Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Churchill: ’n mening

$
0
0

Churchill

Regie: Jonathan Teplitzky
Draaiboek: Alex von Tunzelmann
Met: Brian Cox, Miranda Richardson, John Slattery, Richard Durden, Julian Wadham en James Purefoy.

Die Britse filmbedryf is nie skaam om ’n poging aan te wend om ’n historiese drama oor hul legendariese figure te maak nie. In die laaste paar jare het Britse vervaardigers films gemaak wat handel oor koning Henry VIII met sy baie vrouens (The other Boleyn girl), die beleg van Rochester-kasteel (Ironclad) en koning George VI (The King’s speech); en verwag later in vandeesmaand ’n film oor die operasie by Dunkirk. Ooglopend lok historiese films skares Britse belangstellendes en die verwagting is seker dat omdat generaal Jan Smuts (onthou hy wou nie bekend staan as veldmaarskalk nie) deur Richard Durden vertolk word, ons die klein en gesellige kunsflieksale sal volpak om Churchill te sien.

Dalk dink jy: “Uiteindelik ’n historiese Suid-Afrikaanse karakter op die silwerskerm wat nie ’n polisieman in ’n apartheid-era-film is of ’n Boerekryger in ’n oorlog teen die Engelse is nie.” Dink maar weer. Ek is jammer om verslag te doen dat hierdie film nie die belese fliekvlooi wat hartstogtelik geskiedkundige feite najaag, sal beïndruk nie.

Die film handel net oor Winston Churchill, eerste minister van Groot-Brittanje gedurende die Tweede Wêreldoorlog, se stryd met ander hoë geallieerde militêre offisiere se planne om Frankryk binne te val gedurende Operasie Overlord (beter bekend as D-Dag). Dit is dus nie ’n hele biografie van Churchill wat op die skerm vertoon word nie, maar net ’n kort gedeelte uit sy lewe. Die film se hoofdoel is om te bewys dat Churchill ’n komplekse en depressiewe ou kêrel was wat ’n glorieryke lewe wou lei. Brian Cox vertolk die rol van Churchill en doen ’n fantastiese werk om die konflik tussen hom, generaal Bernard L Montgomery (Julian Wadham) en generaal Dwight Eisenhower (John Slattery) aktief en duidelik voor te stel. Dit is net jammer dat mnr Cox nie die unieke stemtoon en manier van praat wat so eie was aan Churchill, deur die film kon hou nie. Wat ook pla, is Durden se vertolking van Jan Smuts. Durden het regtig probeer om ’n Kaapse aksent na te aap vir die rol, maar die draaiboekskrywer het my hewig frustreer met die komiese manier waarop Smuts uitgebeeld word. Smuts lyk soos ’n gefrustreerde ouerfiguur wat nie na ’n stout kleuter kan kyk nie en maar die ergernis van Churchill se beledigings moet verduur. Waar in die wêreld sou dit so gewees het vir ’n man wat Churchill self uitgekies het om by hom oor te neem indien daar iets met hom sou gebeur? Dalk het die draaiboekskrywer (wat, ironies genoeg) ook weekliks kritiese artikels skryf oor dieselfde punt van histories verkeerde uitbeeldinge in hedendaagse films, nie genoeg tyd gehad om ’n behoorlike karakterstudie oor Smuts te maak nie. Sy moes maar net die deskundiges in Suid-Afrika gevra het om te help; ons mense help mos graag, of hoe?

Die lys klagtes kan seker verder strek, insluitend die irriterende mompeling van James Purefoy wat die Britse koning, George VI, probeer uitbeeld. Eisenhower en Churchill se grootste en laaste stryery, wat sommer by die Skotse Nasionale Monument in Edinburgh verfilm is, maak dat ek die historiese akkuraatheid van die beweerde ontmoeting bevraagteken. John Slattery was wel nie die vervaardigers se eerste keuse om Eisenhower te speel nie, maar steeds kon Slattery harder geskaaf het aan sy uitbeelding van die ontslape generaal. Dalk het Slattery geredeneer dat ’n arrogante Amerikaanse houding goed genoeg sou wees om die bravade van ou “Ike” uit te beeld. Tom Selleck se uitbeelding van “Ike” verdien hoër lof as Slaterry se poging.

Churchill sal nou nie enige prys vir historiese akkuraatheid wen nie, maar die verloop van die storie sal ook nie ’n persoon verveel nie. Die storielyn verloop teen ’n lekker vinnige tempo, maar die spanning val wel net so bietjie soos wat Churchill agterkom dat hy soos ’n buffel optree teenoor sy vrou Clem (Miranda Richardson) en sy sekretaresse. Mens moet ook nie kla met die wit brood onder die arm nie; ten minste vervaardig die Britse filmbedryf gereeld ’n historiese film wat die gehoor twee keer sal laat dink oor die verlede. Die Britse vervaardigers kan maar met plesier kom kyk na die menigte stories wat uit die Suid-Afrikaanse verlede verfilm sou kon word, mits hulle dit histories korrek wil doen, natuurlik. Die historici is daar; gebruik hul kennis.

The post Churchill: ’n mening appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>