Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Edelsteen (vir vrouemaand, Augustus)

$
0
0

floris_a_brownGod het jou, edelbeen van rib,
Uit Adam gegee vir:
die wêreld
vir Afrika
vir ons Land
Stad of Dorp
vir die Huis van Aanbidding
waar jy liefde
vir jou man
jou kinders
koester.

God het jou, edelsteen van goud, 

gegee: uiterlike skoonheid
daardie eie aan jou pragtige postuur
daardie eie aan jou innerlike gesindheid
elkeen geskape in sy beeld van volmaaktheid.

God het jou, edelsteen van diamant,

gemaak: 'n deugdige vrou, die sterkere vat
die een wie vandag Oscars ontvang
die een vir wie die wêreld hande klap
die een aan wie se lippe almal hang.

God het jou, edelsteen van robyn,

gemaak: om humeure te beteuel
met 'n glimlag, sagte woord
die gesin te voorsien in hul behoeftes en daaglikse brood.

God het jou, edelsteen van marmer,

gemaak: die moedige een in jou huis
wat alle probleme kaf kan draf
aan meer as vyf dinge gelyk aandag kan gee,
ongeag hoe swaar jou kruis.

God het jou, edelsteen van pêrel,

vrugbaar gemaak: om volkere te vermeer
die ysterhand van die man onderdanig te wees, maar hom tog te verlei met jou sjarme, om sodoende sy hart te regeer.

like_litnet_op_facebookGod het jou, edelsteen van porselein,

gemaak: die een wat vir jou man 'n sieraad is, jou kinders staande hou
as jy hul snags aan God opdra, jy sy Godskleed van seënbede, oor hul vou.

"Dit is jy, alleredelste steen van vrou!"

The post Edelsteen (vir vrouemaand, Augustus) appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>