Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately. |
Geagte vriende
Kan julle my asb eerlik antwoord?
Hoekom masturbeer getroude mans? Ek vermoed (en weet eintlik) dat my man in die stort masturbeer, soms langs my in die bed – en tog kry hy genoeg seks, ek het hom nog nooit geweier in enige opset nie.
Ek voel half in die steek gelaat daaroor.
Ek verstaan dit net nie. Het dit met my voorkoms te doen? Ek is 42, het nie kinders nie, weeg 65kg, 1.73cm lank, lenig gebou, kyk goed na myself. Ek dink ek lyk beter as menige 20-jarige meisies deesdae.
Help asb. Dit maak my mal. En ek is nie iemand vir konfrontasies nie. Ek weet, ‘n man wil nie graag “uitgevang” word daaroor nie, dis mos ‘n stoute geheim van hulle.
Dankie by voorbaat.
Groete
Vrou van Pretoria
The post Hoekom, vriende, verduidelik vir my? appeared first on LitNet.