Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 22035

Persverklaring: Korreltjie Kantel-bekendstellingstoer

$
0
0

’n Unieke musikale interpretasie van die liefdesverhouding tussen twee ikoniese skrywers

Iluminar Productions, in samewerking met Concerts SA, bied die nasionale CD bekendstellingstoer van Korreltjie Kantel aan.

Korreltjie Kantel, ’n RSG Kunstefees kommissie, is ’n Afrikaanse musiekproduksie geïnspireer deur die liefdesverhouding en werke van digteres Ingrid Jonker en skrywer André P Brink.

Drie onverwagse en uiteenlopende musikante – Luna Paige, Jamie Jupiter en Nick Turner − kom bymekaar om die gedigte van Ingrid Jonker te interpreteer en komponeer. Die toonsettings word verweef met dramatiese en musikale interpretasies van die liefdesbriewe wat tussen Brink en Jonker gewissel is, soos gepubliseer in Vlam in die Sneeu (2015) – ’n roerende en intieme weergawe van verlange, verbode vrugte, vernietiging en die vreesloose verrukking van die liefde.

Na ’n suksesvolle debuut op die RSG Kunstefees 2015 en die daaropvolgende verhoogproduksies by Woordfees en KKNK (2016), ’n paar veranderinge en skaafwerk, word die aangrypende musikale interpretasie van die liefdesverhouding tussen die twee skrywers in die 60’s uiteindelik op CD bekendgestel. Die bekendstelling gaan hand aan hand met ’n nasionale toer. Leier en vervaardiger van die vertoning, Luna Paige, sê: “Die materiaal waarmee ons werk in die vertoning herinner ons almal aan hoe kragtig die liefde kan wees … en dat liefde geen grense ken nie.”

Luna Paige het haar debuut in die musiekindustrie gemaak tydens haar deelname aan die saamgestelde CD, Eve: Women in the Garden of Song. Hier het sy saam met vier ander vroue opgetree (onder andere Lesley Rae-Dowling en Laurinda Hofmeyr). Na die CD se bekendstelling het Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers regop gesit en notisie geneem van die jong nuwe liedjieskrywer en sangeres. Sedertien het Luna 5 oorspronklike CD’s bekendgestel, waaronder 4 Engels en 1 Afrikaans was. Sy tree gereeld by gewilde kunste- en musiekfeeste op, sowel as by teaters dwarsoor die land. Sy is uitgenooi om in lande soos Nederland, Mosambiek en Namibië op te tree. Aan die einde van 2015 het Luna haar eie produksiemaatskappy Iluminar Productions geopen. Sy het musiekbestuurder Denise Barnes genader om haar vennoot te wees. Iluminar Productions is intussen verantwoordelik vir die ontwikkeling en bemarking van musiekproduksies Die Ander Konsert (2015), Korreltjie Kantel (2016-2017), Konnexi (2017) en Her Blues (2018).

Nick Turner was een van die sleutelfigure (liedjieskrywer en sanger) in die gewilde 90’s orkes Sons of Trout. Hierdie orkes het groot aftrek geniet in hulle tyd en het veral opgetree by SA se top rockfeeste. Nick was ook deel van die orkes Mikanic, saam met kollega, Mike Renny.

Mikanic het groot golwe gemaak (weens hul unieke Afrika fusion klank en styl) en het besluit om hul vlerke na New York te sprei. Daar het Nick vir ongeveer 10 jaar gewoon en gewerk voor hy besluit het om terug te keer na Suid-Afrika. In hierdie tyd het hy opgetree saam met ’n verskeidenheid top musikante en selfs in Japan getoer.

Terug in Suid-Afrika: Nick leer jongmense kitaar speel en is ook betrokke in die kulturele erfenis musiekprojek Music van de Caab, by Solms Delta. Hy het einde 2016 sy debuut CD Home and Secure vrygestel, wat baie goeie resensies en gehoorreaksie ontlok het.  Sy musiek word beïnvloed deur plaaslike musiekstyle en het ’n unieke Suid-Afrikaanse element.

Gedurende die 90’s, het Jamie Jupiter lid gevorm van die glam-rock sensasie The Honeymoon Suites. Vandag is Jamie ’n solokunstenaar en veral bekend as uitmuntende eenmanorkes wat gehore fassineer met die indrukwekkende verskeidenheid van instrumente wat hy bespeel. Hy geniet veral om inheemse instrumente in sy vertonings te inkorporeer. Jamie het in die VK, VSA, Kanada en op Reunion-eiland opgetree. Hy het ook na Duitsland getoer saam met die African Music Workshop Ensemble. Hy is ook met ’n Fleur du Cap bekroon vir beste kabaret in 2009 vir sy country vertoning Angels on Horseback. Hy strek sy musikale spiere gereeld en speel musiek met tradisionele Afrika-elemente, gypsy ritmes, spelerige disco funk en meer. In 2016 het hy ingestem om aan te sluit by die Korreltjie Kantel-span en sy talente met die groep te deel.

Die Korreltjie Kantel-toer word ondersteun deur die Music Mobility Fund, ’n finansiële ondersteuningsmeganisme wat bestuur word deur Concerts SA. Laasgenoemde skep geleenthede vir Suid-Afrikaanse musikante om hul musiek op die langpad te neem. Aanvullende ondersteuning word deur RSG en ClemenGold gegee.

Concerts SA werk saam met die Noorweegse Ministerie van Buitelandse Sake en die SAMRO Foundation. Hulle ondersteun musikante, promotors en musiekvenues dwarsoor Suid-Afrika, veral in landelike gebiede, waar toegang tot teaters en musiekvertonings beperk is. Vir meer inligting oor Concerts SA besoek gerus hul webwerf http://concertssa.co.za, volg hulle op Twitter by twitter.com/ConcertsSA of op Facebook facebook.com/ConcertsSA.

Korreltjie Kantel skakels

Facebook: www.facebook.com/KorreltjieKantel

Vertonings

Franschhoek – Franschhoek Cellar

Vrydag 26 Mei – 19.30 – R 200
Adres: R45, Hoofstraat, Franschhoek
Besprekings:  082 807 9544 / fhcellardoor@dgb.co.za

Plettenbergbaai – The Barnyard  

Saterdag 27 Mei – 19.30 – R 130
Adres: Antlers Lodge, Askop-pad, The Crags, Plettenbergbaai
Besprekings:  079 876 0406 / barnyardplett@gmail.com  

George – Arts Theatre

Sondag 28 Mei – 15.30 – R 80 (lede) / R 100 (algemeen)
Adres: Yorkstraat 125, George
Besprekings: 044 874 3142 / office@georgeartstheatre.co.za

The post Persverklaring: Korreltjie Kantel-bekendstellingstoer appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 22035


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>