Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20660

BoekeJol: Die voel-goed-Dawid tussen die Goliat-feeste

$
0
0

Nie te lank terug nie was daar maar enkele feeste wat gefokus het op boeke, als gesetel in die Wynland. Grahamstad tel nie regtig nie, want hulle konsentreer op die kunste breedweg, met woordkuns maar een enkele komponent daarvan.

Nou is daar talle feeste, in die meeste provinsies in die land, en ’n hele paar vier Afrikaanse woordkuns in al sy glorie. Soms voel dit of daar elke paar maande ’n nuwe fees bekendgestel word. Dit laat my altyd wonder hoe die feeste oorleef, en hoe hulle vir hulself ’n nis uitkerf.

Die afgelope week het BoekeJol, een van die jonger lede in die feestestal, in Tshwane plaasgevind. BoekeJol is drie jaar oud. Hierdie jaar het ek, anders as vorige jare, probeer om soveel vertonings as moontlik by te woon. Daar was ’n verskeidenheid, van aktuele gesprekke tot boekbesprekings tot slypskole en musiekvertonings. In elke geval, sonder uitsondering, was ek beïndruk met die gehalte van die besprekings en die sprekers.

Is daar ’n gesprek oor ekonomie, dan kan jy verseker wees Dawie Roodt is deel van die gesprek. ’n Slypskool om radiodramas te skryf, word deur die meester self, Eben Cruywagen, aangebied. Leon van Nierop praat oor flieks. Of Mary-Ann van Huffels-Plaatjies, moderator van die VGKSA, en Reggie Nel, dekaan van die Fakulteit Teologie by US, praat oor godsdiens en versoening, terwyl Wannie Carstens Afrikaans se geskiedenis onder die loep bring. Gesoute gespreksleiers soos Cobus Bester, Heindrich Wyngaard, Ilse Salzwedel, Tim du Plessis en Mariëtta Kruger het gesorg dat die gesprekke onderhoudend, intelligent en soms eenvoudig entertaining gehou is. Sangers soos Gloria Bosman en Anna Davel het opgetree. Jak de Priester het met die openingsgeleentheid, Kronkelkuier, voorlesings uit verskeie skrywers se werke gedoen.

Dan is daar die skrywers, of eerder woordkunstenaars. Piet Matipa. Elsa Winckler. Helene de Kock. Pieter-Louis Myburgh. Keina Swart. Deborah Steinmair. Harry Kalmer. Gerda Taljaard. Rudie van Rensburg. Antjie Krog. Bibi Slippers. Andries Bezuidenhout. Wilna Adriaanse. Die lys gaan eenvoudig net aan en aan. BoekeJol was vir ’n leser soos Willy Wonka se sjokoladefabriek. Maak nie saak watter genre jy verkies nie, daar was skrywers binne daardie genre wat ’n gesprek aangebied het.

Een van die gewildste aanbiedings was Etienne Bloemhof se gesprek met Etienne van Heerden oor sy nuutste boek, Die wêreld van Charlie Oeng. Die Pretoriase groep Leserskringe, blykbaar 17 klubs altesame, het die geleentheid aangebied. Ou tannies het die Atterbury-teater volgepak om na “die mooie man” soos wat een stokou vrou hom beskryf het, te luister. Ek vermoed Etienne kon eintlik maar net daar gaan sit en mooi lyk het – die tannies sou tevrede gewees het dat hulle waarde vir hul geld gekry het!

My groot berou is dat ek Bennie Boekwurm gemis het.

Een van die hoogtepunte vir my was die gesprek wat Mariëtta Kruger met Helen Zille gevoer het. Gereelde lesers van my rubriek sal weet dat ek dink Helen, of Otta Helena Maree soos wat Marieta haar bekend gestel het, is ’n politieke ramp wat eintlik net ’n plek soek om behoorlik te gebeur. Ek moet bieg, ek het lank gewik en weeg voordat ek besluit het om tog die gesprek by te woon. Gloria Bosman sou sing, en dis die groot rede hoekom ek gegaan het.

Miskien sou al my bedenkinge waar geword het in die hande van ’n ander onderhoudvoerder. Mariëtta het egter verkies om te fokus op Helen die mens, eerder as Helen die politikus, en dit het ’n totaal ander dimensie aan die gesprek gegee. Sy het selfs baie liggies die spot gedryf met Helen se Twitter-obsessie. Dit was so goed gedoen, en was so onverwags, dat ek van my stoel wou afval (en die res van die gehoor van hulle s’n) van die lag. Die verrassendste, Otta Helena het saam gespot!

Die Lynnwoodbridge-kompleks waar BoekeJol aangebied is, is gerieflik, met venues binne loopafstand van mekaar, en bowenal veilig. Wat hierdie fees egter besonders maak, is die mense agter die skerms. Dia se dream team, soos wat ek hulle in my kop begin noem het. Dia se liefde vir boeke en mense, nie noodwendig in daai volgorde nie, is natuurlik al goed bekend. En haar kopband en polkadotveters in haar skoene het persoonlikhede van hul eie. Wat Dia egter besonder goed in slaag, is om haar te omring met mense wat gulhartig, hulpvaardig en bowenal effektief is. Ek was gelukkig. As kunstenaar kon ek bietjie agter die skerms inkyk. Elsabe van Vuuren is die persoon, behalwe Dia self, met wie ek die meeste te doen gehad het. Sy’t my beïndruk met die manier waarop sy elke krisis, groot of klein, hanteer het. Glimlaggend, altyd gereed om seker te maak die kunstenaars is gelukkig.

Die feesfotograaf, Annemé Beukes van Due Latte Studios, het ’n foto van my saam met Gloria Bosman geneem. Toe ek die venue die aand laat verlaat, was sy nog druk besig om foto's te neem. Ek weet nie wanneer sy tyd gekry het om te slaap nie, maar iewers voor eenuur die volgende oggend het sy ’n e-pos aangestuur met die foto daarby sodat ek die volgende oggend op Facebook kon spog.

Dis maar my eie ondervinding, en terwyl ek nie veel te doen gehad het met die res van die BoekeJol-Buddies nie, glo ek dat dieselfde geesdrif ook by hulle te vinde was. Elke kunstenaar met wie ek gepraat het, kon net met lof praat oor die organiseerders, en oor die feel good-atmosfeer. Ook die feesgangers was ontvang asof hulle lede van die familie is.

BoekeJol het die potensiaal om ’n besonderse fees te word. Die een aspek wat egter heelwat kan verbeter, is bemarking. Dit het dadelik opgeval dat daar nie soveel plakkate in en om Lynnwoodbridge is wat die fees adverteer soos wat mens sou verwag het nie. Ek weet nie of daar in die aanloop tot die fees radio-onderhoude op die plaaslike stasies was nie. Ek het niks opgetel op ’n stasie soos RSG nie. By ander feeste voel dit soos die week voor ’n verkiesing: geen lamppaal en horisontale oppervlak is veilig nie. Die gevolg is dat minder mense geweet het van die fees, en ek is seker dit het getalle beïnvloed.

Dis ’n jammerte. BoekeJol is die tipe fees wat verdien om goed ondersteun te word. Wat gehalte en verskeidenheid betref, staan hulle beslis vir geen ander fees terug nie. Dis bietjie soos wanneer mens ’n nuwe off the beaten track-vakansieplek ontdek. Jy wil dit graag met almal deel, maar terselfdertyd wil jy dit vir jouself hou, omdat dit so ’n kosbare kleinood is wat bewaar moet word.

My advies is: maak nou reeds ’n aantekening. Augustus 2018 is BoekeJol die fees om by te woon. Hulle is dalk nou nog die Dawid teenoor die ander feeste se Goliat, maar ek voorspel net goeie dinge vorentoe vir Dia en haar BoekeJol-Buddies.

Lees ook:

BoekeJol 2017: ’n oorsig

Annemarie van der Walt
Feeste

"En wat ’n program was dit nie. As die noordelike provinsies se lesers afgeskeep voel omdat die oorwig van veral Afrikaanse skrywers in Kaapstad en omstreke is, was dit hul geleentheid om min of meer almal wat die afgelope jaar of wat ’n boek die lig laat sien het, te ontmoet."

 
BoekeJol 2017: fotoblad 1

Reney Warrington
Feeste

Die BoekeJol vind van 16 tot 20 Augustus in Pretoria plaas. Reney Warrington deel ’n paar van haar foto's.

 
BoekeJol 2017: fotoblad 2

Reney Warrington
Feeste

Die BoekeJol het van 16 tot 20 Augustus in Pretoria plaasgevind. Reney Warrington deel nog foto's en video's van die Digmaraton en ander boekgeleenthede.

The post BoekeJol: Die voel-goed-Dawid tussen die Goliat-feeste appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20660

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>