Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21138

Die apies se dieretrein deur Rosamund Haden

$
0
0

Klik hierop om deur die prenteboek te blaai.

Die apies se dieretrein
Rosamund Haden en 
Tony Pinchuck (illust.)
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624081289

Hierdie prenteboek is ’n visuele fees, geskryf in humoristiese rym wat oud en jonk sal vermaak en bekoor. Net soos mense, kort diere ook soms ’n vakansie! Tony Pinchuck is veral bekend vir sy gesogte kaartjies (te koop by goeie boekwinkels). Die apies se dieretrein is Rosamund Haden se eerste prenteboek. Saam het hulle iets unieks geskep en local is beslis lekker.

Die lewendige teks en kleurryke illustrasies gee lewe aan Afrika se diereryk soos nog nooit tevore nie. Dis ’n besonderse geskenk vir volwassenes wat hou van dierelewe, grafiese kuns en reise na afgeleë plekke, sowel as ’n prettige soek-en-vind-boek vir jong lesertjies: soek die diere wat in die bont en besige illustrasies wegkruip.

  • Om een van drie eksemplare van hierdie boek te wen, stuur voor 8 Augustus 2017 ’n e-pos met die titel “Die apies se dieretrein” na wen@litnet.co.za. Die e-pos moet asseblief jou naam en van, fisiese adres en selfoonnommer bevat. Die boeke kan aan ’n Suid-Afrikaanse adres gestuur word.

The post Die apies se dieretrein deur Rosamund Haden appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21138

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>