Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Boekresensie: 'n Vlag aan die tong saamgestel deur Hein Willemse en Steward van Wyk

$
0
0

Steward van Wyk en Hein Willemse (foto's: Naomi Bruwer)

 

sodat my nuutgebore stem na woorde smag
om 'n lied vir my land
soos 'n vlag aan die tong te laat sweef
bo die geruislose val van skanse van die vel
(“27 April 1994”, Vincent Oliphant)

Een van die interessantste aspekte van die Afrikaanse literatuur is die onbekendheid daarvan, selfs by Afrikaanslesendes. Nie alleen die werke en literêre besinnings in verskillende tydvakke nie, maar ook die – om dit dit so wyd moontlik te probeer stel – "wêreld van die swart Afrikaanse skrywer”. Swart word hier generies bedoel.

Lees ook:
Foto's: Vierde Swart Afrikaanse Skrywersimposium, #SAS4_2015
Video: #SAS4_2015 – Sleuteltoespraak deur Hein Willemse

Gedeeltelik is dit begryplik. In die huidige landwye ordekrisis was dit weer eens politieke uitsprake en magsredenasies, hashtag-voorskrifte en selfs akademiese toegifte wat die orde van die dag bepaal het. Selfs die sg betrokke literêre werke speel so te sê geen rol nie. Mag het sy eie logika en magsmisbruik sy eie juigkoor.

As hierdie resensie dus lees soos 'n reklame vir 'n Vlag aan die tong, 'n Gedenkbundel van die derde Swart Afrikaanse Skrywersimposium, saamgestel deur Hein Willemse en Steward van Wyk, is dit ook as gevolg daarvan dat die publikasie laat is (die simposium was al in 2005), en tog – vreemd genoeg – is die verskyning, die huidige omstandighede in ag genome, presies betyds.

Die simposium was die derde van 'n reeks van vier in die "opponerende intellektuele en politieke tradisie" (Willemse) wat gereël is deur die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van Wes-Kaapland. Volledigheidshawe, die eerste, gebundel in Swart Afrikaanse skrywers, en die tweede, Die reis na Paternoster, het in onderskeidelik 1985 en 1995 plaasgevind, die laaste, nog ongebundel, in 2014.

Buite die konteks van hierdie simposiareeks was daar aan die destydse Technikon Skiereiland ook in 1988 'n dag lange bespreking oor Afrikaans en Bevryding, oftewel Alternatiewe Afrikaans (publikasie geredigeer deur Randall van den Heever; dis vandag 'n skaars versamelstuk).

'n Vlag aan die tong bevat nie net die referate nie, maar ook die getranskribeerde paneelbesprekings en die voorskoue, nabetragtings en bylaes.

vlagaantong600

'n Indringende bespreking van al die referate of artikels kan hier nie tot sy reg kom nie. Ek volstaan dus met Hein Willemse se verhelderende oorsig oor die “oorspronge en konteks” van die simposia, wat eintlik die ontstaansgeskiedenis vertel. Kortliks: dit het in 1985 ontstaan toe “Afrikaans dié hegemoniese uitdrukking van Afrikanernasionalisme en die Afrikaanse letterkunde in hoofsaak 'n uitdrukking van daardie hegemonie” was. Die probleme, die marginalisering, die Afrikaner het sedertdien verander. Ná 1994, en sekerlik teen 2005, was daar “toenemende aanpassings” en het die vraagstukke ook verander na: “Hoe lyk die identiteite van die toekoms (nasionaal, etnies, sosiaal en kultureel)? Hoe maak skrywers, kritici en ander daardie toekoms moontlik?”

Steward van Wyk stel dit ietwat anders in sy netjiese verwelkoming. Hy verwys na die konteks, bv die voorafgaande belangrike gebeurtenisse soos die Sestiger-Somerskool aan die UK in 1973; hiérdie simposia praat egter met 'n besonderse stem: daar's selfs 'n moontlike simboliek daarin dat die eerste twee gehou is in 1985 in die raadsaal van die ou apartheidsruimte vir die Verteenwoordigende Kleurlingraad (VKR) en in 1995 op Paternoster (“'n hanetreetjie van die Bahia da Santa Elena, St. Helenabaai”) waar Vasco da Gama in 1497 voet aan wal gesit het. In albei gevalle is die simposia “besitname van koloniale en neo-koloniale ruimtes”)!

Willemse waarsku dat die stryd om “gelykwaardige deelname van swart Afrikaansprekendes om gelykberegtiging” nog nie afgelope is nie.

Ek wil vir die doel hiervan 'n interessante insig uitlig waarby Ampie Coetzee se netjiese formulering pas in sy beskrywing van die manier waarop in die verlede oor “swart afrikaanse skrywers” gepraat is.

Die hele problematiek kom basies neer op 'n eintlik polities bepaalde teenstelling: aan die een kant “die proses van universialisering van kultuur” (dit wil sê die verskillende estetiese beskouings oor die letterkunde) wat “die verdringing van die opposisionele stem impliseer" (jy ken die gesegde: dis mos politiek, nie letterkunde nie!), met die gevolg dat “miljoene Afrikaanssprekendes se versugtinge nie werklik verwoord word nie."

Hierdie tweespalt word in Rudi Venter se bespreking van die swart fiksieskrywers en die Afrikaanse uitgewerswese verder gevoer in die verwysing na die bekende opmerking van Charles Fryer oor die "sonbesie-poësie" en die voorstanders van betrokke poësie se reaksie daarteen. Wium van Zyl sê tereg die botsing verteenwoordig twee literatuurbeskouings: die tradisie van waarde heg aan estetiese afgerondheid en daarteenoor kuns wat onderhewig is aan die politiek en dus ideologies beoordeel moet word.

Dit is in werklikheid 'n kerntweespalt hierdie en 'n mens sou graag in opvolgsimposia 'n studie wou sien oor die rede waarom party literêre werke tot albei “wêrelde” behoort – sê maar Multatuli se Max Havelaar, maar ook nader tuis Adam Small se Kanna en Elias Nel se “Jan Dos”. Daar is geen maklike antwoorde nie. Ek het net twee Afrikaanse werke genoem; daar is véél meer in elke genre. 'n Mens sou ook van die vroulike skrywers se werk kon betrek én die “Christelike inspirasie” (Luc Renders). Terloops, oor Nel se streektaal verskyn daar in hierdie boek ook 'n uitstekende ontleding deur Frank Hendricks. Op reis deur die boek kry mens die een Afrikaanse vergesig op die ander.

Al bostaande is opsombaar in een sin: Bestel hierdie boek; dis verkrygbaar van jpekeur@uwc.ac.za en dit kos R200, posgeld ingesluit.

The post Boekresensie: 'n Vlag aan die tong saamgestel deur Hein Willemse en Steward van Wyk appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>