Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Januarie 2025 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Januarie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
1 Januarie
Boeke: Fiksie en niefiksie om na uit te sien in 2025
3 Januarie
5 Januarie
Sterfteberig: Digter WEG Louw se seun sterf op 73
6 Januarie
Resensie: Bloedbande daag leser uit
Anschen Conradie resenseer Blood ties deur Jo Nesbo
Resensie: Stryd heerlike rugbystories
Stefan Schutte resenseer Stryd van die reuse deur Michael Green
Resensie: Brokstuk van ’n roman die meester se laaste
Jo Prins resenseer Until August deur Gabriel García Márquez
Boeke: Netwerk24 se topverkopers vir Desember
7 Januarie
Profiel van Eunice Basson: Waarnemings en dit wat onstem, bied stof vir digwerk
Profielonderhoud deur AJ Opperman
8 Januarie
By my lees: Elna van der Merwe
Boeke: Elize Parker se Laeveldreeks kry sy slotverhaal
13 Januarie
Resensie: Kophou terwyl Rome om jou brand
Jonathan Amid resenseer Right thing, right now deur Ryan Holiday
Resensie: ‘Storie’ van evolusie met ritme, melodie
Dee Krüger resenseer The genetic book of the dead deur Richard Dawkins
Resensie: Verhaal vir jonges hou nie terug nie
Ilza Roggeband resenseer Donkerster deur Annerle Barnard
Resensie: Verse in ‘gesprek’ met foto’s ’n eiesoortige leeservaring
Fanie Olivier resenseer Stil gesprek deur Jan Pretorius
Rubriek: Johanna van Eeden: Wat ‘boeke gelees’ van my lewe verklap
14 Januarie
By my lees: Gaireyah Fredericks
17 Januarie
Profiel: Wolraad Woltemade en ‘die Kaapse skandes van vandag’
Murray La Vita in gesprek met Marthinus van Bart
Boeke: Hans du Plessis se laaste boek tref rakke kort ná sy ‘80ste verjaardag’
18 Januarie
Boeke: Huldigingsbundel oor Antjie Krog belig kernaspek van haar oeuvre
20 Januarie
Resensie: Speels, genre-oorskrydend
Jonathan Amid resenseer Love stories for Ghosts deur Alex Latimer
Resensie: ‘Het’ vir nuwe geslag lesers
Anschen Conradie resenseer van Het van Verlangekraal deur Leon van Nierop
Boekevat: Middagmaal met Brink ’n blywende vreugde
’n Rubriek deur Francois Bekker
Resensie: ‘Mars’ vra dwingende vrae oor ‘beskawing’
Neil van Heerden resenseer The first murder on Mars deur Sam Wilson
22 Januarie
Boeke: Skotse skrywer bring toneelstuk oor Charles Darwin na Kaapstad
26 Januarie
27 Januarie
Boekevat: Skrywers se lot nou verweef met hul taal
’n Rubriek deur Daniel Hugo
Resensie: Sonderlinge ode aan die verbeelde wêrelde
Francois Bekker resenseer The city and its uncertain walls deur Haruki Murakami
Boeke: Stilbaai-boekefees beloof propvol program
29 Januarie
Boeke: Fiksie deur gesoute redakteur se ‘Lens’ bring nuuskantoor tot op jou skoot
30 Januarie
Boeke: Kamfer se ‘Kompoun’ gaan planke toe op Suidoosterfees
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Januarie op LitNet verskyn:
Wanneer jy deur God verlaat voel ... Toevlug deur Louise Viljoen: ’n resensie
Tietie en Nanna se huiskos deur Najma Abrahams en Azba Fanie: ’n resensie
Huisies vir muisies deur Chareldine van der Merwe: ’n resensie
Die hele storie: ’n memoir deur Karin Kortje en Lester Walbrugh – ’n resensie
Die fantastiese verdwyning van Charlie Prins deur Jaco Jacobs: ’n resensie deur ’n jong leser
Hospitaal Weltevreden deur Riaan Grobler: ’n onderhoud met die skrywer
Die kinder- en jeugliteratuurskryfskool in Wellington: Pieter van Zyl vertel hoe sy boek gebore is
Boere by Thabazimbi en ander verhale: In gesprek met die uitgewer
Die volgende resensies en rubrieke het gedurende Januarie in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
1 Januarie
8 Januarie
PEN Afrikaans essay: Jolyn Phillips – “Tussen ’n brood en ’n boek”
Resensie: Die keiser se duim deur Chris Karsten (resensent: Stefaans Coetzee)
15 Januarie
Resensie: The queer book of revelation deur Siya Khumalo (resensent: Jaco Barnard-Naudé)
Resensie: Die Waterplek: Gabriëllië deur Carina Stander (resensent: Elzette Steenkamp)
22 Januarie
Resensie: Sel ses deur Stefaans Coetzee (resensent: Fanie Olivier)
Resensie: Capitec: Stryd met die grotes deur TJ Strydom (resensent: Francois Williams)
Resensie: Die grap van die huwelik deur Timothy Kieswetter (resensent: Annelise Erasmus)
Die volgende resensies en onderhoude het in Januarie onder redaksie van Suné van Heerden op Maroela Media verskyn.
9 Januarie
Lea gaan skool toe – ʼn Christelike kinderboek
“Die Here het hierdie boeke op my hart geplaas, en ek hoop dat dit ouers en kinders sal help om al die onsekerheid en uitdagings te hanteer.”
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/lea-gaan-skool-toe-n-christelike-kinderboek/
13 Januarie
Annabel vind nuwe lewe op Noord-Kaapse afdraaipad
Wat sal jou laaste woorde aan iemand wees as jy weet julle gaan mekaar nooit weer sien nie?
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/annabel-vind-nuwe-lewe-op-noord-kaapse-afdraaipad/
13 Januarie
Boekresensie: Ewige beginsels om suksesvolle kinders groot te maak
Dié boek bied ʼn geloofsgebaseerde en praktiese benadering tot ouerskap, skryf Flip Buys.
17 Januarie
Glanssjefs se stories, kosfilosofieë span kroon op Skepselkos
“Jy kan met enigeen van die resepte bloot die veganisbestanddeel met gewone botter, eiers of melk vervang.”
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/kos/glanssjefs-se-stories-kosfilosofiee-span-kroon-op-skepselkos/
18 Januarie
Toevlug – ʼn verhaal oor avontuur, verlies, lyding en geloof
“Die hooftema gaan oor die Vaderhart van God en hoe Hy dinge ten goede laat meewerk vir sy kinders, hoewel ons nie van pyn en smart vrygeskeld is nie.”
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/toevlug-n-verhaal-oor-avontuur-verlies-lyding-en-geloof/
19 Januarie
Boekresensie | Dieper as drome deur Marko van der Colff
Wat opval is die deernis waarmee Marko van der Colff deurgaans sy karakters bejeën – niemand is nét goed of nét sleg nie, skryf Johan Myburg.
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekresensie-dieper-as-drome-deur-marko-van-der-colff/
22 Januarie
Moeilike verhouding tussen ma’s, dogters verken
“Die emosionele waarde van die nalatenskap van ’n ma, veral aan ’n dogter, kan nooit oorskat word nie.”
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/moeilike-verhouding-tussen-mas-dogters-verken/
26 Januarie
Hoopvolle einde vir koppige Het van Verlangekraal
“Sy was haar tyd baie ver vooruit, en dit kom haar toe om gelukkig te wees.”
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/hoopvolle-einde-vir-koppige-het-van-verlangekraal/
Vrye Weekblad is ’n progressiewe Suid-Afrikaanse webkoerant in Afrikaans. Dit word elke Vrydag uitgegee deur die Nuwe Vrye Weekblad Media Groep. Deborah Steinmair is die boekeredakteur.
6 Januarie
Kerneels Breytenbach: Saamskryf is soos ’n gedwonge huwelik (vryeweekblad.com)
Deborah Steinmair: Om agter die kap van byltjies te kom (vryeweekblad.com)
13 Januarie
Deborah Steinmair: Esther Mahlangu lag in haar hart terwyl sy werk (vryeweekblad.com)
Mercia S Burger: Boekbefok elke liewe dag van die jaar (vryeweekblad.com)
Kerneels Breytenbach: Die kaalvoet-Contessa se sprokieslewe (vryeweekblad.com)
Joan Hambidge: Troebel psige en perde in pakkende debuut (vryeweekblad.com)
Deborah Steinmair: Blink bakens in 2025 se leeslandskap (vryeweekblad.com)
20 Januarie
Deborah Steinmair: Misdaad het weer hoogty gevier in 2025 (vryeweekblad.com)
Deborah Steinmair: Afrikaanse kinderboeke vir die Kerskous (vryeweekblad.com)
Kerneels Breytenbach: ’n Kerslys om jou leeslus te prikkel (vryeweekblad.com)
Eckhard Cloete: Naam van dier dorp: Soos ’n koel voorhuis op ’n somerdag ná ’n warm motorrit (vryeweekblad.com)
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Januarie op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke
Woensdag 8 Januarie
SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, het ’n lys van nie-fiksie boeke wat sy aanbeveel. Skrywer en Hertzogpryswenner SJ Naude gesels oor ’n lys uiteenlopende Suid-Afrikaanse boeke wat ’n impak op sy lewe gehad het. Johan Myburg bespreek ’n paar internasionale boeke waarna jy kan uitsien in 2025, en vertel van die eer wat die Britse skrywer Alan Hollinghurst te beurt geval het. Daar is ook nuus oor Framed, ’n nie-fiksieboek waarvan die gewilde misdaadromanskrywer John Grisham die mede-skrywer was. Johan bring hulde aan wyle Barbara Taylor Bradford.
Woensdag 15 Januarie
Ilse Salzwedel gesels met Chris Karsten oor sy roman, Die keiser se duim. Johan Myburg bring hulde aan die Britse skrywer, David Lodge, en vertel meer oor ’n Amerikaanse mediese dokter wat rillers begin skryf het onder die skuilnaamn Freida McFadden. Johan het ook nuus oor Chimamanda Ngozi Adichie se nuwe roman. SARIE se boekeredakteur, Phyllis Green, gesels oor drie belangrike boeke oor die Grensoorlog wat verlede jaar verskyn het. (Troep deur Bun Booyens, Seun deur Dana Snyman, en Bloedbroers deur Deon Lamprecht). ’n Boekklub wat 25 jaar gelede ontstaan het, sorg steeds vir hegte vriendskappe, met boeke as die gemene deler.
Woensdag 22 Januarie
Carina Stander, die skrywer van die Bergengel-reeks, gesels met Ilse Salzwedel oor haar skryfwerk. Hulle praat oor haar kreatiewe wêreld, en verken die inspirasie agter haar magiese verhale. Desiree Gardner gesels oor die verwerking van die geliefde Reënboograntboeke vir tieners na ’n sepie, wat op Showmax te sien is. Johan Myburg vertel meer oor Fierce Elegy, die digbundel van die Amerikaanse digter Peter Gizzi, wat onlangs met die TS Eliot-prys bekroon is. Hy stel ons ook voor aan Anne Tyler (83) wie se volgende boek later vanjaar verskyn. In ‘n insetsel oor die kategoriewenners van die Nero-pryse, kan jy hoor hoe een van die benoemdes, Colin Barrett, ’n uittreksel voorlees uit sy boeiende roman, Homesickness.
Woensdag 29 Januarie
Ilse Salzwedel het resensent Francois Bekker gevra om ’n paar boeke vir luisteraars aan te beveel. Só lyk sy lysie: Die katartiese metode (Jaco Fouché); Naam van dier dorp (Gielie Hoffman), Pretoria Stories (Pieter Swanepoel), All the worst humans (Phil Elwood). Sy gesels ook met Helené Coetzee van Pan Macmillan-uitgewers oor Wêreldhardopleesdag, wat op 5 Februarie gevier word. En, daar is nuus oor die Breytenbachsentrum se Kinder- en Jeugliteratuurskryfskool. Johan Myburg vertel meer oor die Engelse vertaling van die Nobelpryswenner Han Kang se jongste roman, We do not part, en Mike Herron, wenner van die Britse Diamond Dagger-toekenning vir misdaadfiksie. Johan gesels ook oor Frank Cottrell-Boyce, Brittanje se Children’s Laureate (amptelike kinder- en jeugskrywer), en sy werk om die belangrikheid van kinders wat lees onder die Britse regering se aandag te bring.
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Desember op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi
Dinsdag 7 Januarie
Johann Nel lees gedigte oor reptiele voor. Jy sal verbaas wees oor hoe baie van ons digters oor die verkleurmannetjie, oftewel die trapsuutjies, geskryf het! Veral Ernst van Heerden het heelwat oor reptiele gedig – dink maar aan sy baie bekende gedig oor die bergskilpad. Een van die verse waarna jy kan uitsien, is ’n baie komiese verhaaltjie wat C. Louis Leipoldt oor ’n likkewaan en ’n krokodil geskryf het.
Dinsdag 14 Januarie
Sommige van ons digters het só ’n groot bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer, dat ánder digters hulle in gedigte begin vereer het. In die eerste aflewering van ’n reeks van twee oor hierdie huldeblyk-verse, is die voorlesers Susanne Beyers en Pieter van Zyl.
Dinsdag 21 Januarie
Sommige van ons digters het só ’n groot bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer, dat ánder digters hulle in gedigte begin vereer het. In die tweede aflewering van ’n reeks oor hierdie huldeblyk-verse, is die voorlesers Susanne Beyers en Pieter van Zyl.
Dinsdag 28 Januarie
Vir party mense is dit ondraaglik om alleen te wees. Ander verkies weer hulle eie geselskap. Joanie Combrink verken albei kante van eensaamheid – die selfbejammering van ongeliefd en vergete voel, én die lekkerte van nie gepla word nie.
Boekkeuse, Fine Music Radio
Elke maand gesels Amanda Botha in hierdie boekeprogram met ’n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ’n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde. Daar word twee episodes per maand vrygestel. ’n Podsending is hier beskikbaar: https://www.fmr.co.za/podcasts/boekkeuse/
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied. Ons lys hier enige resensies wat op radio voorgelees is of op ander mediaplatforms verskyn het wat nie reeds by die oorsig ingesluit is nie. Klik op die skakel na die tuisblad vir alle ander inhoud op die blog: http://joanhambidge.blogspot.co.za/
Die volgende resensies, skrywersonderhoude en boekuittreksels het in Januarie verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Leon van Nierop oor Het van Verlangekraal
Onderhoud: Surene Esterhuizen gesels met Riaan Grobler oor Hospitaal Weltevreden
Onderhoud: Irma Steffens praat met Rudie van Rensburg oor Hans van Kraaienburg se swanesang
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Marnus Kok oor Op die kantlyn
Twee boeke oor Egoli, stad van goud:
- Phyllis Green resenseer Great Johannesburg deur Nickolaus Bauer
- Sonja van der Westhuizen resenseer The near North deur Ivan Vladislavić
8 Afrikaanse boeke: In wie se boeke blaai jy?
- Retha Kotzé resenseer Wegkruiper deur Christelle Wessels
- Irma Steffens resenseer Minder as water deur Morné Malan
- Tina Swiegers resenseer Swyg deur Erla Diedericks
- Marzanne Schoeman resenseer Oop deure deur Trisa Hugo en Analize Viljoen
- Carmen Defty resenseer Solank as die aarde deur Lucia Prinsloo
- Olga Krügel resenseer Roman deur Cas Wepener, en Offers vir genade, Irize Loots
- Anne Marais resenseer … so ook op die aarde, Betsie van Niekerk
Resensies: Kulturele identiteit laat karakters wroeg
- Sonja van der Westhuizen resenseer Martyr! deur Kaveh Akbar
- Marzanne Schoeman resenseer One night beneath the lemon trees deur Mary Karras
Resensie: Feit of fiksie? Was dit eintlik ‘n vrou wat Shakespeare se werk geskryf het?
Sonja van der Westhuizen resenseer Jodi Picoult se roman, By Any Other Name
8 Boeke waarin kêrels die botoon voer
- Nadia de Jongh resenseer The chain deur Chimene Suleyman, The boyfriend deur Laura Southgate, The Borrow a Boyfriend Club deur Page Powars, en The lost flowers of Alice Hart deur Holly Ringland
- Marzanne Schoeman resenseer Separation for beginners deur Joe Portman
- Danica Gouws resenseer The Ophelia girls deur Jane Healey
- Karien Labuschagne resenseer The night she disappeared, Lisa Jewell, en Stone mothers, Erin Kelly
Gee jou kind die grootste geskenk van sy lewe
- Danica Gouws resenseer As Klaas Vakie se sand nie werk nie deur Elana Alberts
- Lana du Plessis resenseer Katerina the Cat and other tales from the farm deur Michael Morpurgo, Kinkels en Keuses 2: Die belaglike bak en brou bohaai deur De Wet Hugo, Lees en kyk met begrip (Graad 7) saamgestel deur Sonia Blignaut, en Die emmerskoplys deur Heléne de Clercq
- Retha Kotzé resenseer Hoeveel tande het ’n engel deur Jan Vermeulen, Gif deur Annerle Barnard en Franco v Heyn, Die meisie met uitroeptekens in haar oë en ander stories saamgestel deur Jaco Jacobs, en Please like what you see and other stories saamgestel deur Blanche Scheffler
- Karien Labuschagne resenseer Regte-egte raaisels, en Regte-egte rampe deur Susan Martineau, en Waar kom ons vandaan?, Andreas en Schalk Engelbrecht
Resensie: Kan ’n kind iets regmaak wat verkeerd is in ’n man se lewe en in die land?
Sonja van der Westhuizen resenseer The child deur Alistair Mackay
Boekuittreksel: Het van Verlangekraal deur Leon van Nierop
The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Januarie 2025 first appeared on LitNet.
The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Januarie 2025 appeared first on LitNet.