Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately. |
Ek het nou onlangs eers die verhale op hierdie webwerf begin lees, en geniet dit verskriklik baie om ander mense se stoute stories te hoor! Dis goed om te sien dat daar nog mense-mense is. Sal ook 'n paar van my ondervindings so mettertyd met jul deel. Maar kom ek vertel eers gou die vervelige agtergrond en begin by die begin ...
Ek het in 'n baie konserwatiewe huis grootgeword en is later universiteit toe. Ek was deel van 'n groot vriendekring, maar het nooit vas uitgegaan met iemand nie. 'n Hele nuwe wêreld het vir my oopgegaan toe ek begin werk. My "baas" was baie streng, maar 'n verskriklike party animal. Sy was 'n seksgodin met 'n reputasie wat skrik vir niks. Daar was 'n kroeg in die kantoor, en die manskliënte het gereeld daar kom kuier na-ure. Soms moes ons funksies daar bywoon, maar sy het my altyd beskerm teen die wolwe.
Ek het my man ontmoet toe ek so 23 jaar oud was - 16 jaar gelede. Hy was 10 jaar ouer as ek, geskei, en het klein kinders in sy toesig gehad. Ek het geglo daar's beslis net een deksel vir elke pot in hierdie wêreld, en dat dit so bestem was dat ons bymekaar moes uitkom. Ek het my sielsgenoot ontmoet en die baie teenkanting wat ons verhouding gekry het, het my net meer vasberade gemaak om die verhouding te laat werk. Hy was my eerste, en die seks en sparks was fantasies!
Na ons 'n jaar uitgegaan het, het ek by hulle ingetrek. En net hier het my nagmerrie begin! Die kinders was "brats out of hell". Die pa het skuldig gevoel oor die egskeiding en die kinders het hom om hulle pinkies gedraai. Hulle het grootgeword sonder enige dissipline. Ons enigste woordewisselings het gegaan oor die kinders - en natuurlik 99.9% van die tyd het hy geweier om te erken dat ek reg is. Alhoewel ek nog steeds baie lief was vir hom, was ek te trots om te erken dat hierdie verhouding 'n fout was.
Sowat 18 maande nadat ons saam ingetrek het, ontdek ek per ongeluk 'n brief in sy lessenaar wat volgens die datum al 'n jaar in die laai moes lê. 'n Vriendin uit sy verlede vertel in detail hoe lekker dit was om hom weer te sien, en hoe passie- en genotvol die seks was. Sy was nou meer as ooit oortuig dat hulle liefde soos ou rooiwyn is ... Ek was tot in my siel geskok! Nooit gedink so iets sal met my gebeur nie. Die ontmoeting het sowat 6 maande nadat ek daar ingetrek het, plaasgevind. Ek het hom gekonfronteer, en al wat hy gesê het, was dat ek moet grootword en ophou in sy goed krap! Ons is amper uitmekaar hieroor, maar het besluit om weer te probeer. Ek het besluit om maar op my tande te kners en probeer uithou totdat die kinders uit die huis gaan, want ek was vreeslik lief vir die ou ding.
Mettertyd het ek meer "open-minded" geword. Ons sekslewe was nog steeds great en ek het sy kinky side ontmoet. Ons het gereeld porn gekyk, en ek het 'n hele kas vol seksspeelgoed gehad. Ek was bewus daarvan dat hy lid was van 'n hele paar stoute webblaaie, en chat met die mense, maar dit het my nie te veel gepla nie.
Totdat ek so 5 jaar gelede die dag per ongeluk 'n e-pos gesien het. (Ons het elkeen ons eie besigheid, maar deel kantore en admin.) Hy en daardie ou vriendin chat weer die internet warm - en hulle beplan om mekaar binnekort weer te sien! My bubble het weer met 'n helse slag gebars! Ek het niks gesê nie maar besef 'n jakkals verander van hare - maar nie van snare. En net daar het ek besluit "if you can't beat them, join them"...
Ek het vir my ook profiele geskep op 'n paar stoute webwerwe, en boy-oh-boy ...! Ek het so gesit en lag as ek met hierdie mansmense chat wie se hormone hoër is as hul IK! Liefie het gou agtergekom waarmee ek besig was en dit het hom natuurlik so jaloers gemaak. Maar hy kon niks sê nie want ek weet hy doen dit ook. En natuurlik het dit vir my nie net by chat gebly nie. Ek het permanent van my stoel afgegly en later stoutgatte begin ontmoet sonder sy medewete - net om my man "terug te kry" vir dit wat hy aan my gedoen het ... Meer oor hierdie stoute ontmoetings volgende keer.
Met ouderdom saam verander 'n mens se siening oor die lewe baie as gevolg van die ondervinding wat jy opdoen. As ek my lewe oor kon hê, sou ek eerstens nooit ooit in 'n ernstige verhouding betrokke raak waar die kinders by die pa bly nie. Tweedens sou ek enige dag kinky seks opoffer vir 'n man wat getrou is aan my.
Dit is 'n mens se keuse hoe jy reageer op dinge wat met jou gebeur, maar al hierdie dinge wat ek in hierdie verhouding deur is, het my 'n kinky heks gemaak wat haar kicks uit stoute ontmoetings kry. Maar diep binne my is dit nie die persoon wat ek wou wees nie. As iemand ooit weer vir my sê daar's net een deksel vir elke pot, sal ek daardie einste deksel vat en hom/haar doodslaan daarmee!
Groetnis tot later ...
Hessie Heks
The post Nee, elke pot het nie net een deksel nie appeared first on LitNet.