Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21513

Wanne gannie gangsters wêk soek?

$
0
0

Foto: Pixabay

Hoeko kannie gangsters oppie Cape Flats nie hulle gatte lig en ga wêkie? Isan soe lekke om jou eie geld te vedien. Nou staan hulle elke dag al van vroeg af op straathoeke om hadwêkende mense van hulle swaavediende geld en besittings te beroof. Daai’s mossie kwai nie. Ek mean maa, hoe vewag djy om gebless te wôd as djy soe oneelik is? Djy sal mos nooit ’n lang en peaceful liewe hê nie, want elke donne’se dag moet djy oo jou skoue loe omdat djy met jou actions op elke hoek en draai enemies maak. Ruk jou reg, Rex. Raak ontslae van daai vlooigedagtes. Change jou lifestyle. Try om ’n bieter mens te wies. Djy’t mos ’n brein gekry om te dink, of hoe? Dieselle opportunities wat die next persoon gekry het, is vi jou oek ge-offer. Toe vekies djy mos om skool te bunk, want boeta What What het gevra djy moet sy drugs help vekoep. Boeta What What voel niks vi jou nie. Assie blok skroei, klap hy sy deu in jou gesig toe en maak of hy jou nie kennie. Djy dink veniet die son skyn uit sy gat. Daai nuwe tekkies wat van druggeld gekoep is issie iets om op trots te wiesie. En ek hoo djy wôd gebliksem as djy nie jou target maakie. Sorrie, ma ek voelie sorrie vi jou nie. Djy’t ’n lat vi jou eie bas gepluk. Stem djy nou saam djy was stupid ommie skool soema netsoe te los?

Soe spring ’n paa snotgatte mos nourie dag oo my hek en try om in te briek. Sieke gedink it ga soe maklik wies. Daa was mos niemand byrie huisie. Luckily was daa oeggetuies en kon ek presies sê na wie toe moetie poeliese gaan toe ek hulle bel. Niks is gesteelie, behalwe my vullisdrom se deksel, wat ek demand het hulle moet trugbring. Ek vattie kak van kabouters nie. As djy klein-klein ’n skollie wil wies moet djy jou pak vat soes ’n man.

Julle dink mos julle is daai moerse ouens as ’n robbery suksesvol afgeloep het, né. As julle ’n weerlose vrou van haar SASSA-geld beroof het, voel julle mos soes heroes. Onthou net Karma is ’n hond wat jou byt wanne djyrit die minste vewag. Mag djy vestik aan daai tik wat djy met daai antie se geld gaan koep.

Ek wens rêrag ôs het ’n politieke party gehad wat dinge kan vasvat innie Kaap. Oppie oomblik lykit die gangsters is totally in control. Is tyd virrie winds of change om te begin waai. Ek vra wee: Hoeko kannie gangsters oppie Cape Flats nie hulle gatte lig en ga wêkie?

The post Wanne gannie gangsters wêk soek? appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21513

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>