Persverklaring ‒ Silwerskermfees 2024 kollig
Opkomende filmmakers-kortfilm: O, Griet! Sy’s droog
In O, Griet! Sy’s droog trek die akteurs Char Carrie van Suidooster-faam, Karin van der Laag, Letolo Sekano en Ronel Stander kykers saam met hulle in ’n ander dimensie in. In dié kortfilm is die karakters in geraamde skilderye vasgevang en beeld só verskillende weergawes van die samelewing se idees oor vroue uit. Om uit dié rame te ontsnap lyk onmoontlik … Totdat ’n meisie met ’n pêreloorbel nuwe lig op hul situasie werp.
Zandélle Meyer en Anje Barkhuizen, die regisseurs, gesels oor die kunswerke wat die karakters geïnspireer het, en die emosie wat kuns kan ontlok.
Vertel ’n bietjie meer oor die betekenis van die titel en hoe julle daarop besluit het?
Anje en Zandélle: Die film was aanvanklik ’n tien-minute lange teaterstuk wat ons in ons finale jaar in drama by Stellenbosch Universiteit geskryf het. Dit was oorspronklik in Engels met die titel Before She Dries, wat verwys na ons protagonis, Griet, se portret wat droog word.
Toe ons dit in ’n Afrikaanse draaiboek vir die Silwerskermfees verwerk, het ons besluit op die titel O, Griet! Sy’s droog. Jy kan sê die titel is ’n poliseem, met die hoop om die kyker se oog te vang.
Die vier karakters in die film het elk iets wat jou aandag trek. Wat was die inspirasie agter elkeen?
Anje en Zandélle: Elke vrou is ’n weergawe van ’n bekende kunswerk, en elkeen het spesifieke Suid-Afrikaanse karaktereienskappe. Griet is gegrond op Die meisie met die pêrel-oorring, Denise op die Arnolfini-portret, Tannie Miemie op Die melkmeisie van Johannes Vermeer, en Venus op Sandro Botticelli se Die geboorte van Venus.
Dit bring nie net ’n unieke wending aan hul verhale nie, maar koppel hulle ook aan die universele temas van die kunswerke, en sodoende die film. Al vier vroue verteenwoordig verskillende rolle van vroue in die samelewing.
Griet is die jong, onafhanklike, hip en woke vrou, Venus die femme fatale, Denise die moederfiguur en Miemie is die hardwerkende vrou.
Waar het die idee vir die film ontstaan?
Zandélle: Ek het in die vakansie voor ons derde jaar ’n gedig geskryf met die titel ‘Die meisie sonder ’n kêrel met ’n pêreloorbel in haar oorlel’. Tydens ’n brainstorming-sessie het ek die gedig aan my groep voorgelees en hulle het daarvan gehou. Ons was vier meisies in die groep en ons moes toe ’n teaterstuk met vier vrouekarakters skryf. Dit is hoekom dit nie net die storie van een meisie met die pêrel-oorbel vertel nie, maar eerder ’n gedeelde storie is oor vier vroue wat vasgevang is in kunswerke nadat ’n kunstenaar vir hulle ’n stel towerpêrels gegee het.
Die kern van die storie is nog dieselfde, maar toe ons dit vir die Silwerskermfees wou inskryf, het ek en Anje saam aan die storie begin skaaf. Met baie leiding van Corné van Rooyen en Quanita Adams het ons dit in ’n kortfilmdraaiboek omskep.
Hoekom wou julle animasie gebruik?
Zandélle: Ek hou van multimedia en wou dit van die begin af insluit, veral omdat dit ’n kunsfilm is. Tydens die pre-produksiefase het ons besef hoe lank stop-animasiefilms vat om te maak en dat ons nie die hele film hoef te animeer nie. Wanneer ’n mens ’n film maak en veral in die magiese realisme-genre, is dit goed om sekere elemente te herhaal om werklik ’n tipe styl vir die film te kan ontwikkel. Ons wou graag die gevoel van ’n William Kentridge-houtskool-animasiefilm behou, om só ’n kunsgevoel te skep.
Die interpretasie van kuns in kuns (die film) is treffend. Hoekom dink julle ontlok kuns soveel emosie?
Anje: Ek is nie self ’n kunstenaar nie, maar my beste vriendin, huismaat en ook die kunstenaar van die portrette in die film, Lindie Grünewald, het my baie oor kuns geleer. Hierdie ervarings het my waardering en liefde vir kuns verdiep, wat ’n groot rol in die skep van die film gespeel het.
Kuns kan persepsies uitdaag, verandering inspireer en mense vanuit verskillende agtergronde saambind. Dit is hoekom dit so ’n diepgaande impak op emosies het. Films kan ons fantasieë tot lewe bring, maar kunswerke, hoewel staties, het ’n unieke kapasiteit om ons verbeelding te prikkel. As kunswerke kon beweeg of as ons hulle wêreld kon betree, sou dit ’n fassinerende ervaring gewees het.
Zandélle: My ma is ’n kunstenaar, so as ’n jong meisie was kunsgalerye soos my tweede huis. Ek dink elke persoon kyk met verskillende oë, agtergronde en ervarings na kuns, dus ontsluit dit verskillende emosies.
Press release ‒ Silwerskermfees 2024 spotlight
Upcoming filmmaker short film: O, Griet! Sy’s droog
In O, Griet! Sy’s droog, the actors Char Carrie from Suidooster fame, Karin van der Laag, Letolo Sekano and Ronel Stander draw viewers into a new dimension. In this short film, the characters find themselves captives in framed paintings, each depicting a different version of society’s ideas on women. To escape from the confines of the frames seem impossible … Until a girl with a pearl earring arrives with new perspectives on their situation.
Zandélle Meyer and Anje Barkhuizen, the directors, talk about the artworks that inspired the characters, and how art can stir emotions.
Explain the meaning of the title and how you decided on it.
Anje and Zandélle: The film originated from a ten-minute theatre piece we wrote in our final year as Drama students at Stellenbosch University. It was written in English with the title Before She Dries, which refers to the drying portrait of Griet, our protagonist.
When we adapted it into an Afrikaans screenplay for the Silwerskerm Festival, we decided on the title O, Griet! Sy’s droog. The title can be read as a polyseme, and we were hoping that it would catch viewers’ attention.
Each of the four characters in the film has something special that draws viewers’ attention. What was the inspiration for each character?
Anje and Zandélle: Each character represents a version of a famous artwork, as well as typical South African characteristics. Griet is based on The Girl with the Pearl Earring, Denise on The Arnolfini Portrait, Aunt Miemie on The Milkmaid by Johannes Vermeer, and Venus on Sandro Botticelli’s The Birth of Venus.
While it brings a unique twist to each character’s story, it also links them to the universal themes of the art works, and subsequently the themes of the film. Each of the characters represents different roles of women in society.
Griet is the young, independent, hip and woke woman, Venus the femme fatale, Denise the mother figure and Miemie the dutiful woman.
Where does the idea for the film come from?
Zandélle: During the holiday before our third year, I wrote a poem with the title ‘The girl without a boyfriend with a pearl earring in her lobe’. I read the poem during a brainstorming session with my group, and they liked it. We were four girls in the group, and we had to write a play about four female characters. That is why the story is not about one female character with a pearl earring, but of four women who were literally captured in paintings after receiving a string of magic pearls from an artist.
We kept the essence of the original storyline, but Anje and I refined the narrative when we decided to enter it for the Silwerskerm Festival. We received extensive guidance from Corné van Rooyen and Quanita Adams to convert it into a short film screenplay.
Why did you decide to use animation?
Zandélle: I love multimedia and I wanted to include animation from the start, as O, Griet! is an art film. During pre-production we realised that stop animation is time-consuming and that we didn’t have to animate the entire film. When making a film, especially in the magic realism genre, it is good to repeat certain elements in order to develop a distinctive style. To create an artistic atmosphere, we tried to emulate the feel of William Kentridge’s charcoal animations.
The idea of interpreting art through art (the film) is striking. Why do you think art evokes such strong emotions?
Anje: I am not an artist myself, but my best friend and housemate Lindie Grünewald, who created the portraits for the film, taught me a lot about art. The experience deepened my appreciation and love for art, which played an essential part in creating the film.
Art challenges perceptions, it inspires change, and it brings people from different backgrounds together. That is why it has such a profound emotional impact. Film brings our fantasies to life, but art, although static, has the unique ability to tickle the imagination. If artworks were alive and we could enter the realm of paintings, it would be a fascinating experience.
Zandélle: My mother is an artist; as a child, art galleries were like a second home to me. I think every person looks at art in a different way, from different backgrounds and experiences, therefore art evokes different emotions.
The post Persverklaring ‒ Silwerskermfees 2024 kollig: O, Griet! Sy’s droog | Press release ‒ Silwerskermfees 2024 spotlight: O, Griet! Sy’s droog first appeared on LitNet.
The post Persverklaring ‒ Silwerskermfees 2024 kollig: <i>O, Griet! Sy’s droog</i> | Press release ‒ Silwerskermfees 2024 spotlight: <i>O, Griet! Sy’s droog</i> appeared first on LitNet.