Titel: Nog stories teen my muur
Skrywer: Matthys Strydom
ISBN: 978-0-620-93289
Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer geskryf en aan LitNet gestuur.
Die skrywer
Matthys Strydom, gebore in 1935 op Oudtshoorn. Einde 1958 behaal hy sy MBChB-graad aan die Universiteit Kaapstad en praktiseer daarna as algemene praktisyn in Heidelberg (Gauteng).
Hy is die stigter en eienaar van die befaamde Strydom-galery in George van 1969 tot 1999. Terselfdertyd begin hy ’n klein bonsmarastoet bokant Wildernis, en slaag ook daarin om dié ras in die Wes-Kaap bekend te stel. Hy was ook vir ses jaar president van die Bonsmara Wêreldfederasie.
In 2016 sien Stories teen my muur die lig. In 2017 het dié boek die eerste plek in SAIP (South African Independent Publishers) se memoires-kategorie gedeel met I am deur Luthando Lucas. In 2021 word Nog stories teen my muur deur die SAIP as die beste kunsboek aangewys.
Die boek
........
Nog stories teen my muur is opgedra aan "Wyle Judith Mason" en die enkele kunstenaars wat nog leef. Hierdie boek bied insae in Strydom se interaksie met Suid-Afrikaanse kunstenaars. Die skrywer konsentreer nie net op skilders nie, maar op kunstenaars van alle kunsvorme.
.........
Nog stories teen my muur is opgedra aan "Wyle Judith Mason" en die enkele kunstenaars wat nog leef. Hierdie boek bied insae in Strydom se interaksie met Suid-Afrikaanse kunstenaars. Die skrywer konsentreer nie net op skilders nie, maar op kunstenaars van alle kunsvorme. Elke hoofstuk se titel is interessante prikkelfeite en ’n lusmaker vir lekkerlees wat wag.
Die stuk oor Pierneef is getiteld "’n Don-Quichotiese windmeule", terwyl die skrywe oor Alice Golden se opskrif lui "’n Eerste vir my pa".
Stanley Pinker se hoofstuk is "Stille waters" en Marthinus la Grange is "... Diepe grond". Die bekende Frans Claerhout word beskryf as "’n Priester van die esel" en ons eie Beatrix Bosch word beskryf as "’n Beeldhouer en die leervrou". So word hier dan heelwat kunstenaars in Matthys Strydom se outobiografiese vertelling belig. Die laaste hoofstuk word ingeneem deur sy argitekvrou, Helene – self ’n uitstekende kunstenaar – met die oulike titel "Eet jy waterblommetjies?"
Boekverslag / lesersindruk
Ek wil die skrywer gelukwens met hierdie netjiese boek, wat goeie-kwaliteitpapier bevat, en sy keuse van die voorblad wat van professionaliteit getuig.
.......
Nog stories teen my muur is ’n boek wat ’n mens nie sommer net lees om klaar te kry nie – hierdie besonderse boek moet mens stukkie vir stukkie lees. Net soos wat mens goeie wyn sal geniet.
........
Nog stories teen my muur is ’n boek wat ’n mens nie sommer net lees om klaar te kry nie – hierdie besonderse boek moet mens stukkie vir stukkie lees. Net soos wat mens goeie wyn sal geniet.
Matthys se vertellings in hierdie boek is gemaklik en word met deernis en fyn nuanses aan die leser oorgedra. Sy skryfstyl is ongekompliseerd en hy handhaaf ’n goeie balans tussen die verskillende kunstenaars. ’n Imposante boek met treffende en kreatiewe taalgebruik. Die manjifieke foto’s van elke kunstenaar se werke is verstommend. As ’n niekunskenner is ek as leser beïndruk met hierdie boek. Dit was vir my ’n voorreg om dit te lees omdat die verhale uitstekend gekonstrueer is, daarby ook interessant en leersaam.
Nog stories teen my muur is ’n mengelmoesķardoesboek wat ’n waardevolle bydrae tot die geskiedenis en die wêrelde van kuns bied.
........
Nog stories teen my muur is ’n mengelmoesķardoesboek wat ’n waardevolle bydrae tot die geskiedenis en die wêrelde van kuns bied.
.........
Mag hierdie verslag ’n uitnodiging wees aan alle lesers van skone kunste om met vertroue in hierdie boek te belê.
The post <em>Nog stories teen my muur</em> deur Matthys Strydom: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.