Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately. |
Dit maak nie saak wat Alice aan het nie, sy laat altyd iets vir die verbeelding. Die vorige dag het sy my gevra wat moet sy aantrek vir ons ontmoeting, en dis toe ek voorstel iets met swart onderklere.
Vandag kom sy die vertrek binne met 'n kort minirokkie, van ligte satynmaterial wat los om haar lyfie swaai as sy stap. Bliksem, sy het mooi lang bene besef ek net weer eens toe sy haar gemaklik maak op die bank, en die rokkie skuif op tot hoog teen haar bobene. Met drankies in die hand gaan sit ek oorkant haar en trek my stoel nader, sodat sy haar voete op my skoot kan sit. Dit was die beste "move" wat ek kon doen, want haar bene gaan effens oop toe sy haar voetjies op my stoel sit ... en ek sien die swart broekie uitsteek.
Gelukkig is Alice baie gemaklik by my , en sien toe ek onder haar rokkie inloer. Sy glimlag net speels en neem die drankie wat ek haar aanbied. Ek vertel haar van die website waarop ek afgekom het, waar mans foto's van hulle vrouens neem as hulle "flash". Doodluiters sê Alice: "Nou waar’s jou foon. Neem maar as jy wil."
Kyk, dit maak my jags, as ek - met toestemming - onder 'n girl se klere kan insien. Ek laat nie op my wag nie en gryp my foon wat hier langs my lê. Intussen het sy haar voete weerskante van my gesit en haar bene is nou wyd oop. Sy laat my toe om haar rokkie verder op te trek totdat haar hele broekie wys, en sit met 'n stout glimlag, en kyk diep in my oë terwyl ek my verlustig aan die sexy broekie wat die mooi ronding van haar koekie bedek.
Na 'n paar fotoss kom sit sy wydsbeen op my skoot en soen my vuriglik. Ek dink sy het ook begin "warm" word, want toe ek haar optel en met haar kamer toe stap was daar geen teenkanting nie.
Woordeloos begin ek haar uitrek ... eers die klein rokkie oor haar kop, en toe, vir die eerste keer, kom ek agter dis 'n swart bikini wat sy aanhet. Vlugtig maak sy die toppie los terwyl ek die broekie afskil van haar lyf af. Ek moes net eers vir 'n oomblik stistaan en kyk na die pragtige ferm borste wat nog pertinent orent staan, al lê sy op haar rug. Sonder seremonie laat waai ek ook met my klere, en in n japtrap is ons alby nakend. Van die voetenent se kant af kruip ek nader oor haar, en sy maak haar bene oop om my te akkommodeer. Vir 'n vlietende sekonde sien ek die haar lippies blink van die nattigheid voordat ek haar een bors begin soen, en met my hand haar ander bors se tepel vryf.
Alice haal lig asem, en haar hande hou my kop vas toe ek teen haar lyf afsak en met my tong 'n nat strepie los oor haar plat magie. My plan is om haar koekie 'n tongmassering te gee wat sy sal onthou, en gewillig lig sy haar heupe toe met my tong haar lippe oopvlek. Met my linkerhand se duim en wysvinger hou ek haar lippies oop, terwyl my tong op en af in die gladde slootjie baljaar. Haar asemhaling word harder toe ek haar klit beetkry en vinniger begin lek. Terselfdertyd laat ek een vinger in haar dosie ingly, en geniet die warm liggaamshitte diep binne-in haar lyf.
Alice het nou my hare beet in 'n stewige greep en druk my kop styf teen haar bultende koekie vas, as ek 'n tweede vinger in haar tonnel van liefde indruk. Haar asemhaling het nou kreune geword en haar heupe ry nou ritmies met my vingers wat haar sopnat dosie masseer. Ek konsentreer nou met my tong net op haar klit en suig kort-kort hard daaraan. Dan laat ek my tande haar klit omvou en rol dit heen en weer. Alice se asemhaling is nou heeltemal onbeheersd en daar gaan 'n trilling deur deur haar bene wat my kop styf vasknyp. Hier is 'n moerse groot orgasme besig om op te bou, toe ek oploer na haar, en sien hoe haar maagspiertjies styf trek. Skielik klink dit of sy ophou asemhaal, net om met 'n gil 'n klimaks te bereik. Haar hele lyf trek styf in 'n spasma, en haar heupe beur teen my gesig vas. Alice se bene knyp my in 'n kopklem vas totdat haar liggaam ophou ruk, en die spasmas bedaar.
Dit was een intense orgasme, en toe ek opkyk maak sy haar oë ook oop. Haar gesig is rooi van die na gloed, en sy lag heerlik uit haar maag uit. "Awesome," is al wat sy uitkry toe ons bedaar, en ek langs haar gaan lê ...
Julle het seker al lankal opgemerk dat ek nie eers noem dat ek ook 'n pielstyf gekry het nie? Wel ek het nie, daar is net so semi een toe ek afkyk, en wonder wat gaan met my aan.
Alice is een van die warmste vrouens wat ek ken, en gewoonlik is ek binne minute reg vir aksie. My 7 duim voël lê net lui teen my maag en ek begin worry. Wat die fok gaan aan. Ek het nie 'n babelaas nie, ek is nie siek nie, en ek lê langs 'n supersexy girl sonder n horing! Op daardie oomblik begin haar sagte klein handjie my voël streel ... sonder reaksie! Alice rol my om op my rug, en buk oor my om my een van haar famous blowjobs te gee. Haar tong speel eers met my voëlkop, en dan suig sy my piel al hoe dieper in haar mond. Wow, dit voel lekker ... maar nog geen reaksie nie.!!! Net 'n "semi-styfie" wat nie verder wil groei nie.
Nou begin ek panic, en maak verskoning sodat ek vir ons 'n drankie kan gaan haal. Dit gaan my tyd gee om tot verhaal te kom. In die kombuis slaan dit my soos n bom. Ek het vanoggend 2 sterk sinuspille gedrink net toe ek opgestaan het met n toe neus en ligte hoofpyn. Voor ete op n leë maag. Dit het my "verdoof".
Ek roep sommer uit die kombuis uit dat ek gou gaan stort, want ek weet … Warm water en baie seep laat junior gou weer lewe kry. Ek stort ekstra lank en gebruik sommer alles wat in die stort is. Seep, body wash en sjampoo en ek speel so bietjie met die lustelose mannetjie totdat daar reaksie is. Sonder om af te droog stap ek kamer toe, en Alice lê daar in haar naaktheid en wag vir my. Nou het ek bietjie meer selfvertroue en gaan staan langs die bed by haar. Sy gaan sit regop en neem my halwe horing in haar hande en gee my 'n stadige hand job.
Mmmm, dit lyk beter. My voël word harder en Alice neem hom weer in haar mond. Haar klein handjie hou die skag vas, terwyl haar tong en nat lippe nou my pielkop terg. Wow, dit werk! Intussen het ek met my een hand haar poesie begin vryf en n vinger weer in die slootjie laat ingly. Sy is nat en reg vir my ... jippie! Toe ek haar terugdruk op die kussings klim ek sommer dadelik tussen haar bene in. Sy gooi haar bene om my lyf , en terwyl ek myself op een arm stut, vat ek my harde voël in die ander hand en druk hom saggies tussen haar glimmende nat lippies in.
Alice gee 'n behaaglike lang sug toe my volle lengte haar penetreer, en sy knyp my met haar bene vas. Dadelik begin ek ritmies te stoot, en sy ontvang elke indruk met haar heupe, en druk terug. Ek lek aan haar oor, en voel my warm asem teen haar nek. Sy antwoord met sagte kreune en maak haar oë toe, toe ons ritme begin versnel. Dit is ongelooflik eroties om haar sagte kreune so naby my oor te hoor, en te voel hoe haar asemhaling ook versnel. Nou druk Alice se heupe harder teen my en dit lok my uit om harder terug te stamp. Haar asemhaling en kreune is heeltemal deurmekaar. Sy hyg en steun al hoe harder en weer voel ek die trilling deur haar bene gaan wat my nou styf vasknyp. Haar tweede orgasme is op pad, en dit spoor my aan om vinniger te pomp. Alice se maagspiertjies begin weer bewe, en sy gooi haar arms om my skouers om my nader te trek. Met een laaste harde stoot sak ek op haar neer toe sy saggies gil, en die klimaks uit haar binneste tot die oppervlakte bars ...
Dit was n ongelooflike sessie, en het harde werk gevat om Alice weer tot 'n orgasme te dryf. Vir 'n paar oomblikke lê ons net so op mekaar, en toe ek my voël wil uittrek gryp sy my boude vas. “Moenie,” is al wat sy sê, en ek bly net so lê met my harde paal nog diep in haar lyfie weg gebere.
Weer begin ek panic ... hoekom kan ek nie ook kom nie?
Alice vra my saggies in my oor: ”Moet ek omdraai?” sodat ons 'n doggie style kan doen, maar ek wonder of hy nie weer gaan sag word as ek hom uithaal nie. “Nee,” fluister ek terug en begin weer stadig in en uit en sirkelbewegings met my heupe doen. Sy hou daarvan, want haar heupe speel nou saam. Wow … dit voel goed, en ons tel weer spoed op. Nie lank nie en ek voel 'n krieweling teen my bene opkruip. Hier is besig om iets te gebeur, wat my aanspoor om meer dringend en dieper te stoot. Die klimaks kruip teen my rug op en toe dit my nek bereik , kon ek nie meer hou nie. Krampagtig klou ek haar vas toe die eerste strale warm saad haar binneste inpuit. Alice voel my orgasme in haar en beur ook hard vorentoe met haar hele lyf. Die laaste steun uit haar keel het in n harde gil verander, en vir die eerste keer kom ons saam.
Natgesweet en uitasem hou ons mekaar vas, en die stilte daal in die kamer neer.
Hierdie meisie kry die beste uit my besef ek, en kon nie glo ek het n paar minute gelede nog 'n "panic attack" gehad toe dinge nie wou vlot loop nie. Haar moet ek hou “for ever en ever”.
The post Hygliteratuur: Panic attack appeared first on LitNet.