
Foto: Canva
nogmaals van ’n Kaapse ma
(met erkenning aan Antonio Cisneros)
my seun en die res van die wat geskiet is
behoort steeds aan die baas van die taxi’s
en die baas van die mall en die gevegtery
’n paar nuwe palmbome van plastiek staan donker oor hul sterfplek
hulle bloed bemes hierdie grou grond verniet
so dien hulle nog die eienaar van gevegte, brood en die taxi’s
The post nogmaals 'n Kaapse ma first appeared on LitNet.
The post nogmaals 'n Kaapse ma appeared first on LitNet.