Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21534

Francois van Coke vir die inryteater

$
0
0

Foto: André Badenhorst

Francois van Coke en Early B klim saam op een verhoog – en hulle vertoning gaan by die Suidoosterfees-inryteater uitgesaai word op ’n hengse skerm by die Atlantic Film Studios op 4 November. Kaartjies is te koop by die Suidoosterfees. Moenie dié een misloop nie!

Francois, die konsert wat jy en Early B op 4 November doen, word op ’n enorme inryteaterskerm gegooi. Mense sit dus knus in hulle motors, vêr van ander af. Jy het nou al op baie plekke en voor baie soorte gehore gespeel, maar het jy al ooit te vore jou konsert in ’n inryteater gedoen?

Nee, dis my eerste inryshow. Ek is nogal opgewonde daaroor. Mense kan moerse klomp geraas maak met hulle toeters tussen die songs, of net chill. Ék sal graag so show wil gaan kyk.

Gaan daar darem ook ’n paar love songs wees vir mense in die motors? Jy weet ...

Ja, ek het nie baie love songs wat deel is van my diskografie nie, maar daar is ʼn paar. “Tot die son uitkom”, “Toe vind ek jou”, “Die wêreld is mal” en so aan.

Jy doen baie collabs. Selfs tydens die grendeltyd was daar ’n lekker live stream deur Francois van Coke & Vriende. Early B was een van hulle. Nou gaan jy weer met hom saamwerk. Earl rap teen die spoed van lig. Hoe het julle die style bymekaar laat pas?

Ons het nog net een song saam opgeneem en dit was nogal ’n proses om hom te laat werk. Earl het vir my ’n idee gestuur, maar ek was nie so mal oor die musiek nie, maar het sy raps gelove. Toe het my kitaarspeler Richard Onraet nuwe musiek geskryf vir die tune en ek het die koor herskryf om meer in my styl te werk. Ek dink die styl van die song is iets soos rap-metal wat baie groot in my hoërskooldae en definitief ’n vroeë invloed was. So, dit het lekker saamgewerk.

Jedd Kossew en Richard Onraet is ook deel van die produksie. Ek neem aan hulle gaan weer daar in die inry hul kitaarmeesterskap bewys?

Ja-nee, daai twee is fantasies. Ek sal hulle forseer om ’n song op hulle eie te doen, net om te wys hoe goed hulle is.

Jy is ’n gevestigde musikant, selfs ’n gevestigde handelsmerk. Hoekom deel jy so gereeld jou platform en jou naam met ander musikante?

Ek dink jy bedoel: Hoekom werk ek graag saam met ander kunstenaars? Ek is ’n fan van saamwerk; ek leer baie by die mense met wie ek collab, nie net oor musiek nie, maar ook baie oor persoonlikhede; musiek is vir my ’n spansport.

Wil jy iets weggee van julle speellys op 4 November? Of moet mense maar in die kar klim en gaan vry, ek bedoel, gaan inry?

Ek het klaar gepraat oor die love songs. Dan is daar natuurlik ook nog “Dagdrome in suburbia”, “Altyd lief vir jou” saam met Early B, “Daarsy boys” vir die party animals en definitief ’n Beatles cover of twee.

***

Kaartjies kos vanaf R250 per motor, en kan by Computicket bespreek word. Besoek die Suidoosterfees se webwerf (www.suidoosterfees.co.za) vir meer inligting. Verblyfpakkette by City Lodge is beskikbaar teen R1600 vir twee persone, en sluit bed en ontbyt, ’n inryteaterkaartjie en inry-ete in.

Lees ook:

Lus vir ’n aandjie uit? Bespreek nou jou Suidoosterfees-inryteaterkaartjie

Francois van Coke oor die suburbs en sy nuutste album

The post Francois van Coke vir die inryteater appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21534

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>