Een van die wêreld se grootste komponiste en speler van ligte musiek - en ons weet dit nie. Omdat hy die trekklavier bespeel en met boeremusiek geassosieer was, het baie mense, Afrikaners inkluis, sy musiek as "common" beskou. Maar hy het wêreldwye erkenning geniet en van sy musiek was wêreldwyd op treffersparades. Die stuk "Zambezi" is byvoorbeeld ook deur die beroemde Bert Kaempfert opgeneem.
Hy is pas negentig en 'n uurlange onderhoud is vandag op radio met hom gevoer, onderbreek deur stukke van sy musiek. Hy het nooit musiek gestudeer nie, sy werk het hy op klavier uitgewerk en dan sommer uit sy kop gespeel. In Brasilië het hy bv vir die mense 'n tango geskep en hulle het saamgedrom om dit te hoor.
Hy het natuurlik ook wêreldwyd opgetree.
Ek onthou broer Koos was jare gelede een van sy bewonderaars en ek self ook.
Van die musiek in die FAK is syne, hy het dit geskep saam met Anton de Waal, wat verantwoordelik was vir die lirieke. Die stukke gaan onder die naam "Carstens en De Waal". Hy het selfs vir oorsese rolprente die klankbane hanteer.
Groete,
Tiens
The post Nico Carstens appeared first on LitNet.