Vet feetjies vlieg nie
Kristel Loots
Uitgewer: Queillerie
ISBN: 9780624083245
Lucy Lombaard is die heldin van Kristel Loots se jongste boek Vet feetjies vlieg nie. As sy in Rubens se tyd geleef het was sy ’n gesogte skoonheid, maar nou leef sy in ’n eeu waar meeste vrouelywe soos kodestrepies lyk. Bedags sloof sy haar af by die Bellville SARS-kantoor, en snags verloor sy haarself in haar blog waar sy as die Funky Feetjie bekend staan. Lucy sukkel om te glo dat geluk, veral die van ’n romantiese aard, vir haar en haar XXL-lyfie beskore is. Gelukkig word sy verkeerd bewys en vind sy dat sy nie net kan vlieg nie, maar sweef.
NB-Uitgewers het hierdie heerlike roman gevier met ’n properse girls night out by ’n pizzaplek so reg in Lucy se kraal. Italiaanse trooskos, wyn en glinsterende vlerke het die boek weerklink – ’n joligheid so lekker mens sou dink die Funky Feetjie het dit self opgetower!

Pizza Vezuvio in die Tyger Waterfront is amper identies tot Pat’s Palace, die restaurant waar Lucy gereeld eet.

Alta Cloete, bekende skrywer en goeie vriendin van Kristel het saam gekuier en vol gees aan die pretmakery deelgeneem.

Die aand sou eenvoudig nie dieselfde gewees het sonder Marie-Louise Steyn en haar drie dogters nie – al vier funky feetjies in eie reg.

Bekende manuskripontwikkelaar Madri Victor was destyds verantwoordelik vir Kristel se eerste boek by NB-Uitgewers. Mettertyd het Carolyn Meads ook aan haar boeke gewerk. Albei het ’n glasie kom klink op die nuwe titel.

Hester Carstens is die hoof van Queillerie, die druknaam waaronder Kristel se boeke verskyn. Dit is aan haar en Cairistine Canary te danke dat Vet feetjies vlieg nie nou op die rakke is.

Al die feetjies was met vlerke en towerstaffies getooi. Daar is iets magies omtrent volwasse vroue met ragfyn vlerkies in die openbaar – die ander restaurantgangers het gedurig in verwondering gestaar.
Aan die einde van die aand kon mens nie help om te wonder wat Lucy op háár blog sou skryf oor hierdie betowerende aand nie …
The post Vet feetjies vlieg nie deur Kristel Loots: Foto's van die bekendstelling appeared first on LitNet.