Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21995

In my vrye tyd

$
0
0

Foto: Canva.com

In my vrye tyd
Ek kerf hierdie maar uit 
in my vrye tyd, 
want die realiteit 
laat mens bakstene skyt.

Dis nege tot ses 
bitter min is die res: 
die sleutel tot sukses 
wat hopelik jou dors sal les.

Die maandelikse paaiemente 
draai om daardie sente 
al bou die spaarrekening ook geen rente.

Helaas: 
offer maar op 
jou oggend én middag vir die baas.

Ons hou dan maar laataand vir onsself 
dat ons dieper in die donker kan delf: 
passies ná werk 
tyd vir jouself – 
ná nege 
ná tien 
ná elf.

Dis ’n bietjie hier, 
dis ’n bietjie daar 
eendag op ’n reëndag 
maak ons dalk klaar.

Maar dit raak nou laat 
en nou moet ek stop 
die moegheid laat al my oë 
by my kop uitpop.

Ons vervat maar weer 
’n volgende keer 
al kom vrye tyd 
nie altyd gou weer.

The post In my vrye tyd appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21995


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>