Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 22066

Raai wat het julle byrie College of Magic gemis!

$
0
0

“Tasneem, are you one of the show’s judges?” was hoe ek gegroet was wanner ek deur’ie College of Magic se hekke in loep ommie Entertaining Children contest te sien, ’n magic show wat in Oktober plaasgevind’t vi student magicians byrie college om hulle children’s entertainment talente te wys met performances inspired deur’ie college se magic curriculum. 

En ’n fun-filled event wassit omtrent!

Next time sal ek glad ‘ie wee uitmiss om ’n judge te wees!

Ek het êrens op Facebook gelies dat djy nie moet opdress virrie job wat djy nou het, djy moet eira opdress virrie job wat djy wil hê. Op daai note het ek clearly ’n good first impression daai weekend gemaak – wie’t gedink dat my swart jumpsuit en klein Michael Jackson inspired hoedjie ’n winning combination uit my kas is! Ek was chuffed om daai vraag gevra te wôd, maa oek hartseer oppie selle tyd dat ekkie opportunity gemiss’t om pa’t vannie panel of non-magician judges byrie show te wies – omtrent kwart vannie judges is mense wat nié magic experts issie. On the other hand as ek ’n Hogwarts student oppie Harry Potter-films gewies’t, identify ek glad ‘ie as ’n Muggle nie! Soe miskien wassit more than oraait om net pa’t vannie gehoo te wies, dan kon ek my ugly laugh gewys’t sonner om t’rug te hou en leqqa pret mettie klein kinners te hê.    

Die College of Magic is ’n non-profit organisasie wat deur ’n management board beheer word, en gelei word deur ’n executive director, staff en ’n span van volunteers. Die skool is mee as 40 jaa oud en is op Imam Haron Road in Claremont ge’base, though het hulle baie supporters en networks reg deur’ie wêreld. Die skool se founding director, David Gore, is ’n qualified lawyer wat sy way deur universiteit betaal’t deur ’n children’s magician te wies. Die skool sê trots dat alhoe is David ’n lawyer, sy passion vi magic is wat hom inspire’rt ommie college te begin. Kinners tussen’ie ouderdom van 10 en 13 is genooi om hulle 6-jaa-program te join, en ouere kinners tussen 13 en 15 wat hoërskool begin, is genooi ommie senior programme te join.   

Iewers innie mirrel van Imam Haronweg lê ’n plek genaamd College of Magic.

Die contest het ’n line-up van ses studente gehad as pa’t van hulle final year eksamens vi ’n programme wat vi hulle voo’berei’t virrie entertainment industry. Die college se magic training include om ’n business plan by te sit soerat’ie student ’n solid foundation kan het vi life in showbiz – ’n foundation in creative entrepreneurship is mos altyd ’n solid move vi enige artist! Die judges het bestaan uit ’n span van vier mense, ammal met magic en education backgrounds combined: Michael Saharin, Asiphe Mnqika, Lisa Simon en Diane May. Die wenner vannie showcase was Sisonke Mkwela, ’n jong talentvolle seun in graad 11 van Khayelitsha. Sisonke was gekies om The Session magic convention in Londen by te woon in Januarie 2025 saam’t ’n volwassene magician en ’n twiede student byrie naam van Sinalo Mtwana. Die College of Magic is oep vi registrations innie begin vannie skooljaa. Die college stel belang om mee magicians van rural communities te train, en mense kan Heidi Africa byrie college kontak vi vêdere besonderhede: admin@collegeofmagic.com.

Voorie show begin’t, het ek ’n opportunity gekry ommie college te toer. Dis ’n twie-storie-gebou met klaskamers, ’n studio, een of twie klein teaterkamers designed vi training, ’n paa kantore en ’n magic shop! Ek’t gelee’rat ’n paa Suid-Afrikaanse comedians soes Riaad Moosa, Conrad Kock (aka Chester Missing) en Stuart Taylor is oek College of Magic alumni wat hulle comedy careers byrie college begin’t. Die jong magicians byrie contest het oek ’n comedic element in hulle magic performances gehad wattie baie anners is soes wat djy miskien sal sien byrie Baxter Theatre se JIVE Funny Festival. Ek sien uit om Sisonke wee te sien op een van daai line-ups met sy “I like to move it, move it” intro vannie Madagascar-film. 

Djy moet omtrent multitask wanner djy ’n magician is. Ofcourse moet djy jou comedy daa’by sit – Judy Carter noem dit “the funny zone” in haa boek The comedy bible – soerat mense kan lag en soerat djy’rie gehoo se komieklikheid kan uitbring. Die gehoor is ’n groot pa’t vannie show. Maa djy moet oek uitstaan met original ideas: Een magician se disappearing act moettie ’n carbon copy vannie anner magician se disappearing act weesie! Ek’t oek ge’realise dat magicians oek conscious moet wies oo hulle woorde en ’n bietjie van ’n narrative en storie opmaak, want daai is hoe djyrie gehoo se aandag hou – ôs follow alles wattie magician sê en ôs ve’trou waa’heen’ie magician vi ôs niem.     

In Big magic – creative living beyond fear maak Elizabeth Gilbert oek ’n distinction tussen’ie “trickster” (Bugs Bunny) en “martyr” (Sir Thomas More), hoe donker en streng ’n martyr kan wies en hoe playful, lig en ’n shape shifter ’n trickster kan wies. Ek stem saam met haa en ek sal saam chorus gie om te sêrat djy nie jou Funny Zone en inner Bugs Bunny kan vind as djy te veel van ’n martyr is. In daai geval wassit perfek dattie jong magicians hulle performance vi kinners gegie’rt, want kinners het net een level en, unlike volwassenes, lieg hulle nie as hulle nie van iets hou nie. Of course maak’t oek sense dat Bugs Bunny oek ’n karakter is vi ’n jong (of young at heart) gehoor! 

Die college sien uit om mee’ diversity binne innie college te bring en om mee’ partnerships met rural communities binne en buite’rie Kaap te bou. Oppie selle tyd wonner ek hoe verskillende tale, kulture, kultuur-specific grappies en karakters van hierie communities binne innie magic craft kan inkryp. Dit sal mos cool wies om ’n Tsotsi of ’n Kaapse Klopse performer te sien in ’n magic show, en in daai geval is daa groot appetite innie market en opportunity om sukke magicians te soek wat usually overlooked is!     

The post Raai wat het julle byrie College of Magic gemis! first appeared on LitNet.

The post Raai wat het julle byrie College of Magic gemis! appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 22066


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>