Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

PEN African Network eis die vrylating van Eritrese skrywers en joernaliste in aanhouding

$
0
0

Die PEN African Network (PAN), wat bestaan uit ’n koalisie van PEN International-sentrums in Afrika, doen ’n beroep op Sy Eksellensie, Isaias Afewerki, die President van Eritrea, en die edelagbare Minister van Justisie, Fawzia Hashim, om onmiddellik die lot van al die joernaliste wat deur die owerheid van Eritrea aangehou word, openbaar te maak en om diegene wat nog lewe, onmiddellik en onvoorwaardelik vry te laat.

PAN doen ’n verdere beroep op al die lidstate van die Afrika-Unie en dié organisasie se voorsitter, Haar Eksellensie dr Nkosazana Dlamini Zuma, om diplomatieke druk op die Eritrese regering uit te oefen ten einde hierdie owerheid te noodsaak om sy menseregteverpligtinge teenoor landsburgers te eerbiedig en om onmiddellik en onvoorwaardelik alle joernaliste in aanhouding vry te laat.

PAN teken hiermee ook amptelik protes aan teen die gevangenskap van die digter en joernalis Amanuel Asrat, wat op grond van politieke beweegredes, sonder die bekendmaking van aanklagte of ’n verhoor, sedert 2001 in aanhouding is. Asrat word vanjaar gehuldig as een van PEN International se drie “Leë Stoele” vir skrywers wat van hul vryheid ontneem is omdat hulle weerstand gebied het teen die ondrukking van die basiese reg van uitdrukkingsvryheid, waarby persvryheid ingesluit is.

PAN is bekommerd oor die gesondheid van Asrat en al die ander joernaliste in aanhouding. Die aangehoudenes is blykbaar bitter sleg behandel, moontlik gefolter en het vermoedelik nie toegang tot mediese behandeling gehad nie, soos die gerapporteerde dood van vier joernaliste in aanhouding laat vermoed.

In Julie 2001 het die regering van Eritrea ’n veldtog van stapel gestuur om kritici van die regime stil te maak. Politici van opposisiepartye, studente en verskeie joernaliste is gearresteer. Amanuel Asrat is op 23 September 2001 in hegtenis geneem en op dieselfde dag, of kort daarna, is die meeste redakteurs en joernaliste van koerante in privaat besit ook gearresteer. In die daaropvolgende jare is verskeie ander joernaliste deur regeringsmagte aangekeer en aangehou sonder om verhoor te word.

Veertien jaar later is die situasie van Asrat en die ander aangehoudenes steeds onseker. Geeneen van die joernaliste in aanhouding is amptelik aangekla nie. Hulle het ook nooit in ’n geregshof verskyn nie en is alle regshulp en familiebesoeke geweier. Ná veertien jaar in aanhouding is dit onbekend waar hulle gevange gehou word en hoe dit hoegenaamd met hulle gaan.

In ’n land waar die toestande in tronke allerweë as haglik bestempel word – gevangenes word gereeld in metaal-vraghouers in die woestyn of in ondergrondse selle aangehou – is daar ernstige kommer oor hul gesondheid.

Die beperkte inligting wat beskikbaar is, dui daarop dat Asrat in die hoëveiligheidstronk Eiraeiro, noord van Asmara, gevange gehou word. PEN International glo dat sy en die ander joernaliste se detensie ’n poging van die Eritrese regering is om kritiese stemme te smoor.

Die joernaliste en skrywers wat vermoedelik nog saam met Amanuel Asrat aangehou word, is Ghebrehiwet Keleta, Idris Aba’Are, Seyoum Tsehaye, Yosuif Mohammed Ali, Said Abdelkadir, Medhanie Haile, Dawit Isaak, Dawit Habtemichael, Matheos Habteab, Temesegen Ghebereyesus, Fessaheye Yohannes “Joshua”, Sahle Tseazagab “Wedi-Itay” Saleh “Idris “Aljazeeri”, Hamid Mohammed Said “CNN”, Jim’ie Kimeil, Sultanyesus Tsigheyohannes en Abubeker Abdelawel Abdurahman.

’n Demokrasie kan nie funksioneer sonder dat persvryheid, as ’n kardinale deel van die groter reg op uitdrukkingsvryheid vir alle burgers, beskerm word nie.

Die volgende PEN-sentrums is lede van die PAN (in alfabetiese volgorde):

  • PEN Afrikaans
  • PEN Algerië
  • PEN Egipte
  • PEN Eritrea
  • PEN Ethiopië
  • PEN Ghana
  • PEN Guinee
  • PEN Kenia
  • PEN Malawi
  • PEN Mali
  • PEN Marokko
  • PEN Mauritanië
  • PEN Nigerië 
  • PEN Senegal
  • PEN Sierra Leone
  • PEN Suid-Afrika
  • PEN Uganda
  • PEN Zambië

The post PEN African Network eis die vrylating van Eritrese skrywers en joernaliste in aanhouding appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>