Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21808 articles
Browse latest View live

Enkelma’s en transrasgesinne: riglyne in ’n dikwels onsimpatieke wêreld

$
0
0

Enkelma’s wat kinders van ’n ander ras aanneem, staar aansienlike uitdagings in die gesig. Elsabé Brits het vir Awie Greeff en Marita Oosthuizen, wat navorsing hieroor in LitNet Akademies gepubliseer het, uitgevra oor die manier waarop veerkragtigheid ’n rol speel om tipiese uitdagings te hanteer. Greeff en Oosthuizen se artikel, “Veerkragtigheid in die enkelma-transrasgesin”, het in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling verskyn.

................

LitNet Akademies-navorsers: Marita Oosthuizen en Awie Greeff (Foto’s: verskaf)

Hoe hanteer die ma’s, en kinders, moontlike negatiewe opmerkings van ander mense wanneer hulle in die openbaar is? En hoe ’n groot invloed het dit op die veerkragtigheid van die betrokke gesin?

Awie: Dit hang af. Is dit die eerste keer wat dit gebeur? Word die opmerking tuis bespreek? Het hulle al meganismes ontwikkel om dit te hanteer en wat was die aard van die opmerking?

Ek sou sê die gesin se veerkragtigheid word weerspieël deur die wyse waarop hulle daarop reageer – in die situasie en tuis wanneer dit bespreek en toekomstige hantering van soortgelyke situasies beplan word. Géén besinning oor so ’n gebeurtenis nie sal sekerlik nie die gesin se veerkragtigheid verbeter nie.

Hoe maklik of moeilik is dit vir die ma’s om hulle kind bloot te stel aan hulle eie kultuur?

Awie: Dit sal afhang van die spesifieke omstandighede van die gesin, die gesin se kontak met gesinne van dieselfde kultuur as die van die kind, en die ma se oortuiging of blootstelling in belang van die kind is, al dan nie.

Marita: Tydens onderhoude met die ma’s was dit duidelik dat daar moeite gedoen word om die kind bloot te stel aan sy/haar biologiese kultuur. Die lees van kultuurgerigte stories, die keuse van skole, kontak deur spesifieke ondersteuningsgroepe en blootstelling aan spesifieke geografiese omgewings tydens vakansies word dikwels doelbewus deur ouers gebruik ten einde die kinders bloot te stel aan hulle biologiese kultuur.

Hoe doen hulle dit sonder dat dit geforseerd voel?

Awie: Dit sal ongeforseerd voel as die ma oortuig is dat dit in beste belang van die kind is en dat sy dit ter wille van die kind wil doen.

Brei ’n bietjie uit oor die “krisis”, indien enige, toe die kinders bewus geword het van die verskil tussen velkleur, en hoe die ma’s dit ten beste hanteer het?

Marita: Eerlikheid met die kind vanaf ’n baie jong ouderdom is deur alle ma’s gesien as uiters belangrik ten einde veerkragtigheid in die gesin te verseker. Ma’s fokus deurentyd op die unieke voorkoms van elke individu en hul onvoorwaardelike liefde vir hul kind.

Hoe sien julle die belangrikheid, of nie, van die aanleer van ʼn Afrikataal in ’n kind se identiteit in die geval van ’n swart kind?

Awie: Gegewe enkele opmerkings van ouers, en die Suid-Afrikaanse konteks, reken ek dat ouers moet probeer dat hul (Afrikaan-) kind ten minste ʼn Afrikataal verstaan. Vaardigheid in ʼn Afrikataal behoort die kort- en langtermynaanpassing van die kind te vergemaklik.

ʼn Positiewe rolmodel vir kinders van die teenoorgestelde geslag – hoe belangrik is dit werklik?

Awie: Dit sal bepaal word deur die belangrikheid wat geslagsrolgedrag vir die ouer het. Ons almal identifiseer voortdurend met verskillende rolmodelle – nie net met geslagsrolle nie. Indien geslagsrolle vir jou belangrik is en jy as ouer wil hê jou kind moet sekere tipes rolgedrag internaliseer, is dit sekerlik wenslik om jou kind daaraan bloot te stel.

Hoe ’n groot verskil maak dit uiteindelik aan ʼn kind, of is die aandag en liefde van een toegewyde persoon nie genoeg nie?

Awie: Aandag en liefde is nodig, maar nie voldoende nie. Daar is kulturele en/of omgewingswaardes waaraan ʼn kind blootgestel word, vanaf ’n jong tot ʼn hoër ouderdom, wat ook bydra tot hoe die kind ontwikkel, ʼn identiteit vorm en inpas in die omgewing waarin hy/sy leef.

Wat sou julle sê is goeie veerkragtigheid in só in gesin?

Awie: Gegewe dat gesinsveerkragtigheid verstaan word as die gesin se vermoë om verstellings te maak en aan te pas by krisisse en verandering, verwys die navorsing na verskeie veerkragtigheidskenmerke. Dit is: (1) Die toerus van die transrasaangenome kind om uitdagings rakende sy transrasaanneemstatus te oorkom, byvoorbeeld deur blootstelling aan ’n diversiteit van mense; verwoording van emosies; bewustheid en begrip van velkleur; begrip van apartheidsgeskiedenis; hantering van rassisme; rolmodelle; en die aanleer van ʼn Afrikataal indien ʼn Afrikaan aangeneem word. (2) Die vestiging van duidelike gesinspatrone wat veerkragtigheid by gesinne skep, byvoorbeeld oop kommunikasie tussen ma en kind; die skep van roetines; kwaliteit- huishoudelike hulp; spiritualiteit wat help om krisisse en uitdagings van die lewe te hanteer en te oorkom; gedragspatrone wat op sekere tye deur gesinslede gevolg word en wat ook as die tradisies van ʼn spesifieke gesin gesien kan word; skep van eietyd vir die ma; en gebruik van humor om bepaalde situasies te ontlont. (3) Die belangrikheid daarvan om aanneming ʼn werklikheid te maak, byvoorbeeld deur eerlike en respekvolle kommunikasie oor die biologiese ma; eerlikheid teenoor die aangenome kind rakende die transrasaanneming; openlikheid oor aanneming. (4) Sosiale skakeling en benutting van die ondersteuning van die uitgebreide familie. (5) Die gesin se benutting van eksterne hulpbronne.

Wat moet ander mense, doen, en nie doen nie, om dit makliker te maak vir ʼn so ʼn gesin?

Awie: Ander mense speel ’n belangrike rol in die aanpassing van die transrasgesin. Doen: Aanvaar die gesin soos enige ander gesin; toon begrip vir unieke sowel as gewone uitdagings wat ’n enkelouergesin beleef; bied praktiese hulp aan; luister en hanteer die gesin op dieselfde manier as enige ander een. Nie doen nie: Moet nie die velkleurverskille beklemtoon nie.

En wat is julle raad vir enkelma’s wat kinders met ʼn ander velkleur wil aanneem?

Awie: Die effektiewe voorbereiding van die aanneemma voor aanneming behels die volgende: (1) Die voorbereiding van haar eie familie vir die transrasaanneming. (2) Dat sy sterk en onafhanklik moet kan funksioneer, met onder meer selfvertroue, positiwiteit, deursettingsvermoë, geloof en die vermoë om uitdrukking aan haar emosies te gee, is belangrike persoonlikheidseienskappe van die enkelouer in die veerkragtige gesin. (3) Sy moet haarself emosioneel voorberei voordat sy die fase van ouerskap betree. (4) Samel soveel as moontlik inligting met betrekking tot transrasaanneming in. Dit is baie belangrik vir die effektiewe aanpassing van die ma, en die gesin, ná aanneming.

 

Lees Awie Greeff en Marita Oosthuizen se LitNet Akademies-artikel hier:

Veerkragtigheid in die enkelma-transrasgesin 

 

The post Enkelma’s en transrasgesinne: riglyne in ’n dikwels onsimpatieke wêreld appeared first on LitNet.


Graad 12 Eerste Addisionele Taal – Taaloefening en memo met Best Books

$
0
0

Best Books se Eksamenoefenboek vir Graad 12 Eerste Addisionele Taal deur Aletha de Klerk is ’n gebruikersvriendelike werkboek wat ’n wye verskeidenheid taaloefeninge bevat om leerders met eksamenvoorbereiding te help, en waardevolle wenke en praktiese idees vir die beantwoording van vrae in Vraestel 1 is ingesluit. Hierdie taaloefeninge en wenke sal die worstelende én die vooruitstrewende addisionele taal­leerder help om beter te vaar in die eksamen.

Die eksamenoefenboek

  • bevat taaloefeninge, ook met verduidelikings in Engels, gebaseer op ’n verskeidenheid tekstipes.
  • is saamgestel volgens die nuutste uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls
  • bevat wenke met voorbeelde ter voorbereiding van toetse en eksamens,
  • sluit ’n konsepvraestel vir Vraestel 1 in.
  • bied plek vir antwoorde, vir maklike hersiening en verwysing. is saamgestel volgens die vereistes van die Kurrikulum­ en assesseringsbeleidsverklaring
  • is geskik vir gebruik in die klaskamer of tuis.

Eboeke is beskikbaar by Amazon, Takealot, Kobo, itsi Store en Snapplify.

Gedrukte boeke kan bestel word by: Takealot, Loot, Raru, EB Online en die itsit Store.

As toonaangewemde boekhandelaars nie voorraad het nie, vra gerus die winkelbestuurder om dit te bestel.

Om ’n voorsmaak te kry van wat die boek jou bied, klik hier vir die volgende uittreksels:

’n Taaloefening
Antwoorde op die vrae

 

The post Graad 12 Eerste Addisionele Taal – Taaloefening en memo met Best Books appeared first on LitNet.

Hedendaagse woede en vrae

$
0
0

Ek is van nature met sekere goeters stadig. Ek is onder andere stadig om tydens ’n geskil vinnig terug te twis en te reageer. Ek het die geneigdheid, tot my eie nadeel, om eers oor iets te besin, oordink, te wroeg en dan my mening te gee.

In ’n vorige brief het ek gepoog om die gewetensbeswaardheid van ons jonger lede van die samelewing te begryp, in te sien of te regverdig.

Dit slaat my vanoggend tussen die blaaie dat daar ook oorsake kan wees waaroor ons "ouer" lede van die samelewing moerig kan wees. Afgesien van die politieke, ekonomiese en ander "bevoorregte" voordele wat ons sogenaamd gehad het, is daar beslis goed wat my dwars in die krop in steek.

Ek lees artikels, statistieke, studies ens waaroor ek as wit, Afrikaner, Afrikaanssprekende, man moerig kan of behoort te wees.

Die goed wat ek lees word wêreldwyd in die pers en waar ook al uitbasuin. Ek het trouens dit ook op ander platforms opgelees. Dit word gesinspeel dat ons geslag se mense (mans) ’n wrang voorbeeld/geskiedenis nagelaat het. Wat my as Suid-Afrikaanse man ontstig, is ons land word as die "seksuele" misdaadkern van die wêreld beskou. Ons mans word daarvan "aangekla/beskuldig/op gesinspeel" dat ons ons vrouens "verniel, misbruik, verguis, vertrap en sleg behandel" ens. Ons land het ook vyf van die moordhoofstede, geweldsmisdade van die wêreld en korrupste samelewings geword. Ons land staan ook bekend as ’n veilige deurgang van dwelms en verwante produkte.

Ek voel my tans skaam om as Suid-Afrikaner gesien of geag te word. Ek is skrikkerig ek word met agterdog of minagting bejeën agv die samelewing waartoe ek nie bygedra het nie. Ek kyk toevallig ook na die wêreldbevolking se gemiddelde IK-tellings. Ons land, Suid-Afrika, lê amper heel onder met ’n gemiddelde IK van 70 wat grens aan onopleibaar.

Die volgende vrae kom by my op: wat moet ek doen? Moet ek myself afskerm en distansieer van die samelewing? Moet ek sak, pak, tas en kameel vat en padgee, wie weet waarheen? Ek sien nie ’n verbetering in die afsienbare toekoms nie. Ek staan verstom en tot sprakeloosheid geslaan wanneer ek die naakte afkeur en haat in "politieke figure"se uitsprake teenoor die wit man hoor.

God behoede ons.

Reusedwerg

The post Hedendaagse woede en vrae appeared first on LitNet.

Elders gesien: Inname

$
0
0

Foto: Canva.com

Clinton V. du Plessis skryf op Facebook:

Nêrens 
sal die bakens meer duidelik getrek wees nie, 
niks wat jy gedink het joune is, 
sal werklik nét meer aan jou behoort nie. 
Die gewaande sprokies van veilige spasies 
tussen die mure van huis 
agter hek en slot 
en alarm en waghond en elektriese heining, 
alles 
wat, heilig ommuurd, tot besit vir beperkte gebruik verklaar is 
wat goedgelowig omvattend gedek is deur versekering 
alles sal onteer word. 
Snags sal die sluiper, soos ’n slaapwandelaar, 
die grens oorsteek, 
die terrein binnetree, penetreer, 
die man met die wapen, 
met mes, pistool of geweer 
of enige skerp of swaar voorwerp waarop hy die hand kan lê 
jou binnekamer se intieme ruimte 
sal hy syne maak 
met kaal wilde hande en priemende bloedbelope oë, 
soek en skeur en omkeer. 
Kyk, dié dood het ’n gesig, 
’n skor stem wat soek na kluis 
en noot en selfoon en sleutels. 
Binne die valse veiligheid van vier mure 
word jou woning ’n bloedige republiek, 
’n hinterland van haat, 
’n niemandsland met ’n naakte pleitende vrou: 
asseblief, asseblief, please, no.  
Kyk, dié dood is meedoënloos, 
hy oes waar hy nooit gesaai het nie, 
hy sprinkaanstroop, hy muisknaag, 
hy plaag. 
Ons intieme ruimtes krimp, angswekkend 
kleiner en kleiner.

The post Elders gesien: Inname appeared first on LitNet.

Skoonma

$
0
0

Foto: Canva.com

Vanoggend sien ek toevallig weer die plastieksakkie in die tuinstoor. Daarmee sal ek nog moet planmaak, maar nie nou dadelik nie. Maar, alle stories het ’n begin al eindig hulle nie almal in die tuinstoor op nie.

’n Ongedurige skoonma is nie ’n ding waarmee ’n man sukkel nie. Soos dit toe ook nou gebeur, kry ek vermoedelik die duiwel se eie sussie vir ’n skoonma, en ek en sy kan van meet af aan nie vatplek kry aan mekaar nie.

Met ons eerste ontmoeting jarre terug word ’n pot tee gebrou en ek moet my leë teekoppie ’n paar keer in die rondte swish sodat die teeblare haar kan vertel wat vir my in die toekoms voorlê, en om seker te maak dat daar nie dalk ’n beduidenis is dat ek straks ’n reeksmoordernaar, verkragter of katoliek is nie. Die gegorrel was seker nie baie akkuraat nie, want kort voor lank toe is ek en haar dogter getroud.

Soos dit ’n goeie skoonma betaam, moes ons die huweliksnag onder hulle dak deurbring, en die volgende oggend is hulle terstond saam met ons Pietersburg toe, waar ek kort tevore ’n huis laat bou het. Net om ’n week of so te kom kuier en ons te help insettle ... Bye bye honeymoon.

Ons word die trotse eienaars van ’n koperdubbelbed, wasmasjien, yskas en ’n Berda Snackwich (courtesy of Bears Furniture) waarvan ek vir twee maande lank elke aand aandete kry.

Oor die res van daardie kuiertjie sal ek nou nie te veel uitwei nie, maar dit was nag. ’n Paar dae later het hulle die aftog geblaas en is hulle terug met die wete dat hulle dogter ’n onbeskofte armgat getrou het wat nog nie eens die erf laat omhein het nie – aldus skoonma, verbatim.

Na die onvermydelike egskeiding 25 jaar gelede het ek en die skoonouers selde kontak gehad en dit het almal perfek gepas. Tot onlangs toe.

Ek woon in Mafikeng, en so bel my kind my een aand in Oktober om te sê sy oupa is oorlede. Ek simpatiseer, maar omrede die ouma en oupa bykans geen belangstelling ooit in hom getoon het nie, is dit maar eintlik uit ordentlikgeit dat hy my laat weet. Denkend dat dit die vorige aand gebeur het, vra ek uit en sê hy nee, pa verstaan nie mooi nie – dit was al blykbaar iewers in Julie of Augustus. Sy ma het hom nou eers laat weet. Nouja, te laat vir ’n ruiker of ’n kransie, en skynbaar is daar niks wat ons kan of hoef te doen nie.

’n Paar dae later bel gewese vroulief my uit Mosselbaai – sy is bekommerd oor haar ma in Vereeniging. Aldus die bure, sien hulle haar selde, dit lyk of alles nie pluis is daar nie, kan ek nie asseblief op ’n stadium ’n draai daar maak nie?

Ten spyte van die vooruitsig van ’n drie uur-lange rit, kry ek die adres en ry ek op ’n pragtige Sondagoggend deur. Met my gebrek aan ’n sin vir rigting neem dit my nog ’n goeie uur en ’n half se verdwaal voor ek die huis opspoor. Op die oog af lyk dit netjies, maar daar is ’n stewige slot en ketting aan die hek. Ek spring toe maar bo-oor, ten aanskoue van verskeie nuuskierige bure – jy sien net gordyne beweeg links en regs. Skoonma herken my toe bo alle verwagting, is beleefd en ek kry ’n koppie koffie uit die deal. Omrede dinge nie lekker lyk nie, neem ek skelmpies ’n paar foto’s met my selfoon. ’n Halfuur later is ek weer oppad en ek bel gewese liefie net om te sê dinge is nie pluis nie. Daar is weinig meubels in die huis, daar is nie juis kos in die yskas nie en haar ma se gedagtes dwaal effe. Nee, bevestig sy, los dit net so, haar ma is moeilik en dan is alles reg.

Intussen verhuis ek Karoo toe, en so kry ek ’n paar keer sulke oproepe van haar. Die bure sê hulle het haar ’n paar dae laas gesien, dan het sy hulle verskree, dan het sy om die huis geloop met die sambok en die mure geklits, volgende keer lyk dit of sy nie kos het nie, ensovoorts. So kom ek agter my broer se vrou se suster woon hoeka reg voorkant die straat, en hulle beloof om ’n ogie oor haar te hou. So neem my broer ’n kospakkie en met die volgende kospakkie weier sy om dit te aanvaar. As die bure naby die huis kom, dreig sy om hulle morsdood te skiet. So word sy soms gesien waar sy swetsend om die huis stap en die mure met haar sambok klits terwyl sy duiwels uitdryf. Ai, tog, ingryping is dringend.

So word die oproepe van die bure al hoe meer gereeld. Ek sukkel om die Vereenigingse welsyn in die hande te kry, Seun stuur op ’n kol die ambulans nadat die bure haar vir ’n week lank nie sien nie, maar hulle hoor haar weeklaag in die nag. Begin Januarie begin dit totaal handuit ruk. Weer kry ek die oproep om te sê Skoonma is al bykans twee weke nie te sien nie – die bure vermoed die ergste. Na ’n verbete stryd kry ek die SAPS en die welsyn gelyktydig daar, en gee telefonies toestemming om die deur oop te breek. En ook nie ’n oomblik te laat nie. Skoonma word in ’n hoogs verswakte toestand aangetref, gepaardgaande met erge delusions.

Intussen is my seun oppad vanaf Plettenbergbaai na my in Steynsburg, waarna ons die nag sal deurry na Vereeniging. Na sy aankoms half-elf die aand val ons in die pad, en toe die sonnetjie sy opwagting maak oor ’n vaal Vaaldriehoek, hou ons by die hospitaal stil na ’n vinnige koffietjie by kleinboet in Sasol.

Skoonma is op ’n drippie in die vrouesaal, maar swets soos ’n matroos toe sy ons sien. Haar kleinseun herken sy glad nie, en sien hom vir ’n indringer en opportunis aan. Volgens beide die SAPS en welsyn is sy nie langer in staat om na haarself om te sien nie, en ons word versoek om reëlings te tref om haar te laat opneem in ’n instansie wat haar kan versorg. So beveel hulle aan dat die huis opgepak word aangesien inbrake gereeld in daardie omgewing plaasvind en die huis tans oopstaan. Binne ’n bestek van twee dae pak ek en Seun die huisinhoud op, was al die klere en linne, skrop die huis, sny die oerwoud van ’n tuin en kry haar motortjie uit die lang grasse uitgevis.

So met die skoonmaak van die Corollatjie kry ek die eerste banksakkie – nie met geld in nie, maar ’n grys-bruin inhoud wat baie verdag lyk. Ja, beaam Seun, dit lyk my dit is my Oupa daardie. Verskeie plastieksakkies later op strategiese plekke uitgevis, weet ons – dit is sy oupa se assies. Mooi gebêre onder sitplekke, matte, kattebak ensovoorts. So word Oupa saggies ter ruste gestrooi in die tuin, en ons gaan voort.

Maandagoggend vroeg laat weet die hospitaal Skoonma word ontslaan, hulle het die bed nodig en sy is buite gevaar. Met ’n geweldige gesukkel en die hulp van die welsynbeampte, kry ons haar buite in ’n rolstoel, tot by haar motortjie. Aangesien my bakkie by haar huis staan, gelaai met haar karige goedjies agterop, het ons haar karretjie opgekommandeer met die gedagte dat sy dalk meer tuis sal voel met die bekende.

Die sekuriteit kry haar in die kar, sy swets deurentyd en dreig om haar (oorlede) man te vertel met watter onderduimsheid ons besig is. Net ’n vinnige stop by haar huis om die kluis se sleutel, haar dokumente en haar pappegaai te kry, en ons is oppad – Skoonma, die pappegaai en ek.

Sy is gedisoriënteer, swetsend en glo vas ons is oppad na haar huis toe. Aangesien sy rook as satanisties beskou, mag ek nie in haar teenwoordigheid rook nie en dit noop dit my om ter wille van sanity elke halfuur van die pad te trek om te kalmeer en dan suig ek die sigaret dat die kooltjie bloedrooi gloei.

Na ’n uitmergelende 13 ure in die kar, arriveer ons in Steynsburg te midde van gietende reën en daar weier sy, heel verstaanbaar, om uit die kar te klim. Na ’n hewige stryd is sy in die huis en lekker agressief. Sy dreig om die polisie te bel oor die ontvoering, vloek soos ’n matroos en lig my in dat sy op die stoel gaan “urineer”. Maar, ’n halfuur later kom sy rustig uit die kamer, vra ’n koppie tee, besoek die badkamer en gaan rustig slaap. Hallelujah.

Dinsdagoggend kom sy uit die kamer uit met ’n donderwolk op die gesig. Geensins spraaksaam nie, maar ten minste nie skellend nie. Koffie word aangedra en sy sit relatief kalm in die sitkamer en drink. Intussen gaan ek kyk of haar kamer in die ouetehuis gereed is, en hulle beloof om haar dadelik te kom haal.

Met die suster se aankoms is sy paaiend na die kombi gelei en klim effens steeks in, maar ten minste is sy in. By die ouetehuis aangekom, begin sy mor en uiteindelik kry ons haar in haar kamer met ’n koppie tee. Neewat, sê die suster, die pappegaai kan sommer ook bly. En, moenie worry nie, sy is netnou ingesettle.

Ek is skaars by die huis toe bel die einste suster. Jy moet jou skoonma asseblief onmiddellik kom haal, sy wag al by die hek. Sy het só amok gemaak en die ander inwoners ontstel dat hulle nie kans sien om haar langer onder hulle dak te hê nie. Ek moet nou self plan sien. Ter versagtende omstandighede, voeg sy ten slotte by, dalkies kan sy namens my by dr Herbst hoor of hy haar nie kan sedeer of opneem in die plaaslike hospitaal nie. Die enigste ander opsie is vir my om haar direk Queenstown toe te neem na die psigiatriese hospitaal. Ek begin gereedmaak vir die ekspedisie, en ek was skaars weer tuis toe sy my laat weet die saak is reg – sy kan solank plaaslik opgeneem word.

Vandaar is ons reguit hospitaal toe. Na ’n laaang wag word sy uiteindelik in die privaatsaal opgeneem, pappegaai steeds op die skouer. Daar is Skoonma ingeburger in die hospitaal, en vrede volg vir ’n paar dae.

Ek besoek haar getrou elke dag, en ewe getrou swets sy elke keer wat sy my sien. Teen Vrydag besluit die hospitaal ook genoeg is genoeg, en ek word ingelig dat hulle haar gaan ontslaan.

Hoogs benoud begin ek weer die rondte van oproepe doen. Iemand moet haar inneem, sy weier om by my aan huis te wees en dreig om die huis af te brand as ek haar nie terugneem na haar huis nie. Ek gaan pleit by die ouetehuis. As ek kan waarborg dat sy stabiel en onder medikasie is, kan hulle dit weer ’n kans gee. Ek vra die suster om dr Herbst te bel. Sy doen so, en kort voor lank gil hulle só op mekaar dat die telefoonlyne bewe. Sy weier toe volstrek en ek moet maar self by dr Herbst gaan smeek. Daar gekom, bel hy die suster terug, skree op haar, plak die foon in haar oor neer en sê kalmpies hy kan niks doen nie – dit is maar my probleem.

Genadiglik sien die een swart dokter in wat die probleem is. Hy begin oproepe maak, en kry toe plek in Komani-hospitaal in Queenstown.

Die ambulans word gereël vir haar vervoer en ek moet agterna om die opname te doen. Ons beland uiteindelik in Queenstown, maar soos dit die staatshospitaal se gebruik is, moet ons haar eers adminstratief laat opneem in Frontier-hospitaal en vandaar na Komani. Makliker gesê as gedaan. By Frontier wag ons twee ure alvorens ons die nodige papierwerk bekom. Die hospitaal is walglik vuil en bloeiende pasiënte sit geduldig en wag vir hulle beurt op ’n bietjie aandag. Die feit dat ek en sy die enigste blankes is, veroorsaak die vreemdste kyke en definitief swakker behandeling.

Maar, nou weer terug na die wagtende ambulans. Wat toe nie meer wagtend is nie. Dié het besluit genoeg is genoeg en het pad gevat. Toe begin die gespook om Skoonma in die bakkie te kry. Op die ou einde oorreed ’n portier haar om tog in te klim, belowe haar dat sy nou Vereeniging toe gaan en daar ry sy ewe besadigd saam na Komani.

Daar aangekom, word ek plegtig ingelig dat die papierwerk nie reg is nie. Die suster bel vir Komani, skree op iemand in isiXhosa, en ek en Skoonma is weer terug oppad na Frontier. Toe is die wag nog langer. Die psigiater wat die evaluasie moet doen, is toegegooi onder werk, maar baie ordentlik. Ure later is ek en Skoonma weereens op pad na Komani vir die opname. Dié keer met hopelik al die regte vorms en papiere. Skoonma word opgeneem en ek kan uiteindelik laatmiddag terugry Steynsburg toe.

So volg ’n paar maande van vrede. Ek besoek so een of twee keer die hospitaal en bel so dan en wan om te hoor of alles okay is. Intussen klim Skoonma se suster, met wie ek 25 jaar gelede een keer telefonies gepraat het, uit die woodwork nadat die familie toevallig na vier maande agterkom sy woon nie meer in haar huis nie. Tant Miems bel, en so word selfoonoproepe gemaak, e-mails en SMS’e vlieg op en af. So kry ek ook die idee dat hulle dink ek is agter Skoonma se geld of goedjies aan (sy besit feitlik niks van waarde nie). Die hele ekspedisie het my ’n fortuin aan brandstof, oproepe en tyd gekos.

Aangesien daar ’n polisiesaaknommer op Skoonpa se doodsertifikaat staan, weier sy polis en pensioen om uit te betaal, en ek het die opnames op staatskoste gedoen gekry.

Alles is relatief rustig, tot een Donderdag. Tant Miems bel my, Skoonma is ontslaan. Alreeds eintlik. Ek bel Komani, pleit vir ten minste een dag grasie en jaag die volgende oggend deur na Komani om haar te gaan haal. Daar raak sy bitter moeilik en al vloekende word sy teruggelei na haar kamer. Naderhand besef die suster dat ek nie vir Skoonma kan terugneem nie. So smeek ek desperaat by die psigiater om ons twee tot drie weke uitstel te gee.

Skoonma is gediagnoseer met skisofrenie en reaksionêre psigose en moet in ’n omgewing gevestig word waar sy onder toesig en met medikasie versorg kan word. Dit is definitief nie ideaal by my huis nie. Veral nie omdat sy gedreig het om my huis aan die brand te steek nie.

Drie weke grasie word toegestaan, en genadiglik gaan haal tant Miems haar suster om by haar te gaan inwoon.

Maar, ’n maand of wat tevore is ek en Allan besig om haar mankoliekerige Corollatjie se bedrading te probeer herstel. Kan jy nou meer: in die enjinruim lê daar ’n plastieksakkie met ’n baie bekende tipe inhoud – effens verhard na die lang rit en maande neffens die alternator, maar onmiskenbaar – die laaste van lywige oupa Gert se remains.

En, deel Allan my mee, te oordeel aan die grootte van die plastieksakkie, is dit sonder twyfel sy oupa se linkerboud.

The post Skoonma appeared first on LitNet.

Elders gesien: Die hardste winter

$
0
0

Leoni Smit skryf op Facebook:

Ek dink vandag aan my ma se ruim hart. Aan haar easy manner. Haar vrygewigheid. Dat sy nimmer kla nie. Dat ek haar trotse privaatheid skend met my vertelling ...

In hierdie dae het sy ’n vreemd’ling vir my geword. Die bekende vleesklok waarmee sy my naam geroep het, het versteen. Haar kaart-en-transport-oge agter haar dik lense, is nou agterdogtig stil en navigeer nie meer nie. Sy sit nie meer vasgenael oor ’n stuk borduurlap onder die fel leeslamp nie. Nimmer weer nie...

My ma is ’n boorling uit ’n Gauguin-eiland. As ek haar lammer was, sou ek haar stem nie kon uitken nie en sy nie vir my nie. Sy praat in ’n dialek vanuit haar buik en die ingevalle wande van haar keelholte ego soos ’n gebreekte transistor. Sy maak woorde in haar bankrotfabriek se reject-masjien. Sy verdwaal in strate en in avenues van vervalle buurdorpe van die verlede.

My ma se liggaam is ’n skamperskelet met vleis wat verbete klou aan gebeente. My ma is ’n drukseer en ’n etensklokkie. My ma kan nog aanhou beweeg en geraas maak soos ingenieur Jacobs ... in haar verbeelde. Waar sinaps en oordrag afvuur na willekeur.

My ma se bene is twee styfgespande pilare bloed en are en weefseleilande. Die oksels van haar arms sweet nie meer nie. Haar urine en haar eskrete hardloop in ’n plastiektrog na benede. Na die onjuiste opvanggebied onder haar traliebed.

Sy reageer op roetines waarvan sy die tyd nie weet nie. Sy hoor die trollie en registreer dis etenstyd. Sy fisinteer daagliks haar habitat vir tekens van verhuising.

My ma is Dinsdag glashelder soos bergwater, Donderdag troebel in herwinning ...

My ma is ’n vlesige dwaalster wat orbit van perron tot perron. Iewers het ’n rooi spoorweghuis in haar kopholtes nes gemaak en sy is op haar konstante soeke na sy politoerrooi stoep. Op treine. Fluitende treine en ontvoerlorries.

Wanneer sy tereggewys word op haar vergissings, kyk sy afwysend ver en maak die kampe van haar oge leeg en word gekwets.

“Shit, dit lyk my my kop is besig om my te verlaat. Dit lyk my so,” meen sy nadenkend. Dan lag ons twee ’n box tissues leeg...

My ma leef op stasies, in trokke en kompartemente.

My ma samel veertjies en wolletjies saam met die heuningsingertjies in die Matopbome. My ma redigeer film, ry perd, fire dokters en word daagliks gehijack. My ma is ’n ironiese LSD trip wat nooit einders het nie. Haar padvinder is die borduurwerke teen haar muur. Links die reuse gompoue en Florenteinse steek, regs die painting wat Sieg vir haar gemaak het in die 80s … wanneer ek haar daaraan herinner dat die uitstalgoed staties op dieselfde plek hang, aanvaar sy die feit vir ’n wyle. Dan kom die nuwe verklaring.

“My gesonde verstand weet hulle kan dit nie so vinnig in die treintrok ophang nie, maar hulle kry dit tog reg,” oorweeg sy die onjuiste reise wat sy snags onderneem boots and all na die treintrok toe waar sy blykbaar somtyds woon. En daarmee is dit basta – dat daar mense is wat dwarsdeur lockdown en nagdeur met haar trek, haar prente in kompartemente ophang en elke dag die krag het om dit te verskuif.

“Jou logiese verstand sê vir jou dis nie moontlik nie,” redeneer my ma, “maar ek sê jou dit word so gedoen.” Ek wil by haar weet wat sou die rede wees vir die verhuisings en die baie moeite wat “hulle” met haar doen om so te trek. Sy meen ek ken hulle nie – hulle is maar so. Ek lag stilweg vir die ironie van haar stelling rondom “logiese verstand” en voel dadelik skuldig soos my emosies toutrek met my banale sin vir humor.

Haar nuutste ontevredenheid is rondom haar aftreeoord. Sy is uiters vindingryk met woorde. Huis Herfblaar is uit. Huis Spoorwegblaartjie is in. En daarheen wil sy gaan ... my ma die sporie. Sy het op treine gery weliswaar, maar sy was nooit betrokkke by treine andersyds nie. Dit is die wonder van die inteplanetêre reise van die verbeelde en die vertakkings van die skedel se ruimtelike afsetgebied. Ek sal waarskynlik ook eendag treinry... dis geneties ...

Ek vat my langpad vanmiddag huistoe. Oor die radio kwispel die omroepers rondom moordenpandemie. My siel is moeg. Ek leef die diepse droefenis – my ma is stapelgek. Ek ervaar die diepste opstand – My ma is stapelgek. Ek ervaar die diepste irritasie – My ma is stapelgek. Ek ervaar die diepste afskeid van dit wat was… ek lag my soms ’n mess vir die gedagtes wat sy kwytraak ... ’n mess ...

En ek wonder die weirdste dinge ...

Weet sy dat sy leef of is sy net op automatic?

Kry jy meer dystopian?

Die strate raak dammende, dawerende polaroids …

Dit voel of ’n moerse tor my oog raakgevlieg het …

The post Elders gesien: Die hardste winter appeared first on LitNet.

#inittogether

$
0
0

Photo: Canva.com

#inittogether 

Your open face is 
missing in isolation 
occulted by a mask, 
veiled by your window 
above a barren street.

The muffled motor 
of a police car 
disturbs the spaces 
once filled with laughter 
and fragrant aromas.

The days, bursting with purpose, 
now linger 
between the hours 
of empty sunrises 
and hollow nights.

I know 
your veiled smile 
still exist 
because your heart 
cannot be concealed.

Your arms 
will once again 
rise to hold, 
stretch out to make void 
the social distance 
of your lost embrace.

The post #inittogether appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Augustus 2020

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Augustus 2020 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is. 

Boeke24

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Augustus in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

3 Augustus

Resensie: Storm bedreig jong liefde

Jonathan Amid resenseer Wolk deur Hannes Barnard

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/storm-bedreig-jong-liefde-20200802

Resensie: Tronk-outobiografie te verslind, weer en weer

Stefaans Coetzee resenseer Die verlore seun vannie Gaatjie deur Ivor Swartz

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/tronk-outobiografie-te-verslind-weer-en-weer-20200802

Resensie: Prontheid van segging wat jou laat regop sit

Louise Viljoen resenseer Uit die kroes deur Lynthia Julius

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/prontheid-van-segging-wat-jou-laat-regop-sit-20200802

Resensie: Familie laag vir laag onthul

Sonja van der Westhuizen resenseer The Book of Gifts deur Craig Higginson

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/familie-laag-vir-laag-onthul-20200802

4 Augustus

Boekenuus: SA boekbedryf bloei met R216,3 m.

Christiaan Boonzaaier het met uitgewershoofde gesels oor die impak van die Covid-19-pandemie en die pad vorentoe.

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/sa-boekbedryf-bloei-met-r2163-m-20200804

5 Augustus

Boekenuus: Dié Afrikaanse boeke tot dusver 2020 se gewildstes

’n Berig met inligting oor die 20 Afrikaanse boeke wat tussen 1 Januarie en 5 Julie volgens verdienste die voortou geneem het.

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/die-afrikaanse-boeke-tot-dusver-2020-se-gewildstes-20200805

Profiel: Ná 40 jaar is haar eerste roman daar

Henriëtte Linde-Loubser was tien jaar oud toe sy haar eerste storie geskryf het, maar meer as 40 jaar sou verloop voordat sy haar eerste roman in haar hande sou hou.

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/na-40-jaar-is-haar-eerste-roman-daar-20200805

6 Augustus

Boeke: Plek van die bobaasvertellers

Poem Mooney wil met Stories uit Lap iets nalaat oor die wel en wee van die plek wat hy as kind geken het, skryf Marlene Malan.

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/plek-van-die-bobaasvertellers-20200806

7 Augustus

Boekenuus: Kruiper se unieke reis te lees

’n Afrikaanse verwerking en vertaling van die Kalahari-boek Kalahari RainSong van Belinda Kruiper word gratis beskikbaar gestel.

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/kruiper-se-unieke-reis-te-lees-20200806

Boekenuus: Maretha Maartens wen 1ste prys met gedig vir haar ma

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/maretha-maartens-wen-1ste-prys-met-gedig-vir-haar-ma-20200807

10 Augustus

Boekenuus: SA Boekeskou aanlyn aangebied

Die Suid-Afrikaanse Boekeskou gaan vanjaar voort, maar as ’n virtuele aanbieding, het die Suid-Afrikaanse Boekontwikkelingsraad bekend gemaak.

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/sa-boekeskou-aanlyn-aangebied-20200806

13 Augustus

Profiel: Anzil Kulsen se verbeelding kry lewe in haar boeke

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/anzil-kulsen-se-verbeelding-kry-lewe-in-haar-boeke-20200813

15 Augustus

Profiel: Kleinboer voltooi ’n skryfsirkel met sy debuutdigbundel

Kleinboer gesels met AJ Opperman

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/kleinboer-voltooi-n-skryfsirkel-met-sy-debuutdigbundel-20200814

17 Augustus

Resensie: Geteisterde karakters oortuig in gesinsdrama

JB Roux resenseer Reënboog-melodie deur Anzil Kulsen

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/geteisterde-karakters-oortuig-in-gesinsdrama-20200816

Resensie: Wilde rit deur donker psige van verkragter

Neil van Heerden resenseer Merk deur Rudie van Rensburg

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/wilde-rit-deur-donker-psige-van-verkragter-20200816

Resensie: Dierestories wat bekoor, vermaak en verwonder

Celinda Marais resenseer verskeie prenteboeke

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/dierestories-wat-bekoor-vermaak-en-verwonder-20200818

Nuusberig: Beurse vir taalstudies nou deur departement gebied

Die departement van sport, kuns en kultuur het finansiering aan voorgraadse en nagraadse studente beskikbaar gestel om kursusse in taalstudies aan te moedig.

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/beurse-vir-taalstudies-nou-deur-departement-gebied-20200818

20 Augustus

Boeke: "Winnie het my in 1962 verraai" – Mandela in nuwe boek

Sarel van der Walt vertel oor ’n nuwe boek, Prisoner 913: The Release of Nelson Mandela deur Riaan de Villiers en Jan-Ad Stemmet

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/winnie-het-my-in-1962-verraai-mandela-in-nuwe-boek-20200820

21 Augustus

Boekenuus: Kortlyste vir die kykNET-Rapport-boekpryse bekend

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/kortlyste-vir-die-kyknet-rapport-boekpryse-bekend-20200821

Nuus: Digter Gisela Ullyatt sterf

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/gisela-ullyatt-sterf-20200821

In memoriam: Ullyatt (43) ’n delikate digter, uitstaande vertaler

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/ullyatt-43-n-delikate-digter-uitstaande-vertaler-20200821

22 Augustus

Nuusberig: Vrystaat Literatuurfees bied talle keuses aanlyn

Vryspraak Digitaal vind in September virtueel plaas.

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Feeste/Vrystaat_Kunstefees/vrystaat-literatuurfees-bied-talle-keuses-aanlyn-20200821

Boekenuus: Huldigingsbundel oor NP van Wyk Louw deur skoonseun verskyn gou

Verskeie mense deel hul herinneringe aan die digter NP van Wyk Louw 50 jaar ná sy dood in ’n huldigingsbundel.

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/huldigingsbundel-oor-np-van-wyk-louw-deur-skoonseun-verskyn-gou-20200821 

24 Augustus

Resensie: Tussen die lyne ontrafel jy saam aan dié geheim

Joan Hambidge resenseer Slagoffer deur Francois Smuts

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/tussen-die-lyne-ontrafel-jy-saam-aan-die-geheim-20200823

Boekevat: Wees ferm, maar buig saam met die wind

’n Rubriek deur Johan Myburg

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/boekevat-wees-ferm-maar-buig-saam-met-die-wind-20200824

Resensie: Glad nie soos in ’CSI’ nie...

Jonathan Amid resenseer Autopsy deur Ryan Blumenthal

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/glad-nie-soos-in-csi-nie-20200823

Resensie: Roman meer studie as gril

Riaan Grobler resenseer Nagjagter deur Jan Vermeulen

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/roman-meer-studie-as-gril-20200823

26 Augustus

Kortlyste: kykNET-Rapport-Boekresensent van die jaar

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/kortlyste-kyknet-rapport-boekresensent-van-die-jaar-20200826

27 Augustus

Boekenuus: Jongste wenner nóg van die Internasionale Bookerprys

Die Nederlandse skrywer Marieke Lucas Rijneveld (29) het Woensdag die jongste skrywer geword om die Internasionale Bookerprys vir vertaalde fiksie te wen.

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/jongste-wenner-nog-van-die-internasionale-bookerprys-20200827

31 Augustus

Resensie: Verhale wat sny soos taxi tussen tale deur

Ronelle Simmons resenseer As die Cape Flats kon praat deur Brian Fredericks

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/verhale-wat-sny-soos-taxi-tussen-tale-deur-20200830

Resensie: Die Vrystaat verloor sy onskuld in dié spanningsverhaal

Francois Bekker resenseer Middernag deur Sidney Gilroy

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/die-vrystaat-verloor-sy-onskuld-in-die-spanningsverhaal-20200830

Resensie:Subtiel in die skoene van die "dooies"

Jonathan Amid resenseer Die opstand van Poppie Nel deur Hans du Plessis

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/subtiel-in-die-skoene-van-die-dooies-20200830

Resensie: Storie oor nietigheid van vroue se lewe

Sonja van der Westhuizen resenseer Three Bodies deur NR Brodie

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/storie-oor-nietigheid-van-vroue-se-lewe-20200831

 

LitNet

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Augustus op LitNet verskyn:

Lesersindruk: Worteltoon gaan jou vang deur Laantie le Roux

Boekebesinning: Danie du Toit se intrekpoësie ná ’n boek oor die faalstaat

Resensie: Move the border: A history of the greatest battles of the Angolan Border War 1966–1989 deur Marius Scheepers

Lesersindruk: Wolk deur Hannes Barnard

Resensie: Afspraak met moord – in die kake van die Krugersdorp-kultus deur Jana Marx

As jy van moord droom deur Deborah Steinmair: ’n resensie

Middeleeuse filosofie deur Johann Beukes: ’n lesersindruk

Rapport 

Die volgende resensies het gedurende Augustus in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

2 Augustus

Resensie: Johann Kriegler bespreek Dirty Tobacco: Spies, Lies and Mega-profits – A SARS Insider Spills the Beans on Global Crime deur Telita Snyckers en Tobacco Wars: Inside the Spy Games and Dirty Tricks of Southern Africa’s Cigarette Trade deur Johann van Loggerenberg

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/boeke-vlek-tabakbedryf-wawyd-oop-20200731

Resensie: “Ware Feitefees vir jonges van gees”

Magdel Vorster resenseer Die klein boek van fantastiese feite, Die klein boek van gruwelike geheime, Die klein boek van katastrofiese kattekwaad en Die klein boek van reuserekords deur Fanie Viljoen en Wetenskaap deur Leon de Villiers

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/ware-feitefees-vir-jonges-van-gees-20200731

9 Augustus

Resensie: Louise Viljoen resenseer Die kleinste ramp denkbaar deur Francois Smith

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/n-literere-hoogtepunt-in-n-vreemde-jaar-20200808

Onderhoud: Francois Smith beantwoord Johan van Zyl se vrae oor Die kleinste ramp denkbaar

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/is-die-ramp-n-poort-na-die-lewe-of-die-dood-20200808

Resensie: Jonathan Amid resenseer Plek van poue deur Henriëtte Linde-Loubser

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/dink-mooi-oor-wat-jy-dink-20200808

 16 Augustus

Resensie: Anton Goosen: Liedjieboer deur Hanlie Retief, geresenseer deur Deon Maas

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/anton-goosen-se-eerlikheid-is-skaars-20200816

Resensie: Johann Kriegler reseseer Maggie: My lewe in die kamp – Die aangrypende verhaal van ’n jong meisie in die Anglo-Boereoorlog deur Maggie Jooste

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/n-nederige-bydrae-tot-wie-ons-is-20200815

Nuut op die rak: “Die lewe in versvorm”

  • Die meeste sterre is lankal dood en Duimnaelsketse deur Johann de Lange
  • Oopkardoes: boertige ryme deur Hennie Aucamp en “versôre deur Johann de Lange”
  • As jy lag met inskrywings vir die Ingrid Jonker: L’Art Poétique-digkompetisie, saamgestel deur Zalman S. Davis
  • My Mother’s Laughter: Selected poems by Chris van Wyk, saamgestel deur Ivan Vladislavić en Robert Berold
  • Vers & vrou: 258 gedigte, saamgestel deur die Karen de Wet

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/die-lewe-in-versvorm-20200815 

23 Augustus

Resensie: Evert Kleynhans resenseer Die Brug: Na die hel en terug in Angola deur Deon Lamprecht

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/soldate-se-brug-terug-na-die-lewe-20200822

Resensie: Met die Vierkleur in Parys deur Renée Rautenbach Conradie, geresenseer deur Juliana Coetzer

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/boerseun-in-parys-laat-patriotisme-vlamvat-20200822

Resensie: Herman Lategan resenseer Loves and Miracles of Pistola deur Hilary Prendini Toffoli

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/n-debuut-wat-smeul-van-italiaanse-flair-20200822

Nuut op die rak: “Boeketroos van Bo”

  • Hykie Berg se My stryd met ADHD: Die onsigbare oorlog
  • Jesus vir almal: Die gay-gesprek in die NG Kerk deur Neels Jackson
  • Emigreer of bly: Is die gras werklik groener aan die ander kant? deur Stephan Joubert
  • Op pad deur Bethlehem: 66 Stiltetyd-oordenkings van Genesis tot Openbaring deur Engela Linde
  • Uit die beek 2021: 365 dagstukkies deur Barend Vos
  • Die Bybel in fokus: Hoe om gelowig én denkend te wees deur Louis Jonker, Jan Botha en Ernst Conradie

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/boeketroos-van-bo-20200822 

30 Augustus 

Resensie: Johann Kriegler bespreek Death Flight: Apartheid’s Secret Doctrine of Disappearance deur Michael Schmidt

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/skakel-40-vir-koebaai-terro-20200829

Resensie: Jonathan Amid resenseer Merk deur Rudie van Rensburg, plus lees oor sy nuwe humoristiese roman, Hans gee Herklaas horings

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/slim-onvoorspelbare-roman-20200829

Nuut op die rak: “Diere en hul maniere”-niefiksieboeke

  • Monument vir die kwagga: Afrika se beroemdste uitgestorwe dier deur Reinier Spreen en vertaal deur Wium van Zyl
  • Marius Oosthuizen se Die trekos en trektoerusting in Suid-Afrika: ’n historiese perspektief
  • Africa’s Wild Dogs: A Survival Story deur Jocelyn Kagan

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/nuut-op-die-rak-diere-en-hul-maniere-20200830

Nuut op die rak: “Bontspan vir boekwurms”- fiksieboeke  

  • Marinda van Zyl se Rooiborslaksman
  • Rika Cloete se Skadukant
  • Swartslang deur Thomas Deacon
  • Brida deur Paulo Coelho en vertaal deur Kobus Geldenhuys
  • Wanneer gode slaap deur Erwin Mortier en vertaal deur Fanie Olivier
  • So byna blou deur Emile Joubert en
  • Chris Barnard-prys met 24 kortverhale, saamgestel deur Zalman S. Davis

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/bontspan-vir-boekwurms-20200829

 

Maroela Media

Die volgende resensies het gedurende Augustus op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

11 Augustus

Fantastiese projekte vir jong wetenskaplikes

Skuif gerus nader indien jy jou wil verdiep in die opwindende wêreld van die wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde. Dié boek is vir weetgieriges wat nie bang is om hulle moue op te rol en allerhande briljante projekte aan te pak nie.

Lees die resensie deur Louise Viljoen 

13 Augustus

Veronika besluit om te sterf

Dis reeds hier in die eerste bladsy van die boek waar die storie my vasgryp, nie oor die tragiek van die situasie nie maar oor die onverwagse humor (hoewel geensins ligsinnig nie!) wat die teks subtiel maar briljant verlig.

Lees die resensie deur Louise Viljoen

19 Augustus

’n Gids vir prinsesse-in-wording

Sy neem ’n jong leser op ’n fantastiese reis en leer haar hoe om ’n “wonderlike, rege, egte, perfekte, moderne prinses” te wees.

Lees die resensie deur Louise Viljoen

20 Augustus

Die nuwe Afrikaanse prosaboek

Die bloemlesing kan ewenwel van voor na agter maar eweso van agter na voor gelees word. Of jy kan die boek gewoon oopslaan en begin lees.

Lees die resensie deur Johan Myburg

25 Augustus

Anton Goosen – Liedjieboer

Die lewensverhaal van hierdie ikoniese en immergroen musikant, wat myns insien as ’n erfenisskat gesien kan word, hoort op elke musiekliefhebber en rebel se boekrak. As jy ook rock ’n roll in jou bloed het, sal jy “Anton Goosen – Liedjieboer” verslind.

Lees die resensie deur Louise Viljoen

26 Augustus

Boek van die maand: Die kleinste ramp denkbaar

Binne die konteks van ellende wat die mensheid ervaar is die krisis wat Van Aardt in dié drie dae deurmaak kwalik meer as “die kleinste ramp denkbaar”. Maar dit is met dié ironisering waarmee Smith woorde gee aan die mens se broosheid in ʼn veranderende wêreld.

Lees die resensie deur Johan Myburg

 

Klyntji

Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Augustus onder redaksie van Francois Lion-Cachet verskyn:

Gratis boek(e): Van Volksmoeder tot Fokofpolisiekar

https://klyntji.com/joernaal/2020/8/2/gratis-afrikaanse-boeke-identiteit

’n Uittreksel uit Ons is nie almal so nie deur Jeanne Goosen

https://klyntji.com/joernaal/2020/8/15/jeanne-goosen-ons-is-nie-almal-so-nie

 

Skrywers en boeke (RSG)

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Augustus op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270

Woensdag 5 Augustus

Ilse Salzwedel gesels met Cecilia Steyn oor haar jeugroman Die vlerke van naaldekokers en oor haar jongste kinderboekreeks. Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, deel haar indrukke van ’n paar lekkerleesboeke, en Johan Myburg gesels onder andere oor die finaliste vir die Bookerprys.

Woensdag 12 Augustus

Ingrid Jonker kom aan die beurt in ons minireeks oor die Sestigers. Jy kan luister na 'n 1964-argiefonderhoud met haar, en Willie Burger gesels oor haar werk en lewe. In Johan Myburg se insetsel oor die internasionale letterkunde kan jy meer hoor van die Caine-pryswenner, en daar is ’n kort voorlesing uit die boek An Unnecessary Woman.

Woensdag 19 Augustus

Die kollig val op die digkuns. Ilse Salzwedel gesels met prof. Karen de Wet, die samesteller van Vers en vrou, en van die digters wie se werk daarin opgeneem is, lees van hul eie gedigte voor. Jy kan ook luister na ’n argiefonderhoud met Annesu de Vos wat in 1980 opgeneem is kort voor die publikasie van haar digbundel Gebed van ’n groen perske. Sy was destyds maar 16 jaar oud en die jongste gepubliseerde digter in die land. In Johan Myburg se insetsel kan jy onder andere luister na ’n gedig van Charles Bukowski, die Amerikaanse digter. Hy gesels ook oor ’n boek deur ’n oorlewende van ’n hedendaagse Chinese strafkamp.

Woensdag 26 Augustus

Breyten Breytenbach kom aan die beurt in die minireeks oor die Sestigers. Jy kan onder andere luister na ’n argiefonderhoud met hom wat in 1964 opgeneem is, asook toonsettings van gedigte uit sy pen. Prof. Willie Burger gesels oor Breytenbach se letterkundige nalatenskap, en Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde. Hy gesels onder andere oor die gewildheid van Nordiese noir, ’n toekomsbiblioteekprojek wat eers oor 96 jaar ten einde gaan loop, en die wenners van ’n Britse letterkundeprys.

 

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Augustus op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:

http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102

Dinsdag 4 Augustus

Dis Vrouemaand. Luister na gedigte deur vroue, oor vroue. Die gedigte kom uit 'n nuwe bundel, Vers en Vrou, uitgegee deur Human & Rousseau. Cintaine Schutte lees verse van Fransi Phillips, Marlise Joubert, Bibi Slippers, Antjie Krog, Petra Müller, Corné Coetzee en Sarina Dönges.

Dinsdag 11 Augustus

Luister na gedigte deur Marlise Joubert, Lina Spies, Rosa Keet, Sheila Cussons, Wilma Stockenström, Joan Hambidge, Ronel Nel, Antjie Krog, Riana Scheepers en Olga Kirsch. Martelize Kolver is die voorleser.

Dinsdag 18 Augustus

Jy kan uitsien na gedigte deur Ronelda S. Kamfer, Bibi Slippers, Ingrid Jonker, Mari Grobler, Diana Ferrus, Jolyn Phillips, Shirmoney Rhode, Corlia Fourie en Petra Müller.

Dinsdag 25 Augustus

Dis Vrouemaand, en ons luister na gedigte deur vroue, oor vroue. Die gedigte kom uit 'n nuwe bundel,Vers en Vrou uitgegee deur Human & Rousseau. Jy kan uitsien na gedigte deur Petra Müller, Lina Spies, Wilma Stockenström, Ina Rousseau, Amanda Strydom, Jelleke Wierenga, Corné Coetzee, Carol Clark en Marlise Joubert. Marion Holm is die voorleser.

Donderdag 27 Augustus

Dis NP van Wyk Louw-maand op RSG, en in hierdie spesiale uitsending van Vers en Klank luister ons na van sy poësie en toonsettings wat geïnspireer is deur sy gedigte, asook grepe uit sy prosa. Wessel Pretorius gaan die gedigte voorlees en jy kan uitsien na toonsettings deur Herman van den Berg, Laurinda Hofmeyr en Leon Gropp.

 

Woorde wat weeg

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:

http://joanhambidge.blogspot.co.za/

In Augustus het sy Die kleinste ramp denkbaar deur Francois Smith vir Fine Music Radio geresenseer: http://joanhambidge.blogspot.com/2020/08/resensie-francois-smith-die-kleinste.html

 

Versindaba

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

4 Augustus

Janien Linde resenseer By die dag deur Eunice Basson

https://versindaba.co.za/2020/08/04/resensie-by-die-dag-eunice-basson/

20 Augustus

Neil Cochrane gesels met Johann Lodewyk Marais oor sy bundel Ondertussen.

https://versindaba.co.za/2020/08/20/onderhoud-met-johann-lodewyk-marais-4/

The post PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Augustus 2020 appeared first on LitNet.


Wen R500 kontant! Wat beteken woorde vir jou?

$
0
0

Wêreldgeletterdheidsdag word elke jaar op 8 September deur Unesco gevier. Dit is vanjaar die 40ste herdenking van hierdie dag.

LitNet wil graag weet: Wat beteken woorde vir jou in ’n digitale wêreld? Plaas jou antwoord in die kommentaarblokkie hier onder. Daar staan Reageer.

LitNet gee ’n kontantbedrag van R500 aan die beste inskrywing en LAPA Uitgewers sal vir drie deelnemers elkeen ’n boekpakkie stuur.

Die reëls
  • Inskrywings mag nie meer as 100 woorde lank wees nie.
  • Slegs inskrywings wat in die kommentaarblokkie geplaas is, sal oorweeg word.
  • Inskrywings moet aan LitNet se standaarde voldoen, en die redaksie behou die reg voor om ’n inskrywing nie te plaas nie.
  • Die wenners sal deur LitNet se redaksie aangewys word. Die besluit sal finaal wees en kan nie betwis word nie.
  • Inskrywings sluit Maandag 14 September om 09:00.
  • Wenners sal hulle bankbesonderhede, selfoonnommers en koerieradres aan LitNet se redaksie moet bekendmaak. Hierdie besonderhede sal nie openbaar gemaak word nie. Sou ’n wenner nie hierdie besonderhede wil bekend maak nie, sal ’n ander in haar/sy plek aangewys word.
Geskenk deur LAPA Uitgewers

Boekpak 1

Toekomsmens
Isa Konrad
Plek van Poue
Henriëtte Linde-Loubser


Boekpak 2

Offers vir die vlieë
Fanie Viljoen
Glamdivas
Solet Scheeres


Boekpak 3

Bastian Blom en die woedende weerwolf, Jaco Jacobs Bastian Blom en die pratende portret, Jaco Jacobs Bastian Blom en die magtige moerasmonster, Jaco Jacobs Bastian Blom en die gillende geraamte, Jaco Jacobs
Lees ook

Afrikaans se verklarende woordeboeke: gister, vandag en môre

’n Hond, ’n hottentotsgot en literêre prestige: Instagram as rolspeler in die Afrikaanse literêre sisteem

Tegnologiegebruik deur onderwysers vir leerders met leerhindernisse

The post Wen R500 kontant! Wat beteken woorde vir jou? appeared first on LitNet.

Clicks, Julius en die nuutste skermutseling in die hare-debakel

$
0
0

Bettina Wyngaard (foto: Naomi Bruwer)

My hare is kroes. Uit die kopvel uit kroes.

Daar is net geen manier dat dit los oor my skouers sal val sonder ernstige chemiese intervensie nie. En vandat ek kan onthou, kry ek die boodskap dat my kroeshare, my natuurlike hare, op een of ander manier verkeerd is. Dit kan nie net so as mooi beskou word nie. Dis wild. Dis onbeheerbaar. Dis lelik.

Vir hare om mooi te wees, moet dit glad wees. Dit moet in sulke golwe oor jou skouers hang. As die wind waai, moet jou hare in die briesie flap. My kroeshare staan stil. As die ongeluk my tref en ek in ’n reënbui gevang word, mince my hare. Dit word nog meer krullerig en kompak op my kop. Hare wat mince, so is ek vroeg al geleer, is die grootste euwel wat ’n kroeskop soos myne kan tref.

Vir baie lank het ek daai boodskap as my eie ontvang. Ek het my hare chemies laat glad maak. Ek het ure in salonne deurgebring en derduisende rande uitgegee om tog asseblief net gladde hare te kan hê wat plat teen my kop val. En ek is aangemoedig om dit so te doen. Ek kry nie komplimente vir my kroeshare nie, maar oe, die oomblik dat dit glad gemaak is moet ek hoor hoe mooi my hare is.

Hier is die ironie. Die enigste kere wat my hare erg beskadig is, “damaged” in Clicks en TRESemmé se oë, was toe ek dit glad laat maak het en allerhande chemiese snert op my kop laat sit het. My kopvel is gebrand deur die chemikalieë. As dit te lank aangelos word, los dit aaklige, pynlike rowe op jou kop wat weke neem om gesond te raak. My hare is dan meer bros en breek makliker.

My kroeshare is gesond, en sterk, en natuurlik. En nee, ek weier om dit etniese hare te noem. Daar is niks etnies aan my hare nie, dis natuurlik. Etnies impliseer eksoties. My hare is natuurlik.

Daarom kan ek die woede rondom die TRESemmé-advertensie verstaan. Dit versterk net ’n boodskap wat enige vrou met kroeshare haar lewe lank moes hoor: Jou natuurlike hare is nie goed genoeg of mooi genoeg of aanvaarbaar genoeg nie. In ’n land in Afrika waar meer mense kroeshare as gladde hare het, is dit nog steeds by ons ingewortel dat ons natuurlike hare beskadig is. Daar is ’n industrie van biljoene rande geskep rondom die idee dat ons hare nie goed genoeg is nie, dat dit verbeter of herstel moet word.

In ’n land op ’n kontinent waar die meeste mense se hare soos myne lyk, word skoolregulasies uitgevaardig wat maniere om kroeshare mooi ten toon te stel, verbied. Ek het al in ’n vorige rubriek, “’n Hond k@k hare, hieroor geskryf. Een van die voorste vroulike politici in ons land word gereeld as “Ou Kopdoek” uitgemaak omdat sy verkies om haar hare met mooi doeke te bedek. En wie het nie die foto’s gesien wat die rondte doen van haar sonder ’n doek met haar hare kroes nie? Dan word daar aangevoer dat haar man haar gelos het omdat haar hare kroes is.

Dit gaan my verstand te bowe dat ’n advertensie wat kroeshare as beskadig beskryf in hierdie tye nog uitgedink en as aanvaarbaar beskou kan word. Wie was deel van daai besluitnemingsproses? Het enigeen gesit en gesê “wag ’n bietjie, hierdie boodskap is nie reg nie”? Hoe is dit moontlik dat daar twee dekades nadat ’n swart meerderheid aan bewind is, nog sulke toondoof boodskappe kan deurkom?

En ek is doodseker dat hierdie nie die laaste toondoof advertensie is wat ons gaan sien nie. Solank as wat daar nie groter diversiteit op besluitnemingsvlakke is nie, en solank meer diverse stemme ignoreer word, gaan daar altyd toondoof advertensies wees.

Ek stem glad nie saam met die skade wat die EFF aangerig het nie. En ek voel effens jammer vir Clicks. Hulle het nie die advertensie bedink nie, hulle het dit net onsensitief geplaas. Maar ek hoop dat die protes ten minste maatskappye twee keer gaan laat dink voordat hulle toondoof advertensies laat maak.

En Julius? Sê van hom wat jy wil, hy is ’n gesoute politikus. Hy het sy vinger op die pols van dinge wat groot groepe swart Suid-Afrikaners woedend maak. Elke saak waarteen hy al protes aangeteken het, het meriete gehad. Wat hom gevaarlik maak is dat hy nie belangstel om deur konstruktiewe optrede verandering te bring nie. Om die lont brand te steek en terug te sit terwyl als brand is vir hom genoeg.

En daarvan het ons genoeg gehad. Wat ons nou nodig het, is om mekaar se hande te vat en ons land te herbou.

Maar dit sal nie gebeur solank as wat daar steeds volhard word met toondoof negatiewe boodskappe oor enige aspek van natuurlike swart-wees in ons land nie.

Sonder Clicks en TRESemmé en al die ander toondoof maatskappye sou Julius nie ’n platform hê nie. Hulle verskaf die suurstof vir sy vuur.

The post Clicks, Julius en die nuutste skermutseling in die hare-debakel appeared first on LitNet.

#opdielug met Tenita Kidelo

$
0
0

Robyn van de Rhede en Menán van Heerden voer onderhoude met mense wat passievol is oor hul taal. 

Die tiende gas op die maandelikse Lekker LitNet-insetsel op Radio 786, in samewerking met die Afrikaanse Taalraad, is Tenita Kidelo.

Tenita vertel meer oor haar vergelykende studie oor swart feminisme in die werke van Suid-Afrikaanse skrywer Ronelda Kamfer en die Nederlandse digter Simone Atangana Bekono. Sy gesels ook oor haar studiereise na Nederland en België.

Luister na die ander insetsels:

Luister na ons eerste gas, Universiteit Kaapstad-student Riyaadh Lawrence. Ons gesels met Riyaadh oor sy LitNet-gedig “Van Diep Rivie’ na Mennenberg”; sy passie en liefde vir Afrikaaps; en die taal as lewenskragtige skryftaal:

LitNet is #opdielug!

Ons tweede gas is bekroonde teater-praktisyn en toegepaste teater-fasiliteerder Chenal Kock. Chenal vertel onder andere meer oor haar Afrikaaps teater-produksie, Mama (regisseur: Jeremeo Le Cordeur), haar werk met leerders van verskillende gemeenskappe dmv toegepaste teater en haar kunstenaarsverblyf in Liverpool, Engeland, as Kunstekaap-verteenwoordiger:

#opdielug met Chenal Kock

Ons derde gas is bekroonde teater-praktisyn Jeremeo Le Cordeur. Jeremeo vertel onder andere meer oor sy Suidoosterfees-toekenning (Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief, oftewel NATi se Rising Star-toekenning); sy toneelstukke Jerry, an unconventional hero en Dude, wa’s my bakkie?; sy kunstenaarsverblyf in Liverpool, Engeland as Kunstekaap-verteenwoordiger; sy deelname aan die Baxter-teater se musiek-meesterklasse aangebied deur David Kramer; asook sy toneelstukfotografie en webtuiste, Vulture Productions

#opdielug met Jeremeo Le Cordeur

Ons vierde gas is bekroonde teater-praktisyn en voormalige Die Burger-joernalis, Herschelle Benjamin. Herschelle vertel meer oor sy dramas, In Slavenhuis 39 en Korreltjie kop klong is my dood, asook ’n teater-somerskool by die Universiteit van Edinburgh, waar hy ’n tutor was:

#opdielug met Herschelle Benjamin

Ons vyfde gas is Romario Fabiano Cloete, ’n honneursstudent aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Romario gesels oor Namakwalandse Afrikaans. Lees ook Romario se LitNet-artikel: Van plat tot volrond en rondborstig in my taal”:

#opdielug met Romario Fabiano Cloete

Ons sesde gas is Mercy Kannemeyer. Mercy gesels oor haar gunsteling Afrikaanse woord, haar nuutste projekte en die toekoms van Afrikaans. 

#opdielug met Mercy Kannemeyer

Ons sewende gas is Teneal Apollis, ’n MA-student aan die Universiteit van die Wes-Kaap. Ons gesels met Teneal oor haar navorsing oor Afrikaanse digters, haar studie-uitruil in Nederland, Overbergse Afrikaans en haar gunsteling- Afrikaanse herinneringe.

#opdielug met Teneal Apollis

Die agtste gas is Tasneem Daniels (dramaturg en onderwyser). Tasneem skryf in Maleis-Afrikaaps en wil die Kaap inspireer om “tramakassie” (Maleis vir “dankie”) weer terug te bring.

Ons gesels met Tasneem oor haar dramaproduksie Miela’s box. (Let asseblief daarop dat hierdie onderhoud voor die grendeltyd opgeneem is.)

Hierdie Suidoosterfees-toneelstuk is onlangs op Radio 786 as radiodrama uitgesaai as deel van die Kunstekaap se 2020-New Voices-program, in samewerking met die Suidoosterfees, die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi) en die Jakes Gerwel-stigting.

#opdielug met Tasneem Daniels

Die negende gas is Veronique Jephtas (skrywer, aktivis, digter, spoken word kunstenaar, regisseur en aktrise).

Veronique wil Kaaps bevorder in die teaterbedryf en wil “skryf en skryf sodat wanneer studente en leerders van kleur oor 5–10 jaar ’n monoloog, prosa of gedig soek om op te voer,  hulle nie ver hoef te soek vir stories en taal wat na aan hul hart is nie.”

Sy is een van die vyf skrywers wat gekies is om in Julie in die Paulet-huis in Somerset-Oos te gaan woon vir die Jakes Gerwel-stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020.

Robyn gesels met Veronique oor, onder andere, haar dramaproduksie Hoe change hulle (Toyota US Woordfees 2020), die toekoms van Kaaps en haar aktivisme. 

#opdielug met Veronique Jephtas

Lees ook op Voertaal:

Stemme: noord en suid

Den Haag-studie-uitruil: ’n onderhoud met Tenita Kidelo

"I ended up writing poetry because of the Wachowskis" – an interview with Simone Atangana Bekono

The post #opdielug met Tenita Kidelo appeared first on LitNet.

Deliktuele aanspreeklikheid van plaaslike owerhede vir die versuim om infrastruktuur te onderhou 

$
0
0

Deliktuele aanspreeklikheid van plaaslike owerhede vir die versuim om infrastruktuur te onderhou 

André Mukheibir, Departement Privaatreg, Nelson Mandela Universiteit
Hennie van As, Departement Publiekreg, Nelson Mandela Universiteit

LitNet Akademies Jaargang 17(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Deliktuele eise teen munisipaliteite vir skadevergoeding as gevolg van hul versuim om infrastruktuur in stand te hou, is niks nuuts nie. Oor die afgelope eeu het die toets vir die onregmatigheid van ’n late heelwat ontwikkel, dikwels in die konteks van munisipaliteitsake en in die kader van gebrekkige onderhoud. Aanvanklik was voorafgaande positiewe optrede (“prior conduct”) ’n vereiste vir aanspreeklikheid weens ’n late, maar hierdie vereiste is onomwonde afgeskaf in Minister van Polisie v Ewels 1975 3 SA 590 (A) as ’n noodsaaklike voorwaarde vir aanspreeklikheid weens ’n late. Die toets vir onregmatigheid van ’n late is of daar volgens die boni mores ’n regsplig op die verweerder rus om skade te voorkom. In Cape Town Municipality v Bakkerud 2000 3 SA 1049 (HHA) is dié toets deur die Hoogste Hof van Appèl bevestig vir ’n late deur munisipaliteite. Sedert hierdie beslissing het die toets vir die onregmatigheid van ’n late verdere wysigings ondergaan. In ’n aantal gewysdes het die howe die konseptuele volgorde van die elemente van onregmatigheid en nalatigheid omgeruil. In 2006 word die toets vir onregmatigheid herformuleer in Telematrix (Pty) Ltd t/a Matrix Vehicle Tracking v Advertising Standards Authority SA 2006 1 SA 461 (HHA). Hiervolgens word onregmatigheid beoordeel aan die redelikheid al dan nie om die verweerder aanspreeklik te hou. Ten spyte van die kritiek wat die benadering tot gevolg gehad het, word dit steeds deur die howe toegepas. Die vraag wat in die artikel gestel word, is of die ontwikkeling tred gehou het met die grondwetlike verpligting om die gemenereg te ontwikkel sodat dit “die gees, strekking en oogmerke” van die Handves van Regte bevorder. Benewens die grondwetlike verpligting om die gemenereg te ontwikkel, lê sowel die Grondwet as verskeie wette ’n plig op munisipaliteite om basiese dienste te voorsien. Die ontwikkeling van aanspreeklikheid weens ’n late word dus bespreek teen die agtergrond van munisipale wetgewing, asook die Grondwet. 

Trefwoorde: deliktuele aanspreeklikheid; dienste; lates; munisipaliteite; onderhoudsplig; plaaslike owerhede

 

Abstract

Delictual liability of local authorities for failure to maintain infrastructure

The global population is becoming more and more urbanised. South Africa is no exception to this phenomenon. The pressure resulting from the influx into towns is exacerbated by aging infrastructure. At the same time there is a constitutional duty to deliver services and to take legislative steps to give effect to the rights contained in the Bill of Rights. This has had the result that there are two forces of simultaneous pressure on municipalities, namely the delivery of services with regard to the establishment of new infrastructure and the maintenance of existing infrastructure.

Delictual claims against municipalities as a result of failure to maintain infrastructure are not a new phenomenon. Over the past century the test for wrongful omissions has seen much development, often in the context of municipalities, and specifically the failure to maintain infrastructure.

The question raised in this article is whether this development has kept up with the constitutional imperative to develop the common law to promote the “spirit, object and purport” of the Bill of Rights. Apart from the constitutional imperative to develop the common law, the Constitution, as well as legislation, impose a duty on municipalities to provide basic services. The development of liability for omissions is discussed against the background of municipal legislation as well as the Constitution.

Initially “prior conduct” was a requirement for liability for omissions to ensue, but this requirement as a necessary condition for liability for an omission was unequivocally abolished in Minister van Polisie v Ewels 1975 (3) SA 590 (A). Instead, the question which had to be asked was whether, in the light of the legal convictions of the community, there was a legal duty upon the defendant to prevent harm. In Cape Town Municipality v Bakkerud 2000 3 SA 1049 (SCA) the test was confirmed to be applicable to municipalities by the Supreme Court of Appeal.

Since the decision in Bakkerud the test for wrongfulness of omissions has undergone further changes. In a number of decisions the conceptual order of wrongfulness and negligence was changed and the question regarding the wrongfulness of omissions was formulated in such a way as to assume negligence when testing for wrongfulness, such as, for example, in Minister of Safety and Security v Van Duivenboden 2002 6 SA 431 (SCA). In 2006 the test for wrongfulness was reformulated in the case of Telematrix (Pty) Ltd t/a Matrix Vehicle Tracking v Advertising Standards Authority SA 2006 1 SA 461 (SCA). In terms of the new test the question was whether it was reasonable under the circumstances to hold the defendant liable. Despite criticism levelled against this test, the courts continued to apply this test, inter alia in cases such as Trustees, Two Oceans Aquarium Trust and very recently in Minister of Police v K (case no. 403/2019) [2020] ZASCA 50 (6 May 2020). The test has also been applied in the context of municipality cases such as Van Vuuren v eThekwini Municipality 2018 1 SA 189 (SCA).

When deciding whether or not government institutions have a legal duty to prevent harm, legislative provisions have, according to Neethling en Potgieter (2015:66–9), to be taken into consideration. A legislative provision in itself is not enough to give effect to a legal duty. It is necessary to look at a multiplicity of factors to establish whether or not there is a legal duty to prevent harm. This was echoed in McIntosh v Premier of the Province of KwaZulu-Natal 2008 6 SA 1 (SCA). In Mashongwa v PRASA 2016 3 SA 528 (CC) the Constitutional Court held that wrongfulness does not flow directly from the infringement of a public law duty, but that the breach of the duty is a factor underlying the development of the private law in recognising a new form of wrongfulness.

The Constitution provides that government in South Africa consists of three interrelated spheres, namely national, provincial and local. The local sphere consists of municipalities that have to be established for the entire country and the executive and legislative powers of a municipality are vested in the municipal council. Municipalities are the owners of infrastructure, such as roads, public amenities, sewage and water and sanitation systems. Infrastructure is regarded as the cornerstone of social upliftment, public health and safety and is regarded as indispensable for economic development through the establishment of properly serviced premises.

The Constitution, according to Bekink (2006:289), creates a broad framework in which specific services that have to be delivered by municipalities, as well as the necessary infrastructure, have to be identified. The legislature is responsible for providing the detail in terms of which these matters are to be governed. Some of the most important laws include the Municipal Systems Act 32 of 2000, the Local Government: Municipal Structures Act 117 of 1998 and Local Government: Municipal Finance Management Act 56 of 2003. All these statutes have as their goal service delivery and development, or the support thereof.

Where failure to deliver a service results in danger, there is a legal duty to prevent harm. Failure to comply with this legal duty can give rise to delictual liability, as was seen in Van Vuuren, where the municipality had failed to provide for supervision at the municipal swimming pool.

The failure of local authorities to hold their officials and politicians accountable has resulted in municipalities not being able to reach their constitutional goals. This in turn has a negative impact on the quality of life of communities. There are two areas in particular where the impact is felt the most, namely the financial well-being of municipalities and the ability to create and maintain infrastructure.

The provisions of sections 1, 2, 8(1) and 39(2) of the Constitution confirm that the law of delict is subordinate to the Constitution. The courts developed general principles of the law of delict in cases such as Carmichele v Minister of Safety and Security 2001 4 SA 938 (CC) to give effect to section 39(2), but the development has not extended to the municipality cases. Apart from the application of section 28 in the Van Vuuren case, the courts have been paying lip service to the Constitution.

Keywords: delictual liability; duty to maintain; local government; municipalities; omissions; services

 

1. Inleiding 

What is in a pothole? Not very much, except for an empty space showing what used to be a patch of the road.1

Die wêreld se bevolking is besig om vinnig te verstedelik, en Suid-Afrika is geen uitsondering nie. 64% van die land se bevolking woon in stede of dorpe.2 Dit is meer as China (54%), Indië (32%) en Nigerië (47%).3 Soos wat die bevolking verstedelik, word stede en dorpe die plekke waar, en die middele waardeur, daar aan burgerlike, politieke en sosio-ekonomiese regte gevolg gegee word of moet word.4 Volgens Pieterse is die gevolg hiervan dat meer aandag gegee word aan plaaslike regering as ’n middel vir die vestiging en handhawing van stedelike omgewings wat bevorderlik vir die verwesenliking van sulke regte is.5 Die druk van versnelde verstedeliking, wat veral deur die invloei vanaf die platteland as gevolg van ’n krimpende ekonomie en oorgrensmigrasie aangewakker word, word verder deur verouderde infrastruktuur vererger.6 Terselfdertyd is daar die grondwetlike verpligting om dienste te lewer7 en om redelike wetgewende en ander stappe te doen om in toenemende mate aan die regte wat in die Handves van Regte vervat is, uitvoering te gee.8 Dit bring mee dat twee kragte gelyktydig druk op munisipaliteite uitoefen – die lewering van nuwe dienste met die gepaardgaande vestiging van nuwe infrastruktuur aan die een kant en die instandhouding van bestaande infrastruktuur aan die ander kant. Eersgenoemde is egter bloot een van die faktore wat die vermoë van plaaslike owerhede beïnvloed om dienste te onderhou.

Oor die jare het die versuim om infrastruktuur te onderhou, of om dit behoorlik te onderhou, baie litigasie tot gevolg gehad, in so ’n mate dat appèlregter Marais in Cape Town Municipality v Bakkerud9 die mening uitgespreek het dat daar min probleme is wat regsgeleerdes so besig gehou het as deliktuele aanspreeklikheid weens ’n late – in besonder die aanspreeklikheid van plaaslike owerhede. Hy verwys na laasgenoemde as ’n “particularly thorny issue”.10 

Die ontwikkeling van deliktuele aanspreeklikheid weens ’n late, of die versuim om skade te verhoed, is nóú verbonde aan die sogenaamde munisipaliteitsake. Sedert die 1912-beslissing in Halliwell v Johannesburg Municipal Council11 tot meer onlangse sake soos Bakkerud, McIntosh v Premier of the Province of KwaZulu-Natal12 en Van Vuuren,13 is deliktuele eise ingestel teen plaaslike en provinsiale owerhede weens ’n late, soos die versuim om slaggate in paaie te herstel of om behoorlik toesig by ’n munisipale swembad uit te oefen. ’n Voorbeeld van gebrekkige infrastruktuur wat tot skade aanleiding gee en wat dikwels voorkom, is dié van slaggate.14 Afhangende van die diepte en omvang van die slaggat kan dit voertuie beskadig en beserings tot gevolg hê.15 Hoewel daar verskeie oorsake van slaggate is, kan die meeste hiervan deur instandhouding voorkom word.16

Ingevolge die deliktereg kan aanspreeklikheid vir ’n late opgedoen word indien daar ’n regsplig op die verweerder rus om positief op te tree om skade te voorkom.17 Blote versuim (“mere omissions”) gee nie aanleiding tot aanspreeklikheid nie.18 Om met ’n eis vir skadevergoeding te slaag, moet die eiser kan aantoon dat daar ’n regsplig op die verweerder gerus het om skade te voorkom.19 Die bestaan al dan nie van ’n regsplig is in die verlede aan die regsoortuigings van die gemeenskap of die heersende regs- en openbare beleid gekoppel. In die regspraak het verskillende faktore uitgekristalliseer ingevolge waarvan ’n afleiding gemaak kan word van die bestaan al dan nie van ’n regsplig, onder andere deur ’n statuut.20 Sedert die inwerkingtreding van die Grondwet21 bestaan daar ’n plig op die howe om die gemenereg te ontwikkel.22 In die proses moet die howe die “gees, strekking en oogmerke van die Handves van Regte bevorder”.23 

Bykomend tot die grondwetlike verpligting om die gemenereg te ontwikkel, lê sowel die Grondwet as verskeie wette ’n plig op munisipaliteite om basiese dienste te voorsien. In Joseph v City of Johannesburg24 het die Konstitusionele Hof beslis dat artikels 152 en 153 van die Grondwet gelees met artikels 4(2)(f) en 73 van die Plaaslike Regering: Munisipale Stelselswet25 (Stelselswet) ’n verpligting plaas op elke munisipaliteit om basiese munisipale dienste aan inwoners te verskaf, ongeag of daar ’n kontraktuele verhouding tussen hulle is of nie.26 

In hierdie artikel word aandag gegee aan die ontwikkeling van deliktuele aanspreeklikheid weens ’n late teen die agtergrond van die ontwikkeling van die gemenereg en die pligte wat deur die Grondwet en wetgewing op munisipaliteite geplaas word ten opsigte van die daarstel en onderhoud van infrastruktuur.

 

2. Ontwikkeling van die gemenereg

In die gees van transformatiewe konstitusionalisme is die howe onder ’n verpligting om die gemenereg te ontwikkel sodat dit uitdrukking kan gee aan die “gees, strekking en oogmerke van die Handves van Regte”.27 Daar kan met reg gevra word of die ontwikkeling van die deliktereg ten opsigte van die aanspreeklikheid van munisipaliteite tred gehou het met die noodsaaklikheid om die gemenereg te ontwikkel en gevolg te gee aan die idee van transformatiewe konstitusionalisme wat onderliggend aan ons reg is.

Die Grondwet speel ’n belangrike rol in die bepaling van ’n regsplig in die geval van aanspreeklikheid weens ’n late. Reeds in Carmichele v Minister of Safety and Security28 het die Konstitusionele Hof daarop gewys dat artikel 39(2) van die Grondwet29 vereis dat die toets vir onregmatigheid van ’n late na die inwerkingtreding van die Grondwet noodwendig ontwikkel moet word. Artikel 39(2) bepaal naamlik dat “by die uitleg van enige wetgewing, en by die ontwikkeling van die gemene reg of gewoontereg, moet elke hof, tribunaal of forum die gees, strekking en oogmerke van die Handves van Regte bevorder”.30 Volgens Carmichele het die hof ’n verpligting om die gemenereg te ontwikkel. Die verpligting blyk duidelik wanneer artikels 8(1), 39(2) en 173 saamgelees word.

In Loureiro v Imvula Quality Protection (Pty) Ltd31 verwys die Konstitusionele Hof ook na die rol wat grondwetlike beginsels speel in die bepaling van die regsoortuigings van die gemeenskap:32

This Court has held that an appeal against a finding on wrongfulness on the basis that it failed to have regard to the normative imperatives of the Bill of Rights does ordinarily raise a constitutional issue. This is because of the nature of the wrongfulness element in delict. An enquiry into wrongfulness is determined by weighing competing norms and competing interests. Since the landmark Ewels judgment, whether conduct is wrongful is tested against the legal convictions of the community. These now take on constitutional contours: the convictions of the community are by necessity underpinned and informed by the norms and values of our society, embodied in the Constitution.33

In twee munisipaliteitsake, McIntosh34 en Van Vuuren,35 het die hof na die Grondwet verwys, maar sonder om veel aandag daaraan te skenk. In Van Vuuren het die hof onder andere artikel 28 (beste belang van kinders) gebruik om die argument ten gunste van aanspreeklikheid te staaf. Daar is geen aandag gegee aan byvoorbeeld artikel 10 (menswaardigheid) of artikel 12 (vryheid en sekerheid van die persoon) nie. Daar word ook nie genoegsame aandag gegee aan munisipale wetgewing om die bestaan al dan nie en die omvang van regspligte vir die doeleindes van die onregmatigheidstoets te bepaal nie.

 

3. Deliktuele aanspreeklikheid weens ’n late – ’n oorsig

Die ontwikkeling van die toets vir die onregmatigheid van ’n late word kortliks hier bespreek. Daar word onder meer aandag geskenk aan die kriterium wat toegepas moet word vir die toets van onregmatigheid, die konseptuele volgorde vir nalatigheid en onregmatigheid, asook die “nuwe” toets vir onregmatigheid. Daar word ook gekyk na die toepassing van die kriteria en toetse in die konteks van die munisipaliteitsake.36

3.1 Onregmatigheidskriterium

Wanneer dit vasstaan dat ’n gedraging tot skade gelei het, moet daar vasgestel word of die gedraging onregmatig is.37 Dit is nie genoeg dat die gedraging skade veroorsaak het nie; daar moet ook vasgestel word of die skade op ’n wyse veroorsaak is wat “regtens ongeoorloof” is.38 Die onregmatigheidskriterium word in Minister van Polisie v Ewels soos volg beskryf:39 

Dit skyn of dié stadium van ontwikkeling bereik is waarin ’n late as onregmatige gedrag beskou word ook wanneer die omstandighede van die geval van so ’n aard is dat die late nie alleen morele verontwaardiging ontlok nie maar ook dat die regsoortuiging van die gemeenskap verlang dat die late as onregmatig beskou behoort te word en dat die gelede skade vergoed behoort te word deur die persoon wat nagelaat het om daadwerklik op te tree.

Hoewel die howe in sommige sake, byvoorbeeld Two Oceans Aquarium Trust,40 Hawekwa Youth Camp v Byrne41 en Country Cloud Trading CC v MEC: Department of Infrastructure Development,42 verwys na “public or legal policy”, was daar ook ander sake waarin deurgaans verwys is na die regsoortuigings van die gemeenskap- of boni mores-toets.

Die Konstitusionele Hof het redelik onlangs in Lee v Minister of Correctional Services43 en Loureiro v Imvula Quality Protection (Pty) Ltd44 die beslissing in Minister van Polisie v Ewels gevolg. In die Lee-saak herhaal die hof die Ewels- toets byna verbatim.45 Die hof gaan dan voort deur daarop te wys dat die toets sedertdien ontwikkel het tot ’n algemene toets vir onregmatigheid:46

This open-ended general criterion has since evolved into the general criterion for establishing wrongfulness in all cases, not only omission cases. The imposition of wrongfulness under this enquiry is determined with reference to considerations of public and legal policy, consistent with constitutional norms.

In Loureiro verwys die hof soos volg na Ewels:47

An enquiry into wrongfulness is determined by weighing competing norms and competing interests. Since the landmark Ewels judgment, whether conduct is wrongful is tested against the legal convictions of the community.48 

Regter Van der Westhuizen gaan voort deur daarop te wys dat die regsoortuigings nou ook deur die Grondwet beïnvloed word, aangesien die Grondwet die basis van sodanige oortuigings vorm.49

3.2 Lates in die algemeen 

3.2.1 Ontwikkeling van die aanspreeklikheid weens ’n late: voorafgaande positiewe optrede (“prior conduct”) tot nie-nakoming van ’n regsplig

Die geskiedenis van aanspreeklikheid van munisipaliteite weens ’n late het in 1912 begin met die saak Halliwell v Johannesburg Municipal Council,50 waarin die hof bepaal het dat aanspreeklikheid net in die geval van “prior conduct” (omissio per commissionem) opgedoen kan word.51 Die howe het in die dekades na Halliwell in ’n hele aantal gevalle,52 meestal munisipaliteitsake, ’n bevinding van aanspreeklikheid gemaak deur op ’n kunsmatige wyse ’n voorafgaande handeling te identifiseer.53 Dit het dikwels daartoe gelei dat onwaarskynlike en vergesogte gevalle van “voorafgaande optrede” (“prior conduct”) deur die howe geïdentifiseer is.54

In Silva’s Fishing Corporation (Pty) Ltd v Maweza55 het die meerderheid van die hof by monde van appèlregter Schreiner die “voorafgaande optrede”-benadering gevolg deur te bevind dat die verskaffing van die vissersboot deur die verweerder en die gevolglike versuim om die eiser se man te red, op ’n onregmatige late neergekom het.56 Hy identifiseer die verskaffing van die boot as die “noxious activity” of voorafgaande handeling wat die gevaar daargestel het.57 Appèlregter Steyn stem in sy minderheidsuitspraak saam dat die verweerder aanspreeklik was, maar formuleer die toets anders. Hy verwys na die regsoortuigings van die gemeenskap as die toets vir onregmatigheid en stel dit soos volg: Moet daar, in die lig van die boni mores, gevra word of daar ’n regsplig op die verweerder was om te verhoed dat die eiser skade ly?58 Indien so ’n regsplig bestaan, en die verweerder dit nie nagekom het nie, is die versuim onregmatig.59 Die minderheidsuitspraak van Maweza word gevolg in Regal v African Superslate (Pty) Ltd60 waar die meerderheid van die appèlhof (by monde van regter Steyn) bevestig dat die “voorafgaande optrede”-benadering nie die regsposisie aangaande aanspreeklikheid weens ’n late korrek weergee nie.61

Die toets is in 1975 bevestig in Minister van Polisie v Ewels62 waar die hof die beslissing in Regal v African Superslate, naamlik dat voorafgaande optrede nie ’n voorvereiste is vir ’n late om as onregmatig beskou te word nie, volg.63 

Hier bo is reeds verwys na die boni mores as onregmatigheidskriterium. Dieselfde toets word gebruik om te bepaal of ’n late onregmatig is, met ander woorde of daar ’n regsplig op die verweerder gerus het om skade te verhoed.64 Daar is ook verwys na die feit dat meer onlangse sake openbare en regsbeleid as die kriterium vir die onregmatigheid van die verweerder se late gebruik.

3.2.2 Konseptuele volgorde van onregmatigheid en nalatigheid – kar voor die perde?

Die afgelope twee dekades is gekenmerk deur omstredenheid ten opsigte van die konseptuele volgorde van onregmatigheid en skuld, spesifiek ten opsigte van die onregmatigheid al dan nie van ’n late.65 Aan die een kant word daar byvoorbeeld in Cape Town Municipality v Bakkerud die standpunt gevolg dat daar geen sprake kan wees van skuld (nalatigheid) voordat die onregmatigheid van die dader se gedraging vasgestel is nie:66

Any attempt to decide whether a particular omission will potentially ground liability by merely measuring it against the standard of conduct to be expected of a reasonable person will fail for a number of reasons. First, that test is sequentially inappropriate. It is of course the classic test for the existence of blameworthiness (culpa) in the law of delict. But the existence of culpa only becomes relevant sequentially after the situation has been identified as one in which the law of delict requires action.

Die hof verwys hier na Administrateur, Transvaal v Van der Merwe.67 In laasgenoemde saak laat die hof hom soos volg oor die aangeleentheid uit:68

’n Bevinding dat appellant se late nie onregmatig was, bring mee dat daar geen sprake van nalatigheid kan wees nie. Nie alleen is dit dus ondoenlik om oor moontlike nalatigheid aan die kant van appellant te spekuleer nie, maar dit is trouens juridies onmoontlik. Die nalatigheidsvraag kan naamlik slegs beantwoord word as presies vasstaan welke regsplig op ’n verweerder gerus het en dat daardie regsplig verbreek is.

Een van die eerste sake wat oënskynlik die konseptuele volgorde tussen nalatigheid en onregmatigheid omgeruil het, was Sea Harvest Corporation (Pty) Ltd v Duncan Dock Cold Storage (Pty) Ltd.69 Die hof sê die volgende aangaande die toets vir onregmatigheid:70

Since the decision in Minister van Polisie v Ewels 1975 (3) SA 590 (A) the courts have employed the element of wrongfulness as a means of regulating liability in the case of omissions. If the omission which causes the damage or harm is without fault, that is the end of the matter. If there is fault, whether in the form of dolus or culpa, the question that has to be answered is whether in all the circumstances the omission can be said to have been wrongful; or, as it is sometimes stated, whether there existed a legal duty to act.71

Neethling e.a. was uit die staanspoor72 baie krities ten opsigte van laasgenoemde benadering en beskryf dit as onlogies, omdat dit nie sin maak om iemand se gedrag as nalatig aan te merk as die persoon regmatig opgetree het nie. Hulle beskryf die konseptuele-volgorde-vraagstuk steeds as kontroversieel73 en onaanvaarbaar.74 Die “omgekeerde” benadering is egter oor die jare vasgelê ten opsigte van nalatige lates, soos blyk uit die verwysings hier onder. Loubser en Midgley is van mening dat daar geen reël is wat bepaal welke een van die elemente die ander voorafgaan nie, omdat daar in die geval van beide elemente veronderstel word dat die ander ook bewys moet word alvorens aanspreeklikheid vasstaan.75

In Minister of Safety and Security v Van Duivenboden76 beskryf die hof die aanspreeklikheid vir ’n late soos volg:77 

Negligence, as it is understood in our law, is not inherently unlawful ... A negligent omission is unlawful only if it occurs in circumstances that the law regards as sufficient to give rise to a legal duty to avoid negligently causing harm. It is important to keep that concept quite separate from the concept of fault. Where the law recognises the existence of a legal duty it does not follow that an omission will necessarily attract liability – it will attract liability only if the omission was also culpable …

In Telematrix (Pty) Ltd v Advertising Standards Authority SA78 het die hof hom by monde van appèlregter Harmse soos volg uitgelaat oor die aanspreeklikheid weens ’n late, meer spesifiek, die verhouding tussen onregmatigheid en nalatigheid:79

[I]n order to be liable for the loss of someone else, the act or omission of the defendant must have been wrongful and negligent and have caused the loss. But the fact that an act is negligent does not make it wrongful although foreseeability of damage may be a factor in establishing whether or not a particular act was wrongful.

Die formulering van die toets vir aanspreeklikheid weens ’n late word dan deur appèlregter Brand in ’n hele aantal uitsprake vasgelê.80 In Local Transitional Council of Delmas v Boshoff 81 formuleer hy die toets soos volg: 82

According to the judgment of the court a quo, the parties understood the issues between them as being confined to the element of wrongfulness. That categorisation was also adopted by the court itself. The question for determination, as formulated in the judgment, was therefore perceived to be “whether the defendants were under a legal duty to take reasonable steps to protect the plaintiff from the harm that he suffered” …That is not a correct formulation of the question relating to wrongfulness. The correct formulation, as will appear from what follows, is whether the defendants were under a legal duty not to act negligently; in other words, whether there was a legal duty to take such steps, if any, as may have been reasonable in the circumstances to prevent reasonably foreseeable harm.83

Die hof gaan voort deur te sê dat dit afhang van die feite van die saak of daar eerste vir onregmatigheid of nalatigheid getoets word.84 In Two Oceans Aquarium Trust85 en in Hawekwa86 en Za v Smith87 herhaal regter Brand hierdie formulering waarin die volgorde van onregmatigheid en nalatigheid omgeruil word. In Stedall v Aspeling88 beklemtoon appèlregter Leach die standpunt dat ’n handeling wat nalatig is, nie noodwendig onregmatig is nie.89 Met verwysing na Brand AR se uitspraak in Za v Smith bevind die hof dan ook dat die toetse vir onregmatigheid en nalatigheid duidelik onderskei moet word en nie saamgesmelt (die hof gebruik die woord “conflate”) moet word nie.90

Om op te som: Die afgelope dekades het die howe die konseptuele volgorde van nalatigheid en onregmatigheid omgeruil, veral in die geval van ’n late. Waar daar aanvanklik eers getoets is vir onregmatigheid, het die howe die toets geleidelik omgekeer. Daar word nou van die standpunt uitgegaan dat indien ’n late wat tot skade lei nalatig is, daar dan vasgestel moet word of daar ’n regsplig op die verweerder gerus het om nie nalatig skade te veroorsaak nie. Hoewel die vraag na aanspreeklikheid, spesifiek vir lates, soepel moet bly en nie hokgeslaan word deur elemente in waterdigte kompartemente te plaas en ’n onbuigsame volgorde daar te stel nie, is die toets soms verwarrend en kom dit in sommige gevalle neer op “toutologie”. Die aanhaling hier bo uit Minister of Safety and Security v Van Duivenboden,91 naamlik dat ’n nalatige late wat onregmatig is, ook nalatig moet wees voordat daar sprake van aanspreeklikheid kan wees, is ’n voorbeeld hiervan.

3.2.3 Onregmatigheid as die redelikheid om die verweerder aanspreeklik te hou

Benewens die verwarring ten opsigte van die konseptuele volgorde, het die Hoogste Hof van Appèl ’n nuwe rigting ingeslaan ingevolge waarvan onregmatigheid bepaal word na aanleiding van die redelikheid al dan nie daarvan om die verweerder aanspreeklik te hou.92 Die keerpunt ten opsigte van die nuwe benadering was appèlregter Harmse se uitspraak in Telematrix93 in 2006 (volgens Scott94 was dit ’n “waterskeidingsjaar vir die Suid-Afrikaanse deliktereg”). Die toets word soos volg deur die hof beskryf:95

Policy considerations must dictate that the plaintiff should be entitled to be recompensed by the defendant for the loss suffered ... (and not the converse as Goldstone J once implied ... unless it is a case of prima facie wrongfulness, such as where the loss was due to damage caused to the person or property of the plaintiff). In other words, conduct is wrongful if public policy considerations demand that in the circumstances the plaintiff has to be compensated for the loss caused by the negligent act or omission of the defendant.

In Two Oceans Aquarium Trust verklaar die hof soos volg (met verwysing na Fagan96):97

It is sometimes said that the criterion for the determination of wrongfulness is “a general criterion of reasonableness”, i.e. whether it would be reasonable to impose a legal duty on the defendant ... Where that terminology is employed, however, it is to be borne in mind that what is meant by reasonableness in the context of wrongfulness is something different from the reasonableness of the conduct itself which is an element of negligence. It concerns the reasonableness of imposing liability on the defendant.

In Le Roux v Dey (Freedom of Expression Institute and Restorative Justice Centre as Amici Curiae)98 beskryf die Konstitusionele Hof by monde van waarnemende regter Brand die toets vir onregmatigheid soos volg:99

[I]n the context of the law of delict: (a) the criterion of wrongfulness ultimately depends on a judicial determination of whether – assuming all the other elements of delictual liability to be present – it would be reasonable to impose liability on a defendant for the damages flowing from specific conduct; and (b) that the judicial determination of that reasonableness would in turn depend on considerations of public and legal policy in accordance with constitutional norms. Incidentally, to avoid confusion it should be borne in mind that, what is meant by reasonableness in the context of wrongfulness has nothing to do with the reasonableness of the defendant’s conduct, but it concerns the reasonableness of imposing liability on the defendant for the harm resulting from that conduct.

Die nuwe benadering word onder andere in Loureiro v Imvula Quality Protection (Pty) Ltd gevolg:100

The wrongfulness enquiry focuses on the conduct and goes to whether the policy and legal convictions of the community, constitutionally understood, regard it as acceptable. It is based on the duty not to cause harm – indeed to respect rights – and questions the reasonableness of imposing liability. 

In Oppelt v Head: Health, Department of Health Provincial Administration: Western Cape101 beskryf die hof die onregmatigheidstoets soos volg:102

The next enquiry is whether the “negligent omission is unlawful only if it occurs in circumstances that the law regards as sufficient to give rise to a legal duty to avoid negligently causing harm”... In Loureiro, Van der Westhuizen J explained that the wrongfulness enquiry is based on the duty not to cause harm, and that in the case of negligent omissions, the focus is on the reasonableness of imposing liability. An enquiry into wrongfulness is determined by weighing competing norms and interests ... The criterion of wrongfulness ultimately depends on a judicial determination of whether, assuming all the other elements of delictual liability are present, it would be reasonable to impose liability on a defendant for the damages flowing from specific conduct.

Dit is duidelik dat die benadering, tesame met die gewysigde konseptuele volgorde van die delikselemente, ten spyte van die akademiese kritiek ’n houvas gekry het op die Suid-Afrikaanse deliktereg.103

Volgens Neethling lyk dit of appèlregter Brand in The South African Hang and Paragliding Association v Bewick104 probeer om ’n versoening te bewerkstellig tussen die tradisionele benadering tot onregmatigheid en die “nuwe” benadering:105 

On occasion the same principles had been formulated somewhat differently, namely that wrongfulness depends on whether or not it would be reasonable, having regard to considerations of public and legal policy, to impose delictual liability on the defendant for the loss resulting from the specific omission. No objection can be raised against this formulation, as long as it is borne in mind that reasonableness in the context of wrongfulness has nothing to do with the reasonableness of the defendant’s conduct, which is an element of negligence, but concerns the reasonableness of imposing liability. 

Neethling handhaaf egter die mening dat die feit dat regter Brand klaarblyklik probeer om die tradisionele boni mores-toets met die “nuwe” benadering te versoen, nie die kritiek teen die “nuwe” toets ongedaan maak nie.106

In die baie onlangse saak Minister of Police v K107 (nie te verwar met K v Minister of Safety and Security108 nie) pas die hof die “nuwe” toets toe en verklaar dat die verhoorhof gefouteer het ten opsigte van sy behandeling van die onregmatigheidsvraag omdat die hof nie oorweeg het of dit onder die omstandighede redelik sou wees om die verweerder aanspreeklik te hou nie.109 Voorts word daar verwys na die diktum uit Country Cloud Trading CC v MEC: Department of Infrastructure Development,110 waarin die hof die onregmatigheidstoets soos volg verduidelik:111

Wrongfulness is an element of delictual liability. It functions to determine whether the infliction of culpably caused harm demands the imposition of liability or, conversely, whether “the social, economic and others costs are just too high to justify the use of the law of delict for the resolution of the particular issue”. Wrongfulness typically acts as a brake on liability, particularly in areas of the law of delict where it is undesirable or overly burdensome to impose liability.

Die nuwe benadering word deur Knobel,112 Scott113 en Neethling en Potgieter114 toegeskryf aan Fagan.115 Die benadering het heelwat kritiek tot gevolg gehad, onder andere dat Fagan sekere dele van die Ewels-beslissing verkeerd geïnterpreteer het.116

3.3 Lates in munisipaliteitsake

Hier bo117 is verwys na die Halliwell-saak waarin die eiser skadevergoeding geëis het van die munisipaliteit vir beserings wat hy opgedoen het. In hierdie saak het die perd wat Halliwell se kar getrek het, gegly op keistene wat as gevolg van verwering glad geword het. Die hof bevind dat voorafgaande optrede ingevolge waarvan die late voorafgegaan moet word deur ’n positiewe handeling wat aanleiding gee tot ’n gevaarlike situasie, ’n voorvereiste vir aanspreeklikheid vir ’n late is. Indien die verweerder sou versuim om te handel om die gevaar uit die weg te ruim, sou hy aanspreeklikheid kon opdoen vir ’n late. In hierdie saak was die voorafgaande handeling die lê van die keistene en die late was die munisipaliteit se versuim om die pad in stand te hou.

Soos reeds aangetoon, het die howe die “voorafgaande optrede”-reël op ’n kasuïstiese wyse toegepas. Appèlregter Marais beskryf die situasie soos volg in Cape Town Municipality v Bakkerud:118

[T]he ways in which the courts sought to escape, Houdini-like, from the confines of the no liability for acts of omission doctrine were many and varied. Initially, the techniques used appeared to many to be casuistic and not linked by any coherent principle. A doctrine of “prior conduct” evolved, the gist of which was that the defendant’s own prior conduct may have been such as to give rise to a legal duty to act. The introduction of “a new source of danger” was an example of such prior conduct. But what of prior conduct that was neutral in terms of creating a risk of harm to others?

Na die beslissings in Regal en Ewels, waarin ’n voorafgaande handeling as noodsaaklike vereiste vir die aanspreeklikheid weens ’n late afgeskaf is, het munisipaliteitsake dieselfde roete gevolg.

In Bakkerud119 het ’n bejaarde dame geval toe sy in ’n slaggat op die sypaadjie getrap het. Sy het beserings opgedoen en gevolglik skadevergoeding geëis. Wetgewing het die munisipaliteit gemagtig, maar nie verplig nie, om paaie te bou en in stand te hou nie. Die hof a quo het by monde van regter Brand bevind dat die immuniteit wat deur wetgewing aan munisipaliteite verleen is, in stryd is met die huidige regsoortuigings van die gemeenskap, ingevolge waarvan daar van munisipaliteite verwag word om strate en sypaadjies in stand te hou sodat hulle veilig is.120

Volgens appèlregter Marais toets die hof eers vir die onregmatigheid al dan nie van die late deur vas te stel of daar ’n regsplig op die verweerder gerus het om positief op te tree om skade te vermy. Daarna word gekyk na die nalatigheid al dan nie van die dader.121 Soos hier bo aangetoon, verskil hierdie benadering van dié van appèlregters Harmse122 en Brand,123 volgens wie ’n nalatige late wat skade veroorsaak, onregmatig sou wees slegs indien openbare of regsbeleid sou vereis dat die late, indien nalatig, sou aanleiding gee tot aanspreeklikheid.124 

Die formule is toegepas in meer onlangse sake, naamlik in McIntosh125 en Van Vuuren.126

In McIntosh het die eiser, ’n veertigjarige man, in ’n poging om ’n slaggat op ’n provinsiale pad te vermy, van sy fiets afgeval en ernstige beserings opgedoen. Hoewel dit nie ’n munisipaliteitsaak is nie, is die eisoorsaak gebaseer op ’n nalatige en onregmatige late ten opsigte van die instandhouding van infrastruktuur. Die hof haal die diktum uit Two Oceans Aquarium Trust 127 aan ingevolge waarvan die bestaan van ’n nalatige late tot aanspreeklikheid lei slegs indien die onregmatigheid van die late vasstaan.128 Onregmatigheid hang daarvan af of daar ’n regsplig op die verweerder gerus het om skade te voorkom, en die bestaan al dan nie van sodanige regsplig word vasgestel aan die hand van openbare of regsbeleid in ooreenstemming met grondwetlike norme.129

In Van Vuuren het die eiser namens haarself en haar minderjarige seun ’n eis teen die munisipaliteit ingestel vir skade gely as gevolg van beserings wat die seun in ’n munisipale swembad opgedoen het. Die seun is by die swembad se glyplank deur ’n ander kind gestamp as gevolg waarvan hy sy balans verloor, by die glyplank afgegly en beserings opgedoen het. Die eiser se saak het onder andere berus op die feit dat daar geen toesig by die swembad was nie. Die hof a quo beslis dat die munisipaliteit nie aanspreeklik gehou kan word vir die eiser se skade nie. Om ’n regsplig op die verweerder te plaas sou volgens die hof ’n te swaar las (“an unsustainable, if not intolerable burden”) op die verweerder meegebring het.130

Dit was gemene saak dat die vraag was of daar ’n regsplig op die munisipaliteit gerus het om toesig te hou oor die gebied en om toegang te beperk. Die munisipaliteit het verder aangevoer dat daar geen nalatigheid was ten opsigte van die insident nie. In appèl haal adjunkregterpresident Navsa appèlregter Brand se diktum in Hawekwa131 aan waarin die hof aandui dat die kriteria vir die oplegging of bestaan van ’n regsplig regs- en openbare beleid is. Die hof gaan (soos in die sake hier bo genoem) voort deur nalatigheid te veronderstel en dan in die lig van bogenoemde kriteria te bepaal of daar ’n regsplig op die verweerder gerus het om positief op te tree. Die hof verwys dan ook na die uitspraak in Le Roux v Dey waarin verklaar word dat onregmatigheid vasgestel word aan die hand daarvan of dit redelik is om die verweerder aanspreeklik te hou. 

Die hof verwys ook na die “voorafgaande optrede”-reël:132

As to a legal duty arising where there is prior positive conduct the following is to be noted: “A duty may arise when the defendant has by lawful prior positive conduct (commissio) created a potential risk of harm to others. If the actor omits to take reasonable steps to prevent the risk from materialising (omissio), the duty is breached.”

Die hof beskou die beskikbaarstelling van die swembad en die glyplank (commissio) as die skep van ’n risiko. Deur te versuim om stappe te doen (omissio) om te keer dat die risiko materialiseer, kom die munisipaliteit nie sy regsplig na nie. 

Die volgende faktore is ook in ag geneem:

  • Die kinders wat toegang tot die swembad gehad het, was 12 jaar en jonger en was onvolwasse en onverantwoordelik (die verordeninge het toegang deur ouer kinders verbied).
  • Ouers was nie toegelaat om by die swembad te wees nie, omdat toegang tot kinders 12 jaar en jonger beperk was.
  • Artikel 28 van die Handves van Regte, wat bepaal dat die beste belang van die kind in alles wat die kind raak, van die uiterste belang is.
  • Die chaotiese wyse waarop die kinders die swembad gebruik het.

Dit wil blyk dat die nuwe toets vir onregmatigheid nou ook in die munisipale sake toegepas word.

3.4 Deliktuele aanspreeklikheid vir publiekregtelike versuim

Volgens Neethling en Potgieter word statutêre voorskrifte in ag geneem wanneer daar beslis moet word of owerhede of staatsinstellings ’n regsplig het om skade te voorkom.133 Hulle noem voorts dat ’n statutêre verpligting alleen nie genoeg is om ’n regsplig daar te stel nie, en dat daar gekyk moet word na die wisselwerking tussen verskillende faktore om te bepaal of daar ’n regsplig is om skade te voorkom.134 Die gedagte kom ook voor in Macintosh, waar die hof verklaar dat ’n publiekregtelike verpligting nie noodwendig aanleiding gee tot ’n regsplig vir die doeleindes van die deliktereg nie.135

In Mashongwa v PRASA136 was die vraag voor die hof of ’n vervoerbedryf soos Prasa (Passenger Rail Agency of South Africa) deliktueel aanspreeklik gehou kan word vir skade wat voortvloei uit die versuim om sy publiekregtelike plig om veiligheidsmaatreëls vir die gebruikers van sy dienste daar te stel, na te kom.137 In hierdie geval het die eiser in Pretoria op die trein geklim. Tydens die reis is hy aangeval, beroof en uit die trein gegooi. Daar was geen wagte by die stasie waar hy op die trein geklim het nie en ook nie op die trein nie. Sy hulpkrete gedurende die aanval is ook nie beantwoord nie. Hy het ernstige beserings aan sy been opgedoen en die been is later geamputeer. Die hof bevind dat die versuim om na die veiligheid van passasiers om te sien inderdaad nalatig en onregmatig is en ook dat daar ’n kousale verband tussen die versuim en die skade was. PRASA is gevolglik aanspreeklik gehou vir die skade wat die eiser gely het. 

Die hof beskryf Prasa se regsplig om skade te vermy soos volg:138

Public carriers like PRASA have always been regarded as owing a legal duty to their passengers to protect them from suffering physical harm while making use of their transport services ... That duty arises, in the case of PRASA, from the existence of the relationship between carrier and passenger, usually, but not always, based on a contract. It also stems from its public law obligations. This merely strengthens the contention that a breach of those duties is wrongful in the delictual sense and could attract liability for damages.

Die onregmatigheidsvraag word dan geformuleer deur te vra of die versuim om publiekregtelike pligte na te kom as ’n onregmatige late beskou kan word vir doeleindes van ’n skadevergoedingseis.139 Die hof noem die volgende faktore wat in ag geneem moet word om te bepaal of die versuim om ’n publiekregtelike plig na te kom, onregmatig is:140 of die bemagtigende wetgewing voorsiening maak vir deliktuele aanspreeklikheid; of die wetgewende stelsel hoofsaaklik individuele regte of die openbare belang beskerm; of die openbare mag diskresionêr is; of aanspreeklikheid vir die skade ’n “chilling effect” sal hê op regeringsfunksies; of die skade voorsienbaar is; en of alternatiewe remedies soos ’n interdik of hersiening beskikbaar is.

Die staat en sy organe bestaan volgens hoofregter Mogoeng om praktiese uiting te gee aan die grondwetlike regte van sy burgers. Omdat dit so ’n groot plig is, moet die staat en sy organe nie toegelaat word “to adopt a lackadaisical attitude at the expense of the interests of the public, without consequences” nie.141 Wanneer die faktore in ag geneem word om te bepaal of die versuim om ’n publiekregtelike plig na te kom onregmatig is, insluitende die afwesigheid van effektiewe beskerming vir individuele reisigers wat slagoffers van geweld op PRASA-treine is, is die logiese gevolgtrekking dat die nienakoming deur PRASA van sy publiekregtelike verpligting herlei moet word tot ’n nienakoming van ’n privaatregtelike verpligting ingevolge die deliktereg.142 Die onregmatigheid vloei nie direk uit die verbreking van ’n publiekregtelike verpligting nie. Dit is egter ’n faktor wat onderliggend is aan die ontwikkeling van die privaatreg in die erkenning van ’n nuwe vorm van onregmatigheid.143What we are concerned with here is the development of private law, taking into account public law.”144 In die onderhawige geval bevind die hof dat Prasa nalatig opgetree het en dat dit redelik is om Prasa aanspreeklik te hou, mits die ander elemente bewys word.145 

Die ontwikkeling van die privaatreg met inagneming van die publieke reg is belangrik vir doeleindes van die aanspreeklikheid van plaaslike owerhede. In Joseph146 verwys die hof na ’n bundel van regte wat ’n publiekregtelike verpligting op plaaslike owerhede plaas om dienste te lewer. Daar word hier onder in meer besonderhede daarop ingegaan.147

Daar word vervolgens gekyk na die pligte wat die Grondwet en wetgewing soos die Munisipale Stelselswet op munisipaliteite plaas ten opsigte van die daarstel en instandhouding van infrastruktuur.

 

4. Dienslewering en ’n positiewe regsplig om te onderhou

Die Grondwet bepaal dat die regering in Suid-Afrika uit drie onderskeidende interafhanklike en onderling verbonde sfere bestaan, naamlik nasionaal, provinsiaal en plaaslik.148 Die plaaslike sfeer bestaan uit munisipaliteite wat vir die hele grondgebied van die Republiek daargestel moet word149 en die uitvoerende en wetgewende bevoegdhede van ’n munisipaliteit is in die munisipale raad gevestig.150 Die onafhanklikheid van munisipaliteite word onderskryf deur die bepaling dat hulle, onderworpe aan nasionale en provinsiale wetgewing, en soos vervat in die Grondwet, op eie inisiatief die plaaslike aangeleenthede van hul gemeenskappe mag reguleer.151

Munisipaliteite is die eienaars van gemeenskapsinfrastruktuur, waarvan paaie, openbare geriewe, afvalbestuur en water- en sanitasiestelsels die belangrikste is.152 Infrastruktuur word deur die regering beskou as die hoeksteen van maatskaplike opheffing, openbare gesondheid en veiligheid en as onontbeerlik vir ekonomiese ontwikkeling (en dus werkskepping) deur die daarstelling van behoorlik gedienste persele.153 Dit is dus die spilpunt vir die bereiking van grondwetlike doelwitte154 en waardes.155

Die pligte van plaaslike owerhede, soos vervat in die Grondwet en die toepaslike wetgewing, word hier onder uiteengesit.

4.1 Wetgewende en beleidsraamwerk 

Een van die vyf grondwetlike doelwitte van plaaslike regering is om te verseker dat dienste aan gemeenskappe op ’n volhoubare wyse gelewer word.156 ’n Algemene definisie vir volhoubaarheid is om ’n stelsel of diens vir altyd, of dan ten minste vir ’n redelike tyd, op ’n bepaalde vlak van aanvaarbaarheid te laat aanhou funksioneer.157 Die Grondwet plaas voorts ook ’n ontwikkelingsplig op munisipaliteite deur te vereis dat ’n munisipaliteit sy administrasie en begrotings- en beplanningsprosesse so moet struktureer en bestuur dat voorrang verleen word aan die basiese behoeftes van die gemeenskap.158 Dit is egter nie duidelik wat presies “basiese behoeftes” is nie. Bylaes 4B en 5B tot die Grondwet lys ’n aantal funksionele areas ten opsigte waarvan plaaslike owerhede dienste mag lewer en verordeninge mag maak.159 Die bewoording van die Grondwet maak dit egter nie duidelik of hierdie dienste gelewer móét word nie en dit skep die indruk dat munisipaliteite ’n diskresie het. 

Die uitsprake van die howe maak dit egter duidelik dat munisipaliteite nie ’n diskresie het nie. In Mkontwana v Nelson Mandela Metropolitan Municipality word dit soos volg gestel:160

Local government thus bears the important responsibility of providing services in a sustainable manner to their communities. This task is particularly important given the deep divisions in our towns, the scars of spatial apartheid which still exist and the fact that many poor communities are still without access to basic facilities such as water, adequate sewerage systems, refuse collection, electricity and paved roads. The ability of local government to carry out its constitutional mandate depends on its financial stability.

Die Witskrif op Plaaslike Regering161 maak munisipaliteite verantwoordelik vir die voorsiening van huishoudelike infrastruktuur en dienste as een van vier uitkomste van ontwikkelingsgerigte plaaslike regering en beskryf dit as ’n noodsaaklike bestanddeel van sosiale en ekonomiese ontwikkeling. Dit noem dan ook spesifiek die volgende dienste: water, sanitasie, plaaslike paaie, stormwaterstelsels, vullisverwydering en elektrisiteit.

Die Stelselswet omskryf “basiese munisipale dienste” as dienste wat nodig is om ’n aanvaarbare en redelike kwaliteit van lewe te verseker en wat, indien dit nie voorsien sou word nie, ’n gevaar vir die openbare gesondheid of veiligheid of die omgewing sou inhou.162 Hier word ’n positiewe regsplig opgelê – waar die gebrek aan ’n diens ’n gevaar inhou, móét die diens gelewer word. Hierdie plig word onderskryf deur die beletsel wat daar op plaaslike owerhede geplaas word om kapitale bates te vervreem wat nodig is vir die voorsiening van minimum basiese munisipale dienste163 en versterk ons standpunt dat waar ’n diens gelewer word, dit onderhou moet word. As die niebestaan van ’n diens ’n gevaar kan inhou, kan dit gestel word dat die versuim om ’n diens te lewer wat potensiële gevaar inhou, ’n regsplig om te onderhou daarstel. Versuim om ’n sodanige regsplig na te kom kan, waar daar skade gely word, aanleiding gee tot deliktuele aanspreeklikheid soos aangetoon in Van Vuuren, waar die munisipaliteit geen toesig verskaf het by die munisipale swembad nie.164

Steytler en De Visser165 is van mening dat die sosio-ekonomiese regte wat in die Handves van Regte vervat is, positiewe verpligtinge op munisipaliteite plaas om basiese dienste te verskaf waar die regte met die funksionele areas van plaaslike owerhede kruis. In Mkontwana v Nelson Mandela Metropolitan Municipality166 was die hof van mening dat “municipalities are obliged to provide water and electricity to the residents in their area as a matter of public duty”. Die standpunt steun op artikels 27(1)(b),167 152168 en 153169 van die Grondwet asook artikel 73(1) van die Stelselswet.170

Volgens Bekink171 skep die Grondwet slegs ’n breë raamwerk waarbinne spesifieke dienste identifiseer moet word wat munisipaliteite moet lewer en waarvoor infrastruktuur daargestel moet word en dat dit dan aan die wetgewer oorgelaat word om die aangeleenthede in meer besonderhede aan te spreek. Van die prominentste wetgewing sluit die Stelselswet, die Plaaslike Regering: Munisipale Strukturewet,172 die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur (MFMA),173 die Plaaslike Regering: Munisipale Afbakeningswet,174 die Plaaslike Regering: Wet op Eiendomsbelasting,175 die Wet op Tradisionele Leierskap en Regering,176 en die Wet op Inter-Owerheidsverhoudinge177 in. Al hierdie wette het dienslewering en ontwikkeling, of die ondersteuning daarvan, ten doel.

Ons ondersteun beide standpunte. Daar is verskeie funksionele areas van bevoegdheid wat nie slegs met die sosio-ekonomiese regte in die Handves van Regte “kruis” nie, maar wat direk aan die grondwetlike doelwitte178 van munisipaliteite verbind is. Indien hierdie doelwitte nie bereik word nie, sal daar nie aan die regte uitvoering gegee word nie. Indien ’n munisipaliteit byvoorbeeld nie daarin slaag om ’n veilige en gesonde omgewing daar te stel nie, sal individue nie die reg op vryheid en sekerheid van die persoon179 geniet nie. Ondersteuning vir Bekink se standpunt is ook in artikel 164 van die Grondwet te vinde.

Die lewering van dienste aan gemeenskappe is al beskryf as die sentrale oogmerk van plaaslike regering.180 Hierdie stelling word deur die volgende aanhaling ondersteun:

A local municipality is the last point in the service delivery chain. It is the point of contact between the governor and the governed ... It is at this important point where services have to be rendered: where levies for the services have to be imposed and where payment for the services have to be made.181

Craythorne, ’n skrywer en ervare plaaslike-owerheidspraktisyn, is die mening toegedaan dat ’n munisipaliteit wat nie sy diensleweringverpligtinge kan nakom nie, sy reg op voortbestaan moet verbeur.182 Om dienste te kan lewer, veral basiese dienste, moet daar egter infrastruktuur wees. 

4.2 Die verpligting om infrastruktuur daar te stel 

Die verpligting op munisipaliteite om basiese dienste te voorsien het sy oorsprong in sowel die Grondwet as wetgewing. In Joseph183 het die Konstitusionele Hof beslis dat artikels 152 en 153 van die Grondwet, gelees met artikels 4(2)(f) en 73 van die Stelselswet,184 ’n verpligting plaas op elke munisipaliteit om basiese munisipale dienste aan inwoners te verskaf, ongeag of daar ’n kontraktuele verhouding tussen hulle is.185 In hierdie saak het die inwoners van ’n woonstelblok die munisipaliteit se besluit om die kragtoevoer op te skort, aangeveg. Alhoewel die saak grotendeels oor die reg op behuising gegaan het (daar is geargumenteer dat dit ook die reg op dienste soos elektrisiteit insluit), het die Konstitusionele Hof die verpligtinge wat deur artikel 152 van die Grondwet, die Stelselswet en die Behuisingswet186 aan munisipaliteite opgedra word, van nader beskou. Die hof bevind dat “the challenge had to be understood as being about the ‘special cluster of relationships’187 that exist between a municipality and citizens, which is fundamentally cemented by the public responsibilities that a municipality bears in terms of the Constitution and legislation in respect of the persons living in its jurisdiction”. Volgens die hof gee hierdie “cluster of relationships” aanleiding tot “a public law duty upon local government to provide municipal services, as well as a corresponding public law right of citizens to receive them”.188 Die gevolg is dat die beginsels van administratiefreg en die standaarde vir openbare dienslewering189 van toepassing is op die wyse waarop munisipaliteite dienste verskaf, met die verdere gevolg dat plaaslike owerhede in die proses van voldoening aan hul diensleweringspligte op ’n wyse moet optree wat “responsive, respectful and fair” is.190

Die plig om basiese dienste te lewer, saamgelees met artikel 229 van die Grondwet wat plaaslike owerhede magtig om bobelastings op te lê vir dienste wat verskaf is, impliseer volgens Steytler en De Visser191 dat daar grondwetlike magtiging is om gelde te hef vir dienste wat gelewer word, en dus dat infrastruktuur daargestel moet word om dienste te kan lewer. Die Stelselswet192 magtig munisipaliteite egter in ieder geval om gelde, heffings en tariewe op te lê ten opsigte van enige funksie of diens wat deur die munisipaliteit verrig of gelewer word. Daar kan dus verder geredeneer word dat indien gelde en tariewe vir dienste gehef word, daar ’n regsplig op die diensverskaffer is om die infrastruktuur deur middel waarvan die dienste gelewer word, in stand te hou.

Die belang van dienslewering, en dus die gepaardgaande daarstelling van infrastruktuur, word onderskryf deur die feit dat die Grondwet van nasionale en provinsiale regerings verwag om plaaslike owerhede te ondersteun en hul vermoëns te versterk.193 Die Grondwet bepaal dat provinsiale regerings voorsiening moet maak vir die ondersteuning van munisipaliteite in hul provinsies.194 As ’n laaste uitweg kan provinsies ingryp indien plaaslike owerhede nie hul uitvoerende verpligtinge nakom nie.195 ’n Provinsiale uitvoerende gesag kan ingryp deur gepaste stappe te doen om te verseker dat die uitvoerende verpligtinge, wat dienslewering insluit, nagekom word. Die ingryping kan voorskriftelik van aard wees deurdat ’n instruksie uitgereik word wat die stappe voorskryf wat gedoen moet word om die verpligting na te kom, en dit kan ook ’n oorname van die verantwoordelikheid vir die betrokke funksie behels. Enige oorname mag slegs gedoen word tot die mate waarin dit nodig is vir die handhawing van nasionale standaarde of ten einde aan daargestelde minimum standaarde vir die lewering van ’n diens te voldoen.196 Die MFMA197 bepaal ook dat provinsies sekere stappe moet doen waar munisipaliteite aanhoudend versuim om basiese dienste te voorsien.

4.3 Regsplig om skade te voorkom

Die regspraak het oor die algemeen nog nie veel aandag geskenk aan die Grondwet, die Handves van Regte en wetgewing as faktore wat aanduidend kan wees vir die bestaan van ’n regsplig om skade te voorkom nie.

In Joseph198 verwys die hof na die spesiale bundel van verhoudinge (“special cluster of relationships”) wat gevorm word deur die Grondwet, die Stelselswet en, in hierdie geval, die Behuisingswet, maar dit kan ook nasionale of provinsiale wetgewing of selfs munisipaliteite se eie voorskrifte (hetsy in die vorm van beleid of verordeninge) wees. Volgens die hof199 skep hierdie bundel ’n publiekregtelike verpligting aan die een kant om dienste te lewer en ’n ooreenstemmende reg aan die ander kant om dit te ontvang. Dit kan as volg toegelig word:

 

In soverre dit die Stelselwet aangaan, is die probleem dat die omskrywing van “basiese dienste” bloot vereis dat ’n munisipale diens gelewer moet word wat nodig is om ’n aanvaarbare en redelike lewenskwaliteit te verseker en wat, indien dit nie gelewer word nie, die openbare gesondheid en veiligheid of die omgewing in gevaar sou stel.200 Die omskrywing verskaf ’n basiese rigsnoer, maar die werklike vasstelling van wat ’n basiese diens is, sal op die meriete van elke saak bepaal moet word201 met inagneming van die bepalings van ander wetgewing of die voorskrifte wat munisipaliteite vir hulself gestel het.

Benewens die Behuisingswet wat hier bo genoem word, is daar ook ander wetgewing wat ’n verpligting daarstel om infrastruktuur te skep. Die aard en omvang van die diens is egter nie altyd so duidelik nie. Die Wet op Waterdienste202 is ’n tekenende voorbeeld en ook bewys van hoe hierdie onduidelikhede dienslewering kan teenwerk. Die hoofdoelwitte van die wet is om voorsiening te maak vir die reg op toegang tot basiese water- en sanitasievoorsiening in so ’n mate dat voldoende water beskikbaar is en die omgewing nie skadelik vir die mens se gesondheid of welstand is nie.203 Ingevolge artikel 3 het elkeen die reg van toegang tot basiese watervoorsiening en sanitasie. Basiese watervoorsiening word in artikel 1 omskryf as “prescribed204 minimum standard of water supply services necessary for”, en “prescribed” beteken “prescribed by legislation”, maar die probleem is dat daar nie regulasies is nie. Dit bring weer mee dat die howe geen leiding ontvang van die wetgewende of uitvoerende gesag wat dit in staat stel om inhoud aan die reg op basiese watervoorsiening te gee nie.205

 

5. Finansiële onvermoë om te presteer

Indien die finansiële onstabiliteit ’n “selftoegediende” onvermoë is, behoort geen instelling aanspreeklikheid vry te spring nie. In so ’n geval sou die munisipaliteit dan versuim het om ’n regsplig na te kom, en indien nalatigheid en kousaliteit bewys kan word, behoort dit tot aanspreeklikheid te lei. Sonder om in besonderhede hierop in te gaan, kan dit onomwonde gestel word dat baie munisipaliteite vir hul eie gebreke verantwoordelik is. Dit sluit die daarstelling van en onderhoud aan infrastruktuur in. Die volgende aanhalings uit ’n voorlegging wat in 2017 ten opsigte van die 2016/17-Ouditverslag vir Plaaslike Regering aan die Parlementêre Portefeuljekomitee vir Samewerkende Regering and Tradisionele Aangeleenthede gemaak is, is veelseggend:206

  • Vyf van die land se munisipaliteite207 was vir 31% van al die onreëlmatige uitgawes verantwoordelik en die finansiële volhoubaarheid van munisipaliteite oor die algemeen was aan die afneem.
  • In soverre dit die toekenning van nasionale fondse aan plaaslike owerhede vir water- en sanitasiedienste betref, het die ouditeur-generaal (OG) bevind dat 20% van die projekte nie die oorsake vir die agterstand in watervoorsiening aangespreek het nie. Van die 148 munisipaliteite waar ondersoek na die onderhoud van waterinfrastruktuur ingestel is, het 56% geen beleid oor die onderhoud van bestaande infrastruktuur gehad nie.
  • 18% van die projekte wat befondsing ontvang het vir die onderhoud van sanitasie-infrastruktuur, het nie die oorsake vir die agterstand in die lewering van sanitasiedienste aangespreek nie.

Die 2016/2017-verslag van die OG208 ten opsigte van plaaslikeregering-infrastruktuur dien as bevestiging. Hiervolgens het:

  • 46% van alle munisipaliteite nie ’n onderhoudsplan vir water gehad nie en het 22% glad nie vir onderhoud begroot nie
  • 26% van paaieprojekte hul voltooiingsdatum oorskry
  • 55% van die munisipaliteite nie goedgekeurde instandhoudingsplanne of prioriteitslyste vir die hernuwing en roetine-instandhouding van paaie gehad nie, terwyl 27% nie eers die toestand van hul paaie-infrastruktuur evalueer het nie.209

In Mpumalanga is die paaie al beskryf as slaggate met teer.210 In Johannesburg is net 45% van die slaggate binne ’n week nadat dit gerapporteer is, herstel, terwyl die teiken 80% is.211 Op 7 Desember 2018 het eNCA berig dat 60% van Suid-Afrika se paaie in ’n swak toestand is.212 Hierdie gebreke het ’n negatiewe effek op velerlei ander sake wat gemeenskappe raak, soos toegang tot mediese sorg, die spoed waarteen nooddienste op noodgevalle kan reageer, toegang tot markte, vrye beweging van verkeer, toenames in verkeersongelukke en druk op mediese sorg, om net ’n paar voorbeelde te noem.

In ander gevalle is daar op die oog af geen rede waarom instandhouding en herstelwerk nie gedoen kan word nie. ’n Baie onlangse voorbeeld is die geval van Harrismith waar daar vir 40 dae geen water in groot dele van die dorp beskikbaar was nie. Toe die inwoners met die hulp van ’n plaaslike besproeiingsboer inspring, het die plaaslike munisipaliteit se amptenare probeer verhoed dat herstelwerk gedoen word. In ’n stadium was daar net een kraan vir 5 000 huishoudings in Intabaza, een van die woonbuurte.213 Die ontneming van toegang tot water, nie net deur te versuim om infrastruktuur te onderhou nie, maar ook deur te poog om herstelwerk te verhoed, kan nie ongesiens verbygaan nie. Volgens die besproeiingsboer was “die herstel van die lekplekke maklik” en dus ’n taak wat met gemak deur die munisipaliteit verrig kon gewees het.

Al hierdie tekortkominge kon voorkom gewees het aangesien dit menslik van oorsprong was. Die kernoorsake is te vinde in die feit dat 77% van die probleme hul oorsprong het in die onvermoë om interne beheer te verbeter en risiko’s aan te spreek en in 61% van die munisipaliteite is daar onvoldoende nagevolge vir gebrekkige prestasie en oortredings.214 By 59% van die owerhede word politieke onstabiliteit, vakatures in sleutelposisies of die aanstelling van amptenare met ontoepaslike kwalifikasies in senior poste as redes aangevoer.215 Laasgenoemde twee probleme het hul oorsprong in politieke inmenging en nepotisme.

Die OG beskou die feit dat amptenare en politieke ampsdraers wat oortree het, nie verantwoordbaar gehou word en, indien nodig, strafregtelik vervolg word vir oortredings soos bedrog nie, as een van die grootste probleme.216 In 2015–16 is strafregtelike ondersoeke by 148 munisipaliteite aanbeveel, maar 47% van die owerhede het geen ondersoeke laat doen nie en 24% het slegs sommige van die bevindinge laat ondersoek.

Die versuim van plaaslike owerhede om amptenare en politici verantwoordbaar te hou, het tot gevolg dat munisipaliteite nie hul grondwetlike doelwitte bereik nie, wat ’n negatiewe uitwerking op die lewenskwaliteit van gemeenskappe het. Daar is veral twee gebiede waar die impak die grootste is: die finansiële welstand van munisipaliteite en die vermoë om munisipale infrastruktuur daar te stel en te onderhou.217 Beide omstandighede is selfveroorsakend van aard. Die onvermoë om skuld in te vorder en gebrekkige bestuur word deur 31% van die munisipaliteite aangevoer as rede waarom hul finansies nie gesond is nie. Alhoewel die ekonomiese klimaat ’n rol speel, is swak finansiële bestuur die hoofoorsaak, aangesien vrugtelose en verkwistende uitgawes in die 2016/17-boekjaar R1,5 biljoen beloop het.

Die OG het rapporteer dat dit moeilik is om te verklaar wat die omvang van onreëlmatige uitgawes was, aangesien dit slegs deur middel van ondersoeke bepaal kan word,218 maar hier bo is reeds gesien dat die houding ten opsigte van verantwoordbaarheid veel te wense oorlaat. Dit is dus ’n bose kringloop.

Ten opsigte van die ontwikkeling en instandhouding van infrastruktuur is ’n aantal gebreke geïdentifiseer, naamlik onderspandering van toekennings, swak vakmanskap, vertragings met die voltooiing van projekte en gebrekkige monitering van kontrakteurs. Die OG het bevind dat fondse vir die onderhoud van infrastruktuur geredelik beskikbaar is, maar dat die vermoë om dit doelmatig en korrek aan te wend, ontbreek.

Aangesien die howe al beslis het dat “in considering whether or not fault could be attributed to the municipality, account had to be taken of all factors, including financial constraints, which would have a bearing upon the reasonableness or otherwise of the omission”,219 verdien finansiële vermoë om dienste te lewer en te onderhou verdere aandag. In Bergrivier Municipality v Beck220 het die hof gesê dat die hof a quo, met verwysing na Bakkerud, met reg versigtig was om plaaslike owerhede met ’n algemene aanspreeklikheid te belas en dat dit korrek was om die munisipaliteit se beperkte begroting en die nood van gemeenskappe in informele nedersettings in ag te neem. In casu was die hof van mening dat die volbank van die Hoë Hof hierdie faktore nie na behore in ag geneem het nie, maar ook gewaarsku dat dit nie gesien moet word as ’n geval van “municipalities being given licence to ignore fulfilling their obligations to residents and justifying it by merely asserting budgetary constraints”. Waar die munisipaliteit voorts vir sy eie onvermoë verantwoordelik is, behoort dit nie aanspreeklikheid vry te spring nie.

 

6. Gevolgtrekking 

Munisipaliteite moet basiese dienste lewer soos bepaal deur die Grondwet en wetgewing soos die Stelselswet. Om hierdie dienste te kan lewer, moet daar infrastruktuur wees en het die munisipaliteite gevolglik ’n plig om die infrastruktuur daar te stel. Indien daar infrastruktuur is, moet dit onderhou word. Die gebrek aan onderhoud aan infrastruktuur soos paaie, stormwaterstelsels, elektrisiteit, geboue, openbare plekke en water en sanitasie het nadelige gevolge en kan tot skade lei. ’n Late wat tot skade aanleiding gee, is nie (soos in die geval van positiewe handelinge) prima facie onregmatig nie. Ten einde onregmatig te wees moet daar ’n regsplig wees op die munisipaliteit om skade te voorkom. Ingevolge die nuwe toets vir onregmatigheid word daar aangeneem dat die late wat skade veroorsaak, nalatig is (sien die bespreking hier bo aangaande die konseptuele volgorde van die elemente van onregmatigheid en nalatigheid). Om te bepaal of die nalatige late onregmatig is, moet daar vasgestel word of daar ’n regsplig op die verweerder was om skade te voorkom. Dit word bepaal aan die hand van die vraag of dit redelik sou wees om die verweerder vir die late aanspreeklik te hou.

Die Konstitusionele Hof het voorts in Mashongwa bepaal dat die versuim om ’n publiekregtelike plig na te kom, aanleiding kan gee tot deliktuele aanspreeklikheid, mits dit redelik sou wees om die verweerder aanspreeklik te hou. Hoewel die nienakoming van ’n plig nie op sigself ’n verbreking van ’n regsplig daarstel nie, is dit ’n faktor wat in ag geneem moet word. Nog ’n faktor is die Grondwet, ingevolge waarvan plaaslike owerhede verplig is om infrastruktuur daar te stel en te onderhou.

Deliktuele eise teen munisipaliteite vir skadevergoeding as gevolg van die versuim om infrastruktuur in stand te hou, kan teruggevoer word na Halliwell en is gevolglik nie iets nuuts nie. Oor die afgelope eeu het die toets vir onregmatigheid van ʼn late heelwat ontwikkeling ondergaan, dikwels in die konteks van munisipaliteitsake en in die kader van gebrekkige onderhoud.

 

7. Slot

Die bepalings van artikels 1, 2, 8(1) en 39(2) van die Grondwet bevestig die deliktereg se ondergeskiktheid aan die Grondwet. Die toets vir die onregmatigheid van ’n late het oor ’n tydperk van meer as ’n eeu ontwikkel – van ’n vereiste van ’n voorafgaande handeling tot die huidige toets soos geformuleer deur appèlregter Brand en ander. Die howe het die algemene beginsels van die deliktereg in gewysdes soos Carmichele ontwikkel om aan artikel 39(2) gehoor te gee. Ongelukkig is die ontwikkeling nie behoorlik na die sogenaamde munisipaliteitsake uitgebrei nie. Met die uitsondering van die toepassing van artikel 28 in die Van Vuuren-saak word daar in sake waarin munisipaliteite vir ’n late gedagvaar word, slegs lippediens betuig aan die Grondwet en die Handves van Regte. Ingevolge die Grondwet en die munisipale wetgewing rus daar ’n plig op munisipaliteite om infrastruktuur daar te stel en te onderhou. Die ondergeskiktheid van die wette en die verordeninge aan die Grondwet word egter nie behoorlik weerspieël in die ontwikkeling van die toets vir die onregmatigheid van ’n late nie. In die geval van plaaslike owerhede moet die vraag of dit redelik is om die verweerder aanspreeklik te hou, dus ook aan die hand van die Grondwet beantwoord word.

 

Bibliografie

Bekink, B. 2006. Principles of South African local government law. Durban. Lexis Nexis. 

Brand, F.D.J. 2014. Aspects of wrongfulness. Stellenbosch Law Review, 25(3):451–70.

Chibba, S. 2016. South African cities are rapidly growing. https://www.brandsouthafrica.com/investments-immigration/economynews/south-african-cities-are-rapidly-growing (14 Januarie 2019 geraadpleeg). 

Craythorne, D. 1997. Municipal administration: A handbook. Kenwyn: Juta.

CSIR. 2010. Potholes. A technical guide to their causes, identification and repair. https://www.csir.co.za/sites/default/files/Documents/Pothole_CSIR_tech_guide.pdf (5 September 2018 geraadpleeg.)

De Kock, P. en L. Petersen. 2016. The global reputation and competitiveness of South African cities. https://www.brandsouthafrica.com/south-africa-fast-facts/news-facts/the-global-reputation-and-competitiveness-of-south-african-cities (14 Januarie 2019 geraadpleeg).

De Wet, P. 2019. The City of Johannesburg missed its target for pothole repairs by a large margin – and its track record for rates certificates is shaky. https://www.businessinsider.co.za/city-of-johannesburg-misses-pothole-target-and-gets-reporting-wrong-2019-1 (10 April 2019 geraadpleeg).

ENCA. 2018. 60% of SA roads are in poor condition: report. https://www.enca.com/news/60-sa-roads-are-poor-condition-report (10 April 2019 geraadpleeg).

Fagan, A. 2005. Rethinking wrongfulness in the law of delict. South African Law Journal, 122(1):90–141.

Gous, N. 2018. Bad roads described as “potholes with tar” harm tourism in Mpumalanga. https://www.timeslive.co.za/news/south-africa/2018-04-09-bad-roads-described-as-potholes-with-tar-harm-tourism-in-mpumalanga (10 April 2019 geraadpleeg).

KhPlant. 2018. All about potholes in SA. https://www.khplant.co.za/blog/article/all-about-potholes-sa (5 September 2018 geraadpleeg). 

Klare, K. 1998. Legal culture and transformative constitutionalism. South African Journal on Human Rights, 14(8):146–88.

Knobel, J. 2008. Die volgorde waarin onregmatigheid en skuld bepaal moet word. Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, 71(1):1–12.

Langa, P. 2006. Transformative constitutionalism. Stellenbosch Law Review, 17(3):351–60.

Loubser, M. en R. Midgley. 2017. Law of delict in South Africa. Kaapstad: Oxford University Press.

Mokgebha, R. What potholes teach us about South Africa. https://www.news24.com/Columnists/Ralph_Mathekga/ralph-mathekga-what-potholes-teaches-us-about-south-africa-20200107 (9 Januarie 2020 geraadpleeg). 

Neethling, J. 2015. Aanspreeklikheid weens ’n late: Versoening tussen die tradisionele en nuwe toets vir deliktuele onregmatigheid, of nie? LitNet Akademies, 12(3):810–22.

Neethling, J. en J.M. Potgieter. 2010. Neethling-Potgieter-Visser Law of Delict. Durban. Lexis Nexis. 

—. 2015. Neethling-Potgieter-Visser Law of Delict. Durban. Lexis Nexis. 

—. 2018. Sorgsaamheidsplig van ouers teenoor kinders. LitNet Akademies, 15(3):496–506.

Ouditeur-Generaal. 2017. Gekonsolideerde algemene verslag oor plaaslike regeringsuitkomste. Pretoria: Staatsdrukker. 

Pieterse, M. 2014. Development, the right to the city and the legal and constitutional responsibilities of local government in South Africa. South African Law Journal, 131(1):149–77.

Potgieter, J.M. 2017. Die nuwe onregmatigheidstoets: ’n Trojaanse perd wat delikteregbeginsels bedreig? LitNet Akademies, 14(2):813–30.

Raymond, C. 2016. Having trouble with potholes in SA? Here’s all you need to know. https://www.wheels24.co.za/News/Guides_and_Lists/having-trouble-with-potholes-in-sa-heres-all-you-need-to-know-20161006 (1 Desember 2018 geraadpleeg). 

Republiek van Suid-Afrika. Departement van Provinsiale en Plaaslike Regering (DPLG). 2009. Guidelines for infrastructure asset management in local government 2006–9. http://www.cogta.gov.za/mig/docs/7.pdf (17 Januarie 2019 geraadpleeg).

Savides, M. 2019. More protests in 2018 than in any of previous 13 years ... and it could get worse. TimesLive. https://www.timeslive.co.za/news/south-africa/2019-01-16-more-protests-in-2018-than-in-any-of--previous-13-years--and-it-could-get-worse (2 April 2019 geraadpleeg).

Scott, J. 2018. ’n Resente toepassing van die nuwe onregmatigheidstoets vir deliktuele aanspreeklikheid – gewens of afkeurenswaardig? Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg, 4:906–26.

Smith, J. 2019. Dorp se mense – en boer – maak ’n plan. Rapport. 20 Januarie, bl. 12.

Stander, Y. 2019. Counting the costs of protests. https://www.knysnaplettherald.com/News/Article/General/counting-the-cost-of-protests-201902211020 (10 April 2019 geraadpleeg). 

Steytler, N. en J. de Visser. 2007. Local government law of South Africa. Durban: Lexis Nexis.

Universiteit Stellenbosch. Nuusargief. 2013. Gesprekvoering sleutel tot volhoubare oplossing. https://www0.sun.ac.za/sustainability/pages/posts/gesprekvoering-sleutel-tot-volhoubare-oplossing-35.php (10 April 2019 geraadpleeg).

 

Eindnotas

1 Mokgebha (2020).

2 Chibba (2016).

3 De Kock en Petersen (2016).

4 Pieterse (2014:149).

5 Ibid.

6 Pieterse (2014:150).

7 Grondwet art. 151(3).

8 Mazibuko v City of Johannesburg 2010 4 SA 1 (KH).

9 2000 3 SA 1049 (HHA).

10 Ibid.

11 1912 AD 659.

12 2008 6 SA 1 (HHA).

13 2018 1 SA 189 (HHA) par. 16.

14 Sien bv. Raymond (2016). Vir ’n redelik onlangse voorbeeld van ’n skadevergoedingseis vir skade wat voortspruit uit ’n slaggat, sien Loots v MEC for Transport, Roads and Public Works (587/2014) [2018] ZANCHC 60.

15 KhPlant (2018);CSIR (2010).

16 Ibid.

17 Bakkerud.

18 Minister van Polisie v Ewels 1975 3 SA 590 (A), Minister of Safety and Security v Van Duivenboden 2002 6 SA 431 (HHA) par. 19. Sien ook Neethling en Potgieter (2015:64).

19 Sien die bespreking in par. 3.

20 Neethling en Potgieter (2015:66).

21 Grondwet van die Republiek van Suid Afrika, 1996.

22 Grondwet artt. 8(1), 39(2) en 173 saam gelees. Sien ook Carmichele v Minister of Safety and Security 2001 4 SA 938 (KH).

23 Grondwet art. 39(2).

24 2010 4 SA 55 212 (KH).

25 Stelselswet.

26 Joseph parr. 35–40.

27 Langa (2006:351 e.v.); Klare (1998:146 e.v.).

28 2001 4 SA 938 (KH).

29 Grondwet.

30 In die Engelse teks (geteken deur die president) lui art. 39(2) soos volg: “When interpreting any legislation, and when developing the common law or customary law, every court, tribunal or forum must promote the spirit, purport and objects of the Bill of Rights.”

31 2014 3 SA 394 (KH).

32 Par. 34.

33 Eie kursivering.

34 Par. 11; aanhaling uit Two Oceans Aquarium Trust par.10.

35 Parr. 22–9.

36 Par. 3.3.

37 Loubser en Midgley (2017:178 e.v.); Neethling en Potgieter (2015:36 e.v.).

38 Sien bespreking in Neethling en Potgieter (2015:81).

39 597A-B.

40 2006 3 SA 138 (HHA) parr.20–1.

41 2010 6 SA 83 (HHA) par. 22.

42 2014 2 SA 214 (HHA) parr.18, 19.

43 2013 2 SA 144 (KH).

44 2014 3 SA 394 (KH).

45 Par. 53

46 Ibid.

47 Par. 34.

48 Eie kursivering.

49 Ibid.

50 1912 AD 659.

51 671.

52 Sien Neethling en Potgieter (2015:60 vn. 58) vir voorbeelde. Sien ook Bakkerud.

53 Bakkerud par. 11.

54 Sien hier onder.

55 1957 2 SA 256 (A).

56 263H–264B.

57 Ibid.

58 265A–C.

59 Ibid.

60 1963 1 SA 102 (A).

61 109E-G.

62 1975 3 SA 590 (A).

63 597A-B.

64 Sien Regal, Ewels en Loureiro.

65 Knobel (2008:1); Neethling en Potgieter (2015:129 e.v. asook vne. 6 en 7 en bronne aangehaal).

66 Bakkerud par. 9.

67 1994 4 SA 347 (A). Sien ook Neethling en Potgieter (2015:130–1 vn. 7).

68 364G.

69 2000 1 SA 827 (HHA).

70 Par. 19.

71 Eie kursivering.

72 (2010:123).

73 (2015:129).

74 (2015:80–7). Sien ook Scott (2018:925–6).

75 197.

76 2002 6 SA 431 (HHA).

77 Par. 12.

78 2006 1 SA 461 (HHA).

79 Par. 12.

80 Sien oor die algemeen Brand (2014:451).

81 2005 5 SA 490 (HHA).

82 Par. 14

83 Eie kursivering.

84 Par. 20.

85 2006 3 SA 138 (HHA) par. 10.

86 2010 6 SA 83 (HHA) par. 22.

87 2015 4 SA 574 (HHA) par. 19.

88 2018 2 SA 75 (HHA).

89 Par. 13.

90 Parr. 13, 14. Sien ook Neethling en Potgieter (2018:496); Scott (2018:906).

91 Par. 12.

92 Sien Neethling en Potgieter (2015:80 e.v.).

93 2006 1 SA 461 (HHA).

94 907.

95 Par. 12; eie kursivering.

96 (2005:109).

97 Par. 11.

98 2011 3 SA 274 (KH).

99 Par. 122; eie kursivering.

100 2014 3 SA (KH) 394 par. 53; eie kursivering.

101 2016 1 SA 325 (KH).

102 Par. 51; eie kursivering.

103 Loubser en Midgley (2017:178–80).

104 2015 3 SA 449 (HHA).

105 Par. 6. Sien Neethling (2015:810).

106 Ibid.

107 (403/2019) [2020] ZASCA 50 (6 May 2020).

108 2005 6 SA 419 (KH).

109 Par. 54.

110 Supra.

111 Par. 20; eie kursivering.

112 Knobel (2008:1–2).

113 Scott (2018:907).

114 Neethling en Potgieter (2015:81).

115 (2005:109).

116 Knobel (2008:9); Neethling en Potgieter (2015:81); Scott (2018:907).

117 Par. 3.2.1

118 Bakkerud par. 11.

119 Hier bo.

120 Hier bo par. 5 e.v. Die posisie aangaande wetgewing wat munisipaliteite reguleer, het intussen verander en dit plaas nou ’n verpligting op munisipaliteite om infrastruktuur te onderhou. Die onderhoudspligte wat uit die wetgewing voortspruit, word in par. 4 bespreek.

121 Bakkerud par. 9.

122 Telematrix.

123 Boshoff; Two Oceans Aquarium Trust; Hawekwa.

124 Par. 22.

125 2008 6 SA 1 (HHA).

126 2018 1 SA 189 (HHA) par. 16.

127 Two Oceans Aquarium Trust par. 10, aangehaal in McIntosh par. 11.

128 Ibid.

129 Ibid.

130 Van Vuuren v Ethekwini Municipality (7099/2012) [2016] ZAKZDHC 8 (19 February 2016) par. 29, aangehaal in par. 6.

131 Sien hier bo par. 3.2.

132 Par. 20.

133 (2015:67).

134 Ibid.

135 Par. 10.

136 2016 3 SA 528 (KH).

137 Par. 1.

138 Par. 20; eie kursivering.

139 Par. 21.

140 Par. 22.

141 Par. 25.

142 Par. 27.

143 Par. 28.

144 Ibid; eie kursivering.

145 Par. 52.

146 2010 4 SA 55 (KH).

147 Sien par. 4.3.

148 Grondwet art. 40(1).

149 Grondwet art. 151(1).

150 Grondwet art. 151(2).

151 Grondwet art. 151(3).

152 Republiek van Suid-Afrika. Departement van Provinsiale en Plaaslike Regering (DPLG) (2009).

153 DPLG. 3.

154 Grondwet art. 152.

155 Grondwet art. 195.

156 Grondwet art. 152(1)(b).

157 Universiteit Stellenbosch. Nuusargief (2013).

158 Grondwet art. 153(a).

159 Grondwet art. 156(2).

160 Par. 105.

161 Republiek van Suid-Afrika. 1998. Witskrif op Plaaslike Regering. Gepubliseer onder N423 in SK 18739 van 13 Maart 1998. Afdeling B par 2.1.

162 Stelselswet art. 1(1).

163 Plaaslike Regering: Wet op Munisipale Finansiële Bestuur (Joseph) 56 van 2003 art. 14(1).

164 Sien bespreking in par 2.3 hier bo.

165 Steytler en De Visser (2007:9-7).

166 2005 1 SA 530 (KH).

167 Die reg op toegang tot kos en water.

168 Die doelwitte van plaaslike regering.

169 Ontwikkelingspligte van munisipaliteite.

170 Munisipaliteite se algemene verpligtinge t.o.v. dienste.

171 Bekink (2006:289).

172 Plaaslike Regering: Wet op Munisipale Strukture (Strukturewet) 117 van 1998.

173 56 van 2003.

174 Plaaslike Regering: Munisipale Afbakeningswet (Munisipale Afbakeningswet) 27 van 1998.

175 Plaaslike Regering: Wet op Eiendomsbelasting 6 van 2004.

176 Wet op Tradisionele Leierskap en Regering 41 van 2003.

177 Wet op Interowerheidsverhoudinge 13 van 2005.

178 Grondwet art. 152.

179 Grondwet art. 12.

180 Steytler en De Visser (2007:9-5).

181 Beck v Kopanong Local Municipality saak no. 3772/2002 ongerapporteer (Oranje-Vrystaat) soos aangehaal in Steytler en De Visser (2007:9–5).

182 Craythorne (1997:391).

183 2010 4 SA 55 (KH).

184 Stelselswet.

185 Joseph parr. 35–40.

186 Behuisingswet 107 van 1997.

187 Par. 24.

188 Pieterse (2014:166).

189 Grondwet art. 195.

190 Par. 43.

191 Steytler en De Visser (2007:9–5).

192 Stelselswet art. 75A.

193 Grondwet art. 154(2).

194 Grondwet art. 155(6)(a).

195 Grondwet art. 139.

196 Grondwet art. 139(1).

197 MFMA art. 139.

198 Hier bo.

199 Par. 24.

200 Stelselswet art. 1.

201 Bekink( 2006:289 vn. 28).

202 Wet op Waterdienste 108 van 1998.

203 Wet op Waterdienste art. 2.

204 Eie kursivering.

205 Bekink (2005:289 vn. 28); MFMA.

206 Parlement van Suid-Afrika: Samewerkende Regering en Tradisionele Aangeleenthede. 28 Junie 2017. Ouditverslag vir Plaaslike Regering 2015/16: Voorlegging van die Ouditeur-Generaal.

207 OR Tambo Distrik (Oos-Kaap); Nelson Mandela Baai Metropolitaanse Munisipaliteit (Oos-Kaap); Ngaka Modiri Molema Distrik (Noordwes); Mbombela (Mpumalanga); Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit (Gauteng).

208 Ouditeur-Generaal (2017).

209 Ouditeur-Generaal (2017:4).

210 Gous (2018).

211 De Wet (2019).

212 ENCA (2018). https://www.enca.com/news/60-sa-roads-are-poor-condition-report (10 April 2019 geraadpleeg).

213 Smith (2018:12).

214 Ouditeur-Generaal (2017:2).

215 Ouditeur-Generaal (2017:4.

216 Ouditeur-Generaal (2017:9).

217 Ouditeur-Generaal (2017:10).

218 Ibid.

219 Bakkerud par. 5; Mkontwana par. 105.

220 [2019] ZASCA 38 (29 March 2019) par. 51.

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Deliktuele aanspreeklikheid van plaaslike owerhede vir die versuim om infrastruktuur te onderhou  appeared first on LitNet.

Delictual liability of local authorities for failure to maintain infrastructure

$
0
0

Abstract

The global population is becoming more and more urbanised. South Africa is no exception to this phenomenon. The pressure resulting from the influx into towns is exacerbated by aging infrastructure. At the same time there is a constitutional duty to deliver services and to take legislative steps to give effect to the rights contained in the Bill of Rights. This has had the result that there are two forces of simultaneous pressure on municipalities, namely the delivery of services with regard to the establishment of new infrastructure and the maintenance of existing infrastructure.

Delictual claims against municipalities as a result of failure to maintain infrastructure are not a new phenomenon. Over the past century the test for wrongful omissions has seen much development, often in the context of municipalities, and specifically the failure to maintain infrastructure.

The question raised in this article is whether this development has kept up with the constitutional imperative to develop the common law to promote the “spirit, object and purport” of the Bill of Rights. Apart from the constitutional imperative to develop the common law, the Constitution, as well as legislation, impose a duty on municipalities to provide basic services. The development of liability for omissions is discussed against the background of municipal legislation as well as the Constitution.

Initially “prior conduct” was a requirement for liability for omissions to ensue, but this requirement as a necessary condition for liability for an omission was unequivocally abolished in Minister van Polisie v Ewels 1975 (3) SA 590 (A). Instead, the question which had to be asked was whether, in the light of the legal convictions of the community, there was a legal duty upon the defendant to prevent harm. In Cape Town Municipality v Bakkerud 2000 3 SA 1049 (SCA) the test was confirmed to be applicable to municipalities by the Supreme Court of Appeal.

Since the decision in Bakkerud the test for wrongfulness of omissions has undergone further changes. In a number of decisions the conceptual order of wrongfulness and negligence was changed and the question regarding the wrongfulness of omissions was formulated in such a way as to assume negligence when testing for wrongfulness, such as, for example, in Minister of Safety and Security v Van Duivenboden 2002 6 SA 431 (SCA). In 2006 the test for wrongfulness was reformulated in the case of Telematrix (Pty) Ltd t/a Matrix Vehicle Tracking v Advertising Standards Authority SA 2006 1 SA 461 (SCA). In terms of the new test the question was whether it was reasonable under the circumstances to hold the defendant liable. Despite criticism levelled against this test, the courts continued to apply this test, inter alia in cases such as Trustees, Two Oceans Aquarium Trust and very recently in Minister of Police v K (case no. 403/2019) [2020] ZASCA 50 (6 May 2020). The test has also been applied in the context of municipality cases such as Van Vuuren v eThekwini Municipality 2018 1 SA 189 (SCA).

When deciding whether or not government institutions have a legal duty to prevent harm, legislative provisions have, according to Neethling en Potgieter (2015:66–9), to be taken into consideration. A legislative provision in itself is not enough to give effect to a legal duty. It is necessary to look at a multiplicity of factors to establish whether or not there is a legal duty to prevent harm. This was echoed in McIntosh v Premier of the Province of KwaZulu-Natal 2008 6 SA 1 (SCA). In Mashongwa v PRASA 2016 3 SA 528 (CC) the Constitutional Court held that wrongfulness does not flow directly from the infringement of a public law duty, but that the breach of the duty is a factor underlying the development of the private law in recognising a new form of wrongfulness.

The Constitution provides that government in South Africa consists of three interrelated spheres, namely national, provincial and local. The local sphere consists of municipalities that have to be established for the entire country and the executive and legislative powers of a municipality are vested in the municipal council. Municipalities are the owners of infrastructure, such as roads, public amenities, sewage and water and sanitation systems. Infrastructure is regarded as the cornerstone of social upliftment, public health and safety and is regarded as indispensable for economic development through the establishment of properly serviced premises.

The Constitution, according to Bekink (2006:289), creates a broad framework in which specific services that have to be delivered by municipalities, as well as the necessary infrastructure, have to be identified. The legislature is responsible for providing the detail in terms of which these matters are to be governed. Some of the most important laws include the Municipal Systems Act 32 of 2000, the Local Government: Municipal Structures Act 117 of 1998 and Local Government: Municipal Finance Management Act 56 of 2003. All these statutes have as their goal service delivery and development, or the support thereof.

Where failure to deliver a service results in danger, there is a legal duty to prevent harm. Failure to comply with this legal duty can give rise to delictual liability, as was seen in Van Vuuren, where the municipality had failed to provide for supervision at the municipal swimming pool.

The failure of local authorities to hold their officials and politicians accountable has resulted in municipalities not being able to reach their constitutional goals. This in turn has a negative impact on the quality of life of communities. There are two areas in particular where the impact is felt the most, namely the financial well-being of municipalities and the ability to create and maintain infrastructure.

The provisions of sections 1, 2, 8(1) and 39(2) of the Constitution confirm that the law of delict is subordinate to the Constitution. The courts developed general principles of the law of delict in cases such as Carmichele v Minister of Safety and Security 2001 4 SA 938 (CC) to give effect to section 39(2), but the development has not extended to the municipality cases. Apart from the application of section 28 in the Van Vuuren case, the courts have been paying lip service to the Constitution.

Keywords: delictual liability; duty to maintain; local government; municipalities; omissions; services

Lees die volledige artikel in Afrikaans

Deliktuele aanspreeklikheid van plaaslike owerhede vir die versuim om infrastruktuur te onderhou 

The post Delictual liability of local authorities for failure to maintain infrastructure appeared first on LitNet.

Tweede oproep: 2020 Studentesimposium vir die Sosiale en Geesteswetenskappe

$
0
0

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) bied op Vrydag 16 Oktober 2020 met trots die derde Studentesimposium vir die Sosiale en Geesteswetenskappe aan. Nagraadse studente van regoor Suid-Afrika word genooi om hul navorsingswerk in Afrikaans in die vorm van ʼn referaat of plakkaat by die simposium aan te bied.

Die sluitingsdatum vir aansoeke is Maandag, 14 September 2020. Vind die referaat formaat vir jou aansoek en die aansoek brief op die simposium se webtuiste.

Die Akademie bring vanjaar Jakarandastad-gasvryheid na die huis van elke simposiumganger. Die 2020-simposium sal aanlyn aangebied word. Zoom, ʼn aanlyn videotoepassing, sal ingespan word om virtuele simposiumlokale te skep en deelnemers sal hul referaat per video vir die gehoor lewer. Die gehoor kan ná afloop van die referaat vrae stel deur hul virtuele hand op te steek of die vrae in die gesprekshoekie op skrif te stel.

Die simposium onderskraag die oogmerke van die SAAWK deur denkleiers aan te moedig om hul bevindinge in die sosiale en geesteswetenskappe in Afrikaans met ʼn breër gehoor te deel.

Die SAAWK moedig studente wat hul navorsing in Afrikaans doen aan om voorleggings te doen. Studente wat hul navorsing in ander tale onderneem, word ook aangemoedig om hul bevindinge te vertaal vir ʼn referaat aangebied in Afrikaans. Op hierdie manier groei Afrikaans as vaktaal ook deur menige nuutskepping in die veld van sosiale en geesteswetenskappe.

Besoek die webtuiste om aansoek te doen om navorsing aan te bied, die simposium by te woon of te borg.

Tree per e-pos met die organiseerders in verbinding by: kontak@studentesimposium.co.za.

The post Tweede oproep: 2020 Studentesimposium vir die Sosiale en Geesteswetenskappe appeared first on LitNet.

Trevor Manuel het deel aan "die byna drie dekades van ANC-bewind wat vermors is"

$
0
0

Jason Lloyd (foto: verskaf)

Oudminister Trevor Manuel het homself sedert hy die politieke landskap as politikus, parlementslid en kabinetsminister na die 2014-verkiesing verlaat het, deurlopend en suksesvol omskep in ʼn sosiale stem van rede wat nie skroom om sy geliefde ANC en die regering vir hul vergrype in die openbaar te kritiseer nie. Met sy kritiek – wat dikwels afgerond is met konstruktiewe advies oor hoe om ons landsprobleme aan te pak en op te los – het hy tot ʼn groot mate weer sy aktivistiese stem teruggekry wat hy van 1981 ingespan het om die apartheidsregering aan te vat.

Manuel het in 1981 op die openbare toneel as algemene sekretaris van die destydse Cape Areas Housing Action Committee verskyn. Met die stigting van die United Democratic Front (UDF) in 1983 het hy op dié organisasie se nasionale uitvoerende komitee (NUK) gedien.

Tussen 1985 en 1989 is Manuel as anti-apartheidsaktivis onder meer deur die polisie verban en herhaaldelik in die tronk gestop. Na die 1994-verkiesing het hy eers as minister van handel en nywerheid en van 1996 as minister van finansies vir 13 jaar onder oudpresidente Nelson Mandela en Thabo Mbeki gedien. Tussen 2009 en 2014 het hy as minister in die presidensie verantwoordelik vir die nasionale beplanningskommissie in oudpres Jacob Zuma se kabinet gedien.

In 2011 het Manuel, toe nog beplanningsminister en ANC-NUK-lid, die nuus gehaal toe hy in ʼn openbare brief vir Jimmy “Mzwanele” Manyi skerp gekritiseer het en hom onder meer beskuldig het van “the worst order of racism”.

Dit het gevolg nadat Manyi as direkteur-generaal van arbeid beledigende en afbrekende aanmerkings oor bruin mense gemaak het. Manyi, deesdae beleidshoof van die African Transformation Movement (ATM) en ʼn voormalige uitvoerende hoof van die regering se kommunikasiediens (GCIS), het onder meer gesê daar is ʼn oorkonsentrasie van bruin mense in die Wes-Kaap, daarom moet hulle landwyd uitsprei vir beter werkgeleenthede.

In Mei vanjaar het Manuel in ʼn meningstuk in die Sondagkoerant City Press die regering skerp gekritiseer oor die hardhandige handhawing van hul drakoniese inperkingsreëls.

Dit het gevolg op die weermag se wreedagtige moord op Collins Khoza (40) van Alexandria buite Johannesburg omdat hy op sy werf gedrink het (wat heel wettig was). Manuel het ʼn beroep gedoen op Suid-Afrikaners om nie toe te laat dat hul vryhede tydens die nasionale inperking weggeneem word nie.

Hy het gesê die Grondwet is nie opgeskort tydens die inperking nie. Mense moet dus nie toelaat dat hul grondwetlik verskanste regte weggeneem word nie.

Manuel het ook gesê die staat van inperking word nie net irrasioneel toegepas nie. Hy het gesê die regering maak hierdeur die deur oop vir “staatsgreepagtige” gedrag deur die weermag. Met verwysing na Khoza se dood het hy gesê nêrens onder apartheid se noodregulasies sou hulle daardie soort dinge verdra het nie. Die fokus behoort te wees op gesondheid, nie om te kyk hoe sterk die polisie of weermag is nie.

In Augustus het Manuel weer die nuus gehaal toe hy gesê het die minister van finansies, Tito Mboweni, kan meer doen om die plundering van COVID-19-hulpfondse stop te sit.

Dit volg nadat Mboweni in ʼn reeks twiets gesê het daar moet op die strengste manier moontlik opgetree word teen “gewetenlose diewe” wat COVID-19-hulpfondse plunder. Manuel het onder meer gesê Mboweni kan meer doen, omdat hy die nodige wetgewing – soos die Fica-wet – tot sy beskikking het.

Manuel het hom onlangs die gramskap van die ANC op die hals gehaal toe hy op ʼn webinaar gesê het die afgelope drie dekades van ANC-bewind was “vermorste” jare.

Hy het gesê “die groot uitdaging waarmee ons in Suid-Afrika te doen het, is wat ons nou te doen staan met amper drie dekades wat vermors is”.

Die webinaar, wat deur die Katolieke parlementêre skakelkantoor (CPLO) en die Hanns Seidel-stigting aangebied is, het gehandel oor die vraag of ʼn sosialistiese markekonomie in Suid-Afrika kan werk.

Pule Mabe, die ANC-woordvoerder, het in ʼn sterk-bewoorde verklaring Manuel gerepudieer deur te sê daar is geen gronde om so ʼn “verdoemende beeld aan die land, die media en die buitewêreld” uit te dra nie.

Manuel het later in ʼn verklaring gesê hy betwis nie dat hy reg aangehaal is nie, maar hy het ʼn probleem met die opskrif van die berig: “Manuel: ‘What do we do now, with almost three decades that were wasted’?”

Om sy punt te staaf dat sy uitlating uit verband geruk word, het Manuel daarop gewys dat hy op dieselfde webinaar gesê het dat daar beduiende ekonomiese groei tussen 2000 en 2007 gedurende die termyn van oudpres Thabo Mbeki was.

“Ek het ook gesê dat dit na 1994 ʼn paar jaar geneem het om die regeringstelsels in te stel. Ek het my beskouing oorgedra dat dit die Zuma-jare was wat vir Suid-Afrika ʼn dekade van agteruitgang was.”

Manuel moet onthou dat sy latere verklaring, waarin hy kla oor die opskrif van die berig, nie sy woorde dat die afgelope drie dekades van ANC-bewind “vermors” is, verander of ongeldig verklaar nie.

Trouens, Manuel is reg, want die ANC se makro-ekonomiese filosofie sedert 1994 is ʼn totale mislukking. Dit het die slagoffers van kolonialisme en apartheid nog armer gemaak en die begunstigdes daarvan se rykdom die afgelope 20 jaar laat verdriedubbel.

Manuel se enigste flater was om nie te noem dat hy ʼn medepligtige is wat meegehelp het in die vermorsing van die afgelope byna drie dekades van ANC-bewind nie.

Manuel is reg wanneer hy sê dat ons beduidende ekonomiese groei tussen 2000 en 2007 gedurende die termyn van Mbeki gehad het. Trouens, tussen 2003 en 2008 het die ekonomie elke jaar ʼn surplusgroei van 5% getoon.

Ons skuldvlakke was laag, maar die groot vraag is, wat het Manuel as minister van finansies met die surplusse gedoen om die sosiaal-ekonomiese ongelykheid in die land aan te spreek? Manuel en sy party het min of absoluut niks gedoen nie.

Die weiering van die ANC om werklike hulp te verskaf aan arm en minderbevoorregte mense wat verneder en ekonomies platgeslaan is deur kolonialisme en apartheid, het in 1996 begin toe dié organisasie sy rug op die progressiewe Heropbou-en-ontwikkelingsprogram (HOP) gekeer het en dit met die konserwatiewe GEAR (Growth, Employment and Redistribution) vervang het.

Dit was die begin van die ANC se verwoestende neoliberale ekonomiese beleid wat vandag nog ʼn nadelige uitwerking op die slagoffers van kolonialisme en apartheid het.

GEAR, oftewel fiskale konserwatisme, is veral deur Mbeki, die leier van die exilers met ʼn sterk Europese ingesteldheid, gedryf. Manuel (as minister van finansies) en Mboweni (as president van die Reserwe Bank) was Mbeki se vernaamste bondgenote. Mbeki se Europese ingesteldheid moet verstaan word teen die agtergrond daarvan dat hy beide sy voorgraadse (BA, 1965) en nagraadse (MA, 1968) studie in ekonomie en ontwikkeling aan die Universiteit van Sussex in Engeland voltooi het.

Sy ontoegeefliklike verhouding met die radikale vakbonde en die ANC-jeugliga wat tot sy onseremoniële ontslag as ANC-president by dié organisasie se nasionale konferensie in Polokwane in 2007 gelei het, kan ook teen dié Europese ingesteldheid beoordeel word.

Teen die einde van die 1990’s het die ANC-regering met Manuel as minister van finansies en Mandela as president duidelik gewys waar hulle begrotingsprioriteite lê toe hulle gesamentlik minder vir onderwys en gesondheid as vir verdediging begroot het. Hier onder is ʼn verkorte weergawe van die regering se nasionale begroting vir onderskeidelik 1999 en 1998:

Portefeulje

1999

1998

Landbou

R 718 854 000

R 720 918 000

Korrektiewe Dienste

R 4 345 495 000

R 4 651 245 000

Verdediging

R 9 721 173 000

R 10 878 241 000

Onderwys

R 6 495 650 000

R 5 123 875 000

Gesondheid

R 5 446 060 000

R 5 702 978 000

Salarisverhogings (staatsdiens)

R 3 375 000 000

R 2 850 000 000

Menseregtekommissie

R 13 233 000

R 12 568 000

Kommissie vir Geslagsgelykheid

R 10 244 000

R10 108 000

 

In 1998 het die nasionale tesourie R10 878 241 000 vir verdediging begroot, wat meer was as die R10 826 853 000 wat vir onderwys en gesondheid gesamentlik begroot is. In 1999 het die regering se prioriteite ten spyte van die sosiaal-ekonomiese ongelykhede in die land duidelik gewys hulle prioritiseer verdediging bo alles met die grootste begrotingtoedeling van R9 721 173 000 van al die portefeuljes.

Dié astronomiese bedrae is begroot vir die Departement van Verdediging terwyl die land op daardie stadium onder geen gevaar vir ʼn oorlogsaanval was nie, wys duidelik hoe die ANC-regering onder Mandela en Manuel hul morele kompas verloor het, want dit was die teelaarde vir die omstrede wapenskandaal.

Die Strategiese Verdedigingspakket, of die Strategiese Verdedigingsverkryging, algemeen bekend as die wapenskandaal, was ʼn Suid-Afrikaanse militêre verkrygingsprogram. Dit het die ANC-regering in 1999 R30 miljard (na finansiersingskoste waarskynlik nader aan R70 miljard) uit die sak gejaag.

Gesofistikeerde wapentuig soos fregatte, vegvliegtuie, duikbote en helikopters wat in pakhuise opgehoop staan en nie gebruik word nie, is ten duurste aangekoop. In 2008 is die SAS Queen Modjadji uit Duitsland by Simonstad in ontvangs geneem. Dit was die jongste van die duikbote uit Duitsland wat deur Suid-Afrika aangekoop is terwyl die land nie voldoende opgeleide personeel het om die boot effektief te benut nie.

Die antikorrupsie-aktivis Terry Crawford-Browne het toe gesê dat daar net een oplossing is om die aangeleentheid reg te stel, en dit is om die kontrak te kanselleer, die goedere terug te stuur, en die enorme bedrae terug te vorder.

Crawford-Browne, wat vir twee dekades vir reg en geregtigheid veg oor die bedrog in die wapentransaksies, het gesê die regering moet alle uitstaande bestellings onverwyld kanselleer van wapentuig wat bestel is volgens kontrakte, en enige betalings daarop terugeis.

Die donkerte as gevolg van beurtkrag waaronder Suid-Afrikaners van tyd tot tyd gehul word, moet ook tot ʼn sekere mate op Manuel se brood gesmeer word. Hy het as minister van finansies destyds geweier om meer geld aan Eskom vir instandhouding en nuwe kragstasies toe te ken.

Die begrotingsurplusse van dié ekonomiese bloeitydperk tussen 2000 en 2007 waarna Manuel verwys het, het ons wel goed voorberei op en beskerm teen die wêreldwye ekonomiese inploffing van 2008 wat gevolg het na die ineenstorting van die beleggingsfirma Lehman Brothers in die VSA.

Manuel was egter te konserwatief (of miskien is suinig die regte woord) om die lewensomstandighede van arm Suid-Afrikaners te verander. Die genoemde begrotingsurplusse is nooit vir infrastruktuurontwikkelingsprojekte of gratis tersiêre onderrig (soos in die vorm van die huidige NSFAS) gebruik nie, maar liewer vermors op die Uitgebreide Openbare Werke-program (UOWP) wat in 2004 in die lewe geroep is.

Die UOWP was bedoel as ʼn ingrypingsprogram om massiewe ongeskoolde en arbeidsintensiewe-werk-geleenthede te skep, maar kon min of geensins geskoolde werkgeleenthede vir ʼn moderne ekonomie skep nie. Dit is reeds hier waar die probleem lê, omdat die UOWP geensins aan die uitdagings en vereistes van globalisering en die vierde nywerheidsrevolusie voldoen nie.

Die globale moderne ekonomie vereis geskoolde arbeid. Ons ongeskoolde arbeid hier in Suid-Afrika kan ongelukkig nie internasionaal meeding nie.

Verder is die begrotingsurplusse tussen 2003 en 2008 nooit gebruik om die lewensgehalte van die armes te verbeter, soos om ʼn universele inkomstetoelaag en ʼn nasionale gesondheidsversekering (NGV) in te stel nie.

Soos Suid-Afrika in die 2000’s ryker geword het, het die regering veral na die wêreldwye ekonomiese inploffing van 2008 beleggings in munisipale infrastruktuur verdubbel. Met ander woorde in ʼn bodemlose put gegooi, tot so mate dat ons skuldvlakke tot 52% van die Bruto Binnelandse Produk (BBP) gespring het.

Dié onbedoelde gevolge van verhoogde investering in munisipale infrastruktuur kon verhoed gewees het as kundiges soos ingenieurs, argitekte, stadsbeplanners en projekbestuurders eers aangestel was om te verseker die nodige kundigheid is daar. Meer moes ook gedoen gewees het om korrupsie op munisipale vlak te bekamp.

Die ander probleem was die uitbreiding van die salarisrekening op al drie regeringsvlakke. Die bedoeling kort na die 2008 wêreldwye ekonomiese krisis was vir die staat om werk te skep vir diegene wat hul werk verloor het, maar dit moes net vir ʼn bepaalde tydperk gegeld het. Op lang termyn was dit nie volhoubaar nie en nou sit ons met ʼn massiewe probleem van ʼn te groot salarisrekening van staatsamptenare wat die land in ʼn geldkrisis en ook arbeidsontrus kan dompel.

Ook het Pravin Gordhan, wat in 2009 minister van finansies onder Jacob Zuma geword het, begin om groot bedrae geld op Eskom en SAL te bestee. Volgens kommentators is Gordhan se spandabelrigheid in ooreenstemming met sy ideologiese uitgangspunt dat ʼn regering alle probleme moet oplos deur te spandeer. As dit so is, dan moet ons seker verstaan hoekom SAL na COVID-19 gaan voortbestaan onder Gordhan as minister van openbare ondernemings.

Die ANC se ander twee makro-ekonomiesebeleidstukke, naamlik ASGISA (Bespoedigde en Gedeelde Groei-inisiatief vir Suid-Afrika) en die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) was en is ook ʼn mislukking. Oor die NOP het Mbeki op ʼn keer aan die hand gedoen dat dit nie eintlik ʼn plan is soos dit veronderstel is om te wees nie, maar eerder ʼn visie sonder ‘n implementeringsplan.

Dit is seker hoekom hoofstuk 13 van die NOP wat handel oor “building a capable and developmental state” nooit deur staatsdepartemente op al drie regeringsvlakke implementeer word nie.

Die waarheid is dat die huidige ekonomiese trajek waarop ons is, ons moontlik oor die afgrond kan druk waaronder die arm en honger mense die ergste gaan ly.

Manuel se openbare rol as kritiese sosiale kommentator word waardeer, maar die oomblik het aangebreek dat hy openhartig moet erken dat hy net soos die ANC verantwoordelik is vir die afgelope drie dekades van ANC-bewind wat “vermors” is.

Bronne

 Kotzé, D. Politics and Public Policy. University of South Africa: Pretoria, Revised Edition 2003. (Study Guide PLC202V)

The post Trevor Manuel het deel aan "die byna drie dekades van ANC-bewind wat vermors is" appeared first on LitNet.


Persvrystelling: Ekstra medium – welkom by Bertie se plek!

$
0
0

’n Man wat ’n wielietjietas deur ’n verlate veld in die industriële gebied sleep, is nie ’n tipiese opening vir ’n televisiereeks nie. Dat hy boonop ’n discobal onder die arm dra, is egter die eerste wenk dat jy nou in Beer Adriaanse en Retief Scholtz se wêreld is. En die klimaat daar lyk matig, of soos hulle dit noem, “Ekstra medium”.

“Bertie Heyns is ’n ongepoetste diamant en aan die verkeerde kant van dertig,” verduidelik Retief, wat ook op reekse soos Alles Malan en Dwaalster geskryf het. Hy moet darem nou al ’n grootmens wees volgens die samelewing se reëls. Maar die mat word behoorlik onder Bertie uitgeruk en hy sit skielik met niks. Ons loop saam met Bertie in die hoofpad af en sien hoe hy by sy suster, Sophia, en haar aweregse gesin aanklop om op hulle bank te slaap. Jou suster se familiebank is immers ’n goeie plek om jou nuwe lewe af te skop. Maar in plaas van ’n nuwe opwindende begin, ervaar Bertie uiterse angs en begin sy verlede skielik op tasbare maniere met sy hede gesels.

Ekstra medium is ’n ligte drama, ’n redelike nuwe genre waar die lig en donker van die lewe mekaar deeglik omarm en dieper temas deur humor sowel as drama ontgin word.

“Ons het oorweeg om dit eerder ’n swaar komedie te noem,” spot Beer, wat ook die regie behartig. Die idee vir die reeks het glo drie jaar gelede ontvlam toe ’n spul skrywers in Kaapstad gespot het oor die hartseerste kroeg wat hulle al ooit gesien het en hoe dit ’n goeie konsep vir ’n reeks kan wees.

In die eerste episode van die reeks van dertien, leer ons Bertie en sy lewenskrisis ken, maar ook natuurlik sy suster en haar familie, wat hy by sy planne betrek. Die reeks verken familie-temas vanuit alle kante en vanaf verskeie ouderdomme. Die jongste karakter is agt, terwyl die oudste al in die sewentig is. En soos in die regte lewe, weet mens nie aldag wie meer volwasse is nie.

“Bertie spandeer sy laaste spaargeld om ’n gebou met nostalgiese waarde te koop, en die halfgebakte plan om dit in ’n cocktail kroeg te omskep. Wie was nog nie daar nie?” lag Beer. “Ons het van die begin af geweet dit moet 'n karaktergedrewe storie wees, en ons rolverdeling het ons wildste verwagtinge oortref toe hulle lewe in ons ongewone en onvoorspelbare karakters kom blaas het.”

Ekstra medium is ’n vreemde seisoen in ’n gewone ou se lewe en, anders as ons hedendaagse wêreld, gebeur niks in isolasie nie. Voor Bertie sy oë kan uitvee is hy en sy perseel omring met ’n spul kleurvolle karakters wat meer opwinding verskaf as verwag. Een ou se behoefte aan ’n ordentlike cocktail ontwikkel uiteindelik in ’n gemeenskap se buitengewoon sinkroniese bestaan.

“Dis ’n verhaal vir ons tyd, want dit handel oor verwagtinge, drome en die lewe wat jou altyd een voor is,” vertel Retief. “Bertie dink hy is op soek na een ding, maar wat hy ontdek is baie meer.”  

Die rol van Bertie word deur Wilhelm van der Walt gespeel en dié van sy suster Sophia deur Cintaine Schutte. Ander spelers sluit in Marvin-Lee Beukes, Llandi Beeslaar, Gerben Kamper, Dean Balie, Mila Guy, Amalia Uys en June van Merch.

  • Ekstra medium begin op 22 September om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).

............

Ekstra medium – welcome at Bertie’s place!

A man dragging a suitcase on wheels through an industrial area – not exactly the typical first scene for a TV show. But the fact he is carrying a disco ball under his arm is the first clue that you are in the hands of Retief Scholtz and Beer Adriaanse.

“Bertie Heyns is an unpolished diamond on the wrong side of 30,” Retief explains, who was part of the writing team for series, such as Alles Malan and Dwaalster. “He is supposed to be a grownup according to society’s rules. But he takes a huge knock and suddenly he is left with nothing except his disco ball that used to hang in his man cave. He ends up sleeping on his sister’s couch and we see how he makes impulsive decisions, but also how he meets unique people on his search for the truth. What he thinks he is looking for, is not what he finds. What he eventually finds, is much more.”

Ekstra medium is a light drama – a new genre where the lightness and darkness of life walk hand in hand and deeper themes are delft into by using humour and drama.

“We considered calling it a heavy comedy,” Beer says.

The idea for the series came about three years ago when a group of writers joked about the saddest bar they’ve ever seen and how it would be a great concept for a series.

In the first episode of the series, viewers not only get to know Bertie and his life crisis, but also his sister and her family, who he includes in his plans. The series explores family themes from all sides, as well as from different ages. The youngest character is eight and the oldest in his seventies. And, as is sometimes the case in real life, one doesn’t always know who the adult is.

“Bertie spends his last few pennies buying a building which holds nostalgic value to him and turns it into a cocktail bar,” Beer says. “We new from the start this must be a character driven story. The cast exceeded our wildest expectations by adding life to our characters.”

Ekstra medium is a moment in time in an average man’s life. Bertie is not somebody that will make the front pages because of his exciting life, but if you look closer, you will realise that the ordinary is sometimes more exciting than you think. Ekstra medium is one man’s search for the perfect cocktail and a life that is at once exciting, colourful and extra medium.

The role of Bertie is played by Wilhelm van der Walt and his sister, Sophia, by Cintaine Schutte. Others in the cast include Marvin-Lee Beukes, Llandi Beeslaar, Gerben Kamper, Dean Balie, Mila Guy, Amalia Uys and June van Merch. The director is Beer Adriaanse.

  • Ekstra medium starts on 22 September at 20:00 on kykNET (DStv channel 144).

The post Persvrystelling: <i>Ekstra medium</i> – welkom by Bertie se plek! appeared first on LitNet.

Elsa Joubert-herdenkingsgeleentheid: Nicolas Steytler se bydrae

$
0
0

Die geliefde skrywer Elsa Joubert (gebore 19 Oktober 1922) is op Sondag 14 Junie 2020 aan COVID-19 in ’n Mediclinic-hospitaal in Kaapstad oorlede. Sy was 97 jaar oud.

Haar herdenkingsgeleentheid is op Saterdag 4 Julie 2020 aanlyn aangebied. Volg die skakel om na die geleentheid te kyk: https://vimeo.com/435700573/5fa4f63659. LitNet publiseer hiermee sommige van die huldeblyke, wat elk uit eie reg ’n soort tydsdokument is.

Hier onder is Nicolas Steytler se bydrae by die herdenkingsgeleentheid.

Elke keer wat ek by my Ouma gaan kuier het, het ek soos wat ek Berghof verlaat het, ligvoetig gevoel, met my gemoedstoestand in ’n beter plek.

Ouma het die vermoë gehad om mens ongelooflik spesiaal te laat voel. Die gevoel dat sy net bly was om vir jou te sien en dat daar niemand anders was met wie sy die tyd liewer sou saam deurbring nie.

Sy sou altyd koekies en tee aanbied en afhangende van hoe laat dit was, whiskey. ’n Aanbod van rugsalf sou gewoonlik volg, want ek en Ouma kon lank gesels oor rugpyn.

Dis maklik om te sê dat Ouma so spesiaal was oor die dinge wat sy gesê het en die dinge wat sy geskryf het, maar wat vir my uitgestaan het, was haar luistervermoë. Niks was oninteressant nie. Sy wou als weet. Sy wou weet wat in jou lewe aangaan. Sy sou luister en sy sou onthou. En so het sy my spesiaal laat voel.

Die jare wat ek vir Ouma geken het, was seker die moeilikste van haar lewe. Sonder Oupa, sonder ’n liggaam wat wil saamwerk en sonder vriende wat haar agterlaat.

Maar sy was nooit bitter nie en sy het die beste van ’n moeilike situasie gemaak.

Ek sou soms skaam kry as ek gaan kuier en ek sien my ouma wat meer produktief is op 97 as wat ek is op 25.

Ek het ’n paar jaar gelede ’n vak gedop van te veel speel en te min werk. Toe ek weer vir Ouma sien, sê sy vir my: “Nicolas, die lewe is nie daar om lekker te wees nie.” Die woorde het op daardie tyd baie krag gehad, maar nie meer nie, want ek glo haar nie. As ek by haar sit en sy knipoog vir my met ’n klein glimlag op haar gesig, dan vergeet mens dat sy jou ouma is en sien jy net ’n mens wat lief is vir die lewe en al die avonture wat dit behels.

Lees ook 

Elsa Joubert-herdenkingsgeleentheid: Nico Steytler se bydrae

Elsa Joubert-herdenkingsgeleentheid: Annari van der Merwe se bydrae

Elsa Joubert-herdenkingsgeleentheid: Ena Jansen se bydrae

Elsa Joubert-herdenkingsgeleentheid: Henriëtte Latsky se bydrae

Elsa Joubert-herdenkingsgeleentheid: Hein Willemse se bydrae

The post Elsa Joubert-herdenkingsgeleentheid: Nicolas Steytler se bydrae appeared first on LitNet.

LitNet Akademies-resensie-essay: Tweegevreet deur Zirk van den Berg

$
0
0

Tweegevreet
Zirk van den Berg
Kwela Boeke
ISBN: 978 0 7957 0962 2 

1. Agtergrond

Tweegevreet is die opvolg van Die vertes in (2018, Kwela Boeke) en vorm die tweede deel in ’n beoogde trilogie wat sentreer rondom die personasie Siegfried Block – ’n bleeksiel en ietwat onbeholpe voormalige soldaat wat na die Kaiserliche Landespolizei gesekondeer is en by ’n beskeie polisie-eenheid in die Hochnamib gestasioneer is. Die tydsplasing is koloniale Duits-Suidwes-Afrika in die vroeë 1900’s tydens die Herero-oorlog wat van 1904 tot 1907 geduur het.

Dit is Van den Berg se sesde volwaardige roman sedert Wydsbeen (1992, Tafelberg Uitgewers), ná sy debuut in 1989 met ’n opspraakwekkende bundel kortverhale, Ekstra dun vir meer gevoel (Tafelberg). In 2014 word die roman ’n Ander mens (2013, Kwela Boeke) bekroon met die kykNET-Rapport-prys in die rolprentkategorie. Die film is in 2019 vrygestel. In 2020 word die WA Hofmeyr-prys toegeken aan Van den Berg vir sy roman Ek wens, ek wens (2019, Kwela Boeke). Van den Berg is eweneens bekend vir sy vertaalde tekste, nie net van sy eie werk nie, maar ook van dié van gerekende skrywers soos Wilbur Smith en Phillip Kerr.

Van den Berg se skryfstyl is kenmerkend gestroop, sober en sonder tierlantyntjies. Die taalgebruik is ekonomies, met elke woordkeuse en frasering akkuraat binne sowel toon as konteks; ’n genuanseerde taalgebruik wat getuig van ’n deurleefde vakmanskap en met ’n besonderse vernuf om ’n teks veelvlakkig te konstrueer aan die hand van verskuiwende fokalisering.

In hierdie opsig is Tweegevreet geen uitsondering nie. Trouens, dit kan as hoogtepunt gereken word in ’n reeds indrukwekkende oeuvre.

Ter illustrasie kan die volgende drie passasies geneem word waarin veral die poëtiese beelding opvallend is:

  • Stempsky help om die lyk na die waskamer agter die huis te vat, waar hy dit oorhandig aan ’n stokou vroutjie wat volgens haar seun op voornaamterme met die dood is. Sy hou haar oë stip op die verskeurde lyk, praat onophoudelik in die taal wat die Namas en Damaras deel, hoewel die twee stamme baie verskil wat voorkoms en kultuur betref. Al wat Stempsky kan doen, is om hom te verwonder aan die klapgeluide, die musiek in haar stem soos dié van voëltjies wat nes maak. (21–2)
  • Die man by die toonbank draai stadig en moeisaam om, sodat dit Siegfried ’n rukkie vat om hom te herken. Herr Dehlinger se kop is wyer onder as bo, sy wange bult oor sy boordjie. Sy snor hang oor sy mond. Dehlinger stoot sy bors uit en laat sak sy ken. “Siegfried Bock,” sis hy. “Is jy nou nog onnosel ook, by alles anders? Ek het gedog jy het teen dié tyd die boodskap gekry om weg te bly van my dogter af.”

Hy pak sy berisping soos ’n ry bakstene uit, elke woord apart en hard en swaar.

“Ek bring maar net hierdie brief.” (65)

  • Nie Siegfried nie. Hy probeer, en kry dit nou en dan reg, maar die meeste van die tyd lê hy wakker met sy gedagtes wat soos palings in ’n emmer kronkel en rondglip. Daar is Traudl en die verbasende gebrek aan effek wat sy op hom gehad het, die einde van jare se drome – nou ontlok haar slanke nek en hartseer oë geen tere gevoelens meer in hom nie. Sy is soos droë papier, [...] (93)

2. Inleiding

Reeds sedert Wydsbeen, wat gesitueer is in 1739, toon Van den Berg ’n besonderse affiniteit met die historiese roman. Ook Halfpad een ding, en Tweegevreet se voorganger, Die vertes in, is binne ‘n historiese konteks geplaas.

Danksy die uitmuntende werk deur gerekende skrywers soos Dan Sleigh, Anna M Louw, Karel Schoeman en André P Brink is die historiese roman as literêre genre baie sterk gevestig in die Afrikaanse letterkunde. Voeg eietydse en bekroonde skrywers soos Marlene van Niekerk (Agaat, 2013, Tafelberg), Ingrid Winterbach (Niggie, 2002, Human & Rousseau) en Alexander Strachan (Brandwaterkom, 2015, Tafelberg) daarby, saam met die uitstekende werke van Jan van Tonder, Chanette Paul en Jeanette Ferreira, en mens besef dat die historiese roman as genre naas die misdaadroman waarskynlik die sterkste genre in die Afrikaanse lettere verteenwoordig. (Terloops, Afrikaanse lesers se aantoonbare voorkeur ten gunste van historiese tekste – gepaardgaande met die groot aantal memoires en egodokumente wat in afgelope jare in Afrikaans verskyn het – verdien om deeglik nagevors te word. Waarskynlik het dié tendens te make met identiteitsekerheid te midde van die onsekerhede van die hede.)

Nogtans verskil Van den Berg se hantering van historiese perspektief aansienlik van die bogenoemde skrywers s’n – veral ten opsigte van die onderhawige teks – omrede die historiese gegewe by hom nooit sentraal staan nie, maar gewoon die tydruimtelike raam vorm waarbinne bepaalde personasies figureer na gelang van die impak wat historiese gegewens op hul keuses en lotsbestemming het.

In haar bespreking van Dan Sleigh se bekroonde roman 1795 (2016, Tafelberg) omskryf Heilna du Plooy die historiese roman aan die hand van Cuddon en Van Gorp ea as “’n verhaal wat sy stof uit die geskiedenis put en wat teen ’n historiese agtergrond afspeel, maar daar word telkens duidelik bygevoeg dat die roman die historiese stof verbeeldingryk inklee en aanbied”.

Hiervolgens staan karakterisering sentraal te midde van die romangegewe en daarom gaan sy verder ter ondersteuning van dié siening: “Dit is veral wat karakterisering betref dat die skrywer vryer met die historiese gegewens kan omgaan omdat hy meestal sterker ingestel is op die individuele belewenis van die historiese gebeure as die politieke of staatkundige implikasies daarvan. Deur middel van die keuse van die vertelinstansie en vertelperspektief en ook die fokalisasie op verskillende vertelvlakke kan die skrywer in sy roman alternatiewe gesindhede oor die geskiedenis met groot oortuigingskrag uitbeeld.”

Hierdie uitspraak is nét sowel van toepassing op Tweegevreet. Trouens, tydens ’n onderhoud wat Melt Myburgh met Van den Berg gevoer het as deel van Graffiti-boeke se Aanlynkuiers (Dinsdag 11 Augustus) stel die skrywer dit duidelik dat hy plot as van sekondêre belang ag; vir hom gaan dit primêr daaroor om bepaalde personasies binne ’n tydruimtelike situasie te plaas waarbinne keuses gemaak en kousaliteit gevestig word na gelang van oorsaak en gevolg.

3. Parateks: die voor- en agterplat

Die voorplat van Tweegevreet toon ’n prominente luiperdkop bo twee horisonlyne, die een naby, die ander ver, waarop die silhoeëtte van ’n ruiter met ’n geweer oor die skouer en ‘n staande figuur met uitgestrekte arm waarneembaar is op die naaste lyn. In die verte word enkele (lae) bome en wasige rante gesuggereer. Die gewapende perderuiter en luiperdkop aktiveer grotendeels die tydsplasing, terwyl die uitgestrekte landskap die ruimtelike plasing as synde landelik bekragtig. Dit is ook belangrik om daarop te let dat die bergrant aan die regterkant onder die luiperd se kop die skynsel van ’n luiperdvel het. Hiermee word die luiperd as belangrike simboliese teenwoordigheid gevestig aangesien die dier direk met die omliggende landskap geïntegreer word: ook die ongenaakbare Afrika-landskap is ’n roofdier.

Die titel staan prominent boaan die voorplat, met ’n koppelteken wat die kompositum se twee dele, “Twee” en “gevreet”, skei. Daaronder volg ’n bepalende lokteks deur Jeanette Ferreira: “Niks en niemand ontkom aan hierdie waarnemer se genadelose soeklig op die dubbele aard van die mens nie: die weerlose én die brutale. ’n Briljante roman.” Bokant die outeursnaam, wat in die donker onderste derde van die voorplat geplaas is, lees ons: “Skrywer van Die vertes in”.

Die leser word dus van meet af attent gemaak op nie net (historiese) tyd en ruimte nie, maar ook die dubbele aard van die teksgegewe weens die teenstellings tussen donker en lig; naby teenoor ver; silhoeët versus detail; mens en natuur, oftewel die weerlose én die brutale.

Draai mens die boek om, sien jy ten eerste dat die ruimtelike uitgestrektheid van die landskap, met wolke bokant die horisonlyn, op die onderste derde van die voorplat herhaal word – met die flapteks (volgens die Aanlynkuier-gesprek met Melt Myburgh deur die skrywer self geskryf) wat soos volg lees:

Mense hou valse gesigte voor. Wraak het verskillende gedaantes.

Wanneer Siegfried Bock van die Kaiserliche Landespolizei ingeroep word om die dood van ’n boer in die Hochnamibdistrik te ondersoek, het hy geen rede om te vermoed dat moord die oorsaak is nie. In 1905 in Duits-Suidwes-Afrika is 'n aanval deur 'n wilde dier nie ongehoord nie en te oordeel na die merke aan die lyk was dít die man se lot. Maar dan ontdek Siegfried daar naby 'n luiperdkarkas waarvan die voorpote afgesny is ...

Terwyl Siegfried die saak ondersoek, kry hy ook te make met spoke uit sy verlede en 'n Berlynse besoeker wat 'n dodelike wrok koester. Boonop worstel hy met Duits-Suidwes-Afrika se onstuimige politiek en ongenaakbare natuur. Kan hy dit alles te bowe kom en geregtigheid laat seëvier?

Soos in sy voorganger, Die vertes in, word gewigtige tematiek subtiel in Tweegevreet se boeiende spanningslyne verweef.

 

Onder dié teks verskyn nóg ’n lokteks, deur François Bloemhof, te wete: “Daardie seldsame verskynsel: ’n opvolgboek wat sy uitstekende voorganger ewenaar of selfs nog oortref. ’n Verhaal so fassinerend en soms meedoënloos soos die land en tyd waarin dit afspeel.”

Hoekom is hierdie omvattende uiteensetting van die parateks belangrik? Omrede bykans al die kodes van hierdie roman reeds hiermee in spel kom: die titel wat op valsheid dui, die kontraste en/of teenstellings wat onsekerheid en ambivalensie in die hand werk, tesame met die duidelike suggestie dat misleiding en wraak hier ter sprake is en dat die boer in die Hochnamib-distrik se dood straks moord kan wees.

’n Historiese speurroman, dus. ’n Raaiselroman waarvolgens Siegfried Block – wat ons reeds saam met ander personasies in hierdie teks in Die vertes in leer ken het – die dood van herr Jürgens, die boer wat bes moontlik deur ’n luiperd gedood is, saam met sy kollegas feldwebel Dudeck en gefreiter Stempsky van die Kaiserliche Landespolizei moet ontrafel.

Maar is dit so voor die hand liggend? Die lokteks waarsku die leser immers reeds dat mense “vals gesigte” voorhou en dat wraak “verskillende gedaantes” kan aanneem weens die “dubbele aard” van die mens te midde van die “weerlose én brutale” wat soms “meedoënloos (is) soos die land en tyd waarin (die verhaal) afspeel.”

Aansluitend hierby moet Julian Symonds se seminale uitspraak oor misdaadfiksie deurentyd in gedagte gehou word: “Murder, and any other crime, is not a part of entertainment, but an integral part of life. We are all murderers, we are all spies, we are all criminals, and to choose a crime as the mainspring of a book’s action is only to find one of the simplest methods of focusing eyes on our life and our world.”

By uitstek geld dit hierdie roman met sy suggestieryke titel.

4. Die titel

Dit is belangrik om daarop te let dat die woord “tweegevreet” twee maal in die teks voorkom; ironies genoeg elke keer met betrekking tot ’n personasie wat weens wraak gedood word en nie is wie hulle voorgee om te wees nie:

  • Feinauer snork. “Hy was nie die man wat julle almal gedink het nie. Hy was ’n tweegevreet, met ’n wrede streep so breed soos die Ryn.” (145)
  • Dit is Dudeck wat hom bekommer. Die man sal dalk verloën voel as hy uitvind dat sy kollega van die afgelope jaar ’n tweegevreet is. (169)

In beide gevalle word die titel direk betrek op die gestelde tema van misleiding en wraak met die wete “dat dit wat na die waarheid lyk, nie altyd die waarheid is nie” as onderliggende gegewe (137).

Terselfdertyd aktiveer dit nie net die ambivalente aard van die verhaalgegewe nie, maar ook die soeke na ware identiteit en dit wat ’n mens ’n “goeie mens” maak. Dít is in wese die “raaisel” wat opgelos moet word en nie soseer die dood van die boer, herr Jürgens, wat as katalisator tot selfondersoek en intrige dien nie.

Ter illustrasie van hierdie ambivalensie, die volgende aanhalings (terloops, waar dit verkieslik is, weerhou ek die betrokke personasie se naam ten einde nie die pret te bederf vir diegene wat nog die boek moet lees nie):

  • “Daar is geen aanduiding of hy ’n goeie of slegte mens is nie. Vir al wat ek weet, is hy die grootste uitvaagsel wat al ooit die aarde bewandel het.” (58)
  • Die enkele kere wat hy daadwerklik opgetree het, was dit om die slegte te vermy eerder as om die goeie na te jaag. (79)
  • “Het jy [hom] goed geken?” vra sy op ’n manier wat vir hom versigtig lyk, asof daar iets agter steek.

“Ons het mekaar ’n paar keer ontmoet. Hy het na ’n goeie man gelyk.” (124)

  • “Maar sou jy sê hy was ’n goeie man?”

“Goeie man, slegte man ... dis woorde vir kerkmanne en regters. Die meeste mense probeer goed wees en faal soms. Wat is dit in elk geval met jou, al hierdie vrae?” (126)

  • “Jy het jou eie naam misken om daardie ou vrou te help. Hierdie hele tyd nog hou jy die pretensie vol en skryf briewe om haar gerus te stel. Miskien verdien jy ’n beloning.”

Hy lyk allermins oortuig.

“Jy is ’n goeie man, [...], wat jou naam ook al is.” (157)

  • “Ek het gehoor van die goed wat [hy] aan mense gedoen het. Hy was nie ’n goeie man nie. Hy was die soort man wat ’n mens dalk sou wou doodmaak vir wat hy gedoen het.” (237)

Ten opsigte van die titel moet die vraag egter gevra word waarom die skrywer ten gunste van die meer aggressiewe, neerhalende “gevreet” besluit het, en nie die meer gebruiklike “tweegesig” wat eweso dui op ’n persoon wat vals is nie.

Daar is twee (ja, nogeens: twee) redes hiervoor.

Ten eerste aktiveer “vreet” die dierlike komponent in die verhaal – waarby die Afrika-landskap ingereken word weens die luiperdvelagtige inkleding van die bergrant op die voorplat – teenoor die gekultiveerde beeld van die mens wat voorgehou word te midde van ’n verhaalgegewe wat so “meedoënloos (is) soos die land en tyd waarin dit afspeel” – aldus François Bloemhof.

Ten tweede is dit belangrik om daarop te let dat daar twee personasies in hierdie verhaal is wat deur ’n wrok “opgevreet” word en wat direk aanleiding gee tot die dood van twee ander personasies, ongeag of hulle skuldig is aan die wandaad waarvoor hulle “gehaat” word al dan nie. Dit is die gekoesterde wrok wat van belang is.

“Gevreet” dui dus enersyds op ’n naamwoord (“aangesig”), maar insgelyks op handeling (“vreet”). Deur die titel as kompositum van “twee” en “gevreet” met ’n koppelteken in twee te verdeel, is gevolglik véél meer as ’n terloopse aanwending van punktuasie.

5. Die soeke na ware identiteit

In ’n onderhoud met Melt Myburgh wat vir LitNet gevoer is, antwoord Van den Berg soos volg op ’n vraag na die belang van identiteit in die onderhawige teks:

Identiteit is om die een of ander rede nogal ’n tema in my werk. In ’n Ander mens gaan die ou in die getuienisbeskermingsprogram in om letterlik ’n ander identiteit te kry. In Halfpad een ding is die hoofkarakter ’n spioen wat voorgee om iemand anders te wees. Daar lê ’n ligte manuskrip by die uitgewers waar identiteit nog meer verwarrend raak. In Tweegevreet is daar mense wat bewustelik valse gesigte voorhou en ander wat gaandeweg verword. Die saad waaruit hierdie storie gegroei het, gaan om verskuiwende identiteite en die onverwagte gevolge wat dit kan hê.

Ek weet nie wie dit oorspronklik gesê het nie, maar hierdie aanhaling wat ek eenkeer by die skilder Larry Scully gehoor het, bly my by: “Man is a process masquerading as a structure.” Identiteit is nie vas nie.

Hierdie verwysing na “verskuiwende identiteite” wat “nie vas (is) nie”, is ’n belangrike sleutel tot hierdie roman. Nie net word die verskuiwende fokalisering struktureel daardeur geïnisieer nie, maar eweso onderlê dit die ambivalente aard van die onsekerheid wat etlike personasies in hierdie verhaal kenmerk, by name Siegfried Bock, Hans Stempsky en Lisbeth Kamke, die weduwee van herr Jürgens. As randfiguur kan die bevelvoerder van die polisiestasie, feldwebel Dudeck, ook by dié groepie gevoeg word.

Ter illustrasie dien Siegfried Bock as sentrale fokalisator wat nie meer heeltemal die bleeksiel is wat in Die vertes in hier in die vreemde aangeland het nie, maar nogtans onseker is ten opsigte van sy toekoms en veral die ondersoek na die dood van herr Jürgens; Stempsky se worsteling met sy verlede en die valse identiteit wat hy voorhou te midde van sy onsekerheid hoe om Lisbeth Kamke, die weduwee van herr Jürgens, romanties te benader; haar eie onsekerheid ten opsigte van haar onmiddellike toekoms en veral ten opsigte van die boorgat en die volgehoue soeke na water op die plaas; en ten slotte feldwebel Dudeck en sy begeerte na aftrede op ’n “aftreeplasie” in die omgewing. Trouens, die enigste personasies wat nié onseker is ten opsigte van hul keuses en omstandighede nie, is die twee wat deur hul wrokkigheid verteer word en daarom hul wraak suiwer tot uitvoering bring. Ironies genoeg is daar ook die onkreukbare Isa Viitanen, die sendingskoolonderwyseres, wat optree uit die krag van haar oortuiging.

Die vraag wat egter deurlopend gestel word, is in welke mate die mens daartoe in staat is om te verander: Is die persoon wat jy eens was, dieselfde as die persoon wat jy tans is? “Hy vind dat hy wens vir iets groters, ’n roeping of doel – rigting vir sy lewe. Hy het geen idee watter vorm dit kan aanneem nie, en kan hom nie eens voorstel waar die nodige impuls vandaan kan kom nie. Hierdie leegheid kan nie so aanhou nie. In hierdie dop wat hy tans is, moet ’n nuwe identiteit vorm aanneem,” lees ons reeds op bladsy 14. En ook op bladsy 34: “Dit is asof die jong man wat hy in Berlyn was, weer in sy bors verrys, homself inwurm in sy kop en ledemate, en hy maak van reiter Bock, die Siegfried van Afrika, bloot ’n belangstellende toeskouer. Beteken die feit dat hy so maklik in sy ou manier van dink kan terugglip – dat alles wat sedert sy aankoms in Afrika gebeur het hom nie op ’n wesenlike manier verander het nie – dat ’n mens vir altyd opgesaal is met wie jy is, ondanks al jou pogings of enige ingrypende wedervaringe wat jy dink jou lewe verander het?”

Hierdie motief word tot ’n lieflike hoogtepunt gevoer tydens Siegfried Bock se gedagtegang na die einde van die narratief namate die klimaks bereik word. (Nogeens: Ter wille van diegene wat nog nie die roman gelees het nie, laat ek die tersaaklike name weg, aangesien dit die segging is wat van belang is en nie die betrokke personasie nie. Ek onderstreep die relevante frases.)

En wat van homself, hoe baie het hy verander sedert hy van daardie skip afgeklim het? Daardie man was versot op [...], en was daarop uit om ’n oorlogsheld te word. Daardie twee dinge, wat hom in daardie stadium byna geheel en al gedefinieer het, is nou afwesig. Sy militêre aspirasies het op die Kalaharisand gesneuwel, toe hy gesien het hoe sy kamerade ’n verskriklike wandaad pleeg. Sy beheptheid met [...] het getaan en is nou die dag in Windhoek soos ’n kers uitgedoof. Hy voel nie net anders nie, gedryf deur nuwe begeertes, hy lyk ook anders – sy onderontwikkelde lyf het groei ingehaal, hy is nou tien kilogram swaarder en sy bleek vel is sonbruin gebrand. Hy het ’n ander mens geword, en hy het nie eens sy naam verander nie.

Op praktiese vlak wonder Siegfried hoe [...] – hy dwing hom om die nuwe naam te gebruik – die leuen volgehou het in al daardie briewe wat hy aan die ware [...] se ma in Berlyn geskryf het. Maar hy onthou dat hy ook ’n brief opgestel het wat vir iemand ’n weergawe van die waarheid voorhou wat vir hulle makliker sal wees om te aanvaar. Hy het die brief persoonlik gaan aflewer. Wat sy kollega gedoen het, is dieselfde soort ding as wat hy gedoen het, om te jok om iemand anders se gevoelens te spaar. Jy sou selfs kon sê dit is edel.

Toe, terwyl sy gedagtes met diep paaie langs dwaal, kom ’n gedagte wat hom omtrent laat steier: [...] is die verkeerde man! Hy is meteens helder wakker. [...] is hier om wraak te neem oor wat [...] aan sy verloofde gedoen het, maar sy wraak is op die verkeerde man gefokus! Toe [...] sy kameraad [...] se identiteit aangeneem het, het hy geen idee gehad dat hy ’n massiewe skuldlas opneem nie, en dat hy dalk daarvoor sal moet betaal met sy eie, onskuldige lewe.

Sy vriend is in geen groter gevaar as tevore nie, maar op ’n manier maak hierdie wete Siegfried se angs selfs erger. Enigiets wat tussen [...] en [...] gebeur, sal heeltemal sinloos wees. Dit voel dringender as ooit dat hy daar buite kom, dat hy hierdie verskriklike tragedie verhinder. Maar natuurlik is dit stikdonker en watter hoop het hy om in die donker te vind wat hom helder oordag ontglip het? Nee, wag, wag. Daar is niks wat hy voor sonop kan doen nie. (230–1)

 

6. Karakterisering

Soos reeds aangetoon, het ons hier met ’n karaktergedrewe teks te make eerder as ’n aksie- of speurroman; ’n ondersoek na die “dubbele aard” van die mens (weerloos én brutaal) wat by wyse van kort, verskuiwende passasies gekenmerk word waarvolgens die derdepersoonverteller telkens op ’n ánder personasie fokus.

Dit is in eerste instansie ’n verhaal wat ontvou eerder as wat dit vertel word. Nogtans is die implikasie van dié gekose procedé omvangryk en bepalend ten opsigte van die teksaanbod, naamlik:

  1. Inkleding van sowel karakter as tydruimtelike komponente is van uiterste belang, aangesien die leser hom/haar te alle tye binne narratiewe gegewe moet kan plaas en dit is hoeka die skrywer se vermoë tot subtiele, dog funksionele (oftewel genuanseerde) inkleding wat hierdie teks van die meeste vergelykbare tekste onderskei.
  2. Weens die besonderse aandag aan inkleding én gepaardgaande voorkeur aan karakteriserende gedagtegang het ons in die afwesigheid van direkte handeling met ’n veel stadiger verteltempo te make as wat normaalweg met misdaadfiksie geassosieer word.
  3. Die volgehoue aandag aan inkleding en gedagtegang verleen aan die narratief ’n introspektiewe toon wat ek besonder aantreklik vind; soos die spreekwoordelike ui word die verhaal laag vir laag geskil ten einde die soeter kern van die teks bloot te lê – inderwaarheid die “raaisel” wat ontrafel moet word.

Waarskynlik is die mees indrukwekkende aspek van hierdie teks júis die mate waarin die skrywer daarin slaag om sy personasies as volwaardige individue te penskets – met ’n geloofbare, oortuigende verbandlegging tussen oorsaak en gevolg, veral waar keuses en handeling ter sprake is.

Ter illustrasie die gedagtegang op bladsy 78. (En nogeens weerhou ek betrokke name): “Die manier waarop sy by tye na hom kyk, het gesuggereer dat sy net soveel in hom belang stel as hy in haar. Hy is seker van sy fisieke aantreklikheid, minder seker dat hy ’n vrou se belangstelling verby die oppervlakkige kan hou. Wat hom betref, het hy nie die gedefinieerde persoonlikheid wat soveel ander mense blykbaar het nie. [...] is selfvoldaan, sinies en snaaks, sy persoonlikheid is ’n biertuin met ’n verhoog eenkant. [...] s’n is ’n monnik se kamer met revolusionêre slagspreuke teen die muur. [...] is bang dat syne vir ander mense soos ’n leë, verlate vertrek sal lyk, met ’n paar spykers teen die muur vir goed wat nie meer daar hang nie. Hy weet van dinge wat in hom aangaan, die woelinge van ’n halfgebroeide voëltjie in ’n slymerige eier, maar dit is nie iets wat hy vir ander mense kan wys nie. Wat kan ’n man soos hy vir ’n vrou soos [...] bied, wie se lewe blykbaar uit soveel vertrekke bestaan?”

So ook die gedagtegang op bladsy 86: “Hy wonder of hy op die regte spoor is hiermee, en of dit net sy ou dwarskoppigheid is. Hy is fundamenteel skepties oor enigiets wat allerweë aanvaar word. Hy probeer hom wysmaak dit is ’n filosofiese vereiste, omdat ’n valse oortuiging wat deur almal aanvaar word soveel gevaarliker is as een wat in stryd met die algemene opvatting is. Maar miskien is dit bloot omdat hy opstandig van aard is.”

Uiteraard is daar ook karakteriserende handeling, maar weens die introspektiewe aard van die narratief is dit meestal gerapporteerde eerder as direkte handeling. Waar direkte karakteriserende handeling na vore kom, is dit merendeels freiter Siegfried Bock se ondersoek na die dood van herr Jürgensen, asook sy besoeke aan die sendelingonderwyseres Isa Viitanen, en verál sy besoek aan Windhoek – ’n besoek wat bepalend is ten opsigte van die sentrale intrige – en, ten slotte, sy besluit om in die afwesigheid van geregtigheid sy plig te versaak. Daarnaas freiter Stempsky se versugting na frau Jürgens, asook die moord wat die klimaks van die narratief vorm en tussendeur Lisbeth Kamke (frau Jürgens) se soeke na water op haar plaas ná haar man se dood.

Nog ’n aspek wat vermelding verdien, is die belang van naamgewing en benoeming. (Interessant genoeg word daar nie minder nie as 72 maal na “naam” verwys in hierdie teks!) Om die leser attent te maak op hierdie aspek: Ons vind op bladsy 45 die volgende gedagtegang by Siegfried Bock:

Name is so belangrik, dit is die banier waaronder jy optree. Hy wonder hoe anders hy dalk sou gewees het as hy ’n ander naam gehad het. Om die naam Siegfried te dra, dié van ’n befaamde ridder, plaas ’n sekere verantwoordelikheid op hom. Aangesien hy kennelik nie die fisieke eienskappe van so ’n held het nie, moes hy ander sterk punte ontwikkel, minder opsigtelikes.

Meer direk as dít kan die karakteriserende belang van naamgewing sekerlik nié wees nie. Ironies genoeg is dit ook Hans Stempsky se naam wat direk aanleiding gee tot ’n minder gunstige verloop in sy soeke na singewing en geborgenheid – juis op ’n tydstip wanneer dit blyk dat sy negerende selfopoffering ná die dood van ’n makker ’n gelukkige uitkoms tot gevolg gaan hê. Hierdie ironie is nie net skreiend nie, maar is eweso ten nouste met die sentrale intrige verweef.

7. Simbole

Tematiese diepgang word in hierdie veelvlakkige teks verseker deur die talle simbole wat genuanseerd by die narratief betrek word. Voorbeelde hiervan is die volgende:

  1. Beeldingsimbole. Die vernaamste simbole is sekerlik ten opsigte van (uit)beelding, te wete spieëls, foto’s en portretstudies (skilderye). ’n Besonder treffende voorbeeld is die openingspassasie waar Stempsky voor die spieël staan en besig is om hom te skeer. (Ek onderstreep die relevante frases wat hierdie passasie van meet af by die sentrale tematiek betrek met die spieël as simboliese gegewe.) Ons lees: “Stempsky was al ongedurig nog voordat hulle na die luiperdaanval uitgeroep is. Hy het vroeg opgestaan, sy beddegoed gladgetrek en die trommel reggepak waarin hy al sy aardse besittings hou, maar hy kon die ding wat uit plek is, nie kry of regstel nie. Miskien is dit die gesig in die spieël, dink hy terwyl hy skeer, en draai om ’n driekwartaansig van sy seepgesmeerde wang te kry, en skraap dit met die skeermes skoon. [...] Menige man sou wat wou gee om in sy skoene te staan, maar hy is nie seker hy kan dit met homself uithou nie.” (Terloops, hierdie slotgedagte word verder gevoer op bladsy 71 wanneer Stempsky dink: Ja, maar, fluister ’n stem, jy sal haar aan my ook moet voorstel.)

Hierdie openingsparagraaf se inspeling op die bekende Bybelse teks is voor die hand liggend: “Want nou sien ons deur 'n spieël in 'n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is” (1 Kor 13:12).

Die intensivering van die spieël as reflekterende entiteit vind ons ook op bladsy 54 wanneer Bock hom in die fotograaf Leimbach se foto-ateljee in Windhoek bevind waar hy deur ’n boks met onopgeëiste soldatefoto’s blaai op soek na ’n spesifieke foto van sy kollega Hans Stempsky. “Terwyl hy die een gesig na die ander bekyk, jong mans op die vooraand van volwassenheid, begin dit hom affekteer, al hierdie persoonlikhede, hierdie lewens, elk met ’n onbekende verlede en, met die uitsondering van dié wat gesneuwel het, ’n toekoms wat dag vir dag ontvou. Vir elke portret voor hom is daar iemand vir wie daardie gesig die een is wat hulle in die spieël sien,” lees ons.

Beide spieël en foto reflekteer egter bloot dit wat op die oppervlak waarneembaar is; die “valse gesigte” wat mense graag voorhou, oftewel, hoe hulle gesien wil word en wat nie noodwendig is soos hulle wesenlik is nie. Die verdieping van hierdie simbool tree dan na vore wanneer Bock die portretskilder August Niedermeyer ontmoet. Op bladsy 36 lees ons:

“Ek het vanoggend uitgekom, ek wou die vroeë lig benut, myself iewers opstel, dit probeer vasvang.”

“Fotograaf?”

Die man [Niedermeyer] gee Siegfried ’n vieserige kyk. “Skilder. Foto’s is vir amateurs, hulle wys net vir jou die oppervlak. Ek wil die siel vasvang.”

En op bladsy 57, ná Bock met twee foto’s by Niedermeyer aankom:

Wat sien sy kennersoog daar? wonder Siegfried. Kyk hy na die lyne en die lig, na die minder beweeglike dele van die gesig se argitektuur, na die uitdrukking in die soepel mond en dele rondom die oë? As kunstenaar, sien hy die persoon se geskiedenis en geaardheid waar ons ander maar net die gelaatstrekke sien wat ons onthou?

“Wat dink jy daarvan?” vra hy toe Niedermeyer niks sê nie.

“Dis heel vaardig gedoen, maar, jy weet, ’n foto ... Jy kan nie juis sien watter soort man hy is deur bloot daarna te kyk nie.”

“En jou skildery nou net, het dit meer gesê?”

En nét so belangrik, enkele paragrawe verder:

Niedermeyer gaan voort: “Ek kyk na die foto wat jy vir my gewys het, en ek sien die vorm van die man se kaak en die krul van sy snor. Al wat ek van hom kan sê, is dat hy ’n aantreklike kêrel is wat blykbaar eens op ’n tyd ’n hou of twee op die oog gekry het, dalk welverdiend. Daar is geen aanduiding of hy ’n goeie of slegte mens is nie. Vir al wat ek weet, is hy die grootste uitvaagsel wat al ooit die aarde bewandel het.”

Siegfried grinnik. “Nee, dit is hy nié.”

Die belang van hierdie simbole van beelding en die uitmuntende wyse waarop die skrywer dit met die sentrale tematiek van “valse gesigte” en “waarheid” integreer, blyk duidelik uit hierdie aangehaalde passasies; des te meer omrede die vergissing wat onstaan weens “geprojekteerde self” teenoor “ware self” (ander gestel: identiteit) direk aanleiding gee tot die krisis, klimaks en slotverloop van hierdie narratief.

  1. Die diere. Ook die diere word eweneens simbolies hanteer. Ten eerste is daar die luiperd wat weens die omslag én motoriese moment op bladsy 84, wanneer Siegfried Bock op die luiperdkarkas sonder voorpote afkom, met beide Afrika én vergelding in verband gebring word. Aanvullend hiertoe dien die immer teenwoordige aasvoëls wat eweso met Afrika, dood en verrotting verband hou.

Hierteenoor vind ons die geel rondloperhond wat hom goedsmoeds by die polisiestasie kom tuismaak en later selfs Niedermeyer se tent betrek; soos die Europeër wat ten tye van die koloniale era – die tydsplasing van hierdie teks – hom blatant in Afrika kom tuismaak. Later meer hieroor. Vir die doeleindes van hierdie opmerking is dit voldoende om bloot daarop te wys dat dié geel hond ’n soeke na tuiskoms/huisvesting, sorg en geborgenheid verteenwoordig.

Vir my was Bock se getroue rydier, Zyklop, en die wyse waarop dié eenogige perd met die sentrale tematiek van onsekerheid skakel, besonder treffend. Zyklop het naamlik sig in net sy linkeroog en moet derhalwe telkens blindelings na regs draai onder aanmoediging van sy ruiter (Bock) wat die perd deurlopend met groot toewyding en empatie hanteer. Hiervolgens word Bock se eie onsekerheid en eenogige blik op die wêreld/lewe geaksentueer. (Vergelyk byvoorbeeld Bock se gedagtegang op bladsy 86 wat reeds hier bo volledig onder “6. Karakterisering” aangehaal is.)

8. Die tydruimtelike dimensie

Hierdie komponent verteenwoordig ’n uiters belangrike strukturele element, al word die belang daarvan nooit sentraal gestel nie. Maar soos dit waarskynlik reeds uit die uiteensetting hier bo blyk: Niks in hierdie roman moet op sigwaarde geneem word nie.

.........
Hierdie komponent verteenwoordig ’n uiters belangrike strukturele element, al word die belang daarvan nooit sentraal gestel nie. Maar soos dit waarskynlik reeds uit die uiteensetting hier bo blyk: Niks in hierdie roman moet op sigwaarde geneem word nie.
..........

In die onderhoud vir LitNet waarna vroeër verwys is, stel Melt Myburgh die volgende vraag aan die skrywer:

Die Namibiese landskap beïnvloed jou karakters se perspektief van hul werklikheid. In ’n stadium merk iemand op: “Die berge in Suidwes is sewe keer verder as wat dit lyk.” Watter uitdagings skep dit vir ’n skrywer wanneer sy karakters hulle op ’n nuwe kontinent bevind waar nuwe magsverhoudinge tussen inkommers en die inheemse volkere geld?

Van den Berg antwoord:

Indertydse bronnemateriaal help baie. Die stelling in jou vraag is byvoorbeeld iets wat die soldate werklik geleer is. En natuurlik is daar ook ’n element van pure verbeelding. Ek moet bely dat ek nie juis ’n politieke dier is nie. My aanvanklike idee was om misdaadstories te skryf, maar die politieke omstandighede was sodanig dat ek dit eenvoudig nie kon ignoreer nie, ewe min as wat my karakters kon. In Tweegevreet speel die landspolitiek ’n kleiner rol as in Die vertes in of die derde boek, maar die koloniale ongelykheid is onvermydelik en oral teenwoordig.

Maar is die skrywer se onderbeklemtoning van hierdie aspek werklik so “onskuldig” soos hy te kenne wil gee? En indien nie: Hoe betrek hy die tydruimtelike plasing by die sentrale intrige van sy narratiewe teks?

Soos reeds genoem, is Tweegevreet historiese fiksie met verhaalgegewe wat afspeel in 1905 ten tye van die Herero-oorlog (1904–1907) en in die Hochnamibdistrik gelokaliseer is. Die verteltyd beloop een week: van die oggend op die dag waarop herr Jürgens se lyk ontdek word (die luiperdaanval waarna in die openingsin verwys word) tot wanneer Siegfried Bock sewe dae later onderweg is na die beskeie polisiestasie met aan sy sy ’n perd met ’n liggaam van ’n dooie man skuins daarop vasgemaak.

Die vertelde tyd strek egter van Bock en Stempsky – die twee hoofpersonasies – se jeugjare tot die slottoneel en verteenwoordig waarskynlik twee dekades. Deur die narratief stewig binne die bestek van sewe dae te plaas, terwyl die vertelde tyd ’n veel langer tydperk dek, word aan die derdepersoonverteller ruimskoots geleentheid gebied om by monde van terugvertelling nie net die hoofpersonasies en hul persoonlike geskiedenis in te klee nie, maar ook die politieke omwentelinge van daardie tyd – sónder dat dit sentraal en bepalend tot die personasies se omstandighede en keuses teenswoordig geplaas hoef te word. Daarvolgens dan die “versweë” teenwoordigheid van sowel tyd as ruimte.

Maar hoe skakel dit met die sentrale intrige?

Ten eerste die landskap. Die Namibiese Hochland is nie net ’n afgesonderde, ongenaakbare nie (“meedoënloos”, noem Francois Bloemhof dit in sy lokteks); dit is ook  ’n onbegrenste ruimte waar die mens ’n stryd om oorlewing voer op fisieke én emosionele vlak – nogeens is die voorplat van belang – en daarom verbaas dit nie dat die ongedefinieerde landskap tot gevolg het dat die personasies in hierdie verhaal voortgestu word deur ’n behoefte aan singewing (Siegfried Bock), intimiteit/geborgenheid (Hans Stempsky en Lisbeth Kamke) en kontras (August Niedermeyer) met die gepaardgaande implikasie van teenstellings soos lig/donker, goed/sleg/, vals/eg, naby/ver, skuld/onskuld en les bes vergelding/kwytskelding nie.

Nie net beweeg die omliggende landskap soos ’n skaduwee mee in die agtergrond nie, maar is inderdaad bepalend ten opsigte van die hoofpersonasies se gedagtegang en keuses. Insgelyks word die Afrika-landskap nie bloot as ’n landskap van “vryheid en lyflikheid” ervaar nie (117), maar word dit ook telkens met ’n skaduwee in verband gebring; iets waarna 26 keer in die teks verwys word – om nie net bedreiging te aksentueer nie, maar ook ’n gebrek aan sekerheid.

Ter illustrasie, enkele tersaaklike aanhalings:

  • Hy [Bock] stoot aan, kyk hoe die skaduwees voor hom strek, en hoop om Kupferberg voor donker te bereik, of ten minste Haris. As hy dít regkry, is hy vol vertroue dat hy die laaste ent in die donker sal kan aflê. (32)
  • Die maanlig maak van die pad ’n helder, wit streep. Hy [Bock] konsentreer daarop en probeer om die skaduwees te ignoreer wat aan weerskante opdoem. (32)
  • Hy [Bock] sal vir haar tot siens sê, omdraai en uitstap met sy kop omhoog en ’n ligtheid in sy binneste, uiteindelik verlos van die dooie man se skaduwee en daardie ou gerem aan sy hart, gereed vir wat die wêreld na sy kant toe gooi. (64)
  • Die besef wat die res van sy lewe [Stempsky s’n] gaan rig, tref hom op ’n saai plek, een sonder merkwaardige sjarme of landmerke, synde nóg ’n rant wat ’n uitsig bied, nóg ’n rivierbedding met koel skaduwees. [...] Hierdie helling, die klippe langs die pad en die rivierbedding daar onder se glimmende wit sand, die voëltjie wat op ’n grasspriet wieg, ’n kewer wat deur die grasse kruie – elke besonderheid brand in sy geheue vas. (79)
  • Sy het lief geraak vir hierdie land en alles wat hy haar gee – sy belofte en suiwer skoonheid – maar sy is ook bang daarvoor, bewus van sy koue hart. Dit kan, sonder waarskuwing of rede, die water wegvat wat jou plaas al jare lank voed.

Dit kan ewe maklik die mense wegvat wat jou hoop voed.

Nee, dink sy, sy kan nie toelaat dat sulke idees posvat nie.

Terwyl sy kyk hoedat die skaduwees langer word, het Lisbeth ’n gevoel wat sy nie sedert haar man se dood gehad het nie – dat die dag ’n vermorsing was. (220)

  • Daar is dus hierdie twee, dink hy, [... en ...], een die ander se skaduwee. En toe word [...] doodgemartel, en net sy skaduwee bly oor. Siegfried probeer hom ’n dooie man se skaduwee voorstel, ’n skaduwee sonder die een wat dit gegooi het, ’n donker vlek wat deur die wêreld flap, ’n konneksie soek, vir ewig verdwaal. (225)
  • Soos hy [Bock] ry, glip sy skaduwee oor die stuk pad langs hom, ’n verwronge silhoeët van ’n man te perd, soos ’n spook wat langs hom hardloop, effens vooruit, gejaag deur hierdie natgeswete, moeë, woedende man wat weet hy sal dit nooit inhaal nie, maar wat desondanks nie kan stop nie, nie durf stop nie. Agter Siegfried, aan die leiriem se punt, kom ’n ander perd met die lyf van ’n man wat eens iemand anders was. (253)

Hiervolgens blyk dit duidelik dat die landskap én ook die skaduagtige (versweë) teenwoordigheid daarvan letterlik betrekking het op bykans elke faset van die sentrale intrige: van die verromantiseerde versugting na betekenis en inhoud tot die uiteindelike verraad, vergelding en dood. Trouens, die inkleding van fisiese ruimte is sodanig dat die leser nooit onbewus kan wees van presies waar die handeling plaasvind en hoekom gebeur wat gebeur nie.

Nog ’n interessante aspek van skaduwees is die wyse waarop dit betrek word met August Niedermeyer se skilderkuns, oftewel die “vasvang van die siel” soos hy dit op bladsy 36 stel.

Voorbeelde:

  • Hy [Niedermeyer] is nie seker nie, en dit is die soort ding wat blykbaar vir mense belangrik is, asof die oë inderdaad die vensters van die siel is en die kleur betekenisvol, en hy laat hulle dus ongeskilder, die irisse twee kolle ongeverfde doek. Dit maak die skildery spookagtig. Daar is iets snedigs omtrent die lippe wat nie op die foto was nie, in die manier waarop die kwashale skaduwees by die mondhoeke suggereer. (98)
  • Om die naam voor hierdie man te sê, stem hom [Niedermeyer] onrustig; sê nou hulle sien dwarsdeur hom, dat sy gedagtes soos skaduwees op die skerm van sy voorkop afgeteken staan? (175)
  • “Hierdie uitgestrekte, windverwaaide ... Dis interessant, maar ek dink ek soek iets met sterker kontraste, hoog en laag, diep skaduwees. Jy het donkerte nodig om jou werk te anker.” (198)

Ten opsigte van hierdie aanhalings is dit belangrik om daarop te let dat die skaduwees by die mondhoeke op leuenagtigheid dui, en dat die dooie man wat ten slotte onder die krans gevind word, se oë deur aasvoëls uitgepik is (244); in ironiese teenstelling tot die luiperdkarkas waarvan die voorpote afgekap is (84). So ook die uitgesproke behoefte aan kontras wat integraal deel uitmaak van hierdie teks se tematiek.

Voeg hiernaas die belang van die tydsplasing. Die jaar 1905 was ’n onstuimige en onsekere tyd in die geskiedenis van Namibië. Tot op daardie tydstip het die Duitse owerheid verkies om na Namibië (oftewel Duits-Suidwes-Afrika soos dit in 1905 nog bekend gestaan het) as ’n protektoraat eerder as ‘n kolonie te verwys onder die “valse gesig” van die inkommer as die bringer van (Europese) beskawing – waaronder godsdiens, skole en infrastruktuur – sowel as geregtigheid met wet en orde wat deur ’n onderontwikkelde polisiemag en eenogige regstelsel in stand gehou moet word.

Vir die leser is dit belangrik dat bykans ál hierdie aspekte tydens die narratief te berde gebring en op die sentrale tematiek betrek word: Siegfried Bock is ’n oudsoldaat wat na die polisie-eenheid te Hochnamib gesekondeer word; Isa Viitanen se vader is sendeling met haar as onderwyseres by die sendingskool; Windhoek is pas 15 jaar gelede gestig; en vir die inheemse bevolking bestaan daar geen “ware” geregtigheid voor die regbank nie – iets wat aanleiding gegee het tot die Herero-opstand van 1904 en een van die grootste volksmoorde in die geskiedenis tot gevolg gehad het. Soos die flapteks op die agterplat dit reeds onomwonde stel: “Mense hou valse gesigte voor. Wraak het verskillende gedaantes.”

Die politieke landskap van tyd én ruimte word gevolglik ten nouste verweef met die sentrale vraag (raaisel) na wat die ware aard is van die mens, wat nie net weerloos is nie, maar selfs brutaal.

In hierdie opsig is die volgende aanhalings veelseggend:

  • Beelde van daardie rooi sand, die stowwerige swart vel, glinsterende bloed en die gapende vlees teister hom steeds wanneer hy [Bock] sy oë toemaak. En dan voel hy die skudding in sy hand toe die mes van ’n ribbebeen af glip tot in die hart van ’n man wat boos was, maar nogtans ’n mens, een wie se bloed die sagte vel in die V tussen Siegfried se wysvinger en duim gevlek het. Hy staan self nie onskuldig nie. Hy is ’n vyand van hierdie land se mense en ’n verraaier van sy eie. (13)
  • Vir ’n wit man in Afrika is dit ’n komplekse saak vol slaggate. Die dinge wat hy elke dag doen, is sy lewe, soos vir almal. Dit behoort genoeg te wees, sê hy vir homself, maar hy is jonk en geneig tot drome. Hy vind dat hy wens vir iets groters, ’n roeping of doel – rigting vir sy lewe. Hy het geen idee watter vorm dit kan aanneem nie, en kan hom nie eens voorstel waar die nodige impuls vandaan kan kom nie. Hierdie leegheid kan nie so aanhou nie. In hierdie dop wat hy tans is, moet ’n nuwe identiteit vorm aanneem. (14)
  • Die lewe is grootliks ’n stryd om pyn te oorkom, meen sy [Lisbeth Kamke]. ’n Ander manier van lewe het eers moontlik begin lyk toe sy hierheen gekom en dié wye, oop land gesien het met al die moontlikhede wat dit bied, selfs vir iemand soos sy. Miskien in die besonder vir iemand soos sy, wat op grond van haar ras verhef is bo andere, maar wat in haar hart weet sy is nie beter as enigeen nie, en dat omtrent enige verandering wat sy in haar lewe teweeg kan bring ’n verbetering sal wees. (118)
  • “Hulle [die plaaslike bevolking] weet nie wat om van jou [Bock] te dink nie. Hulle dink jy bedoel goed, maar jy het rampspoed op hulle neergebring.”

“Daarin was ek nie alleen nie, en ek was ook nie die hoofrede nie.”

“Miskien nie as individu nie, maar vir seker in dit wat jy verteenwoordig – ’n koloniale mag.”

“Ek is ’n polisieman. Anders as die leër, is ons nie in die eerste plek instrumente van Duitse gesag nie, maar van geregtigheid.”

Sy [Isa Viitanen] rol haar oë asof sy so pas die domste ding ooit gehoor het. “Dis nog steeds ’n uniform wat jy onder daardie rooi serp dra.”

Dit is waar, en onteenseglik beduidend, al haat hy dit ook hoe. Die rooi serpe wat hulle dra, is al wat hulle uiterlik van die soldate onderskei.

“Ons is veronderstel om ander uniforms te kry.” (123)

  • Deur net hier te sit, voel hy [August Niedermeyer] hom deel van ’n groot verowering, Europa se manjifieke avontuur in Afrika. Hulle koloniseer nie net verafgeleë plekke nie, maar ook vervloë tye, die mensdom se voorgeskiedenis wat hier in Afrika traag was om te wyk. As ’n gewone man soos hy, ’n buitestander, sulke meesterskap hier kan ervaar, hoeveel te meer die mense wat by die huis die heersersklas was? Die soort man wat in Berlyn in kringe beweeg het waar hulle polo speel, moet hier soos ’n god voel. (191)
  • “Ek [Isa Viitanen] het nog skaars begin. Maar ek kan nie hoop om dieselfde resultate as Alvaus te behaal nie. Hy was een van hulle en ek, al het ek omtrent my lewe lank hier gebly, is nie. Absurd soos wat dit mag klink, my velkleur is soos ’n uniform wat my aan jou kant plaas, en nie hulle s’n nie. Miskien sal mense oor honderd jaar verby dit kan kyk, maar nie nou, nie in ons leeftyd nie.” (207)

Onderliggend tot hierdie verwikkelde tematiek van “ons” (inkommer) versus “hulle” (inheems) is daar die volgehoue toon van onveiligheid, en ja: brutaliteit. Reeds so vroeg as bladsy 7 neem ons kennis van die insident waartydens Bock gewelddadig moes optree en iemand moes dood. (Ook op bladsy 13.) Daarnaas is die insident met die sebravul wat uit die kampomheining losgesny moet word (8) en die slag van die bok om ’n dispuut te besleg (109) – ’n tema wat tot ‘n hoogtepunt gevoer word met herr Jürgens se brutale aanranding op Lukas Garoeb (236–7) en die uiteindelike moord wat die klimaks van die narratief vorm (242–4).

Wanneer Jeanette Ferreira in haar lokteks op die voorplat dus na die skrywer se “genadelose soeklig” verwys wat ondersoek instel na “die dubbele aard van die mens: die weerlose én die brutale”, is dit ’n besonder akkurate opsomming van hierdie teks.

Tweegevreet – ’n Aksieverhaal vir fynproewers

9. Samevatting

In die digkuns word daar vry algemeen na ’n geslaagde gedig of bundel verwys as ’n “deurgekomponeerde” werk; bedoelende dat elke aspek van daardie gedig of bundel soos in ’n musiekkomposisie struktureel geïntegreer is met die sentrale tematiek en derhalwe geen “dowwe kolle” of onakkurate diksie of beelding toon nie.

Sodanige beskrywing is net so van toepassing op Zirk van den Berg se Tweegevreet, want géén aspek van hierdie teks staan verwyderd van die sentrale vraag na betekenis (verklaring) en die “ware” aard van die mens wat tegelykertyd brutaal én weerloos kan wees nie.

Maar indien dít die raaisel is waarop Van den Berg sy “genadelose soeklig” rig, kan die vraag met goeie reg gevra word wat dan die antwoord is. Ook hierdie draad word nie onontknoop gelaat nie, maar ter wille van diegene wat nog die boek moet lees, laat ek dit ter syde. Die slotverloop vanaf bladsy 238 stel dit egter onomwonde – trouens daardie spesifieke gesprek tussen Bock en sy metgesel vorm na alle waarskynlikheid die hoogtepunt van die narratief: evokatief, genuanseerd en volledig oortuigend.

Inderdaad is Tweegevreet ’n buitengewone roman, selfs briljant, soos Jeanette Ferreira dit stel. ’n Roman wat nie net die skrywer se reputasie bestendig nie, maar ook die reikwydte van sy reeds indrukwekkende oeuvre vergroot. 

Bibliografie

Burger, Willie. 2018. Die wêreld van die storie. Pretoria: Van Schaik Uitgewers.

Cuddon, J.A. 1992. The Penguin dictionary of literary terms and literary theory. Londen: Penguin.

Scheepers, Riana ea. 2012. Die Afrikaanse skryfgids. Johannesburg: Penguin Random House.

Symons, Julian. 1972. Bloody murder: From the detective story to the crime novel: A history. Londen: Faber & Faber.

Van den Berg, Zirk. 2020. Tweegevreet. Kaapstad: Kwela Boeke.

Van Gorp, H ea. 1991. Lexicon van literaire termen. Groningen: Wolters-Noordhoff.

Internetskakels

Heilna du Plooy (1795, Dan Sleigh): https://www.litnet.co.za/litnet-akademies-resensie-essay-1795-deur-dan-sleigh.

Melt Myburgh in gesprek met Zirk van den Berg. Graffiti Boeke: Aanlynkuiers, Dinsdag 11 Augustus 2020: https://www.facebook.com/graffitiboeke/videos/626083371344853.

Melt Myburgh, onderhoud met Zirk van den Berg, 2020: https://www.litnet.co.za/tweegevreet-n-aksieverhaal-vir-fynproewers.

The post LitNet Akademies-resensie-essay: <em>Tweegevreet</em> deur Zirk van den Berg appeared first on LitNet.

Dum spiro – spero (terwyl ek asemhaal, hoop ek). Op reis met Elsa Joubert oor die "naakte waarheid" van die "menslike siel"

$
0
0

Dum spiro – spero (terwyl ek asemhaal, hoop ek). Op reis met Elsa Joubert oor die “naakte waarheid” van die “menslike siel”

Daniël J. Louw, Universiteit van Stellenbosch

LitNet Akademies Jaargang 17(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Die tergende vraag in ’n spirituele en religieuse benadering tot die betekenis van menswees is nie bloot die vraag na identiteit (wie is ek?) nie, maar die vraag na die wesenskern van die mens. Wat word met siel bedoel? Hierdie vraag word veral deur die feit van menslike broosheid, lyding, verganklikheid en ’n wete van die dood onderstreep. Dit is dan ook die vraag waarmee die skrywer Elsa Joubert nie net in haar reisverhale nie, maar veral in haar laaste boek Spertyd geworstel het. Die vraag na ’n mens se siel is ten diepste die vraag na die gehalte en sin van die lewe. In die lig van die stelling dat ’n mens nie ’n siel hét nie, maar jou siel ís, word die verband tussen liggaamlikheid en die wesenskern van die mens, die hóé van menswees (so-syn) ondersoek. Wat word bedoel met die “naakte waarheid” van ’n be-sielde lewe? Die naakte waarheid van siel doem vir Joubert op toe sy die beplooide agterstewe van ’n bejaarde pasiënt sien oopwaai onder ’n hospitaaljurk en die weerloosheid van ’n verskrompelde lyf aanskou. Die waarheid van siel is gekoppel aan die werklikheid van houding en hoe ons mekaar aanraak en in verhoudinge beleef. Maar dan moet ons wegbeweeg van ’n etiese hermeneutiek van suspisie (hoe groot is ons sonde en ellende en die dualisme tussen siel en stof) na ’n estetiese hermeneutiek van verrykte doksa (sinvolle roepingsbestemming binne die integrale faktor van omgee, sorg, medelye en integriteit).

Trefwoorde: beliggaamde siel; doksa van die siel; estetiese perspektief op menswees; meta-fisika van die siel; menslike siel; spertyd

 

Abstract

Dum spiro – spero (while I breathe, I hope). Journeying with Elsa Joubert in the quest for the “naked truth” regarding the essence of our being human

Christian anthropology has been deeply influenced by the dualistic schism between the human soul and the human body. The quest for immortality had often been formulated in terminology borrowed from a Platonic and dualistic view of life: the human body as merely a temporary prison for an immortal soul.

The author Elsa Joubert wrestled with the mystery regarding the core of life and the meta-physical realm of soulfulness and transcendence. This was triggered in her youth by the deaths of her sister and father. While facing the ailments of old age, she reflected on the meaning of life and the destiny of our being human. The notion of an “abstract soul” did not suffice. The “naked truth of soulfulness” was revealed to her while facing the naked buttocks of an old woman in her ward – the frailty of old age within the limitations of a vulnerable human body. She suddenly realised that the truth of our being human resides in the mode of embodiment enfleshed in compassionate care to others.

The argument is developed that anthropology should not start with the fall of man and the notion of sinfulness but with doxology − the aesthetics of the human soul. The fall paradigm most of times leads to a speculative paradigm regarding what is good and what is bad (the moralistic paradigm). Pastoral healing is then reduced to the transformation of human beings by means of conversion from sins and bad habits; i.e., the redemption of the human soul and the restoration of broken relationship with God. Despite the fundamental value of a redemption paradigm, spiritual wholeness implies more than redemption. This more points to the spirituality of cultivating the beauty of the human soul – the more of doxa, the sanctification of life as the space of compassionate caring and meaning-giving.

Rather than a pessimistic view (hermeneutics of suspicion) or even optimistic view (hermeneutics of ontic goodness) on our being human, a hermeneutics of doxa (Ancient Greek: δόξα) is proposed (hermeneutics of blessing). Doxa means “judgment, opinion” and by extension, “good reputation, honour” (the aesthetics of soulfulness): the human being, created by God to display the beauty of life in terms of actions of caring, nurturing and compassionate being-with the other in his/her frailty and vulnerability – human beings as ambassadors of sacrificial love and representations of unconditional grace. The soulful question therefore shifts from a hermeneutics of suspicion to a hermeneutics of blessing; i.e. to empower, to dignify, to acknowledge the other so that in the most difficult circumstances of suffering, loss, despair and dying, hope is displayed. Therefore, pastoral encounters display a “power of kindness” (Bregman 2020). Soulfulness should be fostered as the charity of reaching out and the compassion of all-embracing, caring and comforting.

Keywords: aesthetic approach; anthropology of doxological appraisal; embodied soul; human soul; meta-physics of the human soul

 

1. Inleiding: Asemhaal as hoop

Op besoek aan Stellenbosch (2017), skryf my eksterne eksaminator vir my doktorsgraad in filosofie, Jürgen Moltmann van die Fakulteit Teologie, Tübingen, Duitsland, die volgende woorde: Dum spiro – spero. Verlede week kyk ek toevallig weer in die boek en kontroleer die betekenis: “Terwyl ek asemhaal, hoop ek!” Hy het ’n fout gemaak met die skryf van sy van. Hy trek dit stadig dood en korrigeer die spelling. Dit is nou 50 jaar later nadat ek by hom in Tübingen studeer het. Hy is oor die neëntig jaar oud. Sy hand is bewerig en sy treë onseker, en tog haal hy asem − hy hoop en daarom lewe hy. Ek raak tranerig oor die broosheid en weerloosheid van oud word. En tog, die woorde maak sin uit; dit formuleer iets oor die waarheid van die menslike siel. Dit klop met my eie lewensfilosofie: Dum vita est, spes est (waar daar lewe is, is daar hoop). Intussen het ek dit omgekeer − nie: “Waar daar lewe is, is daar hoop” nie, maar: “Waar daar hoop is, is daar lewe”.

Dum spiro – spero verbind drie wesentlike komponente in ’n Christelike antropologie met mekaar: asem, hoop en die sin van menswees (identiteit en lewensvervulling). Die uitdagende implikasie is dat op ’n manier hierdie drie aspekte die vesels van die “menslike siel” genoem kan word. Tog doem die tergende, eintlik misterieuse, vraag telkens op: Maar wie is die mens en wat is siel?

 

2. Die sielsvraag as lewensvraag

Die vraag na die wát van ’n menslike siel veronderstel dat ’n mens se siel “iets binne-in jou moet wees; ’n soort van substansie wat kwantifiseerbaar behoort te wees; ’n stuk werklikheid wat kan aanspraak maak op “onsterflikheid”. Of in meer “siel”-kundige terme: ’n psigiese komponent wat korreleer met ’n persoonlikheidstipe, karaktertrekke, gedragspatrone en genetiese materiaal. Dit is selfs moontlik om tussen die ek, die self, die bewuste en die onderbewuste van die mens te onderskei. Binne ’n meer analitiese konteks word as volg onderskei: tussen die affektiewe (emosionele dimensie); die kognitiewe (rasionele dimensie van denke) en die konatiewe (die dimensie van wil en motivering). En tog, die mens is méér as die somtotaal van al die benoembare, waarneembare en ervaarbare aspekte van bestaan.

Die verdere vraag doem op: Maar as die mens méér is as vlees, bloed, gene, denke, wilsimpulse, bewuste-onbewuste en selfs vóór-bewuste vlakke van bestaan, wat word met die misterie “mens” bedoel? Wat word binne ’n Christelike geloofsverband met “siel” bedoel? Is die “siel” iets? Of is dit ’n bestaanswyse, ’n wyse van wees, ’n lewenshouding? En veral: Wat is die verband tussen siel, hoop en die angs vir die dood? Of eindig lewe in die doodloopstraat van ’n níks-seggende wanhoop?

In plaas van die wat-vraag, stel Elsa Joubert in haar boek Spertyd (2017) die hoe-vraag.

Hierdie vraag wat as die kernworsteling van menswees bestempel kan word, word as volg deur Karel Schoeman in sy boek Slot van die dag (2017:174) verwoord:

Met alles wat ek doen, reëlings wat ek tref, boeke wat ek lees, films waarna ek kyk, die skryfwerk waarmee ek my besig hou, voel ek opnuut in dieselfde mate dat ek in ’n doodloopstraat beland het, weliswaar lieflik beskadu met bome weerskante, maar onverbiddelik sonder uitgang of bestemming. Ook met die ontwaak en opstaan soggens is die dag voor my soos ’n fraai beskadude doodloopstraat wat telkens weer eindig in nag en slaap.

Hierdie eksistensiële werklikheid (wat ek die “naakte waarheid van die menslike siel” wil noem) beteken nie noodwendig die patologie van ’n akute angsaanval of durende majeur-verstoring (depressie) nie. Eintlik is die angs vir bestaansbeperking, eksistensiële inperking en uitputting vir Schoeman ’n “normale bestanddeel” van menslike lewe in ons soeke na sin. Hy besluit om sy lewe te beëindig. Hy moet afskeid van die lewe neem en wil vertrek soos Franciskus van Assisi wat na hierdie verganklike werklikheid (naakte waarheid) en doodsverlange verwys as ’n loflied aan “ons suster dood”, wat ’n mooi en vreedsame beeld oproep (Schoeman 2017:158−9).

Mozart skryf sy Requiem terwyl die kanarie in die hokkie agter hom sing. In Weimar, vir die sestiende Sondag na Triniteit, komponeer Johann Sebastian Bach sy Kantate Komm, du süße Todesstunde (Kom skone/soete oomblik van die dood − sterwensuur). Dit is waarskynlik die eerste keer op 27 September 1716 uitgevoer (Bach Kantate 2020).

Vir Schoeman is die sin van die lewe die lééf daarvan. Maar ook as dit sy aantoonbare sin verloor het, dwing die naakte waarheid van verganklike weerloosheid mens om te sê: “Ek wil nie meer lewe nie” (Schoeman 2017:156). Nie as patologie in die wagkamer voor die poort van die dood nie, maar met die lewensvervulling van dankbaarheid in jou hart. “Net dankbaarheid nog. Inténse dankbaarheid” (Schoeman 2017:153).

Die besef van sinloosheid kan ook die nugterheid van ’n naakte lewenswaarheid wees, anderkant pessimisme of optimisme. Sinloosheid en broosheid is dan ’n eksistensiële feitelikheid vir daardie persoon. Schoeman verwys hierna as ’n werklikheid soos deur Tolstoi beskryf. “The only absolute knowledge attainable by man is that life is meaningless” (in Schoeman 2017:161). Dan merk hy in die volgende sin op: “Wat eintlik die punt is wat ek self bereik het, ’n waarheid só volslae dat dit troosryk is” (Schoeman 2017:161).

Hierdie naakte waarheid kan natuurlik ook angswekkend raak soos in die geval van Ingrid Jonker. Metelerkamp (2018:376) verwys hierna as volg:

Selfvernietiging was by Ingrid eerder ’n desperate oplossing vir probleme wat sy ná hoeveel pogings nie suksesvol kon hanteer nie: eers die verlies van liefde – haar liefde vir Jack, maar ook vir André. Die trauma wat daarmee gepaard gaan is gekompliseer deur ergste teleurstellings en angs: dat sy geglo het sy is uitgeskryf, sy sal nie verder gedigte kan skryf nie.

By haar begrafnis formuleer Uys Krige in sy afskeidswoord die “naakte waarheid van menswees” met behulp van Ingrid Jonker se gedig “Korreltjie sand” as volg: “Timmerman bou aan ’n kis, ek maak my gereed vir niks. Korreltjie klein is my woord – korreltjie niks is my dood” (Metelerkamp 2018:382).

Daar skuil ’n niksheid opgekrul soos ’n wurm binne-in die naakte kern van ons siel (Sartre 1943); nausea (walging) vreet sielvolheid van binne af uit.

Vanuit ’n hospitaalbed, binne die kliniese vervreemding en isolasie van ’n steriele omgewing, gediagnoseer met kanker, skryf Adriaan van Zyl ’n memorandum en merk op: “Piet-my-vrou! Ons dood en lewe was: Jy roep ek antwoord jou!” (Van Niekerk en Van Zyl 2006:117). In Addendum 2 (Memorandum 1, nota 25; 2006:135) word verwys na amicus mortis en Ivan Illich (Death Undefeated). Die gewone mens ly aan ’n “onvermoë om dood te gaan”. Die vraag is dan of daar nog mense is wat selfstandig genoeg is vir die daad van sterwe. Dan die antwoord: “Daarvoor moet ’n wyse mens ‘’n vriend tot die dood toe’ maak & koester, iemand wat jou ‘d. reguitste waarheid sal vertel & by jou sal bly tot die bittere einde’” (Van Niekerk en Van Zyl 2006:135).

Maar wat is hierdie “regte waarheid”?

Gewoonlik kom die siel binne die Christelike tradisie aan die bod wanneer sonde en verlossing ter sprake is. Weens die sondeval begin die nadenke oor die waarde van die menslike lewe wanneer vraagstukke soos sonde, mislukking en oortreding ter sprake kom, want, so word geredeneer: Die mens word in sonde gebore en is bestem vir die verderf. In die gereformeerde tradisie begin die doopformulier dan ook met die stelling dat ons in sonde ontvang en gebore word. Die eerste tree na God, vóór verlossing, is dan om eers te weet hoe groot ons sonde en ellende is. So het die katkisasieklas en Heidelbergse Kategismus ons geleer. Die Rooms-Katolieke tradisie is meer toegeeflik want, op grond van die ingestorte genade van God, skuil daar tog êrens in die mens se wesenskern ’n stukkie “goedheid”. Maar dan lees ek weer hoe ’n vrou verkrag en vermoor word; hoe ’n baba van ’n paar maande deur haar pa verkrag word; en hoor die jongste nuusflits oor plaasmoorde in Suid-Afrika.

My vraagstelling raak kompleks. Verwarrend soos ’n kraaines in die gespartel om daardie “groot vis” kant toe in te katrol. “Waartoe word alles gebring?” vra Elsa Joubert (2017:188).

 

3. Die “naakte waarheid”: kraaines verstrengel in “nylontou”

Die “naakte waarheid” is waarskynlik multidimensioneel en kan nóg deur sonde, nóg deur goedheid in woorde vasgevang en geformuleer word; veral nie deur die “nylontou” van sistematiese geloofsbelydenisse, geskep deur formules van konsilies en sinodes nie. Want dit is gewoonlik kunsmatige antwoorde wat jou siel net op kraainesagtige wyse be-nylon. Waar begin ons om die kraaines te ontrafel?

Die kernvraag oor die naakte waarheid van die menslike siel is of ons begin by sonde, ellende, verkragting, lyding en dood, of by ’n ontiese, ’n “natuurlike” soort van goedheid, voortreflikheid en prestasie-jubeling. ’n Ander alternatief is om by die gebod van liefde en ’n skeppingsfeit te begin. Begin by die begin, naamlik by Genesis 1 en 2: dat menswees doodeenvoudig beteken om oor alles te héérs. Laasgenoemde dui op ons roeping om die ganse kosmos op te pas en te versorg soos ’n herder sy skape oppas;1 te beskerm teen die vernietigingslus van wolwe en roofdiere en om dan uiteindelik soos Paulus vanuit ’n oop graf oorwinnend oor die dood terug te kyk met ’n whê-gekoggel en ’n skalkse glimlag: Dood waar is jou angel?

Miskien is die Psalmdigter die Heidelbergse Kategismus ligjare vooruit wanneer die wese van die mens vanuit sy heerlikheid (doksa) bekyk word. Op die vraag “wat is die mens?” antwoord die digter nie soos ons as kinders ter wille van rymelary spottend gesê het: “kop pootjies en pens” nie. Die digter gebruik die spiritualiteit van estetika om te sê: hemels − amper goddelik;2 geskep in aansien;3 gekroon, omhul met eer4 (Ps. 8:6). Die wesentlike spirituele waarheid oor die menslike siel is sy doksa; sy heerlikheid, skoonheid, waarde wat na die estetika van menswees verwys. Dit impliseer dat ons nie met ’n morele oordeel oor die menslike siel begin nie, naamlik om tussen goed en kwaad te onderskei nie, maar esteties: die mens as klein stofdeeltjie, as skepsel uit rooi stofgrond geformeer maar wat ten spyte van weerloosheid en sterflikheid nogtans óók met heerlikheid (doksa) beklee is en wel in só ’n mate dat ’n nietige mens staanplek vind naas die majestueuse “grootse God”. Dit beteken dan om die waarheidsvraag as volg te stel: Vir watter doel en bestemmingsfunksie is ons geskep? Dan word die antwoord wel beide ’n morele en estetiese vraag, want volgens die wysheid van die Ou Testament lui die antwoord as volg: Om só te leef dat die “wet van God” (norm) in ons handel en wandel sigbaar sal word (estetika) − hoe om lief te hê, te dien, op te pas, te beskerm, om te gee, te sorg, te versorg. Dan begin mense asem te haal, lewe word be-sielde lewe en hoop ontspring.

Tog, ten spyte van hierdie spirituele, normatiewe en estetiese perspektief, sukkel ons met die naakte waarheid van die menslike siel. Ons skommel tussen verskillende paradoksale waarhede. Ons is wel na die beeld van God geskep. Maar dan worstel Dawid met bestaanskuld: “Ek was al skuldig toe ek gebore is, met sonde belaai toe my moeder swanger geword het” (Ps. 52:7). Paulus roep desperaat uit: “Ek, ellendig mens! Wie sal my van die liggaam van die dood verlos?” (Rom. 7:24). Dan doem die feit van die vryspraak in Christus weer op (Rom. 4:23−25). Ons skommel tussen ikabod en vryspraak.

In die geskiedenis was daar dikwels ander stemme wat daarop gewys het dat die mens nie net “sleg” is nie. ’n Baie onlangse stem wat heelwat opslae maak is die boek Humankind: A Hopeful History deur Rutger Bregman (2020). Met meer as 700 gevallestudies wil Bregman daarop wys dat die mens nie bloot “sleg” is nie (Andrew 2020). Sy hipotese is dat veral in tye van krisis die beste in die mens na vore kom. Dit is tydens buitengewone krisistye (soos die huidige COVID-19-pandemie) dat daar tegelykertyd ’n soort van “ontploffing” van altruïsme en globale samewerking na vore tree. Hy wys op die “power of kindness” en die moed om vorentoe te kan beweeg wanneer daar weer tussen-menslike vertroue gevestig word (Scott 2020); dit wat Paul Tillich alreeds in 1965 in sy boek The Courage to Be aangedui het as ’n kernaspek van menslike bestaan in die lig van die ontiese korrelasie tussen synde dinge en God as die Grond van die Syn. “Courage is the self-affirmation of being in spite of non-being” (Tillich 1965:152). Moed en hoop spruit vir Tillich voort vanuit ’n soort van pronoia (providentia, voorsienigheid − ’n ontiese genade). Midde-in die feitelikheid van noodlot en dood, is moed ’n ontiese struktuur waarin dit nie gaan om ’n religieuse of metafisiese spekulasie oor God nie, maar om ’n eksistensiële gegewenheid – ’n soort van syns-vertroue (Tillich 1965:163). Dit dan selfs ondanks die feit dat gedurende die COVID-19-pandemie regeringsagente bedrog pleeg met geld wat bedoel is om toerusting aan te skaf en armes te versorg. Nooit kom ons weg van die paradoks nie: mens as “wolf” en “engel”, bedrieër en heilige tegelyk!

Maar binne die paradoksale realisme van profaan en heilig, hoe moet ons na die verskeurde mens kyk vanuit ’n Christelike geloofs- en hoopperspektief?

Die vraag wat ontstaan, sonder om te verval in ’n bloot pessimistiese mensbeskouing (die mens is wesentlik sleg en verdorwe) of ’n optimistiese mensbeskouing (die mens is wesentlik goed en betroubaar), is die volgende: Wat word bedoel met ’n kwalitatiewe en estetiese mensbeskouing in die lig van die verband menslike “siel”, “sin” en “hoop” soos ingebed binne ’n eksistensiële realisme − ons besef van verganklikheid, eindigheid en die realiteit van die dood?

 

4. ’n Transendente, meta-fisiese dimensie: désir métafysique en die “sielsvirus” van “skrik”-wekkende angs

Daar skuil in die menslike wese ’n “meer” wat die filosoof Emmanuel Levinas noem: transendensie − ’n mistiek-metafisiese hunkering wat die empiriese komponent van waarneming oorstyg; désir métafysique (Levinas 1968; 1991). Volgens Levinas is daar in die menslike kern ’n be-sielde faktor wat ’n eksistensiële onrus veroorsaak. Hierdie onrus word versterk deur ’n besef van “teenwoordigheid”; ’n teenwoordigheid van die Ander/ander voor wie se “aangesig” mens leef (visage). “The desire is about an honourable powerlessness, indicating a sound and soulful resilience. It is about a metaphysical desire for absolute exteriority. Without this exteriority life becomes soulless and void” (Levinas in Van Rhijn, Meulink-Korf 2019:254). En om uitgelewer te wees aan die eensame isolasie van ’n gegrendelde self, net aan jouself (tout seul), is om uitgelewer te wees aan ’n toestand van angstige self-pyniging (Levinas 1978:41−42).

Dit is een van my basiese voorveronderstellinge in ’n pastorale antropologie, naamlik dat die kern van alle vorme van patologie, “siel-siektes”, “geestessiektes”, wentel rondom bestaansangs (Louw 216:249). Angs vreet die menslike “siel” van binne af uit en word deurslaggewend vir die formulering van sin in die lewe. Met angs bedoel ek verlies-angs en verwerpingsangs. Angs as gevolg van verlede-trauma en pynlike verliese, of antisiperende angs: die ongedefinieerde vrees vir die onbekende, die onverwagte wat jou bestaan van betekenis kan beroof. Die eksistensiële filosoof, Martin Heidegger, noem dit die vrees vir die dood wat ’n struktuurelement is van ons bestaan (Heidegger 1963:246).

Dit is dan juis die vrees vir die dood en die aftakelende proses van veroudering wat, volgens Yuval Noah Harrari in sy boek Homo Deus (2015), die kultuurobsessie om geluk na te jaag, verder met dolle vaart aandryf. Daar is ’n rustelose soeke in die mens om “onsterflikheid” na te jaag. “Having reduced mortality from starvation, disease and violence, we will now aim to overcome old age and even death itself” (Harrari 2015:21). Die “hemel van onsterflikheid” in die sogenaamde vierde industriële revolusie (tegnologie binne die kragveld van digitale meganisasie) word binne die globale kultuur van kapitalistiese demokrasie gedryf deur die slagspreuk van menseregte as waarborg vir menswaardigheid.

The Universal Declaration of Human Rights adopted by the UN after the Second World War – which is perhaps the closest thing we have to a global constitution – categorically states that “the right to live” is humanity’s fundamental value. Since death clearly violates this right, death is a crime against humanity, and we ought to wage a total war against it (Harrari 2015:21).

En nou, eensklaps, lyk dit of Eugéne Marais se “Skoppensboer” as ’n koronavirus die galgehumor kom onderstreep: Skoppensboer lag die laaste want in die soetste wyn is daar galbitter proesels. Die “Diep Rivier” (Eugéne Marais) met sy donker onderstroom vergal die plesier en sin van die lewe! Sterflikheid baar verliesangs.

In sy tragiese komedie Troilus and Criseyde, noem Chaucer verliesangs (verlies van liefde) die rampsalige ellende van: “The sorrowing soul that harbours in my heart” (Chaucer 1980:207). In sy pynlike soeke na Criseyde, raak hy bewus van die pyn van sy siel. “Who shall give comfort to the sorrowful soul that cries his pain with such a vehemence? Alas, there’s no one; death will take his toll, and my sad ghost, enamoured of his goal” (Chaucer 1980:190).

Die verband tussen die worsteling met sterflikheid en angs is ’n tema wat reeds deur Søren Kierkegaard geartikuleer is. Vanuit ’n eksistensiële perspektief is die menslike wese vasgevang tussen vrees en bewing (fear and trembling) (Kierkegaard 1954). Dit lei tot die afgryslike “skrik van angs” (dread). Hierdie sieldodende “skrik” noem Kierkegaard “the sickness in the inner being of the spirit” (1954:146). ’n Angswekkende skrik lei tot twyfel en die paradoks van ’n simpatiese antipatie wat wesentlik die siekte op pad na die dood is. Die dodelike ironie is dat jy dit wat jy vrees, soek en dan raak jy verstrengel in die vernietigende gedagtes van ’n dood-obsessie (Kierkegaard 1967:xii). Die skrik oorval jou wanneer jy in die diepe stiltes van jou menswees begin delf.

Elsa Joubert (2009:195) verwoord dit as volg: “Ek begin skrik vir die diep stiltes, want ek gaan buite die liggaam, en dan oorval ’n kleinlike bangheid my.” Jy tree in verbinding met die trans-dimensie (die onsigbare) binne die empiriese ervaringswêreld waarvan die dood ’n faktiese bewys is (Levinas: désir métafysique).

Figuur 1. Skrik deur die Noorweegse kunstenaar Edvard Munch in 1893 (Engels: The Scream; Duits: Der Schrei). Die “skrik” vir “Niks” (nietigheid) wat eintlik “Iets” is (dodelikheid van die dood). Openbare domein; Wikimedia Commons. Beskikbaar: https://en.wikipedia.org/wiki/The_Scream#/media/File:Edvard_Munch,_1893,_The_Scream,_oil,_tempera_and_pastel_on_cardboard,_91_x_73_cm,_National_Gallery_of_Norway.jpg

Skrikwekkende angs as die vrees vir die dodelikheid van die dood, is in ’n sekere sin een van die patologiese aspekte van die menslike siel se naakte waarheid. Hierdie waarheid is opnuut deur die huidige COVID-19-pandemie onderstreep. “Skrik” raak veral die konsep van omgee en sorg binne ’n mediese en sosiale konteks.

Waar mediese personeel in die verlede hul werk gedoen het binne die raamwerk van plig, roeping en omgee, het daar nou ’n ander faktor ingesluip: die vrees vir infeksie, angs vir verlies, en op ’n diep-bewuste en dikwels onbewuste vlak: die vrees vir die dood. In ’n onderhoud met Anthony McKenzie, hoofportier van Tygerberg Hospitaal wat die koronavirus opgedoen het (Die Burger 25 Junie 2020:7), sê hy: “Die vrees en angs is steeds daar, maar ek probeer ander help en gelukkig maak.”

Die koronavirus onderstreep die feitelike werklikheid wat direk te doen het met die naakte waarheid van die menslike siel: sterflikheid. In haar boek Spertyd, noem Elsa Joubert hierdie besef van “spertyd” ons besef van en vrees vir die dood (Joubert 2017:197). En nou het sy self op sewe-en-negentigjarige ouderdom aan die koronavirus gesterf. Die dood sper ons lewe in en is onontwykbaar.

 

5. “Spertyd” van die “sterflike siel”: van asemteugie tot naakte lywe in die doderyk

Elsa Joubert soek na siel binne ’n ruimte van “stilte” en worstel met die vraag: “Waartoe word alles gebring?” (Joubert 2017:188). Sy stel die sielsvraag terwyl sy kyk na ’n verskrompelde mensie in ’n hospitaalbed en wonder wat bly oor in ’n spasma van spiere binne ’n flou kloppende hart. “Watter kern bly oor? Wie of wat is ek?” (Joubert 2017:188). Want eintlik is ons, met liggaam-en-siel (pens-en-pootjies) stofdeeltjies. Boerneef in sy “Mallemole” (1963 in Hambidge 2020), skryf: “Vou hande saam as jy kan bid, die veld is leeg, geraamtes wit”. Hierop reageer Breytenbach as volg: “Skyfie kluit klief deur die niet / en vergaan in ’n tint van nimmersien” (in Hambidge 2016).

Hierdie soeke na ’n wesentlike “sielskern” in “skuifie-kluit” kom ook voor in Elsa Joubert se boek Reisigers (2009). Die snellers was haar sussie se vroeë dood en die dood van haar vader (Joubert 2009:288). Sy ervaar haar verlies as ’n “stukkende lewenspatroon” in ’n soeke na sin en betekenis. “Ek wag nog op daardie nuwe betekenis – dit ontwyk my – en dan kry ek dieselfde angs as direk ná sy dood” (Joubert 2009:195).

Ek kom terug op die vraag na die “naakte waarheid” wat opdoem in die doldrum van ’n windstil siel waar net nog die reëlmaat van asemhaling lewe simboliseer. Heel merkwaardig verbind Elsa Joubert hierdie “asemhalende stilte” en ’n bewussyn van niks-heid met die menslike wesenskern en ’n religieuse metafisika. “Nou is dit plotseling by my ingebrand, daardie nikswees in God. Dit is dít wat nader as hande of voete en nader as asemhaal is. Eers moet jy leeg en niks wees voordat jou asemhaling God kan wees” (Joubert 2017:192). Asemhaling is dan ’n variant vir besielde spiritualiteit. “Ons is in ’n intieme vasgeweefde bal van senuwees en gees, soos ons almal mekaar se asems in- en uitasem” (Joubert 2017:195). En hierdie in- en uitaseming van die asemsoekende sielige asemteugie verwys onmiddellik na menslike broosheid en sterflikheid soos verwoord in Hendrik Botha (2020:1) se openingsvers (“Apoptse”) in sy digbundel Voorspraak: “Met die eerste asemteug begin ons sterf, / vir die dood geprogrammeer” want, volgens die digter, is die siklusse-proses van menswees aangevreet deur verganklikheid want “so sterf ons daagliks stuk-stuk / ten einde te oorleef”.

Eintlik is Joubert se formulering die naaste wat mens daaraan kan kom om iets oor die mens se sielskern te formuleer: Asemteugie, in-en-uit, totdat…. Dum spiro – spero. Daarom is dit nodig om iets te sê oor dit wat die Bybel met siel wil uitdruk.

Siel is nie ’n iets of ’n “ding” of ’n substansie binne-in jou nie. ’n Mens hét nie ’n siel nie, maar ís jou siel binne alle verhoudings. Siel is uitdrukking van lewensgehalte en het te doen met die vraag hoe ek as mens binne verhoudinge leef en geleef het. Met siel word dan bedoel ’n manier van wees binne verhoudinge (so-syn). Dit is ’n relasionele begrip oor die aard van menseverhoudinge (Louw 2016:195−204). Om die gehalte van menseverhoudinge te peil, is daar ’n kort formule: Het ek die ander lief gehad of gehaat? En hoe het ek God lief? Haat vernietig sielvolheid en degradeer bestaan tot desperate niksheid.

In die Bybel word verskillende begrippe gebruik om die meervoudige betekenis van siel aan te dui (hart, rede, niere, psige, gees). Dabrock (2010) verwys na die kompleksiteit van siel in die volgende bondige samevatting:

In what concerns the Old Testament, irrespective of all methodological problems inherent in the so-called stereometric approach, that approach firmly opposes any disregard of the embodied dimension of man’s special status. Wherever any specific aspect of human existence is considered, whether it is nēphēsh (soul), ruach (spirit), lev (heart), or basar (flesh), it is always intrinsically linked with the whole of man: Man does not have a soul; in a very specific way man is soul, desire, finitude, etc. (Dabrock 2010).

Met ’n stereometriese verstaan van siel word dan bedoel dat wanneer een aspek van die menslike bestaan of anatomie genoem word, al die ander dele en die geheel onmiddellik daarbinne vervat en geïmpliseer is. Dieselfde geld vir die verwysing na die redelike funksies van die mens (nous). Die Bybel dink nie analities en substansieel oor siel nie, maar stereometries omdat die mensbeeld binne die raamwerk van Semitiese wysheidsliteratuur funksioneer. Daarom merk Janowski op dat die Ou-Testamentiese paradigmatiese raamwerk “pegs out the sphere of man’s existence by enumerating his characteristic organs, thus circumscribing man as a whole” (Janowski 2013:18). Die Platoniese dualisme tussen siel en liggaam, en dat die liggaam ’n soort van kerker is waaraan die siel na die dood ontsnap en opstyg, is totaal vreemd aan ’n Bybelse antropologie.

“Nephesh5 does not say what a person has, but who the person is who receives life” (Anderson 2003:30). Die woord vir siel (psuche) kom van ’n stam wat beteken om asem te haal, of te hyg na asem, wind, beweging van lug. Die Hebreeuse woord nēphēsh word in Genesis 2:7 vertaal as ’n “lewende wese” en die konsep verwys na die proses van diep asemhaal as simbool van sinsoeke binne die ruimte van die wete van ’n skeppende en genadige God (Seidl 1999:751; Harder 1978:679−80). Siel is dus die beginsel van lewe as ’n omvattende kategorie wat die vitaliteit en gehalte van wees (weesfunksie) aandui. Dit is deel van die tydelike, aardse bestaan en nie “onsterflik” nie. Daarom onderstreep Paulus die “naakte feit” dat die mens met onsterflikheid beklee moet word; die verganklike liggaam moet met onverganklikheid beklee word en die sterflike met onsterflikheid (1 Kor. 15:53−4).

Met nēphēsh bedoel Genesis dan dat die wese van die mens, simbolies beskryf as ’n asemteug of beweging van asemhaling, ’n kwalitatiewe gerigtheid aandui wat sê wie ons is – daardie weesfunksie wat ons doenfunksies, dinkfunksies en emosionele funksies moreel-eties en esteties-sinvol bepaal. In nēphēsh gaan dit om die sin en betekenis van menswees. Die bedoeling van nēphēsh as wind van die Gees of asem van God saam met konsepte soos gees (pneuma) en siel (psuchē), word deur Christensen (2006:vii) as volg saamgevat: ”Both the Hebrew word ruach and the Greek word pneuma mean ‘wind’ or ‘breathe’. Living a spiritual life, then, is breathing with the life and breath of God, who is within us and among us.”

Dit is duidelik dat dit wat met siel en die wese van menswees bedoel word nie in een sin of rasionele taalkonstruksie vasgevang kan word nie. Die menslike spiritualiteit in die soeke na sin is ’n dinamiese, relasionele geheel (relasionele spiritualiteit) wat soek om God se bedoeling met menswees binne menslike, sosiale verhoudinge te vergestalt (Hernandez 2006:9−74). Die beste poging om die spirituele beweging van ’n beliggaamde siel en ’n besielde liggaam te beskryf, is volgens Henri Nouwen die beweging na jou ek (self, identiteit), die beweging na jou naaste (medemens) en die beweging opwaarts (die meta-fisiese en Goddelike dimensie). Volgens Nouwen behels dit verskeie komplekse bewegings as ’n lewenslange reis in ons soeke na lewensvervulling (ons bestemmingsfunksies) binne die besef van onvolmaaktheid en durende gebrokenheid (woundedness – spirituality of imperfection). Dit behels die beweging van eensaamheid na die stilte van self-afsondering (solitude); vanaf vyandigheid na gasvryheid; vanaf die illusie van die ideologie van mag (ek kan alles en sal vir altyd leef) na die broosheid van die lewe, die nadenke (kontemplasie) oor wat ek met my lewe wil maak en die kuns van dankbaarheid. Dit sluit in die sensitiewe onderskeidingsvermoë, naamlik waarop dit eintlik in die lewe aankom (die stilte van gebed en die wysheid van die hart). Nouwen brei hierdie asemhalingsoefeninge (bewegings) van die menslike siel uit na die beweging vanaf kompetisie na medelye/omgee (compassion); vanaf aggressiewe geweld na bevrydende aksies; vanaf professionalisme en afguns na kreatiewe diens en uitreiking na andere in nood; vanaf fatalisme na glo en insig; vanaf tob (worry) na oorgawe (gebed); vanaf kille denk-analises na hartlike liefde; vanaf populariteit na opofferende diens; vanaf fanatieke leierskap na nederige dissipelskap; vanaf angs na bevrydende geloofsvertroue; vanaf vrees vir… na omhelsing van…; vanaf ligsinnige losbandigheid en verkwisting na die vind van ’n tuiste − ek behoort aan; vanaf verbittering na dankbaarheid; vanaf die een wat moet vergeef na die een wat vergeef is; en vanaf veroudering na die kuns van sterwe en dood (sien verder Christensen 2006:viii-ix). En dit is min of meer hierdie “asemhalingsoefeninge” as lewenskuns van menswees wat tussen die twee vingers in die volgende kunswerk oor “Dum spiro – spero” moet gebeur (figuur 2). Dit is dan dat die albatros van die menslike siel begin om vry te vlieg!

Figuur 2. Heel “toevallig” het ek onlangs hierdie skildery oor die tussenspel tussen lewe en dood, God en mens, gemaak. Dit beeld die volgende “naakte waarheid” van spirituele lewensvervulling en die vitaliteit van die hoop uit: Dum spiro – spero. Daar, tussen die skeppende en bemagtigende, be-sielende vinger van God, en die brose, uitgestrekte, weerlose vinger van die mens, vind die skepping van nēphēsh (siel = asemteugie) plaas. Ek wou spesifiek hierdie dimensie van siel as die hyg na lewensasem uitbeeld. Die seemeeu in die voorgrond staan in algehele alleenheid (solitude). Dit simboliseer myself in my weerlose alleenheid voor die magte van lewe, ouderdom en dood. Die sewe opstygende seemeeue simboliseer die soeke na sin en lewensvervulling (7 is die verbondsgetal van die ontmoeting tussen God en mens; 4 = die getal van menslike weerloosheid, verganklikheid en sterflikheid; 3 = die getal van Goddelike genade en barmhartigheid; 4 + 3 = vredevolle identiteit en lewensvervulling). Kunstenaar: D.J. Louw. 

Die skildery (figuur 2) wil die volgende uitbeeld: In die siel skuil daar wel ’n sug na ’n andersoortige kwaliteit van lewe (désir métafysique). En dit is wat Spertyd ook wil sê. Onder die hoof “Stofdeeltjie” verwys Spertyd na ’n soekende hand en ’n uitgestrekte hand. Maar, volgens Elsa Joubert, bietjie anders geïnterpreteer as in die skildery (figuur 2). “Nie soos Adam se dom hand wat hom na bo, na die Goddelike vinger uitstrek nie, maar horisontaal en enigiets sal help, selfs die swetende palm van ’n sterwende mens, net iets om teen die eie palm te voel, kontak te maak met iets tasbaars, teen die groot alleenheid” (Joubert 2017:205).

Op dieselfde wyse beskryf Leo Tolstoy die behoefte van die terminaal-sieke Ivan Ilyich: “And he had to live thus on the edge of the precipice alone, without a single soul to understand and feel for him” (1960:132). Ivan se diepste “sielsbehoefte” is net iemand wat sal omgee en dáár sal wees. “He longed to be petted, kissed and wept over, as children are petted and comforted” (1960:143−4).

Die sug na liefde en respek vir lewe word in Dostoyevsky se The Gambler verbind met moraliteit en geregtigheid as wesentlike kwalifikasie van wat met siel bedoel word. Op ’n heel pregnante wyse verbind hy die naakte waarheid van die siel met moraliteit en die oopvlekkende, naakte werklikheid van die doderyk. Ivan Ivanovich besluit om ’n begrafnis van ’n familielid by te woon. Buite by die graf hoor hy skielik hoe die mense in die doderyk gesels. Hulle gesels nie oor die politiek van die dag en die tsaar se weelde nie. Ook nie oor die weer en die temperatuur onder nul grade nie. Hulle gesels oor stank as die naakte waarheid van die doderyk. Een van die belangrikste temas word die vraag oor hoekom sekere lyke meer stink as andere. Daar volg ’n hewige debat. Een van die dooies merk op: “Well then, how is it that here I am without a sense of smell, and yet I’m conscious of a stink?” Dan so ’n kuggie en effense laggie: “What he said about the sense of smell was that the stink we get here is, so to speak, a moral stink − he-he. A stink as it were of a soul” (Dostoyevsky 1966:178). Wat die dooies eintlik besig is om te doen is om die stories van hul lewe te vertel sonder dat hulle hul dan daaroor hoef te skaam want hulle is mos nou naak en in die doderyk en die dood stroop jou van alle pretensies. Daarom word aangedring op die onbeskaamde, náákte waarheid. Daarom die volgende dodekreet: “Let’s strip ourselves naked! ’naked, naked!’ The cry was unanimous. ‘I terribly, terribly want to be naked!’ squealed Avdotya Ignatyevna” (Dostoyevsky 1966:179).

Die naakte waarheid in die doderyk wat die kwaliteit van stank bepaal is: Hoe het jy geleef toe jy lewend was? Immoreel sonder liefde en ’n sin vir respek en geregtigheid? Dan stink jy ongelooflik in die doderyk. Die antwoord op hierdie morele vraag bepaal die kwantiteit van siel se stank in die doderyk en klaarblyklik die kwaliteit van “onsterflikheid” en “hiernamaals”. Blykbaar tel kwantiteit volgens Dostoyevsky eers in die doderyk afhangende van die kwaliteit van hoe-syn toe die siel saam met die ander geleef het.

 

6. Liggaamlikheid: spirituele gestalte en vorm van ’n “sielige” (geestelike) vlees-lewe

In Spertyd raak Elsa Joubert bewus van hoe eindigheid, sterflikheid en liggaamlikheid met mekaar verstrengel is. Sy sien hoe ’n brose bejaarde worstel om haar liggaamlikheid te beskerm teen die blik van die ander. In weerlose naaktheid, met net die blou hospitaaljurk aan haar lyf terwyl die oop agterpante skaamteloos oor die verskrompelde liggaampie se ontblote rug en boude fladder. “Die blou jurkpante gly soos neergehaalde vlae oor die ontblote rug en boude” (Joubert 2017:203). En dan maak sy die volgende ontdekking: “Ek sien vir die eerste keer die essensie van naaktheid wat skilders naakmodelle laat gebruik. Dit is vir my ’n openbaring. Die waardigheid van die liggaam. Die eie lewe van die liggaam” (2017:203).

Die term “naakte waarheid” verwys na die feit dat die naakte liggaam nie bloot fisieke vel, bloed en spiere is nie, maar ’n aanduiding is van die skoonheid van lewe. Naaktheid is nie pornografie nie maar dui op die adel van die menslike siel en gees in die soeke na moed en hoop (Spivey 2006:75).6

Michelangelo het hierdie ontdekking van Joubert tot ’n estetiese en spirituele hoogtepunt in sy kuns en beeldhouwerk gevoer. Daarom, nadat hy die opstandingstafereel en die visie op die Laaste Oordeel agter die altaar in die Sistynse kapel voltooi het, en die pous agterna beveel het dat die naaktheid met veragtelike deurtrekkers verberg word, het Michelangelo in woede uitgebars. Néret (2006:78) verwys na hierdie episode as volg:

During Pius V’s pontificate, the Congregation of the Council of Trent decided, on January 11th, 1564, to have the private parts covered. The most pornographic decision in the history of Christian spirituality! Pope Paul IV therefore summoned the House of Carafa Daniele da Volterra to cover the genitals. The artist who did the covering was given the name “Braghettone” meaning “trouser painter” (Néret 2006:78).

Michelangelo se estetiese obsessie was om die menslike siel te ontbloot. Daarom was die skildering en die kuns van beeldhouwerk om die perfekte menslike liggaam naak voor te stel, ’n uitbeelding van “siel”. Met die voorstelling van ’n naakte liggaam (die Dawidbeeld) is dit die naaste wat mens aan die voorstelling van ’n mens se siel kan kom. Volgens Néret (2006:32): “Michelangelo was only interested in the people he painted because perfect bodies were the carriers and containers of the idea of eternity.” In die Laaste Oordeel gaan dit dus nie oor naakte liggame nie. Wie pornografie daarin sien, is esteties en spiritueel gesproke blind en ook immoreel. Dit gaan oor: “Tormented and suffering humanity…anxiously awaiting the fulfilment of the promise that in the presence of Christ the Judge and Redeemer the righteous will rise from the dead at the end of time” (Vecchi in Paris 2009:175).

Die skoonheid van die naakte liggaam, sonder ’n deurtrekker (Braghettone), is die naakte waarheid wat die onsterflikheid van die menslik siel profileer binne die harmonieuse komposisie van liggaamlike estetika.

Figuur 3. Kopie van ’n naakte manlike beeld in die klassieke styl van Polikleitos. Dit dui aan die estetiese spanning tussen simmetrie, balans en harmonie. Liggaamlikheid is in hierdie sin die naakte waarheid wat die adel van die menslike siel verteenwoordig en ook simboliseer. Die skoonheid en harmonie van liggaamlikheid ver-beeld en vergestalt die adel, heerlikheid (doksa) van die menslike siel en het vanuit hierdie perspektief niks met pornografie te doen nie. Foto: D.J. Louw. Met toestemming van: Royal Plaster Museum, Kopenhagen.

Tussen “siel”, “onsterflikheid”, “ewigheid” en “onverganklikheid” is daar geen rasionele of empiriese verband nie. In die Christelike geloof is dit gekoppel aan die opstandingsperspektief. Dit is eintlik merkwaardig dat Elsa Joubert alreeds in haar reisverhaal hierdie koppeling aangevoel het met die volgende opmerking in Reisigers (2009:192): “Waarom die kruis as die simbool in die Christelike geloof, waarom nie die weggeskuifde rots, die oop graf nie? Waarom altyd die gepynigde, sterwende, gemartelde Man eerder as die stralende, herrese God?” ’n Opstandingsperspektief open die naakte waarheid oor die “opstandingsliggaam” − ek glo in die opstanding van die vlees en nie ’n spook nie.

Figuur 4. ’n Plakkerskamp-opstanding, D.J. Louw. ’n Kernwaarheid van die Christelike geloof is dat ons glo in die opstanding van die vléés. Vlees en liggaamlikheid is nie ’n laer orde as siel en spiritualiteit nie. In plaas van die Griekse dualisme tussen liggaam en siel, is liggaam en siel integraal deel van die totaliteit van menswees. Siel dui op die bestemmingsfunksie van menswees (die roeping tot liefde); liggaamlikheid is die aksie en demonstrasie van ’n besielde lewe (lewensroeping). Albei val saam onder die sakraliteit van heerlikheid (doksa). “Verheerlik God dan ook in jul liggaam” (1 Kor. 6:20). Dit is ons redelike godsdiens (liturgie van die lewe). Selfs seksualiteit is ’n heilige liturgiese handeling van intieme genade – die liggaam as tempel van God. In dié sin is die liggaam die liturgie (heilige leitourgia as die op-straat-gaan-met-God; geloof as demonstrasie van die Christuswaarheid (vryspraak) binne die Inkopiesentrum (Mall) van die lewe (hoe ek koop en verkoop sonder om te verneuk); Kerk-wees as ’n sypaadjie-demonstrasie waar geloofsbelydenisse geleef word.

 

7. Gevolgtrekking

Vanuit ’n Michelangelo-perspektief is die naakte waarheid van die menslike siel geopenbaar in die perfekte harmonie van die naakte liggaam:7 twee oë, ore, hande en voete. Elsa Joubert ontdek dit in die verskrompelde lyf van ’n weerlose vrou wanneer haar boude onder die hospitaaljurk oopwaai en die naakte waarheid haar aanstaar vanuit ’n beplooide agterstewe. Daarom dat misvorming, enige gebrek, amputasie, siekte, verganklikheid en dood die pyn en patologie van die menslike siel ontbloot: verlies- en verwerpingsangs.

Sentraal in die naakte waarheid van die menslike liggaam is daar die beliggaamde sentrum van die brein (kognisies, paradigmas, idees, konsepte, lewensbeskouings, sinraamwerke). Ook die pratende sentrum van die mond as aanduiding van spraak – hoe ons die lewe benóém. Dit wat die filosoof Merleau-Ponty parole parlante noem. Terwyl parole parlée verwys na die algemene sosiale kodes in praat en gesprekke (empiriese vlak − sommer om net te babbel), verwys parole parlante na die diepere, outentieke spraak van taal deur middel van ons bestaan (eksistensiële spraak/diskoers as lewenstaal); parole parlante as be-noemende kode-skakel in die tot-woord-bring van sin en lewe (sielsverbalisering). Dit is hier waar liggaamlikheid die taal van die menslike wese word en ’n bemiddelende kommunikatiewe rol speel – ’n linguistiese boodskap, beliggaam in die spraak van die persoon (corps propre) se wees-funksies (Lanigan 2010:107−8). Die menslike liggaam definieer dan die woord (spraak van be-sielende lewe) sodat die sigbare in hierdie beliggaamde taal, die onsigbare (dit wat oënskynlik afwesig is – meta-fisies), vergestalt (Smith en Johnson 1993:189).

Ook seksualiteit soos gesentraliseer in die genitalieë, is sigbare tekens van menslike kreatiwiteit en spirituele sorg – die penis en vagina as organe van die menslike siel. Só naak is die naakte waarheid van die menslike siel.

Figuur 5 en 6. Mynoria deur Babro Bäckström 1980, Malmö Art Museum, Sweden. (Toestemming van museum.) Die menslike liggaam word uitgebeeld as ’n monumentale entiteit. Die sensitiwiteit in die figure met eksplisiete naaktheid beeld die genitalieë uit as integrale dele van die totale menslike bestaan sodat beide vroulikheid en manlikheid voorgestel word as komponente van heelheid (wholeness). Die liggaam word sodoende méér as net “vlees en bloed” en verkry die simboliese betekenis van menswaardigheid – die spirituele dimensie van siel-volheid. Sensualiteit, seksualiteit en sielvolheid is wesentlike aspekte van sin en betekenis. Foto’s: D.J. Louw

Met verwysing na Merleau-Ponty, het die menslike bestaan en wese slegs toegang tot die werklikheid van eksistensiële wêreldervaringe, plek, ruimte en tyd via die liggaam. “The world is given to me à travers mon corps, in a sense right through my body, which itself is something spatially extended and whose various sense organs are already separated from each other by spatial distances” (Merleau-Ponty in Bollnow 2011:269).

In Christelike terminologie word die naakte waarheid genoem: Die “Goddelike inkarnasie” in die Seun Jesus Christus − die Woord het vlees/mens geword (Joh. 1:14). “Geïnkarneerde waarheid” is om só tussen mense te gaan woon (die Woord het vlees geword; letterlik onder ons kom tabernakel of tent opslaan) sodat die menslike liggaam, ook be-siel-ende seksualiteit, ’n tuiste, intimiteitsruimte en woonplek skep van verhoudings/relasionele trou en vertroue (geborgenheid).

Die punt in Maurice Merleau-Ponty se fenomenologie van lewe is dat denke oor menswees toegang tot die wese van die mens wil verkry maar dikwels (veral in konfessionele kerktaal) sonder die middele, naamlik die liggaam met sy sintuie. Dit is filosofiese selfmoord (Emile Bernard in Smith 1993:172). Die liggaam as “spirituele objek” is perspektivies en bied ’n geheelblik op die werklikheid (Smith 1993:180−3). Daarom die opstandingsperspektief van estetiese spiritualiteit: Ek glo in die opstanding van die vlees want die sterflike sal met onsterflikheid beklee word. Hierdie waarheid is nie nylontou nie, maar die meta-fisiese naelstring wat ons in ’n geloofsperspektief die Goddelike trou tot “ewige lewe” noem. ’n Lewe in doksa weerkaats verstommende genade (amazing grace); dit demonstreer omgee binne medemenslike ontmoetings en ontketen hoop in die hart van ander.

 

Bibliografie

Andrew, A. 2020. Humankind: A hopeful history by Rutger Bregman – a tribute to our better nature. The Guardian. https://www.theguardian.com/books/2020/may/12/humankind-a-hopeful-history-by-rutger-bregman-review (17 Junie 2020 geraadpleeg).

Bach Kantate. 2020. Komm, du süße Todesstunde, BWV 161. https://en.wikipedia.org/wiki/Komm,_du_s%C3%BC%C3%9Fe_Todesstunde,_BWV_161 (28 Junie 2020 geraadpleeg).

Bollnow, O.F. 2011. Human space. Londen: Hyphen Press.

Botha, H.J. 2020. Voorspraak. Kaapstad: Naledi.

Bregman, R. 2020. Humankind. A hopeful history. Londen: Bloomsbury.

Brown, C. (red.) 1978. Dictionary of New Testament Theology. III. Exeter: Paternoster Press.

Catt, D.E. en I.E. Catt (reds.). 2010. Communicology. The new science of embodied discourse. Madison/Teaneck: Fairleigh Dickinson University Press.

Chaucer, G. 1980. Troilus and Criseyde. Harmondsworth: Penguin Books.

Christensen, M.J. 2006. Foreword. In Hernandez (red.) 2006.

Dabrock, P. 2010. Drawing distinctions responsibly and concretely: A European Protestant perspective on foundational theological bioethics. http://cb.oxfordjournals.org/content/early/2010/08/16/cb.cbq015.full#fn-20 (27 April 2014 geraadpleeg).

Dostoyevsky, F. 1966. The Gambler. Londen: Penguin Books.

Erez, E. 2012. And man created man: Construction of the body and gender identity in classical sculpture. Booklet to accompany a visit of the Royal Cast Collection. Kopenhagen, Denemarke. July 2012. Yale University.

Hambidge. J. 2016. Blogger: Woorde wat weeg. Resensie. Breyten Breytenbach – die nadood, 26 Mei 2016. http://joanhambidge.blogspot.com/2016/05/breyten-breytenbach-die-na-dood-2016.html (6 Julie 2020 geraadpleeg).

Harder, G. 1978. Nous (reason). In Brown (red.) 1978.

Harrari, N. Y. 2015. Homo Deus. A brief history of tomorrow. Londen: Harvill Secker.

Heidegger, M. Sein und Zeit. 1963. Tübingen: Max Niemeyer Verlag.

Hernandez, W. 2006. Henri Nouwen. A spirituality of imperfection. New York/Mahwah: Paulist Press.

Janowski, B. 2013. Arguing with God. A theological anthropology of the Psalms. Louisville: Westminster/John Knox.

Joubert, E. 2009. Reisiger. Kaapstad: Tafelberg.

—. 2017. Spertyd. Kaapstad: Tafelberg.

Kierkegaard, S. 1954. Fear and trembling and the sickness unto death. New York: Doubleday.

—. 1967. The concept of dread. Princeton: Princeton University Press.

Lanigan, R.L. 2010. Verbal and nonverbal codes of communicology: The foundation of interpersonal agency and efficacy. In Catt en Catt (reds.) 2010.

Levinas, E. 1968. Totalité et Infini. Essai sur l'extériorité. La Haye: Martinus Nijhoff.

—. 1978. Het menselijk gelaat. Baarn: Ambo.

—. 1991. Entre nous, essais sur le penser-à-l'autre. Parys: Bernard Grasset.

Louw, D.J. 2016. Wholeness in hope care. On nurturing the beauty of the human soul in spiritual healing. Wene: Lit Verlag.

McKenzie, A. 2020. Hoofportier van Tygerberg herstel van virus. In Die Burger, 25 Junie, p. 7.

Metelerkamp, P. Ingrid Jonker. ’n Biografie. Kaapstad: Penguin Books.

Muller, J. (red.) Theologische Realenzyklopädie 30. Berlyn: Walter de Gruyter.

Néret, G. 2006. Michelangelo 1475–1564. Hong Kong: Taschen.

Paris, Y. 2009. Michelangelo 1475−1564. Bath: Parragon.

Sartre, J-P. 1943. L’Être et le Néante. Paris: Gallimard.

Schoeman, K. 2017. Slot van die dag. Gedagtes. Pretoria: Protea Boekhuis.

Scott, S. 2020. In “Humankind”, Rutger Bregman aims to convince that most people are good. Author Interviews. https://www.npr.org/2020/05/30/866059164/in-humankind-rutger-bregman-aims-to-convince-that-most-people-are-good (25 Junie 2020 geraadpleeg).

Seidl, H. 1999. Seele. Kirchen und Philosophie geschichtlich. In Muller (red.) 1999.

Smith, M.B. en G.A. Johnson. 1993. The Merleau-Ponty aesthetic reader: Philosophy and painting. Evanston/Illinois: North Western University Press.

Spivey, N. 2006. Wie Kunst die Welt erschuf. Stuttgart: BBC Books.

Tillich, P. 1965. The courage to be. Londen: Collins.

Tolstoy, L. 1960. The Cossacks. The death of Ivan Ilyich. Harmondsworth: Penguin.

Van Niekerk, M. en A. van Zyl. Memorandum: ’n verhaal met skilderye. Kaapstad/Pretoria: Human & Rousseau.

 

Eindnotas

1 Van die kern שָׁמְרָה wat beteken “om te waak, te beskerm soos ’n wagter”, of met verwysing na die konsep van ’n tuin, “soos ’n tuinier”, of in terme van landbou, “soos ’n herder”.

2 מֵאֱלֹהִ֑ים (me·'e·lo·him). Die Hebreeus gebruik ’n kombinasie wat soos volg voorgestel kan word: God – god; die mens ’n klein godjie (stofdeeltjie van ’n godjie) naas Elohim (die groot majestueuse God).

3 Die kern van וְכָבֹ֖וד verwys na heerlikheid: kabod, iets wat swaar weeg, gewigtig is en as baie kosbaar aangemerk moet word. Hiermee moet mens rekening hou want dit is eintlik ’n koninklike geskenk uit die saalsak van sy genade.

4 Die kern van וְהָדָ֣ר verwys na hadar wat ’n ornament is van besondere waarde; dit is majestueus en iets wat geëer, vertroetel en gekoester moet word.

5 Oor die onderskeid en verband tussen siel (psuchē) en gees (pneuma), sien Louw (2016:201−2). “In some places in the New Testament, soul is connected to spirit (pneuma). For Paul there is interconnectedness between soul and spirit. In some texts, the meaning is actually more or less the same. When Paul indeed refers to spirit/pneuma, he wants to describe a unique relationship between God and human beings. With reference to Christology, soul then becomes an indication and expression of a very specific state of being due to justification (salvation). One can say that pneuma indicates the condition of the new person in Christ over against the condition of the old person, captured by death and sin.”

6 “Within Greek art the naked human body and its perfect symmetry equals beauty and should be assessed as a piece of art. Spivey (2006:75) refers to the canonization of human embodiment in art by Polyclitus. For Polykleitos the human body is from an aesthetic point of view perfect due to the tension between symmetry, balance and harmony. The naked human body therefore reflects dynamics, balance and harmony not pornography” (Louw 2016:209−10).

7 “Modern man’s refusal to view naked men is closely related to the fear that too long a gaze will suggest a homoerotic interest and thus a homosexual identity” (Eck 2012:1).

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post <i>Dum spiro – spero</i> (terwyl ek asemhaal, hoop ek). Op reis met Elsa Joubert oor die "naakte waarheid" van die "menslike siel" appeared first on LitNet.

Dum spiro – spero (while I breathe, I hope). Journeying with Elsa Joubert in the quest for the “naked truth” regarding the essence of our being human

$
0
0

Abstract

Christian anthropology has been deeply influenced by the dualistic schism between the human soul and the human body. The quest for immortality had often been formulated in terminology borrowed from a Platonic and dualistic view of life: the human body as merely a temporary prison for an immortal soul.

The author Elsa Joubert wrestled with the mystery regarding the core of life and the meta-physical realm of soulfulness and transcendence. This was triggered in her youth by the deaths of her sister and father. While facing the ailments of old age, she reflected on the meaning of life and the destiny of our being human. The notion of an “abstract soul” did not suffice. The “naked truth of soulfulness” was revealed to her while facing the naked buttocks of an old woman in her ward – the frailty of old age within the limitations of a vulnerable human body. She suddenly realised that the truth of our being human resides in the mode of embodiment enfleshed in compassionate care to others.

The argument is developed that anthropology should not start with the fall of man and the notion of sinfulness but with doxology − the aesthetics of the human soul. The fall paradigm most of times leads to a speculative paradigm regarding what is good and what is bad (the moralistic paradigm). Pastoral healing is then reduced to the transformation of human beings by means of conversion from sins and bad habits; i.e., the redemption of the human soul and the restoration of broken relationship with God. Despite the fundamental value of a redemption paradigm, spiritual wholeness implies more than redemption. This more points to the spirituality of cultivating the beauty of the human soul – the more of doxa, the sanctification of life as the space of compassionate caring and meaning-giving.

Rather than a pessimistic view (hermeneutics of suspicion) or even optimistic view (hermeneutics of ontic goodness) on our being human, a hermeneutics of doxa (Ancient Greek: δόξα) is proposed (hermeneutics of blessing). Doxa means “judgment, opinion” and by extension, “good reputation, honour” (the aesthetics of soulfulness): the human being, created by God to display the beauty of life in terms of actions of caring, nurturing and compassionate being-with the other in his/her frailty and vulnerability – human beings as ambassadors of sacrificial love and representations of unconditional grace. The soulful question therefore shifts from a hermeneutics of suspicion to a hermeneutics of blessing; i.e. to empower, to dignify, to acknowledge the other so that in the most difficult circumstances of suffering, loss, despair and dying, hope is displayed. Therefore, pastoral encounters display a “power of kindness” (Bregman 2020). Soulfulness should be fostered as the charity of reaching out and the compassion of all-embracing, caring and comforting.

Keywords: aesthetic approach; anthropology of doxological appraisal; embodied soul; human soul; meta-physics of the human soul

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans

Dum spiro – spero (terwyl ek asemhaal, hoop ek). Op reis met Elsa Joubert oor die "naakte waarheid" van die "menslike siel"

The post <i>Dum spiro – spero</i> (while I breathe, I hope). Journeying with Elsa Joubert in the quest for the “naked truth” regarding the essence of our being human appeared first on LitNet.

Viewing all 21808 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>