEA) released the National Climate Change Response White Paper (2011), which is largely aligned with the discussion document.

The White Paper expressly states that South Africa’s primary mitigation potential lies in the reform of its coal-based electricity sector, and also highlights the importance of fiscal reform measures in this regard. It maps out the route of South Africa’s planned mitigation and adaptation towards achieving a socio-economic transition to a climate-resilient and low-carbon economy. This authoritative report comprises the overarching policy framework document outlining what actions should be taken to reach the socio-economic transition in the short, medium and long term. The present article also describes the role government should play in developing and implementing policies and strategies aimed at mitigation of and adaptation to climate change. In this regard the White Paper explains the role of South Africa as follows (par. 2):

Mak(ing) a fair contribution to the global effort to stabilise GHG concentrations in the atmosphere at a level that avoids dangerous anthropogenic interference with the climate system within a timeframe that enables economic, social and environmental development to proceed in a sustainable manner.

The market mechanisms for mitigation of climate change as suggested in the White Paper are combined with the introduction of environmental fiscal reform in the form of a national carbon tax. The National Development Plan, 2012 lays down the transition to an ecologically sustainable low-carbon economy as conditio sine qua non for the eradication of poverty and inequality in South Africa. The main drive and objective of the carbon tax is to induce behaviour change through the mechanism of pricing. The aim is to curb GHG emissions and promote sustainable development. Thus the tax is used as a market-based measure to internalise the external costs of climate change.

Fiscal policy, through fiscal instruments such as taxes, helps create economic enabling environments. These instruments can be used to bring about environmental fiscal reform that prompts the desired behaviour change. Current environmentally related taxes can be reviewed to cater for ecological issues as well. New taxes can be introduced to broaden the tax base and through pricing deal with externalities in the price of goods and services, a matter that is unaccounted for otherwise. Environmental taxes as fiscal instruments can also be used to reform non-environmental-related tax laws with environmental incentives. Lastly, fiscal incentives can also promote environmental fiscal reform by encouraging investments in certain economic activities.

In the national budget review of 2011 the government announced that it was considering imposing a carbon tax based on the discussion document issued in December 2010. The government would also announce the design features and schedule for this introduction in the 2012 budget. In the national budget review of 2012 the government introduced the main design features of the carbon tax, and in the 2013 national budget review proposed that, with effect from 1 January 2015, the carbon tax would operate at R120 per tonne of CO2 equivalent. This rate was set to increase by 10% annually during the first phase of implementation, which would take five years, after which steeper rises in the tax would follow.

In the national budget review of 2014 the government stated that the implementation date of the carbon tax was to be extended by one year to 1 January 2016. This would provide time for National Treasury and the Department of Environmental Affairs to agree on the alignment of the carbon tax and the desired reduction outcomes (DEROs). National Treasury’s Carbon Tax Policy Document of 2013 indicates that it would be best if a direct levy could be charged on actual GHG emissions or CO2 equivalent, but adds that this option was not feasible at that time. The next step in the process of developing the policy took place in 2015. The National Treasury drafted and published the Draft Carbon Tax Bill, which was open for public comment in November of the same year. While approving the bill, cabinet acknowledged the proposed carbon tax as integral to achieving the policy objectives contained in both the White Paper of 2011 and the NDP by focusing on the mitigation of climate change. With regard to the overall objective of the proposed carbon tax, the bill in its preamble provides that a carbon tax will place a monetary value on carbon, which in turn will effectively internalise the externalities of carbon emissions. The document then lists and explains various technical and practical considerations. Of these considerations, the following aspects will be discussed in this article: design of the carbon tax, revenue recycling and administration as well as tax liability. Section 5 of the bill sets the initial tax rate at R120/tonne of CO2 or equivalent but couples this initial rate with a list of allowances, which are contained in sections 7 to 13 of the bill. These allowances entail:

  • general tax-free exemption of 60%
  • additional 10% allowance for process-related emissions
  • additional 10% allowance for trade-related/-dependent sectors
  • 5% allowance for early action initiatives aimed at beating the industry average
  • 5% allowance for carbon offsets
  • additional 5% allowance for companies participating in the carbon budget system.

A maximum tax-free allowance of 95% is prescribed (if the tax payer complies with all of the above-mentioned allowances). This will help reduce the initial rate to approximately R6 to R48/tonne of CO2 or equivalent. In considering the potential contribution the proposed carbon tax to revenue recycling in South Africa, the bill states in section 14 that the focus should fall on:

  • funding for energy-efficiency tax incentives
  • lowering the electricity levy
  • additional tax exemptions for solar power generated by solar roof panels
  • tax credit according to the premium payable for renewable energy activities (as stipulated by the IRP)
  • financial assistance providing free basic electricity for low-income households
  • additional contributions to public transport.

Regarding the test for tax liability, the bill lists the following criteria (as contained in section 3), which together form the basis for such liability as:

  • conducting an activity
  • Annexure 1 to the notice issued by the minister responsible for environmental affairs in respect of the declaration of greenhouse gases as priority air pollutants.

The first part of the test prescribes that the activity conducted has to impact negatively on the environment by causing air pollution. In order to ascertain whether this has indeed happened, sections 29(1) and 57(1) of the National Environmental Management Act: Air Quality Act 29 of 2004 must be read together. These provisions contain the list of gases the minister of environmental affairs indicated as priority pollutants. Therefore, if someone conducts an activity that leads to the emission of these listed priority pollutants, this individual is liable for carbon tax. No minimum emission threshold is confirmed, which indicates that the mere fact that a specific activity is listed will result in liability for carbon tax.

The industry’s responses to the carbon tax have ranged from cautious acceptance to clear rejection, each industry with its own reasons. The primary objection to the carbon tax is that it will limit economic growth in the country and also impact negatively on job creation. The steel industry cites Australia as a cautionary example where the government repealed carbon tax legislation in 2014,. This was done to lower the general cost of living and electricity costs, promote economic growth and lower the cost of foreign investment. Other general responses from the business sector on the carbon tax include a sceptical assertion that these measures will have a minimal effect on the problem of climate change globally and may make it difficult for the country to compete in the global marketplace. With reference to criticism, particularly on the text of the draft bill, practitioners are of the opinion that the multi-disciplinary content of the bill is troublesome. The bill’s exposition includes aspects of tax law, carbon markets, environmental law as well as financial and operational strategy. This situation presupposes either extensive knowledge of all fields of law, or seeks cooperation among experts in each field mentioned. Therefore it can be inferred that, despite the positive environmental impacts the proposed carbon tax may potentially facilitate, the bill contains some deficiencies which require some revision. The public comments stemming from the legislative process (which is still ongoing) should inform any possible revisions.

Keywords: carbon tax; climate change; environment; fiscal reform; mitigation

 

1. Inleiding

Die Suid-Afrikaanse beleidsraamwerk vir die hantering van klimaatsverandering (voortaan as KV afgekort) ontwikkel voortdurend. Dit onderstreep die belangrike rol wat Suid-Afrika as ontwikkelende land in die wêreldwye konteks van KV speel. Hierdie proses het formeel begin in 2004 met die publikasie van die National Climate Change Response Strategy en is voortgesit deur onder meer die South African National Climate Change Conference in 2005, die Long-term Mitigation Strategy Scenarios in 2008, die South African Climate Change Policy Summit in 2009, die Green Economy Summit in 2009; die National Climate Change Response Green Paper in 2010 en die National Climate Change Response White Paper in 2011. Hierdie lys beleidsdokumente bevat die bestaande nasionale beleidsraamwerk vir klimaatsverandering. Deur hierdie raamwerk het Suid-Afrika ’n uitsonderlike voorbeeld vir ander ontwikkelende lande op die terrein van internasionale klimaatsverandering gestel.

Dit geld veral vir maatreëls om KV te temper. In hierdie opsig is Suid-Afrika een van die min ontwikkelende lande wat duidelike verbintenisse en doelwitte aanvaar en voorstel. Die eerste temperingsdoelwit is reeds in 2007 tydens die 13de Konferensie van die Partye (KP) tot die United Nations Framework Convention on Climate Change (UNFCCC) te Bali deur die destydse minister van omgewingsake en toerisme voorgestel. By hierdie internasionale byeenkoms is Suid-Afrika se rol in die globale tempering van klimaatsverandering soos volg opgesom:

As ontwikkelende land sal ons ambisieuse stappe in die tempering van klimaatsverandering doen; Suid-Afrika sal ’n billike bydrae lewer tot ons gedeelde verantwoordelikheid vir die toekoms; en ons optrede sal kwantifiseerbaar, verifieerbaar en rapporteerbaar wees.1

In 2009 in Kopenhagen by KP15 het Suid-Afrika vrywillig onderneem om sy nasionale vlakke van kweekhuisgasvrystelling met 34% vanaf huidige vlakke te verlaag teen 2020, en met 42% teen 2025. Om hierdie doelwitte betyds te bereik, sou Suid-Afrika steun op ontwikkelde lande se finansiële en tegnologiese bystand. Hierdie verbintenis sou egter gewysig word deur die Suid-Afrikaanse afvaardiging na die 21ste KP wat in 2015 in Parys plaasgevind het. Hier is die verbintenis omskryf as dat Suid-Afrika se kweekhuisgasvrystellings tussen 2020 en 2025 hul hoogste vlak sal bereik, waarna die vlakke vir ’n tydperk van 10 jaar sal afplat en daarna (vanaf 2035) in reële terme sal afneem.2 Die piekvlakke van kweekhuisgasvrystellings word voorsien as tussen 398 en 583 metrieke ton koolstofdioksied of ekwivalent (Mt CO2-ekw) terwyl die platovlakke as tussen 398 en 614 Mt CO2-ekw en die afnamevlakke (per jaar) as tussen 212 en 428 Mt CO2-ekw voorsien word.

In Desember 2010 het die nasionale tesourie ’n besprekingsdokument vir openbare kommentaar bekendgestel: Reducing Greenhouse Gas Emissions: The Carbon Tax Option. In hierdie dokument is koolstofbelasting as maatreël vir die vermindering van kweekhuisgasvrystelling voorgestel. Daarby is aangevoer dat ’n koolstoftarief ingestel moet word in die vorm van ’n belastingmeganisme.3 Die National Climate Change Response White Paper van 2011 is kort ná hierdie besprekingsdokument deur die Departement van Omgewingsake gepubliseer en weerspieël grotendeels die inhoud van die genoemde dokument. Die 2011-witskrif se skatting is dat Suid-Afrika se kweekhuisgasvrystelling teen 2050 viervoudig sal toeneem weens ’n gebrek aan regstreekse aksies om dit te bekamp. Die dokument stel dit duidelik dat Suid-Afrika se belangrikste temperingspotensiaal in die hervorming van energie-aktiwiteite setel.4 Tog word die belangrike aandeel van ekonomiese instrumente in sodanige tempering ook beklemtoon.5 Die witskrif belig eerstens Suid-Afrika se toekomsplanne vir die tempering van en aanpassings by KV. Tweedens moet hierdie maatreëls gemik wees op sosio-ekonomiese verandering wat ’n klimaatvriendelike en ’n laekoolstof-ekonomie inlui.6

In hierdie opsig bepaal die witskrif7 in paragraaf 2 dat Suid-Afrika

’n redelike bydrae moet lewer tot die globale poging om atmosferiese kweekhuisgasse te stabiliseer by vlakke wat gevaarlike antropogene inmenging met die klimaatsisteem sal voorkom. Dit moet plaasvind binne ’n tydsraamwerk wat ekonomiese, omgewings- en sosiale ontwikkeling kan laat voortgaan op ’n volhoubare wyse.

Die witskrif van 2011 bevat die oorkoepelende beleidsraamwerk met basiese vereistes vir die beoogde sosio-ekonomiese verandering op kort, medium en lang termyn. Dit beskryf voorts die rol wat die regering behoort te vervul in die ontwikkeling en implementering van ’n reeks beleidsdokumente en strategieë vir tempering van en aanpassing by KV asook die gevolge daarvan.

Wat die temperingsmaatreëls betref, bevat die witskrif ook omgewingsgesentreerde (of ekologiese) fiskale hervorming in die vorm van nasionale koolstofbelasting.8 Die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) wat in 2012 van stapel gestuur is, koppel die uitwissing van armoede en vermindering van ekonomiese en sosiale ongelykheid teen 2030 aan die oorgang na ’n omgewingsvolhoubare laekoolstof-ekonomie.

Die NOP stel voor dat die Integrated Resource Plan (2010–2030) ’n prys op koolstof plaas, maar voeg by dat bykomende fiskalehervormingsmaatreëls nodig is om die breër ekonomie meer effektief te laat funksioneer en om belegging in “groener” vorme van tegnologie te fasiliteer.9 In 2011, ná die hersiening van die nasionale begroting, is beleidsvorming van stapel gestuur om koolstofbelasting as ekologiese fiskalehervormingsmaatreël te implementeer. Hierdie proses sou uiteindelik uitloop op die formulering en publikasie van die Draft Carbon Tax Bill in 2015.

Hierdie artikel poog om ’n oorsig te gee van die bestaande Suid-Afrikaanse beleidsraamwerk vir KV gemik op die voorgenome koolstofbelasting. Met hierdie doel voor oë word ’n reeks verbandhoudende onderwerpe ondersoek. In eerste instansie sal die konsep van ekologiese fiskale hervorming as temperingsmaatreël onder die loep kom. Hierdie aspek sal eers bespreek word in die lig van die algemene internasionale mandaat vir tempering, waarna spesifiek gefokus sal word op koolstofbelasting as temperingsmaatreël. Tweedens sal die ontwikkeling van die beleidsomgewing vir die voorgenome koolstofbelasting in Suid-Afrika belig word. Die vernaamste dokumente en prosesse wat tans die Suid-Afrikaanse beleidsraamwerk oor hierdie sake uitmaak, sal bespreek word. In hierdie opsig sal die fokus op die volgende aspekte val:

  • die 2011-witskrif
  • die nasionale begrotingsproses tussen 2011 en 2014 en die besprekingsdokumente wat daaruit spruit
  • die Wetsontwerp op Koolstofbelasting, 2015.

Laastens word ’n gevolgtrekking gemaak oor moontlike voor- en/of nadele wat die implementering van ’n koolstofbelasting in Suid-Afrika inhou.

 

2. Fiskale hervorming as temperingsmaatreël – internasionale konteks

Die onderstaande bespreking het ’n tweeledige doel, naamlik om die leser in die algemeen bekend te stel aan die internasionale mandaat vir klimaatsveranderingtempering, en daarna koolstofbelasting as spesifieke temperingsmaatreël onder die loep te neem.

2.1 Internasionale mandaat vir die tempering van klimaatsverandering

Die mandaat vir die tempering van KV en metodes vir implementering van beleide word verskaf deur twee internasionale instrumente, naamlik die United Nations Framework Convention on Climate Change, 199210 en die Kioto-protokol, 1996.11 Die 195 lande wat tot op hede die verdrag onderteken het, word kollektief aangedui as die Konferensie van die Partye (KP).12 Die KP is die hoogste uitvoerende liggaam van die verdrag en is die taak opgelê om die implementering daarvan asook ander regsinstrumente wat deur die KP aanvaar word, te evalueer. Daarby moet hulle die nasionale temperingsverslae van partye hersien om gereeld vas te stel hoe doeltreffend die temperingsmaatreëls op nasionale vlak verloop.13 Die oorhoofse doelwit van die verdrag kan bestempel word as ’n algemene globale KV-temperingsdoelwit en veronderstel dat kweekhuisgasse gestabiliseer moet word by vlakke wat gevaarlike antropogene inmenging met die klimaatsisteem sal voorkom. Voorts moet hierdie doelwit bereik word binne ’n tydsraamwerk wat ekosisteme sal toelaat om natuurlik by KV aan te pas; dit moenie voedselsekuriteit beïnvloed nie; en moet volhoubare ekonomiese groei toelaat.14

Met spesifieke verwysing na KV-tempering bepaal die verdrag dat internasionale samewerking uiters belangrik is en onderskei tussen bylaag I-15 en niebylaag I-lande se verskillende pligte en/of verantwoordelikhede in hierdie verband. Die verdrag lê die verantwoordelikheid vir KV-tempering voor die deur van die bylaag I-lande, aangesien hierdie lande se nywerheidsgebaseerde ekonomiese aktiwiteite hoofsaaklik bydra tot historiese vrystelling van asook die huidige vlakke van kweekhuisgasse. Die verpligting val op die bylaag I-lande om die vrystelling van kweekhuisgasse teen 2012 na 1990 se vlakke te verminder. Hierdie kategorie lande moet jaarliks aan die UNFCCC-sekretariaat rapporteer oor hul beleid vir KV asook die temperingsmeganismes wat hulle instel. Hulle moet ook inventarisse vir hul vrystelling van kweekhuisgasse indien.16 Daar rus egter geen verpligting vir KV-tempering op niebylaag I-lande nie (waaronder Suid-Afrika val). Dit is in ooreenstemming met die internasionale omgewingsregsbeginsel van gedeelde maar verskillende verantwoordelikhede (en pligte).17 Daar word wel van hierdie kategorie lande verwag om van tyd tot tyd verslag te doen van hul tempering- en aanpassingsaktiwiteite, maar op voorwaarde dat befondsing vir die saamstel van hierdie verslae deur bylaag I-lande verskaf word.18

Dit is belangrik om op hierdie tydstip te meld dat die verdrag duidelik uitstip hoe kernbelangrik veral niebylaag I-lande se aanpassing (adaptation) by die gevolge van KV is, maar dat spesifieke meganismes vir sodanige tempering nie genoem word nie. Die onderwerp van KV-aanpassing val egter buite die fokus van hierdie artikel. Dus word met die noem van hierdie leemte volstaan.

Die kernrol wat KV-aanpassing speel, word egter geensins bevraagteken nie. Enersyds is daar geen twyfel oor die bydrae wat die proses van die verdrag se formulering asook die uiteindelike verdrag as sodanig lewer tot die ontwikkeling van internasionale omgewingsreg nie. Andersyds vertoon die dokument tog tekortkomings. Eerstens: hoewel die verdrag die mandaat vir globale KV-tempering duidelik neerlê en ’n breë doelwit daarstel, is die teks vaag oor spesifieke mikpunte vir die vermindering van sodanige vrystelling. Tweedens stel die verdrag ook nie uitdruklik temperingsmeganismes voor wat geïmplementeer kan/moet word om die genoemde doelwitte te bereik nie. Daar moet egter in gedagte gehou word dat die verdrag slegs ’n raamwerkdokument is en nie bedoel was om praktiese aspekte vir die verwesenliking van die algemene doelwit uiteen te sit nie. Hierdie praktiese uitstip van die algemene instruksies sou eers met die formulering van die Kioto-protokol volg.

Die Kioto-protokol is in 1997 deur die KP aanvaar en het in 2005 in werking getree nadat die getal lande (155) nodig vir inwerkingtreding van die dokument dit onderteken het. Die protokol stel ’n duidelike en bindende mikpunt vir die vermindering van kweekhuisgasvrystelling. Voorts sit dit verbintenisperiodes uiteen met spesifieke tye waarop temperingsmikpunte bereik moet word. Die eerste verbintenisperiode het gestrek van 2008 tot 2012. In hierdie tydperk is die mikpunt aan 37 geïndustrialiseerde lande en die Europese Unie gestel van ’n vermindering in vrystelling van 5% teenoor 1990 se vrystellingsvlakke.19 Die tweede verbintenisperiode verloop vanaf 2013 tot 2020 met die mikpunt vir vermindering van kweekhuisgasvrystelling vir hierdie periode gestel op 18% onder 1990 se vrystellingsvlak.20

Die beperking van kweekhuisgasse (dit wil sê tempering) waartoe elke land verbind is, staan bekend as gekwantifiseerde vrystellingsbeperking of beperkingsdoelwitte en word in bylaag B van die protokol uiteengesit. As voorbeeld: die 15 EU-lidstate wat in daardie tydstip die protokol onderteken het, het die kollektiewe gekwantifiseerde doelwit van 8%-vermindering in kweekhuisgasvrystelling gestel vanaf 1998 tot 2012. Hierdie mikpunt is oorskry deurdat die groep lande ’n algehele vermindering van vrystelling van 18% bereik het.21 Die bylaag I-lande het wisselende sukses getoon in die nakoming van hul verbintenisse soos deur die protokol bepaal is. Tog is, oorkoepelend beskou, die mikpunt van 5%-vermindering van vrystelling teen 2012 by verre oortref aangesien ’n algehele vermindering van 16,6% behaal is. Hierdie persentasie sluit egter nie die vermindering in vandat die grondgebruik gewysig is nie.22 As daardie vermindering van vrystelling bygereken word, styg die persentasie na 22,9%.23

In die nastreef van die genoemde temperingsdoelwit in elke verbintenisperiode stel die protokol drie markgebaseerde meganismes voor, naamlik die handel/ruil in kweekhuisgasvrystelling (emissions trading);24 die skoonontwikkelingsmeganisme (clean development mechanism);25 en gesamentlike implementering (joint implementation).26

Handel/ruil: Hierdie stelsel is gebaseer op die Amerikaanse “cap and trade”-beleid en behels die ruil of handel in koolstofkrediete. Só kan ’n land wat meer as hul gekwantifiseerde vrystellingsdoelwit behaal het, hulle bykomende vrystelling ruil met ander lande wat nie hul doelwitte bereik het nie. Sodoende is dit ook moontlik vir lande waarvan die ekonomie van koolstofintensiewe nywerhede afhanklik is, om hul gekwantifiseerde vrystellingsdoelwitte te bereik deur krediete te ruil.

Die begrip toegewyste aantal eenhede word gebruik om te verwys nadie eenhede waarin handel in koolstof geskied; een so ’n eenheid is gelyk aan een metrieke ton CO2 of ekwivalent.27

Die skoonontwikkelingsmeganisme: Dié stelsel behels belegging in volhoubare ontwikkelingsprojekte gemik op die verminderde vrystelling van kweekhuisgasse in veral ontwikkelende lande. Hierdie vermindering word uitgedruk volgens gesertifiseerde vrystellingsverminderingseenhede, en word deur die UNFCCC se skoonontwikkeling uitvoerende raad oorsien en uitgereik. Suid-Afrika het teen 2012 ’n getal van 316 skoonontwikkelingsprojekte op nasionale vlak aan die Departement van Energie voorgelê. Daarvan is 21 projekte by die UNFCCC se skoonontwikkeling uitvoerende raad ingedien en nege projekte het gesertifiseerde vrystellingsvermindering aangedui.28

Gesamentlike implementering: Dit handel oorhoofs met die fasilitering van samewerking tussen geïndustrialiseerde lande (bylaag I) en ontwikkelende lande in projekte gemik op die vermindering van kweekhuisgasvrystelling. Die sukses van hierdie projekte word uitgedruk in eenhede van vrystellingsvermindering, met ’n eenheid gelykstaande aan een metrieke ton CO2 of ekwivalent. Gesamentlike-implementeringsprojekte se doel is gewoonlik óf vermindering óf opheffing van vrystelling. Hierdie proses van samewerking word deur die UNFCCC se gesamentlike implementering toesighoudende komitee oorsien.29 Net soos die bogenoemde verdrag is die protokol op die beginsel van gedeelde maar verskillende verantwoordelikhede (en pligte) gegrond. Gevolglik plaas dit geen verpligting op niebylaag I-lande vir gereguleerde KV-tempering nie. Hierdie lande word egter steeds aangemoedig om aan die protokol te behoort, aangesien lidmaatskap betekenisvolle voordele vir die handel in vrystelling en befondsing inhou. Die voorgestelde meganismes vir tempering is ook daarop gemik om “groen” belegging te stimuleer en daarby lede van die protokol te help om hul mikpunte vir beheerde vrystelling van kweekhuisgasse kostedoeltreffend te kan bereik.

Die skoonontwikkelingsmeganisme is spesifiek gemik op niebylaag I-lande.

Artikel 2 van hierdie protokol voorsien ’n reeks metodes om die drie bogenoemde temperingsmeganismes prakties op nasionale vlak te kan implementeer. Een van die genoemde metodes is die formulering en implementering van fiskale beleid vir die bevordering van ekologiese fiskale hervorming, wat onder die volgende subhofie van nader ondersoek sal word.30

2.2 Fiskale beleid en maatreëls om ekologiese fiskale hervorming te bevorder

Fiskale beleid verwys na die “finansiële aktiwiteite van die regering en die beleid ten opsigte van daardie aktiwiteite”.31 Die jaarlikse nasionale begroting is die hoof fiskale instrument en verskaf ’n oorsig oor die regering se voorgenome bestedingsplan vir die komende boekjaar. Die begroting beskryf ook die manier waarop die beplande besteding befonds gaan word, byvoorbeeld deur fiskale maatreëls.32 Omgewingsgesentreerde (ekologiese) fiskale hervorming behels ’n spesifieke manifestasie van ’n fiskale maatreël. Dit kan die vorm aanneem van onder meer belastings en heffings wat daarop gemik is om ’n verandering in verbruikspatrone aan te moedig.33 Hierdie veranderde verbruikspatrone sal dan stelselmatig lei tot ’n algehele verandering in die ekonomiese beleid en aktiwiteite van ’n land.34

Koolstofbelasting as spesifieke verskyningsvorm van sodanige ekologiese fiskalehervormingsmaatreëls het ’n tweeledige doel: om inkomste te genereer deur die belastingbasis te vergroot en ook by te dra tot spesifieke oogmerke vir omgewingsbewaring.35

In Suid-Afrika is die nasionale gesprek oor die implementering van fiskale instrumente om ’n omgewingsdoelwit te bereik in 2006 verwoord in die besprekingsdokument van die nasionale tesourie: A framework for considering market-based instruments to support environmental fiscal reform in South Africa. Die doel van die besprekingsdokument word soos volg opgesom:36

  • Dit dui die potensiële rol aan wat markgebaseerde instrumente, en spesifiek omgewingsverwante belastings, kan speel om volhoubare ontwikkeling in Suid- Afrika aan te moedig en stel ’n raamwerk voor waarvolgens beide hierdie meganismes ingestel kan word.
  • Dit ontleed die mate waarin omgewingsverwante belastings kan help om omgewingsdoelwitte kostedoeltreffend te bereik.
  • Dit verduidelik hoe omgewingsverwante belastings meer inkomste kan help genereer.

Die Suid-Afrikaanse afvaardiging het in 2009 vrywillig teenoor die KP15 onderneem om die bogenoemde doelwitte te onderskryf. Hieruit blyk gevolglik die hoofdoel van koolstofbelasting in Suid-Afrika: om gedragspatrone te help skep wat KV sal temper en volhoubare ontwikkeling sal aanmoedig. Die regering se besprekingsdokument van 2006 is egter vaag oor hoe die verdeling van inkomste bewerk kan word deur omgewingsverwante belasting, soos die beplande koolstofbelasting. Die dokument bepaal dat “daar nie klinkklare kriteria is om vas te stel of die volle toewysing van inkomste aan een departement in enige gegewe geval van pas is nie”.37 Verdere bepalings dui wel daarop dat die nasionale tesourie gekant is teen ’n situasie waar die inkomste vanuit omgewingsverwante belasting ten volle vir ’n spesifieke instansie geoormerk word. Die rede is dat die oormerk van inkomste beperkend kan werk, wat ook kan lei tot die onbehoorlike toewysing van finansiële hulpbronne.38 Die voorstel is dat versoeke om volledige oormerking van geval tot geval gehanteer word en dat verbandhoudende aanslae soos “elektrisiteitverbruiksbelasting” en "fossielbrandstofinsetbelasting" oorweeg word saam met die beplande koolstofbelasting.39

’n Uiters belangrike laaste opmerking van die 2006-besprekingsdokument hou verband met die internalisering van eksterne koste wat voorsien word as regstreekse gevolg van die voorgenome koolstofbelasting.40 Binne die Suid-Afrikaanse konteks hou die eksterne koste van KV oorhoofs verband met die omgewingsimpak weens die land se intense afhanklikheid van fossielbrandstowwe. Die feit is dat die huidige pryse van goedere en dienste nie die reële omgewingsimpakte weerspieël wat op die verbruik van fossielbrandstof gebaseer is nie.41 Gevolglik sal die regering koolstofbelasting gebruik om hierdie eksternaliteite by die pryse in te sluit en sodoende besluitnemingsprosesse van produsente en verbruikers beïnvloed.42 As hierdie roete gevolg word, en die volle omgewingsimpak van fossielbrandstof se verbruik van die produsent en verbruikers verhaal word, sal hernubare energie meer kostedoeltreffend en dus meer aanloklik wees.43

’n Ekologiese fiskale hervormingsmeganisme soos koolstofbelasting verseker dus in wese dat die omgewingsimpak van KV op ’n ekonomiese vlak gehanteer word en lei daarom direk en indirek tot KV-tempering.44 Hierdie bevinding stem ooreen met die bepalings van die 2011-witskrif wat ’n oorgang na skoner, laerkoolstofbrandstof en energiedoeltreffendheid lys as veranderde gedragspatrone wat uit die implementering van koolstofbelasting sou spruit.45

Hoewel die ekonomiese en omgewingsvoordele verbonde aan die implementering van koolstofbelasting beduidend is, hou dit steeds uitdagings in. Sonder twyfel is ’n belangrike uitdaging die meningsverskil oor die praktiese toewysing en besteding van die inkomste wat so ’n belasting sou genereer. Die redelike afleiding sou wees dat die inkomste wat koolstofbelasting as ekologiese fiskalehervormingsmaatreël inbring, aan die Departement van Omgewingsake toegewys word.46 Dit is egter nie die geval nie, aangesien die nasionale tesourie nie inkomste vir spesifieke doelwitte oormerk nie. Fondse word eerder volgens ’n eenvormige begrotingsproses toegewys. In wese kan die fondse wat koolstofbelasting genereer, dus vir enige doel aangewend word – nie uitsluitlik die omgewing nie.47 In sommige gevalle gebeur dit wel dat bepaalde fondse regstreeks vir spesifieke staatsdepartemente geoormerk word, soos brandstofheffings wat na die Padongelukkefonds (POF) gekanaliseer word vir spesifieke uitgawes. Tog is dit nie die reël nie. Die kanalisering na die POF is byvoorbeeld juis om onbehoorlike en ook oneweredige toewysing van staatsfondse te voorkom. Dit is wel moontlik dat die nasionale tesourie ’n gedeeltelike toewysing van fondse vir spesifieke omgewings- of sosiale doeleindes sou kon toestaan.48

 

3. Die evolusie van ’n beleidsraamwerk vir koolstofbelasting – Suid-Afrikaanse beleidsomgewing 2010–201449

Die bespreking onder hierdie opskrif fokus daarop om ’n oorsig van die hooftrekke in die ontwikkeling van die Draft Carbon Tax Bill te verskaf. Spesifieke aandag word geskenk aan die beleidsdokumente wat deur die nasionale tesourie gepubliseer is.

3.1 Reducing greenhouse gas emissions: The carbon tax option, 2010

Ná die publikasie van die besprekingsdokument in 2006 is die volgende noemenswaardige beleidstuk die nasionale tesourie se besprekingsdokument van 2010: Reducing greenhouse gas emissions: The carbon tax option. Die dokument bepaal dat koolstofbelasting die mees toepaslike maatreël blyk te wees om ’n prys aan koolstof te koppel en eksternaliteite te internaliseer.50 Eksternaliteite verwys na situasies waar die produksie of verbruik van goedere of dienste bykomende koste of voordele inhou wat nie in die prys van hierdie kommoditeite weerspieël word nie. In die geval waar bykomende koste oploop, word dit as negatiewe eksternaliteit bestempel wat moontlik daartoe kan lei dat goedere of dienste se prys onder hul waarde vasgestel word. Dit gee enersyds aanleiding tot oormatige gebruik van ’n produk of diens, of andersyds dat te min van ’n goeie produk of diens van laer gehalte verskaf word.51 Die negatiewe eksternaliteit wat met die vrystelling van kweekhuisgasse tydens die produksie van goedere of lewering van dienste verband hou, moet omgewingsregtelik beoordeel word.

Die voordele en uitdagings verbonde aan koolstofbelasting kan soos volg opgesom word:

  • Die ontwerp/formulering van so ’n belasting is betreklik maklik.
  • Die vasstel en monitering van regstreekse vrystelling van kweekhuisgasse kan problematies wees.
  • Sodanige belasting kan stelselmatig ingefaseer word, wat daartoe sal lei dat produsente en verbruikers nie deur ’n eenmalige heffing oorweldig word nie.
  • Die feit dat so ’n belasting statutêr gereguleer word, sal verseker dat die implementering daarvan wel deursigtig geskied.

Dit is interessant om daarop te let dat die 2010-besprekingsdokument nie uitsluitlik koolstofbelasting as ekologiese fiskalehervormingsmaatreël voorstel nie, maar ook na handel in kweekhuisgasse verwys. Die uiteindelike gevolgtrekking deur die tesourie was wel dat die instel van koolstofbelasting meer wenslik is as deelname aan die internasionale handel in kweekhuisgasse. Tog sou die onderwerp later weer in die wetsontwerp van 2015 voorkom.52

3.2 National climate change response white paper, 2011

Soos reeds aangedui, geld die witskrif van 2011 as raamwerk vir die beleidsdokument oor KV in Suid-Afrika. Die dokument belig verskeie verbandhoudende onderwerpe, onder meer tempering. Eerstens word die land se potensiaal vir tempering beskou teen die agtergrond van kweekhuisgasse se huidige vrystellingsvlakke. Energie, mynbou, nywerhede en vervoer word aangedui as die sektore met die grootste potensiaal om vrystelling te verminder.53 Die dokument beklemtoon veral die kernbelang van ekonomiese instrumente soos koolstofbelasting, verrekeningskemas en belastingaansporings om tempering in die genoemde sektore te fasiliteer.

Hierdie artikel fokus spesifiek op koolstofbelasting as fiskaletemperingsmaatreël. Tog moet kennis geneem word van die benadering wat die koolstofbegroting as algemene tempering voorhou, soos in die witskrif van 2011. Hierdie benadering behels die implementering van temperingsmaatreëls met die laagste moontlike ekonomiese impak, naamlik afsette en ander markgebaseerde meganismes. Dit veronderstel dat spesifieke sektore gewenste doelwitte stel om vrystelling te verminder, wat met die nasionale kweekhuisgasvrystellingstrajek ooreenstem. Kortliks voorsien hierdie trajek dat vrystelling van kweekhuisgasse tussen 2020 en 2025 ’n piek gaan bereik (398 megaton CO2 ekwivalent), daarna tien jaar lank sal afplat, waarna dit vanaf 2036 tot 2050 in reële terme sal daal tot 212 megaton CO2-ekwivalent.54 Hierdie trajek is dan ook in 2015 deur die Suid-Afrikaanse afvaardiging na KP21 as ons nuutste nasionale doelwit aangedui. Ingevolge die benadering van die koolstofbegroting moet die nasionale tesourie, die Departement van Handel en Nywerheid asook die Departement Ekonomiese Ontwikkeling geraadpleeg word oor die implementering, doeltreffendheid en voordele van fiskale maatreëls soos koolstofbelasting.

Die 2011-witskrif stel voor dat die negatiewe eksterne koste (omgewingsimpakte) van sekere menslike aktiwiteite geïnternaliseer moet word deur ’n fiskale beleid vir ekologiese fiskalehervormingsinstrumente, waaronder koolstofbelasting geld. Met die oog hierop moet die nasionale tesourie deurlopend werk aan die formulering van ’n beleid vir koolstofbelasting en in hierdie proses deur die volgende oorwegings gelei word:

  • Die belastingtarief moet oor ’n tydperk gelykstaande wees aan die eksterne skade wat deur kweekhuisgasse veroorsaak word om toepaslike aansporings daar te stel. Die gebrek aan ’n bindende internasionale ooreenkoms wat die prys van kweekhuisgasvrystelling vasstel, veroorsaak egter dat koolstofbelasting slegs ’n gedeelte van die eksterne koste kan dek. Die doelwit moet egter wees om hierdie kostes in die toekoms ten volle te internaliseer.
  • Oorweging moet geskenk word aan die tegniese en administratiewe uitvoerbaarheid van sodanige belasting. In hierdie opsig moet byvoorbeeld besluit word of die belasting op koolstofvrystelling as sodanig sal geld, of eerder op verwante/soortgelyke-aangeleenthede (dit wil sê heffing op fossielbrandstowwe).
  • Spesifieke maatreëls moet ingestel word om die implementering van koolstofbelasting se impak op arm huishoudings teen te werk.
  • Dit is nodig om ’n negatiewe impak op sekere sektore in die bedryf se mededingendheid te verminder. Daarom moet koolstofbelasting aanvanklik teen ’n lae tarief ingefaseer word. Hierdie tarief moet dan oor ’n bepaalde tydperk verhoog word om sodoende die belastingpligtiges kans te gee om aan die verhoogde tariewe gewoond te raak.
  • Dié koolstofbelasting moet in fases binne die onderskeie ekonomiese sektore infaseer word, maar moet uiteindelik vir alle ekonomiese sektore geld.
  • Daar sal oorweeg moet word om fondse in ’n mate te verskuif om die koste van die instelling van koolstofbelasting so laag moontlik te hou. Die oormerk van koolstofbelasting se volle opbrengste is nog nie in ooreenstemming met redelike/goeie fiskale beleidsbeginsels nie. Tog sal daar wel toewysings oorweeg word, veral vir omgewingsprogramme.

Die bepalings van die 2011-witskrif sou die grondslag lê vir die nasionale tesourie se verdere ontwikkeling van die beplande koolstofbelasting. Hier onder volg ’n oorsig oor die belangrikste fases in die ontwikkeling van sodanige belasting van 2011 tot 2014.

3.3 Nasionale begrotingshersienings vir 2011–2014

In 2011 het die nasionale regering die voorgenome implementering van koolstofbelasting aangekondig met die versekering dat verdere inligting oor die tegniese aspekte en tydskedule daarvan in 2012 se nasionale begrotingshersiening sou volg. Die tegniese aspekte van die belasting is gevolglik in 2012 bekendgemaak.

In 2013 is aangekondig dat koolstofbelasting op 1 Januarie 2015 in werking sou tree teen ’n tarief van R120/ton koolstofdioksied- (CO2-) ekwivalent. Hierdie tarief sal met 10% per jaar styg tydens die eerste fase van implementering (vyf jaar), en daarna sal die toename in die tarief per jaar hoër wees. Die instel van die belasting is egter uitgestel na 1 Januarie 2016 kragtens 2014 se nasionale belastingshersiening. Die oorweging was dat die nasionale tesourie en die Departement van Omgewingsake eenstemmigheid bereik oor die belyning van koolstofbelasting met die beoogde doelwitte vir die vrystelling van kweekhuisgasse.

Tydens 2011 se nasionale begrotingshersiening kondig die regering aan dat dit die implementering van koolstofbelasting soos voorgestel deur 2010 se besprekingsdokument oorweeg. Gevolglik sou die regering die inhoud en tydsraamwerk daarvoor in die opvolgende begrotingsjaar aankondig. Dit het wel in 2012 gebeur tydens die nasionale begrotingshersiening, waarin die volgende kernkenmerke van so ’n beplande koolstofbelasting gelys word:

  • Die belasbare perke vir die vrystelling van kweekhuisgasse sal eerder as persentasies uitgedruk word en nie as absolute (reële) vrystellingsvlakke nie.55
  • ’n Hoër belastingsperk sal bemiddel word vir vrystelling wat tydens spesifieke prosesse ontstaan.56
  • Bykomende verligting word voorsien vir sektore wat deur handelspraktyke beïnvloed word.
  • Maatskappye sal toegelaat word om verrekeningskemas te gebruik om hul aanspreeklikheid vir koolstofbelasting te beperk.
  • Die voorgenome koolstofbelasting sal in fases ingestel word.

Tydens 2013 se nasionale begrotingshersiening is die datum vir implementering van koolstofbelasting vasgestel op 1 Januarie 2015 teen ’n bedrag van R120 per ton CO2. Hierdie bedrag sal jaarliks met 10% toeneem gedurende die eerste fase van implementering, wat ’n tydperk van vyf jaar sal wees. Daar word voorsien dat die jaarlikse styging van hierdie bedrag aansienlik hoër sou wees na afloop van die eerste vyf jaar, maar daarna geld verligting in die vorm van ’n aansporing vir belastingsbesparings wat op die energiedoeltreffendheid van maatskappye gerig is. Die regering se doel hiermee is dat ’n deel van die inkomste wat deur die beplande koolstofbelasting gegenereer word, aangewend sal word om die doeltreffende aanwending van hierdie energiebronne deeglik te befonds.

Die kommer bestaan dat koolstofbelasting betaal moet word benewens die konstante stygende elektrisiteitspryse. In antwoord hierop word die geleidelike uitfasering van die elektrisiteitsheffing in ooreenstemming met die infasering van koolstofbelasting voorgestel. Soos reeds aangedui, is die datum van implementering (aanvanklik 2014) uitgestel van 1 Januarie 2015 na 1 Januarie 2016. Die doel was onder meer om die nasionale tesourie en die Departement van Omgewingsake tyd te gee om die beplande koolstofbelasting en koolstofverrekening57 te belyn soos dit deur die National Climate Change Response Policy, 2011 voorgeskryf word. Die nasionale begrotingshersiening van 2014 stel wel voor dat bepaalde wysigings van die beleid oorweeg word voordat die belasting gefinaliseer word.

Hierdie wysigings behels:

  • Die vermindering van Eskom se belastingaanspreeklikheid.
  • Die verlaging van die huidige elektrisiteitsheffing.
  • Suid-Afrika se internasionale mededingendheid moet nie geraak word nie, en ’n formule moet uitgewerk word om rolspelers te vergoed wat bo die voorgestelde kerf presteer.
  • Die belasting op navorsing en ontwikkeling moet streng verfyn word om vir inisiatiewe van “groen” tegnologie ruimte te laat.
  • Maatskappye moet toegelaat word om hul belastingaanspreeklikheid met tussen 5% en 10% te verminder deur hul koolstof-“afsette” in berekening te bring.
  • Die impak van huishoudings op vrystelling van kweekhuisgasse moet teengewerk word deur subsidies toe te staan vir die installering van sonkrag-waterverhittingstoestelle asook deur openbare vervoer op te gradeer.
  • Inkomste wat deur koolstofbelasting gegeneer is, moet toegewys word aan die befondsing van belastingaansporings vir doeltreffende benutting van energie.
  • Die proses waarvolgens vrystelling van kweekhuisgasse vir belastingdoeleindes gerapporteer en geklassifiseer word, moet gekoppel word aan verpligte rapportering van sodanige vrystellingsvlakke aan die Departement van Omgewingsake.

Met hierdie voorskrifte in gedagte is die proses voortgesit om ’n wet op koolstofbelasting daar te stel.

Die nasionale tesourie het in 2013 ’n verdere besprekingsdokument gepubliseer, gevolg deur die reeds genoemde wetsontwerp op koolstofbelasting van 2015.

3.4 Carbon tax policy paper: Reducing greenhouse gas emissions and facilitating the transition to a green economy, 2013

Die nasionale tesourie se 2013-beleidsdokument getiteld Reducing green house gas emissions and facilitating the transition to a green economy bepaal dat die instel van ’n regstreekse heffing op die werklike vrystelling van kweekhuisgasse of CO2-ekwivalente die mees gepaste maatreël sal wees, maar erken ook dat hierdie opsie nie op daardie tydstip lewensvatbaar blyk te wees nie. Die kerndryfveer vir en doelwit van sodanige koolstofbelasting is om ’n verandering in huidige gedragspatrone teweeg te bring. Dit sal dan lei tot verminderde vrystelling van kweekhuisgasse, wat uiteindelik verskeie omgewingsvoordele en die bevordering van volhoubare ontwikkeling tot gevolg sal hê. ’n Ekonomiese beleid wat maatreëls soos belasting instel om ekologiese fiskale hervorming te fasiliteer, skep ’n nasionale beleidsomgewing wat nie slegs ekonomiese groei bemagtig nie, maar ook relevant vir die omgewing is. In wese slaag so ’n ekonomiese beleid daarin om twee spreekwoordelike vlieë met een klap te tref: ekonomiese vooruitgang word bewerkstellig, en dít sonder beduidend nadelige invloed op die omgewing. Ekonomiese aansporings kan ook verdere ekologiese fiskale hervorming bevorder deur “groener” beleggings aan te trek na spesifieke sektore, byvoorbeeld energie en mynbou.

Die tweede beste opsie, benewens regstreekse koolstofbelasting, is die heffing van insetbelasting op die koolstofkapasiteit van spesifiek fossielbrandstowwe. So ’n koolstofverrekeningskema sal die bestaande en voorgenome KV-beleidsraamwerk aanvul in die sin dat ondernemings koolstofafsette sal kan benut om hul aanspreeklikheid vir koolstofbelasting met tot 10% te sny. So ’n verrekeningskema is oorhoofs gemik op die verwesenliking van die regering se “groen” ekonomiese doelwitte. Die rede is dat so ’n skema beleggings aanmoedig in projekte wat koolstofvrystelling verminder, vermy of uitskakel. Sodanige projekte behoort te sorg dat koolstof teen ’n laer koste vrygestel word as kragtens die voorgenome koolstofbelasting. ’n Verdere voordeel van so ’n skema wat die vrystelling van koolstof verreken, is dat aangewese projekte toegelaat sal word om koolstofkrediete/-eenhede uit te ruil – soos dit reeds internasionaal binne ’n koolstofmarkopset geskied.

In 2014 het die tesourie ’n verdere besprekingsdokument oor die onderwerp van koolstofafsette as skoonontwikkelingsmeganisme gepubliseer. Die begrotingshersiening van 2014 bepaal dat hierdie besprekingsdokument oor koolstofafsette riglyne daarstel waarvolgens ondernemings verpligtings vir koolstofbelasting op hulle reële koolstofvrystelling met tot 10% kan verminder. Die gebruik van koolstofafsette as ’n buigbare meganisme om sodanige belastingverpligtings te verminder, is ’n globale tendens in lande waar fiskale maatreëls ingestel word om as temperingsmeganismes te dien. ’n Koolstofafset is ’n (eksterne) belegging wat ’n onderneming toegang bied tot temperingsopsies wat goedkoper sou wees as wanneer die maatskappy self die temperingsopsie in hul daaglikse bedryf sou volg.58 Koolstofafsette behels gewoonlik beleggings in spesifieke aktiwiteite wat daarop gemik is om koolstofvrystelling te bekamp, te vermy en/of uit te skakel. Hierdie projekte word dan kragtens spesifieke standaarde geëvalueer om sodoende koolstofkrediete aan die betrokke projek toe te ken.

In Suid-Afrika is projekte vir koolstofafsette kragtens vier verskillende standaarde ontwikkel, te wete: die skoonontwikkelingsmeganisme; die geverifieerde koolstof standaard; die goue standaard; en die klimaat, gemeenskap en biodiversiteit-standaard.59 Daar word voorsien dat koolstofafsette ondernemings sal help om hul belastingverpligtings oor koolstofbenutting kostedoeltreffend te verminder. Daarby sal dit dien as aansporing om in laekoste-temperingsopsies te belê. Sodanige omstandighede is ook voordelig in die sin dat dit projekte vir tempering help ontwikkel waarvolgens koolstofvrystelling teen ’n laer tarief as die beplande koolstofbelasting geskied.

Voorts sou projekte vir koolstofafsette beduidende voordele inhou vir die bevordering van volhoubare ontwikkeling in Suid-Afrika. Dit kan die volgende voordele oplewer: fondse na landelikeontwikkelingsprojekte kanaliseer; werkgeleenthede skep; biodiversiteit beskerm; doeltreffende energiebenutting aanmoedig; en ontwikkeling met lae koolstofuitsette aanmoedig.60

Hoewel die belang van koolstofafsette in tempering nie misken word nie, val verdere bespreking van hierdie onderwerp buite die omvang van die artikel. Daar kan wel genoem word dat die volgende en uiters belangrike stap in die ontwikkeling van die regsraamwerk vir koolstofbelasting in November 2015 plaasgevind het met die publikasie van die wetsontwerp op koolstofbelasting, 2015 wat volgende bespreek word.

3.5 Draft Carbon Tax Bill, 2015

Op 2 November 2015 publiseer die nasionale tesourie die wetsontwerp op koolstofbelasting en stel ook die tydperk vir openbare kommentaar op die dokument oop tot 15 Desember 2015.61 Tydens die kabinet se goedkeuring van die dokument word gemeld dat die voorgenome koolstofbelasting ’n integrale deel uitmaak van die regeringsbeleid se implementering soos vasgestel deur die 2011-witskrif asook die NOP. Voorts word koolstofbelasting as onontbeerlike fiskale temperingsmaatreël beskou om Suid-Afrika se doelwit vir die vermindering van kweekhuisgasvrystelling tot by 34% van huidige vlakke teen 2020.62 Die wetsontwerp maak dit weer eens duidelik dat die beplande koolstofbelasting se doel is om die eksterne koste vir die vrystelling van kweekhuisgasse te internaliseer deur ’n geldwaarde aan koolstof te heg. Dit geskied kragtens die beginsel waarvolgens die besoedelaar betaal.63

Voorts bepaal die wetsontwerp dat die implementering van fiskale meganismes, soos koolstofbelasting, sal bydra om die doelwit van KV-tempering te verwesenlik.64 Die dokument gaan verder deur die konkrete en praktiese werking en implementering van die voorgenome koolstofbelasting se tegniese besonderhede uiteen te sit. Die artikel se bespreking van die wetsontwerp sal hoofsaaklik fokus op ’n reeks tegniese en bestuursaspekte wat insluit die ontwerp van koolstofbelasting, herwinning van inkomste asook administrasie en belastingpligtigheid.65

Ingevolge artikel 5 van die wetsontwerp word die aanvanklike belastingkoers vasgestel teen R120 per ton CO2 of ekwivalent. Hierdie koers is egter buigbaar aangesien die dokument ’n reeks belastingvrye drempels voorstel wat die genoemde belastingkoers beduidend kan beïnvloed. Die wetsontwerp stel die volgende belastingvrye drempels voor wat geld vir die eerste fase van implementering (tot 2020):

  • ’n algehele belastingvrye drempel van 60%
  • ’n bykomende toegif van 10% vir prosesverwante vrystelling
  • ’n bykomende toegif van 10% vir sektore wat aan die handelsverkeer verwant of daarvan afhanklik is
  • vroeë aksie of inisiatiewe daarop gemik om die bedryfsgemiddeld vir vrystellingsvermindering te verbeter, wat sal lei tot ’n toegif van 5%
  • ’n toegif van 5 tot 10% vir koolstofafsette
  • vir maatskappye wat deel van die koolstofbegroting se sisteem uitmaak, ’n bykomende toegif van 5%.66

Hoewel die belastingvrye drempel op ’n maksimum van 95% vasgestel word,67 is die impak van hierdie toegifte op die marginale belastingkoers van R120/ton CO2 of ekwivalent beduidend. Sou ’n belastingpligtige vir al die bogenoemde toegifte kwalifiseer en beperk word tot die belastingvrye drempel van 95%, sal die effektiewe belastingkoers wissel tussen R6 en R48/ton CO2 of ekwivalent.68

Dit kan dalk vreemd voorkom dat die wetsontwerp sekere bronne van kweekhuisgasvrystelling nie reël nie, soos petrol en diesel asook brandstowwe vir internasionale lug- en skeepsvervoer. Die belasting vir hierdie vrystelling word egter reeds deur afsonderlike regimes bepaal en gereël. Petrol- en dieselverwante vrystelling word deur die bestaande brandstofbelasting gereguleer, terwyl vrystelling weens die verbranding van brandstowwe vir internasionale lug- en skeepsvervoer onder internasionale ooreenkomste val. Vrystelling van plaaslike lugvervoer word egter bepaal deur nasionale brandstofbelasting wat koolstofuitsette reguleer.

Hoe doeltreffend koolstofbelasting sal wees om vrystelling van kweekhuisgasse te verminder, sal in ’n groot mate bepaal word deur die bedrae wat dit deur die herwinning of hertoewysing van inkomste sal oplewer.69 Die wetsontwerp bevat geen uitdruklike bepalings oor presies wat herwinning/hertoewysing van inkomste moet behels nie, waar die voorstelle van die nasionale begrotingshersiening van 2014 dit wel verskaf.

As algemene vertrekpunt stel die nasionale tesourie voor dat herwinning van inkomste op die volgende kernpunte moet fokus:

  • befondsing vir belastingaansporings vir doeltreffende energiebenutting
  • ’n verlaging van die elektrisiteitsheffing
  • bykomende belastingkortings vir sonkrag wat deur daksonpanele opgewek word (kragtens die belastingwetgewing van 2015 gehanteer)
  • ’n belastingkrediet met betaalbare premie vir hernubare energie-aktiwiteite (soos bepaal deur die geïntegreerde hulpbronplan 2010–2030)
  • finansiële steun om gratis basiese elektrisiteit aan lae-inkomste-huishoudings te lewer
  • bykomende bydrae tot openbare vervoer.

Die laaste aspek wat hier bespreek word, is die basis waarop belastingpligtigheid kragtens die wetsontwerp vasgestel sou word. Artikel 3 van die dokument gee ’n oorsig van hierdie aspek en bepaal dat belastingpligtigheid op grond van die volgende kriteria vasgestel word:

  • die uitvoer van ’n aktiwiteit
  • aanhangsel 1 tot kennisgewing 172 van 2014 se verklaring van kweekhuisgasse tot prioriteit-besoedelingstowwe.

Wat die eerste kenmerk betref, is die bewoording van die wetsontwerp veel meer op die punt af as die besprekingsdokumente van die nasionale tesourie (soos hier bo bespreek).70 Die toets vir belastingpligtigheid kragtens die wetsontwerp is tweeledig. Die eerste deel van die toets is om vas te stel of die aktiwiteit wat uitgevoer word, ’n negatiewe impak op omgewings- of luggehalte het.

Om so ’n negatiewe impak vas te stel, moet die bepalings vervat in artikels 29(1) en 57(1) van die National Environment Management Act: Air Quality Act 39 van 2004 toegepas word. Hierdie bepalings magtig die minister van omgewingsake om enige stof wat tot lugbesoedeling bydra, tot prioriteitbesoedelingstof te verklaar. Die minister het in hierdie verband in 2014 ’n lys van ses kweekhuisgasse bekendgestel: koolstofdioksied; metaan; stikstofoksied; waterstoffluoried; fosforfluoried en swaelfluoried. Indien enige of meer van hierdie stowwe vrygestel word, moet die persoon wat verantwoordelik is, ’n plan voorberei en implementeer om besoedeling te voorkom. Die vrystel van ’n minimum van 1 megaton CO2 of ekwivalent word as vereiste gestel wanneer so ’n voorkomingsplan voorberei moet word.

Die tweede deel van die toets vir belastingpligtigheid fokus op die aktiwiteit wat uiteindelik lei tot die vrystelling van die betrokke prioriteitbesoedelingstof. Hierdie aktiwiteite word gelys in aanhangsel 1 tot kennisgewing 172 van 2014 en behels die volgende: energieverwante aktiwiteite; vervaardiging en konstruksie; vervoer; mynbou; mineraal-, chemiese en metaalindustrieë; lewende hawe; grondgebruik; afvalverwerking. Artikel 3 van die wetsontwerp hou die praktiese gevolg in dat iemand wat enige van hierdie aktiwiteite uitvoer, onmiddellik ’n plig oploop om koolstofbelasting te betaal.

Dit is belangrik om daarop te let dat die drempel van 1 megaton CO2 of ekwivalent, wat dien as vereiste vir die opstel van ’n voorkomingsplan teen besoedeling, geensins vir koolstofbelasting geld nie. Daar word nie ’n minimumperk vir vrystelling van kweekhuisgasse geheg aan die plig tot koolstofbelasting nie – bloot die uitvoer van die gelyste aktiwiteite geld hier. Hierdie bepaling is uiters belangrik, aangesien dit helderheid gee oor die vraagstuk of daar wel ’n minimum absolute vrystellingsdrempel bestaan.71 In ’n verduidelikende nota by die wetsontwerp word bepaal dat daar, benewens die belastingvrye toegifte,72 rapporteringdrempels vir verskillende vrystellingsbronne in die bepalings van Wet 39 van 2004 vasgestel sal word. Hiervolgens bepaal die wet dat slegs entiteite met ’n termiese kapasiteit van 10 megawatt en hoër wel belastingpligtig is tot 2020.

Daar moet gewys word op hoe omvangryk die wetsontwerp se bepalings vir die praktiese implementering en die omskrewe inhoud van die voorgenome koolstofbelasting is. Daar kan gesê word dat die verwagte formele promulgering van hierdie dokument ’n voldonge feit is.

 

4. Reaksies en voorlopige kommentaar op die wetsontwerp

Die onderskeie bedryfsektore se reaksies op die voorgenome koolstofbelasting wissel van voorwaardelike aanvaarding tot lynregte teenkanting. Die kritiek teen koolstofbelasting is hoofsaaklik ekonomies; veral die staalbedryf se aanvanklike reaksie was besonder negatief. Die kernbeswaar teen koolstofbelasting is dat dit voortgesette ekonomiese groei in Suid-Afrika sal ondermyn en verder ook werkskepping negatief raak. Die staalbedryf verwys ook na die Australiese regering se besluit in 2014 om die land se wetgewing vir koolstofbelasting te herroep. Hierdie besluit was daarop gemik om die volgende te bereik: die verlaging van algemene lewens- en elektrisiteitskoste, bevordering van ekonomiese groei en verlaagde kostes vir buitelandse beleggings in Australië.73 In Suid-Afrika het Ancelor-Mittal (die land se grootste staalvervaardiger) op grond van die koolstofintensiewe aard van staalproduksie gevra vir ’n verligting in belastingpligtigheid. Hulle het hierdie versoek gegrond op die feit dat daar geen laekoolstof-alternatief vir staalproduksie bestaan nie. Gevolglik het die vervaardigers nie die opsie om “groener” roetes te volg nie. Die wetsontwerp se belastingvrye drempels asook die spesiale toegifte aan spesifieke bedryfsektore (insluitend die staalbedryf) hanteer die staalbedryf se versoek op ‘n bevredigende wyse en skryf voor dat belastingverligting tot 2020 verleen word.

Skeptici uit die sakesektor voer verder aan dat dié koolstofbelasting nie ’n beduidend genoeg invloed sal hê op globale KV-tempering nie en dat dit Suid-Afrika se mededingendheid in die globale ekonomiese mark aan bande sal lê.

Algemene aanvanklike kommentaar op die wetsontwerp is veral gemik op die saamvleg van meerdere, en uiteenlopende, regsvelde in ’n enkele regsinstrument. Veral die ontwerp van koolstofbelasting bevat elemente van belastingreg, koolstofmarkte, omgewingsreg en finansiële en operasionele strategie. Veral belastingkundiges beskou sodanige saamvoegings as moontlike knelpunt, aangesien hierdie wetsontwerp kennis van omgewingsreg en ander operasionele aangeleenthede vereis wat die skrywers reeds veronderstel het. Vir die gronde waarop belastingpligtigheid vasgestel is, word byvoorbeeld kennis van spesifieke instrumente van omgewingsreg vereis of verwag.74 Die wisselwerking tussen omgewingsreg en fiskale beleid/maatreëls blyk duidelik daaruit dat die wetsontwerp bepaal dat koolstofbelasting as “omgewingsheffing” kragtens die Wet op Doeane en Aksyns 91 van 1964 geïmplementeer word.75 Laasgenoemde bepaling lê die kernfokus van hierdie artikel bloot: “Fiskale beleid en/of maatreëls kan toegepas word om omgewingsregtelike uitdagings in die ekonomiese sfeer te hanteer.”Die aanslag op koolstofbelasting soos vervat in hierdie bepaling is dus heel beslis omgewingsregtelik. Hoewel sodanige belasting ooreenstem met die internasionale omgewingsreg se mandaat vir tempering van KV, is dié benadering nuut in die Suid-Afrikaanse belastingreg. Die multi- of interdissiplinêre aard van die wetsontwerp behoort daarom glad nie verrassend te wees wanneer ’n mens die ingewikkelde uitdaging (klimaatsverandering) in gedagte hou waarop sodanige maatreëls gerig wil wees nie. ’n Omvattende reaksie op die voorgestelde koolstofbelasting is krities belangrik met die oog op die sukses daarvan. Dit veronderstel dat belastingkundiges met deskundiges uit ander dissiplines sal saamwerk – veral tydens die eerste implementeringsfase.

 

5. Samevatting en gevolgtrekking

Die internasionale mandaat vir die tempering van KV, soos vervat in die UNFCCC en veral die Kioto-protokol, spel duidelik die belangrike rol uit wat ’n ekologiese fiskale beleid vervul. Fiskale beleid word geklassifiseer as ’n skoon ontwikkelingsmeganisme met die doel om ontwikkelingspatrone sodanig te wysig dat dit KV sal help teenwerk. Suid-Afrika het kragtens die bepalings van die protokol geen verpligtings om temperingsmaatreëls in te stel nie. Tog tree die regering proaktief op deur beleid te formuleer vir die implementering van fiskale maatreëls. ’n Praktiese voorbeeld is die vinnig-ontwikkelende beleidsraamwerk vir koolstofbelasting wat uiteindelik in 2015 gelei het tot die bekendstelling van die wetsontwerp. ’n Breedvoerige ontleding van hierdie ontwerp lig spesifieke uitdagings uit waarvan die vernaamste een die toewysing van gegenereerde fondse en die interdissiplinêre aard van die dokument behels.

Betreffende die toewysing van inkomste wat deur koolstofbelasting gegenereer is, blyk duidelik uit die wetsontwerp dat die regering nie ’n volle toewysing van fondse kan oorweeg nie. Kritiek op hierdie bepaling is dat indien die volle inkomste nie aan die Departement van Omgewingsake oorhandig word nie, daardie belasting nie as volwaardige fiskalehervormingsmaatreël geklassifiseer kan word nie. Soos reeds aangedui, is ’n fiskalehervormingsmaatreël se funksie om eksternaliteite tydens vervaardiging en dienslewering te internaliseer.76 Die koolstofbelasting (as fiskalehervormingsmaatreël) moet dus die koste internaliseer wat verband hou met die omgewingsimpak van prosesse wat kweekhuisgasse vrystel. Die fondse wat sodoende gegenereer word, moet vir tempering beskikbaar gestel word. Die teks van die wetsontwerp soos dit tans bestaan laat egter slegs ruimte vir gedeeltelike internalisering van eksternaliteite. ’n Aspek wat onregstreeks hiermee verband hou, raak die vasgestelde koers vir koolstofbelasting en die toegifte soos die dokument dit aanstip. Die (reeds minimale) bedrag van R120/ton CO2 of ekwivalent kan tot so laag as R6–R48/ton daal indien ’n belastingpligtige vir die maksimum belastingvrye drempel van 95% kwalifiseer.77 Dit is te betwyfel of so ’n lae belastingkoers werklik die ekonomiese impak sal kan hê om KV-tempering beduidend te kan beïnvloed. Hierdie stand van sake kan dalk in die toekoms verander met die vasstel van ’n minimum absolute vrystellingsdrempel asook die verlaagde belastingvrye drempel en die opwaartse aanpassing van 10% per jaar vanaf 2020. ’n Verdere praktiese uitdaging is die samewerking tussen deskundiges uit die velde van belastingreg en omgewingsreg wat deur hierdie beleidsontwerp voorveronderstel word. Hier moet veral gewys word op die kwessie hoe ’n belastingpligtige kragtens die dokument gedefinieer of geklassifiseer word. In die eerste plek bevat die dokument as sodanig nie ’n definisie van ’n belastingpligtige nie. Die dokument verwys eerder die leser na die National Air Quality Act se lys aktiwiteite wat lugbesoedeling deur die vrystelling van sekere prioriteit-besoedelingstowwe veroorsaak. Indien ’n party aan een of meer van hierdie aktiwiteite deelneem, word daardie persoon of instansie kragtens die wetsontwerp ipso facto as belastingpligtig beskou. Dit is begryplik dat ’n dokument wat oorhoofs gemik is op omgewingsbeskerming deur maatreëls vir fiskale hervorming, wel verwysings na omgewingsverwante aspekte sou bevat. Nogtans val die gespesialiseerde kennis oor die inhoud van omgewingswetgewing beslis buite hierdie grense. Ten spyte daarvan word voorsien dat so ’n uitdaging nie onoorkombaar is nie. Die sukses van die instrument se implementering sal uiteraard afhang van samewerking tussen deskundiges uit die omgewingsreg en oor belastingvelde. Indien die wetsontwerp formeel gepromulgeer sou word, sal dit die eerste stuk wetgewing wees wat uitdruklik en uitsluitlik met die onderwerp van KV in Suid-Afrika gemoeid is. Dit sou ook inderdaad die enigste KV-wet wees tot tyd en wyl die wetgewende proses oor die voorgenome Wet op Klimaatsverandering (wat vroeg 2016 begin het) afgeloop het. Die promulgering van beide hierdie wette sal beslis ’n positiewe stap wees in regspleging oor en die ontwikkeling van ’n nuwe veld soos omgewingsreg binne die konteks van ’n ontwikkelende land.

 

Bibliografie

Allix, M. 2014. SA asked to abandon carbon tax. Business Day Live, 10 April 2014. Beskikbaar by http://www.bdlive.co.za/business/industrials/2014/04/10/sa-asked-to-abandon-carbon-tax-plan (23 Junie 2016 geraadpleeg).

Alton, T., C. Arndt, Rob Davies e.a. 2014. Introducing carbon taxes in South Africa. Applied Energy, 16:344–54.

—. 2012. The economic implications of introducing carbon taxes in South Africa 2012. https://www.wider.unu.edu/sites/default/files/wp2012-046.pdf (23 Junie 2016 geraadpleeg).

Arndt, C., Rob Davies e.a. 2013. Measuring the carbon intensity of the South African economy. South African Journal of Economics, 81(3):393–415.

Carbon offset scheme for SA firms: call for comment. 2014. Beskikbaar by http://www.southafrica.info/about/sustainable/carbon-300414.htm#.V71tTaKX-XM#ixzz4IF3SB1Xw (24 Augustus 2016 geraadpleeg).

Carter, S. en M. Barnard. 2016. Demystifying the global climate change regime. In Humby, Kotzé, Rumble en Gilder (reds.) 2016.

Cloete, B. en E. Tyler. 2006. Carbon tax design options – A discussion document. Kaapstad: WWF.

Cottrell, J., S. Lorek e.a. 2007. Environmental fiscal reform in developing, emerging and transition economies. Bonn: Deutsche Gesellschaft fur Technische Zusammenarbeit.

Cottrell, J., J. Milne, H. Ashiabor, L. Kaiser en K. Deketelaere (reds.). 2009. Critical issues in environmental taxation: International and comparative perspectives. Oxford: Oxford University Press.

Departement van Energie. 2012. Beskikbaar by http://www.energy.gov.za/files/esources/kyoto/2012/South%20African%20CDM%20Projects%20Portfolio%2030%20May%202012.pdf (11 Junie 2016 geraadpleeg).

Division for Sustainable Development. 2011. United Nations environment programme and united conference on trade and development. The transition to a green economy: Benefits, challenges and risks from a sustainable development perspective. New York: United Nations Division for Sustainable Development; United Nations Environment Programme; United Nations Conference on Trade and Development.

Gilder, A. 2012. To tax or trade (or both or neither)? The confusing South African status quo on carbon taxation and emissions trading. Carbon and Climate Law Review, 6(4):354–64.

—. 2015a. TaxEnsight, 22 April 2015. Carbon tax – liable entities. Beskikbaar by https://www.ensafrica.com/news/Carbon-Tax-Liable-Entities?Id=2049&STitle=carbon%20tax%20newsflash (5 September 2016 geraadpleeg).

—. 2015b. TaxEnsight, 5 November 2015. Draft Carbon Tax Bill published for comment. Beskikbaar by https://www.ensafrica.com/news/draft-Carbon-Tax-Bill-published-for-comment?Id=2035&STitle=carbon%20tax%20newsflash (23 Junie 2016 geraadpleeg).

Gilder, A. en L. Snyman. 2012. Business Essentials, 6 Junie 2012. Carbon tax in South Africa. Beskikbaar by http://www.fmessentials.com/press-room/carbon-tax-in-south-africa (23 Junie 2016 geraadpleeg).

Gilder, A., M. Parker en O. Rumble. 2015. Reversing climate change starts at home: the South African carbon tax and the Paris agreement. https://www.ensafrica.com/news/reversing-climate-change-starts-at-home-the-South-African-carbon-tax-and-the-Pa?Id=2175&STitle=carbon%20tax%20ENSight (6 Junie 2016 geraadpleeg).

Humby, T.L., L.J. Kotzé, O. Rumble en A. Gilder (reds.). 2016. Climate change law and governance in South Africa. Claremont: Juta.

Lehman, K. South Africa's climate change commitments and regulatory response potential. In Humby, Kotzé, Rumble en Gilder (reds.) 2016.

Murombo, T. 2016. South Africa's energy mix – towards a low-carbon economy. In Humby, Kotzé, Rumble en Gilder (reds.)2016.

Nasionale Tesourie mediaverklaring. 2015. Beskikbaar by http://www.treasury.gov.za/comm_media/press/2015/2015110201%20-%20Media%20Statement%20Carbon%20Tax%20Bill.pdf (23 Junie 2016 geraadpleeg).

Parker, M. en A. Gilder. 2013. TaxEnsight, 28 Mei 2013. The design of the carbon tax. Beskikbaar by https://www.ensafrica.com/news/tax-ENSight-27-May-2013?ost=%2520The%2520design%2520of%2520the%2520carbon%2520tax&Id=1031&sTitle=tax%20ENSight%20%20-%2027%20May%202013 (23 Junie 2016 geraadpleeg).

Paterson A.R. 2009. On the road to a sustainable transport sector in South Africa: the role of market-based instruments. In Cottrell, Milne, Ashiabor, Kaiser en Deketelaere (reds.) 2009.

Rumble, O., A. Gilder en M. Parker. Carbon pricing in South Africa. In Humby, Kotzé, Rumble en Gilder (reds.) 2016.

South Africa’s intended nationally determined contributions. 2014. Beskikbaar by http://www4.unfccc.int/submissions/INDC/Published%20Documents/South%20Africa/1/South%20Africa.pdf (6 September 2016 geraadpleeg).

Speck, S. 2010. Options for promoting environmental fiscal reform in EC development cooperation: Country case study South Africa (Spesiale verslag vir die Europese Kommissie). Beskikbaar by https://www.unpei.org/sites/default/files/PDF/budgetingfinancing/southafrica-case-study-fiscalreforms.pdf (6 September geraadpleeg).

Vorster, V., S. Winkler e.a. 2011. Mitigating climate change through carbon pricing: An emerging policy debate in South Africa. Climate and Development, 3(3):242–58.

Winkler, H., A. Marquard e.a. 2009. Economics of climate change: Context and concepts related to mitigation. The economics of climate change mitigation. Kaapstad: Universiteit van Kaapstad.

Zhang, Z.X. 2004. What do we know about carbon taxes? An inquiry into their impacts on competitiveness and distribution of income. Climate Change, Human Systems and Policy, 3:507–18.

 

Eindnotas

1 Vry vertaal.

2 Suid-Afrika se voorgenome nasionale vasgestelde bydrae 2014, soos ingedien by KP 21 te Parys in Desember 2015.

3 National Treasury reducing greenhouse gas emissions: The carbon tax option, 2010:3.

4 Arndt e.a (2013:3).

5 National climate change response policy white paper, 2011:14.

6 Murombo (2016).

7 Par. 2.

8 National climate change response policy white paper, 2011:26.

9 National development plan (executive summary), 2010:38.

10 Art. 2 van die verdrag.

11 Art. 3 van die KP.

12 Vir die mees onlangse lys lande wat die verdrag onderteken het en dus deel van die KOP uitmaak, besoek http://unfccc.int/essential_background/convention/status_of_ratification/items/2631.php.

13 Besoek hieroor https://unfccc.int/bodies/body/6383.php.

14 Art. 2 van die verdrag.

15 Art. 4(2) van die verdrag. Bylaag I-lande behoort aan die Organisation for Economic Cooperation and Development (OECD) en sluit 12 lande met "ekonomieë in oorgang" vanuit Sentraal- en Oos-Europa in. Vir ’n lys moondhede wat as bylaag I-lande aangedui word, sien bylaag I van die verdrag.

16 Art. 4(2)(b) en (c) van die verdrag.

17 Art. 3(1) van die verdrag.

18 Art. 4(7) en (8) van die verdrag.

19 Art. 12 van die protokol.

20 Sien http://unfccc.int/kyoto_protocol/items/2830.php.

21 Sien http://ec.europa.eu/clima/news/articles/news_2013100901_en.htm.

22 Sien http://maindb.unfccc.int/library/view_pdf.pl?url=http://unfccc.int/resource/docs/2014/sbi/eng/inf20.pdf.

23 Inter-governmental panel on climate change working group report three, 2014.

24 Art. 17 van die KP.

25 Art. 12 van die KP.

26 Art. 11 van die KP.

27 Art. 6 van die KP.

28 Departement van Energie (2012).

29 Sien art. 17 van die KP.

30 Carter en Barnard (2016).

31 UNEP green economy briefing paper, 2013:1.

32 Hfst. 2 van die Public Finance Management Act 29 van 1999 beskryf die mandaat van die tesourie. Besoek ook http://www.treasury.gov.za.

33 UNEP fiscal policy for a green economy, 2013:1.

34 Vorster e.a. (2011:10); Paterson (2009:834).

35 Cottrell (2007:4); Lehman (2016).

36 Eie vertaling.

37 Par. 6.6.3 (eie vertaling).

38 Gilder (2012:333); Gilder en Snyman (2012:16, 24).

39 A framework for considering market-based instruments to support environmental fiscal reform in South Africa 79.

40 A framework for considering market-based instruments to support environmental fiscal reform in South Africa 8.

41 Art. 55 Nasionale Tesourie, 2013, koolstofbelastingbeleidsdokument.

42 Nasionale Tesourie, 2013, koolstofbelastingbeleidsdokument 8.

43 Arndt e.a. (2013:3).

44 United Nations environmental programme fiscal policy reforms for a green economy 2011, Green economy briefing paper 1.

45 Cloete en Tyler (2006:3).

46 Speck (2010:4); Zhang (2004:24).

47 Alton e.a. (2014:26); Alton e.a. (2012:16).

48 Nasionale Tesourie, 2006:66.

49 Rumble e.a. (2016).

50 Cloete en Tyler (2006:3).

51 National treasury reducing greenhouse gas emissions: the carbon tax option, 2010 hfst. 4.1 parr. 28, 29.

52 Gilder (2012:356).

53 Par. 6.3.

54 Vgl. par. 6.4.

55 Die perke wat gestel word, sal dan vasstel in watter mate ’n vrysteller belastingpligtig is – vrystelling onder die perk beteken nie belastingpligtig nie.

56 Prosesse en/of sektore wat hier ter sprake is, word gelys as sement, yster en staal, asook aluminium en glas.

57 Hierdie aanslag stel voor dat die ware impak van koolstofvermindering uitgedruk word as uitkomste van gewenste vrystellingsvermindering.

58 National treasury carbon offsets paper, 2014:6

59 Carbon offset scheme for SA firms: call for comment (2014).

60 National treasury carbon offsets paper, 2014:7.

61 National treasury media statement, November 2015:1; Gilder en Parker (2015).

62 Na skatting sal hierdie mikpunt teen 2025 toeneem tot 42%. Vir meer inligting oor die omvang van Suid-Afrika se verbintenisse tot beide tempering en aanpassing, sien “South Africa’s intended nationally determined contributions” (2014). Hierdie dokument is tydens die mees onlangse KOP 21 te Parys aan die UNFCCC-sekretariaat oorhandig.

63 Aanhef tot die wetsontwerp.

64 Gilder en Parker (2013).

65 Ibid.

66 Artt. 7, 8, 9, 10, 11, 12 en 13 van die wetsontwerp.

67 Art. 14 van die wetsontwerp.

68 Gilder en Parker (2015:22).

69 Nasionale Tesourie-mediaverklaring (2015).

70Soos hier bo bespreek.

71 Gilder en Parker (2015a:22).

72 Soos hier bo bespreek.

73 Allix (2014).

74 Gilder en Parker (2015a).

75 Art. 15(1) van die konsepwetsontwerp.

76 Par. 3.1 hier bo.

77 Par. 3.5 hier bo.

The post Koolstofbelasting as voorgestelde ekologiese fiskalehervormingsmaatreël in Suid-Afrika appeared first on LitNet.

#FeesMustFall: Andrew Donaldson on the burning of libraries and university facilities

$
0
0

Picture credit: http://socialmediastrategiessummit.com

Andrew Donaldson says a useful precedent may have been set in the trial of Ahmad al-Faqi al-Mahdi in The Hague. He wrote this article in politicsweb. 

Hans Pienaar asked him to explain a few matters.

Andrew Donaldson

The International Criminal Court has set a precedent in hearing cases of cultural destruction with its finding on the demolishing of Timbuktu's tombs. Do you think a similar case exists for universities in South Africa, where libraries and facilities have been burnt down?

Yes, I do. But allow me to elaborate.

I had intended to compare, in a satirical manner, the intolerance, zealotry, rhetoric and extremism of some of the #FeesMustFall activists with those of jihadists. Given the destruction and violence we have seen on campuses it seemed an obvious and not too demanding exercise. One bunch of idiots behaving like another bunch. That sort of thing.

More seriously, in Mahdi’s case, his actions, according to ICC prosecutors, were “tantamount to an assault on people’s history. It robs future generations of their landmarks and their heritage.” The same, I feel, is sadly true for those who have destroyed libraries and made bonfires of artwork. These are the totalitarian actions of fascists. As I noted in my column, “[T]hose who would destroy our past have most likely made up their minds about our future as well.” They are now threatening to visit great harm upon those who wish to return to lectures – that is, the majority of students.

Regarding the threat of violence, it’s a bit of a disgrace that the ICC has yet to prosecute anyone for the murder, rape, torture, execution and pillaging that took place under the jihadists in Timbuktu and elsewhere in Mali. But the Mahdi conviction and sentence is nevertheless a significant precedent.

Do you think burning libraries and university facilities in South Africa should be treated as transgressions of human rights law and of South Africa's Constitution?

Yes. The Bill of Rights states, “Everyone has the right to a basic education, including adult basic education; and to further education, which the state, through reasonable measures, must make progressively available and accessible.” Note the “further education” bit. Irrespective of whether fees have fallen or disappeared altogether, or even the merits of such a campaign, a university education is just not possible without universities – or university structures, like libraries. To deny a student access to a library, no matter the “principle” behind such an action, is a violation of that right.

Should the failure or tardiness of the government and its agencies to prosecute the perpetrators in the burning of libraries and university facilities be investigated by the public protector?

Yes. It’s of great concern that arsonists go unpunished. I hope it’s not too extreme to suggest that #ImpunityMustFall.

 

The post #FeesMustFall: Andrew Donaldson on the burning of libraries and university facilities appeared first on LitNet.

Viewing all 21593 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>