Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21831 articles
Browse latest View live

Springmielies: Oor kuberboelies en keyboard warriors

$
0
0

Foto: Pexels

Nini Bennett-Moll skryf ’n gereelde rubriek vir LitNet.

Ons almal onthou daardie speelgrondboelie (gewoonlik ’n seun) wat ander kinders, kleiner of weerloser, afgeknou het. Soms het dit gelei tot ’n geveg (agter die pawiljoen of fietsloods) ná skool, of tydens langpouse. “Fight! Fight! Fight!” sou sommiges geskree het, aangevuur deur die adrenalien van jeugdige geweld. As ek terugdink aan sulke insidente op skool, krink ek ineen. ’n Boelie word verkeerdelik verwar met ’n alfaman of -vrou (en ja, daar is vroulike boelies ook). Meisies wat met dieselfde taktiek ander meisies probeer seermaak of verneder. Ek het op skool hierdie meisies, kleiner of tengerder, probeer beskerm teen boelies – en het meermale self met blou kolle of skrape daarvan afgekom. Maar vir my was dit ’n beginselsaak.

In Amerikaanse films sien mens hierdie tienerboelies, gewoonlik in die gange by die sluitkassies of in die aantrekkamers waar die slagoffers geïntimideer word. Ek dink nou vlugtig aan die film Pay it forward, waarin die kleingeboude Trevor McKinney deurloop onder die brutale gedrag van die (groter) boelies. Die verstommendste is altyd die hoofboelie se meelopers; In die reël is dit seuns wat nie onder andersins “normale” omstandighede weerlose kinders sou boelie nie, maar as betapersoonlikhede meedoen, of aangehits word deur die leier om deel te neem aan hierdie gedrag, want dit gee aan hulle ’n gevoel van sekuriteit en meerderwaardigheid.

En met kuberboeliegedrag is dit dieselfde. ’n Moontlike verklaring vir hierdie verskynsel is dat die digitale wêreld en sosialemediaplatforms ’n mikrokosmos van die samelewing is en gevolglik spontane stratifikasie ondergaan.

........
Span ’n mens ’n soekenjin in om inligting rondom kuberteistering of -boeliegedrag te bekom, val dit op dat by verre die meeste artikels oor hierdie verskynsel handel oor kinders/leerders en veral tieners. Daar is aansienlik minder inligting oor volwasse kuberboelies – wat mens bring by die afleiding dat kuberteistering per se infantiele gedrag is.
........

Span ’n mens ’n soekenjin in om inligting rondom kuberteistering of -boeliegedrag te bekom, val dit op dat by verre die meeste artikels oor hierdie verskynsel handel oor kinders/leerders en veral tieners. Daar is aansienlik minder inligting oor volwasse kuberboelies – wat mens bring by die afleiding dat kuberteistering per se infantiele gedrag is. ’n Volwasse kuberboelie se wangedrag is inderdaad kinderagtig.

Kuberafknouery, in die wydste sin van die woord, behels die gebruik van tegnologie om iemand te teister, te intimideer of te dreig, dikwels deur sosiale media, boodskaptoepassings of ander aanlyn platforms. Dit kan ernstige gevolge hê vir ’n persoon se geestelike en fisieke gesondheid, hulle welstand en selfs hul fisieke veiligheid.

Algemene vorme van kuberafknouery sluit in: die stuur van gemene of kwetsende boodskappe of e-posse; die plasing van foto’s of video’s van die slagoffer, met die doel om die persoon te verneder; die aanlyn verspreiding van gerugte of leuens oor ’n persoon; aggressiewe belediging (flaming) (hierdie vorm van boeliery behels persoonlike  aanvalle en beledigings, vergesel van hoofletters, simbole, grafika, kodetaal en metafore, en emotikons om woede, haat, sarkasme of hoon uit te druk, en dié soort afknouery loop gewoonlik uit op hewige argumente – wat die kuberboelie terdeë geniet, want hy soek aandag, of dit nou positief of negatief is); die uitsluiting van iemand van aanlyn groepe of gesprekke; kuberagtervolging, wat beteken dat die boelie sy slagoffer dophou, volg of monitor, met kwaadwillige bedoelings; naamskending, wat verwys na die daad om lasterlike of vals inligting oor die slagoffer te versprei deur openbare plasings of privaat boodskappe, en om sodoende óf die persoon se reputasie, óf sy verhoudings met ander mense skade te berokken; en vermomming, ’n soort kuberafknouery waarin ’n boelie ’n vals sosiale profiel of rekening skep om ’n persoon anoniem aanlyn te teister. En hierdie lys is nie naastenby volledig nie; dit is skaars die punt van die ysberg.

Aanlyn teistering op sosialemediaplatforms het met ander woorde ten doel om die geteikende persoon te verneder, te intimideer of sy/haar reputasie te skaad. Die platforms waar hierdie boeliegedrag voorkom, is via SMS- en WhatsApp-boodskappe; aanlyn klets- of boodskapprogramme; sosialemediaplatforms (soos Facebook, X, TikTok, en ander), webwerwe en videospeletjiegemeenskappe.

........
’n Mens sidder om te dink dat daar kuberboelies so jonk as agt jaar is!
........

Daar bestaan reeds ’n legio programme, gidse en kursusse vir skoolkinders om hulle teen hierdie aanlyn predatore te beveilig. ’n Platform soos Maroela Media doen besonder baie moeite om ouers, onderwysers en leerders te bemagtig teen kuberteistering – soos die Taai Meraai-program, asook AfriForum se teenboelieveldtogprogramme en kuberboeliegidse. ’n Mens sidder om te dink dat daar kuberboelies so jonk as agt jaar is!

Jeugdiges wat deurloop onder kuberboelies, ontwikkel depressie, angs, ’n swak selfbeeld en ander sielkundige probleme wat op hul beurt lei tot swakker akademiese prestasie en persoonlike funksionering. In die VSA het heelparty tieners, wat deur kuberboelies geteister was, al selfmoord gepleeg.

En alhoewel daar talle beskermende aksies is wat die jeug inlig rondom kuberboeliery, trek volwassenes aan die kortste ent wanneer dit by hierdie gedrag kom. Algemene raad om jouself teen kuberafknouery te beveilig sluit die volgende in:

– Moenie op enige boelieboodskappe antwoord, reageer, kommentaar lewer of die boelieplasings deel nie. Wanneer ’n slagoffer sy kuberboelie “antwoord”, al is dit ook hoe onskuldig, word die slagoffer dalk sélf beskuldig van kuberboeliery, wat in effek neerkom op dubbele viktimisering. Die slagoffer is figuurlik gemuilband.

– Neem, en berg, skermskote van die boelie- en teisteringsinhoud.

– Hou rekord van die datums, tye en gebruikersname van die betrokke persone.

– Berg enige relevante skakels of webwerfadresse (URL’e).

– Blokkeer die persoon wat jou boelie, of verander jou e-pos-adres of selfoonnommer indien nodig.

– Verander jou privaatheidstellings op sosiale media sodat net die mense wat jy ken en vertrou, jou plasings kan sien of daarop kan reageer.

– Rapporteer die kuberboeliery. Die meeste sosialemediaplatforms het ingeboude rapporteermeganismes. Soek vir opsies soos “rapporteer” of “rapporteer misbruik”, en meld die betrokke profiele aan. Verskaf duidelike en gedetailleerde inligting oor die voorval, en heg skermgrepe of ander bewyse aan.

Dit is ongelukkig so dat ’n platform soos Facebook se gemeenskapstandaarde, wat ’n veilige digitale ruimte voorstaan waarin gebruikers mekaar respekteer, ’n mens in baie opsigte in die steek laat. Die algoritmes “verstaan” nie die fyner nuanses van kuberboeliery nie – nie noodwendig in Engels nie, en veral nie in Afrikaans nie. Net soos op die skoolspeelgrond van ouds, is kuberteistering soms so fyn, bedek of subtiel dat dit die slagoffer nie baat om hierdie wangedrag te rapporteer nie, en daar kom dadels van. Ironies genoeg word Facebook se klagteplatform juis deur kuberboelies misbruik vir hul eie teistering – om hulle slagoffers mee te viktimiseer.   

In Suid-Afrika bestaan daar wetgewing om aanlyn gebruikers teen kuberboeliegedrag te beskerm – en regskanale wat in hierdie verband gevolg kan word. Hierdie wetgewing behels die volgende: Protection from Harassment Act 17 of 2011; Electronic Communications and Transactions Act 25 of 2002 (ECTA); Cybercrimes Act 19 of 2020; Film and Publications Act 65 of 1996. Die Grondwet nr 108 van 1996 beskerm insgelyks aanlyn gebruikers, met verwysing na onder meer artikels 9, 10, 12 en andere. Klik gerus op die skakel om meer oor hierdie wetgewing te lees: https://schoemanlaw.co.za/cyberbullying-in-south-africa-a-legal-perspective

As jy seker is kuberboeliery is onwettig, opsetlik en ’n ernstige aantasting van jou waardigheid (soos kuberagtervolging of naamskending), kan dit tot ʼn strafregtelike saak lei. Sou jy (die slagoffer) die boelie wil dagvaar vir crimen injuria of laster, sal dit ʼn siviele saak wees waarin die slagoffer deur ʼn prokureur verteenwoordig moet word. Ongelukkig kan so ’n saak die persoon ’n klomp geld uit die sak jaag. Die slagoffer kan ook aansoek doen vir ʼn tussentydse beskermingsbevel wat toegestaan sal word indien die hof oortuig is dat die respondent (boelie) die aansoeker (slagoffer) geteister het, of steeds teister, en dat dit skade berokken.

.........
Soms is naamskending, laster of crimen injuria só fyn gedoen dat dit haas onmoontlik is om aan ’n polisiebeampte die konteks van die teistering te verduidelik.
.........

In Suid-Afrika is dit problematies om by die SAPD ’n klag teen ’n kuberboelie te lê. Die Afrikaanse taal het baie nuanses, idiomatiese gebruik en “bedekte” betekenisse wat selfs talle moedertaalsprekers sal ontgaan. Soms is naamskending, laster of crimen injuria só fyn gedoen dat dit haas onmoontlik is om aan ’n polisiebeampte die konteks van die teistering te verduidelik.

Kuberteistering is inderwaarheid meer kompleks as wat die meeste mense dink. ’n Kuberboelie kan muteer, soos die draak met die sewe koppe van ouds, en nuwe of ánder vals profiele skep om sy slagoffers mee te teister. En as die hoofboelie se meelopers – almal word nou skielik keyboard warriors – kollektief ’n slagoffer teiken, raak dit moeilik – indien nie onmoontlik nie – om iets aan die saak te doen. Dit is verstommend hoe hierdie aanhangers lustig meedoen aan kuberteistering, dikwels mense van wie jy dit die minste sou verwag. Voel hierdie afknouers skielik magtig, of skuil daar ’n dormante boelie in sommige mense wat tot uiting kom wanneer die baasspeler die leiding met sy kwetsende aanmerkings neem? Kollektiewe kuberboeliery neig na tropgedrag.

........
Hoe lyk die (tipiese) profiel van ’n volwasse kuberafknouer?
........

Nou is die vraag: Hoe lyk die (tipiese) profiel van ’n volwasse kuberafknouer?

Hierdie volwassenes is hulle laat twintiger- tot vyftigerjare, of selfs ouer. Hulle beskik oor ’n gebrekkige emosionele intelligensie en verstaan nie altyd die sosiale gevolge van hulle dade nie.

Terwyl kuberafknouery by mans én vroue voorkom, dui navorsing daarop dat mans meer geneig is om betrokke te raak by direkte, aggressiewe vorme van kuberafknouery, terwyl vroue meer geneig mag wees tot indirekte en agterbakse aanlyn afknouery (soos die verspreiding van gerugte, of sosiale uitsluiting).

Kuberafknouery oorskry sosio-ekonomiese grense en klasverskille. Dit is nie beperk tot ’n spesifieke inkomste- of opvoedkundige vlak nie.

Kuberboelies kan enkellopend, getroud, geskei of weduwees/wewenaars wees. Paradoksaal genoeg mag sommiges sosiaal geïsoleerd of eensaam voel, en aanlyn aggressie gebruik as ’n manier om met netwerke te skakel om aandag te kry, selfs al is dit negatiewe aandag.

Hulle beskik oor ’n gevorderde vlak van aanlyn bedrewenheid.

Sommige kuberboelies mag ’n geskiedenis van fisieke of ander soorte afknougedrag gehad het, byvoorbeeld gedurende hul kinderjare of adolessensie waartydens hulle speelgrondboelies was of waar hulle sélf geboelie was. Hierdie gedragspatroon het dan intussen na die aanlyn omgewing verskuif.

Hierdie mense het lae empatievlakke en sukkel om die emosionele impak van hulle optrede op die slagoffer te verstaan, of ’n duit daarvoor om te gee.

Sommige kuberafknouers mag eienskappe van narsisme vertoon, insluitend ’n gevoel van geregtigheid, grandeur, ’n behoefte aan bewondering, en ’n gebrek aan aanspreeklikheid vir hul optrede. Hulle mag selfs glo dat hulle meerderwaardig en geregverdig is in hulle gedrag. In sommige gevalle kan impulsbeheerprobleme tot boeliegedrag lei.

Kuberafknouery spruit uit ’n begeerte om magtig en in beheer te voel. Volwasse kuberboelies mag individue teiken wat hulle as swakker, kwesbaar of van ’n laer sosiale status beskou. In sommige gevalle kan kuberafknouery teenstrydig met laasgenoemde gemotiveer word, deur afguns of jaloesie teenoor die slagoffer se vermeende sukses, geluk of sosiale status.

Hierdie boelies kan kuberafknouery gebruik as ’n uitlaatklep vir frustrasie, woede of teleurstelling wat spruit uit ander areas van hul lewens (byvoorbeeld werk en verhoudings).

Sommige volwasse kuberafknouers mag impulsief optree deur kwetsende kommentaar te plaas, of deur betrokke te raak by aanlyn teistering sonder om die gevolge te oorweeg. Dit kan ook begin as gevolg van verveling, of bloot uit ’n begeerte vir hulle eie vermaak.

Van hierdie kuberafknouers boelie aanlyn gebruikers uit wraak vir vermeende beledigings of oortredings, werklik of denkbeeldig.

Ongelukkig is dit so dat aggressiewe gedrag in sekere aanlyn gemeenskappe (verkeerdelik) gesien word as ’n manier om status of goedkeuring binne ’n groep te verkry. Die hoofboelie het dan ook talle bewonderaars en volgelinge.

In party gevalle kan volwasse kuberafknouery gedryf word deur sterk ideologiese of politieke oortuigings, wat daartoe lei dat individue diegene met ander beskouings teiken.

Sommige kuberboelies gebruik vals profiele of anonieme rekeninge om hul identiteit te verberg en aanspreeklikheid te ontduik.

Dit is noodsaaklik om te onthou dat elke geval uniek is en dat ’n deeglike assessering van ’n kuberafknouer se agtergrond en gedrag in ag geneem moet word.

Bogenoemde is bloot oorkoepelende eienskappe wat by kuberboelies voorkom; nie al hierdie eienskappe kom by een individu alleen voor nie.  

Uiteindelik is ’n kuberboelie net ’n groot kind wat met die skyngevoel van mag agter sy toestel skuil. ’n Lafaard. Bejammerenswaardig, eintlik; ten spyte van die skade.  

Lees ook:

Springmielies: Intro- en ekstroversie – ’n digotomie, of viering van diversiteit?

Vonnisbespreking: Boelie kry op sy baadjie: Moes die skool gered het?

Ontgroening in skole: ’n ondersoek na gewilde diskoerse

Practical protection orders: How to stop harassment

Digitale dood

Elders gesien: 'n Griefskrif deur Nini Bennett

Doodgeswyg?

Ghosting: In die vallei van doodgeswygdes

 

The post Springmielies: Oor kuberboelies en keyboard warriors first appeared on LitNet.

The post Springmielies: Oor kuberboelies en keyboard warriors appeared first on LitNet.


Suidoosterfees 2025: Verwelkingslied – ’n onderhoud met Antoinette Kellermann

$
0
0

Antoinette Kellerman (foto: Maryna Cotton)

Vanjaar se 22ste Suidoosterfees wat van 30 April tot 4 Mei in Kaapstad by die Kunstekaapsentrum gehou word, se tema is “Kuns is alles” en daar is vele hoogtepunte en debute. Een hiervan is Breyten Breytenbach se laaste toneelstuk, Verwelkingslied, ’n roerende swanesang wat hy aan Antoinette Kellerman en Marthinus Basson opgedra het. Maryke Roberts gesels met Antoinette oor haar rol in die stuk. Sy is teenoor Dawid Minnaar daarin te sien.

Marí Borstlap is die regisseur en ontwerper en Tessa Louw het Breytenbach se teks vir die verhoog aangepas. Dawid speel ’n dooie digter, herkenbaar as Breyten Breytenbach, wat sy laaste woorde aan die teaterwêreld lewer, waarin hy sy dood en begrafnis beskryf. Antoinette speel die rol van ’n ou verhoogaktrise.

Breytenbach is in November 2024 oorlede en sy laaste toneelstuk is spesiaal vir die Suidoosterfees geskryf en sou verlede jaar met die fees se mondigwording opgevoer word. Dit het egter nie gebeur nie en debuteer nou vanjaar daar.

Die feesprogram lui as volg:

’n Ko-produksie van Suidoosterfees & Momentum Beleggings Aardklop; moontlik gemaak deur NATi & Het Jan Marais Nationale Fonds. In Breytenbach se laaste toneelstuk word ons op reis geneem deur die meester wat homself by sy eie begrafnis voorstel. Breyten tree hier in ’n bewussyn-verruimende asook intieme gesprek met ’n ou verhoogaktrise. Vir oulaas wil hy álles opweeg – maar kan die ou aktrise sy laaste woorde na waarde vertolk?

Dat sy stuk in Afrikaans oor sy eie begrafnis in die Moederstad opgevoer word – 52 jaar nadat hy en sy vrou in 1973 die Sestiger-Somerskool aan die Universiteit van Kaapstad bygewoon het en hy sy omstrede uitlatings oor Afrikaans gemaak het – is ’n viering op sigself.

Dié optrede was sy eerste in Suid-Afrika sedert hy in 1960 na Parys is. Hy sê daar tydens die skool voor 800 mense: “Ons is ’n bastervolk met ’n bastertaal. Ons aard is basterskap. Dis goed en mooi so. Ons moet kompos wees, ontbindend om weer in ander vorme te kan ontbind.”

........
“Ons is ’n bastervolk met ’n bastertaal. Ons aard is basterskap. Dis goed en mooi so. Ons moet kompos wees, ontbindend om weer in ander vorme te kan ontbind.” – Breyten Breytenbach tydens die Sestiger-Somerskool in Kaapstad, 1973
........

Toe is sy woorde nie goed deur die Afrikaanse regering en baie Afrikaanssprekendes ontvang nie; vandag is hy ’n volksheld en word ná sy dood as die grootste digter en skrywer wat hierdie land nog opgelewer het, geprys.

Louise Viljoen, akademikus van die Universiteit Stellenbosch, skryf met sy dood:

Breyten Breytenbach het in sy poësie herhaaldelik geskryf oor die dood. Reeds in sy eerste gedig, “Bedreiging van die siekes”, gepubliseer in 1964 toe hy maar 25 jaar oud was, het hy hom die toneel van sy begrafnis op ’n nat dag, wanneer “die blare en oorryp blomme gekleur en geknak is van die nat”, voorgestel. En nou het die papierdood werklikheid geword. Met sy dood het die Suid-Afrikaanse én Afrikaanse letterkunde een van sy mees ikoniese figure verloor. Dit gaan moeilik wees om die omvang van sy bydrae tot die artistieke en intellektuele landskap van Suid-Afrika na waarde te skat.

Breyten, Antoinette en Marthinus het die afgelope paar dekades baie saamgewerk. Enkeles wat uitstaan, is onder meer die veelbesproke toneelstuk Boklied (KKNK, 1998) wat die De Kat-Herrieprys en agt ENB Vita-Streekteatertoekennings vir 1997/1998 wen – vir beste produksie, beste akteur (Dawid Minnaar), beste byspeler (Duma Mnembe), beste byspeelster (Antoinette Kellermann), beste nuweling (Emile Serfontein) en beste regisseur en stel- en kostuumontwerp (albei Marthinus Basson) en beligting (Laddy Czerepowicz).

Ook die bekroonde toneelstuk, Die toneelstuk, waarin Jan Ellis die hoofrol van Dawid gespeel het.

Toneelstukke waaraan Antoinette, Dawid Minnaar en Marthinus saamgewerk het, sluit onder meer in Ek, Anna van Wyk; Mamma Medea; Aars; Macbeth:slapeloos; Bloed en rose; en Die huis van Bernarda Alba.

Breytenbach se vorige teenwoordigheid in die Kunstekaapsentrum was in 2013, toe sy kunswerke deel was van die fees. Die uitgestalde werke op papier, doek en as objekte is ingedeel in 10 vingerverhale en elke “verhaal” het uit ’n aantal werke bestaan; behalwe die vyfde “verhaal”, het hulle meer as een uitdrukkingsvorm oorvleuel.

Antoinette Kellerman (foto: Maryna Cotton)

In Desember 2023 is die Stad Kaapstad se burgerlike eerbewyse vir die eerste keer in 12 jaar toegeken. Breyten het saam met Albie Sachs, Athol Fugard, Pieter-Dirk Uys, aartsbiskop Thabo Makgoba, Brenda Fassie (postuum) en Basil D’Oliveira (postuum) die eerbewys van die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, ontvang vir sy uitsonderlike bydrae tot Kaapstad en die gemeenskap; sy enorme bydrae tot die Suid-Afrikaanse poësie en letterkunde; en sy diepgaande persoonlike opoffering in sy stryd teen apartheid.

Breyten het in sy bedankingstoespraak ’n lang lys name genoem en gesê: “Die lot het almal iets gebring na hierdie sjebien van die see – hoop, behoeftes, drome en sommige het gekom in vrees vir hul lewe om tronk toe te gaan of te sterf. Hulle was hier, het weggegaan en het teruggekeer.”

Net so was hy hier, het weggegaan en keer nou terug met sy laaste toneelstuk.

Vrae vir Antoinette:

MR: Waar het jou pad die eerste maal met Breyten s’n gekruis?

AK: Ek ken Breyten se poësie van my US-dae af. Na sy vrylating uit die gevangenis, het ek en ’n vriendin by KRUIK ’n program saamgestel uit sy werk tot en met die verskyning van Skryt. Om die stilte te verbreek het deur die Oos-Kaap, Vrystaat en Wes-Kaap getoer. Baie jare later is ek genader om deel te wees van Boklied. Breyten en Yolande het ’n repetisie in Oudtshoorn bygewoon. Twee jaar later het Die toneelstuk gevolg. Ek was gereeld betrokke by voorlesings by die Breytenbach-sentrum wanneer nuwe bundels bekendgestel is. In 2008 is ek en Breyten deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer en het ons ’n spesiale tydjie deurgebring. Hy is en was nog altyd vir my ’n uitsonderlike digter en baie na aan my hart.

MR: Hoekom kon mens nie “nee” sê om een van sy toneelstukke te speel nie? Wat het jou as aktrise só aangetrek?

AK: Die respek en die liefde wat ek vir hom en sy werk het.

MR: Wat het jou die meeste van hom bekoor?

AK: Praat jy van sy werk of van die man, Breyten? Dan is my antwoord op albei: die respek en die liefde wat ek vir hom en sy werk het. En ek verwys hier ook na sy hele oeuvre.

MR: Wat was jou gunsteling-Breytenbach-stuk waarin jy gespeel het?

AK: Ek het in twee stukke van hom gespeel en altwee was uiters uitdagend en alhoewel nie noodwendig suksesvol nie, was dit ’n innige en lewensveranderende ervaring.

MR: Hoe het jy gevoel dat hy sy laaste toneelstuk aan jou en Marthinus opgedra het? Is dit ’n eer of ’n moeilike verantwoordelikheid wat verwagtinge skep waaraan jy bang is jy nie kan voldoen nie?

AK: Dis baie spesiaal dat hy sy laaste teks aan my en MB opgedra het. Dis ’n digte teks, maar ek staan nie terug vir die verantwoordelikheid of uitdagings van die teks nie.

........
As jy van BB se woordkuns en teater hou, maak jou gereed vir ’n interessante reis deur ’n groot kunstenaar se kreatiewe padkaart van ’n geleefde lewe.
........

MR: Hoe moeilik is dit om voor te berei vir hierdie stuk en te weet hy gaan dit nooit sien nie?

AK: Ek het al met baie ontslape dramaturge of digters se werk te doen gekry, en dat Breyten dit nie gaan sien nie, maak dit nie moeiliker nie – net meer dringend om reg daaraan te laat geskied. Soos met enige teks.

MR: Hoekom is Marthinus nie die regisseur nie?

AK: Dis ’n vraag vir die SOF-bestuur.

MR: Hoekom kan ek nie bekostig om die stuk mis te loop nie?

AK: As jy van BB se woordkuns en teater hou, maak jou gereed vir ’n interessante reis deur ’n groot kunstenaar se kreatiewe padkaart van ’n geleefde lewe.

MR: Hoekom is die Suidoosterfees die geskikte fees vir hierdie stuk?

AK: Verwelkingslied was ’n opdragwerk deur die SOF en dis nie net die Suidoosterfees wat geskik is vir die produksie nie, maar die hele land en al die feeste. Die SOF was dapper genoeg om dit na die Kaapse teatergehore te bring. En dit behoort ’n raklewe te hê van ten minste twee na drie weke.

MR: Wat het jy by Breyten geleer wat jy saam met jou dra?

AK: Sy liefde vir die taal.

MR: Wat is die onderliggende boodskap van hierdie toneelstuk wat jou sal bybly lank ná die stuk nie meer speel nie?

AK: Dis nie ’n preek met ’n onderliggende boodskap nie. Dis ’n teaterervaring met ’n skeppende regisseur en twee veteraanakteurs wat eer betoon aan ’n groot woordkunstenaar. En lank na die stuk nie meer speel nie, sal ek dit in my geheue herleef en dit weer en weer wil ontgin. Ek sal nooit al die antwoorde kry nie.

  • Verwelkingslied speel op 30 April om 14:30, 1 Mei om 20:30 en 2 Mei om 10:00 in die Phoebe Gerwel Arena. Kaartjies kos R150 elk. Meer inligting by: https://www.suidoosterfees.co.za.
Lees ook:

Suidoosterfees 2025: Hortjies dig – ’n onderhoud met Francois Toerien

KKNK en Suidoosterfees 2025: ’n Bespreking van Sonde met die spoke deur Marianne Thamm

Suidoosterfees 2025: Hoek, lyn en sinker – ’n onderhoud met Nelandi Boshoff

Suidoosterfees 2025: Liewe Heksie en die wals – ’n onderhoud met Margit Meyer-Rödenbeck

Persverklaring: Suidoosterfees bied ’n groot verskeidenheid opwindende teaterproduksies

Antoinette Kellermann gesels oor die oerkluts kwyt

KKNK 2024-teaterresensie: Die stoele ontleed die absurditeit van belangrikheid eerlik

Breyten Breytenbach (1939–2024)

Breyten Breytenbach: die buitelyn van verlies

Breyten Breytenbach – aanhou beweeg en geraas maak ...

The post Suidoosterfees 2025: Verwelkingslied – ’n onderhoud met Antoinette Kellermann first appeared on LitNet.

The post Suidoosterfees 2025: <em>Verwelkingslied</em> – ’n onderhoud met Antoinette Kellermann appeared first on LitNet.

Press release: 2025 Commonwealth short story prize shortlist announced

$
0
0

  • World’s most global literature prize shortlists 25 writers from 18 countries
  • Stories involve compelling characters including two west African soldiers in the Second World War, and a young woman escaping an abusive marriage through unconventional means
  • Judging panel praise stories that are “relevant, vibrant and essential reading”
  • Selected from almost 8,000 entries, the stories range from historical fiction to satire, via crime and speculative writing, family dramas and coming-of-age stories
  • Writers tackle ambitious and challenging topics ranging from human trafficking, war and bereavement to motherhood, unlikely friendships and unexpected love.

An international judging panel has shortlisted twenty-five outstanding stories for the world’s most global literature prize. The shortlisted writers hail from 18 countries across the Commonwealth and will all move through to the next round of judging. Five regional winners each representing the five regions of the Commonwealth will be announced on Wednesday 14 May, and the overall winner will be announced on Wednesday 25 June.

The shortlisted stories conjure a wide range of scenarios – from a soldier on an unnamed border to a Beijing taxi driver with a vulnerable passenger, from a mother who turns to desperate measures to escape her abusive husband to a football-mad young boy and a “sacred” Tamarind tree with a hidden secret. Many stories feature journeys – young people starting new lives overseas, an elderly woman travelling to the capital to campaign for the rights of her people; a crushing final voyage on a sinking slave ship. There are tales of exploitation, racism, greed, arrogance and betrayal – but also unexpected kindness, humour, courage and resistance, and the unexpected effects of small actions.

The Commonwealth Short Story Prize is awarded annually for the best piece of unpublished short fiction from any of the Commonwealth’s 56 Member States. It is the most accessible and international of all writing competitions: in addition to English, entries can be submitted in Bengali, Chinese, Creole, French, Greek, Malay, Maltese, Portuguese, Samoan, Swahili, Tamil, and Turkish. 

The stories on the 2025 shortlist were selected from a total of record-breaking 7 920 entries from 54 Commonwealth countries – almost ten percent higher than 2024. Two Commonwealth countries –  Antigua and Barbuda and Saint Lucia – have authors on the shortlist for the first time. The shortlisted writers range in age from 21 to 75 and all but one have never been shortlisted for the Commonwealth Short Story Prize before.

Chair of the Judges, writer and filmmaker Vilsoni Hereniko from Rotuma, Fiji, said:

A great story moves us, causes us to think, and sometimes changes us. When a whole life, or a slice of life, is distilled into a short story, we marvel at the writer”s ability to find the perfect sequence of events and fit them into the short story form. This shortlist of relevant, vibrant, and essential reading is made up of the best 25 stories from a pool of almost 8,000 entries. Together, they demonstrate why the short story form must continue to be supported and promoted. As chair, and on behalf of the esteemed jury, I congratulate and thank the Commonwealth Foundation for keeping this competition alive and thriving.

Anne T. Gallagher AO, Director-General of the Commonwealth Foundation, the intergovernmental organisation which administers the prize, commended everyone who entered stories in 2025 adding:

Every single writer who entered this year’s prize deserves our congratulations. The breadth of voices, perspectives, and experiences is awe-inspiring, and a powerful reminder of the creative energy that unites us as a Commonwealth of people. We congratulate those who made the shortlist; their work speaks not only to our shared challenges but also to our hopes and aspirations. Through this prize, we continue to nurture and elevate storytelling that crosses borders and generations – testimony to our belief in the transformative power of literature to forge understanding and inspire change.

The 2024 shortlist in full:

Africa

  • “The Flute Player” by Priscilla Ametorpe Goka (Ghana)
  • “A Room Full of Teddy Bears” by Dorechi (Kenya)
  • “The Sun isn”t Dead Yet” by Vashish Jaunky (Mauritius)  (translated by Edwige-Renée
  •  Dro from the French, “Le soleil n”est pas encore mort”)
  • “The mothers” by Olákìtán T. Aládéṣuyì (Nigeria)
  • “Broken String” by Stephen M. Finn (South Africa)                   
  • “Mothers Not Appearing in Search” by Joshua Lubwama (Uganda)

Asia 

  • “An Eye and a Leg” by Faria  Basher (Bangladesh)
  • “Mrs Gaonkar”s Girls” by Parul Kaushik (India)
  • “Tamarind” by Tino de Sa (India)
  • “The Dot” by Tahoor Bari (Pakistan)

Canada and Europe

  • “Descend” by Chanel Sutherland (Canada/Saint Vincent and the Grenadines)
  • “Nualu Nu” by Damhnait Monaghan (Canada/Ireland)
  • “The Crossing” by David Frankel (United Kingdom)
  • “Bread and Butter” by Dushi Rasiah (United Kingdom)
  • “Beasts” by Tess Little (United Kingdom)

Caribbean

  • “Jumbie Pond” by Joanne C. Hillhouse (Antigua and Barbuda)
  • “Margot”s Run” by Subraj Singh (Guyana)
  • “Pomp and Circumstance” by Kellie Magnus (Jamaica)
  • “Redeye Cat” by Jessie Mayers (Saint Lucia)

Pacific

  • “Crab Sticks and Lobster Rolls” by Kathleen Ridgwell (Australia)
  • “The Drum and the Bell” by Keith Goh Johnson (Australia)
  • “Threads of Truth” by Lachlan Alexander (Australia)
  • “The Pale Blue Dot” by Angela Pope (New Zealand)
  • “We”ll meet again” by Maria Samuela (New Zealand)
  • “Final Effort of the Wind” by Gillian Leasunia Katoanga (Samoa/New Zealand)                   

The Commonwealth Short Story Prize is administered by the Commonwealth Foundation.

Five judges drawn from the five regions of the Commonwealth, join the chair, Vilsoni Hereniko, on the panel. They are: Cameroonian author, poet and scholar Nsah Mala (Africa); Malaysian writer and 2019 Asia regional winner Saras Manickam (Asia); British writer and journalist Dr Anita Sethi (Canada and Europe); writer, editor and comedian Lisa Allen-Agostini from Trinidad and Tobago (Caribbean); and poet, actor, musician and writer Apirana Taylor from Aotearoa/New Zealand (Pacific).

The 2025 shortlisted stories will be published in the online magazine of the Commonwealth Foundation, adda (addastories.org), which features new writing from around the Commonwealth. The judges will go on to choose a winner for each of the five regions; the regional winners will be announced on Wednesday 14 May before being published online by the literary magazine Granta. The overall winner will be announced on Wednesday 25 June 2025.

Join the conversation @cwfcreatives on Facebook, Twitter and Instagram and keep up to date with the prize via commonwealthfoundation.com/short-story-prize

Global impact on authors’ careers

Winning or being shortlisted for the prize often opens up a wealth of opportunities for the selected writers, propelling them further in their writing careers, with previous winner Ingrid Persaud describing its impact, along with the BBC National Short Story Award, as “opening doors overnight”. Globally publishers, agents and literary festivals search the list for new talent.

Two-times winner, and now an award-winning published writer, Kevin Jared Hosein, confirmed:

I entered the Commonwealth Short Story Prize for many years before shortlisting and eventually winning. It was my first validation in years – that what I put on paper meant something.

Charlie Muhumuza, who had been shortlisted for other competitions before, describes being shortlisted for the prize in 2022 as “his greatest achievement, one that propelled him to recognition within the East African literary community”.

2024 Canada and Europe winner Julie Bouchard, writes: “Ultimately, this experience offered me far more than mere recognition – it became a gateway to new creative ventures and a significant catalyst in my artistic journey.”

The post Press release: 2025 Commonwealth short story prize shortlist announced first appeared on LitNet.

The post Press release: 2025 Commonwealth short story prize shortlist announced appeared first on LitNet.

Persverklaring: André Terblanché aangestel as nuwe bestuurder van die Breytenbach Sentrum

$
0
0

André Terblanché, bestuurder van die Breytenbach Sentrum. (Foto: Engela Duvenage)

André Terblanché is sedert 1 April die nuwe bestuurder van die Breytenbach Sentrum op Wellington. Dié man van vele talente is ewe gemaklik in die kollig as sanger, akteur en stemkunstenaar as agter die skerms as tegniese koördineerder, produksie- of projekbestuurder en geleentheidsorganiseerder.

Oor die geleentheid om die kultuursentrum se werksaamhede uit te bou, sê hy:

Ek wil bestaande projekte verder versterk in samewerking met die fasiliteerders en vrywilligers wat daarby betrokke is, kwaliteit kreatiewe projekte ontwikkel rondom byvoorbeeld kore en kabaret, en toesien dat die fasiliteite van so ’n aard is dat geen kreatiewe idee ooit ingeperk hoef wees nie.

Hy geniet dit om omgewings te help skep “waarin mense vry is om spontaan te wees, en hulself uit te druk”.

Sy droom is dat die Breytenbach Sentrum toenemend ’n plek word “waar mense beweeg word”: hetsy wanneer hulle persoonlik en intiem geraak word deur ’n ervaring gedurende ’n aktiwiteit of projek by die Sentrum; wanneer hulle aangemoedig word om vir die eerste keer tussen of voor mense te beweeg; of deur die skep van geleentheid waardeur mense andere kan help ontwikkel om binne verskeie dissiplines van die kunste te beweeg.

Louis Duvenage, voorsitter van die Breytenbach Sentrum Direksie, sê daar is groot opgewondenheid oor Terblanché se aanstelling, en die impak wat hy sal kan hê op die Sentrum as gemeenskapswye kultuursentrum. Hy reken dis ’n bonus dat Terblanché reeds ’n bekende in die kultuurkringe van die Boland is, onder meer deur sy betrokkenheid by die Woordfees, Hugenote Hoërskool op Wellington se musiekblyspele, die Paarl Langtafel, Paarl Rotary-konserte vir bejaardes, gesamentlike sanguitvoerings en ander plaaslike produksies.

Dié oud-leerling van Paarl Gimnasium se musiekwortels strek diep. Hy het so te sê in sy grootouers se Paarlse musiekwinkel, Musik-Lood, grootgeword – een waarvan hy self tussen 2016 en 2023 die eienaar was. Terblanché is getroud met Stella-Mari, ’n onderwyseres by Laerskool Paarl Gimnasium. Hulle het twee kinders, Andreas (2) en Stella Maria (4 maande).

Terblanché het dramakunde, en spesifiek fisieke teater, aan die Universiteit Stellenbosch studeer, en in 2012 ook ’n BA Honneurs in drama- en teaterstudies ontvang, met ’n fokus op toegepaste teaterkunde. Gedurende sy studentejare het hy ook sang aan die Konservatorium geneem.

Hy was deel van die ensemble wat in 2023 twee Kanna-toekennings vir David Kramer se Ver in die Wêreld Kittie ontvang het. Vanjaar is hy as beste ondersteunende akteur in ’n musiekblyspel vir ’n Fleur de Cap-toekenning genomineer vir sy rol in Kittie. Daarby het hy pas deelgeneem aan ’n huldigingskonsert vir Kramer.

Terblanché het reeds saamgewerk op verskeie kunstefeeste en in talle plaaslike teaters met bekendes in die bedryf soos Joanie Combrinck, Jaco Bouwer, Johann Rademan, Albert Maritz, Hennie van Greunen en Juanita Swanepoel. In 2019 het hy die titelrol in Joe Niemand se Daniel the Musical in Israel gespeel, en was Jack in Jack and the Beanstalk wat Pedro Kruger in Katar op die planke gebring het.

Sy CD André Terblanché: Pop Culture Bekeerdes is in 2019 by die Breytenbach Sentrum bekend gestel. Dié stemkunstenaar is tans op RSG te hoor as Neelsie in die Sending van Veriradiodrama, en sal ook later vanjaar op die kassie in ’n M-Net-reeks te sien. Hy het voorheen in Die Bolandse Moorde-televisiereekse gespeel.

In die proses van dramaklasse neem en op die verhoog wees het ek vroeg reeds agtergekom hoe lekker dit is om ’n produksie se klank en beligting uit te sorteer, die produksieskedules daarvan te doen en die persverklarings daaroor te skryf. Die fasiliteringsaspek van die uitvoerende kunste laat my in die bedryf bly,” vertel dié bedrewe vermaakbedryf-vryskut wat ook vaardig is met geleentheidskoördinering, video- en klankredigering en stelontwerp. “Kunstefasilitering – of dit nou verband hou met opleiding, die onderhoud van ’n fasiliteit of daarstelling van nuwe projekte – bied daarby ook die geleentheid om direk kreatief te kan wees, deur byvoorbeeld te help skryf aan ’n teks, op te tree, ’n stel te bou of oorklankingswerk te doen.

Hy was verlede jaar die Woordfees se tegniese bestuurder en in 2023 ’n beoordelaar van KykNET se Fiësta-toekennings. Oor die afgelope paar jaar kon hy ook van sy vaardighede oordra aan ’n jonger geslag deur sy betrokkenheid as stelontwerper van musiekblyspele by Hugenote Hoërskool op Wellington, en as mentor-beoordelaar en ook landwye projekbestuurder van Curro Create-projekte.

Aangesien die bestuurspos by die Sentrum slegs permanent deeltyds is, sal hy steeds ’n voet in die bedryf as vryskut behou. Hy doen binnekort diens as produksiebestuurder vir Pieter Toerien se Joseph and the Amazing Technicolour Dreamcoat by The Theatre on the Bay in Kaapstad en die Montecasino Teater in Johannesburg.

Meer oor die Breytenbach Sentrum

Die Breytenbach Sentrum word gehuisves in Grevillias, die eertydse woning van die Breytenbach-gesin in Burgerstraat 14, Wellington. Die kultuursentrum huisves ’n boekwinkel, ’n kunsgalery, teater en koffiewinkel en ’n klein konferensieruimte in die Cloete Gemeenskapsgalery. Die Digterstuin langs die gebou gee erkenning aan verskeie Afrikaanse digters, insluitend Breyten Breytenbach. By die ATKV Bôrdienghuis Teater op die terrein word gereelde musiekvertonings, boekbekendstellings, besprekings en dramaklasse aangebied.

Dit het ten doel om die gemeenskap van Wellington en omstreke byeen te bring rondom uiteenlopende, diverse en inklusiewe kulturele aktiwiteite, en mense kans te gee om deur werkswinkels, openbare geleenthede of besprekings hul blootstelling en talente op verwante gebiede te ontwikkel. ’n Hoogtepunt is die Tuin van Digters-fees, wat jaarliks rondom wyle Breyten Breytenbach se verjaarsdag plaasvind. Dit vind vanjaar op 12 en 13 September 2025 plaas.

Vir meer inligting, besoek www.breytenbachsentrum.co.za, epos info@breytenbachsentrum of andre@breytenbachsentrum.co.za, of volg die Breytenbachsentrum op Facebook en Instagram.

The post Persverklaring: André Terblanché aangestel as nuwe bestuurder van die Breytenbach Sentrum first appeared on LitNet.

The post Persverklaring: André Terblanché aangestel as nuwe bestuurder van die Breytenbach Sentrum appeared first on LitNet.

Die Satyrica van Petronius, vertaal deur WJ Henderson: ’n lesersindruk

$
0
0

Die Satyrica van Petronius, vertaal uit Latyn in Afrikaans vertaal deur WJ Henderson (Uitgewer: Naledi)

Titel: Die Satyrica van Petronius, vertaal uit Latyn in Afrikaans
Vertaler:
WJ Henderson
Uitgewer:
Naledi (2025)
ISBN:
9781067234263

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer daarvan aan LitNet gestuur.

Vertaling stel hoë eise aan die vertaler. Veral as dit oor Hebreeuse, Griekse, Latynse en Italiaanse tekste gaan. WJ (Bill) Henderson voldoen aan al die eise om Griekse en Latynse tekste te vertaal. Hy is ’n Emeritus Professor in die Departement Griekse en Latynse Studies aan die Universiteit van Johannesburg. ’n Voorbeeld van sy voortreflike vertaling van ’n Griekse teks is Vir Griekse fluite (2009). Hierdie manjifieke vertaling bevat elegiese verse van 13 oud-Griekse digters.

........
Die Satyrica van Petronius (2024) is ’n skitterende vertaling uit Latyn. Hierdie werk gee aan die leser ’n seldsame kyk op die Romeinse alledaagse lewe van die 1ste eeu nC. In die Satyrica stel die vertaler die leser voor aan gewone aardlinge.
........

Die Satyrica van Petronius (2024) is ’n skitterende vertaling uit Latyn. Hierdie werk gee aan die leser ’n seldsame kyk op die Romeinse alledaagse lewe van die 1ste eeu nC. In die Satyrica stel die vertaler die leser voor aan gewone aardlinge. Hulle is nie net met oorlogvoering besig nie; hulle is ook besig om besondere geboue en paaie te skep. Hulle is doodgewone mense met eie gewoontes wat uit verskillende klasse bestaan. Ons lees ook van morele en immorele gedrag, gesegdes en die doen en late van die breë samelewing. Soos die leser van mense deur die eeue verwag, kom daar ook liefde en erotiek in dié besondere werk voor.

Miskien is die leser bevoorreg om Latyn op skool en ook by ’n universiteit te leer. Wie sal ooit vir HL Gonin wat Latyn meesterlik aan die Universiteit van Pretoria gedoseer het, vergeet? Koos Kritzinger is ook ’n knap Latinis aan die Universiteit van Pretoria.

.........
Die skrywer van die werk is Titus Petronius. Hy was konsul in 62 nC en vervolgens prokonsul (goewerneur) van Bitinië. Keiser Nero het hom in diens geneem om toesig oor sy “vermaak” te hou. Hy moes Nero se wellus en seksuele afwykings en ook die algemene wangedrag aan die paleis reël.
........

Inligting oor die skrywer van die Satyrica dra daartoe by dat die leser die boek beter begryp. Die skrywer van die werk is Titus Petronius. Hy was konsul in 62 nC en vervolgens prokonsul (goewerneur) van Bitinië. Keiser Nero het hom in diens geneem om toesig oor sy “vermaak” te hou. Hy moes Nero se wellus en seksuele afwykings en ook die algemene wangedrag aan die paleis reël. Sy bevoorregte posisie met Nero het jaloesie en onmin gestook. Listige planne in die paleis het tot sy ondergang gelei. Hy het besluit dat selfdood die enigste uitweg is. Voor dié daad het hy eers sy testament opgestel. Daarin het hy al Nero se wandade aan die lig gebring. Hy het ook die jong skandemakers gelys. Daarna het hy die dokument verseël en sy seëlring gebreek. Hiermee wou hy verhoed dat ander ná sy dood nie op ’n lewensbedreigende pad beland nie. Hy het kort voor sy dood in 66 nC die dokument aan Nero gestuur.

........
In hierdie merkwaardige boek word die Romeine nie voorgestel as stoere en dapper persone nie. Die treffende kenmerk is die vernuftige karakterskeppings, veral van die laer klasse. Hulle word met humor, realisme en ’n mate van deernis voorgestel.
........

Die Satyricôn (libiri) (Boeke van satires) is, soos die titel aandui, satiries van aard. Daar was egter ook die afwisseling van morele lesse en epiese verse. In hierdie merkwaardige boek word die Romeine nie voorgestel as stoere en dapper persone nie. Die treffende kenmerk is die vernuftige karakterskeppings, veral van die laer klasse. Hulle word met humor, realisme en ’n mate van deernis voorgestel. Die Romeine was trots op seksuele aangeleenthede. Dit was doodnormaal. Die merkwaardige boek wat briljant deur Henderson vertaal is, gee ’n insig in die Romeine se sosiale lewe, die mag wat deur oorloë en politiek geskep word. Dit is merkwaardig hoeveel raakpunte dié werk met mense van die een-en-twintigste eeu het. Mense bly maar mense, ongeag die tyd waarin hulle leef.

Die eetmaal van Trimalchio stel die leser voor aan sy aanstellerigheid en onkunde. Sy gaste en hulle stories en gedrag, die verspotte vertonings en die ongewone disse sal by menige leser ’n lagbui opwek. Die ete is egter slegs een boek uit ’n vermoede 24 van die hele Satyrica. Die hoofkarakters Encolpius, Giton en Ascyltus, almal vrygelate slawe, se wedervaringe voor en ná die eetmaal bevat een van die seldsaamste indrukke op alledaagse mense in die Romeinse tyd. Dit is aan al die mense se leefwyse en ervaringe wat die leser op ’n indrukwekkende wyse blootgestel word. Dit is asof die karakters van die Satyrica mense van ons tyd is.

.........
’n Omdigting (vertaling) in die eie taal is soos soetvye op die tong. Die Satyrica kry in Afrikaans ’n eie lewe, ritme en stukrag. Elke taal bied ’n ander opvatting van kennis en dus van die wêreld. Daarom verwelkom nuwe metafore die Latynse vertaling by die Afrikaanse hawe.
.........

Vertaling bring mee dat keuses gemaak moet word met die oog op ’n sinvolle vertaling. Dit is ’n oorbekende waarheid dat daar in enige vertaling altyd ’n mate van verraad skuil. Die ou slagreël lui soos ’n klok: traduttore, traditore (vertaler, verraaier). Sodra een element van die struktuur, soos woordorde, ritme, sintaksis, metaforiek, vergelykings, sinstipe, poëtiese strategieë, tekstuur, strofiese samestelling, narratiewe funksies, linguistiese situasie en postuur (die liggaam, stem en asemhaling van die teks) verander word, is die oorspronklike teks reeds “verraai” (Gräbe 1984:178–280; Brink 1998:1–19; Attridge 2005:1–205). Tog is dit goed dat dit so is. ’n Omdigting (vertaling) in die eie taal is soos soetvye op die tong. Die Satyrica kry in Afrikaans ’n eie lewe, ritme en stukrag. Elke taal bied ’n ander opvatting van kennis en dus van die wêreld. Daarom verwelkom nuwe metafore die Latynse vertaling by die Afrikaanse hawe.

Om te vertaal is in die eerste plek om keuses te maak. Dit strek ’n vertaling tot voordeel deur nie te hou by die vaste prosodie (maat en ritme) van die oorspronklike teks nie en deur ook nie die prosodie te domestikeer nie. Hiermee word bedoel dat die vertaler nie die oorspronklike teks (wat ook gedigte insluit) so moet probeer tem dat hy dit vir sy doeleindes “inheems” maak nie. Hiervan is Henderson se digterlike vertaling in hoofstuk 55 ’n uitstekende voorbeeld. Henderson se vertaling van die digterlike teks is skitterend. Trimalchio, ’n uiters elegante man, het sonder om lank te talm, die volgende gedig voorgedra:

Wat jy nie verwag nie, gebeur van die ander kant
– en bo-oor ons versorg die Noodlot ons sake,
Dus: gee aan ons Falerniese wyn, ou seun! (bl 55)

’n Vertaling vra ook na die musikaliteit en samevoeging van woorde en sinne. Die vertaler moet na die woorde luister wat hy kies en dit vergelyk met die letterlike betekenis van die oorspronklike taal. Hy moet dan die gevoelswaarde daarteen opweeg ten einde die geskikte toonaard en kadens te vind.

Met reg skryf William H Gass (1999:55): “The translating reader reads the inside of the verse and sees, like the physician, either its evident health or its hidden disease.” Met sy sonar kan die vertaler die binnewerkinge van die teksliggaam sien, en alles binne sy of haar vermoë doen om deur ’n kreatiewe en kundige vertaling ’n gesonde teks na die lesers toe te stuur. Aan al die eise het Henderson lofwaardig voldoen.

........
Die afstand tussen die kultuurhistoriese konteks van die oorspronklike teks of gedig en die teks van die omdigting moet altyd in ag geneem word. Dit vra van die vertaler om so ver dit menslik moontlik is, kennis te dra van die kultuurhistoriese situasie van die oorspronklike teks. In ’n sekere sin is vertaling verduistering, maar dit is ook ’n verheldering.
........

Ek is deeglik daarvan bewus dat vertalers langs donker afgronde loop. Vertalers moet steeds bewus bly van die risiko’s van vertaling. Die afstand tussen die kultuurhistoriese konteks van die oorspronklike teks of gedig en die teks van die omdigting moet altyd in ag geneem word. Dit vra van die vertaler om so ver dit menslik moontlik is, kennis te dra van die kultuurhistoriese situasie van die oorspronklike teks. In ’n sekere sin is vertaling verduistering, maar dit is ook ’n verheldering.

Die vertaler moet ook die woorde van Brian Holton (2012:354) oorweeg en heroorweeg:

[...] if we translators do not treat our texts with the high seriousness, the craftsman’s precision, and the titanic struggle for meaning that poets bring to bear, then we are not doing our job as well as we should. Samuel Beckett famously laid it out for us: “Try again. Fail again. Fail better.”

Henderson se vertaling is summa cum laude.

In Deel 2 kom die bekende ete by Trimalchio voor, waar die buitensporige weelde en disse, verdraaide kennis en menings en uitspattige gedrag aan die lig kom (bl 31–78). Deel 3 word onder andere gewy aan Eumolpus, die lostong-digter en -filosoof. Hy is deur wyn aangetas en beoog om met sy kwinkslae teen bleskoppe en herkenbare misdadigers uit te vaar. Nadat sy gevatheid opgeraak het, keer hy na sy gedigte terug en begin om ’n elegie oor hare voor te dra. Hierdie elegie word deur onder andere satire en ironie gekenmerk. Hier tref ons Henderson se voortreflike en poëties-gekleurde vertaling aan.

Hare wat die enigste sieraad van jou liggaam is,
het uitgeval. Droewige winter het die hare van die lente
weggevoer. Nou is die slape van hul skadu gestroop
en treur reeds, en die kaal, ou area blink waar die hare
verslete is. O die bedrieglike aard van die gode:
die eerste vreugdes wat u in ons jeug skenk,
neem u eerste weg. Arme skepsel, onlangs
het jou hare nog mooier as Apollo en sy suster
Artemis s’n geblink. Maar nou is jy gladder as brons
of as die ronde tuinsampioen wat deur reën
geskep word, en jy vrees laggende
meisies. Sodat jy kan glo die dood kom vinniger,
weet goed dat ’n deel van jou kop reeds gesterf het.

Daar is talle van Henderson se poëtiese weelde in Die Satyrica van Petronius. ’n Meester het die boeiende werk meesterlik vertaal. Nou kan die leser die boek met vreugde begin lees. Die leeservaring bied nie slegs ’n insiggewende blik op die Romeinse wêreld nie, maar veral ook op die wêreld van ons dag.

Bronnelys

Attridge, D. 2005. J.M. Coetzee and the ethics of reading. Londen: University of Chicago.

Brink, AP. 1998. The novel. Language and narrative from Cervantes to Calvino. Kaapstad: University of Cape Town Press.

Gass, WH. 1999. Reading Rilke. Reflections on the problems of translation. New York: Basic Books.

Gräbe, I. 1984. Aspekte van poëtiese taalgebruik. Teoretiese verkenning en toepassing. Potchefstroom: Departement Sentrale Publikasies PU vir CHO.

Henderson, WJ. 2024. Die Satyrica van Petronius. Gansbaai: Naledi.

Henderson, WJ. 2009. Vir Griekse fluite. Pretoria: Protea Boekhuis.

Holton, B. 2012. Phrases that shall be musical in the mouth. In N.W. Herbert en Y. Lian, met B. Holton en X. Qin. Jade Ladder. Contemporary Chinese Poetry. Glasgow, Skotland: Bell & Bain.

Lees ook:

LitNet wag op jou lesersindruk!

WJ Henderson se meesterlike vertalings van Latynse gedigte

Taal en ver-taal II: Hermeneutiese perspektief op die Inferno

Die Psalms in omdigting en vertaling

Literêre vertaling – 'n paar praktiese wenke

The post Die Satyrica van Petronius, vertaal deur WJ Henderson: ’n lesersindruk first appeared on LitNet.

The post <em>Die Satyrica van Petronius</em>, vertaal deur WJ Henderson: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.

Persverklaring: Kortlyste van die Andrew Murray Desmond Tutu-prysfonds se pryse vir 2025 bekend

$
0
0

Die kortlyste vir 2025 se boekpryse is pas bekend gemaak. Die pryse dien veral as aansporing en erkenning vir skrywers om hoëgehaltepublikasies op teologiese en Christelike gebied in al ons landstale te lewer. Die kortlyste vir 2025 is in alfabetiese volgorde volgens skrywer.

Andrew Murray-prys

Wat nou?  - Daniël J Louw

Nogtans geloof – Ivor Swartz

Geloofsgedigte - Cas Vos

Beoordelaars: Eugene Barron, Anita Cloete, Guillaume Smit

Andrew Murray Desmond Tutu-prys

The Beautiful Chaos of Being – Johan Cilliers

No Fit: My 1,700 Mile Walk from Apartheid – Nico de Klerk

The Bell, Banners and Blasphemy – Alan Storey

Beoordelaars: Jacques Beukes, Cecile Murray, Lutasha Ndesi

Desmond Tutu Gerrit Brand-prys vir debuutwerk

Boytjie – Johnny Davids

Christian Nationalism and Anticommunism in Twentieth Century South Africa - Ruhan Fourie

Betereinders – Schalk van Heerden

Beoordelaars: Elmarie Dercksen, Audrey Jantjies, Andre Pekeur

Die wenners van die pryse, asook die ontvangers van die CLF-Elise Tempelhoff Toekenning vir Omgewingsbewaring en -Geregtigheid, en die Jaap Durand-Denise Ackermann Toekenning vir Eenheid, Geregtigheid en Versoening word op Woensdag 30 April 2025 bekend gemaak.

  • Bettina Wyngaard, Voorsitter Andrew Murray-Desmond Tutu Prysfonds

Lees ook:

Persverklaring: Andrew Murray-prys | Twee boeke uit die stal van Naledi wen gesogte literêre pryse

Nuut by Lux Verbi: Betereinder deur Schalk W van Heerden

Geloofsgedigte deur Cas Vos: ’n lesersindruk

Nuut by Naledi: Wat nou? deur Daniël J Louw

The post Persverklaring: Kortlyste van die Andrew Murray Desmond Tutu-prysfonds se pryse vir 2025 bekend first appeared on LitNet.

The post Persverklaring: Kortlyste van die Andrew Murray Desmond Tutu-prysfonds se pryse vir 2025 bekend appeared first on LitNet.

South Africa’s greatest hotelier has checked out

$
0
0

Sandra Antrobus, just before the year 2000

On the evening of 8 April 2025, at 6:51 pm, I received the dreaded news – my beloved friend and my greatest supporter, Sandra Antrobus, owner of Die Tuishuise and Victoria Hotel, had passed away. I had just visited her in February to ask her opinion about our bid for Cradock to become a Unesco City of Literature, because Sandra was the visionary who helped pioneer the Olive Schreiner Museum, and I knew she would be very excited about our plans. During that last visit, I could see she was very tired, but still very positive that she would overcome her illness. She spoke of all the restoration she still had to supervise on Market Street.

Now, the greatest hotelier in South Africa has signed out in the guestbook of Cradock’s Victoria Hotel and checked out of Die Tuishuise.

I know there are many who will ask about Sol Kerzner. But I’m not talking of that kind of hotelier, who has billions of dollars to create the greatest hotels in the world. I am talking about family-owned hotels, built from nothing more than tenacity and vision – and a bit of money. For years, I wondered who the greatest hotelier was between David Rawdon of Lord Milner, Matjiesfontein, fame, who hails from the same family who own Rawdons Hotel in Nottingham Road, and Sandra Antrobus of Die Tuishuise, Cradock, fame. To my mind, these are the two personalities who created something that will outlive both of them.

Iris, named after Iris Vaughan

Often, I would ask Sandra about how it had come to be that she had opened Die Tuishuise. I always assumed that she had first owned Victoria Hotel and, in order to preserve her investment, had steadily bought up all the houses in Market Street, which looked sad and forlorn, having known better owners once upon a time. But, after years, she told me that she had actually bought the Victoria Hotel only at the dawn of democracy in 1994. The first house that she had bought and restored in the street that is today known as Die Tuishuise, was Victoria House in 1989, which lies directly opposite the foyer of the Victoria Hotel, which dates back to the 1860s, making it one of the oldest hotels in South Africa. Tony Jackman, in an earlier article, remarked that in the early 1990s, he stayed in Die Opstal, which was then one of six Tuishuise owned by Sandra. Dean Allen wrote that in 1983, five historic cottages in Market Street were about to be demolished. Thanks to Sandra, these beautiful houses were saved from the bulldozers. Thanks to the vision of Sandra, Cradock can now lay claim to one the finest architecturally preserved streets in all of South Africa, and for that we owe her a debt of gratitude.

Sandra with my daughter Kiara, decades ago

My family and I have known Sandra, her late husband, Michael, and her daughters, Lisa and Cherie, for almost 30 years. What few people know is that I first offered the Book Town concept to Sandra. It was in Market Street that I first glimpsed the architecture of what South Africa’s first Book Town should look like. However, I think that for once, this indomitable woman found the idea too daunting.

Maybe it was the fact that she had passed up the opportunity for Cradock to become Africa’s first Book Town that made her agree to the Schreiner Festival two years after I started Book Town Richmond and BookBedonnerd. Because God alone knows, everyone else said it would fail. Not only did she agree to hosting the festival, she agreed to host all the writers for free at Die Tuishuise. Sandra knew the value of deferred gratification. Of playing the long game.

When I approached her almost a decade later with the dream of an Etienne van Heerden Veldsoirée, she did not hesitate for one moment, never thinking that the new festival would compete with the Schreiner Festival. I think the Afrikaans blood within her understood the need for a festival with a stronger focus on Afrikaans, in a town that is overwhelmingly Afrikaans.

And then, about a year before her death, I approached Sandra with the mad idea to apply for Unesco City of Literature status for Cradock. Even though cancer was beginning to gain the upper hand over her, she and her daughter Lisa worked tirelessly to get the community behind the project. She sensed that this could be a game changer for her beloved home town, and she knew that with two literary festivals, a literary museum and the Olive Schreiner grave being such a rite of passage for writers and academics, Cradock had “good bones” for such a bid. And right until the bid was submitted, she would help conceptualise projects from her home in Breë Street, dreaming of the day she would overcome the cancer.

My daughter enjoying Sandra's vision

When I look back at her life and her legacy that is Die Tuishuise and at David Rawdon’s legacy of Matjiesfontein, I realise that they came to their respective projects with very different trajectories. David Rawdon came from a family with deep roots in the hospitality industry. He rescued Matjiesfontein from rural decline and created an oasis in the middle of a desert for weary travellers traversing the sun-scorched Karoo – at a time before cars had air-conditioning. He was the Laird of Matjiesfontein from 1968 to 2010. He also created Lanzerac in Stellenbosch, the Marine Hotel in Hermanus and, of course, Rawdon’s Hotel in Nottingham Road. In Matjiesfontein, he also created a railway museum, the Marie Rawdon Museum, as well as a transport museum.

“All my hotels have been important, exciting and different, but Matjiesfontein, which was a real struggle, is probably closest to my heart because I hope it will go on forever,” remarked Rawdon. To consolidate his dream, he has placed the entire village in an educational trust, with his two nephews and younger brother, Benjamin, as trustees.

All of this is very impressive. But one must remember that David Rawdon came from a family with money. He always had his parents and his brother offering financial support. And the Marine was a going concern. Sandra Antrobus came from far humbler beginnings. She was the wife of a farmer, Michael Antrobus.

Michael and Sandra Antrobus with daughter Lisa Antrobus-Ker in 2010 at the first Olive Schreiner Festival

However, that last sentence is doing a disservice to Michael. Michael Antrobus was a farmer in the mould of an Etienne Leroux – although, unlike Leroux, he actually farmed and was a leading light in agriculture. Chris Marais and Julienne du Toit, the greatest travel journalists of the Karoo, describe Michael as follows:

Over the years and during all manner of extended road trips and local adventures together, Michael became a special mentor to us. There was so much going on in his head. He could recite poetry from Guy Butler, he could name the geological layers and special qualities of the Karoo Supergroup, he knew the arcane names of fossils, he told us not only about the grasses but about their various uses, and he pointed out the palatable bossies in the veld. We called him a philosopher-farmer.

Like David Rawdon, Sandra Antrobus had a flair for interior decorating, and her culinary prowess even saw her featured on BBC television. In the early days, my wife and I were served breakfast by Sandra and Lisa when they had just bought the Victoria Hotel. And I can attest to the fact that Sandra’s food was some of the finest I have ever tasted.

At this point, I think I must mention why Sandra’s legacy will outlive David Rawdon’s. Die Tuishuise and Victoria Hotel is a family-run enterprise. Lisa has her mother’s drive. Sandra’s other daughter hides out in the kitchen. Lisa’s husband, David, ensures that breakfasts run smoothly, and when the kitchen is busy he is not averse to serving guests. Thus, Die Tuishuise is a family-run business. They live in the town. Matjiesfontein operates via remote control.

Karoo morning, named Guy Butler, as it was the title of his autobiography

But in the literary life of South Africa, Sandra Antrobus stands head and shoulders above anyone else. She played a pivotal role in the founding of the Olive Schreiner Museum in 1986. She was responsible for the period decoration of the museum. She must have possessed a literary heart, because many of the Tuishuise are named after the regions of famous writers, such as Olive Schreiner, Etienne van Heerden, Guy Butler and Iris Vaughan. She also decorated Doornkop in the Mountain Zebra National Park, which was the setting for the filming of The story of an African farm. She can single-handedly lay claim to being the person under whose loving hand the Schreiner Festival as well as the Etienne van Heerden Veldsoirée were raised – and they continue to flourish.

But it is the fact that she rescued an entire street from economic decline that is undoubtedly Sandra’s greatest legacy. As anyone who has tried (and failed) to restore an old Karoo house will attest, it is not a job for sissies. But to painstakingly restore 30 such houses – that is the stuff of fairytales. Sandra Antrobus must also have created an entire ecosystem for carpenters and handymen and painters in Cradock to replace the ugly steel-framed windows with sash windows, to source sash windows, to solve the riddle of damp in so many of these old houses. To retain the old wooden floors, when so many others in the Karoo have been ripped out. The beauty of these old Karoo homes could make a tidy profit if stripped. No, Sandra Antrobus, née Moolman, was not only an evangelist for literature in the Karoo, but a champion of Karoo architecture and the preservation of our beautiful old buildings in the Karoo. And having stayed in every Tuishuis in Market Street, I can tell you that no one – absolutely no one – could make a weathered old carpet look like a work of art on those sparkling Oregon pine floors as Sandra could. And the beauty of it all is that she was self-taught. In my book, that is one of the things that sets her apart from David Rawdon, as great as he was. She did not go and study how to be a hotelier at a fancy European school like David Rawdon did.

Many will say, but how can you compare Lanzerac and the Marine Hotel and Rawdons with Die Tuishuise? The difference is that David viewed those hotels as businesses. For Sandra, Die Tuishuise was a vocation, as Matjiesfontein was a labour of love for David. And so, one must ultimately compare Matjiesfontein with Die Tuishuise.

Classics

And, in my humble estimation, it took greater vision to create Die Tuishuise from absolutely nothing. In the case of Matjiesfontein, the blueprint already existed. The Scotsman James Logan had already built the Lord Milner Hotel in 1899. The village already had a reputation for being a Victorian Spa, an oasis in the desert, and a gathering for the rich and famous 70 years before David Rawdon bought the entire village.

Sandra Antrobus had no such blueprint. Because of her founding role with the Schreiner Museum, she would have to drive up and down Market Street, home of Die Tuishuise. And it was during those frequent trips that something in her must have stirred. Because who would see in that street of houses, which had known better days – far better days – the makings of what today is known as Die Tuishuise, the very bedrock of tourism in Cradock? Only a visionary. That visionary went by the name of Sandra Antrobus, whom I have been proud to call my friend and greatest supporter for the last 30 years.

See also:

Sandra Antrobus of Cradock: A tribute

The post South Africa’s greatest hotelier has checked out first appeared on LitNet.

The post South Africa’s greatest hotelier has checked out appeared first on LitNet.

RNE-kollig: ANC, DA en VF Plus

$
0
0

Die jongste peiling van die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRR) het plaasgevind te midde van die begrotingstwis binne die RNE.

In dié peiling is die ANC vir die eerste keer as die populêrste party onttroon. 

Freek Robinson gesels met VF Plus-leier Corné Mulder oor die huidige en breër politieke landskap.

YouTube-skakel na onderstaande video: https://youtu.be/TehtvMQIkgY

 

Kyk ook:

Diplomasie op die afgrond

 

The post RNE-kollig: ANC, DA en VF Plus first appeared on LitNet.

The post RNE-kollig: ANC, DA en VF Plus appeared first on LitNet.


Wil die SAUK Afrikaans regtig vermoor?

$
0
0

"Engels! Engels! Alles Engels! Engels wat jy sien en hoor; in ons skole, in ons kerke word ons moedertaal vermoor." So verwoord CP Hoogenhout die taalstryd van die 1800’s in een van sy bekendste gedigte.

In dieselfde jaar waarin Afrikaans sy honderdjarige bestaan as amptelike taal vier, het daar weer ’n golf van woede en wantroue uit Afrikaanse geledere oor die land gespoel. Dié keer is Hoogenhout se versetkreet oor die verengelsing na die Tweede Anglo-Boereoorlog aan die adres van die SAUK gerig.

Dit volg na ’n beweerde "skeduleringsfout" wat veroorsaak het dat die Afrikaanse nuusbulletin onlangs nie oor ’n naweek uitgesaai is nie.

Die SAUK se verduideliking dat dit bloot ’n "skeduleringsfout" was, het min gedoen om die groeiende onsekerheid te besweer. Vir ’n gemeenskap wat reeds die kansellasie van geliefde programme soos 7de Laan en Pasella betreur, voel hierdie insident soos nog ’n teken van ’n sistematiese afskaling van Afrikaans deur die openbare uitsaaier.

Ondanks die SAUK se herhaalde versekerings dat Afrikaanse nuus ’n prioriteit is, bly kykers skepties. Dit word gevoed deur jare se persepsies van marginalisering en ’n gebrek aan deursigtigheid.

Of dit werklik ’n onskuldige fout was, en of daar ’n dieper agenda teen een van Suid-Afrika se amptelike tale is, bly ’n debatspunt waaroor mense verskil.

Die sogenaamde skeduleringsfout met die Afrikaanse TV-nuusbulletin op 5 en 6 April is nie net ’n geïsoleerde insident nie. Dit word deur baie gesien as deel van ’n groter, meer sistematiese probleem wat wantroue teenoor die SAUK aanwakker.

Die Afrikaanse nuusbulletin, met meer as 300 000 kykers, is een van die laaste bakens van Afrikaanse inhoud op die SAUK. Enige dreigement daarteen word as ’n aanval op kultuurerfenis ervaar.

Die voorval het emosies opgerakel omdat dit volg op jare se persepsies dat Afrikaans in die breër Suid-Afrikaanse samelewing gemarginaliseer word, byvoorbeeld in onderwys of by openbare dienste soos howe en polisiestasies, om slegs enkeles te noem.

Dit is moeilik om Afrikaanse mense te oortuig dat die insident net ’n tegniese fout was. Dit word wyd ervaar as ’n katalisator wat jare se frustrasies na vore gebring het. Selfs al was dit werklik ’n fout, het die SAUK se swak hantering daarvan en die historiese konteks dit vir baie mense laat lyk soos deel van ’n groter plan om Afrikaans af te skaal. Dit verklaar waarom kykers, ondanks die SAUK se versekerings, bly twyfel aan hul bedoelings.

Die SAUK is Suid-Afrika se openbare uitsaaier en het ’n mandaat om programme in al 11 gesproke amptelike tale (Suid-Afrikaanse Gebaretaal dus uitgesluit) aan te bied, insluitend Afrikaans. Die Afrikaanse nuusbulletin op SABC2 met sy lojale kykersbasis was dekades lank ’n belangrike bron van inligting vir Afrikaanssprekendes.

Die afgelope jare was daar egter toenemende kommer oor die vermindering van Afrikaanse inhoud op SAUK-kanale. Die kansellasie van programme soos 7de Laan en Pasella het spekulasies dat Afrikaans as taal al hoe minder prioriteit geniet, verder aangeblaas.

Hierdie onlangse insident het dus noodwendig groot verontwaardiging onder kykers veroorsaak. Politieke partye soos die DA en VF Plus, en organisasies soos AfriForum, het die alarmklokke luid laat lui. Die publiek en hierdie groepe het gevrees dat dit ’n bewuste stap was om Afrikaanse nuus op TV permanent te staak.

Die SAUK het vinnig wal gegooi en aangevoer dat dit nie die gevolg was van ’n besluit om Afrikaanse nuus te kanselleer nie.

Hulle het kykers verseker dat Afrikaanse nuus nie gestaak word nie, en ook nie gedeprioritiseer word nie – die SAUK is daartoe verbind om alle amptelike tale, insluitend Afrikaans, gelyk te bedien. Interne prosesse is glo aan die gang om die fout aan te spreek en te verseker dat dit nie weer gebeur nie.

Woordvoerder Mmoni Ngubane het byvoorbeeld gesê: "Ons wil die publiek en ons belanghebbendes verseker dat daar geen plan of besluit is om Afrikaanse nuus te staak of te deprioritiseer nie."

Hierdie verskonings val egter op dowe ore. Die Afrikaanse publiek sluk swaar aan hierdie pil. Ondanks die SAUK se verduideliking bly daar skeptisisme.

Kritici soos die DA en AfriForum het gevra vir deursigtigheid en verduidelikings, met sommige wat spekuleer dat die "fout" dalk ’n toets was om die publiek se reaksie te peil. AfriForum het selfs ’n versoek ingevolge die Wet op Toegang tot Inligting (PAIA) ingedien om meer inligting te kry.

Politieke partye het beklemtoon dat die SAUK ’n verpligting het om alle taalgemeenskappe te dien, aangesien kykers TV-lisensies betaal en Afrikaanssprekendes ’n beduidende mark is.

Sosiale media het gemengde reaksies getoon. Sommige gebruikers het die SAUK beskuldig van sistematiese marginalisering van Afrikaans, terwyl ander die verduideliking aanvaar het, maar steeds bekommerd is oor die breër tendens van minder Afrikaanse inhoud.

Daar is inderdaad geen amptelike aankondiging van die SAUK dat hulle Afrikaanse nuus permanent wil staak nie. Inteendeel, die SAUK het herhaaldelik gesê dat Afrikaans ’n belangrike deel van hul uitsaaimandaat bly.

Die SAUK se benarde finansiële posisie en die prioritisering van ander tale (soos Engels of inheemse "swart tale") word wyd gesien as moontlike redes vir die vermindering van Afrikaanse inhoud. Dit alles versterk die agterdog dat Afrikaans al hoe meer afgeskaal word en Afrikaanse TV-nuus op sy sterfbed lê.

Daar word onder meer gegis dat die SAUK se TV-hoofde reeds in Maart opdrag gegee het dat Afrikaanse naweeknuus vanaf April permanent gestaak moet word. Hierdie bewering word deur die SAUK ontken en kon nog nie bewys word nie, maar die persepsie dat dit waar is, bly staan.

Die debat oor Afrikaanse nuus raak ook aan groter taalkwessies in Suid-Afrika. Met 11 amptelike tale is daar noodwendig soms spanning oor hoe die SAUK sy hulpbronne tussen al die tale verdeel. Afrikaans, hoewel wyd gepraat, word steeds deur sommige geassosieer met die apartheidsera. Dit lei tot komplekse politieke en kulturele debatte, al is die meerderheid Afrikaanssprekendes nie wit nie.

Afrikaanssprekendes voel dikwels dat hul taal en kultuur gemarginaliseer word, en vergeet soms dat ander groepe dalk dieselfde oor hulle eie tale voel. Dit kan nie maklik wees vir die SAUK om hierdie balans te probeer handhaaf nie, veral gegewe sy finansiële posisie.

Die SAUK se jare lange geldprobleme veroorsaak aanhoudende besnoeiings in programme en personeel. Dit kan tot ’n mate verklaar waarom sommige Afrikaanse programme afgeskaal is. Afrikaans is in dié opsig egter nie uniek nie – ook ander tale se inhoud word geraak.

Sedert die nuusbulletinblaps is die Afrikaanse nuus weer terug in sy normale tydgleuf. Dit bied egter weinig troos. Die Afrikaanse TV-nuus is reeds op die agtergrond geplaas toe dit na ’n onhebbelike tyd na TV3 geskuif is. Dit  het duisende Afrikaanse mense permanent so vervreem dat hulle glad nie meer Afrikaanse TV-nuus op die SAUK se kanale kyk nie.

Dit is dus te verstane dat die publiek en groepe soos AfriForum en die DA waaksaam agterdogtig is en die situasie noukeurig dophou vir enige tekens van verandering in beleid.

Die Afrikaanse taalkundige en akademikus Wannie Carstens, wat bekend is vir die  bevordering en bewaring van Afrikaans, is ook skepties oor die SAUK se verskoning dat die voorval bloot ’n skeduleringsfout was.

"Ek dink hoegenaamd nie dit is ’n gewone skeduleringsfout nie," het hy aan LitNet gesê. "Ek dink eerder dit is ’n poging om die reaksie van die Afrikaanse gemeenskap te probeer bepaal."

Indien daar min reaksie is, gaan hulle doodgewoon voort daarmee, meen hy. Die feit dat daar tot op hede nie optredes was teen mense hieroor nie, is volgens hom reeds ’n aanduiding dat die uitsaaier vere voel vir Afrikaans.

"Sal die SABC so dom wees om nog van hulle lisensiebetalers hieroor te wil verloor? En die advertensie-inkomste wat die bulletins self meebring? Of is ideologie so sterk dat dit alle gesonde verstand troef? As dit is wat die mense wil doen, wees dan net eerlik daaroor, dan kan ander planne gemaak word," het Carstens gesê.

Carstens raak ’n sentiment aan wat inderdaad wydverspreid is onder Afrikaanssprekende gemeenskappe.

Sy kommentaar oor die SAUK sluit aan by sy lewenslange passie vir die bewaring van Afrikaans as ’n lewende, funksionele taal. Sy vraag of die SAUK "so dom" sou wees om lisensiebetalers te verloor, en sy pleidooi vir eerlikheid, wys hoe hy die insident as deel van ’n groter uitdaging vir Afrikaans se plek in die openbare media sien.

Dit resoneer met die wantroue onder Afrikaanse TV-kykers, aangesien hy die emosies van kykers versterk deur te vra vir konkrete antwoorde en aksie.

Dat daar oor die afgelope dekade verskeie Afrikaanse programme deur die SAUK gekanselleer is, help geensins om die wantroue teenoor die SAUK te besweer nie. Dit dra by tot die persepsie dat Afrikaanse inhoud stelselmatig verminder word.

Die SAUK se verduideliking van ’n "skeduleringsfout" bly vaag en sonder gedetailleerde inligting oor wat presies verkeerd geloop het en laat ruimte vir spekulasie.

Plasings op sosiale media soos X wat beweer dat daar interne opdragte was om Afrikaanse nuus te staak, versterk die publiek se wantroue verder, al is dit nie noodwendig waar nie.

Die feit dat Afrikaans dikwels steeds in openbare debatte gepolitiseer word, met sommige wat dit assosieer met historiese ongelykhede, dra verder by tot ’n gevoel onder Afrikaanssprekendes dat hul taal doelbewus geteiken word.

Organisasies soos AfriForum en partye soos die DA en VF Plus versterk dikwels hierdie narratief op ietwat oordrewe manier wanneer hulle die SAUK se optrede as ’n aanval op Afrikaanse kultuur skets, wat emosies verder aanwakker.

Ongelukkig doen die SAUK weinig van sy kant om hierdie narratief te besweer. Wanneer Afrikaanse programme skielik geskuif of gekanselleer word, bevestig dit baie mense se vermoede dat daar ’n patroon is om Afrikaans af te skaal.

Tot dusver is daar geen amptelike dokumente of bevestigde verklarings wat bewys dat die SAUK ’n eksplisiete beleid het om Afrikaanse nuus of inhoud permanent te staak nie.

Dit is ook waar dat die SAUK onder geweldige begrotingsdruk verkeer en groot finansiële uitdagings in die gesig staar. Alle tale word deur besnoeiings geraak – Afrikaans word nie alleen geteiken nie.

Vir die duisende Afrikaanse mense met  ’n sterk emosionele belang by Afrikaans, gaan dit egter nie net oor ’n taal nie, maar is dit ’n kernaspek van identiteit. Enige verandering, selfs ’n tegniese fout, word as ’n bedreiging gesien.

Die SAUK se geskiedenis van swak kommunikasie en finansiële wanbestuur maak dat kykers hul verduidelikings met ’n korrel sout neem en versterk die verlies aan vertroue.

Die SAUK het ’n verantwoordelikheid om hierdie wantroue op ’n veel meer deursigtige manier aan te spreek as wat tot dusver die geval was. Hulle sal moet verduidelik presies wat die "skeduleringsfout" veroorsaak het en hoe ’n herhaling daarvan voorkom sal word.

Intussen sal die waaksaamheid van groepe soos AfriForum en kykers voortduur. Enige verdere insidente sal waarskynlik soortgelyke reaksies ontlok.

Uiteindelik is dit alles deel van die land se breër taaldebat. Dit beklemtoon die behoefte aan ’n groter gesprek oor hoe die SAUK taalgelykheid in ’n finansieel beperkte omgewing balanseer.

Die persepsie dat die SAUK Afrikaans afskaal, sal nie vanself verdwyn nie. Selfs al mag daar dalk harde bewyse van ’n doelbewuste afskalingbeleid van Afrikaans by die openbare uitsaaier ontbreek, word die agterdog aangevuur deur historiese tendense, swak kommunikasie, en kykers se emosionele sensitiwiteit.

Die wantroue op sigself is ’n teken dat die SAUK meer moet doen om Afrikaanssprekendes te verseker dat hul taal gewaardeer word.

Lees ook:

Elders gesien: Afrikaans en die SABC

Die SABC het kanker, soos in die ou dae

Help us protest the ongoing intimidation at the SABC | Help ons protesteer teen die voortdurende intimidasie by die SAUK

The post Wil die SAUK Afrikaans regtig vermoor? first appeared on LitNet.

The post Wil die SAUK Afrikaans regtig vermoor? appeared first on LitNet.

Confession and forgiveness in Leviticus

$
0
0

Abstract

Confession and forgiveness in Leviticus

The question addressed in this article is whether there is a link between confession and forgiveness in priestly thinking. The Hebrew verb (hitpaelof ידה) for the act of confessing is found only in chapters 5, 16 and 26 of Leviticus, and the verb for the act of forgiving (niphal of סלח) is found only in chapters 4, 5 and 19. The only chapter in which they occur together is chapter 5, and they are not found in the same pericope. If forgiveness and confession are thus not directly linked, why are people sometimes forgiven? And why is confession necessary at other times? In addition to engaging with the work of Milgrom (1975 and 1991) and his answers for these questions, the article focuses on the three texts where confession is required.

Leviticus 4 and 5 are discussed together. Chapter 4 is concerned with sins committed unintentionally and consists of five pericopes. In most of these one finds combinations of כפר and סלח towards the end of the pericopes. The question is why people are forgiven if there has been no confession. To answer this question Milgrom’s (1975) arguments are invoked. First, the article takes a look at the possible meaning of the verb אשׁם, “to be guilty”. Whereas many scholars argue for an objective meaning, Milgrom has, through the years, argued for a subjective meaning. For him the verb implies that a person feels guilty and already shows some remorse. This remorse and the working of the חַטָּאת sacrifice, combined with the fact that these sins were committed unintentionally, make forgiveness possible. After pointing out the weaknesses in Milgrom’s understanding, the article also presents the view of Sklar (2005 and 2023), who understands the verb as “suffering the consequences of guilt”.

The article then moves on to explaining the verb כפר, often translated with atonement or reconciliation. It offers two options: understanding atonement as an act of cleansing the sanctuary (Milgrom’s view) or as an act of paying a ransom (Sklar). After concluding that priestly language is not always as exact as we would like it to be, the article moves to a consideration of chapter 5.

Leviticus 5 introduces the concept of אָשָׁם, which functions in two ways in this chapter: as an umbrella term that includes a process of restitution and as a sacrificial term. In the first pericope (vv. 1–13) we are introduced to the idea of confession for the first time (v. 5). The person who has committed the sin has to confess and bring a חַטָּאת sacrifice. If he is poor, one of two cheaper options is possible. The sins of neglect of verses 1–13 are, according to Milgrom, changed by confession into the בִּשְׁגָגָה sins described in chapter 4.

In the other two pericopes in chapter 5 (vv. 14–19 and 20–26) there is no mention of confession, but besides the אָשָׁם sacrifice, the person who sinned needs to add 20% to the value of the sacrificial animal; or in verses 20–26, which describe sins committed on purpose, the thing wrongfully taken needs to be returned and 20% added to it, and an אָשָׁם sacrifice has to be performed. Most of the cases in Leviticus 5 which fall under the umbrella use of אָשָׁם thus require more than just a sacrifice, but also other actions for atonement and restitution to take place. Confession is such an extra element in the first pericope, and the 20% addition, or the return of the thing taken plus 20%, become extra elements in the rest of the chapter. Why is confession not needed in these two cases? Milgrom’s understanding cannot provide an answer.

The next time confession is mentioned in Leviticus is in chapter 16 with the Day of Reconciliation. Three animals are designated as חַטָּאת sacrifices. Of these three, two are slaughtered. A bull is slaughtered for Aaron and his sons, and Aaron takes some of this blood and brings it into the most holy part, where he sprinkles the blood in front of the mercy seat. The goat for the people is also slaughtered and its blood is treated similarly. In this part of the text (vv. 11–20) the verb כפר is pervasive and Milgrom’s understanding of blood cleansing the sanctuary makes sense here. But then the text moves to the other חַטָּאת goat and the כפר language disappears to make place for a different, not to mention bloodless, ritual. In verse 21 Aaron places both his hands on the head of this goat and confesses the iniquities, transgressions and sins over the head of the goat. By means of this act of confession, the iniquities are transferred to the goat, which then carries them into the desert. It is clear that confession works differently here from the way it worked in 5:5. It does not bring about כפר, but resorts to the metaphorical language of “carrying away” the transgressions of the people.

The act of confession appears again in Leviticus 26, which is generally considered the book's initial conclusion and part of the Holiness Legislation. The chapter consists mostly of promises and threats. Verses 3–13 paint a beautiful picture of an Israelite society living in peace and having enough to eat. This can happen only when Israel obeys, but if they do not, then the threats of verses 14–39 apply, painting a dismal picture of Israel eventually ending up in the land of their enemies, an apparent reference to the exile. In verses 40–45 there is a clear change in the tone of text, as the text becomes more affirmative and seems to anticipate a positive future. This change is triggered by the addressees’ confessing their iniquities in the land of their enemies. Verses 40–45 use a lot of the vocabulary prevalent in the first two confessional texts, but also assume a context where there is no sacrificial cult. This confession results in God’s remembering his covenant with earlier generations, and there the text takes a much more positive turn in verses 40–45. The article engages with the work of Boda (2009), who argues that the suffering of the addressees in the land of their enemies is what pays for their sins, as sacrifices often do in other parts of Leviticus.

The article concludes that there is no unifying view of confession in the book of Leviticus. In Leviticus 5:6 it is part of a process which involves a חַטָּאת sacrifice, which leads to כפר and restitution. In Leviticus 16:20 the act of confession facilitates the transfer of iniquities from the people to the goat without any blood or use of כפר language. Leviticus 26:40 may echo parts of Leviticus, but כפר language is also absent, as is any blood sacrifice. The act of confession now opens possibilities for the future and reminds YHWH of his earlier covenant.

Keywords: atonement; confession; Day of Reconciliation; exile; forgiveness; guilt; Holiness Legislation; Leviticus; reconciliation; sacrificial cult

 

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans

Skuldbelydenis en vergifnis in Levitikus

 

The post Confession and forgiveness in Leviticus first appeared on LitNet.

The post Confession and forgiveness in Leviticus appeared first on LitNet.

Skuldbelydenis en vergifnis in Levitikus

$
0
0

Skuldbelydenis en vergifnis in Levitikus

Esias Meyer, Fakulteit Teologie en Godsdiens, Universiteit van Pretoria

LitNet Akademies Jaargang 22(1)
ISSN 1995-5928
https://doi.org/10.56273/1995-5928/2025/j22n1c1

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Die artikel ondersoek die verband, al dan nie, tussen skuldbelydenis en vergifnis in die boek Levitikus. In die lig van Hebreeuse terme vir belydenis word drie tekste in kanoniese volgorde in besonderhede bespreek. Deurentyd word ook aandag gegee aan Milgrom (1975 en 1991) se bydrae tot hierdie debat. Hoekom is skuldbelydenis soms nodig? Op grond waarvan word skuld vergewe? Levitikus 4 en 5 word saam bespreek, omdat dit duidelik is dat hoofstuk 5 op die vorige hoofstuk voortbou. Die doel van die voorskrifte in beide hoofstukke is om versoening en vergifnis vir sekere sondes te bewerkstellig. Hoofstuk 5 stel ons egter bekend aan ʼn nuwe sambreelbegrip wat ʼn soort versoeningsproses omskryf, en in hierdie konteks word belydenis een van die elemente wat tot die versoeningsproses toegevoeg word. Levitikus 16 beoog ʼn soort “huisskoonmaak” wat alle impak van onreinheid en sonde op die heiligdom probeer elimineer. Die hoofstuk bied ook die moontlikheid aan die volk om van hulle oortredings ontslae te raak. Dit is juis met hierdie ritueel, waar ʼn bok vir Asasel gestuur word, dat belydenis eintlik die oordrag van skuld moontlik maak. Die term vir skuldbelydenis kom ook in die voorlaaste hoofstuk van Levitikus voor. Hoofstuk 26 stel ʼn scenario ná die katastrofe van ballingskap voor. In hierdie omstandighede lei skuldbelydenis tot ʼn wending wat ʼn nuwe begin sonder ʼn offerkultus moontlik maak.

Trefwoorde: ballingskap; Dag van versoening / Groot Versoendag; Heiligheidswetgewing; Levitikus; offerkultus; skuld; skuldbelydenis; vergifnis; versoening

 

Abstract

Confession and forgiveness in Leviticus

The question addressed in this article is whether there is a link between confession and forgiveness in priestly thinking. The Hebrew verb (hitpaelof ידה) for the act of confessing is found only in chapters 5, 16 and 26 of Leviticus, and the verb for the act of forgiving (niphal of סלח) is found only in chapters 4, 5 and 19. The only chapter in which they occur together is chapter 5, and they are not found in the same pericope. If forgiveness and confession are thus not directly linked, why are people sometimes forgiven? And why is confession necessary at other times? In addition to engaging with the work of Milgrom (1975 and 1991) and his answers for these questions, the article focuses on the three texts where confession is required.

Leviticus 4 and 5 are discussed together. Chapter 4 is concerned with sins committed unintentionally and consists of five pericopes. In most of these one finds combinations of כפר and סלח towards the end of the pericopes. The question is why people are forgiven if there has been no confession. To answer this question Milgrom’s (1975) arguments are invoked. First, the article takes a look at the possible meaning of the verb אשׁם, “to be guilty”. Whereas many scholars argue for an objective meaning, Milgrom has, through the years, argued for a subjective meaning. For him the verb implies that a person feels guilty and already shows some remorse. This remorse and the working of the חַטָּאת sacrifice, combined with the fact that these sins were committed unintentionally, make forgiveness possible. After pointing out the weaknesses in Milgrom’s understanding, the article also presents the view of Sklar (2005 and 2023), who understands the verb as “suffering the consequences of guilt”.

The article then moves on to explaining the verb כפר, often translated with atonement or reconciliation. It offers two options: understanding atonement as an act of cleansing the sanctuary (Milgrom’s view) or as an act of paying a ransom (Sklar). After concluding that priestly language is not always as exact as we would like it to be, the article moves to a consideration of chapter 5.

Leviticus 5 introduces the concept of אָשָׁם, which functions in two ways in this chapter: as an umbrella term that includes a process of restitution and as a sacrificial term. In the first pericope (vv. 1–13) we are introduced to the idea of confession for the first time (v. 5). The person who has committed the sin has to confess and bring a חַטָּאת sacrifice. If he is poor, one of two cheaper options is possible. The sins of neglect of verses 1–13 are, according to Milgrom, changed by confession into the בִּשְׁגָגָה sins described in chapter 4.

In the other two pericopes in chapter 5 (vv. 14–19 and 20–26) there is no mention of confession, but besides the אָשָׁם sacrifice, the person who sinned needs to add 20% to the value of the sacrificial animal; or in verses 20–26, which describe sins committed on purpose, the thing wrongfully taken needs to be returned and 20% added to it, and an אָשָׁם sacrifice has to be performed. Most of the cases in Leviticus 5 which fall under the umbrella use of אָשָׁם thus require more than just a sacrifice, but also other actions for atonement and restitution to take place. Confession is such an extra element in the first pericope, and the 20% addition, or the return of the thing taken plus 20%, become extra elements in the rest of the chapter. Why is confession not needed in these two cases? Milgrom’s understanding cannot provide an answer.

The next time confession is mentioned in Leviticus is in chapter 16 with the Day of Reconciliation. Three animals are designated as חַטָּאת sacrifices. Of these three, two are slaughtered. A bull is slaughtered for Aaron and his sons, and Aaron takes some of this blood and brings it into the most holy part, where he sprinkles the blood in front of the mercy seat. The goat for the people is also slaughtered and its blood is treated similarly. In this part of the text (vv. 11–20) the verb כפר is pervasive and Milgrom’s understanding of blood cleansing the sanctuary makes sense here. But then the text moves to the other חַטָּאת goat and the כפר language disappears to make place for a different, not to mention bloodless, ritual. In verse 21 Aaron places both his hands on the head of this goat and confesses the iniquities, transgressions and sins over the head of the goat. By means of this act of confession, the iniquities are transferred to the goat, which then carries them into the desert. It is clear that confession works differently here from the way it worked in 5:5. It does not bring about כפר, but resorts to the metaphorical language of “carrying away” the transgressions of the people.

The act of confession appears again in Leviticus 26, which is generally considered the book's initial conclusion and part of the Holiness Legislation. The chapter consists mostly of promises and threats. Verses 3–13 paint a beautiful picture of an Israelite society living in peace and having enough to eat. This can happen only when Israel obeys, but if they do not, then the threats of verses 14–39 apply, painting a dismal picture of Israel eventually ending up in the land of their enemies, an apparent reference to the exile. In verses 40–45 there is a clear change in the tone of text, as the text becomes more affirmative and seems to anticipate a positive future. This change is triggered by the addressees’ confessing their iniquities in the land of their enemies. Verses 40–45 use a lot of the vocabulary prevalent in the first two confessional texts, but also assume a context where there is no sacrificial cult. This confession results in God’s remembering his covenant with earlier generations, and there the text takes a much more positive turn in verses 40–45. The article engages with the work of Boda (2009), who argues that the suffering of the addressees in the land of their enemies is what pays for their sins, as sacrifices often do in other parts of Leviticus.

The article concludes that there is no unifying view of confession in the book of Leviticus. In Leviticus 5:6 it is part of a process which involves a חַטָּאת sacrifice, which leads to כפר and restitution. In Leviticus 16:20 the act of confession facilitates the transfer of iniquities from the people to the goat without any blood or use of כפר language. Leviticus 26:40 may echo parts of Leviticus, but כפר language is also absent, as is any blood sacrifice. The act of confession now opens possibilities for the future and reminds YHWH of his earlier covenant.

Keywords: atonement; confession; Day of Reconciliation; exile; forgiveness; guilt; Holiness Legislation; Leviticus; reconciliation; sacrificial cult

 

1. Inleiding

Is daar ʼn verband tussen belydenis en vergifnis in priesterlike denke? Laasgenoemde begrip word omvattend gebruik en verwys nie net na die tradisionele Priesterlike teks (P) nie, maar ook na latere tekste wat deur latere priesterlike generasies geproduseer is, soos die Heiligheidswetgewing in die tweede helfte van Levitikus en tekste in Numeri wat deesdae meestal verstaan word as post-P en post-H, met ander woorde post-Levitikus.1

Die artikel gaan wel net op Levitikus fokus en nie Numeri in ag neem nie.

Die Hebreeuse werkwoord vir bely (hitpael van ידה) kom net drie keer in die boek Levitikus voor: in hoofstukke 5 (v. 5), 16 (v. 21) en 26 (v. 40). ʼn Soortgelyke geval, soos die een in Levitikus 5, is ook in Numeri 5 (v. 7) te vinde. Clines (1998:97) vertaal hitpael met “confess” en Gesenius, Donner en Meyer (2013:440) met “bekennen” of “beichten”. Die Nieuwe Bijbelvertaling (NBV) gebruik die Nederlandse werkwoord “openlijk uitspreken” vir hierdie vier gevalle en die 2020 Afrikaanse vertaling gebruik meestal “belydenis doen”.

Die werkwoord vir vergewe (nif van סלח) kom 10 keer in die boek voor: vier keer in hoofstuk 4 (vv. 20, 26, 31 en 35), vyf keer in hoofstuk 5 (vv. 10, 13, 16, 18 en 26) en een keer in hoofstuk 19 (v. 22). In Numeri is daar agt gevalle, in hoofstukke 14, 15 en 30.2

Die twee woorde kom dus slegs in Levitikus 5 saam voor, maar helaas nie in dieselfde perikoop nie.

Met die eerste oogopslag lyk dit dus asof belydenis en vergifnis niks met mekaar te doen het nie. Vir ʼn hedendaagse Christen val dit nogal vreemd op die oor. In ʼn klassieke gereformeerde liturgie volg vergifnis meestal op belydenis. Dit is dus inderdaad eienaardig dat vergifnis en belydenis op die oog af weinig met mekaar te doen het in Levitikus. Hierdie artikel stel juis in hierdie eienaardigheid belang. As belydenis en vergifnis dan moontlik weinig met mekaar te doen het, lei dit tot twee vrae: Op grond waarvan word iemand dan hoegenaamd in Levitikus vergewe? En as mense op ander gronde vergewe kan word, waarom is belydenis in die drie gevalle in Levitikus dan belangrik?

In die bespreking tot dusver is uitdrukkings gebruik soos “met die eerste oogopslag” en “op die oog af”, want Jacob Milgrom, moontlik die belangrikste kommentator op Levitikus tot op hede, sou aanvoer dat daar tog ʼn verband tussen belydenis en vergifnis is. Milgrom (1975:198) sal die tweede vraag as volg beantwoord: Belydenis is belangrik vir opsetlike sondes, want daardeur word die opsetlike sonde versag tot ʼn onbedoelde sonde. Maar op grond waarvan dink Milgrom dat mense vir onbedoelde sondes vergewe word? Om sy argument te verstaan moet ʼn mens eers begryp hoe hy die werkwoord אשׁם interpreteer, en dit sal hier onder bespreek word.

Die artikel verloop soos volg: Die drie tekste in Levitikus word in hulle kanonieke orde bespreek, en tussendeur word ʼn kritiese blik op Milgrom se idees gewerp. Dit gaan in die eerste plek oor sy 1975-artikel, waar hy ʼn spesifieke siening van vergifnis en belydenis verdedig, wat hy later in sy kommentaar (1991) verder uiteensit, maar ander insigte van Milgrom gaan ook deurentyd gebruik word.

 

2. Levitikus 4 en 5

Dit is moeilik om Levitikus 5 te verstaan sonder om die voorafgaande hoofstuk in ag te neem. Daarom word beide hierdie hoofstukke van naderby bekyk. Levitikus 4 en 5 gaan oor die חַטָּאת- en אָשָׁם-offers. ʼn Mens sou hierdie terme met “reinigingsoffer” en “hersteloffer” kon vertaal, maar die Hebreeuse woorde sal meestal gebruik word.3

2.1 Levitikus 4: versoening sonder belydenis

Die werkwoord סלח kom vir die eerste keer in Levitikus 4:20 voor. Levitikus 4 fokus op die חַטָּאת-offer en dit is die vierde offer wat in Levitikus bespreek word. Die hoofstuk gaan oor sondes wat onopsetlik of per abuis (בִשְׁגָגָה) gedoen word en die hoofstuk kan as volg ingedeel word:4

vv. 1–2 Wanneer jy onopsetlik sondig
vv. 3–12 die gesalfde priester
vv. 13–21 die hele volksvergadering
vv. 22–26 ʼn leier
vv. 27–31 iemand uit die volk
vv. 32–35 as iemand ʼn skaap sou bring

 

Na die inleiding volg daar vier perikope waar spesifiek na verskillende oortreders verwys word. Hierdie hoofstuk is ʼn klassieke voorbeeld van kasuïstiese wetgewing wat sintakties deur ʼn protasis/apodosis-struktuur gekenmerk word.5

Verse 3–12 fokus op die gesalfde priester wat sondig.6 Verse 13–21 bespreek ʼn geval van die hele volksvergadering wat iets verkeerd doen. ʼn Leier is in verse 22–26 en ʼn lukrake persoon uit die volk in verse 27–31 die sondaars. In die eerste twee gevalle word ʼn bul vereis, in die derde geval ʼn bokram, en in die vierde geval ʼn bokooi. Verse 32–35 bespreek die geval van iemand wat ʼn skaap as offer bring, en dit moet dan ook ʼn ooi wees. Met die uitsondering van die eerste geval (vv. 3–12) sluit elkeen van die ander perikope (vv. 20, 26, 31 en 35) af met ʼn soort refrein wat aandui dat die priester versoening (piël van כפר) bewerkstellig het en dat die persoon vergewe is (nifal van סלח). Dit behoort dus duidelik te wees dat versoening en vergifnis in Levitikus 4 saamloop, en as ʼn mens wil verstaan op grond waarvan die sondaar telkens in Levitikus 4 vergewe word, dan moet ons eers ingaan op die betekenis van כפר. Hier is geensins sprake van belydenis nie, maar ons moet in gedagte hou dat hierdie sonde per ongeluk gedoen is en nie opsetlik nie. Hierdie onderskeid is ook vir Milgrom (1975:205) belangrik, want vir hom vereis dié tipe oortredings nie belydenis nie, juis omdat daar geen bedoeling was om te oortree nie. Maar soos in die inleiding genoem, is Milgrom se argument verweef met hoe hy die werkwoord אשׁם, wat in Levitikus 4 in verse 3, 13, 22 en 27 voorkom, verstaan.

2.1.1 Skuldig wees of skuldig voel

Tradisioneel is daar ʼn meer objektiewe betekenis aan die werkwoord geheg (Janowski 1982:256).7

Baie geleerdes ondersteun nog die argument. Schenker (1997:697) byvoorbeeld voer aan dat die werkwoord ʼn regstegniese betekenis het wat aandui dat ʼn persoon skuldig is of hy dit besef of nie. Dit is ʼn objektiewe stand van sake wat beteken dat ʼn persoon verantwoordelik is, of soos Schenker dit uitdruk, “liable, responsible”. Ook Levine (1993:187) beskryf skuld, met verwysing na Numeri 5:5, “as a resultant legal state”. Hartley (1992:77) dink ook dat die werkwoord ʼn objektiewe betekenis het, want dit gaan oor “a person’s ethical/legal culpability, rather than a person’s existential feelings”. Een probleem met hierdie verstaan is hoe om die oorgange tussen 4:22 en 23, asook 4:27 en 28 te verklaar, want hier klink dit of daar twee moontlikhede is: Óf die persoon is objektief skuldig, óf hy word oor sy sonde ingelig. Die voegwoord is אֹו, wat “of” beteken, maar dit maak nie sin nie. Hoe gaan die persoon in die eerste geval hoegenaamd weet dat hy skuldig is?

Aan die ander kant is daar Milgrom (1996:511) wat aanvoer dat die werkwoord eintlik ʼn subjektiewe betekenis het. ʼn Persoon vermoed dat hy iets verkeerd gedoen het, en sy gewete pla hom, en hierdie wroeging word met אשׁם uitgedruk. Hoewel hierdie verstaan vir baie van die voorbeelde werk, is daar sekere gevalle, soos 4:3, waar dit nie kan werk nie en waar Milgrom (1991:231) self op ʼn objektiewe betekenis aangewese is.8

Sklar (2005:39–41) het meer onlangs voorgestel dat ʼn mens die werkwoord met “to suffer guilt’s consequences” moet vertaal. Dit kan vertaal word met “om onder die gevolge van skuld te ly”. Sklar noem ʼn paar voorbeelde uit die Bybel waar mense aangeneem het dat hulle swaarkry die gevolg was van sonde wat onwetend gedoen is. Hierdie betekenis sluit dus ook objektiewe skuld in, maar veronderstel ʼn verdere proses waardeur mense bewus word van hulle skuld omdat hulle teëspoed ervaar. Hulle is met ander woorde objektief skuldig, én hulle lewenservaring getuig hiervan. Die voorbeelde uit 4:23 en 28 hier bo genoem werk ook goed met hierdie verstaan, enersyds omdat mense nou deur swaarkry van hulle skuld bewus word, of andersyds omdat iemand anders hulle daaroor inlig. Sklar se verstaan is dus oortuigend (ook Nihan 2007:237–9).

Dit bring ons by versoening.

2.1.2 Versoening

In Engels word כפר dikwels met “atonement” vertaal. Watts (2013:345) herinner ons egter daaraan dat William Tyndale hierdie term in 1526 geskep het deur verskeie Engelse woorde saam te voeg, naamlik só: “at-one-ment”. Tyndale se bedoeling was om iets van “hervereniging” tussen God en mens weer te gee, maar die Hebreeuse begrip het nie daardie betekenis nie. “Hervereniging” beskryf die eindresultaat en nie hoe die partye daarby uitgekom het nie. Dit is ook ʼn algemene probleem onder ander geleerdes vandag. Byvoorbeeld, Watts (2013:322) se voorstel is “mitigation”, wat met “versagting” vertaal kan word. Hierdie vertaling veronderstel ʼn eindresultaat, want dit aanvaar dat daar slegte omstandighede tussen God en die mens was wat nou ietwat versag is. Watts (2013:345) omskryf sy vertaling as volg: “the alleviation of negative consequences produced by various kinds of problems”. Hundley (2011:188) praat van “clearing”, wat met “opruiming” of “uit die weg ruim” vertaal kan word. Weer eens beskryf dit die eindresultaat, omdat dit ʼn hindernis tussen God en die mens veronderstel wat nou uit die weg geruim is. Die belangriker vraag is: Hoe werk כפר? Anders gestel: Wat is die binnewerking van die proses wat tot die eindresultaat van versoening, of dan versagting of opruiming, lei?

2.1.2.1 Versoening is die resultaat van reiniging (letterlik)

Die eerste verduideliking verstaan כפר as ʼn handeling van “afvryf” of “skoonmaak”. Hierdie soort verduideliking is veral kenmerkend van Milgrom se werk. Volgens Milgrom (1991:1080) is die betekenis van כפר in Hebreeus verwant aan die Akkadiese kuppuru wat “purge” (“om te suiwer”) beteken. Vir Milgrom is die basiese betekenis “vryf” en die werkwoord kan of “opvryf” of “afvryf” beteken. Wanneer hierdie werkwoord op die חַטָּאת-offer toegepas word, het dit vir Milgrom die betekenis van af­-vryf. In hierdie interpretasie funksioneer die bloed van die offer dan soos ʼn skoonmaakmiddel wat die impak wat sonde en onreinheid op die heiligdom het, daarvan afvryf. Milgrom (1991:254–258) beskryf dikwels die impak van sonde en onreinheid as ʼn verstikkende wolk (miasma) wat om die heiligdom saampak. Die bloed funksioneer dan soos ʼn skoonmaakmiddel wat hierdie wolk verdryf. Baie geleerdes stem met Milgrom saam, maar verskil oor presies wat skoongevryf word. Vir Milgrom is dit altyd die heiligdom. Vir Gane (2005:380) en Nihan (2007:177–87) kan hierdie handeling soms ook op mense van toepassing wees.

2.1.2.2 Versoening is die gevolg van ʼn losprys wat betaal is

Voorstanders van die tweede betekenis voer aan dat daar tydens die offerproses ʼn soort betaling plaasvind wat ten goede meewerk vir die persoon wat die offer bring. Anders gestel, ʼn offer is ʼn boete wat betaal word, of ʼn losprys. Sklar (2005, 2014 en 2023) se drie werke is by verre die beste verteenwoordigend van hierdie standpunt. In sy jongste kommentaar (Sklar 2023:28–9) argumenteer hy opnuut dat ʼn losprys soos ʼn wettige betaling funksioneer wat ligter as die oorspronklike straf is en die skuldige persoon se lewe red terwyl die benadeelde party gepaai word. Die offerdier betaal dus namens die sondaar. Daar is egter ook leemtes in dié argument.

Nihan (2007:175–177) wys daarop dat baie geleerdes in die verlede hierdie siening gehuldig het, maar dat sulke interpretasies dikwels Levitikus 17:11 bysleep.9

ʼn Mens sou wel ʼn argument kon uitmaak dat daar ʼn soort losprys-idee agter 17:11 sit, maar dit beteken nie dat dit in Levitikus 4–5 teenwoordig is nie. ʼn Mens moet ook onthou dat die priesterlike outeurs dalk opsetlik dubbelsinnig was. Hundley (2011:187) voer aan dat “the seeds of a dual interpretation are present in the Priestly corpus.” Beide Watts (2013:326) en Hundley (2011:191) herinner ons daaraan dat dubbelsinnigheid die mag van priesters versterk.

Dus, of versoening na die afvryf van sonde en onreinheid verwys, en of dit eintlik as ʼn soort losprysbetaling verstaan moet word, is debatteerbaar.

Maar om terug te keer na die hoofargument: Hoofsaak is dat Levitikus 4 herhaaldelik van versoening en vergifnis praat, maar dat daar hoegenaamd nie sprake van belydenis is nie. Vir onopsetlike of onbedoelde sondes is belydenis nie ʼn voorvereiste nie. Dít is ook een van die boublokke van Milgrom (1975 en 1991) se argument. Maar op grond waarvan word ʼn persoon dan hier vergewe? Ons moet in gedagte hou hoe Milgrom אשׁם verstaan. Vir Milgrom gaan dit oor “skuldig voel”, en soos ons in die aanhaling hier bo uit sy kommentaar gesien het, dink hy dat “skuldig voel” ook berou insluit. Vir Milgrom (1991:257) het die persoon dus berou getoon, selfs al het hy of sy nie opsetlik oortree nie, en dan werk die bloed van die חַטָּאת-offer natuurlik ook, en dit verwyder die impak van die oortreding op die heiligdom. Dit alles gebeur sonder belydenis, maar as ons eerder Sklar se verstaan van אשׁם volg, dan verval die berou-aspek en bly net die werking van die חַטָּאת oor.

2.2 Levitikus 5: Belydenis en versoening

Wenham (1979:87) deel Levitikus 5 in drie dele:

5:1–13 reinigingsoffer vir sondes van versuim (“omission”)

5:14–19 hersteloffer vir onbedoelde sondes

5:20–26 hersteloffer vir opsetlike sondes.

Levitikus 5 stel ons aan ʼn nuwe begrip bekend, naamlik die אָשָׁם. Hierdie selfstandige naamwoord kan ook soms na skuld verwys en is vroeër meestal met “skuldoffer” vertaal, hoewel die meeste kommentare vandag na ʼn “hersteloffer” (“restitution offering”) verwys, soos ook die 2020 Afrikaanse vertaling en die NBV van 2005.10

In hierdie hoofstuk vind ons kombinasies van כפר en סלח, dikwels aan die einde van die perikoop.11 In hierdie opsig herinner Levitikus 5 sterk aan die vorige hoofstuk, maar soos dit hier onder duidelik sal word, is daar ook radikale verskille.

Verse 1–13 gaan eintlik nog oor die חַטָּאת-offer van die vorige hoofstuk, en soos Wenham tereg aandui, is sondes van versuim in hierdie perikoop die teiken. Dit kom neer op foute wat iemand uit agtelosigheid gemaak het. Volgens Sklar (2023:155–8) gaan die perikoop basies oor drie sondes en twee alternatiewe vorme van offer. Die eerste sonde is om na te laat om te getuig (v. 1). Die tweede sonde het te doen met iemand wat aan onreinheid blootgestel is en dit nie geweet het nie en sodoende verkeerd opgetree het (vv. 2–3). Die derde sonde gaan oor iemand wat nagelaat het om sy eie eed na te kom (v. 4).

Aan die einde van vers 1 word die persoon se skuldige toestand uitgedruk met עֲוֹנֹו וְנָשָׂא. Aan die einde van verse 2 en 3 gebeur dit weer eens met die werkwoord אשׁם (qal) soos in 4:3, 13, 22 en 27. In ooreenstemming met Watts (2013:357) en Lam (2016:43), word aanvaar dat die twee terme min of meer sinonieme is. Die selfstandige naamwoord עָוֹן word deur Clines (2001:307) vertaal met “iniquity”, en Gesenius e.a. (2013:936–7) bied verskeie opsies: “Sünde, Vergehen, Schuld, Verschuldung”. Watts (2013:357) vertaal die woord met “liability” (“aanspreeklikheid”). Op soortgelyke wyse verwys Lam (2016:22) na “the ongoing state of culpability”.

Die kombinasie van die werkwoord נשׂא en die selfstandige naamwoord עָוֹן kom hier vir die eerste keer voor, maar is ook te vinde in vers 17 en speel in Levitikus 16 ʼn belangrike rol. Hierdie uitdrukking word dikwels beskryf as ʼn metaforiese manier om skuld uit te druk (Anderson 2009:15, Hieke 2014a:269). In dié geval is skuld iets swaar wat ʼn mens figuurlik dra.12

Schwartz (1995:8) beskryf dit goed: “When a sinner ‘bears’ his sin, it weighs upon him; when someone else ‘bears’ it, the sinner is relieved of it.”

Ons sal sien dat die tweede deel van Schwartz se beskrywing in Levitikus 16 relevant word. In die lig van metafoorteorie beskryf Lam (2016:42)die gebruik van נשׂא en עָוֹן in onder andere Levitikus 5:1 so: “[T]hey come to denote the objective status of legal guilt and the susceptibility to punishment entailed thereby.” Hy dink ook dat die metafoor iets weerspieël van die algemene menslike ervaring om ʼn swaar las te dra, en juis hierdie ervaring word nou op skuld toegepas.

Maar wat is die oplossing vir die skuld wat hierdie soort oortredings teweegbring?

Twee vorme van offer word as oplossing aangebied: wat neerkom op die ideale offer (vv. 5–6) en twee moontlikhede vir ʼn armer persoon, naamlik twee duiwe (vv. 7–10) of ʼn nog goedkoper graanweergawe (vv. 11–13). Dit is die eersgenoemde, ideale offer wat ons vir die eerste keer in Levitikus aan die idee van belydenis bekendstel. Verder moet beklemtoon word dat tot Levitikus 5:5 versoening en vergifnis niks met belydenis te doen gehad het nie. Versoening was die gevolg van die korrekte aanbieding van ʼn חַטָּאת-offer en die werking van die offer het versoening en vergifnis vir onbedoelde sondes bewerkstellig. Soos reeds genoem, word dit veral duidelik wanneer Sklar se verstaan van אשׁם aanvaar word en Milgrom se idee van berou laat vaar word. Sklar (2023:156) se strukturele aanbieding van hierdie twee verse help ons om ʼn greep op die teks te kry:

Levitikus 5:5–6 Biblia Hebraica Stuttgartensia (BHS) Levitikus 5:5–6 (2020 effens aangepas)
5 וְהָיָ֥ה כִֽי־יֶאְשַׁ֖ם לְאַחַ֣ת מֵאֵ֑לֶּה moet hy, wanneer hy ly onder die gevolge van sy skuld vanweë hierdie dinge,
וְהִ֨תְוַדָּ֔ה אֲשֶׁ֥ר חָטָ֖א עָלֶֽיהָ׃ belydenis doen oor die saak waarin hy gesondig het.
6 וְהֵבִ֣יא אֶת־אֲשָׁמֹ֣ו לַיהוָ֡ה עַ֣ל חַטָּאתֹו֩ Hy moet dan as boetedoening vir die Here bring oor sy sonde
אֲשֶׁ֨ר חָטָ֜א wat hy gesondig het
נְקֵבָ֨ה מִן־הַצֹּ֥אן ʼn ooi uit die kleinvee,
כִּשְׂבָּ֛ה אֹֽו־שְׂעִירַ֥ת עִזִּ֖ים ʼn skaap of ʼn bok
לְחַטָּ֑את as reinigingsoffer.
וְכִפֶּ֥ר עָלָ֛יו הַכֹּהֵ֖ן מֵחַטָּאתֹֽו׃ Die priester sal vir hom versoening doen vir sy sonde.

 

Sklar (2023:156) beskryf vers 5a as ʼn samevattende protasis. Dit vat basies die drie oortredings van die eerste vier verse saam en noem die feit dat die persoon skuldig is, of soos Sklar dit vertaal, dat die persoon “ly onder die gevolge van skuld”. Vers 5b, wat die apodosis inlei, sê dan dat die skuldige persoon sy sonde moet bely. Dit is die eerste keer dat daar sprake van belydenis in Levitikus is, maar belydenis is nie genoeg nie. Die persoon moet ook ʼn אָשָׁם vir die Here bring. Dit is die eerste keer dat die selfstandige naamwoord אָשָׁם in Levitikus gebruik word en dit verwys nie na ʼn offer, of skuld nie. Die 2020-vertaling vertaal dit tereg met “boetedoening” en die NBV soortgelyk met “genoegdoening”.

Hieke (2014:237) verstaan אָשָׁם hier as ʼn “Dachbegriff” of “Oberbegriff” wat met sambreelbegrip vertaal kan word. Daarmee word bedoel dat dit ʼn oorkoepelende begrip is wat ander elemente insluit. Hier word boetedoening spesifiek deur middel van ʼn חַטָּאת-offer (v. 6) en belydenis gedoen. אָשָׁם kan dus nie na die offer verwys nie, want dan sou dit klink of die אָשָׁם-offer en die חַטָּאת-offer dieselfde ding is, en dit is nie. אָשָׁם druk die oorkoepelende doel van die rituele handeling uit.13

Vers 6 sluit af met die priester wat weer eens vir die sondaar כפר bewerkstellig, en vreemd genoeg word hier nie van vergifnis gepraat nie. ʼn Mens moet egter nie te veel daar inlees nie, om die volgende rede: Soos hier bo reeds genoem, is daar nog twee verdere moontlikhede vir mense wat nie ʼn bokooi of skaapooi kan bekostig nie. Verse 7–10 beskryf die moontlikheid van twee duiwe wat nou ʼn עֹלָה en חַטָּאת genoem word. En aan die einde, in vers 10, kry ons weer die kombinasie van כפר en סלח. Dieselfde geld vir verse 11–13 waar iemand wat nie twee duiwe kan bekostig nie, ʼn tiende efa meel bring, gemeng met olyfolie en wierook. Ook in vers 13 hoor ons כפר en סלח. Al drie hierdie opsies (ooi, duiwe en meel) word aanvaar as ʼn vorm van genoegdoening, en al drie val onder die sambreelbegrip אָשָׁם in vers 6. Die feit dat vers 6 vergifnis nie eksplisiet noem nie, beteken nie dat dit nie veronderstel word nie. Al drie opsies (vv. 6, 10 en 13) is ʼn geldige vorm van אָשָׁם (sien ook Hundley 2011:147).

Om terug te keer na die idee van versoening: Waarom is belydenis nou skielik nodig in Levitikus 5:5? Milgrom (1975:198) se klassieke antwoord was dat opsetlike sondes nie net met offers uit die weg geruim kan word nie, maar dat belydenis die sonde juis verander van opsetlik na onbedoeld. Milgrom (1975:1999) beklemtoon verder dat ons in ag moet neem dat dit in wese hier gaan oor ʼn vals eed en dat belydenis juis hierdie ernstige oortreding versag. Tog het Sklar dit duidelik gemaak dat vers 5a ʼn “opsommende protasis” is wat al die oortredings van verse 1–4 insluit en nie net oor vers 4 en die onbesonne eed gaan nie (sien ook Milgrom 1991:300). ʼn Mens kan nog verstaan dat dit vers 1 insluit waar iemand nalaat om oor ʼn eed te getuig, maar waarom is belydenis nodig vir die blootstelling aan onreinheid en die onbedoelde verkeerdelike optrede daarna? Dit was tog nie opsetlik nie? Kortom, Milgrom se verstaan verklaar nie alles nie.

Die res van hoofstuk 5 bestaan uit twee verdere perikope, naamlik verse 14–19 en 20–26. Die eerste perikoop gaan oor sondes wat as מַעַל beskryf word, maar wat weer eens per ongeluk (בִּשְׁגָגָה) gepleeg word. Watts (2013:365), wat gebruik maak van Milgrom se werk, wys daarop dat hierdie oortreding oor veral twee sake gaan, naamlik oortredings ten opsigte van heilige dinge en heilige ruimtes aan die een kant en eedoortredings aan die ander kant. In die eerste geval het iemand dalk heilige kos geëet waarop hy of sy nie geregtig was nie, of dalk per ongeluk ʼn item uit die heiligdom verwyder. In die tweede geval gaan dit oor iemand wat ʼn eed aflê en dit nie nakom nie. Vers 15 bied die oplossing vir hierdie soort oortreding (Sklar 2023:169):

Levitikus 5:15 (BHS) Levitikus 5:15 (2020 aangepas)
15 נֶ֚פֶשׁ כִּֽי־תִמְעֹ֣ל מַ֔עַל Wanneer iemand heiligskennis pleeg
וְחָֽטְאָה֙ בִּשְׁגָגָ֔ה מִקָּדְשֵׁ֖י יְהוָ֑ה en hy sondig onwetend teenoor iets wat aan die Here gewy is
וְהֵבִיא֩ אֶת־אֲשָׁמֹ֨ו לַֽיהוָ֜ה Hy moet dan as boetedoening vir die Here bring
אַ֧יִל תָּמִ֣ים מִן־הַצֹּ֗אן ʼn volmaakte ram uit die kleinvee
בְּעֶרְכְּךָ֛ כֶּֽסֶף־שְׁקָלִ֥ים bereken in sikkel silwer
בְּשֶֽׁקֶל־הַקֹּ֖דֶשׁ volgens die sikkel van die heiligdom
לְאָשָֽׁם׃ as hersteloffer.

 

Dit is belangrik om daarop te let dat אָשָׁם hier twee betekenisse het. Die eerste voorkoms van אָשָׁם word soos in vers 5 hier bo met “boetedoening” vertaal en die tweede met “hersteloffer”. Eersgenoemde is nog ʼn voorbeeld van die sambreelbegrip en wat laasgenoemde betref, is dit die eerste keer dat אָשָׁם na die spesifieke offer verwys. Hoewel hierdie offer ʼn volmaakte ram is, is daar nog ʼn element in hierdie vers wat uniek aan die אָשָׁם is. Die ram se waarde moet bereken word in die “sikkel van die heiligdom”. Wat beteken dit? ʼn Mens sou kon aanvoer dat omdat vers 16 voorskryf dat 20% by die waarde van die ram gevoeg moet word, die ram in die eerste plek geldwaarde moet hê. Hoe anders kan die som gemaak word? In verse 16 en 18 vind ons weer die bekende refrein van die priester wat versoening bewerkstellig (כפר) en die persoon wat vergewe (סלח) word.

Verse 20–26 (BHS) gaan nog steeds oor מַעַל, maar nou gaan dit oor gevalle waar ʼn ander persoon ingeloop is. Hier word nêrens na בִּשְׁגָגָה verwys nie, dus het die persoon die oortreding opsetlik begaan. Hoekom word ʼn sonde teen ʼn ander persoon as מַעַל of heiligskennis verstaan? ʼn Eed is afgelê en omdat ʼn eed verbreek is, bly dit מַעַל.14

In hierdie geval moet dit wat wederregtelik van die mede-Israeliet geneem is, teruggegee word, plus ʼn 20%-toeslag en ʼn verdere אָשָׁם-offer. Weer eens lei hierdie proses tot versoening en vergifnis deur die priester in vers 26. Hier is egter nie sprake van belydenis nie. Volgens Milgrom se argument sou ʼn mens tog hier belydenis verwag het. Dit was dan ʼn opsetlike sonde!

Wat dus uitstaan in al drie gevalle in Levitikus 5, is dat hier nie bloot sprake is van ʼn bloedoffer wat tot versoening en vergifnis lei nie. Hier word ʼn meer omvattende proses verlang. In verse 1–13 begin die proses by belydenis wat dan gevolg word deur ʼn חַטָּאת-offer, of ʼn opsie vir die armes. In verse 14–16 is dit ʼn אָשָׁם-offer plus 20%; in verse 17–19 slegs die offer; maar dan moet in verse 20–26 die ding wat wederregtelik geneem is, teruggegee word plus 20%, plus ʼn אָשָׁם-offer. Al hierdie langer prosesse van versoening val onder die sambreelbegrip אָשָׁם. Belydenis is een van hierdie ekstra elemente wat in verse 1–13 bygevoeg word, soos die 20%-heffing in die ander twee perikope. Maar belydenis was in Levitikus 4 hoegenaamd nie ʼn voorvereiste vir versoening en vergifnis nie, waarskynlik omdat dit daar oor onbedoelde sondes gegaan het. In 5:14–16 gaan dit ook oor onbedoelde sondes, en hier word slegs ʼn ekstra 20% benodig. Dit kan ʼn mens verduidelik deur te noem dat dit hier oor onbedoelde מַעַל gaan en nie sommer enige sonde nie; vandaar die 20%. In verse 20–26 gaan dit weer oor מַעַל, maar nou is daar geen verwysing na “onbedoeld” nie. Waarom is die teruggee van dit wat geneem is en die 20%-aanslag genoeg, en word belydenis nie verlang nie? Milgrom se argument kan dit nie verduidelik nie. Tog is daar in al drie perikope ʼn ekstra element wat by die offer gevoeg word, naamlik belydenis, of die 20%, of die teruggee van dit wat geroof is plus 20%. Belydenis speel glad nie ʼn rol in die tweede en die derde perikoop waar die אָשָׁם-offer ter sprake is nie. Belydenis speel wel ʼn rol in die volgende teks.

 

3. Levitikus 16: Belydenis namens die gemeenskap

Levitikus 16 is een van die bekendste hoofstukke in Levitikus. Die 2020-vertaling praat van die “Dag van versoening” en die NBV van die “Grote Verzoendag”. Levitikus 16 gee nie self aan die dag ʼn naam nie, maar later, in Levitikus 23:27, vind ons wel ʼn verwysing na יֹום הַכִּפֻּרִים. Hundley (2011:159) verwys na “Clearing Day”. Dit is ʼn goeie vertaling, om redes wat hier onder duidelik gaan word, en dit word met “Opruimdag” vertaal. Levitikus 16 skryf die mees komplekse ritueel in Levitikus voor (met die uitsondering van hoofstuk 14). Tog word slegs twee offerterme gebruik, naamlik חַטָּאת en עֹלָה. Hierdie kombinasie is kenmerkend van verskeie reinigingsrituele in Levitikus 12, 14 en 15, maar ook in Numeri 6 en 8 (Nihan 2007:169–70).

Aäron moet namens homself en sy familie (m.a.w. die priesters) ʼn jong bul as ʼn חַטָּאת en ʼn skaapram as ʼn עֹלָה voorsien (v. 3). Vir die Israeliete is twee bokramme as חַטָּאת en een skaapram as עֹלָה nodig (v. 5). Oor die bokramme moet lootjies getrek word, sodat een vir die Here en een vir Asasel (v. 8) bestem word. Verse 11–14 beskryf hoe Aäron die jong bul moet slag en dan met die nodige fyngestampte geurige reukwerk agter die voorhangsel ingaan om daar die reukwerk op die kole in sy vuurpan te gooi. Die handeling maak ʼn rookwolk wat die versoendeksel visueel verberg. Die bloed van die bul moet ook sewe maal voor die versoendeksel gesprinkel word. Verse 15–17 skryf voor wat met die een חַטָּאת-bokram moet gebeur. Ook die bloed moet voor die versoendeksel gesprinkel word wat die volgende uitkoms tot gevolg sal hê (Sklar 2023:422):

Levitikus 16:16 (BHS) Levitikus 16:16 (2020)
16 וְכִפֶּ֣ר עַל־הַקֹּ֗דֶשׁ מִטֻּמְאֹת֙ בְּנֵ֣י יִשְׂרָאֵ֔ל וּמִפִּשְׁעֵיהֶ֖ם So doen hy versoening vir die heiligdom vanweë die onreinheid van die Israeliete en hulle oortredings,
לְכָל־חַטֹּאתָ֑ם ja, al hulle sondes.
וְכֵ֤ן יַעֲשֶׂה֙ לְאֹ֣הֶל מֹועֵ֔ד הַשֹּׁכֵ֣ן אִתָּ֔ם בְּתֹ֖וךְ טֻמְאֹתָֽם׃ Net so doen hy dit vir die Tent van Ontmoeting wat tussen hulle met hulle onreinheid opgeslaan is.

 

Heiligdom verwys volgens die meeste geleerdes hier na die allerheiligste deel van die tabernakel, of anders gestel, die deel agter die voorhangsel waar Aäron so pas was (Watts 2023:296). Wat beteken dit dat “versoening vir die heiligdom” gedoen word? Het die heiligdom iets verkeerd gedoen? Nee. Milgrom se argument waarna hier bo verwys is, help om wat hier gebeur het, te verduidelik. Die drie dinge wat hier genoem word, naamlik, onreinheid (טֻמְאָה), oortredings (פֶּשַׁע) en sondes (חַטָּאת) het ʼn negatiewe impak op die heiligdom en hierdie impak word uit die weg geruim. Dit gaan dus oor die idee dat כפר letterlik “reinig” of “opruim” beteken. Daarom is “Opruimdag” nie ʼn slegte vertaling nie. In dié opsig verwys Sklar (2023:432) na die dag as ʼn soort “huisskoonmaak” (“spring cleaning”) waar sonde en onreinheid uit God se “huis” verwyder word sodat hy verder daar kan woon. Daar is nie veel debat oor wat met טֻמְאָה bedoel word nie. Dit verwys heel waarskynlik na die liggaamlike onreinhede wat in Levitikus 11–15 ter sprake kom (Hundley 2011:164; Hieke 2014:583). Die ander twee terme is egter meer problematies.15

In Levitikus kom פֶּשַׁע slegs hier en in vers 21 voor. Dit is dus ʼn ongewone term. Watts (2023:319) wys daarop dat dit dikwels gebruik word om militêre rebellies in verhalende tekste te beskryf (bv. 1 Kon. 12:19; 2 Kon. 8:20). In profetiese tekste verwys dit na rebellies teen Jahwe (Jes. 1:2, Es. 2:3 ens.). Die selfstandige naamwoord verskyn ook dikwels in ander lyste van oortredings in die Pentateug, byvoorbeeld in Eksodus 34:7 en Numeri 14:18. Laasgenoemde twee tekste is telkens deel van ʼn Goddelike selfopenbaring ná ʼn opstand deur Israel, soos die Goue Kalf-verhaal in Eksodus 34 of die opstand in Numeri 14 ná die negatiewe terugvoer van die verkenners. Clines (2007:793) vertaal dit met “sin, transgression” en Gesenius e.a. (2013:1087) met “Vergehen, Verbrechen, Frevel, Sünde”. Uiteindelik kom Watts (2023:319) tot hierdie gevolgtrekking: “By using this word, either an independent P chose to echo Israel’s prophetic and legal traditions or the P redactor of the Pentateuch chose to tie the Day of Mitigations to YHWH’s self-revelation.”

Dit is insiggewend dat die teks hier met ander woorde na wyer tradisies uit die Ou Testament verwys. Watts (2023:319) dink dat “transgression” die beste vertaling is wat hier met “oortreding” weergegee word. Ook חַטָּאת lei tot heelwat debat. Gane (2005:292–293) verstaan dit breedweg as “a broad term denoting a deed that violates an existing relationship/partnership”. Maar vir Gane verwys die term in rituele tekste van die Pentateug spesifiek na “expiable nondefiant sins” (“versoenbare nie-uittartende sondes”) soos die soort oortredings wat in die bespreking van Levitikus 4 vermeld is. In vers 16 is die probleem die manier waarop na sonde verwys word in die frase לְכָל־חַטֹּאתָ֑ם. Watts (2023:320) verstaan die frase as apposisie. ʼn Apposisionele verhouding verwys, volgens Van der Merwe, Naudé en Kroeze (2017:262) na twee elemente wat dieselfde referent het. Dit beteken dat die verwysing na חַטָּאת ʼn samevatting is van die kombinasie van טֻמְאָה en פֶּשַׁע (Watts 2023:320). Verskeie geleerdes is ongemaklik met hierdie uitdrukking, omdat dit veronderstel dat onreinheid ʼn soort sonde is, ʼn idee wat deur die meeste geleerdes verwerp word. Gane (2005:289) vertaal dit byvoorbeeld met “as well as all their חַטָּאת”, wat glad nie soos apposisie klink nie (ook Nihan 2007:189). Watts (2023:319–20) dink dat geleerdes se probleme om begrippe spesifiek te definieer te doen het met die valse verwagting dat die Priesterlike skrywers altyd ʼn konsekwente en rasionele rituele sisteem beskryf. Vir Watts is dit nie so nie, maar gaan dit eerder oor ʼn “rhetoric of sin and mitigation” wat oor 16 hoofstukke na ʼn klimaks opbou. Hy verwys na Hieke wat ʼn oplossing bied deur eenvoudig חַטָּאת hier effens wyer te definieer. Hieke (2014b:584) verstaan sonde “in einem sehr weiten Sinns als all das zu verstehen, das den Menschen von God trennt” en daarmee sluit Hieke onreinheid en oortredings in. חַטָּאת het dus ʼn meer oorkoepelende betekenis hier as in Levitikus 4 en 5 en gaan oor alles wat vir die heiligdom ʼn bedreiging inhou. Dit stem ooreen met Watts se argument dat die skrywers nie altyd konsekwent was in hulle gebruik van belangrike terme nie. Hier in Levitikus 16:16 sluit חַטָּאת liggaamlike onreinhede in, wat tot dusver nie die geval in Levitikus was nie. Wat vers 16 wel probeer duidelik maak, is dat alles wat tussen God en die mens staan, opgeruim word, maar dit is nog nie die einde van hierdie dag nie.

Verse 18 en 19 beskryf hoe Aäron die bloed aan die buitenste altaar moet aanwend om ook vir die altaar versoening (כפר) te bewerkstellig. Bloed moet sewe maal op die altaar gesprinkel word om so die altaar te “reinig en heilig, vanweë die onreinheid van die Israeliete” (2020-vertaling). Dit is belangrik om te verstaan dat vers 16 by die allerheiligste begin het, dan na die tent van ontmoeting verskuif en nou by die buitenste altaar eindig. Opruiming begin dus by die allerheiligste deel en beweeg verder na minder heilige plekke, of ruimtelik gesproke, van binne na buite. Tot dusver het twee van die diere hulle rolle vervul, naamlik die jong bul as חַטָּאת en die bokram as חַטָּאת. Die taal van versoening (כפר) was prominent tot hier, maar word nie verder met betrekking tot die ander bok gebruik nie. Die aandag verskuif nou na die bokram vir Asasel (Sklar 2023:423):

Levitikus 16:21 (BHS) Levitikus 16:21 (2020)
21 וְסָמַ֨ךְ אַהֲרֹ֜ן אֶת־שְׁתֵּ֣י יָדָ֗ו עַ֨ל רֹ֣אשׁ הַשָּׂעִיר֮ הַחַי֒ Aäron moet sy twee hande op die kop van die lewendige bok lê,
וְהִתְוַדָּ֣ה עָלָ֗יו אֶת־כָּל־עֲוֹנֹת֙ בְּנֵ֣י יִשְׂרָאֵ֔ל וְאֶת־כָּל־פִּשְׁעֵיהֶ֖ם en dan oor die bok belydenis doen van al die skuld van die Israeliete, en al hulle oortredings,
לְכָל־חַטֹּאתָ֑ם ja, al hulle sondes.
וְנָתַ֤ן אֹתָם֙ עַל־רֹ֣אשׁ הַשָּׂעִ֔יר Hy moet die sondes so op die kop van die bok lê
וְשִׁלַּ֛ח בְּיַד־אִ֥ישׁ עִתִּ֖י הַמִּדְבָּֽרָה׃ en hom dan, deur ʼn man wat vooraf aangewys is, die woestyn in stuur.

 

Soos in Levitikus 5:6 het ons weer te doen met belydenis (hitpael ידה), maar die teks is verder baie anders as 5:6. Eerstens moet Aäron beide sy hande op die bok se kop lê vóór hy bely. Tweedens word hier drie spesifieke dinge genoem wat bely word, naamlik skuld (עָוֹן), oortredings (פֶּשַׁע) en sondes (חַטָּאת). In Levitikus 5:6 is dit wat bely moet word, deur ʼn אֲשֶׁר-sin omskryf, maar hier word עָוֹן en פֶּשַׁע met ʼn voorwerpmerker aangedui en חַטָּאת met die voorsetsel לְ. Verder herinner hierdie vers ook aan vers 16. Twee terme is dieselfde as in vers 16, maar טֻמְאָה word nou met עָוֹן vervang.

Oor die hande-oplê-handeling is daar nie veel debat onder kommentators nie. Volgens Watts (2023:327) word die handeling met twee hande algemeen beskryf as ʼn handeling wat skuld oordra (ook Milgrom 1991:1041–3 en Hieke 2014b:587). In Numeri 27:18 en 23 word die gesag van Moses na ʼn opvolger (Josua) oorgedra deur hierdie oplegging van twee hande. Die teks deel ons nie mee wat die presiese woorde is nie, maar עָוֹן, פֶּשַׁע en חַטָּאת word bely. Daar is reeds op die betekenis van twee van die terme ingegaan. Ons het ook reeds te doen gehad met die kombinasie van עָוֹן en נשׂא in Levitikus 5:1. Daar het die uitdrukking die skuldige toestand aangetoon van die persoon wat oortree het deur middel van ʼn duidelike metafoor wat sinspeel op sonde as iets wat ʼn swaar las is. Vir Lam (2016:49-50) verteenwoordig die metafoor “a very explicit enactment of the metaphor of sin is a burden”. Die עָוֹן, פֶּשַׁע en חַטָּאת word oorgedra van die volk na die bok deur die kombinasie van handoplegging en belydenis. Dus, as die metaforiese idee van opruiming agter die idee van כפר is en verduidelik wat in vers 16 gebeur waar die werkwoord כפר die hoofwerkwoord is, gaan dit hier oor ʼn ander metaforiese greep op vergifnis, naamlik die oorlaai van skuld of sonde van een draer, die volk, na ʼn ander (weg)draer, die bok. Daar is nie sprake van כפר in verse 21 en 22 nie, maar sonde word oorgedra van die volk as skuldige party na die bok wat die sonde gaan verwyder deur dit weg te dra.

Waarom word טֻמְאָה in vers 16 nou met עָוֹן vervang? Hundley (2011:166–7) dink dat die teks die indruk gee dat die onreinhede reeds in vers 16 afgehandel is. Onreinhede is immers meestal die gevolg van liggaamlike prosesse, terwyl sonde boos van aard is. Laasgenoemde is gewigtiger oortredings wat deur die bok-vir-Asasel-belydenis verwyder word. Hundley (2011:166) spreek verder die vermoede uit dat die woord עָוֹן dalk aanvanklik alleen voorgekom het in vers 21, sonder die ander twee woorde, soos dit ook alleen voorkom in vers 22 (ook Nihan 2007:361). Dalk is פֶּשַׁע en חַטָּאת bygevoeg om vers 21 meer soos vers 16 te laat klink. Maar soos met vers 16 hier bo, moet ons weer eens toegee dat priesterlike taal nie altyd so presies is soos ons dit sou wou hê nie.

Die opruimdag word só afgehandel: Aäron moet homself was en nuwe klere aantrek (v. 23), en eers dan word die עֹלָה vir hom en een vir die volk geoffer saam met die vet van die vorige חַטָּאת (vv. 24–5). Die כפר-taal keer hier weer terug. Die persoon wat die bok die woestyn in geneem het, moet ook sy liggaam en klere was (v. 26). Die karkasse van die bul-חַטָּאת en bok-חַטָּאת moet verder buite die kamp verbrand word en die persoon wat dit doen, moet ook sy liggaam en klere was (vv. 27–8).

Maar om hierdie dag se rituele saam te vat: Die bul-חַטָּאת en die bok-חַטָּאת lei tot die opruim van alles wat ʼn bedreiging vir die heiligdom inhou. En dan is daar die עָוֹן van die volk wat bely en weggedra word deur die bok vir Asasel. Belydenis speel in die tweede beweging ʼn belangrike rol en bewerkstellig die oordrag van עָוֹן vanaf die volk na die bok. Hier is daar dus nie ʼn verband tussen כפר en belydenis soos wat daar in 5:5–6 was nie. Belydenis maak op ʼn ander manier die wegneem van sonde moontlik. Die werkwoord אשׁם kom ook nooit hier voor nie, en van die אָשָׁם-offer is daar nie sprake nie.

 

4. Levitikus 26: Anderkant die katastrofe van ballingskap

Levitikus 17–26 staan algemeen bekend as die Heiligheidswetgewing. Die naam gaan terug na Klostermann (1877:416) en verwys na die oproepe tot heiligheid wat herhaaldelik voorkom (19:2; 20:7, 26; 21:6, 7 en 8). Waar Levitikus 1–16 veral fokus op die werking van die offerkultus, sluit die Heiligheidswetgewing ook etiese sake in, soos seksuele etiek in hoofstukke 18 en 20.16

Die werkwoord כפר wat baie in Levitikus 1–16 voorkom,17 kom slegs vier keer in H voor,18 en van vergifnis (סלח) is daar net een keer sprake (19:22). Nie een van hierdie terme kom in hoofstuk 26 voor nie.

Levitikus 26 word algemeen verstaan as die oorspronklike afsluiting van die Heiligheidswetgewing, met hoofstuk 27 wat later bygevoeg is (Hieke 2014b:1106). Levitikus 26 word dikwels met Deuteronomium 28 vergelyk, maar waar Deuteronomium 28 op ʼn negatiewe noot eindig, eindig Levitikus 26 meer positief, en dit is juis in hierdie positiewer teks waar ons weer van skuldbelydenis hoor.19

Hoofstuk 26 kan in die volgende dele onderverdeel word, losweg gebaseer op Hieke (2014b:1055–6):

Verse 1–2 kultiese gebooie
Verse 3–13 beloftes van seëninge
Verse 14–39 dreigemente van vloeke
Verse 40–45 herinnering aan die verbond: ʼn ommekeer
Vers 46 Afsluiting

 

Verse 1–2 herinner aan die 10 gebooie, met ʼn verbod op afgode en gesnede beelde (v. 1) en ʼn oproep om die Sabbat en die heiligdom te eerbiedig. Die grootste deel van die hoofstuk bestaan egter uit beloftes en dreigemente. Verse 3–13 belowe dat as die aangesprokenes God se bepalings en voorwaardes nakom, God hulle sal seën. Die verse skets ʼn voorspoedige beeld, met ʼn volk wat meer as genoeg kos het, in vrede lewe en waar God tussen sy mense woon (vv. 11–12). Verse 14–39 skets ʼn donker beeld waar ongehoorsaamheid tot katastrofe lei. Voorspoed verander in oorlog en hongersnood, en teen verse 37–39 vergaan die aangesprokenes in die land van hulle vyande. Wat hier beskryf word, is natuurlik ʼn duidelike verwysing na die ervaring van ballingskap. Vers 39 skets ʼn donker prentjie (Sklar 2023:720).

Levitikus 26:39 (BHS) Levitikus 26:39 (2020 aangepas)
39 וְהַנִּשְׁאָרִ֣ים בָּכֶ֗ם Dié van julle wat daarna nog oor is,
יִמַּ֨קּוּ֙ sal wegkwyn
בַּֽעֲוֹנָ֔ם בְּאַרְצֹ֖ת אֹיְבֵיכֶ֑ם onder julle sondeskuld in die lande van julle vyande
וְאַ֛ף בַּעֲוֹנֹ֥ת אֲבֹתָ֖ם אִתָּ֥ם ook sal hulle onder die sondeskuld van hulle voorvaders

 

Sklar se uitleg maak die chiastiese struktuur van die vers duidelik met die herhaling van wegkwyn. Die term עָוֹן neem ons ook terug na Aäron se belydenis in 16:21 en die bok van 16:22 wat juis die עָוֹן van die volk wegdra. Dit is die eerste keer dat hierdie woord in hoofstuk 26 gebruik word en dit word ingespan om ʼn baie negatiewe beeld van ballingskap te skep.20

Hierdie vers herinner aan Sklar se verstaan van die werkwoord אשׁם (wat natuurlik nie hier voorkom nie): om onder die gevolge van skuld te ly. Maar dit bring ons by vers 40. Wanneer die volk in die land van hulle vyande is, dan vind verandering juis daar plaas, wat uiteindelik weer nuwe moontlikhede oopmaak (Sklar 2023:721):

Levitikus 26:40 (BHS) Levitikus 26:40 (2020 aangepas)
40 וְהִתְוַדּ֤וּ אֶת־עֲוֹנָם֙ וְאֶת־עֲוֹ֣ן אֲבֹתָ֔ם Maar as hulle hulle sondeskuld en dié van hulle voorouers bely,
בְּמַעֲלָ֖ם in hulle ontrou
אֲשֶׁ֣ר מָֽעֲלוּ־בִ֑י wat hulle teen My begaan het
וְאַ֕ף אֲשֶׁר־הָֽלְכ֥וּ עִמִּ֖י בְּקֶֽרִי׃ deur My selfs teen te gaan ...

 

Daar is veral drie begrippe wat hier uitstaan. Die vorige vers het ons reeds aan עָוֹן herinner, maar nou kom belydenis (hitpael ידה) ook by, wat ons weer eens terug neem na Levitikus 16:21 en 22 waar Aäron onder andere die עָוֹן van die volk bely (hitpael ידה) en die bok uiteindelik die עָוֹן wegdra. Dit laat ʼn mens ook wonder oor die verwagte doeltreffendheid van die opruimdag in Levitikus 16. As die bok jaarliks al die עָוֹן wegdra, dan behoort daar eintlik nie iets oor te wees om te bely nie. ʼn Mens kan aanvaar dat die priesterlike skrywers deeglik van hierdie spanning bewus was, en die spanning getuig van ʼn getemperde verwagting oor die doeltreffendheid van die offerkultus en die bloedrituele.

Levitikus 26:40 herinner ons ook aan Levitikus 5:5 waar die betrokke persoon moet bely wat hy gesondig het. Maar twee verdere woorde neem ons nogmaals terug na Levitikus 5, naamlik die selfstandige naamwoord מַעַל en die werkwoord מעל. Beide hierdie woorde kom voor in die tweede en derde perikoop van Levitikus 5, daar waar nie van belydenis sprake is nie. Van watter heiligskennis word hier gepraat? En wat gaan grammatikaal met die voorsetsel בְ in בְּמַעֲלָ֖ם aan? Hartley (1992:453) vertaal dit met “the iniquity of their fathers by their treacherous deeds which ...” Hoewel Hartley nie hierop kommentaar lewer nie, laat blyk sy gebruik van die voorsetsel by dat hy die בְ as ʼn “beth instrumenti” verstaan (Van der Merwe e.a. 2017:340–1).21

Hulle het m.a.w. עָוֹן op hulself gelaai deur מַעַל te pleeg. Ons het reeds in die bespreking van Levitikus 5 gesien dat een van die hoofoorsake van מַעַל meineed is, of anders gestel, dat ʼn mens God se naam misbruik vir die aflê van ʼn valse eed. Hieke (2014b:1093) argumenteer dat die teks moontlik kan sinspeel op die beloftes wat Israel aan God gemaak het in tekste soos Eksodus 19:8 en 24:3 en 7 om alles te doen wat JHWH beveel het. Toe hulle uiteindelik die beloftes breek, het hulle meineed en dus מַעַל gepleeg.

Vers 41 praat verder van die aangesprokenes wat in die land van hulle vyande hulle “onbesnede harte” gaan verootmoedig (nif כנע). En dan kom daar in vers 42 ʼn duidelike wending met JHWH wat belowe dat Hy sy verbond met Abraham, Isaak en Jakob sal onthou en so ook die land. Hoewel die werkwoord סלח nooit hier gebruik word nie, is hier beslis sprake van ʼn wending. Verder vertel vers 43 van die land wat braak lê en die Sabbatte geniet wat die land ontneem is voor die mense weggevoer is. Verse 44 en 45 beklemtoon ook dat God nie die verbond gaan verbreek nie, maar dat hy dit gaan eerbiedig. Vergifnis word dus nie uitgespel nie, maar wel veronderstel. Dit is merkwaardig dat in ʼn boek wat deur bloedoffers en versoening gekenmerk word, hier sprake kan wees van vergifnis sonder ʼn offerstelsel, sonder bloed wat vloei, en bloot as gevolg van belydenis. Soos Balentine dit stel: “It is most instructive that in the midst of a Priestly text so focused on the importance of sacrifice as a means of expiating sin, there is here no requirement of sacrifice at all” (2002:202).

ʼn Mens sou kon argumenteer dat daar in die Heiligheidswetgewing eintlik nie meer belangstelling in offers is nie, maar eerder in etiese aspekte. So ʼn argument oortuig egter nie. In hoofstukke 17, 19 en 23 is daar verskeie verwysings na bloed en offers en word die rol van offers en die kultus opnuut onderstreep. Levitikus 26:2 roep die gehoor op om die heiligdom te vrees, wat natuurlik die hele offerstelsel veronderstel. Levitikus 16:33 som die doel van die opruimdag op as synde om versoening vir die heiligdom te bewerkstellig (כפר), die einste heiligdom wat in Levitikus 26 gevrees moet word.

Boda (2009:84) probeer ook om ander verbande te lê tussen hoofstuk 26 en die eerste helfte van Levitikus. Soos hier bo reeds vermeld, wys hy op die werkwoord ידה wat in beide hoofstuk 16 en hoofstuk 26 voorkom. Hy voeg ook by dat Levitikus 26:42 sowel as Levitikus 16 van “verootmoedig” (nif כנע) praat. Die probleem is egter dat Levitikus 16:31 ‘n heeltemal ander werkwoord gebruik, naamlik ענה (piël). Die twee werkwoorde druk beide verootmoediging uit, maar in Levitikus 16 is dit maar ʼn terloopse gedagte aan die einde van die hoofstuk wat beklemtoon dat die dag ʼn שַׁבַּת שַׁבָּתֹון (buitengewone Sabbat) is. Die gedagte is moontlik geïnspireer deur Levitikus 23, waar dieselfde werkwoord (ענה) in verse 27, 29 en 32 voorkom, ook met betrekking tot die groot opruimdag.22

In Levitikus 16 is verootmoediging nie iets wat in die versoeningsrituele self beklemtoon word nie. Verder het Boda (2009:84) ook ʼn argument rondom die werkwoord רצה wat ons in vers 43 kry. Sklar (2023:720) se indeling van die teks is weer eens nuttig.

Levitikus 26:43 (BHS) Levitikus 26:43 (2020 aangepas)
43 וְהָאָרֶץ֩ Maar die land
תֵּעָזֵ֨ב מֵהֶ֜ם moet eers van hulle verlate wees
וְתִ֣רֶץ אֶת־שַׁבְּתֹתֶ֗יהָ בָּהְשַׁמָּה֙ sodat dit vir die Sabbatte vergoed kan word terwyl dit verlate is
מֵהֶ֔ם van hulle.
וְהֵ֖ם En hulle
יִרְצ֣וּ אֶת־עֲוֹנָ֑ם sal boet vir hulle sondeskuld
יַ֣עַן וּבְיַ֔עַן בְּמִשְׁפָּטַ֣י omdat my beslissings
מָאָ֔סוּ hulle verwerp het
וְאֶת־חֻקֹּתַ֖י en my voorskrifte
גָּעֲלָ֥ה נַפְשָֽׁם׃ hulle siele verag het.

 

Die werkwoord kom twee maal in die vers voor. Eers is die land dit wat “vergoed word” vir die Sabbatte wat dit nie gehad het nie, en dan gaan “hulle” ook “boet” vir hulle sondeskuld. In beide gevalle is die werkwoord in die qal, dus is dit ʼn ope vraag waarom die eerste geval met die lydende vorm vertaal word. Hoewel die meeste woordeboeke twee betekenisse vir die werkwoord voorstel, lees Boda alles as een betekenis in die sin van “om te boet”. Hy verwoord sy argument as volg (2009:84):

A clue to understanding this passage is found in the way the punishment of exile is described. The precise character of the “payment” that is key to the restoration is articulated in 26:43 (cf. 26:34), where it refers to the period of the Exile when the land would lie fallow. That this is described using the root רצה, a root used consistently throughout the Priestly corpus for acceptable sacrifice, suggests that the Exile itself is functioning in the role of sacrifice, creating a close conceptual link between punishment and sacrifice.

Boda ignoreer eintlik die eerste betekenis waar land die onderwerp is en fokus op die tweede een. Omdat רצה soms in Levitikus gebruik word om aan te dui dat ʼn offer aanneemlik is, voer hy aan dat dit hier beteken dat die ballingskap, waarna die vers duidelik verwys, as ʼn soort offer dien wat vir die Israeliete se sondeskuld boet. Dit is so dat רצה gewoonlik verstaan word as ʼn woord met twee betekenisse. Die nuutste Duitse woordeboek vir Hebreeus, Gesenius e.a. (2013), vertaal die voorbeelde uit Levitikus van רצה I wat altyd in die nifal is as “Wohlgefallen finden, gnädig angenommem werden”.23

Clines (2010:540–541) vertaal hierdie gevalle met “be regarded as pleasing, be accepted as satisfactory”. Dit is duidelik hoe hierdie betekenis van toepassing kan wees op ʼn offer wat JHWH bevredig. Aan die ander kant is daar רצה II wat deur Gesenius e.a. (2013:1264) op twee maniere vertaal word. Die eerste geval van die werkwoord in Levitikus 26:43 waar land die onderwerp is, word met “ersetzt, erstattet bekommen” vertaal en die tweede geval waar hulle die onderwerp is, met “bezahlen”. Dit is redelik in ooreenstemming met hoe die 2020-vertaling dit gedoen het. Clines (2010:541), daarenteen, dink dat die twee voorbeelde in 26:43 רצה I óf רצה II kan wees. As die eerste voorbeeld ʼn geval van רצה I is, vertaal hy dit met “enjoy, take pleasure (in), delight (in)” wat ook kan sin maak met die geval waar land die onderwerp is. Wanneer hulle die onderwerp is, dink hy dis dalk eerder ʼn geval van רצה II en vertaal hy dit met “pay for, make amends for, make (vicarious) atonement for one’s own sin”. Maar in beide gevalle gee Clines toe dat die werkwoord dalk die ander betekenis kan hê. Clines is dus ietwat meer onseker as Gesenius e.a. En Clines se onsekerheid maak Boda se argument effens meer oortuigend. Vir Boda betaal die ballinge dus vir hulle sondes soos wat ʼn offer moontlik vir sondes in gedeeltes van Levitikus betaal. Hierdie argument ondersteun natuurlik Sklar se verstaan van כפר as die betaling van ʼn soort losprys, maar כפר kom glad nie in Levitikus 26 voor nie, dus is hierdie argument ietwat spekulatief. Hoe dit ook al sy, Levitikus 26 is teologies tog verwyder van Levitikus 1–16. Ons het wel belydenis en ander woorde wat aan die vorige tekste herinner. Vergifnis word veronderstel, maar daar is nie sprake van bloedoffers nie. Dit behoort natuurlik sin te maak, want Levitikus 26 skets juis die prentjie van Israel wat hulle in die land van hulle vyande bevind. Daar is nie ʼn heiligdom of ʼn altaar nie. Bloedoffers is eenvoudig nie moontlik nie. Hoewel hierdie denke dus glad nie pas by ʼn priesterlike verstaan van versoening nie, is ʼn tradisionele priesterlike verstaan van versoening nie moontlik sonder ʼn heiligdom nie.

 

5. Gevolgtrekking

Is daar ʼn verband tussen belydenis en vergifnis in Levitikus? Soms, en soms nie. Maar op grond waarvan word mense vergewe en waarom is belydenis in sekere gevalle nodig? In ʼn poging om hierdie twee vrae te beantwoord, het hierdie artikel ʼn sinkroniese oorsig gebied oor die tekste waar belydenis voorkom. Al drie hoofstukke (Lev. 5, 16 en 26) het basies een gemeenskaplik gedagte, naamlik belydenis en vergifnis, hoewel laasgenoemde op verskillende manier uitgedruk word.

In Levitikus 5:5 is belydenis ʼn ekstra element wat bykom onder die sambreelterm אָשָׁם. Belydenis funksioneer saam met ʼn חַטָּאת-offer wat uiteindelik tot כפר lei, met vergifnis wat veronderstel word (of in die res van perikoop uitgespel word). Die oortredings behels ʼn getuie wat nie getuig nie, onreinheidsoortredings en ʼn oorhaastige eed. Maar hoekom word mense hier vergewe? Op grond van ʼn verbinding van die כפר-werking van die חַטָּאת en hulle belydenis. Hier kan nog tot ʼn mate met Milgrom saamgestem word, en die idee dat belydenis die sonde versag van bedoeld na onbedoeld. Milgrom se antwoord werk ongelukkig nie vir die res van Levitikus 5 nie. Daar kom wel ekstra elemente by, soos die 20% of die teruggee van die gesteelde voorwerp, plus 20%, maar daar is nie sprake van belydenis nie en Milgrom kan dit nie verklaar nie. Wat wel duidelik is, is dat die werking van die offer nie, soos in Levitikus 4, genoeg is nie. Daar kom altyd iets ekstra by, en belydenis is slegs een moontlike ekstra.

In Levitikus 16:21 bely Aäron die עָוֹן en die חַטָּאת en פֶּשַׁע oor die bok vir Asasel namens Israel. Die bok dra dan hierdie goed weg, maar die כפר-taal is afwesig vir hierdie handeling. Vergifnis word juis op ʼn metaforiese manier uitgebeeld en die woord kom ook nie voor nie. Anders gestel: Die binnewerke van die proses van vergifnis is anders. Hoekom is belydenis hier nodig? Om die oortreding oor te dra na die bok, sodat alles dan weggedra kan word. Dit is dus ʼn ander verstaan van belydenis wat hier ter sprake is.

Dit bring ons by Levitikus 26, wat ʼn konteks veronderstel waar daar geen heiligdom meer is nie en natuurlik ook nie die moontlikheid van bloedoffers nie. Belydenis lei wel tot ʼn wending, met JHWH wat sy verbond onthou. Daar is verder ʼn duidelike spanning tussen hierdie teks en Levitikus 16. As die bok vir Asasel sy werk gedoen het en al die עָוֹן weggedra het, waar kom hierdie עָוֹן dan nou vandaan? Hierdie spanning sê moontlik dat die priesterlike outeurs goed verstaan het dat hulle rituele nie die toekoms kon verseker nie. Maar op grond waarvan word die mense dan vergewe? Op grond van JHWH se verbond met die voorvaders! Hulle belydenis, en as Boda reg is, hulle lyding, maak dat JHWH sy verbond onthou. Dit lei tot nuwe moontlikhede.

Ons het dus met drie uiteenlopende sienings van belydenis en vergifnis te doen.

 

Bibliografie

Achenbach, R. 2003. Die Vollendung der Tora. Studien zur Redaktionsgeschichte des Numeribuches im Kontext von Hexateuch and Pentateuch. Wiesbaden: Harrassowitz.

Anderson, G.A. 2009. Sin: a history. New Haven: Yale University Press.

Balentine, S.E. 2002. Leviticus. Louisville: Westminster John Knox. (Interpretation)

Bibb, B.D. 2009. Ritual words and narrative worlds in the book of Leviticus. Londen: T&T Clark. (LHB/OTS 480)

Boda, M.J. 2009. A severe mercy: sin and its remedy in the Old Testament. Winona Lake: Eisenbrauns.

Clines, D.J.A. (red.). 1998. The dictionary of classical Hebrew, IV. Sheffield: Sheffield Phoenix Press.

—. 2001. The dictionary of classical Hebrew, V. Sheffield: Sheffield Phoenix Press.

—. 2007. The dictionary of classical Hebrew, VI. Sheffield: Sheffield Phoenix Press.

—. 2010. The dictionary of classical Hebrew, VII. Sheffield: Sheffield Phoenix Press.

Dozeman, T.B. 2017. The Pentateuch: Introducing the Torah. Minneapolis: Fortress Press.

Fabry, H.-J. en H.-W. Jüngling (reds.). 1999. Levitikus als Buch. Berlyn: Philo. (BBB 119)

Gane, R. 2005. Cult and character. Purification offerings, Day of Atonement, and theodicy. Winona Lake: Eisenbrauns.

Gerstenberger, E.S. 1993. Das 3. Buch Mose Leviticus. Göttingen: Vandenhoeck & Ruprecht.

Gesenius, W., H. Donner en R. Meyer. 2013. Hebräisches und Aramäisches Handwörterbuch über das Alte Testament. 18de uitgawe. Heidelberg: Springer.

Hartley, J.E. 1992. Leviticus. Dallas: Word Books.

Hieke, T. 2014a. Levitikus 1–15. Freiburg, Basel, Wenen: Herder. (HTK)

—. 2014b. Levitikus 16—27. Freiburg, Basel, Wenen: Herder. (HTK)

Hundley, M.B. 2011. Keeping heaven on earth. Tübingen: Mohr Siebeck. (FAT II/20)

Janowski, B. 1982. Sühne als Heilsgeschehen. Studien zur Sühnetheologie der Priesterschrift und zur Wurzel KPR im Alten Orient und im Alten Testament. Neukirchen-Vluyn: Neukirchener Verlag.

Kamionkowski, S.T. 2018. Wisdom commentary. Volume 3. Leviticus. Collegeville: Liturgical Press.

Klostermann, A. 1877. Beiträge zur Entstehungsgeschichte des Pentateuchs. Zeitschrift für die gesammte lutherische Theologie und Kirche, 38(3):401–45.

Lam, J. 2016. Patterns of sin in the Hebrew Bible: metaphor, culture, and the making of a religious concept. New York, NY: Oxford University Press.

Levine, B.A. 1989. Leviticus. New York: Jewish Publication Society.

—. 1993. Numbers 1–20: a new translation with introduction and commentary. New York: Doubleday.

Milgrom, J. 1971. Sin-offering or purification-offering? Vetus Testamentum, 21:237–239.

—. 1975. The Priestly doctrine of repentance. Revue Biblique, 82(2):186–205.

—. 1976, Cult and conscience: the asham and the Priestly doctrine of repentance. Leiden: Brill.

—. 1990. Numbers. במדבר. New York: Jewish Publication Society.

—. 1991. Leviticus 1–16. A new translation with introduction and commentary. New York: Doubleday. (The Anchor Bible 3)

—. 1996. Further on the expiatory sacrifices. Journal of Biblical Literature, 115:511–4.

—. 2000. Leviticus 17–22. A new translation with introduction and commentary. New York: Doubleday. (The Anchor Bible 3A)

Nihan, C. 2007. From Priestly Torah to Pentateuch: a study in the composition of the book of Leviticus. Tübingen: Mohr Siebeck. (FAT II/25)

Poorthuis, M.J.H.M. en J. Schwartz (reds.). 2000. Purity and holiness: the heritage of Leviticus. Leiden: Brill. (Jewish and Christian Perspectives 2.)

Rendtorff, R. 2004. Leviticus. Neukirchner-Vluyn: Neukirchener Verlag (BKAT 3).

Röhrig, M.J. 2021. Innerbiblische Auslegung und priesterliche Fortschreibungen in Lev. 8–10. Tübingen: Mohr Siebeck. (FAT II/128)

Sakenfeld, K.D. (red.). 2009. The New Interpreter’s Dictionary of the Bible. Volume 5. Nashville: Abingdon.

Schenker, A. 1997. Once again, the expiatory sacrifices. Journal of Biblical Literature, 116: 697–9.

—. 2000. Recht und Kult im Alten Testament: achtzehn Studien. Freiburg, Switserland: Universitätsverlag.

Schwartz, B.J. 2000. Israel’s holiness: the Torah traditions. In Poorthuis en Schwartz (reds.) 2000.

Sklar, J. 2005. Sin, impurity, sacrifice, atonement: the Priestly conceptions. Sheffield: Sheffield Phoenix Press.

—. 2014. Leviticus: an introduction and commentary. Downers Grove: IVP Academic. (Tyndale Old Testament Commentary)

—. 2023. Leviticus: the Lord’s holy people living out his holy character. Grand Rapids: Zondervan. (Zondervan Exegetical Commentary on the Old Testament)

Steymans, H.U. 1999. Verheiβung und Drohung: Lev. 26. In Fabry en Jüngling (reds.) 1999.

Van der Merwe, C.H.J., J.A. Naudé en J. Kroeze. 2017. A biblical Hebrew reference grammar. Tweede uitgawe. New York: Bloomsbury T&T Clark.

Watts, J.W. 2013. Leviticus 1–10. Leuven: Peeters. (HCOT)

—. 2023. Leviticus 11–20. Leuven: Peeters (HCOT)

Wenham, G.J. 1979. Leviticus. Grand Rapids: Eerdmans.

 

Eindnotas

1 Sien byvoorbeeld die werk van Achenbach (2003), of die oorsig in Dozeman (2017:433–4).

2 Sien Numeri 14:19, 20, 25, 26, 28; 15:25, 26, 28; 30:6, 9, en 13.

3 Milgrom (1971) was die eerste geleerde wat geargumenteer het dat חַטָּאת (die offer) vertaal moet word met reinigingsoffer (“purification offering”) in plaas van die tradisionele sondeoffer (“sin offering”). Verskeie ouer kommentare en ook meer onlangse kommentare volg hom reeds in dié verband. Wenham (1979:88–9) en Hartley (1992:55) is voorbeelde van ouer kommentare. Meer onlangs voorbeelde sluit Sklar (2013:111 en 2023:139) en Kamionkowski (2018:25) in. Hieke (2014:88–92) bied ʼn uitstekende oorsig oor hierdie debat. Dieselfde is min of meer waar van hersteloffer vir אָשָׁם. In 1976 het Milgrom ʼn boek gepubliseer waarin hy geargumenteer het vir “reparation offering”. Sien die oorsig in Hieke (2014:85–8).

4 Levine (1989:19) vertaal die term met “unwittingly” en Milgrom (1991:228–9) met “inadvertently”. Die meeste geleerdes voer aan dat iemand iets per ongeluk doen (sien Watts 2013:329, Hartley 1992:59, Sklar 2013:110 ens.).

5 In Sklar (2023) se nuutste kommentaar, waarin hy telkens die “structure and literary form” van elke hoofstuk aanbied, word hierdie prostasis/apodosis-struktuur duidelik uitgelig. Wat Levitikus 4–5 betref, sien Sklar (2023:132–8 en 155–8).

6 Volgens Watts (2013:331) verwys “die gesalfde priester” na die hoëpriester. Eersgenoemde uitdrukking is slegs in P te vinde. In Levitikus 21:10 word verwys na die הַכֹּהֵן הַגָּדֹול wat ook die beskrywing is wat in Konings, Haggai en Sagaria gebruik word.

7 Janowski (1982:256) vertaal met “schuld/haftpflichtig sein, werden”.

8 Milgrom (1991:231) vertaal dit met “to the detriment of the people”, wat meer ʼn objektiewe betekenis weergee.

9 Inderdaad; sien Sklar (2005:164–82) se sesde hoofstuk! ʼn Mens moet ook byvoeg dat Sklar (2005:184–5) nie die betekenis van “reiniging” in Levitikus 4 en 5 en ook 16 uitsluit nie. In sy verstaan kan beide betekenisse soms vermeng word, wat nie te ver is van my argument hierbo nie.

10 Sien eindnota 3.

11 סלח en כפר kom as kombinasie in verse 10, 13, 16, 18 en 26 voor. In vers 6 kom כפר alleen voor.

12 Anderson (2009:15–26) bied ʼn deeglike oorsig aan oor die gebruik van hierdie metafoor in die Ou Testament. Lam (2016:16–87) betree ook hierdie debat met ʼn nog omvangryker bespreking.

13 Schenker (2000:109) som dit goed op: “Der Ritus ist der des חַטָּאת Opfers, der Zweck der des אָשָׁם.” (skuinsgedruk in oorspronklike).

14 Sien 6:3 in Afrikaans of 5:22 in die Masoretiese teks. Sien besprekings in Milgrom (1991:347–8), Hartley (1992:83) en Watts (2013:372).

15 Daar is ook diakroniese argumente dat die twee terme eintlik hier by onreinheid gevoeg is en nie oorspronklik deel was van die verse nie. Sien Nihan (2007:361).

16 Sien bespreking in Schwartz (2000:47–59), of Bibb (2009:152).

17 Levitikus 1:4; 4:20, 26, 31, 35; 5:6, 10, 13, 16, 18, 26; 6:23; 7:7; 8:15, 34; 9:7 (x2); 10:17; 12:7, 8; 14:19, 19, 20, 21, 29, 31, 53; 15:15, 30; 16:6, 10, 11, 16, 17 (x2), 18, 20, 24, 27, 30, 33 (x3) en 34.

18 Levitikus 17:11 (x2), 19:22 en 23:28. Laasgenoemde geval is ʼn verwysing na die opruimdag, en die gevalle in Levitikus 17 verwys na die funksionering van bloed in die kultus, en in hoofstuk 19 vind ons ʼn verwysing na die אָשָׁם-offer.

19 Sien veral die bydrae van Steymans (1999:273‒4). Hy wys daarop dat waar daar in Deuteronomium 28 sprake is van seëninge en vloeke, Levitikus 26 eintlik meer oor beloftes en bedreigings gaan.

20 Dit is interessant dat die woord tussen Levitikus 16 en 26 wel ʼn paar keer in die Heiligheidswetgewing voorkom, naamlik: 17:16; 18:25; 19:8; 20:17, 19 en 22:16. Op een uitsondering na word die woord altyd saam met die werkwoord נשׂא gebruik om die toestand van skuld uit te druk. Die uitsondering is 18:25, awat daartoe lei dat die land die inwoners uitspoeg.

21 Sien Van der Merwe e.a. (2017:341) se bespreking van die beth cause wat nou verwant is aan die beth instrumenti. Indien ʼn mens die voorsetsel as ʼn beth cause sou verstaan, sou ʼn mens dit kon vertaal met “hulle het עָוֹן bekom, omdat hulle מַעַל gepleeg het.”

22 Vanuit ʼn diakroniese perspektief word verse algemeen verstaan as later tekste op dieselfde diakroniese vlak as H (sien Nihan 2007:327–49).

23 Levitikus 1:4; 7:18; 19:7; 22:23, 25 en 27.

 

 

LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHET) en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys van goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of approved journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel en kan kwalifiseer vir subsidie deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding.

The post Skuldbelydenis en vergifnis in Levitikus first appeared on LitNet.

The post Skuldbelydenis en vergifnis in Levitikus appeared first on LitNet.

Die grafiese roman en edusemiotiek in taalverwerwing: ’n onderhoud met Cornelia van der Berg

$
0
0

Illustrasie: CDD20 op Pixabay; foto van Cornelia van der Berg: verskaf

Cornelia van der Berg is die departementshoof vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal (EAT) by ’n privaat skool in Centurion en is tans besig met haar proefskrif oor die waarde van die grafiese roman in die EAT-klas.

Jannike Bergh gesels met Cornelia van der Berg oor haar LitNet Akademies-artikel, ’n Konseptuele lens op die gebruik van die grafiese roman in die Eerste Addisionele Taal-klas”, wat onlangs verskyn het.

Hallo Cornelia. Wat is edusemiotiek en hoe verskil dit van meer algemene/gevestigde geletterdheidsbenaderings? Word dit alreeds wyd in Suid-Afrikaanse klaskamers geïntegreer?

Edusemiotiek is ’n benadering tot onderwys wat opvoedkunde, leerteorie en semiotiek (die studie van tekens en simbole) kombineer. Dit fokus daarop om leerders te help verstaan hoe betekenis deur tekens – soos woorde, beelde, simbole en gebare – geskep en oorgedra word. In plaas daarvan dat onderwysers net feite of waardes aan leerders oordra, help edusemiotiek leerders om krities te dink oor wat hulle sien, hoor en lees, en om die dieper betekenisse daaragter te verstaan. Dit maak leerders bewus van die rol wat kulturele en sosiale invloede speel in dit wat as “reg” of “verkeerd” beskou word. Edusemiotiek leer jou nie net wat om te dink nie, maar hoe om oor betekenis te dink.

........
Edusemiotiek leer jou nie net wat om te dink nie, maar hoe om oor betekenis te dink.
........

Semiotiek is in elke skoolvak verweef, maar edusemiotiek en die rol van tekens in ons alledaagse lewens word nie formeel in die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) uiteengesit nie. Die kurrikulum fokus eerder op vakinhoud, vaardighede, assessering en kurrikulêre doelwitte per graad en vak. Elemente van edusemiotiek word wel indirek ingesluit in taalonderrig (bv poësie, visuele tekste) en ander skoolvakke waar daar op kritiese denke, die vertolking van simbole, tekste en beelde, morele en etiese denke en kultuurbewustheid gefokus word. Edusemiotiek kan dus beter benut word om dieper insig en betekenisvolle leer in alle skoolvakke te bevorder.

Die artikel kyk spesifiek na taalverwerwing. Kan jy ons meer vertel oor waarom grafiese romans ’n waardevolle hulpbron is vir die integrering van edusemiotiek in die klaskamer, en spesifiek vir die aanleer van addisionele tale?

 ’n Edusemiotiese benadering tot die onderrig van die grafiese roman kan ’n belangrike rol in taalverwerwing vir vreemdetaalsprekers speel. In grafiese romans word prente met teks gekombineer, wat dit vir leerders makliker maak om nuwe woorde en sinstrukture te verstaan. Die visuele elemente help om betekenis vas te lê en vereis ’n sekere mate van betrokkenheid van die leser. Edusemiotiek ontwikkel leerders se vermoë om simbole, ikone en indekse te vertolk, wat nodig is vir kommunikasie in ’n spesifieke omgewing. Deur hierdie benadering ontwikkel leerders ’n dieper begrip van hoe betekenis in ’n nuwe taal geskep en oorgedra word. Dit verbeter leerders se lees- en luistervaardighede, en bevorder kulturele insig terwyl dit meer betekenisvolle, prettige en effektiewe leer bevorder.

.........
In grafiese romans word prente met teks gekombineer, wat dit vir leerders makliker maak om nuwe woorde en sinstrukture te verstaan. ...  Dit verbeter leerders se lees- en luistervaardighede, en bevorder kulturele insig terwyl dit meer betekenisvolle, prettige en effektiewe leer bevorder.
.........

Hoe kan ander vakke ook by so ’n multigeletterdheidsbenadering baat?

Daar bestaan reeds heelwat navorsing oor die waarde van die grafiese roman in verskillende vakgebiede. ’n Edusemiotiese benadering verseker dat leerders nie slegs vakinhoud memoriseer nie, maar werklik verstaan hoe betekenis deur woorde, beelde, simbole en selfs gebare oorgedra word. Hierdie benadering maak leer meer omvattend, interaktief en betekenisvol. In taalvakke en drama leer leerders om nie net geskrewe teks te ontleed nie, maar ook visuele tekste, simboliek, metafore en toon, en om te verstaan hoe taal en beelde saamwerk om emosie en betekenis oor te dra. In wiskunde word simbole en diagramme as ’n vorm van taal beskou, en probleemoplossing vereis die vermoë om patrone en tekens raak te sien en te interpreteer. In die wetenskappe, waar grafieke, chemiese formules, diagramme en modelle as semiotiese tekens dien, help edusemiotiek leerders om hierdie visuele en simboliese elemente sinvol te ontsyfer. In aardrykskunde speel die begrip van simbole en skale ’n sleutelrol in kaartlees, terwyl leerders in geskiedenis leer om visuele bronne, artefakte en beelde te ontleed en te verstaan. Die kunste vereis dat simbole, kleur, komposisie en styl vertolk en insig ontwikkel word in hoe kunswerke kommunikeer en betekenis (sonder woorde) oordra. In die vak lewensoriëntering bevorder hierdie benadering die ontwikkeling van kritiese denke oor temas soos identiteit, kultuur en waardes, wat belangrik is vir die vorming van ingeligte en verantwoordelike besluitneming.

Kan grafiese romans in die multikulturele konteks van Suid-Afrika ’n bydrae lewer om kulturele verskille te oorbrug en begrip daarvoor te bevorder?

Grafiese romans is ’n kragtige hulpmiddel om kulturele verskille en ooreenkomste aan te spreek, omdat die kombinasie van teks en beeld betekenis op verskeie vlakke oordra. Deur visuele konteks, karakteruitbeelding en simboliek help hierdie romans leerders om empatie te ontwikkel en ander kulture beter te verstaan. Dit bevorder ook gesprekke oor identiteit, onderdrukte stemme en gemeenskaplike ervarings, wat veral nuttig is in klaskamers waar kulturele diversiteit voorkom.

Hoe kan grafiese romans en edusemiotiek leerders bemagtig om fopnuus van feite te onderskei?

Grafiese romans stel die leser in staat om ’n “gewillige medewerker” te word, aangesien die leser die ruimte tussen die panele self moet invul en sodoende die verhaal saam met die skrywer help skep. Die leser moet ook klanke en ander effekte wat nie visueel weergegee kan word nie, “verbeel” om betekenis uit die roman te haal. Hierdie samewerkende verhouding tussen skepper en leser bevorder kritiese denke en kreatiwiteit, aangesien die leser sy of haar eie intelligensie, verbeelding en emosie tydens die leesproses inspan.

........
Hierdie samewerkende verhouding tussen skepper en leser bevorder kritiese denke en kreatiwiteit, aangesien die leser sy of haar eie intelligensie, verbeelding en emosie tydens die leesproses inspan. Dit hou dus direk verband met die vaardighede wat deur mediageletterdheid ondersteun word.
........

Dit hou dus direk verband met die vaardighede wat deur mediageletterdheid ondersteun word. Die lees van grafiese romans bevorder ook ’n deelnemingskultuur, waarin die leser met probleemoplossing, die kombinasie van media-inhoud, die evaluering van bronne, die sintese van inligting, en die volg van transmediaverhale eksperimenteer. Hierdie prosesse stem ooreen met kernvaardighede soos sintesevorming, ontsyfering, interpretasie en transmedianavigasie, wat aktief ontwikkel word deur die lees of skep van strokiesverhale en grafiese romans.

Lees ook:

’n Konseptuele lens op die gebruik van die grafiese roman in die Eerste Addisionele Taal-klas

 

 

The post Die grafiese roman en edusemiotiek in taalverwerwing: ’n onderhoud met Cornelia van der Berg first appeared on LitNet.

The post Die grafiese roman en edusemiotiek in taalverwerwing: ’n onderhoud met Cornelia van der Berg appeared first on LitNet.

Graf

$
0
0

Foto: Canva

Graf

sy staan eenkant
onder ’n boom
die son bak warm
deur die takke

iewers is daar ’n hond wat blaf
blaf blaf teen haar kop vas

sy hoor die grawe skep en gooi
ruik die aarde klont vir klont

die ander het reeds omgedraai
sakdoekies gedemp teen die hitte
met blink skoene wat verspot hoog mik
oor die sand en klippe

sy kom los van die boom
gaan staan by sy graf

sien die grawe skep en gooi
ruik die aarde klont vir klont

iewers is daar ’n hond wat blaf
blaf blaf teen haar kop vas

sy streel vir oulaas oor sy hare
vat sag aan sy gesig
soen hom op sy lippe

laat los sy hand

terwyl die grawe skep en gooi

draai om en loop weg

iewers bly daar ’n hond blaf
blaf blaf teen haar kop vas

The post Graf first appeared on LitNet.

The post Graf appeared first on LitNet.

Ouderdom

$
0
0

Foto: Canva

Ouderdom

Broos soos ’n blaar lê sy daar
Tussen pypies wat lewe gee.
My hart gee mee
En ek wens dat sy eerder moet sterf.
Dementia is ’n dier
Wat vreet aan jou weet
Totdat jy alles vergeet.

The post Ouderdom first appeared on LitNet.

The post Ouderdom appeared first on LitNet.

Behoort

$
0
0

Foto: Canva

Behoort

Ek bid vir jou ’n hond wat jou hand sal lek
wanneer jy eensaam voel en ongeliefd

die hond sal sy stert swaai uit blydskap vir jou bekende
by jou voete sal hy sit om na jou te kyk
oor jy syne is sonder voorbehoud

ek bid vir jou ’n hond wat jou hand sal lek
wanneer jy eensaam voel en ongeliefd
want dan sal jy glimlag en weet
jy behoort

The post Behoort first appeared on LitNet.

The post Behoort appeared first on LitNet.


Vlugteling

$
0
0

Foto: Canva

Vlugteling

#Vrouens met gebalde vuiste
Niemand sien die vrouens nie
Hulle stap die strate met gebalde vuiste

Hulle kinders weet hulle loop so
Hulle kinders vra: Bring ons ma’s, ons oumas terug
Want ons het hulle vuiste nodig

#Ons is almal kwaad 
Jy sien dit in ons vuiste wat fok fok fok 
die hele tyd sê

#In die straat praat niemand nie
Jy kan in die straat praat oor ramaphosa of trump of die councillor of die
vreemdelinge

Jy wil
Jy probeer
Maar liewer nie 

Want netnou hoor die klipgooiers jou
En dink jy vertel die wêreld 
dat jy gesien het hoe hulle klippe 
Mense doodgemaak het
vir hulle selfone

#Engele in Gugulethu-karre
Dis OK huurkarbestuurder
Of jy van die VSA of Gauteng kom
Google Maps vat jou op die township-hoofpad lughawe toe

Jy sal dit nie vooraf weet nie, 
Maar wanneer jou passasier se kop vorentoe lê
Net nadat die klip haar getref het
En die hand die selfoon uit haar bewustelose hand gegryp het

Weet jy 
Om vorentoe te kyk vir die karre –
een na die ander 
het Engele in wat jou tot by die hospitaalhek vat
en dit vir jou oopmaak

#Ons gee die iPhone 14 vir mekaar
My broer langs my praat met sy voorouer-stem;

dalk sy oupa? Dalk sy ouma? Dalk al sy voorsate in een:
Fok seun – jy het die klip te hoog deur die venster gegooi
Jy wil net die iPhone vat
Jy wil nie die kar steel nie 

Maar nou is die vrou dood
Sy is die een wat haar lewe geleef het 
vir skole, vir onderwysers, vir kinders in nege provinsies van die land 
Sy is die een met die PhD oor authentic caring
Sy is die ouma van tien

Sy is die een wat nou dood is oor jy jou klip te hoog gegooi het

hardloop maar
ons gee die gemoorde iPhone 14 vir mekaar

#vraagtekengesigte
Ons loop almal werk toe

Ek gaan skoolhou
Ek gaan kliniek toe
Ek gaan babas oppas
Ek gaan my brood verdien

Ons staan gevries
Ons sien jou menseroof, jong man
En dit los vraagtekens 
op elkeen van onse gesigte

The post Vlugteling first appeared on LitNet.

The post Vlugteling appeared first on LitNet.

Uitnodiging: FilosofieKafee – Die Suid-Afrikaanse kernwapenprogram: mites en waarhede

$
0
0

Tema: Die Suid-Afrikaanse kernwapenprogram: mites en waarhede
Spreker:
Lydia von Wielligh-Steyn

Suid-Afrika is ’n uitstekende illustrasie van hoe belangrik konteks is om historiese gebeure te begryp. Die land het gedurende die tagtigerjare oor ’n gesofistikeerde kernwapenprogram beskik. Vandag is min mense nog bewus van die feit dat Suid-Afrika uraan kon verryk en ses kernwapens geproduseer het. Dit het teen die agtergrond van die Koue Oorlog op globale vlak – en streekbedreigings ter plaatse – geskied. In 1989 het die winde van politeke verandering egter begin waai en dit is weerspieël in die aftakeling van die kernwapens en Suid-Afrika se heraansluiting by die internasionale gemeenskap. Tot vandag toe bly Suid-Afrika die enigste land ter wêreld wat vrywilliglik van kernwapens, wat op plaaslike bodem geproduseer is, ontslae geraak het. Was dit ’n wyse besluit, gegewe die hernieude spanning en onsekerheid wat tans weer op internasionale vlak heers?

Lydia von Wielligh-Steyn het in Pretoria grootgeword en studeer. Sy het vier jaar in Parys gewerk en daarna teruggekeer na Suid-Afrika waar sy by verskeie Franse instansies gewerk het. Sy was 23 jaar in diens van ’n groot parfuumhuis waar sy met internasionale kliënte gewerk het en olfaktoriese opleiding gegee het. Sy is mede-skrywer van Die Bom, Suid-Afrika se Kernwapenprogram, wat in 2014 gepubliseer is. Die boek is in 2015 na Engels vertaal en in Wene, Oostenryk, bekend gestel. Sy het ’n meestersgraad in Franse letterkunde en is tans besig met haar PhD oor kernontwapening. Sy is ’n ywerige leser en woon tans in Pringlebaai, tussen die fynbos, berge en see.

Die boek, Die bom, sal Vrydagaand te koop wees.

Plek: ATKV - Bôrdienghuis, Breytenbach Sentrum, Wellington.
Datum: Vrydagaand 2 Mei 2025
Tyd: Vanaf 6nm
Toegang: R150 pp sluit ’n glasie welkomsdrankie in.

Pizza, soetgoed en koffie/tee is ekstra beskikbaar.
Bespreek asb spoedig by Lamé 0828951139 of oopgesprek@filosofiekafee.co.za en betaal met dié datum W02/05 én jou naam direk by dié portaal http://pay.yoco.com/filosofiekafee

The post Uitnodiging: FilosofieKafee – Die Suid-Afrikaanse kernwapenprogram: mites en waarhede first appeared on LitNet.

The post Uitnodiging: FilosofieKafee – Die Suid-Afrikaanse kernwapenprogram: mites en waarhede appeared first on LitNet.

Ouma Gesie kom weer

$
0
0

“Ouma Gesie kom weer” is voorgelê om Afrikaans te vier onder die tema “Kyk hoe ver het ons gekom”. Dié inisiatief van PEN Afrikaans word ondersteun deur LitNet en moontlik gemaak deur Kruger Internasionaal Bate- & Welvaartbestuur. Hierdie fiksiekompetisie se tema sluit aan by een van die motiverings vir die Afrikaans Amptelik 100-veldtog.

*

Ouma Gesie kom weer

Ek hoor hoe lag hulle vir my. Oor ek gesê het my ma het gebel. Ek moet haar op die stasie gaan haal. Net na sononder sal die trein saam met die aandster ons dorpie binnestoom.

“Jy sal onthou, Hennerik?” het sy gevra. “Jy is mos onder daardie ster gebore.”

“I was born under a wandering star,” sing Lee Marvin in my kop.

“Jou oupa leef in sy eie wêreld,” sê Annie in die gang vir Denise, ons oudste kleindogter. “Hy vergeet alweer Ouma Gesie is al jarre bokveld toe.”

Miskien vir hulle, ja.

Ek trek my skootrekenaar op my maag vir aanlyn snuffel.

Annie loer om die kosyn. “Mens sal nooit sê die professor ly aan Parkinson’s én Alzheimers soos hy nog kan websurf nie. Glad nie bang vir knoppies druk nie.”

“Ons moet hom nie vlak kyk nie,” sê Denise.

Ja, op die toetsbord is my vingers hakkelaars wat sonder stotter sing.

Afrikaanse mense is digitaal geletterd en honger vir Afrikaanse inhoud, skryf Waldimar Pelser oor die digitale revolusie. Sosiale media is waar hulle die nuus deesdae ontdek. Koerante sterf een na die ander, maar nuus sal nie sterf nie.

“Is dit nog nie tyd vir Oupa se skoon doek nie?” vra Denise in die gang. “Ons moet nog sy suiker ook toets.”

“Jong, ek is nie lus om nou beskree te word nie. Kom ons los hom eers in sy fantasieë.”

Lee-Roy glo my darem. Wat ’n voorreg om so ’n oopkop agterkleinkind te hê. Hopelik sal Ouma Gesie oor die maan spring wanneer sy vanaand haar eerste agteragterkleinkind ontmoet.

Waldimar wys daarop dat meer mense nou Afrikaans praat as op enige stadium in die verlede. Meer as die helfte van hulle is bruin.

Hopelik sal Ouma Gesie die breër prentjie kan sien.

My hande ruk en pluk toe ek my dors uit Lee-Roy se ou tuitplastiekbekertjie les.

Ek is ’n semelpop wat lê en wag op ’n droë doek, maar vanaand gaan ek my ma op die stasie haal. Sy het lanklaas kom kuier.

 

Teen die westelike naghemel wink die aandster vir my toe ek my Volvo parkeer. Annie sê altyd vir my al wat van ons stasie oorgebly het, is ’n murasie, maar nou wonder ek wie is dit wat in hulle eie wêreld leef.

Die perron is ’n oopgebarste miernes, spokerig gehul in wolke van rook en stoom, met die groteske stoomlokomotief wat uitgeput kug en blaas en klingel.

Soos in ’n klasieke fliek kom Ouma Gesie en die kruier met sy gepakte trollie uit die deinserigheid na my aangestap. Haar swart rok met die wit gehekelde kraag hang op haar enkels. Die kierie lyk oorbodig.

“Ek dog jy het vergeet van my, Hennerik.”

“Nooit, Ma.” Ek het nie die moed om vir haar te sê ek moes eers wag vir ’n droë doek en Annie wat gespook het om my met hoendersop te voer nie, ná hulle my gepynig het met die naaldjie van die suikertoetser.

“Ek sien jy het alleen gekom.” Haar hare is haelwit vergrys en in ’n stywe bolla saamgevat. “Dis goed so.” Vurige oë. Spykerklou neus. Strepie mond. Sy draai na die kruier. “Hennerik, dis Willem Wiele. Willem, dis Hennerik, my baba.”

Ek sal vir altyd haar baba bly, haar skrikkelbaba.

“My skrikkelbaba.”

Willem Wiele knik afsydig. Sy oë lê buitengewoon diep in hulle kasse. Sonder ’n woord laai hy haar tasse in die Volvo se kattebak.

“Sal die grand kar se diekie kan toegaan met al my koffers?” vra sy.

“Geen probleem nie, Ma. Ons sit die groot tas op die agtersitplek.”

“En sal die kar se taaiers hou op die grondpad?”

Waar is haar geheue tog? Ons het mos lankal nie meer die plaas nie. “Ons ry op teer, Ma.”

“Jy moes nogtans met die lorrietjie gekom het.”

Sy het seker vergeet. Sy het Pa se rooi Ford met die houtbak ná sy begrafnis verkoop.

“Die trein was vol, nè?” sê ek op pad.

“Tjok-en-blok.”

“Almal het nie afgeklim nie. Ek wonder waarheen reis hulle.”

Sy staar voor haar uit.

Ons ry in stilte verder onderdeur die Melkweg.

“Los eers my bagasie in die kar,” sê sy by die huis. “Jy lyk vir my taamlik oud en tam.”

Die huis is donker. Almal slaap.

“Moenie lampe aansteek nie, Hennerik. Ma se vel is ietwat iesegrimmig vir helder lig.”

Lampe aansteek? Lyk my sy leef stuk-stuk in die verre verlede.

“Maar het jy vir my ’n flits? Ma moet by julle kleinhuisie kom en ek is nie lus om op ’n nagadder te trap nie.”

Ja nee, verre plaasverlede. “Ons het mos ’n toilet net hier af in die gang, Ma.”

“’n Kleinhuisie in die huis? Dan knyp ek liewer tot dagbreek.”

Sy stap saam met my tot in die sitkamer. In die gloed van die vistenk se lig is sy bloubleek.

“Ek sien julle het darem nog nie van my saaidbord ontslae geraak nie.” Sy gaan staan by die buffet in die hoek van die vertrek. “En wraggies ook nie van die Statebybel nie. Maar julle gebruik die erfstuk seker net as ’n ornament, kyk net die lagie stof.”

“Ons het elkeen ons eie Nuwe Afrikaanse Bybel, Ma.”

“Die een waar Dawid in Psalm 23 nie meer oor die dal van doodskaduwee dig nie?”

Genugtig, en dan kan sy byderwets ook wees.

Sy draai om na my. “Daar is ’n groot verskil tussen die donker dieptes van die lewe en die dal van doodskaduwee. Vra maar vir my.”

“Die vertalers wou die essensie van die gedig vir moderne Afrikaanse lesers raakvat, Ma.”

“Dis ’n swak vertaling en jy weet dit.”

Ma se ou-ou Bybelgestry met my broei alweer.

“My kind, jammer om dit vir jou wat self ’n vertaler is te sê, maar alles het in die land begin ondergaan toe daar afgestap is van Hooghollands vir ons Bybel. Die profete en apostels draai seker in hulle grafte om.”

“Die Bybel is mos nie oorspronklik in Hooghollands geskryf nie, Ma.”

Sy lig haar ken. “En die Toring van Babel dan? Jy glo seker lankal ook nie meer daardie storie nie.”

Dat al die bouers Hooghollands gepraat het, maar toe kom slaat die Here God hulle op die tong sodat jy skielik ook Duits, Frans, Engels, Xhosa en Chinees hoor? Les bes nog Afrikaans ook?

“Die storie van Babel kan waar wees, Ma. Maar nie die deel oor Hooghollands en Afrikaans nie.”

Ouma Gesie sug. Haar verknotte hand beduie oor die boekrak. “Ja, Boeta. ’n Professor in Afrikaans-Nederlands wat self ’n string boeke geskryf het, sal seker beter as sy eerste leermeesters weet.”

“Ma lyk vir my dun,” probeer ek die onderwerp weg rangeer. “Ek weet Ma is nie lief vir hoender nie, maar kan ek vir Ma ’n leksel hoendersop warm maak?”

“As jy nou moet gaan vuur aansteek, kan ons dit eers los.”

“Kom saam kombuis toe, dan wys ek vir Ma.”

Die volmaan skyn helder deur die venster. Dus hoef ek nie die LED-lig aan te sit nie. Ek trek vir haar ’n stoel uit.

Sy sit en vergaap haar aan my doenigheid by die mikrogolfoond. Natuurlik, sy ken dit nie. Haar kierie tik-tik op die vloer asof sy in haar kop soek na die maat van ’n vergete liedjie. Môre sal sy seker verstom staan as Annie die lugbraaier gebruik.

Sy slurp-eet.

“Die sop kort spek,” sê sy.

“Annie se resep vra seker nie vir spek nie.”

Ouma Gesie ghghgh in haar keel. “Agter die stoof was Annie mos maar altyd ’n mamparra. Pleks sy haar Kook en Geniet, wat sy by my geërf het, meer inspan.”

“Sy en Denise gebruik graagter die Huisgenoot se Resepteboek.”

“Maar sy weet ek hou van spek in my sop. Het jy haar gesê ek kom?”

Skielik knal die lig teen die plafon aan. Ouma Gesie spring penorent.

In die deur staan Lee-Roy met sy dino-kombers in sy arms. Sy krulkop is verlê en sy oë kyk deur die slaap.

“Awê, Ouma!”

Ouma Gesie verbleek nog bleker as wat sy reeds in die helder lig lyk. “Wie’s die klong?” vra sy verskrik. “Wat soek hy in julle huis?”

“Dis Lee-Roy Langenhoven, Ma.” Ek gaan skakel die lig af sodat ons weer net in die maanskyn gebaai is. “Ma se eerste agteragterkleinkind.”

Haar gesig verstar tot ’n droë houtpop. “Hoor hoe ratel CJ Langenhoven se beendere waar hy in sy kis om en om draai.”

Lee-Roy skater van die lag. “Ek het nie geweet Ouma Gesie gaan ’n sakkie funny bones wees nie. Ouma moet asseblief baie slapies kuier.”

Ouma Gesie plant haar voete wyd uit mekaar. Sy leun op haar kierie.

Ken ek nie daardie houding nie?

“Van slapies gepraat,” sê sy. “Jy beter weer kateltjie toe gaan; ek hoor Klaas Vakie roep. Of het jy kom tande tel?”

Lee-Roy kraai soos ek hom nog nie gehoor lag het nie. “Ek hoef nie tande te tel nie, Ouma. Ek weet klaar grootmense het twee en dertig.”

“Gmpf, jou professor-oupa het dit seker vir jou in die Skatkisreeks gelees.”

“Nee. Ek het dit self op my ensiklopedie-toep gelees.”

“Wáár?”

“Op my iPad, Ouma.”

Ek verduidelik vir Ouma Gesie.

Haar seile bol al minder. “Moenie maak of ek dom is nie, Hennerik. Onthou wie het jou geleer om die slingertelefoon te gebruik.”

“Twee en dertig tande,” roei Lee-Roy voort. “Behalwe as hulle begin uitval. Maar mens koop hier bo by die tjarras ’n hele stel valstande vir een blou Madiba. Ouma moet net praat, dan kan ons gaan aanpas.”

Ouma Gesie se wange gloei. Sy mik met haar kierie-geweer. “Raak jy ongeskik met ’n grootmens?”

“Eish! Nooit, Ouma.”

“Ek wou net sê. As ek vir jou gryp, sal jy gou ’n ander vals deuntjie sing.”

“So vals soos ’n blomhoender, Ouma?”

“Dis sy eie woord vir ’n pou,” snel ek die broeiende situasie te hulp. “Hy klits graag sy eie woorde op.”

Lee-Roy vryf sy oë en gaap ’n lang gaap.

Ouma Gesie kyk op na die muurhorlosie. “Hoe skrik ek nou my melk weg vir Vader Tyd se arms. Ons sal moet ry as ons nie die trein wil verpas nie.”

“Maar Ma het dan sopas hier aangekom.”

“Dit was net ’n oëwys. Ons moet terug stasie toe wikkel, Hennerik.”

Lee-Roy trippel op die punte van sy tone. “Kan ek saam met julle gaan?”

“Dit sal nie ’n goeie ding afgee nie,” antwoord Ouma Gesie.

Lee-Roy se smekende oë vermurwe my hart. “Natuurlik kan hy saamry. Hy het seker nog nooit die stasie óf ’n stoomtrein gesien nie.”

“Goed.” Haar mond trek dunner, strenger. “Maar hy klim nie op die trein nie.”

Lee-Roy slaan bolmakiesie. “Dankie, Ouma!” Hy kom gryp haar om die lyf. Sy hou hom ook vas.

Hy kyk op. “Ouma se koue hande gee vir my die creeps.”

Sy laat los.

Ons maak vir hom met sy kombers lêplek op die agtersitplek. Toe ons wegtrek, leun hy tussen die voorste sitplekke in.

“Ouma het nie dalk ’n paar sweeties in Ouma se handsak nie?” vra hy.

“Jou tande gaan uitval,” antwoord sy stywe-lip.

“My melktande val klaar uit, Ouma.”

“Nogtans moet jy eerder groente en vrugte eet.”

“Jig, horing!”

“Horing?”

“Sy manier om te sê hy gril vir die smaak, Ma.”

“Soos ek vir hoendersop sonder spek,” grinnik sy.

Hulle twee raak land en sand aan die gesels. So het sy nooit in haar lewe met my gesels nie. Daarom beny ek hom. Maar ek gun hom dit ook.

Eindelik hang sy kop skeef. Slaperig sak hy terug op die sitplek.

“Hy hou hom grootmeneertjie,” sê Ouma Gesie toe ons by die stasie stilhou. “Kinders moet gesien word, nie gehoor nie.”

“Ons is lankal ver verby daardie tyd, Ma. Kinders se sê-goed het nog altyd vir my gewys hoe wonderlik eenvoudig en reguit die lewe kan wees.”

“Maar hy lyk soos geeneen in die familie nie.”

“Dis seker oor sy koffierige vel. Ma is gewoond aan die ligte Langenhovens.”

Ek moet sê, ek was ook. Maar ses jaar later kan ek nie meer so na Lee-Roy kyk nie. “Van almal aan my tak van ons stamboom, is hy die een wat my liefde vir woorde geërf het.”

“En tog praat hy ook soos geeneen in die familie nie. Dis ’n mengelmoes wat by sy mond uitstroom.”

“Dis mos hoe ons taal begin het. En kyk net watter lang en mooi pad het ons gekom. Dis wat ek al die hele aand vir Ma probeer sê.”

“Ja, professor. Jou hart is vanaand te slim vir jou kop.”

“Dit was dalk hoogtyd. Wat ek die meeste van hom admireer, so klein as wat hy is, is sy dapperheid om net sy bekkige self te wees. Dit kon ek in al my dekades nooit heeltemal regkry nie, al het ek daarna gestrewe.”

’n Lig flikker aan in Ouma Gesie se oë. “Ons het jou dit klein-klein ook nie toegelaat nie.”

Sy plak ’n soen teen Lee-Roy se slapende voorkop. Hy sidder.

“My koue lippe gee hom seker ook die creeps.” ’n Terggees tango in haar oë. “Ek moet erken, hy het die ougatste dom gesiggie. Nes jy as baba, en kyk net tot waar het jy gekom. Jy wat nie eens Sus en Daan wou lees nie, en toe word jy ’n taalprofessor. Bid jou dit aan.”

“Alles het verander toe die woord-liefde my gepak het.”

Die trots straal uit haar gelaat. “Dan kan mens net fantaseer oor wat hy nog gaan verrig.”

Die afsydige holoog Willem Wiele kom laai die tasse op sy trollie. Die lokomotief ronk egalig.

Ek roep ’n spoorwegpolisieman nader dat hy vir ons ’n wakende oog oor Lee-Roy in die Volvo kan hou.

“Ek hoop daardie stasieblompot doen sy werk,” brom Ouma Gesie terwyl ek haar op die trein help en self ook opklim.

“Hy lyk vir my na ’n deeglike mens, Ma.” Ek dra haar bagasie uit die gang in die kompartement in. “Hoe is Ma se tasse so veerlig?”

“Kyk vir jouself.”

Ek maak die tasse een vir een op ’n slaapbank oop.

Almal is dolleeg.

Ouma Gesie glimlag die soort glimlag waar die mond en oë sê: Jy weet mos?

’n Fluitjie blaas. Trillings trek deur die rytuie. ’n Gehyg en gesis en geblaas. Dan ’n doef-doef, doefdoefdoefdoef, sshhhhhh! Die vloer ruk my van balans af.

Metaal en hout kraak en kreun. Die trein beweeg.

“Ek hoop jy besef teen dié tyd jy gaan saam met my,” sê Ouma Gesie. Dis natuurlik hoekom sy verseg het dat Lee-Roy saam met ons op die trein klim.

Ysterwiele knars op metaalspore. Versnel.

Die wêreld vlieg verby.

Skielik is dit stikdonker.

Annie sê gereeld vir my ons tonnel het al lankal toegestort. Maar nou sluk ’n donker luislang my in en wurg my hartklop tot stilstand. Vir ’n tydlose tydperk kry ek geen woord of gedagte uit nie. Geen asemhaling nie.

Eensklaps breek die skemer en suurstof met ’n snak deur.

Ouma Gesie sit soos ’n grafsteen oorkant my.

Ek leun met ’n gelate sekerheid dat my era verby is by die treinvenster uit. Ons skommel oos, agter die môrester aan. Dat ek eers op my oudag beleef hoe sekuur die aand- en môrester dieselfde leidster is, op ’n vaste baan.

En dit was aand en dit was môre.

Kom en gaan. Kom en gaan.

Tikketik, tik. Tikketik, tik.

Tussenin leer en vergeet ons. Begin en eindig. Ontmoet en groet.

Die wind en roet laat my oë traan. “Wheels are made for rolling,” sing Lee Marvin. “Heaven is goodbye forever, it’s time for me to go.”

Die môrester glinster al helderder. Ons ry reg in die lig in.

Die gedruis van stemme maak vir Lee-Roy wakker. Wieletjies tjirp in die gang af.

Hy staan op en strompel deur toe.

Kyk uit.

Vreemde mans in wit klere stoot ’n trollie voordeur toe. Dit lyk of iemand toegezip in die sak op die trollie saam ry.

Uit. Hop-hop af met die trap.

Ouma Annie kom raap hom op. “Liewe Jesus het Oupa Hendrik kom haal.”

Hy woel hom los. “Ek verstaan nie. Het daai mans vir Oupa kom haal, of het liewe Jesus? Of was dit Ouma Gesie?”

 Sy hou hom styf op haar heup vas. “Wat praat jy tog?”

“Ouma Gesie is ’n kief ouma. Sy het al die oorskiet-sop gedrink, maar sy het gegril. Sy soek meer spek in dit.”

“Lee-Roy!” Ouma Annie se valstande klap op mekaar.

Mamma tree by ’n kamer uit. “Ek het gewonder wie het die orige sop opgeëet.”

“Denise, jou kind het van Ouma Gesie gedroom,” sê Ouma Annie.

“Is nie.” Hy beur hom verder weg met sy hande. “Oupa Hendrik het vir Ouma Gesie op die stasie gaan haal, maar toe het sy eintlik vir hóm kom haal. Hulle is saam weg met die stoomtrein. Maar sy sê sy gaan weer kom.”

Hy klim van Ouma Annie se heup af en draf kombuis toe. Halfpad draai hy om. “Ouma Gesie het gesê julle moet vir my putu-pap maak. Wat is putu-pap?”

Hulle oë rek.

“Ouma Gesie sê julle moet die resep in die Kook en Geniet gebruik wat sy vir Ouma gegee het.”

Hulle monde sak oop. Nie een woord rol uit nie.

Maar op Ouma Annie se gesig staan die drie hoofletters geskryf wat Mamma baie kere op WhatsApp gebruik. WTF.

Lees die ander verhale hier:

Kyk hoe ver het ons gekom: PEN Afrikaans en LitNet se kortverhaalkompetisie

The post Ouma Gesie kom weer first appeared on LitNet.

The post Ouma Gesie kom weer appeared first on LitNet.

Paulus, Gary, Teboho

$
0
0

“Paulus, Gary, Teboho” is voorgelê om Afrikaans te vier onder die tema “Kyk hoe ver het ons gekom”. Dié inisiatief van PEN Afrikaans word ondersteun deur LitNet en moontlik gemaak deur Kruger Internasionaal Bate- & Welvaartbestuur. Hierdie fiksiekompetisie se tema sluit aan by een van die motiverings vir die Afrikaans Amptelik 100-veldtog.

*

Paulus, Gary, Teboho

Teboho doen sy laaste kontrole van voorraad en die dag se verkope. Hy kyk dat al die inligting op die baan se webblad korrek is. Môre se kompetisie se tye is op. Daar is nog ’n paar oop plekke. Hy skrap die inskrywings wat laatmiddag gekom het van die beskikbare lys. Log out. Shut down.

Met vreugde in sy hart steek hy sy nuwe Suzuki Fronx se sleutel in sy sak. Hy aktiveer die alarm, trek die proshop se deur agter hom toe en sluit terwyl hy sy kruk teen die kosyn laat leun. “Cheers, Gary!” hoor hy uit die rigting van die caddymaster se kantoortjie. Sonder om op te kyk weet hy dis oom Dolf wat daar verby loop.

Die ou man loop al met moeite. Hy speel deesdae sy gholf met ’n karretjie, soos die moderne neiging maar is. Hy is drie-en-tagtig en slaag dikwels daarin om die baan te speel in minder houe as sy ouderdom. Een van baie min mense wat breaking your age ooit vermag. Ook een van baie min mense wat Teboho nog Gary noem.

***

Gary voel versigtig met sy voete terwyl hy deur die waterhindernis regs van nommer sestien se setperk waad. Dis die beste plek om balle te soek. Die Boere se gholf is baie soos hulle politiek. Hulle neuk alewig regs. FW de Klerk het nou wel eerste minister geword; kamma meer progressief as Botha. Dis ’n kakstorie. Die een Boer is soos die ander.

Hy vrek van die koue. Balle-soek in Julie is nie grappies nie. Die vroeë skemer van die wintersaand is op hom. Sy oes vir die middag is ’n skrale sewe balle in die plastiekwinkelsak wat hy om sy gewrig knoop. Sy eie balle is weggetrek in sy lyf; sy balsak gekrimp soos ’n gedroogte pruim. Hy byt vas. Nog een; hy kort ten minste nog een.

Tussen die dun riete kry hy nog een. Hy tel dit versigtig met sy tone op. Van die ander caddies wat balle kom soek, duik met hulle koppe onder die water in om balle uit te haal. Gary is nie so dom nie. Die gholfbaan se water kan jou siek maak. Wat help dit jy veg om oorlewing en jy maak jouself siek?

Hy druk die bal met sy regtervoet se tone teen sy linkerbeen vas en skuif dit versigtig boontoe. By sy knie kry hy dit beet. ’n Splinternuwe Titleist! Hiervoor hy tweerand kan kry. Sy dag lyk sommer beter.

Hy klim teen die steil wal uit en kry sy pasboek waar hy dit onder ’n bos weggesteek het. Nou is dit éérs koud. Hy kan nie wag om tussen die warm lywe in die taxi te sit nie. Hy weet die ousies gaan moan: “Hey Wena!” oor sy nat lyf en klere.

In die lokasie wag sy ma met ’n ou handdoek wat sy by haar miesies gekry het en ’n warm kombers. Sy weet Maandag beteken hy staan voormiddag langs die pad om die vorige Maandag s’n te verkoop. Teen die namiddag as alles verkoop is, soek hy balle in die water. Maandag is die enigste dag wat die gholfbaan gesluit is. Dan is daar nie Boere wie se sakke hy kan dra nie. Op Sondae speel party Boere, maar die klubhuis maak nie oop nie. Dan word jy sommer verjaag as jy wil gaan balle soek. Dis nie die moeilikheid werd nie. Dis die Boere se heilige dag; hulle mag nie drank koop of caddies betaal nie.

Op pad taxi rank toe kyk hy uit gewoonte vinnig in sy pasboek. Teboho Paulus Marumo. Teboho is wat sy ma en die ander ousies hom noem, en sy pa en die ooms as hulle tuis is met verlof by die myn. Alle tantes is ousies. Hulle almal maak skoon agter Boere se morsige gatte, vee hulle kinders se snotneuse af en maak hulle met liefde groot. Liefde wat hulle tap by dieselfde fontein waar hulle liefde vir hulle eie kinders ook tap.

Paulus is wat die Boere by die baan hom noem. Dis die naam wat sy ouers hom gegee het vir wit gebruik. Gary is wat die ander caddies hom noem. Hulle weet hy kan speel soos Gary Player, maar wat help dit as jou vel se kleur verkeerd is?

Gary is ’n gewilde caddy onder die Boere. Dinsdag tot Saterdag kry hy omtrent elke dag ’n oggend- en middagspeler. Hy ken sy gholf en sy customers. Vir die meeste gholfspelers moet jy tydens ’n rondte niks sê oor sy swaai nie, al kan jy hom help. Meestal gee hy die regte stok aan voor die Boer vra.

Party wil hê jy moet help met die lyn vir ’n sethou. Om ’n lyn te gee is ’n gevaarlike storie. Partykeer gee die Boer jou sommer ’n klap teen die kop as hy op die verkeerde lyn begin, of te hard slaan deur die breek of so sag dat dit te veel breek. Watter Boer sal sy fout erken as hy ’n caddy kan blameer?

Gary was ’n slim kind maar het gou skool gelos. Bantoe-onderwys is nie vir slim kinders nie. Hy het die Boere se taal geleer. Dit help as jy vir hulle werk. Hy leer homself lees uit ou koerante. Hy spaar geld vir die klubkampioenskappe oor twee weke.

Sy toerusting is gereed. Die Boere gooi nou Dunlop-houte weg wat uit die mode gaan. Elke Boer dink die nuwe TaylorMade stainless steel houte gaan maak dat hy reguit en ver kan slaan. Verrassing, verrassing: As jou swaai kak is, maak dit nie saak wat jy in jou hande het nie.

Saam met die Dunlop-driehout wat die Dolf-Boer vir hom gegee het, het hy ’n paar ou EEE3ZZZ-ysters; ’n drie-, vyf-, sewe- en nege-yster. Hy ken nie die naam van die Boer wat die ysters vir hom gegee het nie. Hy het die ander ysters vir Tsepo gegee. Dis ’n vermorsing. Tsepo kan nie speel nie. Hy het ’n Wilson-wigyster wat ’n Boer in ’n sandput vergeet het en ’n stokou setstok wat hy vir tienrand by die proshop gekoop het. Die ou sak wat vol gate is, het een van die ousies uit haar werkgewers se gemors gehaal en vir hom gebring.

In die kas in hulle makoek hang sy nuwe groen gholfhemp en sy geruite gholfbroek. Hy wil dit dra. Hy het hard gespaar daarvoor, maar sy ma wil niks weet nie. Hy mag dit eers dra vir die toernooi. Hy is deur inlywing. Hy is ’n man, maar sy ma maak nog of sy vir hom kan sê wat om te doen. Een van die dae is hy volgens die Boere se wette mondig. Dan sal hy maak soos hy wil.

Hy sal sy ma wys. En die Boere; vir hulle gaan hy wýs.

Hy het deur die venster geloer na die pryse vir die wenners van die kampioenskap. Die eerste prys is ’n mikrogolfoond en tweehonderdrand. Sy ma wil ’n mikrogolf hê soos haar miesies. Om wat mee te maak? Hulle het nie eens krag nie, maar sy sê as hulle krag kry, dan het sy dit klaar.

***

Terwyl die Fronx se lugversorging oor hom spoel, dwaal Teboho se gedagtes na die tyd toe hy Gary was. Daardie keer toe hy die klubkampioenskap gewen het net voor sy een-en-twintigste verjaarsdag.

Hy het met verbeelding en gevoel houe gespeel waarvoor die Boere net die regte stok kon kies. Hy het die sethoue gelees en met die regte gevoel geslaan. Hy het met drie houe gewen. Drie houe oor agtien putjies is ’n pakslae vir tweede plek en almal verder terug.

Hy kon buite by ’n luidspreker luister na die prysuitdeling. Hulle het die mikrogolfoond en die koevert met die tweehonderdrand vir hom gebring by die caddymaster se hokkie wat daardie dae ’n piepklein wendy-huis was. Hy was bly en bitter gelyktydig. Hy het hulle almal gewys.

Sy ma was so trots. Al die ousies het kom kyk hoe lyk ’n dooie mikrogolfoond in ’n makoek. Hy was op die kruin van die golf. Die volgende paar weke het die Boere geleer hy is Gary, die professor van gholf. Sommige boere het hom meer as die gewone fooi betaal. Daar was ’n kans dat hy vir die wêreld kon wys gholf is nie net die wit man se sport nie.

Toe jaag die taxibestuurder van die pad af, by ’n hoë wal af. Mense is dood, sy linkerbeen het skeef gestaan en sy rug sou nooit weer dieselfde wees nie. Wat die lyf gebreek het, het die kop genees.

Oom Dolf het wit mense bymekaargekry om vir sy operasies te betaal, hom te help om matriek te maak. De Klerk het toe wragtig apartheid gestop. Madiba het president geword.

Teboho is nie meer in die algemeen Gary of Paulus nie. Hy maak ’n middelklaslewe as afrigter en bestuurder van die proshop. Sy vrou is nie ’n ousie nie. Sy het ’n graad en alles en ’n werk met ’n kantoor. Sy en die kinders is trots op hom al loop hy met ’n kruk.

Die wit mense – en baie swart mense ook – betaal hom goeie geld om hulle kinders te leer gholf speel. Wie het ooit gedink dit sal gebeur dat swart mense geld het vir gholf?

Lees die ander verhale hier:

Kyk hoe ver het ons gekom: PEN Afrikaans en LitNet se kortverhaalkompetisie

The post Paulus, Gary, Teboho first appeared on LitNet.

The post Paulus, Gary, Teboho appeared first on LitNet.

Op die punt van haar tong

$
0
0

“Op die punt van haar tong” is voorgelê om Afrikaans te vier onder die tema “Kyk hoe ver het ons gekom”. Dié inisiatief van PEN Afrikaans word ondersteun deur LitNet en moontlik gemaak deur Kruger Internasionaal Bate- & Welvaartbestuur. Hierdie fiksiekompetisie se tema sluit aan by een van die motiverings vir die Afrikaans Amptelik 100-veldtog.

*

Op die punt van haar tong

Ses maande na sy aankoms in Die Kaap van Goeie Hoop koop Heindrick Seitz vir hom ’n vrou. ’n Nodige belegging, skat hy, vir die lewe anderkant die Breederivier en die Swartberge wat op hom wag. Die pag grond wat aan hom toegeken is, is ’n Godvreemde plek wat hy kwalik ’n benul het waar om te vind en op sy eie wil hy nie daar gaan boer nie.

Sy was deel van ’n groep vrouens wat dié oggend in 1726 by Die Kasteel onder bod sou kom. Hy let haar dadelik op terwyl hy saam met die ander mans op die Kompanjie se afslaer wag. Pols tot pols is die slaafvroue aan mekaar gebind. Aangesig tot agterkop. Die meeste is kort van statuur met windverwaaide hare, plooierige gesigte en oor die algemeen verweerd in aansien. Nie minder of meer vreemd is hul voorkoms aan hom as die tipe mans en vrouens wat hy die afgelope week by die Slawekwartier sien nie. Hulle verlaat almal Die Kasteel as gebonde arbeiders.

Maar sy is anders. Langer. Sy toring bo die ander uit. Slank ook en haar hande lyk sag. Sy was nie blootgestel aan die ongenaakbare wind, reën en son wat hierdie wilde kontinent pal teister nie. Haar vel is die kleur van donker, skoongeskraapte leer. Dit blink soos ingesmeerde skaapvet op ’n perdesaal. Haar lyf vertoon soepel. Hy verbeel homself dat sy rats sal wees. Iemand wat sal weghardloop. Of handig te pas sal kom as hy met die wa die berge moet oor.

Vir lank wag hulle op die Kompanjie se administrateurs. Hy kyk om hom rond. Die laatmiddagson kaats oor die wye glasvensters waaragter die goewerneur en sy boontjietellers skuil. Met ’n morrende klank, praat die mans onderlangs. Uiteindelik verskyn ’n koddige man wat swaar aan ’n dik boek dra. Die vrouens word met stokke gedu totdat hulle in die middel van die vyfhoek staan. Hy is, soos die ander burgers, hier om hul skamele artillerie van werkshande te vervang of aan te vul. Belangstellend staan hulle nader. Die fyngetooide Duitsers, Hollanders en Fransmanne stap rondom die vrouens. Hier en daar maak een ’n aanmerking. Afkeurend van aard in die meeste van die gevalle.

Hy kyk ook. Een rondte rondom die weemoedige versameling mense wat aanhoudend na hul voete of die dor, verlate grond bly staar is vir hom genoeg. Hy gaan soek weer skuiling in die inham wat die gebou bied. Vandaar bak hy sy hand bo sy wenkbroue. Môre, soos vandag, gaan ’n bloedwarm dag wees. Vurig fel die son op hulle neer. Dit brand teen haar kul rug. Fyn sweetdruppels verskyn op haar gladde vel. Sy begin soos kristal te glinster.

Na byna ’n uur verskyn die afslaer. Hy is, soos sy kollega, ’n kort, stewige man met ’n bollerige neus en rooi, rooi wange. Hans Steyn kom van Rotterdam af, het Heindrick gehoor en aan sy aksent weet hy dat dit heel waarskynlik so is. Haastig rammel Hans Steyn die inventaris en die verkoopterme af. Die frille van sy wydgemoude hemp swaai heen en weer soos hy geïrriteerd na vlieë begin klap. Hy wys slegs terloops na die vrouens voordat hy hulle een vir een na die houtkis wat as podium dien, laat ontbied. Hulle kan netsowel van die wilde ganse en kwartels wees wat die Kompanjie gister verkwansel het.

Twee dosyn word twaalf. Toe ses. Uiteindelik bly daar net vier van die vrouens oor. Sy oë bly op haar.

Soos die donker kolle op ’n Holstein-bees, lyk haar vel vir hom. Sy is eksoties en vreemd. ’n Voorkop breed met ’n wye mond. Vol lippe. Sy is jonk ook. Haar ontblote borste het nog nie die pyn van ’n gulsige suigeling se mond gevoel nie. Volrond en ferm hang dit voor haar maer borskas. Sy draai haar gesig in die rigting van die saffierblou see toe hulle haar tot op die houtkis tel. Haar hande is steeds deur dik tou gebind, maar nou agter haar rug vasgemaak. Haar hare is kort stopsels. Onlangs is dit tot teen die skedelbeen gesny. Haar oë word twee diep, donker, onrustige poele toe die afslaer begin praat en die mans nuuskierig naderstaan.

Sy maak nie soos die res toe Hans die bedrae wat op haar gebie word, begin uitroep nie. Háár oë skram nie van die kopers af weg nie. Haar kykers brand die verkoopte vrouens in hul skamele kledingstukke. Die mans wat rondom haar staan en stilswyend toekyk hoe haar lot volstrek word. Die kompanjiegoedere verder weg in houtkratte en goiingsakke teen die mure gepak. Sy sien dit alles en tog verklap haar blik geen gedagte of opinie oor wat sy sien nie. Asof sy verhewe is bo die herberg van klip en steen wat na mans se sweet, perdekak en tabak ruik, kyk sy op hulle neer. Dit is nie ’n podium nie. Dit is ’n troon.

Soos weerlig voel dit toe haar oë syne ontmoet. Sy is nie deel van hierdie transaksie wat nou plaasvind nie, besef Heindrick.

Toe die bod op haar by ’n handvol munte vasslaan, lig hy sy hand. Die ander bieër slaan sy hakke na die wind toe hy dubbeld die koopsom aanbied. Van die ander vryburgers stap kopskuddend weg toe hy die geldstukke aan Steyn oorhandig.

 

Die eerste weke saam met haar was hel. Myle voor die Breederivier, tussen die Groot en die Klein Drakensteenberge, verskyn ’n vlakvark vanuit nêrens.

“Gefahr! Gefahr!” skree hy in sy swaar Oos-Frankoniese aksent toe die ritseling tussen die lang gras ontvou.

Te laat.

Die vark met die breedte van ’n kis en die gesig van die duiwel peil vanuit die ruigtes, mis die voorlopers, vleg tussen die stampende, balkende osse deur, skeur ’n stuk uit die wa se onderstel en sny ’n diep keep uit die vrou se bobeen toe hy bo-oor haar weer die bosse in verdwyn.

Deur die opgeskopte stofwolk tas hy na haar. Die dierasie het haar platgetrek. As die ergste sand en klippe weer lêplek vind en die blou lug soos saffier bo hulle glim, sien hy dat sy bloei.

“Jetzt bist du verletzt! Wenn ich Gefahr nenne, musst du Schutz suchen!”

Sy kyk hom aan asof hy iets aan haar wil doen. Iets ergers as die wilde vark met sy vlymskerp voortande. Hy wil aanbied om haar wond vir haar te versorg, maar sy wikkel haarself van onder hom uit. Gaan staan gedwee meters van hom af weg. En dít is waar sy bly.

Die somer het warm geword. Warmer as die somers in Stattin waarvandaan hy kom. Heimlik en effe bedroef wonder hy of al die somers dan só sal wees.

Teen middel-Januarie bereik hulle die plek waar die Sonderend- en die Breederivier mekaar ontmoet. Die Swartberge toring soos een van Keulen se katedrale bo hom. Die reën bly weg. Die osse kry swaar. Met die bietjie geld waarmee hy hier aangekom het, kon hy kwalik genoeg bymekaarskraap om die twee waens ordentlik van proviand te voorsien. Genoeg hande kon hy ook nie bekostig nie. Sy, saam met hom en die vyf mans, maak sewe die wildernis in.

Daar is vier mans, twee ouer, twee jonger, wat voorloop. Links van die krakende, ratelende wawiele stap ’n ander man. Ook gevorder in sy jare. Regs van die wa bly hy. Alewig op die uitkyk vir bergluiperds bedags en snags vir jakkalse. En amper heeltyd vir vlakvarke.

Sy mantra bly dieselfde en hy kan homself al in die nag in sy drome hoor uitroep: Gefahr! Gefahr! terwyl hy koorsagtig die Potzdam laai en afvuur. Laai en afvuur.

Anderkant die Breederivier verander die plantegroei. Dit is asof die woestyn waarvan hy vertel is vanself nader en nader aan hulle kruip. Teen die einde van die eerste maand bestaan daar ’n kameraadskap van soorte tussen hom en die ander mans. ’n Geneentheid vir oorlewing: Trek saam of vrek saam. Van die junge knabe sal selfs wegskiet, uit eie wil, om dan met die afgeslagte karkas van ’n kleinerige bok of vet dassies terug te keer. Hy is dankbaar vir die vleis. Al kan hulle nie sy taal praat nie en hy nie hulle s’n nie, het hulle tog ’n werkbare manier gekry om mekaar te verstaan: ’n hand gelig in die rigting van ’n veraf tafelkop dui rigting. Arms wat swaai en hy wat in Duits swets as daar met die trekosse gesukkel word. Sy diep, angstige stem wat in sy moedertaal waarsku en beveel: “Hier schlafen wir heute Nacht. Achten Sie auf Gefahren.”

 

Hulle antwoord hom met kliekgeluide en tongklappe. Onder mekaar praat hulle ook. Klinkers en klanke wat in hul monde verstrengel raak om soos ’n onverwagte vloed verby hul lippe te vloei. Blitsvinnig kommunikeer hulle om dan weer vir lang tye in absolute stilte met mekaar te verval.

Hy beny en vertrou hulle. Van die vrou bly hy onseker.

Sy stap agter. Op haar hakke ’n stoet beeste wat naby dertig koppe tel en drie hanslammers wat nou al vet vertoon. Op ’n manier het sy die diep wond bo haar dy genees. Verder spreek sy geen woord in haar taal nie. Maak sy nie ’n enkele geluid nie. Asof sy daarvoor gebore is en hulle dit verstaan, stap sy slegs agter die wa aan met die diere wat haar gehoorsaam volg. Vir ’n weerbarstige bees wat wil dwarstrek of ’n lammer wat wil wegdwaal het sy niks meer nodig as die streng kyk van haar donker oë nie.

Saans, wanneer die sterre soos duisende vuurkooltjies bo hul koppe glinster en die mans snorkend onder en langs die wa lê, verdwyn sy die bosse in. Hy is so bitter bang dat sy sal wegloop. Dat hy homself een oggend van onder sy komberse sal wikkel om te vind dat sy nié deur die nag terugkeer nie. Tog, elke oggend, vind hy haar opgekrul op die matjie van fyn dekriet wat sy self gevleg het. Haar asemhaling en dié van die beeste en die hanslammers wat styf teen haar opgekrul lê, een gedierte.

Hy probeer met haar kommunikeer. Wanneer hy sien dat die mans té gulsig met die gerantsoeneerde vleis, heuning, mieliemeelpap of verdorde brood omgaan, wend hy hom na haar: “Komm her. Komm und iss. Du musst essen.”

 

Sy kyk hom aan asof hy iets banaals kwytraak. Stom draai sy van hom af weg en hy begin wonder of dit die manier is waarop hy met haar praat en of dit die barheid van sy moedertong is wat haar ontsenu om met hom te probeer terugpraat.

Sy vrese word bewaarheid, maar nie op die manier wat hy gedink het iemand sou hom versaak nie. Met ’n week en ’n half se trek oor, word hy siek. ’n Nare koors deurtrek sy lyf. In die dag loop hy straks honderd voet of meer van die waens af. In ’n naarstigtelike paniek soek hy die skaduwees van bome, struike en kliprante op. In die aand kry hy nie geslaap nie. Hy rol rond. Stoei deur skrikwekkende, kort nagmerries. Mompelend en deurweek met sweet ontwaak hy keer op keer. Hy eet min. Geen eetlus oorval hom meer nie. Hy bly dors, so ficken dors. Gereeld stuur hy een van die jongeres uit om water te gaan soek.

Op ’n dag wat hy voel dat hy hierdie aarde gaan verlaat, bring hy die twee waens, die osse en sy geselskap tot stilstand. Hulle is by die voet van ’n steil helling. Die koppe vertoon vir hom soos die kranse van Zugspitze. Hy beduie vir die mans dat hul vir hulself moet sorg. Na hout en ’n stroom moet soek. Dan kruip hy onder die voorste wa in en verval hy in ’n droomlose slaap.

Verward skrik hy wakker toe hy die musket nie meer langs hom raakvat nie. In sy gespanne dwaal het hy omgerol en nie die harde, koue staal van die loop teen hom gevoel nie.

Hy beweeg nie vanwaar hy onder die geelhoutplanke van die wa se onderkant lê nie. Versigtig kyk hy om hom rond. Hy sien die osse se bene. Die lammers se wollerige rugkante. Rustig staan die diere in die gras en wei. Hy verstel sy blik om die mans te vind. Gewoonlik sal hy hul donker, naakte rugkante iewers tussen die valerige gras bespeur. Hy luister of hy die kenmerklike klanke van hul taal kan hoor. Net die ligte bries en die olienhoutbome wat daarin kraak en wieg, kan gehoor word. Hy spits sy ore. Net sonbesies verder.

Stadigaan rol hy homself van onder die wa uit. Verslae toe hy vorentoe kyk en die ander wa nie daar sien staan nie. Dit was die wyer, langer wa. Die een met die sakke saad daarop. Eiendom van die Kompanjie. Houer van sy toekoms anderkant die Swartberge.

Ontnugter stap hy tot in die oopte waar hy wéét die wa ure tevore nog gestaan het. Met sy hande in sy sye en sy bloed wat in sy ore begin bruis, roep hy verslae uit: “Wohin bist du mit meinem Einkaufswagen gegangen? Ich bringe euch alle um!”

’n Ritseling in die gras. ’n Vinnige beweging agter die bome. Herauskommen! roep hy woedend die figuur na. Soos ’n glasogie tussen die takke, skiet die figuur weg om tussen die gras te verdwyn.

Hy is buite homself van woede. Met ’n paar tree is hy by die oorblywende wa. Sy hande soek blindelings onder die lappe en tussen die glasflesse en koffers vir die geweer. Dit is nie daar nie. Dan lig hy homself oor die reling. Begin verwoed kiste ooppluk op soek na die Flintlock. Verdwaas tree hy terug toe hy die inhoud van die kis wat die rewolwer bevat, oor die rand van die wa stuur en niks verder binnekant vind nie. Hulle het hom beroof! Hy is totaal en al wapenloos, sink die besef sekondes later by hom in.

Sy hart bons in sy keel toe hy voetval agter die wa hoor. Wer ist das? roep hy diepstem uit. Hy kan die onsekerheid vanuit sy keel hoor en in die kruis van sy lende voel.

Soos ’n voorbode staan sy daar tussen die beeste met haar hande wat sy agter haar rug hou. As sy kwaad of dalk bang was, verklap haar gesig dit geensins. Asof na hul ma, haas die lammer hulself tot langs haar sy. Die wit van hul wol is in skerp teenstelling met haar teergekleurde vel wat soos goud in die namiddagson skitter.

Waar is die mans en my geweer? Wat gaan hier aan? vra hy in Duits met ’n skorstem asof sy hom gaan verstaan en sy op ’n manier verantwoordelik is.

Sy bly roerloos staan. Haar hande agter haar rug.

Wankelend klim hy van die wa af sonder om haar uit sy sig te neem.

“G ...” sê sy toe hy naby haar kom.

Hy wil haar vertel dat hy haar nie kan verstaan nie, maar verstar toe sy stadig haar hande van agter haar rug tot voor haar bring. Die Flintlock hang tussen haar duim en wysvinger. Asof sy ’n stinkende ding vashou, strek sy haar arm van haar af weg.

“G ...” sê sy weer en toe dringend. “Gah ...”

Vraend kyk hy haar aan.

“Gah ...” Haar oë word wild asof sy verstik. “Gah!”

“Wat?” skree hy gefrustreerd op haar.

Dit klink asof sy met haar mond geboorte gee.

“Gah! Gah! Gah ... v .... v ...” Asof die Heilige Here vanself Sy vingers tot in haar keel druk om die woorde van agter haar kleintong tot op die punt van haar tong te dwing, kom die woord uit. “Gevaar! Gevaar! Gevaar!”

Hy kry nie tyd om iets terug te sê nie. Eerder reageer hy onmiddellik op haar waarskuwing toe sy die rewolwer na hom slinger en sy verskrik na agter hom wys. Die jong mans wat hy tot nou toe voor gesorg het en wie hy geskat het sy kamerade is, kom teen die koppie af. By hulle is nog mans. Dieselfde bou en lengte. Spiese in hul hande. Moord in hul oë.

Hy sê ’n skietgebed op toe hy die Flintlock in ’n stewige greep beetkry. Dié rewolwer het geen vlam nodig nie. Sy wysvinger wat om die sneller trek, is genoeg. Hy mik en skiet sonder die sekerheid of die buskruit nog enige fut daarin oor het.

’n Oorverdowende knal klink op. ’n Swerm spreeus duik vanuit die naaste boom om in ’n kakofoniese gekwetter die blou lug in te skiet. Die aanvallers spat in twee groepe. Manstemme wat roep en dreig vul die lug. In die warboel wat volg, struikelval hy na die wa om die Flintlock te herlaai terwyl die beeste elk hul eie rigting inslaan. Al balkend en met hoewe wat klippe opskiet en die lammers vertrap, verdwyn hulle ook. Doef! gaan die tweede skoot af. Hy wil hom verbeel dat die roepende, klaende stemme verder en verder van hom af opklink, maar hy kan niks deur die waas van stof, grashalms en sy koorsbenewelde verstand vertrou nie.

Dit voel asof iemand agter sy ribbes roei, so klop sy hart. Die rewolwer bewe tussen sy hande. Hy het dit blitsig herlaai. Met stokstywe voorarms en sy vinger krampagtig om die sneller, rig hy dit op die bedreiging. Wanneer die stof gaan lê, is dit duidelik dat hulle die koppe in is.

 

Dit neem hom die meeste van die middag en ’n stukkie van die aand om die beeste bymekaar te maak. Daarna slag hy die vleis van die lammers se gebreekte bene af, braai daarvan en pekel die res. Die velle drapeer hy oor die wawiele. In die glimmer van die vuur, wat heelaand lank sal moet brand, neem hy bestek van sy voorraad en beplan hy aan ’n uitkoms. Hier is hy te ver weg van Die Kasteel om vir hulp te vra en omdraai gaan hy nie.

Die koors waaraan hy steeds ly, laat hom indompel. Sy liggaam ruk toe hy wakkerskrik. Halfverbaas, halfverlig sien hy haar reliëf wat tussen die beeste staan.

Sy kom nader. Gooi hout op die vuur.

Lees die ander verhale hier:

Kyk hoe ver het ons gekom: PEN Afrikaans en LitNet se kortverhaalkompetisie

The post Op die punt van haar tong first appeared on LitNet.

The post Op die punt van haar tong appeared first on LitNet.

Viewing all 21831 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>