Edwin Hubble (1889 — 1953) het bewys dat baie voorwerpe in die ruimte wat as nebulas binne die Melkweg aangesien was, in werklikheid sterrestelsels ver buite die grense van die Melkweg is en dat die Melkweg nie uniek en alleen is nie.
Dit is heeltemal onmoontlik om die aantal sterrestelsels in die heelal te bepaal aangesien daar met selfs die heel kragtigste teleskope slegs ’n deel van die heelal waargeneem kan word. Sterrestelsels word volgens drie groepe geklassifiseer nl Eliptiese sterrestelsels vanaf E0 tot E7; Spiraal-sterrestelsels wat gegradeer word van Sa tot Sc en Staafspirale wat gegradeer word van SBa tot SBc. Sterrestelsels kom gewoonlik in groepe voor.
Die Melkweg is ’n spiraal-sterrestelsel en behoort aan die groep wat bekend staan as die Plaaslike Groep (‘Local Group’) en wat ongeveer 30 tot 50 sterrestelsels insluit met Andromeda en die Melkweg en die ietwat kleiner Triangulum wat die groep domineer. Sommige van die sterrestelsels in die heelal staan bekend as klein dwerg-sterrestelsels. Die NASA-foto bekend as as HUDF (Hubble Ultra Deep Field), waar daar volgens ’n berekende skatting ongeveer 10 000 sterrestelsels voorkom, op afstande tot so ver as 13 000 miljoen ligjare kan gesien word by: HUDF . Die foto dek ’n area van van die hemelruim van 1 mm² (’n ryskorrel) wat op ’n afstand van armlengte gehou word. Die totale aantal sterrestelsels in die hemelruim — tot so ver as 13 000 miljoen ligjare — is volgens ’n berekende skatting 1.3 x 1011. Syfers van sodanige omvang val ongelukkig buite die begripsvermoë van gewone mense soos ek.
Ek het derhalwe ’n tabel opgestel van sg naaste spiraal-sterrestelsels en enkeles daarvan op ’n spiraal-getallyn wat ek gepraktiseer het gereflekteer. Alhoewel ek so half en half voorbereid op die uitkoms was, was die resultaat tog interessant.
Daar is nog duisende sterrestelsels wat nie in die tabel of die getallyn weerspieël word nie, bloot omdat dit prakties onmoontlik is of omdat daar nog nie betroubare data oor hulle bestaan nie — veral die wat vêrder as 240 miljoen ligjare geleë is. Die naaste spiraal-sterrestelsel aan die Melkweg is Andromeda wat ± 2,5 miljoen ligjare afgeleë is. (Op my getallyn raak die Melkweg en Andromeda aan mekaar).
Die Melkweg se deursnee is ongeveer 100 000 ligjare en die sonnestelsel is naastenby 30 000 ligjare van die middelpunt en 20 000 ligjare van die kant van die Melkweg af geleë. As die beweerde kruisiging van Christus 2 000 jaar gelede uitgesaai sou kon wees, sou die berig teen die spoed van lig tans nog maar 1/10de van die afstand na die kant van die Melkweg afgelê het en slegs 0.16% van die totale area van die Melkweg sou dit al oor hulle radio’s kon hoor.
In die tabel dui ek die skakels vir elkeen van die spirale aan wat foto’s en ander interessante besonderhede bevat. Dié wat belangstel kan gerus die skakels aktiveer, veral dié teenoor die gemerkte nommers.
Groete en lekker sterre kyk op die internet.
Panda
1 | Milky Way | 0 | 68 | M91 | 63 | 82 | NGC 1090 | 124 | ||
2 | Andromeda | 2.54 | 69 | NGC 5005 | 65 | 83 | ESO 510-G13 | 150 | ||
3 | Triangulum | 3.07 | 70 | NGC 3982 | 68.1 | 84 | NGC 5091 | 150 | ||
4 | NGC 3109 | 4.3 | 71 | NGC 1300 | 70 | 85 | NGC 6745 | 206 | ||
5 | NGC 300 | 6.07 | 72 | NGC 7742 | 72.4 | 86 | NGC 1 | 211 | ||
6 | NGC 2403 | 8 | 73 | NGC 1087 | 80 | 87 | IC 4970 | 212 | ||
7 | Maffei 2 | 9.8 | 74 | IC 2163 | 81 | 88 | NGC 47 | 236 | ||
8 | IC 342 | 10 | 75 | NGC 4027 | 83 | 89 | NGC 7752 | 272 | ||
9 | NGC 247 | 10.7 | 76 | M109 | 83.5 | 90 | NGC 5257 | 300 | ||
10 | NGC 253, | 11.1 | 77 | NGC 5078 | 94 | 91 | NGC 7318 | 300 | ||
11 | NGC 1512 | 11.4 | 78 | NGC 514 | 95.5 | 92 | NGC 2 | 316 | ||
12 | NGC 2976 | 11.6 | 79 | NGC 3370 | 98 | 93 | NGC 4911 | 320 | ||
13 | NGC 4945 | 11.6 | 80 | NGC 7479 | 105 | 94 | Comet Galaxy | 3200 | ||
14 | Pinwheel | 14.1 | 81 | NGC 3314 | 117 | 95 | OHDFS 27 | 6000 | ||
15 | Black Eye | 22 | ||||||||
16 | NGC 2683 | 22.5 | ||||||||
21 | NGC 3521 | 23 |
Afstand in miljoen ligjare van die |
|||||||
22 | NGC 891 | 23 | ||||||||
23 | NGC 3486 | 23.7 | ||||||||
24 | NGC 1637 | 24 | ||||||||
25 | M95 | 24 | ||||||||
26 | NGC 2903 | 25 | ||||||||
27 | NGC 4631 | 26.2 | ||||||||
28 | M74 | 30 | ||||||||
29 | Sombrero | 30 | ||||||||
30 | M96 | 31 | ||||||||
31 | NGC 6744 | 31 | ||||||||
32 | M65 | 35 | ||||||||
33 | NGC 3628 | 35 | ||||||||
34 | M66 | 36 | ||||||||
35 | Sunflower | 37 | ||||||||
36 | NGC 2997 | 39.8 | ||||||||
37 | NGC 3184 | 39.8 | ||||||||
38 | NGC 4314 | 40 | ||||||||
39 | NGC 4725 | 40 | ||||||||
40 | NGC 7331 | 40 | ||||||||
41 | NGC 2541 | 41 | ||||||||
42 | NGC 3310 | 42 | ||||||||
43 | NGC 4565 | 42.7 | ||||||||
44 | M98 | 44 | ||||||||
45 | NGC 1097 | 45 | ||||||||
46 | NGC 2841 | 46 | ||||||||
47 | NGC 4725 | 46 | ||||||||
48 | M88 | 47 | ||||||||
49 | M77 | 47 | ||||||||
50 | NGC 1532 | 50 | ||||||||
51 | NGC 2442 | 50 | ||||||||
52 | NGC 3079 | 50 | ||||||||
53 | NGC 7217 | 50 | ||||||||
54 | NGC 3877 | 50.5 | ||||||||
55 | NGC 1055 | 52 | ||||||||
56 | M61 | 52.5 | ||||||||
57 | NGC 4216 | 55 | ||||||||
58 | M100 | 55 | ||||||||
59 | M99 | 56 | ||||||||
60 | NGC 1365 | 56.2 | ||||||||
61 | M90 | 58.7 | ||||||||
62 | NGC 4013 | 60.6 | ||||||||
63 | NGC 1232 | 61 | ||||||||
66 | M58 | 62 | ||||||||
67 | NGC 4414 | 62.3 |
The post Melkweg en sy familie spiraal-sterrestelsels appeared first on LitNet.