Titel: Mynie speel met vuur
Skrywer: Mynie Steffens
ISBN: 9781432311308
Uitgewer: Penguin
Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer geskryf en aan LitNet gestuur.
’n Kosboek! Ek sou jou nie geglo het as jy vir my ’n jaar gelede gesê het ek gaan ’n lesersindruk oor ’n kosboek skryf nie.
Hierdie boek van Mynie Steffens is in een woord beeldskoon. Sy maak al vuur vandat sy ’n klein dogtertjie van 10 jaar oud was. Maar dis nie sommer enige vuur nie. Dis ’n heeldag vuur wat kos maak en mense bymekaar bring. Elke hoofstuk van hierdie boek bevat ’n proespyskaart wat uit sewe gange bestaan. Of jy nou ’n karnivoor of veganis is, hier word vir jou ’n vuur aan die brand gesteek.
Vis, vleis, hoender, blomkool en sjokolade – Mynie speel met vuur steek grense aan die brand en kry onwaarskynlike persoonlikhede, kulture en mense van alle kleure en voorkeure bymekaar. Hier braai sy alle verskille se kierankies.
Ek kan nog nie mooi besluit wat die heel lekkerste van hierdie boek is nie. Die stories, foto’s of resepte?
Sou my woorde jou nie oortuig nie, gaan lees self die gratis resepte op Penguin se webwerf – jy sal nie gou weer dieselfde kyk na garnale of soetrissies nie.
As jy nie weet wat om hierdie Kersfees in iemand se Kerskous te sit nie, gee hierdie boek vir jou hartsmense. Dit sal ’n liefdesgeskenk wees.
Die boek is ook in Engels beskikbaar as Mynie plays with fire (9781432310905). Op die Engelse ruimte is daar ook ’n resep vir rib-eye steak.
Beide boeke is ook as e-publikasies beskikbaar op Penguin se webwerf, iets om te onthou vir vriende oor die water. Die Afrikaans is hier te kry, en die Engels hier.
Mynie gesels ook baie lekker. Hier is ’n onderhoud wat ek met haar gevoer het.
The post Karnivoor of veganis? Hier word vir jou ’n vuur aan die brand gesteek. appeared first on LitNet.