Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 22116

Filmresensie: Necktie Youth hardebaard Suid-Afrikaans

$
0
0

necktie220Necktie Youth 
Draaiboek en regie: Sibs Shongwe-La Mer
Spelers: Bonko Cosmo Khoza, Sibs Shongwe-La Mer, Kelly Bates, Colleen Balchin, Kamogelo Moloi, Emma Tollman

Hierdie debuut laat jou regop sit en kennis neem van die 23-jarige Sibs Shongwe-La Mer. Kom ons noem dit Suid-Afrika se The Bling Ring (Sofia Coppola, 2013). Maar dié vergelyking geld net tot op ’n punt.

Jabz (Bonko Cosmo Khoza) en September (Sibs Shongwe-La Mer) is van kindsdag boesemvriende. Hulle is vrygeborenes in die nuwe Suid-Afrika, hulle het nie onder apartheid gely nie, hulle ouers is ryk en hulle woon in dié se herehuise in Sandton. Hulle spreek mekaar aan as “my nigga”, maar vind nie aanklank by die meerderheid van hul swart landgenote nie.

Hul vriendekring is ’n diverse groep van so 19, 20 jaar oud. Hulle het gebrek aan niks, hulle het motivering vir niks, hulle is verveeld en hul enigste tydverdryf is seks en dwelms. Hulle speel Russiese roulette met lewe en dood.

necktie2Emily (Kelly Bates), ’n lid van die losse vriendekring, het haarself opgehang terwyl dit op die internet gestream word (’n weerklank van Henry Cloete se roman Draalnoot vir ’n janfiskaal). Dis nou ongeveer ’n jaar later en die gebeure spook steeds by Jabz. Uit video-onderhoude oor Emily se dood, tesame met grepe uit ’n dag in hierdie karakters se lewens, blyk hul totale selfgesentreerdheid – hulle het haar skaars geken, en deur die alkohol- en dwelmnewels onthou hulle haar skaars. Praat van ’n verlore generasie.

Die verskil tussen dié fliek en The Bling Ring is dít: daardie begerige leëkoppies dink nog hulle streef na iets – die volgende ontwerpershandsak, die volgende paar Jimmy Choos. Jabz-hulle is lankal daar verby, die donkerte in. Eerder as dat “necktie youth” etiket- en modebeheptes beskryf, het dit hier ’n grimmige betekenis.

Die fliek het sy foute (die struktuur is té los en die tydspronge is soms erg verwarrend), maar dit word aanbeveel vir skerpsinnige kykers. En gaan kyk daarná, as ’n kontrapunt, na Sara Blecher se pragtige film Ayanda – om te sien waar die liefde lê.    

Sterre: 4

Onlangse resensies deur Suzette Kotzé-Myburgh:

skerm1

The post Filmresensie: Necktie Youth hardebaard Suid-Afrikaans appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 22116

Latest Images

<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>