...
My niewe liefde vi Selena se musiek het oek gelei tot ’n catch-up call met Andrea, my Mexican vriendin wat ek in Seoul in 2017 ontmoet het. Ek het allerande questions vi haa gevra oo Selena en hoe popular haa musiek is in Mexico.
...
Hierie jaa se lockdown obsession vi my was beslis Selena The Series op Netflix, ’n TV-series wattie storie ve’tel van Selena, die American sanger wat bekend is vi haa Spanish musiek tydens die ‘80’s en ‘90’s, omtrent dieselfde tyd wanner Madonna, Whitney en Prince huge sensations gewees het. Hierie show het heeltemal vi my ingevat, oek omdat ek reminded was oo Selena die film wat Jennifer Lopez ’n paa jare gelede oek gedoen het. Die Latina en Mexican communities was altyd vi my interesting – partly thanks to drama shows soes Devious maids. Nou luister ek na Selena se musiek en ek is nou completely in love mettie Spanish lyrics en haa musical style – ek sal haa musiek enige tyd choose oor the overplayed flamenco types soes’ie Gypsy Kings!
My niewe liefde vi Selena se musiek het oek gelei tot ’n catch-up call met Andrea, my Mexican vriendin wat ek in Seoul in 2017 ontmoet het. Ek het allerande questions vi haa gevra oo Selena en hoe popular haa musiek is in Mexico. Selena, ofcourse, is van Texas, en ek het Andrea oo en uit gevra oorie differences tussen Spanish musiek en culture in Texas vs Mexico – apparently is die een mee Americanised assie anner, though is albei hierie plekke baie close aan mekaa geographically. Maa nevertheless is mense in Texas en Mexico albei lief vi Selena se musiek!
Ek het oek êrens oppie internet gelies dat Spanish is the second most spoken language in the world – hierie feit het my hare op my arms laat staan. Skielik het ek inspired gevoel ommie language te leer ken – ek het net gevóél asof dit sense maak ommie language te leer. Hoe kan ek as ’n lover van linguistics en ’n global citizen nie part van hierie taal kan deelniem nie?
Om Spanish op Duolingo te leer was mee complicated as wat ek gedink’t (ek lee mos al klaa oek Indonesian oppie app!), en musiek was ’n mee enjoyable way ommie taal te leer. En daa’s nie ’n lack van Spanish artists innie musiek industry nie – daa’s Carlos Santana (“Corazon Espinado” is ’n leqqa ene!) en ’n klom Salsa compilations op YouTube. Since dan het ek baie Spanish woorde geleer – “baila” (om te dans) en “Amor prohibido” (“Forbidden love”, een van Selena se songs). Ek kan tot 4 in Spanish tel – uno, dos, tres, cuatro – wat oek toevallig is die opening verse van Selena se “La Carcacha”!
In fact, vi maande nou, tydens my increased awareness oo decolonisation in my eie liewe en daily social practices, het ek oek begin ve’staan dat my Indonesian language skills gaan oek improve hoe mee exposed ek is aan non-English musiek. Dit klink asof daa niks link is tussen die twie, maa djy sal surprised wies oo hoe djy jou brain moet trick as djy niewe dinge wil leer. En wanner ek fluently Indonesian (en hopefully Spanish!) kan eendag praat, beplan ek ommie language forever te onthou! En dan wanner ek weer te moeg raak van Spanish, sit ek my Bollywood-musiek aan en dan kom allie familiar Hindi-woorde to mind – die meeste woorde wat ek deur Bollywood-movies geleer’t.
...
Om Spanish op Duolingo te leer was mee complicated as wat ek gedink’t (ek lee mos al klaa oek Indonesian oppie app!), en musiek was ’n mee enjoyable way ommie taal te leer.
...
Maa ofcourse issie topic van linguistics mee as net ’n romantic ding. Ek voel baie strongly oorie feit dat “shared multilingualism” het baie possibilities ommie wêreld te transform ve’al in areas related to structural racism en classism – die feit dat multilingualism ’n solution kan wies om segregationist en apartheid-inspired psychologies heeltemal te transform. Die apartheid laws, soesie Prohibition van Mixed Marriages Act vi example, het ôse mense condition om segregation te normalise en ’n 21st-century solution to this kan wies om mense globally te encourage om ’n twiede taal of ’n foreign language te leer om tolerance vi diversity te create – ’n thing that is very much lacking al is ôs amper 30 jaa into SA democracy! Hoe sal ôse mindsets en tolerance vir difference expand op ’n collective level as ôs hierie solution uit try?
Dis hierie ideas wat vi my gelei het tot my Kaaps-skrywery – ek het ve’staan dat ek nie forward sal move in my eie personal en cultural development as ek aan my Engelse points of references klou nie. Ek kan rêrag sêrat ek soes ’n whole person voel nourat ek ’n effort gemaak’t om nie net in Engels te skryf en praat. In fact, daa was ’n episode in Selena The Series waa sy daai exact realisation express. Sy’t vi haa familie gesê hoe proud sy is van haa Mexican heritage. Haa pa, Abraham Quintanilla, was die een wat vi haa encourage’t om Spanish te leer soedat sy in daai language kan sing. Daai was such a cool moment vi my want ek het in daai moment baie connect met Selena as ’n persoon (assuming ofcourse dat alles wat ek innie series gekyk’t is ’n authentic representation van haa liewe en journey). Maa nou die trick is dat ôs ammal moet hierie take vat waa shared multilingualism is concerned – ôs moenie net ôse eie languages leer maa oek anner foreign languages om integration, in plaas van segregation, te create.
...
Ek kan rêrag sêrat ek soes ’n whole person voel nourat ek ’n effort gemaak’t om nie net in Engels te skryf en praat.
...
Ek is nie surprised om te discover dat ek nie alleen is met hierie ideas nie. Karen Leung in haa TED Talk staan op vi discrimination van immigrant communities innie US, en sy ve’tel stories van haa Cantanese familie en hoe hulle hard gewêk’t om Engels te leer wanner hulle narrie US toe getrek het. Sy maak belangrike punte oo social shaming, ’n common experience vi immigrants wat Engels leer, terwyl English natives niks social shaming kry as hulle anner tale leer nie – in fact hulle receive te veel praise! Ek stem heeltemal saam met haa – ’n mens sal swee dattie Engelse taal such ’n representative taal is vi al wat homo sapiens is! En ek stem heeltemal saam dat hierie linguistic hierarchies moet dismantle wôd. Most importantly moet ôs ’n stap vorentoe vat ennie net systems dismantle nie, maa oek niewe systems opbou, soes legislative systems in place te sit wat mense under healthy pressure sit om anner tale te leer wat nie exclusively Engels is of hulle ee’ste taal nie. Die education system in Suid-Afrika, ek dink, maak sukke attempts om studente te encourage om ’n twiede en dêde taal te leer in hulle skool curriculum – dis hoekom ek Xhosa geleer’t vanaf graad 2. Sommige studente tydens my high school years het oek German geleer. Ek wietie hoe successful hierie plan was om shared multilingualism te achieve nie, maa dit is ’n step in the right direction – die tipe steps wat Karen in haa TED Talk oo praat.
In haa keynote speech het Karen oek deur’ie advantages van multilingualism of bilingualism gegaan, soes increased cognitive ability, flexibility, increased ability om problems te solve en om te multitask. Sy praat van hoe niewe tale gaan oek oo “giving your brain an intense workout” (hoeveel racists en classists in ôse land en wêreld kan doen met ’n goeie intense brain workout?) wat Alzheimers tot later kan uitstel en tot decreased dementia kan lei. Ammal hierie advantages lat my sommer voel dat ek ’n trommel mee languages moet leer … en as daa physiological, neurological en social benefits is vi shared multilingualism, is daai nie motivation genoeg vi ôs om ’n niewe taal môre op te tel nie?
The post Hoe kan applied multilingualism ’n solution wies vi global integration? appeared first on LitNet.